//HIERDIE WERKSTUK IS DIE EIENDOM VAN "DIE DOGTER VAN SION" EN MAG NIE GEREPRODUSEER WORD VIR ENIGE WINSDOELEINDES NIE. UITTREKSELS VIR TYDSKRIFTE, WERKSTUKKE ENSOVOORTS MAG WEL TOT DIE EER VAN ONS VADER JAHWEH GEDOEN WORD. INDIEN U FOUTE OPTEL, STUUR AAN ONS ONVERWYLD DIE GEDEELTE, VERKIESLIK IN ROOI VERANDER WAAR NODIG. // Byble Works 5: oorskakeling gedoen deur Ben-JaH-Miyn // //Die Boek van Herinnering //Die Wet //Die Eerste Boekrol, genoem: In Die Begin (GéNESIS) Gen 1:1 IN die begin het Elohim die Hemele en die Aarde geskape. [JeshaJaH 66:1; 2 Ezra 6:38; Psalm 85:11] Gen 1:2 En die Aarde, sy het verwoes en vormloos geword, en Duisternis was op die aangesig van die Afgrond, en die Gees van Elohim het gesweef oor die aangesig van die waters. [JeshaJaH 45:18; Prediker 3:11] Gen 1:3 En Elohim het gesê: Laat daar Lig wees! En daar was Lig. Gen 1:4 Toe sien Elohim dat die Lig suiwer was. En Elohim het skeiding gemaak tussen die Lig en die Duisternis; Gen 1:5 en Elohim het die Lig Dag genoem, en die Duisternis het HY Nag genoem. En dit was aand en dit was môre, dit was die eerste dag. Gen 1:6 En Elohim het gesê: Laat daar 'n Koepel wees tussen die waters, en die waters afgeskei van die waters. [JeshaJaH 48:1; DaniEl 3:60] Gen 1:7 Elohim het toe die Koepel gemaak en die waters onder die Koepel geskei van die waters bo die Koepel. En dit was so. Gen 1:8 En Elohim het die Koepel Hemele genoem. En dit was aand en dit was môre, dit was die tweede dag. Gen 1:9 En Elohim het gesê: Laat die waters onder die Hemele hulle op een plek versamel, sodat die droë grond sigbaar word. En dit was so. Gen 1:10 En Elohim het die droë grond Aarde genoem, en die versameling van waters see genoem. Toe sien Elohim dat dit suiwer was. Gen 1:11 En Elohim het gesê: Laat uit die Aarde spruit; grasspruitjies, plante wat saad gee en bome wat, volgens sy spesie, vrugte dra, waarin sy saad is, op die Aarde. En dit was so. Gen 1:12 En die Aarde het voortgebring grasspruitjies, plante wat saad gee volgens hulle spesies en bome wat vrugte dra, waarin hulle saad is, volgens hulle spesies. Toe sien Elohim dat dit suiwer was. Gen 1:13 En dit was aand en dit was môre, dit was die derde dag. Gen 1:14 En Elohim het gesê: Laat daar ligte wees aan die Koepel van die Hemele, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare. Gen 1:15 Laat hulle ook dien as ligte aan die Koepel van die Hemele om op die Aarde te verlig. En dit was so. Gen 1:16 Elohim het toe die twee groot ligte gemaak: die groot lig om te heers oor die dag en die klein lig om te heers oor die nag; ook die Sterre. Gen 1:17 En Elohim het hulle aan die Koepel van die Hemele gestel om op die Aarde te verlig Gen 1:18 en om te heers oor die dag en oor die nag en om skeiding te maak tussen die lig en die duisternis. Toe sien Elohim dat dit suiwer was. Gen 1:19 En dit was aand en dit was môre, dit was die vierde dag. Gen 1:20 En Elohim het gesê: Laat die waters wemel met 'n gewemel van lewende siele, en laat die voëls oor die Aarde vlieg langs die Koepel van die Hemele. Gen 1:21 En Elohim het die Groot Drake geskape en elke lewende siel wat beweeg, waarvan die waters wemel, volgens hulle spesie; en al die gevleuelde voëls volgens hulle spesie. Toe sien Elohim dat dit suiwer was. Gen 1:22 En Elohim het hulle geseën en gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die waters in die see, en laat die voëls in die Aarde vermeerder. Gen 1:23 En dit was aand en dit was môre, dit was die vyfde dag. Gen 1:24 En Elohim het gesê: Laat die Aarde voortbring 'n lewende siel volgens haar spesie: vee, kruipende diere en wilde diere van die Aarde volgens haar spesie. En dit was so. Gen 1:25 En Elohim het die wilde diere van die Aarde gemaak volgens haar spesie en die vee volgens haar spesie en al die diere wat op die Adamah[adamiet se Aarde] kruip, volgens hulle spesie. Toe sien Elohim dat dit suiwer was. Gen 1:26 En Elohim het gesê: Laat ONS adamiete maak na ONS beeld, na ONS gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die Hemele en oor die vee en oor die hele Aarde en oor al die diere wat op die Aarde kruip. Gen 1:27 En Elohim het die adamiet geskape na SY beeld; na die beeld van Elohim het HY hom geskape; man en vrou het HY hulle geskape. [Maleagi 2:15] Gen 1:28 En Elohim het hulle geseën, en Elohim het gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die Aarde, onderwerp haar en heers oor die visse van die see en die voëls van die Hemele en oor alle lewende wesens wat op die Aarde beweeg. [Wysheid van Salomo 10:2] Gen 1:29 Verder het Elohim gesê: Ek gee nou aan julle al die plante wat saad gee, wat op die hele Aarde is, en al die bome waar boomvrugte aan is, wat saad dra. Dit sal julle voedsel wees. Gen 1:30 Maar aan al die lewendes van die Aarde en al die voëls van die Hemele en al die kruipende diere op die Aarde, waarin 'n lewende siel is, die groen plante as voedsel. En dit was so. Gen 1:31 Toe sien Elohim dat alles wat HY gemaak het, baie suiwer was. En dit was aand en dit was môre, dit was die sesde dag. Gen 2:1 SO is dan voltooi die Hemele en die Aarde met hulle ganse Leërmag.[Openbaring van Henog 11:33] Gen 2:2 En Elohim het op die sewende dag Sy werk voltooi wat HY gemaak het, en op die sewende dag gesabbatteer van al SY werk wat HY gemaak het. Gen 2:3 En Elohim het die sewende dag geseën en dit apart gestel; omdat Elohim daarop gesabbatteer het van al die werk wat HY geskep en gemaak het. [MattithJaHûW 12:8] Gen 2:4 Dit is die stamboom van die Hemele en die Aarde toe hulle geskape is. Gen 2:5 In die dag toe JaHWeH Elohim die Aarde en die Hemele gemaak het was daar nog geen struike van die veld in die Aarde nie, en geen plante van die veld het nog uitgespruit nie; want JaHWeH Elohim het nog nie laat reën op die Aarde nie, en daar was geen adamiete om die Adamah[adamiet se Aarde] te bewerk nie. Gen 2:6 Maar 'n mis het opgetrek uit die Aarde en die aangesig van al die Adamah[adamiet se Aarde] bevogtig. Gen 2:7 En JaHWeH Elohim het die adamiet geformeer uit die stof van die Adamah[adamiet se Aarde] en in sy neus die asem van die lewendes geblaas. So het die adamiet dan 'n lewende siel geword. [2 Ezra 3:5] Gen 2:8 Ook het JaHWeH Elohim 'n Tuin geplant in Eden, in die Ooste, en daar aan die adamiet wat Hy geformeer het, 'n plek gegee. [2 Ezra 3:6] Gen 2:9 En JaHWeH Elohim het allerhande bome uit die Adamah[adamiet se Aarde] laat uitspruit, begeerlik om te sien en suiwer om van te eet; ook die Boom van die Lewe in die middel van die Tuin, en die Boom van die Kennis van Suiwer en Besoedel. [Boekrol van Henog 24:5; 32:6] Gen 2:10 En daar het 'n rivier uit Eden uitgegaan om die Tuin nat te maak; en daarvandaan is hy verdeel en het vier lope geword. Gen 2:11 Die naam van die eerste is die Pison. Dit is hy wat om die hele Aarde van Hawila loop waar die goud is. Gen 2:12 En die goud van dié Aarde is suiwer. Daar is [ook] balsemgom en onikssteen. Gen 2:13 En die naam van die tweede rivier is die Gihon. Dit is hy wat om die hele Aarde van Kuwsh loop. [Boekrol van die Opregte 2:6] Gen 2:14 En die naam van die derde rivier is die Hiddékel. Dit is hy wat oos van Assur loop. En die vierde rivier is die Frat. Gen 2:15 Toe het JaHWeH Elohim die adamiet geneem en hom in die Tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak. Gen 2:16 En JaHWeH Elohim het aan die adamiet bevel gegee en gesê: Van al die bome van die Tuin mag jy vry eet, Gen 2:17 maar van die Boom van die Kennis van Suiwer en Besoedel, van haar mag jy nie eet nie; want die dag as jy van haar eet, sal jy sekerlik sterwe. Gen 2:18 Ook het JaHWeH Elohim gesê: Dit is nie goed dat die adamiet alleen is nie. Ek sal vir hom 'n hulp maak wat by hom pas. Gen 2:19 En JaHWeH Elohim het uit die Adamah[adamiet se Aarde] geformeer al die diere van die veld en al die voëls van die Hemele en hulle na die adamiet gebring om te sien hoe hy hulle sou noem. En net soos die adam elke lewende siel genoem het, so moes hulle naam wees. Gen 2:20 So het die Adam dan name gegee aan al die vee en aan die voëls van die Hemele en aan al die wilde diere van die veld, maar vir die Adam het hy geen hulp gevind wat by hom pas nie. Gen 2:21 Toe het JaHWeH Elohim 'n diepe slaap op die adamiet laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy sykante geneem en die plek met vlees toegemaak. [Openbaring van Henog 11:49, Boekrol van die Opregte 1:4, JeHôWganan 19:34] Gen 2:22 En JaHWeH Elohim bou die sykant wat Hy van die adamiet geneem het, tot 'n vrou en bring haar na die adamiet. Gen 2:23 Toe sê die Adam: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal vrou genoem word, want sy is uit die man geneem. Gen 2:24 Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees. Gen 2:25 En hulle was altwee naak, die adamiet en sy vrou, maar hulle het hul nie geskaam nie. //Nagash bedrieg die vrou. Gen 3:1 MAAR Nagash was listiger as al die lewendes van die veld wat JaHWeH Elohim gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat Elohim gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die Tuin nie? Gen 3:2 En die vrou antwoord Nagash: Van die vrugte van die bome in die Tuin mag ons eet, Gen 3:3 maar van die vrugte van die Boom wat in die middel van die Tuin is, het Elohim gesê: Julle mag van haar nie eet nie en haar nie aanroer nie, anders sal julle sterwe. Gen 3:4 Toe sê Nagash vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie; Gen 3:5 maar Elohim weet dat as julle van haar eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos Elohim sal wees deur suiwer en besoedel te ken. Gen 3:6 Toe sien die vrou dat die Boom goed was om van te eet en dat sy 'n lus was vir die oë, ja, 'n Boom begeerlik om Insig te verkry; en sy neem van haar vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet. [Boekrol van Henog 32:6] Gen 3:7 Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaar gewerk en vir hulle skorte gemaak. Gen 3:8 En hulle het die Stem van JaHWeH Elohim gehoor wandel in die Tuin in die aandwindjie; en die adamiet en sy vrou het hulle verberg vir die Aangesig van JaHWeH Elohim tussen die bome van die Tuin. Gen 3:9 Toe roep JaHWeH Elohim na die adamiet en sê vir hom: Waar is jy? Gen 3:10 En hy antwoord: Ek het U geruis gehoor in die Tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg. Gen 3:11 En Hy sê: Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is? Het jy geëet van die Boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie? [Exodus 23:20] Gen 3:12 En die adamiet sê: Die vrou wat U gegee het om by my te wees, sy het vir my gegee van die Boom, en ek het geëet. Gen 3:13 Daarop sê JaHWeH Elohim aan die vrou: Wat het jy nou gedoen? En die vrou antwoord: Nagash het my bedrieg, en ek het geëet. [Henog 69:6] //JaHWeH stel 'n EWIGE vyandskap in tussen die nageslag van Nagash en die nageslag van die vrou. Gen 3:14 TOE sê JaHWeH Elohim aan Nagash: Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek bo al die wilde wesens en bo al die lewendes van die veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe. Gen 3:15 En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy [die saad] sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt. [Psalm 139:22] Gen 3:16 Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers. Gen 3:17 En aan die adamiet het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die Boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie - vervloek is die Adamah[adamiet se Aarde] om jou ontwil; met moeite sal jy van haar eet al die dae van jou lewe. Gen 3:18 Ook sal sy vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet. [Spreuke 22:5; JeshaJaH 32:13] Gen 3:19 In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die Adamah[adamiet se Aarde], want uit haar is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer. Gen 3:20 En die Adam het sy vrou Gawwah1 genoem, omdat sy moeder geword het van alles wat lewe. Gen 3:21 En JaHWeH Elohim het vir die adamiet en sy vrou 'n kleed van vel gemaak en hulle dit aangetrek. Gen 3:22 Toe sê JaHWeH Elohim: Nou het die adamiet geword soos een van Ons deur suiwer en besoedel te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die Boom van die Lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie! [Spreuke 3:18] Gen 3:23 Toe stuur JaHWeH Elohim hom weg uit die Tuin van Eden om die Adamah[adamiet se Aarde] te bewerk waaruit hy geneem is. [Wysheid van Salomo 10:1; Boekrol van die Opregte 1:12]] Gen 3:24 So het Hy dan die adamiet weggedrywe en Gérubs aan die oostekant van die Tuin van Eden laat woon, met die Swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die Boom van die Lewe te bewaak. [Levítikus 1:16; Odes van Salomo 17:8] //Die saad van die vrou. Gen 4:1 EN die Adam het sy vrou Gawwah2 beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar en gesê: Ek het 'n man verkry van JaHWeH. Gen 4:2 Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar. En Abel het 'n herder geword, en Kain 'n bewerker van die Adamah[adamiet se Aarde]. Gen 4:3 En na verloop van tyd het Kain van die vrugte van die Adamah[adamiet se Aarde] aan JaHWeH as 'n spysbydrae gebring. Gen 4:4 En Abel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van hulle vet. En JaHWeH het Abel en sy spysbydrae aangesien, Gen 4:5 maar Kain en sy spysbydrae nie aangesien nie. Toe word Kain baie kwaad, en hy het sy hoof laat hang. Gen 4:6 En JaHWeH sê vir Kain: Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang? Gen 4:7 Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie - Verleiding lê en loer voor die deur, en haar begeerte is na jou; maar jy moet oor haar heers. Gen 4:8 En Kain het met sy broer Abel gepraat; en toe hulle in die veld was, het Kain teen sy broer Abel opgestaan en hom doodgeslaan. [Wysheid van Salomo 10:3] Gen 4:9 Toe sê JaHWeH vir Kain: Waar is jou broer Abel? En hy antwoord: Ek weet nie. Is ek my broer se wagter? Gen 4:10 En Hy sê: Wat het jy gedoen? Die stem van die bloed van jou broer roep na My vanuit die Adamah[adamiet se Aarde] uit. [Boekrol van Henog 22:7; 47:1; 2 Ezra 15:8; Openbaring 6:9-10] Gen 4:11 Daarom sal jy vervloek wees, ver van die Adamah[adamiet se Aarde] wat haar mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang. Gen 4:12 As jy die Adamah[adamiet se Aarde] bewerk, sal sy haar vermoë aan jou nie meer gee nie; 'n swerwer en vlugteling sal jy wees op die Aarde. Gen 4:13 Daarop sê Kain aan JaHWeH: My skuld is te groot om dit te dra. Gen 4:14 Kyk, U verdryf my nou van die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde] af; en van U Aangesig sal ek my verberg; 'n swerwer en vlugteling sal ek op die Aarde wees, en elkeen wat my kry, sal my doodslaan. Gen 4:15 Maar JaHWeH sê vir hom: Daarom, as enigeen Kain doodslaan, sal dit sewevoudig gewreek word. En JaHWeH het 'n Teken gegee aan Kain, sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou doodslaan nie. Gen 4:16 Toe gaan Kain weg van die Aangesig van JaHWeH, en hy het gewoon in die Aarde van Nod/Swerwers, aan die oostekant van Eden. Gen 4:17 En Kain het sy vrou beken, en sy het swanger geword en Henog gebaar. Daarna bou hy 'n stad en noem die stad na die naam van sy seun Henog. Gen 4:18 En vir Henog is Irad gebore; en Irad was die vader van Megujael; en Megujael was die vader van Methushael; en Methushael; die vader van Lameg. Gen 4:19 En Lameg het vir hom twee vroue geneem. Die naam van die eerste was Ada, en die naam van die tweede Silla. Gen 4:20 En Ada het Jabal gebaar. Hy was die vader van die tentbewoners en die veeboere. Gen 4:21 Die naam van sy broer was Jubal. Hy was die vader van almal wat op siters en fluite speel. Gen 4:22 En Silla het ook gebaar, naamlik Tubal-Kain, 'n smid wat allerhande koper- en ysterinstrumente gemaak het. En die suster van Tubal-Kain was Naéma. Gen 4:23 En Lameg het aan sy vroue gesê: Ada en Silla, hoor na my stem! Vroue van Lameg, luister na my woord! Voorwaar, ek het 'n man gedood vir my wond, en 'n kind vir my kneusplek. [Boekrol van die Opregte 2:26-36] Gen 4:24 Want Kain sal sewe maal gewreek word, maar Lameg sewe-en-sewentig maal. Gen 4:25 En Adam het sy vrou weer beken, en sy het 'n seun gebaar en hom Set genoem. Want, [het sy gesê] Elohim het my 'n ander saad geskenk in die plek van Abel, omdat Kain hom doodgeslaan het. [Boekrol van Henog 85:8] Gen 4:26 En ook vir Set is 'n seun gebore, wat hy Enos genoem het. Toe het hulle die Naam van JaHWeH begin aanroep. //Saad van Adam, die blosende een. Gen 5:1 DIT is die Boekrol van die geslagsregister van Adam. Die dag toe Elohim die adamiet geskape het, het Hy hom gemaak na die ewebeeld van Elohim. Gen 5:2 Man en vrou het Hy hulle geskape en hulle geseën en hulle adamiete genoem, die dag toe hulle geskape is. Gen 5:3 Toe Adam honderd-en-dertig jaar oud was, het hy ['n seun] verwek na sy gelykenis, na sy ewebeeld, en hom Set genoem. Gen 5:4 En die dae van Adam, na die geboorte van Set, was agthonderd jaar. En hy het seuns en dogters gehad. Gen 5:5 So was dan al die dae van Adam wat hy geleef het, negehonderd-en-dertig jaar, en hy het gesterwe. Gen 5:6 Toe Set honderd-en-vyf jaar oud was, het hy die vader van Enos geword. Gen 5:7 En Set het ná die geboorte van Enos nog agthonderd-en-sewe jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. Gen 5:8 So was dan al die dae van Set negehonderd-en-twaalf jaar, en hy het gesterwe. Gen 5:9 Toe Enos negentig jaar oud was, het hy die vader van Kenan geword. Gen 5:10 En Enos het ná die geboorte van Kenan nog agthonderd-en-vyftien jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. Gen 5:11 So was dan al die dae van Enos negehonderd-en-vyf jaar, en hy het gesterwe. Gen 5:12 Toe Kenan sewentig jaar oud was, het hy die vader van MahalalEl geword. Gen 5:13 En Kenan het ná die geboorte van MahalalEl nog agthonderd-en-veertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. Gen 5:14 So was dan al die dae van Kenan negehonderd-en-tien jaar, en hy het gesterwe. Gen 5:15 Toe MahalalEl vyf-en-sestig jaar oud was, het hy die vader van Jered geword. Gen 5:16 En MahalalEl het ná die geboorte van Jered nog agthonderd-en-dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. Gen 5:17 So was dan al die dae van MahalalEl agthonderd-vyf-en-negentig jaar, en hy het gesterwe. Gen 5:18 Toe Jered honderd-twee-en-sestig jaar oud was, het hy die vader van Henog geword. Gen 5:19 En Jered het ná die geboorte van Henog nog agthonderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. Gen 5:20 So was dan al die dae van Jered negehonderd-twee-en-sestig jaar, en hy het gesterwe. Gen 5:21 Toe Henog vyf-en-sestig jaar oud was, het hy die vader van Metúsalag geword. Gen 5:22 En Henog het ná die geboorte van Metúsalag nog driehonderd jaar met die Elohim gewandel. En hy het seuns en dogters gehad. Gen 5:23 So was dan al die dae van Henog driehonderd-vyf-en-sestig jaar. Gen 5:24 En Henog het met die Elohim gewandel; en hy was daar nie meer nie, want Elohim het hom weggeneem. Gen 5:25 Toe Metúsalag honderd-sewe-en-tagtig jaar oud was, het hy die vader van Lameg geword. Gen 5:26 En Metúsalag het ná die geboorte van Lameg nog sewehonderd-twee-en-tagtig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. Gen 5:27 So was dan al die dae van Metúsalag negehonderd-nege-en-sestig jaar, en hy het gesterwe. Gen 5:28 Toe Lameg honderd-twee-en-tagtig jaar oud was, het hy 'n seun verwek Gen 5:29 en hom Noag genoem, want hy het gesê: Dit is hy wat ons sal troos oor ons werk en oor die moeitevolle arbeid van ons hande wat voortkom uit die Adamah[adamiet se Aarde] wat JaHWeH vervloek het. Gen 5:30 En Lameg het ná die geboorte van Noag nog vyfhonderd-vyf-en-negentig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. Gen 5:31 So was dan al die dae van Lameg sewehonderd-sewe-en-sewentig jaar, en hy het gesterwe. Gen 5:32 En Noag was vyfhonderd jaar oud, en Noag het die vader geword van Sem, Gam en Jafet. //Die Nefilim het omgang met die adamiet. Gen 6:1 TOE die adamiete op die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde] begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is, [Boekrol van Henog 6:1] Gen 6:2 sien die Seuns van die Elohim dat die dogters van die adamiete suiwer was, en hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat hulle verkies het. [Boekrol van Henog 15:3] Gen 6:3 Toe sê JaHWeH: My Gees sal nie vir ewig in die adamiet heers nie, omdat hy ook vlees is; maar sy dae sal wees honderd-en-twintig jaar. [Boek van die Opregte 5:8; 6:22; Boekrol van Henog 64] Gen 6:4 In dié dae was die Nefilim in die Aarde, en ook daarna [sal dit so wees], toe die Seuns van die Elohim by die dogters van die adamiete ingegaan en dié vir hulle kinders gebaar het. Dit is die geweldadiges uit die ou tyd, die manne van naam. [Boekrol van Henog 7:2; 86:3] Gen 6:5 Toe JaHWeH sien dat die besoedeling van die adamiet op die Aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net besoedel was, Gen 6:6 het dit JaHWeH berou dat Hy die adamiet op die Aarde gemaak het, en daar was smart in Sy Hart. Gen 6:7 En JaHWeH sê: Ek sal die adamiet wat Ek geskape het, van die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde] verdelg, die adamiet sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die Hemele; want dit berou My dat Ek hulle gemaak het. Gen 6:8 Maar Noag het Guns gevind in die Oë van JaHWeH. Gen 6:9 Dit is die genelyn van Noag. Noag was 'n regverdige en rasegte man, onder sy tydgenote. Noag het met die Elohim gewandel. [Wysheid van Sirah 44:17; Boekrol van Henog 65:11] Gen 6:10 En Noag het drie seuns gehad: Sem, Gam en Jafet. Gen 6:11 Maar die Aarde was verdorwe voor die Aangesig van die Elohim, en die Aarde was vol geweld. Gen 6:12 Toe sien Elohim die Aarde aan, en - sy was verdorwe, want alle vlees het sy wandel [op] die Aarde verderwe. [Boekrol van die Opregte 4:18] Gen 6:13 En Elohim sê vir Noag: Die einde van alle vlees het voor MY Aangesig gekom; want die Aarde is deur hulle vervul met geweld. En kyk, EK gaan hulle saam met die Aarde verdelg. Gen 6:14 Maak vir jou 'n Ark van goferhout. Met afdelings moet jy die Ark maak en haar binne en buite met pik bestryk. Gen 6:15 Só moet jy haar maak: driehonderd voorarm die lengte van die Ark, vyftig voorarm haar breedte en dertig voorarm haar hoogte. Gen 6:16 'n Opening moet jy aan die Ark maak; en op die maat van 'n voorarm moet jy haar aan die bokant afwerk en die deur van die Ark in haar sykant insit. Jy moet haar met 'n onderste, tweede en derde [verdieping] maak. Gen 6:17 Want kyk, EK bring 'n vloed van water oor die Aarde, om van onder die Hemele te verdelg alle vlees waar 'n gees van lewe in is. Alles wat in die Aarde is, sal wegsterwe. Gen 6:18 Maar met jou sal EK MY Verbond oprig, jy moet in die Ark gaan, jy en jou seuns en jou vrou en die vroue van jou seuns saam met jou. Gen 6:19 En van al wat lewe, van alle vlees, moet jy twee van elke [soort] in die Ark laat ingaan om dit saam met jou in die lewe te hou: mannetjie en wyfie moet hulle wees. Gen 6:20 Van die voëls volgens hulle spesies en van die vee volgens haar spesie, van al die kruipende diere van die Adamah[adamiet se Aarde] volgens hulle spesies, twee van elkeen, moet na jou kom om in die lewe te bly. Gen 6:21 En jy, neem vir jou van al die voedsel wat geëet word, en versamel dit by jou, dat dit vir jou en hulle as voedsel kan dien. Gen 6:22 En Noag het dit gedoen. Net soos Elohim hom beveel het, so het hy gedoen. //Noag gaan in die Ark. Gen 7:1 DAARNA het JaHWeH aan Noag gesê: Gaan in die Ark, jy en jou hele huisgesin, want jou het Ek regverdig bevind voor My Aangesig in hierdie geslag. Gen 7:2 Van al die suiwer diere moet jy vir jou telkens sewe paar neem, die mannetjie met sy wyfie; maar van die diere wat nie suiwer is nie, twee, die mannetjie met sy wyfie. Gen 7:3 Ook van die voëls van die Hemele telkens sewe paar, die mannetjie met die wyfie, om die saad in die lewe te hou op die aangesig van die hele Aarde. Gen 7:4 Want oor nog sewe dae sal Ek laat reën op die Aarde, veertig dae en veertig nagte, en al die lewende wesens wat Ek gemaak het, op die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde] verdelg. Gen 7:5 En Noag het gedoen volgens die bevel van JaHWeH. Gen 7:6 En Noag was seshonderd jaar oud toe die vloed van water oor die Aarde gekom het. Gen 7:7 En Noag en sy seuns en sy vrou en die vroue van sy seuns saam met hom het in die Ark gegaan vanweë die waters van die vloed. [Boekrol van Henog 89:1] Gen 7:8 Van die suiwer diere en van die diere wat nie suiwer is nie, en van die voëls en van alles wat op die Adamah[adamiet se Aarde] kruip, Gen 7:9 het daar twee-twee na Noag in die Ark gegaan, 'n mannetjie en 'n wyfie, soos Elohim Noag beveel het. Gen 7:10 Ná die sewe dae kom toe die waters van die vloed op die Aarde. Gen 7:11 In die seshonderdste jaar van die lewe van Noag, in die tweede maand, op die sewentiende dag van die maand, op dieselfde dag, is al die Fonteine van die groot Afgrond oopgebreek, en die sluise van die Hemele is geopen Gen 7:12 en die stortreën was op die Aarde veertig dae en veertig nagte. Gen 7:13 Op daardie selfde dag het Noag en Sem en Gam en Jafet, die seuns van Noag, sowel as die vrou van Noag en die drie vroue van sy seuns saam met hulle in die Ark gegaan. Gen 7:14 Hulle en al die lewendiges volgens haar spesie en al die vee volgens haar spesie en al die kruipende diere wat op die Aarde kruip, volgens hulle spesies en al die voëls volgens hulle spesies, voëls van allerhande vere - Gen 7:15 van al die vlees waar 'n gees van lewe in was, het twee-twee na Noag in die Ark gegaan. Gen 7:16 En die wat ingaan, het gegaan as mannetjie en wyfie van alle vlees soos Elohim hom beveel het. En JaHWeH het agter hom toegesluit. Gen 7:17 En die vloed was veertig dae op die Aarde: die waters het vermeerder en die Ark opgehef, sodat sy van die Aarde opgelig het. Gen 7:18 En die waters het die oorhand gekry en grootliks vermeerder op die Aarde, terwyl die Ark op die waters drywe. Gen 7:19 En die waters het heeltemal die oorhand gekry op die Aarde, sodat al die hoë berge onder die ganse Hemele bedek was. Gen 7:20 Vyftien voorarm bokant hulle het die waters die oorhand gekry, sodat die berge bedek was. Gen 7:21 En alle vlees wat op die Aarde beweeg, het weggesterwe: die voëls en die vee en die wilde diere en al die gediertes wat op die Aarde wemel, en al die adamiete. Gen 7:22 Alles wat die gees van lewe in sy neusgate gehad het, alles wat op die droë Aarde was, het doodgegaan. Gen 7:23 So is dan al die lewende wesens verdelg wat op die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde] was, die adamiet sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die Hemele; hulle is verdelg van die Aarde af. En net Noag het oorgebly en wat by hom in die Ark was. Gen 7:24 En die waters het die oorhand behou op die Aarde - honderd-en-vyftig dae. //Noag gaan uit die Ark. Gen 8:1 EN Elohim het gedink aan Noag en aan al die wilde diere en al die vee wat saam met hom in die Ark was; en Elohim het die Gees oor die Aarde laat beweeg, sodat die waters gesak het. Gen 8:2 Ook die Fonteine van die Afgrond en die sluise van die Hemele het toegegaan, en die stortreën uit die Hemele het opgehou. Gen 8:3 Toe het die waters geleidelik van die Aarde teruggegaan, en die waters het afgeneem aan die end van honderd-en-vyftig dae. Gen 8:4 En die Ark het in die sewende maand, op die sewentiende dag van die maand, op die gebergte van Ararat gerus. Gen 8:5 En die waters het geleidelik afgeneem tot die tiende maand. In die tiende, op die eerste van die maand, het die toppe van die berge sigbaar geword. Gen 8:6 Toe het Noag aan die end van veertig dae die venster oopgemaak van die Ark wat hy gebou het, Gen 8:7 en 'n kraai uitgestuur wat gedurig heen en weer gevlieg het totdat die waters weggedroog het van die Aarde af. Gen 8:8 Daarop laat hy 'n duif van hom af wegvlieg om te sien of die waters oor die Adamah[adamiet se Aarde] verminder het. Gen 8:9 Maar die duif het geen rusplek vir die holte van haar voet gevind nie en na hom teruggekeer in die Ark; want die waters was oor die hele Aarde. So het hy dan sy hand uitgesteek en haar gegryp en haar in die Ark by hom gebring. Gen 8:10 Daarna het hy weer sewe dae gewag. Toe stuur hy die duif weer uit die Ark. Gen 8:11 En die duif het teen die aand na hom gekom, en daar was 'n groen Olyfblad in haar bek! Toe merk Noag dat die waters oor die Aarde verminder het. Gen 8:12 Daarna wag hy weer sewe dae en stuur die duif uit. Maar sy het nie weer na hom teruggekeer nie. Gen 8:13 In die seshonderd-en-eerste jaar, op die eerste, van die eerste maand, het die waters weggedroog van die Aarde af. En Noag het die deksel van die Ark weggeneem en uitgekyk, en die Adamah[adamiet se Aarde] was droog - Gen 8:14 in die tweede maand, op die sewe-en-twintigste dag van die maand, was die Aarde droog. Gen 8:15 En Elohim het met Noag gespreek en gesê: Gen 8:16 Gaan uit die Ark, jy en jou vrou en jou seuns en die vroue van jou seuns saam met jou. Gen 8:17 Laat saam met jou uitgaan al die diere wat by jou is, van alle vlees: die voëls en die vee en al die diere wat op die Aarde kruip, dat hulle kan wemel in die Aarde en vrugbaar wees en vermeerder op die Aarde. Gen 8:18 Toe gaan Noag uit en sy seuns en sy vrou en die vroue van sy seuns saam met hom. [Boekrol van Henog 89:9] Gen 8:19 Al die diere, alles wat kruip, en al die voëls, alles wat op die Aarde beweeg, volgens hulle soorte, het uit die Ark uitgegaan. Gen 8:20 En Noag het vir JaHWeH 'n altaar gebou en van al die suiwer diere en al die suiwer voëls geneem en brandoffers op die altaar gebring. Gen 8:21 En JaHWeH het die aangename geur geruik, en JaHWeH het in Sy Hart gesê: Ek sal die Adamah[adamiet se Aarde] verder nie meer vervloek ter wille van die adamiet nie, want die versinsels van die adamiet se hart is besoedel van sy jeug af. En Ek sal verder nie meer al die lewende wesens tref soos Ek gedoen het nie. Gen 8:22 Van nou af sal al die dae van die Aarde, saaityd en oestyd, koue en hitte, somer en winter, dag en nag nie ophou nie. //Verbond van Elohim met Noag. Gen 9:1 EN Elohim het Noag en sy seuns geseën en aan hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die Aarde. Gen 9:2 Die Vrees en die skrik vir julle sal wees oor al die diere van die Aarde en al die voëls van die Hemele: alles wat op die Adamah[adamiet se Aarde] beweeg, en al die visse van die see. Hulle is in julle hand oorgegee. Gen 9:3 Alles wat beweeg en lewe, sal julle voedsel wees. Net soos die groen plante, gee Ek dit alles aan julle. Gen 9:4 Net die vleis met sy siel, met sy bloed, mag julle nie eet nie. Gen 9:5 Maar wat julle eie bloed betref, dit sal Ek eis: van al die wilde wesens sal Ek dit eis. Ook van die adamiet, en van elke man of sy broer, sal Ek die siel van die adamiet eis. Gen 9:6 Hy wat die bloed van 'n adamiet vergiet, sy bloed sal deur die adamiet vergiet word; want Elohim het die adamiet na SY beeld gemaak. Gen 9:7 Maar julle, wees vrugbaar en vermeerder; wemel in die Aarde en vermeerder in haar. Gen 9:8 Verder het Elohim met Noag en sy seuns by hom gespreek en gesê: Gen 9:9 Maar Ek, kyk, Ek rig My Verbond met julle op en met julle saad na julle, Gen 9:10 en met elke lewende siel wat by julle is: die voëls, die vee en al die wilde diere van die Aarde by julle - al wat uit die Ark uitgegaan het, naamlik al die diere van die Aarde. Gen 9:11 En Ek rig My Verbond met julle op, dat alle vlees nie weer deur die waters van 'n vloed uitgeroei sal word nie, en dat daar geen vloed meer sal wees om die Aarde te verwoes nie. [Psalm 104:9] Gen 9:12 En Elohim het gesê: Dit is die Teken van die Verbond wat Ek sluit tussen My en julle en elke lewende siel wat by julle is, vir ewige geslagte: Gen 9:13 My boog gee Ek in die Wolkkolom; sy sal 'n Teken wees van die Verbond tussen My en die Aarde. Gen 9:14 As Ek dan die Wolkkolom oor die Aarde bring en hierdie boog verskyn in die Wolkkolom, Gen 9:15 dan sal Ek dink aan My Verbond wat daar bestaan tussen My en julle en elke lewende siel, in alle vlees. En die waters sal nie meer 'n vloed word om alle vlees te verdelg nie. Gen 9:16 As die boog dan in die Wolkkolom staan, sal Ek haar aansien om gedagtig te wees aan die ewige Verbond tussen Elohim en elke lewende siel in alle vlees wat op die Aarde is. Gen 9:17 En Elohim het vir Noag gesê: Dit is die Teken van die Verbond wat Ek opgerig het tussen My en alle vlees wat op die Aarde is. //Die seuns van Noag. Gen 9:18 EN die seuns van Noag wat uit die Ark uitgegaan het, was Sem en Gam en Jafet. En Gam was die vader van Kanaän. Gen 9:19 Hierdie [is die] drie seuns van Noag; en uit hulle het die verstrooiing [oor] die hele Aarde plaasgevind. Gen 9:20 En Noag het begin om 'n man van die Adamah[adamiet se Aarde] te wees en Hy het 'n wingerd geplant. Gen 9:21 Maar toe hy van die wyn gedrink het, het hy dronk geword en naak in sy tent gelê. Gen 9:22 En Gam, die vader van Kanaän, het sy vader se naaktheid gesien en dit aan sy twee broers daarbuite te kenne gegee. Gen 9:23 Toe neem Sem en Jafet die bo-kleed en hou dit op hulle skouers terwyl hulle agteruitloop, en hulle het die naaktheid van hulle vader bedek: hulle gesig was agtertoe gedraai, sodat hulle die naaktheid van hulle vader nie gesien het nie. [Levítikus 18:8; 20:11] Gen 9:24 Toe Noag van sy wyn wakker word en merk wat sy jonger seun hom aangedoen het, Gen 9:25 sê hy: Vervloek is Kanaän! 'n Kneg van die knegte moet hy wees vir sy broers. Gen 9:26 Verder het hy gesê: Geseënd is JaHWeH, die Elohey van Sem, maar Kanaän moet sy dienskneg wees. Gen 9:27 Mag Elohim aan Jafet ruimte verskaf, en mag hy woon in die tente van Sem, maar Kanaän moet sy dienskneg wees. Gen 9:28 En Noag het ná die vloed driehonderd-en-vyftig jaar gelewe. Gen 9:29 So was dan al die dae van Noag negehonderd-en-vyftig jaar, en hy het gesterwe. [Boekrol van die Opregte 13:9] //Genelyn van Sem, Gam en Jafet. Gen 10:1 EN dit is die genelyn van die seuns van Noag: Sem, Gam en Jafet - vir hulle is daar seuns gebore na die vloed. Gen 10:2 Die seuns van Jafet was: Gomer en Magog en Madai en Jawan en Tubal en Meseg en Tiras. Gen 10:3 En die seuns van Gomer was: Ashkenaz en Rifat en Togárma. Gen 10:4 En die seuns van Jawan was: EliShah en Tarsis, die Kittiërs en Dodaniete - Gen 10:5 uit hulle het verdeeld geraak die kuslande van die nasies, in die dele van die Aarde, elkeen na sy taal, volgens hulle families, in hulle nasies. Gen 10:6 En die seuns van Gam was: Kuwsh en Mitsrajim en Put en Kanaän. Gen 10:7 En die seuns van Kuwsh was: Seba en Háwila en Sabta en Raéma en Sábtega. En die seuns van Raéma: Skeba en Dedan. Gen 10:8 Kuwsh(Swart) was ook die vader van Nimrod. Hy het begin om 'n geweldenaar op Aarde te wees. Gen 10:9 Hy was 'n gewelddadige jagter voor die Aangesig van JaHWeH. Daarom sê hulle: Soos Nimrod, 'n geweldenaar voor die Aangesig van JaHWeH. Gen 10:10 En die begin van sy ryk was Babel en Ereg en Akkad en Kalne in die Aarde van Sínear. Gen 10:11 Uit daardie Aarde het hy getrek na Assur en gebou: Ninevé en Réhobot-Ir en Kalag Gen 10:12 en Resen, tussen Ninevé en Kalag - dit is die groot stad. Gen 10:13 En Mitsrajim was die vader van die Ludiete en Anamiete en Lehabiete en Naftuhiete Gen 10:14 en die Patrusiete en Kasluhiete - waaruit die Filistyne voortgekom het - en Kaftoriete. Gen 10:15 En Kanaän was die vader van Sidon, sy eersgeborene, en Het Gen 10:16 en die Jebusiete en Amoriete en Girgasiete Gen 10:17 en die Hewiete en Arkiete en Siniete Gen 10:18 en die Arwadiete en Semariete en Hamatiete. En daarna het die families van die Kanaäniete hulle versprei. Gen 10:19 En die gebied van die Kanaäniete was van Sidon af in die rigting van Gerar tot by Gasa, in die rigting van Sodom en Gomorra en Adma en Sebóim tot by Lesa. Gen 10:20 Dit was die seuns van Gam volgens hulle families, na hulle tale, in hulle dele van die Aarde, in hulle nasies. Gen 10:21 En ook vir Sem, die stamvader van al die seuns van Heber, die ouer broer van Jafet, is [seuns] gebore. Gen 10:22 Die seuns van Sem was: Elam en Assur en Arpagsad en Lud en Aram. Gen 10:23 En die seuns van Aram was: Us en Hul en Geter en Mas. Gen 10:24 En Arpagsad was die vader van Selag, en Selag van Heber. //Die Aarde verdeel. Gen 10:25 EN vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die Aarde verdeeld geraak; en die naam van sy broer was Joktan. Gen 10:26 En Joktan was die vader van Almódad en Selef en Hasarmawet en Jerag Gen 10:27 en Hadóram en Usal en Dikla Gen 10:28 en Obal en Abímael en Skeba Gen 10:29 en Ofir en Háwila en Jobab. Hulle almal was seuns van Joktan. Gen 10:30 En hulle woonplek was van Mesa af in die rigting van Sefar, die berg van die Ooste. Gen 10:31 Dit is die seuns van Sem volgens hulle families, na hulle tale, in hulle dele van die Aarde, volgens hulle nasies. Gen 10:32 Dit is die families van die seuns van Noag volgens hulle genelyn, in hulle nasies; en uit hulle het die nasies op die Aarde hulle verdeel ná die vloed. //Die toring van Babel. Gen 11:1 EN die hele Aarde het dieselfde taal gehad en een en dieselfde woorde. Gen 11:2 En toe hulle wegtrek na die ooste, vind hulle 'n laagte in die Aarde van Sínear; en daar het hulle gaan woon. Gen 11:3 Daarop sê hulle vir mekaar: Kom laat ons stene vorm en dit goed brand. Hulle gebruik toe die bakstene vir bousteen en die lymgrond vir klei. Gen 11:4 En hulle sê: Kom, laat ons vir ons 'n stad bou en 'n toring waarvan die spits tot aan die Hemele reik; en laat ons vir ons 'n naam maak, sodat ons nie oor die aangesig van die hele Aarde verstrooid raak nie. Gen 11:5 Toe daal JaHWeH neer om die stad en die toring te besien waaraan die seuns van die Adamiete gebou het. Gen 11:6 En JaHWeH sê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie. Gen 11:7 Kom, laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie. Gen 11:8 So het JaHWeH hulle dan daarvandaan oor die aangesig van die hele Aarde verstrooi; en hulle het opgehou om die stad te bou. Gen 11:9 Daarom het hulle dit Babel genoem, want daar het JaHWeH die taal van die hele Aarde verwar, en daarvandaan het JaHWeH hulle oor die hele Aarde verstrooi. //Genelyn van Sem. Gen 11:10 DIT is die genelyn van Sem: Toe Sem honderd jaar oud was, het hy die vader van Arpagsad geword, twee jaar na die vloed. Gen 11:11 En Sem het ná die geboorte van Arpagsad nog vyfhonderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. Gen 11:12 Toe Arpagsad vyf-en-dertig jaar oud was, het hy die vader van Selag geword. Gen 11:13 En Arpagsad het ná die geboorte van Selag nog vierhonderd-en-drie jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. Gen 11:14 Toe Selag dertig jaar oud was, het hy die vader van Heber geword. Gen 11:15 En Selag het ná die geboorte van Heber nog vierhonderd-en-drie jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. Gen 11:16 Toe Heber vier-en-dertig jaar oud was, het hy die vader van Peleg geword. Gen 11:17 En Heber het ná die geboorte van Peleg nog vierhonderd-en-dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. Gen 11:18 Toe Peleg dertig jaar oud was, het hy die vader van Rehu geword. Gen 11:19 En Peleg het ná die geboorte van Rehu nog tweehonderd-en-nege jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. Gen 11:20 Toe Rehu twee-en-dertig jaar oud was, het hy die vader van Serug geword. Gen 11:21 En Rehu het ná die geboorte van Serug nog tweehonderd-en-sewe jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. Gen 11:22 Toe Serug dertig jaar oud was, het hy die vader van Nahor geword. Gen 11:23 En Serug het ná die geboorte van Nahor tweehonderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. Gen 11:24 Toe Nahor nege-en-twintig jaar oud was, het hy die vader van Tera geword. Gen 11:25 En Nahor het ná die geboorte van Tera nog honderd-en-negentien jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. Gen 11:26 Toe Tera sewentig jaar oud was, het hy die vader geword van Abram, Nahor en Haran. Gen 11:27 En dit is die genelyn van Tera: Tera het die vader geword van Abram, Nahor en Haran, en Haran van Lot. Gen 11:28 En Haran het gesterwe terwyl sy vader Tera nog geleef het, in die Aarde van sy geboorte, in Ur van die Chaldeërs. Gen 11:29 En Abram en Nahor het vir hulle vroue geneem. Die naam van Abram se vrou was Sarai, en die naam van Nahor se vrou was Milka, die dogter van Haran, die vader van Milka en die vader van Jiska. Gen 11:30 En Sarai was onvrugbaar, sy het geen kind gehad nie. Gen 11:31 En Tera het sy seun Abram geneem en Lot, die seun van Haran, sy kleinseun, en Sarai, sy skoondogter, die vrou van sy seun Abram, en dié het saam met hulle uit Ur van die Chaldeërs getrek om na die Aarde van Kanaän te gaan. En hulle het tot by Haran gekom en daar gaan woon. [Boekrol van die Opregte 13:1] Gen 11:32 En die dae van Tera was tweehonderd-en-vyf jaar, en Tera het in Haran gesterwe //JaHWeH belowe die Aarde van Kanaän aan Abram se saad. Gen 12:1 EN JaHWeH het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou deel van die Aarde en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die deel van die Aarde wat Ek jou sal wys. [Boekrol van die Opregte 13:23] Gen 12:2 En Ek sal jou 'n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy 'n seën sal wees. Gen 12:3 En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die families van die Adamah[adamiet se Aarde] geseën word. Gen 12:4 Toe het Abram weggetrek soos JaHWeH hom gesê het, en Lot het saam met hom getrek. En Abram was vyf-en-sewentig jaar oud by sy vertrek uit Haran. [Boekrol van die Opregte 13:26] Gen 12:5 En Abram het Sarai, sy vrou, en Lot, sy broerskind, geneem en al hulle besittings wat hulle bymekaargemaak en die siele wat hulle in Haran verwerf het, en hulle het uitgetrek om na die deel Aarde van Kanaän te gaan en in die Aarde van Kanaän gekom. Gen 12:6 En Abram het deur die Aarde getrek na die plek Sigem, tot by die terpentynboom Môreh. Die Kanaäniete was toe in die Aarde. Gen 12:7 Daarop verskyn JaHWeH aan Abram en sê: Aan jou saad sal Ek hierdie Aarde gee, toe bou hy daar 'n altaar vir JaHWeH wat aan hom verskyn het. Gen 12:8 En daarvandaan het hy verder versit na die gebergte oos van BetEl en sy tent opgeslaan tussen BetEl aan die weste- en Ai aan die oostekant, en daar vir JaHWeH 'n altaar gebou en die Naam van JaHWeH aangeroep.[Exodus 6:3] Gen 12:9 Daarna het Abram al verder na die Suidland weggetrek. Gen 12:10 En daar was hongersnood in die Aarde, sodat Abram na Egipte afgetrek het om daar as vreemdeling te vertoef; want die hongersnood was swaar in die Aarde. [Boekrol van die Opregte 15:2] Gen 12:11 En toe hy op die punt staan om Egipte in te trek, het hy met sy vrou Sarai gespreek: Kyk, ek weet dat jy 'n vrou is, mooi van aansien. Gen 12:12 As die Egiptenaars jou nou sien, sal hulle sê: Dit is sy vrou en hulle sal my doodmaak en jou laat lewe. Gen 12:13 Sê tog jy is my suster, dat dit met my goed kan gaan ter wille van jou en my siel om jou ontwil in die lewe kan bly. Gen 12:14 Toe Abram dan in Egipte gekom het, sien die Egiptenaars dat die vrou baie mooi was. Gen 12:15 Ook het die vorste van Farao haar gesien en haar by Farao geprys. En die vrou is na die paleis van Farao geneem. Gen 12:16 En hy het goed gedoen aan Abram om haar ontwil, sodat hy kleinvee en beeste en esels, slawe en slavinne, eselinne en kamele in besit gekry het. Gen 12:17 Maar JaHWeH het Farao en sy huis met groot plae besoek ter wille van Sarai, die vrou van Abram. Gen 12:18 Daarop laat Farao Abram roep en hy sê: Wat het jy my nou aangedoen? Waarom het jy my nie te kenne gegee dat sy jou vrou is nie? [Boekrol van die Opregte 15:29] Gen 12:19 Waarom het jy gesê: Sy is my suster - sodat ek haar vir my as vrou geneem het? Daar is jou vrou dan nou; neem [haar] en gaan weg. Gen 12:20 En Farao het aan enkele manne aangaande hom bevel gegee, en hulle het hom weggebring met sy vrou en sy hele besitting. //Abram en Lot skei van mekaar. Gen 13:1 SO het Abram dan uit Egipte na die Suidland opgetrek, hy met sy vrou en sy hele besitting, en Lot saam met hom. Gen 13:2 En Abram was baie ryk aan vee, aan silwer en goud. Gen 13:3 En hy het van plek tot plek uit die Suidland getrek tot by BetEl, na die plek waar sy tent in die begin gestaan het, tussen BetEl en Ai, Gen 13:4 na die plek van die altaar wat hy vroeër daar gebou het. En Abram het daar die Naam van JaHWeH aangeroep. Gen 13:5 En Lot, wat saam met Abram getrek het, het ook kleinvee en beeste en tente gehad. Gen 13:6 En die Aarde kon hulle nie dra om saam te woon nie, want hulle besittings was baie, sodat hulle nie saam kon woon nie. Gen 13:7 En daar het twis ontstaan tussen die veewagters van Abram en die veewagters van Lot, ook het die Kanaäniete en Feresiete destyds in die Aarde gewoon. Gen 13:8 Toe sê Abram vir Lot: Laat daar tog geen twis wees tussen my en jou, en tussen my wagters en jou wagters nie; ons is mos broers. Gen 13:9 Lê die hele Aarde nie voor jou oop nie? Skei jou tog van my af; gaan jy links, dan sal ek regs gaan, en gaan jy regs, dan sal ek links gaan. Gen 13:10 Toe slaan Lot sy oë op en sien die hele Jordaanstreek want al haar water was volop; voor die Aangesig van JaHWeH Sodom en Gomorra verwoes het, was dit in die rigting van Soar soos die Tuin van JaHWeH, soos die Aarde van Egipte. Gen 13:11 En Lot het vir hom die hele Jordaanstreek gekies, en Lot het na die ooste weggetrek. So het hulle dan die een van die ander geskei. Gen 13:12 Abram het bly woon in die Aarde van Kanaän, en Lot het gaan woon in die stede van die [Jordaan]streek en sy tente tot by Sodom opgeslaan. Gen 13:13 En die manne van Sodom was besoedel en groot oortreders voor die Aangesig van JaHWeH. Gen 13:14 En JaHWeH sê vir Abram nadat Lot van hom geskei het: Slaan tog jou oë op en kyk van die plek waar jy staan, na die noorde en suide, na die ooste en weste; Gen 13:15 want die hele Aarde wat jy sien, haar sal Ek aan jou gee en aan jou saad tot in ewigheid. Gen 13:16 En Ek sal jou saad maak soos die stof van die Aarde, sodat as iemand die stof van die Aarde kan tel, jou saad ook getel kan word. Gen 13:17 Maak jou klaar, trek die Aarde deur in haar lengte en haar breedte, want Ek sal haar aan jou gee. Gen 13:18 Toe het Abram al verder tente opgeslaan en gaan woon by die terpentynbome van Mamre wat by Hebron is; en hy het daar vir JaHWeH 'n altaar gebou. //Abram verlos Lot. Melgisédek. Gen 14:1 EN in die dae van Amrafel, die koning van Sínear, Aríog, die koning van El-Lásar, Kedor-Laómer, die koning van Elam, en Tídeal, die koning van die nasies, [Boekrol van die Opregte 13:11] Gen 14:2 het hulle oorlog gevoer teen Bera, die koning van Sodom, en teen Birsa, die koning van Gomorra, Síneab, die koning van Adma, en Seméber, die koning van Sebóim, en teen die koning van Bela, dit is Soar. Gen 14:3 Hulle het almal hulle leërs verenig in die vallei Siddim, dit is die Soutsee. Gen 14:4 Twaalf jaar lank het hulle Kedor-Laómer toe al gedien, maar in die dertiende jaar het hulle gerebelleer. [Boekrol van die Opregte 13:11] Gen 14:5 Toe kom Kedor-Laómer in die veertiende jaar, en die konings wat saam met hom was, en hulle verslaan die Refaïete in Ashtarowth-Karnaim en die Susiete in Ham en die Emiete in die vlakte van Kirjatáim Gen 14:6 en die Horiete op hulle gebergte Seïr, tot by El-Paran wat aan die wildernis lê. Gen 14:7 Daarop het hulle omgedraai en by En-Mispat, dit is Kadesh, gekom en die hele grondgebied van die Amalekiete verower en ook die Amoriete wat in Háseson-Tamar woon. Gen 14:8 Toe trek die koning van Sodom uit en die koning van Gomorra en die koning van Adma(rooi Aarde) en die koning van Sebóim en die koning van Bela, dit is Soar, en stel hulle in die laagte Siddim in slagorde teen hulle op, Gen 14:9 teen Kedor-Laómer, die koning van Elam, en Tídeal, die koning van die nasies, en Amrafel, die koning van Sínear, en Aríog, die koning van El-Lásar: vier konings teen vyf. Gen 14:10 Maar die laagte Siddim was vol gate in die lymgrond; en toe die konings van Sodom en Gomorra wegvlug, het hulle daarin geval, en die wat oorgebly het, het na die gebergte gevlug. Gen 14:11 En hulle het al die goed van Sodom en Gomorra en al hulle voedsel geneem en weggetrek. Gen 14:12 Hulle het ook Lot, Abram se broerskind, en al sy goed geneem en weggetrek - want hy was in Sodom woonagtig. Gen 14:13 Toe kom daar een wat vrygeraak het, en vertel dit aan Abram, die Hebreër, wat woonagtig was by die terpentynbome van Mamre, die Amoriet, broer van Eskol en broer van Aner; en hulle was bondgenote van Abram. Gen 14:14 Toe Abram hoor dat sy broer as gevangene weggevoer is, het hy sy geoefende manne wat in sy huis gebore is, laat uittrek, driehonderd-en-agttien, en hulle tot by Dan agtervolg - Gen 14:15 hy het hulle in die nag van verskillende kante aangeval, hy en sy dienaars, en hulle verslaan en hulle agtervolg tot by Hoba wat noord van Damaskus lê. Gen 14:16 En hy het al die goed teruggebring, en ook sy broer Lot en sy goed teruggebring; en ook die vroue en die manskappe. Gen 14:17 Ná sy terugkoms van die oorwinning op Kedor-Laómer en die konings wat saam met hom was, het die koning van Sodom uitgetrek hom tegemoet na die laagte Sawe, dit is die Koningslaagte. Gen 14:18 En Melgisédek, die Koning van Salem, wat 'n priester van die Hoogste El was, het Brood en Wyn gebring [Boekrol van die Opregte 23:35] Gen 14:19 en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur die Hoogste El die Skepper van Hemele en Aarde. Gen 14:20 En geseënd is die Hoogste El, wat u vyande in u hand gegee het, toe gee hy Hom die tiende van alles. Gen 14:21 En die koning van Sodom sê vir Abram: Gee my die siele, maar neem die besittings vir uself. Gen 14:22 Toe antwoord Abram die koning van Sodom: Ek hef my hand op tot JaHWeH, die Hoogste El, die Skepper van Hemele en Aarde, Gen 14:23 dat ek geen draad en geen skoenriem, ja, dat ek niks sal neem van alles wat uwe is nie, sodat u nie kan sê nie: Ek het Abram ryk gemaak. Gen 14:24 Niks vir my nie! Net wat die dienaars geëet het en die deel van die manne wat saam met my getrek het, Aner, Eskol en Mamre, laat dié hulle deel neem. //Verbond van Elohim met Abram. Gen 15:1 NA hierdie dinge het die Woord van JaHWeH tot Abram gekom in 'n gesig en gesê: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou 'n Skild en jou loon sal uitermatig vergroot. Gen 15:2 Toe vra Abram: My Meester JaHWeH, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders heengaan en die erfgenaam van my huis die Damaskéner EliEzer is? [Boekrol van die Opregte 12:39; 23:24] Gen 15:3 Verder het Abram gesê: Aan my het U geen saad gegee nie; so sal dan die bediende van my huis my erfgenaam wees. Gen 15:4 Toe kom die Woord van JaHWeH tot hom en sê: Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees. Gen 15:5 Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die Hemele en tel die Sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou saad wees.[2 Ezra 7:106-107] Gen 15:6 En hy het in JaHWeH geglo; en HY het hom dit tot Geregtigheid gereken. Gen 15:7 Verder het Hy vir hom gesê: Ek - JaHWeH het jou uitgelei uit Ur(vuur) van die Chaldeërs om jou hierdie Aarde te gee om haar te besit. Gen 15:8 En hy sê: My Meester JaHWeH, waaraan sal ek weet dat ek haar in besit sal neem? Gen 15:9 En Hy antwoord hom: Neem vir My 'n driejaaroud vers en 'n driejaaroud bokooi en 'n driejaaroud ram en 'n tortelduif en 'n jong duif. Gen 15:10 En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie. Gen 15:11 Toe kom daar roofvoëls op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag. Gen 15:12 En toe die son wou ondergaan, val daar 'n diepe slaap op Abram, en kyk, 'n skrik van groot duisternis het hom oorval. Gen 15:13 Daarop sê Hy vir Abram: Weet verseker dat jou saad besoekers sal wees in 'n Aarde wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en besoedel word vierhonderd jaar lank. Gen 15:14 Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek met baie goed. Gen 15:15 Maar jy sal na jou vaders gaan in Vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word. Gen 15:16 En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nog toe nog nie klaar nie. Gen 15:17 En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar 'n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis deur. Gen 15:18 Op dié dag het JaHWeH met Abram 'n Verbond gesluit en gesê: Aan jou saad gee Ek hierdie Aarde, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier: Gen 15:19 die Keniete en Kenissiete en Kadmoniete Gen 15:20 en Hetiete en Feresiete en Refaïete Gen 15:21 en Amoriete en Kanaäniete en Girgasiete en Jebusiete. //Hagar en Jismael. Gen 16:1 MAAR Sarai, die vrou van Abram, het vir hom geen kinders gebaar nie; en sy het 'n Egiptiese slavin gehad en haar naam was Hagar. Gen 16:2 En Sarai het vir Abram gesê: Jy weet, JaHWeH het my nie toegelaat om moeder te word nie, gaan tog in by my slavin; miskien sal ek uit haar gebou word. En Abram het na Sarai geluister. Gen 16:3 Toe neem Sarai, die vrou van Abram, Hagar, die Egiptiese, haar slavin - nadat Abram tien jaar in die Aarde van Kanaän gewoon het - en gee haar aan haar man Abram om sy vrou te wees. Gen 16:4 En hy het by Hagar ingegaan, en sy het swanger geword, maar toe sy sien dat sy swanger was, het haar meesteres veragtelik in haar oë geword. Gen 16:5 En Sarai sê vir Abram: Die onreg my aangedoen, is op jou! Ek self het my slavin in jou skoot gegee, en nou dat sy sien dat sy swanger is, het ek veragtelik in haar oë geword, laat JaHWeH oordeel tussen my en jou. Gen 16:6 En Abram antwoord Sarai: Daar is jou slavin in jou hand doen met haar soos dit goed is in jou oë, toe het Sarai haar sleg behandel, en sy het van haar aangesig af weggevlug. Gen 16:7 En die Boodskapper van JaHWeH het haar by 'n fontein in die wildernis gevind, by die fontein op pad na Sur, Gen 16:8 en gevra: Hagar, slavin van Sarai, waar kom jy vandaan, en waar gaan jy heen? En sy antwoord: Ek vlug van my meesteres Sarai af weg. Gen 16:9 Toe sê die Boodskapper van JaHWeH vir haar: Gaan terug na jou meesteres en verneder jou onder haar hande. Gen 16:10 Verder sê die Boodskapper van JaHWeH vir haar: Ek sal jou saad grootliks vermeerder, sodat hulle vanweë hul menigte nie getel kan word nie. Gen 16:11 Ook sê die Boodskapper van JaHWeH vir haar: Kyk, jy is swanger en sal 'n seun baar, en jy moet hom Jismael noem, want JaHWeH het jou in jou ellende verhoor. Gen 16:12 En hy sal 'n wilde-esel van 'n adamiet wees: sy hand teen almal, en almal se hand teen hom! En hy sal teenoor al sy broers woon. Gen 16:13 Toe noem sy die Naam van JaHWeH wat met haar gespreek het: U is 'n El wat sien, want sy het gesê: Het ek ook gesien, die Een wat my sien? Gen 16:14 Daarom noem hulle die put: Put van Lagai-Roï. Dit lê daar tussen Kadesh en Bered. Gen 16:15 En Hagar het vir Abram 'n seun gebaar; en Abram het sy seun wat Hagar gebaar het, Jismael genoem. Gen 16:16 En Abram was ses-en-tagtig jaar oud toe Hagar Jismael vir Abram gebaar het. //Die belofte van baie nasies - Die ewige besnydenis Verbond. Gen 17:1 TOE Abram nege-en-negentig jaar oud was, het JaHWeH aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is El die Almagtige; wandel voor My Aangesig, en wees rassuiwer. [Boek van die Opregte 13:8; DaniEl 3:35] Gen 17:2 Dan sal Ek My Verbond sluit tussen My en jou, en jou buitengewoon vermeerder. Gen 17:3 Toe val Abram op sy aangesig, en Elohim het met hom gespreek en gesê: Gen 17:4 Wat My aangaan, kyk, My Verbond is met jou, en jy sal die vader van 'n menigte van nasies word. Gen 17:5 Daarom sal hulle jou nie meer Abram (verhewe vader) noem nie, maar jou naam sal wees Abraham (vader van menigtes), want Ek maak jou 'n vader van 'n menigte van nasies. Gen 17:6 En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom. Gen 17:7 En Ek sal My Verbond oprig tussen My en jou en jou saad na jou in hulle geslagte as 'n ewigdurende Verbond, om vir jou 'n Elohim te wees en vir jou saad ná jou. [Levítikus 26:9, 42; Psalm 105] Gen 17:8 En Ek sal aan jou en jou saad ná jou die Aarde van jou vreemdelingskap gee, die hele Aarde van Kanaän, as 'n ewige besitting; en Ek sal vir hulle 'n Elohim wees. Gen 17:9 Verder het Elohim aan Abraham gesê: Maar jy moet My Verbond hou, jy en jou saad ná jou, in julle geslagte. Gen 17:10 Dit is My Verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou saad ná jou: Al wat manlik onder julle is, moet besny word Gen 17:11 julle moet aan die vlees van julle voorhuid besny word, en dit sal 'n Teken wees van die Verbond tussen My en julle. Gen 17:12 'n Seuntjie van agt dae dan moet onder julle besny word, al wat manlik is in julle geslagte. Die wat in jou huis gebore is, en die seun van 'n uitlander wat met silwer gekoop is, wat nie van jou saad is nie Gen 17:13 die wat in jou huis gebore en wat met jou silwer gekoop is, moet sekerlik besny word. So moet dan My Verbond in julle vlees wees as 'n ewige Verbond. Gen 17:14 En wat manlik is en die voorhuid het, wat nie aan die vlees van sy voorhuid besny is nie - dié siel [sal] haar afsny uit haar volksgenote: hy het My Verbond verbreek. [JeségiEl 32:21] Gen 17:15 Verder het Elohim aan Abraham gesê: Sarai, jou vrou, moet jy nie Sarai noem nie, maar haar naam sal Sarah wees. Gen 17:16 En Ek sal haar seën en jou uit haar ook 'n seun gee; ja, Ek sal haar seën, sodat sy tot nasies sal word; konings van volke sal uit haar voortkom. Gen 17:17 Toe val Abraham op sy aangesig, en hy lag en sê in sy hart: Kan daar vir een wat honderd jaar oud is, 'n kind gebore word? Of kan Sarah, wat negentig jaar oud is, baar? Gen 17:18 En Abraham sê aan die Elohim: Ag, mag Jismael lewe voor U Aangesig! Gen 17:19 Toe antwoord Elohim: Voorwaar, jou vrou Sarah sal vir jou 'n seun baar, en jy moet hom Isak noem; en Ek sal My Verbond met hom oprig as 'n ewige Verbond vir sy saad ná hom. Gen 17:20 Ook wat Jismael aangaan, het Ek jou verhoor. Kyk, Ek seën hom en maak hom vrugbaar en vermeerder hom buitengewoon. Twaalf vorste sal hy verwek, en Ek sal hom 'n groot nasie maak. Gen 17:21 Maar My Verbond sal Ek oprig met Isak wat Sarah vir jou anderjaar op hierdie tyd sal baar. Gen 17:22 En nadat Hy klaar met hom gespreek het, het Elohim van Abraham af opgevaar. Gen 17:23 Daarop neem Abraham sy seun Jismael en almal wat in sy huis gebore is, en almal wat met sy silwer gekoop is, almal wat manlik was onder die manne in die huis van Abraham, en hy het die vlees van hulle voorhuid nog op daardie selfde dag besny, soos Elohim met hom gespreek het. Gen 17:24 En Abraham was nege-en-negentig jaar oud toe hy aan die vlees van sy voorhuid besny is. Gen 17:25 En sy seun Jismael was dertien jaar oud toe hy aan die vlees van sy voorhuid besny is. Gen 17:26 Op daardie selfde dag is Abraham en sy seun Jismael besny Gen 17:27 en al die manne van sy huis - die wat in sy huis gebore en die wat van 'n uitlander met silwer gekoop is, is saam met hom besny. //JaHWeH verskyn aan Abraham! Gen 18:1 DAARNA het JaHWeH aan hom verskyn by die terpentynbome van Mamre terwyl hy by die ingang van die tent sit op die warmste van die dag. Gen 18:2 Toe hy sy oë opslaan en kyk, staan daar drie Manne voor hom. En toe hy hulle sien, loop hy hulle tegemoet van die ingang van die tent af en buig hom na die Aarde toe. Gen 18:3 En hy sê: My Meester, as ek nou Guns in U Oë gevind het, gaan dan tog nie by U kneg verby nie. Gen 18:4 Laat hulle tog 'n bietjie water bring, en was U voete, en lê en rus onder die boom. Gen 18:5 En laat ek 'n stukkie brood gaan haal, en versterk U Hart - daarna kan U verder gaan - want daarom het U by U kneg aangekom. En Hulle antwoord: Doen soos u gesê het. Gen 18:6 Toe loop Abraham haastig in die tent na Sarah en sê: Maak gou, knie drie mate meel, die beste, en maak roosterkoeke. Gen 18:7 Daarop loop Abraham na die beeste en vang 'n jong, suiwer kalf en gee dit aan die dienaar, wat dit gou klaargemaak het. Gen 18:8 En hy neem dikmelk en soetmelk en die kalf wat hy klaargemaak het, en sit dit aan Hulle voor, terwyl hy self by Hulle onder die boom bly staan; en Hulle het geëet. Gen 18:9 Toe sê Hulle vir hom: Waar is Sarah, u vrou? En hy antwoord: Daar in die tent. Gen 18:10 En Hy sê: Ek sal sekerlik weer na jou toe kom teen die tyd van lewe - dan sal jou vrou Sarah 'n seun hê. En Sarah het geluister by die ingang van die tent wat agter Hom was. Gen 18:11 Maar Abraham en Sarah was oud, ver op hulle dae; dit het met Sarah nie meer volgens die reël van die vroue gegaan nie. Gen 18:12 En Sarah het in haar binneste gelag en gedink: Sal ek wellus hê nadat ek oud geword het en my eggenoot oud is? Gen 18:13 Toe sê JaHWeH vir Abraham: Waarom het Sarah daar gelag en gedink: Sou ek ook werklik baar nou dat ek oud geword het? Gen 18:14 Sou enige woord te wonderbaar vir JaHWeH wees? Hierdie tyd, teen die tyd van lewe sal Ek na jou terugkom, en Sarah sal 'n seun hê. Gen 18:15 Maar Sarah het dit ontken en gesê: Ek het nie gelag nie - want sy was bang, maar Hy sê: Nee, maar jy het gelag. Gen 18:16 Toe staan die Manne daarvandaan op, en Hulle het gekyk na die kant van Sodom; en Abraham het saam met Hulle gegaan om Hulle weg te bring. Gen 18:17 Daarop sê JaHWeH: Sal Ek vir Abraham verberg wat Ek gaan doen, Gen 18:18 terwyl Abraham tog sekerlik 'n groot en magtige nasie sal word en al My nasies van die Aarde in hom geseën sal word? Gen 18:19 Want Ek het hom verkies, dat hy aan sy kinders en sy huis na hom bevel sou gee dat hulle die Weg van JaHWeH moet hou om Geregtigheid en Reg te doen; sodat JaHWeH oor Abraham kan bring wat Hy oor hom gespreek het. Gen 18:20 Verder het JaHWeH gesê: Die geroep oor Sodom en Gomorra is waarlik groot, en hulle oortredinge is waarlik baie swaar. Gen 18:21 Ek wil neerdaal en sien of hulle werklik gehandel het soos haar geroep oor hulle is wat by My gekom het; en so nie, Ek wil dit weet. Gen 18:22 Toe het die manne daarvandaan weggedraai en na Sodom gegaan, maar Abraham het nog bly staan voor die Aangesig van JaHWeH. Gen 18:23 En Abraham het nader gekom en gesê: Sal U ook die regverdige saam met die besoedelde ombring? Gen 18:24 Miskien is daar vyftig regverdiges binne-in die stad; sal U hulle ook ombring en die plek nie spaar ter wille van die vyftig regverdiges wat in haar binneste is nie? Gen 18:25 Laat dit ver van U wees om so iets te doen: om die regverdige saam met die besoedelde om te bring, sodat die regverdige gelyk is met die besoedelde. Laat dit ver van U wees! Sal die Regter van die hele Aarde geen Reg doen nie? Gen 18:26 Toe sê JaHWeH: As Ek in Sodom vyftig regverdiges vind binne-in die stad, dan sal Ek die hele plek spaar om hulle ontwil. Gen 18:27 En Abraham antwoord en sê: Kyk tog, ek het dit gewaag om met my Meester te spreek alhoewel ek stof en as is. Gen 18:28 Miskien sal daar aan die vyftig regverdiges vyf ontbreek; sal U ter wille van vyf die hele stad verwoes? En Hy antwoord: Ek sal haar nie verwoes as Ek daar vyf-en-veertig vind nie. Gen 18:29 En hy het nog verder met Hom gespreek en gesê: Miskien sal daar veertig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die veertig nie doen nie. Gen 18:30 Verder sê hy: Laat my Meester tog nie woedend word nie, en mag ek nog iets sê. Miskien sal daar dertig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit nie doen as Ek daar dertig vind nie. Gen 18:31 Toe sê hy: Kyk tog, ek het dit gewaag om met my Meester te spreek. Miskien sal daar twintig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal haar ter wille van die twintig nie verwoes nie. Gen 18:32 Toe sê hy: Laat my Meester tog nie woedend word nie, en laat my net hierdie keer spreek. Miskien sal daar tien gevind word. En Hy antwoord: Ek sal haar ter wille van die tien nie verwoes nie. Gen 18:33 En JaHWeH het weggegaan toe Hy opgehou het om met Abraham te spreek, en Abraham het na sy woonplek teruggekeer. //Verwoesting van Sodom. Vertrek van Lot. Gen 19:1 EN die twee Boodskappers het in die aand in Sodom aangekom, terwyl Lot in die poort van Sodom sit; en toe Lot Hulle sien, het hy opgestaan om Hulle tegemoet te gaan en hom gebuig met die aangesig na die Aarde toe Gen 19:2 en gesê: Kyk tog, my Meesters, draai tog uit na die huis van U dienaar en bly die nag oor en was U voete; dan kan U vroeg opstaan en U reis voortsit. Maar Hulle antwoord: Nee, Ons sal op die plein vernag. Gen 19:3 Maar hy het baie by Hulle aangehou, sodat Hulle na hom uitgedraai en in sy huis gekom het. En hy het vir Hulle 'n maaltyd berei en ongesuurde koeke gebak, en Hulle het geëet. Gen 19:4 Hulle het nog nie gaan slaap nie toe die manne van die stad, die manne van Sodom, die huis omsingel: jonk en oud, die hele bevolking, almal saam. Gen 19:5 En hulle het na Lot geroep en aan hom gesê: Waar is die manne wat vannag na jou gekom het? Bring hulle na ons toe uit, dat ons hulle kan beken. Gen 19:6 Daarop gaan Lot na hulle toe uit voor die ingang en sluit die deur agter hom toe Gen 19:7 en sê: My broers, moet tog nie kwaad doen nie. Gen 19:8 Kyk tog, ek het twee dogters wat geen man beken het nie; laat ek dié na julle uitbring, en doen met hulle soos dit goed is in julle oë. Net aan hierdie Manne moet julle niks doen nie, want daarom het Hulle onder die skaduwee van my dak ingekom. Gen 19:9 Toe antwoord hulle: Gee pad daar! En hulle sê: Hierdie een het gekom om [hier] as vreemdeling te vertoef en wil tog gedurig die baas speel. Nou sal ons jou meer kwaad doen as aan hulle. En hulle het sterk op die man, op Lot, aangedring en nader gekom om die deur oop te breek. Gen 19:10 Maar die Manne het Hulle hand uitgesteek en Lot by Hulle in die huis gebring en die deur toegesluit. Gen 19:11 Toe slaan Hulle die manne wat by die ingang van die huis was, klein en groot, met blindheid, sodat hulle tevergeefs na die ingang gesoek het. Gen 19:12 Daarop sê die Manne vir Lot: Wie het jy hier nog? 'n Skoonseun en jou seuns en jou dogters en almal wat jy het in die stad - bring hulle uit die plek uit; Gen 19:13 want Ons gaan hierdie plek verwoes, omdat die geroep oor haar groot is voor die Aangesig van JaHWeH, en JaHWeH het Ons gestuur om haar te verwoes. Gen 19:14 Toe gaan Lot uit en praat met sy skoonseuns wat met sy dogters sou trou, en sê: Maak julle klaar, gaan uit hierdie plek uit, want JaHWeH gaan die stad verwoes, maar hy was in die oë van sy skoonseuns soos een wat gekskeer. Gen 19:15 En toe die dag begin breek, het die Boodskappers by Lot aangedring en gesê: Maak jou klaar, neem jou vrou en jou twee dogters wat by jou is, dat jy weens die ongeregtigheid van die stad nie omkom nie. Gen 19:16 Maar hy het nog getalm, toe gryp die Manne hom en sy vrou en sy twee dogters aan die hand, omdat JaHWeH hom wou verskoon; en Hulle lei hom uit en bring hom buitekant die stad. Gen 19:17 En toe Hy hulle na buite uitgelei het, sê Hy: Vlug oor jou siel! Moenie omkyk nie, en moenie êrens in die distrik bly staan nie. Vlug na die gebergte, dat jy nie omkom nie! Gen 19:18 Daarop antwoord Lot hom: Ag nee, my Meester! Gen 19:19 Kyk tog, U kneg het Barmhartigheid in U Oë gevind, en U het U Medelye groot gemaak wat U aan my betoon het deur my siel in die lewe te behou. Maar ek is nie in staat om na die gebergte te vlug sonder dat die besoedeling my inhaal en ek sterwe nie. Gen 19:20 Kyk tog, hierdie stad is naby om daarheen te vlug, en sy is klein. Laat my tog daarheen vlug - is sy nie klein nie? - dat my siel kan lewe! Gen 19:21 En Hy sê vir hom: Kyk, Ek neem jou ook in hierdie saak in guns aan, sodat Ek die stad waarvan jy gespreek het, nie sal omkeer nie. Gen 19:22 Vlug gou daarheen, want Ek kan niks doen voordat jy daar aankom nie. Daarom noem hulle die stad Soar. Gen 19:23 Die son het oor die Aarde opgegaan toe Lot in Soar aankom. Gen 19:24 En JaHWeH het swawel en vuur oor Sodom en Gomorra laat reën van JaHWeH uit die Hemele, [2 Ezra 2:8] Gen 19:25 en Hy het hierdie stede omgekeer en die hele distrik, ook al die inwoners van die stede en wat op die Adamah[adamiet se Aarde] groei. Gen 19:26 En sy vrou het agter hom omgekyk, en sy het 'n soutpilaar geword. Gen 19:27 En Abraham is vroeg in die môre na die plek waar hy voor die Aangesig van JaHWeH gestaan het. Gen 19:28 Toe hy uitkyk oor Sodom en Gomorra en oor die aangesig van die hele Aarde van die distrik, sien hy dat die rook van die Aarde optrek soos die rook van 'n smeltoond. Gen 19:29 En onderwyl Elohim die stede van die distrik verwoes, het Elohim aan Abraham gedink en Lot uitgelei uit die omkering toe Hy die stede omgekeer het waar Lot woonagtig was. Gen 19:30 En Lot het uit Soar opgetrek en saam met sy twee dogters gaan woon op die gebergte, want hy was bang om in Soar te bly; daarom het hy saam met sy twee dogters in 'n spelonk gaan woon. Gen 19:31 En die oudste het aan die jongste gesê: Ons vader is oud, en daar is geen man in die Aarde om, na die reël van die hele Aarde, by ons in te gaan nie. Gen 19:32 Kom, laat ons aan ons vader wyn gee om te drink en met hom gemeenskap hou, sodat ons deur ons vader 'n saadlyn in die lewe kan hou. Gen 19:33 Hulle gee toe dié nag aan hulle vader wyn om te drink, en die oudste het gekom en met haar vader gemeenskap gehad sonder dat hy dit gewaar het toe sy gaan lê en toe sy opstaan. Gen 19:34 Die volgende dag sê die oudste aan die jongste: Kyk, ek het verlede nag met my vader gemeenskap gehad; laat ons hom vannag weer wyn gee om te drink; gaan dan in, hou met hom gemeenskap, dat ons deur ons vader 'n saadlyn in die lewe kan hou. Gen 19:35 Hulle gee toe dié nag weer aan hulle vader wyn om te drink, en die jongste het opgestaan en met hom gemeenskap gehad sonder dat hy dit gewaar het toe sy gaan lê en toe sy opstaan. Gen 19:36 So het dan die twee dogters van Lot by hulle vader bevrug geword, Gen 19:37 en die oudste het 'n seun - gebaar en hom Moab genoem. Hy is die vader van die hedendaagse Moabiete. [Boekrol van die Opregte 19:58] Gen 19:38 En die jongste het ook 'n seun gebaar en hom Ben-Ammi genoem. Hy is die vader van die hedendaagse Ammoniete. //Abraham kom in Gerar Gen 20:1 EN Abraham het daarvandaan weggetrek na die Suide van die Aarde en gaan woon tussen Kadesh en Sur en in Gerar as vreemdeling vertoef. Gen 20:2 En Abraham het van Sarah, sy vrou, gesê: Sy is my suster. Toe laat Abiméleg, die koning van Gerar, Sarah haal. Gen 20:3 Maar Elohim het in die nag by Abiméleg gekom in 'n droom en vir hom gesê: Kyk, jy sal sterwe ter wille van die vrou wat jy laat haal het, want sy is 'n besitter se besitting. Gen 20:4 Maar Abiméleg het nog nie naby haar gekom nie; daarom het hy gevra: My Meester, sal U ook 'n regverdige nasie ombring? Gen 20:5 Het hy my nie self gesê nie: Sy is my suster? En sy het self ook gesê: Hy is my broer, in die onskuld van my hart en in die onskuld van my handpalms het ek dit gedoen. Gen 20:6 Daarop antwoord die Elohim hom in die droom: Ek weet ook dat jy dit in die onskuld van jou hart gedoen het, en Ek self het jou daarvan teruggehou om nie teen My te oortree nie. Daarom het Ek jou nie toegelaat om haar aan te raak nie. Gen 20:7 Gee dan nou die man se vrou terug, want hy is 'n profeet; en hy sal vir jou bid, dat jy kan lewe. Maar as jy haar nie teruggee nie, weet dan dat jy sekerlik sal sterwe, jy en almal wat aan jou behoort. Gen 20:8 Abiméleg is toe die môre vroeg op en het al sy dienaars geroep en die hele saak voor hulle ore vertel, toe was die manne baie bang. Gen 20:9 En Abiméleg het Abraham laat roep en hom gevra: Wat het jy ons aangedoen? En waarmee het ek teen jou oortree, dat jy oor my en my koninkryk 'n groot oortreding gebring het? Dinge wat nie mag gebeur nie, het jy my aangedoen. Gen 20:10 Verder sê Abiméleg vir Abraham: Wat was jou bedoeling dat jy dit gedoen het? Gen 20:11 En Abraham antwoord: Ek het gedink daar is regtig geen Vrees vir Elohim in hierdie plek nie, sodat hulle my oor my vrou sal doodmaak. Gen 20:12 En sy is ook werklik my suster; sy is my vader se dogter, maar nie my moeder se dogter nie; en sy het my vrou geword. Gen 20:13 En toe Elohim my uit die huis van my vader laat omswerf het, het ek aan haar gesê: Dit is die guns wat jy van jou kant aan my moet bewys - op elke plek waar ons kom, moet jy van my sê: Hy is my broer. Gen 20:14 Toe neem Abiméleg kleinvee en beeste, ook slawe en slavinne, en gee dit aan Abraham. Ook sy vrou Sarah het hy aan hom teruggegee. Gen 20:15 En Abiméleg sê: Daar lê my Aarde voor jou oop; woon waar dit goed is in jou oë. Gen 20:16 En vir Sarah sê hy: Hier gee ek aan jou broer duisend [sikkels] silwer. Kyk, dit is vir jou 'n bedekking van die oë met betrekking tot elkeen wat by jou is, sodat jy in elke opsig geregverdig is. Gen 20:17 Toe het Abraham tot die Elohim gebid, en Elohim het Abiméleg gesond gemaak; ook sy vrou en sy slavinne, sodat hulle kon baar. Gen 20:18 Want JaHWeH het elke moederskoot van die huis van Abiméleg geheel en al toegesluit ter wille van Sarah, die vrou van Abraham. //Geboorte van Isak. Abraham verdryf Hagar en Jismael. Gen 21:1 EN JaHWeH het Sarah besoek soos Hy beloof het; en JaHWeH het aan Sarah gedoen soos Hy gespreek het: Gen 21:2 Sarah het bevrug geword en vir Abraham in sy ouderdom 'n seun gebaar op die bepaalde tyd wat Elohim genoem het. Gen 21:3 En Abraham het sy seun wat vir hom gebore is, wat Sarah vir hom gebaar het, Isak genoem. Gen 21:4 En Abraham het sy seun Isak besny toe hy agt dae oud was, soos Elohim hom beveel het. Gen 21:5 En Abraham was honderd jaar oud toe sy seun Isak vir hom gebore is. Gen 21:6 En Sarah het gesê: 'n Gelag het Elohim my berei: elkeen wat dit hoor, sal oor my lag. Gen 21:7 Verder sê sy: Wie kon ooit aan Abraham voorspel het: Sarah soog kinders? Want ek het 'n seun gebaar in sy ouderdom. [Jakobus 6:3d-3e] Gen 21:8 En die kind het grootgeword en is gespeen. En Abraham het 'n groot maaltyd berei op die dag toe Isak gespeen is. Gen 21:9 Toe sien Sarah hoe die seun van Hagar, die Egiptiese [slavin], wat sy vir Abraham gebaar het, spot; Gen 21:10 en sy sê aan Abraham: Jaag hierdie slavin en haar seun weg, want die seun van hierdie slavin mag nie saam met my seun Isak erwe nie. Gen 21:11 En die woord was baie verkeerd in die oë van Abraham vanweë sy seun. Gen 21:12 Maar Elohim het aan Abraham gesê: Laat dit nie verkeerd wees in jou oë ter wille van die seun en van jou slavin nie. Luister na Sarah in alles wat sy van jou verlang, want deur Isak sal daar vir jou 'n saadlyn genoem word. Gen 21:13 Maar Ek sal ook die seun van die slavin tot 'n nasie maak, omdat hy jou saad is. Gen 21:14 Toe is Abraham die môre vroeg op, en hy het brood en 'n sak met water geneem en dit aan Hagar gegee deur dit op haar skouer te sit, en ook die kind, en haar weggestuur. Sy het toe weggegaan en rondgedwaal in die wildernis van Berséba. Gen 21:15 En toe die water in die sak op was, het sy die kind onder een van die bosse neergewerp Gen 21:16 en geloop en op 'n afstand gaan sit so ver as 'n boog kan skiet; want sy het gesê: Ek wil die dood van die kind nie aansien nie. En sy het op 'n afstand gaan sit en haar stem verhef en geween. Gen 21:17 Toe hoor Elohim die stem van die seun, en die Boodskapper van Elohim het na Hagar geroep uit die Hemele en haar gevra: Wat is dit met jou, Hagar? Wees nie bevrees nie, want Elohim het na die stem van die seun geluister op die plek waar hy is. Gen 21:18 Staan op, tel die seun op en hou hom vas met jou hand, want Ek sal hom 'n groot nasie maak. Gen 21:19 Daarop het Elohim haar oë geopen, en sy sien 'n put! En sy het geloop en die sak vol water gemaak en die seun laat drink. Gen 21:20 En Elohim was met die seun; en hy het grootgeword en in die wildernis gewoon en 'n boogskutter geword: Gen 21:21 hy het in die wildernis van Paran gewoon; en sy moeder het vir hom 'n vrou uit die Aarde van Egipte geneem. Gen 21:22 IN dié tyd het Abiméleg en Pigol, sy leërowerste, met Abraham gespreek en gesê: Elohim is met jou in alles wat jy doen. Gen 21:23 Sweer dan nou vir my hier by Elohim dat jy met my en my seun en my kleinseun nie vals sal handel nie; dieselfde guns wat ek jou bewys het, moet jy aan my bewys en aan die Aarde waarin jy as vreemdeling vertoef. Gen 21:24 En Abraham antwoord: Ek sweer. Gen 21:25 Maar Abraham het Abiméleg aangespreek oor 'n put wat die dienaars van Abiméleg met geweld geneem het. Gen 21:26 Daarop antwoord Abiméleg: Ek weet nie wie dit gedoen het nie, en jy het my dit ook nie meegedeel nie, en ek het daar ook niks van gehoor nie as net vandag. Gen 21:27 Toe neem Abraham kleinvee en beeste en gee dit aan Abiméleg; en hulle twee het 'n verbond gesluit; Gen 21:28 Abraham het naamlik die sewe ooilammers van die kleinvee eenkant uitgekeer. Gen 21:29 Toe sê Abiméleg vir Abraham: Wat beteken hierdie sewe ooilammers wat jy uitgekeer het? Gen 21:30 En hy antwoord: Die sewe ooilammers moet jy uit my hand aanneem, sodat hulle vir my 'n getuienis kan wees dat ek hierdie put gegrawe het. Gen 21:31 Daarom noem hulle dié plek Berséba, omdat hulle twee daar gesweer het. Gen 21:32 So het hulle dan 'n verbond gesluit in Berséba. Daarna het Abiméleg en Pigol, sy leërowerste, klaargemaak en na die Aarde van die Filistyne teruggegaan. Gen 21:33 En hy het 'n tamarisk in Berséba geplant en daar die Naam van JaHWeH, die Ewige El, aangeroep. Gen 21:34 En Abraham het baie dae as vreemdeling in die Aarde van die Filistyne vertoef. //Abraham bereid om sy eersgeborene as Slagdier aan JaHWeH te bloei. Gen 22:1 Ná hierdie dinge het Elohim Abraham op die proef gestel en aan hom gesê: Abraham! En hy antwoord: Hier is ek! [Boekrol van die Opregte 22:45] Gen 22:2 Toe sê Hy: Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die Aarde van MoriJaH en dra hom op as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys. [Boekrol van die Opregte 23:2; Hebreërs 11:17] Gen 22:3 Daarop het Abraham die môre vroeg klaargemaak en sy esel opgesaal en twee van sy dienaars en sy seun Isak saam met hom geneem; en hy het hout gekloof vir 'n brandoffer en opgestaan en na die plek gegaan wat die Elohim vir hom aangewys het. [Boekrol van die Opregte 23:21] Gen 22:4 Op die derde dag toe slaan Abraham sy oë op en sien die plek van ver af. Gen 22:5 En Abraham sê aan sy dienaars: Bly julle hier met die esel; ek en die seun wil daarheen gaan om neer te buig en dan na julle terugkom. Gen 22:6 En Abraham het die hout vir die brandoffer geneem en dit op sy seun Isak gesit, en die vuur en die mes in sy hand geneem. So het hulle twee dan saam geloop. Gen 22:7 Toe spreek Isak met sy vader Abraham en sê: My vader! En hy antwoord: Hier is ek, my seun! En hy sê: Hier is die vuur en die hout, maar waar is die lam vir 'n brandoffer? Gen 22:8 En Abraham antwoord: Elohim sal vir Homself die lam vir 'n brandoffer voorsien, my seun. So het hulle twee dan saam geloop. Gen 22:9 Toe hulle kom op die plek wat die Elohim vir hom aangewys het, het Abraham daar die altaar gebou en die hout reggelê; daarna het hy sy seun Isak gebind en hom op die altaar bo-op die hout gesit. Gen 22:10 Toe steek Abraham sy hand uit en neem die mes om sy seun te bloei. Gen 22:11 Maar die Boodskapper van JaHWeH het na hom van die Hemele af geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek! Gen 22:12 En Hy sê: Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want nou weet Ek dat jy Elohim Vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie. Gen 22:13 En toe Abraham sy oë opslaan, sien hy meteens 'n ram wat agter in die bos met sy horings vasgeraak het. En Abraham het gegaan en die ram geneem en dit opgedra as brandoffer in die plek van sy seun. Gen 22:14 En Abraham het dié plek genoem: JaHWeH-Jireh! (sal voorsien) Sodat vandag nog gesê word: Op die Berg van JaHWeH sal voorsien word. Gen 22:15 Toe roep die Boodskapper van JaHWeH vir die tweede keer na Abraham van die Hemele af Gen 22:16 en sê: Ek sweer by Myself, spreek JaHWeH, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie, Gen 22:17 dat Ek jou ryklik sal seën en jou saad grootliks sal vermeerder soos die Sterre van die Hemele en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou saad sal die poort van sy vyande in besit neem. Gen 22:18 En in jou saad sal al My nasies van die Aarde geseën word, omdat jy na My Stem geluister het. [Génesis 18:19] Gen 22:19 En Abraham het na sy dienaars teruggekeer; en hulle het klaargemaak en saam na Berséba gegaan. En Abraham het in Berséba bly woon. Gen 22:20 Ná hierdie dinge het hulle aan Abraham berig gebring en gesê: Kyk, Milka het ook vir jou broer Nahor seuns gebaar: Gen 22:21 Us, sy eersgeborene, en Bus, sy broer, en KemûwEl, die vader van Aram, Gen 22:22 ook Kesed en Haso en Pildas en Jidlaf en BetuEl. Gen 22:23 (En BetuEl was die vader van Rebekka.) Hierdie agt het Milka vir Nahor, die broer van Abraham, gebaar. Gen 22:24 En sy byvrou met haar naam van Reüma, sy het ook Tebag en Gaham en Tahas en Máäga gebaar. //Dood van Sarah en haar begrafnis. Gen 23:1 EN die lewensdae van Sarah was honderd-sewe-en-twintig jaar. Dit was die lewensjare van Sarah. Gen 23:2 En Sarah het gesterwe in Kirjat-Arba, dit is Hebron, in die Aarde van Kanaän; en Abraham het gekom om oor Sarah te rouklaag en haar te beween. [Boekrol van die Opregte 23:86; 36:5] Gen 23:3 Daarna het Abraham opgestaan, van sy dode af weg, en met die seuns van Het gespreek en gesê: Gen 23:4 Ek is 'n besoeker en 'n vreemdeling onder julle. Gee my 'n graf as besitting by julle, dat ek my dode van my af weg kan begrawe. Gen 23:5 Toe antwoord die seuns van Het vir Abraham en sê aan hom: Gen 23:6 Luister na ons, my meester! U is 'n vors van Elohim onder ons. Begraaf u dode in die beste graf wat ons het; niemand van ons sal u sy graf weier om u dode te begrawe nie. Gen 23:7 Toe staan Abraham op en buig hom voor die volk van die Aarde, voor die seuns van Het; Gen 23:8 en hy het met hulle gespreek en gesê: As dit julle siel [behaag] dat ek my dode van my af weg begrawe, luister dan na my en doen vir my 'n goeie woord by Efron, die seun van Sohar, Gen 23:9 dat hy aan my gee die spelonk van Magpéla wat aan hom behoort, wat aan die end van sy grondgebied lê; laat hy dit vir die volle som aan my gee, dat ek 'n graf onder julle mag besit. Gen 23:10 En Efron het tussen die seuns van Het gesit. Toe antwoord Efron, die Hetiet, vir Abraham voor die ore van die seuns van Het, van almal wat in die poort van sy stad ingegaan het: Gen 23:11 Nee, my meester, luister na my. Die stuk grond gee ek aan u; ook die spelonk wat in haar is, haar gee ek aan u; voor die oë van die seuns van my volk gee ek haar aan u; begraaf u dode. Gen 23:12 Daarop het Abraham hom voor die aangesig, van die volk van die Aarde neergebuig Gen 23:13 en met Efron gespreek voor die ore van die volk van die Aarde: Ja, as dit u is, ag, luister na my! Ek gee die silwer vir die stuk grond; neem dit van my aan, dat ek my dode daar kan begrawe. Gen 23:14 En Efron het Abraham geantwoord en aan hom gesê: Gen 23:15 My meester, luister na my. 'n Stuk Aarde van vierhonderd sikkels silwer - wat is dit tussen my en u? Begraaf maar u dode. Gen 23:16 Toe luister Abraham na Efron, en Abraham het aan Efron die silwer afgeweeg waarvan hy gespreek het voor die ore van die seuns van Het - vierhonderd sikkels silwer gangbaar by die koopman. Gen 23:17 So het dan die stuk grond van Efron wat in Magpéla voor die aangesig van Mamre lê, die stuk grond en die spelonk wat in haar is, en al die bome op die stuk grond wat op die ganse gebied daarvan rondom staan, Gen 23:18 die eiendom van Abraham geword voor die oë van die seuns van Het, voor almal wat in die poort van sy stad ingegaan het. Gen 23:19 Daarna het Abraham toe sy vrou Sarah begrawe in die spelonk van die stuk grond van Magpéla, oostelik van Mamre, sy is Hebron, in die Aarde van Kanaän. Gen 23:20 So is dan die stuk grond en die spelonk wat in haar was, deur die seuns van Het aan Abraham afgestaan om haar as graf in eiendom te besit. //Rebekka word gevra as vrou vir Isak. Gen 24:1 EN Abraham was oud en ver op sy dae, en JaHWeH het Abraham in alles geseën. Gen 24:2 Toe sê Abraham aan sy dienaar, die oudste van sy huis wat die opsig gehad het oor al sy goed: Lê tog jou hand onder my heup, Gen 24:3 dat ek jou kan laat sweer by JaHWeH, die Elohey van die Hemele en Elohey van die Aarde, dat jy vir my seun geen vrou sal neem uit die dogters van die Kanaäniete onder wie ek woon nie; [Boekrol van Henog 58:4] Gen 24:4 maar dat jy na my Aarde en my familie sal gaan om vir my seun Isak 'n vrou te neem. Gen 24:5 Toe sê die dienaar vir hom: Miskien sal die vrou my nie wil volg na hierdie Aarde nie. Moet ek u seun dan maar terugbring in die Aarde waaruit u weggetrek het? Gen 24:6 En Abraham antwoord hom: Neem jou tog in ag dat jy my seun nie weer daarheen bring nie. Gen 24:7 JaHWeH, die Elohey van die Hemele, wat my uit my vader se huis en uit die Aarde van my weggeneem het, en wat met my gespreek en vir my gesweer het met die woorde: Aan jou saad sal EK hierdie Aarde gee - HY sal SY Boodskapper voor jou uit stuur, en jy moet vir my seun daar 'n vrou gaan haal. Gen 24:8 Maar as die vrou jou nie wil volg nie, dan is jy ontslae van hierdie eed aan my. Jy moet net my seun nie weer daarheen bring nie. Gen 24:9 Toe lê die dienaar sy hand onder die heup van Abraham, sy meester, en hy het vir hom gesweer, met die oog op hierdie saak. Gen 24:10 En die dienaar het tien kamele van die kamele van sy meester geneem en weggegaan met allerhande kosbare goed van sy meester by hom: hy het klaargemaak en na Mesopotamië, na die stad van Nahor, getrek. Gen 24:11 En hy het die kamele laat neerkniel buitekant die stad by 'n put, teen die aand, teen die tyd dat die vroue uitgaan om water te skep. Gen 24:12 en gesê: JaHWeH, Elohey van Abraham, my meester, laat ek [haar] tog vandag ontmoet, en toon Medelye aan Abraham, my meester. Gen 24:13 Hier staan ek by die fontein, terwyl die dogters van die manne van die stad uitkom om water te skep. Gen 24:14 Laat dit nou tog gebeur: as die dogter aan wie ek sal sê: Hou tog jou kruik, dat ek kan drink, antwoord: Drink, en ek sal ook u kamele laat drink - dan is sy dit wat U bestem het vir U kneg Isak, en daaraan sal ek weet dat U Medelye aan my meester betoon het. Gen 24:15 Hy het nog nie klaar gespreek nie, of daar kom Rebekka uit wat vir BetuEl, die seun van Milka, die vrou van Nahor, Abraham se broer, gebore is, met haar kruik op haar skouer. Gen 24:16 En die dogter was baie mooi van aansien, 'n maagd, en geen man het haar beken nie. En sy het afgedaal na die fontein en haar kruik volgemaak en weer opgekom. Gen 24:17 Toe loop die dienaar haar tegemoet en sê: Laat my tog 'n bietjie water uit jou kruik drink. Gen 24:18 En sy antwoord: Drink, my meester! Daarop laat sy gou haar kruik op haar hand afsak en laat hom drink. Gen 24:19 Nadat sy hom genoeg laat drink het, sê sy: Ek sal vir u kamele ook skep totdat hulle genoeg gedrink het. Gen 24:20 Dadelik het sy toe haar kruik in die drinkbak leeggemaak en weer na die put geloop om te skep en vir al sy kamele geskep. Gen 24:21 En die man het haar stilswyend betrag om te weet of JaHWeH sy weg voorspoedig gemaak het of nie. Gen 24:22 En toe die kamele genoeg gedrink het, neem die man 'n goue ring, 'n halfsikkel in gewig, en twee armbande vir haar hande, tien [sikkels] goud in gewig. Gen 24:23 En hy sê: Wie se dogter is jy? Vertel my tog. Is daar plek vir ons in die huis van jou vader om te vernag? Gen 24:24 Toe antwoord sy hom: Ek is die dogter van BetuEl, die seun van Milka wat sy vir Nahor gebaar het. Gen 24:25 Verder sê sy vir hom: Daar is ook strooi en voer in oorvloed by ons, ook plek om te vernag. Gen 24:26 Die man het neergebuig en plat geval voor die Aangesig van JaHWeH Gen 24:27 met die woorde: Geseënd sy JaHWeH, die Elohey van Abraham, my meester, wat Sy Medelye en Sy Waarheid aan my meester nie onttrek het nie. Wat my aangaan, JaHWeH het my op die weg gelei na die huis van die broers van my meester. Gen 24:28 Daarna het die dogter geloop en in die huis van haar moeder vertel wat daar gebeur het. Gen 24:29 En Rebekka het 'n broer gehad met die naam van Laban, en Laban het uitgeloop na die man buite by die fontein. Gen 24:30 Want toe hy die ring en die armbande aan die hande van sy suster sien en die woorde van sy suster Rebekka hoor, naamlik: So het die man met my gespreek - het hy na die man gegaan, terwyl hy nog daar staan by die kamele by die fontein, Gen 24:31 en gesê: Kom in, geseënde van JaHWeH! Waarom staan jy buitekant terwyl ek die huis reggemaak het en ook plek vir die kamele? Gen 24:32 En die man het in die huis ingekom - die kamele is afgesaal en vir die kamele is strooi en voer gegee, en water om sy voete te was en die voete van die manne wat by hom was. Gen 24:33 Daarop het hulle ete voor hom neergesit; maar hy het gesê: Ek sal nie eet voordat ek my saak voorgedra het nie. En hy antwoord: Spreek maar. Gen 24:34 Toe sê hy: Ek is die dienaar van Abraham. Gen 24:35 En JaHWeH het my meester baie geseën, sodat hy groot geword het, en aan hom kleinvee en beeste, silwer en goud, slawe en slavinne en kamele en esels gegee. Gen 24:36 En Sarah, die vrou van my meester, het vir my meester 'n seun gebaar nadat sy al oud was; en hy het aan hom alles oorgegee wat hy besit. Gen 24:37 En my meester het my laat sweer en gesê: Jy moet vir my seun geen vrou neem uit die dogters van die Kanaäniete in wie se Aarde ek woon nie; Gen 24:38 maar jy moet gaan na die huis van my vader en na my familie en vir my seun 'n vrou gaan haal. Gen 24:39 Toe het ek aan my meester gesê: Miskien sal die vrou my nie volg nie. Gen 24:40 Maar hy het my geantwoord: JaHWeH voor wie se Aangesig ek gewandel het sal Sy Boodskapper met jou saamstuur, en Hy sal jou weg voorspoedig maak, sodat jy vir my seun 'n vrou uit my familie en uit die huis van my vader kan gaan haal. Gen 24:41 Dan sal jy ontslae wees van die eed aan my: as jy by my familie kom en hulle [haar] aan jou nie wil gee nie, dan is jy ontslae van die eed aan my. Gen 24:42 Ek het toe vandag by die fontein gekom en gesê: JaHWeH, Elohey van Abraham, my meester, as U dan my weg waar ek op haar gaan, voorspoedig wil maak Gen 24:43 ek staan hier by die fontein - laat dit nou tog gebeur: die maagd wat uitkom om te skep en aan wie ek sal sê: Laat my tog 'n bietjie water uit jou kruik drink - Gen 24:44 en wat my sal antwoord: Drink u self, en ook vir u kamele sal ek skep - sy is die vrou wat JaHWeH vir die seun van my meester bestem het. Gen 24:45 Ek het nog nie klaar in my hart gespreek nie of daar het Rebekka uitgekom met haar kruik op die skouer en na die fontein afgedaal en geskep. Ek het toe vir haar gesê: Laat my tog drink! Gen 24:46 En sy het dadelik haar kruik van haar laat afsak en gesê: Drink, en ek sal u kamele ook laat drink. En ek het gedrink, en sy het ook die kamele laat drink. Gen 24:47 Toe vra ek haar en sê: Wie se dogter is jy? En sy antwoord: Die dogter van BetuEl, die seun van Nahor wat Milka vir hom gebaar het. Daarop het ek die ring aan haar neus gesit en die armbande aan haar hande, Gen 24:48 en ek het my in aanbidding neergebuig voor die Aangesig van JaHWeH en JaHWeH geloof, die Elohey van Abraham, my meester, wat my op die Weg van Waarheid gelei het om die dogter van my meester se broer vir sy seun te gaan haal. Gen 24:49 As julle dan nou Guns en Waarheid teenoor my meester wil bewys, sê dit vir my; en so nie, sê dit vir my, dat ek regs of links kan gaan. Gen 24:50 Toe antwoord Laban en BetuEl en sê: Van JaHWeH kom die saak; ons kan jou daar geen kwaad of goed van spreek nie. Gen 24:51 Daar staan Rebekka voor jou, neem haar en gaan heen, dat sy 'n vrou kan wees vir die seun van jou meester, soos JaHWeH gespreek het. Gen 24:52 Toe die dienaar van Abraham hulle woorde hoor, het hy hom voor die Aangesig van JaHWeH neergebuig na die Aarde toe. Gen 24:53 Daarna het die dienaar silwer- en goue goed en klere uitgehaal en dit aan Rebekka gegee; ook aan haar broer en haar moeder het hy kosbare geskenke gegee. Gen 24:54 En hulle het geëet en gedrink, hy en die manne wat by hom was, en die nag oorgebly. Toe hulle die môre vroeg opgestaan het, sê hy: Laat my trek na my meester! Gen 24:55 Maar haar broer en haar moeder sê: Laat die dogter 'n dag of tien by ons bly; daarna kan jy gaan. Gen 24:56 Maar hy antwoord hulle: Moet my nie ophou nie aangesien JaHWeH my weg voorspoedig gemaak het; laat my trek, dat ek na my meester kan gaan. Gen 24:57 Toe sê hulle: Laat ons die dogter roep en vra by haar mond. Gen 24:58 En hulle het Rebekka geroep en haar gevra: Wil jy met hierdie man saamgaan? En sy antwoord: Ja. Gen 24:59 Daarop het hulle Rebekka, hulle suster, en haar oppasser laat trek saam met die dienaar van Abraham en sy manne. Gen 24:60 En hulle het Rebekka geseën en aan haar gesê: Ons suster, mag jy duisende van tienduisende word, en mag jou saad die poort van sy vyande in besit neem! Gen 24:61 Toe het Rebekka en haar diensmeisies hulle klaargemaak en op die kamele weggery en die man gevolg. So het die dienaar dan Rebekka saamgeneem en weggetrek. Gen 24:62 En Isak het uit die rigting van die put Lagai-Roï gekom; want hy het gaan woon in die Aarde aan die suide. Gen 24:63 En Isak het teen die aand uitgegaan om te peins in die veld. En toe hy sy oë opslaan, sien hy meteens kamele aankom. Gen 24:64 Rebekka het ook haar oë opgeslaan en Isak gesien. Toe het sy van die kameel afgegly Gen 24:65 en aan haar dienaar gesê: Watter man is dit wat ons tegemoetloop in die veld? En die dienaar antwoord: Dit is my meester. Toe neem sy die sluier en bedek haar. Gen 24:66 Daarop het die dienaar aan Isak alles vertel wat hy gedoen het. Gen 24:67 En Isak het haar in die tent van sy moeder Sarah ingebring en Rebekka geneem, en sy het sy vrou geword; en hy het haar liefgehad. So is Isak dan getroos na die dood van sy moeder. //Die dood van Abraham. Gen 25:1 EN Abraham het weer ' n vrou geneem en haar naam [was] Ketúra. Gen 25:2 En sy het vir hom Simran en Joksan en Medan en Mídian en Jisbak en Suag gebaar. Gen 25:3 En Joksan was die vader van Skeba en Dedan; en die kinders van Dedan was die Assuriete, Letusiete en Leümmiete. Gen 25:4 En die seuns van Mídian was: Efa en Efer en Henog en Abída en El-Daah. Hulle almal was seuns van Ketúra. Gen 25:5 En Abraham het aan Isak alles gegee wat hy besit het, Gen 25:6 maar aan die seuns van die byvroue van Abraham het Abraham geskenke gegee en hulle, nog by sy lewe, van sy seun Isak af oos laat wegtrek, na die Aarde aan die ooste. [Boekrol van die Opregte 25:9] Gen 25:7 En dit is die dae van die lewensjare van Abraham wat hy geleef het: honderd-vyf-en-sewentig jaar. Gen 25:8 Abraham het die asem uitgeblaas en in goeie ouderdom gesterwe, oud en afgeleef. En hy is by sy volksgenote versamel. Gen 25:9 En sy seuns Isak en Jismael het hom begrawe in die spelonk van Magpéla, in die stuk grond van Efron, die seun van Sohar, die Hetiet, wat oos van Mamre lê, Gen 25:10 die stuk grond wat Abraham van die seuns van Het gekoop het. Daar is Abraham begrawe en sy vrou Sarah. Gen 25:11 Ná die dood van Abraham het Elohim sy seun Isak geseën; en Isak het gewoon by die put Lagai-Roï. Gen 25:12 En dit is die genelyn van Jismael, die seun van Abraham, wat Hagar, die Egiptiese, die slavin van Sarah, vir Abraham gebaar het - Gen 25:13 dit is die name van die seuns van Jismael, hulle name volgens hulle genelyn: die eersgeborene van Jismael, Nébajot; dan Kedar en Adbeël en Mibsam Gen 25:14 en Misma en Duma en Massa, Gen 25:15 Hadad en Tema, Jetur, Nafis en Kedma. Gen 25:16 Dit is die seuns van Jismael, en dit hulle name, in hulle dorpe en laers, twaalf vorste volgens hulle volkstamme. Gen 25:17 En dit is die lewensjare van Jismael: honderd-sewe-en-dertig jaar; en hy het die asem uitgeblaas en gesterwe, en hy is versamel by sy volksgenote. Gen 25:18 En hulle het gewoon van Háwila tot by Sur wat oos van Egipte lê in die rigting van Assur. Teenoor al sy broers het hy hom gevestig. //Esau en Jakob. Gen 25:19 EN dit is die genelyn van Isak, die seun van Abraham: Abraham was die vader van Isak. Gen 25:20 En Isak was veertig jaar oud toe hy Rebekka, die dogter van BetuEl, die Arameër uit Paddan-Aram, die suster van Laban, die Arameër, vir hom as vrou geneem het. Gen 25:21 En Isak het JaHWeH gesmeek met die oog op sy vrou, want sy was onvrugbaar; en JaHWeH het hom verhoor, sodat sy vrou Rebekka swanger geword het. Gen 25:22 En die kinders het teen mekaar gestoot binne-in haar. Toe sê sy: As dit so gaan, waarvoor [leef] ek dan? Daarop het sy gegaan om JaHWeH te raadpleeg. Gen 25:23 En JaHWeH het haar geantwoord: Twee nasies is in jou skoot, en twee groepe sal geskei word uit jou binneste; en [een] groep sal sterker wees as die ander groep; en die meerderheid sal die minderheid dien. Gen 25:24 En toe haar dae vervul is dat sy moes baar, was daar 'n tweeling in haar skoot. Gen 25:25 En die eerste is gebore - met 'n rooierige, harige pels. Daarom het hulle hom Esau genoem. Gen 25:26 En daarna is sy broer gebore, terwyl sy hand die hakskeen van Esau vashou. Daarom het hulle hom Jakob genoem. En Isak was sestig jaar oud by hulle geboorte. [2 Ezra 6:8] Gen 25:27 En die seuns het grootgeword: Esau het 'n ervare jagter geword, 'n man van die veld; maar Jakob was 'n rassuiwer man wat in tente gewoon het. Gen 25:28 En Isak het Esau liefgehad, want wildsvleis was na sy smaak; maar Rebekka het Jakob liefgehad. Gen 25:29 En Jakob het 'n kooksel klaargemaak en Esau het moeg uit die veld gekom. Gen 25:30 En Esau het Jakob bevel gegee en gesê: Laat my tog sluk van die rooi [kooksel], want ek is moeg. Daarom het hulle hom Edom/Rooi genoem. Gen 25:31 En Jakob antwoord: Verkoop eers jou eersgeboortereg aan my. Gen 25:32 En Esau sê: Kyk, ek gaan sterwe, en wat baat die eersgeboortereg my dan? Gen 25:33 Toe antwoord Jakob: Sweer eers vir my. En hy het vir hom gesweer en sy eersgeboortereg aan Jakob verkoop. Gen 25:34 En Jakob het aan Esau brood en die kooksel lensies gegee; en hy het geëet en gedrink en opgestaan en weggegaan. So het Esau dan sy eersgeboortereg verag. //Isak in Gerar. Hy maak 'n verbond met Abiméleg. Huwelik van Esau. [Boek van die Opregte 28] Gen 26:1 EN daar was hongersnood in die Aarde, buiten die eerste hongersnood wat in die dae van Abraham gewees het. Daarom het Isak getrek na Abiméleg, die koning van die Filistyne, na Gerar. Gen 26:2 En JaHWeH het aan hom verskyn en gesê: Moenie aftrek na Egipte nie; woon in die Aarde wat Ek jou sal aanwys. Gen 26:3 Vertoef as vreemdeling in hierdie deel van die Aarde, en Ek sal met jou wees en jou seën; want aan jou en jou saad sal Ek al hierdie dele van die Aarde gee: Ek sal die eed bevestig wat Ek vir jou vader Abraham gesweer het. Gen 26:4 En Ek sal jou saad vermeerder soos die Sterre van die Hemele en aan jou saad al die dele van die Aarde gee, en in jou saad sal al My nasies van die Aarde geseën word; Gen 26:5 omdat Abraham na My Stem geluister en My Ordening, My Gebooie, My Insettinge en My Wette onderhou het. Gen 26:6 So het Isak dan in Gerar gebly. Gen 26:7 En toe die manne van die plek hom na sy vrou vra, antwoord hy: Sy is my suster. Want hy was bang om te sê: My vrou - anders sal die manne van die plek, [so het hy gedink], my miskien doodmaak ter wille van Rebekka; want sy was mooi van aansien. Gen 26:8 En toe hy al 'n lang tyd daar was, kyk Abiméleg, die koning van die Filistyne, deur die venster uit en sien hoe Isak speel met Rebekka, sy vrou. Gen 26:9 En Abiméleg het Isak geroep en gesê: Kyk, sy is dan tog jou vrou! Hoe kon jy dan verklaar: Sy is my suster? En Isak antwoord hom: Ja, ek het gedink ek kan miskien om haar ontwil my lewe verloor! Gen 26:10 En Abiméleg sê: Wat het jy ons nou aangedoen? Hoe maklik kon een van die manne met jou vrou gemeenskap gehad en jy 'n skuld oor ons gebring het! Gen 26:11 Daarop gee Abiméleg bevel aan die hele volk en sê: Wie hierdie man of sy vrou aanraak, sal sekerlik gedood word. Gen 26:12 Isak het toe in dié Aarde gesaai en daardie jaar honderdvoudig gewen, want JaHWeH het hom geseën. [Markus 4:8 , Thomas 12:2] Gen 26:13 En die man het groot geword en altyddeur groter geword totdat hy baie groot was: Gen 26:14 hy het troppe kleinvee en beeste gehad en baie bediendes, sodat die Filistyne hom beny het. Gen 26:15 En al die putte wat die dienaars van sy vader in die dae van sy vader Abraham gegrawe het, dié het die Filistyne toegestop en met grond opgevul. Gen 26:16 Toe sê Abiméleg vir Isak: Trek weg van ons, want jy het vir ons veels te magtig geword. Gen 26:17 Daarop het Isak vandaar weggetrek en laer opgeslaan in die dal by Gerar en daar bly woon. Gen 26:18 En Isak het die putte weer oopgegrawe wat hulle in die dae van sy vader Abraham gegrawe het, en wat die Filistyne ná die dood van Abraham toegestop het, en dit genoem na die name wat sy vader daaraan gegee het. Gen 26:19 En terwyl die dienaars van Isak in die dal grawe, vind hulle daar 'n put met sterk water. Gen 26:20 En die herders van Gerar het getwis met die herders van Isak en gesê: Dit is óns water. Daarom het hy die put Esek genoem, omdat hulle met hom onenigheid gehad het. Gen 26:21 Daarop grawe hulle 'n ander put, en oor haar het hulle ook getwis. Daarom het hy dit Sitna genoem. Gen 26:22 Toe het hy vandaar versit en 'n ander put gegrawe, en oor haar is nie getwis nie. Daarom het hy haar naam Réhobot genoem en gesê: Ja, nou het JaHWeH vir ons ruimte gemaak en kan ons vrugbaar wees in die Aarde. Gen 26:23 Daarna het hy vandaar opgetrek na Berséba. Gen 26:24 En JaHWeH het aan hom in dieselfde nag verskyn en gesê: Ek is die Elohey van Abraham, jou vader. Moenie bang wees nie, want Ek is met jou; en Ek sal jou seën en jou saad vermeerder ter wille van Abraham, My kneg. Gen 26:25 Toe bou hy daar 'n altaar, en hy het die Naam van JaHWeH aangeroep en daar sy tent opgeslaan; en die dienaars van Isak het daar 'n put gegrawe. Gen 26:26 Daarop kom Abiméleg na hom van Gerar af, saam met Ahussat, sy vriend, en Pigol, sy leërowerste. Gen 26:27 En Isak het hulle gevra: Waarom het julle na my gekom, terwyl julle my haat en my van julle af weggestuur het? Gen 26:28 Toe antwoord hulle: Ons het duidelik gesien dat JaHWeH met jou is. Daarom het ons gedink: Laat daar tog 'n eed tussen ons wees, tussen ons en jou; en laat ons 'n verbond sny met jou: Gen 26:29 jy moet ons geen kwaad doen nie, net soos ons jou nie aangeraak en aan jou niks as goed gedoen het nie en jou in Vrede weggestuur het. Jy is nou eenmaal die geseënde van JaHWeH. Gen 26:30 Toe berei hy vir hulle 'n maaltyd, en hulle het geëet en gedrink. Gen 26:31 En hulle is die môre vroeg op en het vir mekaar 'n eed gesweer. Daarop het Isak hulle laat gaan, en hulle het in vrede van hom af weggetrek. Gen 26:32 Dieselfde dag kom toe die dienaars van Isak en vertel hom van die put wat hulle gegrawe het, en sê vir hom: Ons het water gekry. Gen 26:33 En hy het haar Seba genoem. Daarom is die naam van die stad Berséba tot vandag toe. Gen 26:34 Toe Esau veertig jaar oud was, het hy Judit, die dogter van Beëri, die Hetiet, vir hom as vrou geneem, en Basmat, die dogter van Elon, die Hetiet. Gen 26:35 En hulle was vir Isak en Rebekka 'n bitter verdriet. //Jakob word geseën in die plek van Esau. Gen 27:1 TOE Isak oud geword het en sy oë swak was, sodat hy nie kon sien nie, het hy sy oudste seun Esau geroep en vir hom gesê: My seun! En hy het hom geantwoord: Hier is ek! Gen 27:2 Toe sê hy: Kyk tog, ek het oud geword, ek weet die dag van my dood nie. Gen 27:3 Neem dan nou tog jou wapens, jou pylkoker en jou boog, en gaan uit in die veld en jag vir my 'n stuk wild Gen 27:4 en maak vir my 'n lekker ete klaar soos ek dit graag wil hê; en bring dit vir my om te eet; sodat my siel jou kan seën voordat ek sterwe. Gen 27:5 En Rebekka het geluister terwyl Isak met sy seun Esau spreek. En Esau het in die veld gegaan om 'n stuk wild te jag en dit te bring. Gen 27:6 Toe het Rebekka met haar seun Jakob gespreek: Kyk, ek het jou vader met jou broer Esau hoor spreek en sê: Gen 27:7 Bring vir my 'n stuk wild en maak vir my 'n lekker ete, dat ek kan eet en jou kan seën voor die Aangesig van JaHWeH voor die aangesig van my dood. Gen 27:8 My seun, luister dan nou na my, na wat ek jou beveel. Gen 27:9 Loop nou na die kleinvee en gaan haal vir my daar twee suiwer bokkies, dat ek vir jou vader daarvan 'n lekker ete kan maak soos hy dit graag wil hê. Gen 27:10 Dan moet jy dit na jou vader bring, dat hy kan eet; sodat hy jou kan seën voor die aangesig van sy dood. Gen 27:11 Toe sê Jakob vir sy moeder Rebekka: Kyk, my broer Esau is 'n harige man en ek is 'n gladde man. Gen 27:12 Miskien sal my vader my betas, en ek sal in sy oë wees soos 'n spotter; so sou ek dan 'n vloek oor my bring en nie 'n seën nie. Gen 27:13 Maar sy moeder antwoord hom: Laat jou vloek op my wees, my seun! Luister net na my en gaan haal dit vir my. Gen 27:14 Toe het hy dit gaan haal en na sy moeder gebring. En sy moeder het daarvan 'n lekker ete gemaak soos sy vader dit graag wou hê. Gen 27:15 Ook neem Rebekka die beste klere van Esau, haar oudste seun, wat by haar in die huis was, en sy trek dit vir Jakob, haar jongste seun, aan; Gen 27:16 en die velle van die bokkies trek sy oor sy hande en oor die gladdigheid van sy nek, Gen 27:17 en sy gee die lekker ete en die brood wat sy gemaak het, in die hand van Jakob, haar seun. Gen 27:18 Toe kom hy by sy vader en sê: My vader! En hy antwoord: Hier is ek! Wie is jy, my seun? Gen 27:19 En Jakob sê aan sy vader: Ek is Esau, u eersgeborene. Ek het gedoen soos u my beveel het. Rig u tog op, sit en eet van my wildsvleis, dat u siel my kan seën. Gen 27:20 Daarop het Isak aan sy seun gesê: Hoe het jy dit so gou gekry, my seun? En hy antwoord: Omdat JaHWeH u Elohey dit my laat teëkom het. Gen 27:21 En Isak sê vir Jakob: Kom tog nader, dat ek jou kan betas, my seun, of jy waarlik my seun Esau is of nie. Gen 27:22 En Jakob het nader gekom na sy vader Isak, en hy het hom betas en gesê: Die stem is Jakob se stem, maar die hande is Esau se hande. Gen 27:23 Maar hy het hom nie geëien nie, omdat sy hande harig was soos sy broer Esau se hande; en hy het hom geseën. Gen 27:24 Hy het naamlik gevra: Is jy waarlik my seun Esau? En hy het geantwoord: Ja. Gen 27:25 Toe sê hy: Bring dit vir my nader, dat ek van die wildsvleis van my seun kan eet, sodat my siel jou kan seën. En hy het dit vir hom nader gebring, en hy het geëet. Hy het vir hom ook wyn gebring, en hy het gedrink. Gen 27:26 Daarop sê sy vader Isak vir hom: Kom tog nader en soen my, my seun! Gen 27:27 En hy het nader gekom en hom gesoen. Toe ruik hy die geur van sy klere, en hy seën hom en sê: Kyk, die geur van my seun is soos die geur van die veld wat JaHWeH geseën het. Gen 27:28 En mag die Elohim jou gee van die Dou van die Hemele en van die vettigheid van die Aarde en oorvloed van koring en druiwesap. Gen 27:29 Volke sal jou dien, en gemeenskappe voor jou neerbuig. Wees 'n vors oor jou broers, en die seuns van jou moeder moet hulle voor jou neerbuig. Vervloek is hulle wat jou vloek, en geseënd hulle wat jou seën. Gen 27:30 Maar toe Isak Jakob klaar geseën het en Jakob nog skaars van sy vader Isak af weggegaan het, kom sy broer Esau van die jag af, Gen 27:31 en hy maak ook 'n lekker ete en bring dit na sy vader en sê aan sy vader: Laat my vader hom oprig en eet van die wildsvleis van sy seun, sodat u siel my kan seën. Gen 27:32 En sy vader Isak vra hom: Wie is jy? En hy antwoord: Ek is u seun Esau, u eersgeborene. Gen 27:33 Toe skrik Isak geweldig en sê: Wie is dit dan wat wild gejag en vir my gebring het? En ek het van alles geëet voordat jy gekom het, en hom geseën - ook sal hy geseënd bly! Gen 27:34 Toe Esau die woorde van sy vader hoor, skreeu hy met 'n baie groot en bitter geroep, en hy sê vir sy vader: Seën my ook, my vader! Gen 27:35 En hy antwoord: Jou broer het gekom met bedrog en jou seën weggeneem. Gen 27:36 Daarop sê hy: Sou hulle hom Jakob noem, omdat hy my nou twee keer uitoorlê het? My eersgeboortereg het hy geneem, en daar het hy nou my seën geneem! Verder vra hy: Het u vir my geen seën oorgehou nie? Gen 27:37 Toe antwoord Isak en sê vir Esau: Kyk, ek het hom as vors oor jou gestel en aan hom al sy broers as dienaars gegee; en ek het hom met koring en druiwesap versorg. Wat kan ek dan nou vir jou doen, my seun? Gen 27:38 Daarop het Esau aan sy vader gevra: Het u net een seën, my vader? Seën my ook, my vader! En Esau het sy stem verhef en geween. Gen 27:39 Toe antwoord sy vader Isak en sê vir hom: Kyk, die vettigheid van die Aarde sal jou woonplek wees, ook die Dou van die Hemele daarbo. Gen 27:40 En van jou swaard sal jy lewe, en jou broer sal jy dien. Maar as jy jou kragte inspan, sal jy sy juk van jou nek afruk. Gen 27:41 En Esau het Jakob gehaat vanweë die seën waarmee sy vader hom geseën het, en Esau het in sy hart gedink: Die dae van rou oor my vader is naby; dan sal ek my broer Jakob doodmaak. Gen 27:42 Maar toe hulle aan Rebekka die woorde van Esau, haar oudste seun, vertel, stuur sy en laat Jakob, haar jongste seun, roep en sê vir hom: Kyk, jou broer Esau sal hom op jou wreek deur jou dood te maak. Gen 27:43 My seun, luister dan nou na my: maak jou klaar, vlug tog na Haran, na my broer Laban, Gen 27:44 en bly 'n rukkie by hom tot die woede van jou broer bedaar, Gen 27:45 tot die woede van jou broer teen jou bedaar en hy vergeet het wat jy hom aangedoen het. Dan sal ek stuur en jou daar laat haal. Waarom moet ek julle altwee op een dag verloor? Gen 27:46 Verder sê Rebekka vir Isak: Ek is moeg vir my lewe vanweë die dogters van Het. As Jakob 'n vrou neem uit die dogters van Het, soos hulle is, uit die dogters van die Aarde - waarvoor lewe ek dan? //Droom en gesig van Jakob by BetEl. Gen 28:1 TOE het Isak Jakob geroep en hom geseën; en hy het hom bevel gegee met die woorde: Jy mag geen vrou neem uit die dogters van Kanaän nie. Gen 28:2 Maak jou klaar, gaan na Paddan-Aram, na die huis van BetuEl, jou moeder se vader, en gaan haal vir jou daar 'n vrou uit die dogters van Laban(blank), jou moeder se broer. Gen 28:3 En mag El die Almagtige, jou seën en jou vrugbaar maak en jou vermeerder, sodat jy 'n menigte van volke kan word. Gen 28:4 En mag Hy jou gee die seën van Abraham, aan jou en jou saad saam met jou, dat jy die Aarde van jou vreemdelingskap in besit kan neem wat Elohim aan Abraham gegee het. Gen 28:5 So het Isak Jakob dan weggestuur, en hy het na Paddan-Aram gegaan, na Laban, die seun van BetuEl, die Arameër, die broer van Rebekka, die moeder van Jakob en Esau. Gen 28:6 Toe Esau sien dat Isak Jakob geseën en hom na Paddan-Aram weggestuur het om daar vir hom 'n vrou te gaan haal, terwyl hy hom geseën en hom bevel gegee het met die woorde: Jy mag geen vrou uit die dogters van Kanaän neem nie; Gen 28:7 en dat Jakob na sy vader en sy moeder geluister het om na Paddan-Aram te gaan; Gen 28:8 en toe Esau sien dat die dogters van Kanaän besoedel was in die oë van sy vader Isak, Gen 28:9 het Esau na Jismael gegaan en Máhalat, die dogter van Jismael, die seun van Abraham, die suster van Nébajot, by sy vroue vir hom as vrou geneem. Gen 28:10 En Jakob het uit Berséba vertrek en na Haran gegaan. Gen 28:11 Daarop kom hy by 'n plek waar hy die nag oorgebly het, want die son was al onder. En hy neem een van die klippe van die plek en sit dit onder sy hoof, en hy gaan lê en slaap op dié plek. Gen 28:12 En hy het gedroom - daar is 'n leer op die Aarde opgerig waarvan die spits tot aan die Hemele reik, terwyl die Boodskappers van Elohim daarlangs opgeklim en daarlangs neergedaal het. Gen 28:13 En kyk, JaHWeH het bo-aan gestaan en gesê: Ek [is] JaHWeH, die Elohey van jou vader Abraham en Elohey van Isak. Die Aarde waar jy op haar lê en slaap, haar sal Ek aan jou en jou saad gee; Gen 28:14 en jou saad sal wees soos die stof van die Aarde, en jy sal uitbrei na die weste en ooste, en na die noorde en suide; en in jou en jou saad sal al die families van die Adamah[adamiet se Aarde] geseën word. Gen 28:15 En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, en Ek sal jou terugbring na die Adamah[adamiet se Aarde]; want Ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het. Gen 28:16 Daarop word Jakob uit sy slaap wakker en sê: Waarlik, JaHWeH is op hierdie plek, en ék het dit nie geweet nie. Gen 28:17 En hy het bevrees geword en gesê: Hoe ontsagwekkend is hierdie plek! Dit is hier niks anders as 'n Huis van Elohim nie, en dit is hier die poort na die Hemele. Gen 28:18 Toe staan Jakob die môre vroeg op en neem die klip wat hy onder sy hoof gesit het, en rig dit as 'n gedenksteen op; en hy het olie bo-op haar uitgegiet. Gen 28:19 En hy het die plek BetEl genoem; maar die naam van die stad was tevore Lus. [Boekrol van die Opregte 36:3] Gen 28:20 En Jakob het 'n Gelofte gedoen en gesê: As Elohim met my sal wees om my te bewaar op hierdie weg wat ek gaan, en aan my brood sal gee om te eet en klere om aan te trek, Gen 28:21 en ek behoue na die huis van my vader sal terugkom, dan sal JaHWeH vir my Elohim wees. Gen 28:22 En hierdie klip wat ek as gedenksteen opgerig het, sal 'n Huis van Elohim wees, en van alles wat U my gee, sal ek aan U sekerlik die tiendes afstaan. //Jakob werk vir Laban. Hy trou met Lea en Ragel [Boek van die Opregte 29-31] Gen 29:1 TOE lig Jakob sy voete op en gaan na die Aarde van die kinders van die Ooste. Gen 29:2 En meteens sien hy 'n put in die veld en drie troppe kleinvee wat op haar [die Aarde] lê, want uit dié put het hulle die vee laat drink; en daar was 'n groot klip op die opening van die put. Gen 29:3 En as al die troppe daar bymekaarkom, rol hulle die klip weg van die opening van die put en laat die vee drink; daarna sit hulle die klip weer op die opening van die put op haar plek. Gen 29:4 Toe sê Jakob vir hulle: My broers, waar is julle vandaan? En hulle antwoord: Ons kom van Haran. Gen 29:5 En hy vra hulle: Ken julle vir Laban, die seun van Nahor? En hulle antwoord: Ons ken hom. Gen 29:6 Verder sê hy vir hulle: Gaan dit goed met hom? En hulle antwoord: Dit gaan goed; en daar kom sy dogter Ragel aan met die vee. Gen 29:7 En hy sê: Kyk, die dag is nog lank; dit is nie tyd om die vee bymekaar te maak nie. Laat die vee drink, en gaan heen, laat hulle wei. Gen 29:8 Toe antwoord hulle: Ons kan nie voordat al die troppe bymekaar is nie; dan rol hulle die klip weg van die opening van die put, en ons laat die vee drink. Gen 29:9 Terwyl hy nog met hulle praat, kom Ragel met die kleinvee van haar vader aan, want sy het hulle opgepas. Gen 29:10 Toe Jakob Ragel sien, die dogter van Laban, sy moeder se broer, en die vee van Laban, sy moeder se broer, loop Jakob nader en rol die klip weg van die opening van die put, en hy laat die vee drink van Laban, sy moeder se broer. Gen 29:11 En Jakob het Ragel gesoen en sy stem verhef en geween. Gen 29:12 En Jakob het Ragel vertel dat hy haar vader se broer en die seun van Rebekka was. Daarop het sy geloop en dit aan haar vader vertel. Gen 29:13 Toe Laban die tyding hoor van Jakob, die seun van sy suster, loop hy hom tegemoet en omhels hom en soen hom en bring hom in sy huis. En hy het aan Laban al hierdie dinge vertel. Gen 29:14 Toe sê Laban vir hom: Waarlik, jy is my been en my vlees. En hy het by hom die dae van 'n maand gebly. Gen 29:15 Daarop het Laban aan Jakob gevra: Sou jy my verniet dien, omdat jy my broer is? Sê my wat jou loon moet wees. Gen 29:16 En Laban het twee dogters gehad - die naam van die oudste was Lea, en die naam van die jongste Ragel. Gen 29:17 En Lea het dowwe oë gehad, maar Ragel was lig van gestalte en mooi om te aanskou. Gen 29:18 En Jakob het Ragel liefgehad, daarom het hy gesê: Ek sal u sewe jaar dien vir Ragel, u jongste dogter. Gen 29:19 Toe antwoord Laban: Dit is beter dat ek haar aan jou gee as dat ek haar aan 'n ander man gee. Bly by my. Gen 29:20 So het Jakob dan sewe jaar gedien vir Ragel; en hulle was in sy oë soos 'n paar dae, omdat hy haar liefgehad het. Gen 29:21 Toe sê Jakob vir Laban: Gee tog my vrou, want my dienstyd is om, dat ek by haar kan ingaan. Gen 29:22 Daarop het Laban al die manne van die plek versamel en 'n maaltyd berei. Gen 29:23 Maar in die aand het hy sy dogter Lea geneem en haar na hom gebring; en hy het by haar ingegaan. Gen 29:24 En Laban het aan haar sy slavin Silpa gegee, [naamlik] aan sy dogter Lea, as slavin. Gen 29:25 En die anderdagmôre - daar was dit Lea! Daarom het hy aan Laban gesê: Wat het u my nou aangedoen? Was ek nie vir Ragel by u in diens nie? Waarom het u my dan bedrieg? Gen 29:26 En Laban antwoord: Dit is hier by ons nie die gewoonte om die jongste voor die aangesig van die oudste weg te gee nie. Gen 29:27 Hou die volle bruilofsweek met haar; dan sal ons jou die ander een ook gee vir die diens wat jy nog sewe jaar by my moet volbring. Gen 29:28 En Jakob het so gedoen: hy het die volle bruilofsweek met haar gehou. Toe gee hy sy dogter Ragel aan hom as vrou. Gen 29:29 En Laban het aan sy dogter Ragel sy slavin Bilha gegee as slavin vir haar. [Boekrol van die Opregte 36:13] Gen 29:30 En hy het ook by Ragel ingegaan en Ragel ook meer liefgehad as Lea. En hy was by hom nóg sewe jaar in diens. Gen 29:31 En toe JaHWeH sien dat Lea die nie-geliefde was, het Hy haar skoot geopen; maar Ragel was onvrugbaar. Gen 29:32 En Lea het bevrug geword en 'n seun gebaar en hom Ruben genoem; want sy het gesê: Gewis, JaHWeH het my ellende aangesien, want nou sal my man my liefhê. Gen 29:33 En sy het weer bevrug geword en 'n seun gebaar en gesê: Gewis, JaHWeH het gehoor dat ek die nie-geliefde is en my hierdie een ook gegee. En sy het hom Símeon genoem. Gen 29:34 En sy het weer bevrug geword en 'n seun gebaar en gesê: Nou eindelik sal my man aan my geheg wees, omdat ek vir hom drie seuns gebaar het. Daarom het sy hom Levi genoem. Gen 29:35 En sy het weer bevrug geword en 'n seun gebaar en gesê: Dié keer sal ek JaHWeH loof. Daarom het sy hom JeHûWdah genoem. En sy het opgehou met baar. Gen 30:1 EN toe Ragel sien dat sy vir Jakob geen kinders baar nie, het Ragel jaloers geword op haar suster en aan Jakob gesê: Gee vir my kinders of anders sterf ek. Gen 30:2 Toe het Jakob kwaad geword vir Ragel en gevra: Is ek dan in die plek van Elohim wat die vrug van die skoot aan jou onthou het? Gen 30:3 En sy antwoord: Daar is my slavin Bilha; gaan by haar in, dat sy op my knieë kan baar en ek ook uit haar gebou kan word. Gen 30:4 Daarop het sy aan hom haar slavin Bilha as vrou gegee, en Jakob het by haar ingegaan. Gen 30:5 En Bilha het swanger geword en vir Jakob 'n seun gebaar. Gen 30:6 Toe sê Ragel: Elohim het aan my Reg verskaf en my ook verhoor en my 'n seun gegee. Daarom het sy hom Dan genoem. Gen 30:7 En Bilha, die slavin van Ragel, het weer bevrug geword en vir Jakob 'n tweede seun gebaar. Gen 30:8 Toe sê Ragel: Ek het 'n sterk worsteling met my suster geworstel en ook oorwin. En sy het hom Náftali genoem. Gen 30:9 En toe Lea sien dat sy opgehou het met baar, neem sy haar slavin Silpa en gee haar aan Jakob as vrou. Gen 30:10 En Silpa, die slavin van Lea, het vir Jakob 'n seun gebaar. Gen 30:11 Toe sê Lea: Rykdom! En sy het hom Gad genoem. Gen 30:12 Daarna het Silpa, die slavin van Lea, vir Jakob 'n tweede seun gebaar. Gen 30:13 Toe sê Lea: Ek [is], bly! want die dogters sal my voorspoedig noem. En sy het hom Aser genoem. Gen 30:14 En Ruben het in die dae van die koringoes gegaan en in die veld liefdesappels gevind en dié na sy moeder Lea gebring. Toe sê Ragel vir Lea: Gee my tog van jou seun se liefdesappels. Gen 30:15 Maar sy antwoord haar: Is dit nie genoeg dat jy my man geneem het nie, dat jy ook my seun se liefdesappels wil neem? En Ragel sê: Daarom mag hy vir jou seun se liefdesappels vannag by jou slaap. Gen 30:16 Toe Jakob dan die aand uit die veld kom, gaan Lea hom tegemoet met die woorde: Jy moet na my kom, want ek het jou eerlik gehuur vir my seun se liefdesappels. En hy het dié nag by haar geslaap. Gen 30:17 En Elohim het Lea verhoor: sy het bevrug geword en vir Jakob 'n vyfde seun gebaar. Gen 30:18 Toe sê Lea: Elohim het my loon gegee, omdat ek my slavin aan my man gegee het. En sy het hom Issaskar genoem. Gen 30:19 En Lea het weer bevrug geword en vir Jakob 'n sesde seun gebaar. Gen 30:20 Toe sê Lea: Elohim het my 'n mooi geskenk gegee; nou sal my man eindelik by my woon, want ek het vir hom ses seuns gebaar. En sy het hom Sébulon genoem. Gen 30:21 En daarna het sy 'n dogter gebaar en haar Dina genoem. Gen 30:22 En Elohim het aan Ragel gedink, en Elohim het haar verhoor en haar skoot geopen: Gen 30:23 sy het bevrug geword en 'n seun gebaar. Toe sê sy: Elohim het my smaad weggeneem. Gen 30:24 En sy het hom JôWsef genoem en gesê: Mag JaHWeH vir my 'n ander seun daar byvoeg! Gen 30:25 En nadat Ragel JôWsef gebaar het, sê Jakob vir Laban: Laat my trek, dat ek na my woonplek en my deel van die Aarde kan gaan. Gen 30:26 Gee my vroue en my kinders waarvoor ek u gedien het, dat ek kan gaan; want u weet self hoe ek u gedien het. Gen 30:27 Daarop antwoord Laban hom: As ek nou guns in jou oë gevind het - ek het waargeneem dat JaHWeH my om jou ontwil geseën het. Gen 30:28 Verder sê hy: Bepaal vir my jou loon, en ek sal dit gee. Gen 30:29 Toe antwoord hy hom: U weet self hoe ek u gedien het en wat u vee by my geword het. Gen 30:30 Want min was dit wat u voor my aangesig gehad het, en dit het sterk vermeerder; en JaHWeH het u geseën op my voetspoor. Wanneer sal ek dan nou ook vir my huis werk? Gen 30:31 En hy vra: Wat moet ek jou gee? Toe antwoord Jakob: U hoef my niks te gee nie. As u hierdie ding vir my wil doen, wil ek weer u kleinvee oppas, ja, versorg - Gen 30:32 ek sal vandag deur al u kleinvee deurgaan en daaruit al die gestippelde en bont vee uitkeer; al die vee onder die skaaplammers wat swart is, en die bontes en gestippeldes onder die bokke, dit moet my loon wees. Gen 30:33 En my Geregtigheid sal later vir my getuig: as u kom om my loon na te gaan, sal alles wat nie gestippel of bont is onder die bokke, en wat nie swart is onder die skaaplammers nie, gesteelde goed by my wees. Gen 30:34 Toe antwoord Laban: Goed, laat dit wees volgens jou woord! Gen 30:35 En hy het dieselfde dag uitgekeer die gestreepte en bont bokke en al die gestippelde en bont bokooie, almal wat wit aan hulle gehad het, en almal wat swart was onder die skaaplammers, en dié aan sy seuns afgegee. Gen 30:36 En hy het 'n afstand van drie dae bepaal tussen hom en Jakob; en Jakob het die orige kleinvee van Laban opgepas. Gen 30:37 Toe neem Jakob vir hom groen latte van populier-, amandel- en plataanhout, en hy skil daarin wit strepe, sodat die wit van die latte uitkom; Gen 30:38 en hy sit die latte wat hy geskil het, vlak voor die vee in die trogge, in die drinkbakke waar die vee kom drink het; en hulle het op hitte gekom as hulle kom drink. Gen 30:39 En die vee het op hitte gekom by die latte, en die vee het gelam gestreeptes, gestippeldes en bontes. Gen 30:40 Toe skei Jakob die lammers, en hy draai die koppe van die vee na die gestreeptes en almal wat swart was onder Laban se vee. En hy het vir hom afsonderlike troppe gemaak en dié nie onder Laban se vee gesit nie. Gen 30:41 En elke keer as die sterkste diere op hitte kom, sit Jakob die latte voor die oë van die vee in die trogge, sodat hulle op hitte sou kom by die latte. Gen 30:42 Maar as die vee swakkerig was, het hy dit nie ingesit nie; so was dan die swakkes vir Laban en die sterkes vir Jakob. Gen 30:43 En die man het buitengewoon uitgebrei en baie kleinvee en slavinne en slawe en kamele en esels gehad. //Vlug van Jakob en sy verbond met Laban. Gen 31:1 TOE hoor hy die woorde van die seuns van Laban, dat hulle sê: Jakob het alles geneem wat ons vader s'n was; en uit wat ons vader s'n was, het hy al hierdie rykdom verwerf. Gen 31:2 Jakob het ook meteens aan die aangesig van Laban gesien dat hy nie meer vir hom was soos gister en eergister nie. Gen 31:3 En JaHWeH het aan Jakob gesê: Gaan terug na die Aarde van jou vaders en na jou familie; en Ek sal met jou wees. Gen 31:4 Toe stuur Jakob en laat Ragel en Lea veld toe roep na sy kleinvee Gen 31:5 en sê vir hulle: Ek sien dat die aangesig van julle vader teenoor my nie meer is soos eergister nie, maar [die] Elohey van my vader is met my. Gen 31:6 En julle weet self dat ek met al my krag julle vader gedien het; Gen 31:7 maar julle vader het my bedrieg: hy het my loon tien maal verander. Maar Elohim het hom nie toegelaat om my skade aan te doen nie. Gen 31:8 As hy sê: Die gestippeldes sal jou loon wees, dan lam al die vee gestippeldes. En as hy sê: Die gestreeptes sal jou loon wees, dan lam al die vee gestreeptes. Gen 31:9 So het Elohim dan die vee van julle vader weggeneem en aan my gegee. Gen 31:10 Eenkeer, in die tyd toe die kleinvee op hitte was, het ek my oë opgeslaan en in 'n droom gesien dat die bokramme wat die kleinvee dek, gestreep, gestippeld en bont was. Gen 31:11 En die Boodskapper van die Elohim sê vir my in die droom: Jakob! En ek antwoord: Hier is ek! Gen 31:12 En Hy sê: Slaan tog jou oë op en kyk: al die bokramme wat die kleinvee dek, is gestreep, gestippeld en bont, want Ek het alles gesien wat Laban jou aandoen. Gen 31:13 Ek is die El van BetEl waar jy die gedenksteen gesalf het, waar jy aan My 'n Gelofte gedoen het. Maak jou dan nou klaar, trek weg uit dié Aarde en gaan terug na die Aarde van jou geboorte. Gen 31:14 Toe antwoord Ragel en Lea en sê vir hom: Het ons nog deel of erfenis in die huis van ons vader? Gen 31:15 Word ons nie deur hom as uitlanders beskou nie? Want hy het ons verkoop en die silwer wat deur ons verkry is, geheel en al deurgebring. Gen 31:16 Want al die rykdom wat Elohim van ons vader weggeneem het, kom ons en ons kinders toe. Doen dan nou alles wat Elohim jou gesê het. Gen 31:17 Toe maak Jakob hom klaar en laai sy kinders en sy vroue op die kamele, Gen 31:18 en hy voer al sy vee weg en al sy goed wat hy versamel het, die vee wat syne was, wat hy in Paddan-Aram versamel het, om te gaan na sy vader Isak in die Aarde van Kanaän. Gen 31:19 Onderwyl Laban gaan om sy kleinvee te skeer, het Ragel die huisidole van haar vader gesteel. Gen 31:20 En Jakob het Laban, die Arameër, mislei deur hom nie te vertel dat hy wou vlug nie. Gen 31:21 So het hy dan gevlug met alles wat hy gehad het: hy het hom klaargemaak en deur die Eufraat gegaan en sy aangesig gerig na die gebergte van Gilead. Gen 31:22 En op die derde dag kry Laban die tyding dat Jakob gevlug het. Gen 31:23 Daarop het hy sy broers saam met hom geneem en hom agternagejaag, 'n afstand van sewe dae, en hom ingehaal in die gebergte van Gílead. Gen 31:24 Maar Elohim het na Laban, die Arameër, in die nag gekom in 'n droom en vir hom gesê: Pas nou op dat jy met Jakob geen goed of kwaad spreek nie. Gen 31:25 En Laban het Jakob ingehaal; Jakob het sy tent al opgeslaan gehad in die gebergte, en Laban met sy broers het dit opgeslaan in die gebergte van Gílead. Gen 31:26 Toe vra Laban vir Jakob: Wat het jy gedoen dat jy my mislei en my dogters soos krygsgevangenes weggevoer het? Gen 31:27 Waarom het jy stilletjies gevlug en my mislei en my dit nie vertel nie, dat ek jou met vrolikheid en liedere, met tamboeryn en siter kon weggebring het? Gen 31:28 Ook het jy my nie toegelaat om my seuns en dogters te soen nie. Nou het jy dwaas gehandel. Gen 31:29 Dit is in my mag om julle skade aan te doen, maar [die] Elohey van julle vader het verlede nag met my gespreek en gesê: Pas nou op om met Jakob geen goed of kwaad te spreek nie. Gen 31:30 Nou is jy dan eenmaal aan trek, omdat jy so erg verlang het na die huis van jou vader - [maar] waarom het jy my gode gesteel? Gen 31:31 Toe antwoord Jakob en sê vir Laban: Omdat ek bevrees was, want ek het gedink u sal miskien u dogters met geweld van my wegneem. Gen 31:32 Die een by wie jy jou gode vind - hy mag nie lewe nie! Ondersoek wat by my is, in teenwoordigheid van ons broers, en neem dit vir u. Maar Jakob het nie geweet dat Ragel dit gesteel het nie. Gen 31:33 Toe gaan Laban in die tent van Jakob en in die tent van Lea en in die tent van die twee slavinne, maar hy het niks gekry nie; en toe hy uit die tent van Lea uitgaan, kom hy in die tent van Ragel. Gen 31:34 Maar Ragel het die huisidole geneem en dit in die kameelsaal weggepak en daarop gaan sit. En Laban het die hele tent deurgevoel, maar niks gekry nie. Gen 31:35 Daarop sê sy vir haar vader: My meester moet nie baie kwaai kyk nie, omdat ek nie vir u kan opstaan nie; want dit gaan met my volgens die reël van die vroue. En hy het gesoek maar die huisidole nie gekry nie. Gen 31:36 Toe word Jakob kwaad, en hy het met Laban getwis; en Jakob het geantwoord en vir Laban gesê: Waarin het ek gerebelleer, wat is my oortreding, dat u my so vurig agternagesit het? Gen 31:37 Nou dat u al my goed deurgevoel het - wat het u van al u huisraad gevind? Sit dit hier neer voor my broers en u broers, en laat hulle oordeel tussen ons twee. Gen 31:38 Twintig jaar was ek nou by u. U skaap- en bokooie het geen misdrag gehad nie, en die ramme van u kleinvee het ek nie geëet nie. Gen 31:39 Wat verskeur was, het ek nie na u gebring nie: ek moes dit vergoed; van my hand het u dit geëis, of dit al bedags gesteel is of snags gesteel is. Gen 31:40 Ek was 'n man wat bedags deur die hitte verteer is en snags deur die koue, en my slaap het gevlug van my oë. Gen 31:41 Twintig jaar was ek nou in u huis; veertien jaar het ek u gedien vir u twee dogters en ses jaar vir u kleinvee; en u het my loon tien maal verander. Gen 31:42 As die Elohey van my vader, die Elohey van Abraham en die Vrees van Isak, nie aan my kant was nie - ja, dan sou u my met leë hande weggestuur het. Elohim het my ellende en die moeitevolle arbeid van my hande aangesien en verlede nag geoordeel. Gen 31:43 Toe antwoord Laban en sê vir Jakob: Die dogters is my dogters, en die seuns is my seuns, en die kleinvee is my kleinvee, ja, alles wat jy sien, is myne; maar my dogters - wat sal ek hulle vandag kan aandoen of aan hulle seuns wat hulle gebaar het? Gen 31:44 Kom dan nou, laat ons 'n verbond sny, ek en jy, dat dit 'n getuie tussen my en jou kan wees. Gen 31:45 Daarop het Jakob 'n klip geneem en dit as gedenksteen opgerig. Gen 31:46 En Jakob het aan sy broers gesê: Bring klippe bymekaar! En hulle het klippe gaan haal en 'n hoop gemaak en daar op die hoop geëet. Gen 31:47 En Laban het dit Jegar-Sahadúta genoem, maar Jakob het dit Gal-ed genoem. Gen 31:48 Toe sê Laban: Hierdie hoop is vandag 'n getuie tussen my en jou. Daarom het hulle dit Gal-ed genoem, Gen 31:49 en ook Mispa, omdat hy gesê het: Mag JaHWeH wag hou tussen my en jou as ons mekaar nie meer sien nie. Gen 31:50 As jy my dogters mishandel, en as jy vroue neem by my dogters, dan is daar niemand by ons nie: Kyk, Elohim is getuie tussen my en jou. Gen 31:51 Verder sê Laban vir Jakob: Daar is dié hoop klippe, en daar is die gedenksteen wat ek tussen my en jou opgerig het - Gen 31:52 hierdie hoop klippe is getuie, en die gedenksteen is getuie dat ék na jou kant toe hierdie hoop nie sal verbytrek nie, en dat jy na my kant toe hierdie hoop en hierdie gedenksteen nie sal verbytrek met besoedelde bedoelinge nie. Gen 31:53 Die Elohey van Abraham en die Elohey van Nahor, die Elohey van hulle vader, sal regter tussen ons wees. En Jakob het gesweer by die Vrees van sy vader Isak. Gen 31:54 Toe het Jakob 'n slagdier geslag op die gebergte en sy broers genooi om brood te eet. En hulle het brood geëet en die nag in die gebergte oorgebly. Gen 31:55 En Laban het die môre vroeg opgestaan en sy seuns en sy dogters gesoen en hulle geseën. Daarna het Laban vertrek en teruggekeer na sy woonplek. //Jakob worstel met die Boodskapper, word versoen met Esau en kom in Sigem aan. Gen 32:1 JAKOB het ook verder gereis, en die Boodskappers van Elohim het hom ontmoet. Gen 32:2 Toe hy Hulle sien, sê Jakob: Dit is 'n Leër van Elohim! En hy het die plek Mahanáim genoem. Gen 32:3 En Jakob het boodskappers uitgestuur voor hom uit na sy broer Esau in die Aarde van Seïr, die landstreek van Edom, Gen 32:4 en aan hulle bevel gegee met die woorde: So moet julle aan my meester, aan Esau, sê: So sê Jakob, u dienaar - ek het as vreemdeling vertoef by Laban en daar gebly tot nou toe; Gen 32:5 en ek het beeste en esels, kleinvee en slawe en slavinne verwerf, en my meester dit laat weet, sodat ek guns mag vind in u oë. Gen 32:6 En die boodskappers het na Jakob teruggekom en gesê: Ons het by u broer Esau gekom, en hy trek u alreeds tegemoet en vierhonderd man saam met hom. Gen 32:7 Toe het Jakob baie bevrees en benoud geword, en hy het die volksgenote wat by hom was, sowel as die kleinvee en beeste en kamele in twee laers verdeel; Gen 32:8 want hy het gedink: As Esau op die een laer afkom en dit verslaan, sal die laer wat oorbly, vryraak. Gen 32:9 En Jakob het gesê: o Elohey van my vader Abraham en Elohey van my vader Isak, o JaHWeH, wat my beveel het: Gaan terug na jou Aarde en na jou familie, en Ek sal aan jou goed doen Gen 32:10 ek is te gering vir al die dade van Medelye en Waarheid wat U aan U kneg bewys het; want ek het met my Staf oor hierdie Jordaan getrek en nou twee laers geword. Gen 32:11 Red my tog uit die hand van my broer, uit die hand van Esau, want ek is bang vir hom, dat hy sal kom en my doodslaan, die moeder saam met die kinders. Gen 32:12 U het tog self gesê: Ek sal sekerlik aan jou goed doen en jou saad maak soos die sand van die see wat vanweë die menigte nie getel kan word nie. Gen 32:13 En hy het die nag daar oorgebly en van wat in sy besit was, 'n geskenk geneem vir sy broer Esau: Gen 32:14 tweehonderd bokooie en twintig bokke, tweehonderd skaapooie en twintig ramme, Gen 32:15 dertig kameelkoeie wat in die melk was, met hulle kalfies, veertig koeie en tien bulle, twintig eselinne en tien jong esels; Gen 32:16 en hy het hulle aan sy dienaars afgegee, elke trop afsonderlik, en aan sy dienaars gesê: Trek voor my aangesig uit, en laat 'n plek oop tussen trop en trop. Gen 32:17 Daarop gee hy aan die eerste een bevel en sê: As my broer Esau jou teëkom en jou vra: Aan wie behoort jy, en waarheen gaan jy, en wie s'n is die goed daar voor jou? Gen 32:18 dan moet jy antwoord: U dienaar Jakob s'n. Dit is 'n geskenk wat hy aan my meester Esau stuur; en kyk, hy self kom ook agter ons aan. Gen 32:19 En hy het ook bevel gegee aan die tweede en aan die derde en aan almal wat agter die troppe geloop het, en gesê: Net so moet julle Esau antwoord as julle hom kry - Gen 32:20 julle moet sê: Kyk, ook u dienaar Jakob kom agter ons aan. Want hy het gedink: Laat ek hom versoen met die geskenk wat voor my aangesig uitgaan en daarna sy aangesig sien - miskien sal hy my aangesig verhoog. Gen 32:21 So het die geskenk dan voor hom uit gegaan, maar hy self het dié nag in die laer gebly. Gen 32:22 En hy het dieselfde nag opgestaan en sy twee vroue en sy twee slavinne en sy elf kinders geneem en deur die drif van die Jabbok getrek: [Boekrol van die Opregte 32:49] Gen 32:23 hy het hulle geneem en hulle deur die rivier laat trek, ook laat deurtrek wat aan hom behoort het. Gen 32:24 Maar Jakob het alleen agtergebly, en 'n Man het met hom geworstel tot dagbreek. Gen 32:25 En toe Hy sien dat Hy hom nie kon oorwin nie, raak Hy hom op die holte van sy heup, sodat die heup van Jakob uit lit geraak het in die worsteling met Hom. Gen 32:26 Toe sê Hy: Laat My gaan, want die dag het gebreek. Maar hy antwoord: Ek sal U nie laat gaan nie tensy dat U my seën. Gen 32:27 En Hy vra hom: Hoe is jou naam? En hy antwoord: Jakob. Gen 32:28 Toe sê Hy: Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar JisraEl; want jy het geworstel met Elohim en met die mense en het oorwin. Gen 32:29 Daarop vra Jakob en sê: Maak tog U Naam bekend! En Hy antwoord: Waarom vra jy tog na My Naam? En Hy het hom daar geseën. Gen 32:30 Toe noem Jakob die plek PeniEl; want, [het hy gesê], ek het Elohim gesien van aangesig tot Aangesig, en my siel, sy is gespaar. Gen 32:31 En die son het vir hom opgegaan net toe hy Peni-El verby was; en hy was mank aan sy heup. Gen 32:32 Daarom eet die kinders van JisraEl die heupsening, wat aan die holte is, tot vandag toe nie, omdat Hy Jakob op die holte van sy heup, aan die heupsening, geraak het. Gen 33:1 EN Jakob het sy oë opgeslaan, en toe hy meteens Esau sien aankom en vierhonderd man saam met hom, het hy die kinders onder Lea en Ragel en onder die twee slavinne verdeel. Gen 33:2 En hy het die slavinne met hulle kinders eerste, en Lea met haar kinders daaragter, en Ragel en JôWsef laaste opgestel; Gen 33:3 maar hy self het voor hulle uit gegaan en hom sewe maal na die Aarde gebuig, totdat hy by sy broer gekom het. Gen 33:4 Toe loop Esau hom tegemoet en omhels hom en val hom om die hals en soen hom; en hulle het geween. Gen 33:5 Daarna het hy sy oë opgeslaan en die vroue en kinders gesien en gesê: Wie het jy daar by jou? En hy antwoord: Die kinders wat Elohim uit Barmhartigheid aan u dienaar geskenk het. Gen 33:6 En die slavinne het nader gekom, hulle en hulle kinders, en hul neergebuig. Gen 33:7 En Lea het ook nader gekom met haar kinders en hul neergebuig; en daarna het JôWsef nader gekom en Ragel en hul neergebuig. Gen 33:8 Daarop sê hy: Wat is jou bedoeling met daardie hele laer wat ek teëgekom het? En hy antwoord: Om guns te vind in die oë van my meester. Gen 33:9 Maar Esau sê: Ek het baie, my broer! Wat joune is, laat dit joune bly! Gen 33:10 Toe antwoord Jakob: Ag nee, as ek nou guns in u oë gevind het, neem dan my spysbydrae uit my hand aan. Ek het u aangesig gesien soos iemand wat die Aangesig van Elohim gesien het, en u het behae in my gehad. Gen 33:11 Neem tog my begroetingsgeskenk wat u aangebied is, want Elohim het my Barmhartigheid bewys, en ek het volop. En hy het by hom aangehou, sodat hy dit aangeneem het. Gen 33:12 Daarop sê hy: Laat ons opbreek en verder trek, en ek sal langs jou trek. Gen 33:13 Maar hy antwoord hom: My meester weet dat die kinders swak is, en dat ek lammerooie en melkkoeie by my het; as hulle net een dag ooreis word, dan sterf al die kleinvee. Gen 33:14 My meester moet maar voor die aangesig van sy dienaar uit trek, en ék sal op my gemak trek na die gang van die vee wat voor my aangesig uit gaan, en na die gang van die kinders, tot ek by my meester in Seïr aankom. Gen 33:15 Toe sê Esau: Laat my tog van die manskappe wat by my is, by jou laat staan. En hy antwoord: Waarvoor dan? Laat my guns in die oë van my meester vind! Gen 33:16 So het Esau dan dié dag teruggegaan padlangs na Seïr toe. Gen 33:17 Maar Jakob het takke opgerig om vir hom 'n woning te bou en 'n takskuiling/sukkoth vir sy vee gemaak. Daarom het hy die plek genoem Sukkot. Gen 33:18 En Jakob het behoue aangekom by die stad Sigem wat in die Aarde van Kanaän is, toe hy van Paddan-Aram gekom het - hy het sy laer voor die stad opgeslaan Gen 33:19 en die stuk grond gekoop waar hy sy tent opgeslaan het, van die seuns van Hemor, die vader van Sigem, vir honderd geldstukke. Gen 33:20 Daar het hy ook 'n altaar opgerig en dit genoem: El-Elohey-JisraEl (El die Magtige van JisraEl). //Dina en die Sigemiete. Gen 34:1 EN Dina, die dogter van Lea, wat sy vir Jakob gebaar het, het uitgegaan om die dogters van die Aarde te leer ken. Gen 34:2 Toe Sigem, die seun van Hemor, die Hewiet, die vors van die Aarde, haar sien, het hy haar gegryp en met haar gemeenskap gehad en haar onteer. [Boekrol van die Opregte 34:52] Gen 34:3 En sy siel het verkleef geraak aan Dina, die dogter van Jakob; en hy het die dogter liefgehad en na die hart van die dogter gespreek. Gen 34:4 Sigem het ook met sy vader Hemor gespreek en gesê: Neem daardie dogter vir my as vrou. Gen 34:5 Toe Jakob dan hoor dat hy sy dogter Dina besoedel het, was sy seuns by sy vee in die veld; en Jakob het geswyg totdat hulle gekom het. Gen 34:6 En Hemor, die vader van Sigem, het na Jakob uitgegaan om met hom te spreek. Gen 34:7 En die seuns van Jakob het uit die veld gekom toe hulle dit hoor; en die manne was gegrief en baie kwaad, omdat hy 'n skanddaad in JisraEl begaan het deur met die dogter van Jakob gemeenskap te hou: so iets mag nie gebeur het nie. [Boekrol van die Opregte 34:53] Gen 34:8 Toe spreek Hemor met hulle en sê: Die siel van my seun Sigem is verlief op julle dogter: gee haar tog aan hom as vrou Gen 34:9 en verswaer julle met ons: gee aan ons julle dogters, en neem vir julle ons dogters. Gen 34:10 Bly maar by ons woon, en die Aarde, sy sal voor julle oop lê; woon en reis deur haar en verwerf vaste besittings in haar. Gen 34:11 En Sigem sê vir haar vader en haar broers: Laat my guns vind in julle oë, en wat julle van my eis, sal ek gee. Gen 34:12 Vra my 'n baie groot koopprys en geskenk, en ek sal dit gee soos julle aan my sê; gee my net die dogter as vrou. Gen 34:13 Toe antwoord die seuns van Jakob vir Sigem en Hemor, sy vader, met bedrog - hulle het so gespreek, omdat hy hulle suster Dina besoedel het - Gen 34:14 en sê vir hulle: Ons kan dit nie doen om ons suster aan 'n man te gee wat die voorhuid het nie, want dit sou 'n skande vir ons wees. Gen 34:15 Net op hierdie voorwaarde kan ons inwillig: as julle word soos ons deurdat almal wat manlik is onder julle, besny word. Gen 34:16 Dan sal ons ons dogters aan julle gee, en ons sal julle dogters vir ons neem; en ons sal by julle woon en een volk word. Gen 34:17 Maar as julle nie na ons luister om besny te word nie, dan neem ons ons dogter en ons trek weg. Gen 34:18 En hulle woorde was goed in die oë van Hemor en in die oë van Sigem, die seun van Hemor. Gen 34:19 En die jongman het nie versuim om dit te doen nie, want hy het sin gehad in die dogter van Jakob, en hy was die mees geëerde in die hele huis van sy vader. Gen 34:20 Toe gaan Hemor en sy seun Sigem na die poort van hulle stad, en hulle spreek met die manne van hul stad en sê: Gen 34:21 Hierdie manne lewe in vrede met ons; daarom, laat hulle in die Aarde woon en in haar rondtrek: die Aarde lê mos alkante toe wyd voor hulle. Ons kan hulle dogters vir ons as vroue neem, en ons sal ons dogters aan hulle gee. Gen 34:22 Maar net op hierdie voorwaarde sal die manne inwillig om by ons te woon, om een volk te word: as almal wat manlik is onder ons, besny word soos hulle besny is. Gen 34:23 Hulle vee en hulle besittings en al hulle diere - sal dit nie ons s'n wees nie? Laat ons net inwillig, sodat hulle by ons kan bly woon. Gen 34:24 En hulle het geluister na Hemor en na sy seun Sigem - almal wat uit sy stadspoort uitgegaan het; en almal wat manlik was, is besny, almal wat uit sy stadspoort uitgegaan het. Gen 34:25 Maar op die derde dag, toe hulle in die pyn was, neem die twee seuns van Jakob, Símeon en Levi, broers van Dina, elkeen sy swaard, en hulle oorval die sorgelose stad en slaan almal dood wat manlik was. Gen 34:26 Hulle slaan ook Hemor en sy seun Sigem dood met die skerpte van die swaard; daarna neem hulle Dina uit die huis van Sigem uit en vertrek. Gen 34:27 Die seuns van Jakob het op die gesneuweldes afgekom en die stad geplunder, omdat hulle hulle suster besoedel het. Gen 34:28 Hulle kleinvee en hulle beeste en hulle esels - wat in die stad en in die veld was - het hulle weggeneem. Gen 34:29 En al hulle goed en al hulle kinders en hulle vroue het hulle as gevangenes weggevoer en as buit, en ook alles wat in die huise was. Gen 34:30 Toe sê Jakob vir Símeon en Levi: Julle het my ontroer dat julle my gehaat gemaak het by die inwoners van die Aarde, die Kanaäniete en Feresiete, terwyl ons 'n klein klompie is. As hulle hul teen my versamel, sal hulle my verslaan, en ons sal verdelg word, ek en my huis. Gen 34:31 Toe antwoord hulle: Hoe durf hy dan ons suster as 'n hoer behandel! //Jakob by BetEl; dood van Ragel en Isak. Gen 35:1 DAARNA het Elohim vir Jakob gesê: Maak jou klaar, trek op na BetEl en woon daar; en bou daar 'n altaar vir die El wat aan jou verskyn het toe jy op die vlug was vir jou broer Esau. Gen 35:2 Toe sê Jakob aan sy huisgesin en aan almal wat by hom was: Verwyder die gode van die uitlander wat onder julle is, en suiwer julle en trek ander klere aan; Gen 35:3 en laat ons klaarmaak en optrek na BetEl; en ek sal daar 'n altaar bou vir die El wat my geantwoord het op die dag van my benoudheid en by my was op die Weg wat ek gegaan het. Gen 35:4 Toe gee hulle aan Jakob al die gode van die uitlander wat in hulle hand was, en die ringe aan hulle ore, en Jakob het dit begrawe onder die terpentynboom wat by Sigem is. Gen 35:5 En toe hulle weggetrek het, kom daar 'n skrik van Elohim op die stede rondom hulle, sodat hulle die seuns van Jakob nie agternagejaag het nie. Gen 35:6 So het Jakob dan in Lus aangekom wat in die Aarde van Kanaän is - dit is BetEl - hy en al die volgelinge wat by hom was. Gen 35:7 en hy het daar 'n altaar gebou en die plek El-BetEl genoem, omdat die Elohim daar aan hom geopenbaar is toe hy vir sy broer gevlug het. Gen 35:8 En Debora, die oppasser van Rebekka, het gesterwe, en sy is begrawe onderkant BetEl, onder die eikeboom. En hulle het dit genoem: Eik van geween. Gen 35:9 Toe verskyn Elohim weer aan Jakob, by sy terugkoms uit Paddan-Aram, en Hy seën hom; Gen 35:10 en Elohim sê vir hom: Jou naam is Jakob; jy sal verder nie Jakob genoem word nie, maar JisraEl sal jou naam wees. En Hy het hom JisraEl genoem. Gen 35:11 Verder sê Elohim vir hom: Ek is El die Almagtige. Wees vrugbaar en vermeerder. 'n Nasie, ja, 'n menigte van nasies, sal van jou afstam, en konings sal uit jou lendene voortkom. Gen 35:12 En die Aarde wat Ek aan Abraham en Isak gegee het, haar sal Ek aan jou gee; en aan jou saad ná jou sal Ek die Aarde gee. Gen 35:13 Toe het Elohim van hom af opgevaar op die plek waar Hy met hom gespreek het. Gen 35:14 En Jakob het 'n gedenksteen opgerig op die plek waar Hy met hom gespreek het, 'n gedenksteen van klip, en op haar drank geskink en olie op haar uitgegiet. Gen 35:15 En Jakob het die plek waar Elohim met hom gespreek het, BetEl genoem. Gen 35:16 Daarna het hulle van BetEl af weggetrek. En toe daar nog 'n stukkie van die Aarde oor was om by Efrat te kom, moes Ragel baar; en sy het dit swaar gehad by die bevalling. [Boekrol van die Opregte 36:10] Gen 35:17 En terwyl sy dit swaar het by die bevalling, sê die vroedvrou vir haar: Wees nie bevrees nie, want dit is ook 'n seun vir u. Gen 35:18 En toe haar siel uitgaan - want sy het gesterwe - noem sy hom Ben-Oni. Maar sy vader het hom Benjamin genoem. Gen 35:19 So het Ragel dan gesterwe; en sy is begrawe op die pad na Efrat, dit is Betlehem. [Boekrol van die Opregte 42:29] Gen 35:20 En Jakob het 'n gedenksteen op haar graf opgerig; dit is die gedenkteken van die graf van Ragel tot vandag toe. [Boekrol van die Opregte 36:11] Gen 35:21 En JisraEl het weggetrek en sy tent opgeslaan aan die ander kant van Migdal-Eder. Gen 35:22 En terwyl JisraEl in dié Aarde woon, het Ruben gegaan en met Bilha, sy vader se byvrou, gemeenskap gehad. En JisraEl het dit gehoor. En die seuns van Jakob was twaalf. Gen 35:23 Die seuns van Lea was: Ruben, die eersgeborene van Jakob, daarna Símeon en Levi en JeHûWdah en Issaskar en Sébulon. Gen 35:24 Die seuns van Ragel: JôWsef en Benjamin. Gen 35:25 En die seuns van Bilha, die slavin van Ragel: Dan en Náftali. Gen 35:26 En die seuns van Silpa, die slavin van Lea: Gad en Aser. Dit is die seuns van Jakob wat vir hom in Paddan-Aram gebore is. Gen 35:27 En Jakob het by sy vader Isak gekom in Mamre, by Kirjat-Arba, dit is Hebron, waar Abraham as vreemdeling vertoef het, en ook Isak. Gen 35:28 En die dae van Isak was honderd-en-tagtig jaar. Gen 35:29 En Isak het die asem uitgeblaas en gesterwe, en hy is by sy volksgenote versamel, oud en afgeleef. En sy seuns Esau en Jakob het hom begrawe. //Die Edomiete, nakomelinge van Esau. Gen 36:1 EN dit is die genelyn van Esau, dit is Edom. Gen 36:2 Esau het sy vroue geneem uit die dogters van Kanaän: Ada, die dogter van Elon, die Hetiet, en Oholibáma, die dogter van Ana, die dogter van Sibeon, die Hewiet; Gen 36:3 en Basmat, die dogter van Jismael, die suster van Nébajot. Gen 36:4 En Ada het vir Esau gebaar EliFaz, en Basmat het gebaar Rehuel. Gen 36:5 En Oholibáma het gebaar Jehus en Jáelam en Korag. Dit is die seuns van Esau wat vir hom gebore is in die Aarde van Kanaän. Gen 36:6 Toe neem Esau sy vroue en sy seuns en sy dogters en al die siele van sy huis, sy vee en al sy diere en al sy besittings wat hy in die Aarde van Kanaän verwerf het, en hy trek in 'n deel van die Aarde, wég van sy broer Jakob af; Gen 36:7 want hulle besittings was te groot om saam te woon, en die Aarde waarin hulle vreemdelinge was, kon hulle nie dra vanweë hulle vee nie. Gen 36:8 En Esau het gaan woon in die gebergte Seïr. Esau, dit is Edom. Gen 36:9 Dit is dan die genelyn van Esau, die vader van die Edomiete in die gebergte Seïr. Gen 36:10 Dit is die name van die seuns van Esau: EliFaz, die seun van Ada, die vrou van Esau; Rehuel die seun van Basmat, die vrou van Esau. Gen 36:11 En die seuns van EliFaz was: Teman, Omar, Sefo en Gáetam en Kenas. Gen 36:12 En Timna was 'n byvrou van EliFaz, die seun van Esau; en sy het vir EliFaz gebaar Amalek. Dit is die seuns van Ada, die vrou van Esau. Gen 36:13 En dit is die seuns van Rehuel: Nahat en Serag, Samma en Missa. Dit was die seuns van Basmat, die vrou van Esau. Gen 36:14 En dit was die seuns van Oholibáma, die dogter van Ana, die dogter van Sibeon, die vrou van Esau - sy het vir Esau gebaar Jehus en Jáelam en Korag. Gen 36:15 Dit is die stamhoofde onder die seuns van Esau. Die seuns van EliFaz, die eersgeborene van Esau, was: die stamhoof Teman, die stamhoof Omar, die stamhoof Sefo, die stamhoof Kenas, Gen 36:16 die stamhoof Korag, die stamhoof Gáetam, die stamhoof Amalek. Dit is die stamhoofde van EliFaz in die Aarde van Edom; dit is die seuns van Ada. Gen 36:17 En dit is die seuns van Rehuel, die seun van Esau: die stamhoof Nahat, die stamhoof Serag, die stamhoof Samma, die stamhoof Missa. Dit is die stamhoofde van Rehuel in die Aarde van Edom. Dit is die seuns van Basmat, die vrou van Esau. Gen 36:18 En dit is die seuns van Oholibáma, die vrou van Esau: die stamhoof Jehus, die stamhoof Jáelam, die stamhoof Korag. Dit is die stamhoofde van Oholibáma, die dogter van Ana, die vrou van Esau. Gen 36:19 Dit is die seuns van Esau, en dit is hulle stamhoofde. Dit is Edom. Gen 36:20 Dit is die seuns van Seïr, die Horiet, die inwoners van die Aarde: Lotan en Sobal en Sibeon en Ana Gen 36:21 en Dison en Eser en Disan. Dit is die stamhoofde van die Horiete, die seuns van Seïr in die Aarde van Edom. Gen 36:22 En die seuns van Lotan was Hori en Hemam; en die suster van Lotan was Timna. Gen 36:23 En dit is die seuns van Sobal: Alwan en Manáhat en Ebal, Sefo en Onam. Gen 36:24 En dit is die seuns van Síbeon: Aja en Ana. Dit is dié Ana wat die warm Fonteine in die wildernis gekry het toe hy die esels van sy vader Síbeon opgepas het. Gen 36:25 En dit is die seuns van Ana: Dison; en Oholibáma was die dogter van Ana. Gen 36:26 En dit is die seuns van Dison: Hemdan en Esban en Jitran en Keran. Gen 36:27 Dit is die seuns van Eser: Bilhan en Saäwan en Akan. Gen 36:28 Dit is die seuns van Disan: Us en Aran. Gen 36:29 Dit is die stamhoofde van die Horiete: die stamhoof Lotan, die stamhoof Sobal, die stamhoof Síbeon, die stamhoof Ana, Gen 36:30 die stamhoof Dison, die stamhoof Eser, die stamhoof Disan. Dit is die stamhoofde van die Horiete volgens hulle stamme in die Aarde van Seïr. Gen 36:31 En dit is die konings wat geregeer het in die Aarde van Edom voor die aangesig van die koning wat regeer het oor die kinders van JisraEl: Gen 36:32 Bela, die seun van Beor, het geregeer in Edom; en die naam van sy stad was Dinhába. Gen 36:33 En ná die dood van Bela het Jobab, die seun van Serag, van Bosra, in sy plek geregeer. Gen 36:34 En ná die dood van Jobab het Husam, uit die Aarde van die Temaniete, in sy plek geregeer. Gen 36:35 En ná die dood van Husam het Hadad, die seun van Bedad, wat die Midianiete verslaan het in die veld van Moab, in sy plek geregeer, en die naam van sy stad was Awit. Gen 36:36 En ná die dood van Hadad het Samla van Masreka in sy plek geregeer. Gen 36:37 En ná die dood van Samla het Saul van Réhobot, aan die rivier, in sy plek geregeer. Gen 36:38 En ná die dood van Saul het Baäl-Hanan, die seun van Akbor, in sy plek geregeer. Gen 36:39 En ná die dood van Baäl-Hanan, die seun van Akbor, het Hadar in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Pahu; en die naam van sy vrou was Mehetabel, die dogter van Matred, die dogter van Mésahab. Gen 36:40 Dit is die name van die stamhoofde van Esau, volgens hulle families, volgens hulle woonplekke, met hulle name: die stamhoof Timna, die stamhoof Alwa, die stamhoof Jetet. Gen 36:41 die stamhoof Oholibáma, die stamhoof Ela, die stamhoof Pinon, Gen 36:42 die stamhoof Kenas, die stamhoof Teman, die stamhoof Mibsar, Gen 36:43 die stamhoof Magdiël, die stamhoof Iram. Dit is die stamhoofde van Edom, volgens hulle verblyfplekke in die Aarde van hulle besitting. Dit is Esau, die stamvader van die Edomiete. //JôWsef word deur sy broers verkoop. Gen 37:1 EN Jakob het gewoon in die Aarde van die vreemdelingskap van sy vader, in die Aarde van Kanaän. Gen 37:2 Dit is die genelyn van Jakob. JôWsef het as seun van sewentien jaar die kleinvee opgepas saam met sy broers - hy was nog jonk - met die seuns van Bilha en die seuns van Silpa, die vroue van sy vader. En JôWsef het die slegte gerug oor hulle na hulle vader oorgebring. Gen 37:3 En JisraEl het JôWsef meer lief gehad as al sy seuns; want hy was vir hom 'n seun van die ouderdom; en hy het vir hom 'n lang kleed met moue gemaak. [Boekrol van die Opregte 41:6] Gen 37:4 Toe sy broers sien dat hulle vader hom meer as al sy broers liefhet, het hulle hom gehaat en kon nie vriendelik met hom praat nie. [Boekrol van die Opregte 41:8] Gen 37:5 Ook het JôWsef 'n droom gehad wat hy aan sy broers vertel het. Daaroor het hulle hom nog meer gehaat. Gen 37:6 Hy het naamlik vir hulle gesê: Hoor tog hierdie droom wat ek gehad het. Gen 37:7 Kyk, ons was besig om gerwe te bind op die land toe meteens my gerf gaan staan en ook regop bly staan, terwyl julle gerwe daar rondom kom en hulle voor my gerf neerbuig. Gen 37:8 Toe sê sy broers aan hom: Wil jy miskien oor ons regeer? of wil jy miskien oor ons heers? En hulle het hom nog meer gehaat oor sy drome en oor sy woorde. Gen 37:9 Daarna het hy nog 'n ander droom gehad en dit aan sy broers vertel en gesê: Kyk, ek het nog 'n droom gehad - die son en die maan en elf Sterre het hulle voor my neergebuig. Gen 37:10 Toe hy dit aan sy vader en sy broers vertel, het sy vader hom hard bestraf en aan hom gesê: Wat is dit vir 'n droom wat jy gehad het? Moet ons werklik kom, ek en jou moeder en jou broers, om ons voor jou na die Aarde neer te buig? Gen 37:11 En sy broers was afgunstig op hom, maar sy vader het die saak in gedagte gehou. Gen 37:12 En sy broers het die kleinvee van hulle vader by Sigem gaan oppas. Gen 37:13 Toe sê JisraEl vir JôWsef: Pas jou broers nie die vee op by Sigem nie? Kom, laat ek jou na hulle toe stuur. En hy antwoord hom: Hier is ek! Gen 37:14 Toe sê hy vir hom: Gaan tog verneem na die welstand van jou broers en die welstand van die vee, en bring vir my berig terug. So het hy hom dan uit die dal van Hebron weggestuur, en hy het by Sigem aangekom. Gen 37:15 Daarop kry 'n man hom terwyl hy in die veld ronddwaal, en die man vra hom: Wat soek jy? Gen 37:16 En hy antwoord: Ek soek my broers. Vertel my tog waar hulle die vee oppas. Gen 37:17 Toe sê die man: Hulle het hiervandaan weggetrek, want ek het hulle hoor sê: Laat ons na Dotan gaan. En JôWsef het agter sy broers aan gegaan en hulle in Dotan gevind. Gen 37:18 En hulle het hom van ver af gesien. Maar voordat hy naby hulle kom, het hulle listig raad gehou teen hom om hom dood te maak. Gen 37:19 En hulle het vir mekaar gesê: Daar kom daardie dromer aan! Gen 37:20 Kom dan nou, laat ons hom doodmaak en in een van die putte gooi en sê: 'n Besoedelde wese het hom gevreet. Dan sal ons sien wat van sy drome word. Gen 37:21 Toe Ruben dit hoor, het hy hom uit hulle hand gered deur te sê: Laat ons nie [die] siel van hom slaan nie. Gen 37:22 Ruben het ook vir hulle gesê: Moenie bloed vergiet nie, gooi hom in hierdie put wat in die wildernis is, maar moenie die hand aan hom slaan nie - sodat hy hom uit hulle hand kon red om hom na sy vader terug te bring. Gen 37:23 En toe JôWsef by sy broers kom, trek hulle JôWsef se kleed uit, die kleed met lang moue wat hy aangehad het, Gen 37:24 en hulle neem hom en gooi hom in die put. Maar die put was leeg; daar was geen water in nie. Gen 37:25 Daarna het hulle gaan sit om brood te eet; en toe hulle hul oë opslaan, sien hulle meteens 'n reisgeselskap Jismaeliete wat uit Gílead kom - hulle kamele gelaai met speserye en balsem en gom - op pad om dit na Egipte af te bring. Gen 37:26 Toe sê JeHûWdah aan sy broers: Watter wins is dit dat ons ons broer doodmaak en sy bloed verberg? [Boekrol van die Opregte 42:3] Gen 37:27 Kom, laat ons hom aan die Jismaeliete verkoop, maar laat ons hand nie teen hom wees nie, want hy is ons broer, ons vlees. En sy broers het na hom geluister. [Boekrol van die Opregte 42:4] Gen 37:28 En toe die Midianitiese koopmans verbykom, het hulle JôWsef uit die put uit opgetrek en uitgehaal en JôWsef aan die Jismaeliete verkoop vir twintig [sikkels] silwer. En hulle het JôWsef na Egipte gebring. Gen 37:29 Toe Ruben by die put terugkom, was JôWsef nie in die put nie! Daarop skeur hy sy klere, Gen 37:30 en hy gaan na sy broers terug en sê: Die seun is nie daar nie! En ek, waar moet ek heen? Gen 37:31 Toe neem hulle JôWsef se kleed, en hulle laat 'n bok doodbloei en steek die kleed in die bloed, Gen 37:32 en hulle stuur die lang kleed weg en laat dit na hulle vader bring met die woorde: Dit het ons gevind. Kyk tog goed of dit die kleed van u seun is of nie. Gen 37:33 En hy het dit herken en gesê: Die kleed van my seun! 'n Besoedelde wese het hom opgevreet. JôWsef is uitmekaar geruk! Gen 37:34 Toe skeur Jakob sy klere en trek 'n roukleed om sy heupe, en hy het oor sy seun gerou, baie dae lank. Gen 37:35 En al sy seuns en al sy dogters het moeite gedoen om hom te troos, maar hy het geweier om hom te laat troos en gesê: Nee, treurende sal ek na my seun in die Doderyk/Sheol afdaal! So het sy vader hom dan beween. Gen 37:36 En die Midianiete het hom na Egipte verkoop aan Pótifar, 'n hofdienaar van Farao, die owerste van die lyfwag. //JeHûWdah en Tamar. Gen 38:1 IN dié tyd het JeHûWdah afgetrek, van sy broers af weg, en uitgedraai na 'n man van Adúllam met die naam van Hira. Gen 38:2 En JeHûWdah het daar die dogter van 'n Kanaänitiese man gesien met die naam van Sua; en hy het haar geneem en by haar ingegaan. Gen 38:3 En sy het bevrug geword en 'n seun gebaar, en sy het hom Er genoem. Gen 38:4 Daarna het sy weer bevrug geword en 'n seun gebaar en hom Onan genoem. Gen 38:5 En sy het nog weer 'n seun gebaar en hom Sela genoem; en hy was in Kesib toe sy hom gebaar het. Gen 38:6 En JeHûWdah het vir Er, sy eersgeborene, 'n vrou geneem, en haar naam [was] Tamar. Gen 38:7 Maar Er, die eersgeborene van JeHûWdah, was besoedel in die Oë van JaHWeH. Daarom het JaHWeH hom laat sterwe. [Boekrol van die Opregte 45:24] Gen 38:8 Toe sê JeHûWdah vir Onan: Gaan in by die vrou van jou broer en sluit die swaershuwelik met haar en verwek vir jou broer 'n saadlyn. Gen 38:9 Maar Onan het geweet dat die saadlyn nie syne sou wees nie; daarom het hy, elke keer as hy by die vrou van sy broer ingaan, dit op die Aarde verderwe om vir sy broer geen saadlyn te gee nie. Gen 38:10 En dit was verkeerd in die Oë van JaHWeH wat hy gedoen het; daarom het Hy hom ook laat sterwe. [Boekrol van die Opregte 45:26] Gen 38:11 Toe sê JeHûWdah vir Tamar, sy skoondogter: Bly 'n weduwee in die huis van jou vader totdat my seun Sela groot is. Want hy het gedink: Anders sterwe hy ook soos sy broers! So het Tamar dan gaan woon in die huis van haar vader. Gen 38:12 En ná verloop van geruime tyd het die dogter van Sua, die vrou van JeHûWdah, gesterwe. En toe JeHûWdah klaar getreur het, het hy opgegaan na die skeerders van sy kleinvee, na Timna toe, hy en sy vriend Hira, die Adullamiet. Gen 38:13 En hulle het Tamar te kenne gegee en gesê: Kyk, jou skoonvader gaan op na Timna om sy kleinvee te skeer. Gen 38:14 Toe trek sy die klere van haar weduweeskap uit en bedek haar met 'n sluier en draai haar toe; en sy het gaan sit by die ingang van Enaim wat op die pad na Timna lê. Want sy het gesien dat Sela groot geword het, maar sy was aan hom nie as vrou gegee nie. Gen 38:15 Toe JeHûWdah haar sien, het hy haar vir 'n hoer gehou, omdat sy haar gesig toegebind het; Gen 38:16 en hy het na haar uitgedraai by die pad en gesê: Kom tog, laat my by jou ingaan; want hy het nie geweet dat dit sy skoondogter was nie. En sy vra: Wat sal jy my gee as jy by my ingaan? Gen 38:17 En hy antwoord: Ek sal jou 'n boklam van die kleinvee af stuur. Toe sê sy: As jy 'n pand gee totdat jy dit stuur. Gen 38:18 En hy sê: Wat is die pand wat ek jou moet gee? Toe antwoord sy: Jou seëlring met die bandjie en jou staf wat in jou hand is. Hy gee dit toe aan haar en gaan by haar in, en sy het by hom swanger geword. Gen 38:19 En sy het opgestaan en weggegaan en haar sluier afgehaal en die klere van haar weduweeskap aangetrek. Gen 38:20 En JeHûWdah het die boklam gestuur deur middel van sy vriend, die Adullamiet, om die pand uit die hand van die vrou te gaan haal. Maar hy het haar nie gevind nie. Gen 38:21 Toe vra hy die manne van haar woonplek: Waar is daardie hoer wat in Enaim by die pad was? En hulle antwoord: Hier was geen hoer nie. Gen 38:22 Daarop gaan hy na JeHûWdah terug met die berig: Ek het haar nie gevind nie. En die manne van die plek het ook gesê: Hier was geen hoer nie. Gen 38:23 Toe sê JeHûWdah: Laat sy dit hou, dat ons nie 'n bespotting word nie. Kyk, ek het hierdie boklam gestuur, maar jy het haar nie gevind nie. Gen 38:24 Ná omtrent drie maande het hulle JeHûWdah laat weet en gesê: Tamar, jou skoondogter, het gehoereer, en sy is ook swanger deur hoerery! En JeHûWdah sê: Bring haar uit, dat sy verbrand kan word. Gen 38:25 Terwyl sy uitgebring word, laat sy haar skoonvader dit weet: By die man aan wie hierdie dinge behoort, is ek swanger. En sy het gesê: Kyk tog mooi aan wie hierdie seëlring en bandjies en staf behoort. Gen 38:26 En JeHûWdah het dit herken en gesê: Sy het reg teenoor my, want ek het haar mos nie aan my seun Sela gegee nie. En hy het haar verder nie meer beken nie. Gen 38:27 En toe sy sou baar, was daar 'n tweeling in haar skoot. Gen 38:28 En terwyl sy baar, het een die hand uitgesteek; en die vroedvrou het dit gegryp en 'n rooi draad om sy hand gebind en gesê: Hierdie een is eerste gebore. Gen 38:29 Maar toe hy sy hand teruggetrek het, word sy broer gebore! En sy sê: Hoe kragtig het jy deurgebreek! En hulle het hom Peres genoem. Gen 38:30 En daarna is sy broer gebore aan wie se hand die rooi draad was. En hulle het hom Serag genoem. //JôWsef bied weerstand teen die vrou van Pótifar. Gen 39:1 EN JôWsef is afgebring na Egipte; en Pótifar, 'n hofdienaar van Farao, die owerste van die lyfwag, 'n Egiptiese man, het hom gekoop uit die hand van die Jismaeliete wat hom daarheen afgebring het. Gen 39:2 En JaHWeH was met JôWsef, sodat hy 'n voorspoedige man was; en hy het in die huis van sy meester, die Egiptenaar, gebly. Gen 39:3 En toe sy meester sien dat JaHWeH met hom was, en dat alles wat hy doen, in sy hand voorspoedig is, Gen 39:4 het JôWsef guns in sy oë gevind en hom gedien; en hy het hom aangestel oor sy huis, en alles wat in sy besit was, aan hom oorgegee. Gen 39:5 En vandat hy hom aangestel het oor sy huis en oor alles wat in sy besit was, het JaHWeH die huis van die Egiptenaar geseën ter wille van JôWsef; ja, die seën van JaHWeH was by alles wat syne was, in die huis en op die veld. Gen 39:6 En hy het alles wat syne was, aan JôWsef oorgelaat, sodat hy met sy hulp van niks kennis geneem het nie as net van die brood wat hy geëet het. En JôWsef was skoon van gestalte en mooi van aansien. Gen 39:7 Ná hierdie dinge het die vrou van sy meester haar oë na JôWsef opgeslaan en gesê: Kom hou gemeenskap met my. Gen 39:8 Maar hy het geweier en aan die vrou van sy meester gesê: Kyk, deur my is dit dat my meester geen kennis neem van wat in die huis is nie; en alles wat syne is, het hy aan my oorgegee. Gen 39:9 Hy is in hierdie huis nie groter as ek nie en het my niks onthou nie behalwe u, omdat u sy vrou is; hoe kan ek dan hierdie groot besoedeling doen en oortree teen Elohim? Gen 39:10 En nadat sy met JôWsef dag na dag gespreek het, en hy na haar nie wou luister om langs haar te lê om met haar gemeenskap te hou nie, Gen 39:11 kom hy eendag in die huis om sy werk te doen terwyl niemand van die huisgenote binne was nie. Gen 39:12 Toe gryp sy hom aan sy kleed en sê: Kom hou gemeenskap met my. Maar hy het sy kleed in haar hand laat agterbly en gevlug en na buite geloop. Gen 39:13 Toe sy dan sien dat hy sy kleed in haar hand laat bly en buitentoe gevlug het, Gen 39:14 roep sy na haar huisgenote en sê aan hulle: Kyk, hy het vir ons 'n Hebreeuse man hier gebring om met ons gek te skeer; hy het na my gekom om met my gemeenskap te hê, en ek het hard geskreeu; Gen 39:15 en toe hy hoor dat ek my stem verhef en skreeu, het hy sy kleed by my laat agterbly en gevlug en na buite geloop. Gen 39:16 En sy het sy kleed langs haar neergelê totdat sy meester tuisgekom het. Gen 39:17 En sy het hom met dieselfde woorde aangespreek en gesê: Die Hebreeuse kneg wat jy vir ons hier gebring het, het na my gekom om met my gek te skeer; Gen 39:18 en toe ek my stem verhef en skreeu, het hy sy kleed by my laat agterbly en na buite gevlug. Gen 39:19 Toe sy meester die woorde hoor waarmee sy vrou hom aanspreek: So en so het jou kneg aan my gedoen - het hy baie kwaad geword; Gen 39:20 en die meester van JôWsef het hom laat vang en hom in die gevangenis gesit op die plek waar die gevangenes van die koning opgesluit was; en hy was daar in die gevangenis. Gen 39:21 Maar JaHWeH was met JôWsef, en Hy het Medelye aan hom bewys en aan hom guns verleen in die oë van die owerste van die gevangenis. Gen 39:22 En die owerste van die gevangenis het almal wat in die gevangenis opgesluit was, aan JôWsef toevertrou; en alles wat daar te doen was, het hy gedoen. Gen 39:23 Die owerste van die gevangenis het glad nie na iets omgesien wat aan hom toevertrou was nie, omdat JaHWeH met hom was; en wat hy doen, het JaHWeH voorspoedig laat wees. //JôWsef in die gevangenis. Gen 40:1 NÁ hierdie dinge het die skinker van die koning van Egipte en die bakker hulle misgaan jeens hulle meester, die koning van Egipte, Gen 40:2 sodat Farao baie kwaad geword het vir sy twee hofdienaars, die voorman van die skinkers en die voorman van die bakkers. Gen 40:3 En hy het hulle in bewaring gegee in die huis van die owerste van die lyfwag, in die gevangenis, die plek waar JôWsef gevange was. Gen 40:4 En die owerste van die lyfwag het JôWsef by hulle aangestel om hulle te bedien. En hulle was 'n tyd lank in bewaring. Gen 40:5 En hulle het altwee 'n droom gehad, elkeen sy droom, in dieselfde nag, elkeen 'n droom met besondere betekenis, die skinker en die bakker van die koning van Egipte, wat in die gevangenis gevange gesit het. Gen 40:6 En JôWsef het die volgende môre by hulle gekom en gesien dat hulle ontstemd was. Gen 40:7 Toe vra hy die hofdienaars van Farao wat by hom in bewaring was in die huis van sy meester, en sê: Waarom lyk julle aangesig vandag so droewig? Gen 40:8 En hulle antwoord hom: Ons het 'n droom gehad, en daar is niemand wat dit kan uitlê nie. En JôWsef vra hulle: Is uitlegging nie 'n saak van Elohim nie? Vertel my tog. Gen 40:9 Toe vertel die voorman van die skinkers aan JôWsef sy droom en sê vir hom: In my droom was daar 'n wingerdstok voor my aangesig, Gen 40:10 en aan die wingerdstok was drie ranke; en skaars het sy gebot of haar bloeisel was uit, haar trosse het ryp druiwe geword. Gen 40:11 En die beker van Farao was in my hand. En ek het die druiwe geneem en dit in die beker van Farao uitgedruk en die beker in die handpalm van Farao gegee. Gen 40:12 Toe sê JôWsef vir hom: Dit is die uitlegging daarvan: die drie ranke is drie dae. Gen 40:13 Binne drie dae sal Farao jou hoof verhef - jou in jou rang herstel; en jy sal die beker van Farao in sy hand gee net soos vroeër toe jy sy skinker was. Gen 40:14 Hou my tog net in gedagte as dit met jou goed gaan, en betoon tog medelye aan my en maak melding van my by Farao en bring my uit hierdie huis uit; Gen 40:15 want ek is gesteel, ja gesteel, uit die Aarde van die Hebreërs, en ek het hier ook niks gedoen dat hulle my in die gevangenis gesit het nie. Gen 40:16 Toe die voorman van die bakkers sien dat hy 'n suiwer uitlegging gegee het, sê hy aan JôWsef: Ook in my droom - toe was daar drie mandjies met witbrood op my hoof. Gen 40:17 en in die boonste mandjie was allerhande eetware vir Farao deur bakkers klaargemaak, en die voëls het dit uit die mandjie bo-op my hoof weggepik. Gen 40:18 Toe antwoord JôWsef en sê: Dit is die uitlegging daarvan - die drie mandjies is drie dae. Gen 40:19 Binne drie dae sal Farao jou hoof bo-oor jou verhef - hy sal jou aan 'n paal ophang, en die voëls sal jou vlees van jou af wegpik. Gen 40:20 En op die derde dag, die verjaarsdag van Farao, het hy 'n maaltyd vir al sy dienaars berei en die hoof van die voorman van die skinkers en die hoof van die voorman van die bakkers te midde van sy dienaars verhef - Gen 40:21 hy het die voorman van die skinkers herstel in sy skinkersamp, sodat hy die beker in die handpalm van Farao kon gee, Gen 40:22 maar die voorman van die bakkers het hy opgehang - soos JôWsef dit aan hulle uitgelê het. Gen 40:23 En die voorman van die skinkers het nie aan JôWsef gedink nie, maar hom vergeet. //JôWsef verklaar die drome van Farao. Gen 41:1 NÁ verloop van twee volle jare het Farao gedroom dat hy by die Nyl staan; Gen 41:2 en kyk, daar kom sewe koeie uit die Nyl uit op wat mooi van aansien en vet van vleis was, en hulle het gaan wei in die rietgras. Gen 41:3 En kyk, ná hulle kom daar nog sewe koeie uit die Nyl uit op wat lelik van aansien en maer van vleis was, en hulle het by die ander koeie op die wal van die Nyl gaan staan. Gen 41:4 En die koeie wat lelik van aansien en maer van vleis was, het die sewe koeie wat mooi van aansien en vet was, opgeëet. Toe het Farao wakker geword. Gen 41:5 En hy het weer aan die slaap geraak en nog 'n keer gedroom; en kyk, sewe vet en mooi are skiet op aan een steel; Gen 41:6 en ná hulle spruit daar sewe are uit wat maer en deur die oostewind verskroei was; Gen 41:7 en die maer are het die sewe vet en vol are verslind. Toe het Farao wakker geword en kyk, dit was 'n droom! Gen 41:8 Dié môre was sy gees onrustig, en hy het al die towenaars en al die wyse manne van Egipte laat roep; en Farao het aan hulle sy droom vertel, maar niemand kon dit aan Farao uitlê nie. Gen 41:9 Toe het die voorman van die skinkers met Farao gespreek en gesê: Ek moet vandag my oortredinge in gedagtenis bring. Gen 41:10 Farao was baie kwaad vir sy dienaars en het my in bewaring gegee in die huis van die owerste van die lyfwag, my en die voorman van die bakkers. Gen 41:11 En ons het in dieselfde nag 'n droom gehad, ek en hy; ons het gedroom, elkeen 'n droom met besondere betekenis. Gen 41:12 En daar was by ons 'n Hebreeuse jongman, 'n kneg van die owerste van die lyfwag - aan hom het ons dit vertel, en hy het ons drome vir ons uitgelê; aan elkeen het hy die uitlegging volgens sy droom gegee. Gen 41:13 En soos hy ons dit uitgelê het, so het dit gebeur - my het hy in my rang herstel, maar hom opgehang. Gen 41:14 Toe laat Farao JôWsef roep, en hulle het hom gou uit die gevangenis uitgehaal, en hy het hom geskeer en ander klere aangetrek; en hy het by Farao gekom. Gen 41:15 Toe sê Farao vir JôWsef: Ek het 'n droom gehad, en daar is niemand wat dit kan uitlê nie; maar ek het van jou hoor verklaar dat jy 'n droom net hoef te hoor om dit uit te lê. Gen 41:16 En JôWsef het Farao geantwoord en gesê: Niks vir my nie! Elohim sal Farao 'n gunstige antwoord gee. Gen 41:17 Toe sê Farao vir JôWsef: Kyk, ek het in my droom gestaan op die wal van die Nyl, Gen 41:18 en sewe koeie het uit die Nyl uit opgekom wat vet van vleis en mooi van uiterlik was, en hulle het gaan wei in die rietgras. Gen 41:19 En kyk, ná hulle kom daar nog sewe koeie op, skraal en baie lelik van uiterlik en maer van vleis; ek het soos hulle so lelik in die ganse Aarde van Egipte nie gesien nie. Gen 41:20 En die maer en lelike koeie het die sewe eerste vet koeie opgeëet: Gen 41:21 dié het in hulle maag ingegaan, maar dit kon nie merk dat hulle in hul maag ingegaan het nie; want hulle aansien was lelik soos in die begin. Toe het ek wakker geword. Gen 41:22 Daarna het ek in my droom gesien, en kyk, sewe vol en mooi are skiet op aan een steel. Gen 41:23 En ná hulle spruit daar sewe are uit wat dor, maer en deur die oostewind verskroei was; Gen 41:24 en die sewe maer are het die sewe mooi are verslind. En ek het dit aan die towenaars meegedeel, maar niemand kon my inligting gee nie. Gen 41:25 Toe sê JôWsef vir Farao: Die droom van Farao is een en dieselfde. Wat die Elohim van plan is om te doen, het Hy aan Farao te kenne gegee. Gen 41:26 Die sewe mooi koeie is sewe jare; en die sewe mooi are is sewe jare; die droom is een en dieselfde. Gen 41:27 En die sewe maer en lelike koeie wat ná hulle opgekom het, is sewe jare; en die sewe maer, deur die oostewind verskroeide are sal sewe jare van hongersnood wees. Gen 41:28 Dit is die woord wat ek tot Farao gespreek het: wat die Elohim van plan is om te doen, het Hy Farao laat sien. Gen 41:29 Kyk, daar kom sewe jare van groot oorvloed in die hele Aarde van Egipte; Gen 41:30 maar daarna sal sewe jare van hongersnood aanbreek, en al die oorvloed sal in die Aarde van Egipte vergeet word, en die hongersnood sal die Aarde verteer. Gen 41:31 En van die oorvloed sal in die Aarde niks gemerk word weens dié hongersnood wat daarna sal wees nie; want dit sal baie swaar wees. Gen 41:32 En wat dit betref dat die droom twee maal vir Farao herhaal is - dit is omdat die saak deur die Elohim vas besluit is en die Elohim dit gou sal doen. Gen 41:33 Laat Farao dan nou uitkyk na 'n verstandige en wyse man en hom aanstel oor die Aarde van Egipte. Gen 41:34 Farao moet so maak en opsigters oor die Aarde aanstel en in die sewe jare van oorvloed 'n vyfde deel hef van die Aarde van Egipte. Gen 41:35 En hulle moet al die voedsel van hierdie goeie jare wat kom, versamel en onder leiding van Farao koring ophoop as voedsel in die stede en dit wegbêre. Gen 41:36 So sal dan die voedsel 'n voorraad wees vir die Aarde vir die sewe jare van hongersnood wat in die Aarde van Egipte sal kom, sodat die Aarde nie deur die hongersnood te gronde gaan nie. Gen 41:37 En die woord was goed in die oë van Farao en van al sy dienaars. Gen 41:38 Daarop het Farao aan sy dienaars gesê: Kan ons wel iemand vind soos hierdie man in wie die Gees van Elohim is? Gen 41:39 En Farao sê vir JôWsef: Aangesien Elohim dit alles aan jou bekend gemaak het, is daar niemand verstandig en wys soos jy nie. Gen 41:40 Jy moet oor my huis wees, en na jou bevel moet my hele volk hulle skik; alleen deur die troon sal ek groter wees as jy. Gen 41:41 Verder het Farao vir JôWsef gesê: Kyk, ek stel jou aan oor die hele Aarde van Egipte. Gen 41:42 Toe trek Farao sy seëlring van sy hand af en sit dit aan die hand van JôWsef; en hy het hom fyn linneklere laat aantrek en die goue ketting om sy hals gehang Gen 41:43 en hom laat ry op sy tweede rytuig; en hulle het voor hom uitgeroep: Pas op! So het hy hom dan oor die hele Aarde van Egipte aangestel. Gen 41:44 En Farao sê vir JôWsef: Ek is Farao, maar sonder jou mag niemand sy hand of voet in die hele Aarde van Egipte verroer nie. Gen 41:45 En Farao het JôWsef genoem Sáfenat-Panéag en aan hom Asenat, die dogter van Potiféra, die priester van On, as vrou gegee. En JôWsef het uitgetrek oor die Aarde van Egipte. Gen 41:46 En JôWsef was dertig jaar oud toe hy voor die aangesig van Farao, die koning van Egipte, gestaan het; en JôWsef het van Farao af weggegaan en die hele Aarde van Egipte deurgetrek. Gen 41:47 En die Aarde het met handevol opgelewer in die sewe jare van oorvloed. Gen 41:48 Toe het hy al die voedsel van die sewe jare versamel wat in die Aarde van Egipte gekom het, en voedsel in die stede weggesit - die voedsel van die landerye wat rondom elke stad was, het hy in haar midde weggesit. Gen 41:49 So het JôWsef dan 'n baie groot hoeveelheid koring opgehoop soos die sand van die see, totdat hulle opgehou het om te tel, want dit was ontelbaar. Gen 41:50 En vir JôWsef is twee seuns gebore - voordat die jaar van hongersnood gekom het - wat Asenat, die dogter van Potiféra, die priester van On, vir hom gebaar het. Gen 41:51 En JôWsef het die eersgeborene Manasse genoem; want, [het hy gesê], Elohim het my al my moeite laat vergeet en ook die hele huis van my vader. Gen 41:52 En die tweede het hy Efraim genoem; want, [het hy gesê], Elohim het my vrugbaar gemaak in die Aarde van my ellende. Gen 41:53 Toe het die sewe jare van oorvloed wat daar in die Aarde van Egipte was, ten einde gekom, Gen 41:54 en die sewe jare van hongersnood het begin aankom soos JôWsef voorspel het. En daar was hongersnood in al die dele van die Aarde, maar in die Aarde van Egipte was daar brood. Gen 41:55 En toe die hele Aarde van Egipte honger gely en die volk na Farao geroep het om brood, sê Farao aan al die Egiptenaars: Gaan na JôWsef, doen wat hy julle sê. Gen 41:56 En die hongersnood was oor die hele aangesig van die Aarde, en JôWsef het alles waarin iets was, oopgemaak en aan die Egiptenaars verkoop; en die hongersnood was swaar in die Aarde van Egipte. Gen 41:57 En die hele Aarde het na JôWsef in Egipte gekom om koring te koop, want die hongersnood was swaar op die Aarde. //Die broers van JôWsef in Egipte. Gen 42:1 TOE Jakob merk dat daar koring in Egipte was, het Jakob aan sy seuns gesê: Wat kyk julle so na mekaar? Gen 42:2 En hy sê: Kyk, ek het gehoor dat daar koring in Egipte is; trek daarheen af, en koop vir ons daar koring, dat ons kan lewe en nie sterwe nie. Gen 42:3 Daarop het tien van JôWsef se broers afgetrek om koring uit Egipte te koop. Gen 42:4 Maar Benjamin, die broer van JôWsef, het Jakob nie saam met sy broers gestuur nie; want hy het gedink: Altemit kan 'n teëspoed hom oorkom. Gen 42:5 So het die seuns van JisraEl dan gekom om koring te koop onder diegene wat daar aangekom het; want daar was hongersnood in die Aarde van Kanaän. Gen 42:6 En JôWsef was die maghebber oor die Aarde, hy wat aan al die volke van die Aarde koring verkoop het; daarom het die broers van JôWsef gekom en hulle voor hom met die aangesig na die Aarde gebuig. Gen 42:7 Sodra JôWsef sy broers sien, het hy hulle herken maar hom vreemd teenoor hulle gehou en hulle hard aangespreek en vir hulle gesê: Waar kom julle vandaan? En hulle antwoord: Uit die Aarde van Kanaän om voedsel te koop. Gen 42:8 En JôWsef het sy broers herken, maar hulle het hom nie herken nie. Gen 42:9 Toe dink JôWsef aan die drome wat hy aangaande hulle gedroom het; en hy sê vir hulle: Julle is spioene, julle het gekom om te kyk waar die Aarde oop is. Gen 42:10 Maar hulle het hom geantwoord: Nee, my meester, maar u dienaars het gekom om voedsel te koop. Gen 42:11 Ons is almal seuns van een man, ons is eerlik; u dienaars is geen spioene nie. Gen 42:12 Toe sê hy vir hulle: Nee, maar julle het gekom om te kyk waar die Aarde oop is. Gen 42:13 En hulle antwoord: U dienaars is twaalf in getal, ons is broers, seuns van een man in die Aarde van Kanaän; en kyk, die jongste is nou by ons vader, maar die een is daar nie meer nie. Gen 42:14 Toe sê JôWsef vir hulle: Dit is wat ek julle gesê het: Julle is spioene! Gen 42:15 Hieraan sal julle getoets word: so waar as Farao leef, julle sal hiervandaan nie trek tensy dat julle jongste broer hierheen kom nie. Gen 42:16 Stuur een van julle, dat hy julle broer gaan haal, maar julle moet in die gevangenis bly. So sal dan julle woorde getoets word, of die waarheid by julle is of nie. So waar as Farao leef, julle is spioene! Gen 42:17 Daarop het hy hulle saam drie dae lank in bewaring laat hou. Gen 42:18 En op die derde dag sê JôWsef vir hulle: Doen dit, dan sal julle lewe; ek Vrees die Elohim! Gen 42:19 As julle eerlik is, laat een van julle broers gevange bly in die huis waar julle in bewaring is; maar gaan júlle, bring die koring vir die honger van julle huisgesinne weg, Gen 42:20 en bring julle jongste broer na my toe - dan sal julle woorde waar gemaak word, en julle sal nie sterwe nie. En hulle het so gedoen. Gen 42:21 Toe sê hulle vir mekaar: Voorwaar, ons boet nou vanweë ons broer, omdat ons die benoudheid van sy siel gesien het toe hy ons gesmeek het en ons nie geluister het nie - daarom kom hierdie benoudheid oor ons. Gen 42:22 Daarop antwoord Ruben hulle: Het ek nie vir julle gesê nie: Oortree nie teen die seun nie? Maar julle het nie geluister nie. Kyk, so word dan ook sy bloed geëis. Gen 42:23 En hulle het nie geweet dat JôWsef dit verstaan nie, want daar was 'n tolk tussen hulle. Gen 42:24 Toe draai hy hom van hulle af weg en ween. Daarna het hy na hulle teruggegaan en met hulle gespreek; en hy het Símeon onder hulle uitgeneem en hom voor hulle oë gebind. Gen 42:25 Daarop gee JôWsef bevel om hulle sakke vol koring te maak en elkeen se silwer weer in sy sak te sit en om aan hulle padkos vir die reis saam te gee. En so is aan hulle gedoen. Gen 42:26 En hulle het die koring op hulle esels gelaai en daar weggetrek. Gen 42:27 En toe die een sy sak oopmaak om sy esel in die herberg voer te gee, sien hy sy silwer; en kyk, dit was somaar bo in sy sak! Gen 42:28 En hy sê vir sy broers: My silwer is teruggegee; hier lê dit dan ook in my sak! Toe het hulle hart hul begewe, en hulle draai verskrik na mekaar toe en sê: Wat het Elohim ons nou aangedoen? Gen 42:29 En hulle het by hul vader Jakob in die Aarde van Kanaän gekom en hom alles vertel wat hulle wedervaar het en gesê: Gen 42:30 Die man, die meester van die Aarde, het ons hard aangespreek en ons vir spioene van die Aarde gehou. Gen 42:31 Maar ons het aan hom gesê: Ons is eerlik en dat ons geen spioene is nie. Gen 42:32 Ons is twaalf broers, seuns van ons vader; die een is daar nie meer nie, en die jongste is nou by ons vader in die Aarde van Kanaän. Gen 42:33 Daarop het die man, die meester van die Aarde, aan ons gesê: Hieraan sal ek weet dat julle eerlik is - laat een van julle broers by my bly; en neem vir die honger van julle huisgesinne en trek weg, Gen 42:34 en bring julle jongste broer na my toe; dan sal ek weet dat julle geen spioene is nie. As julle eerlik is, sal ek julle broer aan julle teruggee, en julle mag in die Aarde rondtrek. Gen 42:35 En toe hulle hul sakke leegmaak, was elkeen se sakkie silwer daar in sy sak! En toe hulle hul sakkie silwer sien, hulle en hul vader, was hulle bevrees. Gen 42:36 Daarop sê Jakob, hulle vader, vir hulle: Julle beroof my van kinders. JôWsef is weg! En Símeon is weg! En Benjamin wil julle wegneem! Alles is teen my! Gen 42:37 Toe spreek Ruben sy vader aan en sê: U kan my twee seuns doodmaak as ek hom nie na u terugbring nie. Vertrou hom aan my toe, en ék sal hom na u terugbring. Gen 42:38 Maar hy sê: My seun sal nie saam met julle aftrek nie, want sy broer is dood, en hy het alleen oorgebly; en as leed hom oorkom op die pad wat julle sal gaan, dan sal julle my grys hare met kommer in die Doderyk/Sheol laat afdaal. Gen 43:1 EN die hongersnood was swaar in die Aarde. Gen 43:2 En nadat die koring wat hulle uit Egipte gebring het, opgeëet was, sê hulle vader vir hulle: Gaan koop vir ons weer 'n bietjie voedsel. Gen 43:3 Toe het JeHûWdah hom geantwoord: Die man het ons uitdruklik gewaarsku en gesê: Julle sal my aangesig nie sien as julle broer nie by julle is nie. Gen 43:4 As u ons broer saam met ons stuur, sal ons aftrek en vir u voedsel koop; Gen 43:5 maar as u hom nie stuur nie, sal ons nie aftrek nie; want die man het aan ons gesê. Julle sal my aangesig nie sien as julle broer nie by julle is nie. Gen 43:6 Toe sê JisraEl: Waarom het julle so verkeerd teen my gehandel deur die man te vertel dat julle nog 'n broer het? Gen 43:7 En hulle antwoord: Die man het uitdruklik na ons en ons familie gevra met die woorde: Lewe julle vader nog? Het julle nog 'n broer? Toe het ons hom dit te kenne gegee volgens hierdie woorde. Kon ons dan ooit weet dat hy sou sê: Bring julle broer af? Gen 43:8 Daarop sê JeHûWdah aan sy vader JisraEl: Stuur die seun saam met my; dan sal ons klaarmaak en wegtrek, sodat ons kan lewe en nie sterwe nie - ons en ook u en ons kinders nie. Gen 43:9 Ek sal vir hom borg wees; van my hand kan u hom eis. As ek hom nie na u bring en voor u stel nie, sal ek lewenslank teenoor u skuldig staan. Gen 43:10 Ja, as ons nie getalm het nie, waarlik dan was ons nou al twee maal terug. Gen 43:11 Toe het JisraEl, hulle vader, vir hulle gesê: As dit so is, doen dan dit: neem van die beste produkte van die Aarde in julle sakke en bring vir die man 'n geskenk af - bietjie balsem en bietjie heuning, speserye en gom, neute en amandels; Gen 43:12 en neem dubbel soveel silwer met julle saam en bring die silwer wat weer bo in julle sakke gesit is, met julle saam terug. Miskien was dit 'n vergissing. Gen 43:13 En neem julle broer - maak julle klaar en gaan terug na die man. Gen 43:14 En mag El, die Almagtige, julle Barmhartigheid verleen voor die aangesig van die man, sodat hy julle ander broer en Benjamin saam met julle kan laat trek! En ek - as ek van kinders beroof is, dan is ek beroof. Gen 43:15 Daarop neem die manne dié geskenk, en hulle neem dubbel soveel silwer saam met hulle en ook Benjamin, en hulle het klaargemaak en na Egipte afgetrek en voor die aangesig van JôWsef gaan staan. Gen 43:16 Toe JôWsef Benjamin by hulle sien, sê hy aan die opsigter oor sy huis: Bring die manne in die huis en slag slagvee en maak dit gereed, want die manne moet vanmiddag by my eet. Gen 43:17 En die man het gedoen soos JôWsef beveel het, en die man het die manne in die huis van JôWsef gebring. Gen 43:18 En die manne het gevrees, omdat hulle in die huis van JôWsef gebring is, en gesê: Ter wille van die silwer wat die vorige keer in ons sakke teruggekom het, word ons ingebring om ons te oorrompel, ons te oorval en ons as slawe te neem, saam met ons esels. Gen 43:19 Daarom het hulle nader gekom na die man wat oor die huis van JôWsef was, en met hom gespreek by die ingang van die huis Gen 43:20 en gesê: Ag, my meester, ons het die vorige keer net afgetrek om voedsel te koop, Gen 43:21 maar toe ons in die herberg kom en ons sakke oopmaak, was elkeen se silwer bo in sy sak - ons silwer volgens sy gewig - en ons het dit saam met ons teruggebring. Gen 43:22 Ons het ook ander silwer saam met ons afgebring om voedsel te koop. Ons weet nie wie ons silwer in ons sakke gesteek het nie. Gen 43:23 Toe antwoord hy: Vrede vir julle! Moenie bang wees nie! Julle Elohey en die Elohey van julle vader het julle 'n skat in jul sakke gegee. Julle silwer het by my gekom. Daarop het hy Símeon na hulle uitgebring. Gen 43:24 En die man het die manne in die huis van JôWsef gebring en water [aan hulle] gegee, en hulle het hul voete gewas; hy het ook hulle esels voer gegee. Gen 43:25 En hulle het die geskenk reggemaak teen [die tyd] dat JôWsef die middag sou kom, want hulle het gehoor dat hulle daar brood sou eet. Gen 43:26 Toe JôWsef dan in die huis kom, het hulle vir hom die geskenk binnegebring wat by hulle was, en hulle voor hom neergebuig na die Aarde toe. Gen 43:27 En hy het hulle na hul welstand gevra en gesê: Gaan dit goed met julle ou vader van wie julle gespreek het? Leef hy nog? Gen 43:28 En hulle antwoord: Dit gaan goed met u dienaar, ons vader; hy lewe nog. En hulle het hul eerbiedig neergebuig. Gen 43:29 Toe slaan hy sy oë op en sien sy broer Benjamin, die seun van sy moeder, en sê: Is dit julle jongste broer van wie julle met my gespreek het? Daarop sê hy: Mag Elohim jou barmhartig wees, my seun! Gen 43:30 En JôWsef het gou gemaak, want sy binneste was ontroerd oor sy broer: hy het geleentheid gesoek om te ween en in die kamer gegaan en daar geween. Gen 43:31 Daarna het hy sy gesig gewas en uitgekom en hom bedwing en gesê: Bring die ete op! Gen 43:32 Toe bring hulle dit op vir homself en vir hulle vir hulleself en vir die Egiptenaars vir hulle self want die Egiptenaars mag nie saam met die Hebreërs brood [eet] nie, omdat dit vir die Egiptenaars 'n gruwel is. Gen 43:33 En hulle het gaan sit volgens sy bepaling, die eersgeborene na sy eersgeboorte en die jongste na sy jonkheid. Toe kyk die manne mekaar verbaas aan. Gen 43:34 Hierop het hy aan hulle porsies uitgedeel van die ete wat voor hom staan; maar die porsie van Benjamin was vyf hande groter as die porsies van hulle almal. En hulle het gedrink en saam met hom dronk geword. Gen 44:1 TOE gee hy bevel aan die opsigter oor sy huis en sê: Maak die sakke van die manne vol met lewensmiddele soveel as hulle kan vervoer, en sit elkeen se silwer bo in sy sak; Gen 44:2 en my beker, die silwerbeker, moet jy bo in die jongste se sak sit saam met die silwer vir sy koring. En hy het gehandel volgens die woord wat JôWsef gespreek het. Gen 44:3 Toe dit die môre lig word, het hulle die manne laat trek, hulle met hul esels. Gen 44:4 Hulle het uit die stad uitgetrek, hulle was nog nie ver nie toe JôWsef aan die opsigter oor sy huis sê: Maak jou klaar en jaag die manne agterna; en as jy hulle inhaal, vra hulle dan: Waarom het julle kwaad vir goed vergelde? Gen 44:5 Is dit nie die ding waaruit my meester drink en waarmee hy altyd voorspel nie? Julle het verkeerd gehandel met wat julle gedoen het. Gen 44:6 En hy het hulle ingehaal en hierdie woorde aan hulle meegedeel. Gen 44:7 Toe sê hulle vir hom: Waarom spreek my meester sulke woorde? Dit is ver van u dienaars om so iets te doen. Gen 44:8 Kyk, die silwer wat ons bo in ons sakke gevind het, het ons uit die Aarde van Kanaän aan u teruggebring - hoe sou ons dan silwer of goud uit die huis van u meester kan steel? Gen 44:9 Dié een van u dienaars by wie dit gevind word, moet sterwe; en ons sal ook my meester se slawe wees. Gen 44:10 Toe sê hy: Nou goed, laat dit wees soos julle gesê het. Dié een by wie dit gevind word, is my slaaf. Maar júlle sal vry wees. Gen 44:11 Daarop het hulle gou elkeen sy sak op die Aarde neergesit en elkeen sy sak oopgemaak. Gen 44:12 En hy het gesoek; hy het begin by die oudste en opgehou by die jongste; en die beker is in Benjamin se sak gevind. Gen 44:13 Toe skeur hulle hul klere, en elkeen laai sy esel, en hulle gaan na die stad terug. Gen 44:14 En JeHûWdah het saam met sy broers in die huis van JôWsef gekom, terwyl hy nog daar was, en hulle het voor hom neergeval op die Aarde. Gen 44:15 Daarop sê JôWsef vir hulle: Wat is dit nou wat julle gedoen het? Weet julle nie dat 'n man soos ek dit voorseggend sou waarneem nie? Gen 44:16 En JeHûWdah antwoord: Wat kan ons aan my meester sê? Wat kan ons spreek? En waarmee kan ons ons regverdig? Die Elohim het die oortreding van u dienaars uitgevind. Kyk, ons is my meester se slawe, ons sowel as hy by wie die beker gevind is. Gen 44:17 Maar hy sê: Dit is ver van my om dit te doen; die man by wie die beker gevind is, dié sal my slaaf wees. Maar trek júlle in vrede op na julle vader. Gen 44:18 Toe kom JeHûWdah nader na hom en sê: Ag, my meester, mag u dienaar tog 'n woord spreek voor die ore van my meester, en laat u woede nie teen u dienaar ontvlam nie, want u staan gelyk met Farao. Gen 44:19 My meester het sy dienaars gevra en gesê: Het julle 'n vader of broer? Gen 44:20 En ons het my meester geantwoord: Ons het 'n ou vader; en daar is 'n jong seun, 'n kind van die ouderdom, maar sy broer is dood; en hy het alleen oorgebly van sy moeder, en sy vader het hom lief. Gen 44:21 Toe het u aan u dienaars gesê: Bring hom af na my toe, dat ek my oog op hom kan rig. Gen 44:22 En ons het my meester geantwoord: Die seun kan sy vader nie verlaat nie, want sy vader sal sterwe as hy hom verlaat. Gen 44:23 Daarop het u aan u dienaars gesê: As julle jongste broer nie saam met julle afkom nie, sal julle my aangesig nie weer sien nie. Gen 44:24 En toe ons na u dienaar, my vader, opgetrek het en hom die woorde van my meester te kenne gegee het, Gen 44:25 het ons vader gesê: Gaan koop weer vir ons 'n bietjie voedsel. Gen 44:26 Maar ons het gesê: Ons kan nie aftrek nie. As ons jongste broer by ons is, sal ons aftrek; want ons mag die aangesig van die man nie sien as ons jongste broer nie by ons is nie. Gen 44:27 En u dienaar, my vader, het aan ons gesê: Júlle weet dat my vrou vir my twee gebaar het - Gen 44:28 die een het van my af weggegaan, en ek het gesê: Voorwaar, hy is verskeur, verskeur! En ek het hom tot hiertoe nie gesien nie. Gen 44:29 As julle nou hierdie een ook van my af wegneem en hy leed oorkom, dan sal julle my grys hare met droefnis in die Doderyk/Sheol laat afdaal. Gen 44:30 As ek dan nou by u dienaar, my vader, kom en die seun nie by ons is nie - omdat sy siel aan sy siel verkleef is - Gen 44:31 sal hy sterwe as hy sien dat die seun daar nie is nie; en u dienaars sal die grys hare van u dienaar, ons vader, met kommer in die Doderyk/Sheol laat afdaal. Gen 44:32 Want u dienaar het die seun deur borgskap van my vader verkry deurdat hy gesê het: As ek hom nie na u bring nie, sal ek lewenslank teenoor my vader skuldig staan. Gen 44:33 Laat u dienaar dan nou tog in die plek van die seun my meester se slaaf bly, en laat die seun saam met sy broers optrek. Gen 44:34 Want hoe kan ek na my vader optrek as die seun nie by my is nie? Mag ek maar net die ellende nie aansien wat my vader sal tref nie! //JôWsef maak hom aan sy broers bekend. Gen 45:1 TOE kon JôWsef hom nie langer bedwing voor almal wat by hom gestaan het nie, en hy roep: Laat almal van my af weggaan! En daar het niemand by hom gestaan toe JôWsef hom aan sy broers bekend gemaak het nie. Gen 45:2 Daarop bars hy in trane uit, sodat die Egiptenaars en ook die huis van Farao dit gehoor het. Gen 45:3 En JôWsef sê vir sy broers: Ek is JôWsef! Leef my vader nog? Maar sy broers kon hom nie antwoord nie, want hulle was verskrik voor hom. Gen 45:4 Verder sê JôWsef vir sy broers: Kom tog nader na my. En toe hulle nader kom, sê hy: Ek is julle broer JôWsef vir wie julle na Egipte verkoop het. Gen 45:5 Maar wees nou nie bedroef nie, en laat daar geen ontstemming by julle wees dat julle my hierheen verkoop het nie. Want om lewens te behou, het Elohim my voor julle uit gestuur. Gen 45:6 Want daar was nou twee jaar hongersnood in die Aarde, en daar is nog vyf jaar waarin nie geploeg of geoes sal word nie. Gen 45:7 Maar Elohim het my voor julle uit gestuur om vir julle 'n oorblyfsel op die Aarde te verseker en om julle in die lewe te hou tot 'n groot verlossing. Gen 45:8 Júlle het my dan nou nie hierheen gestuur nie, maar die Elohim; en Hy het my 'n raadsman van Farao gemaak en 'n gebieder oor sy hele huis en 'n regeerder in die hele Aarde van Egipte. Gen 45:9 Trek gou op na my vader en sê vir hom: So spreek u seun JôWsef: Elohim het my 'n gebieder oor die hele Aarde van Egipte gemaak. Kom af na my, moenie versuim nie! Gen 45:10 En u kan in die Aarde van Gosen woon en naby my wees, u en u kinders en u kindskinders en u kleinvee en u beeste en alles wat u besit. Gen 45:11 En ek sal u daar onderhou, want daar sal nog vyf jaar hongersnood wees; sodat u nie verarm nie, u en u huis en alles wat aan u behoort. Gen 45:12 En kyk, julle oë sien dit, en die oë van my broer Benjamin, dat dit my mond is wat met julle spreek. Gen 45:13 Vertel my vader dan van al my oorvloedigheid in Egipte en van alles wat julle gesien het, en bring my vader gou hierheen af. Gen 45:14 Toe val hy sy broer Benjamin om die hals en ween; en ook Benjamin het aan sy hals geween. Gen 45:15 En hy het al sy broers gesoen en aan hulle [hals] geween; en daarna het sy broers met hom gespreek. Gen 45:16 Toe die gerug in die huis van Farao gehoor word dat JôWsef se broers gekom het, was dit goed in die oë van Farao en van sy dienaars. Gen 45:17 En Farao het met JôWsef gespreek: Sê aan jou broers: Doen dit, laai julle diere en trek weg na die Aarde van Kanaän. Gen 45:18 En gaan haal julle vader en julle huisgesinne en kom na my toe, dan sal ek julle die beste van die Aarde van Egipte gee; en eet die vettigheid van die Aarde. Gen 45:19 Jy kry dan bevel - doen dit: Neem vir julle uit die Aarde van Egipte waens vir julle kinders en julle vroue, en vervoer julle vader en kom. Gen 45:20 En julle hoef geen spyt te hê oor julle huisraad nie, want die beste van die hele Aarde van Egipte is julle s'n. Gen 45:21 Die seuns van JisraEl het toe so gedoen; en JôWsef het vir hulle waens verskaf volgens die bevel van Farao en hulle padkos gegee vir die reis. Gen 45:22 Hy het aan hulle almal, man vir man, 'n stel nuwe klere gegee; maar aan Benjamin het hy driehonderd [sikkels] silwer en vyf stel nuwe klere gegee. Gen 45:23 En net so het hy ook aan sy vader gestuur tien esels, gelaai met die beste goed van Egipte, en tien eselinne, gelaai met koring en brood en voedsel vir sy vader op die reis. Gen 45:24 Daarop het hy sy broers weggestuur, en hulle het vertrek; en hy het aan hulle gesê: Moenie vir mekaar kwaad word op die pad nie. Gen 45:25 En hulle het opgetrek uit Egipte en in die Aarde van Kanaän aangekom by hulle vader Jakob. Gen 45:26 Toe hulle hom vertel: JôWsef lewe nog - en dat hy regeerder is in die hele Aarde van Egipte - het sy hart beswyk, want hy het hulle nie geglo nie. Gen 45:27 Maar toe hulle hom al die woorde van JôWsef te kenne gee wat hy met hulle gespreek het, en hy die waens sien wat JôWsef gestuur het om hom te vervoer, het die gees van Jakob, hulle vader, lewendig geword. Gen 45:28 En JisraEl het gesê: Dit is genoeg! My seun JôWsef lewe nog! Ek sal gaan en hom sien voordat ek sterwe. //Jakob trek af na Egipte. Gen 46:1 EN JisraEl het weggetrek met alles wat aan hom behoort het, en in Berséba gekom; en hy het slagdiere geslag aan die Elohey van sy vader Isak. Gen 46:2 En Elohim het tot JisraEl gespreek in naggesigte en gesê: Jakob, Jakob! En hy antwoord: Hier is ek! Gen 46:3 Toe sê Hy: Ek is El, die Elohey van jou vader. Moenie bevrees wees om na Egipte af te trek nie, want Ek sal jou daar 'n groot nasie maak. Gen 46:4 Ek sal saam met jou aftrek na Egipte, en Ek sal jou gewis ook weer laat optrek; en JôWsef sal jou oë toedruk. Gen 46:5 Daarna het Jakob weggetrek van Berséba af. En die seuns van JisraEl het hulle vader Jakob met hulle kinders en hulle vroue op die waens gelaai wat Farao gestuur het om hom te vervoer. Gen 46:6 En hulle het hul vee en besittings geneem wat hulle in die Aarde van Kanaän verwerf het, en in Egipte gekom, Jakob en sy hele saadlyn saam met hom: Gen 46:7 sy seuns en sy kleinseuns saam met hom; sy dogters en kleindogters en sy hele saadlyn het hy saam met hom in Egipte gebring. Gen 46:8 En dit is die name van die seuns van JisraEl wat in Egipte gekom het - Jakob en sy seuns. Die eersgeborene van Jakob was Ruben. Gen 46:9 En die seuns van Ruben: Henog en Pallu en Hesron en Karmi. Gen 46:10 En die seuns van Símeon: JemuEl en Jamin en Ohad en Jagin en Sohar en Saul, die seun van die Kanaänitiese vrou. Gen 46:11 En die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Merári. Gen 46:12 En die seuns van JeHûWdah: Er en Onan en Sela en Peres en Serag. Maar Er en Onan het gesterwe in die Aarde van Kanaän; en die seuns van Peres was Hesron en Hamul. Gen 46:13 En die seuns van Issaskar: Tola en Puwa en Job en Simron. Gen 46:14 En die seuns van Sébulon: Sered en Elon en JagleEl. Gen 46:15 Dit is die seuns van Lea wat sy vir Jakob gebaar het in Paddan-Aram, saam met sy dogter Dina; al die siele van sy seuns en dogters was drie-en-dertig. Gen 46:16 En die seuns van Gad: Sifjon en Haggi, Suni en Esbon, Eri en Aródi en Areëli. Gen 46:17 En die seuns van Aser: Jimna en Jiswa en Jiswi en Bería en Serag, hulle suster; en die seuns van Bería: Heber en MalkiEl. Gen 46:18 Dit is die seuns van Silpa wat Laban aan sy dogter Lea gegee het; en sy het vir Jakob hierdie sestien siele gebaar. Gen 46:19 Die seuns van Ragel, die vrou van Jakob: JôWsef en Benjamin. Gen 46:20 En vir JôWsef is in die Aarde van Egipte gebore Manasse en Efraim wat Asenat, die dogter van Potiféra, die priester van On, vir hom gebaar het. Gen 46:21 En die seuns van Benjamin: Bela en Beger en Asbel, Gera en Naäman, Egi en Ros, Muppim en Huppim en Ard. Gen 46:22 Dit is die seuns van Ragel wat vir Jakob gebore is, almal saam veertien siele. Gen 46:23 En die seuns van Dan: Husim. Gen 46:24 En die seuns van Náftali: JagtseEl en Guni en Jeser en Sillem. Gen 46:25 Dit is die seuns van Bilha wat Laban aan sy dogter Ragel gegee het; en sy het hulle vir Jakob gebaar, almal saam sewe siele. Gen 46:26 Al die siele wat aan Jakob behoort het en uit sy lendene afkomstig, na Egipte gegaan het, behalwe die vroue van die seuns van Jakob, was almal saam ses-en-sestig siele. Gen 46:27 En die seuns van JôWsef wat vir hom in Egipte gebore is, was twee siele. Al die siele van die huis van Jakob wat in Egipte gekom het, was sewentig. Gen 46:28 En hy het JeHûWdah voor hom uit gestuur na JôWsef, dat dié voor hom uit die pad moes wys na Gosen; en hulle het in die Aarde van Gosen aangekom. Gen 46:29 Toe span JôWsef sy wa in, en hy trek op, sy vader JisraEl tegemoet na Gosen. En toe hy homself aan hom vertoon, het hy om sy hals geval en lank aan sy hals geween. Gen 46:30 En JisraEl sê vir JôWsef: Nou kan ek sterwe nadat ek jou aangesig gesien het, dat jy nog leef! Gen 46:31 Daarna het JôWsef met sy broers en die huis van sy vader gespreek: Ek sal optrek en aan Farao vertel en aan hom sê: My broers en die huis van my vader wat in die Aarde van Kanaän was, het na my gekom. Gen 46:32 En die manne is herders van kleinvee - want hulle was veeboere - en hulle het hul kleinvee en hul beeste en alles wat hulle besit, saamgebring. Gen 46:33 En as Farao julle laat roep en sê: Wat is julle nering? Gen 46:34 dan moet julle antwoord: U dienaars was veeboere van ons jeug af tot nou toe, ons sowel as ons vaders - sodat julle in die Aarde van Gosen kan woon. Want elke herder van kleinvee is vir die Egiptenaars 'n gruwel. Gen 47:1 DAAROP het JôWsef gekom en aan Farao vertel en gesê: My vader en my broers en hulle kleinvee en beeste en alles wat hulle besit, het gekom uit die Aarde van Kanaän, en daar is hulle nou in die Aarde van Gosen. Gen 47:2 En hy het uit die getal van sy broers vyf man saamgeneem en hulle voorgestel voor die aangesig van Farao. Gen 47:3 Toe sê Farao aan sy broers: Wat is julle nering? En hulle antwoord Farao: U dienaars is herders van kleinvee, ons sowel as ons vaders. Gen 47:4 Verder sê hulle vir Farao: Ons het gekom om as vreemdelinge in die Aarde te vertoef, want daar is geen weiding vir die kleinvee van u dienaars nie, omdat die hongersnood in die Aarde van Kanaän swaar is. Laat u dienaars dan nou tog in die Aarde van Gosen woon. Gen 47:5 Daarop het Farao met JôWsef gespreek en gesê: Jou vader en jou broers het na jou gekom. Gen 47:6 Die Aarde van Egipte lê voor jou oop; laat jou vader en jou broers in die beste deel van die Aarde woon; hulle kan in die Aarde van Gosen woon. En as jy weet dat daar onder hulle bekwame manne is, stel hulle dan aan as vee-opsigters oor my eiendom. Gen 47:7 Toe bring JôWsef sy vader Jakob in en stel hom voor die aangesig van Farao. En Jakob het Farao gegroet met 'n seënwens. Gen 47:8 Daarop sê Farao vir Jakob: Hoeveel is die dae van jou lewensjare? Gen 47:9 En Jakob het Farao geantwoord: Die dae van die jare van my vreemdelingskap is honderd-en-dertig jaar. Min in getal en besoedel was die dae van my lewensjare, en hulle het nie gehaal by die dae van die lewensjare van my vaders gedurende die dae van hulle vreemdelingskap nie. Gen 47:10 Toe het Jakob Farao gegroet met 'n seënwens en van Farao af weggegaan. Gen 47:11 En JôWsef het vir Jakob en sy broers woonplekke aangewys en aan hulle besitting in die Aarde van Egipte gegee, in die beste deel van die Aarde, in die Aarde van Raämses, soos Farao beveel het. Gen 47:12 En JôWsef het sy vader en sy broers en die hele huis van sy vader met brood onderhou ooreenkomstig die getal van die kinders. Gen 47:13 En daar was in die hele Aarde geen brood nie, want die hongersnood was baie swaar, sodat die Aarde van Egipte en die Aarde van Kanaän uitgeput was weens die hongersnood. Gen 47:14 En JôWsef het al die silwer versamel wat in die Aarde van Egipte en in die Aarde van Kanaän te vinde was, vir die koring wat hulle gekoop het, en JôWsef het die silwer in die paleis van Farao gebring. Gen 47:15 En toe die silwer in die Aarde van Egipte en in die Aarde van Kanaän op was, het al die Egiptenaars na JôWsef gekom en gesê: Gee vir ons brood! En: Waarom moet ons voor u oë sterwe, want die silwer is gedaan? Gen 47:16 En JôWsef antwoord: Gee julle vee, dan sal ek dit aan julle gee vir julle vee as die silwer gedaan is. Gen 47:17 Toe bring hulle hul vee na JôWsef, en JôWsef het aan hulle brood gegee vir die perde en die besitting aan kleinvee en beeste en vir die esels; en hy het hulle dié jaar versorg met brood vir die waarde van al hulle besittings aan vee. Gen 47:18 Toe dié jaar om was, het hulle na hom gekom in die tweede jaar en vir hom gesê: Ons kan dit voor die aangesig van my meester nie wegsteek nie, maar die silwer is op en die besitting aan vee is my meester s'n. Daar het niks vir my meester oorgebly nie as net ons lyf en ons Aarde. Gen 47:19 Waarom moet ons voor u oë te gronde gaan, ons sowel as ons landerye? Koop ons en ons deel van die Aarde vir brood, dan sal ons met ons deel van die Aarde aan Farao diensbaar wees; en gee saadkoring, dat ons kan lewe en nie sterwe nie, en dat die Adamah[adamiet se Aarde] nie woes word nie. Gen 47:20 So het JôWsef dan die hele Aarde van Egipte vir Farao opgekoop, want die Egiptenaars het elkeen sy stuk grond verkoop, omdat die hongersnood vir hulle te swaar was. So het die Aarde dan Farao se eiendom geword. Gen 47:21 En wat die volk betref - hy het hulle laat verhuis na die stede, van die een end van die Egiptiese gebied na die ander end daarvan. Gen 47:22 Net die Aarde van die priesters het hy nie gekoop nie; want die priesters het 'n vaste inkomste van Farao ontvang en van hulle vaste inkomste geëet wat Farao hulle toegestaan het. Daarom het hulle hul Aarde nie verkoop nie. Gen 47:23 Toe sê JôWsef aan die volk: Kyk, ek het vandag julle en jul Adamah[adamiet se Aarde] vir Farao gekoop: daar is saadkoring vir julle, dat julle die Aarde kan besaai. Gen 47:24 En by die insameling moet julle 'n vyfde deel aan Farao afgee, en die ander vier dele sal julle eiendom wees, as saad vir die grond en as voedsel vir julleself en die wat in julle huise is, en as voeding vir julle kinders. Gen 47:25 En hulle antwoord: U het ons lewe gered. Laat ons guns mag vind in die oë van my meester, dan sal ons die dienaars van Farao wees. Gen 47:26 En JôWsef het dit 'n wet gemaak tot vandag toe vir die saaigrond van Egipte - die vyfde deel behoort aan Farao. Net die Aarde van die priesters alleen het nie die eiendom van Farao geword nie. Gen 47:27 So het JisraEl dan in die Aarde van Egipte gewoon, in die Aarde van Gosen; en hulle het vaste besittings in haar verwerf en vrugbaar geword en sterk vermeerder. Gen 47:28 En Jakob het sewentien jaar in die Aarde van Egipte gelewe, sodat die dae van Jakob, die jare van sy lewe, honderd-sewe-en-veertig jaar was. Gen 47:29 En toe die dae van JisraEl nader kom dat hy moes sterwe, het hy sy seun JôWsef laat roep en vir hom gesê: As ek nou guns in jou oë gevind het, sit dan tog jou hand onder my heup en bewys my Guns en Waarheid - begrawe my tog nie in Egipte nie. Gen 47:30 Wanneer ek met my vaders ontslaap het, bring my dan weg uit Egipte en begrawe my in hulle graf. En hy antwoord: Ek sal handel ooreenkomstig u woord. Gen 47:31 Toe sê hy: Sweer my dit tog. En hy het vir hom gesweer. Toe het JisraEl in aanbidding gebuig oor die koppenent van die bed. //JisraEl seën die seuns van JôWsef. Gen 48:1 NA hierdie dinge het hulle aan JôWsef meegedeel: Kyk, u vader is siek. Toe neem hy sy twee seuns, Manasse en Efraim, met hom saam. Gen 48:2 En hulle het aan Jakob berig gebring en gesê: Kyk, u seun JôWsef kom na u toe. Daarop het Jakob sy krag versamel en op die bed gaan sit. Gen 48:3 En Jakob het vir JôWsef gesê: El die Almagtige, het aan my verskyn by Lus, in die Aarde van Kanaän, en my geseën Gen 48:4 en vir my gesê: Kyk, Ek sal jou vrugbaar maak en jou vermeerder en jou tot 'n menigte van volke maak, en Ek sal aan jou saad ná jou hierdie Aarde as ewige besitting gee. Gen 48:5 Nou dan, jou twee seuns wat vir jou in die Aarde van Egipte gebore is voordat ek in Egipte na jou gekom het, is myne. Efraim en Manasse sal myne wees net soos Ruben en Símeon. Gen 48:6 Maar jou nakomelinge wat jy na hulle verwek het, sal joune wees. Hulle sal na die naam van hulle broers genoem word in dié se erfdeel. Gen 48:7 En toe ek van Paddan gekom het, het Ragel by my gesterwe in die Aarde van Kanaän, op die reis toe daar nog 'n klein stuk Aarde was om by Efrat te kom; en ek het haar daar begrawe langs die pad na Efrat, dit is Betlehem. Gen 48:8 Toe JisraEl die seuns van JôWsef sien, sê hy: Wie is dit? Gen 48:9 En JôWsef antwoord sy vader: Dit is my seuns wat Elohim my hier gegee het. En hy sê: Bring hulle tog by my, dat ek hulle kan seën. Gen 48:10 Maar JisraEl se oë was swaar van ouderdom, hy kon nie sien nie. En toe hy hulle by hom bring, het hy hulle gesoen en hulle omhels. Gen 48:11 En JisraEl sê vir JôWsef: Ek het geen gedagte gehad om jou aangesig te sien nie, en kyk, Elohim het my ook jou saad laat sien. Gen 48:12 Daarop laat JôWsef hulle van sy knieë af weggaan, en hy buig hom met sy aangesig na die Aarde toe. Gen 48:13 En JôWsef neem hulle twee, Efraim met sy regterhand, links van JisraEl, en Manasse met sy linkerhand, regs van JisraEl, en hy bring hulle by hom. Gen 48:14 Toe steek JisraEl sy regterhand uit en lê dit op die hoof van Efraim, hoewel hy die jongste was, en sy linkerhand op die hoof van Manasse: hy het sy hande oorkruis gehou, want Manasse was die eersgeborene. Gen 48:15 En hy het JôWsef geseën en gesê: Die Elohim voor wie se Aangesig my vaders Abraham en Isak gewandel het, die Elohim wat my as Herder versorg het, vanaf my geboorte tot vandag toe, Gen 48:16 die Boodskapper, die Losser wat my uit besoedeling [gelos] het - mag Hy die jonges seën, en mag deur hulle my naam genoem word en die naam van my vaders Abraham en Isak, en mag hulle vermeerder in die Aarde in menigte. Gen 48:17 Toe JôWsef sien dat sy vader sy regterhand op die hoof van Efraim gelê het, was dit verkeerd in sy oë; en hy het die hand van sy vader gegryp om dit van die hoof van Efraim op die hoof van Manasse oor te bring. Gen 48:18 En JôWsef sê aan sy vader: Nie so nie, my vader; want hierdie een is die eersgeborene: lê u regterhand op sy hoof. Gen 48:19 Maar sy vader weier en sê: Ek weet, my seun, ek weet. Hy sal ook 'n volk word, en hy sal ook groot word; nogtans sal sy jongste broer groter wees as hy, en sy saad sal 'n menigte van nasies word. Gen 48:20 So het hy hulle dan dié dag geseën en gesê: Met jou sal JisraEl 'n seën toewens, met die woorde: Mag Elohim jou maak soos Efraim en soos Manasse! So het hy dan Efraim voor die aangesig van Manasse gestel. Gen 48:21 Daarop sê JisraEl vir JôWsef: Kyk, ek gaan sterwe, maar Elohim sal met julle wees, en Hy sal julle terug laat gaan na die Aarde van julle vaders. Gen 48:22 En ék gee jou een deel van die Aarde bo jou broers, wat ek met my swaard en my boog van die Amoriete afgeneem het. [Boekrol van die Opregte 77:47] //Jakob seën sy seuns. Daarna sterwe hy. Gen 49:1 DAARNA het Jakob sy seuns geroep en gesê: Kom bymekaar, dat ek julle kan verkondig wat julle aan die einde van die dae sal wedervaar. Gen 49:2 Versamel en hoor, seuns van Jakob, en luister na JisraEl, julle vader! Gen 49:3 Ruben, jy is my eersgeborene, my krag en die eersteling van my sterkte; die vernaamste in hoogheid en die vernaamste in mag! Gen 49:4 Opbruising soos van waters - jy sal die vernaamste nie wees nie, want jy het die bed van jou vader besoedel. Hy het my bed beklim. [Boekrol van die Opregte 36:14] Gen 49:5 Símeon en Levi is broers. Hulle wapens is werktuie van geweld. Gen 49:6 Laat my siel nie kom in hulle raad nie, laat my gees nie eens wees met hulle vergadering nie. Want in hul woede het hulle manne doodgeslaan, en vir hulle vreugde het hulle beeste vermink. Gen 49:7 Vervloek is hulle woede, want dit is heftig; en hulle grimmigheid, want dit is hard. Ek sal hulle verdeel in Jakob en hulle verstrooi in JisraEl. Gen 49:8 JeHûWdah, jy is dit! Jou sal jou broers loof. Jou hand sal op die nek van jou vyande wees; voor jou sal die seuns van jou vader hulle neerbuig. Gen 49:9 JeHûWdah is 'n jong leeu; van die roof af het jy opgeklim, my seun. Hy buig hom, hy gaan lê soos 'n Leeu en soos 'n Leeuin; wie sal hom opjaag? Gen 49:10 Die Septer sal van JeHûWdah nie wyk nie, nòg die Wetgewer tussen Sy voete uit totdat Silo kom; en aan Hom sal die volke gehoorsaam wees. Gen 49:11 Hy maak Sy jong esel vas aan die Wingerdstok en die vul van Sy eselin aan die edelste Wynstok; Hy was Sy kleed in wyn en Sy gewaad in die bloed van die druiwe. Gen 49:12 Hy het Oë wat meer skitter as wyn en witter van tande as melk. Gen 49:13 Sébulon sal woon by die strand van die see; en hy sal by die strand van die skepe wees, met die sykant na Sidon toe. Gen 49:14 Issaskar is 'n sterkgebeende esel wat tussen die veekrale lê. Gen 49:15 Toe hy sien dat die rus goed en die Aarde lieflik is, het hy sy skouer gebuig om te dra, en hy moes dwangarbeid verrig. Gen 49:16 Dan regeer sy volk soos 'n septer van JisraEl. Gen 49:17 Dan word 'n slang/nagash op die pad, 'n horingadder in die pad, wat die perd aan die hakskene byt, sodat sy ruiter agteroorval. Gen 49:18 Op U Verlossing wag ek, JaHWeH! Gen 49:19 Gad - 'n bende sal hom aanval, maar hy sal hulle aan die hakskeen gryp. Gen 49:20 Aser, sy spys is vet, en hy lewer koninklike lekkernye. Gen 49:21 Náftali is soos 'n wildsbok so vry, hy wat mooi woorde laat hoor. Gen 49:22 JôWsef is 'n vrugbare seun, 'n vrugbare seun by 'n fontein; sy dogters hardloop oor die muur. Gen 49:23 Die boogskutters het hom wel geprikkel en hom beskiet en hom bestry, Gen 49:24 maar sy boog het gebuig in sterkte, en die arms van sy hande het sterk gebly, deur die Hande van die Magtige van Jakob - daarvandaan waar die Herder, die Steen van JisraEl, is, Gen 49:25 van die El van jou vader, wat jou help, en met die hulp van die Almagtige wat jou seën met seëninge van die Hemele daarbo, met seëninge van die Afgrond wat daaronder lê, met seëninge van borste en moederskoot. Gen 49:26 Die seëninge wat jou vader ontvang het, oortref die seëninge van die ewige berge, die kostelike gawes van die ewige heuwels. Dit sal wees op die hoof van JôWsef, en op die kroontjie van sy hoof [wat 'n] Separatis onder sy broers [is]. Gen 49:27 Benjamin is 'n wolf wat verskeur; in die môre eet hy sy prooi, en in die aand deel hy buit uit. Gen 49:28 Húlle almal is die twaalf Septers van JisraEl; en dit is wat hulle vader aan hulle gesê het, en hy het hulle geseën; hy het hulle geseën, elkeen volgens sy besondere seën. Gen 49:29 Daarna het hy hulle bevel gegee en aan hulle gesê: Ek word versamel by my volk. Begrawe my by my vaders in die spelonk wat op die stuk grond van Efron, die Hetiet, is; Gen 49:30 in die spelonk wat op die stuk grond van Magpéla is, wat oos van Mamre lê, in die Aarde van Kanaän; die stuk grond wat Abraham van Efron, die Hetiet, as eiendomsgraf gekoop het. Gen 49:31 Daar het hulle Abraham begrawe en Sarah, sy vrou; daar het hulle Isak begrawe en Rebekka, sy vrou; en daar het ek Lea begrawe - Gen 49:32 die stuk grond en die spelonk wat in haar is, wat gekoop is van die seuns van Het. Gen 49:33 Toe Jakob klaar sy bevele aan sy seuns gegee het, trek hy sy voete terug op die bed en blaas die asem uit; en hy is by sy volksgenote versamel. //Begrafnis van JisraEl. Dood van JôWsef. Gen 50:1 TOE val JôWsef op sy vader se aangesig, en hy het oor hom geween en hom gesoen. Gen 50:2 En JôWsef het aan sy dienaars, die geneeshere, bevel gegee om sy vader te balsem. En die geneeshere het JisraEl gebalsem. Gen 50:3 En veertig dae het daarvoor verbygegaan; want so lank duur die dae van balseming. En die Egiptenaars het hom sewentig dae lank beween. Gen 50:4 En toe die dae van geween oor hom verby was, het JôWsef met die huis van Farao gespreek en gesê: As ek dan guns in julle oë gevind het, spreek tog dit voor die ore van Farao: Gen 50:5 My vader het my laat sweer en gesê: Kyk, ek gaan sterwe; in my graf wat ek vir my in die Aarde van Kanaän uitgekap het, daar moet jy my begrawe. Laat my dan nou tog optrek en my vader begrawe. Daarna sal ek terugkom. Gen 50:6 En Farao sê: Trek op en begrawe jou vader soos hy jou laat sweer het. Gen 50:7 Toe het JôWsef opgetrek om sy vader te begrawe, en al die dienaars van Farao, die oudstes van sy huis, het saam met hom opgetrek, en al die oudstes van die Aarde van Egipte; Gen 50:8 ook die hele huis van JôWsef en sy broers en die huis van sy vader. Net hulle kinders en hulle kleinvee en hulle beeste het hulle in die Aarde van Gosen laat agterbly. Gen 50:9 En saam met hom het opgetrek strydwaens sowel as ruiters, sodat dit 'n baie groot trek was. Gen 50:10 En toe hulle by die Steekdoring-dorsvloer kom, wat oos van die Jordaan lê, het hulle daar 'n groot en baie swaar rouklag gehou. En hy het oor sy vader rou laat bedrywe sewe dae lank. Gen 50:11 Toe die inwoners van die Aarde, die Kanaäniete, die roubedryf by die Steekdoring-dorsvloer sien, sê hulle: Dit is 'n swaar rou vir die Egiptenaars. Daarom het hulle dit Abel-Misraim genoem, wat oos van die Jordaan lê. Gen 50:12 En sy seuns het met hom gedoen net soos hy hulle beveel het: Gen 50:13 sy seuns het hom weggebring na die Aarde van Kanaän en hom begrawe in die spelonk van die stuk grond van Magpéla, die stuk grond wat Abraham as eiendomsgraf gekoop het van Efron, die Hetiet, oos van Mamre. Gen 50:14 Daarna het JôWsef na Egipte teruggegaan, hy en sy broers en almal wat saam met hom opgetrek het om sy vader te begrawe, nadat hy sy vader begrawe het. Gen 50:15 Toe die broers van JôWsef sien dat hulle vader dood was, het hulle gesê: Sê nou JôWsef gaan ons as vyande behandel en hy gaan ons werklik vergelde al die kwaad wat ons hom aangedoen het! Gen 50:16 Daarom het hulle hierdie boodskap na JôWsef gestuur: U vader het voor die aangesig van sy dood bevel gegee met hierdie woorde: Gen 50:17 So moet julle vir JôWsef sê: Ag, vergewe tog die rebellie van jou broers en hulle oortredinge, want hulle het jou kwaad aangedoen. Maar nou, vergewe tog die oortredinge van ons wat die Elohey van u vader dien. En JôWsef het geween toe hulle met hom spreek. Gen 50:18 En sy broers het ook self gegaan en voor hom neergeval en gesê: Kyk, ons is u slawe. Gen 50:19 Maar JôWsef het hulle geantwoord: Moenie bevrees wees nie; want is ek in die plek van Elohim? Gen 50:20 Want julle het wel besoedelde dinge teen my bedink, [maar] Elohim het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om 'n groot volk in die lewe te hou. Gen 50:21 Wees dan nou nie bevrees nie: ék sal julle en julle kinders onderhou. So het hy hulle dan getroos en na hulle hart gespreek. Gen 50:22 En JôWsef het in Egipte gewoon, hy en die huis van sy vader. En JôWsef het honderd-en-tien jaar gelewe. Gen 50:23 En JôWsef het van Efraim kinders gesien van die derde [geslag]. Ook die kinders van Magir, die seun van Manasse, is op JôWsef se knieë gebore. Gen 50:24 En JôWsef het aan sy broers gesê: Ek gaan sterwe, maar Elohim sal gewis op julle ag gee en julle uit hierdie Aarde laat optrek na die Aarde wat Hy aan Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het. Gen 50:25 En JôWsef het die seuns van JisraEl laat sweer en gesê: As Elohim sekerlik op julle ag sal gee - bring dan my gebeente hiervandaan op. Gen 50:26 En JôWsef het gesterwe, honderd-en-tien jaar oud. En hulle het hom gebalsem, en hy is in 'n kis gesit in Egipte. Gen 51:1 Grieks. Eva // //Die Tweede Boekrol, genoem: Die Uittog (EXODUS) // //Harde slawerny van JisraEl in Egipte. Exo 1:1 EN dit is die name van die seuns van JisraEl wat in Egipte gekom het; saam met Jakob het hulle gekom, elkeen met sy huisgesin: Exo 1:2 Ruben, Símeon, Levi en JeHûWdah; Exo 1:3 Issaskar, Sébulon en Benjamin; Exo 1:4 Dan en Náftali, Gad en Aser. Exo 1:5 En al die siele wat uit Jakob se lende voortgekom het, was sewentig siele. Maar JôWsef was in Egipte. Exo 1:6 En JôWsef het gesterwe, en al sy broers en daardie hele geslag. Exo 1:7 Maar die kinders van JisraEl was vrugbaar en het baie geword, en hulle het vermeerder en buitengewoon magtig geword, sodat die Aarde vol was van hulle. Exo 1:8 Toe staan daar 'n nuwe koning oor Egipte op wat niks van JôWsef geweet het nie. Exo 1:9 Dié het aan sy volk gesê: Kyk, die volk van die kinders van JisraEl is meer en magtiger as ons. Exo 1:10 Kom, laat ons 'n slinkse plan teen hulle beraam, sodat hulle nie kan vermeerder nie, en as ons in oorlog betrokke raak, hulle ook nie by ons vyande aansluit en teen ons veg en uit die Aarde optrek nie. Exo 1:11 Daar is toe opsigters van dwangarbeid oor hulle aangestel om hulle met harde arbeid te verdruk. En hulle het vir Farao die voorraadstede Pitom en Raämses gebou. Exo 1:12 Maar hoe meer hulle verdruk is, hoe meer het hulle vermenigvuldig en hulle uitgebrei, sodat hulle bang geword het vir die kinders van JisraEl. Exo 1:13 Daarom het die Egiptenaars die kinders van JisraEl met hardheid laat dien Exo 1:14 en hulle lewe verbitter deur swaar werk met klei en bakstene en deur allerhande werk in die landerye - al dié werk wat hulle met hardheid deur hulle laat verrig het. Exo 1:15 En die koning van Egipte het met die Hebreeuse vroedvroue - die een se naam was Sifra en die ander se naam Pua - gespreek Exo 1:16 en gesê: As julle die Hebreeuse vroue by 'n geboorte help, moet julle na die geboortestoel kyk: as dit 'n seun is, maak hom dood; maar is dit 'n dogter, laat haar lewe. Exo 1:17 Maar die vroedvroue het die Elohim gevrees en nie gedoen soos die koning van Egipte aan hulle gesê het nie, maar die seuntjies laat lewe. Exo 1:18 Toe laat die koning van Egipte die vroedvroue roep, en hy sê vir hulle: Waarom het julle dit gedoen en die seuntjies laat lewe? Exo 1:19 En die vroedvroue sê vir Farao: Die Hebreeuse vroue is nie soos die Egiptiese nie, want hulle is sterk - voordat die vroedvrou by hulle kom, het hulle al gebaar. Exo 1:20 Maar Elohim het aan die vroedvroue weldadigheid bewys. En die volk het vermenigvuldig en baie magtig geword. Exo 1:21 En omdat die vroedvroue die Elohim gevrees het, het Hy huisgesinne aan hulle geskenk. Exo 1:22 Toe gee Farao aan sy hele volk bevel en sê: Al die seuns wat gebore word, moet julle in die Nyl werp, maar al die dogters kan julle laat lewe. //Geboorte van Moshè. Hy vlug na Mìdian. Exo 2:1 EN 'n man uit die huis van Levi het gegaan en 'n dogter van Levi geneem. Exo 2:2 En die vrou het swanger geword en 'n seun gebaar. En toe sy sien dat hy suiwer was, het sy hom drie mane [se dae] weggesteek. [Openbaring 12:2] Exo 2:3 Maar toe sy hom nie langer verborge kon hou nie, het sy vir hom 'n Ark van biesies geneem en haar met lymgrond en pik bestryk; en sy het die seuntjie in haar neergelê en haar in die riete aan die kant van die rivier gesit. Exo 2:4 En sy suster het op 'n afstand gaan staan om te wete te kom wat met hom sou gebeur. Exo 2:5 En Farao se dogter het na die Nyl afgegaan om 'n bad te neem, terwyl haar diensmeisies aan die kant van die Nyl heen en weer geloop het. Toe sien sy die Ark tussen die riete en stuur haar slavin en laat dit haal. Exo 2:6 Nadat sy haar oopgemaak het, sien sy die kind, en kyk, dit was 'n seuntjie wat huil! En sy het hom jammer gekry en gesê: Dit is een van die kinders van die Hebreërs. Exo 2:7 Toe sê sy suster aan die dogter van Farao: Sal ek vir u 'n pleegmoeder uit die Hebreeuse vroue gaan roep, dat sy vir u die seuntjie kan soog? Exo 2:8 En Farao se dogter antwoord haar: Ja. En die jongmeisie het geloop en die seuntjie se moeder geroep. Exo 2:9 Daarop sê Farao se dogter vir haar: Neem hierdie seuntjie en soog hom vir my, en ek sal jou loon gee. En die vrou het die seuntjie geneem en hom gesoog. Exo 2:10 En toe die seuntjie groot geword het, bring sy hom na Farao se dogter; en hy het haar seun geword. En sy het hom Moshè genoem en gesê: Ek het hom mos uit die water getrek. Exo 2:11 En in dié dae toe Moshè al groot was, het hy na sy broers uitgegaan en hulle harde arbeid aangesien. En hy het gesien hoe 'n Egiptiese man 'n Hebreeuse man, een uit sy broers, slaan. Exo 2:12 En hy het hierheen en daarheen gekyk, en toe hy sien dat daar niemand was nie, het hy die Egiptenaar doodgeslaan en hom in die sand begrawe. Exo 2:13 Die volgende dag het hy weer uitgegaan, en daar was twee Hebreeuse manne wat met mekaar veg. Hy vra toe vir die boosdoener: Waarom slaan jy jou naaste? Exo 2:14 En hy antwoord: Wie het jou as owerste en regter oor ons aangestel? Dink jy om my dood te slaan soos jy die Egiptenaar omgebring het? En Moshè het gevrees en gesê: Waarlik, die saak het bekend geword! Exo 2:15 En toe Farao van dié saak hoor, het hy probeer om Moshè dood te maak. Maar Moshè het van Farao af weggevlug en in die Aarde van Mídian gaan woon. En hy het by 'n put gesit. Exo 2:16 En die priester van Mídian het sewe dogters gehad: dié het gekom om te put en die drinkbakke vol te maak om hulle vader se kleinvee te laat drink. Exo 2:17 Maar die veewagters het gekom en hulle weggedrywe. Toe staan Moshè op en help hulle en laat hulle vee drink. Exo 2:18 En toe hulle by hul vader Rehuel kom, sê hy: Waarom kom julle vandag so gou? Exo 2:19 En hulle antwoord: 'n Egiptiese man het ons uit die hand van die veewagters verlos; en hy het ook volop vir ons geput en die vee laat drink. Exo 2:20 Daarop sê hy vir sy dogters: En waar is hy? Waarom het julle die man dan daar laat staan? Roep hom, dat hy brood kan eet. Exo 2:21 En Moshè het ingewillig om by die man te bly, en hy het aan Moshè sy dogter Sippóra gegee. Exo 2:22 En toe sy 'n seun baar, het hy hom Gersom genoem. Want hy het gesê: Ek het 'n besoeker in 'n vreemde deel van die Aarde geword. Exo 2:23 En in daardie lang tyd het die koning van Egipte gesterwe. En die kinders van JisraEl het gesug en geweeklaag vanweë die slawerny. En hulle geroep om hulp oor hulle slawerny het opgeklim tot die Elohim. Exo 2:24 En Elohim het hulle gekerm gehoor, en Elohim het gedink aan Sy Verbond met Abraham, met Isak en met Jakob. Exo 2:25 En Elohim het die kinders van JisraEl aangesien, en Elohim het kennis geneem. //Die roeping van Moshè. Exo 3:1 EN Moshè het die kleinvee opgepas van sy skoonvader Jetro, die priester van Mídian. En toe hy die kleinvee agter die wildernis gedryf het, kom hy by die Berg van die Elohim, by Horeb. Exo 3:2 Daarop verskyn die Boodskapper van JaHWeH aan hom in 'n vuurvlam uit 'n doringbos. En toe hy weer sien, brand die doringbos in die vuur, maar die doringbos word nie verteer nie! Exo 3:3 En Moshè sê: Laat ek tog nader gaan en hierdie groot verskynsel bekyk, waarom die doringbos nie verbrand nie. Exo 3:4 Toe JaHWeH sien dat hy nuuskierig nader kom, roep Elohim na hom uit die doringbos en sê: Moshè, Moshè! En hy antwoord: Hier is ek. Exo 3:5 En Hy sê: Moenie nader kom nie. Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is Adamah[adamiet se Aarde] van Apartheid. Exo 3:6 Verder sê Hy: Ek is die Elohey van jou vader, die Elohey van Abraham, die Elohey van Isak en Elohey van Jakob. Toe het Moshè sy aangesig verberg, want hy was bevrees om die Elohim aan te sien. Exo 3:7 En JaHWeH sê: Ek het duidelik gesien die ellende van My volk wat in Egipte is; en Ek het hulle jammerklagte oor hulle drywers gehoor, ja, Ek ken hulle smarte. [Wysheid van Sirah 24:8] Exo 3:8 Daarom het Ek neergedaal om hulle uit die hand van die Egiptenaars te verlos en hulle te laat optrek uit daardie Aarde na 'n suiwer en wye Aarde, na 'n Aarde wat oorloop van melk en heuning, na die woonplek van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete. Exo 3:9 En nou, kyk, die jammerklagte van die kinders van JisraEl het tot by My gekom. Ook het Ek die verdrukking gesien waarmee die Egiptenaars hulle verdruk. Exo 3:10 Gaan dan nou heen, dat Ek jou na Farao kan stuur; en lei My volk, die kinders van JisraEl, uit Egipte uit. Exo 3:11 Maar Moshè het tot die Elohim gespreek: Wie is ek, dat ek na Farao sou gaan en dat ek die kinders van JisraEl uit Egipte sou lei? Exo 3:12 En Hy antwoord: Ek sal met jou wees, en dit sal vir jou 'n Teken wees dat Ek jou gestuur het: As jy die volk uit Egipte gelei het, sal julle die Elohim op hierdie berg dien. Exo 3:13 Hierop het Moshè tot die Elohim gespreek: Maar as ek by die kinders van JisraEl kom en aan hulle sê: Die Elohey van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is Sy Naam? - wat moet ek hulle antwoord? Exo 3:14 En Elohim sê vir Moshè: EK IS WAT HY IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van JisraEl antwoord: EK IS het my na julle gestuur. [JeHôWganan 8:18; Openbaring 1:8] Exo 3:15 Toe sê Elohim verder vir Moshè: Dit moet jy aan die kinders van JisraEl meedeel: JaHWeH, die Elohey van julle vaders, die Elohey van Abraham, die Elohey van Isak en Elohey van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is My Naam vir ewig, en dit is My Gedenkteken van geslag tot geslag. [Boekrol van die Opregte 79:43] Exo 3:16 Gaan heen en versamel die oudstes van JisraEl en sê vir hulle: JaHWeH, die Elohey van julle vaders, het aan my verskyn, die Elohey van Abraham, Isak en Jakob, en het gesê: Ek het terdeë ag gegee op julle en op wat julle in Egipte aangedoen is. Exo 3:17 Daarom het Ek besluit: Ek wil julle uit die ellende van Egipte laat optrek na die Aarde van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete, na 'n Aarde wat oorloop van melk en heuning. Exo 3:18 En hulle sal na jou luister. Dan moet jy met die oudstes van JisraEl na die koning van Egipte gaan, en julle moet vir hom sê: JaHWeH, die Elohey van die Hebreërs, het ons ontmoet; laat ons dan nou tog drie dagreise ver die wildernis intrek en aan JaHWeH, onse Elohey, slag. Exo 3:19 Maar Ek weet dat die koning van Egipte julle nie sal laat gaan nie, ook nie deur die Sterke Hand nie. Exo 3:20 En Ek sal My Hand uitstrek in hul midde en Egipte tref met al My [buitengewone] wonders wat Ek daarin sal doen; en daarna sal hy julle laat trek. Exo 3:21 En Ek sal aan hierdie volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars; en as julle dan trek, moet julle nie met leë hande trek nie, Exo 3:22 maar elke vrou moet van haar buurvrou en van haar wat in haar huis vertoef, silwer- en goue voorwerpe en klere eis. En julle moet dit op julle seuns en dogters sit, en so Egipte berowe. Exo 4:1 TOE antwoord Moshè en sê: Maar as hulle my nie glo en na my stem nie luister nie, maar sê: JaHWeH het nie aan jou verskyn nie? Exo 4:2 Daarop vra JaHWeH vir hom: Wat is daar in jou hand? En hy antwoord: 'n Staf. Exo 4:3 En Hy sê: Gooi hom op die Aarde. Toe gooi hy hom op die Aarde, en hy het 'n slang/nagash geword; en Moshè het vir hom gevlug. Exo 4:4 Toe sê JaHWeH vir Moshè: Steek jou hand uit en gryp hom aan die stert. Hierop het hy sy hand uitgesteek en hom gegryp, en hy het 'n Staf in sy handpalm geword - Exo 4:5 sodat hulle kan glo dat JaHWeH, die Elohey van hulle vaders, die Elohey van Abraham, die Elohey van Isak en Elohey van Jakob, aan jou verskyn het. Exo 4:6 En JaHWeH het verder vir hom gesê: Steek tog jou hand in jou boesem. En hy het sy hand in sy boesem gesteek; en toe hy dit uittrek, was sy hand melaats, soos sneeu! Exo 4:7 En Hy sê: Steek jou hand weer in jou boesem. En hy het sy hand weer in sy boesem gesteek; en toe hy dit uit sy boesem uittrek, was dit weer soos sy [ander] vlees! Exo 4:8 En as hulle jou nie glo en aan die eerste beduidende Teken geen gehoor gee nie, dan sal hulle die laaste beduidende Teken glo. Exo 4:9 En as hulle ook hierdie twee tekens nie glo en na jou stem nie luister nie, neem dan van die Nyl se water en giet hom op die droë Aarde uit; dan sal die water wat jy uit die Nyl neem, op die droë Aarde bloed word. Exo 4:10 Toe sê Moshè aan JaHWeH: Ag, my Meester, ek is nie 'n man van woorde nie - van gister of van eergister of vandat U met U kneg gespreek het nie; want ek is swaar van mond en swaar van tong. Exo 4:11 En JaHWeH antwoord hom: Wie het vir die adamiet die mond gemaak, of wie maak stom of doof, of siende of blind? Is dit nie Ek, JaHWeH, nie? Exo 4:12 Gaan dan nou heen, en Ek sal met jou mond wees en jou leer wat jy moet sê. Exo 4:13 Maar hy sê: Ag, my Meester, stuur tog deur wie U wil stuur. Exo 4:14 Toe ontvlam die Woede van JaHWeH teen Moshè, en Hy sê: Is jou broer Aäron, die Leviet, nie daar nie? Ek weet dat hy goed kan praat. En hy gaan ook al uit om jou te ontmoet, en as hy jou sien, sal hy bly wees in sy hart. Exo 4:15 Jy moet dan met hom spreek en die woorde in sy mond lê. En Ék sal met jou mond en sy mond wees en julle leer wat julle moet doen. Exo 4:16 En hy moet vir jou met die volk spreek, en dan sal hy vir jou 'n mond wees en jy sal vir hom Elohim wees. Exo 4:17 Neem dan hierdie Staf in jou hand waarmee jy die tekens moet doen. //Moshè gaan terug na Egipte Exo 4:18 TOE gaan Moshè weg en kom by sy skoonvader Jetro terug, en hy sê vir hom: Laat my tog trek en na my broers teruggaan wat in Egipte is, om te sien of hulle nog lewe. En Jetro sê vir Moshè: Gaan in vrede. Exo 4:19 Ook het JaHWeH vir Moshè in Mídian gesê: Gaan heen, keer terug na Egipte; want al die manne wat jou siel gesoek het, is dood. Exo 4:20 Moshè neem toe sy vrou en sy seuns en laat hulle op 'n esel ry, terug na die Aarde van Egipte. Moshè het ook die Staf van die Elohim in sy hand geneem. [Boekrol van die Opregte 77:38-51] Exo 4:21 En JaHWeH sê vir Moshè: Nou dat jy wegtrek om na Egipte terug te gaan, kyk dat jy al die wonders voor die aangesig van Farao doen wat Ek in jou mag gestel het. Maar Ék sal sy hart verhard, sodat hy die volk nie sal laat trek nie. Exo 4:22 Dan moet jy vir Farao sê: So spreek JaHWeH: My eersgebore seun is JisraEl. [2 Ezra 6:58] Exo 4:23 Daarom beveel Ek jou: Laat My seun trek, dat hy My kan dien. Maar jy het geweier om hom te laat trek. Kyk, Ek sal jou [Moshè se] eersgebore seun laat sterwe. [Opregte 79:8-12] Exo 4:24 En op die pad in die herberg het JaHWeH hom teëgekom en wou hom doodmaak. Exo 4:25 Toe neem Sippóra 'n skerp klip en sny die voorhuid van haar seun af en dit het op sy voete geval en sy sê: Waarlik, jy is vir my 'n bloedbruidegom! [Exodus 3:17] Exo 4:26 En Hy het hom laat staan. Toe het sy gesê: Bloedbruidegom! - met die oog op die besnydenis. [Génesis 17] Exo 4:27 JaHWeH het ook aan Aäron gesê: Loop Moshè tegemoet in die wildernis. En hy het geloop en hom in die Berg van die Elohim aangetref en hom gekus. Exo 4:28 Daarop vertel Moshè aan Aäron al die woorde van JaHWeH waarmee Hy hom gestuur het, en al die tekens wat Hy hom beveel het. Exo 4:29 En Moshè en Aäron het vertrek en al die oudstes van die kinders van JisraEl bymekaar laat kom; Exo 4:30 en Aäron het al die woorde gespreek wat JaHWeH aan Moshè gesê het, en die tekens gedoen voor die oë van die volk. Exo 4:31 En die volk het geglo. En toe hulle hoor dat JaHWeH op die kinders van JisraEl ag gegee en hulle ellende aangesien het, het hulle in aanbidding neergebuig. //Moshè en Aäron verskyn voor die koning van Egipte. Die volk kla oor die swaar werk. Exo 5:1 EN daarna gaan Moshè en Aäron en sê vir Farao: So spreek JaHWeH, die Elohey van JisraEl: Laat My volk trek, dat hulle vir My 'n Fees kan hou in die wildernis. [Hebreërs 4:9] Exo 5:2 Maar Farao antwoord: Wie is JaHWeH na wie se Stem ek moet luister om JisraEl te laat trek? Ek ken JaHWeH nie, en ek sal JisraEl ook nie laat trek nie. [Boekrol van die Opregte 79:44, 46] Exo 5:3 Toe sê hulle: Die Elohey van die Hebreërs het ons ontmoet; laat ons tog drie dagreise ver die wildernis intrek en aan JaHWeH onse Elohey slag, sodat Hy ons nie tref met die pes of die swaard nie. Exo 5:4 Maar die koning van Egipte antwoord hulle: Moshè en Aäron, waarom hou julle die volk van hulle werk af? Loop na julle werk toe. Exo 5:5 Verder het Farao gesê: Kyk, die volk van die Aarde is alreeds baie; en julle wil hulle laat ophou met hulle werk? Exo 5:6 Daarom het Farao dieselfde dag aan die drywers onder die volk en die opsigters bevel gegee en gesê: Exo 5:7 Julle moet die volk geen strooi meer gee om bakstene te maak soos gister en eergister nie. Laat hulle self gaan en vir hulle strooi versamel. Exo 5:8 Maar die hoeveelheid bakstene wat hulle gister en eergister gemaak het, moet julle hulle oplê en niks daarvan verminder nie; want hulle is lui. Daarom roep hulle en sê: Laat ons gaan, laat ons slag aan onse Elohey! Exo 5:9 Laat die werk swaar druk op die manne, dat hulle daarmee besig kan wees en nie op leuenagtige woorde let nie. Exo 5:10 Toe het die drywers van die volk en die opsigters uitgegaan en tot die volk gespreek en gesê: So spreek Farao: Ek gee julle geen strooi nie. Exo 5:11 Loop haal self vir julle strooi waar julle dit kan kry; maar van julle werk word niks verminder nie. Exo 5:12 Toe het die volk deur die Aarde van Egipte gegaan om stoppels te versamel vir strooi. Exo 5:13 En die drywers het aangedryf en gesê: Voltooi julle werke, volgens die dag tot dag se woorde aan julle net soos toe daar strooi was. Exo 5:14 En die opsigters van die kinders van JisraEl wat Farao se drywers oor hulle aangestel het, het slae gekry, met die woorde: Waarom het julle gister en vandag nie soos tevore julle bepaalde werk, om stene te maak, volbring nie? Exo 5:15 Daarom het die opsigters van die kinders van JisraEl gegaan, en hulle het geweeklaag by Farao en gesê: Waarom maak u so met u dienaars? Exo 5:16 Aan u dienaars word geen strooi gegee nie, en hulle sê vir ons: Maak bakstene! En kyk, u dienaars word geslaan, maar die skuld lê by u volk. Exo 5:17 Maar hy het geantwoord: Lui is julle, lui! Daarom sê julle: Laat ons gaan, laat ons aan JaHWeH slag. Exo 5:18 Nou dan, loop werk! Maar strooi sal julle nie gegee word nie. Ewenwel moet julle die hoeveelheid bakstene aflewer. Exo 5:19 Toe sien die opsigters van die kinders van JisraEl dat dit sleg met hulle staan, omdat daar gesê is: Julle mag jul bakstene, volgens die dag tot dag se woorde aan julle, nie verminder nie. Exo 5:20 En hulle het Moshè en Aäron teëgekom, wat daar gestaan het om hulle te ontmoet as hulle van Farao af weggaan, Exo 5:21 en het vir hulle gesê: Mag JaHWeH op julle let en oordeel, omdat julle ons gehaat gemaak het in die oë van Farao en in die oë van sy dienaars, sodat julle 'n swaard in hulle hand gegee het om ons om te bring. //Elohim beloof Verlossing Exo 5:22 TOE gaan Moshè weer na JaHWeH en sê: My Meester, waarom het U hierdie volk kwaad aangedoen? Waarom het U my tog gestuur? Exo 5:23 Want vandat ek na Farao gegaan het om in U Naam te spreek, het hy hierdie volk mishandel, en U het U volk glad nie verlos nie. Exo 6:1 DAAROP het JaHWeH Moshè geantwoord: Nou sal jy sien wat Ek Farao sal aandoen. Want deur 'n Sterke Hand sal Hy hulle laat trek, ja, deur 'n Sterke Hand gedwing, sal Hy hulle uit sy Aarde uitdrywe. Exo 6:2 Verder het Elohim met Moshè gespreek en vir hom gesê: Ek - JaHWeH. Exo 6:3 En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as El die Almagtige, maar met My Naam JaHWeH het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie. [Génesis 12:8] Exo 6:4 Ook het Ek My Verbond met hulle opgerig om hulle die Aarde van Kanaän te gee, die Aarde van hulle vreemdelingskap waar hulle in haar vertoef het; Exo 6:5 en Ék het ook gehoor die gekerm van die kinders van JisraEl wat deur die Egiptenaars in slawerny gehou word, en Ek het aan My Verbond gedink. Exo 6:6 Daarom, sê aan die kinders van JisraEl: Ek - JaHWeH Ek sal julle onder die harde arbeid van die Egiptenaars uitlei en julle red uit hulle slawerny, en Ek sal julle verlos deur 'n Uitgestrekte Arm en deur groot strafgerigte; Exo 6:7 en Ek sal julle as My volk aanneem en vir julle 'n Elohim wees. En julle sal erken dat Ek - JaHWeH julle Elohey is wat julle uitlei onder die harde arbeid van die Egiptenaars uit. Exo 6:8 En Ek sal julle bring in die Aarde waaromtrent Ek My Hand opgehef het, om dit aan Abraham, aan Isak en aan Jakob te gee; en Ek sal dit aan julle as 'n besitting gee, Ek - JaHWeH. Exo 6:9 Moshè het toe so met die kinders van JisraEl gespreek, maar hulle het nie na Moshè geluister nie, uit ongeduldigheid en weens die harde diens. Exo 6:10 Verder het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: Exo 6:11 Gaan spreek met Farao, die koning van Egipte, dat hy die kinders van JisraEl vanaf sy Aarde moet laat uittrek. Exo 6:12 Maar Moshè het voor die Aangesig van JaHWeH gespreek en gesê: As die kinders van JisraEl na my nie geluister het nie, hoe sal Farao dan na my luister terwyl ek onbesnede van lippe is? //Geslagsregister van Moshè en Aäron. Exo 6:13 DAAROP het JaHWeH met Moshè en Aäron gespreek en hulle met 'n boodskap gestuur na die kinders van JisraEl en na Farao, die koning van Egipte, om die kinders van JisraEl uit die Aarde van Egipte uit te lei. Exo 6:14 Dit is die hoofde van hulle vaders se huise. Die seuns van Ruben, die eersgeborene van JisraEl: Henog en Pallu, Hesron en Karmi; dit is die families van Ruben. Exo 6:15 En die seuns van Símeon: JemuEl en Jamin en Ohad en Jagin en Sohar en Saul, die seun van die Kanaänitiese vrou; dit is die families van Símeon. Exo 6:16 En dit is die name van die seuns van Levi volgens hulle genelyn: Gerson en Kehat en Merári. En die lewensjare van Levi was honderd-sewe-en-dertig jaar. Exo 6:17 Die seuns van Gerson: Libni en Simeï volgens hulle families. Exo 6:18 En die seuns van Kehat: Amram en Jishar en Hebron en UzziEl; en die lewensjare van Kehat was honderd-drie-en-dertig jaar. Exo 6:19 En die seuns van Merári: Magli en Musi. Dit is die families van Levi volgens hulle genelyn. Exo 6:20 En Amram het JoWkêbed, sy tante, vir hom as vrou geneem, en sy het vir hom Aäron en Moshè gebaar. En die lewensjare van Amram was honderd-sewe-en-dertig jaar. Exo 6:21 En die seuns van Jishar: Korag en Nefeg en Sigri. Exo 6:22 En die seuns van UzziEl: MisahaEl, El-Safan en Sitri. Exo 6:23 En Aäron het EliSheba, die dogter van Ammínadab, die suster van Nagson, vir hom as vrou geneem; en sy het vir hom gebaar: Nadab en Abíhu, El-Azar en Itamar. Exo 6:24 En die seuns van Korag: Assir en El-Kanah en Abíasaf. Dit is die families van die Koragiete. Exo 6:25 En El-Azar, die seun van Aäron, het vir hom een van die dogters van PutiEl as vrou geneem; en sy het vir hom Pínehas gebaar. Dit is die hoofde van die vaders van die Leviete volgens hulle families. Exo 6:26 Dit is Aäron en Moshè aan wie JaHWeH gesê het: Lei die kinders van JisraEl uit die Aarde van Egipte volgens hulle menigtes. //Moshè en die towenaars van Egipte. Exo 6:27 DIT is hulle wat met Farao, die koning van Egipte, gespreek het om die kinders van JisraEl uit Egipte uit te lei. Dit is Moshè en Aäron. Exo 6:28 Die dag toe JaHWeH met Moshè gespreek het in die Aarde van Egipte, Exo 6:29 het JaHWeH Moshè aangespreek met die woorde: Ek - JaHWeH. Sê aan Farao, die koning van Egipte, alles wat Ek met jou spreek. Exo 6:30 Toe sê Moshè voor die Aangesig van JaHWeH. Ek is onbesnede van lippe! Hoe sal Farao dan na my luister? Exo 7:1 EN JaHWeH het aan Moshè gesê: Kyk, Ek stel jou as Elohim vir Farao, en jou broer Aäron sal jou profeet wees. [Exodus 11:8] Exo 7:2 Jy moet spreek alles wat Ek jou beveel, en jou broer Aäron moet met Farao spreek, sodat hy die kinders van JisraEl uit sy Aarde laat uittrek. Exo 7:3 En Ék sal Farao se hart verhard en My tekens en wonders in die Aarde van Egipte vermenigvuldig. Exo 7:4 Maar Farao sal na julle nie luister nie; en Ek sal My Hand op die Aarde van Egipte lê en My menigtes, My volk, die kinders van JisraEl, deur groot strafgerigte uit die Aarde van Egipte uitlei. Exo 7:5 Dan sal die Egiptenaars weet dat Ek JaHWeH is, as Ek My Hand oor Egipte uitstrek en die kinders van JisraEl tussen hulle uitlei. Exo 7:6 Moshè en Aäron het toe gedoen volgens die bevel van JaHWeH; so het hulle gedoen. Exo 7:7 En Moshè was tagtig jaar en Aäron drie-en-tagtig jaar oud toe hulle met Farao gespreek het. Exo 7:8 En JaHWeH het Moshè en Aäron aangespreek met die woorde:- Exo 7:9 As Farao met julle spreek en sê: Doen tog 'n wonderteken vir julleself - dan moet jy vir Aäron sê: Neem jou Staf en gooi hom voor die aangesig van Farao neer; dan sal hy verander in 'n draak. Exo 7:10 Toe het Moshè en Aäron na Farao gegaan en gedoen net soos JaHWeH hulle beveel het: Aäron het sy Staf voor die aangesig van Farao en voor die aangesig van sy dienaars neergegooi, en hy het verander in 'n draak. Exo 7:11 Daarop laat Farao óók die wyse manne en die towenaars roep; en hulle, die Egiptiese towenaars, het ook dieselfde gedoen met hulle towerkunste: Exo 7:12 elkeen gooi sy staf neer, en hulle verander in Drake! Maar Aäron se Staf het hulle stawwe verslind. Exo 7:13 Maar Farao se hart was verhard, sodat hy na hulle nie geluister het nie, soos JaHWeH gespreek het. //Eerste plaag: die water word verander in bloed. Exo 7:14 TOE sê JaHWeH vir Moshè: Farao se hart is verhard; hy weier om die volk te laat trek. Exo 7:15 Gaan môre vroeg na Farao toe - kyk, hy sal uitgaan na die water; staan dan aan die kant van die Nyl om hom te ontmoet; en neem die Staf wat in 'n slang/nagash verander het, in jou hand, Exo 7:16 en sê vir hom: JaHWeH, die Elohey van die Hebreërs, het my na u gestuur met die boodskap: Laat My volk trek, dat hulle My kan dien in die wildernis. Maar kyk, u het tot nou toe nie geluister nie. Exo 7:17 So spreek JaHWeH: Hieraan sal jy weet dat Ek JaHWeH is. Kyk, Ek sal met die Staf wat in My Hand is, op die water slaan wat in die Nyl is, en dit sal in bloed verander word. Exo 7:18 En die visse in die Nyl sal doodgaan, sodat die Nyl sal stink. En die Egiptenaars sal vergeefs trag om die water uit die Nyl te drink. Exo 7:19 Verder het JaHWeH met Moshè gespreek: Sê vir Aäron: Neem jou Staf en steek jou hand uit oor die waters van die Egiptenaars, oor hulle strome, hulle kanale, hulle waterputte en oor al hulle versamelplekke van water, sodat dit bloed word: daar sal bloed in die hele Aarde van Egipte wees, ook in hout- en in klipbakke. Exo 7:20 Moshè en Aäron het toe so gedoen soos JaHWeH beveel het - hy het die Staf opgehef en die water wat in die Nyl was, geslaan voor die oë van Farao en voor die oë van sy dienaars; en al die water in die Nyl is in bloed verander. Exo 7:21 En die visse wat in die Nyl was, het doodgegaan; en die Nyl het gestink, sodat die Egiptenaars die water uit die Nyl nie kon drink nie. En daar was bloed in die hele Aarde van Egipte. Exo 7:22 Maar die Egiptiese towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste, sodat Farao se hart verhard is; en hy het na hulle nie geluister nie, soos JaHWeH gespreek het. Exo 7:23 En Farao het omgedraai en huis toe gegaan en dit ook nie ter harte geneem nie. Exo 7:24 Maar al die Egiptenaars het rondom die Nyl na water gegrawe om te drink, want hulle kon van die Nyl se water nie drink nie. Exo 7:25 So het dan sewe dae verbygegaan nadat JaHWeH die Nyl geslaan het. //Tweede plaag: die paddas. Exo 8:1 VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek: Gaan na Farao en sê vir hom: So spreek JaHWeH: Laat My volk trek, dat hulle My kan dien. Exo 8:2 En as jy weier om hulle te laat trek, kyk, dan sal Ek jou hele grondgebied met paddas teister, [Openbaring 16:13] Exo 8:3 sodat die Nyl van paddas sal wemel. En hulle sal opklim en in jou huis kom en in jou slaapkamer en op jou bed; ook in die huis van jou dienaars en onder jou volk, en in jou bakoonde en in jou bakskottels. Exo 8:4 En die paddas sal teen jou en teen jou volk en teen al jou dienaars opspring. Exo 8:5 Verder het JaHWeH met Moshè gespreek: Sê aan Aäron: Steek jou hand uit met jou Staf oor die strome en oor die kanale en oor die waterputte, en laat die paddas opkom oor die Aarde van Egipte. Exo 8:6 En Aäron het sy hand oor die waters van Egipte uitgesteek, en daar het paddas opgekom en die Aarde van Egipte oordek. Exo 8:7 Maar die towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste en paddas laat opkom oor die Aarde van Egipte. Exo 8:8 Toe het Farao Moshè en Aäron laat roep en gesê: Bid tot JaHWeH, dat Hy die paddas van my en van my volk wegneem. Dan sal ek die volk laat trek, dat hulle aan JaHWeH kan slag. Exo 8:9 Maar Moshè sê aan Farao: Aan u die eer bo my! Teen watter tyd moet ek vir u en u dienaars en vir u volk bid, dat die paddas van u en uit u huise uitgeroei word om net in die Nyl oor te bly? Exo 8:10 En hy antwoord: Teen môre. Toe sê hy: Dit sal wees volgens u woord, dat u kan weet dat daar niemand is soos JaHWeH onse Elohey nie. Exo 8:11 En die paddas sal u en u huise en u dienaars en u volk verlaat. Net in die Nyl sal hulle oorbly. Exo 8:12 Toe het Moshè en Aäron van Farao af weggegaan; en Moshè het tot JaHWeH geroep vanweë die paddas wat Hy oor Farao beskik het. Exo 8:13 En JaHWeH het gedoen volgens die woord van Moshè: die paddas het weggesterwe uit die huise, van die plase af en uit die veld. Exo 8:14 En hulle het dit by hope bymekaargemaak, en die Aarde het gestink. Exo 8:15 En toe Farao sien dat daar verligting kom, het hy sy hart verhard en na hulle nie geluister nie, soos JaHWeH gespreek het. //Derde plaag: muggies. Exo 8:16 VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek: Sê aan Aäron: Steek jou Staf uit en slaan die stof van die Aarde, en dit sal muggies word in die hele Aarde van Egipte. Exo 8:17 En hulle het so gedoen: Aäron het sy hand met sy Staf uitgesteek en die stof van die Aarde geslaan, en daar het muggies gekom op die adamiete en op die vee. Al die stof van die Aarde het muggies geword in die hele Aarde van Egipte. Exo 8:18 En die towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste om die muggies voort te bring, maar hulle kon nie. So was die muggies dan op die adamiete en op die vee. Exo 8:19 Toe sê die towenaars vir Farao: Dit is die Vinger van Elohim! Maar Farao se hart was verhard, sodat hy na hulle nie geluister het nie, soos JaHWeH gespreek het. //Vierde plaag: muskiete. Exo 8:20 VERDER het JaHWeH vir Moshè gesê: Maak jou môre vroeg klaar en stel jou voor die aangesig van Farao - kyk, hy sal na die water toe uitgaan - en sê vir hom: So spreek JaHWeH: Laat My volk trek, dat hulle My kan dien. Exo 8:21 Want as jy My volk nie laat trek nie, kyk, dan stuur Ek teen jou en teen jou dienaars en teen jou volk en teen jou huise die muskiete, sodat die huise van die Egiptenaars vol muskiete sal wees, en selfs die Adamah[adamiet se Aarde] waar hulle op haar [staan]. Exo 8:22 Maar Ek sal op dié dag die Aarde van Gosen, waar My volk op haar woon, afsonder, dat daar geen muskiete sal wees nie; sodat jy kan weet dat Ek JaHWeH is in die middel van die Aarde. Exo 8:23 En Ek sal 'n onderskeid maak tussen My volk en jou volk. Môre sal hierdie beduidende Teken plaasvind. [Maleagi 3:18] Exo 8:24 En JaHWeH het so gedoen: dik swerms muskiete het in die huis van Farao en in die huis van sy dienaars en in die hele Aarde van Egipte gekom; die Aarde is deur die muskiete verwoes. Exo 8:25 Toe laat Farao Moshè en Aäron roep en sê: Gaan heen, slag aan julle Elohey in die Aarde. Exo 8:26 Maar Moshè antwoord: Dit is nie reg om so te doen nie; want wat ons aan JaHWeH onse Elohey slag, is 'n gruwel vir die Egiptenaars. As ons iets wat 'n gruwel is vir die Egiptenaars, voor hulle oë slag, sal hulle ons dan nie stenig nie? Exo 8:27 Laat ons drie dagreise ver die wildernis intrek, dat ons aan JaHWeH onse Elohey kan slag soos Hy ons sal beveel. Exo 8:28 Toe sê Farao: Ek sal julle laat trek, dat julle aan JaHWeH julle Elohey kan slag in die wildernis; julle moet maar net nie te ver wegtrek nie. Tree in vir my. Exo 8:29 En Moshè antwoord: Kyk, ek gaan van u af weg en sal tot JaHWeH bid, dat die muskiete môre Farao, sy dienaars en sy volk mag verlaat. Laat Farao ons net nie langer bedrieg deur die volk nie te laat trek om aan JaHWeH te slag nie. Exo 8:30 Toe het Moshè van Farao af weggegaan en tot JaHWeH gebid. Exo 8:31 En JaHWeH het gedoen volgens die woord van Moshè: Hy het die muskiete van Farao, van sy dienaars en sy volk weggeneem. Daar het nie een oorgebly nie. Exo 8:32 Maar Farao het sy hart ook hierdie keer verhard en die volk nie laat trek nie. //Vyfde plaag: pes onder die vee Exo 9:1 VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek: Gaan na Farao en sê vir hom: So spreek JaHWeH, die Elohey van die Hebreërs: Laat My volk trek, dat hulle My kan dien. Exo 9:2 Want as jy weier om [hulle] te laat trek en hulle nog langer vashou, Exo 9:3 kyk, dan sal die Hand van JaHWeH wees teen jou vee wat in die veld is, teen die perde, teen die esels, teen die kamele, teen die beeste en teen die kleinvee met 'n baie swaar pes. Exo 9:4 En JaHWeH sal 'n onderskeid maak tussen die vee van die JisraEliete en die vee van die Egiptenaars, sodat niks sal doodgaan van alles wat aan die kinders van JisraEl behoort nie. Exo 9:5 En JaHWeH het 'n bepaalde tyd gestel en gesê: Môre sal JaHWeH dit doen in die Aarde. Exo 9:6 En JaHWeH het dit die volgende dag gedoen: al die vee van die Egiptenaars het doodgegaan. Maar van die vee van die kinders van JisraEl is nie een dood nie. Exo 9:7 Farao het toe gestuur, en kyk, van die vee van die JisraEliete was daar nie een dood nie! Maar die hart van Farao was verhard, en hy het die volk nie laat trek nie. //Sesde plaag: swere. Exo 9:8 VERDER het JaHWeH aan Moshè en Aäron gesê: Neem julle twee hande vol roet uit die oond, en laat Moshè dit na die Hemele uitstrooi voor die oë van Farao; Exo 9:9 en dit sal fyn stof word oor die hele Aarde van Egipte en aan adamiete en wilde wesens swere veroorsaak wat in blare uitbreek, in die hele Aarde van Egipte. Exo 9:10 So het hulle dan roet uit die oond geneem en voor die aangesig van Farao gaan staan, en Moshè het dit na die Hemele uitgestrooi. Toe word dit swere wat uitbreek in blare aan adamiete en wilde wesens. Exo 9:11 En die towenaars kon voor die aangesig van Moshè nie staan vanweë die swere nie. Want die swere was aan die towenaars en al die Egiptenaars. Exo 9:12 Maar JaHWeH het Farao se hart verhard, sodat hy nie na hulle geluister het nie, soos JaHWeH aan Moshè gesê het. //Sewende plaag: hael Exo 9:13 VERDER het JaHWeH aan Moshè gesê: Maak jou môre vroeg klaar en stel jou voor die aangesig van Farao en sê vir hom: So spreek JaHWeH, die Elohey van die Hebreërs: Laat My volk trek, dat hulle My kan dien. Exo 9:14 Want hierdie keer sal Ek al My plae in jou hart stuur, en teen jou dienaars en jou volk, dat jy kan weet dat daar niemand op die hele Aarde is soos Ek nie. Exo 9:15 Want anders sou Ek My Hand uitgestrek en jou en jou volk met die pes getref het, en jy sou van die Aarde verdelg gewees het; Exo 9:16 maar juis hierom het Ek jou nog laat bestaan, dat Ek jou My Krag kan toon, en dat hulle My Naam op die hele Aarde kan verkondig. Exo 9:17 Versit jy jou nog teen My volk, dat jy hulle nie wil laat trek nie? Exo 9:18 Kyk, Ek sal môre omtrent sulke tyd 'n baie swaar hael laat reën soos wat in Egipte nie gewees het van die dag af dat dit gegrond is tot nou toe nie. Exo 9:19 Stuur dan nou en laat jou vee en alles wat jy in die veld het, in veiligheid bring; al die adamiete en die wilde wesens wat in die veld gevind word, en wat nie binnekant gebring is nie - op hulle sal die hael val, sodat hulle sterwe. Exo 9:20 Hy wat die Woord van JaHWeH gevrees het onder die dienaars van Farao, het sy slawe en sy vee in die huise laat vlug; Exo 9:21 maar hy wat op die Woord van JaHWeH geen ag gegee het nie, het sy slawe en sy vee in die veld laat bly. Exo 9:22 Toe sê JaHWeH vir Moshè: Steek jou hand na die Hemele uit, en daar sal hael wees in die hele Aarde van Egipte, oor adamiete en wilde wesens en oor al die plante van die veld in die Aarde van Egipte. Exo 9:23 En Moshè het sy Staf na die Hemele uitgesteek, en JaHWeH het donder en hael gegee, en vuur het na die Aarde uitgeskiet; en JaHWeH het hael op die Aarde van Egipte laat reën. Exo 9:24 En daar was hael en onophoudelike vuur binne-in die hael, baie swaar, soos in die hele Aarde van Egipte nooit gewees het vandat dit aan 'n nasie behoort het nie. [Openbaring 16:21] Exo 9:25 En die hael het in die hele Aarde van Egipte geslaan alles wat in die veld was, adamiete sowel as wilde wesens. Ook het die hael al die plante van die veld geslaan en al die bome van die veld verbreek. Exo 9:26 Net in die Aarde van Gosen, waar die kinders van JisraEl was, was daar geen hael nie. Exo 9:27 Toe het Farao Moshè en Aäron laat roep en vir hulle gesê: Ek het dié keer oortree. JaHWeH [is] die regverdige, maar ek en my volk is besoedeldes. Exo 9:28 Bid tot JaHWeH, want daar is oorgenoeg donder van Elohim en hael gewees; dan sal ek julle laat trek, en julle hoef nie langer te bly nie. Exo 9:29 Toe sê Moshè vir hom: So gou as ek die stad uitgaan, sal ek my handpalms tot JaHWeH uitstrek: die donder sal ophou en die hael sal nie meer wees nie; sodat u kan weet dat die Aarde aan JaHWeH behoort. Exo 9:30 Maar wat u en u dienaars betref - ek weet dat julle nog nie ontsag het vir JaHWeH Elohim nie. Exo 9:31 En die katoen en die gars was weggeslaan, want die gars was in die aar en die katoen in die knop. Exo 9:32 Maar die koring en die spelt was nie weggeslaan nie, want hulle is later. Exo 9:33 So het Moshè dan uit die stad gegaan van Farao af weg en sy handpalms tot JaHWeH uitgestrek. En die donder en hael het opgehou, en die reën het nie meer op die Aarde gegiet nie. Exo 9:34 Toe Farao sien dat die reën en die hael en die donder ophou, het hy nog verder oortree en sy hart verhard, hy en sy dienaars. Exo 9:35 Ja, Farao se hart was verhard, sodat hy die kinders van JisraEl nie laat trek het nie, soos JaHWeH deur die hand van Moshè gespreek het. //Agste plaag: die sprinkane Exo 10:1 VERDER het JaHWeH vir Moshè gesê: Gaan na Farao toe, want Ék het sy hart verhard, ook die hart van sy dienaars, sodat Ek hierdie tekens van My onder hulle kan verrig, Exo 10:2 en dat jy voor die ore van jou kind en jou kindskind kan vertel wat Ek Egipte aangedoen het, en My tekens wat Ek onder hulle gedoen het, dat julle kan weet dat Ek JaHWeH is. Exo 10:3 Toe gaan Moshè en Aäron na Farao, en hulle sê vir hom: So spreek JaHWeH, die Elohey van die Hebreërs: Hoe lank weier jy om jou voor My te verootmoedig? Laat My volk trek, dat hulle My kan dien. Exo 10:4 Want as jy weier om My volk te laat trek, kyk, dan bring Ek môre sprinkane in jou grondgebied, Exo 10:5 en hulle sal die oog van die Aarde oordek, sodat geen een die Aarde sal kan sien nie. En hulle sal die oorblyfsel afeet van wat gered is, wat vir julle van die hael oorgebly het; en al die bome wat vir julle uit die veld opgroei, sal hulle afeet. Exo 10:6 En jou huise en die huise van al jou dienaars en die huise van al die Egiptenaars sal vol van hulle wees - soos jou vaders en die vaders van jou vaders nie gesien het van die dag af dat hulle op die Adamah[adamiet se Aarde] gewees het tot vandag toe nie. Daarop het hy omgedraai en van Farao af weggegaan. Exo 10:7 Toe vra Farao se dienaars vir hom: Hoe lank sal die man vir ons 'n strik wees? Laat die manne trek, dat hulle JaHWeH hulle Elohey kan dien. Weet u nog nie dat Egipte te gronde gaan nie? Exo 10:8 Daarop bring hulle Moshè en Aäron na Farao terug, en hy sê vir hulle: Gaan heen, dien JaHWeH julle Elohey. Wie is dit eintlik wat wil gaan? Exo 10:9 En Moshè antwoord: Ons wil gaan met ons kindertjies en oues, met ons seuns en ons dogters; met ons kleinvee en ons beeste wil ons gaan, want ons wil 'n Fees vir JaHWeH hou. Exo 10:10 Toe sê hy vir hulle: Mag JaHWeH met julle wees terwyl Ek julle en julle kindertjies sal wegstuur: Kyk!, daar is bedrog op julle gesigte. Exo 10:11 Loop, julle krygsmanne, en dien JaHWeH, want dit is wat julle wou hê. En hulle is van Farao af verjaag. Exo 10:12 Toe sê JaHWeH vir Moshè: Steek jou hand uit oor die Aarde van Egipte vanweë die sprinkane, dat hulle opkom oor die Aarde van Egipte en al die plante van die Aarde opeet, alles wat die hael laat oorbly het. Exo 10:13 En Moshè het sy Staf oor die Aarde van Egipte uitgesteek, en JaHWeH het 'n Gees uit die ooste in die Aarde gebring, daardie hele dag en die hele nag; toe dit môre word, het die Gees uit die ooste die sprinkane aangevoer: Exo 10:14 die sprinkane het opgekom oor die hele Aarde van Egipte en in die hele gebied van Egipte gaan sit, 'n baie groot menigte - tevore was daar so 'n sprinkaanswerm nie gewees nie, en daarna sal so iets nie weer voorkom nie. Exo 10:15 En hulle het die oppervlakte van die hele Aarde bedek, sodat die Aarde swart was; en hulle het al die plante van die Aarde opgeëet en al die vrugte van die bome wat die hael laat oorbly het - daar het geen groenigheid aan die bome of plante van die veld in die hele Aarde van Egipte oorgebly nie. Exo 10:16 Toe het Farao gou vir Moshè en Aäron laat roep en gesê: Ek het oortree teen JaHWeH julle Elohey en teen julle. Exo 10:17 Vergeef dan tog nou net dié keer my oortreding, en tree in tot JaHWeH julle Elohey, dat Hy net hierdie dood van my af wegneem. Exo 10:18 En hy het van Farao af weggegaan en tot JaHWeH toe genader. Exo 10:19 Daarop laat JaHWeH 'n baie sterk Gees uit die Weste omkeer; dié het die sprinkane opgetel en hulle in die Skelfsee gedrywe. Daar het nie een sprinkaan in die hele gebied van Egipte oorgebly nie. Exo 10:20 Maar JaHWeH het Farao se hart verhard, sodat hy die kinders van JisraEl nie laat trek het nie. //Negende plaag: duisternis Exo 10:21 VERDER het JaHWeH vir Moshè gesê: Steek jou hand na die Hemele uit, en daar sal duisternis oor die Aarde van Egipte kom, sodat 'n persoon die duisternis kan gryp. Exo 10:22 Toe Moshè sy hand uitsteek na die Hemele, kom daar 'n dik duisternis in die hele Aarde van Egipte, drie dae lank. [Openbaring 16:10] Exo 10:23 Die een het die ander nie gesien nie, en niemand het van sy plek opgestaan nie, drie dae lank. Maar al die kinders van JisraEl het Lig in hulle woonplekke gehad. [Spreuke 4:18, 19] Exo 10:24 Toe het Farao Moshè laat roep en gesê: Gaan heen, dien JaHWeH; net julle kleinvee en julle beeste moet agtergehou word. Selfs julle kinders kan met julle saamgaan. Exo 10:25 Maar Moshè antwoord: U moet self ook slagdiere en brandoffers in ons hand gee, dat ons dit vir JaHWeH onse Elohey kan berei. Exo 10:26 En ons vee moet ook met ons saamgaan: daar mag geen klou agterbly nie! Want daarvan moet ons neem om JaHWeH onse Elohey te dien. En ons weet nie hoe sal ons JaHWeH dien voordat ons daar kom nie. Exo 10:27 Maar JaHWeH het Farao se hart verhard, en hy wou hulle nie laat trek nie. Exo 10:28 Maar Farao sê vir hom: Gaan weg van my af! Pas op dat jy my aangesig nie weer sien nie; want die dag as jy my aangesig sien, sal jy sterwe. Exo 10:29 En Moshè antwoord: U het reg gepraat. Ek sal u aangesig nie weer sien nie. //Tiende plaag: die dood van die eersgeborenes. Exo 11:1 VERDER het JaHWeH vir Moshè gesê: Nog een plaag sal Ek oor Farao en oor Egipte bring. Daarna sal hy julle hiervandaan laat trek. As hy julle geheel en al laat trek, sal hy julle selfs hiervandaan wegdrywe. Exo 11:2 Sê tog voor die ore van die volk dat elke man van sy buurman en elke vrou van haar buurvrou silwergoed en goue goed moet eis. Exo 11:3 En JaHWeH het aan die volk Guns verleen in die oë van die Egiptenaars. Ook was die man Moshè baie groot in die Aarde van Egipte, in die oë van Farao se dienaars en in die oë van die volk. Exo 11:4 Toe sê Moshè: So het JaHWeH gespreek: Omtrent middernag trek Ek uit dwarsdeur Egipte; Exo 11:5 dan sal al die eersgeborenes in die Aarde van Egipte sterwe, van Farao se eersgeborene af wat op sy troon sit, tot die eersgeborene van die slavin agter die handmeul en al die eersgeborenes van die wilde wesens. Exo 11:6 En daar sal 'n groot droefheid en rouklaag in die hele Aarde van Egipte wees soos daar nie gewees het en soos daar nie weer sal wees nie. Exo 11:7 Maar teen geeneen van die kinders van JisraEl sal 'n hond sy tong verroer nie, van die man af tot die vee toe, dat julle kan weet dat JaHWeH 'n onderskeid maak tussen die Egiptenaars en die JisraEliete. Exo 11:8 Dan sal al hierdie dienaars van u na my toe afkom en voor my neerbuig en sê: Trek uit, jy en die hele volk wat jou volg. En daarna sal ek uittrek. Toe het hy van Farao af weggegaan in gloeiende woede. [Exodus 7:1] Exo 11:9 En JaHWeH het vir Moshè gesê: Farao sal na julle nie luister nie, sodat My wonders in die Aarde van Egipte groot kan word. Exo 11:10 En Moshè en Aäron het al hierdie wonders voor die aangesig van Farao gedoen. Maar JaHWeH het Farao se hart verhard, sodat hy die kinders van JisraEl nie uit sy Aarde laat trek het nie. //Die Pasga beteken dat JaHWeH "oor" die huise van die seuns van JisraEl gegaan het. Exo 12:1 EN JaHWeH het met Moshè en Aäron in die Aarde van Egipte gespreek en gesê: Exo 12:2 Hierdie maand moet vir julle die begin van die maande wees; dit moet vir julle die eerste van die maande van die jaar wees. [Boekrol van Henog 72:6; 74:12; DaniEl 9:25] Exo 12:3 Spreek tot die hele vergadering van JisraEl en sê: Op die tiende van hierdie maand moet hulle elkeen 'n lam neem volgens die families, 'n lam vir 'n huisgesin. Exo 12:4 Maar as 'n huisgesin te klein is vir 'n lam, dan moet hy en sy buurman wat die naaste aan sy huis is, hom neem volgens die sieletal; na wat elkeen gewoond is om te eet, moet julle die getal op die lam bereken. Exo 12:5 Julle moet 'n rasegte lam hê, 'n jaaroud rammetjie. Van die skape of van die bokke kan julle hom neem. Exo 12:6 En julle moet hom in bewaring hou tot die veertiende dag van hierdie maand; en die hele vergadering van die gemeente van JisraEl moet hom laat doodbloei teen die aand. Exo 12:7 En hulle moet van die bloed neem en dit stryk aan die twee deurposte en aan die bodrumpel, aan die huise waarin hulle hom eet. [JeHôWganan 10:7; Hebreërs 10:20] Exo 12:8 En hulle moet die vleis in dieselfde nag eet, oor die vuur gebraai; saam met ongesuurde brode moet hulle hom met bitter kruie eet. [JeHôWganan 6:53] Exo 12:9 Julle moet van hom nie eet as hy rou is en as hy in water gaargemaak is nie, maar oor die vuur gebraai, die kop en pootjies saam met die binnegoed. Exo 12:10 Julle mag daar ook niks van laat oorbly tot die môre toe nie; maar wat van hom tot die môre oorbly, moet julle met vuur verbrand. Exo 12:11 En só moet julle hom eet: Julle heupe moet omgord wees, julle skoene aan jul voete en julle staf in jul hand; baie haastig moet julle hom eet. 'n Pasga van JaHWeH is hy. Exo 12:12 Want Ek sal in hierdie nag deur die Aarde van Egipte trek en al die eersgeborenes in die Aarde van Egipte tref, van adamiete sowel as van die wilde wesens. En Ek sal strafgerigte oefen aan al die gode van Egipte, Ek - JaHWeH. Exo 12:13 Maar die bloed sal vir julle 'n Teken wees aan die huise waarin julle is: as Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan. En daar sal geen verderflike plaag onder julle wees wanneer Ek die Aarde van Egipte tref nie. Exo 12:14 En hierdie dag moet vir julle 'n herinnering wees, en julle moet dit as 'n Fees tot eer van JaHWeH vier. Julle moet dit in julle geslagte as 'n ewige Instelling vier. Exo 12:15 Sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet; alreeds op die eerste dag moet julle die suurdeeg uit julle huise verwyder. Want almal [wat iets] gesuurd eet, van die eerste dag af tot die sewende toe, dié siel, sal haar afsny van JisraEl af. Exo 12:16 En op die eerste dag moet daar 'n samekoms van Apartheid wees; ook op die sewende dag moet daar vir julle 'n samekoms van Apartheid wees. Daar mag géén werk op dié dae gedoen word nie; net wat deur elke siel geëet moet word, dit alleen mag deur julle berei word. Exo 12:17 Onderhou dan die Ongesuurde Brode, want op daardie selfde dag het Ek julle leërs uit die Aarde van Egipte uitgelei. Daarom moet julle hierdie dag in julle geslagte as 'n ewige Insetting hou. Exo 12:18 In die eerste, op die veertiende dag van die maand, in die aand, moet julle ongesuurde brode eet, tot op die een-en-twintigste dag van die maand, in die aand. Exo 12:19 Sewe dae lank mag daar geen suurdeeg in julle huise gevind word nie. Want elkeen wat iets eet met suurdeeg in, dié siel sal haar afsny uit die vergadering van JisraEl, of hy 'n besoeker is of gebore in die Aarde. Exo 12:20 Julle mag niks eet met suurdeeg in nie. In al julle woonplekke moet julle ongesuurde brode eet. Exo 12:21 Moshè het toe al die oudstes van JisraEl laat roep en aan hulle gesê: Gaan haal vir julle kleinvee vir julle families en bloei die pasga. Exo 12:22 En neem 'n bossie hisop en steek dit in die bloed wat in die skottel is, en stryk aan die bodrumpel en aan die twee deurposte van die bloed wat in die skottel is. Maar niemand van julle mag uit die deur van sy huis uitgaan tot die môre toe nie. Exo 12:23 Want JaHWeH sal deurtrek om die Egiptenaars swaar te tref. Maar wanneer Hy die bloed sien aan die bodrumpel en aan die twee deurposte, sal JaHWeH by die deur verbygaan en die Verderwer nie toelaat om in julle huise in te gaan om te slaan nie. Exo 12:24 Onderhou dan hierdie woord as 'n Insetting vir jou en jou kinders tot in ewigheid. Exo 12:25 En as julle in die Aarde kom wat JaHWeH aan julle sal gee soos Hy beloof het, moet julle hierdie Instelling onderhou. Exo 12:26 En as julle kinders julle vra: Wat beteken die Instelling daar? Exo 12:27 dan moet julle sê: Hy is die Slagdier van die Pasga van JaHWeH wat oor die huise van die kinders van JisraEl in Egipte gegaan het, toe Hy die Egiptenaars getref, maar ons huise gered het. Toe het die volk buigend neergeval. Exo 12:28 En die kinders van JisraEl het gegaan en dit gedoen. Soos JaHWeH Moshè en Aäron beveel het, so het hulle gedoen. Exo 12:29 En middernag het JaHWeH al die eersgeborenes in die Aarde van Egipte getref, van die eersgeborene van Farao af wat op sy troon gesit het, tot die eersgeborene van die gevangene wat toe in die gevangenis was, en al die eersgeborenes van die wilde wesens. Exo 12:30 Toe staan Farao in die nag op, hy en al sy dienaars en al die Egiptenaars, en daar was 'n groot roubeklag in Egipte, want daar was geen huis waar geen dooie in was nie. Exo 12:31 Daarop het hy Moshè en Aäron in die nag laat roep en gesê: Maak julle klaar, trek weg onder my volk uit, julle sowel as die kinders van JisraEl, en gaan dien JaHWeH soos julle gespreek het. Exo 12:32 Neem ook julle kleinvee en julle beeste saam soos julle gespreek het, en gaan weg en seën my ook. Exo 12:33 En die Egiptenaars het by die volk sterk aangehou - om hulle gou uit die Aarde uit te stuur. Want hulle het gesê: Ons is almal dood! Exo 12:34 Toe neem die volk hulle deeg voordat dit ingesuur was, met hulle bakskottels, in hulle mantels toegebind, op die skouers. Exo 12:35 En die kinders van JisraEl het gehandel volgens die woord van Moshè: hulle het van die Egiptenaars silwergoed en goue goed en klere geëis; Exo 12:36 en JaHWeH het aan die volk Guns verleen in die oë van die Egiptenaars, daarom het hulle aan die versoek voldoen. So het hulle dan die Egiptenaars berowe. Exo 12:37 En die kinders van JisraEl het van Raämses na Sukkot weggetrek, omtrent seshonderdduisend te voet, die krygsmanne buiten die kinders. Exo 12:38 En 'n menigte mense van gemengde bloed het ook saam met hulle opgetrek, en kleinvee en beeste - 'n groot hoeveelheid vee. Exo 12:39 En hulle het van die deeg wat hulle uit Egipte gebring het, ongesuurde koeke gebak; want dit was nie gesuurd nie, omdat hulle uit Egipte uitgedryf is, sodat hulle nie kon vertoef nie en ook geen padkos vir hulle klaargemaak het nie. Exo 12:40 En die tyd wat die kinders van JisraEl in Egipte gewoon het, was vierhonderd-en-dertig jaar. [Opregte 81:3-4] Exo 12:41 En ná verloop van vierhonderd-en-dertig jaar, op daardie selfde dag, het al die menigtes van JaHWeH uit die Aarde van Egipte uitgetrek. Exo 12:42 Dit is 'n nag om plegtig onderhou te word tot eer van JaHWeH, omdat Hy hulle uit die Aarde van Egipte uitgelei het. Dit is dié nag van JaHWeH om plegtig onderhou te word by al die kinders van JisraEl in hulle geslagte. //Die Insetting van die Pasga slegs vir besnedenes. Exo 12:43 VERDER het JaHWeH aan Moshè en Aäron gesê: Dit is die Insetting van die Pasga: Géén volksvreemde mag van hom eet nie. Exo 12:44 Maar elke slaaf wat 'n man met silwer gekoop het, dié moet hy besny; dan kan hy van hom eet. Exo 12:45 Geen vreemde inwoner of huurling mag van hom eet nie. Exo 12:46 In een huis moet hy geëet word; jy mag niks van die vleis uit die huis buitentoe bring nie; en julle mag geen been van hom breek nie. [JeHôWganan 19:36; Psalm 34:20] Exo 12:47 Die hele vergadering van JisraEl moet hom hou. Exo 12:48 En as 'n besoeker by jou vertoef en tot eer van JaHWeH die Pasga wil vier, moet by hom almal wat manlik is, besny word; en dan mag hy nader kom om hom te vier, en hy sal soos 'n kind van die Aarde wees. Maar géén onbesnedene mag van hom eet nie. Exo 12:49 Een Wet moet geld vir die kind van die Aarde en vir die besoeker wat onder julle vertoef. Exo 12:50 En al die kinders van JisraEl het dit gedoen. Volgens die bevel van JaHWeH aan Moshè en Aäron, so het hulle gedoen. Exo 12:51 En op daardie selfde dag het JaHWeH die kinders van JisraEl, volgens hulle leërafdelings, uit die Aarde van Egipte uitgelei. //Wet van die eersgeborenes. Exo 13:1 TOE het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: Exo 13:2 Sonder vir My al die eersgeborenes af. Alles wat die moederskoot open onder die kinders van JisraEl, adamiete sowel as vee, dit is Myne. Exo 13:3 Verder het Moshè aan die volk gesê: Dink aan hierdie dag waarop julle uit Egipte, uit die slawehuis, uitgegaan het; want JaHWeH het julle deur 'n Sterke Hand hiervandaan uitgelei; daarom mag [iets] gesuurd nie geëet word nie. Exo 13:4 Vandag trek julle uit, in die maand Abib. Exo 13:5 En as JaHWeH jou bring in die Aarde van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Hewiete en Jebusiete, wat Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het om aan jou te gee, 'n Aarde wat oorloop van melk en heuning, dan moet jy hierdie diens in hierdie maand verrig. Exo 13:6 Sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet, en op die sewende dag is daar Fees tot eer van JaHWeH. Exo 13:7 Ongesuurde brode moet die sewe dae geëet word: by jou mag [iets] gesuurd nie gesien word nie, en geen suurdeeg mag by jou in jou hele grondgebied gesien word nie. Exo 13:8 En jy sal jou seun op dié dag vertel en sê: Dit geskied ter wille van wat JaHWeH aan my gedoen het toe ek uit Egipte uitgetrek het. Exo 13:9 En sy moet vir jou as 'n Teken wees op jou hand en 'n herinnering tussen jou oë, want die Wet van JaHWeH, sal in jou mond wees; want deur 'n Sterke Hand het JaHWeH jou uit Egipte uitgelei. Exo 13:10 En jy moet hierdie Insetting onderhou op haar bepaalde tyd, van jaar tot jaar. Exo 13:11 En as JaHWeH jou in die Aarde van die Kanaäniete bring, soos Hy aan jou en jou vaders met 'n eed beloof het, en Hy haar aan jou gee, Exo 13:12 dan moet jy alles wat die moederskoot open, aan JaHWeH afgee; ook elke eersteling, die aanteel van vee, wat jy sal hê - wat manlik is, behoort aan JaHWeH. Exo 13:13 Maar elke eersteling van 'n esel moet jy met 'n lam loskoop. En as jy hom nie loskoop nie, moet jy sy nek breek. Maar al die eersgeborenes van adamiete onder jou seuns moet jy loskoop. Exo 13:14 En as jou seun jou later vra en sê: Wat beteken dit? dan moet jy hom antwoord: JaHWeH het ons deur 'n Sterke Hand uit Egipte, uit die slawehuis, uitgelei. Exo 13:15 Want toe Farao dit moeilik gemaak het om ons te laat trek, het JaHWeH al die eersgeborenes in die Aarde van Egipte gedood, van die eersgeborene van 'n man tot die eersgeborene van 'n wilde wese. Daarom slag ek aan JaHWeH alles wat die moederskoot open wat manlik is; maar al die eersgeborenes van my seuns koop ek los. Exo 13:16 En dit sal as 'n Teken wees op jou hand en 'n voorhoofsband tussen jou oë; want JaHWeH het ons deur 'n Sterke Hand uit Egipte uitgelei. //Tog na die Skelfsee Exo 13:17 TOE Farao die volk laat trek het, het Elohim hulle nie op die pad na die Aarde van die Filistyne gelei nie, alhoewel sy nader was; want Elohim het gesê: Die volk kan dalk berou kry as hulle oorlog sien, en teruggaan na Egipte. Exo 13:18 Daarom het Elohim die volk laat wegdraai in die rigting na die wildernis, na die Skelfsee toe. En die kinders van JisraEl het goed gewapend uit die Aarde van Egipte opgetrek. Exo 13:19 En Moshè het die gebeente van JôWsef met hom saamgeneem; want hy het die kinders van JisraEl plegtig laat sweer en gesê: Elohim sal eindelik op julle ag gee; bring dan my gebeente saam met julle hiervandaan op. Exo 13:20 So het hulle dan van Sukkot af weg getrek en laer opgeslaan in Etam, aan die kant van die wildernis. Exo 13:21 En JaHWeH het voor hulle uitgetrek, bedags in die Wolkkolom om hulle op die pad te lei, en snags in die Vuurkolom om hulle voor te lig, sodat hulle dag en nag kon trek. Exo 13:22 Die Wolkkolom het nie bedags en die Vuurkolom nie snags voor die aangesig van die volk gewyk nie. Exo 14:1 TOE het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: Exo 14:2 Sê aan die kinders van JisraEl dat hulle moet omdraai en laer opslaan voor die aangesig van Pi-Hágirot, tussen Migdol en die see. Reg teenoor Baäl-Sefon moet julle laer opslaan by die see. Exo 14:3 Dan sal Farao van die kinders van JisraEl sê: Hulle is verdwaal in die Aarde, die wildernis het hulle ingesluit. Exo 14:4 En Ek sal Farao se hart verhard, dat hy hulle agtervolg; en Ek wil My aan Farao en sy hele leërmag gewigtig maak, en die Egiptenaars sal weet dat Ek JaHWeH is. En hulle het so gedoen. Exo 14:5 Toe die koning van Egipte berig ontvang dat die volk gevlug het, het die hart van Farao en van sy dienaars teenoor die volk verander, en hulle sê: Wat het ons nou gedoen dat ons JisraEl laat trek het, sodat hulle ons nie meer dien nie? Exo 14:6 Daarop het hy sy strydwa ingespan en sy manskappe saam met hom geneem. Exo 14:7 En hy het seshonderd uitgesoekte strydwaens geneem en al die ander strydwaens van Egipte, en die beste vegsmanne op elkeen daarvan. Exo 14:8 En JaHWeH het die hart van Farao, die koning van Egipte, verhard, sodat hy die kinders van JisraEl agtervolg het. Maar die kinders van JisraEl het deur 'n Uitgestrekte Hand uitgetrek. Exo 14:9 En die Egiptenaars het hulle agtervolg - al Farao se perde [en] strydwaens, sy ruiters en sy leërmag - en hulle ingehaal terwyl hulle in die laer gestaan het by die see by Pi-Hágirot, voor die aangesig van Baäl-Sefon. Exo 14:10 Toe Farao naby kom, slaan die kinders van JisraEl hulle oë op, en kyk, daar trek die Egiptenaars agter hulle aan; en hulle het baie bang geword. Daarop het die kinders van JisraEl tot JaHWeH geroep. Exo 14:11 En hulle het vir Moshè gesê: Het u, omdat daar in Egipte glad geen grafte is nie, ons saamgeneem om in die wildernis te sterwe? Wat het u ons nou aangedoen, dat u ons uit die Aarde van Egipte uitgelei het? Exo 14:12 Is dit nie die woord wat ons aan u in Egipte gesê het nie: Laat ons met rus, dat ons die Egiptenaars kan dien? Want dit is beter vir ons om die Egiptenaars te dien as om in die wildernis te sterwe. Exo 14:13 Maar Moshè het aan die volk gesê: Wees nie bevrees nie, staan vas en aanskou die Verlossing van JaHWeH wat Hy vandag vir julle sal bewerk; want soos julle die Egiptenaars vandag sien, sal julle hulle nie weer sien in ewigheid nie. Exo 14:14 JaHWeH sal vir julle stry, en julle moet stil wees. Exo 14:15 Toe vra JaHWeH vir Moshè: wat roep jy na My? Sê aan die kinders van JisraEl dat hulle moet wegtrek. Exo 14:16 En jy, hef jou Staf op en steek jou hand uit oor die see en kloof dit, sodat die kinders van JisraEl dwarsdeur die see op droë Aarde kan trek. [Wysheid van Salomo 19:7] Exo 14:17 En Ek, kyk, Ek sal die hart van die Egiptenaars verhard, sodat hulle agter hulle aan gaan. En Ek wil My gewigtig maak aan Farao en sy hele leërmag, aan sy strydwaens en aan sy ruiters. Exo 14:18 En die Egiptenaars sal weet dat Ek JaHWeH is, as Ek My gewigtig maak op Farao, en op sy strydwaens en op sy ruiters. Exo 14:19 En die Boodskapper van die Elohim wat voor die aangesig van die leër van JisraEl uit getrek het, het daar weggegaan en agter hulle aan getrek. En die Wolkkolom het ook van voor hulle aangesig weggetrek en agter hulle gaan staan; Exo 14:20 so het hy dan tussen die leër van die Egiptenaars en die leër van JisraEl in gekom. En hy was 'n wolk van Duisternis vir die een, maar het die nag Verlig vir die ander: sodat die een nie naby die ander kon kom die hele nag deur nie. Exo 14:21 Toe steek Moshè sy hand oor die see uit, en JaHWeH het deur 'n sterk Gees uit die ooste die see laat wegvloei, die hele nag deur, en die see droog gemaak; en die waters is gekloof. [JeshaJaH 51:10] Exo 14:22 En die kinders van JisraEl het midde-in die see getrek op droë Aarde. En die waters was vir hulle 'n muur aan hul regter- en aan hul linkerkant. Exo 14:23 Toe het die Egiptenaars hulle gejaag en agter hulle aan getrek - al Farao se perde, sy strydwaens en sy ruiters - die see in. Exo 14:24 En in die môrewaak het JaHWeH, in die Vuur- en Wolkkolom, op die leër van die Egiptenaars afgekyk en die leër van die Egiptenaars in verwarring gebring. Exo 14:25 En Hy het die wiele van hulle strydwaens laat insak en hulle met moeite laat voortgaan. Toe sê die Egiptenaars: Laat ons van JisraEl af wegvlug, want JaHWeH stry vir hulle teen die Egiptenaars. Exo 14:26 Daarop sê JaHWeH vir Moshè: Steek jou hand uit oor die see, dat die waters kan terugvloei oor die Egiptenaars, oor hulle strydwaens en oor hulle ruiters. Exo 14:27 En Moshè het sy hand oor die see uitgesteek, en die see het teen dagbreek in sy bedding teruggevloei, en die Egiptenaars het dit tegemoet gevlug. So het JaHWeH dan die Egiptenaars binne-in die see gestort. [Boekrol van Henog 89:27] Exo 14:28 En toe die waters terugvloei, het hulle die strydwaens en die ruiters van Farao se hele leërmag wat agter hulle die see ingetrek het, oordek. Geeneen van hulle het oorgebly nie. Exo 14:29 Maar die kinders van JisraEl het binne-in die see op droë Aarde getrek. En die waters was vir hulle 'n muur aan hul regter- en aan hul linkerkant. Exo 14:30 So het JaHWeH JisraEl dan dié dag uit die hand van die Egiptenaars verlos. En JisraEl het die Egiptenaars dood gesien aan die kant van die see. Exo 14:31 Ook het JisraEl die magtige daad gesien wat JaHWeH aan die Egiptenaars verrig het. Toe het die volk JaHWeH gevrees en geglo in JaHWeH en aan Moshè, Sy kneg. //Oorwinningslied van die JisraEliete Exo 15:1 TOE het Moshè en die kinders van JisraEl hierdie lied tot eer van JaHWeH gesing; en dit is wat hulle gesê het: Ek wil sing tot eer van JaHWeH, want Hy is hoog verhewe. Die perd en sy ruiter het Hy in die see gewerp. Exo 15:2 JaHH is my Krag en my lofprysing, en Hy het tot my Verlossing gekom. Hy is my El, Hom sal ek roem; die Elohey van my vader, Hom sal ek verhoog. [Exodus 17:16] Exo 15:3 JaHWeH is 'n Krygsman; JaHWeH is Sy Naam. Exo 15:4 Hy het Farao se strydwaens en sy leërmag in die see gewerp. En sy beste vegsmanne het in die Skelfsee gesink. Exo 15:5 Die Afgrond het hulle oordek. Hulle het in die kolke gesink soos 'n klip. Exo 15:6 U Regterhand o JaHWeH, is vergroot deur Krag. U Regterhand, o JaHWeH, het die vyand in stukke verbreek. Exo 15:7 En in U grote Hoogheid werp U diegene neer wat teen U opstaan. U stuur U brandende Woede uit: Hy verteer hulle soos 'n stoppel. Exo 15:8 En deur die Gees van U Woede het die waters hulle opgestapel, die strome het bly staan soos 'n wal, die Afgrond het styf geword in die hart van die see. Exo 15:9 Die vyand het gesê: Ek sal agtervolg, inhaal, buit verdeel, my siel sal versadig word van hulle; ek sal my swaard trek, my hand sal hulle uitroei. Exo 15:10 U het met U Gees geblaas: die see het hulle oordek; soos lood het hulle gesink in die geweldige waters. Exo 15:11 O JaHWeH, wie is soos U onder die elim1 ? Wie is soos U, Adellik in Apartheid, gedug in roemryke dade, een wat wonders doen? Exo 15:12 U het U Regterhand uitgestrek, die Aarde het hulle verslind. Exo 15:13 U het deur U Medelye die volk gelei wat U verlos het; U het hulle deur U Krag na die woning van U Apartheid gevoer. [Exodus 17:16] Exo 15:14 Die volke het dit gehoor, hulle het gesidder; weë het die inwoners van Filistéa aangegryp. Exo 15:15 Toe is die stamhoofde van Edom verskrik, bewing het die magtiges van Moab aangegryp. Al die inwoners van Kanaän het gebewe. Exo 15:16 Verskrikking en Vrees het op hulle geval; deur die grootheid van U Arm was hulle stom soos 'n klip, terwyl U volk deurtrek, JaHWeH, terwyl die volk deurtrek wat U verwerf het. Exo 15:17 U bring hulle in en plant hulle op die bergland van U erfenis, die plek, o JaHWeH, wat U as vaste woonplek vir U berei het, die Apartheidsplek wat U hande gestig het, my Meester! Exo 15:18 JaHWeH sal regeer vir Ewig tot in Ewigheid. Exo 15:19 Want Farao se perd, met sy strydwaens en sy ruiters, het in die see ingegaan, en JaHWeH het die waters van die see oor hulle laat terugkom. Maar die kinders van JisraEl het binne-in die see op droë Aarde getrek. Exo 15:20 En Mirjam, die profetes, die suster van Aäron, het 'n tamboeryn in haar hand geneem; en al die vroue het uitgegaan agter haar aan, met tamboeryne en in koordanse. Exo 15:21 En Mirjam het hulle al singende geantwoord: Sing tot eer van JaHWeH, want Hy is hoog verhewe. Hy het die perd met sy ruiter in die see gewerp. //Die water van Mara Exo 15:22 DAAROP het Moshè die JisraEliete laat wegtrek van die Skelfsee af, en hulle het uitgetrek na die wildernis Sur. Hulle het toe drie dae lank in die wildernis getrek en geen water gekry nie. Exo 15:23 En hulle het in Mara gekom, maar kon die water van Mara nie drink nie, want dit was bitter. Daarom heet die plek Mara. Exo 15:24 Toe murmureer die volk teen Moshè en sê: Wat moet ons drink? Exo 15:25 En hy het JaHWeH aangeroep, en JaHWeH het hom 'n stuk hout gewys; dit het hy in die water gegooi, en die water het soet geword. Daar het Hy vir hulle 'n Insetting en Verordening vasgestel en hulle daar beproef [2 Ezra 1:23] Exo 15:26 en gesê: As jy getrou na die Stem van JaHWeH jou Elohey luister en doen wat reg is in Sy Oë, en luister na Sy Gebooie en al Sy Insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op die Aarde van Egipte gelê het nie; want Ek - JaHWeH-Genees. [MattithJaHûW 4:23; Exodus 23:25; Hoséa 11:3] Exo 15:27 Daarop het hulle by Elim gekom, waar twaalf waterfonteine en sewentig palmbome was. En hulle het daar by die water laer opgeslaan.[Openbaring 7:17] //JeHôWganan 6:51 "Ek is die Lewende Brood wat uit die Hemele neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is My vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee." Exo 16:1 TOE hulle van Elim af wegtrek, het die hele vergadering van die kinders van JisraEl in die wildernis Sin gekom, wat tussen Elim en Sinai lê, op die vyftiende dag van die tweede maand na hulle uittog uit die Aarde van Egipte. Exo 16:2 En die hele vergadering van die kinders van JisraEl het teen Moshè en teen Aäron in die wildernis gemurmureer. Exo 16:3 En die kinders van JisraEl het aan hulle gesê: Het ons maar in die Aarde van Egipte deur die Hand van JaHWeH gesterwe toe ons by die vleispotte gesit en volop brood geëet het! Want julle het ons in hierdie wildernis uitgelei om hierdie hele vergadering van honger te laat sterwe. Exo 16:4 Toe sê JaHWeH vir Moshè: Kyk, Ek sal vir julle brood uit die Hemele laat reën; dan kan die volk uitgaan en die dagmaat insamel, sodat Ek hulle kan beproef, of hulle in My Wet sal wandel of nie. Exo 16:5 En op die sesde dag, as hulle berei wat hulle inbring, sal dit dubbel soveel wees as wat hulle daagliks insamel. Exo 16:6 Toe sê Moshè en Aäron aan al die kinders van JisraEl: Vanaand, dan sal julle weet dat JaHWeH julle uit die Aarde van Egipte uitgelei het. Exo 16:7 En môre vroeg, dan sal julle die Glansrykheid van JaHWeH sien, omdat Hy julle murmureringe teen JaHWeH gehoor het - want wat is ons, dat julle teen ons murmureer? Exo 16:8 Daarop sê Moshè: [Dit sal gebeur] as JaHWeH julle in die aand vleis gee om te eet en in die môre volop brood, omdat JaHWeH julle murmureringe hoor wat julle teen Hom murmureer. Want wat is ons? Julle murmureringe is nie teen ons nie, maar teen JaHWeH. Exo 16:9 Verder het Moshè met Aäron gespreek: Sê aan die hele vergadering van die kinders van JisraEl: Kom nader voor die Aangesig van JaHWeH, want Hy het julle murmureringe gehoor. Exo 16:10 En onderwyl Aäron die hele vergadering van die kinders van JisraEl toespreek, draai hulle na die wildernis toe en meteens verskyn die Glansrykheid van JaHWeH in die wolk. Exo 16:11 Ook het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: Exo 16:12 Ek het die murmureringe van die kinders van JisraEl gehoor; spreek met hulle en sê: Teen die aand sal julle vleis eet en in die môre met brood versadig word; en julle sal weet dat Ek-JaHWeH julle Elohey is. Exo 16:13 En in die aand het daar kwartels opgekom en die laer oordek. En in die môre was daar 'n doulaag rondom die laer. Exo 16:14 En nadat die doulaag opgetrek het, het daar oor die wildernis iets gelê wat fyn en korrelrig was, fyn soos ryp op die Aarde. Exo 16:15 Toe die kinders van JisraEl hom sien, sê hulle vir mekaar: Wat is dit? Want hulle het nie geweet wat dit was nie. Daarop sê Moshè vir hulle: Dit is die brood wat JaHWeH julle gee om te eet. Exo 16:16 Dit is die saak wat JaHWeH beveel het: Samel van hom in, elkeen na sy behoefte: 'n gomer vir elke persoon volgens julle sieletal; elkeen moet hom neem vir die wat in sy tent is. Exo 16:17 En die kinders van JisraEl het so gedoen: hulle het ingesamel, die een baie en die ander min. Exo 16:18 Maar toe hulle hom met die gomer meet, het hy wat baie ingesamel het, niks oorgehad nie; en hy wat min ingesamel het, nie te min nie. Elkeen na sy behoefte het hulle ingesamel. Exo 16:19 En Moshè het vir hulle gesê: Niemand moet van hom laat oorbly tot môre toe nie. Exo 16:20 Maar hulle het nie na Moshè geluister nie: sommige het van hom laat oorbly tot die môre toe. Toe bring hy wurms voort en hy het gestink. Daarom het Moshè baie kwaad geword vir hulle. //Die Sabbat herbevestig as die sewende dag. Exo 16:21 EN hulle het hom môre vir môre ingesamel, elkeen na sy behoefte; en as die son warm word, smelt hy weg. Exo 16:22 En op die sesde dag het hulle 'n dubbele porsie brood ingesamel, twee gomers vir elkeen. En al die owerstes van die vergadering het gekom en dit aan Moshè vertel. Exo 16:23 Toe sê hy vir hulle: Dit is wat JaHWeH gespreek het: Môre is dit sabbatsonderhouding, 'n Sabbat van Apartheid aan JaHWeH. Wat julle wil bak, bak hom; en wat julle wil gaarmaak, maak hom gaar; en bêre vir julle alles wat oor is, om hom te bewaar tot die môre toe. Exo 16:24 En hulle het hom gebêre tot die môre toe, soos Moshè beveel het; en hy het nie bederwe nie, en daar het geen wurms in gekom nie. Exo 16:25 Toe sê Moshè: Eet hom vandag, want dit is vandag die Sabbat van JaHWeH. Vandag sal julle hom nie in die veld kry nie. Exo 16:26 Ses dae lank moet julle hom insamel, maar op die sewende dag is dit Sabbat; dan sal hy daar nie wees nie. Exo 16:27 En op die sewende dag het van die mense uitgegaan om in te samel, maar hulle het niks gekry nie. Exo 16:28 Toe sê JaHWeH vir Moshè: Hoe lank weier julle om My Gebooie en My Wette te onderhou? Exo 16:29 Kyk, omdat JaHWeH julle die Sabbat gegee het, daarom gee Hy julle op die sesde dag brood vir twee dae. Laat elkeen bly waar hy is; laat niemand op die sewende dag van sy woonplek af weggaan nie. Exo 16:30 So het die volk dan op die sewende dag gesabbatteer. Exo 16:31 En die huis van JisraEl het hom MAN genoem. En hy was wit soos koljandersaad, en hy het gesmaak soos heuningkoek. Exo 16:32 Verder het Moshè gesê: Dit is die saak wat JaHWeH beveel het: 'n Gomer vol moet van hom bewaar word vir julle geslagte, dat hulle die brood kan sien wat Ek julle in die wildernis laat eet het, toe Ek julle uit die Aarde van Egipte uitgelei het. Exo 16:33 Moshè sê toe vir Aäron: Neem 'n kruik en gooi 'n gomer vol manna daarin, en sit hom voor die Aangesig van JaHWeH neer, om hom vir julle geslagte te bewaar. Exo 16:34 Soos JaHWeH Moshè beveel het, so het Aäron hom voor die Aangesig van die Getuienis neergesit om bewaar te word. Exo 16:35 En die kinders van JisraEl het die manna veertig jaar lank geëet totdat hulle na 'n bewoonde Aarde gekom het. Die manna het hulle geëet totdat hulle by die grens van die Aarde van Kanaän gekom het. Exo 16:36 En 'n gomer is die tiende van 'n efa. //Water uit die rots Exo 17:1 DAAROP het die hele vergadering van die kinders van JisraEl, volgens die bevel van JaHWeH, van plek tot plek uit die wildernis Sin getrek en laer opgeslaan in Ráfidim. En daar was geen water vir die volk om te drink nie. Exo 17:2 Toe twis die volk met Moshè en sê: Gee julle vir ons water om te drink. Maar Moshè antwoord hulle: Wat twis julle met my? Waarom versoek julle JaHWeH? Exo 17:3 Maar die volk het daar gesmag na water, en die volk het teen Moshè gemurmureer en gesê: Waarom het u ons dan uit Egipte laat optrek om ons en ons kinders en ons vee van dors te laat omkom? Exo 17:4 Toe het Moshè JaHWeH aangeroep en gesê: Wat moet ek met hierdie volk doen? Dit skeel maar min of hulle stenig my. Exo 17:5 En JaHWeH het Moshè geantwoord: Trek voor die aangesig van die volk uit, en neem van die oudstes van JisraEl met jou saam; en neem jou Staf waarmee jy die Nyl geslaan het, in jou hand en gaan weg. Exo 17:6 Kyk, Ek sal daar voor jou by die rots op Horeb staan; dan moet jy die rots slaan, en daar sal water uitkom, dat die volk kan drink. En Moshè het so gedoen voor die oë van die oudstes van JisraEl Exo 17:7 en die plek Massa en Mériba genoem vanweë die twis van die kinders van JisraEl en omdat hulle JaHWeH versoek het deur te sê: Is JaHWeH in ons midde of nie? //Oorwinning oor Ámalek. Exo 17:8 DAAROP het Amalek gekom om teen JisraEl by Rafidim te veg. Exo 17:9 En Moshè het aan JeHôWshua gesê: Kies vir ons manne en trek uit, veg teen Amalek. Môre sal ek op die top van die heuwel staan met die Staf van die Elohim in my hand. Exo 17:10 En JeHôWshua het gedoen soos Moshè aan hom gesê het, om te veg teen Amalek. Maar Moshè, Aäron en Hur het op die top van die heuwel geklim. Exo 17:11 En telkens as Moshè sy hand ophou, was JisraEl die sterkste; maar as hy sy hand laat sak, was Amalek die sterkste. Exo 17:12 Maar die hande van Moshè het swaar geword; daarom het hulle 'n klip geneem en dit onder hom neergelê, dat hy op haar kon sit. En Aäron en Hur het sy hande ondersteun, die een duskant en die ander anderkant. So het sy hande dan vas gebly tot sononder. Exo 17:13 En JeHôWshua het Amalek en sy volk met die skerpte van die swaard 'n neerlaag toegebring. Exo 17:14 Toe sê JaHWeH vir Moshè: Skrywe dit as 'n herinnering in 'n Boekrol en prent dit vir JeHôWshua in, dat Ek die gedagtenis van Amalek onder die Hemele heeltemal sal uitdelg. [Boekrol van die Opregte 81:61] Exo 17:15 En Moshè het 'n altaar gebou en dit genoem: JaHWeH is my Banier. Exo 17:16 En hy het gesê: JaHH, die Hand by die Troon van JaHWeH, het oorlog gesweer teen Amalek van geslag tot geslag. [Exodus 15:2 & 13] //Die besoek van Jetro Exo 18:1 TOE Jetro, die priester van Mídian, Moshè se skoonvader, hoor alles wat Elohim aan Moshè en aan sy volk JisraEl gedoen het - dat JaHWeH JisraEl uit Egipte uitgelei het - Exo 18:2 het Jetro, Moshè se skoonvader, Sippóra, die vrou van Moshè, geneem - nadat hy haar teruggestuur het - Exo 18:3 en haar twee seuns. (Die naam van die een was Gersom, want hy het gesê: Ek het 'n besoeker geword in 'n vreemde Aarde; Exo 18:4 en die naam van die ander was EliEzer; want, [het hy gesê], die Elohey van my vader is my Hulp en het my van Farao se swaard verlos.) Exo 18:5 En Jetro, Moshè se skoonvader, het met sy seuns en sy vrou na Moshè gekom in die wildernis waar hy by die Berg van die Elohim met die laer gestaan het. Exo 18:6 En hy het Moshè laat weet: Ek, jou skoonvader Jetro, kom na jou met jou vrou en haar twee seuns saam met haar. Exo 18:7 Daarop gaan Moshè uit, sy skoonvader tegemoet, en hy het gebuig en hom gesoen; en hulle het na mekaar se welstand gevra en in die tent ingegaan. Exo 18:8 Moshè vertel toe aan sy skoonvader alles wat JaHWeH aan Farao en aan die Egiptenaars, ter wille van JisraEl, gedoen het; al die moeilikheid wat hulle op die pad oorgekom het, en dat JaHWeH hulle verlos het. Exo 18:9 En Jetro het hom verheug oor al die goeie wat JaHWeH aan JisraEl gedoen het, dat Hy hulle uit die hand van die Egiptenaars verlos het. Exo 18:10 Daarop sê Jetro: Geseënd is JaHWeH wat julle verlos het uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van Farao, wat die volk onder die hand van die Egiptenaars uit verlos het. Exo 18:11 Nou weet ek, groot is JaHWeH bo al die gode, naamlik in die saak waarin hulle vermetel was teen julle. Exo 18:12 Daarop het Jetro, Moshè se skoonvader, 'n brandoffer en slagdiere [gebring] vir die Elohim. En Aäron en al die oudstes van JisraEl het gekom om saam met Moshè se skoonvader brood te eet voor die Aangesig van die Elohim. Exo 18:13 En die volgende dag het Moshè gesit om Reg te spreek vir die volk; en die volk het voor Moshè gestaan van die môre tot die aand toe. Exo 18:14 En toe Moshè se skoonvader sien alles wat hy vir die volk doen, sê hy: Wat is dit wat jy vir die volk doen? Waarom sit jy alleen, en die hele volk staan voor jou van die môre tot die aand toe? Exo 18:15 En Moshè antwoord sy skoonvader: Omdat die volk na my kom om Elohim te raadpleeg. Exo 18:16 As hulle 'n saak het, kom hulle na my; en dan moet ek regspraak tussen volksgenote gee en die Insettinge van Elohim en Sy Wette bekend maak. Exo 18:17 Maar Moshè se skoonvader sê vir hom: Die ding wat jy doen, is nie goed nie. Exo 18:18 Jy sal heeltemal uitgeput raak, jy sowel as hierdie volk wat by jou is. Want die saak is te swaar vir jou; jy kan dit nie alleen doen nie. Exo 18:19 Luister nou na my; ek sal jou raad gee, en Elohim sal met jou wees. Wat jou betref, wees jy die verteenwoordiger van die volk by die Elohim en bring jy die sake voor die Elohim, Exo 18:20 en onderrig hulle in die Insettinge en die Wette, en maak hulle die Weg in haar bekend waarop hulle moet gaan, en die werk wat hulle moet doen. Exo 18:21 Maar kies jy uit die hele volk bekwame manne wat die Vrees van Elohim het, manne van Waarheid wat onregverdige wins haat. En stel dié aan oor hulle: owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien; Exo 18:22 en laat hulle voortdurend oor die volk die regspraak uitoefen: al die groot sake moet hulle na jou bring, maar in al die klein sake moet hulle self regspreek. Maak dit so ligter vir jou, en laat hulle saam met jou dra. Exo 18:23 As jy dit doen en Elohim dit jou beveel, kan jy dit uithou en sal ook al hierdie mense tevrede na hulle woonplek gaan. Exo 18:24 Moshè het toe geluister na sy skoonvader en alles gedoen wat hy gesê het - Exo 18:25 Moshè het bekwame manne uit die hele JisraEl gekies en hulle as hoofde oor die volk aangestel - owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien. Exo 18:26 En hulle het voortdurend oor die volk die regspraak uitgeoefen: die moeilike sake het hulle na Moshè gebring, maar in al die klein sake self reggespreek. Exo 18:27 Toe het Moshè sy skoonvader laat gaan, en hy het na sy deel van die Aarde getrek. //Aankoms by Sinai. Exo 19:1 IN die derde maand ná die uittog van die kinders van JisraEl uit die Aarde van Egipte, op dieselfde dag, het hulle in die wildernis Sinai gekom - [Boekrol van die Opregte 82:6] Exo 19:2 hulle het van Ráfidim af opgebreek en in die wildernis Sinai gekom en in die wildernis laer opgeslaan. En JisraEl het daar teenoor die berg laer opgeslaan. Exo 19:3 Maar Moshè het opgeklim na die Elohim toe, en JaHWeH het hom van die berg af toegeroep en gesê: So moet jy aan die huis van Jakob sê en aan die kinders van JisraEl verkondig: Exo 19:4 Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en dat Ek julle op Arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het. Exo 19:5 As julle dan nou terdeë na My Stem luister en My Verbond hou sal julle My persoonlike eiendom uit al die volke wees, want die hele Aarde is Myne. Exo 19:6 En julle sal vir My 'n koninkryk van priesters en 'n aparte nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van JisraEl moet meedeel. Exo 19:7 En Moshè het gekom en die oudstes van die volk laat roep en hulle al hierdie woorde voorgehou wat JaHWeH hom beveel het. Exo 19:8 Toe antwoord die hele volk eenparig en sê: Alles wat JaHWeH spreek, sal ons doen. En Moshè het die woorde van die volk aan JaHWeH oorgebring. Exo 19:9 En JaHWeH het met Moshè gespreek: Kyk, Ek sal in 'n dik Wolkkolom na jou toe kom, dat die volk kan hoor as Ek met jou spreek, en hulle ook vir altyd aan jóu kan glo. Want Moshè het die woorde van die volk aan JaHWeH meegedeel. Exo 19:10 Verder het JaHWeH aan Moshè gesê: Gaan na die volk en sonder hulle af, vandag en môre, en laat hulle hul klere was Exo 19:11 en hulle gereed hou teen die derde dag. Want op die derde dag sal JaHWeH voor die oë van die hele volk op die berg Sinai afdaal. Exo 19:12 Ook moet jy vir die volk 'n grens rondom aanwys en sê: Pas op dat julle nie op die berg klim of sy voet aanraak nie. Elkeen wat die berg aanraak, moet sekerlik gedood word. Exo 19:13 Geen hand mag hom aanraak nie; maar hy moet sekerlik gestenig of sekerlik met 'n pyl geskiet word; of dit 'n wilde wese of 'n mens is - hy mag nie lewe nie. As die ramshoring lang geluide blaas, mag hulle op die berg klim. Exo 19:14 Toe het Moshè van die berg af na die volk gegaan en die volk in gereedheid gebring, en hulle het hul klere gewas. Exo 19:15 En hy het aan die volk gesê: Hou julle klaar teen die derde dag; moenie naby die vroue kom nie. [Openbaring 14:4] Exo 19:16 En op die derde dag toe dit môre word, was daar donderslae en blitse en 'n swaar Wolkkolom op die berg en die geluid van 'n baie sterk ramshoring, sodat die hele volk wat in die laer was, gebeef het. [Openbaring 10] Exo 19:17 Daarop het Moshè die volk uit die laer gelei om die Elohim te ontmoet, en hulle het gaan staan by die voet van die berg. Exo 19:18 En die hele berg Sinai het gerook, omdat die Aangesig van JaHWeH in vuur daarop neergedaal het. En Sy rook het opgetrek soos die rook van 'n oond, en die hele berg het vreeslik gebewe. Exo 19:19 Toe die geluid van die ramshoring sterker en sterker word, het Moshè gespreek, en Elohim het hom telkens hardop geantwoord. Exo 19:20 Terwyl JaHWeH op die berg Sinai neerdaal, op die top van die berg, het JaHWeH Moshè na die top van die berg geroep, en Moshè het opgeklim. Exo 19:21 En JaHWeH het vir Moshè gesê: Klim af, waarsku die volk dat hulle nie na JaHWeH toe deurbreek om te sien en baie van hulle dan val nie. Exo 19:22 En ook die priesters wat naby JaHWeH kom, moet hulleself apart hou, sodat JaHWeH nie teen hulle losbreek nie. Exo 19:23 Toe het Moshè JaHWeH geantwoord: Die volk kan nie op die berg Sinai klim nie, want U het ons self gewaarsku en gesê: Baken die berg af en stel dit apart. Exo 19:24 Daarop sê JaHWeH vir hom: Gaan heen, klim af. Dan moet jy, en Aäron saam met jou, opklim; maar die priesters en die volk mag nie deurbreek om na JaHWeH toe op te klim nie, sodat Hy nie teen hulle losbreek nie. Exo 19:25 En Moshè het na die volk toe afgeklim en hulle dit aangesê. //Die Wet van JaHWeH Exo 20:1 TOE het die Elohim al hierdie woorde gespreek en gesê: Exo 20:2 Ek is JaHWeH jou Elohey wat jou uit die Aarde van Egipte, uit die slawehuis, uitgelei het. [2 Ezra 7:88-108] Exo 20:3 Jy mag geen gode van andere voor My Aangesig hê nie, Exo 20:4 jy mag vir jou geen gesnede afbeelding of enige beliggaming maak van wat bo in die Hemele is, of van wat in die Aarde is, of van wat in die waters onder die Aarde is nie, Exo 20:5 jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, JaHWeH jou Elohey, is 'n jaloerse El wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde [geslag] van die wat My haat. Exo 20:6 En bewys Barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en My Gebooie onderhou. Exo 20:7 Jy mag die Naam van JaHWeH jou Elohey nie verydel nie, want JaHWeH sal die een wat Sy Naam verydel, nie ongestraf laat bly nie. Exo 20:8 Gedenk die Sabbatdag, deur dit apart te stel, Exo 20:9 ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; Exo 20:10 maar die sewende dag is die Sabbat van JaHWeH jou Elohey; [dan] mag jy géén werk doen nie - jy of jou seun of jou dogter, [of] jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of die besoeker wat in jou poorte is nie Exo 20:11 want in ses dae het JaHWeH die Hemele en die Aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het HY gerus. Daarom het JaHWeH die Sabbatdag geseën deur dit apart te verklaar. Exo 20:12 Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word op die Adamah[adamiet se Aarde] wat JaHWeH jou Elohey aan jou gee. [MattithJaHûW 23:9] Exo 20:13 Jy mag nie moor nie. [Deuteronómium 19:11] Exo 20:14 Jy mag nie vermeng nie. Exo 20:15 Jy mag nie steel nie. Exo 20:16 Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie. Exo 20:17 Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie. Exo 20:18 En toe die hele volk die donderslae en die blitse en die geluid van die ramshoring en die rokende berg bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op 'n afstand bly staan. Exo 20:19 En hulle het vir Moshè gesê: Spreek u met ons, dat ons kan luister; maar laat Elohim nie met ons spreek nie, anders sterwe ons. Exo 20:20 Toe antwoord Moshè die volk: Wees nie bevrees nie, want die Elohim het gekom om julle te beproef en dat Sy Vrees voor julle oë mag wees, sodat julle nie oortree nie. Exo 20:21 So het die volk dan op 'n afstand bly staan. Maar Moshè het nader gegaan na die wolkedonkerheid waar die Elohim [is]. Exo 20:22 Toe sê JaHWeH vir Moshè: So moet jy met die kinders van JisraEl spreek: Julle het self gesien dat Ek met julle van die Hemele af gespreek het. Exo 20:23 Julle mag naas My geen gode van silwer en gode van goud maak nie. Exo 20:24 'n Altaar van Adamah[adamiet se Aarde] moet jy vir My maak, slag op haar jou brandoffers en jou vergoedinge, jou kleinvee en beeste. Op elke plek waar Ek My Naam sal laat gedenk, sal Ek na jou toe kom en jou seën. Exo 20:25 Maar as jy vir My 'n klipaltaar maak, mag jy haar nie bou van gekapte klip nie; want as jy jou ystergereedskap oor haar swaai, dan besoedel jy haar. Exo 20:26 Jy mag ook nie met trappe na My altaar opklim nie, dat jou geslagsdele nie daarop ontbloot word nie. //Wette oor die vryheid en die lewe van die volksgenote. Exo 21:1 EN dit is die Verordeninge wat jy hulle moet voorhou: Exo 21:2 As jy 'n Hebreeuse slaaf koop, moet hy ses jaar lank dien, maar in die sewende moet hy as vryman verniet weggaan. Exo 21:3 As hy alleen kom, moet hy alleen vrygelaat word; as hy getroud is, moet sy vrou saam met hom vrygelaat word. Exo 21:4 As sy meester aan hom 'n vrou gee en sy vir hom seuns of dogters baar, moet die vrou met haar kinders haar meester se eiendom wees, terwyl hy alleen vrygelaat word. Exo 21:5 Maar as die slaaf reguit sê: Ek het my meester, my vrou en my kinders lief; ek wil nie as vryman weggaan nie - Exo 21:6 dan moet sy meester hom na die Elohim bring en hom by die deur of die deurpos bring; en sy meester moet sy oor met 'n els deurboor; daarna moet hy hom vir altyd dien. Exo 21:7 En as iemand sy dogter as slavin verkoop, mag sy nie soos die slawe weggaan nie. Exo 21:8 As sy haar meester nie beval nie wat haar vir homself bestem het, moet hy haar laat loskoop. Hy is nie geregtig om haar aan 'n uitlandse volk te verkoop nie, omdat hy bedrieglik met haar gehandel het. Exo 21:9 Maar as hy haar vir sy seun bestem, moet hy met haar handel volgens die Reg van die dogters; Exo 21:10 as hy vir hom 'n ander een neem, mag hy haar voedsel, haar klere en haar huweliksgemeenskap nie verminder nie. Exo 21:11 En as hy hierdie drie dinge nie vir haar doen nie, sal sy gratis weggaan, sonder silwer. Exo 21:12 Hy wat 'n man slaan, dat hy sterwe, moet sekerlik gedood word. Exo 21:13 Maar as hy dit daar nie op toegelê het nie, maar Elohim dit sy hand laat ontmoet het, dan sal Ek jou 'n plek aanwys waarheen hy kan vlug. Exo 21:14 Maar as iemand moedswillig teen sy naaste handel, om hom met lis dood te maak, moet jy hom van My altaar af wegneem, om te sterwe. Exo 21:15 En hy wat sy vader of moeder slaan, moet sekerlik gedood word. Exo 21:16 En hy wat 'n persoon steel en hom verkoop - of as hy in sy besit gevind word - dié moet sekerlik gedood word. Exo 21:17 En hy wat sy vader of moeder vloek, moet sekerlik gedood word. Exo 21:18 En as manne twis en die een die ander slaan met 'n klip of met die vuis, sodat hy nie sterwe nie, maar bedlêend word - Exo 21:19 as hy weer opstaan en buite met sy stok rondloop, moet hy wat geslaan het, ongestraf bly; net sy tydverlies moet hy vergoed en sorg dat hy heeltemal gesond word. Exo 21:20 En as iemand sy slaaf of slavin met 'n stok slaan, dat dié onder sy hand sterwe, moet dit sekerlik gewreek word. Exo 21:21 Maar as hy ná een of twee dae nog lewe, moet dit nie gewreek word nie, want hy is sy eiendom. Exo 21:22 En as manne met mekaar veg en 'n swanger vrou so stamp dat haar vrug afgaan, maar daar geen ander letsel is nie, moet hy sekerlik boete betaal soos die man van die vrou hom dit oplê, en hy moet dit deur skeidsregters gee. Exo 21:23 Maar is daar 'n letsel, dan moet jy gee siel vir siel, Exo 21:24 oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet, Exo 21:25 brandplek vir brandplek, wond vir wond, kwesplek vir kwesplek. Exo 21:26 En as iemand sy slaaf of slavin op die oog slaan en hy dit beskadig, moet hy hom vry laat weggaan vir sy oog. Exo 21:27 En as hy die tand van sy slaaf of die tand van sy slavin uitslaan, moet hy hom laat vry gaan vir sy tand. Exo 21:28 En as 'n bees 'n man of 'n vrou stoot, sodat hy sterwe, moet die bees sekerlik gestenig word; en sy vleis mag nie geëet word nie, maar die baas van die bees sal ongestraf bly. Exo 21:29 Maar as die bees tevore al stoterig gewees het en sy baas gewaarsku was, maar dit nie opgepas het nie, en dit 'n man of 'n vrou doodmaak, moet die bees gestenig word, en sy baas moet ook gedood word. Exo 21:30 As aan hom 'n losprys opgelê word, moet hy vir die vrystelling van sy siel alles gee wat hom opgelê word. Exo 21:31 Of hy 'n seun gestoot het of 'n dogter, volgens hierdie Reg moet met hom gehandel word. Exo 21:32 As die bees 'n slaaf of slavin stoot, moet hy aan hulle meester dertig sikkels silwer gee, en die bees moet gestenig word. Exo 21:33 En as iemand 'n put oopmaak, of as iemand 'n put grawe en hom nie toemaak nie, en 'n bees of esel val daarin, Exo 21:34 moet die eienaar van die put vergoeding gee: hy moet aan die eienaar [van die dier] silwer gee, maar die dooie dier moet syne wees. Exo 21:35 En as iemand se bees die bees van 'n ander stoot, sodat dit sterwe, moet hulle die lewendige bees verkoop en die silwer daarvan verdeel; en die dooie een moet hulle ook verdeel. Exo 21:36 Of as dit bekend was dat die bees tevore al stoterig gewees het, en sy baas dit nie opgepas het nie, moet hy ten volle bees vir bees vergoed; maar die dooie een moet syne wees. //Wette oor die eiendom van volksgenote. Exo 22:1 AS iemand 'n bees of 'n stuk kleinvee steel en dit slag of verkoop, moet hy vyf beeste vir 'n bees vergoed en vier stuks kleinvee vir 'n stuk kleinvee. Exo 22:2 As 'n dief betrap word terwyl hy inbreek, en hy word geslaan, sodat hy sterwe, sal daardeur geen bloedskuld ontstaan nie; Exo 22:3 as die son oor hom opgegaan het, ontstaan daardeur bloedskuld. Hy moet ten volle vergoeding gee; as hy niks het nie, moet hy vir sy diefstal verkoop word. Exo 22:4 As die gesteelde goed - of dit 'n bees, 'n esel of 'n stuk kleinvee is - nog lewendig in sy besit gevind word, moet hy dubbel vergoeding gee. Exo 22:5 As iemand 'n stuk veld of 'n wingerd laat afwei en sy vee vry laat loop, sodat dit in die veld van 'n ander wei, moet hy van die beste van sy veld en die beste van sy wingerd as vergoeding gee. Exo 22:6 As 'n vuur uitbreek en die dorings vat, sodat 'n mied of die ongesnyde graan of die veld verteer word, moet hy wat die vuur aan die brand gesteek het, ten volle vergoeding gee. Exo 22:7 As iemand aan sy naaste silwer of goed in bewaring gee, en dit word uit die man se huis gesteel, moet die dief, as hy uitgevind word, dubbel vergoeding gee. Exo 22:8 As die dief nie uitgevind word nie, moet die eienaar van die huis na die Elohim gaan [om te beslis] of hy nie sy hand na sy naaste se goed uitgestrek het nie. Exo 22:9 By alle sake van opstandigheid, of dit gaan oor 'n bees, oor 'n esel, oor kleinvee, oor klere of oor enigiets wat verloor is, waarvan iemand sê: Dit is myne! moet die saak van altwee voor die Elohim kom; die een wat deur die Elohim skuldig verklaar word, moet aan sy naaste dubbel vergoeding gee. Exo 22:10 As iemand aan sy naaste 'n esel of bees of stuk kleinvee of enige dier gee om op te pas, en dit gaan dood of raak gebreklik of word weggevoer sonder dat iemand dit sien, Exo 22:11 dan moet die eed by JaHWeH tussen hulle twee beslis, of hy nie sy hand na sy naaste se goed uitgesteek het nie; en die eienaar moet daarmee tevrede wees, en die ander hoef geen vergoeding te gee nie. Exo 22:12 Maar as dit van hom weggesteel is, moet hy aan die eienaar vergoeding gee. Exo 22:13 As dit verskeur is, moet hy dit as bewys bring; wat verskeur is, hoef hy nie te vergoed nie. Exo 22:14 En as iemand van sy naaste iets te leen vra, en dit breek of gaan dood terwyl die eienaar daar nie by is nie, moet hy ten volle vergoeding gee. Exo 22:15 As die eienaar daarby gewees het, hoef hy geen vergoeding te gee nie. As dit gehuur was, kom die huurfooi daarvoor. Exo 22:16 As iemand 'n maagd wat nie verloof is nie, verlei en met haar gemeenskap het, moet hy haar vir die volle huweliksprys as sy vrou koop. Exo 22:17 As haar vader beslis weier om haar aan hom te gee, moet hy silwer gee volgens die huweliksprys vir 'n maagd. Exo 22:18 Die towerheks mag jy nie laat lewe nie. Exo 22:19 Elkeen wat met 'n dier gemeenskap het, moet sekerlik gedood word. Exo 22:20 Hy wat aan gode van andere slag, behalwe aan JaHWeH alleen, moet met die banvloek getref word. Exo 22:21 Jy mag ook die besoeker nie kwel of hom verdruk nie, want julle was besoekers in die Aarde van Egipte. Exo 22:22 Julle mag geen weduwee of wees verdruk nie. Exo 22:23 As jy hulle op enige manier verdruk, waarlik, dan sal Ek, as hulle na My roep, hulle geroep sekerlik hoor, Exo 22:24 en My Woede sal ontvlam, en Ek sal julle met die Swaard ombring, sodat julle vroue weduwees en julle kinders wese word. Exo 22:25 As jy aan My volk, aan die arme by jou, silwer leen, mag jy vir hom nie soos 'n skuldeiser wees nie: julle mag hom geen rente oplê nie. Exo 22:26 As jy ooit jou naaste se gewaad as pand neem, moet jy hom dit teruggee voor die son ondergaan; Exo 22:27 want sy is sy enigste bedekking, sy is sy bekleding vir sy vel. Waarin moet hy anders slaap? En as hy na My roep, sal Ek hoor, want Ek is barmhartig. Exo 22:28 Jy mag Elohim nie vloek nie, en 'n owerste onder jou volk mag jy nie verwens nie. Exo 22:29 Hou nie terug die rypheid van jou sap nie. Gee My die eersgeborene van jou seuns. Exo 22:30 Jy moet dieselfde doen met jou beeste en jou kleinvee: sewe dae moet hy by sy moeder wees; op die agtste dag moet jy hom aan My gee. Exo 22:31 En julle moet vir My manne van Apartheid wees. Daarom mag julle nie vleis eet wat in die veld verskeur is nie. Julle moet dit vir die honde gooi. //Verskillende ander wette Exo 23:1 JY mag geen vernietigende gerug rondstrooi nie. Moenie jou hand saam met die besoedelde stel om 'n verkeerde getuie te wees nie. Exo 23:2 Jy mag die meerderheid nie volg in besoedelde dinge nie. En jy mag in 'n regsaak geen getuienis aflê agter die meerderheid aan om die Reg te verdraai nie. Exo 23:3 Ook mag jy die geringe nie voortrek in sy regsaak nie. Exo 23:4 As jy jou teëstander se bees of esel teëkom wat ronddwaal, moet jy dit sekerlik vir hom terugbring. Exo 23:5 As jy jou teëstander se esel onder sy las sien lê, moet jy dit nie onverskillig aan hom oorlaat nie: jy moet dit sekerlik saam met hom aflaai. Exo 23:6 Jy mag die Reg van die arme in hulle regsaak nie verdraai nie. Exo 23:7 Hou jou ver van valse sake af. En moenie die onskuldige en die wat reg het, ombring nie, want Ek sal die besoedelde nie regverdig nie. Exo 23:8 Ook mag jy geen omkoopgeskenk aanneem nie; want die geskenk maak die siendes blind en verdraai die sake van die regverdiges. Exo 23:9 Jy mag die besoeker ook nie verdruk nie; want julle ken self die siel van 'n besoeker, omdat julle besoekers in die Aarde van Egipte gewees het. Exo 23:10 En ses jaar lank moet jy jou Aarde besaai en haar produkte insamel; Exo 23:11 maar in die sewende moet jy haar ongebruik en braak laat lê, dat die arm persone van jou volk kan eet; en wat hulle laat oorbly, kan die diere van die veld opeet. So moet jy doen met jou wingerd en jou olyfbome. Exo 23:12 Ses dae moet jy jou werk verrig, maar op die sewende dag moet jy sabbatteer, dat jou os en jou esel kan uitrus en die seun van jou slavin en die besoeker kan asem skep. Exo 23:13 En in alles wat Ek julle gesê het, moet julle jul in ag neem. En die naam van gode van andere mag julle nie vermeld nie; dit mag uit jou mond nie gehoor word nie. Exo 23:14 Drie maal in die jaar moet jy vir My 'n Fees hou. Exo 23:15 Die Fees van die Ongesuurde Brode moet jy hou: sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos Ek jou beveel het, op die bepaalde tyd in die maand Abib, want daarin het jy uit Egipte uitgetrek - maar hulle mag nie met leë hande voor My Aangesig verskyn nie; Exo 23:16 verder die Fees van die Oes, van die Eerstelinge van jou werk, van wat jy op die land saai; en ook die Fees van die Insameling aan die einde van die jaar as jy jou werk uit die Aarde insamel. Exo 23:17 Drie maal in die jaar moet al jou manspersone voor die Aangesig van My Meester JaHWeH verskyn. Exo 23:18 Jy mag die bloed van My Slagdier nie saam met [iets] gesuurd slag nie. Ook mag die vet van My Fees nie tot die môre toe oorbly nie. Exo 23:19 Die beste van die eerstelinge van jou Aarde moet jy in die Huis van JaHWeH jou Elohey bring. Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie. [JeHôWganan 6:53] Exo 23:20 Kyk, Ek stuur 'n Boodskapper voor jou uit om jou op die pad te bewaar en om jou na die plek te bring wat Ek gereedgemaak het. [Exodus 32:34; 33:2; JeshaJaH 37:36; JeségiEl 1:28; 43:6] Exo 23:21 Neem jou in ag vir Hom en luister na Sy Stem; wees nie opstandig teen Hom nie; want Hy sal julle oortreding nie verskoon nie, want My Naam is in Hom. [2 Ezra 1:4, 5; 10:27] Exo 23:22 Maar as jy terdeë na Sy Stem luister en alles doen wat Ek sal sê, sal Ek die vyand van jou vyande en die teëstander van jou teëstanders wees. Exo 23:23 Want My Boodskapper sal voor jou uit gaan en jou bring na die Amoriete en Hetiete en Feresiete en Kanaäniete, Hewiete en Jebusiete; en Ek sal hulle vernietig. Exo 23:24 Jy mag jou voor hulle gode nie neerbuig en hulle nie dien nie, ook mag jy nie doen na hulle werke nie; maar jy moet hulle heeltemal omverwerp en hulle torings heeltemal afbreek. Exo 23:25 En julle moet JaHWeH julle Elohey dien; dan sal Hy jou brood en water seën, en Ek sal siektes uit jou midde verwyder. [Exodus 15:26; JeshaJaH 3:1; 57:18, 19] Exo 23:26 Daar sal geen misdragtige of onvrugbare in jou Aarde wees nie. Ek sal die getal van jou dae vol maak. Exo 23:27 Ek sal My Skrik voor jou uit stuur en elke volk waarby jy kom, in verwarring bring. En Ek sal al jou vyande vir jou laat vlug. Exo 23:28 Ook sal Ek perdebye voor jou uit stuur; dié sal die Hewiete, Kanaäniete en Hetiete voor jou uit verdrywe. Exo 23:29 Ek sal hulle nie in een jaar voor jou uit verdrywe nie, dat die Aarde nie woes word en die wilde wesens van die land nie teen jou te veel word nie. Exo 23:30 Ek sal hulle so langsamerhand voor jou uit verdrywe, totdat jy vrugbaar word en die Aarde beërwe. Exo 23:31 En Ek sal jou grense vasstel van die Skelfsee af tot by die See van die Filistyne, en van die wildernis af tot by die Eufraat. Want Ek sal die inwoners van die Aarde in julle hand gee, en jy sal hulle voor jou uit verdrywe. [Deuteronómium 2:9; Spreuke 31:15] Exo 23:32 Jy mag met hulle of met hulle gode geen verbond maak nie. Exo 23:33 Hulle mag in jou Aarde nie woon nie, dat hulle jou nie verlei om teen My te oortree nie. Want jy sal hulle gode dien, ja, hy sal vir jou 'n strik wees. //Moshè en die oudstes klim op die berg. Exo 24:1 DAARNA het Hy vir Moshè gesê: Klim na JaHWeH toe op, jy en Aäron, Nadab en Abíhu en sewentig van die oudstes van JisraEl, en buig julle neer van ver af. Exo 24:2 En laat Moshè alleen nader kom na JaHWeH toe, maar hulle moet nie nader kom nie; en die volk mag nie saam met hom opklim nie. Exo 24:3 Toe Moshè kom en aan die volk al die woorde van JaHWeH en al die Verordeninge vertel, antwoord die hele volk met een stem en sê: Al die woorde wat JaHWeH gespreek het, sal ons doen. Exo 24:4 En Moshè het al die woorde van JaHWeH opgeskrywe en die môre vroeg hom klaargemaak en onder die berg 'n altaar gebou, en twaalf gedenkstene volgens die twaalf stamme van JisraEl. Exo 24:5 En hy het jongmanne van die kinders van JisraEl gestuur; dié het brandoffers opgeneem en bulle as slagdiere as vergoeding aan JaHWeH geslag. Exo 24:6 En Moshè het die helfte van die bloed geneem en hom in 'n kom gegooi en die helfte van die bloed op die altaar gesprinkel. Exo 24:7 En hy het die Boekrol van die Verbond geneem en haar voor die ore van die volk gelees. En hulle het gesê: Alles wat JaHWeH gespreek het, sal ons doen en daarna luister. [Wysheid van Sirah 24:23] Exo 24:8 Toe neem Moshè die bloed en sprinkel hom uit op die volk en sê: Dit is die bloed van die Verbond wat JaHWeH met julle gesluit het op grond van al hierdie woorde. Exo 24:9 Daarop het Moshè opgeklim met Aäron, Nadab en Abíhu en sewentig van die oudstes van JisraEl. Exo 24:10 En hulle het die Elohey van JisraEl gesien, en onder Sy voete net soos 'n vloerwerk van saffierstene en so suiwer soos die Hemele self. Exo 24:11 Maar Hy het Sy Hand nie na die uitgesoektes van die kinders van JisraEl uitgestrek nie, en hulle het die Elohim aanskou; daarop het hulle geëet en gedrink. [Wysheid van Salomo 10:20] Exo 24:12 Toe sê JaHWeH vir Moshè: Klim op die berg na My toe en vertoef daar, dat Ek jou die Kliptablette kan gee en die Wet en Gebooie wat Ek geskryf het om hulle te onderrig. Exo 24:13 Hierop het Moshè klaargemaak en JeHôWshua, sy dienaar. En Moshè het opgegaan na die Berg van die Elohim Exo 24:14 en aan die oudstes gesê: Wag hier vir ons tot ons na julle terugkom. En kyk, Aäron en Hur is by julle; wie regsake het, kan na hulle gaan. Exo 24:15 Toe Moshè die berg opklim, het die Wolkkolom die berg oordek. Exo 24:16 En die Glansrykheid van JaHWeH het op die berg Sinai gebly, en die Wolkkolom het dit ses dae lank oordek. En op die sewende dag het Hy na Moshè geroep uit die Wolkkolom. Exo 24:17 En die verskyning van die Glansrykheid van JaHWeH was in die oë van die kinders van JisraEl soos 'n verterende vuur op die top van die berg. Exo 24:18 En Moshè het binne-in die Wolkkolom ingegaan en die berg opgeklim. En Moshè was op die berg veertig dae en veertig nagte. [2 Ezra 14:4] //Vrywillige skenkings om die Apartheid op te rig. Exo 25:1 TOE het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: Exo 25:2 Sê aan die kinders van JisraEl dat hulle aan My 'n skenking moet bring; van elkeen wie se hart hom aandrywe, moet julle My skenking bring. Exo 25:3 En dit is die skenking wat julle van hulle kant moet bring: goud en silwer en koper; Exo 25:4 en koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar; Exo 25:5 en rooigeverfde ramsvelle en gebreide velle en akasiahout; Exo 25:6 olie vir die kandelaar, speserye vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye; Exo 25:7 oniksstene en stene om in te lê vir die skouerkleed en die borstas. Exo 25:8 Ook moet hulle vir My 'n Apartheidsplek maak, dat Ek in hulle midde kan vertoef. Exo 25:9 Volgens alles wat Ek jou laat sien - die plan van die Tabernakel en die plan van alles wat daarby behoort - so moet julle maak. //Die Ark. Die Versoendeksel. Die Gérubs Exo 25:10 HULLE moet dan 'n Ark van akasiahout maak. Twee en 'n halwe voorarm moet haar lengte, en 'n halwe voorarm haar breedte, en 'n halwe voorarm haar hoogte wees. [Sirag 24:10] Exo 25:11 En jy moet haar oortrek met suiwer goud, van binne en van buite moet jy haar oortrek. En jy moet daaraan 'n goue kroonlys maak rondom. Exo 25:12 En giet daarvoor vier goue ringe, en sit dit aan sy vier voete vas, só dat twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant is. Exo 25:13 En maak draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud. Exo 25:14 En steek die draaghoute in die ringe aan weerskante van die Ark om die Ark daarmee te dra. Exo 25:15 Die draaghoute moet in die ringe van die Ark bly; hulle mag daar nie uit weggeneem word nie. Exo 25:16 Daarna moet jy in die Ark die Getuienis sit wat Ek aan jou sal gee. Exo 25:17 Maak ook 'n Versoendeksel van suiwer goud. Twee en 'n halwe voorarm moet haar lengte, en 'n halwe voorarm haar breedte wees. Exo 25:18 Maak ook twee Gérubs van goud. Van smeewerk moet jy hulle maak, aan die twee ente van die Versoendeksel. Exo 25:19 En maak een Gérub aan die een ent en een Gérub aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die Versoendeksel, moet julle die Gérubs maak, aan die twee ente. Exo 25:20 En die Gérubs moet die Vleuels boontoe uitgesprei hou, terwyl hulle met hul Vleuels die Versoendeksel beskut; en hulle Aangesigte moet na mekaar toe wees; die gesigte van die Gérubs moet op die Versoendeksel gerig wees. Exo 25:21 En sit die Versoendeksel bo-op die Ark; maar in die Ark moet jy die Getuienis neerlê wat Ek aan jou sal gee. Exo 25:22 En daar sal Ek met jou saamkom, en van die Versoendeksel af, tussen die twee Gérubs uit wat op die Ark van die Getuienis is, sal Ek jou alles sê wat Ek jou vir die kinders van JisraEl sal beveel. [Exodus 40:34; Wysheid van Sirah 24:10] //Die tafel van die toonbrode. Exo 25:23 MAAK ook 'n tafel van akasiahout. Twee voorarm moet sy lengte, en 'n voorarm sy breedte, halwe voorarm sy hoogte wees. Exo 25:24 En trek hom oor met suiwer goud, en maak daarvoor 'n goue kroonlys rondom. Exo 25:25 Maak daarvoor ook 'n lys van 'n handbreedte rondom; en maak 'n goue kroonlys vir die lys rondom. Exo 25:26 En maak daar vier goue ringe voor, en sit die ringe vas aan die vier hoeke van die vier pote. Exo 25:27 Naby die lys moet die ringe wees as plekke vir die draaghoute om die tafel te dra. Exo 25:28 En maak die draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud; daarmee moet dan die tafel gedra word. Exo 25:29 Maak ook sy skottels en sy panne en sy kanne en sy bekers waarmee gegiet moet word; van suiwer goud moet jy dit maak. Exo 25:30 En op die tafel moet jy voortdurend brood voor My Aangesig neersit. [DaniEl 11:31; Hebreërs 9:2] //Die goue kandelaar Exo 25:31 EN jy sal haar, die kandelaar maak van suiwer goud. Van smeewerk moet die kandelaar, haar voetstuk en haar stam gemaak word; haar kelkies, haar knoppe en haar blomme, hulle sal uit haar [een stuk wees]. Exo 25:32 En ses arms moet uit haar sykante uitgaan: drie arms van die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit haar ander kant. Exo 25:33 Drie kelkies soos amandelblomme aan die een arm, 'n knop en 'n blom, en drie kelkies soos amandelblomme aan die ander arm, 'n knop en 'n blom - so moet dit wees aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan. Exo 25:34 Maar aan die kandelaar self moet vier kelkies soos amandelblomme wees, haar knoppe en haar blomme: [Númeri 17:8; JirmeJaH 1:11; Openbaring 1:13] Exo 25:35 daar moet 'n knop wees onder die twee arms wat uit haar uitgaan; en 'n knop onder die twee arms wat uit haar uitgaan; en 'n knop onder die twee arms wat uit haar uitgaan - vir die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan. Exo 25:36 Hulle knoppe en hulle arms moet, daarmee saam, uit haar een stuk wees - alles van haar saam een stuk smeewerk van suiwer goud. Exo 25:37 Jy moet haar sewe lampe maak, en hulle moet haar lampe opsteek om dwarsoor haar aangesig te verlig. [Openbaring 1:20] Exo 25:38 Haar vuurtange en haar bakkies moet van suiwer goud wees. Exo 25:39 Van 'n talent suiwer goud moet hulle haar maak - al hierdie voorwerpe. Exo 25:40 En kyk dat jy haar maak volgens die voorbeeld daarvan wat jou op die berg getoon is. //Die Tabernakel en die Tent Exo 26:1 EN die Tabernakel moet jy van tien tentdoeke maak, van fyn dubbeldraad-linne en koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe, met Gérubs; as kunstige werk moet jy hulle maak. Exo 26:2 Die lengte van elke tentdoek moet agt-en-twintig voorarm wees en die breedte van elke tentdoek vier voorarm. Al die tentdoeke moet een maat hê. Exo 26:3 Vyf van die tentdoeke moet aanmekaar gewerk wees, vrou teen haar suster. En weer vyf tentdoeke aanmekaar, vrou teen haar suster. [JeségiEl 1:23] Exo 26:4 En jy moet lissies van koningsblou stof maak aan die soom van die buitenste tentdoek van die een stel. En so moet jy dit maak aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel. Exo 26:5 Vyftig lissies moet jy aan die een tentdoek maak, en vyftig lissies moet jy maak aan die rand van die tentdoek wat aan die tweede stel behoort. Die lissies moet vrou teen haar suster wees. Exo 26:6 Jy moet ook vyftig goue hakies maak en die tentdoeke saamvoeg met die hakies, vrou teen haar suster, sodat die Tabernakel een geheel is. Exo 26:7 Ook moet jy doeke van bokhaar maak as 'n tentseil oor die Tabernakel: elf tentdoeke moet jy dit maak. Exo 26:8 Die lengte van elke tentdoek moet dertig voorarm wees en die breedte van elke tentdoek vier voorarm: die elf tentdoeke moet een maat hê. Exo 26:9 En jy moet vyf van die tentdoeke besonders aanmekaarwerk en ses van die tentdoeke besonders. En die sesde tentdoek moet jy dubbel vou, aan die voorkant van die Tent. Exo 26:10 En jy moet vyftig lissies maak aan die soom van die laaste tentdoek van die een stel, en vyftig lissies aan die soom van die [laaste] tentdoek van die tweede stel. Exo 26:11 Jy moet ook vyftig koperhakies maak en die hakies in die lissies steek; en jy moet die Tent saamvoeg, sodat hy een geheel is. Exo 26:12 En wat betref die oorhangende gedeelte aan die tentdoeke - die helfte van die tentdoek wat oorskiet, moet oorhang aan die agterkant van die Tabernakel. Exo 26:13 En 'n voorarm aan die een- en 'n voorarm aan die ander kant oorskiet in die lengte van die tentdoeke, moet oorhang aan die sykante van die Tabernakel, aan weerskante, om hom te oordek. Exo 26:14 Jy moet ook vir die Tent 'n dekkleed van rooigeverfde ramsvelle maak en 'n dekkleed van gebreide velle daar bo-oor //Die style van die Tabernakel. Exo 26:15 JY moet ook vir die Tabernakel die regopstaande style van akasiahout maak. Exo 26:16 Die lengte van die styl moet tien voorarm wees, en 'n voorarm en half die breedte van elke styl. Exo 26:17 Twee hande vir een styl ewe-vêr vrou teen haar suster wat met mekaar verbind is. So moet jy haar maak vir al die style van die Tabernakel. Exo 26:18 En die style vir die Tabernakel moet jy maak: twintig style aan die suidekant, na die suide toe. Exo 26:19 Jy moet ook veertig silwer-voetstukke onder die twintig style maak: twee voetstukke onder die een styl vir sy twee tappe en twee voetstukke onder die ander styl vir sy twee tappe. Exo 26:20 En vir die ander sykant van die Tabernakel, aan die noordekant, twintig style Exo 26:21 met hulle veertig silwervoetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl. Exo 26:22 En vir die agterkant van die Tabernakel, teen die weste, moet jy ses style maak. Exo 26:23 Ook moet jy twee style maak vir die hoeke van die Tabernakel, aan die agterkant. Exo 26:24 En hulle moet van onder dubbel wees, en net so moet hulle bo dubbel wees tot by die eerste ring. So moet dit met altwee wees; hulle moet die twee hoeke vorm. Exo 26:25 So moet daar dan agt style wees met hulle silwervoetstukke, sestien voetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl. Exo 26:26 Jy moet ook dwarshoute van akasiahout maak: vyf vir die style van die een sykant van die Tabernakel Exo 26:27 en vyf dwarshoute vir die style van die ander sykant van die Tabernakel; ook vyf dwarshoute vir die style van die agterkant van die Tabernakel teen die weste. Exo 26:28 En die middelste dwarshout moet in die middel van die style oordwars loop, van die een ent na die ander. Exo 26:29 En jy moet die style met goud oortrek; en hulle ringe, as plekke vir die dwarshoute, moet jy van goud maak. Die dwarshoute moet jy ook met goud oortrek. Exo 26:30 So moet jy dan die Tabernakel oprig volgens die Regsplan wat jou op die berg getoon is. //Die voorhangsel en die deur. Exo 26:31 VERDER moet jy 'n voorhangsel maak van koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. As kunstige werk moet jy haar maak, met Gérubs. [MattithJaHûW 27:51; Lukas 23:45; Hebreërs 9:3] Exo 26:32 En jy moet haar ophang aan vier pilare van akasiahout wat met goud oorgetrek is en ook kramme van goud het en op vier silwervoetstukke staan. Exo 26:33 En jy moet die voorhangsel onder die hakies ophang; en bring die Ark van die Getuienis daar, binnekant die voorhangsel. En die voorhangsel moet vir julle 'n skeiding maak tussen die Apartheid [en] die Apartheid van die Aparthede. [Hebreërs 9:3] Exo 26:34 En jy moet die Versoendeksel op die Ark van die Getuienis neerlê in die Apartheid van die Aparthede. Exo 26:35 En sit die tafel buitekant die voorhangsel, en die kandelaar teenoor die tafel aan die suidekant van die Tabernakel. Maar die tafel moet jy aan die noordekant sit. Exo 26:36 Jy moet ook vir die ingang van die Tent 'n bedekking maak van koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk. Exo 26:37 En maak vir die bedekking vyf pilare van akasiahout, en trek hulle oor met goud; hulle kramme moet ook van goud wees; en jy moet daarvoor vyf kopervoetstukke giet. //Die altaar van koper vir die brandoffers. Exo 27:1 JY moet ook die altaar van akasiahout maak; vyf voorarm moet die lengte wees en vyf voorarm die breedte - vierkantig moet die altaar wees - en drie voorarm sy hoogte. Exo 27:2 En jy moet sy horings op die vier hoeke maak; sy horings moet, daarmee saam, uit een stuk wees; en jy moet dit met koper oortrek. Exo 27:3 En maak sy potte om die as te verwyder, ook sy skoppe en sprinkelflesse en vurke en vuurtange. Al dié gereedskap moet jy van koper maak. Exo 27:4 Jy moet daar 'n traliewerk aan maak, 'n netwerk van koper, en aan die net vier koperringe maak, aan die vier hoeke. Exo 27:5 En jy moet dit onder die lys van die altaar bevestig, onderaan, sodat die net tot by die helfte van die altaar kom. Exo 27:6 Jy moet ook draaghoute vir die altaar maak, draaghoute van akasiahout; en trek dit oor met koper. Exo 27:7 En die draaghoute moet in die ringe gesteek word, sodat die draaghoute aan altwee kante van die altaar is as hulle dit dra. Exo 27:8 Jy moet dit hol, van planke, maak. Soos dit jou op die berg getoon is, so moet hulle dit maak. //Die voorhof Exo 27:9 JY moet ook die voorhof van die Tabernakel maak. Aan die suidekant, na die suide toe, moet daar vir die voorhof behangsels wees van fyn dubbeldraad-linne; honderd voorarm moet die lengte vir die een kant wees; Exo 27:10 daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare moet van silwer wees. Exo 27:11 So moet daar ook aan die noordekant, in die lengte, behangsels wees, honderd [voorarm] lank; daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke. Die kramme en die ringe van die pilare moet van silwer wees. Exo 27:12 En in die breedte van die voorhof, aan die westekant, moet daar behangsels van vyftig voorarm wees; daarby tien pilare en hulle tien voetstukke. Exo 27:13 En die breedte van die voorhof aan die oostekant, teen sonop, vyftig voorarm - Exo 27:14 sodat daar vyftien voorarm behangsels vir die een kant is, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke; Exo 27:15 en vir die ander kant vyftien voorarm vir die behangsels, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke; Exo 27:16 en vir die poort van die voorhof 'n bedekking van twintig voorarm, van koningsblou, purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk; daarby vier pilare en hulle vier voetstukke. Exo 27:17 Al die pilare van die voorhof moet rondom van silwerringe voorsien wees; hulle kramme moet van silwer wees en hulle voetstukke van koper. Exo 27:18 Die lengte van die voorhof moet honderd voorarm wees en die breedte vyftig by vyftig en die hoogte vyf voorarm, van fyn dubbeldraad-linne, daarby voetstukke van koper. Exo 27:19 Aangaande al die gereedskap van die Tabernakel, by sy hele bewerking, en al sy penne en al die penne van die voorhof, hulle moet van koper wees. Exo 27:20 En jy moet die kinders van JisraEl beveel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die kandelaar bring, om voortdurend 'n brandende lamp te hê. Exo 27:21 In die Tent van Samekoms, buitekant die voorhangsel wat voor die Getuienis is, moet Aäron en sy seuns haar regmaak [om te brand] van die aand tot die môre voor die Aangesig van JaHWeH. Sy sal 'n ewige Insetting wees in hulle geslagte, van die kant van die kinders van JisraEl. //Die klere van Apartheid. Exo 28:1 DAN moet jy jou broer Aäron, en sy seuns saam met hom, uit die kinders van JisraEl, laat nader kom na jou toe, dat hy vir My die priesteramp kan bedien: Aäron, Nadab en Abíhu, El-Azar en Itamar, die seuns van Aäron. Exo 28:2 En jy moet vir jou broer Aäron klere van Apartheid maak, tot eer en tot sieraad. Exo 28:3 Jy moet ook spreek met almal wat kunsvaardig is, wat Ek met die Gees van Wysheid vervul het, dat hulle vir Aäron klere maak, om hom apart te stel, sodat hy vir My die priesteramp kan bedien. Exo 28:4 En dit is die klere wat hulle moet maak: 'n borstas en 'n skouerkleed en 'n mantel en 'n kunstig bewerkte kleed, 'n tulband en 'n gordel; so moet hulle dan vir Aäron, jou broer, klere van Apartheid maak, en vir sy seuns, dat hy vir My die priesteramp kan bedien. Exo 28:5 En hulle moet die goud en die koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne neem. Exo 28:6 En hulle moet die skouerkleed maak van goud, koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, as kunstige werk. Exo 28:7 Hy moet twee skouerstukke hê wat aan mekaar vas is; aan die twee bo-ente moet hy saamgevoeg word. Exo 28:8 En die band wat aan hom is om hom vas te bind, moet van dieselfde werk en, daarmee saam, uit een stuk wees, van goud, koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. Exo 28:9 En jy moet twee oniksstene neem en die name van die kinders van JisraEl op hom graveer: Exo 28:10 ses van dié name op die een steen en die ses ander name op die ander steen volgens hulle genelyn. Exo 28:11 Met graveerwerk, soos op 'n seëlsteen uitgesny word, moet jy die twee stene graveer volgens die name van die kinders van JisraEl. Jy moet hulle maak dat hulle vassit in kassies van goud. Exo 28:12 En jy moet die twee stene op die skouerstukke van die skouerkleed bevestig as gedagtenisstene vir die kinders van JisraEl - Aäron moet hulle name op sy twee skouers dra voor die Aangesig van JaHWeH om hulle in gedagtenis te bring. Exo 28:13 Jy moet dan kassies van goud maak Exo 28:14 en twee kettings van suiwer goud; gedraai soos toutjies moet jy hulle maak; en maak die kettings, soos toutjies gedraai, aan die kassies vas. Exo 28:15 Jy moet ook die borstas van die Reg maak van kunstige werk; soos die werk van die skouerkleed moet jy hom maak; van goud, koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en van fyn dubbeldraad-linne moet jy hom maak. Exo 28:16 Vierkantig moet hy wees en dubbel gevou; 'n span sy lengte en 'n span sy breedte. Exo 28:17 En voorsien hom van 'n steeninvulling van vier rye stene: 'n ry met 'n karneool, 'n topaas en 'n smarag moet die eerste ry wees Exo 28:18 En die tweede ry: 'n karbonkel, 'n saffier en 'n jaspis. Exo 28:19 En die derde ry: 'n hiasint, 'n agaat en 'n ametis. Exo 28:20 En die vierde ry: 'n chrisoliet en 'n oniks en 'n sardoniks. Hulle moet in goud vasgesit wees by hulle invulling. Exo 28:21 En die stene moet volgens die name van die kinders van JisraEl twaalf wees, volgens hulle name. Soos op 'n seëlsteen uitgesny word, so moet hulle vir twaalf stamme wees, elkeen volgens sy naam. Exo 28:22 Jy moet ook by die borstas gedraaide kettings, soos toutjies gedraai, van suiwer goud maak. Exo 28:23 En maak by die borstas twee goue ringe; en bevestig die twee ringe aan die twee [bo]-ente van die borstas, Exo 28:24 en maak die twee goue toutjies aan die twee ringe vas, aan die bo-ente van die borstas; Exo 28:25 en maak die twee [ander] ente van die twee toutjies vas aan die twee kassies, en bevestig dié dan aan die skouerstukke van die skouerkleed, aan die voorkant daarvan. Exo 28:26 Jy moet ook twee goue ringe maak, en bevestig dié aan die twee [onder]-ente van die borstas, aan die kant wat teen die skouerkleed aan lê, aan die binnekant. Exo 28:27 En maak twee goue ringe, en bevestig dié aan die twee skouerstukke van die skouerkleed, onderaan, aan die voorkant daarvan by sy verbinding, bo die band van die skouerkleed. Exo 28:28 En hulle moet die borstas met sy ringe aan die ringe van die skouerkleed met 'n koningsblou toutjie vasbind, sodat dit bo die band van die skouerkleed is en die borstas nie van die skouerkleed afskuiwe nie. Exo 28:29 So moet Aäron dan die name van die kinders van JisraEl in die borstas van die Reg op sy hart dra as hy na die Apartheid gaan, om [hulle] voortdurend in gedagtenis te bring voor die Aangesig van JaHWeH. Exo 28:30 Jy moet ook in die borstas van die Reg die Urim en die Tummim sit, dat hulle op die hart van Aäron kan wees as hy voor die Aangesig van JaHWeH ingaan. So moet Aäron dan die beslissing van die kinders van JisraEl voortdurend op sy hart dra voor die Aangesig van JaHWeH. Exo 28:31 En jy moet die mantel van die skouerkleed heeltemal van koningsblou stof maak. Exo 28:32 En die opening vir die hoof moet in die middel van hom wees. Rondom die opening moet 'n soom van wewerswerk wees. Soos die opening van 'n borsharnas moet hy daaraan wees, dat hy nie kan skeur nie. Exo 28:33 En maak aan die soom van hom granaatjies van koningsblou en purperrooi en bloedrooi kleur, aan die soom van hom rondom, en daar tussenin goue klokkies rondom Exo 28:34 'n goue klokkie en 'n granaatjie, 'n goue klokkie en 'n granaatjie, aan die soom van die mantel rondom. Exo 28:35 En Aäron moet hom aanhê om te kan dien, sodat die geluid daarvan gehoor word as hy na die Apartheid, voor die Aangesig van JaHWeH gaan en as hy uitgaan, dat hy nie sterwe nie. Exo 28:36 Verder moet jy 'n plaat van suiwer goud maak en op hom graveer, soos op 'n seëlsteen uitgesny word: APARTHEID AAN JAHWEH. [ZekarJaH 3:5; Odes van Salomo 8:15] Exo 28:37 En maak hom vas aan 'n koningsblou toutjie, sodat hy aan die tulband kan wees; aan die voorkant van die tulband moet hy wees. [Odes van Salomo 9:8-9; 23:21] Exo 28:38 So moet hy dan op die voorhoof van Aäron wees, sodat Aäron die skuld kan dra met betrekking tot die Aparthede wat die kinders van JisraEl sal apart stel - al hulle apartgestelde(s) [gawes]. En hy moet voortdurend op sy voorhoof wees, dat hulle voor die Aangesig van JaHWeH welgevalle mag vind. [Boekrol van die Opregte 23:15] Exo 28:39 Jy moet ook die kleed van fyn linne kunstig bewerk. Jy moet ook 'n tulband van fyn linne maak, en 'n gordel moet jy van veelkleurige werk maak. Exo 28:40 En maak 'n kleed vir die seuns van Aäron, en maak vir hulle gordels. Ook moet jy vir hulle 'n hoofbedekking maak, tot eer en tot sieraad. Exo 28:41 En trek dit jou broer Aäron en sy seuns saam met hom aan. En salf hulle en stel hulle aan en verklaar hulle apart, sodat hulle vir My die priesteramp kan bedien. Exo 28:42 Maak ook vir hulle linnebroeke om die vlees van die geslagsdele te bedek. Dit moet van die heupe tot by die dye wees. Exo 28:43 En Aäron en sy seuns moet dit aanhê as hulle in die Tent van Samekoms gaan, of as hulle nader kom na die altaar om in die Apartheid te dien, sodat hulle geen skuld op hulle laai en sterwe nie. Dit is 'n ewige Insetting vir hom en vir sy saad na hom. //Die wyding van die priesters. Die Wassing. Exo 29:1 EN dit is die saak wat jy vir hulle moet doen om hulle apart te stel, dat hulle vir My die priesteramp kan bedien: Neem een jong bul en twee ramme wat raseg is, Exo 29:2 en ongesuurde brood en ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk. Van fyn koringmeel moet jy dit maak. Exo 29:3 En sit dit in een mandjie, en bring dit aan in die mandjie saam met die jong bul en die twee ramme. Exo 29:4 Dan moet jy Aäron en sy seuns laat nader kom na die ingang van die Tent van Samekoms en hulle met water was. Exo 29:5 En neem die klere en beklee Aäron met 'n kleed en die mantel van die skouerkleed en die skouerkleed self en die borstas, en bind hom die band van die skouerkleed om. Exo 29:6 En plaas die tulband op sy hoof, en bevestig die separatisme van die Apartheid aan die tulband. Exo 29:7 Neem dan die salfolie en giet haar op sy hoof en salf hom. Exo 29:8 Ook sy seuns moet jy laat nader kom, en laat hulle 'n kleed aantrek, Exo 29:9 en omgord hulle met die gordel, Aäron en sy seuns, en bind vir hulle hoofbedekkings om, dat hulle die priesteramp kan besit as 'n ewige Insetting. So moet jy dan Aäron en sy seuns as priesters aanstel. Exo 29:10 En jy moet die jong bul aanbring voor die aangesig van die Tent van Samekoms; en Aäron en sy seuns moet hulle hande op die kop van die jong bul lê. Exo 29:11 En bloei die jong bul voor die Aangesig van JaHWeH by die ingang van die Tent van Samekoms. Exo 29:12 Dan moet jy van die bloed van die jong bul neem en dit met jou vinger aan die horings van die altaar stryk; en al die orige bloed moet jy aan die onderkant van die altaar uitgiet. Exo 29:13 En neem al die vet wat oor die binnegoed is, en die lap aan die lewer en die twee niere en die vet wat daaraan is, en steek dit op die altaar aan die brand. Exo 29:14 Maar die vleis van die bul en sy vel en sy mis moet jy buitekant die laer met vuur verbrand. Hy is vir die oortreding. Exo 29:15 Neem dan die een ram, en Aäron en sy seuns moet hulle hande op die ram se kop lê; Exo 29:16 daarna moet jy die ram doodbloei en sy bloed neem en sprinkel dit rond op die altaar. Exo 29:17 En die ram moet jy in sy stukke verdeel, en was sy binnegoed en pote en sit dit by die orige stukke en by die kop. Exo 29:18 Jy moet dan die hele ram op die altaar aan die brand steek. Hy is 'n brandoffer aan JaHWeH; 'n aangename geur, deur vuur berei is hy aan JaHWeH. Exo 29:19 Dan moet jy die ander ram neem, en Aäron en sy seuns moet hulle hande op die ram se kop lê; Exo 29:20 jy moet dan die ram doodbloei en van sy bloed neem en dit stryk aan die regteroorlel van Aäron en aan die regteroorlel van sy seuns, ook aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle regtervoet. En die orige bloed moet jy rond sprinkel op die altaar. Exo 29:21 Dan moet jy van die bloed wat aan die altaar is, neem en van die salfolie en dit spat op Aäron en op sy klere sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns saam met hom, dat hy suiwer kan wees en sy klere sowel as sy seuns en die klere van sy seuns saam met hom. Exo 29:22 En neem van die ram die vet en die vetstert, ook die vet wat oor die binnegoed is, en die lap aan die lewer en die twee niere met die vet wat daaraan is, en die regterboud - want hy is 'n ram vir die inhuldiging - Exo 29:23 en een ronde brood en een oliebroodkoek en een platkoek uit die mandjie met ongesuurde koeke wat voor die Aangesig van JaHWeH is. Exo 29:24 En lê hom alles op die handpalms van Aäron en op die handpalms van sy seuns, en wuif hom swaaiende voor die Aangesig van JaHWeH. Exo 29:25 Neem hom dan uit hulle hand en steek hom op die altaar aan die brand, bo-op die brandoffer, as aangename geur voor die Aangesig van JaHWeH. Hy is deur vuur berei aan JaHWeH. Exo 29:26 En neem die bors van die ram vir die inhuldiging van Aäron en wuif dit swaaiende voor die Aangesig van JaHWeH; daarna moet dit jou deel wees. Exo 29:27 En jy moet die bors vir die swaaiende [aanbieding] apart hou sowel as die boud van die skenking, wat gewuif en gehef is van die ram vir die inhuldiging, wat vir Aäron en sy seuns is. Exo 29:28 En dit moet vir Aäron en sy seuns wees tot 'n ewige Insetting van die kant van die kinders van JisraEl, want dit is 'n skenking; en dit sal vir My altaar 'n skenking wees van die kant van die kinders van JisraEl, vir hulle vergoeding - hulle skenking aan JaHWeH. Exo 29:29 En die klere van die Apartheid van Aäron moet vir sy seuns na hom wees, om hulle daarin te salf en as priesters aan te stel. Exo 29:30 Die een van sy seuns wat in sy plek priester word, wat in die Tent van Samekoms sal ingaan om in die Apartheid te dien, moet dit sewe dae lank aantrek. Exo 29:31 En jy moet die ram vir die inhuldiging neem en sy vleis in 'n apartgestelde plek gaarmaak. Exo 29:32 Dan moet Aäron en sy seuns die ram se vleis eet en die brood wat in die mandjie is, by die ingang van die Tent van Samekoms. Exo 29:33 En hulle moet dié dinge eet waarmee versoening bewerk is - waarmee hulle hande gevul was toe dit apart gestel is; maar 'n verbasterde mag daarvan nie eet nie, want Apartheid is hulle. Exo 29:34 En as daar van die vleis van die instelling of van die brood tot die môre toe oorbly, moet jy wat oor is, met vuur verbrand; dit mag nie geëet word nie, want - Apartheid is hy. Exo 29:35 So moet jy dan met Aäron en sy seuns doen net soos Ek jou beveel het. Sewe dae lank moet hulle wyding duur. Exo 29:36 Jy moet ook daagliks 'n bul berei vir versoening van oortredinge: en daarna die altaar skoonmaak deur daarvoor versoening te doen; en jy moet hom salf om hom apart te stel. Exo 29:37 Sewe dae lank moet jy versoening doen vir die altaar en hom apart hou. So sal dan die altaar 'n Apartheid van Aparthede word: elkeen wat aan die altaar raak, word gewyd. //Die daaglikse brandoffers. Exo 29:38 EN dit is wat jy op die altaar moet berei: twee jaaroud-lammers voortdurend, dag vir dag. Exo 29:39 Die een lam moet jy in die môre berei, en die ander lam moet jy teen die aand berei, Exo 29:40 met 'n tiende [van 'n efa] fynmeel, gemeng met 'n kwart-hin uitgestampte olie, en as drank 'n kwart-hin wyn vir die een lam. Exo 29:41 En die ander lam moet jy teen die aand berei. Jy moet dit klaarmaak volgens die spysbydrae in die môre en volgens haar drank wat by haar behoort, tot 'n aangename geur. Dit is deur vuur berei aan JaHWeH. Exo 29:42 [Sy moet 'n] voortdurende brandoffer vir julle geslagte wees, by die ingang van die Tent van Samekoms, voor die Aangesig van JaHWeH, waar Ek met julle sal saamkom om daar met jou te spreek. Exo 29:43 En daar sal Ek met die kinders van JisraEl saamkom en [die tent] sal apart gestel word in Glansrykheid. Exo 29:44 So sal Ek dan die Tent van Samekoms en die altaar inseën. Ek sal Aäron en sy seuns ook apart hou om vir My die priesteramp te bedien. Exo 29:45 En Ek sal onder die kinders van JisraEl vertoef en vir hulle die Elohim wees; Exo 29:46 en hulle sal weet dat Ek JaHWeH, hulle Elohey is wat hulle uit die Aarde van Egipte uitgelei het om in hulle midde te woon. Ek - JaHWeH hulle Elohey. //Die reukaltaar. Exo 30:1 JY moet ook 'n altaar maak om reukwerk te brand. Van akasia- hout moet jy hom maak. Exo 30:2 'n Voorarm moet sy lengte wees en 'n voorarm sy breedte - vierkantig moet hy wees; en twee voorarm sy hoogte. Sy horings moet, daarmee saam, uit een stuk wees. Exo 30:3 En jy moet dit met suiwer goud oortrek: die plaat en die sykante rondom en die horings. En maak vir hom 'n goue kroonlys rondom. Exo 30:4 Maak ook twee goue ringe vir hom onderkant die kroonlys aan weerskante; jy moet dié aan die twee sykante maak. En hulle moet dien as plekke vir draaghoute om hom daarmee te dra. Exo 30:5 En maak die draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud. Exo 30:6 Sit hom dan voor die voorhangsel wat voor die aangesig van die Ark van die Getuienis is, voor die aangesig van die Versoendeksel wat oor die Getuienis is, waar Ek met jou sal saamkom. Exo 30:7 En Aäron moet daarop reukwerk van speserye aan die brand steek; elke môre as hy die lampe regmaak, moet hy haar aan die brand steek. Exo 30:8 En as Aäron teen die aand die lampe opsteek, moet hy haar aan die brand steek as 'n voortdurende reukwerk voor die Aangesig van JaHWeH, in julle geslagte. Exo 30:9 Julle mag op hom geen verbasterde reukwerk of brandoffer of spysbydrae bring nie. Julle mag ook geen drank op hom inskink nie. Exo 30:10 En Aäron moet een maal in die jaar aan die horings van hom versoening doen; met die bloed vir die versoening van oortreding moet hy een maal in die jaar daarvoor versoening doen vir julle geslagte. 'n Apartheid van Aparthede is hy aan JaHWeH. //Die halfsikkel as 'n skenking. Exo 30:11 VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: [1 Kronieke 21:22] Exo 30:12 As jy die volle getal van die kinders van JisraEl opneem volgens hulle geteldes, moet hulle, elkeen vir sy siel, 'n losprys aan JaHWeH gee as hulle getel word, sodat geen plaag onder hulle mag wees as hulle getel word nie. Exo 30:13 Dit moet hulle gee, elkeen wat na die geteldes oorgaan: 'n halfsikkel volgens die sikkel van die Apartheid - die sikkel is twintig gera - 'n halfsikkel as skenking aan JaHWeH. Exo 30:14 Elkeen wat oorgaan na die geteldes, van twintig jaar oud en daarbo, moet die skenking vir JaHWeH gee. Exo 30:15 Die ryke moet nie meer en die arme moet nie minder as 'n halfsikkel bring nie, as hulle die skenking van JaHWeH gee om vir julle siele versoening te doen. Exo 30:16 Neem dan die versoeningsilwer van die kinders van JisraEl en bestee dit aan die bediening van die Tent van Samekoms, dat dit die kinders van JisraEl in herinnering kan bring voor die Aangesig van JaHWeH, om vir julle siele versoening te doen. //Die koperwaskom. Die was van die voete. Exo 30:17 EN JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê: Exo 30:18 Jy moet ook 'n koperwaskom maak met sy kopervoetstuk, om in te was; en sit hom tussen die Tent van Samekoms en die altaar, en gooi water in hom, Exo 30:19 dat Aäron en sy seuns hulle hande en hulle voete uit hom kan was. Exo 30:20 As hulle in die Tent van Samekoms gaan, moet hulle hul met water was, sodat hulle nie sterwe nie; of as hulle die altaar nader om te dien deur 'n vuurbereiding aan die brand te steek aan JaHWeH. Exo 30:21 Hulle moet dan hul hande en hulle voete was, sodat hulle nie sterwe nie. En dit moet vir hulle 'n ewige Insetting wees, vir hom en sy saad in hulle geslagte. //Die gewyde salfolie en die reukwerk. Exo 30:22 VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: [Wysheid van Sirah 24:14, 15; Openbaring 8:4] Exo 30:23 En jy, neem vir jou van die beste speserye: vyfhonderd [sikkels] fyn mirre en die helfte soveel geurige kaneel, tweehonderd-en-vyftig [sikkels], en tweehonderd-en-vyftig [sikkels] geurige kalmoes Exo 30:24 en vyfhonderd [sikkels] kassie, volgens die sikkel van die Apartheid, en 'n hin olyfolie; Exo 30:25 en maak van haar salfolie van Apartheid, 'n salfmengsel soos 'n salfmenger haar maak; salfolie van Apartheid moet sy wees. [2 Ezra 2:12] Exo 30:26 Met haar moet jy dan die Tent van Samekoms salf en die Ark van die Getuienis Exo 30:27 en die tafel met al sy gereedskap en die kandelaar met haar gereedskap en die altaar vir soet geur Exo 30:28 en die altaar vir die brandoffer met al sy gereedskap en die waskom met sy voetstuk. Exo 30:29 So moet jy hulle dan apart stel, dat hulle 'n Apartheid van Aparthede kan wees. Elkeen wat aan hulle raak, word gewyd. Exo 30:30 Jy moet ook Aäron en sy seuns salf en hulle apart hou om vir My die priesteramp te bedien. Exo 30:31 En jy moet met die kinders van JisraEl spreek en sê: Sy sal vir My 'n salfolie van Apartheid wees in julle geslagte. Exo 30:32 Op geen adamiet se liggaam mag sy uitgegiet word nie; julle mag ook, na dieselfde voorskrif, so iets nie maak nie: Apartheid is sy; Apartheid moet sy vir julle wees. Exo 30:33 Elkeen wat so iets meng of iets van haar aan 'n verbasterde laat kom, moet uit sy volksgenote uitgeroei word. Exo 30:34 Verder het JaHWeH vir Moshè gesê: Neem vir jou speserye: storaksgom en naeltjies en galbanum - speserye en ook suiwer wierook; alles in gelyke hoeveelhede, Exo 30:35 en maak daar reukwater van, 'n mengsel soos die salfmenger haar maak, gesout, suiwer Apartheid. Exo 30:36 En vrywe 'n gedeelte van haar heeltemal fyn, en sit 'n deel van haar neer voor die Aangesig van die Getuienis in die Tent van Samekoms, waar Ek met jou sal saamkom; 'n Apartheid van Aparthede moet sy vir julle wees. Exo 30:37 En die reukwerk wat jy moet maak - na dieselfde voorskrif mag julle vir julle nie maak nie; as Apartheid aan JaHWeH moet sy vir jou wees. Exo 30:38 Elkeen wat so iets maak om aan haar te ruik, moet uit sy volksgenote uitgeroei word. //Verdeling van die werk. Exo 31:1 VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: Exo 31:2 Kyk, Ek het BesalEl die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van JeHûWdah, by sy naam geroep; Exo 31:3 en Ek het hom vervul met die Gees van Elohim, met Wysheid en Verstand en Kennis om te werk, Exo 31:4 om kunstige planne uit te dink, om dit uit te voer in goud en silwer en koper, Exo 31:5 en deur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk; om werksaam te wees in allerhande werk. Exo 31:6 En kyk, Ek het hom Ohóliab bygegee, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan. En in die hart van elkeen wat kunsvaardig is, het Ek Wysheid gegee, dat hulle alles wat Ek jou beveel het, kan maak: Exo 31:7 die Tent van Samekoms en die Ark van die Getuienis en die Versoendeksel wat daarop moet wees, en alles wat behoort by die tent, Exo 31:8 en die tafel met sy gereedskap en die suiwer kandelaar met al haar gereedskap en die altaar vir soet geur; Exo 31:9 ook die altaar vir die brandoffer met al sy gereedskap en die waskom met sy voetstuk Exo 31:10 en die kunstige klere en die klere van die Apartheid van Aäron die priester en die klere van sy seuns, om die priesteramp te bedien; Exo 31:11 ook die salfolie en die reukwerk van speserye vir die Apartheid net soos Ek jou beveel het, moet hulle haar maak. //Die Sabbat 'n ewige Verbond. Exo 31:12 VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: Exo 31:13 Spreek jy met die kinders van JisraEl en sê: Julle moet sekerlik My Sabbatte onderhou, want sy is 'n Teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek JaHWeH is wat julle apart hou. Exo 31:14 Onderhou dan die Sabbat, want sy moet vir julle apartgestel wees. Hy wat haar besoedel, moet sekerlik gedood word; want elkeen wat in haar werk verrig, en dié siel, sal haar afsny vanuit haar volksgenote af. Exo 31:15 Ses dae lank kan werk verrig word, maar op die sewende dag moet dit wees 'n Sabbat van sabbatsonderhouding - Apartheid aan JaHWeH. Elkeen wat op die Sabbatdag werk doen, moet sekerlik gedood word. Exo 31:16 En die kinders van JisraEl moet die Sabbat gedenk deur die Sabbat te doen in hulle geslagte as 'n ewige Verbond. Exo 31:17 Tussen My en die kinders van JisraEl is sy vir ewig 'n Teken; want in ses dae het JaHWeH die Hemele en die Aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gesabbatteer en Hom verkwik. Exo 31:18 En Hy het aan Moshè, toe Hy geëindig het om met hom te spreek op die berg Sinai, die twee tafels van die Getuienis gegee, tafels van klip, beskrywe met die Vinger van Elohim. [Lukas 11:20] //Die goue kalf. Exo 32:1 TOE die volk sien dat Moshè vertoef om van die berg af te kom, het die volk rondom Aäron versamel en vir hom gesê: Kom, maak vir ons gode wat voor ons uit trek; want hierdie Moshè, die man wat ons uit die Aarde van Egipte laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie. [2 Petrus 3:4] Exo 32:2 En Aäron sê vir hulle: Ruk die goue ringe af wat aan die ore van julle vroue, julle seuns en julle dogters is, en bring dit vir my. Exo 32:3 Toe het die hele volk die goue ringe afgeruk wat aan hulle ore was, en dit na Aäron gebring. Exo 32:4 En hy het dit uit hulle hand geneem en dit met die beitel bewerk en daar 'n gegote kalf van gemaak. Daarop sê hulle: Dit is joú god, o JisraEl, wat jou uit die Aarde van Egipte laat optrek het. Exo 32:5 Toe Aäron hom sien, het hy vir hom 'n altaar gebou. En Aäron het uitgeroep en gesê: Môre is daar Fees tot eer van JaHWeH. Exo 32:6 En hulle het die ander dag vroeg klaargemaak en brandoffers opgedra en vergoedinge aangebring; daarop het die volk gaan sit om te eet en te drink, en hulle het opgestaan om te speel. Exo 32:7 Toe sê JaHWeH vir Moshè: Gaan heen, klim af, want jou volk wat jy uit die Aarde van Egipte laat optrek het, het verderflik gehandel. Exo 32:8 En hulle het gou van die Weg afgewyk wat Ek hulle beveel het. Hulle het vir hulle 'n gegote kalf gemaak en voor hom neergebuig en aan hom geslag en gesê: Hy is joú god o JisraEl, wat jou uit die Aarde van Egipte laat optrek het. Exo 32:9 Verder het JaHWeH vir Moshè gesê: Ek het hierdie volk gesien, en kyk, dit is 'n hardnekkige volk. Exo 32:10 Laat My dan nou begaan, dat My Woede teen hulle ontvlam en Ek hulle verteer. Dan sal Ek jou tot 'n groot nasie maak. Exo 32:11 Maar Moshè het JaHWeH sy Elohey om Barmhartigheid gesmeek en gesê: Waarom, o JaHWeH, sou U Woede ontvlam teen U volk wat U met grote Krag en met 'n Sterke Hand uit die Aarde van Egipte uitgelei het? Exo 32:12 Waarom sou die Egiptenaars spreek en sê: In kwaadwilligheid het Hy hulle uitgelei om hulle in die berge om te bring en hulle van die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde] af te vernietig? Wend U af van die gloed van U brandende Woede, en laat dit U berou oor die benoudheid van U volk. Exo 32:13 Gedenk aan Abraham, Isak en JisraEl, U knegte, vir wie U by Uself gesweer en aan wie U gesê het: Ek sal julle saad vermenigvuldig soos die Sterre van die Hemele, en hierdie hele Aarde waarvan Ek gespreek het, sal Ek aan julle saad gee, dat hulle dit vir ewig kan beërwe. Exo 32:14 Toe het JaHWeH berou oor die besoedeling wat Hy uitgespreek het, dat Hy Sy volk sou aandoen. Exo 32:15 En Moshè het omgedraai en van die berg afgeklim, met die twee tafels van die Getuienis in sy hand, tafels wat op altwee kante beskrywe was; hulle was op die een en op die ander kant beskrywe. Exo 32:16 En die tafels was die werk van Elohim. Die skrif was ook die skrif van Elohim, in die tafels gegraveer. Exo 32:17 En toe JeHôWshua die stem van die volk hoor hoe hulle juig, sê hy aan Moshè: Daar is oorlogsgeraas in die laer. Exo 32:18 Maar hy antwoord: Dit is nie die geluid van die wat sing van oorwinning nie; dit is ook nie die geluid van die wat treur oor 'n neerlaag nie: ek hoor die geneurie van aanbiddingsgesang. Exo 32:19 En toe hy naby die laer kom en die kalf en koordanse sien, het die woede van Moshè ontvlam, en hy het die tafels uit sy hande gegooi en hulle onder aan die berg verbrysel. Exo 32:20 En hy het die kalf geneem wat hulle gemaak het, en hom in die vuur verbrand en hom fyn gemaal. Toe het hy hom op die water gestrooi en die kinders van JisraEl hom laat drink. Exo 32:21 En Moshè het vir Aäron gesê: Wat het hierdie volk jou aangedoen, dat jy so 'n groot straf oor hulle gebring het? Exo 32:22 Toe antwoord Aäron: Laat die woede van my meester nie ontvlam nie. U self ken die volk, dat hulle deur en deur besoedel is. Exo 32:23 Hulle het dan aan my gesê: Maak vir ons gode wat voor ons uit trek, want hierdie Moshè, die man wat ons uit die Aarde van Egipte laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie. Exo 32:24 Daarop het ek hulle geantwoord: Wie goud het, laat dié dit afruk! En hulle het dit aan my gegee. En ek het dit in die vuur gegooi, en hierdie kalf het daaruit gekom. Exo 32:25 Toe Moshè sien dat die volk bandeloos was - want Aäron het hulle bandeloos laat word tot leedvermaak onder hulle teëstanders - Exo 32:26 het Moshè in die poort van die laer gaan staan en gesê: Wie vír JaHWeH is, kom na my toe! Toe het al die seuns van Levi by hom versamel. Exo 32:27 En hy het vir hulle gesê: So spreek JaHWeH, die Elohey van JisraEl: Laat elkeen sy swaard aangord aan sy heup. Gaan heen en weer van poort tot poort in die laer, en laat elkeen sy broer en elkeen sy naaste en elkeen die naaste [aan hom] doodmaak. Exo 32:28 En die seuns van Levi het gehandel volgens die woord van Moshè, en daar het van die volk op dié dag omtrent drieduisend man geval. Exo 32:29 Toe het Moshè gesê: Vul vandag julle hand tot JaHWeH - want elkeen is teen sy seun en teen sy broer - sodat Hy vandag 'n seën oor julle kan gee. //Moshè bid vir die volk. Exo 32:30 EN die volgende dag het Moshè aan die volk gesê: Júlle het 'n groot oortreding begaan; maar nou sal ek na JaHWeH opklim: miskien kan ek vir julle oortredinge versoening doen. Exo 32:31 En Moshè het na JaHWeH teruggegaan en gesê: Ag, hierdie volk het 'n groot oortreding begaan en vir hulle 'n god van goud gemaak. Exo 32:32 Nou dan, as U tog maar hulle oortredinge wou vergewe! En so nie, delg my dan maar uit U Boekrol wat U geskryf het! Exo 32:33 Toe het JaHWeH Moshè geantwoord: Wie teen My oortree het, dié sal Ek uitvee uit My Boekrol. [Psalm 69:28; Openbaring van Henog 13:83, 102; Boekrol van Henog 108:3] Exo 32:34 Maar gaan nou en lei die volk waarheen Ek jou gesê het. Kyk, My Boodskapper sal voor jou uit gaan. Maar die dag as Ek besoeking doen, dan sal Ek hulle oortreding oor hulle besoek. [Exodus 23:20] Exo 32:35 So het JaHWeH dan die volk getref, omdat hulle die kalf gemaak het wat Aäron vervaardig het. Exo 33:1 VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek: Gaan heen, trek hier vandaan op, jy en die volk wat jy uit die Aarde van Egipte laat optrek het, na die Aarde wat Ek met 'n eed aan Abraham, Isak en Jakob beloof het, met die woorde: Aan jou saad sal Ek haar gee; Exo 33:2 en Ek sal 'n Boodskapper voor jou uit stuur - en die Kanaäniete, Amoriete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete verdrywe - [Exodus 23:20] Exo 33:3 na 'n Aarde wat oorloop van melk en heuning; want Ek sal in jou midde nie optrek nie, omdat jy 'n hardnekkige volk is; anders sal jy op die weg verteer word. Exo 33:4 Toe die volk hierdie ellendige woord hoor, het hulle getreur; en niemand het sy versiersels aangesit nie. Exo 33:5 En JaHWeH het met Moshè gespreek: Sê aan die kinders van JisraEl: Julle is 'n hardnekkige volk; as Ek vir een oomblik in jou midde sou optrek, sou Ek jou vernietig. Maar haal nou jou versiersels van jou af, dan sal Ek weet wat Ek met jou moet doen. Exo 33:6 Toe het die kinders van JisraEl hulleself gestroop van hul versiersels, van die berg Horeb af. Exo 33:7 En Moshè het elke keer 'n tent geneem en hom vir hom buitekant die laer opgeslaan, ver van die laer af; en hy het hom genoem die Tent van Samekoms. En elkeen wat JaHWeH wou raadpleeg, het uitgegaan na die Tent van Samekoms wat buitekant die laer was. Exo 33:8 En as Moshè uitgaan na die tent, staan die hele volk op en gaan elkeen aan die ingang van sy tent staan. Dan kyk hulle Moshè agterna tot hy in die tent ingegaan het. Exo 33:9 En as Moshè in die tent ingaan, kom die Wolkkolom af en gaan by die ingang van die tent staan, en dan spreek Hy met Moshè. Exo 33:10 En as die hele volk die Wolkkolom sien staan by die ingang van die tent, staan die hele volk op en buig, elkeen aan die ingang van sy tent. Exo 33:11 Dan spreek JaHWeH met Moshè van Aangesig tot aangesig soos 'n man met sy vriend spreek. Daarna gaan hy na die laer terug; maar sy dienaar JeHôWshua, 'n jongman, die seun van Nun, het hom nie uit die tent verwyder nie. Exo 33:12 Toe het Moshè met JaHWeH gespreek: U sê nou wel aan my: Ek moet hierdie volk laat optrek, maar U laat my nie weet wie U saam met my sal stuur nie, hoewel U gesê het: Ek ken jou by die naam, en jy het ook Guns in My Oë gevind. Exo 33:13 As ek dan nou Guns in U Oë gevind het, maak my dan tog U Weë bekend, dat ek U kan ken; sodat ek Guns in U Oë kan vind. En bedink tog dat hierdie nasie U volk is. Exo 33:14 En Hy antwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf? Exo 33:15 Toe sê hy vir Hom: As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie. Exo 33:16 Want waaraan sou dan bekend word dat ek Guns in U Oë gevind het, ek en U volk ? Is dit nie daaraan dat U met ons saamtrek nie ? So sal ons, ek en U volk, apart wees van elke volk wat op die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde] is. Exo 33:17 Toe sê JaHWeH aan Moshè: Ook hierdie versoek wat jy uitgespreek het, daaraan sal Ek voldoen; want jy het Guns gevind in My Oë, en Ek ken jou by die naam. Exo 33:18 Daarop vra hy: Laat my tog U Glansrykheid sien. Exo 33:19 Maar Hy antwoord: Ek sal al My Suiwerheid by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van JaHWeH uitroep; maar Ek sal Guns betoon aan wie Ek Guns wil betoon, en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. [Boekrol van Henog 92:4] Exo 33:20 Verder het Hy gesê. Jy kan My Aangesig nie sien nie, want geen adamiet kan My sien en bly lewe nie. Exo 33:21 Ook het JaHWeH gesê: Kyk, hier is 'n plek by My waar jy op die rots kan gaan staan. Exo 33:22 En as My Glansrykheid verbygaan, sal Ek jou in die skeur van die rots stel en jou met My handpalm oordek totdat Ek verbygegaan het. Exo 33:23 En as Ek My handpalm wegneem, sal jy My van agter sien; maar My Aangesig kan nie gesien word nie. //Moshè klim weer op die berg Exo 34:1 TOE het JaHWeH aan Moshè gesê: Kap vir jou twee Kliptablette soos die eerstes; dan sal Ek op die tafels die woorde skrywe wat op die eerste tafels was, wat jy verbrysel het. Exo 34:2 En hou jou gereed teen die môre, en klim in die môre op die berg Sinai en gaan daar staan by My op die top van die berg. Exo 34:3 Maar niemand mag saam met jou opklim nie; laat daar ook niemand op die hele berg gesien word nie; laat ook geen kleinvee of beeste teen hierdie berg wei nie. Exo 34:4 Toe het hy twee Kliptablette gekap soos die eerstes, en Moshè het die môre vroeg klaargemaak en op die berg Sinai geklim, soos JaHWeH hom beveel het, en die twee Kliptablette in sy hand geneem. Exo 34:5 En JaHWeH het neergedaal in die Wolkkolom en daar by hom gestaan. En Hy het die Naam van JaHWeH uitgeroep. Exo 34:6 En toe JaHWeH by hom verbygaan, het Hy geroep: JaHWeH, JaHWeH, barmhartige en innemende El, stadig om kwaad te word en groot van Medelye en Waarheid; Exo 34:7 wat Medelye het met duisende, wat losbandigheid en opstandigheid en oortreding vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie; wat die losbandigheid van die vaders besoek aan die kinders en aan die kindskinders, aan die derde en aan die vierde [geslag]. Exo 34:8 Toe het Moshè hom gou na die Aarde toe gebuig en neergeval Exo 34:9 en gesê: My Meester, my Meester, as ek Barmhartigheid in U Oë gevind het, laat U dan tog in ons midde trek; want dit is 'n hardnekkige volk; maar vergewe ons ongeregtigheid en ons oortredinge, en neem ons aan as 'n Erfdeel. Exo 34:10 Toe antwoord Hy: Kyk, Ek sluit 'n Verbond; voor jou hele volk sal Ek wonders doen soos daar op die hele Aarde en onder al die nasies nie gedoen is nie, sodat die hele volk onder wie jy is, die werk van JaHWeH kan sien. Want ontsagwekkend is dit wat Ek aan jou gaan doen. Exo 34:11 Onderhou wat Ek jou vandag beveel. Kyk, Ek verdrywe voor jou uit die Amoriete, Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete. Exo 34:12 Neem jou in ag dat jy geen verbond sluit met die inwoner van die Aarde waar jy op haar gaan nie; sodat hy nie miskien 'n strik by jou word nie. Exo 34:13 Maar hulle altare moet julle omgooi en hulle torings verbrysel en sy Houtkruise afkap. Exo 34:14 Want jy mag jou nie neerbuig voor 'n god van ander nie; want JaHWeH se Naam is Jaloers - 'n jaloerse El is Hy. Exo 34:15 Sluit tog nie 'n verbond met die inwoner van die Aarde nie! As hulle agter hulle gode aan hoereer en slag aan hulle gode, sal hy jou uitnooi, en jy sal van sy slagdiere eet; Exo 34:16 en jy sal van sy dogters neem vir jou seuns, en sy dogters sal agter hulle gode aan hoereer en jou seuns agter hulle gode aan laat hoereer. Exo 34:17 Jy mag vir jou geen gegote gode maak nie. //Opdrag om Feesdae te vier Exo 34:18 DIE Fees van die Ongesuurde Brode moet jy hou; sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos Ek jou beveel het, op die bepaalde tyd in die maand Abib; want in die maand Abib het jy uit Egipte uitgetrek. Exo 34:19 Alles wat die moederskoot open, is Myne; ook al jou vee wat manlik is, die eerstelinge van beeste en kleinvee. Exo 34:20 Maar die eersteling van 'n esel moet jy met 'n lam loskoop; en as jy hom nie loskoop nie, moet jy sy nek breek. Al jou eersgebore seuns moet jy loskoop, en niemand mag met leë hande voor My Aangesig verskyn nie. Exo 34:21 Ses dae moet jy arbei, maar op die sewende dag moet jy sabbatteer. In die ploegtyd en in die oestyd moet jy sabbatteer. Exo 34:22 Die Fees van die Weke moet jy ook hou, [die Fees] van die eerstelinge van die koringoes; en die Fees van die Insameling by die wisseling van die jaar. Exo 34:23 Al jou manspersone moet drie maal in die jaar voor die Aangesig van My Meester JaHWeH, die Elohey van JisraEl, verskyn. Exo 34:24 Want Ek sal nasies voor jou uitdrywe en jou grondgebied uitbrei, sodat niemand jou Aarde sal begeer nie terwyl jy opgaan om te verskyn voor die Aangesig van JaHWeH jou Elohey, drie maal in die jaar. Exo 34:25 Jy mag nie die bloed van My Slagdier saam met [iets] gesuurd bloei nie, en die Slagdier van die Fees van die Pasga mag nie tot die môre toe oorbly nie. Exo 34:26 Die beste van die eerstelinge van jou Aarde moet jy in die Huis van JaHWeH jou Elohey bring. Jy mag die bokkie nie gaarmaak in sy moeder se melk nie. Exo 34:27 Verder het JaHWeH vir Moshè gesê: Skrywe vir jou hierdie woorde neer, want volgens hierdie woorde het Ek 'n Verbond gesluit met jou en met JisraEl. Exo 34:28 En hy was daar by JaHWeH veertig dae en veertig nagte; hy het geen brood geëet en geen water gedrink nie. En hy het op die tafels die woorde van die Verbond, die Tien Woorde, geskrywe. Exo 34:29 En toe Moshè van die berg Sinai afdaal - die twee tafels van die Getuienis was in die hand van Moshè toe hy van die berg afdaal - het Moshè nie geweet dat die vel van sy gesig geglans het omdat Hy met Hom gespreek het nie. Exo 34:30 En toe Aäron en al die kinders van JisraEl Moshè sien, het die vel van sy gesig geglans! Daarom was hulle bevrees om naby hom te kom. Exo 34:31 Maar Moshè het hulle geroep, en Aäron en al die owerstes in die vergadering het na hom teruggekom; en Moshè het met hulle gespreek. Exo 34:32 En daarna het al die kinders van JisraEl nader gekom, en hy het hulle alles beveel wat JaHWeH met hom gespreek het op die berg Sinai. Exo 34:33 Toe Moshè klaar met hulle gespreek het, het hy 'n sluier oor sy gesig getrek. Exo 34:34 Maar as Moshè voor die Aangesig van JaHWeH kom om met Hom te spreek, neem hy die sluier weg, totdat hy uitgaan. As hy dan uitgaan en aan die kinders van JisraEl meedeel wat hom beveel is, Exo 34:35 sien die kinders van JisraEl die gesig van Moshè, dat die vel van Moshè se gesig geglans het; daarop trek Moshè dan weer die sluier oor sy gesig, totdat hy ingaan om met Hom te spreek. //Gifte vir die Tabernakel. Exo 35:1 TOE het Moshè die hele vergadering van die kinders van JisraEl bymekaar laat kom en aan hulle gesê: Dit is die woorde wat JaHWeH beveel het, om dit te doen: Exo 35:2 Ses dae lank kan daar werk verrig word, maar die sewende dag sal vir julle 'n Sabbat van Apartheid wees, 'n dag van Sabbatsonderhouding tot eer van JaHWeH. Elkeen wat daarop werk verrig, moet gedood word. Exo 35:3 Julle mag op die Sabbat geen vuur aansteek in enigeen van julle woonplekke nie. Exo 35:4 Verder het Moshè die hele vergadering van die kinders van JisraEl toegespreek en gesê: Dit is die saak wat JaHWeH beveel het: Exo 35:5 Neem van julle besittings 'n skenking aan JaHWeH. Laat elkeen wat gewillig is in sy hart, dit bring, die skenking van JaHWeH: goud en silwer en koper; Exo 35:6 en koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar; Exo 35:7 en rooigeverfde ramsvelle en gebreide velle en akasiahout; Exo 35:8 en olie vir die kandelaar en speserye vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye; Exo 35:9 en oniksstene en stene om in te lê, vir die skouerkleed en die borstas. Exo 35:10 En almal wat kunsvaardig is onder julle, moet kom en alles maak wat JaHWeH beveel het: Exo 35:11 die Tabernakel, sy tent en sy dekkleed, sy hakies en sy style, sy dwarshoute, sy pilare en sy voetstukke; Exo 35:12 die Ark en haar draaghoute, die Versoendeksel en die voorhangsel tot bedekking; Exo 35:13 die tafel met sy draaghoute en al sy gereedskap, en die toonbrode; Exo 35:14 en die kandelaar tot verligting, met haar gereedskap en haar lampe, en die olie vir die kandelaar, Exo 35:15 en die altaar vir soet geur met sy draaghoute, en die salfolie en die reukwerk van speserye, en die bedekking vir die ingang van die Tabernakel; Exo 35:16 die altaar vir die brandoffer met sy traliewerk van koper, sy draaghoute en al sy gereedskap; die waskom met sy voetstuk; Exo 35:17 die behangsels van die voorhof, sy pilare en haar voetstukke, en die bedekking van die poort van die voorhof; Exo 35:18 die penne van die Tabernakel en die penne van die voorhof met hulle lyne; Exo 35:19 die kunstige klere om in die Apartheid te dien, die klere van die Apartheid vir die priester Aäron en die klere van sy seuns om die priesteramp te bedien. Exo 35:20 Toe het die hele vergadering van die kinders van JisraEl van Moshè af weggegaan. Exo 35:21 En elkeen wie se hart hom opgewek en elkeen wie se gees hom aangedryf het, het gekom: hulle het die skenking van JaHWeH gebring vir die werk aan die Tent van Samekoms en vir sy hele bediening en vir die klere van die Apartheid; Exo 35:22 die manne het met die vroue gekom, elkeen wat gewillig van hart was; hulle het gespes en ringe en vingerringe en halssierade, allerhande goue goed, gebring. En elkeen wat goud wuiwende geswaai het aan JaHWeH, Exo 35:23 en elkeen wat in besit was van koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar en rooigeverfde ramsvelle en gebreide velle, het dit gebring. Exo 35:24 Elkeen wat 'n skenking van silwer of koper kon aanbied, het die skenking van JaHWeH gebring; en elkeen wat akasiahout besit het, wat oral by die werk kon gebruik word, het dit gebring. Exo 35:25 En elke vrou wat kunsvaardig was, het met haar eie hande gespin en die spinsel gebring: die koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne. Exo 35:26 En al die vroue wie se hart opgewek is deur die Wysheid, het die bokhaar gespin. Exo 35:27 En die owerstes het die oniksstene gebring en die stene om in te lê, vir die skouerkleed en die borstas, Exo 35:28 en die speserye en die olie vir die kandelaar en vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye. Exo 35:29 Elke man en vrou wie se hart hulle aangedryf het om iets vrywillig by te dra vir al die werk wat JaHWeH deur die hand van Moshè beveel het - as vrywillige skenkings aan JaHWeH het die kinders van JisraEl dit gebring. Exo 35:30 Daarop het Moshè aan die kinders van JisraEl gesê: Kyk, JaHWeH het BesalEl, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van JeHûWdah, by sy naam geroep; Exo 35:31 en Hy het hom met die Gees van Elohim vervul, met Wysheid, met Verstand en met Kennis om te werk; [Boekrol van Henog 49:3; JeshaJaH 11:2] Exo 35:32 en om kunstige planne uit te dink, om dié uit te voer in goud en silwer en koper, Exo 35:33 en deur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk - om werksaam te wees in allerhande kunsarbeid. Exo 35:34 Hy het dit ook in sy hart gegee om [ander] te onderrig, aan hom en aan Ohóliab, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan. Exo 35:35 Hy het hulle hart gevul met Wysheid om allerhande werk te maak van 'n ambagsman en 'n kunstenaar en van 'n bewerker van veelkleurige goed in koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne, en van 'n wewer - hulle wat al die werk moes verrig en kunstige planne moes uitdink. Exo 36:1 SO moet dan BesalEl en Ohóliab en elkeen wat kunsvaardig is, aan wie JaHWeH Wysheid en Verstand gegee het om met Kennis al die werk tot vervaardiging van die Apartheid te verrig, dit maak net soos wat JaHWeH beveel het. Exo 36:2 En Moshè het BesalEl en Ohóliab geroep en elkeen wat kunsvaardig was, in wie se hart JaHWeH Wysheid gegee het; elkeen wie se hart hom opgewek het om aan die werk te gaan om haar klaar te maak. Exo 36:3 En hulle het voor die oë van Moshè ontvang al die skenkings wat die kinders van JisraEl vir die verrigting van die werk by die vervaardiging van die Apartheid gebring het. Maar húlle het vir hom nog elke môre vrywillige skenkings gebring. Exo 36:4 Toe het al die kunsvaardige manne wat met al die werk van die Apartheid besig was, man vir man, van die werk af gekom waar hulle mee besig was, Exo 36:5 en hulle het met Moshè gespreek en gesê: Die volk bring meer as wat nodig is vir die uitvoering van die werk waarvan JaHWeH die vervaardiging beveel het. Exo 36:6 Daarop het Moshè bevel gegee, en hulle het 'n oproep deur die laer laat gaan en gesê: Laat geen man of vrou verder enige werksaamheid verrig in verband met die skenking aan die Apartheid nie. Toe het die volk opgehou om te bring; Exo 36:7 want die boustof was vir hulle genoeg om die hele werk tot stand te bring; ja, daar het oorgebly. //Samestelling van die Tabernakel. Exo 36:8 SO het dan almal wat kunsvaardig was onder die werkmense die Tabernakel uit tien tentdoeke vervaardig; uit fyn dubbeldraad-linne en koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe, met Gérubs; as kunstige werk het hy dit gemaak. Exo 36:9 Die lengte van elke tentdoek was agt-en-twintig voorarm en die breedte van elke tentdoek vier voorarm. Al die tentdoeke het een maat gehad. Exo 36:10 En hy het vyf van die tentdoeke aanmekaargewerk, die een aan die ander; en weer vyf tentdoeke het hy aanmekaar gewerk, die een aan die ander. Exo 36:11 En hy het lissies van koningsblou stof gemaak aan die soom van die buitenste tentdoek van die een stel; so het hy dit gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel. Exo 36:12 Vyftig lissies het hy gemaak aan die een tentdoek, en vyftig lissies het hy gemaak aan die rand van die tentdoek wat aan die tweede stel behoort het. Die lissies was die een teenoor die ander. Exo 36:13 Hy het ook vyftig goue hakies gemaak en die tentdoeke saamgevoeg, die een aan die ander, met die hakies, sodat die Tabernakel een geheel was. Exo 36:14 Verder het hy doeke van bokhaar gemaak as 'n tentseil oor die Tabernakel: elf tentdoeke het hy dit gemaak. Exo 36:15 Die lengte van elke tentdoek was dertig voorarm, en die breedte van elke tentdoek vier voorarm: die elf tentdoeke het een maat gehad. Exo 36:16 En hy het vyf van die tentdoeke besonders aanmekaargewerk en ses van die tentdoeke besonders. Exo 36:17 En hy het vyftig lissies gemaak aan die soom van die [laaste] tentdoek van die een stel, en vyftig lissies het hy gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel. Exo 36:18 Hy het ook vyftig koperhakies gemaak om die tent saam te voeg, sodat dit een geheel was. Exo 36:19 Ook het hy vir die tent 'n dekkleed van rooigeverfde ramsvelle gemaak en daar bo-oor 'n dekkleed van gebreide velle. Exo 36:20 Hy het ook vir die Tabernakel die regopstaande style van akasiahout gemaak. Exo 36:21 Die lengte van die styl was tien voorarm, en anderhalf voorarm die breedte van elke styl. Exo 36:22 Elke styl het twee tappe gehad wat met mekaar verbind was. So het hy dit gemaak vir al die style van die Tabernakel. Exo 36:23 En hy het die style vir die Tabernakel gemaak: twintig style aan die suidekant, na die suide toe. Exo 36:24 En hy het veertig silwervoetstukke onder die twintig style gemaak: twee voetstukke onder die een styl vir sy twee tappe en twee voetstukke onder die ander styl vir sy twee tappe. Exo 36:25 Hy het ook vir die ander sykant van die Tabernakel, aan die noordekant, twintig style gemaak Exo 36:26 met hulle veertig silwervoetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl. Exo 36:27 En vir die agterkant van die Tabernakel, teen die weste, het hy ses style gemaak. Exo 36:28 Ook het hy twee style vir die hoeke van die Tabernakel aan die agterkant gemaak. Exo 36:29 En hulle was dubbel van onder, en net so was hulle bo dubbel tot by die eerste ring. So het hy dit gemaak vir altwee, vir die twee hoeke. Exo 36:30 So was daar dan agt style met hulle silwervoetstukke: sestien voetstukke; twee voetstukke onder elke styl. Exo 36:31 Hy het ook dwarshoute van akasiahout gemaak: vyf vir die style van die een sykant van die Tabernakel Exo 36:32 en vyf dwarshoute vir die style van die ander sykant van die Tabernakel; ook vyf dwarshoute vir die style van die agterkant van die Tabernakel teen die weste. Exo 36:33 En hy het die middelste dwarshout gemaak om dwarsdeur te loop, in die middel van die style, van die een ent na die ander. Exo 36:34 En hy het die style met goud oorgetrek; en hulle ringe, as plekke vir die dwarshoute, het hy van goud gemaak. Die dwarshoute het hy ook met goud oorgetrek. Exo 36:35 Verder het hy die voorhangsel gemaak van koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne; as kunstige werk het hy haar gemaak, met Gérubs. Exo 36:36 En hy het vier pilare van akasiahout vir haar gemaak en hulle met goud oorgetrek; hulle kramme was ook van goud; en hy het daarvoor vier silwervoetstukke gegiet. Exo 36:37 Hy het ook vir die ingang van die tent 'n bedekking gemaak van koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk; Exo 36:38 en die vyf pilare wat daarby behoort, met hulle kramme; en hy het hulle toppe en ringe met goud oorgetrek; en hulle vyf voetstukke was van koper. //Samestelling van die Ark, die tafel, die kandelaar en die altaar vir soet geur. Exo 37:1 EN BesalEl het die Ark van akasiahout gemaak; twee en 'n half voorarm was haar lengte, en 'n voorarm en 'n half haar breedte, en 'n voorarm en 'n half haar hoogte. Exo 37:2 En hy het haar oorgetrek met suiwer goud, van binne en van buite; en hy het aan haar 'n goue kroonlys gemaak rondom. Exo 37:3 En hy het vir haar vier goue ringe gegiet, aan haar vier voete, só dat twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant was. Exo 37:4 En hy het draaghoute van akasiahout gemaak en haar met goud oorgetrek; Exo 37:5 en hy het die draaghoute in die ringe gesteek aan weerskante van die Ark om die Ark te dra. Exo 37:6 Hy het ook 'n Versoendeksel van suiwer goud gemaak. Twee en 'n half voorarm was haar lengte, en 'n voorarm en 'n half haar breedte. Exo 37:7 Ook het hy twee Gérubs van goud gemaak. Van smeewerk het hy hulle gemaak, aan die twee ente van die Versoendeksel. Exo 37:8 Een Gérub aan die een ent en een Gérub aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die Versoendeksel, het hy die Gérubs gemaak, aan die twee ente. Exo 37:9 En die Gérubs het die Vleuels boontoe uitgesprei gehou, terwyl hulle met hul Vleuels die Versoendeksel beskut; en hulle Aangesigte was man teen sy broer gerig. Die gesigte van die Gérubs was op die Versoendeksel gerig. Exo 37:10 Hy het ook die tafel van akasiahout gemaak. Twee voorarm was sy lengte, en 'n voorarm sy breedte, en 'n voorarm en 'n half sy hoogte. Exo 37:11 En hy het hom met suiwer goud oorgetrek en daarvoor 'n goue kroonlys gemaak rondom. Exo 37:12 Hy het ook vir hom 'n lys van 'n handbreedte gemaak rondom; en hy het 'n goue kroonlys vir die lys gemaak rondom. Exo 37:13 Hy het ook vier goue ringe vir hom gegiet; en hy het die ringe vasgesit aan die vier hoeke van die vier pote. Exo 37:14 Naby die lys was die ringe as plekke vir die draaghoute om die tafel te dra. Exo 37:15 Hy het ook die draaghoute van akasiahout gemaak en hom met goud oorgetrek om die tafel te dra. Exo 37:16 En hy het die gereedskap gemaak wat op die tafel moes wees; sy skottels en sy panne en sy bekers en sy kanne waarmee gegiet moes word, van suiwer goud. Exo 37:17 Hy het ook die kandelaar van suiwer goud gemaak. Van smeewerk het hy die kandelaar gemaak, haar voetstuk en haar stam; haar kelkies, haar knoppe en haar blomme, hulle het vanuit haar gekom. Exo 37:18 En ses arms het uit haar sykante uitgegaan: drie arms van die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit haar ander kant. Exo 37:19 Drie kelkies soos amandelblomme aan die een arm, 'n knop en 'n blom, en drie kelkies soos amandelblomme aan die ander arm, 'n knop en 'n blom - so was dit aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan. Exo 37:20 Maar aan die kandelaar self was vier kelkies soos amandelblomme, haar knoppe en haar blomme: Exo 37:21 daar was 'n knop onder die twee arms wat uit haar uitgaan; en 'n knop onder die twee arms wat uit haar uitgaan; en 'n knop onder die twee arms wat uit haar uitgaan - vir die ses arms wat uit haar uitgaan. Exo 37:22 Hulle knoppe en hulle arms was, daarmee saam, uit haar een stuk - alles van haar saam een stuk smeewerk van suiwer goud. Exo 37:23 En hy het haar sewe lampe gemaak en haar vuurtange en haar bakkies van suiwer goud. Exo 37:24 Van 'n talent suiwer goud het hy haar gemaak met al haar gereedskap. Exo 37:25 En hy het die altaar vir soet geur van akasiahout gemaak; 'n voorarm was sy lengte en 'n voorarm sy breedte, vierkantig, en twee voorarm sy hoogte. Sy horings was, daarmee saam, uit een stuk. Exo 37:26 En hy het hom met suiwer goud oorgetrek: die plaat, die sykante en die horings. En hy het vir hom 'n goue kroonlys gemaak rondom. Exo 37:27 Hy het ook twee goue ringe vir hom gemaak, onderkant die kroonlys aan weerskante, aan die twee sykante, as plekke vir draaghoute om hom daarmee te dra. Exo 37:28 En hy het die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek. Exo 37:29 Hy het ook die salfolie van Apartheid gemaak en die suiwer reukwerk van speserye, soos 'n salfmenger haar maak. //Samestelling van die brandofferaltaar, die koperwaskom en die voorhof Exo 38:1 HY het ook die altaar vir die brandoffer van akasiahout gemaak. Vyf voorarm was sy lengte en vyf voorarm sy breedte, vierkantig, en drie voorarm sy hoogte. Exo 38:2 En hy het sy horings op die vier hoeke gemaak; sy horings was, daarmee saam, uit een stuk: en hy het hom met koper oorgetrek. Exo 38:3 Hy het ook al die gereedskap van die altaar gemaak: die potte en die skoppe en die sprinkelflesse, die drietandvurke en die koolpanne. Al dié gereedskap het hy van koper gemaak. Exo 38:4 Ook het hy vir die altaar 'n traliewerk gemaak, 'n netwerk van koper, onder sy lys, onderaan tot by die helfte [van die altaar]. Exo 38:5 En hy het vier ringe aan die vier ente van die kopertraliewerk gegiet, as plekke vir die draaghoute. Exo 38:6 En hy het die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met koper oorgetrek. Exo 38:7 En hy het die draaghoute in die ringe gesteek, aan die kante van die altaar, om hom daarmee te dra; hy het dit hol, van planke, gemaak. Exo 38:8 Hy het ook die koperwaskom gemaak met sy kopervoetstuk, uit die spieëls van die diensdoende vroue wat by die ingang van die Tent van Samekoms gedien het. Exo 38:9 Hy het ook die voorhof gemaak. Aan die suidekant, na die suide toe, was daar die behangsels van die voorhof, van fyn dubbeldraad-linne, honderd voorarm lank; Exo 38:10 daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare was van silwer; Exo 38:11 en aan die noordekant honderd voorarm; daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare was van silwer. Exo 38:12 En aan die westekant was daar behangsels, vyftig voorarm lank; daarby tien pilare met hulle tien voetstukke; die kramme en die ringe van die pilare was van silwer. Exo 38:13 En aan die voorkant, aan die oostekant, was daar vyftig voorarm; Exo 38:14 vyftien voorarm behangsels vir die een kant, daarby drie pilare met hulle drie voetstukke; Exo 38:15 en vir die ander kant - aan weerskante van die poort van die voorhof - vyftien voorarm behangsels, daarby drie pilare met hulle drie voetstukke. Exo 38:16 Al die behangsels van die voorhof rondom was van fyn dubbeldraad-linne; Exo 38:17 en die voetstukke van die pilare was van koper, en die kramme en die ringe van die pilare van silwer; en die oortreksel van hulle toppe van silwer; en hulle self, al die pilare van die voorhof, was van silwerringe voorsien. Exo 38:18 En die bedekking van die poort van die voorhof was veelkleurige werk, van koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne: twintig voorarm was die lengte, en die hoogte - tewens die breedte [van die stof] - vyf voorarm, net soos die behangsels van die voorhof. Exo 38:19 Daarby vier pilare met hulle vier voetstukke van koper en hulle kramme van silwer, en die oortreksel van hulle toppe en hulle ringe van silwer. Exo 38:20 En al die penne vir die Tabernakel en die voorhof rondom was van koper. //Hoeveel metaal daar gebruik is. Exo 38:21 DIT is die berekening van die koste van die Tabernakel, van die Tabernakel van die Getuienis, soos dit bereken is op bevel van Moshè, deur die diens van die Leviete, onder leiding van Itamar, die seun van die priester Aäron. Exo 38:22 En BesalEl, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van JeHûWdah, het alles gemaak wat JaHWeH Moshè beveel het. Exo 38:23 En saam met hom Ohóliab, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan, 'n ambagsman en kunstenaar en kunswewer in koningsblou en in purperrooi en in bloedrooi stowwe en in fyn linne. Exo 38:24 Al die goud wat vir die werk gebruik is, by al die werk van die Apartheid - die goud wat swaaiende aangebied was, het bedra nege-en-twintig talente en sewe-honderd-en-dertig sikkels volgens die sikkel van die Apartheid. Exo 38:25 En die silwer van die geteldes van die vergadering was honderd talente en duisend-sewehonderd-vyf-en-sewentig sikkels volgens die sikkel van die Apartheid; Exo 38:26 'n beka vir elke persoon, dit is 'n halfsikkel volgens die sikkel van die Apartheid, van elkeen wat oorgegaan het na die geteldes, van twintig jaar oud en daarbo, naamlik seshonderd-en-drieduisend-vyfhonderd-en-vyftig [man]. Exo 38:27 En die honderd talente silwer het gedien om die voetstukke van die Apartheid en die voetstukke van die voorhangsel te giet; honderd voetstukke vir honderd talente, 'n talent vir 'n voetstuk. Exo 38:28 Maar van die duisend-sewehonderd-vyf-en-sewentig [sikkels] het hy kramme vir die pilare gemaak, en hy het hulle toppe oorgetrek en hulle van ringe voorsien. Exo 38:29 En die koper wat swaaiende aangebied was, het bedra sewentig talente en tweeduisend-vierhonderd sikkels. Exo 38:30 En hy het daaruit die voetstukke van die ingang van die Tent van Samekoms gemaak en die altaar van koper en sy kopertraliewerk en al die gereedskap van die altaar; Exo 38:31 en die voetstukke van die voorhof rondom en die voetstukke van die poort van die voorhof en al die penne van die Tabernakel, ook al die penne van die voorhof rondom. //Hoe die gewyde klere gemaak is. Exo 39:1 HULLE het ook kunstige klere van koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe gemaak om in die Apartheid te dien. Ook het hulle die klere van die Apartheid vir Aäron gemaak soos JaHWeH Moshè beveel het. Exo 39:2 En hy het die skouerkleed gemaak van goud, koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. Exo 39:3 En hulle het van die goud dun plate geslaan, en hy het dit in drade gesny om dit in te werk in die koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en in die fyn linne - 'n kunstige werk. Exo 39:4 Hulle het daar skouerstukke aan gemaak wat aan mekaar vas was; aan die twee [bo]-ente was dit saamgevoeg. Exo 39:5 En die band wat daaraan was om dit vas te bind, was daarmee saam uit een stuk, van dieselfde werk, van goud, koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, soos JaHWeH Moshè beveel het. Exo 39:6 Hulle het ook die oniksstene gemaak, vasgesit in kassies van goud, gegraveer soos op 'n seëlsteen ingesny word, volgens die name van die kinders van JisraEl. Exo 39:7 En hy het hulle op die skouerstukke van die skouerkleed bevestig as herinnering aan die kinders van JisraEl, soos JaHWeH Moshè beveel het. Exo 39:8 Hy het ook die borstas van kunstige werk gemaak soos die werk van die skouerkleed; van goud, koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. Exo 39:9 Hy was vierkantig; dubbel gevou het hulle die borstas gemaak; 'n span sy lengte en 'n span sy breedte, dubbel gevou was hy. Exo 39:10 En hulle het in hom vier rye stene ingevul: 'n ry met 'n karneool, 'n topaas en 'n smarag was die eerste ry. Exo 39:11 En die tweede ry: 'n karbonkel, 'n saffier en 'n jaspis. Exo 39:12 En die derde ry: 'n hiasint, 'n agaat en 'n ametis. Exo 39:13 En die vierde ry: 'n chrisoliet, 'n oniks en 'n sardoniks; hulle is in kassies van goud vasgesit by hulle invulling. Exo 39:14 En die stene was volgens die name van die kinders van JisraEl twaalf, volgens hulle name. Soos op 'n seëlsteen uitgesny word, was hulle vir twaalf stamme, elkeen volgens sy naam. Exo 39:15 Hulle het ook by die borstas gedraaide kettings gemaak, soos toutjies gedraai, van suiwer goud; Exo 39:16 en hulle het twee goue kassies en twee goue ringe gemaak, en die twee ringe aan die twee [bo]-ente van die borstas bevestig, Exo 39:17 en hulle het die twee goue toutjies aan die twee ringe aan die bo-ente van die borstas vasgemaak. Exo 39:18 Maar die twee [ander] ente van die twee toutjies het hulle aan die twee kassies vasgemaak en dié dan aan die skouerstukke van die skouerkleed bevestig, aan die voorkant daarvan. Exo 39:19 Hulle het ook twee goue ringe gemaak en dié aan die twee [onder]-ente van die borstas bevestig, aan die kant wat teen die skouerkleed aan lê, aan die binnekant. Exo 39:20 En hulle het twee goue ringe gemaak en dié aan die twee skouerstukke van die skouerkleed bevestig, onderaan, aan die voorkant daarvan, by sy verbinding, bo die band van die skouerkleed. Exo 39:21 En hulle het die borstas, met sy ringe, aan die ringe van die skouerkleed met 'n koningsblou toutjie vasgebind, sodat dit bo die band van die skouerkleed sou wees en die borstas nie van die skouerkleed kon afskuiwe nie, soos JaHWeH Moshè beveel het. Exo 39:22 En hy het die mantel van die skouerkleed van wewerswerk gemaak, heeltemal van koningsblou stof. Exo 39:23 En die opening van die mantel was in die middel daarvan soos die opening van 'n borsharnas; die opening het 'n soom rondom gehad, dat dit nie sou skeur nie. Exo 39:24 En aan die soom van die mantel het hulle granaatjies gemaak van koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe [en fyn] dubbeldraad-[linne]. Exo 39:25 Hulle het ook klokkies van suiwer goud gemaak en die klokkies tussen die granaatjies gesit, aan die soom van die mantel rondom, tussen die granaatjies in: Exo 39:26 'n klokkie en 'n granaatjie, 'n klokkie en 'n granaatjie, aan die soom van die mantel rondom, vir die diens, soos JaHWeH Moshè beveel het. Exo 39:27 Hulle het ook 'n kleed van fyn linne gemaak, van wewerswerk, vir Aäron en sy seuns; Exo 39:28 en die tulband van fyn linne en die versierde hoofbedekkings van fyn linne en onderklere van linne en fyn gedraaide witgebleikte linne; Exo 39:29 en die gordel van fyn dubbeldraad-linne en van koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe, veelkleurige werk, soos JaHWeH Moshè beveel het. Exo 39:30 Hulle het ook die plaat van die separatisme van die Apartheid van suiwer goud gemaak en daarop geskrywe met letters soos dit op 'n seëlsteen uitgesny word: APARTHEID AAN JAHWEH. Exo 39:31 En hulle het 'n koningsblou toutjie daaraan vasgemaak om dit bo-op die tulband te bevestig, soos JaHWeH Moshè beveel het. Exo 39:32 So is dan al die werk aan die Tabernakel van die Tent van Samekoms voltooi; en die kinders van JisraEl het hom gemaak net soos JaHWeH Moshè beveel het; so het hulle hom gemaak. Exo 39:33 En hulle het die Tabernakel na Moshè gebring, die tent self met alles wat daarby behoort, sy hakies, sy style, sy dwarshoute en sy pilare en sy voetstukke, Exo 39:34 en die dekkleed van rooigeverfde ramsvelle en die dekkleed van gebreide velle en die voorhangsel tot bedekking; Exo 39:35 die Ark van die Getuienis met haar draaghoute en die Versoendeksel; Exo 39:36 die tafel met al sy gereedskap en die toonbrode; Exo 39:37 die suiwer kandelaar met haar lampe, die lampe wat daarop gerangskik moes word, met al haar gereedskap en die olie vir die kandelaar; Exo 39:38 verder die goue altaar en die salfolie en die reukwerk van speserye en die bedekking vir die ingang van die tent; Exo 39:39 die altaar van koper en sy kopertraliewerk, sy draaghoute met al sy gereedskap, die waskom en sy voetstuk; Exo 39:40 die behangsels van die voorhof, sy pilare en haar voetstukke, en die bedekking vir die poort van die voorhof, die lyne en haar penne, en al die gereedskap vir die diens in die Tabernakel van die Tent van Samekoms; Exo 39:41 die kunstige klere, om in die Apartheid te dien, die klere van die Apartheid vir die priester Aäron en die klere van sy seuns, om die priesteramp te bedien. Exo 39:42 Net soos JaHWeH Moshè beveel het, so het die kinders van JisraEl die hele werk gemaak. Exo 39:43 En Moshè het die hele werk bekyk - en hulle het dit gemaak soos JaHWeH beveel het, so het hulle dit gemaak. Toe het Moshè hulle geseën. //Moshè rig die Tabernakel op. Exo 40:1 VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: Exo 40:2 Op die dag van die eerste maand, op die eerste van die maand, moet jy die Tabernakel van die Tent van Samekoms oprig. Exo 40:3 En jy moet in hom plaas die Ark van die Getuienis en die Ark met die voorhangsel bedek. Exo 40:4 Dan moet jy die tafel inbring en daarop regsit wat daarop behoort. Jy moet ook die kandelaar inbring en haar lampe opsteek. Exo 40:5 En jy moet die goue altaar vir die reukwerk voor die aangesig van die Ark van die Getuienis neersit. Dan moet jy die bedekking van die ingang van die Tabernakel ophang. Exo 40:6 Jy moet ook die altaar vir die brandoffer voor die aangesig van die ingang van die Tabernakel van die Tent van Samekoms neersit. Exo 40:7 En jy moet die waskom tussen die Tent van Samekoms en die altaar neersit en daar water in gooi. Exo 40:8 En maak die voorhof rondom, en hang die bedekking aan die poort van die voorhof op. Exo 40:9 Dan moet jy die salfolie neem, en jy moet die Tabernakel salf en alles wat in hom is, en hom seën met alles wat by hom hoort; en Apartheid sal hy wees. Exo 40:10 Jy moet ook die altaar vir die brandoffer salf met al sy gereedskap, en jy moet die altaar apart stel, en die altaar sal 'n Apartheid van Aparthede wees. //Die priesters word met water gewas en met olie gesalf. Exo 40:11 SALF dan die waskom en sy voetstuk, en wy hom. Exo 40:12 Jy moet ook Aäron en sy seuns laat nader kom, na die ingang van die Tent van Samekoms toe, en jy moet hulle met water was. Exo 40:13 Trek vir Aäron dan die klere van die Apartheid aan; en salf hom en hou hom apart, dat hy vir My die priesteramp kan bedien. Exo 40:14 Jy moet ook sy seuns laat nader kom en hulle 'n kleed aantrek. Exo 40:15 Salf hulle dan, soos jy hulle vader gesalf het, dat hulle vir My die priesteramp kan bedien. En hul salwing moet vir hulle 'n ewige priesterskap in hulle geslagte wees. Exo 40:16 En Moshè het gedoen net soos JaHWeH hom beveel het; so het hy gedoen. Exo 40:17 En in die eerste maand, in die tweede jaar, op die eerste van die maand, is die Tabernakel opgerig. Exo 40:18 En Moshè het die Tabernakel opgerig: hy het sy voetstukke neergesit en sy style daarop gesit en sy dwarshoute vasgemaak en sy pilare opgerig. Exo 40:19 En hy het die tentseil oor die Tabernakel gespan en die dekkleed van die tent daar bo-oor getrek, soos JaHWeH Moshè beveel het. Exo 40:20 Verder het hy die Getuienis geneem en in die Ark neergelê en die draaghoute aan die kant van die Ark ingesteek, en die Versoendeksel het hy bo-op die Ark gesit. Exo 40:21 Toe het hy die Ark in die Tabernakel gebring en die voorhangsel tot bedekking opgehang en die Ark van die Getuienis bedek, soos JaHWeH Moshè beveel het. Exo 40:22 Hy het ook die tafel in die Tent van Samekoms neergesit, aan die kant van die Tabernakel, teen die noorde, buitekant die voorhangsel. [Levtikus 1:11] Exo 40:23 En hy het die brood daarop gerangskik voor die Aangesig van JaHWeH soos JaHWeH Moshè beveel het. Exo 40:24 Hy het ook die kandelaar in die Tent van Samekoms gesit, teenoor die tafel, aan die suidekant van die Tabernakel. Exo 40:25 En hy het die lampe opgesteek voor die Aangesig van JaHWeH, soos JaHWeH Moshè beveel het. Exo 40:26 En hy het die goue altaar in die Tent van Samekoms neergesit, voor die aangesig van die voorhangsel, Exo 40:27 en reukwerk van speserye daarop aan die brand gesteek, soos JaHWeH Moshè beveel het. Exo 40:28 Hy het ook die bedekking van die ingang van die Tabernakel opgehang. Exo 40:29 En hy het die altaar vir die brandoffer by die ingang van die Tabernakel van die Tent van Samekoms neergesit, en hy het die brandoffer en die spysbydrae daarop gebring, soos JaHWeH Moshè beveel het. Exo 40:30 Hy het ook die waskom tussen die Tent van Samekoms en die altaar gesit, en hy het daar water in gegooi om mee te was. Exo 40:31 En Moshè en Aäron en sy seuns het daaruit hulle hande en voete gewas. Exo 40:32 As hulle ingaan in die Tent van Samekoms of nader kom na die altaar, het hulle hul elke keer gewas, soos JaHWeH Moshè beveel het. Exo 40:33 Hy het ook die voorhof opgerig, rondom die Tabernakel en die altaar, en die bedekking vir die poort van die voorhof opgehang. So het Moshè dan die werk voltooi. Exo 40:34 Toe het die Wolkkolom die Tent van Samekoms oordek, en die Glansrykheid van JaHWeH het die Tabernakel gevul, [Exodus 25:22; Wysheid van Sirah 24:10] Exo 40:35 sodat Moshè nie in die Tent van Samekoms kon ingaan nie, omdat die Wolkkolom daarop gerus en die Glansrykheid van JaHWeH die Tabernakel gevul het. Exo 40:36 En as die Wolkkolom van die Tabernakel af optrek, het die kinders van JisraEl elke keer weggetrek op al hulle togte; Exo 40:37 maar as die Wolkkolom nie optrek nie, dan trek hulle nie weg nie, totdat dit weer optrek. Exo 40:38 Want die Wolkkolom van JaHWeH was bedags op die Tabernakel, en vuur was snags daarin, voor die oë van die hele huis van JisraEl, op al hulle togte. Exo 41:1 Mv. el // //Die Derde Boekrol, genoem: Die Leviete (LEVITIKUS) // //Die brandoffer. Lev 1:1 EN JaHWeH het Moshè geroep en met hom gespreek uit die Tent van Samekoms en gesê: Lev 1:2 Spreek met die kinders van JisraEl en sê vir hulle: As enige adamiet van julle aan JaHWeH 'n bydrae wil naderbring, kan julle jul bydrae naderbring van vee - van beeste of van kleinvee. Lev 1:3 As sy bydrae 'n brandoffer is van beeste, moet hy 'n rasegte bul wees wat hy naderbring. By die ingang van die Tent van Samekoms moet hy hom naderbring, sodat hy Vreugde voor die Aangesig van JaHWeH kan vind. Lev 1:4 En hy moet sy hand op die kop van die brandoffer lê, dan sal hy vir hom met welgevalle aangeneem word om versoening vir hom te doen. Lev 1:5 Dan moet hy die jong bul voor die Aangesig van JaHWeH bloei; en die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed naderbring en die bloed rondsprinkel op die altaar wat by die ingang van die Tent van Samekoms is. Lev 1:6 Dan moet hy die brandoffer afslag en hom in sy stukke sny. Lev 1:7 En die seuns van Aäron, die priester, moet vuur op die altaar neersit en hout op die vuur reglê. Lev 1:8 Ook moet die seuns van Aäron, die priesters, die stukke, die kop en die vet reglê op die hout wat op die vuur van die altaar is. Lev 1:9 Maar die binnegoed en die pote moet hy met water was, en die priester moet dit alles op die altaar aan die brand steek as brandoffer, 'n vuurbereiding van aangename geur aan JaHWeH. Lev 1:10 En as sy bydrae 'n stuk kleinvee is, van skape of van bokke, as brandoffer, moet dit 'n rasegte ram wees wat hy naderbring. [Boekrol van die Opregte 23:51] Lev 1:11 En hy moet hom doodbloei aan die noordekant van die altaar, voor die Aangesig van JaHWeH; en die seuns van Aäron, die priesters, moet sy bloed rondsprinkel op die altaar. [Exodus 40:22] Lev 1:12 Daarna moet hy hom in sy stukke verdeel, met die kop en die vet, en die priester moet hom reglê op die hout wat op die vuur van die altaar is. Lev 1:13 Maar die binnegoed en die pootjies moet hy met water was, en die priester moet dit alles naderbring en op die altaar aan die brand steek; 'n brandoffer is dit, 'n vuurbereiding van aangename geur aan JaHWeH. Lev 1:14 En as sy bydrae aan JaHWeH 'n brandoffer is van voëls, moet hy sy bydrae naderbring van tortelduiwe of van 'n jong duif. Lev 1:15 En die priester moet haar na die altaar naderbring en die kop afknyp en op die altaar aan die brand steek, en die bloed moet teen die kant van die altaar uitgedruk word. Lev 1:16 Dan moet hy die krop met die vere daaraan verwyder en haar by die altaar gooi, aan die oostekant, op die asplek. [Génesis 3:24; Levítikus 4:12] Lev 1:17 Dan moet hy haar by die vlerke skeur sonder om hulle af te trek; en die priester moet haar op die altaar aan die brand steek, op die hout wat oor die vuur is; 'n brandoffer is sy, 'n vuurbereiding van aangename geur aan JaHWeH. //Die spysbydrae en die eerstelinge Lev 2:1 EN as 'n siel aan JaHWeH 'n spys-bydrae naderbring, moet sy bydrae fynmeel wees en hy moet olie op haar giet en wierook op haar voeg; Lev 2:2 en hy moet haar na die seuns van Aäron, die priesters, bring; en die priester moet van haar 'n handvol neem, van haar fynmeel en van haar olie, met al haar wierook; en hy moet haar as herinnering op die altaar, as 'n vuurbereiding van aangename geur aan JaHWeH bring. Lev 2:3 En wat oorbly van die spysbydrae, is vir Aäron en sy seuns, 'n Apartheid van Aparthede, uit die vure van JaHWeH. Lev 2:4 En as jy 'n spysbydrae as skenking naderbring wat in die oond gebak is, moet sy fynmeel wees, ongesuurde koeke met olie gemeng, en ongesuurde platkoeke met olie bestryk. Lev 2:5 En as jou spysbydrae 'n aanbieding van die bakplaat is, moet sy fynmeel wees met olie gemeng en ongesuurd. Lev 2:6 Breek haar in stukkies en giet olie oor haar: 'n spysbydrae is sy. Lev 2:7 En as jou spysbydrae 'n aanbieding uit die pan is, moet sy van fynmeel met olie berei word. Lev 2:8 Dan moet jy die spysbydrae wat daarvan berei word, aan JaHWeH naderbring: hulle moet haar na die priester aanbring, en hy moet haar na die altaar dra. Lev 2:9 En die priester moet 'n gedeelte aflig van die spysbydrae van herinnering en daarvan op die altaar aan die brand steek, as 'n vuurbereiding van aangename geur aan JaHWeH. Lev 2:10 En wat oorbly van die spysbydrae, is vir Aäron en sy seuns, 'n Apartheid van Aparthede, uit die vure van JaHWeH. Lev 2:11 Enige spysbydrae wat julle naderbring aan JaHWeH, sy mag nie van iets wat gesuurd is, berei word nie; want van géén suurdeeg of heuning mag hy aan die brand steek uit sy vuur aan JaHWeH nie. Lev 2:12 As 'n bydrae van eerstelinge mag julle haar aan JaHWeH naderbring, maar op die altaar mag sy nie as aangename geur kom nie. Lev 2:13 En jy moet al jou aanbiedings en spysbydrae met sout berei, en jy mag die sout van die Verbond van jou Elohey by jou spysbydrae en aanbiedings nie laat ontbreek nie; by almal moet jy jou sout naderbring. [MattithJaHûW 5:13] Lev 2:14 En as jy aan JaHWeH 'n spysbydrae van eerstelinge naderbring, moet jy as spysbydrae van jou eerstelinge naderbring: are wat in die vuur droog gebraai is, gebreekte korrels van vars graan. [ZekarJaH 13:9] Lev 2:15 En voeg olie op haar en plaas wierook op haar; 'n spysbydrae is sy. Lev 2:16 Dan moet die priester vir haar herinnering, 'n [deel] van haar gebreekte koring en van haar olie met al haar wierook, aan die brand steek as 'n vuurbereiding aan JaHWeH. //Al die vet - aan JaHWeH. Lev 3:1 EN as sy bydrae 'n slagdier van vergoedinge is, en as hy dit naderbring van beeste;- bul of vers, moet hy 'n rasegte voor die Aangesig van JaHWeH naderbring. Lev 3:2 En hy moet sy hand op die kop van sy bydrae lê en dit laat doodbloei by die ingang van die Tent van Samekoms. En die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed rondsprinkel op die altaar. Lev 3:3 Dan moet hy van die slagdier van vergoedinge 'n bereiding deur vuur aan JaHWeH naderbring: die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat oor die binnegoed is; Lev 3:4 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer - by die niere moet hy dit wegneem. Lev 3:5 En die seuns van Aäron moet dit op die altaar aan die brand steek, op die brandoffer wat op die hout is, bo-op die vuur, as 'n vuurbereiding van aangename geur aan JaHWeH. Lev 3:6 En as sy slagdier kleinvee is, as vergoeding aan JaHWeH, moet hy 'n rasegte ram of ooi naderbring. Lev 3:7 As hy 'n lam naderbring as sy bydrae, moet hy dit voor die Aangesig van JaHWeH naderbring Lev 3:8 en sy hand op die kop van sy bydrae lê en dit doodbloei voor die Tent van Samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed rond sprinkel op die altaar. Lev 3:9 Daarna moet hy van die slagdier van vergoedinge, die vet deur vuur berei aan JaHWeH naderbring: die hele vetstert - naby die stuitjie moet hy dit wegneem - en die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat oor die binnegoed is, Lev 3:10 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer - by die niere moet hy dit wegneem. Lev 3:11 En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as brood deur vuur berei aan JaHWeH. Lev 3:12 En as sy bydrae 'n bok is, moet hy dit voor die Aangesig van JaHWeH naderbring Lev 3:13 en sy hand op die kop daarvan lê en dit doodbloei voor die aangesig van die Tent van Samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed rondsprinkel op die altaar. Lev 3:14 Dan moet hy daarvan sy bydrae deur vuur berei aan JaHWeH naderbring; die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat op die binnegoed is, Lev 3:15 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer - by die niere moet hy dit wegneem. Lev 3:16 En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as brood deur vuur berei vir 'n aangename geur. Al dié vet - aan JaHWeH. Lev 3:17 'n Ewige Insetting is dit vir julle geslagte in al julle woonplekke: géén vet en géén bloed mag julle eet nie. Lev 4:1 EN JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê: Lev 4:2 Spreek met die kinders van JisraEl en sê: As 'n siel in swakheid oortree teen enige een van die Gebooie van JaHWeH en een van die dinge wat nie gedoen mag word nie, tog doen - Lev 4:3 as die gesalfde priester oortree, sodat die volk daardeur skuldig word, moet hy vir die oortreding wat hy begaan het, 'n jong rasegte bul aan JaHWeH naderbring vir sy oortreding; Lev 4:4 en hy moet die bul bring na die ingang van die Tent van Samekoms, voor die Aangesig van JaHWeH, en moet sy hand op die kop van die bul lê en die bul bloei voor die Aangesig van JaHWeH. Lev 4:5 Dan moet die gesalfde priester van die bloed van die bul neem en dit na die Tent van Samekoms bring, Lev 4:6 en die priester moet sy vinger in die bloed steek en van die bloed sewe maal spat sprinkel voor die Aangesig van JaHWeH, by die voorhangsel van die Apartheid. Lev 4:7 Ook moet die priester van die bloed stryk aan die horings van die altaar van die reukwerk van speserye, wat in die Tent van Samekoms is, voor die Aangesig van JaHWeH; en hy moet al die orige bloed van die bul uitgiet aan die onderkant van die altaar vir die brandoffer wat by die ingang van die Tent van Samekoms is; Lev 4:8 en al dié vet moet hy van die bul aflig vir die oortreding; die vet wat op die binnegoed lê, en al die vet wat op die binnegoed is, Lev 4:9 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer - by die niere moet hy dit wegneem - Lev 4:10 soos dit van die bul, die slagdier van vergoedinge afgelig word - en die priester moet dit aan die brand steek op die altaar vir die brandoffer. Lev 4:11 Maar die vel van die bul en al sy vleis met die kop en die pote en die binnegoed en die mis - Lev 4:12 die hele bul moet hy buitekant die laer uitbring op 'n suiwer plek waar die as uitgegooi word, en hy moet hom op hout met vuur verbrand; op die plek waar die as uitgegooi word, moet hy verbrand word. [Levítikus 1:16] Lev 4:13 En as die hele vergadering van JisraEl hulle misgaan sonder dat die vergadering hom daarvan bewus is; en hulle [iets] doen, wat verbied word in al die Gebooie van JaHWeH, en skuldig word; Lev 4:14 en wanneer die oortredinge wat hulle teen haar oortree het, bekend word, moet die vergadering 'n jong bul vir hulle oortreding laat naderkom en hom voor die aangesig van die Tent van Samekoms bring, Lev 4:15 en die oudstes van die vergadering moet hulle hande op die kop van die bul lê voor die Aangesig van JaHWeH, en die bul moet voor die Aangesig van JaHWeH gebloei word. Lev 4:16 Dan moet die gesalfde priester van die bloed van die bul in die Tent van Samekoms bring, Lev 4:17 en die priester moet sy vinger in die bloed steek en sewe maal voor die Aangesig van JaHWeH, by die aangesig van die voorhangsel spat. Lev 4:18 En hy moet van die bloed stryk aan die horings van die altaar wat in die Tent van Samekoms voor die Aangesig van JaHWeH is. Dan moet hy al die orige bloed uitgiet aan die onderkant van die brandoffer-altaar wat by die ingang van die Tent van Samekoms is; Lev 4:19 en hy moet al die vet van hom aflig en op die altaar aan die brand steek Lev 4:20 en met die bul doen soos hy met die bul vir oortreding gedoen het. So moet hy met hom maak; en die priester moet vir hulle versoening doen, en dit sal hulle vergewe word. Lev 4:21 Daarna moet hy die bul buitekant die laer uitbring en hom verbrand soos hy die eerste bul verbrand het - dit is vir die oortreding van die vergadering. Lev 4:22 As 'n owerste oortree en in swakheid [iets] doen, wat verbied word in al die Gebooie van JaHWeH sy Elohey, en hy skuldig word; Lev 4:23 of as sy oortreding wat hy so gedoen het, aan hom bekend word, moet hy as sy bydrae bring 'n rasegte bok, 'n ram; Lev 4:24 en hy moet sy hand op die kop van die bok lê en hom doodbloei op die plek waar hulle die brandoffer voor die Aangesig van JaHWeH doodgebloei het; dit is vir die oortreding. Lev 4:25 Dan moet die priester die bloed vir die oortreding met sy vinger neem en dit aan die horings van die altaar vir die brandoffer stryk; maar die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar vir die brandoffer uitgiet. Lev 4:26 Hy moet ook al die vet op die altaar aan die brand steek soos die vet van die slagdiere van die vergoedinge. So moet die priester dan vir hom versoening doen weens sy oortredinge, en dit sal hom vergewe word. Lev 4:27 En as 'n siel van die volk van die Aarde in swakheid oortree, omdat hy [iets] doen wat teen een van JaHWeH se Gebooie is, en hy skuldig word; Lev 4:28 of as sy oortredinge wat hy begaan het, aan hom bekend word, dan moet hy as sy bydrae bring 'n rasegte bok, 'n ooi, vir die oortreding wat hy gedoen het; Lev 4:29 en hy moet sy hand op die kop van haar vir die oortreding lê en haar doodbloei vir die oortreding op die plek van die brandoffer. Lev 4:30 Dan moet die priester van haar bloed met sy vinger neem en dit aan die horings van die altaar vir die brandoffer stryk; maar al haar bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet; Lev 4:31 en al haar vet moet hy wegneem soos die vet van die slagdiere van die vergoedinge af weggeneem is, en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as aangename geur vir JaHWeH. So moet die priester dan vir hom versoening doen, en dit sal hom vergewe word. Lev 4:32 Maar ingeval hy 'n lam as sy bydrae vir oortreding bring, moet sy 'n rasegte ooi wees wat hy bring; Lev 4:33 en hy moet sy hand lê op haar kop, vir die oortreding en haar doodbloei vir die oortreding op die plek waar hulle die brandoffer doodgebloei het. Lev 4:34 Dan moet die priester van haar bloed neem vir die oortreding en met sy vinger aan die horings van die altaar vir die brandoffer stryk, maar al haar [orige] bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet; Lev 4:35 en al haar vet moet hy wegneem soos die vet van die slagdiere van die vergoedinge weggeneem word, en die priester moet dit brand op die altaar ooreenkomstig die vuurbereiding aan JaHWeH. So moet die priester dan vir hom versoening doen vir die oortreding wat hy begaan het, en dit sal hom vergewe word. Lev 5:1 EN as 'n siel oortree - dat hy die luid uitgesproke beswering hoor, terwyl hy getuie was, dit gesien het of daarvan weet - as hy naamlik dit nie te kenne gee nie en so sy straf moet dra; Lev 5:2 of as 'n siel enigiets aanraak wat besoedel is - die karkas van 'n besoedelde wilde dier of die karkas van besoedelde vee of die karkas van 'n besoedelde gedierte wat rondkruip - en dit vir hom verborge was, maar hy besoedel geword het en skuldig is; Lev 5:3 of as hy iets vuils van 'n adamiet aanraak - volgens al die besmetlikheid waardeur hy hom kan besoedel - en dit vir hom verborge was, maar hy dit te wete gekom het en skuldig is; Lev 5:4 of as 'n siel sweer terwyl hy onverskillig met die lippe praat om kwaad of goed te doen - volgens alles wat 'n adamiet met 'n eed onverskillig kan praat - en dit vir hom verborge was, maar hy dit te wete gekom het en skuldig is aan een van hierdie dinge; Lev 5:5 as hy dan aan een van hierdie dinge skuldig is, moet hy bely wat hy teen haar oortree het. [JeshaJaH 53:7] Lev 5:6 En hy moet vir sy skuld aan JaHWeH, dit is vir die oortreding waarmee hy oortree het, 'n vroulike bring uit die kleinvee, 'n lam of 'n bok-ooi uit die bokke vir die oortreding. En die priester moet vir die oortreding versoening doen. Lev 5:7 Maar as hy nie 'n stuk kleinvee kan bekostig nie, moet hy as boete vir wat hy oortree het, twee tortelduiwe of twee jong duiwe aan JaHWeH bring, een vir die skuld en een vir die brandoffer; Lev 5:8 en hy moet hulle na die priester naderbring, dié een eerste wat as bydrae vir die oortreding bedoel is, en haar kop vlak voor haar nek afknyp sonder om dit af te trek. Lev 5:9 Dan moet hy van die bloed vir die oortreding teen die kant van die altaar spat; maar wat oorbly van die bloed, moet aan die onderkant van die altaar uitgedruk word; vir die oortreding. Lev 5:10 En die ander een moet hy as brandoffer volgens verordening berei. So moet die priester dan vir hom versoening doen weens die oortreding wat hy begaan het, en dit sal hom vergewe word. Lev 5:11 Maar as hy nie twee tortelduiwe of twee jong duiwe kan bekostig nie, moet hy as bydrae vir wat hy oortree het, die tiende van 'n efa fynmeel vir die oortreding bring. Hy moet geen olie op haar gooi en geen wierook op haar voeg nie, want [vir] die oortreding is sy. Lev 5:12 En hy moet haar na die priester bring, en die priester moet uit haar 'n handvol neem as herinnering en haar op die altaar oor die vure van JaHWeH bring; vir die oortreding [is] sy. Lev 5:13 So moet die priester dan vir hom versoening doen vir die oortreding wat hy begaan het in enigeen van hierdie gevalle, en dit sal hom vergewe word; verder behoort dit aan die priester net soos die spysbydrae. Lev 5:14 Ook het JaHWeH tot Moshè gespreek en gesê: Lev 5:15 As 'n siel foutiewelik handel en die pad byster raak deur te oortree in die apartgesteldes van JaHWeH, moet hy as skuld aan JaHWeH bring 'n rasegte ram van die kleinvee, na jou skatting van die waarde in sikkels silwer, volgens die sikkel van die Apartheid, vir die skuld. Lev 5:16 En hy moet vir wat hy ten opsigte van die Aparthede oortree het, vergoeding gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg en dit aan die priester gee; en die priester moet vir hom versoening doen met die ram vir die skuld, en dit sal hom vergewe word. Lev 5:17 En as 'n siel oortree en enigiets doen vanuit al die Gebooie wat JaHWeH verbied het om te doen al weet sy dit nie, en skuldig word, moet sy haar straf dra, Lev 5:18 dan moet hy van die kleinvee, na jou skatting, 'n rasegte ram vir sy skuld na die priester bring; en die priester moet vir hom versoening doen vir die misdryf wat hy sonder opset, onbewus begaan het; en dit sal hom vergewe word. Lev 5:19 Dit is vir sy skuld; waarmee hy hom skuldig gemaak het teenoor JaHWeH. Lev 6:1 VERDER het JaHWeH tot Moshè gespreek en gesê: Lev 6:2 As 'n siel oortree en ontrou handel teen JaHWeH deurdat hy teenoor sy naaste ontken dat iets aan hom toevertrou of as pand gegee is of deur hom geroof is, of dat hy sy naaste iets afgepers het, Lev 6:3 of dat hy iets gekry het wat weg was, en dit ontken; of dat hy vals sweer ten opsigte van enigiets wat 'n adamiet kan doen om hom daardeur te laat oortree - Lev 6:4 as hy dan oortree het en skuldig word, moet hy teruggee wat hy deur roof ontneem of deur afpersing verkry het, of wat aan hom toevertrou was, of verlore goed wat hy gevind het; Lev 6:5 of alles waaroor hy vals gesweer het: hy moet daar ten volle vergoeding voor gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg; aan hom aan wie dit behoort, moet hy dit gee op die dag as hy boete doen. Lev 6:6 En vir sy skuld, moet hy aan JaHWeH 'n rasegte ram uit die kleinvee, na jou skatting, vir sy skuld na die priester bring. Lev 6:7 Dan moet die priester vir hom versoening doen voor die Aangesig van JaHWeH, en dit sal hom vergewe word - enigiets wat hy gedoen het, sodat hy daardeur skuldig word. Lev 6:8 Verder het JaHWeH tot Moshè gespreek en gesê: Lev 6:9 Gee bevel aan Aäron en sy seuns en sê: Dit is die Wet van die brandoffer: Sy, die brandoffer, moet op sy vuurherd op die altaar die hele nag lank tot die môre toe bly, en die vuur van die altaar moet aan die brand gehou word. Lev 6:10 En die priester moet sy linnekleed aantrek, en die linnebroek moet hy oor sy vlees aantrek; dan moet hy die as wegneem waartoe die vuur die brandoffer op die altaar verteer het, en dit langs die altaar uitgooi. Lev 6:11 Daarna moet hy sy klere uittrek en ander klere aantrek, en die as buitekant die laer op 'n suiwer plek uitbring. Lev 6:12 En die vuur op die altaar moet aan die brand gehou word, dit mag nie doodgaan nie; maar die priester moet elke môre op haar hout aan die brand steek en die brandoffer op haar reglê en hy moet die vet van die vergoedinge op haar brand. Lev 6:13 Vuur moet voortdurend op die altaar aan die brand gehou word, dit mag nie geblus word nie. Lev 6:14 En dit is die Wet van die spysbydrae: Die seuns van Aäron moet haar voor die Aangesig van JaHWeH naderbring na die aangesig van die altaar, Lev 6:15 en een moet van haar 'n handvol neem, van die spysbydrae se fynmeel met haar olie, en al haar wierook wat op die spysbydrae is, en hy moet haar op die altaar aan die brand steek as aangename geur van haar herinnering vir JaHWeH. Lev 6:16 En wat van haar oorbly, moet Aäron en sy seuns eet; ongesuurd moet sy geëet word in 'n apartgestelde plek; in die voorhof van die Tent van Samekoms moet hulle van haar eet. Lev 6:17 Sy mag nie gesuurd gebak word nie; as hulle deel het Ek haar uit My vure gegee. 'n Apartheid van Aparthede is sy vir die oortreding en die skuld. Lev 6:18 Almal wat manlik is onder die seuns van Aäron, mag haar eet. Sy is 'n ewige Insetting vir julle geslagte uit die vure van JaHWeH. Elkeen wat aan haar raak word apart. Lev 6:19 Verder het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: Lev 6:20 Dit is die bydrae van Aäron en sy seuns wat hulle aan JaHWeH moet naderbring op die dag as hy gesalf word: die tiende van 'n efa fynmeel as voortdurende spysbydrae; die helfte van haar in die môre en die helfte in die aand. Lev 6:21 Sy moet op 'n plaat met olie berei word; deurmekaargeroer moet jy haar bring; in gebakte brokkies moet jy die spysbydrae naderbring as aangename geur vir JaHWeH. Lev 6:22 Ook moet die priester wat uit sy seuns in sy plek gesalf word, haar berei, as 'n ewige Insetting. Sy moet geheel en al vir JaHWeH aan die brand gesteek word. Lev 6:23 So moet dan elke spysbydrae van 'n priester volledig verbrand word; sy mag nie geëet word nie. Lev 6:24 Verder het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: Lev 6:25 Spreek met Aäron en sy seuns en sê: Dit is die Wet vir die oortreding: Op die plek waar die brandoffer doodgebloei word, moet sy vir die oortreding voor die Aangesig van JaHWeH doodgebloei word. 'n Apartheid van Aparthede is sy. Lev 6:26 Die priester moet die oortredings [bydrae] eet; op 'n apartgestelde plek moet sy geëet word, in die voorhof van die Tent van Samekoms. Lev 6:27 Alles wat aan haar vleis raak, word apart; en as daar van haar bloed op 'n kledingstuk spat, moet jy die stuk wat op haar spat, in 'n apartgestelde plek was. Lev 6:28 En 'n erdepot waar sy in gaargemaak is, moet stukkend gebreek word; maar as sy in 'n koperpot gaargemaak is, moet dit geskuur en met water afgespoel word. Lev 6:29 Almal wat manlik is onder die priesters, mag haar eet; 'n Apartheid van Aparthede [is] sy. Lev 6:30 Maar vir elke oortredings[bydrae] waarvan 'n deel van haar bloed in die Tent van Samekoms gebring word, om in die Apartheid versoening te doen, mag nie geëet word nie; sy moet met vuur verbrand word. //Verdere voorskrifte Lev 7:1 EN hierdie is die Wet vir die skuld: 'n Apartheid van Aparthede [is] hy. Lev 7:2 Op die plek waar hulle die brandoffer doodgebloei het, moet hulle vir die skuld laat doodbloei, en hy moet die bloed rond sprinkel op die altaar. Lev 7:3 En hy moet al die vet van hom naderbring: die vetstert en die vet wat oor die binnegoed lê, Lev 7:4 en die twee niere en die vet op hom wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer - bo die niere moet hy dit wegneem. Lev 7:5 En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek, want dit moet deur vuur berei word aan JaHWeH; vir skuld. Lev 7:6 Almal wat manlik is onder die priesters, mag hom eet. Op 'n aparte plek moet hy geëet word; 'n Apartheid van Aparthede is hy. Lev 7:7 Soos vir die oortreding, so ook vir die skuld; een Wet geld vir beide - hy is vir die priester wat daarvoor versoening doen. Lev 7:8 En die priester wat die brandoffer van iemand naderbring - die vel van die brandoffer wat hy nadergebring het, aan die priester, aan hom kom dit toe. Lev 7:9 En elke spysbydrae wat in die oond gebak word, en alles wat in die pan of op die bakplaat berei is, aan die priester wat haar naderbring, aan hom kom sy toe. Lev 7:10 En elke spysbydrae, met olie gemeng of droog, aan al die seuns van Aäron kom sy toe, aan die een so goed as aan die ander. Lev 7:11 En dit is die Wet aangaande die slagdiere van die vergoedinge wat hulle aan JaHWeH naderbring: Lev 7:12 Wanneer hy dit vir 'n aanbieding van danksegging naderbring, moet hy by die slagdier vir danksegging naderbring: ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk en fynmeel wat as koeke deurmekaar geroer is, met olie gemeng; Lev 7:13 buiten die koeke moet hy naderbring die bydrae van die gesuurde brood, daarmee saam die slagdier vir die danksegging by sy vergoeding. Lev 7:14 En hy moet daarvan, een uit elke gawe, as bydrae aan JaHWeH naderbring; aan die priester wat die bloed van die vergoedinge sprinkel, aan hom kom dit toe. Lev 7:15 En hy moet die vleis van die slagdier van sy vergoeding eet vir 'n danksegging op die selfde dag as wat hy dit bydra; hy mag niks tot die môre laat lê nie. Lev 7:16 En as die slagdier wat hy aanbied, 'n gelofte of vrywillige skenking is, moet dit geëet word op die dag as hy sy slagdier naderbring; en op die volgende dag, dan kan geëet word wat daarvan oorbly. Lev 7:17 Maar wat van die vleis van die slagdier oorgebly het, moet op die derde dag met vuur verbrand word. Lev 7:18 En as daar van die vleis van die slagdier van vergoeding op die derde dag iets geëet word, sal dit vir hom wat dit naderbring, nie met Vreugde aangeneem word nie; dit sal hom nie toegereken word nie; besoedel sal dit wees, en die siel wat daarvan eet, moet haar ongeregtigheid dra. Lev 7:19 En die vleis wat aan iets vuils raak, mag nie geëet word nie; met vuur moet dit verbrand word. Maar wat verder die vleis betref - elkeen wat gesuiwer is, mag vleis eet. Lev 7:20 Maar die siel wat vleis eet van die slagdier van die vergoedinge wat JaHWeH toekom, terwyl daar besoedeling aan hom is, dié siel sal haar afsny uit haar volksgenote. //Die verbod om vet of bloed te eet Lev 7:21 EN as 'n siel aan iets wat besoedel is raak, aan iets besoedels van 'n adamiet of aan 'n besoedelde dier of aan enige besoedelde verfoeisel, en dan eet van die vleis van die slagdier van die vergoedinge aan JaHWeH; dié siel sal haar afsny uit haar volksgenote. Lev 7:22 Verder het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: Lev 7:23 Spreek met die kinders van JisraEl en sê: Géén vet van 'n bees of skaap of bok mag julle eet nie. Lev 7:24 Maar die vet van 'n karkas en die vet van wat verskeur is, kan vir allerhande werk gebruik word, maar jy mag niks daarvan eet nie. Lev 7:25 Want almal [wat] vet eet uit die vee wat hy naderbring van haar vuur berei aan JaHWeH; dié siel wat dit eet, sal haar afsny uit haar volksgenote. Lev 7:26 Ook mag julle géén bloed van voëls of van vee in enigeen van julle woonplekke eet nie. Lev 7:27 Elke siel wat maar enigsins bloed eet; dié siel sal haar afsny uit haar volksgenote. Lev 7:28 Verder het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: Lev 7:29 Spreek met die kinders van JisraEl en sê: Hy wat aan JaHWeH sy slagdier van vergoeding naderbring, moet sy bydrae aan JaHWeH bring uit die slagdier van sy vergoeding; Lev 7:30 met sy eie hande moet hy na die vure van JaHWeH bring: die vet met die bors moet hy bring; die bors, om dit wuiwend te swaai voor die Aangesig van JaHWeH. Lev 7:31 En die priester moet die vet op die altaar aan die brand steek, maar die bors kom Aäron en sy seuns toe. Lev 7:32 Julle moet ook die regterboud aan die priester as bydrae gee vir My altaar uit julle vergoeding. Lev 7:33 Hy wat uit die seuns van Aäron naderkom met die bloed en die vet van die vergoedinge, kry die regterboud as sy deel. Lev 7:34 Want die geswaaide bors en die bygedrae boud het Ek van die kinders van JisraEl vir My altaar uit hulle vergoedinge geneem en dit aan Aäron, die priester, en aan sy seuns gegee as 'n deel wat hulle vir ewig toekom van die kant van die kinders van JisraEl. Lev 7:35 Dit is die aandeel van Aäron en die aandeel van sy seuns uit die vure van JaHWeH, op die dag toe Hy hulle nadergebring het om die priesteramp vir JaHWeH te bedien - Lev 7:36 wat JaHWeH beveel het om hulle te gee van die kant van die kinders van JisraEl, op die dag toe Hy hulle gesalf het. Dit is 'n ewige Insetting vir hulle geslagte. Lev 7:37 Dit is die Wet vir die brandoffer, die spysbydrae en die oortredings[bydrae] asook die skuld[bydrae] en die instelling van die slagdiere van die vergoedinge Lev 7:38 wat JaHWeH Moshè by die berg Sinai beveel het, op die dag toe hy die kinders van JisraEl in die wildernis Sinai beveel het om hulle bydraes aan JaHWeH nader te bring. //Wyding van Aäron en sy seuns. Lev 8:1 VERDER het JaHWeH tot Moshè gespreek en gesê: Lev 8:2 Neem Aäron en sy seuns saam met hom, en die klere en die salf-olie en die bul vir die oortreding en die twee ramme en die mandjie met ongesuurde koeke, Lev 8:3 en versamel die hele vergadering by die ingang van die Tent van Samekoms. Lev 8:4 En Moshè het gedoen soos JaHWeH hom beveel het, en die vergadering het bymekaargekom by die ingang van die Tent van Samekoms. Lev 8:5 Toe sê Moshè aan die vergadering: Dit is die saak wat JaHWeH beveel het om te doen. Lev 8:6 En Moshè het Aäron en sy seuns laat nadergebring en hulle met water gewas. [Lukas 12:50] Lev 8:7 Daarop het hy hom die rok aangetrek en hom met die gordel gegord en hom die mantel aangetrek; ook het hy hom die skouerkleed aangetrek en hom gegord met die band van die skouerkleed en daarmee hom die skouerkleed omgebind. Lev 8:8 Verder het hy hom die borstas aangeheg en in die borstas die Urim en die Tummim gesit. Lev 8:9 En hy het die tulband op sy hoof gesit en aan die tulband, aan die voorkant, die goue plaat, die separatisme van die Apartheid, bevestig, soos JaHWeH Moshè beveel het. Lev 8:10 Toe het Moshè die salfolie geneem en die Tabernakel en alles wat in hom was, gesalf en hom gewy verklaar. [Die Wysheid van Sirah 24:15] Lev 8:11 En hy het van haar sewe maal op die altaar gespat en die altaar gesalf en al sy gereedskap, met die waskom en sy voetstuk, om hulle te suiwer. Lev 8:12 Daarna het hy van die salfolie op die hoof van Aäron gegiet en hom gesalf om hom apart te stel. Lev 8:13 Ook het Moshè die seuns van Aäron laat nader kom en hulle die kleed aangetrek en hulle gegord met 'n gordel en hulle die hoofbedekkings omgebind soos JaHWeH aan Moshè beveel het. Lev 8:14 Daarop het hy die bul vir die oortreding laat aankom, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die bul vir die oortreding gelê. Lev 8:15 En Moshè het hom doodgebloei en die bloed geneem en daarvan met sy vinger rondom aan die horings van die altaar gestryk en die altaar gesuiwer van die oortredinge; maar die orige bloed het hy aan die onderkant van die altaar uitgegooi. So het hy hom dan gesuiwer deur daar versoening voor te doen. Lev 8:16 Verder het hy al die vet wat op die binnegoed was en die lap aan die lewer en die twee niere en hulle vet geneem, en Moshè het dit op die altaar aan die brand gesteek. Lev 8:17 Maar die bul met sy vel en sy vleis en sy mis het hy buitekant die laer met vuur verbrand, soos JaHWeH aan Moshè beveel het. Lev 8:18 Daarop het hy die ram vir die brandoffer nadergebring, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê. Lev 8:19 En Moshè het hom doodgebloei en die bloed rond gesprinkel op die altaar. Lev 8:20 Hy het ook die ram in sy stukke verdeel, en Moshè het die kop en die stukke en die vet aan die brand gesteek; Lev 8:21 maar die binnegoed en die pote het hy met water gewas, en Moshè het die hele ram op die altaar aan die brand gesteek; sy was 'n brandoffer as aangename geur, deur vuur berei was sy aan JaHWeH, soos JaHWeH aan Moshè beveel het. Lev 8:22 Daarop het hy die ander ram, die ram vir die inhuldiging, nadergebring; en Aäron met sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê. Lev 8:23 En Moshè het hom doodgebloei en van die bloed geneem en dit aan die regteroorlel van Aäron en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet gestryk. Lev 8:24 Moshè het ook die seuns van Aäron laat nader kom en van die bloed aan hulle regteroorlel en aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle regtervoet gestryk; daarna het Moshè die orige bloed rondgesprinkel op die altaar. Lev 8:25 En hy het die vet geneem met die vetstert en al die vet wat aan die binnegoed was, en die lap aan die lewer en die twee niere en hulle vet en die regterboud. Lev 8:26 Ook het hy uit die mandjie met ongesuurde koeke wat voor die Aangesig van JaHWeH was, een ongesuurde koek geneem en een oliebrood-koek en een platkoek; en hy het hulle op die stukke vet en op die regterboud neergesit Lev 8:27 en dit alles op die handpalms van Aäron en die handpalms van sy seuns gelê; en hy het dit swaaiende voor die Aangesig van JaHWeH gewuif. Lev 8:28 Daarop het Moshè dit uit hulle handpalms geneem en dit op die altaar, bo-op die brandoffer, aan die brand gesteek; 'n instelling was dit as aangename geur, deur vuur berei aan JaHWeH. Lev 8:29 Verder het Moshè die bors geneem en dit swaaiende voor die Aangesig van JaHWeH gewuif; van die ram vir die inhuldiging het dit aan Moshè as deel toegekom, soos JaHWeH Moshè beveel het. Lev 8:30 Moshè het ook van die salfolie en van die bloed wat aan die altaar was, geneem en dit op Aäron, op sy klere, sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns gespat. So het hy dan Aäron, sy klere, sowel as sy seuns en die klere van sy seuns gesuiwer. Lev 8:31 Toe sê Moshè vir Aäron en sy seuns: Kook die vleis by die ingang van die Tent van Samekoms en eet dit daar met die brood wat in die wydingsmandjie is, soos ek beveel en gesê het: Aäron en sy seuns moet dit eet. Lev 8:32 Maar wat van die vleis en die brood oorbly, moet julle met vuur verbrand. Lev 8:33 Ook mag julle sewe dae lank nie by die ingang van die Tent van Samekoms uitgaan nie tot op die dag dat die dae van julle wyding verby is; want sewe dae lank moet julle wyding duur. Lev 8:34 Soos vandag gedoen is, het JaHWeH beveel om [verder] te doen, om vir julle versoening te bewerk. Lev 8:35 Julle moet dan by die ingang van die Tent van Samekoms bly, dag en nag, sewe dae lank; en julle moet die Ordening van JaHWeH hou, dat julle nie sterwe nie; want so is aan my bevel gegee. Lev 8:36 En Aäron en sy seuns het al die dinge gedoen wat JaHWeH deur die hand van Moshè beveel het. //Eerste aanbiedinge van Aäron. Lev 9:1 EN op die agtste dag het Moshè Aäron en sy seuns en die oudstes van JisraEl geroep Lev 9:2 en aan Aäron gesê: Neem vir jou 'n jong bulkalf vir die oortreding en 'n ram as brandoffer, altwee raseg; en bring hulle nader voor die Aangesig van JaHWeH. Lev 9:3 En spreek met die kinders van JisraEl en sê: Neem 'n bokram vir die oortreding en 'n kalf en 'n lam, altwee een jaar oud en raseg, as brandoffer, Lev 9:4 ook 'n bul en 'n ram as vergoedinge te slag voor die Aangesig van JaHWeH; en spysbydrae met olie gemeng; want vandag verskyn JaHWeH aan julle. Lev 9:5 Toe het hulle voor die Tent van Samekoms gebring wat Moshè beveel het. En die hele vergadering het nader gekom en gaan staan voor die Aangesig van JaHWeH. Lev 9:6 En Moshè het gesê: Dit is die woord wat JaHWeH julle beveel het, doen dit, sodat julle die Glansrykheid van JaHWeH kan sien. Lev 9:7 En Moshè het vir Aäron gesê: Kom nader na die altaar en berei vir jou oortreding en jou brandoffer, en doen versoening vir jou en vir die volk, en berei die bydrae van die volk, en doen versoening vir hulle soos JaHWeH beveel het. Lev 9:8 Toe het Aäron na die altaar nader gekom en die kalf vir die oortreding doodgebloei wat vir hom bedoel was. Lev 9:9 En die seuns van Aäron het die bloed na hom nadergebring, en hy het sy vinger in die bloed gesteek en dit aan die horings van die altaar gestryk. Daarna het hy die orige bloed aan die onderkant van die altaar uitgegiet. Lev 9:10 Maar die vet en die niere en die lap aan die lewer vir die oortreding, hy het hom op die altaar aan die brand gesteek soos JaHWeH aan Moshè beveel het. Lev 9:11 En die vleis en die vel het hy buitekant die laer met vuur verbrand. [Lukas 13:33] Lev 9:12 Toe het hy die brandoffer doodgebloei, en die seuns van Aäron het vir hom die bloed aangegee, en hy het dit rondgesprinkel op die altaar. Lev 9:13 Ook het hulle vir hom die brandoffer volgens sy stukke aangegee, met die kop, en hy het haar aan die brand gesteek op die altaar. Lev 9:14 En hy het die binnegoed en die pote gewas en dit aan die brand gesteek bo-op die brandoffer op die altaar. Lev 9:15 Daarna het hy die bydrae van die volk nadergebring; hy het die bok vir die oortreding van die volk geneem, en hom doodgebloei vir die oortreding soos die eerste. Lev 9:16 Verder het hy die brandoffer nadergebring en haar berei volgens die Verordening. Lev 9:17 En hy het die spysbydrae nadergebring en sy palms van haar gevul en van haar aan die brand gesteek op die altaar, langs die brandoffer van die môre. Lev 9:18 Toe het hy die bul en die ram doodgebloei wat vir die volk as slagdiere van vergoedinge dien; en die seuns van Aäron het vir hom die bloed aangegee - wat hy toe rond gesprinkel het op die altaar - Lev 9:19 en die stukke vet van die bul, en van die ram die vetstert en die netvet en die niere en die lap aan die lewer; Lev 9:20 en hulle het die stukke vet op die borsstukke gesit, en hy het die stukke vet op die altaar aan die brand gesteek. Lev 9:21 Maar die borsstukke en die regterboud het Aäron swaaiende voor die Aangesig van JaHWeH gewuif soos Moshè beveel het. Lev 9:22 Daarna het Aäron sy hande na die volk toe opgehef en hulle geseën. En hy het afgeklim nadat hy die oortredings [bydrae], brandoffer en vergoedings [bydrae] gebring het. Lev 9:23 Daarop het Moshè en Aäron in die Tent van Samekoms gegaan; en toe hulle uitkom, het hulle die volk geseën. En die Glansrykheid van JaHWeH het verskyn - aan die hele volk - Lev 9:24 Vuur het van die Aangesig van JaHWeH uitgegaan en op die altaar die brandoffer en die stukke vet verteer. Toe die hele volk dit sien, het hulle gejuig en op hulle aangesig geval. //Nadab en Abíhu word deur vuur van JaHWeH verteer Lev 10:1 EN die seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, het elkeen hul vuurtange gekry en vuur op haar gegooi en 'n bewieroking daarop gesit en verbasterde vuur voor die Aangesig van JaHWeH nadergebring, wat Hy hulle nie beveel het nie. Lev 10:2 Daarop het daar vuur van voor die Aangesig van JaHWeH uitgegaan en hulle verteer, en hulle het gesterwe voor die Aangesig van JaHWeH. Lev 10:3 Toe sê Moshè vir Aäron: Dit is wat JaHWeH gespreek het deur te sê: In die wat My nader, aan hom sal Ek toegewy wees, en agtenswaardig in die aangesig van die volk. En Aäron was stom van verbasing. Lev 10:4 En Moshè het MisahaEl en El-Safan, die seuns van UzziEl, die oom van Aäron, geroep en aan hulle gesê: Kom nader, dra julle broers van die Aangesig van die Apartheid af weg, buitekant die laer uit. Lev 10:5 Toe het hulle nader gekom en hulle in hul kleed buitekant die laer uitgedra soos Moshè gesê het. Lev 10:6 Daarop sê Moshè aan Aäron en sy seuns El-Azar en Itamar: Ontbloot nie julle hoof nie en maak geen skeure in julle klere nie, dat julle nie sterwe en Hy in Woede teen die hele vergadering losbreek nie. Maar julle broers, die hele huis van JisraEl, kan die brand beween wat JaHWeH aangesteek het. Lev 10:7 Julle mag ook uit die ingang van die Tent van Samekoms nie uitgaan nie, dat julle nie sterwe nie; want die salfolie van JaHWeH is op julle. En hulle het gehandel ooreenkomstig die woord van Moshè. Lev 10:8 En JaHWeH het met Aäron gespreek en gesê: Lev 10:9 Moenie wyn of sterk drank drink nie, jy of jou seuns saam met jou as julle in die Tent van Samekoms ingaan, dat julle nie sterwe nie; 'n ewige Insetting is dit vir julle geslagte; Lev 10:10 en julle moet onderskeid maak tussen die Apartheid en die vermengde, en tussen verbastering en rasegtheid; Lev 10:11 en julle moet die kinders van JisraEl leer al die Insettinge wat JaHWeH deur die hand van Moshè aan hulle verkondig het. Lev 10:12 En Moshè het met Aäron gespreek en met sy seuns El-Azar en Itamar wat oorgebly het: Neem die spysbydrae wat uit die vure van JaHWeH oorgebly het, en eet haar ongesuurde koeke langs die altaar; want 'n Apartheid van Aparthede [is] sy. Lev 10:13 Daarom moet julle haar in 'n apartgestelde plek eet, want sy is wat aan jou en jou seuns toekom uit die vure van JaHWeH; want so is aan my bevel gegee. Lev 10:14 Ook die geswaaide bors en die bygedrae boud moet julle op 'n suiwer plek eet, jy en jou seuns en jou dogters saam met jou; want as deel wat aan jou en jou seuns toekom, is hulle vir My altaar uit My vergoeding van die kinders van JisraEl gegee. Lev 10:15 Die bygedrae boud en die geswaaide bors moet saam met die vure van vetstukke gebring word om dit swaaiende voor die Aangesig van JaHWeH te wuif; en dit sal vir jou en jou seuns saam met jou 'n deel wees wat aan julle vir ewig toekom soos JaHWeH beveel het. Lev 10:16 En Moshè het rondgesoek na die bok vir die oortreding, maar sy was verbrand! Daarom was hy baie kwaad vir El-Azar en Itamar, die seuns van Aäron wat oorgebly het; en hy het gesê: Lev 10:17 Waarom het julle haar nie in die Plek van die Apartheid geëet vir die oortreding nie? Want 'n Apartheid van Aparthede [is] sy, en Hy het haar aan julle gegee om die skuld van ongeregtigheid van die vergadering weg te neem, om versoening vir hulle te doen voor die Aangesig van JaHWeH. Lev 10:18 Kyk, haar bloed mag nie na die Apartheid gebring word nie. Julle moet haar sekerlik in die Apartheid eet soos ek beveel het. Lev 10:19 Toe sê Aäron vir Moshè: Kyk, hulle het vandag genader met hul oortredings [bydrae] en hul brandoffer voor die Aangesig van JaHWeH, en sulke dinge het my oorgekom; het ek vandag van die oortredings[bydrae] geëet, sou dit goed gewees het in die Oë van JaHWeH? Lev 10:20 Toe Moshè dit hoor, was dit goed in sy oë. //Wette oor die onderskeid tussen suiwer en besoedelde diere. Lev 11:1 EN JaHWeH het met Moshè en Aäron gespreek en aan hulle gesê: Lev 11:2 Spreek met die kinders van JisraEl en sê: Dit is die diere wat julle mag eet van al die viervoetige diere wat op die Aarde is. Lev 11:3 Alles wat onder die diere gesplitste kloue het, en wel heeltemal gesplitste kloue, [en] herkou - dit mag julle eet. Lev 11:4 Maar die volgende mag julle nie eet nie van die wat herkou en van die wat gesplitste kloue het: die kameel, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie - besoedel is hy vir julle; Lev 11:5 en die das, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie - besoedel is hy vir julle; Lev 11:6 en die haas, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie - besoedel is hy vir julle; Lev 11:7 ook die vark, want hy het gesplitste kloue, ja, heeltemal gesplitste kloue, maar hy herkou nie - besoedel is hy vir julle. Lev 11:8 Van hulle vleis mag julle nie eet nie en aan hulle karkas nie raak nie - besoedel is hulle vir julle. Lev 11:9 Dit mag julle eet van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het in die water, in die seë en in die riviere - dit mag julle eet. Lev 11:10 Maar alles wat geen vinne en skubbe het in die seë en in die riviere nie, van al die gewemel van die water en van elke lewende siel wat in die water is - 'n gruwel is dit vir julle. Lev 11:11 Ja, 'n gruwel moet hulle vir julle wees; van hulle vleis mag julle nie eet nie, en hulle karkasse moet vir julle 'n gruwel wees. Lev 11:12 Alles wat geen vinne of skubbe in die water het nie - 'n gruwel is dit vir julle. Lev 11:13 En die volgende moet julle van die voëls vir 'n gruwel hou - hulle mag nie geëet word nie, 'n gruwel is hulle: die arend en die lammervanger en die aasvoël; Lev 11:14 en die kuikendief en die valk volgens haar spesie; Lev 11:15 elke kraai volgens sy spesie; Lev 11:16 en die volstruis en die naguil en die seemeeu en die kleinvalk volgens hulle spesies; Lev 11:17 en die steenuil en die visvanger en die steunuil; Lev 11:18 en die silweruil en die pelikaan en die klein-aasvoël; Lev 11:19 en die groot-sprinkaanvoël, die reier volgens haar spesie, die hoep-hoep en die vlermuis. Lev 11:20 Al die insekte met vlerke wat op vier [pote] loop - 'n gruwel is hulle vir julle. Lev 11:21 Maar die volgende mag julle eet van al die insekte met vlerke wat op vier pote loop: wat bokant die pote springbene het om daarmee op die Aarde te spring. Lev 11:22 Van hulle mag julle die volgende eet: die treksprinkaan volgens sy spesie en die boomsprinkaan volgens hulle spesies en die springer volgens hulle spesies en die voetganger volgens hulle spesies. Lev 11:23 Maar al die ander insekte met vlerke wat vier pote het - 'n gruwel is hulle vir julle. Lev 11:24 En deur hierdie [diere] word julle besoedel- elkeen wat aan hulle karkas raak, sal tot die aand toe besoedel wees; Lev 11:25 en elkeen wat van hulle karkas dra, moet sy klere was en sal tot die aand toe besoedel wees - Lev 11:26 aan al die diere wat gesplitste kloue het, wat nie heeltemal gesplits is nie, en wat nie herkou nie. Besoedel is hulle vir julle; elkeen wat aan hulle raak, sal besoedel wees. Lev 11:27 En alles wat op kaal pote loop onder al die viervoetige diere - besoedel is hulle vir julle; elkeen wat aan hulle karkas raak, sal tot die aand toe besoedel wees. Lev 11:28 Ook hy wat hulle karkas dra, moet sy klere was en sal besoedel wees tot die aand toe. Besoedel is hulle vir julle. Lev 11:29 En die volgende is vir julle besoedel onder die ongediertes wat op die Aarde wemel: die mol en die muis en die akkedis volgens hulle spesies, Lev 11:30 en die krimpvarkie en die geitjie en die klipsalmander en die koggelmander en die verkleurmannetjie. Lev 11:31 Hulle is vir julle besoedel onder al die ongediertes; elkeen wat aan hulle raak as hulle dood is, sal tot die aand toe besoedel wees. Lev 11:32 En alles waar een van hulle op val as hulle dood is, sal besoedel wees; enige houtvoorwerp of kledingstuk of vel of sak, elke ding waarmee werk gedoen word; dit moet in die water gesit word en sal tot die aand toe besoedel wees; dan sal dit gesuiwer wees. Lev 11:33 En elke erdevoorwerp waar een van hulle in val - alles wat daarin is, sal vuil wees, en julle moet die voorwerp self stukkend breek; Lev 11:34 enige voedsel wat geëet word waar water op kom, sal [daarin] besoedel wees; en enige drank wat in so 'n voorwerp, van watter soort ook, gedrink kan word, sal besoedel wees. Lev 11:35 En alles waar iets van hulle karkas op val, sal besoedel wees; 'n bakoond of 'n kookstaander moet stukkend geslaan word; hulle is besoedel, en besoedel moet hulle vir julle wees. Lev 11:36 Maar 'n fontein of put, 'n versamelplek van water, sal suiwer wees; maar hy wat aan die karkas daarin raak, sal besoedel wees. Lev 11:37 En as van hulle karkas val op enige saad wat gesaai word - dit sal suiwer wees. Lev 11:38 Maar as daar water op die saad gegooi word, en van hulle karkas daarop val, dan sal dit vir julle besoedel wees. Lev 11:39 En as daar van die diere wat vir julle as voedsel dien, doodgaan, sal hy wat aan die karkas raak, tot die aand toe besoedel wees; Lev 11:40 en hy wat van dié karkas eet, moet sy klere was en sal besoedel wees tot die aand toe. En hy wat dié karkas dra, moet sy klere was en sal besoedel wees tot die aand toe. Lev 11:41 En al die ongediertes wat op die Aarde wemel, is 'n gruwel - dit mag nie geëet word nie. Lev 11:42 Alles wat op die buik seil en alles wat op vier [pote] loop, ook alles wat baie pote het, naamlik al die ongediertes wat op die Aarde wemel - julle mag dit nie eet nie, want dit is 'n gruwel. Lev 11:43 Moenie julle siel 'n gruwel maak deur enige ongedierte wat wemel nie: julle moet jul daaraan nie besoedel, sodat julle daardeur besoedel word nie. Lev 11:44 Want Ek [is] JaHWeH julle Elohey; stel julself dan apart en wees apartes, want Ek is apart; daarom, besoedel julself nie deur enige ongedierte wat op die Aarde kruip nie. Lev 11:45 Want Ek - JaHWeH het julle uit die Aarde van Egipte laat optrek om julle Elohim te wees. So moet julle dan apartes wees, omdat Ek apart [is]. Lev 11:46 Dit is die Wet oor die diere en die voëls en elke lewende siel wat roer in die water en aangaande elke siel wat op die Aarde wemel, Lev 11:47 om te onderskei tussen wat besoedel en suiwer is, en tussen die diere wat geëet en die diere wat nie geëet mag word nie. //Wette oor die higiëne van 'n vrou. Lev 12:1 EN JaHWeH het tot Moshè gespreek en gesê: Lev 12:2 Spreek met die kinders van JisraEl en sê: As 'n vrou swanger word en 'n seun baar, sal sy sewe dae lank besoedel wees; soos in die dae van haar menstruasie as sy ongesteld is, sal sy besoedel wees. Lev 12:3 En op die agtste dag moet hy aan die vlees van sy voorhuid besny word. Lev 12:4 Dan moet sy drie-en-dertig dae in die bloed wat suiwering aanbring, bly. Aan enige iets van Apartheid, mag sy nie raak nie en in die Apartheidsplek mag sy nie kom nie totdat die dae van haar suiwering verby is. Lev 12:5 Maar as sy 'n dogter baar, sal sy twee weke besoedel wees soos by haar menstruasie. Dan moet sy ses-en-sestig dae in die bloed wat suiwering aanbring, bly. Lev 12:6 En as die dae van haar suiwering in die geval van 'n seun of 'n dogter verby is, moet sy 'n jaaroud-lam as brandoffer en 'n jong duif of tortelduif vir oortreding bring na die ingang van die Tent van Samekoms, na die priester toe; Lev 12:7 wie haar sal naderbring voor die Aangesig van JaHWeH en oor haar versoening doen; dan sal sy gesuiwer wees van haar bloedvloeiïng. Dit is die Wet van haar wat baar, in die geval van 'n seun of 'n dogter. Lev 12:8 Maar as haar hand 'n lam nie kan bekostig nie, moet sy twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem, een as brandoffer en een vir oortreding; en die priester moet oor haar versoening doen; dan sal sy gesuiwer wees. //Wette aangaande melaatsheid van mense en klere. Lev 13:1 EN JaHWeH het met Moshè en Aäron gespreek en gesê: Lev 13:2 As 'n adamiet in die vel van sy vlees 'n swelsel of uitslag of ligte vlek het, en dit in die vel van sy vlees 'n plaag van melaatsheid word, moet hy na die priester Aäron of na een van sy seuns, die priesters, gebring word; Lev 13:3 en die priester moet na die aangetaste deel in die vel van die vlees kyk. Het die hare op die deel wit geword, en lyk dit of die deel dieper is as die vel van sy vlees dan is dit die plaag van melaatsheid. As die priester dit sien, moet hy hom aangetas verklaar. Lev 13:4 Maar as dit 'n wit vlek in die vel van sy vlees is en dit nie dieper lyk as die vel nie, en die hare daarvan nie wit geword het nie, moet die priester die merk op die vel van die aangetaste persoon sewe dae lank verbind. Lev 13:5 As die priester hom op die sewende dag bekyk en sien dat die aangetaste deel, volgens wat hy kan sien, dieselfde gebly het, die deel nie in die vel versprei het nie, dan moet die priester nog 'n keer sewe dae lank die merk op die vel verbind. Lev 13:6 Bekyk die priester hom dan op die sewende dag nog 'n keer en sien hy dat die aangetaste deel dof van kleur geword en die deel in die vel nie versprei het nie, dan moet die priester hom gesuiwer verklaar. Dit is 'n uitslag; en hy moet sy klere was, dan is hy gesuiwer. Lev 13:7 Maar as die uitslag werklik in die vel versprei nadat hy hom aan die priester vertoon het om gesuiwer te word, moet hy hom nog 'n keer aan die priester vertoon. Lev 13:8 En sien die priester dat die uitslag in die vel versprei het, dan moet die priester hom aangetas verklaar. Dit is melaatsheid. Lev 13:9 As die plaag van melaatsheid aan 'n adamiet is, moet hy na die priester gebring word. Lev 13:10 En as die priester sien dat daar 'n wit swelsel in die vel is wat die hare wit gemaak het, terwyl daar lewende vlees in die swelsel groei, Lev 13:11 dan is dit 'n verouderde melaatsheid in die vel van sy vlees, en die priester moet hom aangetas verklaar. Hy moet hom nie opsluit nie, want hy is aangetas. Lev 13:12 Maar as die melaatsheid so geweldig in die vel uitbreek, dat die melaatsheid die hele vel van die aangetaste persoon van sy hoof tot sy voete oordek, so ver as wat die oë van die priester kan sien; Lev 13:13 en sien die priester dat die melaatsheid sy hele vlees oordek het, dan moet hy die aangetaste persoon gesuiwer verklaar: hy het heeltemal wit geword, hy is gesuiwer. Lev 13:14 Maar so gou as lewende vlees aan hom gesien word, sal hy besmet wees; Lev 13:15 en as die priester die lewende vlees sien, moet hy hom aangetas verklaar. Die lewende vlees is besmet, dit is melaatsheid. Lev 13:16 Maar as die lewende vlees weer weggaan en hy wit word, moet hy na die priester kom. Lev 13:17 As die priester hom dan bekyk en sien dat die aangetaste deel wit geword het, dan moet die priester die aangetaste persoon gesuiwer verklaar; hy is suiwer. Lev 13:18 Maar as daar in die vlees aan hom, naamlik in die vel, 'n sweer is en gesond word, Lev 13:19 maar in die deel van die sweer 'n wit swelsel of 'n rooierige wit vlek kom, moet hy hom aan die priester vertoon. Lev 13:20 As die priester sien dat dit dieper lyk as die vel, en die hare daarvan wit geword het, dan moet die priester hom aangetas verklaar; dit is 'n plaag van melaatsheid, dit het in die sweer uitgebreek. Lev 13:21 Maar as die priester dit bekyk, en daar geen wit hare op is nie, en dit nie dieper as die vel is nie en dof van kleur geword het, dan moet die priester die merk op die vel sewe dae lank toebind. Lev 13:22 En as dit werklik in die vel versprei, moet die priester hom aangetas verklaar; dit is 'n plaag [van melaatsheid]. Lev 13:23 Maar as die ligte vlek bly waar dit is, nie versprei het nie, is dit die litteken van die sweer, en die priester moet hom gesond verklaar. Lev 13:24 Of as in die vlees, in sy vel 'n brandplek van vuur is en die nuwe vlees van die brandplek 'n rooierige of wit vlek is; Lev 13:25 en die priester dit bekyk en sien dat die hare op die ligte vlek wit geword het en dit dieper lyk as die vel, dan is dit melaatsheid; in die brandplek het dit uitgebreek. Daarom moet die priester hom aangetas verklaar; dit is die plaag van melaatsheid. Lev 13:26 Maar as die priester dit bekyk en sien dat op die ligte vlek geen wit hare is nie, en dit nie dieper as die vel is nie en dof van kleur geword het, dan moet die priester hom sewe dae lank opsluit. Lev 13:27 Dan moet die priester hom op die sewende dag bekyk. As dit werklik in die vel versprei het, moet die priester hom aangetas verklaar; dit is 'n plaag van melaatsheid. Lev 13:28 Maar as die ligte vlek bly waar dit is, nie in die vel versprei het nie en dof van kleur geword het, dan is dit die swelsel van die brandplek. Daarom moet die priester hom gesuiwer verklaar, want dit is die litteken van die brandplek. Lev 13:29 Verder, as daar by 'n man of vrou 'n aangetaste deel aan die hoof of in die baard is, Lev 13:30 en die priester die deel bekyk en sien dat dit dieper lyk as die vel, en daar geel dun hare op is, dan moet die priester hom aangetas verklaar; dit is skurfte, dit is melaatsheid van die hoof of van die baard. Lev 13:31 Maar as die priester die plaag van skurfte bekyk en sien dat dit nie dieper as die vel lyk nie, en daar geen swart hare op is nie, dan moet die priester die deur skurfte aangetaste persoon sewe dae lank die merk op die vel verbind. Lev 13:32 Bekyk die priester dan op die sewende dag die aangetaste deel en sien hy dat die skurfte nie versprei het nie, en daar geen geel hare op is nie, en die skurfte nie dieper lyk as die vel nie, Lev 13:33 dan moet die persoon hom skeer, maar die skurwe deel moet hy nie skeer nie, en die priester moet aan die skurwe persoon nog sewe dae lank die merk op die vel verbind. Lev 13:34 Bekyk die priester dan die skurfte op die sewende dag en sien hy dat die skurfte nie in die vel versprei het nie en dit nie dieper as die vel lyk nie, dan moet die priester hom gesuiwer verklaar. En hy moet sy klere was en sal suiwer wees. Lev 13:35 Maar as die skurfte werklik in die vel versprei nadat hy suiwer verklaar is, Lev 13:36 en die priester dit bekyk en sien dat die skurfte in die vel versprei het, dan hoef die priester nie na die geel hare te soek nie; hy is besmet. Lev 13:37 Maar as die skurfte, volgens hy kan sien, dieselfde gebly en swart hare daarop gegroei het, dan is die skurfte gesond. Hy is gesuiwer, en die priester moet hom suiwer verklaar. Lev 13:38 Verder, as 'n man of vrou in die vel van hulle vlees ligte vlekke, wit vlekke het, Lev 13:39 en die priester sien dat daar dowwe wit vlekke in die vel van hulle vlees is, dan is dit gewone uitslag wat in die vel uitgebreek het; hy is suiwer. Lev 13:40 En as 'n man se hoof kaal word, is hy 'n kaalkop; hy is suiwer. Lev 13:41 En as sy hoof aan die voorkant kaal word, het hy 'n bles; hy is suiwer. Lev 13:42 Maar as daar in die kaalte of in die bles 'n rooierige wit deel is, dan is dit melaatsheid wat uitbreek in die kaalte of in die bles. Lev 13:43 As die priester dit bekyk en sien dat die swelsel van die aangetaste deel in die kaalte of in die bles rooierig wit is, wat lyk soos die melaatsheid van die vel van die vlees, Lev 13:44 dan is hy 'n melaatse, hy is besmet; die priester moet hom sekerlik aangetas verklaar; op sy hoof het hy die plaag. Lev 13:45 Verder moet in die klere van die melaatse op wie die plaag is, skeure wees, en sy hare moet los hang; ook moet hy sy baard bedek en roep: Aangetas, aangetas! Lev 13:46 Al die tyd dat die plaag op hom is, sal hy siek wees. Besmet is hy; alleen moet hy woon; buitekant die laer moet sy woning wees. Lev 13:47 Verder, as daar in 'n kledingstuk die plaag van melaatsheid is, in 'n kledingstuk van wol of linne; Lev 13:48 of in die skeerdraad of die inslag van linne of wol, of in 'n vel of enige leerwerk; Lev 13:49 en die aangetaste deel in die kledingstuk of in die vel of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp liggroen of rooierig is, dan is dit 'n plaag van melaatsheid, en hulle moet die priester dit laat sien. Lev 13:50 Die priester moet dan die aangetaste deel bekyk en die aangetaste deel sewe dae lank opsluit. Lev 13:51 Dan moet hy op die sewende dag die deel bekyk; as die plaag versprei het in die kledingstuk of in die skeerdraad of die inslag of in die vel, vir watter diens die vel ook al verwerk is, dan is die plaag 'n kwaadaardige melaatsheid; so iets is besmet. Lev 13:52 Daarom moet hy die kledingstuk of die skeerdraad of die inslag van wol of van linne of enige leervoorwerp waarin die aangetaste deel is, verbrand; want dit is 'n kwaadaardige melaatsheid. Dit moet met vuur verbrand word. Lev 13:53 Maar as die priester sien dat die deel in die kledingstuk of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp nie versprei het nie, Lev 13:54 dan moet die priester beveel dat hulle die voorwerp was waar die deel aan is; en hy moet dit nog 'n keer sewe dae lank toemaak. Lev 13:55 As die priester dan die aangetaste voorwerp bekyk, nadat dit gewas is, en sien dat die deel nog net so lyk, hoewel die deel nie versprei het nie, dan is dit besmet; jy moet dit met vuur verbrand. Dit is 'n invreting aan die agter- of aan die voorkant. Lev 13:56 Maar as die priester sien dat die deel, nadat dit gewas is, dof van kleur geword het, dan moet hy dit uit die kledingstuk of uit die vel of uit die skeerdraad of die inslag uitskeur. Lev 13:57 Maar as dit nog in die kledingstuk of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp gesien word, dan is dit [melaatsheid] wat weer uitbreek; jy moet die aangetaste voorwerp met vuur verbrand. Lev 13:58 Maar die kledingstuk of die skeerdraad of die inslag of enige leervoorwerp wat jy was - as die deel daaruit verdwyn het, moet dit nog 'n keer gewas word, en dit sal gesuiwer wees. Lev 13:59 Dit is die Wet oor die plaag van melaatsheid in 'n kledingstuk van wol of linne of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp, om dit gesuiwer of besmet te verklaar. //Wette oor die suiwering van 'n melaatse Lev 14:1 EN JaHWeH het tot Moshè gespreek en gesê: Lev 14:2 Dit is die Wet van die melaatse op die dag van sy suiwering. Hy moet na die priester gebring word, Lev 14:3 en die priester moet buitekant die laer gaan. As die priester sien dat die plaag van melaatsheid genees is, van die melaatse weg is, Lev 14:4 moet die priester bevel gee dat hulle vir hom wat gesuiwer moet word, twee lewendige rasegte voëls en sederhout en skarlakendraad en hisop moet bring. Lev 14:5 Die priester moet ook bevel gee dat hulle die een voël in 'n erdepot oor vars water bloei. Lev 14:6 Die lewendige voël moet hy neem, sowel as die sederhout en die skarlakendraad en die hisop, en dié en die lewendige voël insteek in die bloed van die voël wat oor die vars water doodgebloei is. Lev 14:7 En hy moet op hom wat van die melaatsheid gesuiwer moet word, sewe maal spat en hom suiwer, en die lewendige voël moet hy oor die oop veld laat wegvlieg. Lev 14:8 Dan moet hy wat gesuiwer moet word, sy klere was en al sy hare afskeer en 'n bad neem; dan sal hy gesuiwer wees. En daarna kan hy in die laer kom, maar hy moet sewe dae lank buitekant sy tent bly. Lev 14:9 En op die sewende dag moet hy al sy hare afskeer, sy hoof en sy baard en sy winkbroue - al sy hare moet hy afskeer; en hy moet sy klere was en sy liggaam in die water bad. Dan sal hy suiwer wees. Lev 14:10 En op die agtste dag moet hy twee rasegte lammers neem en een jaaroud rasegte ooilam en drie-tiendes [van 'n efa] fynmeel as spysbydrae, met olie gemeng, en een log olie. Lev 14:11 En die priester wat die suiwering bewerk, moet die man wat gesuiwer word, en dié [gawes] voor die Aangesig van JaHWeH by die ingang van die Tent van Samekoms bring. Lev 14:12 En die priester moet die een lam neem en dit saam met die log olie vir die skuld naderbring en dit swaaiende voor die Aangesig van JaHWeH wuif. Lev 14:13 Dan moet hy die lam doodbloei vir die oortreding op die plek waar hulle die brandoffer sal doodbloei, naamlik in die Plek van die Apartheid; net soos vir die oortredinge en vir die skuld behoort sy aan die priester; 'n Apartheid van Aparthede is sy. Lev 14:14 En die priester moet die bloed van die skuld[bydrae] neem, en die priester moet dit stryk aan die regteroorlel van hom wat gesuiwer word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet. Lev 14:15 Die priester moet ook van die log olie neem en haar giet in die priester se linker handpalm. Lev 14:16 Dan moet die priester sy regtervinger in die olie steek wat in sy linker handpalm is, en met sy vinger van die olie sewe maal spat voor die Aangesig van JaHWeH. Lev 14:17 En van die orige olie wat in sy handpalm is, moet die priester stryk aan die regteroorlel van hom wat gesuiwer word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, bo-oor die bloed van die skuld. Lev 14:18 Wat dan oor is van die olie wat in die priester se handpalm is, moet hy stryk op die hoof van hom wat gesuiwer word. So moet die priester dan vir hom versoening doen voor die Aangesig van JaHWeH. Lev 14:19 Die priester moet haar berei vir die oortredings[bydrae] en vir hom wat gesuiwer word, versoening doen weens sy onsuiwerheid; en daarna moet hy die brandoffer laat doodbloei. Lev 14:20 En die priester moet die brandoffer en die spysbydrae op die altaar opdra. So moet die priester dan vir hom versoening doen, en hy sal suiwer wees. Lev 14:21 Maar as hy arm is en dit nie kan bekostig nie, moet hy een lam as skuld[bydrae] neem om haar te swaai, om vir hom versoening te doen; daarby een-tiende [van 'n efa] fynmeel met olie gemeng as spysbydrae, en 'n log olie; Lev 14:22 ook twee tortelduiwe of twee jong duiwe - wat hy kan bekostig en die een sal wees as oortredings[bydrae] en die ander vir die brandoffer. Lev 14:23 Hy moet hulle dan op die agtste dag ná sy suiwering na die priester bring by die ingang van die Tent van Samekoms voor die Aangesig van JaHWeH. Lev 14:24 En die priester moet die lam vir die skuld[bydrae] en 'n log olie neem; en die priester moet haar swaaiende voor die Aangesig van JaHWeH wuif. Lev 14:25 Dan moet hy die lam van die skuld[bydrae] bloei, en die priester moet van die bloed van die skuld neem en dit stryk aan die regteroorlel van hom wat gesuiwer word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet. Lev 14:26 Ook moet die priester van die olie in die priester se linker handpalm giet. Lev 14:27 Dan moet die priester met sy regtervinger van die olie wat in sy linker handpalm is, sewe maal spat voor die Aangesig van JaHWeH. Lev 14:28 En die priester moet van die olie wat in sy handpalm is, stryk aan die regteroorlel van hom wat gesuiwer word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, bo-oor die bloed vir die skuld smeer. Lev 14:29 Wat dan oor is van die olie wat in die priester se handpalm is, moet hy stryk op die hoof van hom wat gesuiwer word, om versoening vir hom te doen voor die Aangesig van JaHWeH. Lev 14:30 Dan moet hy een van die tortelduiwe berei of van die jong duiwe wat hy kan bekostig - Lev 14:31 die een vir die oortreding en die ander vir die brandoffer, saam met die spysbydrae. So moet die priester dan vir hom wat gesuiwer word, versoening doen voor die Aangesig van JaHWeH. Lev 14:32 Dit is die Wet vir hom op wie die plaag van melaatsheid was, wat by sy suiwering nie vermoënd is nie. //Melaatsheid van huise. Lev 14:33 EN JaHWeH het met Moshè en Aäron gespreek en gesê: Lev 14:34 As julle in die Aarde van Kanaän inkom wat Ek julle as besitting gee, en Ek die plaag van melaatsheid in 'n huis van die Aarde van julle besitting laat kom, Lev 14:35 moet hy aan wie die huis behoort, kom en aan die priester te kenne gee en sê: Dit lyk my of daar 'n plaag in die huis is. Lev 14:36 En die priester moet bevel gee dat hulle die huis ontruim, voordat die priester die plaag kom bekyk, sodat alles wat in die huis is, nie besmet word nie; en daarna moet die priester kom om die huis te bekyk. Lev 14:37 As hy die plaag bekyk en sien dat die plaag aan die mure van die huis is soos liggroen of rooierige kuiltjies, en hulle dieper lyk as die muur, Lev 14:38 dan moet die priester uit die huis uitgaan na die deur van die huis en die huis sewe dae lank toesluit. Lev 14:39 Op die sewende dag moet die priester dan terugkom; sien hy dan dat die plaag hom uitgebrei het aan die mure van die huis, Lev 14:40 dan moet die priester bevel gee dat hulle die klippe uitbreek waaraan die plaag is, en haar buitekant die stad op die besoedelde plek gooi. Lev 14:41 En die huis moet hulle binnekant rondom afkrap en die klei wat hulle afgekrap het, buitekant die stad op 'n besoedelde plek weggooi. Lev 14:42 Dan moet hulle ander klippe neem en in die plek van daardie klippe insit, en hulle moet ander klei neem en die huis pleister. Lev 14:43 Maar as die plaag weer in die huis uitbreek nadat hulle die klippe uitgebreek en die huis afgekrap het en hy gepleister is, Lev 14:44 moet die priester kom; en as hy sien dat die plaag in die huis versprei het, dan is dit 'n kwaadaardige melaatsheid in die huis; hy is besmet. Lev 14:45 Daarom moet hulle die huis afbreek: sy klippe en sy hout en al die klei van die huis, en hulle moet dit buitekant die stad op 'n besoedelde plek uitbring. Lev 14:46 En hy wat in die huis kom, al die tyd dat hulle hom toegesluit hou, sal tot die aand toe besoedel wees. Lev 14:47 En hy wat in die huis slaap, moet sy klere was; en hy wat in die huis eet, moet sy klere was. Lev 14:48 Maar as die priester kom en sien dat die plaag nie in die huis versprei het nadat die huis gepleister is nie, dan moet die priester die huis gesuiwer verklaar, want die aangetaste plek het gesond geword. Lev 14:49 Dan moet hy om die huis te suiwer van besoedeling twee voëls neem en sederhout en skarlakendraad en hisop, Lev 14:50 en die een voël in 'n erdepot oor vars water bloei. Lev 14:51 Dan moet hy die sederhout en die hisop en die skarlakendraad en die lewendige voël neem en dit in die bloed van die doodgebloeide voël en in die vars water insteek; en hy moet die huis sewe maal bespat. Lev 14:52 So moet hy dan die huis suiwer van besoedeling met die bloed van die voël sowel as met die vars water en die lewendige voël en die sederhout en die hisop en die skarlakendraad. Lev 14:53 Daarop moet hy die lewendige voël buitekant die stad oor die oop veld laat wegvlieg. So moet hy dan vir die huis versoening doen, en hy sal gesuiwer wees. Lev 14:54 Dit is die Wet oor elke plaag van melaatsheid en oor skurfte Lev 14:55 en oor melaatsheid van klere en huise Lev 14:56 en oor swelsels en uitslag en ligte vlekke, Lev 14:57 om te onderrig wanneer iets besmet en wanneer iets suiwer is. Dit is die Wet oor die melaatsheid. //Wette aangaande besmette mans en vroue. Lev 15:1 VERDER het JaHWeH met Moshè en Aäron gespreek en gesê: Lev 15:2 Spreek met die kinders van JisraEl en sê vir hulle: As enige man 'n vloeiing uit sy geslagsdeel het, dan is die vog besoedel. Lev 15:3 En dit sal sy besoedeling deur die vloeiing wees: As sy geslagsdeel die vog laat loop of sy geslagsdeel verstop raak van die vog - dit is 'n besmetting in hom. Lev 15:4 Elke bed waar hy op lê wat die vloeiing het, sal besoedel wees; en alles waar hy op sit, sal besoedel wees. Lev 15:5 En elkeen wat aan sy bed raak, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe besoedel; Lev 15:6 en die een wat gaan sit op die voorwerp waarop hy gesit het wat die vloeiing het, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe besoedel; Lev 15:7 en die een wat aan die liggaam raak van hom wat die vloeiing het, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe besoedel. Lev 15:8 En as hy wat die vloeiing het, op 'n gesuiwerde spuug, moet dié een sy klere was en 'n bad neem, en hy bly tot die aand toe besoedel. Lev 15:9 En elke saal waar hy op ry wat die vloeiing het, sal besoedel wees. Lev 15:10 En elkeen wat aan iets raak wat onder hom is, sal besoedel wees tot die aand toe. En die een wat dit dra, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe besoedel. Lev 15:11 En elkeen aan wie hy raak wat die vloeiing het, sonder dat hy eers sy hande in die water afgespoel het, dié een moet sy klere was en 'n bad neem, en hy bly tot die aand toe besoedel. Lev 15:12 Ook die erdegoed waar hy wat die vloeiing het, aan raak, moet stukkend gebreek word; maar al die voorwerpe van hout moet in die water afgespoel word. Lev 15:13 En as hy wat die vloeiing het, van sy vloeiing gesuiwer word, moet hy sewe dae tel ná sy suiwering en sy klere was en sy liggaam in vars water bad; dan sal hy gesuiwer wees. Lev 15:14 En op die agtste dag moet hy vir hom twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem en voor die Aangesig van JaHWeH kom, by die ingang van die Tent van Samekoms, en dié aan die priester gee; Lev 15:15 en die priester moet hulle berei, die een vir die oortreding en die ander vir die brandoffer; so moet die priester dan vir hom vanweë sy vloeiing versoening doen voor die Aangesig van JaHWeH. Lev 15:16 En as daar van 'n man 'n saadvloeiïng uitgaan, moet hy sy hele liggaam in die water bad, en hy sal tot die aand toe besoedel wees. Lev 15:17 Ook elke kledingstuk en elke vel waar die saadvloeiïng op kom, moet in die water gewas word en dit bly tot die aand toe vuil. Lev 15:18 En wat die vrou aangaan met wie 'n man saad[vloeiing] gedurende vleeslike gemeenskap het - altwee moet 'n bad neem en sal tot die aand toe besoedel wees. Lev 15:19 En as 'n vrou 'n vloeiing het, [en] die vloeiing in haar vlees bloed is, dan bly sy sewe dae lank in haar besoedeling; en elkeen wat aan haar raak, sal tot die aand toe besoedel wees. Lev 15:20 En alles waar sy gedurende haar aantasting op lê, sal besoedel wees; en alles waar sy op sit, sal besoedel wees. Lev 15:21 En elkeen wat aan haar bed raak, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe besoedel. Lev 15:22 En elkeen wat raak aan enige voorwerp waar sy op sit, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe besoedel; Lev 15:23 en as daar iets op die bed is of op die voorwerp waar sy op sit, as hy dit aanraak, sal hy tot die aand toe besoedel wees. Lev 15:24 En as 'n man met haar gemeenskap het, sodat haar aantasting op hom kom, sal hy sewe dae lank besoedel wees; en elke bed waar hy op lê, sal besoedel wees. Lev 15:25 En as 'n vrou lank 'n vloeiing van haar bloed het, buiten die tyd van haar menstruasie, of as sy vloei oor haar aantasting, moet sy gedurende al die dae van haar besoedelde vloeiing wees soos in die dae van haar menstruasie; sy is aangetas. Lev 15:26 Elke bed waar sy gedurende al die dae van haar vloeiing op lê, sal vir haar soos die bed van haar menstruasie wees; en alles waar sy op sit, sal net so besoedel wees soos iets wat deur haar menstruasie besoedel is. Lev 15:27 En elkeen wat aan hierdie dinge raak, sal besoedel wees: dié een moet sy klere was en 'n bad neem en bly tot die aand toe besoedel. Lev 15:28 Maar as sy van haar vloeiing herstel het, moet sy sewe dae tel, en daarna sal sy gesuiwer wees. Lev 15:29 En op die agtste dag moet sy vir haar twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem en dié by die ingang van die Tent van Samekoms na die priester bring. Lev 15:30 Dan moet die priester die een vir die oortreding en die ander vir die brandoffer berei; en die priester moet vanweë haar besoedelde vloeiing oor haar versoening doen voor die Aangesig van JaHWeH. Lev 15:31 So moet julle dan die besoedeling van die kinders van JisraEl afskei, dat hulle nie deur hulle besoedeling sterwe nie - deurdat hulle nie My Tabernakel wat in hulle midde is, besoedel nie. Lev 15:32 Dit is die Wet vir hom wat 'n vloeiing het en vir hom van wie 'n saadvloeiïng uitgaan, sodat hy daardeur besoedel word; Lev 15:33 en vir die vrou wat deur haar menstruasie ongesteld is, en vir die een wat aan 'n vloeiing ly, man of vrou, en vir 'n man wat met 'n aangetaste vrou gemeenskap het. //Die groot versoendag. Lev 16:1 EN JaHWeH het met Moshè gespreek ná die dood van die twee seuns van Aäron, wat gesterf het toe hulle voor die Aangesig van JaHWeH nader gekom het; Lev 16:2 en JaHWeH het aan Moshè gesê: Spreek met jou broer Aäron dat hy nie in enige tyd na die Apartheid moet gaan nie, binnekant die voorhangsel, voor die Versoendeksel wat op die Ark is, sodat hy nie sterwe nie; want Ek verskyn in die Wolkkolom op die Versoendeksel. Lev 16:3 Hiermee moet Aäron na die Apartheid ingaan: met 'n jong bul vir die oortreding en 'n ram vir die brandoffer. Lev 16:4 Hy moet 'n linnekleed van Apartheid aantrek en 'n linnebroek moet oor sy vlees wees en met 'n linnegordel moet hy hom gord en 'n linnetulband moet op sy hoof wees. Klere van Apartheid is hulle; en hy moet sy vlees in water was en dit aantrek. Lev 16:5 En van die vergadering van die kinders van JisraEl moet hy twee bokramme vir die oortreding en een ram vir die brandoffer neem. Lev 16:6 Dan moet Aäron die bul vir die oortreding naderbring wat vir homself en sy huis versoening doen. Lev 16:7 Hy moet ook die twee bokke neem en hulle voor die Aangesig van JaHWeH bring by die ingang van die Tent van Samekoms. Lev 16:8 En Aäron moet oor die twee bokke die lot werp, een lot vir JaHWeH en een lot vir Azázel. Lev 16:9 Dan moet Aäron die bok naderbring waar die lot vir JaHWeH op gekom het en hom vir die oortreding berei; [MattithJaHûW 27:16-26] Lev 16:10 maar die bok waar die lot vir Azázel op gekom het, moet lewendig voor die Aangesig van JaHWeH gestel word, om oor hom versoening te bewerk deur hom vir Azázel na die wildernis te stuur. [1 Konings 2:34] Lev 16:11 Aäron moet dan die bul vir die oortreding wat vir hom bedoel is, naderbring en vir hom en sy huis versoening doen: hy moet die bul vir die oortreding doodbloei wat vir hom bedoel is, Lev 16:12 en die vuurtange vol gloeiende kole van die altaar voor die Aangesig van JaHWeH wegneem; daarby sy hande vol fyngestampte reukwerk van speserye en haar binnekant die voorhangsel bring. Lev 16:13 En hy moet die reukwerk op die vuur voor die Aangesig van JaHWeH lê, dat die rook van die reukwerk die Versoendeksel wat op die Getuienis is, kan oordek, sodat hy nie sterwe nie. Lev 16:14 En hy moet van die bloed van die bul neem en dit met sy vinger op die Versoendeksel aan die oostekant spat; en voor die Versoendeksel moet hy sewe maal met sy vinger van die bloed spat. Lev 16:15 Dan moet hy die bok wat vir die volk bedoel is, doodbloei vir die oortreding en sy bloed binnekant die voorhangsel bring en met sy bloed doen soos hy met die bloed van die bul gedoen het: hy moet dit spat op die Versoendeksel en voor die Versoendeksel. Lev 16:16 So moet hy dan oor die Apartheid versoening doen vanweë die besoedeling van die kinders van JisraEl en vanweë hulle opstandigheid, wat hulle oortredinge ook al mag wees; so moet hy dit ook doen vir die Tent van Samekoms wat by hulle te midde van hulle besoedeling vertoef. Lev 16:17 En geen adamiet mag in die Tent van Samekoms wees as hy ingaan om in die Apartheid versoening te doen totdat hy uitkom nie en versoening gedoen het vir hom en vir sy huis en vir die hele vergadering van JisraEl. Lev 16:18 Dan moet hy na die altaar uitgaan wat voor die Aangesig van JaHWeH is en daarvoor versoening doen: hy moet van die bloed van die bul en van die bloed van die bok neem en dit rondom aan die horings van die altaar stryk Lev 16:19 en met sy vinger van die bloed sewe maal op hom spat. So moet hy hom dan suiwer en apart stel van die onsuiwerhede van die kinders van JisraEl. Lev 16:20 En as hy die versoening van die Apartheid en die Tent van Samekoms en die altaar voleindig het, moet hy die lewendige bok naderbring; Lev 16:21 en Aäron moet sy twee hande op die kop van die lewendige bok lê en oor hom belydenis doen van al die ongeregtigheid van die kinders van JisraEl en al hulle oortredinge, wat hulle oortreding ook al mag wees; en hy moet dié op die kop van die bok lê en hom deur 'n man wat gereed staan, na die wildernis toe stuur. Lev 16:22 So moet die bok dan op hom al hulle oortredinge na 'n onbewoonde Aarde wegdra; en hy moet die bok in die woestyn los. Lev 16:23 Dan moet Aäron in die Tent van Samekoms ingaan en die linneklere uittrek wat hy aangetrek het toe hy in die Apartheid ingegaan het, en dit daar neerlê. Lev 16:24 En hy moet sy liggaam op 'n apartgestelde plek in die water bad en sy klere aantrek. Dan moet hy uitgaan en sy brandoffer en die brandoffer van die volk berei, om vir hom en vir die volk versoening te doen. Lev 16:25 Ook moet hy die vet vir die oortreding op die altaar aan die brand steek. Lev 16:26 En hy wat die bok vir Azázel weggedrywe het, moet sy klere was en sy liggaam in die water bad; en daarna mag hy in die laer kom. [MattithJaHûW 3:13-17] Lev 16:27 Maar die bul vir die oortreding en die bok vir die oortreding waarvan die bloed ingebring is om versoening te doen in die Apartheid, moet hulle buitekant die laer uitbring; en hulle velle, hulle vleis en hulle mis moet met vuur verbrand word. Lev 16:28 En hy wat dit verbrand, moet sy klere was en sy liggaam in die water bad; en daarna mag hy in die laer kom. Lev 16:29 En sy moet vir julle 'n ewige Insetting wees: in die sewende maand, op die tiende van die maand, moet julle jul siel verootmoedig en géén werk doen nie - die kind van die Aarde sowel as die besoeker wat onder julle vertoef. Lev 16:30 Want op hierdie dag moet hy vir julle versoening doen om julle te suiwer; van al julle oortredinge moet julle voor die Aangesig van JaHWeH gesuiwer word. Lev 16:31 'n Sabbat van Sabbats-onderhouding moet sy vir julle wees, en julle moet jul siel verootmoedig. Sy is 'n ewige Insetting. Lev 16:32 En die priester wat gesalf en aangestel sal word om in die plek van sy vader die priesteramp te bedien, moet die versoening doen; en hy moet die linneklere, die klere van die Apartheid, aantrek Lev 16:33 en versoening doen vir die Apartheidsplek van die Apartheid; ook moet hy vir die Tent van Samekoms en die altaar versoening doen, en vir die priesters en die hele volk van die vergadering moet hy versoening doen. Lev 16:34 En dit moet vir julle 'n ewige Insetting wees om vir die kinders van JisraEl weens al hulle oortredinge een maal in die jaar versoening te doen. En hy het gedoen soos JaHWeH Moshè beveel het. Lev 17:1 EN JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê: Lev 17:2 Spreek met Aäron en sy seuns en met al die kinders van JisraEl en sê vir hulle: Dit is die saak wat JaHWeH beveel het: Lev 17:3 Elkeen uit die huis van JisraEl wat 'n bees of 'n lam of 'n bok in die laer laat doodbloei of hom buitekant die laer laat bloei, Lev 17:4 moet hom nie bring by die ingang van die Tent van Samekoms om hom nader te bring as 'n bydrae aan JaHWeH voor die aangesig van die Tabernakel van JaHWeH nie - as bloedskuld moet dit dié man aangereken word. Hy het bloed vergiet; daarom moet dié man uitgeroei word onder sy volk uit; Lev 17:5 sodat die kinders van JisraEl hulle slagdiere wat hulle gewoon was om op die oop veld te slag, aan JaHWeH by die ingang van die Tent van Samekoms na die priester kan bring en hom as slagdier kan slag as vergoeding aan JaHWeH. Lev 17:6 Dan moet die priester die bloed op die altaar van JaHWeH by die ingang van die Tent van Samekoms sprinkel en die vet aan die brand steek as aangename geur vir JaHWeH. Lev 17:7 En hulle mag nie meer hulle slagdier slag aan die bok-demone agter wie hulle aan hoereer nie. Dit moet vir hulle 'n ewige Insetting wees vir hulle geslagte. Lev 17:8 En jy moet vir hulle sê: Elkeen uit die huis van JisraEl en uit die besoekers wat onder hulle vertoef, wat 'n brandoffer of 'n slagdier bring, Lev 17:9 en hom nie by die ingang van die Tent van Samekoms bring om hom vir JaHWeH te berei nie - dié man moet uit sy volksgenote uitgeroei word. //Verbod om bloed te eet. Lev 17:10 EN elkeen uit die huis van JisraEl en uit die besoekers wat onder hulle vertoef, wat maar enigsins bloed eet - teen die een wat die bloed eet, sal Ek My Aangesig rig teen die siel en haar uitroei vanuit haar volk. Lev 17:11 Want die siel van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel. Lev 17:12 Daarom het Ek aan die kinders van JisraEl gesê: Geen siel van julle mag enige bloed eet nie; ook die besoeker wat onder julle vertoef, mag geen bloed eet nie. Lev 17:13 En elkeen uit die kinders van JisraEl en uit die besoekers wat onder hulle vertoef, wat 'n stuk wild of 'n voël vang wat geëet mag word - hy moet die bloed daarvan laat uitloop en dit met grond toemaak; Lev 17:14 want wat die siel van alle vlees aangaan, sy bloed is met sy siel verbind. Daarom het Ek aan die kinders van JisraEl gesê: Julle mag die bloed van enige vlees nie eet nie, want die siel van alle vlees is sy bloed; elkeen wat dit eet, moet uitgeroei word. Lev 17:15 En elke siel wat 'n karkas eet of iets wat verskeur is, 'n kind van die Aarde sowel as 'n besoeker, moet sy klere was en 'n bad neem, en hy bly tot die aand toe besoedel. Dan sal hy gesuiwer wees. Lev 17:16 Maar as hy dit nie was nie en sy liggaam nie bad nie, moet hy sy skuld van ongeregtigheid dra. //Wette teen verbastering en verbode geslagsgemeenskap. Lev 18:1 EN JaHWeH het tot Moshè gespreek en gesê: Lev 18:2 Spreek met die kinders van JisraEl en sê vir hulle: Ek - JaHWeH julle Elohey. Lev 18:3 Volgens die werke van die Aarde van Egipte waar julle in gewoon het, mag julle nie doen nie; en volgens die werke van die Aarde van Kanaän waarheen Ek julle bring, mag julle nie doen nie, en julle mag in hulle insettinge nie wandel nie. Lev 18:4 My Regsprake moet julle doen en My Insettinge hou om daarin te wandel. Ek - JaHWeH julle Elohey. Lev 18:5 Hou dan My Insettinge en My Regsprake wat die adamiet moet doen, dat hy daardeur kan lewe. Ek - JaHWeH. Lev 18:6 Geen man van julle mag sy naaste bloedverwant nader om die geslagsdeel te ontbloot nie. Ek - JaHWeH. Lev 18:7 Jy mag die geslagsdele van jou vader en die geslagsdele van jou moeder nie ontbloot nie: sy is jou moeder - jy mag haar geslagsdele nie ontbloot nie. Lev 18:8 Jy mag die geslagsdele van die vrou van jou vader nie ontbloot nie; dit is die geslagsdele van jou vader. [Génesis 9:23; JeségiEl 22:10; 23:18] Lev 18:9 Die geslagsdele van jou suster, die dogter van jou vader of die dogter van jou moeder, in die huis of buitekant gebore - haar geslagsdele mag jy nie ontbloot nie. Lev 18:10 Die geslagsdele van jou seun se dogter of van jou dogter se dogter - hulle geslagsdele mag jy nie ontbloot nie; want hulle is jou eie geslagsdele. Lev 18:11 Die geslagsdele van die dogter van jou vader se vrou, wat deur jou vader verwek is - sy is jou suster, haar geslagsdele mag jy nie ontbloot nie. Lev 18:12 Jy mag die geslagsdele van jou vader se suster nie ontbloot nie; sy is jou vader se bloedverwant. Lev 18:13 Jy mag die geslagsdele van jou moeder se suster nie ontbloot nie, want sy is jou moeder se bloedverwant. Lev 18:14 Jy mag die geslagsdele van jou vader se broer nie ontbloot nie: jy mag nie sy vrou nader nie; sy is jou tante. Lev 18:15 Jy mag die geslagsdele van jou skoondogter nie ontbloot nie; sy is jou seun se vrou: jy mag haar geslagsdele nie ontbloot nie. Lev 18:16 Jy mag die geslagsdele van jou broer se vrou nie ontbloot nie; dit is die geslagsdele van jou broer. Lev 18:17 Jy mag die geslagsdele van 'n vrou en haar dogter nie ontbloot nie; haar seun se dogter en haar dogter se dogter mag jy nie neem om haar geslagsdele te ontbloot nie. Hulle is bloedverwante. Bloedvermenging [is] dit. Lev 18:18 Jy mag ook geen vrou teen haar suster as mededingster byneem om haar naaktheid te ontbloot langs die ander in haar lewe. Lev 18:19 Ook mag jy nie 'n vrou nader terwyl sy onsuiwer is deur haar menstruasie, om haar geslagsdele te ontbloot nie. Lev 18:20 En jy mag geen vleeslike gemeenskap met jou naaste se vrou hê om jou met haar te besoedel nie. Lev 18:21 En van jou saad mag jy nie laat wegvloei om deel te hê aan Molog nie, dat jy die Naam van jou Elohey nie besoedel nie. Ek - JaHWeH. Lev 18:22 Met 'n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos [iemand] met 'n vrou het nie. Dit is 'n gruwel. Lev 18:23 En jy mag met géén wilde wese vleeslike gemeenskap hê om jou daardeur te besmet nie. 'n Vrou mag ook nie voor die aangesig van 'n wilde wese gaan staan om met hom gemeenskap te hê nie. Dit is 'n gruwelike vermenging. [Levítikus 20:16] Lev 18:24 Besoedel julle nie deur al hierdie dinge nie, want deur al hierdie dinge is die nasies besmet wat Ek voor julle uit verdryf. Lev 18:25 So het die Aarde dan besmet geword; en Ek straf haar oor haar Ongeregtigheid, sodat die Aarde haar inwoners uitspuug. Lev 18:26 Maar julle moet My Insettinge en My Regsprake onderhou en niks van al hierdie gruwels doen nie - die kind van die Aarde of die besoeker wat onder julle vertoef. Lev 18:27 Want die mense van die Aarde, wat voor julle gewees het, het al hierdie gruwels gedoen, en die Aarde het besmet geword. Lev 18:28 Laat die Aarde julle dan nie uitspuug as julle haar besoedel nie, soos sy die nasie uitgespuug het wat daar voor julle was. Lev 18:29 Want almal wat enigeen van hierdie gruwels doen - die siele wat dit doen, moet uitgeroei word onder hulle volk uit. Lev 18:30 Daarom moet julle My Ordening onderhou om niks te doen van die gruwelike insettinge wat voor julle gedoen is nie, dat julle jul nie daardeur besmet nie. Ek - JaHWeH julle Elohey. //Opdrag om Apart te lewe. Lev 19:1 EN JaHWeH het tot Moshè gespreek en gesê: Lev 19:2 Spreek met die hele vergadering van die kinders van JisraEl en sê vir hulle: Apartes moet julle wees, want Ek - JaHWeH julle Elohey, is apart. Lev 19:3 Elkeen moet sy moeder en sy vader eer, en My Sabbatte hou. Ek - JaHWeH julle Elohey. Lev 19:4 Begeef julle nie tot drek en maak vir julle geen gegote gode nie. Ek - JaHWeH julle Elohey. Lev 19:5 En as julle 'n slagdier vir vergoeding aan JaHWeH slag, moet julle hom slag met Vreugde. Lev 19:6 Op die dag as julle hom slag en die dag daarna, moet hy geëet word; maar wat tot die derde dag toe oorbly, moet met vuur verbrand word. Lev 19:7 En as hy tog op die derde dag geëet word, sal hy 'n besoedelde ding wees; hy sal nie met welgevalle aangeneem word nie. Lev 19:8 En hy wat hom eet, moet sy straf dra, want hy het die Apartheid van JaHWeH, besoedel. en dié siel sal haar afsny uit haar volksgenote. Lev 19:9 En as julle die oes van julle land afoes, moet jy die kant van jou Aarde nie heeltemal afoes en die are wat val, nie versamel nie. Lev 19:10 Jou wingerd moet jy ook nie skoon afoes nie, en die trossies wat van jou wingerd val, nie versamel nie. Vir die arme en die besoeker moet jy dit laat oorbly. Ek - JaHWeH julle Elohey. Lev 19:11 Julle mag nie steel nie, en julle mag nie lieg nie, en niemand mag sy vennoot bedrieg nie. Lev 19:12 En julle mag nie vals sweer by My Naam en so die Naam van jou Elohey besoedel nie. Ek - JaHWeH. Lev 19:13 Jy mag jou naaste nie verdruk of beroof nie. Die dagloner se loon mag by jou nie tot die môre toe bly nie. Lev 19:14 Jy mag 'n dowe nie vloek nie, en voor die blinde geen struikelblok lê nie; maar jy moet jou Elohey vrees. Ek - JaHWeH. Lev 19:15 Julle mag geen onreg doen in die Reg nie. Jy mag vir die geringe nie partydig wees nie en die aansienlike nie voortrek nie. Met Geregtigheid moet jy oor jou volksgenoot oordeel. Lev 19:16 Jy mag nie as 'n skinderbek onder jou volksgenote rondloop nie. Jy mag nie teen die lewe van jou naaste optree nie. Ek - JaHWeH. Lev 19:17 Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie. Jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen oortreding op jou laai nie. Lev 19:18 Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek - JaHWeH. Lev 19:19 Julle moet My Insettinge hou. Twee soorte van jou vee mag jy nie laat paar nie. Jou land moet jy nie met twee soorte saad besaai nie. En 'n kleed van twee soorte goed, van gemengde stof, mag nie op jou kom nie. Lev 19:20 En as 'n man vleeslike gemeenskap het met 'n vrou wat 'n slavin is, vir 'n ander man bestemd, sonder dat sy ooit losgekoop of vryheid aan haar gegee is, dan moet daar bestraffing plaasvind. Hulle mag nie gedood word nie, want sy was nie vrygelaat nie. Lev 19:21 En hy moet vir sy skuld aan JaHWeH bring by die ingang van die Tent van Samekoms - 'n ram vir die skuld; Lev 19:22 en die priester moet met die ram vir skuld vir hom versoening doen voor die Aangesig van JaHWeH weens die oortreding wat hy gedoen het; en hy sal vergifnis ontvang vir sy oortreding wat hy gedoen het. Lev 19:23 En as julle in die Aarde inkom en allerhande vrugtebome plant, moet julle hulle vrugte as voorhuide beskou; drie jaar lank moet dit vir julle onbesnede wees; daar mag nie van geëet word nie. Lev 19:24 Maar in die vierde jaar moet al hulle vrugte 'n Apartheid wees, Feesgawes aan JaHWeH wees; Lev 19:25 en in die vyfde jaar mag julle hulle vrugte eet om vir julle die oes meer te maak. Ek - JaHWeH julle Elohey. Lev 19:26 Julle mag niks met bloed en al eet nie. Julle mag nie met verklaring van voortekens of goëlery omgaan nie. Lev 19:27 Julle mag die rand van julle hoofhare nie rond wegskeer nie. Ook mag jy die rand van jou baard nie skend nie. Lev 19:28 En julle mag aan [die] siel geen insnyding maak in julle vlees nie en geen ingeprikte tekening/tatoeërmerk in julle vel maak nie. Ek - JaHWeH. Lev 19:29 Besoedel jou dogter nie deur haar vir hoerery aan te hou nie, sodat die Aarde nie hoereer en die Aarde vol bloedvermenging word nie. Lev 19:30 Julle moet My Sabbatte hou en My Apartheidsplek eerbiedig. Ek - JaHWeH. Lev 19:31 Begeef julle nie tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie. Soek hulle nie om julle deur hulle te besoedel nie. Ek - JaHWeH julle Elohey. Lev 19:32 Vir die grys hare moet jy opstaan, en die persoon van 'n grysaard eer; en jy moet jou Elohey vrees. Ek - JaHWeH. Lev 19:33 En as 'n besoeker by jou op jou Aarde vertoef, mag julle hom nie verdruk nie. Lev 19:34 Die besoeker wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos 'n kind van die Aarde wat onder julle is. En jy moet hom liefhê soos jouself, want julle was besoekers in die Aarde van Egipte. Ek - JaHWeH julle Elohey. Lev 19:35 Julle mag geen onreg doen in die Reg, in lengtemaat, gewig of inhoudsmaat nie. Lev 19:36 Julle moet 'n regte weegskaal hê, regte weegstene, 'n regte efa en 'n regte hin. Ek - JaHWeH julle Elohey wat julle uit die Aarde van Egipte uitgelei het. Lev 19:37 Daarom moet julle al My Insettinge en al My Regsprake onderhou en hulle doen. Ek - JaHWeH. //Ek - JaHWeH is Apart - JisraEl wees julle ook Apart! Lev 20:1 VERDER het JaHWeH tot Moshè gespreek en gesê: Lev 20:2 Jy moet ook aan die kinders van JisraEl sê: Elkeen uit die kinders van JisraEl of uit die besoekers wat in JisraEl vertoef, wat enige van sy saad aan Molog gee, moet sekerlik gedood word. Die volk van die Aarde moet hom stenig. Lev 20:3 En Ek sal My Aangesig teen dié man rig en sal hom uitroei onder sy volk uit; want hy het van sy saad aan Molog gegee om My Apartheidsplek te besoedel asook die Naam van My Apartheid het hy besoedel. Lev 20:4 En as die volk van die Aarde hulle oë maar enigsins toemaak vir dié man as hy van sy saad aan Molog gee, sodat hulle hom nie doodmaak nie, Lev 20:5 dan sal Ek My Aangesig rig teen dié man en sy familie, en Ek sal hom en almal wat agter hom aan hoereer om agter Molog aan te hoereer, uitroei onder hulle volk uit. Lev 20:6 En as die siel keer na die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê om agter hulle aan te hoereer, sal Ek My Aangesig teen dié siel rig en haar uitroei onder sy volk uit. Lev 20:7 Stel julself dan apart en wees apartes, Ek - JaHWeH julle Elohey. Lev 20:8 En onderhou My Insettinge en doen haar. Ek [is] JaHWeH wat julle apart hou. Lev 20:9 Want elkeen wat sy vader of moeder vloek, moet sekerlik gedood word. Hy het sy vader of sy moeder gevloek. Sy bloedskuld is op hom. Lev 20:10 En as iemand vermeng met 'n man se vrou, vermeng met sy naaste se vrou, moet die manspersoon sowel as die vrou wat vermeng, het, sekerlik gedood word.[Brief van Jakobus 4:4] Lev 20:11 En as 'n man met sy vader se vrou gemeenskap het, het hy die geslagsdele van sy vader ontbloot. Hulle altwee moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle. [Génesis 9:23] Lev 20:12 En as 'n man met sy skoondogter gemeenskap het, moet hulle altwee sekerlik gedood word. Hulle het 'n gruwelike vermenging bewerk. Hulle bloedskuld is op hulle. Lev 20:13 En as 'n man met 'n manspersoon gemeenskap het soos 'n man met 'n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle. Lev 20:14 En as 'n man 'n vrou en haar moeder neem, is dit bloedvermenging hulle moet hom en dié twee met vuur verbrand: daar mag geen bloedvermenging onder julle wees nie. Lev 20:15 En as 'n man vleeslike gemeenskap het met 'n wilde wese, moet hy sekerlik gedood word, en die wilde wese moet julle vrekslaan. Lev 20:16 En as 'n vrou enige wilde wese nader om daarmee vleeslike gemeenskap te hê, moet jy die vrou en die wilde wese vrekslaan. Hulle moet sekerlik vrekgemaak word. Hulle bloedskuld is op hulle. [Levítikus 18:23] Lev 20:17 En as 'n man sy suster neem, sy vader se dogter of sy moeder se dogter, en hy haar geslagsdele sien en sy sy geslagsdele sien, is dit 'n skande. Daarom moet hulle voor die oë van die kinders van hulle volk uitgeroei word. Hy het die geslagsdele van sy suster ontbloot; hy moet sy straf dra. Lev 20:18 En as 'n man met 'n vrou gemeenskap het wat menstrueer, en haar geslagsdele ontbloot - hy het haar bloedvloeiïg ontbloot en die Fontein van haar bloed - dan moet hulle altwee uitgeroei word onder hulle volk uit. Lev 20:19 Ook mag jy die geslagsdele van jou moeder se suster en van jou vader se suster nie ontbloot nie, want hy het sy bloedverwante ontbloot; hulle moet hul straf dra. Lev 20:20 En as 'n man met sy tante gemeenskap het, het hy die geslagsdele van sy oom ontbloot. Hulle moet hul straf dra; sonder kinders sal hulle sterwe. Lev 20:21 En as 'n man sy broer se vrou neem, is dit bloedskande. Hy het die geslagsdele van sy broer ontbloot; sonder kinders sal hulle wees. Lev 20:22 Onderhou dan al My Insettinge en al My Regsprake en doen haar, dat die Aarde waarheen Ek julle bring om in haar te woon, julle nie uitspuug nie. Lev 20:23 En julle mag nie wandel in die insettinge van die nasie wat Ek voor julle uit verdrywe nie; want al hierdie dinge het hulle gedoen; daarom het Ek 'n afsku van hulle gekry. Lev 20:24 En Ek het vir julle gesê: Julle sal hulle Adamah[adamiet se Aarde] in besit neem, en Ék sal haar aan julle as besitting gee, 'n Aarde wat oorloop van melk en heuning. Ek - JaHWeH julle Elohey het julle van die volke afgesonder. Lev 20:25 Daarom moet julle 'n onderskeid maak tussen die suiwer en besoedelde diere, en tussen die besoedelde en suiwer voëls; en maak julle siel nie 'n gruwel deur diere of deur voëls of deur enigiets wat op die Adamah[adamiet se Aarde] roer nie - wat Ek vir julle uitgesonder het deur dit besoedel te verklaar. Lev 20:26 En julle moet vir My apartes wees, want Ek - JaHWeH, is apart; en Ek het julle van die volke afgeskei om Myne te wees. Lev 20:27 As daar 'n man of vrou 'n medium vir geeste is, of 'n fortuinverteller, moet hulle sekerlik gedood word. Hulle moet gestenig word. Hulle bloedskuld is op hulle. //Ek - JaHWeH is Apart - Priesters wees julle ook Apart Lev 21:1 EN JaHWeH het vir Moshè gesê: Spreek met die priesters, die seuns van Aäron, en sê vir hulle: Met 'n siel moet [hy] hom nie besoedel onder sy volksgenote nie; Lev 21:2 behalwe aan sy bloedverwant, sy nabestaande: aan sy moeder en sy vader en sy seun en sy dogter en sy broer; Lev 21:3 en aan sy suster wat 'n maagd is, sy nabestaande, wat nie aan 'n man toebehoort het nie - aan haar mag hy hom besoedel. Lev 21:4 Hy mag hom as getroude man nie besoedel onder sy volksgenote om hom te onteer nie. Lev 21:5 Hulle mag op hul hoof geen kaalte maak en die rand van hulle baard nie wegskeer en in hulle vlees geen insnyding maak nie. Lev 21:6 Laat hulle apartes aan hulle Elohey wees en die Naam van hulle Elohey nie besoedel nie; want hulle brand die vure van JaHWeH, en die brood van hulle Elohey bring hulle nader, sodat hulle apart gestel wees. Lev 21:7 Hulle mag geen vrou neem wat 'n hoer of 'n onteerde is nie; en 'n vrou wat deur haar man verstoot is, mag hulle nie neem nie; want hy is apart gestel aan sy Elohey. Lev 21:8 Daarom moet jy hom apart hou, omdat hy die brood van jou Elohey naderbring. Hy moet vir jou apart gestel wees, want Ek - JaHWeH, hou julle apart. Lev 21:9 En as die dogter van 'n priester haar besoedel om te hoereer, besoedel sy haar vader; met vuur moet sy verbrand word. Lev 21:10 En die priester wat die hoogste onder sy broers is, op wie se hoof die salfolie uitgegiet is en wat as priester aangestel is om die klere aan te trek - hy mag sy hoof nie ontbloot nie en geen skeure in sy klere maak nie. Lev 21:11 En hy mag by geen siel van 'n dooie kom nie, [selfs] aan sy vader en moeder hom nie besoedel nie; Lev 21:12 en hy mag uit die Apartheidsplek nie uitgaan nie, sodat hy die Apartheidsplek van sy Elohey nie besoedel nie, want die Separatisme van die Salwingsolie van sy Elohey is op hom. Ek - JaHWeH. Lev 21:13 En hy moet 'n vrou in haar maagdelike staat neem. Lev 21:14 'n Weduwee of een wat verstoot is of 'n besoedelde, [of] 'n hoer - hulle moet hy nie neem nie; maar 'n maagd uit sy volksgenote moet hy as vrou neem, Lev 21:15 dat hy nie sy saad onder sy volksgenote vermeng nie; want Ek - JaHWeH hou hom apart. Lev 21:16 Verder het JaHWeH tot Moshè gespreek en gesê: Lev 21:17 Spreek met Aäron en sê: Laat 'n man uit jou saad, in al julle geslagte, aan hom [wie] 'n gebrek is, hy mag nie nader kom om die brood van sy Elohey nader te bring nie. Lev 21:18 Want elke man wat 'n gebrek aan hom het, mag nie nader kom nie: 'n blinde man of 'n lamme of een wat 'n plat neus het of iemand by wie 'n liggaamsdeel te lank is, Lev 21:19 of iemand wat 'n gebreekte voet of 'n gebreekte arm het, Lev 21:20 of wat 'n boggel het of uitgeteer is of 'n vlek in sy oog het of aan skurfte of uitslag ly of aan sy testikels gekastreer is. Lev 21:21 Elke man wat 'n gebrek aan hom het uit die saad van Aäron, die priester, mag nie nader kom om die vure van JaHWeH te brand nie. 'n Gebrek is aan hom; hy mag nie kom om die brood van sy Elohey nader te bring nie. Lev 21:22 [Wat] die brood van sy Elohey [aangaan], van die apartgesteldes van die Aparthede en uit die Aparthede [moet] hy eet; Lev 21:23 maar hy mag nie na die voorhangsel gaan en na die altaar nie nader kom nie, omdat 'n gebrek aan hom is, dat hy My Apartheidsplekke nie besoedel nie; want Ek - JaHWeH stel hulle apart. Lev 21:24 En Moshè het dit aan Aäron en sy seuns gesê en aan al die kinders van JisraEl. //Ek - JaHWeH is Apart - Priesters, hou julle voedsel Apart. Lev 22:1 VERDER het JaHWeH tot Moshè gespreek en gesê: Lev 22:2 Spreek met Aäron en sy seuns dat hulle hulself moet afskei van die apartgesteldes, van die kinders van JisraEl, wat hulle aan My toewy - sodat hulle [die] Naam van My Apartheid nie besoedel nie. Ek - JaHWeH. Lev 22:3 Sê vir hulle: Enigeen in julle saad wat uit al julle geslagte na die Aparthede, nader kom wat die kinders van JisraEl aan JaHWeH toewy, terwyl sy besmetting op hom is; dié siel sal haar afsny van My Aangesig af weg. Ek - JaHWeH. Lev 22:4 Niemand uit die saad van Aäron wat melaats is of 'n vloeiing het, mag in die Aparthede eet voordat hy nie gesuiwer is nie. En hy wat aan iemand raak wat deur 'n siel besmet is, of 'n man van wie saad in gemeenskap uitgegaan het, Lev 22:5 of 'n man wat aan enige kruipende ongedierte raak, waardeur hy besoedel word, of aan 'n adamiet, deur wie hy besoedel word ten gevolge van watter besoedeling ook al - Lev 22:6 'n siel wat aan so iets raak, sal tot die aand toe besoedel wees, en hy mag van die Aparthede nie eet nie tensy dat hy sy liggaam in die water gebad het. Lev 22:7 Maar as die son onder is, sal hy gesuiwer wees; en daarna kan hy van die aparthede eet, want dit is sy voedsel. Lev 22:8 Aas of iets wat verskeur is, mag hy nie eet, sodat hy daardeur nie besoedel word nie. Ek - JaHWeH. Lev 22:9 Hulle moet dan My Verordeninge onderhou, dat hulle geen oortreding op hulle laai en daardeur sterwe nie, omdat hulle haar besoedel het. Ek - JaHWeH stel hulle apart. Lev 22:10 Ook mag geen verbasterde eet [wat] van Apartheid is nie. 'n Bywoner by 'n priester en 'n dagloner mag nie eet [wat] van Apartheid is nie. Lev 22:11 Maar as 'n priester 'n siel met sy silwer koop, mag dié daarvan eet, en die wat in sy huis gebore is; hulle mag van sy voedsel eet. Lev 22:12 Maar as die dogter van 'n priester aan 'n verbasterde man behoort, mag sy van die bydraes van die Aparthede nie eet nie. Lev 22:13 Maar as die dogter van 'n priester 'n weduwee is of verstoot word en sy kinderloos in die huis van haar vader terugkom soos in haar jeug, dan mag sy van die brood van haar vader eet; maar geen verbasterde mag van hom eet nie. Lev 22:14 En as iemand by vergissing iets eet wat van Apartheid is, moet hy die vyfde deel daarvan byvoeg, en so gee aan die priester wat van die Apartheid is. Lev 22:15 So moet hulle dan die apartheids [-gawes], wat die kinders van JisraEl aan JaHWeH afgee, nie besoedel nie, Lev 22:16 en op hulle geen straf vir oortreding laai deurdat hulle van die apartgesteldes sou eet nie; want Ek - JaHWeH stel dit apart. Lev 22:17 Verder het JaHWeH tot Moshè gespreek en gesê: Lev 22:18 Spreek met Aäron en sy seuns en met al die kinders van JisraEl en sê vir hulle: Enigeen uit die huis van JisraEl of uit die besoekers in JisraEl wat sy bydrae naderbring - al hulle Geloftes en al hulle vrywillige bydraes wat hulle aan JaHWeH as brandoffer naderbring - Lev 22:19 so dat julle Vreugde kan vind: 'n manlike dier wat raseg is, van die beeste, die lammers of die bokke. Lev 22:20 Julle mag nie iets naderbring wat 'n gebrek aan hom het nie, want dit sal julle nie vreugde verskaf nie. Lev 22:21 En as iemand 'n slagdier van vergoedinge aan JaHWeH naderbring om 'n buitengewone Gelofte te doen of as vrywillige skenking, van die beeste of die kleinvee, dan moet dit raseg wees, sodat dit welgevallig kan wees; geen gebrek mag daaraan wees nie. Lev 22:22 Wat blind is of wat gebreekte of verminkte liggaamsdele het of swere of skurfte of uitslag - dit moet julle aan JaHWeH nie naderbring nie, en daarvan mag julle vir JaHWeH geen vuurbereiding op die altaar lê nie. Lev 22:23 Maar 'n bees of stuk kleinvee waarvan 'n liggaamsdeel te lank of te kort is, mag jy as vrywillige skenking berei; maar vir 'n Gelofte sal dit nie met welgevalle aangeneem word nie. Lev 22:24 'n Dier wat ontman is deur vrywe of stamp, deur uitskeur of uitsny, mag julle aan JaHWeH nie naderbring nie: in julle Aarde mag julle dit nie doen nie, Lev 22:25 en uit die hand van 'n volksvreemde mag julle geen brood naderbring aan julle Elohey nie van enige van hierdie [nie], want hulle korrupsie kleef aan hulle, gebreke is in hulle: hulle sal vir julle nie met welgevalle aangeneem word nie. Lev 22:26 Verder het JaHWeH tot Moshè gespreek en gesê: Lev 22:27 As 'n bees of 'n lam of 'n bok aankom, moet dit sewe dae lank onder sy moeder bly; maar van die agtste dag af en verder sal dit met welgevalle vir 'n bydrae aangeneem word, deur vuur berei aan JaHWeH. Lev 22:28 'n Bees of stuk kleinvee mag julle ook nie saam met sy kleintjie op een dag doodbloei nie. Lev 22:29 En as julle 'n slagdier slag as 'n danksegging tot JaHWeH, slag dit tot julle vreugde. Lev 22:30 Op dieselfde dag moet dit geëet word. Julle moet daarvan niks laat oorbly tot die môre toe nie. Ek - JaHWeH. Lev 22:31 Hou dan My Gebooie en doen haar. Ek - JaHWeH. Lev 22:32 En besoedel die Naam van My Apartheid nie, sodat Ek bekend gemaak kan word onder die kinders van JisraEl. Ek - JaHWeH hou julle apart, Lev 22:33 en het julle uit die Aarde van Egipte uitgelei om vir julle 'n Elohim te wees. Ek - JaHWeH. //Ek - JaHWeH is Apart - JisraEl, hou My samekomste in Apartheid. [Númeri 28:16-31; Númeri 29] Lev 23:1 VERDER het JaHWeH tot Moshè gespreek en gesê: Lev 23:2 Spreek met die kinders van JisraEl en sê vir hulle: Die Feestye van JaHWeH wat julle moet uitroep as samekomste in Apartheid - dit is My Feestye. Lev 23:3 Ses dae lank kan werk gedoen word, maar op die sewende dag is dit 'n Sabbat van Sabbatsonderhouding, 'n samekoms van Apartheid; géén werk mag julle doen nie - dit is 'n Sabbat van JaHWeH in al julle woonplekke. Lev 23:4 Dit is die Feestye van JaHWeH, samekomste van Apartheid wat julle moet uitroep op hulle bepaalde tyd. Lev 23:5 In die eerste maand, op die veertiende van die maand, teen die aand, is die Pasga van JaHWeH; Lev 23:6 en op die vyftiende dag van hierdie maand is die Fees van die Ongesuurde Brode van JaHWeH; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet. Lev 23:7 Op die eerste dag moet daar vir julle 'n samekoms van Apartheid wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Lev 23:8 Maar julle moet nader kom om sewe dae lank aan JaHWeH 'n bereiding deur vuur te bring. Op die sewende dag moet daar 'n samekoms van Apartheid wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Lev 23:9 En JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê: Lev 23:10 Spreek met die kinders van JisraEl en sê aan hulle: As julle in die Aarde kom wat Ek julle gee en haar oes afoes, moet julle die Eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring. Lev 23:11 En hy moet die Gerf voor die Aangesig van JaHWeH wuif, sodat Hy vir julle 'n Vreugde kan wees; die dag ná die Sabbat moet die priester Hom wuif. Lev 23:12 Julle moet ook op die dag as julle die Gerf wuif, 'n jaaroud-lam wat raseg is as brandoffer aan JaHWeH berei, Lev 23:13 en die spysbydrae wat by hom behoort, twee-tiendes [van 'n efa] fynmeel met olie gemeng deur vuur berei aan JaHWeH, 'n aangename geur, en by hom die drank van wyn, 'n kwart-hin. Lev 23:14 En julle mag geen brood of gebraaide koring van vars graan eet tot daardie selfde dag toe nie, totdat julle die bydrae van julle Elohey bring. Dit is 'n ewige Insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke. Lev 23:15 Dan moet julle tel van die dag ná die Sabbat, van die dag af dat julle die gerf geswaai het - sewe volle weke moet dit wees; Lev 23:16 tot die dag ná die sewende Sabbat moet julle vyftig dae tel; dan moet julle 'n nuwe spysbydrae aan JaHWeH naderbring. [Deuteronómium 26] Lev 23:17 Julle moet uit jul woonplekke twee geswaaide brode bring; sy moet van twee-tiendes [van 'n efa] fynmeel wees; gesuurd moet sy gebak word as eerstelinge aan JaHWeH. Lev 23:18 Julle moet naderbring by die brood sewe jaaroud-lammers wat raseg is, een jong bul en twee ramme. Sy moet 'n brandoffer aan JaHWeH wees saam met hulle spysbydrae en hulle drank wat daarby behoort as vuur van aangename geur aan JaHWeH. Lev 23:19 En julle moet een bokram vir die oortreding berei. Ook twee jaaroud-lammers as slagdiere van ver-goedinge Lev 23:20 en die priester moet hulle saam met die brood van eerstelinge swaaiende voor die Aangesig van JaHWeH wuif saam met die twee lammers; Apartheid is hulle aan JaHWeH vir die priester. Lev 23:21 En julle moet op daardie selfde dag uitroep: 'n Samekoms van Apartheid moet dit vir julle wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Dit is 'n ewige Insetting in al julle woonplekke vir julle geslagte. Lev 23:22 En as julle die oes van jul Aarde afoes, moet jy die kant van jou land as jy oes nie heeltemal afoes en die are wat val, nie versamel nie. Vir die arme en die besoeker moet jy dit laat oorbly. Ek - JaHWeH julle Elohey. Lev 23:23 En JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê: Lev 23:24 Spreek met die kinders van JisraEl en sê: In die sewende maand, op die eerste van die maand, moet dit vir julle 'n dag van Sabbatsonderhouding wees, 'n herinnering deur [basuin]geklank, 'n Samekoms van Apartheid. Lev 23:25 Géén beroepswerk mag julle doen nie; maar julle moet aan JaHWeH 'n bereiding deur vuur naderbring. Lev 23:26 Verder het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: Lev 23:27 Maar op die tiende van hierdie sewende maand is dit die dag van Versoening. 'n Samekoms van Apartheid moet dit vir julle wees; dan moet julle jul siel verootmoedig en aan JaHWeH 'n bereiding deur vuur naderbring. Lev 23:28 En op daardie selfde dag mag julle géén werk doen nie, want dit is 'n dag van Versoening om vir julle versoening te doen voor die Aangesig van JaHWeH julle Elohey. Lev 23:29 Want elke siel wat haar nie verootmoedig in liggaam [op] die dag nie, dié siel sal haar afsny uit haar volksgenote. Lev 23:30 En elke siel wat in liggaam enige werk doen [op] hierdie dag, Ek sal dié siel vernietig vanuit haar volk uit. Lev 23:31 Julle mag géén werk doen nie; dit is 'n ewige Insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke. Lev 23:32 'n Sabbat van Sabbatsonderhouding moet dit vir julle wees, en julle moet jul siel verootmoedig. Op die negende van die maand na sononder, van sononder tot sononder, moet julle op jul Sabbat sabbatteer. Lev 23:33 En JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê: Lev 23:34 Spreek met die kinders van JisraEl en sê: Op die vyftiende dag van hierdie sewende maand is dit sewe dae lank die Fees van die Takskuilings aan JaHWeH. Lev 23:35 Op die eerste dag moet daar 'n samekoms van Apartheid wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Lev 23:36 Sewe dae lank moet julle aan JaHWeH 'n bereiding deur vuur naderbring. Op die agtste dag moet daar vir julle 'n samekoms van Apartheid wees, en julle moet aan JaHWeH 'n bereiding deur vuur naderbring. Dit is 'n Feestyd; julle mag geen beroepswerk doen nie. Lev 23:37 Dit is die Feestye van JaHWeH wat julle moet uitroep as samekomste van Apartheid om aan JaHWeH 'n bereiding deur vuur nader te bring: 'n brandoffer en spysbydrae, 'n slagdier en die dranke soos vir die dag tot dag woorde aan julle; [1 Ezra 5:52] Lev 23:38 behalwe die Sabbatte van JaHWeH en behalwe julle gawes en behalwe al julle Geloftes en behalwe al julle vrywillige bydraes wat julle aan JaHWeH gee. Lev 23:39 Maar op die vyftiende dag van die sewende maand, wanneer julle die produkte van die Aarde insamel, moet julle die Fees van JaHWeH sewe dae lank vier; op die eerste dag is dit 'n Sabbatsonderhouding, en op die agtste dag is dit Sabbatsonderhouding. Lev 23:40 En op die eerste dag moet julle vir julle neem die opbrengs van pragtige bome, met palms van palmtakke en takke van digte bome en wilgers van die vlei, en sewe dae lank voor die Aangesig van JaHWeH julle Elohey vrolik wees. Lev 23:41 En julle moet dit as Fees van JaHWeH sewe dae in die jaar vier. Dit is 'n ewige Insetting vir julle geslagte. In die sewende maand moet julle dit vier. Lev 23:42 Sewe dae lank moet julle in 'n takskuiling woon; almal wat in JisraEl gebore is, moet in 'n takskuiling woon, Lev 23:43 sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van JisraEl in takskuilings laat woon het toe Ek hulle uit die Aarde van Egipte uitgelei het. Ek - JaHWeH julle Elohey. Lev 23:44 So het Moshè dan die Feestye van JaHWeH aan die kinders van JisraEl bekend gemaak. //Lasteraars van die NAAM JaHWeH moet gedood word! Lev 24:1 EN JaHWeH het tot Moshè gespreek en gesê: Lev 24:2 Gee bevel aan die kinders van JisraEl dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die kandelaar moet bring, om voortdurend 'n brandende lamp te hê. Lev 24:3 Aäron moet haar buitekant die voorhangsel van die Getuienis, in die Tent van Samekoms, regmaak [om te brand] van die aand tot die môre voor die Aangesig van JaHWeH, voortdurend. Dit is 'n ewige Insetting vir julle geslagte. Lev 24:4 Hy moet op die suiwer kandelaar die lampe regmaak [om te brand] voor die Aangesig van JaHWeH, voortdurend. Lev 24:5 Jy moet ook fynmeel neem en twaalf koeke daarvan bak, twee tiendes [van 'n efa] moet elke koek wees; Lev 24:6 en jy moet hulle in twee stapels neersit, ses in 'n stapel, op die suiwer tafel voor die Aangesig van JaHWeH. Lev 24:7 En by elke stapel moet jy suiwer wierook byvoeg, wat vir die brood as herdenking moet dien, as bereiding deur vuur aan JaHWeH. Lev 24:8 Op elke Sabbatdag moet hy dit voortdurend voor die Aangesig van JaHWeH regsit, van die kant van die kinders van JisraEl as 'n ewige Insetting. Lev 24:9 En dit moet aan Aäron en sy seuns toekom: hulle moet dit in 'n aparte plek eet; want Apartheid van Aparthede is dit aan hom, uit die vure van JaHWeH - 'n ewige Insetting. Lev 24:10 EN die seun van 'n JisraElitiese vrou - maar hy was die seun van 'n Egiptiese man - het uitgegaan tussen die kinders van JisraEl in; en die seun van die JisraElitiese vrou en 'n JisraElitiese man het met mekaar geveg in die laer. Lev 24:11 Toe het die seun van die JisraElitiese vrou die NAAM gelaster en gevloek. Daarom het hulle hom na Moshè gebring. En die naam van sy moeder was Sélomit, die dogter van Dibri, van die stam van Dan. Lev 24:12 En hulle het hom in die gevangenis gesit, dat hulle 'n beslissing kon verkry volgens bevel van JaHWeH. Lev 24:13 En JaHWeH het tot Moshè gespreek en gesê: Lev 24:14 Bring die vloeker buitekant die laer uit, en almal wat hom gehoor het, moet hulle hande op sy hoof lê; dan moet die hele vergadering hom stenig. Lev 24:15 En met die kinders van JisraEl moet jy spreek en sê: As iemand sy Elohey vloek, sal hy sy oortreding dra. Lev 24:16 En wie die Naam van JaHWeH laster, moet sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom sekerlik stenig. Die besoeker net soos die kind van die Aarde - as hy die NAAM laster, moet hy gedood word. Lev 24:17 En 'n man wat enige siel van 'n adamiet verslaan, hy moet sekerlik gedood word. Lev 24:18 Maar hy wat 'n siel van vee slaan, moet daar vergoeding voor gee; siel vir siel. Lev 24:19 En as iemand aan sy volksgenoot 'n gebrek toebring - soos hy gedoen het, net so moet ook aan hom gedoen word: Lev 24:20 breuk vir breuk, oog vir oog, tand vir tand - dieselfde gebrek wat hy aan 'n adamiet toebring, moet ook aan hom toegebring word. Lev 24:21 Hy dan wat vee doodslaan, moet daar vergoeding voor gee; maar hy wat 'n adamiet doodslaan, moet gedood word. Lev 24:22 Net een Reg moet daar vir julle wees - die besoeker moet soos die kind van die Aarde wees; Ek - JaHWeH julle Elohey. Lev 24:23 Moshè het toe met die kinders van JisraEl gespreek, en hulle het die vloeker buitekant die laer uitgebring en hom gestenig. En die kinders van JisraEl het gedoen soos JaHWeH aan Moshè beveel het. //Wette oor die Sabbatsjaar en die Jubeljaar Lev 25:1 VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek by die berg Sinai en gesê: Lev 25:2 Spreek met die kinders van JisraEl en sê vir hulle: As julle in die Aarde inkom wat Ek julle gee, laat die Aarde sabbatteer, 'n Sabbat vir JaHWeH. [JeshaJaH 29:1] Lev 25:3 Ses jaar lank mag jy jou land saai en ses jaar lank jou wingerd snoei en haar produk insamel; Lev 25:4 maar in die sewende jaar moet daar vir die Aarde 'n Sabbat van Sabbatsonderhouding wees, 'n Sabbat van JaHWeH; jou land mag jy nie saai en jou wingerd nie snoei nie. Lev 25:5 Wat van jou oes opslaan, moet jy nie afoes nie, en die druiwe van jou ongesnoeide wingerdstok nie afsny nie. Dit moet 'n jaar van Sabbats-onderhouding vir die Aarde wees. Lev 25:6 En die Sabbat van die Aarde sal julle voedsel wees; vir jou en jou slaaf en jou slavin en jou dagloner en jou vreemdeling wat by jou vertoef, Lev 25:7 en vir jou vee en die lewende wat in jou deel van die Aarde is, sal al haar produkte wees om te eet. Lev 25:8 En tel vir jouself sewe sabbatte van jare - sewe maal sewe jaar; sodat die dae van die sewe sabbatte van jare vir jou nege-en-veertig jaar is. Lev 25:9 Dan moet jy in die sewende maand, op die tiende van die maand, 'n geblaas van ramshoring laat deurgaan; in die dag van Versoening moet julle die ramshoring deur julle hele deel van die Aarde laat gaan. Lev 25:10 En julle moet die vyftigste jaar afsonder en 'n vrylating in die Aarde uitroep aan al haar bewoners. Dit moet vir julle 'n jubeljaar wees; dan moet julle elkeen na sy besitting en elkeen na sy familie teruggaan. Lev 25:11 'n Jubeljaar moet dit, die vyftigste jaar, vir julle wees. Julle mag nie saai nie, ook nie afoes wat dan opslaan en moet dit nie snoei nie - separatisme [is dit]. Lev 25:12 Want dit is 'n jubeljaar, dit moet vir julle 'n Apartheid wees: van die Aarde af moet julle haar produkte eet. Lev 25:13 In hierdie jubeljaar moet julle elkeen na sy besitting teruggaan. Lev 25:14 Daarom, as jy iets aan jou naaste verkoop of van jou naaste koop, moet julle mekaar nie verdruk nie; Lev 25:15 volgens die getal jare ná die jubeljaar moet jy van jou naaste koop; volgens die getal jare dat daar 'n oes is, moet hy dit aan jou verkoop; Lev 25:16 volgens die groter aantal jare moet jy die koopprys daarvan vermeerder, en volgens die kleiner aantal jare moet jy die koopprys daarvan verminder, want hy verkoop aan jou die aantal oeste. Lev 25:17 Laat niemand dan sy naaste verdruk nie, en vrees jy jou Elohey; Ek - JaHWeH julle Elohey. Lev 25:18 En doen My Insettinge en onderhou My Regsprake en doen haar, dat julle veilig kan woon in die Aarde. Lev 25:19 En die Aarde sal haar vrug gee, en julle sal volop eet en veilig op haar woon. Lev 25:20 En as julle sê: Wat moet ons in die sewende jaar eet as ons nie mag saai nie en ons oes nie mag insamel nie? - Lev 25:21 dan gebied Ek My seën vir julle in die sesde jaar, en dit sal die oes vir die drie jare oplewer. Lev 25:22 En in die agtste jaar moet julle saai en van die ou produkte eet tot die negende jaar toe; totdat haar produkte hiervan inkom, moet julle die oue eet. Lev 25:23 Die Aarde moet ook nie vir altyd verkoop word nie; want die Aarde is Myne, omdat julle besoekers en vreemdelinge by My is. Lev 25:24 Daarom moet julle, in die hele Aarde van julle besitting, Reg van Lossing van die Aarde toelaat. Lev 25:25 As jou broer verarm en van sy besitting verkoop, moet sy losser wat sy naasbestaande is, kom en hy moet los wat sy broer verkoop het. Lev 25:26 En as iemand geen losser het nie, maar dit kan bekostig en genoeg vind vir die lossing, Lev 25:27 moet hy die jare bereken dat dit verkoop is, en wat oorskiet, moet hy aan die man aan wie hy verkoop het, teruggee en dan na sy besitting teruggaan. Lev 25:28 Maar as hy nie genoeg vind om dit terug te koop nie, moet die verkoopte goed in die hand van die koper bly tot die jubeljaar toe; maar in die jubeljaar moet dit vry word, en hy moet na sy besitting teruggaan. Lev 25:29 En as iemand 'n woonhuis in 'n ommuurde stad verkoop, moet daar Reg van Lossing wees tot die end van die jaar dat dit verkoop is; 'n jaar lank moet daar Reg van Lossing wees. Lev 25:30 Maar as dit nie gelos word voordat 'n hele jaar verby is nie, moet die huis wat in die ommuurde stad is, vir altyd die eiendom van sy koper bly vir sy geslagte; in die jubeljaar sal dit nie vry word nie. Lev 25:31 Maar die huise van die dorpe wat rondom geen muur het nie, moet by die veld van die Aarde gereken word; daar moet Reg van Lossing voor wees en in die jubeljaar moet dit vry word. Lev 25:32 Wat die stede van die Leviete aangaan, die huise in die stede wat in hulle besit is - vir die Leviete moet daar 'n ewige Reg van Lossing wees. Lev 25:33 En as iemand van die Leviete dit sal los, moet die huis wat verkoop is, naamlik in die stad van sy besitting, in die jubeljaar vry word; want die huise in die stede van die Leviete is hulle besitting onder die kinders van JisraEl. Lev 25:34 En die weiveld om hulle stede mag nie verkoop word nie, want sy is 'n ewige besitting vir hulle. Lev 25:35 En as jou broer by jou verarm en agterraak, moet jy hom ondersteun, soos 'n besoeker en vreemdeling, dat hy by jou kan lewe. Lev 25:36 Jy moenie rente of wins van hom neem nie, maar jy moet jou Elohey vrees, dat jou broer by jou kan lewe. Lev 25:37 Jou silwer mag jy hom nie op rente gee nie, en jou eetware mag jy nie teen wins gee nie. Lev 25:38 Ek - JaHWeH julle Elohey, wat julle uit die Aarde van Egipte uitgelei het om julle die Aarde van Kanaän te gee, om julle Elohim te wees. Lev 25:39 En as jou broer by jou verarm en hom aan jou verkoop, mag jy hom nie as slaaf laat dien nie. Lev 25:40 Soos 'n dagloner, soos 'n vreemdeling moet hy by jou wees; tot die jubeljaar toe moet hy by jou dien; Lev 25:41 dan moet hy vry van jou af weggaan, hy en sy kinders saam met hom; en hy moet na sy familie terugkeer en na die besitting van sy vaders teruggaan. Lev 25:42 Want hulle is My knegte wat Ek uit die Aarde van Egipte uitgelei het; hulle mag nie verkoop word as slawe nie. Lev 25:43 Jy mag nie met hardheid oor hom heers nie, maar jy moet jou Elohey vrees. Lev 25:44 Wat jou slaaf of jou slavin aangaan wat aan jou sal behoort - van die nasies wat rondom julle is, van hulle mag julle 'n slaaf of slavin koop. Lev 25:45 En ook van die kinders van die vreemdeling wat by julle vertoef - van hulle mag julle koop en van hulle familie wat by julle is, wat hulle in julle Aarde verwek het; en dié sal vir julle 'n besitting wees. Lev 25:46 En julle mag dié aan julle kinders ná julle nalaat as 'n erflike besitting; vir ewig mag julle hulle laat dien. Maar oor julle broers, die kinders van JisraEl, die een oor die ander - oor hom mag jy nie met hardheid heers nie. Lev 25:47 En as 'n besoeker of vreemdeling by jou vermoënd word, en jou broer by hom verarm en hy homself aan 'n besoeker [of] bywoner by jou verkoop, of aan 'n familielid uit die familie van 'n besoeker, Lev 25:48 dan moet daar vir hom, nadat hy hom verkoop het, Reg van Lossing wees; een van sy broers kan hom los, Lev 25:49 of sy oom of sy oom se seun kan hom los, of een van sy bloedverwante uit sy familie kan hom los, of as hy dit kan bekostig, kan hy homself los. Lev 25:50 En hy moet met sy koper reken van die jaar af dat hy hom aan hom verkoop het, tot die jubeljaar toe. En die prys waarvoor hy hom verkoop het, moet wees volgens die aantal jare; soos 'n dagloner sal hy dan dié tyd by hom gewees het. Lev 25:51 As daar nog baie jare is, moet hy volgens hulle sy lossing uit die silwer waarvoor hy gekoop is, teruggee; Lev 25:52 en as daar maar min jare tot die jubeljaar toe oor is, moet hy daarmee rekening hou; volgens die jare moet hy sy lossing teruggee. Lev 25:53 Soos een wat van jaar tot jaar loonarbeider is, moet hy by hom wees; hy mag nie met hardheid oor hom voor jou oë heers nie. Lev 25:54 En as hy nie op dié wyse gelos word nie, moet hy in die jubeljaar vrygelaat word, hy en sy kinders saam met hom. Lev 25:55 Want die kinders van JisraEl is My knegte; My knegte is hulle wat Ek uit die Aarde van Egipte uitgelei het. Ek - JaHWeH julle Elohey. //Seëninge vir Sabbatsonderhouding en Vervloeking vir Sabbatskending. Lev 26:1 JULLE mag vir julle geen drek maak nie; 'n gesnede afbeelding of 'n kliptoring mag julle vir julle nie oprig nie en 'n vertoonstuk van klip in julle Aarde nie opstel om julle neer te buig oor haar nie; Ek - JaHWeH julle Elohey. Lev 26:2 My Sabbatte moet julle hou en My Apartheidsplek eerbiedig. Ek - JaHWeH. Lev 26:3 As julle in My Insettinge wandel en My Gebooie hou en haar doen, Lev 26:4 sal Ek julle reëns gee op die regte tyd, en die Aarde sal haar opbrengs gee, en die bome van die veld sal hulle vrugte gee. Lev 26:5 En die dorstyd sal vir julle aanhou tot die druiwe-oes, en die druiwe-oes sal aanhou tot die saaityd, en julle sal jul brood volop eet en veilig in julle Aarde woon. Lev 26:6 Ook sal Ek Vrede gee in die Aarde, sodat julle sal lê en rus sonder dat iemand julle skrikmaak; en Ek sal die besoedelde wesens uit die Aarde laat verdwyn, en geen swaard sal deur julle Aarde trek nie. Lev 26:7 En julle sal jul vyande agtervolg, en hulle sal voor julle val deur die swaard. Lev 26:8 Vyf van julle sal honderd agtervolg, en honderd van julle sal tienduisend agtervolg; en julle vyande sal voor julle val deur die swaard. Lev 26:9 En Ek sal My na julle wend en julle vrugbaar maak en julle vermenigvuldig; en My Verbond sal Ek met julle bevestig. [Génesis 17; Psalm 105] Lev 26:10 Julle sal ou koring van vorige jare eet en die oue laat plek maak vir die nuwe. Lev 26:11 En Ek sal My Tabernakel onder julle oprig, en My Siel sal van julle geen afsku hê nie. Lev 26:12 En Ek sal in jul midde wandel en vir julle 'n Elohim wees, en julle sal vir My 'n volk wees. Lev 26:13 Ek - JaHWeH julle Elohey, het julle uit die Aarde van Egipte uitgelei, dat julle nie hulle slawe moet wees nie; en Ek het julle jukskeie verbreek en het julle regop laat loop. Lev 26:14 Maar as julle nie na My luister en al hierdie Gebooie nie doen nie; Lev 26:15 en as julle My Insettinge verwerp, en as julle siel van My Regsprake'n afsku het, sodat julle nie al My Gebooie doen nie en My Verbond verbreek - Lev 26:16 dan sal Ék dit ook aan julle doen: Ek sal verskrikking oor julle beskik: die tering en die koors wat die oë verteer en die siel laat versmag; julle sal ook tevergeefs julle saad saai, want julle vyande sal dit opeet. Lev 26:17 En Ek sal My Aangesig teen julle rig, sodat julle voor die aangesig van jul vyande verslaan word; en julle haters sal oor julle heers, en julle sal vlug terwyl niemand julle agtervolg nie. Lev 26:18 En as julle dan nog nie na My luister nie, sal Ek voortgaan om julle sewevoudig weens julle oortredinge te tugtig. Lev 26:19 En Ek sal julle trotse mag verbreek, en sal julle Hemele maak soos yster en julle Aarde soos koper. Lev 26:20 En julle krag sal tevergeefs verbruik word, want julle Aarde sal haar opbrengs nie gee nie, en die bome van die Aarde sal hulle vrugte nie gee nie. Lev 26:21 En as julle jul teen My versit en na My nie wil luister nie, sal Ek meer plae op julle lê, sewevoudig volgens julle oortredinge. [Boekrol van Henog 97:10] Lev 26:22 En Ek sal die wilde wesens van die veld onder julle in stuur, en dié sal julle kinderloos maak en julle vee uitroei en julle verminder, sodat julle Paaie verlate sal wees. Lev 26:23 En as julle hierdeur jul nie deur My laat tugtig nie, maar julle teen My versit, Lev 26:24 sal Ek My ook teen julle versit en julle ook sewevoudig tref weens julle oortredinge. Lev 26:25 En Ek sal 'n Swaard oor julle bring wat die wraak van die Verbond sal uitoefen; en as julle dan in jul stede terugtrek, sal Ek pes onder julle in stuur, en julle sal in die hand van die vyand oorgegee word. Lev 26:26 As Ek vir julle die Staf van die Brood verbreek, sal tien vroue julle brood in een oond bak en julle brood by die gewig teruggee; en julle sal eet, maar nie versadig word nie. Lev 26:27 As julle ook hierom nie na My luister nie, maar julle teen My versit, Lev 26:28 sal Ek My Grimmigheid teen julle versit, en Ek sal julle ook sewevoudig tugtig weens julle oortredinge. Lev 26:29 En julle sal die vlees van julle seuns eet, en die vlees van julle dogters sal julle eet. Lev 26:30 En Ek sal julle Hoogtes verwoes en julle sontorings verdelg en julle lyke op die lyke van julle drek-idole gooi; en My Siel sal 'n afsku van julle hê. Lev 26:31 En Ek sal julle stede puinhope maak en julle apartheidsplekke verwoes en julle aangename geur nie ruik nie. Lev 26:32 Ja, Ek self sal die Aarde verwoes, sodat julle vyande wat in haar woon, oor haar verstom sal staan. Lev 26:33 En Ek sal julle onder die nasies verstrooi en 'n Swaard agter julle uittrek; en julle Aarde sal verlate en julle stede puinhope word. Lev 26:34 Dan sal die Aarde vir haar Sabbatte vergoeding kry, al die dae van haar verwoesting, terwyl julle in die Aarde van julle vyande is; dan sal die Aarde sabbatteer en vir haar Sabbatte vergoeding gee. Lev 26:35 Al die dae van haar verwoesting sal sy sabbatteer - omdat sy nie gesabbatteer het op julle Sabbatte toe julle op haar gewoon het nie. Lev 26:36 En wat aangaan diegene wat onder julle oorgebly het - Ek sal in hulle hart 'n vreesagtigheid bring in die Aarde van hulle vyande, sodat die geruis van 'n verwaaide blaar hulle op die loop sal ja; en hulle sal vlug, soos iemand vir 'n swaard vlug en val sonder dat iemand agtervolg. Lev 26:37 En hulle sal struikel die een oor die ander soos vir die swaard, alhoewel niemand agtervolg nie; en julle sal voor die aangesig van julle vyande nie kan standhou nie. Lev 26:38 Maar julle sal omkom onder die nasies, en die Aarde van julle vyande sal julle verteer. Lev 26:39 En die wat onder julle oorgebly het, sal oor hulle ongeregtigheid wegteer in die Aarde van julle vyande, ja, ook oor die ongeregtigheid van hulle vaders sal julle saam met hulle wegteer. Lev 26:40 Dan sal hulle hul skuld bely en die ongeregtigheid van hulle vaders erken deurdat hulle ontrou teen My gehandel het; en ook dat hulle hul teen My versit het, Lev 26:41 [sodat] Ék My ook teen hulle versit het en hulle in die Aarde van hulle vyande moes bring; of, as hulle onbesnede hart hom dan verneder en hulle dan gestraf word vir hul ongeregtigheid, Lev 26:42 sal Ek dink aan My Verbond met Jakob; en ook aan My Verbond met Isak en ook aan My Verbond met Abraham sal Ek dink, en aan die Aarde sal Ek dink. [Génesis 17] Lev 26:43 Maar die Aarde moet [eers] van hulle verlate wees en moet vir haar Sabbatte vergoeding kry, terwyl sy woes lê sonder hulle; en hulle sal vir hul ongeregtigheid gestraf word, omdat, ja, omdat hulle My Regsprake verwerp en hulle siel van My Insettinge 'n afsku gehad het. Lev 26:44 Maar ook dan, as hulle in die Aarde van hul vyande is, verwerp Ek hulle nie en het Ek van hulle geen afsku, sodat Ek 'n einde aan hulle sou maak en My Verbond met hulle sou verbreek nie; Ek - JaHWeH hulle Elohey. Lev 26:45 Maar Ek sal tot hulle beswil dink aan die Verbond van die voorvaders wat Ek uit die Aarde van Egipte voor die oë van die nasies uitgelei het om vir hulle 'n Elohim te wees. Ek - JaHWeH. Lev 26:46 Dit is die Insettinge en die Regsprake en die Wette wat JaHWeH tussen Hom en die kinders van JisraEl by die berg Sinai deur die hand van Moshè gegee het. //Wette oor die lossing en oor die tiendes Lev 27:1 VERDER het JaHWeH tot Moshè gespreek en gesê: Lev 27:2 Spreek met die kinders van JisraEl en sê vir hulle: As iemand 'n buitengewone Gelofte aflê - siele aan JaHWeH [toewy] volgens jou skatting, Lev 27:3 dan moet jou skatting vir 'n manspersoon van twintig tot sestig jaar, dan moet jou skatting vyftig sikkels silwer wees, volgens die sikkel van die Apartheid. Lev 27:4 Maar is dit 'n vrou, dan moet jou skatting dertig sikkels wees. Lev 27:5 En is dit iemand van vyf tot twintig jaar, dan moet jou skatting vir 'n manspersoon twintig sikkels wees en vir 'n vroulike tien sikkels. Lev 27:6 Maar is dit iemand van 'n maand oud tot vyf jaar, dan moet jou skatting vir die manlike vyf sikkels silwer wees en jou skatting vir die vroulike drie sikkels silwer. Lev 27:7 En is dit iemand van sestig jaar oud en daarbo - is dit 'n manspersoon, dan moet jou skatting vyftien sikkels wees en vir 'n vrou tien sikkels. Lev 27:8 Maar as hy te arm is vir die geskatte bedrag, moet hy voor die aangesig van die priester gestel word, sodat die priester hom kan skat; volgens wat hy wat die Gelofte gedoen het, kan bekostig, moet die priester hom skat. Lev 27:9 En as dit vee is waarvan hulle aan JaHWeH 'n bydrae naderbring, moet alles wat hy uit haar aan JaHWeH gee, apart gestel wees. Lev 27:10 Hy mag hom nie omwissel of omruil nie - 'n suiwere vir 'n besoedelde of 'n besoedelde vir 'n suiwere nie; maar as hy tog 'n dier vir 'n ander een omruil, moet dit en die geruilde apart gestel wees. Lev 27:11 En as dit enige besoedelde dier is, mag hulle aan JaHWeH geen bydrae naderbring nie. Hy moet die dier voor die aangesig van die priester stel, Lev 27:12 en die priester moet dit skat of dit suiwer of besoedel is; na jou skatting, priester, so sal dit wees. Lev 27:13 Maar as hy haar wil los, moet hy die vyfde deel daarvan bo jou skatting byvoeg. Lev 27:14 En as iemand sy huis opdra as Apartheid aan JaHWeH, moet die priester dit skat of dit suiwer of besoedel is; soos die priester dit skat, so moet dit bly. Lev 27:15 En as hy wat dit gewy het, sy huis wil los, moet hy die vyfde deel van die silwer van jou skatting daar byvoeg; dan sal dit syne wees. Lev 27:16 En as iemand 'n stuk land van sy besitting aan JaHWeH opdra, moet jou skatting wees volgens die saad wat gesaai word: 'n homer garssaad op vyftig sikkels silwer. Lev 27:17 As hy sy stuk land van die jubeljaar af toewy - volgens jou skatting, moet dit bly. Lev 27:18 Maar as hy sy stuk land ná die jubeljaar toewy, moet die priester vir hom die silwer bereken na die jare wat tot die [volgende] jubeljaar oor is; en dit moet van jou skatting afgetrek word. Lev 27:19 En as hy wat die stuk land afgesonder het, haar beslis wil los, moet hy die vyfde deel van die silwer van jou skatting daar byvoeg; en dit sal syne bly. Lev 27:20 En as hy die stuk land nie los nie, of as hy die stuk land aan 'n ander verkoop, mag sy nie meer gelos word nie; Lev 27:21 maar die stuk land moet, as sy in die jubeljaar vry word, [as] Apartheid aan JaHWeH opgedra wees soos 'n stuk land onder die ban; die besit van haar kom aan die priester toe. Lev 27:22 En as hy aan JaHWeH 'n stuk land afsonder wat hy gekoop het, wat nie van die Aarde van sy besitting is nie, Lev 27:23 moet die priester vir hom die bedrag van die skatting tot die jubeljaar bereken; en hy moet op dieselfde dag die skatting gee [as] Apartheid aan JaHWeH. Lev 27:24 In die jubeljaar moet die stuk land terugkom aan hom van wie hy haar gekoop het, aan hom wat in besit was van die Aarde. Lev 27:25 En alles wat jy skat, moet volgens die sikkel van die Apartheid wees; die sikkel moet twintig gera wees. Lev 27:26 Maar die eersgeborene van 'n dier wat as eersgeborene aan JaHWeH behoort, dit mag niemand afsonder nie; of dit 'n bees is of 'n stuk kleinvee - dit behoort aan JaHWeH. Lev 27:27 Maar is dit van 'n besoedelde dier, dan moet hy dit na jou skatting loskoop en die vyfde deel daarvan byvoeg; en as dit nie gelos word nie, moet dit na jou skatting verkoop word. Lev 27:28 Maar niks van die bangoed wat iemand aan JaHWeH wil opdra, van alles wat aan hom behoort - adamiete of vee of land wat in sy besit is - mag verkoop of gelos word nie. Al die bangoed, 'n Apartheid van Aparthede is dit aan JaHWeH. Lev 27:29 Elkeen wat onder die ban is, wat onder die adamiete met die ban getref is, mag nie losgekoop word nie; hy moet sekerlik gedood word. Lev 27:30 Ook al die tiendes van die Aarde, of van die saad van die Aarde, of van die vrugte van die bome, dit behoort aan JaHWeH; dit is Apartheid aan JaHWeH. Lev 27:31 Maar as iemand van sy tiende iets wil los, moet hy die vyfde deel daarvan byvoeg. Lev 27:32 Wat betref al die tiendes van beeste en kleinvee - alles wat onder die herderstaf deurgaan - die tiende sal apart gestel aan JaHWeH wees. Lev 27:33 Hulle mag nie ondersoek of dit suiwer of besoedel is nie, en dit nie omruil nie; maar as hulle dit tog omruil, moet dit en die geruilde apart wees; dit mag nie gelos word nie. Lev 27:34 Dit is die Gebooie wat JaHWeH Moshè by die berg Sinai vir die kinders van JisraEl beveel het. // //Die Vierde Boekrol, genoem: Die Getalle (NUMERI) // //Telling van die JisraEliete in die wildernis Sinai. Num 1:1 VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek in die wildernis Sinai, in die Tent van Samekoms, op die eerste van die tweede maand, in die tweede jaar nadat hulle uit die Aarde van Egipte uitgetrek het, en gesê: Num 1:2 Neem julle die volle getal van die hele vergadering van die kinders van JisraEl op volgens hulle families, by die huis van hulle vaders, na die getal name, almal wat manlik is, hoof vir hoof; Num 1:3 van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek in JisraEl, dié moet julle tel volgens hulle leërafdelings, jy en Aäron. Num 1:4 En met julle saam moet daar van elke stam 'n man wees, 'n manlike hoof by die huis van hulle vaders. Num 1:5 En dit is die name van die manne wat julle moet bystaan: Vir Ruben: EliSur, die seun van Sedéür; Num 1:6 vir Símeon: SelumiEl, die seun van Suri-Shadday; Num 1:7 vir JeHûWdah: Nagson, die seun van Ammínadab; Num 1:8 vir Issaskar: NethanEl, die seun van Suar; Num 1:9 vir Sébulon: EliAb, die seun van Helon; Num 1:10 vir die kinders van JôWsef: vir Efraim: EliShama, die seun van Ammíhud; vir Manasse: GamliEl, die seun van Pedásur; Num 1:11 vir Benjamin: Abídan, die seun van Gideóni; Num 1:12 vir Dan, Ahiëser, die seun van Ammísaddai; Num 1:13 vir Aser: PagiEl, die seun van Ogran; Num 1:14 vir Gad: El-Jasaf, die seun van DeuEl; Num 1:15 vir Náftali: Ahíra, die seun van Enan. Num 1:16 Dit was hulle wat uit die vergadering opgeroep was, die owerstes oor die stamme, van hul vaders, die stamhoofde oor duisende van JisraEl. Num 1:17 Toe het Moshè en Aäron dié manne geneem wat met hulle name aangewys was, Num 1:18 en hulle het die hele vergadering op die eerste van die tweede maand bymekaar laat kom; en dié het hulle afkoms opgegee volgens hulle families, uit die huis van hulle vaders, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, hoof vir hoof, Num 1:19 soos JaHWeH aan Moshè beveel het. En hy het hulle getel in die wildernis Sinai. Num 1:20 En die seuns van Ruben, die eersgeborene van JisraEl - hulle geslagsregister volgens hulle families, uit die huis van hulle vaders, na die getal name, hoof vir hoof, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek - Num 1:21 hulle geteldes van die stam van Ruben was ses-en-veertigduisend-vyfhonderd. Num 1:22 Van die seuns van Símeon, hulle geslagsregister volgens hulle families, uit die huis van hulle vaders, na die getal name, hoof vir hoof, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek - Num 1:23 hulle geteldes van die stam van Símeon was nege-en-vyftigduisend-driehonderd. Num 1:24 Van die seuns van Gad, hulle geslagsregister volgens hulle families, uit die huis van hulle vaders, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek - Num 1:25 hulle geteldes van die stam van Gad was vyf-en-veertigduisend-seshonderd-en-vyftig. Num 1:26 Van die seuns van JeHûWdah, hulle geslagsregister volgens hulle families, uit die huis van hulle vaders, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek - Num 1:27 hulle geteldes van die stam van JeHûWdah was vier-en-sewentigduisend-seshonderd. Num 1:28 Van die seuns van Issaskar, hulle geslagsregister volgens hulle families, uit die huis van hulle vaders, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek - Num 1:29 hulle geteldes van die stam van Issaskar was vier-en-vyftigduisend-vierhonderd. Num 1:30 Van die seuns van Sébulon, hulle geslagsregister volgens hulle families, uit die huis van hulle vaders, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek - Num 1:31 hulle geteldes van die stam van Sébulon was sewe-en-vyftigduisend-vierhonderd. Num 1:32 Van die seuns van JôWsef, van die seuns van Efraim, hulle geslagsregister volgens hulle families, uit die huis van hulle vaders, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek - Num 1:33 hulle geteldes van die stam van Efraim was veertigduisend-vyfhonderd; Num 1:34 van die seuns van Manasse, hulle geslagsregister volgens hulle families, uit die huis van hulle vaders, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek - Num 1:35 hulle geteldes van die stam van Manasse was twee-en-dertigduisend-tweehonderd. Num 1:36 Van die seuns van Benjamin, hulle geslagsregister volgens hulle families, uit die huis van hulle vaders, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek - Num 1:37 hulle geteldes van die stam van Benjamin was vyf-en-dertigduisend-vierhonderd. Num 1:38 Van die seuns van Dan, hulle geslagsregister volgens hulle families, uit die huis van hulle vaders, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek - Num 1:39 hulle geteldes van die stam van Dan was twee-en-sestigduisend-sewehonderd. Num 1:40 Van die seuns van Aser, hulle geslagsregister volgens hulle families, uit die huis van hulle vaders, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek - Num 1:41 hulle geteldes van die stam van Aser was een-en-veertigduisend-vyfhonderd. Num 1:42 Van die seuns van Náftali, hulle geslagsregister volgens hulle families, uit die huis van hulle vaders, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek - Num 1:43 hulle geteldes van die stam van Náftali was drie-en-vyftigduisend-vierhonderd. Num 1:44 Dit is die geteldes wat Moshè en Aäron en die owerstes van JisraEl getel het; twaalf man was dit, elkeen vir sy families. Num 1:45 So was dan al die geteldes van die kinders van JisraEl volgens hulle families, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat in JisraEl op kommando moet uittrek - Num 1:46 al die geteldes dan was seshonderd-en-drieduisend-vyfhonderd-en-vyftig. Num 1:47 Maar die Leviete, volgens hulle voorvaderlike stam, is onder hulle nie getel nie. Num 1:48 JaHWeH het naamlik met Moshè gespreek en gesê: Num 1:49 Net die stam van Levi moet jy nie tel nie en hulle volle getal onder die kinders van JisraEl nie opneem nie; Num 1:50 maar stel jy die Leviete aan oor die Tabernakel van die Getuienis en oor al sy gereedskap en oor alles wat by hom hoort. Hulle moet die Tabernakel dra en alles wat by hom hoort, en hulle moet hom bedien en rondom die Tabernakel laer opslaan. Num 1:51 En as die Tabernakel wegtrek, moet die Leviete hom afbreek; en as die Tabernakel rus, moet die Leviete hom oprig; en die verbasterde wat nader kom, moet gedood word. Num 1:52 En die kinders van JisraEl moet laer opslaan elkeen op sy laerplek en elkeen by sy vaandel, volgens hulle leërafdelings. Num 1:53 Maar die Leviete moet laer opslaan rondom die Tabernakel van die Getuienis, dat daar geen toorn oor die vergadering van die kinders van JisraEl kom nie. So moet dan die Leviete die diens van die Tabernakel van die Getuienis waarneem. Num 1:54 En die kinders van JisraEl het dit gedoen; net soos JaHWeH Moshè beveel het, so het hulle gedoen. //Die laerorde. Num 2:1 EN JaHWeH het met Moshè en Aäron gespreek en gesê: Num 2:2 Die kinders van JisraEl moet laer opslaan elkeen by sy vaandel by die veldtekens van die huis van hul vader; op 'n afstand rondom die Tent van Samekoms moet hulle laer opslaan. Num 2:3 En die wat aan die oostekant, teen sonop, laer opslaan, moet wees: die vaandel van die laer van JeHûWdah volgens hulle leërafdelings; en Nagson, die seun van Ammínadab, moet owerste oor die seuns van JeHûWdah wees. Num 2:4 En sy leër met hulle geteldes was vier-en-sewentigduisend-seshonderd. Num 2:5 En die wat langs hom laer opslaan, moet wees die stam van Issaskar; en NethanEl, die seun van Suar, moet owerste oor die seuns van Issaskar wees. Num 2:6 En sy leër met hulle geteldes was vier-en-vyftigduisend-vierhonderd. Num 2:7 [Verder] die stam van Sébulon; en EliAb, die seun van Helon, moet owerste oor die seuns van Sébulon wees. Num 2:8 En sy leër met sy geteldes was sewe-en-vyftigduisend-vierhonderd. Num 2:9 Al die geteldes in die laer van JeHûWdah was honderd-ses-en-tagtigduisend-vierhonderd volgens hulle leërafdelings. Hulle moet eerste opbreek. Num 2:10 Die vaandel van die laer van Ruben volgens hulle leërafdelings moet aan die suidekant wees; en EliSur, die seun van Sedéür, moet owerste oor die seuns van Ruben wees. Num 2:11 En sy leër met sy geteldes was ses-en-veertigduisend-vyfhonderd. Num 2:12 En die wat langs hom laer opslaan, moet wees die stam van Símeon; en SelumiEl, die seun van Suri-Shadday, moet owerste oor die seuns van Símeon wees. Num 2:13 En sy leër met hulle geteldes was nege-en-vyftigduisend-driehonderd. Num 2:14 Verder die stam van Gad; en El-Jasaf, die seun van Rehuel, moet owerste oor die seuns van Gad wees. Num 2:15 En sy leër met hulle geteldes was vyf-en-veertigduisend-seshonderd-en-vyftig. Num 2:16 Al die geteldes in die laer van Ruben was honderd-een-en-vyftigduisend-vierhonderd-en-vyftig volgens hulle leërafdelings. En hulle moet tweede opbreek. Num 2:17 Daarna moet die Tent van Samekoms opbreek: die laer van die Leviete, tussen die ander laers in. Soos hulle laer opslaan, so moet hulle opbreek, elkeen op sy plek volgens hulle vaandels. Num 2:18 Die vaandel van die laer van Efraim volgens hulle leërafdelings moet aan die westekant wees; en EliShama, die seun van Ammíhud, moet owerste oor die seuns van Efraim wees. Num 2:19 En sy leër met hulle geteldes was veertigduisend-vyfhonderd. Num 2:20 En langs hom die stam van Manasse; en GamliEl, die seun van Pedásur, moet owerste oor die seuns van Manasse wees. Num 2:21 En sy leër met hulle geteldes was twee-en-dertigduisend-tweehonderd. Num 2:22 Verder die stam van Benjamin; en Abídan, die seun van Gideóni, moet owerste oor die seuns van Benjamin wees. Num 2:23 En sy leër met hulle geteldes was vyf-en-dertigduisend-vierhonderd. Num 2:24 Al die geteldes in die laer van Efraim was honderd-en-agtduisend-eenhonderd volgens hulle leërafdelings. En hulle moet derde opbreek. Num 2:25 Die vaandel van die laer van Dan moet aan die noordekant wees volgens hulle leërafdelings: en Ahiëser, die seun van Ammísaddai, moet owerste oor die seuns van Dan wees. Num 2:26 En sy leër met hulle geteldes was twee-en-sestigduisend-sewehonderd. Num 2:27 En die wat langs hom laer opslaan, moet wees die stam van Aser; en PagiEl, die seun van Ogran, moet owerste oor die seuns van Aser wees. Num 2:28 En sy leër met hulle geteldes was een-en-veertigduisend-vyfhonderd. Num 2:29 Verder die stam van Náftali; en Ahíra, die seun van Enan, moet owerste oor die seuns van Náftali wees. Num 2:30 En sy leër met hulle geteldes was drie-en-vyftigduisend-vierhonderd. Num 2:31 Al die geteldes in die laer van Dan was honderd-sewe-en-vyftigduisend-seshonderd. Hulle moet laaste opbreek volgens hulle vaandels. Num 2:32 Dit is die geteldes van die kinders van JisraEl volgens hulle families. Al die geteldes van die laers volgens hulle leërafdelings was seshonderd-en-drieduisend-vyfhonderd-en-vyftig. Num 2:33 Maar die Leviete is onder die kinders van JisraEl nie getel nie, soos JaHWeH aan Moshè beveel het. Num 2:34 En die kinders van JisraEl het gedoen net soos JaHWeH Moshè beveel het; so het hulle laer opgeslaan volgens hulle vaandels, en so het hulle opgebreek elkeen volgens sy families, uit die huis van hulle vaders. //Telling van die Leviete. Num 3:1 EN dit is die genelyn van Aäron en Moshè op die dag toe JaHWeH met Moshè op die berg Sinai gespreek het. Num 3:2 En dit is die name van die seuns van Aäron: die eersgeborene Nadab, daarna Abíhu, El-Azar en Itamar. Num 3:3 Dit is die name van die seuns van Aäron, die gesalfde priesters, wat hy aangestel het om die priesteramp te bedien. Num 3:4 Maar Nadab en Abíhu het gesterwe voor die Aangesig van JaHWeH toe hulle verbasterde vuur voor die Aangesig van JaHWeH in die wildernis Sinai nadergebring het, en hulle het geen kinders gehad nie; maar El-Azar en Itamar het die priesteramp bedien voor die oë van hulle vader Aäron. Num 3:5 En JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê: Num 3:6 Laat die stam van Levi nader kom, en stel hulle voor die aangesig van die priester Aäron, dat hulle hom kan dien. Num 3:7 En hulle moet sy diens waarneem en die diens van die hele vergadering voor die aangesig van die Tent van Samekoms, om die dienswerk van die Tabernakel te verrig. Num 3:8 En hulle moet sorg vir al die gereedskap van die Tent van Samekoms en vir die diens van die kinders van JisraEl, om die dienswerk van die Tabernakel te verrig. Num 3:9 En jy moet die Leviete aan Aäron en sy seuns gee; hulle is heeltemal aan hom gegee uit die kinders van JisraEl. Num 3:10 Maar Aäron en sy seuns moet jy aanstel, dat hulle hul priesteramp kan waarneem; en die verbasterde wat nader kom, moet gedood word. Num 3:11 En JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê: Num 3:12 Kyk, Ek self het die Leviete geneem onder die kinders van JisraEl uit in die plek van al die eersgeborenes wat die moederskoot open, uit die kinders van JisraEl, dat die Leviete Myne kan wees. Num 3:13 Want al die eersgeborenes is Myne: op die dag toe Ek al die eersgeborenes in die Aarde van Egipte getref het, het Ek al die eersgeborenes in JisraEl vir My afgesonder, adamiete sowel as diere; hulle moet Myne wees. Ek - JaHWeH. Num 3:14 En JaHWeH het met Moshè gespreek in die wildernis Sinai en gesê: Num 3:15 Tel die seuns van Levi uit die huis van hulle vaders, volgens hulle families; almal wat manlik is, van 'n maand oud en daarbo - dié moet jy tel. Num 3:16 En Moshè het hulle volgens die bevel van JaHWeH getel soos dit hom beveel is. Num 3:17 En dit was die seuns van Levi volgens hulle name: Gerson en Kehat en Merári. Num 3:18 En dit is die name van die seuns van Gerson volgens hulle families: Libni en Símeï. Num 3:19 En die seuns van Kehat volgens hulle families: Amram en Jishar, Hebron en UzziEl. Num 3:20 En die seuns van Merári volgens hulle families: Magli en Musi. Dit is die families van die Leviete ooreenkomstig die huis van hulle vaders. Num 3:21 Aan Gerson behoort die familie van die Libniete en die familie van die Simeïete. Dit is die families van die Gersoniete. Num 3:22 Hulle geteldes volgens die getal van almal wat manlik was, van 'n maand oud en daarbo - hulle geteldes was seweduisend-vyfhonderd. Num 3:23 Die families van die Gersoniete moet laer opslaan agter die Tabernakel aan die westekant. Num 3:24 En owerste oor die familie van die Gersoniete moet El-Jasaf, die seun van LaEl, wees. Num 3:25 En die seuns van Gerson moet by die Tent van Samekoms versorg: die Tabernakel en die tent, sy dekkleed en die bedekking vir die ingang van die Tent van Samekoms; Num 3:26 en die behangsels van die voorhof en die bedekking vir die ingang van die voorhof wat rondom die Tabernakel en op die altaar is, en sy lyne - alles wat by sy bediening behoort. Num 3:27 En aan Kehat het behoort die familie van die Amramiete en die familie van die Jishariete en die familie van die Hebroniete en die familie van die UzziEliete. Dit is die families van die Kehatiete. Num 3:28 Volgens die getal van almal wat manlik is, van 'n maand oud en daarbo, was daar agtduisend-ses-honderd wat die diens van die Apartheid waargeneem het. Num 3:29 Die families van die seuns van Kehat moet laer opslaan aan die kant van die Tabernakel, aan die suidekant. Num 3:30 En die hoof oor huis van die vader van die families van die Kehatiete moet wees El-Safan, die seun van UzziEl. Num 3:31 En hulle moet versorg: die Ark en die tafel en die kandelaar en die altare en die gereedskap van die Apartheid waarmee hulle diens doen, en die voorhangsel en alles wat by die bediening daarvan behoort. Num 3:32 En die hoof van die owerstes van Levi moet wees El-Azar, die seun van Aäron, die priester, die toesighouer oor die wat die diens van die Apartheid waarneem. Num 3:33 Aan Merári het behoort die familie van die Magliete en die familie van die Musiete. Dit is die families van Merári. Num 3:34 En hulle geteldes volgens die getal van almal wat manlik is, van 'n maand oud en daarbo, was sesduisend-tweehonderd. Num 3:35 En die hoof oor die huis van die vader vir die families van Merári moet wees SuriEl, die seun van Abihail; hulle moet laer opslaan aan die kant van die Tabernakel, aan die noordekant. Num 3:36 En die toesig van die seuns van Merári - wat hulle te besorg het - moet wees oor die style van die Tabernakel en sy dwarshoute en sy pilare en sy voetstukke en al die gereedskap sowel as die hele diens wat daarby behoort; Num 3:37 en die pilare van die voorhof rondom en hulle voetstukke en hulle penne en hulle lyne. Num 3:38 En die wat voor die aangesig van die Tabernakel laer opslaan, aan die oostekant, voor die aangesig van die Tent van Samekoms, teen sonop, moet wees Moshè en Aäron met sy seuns wat die diens van die Apartheidsplek waarneem, naamlik die diens vir die kinders van JisraEl; en die verbasterde wat nader kom, moet gedood word. Num 3:39 Al die geteldes van die Leviete wat Moshè en Aäron volgens die bevel van JaHWeH, volgens hulle families getel het, almal wat manlik was, van 'n maand oud en daarbo, was twee-en-twintigduisend. Num 3:40 En JaHWeH het aan Moshè gesê: Tel al die manlike eersgeborenes van die kinders van JisraEl, van 'n maand oud en daarbo, en neem die getal van hulle name op. Num 3:41 En jy moet vir My - Ek - JaHWeH - die Leviete neem in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van JisraEl, en die vee van die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die vee van die kinders van JisraEl. Num 3:42 En Moshè het, soos JaHWeH aan hom beveel het, al die eersgeborenes onder die kinders van JisraEl getel. Num 3:43 En al die manlike eersgeborenes volgens die getal name, van 'n maand oud en daarbo, volgens hulle geteldes, was twee-en-twintigduisend tweehonderd-drie-en-sewentig. Num 3:44 En JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê: Num 3:45 Neem die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van JisraEl, en die vee van die Leviete in die plek van hulle vee, sodat die Leviete Myne kan wees. Ek - JaHWeH. Num 3:46 Wat aangaan die loskoping van die tweehonderd-drie-en-sewentig wat oor is bo die Leviete, uit die eersgeborenes van die kinders van JisraEl, Num 3:47 moet jy per hoof vyf sikkels neem; volgens die sikkel van die Apartheid moet jy dit neem; die sikkel is twintig gera. Num 3:48 En jy moet die silwer as losprys van die wat onder hulle oor is, aan Aäron en sy seuns gee. Num 3:49 Daarop het Moshè die loskoop-silwer geneem van die wat oor was bo die wat deur die Leviete losgekoop was; Num 3:50 van die eersgeborenes van die kinders van JisraEl het hy die silwer geneem, duisend-driehonderdvyf-en-sestig [sikkels] volgens die sikkel van die Apartheid. Num 3:51 En Moshè het die loskoop-silwer aan Aäron en sy seuns gegee volgens die bevel van JaHWeH, soos JaHWeH aan Moshè beveel het. //Die diens van die Leviete. Num 4:1 EN JaHWeH het met Moshè en Aäron gespreek en gesê: Num 4:2 Neem die volle getal van die seuns van Kehat op, onder die seuns van Levi uit, volgens hulle families, uit die huis van hulle vaders, Num 4:3 van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig is, om werk by die Tent van Samekoms te verrig. Num 4:4 Dit sal die dienswerk van die seuns van Kehat by die Tent van Samekoms wees, [aangaande] Apartheid van die Aparthede. Num 4:5 By die opbreek van die laer moet Aäron en sy seuns kom en die voorhangsel tot bedekking afneem en met haar die Ark van die Getuienis bedek. Num 4:6 En hulle moet 'n dekkleed van gebreide velle daarop sit en 'n doek, heeltemal van koningsblou stof, daar bo-oor uitsprei en sy draaghoute insteek. Num 4:7 Hulle moet ook oor die toonbrood-tafel 'n koningsblou doek uitsprei en daarop neersit die skottels en die panne en die bekers en die kanne vir die skinking; ook moet die voortdurende brood daarop wees. Num 4:8 Daarna moet hulle 'n skarlaken doek daaroor uitsprei en dit met 'n dekkleed van gebreide velle toemaak en sy draaghoute insteek. Num 4:9 Dan moet hulle 'n koningsblou doek neem en die kandelaar tot verligting bedek, met haar lampe en haar vuurtange en haar bakkies en al haar oliekanne waarmee hulle vir haar diens doen. Num 4:10 En hulle moet haar met al haar gereedskap op 'n dekkleed van gebreide velle neerlê en haar op die draagbaar sit. Num 4:11 En oor die goue altaar moet hulle 'n koningsblou doek uitsprei en hulle met 'n dekkleed van gebreide velle toemaak en sy draaghoute insteek. Num 4:12 Hulle moet ook al die gereedskap neem waarmee hulle diens in die Apartheid doen, en dit op 'n koningsblou doek neerlê en met 'n dekkleed van gebreide velle toemaak en dit op die draagbaar sit. Num 4:13 En hulle moet die as van die altaar verwyder en daar 'n purper doek oor uitsprei. Num 4:14 En hulle moet al sy gereedskap daarop neersit waarmee hulle daarby diens doen: die koolpanne, die drietandvurke en die skoppe en die sprinkelflesse, al die gereedskap van die altaar; en hulle moet daar 'n dekkleed van gebreide velle oor uitsprei en sy draaghoute insteek. Num 4:15 En eers nadat Aäron en sy seuns, by die opbreek van die laer, klaar is met die toemaak van die Apartheid asook al die gereedskap van die Apartheid, wanneer die geselskap vertrek dan moet die seuns van Kehat kom om te dra; maar hulle mag nie aan die Apartheid [se dinge] raak nie, sodat hulle nie sterwe nie. Dit is die vrag wat die seuns van Kehat moet dra van die Tent van Samekoms. Num 4:16 En die toesig van El-Azar, die seun van die priester Aäron, is oor die olie vir die kandelaar en die reukwerk van speserye en die voortdurende spysbydrae en die salfolie; die toesig oor die hele Tabernakel en oor alles wat in die Apartheid is, asook die bybehorende gereedskap. Num 4:17 En JaHWeH het met Moshè en Aäron gespreek en gesê: Num 4:18 Sorg dat die stam uit die families van die Kehatiete nie onder die Leviete uitgeroei word nie. Num 4:19 Maar doen vir hulle dit, sodat hulle lewe en nie sterwe nie wanneer hulle na die Apartheid van die Aparthede aankom: Aäron en sy seuns moet ingaan en hulle aanstel elkeen oor sy dienswerk en oor sy vrag. Num 4:20 Maar hulle moet nie ingaan om te sien hoe die Apartheid verslind nie, sodat hulle nie sterwe nie. Num 4:21 En JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê: Num 4:22 Neem die volle getal op ook van die seuns van Gerson uit die huis van hulle vaders, volgens hulle families. Num 4:23 Jy moet hulle tel van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat verplig is om diens te doen, om dienswerk te verrig by die Tent van Samekoms. Num 4:24 Dit sal die dienswerk van die families van die Gersoniete wees by die diens en by die vrag: Num 4:25 hulle moet die tentdoeke van die Tabernakel dra, ook die Tent van Samekoms, sy dekkleed en die dekkleed van gebreide velle wat daar bo-oor is, en die bedekking vir die ingang van die Tent van Samekoms Num 4:26 en die behangsels van die voorhof en die bedekking vir die ingang van die poort van die voorhof wat rondom die Tabernakel en op die altaar is, en hulle lyne sowel as al die gereedskap wat by die bediening daarvan behoort; en alles wat daarvoor gedoen moet word, moet hulle verrig. Num 4:27 Die hele dienswerk van die seuns van die Gersoniete - in al hul vragte en in al hul dienste - moet wees volgens die bevel van Aäron en sy seuns; en reken hulle toe die beskerming van al hulle vragte. Num 4:28 Dit is die dienswerk vir die families van die seuns van die Gersoniete by die Tent van Samekoms; en wat hulle te besorg het, moet plaasvind onder leiding van Itamar, die seun van die priester Aäron. Num 4:29 Wat aangaan die seuns van Merári - dié moet jy tel volgens hulle families, uit die huis van hulle vaders. Num 4:30 Jy moet hulle tel van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig is, om die dienswerk van die Tent van Samekoms te verrig. Num 4:31 En dit is wat by hulle vragte besorg moet word, hulle hele dienswerk by die Tent van Samekoms: die style van die Tabernakel met sy dwarshoute en sy pilare en sy voetstukke Num 4:32 en die pilare van die voorhof rondom met hulle voetstukke en hulle penne en hulle lyne - al die gereedskap sowel as alles wat by die bediening daarvan behoort. En die gereedskap wat by hulle drawerk besorg moet word, moet julle met die naam aanwys. Num 4:33 Dit is die dienswerk vir die families van die seuns van Merári, hulle hele diens by die Tent van Samekoms onder leiding van Itamar, die seun van die priester Aäron. Num 4:34 En Moshè en Aäron en die owerstes van die vergadering het die seuns van die Kehatiete getel volgens hulle families en volgens die huis van hulle vaders; Num 4:35 van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was insake die dienswerk by die Tent van Samekoms. Num 4:36 En hulle geteldes was volgens hulle families tweeduisend-sewehonderd-en-vyftig. Num 4:37 Dit is die geteldes van die families van die Kehatiete, almal wat by die Tent van Samekoms gedien het, wat Moshè en Aäron volgens die bevel van JaHWeH deur die hand van Moshè getel het. Num 4:38 En die geteldes van die seuns van Gerson volgens hulle geslagte en volgens die huis van hulle vaders, Num 4:39 van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was insake die dienswerk by die Tent van Samekoms - Num 4:40 hulle geteldes was volgens hulle families, volgens die huis van hulle vaders, tweeduisend-seshonderd-en-dertig. Num 4:41 Dit is die geteldes van die families van Gerson se seuns almal wat by die Tent van Samekoms gedien het, wat Moshè en Aäron volgens die bevel van JaHWeH getel het. Num 4:42 En die geteldes van die families van Merári se seuns volgens hulle families, volgens die huis van hulle vaders, Num 4:43 van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was insake die dienswerk by die Tent van Samekoms - Num 4:44 hulle geteldes was volgens hulle families drieduisend-tweehonderd. Num 4:45 Dit is die geteldes van die families van Merári se seuns wat Moshè en Aäron volgens die bevel van JaHWeH deur die hand van Moshè getel het. Num 4:46 Al die getelde Leviete wat Moshè en Aäron en die owerstes van JisraEl getel het, volgens hulle families uit die huis van hulle vaders, Num 4:47 van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was om dienswerk te verrig en die diens van die vrag by die Tent van Samekoms - Num 4:48 hulle geteldes was agtduisend-vyfhonderd-en-tagtig. Num 4:49 Volgens die bevel van JaHWeH deur die hand van Moshè is hulle aangewys elkeen vir sy diens en vir sy vrag; op die aanwysings, soos JaHWeH Moshè beveel het. //Bevel om al die besoedeldes buitekant die laer af te sonder. Num 5:1 EN JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê: Num 5:2 Gee bevel aan die kinders van JisraEl dat hulle uit die laer wegstuur al die melaatse mense en almal wat 'n vloeiing het, en almal wat deur 'n siel besoedel is. Num 5:3 Man sowel as vrou moet julle wegstuur; buitekant die laer moet julle hulle wegstuur, sodat hulle nie hul laer besoedel waar Ek in hulle midde woon nie. Num 5:4 En die kinders van JisraEl het so gedoen en hulle buitekant die laer gestuur; soos JaHWeH met Moshè gespreek het, so het die kinders van JisraEl gedoen. //Wette oor die teruggawe van ontvreemde goed Num 5:5 VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: Num 5:6 Spreek met die kinders van JisraEl: As 'n man of vrou uit die adamiete ontrou teenoor JaHWeH handel en so 'n oortreding begaan, en dié siel skuldig word, Num 5:7 dan moet hulle hul die oortreding wat hulle begaan het, bely; daarna moet hy wat hy skuldig is, ten volle teruggee en die vyfde deel daarvan byvoeg, en hy moet dit aan dié een gee teen wie hy hom skuldig gemaak het. Num 5:8 Maar as die man geen losser het aan wie die skuld teruggegee kan word nie, behoort die skuld wat teruggegee moet word, aan JaHWeH, ook aan die priester, behalwe die versoeningsram waarmee hy vir hom versoening doen. Num 5:9 En elke bydrae van al die apartheids [gawes] van die kinders van JisraEl wat hulle na die priester naderbring, moet syne wees. Num 5:10 En elkeen se gewyde [gawes] - dit moet syne wees: wat iemand aan die priester gee, moet syne wees. //Wet oor die jaloersheid. Num 5:11 VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: Num 5:12 Spreek met die kinders van JisraEl en sê vir hulle: As iemand se vrou afwyk en 'n troubreuk teen hom begaan, Num 5:13 en 'n man met haar vleeslike gemeenskap het en saad in haar gestort het, maar dit vir die oë van haar man verborge bly en sy nie uitgevind is nie - hoewel sy haar besoedel het - terwyl daar geen getuie teen haar is en sy nie betrap is nie; Num 5:14 en daar kom 'n gees van jaloersheid oor hom, sodat hy jaloers word op sy vrou terwyl sy haar [inderdaad] besoedel het; of 'n gees van jaloersheid kom oor hom, sodat hy jaloers word op sy vrou terwyl sy haar nie besoedel het nie; Num 5:15 dan moet die man sy vrou na die priester bring, en hy moet haar bydrae vir haar saambring: 'n tiende van 'n efa garsmeel; hy moet geen olie op haar giet en geen wierook oor haar nie, omdat dit 'n spysbydrae vir agterdog is, 'n spysbydrae wat die herinnering vir ongeregtigheid in gedagtenis bring. Num 5:16 En die priester moet haar naderbring en haar voor die Aangesig van JaHWeH stel. Num 5:17 En die priester moet water van apartes in 'n erdepot neem; en van die stof wat op die vloer van die Tabernakel is, moet die priester neem en in die water gooi. Num 5:18 Daarna moet die priester die vrou voor die Aangesig van JaHWeH stel en die hare van die vrou losmaak, en hy moet die spysbydrae van herinnering op haar handpalms sit - 'n spysbydrae van jaloersheid is sy; en in die hand van die priester moet daar wees die water van bitter smart wat die vloek bring. Num 5:19 En die priester moet haar besweer en aan die vrou sê: As geen man met jou gemeenskap gehad het nie, en jy, terwyl jy aan jou man toebehoort het, nie afgewyk het in besoedeling nie - wees dan vry van hierdie water van bitter smart wat die vloek bring. Num 5:20 Maar as jy, terwyl jy aan jou man toebehoort het, afgewyk en jou besmet het deurdat 'n man behalwe jou eie man met jou vleeslike gemeenskap gehad het Num 5:21 so moet dan die priester die vrou met die eed van vervloeking besweer, en die priester moet aan die vrou sê: Mag JaHWeH jou tot 'n vervloeking en 'n verwensing maak onder jou volk deurdat JaHWeH jou heup laat inval en jou skoot laat opswel; Num 5:22 en mag hierdie water wat die vloek bring, in jou ingewande ingaan om die moederskoot te laat opswel en die heup te laat inval. Dan moet die vrou sê: Amein, amein! Num 5:23 Daarna moet die priester hierdie vervloekinge in 'n boekrol skrywe en dit in die water van bitter smart uitvee; Num 5:24 en hy moet die vrou laat drink die water van bitter smart wat die vloek bring, sodat die water wat die vloek bring, in haar kan ingaan tot bitter smart. Num 5:25 En die priester moet uit die hand van die vrou die spysbydrae van jaloersheid neem en die spysbydrae voor die Aangesig van JaHWeH wuif en haar na die altaar naderbring. Num 5:26 Die priester moet ook van die spysbydrae 'n handvol, as haar herinnering, neem en haar op die altaar aan die brand steek; en daarna moet hy die vrou die water laat drink. Num 5:27 En as hy haar die water laat drink het, dan sal, as sy haar besoedel en teen haar man troubreuk begaan het, die water wat die vloek bring, as bitter smart in haar ingaan, en haar moederskoot sal opswel en haar heup inval; en die vrou sal onder haar volk 'n vervloeking wees. Num 5:28 Maar as die vrou haar nie besoedel het nie, maar suiwer is, sal sy vry en vrugbaar wees. Num 5:29 Dit is die Wet oor die jaloersheid: As 'n vrou afwyk terwyl sy aan haar man toebehoort, en haar besoedel; Num 5:30 of as oor 'n man die gees van jaloersheid kom en hy op sy vrou jaloers word - dan moet hy die vrou voor die Aangesig van JaHWeH stel, en die priester moet met haar handel volgens hierdie hele Wet. Num 5:31 En die man sal vry wees van skuld, maar dié vrou sal haar straf dra. //Wet oor die Gelofte van 'n Separatis. Num 6:1 EN JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê: Num 6:2 Spreek met die kinders van JisraEl en sê vir hulle: As 'n man of 'n vrou 'n buitengewone Gelofte aflê, die Gelofte van 'n Separatis, om hom aan JaHWeH af te sonder, Num 6:3 moet hy hom van wyn en sterk drank afskei; wyn-asyn en asyn van sterk drank mag hy nie drink nie, ja, geen druiwesap mag hy drink nie en geen vars of gedroogde druiwe eet nie. Num 6:4 Al die dae van sy separatisme mag hy niks eet van alles wat van die wynstok gemaak is nie, selfs nie van die pitte en doppe nie. Num 6:5 Al die dae van die Gelofte van sy separatisme mag geen skeermes oor sy hoof gaan nie. Totdat die dae om is dat hy hom afskei aan JaHWeH, hy moet apart wees - hy moet die hare van sy hoof vry laat groei. Num 6:6 Al die dae van sy separatisme aan JaHWeH, mag hy nie by 'n dooie siel kom nie. Num 6:7 Aan sy vader of sy moeder, aan sy broer of sy suster - aan hulle mag hy hom nie besoedel as hulle dood is nie; want die separatisme van sy Elohey is op sy hoof. Num 6:8 Al die dae van sy separatisme is hy apart aan JaHWeH. Num 6:9 En as heeltemal onverwags iemand by hom sterwe, sodat hy die separatisme oor sy hoof besoedel, moet hy op die dag van sy suiwering sy hoof skeer; op die sewende dag moet hy dit skeer. Num 6:10 En op die agtste dag moet hy twee tortelduiwe of twee jong duiwe na die priester, na die ingang van die Tent van Samekoms, bring. Num 6:11 En die priester moet een vir die oortreding en een as brandoffer berei en vir hom versoening doen vir wat hy oortree het by die siel; so moet hy dan sy hoof op dieselfde dag toewy. Num 6:12 Daarna moet hy die dae van sy separatisme aan JaHWeH opdra en 'n jaaroud-lam vir sy skuld bring; en die vorige dae moet wegval, omdat sy separatisme besoedel is. Num 6:13 En dit is die Wet van die Separatis: Op die dag as die dae van sy separatisme om is, moet hulle hom na die ingang van die Tent van Samekoms bring; Num 6:14 en hy moet sy bydrae aan JaHWeH naderbring: een jaaroud-lam wat raseg is as brandoffer en een jaaroud ooilam wat raseg is vir die oortreding en een ram wat raseg is as vergoeding Num 6:15 en 'n mandjie ongesuurde koeke van fynmeel, koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk, en hulle spysbydrae en hulle dranke wat daarby hoort. Num 6:16 En die priester moet dit voor die Aangesig van JaHWeH naderbring vir sy oortreding en sy brandoffer vir hom berei. Num 6:17 Hy moet ook die ram as slagdier van vergoeding aan JaHWeH gereedmaak saam met die mandjie ongesuurde koeke; en die priester moet sy spysbydrae en sy drank vir hom berei. Num 6:18 Die Separatis moet dan by die ingang van die Tent van Samekoms die hoof van sy separatisme skeer en die hare van sy hoof van sy separatisme neem en dit op die vuur gooi wat onder die slagdier van die vergoeding is. Num 6:19 Verder moet die priester die gekookte blad van die ram afneem en een ongesuurde koek uit die mandjie en een ongesuurde platkoek; en hy moet hulle op die handpalms van die Separatis sit nadat hy dié [hare] van sy separatisme afgeskeer het. Num 6:20 En die priester moet dit wuiwend swaai voor die Aangesig van JaHWeH. Apartheid [is] hy vir die priester saam met die geswaaide bors en die bygedrae boud. En daarna mag die Separatis wyn drink. Num 6:21 Dit is die Wet vir die Separatis wat sy bydrae aan JaHWeH beloof op Aarde van sy separatisme, behalwe wat sy hand kan bied. Volgens die Gelofte wat hy beloof het, só moet hy doen volgens die Wet van separatisme. //Die seën van JaHWeH oor die kinders van Jisrael. Num 6:22 EN JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê: Num 6:23 Spreek met Aäron en sy seuns en sê: So moet julle die kinders van JisraEl seën deur vir hulle te sê: Num 6:24 JaHWeH sal jou seën en jou behoed; Num 6:25 JaHWeH verlig Sy Aangesig oor jou en sal jou barmhartig wees; Num 6:26 JaHWeH sal Sy Aangesig oor jou verhef en aan jou Vrede gee. Num 6:27 So moet hulle dan My Naam op die kinders van JisraEl lê; en Ék sal hulle seën. //Bydraes van die twaalf stamowerstes ná die oprigting en afsondering van die Tabernakel. Num 7:1 EN op die dag toe Moshè die Tabernakel opgerig en voltooi het, het hy hom gesalf en geseën met al sy gereedskap, en die altaar met al sy gereedskap, het hy gesalf en geseën, Num 7:2 het die owerstes van JisraEl, die hoofde van die huise van hulle vaders, [bydraes] nadergebring - hulle was die owerstes van die stamme, hulle wat oor die geteldes gestaan het - Num 7:3 hulle het hul bydrae voor die Aangesig van JaHWeH gebring: ses tentwaens en twaalf beeste; 'n wa vir twee owerstes en 'n bees vir elkeen; en hulle het dit voor die aangesig van die Tabernakel nadergebring. Num 7:4 En JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê: Num 7:5 Neem dit van hulle aan, dat dit kan gebruik word om die dienswerk van die Tent van Samekoms te verrig; en jy moet dit aan die Leviete gee, aan elkeen volgens sy dienswerk. Num 7:6 Toe het Moshè die waens en die beeste geneem en dit aan die Leviete gegee: Num 7:7 twee waens en vier beeste het hy aan die seuns van Gerson gegee volgens hulle dienswerk; Num 7:8 en vier waens en agt beeste het hy aan die seuns van Merári gegee volgens hulle dienswerk, onder leiding van Itamar, die seun van die priester Aäron. Num 7:9 Maar aan die seuns van Kehat het hy niks gegee nie; want die diens van die Apartheid het op hulle gerus: hulle moes dit op die skouers dra. Num 7:10 En die owerstes het die inhuldiging van die altaar [bydraes] nadergebring op die dag toe dit gesalf is, en die owerstes het hulle bydrae voor die aangesig van die altaar gebring. Num 7:11 En JaHWeH het tot Moshè gespreek en gesê: Elke owerste moet, elkeen op 'n afsonderlike dag, sy bydrae naderbring vir die inwyding van die altaar. Num 7:12 En hy wat op die eerste dag sy bydrae nadergebring het, was Nagson, die seun van Ammínadab, van die stam van JeHûWdah. Num 7:13 En sy bydrae was: een silwerskottel, honderd-en-dertig [sikkels] haar gewig; een silwer sprinkelfles van sewentig sikkels volgens die sikkel van die Apartheid; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysbydrae; Num 7:14 een pan van tien [sikkels] goud, vol reukwerk; Num 7:15 een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as brandoffer; Num 7:16 een bokram vir die oortreding; Num 7:17 en as slagdier van vergoeding: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die bydrae van Nagson, die seun van Ammínadab. Num 7:18 Op die tweede dag het NethanEl, die seun van Suar, die owerste van Issaskar, nadergebring - Num 7:19 hy het sy bydrae nadergebring: een silwerskottel, honderd-en-dertig [sikkels] haar gewig; een silwer sprinkelfles van sewentig sikkels volgens die sikkel van die Apartheid; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysbydrae; Num 7:20 een pan van tien [sikkels] goud, vol reukwerk; Num 7:21 een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as brandoffer; Num 7:22 een bokram vir die oortreding; Num 7:23 en as slagdier van die vergoeding: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die bydrae van NethanEl, die seun van Suar. Num 7:24 Op die derde dag die owerste van die kinders van Sébulon, EliAb, die seun van Helon. Num 7:25 Sy bydrae was: een silwerskottel, honderd-en-dertig [sikkels] haar gewig; een silwer sprinkelfles van sewentig sikkels volgens die sikkel van die Apartheid; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysbydrae; Num 7:26 een pan van tien [sikkels] goud, vol reukwerk; Num 7:27 een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as brandoffer; Num 7:28 een bokram vir die oortreding; Num 7:29 en as slagdier van vergoeding: twee beeste, vyf ramme; vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die bydrae van EliAb, die seun van Helon. Num 7:30 Op die vierde dag die owerste van die kinders van Ruben, EliSur, die seun van Sedéür. Num 7:31 Sy bydrae was: een silwerskottel, honderd-en-dertig [sikkels] haar gewig; een silwer sprinkelfles van sewentig sikkels volgens die sikkel van die Apartheid; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysbydrae; Num 7:32 een pan van tien [sikkels] goud, vol reukwerk; Num 7:33 een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as brandoffer; Num 7:34 een bokram vir oortreding; Num 7:35 en as slagdier van vergoeding: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die bydrae van EliSur, die seun van Sedéür. Num 7:36 Op die vyfde dag die owerste van die kinders van Símeon, SelumiEl, die seun van Suri-Shadday. Num 7:37 Sy bydrae was: een silwerskottel, honderd-en-dertig [sikkels] haar gewig; een silwer sprinkelfles van sewentig sikkels volgens die sikkel van die Apartheid; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysbydrae; Num 7:38 een pan van tien [sikkels] goud, vol reukwerk; Num 7:39 een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as brandoffer; Num 7:40 een bokram vir oortreding; Num 7:41 en as slagdier van vergoeding: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die bydrae van SelumiEl, die seun van Suri-Shadday. Num 7:42 Op die sesde dag die owerste van die kinders van Gad, El-Jasaf, die seun van DeuEl. Num 7:43 Sy bydrae was: een silwerskottel, honderd-en-dertig [sikkels] haar gewig; een silwer sprinkelfles van sewentig sikkels volgens die sikkel van die Apartheid; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysbydrae; Num 7:44 een pan van tien [sikkels] goud, vol reukwerk; Num 7:45 een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as brandoffer; Num 7:46 een bokram vir oortreding; Num 7:47 en as slagdier van vergoeding: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die bydrae van El-Jasaf, die seun van DeuEl. Num 7:48 Op die sewende dag die owerste van die kinders van Efraim, EliShama, die seun van Ammíhud. Num 7:49 Sy bydrae was: een silwerskottel, honderd-en-dertig [sikkels] haar gewig; een silwer sprinkelfles van sewentig sikkels volgens die sikkel van die Apartheid; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysbydrae; Num 7:50 een pan van tien [sikkels] goud, vol reukwerk; Num 7:51 een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as brandoffer; Num 7:52 een bokram vir oortreding; Num 7:53 en as slagdier van vergoeding: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die bydrae van EliShama, die seun van Ammíhud. Num 7:54 Op die agtste dag die owerste van die kinders van Manasse, GamliEl, die seun van Pedásur. Num 7:55 Sy bydrae was: een silwerskottel, honderd-en-dertig [sikkels] haar gewig; een silwer sprinkelfles van sewentig sikkels volgens die sikkel van die Apartheid; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysbydrae; Num 7:56 een pan van tien [sikkels] goud, vol reukwerk; Num 7:57 een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as brandoffer; Num 7:58 een bokram vir oortreding; Num 7:59 en as slagdier van vergoeding: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die bydrae van GamliEl, die seun van Pedásur. Num 7:60 Op die negende dag die owerste van die kinders van Benjamin, Abídan, die seun van Gideóni. Num 7:61 Sy bydrae was: een silwerskottel, honderd-en-dertig [sikkels] haar gewig; een silwer sprinkelfles van sewentig sikkels volgens die sikkel van die Apartheid; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysbydrae; Num 7:62 een pan van tien [sikkels] goud, vol reukwerk; Num 7:63 een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as brandoffer; Num 7:64 een bokram vir oortreding; Num 7:65 en as slagdier van vergoeding: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die bydrae van Abídan, die seun van Gideóni. Num 7:66 Op die tiende dag die owerste van die kinders van Dan, Ahiëser, die seun van Ammísaddai. Num 7:67 Sy bydrae was: een silwerskottel, honderd-en-dertig [sikkels] haar gewig; een silwer sprinkelfles van sewentig sikkels volgens die sikkel van die Apartheid; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysbydrae; Num 7:68 een pan van tien [sikkels] goud, vol reukwerk; Num 7:69 een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as brandoffer; Num 7:70 een bokram vir oortreding; Num 7:71 en as slagdier van vergoeding: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die bydrae van Ahiëser, die seun van Ammísaddai. Num 7:72 Op die elfde dag die owerste van die kinders van Aser, PagiEl, die seun van Ogran. Num 7:73 Sy bydrae was: een silwerskottel, honderd-en-dertig [sikkels] haar gewig; een silwer sprinkelfles van sewentig sikkels volgens die sikkel van die Apartheid; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysbydrae; Num 7:74 een pan van tien [sikkels] goud, vol reukwerk; Num 7:75 een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as brandoffer; Num 7:76 een bokram vir oortreding; Num 7:77 en as slagdier van vergoeding: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die bydrae van PagiEl, die seun van Ogran. Num 7:78 Op die twaalfde dag die owerste van die kinders van Náftali, Ahíra, die seun van Enan. Num 7:79 Sy bydrae was: een silwerskottel, honderd-en-dertig [sikkels] haar gewig; een silwer sprinkelfles van sewentig sikkels volgens die sikkel van die Apartheid; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysbydrae; Num 7:80 een pan van tien [sikkels] goud, vol reukwerk; Num 7:81 een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as brandoffer; Num 7:82 een bokram vir oortreding; Num 7:83 en as slagdier van vergoeding: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die bydrae van Ahíra, die seun van Enan. Num 7:84 Dit was die inhuldiging van die altaar van die kant van JisraEl se owerstes op die dag toe dit gesalf is: twaalf silwerskottels, twaalf silwer sprinkelflesse, twaalf goue panne - Num 7:85 elke skottel honderd-en-dertig [sikkels] silwer, en elke sprinkelfles sewentig; al die silwer van die goed was tweeduisend-vierhonderd volgens die sikkel van die Apartheid - Num 7:86 twaalf goue panne, vol reukwerk; elke pan tien [sikkels] volgens die sikkel van die Apartheid; al die goud van die panne was honderd-en-twintig [sikkels]. Num 7:87 Al die beeste vir die brandoffer was twaalf bulle; die ramme twaalf, die jaaroud-lammers twaalf, met hulle spysbydrae; en twaalf bokramme vir oortreding. Num 7:88 En al die beeste van die slagdiere van vergoeding was vier-en-twintig bulle; die ramme sestig, die bokramme sestig, die jaaroud-lammers sestig. Dit is die inhuldiging van die altaar nadat dit gesalf is. Num 7:89 En as Moshè in die Tent van Samekoms gegaan het om met Hom te spreek, het hy die Stem met hom hoor spreek van die Versoendeksel af wat op die Ark van die Getuienis is, tussen die twee Gérubs uit. So het Hy dan met hom gespreek. //Die opsteek van die lampe. Num 8:1 EN JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê: Num 8:2 Spreek met Aäron en sê vir hom: As jy die lampe opsteek, moet die sewe lampe die voorkant van die kandelaar verlig. Num 8:3 En Aäron het so gedoen: aan die voorkant van die kandelaar het hy haar lampe opgesteek soos JaHWeH aan Moshè beveel het. Num 8:4 En dit was die maaksel van die kandelaar: smeewerk uit goud; selfs haar stam en haar blomme was smeewerk; volgens die beeltenis wat JaHWeH aan Moshè getoon het, so het hy die kandelaar gemaak. //Suiwering van die Leviete. Num 8:5 EN JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê: Num 8:6 Neem die Leviete onder die kinders van JisraEl uit en suiwer hulle. Num 8:7 En so moet jy met hulle doen om hulle te suiwer: Spat op hulle die water vir oortreding; en hulle moet 'n skeermes oor hulle hele liggaam laat gaan en hulle klere was en hulleself suiwer. Num 8:8 Daarna moet hulle 'n jong bul neem en die spysbydrae wat daarby behoort: fynmeel met olie gemeng; en 'n ander jong bul moet jy vir die oortreding neem. Num 8:9 En jy moet die Leviete voor die aangesig van die Tent van Samekoms laat nader kom en die hele vergadering van die kinders van JisraEl versamel. Num 8:10 Dan moet jy die Leviete voor die Aangesig van JaHWeH laat nader kom, en die kinders van JisraEl moet hulle hande op die Leviete lê. Num 8:11 En Aäron moet die Leviete beweeg voor die Aangesig van JaHWeH as 'n geswaaide [aanbieding] namens die kinders van JisraEl, sodat hulle daar kan wees vir die dienswerk van JaHWeH. Num 8:12 En die Leviete moet hulle hande op die kop van die bulle lê; en berei jy een vir die oortreding en een vir die brandoffer vir JaHWeH, om vir die Leviete versoening te doen. Num 8:13 Dan moet jy die Leviete stel voor die aangesig van Aäron en voor die aangesig van sy seuns en hulle swaaiende aan JaHWeH beweeg. Num 8:14 En jy moet die Leviete onder die kinders van JisraEl uit afsonder, dat die Leviete Myne kan wees. Num 8:15 En daarna moet die Leviete inkom om die Tent van Samekoms te bedien. So moet jy hulle dan suiwer en hulle bewegend swaai. Num 8:16 Want hulle is heeltemal aan My gegee onder die kinders van JisraEl uit, in die plek van alles wat die moederskoot open - al die eersgeborenes uit die kinders van JisraEl - het Ek hulle vir My geneem. Num 8:17 Want al die eersgeborenes onder die kinders van JisraEl is Myne, van adamiete en van diere; op die dag toe Ek al die eersgeborenes in die Aarde van Egipte getref het, het Ek hulle vir My afgesonder. Num 8:18 En Ek het die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van JisraEl geneem Num 8:19 en die Leviete gegee - hulle is gegee aan Aäron en sy seuns onder die kinders van JisraEl uit om die dienswerk van die kinders van JisraEl in die Tent van Samekoms te verrig en om vir die kinders van JisraEl versoening te doen, sodat daar geen plaag mag wees onder die kinders van JisraEl as die kinders van JisraEl na die Apartheid aankom nie. Num 8:20 En Moshè en Aäron en die hele vergadering van die kinders van JisraEl het met die Leviete gedoen net soos JaHWeH Moshè aangaande die Leviete beveel het; so het die kinders van JisraEl met hulle gedoen. Num 8:21 En die Leviete het hulleself gesuiwer en hulle klere gewas, en Aäron het hulle wuiwend beweeg voor die Aangesig van JaHWeH; en Aäron het versoening vir hulle gedoen om hulle te suiwer. Num 8:22 En daarna het die Leviete gekom om hulle dienswerk in die Tent van Samekoms voor die aangesig van Aäron en voor die aangesig van sy seuns te verrig; soos JaHWeH Moshè aangaande die Leviete beveel het, so het hulle met hulle gedoen. Num 8:23 En JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê: Num 8:24 Dit is die saak wat die Leviete betref: Van vyf-en-twintig jaar oud en daarbo moet hy kom om sy plig te vervul by die dienswerk van die Tent van Samekoms. Num 8:25 Maar van vyftig jaar oud moet hy vry wees van diensplig en nie meer diens doen nie - Num 8:26 hy kan sy broers in die Tent van Samekoms behulpsaam wees om die diens waar te neem, maar dienswerk moet hy nie verrig nie. So moet jy met die Leviete doen insake hulle ampspligte. //Opdrag om die Pasga op die bepaalde tyd te hou. Num 9:1 EN JaHWeH het met Moshè gespreek in die wildernis Sinai - in die tweede jaar nadat hulle uit die Aarde van Egipte uitgetrek het, in die eerste maand- en gesê Num 9:2 dat die kinders van JisraEl die Pasga op die bepaalde tyd moet hou. Num 9:3 Op die veertiende dag in hierdie maand, teen sononder, moet julle hom op die bepaalde tyd hou; volgens al Sy Insettinge en al Sy Regsprake moet julle hom hou. Num 9:4 Toe het Moshè met die kinders van JisraEl gespreek dat hulle die Pasga moet hou. Num 9:5 En hulle het die Pasga gehou op die veertiende dag van die eerste maand, net na sononder, in die wildernis Sinai; net soos JaHWeH Moshè beveel het, so het die kinders van JisraEl gedoen. Num 9:6 En daar was manne wat deur die siel van 'n adamiet besoedel geword het en op dieselfde dag die Pasga nie kon hou nie. Daarom het hulle nader gekom voor die aangesig van Moshè en voor die aangesig van Aäron op dieselfde dag, Num 9:7 en dié manne het vir hom gesê: Ons is besoedel deur die siel van 'n adamiet; waarom moet ons te kort gedoen word, dat ons die bydrae van JaHWeH nie op die bepaalde tyd onder die kinders van JisraEl sou naderbring nie? Num 9:8 En Moshè het vir hulle gesê: Bly staan, dat ek kan hoor wat JaHWeH julle sal beveel. Num 9:9 Toe het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: Num 9:10 Spreek met die kinders van JisraEl en sê: As iemand van julle of van julle geslagte deur 'n siel besoedel word of op 'n ver reis is, moet hy tog die Pasga vir JaHWeH hou. Num 9:11 In die tweede maand, op die veertiende dag, teen sononder, moet hulle hom hou; met ongesuurde brode en bitter kruie moet hulle hom eet. Num 9:12 Hulle moet van hom niks laat oorbly tot die môre toe of 'n been van hom breek nie; volgens die hele Insetting van die Pasga moet hulle hom hou. Num 9:13 Maar die man wat suiwer is en nie op reis is nie en nalaat om die Pasga te hou, dié siel sal haar afsny uit haar volksgenote; want hy het die bydrae van JaHWeH nie op die bepaalde tyd nadergebring nie. Dié man moet sy straf dra. Num 9:14 En as 'n besoeker by julle vertoef en die Pasga vir JaHWeH hou, moet hy hom hou volgens die Insetting van die Pasga en volgens die Verordening van hom. Sy moet een Insetting vir julle wees, vir die besoeker sowel as die kind van die Aarde. //Die Wolkkolom- en Vuurkolom bo die Tabernakel Num 9:15 EN op die dag toe hulle die Tabernakel opgerig het, het die Wolkkolom die Tabernakel van die Tent van die Getuienis oordek, en in die aand was dit oor die Tabernakel soos 'n gedaante van vuur, tot die môre toe. Num 9:16 So was dit voortdurend: die Wolkkolom het dit oordek, en snags 'n gedaante van vuur. Num 9:17 En so dikwels as die Wolkkolom van die Tent af optrek, het die kinders van JisraEl daarna weggetrek; en op die plek waar die Wolkkolom rus, daar het die kinders van JisraEl laer opgeslaan - Num 9:18 volgens die bevel van JaHWeH het die kinders van JisraEl weggetrek en volgens die bevel van JaHWeH laer opgeslaan; al die dae wat die Wolkkolom oor die Tabernakel gerus het, het hulle in die laer gestaan. Num 9:19 En as die Wolkkolom baie dae oor die Tabernakel bly, het die kinders van JisraEl die diens van JaHWeH waargeneem en nie weggetrek nie. Num 9:20 Maar somtyds was die Wolkkolom net 'n paar dae oor die Tabernakel - volgens die bevel van JaHWeH het hulle laer opgeslaan, en volgens die bevel van JaHWeH het hulle weggetrek. Num 9:21 En somtyds was die Wolkkolom daar van die aand tot die môre - as die Wolkkolom in die môre optrek, het hulle weggetrek; of by dag of by nag - as die Wolkkolom optrek, het hulle weggetrek; Num 9:22 of ná twee dae of 'n maand of langer - as die Wolkkolom lank oor die Tabernakel bly, het die kinders van JisraEl in die laer gestaan en nie weggetrek nie; en as dit optrek, het hulle weggetrek. Num 9:23 Volgens die bevel van JaHWeH het hulle laer opgeslaan, en volgens die bevel van JaHWeH het hulle weggetrek. Hulle het die opdrag van JaHWeH in ag geneem volgens die bevel van JaHWeH deur die hand van Moshè. //En as julle in jul Aarde in oorlog kom teen die vyand wat met julle veg... Num 10:1 VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: Num 10:2 Maak vir jou twee silwertrompette; van smeewerk moet jy dit maak; en hulle moet vir jou dien om die vergadering byeen te roep en om die laers te laat opbreek. Num 10:3 As hulle dan daarop blaas, moet die hele vergadering by jou byeenkom by die ingang van die Tent van Samekoms. Num 10:4 Maar as hulle op een daarvan blaas, moet by jou byeenkom die owerstes, die stamhoofde van JisraEl. Num 10:5 En as julle alarm blaas, moet die laers opbreek wat aan die oostekant staan. Num 10:6 Maar as julle die tweede keer alarm blaas, moet die laers opbreek wat aan die suidekant staan. Alarm moet hulle blaas as hulle moet opbreek. Num 10:7 Maar as die vergadering byeen moet kom, moet julle blaas, maar nie alarm maak nie. Num 10:8 En die seuns van Aäron, die priesters, moet op die trompette blaas; en dié [trompette] moet vir julle 'n ewige Insetting in julle geslagte wees. Num 10:9 En as julle in jul Aarde in oorlog kom teen die vyand wat met julle veg, moet julle met die trompette alarm blaas; dan sal aan julle gedink word voor die Aangesig van JaHWeH julle Elohey, en julle sal van jul vyande verlos word. Num 10:10 Op die dag as julle vrolik is, sowel as op julle Feestye en by die begin van julle maande moet julle by jul brandoffers en by My slagdiere vir vergoedinge op die trompette blaas: hulle sal dien om julle in herinnering te bring voor die Aangesig van julle Elohey. Ek - JaHWeH julle Elohey. //Optog van die JisraEliete uit die wildernis Sinai. Num 10:11 IN die tweede jaar, in die tweede maand, op die twintigste van die maand, het die Wolkkolom opgetrek van die Tabernakel van die Getuienis af. Num 10:12 En die kinders van JisraEl het van plek tot plek weggetrek uit die wildernis Sinai, en die Wolkkolom het gaan rus in die wildernis Paran. Num 10:13 So het hulle dan die eerste keer weggetrek volgens die bevel van JaHWeH deur die hand van Moshè. Num 10:14 En eerste het weggetrek die vaandel van die laer van JeHûWdah se kinders volgens hulle leërafdelings; en oor sy afdeling was Nagson, die seun van Ammínadab. Num 10:15 En oor die afdeling van die stam van Issaskar se kinders was NethanEl, die seun van Suar. Num 10:16 En oor die afdeling van die stam van Sébulon se kinders was EliAb, die seun van Helon. Num 10:17 Toe is die Tabernakel afgebreek; en die seuns van Gerson en die seuns van Merári, die draers van die Tabernakel, het weggetrek. Num 10:18 Daarna het weggetrek die vaandel van die laer van Ruben volgens hulle leërafdelings; en oor sy afdeling was Elísur, die seun van Sedéür. Num 10:19 En oor die afdeling van die stam van Símeon se kinders was SelumiEl, die seun van Suri-Shadday. Num 10:20 En oor die afdeling van die stam van Gad se kinders was El-Jasaf, die seun van DeuEl. Num 10:21 Daarna het die Kehatiete, die draers van die Apartheidsplek, weggetrek. En [die ander] het die Tabernakel opgerig voordat hulle aangekom het. Num 10:22 Daarna het weggetrek die vaandel van die laer van Efraim se kinders volgens hulle leërafdelings; en oor sy afdeling was EliShama, die seun van Ammíhud. Num 10:23 En oor die afdeling van die stam van Manasse se kinders was GamliEl, die seun van Pedásur. Num 10:24 En oor die afdeling van die stam van Benjamin se kinders was Abídan, die seun van Gideóni. Num 10:25 Toe het weggetrek die vaandel van die laer van Dan se kinders wat, volgens hulle leërafdelings, die agterhoede vir al die leërs was; en oor sy afdeling was Ahiëser, die seun van Ammísaddai. Num 10:26 En oor die afdeling van die stam van Aser se kinders was PagiEl, die seun van Ogran. Num 10:27 En oor die afdeling van die stam van Náftali se kinders was Ahíra, die seun van Enan. Num 10:28 Dit is die optogte van die kinders van JisraEl volgens hulle leërafdelings. En hulle het weggetrek. Num 10:29 En Moshè het vir Hobab, die seun van Rehuel, die Midianiet, die swaer van Moshè, gesê: Ons trek na die plek waarvan JaHWeH gesê het: Ek sal haar aan julle gee. Trek saam met ons sodat jy jou kan suiwer; want JaHWeH het oor JisraEl 'n suiwering gespreek. Num 10:30 Maar hy het vir hom gesê: Ek sal nie saamtrek nie; maar ek sal na my deel van die Aarde en my familie gaan. Num 10:31 Toe sê hy: Moet ons tog nie verlaat nie, juis daarom dat jy weet hoe ons laer moet opslaan in die wildernis, en jy sal vir ons as oë dien. Num 10:32 En as jy met ons saamtrek, sal ons daardie suiwering wat JaHWeH ons mee gaan suiwer, ook aan jou doen. Num 10:33 En hulle het van die Berg van JaHWeH af drie dagreise ver getrek; en die Verbondsark van JaHWeH het drie dagreise ver voor hulle uit getrek om vir hulle 'n rusplek uit te soek. [JirmeJaH 2:2] Num 10:34 En die Wolkkolom van JaHWeH was bedags oor hulle as hulle uit die laer wegtrek. Num 10:35 En as die Ark wegtrek, het Moshè gesê: Staan op, JaHWeH, dat U vyande verstrooi kan word en U haters voor U Aangesig kan vlug. Num 10:36 En as sy rus, het hy gesê: Keer terug, JaHWeH, na die tienduisende van die duisende van JisraEl! //Die volk by Tabéra. Murmurering en straf Num 11:1 DIE murmurering van die volk was besoedel in die Oor van JaHWeH en toe JaHWeH dit hoor, het Sy Woede ontvlam, en die Vuur van JaHWeH het onder hulle gebrand en het gewoed aan die kant van die laer. Num 11:2 Toe het die volk na Moshè geroep, en Moshè het tot JaHWeH gebid; en die Vuur het gestaak. Num 11:3 Daarom het hulle die plek Tabéra genoem, omdat die Vuur van JaHWeH onder hulle gebrand het. //Die volk murmureer by Kibrot-Hattáäwa. Die kwartels. Num 11:4 EN die gepeupel wat onder hulle was, is met lus bevang. Toe het die kinders van JisraEl weer geween en gesê: Wie sal vir ons vleis gee om te eet? Num 11:5 Ons dink aan die visse wat ons in Egipte verniet kon eet, aan die komkommers en die waterlemoene en die prei en die uie en die knoffel. Num 11:6 Maar nou is ons siel dor; daar's glad niks nie: net die manna is voor ons oë. Num 11:7 Die manna was soos koljandersaad, en dit het gelyk na balsemgom. Num 11:8 Die volk het rondgeloop en hom versamel en in handmeule gemaal of in vysels gestamp, en hulle het hom in potte gekook en daarvan roosterkoeke gemaak. En die smaak daarvan was soos die smaak van oliekoeke. Num 11:9 En as die Dou snags op die laer val, het die manna ook daarop geval. Num 11:10 Toe het Moshè die volk, volgens hulle families, elkeen by die deur van sy tent hoor ween; en die Woede van JaHWeH het grootliks ontvlam; ook was dit besoedeling in die oë van Moshè. Num 11:11 En Moshè sê aan JaHWeH: Waarom het U U kneg kwaad aangedoen en waarom het ek geen Barmhartigheid in U Oë gevind nie, dat U die las van hierdie hele volk op my lê? Num 11:12 Het ék hierdie hele volk dan ontvang? Of het ék hulle gebaar, dat U vir my sê: Dra hulle aan jou bors soos 'n oppasser die suigling dra, na die Adamah[adamiet se Aarde] wat U aan hulle vaders met 'n eed beloof het? Num 11:13 Waarvandaan moet ek vleis kry om aan al hierdie volk te gee? Want hulle ween by my en sê: Gee vir ons vleis, dat ons kan eet. Num 11:14 Ek alleen kan hierdie hele volk nie dra nie, want dit is vir my te swaar. Num 11:15 En as U so met my wil handel, slaan my dan maar liewer dood as ek Barmhartigheid in U Oë gevind het, en laat ek my besoedeling nie aanskou nie. Num 11:16 Toe sê JaHWeH aan Moshè: Bring vir My sewentig manne uit die oudstes van JisraEl bymekaar, van wie jy weet dat hulle oudstes van die volk en sy opsigters is, en bring hulle by die Tent van Samekoms, dat hulle daar by jou kan staan. Num 11:17 Dan sal Ek neerdaal en daar met jou spreek; en van die Gees wat op jou is, sal Ek afsonder en op hulle lê; en hulle sal jou help om die las van die volk te dra, sodat jy dit nie alleen hoef te dra nie. Num 11:18 En aan die volk moet jy sê: Sonder julle af tot môre; dan sal julle vleis eet. Want julle het voor die Ore van JaHWeH geween en gesê: Wie sal vir ons vleis gee om te eet? want dit was vir ons goed in Egipte. Daarom sal JaHWeH vir julle vleis gee, en julle sal eet. [Wysheid van Salomo 16:20] Num 11:19 Julle sal nie een dag of twee dae eet nie, of vyf dae of tien dae of twintig dae nie - Num 11:20 maar 'n maand se dae, totdat dit uit julle neus uitkom en julle daarvan walg; omdat julle JaHWeH wat in julle midde is, verwerp en voor Sy Aangesig gehuil en gesê het: Waarom het ons tog uit Egipte uitgetrek? Num 11:21 Toe sê Moshè: Seshonderdduisend te voet is die volk onder wie ek verkeer; en U het gesê: Ek sal aan hulle vleis gee, en hulle sal 'n maand se dae lank eet! Num 11:22 Sal daar vir hulle kleinvee en beeste doodgebloei word, sodat daar vir hulle genoeg sal wees? Of sal al die visse van die see vir hulle versamel word, sodat daar vir hulle genoeg is? Num 11:23 Maar JaHWeH sê vir Moshè: Sou die Hand van JaHWeH te kort wees? Nou sal jy sien of My woord vir jou uitkom of nie. Num 11:24 Toe het Moshè uitgegaan en die Woorde van JaHWeH aan die volk te kenne gegee; en hy het sewentig manne uit die oudstes van die volk bymekaar laat kom en hulle rondom die Tent laat staan. Num 11:25 Daarop het JaHWeH neergedaal in die Wolkkolom en met hom gespreek; en Hy het van die Gees wat op hom was, afgesonder en op die sewentig oudstes gelê. En terwyl die Gees op hulle rus, het hulle geprofeteer; maar daarna nie meer nie. Num 11:26 Maar twee manne het in die laer agtergebly: die naam van die een was El-Dad en die naam van die ander Medad; en die Gees het op hulle gerus - hulle het behoort by die wat opgeskrywe was, hoewel hulle nie na die Tent uitgegaan het nie - en hulle het in die laer geprofeteer. Num 11:27 Toe hardloop 'n seun en vertel dit aan Moshè en sê: El-Dad en Medad profeteer in die laer. Num 11:28 En JeHôWshua, die seun van Nun, die dienaar van Moshè van sy jeug af, antwoord en sê: My meester Moshè, belet hulle dit! Num 11:29 Maar Moshè sê vir hom: Ywer jy vir my? Ag, as die hele volk van JaHWeH maar profete was, dat JaHWeH SY Gees oor hulle mag gee! Num 11:30 Daarop het Moshè hom in die laer teruggetrek, hy en die oudstes van JisraEl. Num 11:31 Toe het 'n Gees wat van JaHWeH kom, uitgevaar en kwartels van die see af oorgebring en op die laer gestrooi omtrent 'n dagreis hier en omtrent 'n dagreis daar, rondom die laer; en hulle was omtrent twee voorarm bokant die Aarde. Num 11:32 Toe het die volk opgestaan daardie hele dag en die hele nag en die hele volgende dag en die kwartels versamel. Hy wat die minste gehad het, het tien homer versamel. En hulle het dit oral vir hulle uitgesprei rondom die laer. [Wysheid van Salomo 16:2] Num 11:33 Die vleis was nog tussen hulle tande, voordat dit gekou was, toe die Woede van JaHWeH alreeds teen die volk ontvlam het, en JaHWeH het onder die volk 'n baie groot slagting teweeggebring. Num 11:34 Daarom het hulle dié plek genoem Kibrot-Hattáäwa; want daar het hulle die volk begrawe wat so begerig was. Num 11:35 Van Kibrot-Hattáäwa af het die volk weggetrek na Háserot toe, en hulle het in Háserot gebly. //Mirjam en Aäron word opstandig teen Moshè. Elohim straf Mirjam met melaatsheid. Num 12:1 EN Mirjam en Aäron het teen Moshè gespreek vanweë die vrou van Kuwshland wat hy geneem het; want hy het 'n vrou van Kuwshland geneem. [Boekrol van die Opregte 72:37, 76:5] Num 12:2 En hulle het gesê: Het JaHWeH dan maar alleen met Moshè gespreek? Het Hy nie ook met ons gespreek nie? En JaHWeH het dit gehoor. Num 12:3 Maar die man Moshè was baie sagmoedig, meer as al die adamiete op die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde]. Num 12:4 Toe het JaHWeH dadelik met Moshè en Aäron en Mirjam gespreek: Julle drie, kom uit na die Tent van Samekoms! En hulle drie het uitgekom. Num 12:5 En JaHWeH het in die Wolkkolom neergedaal en by die ingang van die Tent gaan staan. Daarna het Hy Aäron en Mirjam geroep, en hulle twee het uitgekom. Num 12:6 Toe sê Hy: Hoor tog My woorde. As julle profeet van JaHWeH is, sal Ek deur 'n gesig My aan hom bekend maak, deur 'n droom sal Ek met hom spreek. Num 12:7 So is dit nie met My kneg Moshè nie: in My hele Huis is hy getrou. Num 12:8 Mond tot mond spreek Ek met hom, en deur aanskouing en nie deur raaiselagtige woorde nie; en hy sien die Gestalte van JaHWeH. Waarom het julle dan nie gevrees om teen My kneg, teen Moshè, te spreek nie? Num 12:9 En die Woede van JaHWeH het teen hulle ontvlam, en Hy het weggegaan. Num 12:10 En toe die Wolkkolom van die Tent af weggetrek het, kyk, toe was Mirjam melaats, soos sneeu. En Aäron het Mirjam aangekyk en - sy was melaats! Num 12:11 Daarop sê Aäron vir Moshè: Ag, my meester, lê tog nie op ons die oortreding wat ons in ons dwaasheid begaan het nie. Num 12:12 Laat sy tog nie wees soos 'n dooie van wie se vleis, as hy uit sy moeder se skoot uitgaan, die helfte verteer is nie. Num 12:13 En Moshè het JaHWeH aangeroep en gesê: o El, maak haar tog gesond! Num 12:14 Toe sê JaHWeH vir Moshè: As haar vader net maar in haar gesig gespuug het, sou sy nie sewe dae lank beskaamd wees nie? Laat sy sewe dae lank buitekant die laer opgesluit wees, en daarna mag sy opgeneem word. Num 12:15 En hulle het Mirjam sewe dae lank buitekant die laer opgesluit; en die volk het nie weggetrek voordat Mirjam opgeneem was nie. Num 12:16 Maar daarna het die volk van Háserot af weggetrek en in die wildernis Paran laer opgeslaan. //Bevel om twaalf manne te stuur om Kanaän te verken. Num 13:1 EN JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê: Num 13:2 Stuur vir jou manne uit, dat hulle die Aarde van Kanaän wat Ek aan die kinders van JisraEl sal gee, kan verken. Van elke vaderlike stam moet julle een man stuur, elkeen 'n owerste onder hulle. Num 13:3 En Moshè het hulle uitgestuur uit die wildernis Paran, volgens die bevel van JaHWeH - hulle almal manne wat hoofde was van die kinders van JisraEl. Num 13:4 En dit is hulle name: Van die stam van Ruben: Sámmua, die seun van Sakkur. Num 13:5 Van die stam van Símeon: Safat, die seun van Hori. Num 13:6 Van die stam van JeHûWdah: Kaleb, die seun van Jefúnne. Num 13:7 Van die stam van Issaskar: Jígeal, die seun van JôWsef. Num 13:8 Van die stam van Efraim: Hoséa, die seun van Nun. Num 13:9 Van die stam van Benjamin: Palti, die seun van Rafu. Num 13:10 Van die stam van Sébulon: GadiEl, die seun van Sodi. Num 13:11 Van die stam van JôWsef, vir die stam van Manasse: Gaddi, die seun van Susi. Num 13:12 Van die stam van Dan: AmmiEl, die seun van Gemálli. Num 13:13 Van die stam van Aser: Setur, die seun van MikaEl. Num 13:14 Van die stam van Náftali: Nagbi, die seun van Wofsi. Num 13:15 Van die stam van Gad: GeuEl, die seun van Magi. Num 13:16 Dit is die name van die manne wat Moshè gestuur het om die Aarde te verken; En Moshè het Hoséa, die seun van Nun, JeHôWshua genoem. Num 13:17 En Moshè het hulle gestuur om die Aarde van Kanaän te verken en vir hulle gesê: Trek hier in die Suidland op en beklim die gebergte. Num 13:18 En bekyk die Aarde, hoe sy is, en die volk wat op haar woon, of hy sterk of swak, of hy min of baie is; Num 13:19 en hoe die Aarde is waar hulle in woon, of sy suiwer of besoedel is; en hoe die stede is waar hulle in woon, laers of vestings; Num 13:20 ook hoe die Aarde is, of sy vet of skraal is, of daar bome in haar is of nie; en wees dapper en bring van die vrugte van die Aarde saam. Dit was toe die tyd van die eerste druiwe. Num 13:21 En hulle het opgetrek en die Aarde verken van die wildernis Sin af tot by Rehob, na die ingang van Hammat - Num 13:22 hulle het in die Suidland opgetrek en tot by Hebron gekom; en daar was Ahíman, Sesai en Talmai, die kinders van die Enakiete. En Hebron is sewe jaar voor die aangesig van Soan in Egipte gebou. Num 13:23 Daarop het hulle tot by die dal Eskol gekom en daar 'n rank met een tros druiwe afgesny, en twee het dit aan 'n draagstok gedra; ook van die granate en van die vye. Num 13:24 Dié plek het hulle die dal Eskol genoem vanweë die tros wat die kinders van JisraEl daar afgesny het. Num 13:25 En ná verloop van veertig dae het hulle teruggekom van die Aarde te verken. Num 13:26 En hulle het weggegaan en by Moshè en Aäron en die hele vergadering van die kinders van JisraEl gekom in die wildernis Paran, in Kadesh, en aan hulle berig gebring, en aan die hele vergadering en hulle die vrugte van die Aarde laat sien. Num 13:27 En hulle het hom vertel en gesê: Ons het gekom in die Aarde waarheen u ons gestuur het; en waarlik, sy loop oor van melk en heuning, en dit is haar vrugte. Num 13:28 Maar die volk wat in die Aarde woon, is sterk, en die stede is versterk en baie groot; en ons het daar ook die kinders van die Enakiete (reuse) gesien. Num 13:29 Die Amalekiete woon in die Aarde van die Suide, maar die Hetiete en Jebusiete en Amoriete woon in die gebergte, en die Kanaäniete woon by die see en aan die kant van die Jordaan. Num 13:30 Toe het Kaleb die volk stil gemaak teenoor Moshè en gesê: Laat ons gerus optrek en haar in besit neem; want ons kan haar sekerlik oorweldig. Num 13:31 Maar die manne wat saam met hom opgetrek het, het gesê: Ons kan nie teen die volk optrek nie, want hulle is sterker as ons. Num 13:32 So het hulle dan slegte gerugte onder die kinders van JisraEl versprei oor die Aarde wat hulle verken het, deur te sê: Die Aarde wat ons deurgetrek het om haar te verken, is 'n Aarde wat haar inwoners verteer; en al die mense wat ons in haar midde gesien het, is groot manne. Num 13:33 Ons het daar ook die Nefilim gesien, die kinders van Enak, van die Nefilim afkomstig; en ons was soos sprinkane in ons oë; so was ons ook in hulle oë. //Omdat hulle na Egipte wil teruggaan, moet die JisraEliete veertig jaar in die woestyn bly. Num 14:1 TOE het die hele vergadering uitgeroep - hulle het hul stem verhef, en die volk het dié nag geween. Num 14:2 En al die kinders van JisraEl het gemurmureer teen Moshè en teen Aäron, en die hele vergadering het aan hulle gesê: Ag, as ons maar in die Aarde van Egipte gesterf het! Of as ons maar hier in die wildernis gesterf het! Num 14:3 En waarom bring JaHWeH ons na hierdie Aarde om deur die swaard te val? Ons vroue en ons kinders sal 'n buit word. Sal dit nie beter vir ons wees om na Egipte terug te gaan nie? Num 14:4 En hulle sê vir mekaar: Laat ons 'n hoof aanstel en na Egipte teruggaan. Num 14:5 Toe het Moshè en Aäron op hulle aangesig geval voor die aangesig van die hele vergadering van die gemeente van die kinders van JisraEl. Num 14:6 En JeHôWshua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefúnne, twee van die wat die Aarde verken het, het hulle klere geskeur Num 14:7 en die hele vergadering van die kinders van JisraEl toegespreek en gesê: Die Aarde wat ons deurgetrek het om te verken, is 'n buitengewoon goeie Aarde. Num 14:8 As JaHWeH 'n welbehae in ons het, sal Hy ons in hierdie Aarde inbring en haar aan ons gee, 'n Aarde wat oorloop van melk en heuning. Num 14:9 Rebelleer nie teen JaHWeH nie, en wees julle nie bevrees vir die volk van die Aarde nie, want hulle is ons spys. Hulle beskutting het van hulle gewyk, en JaHWeH is met ons. Wees nie bevrees vir hulle nie! Num 14:10 Toe sê die hele vergadering dat hulle gestenig moet word. En die Glansrykheid van JaHWeH het verskyn in die Tent van Samekoms voor al die kinders van JisraEl. Num 14:11 Daarop het JaHWeH aan Moshè gesê: Hoe lank sal hierdie volk My verag? En hoe lank sal hulle in My nie glo nie, ondanks al die tekens wat Ek onder hulle gedoen het? Num 14:12 Ek sal hulle met die pes tref en hulle uitroei; en Ek sal jou 'n groter en sterker nasie maak as hulle. Num 14:13 Toe het Moshè tot JaHWeH gespreek: Maar die Egiptenaars het gehoor dat U deur U Krag hierdie volk onder hulle uit laat optrek het Num 14:14 en dit aan die inwoners van hierdie Aarde gesê. Hulle het gehoor dat U, JaHWeH, in die midde van hierdie volk is; dat U, JaHWeH, duidelik waarneembaar verskyn; dat U Wolkkolom oor hulle staan en U in die Wolkkolom voor hulle uit trek bedags en in die Vuurkolom by nag. Num 14:15 As U nou hierdie volk soos een man ombring, dan sal die nasies wat die tyding aangaande U gehoor het, spreek en sê: Num 14:16 Omdat JaHWeH hierdie volk nie kon inbring in die Aarde wat Hy hulle met 'n eed beloof het nie, het Hy hulle laat doodbloei in die wildernis. Num 14:17 Laat dan nou tog die Krag van my Meester groot word, soos U gespreek het deur te sê: Num 14:18 JaHWeH is stadig om kwaad te word en betoon groot Medelye, wat die ongeregtigheid en oortreding vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie, wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde [geslag]. Num 14:19 Vergeef tog die ongeregtigheid van hierdie volk na die grootheid van U Medelye, en soos U hierdie volk van Egipte af tot hiertoe vergewe het. Num 14:20 Toe sê JaHWeH: Ek vergewe, volgens jou woord. Num 14:21 So waar as Ek leef, vul, sal die Glansrykheid van JaHWeH, die hele Aarde, Num 14:22 want al die manne wat My Glansrykheid en My tekens gesien het wat Ek in Egipte en in die wildernis gedoen het, en My nou al tien maal versoek het en na My Stem nie geluister het nie, Num 14:23 hulle sal die Aarde nie sien wat Ek aan hulle vaders met 'n eed beloof het nie, ja, almal wat My verag het, sal haar nie sien nie. Num 14:24 Maar My kneg Kaleb, omdat 'n ander gees in hom was en hy volhard het om My te volg - hom sal Ek bring in die Aarde waarin hy gekom het, en sy saadlyn sal haar in besit neem. Num 14:25 Die Amalekiete en die Kanaäniete woon in die laagte - draai môre weg en trek tog die wildernis in, op pad na die Skelfsee. Num 14:26 Daarna het JaHWeH met Moshè en Aäron gespreek en gesê: Num 14:27 Hoe lank sal hierdie besoedelde vergadering [aanhou] dat hulle teen My protesteer? Ek het die geklaery van die kinders van JisraEl gehoor waarmee hulle teen My bly protesteer. Num 14:28 Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek JaHWeH, waarlik, soos julle voor My Ore gespreek het, so sal Ek aan julle doen. Num 14:29 Julle lyke sal in hierdie wildernis lê, naamlik al julle geteldes, volgens julle volle getal, van twintig jaar oud en daarbo, julle wat teen My geprotesteer het. Num 14:30 Waarlik, júlle sal nie in die Aarde kom waaroor Ek My Hand opgehef het om julle in haar te laat woon nie, behalwe Kaleb, die seun van Jefúnne, en JeHôWshua, die seun van Nun. Num 14:31 En julle kinders waarvan julle gesê het: Hulle sal 'n buit word - dié sal Ek inbring en dié sal die Aarde leer ken wat julle verwerp het. Num 14:32 Maar julle lyke sal in hierdie wildernis lê. Num 14:33 En julle kinders sal soos herders rondtrek in die wildernis, veertig jaar lank, en sal so [die gevolge van] julle hoerery dra totdat julle karkasse in die wildernis verteer is. Num 14:34 Volgens die getal dae dat julle die Aarde verken het, veertig dae, vir elke dag een jaar, moet julle jul dade van Ongeregtigheid dra, veertig jaar lank, en My teëstand gewaar word. Num 14:35 Ek - JaHWeH, het dit gespreek; waarlik, dit sal Ek aan hierdie hele besoedelde vergadering doen wat teen My bymekaargekom het. Hulle sal in hierdie wildernis omkom en daar sterwe. Num 14:36 En die manne wat Moshè gestuur het om die Aarde te verken en wat ná hulle terugkoms die hele vergadering teen hom laat protesteer het deur 'n slegte gerug aangaande die Aarde te versprei, Num 14:37 die manne wat 'n gerug van besoedeling aangaande die Aarde versprei het, het gesterwe deur 'n plaag voor die Aangesig van JaHWeH. Num 14:38 Maar van dié manne wat die Aarde gaan verken het, het JeHôWshua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefúnne, in die lewe gebly. Num 14:39 En toe Moshè hierdie woorde aan al die kinders van JisraEl gesê het, het die volk baie getreur Num 14:40 en die môre vroeg klaargemaak en op die top van die berg geklim en gesê: Hier is ons, en ons wil optrek na die plek wat JaHWeH gesê het, want ons het oortree. Num 14:41 Maar Moshè het gesê: Waarom oortree julle tog teen die Mond van JaHWeH, aangesien dit tog nie sal gebeur nie? Num 14:42 Moenie optrek nie, want JaHWeH is nie in julle midde nie - anders word julle verslaan voor die aangesig van julle vyande. Num 14:43 Want die Amalekiete en die Kanaäniete is daar voor julle, en julle sal deur die swaard val; omdat julle van JaHWeH afvallig geword het, daarom sal JaHWeH nie met julle wees nie. Num 14:44 Nogtans het hulle vermetel gehandel om op die top van die berg te klim; maar die Verbondsark van JaHWeH en Moshè het nie uit die laer gewyk nie. Num 14:45 Toe het die Amalekiete en die Kanaäniete wat in dié gebergte woonagtig was, afgekom en hulle verslaan en hulle verstrooi tot by Horma. //Wette met betrekking tot die bydraes. Num 15:1 DAARNA het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: Num 15:2 Spreek met die kinders van JisraEl en sê vir hulle: As julle in die Aarde van julle inwoning kom wat Ek aan julle gee, Num 15:3 en as julle 'n vuurbereiding aan JaHWeH wil berei, 'n brandoffer of slagdier - deur 'n buitengewone Gelofte te bring of as vrywillige skenking of by julle Feestye - om vir JaHWeH 'n aangename geur van beeste of van kleinvee te berei, Num 15:4 dan moet die een wat sy bydrae aan JaHWeH naderbring, as spysbydrae naderbring 'n tiende [van 'n efa] fynmeel, gemeng met 'n kwart-hin olie; Num 15:5 en wyn vir die drank, 'n kwart-hin, moet jy berei by die brandoffer of by die slagdier van een lam. Num 15:6 Of vir 'n ram moet jy as spysbydrae berei twee-tiendes [van 'n efa] fynmeel, met 'n derde van 'n hin olie gemeng. Num 15:7 En vir die drank moet jy naderbring 'n derde van 'n hin wyn as aangename geur aan JaHWeH. Num 15:8 En as jy 'n jong bul as brandoffer of 'n slagdier berei, om 'n buitengewone Gelofte te doen of as vergoeding aan JaHWeH, Num 15:9 moet hy by die jong bul as spysbydrae naderbring drie-tiendes [van 'n efa] fynmeel met 'n half-hin olie gemeng. Num 15:10 En bring nader, vir die drank: 'n half-hin wyn, as vuur van aangename geur aan JaHWeH. Num 15:11 So moet gedoen word by elke bees of by elke ram of by 'n lam van die skape of van die bokke. Num 15:12 Volgens die getal wat julle berei - so moet julle doen by elkeen volgens hulle getal. Num 15:13 Elke kind van die Aarde moet hierdie dinge op dieselfde manier doen, om 'n vuur van aangename geur aan JaHWeH nader te bring. Num 15:14 En as 'n besoeker by julle vertoef, of hy wat vir geslagte onder julle is, en 'n vuur van aangename geur vir JaHWeH berei - soos julle doen, so moet hy doen. Num 15:15 Wat die vergadering aangaan, een en dieselfde Insetting geld vir julle en vir die besoeker wat [by julle] vertoef. 'n Ewige Insetting in julle geslagte is sy: soos julle, so moet die besoeker voor die Aangesig van JaHWeH wees. Num 15:16 Een Wet en een Reg moet geld vir julle en vir die besoeker wat by julle vertoef. Num 15:17 Verder het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: Num 15:18 Spreek met die kinders van JisraEl en sê vir hulle: As julle in die Aarde kom waarheen Ek julle bring, Num 15:19 moet julle, as julle van die brood van die Aarde eet, 'n bydrae aan JaHWeH afgee. Num 15:20 As eersteling van julle growwe meel moet julle 'n koek as bydrae afgee; net soos die bydrae van die dorsvloer, so moet julle dit afgee. Num 15:21 Van die eerstelinge van julle growwe meel moet julle 'n bydrae aan JaHWeH gee in julle geslagte. Num 15:22 Verder, as julle jul misgaan en nie al hierdie Gebooie wat die Woord van JaHWeH aan Moshè meegedeel het, doen nie - Num 15:23 alles wat JaHWeH julle deur Moshè beveel het van die dag af dat JaHWeH dit beveel het en verder in julle geslagte - Num 15:24 dan moet die hele vergadering, as dit buiten die wete van die vergadering, in swakheid gebeur het, een jong bul berei vir 'n brandoffer as aangename geur aan JaHWeH, met sy spysbydrae en sy drank wat volgens Reg daarby behoort; en een bokram vir die oortreding. Num 15:25 En die priester moet versoening doen vir die hele vergadering van die kinders van JisraEl, en dit sal hulle vergewe word; want 'n swakheid was dit, en hulle het hul bydrae as bereiding deur vuur aan JaHWeH vir hul oortreding, weens hulle swakheid, voor die Aangesig van JaHWeH gebring. Num 15:26 Dit sal dan die hele vergadering van die kinders van JisraEl vergewe word, ook die besoeker wat onder hulle vertoef; want dit het die hele volk deur swakheid oorgekom. Num 15:27 En as 'n enkele siel in swakheid oortree, moet sy 'n jaaroud bokooi vir die oortreding naderbring. Num 15:28 En die priester moet versoening doen op die siel wat misgaan het, weens haar oortredinge in swakheid voor die Aangesig van JaHWeH begaan, om vir haar versoening te doen; en dit sal haar vergewe word. Num 15:29 Wat die kind van die Aarde onder die kinders van JisraEl aangaan en die besoeker wat onder hulle vertoef - een en dieselfde wet moet vir julle geld, vir hom wat in swakheid iets doen. Num 15:30 Maar die siel wat iets moedswillig doen, van die kinders van die Aarde of van die besoekers; as hy JaHWeH versmaad sal dié siel haar afsny van binne haar volk uit. Num 15:31 Want die Woord van JaHWeH het sy verag en Sy gebod verbreek. In afsnyding, sal sy afgesny word - die siel - haar ongeregtigheid [is] in haar. //Straf vir Sabbatskending is die dood. Num 15:32 EN toe die kinders van JisraEl in die wildernis was, het hulle 'n man gekry wat op die Sabbatdag hout bymekaarmaak. Num 15:33 En die wat hom gekry het terwyl hy hout bymekaarmaak, het hom na Moshè en Aäron en na die hele vergadering nadergebring. Num 15:34 En hulle het hom in die gevangenis gesit, want dit was nie beslis wat met hom gedoen moes word nie. Num 15:35 Toe sê JaHWeH vir Moshè: Die man moet sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom buitekant die laer stenig. Num 15:36 Toe het die hele vergadering hom buitekant die laer uitgebring en hom gestenig, dat hy gesterf het, soos JaHWeH aan Moshè beveel het. //Bevel om 'n Teken aan die klere te maak. Num 15:37 EN JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê: Num 15:38 Spreek met die kinders van JisraEl en sê aan hulle, hulle moet vir hulle klossies maak aan die hoeke van hul klere, in hulle geslagte, en aan die hoekklossies 'n draad van koningsblou stof vasbind. [JeHôWganan 14:26] Num 15:39 En sy sal julle as klossies dien: as julle haar sien, moet julle aan al die Gebooie van JaHWeH dink, dat julle haar doen en nie jul hart en jul oë navolg waar julle agter aan hoereer nie, Num 15:40 sodat julle al My Gebooie onthou en doen, en apartes aan julle Elohey mag wees. Num 15:41 Ek - JaHWeH julle Elohey wat julle uit die Aarde van Egipte uitgelei het om vir julle 'n Elohim te wees. Ek - JaHWeH julle Elohey. //Korag, Datan en Abíram maak oproer teen Moshè en Aäron. Num 16:1 EN Korag, die seun van Jishar, die seun van Kehat, die seun van Levi, saam met Datan en Abíram, seuns van EliAb, en On, die seun van Pelet, seuns van Ruben, het [manne] geneem, Num 16:2 en hulle het opgestaan voor die Aangesig, van die Oë van Moshè, saam met tweehonderd-en-vyftig man uit die kinders van JisraEl, owerstes van die vergadering, manne wat opgeroep was vir die volksvergadering, berugte manne. Num 16:3 En hulle het bymekaargekom teen Moshè en Aäron en aan hulle gesê: Dit is nou genoeg; want die hele vergadering, hulle almal, is apartes; en JaHWeH is in hulle midde! Waarom verhef julle jul dan bo die vergadering van JaHWeH? Num 16:4 Toe Moshè dit hoor, het hy op sy aangesig geval; Num 16:5 en hy het met Korag en sy hele bende gespreek en gesê: Môre vroeg, dan sal JaHWeH bekend maak wie Hom toebehoort en wie die apartgestelde is, en wie Hy na Hom laat nader kom: wie Hy uitkies, sal Hy na Hom laat nader kom. Num 16:6 Doen dit: Kry vir julle vuurtange, Korag en sy hele bende, Num 16:7 en neem môre vuur daarin en lê daar reukwerk op voor die Aangesig van JaHWeH; dan sal die man wat JaHWeH uitkies, die apartgestelde wees. Dit is nou genoeg, kinders van Levi! Num 16:8 Verder het Moshè vir Korag gesê: Luister tog, kinders van Levi! Num 16:9 Is dit julle nie genoeg dat die Elohey van JisraEl julle uit die vergadering van JisraEl afgeskei het om julle na Hom te laat nader kom, om die dienswerk van JaHWeH se Tabernakel te verrig en te staan voor die aangesig van die vergadering om hulle te dien nie, Num 16:10 en Hy jou laat nader kom het en al jou broers, die kinders van Levi, saam met jou - dat julle nou ook die priesteramp begeer? Num 16:11 Daarom, jy en jou hele bende is mense wat teen JaHWeH vergader; want Aäron, wat is hy, dat julle teen hom murmureer? Num 16:12 En Moshè het gestuur om Datan en Abíram, die seuns van EliAb, te laat roep; maar hulle het gesê: Ons sal nie opkom nie. Num 16:13 Is dit nie genoeg dat jy ons uit 'n Aarde wat oorloop van melk en heuning laat optrek het om ons in die wildernis om te bring, dat jy ook gedurig oor ons die baas wil speel nie? Num 16:14 Ook het jy ons nie gebring in 'n Aarde wat oorloop van melk en heuning en aan ons geen land en Wingerde as Erfdeel gegee nie. Wil jy die oë van hierdie manne uitgrawe? Ons sal nie opkom nie. Num 16:15 Toe het Moshè baie kwaad geword, en hy het aan JaHWeH gesê: Sien hulle eerbetoon nie aan nie. Ek het nie een esel van hulle geneem en nie een van hulle kwaad aangedoen nie. Num 16:16 Verder het Moshè vir Korag gesê: Jy en jou hele bende, sorg dat julle môre voor die Aangesig van JaHWeH is, jy en hulle en Aäron. Num 16:17 En neem julle elkeen sy koolpan en sit daar reukwerk op, en bring dit nader voor die Aangesig van JaHWeH elkeen sy koolpan, tweehonderd-en-vyftig koolpanne, ook jy en Aäron elkeen met sy koolpan. Num 16:18 Toe het hulle elkeen sy koolpan geneem en daar vuur op gesit en reukwerk op gelê; en hulle het gaan staan by die ingang van die Tent van Samekoms, ook Moshè en Aäron. Num 16:19 En Korag het die hele vergadering teen hulle bymekaar laat kom by die ingang van die Tent van Samekoms. En die Glansrykheid van JaHWeH is deur die hele vergadering gesien. Num 16:20 En JaHWeH het met Moshè en Aäron gespreek en gesê: Num 16:21 Skei julle af van hierdie vergadering, en Ek sal hulle in 'n oomblik verteer. Num 16:22 Maar hulle het op hul aangesig geval en gesê: o El, Elohey van die Geeste van alle vlees! Sal een man oortree en U op die hele vergadering woedend word? Num 16:23 En JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê: Num 16:24 Spreek met die vergadering en sê: Maak dat julle wegkom rondom die woning van Korag, Datan en Abíram! Num 16:25 Toe het Moshè opgestaan en na Datan en Abíram gegaan, en die oudstes van JisraEl het agter hom aan gegaan. Num 16:26 Daarop het hy die vergadering toegespreek en gesê: Verwyder julle tog van die tente van hierdie besoedelde manne en raak nie aan iets wat aan hulle behoort nie, dat julle nie weens al hulle oortredinge omkom nie. Num 16:27 En hulle het gemaak dat hulle wegkom rondom die woning van Korag, Datan en Abiram; maar Datan en Abíram het uitgekom en gaan staan by die deur van hulle tente saam met hulle vroue en seuns en kindertjies. Num 16:28 Toe sê Moshè: Hieraan sal julle weet dat JaHWeH my gestuur het om al hierdie werke te doen, dat hulle nie uit my eie hart is nie: Num 16:29 as hierdie adamiete sterwe soos alle adamiete sterwe en met die straf van alle adamiete gestraf word, dan het JaHWeH my nie gestuur nie. Num 16:30 Maar as JaHWeH iets nuuts skep en die Adamah[adamiet se Aarde] haar Mond oopmaak en hulle verslind met alles wat aan hulle behoort, en hulle lewendig na die Doderyk/Sheol afdaal, dan sal julle weet dat hierdie manne JaHWeH verag het. Num 16:31 En toe hy al hierdie woorde klaar gespreek het, skeur die Adamah[adamiet se Aarde] wat onder hulle was, Num 16:32 en die Aarde het haar Mond oopgemaak en hulle verslind saam met hul huisgesinne en al die adamiete wat aan Korag behoort het en al die goed. Num 16:33 So het hulle dan met alles wat hulle s'n was, lewendig na die Doderyk/Sheol afgedaal; en die Aarde het hulle oordek, en hulle het omgekom uit die midde van die vergadering. Num 16:34 En die hele JisraEl wat rondom hulle was, het gevlug vir hulle geroep; want hulle het gesê: Dalk verslind die Aarde ons! Num 16:35 Toe het 'n Vuur van JaHWeH uitgegaan en die tweehonderd-en-vyftig man verteer wat die reukwerk nadergebring het. Num 16:36 En JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê: Num 16:37 Sê aan El-Azar, die seun van die priester Aäron, dat hy die koolpanne uit die brand moet wegneem en die vuur ver weg moet strooi; want dit is afgesonder- Num 16:38 die koolpan van die wat oortree het ten koste van hulle siele; en daarvan moet dun plate geslaan word as 'n oortreksel vir die altaar. Want hulle het dié voor die Aangesig van JaHWeH nadergebring - daarom is dit gewyd; en dit sal vir die kinders van JisraEl 'n beduidende teken wees. Num 16:39 Toe het die priester El-Azar die koolpanne van koper geneem waarmee [hulle bydraes] nadergebring het, waaroor hulle verbrand is, en hulle het dit plat geslaan as 'n oortreksel vir die altaar - Num 16:40 'n herinnering vir die kinders van JisraEl, sodat enige man - 'n verbasterde , wat nie uit die saad van Aäron is nie, nie sal nader kom om reukwerk voor die Aangesig van JaHWeH aan die brand te steek nie; sodat hy nie word soos Korag en sy bende nie, soos JaHWeH deur die hand van Moshè gespreek het. Num 16:41 Maar die volgende dag het die hele vergadering van die kinders van JisraEl teen Moshè en Aäron geprotesteer en gesê: Júlle het die volk van JaHWeH gedood. Num 16:42 En terwyl die vergadering teen Moshè en Aäron bymekaarkom, het hulle hul na die Tent van Samekoms gedraai, en meteens het die Wolkkolom hom oordek en die Glansrykheid van JaHWeH is gesien. Num 16:43 En toe Moshè en Aäron tot voor die Tent van Samekoms kom, Num 16:44 het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: Num 16:45 Trek julle terug uit hierdie vergadering, dat Ek hulle in 'n oomblik kan verteer. Toe val hulle op hul aangesig, Num 16:46 en Moshè sê vir Aäron: Neem die koolpan en plaas vuur van die altaar op haar en lê reukwerk daarop, en bring dit gou na die vergadering en doen versoening vir hulle; want Woede het van die Aangesig van JaHWeH uitgegaan, die plaag het uitgebreek! Num 16:47 Toe neem Aäron dit soos Moshè gespreek het en hardloop onder die vergadering in, en kyk, die plaag het al onder die volk uitgebreek! En hy het die reukwerk daarop gelê en versoening gedoen vir die volk. Num 16:48 En terwyl hy tussen die dooies en die lewendes staan, het die plaag opgehou. Num 16:49 En die wat deur die plaag gesterf het, was veertienduisend-sewehonderd, buiten die wat gesterf het om Korag se ontwil. Num 16:50 Daarop gaan Aäron na Moshè terug by die ingang van die Tent van Samekoms; en die plaag is gestuit. //Die staf van Aäron. Num 17:1 DAARNA het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: Num 17:2 Spreek met die kinders van JisraEl en neem van hulle vir elke stam 'n staf, van al hulle owerstes volgens hulle stamme, twaalf stawwe; elkeen se naam moet jy skrywe op sy staf. Num 17:3 En Aäron se naam moet jy skrywe op die staf van Levi; want een staf moet daar wees vir die stamhoof oor die huis van sy vader. Num 17:4 En jy moet hulle wegsit in die Tent van Samekoms voor die Aangesig van die Getuienis waar Ek met julle saamkom. Num 17:5 En die staf van die man wat Ek uitkies, sal bot; en Ek sal die geklaery van die kinders van JisraEl wat hulle teen julle geklae het, stilmaak teenoor My. Num 17:6 Daarop het Moshè met die kinders van JisraEl gespreek; en al hulle owerstes het hom 'n staf gegee, vir elke owerste een volgens hulle stamme, twaalf stawwe. Aäron se staf was ook onder hulle stawwe. Num 17:7 En Moshè het die stawwe voor die Aangesig van JaHWeH in die Tent van die Getuienis neergesit. Num 17:8 En toe Moshè die volgende dag in die Tent van die Getuienis ingaan, kyk, daar het die staf van Aäron, vir die huis van Levi, gebot: hy het bloeisels laat uitspruit en blomme laat oopgaan en amandels laat ryp word! [JirmeJaH 1:11; MattithJaHûW 24:32] Num 17:9 Toe bring Moshè al die stawwe wat voor die Aangesig van JaHWeH was, na al die kinders van JisraEl toe uit; en hulle het dit gesien en elkeen sy staf geneem. Num 17:10 Daarop het JaHWeH vir Moshè gesê: Bring die staf van Aäron terug voor die Aangesig van die Getuienis om hom te bewaar as Teken vir die wederstrewiges, en bevry My eindelik van hulle geklaery, dat hulle nie sterwe nie. Num 17:11 En Moshè het dit gedoen; soos JaHWeH hom beveel het, so het hy gedoen. Num 17:12 Toe het die kinders van JisraEl met Moshè gespreek en gesê: Kyk, ons sterwe, ons vergaan, ons almal vergaan! Num 17:13 Elkeen wat enigsins nader kom na die Tabernakel van JaHWeH, sal sterwe. Is ons dan geheel en al daarvoor bestemd om weg te sterwe? //Werk van die priesters en die Leviete; voorsiening in hulle onderhoud. Num 18:1 EN JaHWeH het vir Aäron gesê: Jy en jou seuns en die huis van jou vader saam met jou moet die skuld met betrekking tot die Apartheids-plek dra; en jy en jou seuns saam met jou moet die skuld met betrekking tot julle priesteramp dra. Num 18:2 En laat ook jou broers, die stam van Levi, die stam van jou vader, saam met jou nader kom, dat hulle by jou kan aansluit en jou dien, terwyl jy en jou seuns saam met jou voor die Aangesig van die Tent van Getuienis is. Num 18:3 En hulle moet jou diens waarneem en die diens van die hele Tent; maar naby die voorwerpe van die Apartheid en naby die altaar mag hulle nie kom nie, dat hulle nie sterwe, hulle sowel as julle nie. Num 18:4 Maar hulle moet by jou aansluit en die diens van die Tent van Samekoms waarneem: al die dienswerk van die Tent; en 'n verbasterde mag nie na julle toe nader kom nie. Num 18:5 En julle moet die diens van die Apartheid en die diens van die altaar waarneem, sodat daar verder geen toorn oor die kinders van JisraEl kom nie. Num 18:6 Want Ek self het julle broers, die Leviete, onder die kinders van JisraEl uit geneem as 'n gawe vir julle, hulle wat aan JaHWeH gegee is om die dienswerk van die Tent van Samekoms te verrig. Num 18:7 Maar jy en jou seuns saam met jou moet julle priesteramp waarneem met betrekking tot al die sake van die altaar en van wat binnekant die voorhangsel is, en julle moet diens verrig. As 'n dienswerk wat geskenk word, gee Ek julle die priesteramp; en die verbasterde wat naby kom, moet gedood word. Num 18:8 Verder het JaHWeH met Aäron gespreek: Ek self het jou die diens van My bydraes gegee; wat betref al die apartheids [gawes] van die kinders van JisraEl, aan jou gee Ek haar as aandeel en aan jou seuns as ewige Insetting. Num 18:9 Van die Apartheid van die Aparthede, met uitsondering van wat verbrand word, moet sy joune wees: al hulle bydraes, naamlik elke spysbydrae en alles vir hul oortredinge en al die vir hul skuld, wat hulle aan My bring - as Apartheid van Aparthede moet sy vir jou en jou seuns wees. Num 18:10 In die Apartheid van die Aparthede moet jy haar eet; almal wat manlik is, mag haar eet; Apartheid moet sy vir jou wees. Num 18:11 Sy moet ook joune wees: die skenkings van hulle geskenke, van al die geswaaide [aanbiedings] van die kinders van JisraEl; Ek gee haar aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as 'n ewige Insetting. Elkeen wat suiwer is in jou huis, mag haar eet. Num 18:12 Al die beste van die olie en al die beste van die druiwesap en die koring, die eerste daarvan wat hulle aan JaHWeH gee, dit gee Ek aan jou. Num 18:13 Die eerstelinge van alles wat in die Aarde is, wat hulle aan JaHWeH bring, moet joune wees. Elkeen wat suiwer is in jou huis, mag dit eet. Num 18:14 Alles wat onder die ban is in JisraEl, moet joune wees. Num 18:15 Alles wat die moederskoot open - alle vlees wat hulle vir JaHWeH naderbring, adamiete en diere - moet joune wees; maar die eersgeborenes van adamiete moet jy sekerlik loskoop; ook moet jy die eersgeborenes van besoedelde diere loskoop. Num 18:16 En wat die loskoping daarvan aangaan: vanaf 'n maand oud moet jy loskoop, volgens jou skatting vir die silwer van vyf sikkels volgens die sikkel van die Apartheid; dit is twintig gera. Num 18:17 Maar die eersgeborene van 'n bees of die eersgeborene van 'n skaap of die eersgeborene van 'n bok moet jy nie loskoop nie; Apartheid is hulle; hulle bloed moet jy sprinkel op die altaar en hulle vet aan die brand steek as bereiding deur vuur van 'n aangename geur aan JaHWeH. Num 18:18 En hulle vleis moet joune wees; soos die geswaaide bors en die regterboud moet dit joune wees. Num 18:19 Al die skenkings van die Aparthede wat die kinders van JisraEl aan JaHWeH afgee, gee Ek aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as 'n ewige Insetting. Dit is 'n ewige Soutverbond voor die Aangesig van JaHWeH, vir jou en jou saad saam met jou. [MattithJaHûW 5:13; 2 Kronieke 13:5; Markus 9:50] Num 18:20 Ook het JaHWeH vir Aäron gesê: Jy sal in hulle Aarde nie erwe nie, en jy sal geen deel onder hulle hê nie. Ek is jou deel en jou Erfenis onder die kinders van JisraEl. Num 18:21 En kyk, Ek gee aan die kinders van Levi al die tiendes in JisraEl as erfdeel vir hulle dienswerk wat hulle verrig, die dienswerk van die Tent van Samekoms. Num 18:22 En die kinders van JisraEl moet nie meer naderkom na die Tent van Samekoms nie, om nie hulle skuld van oortredinge op hulle te laai sodat hulle sterwe nie. Num 18:23 Maar die Leviete, dié moet die dienswerk by die Tent van Samekoms verrig, en hulle moet hul skuld dra - 'n ewige Insetting in julle geslagte. En onder die kinders van JisraEl moet hulle geen erfdeel kry nie. Num 18:24 Want die tiendes van die kinders van JisraEl wat hulle aan JaHWeH as bydrae afgee, gee Ek aan die Leviete as erfdeel. Daarom het Ek aangaande hulle gesê: Hulle moet onder die kinders van JisraEl geen erfdeel kry nie. Num 18:25 En JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê: Num 18:26 Jy moet ook met die Leviete spreek en aan hulle sê: As julle van die kinders van JisraEl die tiendes neem wat Ek aan julle van hulle as jul erfdeel gegee het, moet julle daarvan 'n bydrae aan JaHWeH afgee, 'n tiende van die tiende. Num 18:27 En julle bydrae sal vir julle gereken word soos koring van die dorsvloer af en soos die volheid uit die parskuip. Num 18:28 Só moet julle ook 'n bydrae aan JaHWeH afgee van al julle tiendes wat julle van die kinders van JisraEl neem, en julle moet daarvan die bydrae van JaHWeH aan die priester Aäron gee. Num 18:29 Van al jul gawes wat julle sal ophef moet die bydrae aan JaHWeH gegee word, van al die vet daarvan, as gewyde deel daarvan. Num 18:30 Jy moet dan vir hulle sê: As julle die beste daarvan afgee, sal dit vir die Leviete gereken word as opbrengs van die dorsvloer en as opbrengs van die parskuip. Num 18:31 En julle mag haar op enige plek eet, julle en jul huisgesin; want sy is vir julle 'n loon vir jul dienswerk by die Tent van Samekoms. Num 18:32 En julle sal daarby geen skuld op julle laai as julle die beste deel daarvan afgee nie; en julle mag die apartheids[gawes] van die kinders van JisraEl nie besoedel nie, sodat julle nie sterwe nie. //Die verbranding van 'n rooi koei en die suiweringswater. Num 19:1 VERDER het JaHWeH met Moshè en Aäron gespreek en gesê: Num 19:2 Dit is 'n Insetting van die Wet volgens die bevel van JaHWeH: Spreek met die kinders van JisraEl dat hulle vir jou 'n rooi koei bring; wat raseg is, wat geen gebrek in haar het nie, en waarop geen juk gekom het nie. Num 19:3 En julle moet haar aan die priester El-Azar gee, en hulle moet haar buitekant die laer uitbring en voor hom bloei. Num 19:4 En die priester El-Azar moet van haar bloed met sy vinger neem en van haar bloed sewe maal in die rigting van die voorkant van die Tent van Samekoms spat. Num 19:5 Daarna moet hulle die koei voor sy oë verbrand; haar vel en haar vleis en haar bloed, saam met haar mis, moet hulle verbrand. Num 19:6 En die priester moet sederhout en hisop en skarlakendraad neem en dit binne-in die brand van die koei gooi. Num 19:7 Dan moet die priester sy klere was en sy liggaam in die water bad, en daarna mag hy in die laer kom; en die priester sal tot die aand toe besoedel wees. Num 19:8 Ook die een wat haar verbrand het, moet sy klere in die water was en sy liggaam in die water bad, en hy sal tot die aand toe besoedel wees. Num 19:9 En 'n suiwer man moet die as van die koei bymekaarmaak en buitekant die laer op 'n gesuiwerde plek neersit, en sy moet vir die vergadering van die kinders van JisraEl bewaar word vir die suiweringswater: sy is 'n oortredingsoffer. Num 19:10 En die een wat die as van die koei bymekaargemaak het, moet sy klere was en sal tot die aand toe besoedel wees. En sy moet vir die kinders van JisraEl en vir die besoeker wat onder hulle vertoef, 'n ewige Insetting wees. Num 19:11 Die een wat aan enige dooie siel van 'n adamiet raak, hy sal sewe dae lank besoedel wees. Num 19:12 Op die derde dag en op die sewende dag moet hy hom daarmee suiwer van besoedeling, dan sal hy gesuiwer wees; maar as hy hom op die derde dag en op die sewende dag nie suiwer van besoedeling nie, sal hy nie gesuiwer wees nie. Num 19:13 Elkeen wat raak aan 'n dooie siel van die adamiet wat gesterf het, en hom nie suiwer van besoedeling nie, besoedel die Tabernakel van JaHWeH, dié siel sal haar afsny van JisraEl. Omdat geen suiweringswater op hom uitgegooi is nie, sal hy besoedel wees; sy besoedeling is nog aan hom. Num 19:14 Dit is die Wet: As 'n adamiet in 'n tent sterwe, sal elkeen wat in die tent kom en al wat in die tent is, sewe dae lank besoedel wees. Num 19:15 Ook al die oop goed wat nie met 'n deksel toegebind word nie, is besoedel. Num 19:16 En elkeen wat in die oop veld aan iemand raak wat deur die swaard verslaan is, of aan 'n dooie of aan 'n adamiet se doodsbeen of aan 'n graf, sal sewe dae lank besoedel wees. Num 19:17 En die besoedelde moet dan van die as neem wat verbrand is vir die oortreding, en daar vars water in 'n pot op gooi; Num 19:18 en 'n suiwer man moet hisop neem en dit in die water insteek en op die tent spat en op al die goed en op die siele wat daar gewees het; ook op hom wat aan 'n doodsbeen of aan een wat verslaan is, of aan 'n dooie of aan 'n graf geraak het. [JeHôWganan 19:29] Num 19:19 En die suiwere moet die besoedelde op die derde en op die sewende dag bespat en hom op die sewende dag suiwer van besoedeling. Dan moet hy sy klere was en hom in die water bad, en in die aand sal hy skoon wees. Num 19:20 Maar as iemand besoedel word en hom nie suiwer van besoedeling nie, dié siel sal haar afsny uit die midde van die vergadering, want hy het die Apartheidsplek van JaHWeH besoedel: suiweringswater is op hom nie uitgegooi nie, hy is besoedel. [JeHôWganan 13:10] Num 19:21 En sy moet vir hulle 'n ewige Insetting wees. En die een wat die suiweringswater spat, moet sy klere was; en die een wat aan die suiweringswater raak, sal tot die aand toe besoedel wees. Num 19:22 Ja, alles waaraan die besoedelde raak, sal besoedel wees; en die siel wat aan hom raak, sal tot die aand toe besoedel wees. //Die waters van Mériba. Num 20:1 EN toe die kinders van JisraEl, die hele vergadering, in die wildernis Sin kom, in die eerste maand, het die volk in Kadesh gebly. En Mirjam het daar gesterwe en is daar begrawe. Num 20:2 En daar was geen water vir die vergadering nie. Toe het hulle teen Moshè en Aäron saamgekom. Num 20:3 En die volk het met Moshè getwis, en hulle het gespreek en gesê: Ag, het ons tog maar gesterwe toe ons broers voor die Aangesig van JaHWeH gesterf het! Num 20:4 En waarom het julle die vergadering van JaHWeH in hierdie wildernis gebring, dat ons en ons vee daar sou sterwe? Num 20:5 En waarom het julle ons uit Egipte laat optrek om ons in hierdie besoedelde plek te bring? Dit is geen plek van saad of van vye of van wingerdstokke of van granate nie; ook is daar geen water om te drink nie. Num 20:6 Daarop gaan Moshè en Aäron van die vergadering af weg na die ingang van die Tent van Samekoms, en hulle het op hul aangesig geval; toe verskyn die Glansrykheid van JaHWeH aan hulle. Num 20:7 En JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê: Num 20:8 Neem die staf en laat die vergadering byeenkom, jy en jou broer Aäron, en spreek julle die rots aan voor hulle oë; dan sal hy sy water gee. So moet jy dan vir hulle water uit die rots laat vloei en die vergadering en hulle vee laat drink. Num 20:9 Toe neem Moshè die staf voor die Aangesig van JaHWeH weg soos Hy hom beveel het. Num 20:10 En Moshè en Aäron het die vergadering voor die rots laat byeenkom, en hy het vir hulle gesê: Hoor tog, julle wederstrewiges, moet ons vir julle water uit hierdie rots laat vloei? Num 20:11 Daarop tel Moshè sy hand op en hy slaan die rots twee maal met sy staf; en daar het baie water uitgekom, sodat die vergadering gedrink het en hulle vee. Num 20:12 Toe sê JaHWeH vir Moshè en Aäron: Omdat julle in My nie geglo het om My voor die oë van die kinders van JisraEl Hoog te ag nie, sal julle hierdie vergadering nie in die Aarde inbring wat Ek aan hulle gegee het nie. Num 20:13 Dit is die waters van Mériba waar die kinders van JisraEl met JaHWeH getwis het en Hy Hom onder hulle as die Hooggeagte laat ken het. Num 20:14 Daarna het Moshè uit Kadesh boodskappers na die koning van Edom gestuur: So sê jou broer JisraEl: Jy weet self al die moeilikheid wat ons oorgekom het. Num 20:15 Ons vaders het na Egipte afgetrek, en ons het baie dae in Egipte gewoon, en die Egiptenaars het ons en ons vaders sleg behandel. Num 20:16 Toe het ons JaHWeH aangeroep, en HY het ons stem gehoor: HY het 'n Boodskapper gestuur en ons uit Egipte uitgelei. Hier is ons nou in Kadesh, 'n stad op die grens van jou grondgebied. Num 20:17 Laat ons tog deur jou Aarde trek: ons sal nie deur landerye of wingerde trek nie en die water uit die putte nie drink nie; ons sal die koningsweg hou; ons sal nie regs of links uitdraai nie, totdat ons deur jou grense getrek het. Num 20:18 Maar Edom antwoord hom: Jy sal deur my nie trek nie, anders sal ek jou met die swaard tegemoet trek. Num 20:19 Toe sê die kinders van JisraEl vir hom: Ons sal met die grootpad trek, en as ons van jou water drink, ek en my vee, gee ek die prys daarvoor. Laat my net te voet deurtrek - verder niks nie. Num 20:20 Maar hy antwoord: Jy sal nie deurtrek nie. En Edom het uitgetrek hom tegemoet met baie manskappe en met 'n sterk hand. Num 20:21 So het Edom dan geweier om JisraEl toe te laat om deur sy grondgebied te trek. Daarop het JisraEl van hom af weggedraai. //Die dood van Aäron. Num 20:22 EN die kinders van JisraEl, die hele vergadering, het van Kadesh af weggetrek en by die berg Hor gekom. Num 20:23 En JaHWeH het met Moshè en Aäron by die berg Hor, op die grens van die Aarde van Edom, gespreek en gesê: Num 20:24 Aäron sal by sy volksgenote versamel word, want hy mag nie kom in die Aarde wat Ek aan die kinders van JisraEl gegee het nie, omdat julle teen My bevel wederstrewig was by die waters van Mériba. Num 20:25 Neem Aäron en sy seun El-Azar, en laat hulle op die berg Hor opklim; Num 20:26 en trek Aäron se klere uit en trek dit sy seun El-Azar aan en bring Aäron om daar te sterf. Num 20:27 Toe het Moshè gedoen volgens die bevel van JaHWeH: hulle het op die berg Hor geklim voor die oë van die hele vergadering. Num 20:28 En Moshè het Aäron se klere uitgetrek en dit sy seun El-Azar aangetrek. En Aäron het daar gesterwe op die top van die berg, maar Moshè en El-Azar het van die berg afgeklim. Num 20:29 En toe die hele vergadering sien dat Aäron gesterf het, het die hele huis van JisraEl Aäron beween dertig dae lank. //Nederlaag van die koning van Arad. Die koperslang. Num 21:1 TOE die Kanaäniet, die koning van Arad, wat in die Suidland gewoon het, hoor dat JisraEl met die pad van Atarim kom, het hy teen JisraEl geveg en sommige van hulle as gevangenes weggevoer. Num 21:2 Daarop het JisraEl aan JaHWeH 'n Gelofte gedoen en gesê: As U hierdie volk heeltemal in ons hand gee, sal ons hulle stede met die banvloek tref. Num 21:3 En JaHWeH het gehoor na die stem van JisraEl en die Kanaäniete oorgegee. En hulle het hulle en hul stede met die banvloek getref en die plek Horma genoem. Num 21:4 Toe trek hulle van die berg Hor af weg op pad na die Skelfsee om die Aarde van Edom om te trek; maar die siel van die volk het op die pad ongeduldig geword. Num 21:5 En die volk het teen Elohim en teen Moshè gespreek: Waarom het U ons uit Egipte laat optrek om in die wildernis te sterwe? Want daar is geen brood en geen water nie, en ons siel walg van die ellendige kos. Num 21:6 Toe stuur JaHWeH slange/nagashim onder die volk in wat die volk gebyt het; en baie mense uit JisraEl het gesterwe. [Wysheid van Salomo 16:5] Num 21:7 En die volk het na Moshè gekom en gesê: Ons het oortree deurdat ons teen JaHWeH en teen u gespreek het. Bid tot JaHWeH, dat Hy die slange van ons wegneem. En Moshè het vir die volk gebid. Num 21:8 Daarop sê JaHWeH aan Moshè: Maak vir jou 'n Seraf en sit dit op 'n paal, dan sal elkeen wat gebyt is en daarna kyk, lewe. Num 21:9 Toe het Moshè 'n slang/nagash van koper gemaak en hom op 'n paal gesit: en as 'n slang iemand gebyt het en hy kyk na die koper slang, het hy in die lewe gebly. Num 21:10 En die kinders van JisraEl het weggetrek en laer opgeslaan in Obot. //Voortsetting van die reis. Oorwinning oor Sihon en Og. Num 21:11 DAARNA het hulle weggetrek van Obot af en laer opgeslaan in Ijje-Haäbárim in die wildernis wat oostelik aan Moab vas lê. Num 21:12 Daarvandaan het hulle weggetrek en laer opgeslaan by die spruit Sered. Num 21:13 Daarvandaan het hulle weggetrek en laer opgeslaan oorkant die Arnon wat in die wildernis is en uit die grondgebied van die Amoriete kom; want die Arnon is die grens van Moab, tussen Moab en die Amoriete. Num 21:14 Daarom word gesê in die Boekrol van die Oorloë van JaHWeH: Waheb in Sufa en die spruite, die Arnon; [Boekrol van die Opregte 90:48] Num 21:15 en die hang van die spruite wat na die streek van Ar afloop en leun teen die grondgebied van Moab. Num 21:16 En daarvandaan [het hulle] na Beër getrek. Dit is die put waarvan JaHWeH aan Moshè gesê het: Laat die volk bymekaarkom, dat Ek vir hulle water kan gee. Num 21:17 Toe het JisraEl hierdie lied gesing: Spring op, o put! Besing haar! Num 21:18 o Put wat die vorste gegrawe het, wat die edeles van die volk gedelf het, met die septer, met hulle stawwe! - En uit die wildernis uit na Mattána toe; Num 21:19 en van Mattána na NachaliEl; en van NachaliEl na Bamot; Num 21:20 en van Bamot na die dal wat in die veld van Moab lê, by die top van Pisga, en oor die [verlate woestynheuwels] van Jesimon afkyk. Num 21:21 En JisraEl het boodskappers gestuur na Sihon, die koning van die Amoriete, en gesê: Num 21:22 Laat my deur jou Aarde trek. Ons sal nie wegdraai in die landerye of in die wingerde nie; ons sal die water van die putte nie drink nie; ons sal die koningsweg hou tot ons deur jou grondgebied getrek het. Num 21:23 Maar Sihon het JisraEl nie toegelaat om deur sy grondgebied te trek nie; maar Sihon het al sy manskappe versamel en uitgetrek na die wildernis, JisraEl tegemoet; en toe hy by Jahas kom, het hy teen JisraEl geveg. Num 21:24 Maar JisraEl het hom verslaan met die skerpte van die swaard en sy Aarde in besit geneem van die Arnon af tot by die Jabbok, tot by die kinders van Ammon; want die grens van die kinders van Ammon was sterk. Num 21:25 So het JisraEl dan al hierdie stede ingeneem, en JisraEl het gewoon in al die stede van die Amoriete, in Hesbon en in al sy onderhorige plekke. Num 21:26 Want Hesbon was die stad van Sihon, die koning van die Amoriete; hy het naamlik oorlog gevoer teen die vorige koning van die Moabiete en het dié se hele Aarde tot by die Arnon uit sy hand geruk. Num 21:27 Daarom sê die spreukdigters: Kom na Hesbon toe! Laat die stad van Sihon gebou en bevestig word! Num 21:28 Want 'n vuur het uitgegaan uit Hesbon, 'n vlam uit die vesting van Sihon; dit het Ar van die Moabiete verteer, die Baäls van die Hoogtes van Arnon. Num 21:29 Wee jou, Moab! Jy is verlore, volk van Kamos! Hy het sy seuns prysgegee as vlugtelinge, en sy dogters in gevangenskap, aan Sihon, die koning van die Amoriete. Num 21:30 Toe het ons hulle beskiet; verlore was Hesbon tot by Dibon; en ons het verwoes tot by Nofag, met vuur tot by Medéba. Num 21:31 So het JisraEl dan gewoon in die Aarde van die Amoriete. Num 21:32 Daarna het Moshè gestuur om Jaéser te bespied, en hulle het sy onderhorige plekke ingeneem, en hy het die Amoriete wat daar was, uit hulle besitting verdrywe. Num 21:33 Toe het hulle gedraai en in die rigting van Basan opgetrek. En Og, die koning van Basan, hy en al sy manskappe, het hulle tegemoet getrek na Edréï om te veg. Num 21:34 Daarop sê JaHWeH aan Moshè: Wees nie bevrees vir hom nie, want Ek het hom en sy hele volk en sy Aarde in jou hand gegee; en jy moet met hom doen soos jy gedoen het met Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het. Num 21:35 En hulle het hom verslaan en sy seuns en sy hele volk, totdat daar niemand van hom oor was wat vrygeraak het nie; en hulle het sy Aarde in besit geneem. //Omdat JisraEl die Wet gehou het, het JaHWeH die vloek van Bíleam in 'n seën verander. Num 22:1 DAARNA het die kinders van JisraEl weggetrek en laer opgeslaan in die vlaktes van Moab, oos van die Jordaan van Jérigo. Num 22:2 Toe Balak, die seun van Sippor, sien alles wat JisraEl die Amoriete aangedoen het, Num 22:3 het Moab baie bang geword vir die volk, want hulle was talryk; en Moab het beangs geword vanweë die kinders van JisraEl. Num 22:4 Toe sê Moab vir die oudstes van Mídian: Nou sal hierdie menigte opeet alles wat rondom ons is, soos 'n bees die groenigheid van die veld opeet. En Balak, die seun van Sippor, was dié tyd koning van Moab. Num 22:5 Daarop het hy boodskappers gestuur na Bíleam, die seun van Beor, in Petor wat by die Eufraat is, in die Aarde van die kinders van sy volk, om hom te roep en te sê: Kyk, daar het 'n volk uit Egipte getrek; kyk, hulle het die oppervlakte van die Aarde oordek en staan gelaer teenoor my. Num 22:6 Kom dan tog nou, vervloek hierdie volk vir my, want hulle is magtiger as ek. Miskien sal ek onder hulle 'n slag kan slaan en hulle uit die Aarde verdrywe. Want ek weet, die een wat jy seën, is geseënd; en die een wat jy vervloek, is vervloek. Num 22:7 Toe het die oudstes van Moab en die oudstes van Mídian gegaan met waarsêersloon by hulle en by Bíleam gekom en hom die woorde van Balak meegedeel. Num 22:8 Daarop antwoord hy hulle: Bly vannag hier oor; dan sal ek julle berig bring soos wat JaHWeH aan my sal sê. Toe het die vorste van Moab by Bíleam gebly. Num 22:9 En Elohim het na Bíleam gekom en gesê: Wie is die manne daar by jou? Num 22:10 En Bíleam het die Elohim geantwoord: Balak, die seun van Sippor, die koning van Moab, laat my weet: Num 22:11 Kyk, daar het 'n volk uit Egipte getrek en hulle het die oppervlakte van die Aarde oordek. Kom nou, vervloek hulle vir my; miskien sal ek hulle kan beveg en hulle verdrywe. Num 22:12 Toe sê Elohim vir Bíleam: Jy mag nie saam met hulle trek nie, jy mag die volk nie vloek nie, want hulle is geseënd. [Boekrol van die Opregte 85:48] Num 22:13 Toe staan Bíleam die môre op, en hy sê aan die vorste van Balak: Gaan na julle Aarde, want JaHWeH het geweier om my saam met julle te laat gaan. Num 22:14 En die vorste van Moab het klaargemaak en by Balak gekom en gesê: Bíleam het geweier om saam met ons te gaan. Num 22:15 Daarop stuur Balak nog weer vorste wat meer en aansienliker was as die ander; Num 22:16 en hulle het by Bíleam gekom en aan hom gesê: So spreek Balak, die seun van Sippor: Laat jou tog nie terughou om na my te kom nie. Num 22:17 Want ek sal jou baie hoog vereer en alles wat jy my sê, sal ek doen; daarom kom tog, vervloek hierdie volk vir my. Num 22:18 Toe antwoord Bíleam en sê aan die dienaars van Balak: Al gee Balak my sy huis vol silwer en goud, ek kan die bevel van JaHWeH my Elohey nie oortree om klein of groot te doen nie. Num 22:19 Nou dan, bly julle tog ook vannag hier, dat ek mag weet wat JaHWeH verder aan my sal sê. Num 22:20 En god het in die Nag na Bíleam gekom en aan hom gesê: As die manne gekom het om jou te roep, staan dan op, gaan met hulle saam; maar net wat ek jou sê, dit moet jy doen. Num 22:21 Toe maak Bíleam die môre klaar en saal sy eselin op, en hy het weggetrek saam met die vorste van Moab. Num 22:22 Maar die Woede van Elohim het ontvlam, omdat hy weggetrek het; en die Boodskapper van JaHWeH het gaan staan in die pad as sy teëparty, terwyl hy op sy esel ry en sy twee dienaars by hom was. Num 22:23 En die esel het die Boodskapper van JaHWeH in die pad sien staan, met Sy ontblote swaard in Sy Hand; daarom het die esel uit die pad uitgedraai en die veld ingeloop. Maar Bíleam het die esel geslaan om haar na die pad te stuur. Num 22:24 Daarop gaan die Boodskapper van JaHWeH in 'n nou pad tussen die wingerde staan - 'n muur duskant en 'n muur anderkant. Num 22:25 En toe die esel die Boodskapper van JaHWeH sien, druk sy haarself teen die muur en druk ook Bíleam se voet teen die muur; daarom het hy haar weer geslaan. Num 22:26 En die Boodskapper van JaHWeH het weer verder gegaan en bly staan op 'n nou plek waar geen pad was om regs of links uit te draai nie. Num 22:27 Toe die esel die Boodskapper van JaHWeH sien, gaan sy onder Bíleam lê. Daarop het Bíleam baie kwaad geword en die esel met 'n stok geslaan. Num 22:28 Maar JaHWeH het die bek van die esel geopen, en sy sê vir Bíleam: Wat het ek jou gedoen, dat jy my nou al drie maal geslaan het? Num 22:29 Daarop antwoord Bíleam die esel: Omdat jy die spot met my drywe. Was daar net 'n swaard in my hand - dan het ek jou sekerlik doodgeslaan. Num 22:30 En die esel sê vir Bíleam: Is ek nie jou esel waar jy jou lewe lank op gery het tot vandag toe nie? Was dit ooit my gewoonte om so met jou te doen? En hy antwoord: Nee. Num 22:31 Toe open JaHWeH die oë van Bíleam, sodat hy die Boodskapper van JaHWeH in die pad sien staan met Sy ontblote swaard in Sy Hand, en hy het gebuig en op sy aangesig neergeval. Num 22:32 En die Boodskapper van JaHWeH vra hom: Waarom het jy jou esel nou al drie maal geslaan? Kyk, Ek self het uitgegaan as jou teëstander, want [jou] weg is onbesonne in My Oog! Num 22:33 Maar die esel het My gesien en nou al drie maal voor My uitgedraai. As sy nie voor My Aangesig uitgedraai het nie - dan het Ek jou alte seker gedood en haar laat lewe. Num 22:34 Toe antwoord Bíleam die Boodskapper van JaHWeH: Ek het oortree, want ek het nie geweet dat U teenoor my in die pad gestaan het nie. Maar nou, as dit verkeerd is in U Oë, sal ek teruggaan. Num 22:35 En die Boodskapper van JaHWeH sê vir Bíleam: Gaan saam met die manne, maar net die woord wat Ek jou sê, dit moet jy spreek. So het Bíleam dan met die vorste van Balak saamgegaan. Num 22:36 Toe Balak hoor dat Bíleam kom, het hy uitgetrek hom tegemoet na Ir-Moab wat by die grens van die Arnon lê, by die uiteinde van die grondgebied. Num 22:37 En Balak sê vir Bíleam: Het ek nie herhaaldelik na jou gestuur om jou te laat roep nie? Waarom het jy nie na my gekom nie? Is ek werklik nie in staat om jou te vereer nie? Num 22:38 En Bíleam het Balak geantwoord: Hier het ek na jou gekom. Is ek nou wel in staat om iets te spreek? Die woord wat Elohim in my mond lê, dit sal ek spreek. Num 22:39 Bíleam het toe saam met Balak gegaan, en hulle het by Kirjat-Husot gekom. Num 22:40 En Balak het beeste en kleinvee geslag en daarvan aan Bíleam gestuur en aan die vorste wat by hom was. Num 22:41 En in die môre het Balak Bíleam geneem en hom op die hoogtes van Bamot laat opklim vanwaar hy die kant van die volk kon sien. Num 23:1 TOE sê Bíleam vir Balak: Bou vir my hier sewe altare en berei vir my hier sewe bulle en sewe ramme. Num 23:2 En Balak het gedoen soos Bíleam verlang het; en Balak en Bíleam het 'n bul en 'n ram op elke altaar laat opgaan. Num 23:3 Daarop sê Bíleam vir Balak: Bly by jou brandoffer staan, en ek sal heengaan; miskien sal JaHWeH my tegemoetkom, en wat Hy my ook al laat sien, sal ek jou bekend maak. En hy het na 'n kaal heuwel gegaan. Num 23:4 En Elohim het Bíleam tegemoet gekom, en hy het vir Hom gesê: Sewe altare het ek reggemaak en 'n bul en 'n ram op elke altaar laat opgaan. Num 23:5 Toe lê JaHWeH 'n woord in Bíleam se mond en sê: Gaan terug na Balak, en so moet jy spreek. Num 23:6 En hy het na hom teruggegaan terwyl hy daar staan by sy brandoffer, hy en al die vorste van Moab. Num 23:7 En hy het sy spreuk aangehef en gesê: Uit Aram laat Balak my haal, die koning van Moab - uit die berge van die Ooste: Kom vervloek Jakob vir my, en kom, verwens JisraEl. Num 23:8 Hoe sal ek vloek wie El nie vloek nie? En hoe sal ek verwens vir wie JaHWeH nie verwens nie? Num 23:9 Want van die top van die rotse af sien ek hom, en van die heuwels af aanskou ek hom. Kyk, 'n volk wat afgesonderd woon en hom nie tot die nasies reken nie. Num 23:10 Wie het die stof van Jakob getel? En wie, volgens getal, die vierde deel van JisraEl? Laat my siel sterwe die dood van die opregtes, en laat my einde soos syne wees! Num 23:11 Toe sê Balak vir Bíleam: Wat het jy my aangedoen? Ek het jou laat haal om my vyande te vloek, en kyk, jy het net geseën! Num 23:12 En hy antwoord daarop dit: Moet ek dan nie sorgvuldig alles spreek wat JaHWeH in my mond lê nie? Num 23:13 Daarop sê Balak vir hom: Kom tog saam met my na 'n ander plek vanwaar jy hom kan sien - net sy kant sal jy sien, maar heeltemal kan jy hom nie sien nie - en vervloek hom daarvandaan vir my. Num 23:14 En hy het hom saamgeneem na die Veld van die Wagte, op die top van Pisga, en sewe altare gebou en 'n bul en 'n ram op elke altaar laat opklim. Num 23:15 Toe sê hy vir Balak: Bly hier staan by jou brandoffer, en ek sal daar op 'n ontmoeting wag. Num 23:16 En JaHWeH het Bíleam ontmoet en 'n woord in sy mond gelê en gesê: Gaan terug na Balak, en so moet jy spreek. Num 23:17 En hy het by hom gekom terwyl hy daar staan by sy brandoffer, en die vorste van Moab by hom. En Balak sê vir hom: Wat het JaHWeH gespreek? Num 23:18 Toe hef hy sy spreuk aan en sê: Staan op Balak, en hoor! Luister na my, seun van Sippor! Num 23:19 El is geen man dat Hy sou lieg nie; of 'n seun van 'n adamiet dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie? Num 23:20 Kyk, ek het ontvang om te seën; en het Hy geseën, dan kan ek dit nie keer nie. Num 23:21 Hy aanskou geen ongeregtigheid in Jakob en sien geen bekommernis in JisraEl nie. JaHWeH sy Elohey is met hom, en die gejubel tot eer van die Koning is by hom. Num 23:22 El wat hulle uit Egipte uitgelei het, is vir hulle soos die horing van 'n eenhoring. Num 23:23 Want daar is geen towery teen Jakob of waarsêery teen JisraEl nie. Nou sal van Jakob en van JisraEl gesê word wat El gedoen het. Num 23:24 Kyk, 'n volk wat opstaan soos 'n leeuin, en soos 'n leeu verhef hy hom. Hy gaan nie lê voordat hy roof eet en die bloed van die wat verslaan is, drink nie. Num 23:25 Toe se Balak vir Bíleam: Jy moet hulle glad nie vloek nie, en jy moet hulle glad nie seën nie. Num 23:26 Maar Bíleam antwoord en sê vir Balak: Het ek nie dit met jou gespreek nie: Alles wat JaHWeH spreek, dit sal ek doen? Num 23:27 Verder se Balak vir Bíleam: Kom tog, ek sal jou na 'n ander plek saamneem; miskien sal dit reg wees in die oë van die gode dat jy hulle vir my daarvandaan vervloek. Num 23:28 Toe neem Balak vir Bíleam saam na die top van Peor wat oor die [woesteny van] Jesimon afkyk. Num 23:29 Daarop se Bíleam vir Balak: Bou vir my hier sewe altare, en berei vir my hier sewe bulle en sewe ramme. Num 23:30 En Balak het gedoen soos Bíleam verlang het en 'n bul en 'n ram op elke altaar laat opklim. Num 24:1 TOE Bíleam sien dat dit suiwer was in die Oë van JaHWeH om JisraEl te seën, het hy hom nie soos die vorige kere tot towery gewend nie, maar sy gesig na die wildernis gedraai. Num 24:2 Toe Bíleam sy oë opslaan en JisraEl sien soos hy volgens sy stamme in die laer staan, het die Gees van Elohim op hom gekom. Num 24:3 En hy het sy spreuk aangehef en gesê: Bíleam, die seun van Beor, spreek, en die sterk man met geopende oog spreek. Num 24:4 Die hoorder van die woorde van El spreek, hy wat die gesigte van die Almagtige sien, wat neerval en geopende oë het. Num 24:5 Hoe suiwer is jou tente, o Jakob, jou wonings, o JisraEl! Num 24:6 Soos dale met waterlope wat hulle ver uitstrek, soos tuine by 'n rivier, soos alewees wat JaHWeH geplant het, soos seders by die water. Num 24:7 Water vloei uit sy emmers, en sy saad is in magtige waters. En laat sy koning hoër wees as Agag, en sy koninkryk hom verhef! Num 24:8 El wat hom uit Egipte uitgelei het, is vir hom soos die horing van 'n eenhoring; hy sal nasies, sy vyande, verteer en hulle gebeente stukkend breek en met sy pyle verbrysel. Num 24:9 Hy buig hom, hy gaan lê soos 'n leeu en soos 'n leeuin: wie sal hom opjaag? Geseënd is hulle wat jou seën, en vervloek is hulle wat jou vervloek! Num 24:10 Toe het Balak baie kwaad geword vir Bíleam en sy handpalms saamgeslaan, en Balak het aan Bíleam gesê: Ek het jou laat roep om my vyande te vloek, en kyk, jy het nou al drie maal net geseën! Num 24:11 Trek dan nou gou na jou woonplek! Ek het gesê dat ek jou hoog sal vereer; maar kyk, JaHWeH het jou van verering teruggehou. Num 24:12 Toe het Bíleam vir Balak gesê: Het ek nie alreeds met jou boodskappers wat jy na my gestuur het, gespreek en gesê nie: Num 24:13 Al gee Balak my sy huis vol silwer en goud, ek kan die bevel van JaHWeH nie oortree om suiwer of besoedel uit my eie hart te doen nie; wat JaHWeH spreek, dit sal ek spreek. Num 24:14 En nou, kyk, ek gaan na my volk toe. Kom, ek sal jou inligting gee, wat hierdie volk jou volk sal aandoen aan die einde van die dae. Num 24:15 Toe het hy sy spreuk aangehef en gesê: Bíleam, die seun van Beor, spreek, en die sterk man met geopende oog spreek. Num 24:16 Die hoorder van die woorde van El spreek, en hy wat die wetenskap van die Hoogste El ken, wat die gesigte van die Almagtige sien, wat neerval en geopende oë het. Num 24:17 Ek sien hom, maar nie nou nie, ek aanskou hom, maar nie naby nie: 'n Ster kom te voorskyn uit Jakob, en 'n Septer kom uit JisraEl op, en Hy verbrysel die slape van die hoof van Moab en werp al die oorlogsugtiges omver. Num 24:18 Ook sal Edom 'n besitting wees; en Seïr, Sy vyande, sal 'n besitting wees, maar JisraEl neem toe in krag. Num 24:19 En laat daar Een uit Jakob heers en die oorblywendes uit die stede van Ar vernietig. Num 24:20 Toe hy Amalek sien, het hy sy spreuk aangehef en gesê: Amalek is die eersteling van die nasies, maar sy einde is verdelging. Num 24:21 Toe hy die Keniete sien, het hy sy spreuk aangehef en gesê: Jou woonplek is vas, en jou nes is gebou op die rots. Num 24:22 Ewenwel sal Kain tot verwoesting wees. Hoe lank nog? Assur sal jou as gevangene wegvoer. Num 24:23 Verder het hy sy spreuk aangehef en gesê: Wee, wie sal lewe as El dít beskik? Num 24:24 En skepe kom van die kant van die Kittiërs af, en hulle verneder Assur en hulle verneder Heber; en hy is ook tot ondergang bestem. Num 24:25 Toe het Bíleam hom klaargemaak en weggetrek en na sy woonplek teruggekeer. En Balak het ook sy koers gegaan. //Die Verbond van Ewige Priesterskap word met Pínehas en sy nageslag opgerig - omdat hy verbastering in JisraEl gestuit het. Num 25:1 TOE JisraEl in Sittim gebly het, het die volk begin vermeng deur te hoereer met die dogters van die Moabiete - Num 25:2 dié het die volk na die slagdiere van haar gode uitgenooi; en die volk het geëet en hulle neergebuig voor haar gode. Num 25:3 So het JisraEl hom dan gekoppel aan Baäl-Peor, en die Woede van JaHWeH het teen JisraEl ontvlam. Num 25:4 Toe sê JaHWeH vir Moshè: Neem al die hoofde van die volk en hang die oortreders op in die volle son vir JaHWeH, sodat die brandende Woede van JaHWeH van JisraEl afgewend kan word. Num 25:5 Daarop het Moshè aan die rigters in JisraEl gesê: Slaan elkeen sy manne dood wat hulle aan Baäl-Peor gekoppel het. Num 25:6 En daar het 'n man gekom, een uit die kinders van JisraEl, en 'n Midianitiese vrou na sy volksgenote nadergebring, voor die oë van Moshè en voor die oë van die hele vergadering van die kinders van JisraEl, terwyl hulle ween by die ingang van die Tent van Samekoms. Num 25:7 Toe Pínehas, die seun van El-Azar, die seun van die priester Aäron, dit sien, het hy uit die vergadering uit opgestaan en 'n spies in sy hand geneem Num 25:8 en agter die JisraElitiese man aan gegaan in die tent en hulle twee deurboor, die JisraElitiese man en die vrou, in haar maag. Daarna het die plaag onder die kinders van JisraEl opgehou. Num 25:9 En die wat deur die plaag gesterf het, was vier-en-twintigduisend. Num 25:10 Toe het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: Num 25:11 Pínehas, die seun van El-Azar, die seun van die priester Aäron, het My Grimmigheid van die kinders van JisraEl afgewend deurdat hy jaloers vir My onder hulle geywer het, sodat Ek die kinders van JisraEl in My jaloersheid nie verteer het nie. [1 Makkabeërs 2:26] Num 25:12 Daarom spreek: Kyk, Ek sluit met hom My Vredesverbond, [Psalm 34:14; Wysheid van Sirah 45:23, 24; Boekrol van Henog 11:2; JeshaJaH 54:10; JeségiEl 34:25; Maleagi 2:5; Markus 9:50] Num 25:13 en dit sal vir hom en sy saad ná hom die Verbond van ewige Priesterskap wees, omdat hy vir sy Elohey geywer en versoening vir die kinders van JisraEl gedoen het. Num 25:14 En die naam van die JisraElitiese man wat verslaan is, wat saam met die Midianiet verslaan is, was Simri, die seun van Salu, owerste van 'n familie van die Simeoniete. Num 25:15 En die naam van die Midianitiese vrou wat verslaan is, was Kosbi, die dogter van Sur. Hy was stamhoof van 'n familie in Mídian. Num 25:16 Verder het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: Num 25:17 Behandel die Midianiete as vyand en verslaan hulle, Num 25:18 want hulle het julle as vyand behandel deur hulle liste wat hulle teen julle bedink het in die saak van Peor en in die saak van Kosbi, die dogter van die vors van Mídian, hulle landgenoot, wat op die dag van die plaag weens Peor verslaan is. //Telling van die JisraEliete wat geskik was vir oorlog. Num 26:1 EN ná die plaag het JaHWeH met Moshè en met El-Azar, die seun van die priester Aäron, gespreek en gesê: Num 26:2 Neem julle die volle getal van die hele vergadering van die kinders van JisraEl op, van twintig jaar oud en daarbo, uit die huis van hul vaders, almal wat op kommando moet uittrek in JisraEl. Num 26:3 En Moshè en die priester El-Azar het hulle toegespreek in die vlaktes van Moab, by die Jordaan van Jérigo, en gesê: Num 26:4 [Laat hulle opneem,] van twintig jaar oud en daarbo, volgens die bevel van JaHWeH aan Moshè. En die kinders van JisraEl wat uit die Aarde van Egipte uitgetrek het, was: Num 26:5 Ruben, die eersgeborene van JisraEl; die seuns van Ruben was: Henog die familie van die Henogiete; van Pallu die familie van die Palluïete; Num 26:6 van Hesron die familie van die Hesroniete; van Karmi die familie van die Karmiete. Num 26:7 Dit is die families van die Rubeniete; en hulle geteldes was drie-en-veertigduisend-sewehonderd-en-dertig. Num 26:8 En die seuns van Pallu was: EliAb; Num 26:9 en die seuns van EliAb was: NemuEl en Datan en Abíram. Dit is Datan en Abíram wat na die vergadering opgeroep was, wat getwis het teen Moshè en Aäron in die bende van Korag toe daar teen JaHWeH getwis is. Num 26:10 En die Aarde het haar Mond oopgemaak en hulle verslind, saam met Korag, toe die bende gesterf het deurdat die vuur die tweehonderd-en-vyftig man verteer het; en hulle het tot 'n teken geword. Num 26:11 Maar die seuns van Korag het nie gesterf nie. Num 26:12 Die seuns van Símeon volgens hulle families: van NemuEl die familie van die NemuEliete; van Jamin die familie van die Jaminiete; van Jagin die familie van die Jaginiete; Num 26:13 van Serag die familie van die Sargiete, van Saul die familie van die Sauliete. Num 26:14 Dit is die families van die Simeoniete, twee-en-twintig-duisend-tweehonderd. Num 26:15 Die seuns van Gad volgens hulle families: van Sefon die familie van die Sefoniete; van Haggi die familie van die Haggiete; van Suni die familie van die Suniete; Num 26:16 van Osni die familie van die Osniete; van Eri die familie van die Eriete; Num 26:17 van Arod die familie van die Arodiete; van Areëli die familie van die Areëliete. Num 26:18 Dit is die families van die seuns van Gad volgens hulle geteldes, veertigduisend-vyfhonderd. Num 26:19 Die seuns van JeHûWdah was: Er en Onan; maar Er en Onan het gesterwe in die Aarde van Kanaän. Num 26:20 En die seuns van JeHûWdah volgens hulle families: van Sela die familie van die Selaniete; van Peres die familie van die Parsiete; van Serag die familie van die Sargiete. Num 26:21 En die seuns van Peres: van Hesron die familie van die Hesroniete; van Hamul die familie van die Hamuliete. Num 26:22 Dit is die families van JeHûWdah volgens hulle geteldes, ses-en-sewentigduisend-vyfhonderd. Num 26:23 Die seuns van Issaskar volgens hulle families: Tola die familie van die Tolaïete; van Puwa die familie van die Puniete; Num 26:24 van Jasub die familie van die Jasubiete, van Simron die familie van die Simroniete. Num 26:25 Dit is die families van Issaskar volgens hulle geteldes, vier-en-sestigduisend-driehonderd. Num 26:26 Die seuns van Sébulon volgens hulle families: van Sered die familie van die Sardiete; van Elon die familie van die Eloniete; van JagleEl die familie van die JagleEliete. Num 26:27 Dit is die families van die Sebuloniete volgens hulle geteldes, sestigduisend-vyfhonderd. Num 26:28 Die seuns van JôWsef volgens hulle families was: Manasse en Efraim. Num 26:29 Die seuns van Manasse: van Magir die familie van die Magiriete. En Magir was die vader van Gílead; van Gílead die familie van die Gileadiete. Num 26:30 Dit is die seuns van Gílead: van Jeser die familie van die Jesriete; van Helek die familie van die Helkiete; Num 26:31 en AsriEl die familie van die AsriEliete; en Segem die familie van die Sigmiete; Num 26:32 en Semída die familie van die Semidaïete; en Hefer die familie van die Hefriete. Num 26:33 Maar Selófhad, die seun van Hefer, het geen seuns gehad nie, maar net dogters. En die name van die dogters van Selófhad was: Magla en Noa, Hogla, Milka en Tirsa. Num 26:34 Dit is die families van Manasse; en hulle geteldes was twee-en-vyftigduisend-sewehonderd. Num 26:35 Dit is die seuns van Efraim volgens hulle families: van Sutélag die familie van die Sutalgiete; van Beger die familie van die Bagriete; van Tahan die familie van die Tahaniete. Num 26:36 En dit is die seuns van Sutélag: van Eran die geslag van die Eraniete. Num 26:37 Dit is die families van die seuns van Efraim volgens hulle geteldes, twee-en-dertigduisend-vyfhonderd. Dit is die seuns van JôWsef volgens hulle families. Num 26:38 Die seuns van Benjamin volgens hulle families: van Bela die familie van die Baliete; van Asbel die familie van die Asbeliete; van Ahíram die familie van die Ahiramiete; Num 26:39 van Sefúfam die familie van die Sufamiete; van Hufam die familie van die Hufamiete. Num 26:40 En die seuns van Bela was: Ard en Naäman; Ard die familie van die Ardiete; van Naäman die familie van die Naämiete. Num 26:41 Dit is die seuns van Benjamin volgens hulle families; en hulle geteldes was vyf-en-veertigduisend-seshonderd. Num 26:42 Dit is die seuns van Dan volgens hulle families: van Suham die familie van die Suhamiete. Dit is die families van Dan volgens hulle families. Num 26:43 Al die families van die Suhamiete volgens hulle geteldes was vier-en-sestigduisend-vierhonderd. Num 26:44 Die seuns van Aser volgens hulle families: van Jimna die familie van die Jimnaïete; van Jiswi die familie van die Jiswiete; van Bería die familie van die Beriïete; Num 26:45 van die seuns van Bería: van Heber die familie van die Hebriete; van MalkiEl die familie van die MalkiEliete. Num 26:46 En die naam van die dogter van Aser was Serag. Num 26:47 Dit is die families van die seuns van Aser volgens hulle geteldes, drie-en-vyftigduisend-vierhonderd. Num 26:48 Die seuns van Náftali volgens hulle families: van JagtseEl die familie van die JagtseEliete; van Guni die familie van die Guniete; Num 26:49 van Jeser die familie van die Jisriete; van Sillem die familie van die Sillemiete. Num 26:50 Dit is die families van Náftali volgens hulle families; en hulle geteldes was vyf-en-veertigduisend-vierhonderd. Num 26:51 Dit is die geteldes van die kinders van JisraEl: seshonderd-en-eenduisend-sewehonderd-en-dertig. Num 26:52 En JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê: Num 26:53 Vir hierdie mense moet die Aarde as erfenis verdeel word volgens die getal name. Num 26:54 Vir die wat baie is, moet jy hulle erfdeel groot maak; en vir die wat min is, moet jy hulle erfdeel klein maak; aan elkeen moet sy erfdeel volgens sy geteldes gegee word. Num 26:55 Nogtans moet die Aarde deur die lot verdeel word; volgens die name van hulle voorvaderlike stamme moet hulle erwe. Num 26:56 Volgens die lot moet hulle erfenis verdeel word tussen die wat baie en die wat min is. Num 26:57 En dit is die geteldes van Levi volgens hulle families: van Gerson die familie van die Gersoniete; van Kehat die familie van die Kehatiete; van Merári die familie van die Merariete. Num 26:58 Dit is die families van Levi: die familie van die Libniete, die familie van die Hebroniete, die familie van die Magliete, die familie van die Musiete, die familie van die Koragiete. En Kehat was die vader van Amram. Num 26:59 En die naam van Amram se vrou was JoWkêbed, die dogter van Levi wat vir Levi in Egipte gebore is; en vir Amram het sy gebaar: Aäron en Moshè en Mirjam, hulle suster. Num 26:60 En vir Aäron is gebore: Nadab en Abíhu, El-Azar en Itamar. Num 26:61 En Nadab en Abihu het gesterwe toe hulle verbasterde vuur voor die Aangesig van JaHWeH gebring het. Num 26:62 En hulle geteldes was drie-en-twintig-duisend, almal wat manlik was van 'n maand oud en daarbo. Want hulle is nie getel onder die kinders van JisraEl nie, omdat aan hulle geen erfdeel onder die kinders van JisraEl gegee is nie. Num 26:63 Dit is hulle wat deur Moshè en die priester El-Azar getel is, wat die kinders van JisraEl in die vlaktes van Moab getel het, by die Jordaan van Jérigo. Num 26:64 En onder hulle was daar niemand van die wat deur Moshè en die priester Aäron getel is nie, toe hulle die kinders van JisraEl in die wildernis Sinai getel het. Num 26:65 Want JaHWeH het van hulle gesê: Sterwe sal hulle in die wildernis! En van hulle het niemand oorgebly nie buiten Kaleb, die seun van Jefúnne, en JeHôWshua, die seun van Nun. //Wette oor erfdogters en die erfgename van iemand wat kinderloos sterwe. Num 27:1 DAARNA het nader gekom die dogters van Selófhad, die seun van Hefer, die seun van Gílead, die seun van Magir, die seun van Manasse, van die families van Manasse, die seun van JôWsef dit is die name van sy dogters: Magla, Noa en Hogla en Milka en Tirsa - Num 27:2 en hulle het gaan staan voor die aangesig van Moshè en voor die aangesig van die priester El-Azar en voor die aangesig van die owerstes en die hele vergadering, by die ingang van die Tent van Samekoms, en gesê: Num 27:3 Ons vader het in die wildernis gesterwe, en hy het nie behoort by die bende van die wat teen JaHWeH vergader het in die bende van Korag nie, maar hy het vir sy skuld gesterwe en geen seuns gehad nie. Num 27:4 Waarom sou die naam van ons vader uit sy familie weggeneem word, omdat hy geen seun gehad het nie? Gee ons 'n besitting onder die broers van ons vader. Num 27:5 Toe bring Moshè hulle saak van Reg voor die Aangesig van JaHWeH. Num 27:6 En JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê: Num 27:7 Die dogters van Selófhad praat reg. Jy moet hulle sekerlik 'n erflike besitting onder die broers van hulle vader gee en die erfdeel van hulle vader op hulle laat oorgaan. Num 27:8 En met die kinders van JisraEl moet jy spreek en sê: As iemand sterwe en geen seun het nie, moet julle sy erfdeel op sy dogter laat oorgaan. Num 27:9 En as hy geen dogter het nie, moet julle sy erfdeel aan sy broers gee. Num 27:10 En as hy geen broers het nie, moet julle sy erfdeel aan die broers van sy vader gee. Num 27:11 En as sy vader geen broers het nie, moet julle sy erfdeel aan sy bloedverwant gee wat die naaste aan hom is uit sy familie, en dié moet dit in besit neem. En dit moet vir die kinders van JisraEl 'n Regspraak wees, volgens bevel van JaHWeH aan Moshè. //JeHôWshua word aangewys as opvolger van Moshè. Num 27:12 DAARNA het JaHWeH aan Moshè gesê: Klim op hierdie gebergte Abárim, en bekyk die Aarde wat Ek aan die kinders van JisraEl gegee het. Num 27:13 En as jy haar gesien het, sal jy ook by jou volksgenote versamel word soos jou broer Aäron versamel is; Num 27:14 omdat julle in die wildernis Sin, toe die vergadering getwis het, teen My bevel wederstrewig gewees het om My nie by die water voor hulle oë hoog te ag nie. Dit is die water van Mériba by Kadesh, in die wildernis Sin. Num 27:15 Toe het Moshè tot JaHWeH gespreek en gesê: Num 27:16 Laat JaHWeH, die Elohey van die geeste van alle vlees, 'n man oor die vergadering aanstel Num 27:17 wat voor hulle uittrek en wat voor hulle intrek, en wat hulle uitlei en wat hulle inlei; sodat die vergadering van JaHWeH nie mag wees soos skape wat geen wagter het nie. Num 27:18 Toe sê JaHWeH aan Moshè: Neem vir jou JeHôWshua, die seun van Nun, 'n man in wie die Gees is; en lê hom die hand op, Num 27:19 en stel hom voor die aangesig van die priester El-Azar en voor die aangesig van die hele vergadering, en gee hom 'n opdrag voor hulle oë; Num 27:20 en lê op hom van jou hoogheid, sodat die hele vergadering van die kinders van JisraEl kan luister. Num 27:21 En hy moet voor die priester El-Azar staan, dat dié vir hom die Regspraak van die Urim kan vra voor die Aangesig van JaHWeH; volgens sy uitspraak moet hulle uittrek en volgens sy uitspraak moet hulle intrek, hy en al die kinders van JisraEl saam met hom en die hele vergadering. Num 27:22 En Moshè het volgens bevel van JaHWeH JeHôWshua geneem en hom voor die aangesig van die priester El-Azar en voor die aangesig van die hele vergadering gestel, Num 27:23 en hy het hom die hande opgelê en hom 'n opdrag gegee net soos JaHWeH deur die hand van Moshè gespreek het. //Wette oor die daaglikse brandoffer met spys- en drankaanbieding. Num 28:1 VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: Num 28:2 Gee bevel aan die kinders van JisraEl en sê vir hulle: Julle moet daarvoor sorg om My bydraes, My brood vir My vuur as aangename geur vir My, op die bepaalde tyd aan My nader te bring. Num 28:3 En jy moet vir hulle sê: Dit is die bereiding deur vuur wat julle aan JaHWeH moet naderbring: twee rasegte jaaroud-lammers elke dag as 'n voortdurende brandoffer. Num 28:4 Die een lam moet jy in die môre berei, en die ander lam moet jy teen die aand berei; Num 28:5 met 'n tiende van 'n efa fynmeel as spysbydrae, gemeng met 'n kwart-hin uitgestampte olie. Num 28:6 Sy is die voortdurende brandoffer wat by die berg Sinai ingestel is as aangename geur, 'n bereiding deur vuur aan JaHWeH. Num 28:7 En haar drank wat daarby behoort, moet wees 'n kwart-hin vir elke lam. In die Apartheid moet jy die drankaanbieding van sterk drank aan JaHWeH uitgiet. Num 28:8 En die ander lam moet jy teen die aand berei; met dieselfde spysbydrae as in die môre en met jou drank wat daarby behoort, moet jy haar berei - 'n vuur van aangename geur aan JaHWeH. Num 28:9 Maar op die Sabbatdag twee rasegte jaaroud-lammers en twee-tiendes [van 'n efa] fynmeel as spysbydrae, met olie gemeng, en haar drank wat daarby behoort. Num 28:10 Sy is die brandoffer van die Sabbat op elke Sabbat, behalwe die voortdurende brandoffer en haar drank wat daarby behoort. Num 28:11 En by die begin van julle maande moet julle 'n brandoffer aan JaHWeH naderbring: twee jong bulle en een ram, sewe jaaroud-lammers wat raseg is. Num 28:12 en drie-tiendes [van 'n efa] fynmeel as spysbydrae, met olie gemeng, vir elke bul, en twee-tiendes fynmeel as spysbydrae, met olie gemeng, vir die een ram; Num 28:13 en een-tiende fynmeel as spysbydrae, met olie gemeng, vir elke lam. Sy is 'n brandoffer, 'n aangename geur, 'n bereiding deur vuur aan JaHWeH. Num 28:14 En hulle dranke moet wees 'n half-hin wyn vir 'n bul en 'n derde van 'n hin vir 'n ram en 'n kwart-hin vir 'n lam. Sy is die brandoffer by elke maand by sy maand, vir die maande van die jaar. Num 28:15 Ook moet een bokram vir die oortreding aan JaHWeH berei word, behalwe die voortdurende brandoffer en haar drank. //Wette oor die groot Feeste. [Levítikus 23] Num 28:16 EN in die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, is die Pasga van JaHWeH. Num 28:17 En op die vyftiende dag vanaf hierdie maand is dit Fees; sewe dae lank moet Ongesuurde Brode geëet word. Num 28:18 Op die eerste dag moet daar 'n samekoms van Apartheid wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Num 28:19 Maar julle moet naderbring deur vuur berei, as brandoffer aan JaHWeH: twee jong bulle en een ram en sewe jaaroud-lammers; raseg moet hulle vir julle wees. Num 28:20 En hulle spysbydrae fynmeel met olie gemeng: drie-tiendes [van 'n efa] vir 'n bul en twee-tiendes vir 'n ram moet julle berei. Num 28:21 Een-tiende moet jy vir elke lam van die sewe lammers berei. Num 28:22 Daarby een bokram vir die oortreding om vir julle versoening te doen. Num 28:23 Berei dit behalwe die brandoffer van die môre, wat 'n voortdurende brandoffer is. Num 28:24 Op dié manier moet julle elke dag, sewe dae lank, die brood deur vuur berei as aangename geur vir JaHWeH; by die voortdurende brandoffer moet hy gemaak word - en sy drank. Num 28:25 En op die sewende dag moet daar vir julle 'n samekoms van Apartheid wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Num 28:26 En op die dag van die eerstelinge, as julle 'n nuwe spysbydrae aan JaHWeH naderbring na julle [Fees van] Weke, moet daar vir julle 'n samekoms van Apartheid wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Num 28:27 Dan moet julle 'n brandoffer as aangename geur aan JaHWeH naderbring: twee jong bulle, een ram, sewe jaaroud-lammers; Num 28:28 en hulle spysbydrae: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir elke bul, twee-tiendes vir die een ram, Num 28:29 een-tiende vir elke lam van die sewe lammers; Num 28:30 een bokram om vir julle versoening te doen. Num 28:31 Behalwe die voortdurende brandoffer en die spysbydrae wat daarby behoort, moet julle dit berei - hulle moet raseg vir julle wees - en hulle dranke. Num 29:1 EN in die sewende maand, op die eerste van die maand, moet daar vir julle 'n samekoms van Apartheid wees; géén beroepswerk mag julle doen nie; dit moet vir julle 'n dag van geklank wees. Num 29:2 Dan moet julle 'n brandoffer as aangename geur vir JaHWeH berei: een jong bul, een ram, sewe jaaroud-lammers wat raseg is; Num 29:3 en hulle spysbydrae: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes [van 'n efa] vir die bul, twee-tiendes vir die ram, Num 29:4 en een-tiende vir elke lam van die sewe lammers; Num 29:5 en een bokram vir die oortreding om vir julle versoening te doen; Num 29:6 behalwe die brandoffer van die maandsvernuwing en haar spysbydrae wat daarby behoort, en die voortdurende brandoffer en haar spysbydrae wat daarby behoort, en hulle dranke volgens die Verordening - tot 'n aangename geur, 'n bereiding deur vuur aan JaHWeH. Num 29:7 En op die tiende van hierdie sewende maand moet daar vir julle 'n samekoms van Apartheid wees, en julle moet julle siel verootmoedig; géén werk mag julle doen nie. Num 29:8 Dan moet julle 'n brandoffer as aangename geur aan JaHWeH naderbring: een jong bul, een ram, sewe jaaroud-lammers; wat raseg is; Num 29:9 en hulle spysbydrae: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir die bul, twee-tiendes vir die een ram, Num 29:10 een-tiende vir elke lam van die sewe lammers; Num 29:11 een bokram vir die oortreding, behalwe die oortreding van die versoening en die voortdurende brandoffer en haar spysbydrae wat daarby behoort - en hulle dranke. Num 29:12 En op die vyftiende dag van die sewende maand moet daar vir julle 'n samekoms van Apartheid wees; géén beroepswerk mag julle doen nie, maar julle moet sewe dae lank vir JaHWeH 'n Fees vier. Num 29:13 En julle moet as brandoffer, as vuurbereiding van aangename geur aan JaHWeH naderbring: dertien jong bulle, twee ramme, veertien jaaroud-lammers; wat raseg is; Num 29:14 en hulle spysbydrae: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir elke bul van die dertien bulle, twee-tiendes vir elke ram van die twee ramme, Num 29:15 en een-tiende vir elke lam van die veertien lammers; Num 29:16 en een bokram vir die oortreding, behalwe die voortdurende brandoffer, haar spysbydrae en haar drank wat daarby behoort. Num 29:17 Daarna op die tweede dag: twaalf jong bulle, twee ramme, veertien rasegte jaaroud-lammers; Num 29:18 en hulle spysbydrae en hulle dranke vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die Verordening; Num 29:19 en een bokram vir die oortreding, behalwe die voortdurende brandoffers, en haar spysbydrae en hulle dranke. Num 29:20 En op die derde dag: elf bulle, twee ramme, veertien rasegte jaaroud-lammers; Num 29:21 en hulle spysbydrae en hulle dranke vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die Verordening; Num 29:22 en een bokram vir die oortreding, behalwe die voortdurende brandoffer, en haar spysbydrae en haar drank wat daarby behoort. Num 29:23 Verder op die vierde dag: tien bulle, twee ramme, veertien rasegte jaaroud-lammers; Num 29:24 hulle spysbydrae en hulle dranke vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die Verordening; Num 29:25 en een bokram vir die oortreding, behalwe die voortdurende brandoffer, haar spysbydrae en haar drank wat daarby behoort. Num 29:26 En op die vyfde dag: nege bulle, twee ramme en veertien rasegte jaaroud-lammers; Num 29:27 en hulle spysbydrae en hulle dranke vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die Verordening; Num 29:28 en een bokram vir die oortreding, behalwe die voortdurende brandoffer, en haar spysbydrae en haar drank wat daarby behoort. Num 29:29 Daarna op die sesde dag: agt bulle, twee ramme, veertien rasegte jaaroud-lammers; Num 29:30 en hulle spysbydrae en hulle dranke vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die Verordening; Num 29:31 en een bokram vir die oortreding, behalwe die voortdurende brandoffer, haar spysbydrae en haar drank wat daarby behoort. Num 29:32 En op die sewende dag: sewe bulle, twee ramme, veertien rasegte jaaroud-lammers; Num 29:33 en hulle spysbydrae en hulle drank vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die Verordening; Num 29:34 en een bokram vir die oortreding, behalwe die voortdurende brandoffer, haar spysbydrae en haar drank wat daarby behoort. Num 29:35 Op die agtste dag moet daar vir julle 'n Feestyd wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Num 29:36 En julle moet as brandoffer, as vuurbereiding van aangename geur aan JaHWeH naderbring: een bul, een ram, sewe rasegte jaaroud-lammers; Num 29:37 hulle spysbydrae en hulle dranke vir die bul, die ram en die lammers, na hulle getal, volgens die Verordening; Num 29:38 en een bokram vir die oortreding, behalwe die voortdurende brandoffer, en haar spysbydrae en haar drank wat daarby behoort. Num 29:39 Berei hulle tot eer van JaHWeH op julle Feestye, behalwe julle Geloftes en julle vrywillige skenkings, en vir jou brandoffers en vir jou spysbydraes en vir jou drank en vir jou vergoeding. Num 29:40 En Moshè het aan die kinders van JisraEl alles gesê volgens die bevel van JaHWeH aan Moshè. //Wette oor die Geloftes wat deur vroue gedoen is. Num 30:1 EN Moshè het met die stamhoofde van die kinders van JisraEl gespreek en gesê: Dit is die Woord volgens die bevel van JaHWeH: Num 30:2 As iemand aan JaHWeH 'n Gelofte doen of 'n eed sweer waardeur hy sy siel verbind om hom van iets te onthou, moet hy sy woord nie breek nie; hy moet handel volgens alles wat uit sy mond uitgaan. Num 30:3 Maar as 'n vrou aan JaHWeH 'n Gelofte doen of haarself verbind om haar te onthou, terwyl sy in haar vader se huis is in haar jeug, Num 30:4 en haar vader van haar Gelofte hoor of van die onthouding waartoe sy haar siel verbind het, en haar vader swyg teenoor haar, dan sal al haar Geloftes van krag wees, en elke onthouding waartoe sy haar siel verbind het, sal van krag wees. Num 30:5 Maar as haar vader haar terughou op die dag dat hy daarvan hoor, sal al haar Geloftes en elke onthouding waartoe sy haar siel op haar verbind het, nie van krag wees nie; en JaHWeH sal haar dit vergewe, omdat haar vader haar teruggehou het. Num 30:6 Maar as sy trou terwyl haar Geloftes op haar rus of iets wat haar lippe haastig uitgespreek het, waardeur sy haar siel verbind het, Num 30:7 en haar man daarvan hoor, op watter dag ook al, en teenoor haar swyg, dan sal haar Geloftes van krag wees, en elke onthouding waartoe sy haar siel verbind het, sal van krag wees. Num 30:8 Maar as haar man op die dag dat hy daarvan hoor, haar terughou, dan maak hy haar Gelofte tot niet wat op haar rus, en ook wat haar lippe haastig uitgespreek is, waardeur sy haar siel verbind het; en JaHWeH sal haar dit vergewe. Num 30:9 Maar die Geloftes van 'n weduwee of van 'n vrou wat verstoot is - alles waardeur sy haar siel verbind het, sal op haar van krag wees. Num 30:10 En as sy in die huis van haar man 'n Gelofte doen of haar siel met 'n eed verbind om haar te onthou, Num 30:11 en haar man daarvan hoor en teenoor haar swyg, haar nie terughou nie, dan sal al haar Geloftes van krag wees, en elke onthouding waartoe sy haar siel verbind het, sal van krag wees. Num 30:12 Maar as haar man die dinge uitdruklik tot niet maak op die dag dat hy daarvan hoor, sal niks van alles wat uit haar lippe uitgegaan het, van haar Geloftes of van die verbintenis [op] haar siel tot onthouding, van krag wees nie; haar man het dit tot niet gemaak, en JaHWeH sal haar dit vergewe. Num 30:13 Elke Gelofte en elke eed van onthouding om die siel te verootmoedig - haar man kan dit van krag maak, en haar man kan dit tot niet maak. Num 30:14 Maar as haar man van dag tot dag geheel en al teenoor haar swyg, dan maak hy al haar Geloftes of elke onthouding waartoe sy haar verbind het, van krag; hy het dit van krag gemaak, want hy het teenoor haar geswyg op die dag dat hy daarvan gehoor het. Num 30:15 Maar as hy dit uitdruklik tot niet maak nadat hy al daarvan gehoor het, dan dra hy haar ongeregtigheid. Num 30:16 Dit is die Insettinge volgens 'n bevel van JaHWeH aan Moshè, tussen 'n man en sy vrou, tussen 'n vader en sy dogter terwyl sy in haar jeug in haar vader se huis is. //Die JisraEliete oorwin die Midianiete. Num 31:1 EN JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê: Num 31:2 Neem wraak vir die kinders van JisraEl op die Midianiete; daarna sal jy by jou volksgenote versamel word. Num 31:3 Daarop het Moshè met die volk gespreek en gesê: Laat manne uit julle midde hul vir die oorlog wapen, dat hulle teen Mídian kan trek om die wraakgerig van JaHWeH aan Mídian te voltrek. Num 31:4 Duisend vir elke stam van al die stamme van JisraEl moet julle na die oorlog stuur. Num 31:5 Toe is daar uit die duisende van JisraEl duisend vir elke stam gelewer, twaalfduisend wat vir die oorlog gewapen was. Num 31:6 En Moshè het hulle na die oorlog gestuur, duisend vir elke stam, hulle en Pínehas, die seun van die priester El-Azar, na die oorlog, met voorwerpe van die Apartheid en die trompette by hom om alarm te blaas. Num 31:7 En hulle het oorlog toe getrek teen Mídian, volgens 'n bevel van JaHWeH aan Moshè, en het al die manlike persone gedood. Num 31:8 Ook het hulle die konings van Mídian gedood by die wat hulle verslaan het: Ewi en Rekem en Sur en Hur en Reba, die vyf konings van Mídian; ook het hulle Bíleam, die seun van Beor, met die swaard gedood. Num 31:9 Maar die kinders van JisraEl het die vroue van die Midianiete en hulle kinders as gevangenes weggevoer, en al hulle lasdiere en al hulle vee en al hulle rykdom gebuit. Num 31:10 Verder, al hulle stede in hulle woonplekke en al hulle laers het hulle met vuur verbrand Num 31:11 en al die roof geneem en al die buit, adamiete en diere. Num 31:12 Daarna het hulle die gevangenes en die buit en die roof na Moshè en die priester El-Azar en na die vergadering van die kinders van JisraEl gebring in die laer, in die vlaktes van Moab wat by die Jordaan van Jérigo is. Num 31:13 En toe Moshè en die priester El-Azar en al die owerstes van die vergadering hulle buitekant die laer tegemoetgaan, Num 31:14 het Moshè kwaad geword vir die aanvoerders van die leër, die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd wat van die veldtog af gekom het. Num 31:15 En Moshè het vir hulle gesê: Het julle al die vroue laat lewe? Num 31:16 Kyk, hulle was, deur die raad van Bíleam, vir die kinders van JisraEl 'n oorsaak van troubreuk teenoor JaHWeH in die saak van Peor, sodat die plaag in die vergadering van JaHWeH was. Num 31:17 Maak dan nou dood almal wat van die manlike [geslag] onder die kinders is; en maak dood elke vrou wat 'n man geken en met hom gemeenskap gehad het. Num 31:18 Maar laat al die kinders onder die vroulike persone wat geen gemeenskap met 'n man gehad het nie, vir julle in die lewe bly. Num 31:19 En julle, slaan sewe dae lank 'n kamp op buitekant die laer; elkeen wat 'n siel gedood en elkeen wat aan 'n gesneuwelde geraak het - julle moet jul op die derde dag en op die sewende dag suiwer van besoedeling, julle en jul gevangenes. Num 31:20 Ook moet julle al die klere en elke ding van leer en alles wat van bokhaar gemaak is, en elke ding van hout suiwer van besoedeling. Num 31:21 En die priester El-Azar het aan die krygsmanne wat na die oorlog getrek het, gesê: Dit is die Wetsinsetting volgens 'n bevel van JaHWeH aan Moshè. Num 31:22 Net die goud en die silwer, die koper, die yster, die tin en die lood - Num 31:23 elke ding wat in die vuur kan kom - moet julle deur die vuur laat deurgaan, en dit sal skoon wees; ewenwel moet dit deur suiwerings-water gesuiwer word; maar alles wat nie in die vuur kan kom nie, moet julle deur die water laat deurgaan. Num 31:24 Julle moet ook jul klere op die sewende dag was; dan sal julle gesuiwer wees; en daarna mag julle in die laer kom. Num 31:25 Verder het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: Num 31:26 Neem die volle getal op van wat as buit weggevoer is, van adamiete en van diere, jy en die priester El-Azar en die hoofdelike vaders van die vergadering; Num 31:27 en verdeel die buit tussen die wat met die oorlog te doen gehad het, wat op kommando uitgetrek het, én die hele vergadering. Num 31:28 En hef 'n bydrae vir JaHWeH van die krygsmanne wat na die oorlog uitgetrek het - een siel uit elke vyfhonderd - van die adamiete en van die beeste en van die esels en van die kleinvee. Num 31:29 Van hulle helfte moet julle dit neem, en gee dit aan die priester El-Azar as 'n bydrae aan JaHWeH. Num 31:30 Maar uit die helfte van die kinders van JisraEl moet jy een neem, uitgehaal uit elke vyftig, uit die adamiete, uit die beeste, uit die esels en die kleinvee, uit al die diere; en jy moet dit aan die Leviete gee wat die diens by die Tabernakel van JaHWeH waarneem. Num 31:31 En Moshè en die priester El-Azar het gedoen volgens 'n bevel van JaHWeH aan Moshè. Num 31:32 En die buit, die oorskot van die roof wat die krygsmanne geneem het, was seshonderd-vyf-en-sewentigduisend stuks kleinvee; Num 31:33 en twee-en-sewentigduisend beeste; Num 31:34 en een-en-sestigduisend esels; Num 31:35 en die siele van adamiete, uit die vroulike persone wat geen gemeenskap met 'n man gehad het nie, al die siele was twee-en-dertigduisend. [Deuteronómium 21:11] Num 31:36 En die helfte, die deel van hulle wat na die oorlog uitgetrek het, was in getal driehonderd sewe-en-dertigduisend-vyfhonderd stuks kleinvee. Num 31:37 En die bydrae aan JaHWeH uit die kleinvee was seshonderd vyf-en-sewentig. Num 31:38 En die beeste was ses-en-dertigduisend, en die bydrae daarvan aan JaHWeH twee-en-sewentig. Num 31:39 En die esels was dertigduisend-vyfhonderd, en die bydrae daarvan aan JaHWeH een-en-sestig. Num 31:40 En die siele van adamiete was sestienduisend, en die bydrae daarvan aan JaHWeH twee-en-dertig siele. Num 31:41 En Moshè het aan die priester El-Azar die deel gegee wat as bydrae aan JaHWeH bestem was, volgens die bevel van JaHWeH aan Moshè. Num 31:42 En uit die helfte van die kinders van JisraEl wat Moshè van die vegsmanne afgedeel het - Num 31:43 die helfte van die vergadering uit die kleinvee was driehonderdsewe-en-dertigduisend-vyfhonderd; Num 31:44 en die beeste was ses-en-dertigduisend; Num 31:45 en die esels dertigduisend-vyfhonderd; Num 31:46 en die siele van adamiete sestienduisend - Num 31:47 uit die helfte van die kinders van JisraEl het Moshè geneem - van wat uitgehaal was, een uit elke vyftig, van adamiete en van diere - en hy het dit aan die Leviete gegee wat die diens by die Tabernakel van JaHWeH waarneem, volgens die bevel van JaHWeH aan Moshè. Num 31:48 Toe het die aanvoerders oor die duisende van die leër, die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd, nader gekom na Moshè Num 31:49 en aan Moshè gesê: U dienaars het die volle getal van die krygsmanne opgeneem wat onder ons bevel was, en daarvan word nie een vermis nie. Num 31:50 Daarom bring elkeen van ons as bydrae aan JaHWeH wat hy aan goue goed gevind het: armkettings en armbande, vingerringe, oorringe en halssierade, om versoening te doen vir ons siele voor die Aangesig van JaHWeH. Num 31:51 Toe het Moshè en die priester El-Azar die goud, allerhande kunsvoorwerpe, van hulle aange-neem. Num 31:52 En al die goud van die bydrae wat hulle aan JaHWeH afgegee het, was sestienduisend-sewehonderd-en-vyftig sikkels, afkomstig van die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd. Num 31:53 Die krygsmanne het elkeen na welgevalle buitgemaak. Num 31:54 So het Moshè en die priester El-Azar dan die goud van die owerstes oor duisend en oor honderd aangeneem en dit in die Tent van Samekoms gebring om die kinders van JisraEl voor die Aangesig van JaHWeH in herinnering te bring. //Die stamme van Ruben en Gad ontvang hulle erfdeel oorkant die Jordaan. Num 32:1 EN die kinders van Ruben en die kinders van Gad het baie vee gehad, 'n groot menigte. En toe hulle die Aarde van Jaéser en die Aarde van Gílead bekyk het, vind hulle uit dat die plek 'n plek vir vee was. Num 32:2 Daarop het die kinders van Gad en die kinders van Ruben gekom en met Moshè en die priester El-Azar en met die owerstes van die vergadering gespreek en gesê: Num 32:3 Atarot en Dibon en Jaéser en Nimra en Hesbon en El-Aleh en Sebam en Nebo en Behon - Num 32:4 die Aarde wat JaHWeH voor die aangesig van die vergadering van JisraEl uit verower het - is 'n Aarde vir vee, en u dienaars het vee. Num 32:5 Verder het hulle gesê: As ons barmhartigheid in u oë gevind het, laat hierdie Aarde aan u dienaars as 'n besitting gegee word; bring ons nie oor die Jordaan nie. Num 32:6 Maar Moshè het die kinders van Gad en die kinders van Ruben geantwoord: Sal julle broers oorlog toe trek, en wil julle hier bly? Num 32:7 Waarom tog wil julle die hart van die kinders van JisraEl daarvan afkerig maak om deur te trek in die Aarde wat JaHWeH aan hulle gegee het? Num 32:8 So het julle vaders gedoen toe ek hulle van Kadesh-Barnéa af gestuur het om die Aarde te bekyk. Num 32:9 Toe hulle tot by die dal Eskol opgetrek en die Aarde bekyk het, het hulle die hart van die kinders van JisraEl afkerig gemaak om in die Aarde in te trek wat JaHWeH aan hulle gegee het. Num 32:10 Daarom het die Woede van JaHWeH dieselfde dag ontvlam, en Hy het gesweer en gesê: Num 32:11 Waarlik, geeneen van die manne wat uit Egipte opgetrek het, van twintig jaar oud en daarbo, sal die Adamah[adamiet se Aarde] sien wat Ek aan Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het nie; want hulle het nie volhard om My te volg nie - Num 32:12 behalwe Kaleb, die seun van Jefúnne, die Kenissiet, en JeHôWshua, die seun van Nun; want hulle het volhard om JaHWeH te volg. Num 32:13 En die Woede van JaHWeH het teen JisraEl ontvlam, en Hy het hulle veertig jaar lank in die wildernis laat rondswerwe, totdat die hele geslag verteer was wat besoedel gehandel het in die Oë van JaHWeH. Num 32:14 En kyk, julle het opgestaan in die plek van julle vaders, afstammelinge van manne wat oortreders is, om die brandende Woede van JaHWeH teen JisraEl nog te vererger. Num 32:15 As julle van Hom afvallig word, sal Hy hulle nog langer in die wildernis laat bly, en julle sal hierdie hele volk te gronde laat gaan. Num 32:16 Toe kom hulle na hom toe aan en sê: Ons sal hier skaapkrale bou vir ons vee en stede vir ons kinders. Num 32:17 Maar ons self sal ons haastig wapen voor die aangesig van die oë van die kinders van JisraEl, totdat ons hulle op hul woonplek bring; en ons kinders sal in die versterkte stede bly vanweë die bewoners van die Aarde. Num 32:18 Ons sal nie na ons huise teruggaan voordat die kinders van JisraEl elkeen in besit van sy erfdeel gekom het nie. Num 32:19 Want ons sal nie saam met hulle wes van die Jordaan en verder weg erwe nie, omdat ons erfdeel duskant die Jordaan, teen sonop, ons s'n geword het. Num 32:20 Toe sê Moshè vir hulle: As julle dit doen, as julle jul voor die Aangesig van JaHWeH vir die oorlog bewapen Num 32:21 en elke gewapende man van julle voor die Aangesig van JaHWeH deur die Jordaan trek, totdat Hy sy vyande voor sy aangesig uit verdrywe het Num 32:22 en die Aarde voor die Aangesig van JaHWeH onderwerp is, en julle daarna teruggaan, dan sal julle vrygestel wees voor die Aangesig van JaHWeH en voor JisraEl, en hierdie Aarde sal vir julle 'n besitting word voor die Aangesig van JaHWeH. Num 32:23 Maar as julle nie so doen nie, kyk, dan oortree julle teen JaHWeH, en weet dan dat julle oortreding julle sal inhaal. Num 32:24 Bou vir julle stede vir jul kinders en krale vir jul kleinvee, en doen wat uit julle mond uitgegaan het. Num 32:25 Toe het die kinders van Gad en die kinders van Ruben met Moshè gespreek en gesê: U dienaars sal doen soos my meester beveel het. Num 32:26 Ons kinders, ons vroue, ons vee en al ons lasdiere sal daar in die stede van Gílead bly; Num 32:27 maar u dienaars, almal wat vir die oorlog gewapen is, sal voor die Aangesig van JaHWeH na die oorlog oortrek soos my meester gespreek het. Num 32:28 Toe het Moshè aangaande hulle aan die priester El-Azar en aan JeHôWshua, die seun van Nun, en aan die hoofdelike vaders uit die stamme van die kinders van JisraEl bevel gegee, Num 32:29 en Moshè het aan hulle gesê: As die kinders van Gad en die kinders van Ruben saam met julle deur die Jordaan trek, almal wat vir die oorlog gewapen is, voor die Aangesig van JaHWeH, en die Aarde voor julle uit onderwerp is, gee dan aan hulle die Aarde van Gílead as 'n besitting. Num 32:30 Maar as hulle nie gewapend saam met julle oortrek nie, moet hulle onder julle in die Aarde van Kanaän besittings verkry. Num 32:31 En die kinders van Gad en die kinders van Ruben het geantwoord en gesê: Volgens die Woord van JaHWeH aan u dienaars, so sal ons doen. Num 32:32 Ons sal gewapend oortrek voor die Aangesig van JaHWeH na die Aarde van Kanaän, en ons erflike besitting oos van die Jordaan sal ons s'n wees. Num 32:33 So het Moshè dan aan hulle gegee, aan die kinders van Gad en die kinders van Ruben en die halwe stam van Manasse, die seun van JôWsef, die koninkryk van Sihon, koning van die Amoriete, en die koninkryk van Og, koning van Basan, die Aarde volgens haar stede met die grondgebied wat daarby behoort, die stede van die Aarde rondom. Num 32:34 En die kinders van Gad het Dibon gebou en Atarot en Aroër Num 32:35 en Aterot-Sofan en Jaéser en Jógbeha Num 32:36 en Bet-Nimra en Bet-Haran versterkte stede en skaapkrale. Num 32:37 En die kinders van Ruben het Hesbon gebou en El-Aleh en Kirjataim Num 32:38 en Nebo en Baäl-Meon - met verandering van die name - en Sibma; en hulle het die stede wat hulle gebou het, name gegee. Num 32:39 En die seuns van Magir, die seun van Manasse, het na Gílead gegaan en haar verower en die Amoriete verdrywe wat in haar was. Num 32:40 En Moshè het Gílead aan Magir, die seun van Manasse, gegee; en hy het in haar gewoon. Num 32:41 En Jaïr, die seun van Manasse, het gegaan en hulle tentdorpe ingeneem en dit tentdorpe van Jaïr genoem. Num 32:42 En Nobag het gegaan en Kenat en die onderhorige plekke ingeneem en vir haar die naam Nobag gegee. //Trekke en staanplekke van JisraEl, van Egipte af tot in Kanaän. Num 33:1 DIT is die trekke van die kinders van JisraEl wat uit die Aarde van Egipte uitgetrek het volgens hulle leërafdelings, onder die hand van Moshè en Aäron. Num 33:2 Volgens die bevel van JaHWeH het Moshè die plekke opgeskrywe vanwaar hulle van plek tot plek verder getrek het; en dit is hulle plekke vanwaar hulle al verder getrek het. Num 33:3 Hulle het van Raämses af opgebreek in die eerste maand, op die vyftiende dag van die eerste maand; op die dag ná die Pasga het die kinders van JisraEl deur 'n Sterke Hand voor die oë van al die Egiptenaars uitgetrek, Num 33:4 terwyl die Egiptenaars besig was om dié te begrawe wat JaHWeH onder hulle verslaan het, al die eersgeborenes; ook het JaHWeH aan hulle gode strafgerigte voltrek. Num 33:5 Toe die kinders van JisraEl van Raämses af opgebreek het, het hulle laer opgeslaan in Sukkot. Num 33:6 En hulle het van Sukkot af opgebreek en laer opgeslaan in Etam wat aan die kant van die wildernis lê. Num 33:7 En hulle het van Etam af opgebreek en weggedraai na Pi-Hágirot wat oos van Baäl-Sefon lê; en hulle het laer opgeslaan voor die aangesig van Migdol. Num 33:8 En hulle het van Pi-Hágirot af opgebreek en dwarsdeur die see gegaan na die wildernis toe; en hulle het drie dagreise ver die wildernis van Etam ingetrek en laer opgeslaan in Mara. Num 33:9 En hulle het van Mara af opgebreek en by Elim gekom; en in Elim was twaalf waterfonteine en sewentig palmbome, en hulle het daar laer opgeslaan. Num 33:10 En hulle het van Elim af opgebreek en laer opgeslaan by die Skelfsee. Num 33:11 En hulle het van die Skelfsee af opgebreek en laer opgeslaan in die wildernis Sin. Num 33:12 En hulle het uit die wildernis Sin opgebreek en laer opgeslaan in Dofka. Num 33:13 En hulle het van Dofka af opgebreek en laer opgeslaan in Alus. Num 33:14 En hulle het van Alus af opgebreek en laer opgeslaan in Ráfidim; maar daar was geen water vir die volk om te drink nie. Num 33:15 En hulle het van Ráfidim af opgebreek en laer opgeslaan in die wildernis Sinai. Num 33:16 En hulle het uit die wildernis Sinai opgebreek en laer opgeslaan in Kibrot-Hattáäwa. Num 33:17 En hulle het van Kibrot-Hattáäwa af opgebreek en laer opgeslaan in Haserot. Num 33:18 En hulle het van Haserot af opgebreek en laer opgeslaan in Ritma. Num 33:19 En hulle het van Ritma af opgebreek en laer opgeslaan in Rimmon-Peres. Num 33:20 En hulle het van Rimmon-Peres af opgebreek en laer opgeslaan in Libna. Num 33:21 En hulle het van Libna af opgebreek en laer opgeslaan in Rissa. Num 33:22 En hulle het van Rissa af opgebreek en laer opgeslaan in Keheláta. Num 33:23 En hulle het van Keheláta af opge-breek en laer opgeslaan by die berg Sefer. Num 33:24 En hulle het van die berg Sefer af opgebreek en laer opgeslaan in Hárada. Num 33:25 En hulle het van Hárada af opgebreek en laer opgeslaan in Mákhelot. Num 33:26 En hulle het van Mákhelot af opgebreek en laer opgeslaan in Tahat. Num 33:27 En hulle het van Tahat af opgebreek en laer opgeslaan in Terag. Num 33:28 En hulle het van Terag af opgebreek en laer opgeslaan in Mitka. Num 33:29 En hulle het van Mitka af opgebreek en laer opgeslaan in Hasmóna. Num 33:30 En hulle het van Hasmóna af opgebreek en laer opgeslaan in Móserot. Num 33:31 En hulle het van Móserot af opgebreek en laer opgeslaan in Béne-Jáäkan. Num 33:32 En hulle het van Béne-Jáäkan af opgebreek en laer opgeslaan in Hor-Hággidgad. Num 33:33 En hulle het van Hor-Hággidgad af opgebreek en laer opgeslaan in Jotbáta. Num 33:34 En hulle het van Jotbáta af opgebreek en laer opgeslaan in Abróna. Num 33:35 En hulle het van Abróna af opgebreek en laer opgeslaan in Eseon-Geber. Num 33:36 En hulle het van Éseon-Geber af opgebreek en laer opgeslaan in die wildernis Sin, sy is Kadesh. Num 33:37 En hulle het van Kadesh af opgebreek en laer opgeslaan by die berg Hor, aan die kant van die Aarde van Edom. Num 33:38 Toe het die priester Aäron op bevel van JaHWeH op die berg Hor geklim en daar gesterwe, in die veertigste jaar ná die uittog van die kinders van JisraEl uit die Aarde van Egipte, in die vyfde maand, op die eerste van die maand. Num 33:39 En Aäron was honderd-drie-en-twintig jaar oud toe hy op die berg Hor gesterf het. Num 33:40 En die Kanaäniet, die koning van Arad, wat in die Suidland in die Aarde van Kanaän gewoon het, het gehoor dat die kinders van JisraEl aankom. Num 33:41 En hulle het van die berg Hor af opgebreek en laer opgeslaan in Sálmona. Num 33:42 En hulle het van Sálmona af opgebreek en laer opgeslaan in Punon. Num 33:43 En hulle het van Punon af opgebreek en laer opgeslaan in Obot. Num 33:44 En hulle het van Obot af opgebreek en laer opgeslaan in Ijje-Haäbárim, by die grens van Moab. Num 33:45 En hulle het van Ijjim af opgebreek en laer opgeslaan in Dibon-Gad. Num 33:46 En hulle het van Dibon-Gad af opgebreek en laer opgeslaan in Almon-Diblataim. Num 33:47 En hulle het van Almon-Diblataim af opgebreek en laer opgeslaan in die gebergte Abárim, voor die aangesig van Nebo. Num 33:48 En hulle het van die gebergte Abárim af opgebreek en laer opgeslaan in die vlaktes van Moab, by die Jordaan van Jérigo. Num 33:49 En hulle het laer opgeslaan by die Jordaan van Bet-Hajésimot af tot by Abel-Hassittim, in die vlaktes van Moab. Num 33:50 En JaHWeH het met Moshè gespreek in die vlaktes van Moab, by die Jordaan van Jérigo, en gesê: Num 33:51 Spreek met die kinders van JisraEl en sê vir hulle: As julle deur die Jordaan in die Aarde van Kanaän intrek, Num 33:52 moet julle al die bewoners van die Aarde voor julle uit verdrywe en hulle beeldhouwerk vernietig; ook moet julle al hulle gegote beelde vernietig en al hulle Hoogtes verwoes. Num 33:53 En julle moet die Aarde in besit neem en in haar woon; want Ek het die Aarde aan julle gegee om haar te besit. Num 33:54 En julle moet die Aarde deur die lot as Erfdeel verwerwe, volgens julle families; vir die wat baie is, moet julle hulle erfdeel groot maak, en vir die wat min is, moet jy hulle erfdeel klein maak. Waar die lot vir iemand val, moet dit sy deel wees; volgens julle vaderlike stamme moet julle dit as erfdeel verwerwe. Num 33:55 Maar as julle die bewoners van die Aarde nie voor julle uit verdrywe nie, sal die wat julle van hulle laat oorbly, soos dorings in julle oë wees en soos angels in julle sye, en hulle sal julle beveg in die Aarde waar julle in woon. Num 33:56 En soos Ek gedink het om aan hulle te doen, sal Ek aan julle doen. //Beskrywing van die grense van Kanaän deur JaHWeH. Num 34:1 VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: Num 34:2 Gee bevel aan die kinders van JisraEl en sê vir hulle: As julle in die Aarde van Kanaän kom, sal sy die Aarde wees wat aan julle as erfdeel sal toekom; die Aarde van Kanaän volgens haar grense. Num 34:3 Julle suidekant dan moet van die wildernis Sin af langs Edom wees; en julle suidelike grens moet aan die oostekant van die einde van die Soutsee af wees; Num 34:4 en julle grens moet suid van Skerpioennek swaai en oorloop na Sin toe, totdat dit doodloop suid van Kadesh-Barnéa; dan moet dit aanloop na Hasar-Addar en oor na Asmon toe. Num 34:5 Verder moet die grens swaai van Asmon af na die spruit van Egipte toe, sodat dit by die see doodloop. Num 34:6 Aangaande die westelike grens, dit moet vir julle die Groot See saam met sy gebied wees; dit moet julle westelike grens wees. Num 34:7 En dit moet julle noordelike grens wees: van die Groot See af moet julle jul grenslyn trek na die berg Hor. Num 34:8 Van die berg Hor af moet julle die grenslyn trek tot by die ingang na Hamat; en die grens moet doodloop by Sedad. Num 34:9 Dan moet die grens aanloop na Sifron toe, en dit moet doodloop by Hasar-Enan. Dit moet julle noordelike grens wees. Num 34:10 Verder moet julle as jul oostelike grens die lyn trek van Hasar-Enan af na Sefam toe. Num 34:11 En die grens moet afloop van Sefam af na Haribla toe, oos van Ajin; dan moet die grens afloop en skrams oor die hange van die meer Kinnéret gaan, aan die oostekant. Num 34:12 Verder moet die grens afloop na die Jordaan totdat dit doodloop by die Soutsee. Sy moet vir julle die Aarde wees volgens haar grense rondom. Num 34:13 En Moshè het aan die kinders van JisraEl bevel gegee en gesê: Sy is die Aarde wat julle deur die lot as Erfdeel sal verwerwe, volgens die bevel van JaHWeH om aan die nege stamme en aan die halwe stam te gee. Num 34:14 Want die stam van die kinders van die Rubeniete volgens hulle families en die stam van die kinders van die Gadiete volgens hulle families en die halwe stam van Manasse het al ontvang - hulle het hul erfdeel ontvang. Num 34:15 Die twee stamme en die halwe stam het hulle erfdeel aan die oostekant van die Jordaan van Jérigo, teen sonop, ontvang. Num 34:16 Verder het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: Num 34:17 Dit is die name van die manne wat vir julle die Aarde as erfenis moet verdeel: die priester El-Azar en JeHôWshua, die seun van Nun. Num 34:18 Daarby moet julle uit elke stam een owerste neem om die Aarde as erfenis te verdeel. Num 34:19 En dit is die name van die manne: van die stam van JeHûWdah - Kaleb, die seun van Jefúnne; Num 34:20 en van die stam van Símeon se kinders - ShemuEl, die seun van Ammihud; Num 34:21 van die stam van Benjamin EliDad, die seun van Kislon; Num 34:22 en van die stam van Dan se kinders as owerste - Bukki, die seun van Jogli; Num 34:23 van die kinders van JôWsef: van die stam van Manasse se kinders as owerste HanniEl, die seun van Efod; Num 34:24 en van die stam van Efraim se kinders as owerste - KemûwEl, die seun van Siftan; Num 34:25 en van die stam van Sébulon se kinders as owerste - El-Safan, die seun van Parnag; Num 34:26 en van die stam van Issaskar se kinders as owerste PáltieEl, die seun van Assan; Num 34:27 en van die stam van Aser se kinders as owerste - Ahíhud, die seun van Selómi; Num 34:28 en van die stam van Náftali se kinders as owerste - PedahEl, die seun van Ammihud. Num 34:29 Dit is hulle wat volgens die bevel van JaHWeH die erfenis vir die kinders van JisraEl in die Aarde van Kanaän moet verdeel. //Die getal stede wat aan die Leviete afgestaan moes word. Die ses vrystede. Num 35:1 EN JaHWeH het met Moshè gespreek in die vlaktes van Moab, by die Jordaan van Jérigo, en gesê: Num 35:2 Gee bevel aan die kinders van JisraEl dat hulle aan die Leviete van hulle erflike besitting stede gee om te bewoon; ook moet julle weiveld rondom die stede aan die Leviete gee. Num 35:3 En die stede moet vir hulle dien om te bewoon; maar die weiveld wat daarby behoort, moet vir hulle diere en hulle besitting en al hulle lewende hawe wees. Num 35:4 En die weiveld van die stede wat julle aan die Leviete gee, moet van die stadsmuur af buitentoe duisend voorarm rondom wees. Num 35:5 En julle moet buitekant die stad meet: aan die oostekant tweeduisend voorarm en aan die suidekant tweeduisend voorarm en aan die westekant tweeduisend voorarm en aan die noordekant tweeduisend voorarm, en die stad in die middel. Dit moet vir hulle as weiveld van die stede dien. Num 35:6 En die stede wat julle aan die Leviete gee, moet die ses stede vir ontvlugting wees wat julle moet gee, dat die een wat doodgeslaan het, daarheen kan vlug; en daarby moet julle twee-en-veertig stede gee. Num 35:7 Al die stede wat julle aan die Leviete gee, moet wees agt-en-veertig stede, hulle saam met hul weiveld. Num 35:8 En wat die stede betref wat julle uit die besitting van die kinders van JisraEl gee - julle moet van die wat baie is, baie neem, en van die wat min is, min neem; elke [stam] moet van sy stede aan die Leviete gee volgens die erfdeel wat elkeen gaan kry. Num 35:9 Verder het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: Num 35:10 Spreek met die kinders van JisraEl en sê vir hulle: As julle deur die Jordaan na die Aarde van Kanaän trek, Num 35:11 moet julle gunstig geleë stede vir julle uitsoek; as stede vir ontvlugting moet hulle vir julle dien, dat die een wat doodgeslaan het, een wat per abuis 'n siel doodgeslaan het, daarheen kan vlug. Num 35:12 En die stede moet vir julle as toevlug van die losser wees, sodat hy wat doodgeslaan het, nie sterwe voordat hy voor die aangesig van die vergadering in Regspraak gestaan het nie. Num 35:13 En die stede wat julle gee, moet vir julle, ses in getal, as stede vir ontvlugting dien. Num 35:14 Drie van die stede moet julle oos van die Jordaan gee, en drie daarvan moet julle in die Aarde van Kanaän gee; stede vir ontvlugting moet hulle wees. Num 35:15 Vir die kinders van JisraEl en die besoeker en die vreemdeling onder hulle moet hierdie ses stede as toevlug dien, sodat elkeen daarheen kan vlug wat per abuis 'n siel doodgeslaan het. Num 35:16 Maar as hy hom slaan met 'n ystervoorwerp, sodat hy sterwe, dan is hy 'n moordenaar; die moordenaar moet sekerlik gedood word. Num 35:17 En as hy hom slaan met 'n klip in die hand - waardeur iemand kan sterwe - en hy sterwe, dan is hy 'n moordenaar; die moordenaar moet sekerlik gedood word. Num 35:18 Of as hy hom slaan met 'n houtvoorwerp in die hand - waardeur iemand kan sterwe - en hy sterwe, dan is hy 'n moordenaar; die moordenaar moet sekerlik gedood word. Num 35:19 Die losser van die bloed, hy moet die moordenaar doodmaak; as hy hom kry, moet hy hom doodmaak. Num 35:20 En as hy hom uit haat stamp of met opset na hom gooi, sodat hy sterwe, Num 35:21 of hom uit vyandskap met sy hand slaan, sodat hy sterwe, dan moet hy wat geslaan het, sekerlik gedood word; hy is 'n moordenaar; die losser van die bloed moet die moordenaar doodmaak as hy hom kry. Num 35:22 Maar as hy hom onvoorsiens, sonder vyandskap, stamp of enigiets sonder opset na hom gooi; Num 35:23 of as hy enige klip waardeur iemand kan sterwe - [as hy], sonder om dit te sien, dit op hom laat val, sodat hy sterwe, terwyl hy geen vyand van hom was en die ellende nie gesoek het nie, Num 35:24 dan moet die vergadering tussen hom wat doodgeslaan het, en die losser van die bloed oordeel volgens hierdie Reg. Num 35:25 En die vergadering moet hom wat doodgeslaan het, red uit die hand van die losser van die bloed, en die vergadering moet hom laat teruggaan na sy stad van ontvlugting waarheen hy gevlug het; en hy moet in haar bly tot die dood van die hoëpriester wat met die Apartheid se olie gesalf is. Num 35:26 Maar as hy wat doodgeslaan het, ooit buitekant die grens van sy stad van ontvlugting gaan waarheen hy moes vlug, Num 35:27 en die losser van die bloed hom buitekant die grens van sy stad van ontvlugting kry, en die losser van die bloed hom doodslaan wat doodgeslaan het, dan sal daar vir hom geen bloedskuld wees nie. Num 35:28 Want hy moet in sy stad van ontvlugting bly tot die dood van die hoëpriester; maar ná die dood van die hoëpriester mag die een wat doodgeslaan het, teruggaan na die Aarde waar sy besitting lê. Num 35:29 En dit moet vir julle 'n Regspraak wees in julle geslagte, in al julle woonplekke. Num 35:30 As iemand 'n siel doodslaan, moet die moordenaar op verklaring van getuies gedood word; maar een getuie is nie genoegsaam om 'n siel tot die dood te veroordeel nie. Num 35:31 Maar julle mag geen losprys aanneem vir die siel van 'n moordenaar wat skuldig is om te sterwe nie, want hy moet sekerlik gedood word. Num 35:32 Ook mag julle geen losprys aanneem om iemand vry te stel van die vlug na sy vrystad - sodat hy kan teruggaan om in die Aarde te woon - tot op die dood van die [hoë]priester nie. Num 35:33 En julle mag die Aarde nie besoedel waar julle in haar is nie; want die bloed besoedel die Aarde, en vir die Aarde word geen versoening gedoen vir die bloed wat in haar vergiet is nie, as net deur die bloed van hom wat dit vergiet het. [1 Konings 2:31] Num 35:34 En jy mag die Aarde waar julle in haar woon, nie besoedel nie, omdat Ek in haar midde woon; want Ek - JaHWeH, woon in die midde van die kinders van JisraEl. //Verbod aan erfdogters om buite hulle vaderlike stam te trou. Num 36:1 EN die hoofdelike vaders oor die familie van die kinders van Gilead, die seun van Magir, die seun van Manasse, uit die geslagte van JôWsef se kinders, het nader gekom en voor die aangesig van Moshè en voor die aangesig van die owerstes, die hoofdelike vaders van die kinders van JisraEl, gespreek Num 36:2 en gesê: volgens die bevel van JaHWeH moet my meester die Aarde deur die lot as erfenis aan die kinders van JisraEl gee; ook volgens die bevel van JaHWeH moet my meester die erfdeel van ons broer Selofhad aan sy dogters gee. Num 36:3 As hulle nou die vroue word van een van die seuns uit die [ander] stamme van die kinders van JisraEl, dan word hulle erfdeel van ons vaders se erfdeel weggeneem en gevoeg by die erfdeel van die stam waarby hulle sal behoort; so sal dan die erfdeel wat ons deur die lot aangewys is, ingekort word. Num 36:4 En as die jubeljaar vir die kinders van JisraEl aanbreek, dan word hulle erfdeel gevoeg by die erfdeel van die stam waarby hulle sal behoort; so sal dan hulle erfdeel van die erfdeel van ons vaders se stam weggeneem word. Num 36:5 Toe het Moshè die kinders van JisraEl gelas op die bevel van JaHWeH en gesê: Die stam van die kinders van JôWsef praat reg. Num 36:6 Dit is die Woord volgens 'n bevel van JaHWeH aangaande die dogters van Selófhad: Laat hulle die vroue word van hom wat suiwer is in hulle oë; hulle moet net trou in 'n familie van die stam van hulle vader, Num 36:7 sodat die erfdeel van die kinders van JisraEl nie van stam tot stam oorgaan nie; want die kinders van JisraEl moet elkeen die erfdeel van die stam van sy vaders vashou. Num 36:8 En elke dogter wat 'n erfdeel kry, uit die stamme van die kinders van JisraEl, moet die vrou word van een uit die familie van die stam van haar vader, sodat die kinders van JisraEl elkeen die erfdeel van sy vaders kan erwe. Num 36:9 So sal dan 'n erfdeel nie van een stam na 'n ander stam oorgaan nie; want die stamme van die kinders van JisraEl moet elkeen sy erfdeel vashou. Num 36:10 Volgens die bevel van JaHWeH aan Moshè, so het die dogters van Selófhad gedoen: Num 36:11 Magla, Tirsa en Hogla en Milka en Noa, die dogters van Selófhad, het die vroue geword van die seuns van hulle ooms; Num 36:12 hulle het die vroue geword [van manne] uit die families van die kinders van Manasse, die seun van JôWsef. So het dan hulle erfdeel gebly in die stam van die familie van hulle vader. Num 36:13 Dit is die Gebooie en die Regsprake volgens die bevel van JaHWeH deur die hand van Moshè aan die kinders van JisraEl, in die vlaktes van Moab by die Jordaan van Jérigo. // //Die Vyfde Boekrol, genoem: Die Bevele (DEUTERONóMIUM) // Deu 1:1 DIT is die woorde waarmee Moshè die hele JisraEl toegespreek het oos van die Jordaan in die wildernis, in die Vlakte teenoor Suf, tussen Paran en Tofel en Laban en Háserot en Di-Sahab. Deu 1:2 Elf dae is die pad van Horeb af na die gebergte Seïr tot by Kadesh-Barnéa. Deu 1:3 En in die veertigste jaar, in die elfde maand, op die eerste van die maand, het Moshè met die kinders van JisraEl gespreek volgens die bevel van JaHWeH; Deu 1:4 nadat hy Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het, en Og, die koning van Basan, wat in Ashtarowth gewoon het, in Edréï verslaan het. Deu 1:5 Oos van die Jordaan in die Aarde van Moab het Moshè onderneem om hierdie Wet te verduidelik deur te sê: Deu 1:6 JaHWeH onse Elohey het met ons by Horeb gespreek en gesê: Julle het lank genoeg by hierdie berg gebly. Deu 1:7 Trek weg en breek op en gaan na die gebergte van die Amoriete en na al sy naburige plekke: die Vlakte, die Gebergte en die Laeveld en die Suidland en by die seekus - die Aarde van die Kanaäniete en die Líbanon, tot by die groot rivier, die Eufraatrivier. Deu 1:8 Kyk, Ek gee die Aarde aan julle oor; gaan in en neem die Aarde in besit wat JaHWeH aan julle vaders Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het om haar aan hulle te gee en aan hulle saad ná hulle. Deu 1:9 En ek het met julle in dié tyd gespreek en gesê: Ek kan julle alleen nie dra nie. Deu 1:10 JaHWeH julle Elohey het julle vermenigvuldig; en kyk, julle is vandag soos die Sterre van die Hemele in menigte. Deu 1:11 Mag JaHWeH, die Elohey van julle vaders, by julle byvoeg duisend maal soveel as wat julle is, en julle seën soos Hy julle beloof het! Deu 1:12 Hoe sou ek die moeilikheid en die las en die regsake van julle alleen kan dra? Deu 1:13 Bring tog wyse en verstandige en ervare manne aan volgens julle stamme, dat ek hulle as julle hoofde kan aanstel. Deu 1:14 Hierop het julle my geantwoord en gesê: Die woord wat u gespreek het, is goed om uit te voer. Deu 1:15 Toe het ek die hoofde van julle stamme, wyse en ervare manne, geneem en hulle as hoofde oor julle aangestel, owerstes oor duisend en owerstes oor honderd en owerstes oor vyftig en owerstes oor tien en opsigters volgens julle stamme. Deu 1:16 En ek het in dié tyd aan julle regters bevel gegee en gesê: Neem julle broers in verhoor en oordeel regverdig tussen 'n man en sy broer en die besoeker wat by hom is. Deu 1:17 Julle mag in die Reg nie partydig wees nie; julle moet klein sowel as groot aanhoor; julle mag niemand spaar nie, want die Reg is die saak van Elohim, maar die saak wat vir julle te moeilik is, moet julle na my toe naderbring, en ek sal dit in verhoor neem. Deu 1:18 So het ek julle dan in dié tyd al die dinge beveel wat julle moet doen. Deu 1:19 Toe het ons van Horeb af opgebreek, en ons het daardie hele groot en vreeslike wildernis deurgetrek wat julle op pad na die gebergte van die Amoriete gesien het, volgens die bevel van JaHWeH onse Elohey; en ons het tot by Kadesh-Barnéa gekom. Deu 1:20 Toe het ek vir julle gesê: Julle het tot by die gebergte van die Amoriete gekom wat JaHWeH onse Elohey aan ons sal gee. Deu 1:21 Kyk, JaHWeH jou Elohey het die Aarde aan jou oorgegee; trek op, neem haar in besit volgens die Woord van JaHWeH, die Elohey van jou vaders; wees nie bevrees en wees nie verskrik nie. Deu 1:22 Toe het julle almal na my toe nader gekom en gesê: Laat ons manne voor ons uitstuur, dat hulle vir ons die Aarde kan verken en ons berig kan bring aangaande die pad waarlangs ons in haar moet optrek, en die stede waarby ons sal kom. Deu 1:23 En die saak was goed in my oë, sodat ek twaalf man uit julle, uit elke stam een man, geneem het. Deu 1:24 En hulle het weggedraai en na die gebergte opgetrek en tot by die dal Eskol gekom en haar verken. Deu 1:25 Hulle het toe van die vrugte van die Aarde met hulle saamgeneem en dit na ons afgebring en aan ons verslag gegee en gesê: Die Aarde wat JaHWeH onse Elohey aan ons sal gee, is goed. Deu 1:26 Maar julle wou nie optrek nie, maar was wederstrewig teen die bevel van JaHWeH julle Elohey. Deu 1:27 En julle het in jul tente geprotesteer en gesê: Omdat JaHWeH ons haat, het Hy ons uit die Aarde van Egipte uitgelei om ons in die hand van die Amoriete oor te gee, dat hulle ons verdelg. Deu 1:28 Waarheen moet ons optrek? Ons broers het ons hart laat versmelt deur te sê: Dit is 'n volk groter en hoër van gestalte as ons; die stede is groot en tot aan die Hemele versterk; en ons het daar ook die kinders van die Enakiete gesien. Deu 1:29 Toe het ek aan julle gesê: Word nie verskrik en wees nie bevrees vir hulle nie. Deu 1:30 JaHWeH julle Elohey wat voor jul uittrek, Hy sal vir julle stry net soos Hy voor julle oë met julle in Egipte gedoen het Deu 1:31 en in die wildernis, waar jy gesien het hoe JaHWeH jou Elohey jou gedra het soos 'n man sy seun dra, op die hele pad wat julle getrek het, totdat julle tot by hierdie plek gekom het. Deu 1:32 Maar ondanks hierdie woord het julle nie geglo in JaHWeH julle Elohey nie, Deu 1:33 wat voor julle uit getrek het op die pad om vir julle 'n plek uit te soek om julle laer op te slaan, snags in die Vuur om julle te laat sien op die pad waar julle in haar moes trek, en bedags in die Wolkkolom. Deu 1:34 En toe JaHWeH die stem van julle woorde hoor, het Hy woedend geword en gesweer en gesê: Deu 1:35 Waarlik, geeneen van hierdie manne, hierdie besoedelde geslag, sal die gesuiwerde Aarde sien wat Ek met 'n eed beloof het om aan julle vaders te gee nie - Deu 1:36 behalwe Kaleb, die seun van Jefúnne; hy sal haar sien, en aan hom en sy kinders sal Ek die Aarde gee. Hy sal in haar loop, omdat hy volhard het om JaHWeH te volg. Deu 1:37 Ook was JaHWeH woedend op my om julle ontwil, sodat Hy gesê het: Jy sal daar ook nie inkom nie. Deu 1:38 JeHôWshua, die seun van Nun, wat voor jou staan - hy sal daar inkom; versterk hom, want hy sal JisraEl haar laat beërwe. Deu 1:39 En julle kindertjies van wie julle gesê het: Hulle sal 'n buit word! en julle kinders wat vandag van geen suiwerheid of besoedeling weet nie - hulle sal daar inkom en aan hulle sal Ek haar gee, en hulle sal haar in besit neem. Deu 1:40 Maar julle, draai om en trek weg na die wildernis op pad na die Skelfsee. Deu 1:41 Toe het julle geantwoord en vir my gesê: Ons het teen JaHWeH oortree; ons self sal optrek en veg net soos JaHWeH onse Elohey ons beveel het. En toe julle elkeen sy oorlogswapens aangord en daar nog maklik oor dink om in die gebergte op te trek, Deu 1:42 het JaHWeH vir my gesê: Sê vir hulle: Julle mag nie optrek en veg nie - want Ek is nie in julle midde nie - dat julle nie voor die aangesig van julle vyande verslaan word nie. Deu 1:43 Maar toe ek met julle gespreek het, het julle nie geluister nie, maar julle was wederstrewig teen die bevel van JaHWeH en het vermetel in die gebergte opgetrek. Deu 1:44 Toe het die Amoriete wat in dié gebergte gewoon het, uitgetrek julle tegemoet en julle agtervolg soos die bye maak; en hulle het julle verstrooi in Seïr tot by Horma. Deu 1:45 En julle het teruggekom en voor die Aangesig van JaHWeH geween, maar JaHWeH het na julle stem nie geluister en julle geen gehoor gegee nie. Deu 1:46 So het julle dan baie dae in Kadesh gebly, solank as julle daar gebly het. Deu 2:1 DAARNA het ons gedraai en weggetrek na die wildernis, op pad na die Skelfsee, volgens die Woord van JaHWeH aan my, en ons het om die gebergte Seïr getrek, baie dae lank. Deu 2:2 Toe het JaHWeH met my gespreek en gesê: Deu 2:3 Julle het lank genoeg om hierdie gebergte getrek. Draai noordwaarts weg Deu 2:4 en gee aan die volk bevel en sê: Julle gaan trek deur die grondgebied van julle broers die kinders van Esau wat in Seïr woon, en hulle sal vir julle vrees; pas dan goed op; Deu 2:5 begeef julle nie in die oorlog teen hulle nie, want Ek sal julle van hulle Aarde selfs nie 'n tree van 'n voetsool gee nie; want Ek het aan Esau die gebergte Seïr as 'n besitting gegee. Deu 2:6 Voedsel moet julle van hulle met silwer koop, dat julle kan eet; en julle moet ook water van hulle met silwer koop, dat julle kan drink. Deu 2:7 Want JaHWeH jou Elohey het jou geseën in al die werk van jou hand; Hy ken jou trek deur hierdie groot wildernis; nou veertig jaar lank was JaHWeH jou Elohey met jou; geen ding het jou ontbreek nie. Deu 2:8 Daarop het ons verder getrek, weg van ons broers, die kinders van Esau wat in Seïr woon, weg van die pad deur die Vlakte, weg van Elat en Éseon-Geber; ons het toe weggedraai en verder getrek op pad na die wildernis van Moab. Deu 2:9 Toe het JaHWeH vir my gesê: Behandel Moab nie as vyand en begeef jou nie in die oorlog teen hulle nie; want Ek sal jou niks van sy Aarde as besitting gee nie, omdat Ek Ar aan die kinders van Lot as 'n besitting gegee het. [Exodus 23:31; Spreuke 31:16] Deu 2:10 Die Emiete het tevore in haar gewoon, 'n volk groot en talryk en hoog van gestalte soos die Enakiete. Deu 2:11 Hulle word ook vir Refaïete gehou, soos die Enakiete; maar die Moabiete het hulle Emiete genoem. Deu 2:12 Ook het die Horiete tevore in Seïr gewoon; maar die kinders van Esau het hulle uit hul besitting verdrywe en voor hulle uit verdelg en in hulle plek gaan woon, net soos JisraEl gedoen het met die Aarde van sy besitting wat JaHWeH aan hulle gegee het. Deu 2:13 Maak nou klaar en trek oor die spruit Sered. Toe het ons oor die spruit Sered getrek. Deu 2:14 En die dae van ons trek van Kadesh-Barnéa af totdat ons oor die spruit Sered gegaan het, was agt-en-dertig jaar totdat die hele geslag, die krygsmanne, uit die laer omgekom het soos JaHWeH aan hulle dit gesweer het. Deu 2:15 So was die Hand van JaHWeH dan ook teen hulle om hulle uit die laer te vernietig totdat hulle omgekom het. Deu 2:16 En toe al die krygsmanne heeltemal onder die volk uit weggesterf het, Deu 2:17 het JaHWeH met my gespreek en gesê: Deu 2:18 Jy trek vandag die grens van Moab by Ar oor, Deu 2:19 en jy sal kom in die nabyheid van die kinders van Ammon; behandel hulle nie as vyande en begeef jou nie in die oorlog teen hulle nie; want Ek sal jou niks van die kinders van Ammon se Aarde as besitting gee nie, omdat Ek haar aan die kinders van Lot as besitting gegee het. Deu 2:20 Sy word ook as 'n deel van die Aarde van Refaïete beskou; Refaïete het tevore in haar gewoon, en die Ammoniete het hulle Samsummiete genoem - Deu 2:21 'n volk groot en talryk en hoog van gestalte soos die Enakiete - maar JaHWeH het dié voor hulle uit verdelg, sodat hulle dié uit hulle besitting verdryf en in hulle plek gaan woon het; Deu 2:22 soos Hy in die geval van die kinders van Esau gedoen het wat in Seïr woon, voor wie Hy die Horiete verdelg het, sodat hulle dié uit hulle besitting verdryf en in hulle plek gaan woon het tot vandag toe. Deu 2:23 Ook het die Kaftoriete wat uit Kaftor afkomstig was, die Awiete wat in dorpe tot by Gasa gewoon het, verdelg en in hulle plek gaan woon. Deu 2:24 Maak julle klaar, breek op en trek deur die Arnonrivier. Kyk, Ek gee Sihon, die koning van Hesbon, die Amoriet, en sy Aarde in jou hand; begin om haar in besit te neem, en begeef jou in die oorlog teen hom. Deu 2:25 Vandag sal Ek begin om die skrik en die vrees vir jou op die volke onder die hele Hemele te lê, sodat hulle, as hulle die tyding aangaande jou hoor, voor jou sal sidder en bewe van angs. Deu 2:26 Toe het ek boodskappers gestuur uit die wildernis Kedémot na Sihon, die koning van Hesbon, met woorde van vrede om te sê: Deu 2:27 Laat my deur jou Aarde gaan; ek sal net padlangs trek; ek sal nie regs of links uitdraai nie. Deu 2:28 Voedsel moet jy my verkoop vir silwer, dat ek kan eet; en water moet jy my gee vir silwer, dat ek kan drink; laat my net te voet deurtrek - Deu 2:29 soos die kinders van Esau wat in Seïr woon, en die Moabiete wat in Ar woon, met my gedoen het - totdat ek deur die Jordaan trek in die Aarde wat JaHWeH onse Elohey aan ons sal gee. Deu 2:30 Maar Sihon, die koning van Hesbon, wou ons nie by hom laat deurtrek nie; want JaHWeH jou Elohey het sy gees verhard en sy hart verstok, dat Hy hom in jou hand kon gee soos dit vandag is. Deu 2:31 En JaHWeH het vir my gesê: Kyk, Ek begin om Sihon en sy Aarde aan jou oor te gee; begin om haar in besit te neem, om sy Aarde in besit te neem. Deu 2:32 Toe het Sihon uitgetrek ons tegemoet, hy en sy hele volk, om te veg by Jahas. Deu 2:33 En JaHWeH onse Elohey het hom aan ons oorgegee, sodat ons hom en sy seuns en sy hele volk verslaan het. Deu 2:34 En ons het in dié tyd al sy stede ingeneem en elke stad met die banvloek getref, manne en vroue en kinders; ons het niemand laat oorbly nie. Deu 2:35 Net die vee het ons vir ons gebuit en die buit van die stede wat ons ingeneem het. Deu 2:36 Van Ároër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê, en die stad in die dal, tot by Gílead was daar vir ons geen vesting onneembaar nie - JaHWeH onse Elohey het alles aan ons oorgegee. Deu 2:37 Net naby die Aarde van die kinders van Ammon het jy nie gekom nie: die hele kant van die Jabbokrivier en die stede van die gebergte en alles wat JaHWeH onse Elohey verbied het. Deu 3:1 DAARNA het ons weggedraai en op pad na Basan opgetrek; en Og, die koning van Basan, het uitgetrek ons tegemoet, hy en sy hele volk, om te veg by Edréï. Deu 3:2 Toe het JaHWeH vir my gesê: Wees nie bevrees vir hom nie, want Ek gee hom en sy hele volk en sy deel van die Aarde in jou hand; en jy moet met hom doen soos jy gedoen het met Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het. Deu 3:3 En JaHWeH onse Elohey het ook Og, die koning van Basan, en sy hele volk in ons hand gegee, sodat ons hom verslaan het, totdat daar van hom niemand oor was wat oorgebly het nie. Deu 3:4 En ons het in dié tyd al sy stede ingeneem; daar was geen vesting wat ons van hulle nie afgeneem het nie: sestig stede, die hele landstreek Argob, die koninkryk van Og in Basan. Deu 3:5 Al hierdie stede was versterk met hoë mure, poorte en grendels, behalwe 'n groot menigte onbemuurde stede. Deu 3:6 En ons het hulle met die banvloek getref soos ons met Sihon, die koning van Hesbon, gedoen het deur elke stad, manne, vroue en kinders met die banvloek te tref. Deu 3:7 Maar al die vee en die buit van die stede het ons vir ons gebuit. Deu 3:8 So het ons dan in dié tyd die Aarde uit die hand van die twee konings van die Amoriete duskant die Jordaan geneem, van die Arnonrivier af tot by die berg Hermon - Deu 3:9 die Sidoniërs noem Hermon Sirjon; maar die Amoriete noem dit Senir- Deu 3:10 al die stede van die gelykveld en die hele Gílead en die hele Basan tot by Salga en Edréï, stede van die koninkryk van Og in Basan. Deu 3:11 Want Og, die koning van Basan, het net alleen oorgebly van die Refaïete. Is sy bed, 'n ysterbed, nie daar in Rabbah van die kinders van Ammon nie? Nege voorarm is haar lengte en vier voorarm haar breedte, volgens die voorarm van 'n man. Deu 3:12 En hierdie Aarde het ons in dié tyd in besit geneem: van Aroër af, wat by die Arnonrivier lê, en die helfte van die gebergte van Gílead met die stede daarvan het ek aan die Rubeniete en die Gadiete gegee. Deu 3:13 En die orige deel van Gílead saam met die hele Basan, die koninkryk van Og, het ek aan die halwe stam van Manasse gegee - die hele landstreek Argob. Daardie hele Basan word Aarde van die Refaïete genoem. Deu 3:14 Jaïr, die seun van Manasse, het die hele landstreek Argob tot by die grens van die Gesuriete en die Maägatiete gekry en dit, naamlik Basan, na sy naam Jaïrsdorpe genoem tot vandag toe. Deu 3:15 En aan Magir het ek Gílead gegee. Deu 3:16 Maar aan die Rubeniete en die Gadiete het ek van Gílead af tot by die Arnonrivier gegee, die middel van die rivier, saam met sy oewerland, en tot by die Jabbokrivier, die grens van die kinders van Ammon. Deu 3:17 Daarby die Vlakte en die Jordaan, saam met sy grondgebied, van Kinnéret af tot by die See van die Vlakte, die Soutsee, onder aan die hange van Pisga teen die ooste. Deu 3:18 Verder het ek in dié tyd aan julle bevel gegee en gesê: JaHWeH julle Elohey het aan julle hierdie Aarde gegee om haar in besit te neem; gewapend moet julle voor die aangesig van die jul broers, die kinders van JisraEl, oortrek - al die dapper manne. Deu 3:19 Net julle vroue en julle kinders en julle vee - ek weet dat julle baie vee het - kan in julle stede bly wat ek aan julle gegee het; Deu 3:20 totdat JaHWeH aan julle broers soos aan julle rus gee, en hulle ook die Aarde in besit neem wat JaHWeH julle Elohey aan hulle oorkant die Jordaan sal gee; dan kan julle teruggaan elkeen na sy besitting wat ek aan julle gegee het. Deu 3:21 Ook het ek JeHôWshua in dié tyd beveel en gesê: Jou oë het alles gesien wat JaHWeH julle Elohey aan hierdie twee konings gedoen het. So sal JaHWeH aan al die koninkryke doen waarheen jy oortrek. Deu 3:22 Julle moet vir hulle nie bang wees nie, want dit is JaHWeH julle Elohey wat vir julle stry. Deu 3:23 Ook het ek JaHWeH in dié tyd gesmeek en gesê: Deu 3:24 My Meester JaHWeH! U het begin om U kneg U Grootheid en U Sterke Hand te laat sien; want watter el is daar in die Hemele en op die Aarde wat sulke werke en sulke magtige dade kan doen soos U? Deu 3:25 Laat my tog oortrek en die goeie Aarde sien wat oorkant die Jordaan lê, daardie goeie bergland en die Líbanon! Deu 3:26 Maar JaHWeH het woedend vir my geword om julle ontwil en my nie verhoor nie; maar JaHWeH het vir my gesê: Dit is nou genoeg! Moenie nog verder met My oor hierdie saak spreek nie. Deu 3:27 Klim op die top van Pisga en slaan jou oë op na die weste en na die noorde en na die suide en na die ooste, en bekyk haar met jou oë; want jy mag oor hierdie Jordaan nie gaan nie. Deu 3:28 Gee dan bevel aan JeHôWshua, en versterk hom en bemoedig hom, want hý sal voor die aangesig van hierdie volk uit deurtrek, en hý sal hulle die Aarde wat jy sal sien, laat erwe. Deu 3:29 En ons het in die dal teenoor Bet-Peor gebly. Deu 4:1 LUISTER dan nou, JisraEl, na die Insettinge en die Regsprake wat ek julle leer om te doen, sodat julle mag lewe en inkom en die Aarde wat JaHWeH, die Elohey van julle vaders, aan julle sal gee, in besit mag neem. Deu 4:2 Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die Gebooie van JaHWeH julle Elohey mag onderhou, wat ek julle beveel. Deu 4:3 Julle oë het gesien wat JaHWeH weens Baäl-Peor gedoen het; want al die manne wat agter Baäl-Peor aan geloop het, dié het JaHWeH jou Elohey onder jou uit verdelg. Deu 4:4 Julle daarenteen wat JaHWeH julle Elohey aangehang het, is vandag nog almal in die lewe. Deu 4:5 Kyk, ek het julle Insettinge en Regsprake geleer soos JaHWeH my Elohey my beveel het, om so te handel in die Aarde waarheen julle gaan om haar in besit te neem. Deu 4:6 Onderhou Haar dan en doen Haar; want Sy is julle Wysheid en julle Verstand voor die oë van die volke wat al hierdie Insettinge sal hoor en sê: Waarlik, hierdie groot nasie is 'n wyse en verstandige volk. Deu 4:7 Want watter groot nasie het elohim wat vir hulle so naby is soos JaHWeH onse Elohey so dikwels as ons Hom aanroep? Deu 4:8 En watter groot nasie is daar wat sulke regverdige Insettinge en Regsprake het soos hierdie hele Wet wat ek julle vandag voorhou? Deu 4:9 Neem jou net in ag en wees terdeë op jou hoede, dat jy die dinge nie vergeet wat jou oë gesien het nie, en dat hulle uit jou hart nie wyk al die dae van jou siel nie; en jy moet dit aan jou kinders en jou kindskinders bekend maak: Deu 4:10 die dag dat jy voor die Aangesig van JaHWeH jou Elohey by Horeb gestaan het, toe JaHWeH aan my gesê het: Vergader die volk vir My, en Ek sal hulle My Woorde laat hoor, dat hulle kan leer om My te vrees al die dae wat hulle op die Adamah[adamiet se Aarde] lewe, en dit aan hulle kinders kan leer. Deu 4:11 Toe het julle nader gekom en onder aan die berg gaan staan; en die berg het met vuur gebrand tot in die middel van die Hemele, met donkerheid, die Wolkkolom en duisternis. Deu 4:12 En JaHWeH het met julle uit die vuur gespreek; julle het 'n Stem van woorde gehoor, maar geen Gestalte gesien nie, net 'n Stem was daar. Deu 4:13 Toe het Hy aan julle Sy Verbond verkondig wat Hy julle beveel het om te doen, die Tien Bevele, en haar op twee Kliptablette geskrywe. Deu 4:14 Ook het ek volgens die bevel van JaHWeH julle die Insettinge en Regsprake geleer, dat julle haar kan doen in die Aarde waarheen julle oortrek om haar in besit te neem. Deu 4:15 Neem julle dan terdeë in ag ter wille van julle siele - want julle het géén Gestalte gesien op die dag dat JaHWeH by Horeb uit die vuur met julle gespreek het nie - Deu 4:16 sodat julle nie verderflik handel deurdat julle vir julle 'n gesnede afbeelding, 'n beliggaming van enige idool maak nie: 'n model van man of vrou, Deu 4:17 'n model van enige dier wat op die Aarde is, 'n model van enige gevleuelde voël wat in die lug vlieg, Deu 4:18 'n model van enigiets wat op die Adamah[adamiet se Aarde] kruip, 'n model van enige vis wat in die water onder die Aarde is; Deu 4:19 dat jy ook jou oë nie na die Hemele opslaan, en as jy die son sien en die maan en die Sterre, die hele leër van die Hemele, jou laat verlei en voor hulle neerbuig en hulle dien nie - dinge wat JaHWeH jou Elohey aan al die volke onder die hele Hemele uitgedeel het. Deu 4:20 Maar JaHWeH het julle geneem en julle uit die yster-smeltoond, uit Egipte, uitgelei om Sy erfvolk te wees soos dit vandag is. Deu 4:21 Ook was JaHWeH woedend vir my om julle ontwil, en Hy het gesweer dat ek oor die Jordaan nie sal gaan en nie sal kom in die goeie Aarde wat JaHWeH jou Elohey jou as erfenis sal gee nie. Deu 4:22 Want ek sal in hierdie Aarde sterwe, ek sal oor die Jordaan nie gaan nie; maar julle sal oorgaan en daardie goeie Aarde in besit neem. Deu 4:23 Neem julle in ag dat julle die Verbond van JaHWeH julle Elohey, wat Hy met julle gesluit het, nie vergeet en vir julle geen gesnede afbeelding maak nie - 'n beliggaming van enigiets wat JaHWeH jou Elohey jou verbied het. Deu 4:24 Want JaHWeH jou Elohey is 'n verterende Vuur, 'n jaloerse El. Deu 4:25 As jy kinders en kindskinders sal verwek en julle in die Aarde verouderd sal wees en verderflik handel deurdat julle 'n gesnede afbeelding maak, 'n beliggaming van enigiets, en doen wat besoedel is in die Oë van JaHWeH jou Elohey om Hom te tart, Deu 4:26 dan neem ek vandag die Hemele en die Aarde as getuies teen julle dat julle sekerlik gou uit die Aarde sal vergaan waarheen julle oor die Jordaan trek om haar in besit te neem; julle sal die dae op haar nie verleng nie, maar sekerlik verdelg word. Deu 4:27 En JaHWeH sal julle onder die volke verstrooi, en 'n klein klompie van julle sal onder die nasies oorbly waarheen JaHWeH julle sal drywe. Deu 4:28 En daar sal julle gode dien, die werk van adamitiese hande, hout en klip wat nie sien en nie hoor en nie eet en nie ruik nie. Deu 4:29 Dan sal julle daarvandaan JaHWeH jou Elohey soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek. Deu 4:30 As jy in die nood is en al hierdie dinge aan die einde van die dae oor jou kom, sal jy na JaHWeH jou Elohey terugkeer en na Sy Stem luister. Deu 4:31 Want JaHWeH jou Elohey is 'n barmhartige El; Hy sal jou nie verlaat en jou nie in die verderf stort nie; en Hy sal die Verbond van jou vaders wat Hy hulle gesweer het, nie vergeet nie. Deu 4:32 Want doen tog ondersoek na die vorige dae wat voor jou gewees het, van die dag af dat Elohim adamiete op die Aarde geskape het, en van die een einde van die Hemele tot by die ander einde van die Hemele, of so iets groots gebeur het of iets dergeliks gehoor is. Deu 4:33 Het 'n volk die stem van 'n god uit die vuur hoor spreek, soos jy gehoor het, en in die lewe gebly? Deu 4:34 Of het 'n god probeer om vir hom 'n nasie uit 'n nasie te gaan neem deur versoekinge, deur tekens en wonders en deur oorlog en deur 'n Sterke Hand en 'n Uitgestrekte Arm en deur groot skrikwekkende dade soos JaHWeH julle Elohey met julle voor jou oë in Egipte gedoen het? Deu 4:35 Jy self het gesien, dat jy kan weet, Hy JaHWeH [is] die Elohim; daar is geen ander buiten Hom nie. Deu 4:36 Uit die Hemele het Hy jou Sy Stem laat hoor om jou te onderrig; en op die Aarde het Hy jou Sy groot Vuur laat sien, en jy het Sy Woorde uit die Vuur gehoor. Deu 4:37 En omdat Hy jou vaders liefgehad en hulle saad na hulle uitverkies het, en Hy jou deur Sy Grote Krag uit Egipte uitgelei het, Deu 4:38 om nasies groter en magtiger as jy voor jou uit te verdrywe en jou in te bring om hulle Aarde aan jou as erfenis te gee soos sy vandag is, Deu 4:39 daarom moet jy vandag weet en ter harte neem, Hy JaHWeH, [is] die Elohim, bo in die Hemele en onder op die Aarde; daar is geen ander nie. Deu 4:40 En jy moet Sy Insettinge en Sy Gebooie hou wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed mag gaan, en dat jy die dae mag verleng op die Adamah[adamiet se Aarde] wat JaHWeH jou Elohey jou vir altyd sal gee. Deu 4:41 Toe het Moshè drie stede afgesonder oos van die Jordaan, teen sonop, Deu 4:42 sodat hy wat doodgeslaan het, daarheen kon vlug, wat sy naaste sonder opset doodgeslaan het, terwyl hy hom van gister en eergister af nie vyandig was nie; sodat hy in een van hierdie stede kan vlug en in die lewe bly. Deu 4:43 Betser in die wildernis, in die Aarde van die gelykveld, vir die Rubeniete; en Ramot in Gílead vir die Gadiete; en Golan in Basan vir die Manassiete. Deu 4:44 EN sy is die Wet wat Moshè voor die aangesig van die kinders van JisraEl gestel het. Deu 4:45 Sy is die Getuienisse en die Insettinge en die Regsprake wat Moshè meegedeel het aan die kinders van JisraEl by hulle uittog uit Egipte, Deu 4:46 oos van die Jordaan, in die dal teenoor Bet-Peor, in die Aarde van Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het, wat deur Moshè en die kinders van JisraEl verslaan is by hulle uittog uit Egipte; Deu 4:47 en hulle het sy Aarde in besit geneem en die Aarde van Og, die koning van Basan, die twee konings van die Amoriete oos van die Jordaan, teen sonop; Deu 4:48 van Aroër af, wat aan die kant van die Arnonrivier lê, tot by die Berg van Sion, dit is Hermon, Deu 4:49 en die hele Vlakte oos van die Jordaan, teen sonop tot by die See van die Vlakte, onderaan die hange van Pisga. //Die Wet Deu 5:1 EN Moshè het die hele JisraEl laat roep en vir hulle gesê: Hoor, JisraEl, die Insettinge en die Regsprake wat ek vandag voor julle ore uitspreek; julle moet haar leer en haar sorgvuldig hou. Deu 5:2 JaHWeH onse Elohey het by Horeb met ons 'n Verbond gesluit. Deu 5:3 Met ons vaders het JaHWeH hierdie Verbond nie gesluit nie, maar met ons self, ons wat hier vandag almal in die lewe is. Deu 5:4 Van Aangesig tot aangesig het JaHWeH op die berg uit die vuur met julle gespreek - Deu 5:5 ek het in dié tyd tussen JaHWeH en julle gestaan om aan julle die Woord van JaHWeH bekend te maak, want julle was bevrees vir die Vuur en het nie op die berg geklim nie en Hy het gesê: Deu 5:6 Ek - JaHWeH jou Elohey wat jou uit die Aarde van Egipte, uit die slawehuis, uitgelei het. Deu 5:7 Jy mag geen gode van andere voor My Aangesig hê nie, Deu 5:8 jy mag vir jou geen gesnede afbeelding, enige beliggaming, maak van wat bo in die Hemele is, of van wat onder op die Aarde is, of van wat in die waters onder die Aarde is nie, Deu 5:9 jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, JaHWeH jou Elohey, is 'n jaloerse El wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, en aan die derde en aan die vierde [geslag] van die wat My haat; Deu 5:10 en betoon Barmhartigheid met duisende van die wat My liefhet en My Gebooie onderhou. Deu 5:11 Jy mag die Naam van JaHWeH jou Elohey nie verydel nie, want JaHWeH sal die een wat Sy Naam verydel, nie ongestraf laat bly nie. Deu 5:12 Onderhou die Sabbatdag deur dit apart te stel, soos JaHWeH jou Elohey jou beveel het Deu 5:13 Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; Deu 5:14 maar die sewende dag is die Sabbat van JaHWeH jou Elohey; [dan] mag jy géén werk doen nie - jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou os of jou esel of enige dier van jou, of jou besoeker wat in jou poorte is nie; sodat jou dienskneg en jou diensmaagd kan rus soos jy. Deu 5:15 En jy moet daaraan dink dat jy in die Aarde van Egipte 'n slaaf was, en JaHWeH jou Elohey jou daarvandaan uitgelei het deur 'n Sterke Hand en 'n Uitgestrekte Arm; daarom het JaHWeH jou Elohey jou beveel om die Sabbatdag te doen. Deu 5:16 Eer jou vader en jou moeder soos JaHWeH jou Elohey jou beveel het, dat jou dae verleng mag word en dat dit met jou goed mag gaan in die Adamah[adamiet se Aarde] wat JaHWeH jou Elohey aan jou gee. Deu 5:17 Jy mag nie moor nie. Deu 5:18 En jy mag nie vermeng nie. Deu 5:19 En jy mag nie steel nie. Deu 5:20 En jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie. Deu 5:21 En jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, en jy mag nie na jou naaste se huis hunker nie - na sy landerye of sy dienskneg of sy diensmaagd, sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie. Deu 5:22 Met hierdie woorde het JaHWeH julle hele vergadering op die berg, uit die Vuur, die Wolkkolom en die wolkedonkerheid met 'n Groot Stem toegespreek, en niks meer nie; en Hy het haar op twee Kliptablette geskrywe en haar aan my gegee. Deu 5:23 En toe julle die Stem uit die Duisternis hoor, terwyl die berg met vuur brand, het julle na my toe nader gekom, al die hoofde van julle stamme en julle oudstes, Deu 5:24 en gesê: Kyk, JaHWeH onse Elohey het ons Sy Glansrykheid en Sy Grootheid laat sien, en ons het Sy Stem uit die Vuur gehoor; vandag het ons gesien dat Elohim met die adamiet spreek en hy in die lewe bly. Deu 5:25 Maar waarom moet ons nou sterwe? Want hierdie groot Vuur sal ons verteer. As ons die Stem van JaHWeH onse Elohey nog langer hoor, sal ons sterwe. Deu 5:26 Want wie is daar van alle vlees wat die Stem van die lewende Elohim uit die vuur hoor spreek het soos ons en in die lewe gebly het? Deu 5:27 Gaan ú naderby en hoor alles wat JaHWeH onse Elohey sal sê; dan kan u ons alles meedeel wat JaHWeH onse Elohey met ú sal spreek, en ons sal dit hoor en doen. Deu 5:28 En JaHWeH het die stem van julle woorde gehoor toe julle met my gespreek het. Toe sê JaHWeH vir my: Ek het gehoor die stem van die woorde van hierdie volk wat hulle met jou gespreek het; dit is alles goed wat hulle gespreek het. Deu 5:29 Ag, as hulle maar so 'n hart gehad het om My te vrees en al My Gebooie altyd te onderhou, dat dit met hulle en hul kinders vir ewig goed kan gaan. Deu 5:30 Gaan sê vir hulle: Gaan maar terug na julle tente toe. Deu 5:31 Maar jy, bly hier by My staan, dat Ek jou kan meedeel al die Gebooie en die Insettinge en die Regsprake wat jy hulle moet leer, dat hulle haar kan doen in die Aarde wat Ek hulle sal gee om haar in besit te neem. Deu 5:32 Sorg dan dat julle doen volgens die bevel van JaHWeH julle Elohey; julle mag nie regs of links afwyk nie. Deu 5:33 In die hele Weg volgens die bevel van JaHWeH julle Elohey moet julle wandel, sodat julle kan lewe en julle suiwer kan word en julle die dae kan verleng in die Aarde wat julle in besit sal neem. [Psalm 18:30] Deu 6:1 DIT is dan die Gebooie, die Insettinge en die Regsprake wat julle moet leer volgens die bevel van JaHWeH julle Elohey, sodat julle haar kan doen in die Aarde waarheen julle oortrek om haar in besit te neem; Deu 6:2 dat jy JaHWeH jou Elohey kan vrees om al Sy Insettinge en Sy Gebooie wat ek jou beveel, te hou - jy en jou kind en jou kindskind al die dae van jou lewe; en dat jou dae verleng kan word. Deu 6:3 Hoor dan, JisraEl, en onderhou haar sorgvuldig, dat dit met jou goed kan gaan en dat julle baie kan vermenigvuldig volgens die Woord van JaHWeH die Elohey van jou vaders, 'n Aarde wat oorloop van melk en heuning. Deu 6:4 HOOR, JisraEl, JaHWeH onse Elohey, JaHWeH [is] EEN. Deu 6:5 Daarom moet jy JaHWeH jou Elohey liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag. Deu 6:6 En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; Deu 6:7 en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan. Deu 6:8 Ook moet jy haar as 'n Teken bind op jou hand, en sy moet as 'n voorhoofsband tussen jou oë wees. Deu 6:9 En jy moet haar op die deurposte van jou huis en op jou poorte skrywe. Deu 6:10 En as JaHWeH jou Elohey jou inbring in die Aarde wat Hy aan jou vaders, Abraham, Isak en Jakob, met 'n eed beloof het om jou te gee - groot en mooi stede wat jy nie gebou het nie, Deu 6:11 en huise vol van allerhande goed wat jy nie gevul het nie, en uitgekapte reënbakke wat jy nie uitgekap, wingerde en olyfbome wat jy nie geplant het nie - en jy eet en versadig word, Deu 6:12 neem jou dan in ag dat jy JaHWeH nie vergeet wat jou uit die Aarde van Egipte, uit die slawehuis, uitgelei het nie. Deu 6:13 Jy moet JaHWeH jou Elohey vrees en Hom dien; en by Sy Naam moet jy sweer. Deu 6:14 Julle mag nie agter gode van andere aan loop nie, uit die gode van die volke wat rondom julle is nie Deu 6:15 want JaHWeH jou Elohey is 'n jaloerse El by jou - sodat die Woede van JaHWeH jou Elohey nie teen jou ontvlam en Hy jou van die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde] verdelg nie. Deu 6:16 Julle mag JaHWeH julle Elohey nie versoek soos julle Hom by Massa versoek het nie. Deu 6:17 Julle moet die Gebooie van JaHWeH julle Elohey en Sy getuienisse en Sy Insettinge wat Hy jou beveel het, ywerig onderhou. Deu 6:18 En jy moet doen wat reg en suiwer is in die Oë van JaHWeH, dat dit met jou goed kan gaan en jy kan inkom en in besit neem die gesuiwerde Aarde wat JaHWeH aan jou vaders met 'n eed beloof het, Deu 6:19 terwyl Hy al jou vyande voor jou uit verjaag volgens die Woord van JaHWeH. Deu 6:20 As jou seun jou later vra en sê: Wat beteken die Getuienisse en die Insettinge en die Regsprake volgens die bevel van JaHWeH onse Elohey aan julle? Deu 6:21 dan moet jy aan jou seun sê: Ons was slawe van Farao in Egipte; maar JaHWeH het ons deur 'n Sterke Hand uit Egipte uitgelei. Deu 6:22 En JaHWeH het groot tekens en wonders verrig met besoedeling in Egipte oor Farao en sy hele huis, voor ons oë. [Boekrol van die Opregte 80:2] Deu 6:23 En Hy het ons daarvandaan uitgelei om ons in te bring, sodat Hy ons die Aarde kan gee wat Hy aan ons vaders met 'n eed beloof het. Deu 6:24 En JaHWeH het ons beveel om al hierdie Insettinge te volbring, om JaHWeH onse Elohey te vrees, dat ons altyd suiwer mag wees, om ons in die lewe te hou soos dit vandag is. Deu 6:25 En Sy sal Geregtigheid vir ons wees as ons sorgvuldig al hierdie Gebooie hou voor die Aangesig van JaHWeH onse Elohey soos Hy ons beveel het. [Lukas 7:35] Deu 7:1 As JaHWeH jou Elohey jou inbring in die Aarde waarheen jy gaan om haar in besit te neem, en Hy baie nasies voor jou uit verjaag: die Hetiete, Girgasiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, sewe nasies, meer en magtiger as jy; Deu 7:2 en JaHWeH jou Elohey hulle aan jou oorgee, dat jy hulle verslaan, dan moet jy hulle geheel en al met die banvloek tref; jy mag geen verbond met hulle maak en hulle nie barmhartig wees nie. Deu 7:3 Jy mag nie met hulle verswaer nie - jy mag jou dogter nie gee aan sy seun, en sy dogter nie neem vir jou seun nie; Deu 7:4 want hy sal jou seun van My afvallig maak, sodat hulle gode van andere dien en die Woede van JaHWeH teen julle ontvlam en Hy jou gou verdelg. Deu 7:5 Maar julle moet met hulle so doen: hulle altare moet julle omgooi en hulle torings verbrysel en hulle Houtkruise omkap en hulle gesnede afbeeldings met vuur verbrand. Deu 7:6 Want jy is 'n apartgestelde volk vir JaHWeH jou Elohey; jou het JaHWeH jou Elohey uitverkies om uit al die volke wat op die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde] is, Sy Eiendomsvolk te wees. Deu 7:7 JaHWeH het 'n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke. Deu 7:8 Maar omdat JaHWeH julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het JaHWeH julle met 'n Sterke Hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos. Deu 7:9 Jy moet dan weet: JaHWeH jou Elohey, Hy [is] die Elohim, die getroue El wat die Verbond hou en Medelye het met die wat Hom liefhet en Sy Gebooie onderhou, in duisend geslagte. [Psalm 105] Deu 7:10 Maar aan die wat Hom haat, aan elkeen persoonlik, vergeld Hy dit, om hom te vernietig; Hy sal met Sy hater nie versuim nie, hom persoonlik sal Hy dit vergelde. Deu 7:11 Hou dan die Gebooie en die Insettinge en die Regsprake wat ek jou vandag beveel om haar te volbring. Deu 7:12 En omdat julle na hierdie Regsprake sal luister en haar hou en volbring, sal JaHWeH jou Elohey vir jou die Verbond hou en met jou die Medelye hê wat Hy vir jou vaders gesweer het; Deu 7:13 en Hy sal jou liefhê en jou seën en jou vermenigvuldig, en Hy sal die vrug van jou liggaam seën en jou vrugte op die Adamah[adamiet se Aarde], jou koring en jou druiwesap en jou olie, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee, in die Aarde wat Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het om aan jou te gee. [Génesis 17] Deu 7:14 Geseënd sal jy wees bo al die volke; daar sal by jou geen man of vrou onvrugbaar wees nie, ook nie onder jou vee nie. Deu 7:15 En JaHWeH sal elke krankheid van jou wegneem en al die siektes van besoedeling van Egipte wat jy ken, nie op jou lê nie; maar Hy sal dit lê op almal wat jou haat. Deu 7:16 En jy sal al die volke verteer wat JaHWeH jou Elohey aan jou oorgee; jou oog mag hulle nie verskoon nie, en jy mag hulle gode nie dien nie; want hulle sal vir jou 'n strik wees. Deu 7:17 As jy in jou hart dink: Hierdie nasies is meer as ek, hoe sou ek hulle kan verdrywe? - Deu 7:18 wees dan nie bevrees vir hulle nie; dink gedurig aan wat JaHWeH jou Elohey aan Farao en die hele Egipte gedoen het, Deu 7:19 die groot versoekinge wat jou oë gesien het, en die tekens en die wonders en die Sterke Hand en die Uitgestrekte Arm waardeur JaHWeH jou Elohey jou uitgelei het; so sal JaHWeH jou Elohey aan al die volke doen vir wie jy bevrees is. Deu 7:20 En JaHWeH jou Elohey sal ook die perdebye onder hulle stuur totdat hulle omkom wat oorgebly het en wat vir jou weggekruip het. Deu 7:21 Skrik nie vir hulle nie, want JaHWeH jou Elohey is by jou, 'n groot en gedugte El. Deu 7:22 En JaHWeH jou Elohey sal hierdie nasies so langsamerhand voor jou uit verjaag; jy mag hulle nie gou vernietig nie, dat die wilde wesens nie teen jou die oorhand kry nie. Deu 7:23 Maar JaHWeH jou Elohey sal hulle aan jou oorgee en hulle in groot verwarring bring totdat hulle verdelg word. Deu 7:24 Ook sal Hy hulle konings in jou hand gee, dat jy hulle naam onder die Hemele kan laat verdwyn; niemand sal teen jou standhou totdat jy hulle verdelg het nie. Deu 7:25 Die gesnede afbeelding van hulle gode moet julle met vuur verbrand; die silwer en die goud wat daaraan is, mag jy nie begeer of vir jou neem nie, dat jy nie daardeur verstrik raak nie; want dit is vir JaHWeH jou Elohey 'n gruwel. Deu 7:26 En jy mag geen gruwel in jou huis inbring nie, sodat jy nie net so onder die banvloek kom nie; jy moet van haar heeltemal 'n afsku van hê en haar geheel en al as gruwel beskou; want sy is onder die banvloek. Deu 8:1 AL die Gebooie wat ek jou vandag beveel, moet julle sorgvuldig hou, dat julle mag lewe en vermenigvuldig, en dat julle mag inkom en die Aarde in besit neem wat JaHWeH aan julle vaders met 'n eed beloof het. Deu 8:2 En jy moet dink aan die hele pad waarlangs JaHWeH jou Elohey jou nou veertig jaar lank in die wildernis gelei het tot jou verootmoediging en beproewing, om te weet wat in jou hart is, of jy Sy Gebooie sal hou of nie. Deu 8:3 En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die adamiet nie van brood alleen lewe nie, maar dat die adamiet lewe van alles wat uit die Mond van JaHWeH uitgaan. [ JeHôWganan 6:33 ] Deu 8:4 Jou klere het aan jou nie verslyt en jou voet het nou veertig jaar lank nie geswel nie. Deu 8:5 Erken dan in jou hart dat JaHWeH jou Elohey jou onderrig soos 'n man sy seun onderrig, Deu 8:6 en hou die Gebooie van JaHWeH jou Elohey om in Sy Weë te wandel en Hom te vrees. Deu 8:7 Want JaHWeH jou Elohey bring jou in 'n gesuiwerde Aarde, 'n Aarde van waterstrome, fonteine en onderaardse riviere wat in die laagtes en op die berge uitkom; Deu 8:8 'n Aarde van koring en gars en Wingerdstokke en Vyebome en granate; 'n Aarde van olieryke Olyfbome en Heuning; Deu 8:9 'n Aarde waarin jy brood sonder skaarste in haar sal eet, waarin niks jou sal ontbreek nie; 'n Aarde waarvan al haar klippe in haar yster is, en uit haar berge sal jy koper uitkap; Deu 8:10 en jy sal eet en versadig word en JaHWeH jou Elohey loof oor die gesuiwerde Aarde wat Hy jou gegee het. Deu 8:11 Neem jou in ag dat jy JaHWeH jou Elohey nie vergeet deur Sy Gebooie en Sy Regsprake en Sy Insettinge wat ek jou vandag beveel, nie te hou nie; Deu 8:12 sodat jy nie miskien eet en versadig word nie en mooi huise bou en bewoon, Deu 8:13 en jou beeste en jou kleinvee vermeerder en jou silwer en goud vermeerder, ja, alles wat jy het, vermeerder Deu 8:14 en jou hart haar dan verhef, dat jy JaHWeH jou Elohey vergeet wat jou uit die Aarde van Egipte, uit die slawehuis, uitgelei het; Deu 8:15 wat jou deur die groot en vreeslike wildernis gelei het, deur brandende Nagashim en skerpioene en 'n dorsland sonder water; wat vir jou water uit die klipharde rots laat kom het; Deu 8:16 wat jou in die wildernis manna laat eet het, wat jou vaders nie geken het nie, om jou te verootmoedig en jou te beproef, om uiteindelik aan jou goed te doen - Deu 8:17 en jy in jou hart dink: My krag en die sterkte van my hand het vir my hierdie rykdom verwerwe. Deu 8:18 Maar dink aan JaHWeH jou Elohey, dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe, dat Hy Sy Verbond kan bevestig wat Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het, soos dit vandag is. Deu 8:19 Maar as jy nogtans JaHWeH jou Elohey vergeet en agter gode van andere aan loop en hulle dien en voor hulle neerbuig, dan verseker ek julle vandag dat julle sekerlik sal omkom; Deu 8:20 soos die nasies wat JaHWeH voor julle vernietig, so sal julle omkom, omdat julle na die Stem van JaHWeH julle Elohey nie geluister het nie. Deu 9:1 HOOR, JisraEl, jy trek vandag deur die Jordaan om nasies in besit te gaan neem wat groter en sterker is as jy, stede wat groot en tot aan die Hemele versterk is, Deu 9:2 'n groot volk van hoë gestalte, die kinders van die Enakiete, wat jy self ken en van wie jy hoor sê het: Wie kan standhou voor die aangesig van die kinders van Enak? Deu 9:3 Weet dan vandag dat JaHWeH jou Elohey die Een is wat voor jou oortrek soos 'n verterende vuur. Hy sal hulle vernietig en hulle voor jou onderwerp, sodat jy hulle gou kan verdrywe en tot niet maak soos JaHWeH jou beloof het. Deu 9:4 As JaHWeH jou Elohey hulle voor jou uit verjaag, moet dan nie in jou hart spreek en sê: JaHWeH het my ter wille van my geregtigheid ingebring om hierdie Aarde in besit te neem nie; want weens die besoedeling van hierdie nasies verdryf JaHWeH hulle voor jou uit. Deu 9:5 Nie ter wille van jou geregtigheid en die opregtheid van jou hart kom jy in om hulle Aarde in besit te neem nie, maar weens die besoedeling van hierdie nasies verdryf JaHWeH jou Elohey hulle voor jou uit, en om die woord te vervul wat JaHWeH vir jou vaders, Abraham, Isak en Jakob, gesweer het. Deu 9:6 Weet dan dat JaHWeH jou Elohey nie ter wille van jou geregtigheid jou hierdie gesuiwerde Aarde gee om haar in besit te neem nie, want jy is 'n hardnekkige volk. Deu 9:7 Dink daaraan, vergeet nie hoe jy JaHWeH jou Elohey in die wildernis woedend gemaak het nie; van die dag af dat jy uit die Aarde van Egipte uitgetrek het, totdat julle by hierdie plek gekom het, was julle wederstrewig teen JaHWeH. Deu 9:8 Ja, by Horeb het julle JaHWeH vertoorn, sodat JaHWeH woedend was met julle om julle te verdelg. Deu 9:9 Toe ek op die berg geklim het om die Kliptablette te ontvang, die tafels van die Verbond wat JaHWeH met julle gesluit het, het ek veertig dae en veertig nagte lank op die berg gebly - brood het ek nie geëet en water nie gedrink nie - Deu 9:10 en JaHWeH het my die twee Kliptablette gegee wat beskrywe was met die Vinger van Elohim, en daarop al die woorde volgens die Woord van JaHWeH op die berg, uit die vuur, op die dag van die vergadering. Deu 9:11 En aan die einde van veertig dae en veertig nagte het JaHWeH my die twee Kliptablette gegee, die tafels van die Verbond, Deu 9:12 en JaHWeH het vir my gesê: Staan op, klim hiervandaan gou af, want jou volk wat jy uit Egipte uitgelei het, het verderflik gehandel; hulle het gou afgewyk van die Weg wat Ek hulle beveel het; hulle het vir hulle 'n gegote beeld gemaak. Deu 9:13 Verder het JaHWeH met my gespreek en gesê: Ek het hierdie volk aangesien, en kyk, dit is 'n hardnekkige volk. Deu 9:14 Laat My staan dat Ek hulle verdelg en hulle naam onder die Hemele uitdelg; en Ek sal jou 'n nasie maak wat magtiger is en meer as hulle. Deu 9:15 Daarop het ek omgedraai en van die berg afgeklim terwyl die berg met vuur brand, en die twee tafels van die Verbond was in my twee hande. Deu 9:16 Toe sien ek dat julle waarlik teen JaHWeH julle Elohey oortree het; julle het vir julle 'n gegote kalf gemaak; julle het gou afgewyk van die Weg wat JaHWeH julle beveel het. Deu 9:17 En ek het die twee tafels gegryp en dit uit my twee hande gegooi en haar voor julle oë verbrysel. Deu 9:18 Daarop het ek voor die Aangesig van JaHWeH neergeval, soos die eerste keer, veertig dae en veertig nagte lank - brood het ek nie geëet en water nie gedrink nie - vanweë al julle oortredinge wat julle begaan het deur te doen wat besoedel is in die Oë van JaHWeH om Hom te tart. Deu 9:19 Want ek was bang vir die Woede en die Grimmigheid waarmee JaHWeH op julle so woedend was, dat Hy julle wou verdelg; maar JaHWeH het my dié keer ook verhoor. Deu 9:20 Ook was JaHWeH baie woedend op Aäron, sodat Hy hom wou verdelg; maar ek het ook vir Aäron in dié tyd gebid. Deu 9:21 En ek het julle oortredinge, die kalf wat julle gemaak het, geneem en hom met vuur verbrand en hom stukkend gestamp en terdeë gemaal totdat hy so fyn soos stof was; en dié stof het ek in die stroom gegooi wat van die berg afkom. Deu 9:22 Ook by Tabéra en by Massa en by Kibrot-Hattáäwa het julle elke keer JaHWeH vertoorn. Deu 9:23 En toe JaHWeH julle uit Kadesh-Barnéa gestuur het met die woorde: Trek op en neem die Aarde in besit wat Ek julle gegee het - was julle wederstrewig teen die bevel van JaHWeH julle Elohey en het julle Hom nie geglo en na Sy Stem nie geluister nie. Deu 9:24 Wederstrewig was julle teen JaHWeH van die dag af dat ek julle ken. Deu 9:25 En ek het neergeval voor die Aangesig van JaHWeH, die veertig dae en veertig nagte wat ek neergeval het, omdat JaHWeH gesê het dat Hy julle wou verdelg. Deu 9:26 En ek het tot JaHWeH gebid en gesê: My Meester JaHWeH, stort U volk en U Erfdeel wat U deur U Grootheid verlos het, wat U uit Egipte deur 'n Sterke Hand uitgelei het, nie in die verderf nie. Deu 9:27 Dink aan U knegte Abraham, Isak en Jakob; kyk nie na die hardheid van hierdie volk of na hulle besoedeldheid en hulle oortredinge nie, Deu 9:28 sodat die Aarde waar U ons uitgelei het, nie kan sê nie: Omdat JaHWeH hulle nie kon bring in die Aarde wat Hy hulle beloof het nie, en omdat Hy hulle haat, het Hy hulle uitgelei om hulle in die wildernis te laat sterwe! Deu 9:29 Hulle is tog U volk en U Erfdeel wat U deur U grote Krag en Uitgestrekte Arm uitgelei het. Deu 10:1 IN dié tyd het JaHWeH vir my gesê: Kap vir jou twee Kliptablette soos die eerstes en klim op die berg na My toe; maak vir jou ook 'n Ark van hout. Deu 10:2 En Ek sal op die tafels skrywe die Woorde wat op die eerste tafels was, wat jy verbrysel het; en jy moet haar in die Ark sit. Deu 10:3 Toe het ek 'n Ark van akasiahout gemaak en twee Kliptablette soos die eerstes gekap en op die berg geklim met die twee tafels in my hand. Deu 10:4 En Hy het op die tafels, volgens die eerste skrif, die Tien Woorde geskrywe volgens die Woord van JaHWeH op die dag van die vergadering by die berg uit die vuur; en JaHWeH het haar aan my gegee. Deu 10:5 En ek het omgedraai en van die berg afgeklim en die tafels in die Ark gesit wat ek gemaak het; en sy het daar gebly, soos JaHWeH my beveel het. Deu 10:6 En die kinders van JisraEl het van Béërot Bené-Jáäkan weggetrek na Moséra toe. Daar het Aäron gesterwe, en daar is hy begrawe; en sy seun El-Azar het die priesteramp in sy plek bedien. Deu 10:7 Daarvandaan het hulle weggetrek na Gudgodah, en van Gudgodah na Jotbat, 'n Aarde van waterstrome. Deu 10:8 In dié tyd het JaHWeH die stam van Levi afgesonder om die Verbondsark van JaHWeH te dra, om voor die Aangesig van JaHWeH in Sy diens te staan en in Sy Naam te seën tot vandag toe. Deu 10:9 Daarom het Levi geen deel of erfenis saam met sy broers nie; JaHWeH is sy Erfdeel, volgens die Woord van JaHWeH jou Elohey. Deu 10:10 EN ék het op die berg gestaan soos die vorige dae, veertig dae en veertig nagte lank; en JaHWeH het my ook dié keer verhoor; JaHWeH wou jou nie in die verderf stort nie. Deu 10:11 Maar JaHWeH het vir my gesê: Staan op, gaan heen om voor die aangesig van die volk uit verder te trek, dat hulle kan inkom en die Aarde in besit neem wat Ek aan hulle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee. Deu 10:12 En nou, JisraEl, wat eis JaHWeH jou Elohey van jou as net om JaHWeH jou Elohey te vrees, in al Sy Weë te wandel en Hom lief te hê en JaHWeH jou Elohey te dien met jou hele hart en met jou hele siel, Deu 10:13 om te hou die Gebooie van JaHWeH en Sy Insettinge wat ek jou vandag beveel, dat jy suiwer kan bly? Deu 10:14 Kyk, aan JaHWeH jou Elohey behoort die Hemele, ook die hoogste Hemele, die Aarde en alles wat in haar is. Deu 10:15 Maar net aan jou vaders het JaHWeH 'n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle saad na hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is. Deu 10:16 Besny dan die voorhuid van julle hart en verhard julle nek nie verder nie. Deu 10:17 Want JaHWeH, julle Elohey, Hy is die Elohey van die Elohim en Meester van die meesters, die El, die Grote, die Magtige en die Gevreesde, wat die gesig nie aansien en geen omkoopgeskenk aanneem nie; Deu 10:18 wat Reg verskaf aan die wees en die weduwee, en die besoeker liefhet, sodat Hy hom brood en klere gee. Deu 10:19 Daarom moet julle die besoeker liefhê, want julle was besoekers in die Aarde van Egipte. Deu 10:20 JaHWeH jou Elohey moet jy vrees, Hom moet jy dien en Hom moet jy aanhang en by Sy Naam sweer. Deu 10:21 Hy is jou lof, en Hy is jou Elohey wat hierdie groot en ontsagwekkende dinge wat jou oë gesien het, aan jou gedoen het. Deu 10:22 Sewentig siele sterk het jou vaders na Egipte afgetrek, maar nou het JaHWeH jou Elohey jou gemaak soos die Sterre van die Hemele in menigte. Deu 11:1 DAAROM moet jy JaHWeH jou Elohey liefhê en altyd Sy Ordening, Sy Insettinge sowel as Sy Regsprake en Sy Gebooie onderhou. Deu 11:2 En julle moet vandag weet dat [ek] nie [spreek] tot julle kinders wat die Onderwysing van JaHWeH julle Elohey nie geken en nie gesien het nie: Sy Grootheid, Sy Sterke Hand en Sy Uitgestrekte Arm Deu 11:3 en Sy Tekens en Sy Dade wat Hy in Egipte gedoen het aan Farao, die koning van Egipte, en aan sy hele Aarde; Deu 11:4 en wat Hy gedoen het aan die leër van Egipte, aan sy perde en aan sy strydwaens waaroor Hy die waters van die Skelfsee laat aanstroom het toe hulle julle agtervolg het, sodat JaHWeH hulle omgebring het tot vandag toe; Deu 11:5 en wat Hy vir julle in die wildernis gedoen het tot julle aankoms op hierdie plek; Deu 11:6 en wat Hy aan Datan en Abíram, die seuns van EliAb, die seun van Ruben, gedoen het - hoe die Adamah haar Mond oopgemaak en hulle saam met hul huisgesinne en hul tente en al die lewende wesens agter hulle aan, onder die hele JisraEl verslind het; Deu 11:7 maar julle eie oë het gesien al die groot werke wat JaHWeH gedoen het. Deu 11:8 Onderhou dan al die Gebooie wat ek jou vandag beveel, dat julle sterk kan wees en inkom en die Aarde in besit neem waarheen julle oortrek om haar in besit te neem, Deu 11:9 en dat julle die dae kan verleng op die Adamah[adamiet se Aarde] wat JaHWeH aan julle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle en hul saad te gee, 'n Aarde wat oorloop van melk en heuning. Deu 11:10 Want die Aarde waarheen jy gaan om haar in besit te neem, is nie soos die Aarde van Egipte waar julle uitgetrek het, wat jy met jou saad besaai en met jou voet, soos 'n groentetuin, natgelei het nie. Deu 11:11 Maar die Aarde waarheen julle oortrek om haar in besit te neem, is 'n Aarde van berge en laagtes wat van die reën van die Hemele water drink; Deu 11:12 'n Aarde waar JaHWeH jou Elohey voor sorg; die Oë van JaHWeH jou Elohey is voortdurend in haar, van die begin van die jaar tot die einde van die jaar. Deu 11:13 As julle dan goed luister na hierdie Gebooie wat ek julle vandag beveel, om JaHWeH julle Elohey lief te hê en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel, Deu 11:14 dan sal Ek die reën van julle Aarde gee op die regte tyd, vroeë reëns en laat reëns, sodat jy jou koring en jou druiwe en jou olie kan insamel. Deu 11:15 En Ek sal plante gee op jou veld vir jou vee, en jy sal eet en versadig word. Deu 11:16 Neem julle in ag dat julle hart nie verlei word nie, sodat julle afwyk en gode van andere dien en voor hulle neerbuig, Deu 11:17 en die Woede van JaHWeH teen julle ontvlam en Hy die Hemele toesluit, sodat daar geen reën is en die Adamah[adamiet se Aarde] nie haar opbrengs gee nie, en julle gou uit die gesuiwerde Aarde omkom wat JaHWeH julle gee. Deu 11:18 Lê dan hierdie woorde van my Weg in julle hart en in julle siel, en bind haar as 'n Teken op julle hand en laat haar as 'n voorhoofsband tussen julle oë wees, Deu 11:19 en leer haar aan julle kinders deur daaroor te spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan; Deu 11:20 en skryf haar op die deurposte van jou huis en op jou poorte, Deu 11:21 sodat julle dae en die dae van julle kinders in die Adamah[adamiet se Aarde] wat JaHWeH aan julle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee, kan vermenigvuldig soos die dae van die Hemele bo-oor die Aarde. Deu 11:22 Want as julle ywerig al hierdie Gebooie hou wat ek julle beveel, om haar te doen deur JaHWeH julle Elohey lief te hê, in al Sy Weë te wandel en Hom aan te hang, Deu 11:23 dan sal JaHWeH al hierdie nasies voor julle uit verdrywe, en julle sal groter en magtiger nasies as julle uit hulle besitting verdrywe. Deu 11:24 Elke plek waar julle voetsool op trap, sal aan julle behoort; van die wildernis en die Líbanon, van die rivier, die Eufraatrivier, tot by die Westelike See sal julle grondgebied wees. Deu 11:25 Niemand sal teen julle standhou nie; JaHWeH julle Elohey sal die skrik en Vrees vir julle oor die hele Aarde laat kom waar julle in haar sal loop, soos Hy julle beloof het. Deu 11:26 Kyk, ek hou julle vandag seën en vloek voor - Deu 11:27 die seën as julle luister na die Gebooie van JaHWeH julle Elohey wat ek julle vandag beveel; Deu 11:28 en die vloek as julle nie luister na die Gebooie van JaHWeH julle Elohey nie, maar afwyk van die Weg wat ek julle vandag beveel, om agter gode van andere aan te loop wat julle nie geken het nie. Deu 11:29 As JaHWeH jou Elohey jou dan inbring in die Aarde waarheen jy gaan om haar in besit te neem, moet jy die seën op die berg Gerísim lê en die vloek op die berg Ebal. Deu 11:30 Lê hulle nie oorkant die Jordaan, agter die pad by die ingang van die son, in die Aarde van die Kanaäniete nie, wat in die Vlakte woon, teenoor Gilgal, by die terpentynbome van Môreh nie? Deu 11:31 Want julle trek deur die Jordaan om die Aarde in besit te gaan neem wat JaHWeH julle Elohey aan julle sal gee; en julle sal haar in besit neem en in haar woon. Deu 11:32 Onderhou dan sorgvuldig al die Insettinge en die Regsprake wat ek julle vandag voorhou. Deu 12:1 DIT is die Insettinge en die Regsprake wat julle sorgvuldig moet hou in die Aarde wat JaHWeH, die Elohey van jou vaders, jou gegee het om haar in besit te neem al die dae wat julle op die Adamah[adamiet se Aarde] lewe. Deu 12:2 Julle moet terdeë verniel al die plekke waar die nasies wat julle gaan verdrywe, hulle gode gedien het op die hoë berge en op die heuwels en onder elke groen boom. Deu 12:3 En julle moet hulle altare omgooi en hulle torings verbrysel en hulle Houtkruise met vuur verbrand en die gesnede afbeeldings van hulle gode omkap en hulle naam van dié plek laat verdwyn. Deu 12:4 So mag julle nie doen met JaHWeH julle Elohey nie; Deu 12:5 maar die plek wat JaHWeH julle Elohey uit al julle stamme sal uitkies om Sy Naam daar te vestig om daar te woon, moet julle opsoek en daarheen moet jy kom. [Deuteronómium 16:2] Deu 12:6 En daarheen moet julle jul brandoffers bring en julle slagdiere en julle tiendes en die bydrae van julle hand en julle Gelofte- en julle vrywillige skenkings en die eersgeborenes van julle beeste en van julle kleinvee. Deu 12:7 En daar moet julle voor die Aangesig van JaHWeH julle Elohey eet en vrolik wees, julle en jul huisgesinne, oor alles waar julle jul hand aan slaan, waarin JaHWeH jou Elohey jou geseën het. Deu 12:8 Julle moet nie doen net soos ons vandag hier doen nie - elkeen net maar wat reg is in sy eie oë. Deu 12:9 Want julle het nog nie gekom in die rusplek en in die Erfenis wat JaHWeH jou Elohey jou sal gee nie. Deu 12:10 Maar julle sal deur die Jordaan trek en woon in die Aarde wat JaHWeH julle Elohey julle laat erwe, en Hy sal julle rus gee van al julle vyande rondom, en julle sal veilig woon. Deu 12:11 Dan moet julle na die plek wat JaHWeH julle Elohey sal uitkies om Sy Naam daar te laat woon, alles bring wat ek julle beveel: julle brandoffers en julle slagdiere, julle tiendes en die bydrae van julle hand en al julle keurige beloftes wat julle belowe aan JaHWeH. Deu 12:12 En julle moet vrolik wees voor die Aangesig van JaHWeH julle Elohey, julle en julle seuns en julle dogters en julle slawe en julle slavinne en die Leviet wat in julle poorte is, want hy het geen deel of erfenis saam met julle nie. Deu 12:13 Neem jou in ag dat jy jou brandoffers nie bring op elke plek wat jy sien nie. Deu 12:14 Maar op die plek wat JaHWeH in een van jou stamme sal uitkies, daar moet jy jou brandoffers bring en daar alles doen wat ek jou beveel. Deu 12:15 Slegs in alle toegewing [aan] jou siel [mag] jy slag en eet, vleis volgens [die] seëning van JaHWeH jou Elohey, wat Hy vir jou gee in al jou poorte; die besoedelde en die suiwere mag daarvan eet, soos van die gemsbok en die takbok. Deu 12:16 Net die bloed mag julle nie eet nie; jy moet dit soos water op die Aarde uitgooi. Deu 12:17 Jy mag in jou poorte nie eet die tiendes van jou koring en jou druiwesap en jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en jou kleinvee en al jou Geloftes wat jy beloof, en jou vrywillige bydrae en die bydraes van jou hand nie. Deu 12:18 Maar jy moet dit eet voor die Aangesig van JaHWeH jou Elohey op die plek wat JaHWeH jou Elohey sal uitkies, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet wat in jou poorte is; en jy moet vrolik wees voor die Aangesig van JaHWeH jou Elohey oor alles waar jy jou hand aan slaan. Deu 12:19 Neem jou in ag dat jy die Leviet nie aan sy lot oorlaat solank as jy op die Adamah[adamiet se Aarde] lewe nie. Deu 12:20 As JaHWeH jou Elohey jou grondgebied uitbrei, soos Hy jou beloof het, en jy sê: Ek wil vleis eet - omdat jou siel lus het om vleis te eet - in alle toegewing [aan] jou siel [mag] jy vleis eet. Deu 12:21 As die plek wat JaHWeH jou Elohey sal uitkies om Sy Naam daar te vestig, ver van jou af is, dan mag jy van jou beeste en jou kleinvee slag wat JaHWeH jou gee, soos ek jou beveel het; en jy [mag] eet in jou poorte in alle toegewing [aan] jou siel. Deu 12:22 Maar soos die gemsbok en die takbok geëet word, so moet jy dit eet; die besoedelde en die suiwere moet dit saam eet. Deu 12:23 Bly daar net vas by dat jy die bloed nie eet nie, want die bloed is die siel, en jy mag die siel nie saam met die vleis eet nie. Deu 12:24 Jy mag haar nie eet nie; op die Aarde moet jy haar uitgooi soos water. Deu 12:25 Jy mag haar nie eet nie, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed kan gaan as jy doen wat reg is in die Oë van JaHWeH. Deu 12:26 Net jou apartheidsgawes, wat jy het, en jou Gelofte moet jy neem en na die plek kom wat JaHWeH sal uitkies; Deu 12:27 en jy moet jou brandoffers, die vleis en die bloed, berei op die altaar van JaHWeH jou Elohey, en die bloed van jou slagdiere moet op die altaar van JaHWeH jou Elohey uitgegiet word; maar die vleis moet jy eet. Deu 12:28 Luister sorgvuldig na al hierdie Woorde wat ek jou beveel, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed kan gaan tot in ewigheid, as jy doen wat suiwer en opreg is in die Oë van JaHWeH jou Elohey. Deu 12:29 As JaHWeH jou Elohey die nasies waar jy na toe gaan om hulle uit die besitting te verdrywe, voor jou uitroei, en jy hulle verdrywe en in hulle Aarde woon, Deu 12:30 neem jou dan in ag dat jy nie, agter hulle aan, verstrik word nadat hulle voor jou uit verdelg is nie, en dat jy nie na hulle gode vra en sê nie: Hoe het hierdie nasies hulle gode gedien? dat ek ook so kan doen. Deu 12:31 So mag jy nie handel met JaHWeH jou Elohey nie; want alles wat vir JaHWeH 'n gruwel is, wat Hy haat, het hulle vir hulle gode gedoen; want selfs hulle seuns en hulle dogters verbrand hulle met vuur vir hulle gode. Deu 12:32 Alles wat ek julle beveel, dit moet julle sorgvuldig hou; jy mag daar niks byvoeg en daar niks van weglaat nie. Deu 13:1 AS 'n profeet of een wat as dromer optree, by jou opstaan en jou 'n voorteken of wonder aankondig, Deu 13:2 en die voorteken of wonder kom uit wat hy jou beloof het met die woorde: Laat ons agter gode van andere aan loop - wat jy nie geken het nie - en hulle dien, Deu 13:3 dan moet jy nie luister na die woorde van dié profeet of na dié man wat as dromer optree nie; want JaHWeH julle Elohey beproef julle om te weet of julle werklik JaHWeH julle Elohey liefhet met julle hele hart en met julle hele siel. Deu 13:4 Julle moet JaHWeH julle Elohey navolg en Hom vrees en Sy Gebooie hou en na Sy Stem luister en Hom dien en Hom aanhang. Deu 13:5 Maar dié profeet of dié man wat as dromer optree, moet gedood word, want hy het afval verkondig van JaHWeH julle Elohey wat julle uit die Aarde van Egipte uitgelei en jou uit die slawehuis verlos het, deur jou af te drywe van die Weg wat JaHWeH jou Elohey jou beveel het om in haar te wandel. So moet jy dan die besoedeling uit jou midde uitroei. Deu 13:6 As jou broer, die seun van jou moeder, of jou seun of dogter of die vrou wat jy liefhet, of jou vriend wat soos jou eie siel is, jou in die geheim verlok en sê: Laat ons gaan en gode van andere dien - wat jy en jou vaders nie geken het nie, Deu 13:7 uit die gode van die volke wat rondom julle is, naby jou of ver van jou af; van die een einde van die Aarde tot by die ander einde van die Aarde - Deu 13:8 dan moet jy nie inwillig en na hom nie luister nie; ook mag jou oog hom nie verskoon nie, en jy mag jou nie ontferm en niks om sy ontwil wegsteek nie, Deu 13:9 maar jy moet hom sekerlik doodmaak; jou hand moet eerste teen hom wees om hom dood te maak, en daarna die hand van die hele volk. Deu 13:10 En jy moet hom stenig, dat hy sterwe; want hy het probeer om jou weg te drywe van JaHWeH jou Elohey wat jou uit die Aarde van Egipte, uit die slawehuis, uitgelei het. Deu 13:11 En die hele JisraEl sal dit hoor en vrees, en hulle sal nie meer so 'n besoedelde ding by jou doen nie. Deu 13:12 As jy in een van jou stede wat JaHWeH jou Elohey jou gee om daar te woon, hoor sê: Deu 13:13 Sekere mans, seuns van Belijaal het by jou opgetree en die inwoners van hulle stad verlei deur te sê: Laat ons gaan en gode van andere dien - wat julle nie geken het nie - Deu 13:14 dan moet jy terdeë ondersoek en naspeur en uitvra, en as sy die Waarheid is, staan die saak vas, is hierdie gruwel by jou gedoen, Deu 13:15 dan moet jy die inwoners van dié stad sekerlik verslaan met die skerpte van die swaard deur haar met die banvloek te tref en alles wat in haar is, ook haar vee, met die skerpte van die swaard. Deu 13:16 En al haar buit moet jy op die stadsplein bymekaarbring en die stad en al haar buit heeltemal met vuur verbrand aan JaHWeH jou Elohey; en sy sal vir ewig 'n puinhoop wees, sy sal nie weer opgebou word nie. Deu 13:17 Ook mag daar niks van wat bangoed is, aan jou hand bly kleef nie, sodat JaHWeH Hom van Sy brandende Woede kan afwend en aan jou Barmhartigheid kan bewys en Hom oor jou ontferm en jou vermenigvuldig, soos Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het - Deu 13:18 as jy luister na die Stem van JaHWeH jou Elohey om al Sy Gebooie te hou wat ek jou vandag beveel, deur te doen wat reg is in die Oë van JaHWeH jou Elohey. Deu 14:1 JULLE is kinders van JaHWeH julle Elohey; julle mag julle ter wille van 'n dooie nie stukkend kerwe of 'n kaalte tussen julle oë maak nie. Deu 14:2 Want jy is 'n volk apart gestel aan JaHWeH jou Elohey, en jou het JaHWeH uitverkies om Sy Eiendomsvolk te wees uit al die volke wat op die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde] is. Deu 14:3 Jy mag niks eet wat 'n gruwel is nie. Deu 14:4 Dit is die diere wat julle mag eet: 'n bees, 'n skaap en 'n bok; Deu 14:5 'n takbok en 'n gemsbok en 'n gestippelde takbok en 'n steenbok en 'n ribbok en 'n eland en 'n klipspringer; Deu 14:6 en al die diere wat gesplitste kloue het, en wel heeltemal in twee gesplitste kloue, [en] herkou onder die diere dié mag julle eet. Deu 14:7 Maar die volgende mag julle nie eet nie van die wat herkou en van die wat die gesplitste kloue het: die kameel en die haas en die das, want hulle herkou maar het geen gesplitste kloue nie - besoedel is hulle vir julle; Deu 14:8 ook die vark, want hy het gesplitste kloue, maar is geen herkouer nie - besoedel is hy vir julle. Van hulle vleis mag julle nie eet en hulle karkas mag julle nie aanraak nie. Deu 14:9 Dit mag julle eet van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het, mag julle eet. Deu 14:10 Maar alles wat geen vinne en skubbe het nie, mag julle nie eet nie - besoedel is dit vir julle. Deu 14:11 Al die suiwer voëls mag julle eet. Deu 14:12 Maar dit is wat julle uit hulle nie mag eet nie: die arend en die lammervanger en die aasvoël; Deu 14:13 en die kuikendief en die valk en die blouvalk volgens haar spesie; Deu 14:14 en elke kraai volgens sy spesie; Deu 14:15 en die volstruis en die naguil en die seemeeu en die kleinvalk volgens hulle spesies; Deu 14:16 en die steenuil en die groot-uil en die silweruil; Deu 14:17 en die pelikaan en die klein-aasvoël en die visvanger; Deu 14:18 en die groot-sprinkaanvoël en die reier volgens haar spesie, en die hoep-hoep en die vlermuis. Deu 14:19 En al die insekte met vlerke moet vir julle besoedel wees; hulle mag nie geëet word nie. Deu 14:20 Al die suiwer voëls mag julle eet. Deu 14:21 Julle mag geen karkas eet nie; vir die besoeker wat in jou poorte is, kan jy dit gee, dat hy dit eet, of jy kan dit aan 'n uitlander verkoop; want jy is 'n apartgestelde volk aan JaHWeH jou Elohey. Jy mag die bokkie nie gaarmaak in sy moeder se melk nie. Deu 14:22 Jy moet noukeurig die hele opbrengs van jou saad - wat jaar vir jaar uit die land uitspruit - vertien. Deu 14:23 En jy moet voor die Aangesig van JaHWeH jou Elohey op die plek wat Hy sal uitkies om Sy Naam daar te laat woon, die tiendes eet van jou koring, van jou druiwesap en van jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en van jou kleinvee, dat jy kan leer om JaHWeH jou Elohey altyd te vrees. Deu 14:24 En as die pad vir jou te lank is, as jy dit nie kan vervoer nie, omdat die plek wat JaHWeH jou Elohey sal uitkies om Sy Naam daar te vestig, te ver van jou af is, as JaHWeH jou Elohey jou sal seën, Deu 14:25 dan moet jy dit tot silwer maak en die silwer in jou hand bind en na die plek gaan wat JaHWeH jou Elohey sal uitkies. Deu 14:26 Dan moet jy die silwer gee vir alles wat jou siel begeer, vir beeste en kleinvee en wyn en sterk drank en vir alles wat jou siel van jou begeer, en jy moet daar eet voor die Aangesig van JaHWeH jou Elohey en vrolik wees, jy en jou huis. Deu 14:27 Maar die Leviet wat in jou poorte is, hom moet jy nie aan sy lot oorlaat nie, want hy het geen deel of erfenis saam met jou nie. Deu 14:28 Aan die einde van drie jaar moet jy uitbring al die tiendes van jou produkte in dié jaar en dit in jou poorte wegsit; Deu 14:29 dan moet die Leviet kom omdat hy geen deel of erfenis saam met jou het nie - en die besoeker en die wees en die weduwee wat in jou poorte is, en hulle moet eet en versadig word, sodat JaHWeH jou Elohey jou kan seën in al die werk van jou hand wat jy doen. Deu 15:1 AAN die einde van sewe jaar moet jy 'n kwytskelding laat plaasvind. Deu 15:2 En dit is die saak van die kwytskelding: elke skuldeiser moet kwytskeld wat hy aan sy naaste geleen het; hy moet sy naaste en sy broer nie aanmaan nie, want tot eer van JaHWeH is daar 'n kwytskelding uitgeroep. Deu 15:3 Die uitlander mag jy aanmaan; maar wat jy by jou broer het, moet jou hand kwytskeld. Deu 15:4 Maar daar moet geen arme by jou wees nie, want JaHWeH sal jou ryklik seën in die Aarde wat JaHWeH jou Elohey jou as erfenis sal gee om haar in besit te neem; Deu 15:5 as jy net goed luister na die Stem van JaHWeH jou Elohey om sorgvuldig te hou al hierdie Gebooie wat ek jou vandag beveel. Deu 15:6 Want JaHWeH jou Elohey seën jou soos Hy jou beloof het, sodat jy aan baie nasies sal uitleen, maar self nie hoef te leen nie; en jy sal oor baie nasies heers, maar oor jou sal hulle nie heers nie. Deu 15:7 As daar by jou 'n arme is, een uit jou broers, in een van jou poorte, in jou Aarde wat JaHWeH jou Elohey jou sal gee, dan moet jy jou hart nie verhard en jou hand nie toehou vir jou arm broer nie. Deu 15:8 Maar jy moet jou hand wyd oopmaak vir hom, en jy moet gewillig aan hom leen, genoegsaam vir sy behoefte, wat hom ontbreek. Deu 15:9 Neem jou in ag, dat daar in jou hart geen besoedelde gedagte is nie, naamlik: Die sewende jaar, die jaar van kwytskelding, is naby - en jou oog dan jou arm broer skeef aankyk, en jy hom niks gee nie, en hy teen jou na JaHWeH roep, dat jy skuldig word nie. Deu 15:10 Jy moet aan hom gewillig gee, en jou hart moet nie bedroef wees as jy aan hom gee nie; want ter wille hiervan sal JaHWeH jou Elohey jou seën in al jou werk en in alles waar jy jou hand aan slaan. Deu 15:11 Want die arme sal in die Aarde nie ontbreek nie; daarom gee ek jou bevel en sê: Jy moet jou hand wyd oopmaak vir jou broer, vir die ellendige en die arme in jou Aarde. Deu 15:12 As jou broer, 'n Hebreeuse man of 'n Hebreeuse vrou, hom aan jou verkoop, moet hy jou ses jaar lank dien; maar in die sewende jaar moet jy hom as vryman van jou laat weggaan. Deu 15:13 En as jy hom as vryman van jou laat weggaan, moet jy hom nie met leë hande laat weggaan nie. Deu 15:14 Jy moet hom 'n behoorlike voorraad saamgee van jou kleinvee en jou dorsvloer en jou wynpers; waarin JaHWeH jou Elohey jou geseën het, daarvan moet jy aan hom gee. Deu 15:15 En jy moet daaraan dink dat jy 'n slaaf in die Aarde van Egipte was, en dat JaHWeH jou Elohey jou verlos het; daarom beveel ek jou vandag hierdie saak. Deu 15:16 Maar as hy vir jou sê: Ek wil nie van jou weggaan nie - aangesien hy jou en jou huis liefhet, omdat dit vir hom goed was by jou - Deu 15:17 dan moet jy 'n els neem en dit deur sy oor en in die deur steek, sodat hy vir altyd jou slaaf word; en ook met jou slavin moet jy net so doen. Deu 15:18 Dit moet nie hard in jou oë wees as jy hom as vryman van jou laat weggaan nie, want die dubbele loon van 'n dagloner het hy vir jou ses jaar lank ingedien; en JaHWeH jou Elohey sal jou seën in alles wat jy doen. Deu 15:19 Al die eersgeborenes van die manlike [geslag] wat onder jou beeste en onder jou kleinvee aankom, moet jy aan JaHWeH jou Elohey afsonder; jy mag nie werk met die eersgeborene van jou beeste, en die eersgeborene van jou kleinvee nie skeer nie. Deu 15:20 Voor die Aangesig van JaHWeH jou Elohey moet jy hom jaar vir jaar eet op die plek wat JaHWeH sal uitkies, jy en jou huis. Deu 15:21 Maar as daar 'n gebrek aan is - lam of blind, enige besoedelde gebrek - dan moet jy hom nie aan JaHWeH jou Elohey slag nie; Deu 15:22 in jou poorte mag jy hom eet, die besoedelde en die suiwere saam, soos die gemsbok en die takbok. Deu 15:23 Net die bloed mag jy nie eet nie; jy moet hom op die Aarde uitgooi soos water. //Pasga, drie verpligte Feeste Deu 16:1 ONDERHOU die maand Abib en doen jy [die] Pasga vir JaHWeH jou Elohey; want in die maand Abib het JaHWeH jou Elohey jou in die nag uit Egipte uitgelei. Deu 16:2 En jy moet vir JaHWeH jou Elohey as Pasga kleinvee en beeste slag, op die plek wat JaHWeH sal uitkies om Sy Naam daar te laat woon. [Deuteronómium 12:5] Deu 16:3 Jy mag niks gesuurd by hom eet nie; sewe dae lank moet jy ongesuurde brode by hom eet, brood van behoeftigheid - want baie haastig het jy uit die Aarde van Egipte uitgetrek - sodat jy al die dae van jou lewe die dag van jou uittog uit die Aarde van Egipte in gedagtenis kan hou. Deu 16:4 En daar mag by jou sewe dae lank geen suurdeeg in jou hele grondgebied gesien word nie; ook mag niks van die vleis wat jy die eerste dag in die aand slag, tot die môre toe oorbly nie. Deu 16:5 Jy mag die Pasga nie slag in een van jou poorte wat JaHWeH jou Elohey aan jou gee nie. Deu 16:6 Maar op die plek wat JaHWeH jou Elohey sal uitkies om Sy Naam daar te laat woon, moet jy die Pasga slag, in die aand teen sononder, op die tyd van jou uittog uit Egipte. Deu 16:7 Dan moet jy hom gaarmaak en eet op die plek wat JaHWeH jou Elohey sal uitkies; daarna moet jy in die môre omdraai en na jou tente gaan. Deu 16:8 Ses dae lank moet jy ongesuurde brode eet, en op die sewende dag is daar 'n Feestyd vir JaHWeH jou Elohey; dan mag jy geen werk doen nie. Deu 16:9 Sewe weke moet jy tel; vandat die sekel die eerste keer in die ongesnyde graan geslaan word, moet jy sewe weke begin tel. Deu 16:10 Dan moet jy die Fees van die Weke hou vir JaHWeH jou Elohey ooreenkomstig die vrywillige skenking van jou hand wat jy sal gee, namate JaHWeH jou Elohey jou sal seën. Deu 16:11 En jy moet vrolik wees voor die Aangesig van JaHWeH jou Elohey, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet wat in jou poorte is, en die besoeker en die wees en die weduwee wat by jou is, op die plek wat JaHWeH jou Elohey sal uitkies om Sy Naam daar te laat woon. Deu 16:12 En jy moet daaraan dink dat jy 'n slaaf in Egipte was; en jy moet hierdie Insettinge sorgvuldig hou. Deu 16:13 Die Fees van die Takskuiling moet jy sewe dae lank hou as jy van jou dorsvloer en jou wynpers insameling hou. Deu 16:14 En jy moet vrolik wees op jou Fees, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet en die besoeker en die wees en die weduwee wat in jou poorte is. Deu 16:15 Sewe dae lank moet jy vir JaHWeH jou Elohey Fees hou op die plek wat JaHWeH sal uitkies; want JaHWeH jou Elohey sal jou seën in al jou inkomste en in al die werk van jou hande; en jy moet net maar vrolik wees. Deu 16:16 Drie maal in die jaar moet al jou manne voor die Aangesig van JaHWeH jou Elohey verskyn op die plek wat Hy sal uitkies; op die Fees van die Ongesuurde Brode en op die Fees van die Weke en op die Fees van die Takskuilings; en hulle mag nie met leë hande voor die Aangesig van JaHWeH verskyn nie; Deu 16:17 elkeen volgens die gawe van sy hand ooreenkomstig die seën van JaHWeH jou Elohey wat Hy jou gegee het. Deu 16:18 Regters en opsigters moet jy vir jou aanstel in al jou poorte wat JaHWeH jou Elohey jou sal gee volgens jou stamme; en hulle moet die volk oordeel volgens 'n regverdige Regspraak. Deu 16:19 Jy mag die Reg nie verdraai nie; jy mag nie partydig wees nie; ook mag jy geen omkoopgeskenk aanneem nie, want die geskenk verblind die oë van die wyse en verdraai die sake van die regverdiges. Deu 16:20 Geregtigheid, Geregtigheid moet jy najaag, dat jy kan lewe en die Aarde in besit kan neem wat JaHWeH jou Elohey jou sal gee. Deu 16:21 Jy mag vir jou nie 'n Houtkruis - van enige boom - plant langs die altaar van JaHWeH jou Elohey wat jy vir jou sal maak nie. Deu 16:22 Ook mag jy vir jou geen kliptoring, wat JaHWeH jou Elohey haat, oprig nie. Deu 17:1 JY mag aan JaHWeH jou Elohey geen bees of stuk kleinvee waaraan 'n gebrek is, of waarin iets besoedels is, slag nie; want dit is vir JaHWeH jou Elohey 'n gruwel. Deu 17:2 As by jou, in een van jou poorte wat JaHWeH jou Elohey jou sal gee, 'n man of 'n vrou gevind word wat doen wat besoedel is in die Oë van JaHWeH jou Elohey deur Sy Verbond te oortree, Deu 17:3 en gode van andere gaan dien en voor hulle neerbuig, en voor die son of die maan of die hele leër van die Hemele - wat Ek nie beveel het nie - Deu 17:4 en dit aan jou vertel word, en jy dit hoor, dan moet jy terdeë ondersoek instel, en as sy die Waarheid is, staan die saak vas, is hierdie gruwel in JisraEl gedoen, Deu 17:5 dan moet jy dié man of dié vrou wat hierdie besoedelde ding gedoen het, na jou poorte uitbring - die man of die vrou - en jy moet hulle stenig, dat hulle sterwe. Deu 17:6 Op die verklaring van twee getuies of drie getuies moet die veroordeelde gedood word; hy mag nie gedood word op die verklaring van een getuie nie. Deu 17:7 Die hand van die getuies moet eerste teen hom wees om hom dood te maak, en daarna die hand van die hele volk. So moet jy dan die besoedeling uit jou midde uitroei. Deu 17:8 As 'n saak vir jou te swaar is om te beslis oor manslag, oor Regsprake en oor verwonding - regsake in jou poorte - dan moet jy klaarmaak en opgaan na die plek wat JaHWeH jou Elohey sal uitkies; Deu 17:9 en jy moet kom na die Levitiese priesters en na die regter wat daar in dié dae sal wees, en jy moet uitvra; dan sal hulle jou die Regspraak te kenne gee. Deu 17:10 En jy moet handel ooreenkomstig die uitspraak wat hulle jou te kenne sal gee, uit dié plek wat JaHWeH sal uitkies; en jy moet sorgvuldig doen net soos hulle jou sal leer. Deu 17:11 Ooreenkomstig die Wet wat hulle jou leer en volgens die Regspraak wat hulle jou sê, moet jy handel; jy mag nie regs of links afwyk van die uitspraak wat hulle jou te kenne gee nie. Deu 17:12 En die man wat hoogmoedig handel, dat hy nie luister na die priester wat staan om daar JaHWeH jou Elohey te dien, of na die regter nie - dié man moet sterwe. So moet jy dan die besoedeling uit JisraEl uitroei. Deu 17:13 En die hele volk sal dit hoor en vrees en nie meer vermetel handel nie. Deu 17:14 As jy kom in die Aarde wat JaHWeH jou Elohey jou sal gee, en haar in besit neem en in haar woon en dan sê: Ek wil 'n koning oor my aanstel soos al die nasies wat rondom my is, Deu 17:15 dan moet jy sekerlik 'n koning oor jou aanstel wat JaHWeH jou Elohey sal verkies; uit die midde van jou broers moet jy 'n koning oor jou aanstel; jy mag geen uitlander, wat jou broer nie is nie, oor jou aanstel nie. Deu 17:16 Hy mag net nie vir hom baie perde aanskaf nie, en hy mag die volk nie na Egipte teruglei om baie perde aan te skaf nie, aangesien JaHWeH vir julle gesê het: Julle mag nooit meer teruggaan op hierdie pad nie. Deu 17:17 Ook mag hy nie baie vroue aanskaf nie, dat sy hart nie afwyk nie; hy mag ook vir hom nie uitermate baie silwer en goud aanskaf nie. Deu 17:18 En as hy op die troon van sy koninkryk sit, moet hy vir hom 'n afskrif van hierdie Wet in 'n boekrol skrywe, uit dié wat voor die Levitiese priesters lê; Deu 17:19 en sy moet by hom wees, en hy moet al die dae van sy lewe in haar lees, dat hy kan leer om JaHWeH sy Elohey te vrees deur al die woorde van hierdie Wet en hierdie Insettinge te hou, om haar te doen; Deu 17:20 sodat sy hart hom nie verhef oor sy broers nie en hy van die Gebooie nie regs of links afwyk nie; dat hy die dae kan verleng in sy koninkryk, hy en sy seuns, onder JisraEl. Deu 18:1 DIE Levitiese priesters, die hele stam van Levi, mag geen deel of erfenis saam met JisraEl hê nie; van die vure van JaHWeH en van Sy Erfdeel moet hulle eet. Deu 18:2 En hy mag geen erfdeel hê onder sy broers nie; JaHWeH is sy Erfdeel soos Hy hom beloof het. Deu 18:3 En dit moet die Reg van die priesters wees van die kant van die volk, van die wat My slagdier slag, of dit 'n bees of 'n stuk kleinvee is: hulle moet aan die priester die blad en die twee kakebene en die pens gee. Deu 18:4 Die eerstelinge van jou koring, jou druiwesap en jou olie en die eerstelinge van die skeersel van jou kleinvee moet jy aan hom gee. Deu 18:5 Want JaHWeH jou Elohey het hom uit al jou stamme uitverkies, dat hy altyd kan staan om te dien in die Naam van JaHWeH, hy en sy seuns. Deu 18:6 En as 'n Leviet uit een van jou poorte kom, uit die hele JisraEl waar hy vertoef het, en hy na alle begeerte van sy siel kom na die plek wat JaHWeH sal uitkies, Deu 18:7 dan moet hy dien in die Naam van JaHWeH sy Elohey soos al sy broers, die Leviete, wat daar voor die Aangesig van JaHWeH staan; Deu 18:8 'n gelyke aandeel moet hulle geniet, behalwe wat hy verkoop volgens familiebesit. Deu 18:9 As jy kom in die Aarde wat JaHWeH jou Elohey jou sal gee, moet jy nie leer om volgens die gruwels van daardie nasies te doen nie. Deu 18:10 Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan - wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery of heksery omgaan nie, Deu 18:11 of wat met besweringe omgaan, of wat 'n gees van 'n afgestorwene vra of 'n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie. Deu 18:12 Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir JaHWeH 'n gruwel; en om hierdie gruwels ontwil verdryf JaHWeH jou Elohey hulle voor jou uit. Deu 18:13 Rassuiwerheid moet jy beoefen voor JaHWeH jou Elohey. Deu 18:14 Want hierdie nasies wat jy uit hulle besitting verdrywe, luister na goëlaars en waarsêers; maar wat jou aangaan, JaHWeH jou Elohey het jou nie so iets toegelaat nie. Deu 18:15 'n Profeet uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal JaHWeH jou Elohey vir jou verwek; na Hom moet julle luister - [Lukas 13:33] Deu 18:16 net soos jy van JaHWeH jou Elohey by Horeb gevra het toe jy op die dag van die vergadering gesê het: Ek kan die Stem van JaHWeH my Elohey nie langer hoor en hierdie groot vuur nie meer sien nie, anders sterf ek. Deu 18:17 Toe het JaHWeH aan my gesê: Dit is goed wat hulle gespreek het. Deu 18:18 'n Profeet sal Ek vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Ek sal My Woorde in Sy Mond lê, en Hy sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel. Deu 18:19 En die man wat nie luister na My Woorde wat Hy in My Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis. Deu 18:20 Maar die profeet wat so vermetel is om woorde in My Naam te spreek wat Ek hom nie beveel het om te spreek nie, of wat in die naam van elohim van andere spreek, dié profeet moet sterwe. Deu 18:21 En as jy in jou hart sê: Hoe sal ons die Woord weet wat JaHWeH nie gespreek het nie? - Deu 18:22 as die profeet in die Naam van JaHWeH spreek, en wat hy gesê het, gebeur nie en kom nie uit nie, dan is dit wat die Woord van JaHWeH nie gespreek het nie; deur hoogmoedigheid het die profeet dit gespreek; jy mag vir hom nie bang wees nie. Deu 19:1 AS JaHWeH jou Elohey die nasies uitroei wie se Aarde JaHWeH jou Elohey jou sal gee, en jy hulle uit hul besitting verdrywe en in hulle stede en in hulle huise woon, Deu 19:2 dan moet jy vir jou drie stede afsonder in jou Aarde wat JaHWeH jou Elohey jou sal gee om haar in besit te neem. Deu 19:3 Jy moet vir jou die pad regmaak en jou Aarde wat JaHWeH jou Elohey jou laat erwe, in drie dele verdeel, sodat elkeen wat 'n doodslag begaan het, daarheen kan vlug. Deu 19:4 En dit is die saak van hom wat doodgeslaan het, wat daarheen vlug, dat hy kan lewe: hy wat sy naaste sonder opset doodslaan, terwyl hy hom van gister en eergister af nie vyandig was nie; Deu 19:5 en hy wat saam met sy naaste in die bos gaan om hout te kap en sy hand swaai met die byl om die boom af te kap, en die yster glip van die steel af en tref sy naaste, sodat hy sterwe - hy moet in een van hierdie stede vlug om in die lewe te bly; Deu 19:6 sodat die losser van die bloed hom wat doodgeslaan het, nie agtervolg as sy hart verhit is en hom inhaal - omdat die pad lank is - en die siel van hom nie doodslaan nie, terwyl hy die dood nie volgens Reg verdien het nie, omdat hy hom van gister en eergister af nie vyandig was nie. Deu 19:7 Daarom gee ek jou bevel en sê: Drie stede moet jy vir jou afsonder. Deu 19:8 En as JaHWeH jou Elohey jou grondgebied uitbrei, soos Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het, en jou die hele Aarde gee wat Hy beloof het om aan jou vaders te gee Deu 19:9 - as jy sorgvuldig al hierdie Gebooie hou wat ek jou vandag beveel om haar te doen, om JaHWeH jou Elohey lief te hê en altyd in Sy Weë te wandel - dan moet jy vir jou nog drie stede by hierdie drie byvoeg, Deu 19:10 sodat geen onskuldige bloed vergiet word binne-in jou Aarde wat JaHWeH jou Elohey jou as erfenis sal gee, en bloedskuld op jou kom nie. Deu 19:11 Maar as iemand sy naaste haat en hom voorlê en teen hom opstaan en [die] siel slaan, sodat hy sterwe, en hy in een van hierdie stede vlug, Deu 19:12 dan moet die oudstes van sy stad stuur en hom daarvandaan laat haal, en hulle moet hom in die hand van die losser van die bloed oorgee, dat hy kan sterwe. [Exodus 20:13] Deu 19:13 Jou oog mag hom nie verskoon nie, maar jy moet die onskuldige bloed uit JisraEl wegdoen, dat jy suiwer kan wees Deu 19:14 Jou naaste se grenslyn, deur die voorvaders getrek in jou erfdeel wat jy sal erwe in die Aarde wat JaHWeH jou Elohey jou sal gee om haar in besit te neem, mag jy nie verlê nie. Deu 19:15 Een getuie mag nie teen iemand optree insake enige ongeregtigheid of enige oortreding, by enige misstap wat hy begaan nie; op die verklaring van twee getuies of op die verklaring van drie getuies sal 'n saak van krag wees. Deu 19:16 As 'n kwaadwillige getuie teen iemand optree om van 'n oortreding teen hom te getuig, Deu 19:17 dan moet die twee manne wat die regsaak het, gaan staan voor die Aangesig van JaHWeH, voor die aangesig van die priesters en die regters wat daar in dié dae sal wees. Deu 19:18 En die regters moet terdeë ondersoek doen, en is die getuie 'n valse getuie, het hy vals teen sy broer getuig, Deu 19:19 dan moet julle met hom doen soos hy gedink het om met sy broer te doen; so moet jy dan die besoedeling uit jou midde uitroei. Deu 19:20 En die ander moet dit hoor en vrees en nie meer verder by jou so besoedeld handel nie. Deu 19:21 En jou oog mag nie verskoon nie: siel vir siel, oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet. Deu 20:1 AS jy na die oorlog uittrek teen jou vyand en perde en strydwaens sien, 'n volk meer in getal as jy, dan moet jy vir hulle nie vrees nie; want JaHWeH jou Elohey wat jou uit die Aarde van Egipte laat optrek het, is met jou. Deu 20:2 En as julle na die geveg kom, moet die priester nader kom en die volk toespreek; Deu 20:3 en hy moet aan hulle sê: Hoor, JisraEl, julle trek vandag nader om te veg teen julle vyande; laat julle hart nie week word nie, wees nie bevrees en beangs en word nie verskrik vir hulle nie; Deu 20:4 want dit is JaHWeH julle Elohey wat saam met julle trek om vir julle te stry teen julle vyande, om aan julle die oorwinning te gee. Deu 20:5 Dan moet die opsigters die volk toespreek en sê: Wie is die man wat 'n nuwe huis gebou en dit nie ingewy het nie? Hy kan teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders dit inwy nie. Deu 20:6 En wie is die man wat 'n wingerd geplant en haar nie in gebruik geneem het nie? Hy kan teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders haar in gebruik neem nie. Deu 20:7 En wie is die man wat hom met 'n vrou verloof en haar nie geneem het nie? Hy kan teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders haar neem nie. Deu 20:8 Dan moet die opsigters verder die volk toespreek en sê: Wie is die man wat bevrees en week van hart is? Hy kan teruggaan huis toe, dat die hart van sy broers nie smelt soos sy hart nie. Deu 20:9 En as die opsigters die volk klaar toegespreek het, moet leërowerstes aan die hoof van die volk aangestel word. Deu 20:10 As jy naby 'n stad kom om teen haar te veg, moet jy aan haar vrede aanbied. Deu 20:11 En as sy jou 'n antwoord van vrede gee en vir jou oopmaak, moet die hele volk wat in haar gevind word, aan jou dienspligtig wees en jou dien. Deu 20:12 Maar as sy geen vrede met jou sluit nie, maar oorlog teen jou wil voer, moet jy beleër teen haar. Deu 20:13 En JaHWeH jou Elohey sal haar in jou hand gee, en jy moet al haar manne met die skerpte van die swaard verslaan; Deu 20:14 net die vroue en die kinders en die vee en alles wat in die stad is - al haar buit moet jy vir jou roof; en jy moet die buit van jou vyande eet wat JaHWeH jou Elohey jou gegee het. Deu 20:15 So moet jy met al die stede maak wat baie ver van jou af is, wat nie by die stede van hierdie nasies behoort nie. Deu 20:16 Maar van die stede van hierdie volke wat JaHWeH jou Elohey jou as erfenis sal gee, moet jy niks wat asem het, laat lewe nie. Deu 20:17 Maar jy moet hulle heeltemal met die banvloek tref: die Hetiete en Amoriete, die Kanaäniete en Feresiete, die Hewiete en Jebusiete, soos JaHWeH jou Elohey jou beveel het; Deu 20:18 sodat hulle julle nie leer om te handel volgens al hulle gruwels wat hulle vir hul gode gedoen het, en julle teen JaHWeH julle Elohey oortree nie. Deu 20:19 As jy 'n stad baie lank beleër deur oorlog teen haar te voer om haar te verower, moet jy haar bome nie verwoes deur die byl teen hom te swaai nie; maar jy mag daarvan eet en mag hulle nie afkap nie; want is die bome van die veld dan adamiete, dat hulle deur jou in beleëring moet kom? Deu 20:20 Net bome waarvan jy weet dat dit geen vrugtebome is nie, dié mag jy verwoes en afkap; en jy moet teen die stad wat teen jou oorlog voer, 'n skans bou totdat sy val. Deu 21:1 As hulle in die Adamah[adamiet se Aarde] wat JaHWeH jou Elohey jou sal gee om haar in besit te neem, een vind wat dood in die veld lê, sonder dat dit bekend is wie hom gedood het, Deu 21:2 dan moet jou oudstes en jou regters uitgaan en die afstand meet na die stede wat rondom die een lê wat gedood is. Deu 21:3 En die stad wat die naaste lê aan hom wat gedood is - die oudstes van dié stad moet 'n jong koei neem waarmee in haar nie gewerk is nie, wat nie in 'n juk getrek het nie. Deu 21:4 En die oudstes van dié stad moet die koei afbring in 'n dal met standhoudende water waarin nie gewerk of gesaai word nie; en hulle moet daar in die dal die koei se nek breek. Deu 21:5 Dan moet die priesters, die seuns van Levi, aankom; want JaHWeH jou Elohey het hulle uitverkies om Hom te dien en om in die Naam van JaHWeH te seën, en volgens hulle uitspraak moet elke saak van twis en verwonding afgehandel word. Deu 21:6 En al die oudstes van dié stad wat die naaste woon aan hom wat gedood is, moet hulle hande was oor die koei waarvan die nek in die dal gebreek is; Deu 21:7 en hulle moet verklaar en sê: Ons hande het hierdie bloed nie vergiet nie, en ons oë het dit nie gesien nie. Deu 21:8 Doen versoening vir U volk JisraEl wat U, o JaHWeH, verlos het, en laat geen onskuldige bloed op U volk JisraEl rus nie, en laat die bloedskuld vir hulle versoen word. Deu 21:9 En jy sal die onskuldige bloed uit jou midde verwyder as jy doen wat reg is in die Oë van JaHWeH. Deu 21:10 As jy na die oorlog uittrek teen jou vyande en JaHWeH jou Elohey hulle in jou hand gee en jy hulle gevangenes wegvoer, Deu 21:11 en jy onder die gevangenes 'n vrou sien wat lig van gestalte is, en jy haar liefkry en haar as vrou vir jou neem, [Númeri 31:35] Deu 21:12 dan moet jy haar in jou huis inbring; en sy moet haar hoof skeer en haar naels knip. Deu 21:13 En sy moet die klere waarin sy weggevoer is, uittrek en in jou huis bly en haar vader en haar moeder 'n maan se dae beween; en daarna kan jy by haar ingaan en haar besitter wees en sy sal jou vrou wees. Deu 21:14 En as jy geen behae in haar het nie, moet jy haar volgens haar siel laat gaan; maar jy mag haar glad nie vir silwer verkoop nie; jy mag haar nie hard behandel nie, omdat jy haar onderwerp het. Deu 21:15 As 'n man twee vroue het, een wat hy liefhet en een wat hy nie liefhet nie, en hulle baar vir hom seuns, sowel die geliefde as die nie-geliefde vrou, en die eersgebore seun behoort aan die nie-geliefde vrou; Deu 21:16 dan mag hy, op die dag as hy sy seuns sy besittings laat erwe, nie die eersgeboortereg aan die seun van die geliefde vrou gee tot nadeel van die seun van die nie-geliefde vrou, die eersgeborene, nie. Deu 21:17 Maar hy moet die eersgeborene, die seun van die nie-geliefde vrou, erken deur aan hom 'n dubbele deel te gee van alles wat hy besit; want hy is die eersteling van sy krag: die Reg van eersgeboorte is syne. Deu 21:18 As iemand 'n koppige en wederstrewige seun het, wat nie luister na die stem van sy vader en na die stem van sy moeder nie, en hulle hom tugtig, maar hy na hulle nie luister nie, Deu 21:19 dan moet sy vader en sy moeder hom neem en hom uitbring na die oudstes van sy stad en na die poort van sy woonplek, Deu 21:20 en hulle moet aan die oudstes van sy stad sê: Hierdie seun van ons is koppig en wederstrewig, hy luister nie na ons stem nie, hy is 'n deurbringer en dronkaard. Deu 21:21 Dan moet al die manne van sy stad hom stenig, dat hy sterwe. So moet jy dan die besoedeling uit jou midde uitroei, en die hele JisraEl sal dit hoor en vrees. Deu 21:22 En as in iemand 'n wetsoortreding is waar die Reg die doodstraf bepaal en hy gedood word en jy hom aan 'n paal ophang, [Lukas 23:21] Deu 21:23 dan mag sy lyk nie aan die paal oornag nie, maar jy moet hom sekerlik dié dag nog begrawe; want een wat opgehang is, is deur Elohim vervloek. En jy mag jou Adamah [adamiet se Aarde] wat JaHWeH jou Elohey jou as erfenis sal gee, nie besoedel nie. Deu 22:1 JY mag die bees van jou broer of sy stuk kleinvee nie sien ronddwaal en jou vir hulle verberg nie; jy moet hulle sekerlik na jou broer terugbring. Deu 22:2 En as jou broer nie naby jou is nie en jy hom nie ken nie, moet jy dit in jou huis neem, en dit moet by jou wees totdat jou broer dit soek; dan moet jy dit aan hom teruggee. Deu 22:3 So moet jy ook doen met sy esel, en so moet jy doen met sy kleed, ja, so moet jy doen met alles wat van jou broer wegraak, wat hy verloor en wat jy vind; jy mag jou nie verberg nie. Deu 22:4 Jy mag die esel van jou broer of sy bees nie sien val op die pad en jou vir hulle verberg nie; saam met hom moet jy hulle sekerlik ophelp. Deu 22:5 'n Vrou mag geen klere van 'n krygsman dra nie, en 'n krygsman mag geen vrouensklere aantrek nie; want almal wat dit doen, is vir JaHWeH jou Elohey 'n gruwel. Deu 22:6 As jy op pad 'n voëlnes kry in een of ander boom of op die Aarde, met klein voëltjies of eiers, terwyl die moeder op die klein voëltjies of op die eiers sit, mag jy die moeder nie saam met die kleintjies wegneem nie. Deu 22:7 Jy moet die moeder sekerlik laat wegvlieg, maar die kleintjies mag jy vir jou neem, dat dit met jou goed kan gaan en jy die dae kan verleng. Deu 22:8 As jy 'n nuwe huis bou, moet jy 'n leuning aan jou dak maak, sodat jy geen bloedskuld op jou huis bring as iemand daarvan afval nie. Deu 22:9 Jy mag in jou Wingerd nie twee soorte saad saai nie, tensy die volle opbrengs van die saad wat jy gesaai het en die opbrengs van die Wingerd afsonderlik van mekaar is. Deu 22:10 Jy mag nie met 'n os en 'n esel tegelyk ploeë nie. Deu 22:11 Jy mag geen gemengde stof, wol en linne tegelyk, aantrek nie. Deu 22:12 Klossies moet jy vir jou maak aan die vier hoeke van jou kleed waar jy jou mee toemaak. Deu 22:13 As 'n man 'n vrou neem en by haar ingaan en haar dan haat Deu 22:14 en teen haar 'n besoedelde naam gee en 'n gerug oor haar versprei en sê: Hierdie vrou het ek geneem, en toe ek naby haar kom, het ek die maagdelikheid nie aan haar gevind nie, Deu 22:15 dan moet die vader en die moeder van die dogter die bewys van die dogter se maagdelikheid neem en na die oudstes van die stad by die poort uitbring. Deu 22:16 En die vader van die dogter moet aan die oudstes sê: Ek het my dogter aan hierdie man as vrou gegee, maar hy het haar gehaat; Deu 22:17 en kyk, hy het [haar] slegte dinge nagegee deur te sê: Ek het aan jou dogter die maagdelikheid nie gevind nie - maar dit is die bewys van my dogter se maagdelikheid. En hulle moet die kledingstuk voor die aangesig van die oudstes van die stad uitsprei. Deu 22:18 Dan moet die oudstes van dié stad die man neem en hom tugtig Deu 22:19 en hom 'n boete van honderd [sikkels] silwer oplê en dit aan die vader van die dogter gee, omdat hy 'n besoedelde naam oor 'n maagd van JisraEl versprei het. Verder moet sy sy vrou wees; hy mag haar nie wegstuur solank as hy lewe nie. Deu 22:20 Maar as hierdie woord Waarheid is: Die maagdelikheid is aan die dogter nie gevind nie - Deu 22:21 dan moet hulle die dogter na die deur van haar vader se huis uitbring, en die manne van haar stad moet haar stenig, dat sy sterwe, omdat sy 'n skanddaad in JisraEl begaan het deur in die huis van haar vader te hoereer. So moet jy dan die besoedeling uit jou midde uitroei. Deu 22:22 As 'n man betrap word terwyl hy met 'n getroude vrou gemeenskap het, moet hulle altwee sterwe: die man wat met die vrou gemeenskap gehad het, en die vrou. So moet jy dan die besoedeling uit JisraEl uitroei. Deu 22:23 As 'n dogter, 'n maagd, aan 'n man verloof is, en iemand kry haar in die stad en hou met haar gemeenskap, Deu 22:24 dan moet julle hulle twee na die poort van dié stad uitbring en hulle stenig, dat hulle sterwe; die dogter, omdat sy in die stad nie geskreeu het nie, en die man, omdat hy die vrou van sy naaste onteer het. So moet jy dan die besoedeling uit jou midde uitroei. Deu 22:25 Maar as die man die verloofde dogter in die veld kry en die man haar aangryp en met haar gemeenskap het, moet die man wat met haar gemeenskap gehad het, alleen sterwe; Deu 22:26 maar aan die dogter moet jy niks doen nie: daar is in die dogter geen oortreding wat die dood verdien nie; want soos wanneer 'n man teen sy naaste opstaan en sy siel doodslaan, so is hierdie geval. Deu 22:27 Want hy het haar in die veld gekry; die verloofde dogter het geskreeu, maar daar was niemand om haar te help nie. Deu 22:28 As 'n man 'n dogter, 'n maagd, kry wat nie verloof is nie, en haar aangryp en met haar gemeenskap het, en hulle word betrap, Deu 22:29 dan moet die man wat met haar gemeenskap gehad het, die vader van die dogter vyftig [sikkels] silwer gee; en sy moet sy vrou wees, omdat hy haar onteer het; hy mag haar nie wegstuur solank as hy lewe nie. Deu 22:30 'n Man mag die vrou van sy vader nie neem nie, en hy mag die kombers van sy vader nie oplig nie. Deu 23:1 HY wat hom deur verbryseling laat vermink of wie die manlike deel laat afsny het, mag in die vergadering van JaHWeH nie kom nie. Deu 23:2 Geen baster mag in die vergadering van JaHWeH kom nie; selfs sy tiende geslag mag in die vergadering van JaHWeH nie kom nie. [Klaagliedere van JirmeJaH 1:10] Deu 23:3 Geen Ammoniet of Moabiet mag in die vergadering van JaHWeH kom nie; selfs hulle tiende geslag mag in die vergadering van JaHWeH nie binnegaan, tot sover as ewigheid nie; Deu 23:4 omdat hulle julle, by jul uittog uit Egipte, nie met brood en water op die pad tegemoetgekom het nie; en omdat hy Bíleam, die seun van Beor, uit Petor in Mesopotámië, teen jou gehuur het om jou te vloek. Deu 23:5 Maar JaHWeH jou Elohey wou nie na Bíleam luister nie; maar JaHWeH jou Elohey het vir jou die vloek in 'n seën verander, omdat JaHWeH jou Elohey jou liefgehad het. Deu 23:6 Jy mag hulle vrede en hulle voorspoed solank as jy lewe, vir ewig nie soek nie. Deu 23:7 Die blosende man moet jy nie as 'n gruwel beskou nie, want hy is jou broer; die Egiptenaar moet jy nie as 'n gruwel beskou nie, want jy was 'n besoeker in sy Aarde. [Handelinge 10:28] Deu 23:8 Kinders wat vir hulle in die derde geslag gebore word, mag in die vergadering van JaHWeH kom. Deu 23:9 Wanneer jy as leër teen jou vyande uittrek, weerhou julle dan van enigiets wat besoedel is. Deu 23:10 As daar iemand by jou is wat weens 'n voorval by nag nie suiwer is nie, moet hy buitekant die laer uitgaan; hy mag nie in die laer inkom nie. Deu 23:11 Maar as die aand aankom, moet hy hom in die water bad; en teen sonsondergang mag hy in die laer inkom. Deu 23:12 Jy moet buitekant die laer 'n plek hê, en daarheen moet jy uitgaan. Deu 23:13 En jy moet by jou gereedskap 'n grafie hê; as jy dan buitekant gaan sit, moet jy daarmee grawe en wat van jou uitgegaan het, weer toemaak. Deu 23:14 Want JaHWeH jou Elohey wandel midde-in jou laer om jou te red en jou vyande aan jou oor te gee; daarom moet jou laer apart gestel wees, sodat Hy niks skandeliks by jou mag sien en Hom van jou afwend nie. Deu 23:15 Jy mag 'n slaaf wat van sy meester na jou ontsnap het, nie aan sy meester oorlewer nie. Deu 23:16 Hy moet by jou bly, in jou midde, in die plek wat hy in een van jou poorte uitkies, waar dit vir hom goed is; jy mag hom nie verdruk nie. Deu 23:17 Daar mag geen hoer uit die dogters van JisraEl wees nie; en daar mag geen homoseksueel uit die seuns van JisraEl wees nie. Deu 23:18 Jy mag geen hoereloon of hondeprys in die Huis van JaHWeH jou Elohey as enige Gelofte bring nie; want dié altwee is vir JaHWeH jou Elohey 'n gruwel. Deu 23:19 Jy mag jou broer geen rente oplê nie, rente van silwer, rente van eetware, rente van enigiets wat 'n mens teen rente uitleen nie. Deu 23:20 Die uitlander mag jy rente oplê, maar jou broer mag jy geen rente oplê nie, sodat JaHWeH jou Elohey jou kan seën in alles waar jy jou hand aan slaan in die Aarde waarheen jy gaan om haar in besit te neem. Deu 23:21 As jy aan JaHWeH jou Elohey 'n Gelofte doen, moet jy nie versuim om hom te betaal nie; want JaHWeH jou Elohey sal hom sekerlik van jou eis, en hy sal 'n oortreding vir jou word. Deu 23:22 Maar as jy nalaat om te belowe, sal dit geen oortreding in jou wees nie. Deu 23:23 Wat oor jou lippe gaan, moet jy hou en doen soos jy aan JaHWeH jou Elohey vrywillig beloof het - wat jy met jou mond gespreek het. Deu 23:24 As jy in die wingerd van jou naaste kom, mag jy na jou siel tot versadiging druiwe eet, maar in jou tas mag jy niks steek nie. Deu 23:25 As jy in die ongesnyde graan van jou naaste kom, mag jy met jou hand are afpluk; maar 'n sekel mag jy nie swaai in die ongesnyde graan van jou naaste nie. Deu 24:1 AS 'n man 'n vrou neem en met haar trou, en as sy dan geen guns in sy oë vind nie, omdat hy iets skandeliks aan haar ontdek het, en hy haar 'n brief van skeiding skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, Deu 24:2 en sy uit sy huis uittrek en weggaan en 'n ander man s'n word, Deu 24:3 en dié laaste man haar haat en haar 'n brief van skeiding skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, of as dié laaste man sterwe wat haar vir hom as vrou geneem het - Deu 24:4 dan mag haar eerste man wat haar weggestuur het, haar nie weer neem, dat sy sy vrou word nadat sy besoedel geword het nie; want dit is 'n gruwel voor die Aangesig van JaHWeH, en jy mag op die Aarde wat JaHWeH jou Elohey jou as erfenis sal gee, geen skuld laai nie. Deu 24:5 As 'n man pas getroud is, hoef hy nie op kommando uit te trek nie, en hulle moet hom in geen enkele opsig iets oplê nie; een jaar lank moet hy vry wees vir sy huis en aan sy vrou wat hy geneem het, vreugde verskaf. Deu 24:6 Niemand mag die handmeul of die boonste maalklip as pand neem nie, want hy neem die siel as pand. Deu 24:7 As iemand betrap word wat 'n siel uit sy broers, uit die kinders van JisraEl, steel en hom hard behandel en hom verkoop, dan moet dié dief sterwe. So moet jy dan die besoedeling uit jou midde verbrand. Deu 24:8 Neem jou in ag by die plaag van melaatsheid om baie noukeurig te handel volgens alles wat die Levitiese priesters julle sal leer; soos ek hulle beveel het, moet julle dit sorgvuldig hou. Deu 24:9 Dink aan wat JaHWeH jou Elohey op die pad, by julle uittog uit Egipte, aan Mirjam gedoen het. Deu 24:10 As jy aan jou naaste enigiets leen, mag jy in sy huis nie ingaan om sy pand te gaan haal nie; Deu 24:11 buite moet jy bly staan, en die man aan wie jy geleen het, moet die pand vir jou buitentoe uitbring. Deu 24:12 En as hy 'n arm man is, moet jy met sy pand nie gaan slaap nie. Deu 24:13 Jy moet hom sekerlik teen sonsondergang die pand teruggee, dat hy in sy kleed kan slaap en jou kan seën; en Sy sal Geregtigheid vir jou wees voor die Aangesig van JaHWeH jou Elohey. Deu 24:14 Jy mag 'n arm en behoeftige dagloner uit jou broers of uit jou besoekers wat in jou Aarde in jou poorte is, nie verdruk nie. Deu 24:15 Op die dag self moet jy sy loon gee, sodat die son oor hom nie ondergaan nie - want hy is arm en sy siel verlang daarna dat hy nie teen jou tot JaHWeH roep en dit 'n oortreding vir jou word nie. Deu 24:16 Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; elkeen moet vir sy eie wetsoortreding gedood word. Deu 24:17 Jy mag die Reg van die besoeker en wees nie verdraai nie en die kleed van 'n weduwee nie as pand neem nie. Deu 24:18 Maar jy moet daaraan dink dat jy 'n slaaf was in Egipte en JaHWeH jou Elohey jou daaruit verlos het; daarom beveel Ek jou om hierdie saak te doen. Deu 24:19 As jy jou oes op jou landery insamel en 'n gerf op die landery vergeet, mag jy nie omdraai om hom te gaan haal nie; vir die besoeker, die wees en die weduwee moet hy wees, dat JaHWeH jou Elohey jou kan seën in al die werk van jou hande. Deu 24:20 As jy jou olywe afslaan, moet jy nie agter jou in die takke rond soek nie; vir die besoeker, die wees en die weduwee moet dit wees. Deu 24:21 As jy jou wingerd oes, moet jy agter jou nie skoon afoes nie; vir die besoeker, die wees en die weduwee moet sy wees. Deu 24:22 En jy moet daaraan dink dat jy 'n slaaf was in die Aarde van Egipte; daarom beveel ek jou om hierdie saak te doen. Deu 25:1 AS daar tussen manne 'n twis is en hulle na die Reg kom en [die regters] hulle vonnis en die regverdige regverdig verklaar en die skuldige skuldig verklaar, Deu 25:2 as dan die skuldige slae verdien, moet die regter hom laat lê en hom in sy teenwoordigheid met 'n aantal slae laat slaan ooreenkomstig sy skuld; Deu 25:3 veertig slae mag hy hom laat gee, nie meer nie, dat hy hom nie verder met baie slae bo dié laat slaan en jou broer voor jou oë veragtelik gemaak word nie. Deu 25:4 Jy mag 'n os nie muilband as hy graan dors nie. Deu 25:5 As broers bymekaar woon en een van hulle sterwe sonder dat hy 'n seun het, dan mag die vrou van die oorledene nie daarbuite 'n verbasterde man s'n word nie; haar swaer moet by haar ingaan en haar as sy vrou neem en die swaershuwelik met haar sluit; Deu 25:6 en die eersgeborene wat sy baar, moet staan op naam van sy oorlede broer, dat sy naam nie uit JisraEl uitgedelg word nie. Deu 25:7 Maar as dit die man nie geval om sy skoonsuster te neem nie, moet sy skoonsuster na die poort opgaan na die oudstes toe, en sê: My swaer weier om sy broer se naam in JisraEl in stand te hou; hy wil met my die swaershuwelik nie sluit nie - Deu 25:8 dan moet die oudstes van sy stad hom roep en met hom spreek; bly hy dan daarby staan en sê: Dit beval my nie om haar te neem nie - Deu 25:9 dan moet sy skoonsuster voor die oë van die oudstes na hom toe nader kom en sy skoen van sy voet aftrek en in sy gesig spuug, en sy moet verklaar en sê: So moet met die man gedoen word wat die huis van sy broer nie wil bou nie. Deu 25:10 En sy naam moet in JisraEl genoem word: Die huis van die kaalvoet. Deu 25:11 As manne met mekaar veg, die een met die ander, en die een se vrou nader kom om haar man te red uit die hand van die een wat hom slaan, en haar hand uitsteek en hom by die manlike deel gryp, Deu 25:12 sny dan haar handpalms af; jou oog mag nie verskoon nie. Deu 25:13 Jy mag nie twee soorte weegstene, 'n grote en 'n kleintjie, in jou sak hê nie. Deu 25:14 Jy mag in jou huis nie twee soorte efas, 'n grote en 'n kleintjie, hê nie. Deu 25:15 Jy moet 'n volle en regte gewig hê; jy moet 'n volle en regte efa hê; sodat jou dae verleng mag word op die Adamah[adamiet se Aarde] wat JaHWeH jou Elohey jou sal gee. Deu 25:16 Want almal wat hierdie dinge doen, is 'n gruwel vir JaHWeH jou Elohey - almal wat onreg doen. Deu 25:17 Dink aan wat Amalek op die pad by julle uittog uit Egipte aan jou gedoen het, [Boekrol van die Opregte 81:58] Deu 25:18 hoe hy jou op die pad teëgekom het en by jou die agterhoede, al die swakkes agter jou, verslaan het terwyl jy moeg en mat was, en hy Elohim nie gevrees het nie. Deu 25:19 As dan JaHWeH jou Elohey vir jou rus gee van al jou vyande rondom, in die Aarde wat JaHWeH jou Elohey jou as erfenis sal gee om haar in besit te neem, dan moet jy die gedagtenis van Amalek onder die Hemele uitdelg; vergeet dit nie. Deu 26:1 EN as jy in die Aarde kom wat JaHWeH jou Elohey jou as erfenis sal gee en jy haar in besit neem en in haar woon, Deu 26:2 dan moet jy neem uit die eerstelinge van al die vrugte van die Adamah[adamiet se Aarde] wat jy inbring uit jou Aarde wat JaHWeH jou Elohey jou sal gee, en hulle in 'n mandjie sit; en jy moet gaan na die plek wat JaHWeH jou Elohey sal uitkies om Sy Naam daar te laat woon, Deu 26:3 en na die priester kom wat daar in dié dae sal wees, en jy moet vir hom sê: Ek verklaar vandag aan JaHWeH jou Elohey dat ek in die Aarde gekom het wat JaHWeH aan ons vaders met 'n eed beloof het om aan ons te gee. Deu 26:4 En die priester moet die mandjie uit jou hand neem en hom voor die aangesig van die altaar van JaHWeH jou Elohey neersit. Deu 26:5 Dan moet jy voor die Aangesig van JaHWeH jou Elohey verklaar en sê: My vader was 'n swerwende Arameër en het na Egipte afgetrek en daar as vreemdeling vertoef met min mense; maar hy het daar 'n groot, magtige en talryke nasie geword. Deu 26:6 Maar die Egiptenaars het ons mishandel en ons verdruk en 'n harde diens op ons gelê. Deu 26:7 Toe het ons JaHWeH, die Elohey van ons vaders, aangeroep; en JaHWeH het ons stem gehoor en ons ellende en ons moeite en ons verdrukking aangesien; Deu 26:8 en JaHWeH het ons uit Egipte uitgelei deur 'n Sterke Hand en 'n Uitgestrekte Arm en deur groot skrikwekkende dade en deur tekens en wonders; Deu 26:9 en Hy het ons na hierdie plek gebring en ons hierdie Aarde gegee, 'n Aarde wat oorloop van melk en heuning. Deu 26:10 Hier het ek dan nou die eerstelinge gebring van die vrugte van die Adamah[adamiet se Aarde] wat U, JaHWeH, my gegee het. Dan moet jy hom neersit voor die Aangesig van JaHWeH jou Elohey en jou neerbuig voor die Aangesig van JaHWeH jou Elohey. Deu 26:11 En jy moet vrolik wees oor al die suiwerheid wat JaHWeH jou Elohey jou en jou huis gegee het; jy en die Leviet en die besoeker wat by jou is. Deu 26:12 As jy al die tiendes van jou opbrengs klaar vertien het in die derde jaar, die jaar van die tiendes, dan moet jy aan die Leviet, die besoeker, die wees en die weduwee gee, dat hulle in jou poorte kan eet en versadig word. Deu 26:13 En jy moet voor die Aangesig van JaHWeH jou Elohey sê: Ek het die Apartheid uit die huis weggebring en hom ook aan die Leviet en die besoeker, die wees en die weduwee gegee, geheel en al volgens U Gebod wat U my beveel het; ek het geeneen van U Gebooie oortree of vergeet nie. Deu 26:14 Ek het daarvan in my rou nie geëet en daarvan as 'n besoedelde niks weggebring en daarvan aan 'n dooie niks gegee nie; ek het na die Stem van JaHWeH my Elohey geluister; ek het gedoen net soos U my beveel het. Deu 26:15 Kyk tog uit die woning van U Apartheid, uit die Hemele, neer en seën U volk JisraEl en die Adamah[adamiet se Aarde] wat U ons gegee het, soos U aan ons vaders met 'n eed beloof het, 'n Aarde wat oorloop van melk en heuning. Deu 26:16 Vandag beveel JaHWeH jou Elohey jou om hierdie Insettinge en Regsprake na te kom; onderhou dan en doen haar met jou hele hart en met jou hele siel. Deu 26:17 Vandag het jy JaHWeH laat verklaar dat Hy vir jou 'n Elohim sal wees, en dat jy in Sy Weë moet wandel en Sy Insettinge en Sy Gebooie en Sy Regsprake moet hou en na Sy Stem moet luister. [JeségiEl 16:8; Hoséa 11:1] Deu 26:18 En JaHWeH het jou vandag laat verklaar dat jy vir Hom 'n eiendomsvolk sal wees soos Hy jou beloof het, en dat jy al Sy Gebooie sal onderhou; Deu 26:19 en dat Hy jou dan die hoogste sal stel bo al die nasies wat Hy gemaak het, tot 'n lof en 'n roem en 'n sieraad, en dat jy 'n volk apart aan JaHWeH jou Elohey sal wees soos Hy beloof het. Deu 27:1 EN Moshè het saam met die oudstes van JisraEl aan die volk bevel gegee en gesê: Onderhou al die Gebooie wat ek julle vandag beveel. Deu 27:2 En die dag as julle deur die Jordaan gaan in die Aarde wat JaHWeH jou Elohey jou sal gee, moet jy vir jou groot klippe oprig en dit met kalk bestryk. Deu 27:3 En jy moet as jy oortrek daarop skrywe al die woorde van hierdie Wet, sodat jy kan kom in die Aarde wat JaHWeH jou Elohey jou sal gee, 'n Aarde wat oorloop van melk en heuning, soos JaHWeH, die Elohey van jou vaders, jou beloof het. Deu 27:4 As julle dan deur die Jordaan trek, moet julle hierdie klippe waaromtrent ek julle vandag bevel gee, op die berg Ebal oprig, en jy moet dit met kalk bestryk. Deu 27:5 En jy moet daar vir JaHWeH jou Elohey 'n altaar bou, 'n altaar van klippe; jy mag geen yster daaroor swaai nie. Deu 27:6 Van ongekapte klippe moet jy die altaar van JaHWeH jou Elohey bou; en jy moet daarop brandoffers bring aan JaHWeH jou Elohey. Deu 27:7 En slag vergoedinge en eet daar en wees vrolik voor die Aangesig van JaHWeH jou Elohey. Deu 27:8 En jy moet op die klippe baie duidelik skrywe al die woorde van hierdie Wet. Deu 27:9 Verder het Moshè en die Levitiese priesters die hele JisraEl toegespreek en gesê: Wees stil en luister, o JisraEl! Vandag het jy die volk van JaHWeH jou Elohey geword. Deu 27:10 Daarom moet jy na die Stem van JaHWeH jou Elohey luister en Sy Gebooie en Sy Insettinge volbring wat ek jou vandag beveel. Deu 27:11 En Moshè het aan die volk op dié dag bevel gegee en gesê: Deu 27:12 Hierdie [stamme] moet staan om die volk te seën op die berg Gerísim as julle deur die Jordaan getrek het: Símeon en Levi en JeHûWdah en Issaskar en JôWsef en Benjamin. Deu 27:13 En hierdie moet staan om te vervloek op die berg Ebal: Ruben, Gad en Aser en Sébulon, Dan en Náftali. Deu 27:14 En die Leviete moet verklaar en aan al die manne van JisraEl hardop sê: Deu 27:15 Vervloek is die man wat 'n gesnede of gegote afbeelding maak, 'n gruwel vir JaHWeH, werk van 'n ambagsman se hande, en hom in die geheim opstel; en die hele volk moet antwoord en sê: Amein. Deu 27:16 Vervloek is hy wat sy vader of sy moeder verag; en die hele volk moet sê: Amein. Deu 27:17 Vervloek is hy wat sy naaste se grenslyn verlê; en die hele volk moet sê: Amein. Deu 27:18 Vervloek is hy wat 'n blinde op die dwaalweg lei; en die hele volk moet sê: Amein. Deu 27:19 Vervloek is hy wat die Reg van besoeker, wees en weduwee verdraai; en die hele volk moet sê: Amein. Deu 27:20 Vervloek is hy wat met die vrou van sy vader gemeenskap het, want hy het die kombers van sy vader opgelig; en die hele volk moet sê: Amein. Deu 27:21 Vervloek is hy wat met enige wilde wese gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amein. Deu 27:22 Vervloek is hy wat met sy suster, die dogter van sy vader of die dogter van sy moeder, gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amein. Deu 27:23 Vervloek is hy wat met sy skoonmoeder gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amein. Deu 27:24 Vervloek is hy wat sy naaste in die geheim doodslaan; en die hele volk moet sê: Amein. Deu 27:25 Vervloek is hy wat 'n omkoopgeskenk aanneem om 'n siel van onskuldige bloed - dood te slaan; en die hele volk moet sê: Amein. Deu 27:26 Vervloek is hy wat die woorde van hierdie Wet nie hou om haar te doen nie; en die hele volk moet sê: Amein. Deu 28:1 AS jy dan goed luister na die Stem van JaHWeH jou Elohey om sorgvuldig te hou al Sy Gebooie wat Ek jou vandag beveel, dan sal JaHWeH jou Elohey jou die hoogste stel bo al My nasies van die Aarde. Deu 28:2 En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die Stem van JaHWeH jou Elohey. [Psalm 37:22] Deu 28:3 Geseënd sal jy wees in die stad, en geseënd sal jy wees in die veld. Deu 28:4 Geseënd sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou Adamah [adamiet se Aarde] en die vrug van jou vee, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee. Deu 28:5 Geseënd sal wees jou mandjie en jou bakskottel. Deu 28:6 Geseënd sal jy wees by jou ingang, en geseënd sal jy wees by jou uitgang. Deu 28:7 JaHWeH sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou uit vlug. Deu 28:8 JaHWeH sal die seën oor jou gebied in jou skure en in alles waar jy jou hand aan slaan; en Hy sal jou seën in die Aarde wat JaHWeH jou Elohey jou sal gee. Deu 28:9 JaHWeH sal jou vir Hom as 'n apart gestelde volk bevestig soos Hy jou dit gesweer het, as jy die Gebooie van JaHWeH jou Elohey hou en in Sy Weë wandel. Deu 28:10 En al My volke van die Aarde sal sien dat die Naam van JaHWeH oor jou uitgeroep is, en hulle sal vir jou vrees. Deu 28:11 En JaHWeH sal suiwerheid aan jou oorvloedig gee in die vrug van jou liggaam en in die vrug van jou vee en in die vrugte van jou Adamah[adamiet se Aarde], op die Adamah[adamiet se Aarde] wat JaHWeH aan jou vaders met 'n eed beloof het om aan jou te gee. Deu 28:12 JaHWeH sal Sy suiwer skatkamer, die Hemele, vir jou oopmaak om die reën van jou Aarde op die regte tyd te gee en om al die werk van jou hand te seën; en jy sal aan baie nasies uitleen, maar self nie hoef te leen nie. Deu 28:13 En JaHWeH sal jou die kop en nie die stert maak nie, en jy sal net boontoe en nie ondertoe gaan nie as jy luister na die Gebooie van JaHWeH jou Elohey wat Ek jou vandag beveel om te hou en te doen, Deu 28:14 en jy nie regs of links afwyk van al die Woorde wat ek julle vandag beveel, om agter gode van andere aan te loop om hulle te dien nie. Deu 28:15 Maar as jy nie luister na die Stem van JaHWeH jou Elohey, om sorgvuldig te hou al Sy Gebooie en Sy Insettinge wat Ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal. Deu 28:16 Vervloek sal jy wees in die stad, en vervloek sal jy wees in die veld. Deu 28:17 Vervloek sal wees jou mandjie en jou bakskottel. Deu 28:18 Vervloek sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou Adamah[adamiet se Aarde], die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee. Deu 28:19 Vervloek sal jy wees by jou ingang, en vervloek sal jy wees by jou uitgang. Deu 28:20 JaHWeH sal teen jou stuur die vervloeking, die verwarring en die bedreiging in alles waar jy jou hand aan slaan, wat jy moet doen; totdat jy verdelg is en totdat jy gou tot niet gaan vanweë die besoedeling van jou handelinge, dat jy My verlaat het. Deu 28:21 JaHWeH sal maak dat die pes jou aankleef totdat Hy jou vernietig vanuit die Adamah[adamiet se Aarde] waarheen jy gaan om haar in besit te neem. Deu 28:22 JaHWeH sal jou swaar tref met tering en koors en vurige koors en ontsteking en droogte en brandkoring en heuningdou; en hulle sal jou vervolg totdat jy omkom. Deu 28:23 En jou Hemele wat bo jou hoof is, sal koper, en die Aarde wat onder jou is, yster wees. Deu 28:24 JaHWeH sal die reën van jou Aarde poeier en stof maak; van die Hemele sal dit op jou afkom totdat jy verdelg is. Deu 28:25 JaHWeH sal maak dat jy voor die aangesig van jou vyande verslaan word; op een pad sal jy teen hom uittrek en op sewe paaie sal jy voor die aangesig van hom uit vlug; en jy sal 'n skrikbeeld vir al die koninkryke van die Aarde word. Deu 28:26 En jou lyke sal as voedsel dien vir al die voëls van die Hemele en vir die wesens van die Aarde sonder dat iemand hulle skrikmaak. Deu 28:27 JaHWeH sal jou swaar tref met swere van Egipte en met geswelle en skurfte en uitslag waarvan jy nie kan gesond word nie. Deu 28:28 JaHWeH sal jou slaan met kranksinnigheid en blindheid en sinsverwarring, Deu 28:29 sodat jy op die middag sal rondtas soos die blinde in die donker rondtas, en in jou weë sal jy geen voorspoed hê nie; maar jy sal altyddeur net verdruk en beroof wees sonder dat daar 'n helper is. Deu 28:30 Jy sal jou met 'n vrou verloof, maar 'n ander man sal haar skend; 'n huis sal jy bou, maar in hom nie woon nie; 'n wingerd plant, maar haar vrug sal verbaster wees Deu 28:31 Jou bees word voor jou oë geslag, maar jy sal daarvan nie eet nie; jou esel word voor jou weggeroof en sal na jou nie terugkom nie; jou kleinvee word aan jou vyande gegee sonder dat daar vir jou 'n helper is. Deu 28:32 Jou seuns en jou dogters word aan 'n ander volk gegee, terwyl jou oë dit sien en die hele dag na hulle smag sonder dat jy daar iets aan kan doen. Deu 28:33 Die vrugte van jou Adamah[adamiet se Aarde] en al jou werk sal 'n volk eet wat jy nie ken nie; en jy sal altyddeur net verdruk en hard behandel word. Deu 28:34 En jy sal kranksinnig wees vanweë die gesig van jou oë wat jy sal sien. Deu 28:35 JaHWeH sal jou tref met besoedelde swere aan die knieë en aan die bene - waarvan jy nie gesond kan word nie - van jou voetsool tot jou kroontjie. Deu 28:36 JaHWeH sal jou en jou koning wat jy oor jou sal aanstel, na 'n nasie laat gaan wat jy en jou vaders nie geken het nie; en daar sal jy [die] naam van gode van andere, hout en klip, dien. Deu 28:37 En jy sal 'n voorwerp van verbasing, 'n spreekwoord en 'n spot wees onder al die volke waarheen JaHWeH jou sal wegvoer. Deu 28:38 Jy sal baie saad op die landery uitbring, maar min insamel; want die sprinkaan sal hom afeet. Deu 28:39 Wingerde sal jy plant en bewerk maar geen wyn drink of wegbêre nie; want die wurm sal haar opeet. Deu 28:40 Olyfbome sal jy hê in jou hele grondgebied, maar jy sal jou nie met olie salf nie; want jou olywe sal afval. Deu 28:41 Seuns en dogters sal jy verwek, maar hulle sal vir jou nie wees nie; want hulle sal in gevangenskap gaan. Deu 28:42 Al jou bome en die vrugte van jou Adamah[adamiet se Aarde] sal die sprinkaan in besit neem. Deu 28:43 Die vreemdeling wat by jou is, sal hoër en hoër oor jou opklim; en jy sal laer en laer afsak. Deu 28:44 Hy sal aan jou leen, maar jy sal aan hom nie leen nie; hy sal die kop en jy die stert wees. Deu 28:45 En al hierdie vloeke sal oor jou kom en jou agtervolg en jou inhaal totdat jy verdelg is, omdat jy nie geluister het na die Stem van JaHWeH jou Elohey om Sy Gebooie en Sy Insettinge wat Hy jou beveel het, te hou nie; Deu 28:46 en hulle sal by jou 'n Teken en 'n wonder wees, en by jou saad tot in ewigheid. Deu 28:47 Omdat jy JaHWeH jou Elohey nie met vreugde en vrolikheid van hart weens die oorvloed van alles gedien het nie, Deu 28:48 sal jy jou vyand wat JaHWeH teen jou sal stuur, dien in honger en in dors en in naaktheid en in gebrek aan alles; en hy sal 'n ysterjuk op jou nek sit totdat hy jou verdelg het. Deu 28:49 JaHWeH sal teen jou 'n nasie bring van ver, van die Einde van die Aarde af, soos 'n arend vlieg - 'n nasie wie se taal jy nie verstaan nie, Deu 28:50 'n nasie hard van aangesig, wat 'n grysaard nie ophelp en vir 'n seun geen barmhartigheid het nie. Deu 28:51 En hulle sal die vrug van jou vee en die vrugte van jou Adamah[adamiet se Aarde] opeet totdat jy verdelg is; wat vir jou geen koring, druiwe of olie, aanteel van jou beeste of aanteel van jou kleinvee sal laat oorbly totdat hulle jou tot niet gemaak het nie. Deu 28:52 En hulle sal jou in benoudheid bring in al jou poorte totdat jou hoë en versterkte mure val waarop jy in jou hele Aarde vertrou het; ja, hulle sal jou in benoudheid bring in al jou poorte in jou hele Aarde wat JaHWeH jou Elohey jou gegee het. Deu 28:53 En jy sal die vrug van jou liggaam eet, die vlees van jou seuns en jou dogters wat JaHWeH jou Elohey jou gegee het, in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou benoud sal maak. Deu 28:54 Die vertroetelde en delikate man by jou, wat groot en voortvarend is - sy oog sal sy broer en die vrou wat hy liefhet, en sy orige kinders wat hy nog behou het, skeef aankyk; Deu 28:55 sodat hy aan geeneen van hulle iets sal gee van die vlees van sy kinders wat hy eet nie, omdat daar vir hom niks [anders] oorgelaat is in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte benoud sal maak nie. Deu 28:56 Die vertroetelde en delikate vrou by jou wat sag en teer is wat nie waag om die sool van haar voet op die Aarde neer te sit nie - haar oog sal die man wat aan haar sy is en haar seun en haar dogter skeef aankyk, Deu 28:57 ook haar nageboorte wat tussen haar voete uitgaan, en haar kinders wat sy sal baar; want sy sal dit stilletjies eet by gebrek aan alles in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte benoud sal maak. Deu 28:58 As jy nie sorgvuldig al die woorde van hierdie Wet hou wat in hierdie Boekrol geskryf is, om hierdie eerbare en gedugte Naam, JaHWeH jou Elohey, te vrees nie, Deu 28:59 dan sal JaHWeH oor jou en oor jou saad buitengewone plae bring, groot en aanhoudende plae, en aanhoudende siektes van besoedeling; Deu 28:60 en Hy sal weer op jou bring al die siektes van Egipte waarvoor jy bang was, sodat hulle jou aanklewe. Deu 28:61 Ook allerhande siektes en allerhande plae wat in die Boekrol van hierdie Wet nie geskrywe is nie, dié sal JaHWeH teen jou laat opkom totdat jy verdelg is. Deu 28:62 En julle sal met min mense oorbly, in plaas dat julle gewees het soos die Sterre van die Hemele in menigte, omdat jy nie geluister het na die Stem van JaHWeH jou Elohey nie. Deu 28:63 En soos JaHWeH oor julle bly was om aan julle goed te doen en julle te vermenigvuldig, so sal JaHWeH oor julle bly wees om julle tot niet te maak en julle te verdelg; en julle sal uitgeruk word vanuit die Adamah[adamiet se Aarde] waarheen jy gaan om haar in besit te neem. Deu 28:64 En JaHWeH sal jou verstrooi onder al die volke, van die een einde van die Aarde tot by die ander einde van die Aarde; en daar sal jy [die] naam van gode van andere, hout en klip, dien, wat jy en jou vaders nie geken het nie. Deu 28:65 En onder dié nasies sal jy geen rus hê nie, en vir jou voetsool sal daar geen rusplek wees nie; maar JaHWeH sal jou daar 'n bewende hart gee en smagtende oë en 'n kwynende siel. Deu 28:66 En jou lewe sal voor jou [aan 'n draad] hang, en jy sal nag en dag skrik en van jou lewe nie seker wees nie. Deu 28:67 In die môre sal jy sê: Ag, was dit maar aand! En in die aand sal jy sê: Ag, was dit maar môre! - vanweë die skrik van jou hart wat jou sal aangryp, en vanweë die gesig van jou oë wat jy sal sien. Deu 28:68 En JaHWeH sal jou op skepe na Egipte terugbring, op die pad waarvan ek vir jou gesê het: Jy sal dit verder nie meer sien nie; en daar sal julle aan jul vyande as slawe en slavinne verkoop word, maar daar sal geen koper wees nie. Deu 29:1 DIT is die Woorde van die Verbond wat JaHWeH Moshè beveel het om met die kinders van JisraEl te sluit in die Aarde Moab, behalwe die Verbond wat Hy met hulle by Horeb gesluit het. Deu 29:2 En Moshè het die hele JisraEl geroep en vir hulle gesê: Julle het self gesien alles wat JaHWeH in die Aarde van Egipte voor julle oë aan Farao en aan al sy dienaars en aan sy hele Aarde gedoen het, Deu 29:3 die groot versoekinge wat jou oë gesien het, dié groot tekens en wonders. Deu 29:4 Maar JaHWeH het julle nie 'n hart gegee om te verstaan en oë om te sien en ore om te hoor tot vandag toe nie. Deu 29:5 En Ek het julle veertig jaar lank in die wildernis laat trek; julle klere het aan julle nie verslyt nie, ewemin jou skoen aan jou voet. Deu 29:6 Brood het julle nie geëet en wyn en sterk drank nie gedrink nie, dat julle kan weet dat Ek JaHWeH julle Elohey is. Deu 29:7 En toe julle by hierdie plek kom, het Sihon, die koning van Hesbon, en Og, die koning van Basan, uitgetrek ons tegemoet om te veg, maar ons het hulle verslaan Deu 29:8 en hulle Aarde ingeneem en haar as erfenis gegee aan die Rubeniete en Gadiete en aan die halwe stam van die Manassiete. Deu 29:9 Onderhou dan die woorde van hierdie Verbond en volbring dit, sodat julle voorspoedig kan uitvoer alles wat julle doen. Deu 29:10 Julle staan vandag almal voor die Aangesig van JaHWeH julle Elohey: julle hoofde, julle stamme, julle oudstes en julle opsigters - al die manne van JisraEl; Deu 29:11 julle kinders, julle vroue en jou besoeker wat binne-in jou laer is, jou houtkapper sowel as jou waterputter, Deu 29:12 om oor te gaan in die Verbond van JaHWeH jou Elohey - en in Sy Eedswering - wat JaHWeH jou Elohey vandag met jou sluit; [JeségiEl 16:60] Deu 29:13 sodat Hy jou vandag vir Hom as volk kan bevestig en vir jou 'n Elohim kan wees soos Hy jou beloof het, en soos Hy aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het. Deu 29:14 En nie met julle alleen maak Ek hierdie Verbond en hierdie Eedswering nie, Deu 29:15 maar met die wat vandag hier saam met ons voor die Aangesig van JaHWeH onse Elohey staan, én met die wat hier vandag nie saam met ons is nie. Deu 29:16 Want julle weet self hoe ons in die Aarde van Egipte gewoon en hoe ons dwarsdeur die nasies getrek het waardeur julle getrek het. Deu 29:17 En julle het hulle verfoeisels en hulle drek-idole, hout en klip, silwer en goud, by hulle gesien, Deu 29:18 sodat daar onder julle geen man of vrou of familie of stam mag wees wat sy hart vandag van JaHWeH onse Elohey afwend om die gode van dié nasies te gaan dien nie, sodat daar onder julle geen wortel mag wees wat gif en Alsem dra nie, Deu 29:19 en as hy die woorde van hierdie Eedswering hoor, homself dan in sy hart prys deur te sê: Dit sal met my goed gaan alhoewel ek in die verhardheid van my hart wandel - om so die bewaterde saam met die dorstige weg te ruk! Deu 29:20 JaHWeH sal hom nie wil vergewe nie, maar dan sal die Woede van JaHWeH en Sy Ywer teen dié man rook, en die hele vloek wat in hierdie Boekrol geskrywe is, sal op hom rus; en JaHWeH sal sy naam onder die Hemele uitdelg. Deu 29:21 En JaHWeH sal hom afskei vir besoedeling uit al die stamme van JisraEl volgens al die vloeke van die Verbond wat in hierdie Boekrol van die Wet geskrywe is. Deu 29:22 En die volgende geslag, julle kinders wat ná julle opstaan, en die uitlander wat uit 'n ver deel van die Aarde kom, sal sê, as hulle die plae van daardie Aarde sien en sy siektes wat JaHWeH in haar laat uitbreek het - Deu 29:23 ook swawel en sout deurdat haar hele Aarde uitgebrand is, wat nie besaai word en niks laat uitspruit nie, en in haar hoegenaamd geen plante opslaan nie, soos die omkering van Sodom en Gomorra, Adma en Sebóim wat JaHWeH in Sy Woede en in Sy Grimmigheid omgekeer het - Deu 29:24 en al die nasies sal sê: Waarom het JaHWeH so met hierdie deel van die Aarde gedoen? Wat beteken hierdie groot Woede? Deu 29:25 Dan sal hulle antwoord: Omdat hulle die Verbond van JaHWeH, die Elohey van hulle vaders, verlaat het wat Hy met hulle gesluit het toe hulle deur Hom uit die Aarde van Egipte uitgelei is, Deu 29:26 en hulle gode van andere gaan dien en hulle daarvoor neergebuig het, gode van andere wat aan hulle nie bekend was nie, en wat Hy hulle nie toebedeel het nie, Deu 29:27 daarom het die Woede van JaHWeH teen daardie deel van die Aarde ontvlam om op haar die hele vloek te bring wat in hierdie Boekrol geskrywe is. Deu 29:28 En JaHWeH het hulle uit hulle Adamah[adamiet se Aarde] uitgeruk in Woede en in Grimmigheid en in groot verborgenheid; en Hy het hulle weggeslinger na 'n ander deel van die Aarde, soos sy vandag is. Deu 29:29 Die verborge dinge is vir JaHWeH onse Elohey; maar die geopenbaarde dinge is vir ons en ons kinders tot in ewigheid, om te doen al die Woorde van hierdie Wet. Deu 30:1 EN as al hierdie dinge oor jou kom, die seën en die vloek wat ek jou voorgehou het, en jy dit ter harte neem onder al die nasies waarheen JaHWeH jou Elohey jou verdryf het, Deu 30:2 en jy jou tot JaHWeH jou Elohey bekeer en na Sy Stem luister net soos ek jou vandag beveel, jy en jou kinders, met jou hele hart en met jou hele siel, Deu 30:3 dan sal JaHWeH jou Elohey jou lot verander en Hom oor jou ontferm; en Hy sal jou weer versamel uit al die volke waarheen JaHWeH jou Elohey jou verstrooi het. Deu 30:4 Al was jou verstrooides aan die einde van die Hemele, daarvandaan sal JaHWeH jou Elohey jou versamel, en daarvandaan sal Hy jou gaan haal. Deu 30:5 En JaHWeH jou Elohey sal jou bring in die Aarde wat jou vaders in besit geneem het, en jy sal haar in besit neem; en Hy sal aan jou goed doen en jou vermenigvuldig meer as jou vaders. Deu 30:6 En JaHWeH jou Elohey sal jou hart besny en die hart van jou saadlyn, om JaHWeH jou Elohey lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe. Deu 30:7 En JaHWeH jou Elohey sal al hierdie vloeke op jou vyande en op jou haters lê wat jou vervolg het. Deu 30:8 Maar jy sal weer na die Stem van JaHWeH luister en al Sy Gebooie doen wat ek jou vandag beveel. Deu 30:9 En JaHWeH jou Elohey sal suiwerheid aan jou oorvloedig gee in al die werk van jou hand, in die vrug van jou liggaam en in die vrug van jou vee en in die vrugte van jou Adamah[adamiet se Aarde]; want JaHWeH sal weer oor jou ten goede bly wees soos Hy bly was oor jou vaders, Deu 30:10 as jy na die Stem van JaHWeH jou Elohey luister om Sy Gebooie en Sy Insettinge te hou wat in hierdie Boekrol van die Wet geskrywe is; as jy terugkeer tot JaHWeH jou Elohey met jou hele hart en met jou hele siel. Deu 30:11 Want hierdie Gebod wat ek jou vandag beveel, is vir jou nie te swaar nie en is nie ver nie. Deu 30:12 Sy is nie in die Hemele nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die Hemele opklim en haar vir ons gaan haal en ons van haar laat hoor, en ons haar kan doen? [Wysheid van Sirah 33:8, 24:10, 19:20 ] Deu 30:13 Sy is ook nie oorkant die see nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die oorkant van die see oorvaar en haar vir ons gaan haal en ons van haar laat hoor, en ons haar kan doen? [Wysheid van Sirah 15:1-3, Wysheid van Salomo 6:18 ] Deu 30:14 Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, om haar te doen. Deu 30:15 Kyk, ek het jou vandag voorgehou die lewe en die suiwerheid, en die Dood en die besoedeling. Deu 30:16 Wat ek jou vandag beveel, is om JaHWeH jou Elohey lief te hê, in Sy Weë te wandel en Sy Gebooie en Sy Insettinge en Sy Regsprake te hou, sodat jy kan lewe en vermenigvuldig en JaHWeH jou Elohey jou mag seën in die Aarde waarheen jy gaan om haar in besit te neem. Deu 30:17 Maar as jou hart hom afwend en jy nie luister nie en jy jou laat verlei, sodat jy jou voor gode van andere neerbuig en hulle dien, Deu 30:18 dan verkondig ek julle vandag dat julle sekerlik sal omkom; julle sal die dae nie verleng op die Adamah[adamiet se Aarde] waarheen jy oor die Jordaan trek om haar in besit te gaan neem nie. Deu 30:19 Ek neem vandag die Hemele en die Aarde as getuies teen julle; Lewe en Dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan Lewe, dat jy kan lewe, jy en jou saad, Deu 30:20 deur JaHWeH jou Elohey lief te hê, na Sy Stem te luister en Hom aan te hang; want dit is jou lewe en die lengte van jou dae, sodat jy kan woon op die Adamah[adamiet se Aarde] wat JaHWeH aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het om haar aan hulle te gee. Deu 31:1 DAARNA het Moshè gegaan en die hele JisraEl met hierdie woorde toegespreek Deu 31:2 en vir hulle gesê: Ek is vandag honderd-en-twintig jaar oud; ek kan nie meer uit- en ingaan nie, en JaHWeH het vir my gesê: Jy mag deur hierdie Jordaan nie gaan nie. Deu 31:3 JaHWeH jou Elohey, Hy trek voor jou oor; Hy sal hierdie nasies voor jou uit verdelg, en jy sal hulle uit hul besitting verdrywe; JeHôWshua, hy trek voor jou oor soos JaHWeH gespreek het. Deu 31:4 En JaHWeH sal met hulle doen soos Hy met Sihon en met Og, die konings van die Amoriete, en met hulle Aarde gedoen het, wat Hy verdelg het; Deu 31:5 JaHWeH sal hulle aan julle oorgee, en julle moet met hulle handel geheel en al volgens die Gebod wat ek julle beveel het. Deu 31:6 Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is JaHWeH jou Elohey wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie. [2 Ezra 16:76] Deu 31:7 Toe het Moshè JeHôWshua geroep en aan hom voor die oë van die hele JisraEl gesê: Wees sterk en vol moed, want jy sal met hierdie volk in die Aarde ingaan wat JaHWeH aan hulle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee; en jy sal hulle haar laat erwe. Deu 31:8 En dit is JaHWeH wat voor jou uit trek; Hy sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie; jy mag nie bevrees of verskrik wees nie. Deu 31:9 En Moshè het hierdie Wet opgeskrywe en haar gegee aan die priesters, die seuns van Levi, wat die Verbondsark van JaHWeH gedra het, en aan al die oudstes van JisraEl. Deu 31:10 En Moshè het aan hulle bevel gegee en gesê: Aan die einde van sewe jaar, op die bepaalde tyd van die jaar van kwytskelding, op die Fees van die Takskuilings, Deu 31:11 as die hele JisraEl kom om te verskyn voor die Aangesig van JaHWeH jou Elohey op die plek wat Hy sal uitkies, moet jy hierdie Wet voor die hele JisraEl, voor hulle ore lees. Deu 31:12 Laat die volk byeenkom, die manne en die vroue en die kinders en jou besoeker wat in jou poorte is, dat hulle kan hoor en dat hulle kan leer om JaHWeH julle Elohey te vrees en sorgvuldig al die Woorde van hierdie Wet te hou. Deu 31:13 En hulle kinders wat haar nie ken nie, moet hoor en leer om JaHWeH julle Elohey te vrees al die dae wat julle lewe op die Adamah[adamiet se Aarde] waarheen julle deur die Jordaan trek om haar in besit te neem. Deu 31:14 EN JaHWeH het vir Moshè gesê: Kyk, jou dae kom nader dat jy moet sterwe; roep JeHôWshua, en gaan julle in die Tent van Samekoms staan, dat Ek aan hom bevel kan gee. Toe het Moshè en JeHôWshua gegaan en in die Tent van Samekoms gaan staan. Deu 31:15 En JaHWeH het in die Tent in die Wolkkolom verskyn terwyl die Wolkkolom by die ingang van die Tent bly staan het. Deu 31:16 Toe sê JaHWeH vir Moshè: Kyk, jy ontslaap met jou vaders, en hierdie volk sal opstaan, en hulle sal hoereer agter gode van die uitlanders van die Aarde en sal gaan om in hul midde te wees; en sal My verlaat en My Verbond verbreek wat Ek met hulle gemaak het. Deu 31:17 Dan sal My Woede op dié dag teen hulle ontvlam, en Ek sal hulle verlaat en My Aangesig vir hulle verberg, sodat hulle verteer word en baie besoedeling en node hulle oorkom. Dan sal hulle op dié dag sê: Het hierdie besoedeling ons nie oorgekom, omdat onse Elohey nie onder ons is nie? Deu 31:18 Maar Ek sal op dié dag My Aangesig heeltemal verberg weens al die besoedeling wat hulle gedoen het; want hulle het na gode van andere afgewyk. Deu 31:19 Skryf dan nou vir julle hierdie lied op, en leer haar aan die kinders van JisraEl; lê haar in hulle mond, dat hierdie lied vir My 'n getuie teen die kinders van JisraEl kan wees. Deu 31:20 Want Ek sal hulle inbring na die Adamah[adamiet se Aarde] wat Ek aan hulle vaders met 'n eed beloof het, wat oorloop van melk en heuning, en hulle sal eet en versadig en vet word; dan sal hulle afwyk na gode van andere en dié dien, en hulle sal My verag en My Verbond verbreek. Deu 31:21 En as dan baie besoedeling en benoudhede oor hulle kom, dan sal hierdie lied in hulle aangesig as getuie antwoord - want sy sal uit die mond van hulle saad nie vergeet wees nie - want Ek ken hulle gedagtes wat hulle vandag koester voordat Ek hulle inbring in die Aarde wat Ek met 'n eed beloof het. Deu 31:22 Toe het Moshè hierdie lied op dié dag opgeskrywe en haar aan die kinders van JisraEl geleer. Deu 31:23 En Hy het aan JeHôWshua, die seun van Nun, bevel gegee en gesê: Wees sterk en vol moed, want jy sal die kinders van JisraEl inbring in die Aarde wat Ek hulle met 'n eed beloof het; en Ek sal met jou wees. Deu 31:24 En toe Moshè die Woorde van hierdie Wet klaar in 'n Boekrol geskryf het tot die einde toe, Deu 31:25 het Moshè aan die Leviete wat die Verbondsark van JaHWeH gedra het, bevel gegee en gesê: Deu 31:26 Neem hierdie Boekrol van die Wet en sit haar neer aan die kant van die Verbondsark van JaHWeH julle Elohey, dat sy daar as getuie teen jou kan wees. Deu 31:27 Want ék ken jou wederstrewigheid en jou hardnekkigheid. As julle, terwyl ek nog vandag by julle lewe, wederstrewig was teen JaHWeH - hoeveel te meer dan ná my dood! Deu 31:28 Laat al die oudstes van julle stamme en julle opsigters by my vergader, dat ek voor hulle ore hierdie Woorde kan spreek, en teen hulle die Hemele en die Aarde as getuies kan neem. Deu 31:29 Want ek weet dat julle ná my dood gewis verderflik sal handel en sal afwyk van die Weg wat ek julle beveel het, sodat die besoedeling julle aan die einde van die dae sal teëkom, omdat julle sal doen wat verkeerd is in die Oë van JaHWeH om Hom deur die werk van julle hande te tart. Deu 31:30 Toe het Moshè voor die ore van die hele vergadering van JisraEl die woorde van hierdie lied tot die einde toe uitgespreek. //Lied van Moshé Deu 32:1 LUISTER, o Hemele, dat Ek kan spreek, en laat die Aarde hoor die woorde van My Mond. Deu 32:2 Laat My Leer drup soos die reën, My Woord vloei soos die Dou, soos reëndruppels op die grasspruitjies en soos reënbuie op die plante. Deu 32:3 Want die Naam van JaHWeH roep Ek uit: Gee grootheid aan Onse Elohey! Deu 32:4 Die Rots - Sy werk is raseg; want Sy hele Weg is beslissend; 'n El van Getrouheid en sonder onreg; regverdig en Reg is Hy. Deu 32:5 Hulle het hulself vernietig, hulle wat nie Sy seuns was nie, het verkleur - hulle is van 'n verbasterde en verwronge geslag. Deu 32:6 Durf julle dit JaHWeH vergelde, o dwase en onwyse volk? Is Hy nie jou Vader wat jou geskape het nie; het Hy jou nie gemaak en jou toeberei nie? Deu 32:7 Dink aan die dae van die ou tyd, let op die jare, van geslag tot geslag; vra jou vader, dat hy jou dit bekend maak; die ou mense, dat hulle jou dit sê. Deu 32:8 Toe die Hoogste El die Erfdeel van die nasies geskei het van die seuns van adamiete en die grense van die volke vasgestel het volgens die getal van die seuns van JisraEl. Deu 32:9 Want JaHWeH se deel is Sy volk, Jakob is Sy afgemete Erfdeel. Deu 32:10 Hy het hom gevind in 'n wildernis Aarde en in die verlatenheid van die tjankende [woesteny van] Jesimon; Hy het hom omring, op hom ag gegee, hom bewaak soos Sy oogappel. Deu 32:11 Soos 'n arend sy nes opwek, oor sy kleintjies sweef, sy vlerke uitsprei, hulle opneem, hulle dra op sy vleuels - Deu 32:12 JaHWeH alleen het hom gelei, en daar was geen vreemde god by hom nie. Deu 32:13 Hy het hom laat ry op die hoogtes van die Aarde, en hy het die vrugte van die veld geëet; en Hy het hom heuning uit die rots laat suig en rykdom uit die klipharde rots; Deu 32:14 dikmelk van beeste en melk van kleinvee, met die vet van lammers en ramme; stiere van Basan en bokke, met die niervet van koring; en die bloed van die druif het jy gedrink, gekookte wyn (stroop wat gekook is). Deu 32:15 Toe het Jesúrun vet geword en agterop geskop - jy het vet geword, dik geword, spekvet geword - en hy het Elowahh verwerp wat hom gemaak het, en die Steenrots van Sy Verlossing geminag. Deu 32:16 Hulle het deur verbasterdes Sy Ywer gewek; deur gruwels Hom getart. Deu 32:17 Hulle het aan die demone geslag, nie aan Eloah nie, gode wat aan hulle nie bekend was nie - nuwes - wat kort gelede opgekom het, vir wie julle vaders nie gehuiwer het nie. Deu 32:18 Die Steenrots wat jou verwek het, het jy veronagsaam; en jy het die El vergeet wat jou voortgebring het. Deu 32:19 Toe JaHWeH dit sien, het Hy [hulle] verwerp, uit ergernis oor Sy seuns en dogters. Deu 32:20 En Hy het gesê: Ek wil My Aangesig vir hulle verberg, Ek wil sien wat hulle einde sal wees; want 'n heeltemal verkeerde geslag is hulle, kinders in wie geen betroubaarheid is nie. Deu 32:21 Hulle het My jaloesie gewek deur wat nie-El is, My getart deur hulle nietigheid. Ék sal dan hulle jaloesie wek deur die wat 'n nie-volk is, deur 'n dwase nasie sal Ek hulle tart. Deu 32:22 Want 'n vuur is aangesteek en My Woede het gebrand tot in die Doderyk/Sheol daaronder, en Hy het die Aarde met haar opbrengs verteer en die fondamente van die berge aan die brand gesteek. Deu 32:23 Ek sal besoedeling teen hulle ophoop; My pyle sal Ek op hulle wegskiet. Deu 32:24 As hulle uitgeput is van honger en verteer deur koorsgloed en dodelike siekte, sal Ek tande van wilde wesens teen hulle loslaat met die woede van slange in stof. Deu 32:25 Buitekant sal die swaard beroof, en in die binnekamers die verskrikking; die jongman sowel as die maagd, die suigling saam met die grysaard. Deu 32:26 Ek sou gesê het: Ek wil hulle wegblaas, hulle gedagtenis onder die manne laat ophou - Deu 32:27 as Ek nie vir die terging van die vyand bedug was nie, dat hulle teëstanders dit sou misverstaan en sê: Ons hand was hoog, en JaHWeH het dit alles nie gedoen nie. Deu 32:28 Want 'n nasie van verlore raadsplanne is hulle, en daar is geen verstand in hulle nie. Deu 32:29 Was hulle wys, hulle sou dit insien, hulle sou op hulle einde let. Deu 32:30 Hoe kan een dan duisend agtervolg en twee tienduisend op die vlug jaag, was dit nie dat hul steenrots hulle verkoop en JaHWeH hulle oorgelewer het nie! Deu 32:31 Want hulle steenrots is nie soos Ons Steenrots nie - ja, Ons vyande self is skeidsregters! Deu 32:32 Want hulle wingerdstok is uit die wingerdstok van Sodom en uit die wingerde van Gomorra; hulle druiwe is druiwe van gif, hulle trosse is giftig. Deu 32:33 Hulle wyn is die woede van Drake en wrede gif van adders. Deu 32:34 Is hy nie by My opgegaar, in My Skatkamers verseël nie? Deu 32:35 My kom die wraak toe en die vergelding, op die tyd as hulle voet sal wankel; want die dag van hulle ondergang is naby, en wat oor hulle beskik is, kom gou. Deu 32:36 Want JaHWeH sal aan Sy volk Reg verskaf, en Hy sal Medelye hê met Sy knegte as Hy sien dat [hulle] vashouplek weg is en dit met almal sonder uitsondering gedaan is. Deu 32:37 Dan sal Hy sê: Waar is hulle gode, die steenrots waarin hulle toevlug geneem het, Deu 32:38 wat die vet van hulle slagdiere geëet het, die wyn van hulle drankaanbieding gedrink het? Laat hulle opstaan en julle help, dat daar oor julle 'n beskerming kan wees! Deu 32:39 En aanskou nou want Ek [is] Ek en geen gode naas My nie; Ek maak dood en maak lewend, Ek het verbrysel en Ek genees; en daar is niemand wat uit My Hand red nie. Deu 32:40 Want Ek sal My Hand na die Hemele ophef en sê: So waar as Ek ewig leef - Deu 32:41 as Ek My glinsterende Swaard skerp gemaak het en My Hand na die Reg gryp, sal Ek wraak oefen op My teëstanders en My haters vergelde. Deu 32:42 Ek sal My pyle dronk maak van bloed, en My Swaard sal vlees eet: van die bloed van hom wat verslaan en gevang is, van die kop van die vyand se aanvoerders. Deu 32:43 Knars, o nasies, oor Sy volk, want Hy sal die bloed van Sy knegte wreek, en Hy sal wraak oefen op Sy teëstanders en versoening bewerk vir Sy Adamah[adamiet se Aarde] [en] Sy volk. Deu 32:44 En Moshè het gekom en al die woorde van hierdie lied voor die ore van die volk gespreek, hy en Hoséa, die seun van Nun. Deu 32:45 En toe Moshè met al hierdie woorde die hele JisraEl klaar toegespreek het, Deu 32:46 sê hy vir hulle: Gee ag op al die Woorde waarmee ek julle vandag waarsku, dat julle dit jul kinders beveel om al die woorde van hierdie Wet sorgvuldig te hou. Deu 32:47 Want sy is geen vergeefse Woord vir julle nie, maar sy is julle lewe; en deur hierdie Woord sal julle die dae verleng op die Adamah[adamiet se Aarde] waarheen julle deur die Jordaan trek om haar in besit te neem. Deu 32:48 Daarna het JaHWeH op daardie selfde dag met Moshè gespreek en gesê: Deu 32:49 Klim op hierdie gebergte Abárim, die berg Nebo, wat in die Aarde van Moab is, wat teenoor Jérigo lê, en aanskou die Aarde van Kanaän wat Ek aan die kinders van JisraEl as besitting sal gee; Deu 32:50 en sterwe op die berg waarheen jy opklim, en word versamel by jou volksgenote, soos jou broer Aäron gesterf het op die berg Hor en versamel is by sy volksgenote, Deu 32:51 omdat julle onder die kinders van JisraEl ontrou teen My gehandel het by die twiswater van Kadesh, in die wildernis Sin, omdat julle My nie geroem het onder die kinders van JisraEl nie. Deu 32:52 Want reg voor sal jy die Aarde sien, maar jy sal daar nie inkom, in die Aarde wat Ek aan die kinders van JisraEl sal gee nie. Deu 33:1 EN dit is die seën waarmee Moshè, die man van die Elohim, die kinders van JisraEl geseën het voor die aangesig van sy dood. Deu 33:2 En hy het gesê: JaHWeH het gekom van Sinai en vir hulle opgegaan van Seïr af; Hy het in ligglans verskyn van die gebergte Paran en gekom met tienduisende uit die Apartheid; aan Sy Regterhand gaan 'n vlammende Wet vir hulle uit. [Boekrol van Henog 1:9; Brief van Judas 1:14, 15] Deu 33:3 Ja, Hy het die stamme lief. Al Sy apartes - hulle is in U Hand; en hulle was gelaer by U Voet; [elkeen] ontvang iets van U Uitsprake. Deu 33:4 Moshè het ons die Wet beveel, 'n besitting vir die vergadering van Jakob. Deu 33:5 En hy het koning geword in Jesúrun, toe die hoofde van die volk vergader het, die stamme van JisraEl almal saam. Deu 33:6 Laat Ruben lewe en nie sterwe nie, en laat sy manne 'n aantal wees. Deu 33:7 En dit vir JeHûWdah, en hy het gesê: Hoor, JaHWeH, die stem van JeHûWdah, en bring hom na sy volk toe; met sy hande het hy geveg vir hulle, en wees U [vir hom] 'n hulp teenoor sy teëstanders. Deu 33:8 En van Levi het hy gesê: U Tummim en U Urim is vir die man, U gunsgenoot, wat deur U beproef is in Massa, met wie U getwis het by die waters van Mériba; Deu 33:9 wat van sy vader en sy moeder gesê het: Ek sien hom nie, en sy broers nie erken het en van sy seuns niks geweet het nie; want hulle het U Woord bewaar en U Verbond gehou. Deu 33:10 Hulle sal Jakob U Regsprake leer en JisraEl U Wet; hulle sal reukwerk volledig voor U neerlê op U altaar. Deu 33:11 Seën, JaHWeH, sy Krag, en laat die werk van sy hande U welgevallig wees; verpletter die lendene van die wat teen hom opstaan en hom haat, sodat hulle nie kan opstaan nie. Deu 33:12 Van Benjamin het hy gesê: Die beminde van JaHWeH - hy sal veilig by Hom woon; Hy beskerm hom die hele dag en woon in Sy vergadering. Deu 33:13 En van JôWsef het hy gesê: Geseënd deur JaHWeH is sy Aarde met die kostelikste gawe van die Hemele, met Dou en met die Afgrond wat onder lê, Deu 33:14 en met die beste voortbrengsels van die son en met die uitnemende voortbrengste van die mane Deu 33:15 en met die vernaamste voortbrengsel van die berge van die voortyd en met die beste gawe van die ewige heuwels Deu 33:16 en met die beste gawe van die Aarde en van haar volheid, en die vreugde van Hom wat in die doringbos vertoef het - laat dit kom op die hoof van JôWsef en op die kroontjie van die [wat 'n] Separatis onder sy broers [is]. Deu 33:17 Sy eersgebore stier - die grootsheid is syne, en sy horings is [soos] eenhorings; daarmee sal hy die volke stoot, die eindes van die Aarde almal saam. En dit is die tienduisende van Efraim, en dit is die duisende van Manasse! Deu 33:18 En van Sébulon het hy gesê: Verheug jou, Sébulon, oor jou togte, en Issaskar, oor jou tente. Deu 33:19 Hulle sal volke na die berg roep; daar sal hulle slagdiere van Geregtig-heid slag; want hulle sal die oorvloed van die see insuig en die skatte wat begrawe is in die sand. Deu 33:20 En van Gad het hy gesê: Geseënd is Hy wat vir Gad ruimte maak; hy gaan lê soos 'n leeuin en verskeur die arm, selfs die kroontjie. Deu 33:21 En hy het vir hom 'n eerstelingsaandeel uitgekies, want daar was die deel van 'n veldheer bewaar; en hy het gekom na die hoofde van die volk, hy het die Geregtigheid van JaHWeH uitgevoer en Sy Regsprake met JisraEl. Deu 33:22 En van Dan het hy gesê: Dan is 'n jong leeu wat uit Basan uitspring. Deu 33:23 En van Náftali het hy gesê: Náftali, versadig van vreugde en vol van die seën van JaHWeH - neem jy see en Suidland in besit! Deu 33:24 En van Aser het hy gesê: Geseënd is Aser bo die seuns; laat hy die liefling van sy broers wees, en een wat sy voet in olie insteek. Deu 33:25 Mag jou grendel yster en koper wees, en jou sterkte soos jou dae. Deu 33:26 Niemand is daar soos El, o Jesúrun, wat oor die Hemele ry as jou Hulp, en oor die wolke in Sy Hoogheid. Deu 33:27 Die Elohey van die voortyd is [julle] skuilplek, onder uitgespreide - ewige Arms; en Hy het die vyand voor jou verdryf en gesê: Verdelg! [Openbaring van Henog 1:11] Deu 33:28 So het JisraEl dan veilig gaan woon, die bron van Jakob in afsondering, in 'n Aarde van koring en druiwesap; ja, Sy Hemele laat Dou afdrup. Deu 33:29 Geseënd is jy, o JisraEl! Wie is soos jy? 'n Volk wat deur JaHWeH verlos is, die Skild van jou hulp en wat die Swaard van jou hoogheid is, sodat jou vyande hulle al kruipende aan jou onderwerp; maar jy sal op hulle hoogtes stap. Deu 34:1 TOE het Moshè opgeklim uit die vlaktes van Moab na die berg Nebo, die top van Pisga wat teenoor Jérigo lê; en JaHWeH het hom die hele Aarde, Gílead tot Dan toe, laat sien; Deu 34:2 en die hele Náftali en die Aarde van Efraim en Manasse en die hele Aarde van JeHûWdah tot by die Westelike See; Deu 34:3 en die Suidland en die [Jordaan] streek, die laagte van Jérigo, die palmstad, tot by Soar. Deu 34:4 En JaHWeH het vir hom gesê: Dit is die Aarde wat Ek aan Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het met die woorde: Aan jou saad sal Ek haar gee; Ek het jou haar met jou oë laat sien, maar jy sal na haar nie oortrek nie. Deu 34:5 Toe het Moshè, die kneg van JaHWeH, daar gesterwe in die Aarde van Moab, op 'n bevel van JaHWeH. Deu 34:6 En Hy het hom in die dal in die Aarde van Moab, teenoor Bet-Peor, begrawe en niemand het tot vandag toe sy graf geken nie. Deu 34:7 En Moshè was honderd-en-twintig jaar oud toe hy gesterf het; sy oog was nie verswak nie, en sy krag het nie vergaan nie. Deu 34:8 Toe het die kinders van JisraEl Moshè beween in die vlaktes van Moab, dertig dae lank. En die dae van die geween, van die rou oor Moshè, het ten einde gekom. Deu 34:9 En JeHôWshua, die seun van Nun, was vol van die Gees van Wysheid; want Moshè het hom die hande opgelê. En die kinders van JisraEl het na hom geluister en gedoen soos JaHWeH aan Moshè beveel het. Deu 34:10 En soos Moshè, vir wie JaHWeH van Aangesig tot aangesig geken het, het daar geen profeet meer in JisraEl opgestaan nie, Deu 34:11 wat betref al die tekens en die wonders wat JaHWeH hom opgedra het om in die Aarde van Egipte aan Farao en aan al sy dienaars en sy hele Aarde te doen Deu 34:12 en wat betref die hele magsopenbaring en al die groot, skrikwekkende dade wat Moshè voor die oë van die hele JisraEl gedoen het. // // //Die Geskiedenis //Die Boekrol JeHôWshua // //JeHôWshua volg Moshè op en beveel die volk om hulle klaar te maak om deur die Jordaan te trek. Jos 1:1 EN ná die dood van Moshè, die kneg van JaHWeH, het JaHWeH met JeHôWshua, die seun van Nun, die dienaar van Moshè, gespreek en gesê: Jos 1:2 My kneg Moshè is dood; maak jou dan nou klaar, trek deur hierdie Jordaan, jy en hierdie hele volk, na die Aarde wat Ek aan hulle, die kinders van JisraEl, sal gee. Jos 1:3 Elke plek waar julle voetsool op sal trap, haar gee Ek aan julle, soos Ek met Moshè gespreek het. Jos 1:4 Van die wildernis en hierdie Líbanon af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier, die hele Aarde van die Hetiete, en tot by die Groot See by die ingang van die son, sal julle grondgebied wees. Jos 1:5 Niemand sal voor jou standhou al die dae van jou lewe nie; soos Ek met Moshè gewees het, sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie Jos 1:6 Wees sterk en vol moed; want jy sal hierdie volk die Aarde laat erwe wat Ek hulle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee. Jos 1:7 Wees net baie sterk en vol moed, om nougeset te handel volgens die hele Wet wat Moshè, My kneg, jou beveel het; wyk daarvan nie regs of links af nie, sodat jy met suiwere gevolg kan handel, oral waar jy mag gaan. Jos 1:8 Hierdie Boekrol van die Wet mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins haar dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat in haar geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met suiwere gevolg handel. Jos 1:9 Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want JaHWeH jou Elohey is met jou, oral waar jy heengaan. Jos 1:10 Toe het JeHôWshua aan die opsigters van die volk bevel gegee en gesê: Jos 1:11 Gaan die laer deur en gee die volk bevel en sê: Maak vir julle padkos klaar; want oor drie dae sal julle deur hierdie Jordaan trek om die Aarde in besit te gaan neem wat JaHWeH julle Elohey aan julle gee, om haar in besit te neem. Jos 1:12 En aan die Rubeniete en Gadiete en die halwe stam van Manasse het JeHôWshua dit gesê: Jos 1:13 Dink aan die saak wat Moshè, die kneg van JaHWeH, julle beveel het toe hy gesê het: JaHWeH julle Elohey verskaf 'n rusplek aan julle en sal hierdie Aarde aan julle gee. Jos 1:14 Julle vroue, julle kinders en julle vee kan bly in die Aarde wat Moshè julle oos van die Jordaan gegee het; maar julle self, al die dapper dapperes, moet gewapend voor die aangesig van julle broers deurtrek en hulle help, Jos 1:15 totdat JaHWeH aan julle broers, soos aan julle, rus gee, en hulle ook die Aarde in besit neem wat JaHWeH julle Elohey aan hulle sal gee; dan kan julle teruggaan na die Aarde van julle besitting wat Moshè, die kneg van JaHWeH, julle gegee het oos van die Jordaan, teen sonop, en haar in besit neem. Jos 1:16 Toe het hulle JeHôWshua geantwoord en gesê: Alles wat u ons beveel het, sal ons doen, en oral waarheen u ons stuur, sal ons gaan. Jos 1:17 Net soos ons na Moshè geluister het, so sal ons na u luister, mag JaHWeH jou Elohey net met jou wees soos Hy met Moshè gewees het. Jos 1:18 Elke man wat teen u bevel wederstrewig is en na u woorde nie luister met betrekking tot alles wat u ons sal beveel nie, moet gedood word; wees net sterk en vol moed. //JeHôWshua stuur twee manne uit om Kanaän en Jérigo te verken. Jos 2:1 DAAROP het JeHôWshua, die seun van Nun, uit Sittim in die geheim twee manne as verkenners uitgestuur en gesê: Gaan bespied die Aarde en Jérigo. Hulle het toe gegaan en in die huis van 'n herbergier, en haar naam [was] Ragab, ingekom; en hulle het daar gaan slaap. Jos 2:2 En toe daar aan die koning van Jérigo gesê is: Kyk, manne uit die kinders van JisraEl het vannag hierheen gekom om die Aarde te verken, Jos 2:3 stuur die koning van Jérigo na Ragab om te sê: Lewer die manne uit wat na jou gekom het, wat in jou huis ingegaan het; want hulle het gekom om die hele Aarde te verken. Jos 2:4 Maar die vrou het die twee manne geneem en hulle weggesteek; en sy het gesê: Seker, die manne het na my gekom; maar ek het nie geweet waar hulle vandaan was nie. Jos 2:5 En toe die poort met donker gesluit moes word, het die manne uitgegaan; ek weet nie waar die manne heengegaan het nie; jaag hulle gou agterna, want julle sal hulle inhaal. Jos 2:6 Maar sy het hulle op die dak laat klim en hulle weggesteek onder die vlasstoppels wat op haar dak oopgegooi was. Jos 2:7 Die manne het hulle toe agterna gejaag in die rigting van die Jordaan, na die driwwe; en die poort het hulle gesluit nadat hulle vervolgers uitgegaan het. Jos 2:8 En voordat hulle gaan slaap het, het sy op die dak geklim na hulle toe Jos 2:9 en aan die manne gesê: Ek weet dat JaHWeH die Aarde aan julle gegee het en dat die skrik vir julle op ons geval het en dat al die inwoners van die Aarde vir julle bewe; Jos 2:10 want ons het gehoor dat JaHWeH die water van die Skelfsee voor julle by jul uittog uit Egipte laat opdroog het en wat julle die twee konings van die Amoriete, Sihon en Og, oorkant die Jordaan aangedoen het, dat julle hulle met die banvloek getref het. Jos 2:11 Toe ons dit hoor, het ons hart gesmelt, sodat daar by niemand enige moed meer oorgebly het teenoor julle nie; want JaHWeH julle Elohey, Hy is Elohim in die Hemele daarbo en op die Aarde hieronder. Jos 2:12 Sweer dan nou tog vir my by JaHWeH dat, terwyl ek aan julle medelye betoon het, julle ook aan my familie medelye sal betoon; en gee my 'n Teken van Waarheid Jos 2:13 dat julle die lewe van my vader en my moeder en my broers en my susters en almal wat aan hulle behoort, sal spaar en ons siele sal red van die Dood. Jos 2:14 Toe sê die manne vir haar: Mag ons siel in julle plek sterwe! As julle nie hierdie saak van ons bekend maak nie, dan sal ons, as JaHWeH ons die Aarde gee, aan jou Medelye en Waarheid betoon. Jos 2:15 Daarop het sy hulle met 'n lyn deur die venster laat afsak; want haar huis was in die stadsmuur ingebou, sodat sy aan die muur gewoon het; Jos 2:16 en sy het vir hulle gesê: Loop die gebergte in, dat die vervolgers julle nie aantref nie, en steek julle daar drie dae lank weg totdat die vervolgers teruggekom het; daarna kan julle dan verder gaan. Jos 2:17 Toe sê die manne vir haar: Ons sal ontslae wees van hierdie eed aan jou wat jy ons laat sweer het Jos 2:18 kyk, as ons die Aarde inkom, moet jy hierdie gedraaide rooi lyn waarmee jy ons laat afsak het, aan die venster vasbind, en jy moet jou vader en jou moeder en jou broers en jou hele familie by jou in die huis versamel. Jos 2:19 Elkeen wat dan uit die deure van jou huis buitentoe gaan, dié se bloed sal op sy hoof wees, en ons onskuldig; maar elkeen wat by jou in die huis sal wees, dié se bloed sal op ons hoof wees, ingeval 'n hand teen hom is. Jos 2:20 Maar as jy hierdie saak van ons bekend maak, sal ons ontslae wees van die eed aan jou wat jy ons laat sweer het. Jos 2:21 Daarop sê sy: Soos julle sê, is dit goed; en sy het hulle laat gaan, en hulle het weggegaan; en sy het die rooi lyn aan die venster vasgebind. Jos 2:22 Hulle het toe weggegaan en in die gebergte gekom en daar drie dae lank gebly totdat die vervolgers teruggekeer het; want die vervolgers het op die hele pad gesoek maar niks gekry nie. Jos 2:23 Die twee manne het toe weer van die gebergte afgeklim en deurgegaan en by JeHôWshua, die seun van Nun, gekom en hom alles vertel wat hulle ondervind het. Jos 2:24 Verder het hulle vir JeHôWshua gesê: Sekerlik gee JaHWeH die hele Aarde in ons hand, ja, al die inwoners van die Aarde bewe selfs vir ons. //Deurtog van die volk deur die droë bedding van die Jordaan. Jos 3:1 DAAROP het JeHôWshua die môre vroeg klaargemaak, en hy met al die kinders van JisraEl het van Sittim af weggetrek en by die Jordaan aangekom en daar die nag oorgebly voordat hulle deurgetrek het. Jos 3:2 En aan die einde van drie dae het die opsigters die laer deurgegaan Jos 3:3 en aan die volk bevel gegee en gesê: Net soos julle die Verbondsark van JaHWeH julle Elohey sien en die Levitiese priesters wat haar dra, moet julle van jul staanplek af opbreek en agter haar aan trek. Jos 3:4 Maar laat daar 'n afstand van omtrent tweeduisend voorarm tussen julle en hom wees; kom nie naby hom nie; sodat julle die pad kan weet waar julle in haar moet trek; want gister en eergister het julle nie met dié pad getrek nie. Jos 3:5 Verder het JeHôWshua aan die volk gesê: Sonder julle af; want môre sal JaHWeH wonders onder julle doen. Jos 3:6 En JeHôWshua het met die priesters gespreek en gesê: Neem die Verbondsark op en trek weg voor die aangesig van die volk uit; toe het hulle die Verbondsark opgeneem en voor die aangesig van die volk uit getrek. Jos 3:7 Daarop sê JaHWeH vir JeHôWshua: Vandag sal Ek begin om jou groot te maak voor die oë van die hele JisraEl, sodat hulle kan weet dat Ek met jou sal wees soos Ek met Moshè gewees het. Jos 3:8 Gee jy dan bevel aan die priesters wat die Verbondsark dra, en sê: Net soos julle aan die kant van die water van die Jordaan kom, moet julle in die Jordaan bly staan. Jos 3:9 Toe sê JeHôWshua aan die kinders van JisraEl: Kom nader hierheen en luister na die Woorde van JaHWeH julle Elohey. Jos 3:10 Verder het JeHôWshua gesê: Hieraan sal julle erken dat daar 'n lewende El tussen julle is, en dat Hy sekerlik die Kanaäniete en Hetiete en Hewiete en Feresiete en Girgasiete en Amoriete en Jebusiete voor julle uit sal verdrywe: Jos 3:11 Kyk, die Verbondsark van my Meester van die hele Aarde trek voor julle uit die Jordaan in. Jos 3:12 Neem dan nou vir julle twaalf manne uit die stamme van JisraEl, een man uit elke stam; Jos 3:13 en net soos die voetsole van die priesters wat die Ark van my Meester JaHWeH, van die hele Aarde, dra, in die water van die Jordaan rus, sal die water van die Jordaan afgekeer word - die water wat van die bokant afkom, en dit sal soos een wal bly staan. Jos 3:14 En toe die volk wegtrek uit hulle tente om deur die Jordaan te gaan, met die priesters wat die Verbondsark dra, voor die aangesig van die volk, Jos 3:15 en net toe die draers van die Ark by die Jordaan kom en die priesters wat die Ark dra, hulle voete aan die kant van die water insteek, terwyl die Jordaan vol was op al sy walle al die dae van die oes, Jos 3:16 bly die water staan wat van die bokant afkom: dit het opgerys soos een wal, baie ver weg by die stad Adam wat langs Sartan lê; en die wat afstroom na die See van die Vlakte, die Soutsee, het heeltemal verdwyn; toe het die volk deurgetrek, teenoor Jérigo. Jos 3:17 Maar die priesters wat die Verbondsark van JaHWeH gedra het, het onbeweeglik bly staan op droë Aarde binne-in die Jordaan, terwyl die hele JisraEl op droë Aarde deurtrek, totdat die hele nasie die deurtog deur die Jordaan voleindig het. //Die twaalf klippe opgerig as 'n gedenkteken. Jos 4:1 EN toe die hele nasie die deurtog deur die Jordaan voleindig het, het JaHWeH met JeHôWshua gespreek en gesê: Jos 4:2 Neem vir julle uit die volk twaalf manne, uit elke stam een man, [Openbaring 7:4] Jos 4:3 en gee hulle bevel en sê: Neem vir julle vandaar, uit die middel van die Jordaan, van die plek waar die voete van die priesters vas bly staan het, twaalf klippe en bring hulle saam met julle deur en sit hulle neer op die slaapplek waar julle vannag gaan oorbly. Jos 4:4 Toe het JeHôWshua die twaalf man geroep wat hy uit die kinders van JisraEl, uit elke stam een man, aangestel het, Jos 4:5 en JeHôWshua het vir hulle gesê: Trek uit voor die aangesig van die Ark van JaHWeH julle Elohey tot binne-in die Jordaan, en tel vir julle 'n klip op, elke man een op sy skouer, volgens die getal van die stamme van die kinders van JisraEl, Jos 4:6 sodat sy 'n Teken onder julle kan wees. As julle kinders later vra en sê: Wat beteken hierdie klippe vir julle? Jos 4:7 moet julle vir hulle sê: Omdat die water van die Jordaan afgekeer is voor die Verbondsark van JaHWeH by haar deurtog deur die Jordaan - die water van die Jordaan is afgekeer; daarom is hierdie klippe as 'n herinnering vir die kinders van JisraEl vir altyd. Jos 4:8 Die kinders van JisraEl het toe so gedoen soos JeHôWshua beveel het: hulle het twaalf klippe uit die middel van die Jordaan opgetel soos JaHWeH met JeHôWshua gespreek het, volgens die getal van die stamme van die kinders van JisraEl; en hulle het dit saam met hulle deurgebring na die slaapplek toe en hulle daar neergesit. Jos 4:9 JeHôWshua het ook twaalf klippe opgerig in die middel van die Jordaan, op die plek waar die voete van die priesters, die draers van die Verbondsark, gestaan het; en hulle is daar tot vandag toe. Jos 4:10 En die priesters wat die Ark gedra het, het bly staan in die middel van die Jordaan totdat alles volbring was wat JaHWeH JeHôWshua beveel het om aan die volk te sê, volgens alles wat Moshè JeHôWshua beveel het; en die volk het gou deurgetrek. [MattithJaHûW 3:15, 16] Jos 4:11 En toe die hele volk die deurtog voleindig het, het die Ark van JaHWeH met die priesters voor die aangesig van die volk deurgegaan. Jos 4:12 En die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse het gewapend voor die aangesig van die kinders van JisraEl deurgetrek soos Moshè aan hulle gesê het. Jos 4:13 Omtrent veertigduisend wat vir oorlog gewapen was, het voor die Aangesig van JaHWeH deurgetrek om te veg, na die vlaktes van Jérigo toe. Jos 4:14 Dié dag het JaHWeH JeHôWshua groot gemaak voor die oë van die hele JisraEl, sodat hulle hom gevrees het soos hulle Moshè gevrees het al die dae van sy lewe. Jos 4:15 En JaHWeH het met JeHôWshua gespreek en gesê: Jos 4:16 Gee bevel aan die priesters wat die Ark van die Getuienis dra, dat hulle uit die Jordaan uit opklim. Jos 4:17 JeHôWshua het daarop die priesters bevel gegee en gesê: Klim op uit die Jordaan. Jos 4:18 En toe die priesters wat die Verbondsark van JaHWeH gedra het, opklim uit die middel van die Jordaan, het die priesters skaars hulle voetsole gelig en die droë Aarde bereik, of die water van die Jordaan het na sy plek teruggekeer en soos gister en eergister binne al sy walle geloop. Jos 4:19 En die volk het op die tiende van die eerste maand uit die Jordaan uit opgetrek en laer opgeslaan by Gilgal, aan die oostelike grens van Jérigo. Jos 4:20 En daardie twaalf klippe wat hulle uit die Jordaan geneem het, het JeHôWshua by Gilgal opgerig. Jos 4:21 En hy het met die kinders van JisraEl gespreek en gesê: Wanneer julle kinders later hulle vaders vra en sê: Wat beteken hierdie klippe? Jos 4:22 dan moet julle dit aan julle kinders bekend maak en sê: Op droë Aarde het JisraEl deur hierdie Jordaan getrek, Jos 4:23 deurdat JaHWeH julle Elohey die water van die Jordaan voor julle uit laat opdroog het, totdat julle deurgetrek het, soos JaHWeH julle Elohey gedoen het met die Skelfsee wat Hy voor ons uit laat opdroog het, totdat ons deurgetrek het; Jos 4:24 dat al My volke van die Aarde kan weet dat die Hand van JaHWeH sterk is, sodat julle JaHWeH julle Elohey altyd mag vrees. Jos 5:1 EN toe al die konings van die Amoriete wat anderkant die Jordaan na die weste was, en al die konings van die Kanaäniete wat by die see woon, hoor dat JaHWeH die water van die Jordaan voor die kinders van JisraEl uit laat opdroog het, totdat hulle deurgetrek het, het hulle hart versmelt en was daar in hulle geen moed meer vanweë die kinders van JisraEl nie. Jos 5:2 In dié tyd het JaHWeH vir JeHôWshua gesê: Maak vir jou klipmesse en besny weer die kinders van JisraEl vir die tweede keer. Jos 5:3 Toe het JeHôWshua vir hom klipmesse gemaak en die kinders van JisraEl besny by die Heuwel van die Voorhuide. Jos 5:4 En dit is die rede dat JeHôWshua [hulle] besny het: Die hele volk wat uit Egipte uitgetrek het, die manspersone, al die krygsmanne, het op pad in die wildernis gesterwe, op hulle trek uit Egipte. Jos 5:5 Want die hele volk wat uitgetrek het, was besnede; maar al die manne wat op pad in die wildernis gebore is, op hulle trek uit Egipte, het hulle nie besny nie. Jos 5:6 Want veertig jaar lank het die kinders van JisraEl in die wildernis getrek, totdat die hele nasie omgekom het, die krygsmanne wat uit Egipte weggetrek het, wat nie aan die Stem van JaHWeH gehoorsaam was nie; vir wie JaHWeH gesweer het dat Hy hulle die Aarde nie sou laat sien wat JaHWeH hulle vaders met 'n eed beloof het om aan ons te gee nie - 'n Aarde wat oorloop van melk en heuning. Jos 5:7 Maar in hulle plek het Hy hul seuns gestel; dié het JeHôWshua besny; want hulle was onbesnede, omdat hulle op pad nie besny is nie. Jos 5:8 En toe die hele nasie klaar besny is, het hulle op hul plek in die laer gebly totdat hulle gesond was. Jos 5:9 Toe het JaHWeH vir JeHôWshua gesê: Vandag het Ek die skande van Egipte volledig van julle weggeneem. Daarom het hulle dié plek Gilgal genoem tot vandag toe. Jos 5:10 Terwyl die kinders van JisraEl by Gilgal gelaer was, het hulle die Pasga gehou op die veertiende dag van die maand net na sononder, in die vlaktes van Jérigo. Jos 5:11 En hulle het die dag ná die Pasga van die gestoorde graan van die Aarde geëet: ongesuurde brode en droog gebraaide koring, daardie selfde dag. Jos 5:12 En die dag nadat hulle van die gestoorde graan van die Aarde geëet het, het die manna opgehou, sodat die kinders van JisraEl verder geen manna gehad het nie; maar hulle het geëet van die produkte van die Aarde van Kanaän in daardie jaar. Jos 5:13 En terwyl JeHôWshua by Jérigo was, slaan hy sy oë op en kyk, en daar staan 'n Man teenoor hom met 'n ontblote swaard in Sy Hand; en JeHôWshua het na Hom gegaan en Hom gevra: Behoort U by ons of by ons vyande? [DaniEl 10:5] Jos 5:14 En Hy sê: Nee, maar Ek is die Leërowerste van JaHWeH; Ek het nou gekom. Toe val JeHôWshua met sy aangesig op die Aarde en buig hom neer en vra Hom: Wat wil my Meester aan Sy dienskneg sê? Jos 5:15 Toe sê die Leërowerste van JaHWeH vir JeHôWshua: Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, Apartheid is dit. En JeHôWshua het so gedoen. //Verwoesting van Jérigo. Ragab gespaar. Jos 6:1 MAAR Jérigo het die poort gesluit en gesluit gehou vanweë die kinders van JisraEl; niemand het uit- of ingegaan nie. Jos 6:2 Toe het JaHWeH vir JeHôWshua gesê: Kyk, Ek gee Jérigo met haar koning en dapper dapperes in jou hand. Jos 6:3 Julle moet dan om die stad trek, al die krygsmanne; trek die stad een maal om; so moet jy doen ses dae lank. Jos 6:4 En sewe priesters moet sewe ramshorings voor die aangesig van die Ark dra; maar op die sewende dag moet julle die stad sewe maal omtrek; en die priesters moet op die horings blaas; Jos 6:5 en as hulle lang geluide op die ramshoring blaas, as julle die geluid van die horing hoor, moet die hele volk 'n groot krygsgeskreeu aanhef: dan sal die stadsmuur op sy plek inval; en die volk moet inklim, elkeen reg voor hom uit. Jos 6:6 Toe het JeHôWshua, die seun van Nun, die priesters geroep en aan hulle gesê: Neem die Verbondsark op, en laat sewe priesters sewe ramshorings voor die aangesig van die Ark van JaHWeH dra. Jos 6:7 En aan die volk het hy gesê: Trek op en gaan om die stad; maar die gewapendes moet voor die aangesig van die Ark van JaHWeH optrek. Jos 6:8 En net toe JeHôWshua dit aan die volk gesê het, het die sewe priesters, die draers van die sewe ramshorings, opgetrek voor die Aangesig van JaHWeH en geblaas op die ramshorings, terwyl die Ark van die Verbond van JaHWeH agter hulle aan gaan. Jos 6:9 Die gewapendes het ook voor die aangesig van die priesters getrek wat op die ramshorings geblaas het, terwyl die agterhoede agter die Ark aan gaan en daar gedurig op die ramshorings geblaas word. Jos 6:10 En JeHôWshua het aan die volk bevel gegee en gesê: Julle mag nie skreeu of julle stem laat hoor nie, en geen woord mag uit julle mond uitgaan nie tot op die dag dat ek vir julle sê: Skreeu! dan moet julle skreeu. Jos 6:11 Toe het die Ark van JaHWeH om die stad getrek, een keer rondom; daarna het hulle in die laer gekom en in die laer die nag oorgebly. Jos 6:12 En JeHôWshua het die môre vroeg klaargemaak, en die priesters het die Ark van JaHWeH gedra; Jos 6:13 en die sewe priesters wat die sewe ramshorings gedra het, het voor die aangesig van die Ark van JaHWeH gedurig geloop en blaas op die ramshorings, terwyl die gewapendes voor hulle loop; en die agterhoede het agter die Ark van JaHWeH aan gegaan, terwyl gedurig op die ramshorings geblaas word. Jos 6:14 So het hulle dan op die tweede dag die stad een keer omgetrek; daarna het hulle in die laer teruggekom. So het hulle ses dae lank gedoen. Jos 6:15 Maar op die sewende dag het hulle vroeg klaargemaak toe die rooidag uitkom, en die stad volgens Reg sewe maal omgetrek; net maar dié dag het hulle die stad sewe maal omgetrek. Jos 6:16 En toe die priesters die sewende keer op die ramshorings blaas, sê JeHôWshua vir die volk: Skreeu! want JaHWeH gee die stad aan julle oor. Jos 6:17 Maar die stad met al wat in haar is, moet opgedra word aan JaHWeH; net Ragab, die herbergier, mag lewe, sy en almal wat by haar in die huis is, omdat sy die boodskappers wat deur ons gestuur was, weggesteek het. Jos 6:18 Maar neem julle net in ag vir die ban(vervloekte items), dat julle nie, terwyl julle met die banvloek tref, tog van die bangoed neem en die laer van JisraEl onder die ban bring en dit onder die vervloeking laat kom nie. Jos 6:19 Maar al die silwer en goud en die koper- en ystervoorwerpe: Apartheid is dit aan JaHWeH: dit moet by die skat van JaHWeH kom. Jos 6:20 Toe skreeu die volk, en hulle het op die ramshorings geblaas; en toe die volk die geluid van die ramshorings hoor, het die volk 'n groot krygsgeskreeu aangehef; en die muur het op sy plek ingeval, en die volk het in die stad geklim, elkeen reg voor hom uit, en hulle het die stad ingeneem. Jos 6:21 En alles wat in die stad was, het hulle deur die skerpte van die swaard met die banvloek getref, man sowel as vrou, jonk sowel as oud, tot bees, skaap en esel toe. Jos 6:22 En aan die twee manne wat die Aarde verken het, het JeHôWshua gesê: Gaan in die huis van die herbergier, en bring die vrou en almal wat aan haar behoort, daaruit, soos julle vir haar gesweer het. Jos 6:23 Die jongmanne, die spioene, het toe ingegaan en Ragab met haar vader en haar moeder en haar broers en almal wat aan haar behoort het, uitgebring - al haar familiebetrekkinge het hulle uitgebring en hulle buitekant die laer van JisraEl laat bly. Jos 6:24 En die stad met alles wat in haar was, het hulle met vuur verbrand; net die silwer en die goud en die koper- en ystervoorwerpe het hulle by die skat van die Huis van JaHWeH gevoeg. Jos 6:25 Maar JeHôWshua het Ragab, die herbergier, laat lewe en haar vader se familie en alles wat aan haar behoort het; sodat sy onder JisraEl gewoon het tot vandag toe, omdat sy die boodskappers weggesteek het wat JeHôWshua gestuur het om Jérigo te verken. Jos 6:26 In dié tyd het JeHôWshua [hulle] laat sweer met die woorde: Vervloek is die man voor die Aangesig van JaHWeH wat sal opstaan om hierdie stad Jérigo op te bou: ten koste van sy eersgeborene sal hy haar fondamente lê, en ten koste van sy jongste sal hy haar poorte insit. Jos 6:27 En JaHWeH was met JeHôWshua, en die gerug van hom het deur die hele Aarde gegaan. //Misdaad van Agan en sy straf. Jos 7:1 MAAR die kinders van JisraEl het hulle vergryp aan die bangoed; want Agan, die seun van Karmi, die seun van Sabdi, die seun van Serag, van die stam van JeHûWdah, het van die bangoed geneem, sodat die Woede van JaHWeH ontvlam het teen die kinders van JisraEl. Jos 7:2 Daarop het JeHôWshua manne van Jérigo af gestuur na Ai wat by Bet-Awen lê, oostelik van BetEl, en hy het met hulle gespreek en gesê: Trek op en verken die Aarde; en die manne het opgetrek en Ai verken. Jos 7:3 Toe hulle by JeHôWshua terugkom, het hulle vir hom gesê: Al die manskappe hoef nie op te trek nie; omtrent tweeduisend man of omtrent drieduisend kan optrek, en hulle sal Ai verslaan; moenie al die manskappe met 'n tog daarheen vermoei nie, want hulle is daar maar min. Jos 7:4 So het daar dan van die manskappe omtrent drieduisend man daarnatoe opgetrek; maar hulle moes vlug voor die aangesig van die manne van Ai; Jos 7:5 en die manne van Ai het uit hulle omtrent ses-en-dertig man doodgeslaan en hulle agtervolg van die poort af tot by Sebárim en hulle verslaan op die afdraand; en die volk se hart het versmelt en soos water geword. Jos 7:6 Toe het JeHôWshua sy klere geskeur en met sy aangesig op die Aarde geval voor die Ark van JaHWeH, tot die aand toe, hy en die oudstes van JisraEl, en hulle het stof op hul hoofde gegooi. Jos 7:7 En JeHôWshua het gesê: Ag, my Meester JaHWeH Elohim, waarom het U hierdie volk ooit deur die Jordaan laat trek om ons oor te gee in die hand van die Amoriete, sodat hulle ons kan vernietig? Het ons tog maar besluit om oorkant die Jordaan te bly! Jos 7:8 Ag my Meester, wat sal ek sê nadat JisraEl voor die aangesig van sy vyande die rug gegee het? Jos 7:9 En as die Kanaäniete en al die inwoners van die Aarde dit hoor, sal hulle ons omsingel en ons naam van die Aarde af uitroei; wat sal U dan vir U grote Naam doen? Jos 7:10 Toe sê JaHWeH aan JeHôWshua: Staan op; waarom tog lê jy op jou aangesig? Jos 7:11 JisraEl het oortree en het ook My Verbond oortree wat Ek hulle opgelê het, en ook geneem van die bangoed en ook gesteel en dit selfs heimlik by hulle goed gevoeg. Jos 7:12 En die kinders van JisraEl sal nie kan standhou voor die aangesig van hulle vyande nie; hulle sal voor die aangesig van die hul vyande die rug gee, omdat hulle self 'n ban(vervloekte items) geword het. Ek sal nie meer met julle wees tensy julle die ban(vervloekte items) onder julle uit verdelg nie. Jos 7:13 Staan op! Beveel die volk en sê: Sonder julle af tot môre; want so sê JaHWeH, die Elohey van JisraEl: Daar is 'n ban(vervloekte items) in jou midde, JisraEl! Jy sal nie kan standhou voor die aangesig van jou vyande totdat julle die ban(vervloekte items) onder julle uit verwyder het nie. Jos 7:14 Kom dan môre vroeg aan volgens julle stamme; en die stam wat JaHWeH [deur die lot] aanwys, moet nader kom volgens die families; en die familie wat JaHWeH aanwys, moet nader kom volgens die huisgesinne, en die huisgesin wat JaHWeH aanwys, moet nader kom krygsman vir krygsman. Jos 7:15 En hy wat in besit van die bangoed aangewys is, moet met vuur verbrand word, hy met alles wat aan hom behoort, omdat hy die Verbond van JaHWeH oortree en 'n skanddaad in JisraEl begaan het. Jos 7:16 En JeHôWshua het vroeg in die môre klaargemaak en JisraEl laat nader kom volgens sy stamme; en die stam van JeHûWdah is aangewys. Jos 7:17 Toe hy die families van JeHûWdah laat nader kom, het [die lot] die familie van die Sargiete aangewys; toe hy die familie van die Sargiete laat nader kom krygsman vir krygsman, is Sabdi aangewys; Jos 7:18 toe hy sy huisgesin krygsman vir krygsman laat nader kom, is Agan, die seun van Karmi, die seun van Sabdi, die seun van Serag, van die stam van JeHûWdah, aangewys. Jos 7:19 Toe sê JeHôWshua vir Agan: My seun, toon tog eer aan JaHWeH, die Elohey van JisraEl, en gee danksegging aan Hom; en gee my tog te kenne wat jy gedoen het; verberg dit nie vir my nie. Jos 7:20 Toe het Agan JeHôWshua geantwoord en gesê: Waarlik, ek het oortree teen JaHWeH, die Elohey van JisraEl, en so het ek gedoen. Jos 7:21 Ek het naamlik een egte mantel uit Sínear by die buitgoed gesien en tweehonderd sikkels silwer en een goudstaaf van vyftig sikkels in gewig, en ek het dit begeer en dit geneem; en kyk, daar lê dit begrawe in die Aarde binne-in my tent, en die silwer daaronder. Jos 7:22 Toe JeHôWshua dan boodskappers stuur en hulle na die tent loop, lê die silwer daaronder. Jos 7:23 En hulle het dit uit die tent uitgehaal en dit na JeHôWshua en al die kinders van JisraEl gebring en dit voor die Aangesig van JaHWeH uitgeskud. Jos 7:24 Daarop het JeHôWshua en die hele JisraEl met hom saam Agan, die seun van Serag, geneem met die silwer en die mantel en die goudstaaf en sy seuns en sy dogters en sy beeste en sy esels en sy kleinvee en sy tent en alles wat aan hom behoort het, en hulle het hul na die dal Agor gebring. Jos 7:25 En JeHôWshua het gesê: Hoe het jy ons onder die straf laat kom! JaHWeH sal jou vandag laat straf ! Daarop het die hele JisraEl hom gestenig, en hulle het hulle met vuur verbrand en klippe op hulle gegooi. Jos 7:26 En hulle het 'n groot hoop klippe op hom gestapel wat tot vandag toe daar is. Toe het JaHWeH Hom afgewend van Sy brandende Woede. Daarom noem hulle daardie plek Dal Agor tot vandag toe. //Inneming en verwoesting van Ai. Jos 8:1 DAAROP sê JaHWeH vir JeHôWshua: Wees nie bevrees of verskrik nie; neem al die weerbare manskappe met jou saam en maak jou klaar, trek op na Ai; kyk, Ek gee die koning van Ai en sy volk en sy stad en sy Aarde in jou hand. Jos 8:2 En jy moet met Ai en haar koning doen soos jy met Jérigo en haar koning gedoen het; net haar buit en haar vee mag julle vir julself buitmaak. Stel vir jou 'n hinderlaag op teen die stad, aan die agterkant van haar. Jos 8:3 Toe het JeHôWshua hom gereed gemaak met al die weerbare manskappe om op te trek na Ai, en JeHôWshua het dertigduisend man, dapper dapperes, uitgesoek en hulle in die nag uitgestuur Jos 8:4 en aan hulle bevel gegee en gesê: Kyk, julle moet teen die stad 'n hinderlaag opstel, aan die agterkant van die stad; moenie te ver van die stad af weggaan nie, en hou julle almal gereed; Jos 8:5 en ek met al die manskappe wat by my is, ons sal na die stad toe nader kom; as hulle dan 'n uitval maak om ons te ontmoet, soos die vorige keer, sal ons voor hulle uit vlug; Jos 8:6 en hulle sal uittrek agter ons aan totdat ons hulle van die stad afgesny het - want hulle sal dink: Hulle vlug voor ons uit soos die vorige keer - en ons sal voor hulle uit vlug. Jos 8:7 Dan moet julle uit die hinderlaag opstaan en die stad inneem; want JaHWeH julle Elohey sal haar in julle hand gee. Jos 8:8 En as julle die stad verower het, moet julle die stad aan die brand steek, na die Woord van JaHWeH moet julle handel; kyk, ek gee julle bevel. Jos 8:9 So het JeHôWshua hulle dan uitgestuur, en hulle het getrek na die hinderlaag en gebly tussen BetEl en Ai, aan die westekant van Ai; maar JeHôWshua het dié nag onder die manskappe deurgebring. Jos 8:10 Die môre vroeg het JeHôWshua hom klaargemaak en die manskappe gemonster en opgetrek met die oudstes van JisraEl, voor die aangesig van die manskappe, na Ai toe. Jos 8:11 En al die weerbare manskappe wat by hom was, het opgetrek en nader gegaan en teenoor die stad gekom, en hulle het laer opgeslaan aan die noordekant van Ai, sodat die dal tussen hulle en Ai was. Jos 8:12 So het hy dan omtrent vyfduisend man geneem en hulle in 'n hinderlaag opgestel tussen BetEl en Ai, aan die westekant van die stad. Jos 8:13 En hulle het die manskappe opgestel, die hele leër wat noordelik van die stad was, met sy agterhoede aan die westekant van die stad, maar JeHôWshua het dieselfde nag die laagte ingetrek. Jos 8:14 En toe die koning van Ai dit merk, het die manne van die stad hulle in die môre vroeg gou klaargemaak en uitgetrek om JisraEl in die geveg te ontmoet, hy en al sy manskappe, op 'n afgesproke plek voor die aangesig van die vlakte; maar hy het nie geweet dat daar vir hom agter die stad 'n hinderlaag lê nie. Jos 8:15 En JeHôWshua en die hele JisraEl het hul laat verslaan voor hulle en gevlug in die rigting van die wildernis. Jos 8:16 Al die manskappe in die stad is toe opgeroep om hulle agterna te jaag; en terwyl hulle JeHôWshua agtervolg, is hulle van die stad afgesny, Jos 8:17 sodat niemand in Ai en BetEl oorgebly het wat nie agter JisraEl aan uitgetrek het nie; en hulle het die stad oop laat staan en JisraEl agterna gejaag. Jos 8:18 En JaHWeH het vir JeHôWshua gesê: Steek die spies wat in jou hand is, na Ai toe uit, want Ek wil haar in jou hand gee. Daarop steek JeHôWshua die spies wat in sy hand was, na die stad uit. Jos 8:19 En die hinderlaag het gou van sy plek af opgestaan en gestorm net toe hy sy hand uitgesteek het, en hulle het in die stad ingekom en haar ingeneem en die stad gou aan die brand gesteek. Jos 8:20 Toe die manne van Ai agter hulle omkyk, sien hulle hoe die rook van die stad na die Hemele optrek; maar hulle het geen kans gehad om hierheen of daarheen te vlug nie, want die manskappe wat op die vlug was na die wildernis, het omgedraai teen die vervolgers. Jos 8:21 Toe JeHôWshua en die hele JisraEl sien dat die hinderlaag die stad inneem en dat die rook van die stad opstyg, het hulle omgedraai en die manne van Ai aangeval. Jos 8:22 Daarop trek dié uit die stad hulle tegemoet, sodat hulle tussen JisraEl in geraak het, 'n deel duskant en 'n deel anderkant; en hulle het hul verslaan totdat daar niemand van hulle oor was wat oorgebly of ontvlug het nie. Jos 8:23 Maar hulle het die koning van Ai lewendig gevang en hom na JeHôWshua nadergebring. Jos 8:24 En nadat JisraEl al die inwoners van Ai in die veld, in die wildernis waar hulle hul agtervolg het, geheel en al van kant gemaak het, en hulle almal tot die laaste een toe deur die skerpte van die swaard geval het, het die hele JisraEl teruggekom na Ai en haar met die skerpte van die swaard verslaan. Jos 8:25 Al die gesneuweldes op dié dag, manne sowel as vroue, was twaalfduisend - al die inwoners van Ai. Jos 8:26 En JeHôWshua het sy hand met die uitgestrekte spies nie teruggetrek voordat hy al die inwoners van Ai met die banvloek getref het nie. Jos 8:27 Net die vee en die buit van daardie stad het die JisraEliete vir hulle buitgemaak, volgens wat die Woord van JaHWeH aan JeHôWshua beveel het. Jos 8:28 Toe het JeHôWshua Ai verbrand en daarvan 'n puinhoop gemaak vir ewig, 'n verlatenheid, tot vandag toe. Jos 8:29 En die koning van Ai het hy aan 'n paal opgehang tot die aand toe; maar teen sonsondergang het JeHôWshua bevel gegee, en hulle het sy lyk van die paal afgehaal en dit by die ingang van die stadspoort gegooi en 'n groot hoop klippe op hom gestapel wat vandag nog daar is. //Die Wet word opgeskrywe en daarna gelees op die berge Gerísim en Ebal. Jos 8:30 TOE het JeHôWshua 'n altaar gebou vir JaHWeH, die Elohey van JisraEl, op die berg Ebal, Jos 8:31 soos Moshè, die kneg van JaHWeH, die kinders van JisraEl beveel het, soos geskrywe staan in die Boekrol van die Wet van Moshè: 'n Altaar van ongekapte klippe waaroor geen yster geswaai is nie; en dáárop het hulle aan JaHWeH brandoffers gebring en vergoeding geslag. Jos 8:32 En daar het hy 'n afskrif van die Wet van Moshè op die klippe geskrywe, wat hy geskrywe het voor die aangesig van die kinders van JisraEl, Jos 8:33 terwyl die hele JisraEl met sy oudstes en die opsigters en sy regters aan weerskante van die Ark staan - teenoor die Levitiese priesters, die draers van die Ark van die Verbond van JaHWeH - die besoeker sowel as die kind van die Aarde: die een helfte daarvan teen die berg Gerísim en die ander helfte daarvan teen die berg Ebal, soos Moshè, die kneg van JaHWeH, tevore bevel gegee het om die volk van JisraEl te seën. Jos 8:34 En daarna het hy al die woorde van die Wet voorgelees, die seën en die vloek, net soos sy geskrywe staan in die Boekrol van die Wet. Jos 8:35 Daar was geen woord van alles wat Moshè beveel het, wat JeHôWshua nie voorgelees het voor die hele vergadering van JisraEl, met die vroue en die kinders en die besoeker wat onder hulle saamgetrek het nie. //JisraEl word deur die Gibeoniete bedrieg en sluit 'n verdrag met hulle. Jos 9:1 EN toe al die konings wat wes van die Jordaan woon op die Gebergte en in die Laeveld en aan die hele kus van die Groot See na die kant van die Líbanon toe: die Hetiete en Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, dit hoor, Jos 9:2 het hulle bymekaargekom om soos een man teen JeHôWshua en JisraEl te veg. Jos 9:3 Maar toe die inwoners van Gíbeon hoor wat JeHôWshua met Jérigo en met Ai gedoen het, Jos 9:4 het hulle ook met lis gehandel: hulle het gegaan en hulle as boodskappers aangestel en verslyte sakke op hulle esels geneem en verslyte wynsakke wat geskeur en weer toegebind was; Jos 9:5 ook verslyte en gelapte skoene aan hulle voete en verslyte klere aan hulle lyf; en al die brood van hulle padkos was droog [en] verkrummeld. Jos 9:6 So het hulle dan na JeHôWshua gegaan in die laer van Gilgal en aan hom en die manne van JisraEl gesê: Ons kom van 'n ver deel van die Aarde af; sluit dan nou 'n verbond met ons. Jos 9:7 Maar die manne van JisraEl het aan die Hewiete gesê: Miskien woon julle onder ons; hoe kan ons dan 'n verbond met julle sluit? Jos 9:8 Toe sê hulle vir JeHôWshua: Ons is u dienaars! Daarop het JeHôWshua hulle gevra: Wie is julle, en waar kom julle vandaan? Jos 9:9 En hulle sê vir hom: U dienaars kom van 'n baie ver deel van die Aarde af, vanweë die Naam van JaHWeH jou Elohey; want ons het die gerug van Hom gehoor, en alles wat Hy in Egipte gedoen het; Jos 9:10 en alles wat Hy aan die twee konings van die Amoriete oorkant die Jordaan gedoen het, aan Sihon, die koning van Hesbon, en Og, die koning van Basan, wat in Astarot was. Jos 9:11 Daarom het ons oudstes en al die inwoners van ons Aarde met ons gespreek en gesê: Neem padkos met julle saam vir die reis en trek hulle tegemoet en sê aan hulle: Ons is julle dienaars, sluit dan nou 'n verbond met ons. Jos 9:12 Ons brood hier - warm het ons dit as padkos uit ons huise geneem, die dag toe ons uitgetrek het om na julle te gaan - kyk maar, nou het dit droog en verkrummeld geword. Jos 9:13 En die wynsakke hier wat ons as nuwes volgemaak het - kyk maar, hulle is geskeur; en ons klere hier en ons skoene - hulle is verslyt deur die baie lang reis. Jos 9:14 Toe neem die manne van hulle padkos; maar die Mond van JaHWeH het hulle nie geraadpleeg nie. Jos 9:15 En JeHôWshua het met hulle vrede gemaak en met hulle 'n verbond gesluit, dat hy hulle sou laat lewe; en die owerstes van die vergadering het hulle dit met 'n eed beloof. Jos 9:16 Maar aan die einde van drie dae, nadat die verbond met hulle gesluit was, hoor die volk dat hulle in hul nabyheid en tussen hulle in woon. Jos 9:17 Die kinders van JisraEl het naamlik weggetrek en op die derde dag by hulle stede gekom; en hulle stede was: Gíbeon en Kefíra en Béërot en Kirjat-Jeárim. Jos 9:18 Maar die kinders van JisraEl het hulle nie verslaan nie, omdat die owerstes van die vergadering vir hulle gesweer het by JaHWeH, die Elohey van JisraEl; die hele vergadering het toe teen die owerstes geprotesteer. Jos 9:19 Daarop sê al die owerstes aan die hele vergadering: Ons het self vir hulle gesweer by JaHWeH, die Elohey van JisraEl; en nou mag ons hulle nie aanraak nie. Jos 9:20 Dit sal ons aan hulle doen en hulle laat lewe, sodat daar nie Woede oor ons kom ter wille van die eed wat ons vir hulle gesweer het nie. Jos 9:21 Verder sê die owerstes vir hulle: Laat hulle lewe! En hulle het houtkappers en waterputters geword van die hele vergadering, soos die owerstes aan hulle gesê het. Jos 9:22 Toe laat JeHôWshua hulle roep en spreek met hulle en sê: Waarom het julle ons bedrieg deur te sê: Ons woon baie ver van julle af terwyl julle tussen ons in woon? Jos 9:23 Nou dan, vervloek is julle! En nooit sal julle ophou om knegte, houtkappers sowel as waterputters, vir die Huis van my Elohey te wees nie. Jos 9:24 Toe het hulle JeHôWshua geantwoord en gesê: Omdat aan u dienaars verseker meegedeel was dat JaHWeH jou Elohey aan Moshè, Sy kneg, bevel gegee het om die hele Aarde aan julle te gee en al die inwoners van die Aarde voor julle uit te verdelg, daarom was ons vir julle baie bevrees ter wille van ons siele en het ons hierdie ding gedoen. Jos 9:25 Maar hier is ons nou in u hand: doen soos dit goed en reg is in u oë om met ons te handel. Jos 9:26 Hy het toe so met hulle gedoen en hulle gered uit die hand van die kinders van JisraEl, dat dié hulle nie gedood het nie. Jos 9:27 So het JeHôWshua dan op dié dag houtkappers en waterputters van hulle gemaak vir die vergadering en vir die altaar van JaHWeH, tot vandag toe, op die plek wat Hy sou uitkies. //Die groot slag van Gíbeon. Son en maan staan stil. Verskeie stede in die Suide ingeneem. Jos 10:1 EN toe Adóni-Sedek, die koning van Jerusalem, hoor dat JeHôWshua Ai ingeneem en haar met die banvloek getref het - soos hy met Jérigo en haar koning gedoen het, so het hy met Ai en haar koning gedoen - en dat die inwoners van Gíbeon vrede gesluit het met JisraEl en in hulle midde was, Jos 10:2 het hulle baie bevrees geword, omdat Gíbeon 'n groot stad was, soos een van die koningstede, en omdat sy groter as Ai en al haar manne dapperes was. Jos 10:3 Adóni-Sedek, die koning van Jerusalem, stuur toe na Hoham, die koning van Hebron, en na Píream, die koning van Jarmut, en na Jáfia, die koning van Lagis, en na Debir, die koning van Eglon, om te sê: Jos 10:4 Trek na my toe op en help my, dat ons Gíbeon kan verslaan, omdat sy met JeHôWshua en met die kinders van JisraEl vrede gesluit het. Jos 10:5 So het dan die vyf Amoritiese konings vergader en opgetrek: die koning van Jerusalem, die koning van Hebron, die koning van Jarmut, die koning van Lagis, die koning van Eglon, hulle en al hul leërmagte; en hulle het Gíbeon beleër en teen haar geveg. Jos 10:6 Maar die manne van Gíbeon het na JeHôWshua gestuur, in die laer van Gilgal, om te sê: Trek u hande nie af van u dienaars nie, kom gou op na ons toe en verlos ons en help ons; want al die konings van die Amoriete wat die Gebergte bewoon, het hulle teen ons verenig. Jos 10:7 Daarop het JeHôWshua opgetrek uit Gilgal, hy en al die weerbare manskappe en al die dapper dapperes met hom saam. Jos 10:8 En JaHWeH het aan JeHôWshua gesê: Wees nie bevrees vir hulle nie, want Ek gee hulle in jou hand; niemand van hulle sal voor jou standhou nie. Jos 10:9 Toe JeHôWshua hulle skielik oorval - hy het die hele nag deur van Gilgal af opgetrek - Jos 10:10 het JaHWeH hulle in verwarring gebring voor die aangesig van JisraEl, en hy het 'n groot slag onder hulle geslaan by Gíbeon en hulle agtervolg op pad na die hoogte van Bet-Horon en hulle verslaan tot by Aséka en tot by Makkéda. Jos 10:11 En toe hulle voor JisraEl uit vlug terwyl hulle op die afdraand van Bet-Horon was, het JaHWeH groot haelstene uit die Hemele op hulle gewerp tot by Aséka, sodat hulle gesterf het; daar het meer gesterf deur die haelstene as wat die kinders van JisraEl met die swaard doodgeslaan het. Jos 10:12 Toe het JeHôWshua met JaHWeH gespreek, op die dag dat JaHWeH die Amoriete aan die kinders van JisraEl oorgegee het, en voor die aangesig van JisraEl gesê: Son, staan stil in Gíbeon, en maan, in die dal van Ajalon! [Boekrol van die Opregte 88:63] Jos 10:13 Toe staan die son stil en bly die maan staan totdat die nasie hulle gewreek het op hul vyande. Staan dit nie geskrywe in die Boekrol van die Opregte nie? En die son het bly staan in die middel van die Hemele en het hom nie gehaas om onder te gaan nie, omtrent 'n volle dag. [Boekrol van die Opregte 89:8] Jos 10:14 En daar was geen dag soos hierdie een, voor hom en ná hom, dat JaHWeH na die stem van 'n man geluister het nie; omdat JaHWeH vir JisraEl gestry het. Jos 10:15 Daarop het JeHôWshua, en die hele JisraEl met hom saam, na die laer van Gilgal teruggekeer. Jos 10:16 Maar daardie vyf konings het gevlug en weggekruip in die spelonk by Makkéda. Jos 10:17 Toe aan JeHôWshua geboodskap en gesê is: Die vyf konings is gevind: hulle kruip weg in die spelonk by Makkéda - Jos 10:18 het JeHôWshua gesê: Rol groot klippe teen die ingang van die spelonk en stel manne teen haar aan om hulle te bewaak. Jos 10:19 Maar julle, moenie bly staan nie; jaag julle vyande agterna en sny hulle agterhoede af; laat hulle nie toe om in hul stede in te kom nie, want JaHWeH julle Elohey gee hulle in julle hand. Jos 10:20 En toe JeHôWshua en die kinders van JisraEl hulle heeltemal verslaan het met 'n baie groot slag totdat hulle vernietig was, en enkele uit hulle oorgebly en in die versterkte stede ingegaan het, Jos 10:21 het al die manskappe by die laer, by JeHôWshua behoue teruggekom in Makkéda; niemand het teen die kinders van JisraEl sy tong verroer nie. Jos 10:22 Daarop sê JeHôWshua: Maak oop die ingang van die spelonk en bring hierdie vyf konings uit die spelonk uit na my toe. Jos 10:23 Hulle het so gedoen en dié vyf konings uit die spelonk na hom gebring: die koning van Jerusalem, die koning van Hebron, die koning van Jarmut, die koning van Lagis, die koning van Eglon. Jos 10:24 En toe hulle dié konings uitgebring het na JeHôWshua, roep JeHôWshua al die manne van JisraEl en sê aan die aanvoerders van die krygsmanne wat met hom saam getrek het: Kom nader, sit julle voete op die nekke van hierdie konings; en hulle het nader gekom en hul voete op hulle nekke gesit. Jos 10:25 En JeHôWshua sê vir hulle: Wees nie bevrees of verskrik nie; wees sterk en vol moed, want so sal JaHWeH met al julle vyande doen teen wie julle sal veg. Jos 10:26 En daarna het JeHôWshua hulle neergeslaan en hulle gedood en hulle aan vyf pale opgehang; en hulle het aan die pale bly hang tot die aand toe. Jos 10:27 En teen sonsondergang het JeHôWshua bevel gegee om hulle van die pale af te haal en in die spelonk te gooi waarin hulle weggekruip het; en hulle het groot klippe voor die ingang van die spelonk gepak, wat vandag nog daar is. Jos 10:28 Daardie dag het JeHôWshua ook Makkéda ingeneem en haar met die skerpte van die swaard verslaan; en haar koning, die stad self en al die siele wat in haar was, het hy met die banvloek getref sonder om iemand te laat oorbly wat ontkom het; en met die koning van Makkéda het hy gedoen net soos met die koning van Jérigo. Jos 10:29 Toe trek JeHôWshua oor en die hele JisraEl met hom saam van Makkéda na Libna om met Libna oorlog te voer. Jos 10:30 En JaHWeH het haar ook met haar koning in die hand van JisraEl gegee, en hy het haar verslaan met die skerpte van die swaard en al die siele wat in haar was; hy het niemand in haar laat oorbly nie; en hy het met haar koning gedoen net soos met die koning van Jérigo. Jos 10:31 Toe trek JeHôWshua oor en die hele JisraEl met hom saam van Libna na Lagis om teen haar te beleër en in haar te veg. Jos 10:32 En JaHWeH het Lagis in die hand van JisraEl gegee, sodat hy haar ingeneem het op die tweede dag en haar met al die siele wat in haar was, met die skerpte van die swaard verslaan het net soos hy met Libna gedoen het. Jos 10:33 Toe trek Horam, die koning van Geser, op om Lagis te help; maar JeHôWshua het hom en sy volk verslaan totdat daar niemand van hom was wat oorgebly het nie. Jos 10:34 Daarop trek JeHôWshua oor en die hele JisraEl met hom saam van Lagis na Eglon om teen haar te beleër en teen haar te veg. Jos 10:35 En hulle het haar ingeneem op dieselfde dag en haar verslaan met die skerpte van die swaard; en al die siele wat in haar was, het hy op dieselfde dag met die banvloek getref net soos hy met Lagis gedoen het. Jos 10:36 Toe trek JeHôWshua op en die hele JisraEl met hom saam van Eglon na Hebron om teen haar te veg. Jos 10:37 En hulle het haar ingeneem en haar met haar koning en al haar stede en al die siele wat in haar was, met die skerpte van die swaard verslaan sonder om iemand te laat oorbly wat ontkom het, net soos hy met Eglon gedoen het: hy het haar met al die siele wat in haar was, met die banvloek getref. Jos 10:38 Daarop draai JeHôWshua weg en die hele JisraEl met hom saam na Debir om teen haar te veg. Jos 10:39 En hy het haar ingeneem met haar koning en al haar stede; en hulle het hulle met die skerpte van die swaard verslaan en al die siele wat in haar was, met die banvloek getref sonder om iemand te laat oorbly wat ontkom het; soos hy met Hebron gedoen het, so het hy met Debir en haar koning gedoen, en soos hy met Libna en haar koning gedoen het. Jos 10:40 So het JeHôWshua dan die hele Aarde van die Gebergte en die Suidland en die Laeveld en die Hange met al hulle konings verslaan sonder om iemand te laat oorbly wat ontkom het; en alles wat asemhaal, het hy met die banvloek getref, soos JaHWeH, die Elohey van JisraEl, beveel het. Jos 10:41 En JeHôWshua het hulle verslaan van Kadesh-Barnéa af tot by Gasa, en die hele Aarde van Gosen tot by Gíbeon. Jos 10:42 En al hierdie konings in hulle Aarde het JeHôWshua in een slag geneem, omdat JaHWeH, die Elohey van JisraEl, vir JisraEl gestry het. Jos 10:43 Daarna het JeHôWshua en die hele JisraEl met hom saam na die laer van Gilgal teruggegaan. //Groot slag by die waters van Merom. Oorwinninge in die Noorde en elders. Jos 11:1 EN toe Jabin, die koning van Hasor, dit hoor, het hy gestuur na Jobab, die koning van Madon, en na die koning van Simron en na die koning van Agsaf; Jos 11:2 verder na die konings in die noorde, in die Gebergte en op die Vlakte suid van Kínnerot en in die Laeveld en op die hoëveld van Dor in die weste; Jos 11:3 na die Kanaäniete in die ooste en in die weste en die Amoriete en Hetiete en Feresiete en Jebusiete op die gebergte en die Hewiete onderaan Hermon, in die Aarde van Mispa. Jos 11:4 Hulle het dan uitgetrek en al hulle leërs saam met hulle, 'n volk talryk soos die sand wat aan die seestrand is in menigte, met 'n groot getal perde en strydwaens; Jos 11:5 en al hierdie konings het volgens afspraak byeengekom en saam laer opgeslaan by die waters van Merom, om met JisraEl oorlog te voer. Jos 11:6 Toe sê JaHWeH vir JeHôWshua: Wees vir hulle nie bevrees nie; want môre omtrent sulke tyd sal Ek hulle, almal verslaan, aan JisraEl oorgee; hulle perde moet jy uitwis en hulle waens met vuur verbrand. Jos 11:7 En JeHôWshua met al die weerbare manskappe by hom het skielik op hulle afgekom by die waters van Merom en hulle oorval. Jos 11:8 En JaHWeH het hulle in die hand van JisraEl gegee, sodat dié hulle verslaan en hulle agtervolg het tot by Groot-Sidon en tot by Mísrefot-Maim en tot by die laagte van Mispe teen die ooste; en hulle het hul verslaan totdat daar niemand van hulle was wat oorgebly het nie. Jos 11:9 En JeHôWshua het met hulle gedoen soos JaHWeH aan hom gesê het: hulle perde het hy uitgewis en hulle strydwaens met vuur verbrand. Jos 11:10 En in dié tyd het JeHôWshua omgedraai en Hasor ingeneem en haar koning met die swaard verslaan; want Hasor was tevore die hoof van al daardie koninkryke. Jos 11:11 En hulle het al die siele wat in haar was, met die skerpte van die swaard verslaan en hulle met die banvloek getref; niks wat asemhaal, het oorgebly nie, en Hasor het hy met vuur verbrand. Jos 11:12 En al daardie koningstede met al hulle konings het JeHôWshua geneem en hulle met die skerpte van die swaard verslaan; hy het hulle met die banvloek getref, soos Moshè, die kneg van JaHWeH, beveel het. Jos 11:13 Net al die stede wat op hulle heuwels gelê het, dié het JisraEl nie verbrand nie, behalwe Hasor alleen wat JeHôWshua verbrand het. Jos 11:14 En al die buit van daardie stede en die vee het die kinders van JisraEl vir hulleself buitgemaak; net al die adamiete het hulle verslaan met die skerpte van die swaard, totdat hulle dié verdelg het; hulle het niks wat asemhaal, laat oorbly nie. Jos 11:15 Soos JaHWeH Moshè, Sy kneg, beveel het, so het Moshè aan JeHôWshua bevel gegee, en so het JeHôWshua gehandel; hy het niks nagelaat van alles wat JaHWeH Moshè beveel het nie. Jos 11:16 So het JeHôWshua dan hierdie hele Aarde ingeneem: die Gebergte en die hele Suidland en die hele Aarde van Gosen en die Laeveld en die Vlakte en die gebergte van JisraEl met sy laagte; Jos 11:17 van die Kaal Berg af, wat oploop na Seïr toe, tot by Baäl-Gad in die laagte van die Líbanon onderaan die berg Hermon; en al hulle konings het hy gevang en hulle verslaan en hulle gedood. Jos 11:18 Baie lank het JeHôWshua met al hierdie konings oorlog gevoer. Jos 11:19 Daar was geen stad wat met die kinders van JisraEl vrede gesluit het nie, behalwe die Hewiete, die inwoners van Gíbeon; alles het hulle met wapengeweld geneem. Jos 11:20 Want JaHWeH het dit so bestier dat hulle hul hardnekkig voorgeneem het om JisraEl te bestry, sodat dié hulle met die banvloek sou tref, dat daar vir hulle geen guns sou wees nie; maar dat dié hulle sou verdelg, soos JaHWeH Moshè beveel het. Jos 11:21 En in dié tyd het JeHôWshua gekom en die Enakiete uitgeroei, uit die gebergte, uit Hebron, Debir, Anab en uit die hele gebergte van JeHûWdah en die hele gebergte van JisraEl; met hul stede saam het JeHôWshua hulle met die banvloek getref. Jos 11:22 Niemand van die Enakiete het oorgebly in die Aarde van die kinders van JisraEl nie; net in Gasa, in Gat en in Asdod het hulle oorgebly. Jos 11:23 So het JeHôWshua dan die deel van die Aarde ingeneem net soos JaHWeH met Moshè gespreek het; en JeHôWshua het haar as 'n Erfdeel aan JisraEl gegee volgens hulle afdelings, volgens hulle stamme; en die Aarde het gerus van oorlog. //Opsomming van die konings wat JisraEl verslaan het. Jos 12:1 EN dit is die konings van die Aarde wat die kinders van JisraEl verslaan en wie se Aarde hulle in besit geneem het oos van die Jordaan, teen sonop; van die Arnonrivier af tot by die berg Hermon, en die hele Vlakte teen die ooste: Jos 12:2 Sihon, die koning van die Amoriete wat in Hesbon gewoon het, wat geheers het van Aroër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê: van die middel van die rivier af en oor die helfte van Gílead tot by die Jabbokrivier, die grens van die kinders van Ammon; Jos 12:3 en oor die Vlakte tot by die Kínnerotsee, na die ooste toe, en tot by die See van die Vlakte, die Soutsee, oostelik in die rigting van Bet-Hajésimot en teen die suide onderaan die hange van Pisga; Jos 12:4 en die grondgebied van Og, die koning van Basan, uit 'n oorblyfsel van die Refaïete, wat in Astarot en Edréï gewoon het, Jos 12:5 en wat geheers het oor die gebergte Hermon en oor Salka en oor die hele Basan tot by die grens van die Gesuriete en die Maägatiete, en tot die helfte van Gílead, die grondgebied van Sihon, die koning van Hesbon. Jos 12:6 Moshè, die kneg van JaHWeH, en die kinders van JisraEl het hulle verslaan; en Moshè, die kneg van JaHWeH, het haar as 'n besitting gegee aan die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse. Jos 12:7 En dit is die konings van die Aarde wat JeHôWshua en die kinders van JisraEl verslaan het, duskant die Jordaan na die weste toe: van Baäl-Gad in die laagte van die Líbanon af tot by die Kaal Berg wat oploop na Seïr toe; en JeHôWshua het haar as 'n besitting aan die stamme van JisraEl gegee volgens hulle afdelings - Jos 12:8 op die Gebergte en in die Laeveld en in die Vlakte en aan die hange en in die wildernis en in die Suidland: die Hetiete, Amoriete en Kanaäniete, die Feresiete, Hewiete en Jebusiete: Jos 12:9 die koning van Jérigo, een; die koning van Ai wat langsaan BetEl lê, een; Jos 12:10 die koning van Jerusalem, een; die koning van Hebron, een; Jos 12:11 die koning van Jarmut, een; die koning van Lagis, een; Jos 12:12 die koning van Eglon, een; die koning van Geser, een; Jos 12:13 die koning van Debir, een; die koning van Geder, een; Jos 12:14 die koning van Horma, een; die koning van Arad, een; Jos 12:15 die koning van Libna, een; die koning van Adúllam, een; Jos 12:16 die koning van Makkéda, een; die koning van BetEl, een; Jos 12:17 die koning van Tappúag, een; die koning van Hefer, een; Jos 12:18 die koning van Afek, een; die koning van Lassáron, een; Jos 12:19 die koning van Madon, een; die koning van Hasor, een; Jos 12:20 die koning van Simron-Meron, een; die koning van Agsaf, een; Jos 12:21 die koning van Táänag, een; die koning van Megíddo, een; Jos 12:22 die koning van Kedes, een; die koning van Jókneam, by die Karmel, een; Jos 12:23 die koning van Dor, op die hoëveld van Dor, een; die koning van die nasies by Gilgal, een; Jos 12:24 die koning van Tirsa, een - al die konings saam, een-en-dertig. //Verdeling van die Aarde oos van die Jordaan. Jos 13:1 EN toe JeHôWshua oud en ver op sy dae was, het JaHWeH vir hom gesê: Jy is oud en ver op jou dae, en daar het nog 'n baie groot stuk Aarde oorgebly om haar in besit te neem. Jos 13:2 Dit is die Aarde wat oorgebly het: Al die landstreke van die Filistyne en al die Gesuriete, Jos 13:3 van die Sihor aan die kant van Egipte af tot by die grens van Ekron na die noorde, wat as Kanaänities gereken word; die vyf vorste van die Filistyne: dié van Gasa en dié van Asdod, dié van Askelon, dié van Gat en dié van Ekron, en die Awiete Jos 13:4 in die suide; die hele Aarde van die Kanaäniete en Méara wat aan die Sidoniërs behoort, tot by Afek, tot by die grens van die Amoriete; Jos 13:5 en die Aarde van die Gibliete en die hele Líbanon aan die Oostekant, van Baäl-Gad af, onderaan die berg Hermon, tot by die ingang na Hamat. Jos 13:6 Al die bewoners van die gebergte, van die Líbanon af tot by Mísrefot-Maim, al die Sidoniërs - Ek self sal hulle voor die kinders van JisraEl uit verdrywe; laat haar net as Erfdeel aan JisraEl val soos Ek jou beveel het. Jos 13:7 Verdeel dan nou hierdie Aarde as Erfdeel onder die nege stamme en die halwe stam van Manasse. Jos 13:8 Saam met hom het die Rubeniete en die Gadiete hulle erfdeel ontvang wat Moshè oorkant die Jordaan na die ooste toe aan hulle gegee het, soos Moshè, die kneg van JaHWeH, haar aan hulle gegee het: Jos 13:9 van Aroër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê, die stad in die middel van die dal, en die hele gelykveld van Médeba af tot by Dibon; Jos 13:10 en al die stede van Sihon, die koning van die Amoriete wat in Hesbon geregeer het, tot by die grens van die kinders van Ammon; Jos 13:11 en Gílead en die grondgebied van die Gesuriete en Maägatiete en die hele berg Hermon en die hele Basan tot by Salka; Jos 13:12 die hele koninkryk van Og in Basan, wat koning was in Astarot en in Edréï (hy het oorgebly uit die laastes van die Refaïete; en Moshè het hulle verslaan en verdrywe). Jos 13:13 Maar die kinders van JisraEl het die Gesuriete en Maägatiete nie verdrywe nie, sodat Gesur en Maägat onder JisraEl gewoon het tot vandag toe. Jos 13:14 Net aan die stam van Levi het hy geen erfdeel gegee nie: die vuur[bereidings] van JaHWeH, die Elohey van JisraEl, dit is sy Erfdeel, soos Hy hom beloof het. Jos 13:15 En Moshè het aan die stam van die kinders van Ruben gegee volgens hulle families; Jos 13:16 sodat hulle die grondgebied ontvang het: van Aroër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê, die stad in die middel van die dal, en die hele gelykveld tot by Médeba; Jos 13:17 Hesbon en al haar stede wat in die gelykveld lê, Dibon en Bamot-Baäl en Bet-Baäl-Meon Jos 13:18 en Jahas en Kedémot en Mefáät; Jos 13:19 en Kirjatáim en Sibma en Seret-Hassáhar, op die gebergte van die dal, Jos 13:20 en Bet-Peor en die hange van die Pisga en Bet-Hajésimot; Jos 13:21 en al die stede van die gelykveld en die hele koninkryk van Sihon, die koning van die Amoriete wat in Hesbon geregeer het, wat Moshè verslaan het saam met die vorste van Mídian: Ewi en Rekem en Sur en Hur en Reba, die vorste van Sihon, inwoners van die Aarde. Jos 13:22 By hulle dooies het die kinders van JisraEl ook Bíleam, die seun van Beor, die waarsêer, met die swaard gedood. Jos 13:23 So was dan die grens van die kinders van Ruben: die Jordaan saam met sy gebied; sy was die erfdeel van die kinders van Ruben volgens hulle familie, die stede met hulle dorpe. Jos 13:24 En Moshè het aan die stam van Gad, die kinders van Gad, gegee volgens hulle families; Jos 13:25 sodat hulle die grondgebied ontvang het van Jaéser en al die stede van Gílead en die helfte van die Aarde van die kinders van Ammon, tot by Aroër wat teenoor Rabbah lê, Jos 13:26 van Hesbon af tot by Ramat-Mispe en Bétonim; en van Mahanáim af tot by die grens van Lídbir; Jos 13:27 en in die dal: Bet-Haram en Bet-Nimra en Sukkot en Safon, die oorblyfsel van die koninkryk van Sihon, die koning van Hesbon, die Jordaan saam met sy gebied, tot by die uiteinde van die Kinnéretsee, oorkant die Jordaan na die ooste toe. Jos 13:28 Sy is die erfdeel van die kinders van Gad volgens hulle families, die stede met hulle dorpe. Jos 13:29 Verder het Moshè aan die halwe stam van Manasse gegee; sodat die halwe stam van die kinders van Manasse [ontvang het] volgens hulle families - Jos 13:30 hulle grondgebied was: van Mahanáim af, die hele Basan, die hele koninkryk van Og, die koning van Basan, en al die Jaïrsdorpe in Basan, sestig stede; Jos 13:31 en die halwe Gílead en Astarot en Edréï, stede van die koninkryk van Og in Basan, aan die kinders van Magir, die seun van Manasse - aan die helfte van die kinders van Magir volgens hulle families. Jos 13:32 Dit is wat Moshè as erfenis uitgedeel het in die vlaktes van Moab, oos van die Jordaan van Jérigo teen die ooste; Jos 13:33 maar aan die stam van Levi het Moshè geen erfdeel gegee nie; JaHWeH, die Elohey van JisraEl, is Self hulle Erfdeel, soos Hy hulle beloof het. //Kaleb ontvang Hebron vir homself. Jos 14:1 EN sy is wat die kinders van JisraEl as Erfdeel in die Aarde van Kanaän ontvang het, wat El-Azar, die priester, en JeHôWshua, die seun van Nun, en die hoofdelike vaders van die stamme van die kinders van JisraEl aan hulle as erfenis uitgedeel het Jos 14:2 deur verloting van hulle erfdeel, soos JaHWeH deur die hand van Moshè beveel het, met betrekking tot die nege en 'n halwe stam. Jos 14:3 Want Moshè het die erfdeel van die twee en 'n halwe stam oos van die Jordaan gegee, maar aan die Leviete het hy geen erfdeel onder hulle gegee nie. Jos 14:4 Want die kinders van JôWsef was twee stamme: Manasse en Efraim; maar aan die Leviete het hulle geen aandeel in die Aarde gegee nie, behalwe stede om in te woon, met hulle weiveld vir hulle vee en hulle goed. Jos 14:5 Soos JaHWeH Moshè beveel het, so het die kinders van JisraEl gedoen en die Aarde verdeel. Jos 14:6 Toe het die kinders van JeHûWdah nader gekom na JeHôWshua in Gilgal, en Kaleb, die seun van Jefúnne, die Kenissiet, het vir hom gesê: U weet die woord wat JaHWeH met Moshè, die man van die Elohim in Kadesh-Barnéa gespreek het met betrekking tot my en met betrekking tot u. Jos 14:7 Veertig jaar was ek oud toe Moshè, die kneg van JaHWeH, my uitgestuur het van Kadesh-Barnéa af om die Aarde te verken, en ek het hom berig gebring soos dit in my hart was; Jos 14:8 maar my broers wat saam met my opgetrek het, het die hart van die volk laat versmelt, terwyl ek volgehou het om JaHWeH my Elohey te volg. Jos 14:9 En dié dag het Moshè gesweer en gesê: Waarlik, die Aarde wat jou voet betree het, sy sal aan jou en aan jou kinders in ewigheid as 'n Erfdeel behoort, omdat jy volgehou het om JaHWeH my Elohey te volg. Jos 14:10 En nou, kyk, JaHWeH het my laat lewe, soos Hy gespreek het, nou al vyf-en-veertig jaar sedert JaHWeH hierdie woord met Moshè gespreek het toe JisraEl in die wildernis getrek het; en kyk nou, ek is vandag vyf-en-tagtig jaar oud; Jos 14:11 ek is vandag nog so sterk soos die dag toe Moshè my uitgestuur het; soos my krag toe was, so is my krag nou nog, om te veg en om uit te gaan en in te gaan. Jos 14:12 Gee my dan nou hierdie bergland waarvan JaHWeH daardie dag gespreek het; want u self het dié dag gehoor dat dáár Enakiete is en groot versterkte stede; miskien sal JaHWeH met my wees, sodat ek hulle kan verdrywe, soos JaHWeH gespreek het. Jos 14:13 Toe het JeHôWshua hom geseën en aan Kaleb, die seun van Jefúnne, Hebron as erfdeel gegee. Jos 14:14 Daarom het Hebron die erfdeel geword van Kaleb, die seun van Jefúnne, die Kenissiet, tot vandag toe, omdat hy volgehou het om JaHWeH, die Elohey van JisraEl, te volg. Jos 14:15 En die naam van Hebron was tevore [stad van Arba]; hy was die grootste man onder die Enakiete. En die Aarde het gerus van oorlog. [Boekrol van die Opregte 23:85] //Beskrywing van JeHûWdah se erfdeel. Jos 15:1 EN vir die stam van die kinders van JeHûWdah, volgens hulle families, het die lot geval: teen die grens van Edom, suidelik na die wildernis Sin toe, tot ver in die suide; Jos 15:2 en hulle suidelike grens was van die end van die Soutsee, van die tong af wat na die suide toe uitsteek; Jos 15:3 en dit loop aan suid van Skerpioennek en loop oor na Sin en loop op suid van Kadesh-Barnéa en loop oor na Hesron en loop op na Addar en swaai na Karka toe; Jos 15:4 dan loop dit oor na Asmon en loop aan na die spruit van Egipte, sodat die grens doodloop by die see; dit sal julle suidelike grens wees. Jos 15:5 En die Oostelike grens: Die Soutsee tot by die mond van die Jordaan. En die grens aan die noordekant: Van die tong van die see, van die mond van die Jordaan af Jos 15:6 loop die grens op na Bet-Hogla en loop oor noord van Bet-Araba; dan loop die grens op na die klip van Bohan, die seun van Ruben. Jos 15:7 Verder loop die grens op na Debir, van die dal Agor af, en swaai dan noord na Gilgal wat teenoor die hoogte van Adúmmim, Suidelik van die spruit lê; dan loop die grens oor na die waters van die fontein Semes, sodat dit doodloop by die fontein Rogel. Jos 15:8 Verder loop die grens op na die Vallei van die seun van Verbranding, na die suidelike hang van die Jebusiete, sy is Jerusalem; dan loop die grens op na die top van die gebergte wat westelik voor die Vallei van Verbranding lê, wat aan die noordelike einde van die dal Refaim is. Jos 15:9 Van die top van die berg af buig die grens dan om na die fontein van die waters van Neftóag en loop aan na die stede van die gebergte Efron; verder buig die grens om na Báäla, sy is Kirjat-Jeárim. Jos 15:10 Dan swaai die grens van Báäla af weg in 'n westelike rigting na die gebergte Seïr en loop oor na die noordelike hang van die berg Jeárim, sy is Késalon, en loop af na Bet-Semes en loop oor na Timna. Jos 15:11 Verder loop die grens aan noord na die hang van Ekron; dan buig die grens om na Sikron en loop oor die berg Báäla en loop aan na JabneEl, sodat die grens doodloop by die see. Jos 15:12 Die westelike grens was die Groot See saam met sy gebied; dit is die grens rondom van die kinders van JeHûWdah volgens hulle families. Jos 15:13 Maar aan Kaleb, die seun van Jefúnne, het hy 'n aandeel onder die kinders van JeHûWdah gegee, volgens die Bevel van JaHWeH aan JeHôWshua: die stad van Arba, die vader van Enak, sy is Hebron. Jos 15:14 En Kaleb het die drie seuns van Enak: Sesai, Ahiman en Talmai, afstammelinge van Enak, daaruit verdrywe. Jos 15:15 En daarvandaan het hy opgetrek teen die inwoners van Debir; maar die naam van Debir was tevore Kirjat-Sefer; Jos 15:16 en Kaleb het gesê: Hy wat Kirjat-Sefer verslaan en haar inneem, aan hom sal ek my dogter Agsa as vrou gee. Jos 15:17 Daarop het OtniEl, die seun van Kenas, die broer van Kaleb, haar ingeneem; en hy het sy dogter Agsa aan hom as vrou gegee. Jos 15:18 En toe sy aankom, het sy hom aangespoor om van haar vader 'n stuk grond te vra; en toe sy van die esel afklim, sê Kaleb vir haar: Wat wil jy hê? Jos 15:19 En sy sê: Gee my tog 'n geskenk; omdat u my na 'n Suidelike deel van die Aarde versit het, moet u my waterfonteine gee. Toe gee hy haar fonteine op die hoogte en fonteine in die laagte. Jos 15:20 Sy is die erfdeel van die stam van die kinders van JeHûWdah, volgens hulle families. Jos 15:21 En die stede van die uiteinde van die stam van JeHûWdah se kinders af tot by die grens van Edom was in die suide: KabtseEl en Eder en Jagur, Jos 15:22 en Kina en Dimóna en Adáda, Jos 15:23 en Kedes en Hasor en Jitnan, Jos 15:24 Sif en Telem en Béalot, Jos 15:25 en Hasor-Hadátta en Kériot-Hesron, dit is Hasor; Jos 15:26 Amam en Sema en Mólada, Jos 15:27 en Hasar-Gadda en Hesmon en Bet-Palet, Jos 15:28 en Hasar-Sual en Beër-Seba en BizjowthJaH, Jos 15:29 Báäla en Ijjim en Esem, Jos 15:30 en El-Tolad en Kesil en Horma, Jos 15:31 en Siklag en Madmánna en Sansánna, Jos 15:32 en Lebáot en Silhim en Ajin en Rimmon; al die stede saam nege-en-twintig, met hulle dorpe; Jos 15:33 in die Laeveld: Estáol en Sórea en Asna, Jos 15:34 en Sanóag en En-Gannim, Tappúag en Enam, Jos 15:35 Jarmut en Adúllam, Sogo en Aséka, Jos 15:36 en Saäráim en Adítaim en Gedéra en Gedérotaim: veertien stede met hulle dorpe; Jos 15:37 Senan en Hadása en Migdal-Gad, Jos 15:38 en Dilean en Mispe en JoktheEl, Jos 15:39 Lagis en Boskat en Eglon, Jos 15:40 en Kabbon en Lagmas en Kitlis, Jos 15:41 en Gedérot, Bet-Dagon en Náäma en Makkéda: sestien stede met hulle dorpe; Jos 15:42 Libna en Eter en Asan, Jos 15:43 en Jiftag en Asna en Nesib, Jos 15:44 en Kehíla en Agsib en Marésa: nege stede met hulle dorpe; Jos 15:45 Ekron met haar onderhorige plekke en haar dorpe; Jos 15:46 van Ekron af en na die weste toe, alles wat aan die kant van Asdod lê, met hulle dorpe; Jos 15:47 Asdod, haar onderhorige plekke en haar dorpe; Gasa, haar onderhorige plekke en haar dorpe, tot by die spruit van Egipte en die Groot See saam met haar gebied; Jos 15:48 en op die Gebergte: Samir en Jattir en Sogo, Jos 15:49 en Danna en Kirjat-Sanna, sy is Debir, Jos 15:50 en Anab en Estémo en Anim, Jos 15:51 en Gosen en Holon en Gilo: elf stede met hulle dorpe; Jos 15:52 Arab en Duma en Esean, Jos 15:53 en Janum en Bet-Tappúag en Aféka, Jos 15:54 en Humta en Kirjat-Arba, sy is Hebron, en Sior: nege stede met hulle dorpe; Jos 15:55 Maon, Karmel en Sif en Jutta, Jos 15:56 en JizreEl en Jókdeam en Sanóag, Jos 15:57 Kain, Gíbea en Timna: tien stede met hulle dorpe; Jos 15:58 Halhul, Bet-Sur en Gedor, Jos 15:59 en Máärat en Bet-Anot en El-Thekon: ses stede met hulle dorpe; Jos 15:60 Kirjat-Baäl, dit is Kirjat-Jeárim, en Rabbah: twee stede met hulle dorpe; Jos 15:61 in die wildernis: Bet-Araba, Middin en Segága, Jos 15:62 en Nibsan en die Soutstad en Engedi: ses stede met hulle dorpe. Jos 15:63 Maar die kinders van JeHûWdah kon die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, nie verdryf nie; daarom het die Jebusiete saam met die kinders van JeHûWdah in Jerusalem bly woon tot vandag toe. //Die erfdeel van Efraim. Jos 16:1 EN die lot het uitgekom vir die kinders van JôWsef: van die Jordaan van Jérigo af, oostelik van die waters van Jérigo, [na] die wildernis wat van Jérigo af oploop in die gebergte, na BetEl; Jos 16:2 verder loop dit van BetEl af aan na Lus en loop oor na die grondgebied van die Arkiete, na Atarot; Jos 16:3 dan loop dit af in die weste na die grondgebied van die Jafletiete, tot by die gebied van Bet-Horon-Onder en tot by Geser, sodat dit doodloop by die see. Jos 16:4 So het dan die seuns van JôWsef, Manasse en Efraim, 'n erfdeel ontvang. Jos 16:5 En sy was die grondgebied van die kinders van Efraim volgens hulle families - die grens van hulle erfdeel was, in die ooste: Atrot-Addar tot by Bet-Horon-Bo; Jos 16:6 dan loop die grens aan na die see; in die noorde: Mígmetat; dan swaai die grens in 'n oostelike rigting na Táänat-Silo en loop oos daarvan oor na Janóag; Jos 16:7 en van Janóag loop dit af na Atarot en Náharat en raak dan aan Jérigo en loop op die Jordaan uit. Jos 16:8 Van Tappúag af loop die grens in 'n westelike rigting na die spruit Kana; verder loop dit dood by die see. Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Efraim volgens hulle families; Jos 16:9 en die stede wat vir die kinders van Efraim afgesonder was in die erfdeel van die kinders van Manasse, al die stede met hulle dorpe. Jos 16:10 Maar hulle het die Kanaäniete, die inwoners van Geser, nie verdrywe nie; so het dan die Kanaäniete onder Efraim bly woon tot vandag toe; maar hulle moes dwangarbeid verrig. //Die erfdeel van Manasse. Jos 17:1 VERDER was dit die lot vir die stam van Manasse, omdat hy die eersgeborene van JôWsef was: Magir, die eersgeborene van Manasse, die vader van Gílead, het, omdat hy 'n krygsman was, Gílead en Basan ontvang; Jos 17:2 ook die ander kinders van Manasse, volgens hulle families, het 'n aandeel ontvang: die kinders van Abiëser en die kinders van Helek en die kinders van Asri-El en die kinders van Segem en die kinders van Hefer en die kinders van Semída; hulle is die manlike kinders van Manasse, die seun van JôWsef, volgens hulle families. Jos 17:3 Maar Selófhad, die seun van Hefer, die seun van Gílead, die seun van Magir, die seun van Manasse, het nie seuns gehad nie, maar net dogters; en dit is die name van sy dogters: Magla en Noa, Hogla, Milka en Tirsa; Jos 17:4 en hulle het nader gekom voor die aangesig van El-Azar, die priester, en voor die aangesig van JeHôWshua, die seun van Nun, en voor die aangesig van die owerstes, en gesê: JaHWeH het Moshè beveel om ons 'n erfdeel te gee onder ons broers. Daarop het hy hulle 'n erfdeel gegee, volgens die Bevel van JaHWeH, onder die broers van hulle vader. Jos 17:5 So het dan aan Manasse tien aandele geval, behalwe die Aarde van Gílead en Basan wat oorkant die Jordaan lê. Jos 17:6 Want die dogters van Manasse het 'n erfdeel ontvang onder sy seuns, terwyl die Aarde van Gílead aan die ander kinders van Manasse behoort het. Jos 17:7 En die grens van Manasse was: van Aser af na Mígmetat, teenoor Sigem; dan loop die grens regs na die inwoners van En-Tappúag - Jos 17:8 die Aarde van Tappúag het behoort aan Manasse, maar Tappúag, aan die grens van Manasse, aan die kinders van Efraim -; Jos 17:9 verder loop die grens af na die spruit Kana, suid van die spruit: daardie stede, onder die stede van Manasse, behoort aan Efraim; en die grens van Manasse is noord van die spruit en loop dood by die see. Jos 17:10 Suid behoort sy aan Efraim, maar noord aan Manasse; en die see is haar grens; dan raak hulle in die noorde aan Aser en in die ooste aan Issaskar. Jos 17:11 En aan Manasse behoort in Issaskar en Aser: Bet-Sean met haar onderhorige plekke en Jíbleam met haar onderhorige plekke en die inwoners van Dor met haar onderhorige plekke en die inwoners van En-Dor met haar onderhorige plekke en die inwoners van Táänag met haar onderhorige plekke en die inwoners van Megíddo met haar onderhorige plekke, die drie hoogtes. Jos 17:12 Maar die kinders van Manasse kon hierdie stede nie in besit neem nie, en die Kanaäniete het verkies om in dié Aarde te bly woon. Jos 17:13 En toe die kinders van JisraEl sterker geword het, het hulle die Kanaäniete dienspligtig gemaak, maar hulle nie geheel en al verdrywe nie. Jos 17:14 Toe het die kinders van JôWsef met JeHôWshua gespreek en gesê: Waarom het u my as erfdeel net een lot en een aandeel gegee terwyl ek tog 'n groot volk is, omdat JaHWeH my tot hiertoe geseën het? Jos 17:15 En JeHôWshua het vir hulle gesê: As jy 'n groot volk is, trek dan op na die boswêreld en kap vir jou daar ['n plek] skoon in die Aarde van die Feresiete en Refaïete, ingeval die gebergte van Efraim vir jou te nou is. Jos 17:16 Maar die kinders van JôWsef het gesê: Die gebergte sal nie vir ons genoeg wees nie, en al die Kanaäniete wat in die lae dele van die Aarde woon, het ysterwaens, dié van Bet-Sean met sy onderhorige plekke sowel as dié van die laagte van JizreEl. Jos 17:17 Toe het JeHôWshua met die huis van JôWsef, met Efraim en Manasse gespreek en gesê: Jy is 'n groot volk en jy het groot krag: jy sal nie net een lot hê nie; Jos 17:18 want die gebergte sal joune wees - 'n boswêreld is sy naamlik, en jy moet haar skoonkap; dan sal die uitlopers daarvan joune wees; want jy moet die Kanaäniet verdrywe, al het hy ysterwaens, al is hy sterk. //Verdere verdeling van die Aarde. Jos 18:1 DAAROP het die hele vergadering van die kinders van JisraEl in Silo byeengekom en daar die Tent van Samekoms opgeslaan, aangesien die Aarde voor hulle onderwerp was. Jos 18:2 Maar daar was onder die kinders van JisraEl nog sewe stamme oor wie se erfenis hulle nie verdeel het nie. Jos 18:3 Toe sê JeHôWshua aan die kinders van JisraEl: Hoe lank sal julle jul so traag hou om die Aarde in besit te gaan neem wat JaHWeH, die Elohey van julle vaders, aan julle gegee het? Jos 18:4 Bring tot drie man uit elke stam, dat ek hulle kan uitstuur, en dat hulle kan klaarmaak en die Aarde deurgaan en haar beskrywe met die oog op hulle erfdeel; dan moet hulle na my toe kom Jos 18:5 en haar onder mekaar in sewe dele verdeel: JeHûWdah moet sy gebied in die suide behou, en die huis van JôWsef moet sy gebied in die noorde behou. Jos 18:6 Maar julle moet die Aarde in sewe dele beskrywe en die [beskrywing] hier na my toe bring; dan sal ek vir julle die lot werp, hier voor die Aangesig van JaHWeH onse Elohey. Jos 18:7 Want die Leviete het geen aandeel onder julle nie, omdat die priesterskap van JaHWeH hulle erfdeel is; en Gad en Ruben en die halwe stam van Manasse het hulle erfdeel ontvang oorkant die Jordaan in die ooste, wat Moshè, die kneg van JaHWeH, hulle gegee het. Jos 18:8 Die manne het toe klaargemaak en gegaan; en by hulle vertrek het JeHôWshua hulle bevel gegee om die Aarde te beskrywe, met die woorde: Gaan heen, trek rond in die Aarde en beskrywe haar, en kom na my terug; dan sal ek hier vir julle die lot werp voor die Aangesig van JaHWeH in Silo. Jos 18:9 En die manne het gegaan en die Aarde deurgetrek en haar in 'n Boekrol beskrywe, volgens die stede, in sewe dele, en na JeHôWshua gekom in die laer van Silo. Jos 18:10 Toe het JeHôWshua vir hulle die lot gewerp in Silo, voor die Aangesig van JaHWeH; en JeHôWshua het die Aarde daar onder die kinders van JisraEl verdeel volgens hulle afdelings. //Die erfdeel van Benjamin. Jos 18:11 EN die lot het opgekom van die stam van die kinders van Benjamin volgens hulle families; en die gebied wat vir hulle deur die lot aangewys is, het uitgekom tussen die kinders van JeHûWdah en die kinders van JôWsef; Jos 18:12 en hulle grens aan die noordekant was: van die Jordaan af; dan loop die grens op na die noordelike hang van Jérigo, en dit loop op in die gebergte in 'n westelike rigting en loop dood by die wildernis van Bet-Awen; Jos 18:13 en daarvandaan loop die grens oor na Lus, na die suidelike hang van Lus, sy is BetEl; verder loop die grens af na Atrot-Addar, op die gebergte wat suid lê van Bet-Horon-Onder; Jos 18:14 dan buig die grens om en swaai na die westekant, teen suid, van die gebergte wat suid teenoor Bet-Horon lê; verder loop dit dood by Kirjat-Baäl, sy is Kirjat-Jeárim, die stad van die kinders van JeHûWdah; dit is die westekant; Jos 18:15 en die suidekant begin by die uiteinde van Kirjat-Jeárim; en die grens loop aan in die weste en dan na die waterfontein van Neftóag; Jos 18:16 dan loop die grens af na die uiteinde van die berg wat teenoor die Vallei van die seun van Verbranding, noordelik in die dal van die Refaïete lê; dan loop dit af na die dal Hinnom, na die suidelike hang van die Jebusiete, en loop af na die fontein Rogel; Jos 18:17 verder buig dit noord om en loop aan na die fontein Semes; dan loop dit aan na die klipkrale wat teenoor die hoogte van Adúmmim lê, en loop af na die klip van Bohan, die seun van Ruben; Jos 18:18 dan gaan dit oor na die hang teenoor die Araba in 'n noordelike rigting en loop af na die Araba; Jos 18:19 verder loop die grens oor na die hang van Bet-Hogla in 'n noordelike rigting; dan loop die grens dood by die noordelike tong van die Soutsee, aan die mond van die Jordaan in die suide; dit is die suidelike grens; Jos 18:20 en die Jordaan begrens haar aan die oostekant. Dit is die erfdeel van die kinders van Benjamin na hulle families, volgens haar grense rondom. Jos 18:21 En die stede van die stam van die kinders van Benjamin, volgens hulle families, was: Jérigo en Bet-Hogla en Emek-Kesis, Jos 18:22 en Bet-Araba en Semaráim en BetEl, Jos 18:23 en Haäwim en Para en Ofra, Jos 18:24 en Kefar-Haämmóni en Ofni en Gaba: twaalf stede met hulle dorpe; Jos 18:25 Gíbeon en Rama en Beërot, Jos 18:26 en Mispe en Kefíra en Mosa, Jos 18:27 en Rekem en JirpeEl en Táreala, Jos 18:28 en Sela, Elef en Jebúsi, sy is Jerusalem, Gíbeat, Kirjat: veertien stede met hulle dorpe. Sy is die erfdeel van die kinders van Benjamin volgens hulle families. //Die lot van die stam van Símeon. Jos 19:1 EN die tweede lot het uitgekom vir Símeon, vir die stam van die kinders van Símeon volgens hulle families; en hulle erfdeel was in die middel van die erfdeel van die kinders van JeHûWdah. Jos 19:2 En hulle het in hulle erfdeel gehad: Beër-Seba en Seba en Mólada, Jos 19:3 en Hasar-Sual en Bala en Esem, Jos 19:4 en El-Tolad en BetuEl en Horma, Jos 19:5 en Siklag en Bet-Hammarkábot en Hasar-Susa, Jos 19:6 en Bet-Lebáot en Sarúhen: dertien stede met hulle dorpe; Jos 19:7 Ajin, Rimmon en Eter en Asan: vier stede met hulle dorpe; Jos 19:8 en al die dorpe wat rondom hierdie stede was, tot by Báälat-Beër, die Rama van die Suidland. Sy is die erfdeel van die stam van die kinders van Símeon volgens hulle families. Jos 19:9 Uit die aandeel van die kinders van JeHûWdah is die erfdeel van die kinders van Símeon, omdat die deel van die kinders van JeHûWdah vir hulle te groot was; daarom het die kinders van Símeon geërwe in die middel van hulle erfdeel. //Die erfdeel van Sébulon. Jos 19:10 EN die derde lot het opgekom vir die kinders van Sébulon volgens hulle families, en die grens van hulle erfdeel was tot by Sarid. Jos 19:11 En hulle grens loop op in 'n westelike rigting na Marála en raak aan Dabbéset en aan die spruit wat teenoor Jókneam loop; Jos 19:12 en van Sarid af swaai dit na die oostekant, teen sonop, na die gebied van Kislot-Tabor, en loop aan na Daberat en loop op na Jáfia; Jos 19:13 en daarvandaan loop dit oor na die ooste teen sonop, na Gat-Hefer, na Et-Kasin, en loop aan na Rimmon wat hom na Nea toe uitstrek; Jos 19:14 dan swaai die grens noord daaromheen na Hannáton en loop dood by die dal JiftagEl; Jos 19:15 en Kattat en Náhalal en Simron en Jídeala en Betlehem: twaalf stede met hulle dorpe. Jos 19:16 Sy was die erfdeel van die kinders van Sébulon volgens hulle families; hierdie stede met hulle dorpe. //Die erfdeel van Íssaskar. Jos 19:17 VIR Issaskar het die vierde lot uitgekom, vir die kinders van Issaskar volgens hulle families; Jos 19:18 en hulle grondgebied was na JizreEl toe en Kesúllot en Sunem, Jos 19:19 en Hafaráim en Sion en Anagárat, Jos 19:20 en Rabbit en Kísjon en Ebes, Jos 19:21 en Remet en En-Gannim en En-Hadda en Bet-Pases; Jos 19:22 en die grens raak aan Tabor en Sahasíma en Bet-Semes, en hulle gebied loop dood by die Jordaan: sestien stede met hulle dorpe. Jos 19:23 Sy is die erfdeel van die stam van die kinders van Issaskar volgens hulle families, die stede met hulle dorpe. //Die erfdeel van Aser. Jos 19:24 EN die vyfde lot het uitgekom vir die stam van die kinders van Aser volgens hulle families; Jos 19:25 en hulle gebied was: Helkat en Hali en Beten en Agsaf, Jos 19:26 en Allamméleg en Amead en Miseal; en raak in die weste aan die Karmel en aan Sihor-Libnat; Jos 19:27 dan draai dit teen sonop na Bet-Dagon en raak aan Sébulon en die dal JiftagEl; in die noorde, Bet-Emek en NeiEl, en loop aan links by Kabul; Jos 19:28 en Ebron en Rehob en Hammon en Kana tot by Groot-Sidon; Jos 19:29 dan draai die grens na Rama en tot by die vesting Tirus; dan draai die grens na Hosa en loop dood by die see, van die landstreek af wat na Agsib toe lê; Jos 19:30 en Umma en Afek en Rehob: twee-en-twintig stede met hulle dorpe: Jos 19:31 Sy is die erfdeel van die stam van die kinders van Aser volgens hulle families; hierdie stede met hulle dorpe. //Die erfdeel van Náftali. Jos 19:32 VIR die kinders van Náftali het die sesde lot uitgekom, vir die kinders van Náftali volgens hulle families; Jos 19:33 en hulle grens was van Helef, van die eikeboom by Saänánnim af, en Adámi-Nekeb en JabneEl tot by Lakkum, en dit loop dood by die Jordaan; Jos 19:34 dan draai die grens in 'n westelike rigting na Asnot-Tabor en loop daarvandaan aan na Hukkok en raak in die suide aan Sébulon; en aan Aser raak dit in die weste, en aan JeHûWdah aan die Jordaan in die ooste; Jos 19:35 en die versterkte stede: Siddim, Ser en Hammat, Rakkat en Kinnéret, Jos 19:36 en Adamah en Rama en Hasor, Jos 19:37 en Kedes en Edréï en En-Hasor, Jos 19:38 en Jireon en MighdalEl, Horem en Bet-Anat en Bet-Semes: negentien stede met hulle dorpe. Jos 19:39 Sy is die erfdeel van die stam van die kinders van Náftali volgens hulle families, die stede met hulle dorpe. //Die erfdeel van Dan. Jos 19:40 VIR die stam van die kinders van Dan, volgens hulle families; het die sewende lot uitgekom. Jos 19:41 En die grens van hulle erfdeel omvat: Sórea en Estáol en Ir-Semes, Jos 19:42 en Saälábbin en Ajalon en Jitla, Jos 19:43 en Elon en Timnáta en Ekron, Jos 19:44 en El-Tekeh en Gíbbeton en Báälat, Jos 19:45 en JeHûWda en Bené-Berak en Gat-Rimmon. Jos 19:46 en Mé-Jarkon en Rakkon, met die gebied teenoor Jafo. Jos 19:47 Maar die kinders van Dan het hulle grondgebied kwytgeraak; daarom het die kinders van Dan opgetrek en teen Lesem geveg en haar in besit geneem en verslaan met die skerpte van die swaard en haar in besit geneem en in haar gewoon; en hulle het Lesem Dan genoem na die naam van hulle vader Dan. Jos 19:48 Sy is die erfdeel van die stam van die kinders van Dan volgens hulle families; hierdie stede met hulle dorpe. //JeHôWshua ontvang Timnat-Serag. Jos 19:49 TOE hulle die Aarde volgens sy grenslyne as erfenis geheel verdeel het, het die kinders van JisraEl aan JeHôWshua, die seun van Nun, 'n erfdeel onder hulle gegee; Jos 19:50 op die Bevel van JaHWeH het hulle hom die stad gegee wat hy gevra het, Timnat-Serag op die gebergte van Efraim; en hy het die stad opgebou en in haar gaan woon. Jos 19:51 Dit is die erfdele wat El-Azar, die priester, en JeHôWshua, die seun van Nun, en die hoofdelike vaders aan die stamme van die kinders van JisraEl as erfenis uitgedeel het deur die lot, in Silo, voor die Aangesig van JaHWeH, by die ingang van die Tent van Samekoms; en hulle het die verdeling van die Aarde beëindig. //Die ses vrystede vir onopsetlike doodslag, drie duskant en drie anderkant die Jordaan. Jos 20:1 EN JaHWeH het met JeHôWshua gespreek en gesê: Jos 20:2 Spreek met die kinders van JisraEl en sê: Wys die stede van ontvlugting vir julle aan waarvan Ek deur die hand van Moshè met julle gespreek het, Jos 20:3 dat hy wat doodgeslaan het - wat sonder opset, 'n siel doodgeslaan het, daarheen kan vlug, sodat dié vir julle kan dien as toevlug van die losser van die bloed. Jos 20:4 As hy dan na een van hierdie stede toe vlug en gaan staan by die ingang van die stadspoort en sy saak voor die ore van die oudstes van daardie stad meedeel, moet hulle hom by hulle in die stad opneem en aan hom plek gee, dat hy by hulle kan woon; Jos 20:5 en as die losser van die bloed hom agternajaag, mag hulle hom wat doodgeslaan het, nie aan hom uitlewer nie, omdat hy sy naaste sonder opset doodgeslaan het, sonder dat hy hom gister en eergister vyandig was; Jos 20:6 en hy moet in daardie stad bly totdat hy voor die Reg van die aangesig van die vergadering verskyn het, tot op die dood van die hoëpriester wat in dié dae daar sal wees; dan mag hy wat doodgeslaan het, weer na sy stad en sy huis terugkeer, na die stad waar hy vandaan gevlug het. Jos 20:7 Hulle het: Kedes in Galiléa afgesonder, op die gebergte van Náftali, en Segem op die gebergte van Efraim, en Kirjat-Arba, dit is Hebron, op die gebergte van JeHûWdah; Jos 20:8 en oorkant die Jordaan, oos van Jérigo, het hulle afgestaan: Betser in die wildernis op die gelykveld, uit die stam van Ruben, en Ramot in Gílead, uit die stam van Gad, en Golan in Basan uit die stam van Manasse. Jos 20:9 Dit is die stede wat bepaal was vir al die kinders van JisraEl en vir die besoeker wat onder hulle vertoef; sodat elkeen wat per abuis 'n siel doodgeslaan het, daarheen sou kan vlug en nie hoef te sterf deur die hand van die losser van die bloed voordat hy voor die aangesig van die vergadering gestaan het nie. //Die Leviete verkry op hul versoek hulle stede. Jos 21:1 TOE het die hoofdelike vaders van die Leviete nader gekom na El-Azar, die priester, en na JeHôWshua, die seun van Nun, en na die hoofdelike vaders van die stamme van die kinders van JisraEl, Jos 21:2 en met hulle gespreek in Silo, in die Aarde van Kanaän, en gesê: JaHWeH het deur die hand van Moshè bevel gegee dat aan ons stede afgestaan moet word om in te woon, met hulle weiveld vir ons vee. Jos 21:3 Toe het die kinders van JisraEl aan die Leviete, volgens die Bevel van JaHWeH, uit hulle erfdeel die volgende stede met hulle weiveld afgestaan: Jos 21:4 Die lot het uitgekom vir die families van die Kehatiete; en die kinders van Aäron, die priester, uit die Leviete, het ontvang uit die stam van JeHûWdah en uit die stam van Símeon en uit die stam van Benjamin, deur die lot, dertien stede; Jos 21:5 en die ander kinders van Kehat, uit die families van die stam van Efraim en uit die stam van Dan en uit die halwe stam van Manasse, deur die lot, tien stede; Jos 21:6 en die kinders van Gerson, uit die families van die stam van Issaskar en uit die stam van Aser en uit die stam van Náftali en uit die halwe stam van Manasse in Basan, deur die lot, dertien stede; Jos 21:7 en die kinders van Merári, volgens hulle families, uit die stam van Ruben en uit die stam van Gad en uit die stam van Sébulon, twaalf stede. Jos 21:8 So het dan die kinders van JisraEl aan die Leviete hierdie stede met hulle weiveld deur die lot gegee, soos JaHWeH deur die hand van Moshè beveel het. Jos 21:9 Verder het hulle, uit die stam van die kinders van JeHûWdah en uit die stam van die kinders van Símeon, hierdie stede gegee wat hulle met hul name genoem het: Jos 21:10 die kinders van Aäron dan, uit die families van die Kehatiete, uit die kinders van Levi, het ontvang - want die eerste lot was vir hulle - Jos 21:11 en aan hulle is gegee: die stad van Arba, die vader van Anok, dit is Hebron, op die gebergte van JeHûWdah, met sy weiveld daarom-heen; Jos 21:12 maar die saaigrond van die stad, met sy dorpe, het hulle aan Kaleb, die seun van Jefúnne, as sy besitting gegee. Jos 21:13 En aan die kinders van Aäron, die priester, het hulle gegee Hebron, die stad van ontvlugting vir hom wat doodgeslaan het, met sy weiveld, en Libna met sy weiveld, Jos 21:14 en Jattir met haar weiveld, en Estemóa met haar weiveld, Jos 21:15 en Holon met haar weiveld, en Debir met haar weiveld, Jos 21:16 en Ajin met haar weiveld, en Jutta met haar weiveld, en Bet-Semes met haar weiveld: nege stede uit hierdie twee stamme. Jos 21:17 En uit die stam van Benjamin: Gíbeon met haar weiveld, en Geba met haar weiveld, Jos 21:18 en Anatot met haar weiveld, en Almon met haar weiveld: vier stede. Jos 21:19 Al die stede van die kinders van Aäron, die priesters, was dertien stede met hulle weiveld. Jos 21:20 En die families van die kinders van Kehat, die Leviete, wat nog oor was van die kinders van Kehat, het hulle stede wat deur die lot aangewys was, ontvang uit die stam van Efraim; Jos 21:21 en hulle het aan hulle gegee: die stad van ontvlugting vir hom wat 'n doodslaan begaan het: Sigem met haar weiveld op die gebergte van Efraim, en Geser met haar weiveld, Jos 21:22 en Kibsáim met haar weiveld, en Bet-Horon met haar weiveld: vier stede. Jos 21:23 En uit die stam van Dan: El-Tekeh met haar weiveld, Gíbbeton met haar weiveld, Jos 21:24 Ajalon met haar weiveld, Gat-Rimmon met haar weiveld: vier stede. Jos 21:25 En uit die helfte van die stam van Manasse: Táänag met haar weiveld, en Gat-Rimmon met haar weiveld: twee stede; Jos 21:26 alles saam tien stede met hulle weiveld vir die families van die kinders van Kehat wat nog oorgebly het. Jos 21:27 En aan die kinders van Gerson uit die families van die Leviete: uit die halwe stam van Manasse, die stad van ontvlugting vir hom wat doodgeslaan het: Golan in Basan met haar weiveld, en Beëstéra met haar weiveld: twee stede. Jos 21:28 En uit die stam van Issaskar: Kisjon met haar weiveld, en Daberat met haar weiveld, Jos 21:29 Jarmut met haar weiveld, En-Gannim met haar weiveld: vier stede. Jos 21:30 En uit die stam van Aser: Miseal met haar weiveld, Abdon met haar weiveld, Jos 21:31 Helkat met haar weiveld, en Rehob met haar weiveld: vier stede. Jos 21:32 En uit die stam van Náftali, die vrystad vir hom wat doodgeslaan het: Kedes in Galiléa met haar weiveld, en Hammot-Dor met haar weiveld, en Kartan met haar weiveld: drie stede; Jos 21:33 al die stede van die Gersoniete, volgens hulle families, was dertien stede met hulle weiveld. Jos 21:34 En aan die families van die kinders van Merári, die Leviete wat nog oor was - uit die stam van Sébulon: Jókneam met haar weiveld, Karta met haar weiveld, Jos 21:35 Dimna met haar weiveld, Náhalal met haar weiveld: vier stede. Jos 21:36 En uit die stam van Ruben: Betser met haar weiveld, en Jahas met haar weiveld, Jos 21:37 Kedémot met haar weiveld, en Mefáät met haar weiveld: vier stede. Jos 21:38 En uit die stam van Gad, die stad vir ontvlugting vir hom wat doodgeslaan het: Ramot in Gílead met haar weiveld, en Mahanáim met haar weiveld, Jos 21:39 Hesbon met haar weiveld, Jaéser met haar weiveld: alles saam vier stede. Jos 21:40 Al die stede was vir die kinders van Merári, volgens hulle families wat nog oor was uit die families van die Leviete; en hulle lot was twaalf stede. Jos 21:41 Al die stede van die Leviete, tussen die besitting van die kinders van JisraEl in, was agt-en-veertig stede met hulle weiveld. Jos 21:42 Hierdie stede het stad vir stad rondom hulle weiveld gehad; so was dit met al hierdie stede. Jos 21:43 So het JaHWeH dan die Aarde aan JisraEl gegee wat Hy hulle vaders met 'n eed beloof het om hulle te gee; en hulle het haar in besit geneem en in haar gaan woon. Jos 21:44 En JaHWeH het hulle aan alle kante rus gegee net soos Hy hulle vaders met 'n eed beloof het; en niemand van al hul vyande het voor hulle standgehou nie; al hulle vyande het JaHWeH in hulle hand gegee. Jos 21:45 Geen suiwer woord wat die Woord van JaHWeH met die huis van JisraEl gespreek het, het onvervuld gebly nie; alles het uitgekom. //Die Rubeniete, die Gadiete en die halwe stam van Manasse vertrek na hulle stede toe. Jos 22:1 TOE het JeHôWshua die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse laat roep Jos 22:2 en aan hulle gesê: Julle het alles onderhou wat Moshè, die kneg van JaHWeH, julle beveel het, en julle het na my geluister in alles wat ek julle beveel het. Jos 22:3 Julle het jul broers nie in die steek gelaat nie - dit is nou baie dae al tot vandag toe - en het die ordening van die Gebooie van JaHWeH julle Elohey onderhou. Jos 22:4 Maar nou het JaHWeH julle Elohey jul broers rus gegee, soos Hy hulle beloof het; draai dan nou om en gaan na julle tente, na die Aarde van julle besitting wat Moshè, die kneg van JaHWeH, julle oorkant die Jordaan gegee het. Jos 22:5 Neem net noukeurig in ag die onderhouding van die Gebooie en die Wet wat Moshè, die kneg van JaHWeH, julle beveel het, om JaHWeH julle Elohey lief te hê en in al Sy Weë te wandel en Sy Gebooie te onderhou en Hom aan te hang en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel. Jos 22:6 So het JeHôWshua hulle dan geseën en hulle laat gaan; en hulle het getrek na hul tente toe. Jos 22:7 Maar aan die een helfte van die stam van Manasse het Moshè in Basan ['n erfdeel] gegee, en aan die ander helfte daarvan het JeHôWshua ['n deel] gegee saam met hulle broers, duskant die Jordaan in die weste. En toe JeHôWshua hulle laat gaan het na hul tente, het hy hulle ook geseën Jos 22:8 en met hulle gespreek en gesê: Gaan terug na julle tente met groot rykdomme en 'n menigte van vee, met silwer en goud en koper en yster en baie klere; deel die buit van julle vyande saam met julle broers. Jos 22:9 So het die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse dan teruggegaan, en hulle het weggetrek van die kinders van JisraEl af, uit Silo wat in die Aarde van Kanaän lê, om te gaan na die Aarde van Gílead, na die Aarde van hulle besitting waar hulle in haar, op die Bevel van JaHWeH deur die hand van Moshè, vaste besittings verkry het. Jos 22:10 Toe hulle kom by die klipkrale van die Jordaan, wat in die Aarde van Kanaän lê, het die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse daar 'n altaar gebou by die Jordaan, 'n altaar groot van aansien. Jos 22:11 Maar toe die kinders van JisraEl hoor sê: Kyk, die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse het die altaar gebou teenoor die Aarde van Kanaän, by die klipkrale van die Jordaan, aan die kant van die kinders van JisraEl - Jos 22:12 toe die kinders van JisraEl dit hoor, het die hele vergadering van die kinders van JisraEl bymekaargekom in Silo om op kommando teen hulle op te trek. Jos 22:13 En die kinders van JisraEl het Pínehas, die seun van El-Azar, die priester, na die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse, na die Aarde van Gílead gestuur, Jos 22:14 en tien hoofde - een hoof vir elke huis van die vaders van al die stamme van JisraEl; en hulle was elkeen 'n hoof van die huis van hul vaders oor die duisende van JisraEl. Jos 22:15 Toe hulle by die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse in die Aarde van Gílead kom, het hulle met hulle gespreek en gesê: Jos 22:16 So sê die hele vergadering van JaHWeH: Wat is dit vir 'n verraderlike daad wat julle begaan teen die Elohey van JisraEl, dat julle vandag van JaHWeH afvallig word deur vir julle 'n altaar te bou, deur vandag teen JaHWeH te rebelleer? Jos 22:17 Is die ongeregtigheid in verband met Peor vir ons nog nie genoeg nie, waarvan ons tot vandag toe nog nie gesuiwer is nie - toe die plaag oor die vergadering van JaHWeH gekom het? Jos 22:18 En julle wil vandag van JaHWeH afvallig word! As julle dan vandag rebelleer teen JaHWeH, sal Hy môre woedend word met die hele vergadering van JisraEl. Jos 22:19 As die Aarde van julle besitting egter besoedel is, trek dan oor na die Aarde wat JaHWeH besit waar die Tabernakel van JaHWeH gevestig is, en verkry onder ons vaste besittings; maar kom rebelleer nie teen JaHWeH nie, en moenie teen ons rebelleer deur vir julle 'n altaar te bou naas die altaar van JaHWeH onse Elohey nie. Jos 22:20 Toe Agan, die seun van Serag, hom vergryp het aan die bangoed, het daar nie 'n Woede oor die hele vergadering van JisraEl gekom nie? En hy self het nie alleen weens sy ongeregtigheid omgekom nie. Jos 22:21 Daarop het die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse geantwoord en aan die stamhoofde van JisraEl gesê: Jos 22:22 El van die Elohim, JaHWeH, El van die Elohim, JaHWeH - Hy weet en JisraEl ken Hy: As dit deur opstand, of ontrou, teen JaHWeH is - verlos ons nie vandag nie Jos 22:23 dat ons 'n altaar vir ons gebou het om van JaHWeH afvallig te word; en as dit is om daarop 'n brandoffer en spysbydrae te bring of om daarop 'n slagdier vir 'n vergoeding te berei, mag JaHWeH dit self wreek. Jos 22:24 Maar waarlik, ons het dit uit 'n sekere besorgdheid gedoen en gesê: Later sou julle kinders met ons kinders kan spreek en sê: Wat het julle te doen met JaHWeH, die Elohey van JisraEl? Jos 22:25 JaHWeH het tog tussen ons en julle, kinders van Ruben en kinders van Gad, die Jordaan as grens gestel; julle het geen deel aan JaHWeH nie; so sal julle kinders dan maak dat ons kinders ophou om JaHWeH te vrees. Jos 22:26 Daarom het ons gesê: Laat ons tog dit doen en vir ons die altaar bou, nie vir brandoffer en nie vir slagdier nie, Jos 22:27 maar dat dit 'n getuie kan wees tussen ons en julle en ons geslagte ná ons dat ons die diens van JaHWeH sal waarneem voor Sy Aangesig met ons brandoffers en ons slagdiere en ons vergoeding, sodat julle kinders later nie aan ons kinders kan sê: Julle het geen deel aan JaHWeH nie. Jos 22:28 En ons het gedink: As hulle dit later aan ons en ons geslagte sou sê, sal ons sê: Kyk na die ooreenstemming van die altaar van JaHWeH wat ons vaders gemaak het, nie vir brandoffer en nie vir slagdier nie, maar 'n getuienis is hy tussen ons en julle. Jos 22:29 Dit is ver van ons dat ons sou rebelleer teen JaHWeH en vandag afvallig sou word van JaHWeH deur 'n altaar te bou vir brandoffer, spysbydrae en slagdier naas die altaar van JaHWeH onse Elohey wat voor die aangesig van Sy Tabernakel staan. Jos 22:30 Toe Pínehas, die priester, en die owerstes van die vergadering, die stamhoofde van JisraEl wat saam met hom was, die woorde hoor wat die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die kinders van Manasse gespreek het, was dit goed in hulle oë. Jos 22:31 Toe sê Pínehas, die seun van El-Azar, die priester, aan die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die kinders van Manasse: Vandag weet ons dat JaHWeH in ons midde is, omdat julle hierdie verraad teen JaHWeH nie begaan het nie; nou het julle die kinders van JisraEl gered uit die Hand van JaHWeH. Jos 22:32 Daarop het Pínehas, die seun van El-Azar, die priester, en die owerstes teruggekeer van die kinders van Ruben en die kinders van Gad, uit die Aarde van Gílead na die Aarde van Kanaän, na die kinders van JisraEl, en hulle 'n antwoord gebring. Jos 22:33 En die antwoord was goed in die oë van die kinders van JisraEl, en die kinders van JisraEl het Elohim geprys; en hulle het daar nie meer van gespreek om teen hulle op kommando te trek, om die Aarde waar die kinders van Ruben en die kinders van Gad in haar gewoon het, te verwoes nie. Jos 22:34 En die kinders van Ruben en die kinders van Gad het die altaar genoem: Hy is getuie tussen ons dat JaHWeH, die Elohim is. //Waarskuwing van JeHôWshua aan die hele versameling van die volk. Jos 23:1 'N GERUIME tyd daarna, nadat JaHWeH aan JisraEl rus gegee het van al sy vyande rondom, en JeHôWshua oud [en] ver op sy dae was, Jos 23:2 het JeHôWshua die hele JisraEl laat roep, sy oudstes en sy hoofde en sy regters en sy opsigters, en vir hulle gesê: Ek is oud, ek is ver op my dae; Jos 23:3 en julle het self gesien alles wat JaHWeH julle Elohey aan al hierdie nasies voor julle uit gedoen het; want JaHWeH julle Elohey, Hy het vir julle gestry. Jos 23:4 Kyk, ek het hierdie nasies wat oorgebly het neergewerp, as Erfdeel aan julle stamme, van die Jordaan af - al die nasies wat ek afgesny het - na die Groot See by die ingang van die son. Jos 23:5 En JaHWeH julle Elohey self sal hulle voor julle verjaag en hulle voor julle uit verdrywe, sodat julle hulle Aarde in besit kan neem soos JaHWeH julle Elohey julle beloof het. Jos 23:6 Maar julle moet daar baie vas by staan om sorgvuldig te doen alles wat geskrywe staan in die Boekrol van die Wet van Moshè, dat julle van haar nie regs of links van afwyk nie; Jos 23:7 dat julle nie tussen hierdie nasies kom, wat tussen julle oorgebly het nie, julle mag ook die naam van hulle gode nie vermeld en by hulle nie sweer nie, en julle mag hulle nie dien en julle voor hulle nie neerbuig nie; Jos 23:8 maar JaHWeH julle Elohey moet julle aanhang soos julle tot vandag toe gedoen het. Jos 23:9 JaHWeH tog het groot en magtige nasies voor julle uit verdrywe; en wat julle betref, niemand het tot vandag toe voor julle standgehou nie. Jos 23:10 Een man uit julle het duisend agtervolg; want JaHWeH julle Elohey, Hy het vir julle gestry soos Hy julle beloof het. Jos 23:11 Neem julle dan terdeë in ag ter wille van julle siele, om JaHWeH julle Elohey lief te hê; Jos 23:12 want as julle ooit mag afwyk en die oorblyfsel van hierdie nasies aankleef wat nog met julle saam is, en julle met hulle verswaer en julle met hulle en hulle met julle meng, Jos 23:13 weet dan verseker dat JaHWeH julle Elohey nie langer hierdie nasies voor julle uit sal verdrywe nie; maar hulle sal vir julle 'n vangnet en 'n strik wees en 'n angel in julle sye en dorings in julle oë, totdat julle omkom uit hierdie suiwer Adamah[adamiet se Aarde] wat JaHWeH julle Elohey aan julle gegee het. Jos 23:14 En kyk, ek gaan vandag die weg van die ganse Aarde, maar julle moet erken met jul hele hart en met jul hele siel dat nie een woord van al die suiwer woorde wat JaHWeH julle Elohey oor julle gespreek het, onvervuld gebly het nie; alles het vir julle uitgekom, nie een woord daarvan het onvervuld gebly nie. Jos 23:15 Maar soos al suiwerheid oor julle gekom het wat JaHWeH julle Elohey oor julle gespreek het, so sal JaHWeH oor julle al die besoedeling laat kom, totdat Hy julle verdelg het vanuit die gesuiwerde Adamah[adamiet se Aarde] wat JaHWeH julle Elohey aan julle gegee het. Jos 23:16 As julle die Verbond van JaHWeH julle Elohey wat Hy julle beveel het, oortree en gode van andere gaan dien en julle voor hulle neerbuig, dan sal die Woede van JaHWeH teen julle ontvlam, en julle sal gou omkom uit die gesuiwerde Aarde wat Hy aan julle gegee het. //Laaste woorde van JeHôWshua. Die volk beloof om JaHWeH te dien. Jos 24:1 DAARNA het JeHôWshua al die stamme van JisraEl byeen laat kom in Sigem, en hy het die oudstes van JisraEl en sy hoofde en sy regters en sy opsigters laat roep, en hulle het hul voor die Aangesig van die Elohim gestel. Jos 24:2 Toe sê JeHôWshua aan die hele volk: So sê JaHWeH, die Elohey van JisraEl: Oorkant die Eufraat het julle vaders van die begin af gewoon - Tera, die vader van Abraham en die vader van Nahor, en hulle het gode van andere gedien. Jos 24:3 Maar Ek het julle vader Abraham van oorkant die Eufraat af geneem en hom deur die hele Aarde van Kanaän laat trek en sy nageslag vermeerder en Isak aan hom gegee; Jos 24:4 en aan Isak het Ek Jakob en Esau gegee, en aan Esau het Ek die gebergte Seïr gegee, om haar in besit te neem; maar Jakob en sy kinders het na Egipte afgetrek. Jos 24:5 Toe het Ek Moshè en Aäron gestuur en Egipte getref soos Ek dit daar gedoen het, en daarna het Ek julle uitgelei. Jos 24:6 Toe Ek julle vaders uit Egipte uitgelei het, het julle by die see gekom; maar die Egiptenaars het julle vaders agternagejaag met strydwaens en perderuiters na die Skelfsee toe; Jos 24:7 maar hulle het JaHWeH aangeroep, en Hy het duisternis gestel tussen julle en die Egiptenaars en die see oor hulle laat kom, sodat dit hulle oordek het, en julle eie oë het gesien wat Ek aan Egipte gedoen het. Daarna het julle baie dae in die wildernis gebly. Jos 24:8 Daarop het Ek julle gebring in die Aarde van die Amoriete wat oos van die Jordaan gewoon het, en hulle het teen julle geveg; maar Ek het hulle in julle hand gegee, sodat julle hul Aarde in besit geneem het, en Ek het hulle voor julle uit verdelg. Jos 24:9 Toe het Balak, die seun van Sippor, die koning van Moab, hom klaargemaak en teen JisraEl geveg; en hy het gestuur om Bileam, die seun van Beor, te roep om julle te vervloek; Jos 24:10 maar Ek wou nie na Bíleam luister nie, sodat hy julle net geseën het; en Ek het julle uit sy hand gered. Jos 24:11 Toe julle die Jordaan deurgetrek en by Jérigo gekom het, het die burgers van Jérigo, die Amoriete en Feresiete en Kanaäniete en Hetiete en Girgasiete, die Hewiete en Jebusiete teen julle geveg; maar Ek het hulle in julle hand gegee Jos 24:12 en perdebye voor julle uit gestuur, wat hulle voor julle uit verdryf het, - die twee konings van die Amoriete - nie deur jou swaard en nie deur jou boog nie. Jos 24:13 So het Ek julle dan 'n Aarde gegee waar julle nie aan gearbei en stede wat julle nie gebou het nie, dat julle in haar kan woon; wingerde en olyfbome wat julle nie geplant het nie, daar eet julle van. Jos 24:14 Vrees dan nou JaHWeH en dien Hom in Rassuiwerheid en in Waarheid, en keer weg van die gode wat julle vaders gedien het oorkant die riviere en in Egipte, en dien JaHWeH. Jos 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oë om JaHWeH te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: of die gode wat julle vaders daar oorkant die riviere gedien het, of die gode van die Amoriete in wie se Aarde julle woon; maar ek en my huis, ons sal JaHWeH dien. Jos 24:16 Toe antwoord die volk en sê: Dit is ver van ons, dat ons JaHWeH sou verlaat om gode van andere te dien; Jos 24:17 want JaHWeH onse Elohey, dit is Hy wat ons en ons vaders uit die Aarde van Egipte uit die slawehuis laat optrek het, en wat voor ons oë hierdie groot tekens gedoen het en ons bewaar het op die hele pad wat ons in haar gegaan en onder al die volke waar ons dwarsdeur getrek het; Jos 24:18 en JaHWeH het al die volke en die Amoriet, die inwoner van die Aarde, voor ons uit verdrywe. Ook ons sal JaHWeH dien, want Hy is onse Elohey. Jos 24:19 Maar JeHôWshua het vir die volk gesê: Julle is nie instaat om JaHWeH te dien nie, want Hy is 'n Elohim van apartes, Hy is 'n jaloerse El; Hy sal julle opstandigheid en oortredinge nie vergewe nie. Jos 24:20 As julle JaHWeH verlaat en 'n vreemde god dien, sal Hy julle weer kwaad aandoen en julle vernietig, nadat Hy aan julle goed gedoen het. Jos 24:21 Toe sê die volk vir JeHôWshua: Nee, maar ons sal JaHWeH dien. Jos 24:22 Daarop sê JeHôWshua aan die volk: Julle is getuies teen julleself dat julle vir julleself JaHWeH gekies het om Hom te dien. En hulle sê: Ons is getuies. Jos 24:23 Verwyder dan nou die gode van die uitlander wat in julle midde is, en neig julle hart tot JaHWeH, die Elohey van JisraEl. Jos 24:24 Daarop sê die volk aan JeHôWshua: Ons sal JaHWeH onse Elohey dien en na Sy Stem luister. Jos 24:25 En op dié dag het JeHôWshua met die volk 'n verbond gesluit en vir hulle 'n Insetting en 'n Reg vasgestel in Sigem. Jos 24:26 En JeHôWshua het hierdie woorde in die Boekrol van die Wet van Elohim geskrywe en 'n groot klip geneem en dié daar opgerig onder die eikeboom wat by die Apartheidsplek van JaHWeH is. Jos 24:27 Toe sê JeHôWshua aan die hele volk: Kyk, hierdie klip sal 'n getuie teen ons wees, want hy het al die woorde van JaHWeH gehoor wat Hy met ons gespreek het; en hy sal 'n getuie teen julle wees, sodat julle jul Elohey nie verloën nie. Jos 24:28 Toe het JeHôWshua die volk laat gaan, elkeen na sy erfdeel toe. Jos 24:29 En na hierdie dinge het JeHôWshua, die seun van Nun, die kneg van JaHWeH, gesterwe, honderd-en-tien jaar oud. Jos 24:30 En hulle het hom begrawe op die grondgebied van sy erfdeel in Timnat-Serag wat op die gebergte van Efraim lê, noord van die berg Gaäs. Jos 24:31 En JisraEl het JaHWeH gedien al die dae van JeHôWshua en al die dae van die oudstes wat lank na JeHôWshua nog in die lewe was en met al die werke van JaHWeH bekend was wat Hy vir JisraEl gedoen het. Jos 24:32 Ook die gebeente van JôWsef wat die kinders van JisraEl uit Egipte saamgebring het, het hulle begrawe in Sigem, op die stuk grond wat Jakob van die kinders van Hemor, die vader van Sigem, vir honderd geldstukke gekoop het, en wat die kinders van JôWsef as erfdeel ontvang het. Jos 24:33 En toe El-Azar, die seun van Aäron, gesterf het, het hulle hom begrawe op die heuwel van sy seun Pínehas wat aan hom gegee was op die gebergte Efraim. // //Die Boekrol van die Rigters // Jdg 1:1 EN ná die dood van JeHôWshua het die kinders van JisraEl JaHWeH geraadpleeg en gesê: Wie van ons moet eerste optrek teen die Kanaäniete om teen hulle te veg? Jdg 1:2 En JaHWeH het gesê: JeHûWdah moet optrek. Kyk, Ek gee die Aarde in sy hand. Jdg 1:3 Toe sê JeHûWdah aan sy broer Símeon: Trek saam met my op in my aandeel, dat ons die Kanaäniete kan beveg, dan sal ek ook met jou saam optrek in jou aandeel. En Símeon het saam met hom getrek; Jdg 1:4 en toe JeHûWdah optrek, het JaHWeH die Kanaäniete en Feresiete in hul hand gegee, sodat hulle tienduisend man van hulle by Besek verslaan het. Jdg 1:5 En hulle het Adóni-Besek aangetref in Besek en teen hom geveg, en die Kanaäniete en Feresiete verslaan. Jdg 1:6 En toe Adóni-Besek wegvlug, het hulle hom agternagejaag en hom gevang en sy duime en sy groottone afgekap. Jdg 1:7 Daarop sê Adóni-Besek: Sewentig konings met afgekapte duime en groottone het onder my tafel [krummels] opgetel: soos ek gedoen het, so het Elohim my vergeld. En hulle het hom na Jerusalem gebring, en daar het hy gesterwe. Jdg 1:8 En die kinders van JeHûWdah het teen Jerusalem geveg en haar ingeneem en haar met die skerpte van die swaard verslaan en die stad aan die brand gesteek. Jdg 1:9 En daarna het die kinders van JeHûWdah afgetrek om te veg teen die Kanaäniete wat op die Gebergte en in die Suidland en in die Laeveld gewoon het. Jdg 1:10 JeHûWdah het dan teen die Kanaäniete uitgetrek, die inwoners van Hebron - maar die naam van Hebron was tevore Kirjat-Arba - en hulle het Sesai en Ahíman en Talmai verslaan. Jdg 1:11 En daarvandaan het hy uitgetrek teen die inwoners van Debir - maar die naam van Debir was tevore Kirjat-Sefer. Jdg 1:12 En Kaleb het gesê: Hy wat Kirjat-Sefer verslaan en haar inneem, aan hom sal ek my dogter Agsa as vrou gee. Jdg 1:13 Daarop het OtniEl, die seun van Kenas, die jonger broer van Kaleb, haar ingeneem; en hy het sy dogter Agsa aan hom as vrou gegee. Jdg 1:14 En toe sy aankom, het sy hom aangespoor om van haar vader 'n stuk grond te vra; en toe sy van die esel afklim, sê Kaleb vir haar: Wat wil jy hê? Jdg 1:15 En sy sê vir hom: Gee my tog 'n geskenk; omdat u my na 'n dor Aarde versit het, moet u my waterfonteine gee. Toe gee Kaleb haar fonteine op die hoogte en fonteine in die laagte. Jdg 1:16 En die kinders van die Keniet, die swaer van Moshè, het saam met die kinders van JeHûWdah opgetrek uit die Palmstad na die wildernis van JeHûWdah wat in die suide van Arad lê; en hy het heengegaan en met die volk saamgewoon. Jdg 1:17 En JeHûWdah het saam met sy broer Símeon getrek, en hulle het die Kanaäniete verslaan wat in Sefat gewoon het en haar met die banvloek getref; daarom noem hulle die stad Horma. Jdg 1:18 En JeHûWdah het Gasa met haar grondgebied en Askelon met haar grondgebied en Ekron met haar grondgebied ingeneem. Jdg 1:19 En JaHWeH was met JeHûWdah, sodat hy die gebergte in besit geneem het; maar die bewoners van die laagte kon hy nie verdrywe nie, omdat hulle ysterwaens gehad het. Jdg 1:20 En hulle het Hebron aan Kaleb gegee, soos Moshè gespreek het; en hy het die drie seuns van Enak daaruit verdrywe. Jdg 1:21 En die kinders van Benjamin het die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, nie verdrywe nie, sodat die Jebusiete saam met die kinders van Benjamin in Jerusalem woon tot vandag toe. Jdg 1:22 En die huis van JôWsef, hulle het ook opgetrek na BetEl, en JaHWeH was met hulle. Jdg 1:23 En toe die huis van JôWsef BetEl laat bespied - maar die naam van die stad was tevore Lus - Jdg 1:24 sien die spioene 'n man uit die stad uitkom, en hulle sê vir hom: Wys ons tog 'n plek om in die stad in te kom, dan sal ons jou medelye betoon. Jdg 1:25 Hy wys hulle toe 'n plek om in die stad in te kom; en hulle het die stad verslaan met die skerpte van die swaard; maar die man en sy hele familie het hulle laat gaan. Jdg 1:26 En die man het weggetrek na die Aarde van die Hetiete, en hy het 'n stad gebou en haar Lus genoem; dit is haar naam tot vandag toe. Jdg 1:27 En Manasse het Bet-Sean met haar onderhorige plekke en Táänag met haar onderhorige plekke en die inwoners van Dor met haar onderhorige plekke en die inwoners van Jíbleam met haar onderhorige plekke en die inwoners van Megíddo met haar onderhorige plekke nie verdrywe nie; en die Kanaäniete het verkies om in hierdie Aarde te bly woon. Jdg 1:28 Maar toe JisraEl sterk word, het hy die Kanaäniete dienspligtig gemaak; hy het hulle egter nie heeltemal verdrywe nie. Jdg 1:29 En Efraim het die Kanaäniete, die inwoners van Geser, nie verdrywe nie; sodat die Kanaäniete in sy midde in Geser bly woon het. Jdg 1:30 Sébulon het die inwoners van Kitron en die inwoners van Náhalol nie verdrywe nie; sodat die Kanaäniete in sy midde bly woon het; maar hulle het dienspligtig geword. Jdg 1:31 Aser het die inwoners van Akko en die inwoners van Sidon en Aglab en Agsib en Helba en Afik en Rehob nie verdrywe nie; Jdg 1:32 sodat die Aseriete bly woon het onder die Kanaäniete, die bevolking van die Aarde, want hulle het hulle nie verdrywe nie. Jdg 1:33 Náftali het die inwoners van Bet-Semes en die inwoners van Bet-Anat nie verdrywe nie, sodat hy bly woon het onder die Kanaäniete, die bevolking van die Aarde; maar die inwoners van Bet-Semes en Bet-Anat het aan hulle dienspligtig geword. Jdg 1:34 En die Amoriete het die kinders van Dan die gebergte in gedruk, want hulle het hul nie toegelaat om na die laagte af te kom nie, Jdg 1:35 sodat die Amoriete verkies het om te bly woon in Har-Heres, in Ajalon en in Sáälbim; maar die hand van die huis van JôWsef was swaar, sodat hulle dienspligtig geword het. Jdg 1:36 En die grens van die Amoriete was van Skerpioen-nek, van die rots af, en verder op. //Die Boodskapper van Elohim bestraf JisraEl by Bogim. Jdg 2:1 TOE trek die Boodskapper van JaHWeH van Gilgal op na Bogim en sê: Ek het julle uit Egipte laat optrek en julle gebring in die Aarde wat Ek julle vaders met 'n eed beloof het, en gesê: Ek sal My Verbond met julle in ewigheid nie verbreek nie; Jdg 2:2 maar julle mag geen verbond met die inwoners van hierdie Aarde maak nie; hulle altare moet julle omgooi. Maar julle het nie na My Stem geluister nie. Wat het julle nou gedoen? Jdg 2:3 So sê Ek dan ook: Ek sal hulle nie voor julle uit verdrywe nie, sodat hulle vyande vir julle sal wees, en hulle gode 'n strik vir julle. Jdg 2:4 En terwyl die Boodskapper van JaHWeH met hierdie woorde al die kinders van JisraEl toespreek, het die volk hulle stem verhef en geween; Jdg 2:5 en hulle het dié plek Bogim genoem en daar aan JaHWeH geslag. Jdg 2:6 Daarna het JeHôWshua die volk laat gaan, en die kinders van JisraEl het elkeen na sy erfdeel getrek om die Aarde in besit te neem. Jdg 2:7 En die volk het JaHWeH gedien al die dae van JeHôWshua en al die dae van die oudstes wat ná JeHôWshua nog in die lewe was, en al die groot werke van JaHWeH gesien het wat Hy vir JisraEl gedoen het. Jdg 2:8 Maar JeHôWshua, die seun van Nun, die kneg van JaHWeH, het gesterwe, honderd-en-tien jaar oud; Jdg 2:9 en hulle het hom begrawe op die gebied van sy erfdeel in Timnat-Heres, op die gebergte van Efraim, noord van die berg Gaäs. Jdg 2:10 En toe ook daardie hele geslag by hulle vaders versamel is, staan daar 'n ander geslag ná hulle op wat JaHWeH en ook die werk wat Hy vir JisraEl gedoen het, nie geken het nie. Jdg 2:11 En die kinders van JisraEl het gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH: hulle het die Here (Baäl) gedien Jdg 2:12 en JaHWeH, die Elohey van hulle vaders, verlaat wat hulle uit die Aarde van Egipte uitgelei het, en hulle het agter gode van andere, uit die gode van die volke aan geloop wat rondom hulle was, en voor hulle neergebuig en hulle het JaHWeH woedend maak. Jdg 2:13 Maar toe hulle JaHWeH verlaat en die Here (Baäl) en vir Ashtarowth dien, Jdg 2:14 het die Woede van JaHWeH teen JisraEl ontvlam, en Hy het hulle oorgegee in die hand van rowers wat hulle beroof het; en Hy het hulle verkoop in die hand van hulle vyande rondom, sodat hulle nie meer kon standhou voor die aangesig van hulle vyande nie. Jdg 2:15 Waarheen hulle ook al uittrek, was die Hand van JaHWeH teen hulle ten besoedeling, soos JaHWeH gespreek en soos JaHWeH vir hulle gesweer het. Maar wanneer hulle dan in groot benoudheid raak, Jdg 2:16 verwek JaHWeH rigters wat hulle verlos uit die hand van hulle berowers. Jdg 2:17 Na hulle rigters het hulle egter ook nie geluister nie, maar agter gode van andere aan gehoereer en voor hulle neergebuig; gou het hulle afgewyk van die Weg wat hulle vaders bewandel het in gehoorsaamheid aan die Gebooie van JaHWeH: so het hulle nie gedoen nie. Jdg 2:18 En wanneer JaHWeH vir hulle Rigters verwek, was JaHWeH met die rigter om hulle te verlos uit die hand van hul vyande al die dae van die rigter, omdat JaHWeH Medelye gehad het vanweë hulle gekerm oor hulle verdrukkers en hulle verdringers. Jdg 2:19 Maar wanneer die rigter dood was, het hulle nog erger as hulle vaders gehandel deur agter gode van andere aan te loop, om hulle te dien en voor hulle neer te buig: hulle het niks laat vaar van hulle handelinge en van hulle hardnekkige wandel nie. Jdg 2:20 Daarom het die Woede van JaHWeH teen JisraEl ontvlam, en Hy het gesê: Omdat hierdie nasie My Verbond wat Ek hulle vaders beveel het, oortree en na My Stem nie luister nie, Jdg 2:21 sal Ek ook verder geeneen van die nasies wat JeHôWshua by sy dood laat oorbly het, voor hulle uit verdrywe nie - Jdg 2:22 om JisraEl deur hulle op die proef te stel, of hulle die Weg van JaHWeH sal hou deur daarin te wandel soos hulle vaders dit gehou het, of nie. Jdg 2:23 Daarom het JaHWeH daardie nasies laat oorbly sonder om hulle dadelik te verdrywe, en hulle nie in die hand van JeHôWshua gegee nie. Jdg 3:1 EN dit is die nasies wat JaHWeH laat oorbly het om JisraEl, almal wat al die oorloë van Kanaän nie geken het nie, deur hulle op die proef te stel - Jdg 3:2 net dat die geslagte van die kinders van JisraEl dit kan weet - om hulle te leer oorlog voer, ten minste die wat daar vroeër nie van geweet het nie: Jdg 3:3 vyf vorste van die Filistyne en al die Kanaäniete en Sidoniërs en Hewiete wat in die gebergte Libanon gewoon het, van die berg Baäl-Hermon af tot by die ingang na Hamat. Jdg 3:4 Hulle was dan daar om deur hulle vir JisraEl op die proef te stel; om te weet of hulle na die Gebooie van JaHWeH wat Hy hulle vaders deur die hand van Moshè beveel het, sou luister. //Ótniël bevry die volk uit die mag van die koning van Mesopotámië. Jdg 3:5 SO het die kinders van JisraEl dan onder die Kanaäniete, Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete gewoon, Jdg 3:6 en húl dogters vir hulle as vroue geneem en hulle eie dogters aan húl seuns gegee en hul gode gedien. Jdg 3:7 En die kinders van JisraEl het gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH en JaHWeH hulle Elohey vergeet en die Here (Baäl) en die Houtkruise gedien. Jdg 3:8 Daarop het die Woede van JaHWeH teen JisraEl ontvlam, en Hy het hulle verkoop in die hand van Kusan Risatáim, die koning van Meso-potámië, en die kinders van JisraEl het Kusan Risatáim agt jaar lank gedien. Jdg 3:9 Maar toe die kinders van JisraEl JaHWeH aanroep, het JaHWeH 'n verlosser vir die kinders van JisraEl verwek, wat hulle verlos het: OtniEl, die seun van Kenas, die jonger broer van Kaleb. Jdg 3:10 En die Gees van JaHWeH het op hom gekom, en hy het JisraEl gerig en uitgetrek om oorlog te voer; en JaHWeH het Kusan Risatáim, die koning van Aram, in sy hand gegee, sodat hy die oorhand oor Kusan Risatáim gekry het. Jdg 3:11 Toe kry die Aarde rus veertig jaar lank. En OtniEl, die seun van Kenas, het gesterwe. //Ehud, die verlosser teen Moab. Samgar. Jdg 3:12 EN die kinders van JisraEl het weer gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH. Toe maak JaHWeH Eglon, die koning van Moab, sterk teen JisraEl, omdat hulle gedoen het wat besoedel was in die Oë van JaHWeH; Jdg 3:13 en hy versamel by hom die kinders van Ammon en Amalek. Daarop het hy weggetrek en JisraEl verslaan, en hulle het die Palmstad in besit geneem. Jdg 3:14 En die kinders van JisraEl het Eglon, die koning van Moab, agttien jaar lank gedien. Jdg 3:15 Maar toe die kinders van JisraEl JaHWeH aanroep, het JaHWeH vir hulle as verlosser verwek: Ehud, die seun van Gera, die Benjaminiet, 'n man wat linkshandig was. En deur sy hand het die kinders van JisraEl 'n geskenk aan Eglon gebring, die koning van Moab. Jdg 3:16 En Ehud het vir hom 'n swaard gemaak, aan twee kante skerp, 'n half voorarm(gomed) haar lengte, en haar onder sy klere aan sy regterheup vasgegord; Jdg 3:17 en hy het die geskenk aan Eglon, die koning van Moab, nadergebring; en Eglon was 'n baie vet man. Jdg 3:18 En toe hy die geskenk afgelewer het, stuur hy die genote wat die geskenk gedra het, weg; Jdg 3:19 maar hy self het omgedraai by die gesnede beelde wat by Gilgal was, en gesê: Ek het 'n geheime opdrag aan u, o koning! Dié sê toe: Stil! En almal wat by hom staan, het van hom af weggegaan buitentoe. Jdg 3:20 En toe Ehud by hom inkom, terwyl hy in die koel bo-kamer sit wat vir hom alleen was, sê Ehud: Ek het 'n Woord van Elohim aan u! En toe hy van sy stoel af opstaan, Jdg 3:21 steek Ehud sy linkerhand uit en gryp die swaard van sy regterheup af en steek haar in sy buik, Jdg 3:22 sodat selfs die hef agter die lem ingedring het in die vet, want hy het die swaard nie uit sy buik uitgetrek nie, om die lem toegesluit en by die wond uitgepeul het. Jdg 3:23 Toe gaan Ehud uit op die galery, maar hy het die deure van die bo-kamer agter hom gesluit en gegrendel. Jdg 3:24 Net toe hy uitgegaan het, kom sy dienaars; en toe hulle sien en kyk: die deure van die bo-kamer was gegrendel, sê hulle: Hy is seker besig om sy voete te bedek in die koel kamer. Jdg 3:25 En hulle het gewag totdat hulle verleë was; maar - hy het die deure van die bo-kamer nie oopgemaak nie! En toe hulle die sleutel gaan haal en oopsluit, lê hulle meester daar dood op die Aarde! Jdg 3:26 Maar terwyl hulle nog talm, het Ehud ontvlug en die gesnede beelde verbygegaan en na Seïra ontsnap. Jdg 3:27 En toe hy aankom, blaas hy op die ramshoring op die gebergte van Efraim, en die kinders van JisraEl het saam met hom van die gebergte afgetrek, en hy voor hulle uit. Jdg 3:28 Toe sê hy vir hulle: Volg my, want JaHWeH gee julle vyande, die Moabiete, in julle hand; en hulle het agter hom aan afgetrek en die Moabiete van die driwwe van die Jordaan afgesny en niemand toegelaat om deur te gaan nie. Jdg 3:29 En hulle het in dié tyd van Moab omtrent tienduisend man verslaan, almal goed geboude en almal dapper manne, en niemand het vrygekom nie. Jdg 3:30 So moes Moab dan dié dag buig onder die hand van JisraEl; en die Aarde het tagtig jaar lank gerus. Jdg 3:31 Toe kom ná hom Samgar, die seun van Anat, wat van die Filistyne seshonderd man met 'n osdrywerstok verslaan het; en ook hy het JisraEl verlos. //Debóra en Barak verlos JisraEl van Jabin, 'n Kanaänitiese koning. Jdg 4:1 MAAR ná die dood van Ehud het die kinders van JisraEl weer gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH. Jdg 4:2 Daarom het JaHWeH hulle verkoop in die hand van Jabin, die koning van Kanaän, wat in Hasor geregeer het; en sy leërowerste was Sísera, 'n inwoner van Haróset van die nasies. Jdg 4:3 En die kinders van JisraEl het JaHWeH aangeroep; want hy het negehonderd ysterwaens gehad en die kinders van JisraEl twintig jaar lank swaar verdruk. Jdg 4:4 En Debóra, 'n profetes, die vrou van Láppidot, het in dié tyd JisraEl gerig; Jdg 4:5 en sy het gesit onder die palm van Debóra, tussen Rama en BetEl, op die gebergte van Efraim; en die kinders van JisraEl het na haar opgegaan vir Regspraak. Jdg 4:6 Toe laat sy Barak, die seun van Abinóam, uit Kedes in Náftali, roep en sê vir hom: Het JaHWeH, die Elohey van JisraEl, nie bevel gegee nie: Gaan, trek na die berg Tabor, en neem tienduisend man van die kinders van Náftali en van die kinders van Sébulon met jou saam? Jdg 4:7 dan sal Ek Sísera, die leërowerste van Jabin, met sy strydwaens en sy menigte na jou, na die spruit Kison trek, en Ek sal hom in jou hand gee. Jdg 4:8 Maar Barak sê vir haar: As u met my saamtrek, sal ek gaan; maar as u nie met my saamtrek nie, gaan ek nie. Jdg 4:9 Toe sê sy: Ek sal sekerlik met jou saamtrek, maar die eer sal nie joune wees op die pad wat jy sal gaan nie; want JaHWeH sal Sísera in die hand van 'n vrou verkoop; en Debóra het opgestaan en saam met Barak na Kedes getrek. Jdg 4:10 Daarop het Barak Sébulon en Náftali bymekaargeroep na Kedes toe, en tienduisend man het op sy voetspore opgetrek, en Debóra het saam met hom opgetrek. Jdg 4:11 En Heber, die Keniet, het hom afgeskei van Kain, van die kinders van Hobab, die swaer van Moshè, en het sy tente opgeslaan tot by die terpentynboom by Saänáim, naby Kedes. Jdg 4:12 En toe hulle aan Sísera berig bring dat Barak, die seun van Abinóam, na die berg Tabor opgetrek het, Jdg 4:13 het Sísera al sy strydwaens, negehonderd ysterwaens, en al die manskappe wat by hom was, uit Haróset van die nasies na die spruit Kison bymekaargeroep. Jdg 4:14 Daarop sê Debóra vir Barak: Maak jou klaar, want dit is die dag waarop JaHWeH Sísera in jou hand gee. Trek JaHWeH nie voor jou uit nie? Toe trek Barak van die berg Tabor af, en tienduisend man agter hom aan. Jdg 4:15 En JaHWeH het Sísera met al die waens en die hele leër deur die skerpte van die swaard in verwarring gebring voor die aangesig van Barak uit, en Sísera het van sy wa afgeklim en te voet gevlug. Jdg 4:16 Maar Barak het die waens en die leër agternagejaag tot by Haróset van die nasies, en die hele leër van Sísera het deur die skerpte van die swaard geval; daar het selfs nie een oorgebly nie. Jdg 4:17 Toe vlug Sísera te voet na die tent van Jael, die vrou van Heber, die Keniet; want daar was vrede tussen Jabin, die koning van Hasor, en die huis van Heber, die Keniet. Jdg 4:18 En Jael het uitgegaan Sísera tegemoet en vir hom gesê: Draai uit, my meester, draai uit na my! Moenie bang wees nie! En hy het na haar uitgedraai, na die tent, en sy het hom met 'n kombers toegemaak. Jdg 4:19 Daarop sê hy vir haar: Gee my tog 'n bietjie water om te drink, want ek het dors; sy maak toe die melksak oop en laat hom [daaruit] drink en maak hom weer toe. Jdg 4:20 En hy sê vir haar: Gaan staan by die tentdeur, en as iemand kom en jou vra en sê: Is hier iemand? antwoord dan: Nee. Jdg 4:21 Toe neem Jael, die vrou van Heber, 'n tentpen en vat die hamer in haar hand en gaan stilletjies na hom en dryf die pen terwyl hy vas aan die slaap was dwarsdeur die slaap van sy hoof, sodat dit in die Aarde indring. So het hy dan bewusteloos geword en gesterwe. Jdg 4:22 En kyk, terwyl Barak Sísera agtervolg, gaan Jael uit hom tegemoet en sê vir hom: Kom, en ek sal u die man wys wat u soek; en toe hy by haar inkom, lê Sísera daar dood, met die pen deur die slaap van sy hoof! Jdg 4:23 So het Elohim dan op dié dag Jabin, die koning van Kanaän, voor die aangesig van die kinders van JisraEl onderwerp. Jdg 4:24 En die hand van die kinders van JisraEl het al swaarder gaan druk op Jabin, die koning van Kanaän, totdat hulle Jabin, die koning van Kanaän, uitgeroei het. //Lofsang van Debóra. Jdg 5:1 OP dié dag het Debóra en Barak, die seun van Abinóam, gesing en gesê: Jdg 5:2 Buig voor die Aangesig van JaHWeH, omdat Hy JisraEl vrygemaak het deur Sy Leierskap, nadat die volk hulself gewillig getoon het. Jdg 5:3 Hoor, o konings! Luister, o vorste! Ek, tot eer van JaHWeH wil ek sing, tot eer van JaHWeH, die Elohey van JisraEl, wil ek musiek maak. Jdg 5:4 JaHWeH, toe U uitgetrek het uit Seïr, toe U voortgestap het uit die veld van Edom, het die Aarde gebeef, ook het die Hemele gedrup, ook het die wolke water gedrup. Jdg 5:5 Berge het gewankel voor die Aangesig van JaHWeH uit, hierdie Sinai voor die Aangesig van JaHWeH, die Elohey van JisraEl. Jdg 5:6 In die dae van Samgar, die seun van Anat, in die dae van Jael, was die paaie verlate, en die reisigers het langs sypaaie gegaan. Jdg 5:7 Leiers het ontbreek in JisraEl, ontbreek; totdat ek, Debóra, opgestaan het, ek, 'n moeder in JisraEl, opgestaan het. Jdg 5:8 Kies hulle nuwe gode, dan is daar oorlog in die poorte; was daar skild of spies te sien onder veertigduisend in JisraEl? Jdg 5:9 My hart is vir die aanvoerders van JisraEl wat hulle gewillig betoon het onder die volk - prys JaHWeH! Jdg 5:10 Julle wat op wit eselinne ry, wat op tapyte sit, wandelaars langs die Paaie, dink na! Jdg 5:11 Vanweë die stem van die boogskutters tussen die drinkplekke, besing hulle daar die Dade van Geregtigheid van JaHWeH, die Geregtigheid van Sy inwoners in JisraEl. Toe het die volk van JaHWeH afgetrek na die poorte toe. Jdg 5:12 Word wakker, word wakker, Debóra! Word wakker, word wakker, hef 'n lied aan! Staan op, Barak! en voer jou gevangenes weg, seun van Abinóam! Jdg 5:13 Hy het die oorblyfsel oor die vernames laat heers van die volk, toe het JaHWeH vir my laat heers oor die magtiges. Jdg 5:14 Uit Efraim, die wat hulle wortel in Amalek het; Benjamin, agter jou aan onder jou manskappe; uit Magir trek die aanvoerders af, en uit Sébulon die wat met die nommerstaf uittrek; Jdg 5:15 en vorste in Issaskar met Debóra saam; en Issaskar soos Barak: in die dal storm hulle op sy voetspore. In die afdelings van Ruben was die voornemens van die hart groot. Jdg 5:16 Waarom het jy tussen die veekrale bly sit en luister na die fluitspel by die troppe vee? In die afdelings van Ruben was die voornemens van die hart groot. Jdg 5:17 Gílead het rustig oorkant die Jordaan gebly; en Dan, waarom vertoef hy by die skepe? Aser het bly sit aan die seekus en aan sy baaie rustig gebly. Jdg 5:18 Sébulon is 'n volk wat sy siel gering ag tot die Dood toe; ook Náftali op die hoogtes van die land. Jdg 5:19 Konings het gekom, geveg; toe het die konings van Kanaàn geveg by Táänag, by die waters van Megíddo - hulle het geen wins van silwer geneem nie. Jdg 5:20 Uit die Hemele het die Sterre/Prinse geveg, vanuit hulle bane het hulle teen Sísera geveg; Jdg 5:21 die spruit Kison het hulle afgedrywe, die spruit van ontmoeting, die spruit Kison! Tree op, my siel, met mag! Jdg 5:22 Toe het die perdepote geklap van die gejaag, die gejaag van hulle geweldiges. Jdg 5:23 Vloek Meros, sê die Boodskapper van JaHWeH; ja, vervloek haar inwoners, omdat hulle JaHWeH nie tot hulp gekom het nie, JaHWeH tot hulp onder die dapperes. Jdg 5:24 Mag bo die vroue geseënd wees Jael, die vrou van Heber, die Keniet; geseënd wees bo die vroue in die tent! Jdg 5:25 Water het hy gevra, melk het sy gegee, in 'n sierlike skottel het sy dikmelk nadergebring. Jdg 5:26 Haar hand steek sy uit na die tentpen en haar regterhand na die werksman se hamer; en sy hamer Sísera, verpletter sy kop en verbrysel en deurboor die slaap van sy hoof. Jdg 5:27 Tussen haar voete sak hy inmekaar, val, lê daar! Tussen haar voete sak hy inmekaar, val; waar hy inmekaarsak, daar lê hy - morsdood. Jdg 5:28 Deur die venster kyk die moeder van Sísera uit, en sy roep deur die venstertralie: Waarom vertoef sy wa om te kom? Waarom is sy wa so traag om te kom? Jdg 5:29 Die skranderste van haar vorstinne antwoord haar, ja, sy self antwoord op haar woorde: Jdg 5:30 Hulle het seker buit gevind [en] verdeel dit: een slavin, twee slavinne vir elke krygsman; 'n buit van bont klere vir Sísera, 'n buit van bont klere, veelkleurige; 'n bont doek, twee veelkleuriges as buit vir my hals. Jdg 5:31 So moet al U vyande, JaHWeH, omkom! Maar die wat Hom liefhet, is soos die opgang van die son in sy krag. En die Aarde het veertig jaar lank gerus. //Gídeon word deur Elohim gestuur om JisraEl van die Midianiete te verlos. Jdg 6:1 MAAR toe die kinders van JisraEl gedoen het wat besoedel was in die Oë van JaHWeH, het JaHWeH hulle oorgegee in die hand van die Midianiete, sewe jaar lank. Jdg 6:2 En die Midianiete het die oorhand oor JisraEl gekry; vanweë die Midianiete het die kinders van JisraEl vir hulle die slote gemaak wat op die berge is, en die gate en die bergvestings. Jdg 6:3 Want as JisraEl gesaai het, dan trek die Midianiete en Amalekiete en die kinders van die Ooste uit, en trek teen hulle op: Jdg 6:4 slaan laers teen hulle op en verwoes die opbrengs van die Aarde in die rigting na Gasa, en hulle laat geen lewensmiddele, geen skaap of bees of esel in JisraEl oorbly nie. Jdg 6:5 Want hulle het met hul vee en hul tente opgetrek en gekom soos sprinkane in menigte, terwyl hulle en hul kamele ontelbaar was; so het hulle dan die Aarde ingekom om haar te verwoes. Jdg 6:6 En JisraEl het deur die Midianiete baie arm geword, maar die kinders van JisraEl het JaHWeH aangeroep. Jdg 6:7 En toe die kinders van JisraEl JaHWeH aanroep vanweë die Midianiete, Jdg 6:8 het JaHWeH 'n profeet na die kinders van JisraEl gestuur, en dié het vir hulle gesê: So spreek JaHWeH, die Elohey van JisraEl: Ek self het julle laat optrek uit Egipte en julle uit die slawehuis uitgelei Jdg 6:9 en julle gered uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van al julle verdrukkers en hulle voor julle uit verdrywe en hulle Aarde aan julle gegee. Jdg 6:10 En Ek het aan julle gesê: Ek - JaHWeH julle Elohey; julle mag die gode van die Amoriete in wie se Aarde julle woon, nie vrees nie. Maar julle het nie na My Stem geluister nie. Jdg 6:11 Toe het die Boodskapper van JaHWeH gekom en gaan sit onder die terpentynboom wat by Ofra staan, wat aan JôWash, die Abiësriet, behoort het, terwyl sy seun Gídeon juis koring uitslaan in die parskuip om haar te beveilig teen die Midianiete. Jdg 6:12 En die Boodskapper van JaHWeH het aan hom verskyn en vir hom gesê: JaHWeH is met jou, dappere! Jdg 6:13 Toe vra Gídeon Hom: Ag, my Meester, as JaHWeH met ons is, waarom het al hierdie dinge ons dan oorgekom? En waar is al Sy wonders waar ons vaders ons van vertel het, deur te sê: Het JaHWeH ons nie uit Egipte laat optrek nie? Maar nou het JaHWeH ons verwerp en ons oorgegee in die handpalms van die Midianiete. Jdg 6:14 Toe draai JaHWeH na hom toe en sê: Gaan in hierdie Krag van jou en verlos JisraEl uit die handpalms van die Midianiete. Is dit nie Ek wat jou stuur nie? Jdg 6:15 Maar hy vra Hom: Ag, my Meester waarmee sou ek JisraEl verlos? Kyk, my familie - duisende is hulpeloos in Manasse, en ek self die geringste in my vader se huisgesin. Jdg 6:16 Toe sê JaHWeH vir hom: Ek sal met jou wees, sodat jy die Midianiete soos een man sal verslaan. Jdg 6:17 En hy antwoord Hom: As ek dan Guns in U Oë gevind het, doen vir my 'n Teken, dat U Hy is wat met my spreek. Jdg 6:18 Verwyder U tog nie hiervandaan voordat ek by U kom en my spysbydrae uitbring en voor U neersit nie. Hy sê toe: Ek sal bly totdat jy terugkom. Jdg 6:19 Toe het Gídeon ingegaan en 'n bokkie berei, en van 'n efa meel ongesuurde koeke; die vleis het hy in 'n mandjie gesit en die sous in 'n pot gegooi; en hy het haar na Hom uitgebring onder die terpentynboom en haar naby neergesit. Jdg 6:20 Maar die Boodskapper van die Elohim het vir hom gesê: Neem die vleis en die ongesuurde koeke, en sit haar op hierdie rots neer en gooi die sous [daaroor] uit. En hy het so gedoen. Jdg 6:21 Daarop steek die Boodskapper van JaHWeH die punt van die Staf wat in Sy hand was, uit en raak die vleis en die ongesuurde koeke aan; toe gaan daar vuur op uit die rots en verteer die vleis en die ongesuurde koeke. Intussen het die Boodskapper van JaHWeH verdwyn uit sy oë. Jdg 6:22 Toe Gídeon bemerk dat Hy die Boodskapper van JaHWeH was, sê Gídeon: Ag, my Meester JaHWeH! want ek het die Boodskapper van JaHWeH gesien van aangesig tot Aangesig! Jdg 6:23 Maar JaHWeH sê vir hom: Vrede vir jou! Vrees nie! Jy sal nie sterwe nie. Jdg 6:24 Toe bou Gídeon daar 'n altaar vir JaHWeH en noem dit: JaHWeH-Shalom! (JaHWeH is Vrede) Dit staan vandag nog daar by Ofra van die Abiësriete. Jdg 6:25 En in dieselfde nag het JaHWeH vir hom gesê: Neem die bul van jou vader, naamlik die tweede bul van sewe jaar, en breek die altaar van die Here (Baäl) af wat aan jou vader behoort, en kap die Houtkruis af wat daar langsaan staan. Jdg 6:26 En bou vir JaHWeH jou Elohey 'n altaar op die top van hierdie vesting deur opstapeling, en neem die tweede bul en bring hom as 'n brandoffer met die hout van die Houtkruis wat jy moet afkap. Jdg 6:27 Toe het Gídeon tien man van sy dienaars geneem en gedoen soos JaHWeH aan hom gesê het; maar omdat hy te bang was vir sy familie en vir die manne van die stad, om dit oordag te doen, het hy dit in die nag gedoen. Jdg 6:28 En toe die manne van die stad die môre vroeg opstaan, lê die altaar van die Here (Baäl) daar omgegooi en die Houtkruis wat daar langsaan gestaan het, afgekap en die tweede bul opgedra op die altaar wat daar gebou was! Jdg 6:29 Toe sê hulle, die een vir die ander: Wie het hierdie ding gedoen? En onderwyl hulle ondersoek en uitvra, sê hulle: Gídeon, die seun van JôWash, het hierdie ding gedoen! Jdg 6:30 Toe sê die manne van die stad vir JôWash: Bring jou seun uit, hy moet sterwe, omdat hy die altaar van die Here (Baäl) omgegooi het, en omdat hy die Houtkruis wat daar langsaan gestaan het, afgekap het. Jdg 6:31 Maar JôWash sê vir almal wat by hom staan: Wil júlle vir die Here (Baäl) veg? Of wil julle hom help? Die wat vir hom veg, sal vanmôre nog gedood word. As hy 'n elohim is, laat hy vir homself veg, omdat hy sy altaar omgegooi het. Jdg 6:32 Daarom het hy hom op dié dag Jerúb-Baäl genoem en gesê: Laat die Here (Baäl) teen hom veg, omdat hy sy altaar omgegooi het. Jdg 6:33 Toe het al die Midianiete en Amalekiete en die kinders van die Ooste aanmekaar gesluit en deurgetrek en in die laagte van JizreEl laer opgeslaan. Jdg 6:34 En die Gees van JaHWeH het Gídeon beklee; en hy het op die ramshoring geblaas, en die Abiësriete is agter hom aan opgeroep. Jdg 6:35 Ook het hy boodskappers gestuur in die hele Manasse, en dié is ook agter hom aan opgeroep; ook het hy boodskappers gestuur in Aser en in Sébulon en in Náftali, en hulle het opgetrek, hulle tegemoet. Jdg 6:36 Toe het Gídeon met die Elohim gespreek: As U werklik deur my hand JisraEl wil verlos soos U gespreek het - Jdg 6:37 ek sal die wolvlies op die dorsvloer neerlê: as daar net op die vlies Dou is, terwyl die Aarde oral droog is, dan sal ek weet dat U deur my hand JisraEl wil verlos soos U gespreek het. Jdg 6:38 En dit was so: toe hy die volgende môre vroeg opstaan, het hy die vlies uitgewring en die Dou uit die vlies uitgedruk, 'n kom vol water. Jdg 6:39 Toe het Gídeon met die Elohim gespreek: Laat U Woede nie teen my ontvlam nie, en laat my net hierdie keer mag spreek; laat my tog net hierdie keer met die vlies 'n proef neem: laat dit op die vlies alleen droog wees terwyl daar op die Aarde oral Dou is. Jdg 6:40 En Elohim het daardie nag so gedoen: op die vlies alleen was dit droog, maar oral op die Aarde was daar Dou. //Driehonderd JisraEliete verdryf die Midianiete. Jdg 7:1 DAARNA het Jerúbbaäl, dit is Gídeon, en al die manskappe wat by hom was, vroeg klaargemaak, en hulle het laer opgeslaan by die fontein Harod, terwyl die laer van die Midianiete ten noorde van hom was, van die heuwel Môreh af in die dal. Jdg 7:2 Toe sê JaHWeH vir Gídeon: Die manskappe by jou is te veel vir My om die Midianiete in hulle hand te gee; anders kan JisraEl hom teen My beroem deur te sê: My eie hand het my verlos. Jdg 7:3 Roep dan nou tog uit voor die ore van die manskappe en sê: Die wat bang is en bewe, kan teruggaan en wegdraai van die gebergte van Gílead af. Toe het daar van die manskappe twee-en-twintigduisend omgedraai, en tienduisend het oorgebly. Jdg 7:4 Daarop sê JaHWeH vir Gídeon: Die manskappe is nog te veel; bring hulle af na die water, dan sal Ek hulle daar vir jou uitsoek; en van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag met jou saamgaan - dié mag met jou saamgaan; maar elkeen van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag nie met jou saamgaan nie - dié mag nie gaan nie. Jdg 7:5 Hy bring toe die manskappe af na die water; en JaHWeH sê vir Gídeon: Elkeen wat met sy tong die water oplek soos 'n hond lek, moet jy eenkant laat staan; en elkeen wat op sy knieë vooroor buig om te drink, [anderkant]. Jdg 7:6 En die aantal van die wat gelek het met hul hand na hul mond toe, was driehonderd man; en al die ander manskappe het op hulle knieë vooroor gebuig om water te drink. Jdg 7:7 Toe sê JaHWeH vir Gídeon: Deur die driehonderd man wat gelek het, sal Ek julle verlos en die Midianiete in jou hand gee; maar al die ander manskappe kan elkeen na sy woonplek gaan. [Boekrol van die Opregte 12:41] Jdg 7:8 Daarop neem hulle die padkos van die manskappe en hulle ramshorings in hul hand; en hy het al die manskappe van JisraEl laat gaan, elkeen na sy tente toe; maar die driehonderd man het hy agtergehou, terwyl die laer van die Midianiete onderkant hom in die laagte was. Jdg 7:9 En daardie nag het JaHWeH vir hom gesê: Staan op, gaan af in die laer, want Ek gee dit in jou hand. Jdg 7:10 En as jy bang is om af te gaan, gaan jy dan saam met jou dienaar Pura af na die laer toe Jdg 7:11 en luister wat hulle praat; en daarna sal jou hande sterk word, en jy sal in die laer aftrek. Hy gaan toe af saam met sy dienaar Pura tot by die buitenste lyn van die gewapendes wat in die laer was. Jdg 7:12 En die Midianiete en Amalekiete en al die kinders van die Ooste het in die laagte gelê soos sprinkane in menigte, en hulle kamele was ontelbaar soos die sand aan die seestrand in menigte. Jdg 7:13 En toe Gídeon aankom, vertel 'n man aan 'n ander juis 'n droom en sê: Kyk, ek het 'n droom gehad: Daar rol 'n koek van garsbrood, draai om in die laer van die Midianiete en kom tot by die tent en slaan hom dat hy omval en keer hom onderstebo, en toe lê die tent daar! Jdg 7:14 En sy vriend het geantwoord en gesê: Dit is niks anders nie as die swaard van Gídeon, die seun van JôWash, die man JisraEl; die Elohim het die Midianiete en die hele laer in sy hand gegee. Jdg 7:15 Toe Gídeon dan die verhaal van die droom en sy uitlegging hoor, het hy neergeval; en hy het teruggekeer na die laer van JisraEl en gesê: Maak klaar, want JaHWeH gee die laer van die Midianiete in julle hand. Jdg 7:16 En hy het die driehonderd man verdeel in drie dele en aan hulle almal ramshorings en leë kruike, met fakkels binne-in die kruike, in die hand gegee Jdg 7:17 en aan hulle gesê: Kyk na my en maak net so; en kyk, as ek by die buitenste lyn van die laer kom, dan moet julle maak net soos ek maak. Jdg 7:18 En as ek en almal wat by my is, op die ramshoring blaas, moet julle ook op die ramshorings blaas rondom die hele laer, en julle moet sê: Vir JaHWeH en vir Gídeon! Jdg 7:19 Toe kom Gídeon en die honderd man wat by hom was, by die buitenste lyn van die laer, met die begin van die middelste nagwaak toe hulle skaars die wagte uitgesit het, en hulle blaas op die ramshorings en slaan die kruike stukkend wat hulle in hul hand gehad het. Jdg 7:20 Toe blaas die drie dele op die ramshorings en breek die kruike en hou met hulle linkerhand die fakkels en met hulle regterhand die ramshorings om te blaas, terwyl hulle uitroep: Die swaard van JaHWeH en van Gídeon! Jdg 7:21 En hulle het bly staan elkeen op sy plek, rondom die laer. Daarop hardloop die hele laer, en hulle skreeu en vlug. Jdg 7:22 En toe die driehonderd op die ramshorings blaas, het JaHWeH die swaard van die een teen die ander gerig, ja, in die hele laer; en die laer het gevlug na Bet-Sitta, na Seréda toe, tot by die oewer van Abel-Mehóla by Tabbat. Jdg 7:23 En die manskappe van JisraEl uit Náftali en uit Aser en uit die hele Manasse is opgeroep, en hulle het die Midianiete agternagejaag. Jdg 7:24 Ook het Gídeon boodskappers gestuur in die hele gebergte van Efraim om te sê: Trek af, die Midianiete tegemoet, en sny hulle van die waters af tot by Bet-Bara en die Jordaan. So het dan al die manskappe van Efraim bymekaargekom en die waters beset tot by Bet-Bara en die Jordaan. Jdg 7:25 En hulle het twee vorste van die Midianiete gevang, Oreb en Seëb; en Oreb het hulle gedood by die rots Oreb, en Seëb gedood by die parskuip Seëb, en hulle het die Midianiete agtervolg; en die hoof van Oreb en van Seëb het hulle na Gídeon gebring, oorkant die Jordaan. //Moeilikheid met Efraim. Sukkot en PeniEl. Gideon weier om oor JisraEl te regeer. Jdg 8:1 TOE sê die manskappe van Efraim vir hom: Wat is dit wat u ons aangedoen het, dat u ons nie geroep het toe u weggetrek het om teen die Midianiete te veg nie? En hulle het heftig met hom getwis. Jdg 8:2 Maar hy sê vir hulle: Wat het ek nou gedoen in vergelyking met julle? Is die na-oes van Efraim nie suiwerder as die wynoes van Abiëser nie? Jdg 8:3 Elohim het die vorste van Mídian, Oreb en Seëb, in julle hand gegee, maar wat kon ek doen in vergelyking met julle? Toe bedaar hulle opgewondenheid teenoor hom nadat hy hierdie woord gespreek het. Jdg 8:4 En Gídeon het gekom by die Jordaan, en hy en die driehonderd man wat by hom was, het oorgetrek, moeg en besig om te agtervolg. Jdg 8:5 En hy sê aan die manne van Sukkot: Gee tog brood vir die volk wat op my voetspore volg, want hulle is moeg, en ek is besig om Seba en Sálmuna, die konings van die Midianiete, agterna te jaag. Jdg 8:6 Maar die vorste van Sukkot vra: Is die handpalm van Seba en van Sálmuna nou al in u hand, dat ons aan u leër brood moet gee? Jdg 8:7 Toe sê Gídeon: Daarom, as JaHWeH Seba en Sálmuna in my hand gee, sal ek julle vlees skeur met die dorings van die wildernis se doringstruike. Jdg 8:8 En daarvandaan het hy opgetrek na PeniEl en met hulle net so gespreek; maar die manne van PeniEl het hom geantwoord net soos die manne van Sukkot geantwoord het. Jdg 8:9 Daarop spreek hy ook met die mense van PeniEl en sê: As ek met vrede terugkom, sal ek hierdie toring omgooi. Jdg 8:10 Seba en Sálmuna was toe in Karkor, en hul leër by hulle, omtrent vyftienduisend, al wat oor was uit die hele leër van die kinders van die Ooste; maar die gesneuweldes was honderd-en-twintig- duisend man wat die swaard kon uittrek. Jdg 8:11 En Gídeon het opgetrek met die pad van die tentbewoners, ten ooste van Nobag en Jógbeha, en hy het die leër verslaan terwyl die leër gerus was. Jdg 8:12 En Seba en Sálmuna het gevlug, maar hy het hulle agternagejaag en die twee konings van Mídian, Seba en Sálmuna, gevang nadat hy die hele leër uiteengejaag het. Jdg 8:13 En toe Gídeon, die seun van JôWash, terugkom uit die geveg, van die nek Heres af, Jdg 8:14 vang hy 'n seun van die mense van Sukkot en vra hom uit; en dié het vir hom die vorste van Sukkot en sy oudstes opgeskrywe, sewe-en-sewentig man. Jdg 8:15 En toe hy by die mense van Sukkot kom, sê hy: Hier is Seba en Sálmuna oor wie julle my gesmaad het deur te sê: Is die handpalm van Seba en van Sálmuna nou al in u hand, dat ons aan u vermoeide manskappe brood moet gee? Jdg 8:16 Daarop neem hy die oudstes van die stad saam met die dorings van die wildernis se doringstruike, en hy het die manne van Sukkot daarmee 'n les geleer. Jdg 8:17 En die toring van PeniEl het hy omgegooi en die manne van die stad gedood. Jdg 8:18 En hy het Seba en Sálmuna gevra: Wat vir manne was dit wat julle by Tabor gedood het? En hulle antwoord: Soos u, so was hulle: elkeen van gestalte; koninklike seuns. Jdg 8:19 Daarop sê hy: Dit was my broers, seuns van my moeder. So waar as JaHWeH leef, as julle hulle laat leef het, sou ek julle nie doodmaak nie. Jdg 8:20 En hy sê aan Jeter, sy eersgeborene: Staan op, maak hulle dood! Maar die seun het sy swaard nie uitgetrek nie, omdat hy bang was; want hy was nog 'n seun. Jdg 8:21 Toe sê Seba en Sálmuna: Staan u self op en val ons aan, want soos die man is, is sy krag. Gídeon het toe opgestaan en Seba en Sálmuna gedood, en die maantjies wat aan die nekke van hulle kamele was, het hy geneem. Jdg 8:22 Daarop sê die manne van JisraEl vir Gídeon: Heers oor ons, u sowel as u seun en u kleinseun, want u het ons verlos uit die hand van die Midianiete. Jdg 8:23 Maar Gídeon antwoord hulle: Ek wil nie oor julle heers nie, en ook my seun mag nie oor julle heers nie: JaHWeH sal oor julle heers. Jdg 8:24 Verder het Gídeon vir hulle gesê: Ek wil aan julle 'n versoek doen: Gee nou elkeen vir my die ring uit sy buit! Want hulle het goue ringe gedra, omdat hulle Jismaeliete was. Jdg 8:25 Toe sê hulle: Ons wil dit graag gee; en hulle het 'n mantel uitgesprei en elkeen 'n ring van sy buit daarop gegooi. Jdg 8:26 En die gewig van die goue ringe wat hy gevra het, was sewentienhonderd [sikkels] goud, behalwe die maantjies en die oorversiersels en purper klere wat die konings van Mídian gedra het, en behalwe die kettings wat aan die nekke van hulle kamele was. Jdg 8:27 En Gídeon het daar 'n skouerkleed van gemaak en dit in sy stad, in Ofra, opgestel; en die hele JisraEl het hom daar agterna gehoereer, en hy het vir Gídeon en sy huis 'n strik geword. Jdg 8:28 So moes die Midianiete dan buig voor die kinders van JisraEl, en hulle het hul hoof nie meer opgetel nie; en die Aarde het in Gídeon se dae veertig jaar lank gerus. Jdg 8:29 En Jerúbbaäl, die seun van JôWash, het in sy huis gaan woon. Jdg 8:30 En Gídeon het sewentig seuns gehad wat uit sy lende voortgekom het, want hy het baie vroue gehad. Jdg 8:31 En sy byvrou wat in Sigem was, het ook vir hom 'n seun gebaar, en hy het hom die naam Abiméleg gegee. Jdg 8:32 En Gídeon, die seun van JôWash, het gesterf in goeie ouderdom en is begrawe in die graf van sy vader JôWash, in Ofra van die Abiësriete. Jdg 8:33 Maar net toe Gídeon dood was, het die kinders van JisraEl weer die Here (Baäl) agterna gehoereer en van Baäl-Berít vir hulle 'n god gemaak. Jdg 8:34 En die kinders van JisraEl het nie gedink aan JaHWeH hulle Elohey wat hulle uit die hand van al hul vyande rondom gered het nie. Jdg 8:35 En hulle het geen medelye betoon aan die huis van Jerúbbaäl, dit is Gídeon, vir al die suiwer dinge wat hy aan JisraEl gedoen het nie. //Misdade van Abiméleg. Sy val. Jdg 9:1 EN Abiméleg, die seun van Jerúbbaäl, het heengegaan na Sigem, na die broers van sy moeder, en hy het met hulle en met die hele familie in die huis van sy moeder se vader gespreek en gesê: Jdg 9:2 Spreek tog voor die ore van al die burgers van Sigem: Wat is vir julle beter - dat sewentig man, almal seuns van Jerúbbaäl, oor julle heers, of dat een man oor julle heers? En dink daaraan dat ek julle gebeente en julle vlees is. Jdg 9:3 Toe die broers van sy moeder al hierdie woorde voor die ore van al die burgers van Sigem oor hom spreek, het hulle hart Abiméleg gevolg; want hulle het gesê: Hy is ons broer. Jdg 9:4 Hulle het hom toe sewentig [sikkels] silwer uit die huis van Baäl-Berít gegee, en daarmee het Abiméleg ydele en lig- sinnige manne gehuur, en hulle het hom gevolg. Jdg 9:5 En hy het in die huis van sy vader gegaan, in Ofra, en sy broers, die seuns van Jerúbbaäl, sewentig man, op een klip vermoor; maar JôWtham, die jongste seun van Jerúbbaäl, het oorgebly, want hy het weggekruip. Jdg 9:6 Daarop het al die burgers van Sigem en die hele huis Millo bymekaargekom en Abiméleg gaan koning maak by die terpentynboom van die gedenkteken wat by Sigem is. Jdg 9:7 Toe hulle dit aan JôWtham meedeel, het hy op die top van die berg Gerísim gaan staan en sy stem verhef en uitgeroep en aan hulle gesê: Luister na my, burgers van Sigem, sodat Elohim na julle kan luister. Jdg 9:8 Eendag het die bome gegaan om 'n koning oor hulle te salf en aan die Olyfboom gesê: Wees Koningin oor ons! Jdg 9:9 Maar die Olyfboom het vir hulle gesê: Sou ek My vettigheid opgee wat Elohim en die mense in My prys, en oor die bome verhewe wees? Jdg 9:10 Toe sê die bome vir die Vyeboom: Kom jy, wees koning oor ons. Jdg 9:11 Maar die Vyeboom het vir hulle gesê: Sou Ek My soetigheid en My suiwer vrugte opgee en oor die bome verhewe wees? Jdg 9:12 Toe sê die bome vir die Wingerdstok: Kom jy, wees koning oor ons. Jdg 9:13 Maar die Wingerdstok het vir hulle gesê: Sou Ek My vars soet wyn opgee wat Elohim en die mense vrolik maak, en verhewe wees oor die bome? Jdg 9:14 Toe sê al die bome vir die Steekdoring: Kom jy, wees koning oor ons! Jdg 9:15 En die Steekdoring het vir die bome gesê: As julle in Waarheid my as koning oor julle salf, kom dan, skuil in my skaduwee; maar so nie, laat daar dan vuur uitgaan uit die Steekdoring en die seders van die Líbanon verteer. Jdg 9:16 As julle dan nou in Waarheid en Rassuiwerheid gehandel het deur Abiméleg koning te maak, en as julle goed gedoen het aan Jerúbbaäl en sy huis, en as julle aan hom gedoen het na die verdienste van sy hande - Jdg 9:17 julle vir wie my vader geveg en sy siel gewaag het, en wat hy uit die hand van die Midianiete gered het, Jdg 9:18 maar wat vandag opgestaan het teen die huis van my vader, en sy seuns, sewentig man, op een klip vermoor het en Abiméleg, die seun van sy slavin, koning gemaak het oor die burgers van Sigem omdat hy julle broer is - Jdg 9:19 as julle dan vandag in Waarheid en Rassuiwerheid gehandel het met Jerúbbaäl en sy huis, wees dan vrolik oor Abiméleg, en mag hy ook vrolik wees oor julle. Jdg 9:20 Maar so nie, laat daar dan vuur uitgaan uit Abiméleg en die burgers van Sigem en die huis Millo verteer; en laat daar vuur uitgaan uit die burgers van Sigem en uit die huis Millo en Abiméleg verteer. Jdg 9:21 Daarop het JôWtham padgegee en weggevlug en na Beër gegaan en daar gebly vanweë Abiméleg, sy broer. Jdg 9:22 Toe Abiméleg drie jaar oor JisraEl geheers het, Jdg 9:23 het Elohim 'n gees van besoedeling gestuur tussen Abiméleg en die burgers van Sigem, en die burgers van Sigem het verraad gepleeg teen Abiméleg, Jdg 9:24 sodat die onreg teen die sewentig seuns van Jerúbbaäl sou uitkom, en Hy hulle bloed sou lê op hul broer Abiméleg wat hulle vermoor het, ook op die burgers van Sigem wat sy hande versterk het om sy broers te vermoor. Jdg 9:25 So het die burgers van Sigem dan teen hom hinderlae opgestel bo-op die berge en almal beroof wat op die pad by hulle verbykom. En dit is aan Abiméleg meegedeel. Jdg 9:26 Toe kom Gaäl, die seun van Ebed, met sy broers en hulle trek oor na Sigem toe; en die burgers van Sigem het op hom vertrou. Jdg 9:27 En hulle het uitgegaan in die veld en hulle wingerde afgeoes en uitgetrap en 'n feestelikheid gehou; daarop het hulle in die huis van hulle gode ingegaan en geëet en gedrink en Abiméleg gevloek. Jdg 9:28 Toe sê Gaäl, die seun van Ebed: Wie is Abiméleg - en wat is Sigem - dat ons hom sou dien? Is hy nie die seun van Jerúbbaäl, en is Sebul nie sy stadsbestuurder nie? Dien die manne van Hemor, die vader van Sigem, maar waarom moet óns hom dien? Jdg 9:29 Ag, was hierdie volk maar in my hand, dan sou ek Abiméleg wegjaag! En met die oog op Abiméleg het hy gesê: Vermeerder maar jou leër en trek uit! Jdg 9:30 Toe Sebul, die owerste van die stad, die woorde van Gaäl, die seun van Ebed, hoor, het hy kwaad geword Jdg 9:31 en listig boodskappers na Abiméleg gestuur om te sê: Kyk, Gaäl, die seun van Ebed, met sy broers, het in Sigem gekom, en kyk, hulle maak die stad teen u op. Jdg 9:32 Maak dan nou in die nag klaar, u met die manskappe wat by u is, en stel 'n hinderlaag op in die veld. Jdg 9:33 Dan kan u in die môre vroeg as die son uitkom, u gereed hou en 'n aanval teen die stad maak; en as hy met die manskappe wat by hom is, uittrek na u toe, handel dan met hom na bevind van sake. Jdg 9:34 Daarop het Abiméleg en al die manskappe wat by hom was, in die nag klaargemaak en hinderlae in vier dele by Sigem opgestel. Jdg 9:35 En Gaäl, die seun van Ebed, het uitgegaan en by die ingang van die stadspoort gaan staan; en toe Abiméleg en al die manskappe wat by hom was, opstaan uit die hinderlaag, Jdg 9:36 sien Gaäl die manskappe en sê vir Sebul: Kyk, daar kom mense van die bergtoppe af; maar Sebul sê vir hom: Jy sien die skaduwee van die berge vir mense aan! Jdg 9:37 Maar Gaäl hou aan en sê: Kyk, daar kom mense van die hoogste punt van die Aarde af, en een deel kom uit die rigting van die eik van die towenaar. Jdg 9:38 Daarop sê Sebul vir hom: Waar is nou jou mond waarmee jy gesê het: Wie is Abiméleg, dat ons hom sou dien? Is dit nie die manskappe wat jy verag het nie? Trek nou tog uit en veg teen hulle! Jdg 9:39 Toe trek Gaäl uit voor die aangesig van die burgers van Sigem en veg teen Abiméleg. Jdg 9:40 Maar Abiméleg het hom agtervolg, en hy het voor hom uit gevlug, en baie het gesneuwel tot by die ingang van die poort. Jdg 9:41 En Abiméleg het in Aruma gebly, maar Sebul het Gaäl en sy broers verjaag, dat hulle nie in Sigem kon bly woon nie. Jdg 9:42 En toe die mense die volgende dag uittrek in die veld, is dit aan Abiméleg meegedeel. Jdg 9:43 Daarop het hy die manskappe geneem en hulle in drie dele verdeel en 'n hinderlaag opgestel in die veld; en toe hy sien dat die mense die stad uittrek, val hy hulle aan en verslaan hulle. Jdg 9:44 Want Abiméleg en die dele wat by hom was, het ingestorm en gaan staan by die ingang van die stadspoort, en die ander twee dele het almal wat in die veld was, bestorm en hulle verslaan. Jdg 9:45 En Abiméleg het daardie hele dag teen die stad geveg en die stad ingeneem en die mense wat in haar was, gedood en die stad afgebreek en haar met sout besaai. Jdg 9:46 Toe al die burgers van die toring van Sigem dit hoor, gaan hulle in die kelder van die huis van die El-Berít in. Jdg 9:47 En toe dit aan Abiméleg meegedeel is dat al die burgers van die toring van Sigem bymekaargekom het, Jdg 9:48 klim Abiméleg, hy en al die manskappe wat by hom was, op die berg Salmon; en Abiméleg het byle met hom saamgeneem en 'n boomtak afgekap en opgetel en dit op sy skouer gesit en aan die manskappe wat by hom was, gesê: Wat julle my sien doen, doen dit my gou na. Jdg 9:49 Daarop kap al die manskappe ook elkeen sy tak af en hulle volg Abiméleg en gooi dit op die kelder en steek die kelder bo-op hulle aan die brand, sodat ook al die mense van die Sigemstoring, omtrent duisend manne en vroue, gesterf het. Jdg 9:50 Daarna het Abiméleg na Tebes getrek en Tebes beleër en haar ingeneem. Jdg 9:51 Maar in die middel van die stad was 'n sterk toring; en daarheen het al die manne en vroue en al die burgers van die stad gevlug, en hulle het agter hulle toegesluit en bo-op die dak van die toring geklim. Jdg 9:52 En Abiméleg het gekom tot by die toring en daarteen geveg; maar toe hy nader kom tot by die ingang van die toring om dit met vuur te verbrand, Jdg 9:53 gooi 'n vrou die boonste meulsteen op die hoof van Abiméleg en verbrysel sy skedel. Jdg 9:54 Toe roep hy gou die dienaar, sy wapendraer, en sê vir hom: Trek jou swaard uit en maak my van kant, dat hulle nie van my kan sê: 'n Vrou het hom gedood nie. Daarop het sy dienaar hom deurboor, en hy het gesterwe. Jdg 9:55 En toe die manne van JisraEl sien dat Abiméleg dood was, het hulle elkeen na sy woonplek gegaan. Jdg 9:56 So het Elohim dan die besoedeling van Abiméleg vergelde wat hy sy vader aangedoen het deur sy sewentig broers te vermoor. Jdg 9:57 En al die besoedeling van die manne van Sigem het Elohim op hulle eie hoof laat neerkom; en die vloek van JôWtham, die seun van Jerúbbaäl, het oor hulle gekom. //Tola en Jaïr is Rigters. Jdg 10:1 EN ná Abiméleg het Tola, die seun van Pua, die seun van Dodo, 'n man uit Issaskar, opgetree om JisraEl te verlos; en hy het gewoon in Samir op die gebergte van Efraim. Jdg 10:2 En hy het JisraEl drie-en-twintig jaar lank gerig; en hy het gesterwe en is in Samir begrawe. Jdg 10:3 En ná hom het Jaïr, die Gileadiet, opgetree, en hy het JisraEl twee-en-twintig jaar lank gerig. Jdg 10:4 En hy het dertig seuns gehad, wat op dertig jong esels gery en dertig stede gehad het; dié word tot vandag toe die Jaïrsdorpe genoem wat in die Aarde van Gílead lê. Jdg 10:5 En Jaïr het gesterwe en is in Kamon begrawe. //Verdrukking deur Filistyne en Ammoniete. Bekering en vergewing. Jdg 10:6 EN die kinders van JisraEl het weer gedoen wat besoedeld was volgens die Oë van JaHWeH, en hulle het die Baäls en die Ashtarowth gedien, en die gode van Aram en die gode van Sidon en die gode van Moab en die gode van die kinders van Ammon en die gode van die Filistyne, en hulle het JaHWeH verlaat en Hom nie gedien nie. Jdg 10:7 Daarom het die Woede van JaHWeH ontvlam teen JisraEl, en Hy het hulle verkoop in die hand van die Filistyne en in die hand van die kinders van Ammon. Jdg 10:8 En hulle het die kinders van JisraEl verpletter en verdruk in daardie jaar, agttien jaar lank, al die kinders van JisraEl wat oorkant die Jordaan gewoon het in die Aarde van die Amoriete, wat in Gílead was. Jdg 10:9 Daarby het die kinders van Ammon die Jordaan oorgetrek om ook teen JeHûWdah en Benjamin en die huis van Efraim te veg, sodat JisraEl dit baie benoud gehad het. Jdg 10:10 Toe roep die kinders van JisraEl JaHWeH aan en sê: Ons het teen U oortree, want ons het onse Elohey verlaat en die Here (Baäl) gedien. Jdg 10:11 Maar JaHWeH het aan die kinders van JisraEl gesê: Het Ek julle nie van die Egiptenaars en van die Amoriete, van die kinders van Ammon en van die Filistyne - Jdg 10:12 en toe die Sidoniërs en Amalekiete en Maoniete julle verdruk en julle My aangeroep het - julle uit hulle hand verlos nie? Jdg 10:13 Maar julle het My verlaat en gode van andere gedien; daarom sal Ek julle nie meer verlos nie. Jdg 10:14 Gaan heen en roep die gode aan wat julle verkies het; laat dié julle verlos in die tyd van julle benoudheid. Jdg 10:15 Toe sê die kinders van JisraEl aan JaHWeH: Ons het oortree; maak met ons net soos dit goed is in U Oë; verlos ons tog net vandag. Jdg 10:16 En hulle het die gode van die uitlander uit hulle midde verwyder en JaHWeH gedien; toe het Sy Siel omgekrap geword oor die ellende van JisraEl. Jdg 10:17 En die kinders van Ammon is byeengeroep en het laer opgeslaan in Gílead; maar die kinders van JisraEl het bymekaargekom en laer opgeslaan by Mispa. Jdg 10:18 Toe sê die manskappe, die vorste van Gílead, die een aan die ander: Wie is die man wat sal begin om te veg teen die kinders van Ammon? Hy sal hoof wees oor al die inwoners van Gílead. //Jefta bevry JisraEl van die Ammoniete; sy onversigtige Gelofte. Jdg 11:1 EN Jefta, die Gíleadiet, was 'n dappere, maar hy was die seun van 'n hoer; en Gílead was die vader van Jefta. Jdg 11:2 En toe die vrou van Gílead vir hom seuns baar, en die seuns van die vrou groot word, het hulle Jefta weggejaag en vir hom gesê: Jy mag in ons familie nie erwe nie, want jy is die seun van 'n ander vrou. Jdg 11:3 Daarop vlug Jefta van sy broers af weg en hy gaan woon in die Aarde van Tob; en ligsinnige manne het by Jefta aangesluit en saam met hom uitgetrek. Jdg 11:4 En 'n tyd daarna het die kinders van Ammon oorlog gevoer teen JisraEl. Jdg 11:5 Maar toe die kinders van Ammon oorlog voer teen JisraEl, het die oudstes van Gílead Jefta gaan haal uit die Aarde van Tob; Jdg 11:6 en hulle het vir Jefta gesê: Kom en wees ons aanvoerder, dat ons kan veg teen die kinders van Ammon. Jdg 11:7 Maar Jefta antwoord die oudstes van Gílead: Het julle my nie gehaat en my uit my vader se huis weggejaag nie? Waarom kom julle dan nou na my, nou dat julle in die benoudheid sit? Jdg 11:8 Toe sê die oudstes van Gílead vir Jefta: Daarom kom ons nou na jou terug, dat jy met ons kan saamtrek en teen die kinders van Ammon veg, en dat jy ons hoof kan wees oor al die inwoners van Gílead. Jdg 11:9 Daarop antwoord Jefta die oudstes van Gílead: As julle my laat terugkom om teen die kinders van Ammon te veg en JaHWeH hulle aan my aangesig oorgegee het, dan moet ek julle hoof word. Jdg 11:10 Toe sê die oudstes van Gílead vir Jefta: JaHWeH sal hoorder wees tussen ons. Waarlik, soos jy gesê het, so sal ons doen. Jdg 11:11 So het Jefta dan met die oudstes van Gílead saamgegaan, en die volk het hom as hoof en aanvoerder oor hulle aangestel, en Jefta het al sy woorde voor die Aangesig van JaHWeH in Mispa gespreek. Jdg 11:12 Toe stuur Jefta boodskappers na die koning van die kinders van Ammon om te vra: Wat het ek met u te doen, dat u na my kom om teen my Aarde te veg? Jdg 11:13 En die koning van die kinders van Ammon sê aan die boodskappers van Jefta: JisraEl het my Aarde geneem toe hy opgetrek het uit Egipte, van die Arnon af tot by die Jabbok en tot by die Jordaan; gee haar dan nou in vrede terug. Jdg 11:14 En Jefta het nog weer boodskappers gestuur na die koning van die kinders van Ammon Jdg 11:15 en vir hom gesê: So sê Jefta: JisraEl het die Aarde van Moab en die Aarde van die kinders van Ammon nie geneem nie. Jdg 11:16 Want JisraEl het toe hy uit Egipte opgetrek het, deur die wildernis gegaan tot by die Skelfsee en het by Kadesh gekom. Jdg 11:17 En JisraEl het boodskappers gestuur na die koning van Edom om te sê: Laat my tog deur u Aarde trek; maar die koning van Edom het geen gehoor gegee nie; en na die koning van Moab het hy gestuur, maar hy wou ook nie. Daarom het JisraEl in Kadesh gebly. Jdg 11:18 Verder het hy deur die wildernis gegaan en om die Aarde van Edom en die Aarde van Moab getrek en gekom aan die oostekant van die Aarde van Moab; en hulle het laer opgeslaan oorkant die Arnon, maar nie in die gebied van Moab ingekom nie, want die Arnon is die grens van Moab. Jdg 11:19 Daarop het JisraEl boodskappers gestuur na Sihon, die koning van die Amoriete, die koning van Hesbon, en JisraEl het vir hom gesê: Laat ons tog deur u Aarde trek na my plek toe. Jdg 11:20 Maar Sihon het JisraEl nie vertrou om deur sy gebied te trek nie, en Sihon het al sy manskappe versamel, en hulle het laer opgeslaan in Jahas en teen JisraEl geveg. Jdg 11:21 Maar JaHWeH, die Elohey van JisraEl, het Sihon en sy hele volk in die hand van JisraEl gegee, en dié het hulle verslaan; sodat JisraEl die hele Aarde van die Amoriete, die inwoners van daardie Aarde, in besit geneem het. Jdg 11:22 En hulle het die hele grondgebied van die Amoriete, van die Arnon af tot by die Jabbok en van die wildernis af tot by die Jordaan, in besit geneem. Jdg 11:23 So het JaHWeH, die Elohey van JisraEl, dan die Amoriete voor Sy volk JisraEl uit verdrywe, en wil u haar in besit neem? Jdg 11:24 Sal u haar nie in besit neem wat jou god Kamos jou as 'n besitting gee, en ons alles wat JaHWeH onse Elohey voor ons uit verdrywe, in besit neem nie? Jdg 11:25 En is u nou soveel beter as Balak, die seun van Sippor, die koning van Moab? Het hy ooit met JisraEl getwis, of ooit teen hulle geveg? Jdg 11:26 Terwyl JisraEl in Hesbon met sy onderhorige plekke en in Aroër met sy onderhorige plekke en in al die stede wat langs die Arnon lê, driehonderd jaar lank gewoon het, waarom het julle haar dan nie in dié tyd ontset nie? Jdg 11:27 So het ék dan nie teen ú oortree nie, maar u handel so sleg met my om teen my oorlog te voer. Mag JaHWeH, die Regter, vandag oordeel tussen die kinders van JisraEl en die kinders van Ammon! Jdg 11:28 Maar die koning van die kinders van Ammon het nie geluister na die woorde van Jefta wat hy hom laat weet het nie. Jdg 11:29 Toe het die Gees van JaHWeH op Jefta gekom, en hy het oorgetrek na Gílead en Manasse en verder deur na Mispe in Gílead; en van Mispe in Gílead het hy deurgetrek na die kinders van Ammon. Jdg 11:30 En Jefta het aan JaHWeH 'n Gelofte gedoen en gesê: As U werklik die kinders van Ammon in my hand gee, Jdg 11:31 dan sal wat uitkom, wat uit die deure van my huis uitkom my tegemoet, as ek in vrede terugkom van die kinders van Ammon, aan JaHWeH behoort, en ek sal haar as 'n brandoffer bring. Jdg 11:32 Daarop het Jefta deurgetrek na die kinders van Ammon om teen hulle te veg, en JaHWeH het hulle in sy hand gegee. Jdg 11:33 En hy het hulle verslaan van Aroër af in die rigting na Minnit, twintig stede, en tot by Abel-Kerámim - 'n baie groot slag; sodat die kinders van Ammon verneder is voor die kinders van JisraEl. Jdg 11:34 En toe Jefta in Mispa by sy huis kom, gaan sy dogter juis uit, hom tegemoet met tamboeryne en koordanse; en sy was die enigste kind: hy het geen seun of dogter buiten haar gehad nie. Jdg 11:35 En net toe hy haar sien, skeur hy sy klere en sê: Ag, my dogter, jy druk my heeltemal neer, en jy stort my in droefenis! Want ek het my mond geopen teenoor JaHWeH, en ek kan nie terugtrek nie. Jdg 11:36 En sy antwoord hom: My vader, as u u mond geopen het teenoor JaHWeH, maak met my soos uit u mond uitgegaan het nadat JaHWeH u volkome wraak verskaf het op u vyande, op die kinders van Ammon. Jdg 11:37 Verder het sy vir haar vader gesê: Laat dit my toegestaan word: laat my twee maande vry, dat ek kan weggaan en afdaal na die berge en my maagdelike staat beween, ek en my vriendinne. Jdg 11:38 En hy sê: Gaan! En hy het haar vir twee maande laat gaan. Sy het toe weggegaan met haar vriendinne en haar maagdelike staat op die berge beween. Jdg 11:39 En aan die end van twee maande het sy na haar vader teruggekom, en hy het die Gelofte wat deur hom gedoen is, aan haar voltrek; en sy het geen man beken nie. En dit het 'n gewoonte geword in JisraEl Jdg 11:40 dat die dogters van JisraEl jaar vir jaar heengaan om die dogter van Jefta, die Gileadiet, te besing, vier dae in die jaar. //Die ongegronde verset van Efraim teen Jefta word swaar gestraf. Jdg 12:1 EN die manne van Efraim is saamgeroep en het oorgetrek na Safon toe en vir Jefta gesê: Waarom het u deurgetrek om teen die kinders van Ammon te veg en óns nie geroep om saam met u te trek nie? Ons sal u huis bo u met vuur verbrand. Jdg 12:2 Maar Jefta sê vir hulle: Ek en my volk het 'n hewige twis met die kinders van Ammon gehad, en ek het julle opgeroep, maar julle het my nie uit hulle hand verlos nie. Jdg 12:3 En toe ek sien dat jy nie help nie, het ek my siel in my handpalms geplaas en deurgetrek na die kinders van Ammon; en JaHWeH het hulle in my hand gegee. Waarom het julle dan vandag teen my opgetrek om teen my oorlog te voer? Jdg 12:4 Daarop versamel Jefta al die manne van Gílead om teen Efraim te veg; en die manne van Gílead het Efraim verslaan, omdat hulle gesê het: Julle, Gileadiete, is vlugtelinge van Efraim, in die midde van Efraim en Manasse. Jdg 12:5 En Gílead het die Efraimiete van die Jordaan-driwwe afgesny; en as die vlugtelinge van Efraim sê: Ek wil deurgaan - dan vra die manne van Gílead vir hom: Is jy 'n Efraimiet? As hy sê: Nee, Jdg 12:6 dan vra hulle hom: Sê bietjie: Sjibbolet! En as hy sê: Sibbolet! en nie ag gee om dit reg uit te spreek nie, dan gryp hulle hom en maak hom by die Jordaan-driwwe dood. So het daar dan in dié tyd van Efraim twee-en-veertigduisend man geval. Jdg 12:7 En Jefta het JisraEl ses jaar lank gerig; en Jefta, die Gileadiet, het gesterwe en is begrawe in een van die stede van Gílead. Jdg 12:8 EN ná hom het Ebsan, uit Betlehem, JisraEl gerig. Jdg 12:9 En hy het dertig seuns gehad, en dertig dogters het hy uitgehuwelik en van buite af dertig dogters vir sy seuns ingebring; en hy het JisraEl sewe jaar lank gerig. Jdg 12:10 En Ebsan het gesterwe en is begrawe in Betlehem. Jdg 12:11 En ná hom het Elon, die Sebuloniet, JisraEl gerig; en hy het JisraEl tien jaar lank gerig. Jdg 12:12 En Elon, die Sebuloniet, het gesterwe en is begrawe in Ajalon, in die Aarde van Sébulon. Jdg 12:13 En ná hom het Abdon, die seun van Hillel, die Pireatoniet, JisraEl gerig. Jdg 12:14 En hy het veertig seuns en dertig kleinseuns gehad wat op sewentig jong esels gery het; en hy het JisraEl agt jaar lank gerig. Jdg 12:15 En Abdon, die seun van Hillel, die Pireatoniet, het gesterwe en is begrawe in Píreaton, in die Aarde van Efraim, op die gebergte van die Amalekiete. //JisraEl oorgelewer aan die Fillistyne. Geboorte van Simson. Jdg 13:1 EN toe die kinders van JisraEl weer doen wat besoedel is in die Oë van JaHWeH, het JaHWeH hulle oorgegee in die hand van die Filistyne, veertig jaar lank. Jdg 13:2 En daar was 'n man uit Sórea, uit die familie van die Daniete, met die naam van Manóag; en sy vrou was onvrugbaar en het geen kinders gehad nie. Jdg 13:3 Maar die Boodskapper van JaHWeH het aan die vrou verskyn en vir haar gesê: Kyk, jy is onvrugbaar en het geen kinders gehad nie, maar jy sal swanger word en 'n seun baar. Jdg 13:4 Neem jou dan nou tog in ag en drink geen wyn of sterk drank nie en eet niks wat besoedel is nie. Jdg 13:5 Want kyk, jy sal swanger word en 'n seun baar, en geen skeermes mag op sy hoof kom nie; want die seun sal van die moederskoot af 'n Separatis aan Elohim wees, en hy sal JisraEl begin verlos uit die hand van die Filistyne. Jdg 13:6 Daarop kom die vrou in en spreek met haar man en sê: 'n Man van die Elohim het na my gekom, en Sy voorkoms was soos die voorkoms van 'n Boodskapper van die Elohim, baie ontsagwekkend; maar ek het Hom nie gevra waar Hy vandaan was nie, en Sy Naam het Hy my nie meegedeel nie. Jdg 13:7 Maar Hy het vir my gesê: Kyk, jy sal swanger word en 'n seun baar; drink dan nou geen wyn of sterk drank nie, en eet niks wat besoedel is nie; want die seun sal 'n Separatis van Elohim wees van die moederskoot af tot die dag van sy dood toe. Jdg 13:8 En Manóag het tot JaHWeH gebid en gesê: Ag my Meester, laat tog die Man van die Elohim wat U gestuur het, nog 'n keer na ons toe kom, dat Hy ons kan leer hoe ons moet maak met die seun wat gebore sal word. Jdg 13:9 En die Elohim het geluister na die stem van Manóag, sodat die Boodskapper van die Elohim nog 'n keer na die vrou gekom het terwyl sy in die veld sit en haar man Manóag nie by haar was nie. Jdg 13:10 En die vrou het haastig geloop en haar man dit vertel en vir hom gesê: Kyk, die Man het aan my verskyn wat die ander dag na my gekom het. Jdg 13:11 Toe staan Manóag op en loop agter sy vrou aan, en hy kom by die Man en vra hom: Is U die Man wat met dié vrou gespreek het? Toe sê Hy: Ja. Jdg 13:12 Daarop vra Manóag: As U woorde nou uitkom, wat moet die Regspraak ten opsigte van die werk van die seun wees? Jdg 13:13 Toe sê die Boodskapper van JaHWeH aan Manóag: Vir alles wat Ek aan die vrou gesê het, moet sy haar in ag neem. Jdg 13:14 Van alles wat van die wingerdstok afkomstig is, mag sy nie eet nie; en geen wyn of sterk drank moet sy drink nie en niks eet wat besoedel is nie; alles wat Ek haar beveel het, moet sy onderhou. Jdg 13:15 Manóag sê aan die Boodskapper van JaHWeH: Laat ons U tog ophou, dat ons 'n bokkie vir U kan berei. Jdg 13:16 En die Boodskapper van JaHWeH antwoord Manóag: Al hou jy My op, Ek sal nie van jou brood eet nie; maar as jy 'n brandoffer wil berei, skenk haar dan aan JaHWeH. Want Manóag het nie geweet dat Hy die Boodskapper van JaHWeH was nie. Jdg 13:17 Daarop vra Manóag die Boodskapper van JaHWeH: Wat is U Naam, dat ons U kan vereer as U Woord uitkom? Jdg 13:18 En die Boodskapper van JaHWeH sê vir hom: Waarom vra jy dan na My Naam terwyl Hy wonderbaar is? Jdg 13:19 Toe neem Manóag die bokkie en die spysbydrae en neem haar op, op 'n rots aan JaHWeH terwyl Hy wonderbaarlik handel voor die oë van Manóag en sy vrou: Jdg 13:20 toe die vlam van die altaar opstyg na bo, het die Boodskapper van JaHWeH in die vlam van die altaar opgevaar; en Manóag en sy vrou het dit gesien en met hulle aangesig op die Aarde geval. Jdg 13:21 En die Boodskapper van JaHWeH het verder nie meer aan Manóag en sy vrou verskyn nie. Daarop bemerk Manóag dat Hy die Boodskapper van JaHWeH was. Jdg 13:22 En Manóag sê vir sy vrou: Ons sal sekerlik sterwe, omdat ons Elohim gesien het. Jdg 13:23 Maar sy vrou sê vir hom: As JaHWeH ons wou laat sterwe, sou Hy nie uit ons hand 'n brandoffer en 'n spysbydrae aangeneem en ons al hierdie dinge laat sien en ons nou sulke dinge laat hoor het nie. Jdg 13:24 En die vrou het 'n seun gebaar en hom Simson genoem; en die kind het groot geword, en JaHWeH het hom geseën. Jdg 13:25 En die Gees van JaHWeH het hom begin drywe in die laer van Dan tussen Sórea en Estáol. //Huwelik van Simson. Die raaisel opgelos. Jdg 14:1 TOE Simson afgegaan het na Timna, sien hy in Timna 'n vrou uit die dogters van die Filistyne; Jdg 14:2 en hy het opgegaan en dit aan sy vader en sy moeder vertel en gesê: Ek het 'n vrou uit die dogters van die Filistyne in Timna gesien; neem haar dan nou as vrou vir my. Jdg 14:3 Maar sy vader en sy moeder sê vir hom: Is daar onder die dogters van jou broers en onder my hele volk nie 'n vrou, dat jy heengaan om 'n vrou uit die Filistyne, die onbesnedenes, te neem nie? En Simson sê aan sy vader: Neem haar vir my, want sy geval my. Jdg 14:4 Maar sy vader en sy moeder het nie geweet dat dit van JaHWeH kom nie; want Hy het rede gesoek teen die Filistyne; in dié tyd naamlik het die Filistyne oor JisraEl geheers. Jdg 14:5 En Simson het met sy vader en sy moeder afgegaan na Timna; en toe hulle by die wingerde van Timna kom, storm daar 'n jong leeu brullende op hom af. Jdg 14:6 Maar die Gees van JaHWeH het oor hom vaardig geword; en hy het hom verskeur soos 'n mens 'n bokkie verskeur sonder dat daar iets in sy hand was; maar hy het sy vader en sy moeder nie vertel wat hy gedoen het nie. Jdg 14:7 Toe gaan hy af en praat met die vrou; en sy het Simson geval. Jdg 14:8 En 'n tyd daarna het hy teruggegaan om haar te gaan haal; en toe hy uitdraai om na die dooie leeu te kyk, was daar 'n swerm bye in die dooie liggaam van die leeu, en heuning. Jdg 14:9 En hy het dit uitgehaal in sy handpalms en aldeur geloop en eet, en na sy vader en sy moeder gegaan en aan hulle gegee; en hulle het geëet, maar dat hy die heuning uit die dooie liggaam van die leeu uitgehaal het, vertel hy hulle nie. Jdg 14:10 Daarop gaan sy vader na die vrou toe af, en Simson het daar 'n maaltyd berei; want so het die jongmanne gewoonlik gedoen. Jdg 14:11 En toe hulle hom sien, neem hulle dertig vriende om by hom te wees. Jdg 14:12 En Simson sê aan hulle: Laat my tog vir julle 'n raaisel opgee; as julle dit vir my reg uitlê gedurende die sewe dae van die maaltyd en dit uitvind, dan sal ek julle dertig hemde en dertig stel klere gee; Jdg 14:13 maar as julle dit vir my nie kan uitlê nie, dan moet júlle my dertig hemde en dertig stel klere gee. Toe sê hulle vir hom: Gee maar jou raaisel op, dat ons dit hoor. Jdg 14:14 En hy sê vir hulle: Spys het uit die eter uitgegaan, en soetigheid uit die sterke. En drie dae lank kon hulle die raaisel nie uitlê nie. Jdg 14:15 En op die vierde dag sê hulle aan die vrou van Simson: Haal jou man oor dat hy die raaisel vir ons uitlê, anders verbrand ons jou en die huis van jou vader met vuur; het julle ons genooi om ons te berowe, of hoe? Jdg 14:16 Toe huil die vrou van Simson by hom en sê: Jy haat my net en het my nie lief nie; jy het my volksgenote die raaisel opgegee, maar vir my het jy dit nie uitgelê nie. En hy antwoord haar: Kyk, vir my vader en my moeder het ek dit nie uitgelê nie, sou ek dit dan vir jou uitlê? Jdg 14:17 Maar sy het die sewe dae wat hulle maaltyd geduur het, by hom gehuil; en op die sewende dag het hy dit vir haar uitgelê; want sy het hom gepers en so die raaisel vir die seuns van haar volk uitgelê. Jdg 14:18 Daarop sê die manne van die stad aan hom op die sewende dag voor sonsondergang: Wat is soeter as heuning, en wat is sterker as 'n leeu? En hy antwoord hulle: As julle nie met my kalf geploeg het nie, sou julle my raaisel nie geraai het nie. Jdg 14:19 En die Gees van JaHWeH het oor hom vaardig geword. Toe gaan hy af na Askelon en slaan dertig man van hulle dood, en neem hulle uitrustings en gee die stelle klere aan die wat die raaisel uitgelê het; en hy het kwaad geword en opgegaan na die huis van sy vader. Jdg 14:20 En sy vriend wat as sy bruidsjonker gedien het, het die vrou van Simson gekry. //Simson se oorwinnings op die Filistyne. Jdg 15:1 MAAR 'n tyd daarna het Simson in die dae van die koringoes sy vrou besoek met 'n bokkie en gesê: Laat ek na my vrou in die kamer ingaan; maar haar vader het hom nie toegelaat om in te gaan nie. Jdg 15:2 En haar vader het gesê: Ek het vir seker gedink dat jy niks omgee vir haar nie; daarom het ek haar aan jou metgesel gegee; is haar jonger suster nie mooier as sy nie? Laat sy tog joune word in haar plek. Jdg 15:3 Maar Simson het vir hulle gesê: Hierdie keer is ek onskuldig teenoor die Filistyne as ek hulle kwaad aandoen. Jdg 15:4 Toe gaan Simson weg en vang drie- honderd jakkalse; en hy neem fakkels en draai stert teen stert, en sit 'n fakkel in die middel tussen elke twee sterte in; Jdg 15:5 en hy steek die fakkels aan die brand en los hulle in die ongesnyde graan van die Filistyne; en hy het die miede sowel as die ongesnyde graan en die wingerde en olyfbome aan die brand gesteek. Jdg 15:6 Toe vra die Filistyne: Wie het dit gedoen? En hulle sê: Simson, die skoonseun van die Timniet, omdat dié sy vrou geneem en haar aan sy metgesel gegee het. En die Filistyne het opgetrek en haar en haar vader se huis met vuur verbrand. Jdg 15:7 Daarop sê Simson vir hulle: As julle so maak, sal ek sekerlik nie rus voordat ek my op julle gewreek het nie. Jdg 15:8 En hy het hulle lendelam geslaan, 'n groot slag. En hy het afgegaan en gebly in die rotskloof van Etam. Jdg 15:9 Toe trek die Filistyne nader en slaan laer op in JeHûWdah en sprei hulleself uit by Legi. Jdg 15:10 En die manne van JeHûWdah vra: Waarom het julle teen ons opgetrek? En hulle sê: Ons het opgetrek om Simson te bind, om aan hom te doen soos hy aan ons gedoen het. Jdg 15:11 Daarop trek drieduisend man uit JeHûWdah af na die rotskloof van Etam en vra vir Simson: Weet jy nie dat die Filistyne oor ons heers nie, en wat het jy ons nou aangedoen? En hy sê aan hulle: Soos hulle aan my gedoen het, so het ek aan hulle gedoen. Jdg 15:12 Toe sê hulle vir hom: Ons het afgekom om jou te bind, om jou oor te gee in die hand van die Filistyne. En Simson sê aan hulle: Sweer vir my dat julle nie self op my sal aanval nie. Jdg 15:13 En hulle antwoord hom: Nee, ons sal jou net vasbind en oorgee in hulle hand, maar doodmaak sal ons jou stellig nie. Daarop bind hulle hom vas met twee nuwe toue en bring hom op uit die rots. Jdg 15:14 Toe hy tot by Legi kom, juig die Filistyne hom tegemoet; maar die Gees van JaHWeH het oor hom vaardig geword, en die toue wat aan sy arms was, het geword soos linnedrade wat in die vuur brand, en sy bande het versmelt van sy hande af. Jdg 15:15 En hy het 'n vars eselskakebeen gevind en sy hand uitgesteek en haar geneem en met haar duisend man mee verslaan. Jdg 15:16 En Simson het gesê: Met 'n eselskakebeen het ek een klomp, twee klompe, met 'n eselskakebeen het ek duisend man verslaan. Jdg 15:17 En toe hy klaar gespreek het, gooi hy die kakebeen uit sy hand en noem dié plek Kakebeenshoogte. Jdg 15:18 Daarop kry hy baie dors en roep JaHWeH aan en sê: U het deur die hand van U kneg hierdie groot Verlossing gegee, en moet ek nou van dors sterwe en in die hand van die onbesnedenes val? Jdg 15:19 Toe kloof Elohim die holte wat by Legi is, en daar kom water uit; en hy het gedrink, en sy lewe het teruggekom, en hy het weer gelewe. Daarom noem hulle dit Roepers-fontein, wat vandag nog by Legi is. Jdg 15:20 En hy het JisraEl gerig in die dae van die Filistyne, twintig jaar lank. //Simson deur Delíla verraai. Sy dood. Jdg 16:1 EN Simson het na Gasa gegaan en daar 'n hoer gesien en by haar ingegaan. Jdg 16:2 Toe die Gasiete die tyding kry: Simson het hier ingekom, omsingel hulle hom en lê hom die hele nag voor by die stadspoort, maar die hele nag het hulle hul stilgehou en gesê: Teen dagbreek sal ons hom doodmaak. Jdg 16:3 En Simson het gelê tot middernag; maar teen middernag het hy opgestaan en die deure van die stadspoort en die twee deurposte gegryp en dié met grendel en al uitgeruk en op sy skouers gesit en dit opgedra na die top van die berg wat teenoor Hebron lê. Jdg 16:4 Daarna het hy 'n vrou in die dal Sorek liefgekry, haar naam [was] Delíla. Jdg 16:5 Toe kom die vorste van die Filistyne na haar op en sê vir haar: Haal hom oor en vind uit waardeur sy krag so groot is, en waardeur ons hom kan oorweldig en hom kan bind om hom te bedwing; dan sal ons jou elkeen elfhonderd [sikkels] silwer gee. Jdg 16:6 Toe vra Delíla vir Simson: vertel my tog waardeur jou krag so groot is, en waarmee jy gebind kan word om jou te bedwing. Jdg 16:7 En Simson sê vir haar: As hulle my bind met sewe vars lyne wat nie uitgedroog is nie, dan sal ek swak word en wees soos 'n ander adamiet. Jdg 16:8 Daarop het die vorste van die Filistyne vir haar sewe vars lyne gebring wat nie uitgedroog was nie, en sy het hom daarmee gebind. Jdg 16:9 En terwyl haar spioene in die kamer klaar sit, sê sy vir hom: Die Filistyne op jou, Simson! Toe verbreek hy die lyne soos 'n vlasdraad breek as dit vuur ruik; maar sy krag het nie bekend geword nie. Jdg 16:10 Toe sê Delíla vir Simson: Kyk, jy het my bedrieg en vir my leuens vertel; vertel my nou tog waarmee jy gebind kan word. Jdg 16:11 En hy antwoord haar: As hulle my stewig vasbind met nuwe toue waarmee geen werk gedoen is nie, dan sal ek swak word en wees soos 'n ander adamiet. Jdg 16:12 Toe het Delíla nuwe toue geneem en hom daarmee gebind en vir hom gesê: Die Filistyne op jou, Simson! terwyl die spioene in die kamer klaarsit; maar hy het dit soos 'n draad van sy arms af verbreek. Jdg 16:13 En Delíla sê vir Simson: Tot nou toe het jy my bedrieg en vir my leuens vertel; vertel my waarmee jy gebind kan word. En hy antwoord haar: As jy die sewe haarvlegsels van my hoof met die weefsel saam invleg. Jdg 16:14 Sy druk dié toe vas met die pen en sê vir hom: Die Filistyne op jou, Simson! En hy het wakker geword uit sy slaap en die weefpen met die weefsel uitgeruk. Jdg 16:15 Toe sê sy vir hom: Hoe kan jy sê: Ek het jou lief! terwyl jou hart nie met my is nie? Drie maal het jy my nou al bedrieg en my nie meegedeel waardeur jou krag so groot is nie. Jdg 16:16 En omdat sy hom met haar woorde aldae gepers en by hom aangedring het, het sy siel so omgekrap geword, dat hy kon sterf. Jdg 16:17 En hy het sy hele hart aan haar bekend gemaak en aan haar gesê: Daar het nooit 'n skeermes oor my hoof gekom nie, want ek is 'n Separatis van Elohim van my moeder se skoot af: as ek geskeer sou word, sou my krag van my wyk en ek swak word en wees soos al die adamiete. Jdg 16:18 Toe Delíla sien dat hy sy hele hart aan haar bekend gemaak het, laat sy die vorste van die Filistyne roep en sê: Kom hierdie keer op, want hy het sy hele hart aan my bekend gemaak. Toe kom die vorste van die Filistyne na haar op en bring die silwer met hulle saam. Jdg 16:19 En sy het hom op haar skoot aan die slaap gemaak en 'n man geroep en die sewe haarvlegsels van sy hoof afgeskeer. En sy het begin om hom te bedwing, en sy krag het van hom gewyk. Jdg 16:20 Toe sê sy: Die Filistyne op jou, Simson! En toe hy uit sy slaap wakker word, sê hy: Ek sal vry uitgaan soos die vorige kere en my losruk. Want hy het nie geweet dat JaHWeH van hom gewyk het nie. Jdg 16:21 Daarop het die Filistyne hom gegryp en sy oë uitgesteek en hom afgebring na Gasa en met koperkettings gebind, en hy moes maal in die gevangenis. Jdg 16:22 Maar die hare van sy hoof het weer begin groei sodra dit afgeskeer was. Jdg 16:23 En die vorste van die Filistyne het vergader om baie slagdiere te slag aan hulle god Dagon en om vrolik te wees; en hulle het gesê: Ons gode het ons vyand Simson in ons hand gegee. Jdg 16:24 En toe die volk hom sien, prys hulle hul gode; want hulle het gesê: Ons gode het ons vyand en die rinneweerder van ons Aarde, wat ook baie van ons laat sneuwel het, in ons hand gegee. Jdg 16:25 En toe hulle hart vrolik was, sê hulle: Roep Simson, dat hy vir ons speel; en hulle het Simson uit die gevangenis geroep; en hy het voor hulle gespeel, en hulle het hom tussen die pilare laat staan. Jdg 16:26 Daarop sê Simson aan die dienaar wat hom aan die hand hou: Laat my staan, en laat my die pilare betas waar die huis op rus, dat ek daarteen kan leun. Jdg 16:27 En die huis was vol manne en vroue, en al die vorste van die Filistyne was daar, en op die dak omtrent drieduisend manne en vroue wat kyk hoe Simson speel. Jdg 16:28 Toe roep Simson JaHWeH aan en sê: My Meester JaHWeH, dink tog aan my en versterk my tog net hierdie keer, o Elohim, dat ek my oor een van my twee oë op die Filistyne kan wreek! Jdg 16:29 En Simson slaan sy arms om die twee middelste pilare waar die huis op gerus het, die een met sy regter- en die ander met sy linkerhand, en leun teen hulle aan. Jdg 16:30 En Simson sê: Laat my siel sterwe saam met die Filistyne! En hy buig hom met krag, sodat die huis inval op die vorste en op al die mense wat daarin was. So was dan die dooies wat hy by sy sterwe gedood het, meer as die wat hy in sy lewe gedood het. Jdg 16:31 Sy broers en sy hele familie het toe afgekom en hom opgeneem en opwaarts gebring en hom begrawe tussen Sórea en Estáol in die graf van sy vader Manóag. En hy het JisraEl twintig jaar lank gerig. //MikaJeHûW voer 'n idolediens in sy huis in. Jdg 17:1 DAAR was 'n man van die gebergte van Efraim met die naam van MikaJeHûW. Jdg 17:2 Dié het aan sy moeder gesê: die elfhonderd [sikkels] silwer wat van u geneem is en waaroor u 'n vloek uitgespreek het en dit ook voor my ore gesê het - hier is die silwer by my, ék het dit geneem. Toe sê sy moeder: Mag jy geseënd wees deur JaHWeH, my seun! Jdg 17:3 En hy het aan sy moeder die elfhonderd [sikkels] silwer teruggegee. Maar sy moeder het gesê: Ek sonder die silwer aan JaHWeH af; uit my hand is dit vir my seun om 'n gesnede en 'n gegote afbeelding te maak; ek sal dit dan nou aan jou teruggee. Jdg 17:4 Toe hy dan die silwer aan sy moeder teruggegee het, neem sy moeder tweehonderd [sikkels] silwer en gee dit aan 'n goudsmid; en hy het daar 'n gesnede en 'n gegote afbeelding van gemaak wat in die huis van MikaJeHûW gekom het. Jdg 17:5 Die man MikaJeHûW het naamlik 'n huis van gode gehad, en hy het 'n skouerkleed en huisidole gemaak en een van sy seuns aangestel om vir hom priester te wees. Jdg 17:6 In dié dae was daar geen koning in JisraEl nie: elkeen het gedoen wat reg was in sy oë. Jdg 17:7 En daar was 'n jongman van Betlehem-JeHûWdah, uit die familie van JeHûWdah; hy was 'n Leviet wat daar as vreemdeling vertoef het. Jdg 17:8 En die man het uit die stad, uit Betlehem-JeHûWdah, getrek om te vertoef waar hy plek kon kry; en op sy reis het hy in die gebergte van Efraim gekom tot by die huis van MikaJeHûW. Jdg 17:9 En MikaJeHûW vra hom: Waar kom u vandaan? Toe sê hy vir hom: Ek is 'n Leviet, uit Betlehem-JeHûWdah, en ek is op trek om te vertoef waar ek plek kan kry. Jdg 17:10 En MikaJeHûW sê vir hom: Bly by my, en wees vir my 'n vader en 'n priester, dan sal ek u jaarliks tien [sikkels] silwer gee en 'n stel klere en u lewensonderhoud. En die Leviet het gegaan, Jdg 17:11 en die Leviet het ingewillig om by die man te bly; en die jongman was vir hom soos een van sy seuns. Jdg 17:12 En MikaJeHûW het die Leviet aangestel, sodat die jongman sy priester geword het, en hy was in die huis van MikaJeHûW. Jdg 17:13 Toe sê MikaJeHûW: Nou weet ek dat JaHWeH aan my goed sal doen, omdat ek 'n Leviet as priester het. //Die Daniete beroof MikaJeHûW van sy idole en beelde en verbrand die stad Lais. Jdg 18:1 IN dié dae was daar geen koning in JisraEl nie; en in dié dae het die stam van die Daniete vir hom 'n erfdeel gesoek om in te woon, want tot dié dag toe het onder die stamme van JisraEl geen [genoegsame] erfdeel aan hom toegeval nie. Jdg 18:2 En die kinders van Dan het uit al die dele van hulle familie vyf man, dapper manne, uit Sórea en Estáol gestuur om die Aarde te verken en haar te deursoek, en vir hulle gesê: Gaan deursoek die Aarde. En hulle het die gebergte van Efraim ingegaan tot by die huis van MikaJeHûW en daar die nag oorgebly. Jdg 18:3 Toe hulle by die huis van MikaJeHûW was en die stem van die jongman, die Leviet, herken, draai hulle daar af en sê vir hom: Wie het jou hierheen gebring, en wat maak jy hier, en wat soek jy hier? Jdg 18:4 Daarop sê hy vir hulle: So en so het MikaJeHûW met my gedoen, en hy het my gehuur, en ek het sy priester geword. Jdg 18:5 Toe vra hulle hom: Raadpleeg Elohim tog, dat ons kan weet of die pad [waar] ons op haar reis, voorspoedig sal wees. Jdg 18:6 En die priester sê vir hulle: Gaan in Vrede; voor die Aangesig van JaHWeH lê julle pad waar julle in haar sal gaan. Jdg 18:7 Toe gaan die vyf manne weg en hulle kom by Lais; en hulle sien dat die volk wat binne-in haar is, veilig woon volgens die regspraak van die Sidoniërs, rustig en onbesorg; en daar was niemand wat hulle in enigiets leed sou doen in die deel van die Aarde nie; en hulle was ver van die Sidoniërs af, terwyl hulle met geen adamiet gemeenskap gehad het nie. Jdg 18:8 En toe hulle by hul broers kom in Sórea en Estáol, sê hul broers vir hulle: Wat [sê] julle? Jdg 18:9 En hulle antwoord: Maak klaar, en laat ons teen hulle optrek! Want ons het die Aarde gesien, en kyk, sy is baie goed; en julle sit stil! Wees nie traag om te trek, in te gaan, die Aarde in besit te neem nie. Jdg 18:10 As julle daar kom, sal julle by 'n onbesorgde volk kom, en die Aarde is alkante toe wyd; want Elohim gee haar in julle hand, 'n plek waar aan niks op Aarde gebrek is nie. Jdg 18:11 Toe het daarvandaan weggetrek, uit die familie van die Daniete, uit Sórea en Estáol, seshonderd man, omgord met wapens. Jdg 18:12 En hulle het opgetrek en laer opgeslaan by Kirjat-Jeárim in JeHûWdah; daarom noem hulle dié plek Dan-se-Laer tot vandag toe; sy lê daar agter Kirjat-Jeárim. Jdg 18:13 En daarvandaan het hulle oorgetrek in die gebergte van Efraim en gekom tot by die huis van MikaJeHûW. Jdg 18:14 Daarop het die vyf man wat gegaan het om die Aarde van Lais te verken, aan hulle broers begin sê: Weet julle dat in hierdie huise 'n skouerkleed en huisidole en 'n gesnede en 'n gegote afbeelding is? Weet dan nou wat julle moet doen! Jdg 18:15 Hulle het toe daarheen uitgedraai en gekom by die huis van die jongman, die Leviet, die huis van MikaJeHûW, en hom na sy welstand gevra. Jdg 18:16 Onderwyl die seshonderd man wat uit die kinders van Dan was, met hulle wapens omgord voor die ingang van die poort gaan staan, Jdg 18:17 het die vyf man wat gegaan het om die Aarde te verken, opgegaan, daar ingekom, die gesnede afbeelding en die skouerkleed en die huisidole en die gegote afbeelding geneem, terwyl die priester by die ingang van die poort bly staan saam met die seshonderd man met wapens omgord. Jdg 18:18 Toe daardie [manne] dan die huis van MikaJeHûW ingegaan en die gesnede afbeelding, die skouerkleed en die huisidole en die gegote afbeelding geneem het, vra die priester vir hulle: Wat maak julle? Jdg 18:19 En hulle sê vir hom: Bly stil, sit jou hand op jou mond en gaan saam met ons, en wees vir ons 'n vader en 'n priester: is dit beter vir jou om priester te wees vir die huis van een man of om priester te wees vir 'n stam en 'n familie in JisraEl? Jdg 18:20 Toe word die priester se hart vrolik, en hy neem die skouerkleed en die huisidole en die gesnede afbeelding en gaan tussen die manskappe in. Jdg 18:21 En hulle het weggedraai en voortgetrek, met die kinders en die vee en die waardevolle goed op hulle voorpunt. Jdg 18:22 Nadat hulle 'n hele ent weg was van MikaJeHûW se huis af, is die manne van die huise wat by MikaJeHûW se huis staan, bymekaar geroep, en hulle het die kinders van Dan agtervolg Jdg 18:23 en na die kinders van Dan geroep. Toe draai dié hulle gesigte om en vra vir MikaJeHûW: Wat is dit met jou dat julle bymekaargeroep is? Jdg 18:24 En hy sê: My gode wat ek gemaak het, het julle weggeneem saam met die priester, en julle trek weg; wat het ek nou oor? En hoe kan julle dan vir my sê: Wat is dit met jou? Jdg 18:25 Maar die kinders van Dan sê vir hom: Moenie jou stem by ons laat hoor nie, sodat nie miskien manne met 'n bitter siel op julle aanval en jy jou siel en die siel van jou huis verloor nie. Jdg 18:26 Daarop gaan die kinders van Dan hulle koers, terwyl MikaJeHûW, toe hy sien dat hulle sterker was as hy, omdraai en na sy huis teruggaan. Jdg 18:27 Maar hulle het saamgeneem wat MikaJeHûW gemaak het, en die priester wat hy gehad het; en hulle het Lais, 'n rustige en onbesorgde volk, oorval en dié met die skerpte van die swaard verslaan en die stad met vuur verbrand. Jdg 18:28 En daar was geen redder nie, want dit was ver van Sidon af en hulle het geen woord met adamiete gehad nie: sy het in die dal gelê wat by Bet-Rehob behoort. Hulle bou toe die stad weer op en woon in haar, Jdg 18:29 en noem die stad Dan, na die naam van hulle vader Dan wat vir JisraEl gebore is; maar tevore was die naam van die stad Lais. Jdg 18:30 En die kinders van Dan het vir hulle die gesnede afbeelding opgerig; en JeHôWnathan, die seun van Gersom, die seun van Moshè, hy en sy seuns was priesters vir die stam van die Daniete tot op die dag van die ontvolking van die Aarde. Jdg 18:31 En hulle het vir hulle die gesnede afbeelding van MikaJeHûW opgerig wat hy gemaak het, al die dae dat die Huis van die Elohim in Silo was. //Gruwel deur die inwoners van Gíbea bedrywe. Jdg 19:1 EN in dié dae was daar geen koning in JisraEl nie. En 'n Levitiese man het as vreemdeling vertoef agter in die gebergte van Efraim; en hy het vir hom 'n vrou, 'n byvrou, geneem uit Betlehem-JeHûWdah. Jdg 19:2 Maar sy byvrou het by hom gehoereer en van hom weggegaan na haar vader se huis, na Betlehem-JeHûWdah; en sy was daar vier maande se dae. Jdg 19:3 Daarop maak haar man klaar en gaan haar agterna om na haar hart te spreek en haar terug te bring; sy dienaar was by hom met 'n paar esels. En toe sy hom in die huis van haar vader bring en die vader van die jong vrou hom sien, was hy bly om hom te ontmoet. Jdg 19:4 En sy skoonvader, die vader van die jong vrou, het hom teruggehou, sodat hy drie dae by hom gebly het; en hulle het geëet en gedrink en die nag daar oorgebly. Jdg 19:5 Maar terwyl hulle op die vierde dag vroeg in die môre opstaan en hy klaarmaak om weg te gaan, sê die vader van die jong vrou vir sy skoonseun: Versterk jou hart met 'n stukkie brood, en daarna kan julle weggaan. Jdg 19:6 En hulle het gebly, en hulle twee het saam geëet en gedrink. Daarop sê die vader van die jong vrou aan die man: Bly tog asseblief die nag oor, en laat jou hart vrolik wees. Jdg 19:7 Toe die man egter klaarmaak om weg te gaan, het sy skoonvader by hom aangedring, sodat hy weer die nag daar oorgebly het. Jdg 19:8 Terwyl hy op die vyfde dag vroeg in die môre klaarmaak om weg te gaan, sê die vader van die jong vrou: Versterk jou hart tog, en vertoef julle tot agtermiddag. En hulle twee het geëet. Jdg 19:9 Maar toe die man klaarmaak om weg te gaan, hy en sy byvrou en sy dienaar, sê sy skoonvader, die vader van die jong vrou, vir hom: Kyk, die son sak, dit wil aand word; bly julle maar die nag oor: kyk, dit is al laat, bly die nag hier oor, en laat jou hart vrolik wees; dan kan julle môre vroeg klaarmaak vir julle reis en na jou tente toe gaan. Jdg 19:10 Maar die man wou nie die nag oorbly nie en het klaargemaak en weggetrek en gekom tot teenoor Jebus - dit is Jerusalem - met 'n paar opgesaalde esels by hom; ook sy byvrou was by hom. Jdg 19:11 En toe hulle by Jebus kom en die son al baie gesak het, sê die dienaar aan sy meester: Kom tog, laat ons uitdraai na hierdie stad van die Jebusiete en in haar vernag. Jdg 19:12 Maar sy meester sê aan hom: Ons kan nie uitdraai na 'n uitlandse stad waar nie van die kinders van JisraEl is nie, maar ons moet verbytrek tot by Gibea. Jdg 19:13 Verder sê hy aan sy dienaar: Trek, laat ons nader kom by een van die plekke en in Gibea of Rama vernag. Jdg 19:14 So het hulle dan verder verbygetrek; en die son het vir hulle ondergegaan by Gibea wat aan Benjamin behoort. Jdg 19:15 Toe draai hulle daar uit om in Gibea te gaan vernag. En hy het ingekom en gebly op die plein van die stad, want daar was niemand wat hulle in sy huis opgeneem het om te vernag nie. Jdg 19:16 Maar kyk, in die aand kom daar 'n ou man uit die veld van sy werk af, en die man was van die gebergte van Efraim afkomstig en het in Gibea as vreemdeling vertoef; maar die manne van die plek was Benjaminiete. Jdg 19:17 En toe hy sy oë opslaan, sien hy die reisiger op die plein van die stad, en die ou man vra: Waar gaan u heen, en waar kom u vandaan? Jdg 19:18 En hy sê vir hom: Ons trek deur van Betlehem-JeHûWdah tot agter in die gebergte van Efraim; ek kom daarvandaan en het tot by Betlehem-JeHûWdah gereis, en ek gaan na die Huis van JaHWeH; maar hier is niemand wat my in sy huis opneem nie, Jdg 19:19 alhoewel ons esels strooi sowel as voer het, en daar ook brood en wyn is vir myself en vir u dienares en vir die bediende wat by u dienaars is; daar is aan geen ding gebrek nie. Jdg 19:20 Toe sê die ou man: Vrede vir jou! alleenlik, al wat u kortkom, is vir my rekening; u moet net nie op die plein vernag nie. Jdg 19:21 Daarop het hy hom in sy huis ingebring en aan die esels voer gegee; en nadat hulle hul voete gewas het, het hulle geëet en gedrink. Jdg 19:22 Terwyl hulle hul hart vrolik maak, omsingel die manne van die stad, seuns van Belijaal, meteens die huis en klop hard aan die deur; en hulle spreek met die ou man, die eienaar van die huis, en sê: Bring die man uit wat in jou huis ingekom het, dat ons hom kan beken. Jdg 19:23 Daarop gaan die man, die eienaar van die huis, uit na hulle en sê aan hulle: Nee, my broers, moet tog nie kwaad doen nie, aangesien hierdie man in my huis ingekom het; moet nie hierdie skanddaad begaan nie. Jdg 19:24 Hier is my dogter wat 'n maagd is, en sy byvrou; laat ek hulle uitbring, onteer hulle dan en maak met hulle wat goed is in julle oë, maar aan hierdie man mag julle so 'n skanddaad nie begaan nie. Jdg 19:25 Toe die manne nie na hom wou luister nie, gryp die man sy byvrou en bring haar uit na hulle daarbuite; en hulle het haar beken en die hele nag deur haar mishandel, tot die môre toe, en haar laat loop toe die rooidag uitkom. Jdg 19:26 En teen dagbreek het die vrou gekom en neergeval voor die ingang van die man se huis waar haar meester was, totdat dit lig was. Jdg 19:27 En toe haar meester die môre opstaan en die huisdeure oopmaak en uitgaan om sy reis voort te sit - kyk, daar lê die vrou, sy byvrou, voor die ingang van die huis met haar hande op die drumpel. Jdg 19:28 En hy sê vir haar: Staan op en laat ons trek; maar niemand antwoord nie. Daarop het hy haar op die esel gelaai, en die man het klaargemaak en na sy woonplek getrek. Jdg 19:29 Maar toe hy in sy huis kom, het hy 'n mes geneem en sy byvrou gegryp en haar stukkend gesny volgens haar gebeente in twaalf stukke en dit in die hele grondgebied van JisraEl rondgestuur. Jdg 19:30 En elkeen wat dit sien, het gesê: So iets het nie gebeur en is nie gesien van die dag af dat die kinders van JisraEl uit die Aarde van Egipte opgetrek het tot vandag toe nie; neem haar tog ter harte, gee raad en spreek! //Die stam van Benjamin word byna uitgeroei. Jdg 20:1 TOE het al die kinders van JisraEl uitgetrek, en die vergadering het soos een man, van Dan tot Berséba, saam met die Aarde van Gílead, byeengekom by JaHWeH in Mispa; Jdg 20:2 en die hoofde van die hele volk, van al die stamme van JisraEl, het in die vergadering van die volk van die Elohim gaan staan - vierhonderd-duisend man te voet wat die swaard uittrek. Jdg 20:3 En die kinders van Benjamin het gehoor dat die kinders van JisraEl opgetrek het na Mispa. Toe sê die kinders van JisraEl: Vertel julle hoe hierdie besoedeling gepleeg is. Jdg 20:4 Daarop antwoord die Levitiese man, die man van die vermoorde vrou, en sê: Ek het in Gíbea wat aan Benjamin behoort, gekom, ek en my byvrou, om te vernag. Jdg 20:5 En die burgers van Gíbea het teen my opgestaan en in vyandskap teen my die huis omsingel in die nag; hulle het gemeen om my dood te maak, en my byvrou het hulle besoedel, sodat sy gesterf het. Jdg 20:6 Toe het ek my byvrou gegryp en haar in stukke verdeel en haar rondgestuur in die hele land van die Erfdeel van JisraEl, omdat hulle die gekheid van bloedvermenging in JisraEl begaan het. Jdg 20:7 Hier is julle, kinders van JisraEl, nou almal: gee julle hier woord en raad! Jdg 20:8 Toe staan die hele volk op soos een man en sê: Geeneen van ons sal na sy tent toe gaan en geeneen van ons wegdraai na sy huis toe nie; Jdg 20:9 maar dit is nou die ding wat ons Gíbea sal aandoen: Teen haar volgens die lot! Jdg 20:10 Ons sal naamlik tien man neem uit elke honderd van al die stamme van JisraEl, en honderd uit duisend, en duisend uit tienduisend, om padkos vir die manskappe te gaan haal, om as hulle gekom het, met Gíbea van Benjamin te handel volgens die skanddaad wat hy in JisraEl begaan het. Jdg 20:11 Toe versamel al die manne van JisraEl by die stad, soos een man saam verbonde. Jdg 20:12 En die stamme van JisraEl stuur manne deur die hele stam van Benjamin om te sê: Wat vir 'n besoedeling is dit wat onder julle gepleeg is? Jdg 20:13 Lewer dan nou die manne, die seuns van Belijaal uit wat in Gíbea is, dat ons hulle om die lewe kan bring en die besoedeling uit JisraEl kan uitroei. Die Benjaminiete wou egter nie na hulle broers, die kinders van JisraEl, luister nie; Jdg 20:14 maar die kinders van Benjamin het bymekaargekom uit die stede na Gíbea toe, om na die oorlog uit te trek teen die kinders van JisraEl. Jdg 20:15 En die kinders van Benjamin uit die stede is op dié dag getel ses-en-twintigduisend man wat die swaard uittrek, behalwe die inwoners van Gíbea wat getel is: sewehonderd uitgesoekte manne. Jdg 20:16 Uit al hierdie manskappe was daar sewehonderd uitgesoekte manne wat linkshandig was; hulle almal het met 'n klip op 'n haar geslinger sonder om te mis. Jdg 20:17 En die manne van JisraEl, behalwe Benjamin, is getel: vierhonderd-duisend man wat die swaard uittrek, hulle almal was krygsmanne. Jdg 20:18 En hulle het klaargemaak en opgetrek na BetEl en Elohim geraadpleeg; en die kinders van JisraEl het gesê: Wie van ons moet eerste optrek om te veg teen die kinders van Benjamin? Toe sê JaHWeH: JeHûWdah eerste. Jdg 20:19 Daarop het die kinders van JisraEl die môre klaargemaak en laer opgeslaan teen Gíbea. Jdg 20:20 En die manne van JisraEl het uitgetrek om te veg teen Benjamin, en die manne van JisraEl het hulleself in slagorde teen hulle opgestel, na Gíbea toe. Jdg 20:21 Toe trek die kinders van Benjamin uit Gíbea uit, en hulle het op dié dag in JisraEl twee-en-twintigduisend man teen die Aarde vernietig. Jdg 20:22 Maar die manskappe, die manne van JisraEl, het hulle sterk gehou en hulle weer in slagorde opgestel op die plek waar hulle hul die vorige dag opgestel het. Jdg 20:23 En die kinders van JisraEl het opgetrek en geween voor die Aangesig van JaHWeH tot die aand toe en JaHWeH geraadpleeg en gesê: Moet ek weer nader trek om te veg teen die kinders van Benjamin, my broer? En JaHWeH sê: Trek teen hom op! Jdg 20:24 En toe die kinders van JisraEl die tweede dag nader kom na die kinders van Benjamin, Jdg 20:25 het Benjamin uit Gíbea op die tweede dag uitgetrek om hulle te ontmoet en van die kinders van JisraEl nog agttienduisend man wat almal die swaard uittrek, teen die Aarde vernietig. Jdg 20:26 Daarop trek al die kinders van JisraEl, ja, die hele volk weg, en hulle het na die Huis van Elohim gekom; en hulle het geween en daar gebly voor die Aangesig van JaHWeH en dié dag gevas tot die aand toe en brandoffers en vergoedinge voor die Aangesig van JaHWeH gebring. Jdg 20:27 En die kinders van JisraEl het JaHWeH geraadpleeg - want die Verbondsark van die Elohim was in dié dae daar, Jdg 20:28 en Pínehas, die seun van El-Azar, die seun van Aäron, het in dié dae voor Hom gedien - en gesê: Moet ek nog weer uittrek om teen die kinders van Benjamin, my broer, te veg, of moet ek ophou? Toe sê JaHWeH: Trek op, want môre sal Ek hom in jou hand gee. Jdg 20:29 En JisraEl het rondom teen Gíbea hinderlae opgestel. Jdg 20:30 En die kinders van JisraEl het op die derde dag teen die kinders van Benjamin opgetrek en hulle teen Gíbea opgestel soos die vorige kere. Jdg 20:31 En die kinders van Benjamin het uitgetrek, die manskappe tegemoet - hulle is van die stad afgesny - en, soos die vorige kere, het hulle begin om sommige van die manskappe op die grootpaaie te verslaan, waarvan die een opgaan na die Huis van Elohim, en die ander deur die veld na Gíbea - omtrent dertig man in JisraEl. Jdg 20:32 Toe dink die kinders van Benjamin: Hulle is voor ons verslaan soos die eerste keer! Maar die kinders van JisraEl het gesê: Laat ons vlug en hom van die stad afsny na die grootpaaie toe. Jdg 20:33 En al die manne van JisraEl het hulle stelling verlaat en hulle by Baäl-Tamar opgestel, terwyl die hinderlaag van JisraEl aanruk uit sy stelling, uit die oop plek by Gíbea. Jdg 20:34 En tienduisend uitgesoekte manne uit die hele JisraEl het teenoor Gíbea vandaan gekom, en die geveg was hewig; maar [Benjamin] het nie gemerk dat die ellende hulle sou tref nie. Jdg 20:35 Toe het JaHWeH Benjamin voor die aangesig van JisraEl verslaan, en die kinders van JisraEl het op dié dag in Benjamin vyf-en-twintigduisend-eenhonderd man wat almal die swaard uittrek, vernietig. Jdg 20:36 So het dan die kinders van Benjamin gesien dat hulle verslaan is. En die manne van JisraEl het aan Benjamin terrein gegee, omdat hulle vertrou het op die hinderlaag wat hulle teen Gíbea opgestel het. Jdg 20:37 Toe het die hinderlaag vinnig na Gíbea gestorm - en die hinderlaag het getrek en die hele stad met die skerpte van die swaard verslaan. Jdg 20:38 En die manne van JisraEl het 'n afspraak met die hinderlaag gehad dat hulle 'n groot rookwolk uit die stad moet laat optrek. Jdg 20:39 Daarom het die manne van JisraEl omgedraai in die geveg; en die Benjaminiete het begin om onder die manne van JisraEl sommige neer te slaan, omtrent dertig man, want hulle het gedink: Hy is regtig heeltemal voor ons verslaan soos in die vorige geveg. Jdg 20:40 Intussen het die wolk begin optrek uit die stad, 'n rookpilaar; en toe Benjamin agter hom omkyk, trek die hele stad al [in rook] na die Hemele op! Jdg 20:41 Toe die manne van JisraEl dan nou omdraai, het die manne van Benjamin geskrik, want hulle het gesien dat die ellende hulle gaan tref; Jdg 20:42 en hulle het voor die aangesig van die manne van JisraEl omgedraai op pad na die wildernis; maar die geveg het hulle ingehaal, terwyl die wat uit die stede kom, hulle daar tussenin vernietig: Jdg 20:43 hulle het Benjamin omsingel, hom agtervolg, hom op die rusplek vertrap tot teenoor Gíbea, aan die oostekant. Jdg 20:44 En daar het van Benjamin agttienduisend man geval, en dit almal dapper manne. Jdg 20:45 Toe spring hulle om en vlug na die wildernis, na die rots Rimmon; maar hulle het in die nageveg op die grootpaaie vyfduisend man van hulle gedood en hulle agternagesit tot by Gídeom en tweeduisend man van hulle verslaan. Jdg 20:46 En al die gesneuweldes van Benjamin op dié dag was vyf-en-twintigduisend man wat die swaard uittrek, en dit almal dapper manne. Jdg 20:47 Maar seshonderd man het omgedraai en gevlug na die wildernis, na die rots Rimmon en vier maande by die rots Rimmon gebly. Jdg 20:48 Toe gaan die manne van JisraEl terug na die kinders van Benjamin en verslaan hulle met die skerpte van die swaard, sowel mense as diere en alles wat voorgekom het; ook al die stede wat hulle aangetref het, het hulle aan die brand gesteek. //Herstel van die stam van Benjamin. Jdg 21:1 MAAR die manne van JisraEl het al in Mispa gesweer en gesê: Niemand van ons mag sy dogter aan 'n Benjaminiet as vrou gee nie. Jdg 21:2 En toe die manskappe in BetEl kom, het hulle daar gebly tot die aand toe voor die Aangesig van die Elohim en hulle stem verhef en geween met 'n groot geween Jdg 21:3 en gesê: Waarom, o JaHWeH, Elohey van JisraEl, het dit in JisraEl gebeur dat daar vandag een stam uit JisraEl vermis word? Jdg 21:4 Daarop het die manskappe die volgende dag vroeg klaargemaak en daar 'n altaar gebou en brandoffers en vergoeding gebring. Jdg 21:5 En die kinders van JisraEl het gesê: Wie is daar van al die stamme van JisraEl wat nie opgegaan het na die vergadering, na JaHWeH toe nie? Want daar was 'n plegtige eed teen die een wat nie opgaan na JaHWeH in Mispa nie - hy moet sekerlik gedood word. Jdg 21:6 Toe het die kinders van JisraEl hulle broer Benjamin jammer gekry en gesê: Daar is vandag een stam uit JisraEl afgesny. Jdg 21:7 Wat kan ons doen vir hulle wat oorgebly het, wat vroue aanbetref? Want ons het by JaHWeH gesweer dat ons nie van ons dogters aan hulle as vroue sal gee nie. Jdg 21:8 Toe sê hulle: Wie is diegene wat van die stamme van JisraEl nie opgegaan het na JaHWeH in Mispa nie? En kyk, niemand het uit Jabes in Gílead na die laer, na die vergadering gekom nie. Jdg 21:9 En die volk is getel, en daar was niemand van die inwoners van Jabes in Gílead nie. Jdg 21:10 Toe stuur die vergadering daarheen twaalfduisend man uit die dapper manne en gee hulle bevel en sê: Gaan heen en slaan die inwoners van Jabes in Gílead met die skerpte van die swaard, ook die vroue en die kinders. Jdg 21:11 En dit is die ding wat julle moet doen: Alles wat manlik is, en al die vroue wat die gemeenskap met die man ken, moet julle met die banvloek tref. Jdg 21:12 En hulle het onder die inwoners van Jabes in Gílead vierhonderd meisies aangetref, maagde wat geen gemeenskap met 'n man gehad het nie, en dié het hulle na die laer gebring in Silo wat in die Aarde van Kanaän lê. Jdg 21:13 Toe stuur die hele vergadering en hulle spreek met die kinders van Benjamin wat by die rots Rimmon was, en bied hulle die Vrede aan. Jdg 21:14 Daarop het Benjamin in dié tyd teruggekom; en hulle het die vroue wat hulle uit die vroue van Jabes in Gílead in die lewe behou het, aan hulle gegee, maar só was daar vir hulle nie genoeg nie. Jdg 21:15 En die volk het Benjamin jammer gekry, omdat JaHWeH 'n skeuring gemaak het onder die stamme van JisraEl. Jdg 21:16 Toe sê die oudstes van die vergadering: Wat kan ons doen vir die wat oorgebly het, wat vroue aanbetref? Want die vroue was uit Benjamin verdelg. Jdg 21:17 Verder sê hulle: Die besitting van die wat oorgebly het, behoort aan Benjamin, sodat geen stam uit JisraEl mag uitgedelg word nie. Jdg 21:18 Maar ons self kan hulle geen vroue uit ons dogters gee nie; want die kinders van JisraEl het gesweer en gesê: Vervloek is hy wat 'n vrou aan Benjamin gee. Jdg 21:19 Toe sê hulle: Kyk, daar is jaar vir jaar 'n Fees van JaHWeH in Silo wat noord van BetEl lê, oostelik van die grootpad wat opgaan van BetEl na Sigem, en suid van Lebóna. Jdg 21:20 En hulle het die kinders van Benjamin bevel gegee en gesê: Gaan en lê en loer in die wingerde. Jdg 21:21 En let op, en kyk, as die dogters van Silo uittrek om hulle koordanse uit te voer, dan moet julle uit die wingerde uitkom, en julle moet vir julle, elkeen sy vrou, uit die dogters van Silo vang en na die Aarde van Benjamin gaan. Jdg 21:22 En as hulle vaders of hulle broers kom om by ons 'n saak te maak, sal ons vir hulle sê: Skenk hulle aan óns, want ons het nie [vir] elkeen 'n vrou in die oorlog geneem nie. Julle self het [hulle] mos nie aan hulle gegee nie; in dié geval alleen sou julle skuldig gewees het. Jdg 21:23 Die kinders van Benjamin het toe so gedoen: hulle het vroue volgens hulle getal weggedra uit die danseresse wat hulle gebuit het; en hulle het weggegaan en teruggekeer na hul erfdeel toe, en hulle het die stede opgebou en daarin gewoon. Jdg 21:24 En die kinders van JisraEl het in daardie tyd daarvandaan weggegaan, elkeen na sy stam en na sy familie, en hulle het daarvandaan uitgetrek, elkeen na sy erfdeel toe. Jdg 21:25 In dié dae was daar geen koning in JisraEl nie: elkeen het gedoen wat reg was in sy oë. // //Die Eerste Boekrol van ShemuEl // //Die Gelofte van Hanna. Geboorte van ShemuEl. 1Sa 1:1 DAAR was 'n sekere man uit Ramatáim, 'n Sufiet, uit die gebergte van Efraim, en sy naam was El-Kanah, die seun van Jeróham, die seun van EliHûw, die seun van Tohu, die seun van Suf, 'n Efratiet. 1Sa 1:2 En hy het twee vroue gehad; die naam van die een was Hanna, en die naam van die tweede was Peninna; en Peninna het kinders gehad, maar Hanna het geen kinders gehad nie. 1Sa 1:3 En dié man het van jaar tot jaar op- gegaan uit sy stad om neer te buig en te slag aan JaHWeH van die leërmagte in Silo, waar die twee seuns van Eli, Hofni en Pínehas, priesters van JaHWeH was. 1Sa 1:4 En op 'n dag het El-Kanah geslag en aan sy vrou Peninna en al haar seuns en haar dogters dele gegee; 1Sa 1:5 maar aan Hanna het hy 'n dubbele deel gegee; want hy het Hanna liefgehad; maar JaHWeH het haar moederskoot toegesluit. 1Sa 1:6 En haar mededingster het haar ook bitterlik getart om haar te vertoorn, omdat JaHWeH haar moederskoot toegesluit het. 1Sa 1:7 So het hy gedoen van jaar tot jaar, telkens as sy opgaan in die Huis van JaHWeH. Só het sy haar getart, dat sy geween het en nie wou eet nie. 1Sa 1:8 En haar man El-Kanah sê vir haar: Hanna, waarom ween jy? en waarom eet jy nie? en waarom is jou hart bedroef? Is ek vir jou nie beter as tien seuns nie? 1Sa 1:9 Toe staan Hanna op nadat hulle geëet en nadat hulle gedrink het in Silo, terwyl die priester Eli op die stoel sit by die deurpos van die Huis van JaHWeH. 1Sa 1:10 En met bitterheid van siel het sy tot JaHWeH gebid en bitterlik geween; 1Sa 1:11 en sy het 'n Gelofte gedoen en gesê: JaHWeH van die leërmagte, as U waarlik die ellende van U diensmaagd aansien en aan my dink en U diensmaagd nie vergeet nie, maar U diensmaagd 'n saad van 'n man skenk, dan sal ek hom aan JaHWeH gee al die dae van sy lewe; en geen skeermes sal op sy hoof kom nie. 1Sa 1:12 En toe sy lank gebid het voor die Aangesig van JaHWeH en Eli op haar mond ag gee - 1Sa 1:13 want Hanna het in haar hart gespreek: net haar lippe het geroer, maar haar stem kon nie gehoor word nie - het Eli gedink dat sy dronk was. 1Sa 1:14 En Eli sê vir haar: Hoe lank wil jy dronk wees? Sit jou wyn van jou af weg. 1Sa 1:15 Maar Hanna antwoord en sê: Nee, my meester, ek is 'n vrou beswaard in my gemoed: wyn of sterk drank het ek nie gedrink nie, maar ek het my siel voor die Aangesig van JaHWeH uitgestort. 1Sa 1:16 Hou tog nie u dienares voor die aangesig van 'n dogter van Belijaal nie, want vanweë my baie sorge en verdriet het ek tot nou toe gespreek. 1Sa 1:17 En Eli antwoord en sê: Gaan in Vrede, en [mag die] Elohey van JisraEl jou gee wat jy van Hom gevra het. 1Sa 1:18 Daarop sê sy: Mag u dienares guns in u oë vind. Die vrou het toe haar weg gegaan, en sy het geëet en haar aangesig was anders. 1Sa 1:19 Toe het hulle die môre vroeg klaargemaak en voor die Aangesig van JaHWeH neergeval en teruggegaan en by hulle huis in Rama gekom; en El-Kanah het sy vrou Hanna beken, en JaHWeH het aan haar gedink. 1Sa 1:20 En by die wisseling van die jaar het Hanna, wat swanger was, 'n seun gebaar en hom ShemuEl genoem; want, [het sy gesê], ek het hom van JaHWeH gevra. [Boekrol van die Opregte 4:13] 1Sa 1:21 Toe die man El-Kanah dan met sy hele huisgesin opgaan om te slag aan JaHWeH die jaarlikse slagdier en sy Gelofte [te bring] 1Sa 1:22 en Hanna het nie opgegaan nie; maar sy het aan haar man gesê: Eers wanneer die seun gespeen is, sal ek hom bring, dat hy kan verskyn voor die Aangesig van JaHWeH en daar vir altyd bly. [Openbaring 12] 1Sa 1:23 En haar man El-Kanah het aan haar gesê: Doen wat goed is in jou oë, bly totdat jy hom gespeen het; mag JaHWeH net Sy Woord bevestig. Die vrou het toe gebly en haar seun gesoog totdat sy hom gespeen het. 1Sa 1:24 En sodra sy hom gespeen het, het sy hom met haar saam gebring, met drie bulle en 'n efa meel en 'n sak wyn, en sy het hom gebring in die Huis van JaHWeH in Silo. En die seun was nog jonk. 1Sa 1:25 En hulle het die bul doodgebloei en die seun by Eli gebring; 1Sa 1:26 en sy het gesê: Ag, my meester, so waar as u siel leef, my meester, ek is die vrou wat hier by u gestaan het om tot JaHWeH te bid. 1Sa 1:27 Om hierdie seun het ek gebid, en JaHWeH het my bede aan my gegee wat ek van Hom gebid het. 1Sa 1:28 So staan ek hom dan ook af aan JaHWeH al die dae wat hy leef; hy is aan JaHWeH afgestaan. En hy het daar neergebuig tot JaHWeH. [JeshaJaH 66:7] //Lofsang van Hanna. 1Sa 2:1 TOE het Hanna gebid en gesê: My hart jubel in JaHWeH, my horing is hoog in JaHWeH; my mond is wyd oop oor my vyande, want ek verheug my in U Verlossing. 1Sa 2:2 Niemand is apart soos JaHWeH nie; ja, daar is niemand buiten U, en daar is geen Rots soos onse Elohey nie. 1Sa 2:3 Spreek nie voortdurend alte hoog nie, laat vermetele taal nie uit julle mond uitgaan nie; want JaHWeH is 'n El van diepe Kennis, en deur Hom word die dade beproef. [Jakobus 1:26] 1Sa 2:4 Die boog van die dapperes is verbreek; maar die wat gestruikel het, is met krag omgord. 1Sa 2:5 Die wat versadig was, het hulle vir brood verhuur; maar die wat honger gehad het, rus. Selfs die onvrugbare het sewe gebaar, maar sy wat ryk aan kinders was, sy het verswak. 1Sa 2:6 JaHWeH maak dood en maak lewend; HY laat neerdaal in die Doderyk/Sheol en laat uit haar opkom. 1Sa 2:7 JaHWeH maak arm en maak ryk; Hy verneder, ook verhoog Hy. 1Sa 2:8 Hy rig die geringe op uit die stof, uit die ashoop verhef Hy die behoeftige, om [hulle] te laat sit by die vorste en hulle 'n erestoel te laat beërwe. Want aan JaHWeH behoort die pilare van die Aarde, en Hy het die wêreld daarop gevestig. [Openbaring 3:12] 1Sa 2:9 Die voete van Sy gunsgenote bewaar Hy, maar die besoedeldes sal stil wees in duisternis; want 'n sterfling oorwin nie deur krag nie. 1Sa 2:10 Die wat met JaHWeH twis, word verpletter; oor hulle donder Hy in die Hemele; JaHWeH oordeel die eindes van die Aarde, en Hy gee sterkte aan Sy Koning en verhef die horing van Sy Gesalfde. 1Sa 2:11 Daarna het El-Kanah na sy huis, na Rama, gegaan, terwyl die seun by die priester Eli JaHWeH bly dien het. //Die wetteloosheid van Eli se seuns. 1Sa 2:12 MAAR die seuns van Eli was seuns van Belijaal; hulle het JaHWeH nie geken nie. 1Sa 2:13 Die Regspraak van die priesters teenoor die volk was só: As iemand 'n slagdier slag, dan kom die jongeling van die priester, sodra die vleis gaar is, met die drietandvurk in sy hand, 1Sa 2:14 en steek in die kastrol of in die pot of in die pan of in die skottel: alles wat die drietandvurk optrek, neem die priester vir homself. So het hulle met al die JisraEliete gedoen wat daar, in Silo, gekom het. 1Sa 2:15 Selfs voordat hulle die vet aan die brand steek, kom die jongeling van die priester en sê aan die man wat slag: Gee vleis om vir die priester te braai, want hy neem dit nie gaar nie - net rou. 1Sa 2:16 En die man het vir hom gesê: Brand die vet eers as geur, neem dan vir jou soos jou siel begeer - dan sê hy: Nee, maar jy moet dit nou gee; en so nie, dan neem ek dit met geweld. 1Sa 2:17 En die oortredinge van die jongmanne was baie groot voor die Aangesig van JaHWeH, want die man het die spysbydrae aan JaHWeH verag. 1Sa 2:18 Maar ShemuEl het as seun gedien voor die Aangesig van JaHWeH, omgord met 'n linneskouerkleed. 1Sa 2:19 En sy moeder was gewoond om vir hom 'n klein manteltjie te maak wat sy van jaar tot jaar vir hom gebring het as sy met haar man opgaan om die jaarlikse slagdier te slag. 1Sa 2:20 Dan seën Eli El-Kanah en sy vrou en sê: Mag JaHWeH jou 'n nageslag gee uit hierdie vrou ter vergoeding van wat aan JaHWeH afgestaan is. Daarop gaan hulle na sy woonplek toe. 1Sa 2:21 En JaHWeH het ag gegee op Hanna, sodat sy swanger geword en nog drie seuns en twee dogters gebaar het; en die seun ShemuEl het groot geword by JaHWeH. 1Sa 2:22 Maar Eli was baie oud, en as hy hoor alles wat sy seuns aan die hele JisraEl doen, en dat hulle gemeenskap hou met die vroue wat dien by die ingang van die Tent van Samekoms, 1Sa 2:23 dan sê hy vir hulle: Waarom doen julle sulke dinge, dat ek van hierdie hele volk julle besoedelde dinge moet hoor? 1Sa 2:24 Dit moenie wees nie, my seuns, want dit is geen goeie gerug wat ek hoor nie; julle maak dat die volk van JaHWeH oortree. 1Sa 2:25 Aps 'n persoon teen 'n ander oortree, dan beslis die owerheid oor hom, maar as 'n persoon teen JaHWeH oortree, wie sal dan vir hom as regter optree? Maar hulle het nie na hul vader geluister nie, want JaHWeH wou hulle ombring. 1Sa 2:26 Maar die seun ShemuEl het toegeneem in grootte en in Guns by JaHWeH sowel as by die mense. //Voorspelling van die val van Eli se huis. 1Sa 2:27 EN daar het 'n Man van Elohim by Eli gekom en vir hom gesê: So spreek JaHWeH: Het Ek My nie duidelik geopenbaar aan die huis van jou vader toe hulle in Egipte in die huis van Farao was nie? 1Sa 2:28 En Ek het hom vir My as priester uitgekies uit al die stamme van JisraEl om op My altaar te klim om die reukwerk aan die brand te steek, om die skouerkleed te dra voor My Aangesig; en Ek het aan die huis van jou vader al die vure van die kinders van JisraEl gegee. 1Sa 2:29 Waarom vertrap julle My slagdiere en My spysbydrae wat Ek [in My] woning beveel het, en eer jy jou seuns meer as vir My deur julle vet te voer met die beste van elke spysbydrae van My volk JisraEl? 1Sa 2:30 Daarom spreek JaHWeH, die Elohey van JisraEl: Ek het wel duidelik gesê: Jou huis en die huis van jou vader sal voor My Aangesig wandel tot in ewigheid. Maar nou spreek JaHWeH: Dit is ver van My; want die wat My eer, sal Ek eer; maar die wat My verag, sal veragtelik wees. 1Sa 2:31 Kyk, die dae kom dat Ek jou arm en die arm van jou vader se huis sal afkap, sodat daar geen bejaarde in jou huis sal wees nie. 1Sa 2:32 Dan sal jy die benoudheid van [My] woning aanskou, in alles waarin hy aan JisraEl goed sal doen; en in jou huis sal daar al die dae geen bejaarde wees nie. 1Sa 2:33 Maar Ek sal, om jou oë te laat wegkwyn en jou siel te laat versmag, een vir jou nie uitroei van My altaar af nie; en al wat aangroei uit jou huis, sal op manlike leeftyd sterwe. 1Sa 2:34 En dit sal vir jou die teken wees wat oor jou twee seuns, oor Hofni en Pínehas, sal kom: Op een dag sal hulle altwee sterwe. 1Sa 2:35 En Ek sal vir My 'n getroue priester verwek wat sal handel soos dit in My Hart en in My Siel is, en Ek sal vir hom 'n bestendige huis bou, sodat hy al die dae voor die Aangesig van My Gesalfde kan wandel. 1Sa 2:36 En almal wat in jou huis oorbly, sal kom om hulle voor hom neer te buig vir 'n silwer stuk en 'n broodjie, en hulle sal sê: Voeg my tog by een van die priesterordes, dat ek 'n stukkie brood kan eet. //Die gesig van ShemuEl. 1Sa 3:1 EN die seun ShemuEl het JaHWeH gedien voor die aangesig van Eli, en die Woord van JaHWeH was skaars in die dae: gesigte was daar nie baie nie. 1Sa 3:2 In dié tyd dan terwyl Eli op sy plek lê en slaap - sy oë het al begin swak word, sodat hy nie kon sien nie - 1Sa 3:3 toe die lamp van Elohim nog nie doodgegaan het nie, en ShemuEl lê en slaap in die Huis van JaHWeH waar die Ark van Elohim was, 1Sa 3:4 het JaHWeH na ShemuEl geroep; en hy het geantwoord: Hier is ek. 1Sa 3:5 Daarop loop hy na Eli en sê: Hier is ek, want u het my geroep. Maar hy antwoord: Ek het nie geroep nie; gaan slaap maar weer. Hy het toe geloop en gaan lê. 1Sa 3:6 Verder het JaHWeH ShemuEl weer geroep, en ShemuEl het opgestaan en na Eli gegaan en gesê: Hier is ek, want u het my geroep. Maar hy antwoord: Ek het nie geroep nie, my seun, gaan slaap maar weer. 1Sa 3:7 Maar ShemuEl het JaHWeH nog nie geken nie; ook was die Woord van JaHWeH nog nie aan hom geopenbaar nie. 1Sa 3:8 En JaHWeH het ShemuEl weer geroep vir die derde maal- en hy het opgestaan en na Eli gegaan en gesê: Hier is ek, want u het my geroep. Toe merk Eli dat JaHWeH die seun geroep het. 1Sa 3:9 Daarom het Eli vir ShemuEl gesê: Gaan lê, en as Hy jou roep, moet jy antwoord: Spreek, JaHWeH, want U kneg hoor. Toe het ShemuEl geloop en op sy plek gaan lê. 1Sa 3:10 Toe het JaHWeH gekom en gaan staan en geroep soos die vorige kere: ShemuEl, ShemuEl! En ShemuEl het geantwoord: Spreek, want U kneg hoor. 1Sa 3:11 Toe het JaHWeH aan ShemuEl gesê: Kyk, Ek gaan 'n ding doen in JisraEl waarvan elkeen wat dit hoor, se twee ore sal tuit. 1Sa 3:12 Dié dag sal Ek aan Eli vervul alles wat Ek oor sy huis gespreek het, van begin tot end. 1Sa 3:13 En Ek sal hom te kenne gee dat Ek sy huis gaan oordeel tot in ewigheid oor die ongeregtigheid wat hy geweet het; want toe sy seuns skande oor hulleself gebring het, het hy hulle nie streng bestraf nie. 1Sa 3:14 En daarom sweer Ek aangaande die huis van Eli: Waarlik die ongeregtigheid van die huis van Eli sal tot in ewigheid nie deur 'n slagdier of spysbydrae versoen word nie. 1Sa 3:15 En ShemuEl het bly lê tot die môre toe. En hy het die deure van die Huis van JaHWeH oopgemaak; maar ShemuEl was bevrees om die gesig aan Eli mee te deel. [MattithJaHûW 23:13] 1Sa 3:16 En Eli het ShemuEl geroep en gesê: ShemuEl, my seun! En hy antwoord: Hier is ek. 1Sa 3:17 Toe vra hy: Wat is die Woord wat Hy met jou gespreek het? Verberg dit tog nie vir my nie. Mag Elohim so aan jou doen en so daaraan toedoen as jy iets van al die woorde wat Hy met jou gespreek het, vir my verberg. 1Sa 3:18 En ShemuEl het hom al die woorde meegedeel, en niks vir hom verberg nie. En hy het gesê: Hy is JaHWeH; laat Hom doen wat goed is in Sy Oë. 1Sa 3:19 En ShemuEl het groot geword, en JaHWeH was met hom; en hy het nie een van al sy woorde op die Aarde laat val nie. 1Sa 3:20 En die hele JisraEl van Dan tot Berséba het erken dat ShemuEl betroubaar was as 'n profeet van JaHWeH. 1Sa 3:21 En JaHWeH het weer verskyn in Silo; want JaHWeH het Hom geopenbaar aan ShemuEl in Silo deur die Woord van JaHWeH. //Die Filistyne verslaan JisraEl en neem die Verbondsark. Dood van Eli se seuns en van Eli self. 1Sa 4:1 EN die woord van ShemuEl het tot die hele JisraEl gekom. En JisraEl het uitgetrek vir die geveg, die Filistyne tegemoet, en hulle het laer opgeslaan by Ebenhaéser; maar die Filistyne het laer opgeslaan by Afek. 1Sa 4:2 Toe die Filistyne hulle opstel om JisraEl te ontmoet, en die geveg ontwikkel, is JisraEl voor die aangesig van die Filistyne verslaan; en hulle het op die vegterrein in die veld omtrent vierduisend man doodgeslaan. 1Sa 4:3 Terwyl die manskappe die laer inkom, sê die oudstes van JisraEl: Waarom het JaHWeH ons vandag voor die aangesig van die Filistyne verslaan? Laat ons die Verbondsark van JaHWeH uit Silo na ons toe bring, dat sy onder ons inkom en ons verlos uit die handpalms van ons vyande. 1Sa 4:4 Daarop het die manskappe na Silo gestuur, en hulle het die Verbondsark van JaHWeH van die leërmagte wat op die Gérubs troon, daarvandaan gaan haal; en die twee seuns van Eli, Hofni en Pínehas, was daar by die Verbondsark van die Elohim. 1Sa 4:5 En net toe die Verbondsark van JaHWeH in die laer inkom, hef die hele JisraEl 'n groot krygsgeskreeu aan, sodat die Aarde gedreun het. 1Sa 4:6 En die Filistyne het die geluid van die gejuig gehoor en gesê: Watter geluid van 'n groot krygsgeskreeu is dit in die laer van die Hebreërs? Toe verneem hulle dat die Ark van JaHWeH in die laer gekom het. 1Sa 4:7 En die Filistyne het bang geword, want hulle het gesê: Elohim het in die laer gekom! En hulle het gesê: Wee ons, want so iets het gister en eergister nie gebeur nie. 1Sa 4:8 Wee ons! Wie sal ons red uit die Hand van die Elohim van die geweldiges? Dit is dieselfde Elohim wat die Egiptenaars met allerhande plae getref het in die wildernis. 1Sa 4:9 Wees dapper en gedra julle soos manne, Filistyne, dat julle nie miskien die Hebreërs dien soos hulle julle gedien het nie; gedra julle dan soos manne, en veg. 1Sa 4:10 Toe het die Filistyne geveg, en JisraEl is verslaan, sodat hulle gevlug het, elkeen na sy tente toe. En die slagting was baie groot: van JisraEl het daar dertigduisend voetgangers geval. 1Sa 4:11 Die Ark van Elohim is ook geneem, en die twee seuns van Eli, Hofni en Pínehas, het gesterwe. 1Sa 4:12 Toe het 'n Benjaminiet van die slagveld af gehardloop en dieselfde dag in Silo aangekom met geskeurde klere en Adamah op sy hoof. 1Sa 4:13 Terwyl hy aankom, sit Eli juis en uitkyk op 'n stoel aan die kant van die pad, want hy was besorg oor die Ark van Elohim. En die man het gekom om dit in die stad mee te deel, en die hele stad het geskreeu. 1Sa 4:14 Toe Eli dan die geluid van die geskreeu hoor, sê hy: Wat is dit vir 'n rumoerige geluid? En die man het gou gekom en dit aan Eli meegedeel. 1Sa 4:15 (Eli was agt-en-negentig jaar oud, en sy oë het styf gestaan, sodat hy nie kon sien nie.) 1Sa 4:16 En die man het vir Eli gesê: Dit is ek wat van die slagveld gekom het; ja, ek het vandag van die slagveld gevlug. En hy vra: Wat het daar gebeur, my seun? 1Sa 4:17 En die boodskapper antwoord en sê: JisraEl het voor die aangesig van die Filistyne gevlug, en daar was ook 'n groot slagting onder die manskappe, en u twee seuns, Hofni en Pínehas, het ook gesterwe, en die Ark van die Elohim is geneem. 1Sa 4:18 Net toe hy melding maak van die Ark van die Elohim, val hy agteroor van die stoel af aan die kant van die poort, sodat hy sy nek gebreek en gesterf het; want die man was oud en swaar. En hy het JisraEl veertig jaar lank gerig. 1Sa 4:19 En sy skoondogter, die vrou van Pínehas, was vér heen in haar swangerskap. Toe sy dan die tyding hoor dat die Ark van die Elohim geneem is, en dat haar skoonvader en haar man gesterf het, het sy haar krom gebuig en gebaar, want haar barensweë het haar oorval. 1Sa 4:20 En terwyl sy op sterwe lê, sê die vroue wat by haar staan: Wees nie bevrees nie, want jy het 'n seun gebaar; maar sy het nie geantwoord en dit nie ter harte geneem nie, 1Sa 4:21 maar die seuntjie Ikabod genoem en gesê: Weggevoer is die eer uit JisraEl - met die oog op die wegneming van die Ark van die Elohim en met die oog op haar skoonvader en haar man. 1Sa 4:22 En sy het gesê: Weggevoer is die eer uit JisraEl, omdat die Ark van die Elohim geneem is. //Die Ark in Filistéa. 1Sa 5:1 EN die Filistyne het die Ark van die Elohim geneem en haar van Eben- haéser af na Asdod gebring. 1Sa 5:2 Daarop het die Filistyne die Ark van die Elohim geneem en haar in die huis van Dagon gebring en haar langs Dagon neergesit. 1Sa 5:3 Toe die Asdodiete vroeg die volgende môre daarheen gaan, sien hulle Dagon lê met sy gesig op die Aarde voor die aangesig van die Ark van JaHWeH. En hulle het Dagon geneem en hom weer op sy plek gesit. 1Sa 5:4 Maar toe hulle die volgende môre vroeg opstaan, sien hulle Dagon lê met sy gesig op die Aarde voor die aangesig van die Ark van JaHWeH; maar die hoof van Dagon en sy twee handpalms lê afgebreek op die drumpel: net Dagon [se lyf] het aan hom oorgebly. 1Sa 5:5 Daarom trap die priesters van Dagon en almal wat in die huis van Dagon ingaan, tot vandag toe nie op die drumpel van Dagon in Asdod nie. 1Sa 5:6 Maar die Hand van JaHWeH was swaar op die Asdodiete, en Hy het hulle verskrik en hulle getref met geswelle, Asdod en haar grondgebied. 1Sa 5:7 Toe die manne van Asdod sien dat dit so gaan, sê hulle: Die Ark van die Elohey van JisraEl mag nie by ons bly nie, want Sy Hand druk swaar op ons en op ons god Dagon. 1Sa 5:8 Daarom het hulle al die vorste van die Filistyne by hulle byeen laat kom en gevra: Wat moet ons met die Ark van die Elohey van JisraEl doen? En dié het gesê: Laat die Ark van die Elohey van JisraEl oorgaan na Gat toe. Daarop het hulle die Ark van die Elohey van JisraEl oorgebring. 1Sa 5:9 En nadat hulle haar oorgebring het, was die Hand van JaHWeH teen die stad met 'n baie groot verwarring, en Hy het die mense van die stad getref, van die kleinste tot die grootste, sodat geswelle aan hulle uitgebreek het. 1Sa 5:10 Daarop stuur hulle die Ark van die Elohim na Ekron. Maar toe die Ark van die Elohim in Ekron kom, het die Ekroniete geskreeu en gesê: Hulle het die Ark van die Elohey van JisraEl na my toe oorgebring om my en my volk dood te maak. 1Sa 5:11 Daarom het hulle al die vorste van die Filistyne byeen laat kom en gesê: Stuur die Ark van die Elohey van JisraEl weg, dat sy na haar plek kan teruggaan en my en my volk nie doodmaak nie. Want daar het 'n dodelike verwarring in die hele stad gekom: die Hand van die Elohim was daar baie swaar. 1Sa 5:12 En die mense wat nie gesterf het nie, is met geswelle getref, sodat die hulpgeroep van die stad na die Hemele opgeklim het. //Die Ark word teruggestuur. 1Sa 6:1 EN toe die Ark van JaHWeH sewe maande lank in die land van die Filistyne was, 1Sa 6:2 het die Filistyne die priesters en die waarsêers geroep en gesê: Wat moet ons met die Ark van JaHWeH doen? Gee ons te kenne hoe ons haar na haar plek kan wegstuur. 1Sa 6:3 En hulle sê: As julle die Ark van die Elohey van JisraEl wegstuur, stuur haar dan nie leeg weg nie, maar gee Hom ten volle vir sy skuld terug; dan sal julle gesond word, en dit sal julle bekend word waarom Sy Hand nie van julle wyk nie. 1Sa 6:4 Toe vra hulle: Wat sal ons Hom moet teruggee vir die skuld? En hulle sê: Volgens die getal van die vorste van die Filistyne: vyf goue geswelle en vyf goue muise, want dit is een plaag oor hulle almal en oor julle vorste. 1Sa 6:5 Maak dan beelde van julle geswelle en beelde van julle muise wat die Aarde verniel, en gee eer aan die Elohey van JisraEl; miskien sal Hy Sy Hand ligter maak oor julle en julle gode en julle Aarde. 1Sa 6:6 Waarom tog sal julle jul hart verhard soos die Egiptenaars en Farao hulle hart verhard het? Het hulle hul nie losgelaat om weg te trek toe Hy hulle Sy Mag laat voel het nie? 1Sa 6:7 Neem dan nou wat [nodig is] en maak 'n nuwe wa; ook twee melkkoeie waar geen juk op gekom het nie; span dan die koeie in voor die wa en keer hulle kalwers agter hulle weg huis toe. 1Sa 6:8 Neem dan die Ark van JaHWeH en sit haar op die wa, en pak die goue voorwerpe wat julle Hom teruggee vir die skuld, moet julle in 'n kissie langsaan neerlê; stuur haar dan weg om heen te gaan. 1Sa 6:9 En let op: As sy in die rigting van haar eie gebied na Bet-Semes opgaan, dan het Hy ons hierdie groot boosheid aangedoen; maar so nie, dan weet ons dat Sy Hand ons nie getref het nie: sy het toevallig oor ons gekom. 1Sa 6:10 Die manne doen toe so: hulle het twee melkkoeie geneem en dié voor die wa gespan en hulle kalwers by die huis agtergehou. 1Sa 6:11 En hulle het die Ark van JaHWeH op die wa gesit en die kissie met die goue muise en die beelde van hulle geswelle. 1Sa 6:12 En die koeie het reguit padlangs geloop in die rigting van Bet-Semes; hulle het op die een grootpad aldeur geloop en bulk sonder om regs of links uit te draai, terwyl die vorste van die Filistyne agter hulle aan gaan tot by die grens van Bet-Semes. 1Sa 6:13 En die mense van Bet-Semes was juis besig om die koringoes af te sny in die laagte. Toe hulle dan hul oë opslaan en die Ark gewaar, was hulle bly om haar te sien. 1Sa 6:14 En die wa het by die land van JeHôWshua van Bet-Semes gekom en daar gaan staan; daar was 'n groot klip, en hulle het die hout van die wa gekloof en die koeie laat opklim as 'n brandoffer aan JaHWeH. 1Sa 6:15 En die Leviete het die Ark van JaHWeH afgehaal met die kissie wat daarby was, waar die goue voorwerpe in was, en op die groot klip neergesit; en die manne van Bet-Semes het dieselfde dag aan JaHWeH brandoffers opgedra en slagdiere geslag. 1Sa 6:16 En toe die vyf vorste van die Filistyne dit sien, het hulle dieselfde dag teruggegaan na Ekron. 1Sa 6:17 En dit is die goue geswelle wat die Filistyne aan JaHWeH teruggegee het vir die skuld: vir Asdod een, vir Gasa een, vir Askelon een, vir Gat een, vir Ekron een. 1Sa 6:18 En die goue muise was volgens die getal van al die stede van die Filistyne wat aan die vyf vorste behoort het, van die versterkte stede sowel as van die on- bemuurde dorpe. En die groot klip waar hulle die Ark van JaHWeH op haar neergesit het, is tot vandag toe getuie op die stuk land van JeHôWshua, van Bet-Semes. 1Sa 6:19 En Hy het onder die mense van Bet-Semes 'n slagting aangerig; Hy het naamlik onder die volk sewentig man en vyftigduisend man gedood, omdat hulle in die Ark van JaHWeH gekyk het; en die volk het getreur, omdat JaHWeH 'n groot slagting onder die volk aangerig het. 1Sa 6:20 Toe sê die manne van Bet-Semes: Wie kan staande bly voor die Aangesig van JaHWeH die Elohim, die Apartgestelde? En na wie toe Hy sal optrek van ons af? 1Sa 6:21 Daarom het hulle boodskappers gestuur na die inwoners van Kirjat-Jeárim om te sê: Die Filistyne het die Ark van JaHWeH teruggebring; kom af, bring dit op na julle toe. 1Sa 7:1 TOE het die manne van Kirjat-Jeárim gekom en die Ark van JaHWeH gaan haal en haar in die huis van Abinádab op die heuwel gebring; en hulle het sy seun El-Azar aangewys om die Ark van JaHWeH te bewaak. //Neerlaag van die Filistyne by Mispa. 1Sa 7:2 EN van die dag af dat die Ark in Kirjat-Jeárim gebly het, het daar geruime tyd verloop - dit was twintig jaar - en die hele huis van JisraEl het agter JaHWeH aan geweeklaag. 1Sa 7:3 Maar ShemuEl het met die hele huis van JisraEl gespreek en gesê: As julle met jul hele hart julle tot JaHWeH bekeer, verwyder dan die gode van die uitlander en die Ashtarowth onder julle uit, en rig julle hart op JaHWeH en dien Hom alleen; dan sal Hy julle red uit die hand van die Filistyne. 1Sa 7:4 Daarop het die kinders van JisraEl die Baäls en die Ashtarowth verwyder en JaHWeH alleen gedien. 1Sa 7:5 Verder het ShemuEl gesê: Versamel die hele JisraEl by Mispa, dan sal ek tot JaHWeH vir julle bid. 1Sa 7:6 Hulle kom toe bymekaar by Mispa, en hulle het water geskep en dit voor die Aangesig van JaHWeH uitgegiet, en dié dag het hulle gevas en daar gesê: Ons het oortree teen JaHWeH. En ShemuEl het die kinders van JisraEl in Mispa gerig. 1Sa 7:7 Toe die Filistyne hoor dat die kinders van JisraEl by Mispa saamgekom het, het die vorste van die Filistyne teen JisraEl opgetrek. En die kinders van JisraEl het dit gehoor en bevrees geword vir die Filistyne. 1Sa 7:8 En die kinders van JisraEl sê aan ShemuEl: Laat nie na om JaHWeH onse Elohey vir ons aan te roep nie, dat Hy ons uit die hand van die Filistyne verlos. 1Sa 7:9 Toe het ShemuEl 'n suigende lam geneem en hom as 'n brandoffer in sy geheel aan JaHWeH opgeneem, en ShemuEl het JaHWeH aangeroep vir JisraEl; en JaHWeH het hom verhoor. 1Sa 7:10 Want onderwyl ShemuEl die brandoffer bring en die Filistyne nader kom om teen JisraEl te veg, het JaHWeH dit dié dag met 'n groot geluid laat donder oor die Filistyne, en Hy het hulle in verwarring gebring, sodat hulle verslaan is voor die aangesig van JisraEl. 1Sa 7:11 En die manskappe van JisraEl het uit Mispa uitgetrek en die Filistyne agtervolg en hulle verslaan tot onderkant Bet-Kar. 1Sa 7:12 Toe het ShemuEl 'n klip geneem en haar opgerig tussen Mispa en Sen, en dit Ebenhaéser genoem en gesê: Tot hiertoe het JaHWeH ons gehelp. 1Sa 7:13 En die Filistyne is verneder, sodat hulle verder nie meer die gebied van JisraEl binnegekom het nie, en die Hand van JaHWeH was teen die Filistyne al die dae van ShemuEl. 1Sa 7:14 Ook die stede wat die Filistyne van JisraEl geneem het, het na JisraEl teruggekom, van Ekron af tot by Gat; en die gebied daarvan het JisraEl uit die hand van die Filistyne geruk. En daar was vrede tussen JisraEl en die Amoriete. 1Sa 7:15 En ShemuEl was rigter oor JisraEl al die dae van sy lewe. 1Sa 7:16 Hy het van jaar tot jaar rondgetrek na BetEl en Gilgal en Mispa, en JisraEl op al hierdie plekke gerig. 1Sa 7:17 Dan gaan hy na Rama terug, want daar was sy huis; en daar het hy JisraEl gerig en daar vir JaHWeH 'n altaar gebou. //Die volk wil 'n koning hê. 1Sa 8:1 EN toe ShemuEl oud was, het hy sy seuns as rigters oor JisraEl aangestel. 1Sa 8:2 Die naam van sy eersgeborene was JôWEl, en die naam van sy tweede AbiJaH, rigters in Berséba. 1Sa 8:3 Maar sy seuns het nie in sy weë ge- wandel nie: hulle het onregverdige wins agternageloop en omkoop-geskenke aangeneem en die Reg verdraai. 1Sa 8:4 Toe kom al die oudstes van JisraEl bymekaar, en hulle gaan na ShemuEl in Rama 1Sa 8:5 en sê vir hom: Kyk, u is oud, en u seuns wandel nie in u weë nie; stel nou 'n koning oor ons aan om ons te rig soos by al die nasies. 1Sa 8:6 Maar die woord was verkeerd in die oë van ShemuEl toe hulle gesê het: Gee ons 'n koning om ons te rig, en ShemuEl het tot JaHWeH gebid. 1Sa 8:7 Toe sê JaHWeH vir ShemuEl: Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie Koning oor hulle te wees nie. 1Sa 8:8 Soos al die werke wat hulle gedoen het, van dié dag af dat Ek hulle uit Egipte laat optrek het tot vandag toe, dat hulle My verlaat en gode van andere gedien het - so doen hulle ook met jou. 1Sa 8:9 Luister dan nou na hulle: jy moet hulle net ernstig waarsku en hulle die Reg van die koning meedeel wat oor hulle sal regeer. 1Sa 8:10 ShemuEl het toe al die Woorde van JaHWeH oorgebring aan die volk wat 'n koning van hom gevra het. 1Sa 8:11 En hy het gesê: Dit sal die Reg wees van die koning wat oor julle sal regeer: Julle seuns sal hy neem en hulle vir homself aanstel by sy wa en by sy perde, dat hulle voor die aangesig van sy wa hardloop; 1Sa 8:12 en om hulle vir homself aan te stel as owerstes oor duisend en owerstes oor vyftig, en om sy Aarde te ploeg en om sy oes in te samel, en om sy oorlogswapens en gereedskap vir sy strydwaens te maak. 1Sa 8:13 Ook julle dogters sal hy neem as salfmengsters en as kooksters en baksters. 1Sa 8:14 En van julle lande en julle Wingerde en julle Olyfboorde sal hy die beste neem en aan sy dienaars gee. 1Sa 8:15 En van julle saailande en julle Wingerde sal hy die tiendes neem en dit aan sy hofdienaars en sy dienaars gee. 1Sa 8:16 En julle slawe en slavinne en julle beste jongmanne en julle esels sal hy neem en vir sy werk gebruik. 1Sa 8:17 Van julle kleinvee sal hy die tiendes neem, en self sal julle sy slawe wees. 1Sa 8:18 En in dié dag sal julle roep vanweë jul koning wat julle vir jul verkies het, en JaHWeH sal julle in dié dag nie verhoor nie. 1Sa 8:19 Maar die volk het geweier om na ShemuEl te luister en gesê: Nee, maar daar moet 'n koning oor ons wees, 1Sa 8:20 dat ons ook kan wees soos al die nasies - dat ons koning ons kan rig en voor ons uit trek en ons oorloë voer. 1Sa 8:21 En ShemuEl het al die woorde van die volk aangehoor en dit voor die Ore van JaHWeH uitgespreek. 1Sa 8:22 Toe sê JaHWeH vir ShemuEl: Luister na hulle en stel 'n koning oor hulle aan. En ShemuEl het vir die manne van JisraEl gesê: Gaan heen, elkeen na sy stad. //Saul word as koning gesalf. 1Sa 9:1 EN daar was 'n man van Benjamin met die naam van Kis, die seun van Abíël, die seun van Seror, die seun van Begorat, die seun van Afíag, 'n Benja-miniet, 'n vermoënde man. 1Sa 9:2 En hy het 'n seun gehad met die naam van Saul, 'n jongman en mooi gebou, ja, daar was onder die kinders van JisraEl geeneen mooier as hy nie: van sy skouers af boontoe was hy hoër as die hele volk. 1Sa 9:3 En toe die eselinne van Kis, die vader van Saul, weggeraak het, sê Kis aan sy seun Saul: Neem tog een van die dienaars met jou saam en maak jou klaar, gaan soek die esels. 1Sa 9:4 Hy het toe die gebergte van Efraim deurgegaan en die Aarde Salísa deur- gegaan, maar hulle nie gekry nie; en hulle het die Aarde Sáälim deurgegaan, maar daar was niks nie; en hy het die Aarde van Benjamin deurgegaan, maar hulle het niks gekry nie. 1Sa 9:5 Toe hulle in die Aarde van Suf kom, sê Saul aan die dienaar wat by hom was: Kom, laat ons teruggaan; anders sien my vader van die esels af en word oor ons besorg. 1Sa 9:6 En hy antwoord hom: Maar kyk, in hierdie stad is 'n man van Elohim, en die man is geëerd: alles wat hy spreek, kom sekerlik uit; laat ons nou daarheen gaan; miskien kan hy ons inlig oor die weg wat ons moet neem. 1Sa 9:7 Toe vra Saul vir sy dienaar: Sê nou ons gaan - wat sal ons die man aanbied? Want die brood in ons sakke is op, en 'n geskenk is hier nie om die man van die Elohim aan te bied nie; wat het ons? 1Sa 9:8 En die dienaar het Saul weer ge- antwoord en gesê: Kyk, ek het nog 'n kwart sikkel silwer by my; dit sal ek aan die man van Elohim gee, dat hy ons kan inlig oor ons weg. 1Sa 9:9 Vroeër het die mense in JisraEl só gesê as hulle gaan om die Elohim te raadpleeg: Kom, laat ons na die siener gaan. Want die profeet van teenswoordig het hulle vroeër siener genoem. 1Sa 9:10 En Saul sê aan sy dienaar: Jou woord is goed; kom, laat ons gaan. Daarop gaan hulle na die stad waar die man van die Elohim was. 1Sa 9:11 Terwyl hulle die opdraand na die stad opgaan, kom hulle meisies teë wat uitgaan om water te put, en vra vir hulle: Is die siener hier? 1Sa 9:12 En dié antwoord hulle en sê: Daar is hy voor jou; maak nou gou, want vandag het hy in die stad gekom, omdat die volk vandag 'n slagdier op die hoogte het. 1Sa 9:13 As julle die stad ingaan, sal julle hom net aantref voordat hy opgaan na die hoogte om te eet; want die volk eet nie voordat hy kom nie, want hy seën die slagdier; daarna eet die genooides; gaan dan nou op, want julle sal hom nou juis aantref. 1Sa 9:14 En hulle het opgegaan na die stad. Toe hulle op die punt was om binne-in die stad te gaan, kom ShemuEl meteens uit hulle tegemoet om op te gaan na die hoogte. 1Sa 9:15 Want JaHWeH het dit een dag voor die aangesig van Saul se koms aan ShemuEl geopenbaar en gesê: 1Sa 9:16 Môre sulke tyd sal Ek 'n man uit die Aarde van Benjamin na jou stuur wat jy moet salf as 'n vors oor My volk JisraEl; en hy sal My volk verlos uit die hand van die Filistyne. Want Ek het My volk aangesien, omdat sy geroep na My gekom het. 1Sa 9:17 Toe ShemuEl vir Saul sien, het JaHWeH hom geantwoord: Hier is die man van wie Ek jou gesê het: Hy sal oor My volk heers. 1Sa 9:18 En Saul het nader gekom na ShemuEl binne-in die poort en gevra: Wys my tog waar die huis van die siener is? 1Sa 9:19 Daarop het ShemuEl Saul geantwoord en gesê: Ek is die siener! Gaan voor my aangesig uit op na die hoogte, dan kan julle vandag saam met my eet; en ek sal jou môre vroeg laat gaan; en alles wat in jou hart is, sal ek jou te kenne gee. 1Sa 9:20 En wat die esels betref wat jy vandag al drie dae gelede vermis het - bekommer jou daar nie oor nie, want hulle is gevind. Maar aan wie behoort al wat begeerlik is in JisraEl? Is dit nie aan jou en jou hele familie nie? 1Sa 9:21 En Saul antwoord en sê: Is ek nie 'n Benjaminiet, uit een van die kleinste van die stamme van JisraEl, en my familie die geringste uit al die families van die stam van Benjamin nie? Waarom spreek u dan so met my? 1Sa 9:22 Verder het ShemuEl Saul en sy dienaar geneem en hulle in die kamer gebring en hulle 'n plek gegee aan die hoof van die genooides, wat omtrent dertig man was. 1Sa 9:23 En ShemuEl het aan die kok gesê: Gee die stuk wat ek aan jou gegee het, waarvan ek vir jou gesê het: Sit dit by jou weg. 1Sa 9:24 Die kok dra toe die boud op met wat daaraan was, en sit dit voor die aangesig van Saul neer. En [ShemuEl] sê: Kyk, wat oorgebly het, is voor jou gesit; eet, want teen die bestemde tyd is dit vir jou bewaar toe ek gesê het: Ek nooi die volk. So het Saul dan dié dag saam met ShemuEl geëet. 1Sa 9:25 Daarop het hulle van die hoogte afgegaan die stad in, en hy het met Saul gespreek op die dak. 1Sa 9:26 En hulle het vroeg opgestaan. Toe die rooidag uitkom, het ShemuEl Saul op die dak geroep en gesê: Staan op, dat ek jou kan wegbring. En Saul het opgestaan, en hulle twee, hy en ShemuEl, het na buite gegaan. 1Sa 9:27 Terwyl hulle by die einde van die stad afdaal, sê ShemuEl vir Saul: Beveel die dienaar dat hy voor ons uit verder gaan - en hy het verder gegaan - maar staan jy eers stil, dat ek jou die Woord van Elohim kan laat hoor. 1Sa 10:1 EN ShemuEl het die kruik met olie geneem en haar op sy hoof uitgegiet en hom gesoen en gesê: Het JaHWeH jou nie gesalf as vors oor Sy Erfdeel nie? 1Sa 10:2 As jy vandag van my af weggaan, sal jy by die graf van Ragel, op die grens van Benjamin in Selsag, twee manne aantref wat vir jou sal sê: Die esels wat jy gaan soek het, is gevind. En kyk, jou vader het die saak van die esels laat vaar en is besorg oor julle en vra: Wat kan ek vir my seun doen? 1Sa 10:3 Gaan jy dan vandaar verder en kom by die terpentynboom van Tabor, dan sal drie manne jou daar kry wat na Elohim, na BetEl opgaan: een dra drie bokkies, en een dra drie brode, en een dra 'n sak wyn. 1Sa 10:4 En hulle sal jou na die welstand vra en sal jou twee brode gee; dit moet jy dan uit hulle hand aanneem. 1Sa 10:5 Daarna sal jy kom by Gíbea van die Elohim waar die wagposte van die Filistyne is; en net soos jy daar die stad inkom, sal jy 'n groep profete ontmoet wat van die hoogte afkom, en voor hulle uit harpe en tamboeryne en fluite en siters, terwyl hulle self profeteer. 1Sa 10:6 En die Gees van JaHWeH sal oor jou vaardig word, sodat jy saam met hulle sal profeteer en in 'n ander mens verander word. 1Sa 10:7 En as hierdie tekens vir jou uitkom, doen dan wat jou hand vind om te doen, want die Elohim is met jou. 1Sa 10:8 En jy moet voor my aangesig uit na Gilgal afgaan, en kyk, ek sal na jou afkom om brandoffers op te dra, om slagdiere vir vergoedinge te slag; sewe dae lank moet jy wag, totdat ek by jou kom en jou bekend maak wat jy moet doen. 1Sa 10:9 En net toe hy sy skouer draai om van ShemuEl af weg te gaan, het Elohim sy hart verander, en al hierdie tekens het op dié dag uitgekom. 1Sa 10:10 Nadat hulle daar by Gíbea gekom het, ontmoet hom meteens 'n groep profete, en die Gees van Elohim het oor hom vaardig geword, sodat hy onder hulle geprofeteer het. 1Sa 10:11 En toe elkeen wat hom van gister en eergister af geken het, sien dat hy saam met die profete profeteer, het die mense die een aan die ander gesê: Wat het tog gebeur met die seun van Kis? Is Saul ook onder die profete? 1Sa 10:12 En 'n man daarvandaan het geantwoord en gesê: Wie is tog hulle vader? Daarom het dit 'n spreekwoord geword: Is Saul ook onder die profete? 1Sa 10:13 Toe hy klaar was met profeteer, het hy op die hoogte aangekom. 1Sa 10:14 En die oom van Saul het vir hom en sy dienaar gevra: Waar het julle heen gegaan? Daarop sê hy: Om die esels te soek; en toe ons sien dat hulle daar nie was nie, het ons na ShemuEl gegaan. 1Sa 10:15 En die oom van Saul sê: Vertel my tog wat ShemuEl julle meegedeel het. 1Sa 10:16 Toe sê Saul vir sy oom: Hy het ons verseker meegedeel dat die esels gevind is. Maar die saak van die koningskap, waar ShemuEl van gespreek het, het hy hom nie vertel nie. 1Sa 10:17 En ShemuEl het die volk na JaHWeH in Mispa byeengeroep 1Sa 10:18 en aan die kinders van JisraEl gesê: So spreek JaHWeH, die Elohey van JisraEl: Ek het JisraEl uit Egipte laat optrek en julle gered uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van al die koninkryke wat julle verdruk het. 1Sa 10:19 Maar julle verwerp vandag julle Elohey wat julle uit al jul ellende en benoudhede verlos het, en sê: Nee, maar jy moet 'n koning oor ons aanstel. Stel julle dan nou op voor die Aangesig van JaHWeH volgens julle stamme en volgens julle duisende. 1Sa 10:20 Toe ShemuEl dan al die stamme van JisraEl laat nader kom het, is die stam van Benjamin aangewys; 1Sa 10:21 en toe hy die stam van Benjamin volgens sy families laat nader kom het, is die familie van Matri aangewys; verder is Saul, die seun van Kis, aangewys. En hulle het hom gesoek, maar hy was nie te vinde nie. 1Sa 10:22 En hulle het JaHWeH verder geraadpleeg: Het nog iemand hierheen gekom? En JaHWeH sê: Kyk, hy het tussen die pakgoed weggekruip. 1Sa 10:23 Daarop het hulle geloop en hom daarvandaan gebring; en toe hy tussen die mense gaan staan, was hy van sy skouers af boontoe hoër as die hele volk. 1Sa 10:24 En ShemuEl sê aan die hele volk: Sien julle hom wat JaHWeH uitgekies het? Want daar is nie een onder die hele volk soos hy nie. Toe juig die hele volk en sê: Mag die koning lewe! 1Sa 10:25 Daarna het ShemuEl die Reg van die koningskap voor die aangesig van die volk afgekondig en dit in 'n Boekrol geskrywe en voor die Aangesig van JaHWeH neergelê. En ShemuEl het die hele volk elkeen na sy huis laat gaan. 1Sa 10:26 En Saul het ook na sy huis gegaan in Gíbea; en die dapperes wie se hart Elohim geroer het, het met hom saamgegaan. 1Sa 10:27 Maar die seuns van Belijaal het gesê: Hoe kan hierdie man ons verlos? En hulle het hom verag en hom geen geskenk gebring nie; maar hy het hom doof gehou. //Saul verslaan die Ammoniete en bevry die stad Jabes in Gílead. 1Sa 11:1 EN Nahas, die Ammoniet, het op getrek en Jabes in Gílead beleër; en al die manne van Jabes het aan Nahas gesê: Sluit met ons 'n verbond, dan sal ons u dien. 1Sa 11:2 Maar Nahas, die Ammoniet, het vir hulle gesê: Op hierdie voorwaarde sal ek [die verbond] met julle sluit, dat ek julle almal die regteroog uitsteek en dit as 'n skande op die hele JisraEl kan lê. 1Sa 11:3 Toe sê die oudstes van Jabes vir hom: Laat ons sewe dae lank met rus, dat ons boodskappers in die hele gebied van JisraEl kan stuur; as daar dan niemand is wat ons verlos nie, sal ons na u toe uittrek. 1Sa 11:4 En die boodskappers het in Gíbea van Saul gekom en die woorde voor die ore van die volk gespreek. Daarop verhef die hele volk hulle stem en ween. 1Sa 11:5 Toe kom Saul juis aan agter die beeste van die veld af, en Saul sê: Wat is dit met die volk, dat hulle ween? En hulle vertel hom die woorde van die manne van Jabes. 1Sa 11:6 En die Gees van Elohim het oor Saul vaardig geword terwyl hy dié woorde hoor, en hy het baie kwaad geword. 1Sa 11:7 En hy het 'n paar beeste geneem en hulle stukkend gesny en met boodskappers deur die hele gebied van JisraEl gestuur om te sê: Wie nie agter Saul en agter ShemuEl aan uittrek nie - so sal met sy beeste gedoen word. Toe val die skrik van JaHWeH op die volk en hulle trek soos een man uit. 1Sa 11:8 En hy het hulle gemonster in Besek: die kinders van JisraEl was driehonderd- duisend en die manne van JeHûWdah dertigduisend. 1Sa 11:9 En hulle het aan die boodskappers wat gekom het, gesê: So moet julle aan die manne van Jabes in Gílead sê: Môre as die son op sy warmste is, sal julle hulp kry. Toe die boodskappers ingaan en dit aan die manne van Jabes meedeel, was hulle bly. 1Sa 11:10 En die manne van Jabes sê: Môre sal ons na julle uittrek, en julle kan met ons doen net soos dit goed is in julle oë. 1Sa 11:11 Maar die volgende môre het Saul die manskappe in drie afdelings opgestel, en hulle het met die môrewag in die laer ingekom en die Ammoniete verslaan tot op die warmste van die dag; en die ander het so verstrooid geraak dat nie twee onder hulle bymekaar gebly het nie. 1Sa 11:12 Daarna sê die manskappe vir ShemuEl: Wie is dit wat gevra het: Sou Saul oor ons regeer? Lewer die manne uit, dat ons hulle kan doodmaak. 1Sa 11:13 Maar Saul antwoord: Op hierdie dag mag geen man gedood word nie, want vandag het JaHWeH 'n Verlossing in JisraEl bewerk. 1Sa 11:14 Toe sê ShemuEl aan die volk: Kom, laat ons na Gilgal gaan en daar die koningskap vernuwe. 1Sa 11:15 En die hele volk het na Gilgal getrek en daar Saul voor die Aangesig van JaHWeH in Gilgal koning gemaak; en hulle het daar slagdiere vir vergoeding geslag voor die Aangesig van JaHWeH, en Saul met al die manne van JisraEl was daar uitermate vrolik. //ShemuEl doen verslag van sy amptelike werk. 1Sa 12:1 TOE sê ShemuEl aan die hele JisraEl: Kyk, ek het na julle geluister in alles wat julle aan my gesê het, en 'n koning oor julle aangestel. 1Sa 12:2 En kyk nou, die koning sal voor julle uit wandel, en ek het oud en grys geword, en my seuns is hier by julle. En ek het voor julle uit gewandel van my jeug af tot vandag toe. 1Sa 12:3 Hier is ek; getuig teen my voor die Aangesig van JaHWeH en voor Sy gesalfde: wie se bees ek geneem het, en wie se esel ek geneem het, en wie ek verdruk of hard behandel het; en uit wie se hand ek omkoopfooi aangeneem het om my oë daarmee toe te maak - dan sal ek dit aan julle teruggee. 1Sa 12:4 En hulle antwoord: U het ons nie verdruk of ons hard behandel nie en uit niemand se hand iets aangeneem nie. 1Sa 12:5 Daarop sê hy vir hulle: JaHWeH is Getuie teen julle, en Sy gesalfde is getuie vandag, dat julle niks in my hand gevind het nie. En hulle roep: Hy is getuie. 1Sa 12:6 Verder het ShemuEl aan die volk gesê: JaHWeH het bewerk dat Moshè en Aäron julle vaders uit die Aarde van Egipte laat optrek het. 1Sa 12:7 Gaan staan dan nou, dat ek met julle gerig kan hou voor die Aangesig van JaHWeH oor al die Dade van Geregtigheid van JaHWeH wat Hy aan julle en julle vaders gedoen het. 1Sa 12:8 Nadat Jakob in Egipte gekom en julle vaders JaHWeH aangeroep het, het JaHWeH Moshè en Aäron gestuur; en hulle het julle vaders uit Egipte gelei, en Hy het hulle op hierdie plek laat woon. 1Sa 12:9 Maar hulle het JaHWeH hulle Elohey vergeet; daarom het Hy hulle verkoop in die hand van Sísera, die leërowerste van Hasor, en in die hand van die Filistyne en in die hand van die koning van Moab - wat teen hulle geveg het. 1Sa 12:10 Toe het hulle JaHWeH aangeroep en gesê: Ons het oortree, want ons het JaHWeH verlaat en die Baäls en die Ashtarowth gedien; maar red ons nou uit die hand van ons vyande, dan sal ons U dien. 1Sa 12:11 En JaHWeH het Jerúbbaäl (Gideon) en Bedan en Jefta en ShemuEl gestuur en julle uit die hand van jul vyande rondom gered, sodat julle veilig gewoon het. 1Sa 12:12 Maar toe julle sien dat Nahas, die koning van die kinders van Ammon, teen julle aankom, het julle aan my gesê: Nee, maar 'n koning moet oor ons regeer, terwyl JaHWeH julle Elohey tog jul Koning is. 1Sa 12:13 Hier is dan nou die koning wat julle uitgekies het, wat julle begeer het, en kyk, JaHWeH het 'n koning oor julle aangestel. 1Sa 12:14 As julle maar JaHWeH vrees en HOM dien en na SY Stem luister en nie wederstrewig is teen die Mond van JaHWeH nie en julle self sowel as die koning wat oor julle regeer, JaHWeH julle Elohey maar volg! [Wysheid van Sirah 39:1] 1Sa 12:15 Maar as julle nie na die Stem van JaHWeH luister nie en wederstrewig is teen die Mond van JaHWeH, dan sal die Hande van JaHWeH teen julle wees soos teen julle vaders. 1Sa 12:16 Gaan dus staan, en kyk na hierdie groot saak wat JaHWeH voor julle oë gaan doen. 1Sa 12:17 Is dit nie koringoestyd vandag nie? Ek sal JaHWeH aanroep, dat Hy donderslae en reën gee: weet dan en sien dit in dat julle besoedeling groot is wat julle in die Oë van JaHWeH gedoen het deur 'n koning vir julle te begeer. 1Sa 12:18 Toe het ShemuEl JaHWeH aangeroep, en JaHWeH het donderslae en reën op dié dag gegee, sodat die hele volk baie bevrees geword het vir JaHWeH en vir ShemuEl. 1Sa 12:19 Daarom het die hele volk vir ShemuEl gesê: Bid tot JaHWeH jou Elohey vir u knegte, dat ons nie sterf nie, omdat ons by al ons oortredinge nog bygevoeg het en besoedel gehandel het deur 'n koning vir ons te begeer. 1Sa 12:20 Toe sê ShemuEl vir die volk: Wees nie bevrees nie. Julle het al hierdie besoedeling gedoen; maar wyk nie van JaHWeH af nie, en dien JaHWeH met julle hele hart. 1Sa 12:21 En julle mag nie afwyk nie, want dan [gaan julle] agter nietige idole aan wat nie kan help of red nie, omdat hulle nietighede is. 1Sa 12:22 Want JaHWeH sal Sy volk ter wille van Sy grote Naam nie verwerp nie, omdat dit JaHWeH behaag het om van julle vir Hom 'n volk te maak. 1Sa 12:23 Ook wat my betref, dit is ver van my dat ek teen JaHWeH sou oortree, dat ek sou ophou om vir julle te bid; maar ek sal julle in die suiwer en regte Weg onderrig. 1Sa 12:24 Vrees net JaHWeH en dien Hom in Waarheid met julle hele hart; want kyk watter groot dinge Hy by julle gedoen het. 1Sa 12:25 Maar as julle ooit verkeerd handel, sal julle self sowel as julle koning omkom. //Inval van die Filistyne. 1Sa 13:1 SAUL het 'n jaar geregeer. En toe hy twee jaar oor JisraEl geregeer het, 1Sa 13:2 het Saul vir hom drieduisend man uit JisraEl uitgesoek; en by Saul was tweeduisend in Migmas en op die gebergte van BetEl, en duisend was by JeHôWnathan in Gíbea in Benjamin; maar die orige manskappe het hy laat gaan, elkeen na sy tente toe. 1Sa 13:3 En JeHôWnathan het die wagpos van die Filistyne verslaan wat in Geba was, en die Filistyne het dit gehoor. Daarop het Saul op die ramshoring laat blaas in die hele Aarde om te sê: Laat die Hebreërs dit hoor! 1Sa 13:4 En die hele JisraEl het hoor sê: Saul het die wagpos van die Filistyne verslaan, en ook het JisraEl homself gehaat gemaak by die Filistyne. So is dan die manskappe opgeroep agter Saul aan na Gilgal toe. 1Sa 13:5 En die Filistyne het bymekaargekom om teen JisraEl te veg: drieduisend strydwaens en sesduisend perderuiters en voetgangers soos die sand wat op die seestrand is in menigte; en hulle het opgetrek en laer opgeslaan by Migmas, oos van Bet-Awen. 1Sa 13:6 Toe die manne van JisraEl sien dat hulle in die nood is - want die volk was in die noute gedruk - het die volk weggekruip in die spelonke en in die doringbosse en in die rotse en in die grotte en in die putte. 1Sa 13:7 En die Hebreërs het die Jordaan deurgetrek na die Aarde van Gad en Gílead; maar Saul was nog in Gilgal met al die manskappe wat bewende agter hom aan gegaan het. 1Sa 13:8 En hy het sewe dae lank gewag, tot die tyd wat ShemuEl bepaal het; maar toe ShemuEl nie na Gilgal kom nie en die manskappe van hom af verstrooid raak, 1Sa 13:9 het Saul gesê: Bring na my die brandoffer en 'n vergoedings[bydrae]; en hy het die brandoffer opgedra. 1Sa 13:10 En toe hy net gereed was om die brandoffer te bring, kom ShemuEl meteens daar aan; en Saul het uitgegaan hom tegemoet om hom te groet. 1Sa 13:11 Daarop vra ShemuEl: Wat het jy gedoen? En Saul sê: Ek het gesien dat die manskappe verstrooid raak van my af; en toe u nie kom op die afgesproke tyd nie, terwyl die Filistyne in Migmas bymekaarkom, 1Sa 13:12 het ek gesê: Nou sal die Filistyne na my toe aftrek in Gilgal, en ek het die Aangesig van JaHWeH nie om Guns gesmeek nie; daarom het ek myself sterk gehou en die brandoffer gebring. 1Sa 13:13 Toe sê ShemuEl vir Saul: Jy het dwaas gehandel, jy het die Gebooie van JaHWeH jou Elohey wat Hy jou beveel het, nie gehou nie; want anders sou JaHWeH jou koningskap oor JisraEl vir goed bevestig het. 1Sa 13:14 Maar nou sal jou koningskap nie bestaan nie. JaHWeH het vir Hom 'n man na Sy Hart gesoek; en JaHWeH het hom as vors oor Sy volk aangestel, omdat jy nie gehou het wat JaHWeH jou beveel het nie. 1Sa 13:15 Toe het ShemuEl klaargemaak en opgegaan van Gilgal na Gíbea in Benjamin, en Saul het die manskappe gemonster wat by hom aanwesig was, omtrent seshonderd man. 1Sa 13:16 Terwyl Saul en sy seun JeHôWnathan en die manskappe wat by hulle aanwesig was, in Geba in Benjamin bly en die Filistyne by Migmas laer opslaan, 1Sa 13:17 het die roofkommando uitgetrek uit die laer van die Filistyne in drie afdelings: een deel het weggedraai op pad na Ofra, na die Aarde van Sual toe; 1Sa 13:18 en een deel het weggedraai op pad na Bet-Horon, en een deel het weggedraai op pad na die grens wat oor die dal Sebóim na die wildernis uitkyk. 1Sa 13:19 En daar was geen smid te vinde in die hele Aarde van JisraEl nie, want die Filistyne het gesê: Anders kan die Hebreërs swaarde of spiese maak. 1Sa 13:20 Daarom moes al die JisraEliete na die Filistyne afgaan om elkeen sy kluitbreker of sy pik of sy byl of sy ploegskaar skerp te maak - 1Sa 13:21 so dikwels as die snykant stomp was aan ploegskare en pikke en drietand-vurke en byle; en om die osprikkels reg te maak. 1Sa 13:22 So het dit gekom dat daar in oorlogstyd geen swaard of spies te vinde was in die hand van al die manskappe wat by Saul en JeHôWnathan was nie; maar by Saul en sy seun JeHôWnathan was dit wel te vinde. 1Sa 13:23 En 'n wagpos van die Filistyne het uitgetrek na die pas van Migmas. //Oorwinning van JeHôWnathan. Saul verbied die leër om voor die aand iets te eet. 1Sa 14:1 EN op 'n dag het JeHôWnathan, die seun van Saul, aan die dienaar wat sy wapens dra, gesê: Kom, ons gaan oor na die wagpos van die Filistyne wat daar oorkant is. Maar aan sy vader het hy dit nie te kenne gegee nie. 1Sa 14:2 En Saul het gesit op die grens van Gíbea onder die granaatboom wat by Migron staan; en die manskappe by hom was omtrent seshonderd man. 1Sa 14:3 En AgiJaH, die seun van Ahítub, die broer van Ikabod, die seun van Pínehas, die seun van Eli, die priester van JaHWeH in Silo, het die skouerkleed gedra. Maar die manskappe het nie geweet dat JeHôWnathan weggegaan het nie. 1Sa 14:4 Nou was daar tussen die passe waar JeHôWnathan wou deurgaan na die wagpos van die Filistyne, 'n spits rots oorkant en 'n spits rots duskant, en die naam van die een was Boses en die naam van die ander Sene. 1Sa 14:5 Die een spits staan soos 'n pilaar noord teenoor Migmas, en die ander een suid teenoor Geba. 1Sa 14:6 JeHôWnathan dan het aan die dienaar wat sy wapens dra, gesê: Kom, ons gaan oor na die wagpos van daardie onbesnedenes; miskien sal JaHWeH vir ons optree, want by JaHWeH is daar geen verhindering om deur baie of deur min te verlos nie. 1Sa 14:7 Toe sê sy wapendraer vir hom: Doen alles wat in u hart is, maak soos u wil; hier is ek by u volgens die wens van u hart. 1Sa 14:8 Daarop sê JeHôWnathan: Kyk, ons sal na die manne toe oorgaan en ons aan hulle vertoon. 1Sa 14:9 As hulle vir ons só sê: Staan stil totdat ons by julle kom! dan moet ons op ons plek bly staan en nie na hulle opklim nie. 1Sa 14:10 Maar as hulle só sê: Kom op na ons toe! dan klim ons op, want dan het JaHWeH hulle in ons hand gegee; en dit sal vir ons die teken wees. 1Sa 14:11 Toe hulle twee hul aan die wagpos van die Filistyne vertoon, sê die Filistyne: Kyk, daar kom Hebreërs uit die gate uit waar hulle weggekruip het. 1Sa 14:12 En die manne van die wagpos het JeHôWnathan en sy wapendraer aan- gespreek en gesê: Klim op na ons toe, dan sal ons julle 'n les leer! Daarop sê JeHôWnathan aan sy wapendraer: Klim op agter my aan, want JaHWeH het hulle in die hand van JisraEl gegee. 1Sa 14:13 En JeHôWnathan het op sy hande en voete uitgeklim, en sy wapendraer agter hom aan; en hulle het voor die aangesig van JeHôWnathan geval terwyl sy wapendraer agter hom aan van kant maak. 1Sa 14:14 Hierdie eerste slag waarin JeHôWnathan en sy wapendraer ongeveer twintig man verslaan het, het plaasgevind op omtrent die helfte van 'n aanvoorsel van 'n stuk land . 1Sa 14:15 Toe kom daar 'n skrik in die laer, in die veld en onder al die manskappe; die wagpos en die roofkommando, hulle het ook geskrik, ja, die grond het gebewe, sodat sy 'n skrik van Elohim geword het. 1Sa 14:16 En toe die spioene van Saul in Gíbea in Benjamin sien dat die menigte daar verward [heen] en weer golf, 1Sa 14:17 sê Saul aan die manskappe wat by hom was: Hou tog 'n monstering en kyk wie van ons af weggegaan het. En by die monstering het geblyk dat JeHôWnathan en sy wapendraer daar nie was nie. 1Sa 14:18 Toe sê Saul vir AgiJaH: Bring die Ark van die Elohim nader. Want die Ark van die Elohim was in dié tyd by die kinders van JisraEl. 1Sa 14:19 En terwyl Saul nog met die priester spreek en die rumoer wat in die laer van die Filistyne was, altyddeur groter word, sê Saul vir die priester: Trek jou hand terug! 1Sa 14:20 Saul en al die manskappe wat by hom was, is toe saamgeroep, en hulle het by die geveg aangekom; en kyk, die swaard van die een was teen die ander - 'n baie groot verwarring. 1Sa 14:21 Selfs die Hebreërs wat die Filistyne soos gister en eergister bygestaan het, wat verspreid met hulle saam in die leër opgetrek het, hulle het ook aangesluit by die JisraEliete wat saam met Saul en JeHôWnathan was. 1Sa 14:22 Toe al die manne van JisraEl wat op die gebergte van Efraim weggekruip het, hoor dat die Filistyne vlug, het dié hulle ook in die geveg agternagesit. 1Sa 14:23 En JaHWeH het JisraEl op dié dag verlos. Toe die geveg dan by Bet-Awen verbygaan, 1Sa 14:24 en die manne van JisraEl dié dag aangedryf word, het Saul die manskappe besweer en gesê: Vervloek is die man wat brood eet tot vanaand, sodat ek my op my vyande kan wreek. Daarom het die hele volk aan geen brood geproe nie. 1Sa 14:25 En al die mense het in 'n bos gekom, en daar was heuning op die veld. 1Sa 14:26 Toe die manskappe in die bos kom, was daar oorvloed van heuning; maar niemand het met sy hand aan sy mond geraak nie, omdat die manskappe bevrees was vir die eed. 1Sa 14:27 Maar JeHôWnathan het nie gehoor toe sy vader die manskappe besweer het nie en het die punt van die staf wat in sy hand was, uitgesteek en dit in 'n heuningkoek gedoop en sy hand aan sy mond gebring, en sy oë het helder geword. 1Sa 14:28 Daarop spreek een van die manskappe hom aan en sê: Jou vader het die manskappe met hierdie dure eed besweer: Vervloek is die man wat vandag brood eet. Daarom is die volk afgemat. 1Sa 14:29 En JeHôWnathan sê: My vader stort die Aarde in die ellende; kyk tog hoe helder my oë nou is, omdat ek hierdie bietjie heuning geproe het. 1Sa 14:30 Hoeveel te meer as die manskappe vandag vry kon eet van die buit van hul vyande wat hulle gevind het! Maar nou is die slagting onder die Filistyne nie groot nie. 1Sa 14:31 Maar dié dag het hulle die Filistyne verslaan van Migmas af na Ajalon toe, en die manskappe was baie afgemat. 1Sa 14:32 En die manskappe het op die buit afgestorm, en kleinvee en beeste en kalwers geneem en hulle op die Aarde doodgebloei, en die manskappe het hulle met bloed en al geëet. 1Sa 14:33 Toe daar aan Saul geboodskap is: Kyk, die manskappe oortree teen JaHWeH deur met bloed en al te eet, het hy gesê: Julle pleeg verraad; rol nou 'n groot klip na my toe. 1Sa 14:34 Verder het Saul gesê: Versprei julle onder die manskappe en sê aan hulle: Bring na my elkeen sy bees en elkeen sy stuk kleinvee, en laat hom hier doodbloei en eet hom; maar oortree julle nie teen JaHWeH deur met bloed en al te eet nie. En al die manskappe het elkeen in die nag sy bees met sy hand gebring en hom daar doodgebloei. 1Sa 14:35 En Saul het vir JaHWeH 'n altaar gebou; dit was die eerste altaar wat hy vir JaHWeH gebou het. 1Sa 14:36 Toe sê Saul: Laat ons in die nag aftrek agter die Filistyne aan, en laat ons onder hulle plunder totdat dit môre lig word; en ons moet nie een onder hulle laat oorbly nie. En hulle antwoord: Doen alles wat goed is in u oë. Maar die priester het gesê: Laat ons hier tot die Elohim nader. 1Sa 14:37 Toe het Saul Elohim geraadpleeg: Sal ek aftrek agter die Filistyne aan? Sal U hulle in JisraEl se hand gee? Maar Hy het hom dié dag nie geantwoord nie. 1Sa 14:38 En Saul sê: Kom nader hierheen, al die hoofde van die volk. en ondersoek en kyk waarin hierdie oortreding vandag begaan is. 1Sa 14:39 Want so waar as JaHWeH leef wat JisraEl verlos, al was dit ook in my seun JeHôWnathan, dan moet hy sekerlik sterwe! Maar niemand uit al die manskappe het hom geantwoord nie. 1Sa 14:40 Daarop sê hy aan die hele JisraEl: Julle moet eenkant staan, en ek en my seun JeHôWnathan sal eenkant staan. En die manskappe antwoord Saul: Doen wat goed is in u oë. 1Sa 14:41 Toe sê Saul aan JaHWeH: Elohey van JisraEl, gee tog die volkome [lot]! En JeHôWnathan en Saul is aangewys, maar die manskappe het vry uitgegaan. 1Sa 14:42 En Saul sê: Werp die [lot] tussen my en my seun JeHôWnathan. En JeHôWnathan is aangewys. 1Sa 14:43 Daarop vra Saul vir JeHôWnathan: Gee my tog te kenne wat jy gedoen het. En JeHôWnathan het hom te kenne gegee en gesê: Ek het net 'n bietjie heuning geproe met die punt van die staf wat in my hand was; hier is ek, ek sal sterwe. 1Sa 14:44 Toe sê Saul: Mag Elohim aan my so doen en so daaraan toedoen, jy moet sekerlik sterwe, JeHôWnathan! 1Sa 14:45 Maar die manskappe het aan Saul gesê. Moet JeHôWnathan sterwe wat hierdie groot verlossing in JisraEl bewerk het? Volstrek nie! So waar as JaHWeH leef, geen haar van sy hoof sal op die Aarde val nie! Want met Elohim het hy dit vandag gedoen. So het die volk dan JeHôWnathan losgekoop, dat hy nie gesterf het nie. 1Sa 14:46 Daarna het Saul agter die Filistyne teruggetrek, en die Filistyne het na hulle plek gegaan. //Oorloë van Saul. Sy familie. 1Sa 14:47 SO het Saul dan die koningskap oor JisraEl verkry en oorlog gevoer rondom teen al sy vyande: teen Moab en teen die kinders van Ammon en teen Edom en teen die konings van Soba en teen die Filistyne; en oral waarheen hy hom gewend het, het hy straf geoefen. 1Sa 14:48 En hy het hom dapper gedra: hy het Amalek verslaan en JisraEl gered uit die hand van sy berower. 1Sa 14:49 En die seuns van Saul was JeHôWnathan en Jiswi en Malkisúa, en die naam van sy twee dogters: die naam van die oudste was Merab, en die naam van die jongste Migal. 1Sa 14:50 En die naam van Saul se vrou was Ahínoam, 'n dogter van Ahímaäs; en die naam van sy leërowerste was Abner, die seun van Ner, die oom van Saul. 1Sa 14:51 En Kis was die vader van Saul, en Ner, die vader van Abner, was die seun van Abíël. 1Sa 14:52 Die oorlog teen die Filistyne was hewig al die dae van Saul; en waar Saul ook 'n dapper man sien, het hy hom by hom opgeneem. //Saul en Ámalek. Sy oortreding en straf. 1Sa 15:1 TOE sê ShemuEl vir Saul: JaHWeH het my gestuur om jou as koning te salf oor Sy volk, oor JisraEl; luister dan nou na die Stem en die Woorde van JaHWeH. 1Sa 15:2 So sê JaHWeH van die leërmagte: Ek het terdeë gelet op wat Amalek JisraEl aangedoen het, dat hy hom in die weg gestaan het by sy optog uit Egipte. 1Sa 15:3 Gaan nou en verslaan Amalek, en julle moet met die banvloek tref alles wat hy het; en jy mag hom nie verskoon nie, maar jy moet om die lewe bring man sowel as vrou, kind en suigling, bees en kleinvee, kameel en esel. 1Sa 15:4 Daarop het Saul die manskappe opgeroep en hulle gemonster in Teláim: tweehonderdduisend voetgangers en tienduisend man van JeHûWdah. 1Sa 15:5 En toe Saul by die stad van Amalek aankom en in die dal 'n hinderlaag opstel, 1Sa 15:6 sê Saul vir die Keniete: Gaan weg, verwyder julle, trek af onder die Amalekiete uit, dat ek julle nie met hulle saam wegruim nie; want julle het medelye betoon aan al die kinders van JisraEl by hulle optog uit Egipte. Toe het die Keniete hulle verwyder onder die Amalekiete uit. 1Sa 15:7 En Saul het die Amalekiete verslaan van Hawíla af in die rigting van Sur wat oos van Egipte lê. 1Sa 15:8 En Agag, die koning van Amalek, het hy lewendig gevang, maar die hele volk deur die skerpte van die swaard met die banvloek getref. 1Sa 15:9 Maar Saul en die manskappe het Agag gespaar, en die beste van die kleinvee en beeste, en die naas-bestes en die lammers en alles wat suiwer was - dit wou hulle nie met die banvloek tref nie; maar al die goed wat veragtelik en vervalle was, dit het hulle met die banvloek getref. 1Sa 15:10 En die Woord van JaHWeH het tot ShemuEl gekom en gesê: 1Sa 15:11 Ek het berou gekry dat Ek Saul koning gemaak het, want hy het van My afvallig geword en My woorde nie uitgevoer nie. Toe het ShemuEl kwaad geword en die hele nag deur JaHWeH aangeroep. 1Sa 15:12 Maar die môre vroeg het ShemuEl hom klaargemaak om Saul te ontmoet. En aan ShemuEl is meegedeel en gesê: Saul het in Karmel aangekom, en kyk, hy het vir hom 'n gedenkteken opgerig; en hy het weggedraai en verbygegaan en afgetrek na Gilgal. 1Sa 15:13 Toe ShemuEl by Saul kom, sê Saul vir hom: Mag u geseënd wees deur JaHWeH: ek het die Woord van JaHWeH uitgevoer. 1Sa 15:14 Daarop vra ShemuEl: Maar wat vir 'n geblêr van kleinvee is dit in my ore en 'n gebulk van beeste wat ek hoor? 1Sa 15:15 En Saul sê: Van die Amalekiete het hulle dit gebring, want die manskappe het die beste kleinvee en beeste gespaar om te slag aan JaHWeH jou Elohey; maar die ander het ons met die banvloek getref. 1Sa 15:16 Toe sê ShemuEl vir Saul: Hou op, dat ek jou kan meedeel wat JaHWeH vannag met my gespreek het. En hy antwoord hom: Spreek. 1Sa 15:17 En ShemuEl sê: Is jy, hoewel jy klein was in jou eie oë, nie tog die hoof van die stamme van JisraEl nie? En JaHWeH het jou as koning oor JisraEl gesalf. 1Sa 15:18 En JaHWeH het jou op die pad gestuur en gesê: Gaan heen en tref die oortreders, die Amalekiete, met die banvloek en veg teen hulle totdat hulle vernietig is. 1Sa 15:19 Waarom het jy dan nie na die Stem van JaHWeH geluister nie en op die buit afgestorm en gedoen wat verkeerd is in die Oë van JaHWeH? 1Sa 15:20 Toe sê Saul vir ShemuEl: Ek het na die Stem van JaHWeH geluister en gegaan op die pad waar JaHWeH my op gestuur het, en Agag, die koning van Amalek, gebring; maar die Amalekiete het ek met die banvloek getref. 1Sa 15:21 Maar die manskappe het van die buit kleinvee en beeste geneem, die beste van die bangoed, om aan JaHWeH u Elohey in Gilgal te slag. 1Sa 15:22 Daarop sê ShemuEl: Het JaHWeH behae in brandoffers en slagdiere of in gehoorsaamheid aan die Stem van JaHWeH? Kyk, gehoorsaamheid is suiwerder as 'n slagdier, om te luister is beter as die vet van ramme. 1Sa 15:23 Want wederstrewigheid is 'n oortreding van waarsêery, en eiesinnigheid is idolary en beeldediens. Omdat jy die Woord van JaHWeH verwerp het, het Hy jou as koning verwerp. 1Sa 15:24 Toe sê Saul vir ShemuEl: Ek het oortree, omdat ek teen die Bevel van JaHWeH en teen u woorde oortree het, want ek was bevrees vir die manskappe en het na hulle geluister. 1Sa 15:25 Vergeef dan nou tog my oortreding en kom met my saam terug, dat ek tot JaHWeH kan neerbuig. 1Sa 15:26 Maar ShemuEl sê vir Saul: Ek sal nie met jou saam teruggaan nie, omdat jy die Woord van JaHWeH verwerp het, en nou het JaHWeH jou verwerp om koning oor JisraEl te wees. 1Sa 15:27 Toe ShemuEl hom omdraai om weg te gaan, gryp hy die slip van sy mantel, maar dit het afgeskeur. 1Sa 15:28 En ShemuEl sê vir hom: Vandag het JaHWeH die koningskap oor JisraEl van jou afgeskeur en haar aan jou naaste gegee wat suiwerder is as jy. 1Sa 15:29 En ook lieg die Roem van JisraEl nie, en Hy ken geen berou nie; want Hy is geen adamiet, dat Hy berou sou hê nie. 1Sa 15:30 En hy sê: Ek het oortree; eer my tog nou voor die oudstes van my volk en voor JisraEl, en kom saam met my terug, dat ek kan neerbuig tot JaHWeH u Elohey. 1Sa 15:31 ShemuEl het toe teruggegaan agter Saul aan, en Saul het neergebuig tot JaHWeH. 1Sa 15:32 Daarop sê ShemuEl: Bring Agag, die koning van Amalek, na my toe. Terwyl Agag dan opgeruimd na hom gaan, sê Agag: Waarlik, die bitterheid van die Dood het gewyk. 1Sa 15:33 Maar ShemuEl het gesê: Soos jou swaard vroue kinderloos gemaak het, so sal jou moeder onder die vroue kinderloos wees. Daarop het ShemuEl Agag in stukke gekap voor die Aangesig van JaHWeH in Gilgal. 1Sa 15:34 Daarna gaan ShemuEl na Rama, en Saul het opgegaan na sy huis, na Gíbea van Saul. 1Sa 15:35 En ShemuEl het Saul tot die dag van sy dood nie meer gesien nie, want ShemuEl het getreur oor Saul; en JaHWeH het berou gehad dat Hy Saul koning gemaak het oor JisraEl. //ShemuEl salf Dawid as koning. 1Sa 16:1 DAARNA sê JaHWeH aan ShemuEl: Hoe lank sal jy treur oor Saul, terwyl Ek hom verwerp het om koning te wees oor JisraEl? Vul jou horing met olie en gaan heen: Ek stuur jou na Isai, die Betlehemiet, want Ek het onder sy seuns vir My 'n koning uitgesoek. 1Sa 16:2 Maar ShemuEl vra: Hoe kan ek gaan? As Saul dit hoor, sal hy my doodmaak. Toe sê JaHWeH: Neem 'n jong koei met jou saam en sê: Ek kom om aan JaHWeH te slag. 1Sa 16:3 Roep Isai dan na die slagmaaltyd, en Ek sal jou bekend maak wat jy moet doen, en jy moet die een vir My salf wat Ek jou sal noem. 1Sa 16:4 En ShemuEl het gedoen wat JaHWeH gespreek het; en toe hy by Betlehem aankom, het die oudstes van die stad hom bewend tegemoet gegaan en gevra: Is u koms vrede? 1Sa 16:5 En hy sê: Vrede! Ek kom om aan JaHWeH te slag; maak julle gereed, en kom saam met my na die slagmaaltyd. En hy het Isai en sy seuns aangewys en hulle na die slagmaaltyd genooi. 1Sa 16:6 Toe hulle inkom en hy EliAb sien, dink hy: Gewis, hier staan voor die Aangesig van JaHWeH Sy gesalfde! 1Sa 16:7 Maar JaHWeH sê vir ShemuEl: Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die adamiet sien, [sien Hy] nie; want die adamiet sien aan wat voor oë is, maar JaHWeH sien die hart aan. 1Sa 16:8 Toe roep Isai Abinádab en laat hom voor die aangesig van ShemuEl verbygaan. Maar hy sê: Hierdie een het JaHWeH ook nie uitgekies nie. 1Sa 16:9 Verder het Isai Samma laat verbygaan. Maar hy sê: Hierdie een het JaHWeH ook nie uitgekies nie. 1Sa 16:10 So het Isai dan sy sewe seuns voor die aangesig van ShemuEl laat verbygaan, maar ShemuEl het aan Isai gesê: JaHWeH het hulle nie uitgekies nie. 1Sa 16:11 Verder het ShemuEl aan Isai gevra: Is dit al die seuns? En hy sê: Die kleinste is nog oor, en kyk, hy pas skape op. Toe sê ShemuEl aan Isai: Stuur en laat hom haal, want ons mag nie om [die tafel] gaan sit voordat hy hier kom nie. 1Sa 16:12 Daarop het hy gestuur en hom laat kom; en hy was rooierig, met helder oë en 'n suiwer voorkoms. En JaHWeH sê: Staan op, salf hom, want dit is hy. 1Sa 16:13 ShemuEl neem toe die horing met olie en salf hom te midde van sy broers, en die Gees van JaHWeH het van dié dag af en verder oor Dawid vaardig geword. En ShemuEl het klaargemaak en na Rama gegaan. //Dawid in Saul se diens. 1Sa 16:14 MAAR die Gees van JaHWeH het van Saul gewyk, en 'n gees van besoedeling, deur JaHWeH gestuur, het hom verskrik. 1Sa 16:15 Toe sê die dienaars van Saul vir hom: Kyk tog, 'n gees van besoedeling van Elohim verskrik u: 1Sa 16:16 laat ons meester net sê, en u dienaars wat voor u staan, sal 'n man soek wat op die siter kan speel; en as die gees van besoedeling van Elohim oor u is, moet hy speel met sy hand, dan sal u gesuiwer word. 1Sa 16:17 Daarop sê Saul aan sy dienaars: Kyk tog vir my uit na 'n man wat goed kan speel, en bring hom na my. 1Sa 16:18 En een van die dienaars antwoord en sê: Kyk, ek het 'n seun van Isai, die Betlehemiet, gesien wat kan speel, en hy is 'n dappere en 'n krygsman en wel ter tale en mooi gebou, en JaHWeH is met hom. 1Sa 16:19 Toe het Saul boodskappers na Isai gestuur en gesê: Stuur tog jou seun Dawid wat by die skape is, na my. 1Sa 16:20 Isai neem toe 'n esel, brood en 'n leersak met wyn en 'n bokkie en stuur dit met sy seun Dawid na Saul. 1Sa 16:21 So het Dawid dan by Saul gekom en voor hom gestaan; en die het hom baie liefgekry, sodat hy sy wapen-draer geword het. 1Sa 16:22 Daarna het Saul na Isai gestuur om te sê: Laat Dawid tog voor my aangesig staan, want hy het guns in my oë gevind. 1Sa 16:23 En net wanneer daar 'n gees van Elohim oor Saul kom, neem Dawid die siter en speel met sy hand; dan voel Saul verlig en word gesuiwer, en die gees van besoedeling wyk van hom. //Dawid verslaan die reus Góliat. 1Sa 17:1 EN die Filistyne het hulle leër versamel vir die oorlog en bymekaar gekom by Sogo wat aan JeHûWdah behoort, en laer opgeslaan tussen Sogo en Aséka in Efes-Dammim. 1Sa 17:2 Maar Saul en die manne van JisraEl het byeengekom en laer opgeslaan in die dal van die terpentynboom en hulle in slagorde teenoor die Filistyne opgestel. 1Sa 17:3 En die Filistyne het duskant teen die berg en die JisraEliete oorkant teen die berg gestaan, sodat die dal tussen hulle in was. 1Sa 17:4 Toe kom daar 'n baasvegter uit die laers van die Filistyne, met die naam van Góliat, uit Gat; sy hoogte was ses voorarm en 'n span. 1Sa 17:5 Daar was 'n koperhelm op sy hoof, en hy het 'n pantser van skubbe aangehad - die gewig van die pantser was vyfduisend sikkels koper - 1Sa 17:6 en skeenplate van koper was aan sy bene en 'n koperlans tussen sy skouers. 1Sa 17:7 Die steel van sy spies was soos 'n wewersbalk, en die lem van sy spies was van seshonderd sikkels yster, en die skilddraer het voor hom uit geloop. 1Sa 17:8 En hy het gaan staan en roep na die slagordes van JisraEl en vir hulle gesê: Waarom trek julle uit om jul in slagorde op te stel? Is ek nie die Filistyn, en julle dienaars van Saul nie? Kies vir julle 'n man uit, dat hy na my toe afkom. 1Sa 17:9 As hy teen my kan veg en my verslaan, sal ons julle slawe wees; maar as ek hom oorwin en hom verslaan, moet julle ons slawe wees en ons dien. 1Sa 17:10 Verder sê die Filistyn: Ek daag die slagordes van JisraEl vandag uit! Gee my 'n man, dat ons saam kan veg. 1Sa 17:11 Toe Saul en die hele JisraEl hierdie woorde van die Filistyn hoor, was hulle verskrik en baie bevrees. 1Sa 17:12 En Dawid was die seun van dié Efratiet, uit Betlehem-JeHûWdah, met die naam van Isai; hy het agt seuns gehad, en die man was in Saul se dae oud, [op jare] gekom onder die manne. 1Sa 17:13 Maar die drie oudste seuns van Isai het Saul al in die oorlog gevolg; en die name van sy drie seuns wat in die oorlog gegaan het, was: EliAb, die oudste, en sy tweede, Abinádab, en die derde, Samma. 1Sa 17:14 Dawid was die jongste, terwyl die drie oudstes Saul gevolg het. 1Sa 17:15 En Dawid het heen en weer gegaan van Saul om die kleinvee van sy vader in Betlehem op te pas. 1Sa 17:16 En die Filistyn het smôrens vroeg en saans nader gekom en gaan staan, veertig dae lank. 1Sa 17:17 Toe het Isai aan sy seun Dawid gesê: Neem tog vir jou broers 'n efa van hierdie gebraaide koring en hierdie tien brode, en bring dit gou vir jou broers na die laer toe. 1Sa 17:18 Maar hierdie tien skywe kaas moet jy bring na die owerste oor duisend, en jy moet ondersoek doen na die welstand van jou broers en van hulle 'n pand saambring. 1Sa 17:19 En Saul en hulle en al die manne van JisraEl was besig om te veg teen die Filistyne in die dal van die terpentynboom. 1Sa 17:20 En die volgende môre vroeg het Dawid hom klaargemaak: die kleinvee aan die wagter afgegee en opgelaai en weggegaan soos Isai hom beveel het. En toe hy by die wa-laer kom, hef die leërmag wat na die vegterrein uittrek, juis die krygsgeskreeu aan. 1Sa 17:21 JisraEl sowel as die Filistyne het slagorde teenoor slagorde opgestel. 1Sa 17:22 Daarop gee Dawid sy pakgoed af onder bewaring van die oppasser van die pakgoed, en hy hardloop na die vegterrein. Toe hy daar aankom, vra hy sy broers na die welstand. 1Sa 17:23 En terwyl hy met hulle spreek, kom juis die baasvegter - Góliat is sy naam, die Filistyn uit Gat - uit die slagordes van die Filistyne op en spreek daardie selfde woorde, sodat Dawid dit hoor. 1Sa 17:24 Maar toe al die manne van JisraEl die man sien, vlug hulle vir hom weg, want hulle was baie bang. 1Sa 17:25 En die manne van JisraEl sê: Het julle die man gesien wat daar opkom? Want hy kom op om JisraEl uit te daag. En die koning sal die man wat hom verslaan, oorlaai met groot rykdom; ook sal hy sy dogter aan hom gee en sy familie in JisraEl vrystel van belasting. 1Sa 17:26 Daarop het Dawid die manne wat by hom staan, gevra en gesê: Wat sal met die man gebeur wat hierdie Filistyn verslaan en die smaad van JisraEl wegneem? Want wie is hierdie onbesnede Filistyn, dat hy die slagordes van die lewende Elohim durf uitdaag? 1Sa 17:27 En die manskappe gee hom dieselfde antwoord: Só sal met die man gebeur wat hom verslaan. 1Sa 17:28 Toe sy oudste broer EliAb hom met die manne hoor spreek, het EliAb baie kwaad geword vir Dawid en gesê: Waarom het jy eintlik afgekom, en aan wie het jy daardie klompie kleinvee in die wildernis afgegee? Ek ken jou hoogmoedigheid en die besoedeling van jou hart, want jy het afgekom om die geveg te sien. 1Sa 17:29 En Dawid sê: Wat het ek nou gedoen? Ek vra maar net. 1Sa 17:30 En hy het by hom weggedraai na iemand anders en dieselfde woorde gespreek, en die manskappe het hom geantwoord volgens die eerste woorde. 1Sa 17:31 Toe hulle die woorde hoor wat Dawid spreek en dit voor die aangesig van Saul meedeel, en dié hom laat haal. 1Sa 17:32 En Dawid het aan Saul gesê: Laat die adamiete se moed tog nie ter wille van hom sink nie. U dienaar sal gaan en teen hierdie Filistyn veg. 1Sa 17:33 Maar Saul het Dawid geantwoord: Jy kan nie na hierdie Filistyn gaan om teen hom te veg nie, want jy is 'n seun, en hy is 'n krygsman van sy jeug af. 1Sa 17:34 Daarop sê Dawid aan Saul: U dienaar het vir sy vader die kleinvee opgepas, en as daar 'n leeu of 'n beer kom en 'n stuk kleinvee uit die trop wegdra, 1Sa 17:35 dan gaan ek uit agter hom aan en verslaan hom en ruk dit uit sy bek uit; en as hy my aanval, gryp ek hom aan sy baard en verslaan hom en maak hom dood. 1Sa 17:36 U dienaar het die leeu sowel as die beer doodgeslaan, en met hierdie onbesnede Filistyn sal dit gaan net soos met een van hulle, omdat hy die slagordes van die lewende Elohim uitgedaag het. 1Sa 17:37 Verder sê Dawid: JaHWeH wat my gered het uit die klou van die leeu en uit die klou van die beer, Hy sal my red uit die hand van hierdie Filistyn. Toe sê Saul vir Dawid: Gaan, en mag JaHWeH met jou wees! 1Sa 17:38 En Saul het Dawid sy klere laat aantrek en 'n koperhelm op sy hoof gesit en hom 'n pantser laat aantrek. 1Sa 17:39 En Dawid het sy swaard bo-oor sy klere vasgegord, en toe hy moeite doen om te loop, omdat hy dit nooit probeer het nie, sê Dawid vir Saul: Ek kan nie hierin loop nie, want ek het dit nooit probeer nie. En Dawid het dit uitgetrek. 1Sa 17:40 Daarop neem hy sy staf in sy hand en soek vir hom uit die spruit vyf gladde klippe uit en steek dit in sy herderstas wat hy gehad het, naamlik in die slingersak; en met sy slinger in sy hand het hy nader gekom na die Filistyn. 1Sa 17:41 Ook die Filistyn het al nader en nader gekom na Dawid, en die skilddraer voor hom uit. 1Sa 17:42 Toe die Filistyn opkyk en Dawid sien, het hy hom verag, omdat hy 'n seun was - rooierig, met 'n mooi voorkoms. 1Sa 17:43 En die Filistyn vra vir Dawid: Is ek 'n hond dat jy met stokke na my toe kom? En die Filistyn het Dawid vervloek by sy gode. 1Sa 17:44 Verder sê die Filistyn vir Dawid: Kom na my toe, dat ek jou vlees aan die voëls van die Hemele en die diere van die veld kan gee. 1Sa 17:45 Maar Dawid sê vir die Filistyn: Jy kom na my met 'n swaard en met 'n spies en met 'n lans, maar ek kom na jou in die Naam van JaHWeH van die leërmagte, die Elohey van die slagordes van JisraEl, wat jy uitgedaag het. 1Sa 17:46 Vandag sal JaHWeH jou in my hand oorlewer, dat ek jou kan verslaan en jou hoof van jou wegneem, en die lyke van die leër van die Filistyne vandag aan die voëls van die Hemele en die wilde diere van die Aarde kan gee, sodat die hele Aarde kan weet dat JisraEl 'n Elohim het. 1Sa 17:47 Dan sal hierdie hele menigte moet erken dat JaHWeH nie deur swaard en deur spies verlos nie; want die stryd behoort aan JaHWeH, en Hy sal julle in ons hand gee. 1Sa 17:48 Toe die Filistyn hom dan klaarmaak en aldeur nader kom om Dawid te ontmoet, loop Dawid gou na die vegterrein om die Filistyn te ontmoet; 1Sa 17:49 en Dawid steek sy hand in die tas en neem 'n klip daaruit en slinger, en hy tref die Filistyn in sy voorhoof, sodat die klip in sy voorhoof indring en hy op sy gesig teen die Aarde val. 1Sa 17:50 So het Dawid dan die Filistyn oorweldig met 'n slinger en 'n klip. En hy het die Filistyn verslaan en hom gedood alhoewel daar geen swaard in Dawid se hand was nie. 1Sa 17:51 Daarop het Dawid gehardloop en by die Filistyn gaan staan en sy swaard geneem, haar uit sy skede getrek en hom van kant gemaak, en hy het met haar sy hoof afgekap. Toe die Filistyne sien dat hulle held dood was, het hulle gevlug. 1Sa 17:52 Toe het die manne van JisraEl en van JeHûWdah hulle klaargemaak en gejuig en die Filistyne agtervolg tot by die ingang na Gat en tot by die poorte van Ekron, sodat die gesneuweldes van die Filistyne gelê het op die pad van Saäráim en tot by Gat en tot by Ekron. 1Sa 17:53 Daarna het die kinders van JisraEl teruggekeer van die hewige agtervolging van die Filistyne en hulle laer geplunder. 1Sa 17:54 En Dawid het die hoof van die Filistyn geneem en hom na Jerusalem gebring, maar sy wapens in sy tent neergesit. 1Sa 17:55 Net toe Saul Dawid sien uittrek om die Filistyn te ontmoet, sê hy vir Abner, die leërowerste: Wie se seun is die jongman tog, Abner? En Abner antwoord: So waar as u siel leef, koning, ek weet dit nie! 1Sa 17:56 En die koning sê: Vra jy wie se seun die jongman tog is. 1Sa 17:57 En toe Dawid terugkom nadat hy die Filistyn verslaan het, het Abner hom geneem en hom voor die aangesig van Saul gebring, met die hoof van die Filistyn in sy hand. 1Sa 17:58 En Saul vra hom: Wie se seun is jy, jongman? En Dawid sê: Die seun van u dienaar Isai, die Betlehemiet. //Vriendskapsverbond tussen JeHôWnathan en Dawid. Saul begin om Dawid te haat. 1Sa 18:1 EN nadat hy sy gesprek met Saul beëindig het, het die siel van JeHôWnathan verkleef geraak aan die siel van Dawid, en JeHôWnathan het hom liefgekry soos sy eie siel. 1Sa 18:2 En Saul het hom dié dag geneem en hom nie na sy familie laat teruggaan nie. 1Sa 18:3 Toe sluit JeHôWnathan met Dawid 'n verbond, omdat hy hom liefgehad het soos sy eie siel. 1Sa 18:4 Daarby trek JeHôWnathan sy mantel uit wat hy aangehad het, en gee dit aan Dawid; ook sy klere, ja, selfs sy swaard en sy boog en sy gordel. 1Sa 18:5 En Dawid het uitgetrek. Oral waar Saul hom gestuur het, was hy voorspoedig, sodat Saul hom oor die krygsmanne aangestel het; en dit was goed in die oë van die hele volk en ook in die oë van die dienaars van Saul. 1Sa 18:6 En toe hulle tuiskom, en ook Dawid terug was nadat hy die Filistyn verslaan het, het die vroue uitgegaan uit al die stede van JisraEl met sang en koordanse, met tamboeryne, met vreugdegeroep en met triangels koning Saul tegemoet. 1Sa 18:7 En die vroue wat vrolik was, het gesing en gesê: Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tien-duisende! 1Sa 18:8 En Saul het baie kwaad geword, want hierdie woord was verkeerd in sy oë. En hy sê: Hulle het Dawid die tienduisende gegee, maar my die duisende gegee; hy moet nou nog net die koningskap kry! 1Sa 18:9 En van dié dag af en verder het Saul die oog op Dawid gehad. 1Sa 18:10 Die volgende dag het die gees van besoedeling van Elohim oor Saul vaardig geword, sodat hy rasend was binne-in die huis terwyl Dawid soos elke dag met sy hand speel, en Saul 'n spies in sy hand hou. 1Sa 18:11 Toe gooi Saul die spies en sê: Ek wil Dawid teen die muur vassteek! Maar Dawid het twee maal vir hom padgegee. 1Sa 18:12 En Saul was bevrees vir Dawid, omdat JaHWeH met hom was en van Saul gewyk het. 1Sa 18:13 Daarom het Saul hom voor sy aangesig verwyder en hom aangestel as sy owerste oor duisend, sodat hy voor die aangesig van die manskappe uit- en ingegaan het. //Dawid word die skoonseun van die koning. 1Sa 18:14 EN Dawid was voorspoedig in al sy weë, want JaHWeH was met hom. 1Sa 18:15 Toe Saul sien dat hy baie voorspoedig was, het hy vir hom bang geword. 1Sa 18:16 Maar die hele JisraEl en JeHûWdah het Dawid liefgehad, want hy het voor hulle uit- en ingegaan. 1Sa 18:17 Verder het Saul vir Dawid gesê: Hier is my oudste dogter Merab, haar sal ek aan jou as vrou gee; wees net vir my 'n dapper man en voer die oorloë van JaHWeH. Want Saul het gedink: Laat my hand nie teen hom wees nie, maar laat die hand van die Filistyne teen hom wees. 1Sa 18:18 Maar Dawid het vir Saul gesê: Wie is ek, en wat is my familie, die familie van my vader in JisraEl, dat ek 'n skoonseun van die koning sou word? 1Sa 18:19 Maar teen die tyd dat Merab, die dogter van Saul, aan Dawid moes gegee word, is sy aan AdriEl, die Meholatiet, as vrou gegee. 1Sa 18:20 Maar Migal, die dogter van Saul, het Dawid liefgekry; en toe hulle dit aan Saul meedeel, was die saak in sy oë reg. 1Sa 18:21 Want Saul het gedink: Ek sal haar aan hom gee, dat sy vir hom 'n strik kan wees en dat die hand van die Filistyne teen hom kan wees. Daarom het Saul vir Dawid gesê: Vir die tweede keer kan jy vandag my skoonseun word! 1Sa 18:22 En Saul het sy dienaars bevel gegee: Spreek met Dawid in die geheim en sê: Kyk, die koning hou van jou, en al sy dienaars het jou lief: word nou maar die koning se skoonseun. 1Sa 18:23 Die dienaars van Saul het toe hierdie woorde voor die ore van Dawid gespreek; maar Dawid het gevra: Is dit 'n kleinigheid in julle oë om die skoonseun van die koning te word, terwyl ek 'n arm en geringe man is? 1Sa 18:24 En die dienaars van Saul het hom dit meegedeel: Sulke woorde het Dawid gespreek. 1Sa 18:25 Toe sê Saul: So moet julle aan Dawid sê: Die koning het behae in geen ander bruidsprys as honderd voorhuide van Filistyne nie, as wraakneming op die vyande van die koning. Saul het naamlik daarop gereken om Dawid te laat val deur die hand van die Filistyne. 1Sa 18:26 Toe sy dienaars hierdie woorde aan Dawid meedeel, was die saak reg in die oë van Dawid om skoonseun van die koning te word. En voordat die dae verstreke was, 1Sa 18:27 het Dawid hom klaargemaak en met sy manne uitgetrek, en hulle het tweehonderd man onder die Filistyne doodgeslaan; en Dawid het hulle voorhuide gebring en dit is voltallig aan die koning afgegee, sodat hy die koning se skoonseun kon word. Daarop het Saul aan hom sy dogter Migal as vrou gegee. 1Sa 18:28 Toe Saul sien en merk dat JaHWeH met Dawid was, en dat Migal, die dogter van Saul, hom liefhet, 1Sa 18:29 het Saul nog meer bevrees geword vir Dawid, en Saul het Dawid se vyand geword al die dae. 1Sa 18:30 En die vorste van die Filistyne het uitgetrek; en so dikwels as hulle uittrek, het Dawid meer voorspoed gehad as al die dienaars van Saul, sodat sy naam hooggeëerd was. //JeHôWnathan kies Dawid se kant. 1Sa 19:1 DAARNA het Saul met sy seun JeHôWnathan en met al sy dienaars gespreek om Dawid dood te maak; maar JeHôWnathan, die seun van Saul, het baie van Dawid gehou; 1Sa 19:2 en JeHôWnathan het dit aan Dawid meegedeel en gesê: My vader Saul soek geleentheid om jou dood te maak: pas dan nou môre vroeg op en hou jou verborge en steek jou weg. 1Sa 19:3 Dan sal ek uitgaan en langs my vader gaan staan in die veld waar jy is, en ek sal met my vader oor jou spreek; en as ek iets sien, sal ek jou dit meedeel. 1Sa 19:4 JeHôWnathan het toe goed van Dawid gespreek by sy vader Saul en vir hom gesê: Laat die koning tog nie oortree teenoor sy dienaar Dawid nie, omdat hy nie teen u oortree het nie, en omdat sy handelwyse u geheel ten goede kom: 1Sa 19:5 want hy het sy siel in sy handpalms geplaas en die Filistyn verslaan, en JaHWeH het aan die hele JisraEl 'n groot oorwinning besorg. U het dit gesien en u was bly; waarom sal u dan oortree teen onskuldige bloed deur Dawid sonder oorsaak dood te maak? 1Sa 19:6 En Saul het na JeHôWnathan geluister, en Saul het gesweer: So waar as JaHWeH leef, hy sal nie gedood word nie! 1Sa 19:7 Daarop het JeHôWnathan Dawid geroep, en JeHôWnathan het al hierdie woorde aan hom meegedeel. En JeHôWnathan het Dawid na Saul gebring, en hy was voor hom soos gister en eergister. 1Sa 19:8 En toe daar weer oorlog kom, het Dawid uitgetrek en teen die Filistyne geveg en 'n groot slag onder hulle geslaan, sodat hulle voor hom uit gevlug het. //Saul probeer om Dawid uit die weg te ruim, sodat hy na ShemuEl vlug. Saul onder die profete. 1Sa 19:9 MAAR 'n gees van besoedeling van JaHWeH het oor Saul gekom terwyl hy in sy huis sit met sy spies in sy hand en Dawid met die hand op die snare speel. 1Sa 19:10 Toe probeer Saul om Dawid met die spies teen die muur vas te steek, maar hy het vir Saul gekoes, sodat hy die spies teen die muur vasgooi. En Dawid het gevlug en daardie nag vrygekom. 1Sa 19:11 Maar Saul het boodskappers na Dawid se huis gestuur om hom te bewaak en hom die môre vroeg dood te maak. Maar sy vrou Migal het dit aan Dawid meegedeel en gesê: As jy nie vannag jou siel red nie, word jy môre gedood. 1Sa 19:12 Migal het Dawid toe deur die venster laat afsak; en hy het weggegaan en gevlug en vrygekom. 1Sa 19:13 Daarop neem Migal die huisidool en lê hom op die bed neer, en sy sit die net van bokhaar aan sy koppenent en bedek hom met 'n kombers. 1Sa 19:14 Toe Saul dan boodskappers stuur om Dawid te gaan haal, sê sy: Hy is siek. 1Sa 19:15 Daarop stuur Saul die boodskappers om Dawid te besoek met die opdrag: Bring hom met bed en al na my toe, dat ek hom kan ombring. 1Sa 19:16 Toe die boodskappers inkom, lê die huisidool daar op die bed en die net van bokhaar aan sy koppenent! 1Sa 19:17 En Saul sê vir Migal: Waarom het jy my so bedrieg en my vyand laat gaan, sodat hy vrygekom het? Maar Migal het Saul geantwoord: Hy het vir my gesê: Laat my gaan, of ek maak jou dood. 1Sa 19:18 Intussen het Dawid gevlug en vry- geraak en by ShemuEl in Rama gekom en hom meegedeel alles wat Saul hom aangedoen het. Toe het hy saam met ShemuEl weggegaan, en hulle het in Najot gebly. 1Sa 19:19 En aan Saul is meegedeel en gesê: Kyk, Dawid is in Najot by Rama. 1Sa 19:20 Daarop stuur Saul boodskappers om Dawid te gaan haal. Maar toe hulle die skare profete sien profeteer, met ShemuEl as leier aan hulle hoof, het die Gees van Elohim oor die boodskappers van Saul gekom, sodat hulle ook geprofeteer het. 1Sa 19:21 Toe hulle dit aan Saul meedeel, het hy ander boodskappers gestuur, maar hulle het ook geprofeteer; en Saul het die derde keer weer boodskappers gestuur, maar hulle het ook geprofeteer. 1Sa 19:22 En hy het self ook na Rama gegaan en by die groot put gekom wat by Segu is, en gevra en gesê: Waar is ShemuEl en Dawid? En hulle antwoord: Daar in Najot by Rama. 1Sa 19:23 Hierop gaan hy daarheen, na Najot by Rama; en die Gees van Elohim het ook oor hom gekom, sodat hy aldeur geloop en profeteer het totdat hy in Najot by Rama aangekom het. 1Sa 19:24 Hy het ook self sy klere uitgetrek en ook voor die aangesig van ShemuEl geprofeteer en ontbloot neergeval daardie hele dag en die hele nag. Daarom sê hulle: Is Saul ook onder die profete? //Die verbond tussen Dawid en JeHôWnathan. 1Sa 20:1 TOE het Dawid gevlug uit Najot by Rama, en hy het voor die aangesig van JeHôWnathan gekom en gevra: Wat het ek gedoen? Wat is my misdaad, en wat is my ongeregtigheid voor die aangesig van jou vader, dat hy my siel soek? 1Sa 20:2 Maar hy sê vir hom: Volstrek nie! Jy sal nie sterwe nie. Kyk, my vader doen geen ding, klein of groot, sonder om dit aan my te openbaar nie; waarom sou my vader dan hierdie saak vir my wegsteek? Dit is nie so nie. 1Sa 20:3 Toe sweer Dawid verder en sê: Jou vader weet baie goed dat ek guns in jou oë gevind het; daarom het hy gedink: Laat JeHôWnathan dit nie weet nie, anders word hy bedroef. Maar so waar as JaHWeH leef en jou siel leef, daar is maar net een tree tussen my en die Dood! 1Sa 20:4 En JeHôWnathan het Dawid geantwoord: Wat jou siel, [wat] sy sê sal ek vir jou doen. 1Sa 20:5 Toe sê Dawid vir JeHôWnathan: Kyk, môre is dit maandsvernuwing, en ek moet sekerlik met die koning saam aansit om te eet; maar laat my gaan, dat ek my wegsteek in die veld tot oormôre-aand. 1Sa 20:6 As jou vader my inderdaad mis, moet jy sê: Dawid het my dringend verlof gevra om gou na sy stad Betlehem te loop, want daar is die jaarlikse slagdier vir die hele familie. 1Sa 20:7 As hy so sê: Goed! dan is jou dienaar veilig; maar as hy baie kwaad word, weet dan dat die boosheid van sy kant vas besluit is. 1Sa 20:8 Betoon dan medelye met jou dienaar, want jy het jou dienaar met jou saam in 'n verbond voor die Aangesig van JaHWeH gebring. Maar as daar by my skuld is, maak jy my dan self dood - waarom tog sou jy my na jou vader bring? 1Sa 20:9 Toe sê JeHôWnathan: Moenie so dink nie! Want as ek sekerlik bemerk dat die boosheid van my vader se kant vas besluit is om oor jou te kom, sou ek jou dit dan nie te kenne gee nie? 1Sa 20:10 En Dawid het JeHôWnathan gevra: Wie sal my dit te kenne gee of jou vader jou miskien 'n harde antwoord gee? 1Sa 20:11 En JeHôWnathan sê vir Dawid: Kom, laat ons uitgaan die veld in. En hulle twee het die veld ingegaan. 1Sa 20:12 Daarop sê JeHôWnathan vir Dawid: JaHWeH, die Elohey van JisraEl, is getuie dat ek my vader môre of oormôre op hierdie tyd sal uitvra; en as dit gunstig is vir Dawid, sal ek dan nie na jou stuur en jou dit openbaar nie? 1Sa 20:13 Mag JaHWeH so aan JeHôWnathan doen en so daaraan toedoen: as my vader goedvind om kwaad oor jou [te bring], dan sal ek jou dit openbaar en jou laat gaan, dat jy veilig kan wegkom; en mag JaHWeH met jou wees soos Hy met my vader gewees het. 1Sa 20:14 En sal jy my nie, as ek dan nog lewe, die Medelye van JaHWeH betoon nie, sodat ek nie sterwe nie? 1Sa 20:15 Jy sal ook nimmer aan my huis jou medelye onttrek nie; wanneer JaHWeH die vyande van Dawid, een vir een, vanaf die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde] af uitroei. 1Sa 20:16 So het JeHôWnathan dan ['n verbond] gesluit met die huis van Dawid. En JaHWeH het haar geëis van die hand van Dawid se vyande. 1Sa 20:17 En JeHôWnathan het Dawid weer laat sweer by sy liefde vir hom; want hy het hom liefgehad met die liefde van sy siel. 1Sa 20:18 Verder het JeHôWnathan vir hom gesê: Môre is dit maandsvernuwing, en jy sal gemis word, want jou sitplek sal leeg wees. 1Sa 20:19 Maar oormôre moet jy sekerlik afkom en gaan na die plek waar jy jou op die werkdag weggesteek het, en jy moet langs die klipesel gaan sit. 1Sa 20:20 Dan sal ek drie pyle aan die kant daarvan skiet asof ek na 'n teiken skiet. 1Sa 20:21 En kyk, ek sal die dienaar stuur [en sê]: Gaan soek die pyle! As ek uitdruklik aan die dienaar sê: Daar is die pyle, van jou af duskant toe, bring dit - dan kan jy [maar] kom; want jy is veilig en daar is niks nie, so waar as JaHWeH leef! 1Sa 20:22 Maar as ek só aan die jongman sê: Daar lê die pyle van jou af, verder - gaan dan weg, want JaHWeH stuur jou weg. 1Sa 20:23 En wat die saak aangaan wat ons bespreek het, ek en jy - kyk, JaHWeH is tussen my en jou tot in ewigheid. 1Sa 20:24 Daarop het Dawid hom in die veld weggesteek. En toe dit maandsvernuwing was, gaan die koning sit om brood te eet - 1Sa 20:25 die koning het op sy sitplek gaan sit soos die vorige kere, op die sitplek teen die muur; en JeHôWnathan het opgestaan, en Abner het langs Saul gesit, maar Dawid se plek was leeg. 1Sa 20:26 En Saul het dié dag niks gepraat nie, want hy het gedink: Daar het iets met hom gebeur dat hy nie gesuiwer is nie; waarlik, hy is nie suiwer nie. 1Sa 20:27 Maar toe op die volgende, die tweede dag na die maandsvernuwing, Dawid se plek leeg was, sê Saul vir sy seun JeHôWnathan: Waarom kom die seun van Isai gister sowel as vandag nie na die brood nie? 1Sa 20:28 En JeHôWnathan het Saul geantwoord: Dawid het my dringend verlof gevra na Betlehem toe 1Sa 20:29 en gesê: Laat my tog gaan, want ons slag 'n slagdier [vir] familie in die stad, en my broer self het my laat roep. As ek dan nou guns in jou oë gevind het, laat my tog heengaan om my broers te besoek. Daarom het hy nie aan die koning se tafel gekom nie. 1Sa 20:30 Toe ontvlam die woede van Saul teen JeHôWnathan, en hy sê vir hom: Jou ontaarde, wederstrewige seun, weet ek nie dat jy die seun van Isai verkies tot jou skande en tot skande van jou moeder se naaktheid nie? 1Sa 20:31 Want al die dae dat die seun van Isai lewe op die Adamah[adamiet se Aarde], sal jy en jou koningskap nie bevestig word nie; stuur dan nou en bring hom na my, want hy moet sterwe. 1Sa 20:32 En JeHôWnathan het sy vader Saul geantwoord en vir hom gesê: Waarom moet hy gedood word, wat het hy gedoen? 1Sa 20:33 Daarop gooi Saul die spies na hom om hom te tref. Toe JeHôWnathan dan merk dat dit van sy vader se kant vas besluit was om Dawid dood te maak, 1Sa 20:34 staan JeHôWnathan op van die tafel in gloeiende woede, en hy het geen brood geëet op die tweede dag van die maandsvernuwing nie, want hy was bedroef oor Dawid, omdat sy vader hom smadelik bejeën het. 1Sa 20:35 Die [volgende] môre gaan JeHôWnathan, volgens afspraak met Dawid, na die veld toe uit, en 'n jong dienaar met hom saam. 1Sa 20:36 En hy sê aan die dienaar: Loop soek tog die pyle wat ek afskiet. En terwyl die dienaar loop, skiet hy 'n pyl dwarsoor hom heen. 1Sa 20:37 Toe die dienaar dan by die plek kom waar JeHôWnathan die pyl geskiet het, roep JeHôWnathan die dienaar agterna en sê: Lê die pyl nie van jou af, verder nie? 1Sa 20:38 En JeHôWnathan roep die dienaar agterna: Maak gou, hardloop, moenie bly staan nie. En die dienaar van JeHôWnathan het die pyl opgetel en by sy meester gekom. 1Sa 20:39 Maar die dienaar het van niks geweet nie: net JeHôWnathan en Dawid het van die saak geweet. 1Sa 20:40 Toe gee JeHôWnathan sy wapens aan die dienaar wat by hom was, en sê vir hom: Gaan, bring dit na die stad. 1Sa 20:41 Terwyl die dienaar huis toe gaan, staan Dawid op van die suidekant en val met sy aangesig op die Aarde en buig drie maal; daarna het hulle mekaar gesoengroet en saam geween, totdat Dawid hardop gesnik het. 1Sa 20:42 En JeHôWnathan sê vir Dawid: Gaan in Vrede, omdat ons twee by die Naam van JaHWeH gesweer en gesê het: JaHWeH sal tussen my en jou wees, en tussen my saad en jou saad vir altyd. Daarna het hy opgestaan en weggegaan, maar JeHôWnathan het die stad in geloop. //Dawid as vlugteling in Nob. Gat en die spelonk van Adúllam. 1Sa 21:1 EN Dawid het in Nob gekom by die priester Ahiméleg; en Ahiméleg het Dawid bewend tegemoet gegaan en hom gevra: Waarom is u alleen, en is daar niemand by u nie? 1Sa 21:2 En Dawid sê aan die priester Ahiméleg: Die koning het my 'n opdrag gegee en aan my gesê: Laat geen mens iets van die saak weet waarvoor ek jou stuur en wat ek jou opdra nie. Daarom het ek die dienaars 'n sekere plek aangewys. 1Sa 21:3 Maar nou, wat is hier by u? Gee vyf brode in my hand, of wat beskikbaar is. 1Sa 21:4 En die priester het Dawid geantwoord en gesê: Hier is geen vermengde brood by my nie; want daar is net apartheidsbrood. As die jongmanne hulle maar net vir vroue in ag geneem het. 1Sa 21:5 Toe antwoord Dawid die priester en sê vir hom: Werklik ons het ons van eergister van vroue onthou - sedert ons vertrek het. En die uitrustings van die jongmanne [is] Apartheid, alhoewel dit 'n blootgestelde weg is - ja vandag is hulle deur die uitrusting apartgestel! 1Sa 21:6 Toe gee die priester hom die [brood] van Apartheid, want daar was geen ander brood nie, behalwe die toonbrode wat voor die Aangesig van JaHWeH weggeneem word, om vars brood neer te sit op die dag as dit weggeneem word. 1Sa 21:7 Maar daar was 'n man uit die dienaars van Saul wat dieselfde dag opgesluit was voor die Aangesig van JaHWeH, en sy naam was Doëg, die Edomiet, die opsigter oor die veewagters van Saul. 1Sa 21:8 En Dawid sê vir Ahiméleg: Is hier nie 'n spies of 'n swaard by u nie? Want ek het my swaard sowel as my wapens nie met my saamgeneem nie, omdat die opdrag van die koning dringend was. 1Sa 21:9 Toe sê die priester: Die swaard van Góliat, die Filistyn, wat u in die dal van die terpentynboom verslaan het, hier is sy in 'n mantel toegedraai, agter die skouerkleed; as u haar vir u wil neem, neem haar, want behalwe haar is hier geen ander nie. Toe sê Dawid: Daar is nie nog so een nie, gee haar aan my. 1Sa 21:10 En Dawid het hom klaargemaak en dié dag van Saul af weggevlug en by Agis, die koning van Gat, gekom. 1Sa 21:11 Maar die dienaars van Agis het hom gevra: Is hy nie Dawid, die koning van die Aarde nie? Het hulle nie vir hom in die koordanse gesing nie en gesê: Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tien-duisende? 1Sa 21:12 En Dawid het hierdie woorde ter harte geneem en baie bevrees geword vir Agis, die koning van Gat. 1Sa 21:13 Daarom het hy hom voor hulle oë kranksinnig aangestel en hom mal gehou onder hulle hand en op die deure van die poort gekrap en sy speeksel in sy baard laat afloop. 1Sa 21:14 Daarop sê Agis aan sy dienaars: Julle sien tog die man is kranksinnig, waarom bring julle hom na my toe? 1Sa 21:15 Het ek gebrek aan kranksinniges, dat julle hierdie een bring om sy kranksinnigheid by my uit te haal? Moet so een in my huis inkom? 1Sa 22:1 EN Dawid het daarvandaan weggegaan en ontvlug na die spelonk van Adúllam; en toe sy broers en sy hele familie dit hoor, het hulle daarheen afgetrek na hom. 1Sa 22:2 Verder het by hom vergader elkeen wat in benoudheid was, en elke man wat 'n skuldeiser gehad het, en elke man wat verbitterd van siel was; en hy het owerste oor hulle geword, sodat daar omtrent vierhonderd man met hom saam was. 1Sa 22:3 Vandaar gaan Dawid toe na Mispe in Moab en sê aan die koning van Moab: Laat my vader en my moeder tog uitkom by julle totdat ek weet wat Elohim met my wil doen. 1Sa 22:4 En hy het hulle voor die koning van Moab gebring, en hulle het by hom gebly al die dae wat Dawid in die bergvesting was. 1Sa 22:5 Maar die profeet Gad het vir Dawid gesê: Jy mag nie in die bergvesting bly nie; trek weg en gaan die Aarde van JeHûWdah in. En Dawid het weggetrek en in die bos Héret gekom. //Saul laat die priesters en die inwoners van Nob vermoor. 1Sa 22:6 TOE Saul hoor dat Dawid en die manne wat by hom was, opgemerk is - Saul het by Gíbea op die hoogte onder die tamarisk gesit met sy spies in sy hand, en al sy dienaars het by hom gestaan - 1Sa 22:7 het Saul aan sy dienaars wat by hom staan, gesê: Luister tog, Benjaminiete! Sal die seun van Isai ook vir julle almal Aarde en wingerde gee, julle almal aanstel as owerstes oor duisend en owerstes oor honderd, 1Sa 22:8 dat julle almal teen my saamspan en niemand dit aan my openbaar as my seun met die seun van Isai 'n verbond sluit nie? en niemand van julle met my medelye het en dit aan my openbaar dat my seun my onderdaan teen my ophits om my voor te lê, soos vandag die geval is nie? 1Sa 22:9 Daarop antwoord Doëg, die Edomiet, wat by die dienaars van Saul staan, en sê: Ek het die seun van Isai sien kom in Nob by Ahiméleg, die seun van Ahítub. 1Sa 22:10 En dié het vir hom JaHWeH geraadpleeg en hom padkos gegee; hy het ook die swaard van Góliat die Filistyn, aan hom gegee. 1Sa 22:11 Toe stuur die koning om Ahiméleg, die seun van Ahítub, die priester, met sy hele familie, die priesters wat in Nob was, te roep, en hulle het almal na die koning gekom. 1Sa 22:12 En Saul het gesê: Luister tog, seun van Ahítub! Toe antwoord hy: Hier is ek, my meester! 1Sa 22:13 En Saul sê vir hom: Waarom het julle teen my saamgesweer, jy en die seun van Isai, deurdat jy vir hom brood en 'n swaard gegee het en Elohim vir hom geraadpleeg het, sodat hy hom as iemand wat my voorlê, teen my sou versit soos vandag die geval is? 1Sa 22:14 Toe antwoord Ahiméleg die koning en sê: Maar wie is onder al u dienaars so getrou soos Dawid, wat skoonseun van die koning is en aangesluit het by u lyfwag en geëerd is in u huis? 1Sa 22:15 Het ek vandag vir die eerste keer Elohim vir hom geraadpleeg? Dit is ver van my! Die koning moet nie op sy dienaar, op my hele familie, iets lê nie; want u dienaar het van hierdie hele saak, klein of groot, niks af geweet nie. 1Sa 22:16 Maar die koning sê: Ahiméleg, jy moet sekerlik sterwe, jy en jou hele familie. 1Sa 22:17 En die koning sê aan die hardlopers wat by hom staan: Tree nader en maak die priesters van JaHWeH dood, omdat hulle hand ook met Dawid saam is en omdat hulle geweet het dat hy vlug en dit nie aan my geopenbaar het nie. Maar die dienaars van die koning wou hulle hand nie uitsteek om op die priesters van JaHWeH aan te val nie. 1Sa 22:18 Daarop sê die koning vir Doëg: Tree jy nader en val op die priesters aan. Toe tree Doëg, die Edomiet, nader en hy val op die priesters aan; en hy het op dié dag vyf-en-tagtig man wat die linneskouerkleed dra, gedood. 1Sa 22:19 Ook die priesterstad Nob het hy met die skerpte van die swaard verslaan, man sowel as vrou, kind sowel as suigling, ook die beeste en esels en skape met die skerpte van die swaard. 1Sa 22:20 Maar een van die seuns van Ahiméleg, die seun van Ahítub, het vrygeraak, en sy naam was Abjatar; hy het agter Dawid aan gevlug. 1Sa 22:21 Toe Abjatar aan Dawid vertel dat Saul die priesters van JaHWeH vermoor het, 1Sa 22:22 sê Dawid vir Abjatar: Ek het daardie dag toe Doëg, die Edomiet, daar was, geweet dat hy dit sekerlik aan Saul sou vertel. Ek is die oorsaak [van die dood] van al die siele van u familie. 1Sa 22:23 Bly by my, wees nie bevrees nie; want die wat my siel soek, soek u siel ook; want u is by my in goeie bewaring. //Dawid verlos Kehíla. Saul sit hom agterna, en hy vernuwe sy verbond met JeHôWnathan. 1Sa 23:1 INTUSSEN is aan Dawid meegedeel en gesê: Kyk, die Filistyne veg teen Kehíla, en hulle plunder die dorsvloere. 1Sa 23:2 Toe raadpleeg Dawid JaHWeH en vra: Sal ek gaan en daardie Filistyne verslaan? En JaHWeH sê vir Dawid: Gaan en verslaan die Filistyne en verlos Kehíla. 1Sa 23:3 Maar die manne van Dawid sê vir hom: Kyk, hier in JeHûWdah is ons al bevrees, hoeveel te meer dan as ons na Kehíla trek teen die slagordes van die Filistyne? 1Sa 23:4 Toe raadpleeg Dawid JaHWeH nog weer, en JaHWeH het hom geantwoord en gesê: Maak klaar, trek af na Kehíla, want EK gee die Filistyne in jou hand. 1Sa 23:5 Daarom het Dawid met sy manne na Kehíla getrek en teen die Filistyne geveg en hulle vee weggedrywe en 'n groot slag onder hulle geslaan. So het Dawid dan die inwoners van Kehíla verlos. 1Sa 23:6 (By die vlug van Abjatar, die seun van Ahiméleg, na Dawid, het hy na Kehíla afgekom met die skouerkleed by hom.) 1Sa 23:7 Daarop kry Saul berig dat Dawid in Kehíla gekom het, en Saul sê: Elohim het hom in my hand oorgelewer, want hy het homself opgesluit deurdat hy in 'n stad met poorte en grendels ingegaan het. 1Sa 23:8 Daarom het Saul al die manskappe vir die geveg opgeroep om af te trek na Kehíla ten einde Dawid en sy manne in te sluit. 1Sa 23:9 Toe Dawid gewaar dat Saul boosheid teen hom beraam, sê hy aan die priester Abjatar: Bring die skouerkleed nader. 1Sa 23:10 En Dawid sê: JaHWeH, Elohey van JisraEl, U kneg het verseker gehoor dat Saul na Kehíla wil trek om die stad om my ontwil te verwoes. 1Sa 23:11 Sal die burgers van Kehíla my in sy hand uitlewer? Sal Saul afkom soos U kneg verneem het? JaHWeH, Elohey van JisraEl, gee U kneg dit tog te kenne! Toe antwoord JaHWeH: Hy sal afkom. 1Sa 23:12 Daarop sê Dawid: Sal die burgers van Kehíla my en my manne in die hand van Saul uitlewer? En JaHWeH antwoord: Hulle sal uitlewer. 1Sa 23:13 En Dawid het klaargemaak met sy manne, omtrent seshonderd man - hulle het uit Kehíla uitgetrek en rondgetrek waar hulle maar kon. Toe Saul berig ontvang dat Dawid uit Kehíla ontsnap het, het hy opgehou om uit te trek. 1Sa 23:14 En Dawid het gebly in die wildernis, in die bergvestings, ook op die gebergte in die wildernis Sif; en Saul het hom aldae gesoek, maar Elohim het hom nie in sy hand oorgegee nie. 1Sa 23:15 Maar Dawid het bemerk dat Saul uittrek om sy siel te soek. Dawid was naamlik in die wildernis Sif, in Hores. 1Sa 23:16 Daarop het JeHôWnathan, die seun van Saul, hom klaargemaak en na Dawid in Hores gegaan. En hy het hom bemoedig in Elohim 1Sa 23:17 en vir hom gesê: Vrees nie, want die hand van Saul, my vader, sal jou nie vind nie, maar jy sal koning word oor JisraEl, en ek sal die tweede onder jou wees; en my vader Saul weet dit ook goed. 1Sa 23:18 Toe sluit hulle twee 'n verbond voor die Aangesig van JaHWeH; en Dawid het in Hores gebly, maar JeHôWnathan het na sy huis gegaan. 1Sa 23:19 Daarna het daar Sifiete opgegaan na Saul, na Gíbea, en gesê: Steek Dawid hom nie weg by ons in die bergvestings, in Hores, op die heuwel Hagíla wat suid van die [woesteny van] Jesimon lê nie? 1Sa 23:20 En nou vir alle toegewing na u siel om af te kom, o koning, kom dan af, en ons sal sorg om hom in die hand van die koning uit te lewer. 1Sa 23:21 En Saul sê: Mag julle geseënd wees deur JaHWeH, omdat julle medelye met my gehad het. 1Sa 23:22 Gaan tog heen, maak verder klaar en ondersoek en bekyk die plek waar sy spoor is, wie hom daar gesien het; want aan my is gesê dat hy baie uitgeslape is. 1Sa 23:23 Daarom, bekyk en ondersoek al die skuilplekke waar hy hom wegsteek, en kom verseker na my terug, dan sal ek met julle saamgaan; en as hy in hierdie deel van die Aarde is, sal ek hom opspoor onder al die duisende van JeHûWdah. 1Sa 23:24 En hulle het klaargemaak en voor die aangesig van Saul uit na Sif gegaan, terwyl Dawid en sy manne in die wildernis Maon was, in die Vlakte suid van die [woesteny van] Jesimon. 1Sa 23:25 Toe Saul met sy manne trek om hom te soek, is dit aan Dawid geboodskap; daarom het hy afgetrek na die rots en in die wildernis Maon gebly. Maar Saul het dit gehoor en Dawid agternagejaag, die wildernis Maon in. 1Sa 23:26 En Saul het aan hierdie kant van die berg getrek, maar Dawid met sy manne was aan die ander kant van die berg. En toe Dawid in angs vlug om van Saul weg te kom, terwyl Saul en sy manne Dawid en sy manne omsingel om hulle te vang, 1Sa 23:27 kom daar 'n boodskapper by Saul en sê: Maak gou en kom, want die Filistyne het 'n inval in die Aarde gedoen. 1Sa 23:28 Daarop het Saul omgedraai en Dawid nie meer agternagejaag nie, maar die Filistyne tegemoetgetrek. Daarom noem hulle daardie plek Rots van Skeiding. 1Sa 23:29 En daarvandaan het Dawid opgetrek en in die bergvestings van Éngedi gebly. //Dawid spaar Saul se lewe. 1Sa 24:1 EN net toe Saul terugkom agter die Filistyne vandaan, is aan hom meegedeel en gesê: Kyk, Dawid is in die wildernis van Éngedi. 1Sa 24:2 Daarop het Saul drieduisend uitgesoekte manne uit die hele JisraEl geneem en heengegaan om Dawid en sy manne te soek teenoor die Steenbokrotse. 1Sa 24:3 Toe hy kom by die skaapkrale langs die pad waar 'n spelonk was, het Saul daar ingegaan om sy voete te bedek, terwyl Dawid en sy manne agter in die spelonk sit. 1Sa 24:4 En die manne van Dawid sê aan hom: Kyk, dit is die dag dat JaHWeH aan u sê: Nou gee Ek jou vyand in jou hand, en maak met hom soos goed is in jou oë. Toe staan Dawid op en sny stilletjies die slip van Saul se mantel af. 1Sa 24:5 Maar daarna het Dawid se gewete hom gepla, omdat hy die slip van Saul afgesny het, 1Sa 24:6 en hy het aan sy manne gesê: Mag JaHWeH my bewaar dat ek so iets aan my meester, die gesalfde van JaHWeH, sou doen om my hand teen hom uit te steek; want hy is die gesalfde van JaHWeH. 1Sa 24:7 En Dawid het sy manne streng bestraf en hulle nie toegelaat om teen Saul op te staan nie. En Saul het uit die spelonk uit opgestaan en sy koers gegaan. 1Sa 24:8 Daarna staan Dawid ook op en gaan uit die spelonk uit en roep agter Saul aan en sê: My meester die koning! Toe Saul agter hom omkyk, buig Dawid met sy aangesig na die Aarde toe en val neer. 1Sa 24:9 En Dawid sê vir Saul: Waarom luister u na die woorde van adamiete wat sê: Kyk, Dawid verlang om u leed aan te doen? 1Sa 24:10 Kyk, vandag sien u eie oë dat JaHWeH u vandag in die spelonk in my hand gegee het; en hulle het gesê ek moet u doodmaak, maar ek het u verskoon en gesê: Ek sal my hand nie uitsteek teen my meester nie, want hy is die gesalfde van JaHWeH. 1Sa 24:11 En kyk, my vader, ja, kyk die slip van u mantel in my hand! Want toe ek die slip van u mantel afgesny het, het ek u nie gedood nie. Erken en sien dat daar by my geen boosheid of oortreding is en ek nie teen u oortree het nie, alhoewel u op my siel loer om haar weg te neem. 1Sa 24:12 JaHWeH sal oordeel tussen my en u, en JaHWeH sal my aan u wreek; maar my hand sal teen u nie wees nie. 1Sa 24:13 Soos die spreekwoord van die voorvaders sê: Uit die Besoedelde gaan besoedeling uit. Maar my hand sal nie teen u wees nie. 1Sa 24:14 Agter wie aan het die koning van JisraEl uitgetrek? Agter wie kom u aangejaag? Agter 'n dooie hond, agter een enkele vlooi aan! 1Sa 24:15 Maar JaHWeH sal Regter wees en oordeel tussen my en u. Ja, mag Hy toesien en my saak verdedig en aan my Reg verskaf teenoor u. 1Sa 24:16 Toe Dawid hierdie woorde ten einde toe tot Saul gespreek het, sê Saul: Is dit jou stem, my seun Dawid? En Saul het sy stem verhef en geween 1Sa 24:17 en aan Dawid gesê: Jy is regverdiger as ek, want jy het aan my goed gedoen terwyl ek aan jou kwaad gedoen het. 1Sa 24:18 En jy het vandag bewys dat jy goed aan my gedoen het; dat naamlik JaHWeH my in jou hand oorgelewer het, maar jy het my nie gedood nie. 1Sa 24:19 Want as iemand sy vyand aantref, sal hy hom op 'n goeie pad laat gaan? Maar JaHWeH sal jou die goeie vergelde vir wat jy vandag aan my gedoen het. 1Sa 24:20 En nou, kyk, ek weet jy sal sekerlik koning word, en die koningskap oor JisraEl sal in jou hand standhou. 1Sa 24:21 Sweer dan nou vir my by JaHWeH dat jy my saadlyn ná my nie sal uitroei en my naam uit my vader se huis nie sal uitdelg nie. 1Sa 24:22 Toe sweer Dawid vir Saul. En Saul het na sy huis gegaan, maar Dawid en sy manne het na die bergvesting opgetrek. //Dood van ShemuEl. Dawid se handelwyse teenoor Nabal en Abígail. 1Sa 25:1 EN ShemuEl het gesterwe, en die hele JisraEl het saamgekom en oor hom gerouklaag en hom begrawe in sy huis in Rama. En Dawid het hom klaargemaak en afgetrek na die wildernis Paran. 1Sa 25:2 En daar was 'n man in Maon wat sy boerdery in Karmel gehad het, en die man was baie vermoënd: hy het drieduisend skape en duisend bokke gehad, en hy was besig om sy skape te skeer in Karmel. 1Sa 25:3 En die naam van die man was Nabal, en die naam van sy vrou Abígail; en die vrou het suiwer insig gehad en was lig van gestalte; maar die man was grof en boosaardig, en hy was 'n Kalebiet. 1Sa 25:4 Toe Dawid in die wildernis hoor dat Nabal sy skape skeer, 1Sa 25:5 stuur Dawid tien jongmanne, en Dawid sê aan die jongmanne: Trek op na Karmel en gaan by Nabal in en vra hom in my naam na die welstand; 1Sa 25:6 en so moet julle aan die welvarende sê: Mag dit goed gaan met u sowel as met u huis, en goed gaan met alles wat u besit. 1Sa 25:7 En nou, ek het gehoor dat u skeerders het; nou ja, u wagters was met ons saam; ons het hulle nie beledig nie, en hulle het ook niks vermis al die dae wat hulle in Karmel was nie. 1Sa 25:8 Vra u dienaars, en hulle sal u dit te kenne gee; laat dus die jongmanne guns vind in u oë, want ons het op 'n vrolike dag gekom; gee tog wat u byderhand het aan u dienaars en aan u seun Dawid. 1Sa 25:9 Toe het die jongmanne van Dawid gekom en met Nabal in naam van Dawid volgens al hierdie woorde gespreek en verder afgewag. 1Sa 25:10 Maar Nabal het die dienaars van Dawid geantwoord en gesê: Wie is Dawid? En wie is die seun van Isai? Daar is vandag baie dienaars wat hulle losskeur, elkeen van sy meester af. 1Sa 25:11 Sou ek dan my brood en my water en my slagdiere wat ek vir my skeerders geslag het, neem en aan manne gee van wie ek nie weet waar hulle vandaan kom nie? 1Sa 25:12 Daarop het die jongmanne van Dawid omgedraai op hulle pad, hulle het teruggekeer en aangekom en hom berig gebring volgens al hierdie woorde. 1Sa 25:13 Toe sê Dawid aan sy manne: Gord julle elkeen sy swaard aan! Hulle gord toe elkeen sy swaard aan - Dawid het ook sy swaard aangegord - en hulle trek agter Dawid op, omtrent vierhonderd man, terwyl tweehonderd by die pakgoed bly. 1Sa 25:14 Maar aan Abígail, die vrou van Nabal, het een van die jongmanne berig gebring en gesê: Kyk, Dawid het boodskappers uit die wildernis gestuur om ons meester te begroet, maar hy het teen hulle uitgevaar. 1Sa 25:15 Tog was die manne vir ons baie goed; ook is ons nie beledig nie, en ons het niks vermis al die dae wat ons saam met hulle rondgetrek het toe ons in die veld was nie. 1Sa 25:16 Hulle was 'n muur om ons, snags sowel as bedags, al die dae wat ons die skape by hulle opgepas het. 1Sa 25:17 En nou moet u self ondersoek en kyk wat u moet doen; want die teëspoed is vas besluit oor ons meester en oor sy hele huis; maar hy self is so 'n seun van Belijaal dat jy nie met hom kan praat nie. 1Sa 25:18 Toe het Abígail gou tweehonderd brode geneem en twee sakke wyn en vyf toebereide skape en vyf mate gebraaide koring en honderd rosynekoeke en tweehonderd vyekoeke en dit op esels gesit. 1Sa 25:19 En sy het aan haar jongmanne gesê: Trek voor my aangesig uit; kyk, ek kom dadelik agter julle aan. Maar aan haar man Nabal het sy niks te kenne gegee nie. 1Sa 25:20 En terwyl sy op die esel ry en in 'n kloof van die berg afdaal, kom Dawid en sy manne meteens af haar tegemoet, sodat sy hulle teëgekom het. 1Sa 25:21 Dawid het al gedink: Net verniet het ek alles wat aan hierdie man behoort, in die wildernis beskerm, sodat daar nooit iets van sy goed vermis is nie; en hy vergeld my boos vir goed. 1Sa 25:22 Mag Elohim so aan die vyande van Dawid doen en so daaraan toedoen, as ek van almal wat aan hom behoort, tot die môre nie een laat oorbly wat urineer teen die muur nie. 1Sa 25:23 Toe Abígail Dawid sien, het sy gou van die esel afgeklim en voor Dawid op haar aangesig neergeval en na die Aarde toe gebuig. 1Sa 25:24 En sy het voor sy voete neergeval en gesê: Op my, my meester, rus die skuld, maar laat u dienares tog voor u ore mag spreek, en luister na die woorde van u dienares. 1Sa 25:25 My meester moet hom tog nie steur aan daardie man van Belijaal, aan Nabal nie; want soos sy naam is, so is hy; sy naam beteken dwaas, en dwaasheid is by hom. Maar wat my betref, u dienares het my meester se jongmanne wat u gestuur het, nie gesien nie. 1Sa 25:26 En nou, my meester, so waar as JaHWeH leef en u siel leef, dit is JaHWeH wat u teruggehou het om in bloedskuld te raak en u met eie hand te help; mag dan nou u vyande en die wat boosheid soek teen my meester, soos Nabal word. 1Sa 25:27 En laat nou hierdie geskenk wat u dienares vir my meester gebring het, aan die jongmanne gegee word wat op my meester se voetspore rondtrek. 1Sa 25:28 Vergeef tog die oortreding van u dienares, want JaHWeH sal sekerlik vir my meester 'n bestendige huis stig, omdat my meester die oorloë van JaHWeH voer en in u dae in u geen besoedeling gevind is nie. 1Sa 25:29 As 'n adamiet opstaan om u te agtervolg en u siel te soek, mag die siel van my meester dan saamgebind wees in die bondeltjie van die lewendes by JaHWeH jou Elohey; maar mag Hy die siel van u vyande uit die holte van die slinger wegslinger. 1Sa 25:30 En as JaHWeH aan my meester sal doen volgens al die goeie wat Hy aan u beloof het, en u aanstel as vors oor JisraEl, 1Sa 25:31 dan sal daar vir u geen struikelblok en vir my meester geen gewetenswroeging wees dat u sonder oorsaak bloed vergiet het en my meester homself hulp verskaf het nie; en as JaHWeH goed sal doen aan my meester, moet u aan u dienares dink. 1Sa 25:32 Toe sê Dawid vir Abígail: Geseënd is JaHWeH, die Elohey van JisraEl, wat jou vandag my tegemoet gestuur het! 1Sa 25:33 En geseënd jou verstandigheid en geseënd jy self wat my vandag teëgehou het om in bloedskuld te raak en my met eie hand te help. 1Sa 25:34 Maar so waar as JaHWeH, die Elohey van JisraEl, leef wat my verhinder het om aan jou kwaad te doen - as jy my nie gou tegemoetgekom het nie, voorwaar, daar sou van Nabal niemand wat urineer teen die muur, tot die môrelig oorgebly het nie! 1Sa 25:35 En Dawid het uit haar hand aangeneem wat sy vir hom gebring het, en vir haar gesê: Gaan op in vrede na jou huis! Kyk, ek het na jou geluister en jou in guns aangeneem. 1Sa 25:36 Toe Abígail by Nabal kom, het hy juis 'n maaltyd in sy huis aangerig soos die maaltyd van 'n koning; en Nabal se hart was vrolik in hom, en hy was baie dronk; daarom het sy hom niks, klein of groot, meegedeel totdat dit die môre lig word nie. 1Sa 25:37 Maar die môre vroeg toe die wyn Nabal verlaat het, deel sy vrou hom dié dinge mee. Daarop het sy hart in sy binneste gesterwe en was hy soos 'n klip. 1Sa 25:38 En ná omtrent tien dae het JaHWeH Nabal getref, sodat hy gesterf het. 1Sa 25:39 Toe Dawid hoor dat Nabal dood was, sê hy: Geseënd is JaHWeH wat die Regsaak in die smaad my aangedoen, teen Nabal verdedig het en Sy kneg teruggehou het van die kwaad, terwyl JaHWeH die kwaad van Nabal op sy eie hoof laat neerkom het. En Dawid het by Abígail aansoek laat doen om haar vir hom as vrou te neem. 1Sa 25:40 Toe het die dienaars van Dawid by Abígail gekom in Karmel en met haar gespreek en gesê: Dawid stuur ons na u om u vir hom as vrou te neem. 1Sa 25:41 En sy het opgestaan en met haar aangesig na die Aarde gebuig en gesê: Hier is u dienares as slavin om die voete van my meester se dienaars te was. 1Sa 25:42 Abígail maak toe gou klaar, en sy het op die esel gery met haar vyf diensmeisies wat op haar voetspoor volg, en agter die boodskappers van Dawid aangegaan. En sy het sy vrou geword. 1Sa 25:43 Dawid het ook Ahínoam uit JizreEl geneem, sodat hulle altwee sy vroue geword het. 1Sa 25:44 Maar Saul het sy dogter Migal, die vrou van Dawid, gegee aan Palti, die seun van Lais, wat uit Gallim was. //Dawid spaar weer die lewe van Saul. 1Sa 26:1 EN die Sifiete het by Saul in Gíbea gekom en gesê: Steek Dawid hom nie weg op die heuwel Hagíla vooraan die [woesteny van] Jesimon nie? 1Sa 26:2 Toe het Saul hom klaargemaak en afgetrek na die wildernis Sif, en met hom saam drieduisend man, uitgesoektes uit JisraEl, om Dawid te soek in die wildernis Sif. 1Sa 26:3 En Saul het laer opgeslaan op die heuwel Hagíla wat vooraan die [woesteny van] Jesimon langs die pad lê, terwyl Dawid in die wildernis gebly het. Maar toe hy sien dat Saul agter hom aankom die wildernis in - 1Sa 26:4 want Dawid het verkenners uitgestuur en verneem dat Saul verseker aankom - 1Sa 26:5 maak Dawid hom klaar en gaan na die plek waar Saul in die laer staan; en Dawid het die plek bekyk waar Saul gaan slaap het saam met Abner, die seun van Ner, sy leërowerste; Saul het naamlik geslaap in die wa-laer, terwyl die manskappe rondom hom in die laer was. 1Sa 26:6 En Dawid het begin spreek met Ahiméleg, die Hetiet, en met Abísai, die seun van Serùja, die broer van JôWab, en gesê: Wie sal met my saam afgaan na Saul, na die laer toe? En Abísai sê: Ek sal met u saam afgaan. 1Sa 26:7 Toe Dawid met Abísai in die nag by die manskappe kom, lê Saul daar en slaap in die wa-laer met sy spies aan sy koppenent in die Aarde gesteek, terwyl Abner en die manskappe rondom hom lê. 1Sa 26:8 En Abísai sê vir Dawid: Vandag het Elohim u vyand in u hand oorgelewer; laat ek hom tog nou met sy spies in een slag teen die Aarde vassteek sonder om dit 'n tweede keer te doen. 1Sa 26:9 Maar Dawid sê vir Abísai: Bring hom nie om nie, want wie slaan sy hand aan die gesalfde van JaHWeH en bly ongestraf? 1Sa 26:10 Verder sê Dawid: So waar as JaHWeH leef, sekerlik sal JaHWeH hom slaan, òf sy dag sal kom dat hy sterwe, òf hy sal aftrek in die geveg en omkom! 1Sa 26:11 Mag JaHWeH my bewaar dat ek my hand aan die gesalfde van JaHWeH sou slaan! Maar neem nou tog die spies wat aan sy koppenent is, en die waterkruik, en laat ons weggaan. 1Sa 26:12 Toe neem Dawid die spies en die waterkruik van Saul se koppenent weg, en hulle het heengegaan sonder dat iemand dit sien of merk of wakker word; want hulle was almal aan die slaap, omdat 'n diepe slaap van JaHWeH op hulle geval het. 1Sa 26:13 En Dawid het deurgegaan na die oorkant en in die verte op die top van die berg gaan staan - die ruimte tussen hulle was groot - 1Sa 26:14 en Dawid het geroep na die manskappe en na Abner, die seun van Ner, en gevra: Antwoord jy nie, Abner? Toe antwoord Abner en sê: Wie is jy wat na die koning roep? 1Sa 26:15 En Dawid vra vir Abner: Jy is tog 'n man, en wie is soos jy in JisraEl? Waarom het jy dan nie by jou meester die koning wag gehou nie? Want een uit die volk het ingekom om die koning, jou meester, om te bring. 1Sa 26:16 Hierdie ding is nie goed wat jy gedoen het nie! So waar as JaHWeH leef, voorwaar, julle verdien die dood, omdat julle nie wag gehou het oor julle meester, oor die gesalfde van JaHWeH nie. En kyk nou, waar is die spies van die koning en die waterkruik wat aan sy koppenent was! 1Sa 26:17 Toe herken Saul die stem van Dawid en vra: Is dit jou stem daar, my seun Dawid? En Dawid sê: My stem, my meester die koning! 1Sa 26:18 Verder sê hy: Waarom agtervolg my meester sy dienaar tog? Want wat het ek gedoen? Of watter boosheid is daar by my? 1Sa 26:19 Laat my meester die koning dan nou luister na die woorde van sy dienaar: As JaHWeH u teen my aanhits, bied Hom dan 'n spysbydrae aan; maar as dit seuns van adamiete is - vervloek is hulle voor die Aangesig van JaHWeH, omdat hulle my vandag verdrywe, sodat ek my nie kan aansluit by die Erfdeel van JaHWeH nie deurdat hulle sê: Gaan weg, dien gode van andere! 1Sa 26:20 Laat my bloed dan nou nie op die Aarde val ver van die Aangesig van JaHWeH nie, want die koning van JisraEl het uitgetrek om een enkele vlooi te soek, soos 'n man 'n patrys op die berge agtervolg. 1Sa 26:21 Toe sê Saul: Ek het oortree; kom terug, my seun Dawid, want ek sal jou geen kwaad meer doen nie, omdat my siel vandag kosbaar was in jou oë; kyk, ek het dwaas gehandel en my grootliks misgaan. 1Sa 26:22 En Dawid antwoord en sê: Hier is die spies van die koning; laat dan een van die jongmanne deurkom om haar te neem. 1Sa 26:23 JaHWeH tog vergeld aan elkeen sy geregtigheid en sy getrouheid - JaHWeH het u vandag in my hand gegee, maar ek wou nie my hand teen die gesalfde van JaHWeH uitsteek nie. 1Sa 26:24 En kyk, soos vandag u siel in my oë kosbaar was, mag so my siel in die Oë van JaHWeH kosbaar wees, en mag Hy my red uit elke benoudheid. 1Sa 26:25 Hierop sê Saul vir Dawid: Geseënd is jy, my seun Dawid! Jy sal groot dinge doen en sekerlik die oorhand kry. Daarop het Dawid verder gegaan, en Saul het na sy woonplek teruggekeer. //Dawidp in diens van die Filistyne. 1Sa 27:1 EN Dawid het by homself gesê: Nou sal ek een van die dae omkom deur die hand van Saul; daar is vir my niks goeds nie, tensy ek dadelik ontsnap na die Aarde van die Filistyne; dan sal Saul die hoop opgee om my langer in die hele grondgebied van JisraEl te soek, en ek sal uit sy hand ontsnap. 1Sa 27:2 Dawid maak toe klaar, en hy saam met die seshonderd man wat by hom was, het deurgetrek na Agis, die seun van Maog, die koning van Gat. 1Sa 27:3 En Dawid het by Agis gebly in Gat, hy en sy manne, elkeen met sy huisgesin; Dawid met sy twee vroue, Ahínoam 'n JizreElitiese vrou en Abígail, die vrou van Nabal, die Karmeliet. 1Sa 27:4 Toe Saul tyding kry dat Dawid na Gat gevlug het, het hy verder nie meer na hom gesoek nie. 1Sa 27:5 En Dawid het vir Agis gesê: As ek dan guns in u oë gevind het, laat hulle my tog 'n plek gee in een van die plattelandse stede, dat ek daar kan woon; waarom tog sou u dienaar in die koninklike stad by u woon? 1Sa 27:6 Daarop gee Agis dieselfde dag Siklag aan hom; daarom het Siklag aan die konings van JeHûWdah behoort tot vandag toe. 1Sa 27:7 En die getal dae wat Dawid in die land van die Filistyne gewoon het, was een jaar en vier maande. 1Sa 27:8 En Dawid het met sy manne opgetrek, en hulle het die Gesuriete en die Girsiete en die Amalekiete oorval, want hulle was van ouds die bewoners van die Aarde in die rigting van Sur en tot aan die Aarde van Egipte. 1Sa 27:9 En so dikwels as Dawid die Aarde oorval, laat hy geen man of vrou lewe nie, en neem kleinvee en beeste en esels en kamele en klere saam. En as hy teruggaan en by Agis kom, 1Sa 27:10 vra Agis: Waar het julle vandag 'n inval gedoen? Dan sê Dawid: In die Suidland van JeHûWdah en in die Suidland van die JerágmeEliete en in die Suidland van die Keniete. 1Sa 27:11 Maar geen man of vrou het Dawid laat lewe om dié na Gat te bring nie, want hy het gedink: Anders sal hulle ons aangee en sê: So het Dawid gehandel. En dit was sy Regspraak al die dae wat hy in die Aarde van die Filistyne gewoon het. 1Sa 27:12 En Agis het Dawid vertrou en gesê: Hy het homself vir goed by sy volk, by JisraEl, gehaat gemaak en sal vir altyd my onderdaan wees. //Saul raadpleeg die towerheks van Endor. 1Sa 28:1 EN toe die Filistyne in dié dae hulle leër versamel vir oorlog om teen JisraEl te veg, sê Agis vir Dawid: Jy moet goed verstaan dat jy met my saam in die leër moet uittrek, jy en jou manne. 1Sa 28:2 Daarop sê Dawid vir Agis: Goed, u weet wel wat u dienaar moet doen. En Agis sê vir Dawid: Goed, ek sal jou vir altyd aanstel as my lyfwag. 1Sa 28:3 En ShemuEl het gesterwe, en hulle het oor hom gerouklaag, die hele JisraEl, en hom begrawe in Rama, naamlik in sy stad. En Saul het die dodebesweerders en die waarsêers uit sy deel van die Aarde verwyder. 1Sa 28:4 Daarop het die Filistyne bymekaar-gekom en ingetrek en laer opgeslaan in Sunem. En Saul het die hele JisraEl versamel, en hulle het laer opgeslaan op Gilbóa. 1Sa 28:5 Toe Saul die leër van die Filistyne sien, het hy bevrees geword, en sy hart het baie gebewe. 1Sa 28:6 En Saul het JaHWeH geraadpleeg, maar JaHWeH het hom nie geantwoord nie - nie deur drome en nie deur die Urim en nie deur die profete nie. 1Sa 28:7 En Saul sê aan sy dienaars: Soek julle vir my 'n vrou wat 'n dodebesweerster is, dat ek na haar kan gaan en haar raadpleeg. En sy dienaars sê vir hom: Daar is 'n vrou, 'n dodebesweerster, in Endor. 1Sa 28:8 Daarop het Saul hom onkenbaar gemaak en ander klere aangetrek en weggegaan, hy en twee manne saam met hom. En toe hulle in die nag by die vrou aankom, sê hy: Voorspel tog vir my deur die gees van 'n afgestorwene en laat vir my opkom die een wat ek jou sal noem. 1Sa 28:9 Maar die vrou sê vir hom: Jy weet tog self wat Saul gedoen het; hoe hy die dodebesweerders en waarsêers uit die Aarde uitgeroei het. Waarom stel jy dan 'n val vir my siel om my te laat doodgaan? 1Sa 28:10 Toe sweer Saul vir haar by JaHWeH en sê: So waar as JaHWeH leef, geen straf sal jou ter wille hiervan tref nie! 1Sa 28:11 En die vrou vra: Wie moet ek vir jou laat opkom? En hy sê: Laat ShemuEl vir my opkom. 1Sa 28:12 Maar toe die vrou ShemuEl sien, skreeu sy hardop, en die vrou het met Saul gespreek en gesê: Waarom het u my bedrieg? Want u is Saul self. 1Sa 28:13 En die koning antwoord haar: Wees nie bevrees nie; maar wat sien jy? En die vrou sê vir Saul: Ek sien 'n bonatuurlike wese uit die Aarde opkom. 1Sa 28:14 Hy vra haar toe: Hoe is sy voorkoms? En sy antwoord: 'n Ou man kom op met 'n mantel om. Toe Saul begryp dat dit ShemuEl is, buig hy met sy aangesig na die Aarde toe en val neer. 1Sa 28:15 En ShemuEl sê vir Saul: Waarom verontrus jy my deur my te laat opkom? En Saul antwoord: Ek is baie benoud, want die Filistyne voer teen my oorlog, en Elohim het van my gewyk en antwoord my nie langer deur die diens van die profete en ook nie deur drome nie; daarom het ek u geroep om my bekend te maak wat ek moet doen. 1Sa 28:16 En ShemuEl sê: Maar waarom raadpleeg jy my terwyl JaHWeH van jou gewyk en jou vyand geword het? 1Sa 28:17 JaHWeH het dan vir Homself gedoen soos Hy deur my diens gespreek het, en JaHWeH het die koningskap uit jou hand geskeur en haar aan jou vriend, aan Dawid, gegee. 1Sa 28:18 Omdat jy nie na die Stem van JaHWeH geluister en Sy brandende Woede teen Amalek nie uitgevoer het nie, daarom het JaHWeH jou vandag hierdie ding aangedoen. 1Sa 28:19 En JaHWeH sal JisraEl ook saam met jou in die hand van die Filistyne gee, en môre sal jy met jou seuns by my wees; ook die leër van JisraEl sal JaHWeH in die hand van die Filistyne gee. 1Sa 28:20 En Saul het plotseling in sy volle lengte op die Aarde geval en baie bevrees geword deur die woorde van ShemuEl; buitendien was daar geen krag in hom nie, want hy het die hele dag en die hele nag geen brood geëet nie. 1Sa 28:21 Daarop gaan die vrou na Saul; en toe sy sien dat hy baie verskrik was, sê sy vir hom: Kyk, u dienares het na u geluister en ek het my siel in my handpalms geplaas en na u woorde geluister wat u tot my gespreek het. 1Sa 28:22 En nou moet u self tog luister na u dienares, en laat ek u 'n stukkie brood voorsit, en eet, dat daar krag in u kan wees as u verder gaan. 1Sa 28:23 Maar hy het geweier en gesê: Ek wil nie eet nie. Maar toe sy dienaars en die vrou ook by hom aandring, het hy na hulle geluister en opgestaan van die Aarde af en op die bed gaan sit. 1Sa 28:24 En die vrou het 'n kalf in die stal by die huis gehad en dit gou geslag, en sy het meel geneem en geknie en daar ongesuurde koeke van gebak. 1Sa 28:25 Toe het sy dit aangebring voor die aangesig van Saul en voor die aangesig van sy dienaars, en hulle het geëet en opgestaan en dieselfde nag weggegaan. //Dawid word deur die Filistyne teruggestuur. 1Sa 29:1 EN die Filistyne het hulle hele leër by Afek versamel, terwyl JisraEl laer opgeslaan het by die fontein wat by JizreEl is. 1Sa 29:2 Toe die vorste van die Filistyne by honderde en by duisende verbytrek, maar Dawid en sy manne in die agterhoede met Agis saam verbytrek, 1Sa 29:3 vra die owerstes van die Filistyne: Wat soek hierdie Hebreërs? En Agis sê aan die owerstes van die Filistyne: Dit is mos Dawid, die onderdaan van Saul, die koning van JisraEl, wat nou al dae of al jare by my is, sonder dat ek iets in hom gevind het van die dag af dat hy oorgeloop het, tot vandag toe. 1Sa 29:4 Maar die owerstes van die Filistyne het baie kwaad vir hom geword, en die owerstes van die Filistyne het aan hom gesê: Stuur die man terug, dat hy kan teruggaan na die plek wat u hom aangewys het, en laat hom nie met ons saam in die geveg aftrek, dat hy nie vir ons in die geveg 'n teëstander word nie. Want waarmee kan hierdie man hom aangenaam maak by sy meester? Is dit nie met die hoofde van hierdie manne nie? 1Sa 29:5 Is dit nie dié Dawid nie, van wie hulle in die koordanse gesing en gesê het: Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende? 1Sa 29:6 Agis het Dawid toe geroep en aan hom gesê: So waar as JaHWeH leef, sekerlik, jy is opreg, en jou uitgang en jou ingang in die leër met my saam is suiwer in my oë; want ek het geen besoedeling in jou gevind van die dag af dat jy na my gekom het tot vandag toe nie. Maar in die oë van die vorste is jy nie suiwer nie. 1Sa 29:7 Draai dan nou om en gaan in vrede, en doen niks wat verkeerd is in die oë van die vorste van die Filistyne nie. 1Sa 29:8 Hierop sê Dawid vir Agis: Maar wat het ek gedoen? Of wat het u in u dienaar gevind van die dag af dat ek voor u gewees het tot vandag toe, dat ek nie mag gaan veg teen die vyande van my meester die koning nie? 1Sa 29:9 Maar Agis het Dawid geantwoord en gesê: Ek weet dat jy suiwer is in my oë soos 'n Boodskapper van Elohim, maar die owerstes van die Filistyne sê: Hy mag nie met ons saam optrek in die geveg nie. 1Sa 29:10 Maak jou dan nou môre vroeg klaar met die dienaars van jou meester wat met jou saamgekom het. Julle moet dus môre vroeg klaarmaak, en as dit vir julle lig word, trek dan weg. 1Sa 29:11 En Dawid het vroeg klaargemaak, hy en sy manne, om in die môre heen te gaan, om terug te trek na die Aarde van die Filistyne; maar die Filistyne het opgetrek na JizreEl. //Siklag word geplunder en verbrand. Dawid neem wraak. 1Sa 30:1 EN toe Dawid met sy manne die derde dag by Siklag aankom, het die Amalekiete 'n inval gedoen in die Suidland en in Siklag, en hulle het Siklag verslaan en haar met vuur verbrand. 1Sa 30:2 En hulle het die vroue [en almal] wat in haar was, gevange weggevoer, van die kleinste af tot die grootste toe; hulle het niemand gedood nie, maar hulle weggevoer en verder gegaan. 1Sa 30:3 Toe Dawid met sy manne die stad inkom, lê sy daar met vuur verbrand, en hulle vroue en hulle seuns en hulle dogters was as gevangenes wegge-voer. 1Sa 30:4 Daarop het Dawid en die manskappe wat by hom was, hulle stem verhef en geween totdat daar geen krag meer in hulle was om te ween nie. 1Sa 30:5 Ook Dawid se twee vroue, Ahínoam 'n JizreElitiese vrou, en Abígail, die vrou van Nabal, die Karmeliet, was as gevangenes weggevoer. 1Sa 30:6 En Dawid het dit baie benoud gehad, want die manskappe het gepraat om hom te stenig; want die siel van al die manskappe was verbitterd, elkeen oor sy seuns en sy dogters; maar Dawid het homself versterk in JaHWeH sy Elohey. 1Sa 30:7 En Dawid sê vir Abjatar, die priester, die seun van Ahiméleg: Bring tog die skouerkleed vir my hier. Daarop het Abjatar die skouerkleed na Dawid gebring. 1Sa 30:8 En Dawid het JaHWeH geraadpleeg en gesê: Sal ek hierdie bende agternajaag? Sal ek hulle inhaal? En Hy sê vir hom: Agtervolg, want jy sal sekerlik inhaal en sekerlik uitred. 1Sa 30:9 Daarop het Dawid weggetrek, hy met die seshonderd man wat by hom was; en toe hulle by die spruit Besor kom, het die origes agtergebly. 1Sa 30:10 Dawid het naamlik agtervolg, hy met vierhonderd man, terwyl tweehonderd man agtergebly het wat te moeg was om die spruit Besor deur te trek. 1Sa 30:11 Toe vind hulle in die veld 'n Egiptenaar wat hulle na Dawid bring, en hulle gee hom brood om te eet en water om te drink. 1Sa 30:12 Daarby gee hulle hom 'n stuk vyekoek en twee rosynekoeke. En toe hy geëet het, het hy weer bygekom; want hy het drie dae en drie nagte geen brood geëet of water gedrink nie. 1Sa 30:13 En Dawid vra hom: Aan wie behoort jy? En waar kom jy vandaan? En hy sê: Ek is 'n Egiptiese seun, die slaaf van 'n Amalekitiese man, en my meester het my laat agterbly, omdat ek drie dae gelede siek geword het. 1Sa 30:14 Ons het 'n inval gedoen in die Suidland van die Kretiërs en in dié van JeHûWdah en in die Suidland van Kaleb, en Siklag met vuur verbrand. 1Sa 30:15 En Dawid vra hom: Sal jy my afbring na hierdie bende? En hy sê: Sweer vir my by Elohim dat u my nie sal doodmaak en my nie sal uitlewer in die hand van my meester nie; dan sal ek u afbring na hierdie bende. 1Sa 30:16 En toe hy hom afgebring het, lê hulle daar verstrooid oor die oppervlakte van die hele Aarde, besig om te eet en te drink en jolyt te hou met die ganse groot buit wat hulle uit die Aarde van die Filistyne en uit die Aarde van JeHûWdah saamgeneem het. 1Sa 30:17 En Dawid het hulle verslaan van die aandskemering af tot die aand van die volgende dag, sodat niemand van hulle vrygeraak het nie, behalwe vierhonderd jongmanne wat op kamele gespring en gevlug het. 1Sa 30:18 So het Dawid dan alles gered wat die Amalekiete saamgeneem het; ook sy twee vroue het Dawid bevry. 1Sa 30:19 Niks van hulle is vermis nie - klein of groot, seuns of dogters, of iets van die buit, niks van alles wat hulle vir hul saamgeneem het nie; Dawid het alles teruggebring. 1Sa 30:20 En Dawid het al die kleinvee en beeste afgeneem. Hulle het hul voor die aangesig van die vee gedrywe en gesê: Dit is Dawid se buit. 1Sa 30:21 Toe Dawid by die tweehonderd man kom wat te moeg was om agter Dawid aan te gaan en wat hulle by die spruit Besor laat bly het, trek hulle uit, Dawid en die manskappe wat by hom was, tegemoet; en Dawid het met die manskappe nader gekom en hulle na die welstand gevra. 1Sa 30:22 Daarop het al die besoedelde manne van Belijaal uit die manne wat met Dawid saamgegaan het, begin sê: Omdat hulle nie met ons saamgegaan het nie, sal ons hulle nie van die buit wat ons afgeneem het, gee nie; maar hulle kan elkeen sy vrou en sy kinders saamneem en weggaan. 1Sa 30:23 Maar Dawid het gesê: Julle mag nie so maak nie, my broers, met wat JaHWeH ons gegee het, en Hy het ons bewaar en die bende wat ons oorval het, in ons hand gegee. 1Sa 30:24 En wie sou in hierdie saak na julle luister? Want soos die deel van die wat in die geveg aftrek, so is ook die deel van die wat by die pakgoed bly; gelykop moet hulle deel. 1Sa 30:25 So is dit dan van dié dag af en verder gewees; ja, hy het dit as 'n Insetting en 'n Regspraak vir JisraEl vasgestel tot vandag toe. 1Sa 30:26 Toe Dawid dan in Siklag aankom, het hy van die buit aan die oudstes van JeHûWdah, sy stamgenote, gestuur en gesê: Hier is 'n geskenk vir julle uit die buit van die vyande van JaHWeH: 1Sa 30:27 aan dié in BetEl en aan dié in Ramot in die Suidland en aan dié in Jattir 1Sa 30:28 en aan dié in Aroër en aan dié in Sifmot en aan dié in Estemóa 1Sa 30:29 en aan dié in Ragal en aan dié in die stede van die JerágmeEliete en aan dié in die stede van die Keniete 1Sa 30:30 en aan dié in Horma en aan dié in Bor-Asan en aan Atag 1Sa 30:31 en aan dié in Hebron en aan al die plekke waar Dawid, hy en sy manne, rondgetrek het. //Neerlaag en dood van Saul op Gilbóa. 1Sa 31:1 TERWYL die Filistyne teen JisraEl veg, het die manne van JisraEl vir die Filistyne weggevlug, en gesneuweldes het op die gebergte Gilbóa gelê. 1Sa 31:2 En die Filistyne het Saul en sy seuns agternagesit, en die Filistyne het JeHôWnathan en Abinádab en Malkisúa, die seuns van Saul, gedood. 1Sa 31:3 Toe die geveg dan swaar word teen Saul, en die manne, die boogskutters, hom aantref, het hy gebewe van angs vir die skutters. 1Sa 31:4 En Saul het aan sy wapendraer gesê: Trek jou swaard uit en deurboor my met haar, anders kom hierdie onbesnedenes en deurboor my en dryf die spot met my. Maar sy wapendraer wou nie, omdat hy baie bevrees was. Daarop neem Saul die swaard en val oor haar. 1Sa 31:5 Toe sy wapendraer sien dat Saul dood was, het hy self ook in sy swaard geval en saam met hom gesterf. 1Sa 31:6 So het dan Saul en sy drie seuns en sy wapendraer, ook al sy manne op dieselfde dag almal saam gesterwe. 1Sa 31:7 Daarop sien die manne van JisraEl wat oorkant die vlakte en wat oorkant die Jordaan was, dat die manne van JisraEl gevlug het en dat Saul en sy seuns dood was, en hulle het die stede verlaat en gevlug; en die Filistyne het gekom en daarin gaan woon. 1Sa 31:8 En toe die Filistyne die volgende dag kom om die gesneuweldes te plunder, kry hulle Saul en sy drie seuns nog daar lê op die gebergte Gilbóa. 1Sa 31:9 En hulle het sy hoof afgekap en sy wapenrusting uitgetrek en dit in die Aarde van die Filistyne rondgestuur om die blye boodskap te bring in die tempels van hulle idole en aan die volk. 1Sa 31:10 Daarna het hulle sy wapens in die huis van Ashtarowth neergelê, maar sy lyk teen die muur van Bet-San vasgeslaan. 1Sa 31:11 Toe die inwoners van Jabes in Gílead daarvan hoor - wat die Filistyne aan Saul gedoen het - 1Sa 31:12 het al die dapper manne hulle gereedgemaak en die hele nag deur getrek; en hulle het die lyk van Saul en die lyke van sy seuns van die muur van Bet-San afgehaal en by Jabes gekom en hulle daar verbrand. 1Sa 31:13 En hulle het hul gebeente geneem en onder die tamarisk in Jabes begrawe en sewe dae lank gevas. // //Die Tweede Boekrol van ShemuEl // //Dawid ontvang berig van die dood van Saul. 2Sa 1:1 EN ná die dood van Saul, toe Dawid terug was van die verslaan van die Amalekiete en Dawid twee dae in Siklag gebly het, 2Sa 1:2 kom daar op die derde dag 'n man uit die leër, van Saul af, met geskeurde klere en Adamah[adamiet se Aarde] op sy hoof. En toe hy by Dawid kom, val hy op die Aarde en buig hom neer. 2Sa 1:3 En Dawid sê vir hom: Waar kom jy vandaan? En hy antwoord hom: Ek het ontvlug uit die leër van JisraEl. 2Sa 1:4 Verder sê Dawid vir hom: Wat het gebeur? Vertel my tog. Toe antwoord hy: Die manskappe het uit die geveg gevlug, en baie van die manskappe het ook geval en gesterwe; ja, ook Saul en sy seun JeHôWnathan is dood. 2Sa 1:5 En Dawid vra die jongman wat hom die boodskap gebring het: Hoe weet jy dat Saul en sy seun JeHôWnathan dood is? 2Sa 1:6 Daarop sê die jongman wat hom die boodskap gebring het: Ek was bygeval op die gebergte Gilbóa, en kyk, Saul het op sy spies geleun, terwyl die strydwaens en perderuiters hom agternasit; 2Sa 1:7 en hy het agter hom omgekyk en my gesien en my geroep, en ek het gesê: Hier is ek. 2Sa 1:8 Toe vra hy my: Wie is jy? En ek antwoord hom: Ek is 'n Amalekiet. 2Sa 1:9 Daarop sê hy vir my: Kom staan tog by my en maak my dood, omdat 'n duiseling my bevang het; want my siel is nog heeltemal in my. 2Sa 1:10 En ek het by hom gaan staan en hom van kant gemaak, want ek het geweet dat hy ná sy val nie sou leef nie; en ek het die separatisme/kroon wat op sy hoof en die armband wat om sy arm was, geneem en dit hier na my meester gebring. 2Sa 1:11 Toe gryp Dawid sy klere en skeur dit; net so al die manne wat by hom was. 2Sa 1:12 En hulle het gerouklaag en geween en gevas tot die aand toe oor Saul en oor sy seun JeHôWnathan en oor die volk van JaHWeH en oor die huis van JisraEl, omdat hulle deur die swaard geval het. 2Sa 1:13 Verder sê Dawid aan die jongman wat hom die boodskap gebring het: Waar kom jy vandaan? En hy antwoord: Ek is die seun van 'n uitlandse man, 'n Amalekiet. 2Sa 1:14 En Dawid sê vir hom: Hoe? Jy was nie bevrees om jou hand uit te steek om die gesalfde van JaHWeH om te bring nie? 2Sa 1:15 Daarop roep Dawid een van die jongmanne en sê: Kom nader, val op hom aan! En dié het hom neergeslaan, dat hy gesterf het. 2Sa 1:16 En Dawid het vir hom gesê: Jou bloed is op jou hoof, want jou mond getuig teen jou, omdat jy sê: Ek het die gesalfde van JaHWeH gedood. //Klaaglied van Dawid oor Saul en JeHôWnathan. 2Sa 1:17 TOE het Dawid hierdie klaaglied aangehef oor Saul en oor sy seun JeHôWnathan, 2Sa 1:18 en hy het beveel om die kinders van JeHûWdah die Boog[lied] te leer; kyk, sy is geskrywe in die Boekrol van die Opregte. 2Sa 1:19 Die sieraad, o JisraEl - op jou hoogtes lê sy verslaan. Hoe het die dapperes geval! 2Sa 1:20 Vertel dit nie in Gat, verkondig dit nie op die strate van Askelon nie, sodat die dogters van die Filistyne hulle nie verheug, die dogters van die onbesnedenes nie jubel nie! 2Sa 1:21 Berge van Gilbóa, mag op julle geen dou en geen reën op die velde van hulle bydraes wees nie! Want daar is die skild van die dappere krygsmanne weggegooi, die skild van Saul, sonder dat dit met olie gesalf is. 2Sa 1:22 Sonder die bloed van die ge-sneuweldes, sonder die vet van die dapperes het die boog van JeHôWnathan nie agteruitgewyk en die swaard van Saul nie leeg teruggekeer nie. 2Sa 1:23 Saul en JeHôWnathan, die bemindes en lieflikes, is in hulle lewe en in hulle dood nie geskeie nie. Vinniger as arende was hulle, sterker as leeus. 2Sa 1:24 Dogters van JisraEl, ween oor Saul, wat julle weelderig beklee het met skarlaken, wat goue versiersels aangebring het op julle gewaad. 2Sa 1:25 Hoe het die dapperes geval diep in die geveg! JeHôWnathan lê verslaan op jou hoogtes. 2Sa 1:26 Ek is benoud om jou ontwil, my broer JeHôWnathan! Jy was vir my baie lieflik; jou liefde was vir my wonderliker as die liefde van vroue. 2Sa 1:27 Hoe het die dapperes geval en die oorlogswapens verlore gegaan! //Dawid word koning oor JeHûWdah, en Isbóset koning oor JisraEl. 2Sa 2:1 EN daarna het Dawid JaHWeH geraadpleeg en gesê: Sal ek optrek in een van die stede van JeHûWdah? En JaHWeH het hom geantwoord: Trek op. Toe sê Dawid: Waarheen moet ek optrek? En Hy antwoord: Na Hebron. 2Sa 2:2 En Dawid het daarheen opgetrek, en ook sy twee vroue, Ahínoam 'n JizreElitiese vrou, en Abígail, die vrou van Nabal, die Karmeliet. 2Sa 2:3 Dawid het ook sy manne wat by hom was, laat optrek, elkeen met sy huisgesin, en hulle het in die stede van Hebron gaan woon. 2Sa 2:4 Daarna het die manne van JeHûWdah gekom en Dawid daar as koning oor die huis van JeHûWdah gesalf. Toe hulle aan Dawid meedeel en sê: Dit is die manne van Jabes in Gílead wat Saul begrawe het, 2Sa 2:5 stuur Dawid boodskappers na die manne van Jabes in Gílead om aan hulle te sê: Mag julle geseënd wees deur JaHWeH, dat julle hierdie medelye betoon het aan julle meester, aan Saul, en hom begrawe het. 2Sa 2:6 Mag JaHWeH aan julle dan nou Medelye en Waarheid betoon, en ek self sal ook hierdie Suiwerheid aan julle betoon, omdat julle hierdie ding gedoen het. 2Sa 2:7 En nou, laat julle hande sterk wees, en wees wakker manne; want julle meester Saul is dood. Daarby het die huis van JeHûWdah my ook as koning oor hulle gesalf. 2Sa 2:8 Maar Abner, die seun van Ner, die leërowerste van Saul, het Isbóset, die seun van Saul, geneem en hom oorgebring na Mahanáim 2Sa 2:9 en hom koning gemaak oor Gílead en oor die Asuriete en oor JizreEl en oor Efraim en oor Benjamin en oor die hele JisraEl. 2Sa 2:10 Veertig jaar oud was Isbóset, die seun van Saul, toe hy koning geword het oor JisraEl, en hy het twee jaar geregeer; net die huis van JeHûWdah het Dawid gevolg. 2Sa 2:11 En die getal dae wat Dawid koning was in Hebron oor die huis van JeHûWdah, was sewe jaar en ses maande. //Burgeroorlog. Slag by Gíbeon. 2Sa 2:12 EN Abner, die seun van Ner, met die dienaars van Isbóset, die seun van Saul, het uitgetrek uit Mahanáim na Gíbeon. 2Sa 2:13 JôWab, die seun van Serúja, en die dienaars van Dawid het ook uitgetrek. En toe hulle mekaar ontmoet by die dam van Gíbeon, het hulle gaan sit aan weerskante van die dam. 2Sa 2:14 En Abner sê vir JôWab: Laat die jongmanne hulle tog regmaak en voor ons speel. En JôWab sê: Laat hulle regmaak. 2Sa 2:15 Toe het hulle opgestaan, en twaalf is vir Benjamin afgetel, naamlik vir Isbóset, die seun van Saul; en twaalf van die dienaars van Dawid. 2Sa 2:16 Maar die een het die ander aan die hoof gegryp, en die een se swaard was in die sy van die ander, sodat hulle saam geval het; daarom noem hulle dié plek Veld van Swaard-skerptes, wat by Gíbeon is. 2Sa 2:17 En dieselfde dag het die geveg buitengewoon hewig geword, maar Abner en die manne van JisraEl is verslaan voor die aangesig van die dienaars van Dawid. 2Sa 2:18 En daar was drie seuns van Serúja: JôWab en Abísai en AsaEl; en AsaEl was lig op sy voete soos een van die gemsbokke wat in die veld is. 2Sa 2:19 En AsaEl het Abner agternagejaag sonder om in sy koers regs of links agter Abner weg te draai. 2Sa 2:20 Toe kyk Abner agter hom om en sê: Is dit jy, AsaEl? En hy antwoord: Dit is ek. 2Sa 2:21 En Abner sê vir hom: Draai uit na jou regter- of linkerhand en gryp vir jou een van die jongmanne en neem sy uitrusting vir jou. Maar AsaEl wou nie agter hom wegdraai nie. 2Sa 2:22 En Abner sê nog 'n keer vir AsaEl: Jy moet padgee agter my; waarom moet ek jou teen die Aarde slaan? Hoe sou ek dan my aangesig kan ophef voor jou broer JôWab? 2Sa 2:23 Maar hy het geweier om weg te draai. Toe steek Abner hom met die agterent van die spies in die onderlyf, sodat die spies agter hom uitkom en hy daar neerval en op die plek sterwe. En almal het bly staan wat aankom by die plek waar AsaEl geval en gesterwe het. 2Sa 2:24 Maar JôWab en Abísai het Abner agternagejaag, en die son het ondergegaan toe hulle by die heuwel Amma kom wat teenoor Giag lê, aan die pad na die wildernis van Gíbeon. 2Sa 2:25 En die kinders van Benjamin het agter Abner byeengekom en saam een skare geword, en hulle het gaan staan op die top van 'n sekere heuwel. 2Sa 2:26 Toe roep Abner na JôWab en sê: Moet die swaard dan vir ewig verteer? Weet jy nie dat sy oplaas bitter sal wees nie? En hoe lank sal jy nie aan die manskappe sê dat hulle moet omdraai agter hulle broers vandaan nie? 2Sa 2:27 En JôWab antwoord: So waar as die Elohim leef, waarlik, as jy nie gespreek het nie, sou die manskappe môre eers weggetrek het, elkeen agter sy broer vandaan. 2Sa 2:28 Toe blaas JôWab op die ramshoring, en al die manskappe het stilgestaan en JisraEl nie langer agternagejaag en nie verder meer geveg nie. 2Sa 2:29 Daarop het Abner en sy manne daardie hele nag die Vlakte deurgegaan en deur die Jordaan getrek en deur die hele Bitron en in Mahanáim aangekom. 2Sa 2:30 En JôWab het omgedraai agter Abner weg en al die manskappe versamel. En van Dawid se dienaars is negentien man en AsaEl vermis. 2Sa 2:31 Maar die dienaars van Dawid het van Benjamin, naamlik onder die manne van Abner, geslaan - driehonderd-en-sestig man het gesterwe. 2Sa 2:32 En hulle het AsaEl opgetel en hom in die graf van sy vader wat in Betlehem was, begrawe; en JôWab en sy manne het die hele nag deur getrek, sodat dit vir hulle in Hebron lig geword het. 2Sa 3:1 EN daar was 'n lang oorlog tussen die huis van Saul en die huis van Dawid, en Dawid het altyd sterker geword, maar die huis van Saul altyd swakker. //Seuns van Dawid wat in Hebron gebore is 2Sa 3:2 EN vir Dawid is daar seuns in Hebron gebore. En sy eersgeborene was Amnon, by Ahínoam 'n JizreElitiese vrou; 2Sa 3:3 en sy tweede was Kíleab, by Abígail, die vrou van Nabal, die Karmeliet; en die derde was Absalom, die seun van Máäga, die dogter van Tálmai, die koning van Gesur; 2Sa 3:4 en die vierde AdoniJaH, die seun van Haggit; en die vyfde ShafátJaH, die seun van Abítal; 2Sa 3:5 en die sesde Jítream, by Egla, die vrou van Dawid. Hulle is vir Dawid in Hebron gebore. //Onerhandelinge tussen Abner en Dawid. JôWab vermoor Abner. 2Sa 3:6 EN onderwyl daar oorlog was tussen die huis van Saul en die huis van Dawid, was Abner besig om homself te versterk in die huis van Saul. 2Sa 3:7 Saul het naamlik 'n byvrou gehad en haar naam [was] Rispa, die dogter van Aja; en [Isbóset] het vir Abner gesê: Waarom het jy by die byvrou van my vader ingegaan? 2Sa 3:8 Toe word Abner baie kwaad oor die woorde van Isbóset en sê: Is ek dan die hond se kop wat aan JeHûWdah behoort? Vandag betoon ek medelye met die huis van Saul, jou vader, aan sy broers en aan sy vriende; en ek het jou nie in die hand van Dawid laat raak nie, en tog verwyt jy my vandag oor die ongeregtigheid met 'n vrou? 2Sa 3:9 Mag Elohim so aan Abner doen en so daaraan toedoen, sekerlik soos JaHWeH Dawid met 'n eed beloof het, net so sal ek aan hom doen 2Sa 3:10 deur die koningskap aan die huis van Saul te ontneem en die Troon van Dawid op te rig oor JisraEl en oor JeHûWdah, van Dan tot Berséba. 2Sa 3:11 En hy kon Abner verder geen antwoord gee nie, omdat hy vir hom bang was. 2Sa 3:12 Daarop het Abner boodskappers na Dawid in sy plek gestuur om te sê: Aan wie behoort die Aarde? en: Sluit u verbond met my; en kyk, my hand sal met u wees om die hele JisraEl na u toe oor te bring. 2Sa 3:13 En hy het gesê: Goed, ék sal met u 'n verbond sluit, maar een ding eis ek van u, naamlik: U mag my aangesig nie sien nie, of u moet eers Migal, die dogter van Saul, saambring as u kom om my aangesig te sien. 2Sa 3:14 Dawid het ook boodskappers gestuur na Isbóset, die seun van Saul, om te sê: Gee my vrou Migal met wie ek my verloof het vir honderd voorhuide van die Filistyne. 2Sa 3:15 En Isbóset het gestuur en haar van die man, van PáltieEl, die seun van Lais, afgeneem. 2Sa 3:16 En haar man het saam met haar gegaan, terwyl hy agter haar aan loop en ween tot by Bahúrim. Toe sê Abner vir hom: Gaan terug. En hy het teruggegaan. 2Sa 3:17 En Abner het met die oudstes van JisraEl onderhandel en gesê: Gister sowel as eergister het julle aldeur Dawid as koning oor julle begeer. 2Sa 3:18 Voer dit dan nou uit, want JaHWeH het van Dawid gespreek en gesê: Deur die hand van My kneg Dawid sal Ek My volk JisraEl uit die hand van die Filistyne en uit die hand van al hulle vyande verlos. 2Sa 3:19 En Abner het ook voor die ore van Benjamin gespreek; en Abner het ook gegaan om voor die ore van Dawid in Hebron te spreek alles wat goed was in die oë van JisraEl en in die oë van die hele huis van Benjamin. 2Sa 3:20 Toe Abner by Dawid in Hebron kom, en twintig man saam met hom, het Dawid vir Abner en die manne wat by hom was, 'n maaltyd aangerig. 2Sa 3:21 En Abner sê vir Dawid: Ek wil my klaarmaak en die hele JisraEl by my meester die koning gaan versamel, dat hulle met u 'n verbond sluit; dan kan u heers oor alles wat u siel begeer. Daarop het Dawid Abner laat gaan, en hy het in vrede weggegaan. 2Sa 3:22 Intussen kom die dienaars van Dawid en JôWab juis van 'n rooftog af, en hulle bring 'n groot buit met hulle saam. Maar Abner was nie meer by Dawid in Hebron nie, want dié het hom laat gaan, en hy het in vrede vertrek. 2Sa 3:23 Toe JôWab en die hele kommando wat saam met hom was, tuiskom, deel hulle aan JôWab mee en sê: Abner, die seun van Ner, het na die koning gekom, en dié het hom laat gaan, en hy het in vrede vertrek. 2Sa 3:24 Daarop kom JôWab by die koning en sê: Wat het u gedoen? Kyk, Abner het by u gekom; waarom het u hom tog laat loop, dat hy somaar weggegaan het? 2Sa 3:25 U ken Abner, die seun van Ner, dat hy gekom het om u te mislei en om u uitgang en u ingang te weet, ja, om alles te weet wat u doen. 2Sa 3:26 En JôWab het van Dawid af weggegaan en boodskappers agter Abner aan gestuur, wat hom teruggebring het van die put Hassira af sonder dat Dawid dit geweet het. 2Sa 3:27 Toe Abner dan in Hebron terugkom, het JôWab hom eenkant toe gelei in die middel van die poort om vertroulik met hom te praat en hom daar in die onderlyf gesteek, sodat hy gesterf het, oor die bloed van sy broer AsaEl. 2Sa 3:28 Toe Dawid dit daarna hoor, sê hy: Ek en my koninkryk is voor die Aangesig van JaHWeH vir ewig onskuldig aan die bloed van Abner, die seun van Ner. 2Sa 3:29 Mag dit losbreek op die hoof van JôWab en op sy hele vader se huis, en mag die huis van JôWab nie vry wees van een wat 'n vloeiing het of wat melaats is of wat op krukke loop of wat deur die swaard val of gebrek aan brood het nie. 2Sa 3:30 JôWab dan en Abísai, sy broer, het Abner vermoor, omdat hy hulle broer AsaEl by Gíbeon in die geveg gedood het. 2Sa 3:31 Verder het Dawid aan JôWab en al die mense wat by hom was, gesê: Skeur julle klere en gord rouklere aan en rouklaag voor die aangesig van Abner uit! En koning Dawid het agter die baar aan gegaan. 2Sa 3:32 Toe hulle Abner in Hebron begrawe, het die koning sy stem verhef en geween by die graf van Abner; die hele volk het ook geween. 2Sa 3:33 En die koning het 'n klaaglied oor Abner aangehef en gesê: Moes Abner sterwe soos 'n dwaas? 2Sa 3:34 Jou hande was nie gebind en jou voete nie aangeraak met koperkettings nie. Soos 'n mens voor die aangesig van kwaaddoeners val, het jy geval. En die hele volk het nog meer oor hom geween. 2Sa 3:35 Daarop kom die hele volk om Dawid te beweeg dat hy brood moet eet terwyl dit nog dag was; maar Dawid het gesweer en gesê: Mag Elohim so aan my doen en aanhou as ek voor die aangesig van die son ondergaan, brood of enigiets proe. 2Sa 3:36 En die hele volk het dit opgemerk, en dit was goed in hulle oë: soos alles wat die koning gedoen het, was dit goed in die oë van die hele volk. 2Sa 3:37 En die hele volk en die hele JisraEl het dieselfde dag gemerk dat dit nie van die koning gekom het om Abner, die seun van Ner, dood te maak nie. 2Sa 3:38 Verder het die koning aan sy dienaars gesê: Weet julle nie dat vandag 'n vors en 'n groot man in JisraEl geval het nie? 2Sa 3:39 Maar ek is vandag swak, alhoewel ek as koning gesalf is, terwyl hierdie manne, die seuns van Serúja, harder is as ek. Mag JaHWeH die kwaaddoener vergelde na sy besoedeling! //Isbóset word vermoor. Dawid wreek sy dood. 2Sa 4:1 TOE die seun van Saul hoor dat Abner in Hebron gesterf het, het sy hande slap geword, en die hele JisraEl was verskrik. 2Sa 4:2 En die seun van Saul het twee manne, owerstes van bendes, gehad: die naam van die een was Báëna en die naam van die ander Régab, seuns van Rimmon, die Beërotiet, uit die kinders van Benjamin, want Beërot is ook by Benjamin gereken. 2Sa 4:3 En die Beërotiete het na Gittaím gevlug en was daar vreemdelinge tot vandag toe. 2Sa 4:4 En JeHôWnathan, die seun van Saul, het 'n seun gehad, lam aan altwee voete. Hy was vyf jaar oud toe die tyding aangaande Saul en JeHôWnathan uit JizreEl gekom het, en sy oppasser het hom opgetel en gevlug; maar terwyl sy in haar haastigheid vlug, het hy geval en lam geword; en sy naam was Mefibóset. 2Sa 4:5 En die seuns van Rimmon, die Beërotiet, Régab en Báëna, het gegaan en by die huis van Isbóset gekom op die warmste van die dag toe hy in sy middagslaap lê. 2Sa 4:6 En hulle het daar ingekom tot binne-in die huis om koring te gaan haal en hom in die onderlyf gesteek; en Régab en sy broer Báëna het ontvlug. 2Sa 4:7 Hulle het naamlik die huis ingegaan, terwyl hy op sy bed in sy slaapkamer lê, en hom doodgeslaan en sy hoof afgekap; en hulle het sy hoof saamgeneem en die hele nag deur geloop met die pad van die Vlakte 2Sa 4:8 en die hoof van Isbóset na Dawid in Hebron gebring en aan die koning gesê: Hier is die hoof van Isbóset, die seun van Saul, u vyand wat u siel gesoek het; maar JaHWeH het aan my meester die koning vandag wraak gegee op Saul en sy saad. 2Sa 4:9 Maar Dawid het Régab en sy broer Báëna, die seuns van Rimmon, die Beërotiet, geantwoord en aan hulle gesê: So waar as JaHWeH leef wat my siel uit alle benoudheid verlos het, 2Sa 4:10 hom wat aan my berig gebring en gesê het: Kyk, Saul is dood! - terwyl hy in sy eie oë was soos een wat 'n goeie boodskap bring - het ek gegryp en hom in Siklag gedood, aan wie ek eintlik boodskappersloon moes gegee het; 2Sa 4:11 hoeveel te meer sal ek dan nou nie, as besoedelde mense 'n regverdige man in sy huis op sy bed vermoor, sy bloed van julle hand eis en julle van die Aarde verdelg nie? 2Sa 4:12 Toe het Dawid die jongmanne bevel gegee, en dié het hulle gedood en hul hande en voete afgekap en hulle opgehang by die dam in Hebron; maar die hoof van Isbóset het hulle geneem en dit begrawe in die graf van Abner in Hebron. //Dawid word deur al die stamme as koning erken. Hy neem Jerusalem in en verslaan die Filistyne. 2Sa 5:1 TOE kom al die stamme van JisraEl na Dawid in Hebron, en hulle spreek en sê: Hier is ons, u been en u vlees is ons! 2Sa 5:2 Gister sowel as eergister toe Saul koning oor ons was, het ú JisraEl uit- en ingelei; en JaHWeH het aan u gesê: Jy moet My volk JisraEl oppas, en jy moet 'n vors wees oor JisraEl. 2Sa 5:3 So het dan al die oudstes van JisraEl na die koning in Hebron gekom; en koning Dawid het met hulle 'n verbond in Hebron gesluit voor die Aangesig van JaHWeH, en hulle het Dawid as koning oor JisraEl gesalf. 2Sa 5:4 Dertig jaar was Dawid oud toe hy koning geword het; veertig jaar het hy geregeer. 2Sa 5:5 In Hebron het hy oor JeHûWdah sewe jaar en ses maande geregeer, en in Jerusalem het hy drie-en-dertig jaar oor die hele JisraEl en JeHûWdah geregeer. 2Sa 5:6 Toe die koning met sy manne na Jerusalem wegtrek teen die Jebusiete, die bewoners van die Aarde, het hulle met Dawid gespreek en gesê: Jy sal hier nie inkom nie, maar die blindes en lammes sal jou verdrywe - dit wil sê: Dawid sal hier nie inkom nie. 2Sa 5:7 Maar Dawid het die bergvesting Sion ingeneem; Sy is die Stad van Dawid. 2Sa 5:8 En Dawid het daardie dag gesê: Elkeen wat 'n Jebusiet verslaan, laat hom in die waterkanaal neerwerp die lammes sowel as die blindes, van wie Dawid se siel 'n afkeer het! Daarom sê hulle: 'n Blinde en 'n lamme mag nie in die huis kom nie. 2Sa 5:9 En Dawid het in die bergvesting gaan woon en Haar die Stad van Dawid genoem; en Dawid het rondom, van Millo af na die binnekant, gebou. 2Sa 5:10 En Dawid het gedurigdeur groter geword, en JaHWeH, die Elohey van die leërmagte, was met hom. 2Sa 5:11 Toe stuur Hiram, die koning van Tirus, boodskappers na Dawid met sederhout en skrynwerkers en klipkappers, en hulle het vir Dawid 'n huis gebou. 2Sa 5:12 So het Dawid dan gewaar geword dat JaHWeH hom as koning oor JisraEl bevestig en sy koningskap verhef het ter wille van Sy volk JisraEl. 2Sa 5:13 En Dawid het uit Jerusalem meer byvroue en vroue geneem, nadat hy uit Hebron gekom het en vir Dawid is meer seuns en dogters gebore. 2Sa 5:14 En dit is die name van die wat vir hom in Jerusalem gebore is: Sámmua en Sobab en Natan en Salomo, 2Sa 5:15 en Jibhar en EliShua en Nefeg en Jáfia, 2Sa 5:16 en EliShama en EliAda en EliFelet. 2Sa 5:17 Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor JisraEl gesalf was, het al die Filistyne opgetrek om Dawid te soek, maar Dawid het dit gehoor en afgetrek na die bergvesting. 2Sa 5:18 En die Filistyne het gekom en hulle versprei in die dal Refaim. 2Sa 5:19 Toe het Dawid JaHWeH geraadpleeg en gesê: Sal ek optrek teen die Filistyne? Sal U hulle in my hand gee? En JaHWeH het aan Dawid gesê: Trek op, want Ek sal die Filistyne verseker in jou hand gee. 2Sa 5:20 Daarop het Dawid na Baäl-Pérasim gegaan, en Dawid het hulle daar verslaan en gesê: JaHWeH het voor my aangesig heen deur my vyande gebreek soos water deurbreek; daarom het hy dié plek Baäl-Pérasim genoem. 2Sa 5:21 En hulle het hul idole daar agtergelaat, en Dawid en sy manne het dit saamgeneem. 2Sa 5:22 Maar die Filistyne het nog weer opgetrek en hulle in die dal Refaim versprei. 2Sa 5:23 Toe raadpleeg Dawid JaHWeH, en Hy sê: Jy moet nie optrek nie: trek agter hulle om en val hulle aan vlak voor die balsembosse. 2Sa 5:24 En as jy 'n geruis van voetstappe in die toppe van die balsembosse hoor, moet jy gou maak, want dan het JaHWeH voor jou uitgetrek om die leër van die Filistyne te verslaan. 2Sa 5:25 En Dawid het gedoen net soos JaHWeH hom beveel het, en hy het die Filistyne verslaan van Gíbeon af tot naby Geser. //Dawid bring die Ark na Jerusalem oor. 2Sa 6:1 DAARNA het Dawid weer al die uitgesoektes in JisraEl, dertigduisend, versamel; 2Sa 6:2 en Dawid het hom klaargemaak en met al die mense opgetrek wat by hom was, van Báäle-JeHûWdah, om die Ark van die Elohim, waaroor die Naam uitgeroep is, die Naam van JaHWeH van die leërmagte wat op die Gérubs troon, daarvandaan te gaan haal. 2Sa 6:3 En hulle het die Ark van die Elohim op 'n nuwe wa vervoer en haar uit die huis van Abinádab, wat op die heuwel is, gebring. Terwyl Ussa en Agjo, die seuns van Abinádab, die wa drywe, 2Sa 6:4 met die Ark van die Elohim, het Agjo voor die aangesig van die Ark geloop. 2Sa 6:5 En Dawid en die hele huis van JisraEl het voor die Aangesig van JaHWeH gespeel met allerhande [instrumente] van sipreshout, naamlik met siters en harpe en tamboeryne, en bekkens en simbale. 2Sa 6:6 En toe hulle by die dorsvloer van Nagon kom, het Ussa sy hand uitgesteek na die Ark van die Elohim en haar vasgehou, want die osse het gestruikel. 2Sa 6:7 Daarop het die Woede van JaHWeH teen Ussa ontvlam, en die Elohim het hom daar getref oor dié vergryp, sodat hy daar by die Ark van die Elohim gesterf het. 2Sa 6:8 En Dawid het ontroerd geword, omdat JaHWeH 'n skeur aan Ussa geskeur het; daarom het hy daardie plek genoem Peres-Ussa, tot vandag toe. 2Sa 6:9 En Dawid het daardie dag vir JaHWeH bevrees geword en gesê: Hoe kan die Ark van JaHWeH na my kom? 2Sa 6:10 Daarom wou Dawid nie die Ark van JaHWeH by hom in die Stad van Dawid laat inkom nie, maar Dawid het haar na die huis van Obed-Edom, die Gittiet, laat wegdraai. 2Sa 6:11 En die Ark van JaHWeH het drie maande in die huis van Obed-Edom, die Gittiet, gebly, en JaHWeH het Obed-Edom en sy hele huis geseën. 2Sa 6:12 En toe aan koning Dawid meegedeel is: JaHWeH het die huis van Obed-Edom en alles wat aan hom behoort, geseën ter wille van die Ark van die Elohim, het Dawid gegaan en die Ark van die Elohim met vreugde uit die huis van Obed-Edom na die Stad van Dawid gebring. 2Sa 6:13 En toe die draers van die Ark van JaHWeH ses treë geloop het, het hy 'n bees en 'n vetgemaakte kalf geslag. 2Sa 6:14 Daarby het Dawid met alle mag gedans voor die Aangesig van JaHWeH; en Dawid was omgord met 'n linneskouerkleed. 2Sa 6:15 So het Dawid en die hele huis van JisraEl dan die Ark van JaHWeH met gejuig en ramshoring geklank opgehaal. 2Sa 6:16 Toe die Ark van JaHWeH die Stad van Dawid inkom, kyk Migal, die dogter van Saul, juis deur die venster en sien koning Dawid huppel en dans voor die Aangesig van JaHWeH; en sy het hom in haar hart verag. 2Sa 6:17 Nadat hulle dan die Ark van JaHWeH ingebring en haar op haar plek neergesit het binne-in die Tent wat Dawid vir haar opgeslaan het, het Dawid brandoffers en vergoeding gebring voor die Aangesig van JaHWeH. 2Sa 6:18 Toe Dawid gereed was met die brandoffer en vergoeding, het hy die volk in die Naam van JaHWeH van die leërmagte geseën 2Sa 6:19 en aan die hele volk, die hele menigte van JisraEl, manne sowel as vroue, aan elkeen een broodkoek en een stuk vleis en een rosynekoek uitgedeel. Daarop het die hele volk elkeen na sy huis gegaan. 2Sa 6:20 Toe Dawid terugkom om sy huisgesin te seën, het Migal, die dogter van Saul, Dawid tegemoetgegaan en gesê: Hoe het die koning van JisraEl homself vandag geëer, dat hy homself vandag voor die oë van die slavinne van sy dienaars ontbloot het soos een van die ligsinnige mense hom somaar ontbloot! 2Sa 6:21 Maar Dawid sê vir Migal: Voor die Aangesig van JaHWeH wat my verkies het bo jou vader en bo sy hele huis, deur my as vors aan te stel oor die volk van JaHWeH, oor JisraEl - ja, voor die Aangesig van JaHWeH sal ek vrolik wees! 2Sa 6:22 En ek sal my nog geringer ag as dit - ek sal nederig wees in my eie oë en met die slavinne van wie jy gepraat het, met hulle sal ek myself eer. 2Sa 6:23 En Migal, die dogter van Saul, het tot die dag van haar dood geen kind gehad nie. //Elohim laat Dawid nie toe om vir Hom 'n Tempel te bou nie. 2Sa 7:1 EN terwyl die koning in sy huis woon, nadat JaHWeH hom rus gegee het van al sy vyande rondom, 2Sa 7:2 sê die koning vir die profeet Natan: Kyk tog, ék woon in 'n huis van sederhout, maar die Ark van die Elohim woon binnekant 'n tentdoek. 2Sa 7:3 Toe sê Natan aan die koning: Gaan heen, doen alles wat in u hart is, want JaHWeH is met u. 2Sa 7:4 Maar in dieselfde nag kom die Woord van JaHWeH tot Natan en sê: 2Sa 7:5 Gaan sê aan My kneg, aan Dawid: So spreek JaHWeH: Sou jy vir My 'n huis bou om in te woon? 2Sa 7:6 Ek het tog in geen huis gewoon van die dag af dat Ek die kinders van JisraEl uit Egipte laat optrek het tot vandag toe nie; maar Ek het rondgetrek in 'n Tabernakel. 2Sa 7:7 Oral waar Ek onder al die kinders van JisraEl rondgetrek het, het Ek nooit 'n woord gespreek met een van die stamme van JisraEl, wat Ek aangestel het om My volk JisraEl op te pas, en gesê: Waarom bou julle nie vir My 'n huis van sederhout nie? 2Sa 7:8 So moet jy dan nou aan My kneg, aan Dawid, sê: So spreek JaHWeH van die leërmagte: Ek self het jou geneem uit die weiveld agter die skape weg, om 'n vors te wees oor My volk, oor JisraEl; 2Sa 7:9 en Ek was met jou oral waar jy gegaan het, en het al jou vyande voor jou uitgeroei; en Ek sal vir jou 'n groot naam maak soos die naam van die grotes wat in die Aarde is; 2Sa 7:10 en Ek sal vir My volk JisraEl 'n plek bestel en hom plant, dat hy op sy eie plek kan woon en nie langer verontrus word nie. En kwaaddoeners sal hom nie meer verdruk soos vroeër nie, 2Sa 7:11 naamlik van die dag af dat Ek rigters oor My volk JisraEl aangestel het. Maar Ek sal jou rus gee van al jou vyande; en JaHWeH gee jou te kenne dat JaHWeH vir jou 'n huis sal stig. 2Sa 7:12 As jou dae vol is en jy met jou vaders ontslaap het, sal Ek jou saad wat uit jou liggaam sal voortkom, laat optree en sy koningskap bevestig. 2Sa 7:13 Hy sal vir My Naam 'n Huis bou, en Ek sal sy koninklike troon bevestig tot in ewigheid. 2Sa 7:14 Ek sal vir hom 'n Vader wees, en hy sal vir My 'n seun wees; sodat as hy verkeerd handel, Ek hom sal straf met die roede van 'n man en met slae van seuns van adamiete. 2Sa 7:15 Maar My Medelye sal Ek van hom nie onttrek nie, soos Ek haar onttrek het aan Saul wat Ek voor jou aangesig verwyder het. 2Sa 7:16 En jou Huis en jou koningskap sal bestendig wees tot in ewigheid voor jou; jou troon sal vasstaan tot in ewigheid. 2Sa 7:17 Volgens al hierdie woorde en volgens hierdie hele visioen, so het Natan met Dawid gespreek. 2Sa 7:18 Koning Dawid het toe ingegaan en voor die Aangesig van JaHWeH gebly en gesê: Wie is ek, my Meester JaHWeH, en wat is my Huis, dat U my tot hiertoe gebring het? 2Sa 7:19 En dit was nog te gering in U Oë, my Meester JaHWeH, sodat U ook aangaande die Huis van U kneg tot ver in die toekoms gespreek het; en sy is die Wet vir adamiete, my Meester JaHWeH! 2Sa 7:20 Maar wat sal Dawid nog verder met U spreek? want U ken U kneg, my Meester JaHWeH. 2Sa 7:21 Ter wille van U Woord en volgens U Hart het U hierdie hele groot saak gedoen, om dit aan U kneg bekend te maak. 2Sa 7:22 Daarom is U groot, JaHWeH Elohim! Want daar is niemand soos U, en daar is geen Elohim behalwe U nie, volgens alles wat ons met ons ore gehoor het. 2Sa 7:23 En wie is soos U volk, soos JisraEl, een nasie op die Aarde, wat Elohim vir Hom as 'n volk gaan verlos het, en om vir Hom 'n Naam te maak; en om groot dinge te doen vir hulle en ontsagwekkende dinge aan U Aarde voor U volk uit wat U verlos het vir U van Egipte, van die nasies en sy gode? 2Sa 7:24 En U het U volk JisraEl vir U bevestig as 'n volk vir U tot in ewigheid; en U, JaHWeH, het vir hulle 'n Elohim geword. 2Sa 7:25 Laat dan nou, JaHWeH Elohim, die woord wat U oor U kneg en oor sy Huis gespreek het, in vervulling gaan tot in ewigheid, en doen soos U gespreek het; 2Sa 7:26 sodat U Naam groot kan wees tot in ewigheid deurdat hulle sê: JaHWeH van die leërmagte is Elohim oor JisraEl; en die Huis van U kneg Dawid sal voor U Aangesig bestendig wees. 2Sa 7:27 Want U, JaHWeH van die leërmagte, Elohey van JisraEl, het die oor van U kneg geopen en gesê: Ek sal vir jou 'n Huis bou; daarom het U kneg vrymoedigheid gevind om hierdie gebed tot U te bid. 2Sa 7:28 En nou, my Meester JaHWeH, U is Hy, die Elohim en U Woord is Waarheid; en U het U kneg hierdie suiwer ding belowe. 2Sa 7:29 Laat dit U dan nou behaag en seën die Huis van U kneg, sodat hy vir ewig voor U Aangesig kan wees; want U, my Meester JaHWeH, het dit gespreek, en deur U seën sal die Huis van U kneg vir ewig geseënd wees. //Dawid onderwerp die Filistyne en Moab, Soba en Aram. Sy staatsamptenare. 2Sa 8:1 EN daarna het Dawid die Filistyne verslaan en hulle onderwerp; en Dawid het die gesag oor die moederstad uit die hand van die Filistyne geneem. 2Sa 8:2 Hy het die Moabiete ook verslaan en hulle gemeet met 'n lyn deur hulle op die Aarde te laat lê: en hy het twee mate gemeet om dood te maak en een volle maat om te laat lewe; en die Moabiete het Dawid se knegte geword en het spys gedra. 2Sa 8:3 Verder het Dawid Hadadéser, die seun van Rehob, die koning van Soba, verslaan, toe dié getrek het om sy mag aan die Eufraatrivier te herstel. 2Sa 8:4 En Dawid het van hom duisend-sewehonderd perderuiters afgeneem en twintigduisend man voetgangers, en Dawid het al die [trekperde] van die strydwaens se hakskeensenings afgesny, maar 'n honderd strydwaens se [trekperde] laat oorbly. 2Sa 8:5 En die Arameërs van Damaskus het gekom om Hadadéser, die koning van Soba, te help; maar Dawid het onder die Arameërs twee-en-twintigduisend man verslaan. 2Sa 8:6 En Dawid het wagposte in Aram-Damaskus uitgesit, sodat die Arameërs Dawid se knegte geword en spys gedra het; en JaHWeH het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het. 2Sa 8:7 En Dawid het die goue skilde geneem wat die dienaars van Hadadéser gedra het, en dit na Jerusalem gebring. 2Sa 8:8 En uit Bétag en uit Berotái, stede van Hadadéser, het koning Dawid ontsaglik veel koper weggeneem. 2Sa 8:9 Toe Toï, die koning van Hamat, hoor dat Dawid die hele leërmag van Hadadéser verslaan het, 2Sa 8:10 stuur Toï sy seun JaWèram na koning Dawid om hom na die welstand te vra en hom te prys, omdat hy teen Hadadéser geveg en hom verslaan het - want Hadadéser het gedurig oorlog gevoer met Toï - en in sy hand was silwer- en goue en kopervoorwerpe. 2Sa 8:11 Dit het koning Dawid ook aan JaHWeH apart gehou, saam met die silwer en die goud wat hy apart gehou het van al die nasies wat hy onderwerp het: 2Sa 8:12 van die Arameërs en die Moabiete en van die kinders van Ammon en van die Filistyne en van die Amalekiete en van die buit van Hadadéser, die seun van Rehob, die koning van Soba. 2Sa 8:13 En Dawid het naam gemaak toe hy, by sy terugkoms van die neerlaag van die Arameërs, in die Vallei van Sout agttienduisend [man verslaan het]. 2Sa 8:14 En Dawid het wagposte in Edom uitgesit, in die hele Edom het hy wagposte uitgesit, en al die Edomiete het Dawid se knegte geword; en JaHWeH het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het. 2Sa 8:15 En Dawid het oor die hele JisraEl geregeer, en Dawid het aan sy hele volk Reg en Geregtigheid gedoen. 2Sa 8:16 En JôWab, die seun van Serúja, was oor die leër; en JeHôWshafat, die seun van Ahílud, was kanselier. 2Sa 8:17 En Sadok, die seun van Ahítub, en Ahiméleg, die seun van Abjatar, was priesters, en SeráJaH was skrywer. 2Sa 8:18 En BenáJaHûW, die seun van JeHôWjada, was oor die Kreti en die Pleti, en die seuns van Dawid was priesters. //Die pedelmoedige gedrag van Dawid teenoor Mefibóset, die seun van JeHôWnathan. 2Sa 9:1 EN Dawid het gesê: Is daar nog iemand oor van die huis van Saul, dat ek aan hom medelye kan betoon ter wille van JeHôWnathan? 2Sa 9:2 En die huis van Saul het 'n dienaar gehad, met die naam van Siba; en hulle het hom na Dawid geroep, en die koning het hom gevra: Is jy Siba? Toe antwoord hy: U dienaar! 2Sa 9:3 En die koning vra: Is daar nie nog iemand van die huis van Saul, dat ek die Medelye van Elohim aan hom kan betoon nie? Toe sê Siba aan die koning: Daar is nog 'n seun van JeHôWnathan, wat lam is aan altwee voete. 2Sa 9:4 En die koning vra hom: Waar is hy? Toe sê Siba aan die koning: Kyk, hy is in die huis van Magir, die seun van AmmiEl, in Lódebar. 2Sa 9:5 Daarop het koning Dawid gestuur en hom laat haal uit die huis van Magir, die seun van AmmiEl, uit Lódebar. 2Sa 9:6 Toe Mefibóset, die seun van JeHôWnathan, die seun van Saul, by Dawid inkom, het hy op sy aangesig geval en hom neergebuig. En Dawid het gesê: Mefibóset! En hy het geantwoord: Hier is u dienaar. 2Sa 9:7 En Dawid sê vir hom: Wees nie bevrees nie, want ek sal sekerlik medelye met jou hê ter wille van jou vader JeHôWnathan en al die grond van jou vader Saul aan jou teruggee, en jy self sal voortdurend aan my tafel brood eet. 2Sa 9:8 Toe buig hy en sê: Wat is u dienaar, dat u na 'n dooie hond soos ek is, omgesien het? 2Sa 9:9 En die koning het Siba, die dienaar van Saul, geroep en vir hom gesê: Alles wat Saul en sy hele huis gehad het, gee ek aan die seun van jou meester. 2Sa 9:10 En jy moet vir hom die Adamah[adamiet se Aarde] bewerk, jy en jou seuns en jou slawe, en jy moet [voedsel] inbring, dat die seun van jou meester brood het om te eet; maar Mefibóset, die seun van jou meester, sal voortdurend aan my tafel brood eet. En Siba het vyftien seuns en twintig slawe gehad. 2Sa 9:11 Toe sê Siba aan die koning: Net soos my meester die koning sy dienaar beveel, so sal u dienaar doen; en Mefibóset het aan die tafel van Dawid geëet soos een van die koning se seuns. 2Sa 9:12 En Mefibóset het 'n jong seun gehad met die naam van MikaJeHûW, en almal wat in die huis van Siba gewoon het, was Mefibóset se dienaars. 2Sa 9:13 En Mefibóset het in Jerusalem gewoon, want hy het voortdurend aan die koning se tafel geëet; en hy was lam aan altwee voete. //Die Ammoniete en Arameërs word verslaan en onderwerp. 2Sa 10:1 EN daarna het die koning van die kinders van Ammon gesterwe, en sy seun Hanun het in sy plek koning geword. 2Sa 10:2 Toe sê Dawid: Ek wil guns bewys aan Hanun, die seun van Nahas, soos sy vader aan my guns bewys het. Daarom het Dawid gestuur om hom deur sy dienaars oor sy vader te troos. Toe die dienaars van Dawid dan in die Aarde van die kinders van Ammon kom, 2Sa 10:3 het die vorste van die kinders van Ammon aan Hanun, hulle meester, gesê: Eer Dawid u vader in u oë, omdat hy vir u troosters gestuur het? Het Dawid nie sy dienaars na u gestuur om die stad te deursoek en dit te verken en dit om te keer nie? 2Sa 10:4 Daarop neem Hanun die dienaars van Dawid en skeer die een helfte van hulle baard af en sny hulle klere in die helfte af, tot by hulle sitplekke; en hy het hulle laat gaan. 2Sa 10:5 En toe hulle aan Dawid hiervan berig bring, stuur hy om hulle tegemoet te gaan, want die manne was baie skaam. En die koning het gesê: Bly in Jérigo totdat julle baard weer gegroei het; kom dan terug. 2Sa 10:6 Toe die kinders van Ammon sien dat hulle hul gehaat gemaak het by Dawid, het die kinders van Ammon gestuur en die Arameërs van Bet-Rehob en die Arameërs van Soba gehuur, twintigduisend voetgangers, en van die koning van Máäga, duisend man, en die manne van Tob, twaalfduisend man. 2Sa 10:7 En Dawid het dit gehoor en JôWab met die hele leër, die dapperes, gestuur. 2Sa 10:8 En die kinders van Ammon het uitgetrek en die slagorde opgestel by die ingang van die poort, terwyl die Arameërs van Soba en Rehob en die manne van Tob en Máäga afsonderlik in die veld was. 2Sa 10:9 Toe JôWab sien dat 'n aanval van voor sowel as van agter hom bedreig, het hy uit al die uitgesoektes in JisraEl 'n keuse gedoen en hulle opgestel teenoor die Arameërs. 2Sa 10:10 Maar die ander manskappe het hy onder bevel van sy broer Abísai geplaas en dié het hulle opgestel teenoor die kinders van Ammon. 2Sa 10:11 En hy het gesê: As die Arameërs vir my te sterk word, moet jy my te hulp kom, en as die kinders van Ammon vir jou te sterk word, sal ek kom om jou te help. 2Sa 10:12 Wees sterk en laat ons ons sterk hou vir ons volk en vir die stede van onse Elohey. Mag JaHWeH dan doen na die suiwerheid van Sy Oë! 2Sa 10:13 Daarop het JôWab en die manskappe wat by hom was, nader gekom om teen die Arameërs te veg, en hulle het vir hom gevlug. 2Sa 10:14 Toe die kinders van Ammon sien dat die Arameërs vlug, het hulle ook vir Abísai gevlug en die stad ingegaan. En JôWab het van die kinders van Ammon af omgedraai en in Jerusalem aangekom. 2Sa 10:15 Toe die Arameërs dan sien dat hulle voor die aangesig van JisraEl verslaan was, het hulle dig aaneengesluit. 2Sa 10:16 Ja, Hadaréser het gestuur en die Arameërs van oorkant die Eufraat laat uittrek, en hulle het in Helam aangekom, met Sobag, die leërowerste van Hadaréser, op hulle voorpunt. 2Sa 10:17 Intussen het Dawid daarvan berig gekry en die hele JisraEl versamel en deur die Jordaan getrek en in Helam aangekom; en die Arameërs het hulle teenoor Dawid opgestel en teen hom geveg. 2Sa 10:18 Maar die Arameërs het vir JisraEl gevlug, en Dawid het van die Arameërs sewehonderd trekperde en veertig-duisend ruiters gedood, en Sobag, die leërowerste, so gewond, dat hy daar gesterf het. 2Sa 10:19 En toe al die onderhorige konings van Hadaréser sien dat hulle voor die aangesig van JisraEl verslaan was, het hulle met JisraEl vrede gesluit en hulle gedien; en die Arameërs was bevrees om die kinders van Ammon langer te help. //Dawid pleeg vermenging en moord. 2Sa 11:1 EN ná verloop van die jaar, teen die tyd dat die konings uittrek, stuur Dawid JôWab en sy dienaars saam met hom uit en vir die hele JisraEl. En hulle het [die Aarde van] die kinders van Ammon verniel en Rabbah beleër, terwyl Dawid in Jerusalem gebly het. 2Sa 11:2 En teen die aand, toe Dawid van sy bed opgestaan het en op die dak van die paleis wandel, sien hy van die dak af 'n vrou wat besig was om 'n bad te neem; en die vrou was baie mooi van aansien. 2Sa 11:3 En Dawid het ondersoek laat doen na die vrou, en hulle het gesê: Is dit nie Bátseba, die dogter van EliAm, die vrou van UriJaH die Hetiet nie? 2Sa 11:4 Daarop stuur Dawid boodskappers en laat haar haal. En toe sy by hom inkom, het hy met haar gemeenskap gehad, want sy was gesuiwer van haar besoedeling. Daarna het sy na haar huis teruggegaan. 2Sa 11:5 En die vrou het swanger geword en gestuur om Dawid te laat weet: Ek is swanger. 2Sa 11:6 En Dawid het JôWab laat weet: Stuur UriJaH, die Hetiet, na my. JôWab het UriJaH na Dawid gestuur. 2Sa 11:7 Toe UriJaH dan by hom kom, vra Dawid of dit goed gaan met JôWab, en of dit goed gaan met die manskappe, en of dit goed gaan met die oorlog. 2Sa 11:8 En Dawid sê vir UriJaH: Gaan af na jou huis en was jou voete. En toe UriJaH uit die paleis uitgaan, het 'n geskenk van die koning hom gevolg. 2Sa 11:9 Maar UriJaH het gaan slaap by die ingang van die paleis, by al die dienaars van sy meester, en nie na sy huis afgegaan nie. 2Sa 11:10 En daar is aan Dawid meegedeel en gesê: UriJaH het nie na sy huis afgegaan nie. Toe vra Dawid UriJaH: Kom jy nie van 'n reis af nie? Waarom gaan jy nie af na jou huis nie? 2Sa 11:11 En UriJaH sê vir Dawid: Die Ark en JisraEl en JeHûWdah bly in takskuilings, en my meester JôWab en die dienaars van my meester is gelaer in die oop veld; sou ek dan in my huis ingaan om te eet en te drink en by my vrou te slaap? So waar as u leef en u siel leef, ek sal dit nie doen nie! 2Sa 11:12 En Dawid sê vir UriJaH: Bly vandag ook hier; dan sal ek jou môre laat gaan. En UriJaH het dié dag in Jerusalem gebly. 2Sa 11:13 Maar die volgende dag het Dawid hom genooi, en hy het voor sy aangesig geëet en gedrink, en hy het hom dronk gemaak. Toe gaan hy in die aand uit om op sy slaapplek by die dienaars van sy meester te gaan slaap; maar na sy huis het hy nie afgegaan nie. 2Sa 11:14 En in die môre skrywe Dawid 'n brief aan JôWab en stuur dit met UriJaH weg. 2Sa 11:15 En hy het in die briefrol geskrywe en gesê: Sit UriJaH op die voorpunt van die hewigste geveg; trek julle dan agter hom terug, dat hy in die slag kan sneuwel. 2Sa 11:16 So het JôWab dan, terwyl hy die stad verken, UriJaH op 'n plek gesit waarvan hy geweet het dat daar dapper manne was. 2Sa 11:17 En toe die manne van die stad uittrek en met JôWab veg, het daar van die manskappe, van die dienaars van Dawid, geval, en UriJaH, die Hetiet, het ook gesterwe. 2Sa 11:18 Daarop stuur JôWab om Dawid die hele beloop van die geveg mee te deel. 2Sa 11:19 En hy gee die boodskapper bevel en sê: Net soos jy die hele beloop van die geveg aan die koning klaar vertel het - 2Sa 11:20 as dan die woede van die koning opkom en hy vir jou sê: Waarom het julle so naby die stad gekom om te veg? Het julle dan nie geweet dat hulle bo van die muur af sou skiet nie? 2Sa 11:21 Wie het Abiméleg, die seun van Jerubbéset, verslaan? Het nie 'n vrou bo van die muur af 'n boonste meulsteen op hom gegooi, sodat hy in Tebes gesterf het nie? Waarom het julle so naby die muur gekom? - dan moet jy sê: U dienaar UriJaH, die Hetiet, is ook dood! 2Sa 11:22 En die boodskapper het gegaan en aangekom en aan Dawid alles vertel wat JôWab hom opgedra het. 2Sa 11:23 Die boodskapper het naamlik aan Dawid gesê: Die manne was vir ons te sterk en het teen ons uitgetrek die veld in, maar ons het hulle teruggedruk tot by die ingang van die poort. 2Sa 11:24 Toe het die boogskutters bo van die muur af op u dienaars geskiet, sodat daar van die koning se dienaars gesterf het, en u dienaar UriJaH, die Hetiet, is ook dood. 2Sa 11:25 Daarop het Dawid aan die boodskapper gesê: So moet jy aan JôWab sê: Laat hierdie saak nie so verkeerd wees in jou oë nie, want die swaard verteer die een sowel as die ander; veg net dapper teen die stad en verwoes haar. So moet jy hom moed inpraat. 2Sa 11:26 Toe die vrou van UriJaH hoor dat haar man UriJaH dood was, het sy gerouklaag oor haar eggenoot. 2Sa 11:27 Nadat die routyd verby was, het Dawid gestuur en haar in sy huis opgeneem; en sy het sy vrou geword en vir hom 'n seun gebaar. Maar die ding wat Dawid gedoen het, was verkeerd in die Oë van JaHWeH. //Berou en straf van Dawid. 2Sa 12:1 DAAROM het JaHWeH Natan na Dawid gestuur. Toe hy by hom inkom, sê hy vir hom: Daar was twee manne in 'n sekere stad, die een was ryk en die ander arm. 2Sa 12:2 Die ryke het 'n groot menigte kleinvee en beeste gehad, 2Sa 12:3 maar die arme het glad niks gehad nie, behalwe een klein ooilammetjie wat hy gekoop en in die lewe gehou het, en wat by hom en saam met sy kinders groot geword het; sy het van sy stukkie brood geëet en uit sy beker gedrink en in sy skoot geslaap, en sy was vir hom soos 'n dogter. 2Sa 12:4 En toe daar 'n reisiger kom by die ryk man, het hy van sy kleinvee en beeste gespaar om vir die reisiger wat by hom gekom het, iets voor te berei; maar hy het die ooilam van die arm man geneem en haar voorberei vir die man wat by hom gekom het. 2Sa 12:5 En Dawid het baie kwaad geword vir die man en aan Natan gesê: So waar as JaHWeH leef, die man wat dit gedoen het, moet sterwe! 2Sa 12:6 En die ooilam moet hy viervoudig teruggee, omdat hy hierdie ding gedoen het en geen ontferming geken het nie. 2Sa 12:7 Toe sê Natan vir Dawid: U is die man! So sê JaHWeH, die Elohey van JisraEl: Ék het jou as koning gesalf oor JisraEl, en Ék het jou gered uit die hand van Saul; 2Sa 12:8 en Ek het die huis van jou meester aan jou gegee, en die vroue van jou meester in jou skoot, en Ek het die huis van JisraEl en JeHûWdah aan jou gegee; en as dit te min was, sou Ek aan jou nog meer sulke dinge daarby wil voeg. 2Sa 12:9 Waarom het jy die Woord van JaHWeH verag deur te doen wat verkeerd is in Sy Oë? UriJaH, die Hetiet, het jy met die swaard verslaan, en sy vrou het jy vir jou as vrou geneem, nadat jy hom deur die swaard van die kinders van Ammon vermoor het. 2Sa 12:10 En nou sal die swaard vir ewig van jou huis nie wyk nie, omrede dat jy My verag het en die vrou van UriJaH, die Hetiet, geneem het om jou vrou te wees. 2Sa 12:11 So sê JaHWeH: Kyk, Ek sal uit jou huis ellende oor jou verwek, en jou vroue voor jou oë neem en aan jou broeder gee, sodat hy by jou vroue sal slaap voor die oog van hierdie son. 2Sa 12:12 Want jy het dit in die geheim gedoen, maar Ek sal hierdie ding doen voor die hele JisraEl en in die volle sonlig. 2Sa 12:13 En Dawid sê vir Natan: Ek het oortree teen JaHWeH! En Natan sê vir Dawid: So het JaHWeH dan ook u oortreding vergewe: u sal nie sterf nie. 2Sa 12:14 Maar omdat u die vyande van JaHWeH deur hierdie saak aanleiding gegee het om grootliks te laster, sal die kind wat vir u gebore is, ook sekerlik sterwe. 2Sa 12:15 Toe gaan Natan na sy huis. En JaHWeH het die kind wat die vrou van UriJaH vir Dawid gebaar het, getref, sodat hy ernstig siek geword het. 2Sa 12:16 En Dawid het [die Aangesig van] Elohim gesoek vir die kind, en Dawid het 'n tyd lank gevas en na binne gegaan en die hele nag deur op die Aarde gelê. 2Sa 12:17 Daarop kom die oudstes van sy huis na hom en wou hom van die Aarde laat opstaan, maar hy wou nie; ook het hy geen brood saam met hulle geëet nie. 2Sa 12:18 En op die sewende dag het die kind gesterwe; en die dienaars van Dawid was bevrees om hom te vertel dat die kind dood was, want hulle het gesê: Kyk, toe die kind nog in die lewe was, het ons met hom gespreek, maar hy het nie na ons geluister nie. Hoe kan ons dan vir hom sê: Die kind is dood! - hy kan 'n verkeerde ding doen. 2Sa 12:19 Maar toe Dawid sien dat sy dienaars onder mekaar fluister, het Dawid gemerk dat die kind dood was. En Dawid sê aan sy dienaars: Is die kind dood? En hulle antwoord: Hy is dood. 2Sa 12:20 Toe het Dawid van die Aarde op-gestaan en hom gewas en gesalf en ander klere aangetrek en in die Huis van JaHWeH gegaan en neergebuig. Daarop het hy in sy huis gekom en gevra dat hulle brood aan hom moet voorsit; en hy het geëet. 2Sa 12:21 Toe vra sy dienaars hom: Wat is dit vir 'n ding wat u gedoen het? Ter wille van die lewende kind het u gevas en geween, maar net toe die kind dood was, het u opgestaan en brood geëet. 2Sa 12:22 En hy sê: Toe die kind nog in die lewe was, het ek gevas en geween, want ek het gedink: Wie weet - JaHWeH kan my barmhartig wees, sodat die kind in die lewe bly. 2Sa 12:23 Maar nou is hy dood - waarom sou ek dan vas? Sal ek hom nog kan terugbring? Ek gaan na hom, maar hy sal na my nie terugkeer nie. 2Sa 12:24 Daarna het Dawid sy vrou Bátseba getroos en by haar ingegaan en by haar geslaap. En sy het 'n seun gebaar, en hy het hom Salomo genoem. En JaHWeH het hom liefgehad, 2Sa 12:25 en Hy het hom deur Natan, die profeet, JedidJaH laat noem, ter wille van JaHWeH. 2Sa 12:26 En JôWab het teen Rabbah van die kinders van Ammon geveg en die koningstad ingeneem. 2Sa 12:27 Daarop stuur JôWab boodskappers na Dawid om te sê: Ek het teen Rabbah geveg, ook het ek die waterstad ingeneem. 2Sa 12:28 Maak u dan nou die orige manskappe bymekaar en beleër die stad en neem haar in, sodat ék nie die stad inneem en my naam oor haar uitgeroep word nie. 2Sa 12:29 Toe maak Dawid al die manskappe bymekaar, en hy het weggetrek na Rabbah, in haar geveg en haar ingeneem. 2Sa 12:30 En hy het die kroon van hulle koning van sy hoof afgeneem, waarvan haar gewig 'n talent goud was, met 'n kosbare steen [daarin], en sy het op die hoof van Dawid gekom; en 'n baie groot buit van die stad het hy uitgebring. 2Sa 12:31 En die volk wat in haar was, het hy uitgebring en hy het hulle aan die werk gesit by die saag en by ysterpenne en ysterbyle, en hulle laat oorbring na die steenoonde; en so het hy met al die stede van die kinders van Ammon gedoen. Toe het Dawid met al die manskappe na Jerusalem teruggegaan. //Bloedskande van Amnon. Sy dood. 2Sa 13:1 EN daarna het dit gebeur. Absalom, die seun van Dawid, het naamlik 'n mooi suster gehad en haar naam [was] Tamar, en Amnon, die seun van Dawid, en hy het haar liefgehad. 2Sa 13:2 En Amnon het dit hom so aangetrek, dat hy siek was oor sy suster Tamar; want sy was 'n maagd, en dit was in Amnon se oë onmoontlik om haar iets aan te doen. 2Sa 13:3 Maar Amnon het 'n vriend gehad, met die naam van JôWnadab, 'n seun van Dawid se broer Símea; en JôWnadab was 'n baie skrander man. 2Sa 13:4 En dié vra hom: Waarom lyk jy môre vir môre so bedruk, seun van die koning? Sal jy my dit nie te kenne gee nie? Toe sê Amnon vir hom: Ek is verlief op Tamar, die suster van my broer Absalom. 2Sa 13:5 Toe sê JeHôWnadab vir hom: Gaan lê op jou bed en hou jou siek. As jou vader dan kom om jou te sien, moet jy vir hom sê: Laat my suster Tamar tog kom en my brood gee om te eet en die ete voor my oë klaarmaak, dat ek dit kan sien en uit haar hand eet. 2Sa 13:6 En Amnon het gaan lê en hom siek gehou. Toe die koning kom om hom te sien, sê Amnon aan die koning: Laat my suster Tamar tog kom en voor my oë twee koekies maak, dat ek uit haar hand kan eet. 2Sa 13:7 Daarop het Dawid na Tamar in die huis gestuur en gesê: Gaan tog in die huis van jou broer Amnon en maak vir hom ete klaar. 2Sa 13:8 Toe gaan Tamar in die huis van haar broer Amnon terwyl hy daar lê, en sy het deeg geneem en geknie en gebak voor sy oë totdat die koekies gaar was. 2Sa 13:9 En sy het die pan geneem en dit voor hom omgekeer, maar hy het geweier om te eet. En Amnon het gesê: Laat almal van my weggaan! En almal het van hom weggegaan. 2Sa 13:10 Toe sê Amnon aan Tamar: Bring die ete in die slaapkamer, dat ek uit jou hand kan eet. En Tamar het die koekies wat sy gemaak het, geneem en vir haar broer Amnon in die slaapkamer gebring. 2Sa 13:11 Terwyl sy dit nader bring na hom om te eet, het hy na haar gegryp en vir haar gesê: Kom lê by my, my suster! 2Sa 13:12 Maar sy sê vir hom: Asseblief nie, my broer, onteer my nie, want so iets mag in JisraEl nie gedoen word nie; moenie so 'n skande begaan nie. 2Sa 13:13 Waar sou ék tog met my skande heen, en jy sou soos een van die dwase in JisraEl wees; spreek dan tog nou met die koning, want hy sal my nie van jou terughou nie. 2Sa 13:14 Maar hy wou nie na haar luister nie en het haar oorweldig en haar onteer en met haar gemeenskap gehad. 2Sa 13:15 Toe het Amnon 'n baie groot afkeer van haar gekry, ja, die afkeer wat hy van haar gekry het, was groter as die liefde waarmee hy haar liefgehad het; en Amnon sê vir haar: Staan op, gaan weg! 2Sa 13:16 Maar sy sê vir hom: Aangaande die kwaad om my weg te stuur, dit is groter as die ander wat jy my aangedoen het. Maar hy wou nie na haar luister nie. 2Sa 13:17 Daarop roep hy sy kneg wat hom bedien, en sê: Stuur hierdie [vrou] tog van my af weg buitentoe, en sluit die deur agter haar toe. 2Sa 13:18 En sy het 'n lang rok met moue aangehad, want sulke mantels het die koninklike dogters wat maagde was, gedra. Toe sy bediende haar buitentoe uitgebring en die deur agter haar toegesluit het, 2Sa 13:19 het Tamar as op haar hoof gestrooi en daardie lang rok met moue geskeur; daarby het sy haar hand op haar hoof gelê en aldeur geloop en weeklaag. 2Sa 13:20 En haar broer Absalom sê vir haar: Was jou broer Amnon by jou? Swyg dan nou, my suster! Hy is jou broer, sit jou hart nie op hierdie saak nie. So het Tamar dan as 'n verlatene in die huis van haar broer Absalom gebly. 2Sa 13:21 Toe koning Dawid al hierdie dinge hoor, het hy baie kwaad geword. 2Sa 13:22 Maar Absalom het met Amnon geen kwaad of goed gepraat nie, maar Absalom het Amnon gehaat, omdat hy sy suster Tamar onteer het. 2Sa 13:23 En ná twee volle jare het Absalom skeerders gehad in Baäl-Hasor wat by Efraim is, en Absalom het al die seuns van die koning genooi. 2Sa 13:24 Daarop kom Absalom by die koning en sê: Kyk tog, u dienaar het skeerders. Laat die koning en sy dienaars tog met u dienaar saamgaan. 2Sa 13:25 Maar die koning sê vir Absalom: Ag nee, my seun, laat ons tog nie almal saamgaan nie, sodat ons jou nie lastig val nie. En hy het by hom aangehou, maar hy wou nie gaan nie en het hom die afskeidseën gegee. 2Sa 13:26 Daarop sê Absalom: So nie, laat my broer Amnon tog saam met ons gaan. Maar die koning sê vir hom: Waarom moet hy met jou saamgaan? 2Sa 13:27 Toe Absalom dan by hom aanhou, het hy Amnon en al die seuns van die koning met hom saam laat gaan. 2Sa 13:28 En Absalom het sy dienaars bevel gegee en gesê: Let tog op, net soos Amnon se hart vrolik is van die wyn en ek vir julle sê: Slaan Amnon dood! dan moet julle hom doodmaak. Wees nie bevrees nie; het ék julle dit nie beveel nie? Wees sterk en wees wakker manne. 2Sa 13:29 En die dienaars van Absalom het met Amnon gedoen soos Absalom hulle beveel het. Toe het al die seuns van die koning opgestaan, en hulle het elkeen op sy muil geklim en gevlug. 2Sa 13:30 Terwyl hulle op pad was, kom die gerug by Dawid: Absalom het al die seuns van die koning doodgeslaan en nie een van hulle het oorgebly nie. 2Sa 13:31 Toe staan die koning op en skeur sy klere en gaan lê op die Aarde, terwyl al sy dienaars met geskeurde klere daarby staan. 2Sa 13:32 Maar JôWnadab, die seun van Dawid se broer Símea, het geantwoord en gesê: My meester moet nie dink dat hulle al die jongmanne, die seuns van die koning, gedood het nie, maar Amnon alleen is dood, want dit was aan die gesig van Absalom te sien van die dag af dat hy sy suster Tamar onteer het. 2Sa 13:33 My meester die koning moet dit dan nou nie ter harte neem en dink al die seuns van die koning is dood nie. Maar Amnon alleen is dood. 2Sa 13:34 En Absalom het gevlug. Toe die jongman wat op wag staan, sy oë opslaan, sien hy dat daar 'n groot skare kom van 'n pad agter hom, aan die kant van die berg. 2Sa 13:35 En JôWnadab sê aan die koning: Kyk, daar kom die seuns van die koning; volgens die woord van u dienaar, so het dit gebeur. 2Sa 13:36 En net toe hy klaar gespreek het - daar kom die seuns van die koning aan en verhef hulle stem en ween. En ook die koning en al sy dienaars het geween met 'n baie groot geween. 2Sa 13:37 Maar Absalom het gevlug en na Tálmai, die seun van Ammíhur, die koning van Gesur, gegaan. En [Dawid] het al die dae gerou oor sy seun. 2Sa 13:38 En Absalom het gevlug en na Gesur gegaan, en hy was daar drie jaar lank. 2Sa 13:39 En [die gees] van koning Dawid het baie verlang om na Absalom uit te gaan, want hy het homself getroos oor Amnon, dat hy dood was. //Absalom word na Jerusalem teruggeroep. 2Sa 14:1 TOE JôWab, die seun van Serúja, merk dat die hart van die koning aan Absalom verkleef was, 2Sa 14:2 het JôWab na Tekóa gestuur en daarvandaan 'n skrander vrou laat haal en aan haar gesê: Stel jou tog aan soos een wat treur, en trek rouklere aan; en salf jou nie met olie nie, maar hou jou soos 'n vrou wat al baie dae rou oor 'n dode. 2Sa 14:3 Gaan dan na die koning en spreek met hom volgens hierdie woord. En JôWab het die woorde in haar mond gelê. 2Sa 14:4 En die vrou uit Tekóa het by die koning ingekom en op haar aangesig op die Aarde geval en gebuig en gesê: Help, o koning! 2Sa 14:5 Toe vra die koning haar: Wat wil jy hê? En sy sê: Voorwaar, ek is 'n weduwee en my man is dood. 2Sa 14:6 En u dienares het twee seuns gehad, en hulle twee het met mekaar geveg in die veld; en daar was niemand om hulle uitmekaar te maak nie, sodat die een die ander neergeslaan en hom gedood het. 2Sa 14:7 En kyk, toe staan die hele familie op teen u dienares, en hulle sê: Gee hom wat sy broer doodgeslaan het, dat ons hom kan doodmaak vir die siel van sy broer wat hy vermoor het, ja, ook die erfgenaam kan verdelg. So wil hulle dan my vuurkool wat oorgebly het, uitdoof om vir my man geen naam of oorblyfsel op die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde] te laat bly nie. 2Sa 14:8 En die koning antwoord die vrou: Gaan na jou huis, en ek sal oor jou bevel gee. 2Sa 14:9 Daarop sê die vrou uit Tekóa aan die koning: Op my, my meester die koning, en op my familie sal die skuld rus, maar die koning en sy troon is onskuldig. 2Sa 14:10 En die koning antwoord: Elkeen wat met jou spreek, moet jy na my bring, dan sal hy jou verder nie meer aanraak nie. 2Sa 14:11 En sy sê: Laat die koning tog dink aan JaHWeH jou Elohey, sodat die losser van die bloed nie te veel vernieling aanrig en hulle my seun nie verdelg nie. Toe sê hy: So waar as JaHWeH leef, nie een haar van jou seun sal op die Aarde val nie! 2Sa 14:12 En die vrou vra: Laat u dienares tog 'n woord met my meester die koning spreek. En hy antwoord: Spreek. 2Sa 14:13 Toe sê die vrou: Waarom het u dan so iets bedink teen die volk van Elohim? Want daardeur dat die koning hierdie woord spreek, is hy soos 'n skuldige deurdat die koning sy eie verstotene nie laat terugkom nie. 2Sa 14:14 Want ons moet eenmaal sterwe en soos water wees wat uitgegooi word op die Aarde, wat 'n mens nie weer kan versamel nie; en Elohim neem die siel nie weg nie, maar Hy koester gedagtes om 'n verstotene nie van Hom af te stoot nie. 2Sa 14:15 Dat ék dan nou kom om hierdie woord met my meester die koning te spreek, was omdat die volk my bevrees gemaak het. Maar u dienares het gedink: Laat ek tog met die koning gaan spreek; miskien sal die koning die wens van u dienares uitvoer. 2Sa 14:16 Want die koning sal seker luister om sy dienares te red uit die handpalm van die man wat [probeer] om my en my seun saam uit die Erfdeel van Elohim uit te roei. 2Sa 14:17 Verder het u dienares gedink: Mag tog die woord van my meester die koning tot gerusstelling wees. Want soos 'n Boodskapper van die Elohim, so is my meester die koning om suiwer en besoedel te verstaan. En mag JaHWeH jou Elohey met jou wees! 2Sa 14:18 Toe antwoord die koning die vrou en sê: Steek tog vir my niks weg wat ek jou sal vra nie. En die vrou sê: Laat my meester, die koning, maar spreek. 2Sa 14:19 Daarop vra die koning: Het JôWab die hand in dit alles met jou saam? En die vrou antwoord en sê: So waar as u siel leef, my meester, die koning, dit is onmoontlik om regs of links af te wyk van alles wat my meester, die koning gespreek het; ja, u dienaar JôWab, hy het my bevel gegee, en hy het al hierdie woorde in u dienares sê mond gelê. 2Sa 14:20 Om die saak 'n ander voorkoms te gee, het u dienaar JôWab hierdie ding gedoen. Maar my meester is wys soos die Wysheid van 'n Boodskapper van die Elohim om alles te weet wat op die Aarde gebeur. 2Sa 14:21 En die koning sê vir JôWab: Nou kyk, ek voer hierdie wens uit. Gaan dan heen, bring die jongman Absalom terug. 2Sa 14:22 Daarop val JôWab op sy aangesig op die Aarde en hy buig hom neer en seën die koning. En JôWab sê: Vandag weet u dienaar dat ek guns in u oë gevind het, my meester die koning, omdat die koning die wens van sy dienaar uitvoer. 2Sa 14:23 En JôWab het hom klaargemaak en na Gesur gegaan en Absalom na Jerusalem gebring. 2Sa 14:24 En die koning het gesê: Hy kan in sy huis intrek, maar my aangesig mag hy nie sien nie. En Absalom het in sy huis ingetrek, maar die aangesig van die koning nie gesien nie. 2Sa 14:25 En in die hele JisraEl was daar geen man so mooi soos Absalom, so geprys nie: van sy voetsool af tot sy kroontjie toe was daar geen gebrek aan hom nie. 2Sa 14:26 En as hy sy hoof laat skeer - hy het dit naamlik aan die end van elke jaar laat skeer, omdat dit vir hom te swaar was, daarom het hy dit laat skeer - dan het die hare van sy hoof tweehonderd sikkels geweeg volgens die koninklike gewig. 2Sa 14:27 En vir Absalom is drie seuns gebore en een dogter en haar naam [was] Tamar, 'n vrou wat mooi van aansien was. 2Sa 14:28 En Absalom het twee volle jare in Jerusalem gewoon sonder dat hy die aangesig van die koning gesien het. 2Sa 14:29 Daarom het Absalom JôWab laat roep, om hom na die koning te stuur, maar hy wou nie na hom kom nie; en hy het nog vir die tweede keer gestuur, maar hy wou nie kom nie. 2Sa 14:30 Daarop sê hy aan sy dienaars: Kyk, JôWab se stuk Aarde is langsaan myne, en hy het gars daarop; gaan steek dit aan die brand. En Absalom se dienaars het die stuk Aarde aan die brand gesteek. 2Sa 14:31 Toe staan JôWab op en kom by Absalom in die huis en vra hom: Waarom het jou dienaars die stuk Aarde wat aan my behoort, aan die brand gesteek? 2Sa 14:32 En Absalom sê vir JôWab: Kyk, ek het na jou gestuur om te sê: Kom hierheen, dat ek jou na die koning kan stuur om te vra: Waarvoor het ek van Gesur af gekom? Dit was vir my beter as ek nog daar was. Ek wil dan nou die aangesig van die koning sien, en as daar by my skuld is, laat hy my dan doodmaak. 2Sa 14:33 Toe het JôWab na die koning gegaan en hom dit meegedeel. En hy het Absalom geroep, en dié het na die koning gegaan en voor die aangesig van hom gebuig met sy aangesig na die Aarde toe, voor die koning; en die koning het Absalom gesoen. //Opstand van Absalom. Vlug van Dawid. 2Sa 15:1 EN daarna het Absalom vir hom 'n wa en perde aangeskaf en vyftig man om voor hom uit te loop. 2Sa 15:2 Verder het Absalom gereeld vroeg opgestaan en langs die pad na die poort gaan staan; en Absalom het elkeen wat 'n saak gehad het om na die koning te kom vir Regspraak, aangeroep en gesê: Uit watter stad is jy? As hy dan antwoord: U dienaar is uit een van die stamme van JisraEl - 2Sa 15:3 dan sê Absalom vir hom: Kyk, jou saak is suiwer en reg, maar van die koning se kant sal niemand jou gehoor gee nie. 2Sa 15:4 Verder het Absalom gesê: Mag hulle my as regter in die Aarde aanstel, dat elkeen wat 'n geskil of regsaak het, na my kan kom; dan sal ék aan hom Reg laat geskied. 2Sa 15:5 En elke keer as iemand nader kom om voor hom te buig, steek hy sy hand uit en gryp hom en soen hom. 2Sa 15:6 Op dié manier het Absalom met al die JisraEliete gehandel wat vir Regspraak na die koning kom, sodat Absalom die hart van die manne van JisraEl gesteel het. 2Sa 15:7 En ná verloop van vier jaar het Absalom aan die koning gesê: Laat my tog gaan en my Gelofte wat ek aan JaHWeH gedoen het, in Hebron betaal; 2Sa 15:8 want u dienaar het 'n Gelofte gedoen toe ek in Gesur in Aram gewoon het, en gesê: As JaHWeH my werklik in Jerusalem terugbring, sal ek JaHWeH dien. 2Sa 15:9 Toe sê die koning vir hom: Gaan in vrede! En hy het hom klaargemaak en na Hebron gegaan. 2Sa 15:10 Verder het Absalom spioene uitgestuur onder al die stamme van JisraEl om te sê: As julle die geluid van die ramshoring hoor, moet julle sê: Absalom is koning in Hebron! 2Sa 15:11 En uit Jerusalem het tweehonderd man met Absalom saamgetrek wat genooi was en in hulle onskuld gegaan het sonder dat hulle van die hele saak iets geweet het. 2Sa 15:12 Absalom het ook, terwyl hy die slagdiere slag, Agitófel, die Giloniet, 'n raadgewer van Dawid, uit sy stad, uit Gilo, laat roep. So het dan die sameswering sterk geword en die stamme aldeur meer by Absalom aangesluit. 2Sa 15:13 Toe daar dan 'n boodskapper by Dawid kom en sê: Die hart van die manne van JisraEl is agter Absalom aan - 2Sa 15:14 het Dawid aan al sy dienaars wat by hom in Jerusalem was, gesê: Maak klaar en laat ons vlug, want daar sal vir ons geen ontkoming wees voor Absalom uit nie! Maak gou om weg te kom, sodat hy ons nie miskien gou inhaal en ellende oor ons bring en die stad met die skerpte van die swaard verslaan nie. 2Sa 15:15 En die dienaars van die koning sê vir die koning: Net soos my meester, die koning verkies - hier is u dienaars! 2Sa 15:16 En die koning het uitgegaan met sy hele huis agter hom aan, maar die koning het tien byvroue agter laat bly om die huis op te pas. 2Sa 15:17 En toe die koning met al die mense agter hom aan uitgetrek het, het hulle bly staan by die verste huis, 2Sa 15:18 onderwyl al sy dienaars langs hom verbytrek, ook al die Kreti en al die Pleti. Ook al die Gittiete, seshonderd man wat uit Gat agter hom aan gekom het, het voor die koning verbygetrek. 2Sa 15:19 En die koning sê vir Ittai, die Gittiet: Waarvoor sou jy ook met ons saamgaan? Draai om en bly by die koning, want jy is 'n uitlander en ook 'n balling uit jou woonplek. 2Sa 15:20 Jy het gister gekom, en vandag sou ek jou laat rondswerwe om met ons saam te trek terwyl ek wie weet waarheen gaan! Draai om, en bring jou broers terug. Mag Medelye en Waarheid met jou wees! 2Sa 15:21 Maar Ittai het die koning geantwoord en gesê: So waar as JaHWeH leef en my meester, die koning leef, voorwaar, op die plek waar my meester die koning sal wees vir dood of vir lewe, daar sal u dienaar sekerlik ook wees! 2Sa 15:22 Toe sê Dawid vir Ittai: Gaan, trek dan verby! En Ittai, die Gittiet, het verbygetrek met al sy manne en al die kinders wat by hom was. 2Sa 15:23 En die hele Aarde het hardop gehuil terwyl al die mense verbytrek; en die koning het deur die spruit Kidron getrek; en al die mense het deurgetrek op pad na die wildernis. 2Sa 15:24 En kyk, Sadok was ook daar, en al die Leviete by hom wat die Verbondsark van die Elohim dra, en hulle het die Ark van die Elohim neergesit - Abjatar het ook opgetrek - totdat al die mense uit die stad tot die laaste toe deurgetrek het. 2Sa 15:25 Toe sê die koning vir Sadok: Bring die Ark van die Elohim terug in die Stad. As ek Barmhartigheid vind in die Oë van JaHWeH, sal Hy my terugbring, en Hy sal my haar en Sy woning laat sien. 2Sa 15:26 Maar as Hy so sê: Ek het in jou geen behae nie - hier is ek! Laat Hy met my doen soos goed is in Sy Oë. 2Sa 15:27 Verder het die koning aan die priester Sadok gesê: U is tog siener? Gaan in vrede na die stad terug, en julle twee seuns, Ahímaäs, jou seun, en JeHôWnathan, die seun van Abjatar, met julle saam. 2Sa 15:28 Kyk, ek vertoef by die woestyndriwwe totdat daar 'n woord van julle kom om my in te lig. 2Sa 15:29 En Sadok en Abjatar het die Ark van die Elohim teruggebring na Jerusalem en daar gebly. 2Sa 15:30 En Dawid het die hoogte van die olywe opgeklim, terwyl hy aldeur loop en ween; en sy hoof was bedek, en hy het kaalvoet geloop; en al die mense wat by hom was, hulle het elkeen sy hoof bedek en opgegaan en aldeur geween. 2Sa 15:31 Nadat aan Dawid meegedeel is: Agitófel is onder die samesweerders met Absalom saam, het Dawid gesê: o JaHWeH, verydel tog die raad van Agitófel! 2Sa 15:32 En toe Dawid tot bo-op die top kom, en hy neergebuig het tot Elohim, het Húsai die Arkiet hom met geskeurde kleed en Adamah[adamiet se Aarde] op sy hoof daar ontmoet. 2Sa 15:33 En Dawid sê vir hom: As jy saam met my verder gaan, sal jy vir my 'n las wees. 2Sa 15:34 Maar as jy teruggaan na die stad en vir Absalom sê: U dienaar, o koning, wil ek wees; tevore was ek wel u vader se dienaar, maar nou is ek u dienaar - dan kan jy vir my die raad van Agitófel verydel. 2Sa 15:35 En is die priesters Sadok en Abjatar nie daar saam met jou nie: Alles wat jy dan hoor uit die huis van die koning, moet jy aan Sadok en Abjatar, die priesters, te kenne gee. 2Sa 15:36 Kyk, hulle twee seuns is daar by hulle, Ahímaäs van Sadok en JeHôWnathan van Abjatar, en deur hulle moet julle alles wat julle verneem, aan my laat weet. 2Sa 15:37 Daarop het Húsai, die vriend van Dawid, in die stad gekom, terwyl Absalom aankom na Jerusalem. 2Sa 16:1 NADAT Dawid van die top af 'n entjie verder getrek het, kom Siba, die dienaar van Mefibóset, meteens hom tegemoet met 'n paar opgesaalde esels en op hulle tweehonderd brode en honderd rosynekoeke en honderd somervrugte en 'n sak wyn. 2Sa 16:2 En die koning het Siba gevra: Wat wil jy hiermee maak? En Siba sê: Die esels is vir die huis van die koning om op te ry, en die brood en die somervrugte vir die dienaars om te eet, en die wyn vir die vermoeides in die wildernis om te drink. 2Sa 16:3 En die koning vra: Maar waar is die seun van jou meester? En Siba sê vir die koning: Kyk, hy het daar in Jerusalem gebly, want hy dink: Vandag sal die huis van JisraEl my vader se koningskap aan my teruggee. 2Sa 16:4 Daarop sê die koning vir Siba: Kyk, alles wat aan Mefibóset behoort, is joune. En Siba sê: Ek buig my neer! Mag ek guns vind in u oë, my meester die koning! 2Sa 16:5 En toe koning Dawid tot by Bahúrim gekom het, kom daarvandaan juis 'n man te voorskyn uit die familie van die huis van Saul met die naam van Símeï, die seun van Gera; hy het uitgekom en gedurigdeur gevloek 2Sa 16:6 en Dawid en al die dienaars van koning Dawid met klippe gegooi, alhoewel al die mense en al die dapperes aan sy regter- en aan sy linkerkant was. 2Sa 16:7 En dit het Símeï gesê terwyl hy vloek: Weg, weg, jou bloedvergieter en man van Belijaal! 2Sa 16:8 JaHWeH het al die bloed van die huis van Saul, in wie se plek jy koning geword het, op jou laat neerkom; en JaHWeH het die koningskap in die hand van jou seun Absalom gegee, en hier is jy nou in benoudheid, omdat jy 'n bloedvergieter is. 2Sa 16:9 Toe vra Abísai, die seun van Serúja, vir die koning: Waarom moet hierdie dooie hond my meester, die koning vloek? Laat ek tog oorstap en sy kop afslaan! 2Sa 16:10 Maar die koning sê: Wat het ek met julle te doen, seuns van Serúja? As hy vloek, en as JaHWeH aan hom gesê het: Vloek Dawid! wie mag dan vra: Waarom maak jy so? 2Sa 16:11 Verder het Dawid aan Abísai en al sy dienaars gesê: Kyk, my seun wat uit my liggaam voortgekom het, soek my siel: hoeveel te meer dan nou die Benjaminiet? Laat hom staan, dat hy vloek, want JaHWeH het hom dit beveel. 2Sa 16:12 Miskien sal JaHWeH my ellende aansien en sal JaHWeH my goed vergelde vir die vloek wat my vandag tref. 2Sa 16:13 Dawid en sy manne het toe met die pad getrek, terwyl Símeï al langs hom aan die kant van die berg gedurig loop en vloek, en al langs hom met klippe gooi en stof maak. 2Sa 16:14 En moeg het die koning en al die mense wat by hom was, [by die Jordaan] aangekom en daar asem geskep. //Die raad van Agitófel en dié van Húsai. 2Sa 16:15 INTUSSEN het Absalom en al die manskappe, die manne van JisraEl, in Jerusalem aangekom, en Agitófel was by hom. 2Sa 16:16 En net toe Húsai, die Arkiet, die vriend van Dawid, by Absalom kom, sê Húsai vir Absalom: Mag die koning leef, mag die koning leef! 2Sa 16:17 Maar Absalom vra vir Húsai: Is dit jou medelye teenoor jou vriend? Waarom het jy nie saam met jou vriend getrek nie? 2Sa 16:18 Toe sê Húsai vir Absalom: Nee, maar aan hom wat JaHWeH verkies, en hierdie volk en al die manne van JisraEl, aan hom behoort ek, en by hom sal ek bly. 2Sa 16:19 En ten tweede: Wie sal ék dien? Is dit nie voor die aangesig van sy seun nie? Soos ek voor die aangesig van u vader gedien het, so sal ek voor die aangesig van u wees. 2Sa 16:20 Daarop sê Absalom vir Agitófel: Julle moet raad gee onder mekaar wat ons moet doen. 2Sa 16:21 En Agitófel sê vir Absalom: Gaan in by die byvroue van u vader wat hy laat agter bly het om die huis op te pas. Dan sal die hele JisraEl hoor dat u u gehaat gemaak het by u vader, en die hande van almal wat by u is, sal versterk word. 2Sa 16:22 Hulle het toe vir Absalom 'n tent op die dak opgeslaan, en Absalom het voor die oë van die hele JisraEl by die byvroue van sy vader ingegaan. 2Sa 16:23 En die raad wat Agitófel in dié dae gegee het, was asof 'n mens die Woord van die Elohim geraadpleeg het. So was elke raad van Agitófel vir Dawid sowel as vir Absalom. 2Sa 17:1 VERDER het Agitófel vir Absalom gesê: Laat ek tog twaalfduisend man uitsoek en my klaarmaak en Dawid vannag agternajaag, 2Sa 17:2 dat ek hom kan oorval, terwyl hy moeg en slap van hande is, en hom verskrik; dan sal al die mense vlug wat by hom is, en ek sal net die koning neerslaan. 2Sa 17:3 En ek sal die hele volk na u terugbring: die terugkeer van almal hang af van die man wat u soek; die hele volk sal tevrede wees. 2Sa 17:4 En die woord was reg in die oë van Absalom en in die oë van al die oudstes van JisraEl. 2Sa 17:5 Maar Absalom het gesê: Roep tog ook Húsai, die Arkiet, en laat ons ook hoor wat hy sê. 2Sa 17:6 Toe Húsai by Absalom inkom, het Absalom met hom gespreek en gesê: So het Agitófel gespreek. Sal ons sy raad opvolg? So nie, spreek jy dan. 2Sa 17:7 En Húsai sê vir Absalom: Die raad wat Agitófel hierdie keer gegee het, is nie suiwer nie. 2Sa 17:8 Verder het Húsai gesê: U weet dat u vader en sy manne dapperes is en bitter van siel soos 'n beer wat van haar kleintjies beroof is in die veld; ook is u vader 'n krygsman, en hy sal nie by die volk vernag nie. 2Sa 17:9 Kyk, nou het hy hom weggesteek in een van die putte of in een van die ander plekke, en as daar al by die begin enkele onder hulle val en die mense dit hoor, sal hulle sê: Die manskappe wat Absalom volg, het 'n neerlaag gely! 2Sa 17:10 Dan sal selfs hy wat 'n dapper man is, wat 'n hart het soos 'n leeu se hart, heeltemal versmelt; want die hele JisraEl weet dat u vader 'n dappere is, en dat dapper manne by hom is. 2Sa 17:11 Maar ek raai aan: Laat die hele JisraEl van Dan tot Berséba, soos sand wat aan die seestrand is in menigte, voltallig by u versamel word; en u moet persoonlik in die stryd trek. 2Sa 17:12 En as ons by hom kom in een van die plekke waar hy hom bevind, dan val ons op hom neer soos dou op die Adamah[adamiet se Aarde] val, sodat daar van hom en van al die manne wat by hom is, selfs nie een oorbly nie. 2Sa 17:13 En as hy hom in 'n stad terugtrek, moet die hele JisraEl toue aanbring na daardie stad, en ons sal dit wegsleep na die spruit totdat daar selfs geen klippie meer te vinde is nie. 2Sa 17:14 Toe sê Absalom en al die manne van JisraEl: Die raad van Húsai, die Arkiet, is suiwerder as die raad van Agitófel. Maar JaHWeH het dit beskik om die suiwer raad van Agitófel te verydel, sodat JaHWeH die besoedeling oor Absalom kon bring. 2Sa 17:15 En Húsai het aan Sadok en Abjatar, die priesters, gesê: So en so het Agitófel Absalom en die oudstes van JisraEl aangeraai, maar so en so het ek aangeraai. 2Sa 17:16 Stuur dan nou gou, en laat Dawid weet: Vernag nie by die vlaktes van die wildernis nie, maar trek sekerlik deur; anders word die koning en al die mense wat by hom is, verslind. 2Sa 17:17 Intussen het JeHôWnathan en Ahímaäs by die fontein Rogel gestaan, terwyl 'n diensmeisie gaan om vir hulle berig te bring; hulle moes dan weer gaan en dit aan koning Dawid oorbring. Want hulle moes hulle nie laat sien deur in die stad in te gaan nie. 2Sa 17:18 Maar 'n seun het hulle gesien en dit aan Absalom meegedeel. Toe gaan hulle twee haastig weg en kom by die huis van 'n man in Bahúrim wat 'n put op sy erf gehad het, en hulle het daarin afgesak. 2Sa 17:19 En die vrou het 'n doek geneem en dit bo-oor die put oopgetrek en graankorrels daarop uitgestrooi, sodat 'n mens niks kon merk nie. 2Sa 17:20 Toe Absalom se dienaars by die vrou in die huis kom, vra hulle: Waar is Ahímaäs en JeHôWnathan? En die vrou sê vir hulle: Hulle het die watertjie deurgegaan. En hulle het gesoek maar niks gekry nie, en na Jerusalem teruggegaan. 2Sa 17:21 Nadat hulle weg was, het hulle uit die put opgeklim en verder gegaan en aan koning Dawid berig gebring en aan Dawid gesê: Maak julle klaar en trek gou die water deur, want so het Agitófel teen julle raad gegee. 2Sa 17:22 Daarop het Dawid hom klaargemaak, en al die mense wat by hom was, en die Jordaan deurgetrek. Toe dit teen die môre lig geword het, het selfs nie een ontbreek wat nie die Jordaan deurgetrek het nie. 2Sa 17:23 En toe Agitófel sien dat sy raad nie opgevolg is nie, saal hy die esel op en maak hom klaar, en hy het na sy huis in sy stad gegaan en aan sy huis bevel gegee en homself gewurg. So het hy dan gesterwe; en hy is begrawe in die graf van sy vader. //Nederlaag en dood van Absalom. 2Sa 17:24 EN Dawid het al in Mahanáim aangekom terwyl Absalom deur die Jordaan trek, hy en al die manne van JisraEl saam met hom. 2Sa 17:25 En Absalom het Amása in JôWab se plek oor die leër aangestel; en Amása was die seun van 'n man met die naam van Jitra, die Jismaeliet wat ingegaan het by Abígail, die dogter van Nahas, die suster van Serúja, JôWab se moeder. 2Sa 17:26 En JisraEl en Absalom het laer opgeslaan in die Aarde van Gílead. 2Sa 17:27 Net toe Dawid in Mahanáim aankom, bring Sobi, die seun van Nahas, uit Rabbah van die kinders van Ammon, en Magir, die seun van AmmiEl, uit Lódebar, en Barsíllai, die Gíleadiet, uit Rógelim, 2Sa 17:28 beddegoed en skottels en erdegoed en koring en gars en meel en gebraaide koring en bone en lensies, ook gebraai, 2Sa 17:29 en heuning en dikmelk en kleinvee en kaas van beesmelk na Dawid om te eet, en na die mense wat by hom was, want hulle het gesê: Die mense het honger en is moeg en het dors geword in die wildernis. 2Sa 18:1 EN Dawid het die manskappe gemonster wat by hom was, en owerstes oor duisend en owerstes oor honderd oor hulle aangestel. 2Sa 18:2 En Dawid het die manskappe uitgestuur: 'n derde deel onder bevel van JôWab, en 'n derde onder Abísai, die seun van Serúja, die broer van JôWab, en 'n derde onder Ittai, die Gittiet; en die koning het aan die manskappe gesê: Ek sal ook seker saam met julle uittrek. 2Sa 18:3 Maar die manskappe het gesê: U mag nie uittrek nie, want as ons miskien vlug, sal hulle nie op ons ag gee nie; ja, al sterwe die helfte van ons, hulle sal nie op ons ag gee nie, want u is soos tienduisend van ons. Dit is dan nou beter dat u ons van die stad uit te hulp kom. 2Sa 18:4 Toe sê die koning vir hulle: Wat goed is in julle oë, sal ek doen. En die koning het langs die poort gaan staan, terwyl al die manskappe by honderde en by duisende uittrek. 2Sa 18:5 En die koning het JôWab en Abísai en Ittai bevel gegee en gesê: Saggies met die jongman, met Absalom. En al die man-skappe het gehoor toe die koning aan al die owerstes bevel gee omtrent Absalom. 2Sa 18:6 Daarop trek die manskappe uit, die veld in om JisraEl te ontmoet; en die geveg het plaasgevind in die bos van Efraim. 2Sa 18:7 En die manskappe van JisraEl is daar voor die aangesig van die dienaars van Dawid verslaan, en die neerlaag was dié dag daar groot, twintigduisend. 2Sa 18:8 Maar die geveg is daar uitgebrei oor die aangesig van die hele Aarde, en die bos het daardie dag onder die mense meer verteer as wat die swaard verteer het. 2Sa 18:9 En die dienaars van Dawid het Absalom onverwags aangetref terwyl Absalom op 'n muil ry; en toe die muil onder die digte takke van 'n groot terpentynboom ingaan, het sy hoof in die terpentynboom vasgehaak, sodat hy tussen Hemele en Aarde bly hang het, terwyl die muil onder hom wegloop. 2Sa 18:10 Toe die man dit sien, het hy aan JôWab berig gebring en gesê: Kyk, ek het Absalom aan 'n terpentynboom sien hang. 2Sa 18:11 En JôWab sê vir die man wat hom die berig gebring het: En as jy dit gesien het, waarom het jy hom dan nie daar teen die Aarde neergeslaan nie? Dan moes ek jou tien silwerstukke en een gord gegee het. 2Sa 18:12 Maar die man sê vir JôWab: Al kon ek ook duisend silwerstukke op my hand-palms weeg, ek sou my hand tog nie uitsteek teen die seun van die koning nie; want die koning het u en Abísai en Ittai voor ons ore bevel gegee en gesê: Julle, wie dan ook, moet vir die jongman Absalom sorg. 2Sa 18:13 Of as ek vals teen sy siel gehandel het - niks tog bly vir die koning verborge nie - dan sou u opsy gestaan het. 2Sa 18:14 Toe sê JôWab: Ek wil nie so by jou vertoef nie! En hy het drie spiese in sy handpalms geneem en dié in die hart van Absalom gesteek, terwyl hy nog lewendig was binne-in die terpentynboom. 2Sa 18:15 En tien jongmanne, wapendraers van JôWab, het nader gekom en Absalom doodgeslaan. 2Sa 18:16 Daarop blaas JôWab op die ramshoring, en al die manskappe het omgedraai en JisraEl nie meer agtervolg nie, want JôWab het die manskappe teruggehou. 2Sa 18:17 Toe het hulle Absalom geneem en hom in die bos in 'n groot kuil gegooi en 'n baie groot hoop klippe bo-op hom gestapel, onderwyl die hele JisraEl elkeen na sy tent vlug. 2Sa 18:18 En Absalom het gedurende sy lewe die gedenksteen wat in die koningsdal staan, geneem en vir homself opgerig met die woorde: Ek het geen seun om my naam in gedagtenis te hou nie; en hy het die gedenksteen na sy naam genoem, en dit word tot vandag toe genoem die gedenkteken van Absalom. //Dawid rou oor Absalom. 2Sa 18:19 DAAROP sê Ahímaäs, die seun van Sadok: Laat my tog hardloop en aan die koning die goeie boodskap bring dat JaHWeH aan hom Reg verskaf het teenoor sy vyande. 2Sa 18:20 Maar JôWab sê vir hom: Jy is nie vandag 'n man vir 'n boodskap nie, maar anderdag kan jy 'n boodskap bring - vandag mag jy nie die boodskap bring nie juis omdat die seun van die koning dood is. 2Sa 18:21 Toe sê JôWab vir die Kuwshiet: Gaan vertel die koning wat jy gesien het! En die Kuwshiet het voor JôWab gebuig en gehardloop. 2Sa 18:22 Maar Ahímaäs, die seun van Sadok, het nog 'n keer aan JôWab gesê: Laat kom wat wil - laat my tog ook agter die Kuwshiet aan hardloop. En JôWab vra: Waarom wil jy dan nou hardloop, my seun? Vir jou is daar tog geen boodskappersloon te kry nie. 2Sa 18:23 Laat kom wat wil, [sê hy], ek hardloop. En hy antwoord hom: Hardloop! En Ahímaäs het met die pad na die [Jordaan] streek gehardloop en die Kuwshiet verbygegaan. 2Sa 18:24 En terwyl Dawid tussen die twee poortingange sit, het die wag op die dak van die poort op die muur geklim; en toe hy sy oë opslaan, sien hy meteens 'n man alleen hardloop. 2Sa 18:25 Toe het die wag uitgeroep en dit aan die koning meegedeel. En die koning sê: As hy alleen is; dan is daar 'n goeie boodskap in sy mond. Terwyl hy al nader en nader kom, 2Sa 18:26 sien die wag 'n ander man hardloop; en die wag het die poortwagter toegeroep en gesê: Kyk, daar hardloop [nog] 'n man alleen. Daarop sê die koning: Hy bring ook 'n goeie boodskap. 2Sa 18:27 Verder het die wag gesê: Ek sien die gang van die eerste is soos die gang van Ahímaäs, die seun van Sadok. Toe sê die koning: Hy is 'n goeie man, en hy kom met 'n goeie boodskap. 2Sa 18:28 En Ahímaäs het uitgeroep en aan die koning gesê: Vrede! En hy het hom voor die koning gebuig met sy aangesig na die Aarde en gesê: Geloofd sy JaHWeH u Elohey wat die manne oorgelewer het wat hulle hand teen my meester die koning opgetel het. 2Sa 18:29 Toe vra die koning: Gaan dit goed met die jongman, met Absalom? En Ahímaäs antwoord: Ek het 'n groot gewoel gesien toe JôWab die dienaar van die koning, naamlik u dienaar, gestuur het, maar ek het nie geweet wat dit was nie. 2Sa 18:30 Daarop sê die koning: Gaan opsy en kom hier staan. Toe hy dan opsy gaan en daar bly staan, 2Sa 18:31 kom die Kuwshiet juis aan; en die Kuwshiet sê: My meester, die koning moet die blye boodskap ontvang dat JaHWeH aan u vandag Reg verskaf het teenoor almal wat teen u opgestaan het. 2Sa 18:32 En die koning het die Kuwshiet gevra: Gaan dit goed met die jongman, met Absalom? En die Kuwshiet sê: Mag dit met die vyande van my meester, die koning en met almal wat teen u opstaan om boosheid te verrig, gaan soos met dié jongman! 2Sa 18:33 Toe het die koning baie ontroerd geword en opgeklim na die bo-vertrek van die poort en geween; en hy het rondgeloop en só gesê: My seun Absalom, my seun, my seun Absalom! Ag, as ek self maar in jou plek gesterf het! Absalom, my seun, my seun! 2Sa 19:1 EN aan JôWab is meegedeel: Kyk, die koning ween en bedryf rou oor Absalom. 2Sa 19:2 En daardie dag het die oorwinning vir die hele volk 'n roubedryf geword, omdat die volk dié dag hoor sê het: Die koning is bedroef oor sy seun. 2Sa 19:3 Daarom het die volk dié dag stilletjies die stad ingekom, net soos mense wat skaam is, wegsluip as hulle in die geveg gevlug het. 2Sa 19:4 En die koning het sy gesig toegemaak, en die koning het hardop uitgeroep: My seun Absalom! Absalom, my seun, my seun! 2Sa 19:5 Toe kom JôWab by die koning in die huis en sê: U het vandag die aangesig van al u dienaars beskaamd gemaak, wat vandag u siel en die siel van u seuns en dogters en die siel van u vroue en die siel van u byvroue gered het, 2Sa 19:6 deur lief te hê diegene wat u haat, en te haat diegene wat u liefhet; want u gee vandag te kenne dat owerstes en onderdane vir u niks is nie, want ek merk vandag dat, as Absalom lewendig en ons almal vandag dood was, dit dan in u oë reg sou gewees het. 2Sa 19:7 Staan dan nou op, gaan uit en spreek na die hart van u dienaars, want ek sweer by JaHWeH - as u nie uitgaan nie, sal sekerlik vannag geen man by u bly nie; en dit sal vir u slegter wees as al die rampe wat u al oorgekom het van u jeug af tot nou toe. 2Sa 19:8 En die koning het opgestaan en in die poort gaan sit; en hulle het die hele volk laat weet en gesê: Kyk, die koning sit in die poort. Daarna het die hele volk voor die aangesig van die koning gekom. Maar JisraEl het gevlug elkeen na sy tente toe. //Koning Dawid gaan terug na Jerusalem. 2Sa 19:9 EN die hele volk onder al die stamme van JisraEl het onder mekaar getwis en gesê: Die koning het ons verlos uit die handpalms van ons vyande, en hy het ons gered uit die handpalms van die Filistyne, en nou moes hy die Aarde uit vlug vir Absalom; 2Sa 19:10 en Absalom wat ons oor ons gesalf het, het in die geveg gesneuwel: waarom is julle dan nou nalatig om die koning terug te bring? 2Sa 19:11 Toe het koning Dawid gestuur na Sadok en Abjatar, die priesters, om te sê: Spreek met die oudstes van JeHûWdah en vra: Waarom sou julle die laastes wees om die koning terug te bring na sy huis? (Die gesegde van die hele JisraEl het naamlik die koning in sy huis bereik. 2Sa 19:12 Julle is my broers; my been en my vlees is julle: waarom sou julle dan die laastes wees om die koning terug te bring? 2Sa 19:13 En vir Amása moet julle sê: Is jy nie my been en my vlees nie? Mag Elohim so aan my doen en so daaraan toedoen as jy nie al die dae leërowerste voor my aangesig in die plek van JôWab sal wees nie! 2Sa 19:14 So het hy dan die hart van al die manne van JeHûWdah sonder uitsondering geneig, sodat hulle die koning laat weet het: Kom terug, u met al u dienaars. 2Sa 19:15 Daarop het die koning teruggegaan en by die Jordaan aangekom; en JeHûWdah het na Gilgal gekom om die koning tegemoet te gaan, om die koning oor die Jordaan te bring. 2Sa 19:16 En Símeï, die seun van Géra, die Benjaminiet, wat uit Bahúrim was, het hom gehaas en saam met die manne van JeHûWdah afgekom om koning Dawid te ontmoet, 2Sa 19:17 en duisend man uit Benjamin was saam met hom; verder Siba, die dienaar van Saul se huis, met sy vyftien seuns en sy twintig slawe saam met hom; en hulle het voor die aangesig van die koning, die Jordaan bereik. 2Sa 19:18 En die pont het heen en weer gevaar om die huis van die koning oor te bring en te doen wat goed was in sy oë. En Símeï, die seun van Géra, het voor die aangesig van die koning neergeval toe hy die Jordaan sou oortrek 2Sa 19:19 en aan die koning gesê: My meester moet my die straf nie toereken en daar nie aan dink hoe u dienaar verkeerd gehandel het op die dag dat my meester die koning uit Jerusalem uitgetrek het, deurdat die koning dit ter harte sou neem nie. 2Sa 19:20 Want u dienaar weet dat ék oortree het; maar soos u sien, vandag het ek die eerste van die hele huis van JôWsef afgekom om my meester, die koning tegemoet te gaan. 2Sa 19:21 Toe het Abísai, die seun van Serúja, geantwoord en gesê: Moet Símeï nie hieroor gedood word, dat hy die gesalfde van JaHWeH gevloek het nie? 2Sa 19:22 Maar Dawid sê: Wat het ek met julle te doen, seuns van Serúja, dat julle vandag my teëstanders word? Sou iemand vandag in JisraEl gedood word? Want weet ek dan nie dat ek vandag koning oor JisraEl is nie? 2Sa 19:23 Daarop sê die koning aan Símeï: Jy sal nie sterf nie. En die koning het vir hom gesweer. 2Sa 19:24 Mefibóset, die [klein]seun van Saul, het ook afgekom die koning tegemoet, en hy het sy voete nie skoongemaak en sy baard nie geskeer en sy klere nie gewas van die dag af dat die koning weggegaan het tot op die dag dat hy behoue teruggekom het nie; 2Sa 19:25 en toe hy in Jerusalem die koning tegemoetkom, sê die koning vir hom: Waarom het jy nie met my saamgetrek nie, Mefibóset? 2Sa 19:26 En hy antwoord: My meester, die koning, my dienaar het my bedrieg; want u dienaar het gedink: Ek wil vir my die esel laat opsaal, dat ek op haar kan ry en met die koning kan saamtrek, want u dienaar is lam. 2Sa 19:27 Hy het ewenwel u dienaar by my meester, die koning belaster, maar my meester, die koning is soos 'n Boodskapper van die Elohim: doen dan wat goed is in u oë. 2Sa 19:28 Want my hele familie was by my meester die koning niks anders as manne wat die Dood verdien nie; tog het u u dienaar opgeneem onder die wat aan u tafel eet: watter geregtigheid het ek dan nog meer om my verder op die koning te beroep? 2Sa 19:29 Toe sê die koning vir hom: Waarom nog meer woorde? Ek sê: Jy en Siba moet hierdie grond verdeel. 2Sa 19:30 En Mefibóset het die koning geantwoord: Hy kan ook alles neem nadat my meester, die koning behoue in sy huis gekom het. 2Sa 19:31 Barsíllai, die Gileadiet, het ook afgekom van Rógelim en met die koning oor die Jordaan getrek om hom oor die Jordaan weg te bring. 2Sa 19:32 En Barsíllai was baie oud, 'n man van tagtig jaar, en hy het die koning onderhou gedurende sy verblyf in Mahanáim, want hy was 'n baie vermoënde man. 2Sa 19:33 Toe sê die koning vir Barsíllai: Trek jy saam met my oor, dan sal ek jou by my in Jerusalem onderhou. 2Sa 19:34 Maar Barsíllai het die koning ge-antwoord: Hoeveel sal die dae van my lewensjare dan wees, dat ek saam met die koning moet opgaan na Jerusalem? 2Sa 19:35 Ek is vandag tagtig jaar oud. Kan ek tussen suiwer en besoedel onderskei? of sal u dienaar kan proe wat ek eet en wat ek drink? of sal ek nog kan aanhoor die stem van die sangers en die sangeresse? Waarom sal u dienaar my meester, die koning dan nog tot 'n las wees? 2Sa 19:36 U dienaar kan net 'n entjie saam met die koning trek oor die Jordaan. Waarom tog sou die koning hierdie vergelding aan my doen? 2Sa 19:37 Laat u dienaar tog maar omdraai, dat ek kan sterf in my stad by die graf van my vader en my moeder; maar hier is u dienaar Kimham. Laat hy saam met my meester, die koning oortrek, en doen aan hom wat goed is in u oë. 2Sa 19:38 En die koning sê: Kimham kan saam met my oortrek, dan sal ek aan hom doen wat goed is in jou oë, en alles wat jy verkies om aan my op te dra, sal ek vir jou doen. 2Sa 19:39 Toe trek die hele volk die Jordaan oor. En nadat die koning ook oorgetrek het, soen die koning Barsíllai en groet hom; en hy het na sy woonplek teruggegaan. 2Sa 19:40 Daarop het die koning verder getrek na Gilgal, en Kimham het saam met hom getrek, en die hele volk van JeHûWdah en ook die helfte van die volk van JisraEl het die koning verder gebring. //Twis tussen JeHûWdah en JisraEl. 2Sa 19:41 METEENS kom toe al die manne van JisraEl by die koning aan en sê aan die koning: Waarom het ons broers, die manne van JeHûWdah, u gesteel en die koning en sy huis en al die manne van Dawid saam met hom oor die Jordaan gebring? 2Sa 19:42 Daarop antwoord al die manne van JeHûWdah die manne van JisraEl: Omdat die koning aan my verwant is; maar waarom is jy tog kwaad oor hierdie saak? Het ons ooit iets van die koning geëet, of is iets as 'n porsie vir ons weggedra? 2Sa 19:43 En die manne van JisraEl het die manne van JeHûWdah geantwoord en gesê: Ek het tien aandele aan die koning en ook meer [reg] op Dawid as jy. Waarom het jy my dan veragtelik behandel? Was my woord dan nie die eerste om my koning terug te bring nie? Maar die woord van die manne van JeHûWdah was heftiger as die woord van die manne van JisraEl. //Opstand en dood van Seba. 2Sa 20:1 EN daar was by geval 'n man van Belijaal met die naam van Seba, die seun van Bigri, 'n Benjaminiet - hy het op die ramshoring geblaas en gesê: Ons het geen deel aan Dawid, en ons het geen erfdeel aan die seun van Isai nie: elkeen na sy tente toe, o JisraEl! 2Sa 20:2 Daarop trek al die manne van JisraEl van Dawid af weg, agter Seba, die seun van Bigri, aan; maar die manne van JeHûWdah het hulle koning aangehang van die Jordaan af tot by Jerusalem. 2Sa 20:3 Toe Dawid in sy huis in Jerusalem kom, het die koning die tien vroue, die byvroue wat hy laat agterbly het om die huis op te pas, geneem en in 'n bewaakte huis gesit en hulle onderhou, maar nie by hulle ingegaan nie; en hulle was opgesluit tot die dag van hulle dood as lewenslange weduwees. 2Sa 20:4 Daarna sê die koning aan Amása: Roep vir my die manne van JeHûWdah binne drie dae byeen; kom staan jy dan hier. 2Sa 20:5 En Amása het gegaan om JeHûWdah byeen te roep, maar het langer weggebly as die bepaalde tyd wat hy vir hom vasgestel het. 2Sa 20:6 Toe sê Dawid aan Abísai: Nou sal Seba, die seun van Bigri, ons meer kwaad doen as Absalom; neem jy die dienaars van jou meester en jaag hom agterna, sodat hy nie miskien vir hom versterkte stede vind en ons oog uitruk nie. 2Sa 20:7 En daar het uitgetrek, agter hom aan, die manne van JôWab en die Kreti en die Pleti en al die dapperes - hulle het uit Jerusalem uitgetrek om Seba, die seun van Bigri, agterna te jaag. 2Sa 20:8 Terwyl hulle by die groot klip was wat by Gíbeon lê, kom Amása voor hulle uit. En JôWab was omgord met sy wapenrok as sy kleed en daaroor was 'n gord met 'n swaard wat in die skede aan sy heupe vasgemaak was, en terwyl hy voortgaan, het dit geval. 2Sa 20:9 En JôWab sê vir Amása: Gaan dit goed met jou, my broer? En JôWab het met die regterhand die baard van Amása gegryp om hom te soen. 2Sa 20:10 En Amása was nie op sy hoede vir die swaard wat in die hand van JôWab was nie. Toe steek hy hom met haar in die onderlyf en stort sy ingewande op die Aarde uit sonder om hom 'n tweede steek te gee, sodat hy gesterf het. Daarop het JôWab en sy broer Abísai, Seba die seun van Bigri, agternagejaag. 2Sa 20:11 Maar 'n man uit die dienaars van JôWab het daar by hom bly staan en gesê: Wie in JôWab behae het en wie vir Dawid is, laat hom JôWab volg! 2Sa 20:12 Terwyl Amása in die middel van die pad hom in die bloed lê en wentel en die man sien dat al die manskappe bly staan, het hy Amása uit die pad uit weggeneem na die veld en 'n kleed oor hom gegooi, omdat hy sien dat elkeen wat by hom kom, daar bly staan. 2Sa 20:13 Toe hy [hom] uit die pad verwyder het, trek al die manskappe verby agter JôWab aan om Seba, die seun van Bigri, agterna te jaag. 2Sa 20:14 En dié het deur al die stamme van JisraEl getrek na Abel en Bet-Máäga en die hele Berim; en hulle het byeengekom en ook agter hom aan gegaan. 2Sa 20:15 En hulle het gekom en hom in Abel-Bet-Máäga beleër en 'n wal teen die stad opgegooi, wat teen die voorskans opgerys het. Terwyl al die manskappe van JôWab besig was met verwoes om die muur te laat val, 2Sa 20:16 roep 'n wyse vrou uit die stad: Luister, luister! Sê tog vir JôWab: Kom hierheen, dat ek met u kan spreek. 2Sa 20:17 En toe hy nader kom na haar, sê die vrou: Is u JôWab? En hy antwoord: Ja. En sy sê vir hom: Hoor die woorde van u dienares. En hy antwoord: Ek hoor. 2Sa 20:18 Daarop spreek sy en sê: Vroeër was hulle gewoond om só te sê: Laat hulle Abel maar net raadpleeg! en so het hulle 'n saak afgehandel. 2Sa 20:19 Ek is een van die vredeliewendes, van die getroues in JisraEl. U is daarop uit om 'n stad te vernietig, nogal 'n moeder in JisraEl. Waarom wil u die Erfdeel van JaHWeH verslind en vernietig? 2Sa 20:20 En JôWab antwoord en sê: Dit is ver, ver van my, dat ek te gronde sou rig en dat ek sou verwoes! 2Sa 20:21 Die saak is nie so nie; maar 'n man van die gebergte van Efraim met die naam van Seba, die seun van Bigri, het sy hand opgehef teen die koning, teen Dawid: lewer hom alleen uit, dan wil ek van die stad af wegtrek. En die vrou sê vir JôWab: Kyk, sy hoof sal oor die muur na u toe gegooi word. 2Sa 20:22 En die vrou het haar in haar wysheid tot die hele volk gewend, en hulle het die hoof van Seba, die seun van Bigri, afgekap en na JôWab oorgegooi. Toe het hy op die ramshoring geblaas, en hulle is verstrooi, weg van die stad af, elkeen na sy tente; en JôWab het na Jerusalem, na die koning teruggegaan. 2Sa 20:23 En JôWab was oor die hele leër van JisraEl, en BenáJaH, die seun van JeHôWjada, oor die Kreti en oor die Pleti; 2Sa 20:24 en Adóram was oor die dwangarbeid, en JeHôWshafat, die seun van Ahílud, was kanselier. 2Sa 20:25 En Seja was skrywer; en Sadok en Abjatar priesters. 2Sa 20:26 En ook Ira, die Jaïriet, was priester by Dawid. //Hongersnood in JisraEl. Die Gíbeoniete en die huis van Saul. 2Sa 21:1 EN toe daar in die dae van Dawid 'n hongersnood was, drie jaar lank, jaar ná jaar, het Dawid die Aangesig van JaHWeH gesoek; en JaHWeH het gesê: Vanweë Saul en vanweë sy huis waarop bloedskuld rus, omdat hy die Gibeoniete omgebring het. 2Sa 21:2 Toe roep die koning die Gibeoniete en sê vir hulle - die Gibeoniete het naamlik nie behoort tot die kinders van JisraEl nie, maar by 'n oorblyfsel van die Amoriete; en hoewel die kinders van JisraEl vir hulle gesweer het, het Saul probeer om hulle om te bring in sy ywer vir die kinders van JisraEl en JeHûWdah. 2Sa 21:3 Dawid dan het aan die Gibeoniete gesê: Wat moet ek vir julle doen, en waarmee moet ek versoening doen, dat julle die Erfdeel van JaHWeH kan seën? 2Sa 21:4 Daarop sê die Gibeoniete vir hom: Dit is ons teenoor Saul en sy huis nie te doen om silwer en goud nie, en dit gaan vir ons nie daarom om iemand in JisraEl dood te maak nie. En hy vra: Wat dink julle dan moet ek vir julle doen? 2Sa 21:5 En hulle sê vir die koning: Die man wat ons vernietig het en planne teen ons beraam het om ons te verdelg sonder dat ons in enige grondgebied van JisraEl kan voortbestaan - 2Sa 21:6 laat sewe manne van sy seuns aan ons gegee word, dat ons hulle voor die Aangesig van JaHWeH kan ophang in Gibea van Saul, die uitverkorene van JaHWeH! En die koning het gesê: Ek sal [hulle] gee. 2Sa 21:7 Maar die koning het Mefibóset, die seun van JeHôWnathan, die seun van Saul, verskoon vanweë die eed by JaHWeH wat tussen hulle was, tussen Dawid en JeHôWnathan, die seun van Saul. 2Sa 21:8 Toe neem die koning die twee seuns van Rispa, die dogter van Aja, wat sy vir Saul gebaar het, Armóni en Mefibóset, en die vyf seuns van Merab, die dogter van Saul, wat sy vir AdriEl, die seun van Barsíllai, die Meholatiet, gebaar het; 2Sa 21:9 en hy het hulle oorgegee in die hand van die Gibeoniete, wat hulle opgehang het op die berg voor die Aangesig van JaHWeH, sodat al sewe tesame omgekom het; en hulle is gedood in die eerste dae van die oes, in die begin van die garsoes. 2Sa 21:10 En Rispa, die dogter van Aja, het 'n sak geneem en dit vir haar oopgespan op die rots, van die begin van die oes af totdat daar water uit die Hemele op hulle gegiet het, en sy het die voëls van die Hemele oordag nie toegelaat om op hulle te gaan sit nie, en ook nie die diere van die veld in die nag nie. 2Sa 21:11 Toe aan Dawid meegedeel is wat Rispa, die dogter van Aja, die byvrou van Saul, gedoen het, 2Sa 21:12 het Dawid gegaan en die bene van Saul en die bene van sy seun JeHôWnathan van die burgers van Jabes in Gílead gaan haal, wat dit van die plein van Bet-San gesteel het, waar die Filistyne hulle opgehang het op die dag toe die Filistyne Saul op Gilbóa verslaan het. 2Sa 21:13 En hy het die bene van Saul en die bene van sy seun JeHôWnathan daar-vandaan weggebring. Hulle het ook die bene van die wat opgehang is, versamel, 2Sa 21:14 en die bene van Saul en van sy seun JeHôWnathan in die Aarde van Benjamin, in Sela, in die graf van sy vader Kis begrawe; en hulle het alles gedoen volgens die bevel van die koning. En daarna het Elohim Hom oor die Aarde ontferm. //Filistynse reuse word verslaan. 2Sa 21:15 EN toe die Filistyne weer oorlog gehad het met JisraEl, het Dawid afgetrek, en sy dienaars saam met hom, en hulle het teen die Filistyne geveg, en Dawid het al moeg geword. 2Sa 21:16 En Jisbi-Benob wat uit die kinders van die Refaïete was - die gewig van sy spies was driehonderd [sikkels] koper in gewig, en hy was omgord met 'n nuwe [swaard] - het gedink om Dawid te verslaan. 2Sa 21:17 Maar Abísai, die seun van Serúja, het hom gehelp en die Filistyn verslaan en hom gedood. Toe het die manne van Dawid hom besweer en gesê: U mag nie meer saam met ons uittrek na die geveg nie, dat u die lamp van JisraEl nie uitblus nie. 2Sa 21:18 En daarna was daar weer oorlog met die Filistyne in Gob. Toe het Síbbegai, die Husatiet, Saf, uit die kinders van die Refaïete, verslaan. 2Sa 21:19 En daar was weer oorlog met die Filistyne in Gob; en El-Hanan die seun van Jáäre-Orgim uit Betlehem, het Góliat, die Gittiet, wie se spiessteel soos 'n wewersbalk was, verslaan. 2Sa 21:20 En daar was weer oorlog in Gat; en daar was 'n baie lang man, met ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet, vier-en-twintig in getal, en hy was ook 'n afstammeling van die Refaïete. 2Sa 21:21 En hy het JisraEl gehoon, maar JeHôWnathan, die seun van Símea, die broer van Dawid, het hom verslaan. 2Sa 21:22 Hierdie vier was afstammelinge van die Refaïete in Gat, en hulle het geval deur die hand van Dawid en deur die hand van sy dienaars. //Dawid se lof- en danklied. 2Sa 22:1 EN Dawid het die woorde van hierdie lied totJaHWeH gespreek op die dag toe JaHWeH hom gered het uit die handpalm van al sy vyande en uit die handpalm van Saul. 2Sa 22:2 En hy het gesê: JaHWeH is my Rots en my Bergvesting en my Redder; 2Sa 22:3 Elohey, my Rots by wie ek skuil; my Skild en die Horing van my Lossing, my Rotsvesting en my Toevlug, my Verlosser; van geweld het U my verlos. 2Sa 22:4 Ek roep JaHWeH aan wat lofwaardig is, en van my vyande word ek verlos. 2Sa 22:5 Want die golwe van die Dood het my omring, strome van Belijaal het my oorval. 2Sa 22:6 Bande van die Doderyk/Sheol het my omring, strikke van die Dood het my teëgekom. 2Sa 22:7 Toe ek benoud was, het ek JaHWeH aangeroep, en ek het geroep; tot my Elohey; en uit Sy paleis het Hy my stem gehoor, en my hulpgeroep was in Sy Ore. 2Sa 22:8 Toe het die Aarde geskud en gebewe, die fondamente van die Hemele het gesidder en geskud, omdat Hy woedend was. 2Sa 22:9 Rook van Woede het opgegaan, en 'n vuur uit Sy Mond het verteer; kole uit Hom het gebrand. 2Sa 22:10 En Hy het die Hemele gebuig en neergedaal, en wolkedonkerheid was onder Sy Voete. 2Sa 22:11 En Hy het op 'n Gérub gery en gevlieg; ja, Hy het gesweef op die Vleuels van die Gees. 2Sa 22:12 En Hy het duisternis rondom Hom as takskuilings gestel, donker waters en digte wolke-mis. 2Sa 22:13 Uit die glans voor Hom het gloeiende kole gebrand. 2Sa 22:14 Uit die Hemele het JaHWeH gedonder, die Hoogste El het Sy Stem laat hoor. 2Sa 22:15 En Hy het pyle uitgestuur en hulle verstrooi, bliksems en hulle verwar. 2Sa 22:16 En die beddings van die see het sigbaar geword, die fondamente van die wêreld is blootgelê, deur die dreiging van JaHWeH, vanweë die Gees van Sy Woede. 2Sa 22:17 Uit die hoogte het Hy [Sy Hand] uitgestrek, Hy het my gegryp, my uit groot waters getrek. 2Sa 22:18 Hy het my verlos van my magtige vyand, van my haters, omdat hulle te sterk was vir my. 2Sa 22:19 Hulle het my oorval op die dag van my nood, maar JaHWeH was my steun. 2Sa 22:20 En Hy het my uitgelei in die ruimte, Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het. 2Sa 22:21 JaHWeH het met my gehandel na my geregtigheid; na die suiwerheid van my hande het Hy my vergelde. 2Sa 22:22 Want ek het die Weë van JaHWeH gehou en nie besoedel van my Elohey afgewyk nie. 2Sa 22:23 Want al Sy Regsprake was voor my, en Sy Insettinge - ek het van Haar nie afgewyk nie. 2Sa 22:24 Maar ek was rassuiwer voor Hom, en ek het my weerhou van ongeregtigheid. 2Sa 22:25 So het JaHWeH my dan vergoed vir my geregtigheid, na my suiwerheid voor Sy Oë. 2Sa 22:26 By die getroue betoon U Uself liefdevol, by die rassuiwer man, volkome, 2Sa 22:27 by die suiwere, suiwer; maar by die verbasterde betoon U Uself verdraaid. 2Sa 22:28 En U verlos die verdrukte volk, maar U Oë is teen die hoogmoediges; U verneder [hulle]. 2Sa 22:29 Want U is my lamp, o JaHWeH! En JaHWeH laat my duisternis opklaar. 2Sa 22:30 Want met U loop ek 'n bende storm, met my Elohey spring ek oor 'n muur. 2Sa 22:31 Die Weg van El is rassuiwerheid; die Woord van JaHWeH is gelouter; Hy is 'n Skild vir almal wat by Hom skuil. 2Sa 22:32 Want wie is El buiten JaHWeH, en wie 'n Rots buiten onse Elohey? 2Sa 22:33 El is my Laer en my Sterkte, en Hy berei vir my die Weg van rassuiwerheid. 2Sa 22:34 Hy maak my voete soos dié van herte en laat my staan op my hoogtes. 2Sa 22:35 Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms 'n koperboog span. 2Sa 22:36 En U het my die Skild van U Lossing gegee, en U neerbuigende Suiwerheid het my groot gemaak. 2Sa 22:37 U het my voetstap onder my ruim gemaak, en my enkels het nie gewankel nie. 2Sa 22:38 Ek het my vyande agtervolg en hulle verdelg en nie teruggekom voordat ek hulle vernietig het nie. 2Sa 22:39 Ja, ek het hulle vernietig en hulle verbrysel, sodat hulle nie weer opgestaan het nie, maar onder my voete geval het. 2Sa 22:40 En U het my met krag omgord vir die stryd, U het my teëstanders onder my laat buig. 2Sa 22:41 En U het my vyande vir my laat vlug; my haters, dié het ek vernietig. 2Sa 22:42 Hulle het rondgekyk, maar daar was geen verlosser nie; na JaHWeH, maar Hy het hulle nie geantwoord nie. 2Sa 22:43 Toe het ek hulle verbrysel soos die stof van die Aarde, soos modder van die strate het ek hulle fyngemaal, hulle vertrap. 2Sa 22:44 En U het my gered uit die getwis van my volk; U het my bewaar as 'n hoof van nasies; 'n volk wat ek nie geken het nie, het my gedien. 2Sa 22:45 Seuns van die uitlander het al kruipende na my gekom; sodra hulle van my gehoor het, was hulle gehoorsaam aan my. 2Sa 22:46 Seuns van die uitlander word kragteloos en kom met siddering uit hulle vestings. 2Sa 22:47 JaHWeH leef! En geloofd sy my Rots, en laat verhoog wees die Elohey wat die Rots is van my Lossing! 2Sa 22:48 Die El wat my die wraak gee en volke onder my neerwerp; 2Sa 22:49 en wat my uitlei onder my vyande uit; ja, U verhef my bo my teëstanders, U bevry my van die man van geweld. 2Sa 22:50 Daarom wil ek U loof, o JaHWeH, onder die nasies, en tot eer van U Naam wil ek musiek maak; 2Sa 22:51 Hy is die Toring wat die Verlossing van Sy koning groot maak en wat Medelye het met Sy gesalfde, aan Dawid en aan sy saad tot in ewigheid. //Laaste woorde van Dawid. 2Sa 23:1 EN dit is die laaste woorde van Dawid: Dawid spreek, die seun van Isai, die krygsman wat hoog geplaas was, spreek, die gesalfde van die Elohey van Jakob en die lieflike in die sange van JisraEl: 2Sa 23:2 Die Gees van JaHWeH spreek in my, en Sy Woord is op my tong. 2Sa 23:3 Die Elohey van JisraEl het gesê, die Rots van JisraEl het tot my gespreek: 'n Regeerder oor adamiete, moet regverdig wees, in die Vrees van Elohim, 2Sa 23:4 is soos die môrelig by sonsopgang, 'n môre sonder wolke [as] deur die glans ná die reën grasspruitjies uit die Aarde [uitkom]. 2Sa 23:5 Want is my huis nie so by El nie? Want Hy het 'n Ewige Verbond vir my daargestel wat in alles gereël en verseker is; my Lossing en my Vreugde, ja, sal Hy Hom nie laat uitspruit nie? [JeshaJaH 11:1] 2Sa 23:6 Maar Belijaal, hulle almal is soos weggegooide dorings, want 'n mens vat dit nie met die hand nie; 2Sa 23:7 en elkeen wat hulle wil aanraak, wapen homself met 'n yster of die steel van 'n spies, en met vuur word hulle op daardie plek heeltemal verbrand. Dawid se vernaamste dapperes. 2Sa 23:8 Dit is die name van die dapperes wat Dawid gehad het: Joseb-Bassebet, 'n Tagkemoniet, die hoof van die adjudante; hy was Adino, die Esniet, teen agthonderd wat op een keer gesneuwel het. 2Sa 23:9 En ná hom was El-Azar, die seun van Dodo, die Ahohiet, onder die drie dapperes by Dawid; toe hulle die Filistyne uitgedaag het wat daar bymekaar was om te veg, en die manne van JisraEl weggetrek het, 2Sa 23:10 het hy opgestaan en onder die Filistyne geslaan totdat sy hand moeg geword en sy hand aan die swaard gekleef het, sodat JaHWeH daardie dag 'n groot oorwinning bewerk het. En die manskappe het teruggekom agter hom aan net om te buit. 2Sa 23:11 En ná hom was Samma, die seun van Age, die Harariet. Toe die Filistyne by Legi bymekaarkom, waar 'n stuk land vol lensies was en die volk vir die Filistyne gevlug het, 2Sa 23:12 het hy hom opgestel in die middel van die stuk Aarde en haar afgeneem en die Filistyne verslaan, sodat JaHWeH 'n groot oorwinning bewerk het. 2Sa 23:13 En drie van die dertig hoofde het afgetrek en teen die oestyd by Dawid by die spelonk van Adúllam aangekom, terwyl 'n hoop Filistyne in die laer staan in die dal Refáim. 2Sa 23:14 En Dawid was toe in die bergvesting; en 'n besetting van die Filistyne was toe in Betlehem. 2Sa 23:15 En Dawid het sy siel voel opkom en gesê: Wie sal vir my water gee om te drink uit die put van Betlehem wat by die poort is? 2Sa 23:16 Toe het die drie dapperes deur die laer van die Filistyne gebreek en water geskep uit die put van Betlehem wat by die poort was, en hom gedra en na Dawid gebring; maar hy wou hom nie drink nie, en het hom tot eer van JaHWeH uitgegiet 2Sa 23:17 en gesê: Dit is ver van my, JaHWeH, dat ek dit sou doen. Is dit die bloed van die manne wat met hulle siel gegaan het? En hy wou hom nie drink nie. Dit het die drie dapperes gedoen. 2Sa 23:18 En Abísai, die broer van JôWab, die seun van Serúja, hy was hoof van die drie, en hy het sy spies geswaai oor drie-honderd wat gesneuwel het, en het 'n naam gehad onder die drie. 2Sa 23:19 Was hy onder die drie nie geëer nie? sodat hy hulle owerste geword het, maar tot by die [eerste] drie het hy nie gekom nie. 2Sa 23:20 Verder BenáJaHûW, die seun van JeHôWjada, 'n sterk man, groot van daad, uit KabtseEl; hy het die twee groot dapperes van Moab verslaan; en hy het afgegaan en 'n leeu binne-in 'n kuil doodgeslaan op 'n sneeudag. 2Sa 23:21 Hy het ook 'n Egiptenaar verslaan, 'n mooi man; en in die hand van die Egiptenaar was 'n spies; maar hy het na hom afgegaan met 'n stok en die spies uit die hand van die Egiptenaar geruk en hom met sy eie spies doodgesteek. 2Sa 23:22 Dit het BenáJaHûW, die seun van JeHôWjada, gedoen; en hy het 'n naam gehad onder die drie dapperes. 2Sa 23:23 Hy was geëerd onder die dertig, maar tot by die drie het hy nie gekom nie; en Dawid het hom aangestel oor sy lyfwag. 2Sa 23:24 AsaEl, die broer van JôWab, was onder die dertig; El-Hanan, die seun van Dodo, uit Betlehem; 2Sa 23:25 Samma, die Harodiet; Elika, die Harodiet; 2Sa 23:26 Heles, die Paltiet; Ira, die seun van Ikkes, die Tekoïet; 2Sa 23:27 Abiëser, die Anatotiet; Mebunnái, die Husatiet; 2Sa 23:28 Salmon, die Ahohiet; Máharai, die Netofatiet; 2Sa 23:29 Heleb, die seun van Baäna, die Netofatiet; Ittai, die seun van Ribai, uit Gíbea van die kinders van Benjamin; 2Sa 23:30 BenáJaHûW, die Pirhatoniet; Híddai, uit Nahale-Gaäs; 2Sa 23:31 Abi-Albon, die Arbatiet; Asmáwet, die Barhumiet; 2Sa 23:32 El-Jagba, die Sáälboniet; die seuns van Jasen; JeHôWnathan; 2Sa 23:33 Samma, die Harariet; AgiJaH, die seun van Sarar, die Arariet; 2Sa 23:34 EliFelet, die seun van Ahasbái, die seun van 'n Maägatiet; EliAm, die seun van Agitófel, die Giloniet; 2Sa 23:35 Hésro, die Karmeliet; Páärai, die Arbiet; 2Sa 23:36 Jigeal, die seun van Natan, uit Soba; Bani, die Gadiet; 2Sa 23:37 Selek, die Ammoniet; Náharai, die Beërotiet, die wapendraer van JôWab, die seun van Serúja; 2Sa 23:38 Ira, die Jitriet; Gareb, die Jitriet 2Sa 23:39 UriJaH, die Hetiet - almal saam sewe-en-dertig. //Telling van die volk. Pes in JisraEl. 2Sa 24:1 EN die Woede van JaHWeH het weer teen JisraEl ontvlam, en hy [Satan] het Dawid teen hulle aangehits en gesê: Gaan tel JisraEl en JeHûWdah. [1 Kronieke 21:1] 2Sa 24:2 Toe sê die koning vir JôWab, die leërowerste, wat by hom was: Trek tog rond onder al die stamme van JisraEl, van Dan tot Berséba, en tel julle die volk, sodat ek die getal van die volk kan weet. 2Sa 24:3 En JôWab het aan die koning gesê: Ja, mag JaHWeH jou Elohey by die volk honderd maal meer byvoeg as wat hulle ook al is, en die oë van my meester die koning dit sien; maar waarom het my meester die koning behae in hierdie saak? 2Sa 24:4 Maar die woord van die koning het die oorhand gehad oor JôWab en die leër-owerstes, en JôWab het met die leër-owerstes voor die aangesig van die koning af uitgegaan om die volk JisraEl te tel. 2Sa 24:5 En hulle het deur die Jordaan gegaan en laer opgeslaan by Aroër, regs van die stad wat binne-in die dal van Gad lê, en tot by Jaéser. 2Sa 24:6 Verder het hulle in Gílead gekom en in die Aarde van Tagtim-Hodsi en na Dan-Jaän gekom en rondom na Sidon. 2Sa 24:7 En hulle het gekom by die vesting Tirus en al die stede van die Hewiete en Kanaäniete, en hulle het uitgekom in die suide van JeHûWdah in Berséba. 2Sa 24:8 So het hulle dan deur die hele Aarde rondgetrek en in Jerusalem aangekom aan die einde van nege maande en twintig dae. 2Sa 24:9 En JôWab het die getal van die getelde volk aan die koning gegee; en JisraEl was agthonderdduisend weerbare manne wat die swaard uittrek, en die manne van JeHûWdah vyfhonderdduisend man. 2Sa 24:10 Maar Dawid se gewete het hom gekwel nadat hy die volk getel het, en Dawid het aan JaHWeH gesê: Ek het swaar oortree deur wat ek gedoen het; JaHWeH, vergeef dan nou tog die skuld van U kneg, want ek het baie dwaas gehandel. 2Sa 24:11 Toe Dawid die môre opstaan, het die Woord van JaHWeH tot die profeet Gad, die siener van Dawid, gekom en gesê: 2Sa 24:12 Gaan heen en spreek met Dawid: So sê JaHWeH: Drie dinge lê Ek jou voor; kies vir jou een daaruit, dat Ek jou dit kan aandoen - 2Sa 24:13 toe het Gad by Dawid gekom en dit aan hom bekend gemaak en aan hom gesê: Wil jy dat daar sewe jaar lank hongersnood in jou Aarde kom, of wil jy drie maande lank vlug voor die aangesig van jou teëstanders uit dat hulle jou agtervolg, of moet daar drie dae lank pes wees in jou Aarde? Ondersoek nou en sien watter antwoord ek my Sender moet bring. 2Sa 24:14 Daarop sê Dawid vir Gad: Ek is baie benoud; laat ons tog val in die hand van JaHWeH, want Sy dade van Barmhartigheid is groot, maar laat my in die hand van adamiete nie val nie. 2Sa 24:15 En JaHWeH het 'n pes onder JisraEl beskik van die môre af tot op die bepaalde tyd, en van Dan tot Berséba het daar van die volk sewentigduisend man gesterwe. 2Sa 24:16 Maar toe die Boodskapper sy hand uitsteek na Jerusalem om haar te verwoes, het dit JaHWeH berou oor die teistering, en Hy het aan die Boodskapper wat die verwoesting onder die volk moes aanrig, gesê: Genoeg, trek nou jou hand terug! Die Boodskapper van JaHWeH was toe by die dorsvloer van Arauna, die Jebusiet. 2Sa 24:17 Toe Dawid sien hoe die Boodskapper onder die volk doodslaan, het hy tot JaHWeH gespreek en gesê: Kyk, ék het oortree, en ék het verkeerd gehandel, maar wat het hierdie skape gedoen? Laat u hand tog teen my wees en teen my familie. 2Sa 24:18 Daarop kom Gad dieselfde dag by Dawid en sê vir hom: Gaan op, bou vir JaHWeH 'n altaar op die dorsvloer van Arauna, die Jebusiet. 2Sa 24:19 En Dawid het opgegaan volgens die woord van Gad, soos JaHWeH beveel het. 2Sa 24:20 Toe Arauna opkyk en die koning met sy dienaars na hom sien oorkom, het Arauna uitgegaan en hom voor die koning met sy aangesig na die Aarde gebuig. 2Sa 24:21 En Arauna het gesê: Waarom kom my meester, die koning na sy dienaar? Daarop sê Dawid: Om die dorsvloer van jou te koop, om vir JaHWeH 'n altaar te bou, sodat die plaag onder die volk kan ophou. 2Sa 24:22 Maar Arauna sê vir Dawid: My meester, die koning kan neem en opdra wat goed is in sy oë, kyk, daar is die beeste as brandoffer en die trekgoed en die implemente van die beeste as hout. 2Sa 24:23 Dit gee Arauna alles, o koning, aan die koning. Verder het Arauna aan die koning gesê: Mag JaHWeH jou Elohey 'n behae in jou hê. 2Sa 24:24 Maar die koning het Arauna ge-antwoord: Nee, maar ek wil dit verseker van jou koop vir sy prys; en ek wil nie verniet aan JaHWeH my Elohey brandoffers bring nie. En Dawid het die dorsvloer en die beeste gekoop vir vyftig sikkels silwer. 2Sa 24:25 Toe het Dawid daar vir JaHWeH 'n altaar gebou en brandoffers en vergoedings [bydraes] gebring; en JaHWeH het Hom oor die Aarde ontferm, en die plaag is van JisraEl afgewend. // //Die Eerste Boekrol van die Konings // //Salomo word as opvolger aangestel. 1Ki 1:1 TOE koning Dawid oud en ver op sy dae was, het hulle hom met komberse toegemaak, maar hy kon nie warm word nie. 1Ki 1:2 En sy dienaars sê aan hom: Laat hulle vir my meester, die koning 'n maagd soek, dat sy voor die aangesig van die koning kan staan en u bedien en in u skoot lê; dan sal my meester, die koning warm word. 1Ki 1:3 Hulle het toe in die hele grondgebied van JisraEl 'n mooi meisie gesoek en Abísag, die Sunamitiese, gevind en haar by die koning gebring. 1Ki 1:4 En die meisie was besonder mooi, en sy was vir die koning 'n verpleegster en het hom bedien; maar die koning het geen gemeenskap met haar gehad nie. 1Ki 1:5 Intussen was AdoniJaH, die seun van Haggit, so vermetel om te dink: Ek sal koning word! En hy het vir hom waens en perderuiters aangeskaf en vyftig man wat voor hom uit loop. 1Ki 1:6 En sy vader het hom sy lewe lank nie gekrenk deur te sê nie: Waarom maak jy so? Bowendien was hy ook baie mooi van gestalte, en sy [moeder] het hom ná Absalom gebaar. 1Ki 1:7 En hy het met JôWab, die seun van Serúja, onderhandel en met Abjatar, die priester, sodat hulle gehelp het as volgelinge van AdoniJaH. 1Ki 1:8 Maar Sadok, die priester, en BenáJaHûW, die seun van JeHôWjada, en Natan, die profeet, en Símeï en Reï en die dapperes van Dawid het nie met AdoniJaHûW saamgegaan nie. 1Ki 1:9 En AdoniJaHûW het kleinvee en beeste en vetgemaakte vee geslag by die klip Sohélet wat langs die fontein Rogel staan, en al sy broers, die seuns van die koning, en al die manne van JeHûWdah, die dienaars van die koning, genooi; 1Ki 1:10 maar Natan, die profeet, en BenáJaHûW en die dapperes en sy broer Salomo het hy nie genooi nie. 1Ki 1:11 Toe sê Natan vir Bátseba, die moeder van Salomo: Het u nie gehoor dat AdoniJaHûW, die seun van Haggit, koning geword het sonder dat ons meester Dawid dit weet nie? 1Ki 1:12 Kom dan nou, laat ek u tog 'n raad gee, dat u u siel en die siel van u seun Salomo kan red. 1Ki 1:13 Gaan en tree binne by koning Dawid en sê vir hom: Het ú nie, my meester die koning, vir u dienares gesweer en gesê nie: U seun Salomo sal sekerlik koning word ná my, en hy sal op my troon sit? Waarom het AdoniJaHûW dan koning geword? 1Ki 1:14 Kyk, terwyl u daar nog met die koning spreek, sal ék agter u inkom en u woorde aanvul. 1Ki 1:15 Daarop het Bátseba ingegaan na die koning in die kamer, terwyl die koning baie oud was en Abísag, die Sunamitiese, die koning bedien. 1Ki 1:16 En Bátseba het gebuig en neergeval voor die koning. Toe sê die koning: Wat wil u hê? 1Ki 1:17 En sy antwoord hom: My meester, u het by JaHWeH u Elohey vir u dienares gesweer: U seun Salomo sal sekerlik ná my koning word, en hy sal op my troon sit. 1Ki 1:18 Maar kyk, nou het AdoniJaH koning geword sonder dat u, my meester, die koning, dit weet. 1Ki 1:19 Want hy het beeste en vetgemaakte vee en kleinvee in menigte geslag en al die seuns van die koning en Abjatar, die priester, en JôWab, die leërowerste, genooi; maar u dienaar Salomo het hy nie genooi nie. 1Ki 1:20 Maar op ú, my meester, die koning, is die oë van die hele JisraEl om hulle te kenne te gee wie op die troon van my meester, die koning ná hom sal sit. 1Ki 1:21 Anders sal dit gebeur, sodra my meester, die koning met sy vaders ontslaap het, dat ek en my seun Salomo vir misdadigers gehou sal word. 1Ki 1:22 En kyk, terwyl sy nog met die koning spreek, kom die profeet Natan in. 1Ki 1:23 En hulle het dit die koning te kenne gegee en gesê: Daar is Natan, die profeet. Toe kom hy voor die koning en buig hom voor die aangesig van die koning met sy neus na die Aarde toe. 1Ki 1:24 En Natan sê: My meester, die koning, het ú gesê: AdoniJaHûW sal ná my koning word, en hy sal op my troon sit? 1Ki 1:25 Want hy het vandag gegaan en beeste en vetgemaakte vee en kleinvee in menigte geslag en al die seuns van die koning en die leërowerstes en Abjatar, die priester, genooi, en kyk, hulle eet en drink voor hom en sê: Mag koning AdoniJaHûW lewe! 1Ki 1:26 Maar my, u dienaar, en Sadok, die priester, en BenáJaHûW, die seun van JeHôWjada, en Salomo, u dienaar, het hy nie genooi nie. 1Ki 1:27 As hierdie saak van my meester, die koning uitgegaan het, dan het u aan u dienaars nie bekend gemaak wie op die troon van my meester, die koning ná hom sal sit nie. 1Ki 1:28 Daarop antwoord koning Dawid en sê: Roep Bátseba vir my! En sy het ingekom voor die aangesig van die koning en voor die aangesig van die koning gaan staan. 1Ki 1:29 Toe sweer die koning en sê: So waar as JaHWeH leef wat my siel uit alle benoudheid verlos het, 1Ki 1:30 sekerlik, soos ek u by JaHWeH, die Elohey van JisraEl, gesweer en gesê het dat u seun Salomo ná my koning moet word en hy op my troon moet sit in my plek, sekerlik so doen ek vandag nog. 1Ki 1:31 En Bátseba het met die aangesig na die Aarde gebuig en voor die koning neergeval en gesê: Mag my meester, koning Dawid vir ewig lewe! 1Ki 1:32 Verder het koning Dawid gesê: Roep vir my Sadok, die priester, en Natan, die profeet, en BenáJaHûW, die seun van JeHôWjada. Toe kom hulle in voor die aangesig van die koning, 1Ki 1:33 en die koning sê vir hulle: Neem die dienaars van julle meester met julle saam en laat my seun Salomo op my eie muil ry, en bring hom af na Gihon toe; 1Ki 1:34 en laat Sadok, die priester, en Natan, die profeet, hom daar as koning oor JisraEl salf, en julle moet op die ramshoring blaas en sê: Mag koning Salomo lewe! 1Ki 1:35 Dan moet julle agter hom optrek, dat hy kan inkom en op my troon sit; want hy moet koning wees in my plek, en ek het hom aangestel om 'n vors oor JisraEl en JeHûWdah te wees. 1Ki 1:36 Toe antwoord BenáJaHûW, die seun van JeHôWjada, die koning en sê: Amein! Mag JaHWeH, die Elohey van my meester, die koning, ook so sê. 1Ki 1:37 Soos JaHWeH met my meester, die koning was, mag Hy so met Salomo wees; en mag Hy sy troon groter maak as die troon van my meester, koning Dawid. 1Ki 1:38 Toe het Sadok, die priester, afgegaan saam met Natan, die profeet, en BenáJaHûW, die seun van JeHôWjada, en die Kreti en die Pleti, en hulle het Salomo laat ry op die muil van koning Dawid en hom na Gihon gebring. 1Ki 1:39 En die priester Sadok het die horing met olie uit die tent geneem en Salomo gesalf, en hulle het op die ramshoring geblaas, en die hele volk het gesê: Mag koning Salomo lewe! 1Ki 1:40 Toe gaan die hele volk op agter hom aan, terwyl die volk op fluite speel en hulle verheug met groot blydskap, sodat die Aarde geskeur het van hulle geluid. 1Ki 1:41 En AdoniJaHûW het dit gehoor en al die genooides wat by hom was, toe hulle net klaar geëet het; JôWab het ook die geluid van die ramshoring gehoor en gesê: Waarom is die geluid van die stad rumoerig? 1Ki 1:42 Terwyl hy nog spreek, kom JôWnathan, die seun van die priester Abjatar, daar aan; en AdoniJaHûW sê: Kom in, want jy is 'n wakker man en bring 'n goeie boodskap. 1Ki 1:43 Maar JôWnathan antwoord AdoniJaHûW en sê: Ja, maar ons meester, koning Dawid het Salomo koning gemaak! 1Ki 1:44 En die koning het Sadok, die priester, en Natan, die profeet, en BenáJaHûW, die seun van JeHôWjada, en die Kreti en die Pleti met hom saam gestuur, en hulle het hom op die koning se muil laat ry; 1Ki 1:45 en Sadok, die priester, en Natan, die profeet, het hom in Gihon as koning gesalf, en daarvandaan het hulle met blydskap opgetrek, sodat die stad opgewonde geraak het; dit is die geluid wat julle gehoor het. 1Ki 1:46 En ook het Salomo op die koninklike troon gaan sit. 1Ki 1:47 Bowendien het die dienaars van die koning gekom om ons meester, koning Dawid seëninge toe te wens met die woorde: Mag u Elohim die naam van Salomo beter maak as u naam en sy troon groter maak as u troon. Toe het die koning homself op die bed neergebuig; 1Ki 1:48 en die koning het ook so gesê: Geseënd is JaHWeH, die Elohey van JisraEl, wat vandag gegee het dat een op my troon sit terwyl my oë dit sien. 1Ki 1:49 Daarop het al die genooides wat by AdoniJaHûW was, verskrik opgestaan en elkeen sy pad gegaan. 1Ki 1:50 Maar AdoniJaHûW was bevrees vir Salomo en het opgestaan en heengegaan en die horings van die altaar vasgehou. 1Ki 1:51 Toe is daar aan Salomo meegedeel en gesê: Kyk, AdoniJaHûW is bevrees vir koning Salomo; en kyk, hy hou die horings van die altaar vas en sê: Laat koning Salomo eers vir my sweer dat hy sy dienaar nie met die swaard sal ombring nie. 1Ki 1:52 Daarop sê Salomo: As hy 'n betroubare man sal wees, sal geen haar van hom op die Aarde val nie; maar as daar besoedeling in hom gevind word, moet hy sterwe. 1Ki 1:53 En koning Salomo het gestuur, en hulle het hom van die altaar afgebring, en hy het ingekom en hom voor koning Salomo neergebuig. En Salomo het vir hom gesê: Gaan na jou huis. //Laaste bevele van Dawid. Sy dood. 1Ki 2:1 EN toe die dae van Dawid nader kom dat hy sou sterwe, het hy sy seun Salomo bevel gegee en gesê: 1Ki 2:2 Ek gaan heen op die weg van die hele Aarde: wees dan sterk en word 'n man; 1Ki 2:3 en onderhou die Ordening van JaHWeH jou Elohey deur te wandel in Sy Weë, deur Sy Insettinge, Sy Gebooie en Sy Regspraak en Sy Getuienisse te onderhou, soos geskrywe is in die Wet van Moshè, sodat jy voorspoedig kan uitvoer alles wat jy doen, en alles waartoe jy jou begewe; 1Ki 2:4 sodat JaHWeH Sy Woord mag vervul wat Hy oor my gespreek het, naamlik: As jou seuns ag gee op hulle weg deur voor My Aangesig in Waarheid te wandel met hulle hele hart en met hulle hele siel, dan sal daar nie vir jou 'n man op die troon van JisraEl ontbreek nie. 1Ki 2:5 En jy weet ook self wat JôWab, die seun van Serúja, my aangedoen het; wat hy die twee leërowerstes van JisraEl, Abner, die seun van Ner, en Amása, die seun van Jeter, aangedoen het; hoe hy hulle vermoor en oorlogsbloed in vredestyd vergiet het, sodat hy die gord wat om sy heupe en die skoene wat aan sy voete was, met oorlogsbloed bevlek het. 1Ki 2:6 Handel dan na jou wysheid, en sy grys hare moet jy nie met vrede in die Doderyk/Sheol laat neerdaal nie. 1Ki 2:7 Maar met die seuns van Barsíllai, die Gileadiet, moet jy medelye hê, en hulle moet wees onder die wat aan jou tafel eet; want so het hulle na my toe aangekom toe ek vir jou broer Absalom gevlug het. 1Ki 2:8 Verder is daar by jou Símeï, die seun van Gera, die Benjaminiet, uit Bahúrim; hy naamlik het my gevloek met 'n hewige vloek die dag toe ek na Mahanáim gegaan het; en hy het afgekom om my te ontmoet by die Jordaan, sodat ek vir hom by JaHWeH gesweer en gesê het: Ek sal jou nie met die swaard doodmaak nie. 1Ki 2:9 Maar nou moet jy hom nie ongestraf laat bly nie, want jy is 'n wyse man; daarom sal jy weet wat jy hom moet aandoen, dat jy sy grys hare met bloed in die Doderyk/Sheol laat neerdaal. 1Ki 2:10 Toe het Dawid ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe in die Stad van Dawid. 1Ki 2:11 En die dae wat Dawid oor JisraEl geregeer het, was veertig jaar; in Hebron het hy sewe jaar geregeer, en in Jerusalem het hy drie-en-dertig jaar geregeer. //Straf van AdoniJaH, Ábjatar, JôWab en Símeï. 1Ki 2:12 DAARNA het Salomo op die troon van sy vader Dawid gaan sit, en sy koningskap is goed bevestig. 1Ki 2:13 Toe kom AdoniJaHûW, die seun van Haggit, na Bátseba, die moeder van Salomo, en sy vra: Is jou koms vrede? En hy antwoord: Vrede. 1Ki 2:14 Verder sê hy: Ek het 'n woord vir u. En sy antwoord: Spreek. 1Ki 2:15 En hy sê: U weet dat die koningskap myne was en die hele JisraEl sy aangesig op my gerig het, dat ek koning sou word; maar die koningskap het oorgegaan en my broer s'n geword, want deur JaHWeH was sy vir hom bestem. 1Ki 2:16 En nou doen ek een versoek aan u; wys my nie af nie. En sy antwoord hom: Spreek. 1Ki 2:17 Toe sê hy: Spreek tog met koning Salomo, want hy sal u nie afwys nie, dat hy Abísag, die Sunamitiese, aan my as vrou moet gee. 1Ki 2:18 En Bátseba sê: Goed, ék sal met die koning oor jou spreek. 1Ki 2:19 Toe Bátseba dan ingaan na koning Salomo om met hom oor AdoniJaHûW te spreek, het die koning opgestaan om haar te ontmoet en voor haar gebuig; daarna het hy op sy troon gaan sit en vir die moeder van die koning 'n stoel laat neersit, en sy het aan sy regterhand plaas geneem. 1Ki 2:20 Toe sê sy: Een klein versoek doen ek aan u; wys my nie af nie. En die koning antwoord haar: Vra, my moeder, want ek sal u nie afwys nie. 1Ki 2:21 En sy sê: Laat Abísag, die Sunamitiese, aan u broer AdoniJaHûW as vrou gegee word. 1Ki 2:22 Daarop antwoord koning Salomo en sê aan sy moeder: Maar waarom vra u Abísag, die Sunamitiese, vir AdoniJaHûW? Vra ook die koningskap vir hom, want hy is my broer wat ouer is as ek, ja, vir hom en vir Abjatar, die priester, en vir JôWab, die seun van Serúja! 1Ki 2:23 En koning Salomo het gesweer by JaHWeH en gesê: Mag Elohim so aan my doen en so daaraan toedoen - sekerlik, AdoniJaHûW het hierdie woord ten koste van sy siel gespreek. 1Ki 2:24 En nou, so waar as JaHWeH leef wat my bevestig het en my op die troon van my vader Dawid laat sit en vir my 'n huis gestig het volgens Sy Belofte - AdoniJaHûW sal sekerlik vandag gedood word! 1Ki 2:25 Daarop het koning Salomo gestuur deur die diens van BenáJaHûW, die seun van JeHôWjada; en dié het op hom aangeval, sodat hy gesterf het. 1Ki 2:26 En vir Abjatar, die priester, sê die koning: Gaan na Anatot op jou grond, want jy verdien die dood; maar vandag sal ek jou nie doodmaak nie, omdat jy die Ark van my Meester JaHWeH voor die aangesig van my vader Dawid uit gedra het en omdat jy deelgenoot was van alles wat my vader gely het. 1Ki 2:27 So het Salomo dan Abjatar verdrywe, sodat hy nie meer priester van JaHWeH was nie, om die Woord van JaHWeH te vervul wat Hy oor die huis van Eli in Silo gespreek het. 1Ki 2:28 Toe die gerug by JôWab kom - want JôWab was aan die kant van AdoniJaH, alhoewel hy nie aan die kant van Absalom was nie - het JôWab gevlug na die Tent van JaHWeH en die horings van die altaar vasgehou. 1Ki 2:29 En aan koning Salomo is meegedeel: JôWab het gevlug na die Tent van JaHWeH, en kyk, daar is hy by die altaar! Toe laat Salomo aan BenáJaHûW, die seun van JeHôWjada, weet: Gaan heen, val op hom aan. 1Ki 2:30 Daarop het BenáJaHûW by die Tent van JaHWeH gekom en vir hom gesê: Só spreek die koning: Kom uit. Maar hy sê: Nee, want hier wil ek sterf. En BenáJaHûW het die koning 'n antwoord gebring en gesê: So het JôWab gespreek, en so het hy my geantwoord. 1Ki 2:31 Toe beveel die koning hom: Doen soos hy gespreek het: val op hom aan, en begrawe hom, sodat jy die onskuldige bloed wat JôWab vergiet het, van my en my vader se huis af verwyder; [Númeri 35:33] 1Ki 2:32 en dat JaHWeH sy bloed op sy eie hoof laat neerkom, omdat hy op twee manne, regverdiger en suiwerder as hy, aangeval en hulle met die swaard vermoor het sonder medewete van my vader Dawid: Abner, die seun van Ner, die leërowerste van JisraEl, en Amása, die seun van Jeter, die leërowerste van JeHûWdah; 1Ki 2:33 en dat hulle bloed op die hoof van JôWab en op die hoof van sy saad vir ewig kan neerkom, maar Dawid en sy saad en sy huis en sy troon Vrede kan hê van JaHWeH tot in ewigheid. 1Ki 2:34 Toe het BenáJaHûW, die seun van JeHôWjada, opgegaan en op hom aangeval en hom gedood; en hy is begrawe in sy huis in die wildernis. [Levítikus 16:10] 1Ki 2:35 Daarop het die koning BenáJaHûW, die seun van JeHôWjada, in sy plek oor die leër aangestel; en Sadok, die priester, het die koning aangestel in die plek van Abjatar. [JeségiEl 44:15] 1Ki 2:36 Verder het die koning Símeï laat roep en vir hom gesê: Bou vir jou 'n huis in Jerusalem, en jy moet daar woon en mag daarvandaan nie uitgaan, nêrens heen nie; 1Ki 2:37 die dag dat jy uitgaan en oor die spruit Kidron trek, moet jy voorwaar weet dat jy sekerlik sal sterwe; jou bloed sal op jou hoof wees. 1Ki 2:38 En Símeï sê vir die koning: Dit is goed; soos my meester, die koning gespreek het, so sal u dienaar doen. En Símeï het baie dae in Jerusalem gebly. 1Ki 2:39 Maar aan die einde van drie jaar het twee van Símeï se slawe weggeloop na Agis, die seun van Máäga, die koning van Gat; en aan Símeï is meegedeel en gesê: Jou slawe is daar in Gat. 1Ki 2:40 Toe maak Símeï klaar en saal sy esel op en vertrek na Gat, na Agis toe, om sy slawe te soek; en Símeï het gegaan en sy slawe van Gat af gebring. 1Ki 2:41 Maar aan Salomo is meegedeel dat Símeï uit Jerusalem na Gat weggegaan en teruggekom het. 1Ki 2:42 Daarop laat die koning Símeï roep, en hy sê vir hom: Het ek jou nie by JaHWeH besweer en jou gewaarsku nie en gesê: Die dag dat jy uitgaan en êrens heen trek, moet jy voorwaar weet dat jy sekerlik sal sterwe? En jy het aan my gesê: Dit is goed; ek het gehoor. 1Ki 2:43 Waarom het jy dan die eed by JaHWeH en die gebod wat ek jou opgelê het, nie gehou nie? 1Ki 2:44 Verder sê die koning vir Símeï: Jy ken self al die besoedeling waar jou hart van weet, wat jy my vader Dawid aangedoen het; daarom laat JaHWeH jou besoedeling op jou eie hoof neerkom. 1Ki 2:45 Maar mag koning Salomo geseënd wees en die Troon van Dawid bevestig word voor die Aangesig van JaHWeH tot in ewigheid! 1Ki 2:46 Daarop gee die koning bevel aan BenáJaHûW, die seun van JeHôWjada: dié het uitgegaan en op hom aangeval, sodat hy gesterf het. En die koningskap is bevestig in die hand van Salomo. //Salomo se huwelik. Sy droomgesig in Gíbeon. Hy vra en verkry Wysheid. 1Ki 3:1 EN Salomo het hom verswaer met Farao, die koning van Egipte; hy het naamlik die dogter van Farao geneem en haar in die Stad van Dawid ingebring totdat hy met die bou van sy huis en die Huis van JaHWeH en die muur van Jerusalem rondom klaar sou wees. 1Ki 3:2 Alleenlik het die volk gedurig op die Hoogtes geslag, omdat tot op daardie dae daar geen huis vir die Naam van JaHWeH gebou was nie. 1Ki 3:3 En Salomo het JaHWeH liefgehad deur in die Insettinge van sy vader Dawid te wandel; hy het net gedurig op die Hoogtes geslag en rook laat opgaan. 1Ki 3:4 En die koning het na Gíbeon gegaan om daar te slag, omdat dit die Groot Hoogte was; duisend brandoffers het Salomo op daardie altaar opgedra. 1Ki 3:5 Toe verskyn JaHWeH in Gíbeon in 'n nagtelike droom aan Salomo; en Elohim het gesê: Begeer wat Ek jou moet gee. 1Ki 3:6 En Salomo sê: U het met U kneg, my vader Dawid, Medelye gehad, net soos hy voor U Aangesig gewandel het in Waarheid en in Geregtigheid en in opregtheid van hart met U; en U het vir hom hierdie groot guns bewaar, dat U hom 'n seun gegee het wat op sy troon sit, soos dit vandag is. 1Ki 3:7 Nou dan, JaHWeH my Elohey, U het U kneg koning gemaak in my vader Dawid se plek; maar ek is 'n jong seun; ek weet nie om uit of in te gaan nie. 1Ki 3:8 En U kneg is midde onder U volk wat U verkies het, 'n groot volk wat nie getel of bereken kan word weens die menigte nie. 1Ki 3:9 Gee dus aan U kneg 'n verstandige hart om Reg te spreek oor U volk, om tussen suiwer en besoedel te onderskei, want wie sou hierdie talryke volk van U kan regeer? 1Ki 3:10 En dit was suiwer in die Oë van Majesteit JaHWeH dat Salomo hierdie ding begeer het. 1Ki 3:11 En Elohim het vir hom gesê: Omdat jy hierdie versoek gedoen het en nie vir jou 'n lang lewe begeer het en nie vir jou rykdom begeer het en nie die siel van jou vyande begeer het nie, maar vir jou verstand begeer het om Regspraak te doen, 1Ki 3:12 so doen Ek dan volgens jou woord: Kyk, Ek gee jou 'n wyse en verstandige hart, sodat een soos jy vóór jou nie gewees het en een soos jy ná jou nie sal opstaan nie. 1Ki 3:13 Ja, selfs wat jy nie begeer het nie, sal Ek jou gee, rykdom sowel as eer, sodat onder die konings niemand soos jy sal wees al jou dae nie. 1Ki 3:14 En as jy in My Weë wandel, deur My Insettinge en My Gebooie te onderhou, soos jou vader Dawid gewandel het, dan sal Ek jou dae verleng. 1Ki 3:15 Toe word Salomo wakker, en - dit was 'n droom! Daarop het hy in Jerusalem gekom en voor die aangesig van die Verbondsark van JaHWeH gaan staan en brandoffers gebring en vergoedinge berei en 'n maaltyd vir al sy dienaars aangerig. 1Ki 3:16 In dié tyd kom daar twee vroue wat hoere was, na die koning, en hulle gaan voor hom staan. [JeségiEl 23:4] 1Ki 3:17 En die een vrou sê: Ag, my meester, ek en hierdie vrou woon in een huis, en ek het by haar in die huis gebaar. 1Ki 3:18 En op die derde dag ná my bevalling het hierdie vrou ook gebaar terwyl ons saam was; geen verbasterde was by ons in die huis nie, maar net ons twee in die huis. 1Ki 3:19 En die seun van hierdie vrou het in die nag gesterwe, omdat sy op hom gelê het. 1Ki 3:20 Toe staan sy in die middel van die nag op en neem my seun langs my weg terwyl u dienares slaap; en sy het hom in haar skoot neergelê, maar haar dooie seun in my skoot neergelê. 1Ki 3:21 Toe ek die môre opstaan om my seun te soog, was hy dood; maar in die môre het ek hom goed bekyk, en dit was nie my seun wat ek gebaar het nie! 1Ki 3:22 Maar die ander vrou sê: Nee, maar die lewendige is my seun, en die dooie is jou seun. Maar die eerste sê: Nee, maar die dooie is jou seun, en die lewendige is my seun. So het hulle dan voor die aangesig van die koning gestry. 1Ki 3:23 Toe dink die koning: Die een sê: Dit is my seun, die lewendige, en jou seun, die dooie. En die ander sê: Nee, maar die dooie is jou seun, en die lewendige my seun. 1Ki 3:24 Daarop gee die koning bevel: Bring vir my 'n swaard! En hulle het die swaard voor die aangesig van die koning gebring. 1Ki 3:25 En die koning sê: Sny die lewendige kind in twee stukke, en gee die helfte aan die een en die helfte aan die ander. 1Ki 3:26 Maar die vrou wie se kind die lewendige was, het met die koning gespreek, want haar binneste was ontroerd oor haar seun - sy het gesê: Ag, my meester, gee haar die lewendige kind en maak hom tog nie dood nie! - terwyl die ander een sê: Hy sal nie myne en ook nie joune wees nie; sny deur! 1Ki 3:27 Toe antwoord die koning en sê: Gee haar die lewendige kind en maak hom in geen geval dood nie: sy is die moeder. 1Ki 3:28 En die hele JisraEl het gehoor van die Regspraak wat die koning uitgespreek het, en was met ontsag vervul vir die koning; want hulle het gesien dat daar Wysheid van Elohim in sy binneste was om Reg te doen. //Salomo.se weelde, mag en rykdom. 1Ki 4:1 SO was koning Salomo dan koning oor die hele JisraEl. 1Ki 4:2 En dit was sy hoofamptenare: AzárJaHûW, die seun van Sadok, was die priester; 1Ki 4:3 Elijgorêf en AgiJaH, die seuns van Sisa, was skrywers; JeHôWshafat, die seun van Ahilud, was kanselier. 1Ki 4:4 En BenáJaHûW, die seun van JeHôWjada, was oor die leër, en Sadok en Abjatar was priesters. 1Ki 4:5 En AzárJaHûW, die seun van Natan, was oor die bestuurders; en Sabud, die seun van Natan, 'n priester, was die vriend van die koning. 1Ki 4:6 En Ahísar was oor die paleis; en Adoníram, die seun van Abda, was oor die dwangarbeid. 1Ki 4:7 Verder het Salomo oor die hele JisraEl twaalf bestuurders gehad wat die koning en sy paleis onderhou het; elkeen het 'n maand in die jaar die onderhoud op hom gehad. 1Ki 4:8 En dit is hulle name: Ben-Hur op die gebergte van Efraim; 1Ki 4:9 Ben-Deker in Makas en in Saälbim en Bet-Semes en Elon-Bet-Hanan; 1Ki 4:10 Ben-Hesed in Arúbbot; hy het Sogo en die hele Aarde van Hefer gehad; 1Ki 4:11 Ben-Abinádab, die hele hoëveld van Dor; hy het Tafat, die dogter van Salomo, as vrou gehad. 1Ki 4:12 Báäna, die seun van Ahílud, [het gehad]: Táänag en Megíddo en die hele Bet-Sean wat langs Sartan onderkant JizreEl lê, van Bet-Sean af tot by Abel-Mehóla, tot verby Jókmeam. 1Ki 4:13 Ben-Geber was in Ramot in Gílead; hy het die dorpe van Jaïr, die seun van Manasse, gehad wat in Gílead lê; hy het die landstreek Argob gehad wat in Basan lê: sestig groot stede met mure en kopergrendels. 1Ki 4:14 Ahínadab, die seun van Iddo, was in Mahanáim. 1Ki 4:15 Ahímaäs in Náftali; hy het ook 'n dogter van Salomo, Basmat, as vrou geneem. 1Ki 4:16 Báäna, die seun van Húsai, was in Aser en in Alot; 1Ki 4:17 JeHôWshafat, die seun van Parúag, in Issaskar; 1Ki 4:18 Símeï, die seun van Ela, in Benjamin; 1Ki 4:19 Geber, die seun van Uri, in die Aarde van Gílead, die Aarde van Sihon, die koning van die Amoriete, en van Og, die koning van Basan; die enigste leërowerste in die Aarde. 1Ki 4:20 JeHûWdah en JisraEl was talryk soos die sand wat aan die see is in menigte; hulle het geëet en gedrink en was bly. 1Ki 4:21 Verder was Salomo vors oor al die koninkryke van die Eufraat af tot by die Aarde van die Filistyne, en tot by die grens van Egipte; hulle het spysbydraes aangebring en Salomo gedien al die dae van sy lewe. 1Ki 4:22 En Salomo se brood vir een dag was dertig kor fynmeel en sestig kor meel; 1Ki 4:23 tien vetgemaakte beeste en twintig veldbeeste en honderd stuks kleinvee, behalwe die takbokke en gemsbokke en gestippelde takbokke en vetgemaakte ganse. 1Ki 4:24 Want hy het geheers oor alles wes van die Eufraat, van Tifsag af tot by Gasa, oor al die konings wes van die Eufraat, en vrede gehad aan alle kante rondom; 1Ki 4:25 sodat JeHûWdah en JisraEl veilig gewoon het, elkeen onder sy Wingerdstok en onder sy Vyeboom, van Dan tot Berséba, al die dae van Salomo. 1Ki 4:26 Verder het Salomo veertigduisend krippe gehad vir sy trekperde, en twaalfduisend ryperde. 1Ki 4:27 En daardie bestuurders het elkeen in sy maand koning Salomo onderhou en almal wat aan die tafel van koning Salomo kom; hulle het niks laat kortkom nie. 1Ki 4:28 En die gars en die strooi vir die perde en die renperde het hulle gebring op die plek waar dit moes wees, elkeen volgens sy reg. //Wysheid van Salomo. 1Ki 4:29 EN Elohim het aan Salomo Wysheid gegee en 'n baie groot Verstand en 'n ruimte van Insig soos die sand wat aan die seestrand lê, 1Ki 4:30 sodat die wysheid van Salomo groter was as die wysheid van al die kinders van die Ooste en as al die wysheid van Egipte. 1Ki 4:31 Ja, hy was wyser as al die adamiete, as Etan, die Esrahiet, en Heman en Kalkol en Darda, die seuns van Mahol, sodat hy beroemd was onder al die nasies rondom. 1Ki 4:32 En hy het drieduisend spreuke uitgespreek, en sy liedere was duisend-en-vyf. 1Ki 4:33 En hy het oor die bome gespreek, van die seder op die Líbanon tot die hisop wat teen die muur uitspruit; ook het hy gespreek oor die vee en oor die voëls en oor die kruipende diere en oor die visse. 1Ki 4:34 En van al die volke het hulle gekom om na die wysheid van Salomo te luister, van al die konings van die Aarde wat van sy wysheid gehoor het. //Die voorbereiding van die bou van die Tempel. 1Ki 5:1 EN Hiram, die koning van Tirus,het sy dienaars na Salomo gestuur, omdat hy gehoor het dat hulle hom in sy vader se plek as koning gesalf het, want Hiram was altyd 'n vriend van Dawid. 1Ki 5:2 Daarop laat Salomo aan Hiram weet: 1Ki 5:3 U weet self dat my vader Dawid geen huis vir die Naam van JaHWeH, sy Elohey kon bou nie vanweë die oorlog waarmee hulle hom omring het, totdat JaHWeH hulle onder sy voetsole gebring het. 1Ki 5:4 Maar nou het JaHWeH, my Elohey, my rus gegee rondom; daar is geen teëstander en daar is geen teëspoed wat dreig nie. 1Ki 5:5 En kyk, ek is van plan om vir die Naam van JaHWeH, my Elohey 'n huis te bou soos JaHWeH met my vader Dawid gespreek en gesê het: Jou seun wat Ek in jou plek op jou troon sal sit, hy sal die Huis vir My Naam bou. 1Ki 5:6 Gee dan nou bevel dat hulle vir my seders uit die Libanon kap, en laat my dienaars saam met u dienaars wees, en die loon van u dienaars sal ek u gee net soos u sê; want u weet self dat onder ons niemand is wat verstaan om bome te kap soos die Sidoniërs nie. 1Ki 5:7 Net toe Hiram die woorde van Salomo hoor, was hy baie bly en sê: Geseënd is JaHWeH vandag wat vir Dawid 'n wyse seun gegee het oor hierdie groot volk. 1Ki 5:8 Daarop laat Hiram aan Salomo weet: Ek het gehoor wat u my laat weet het; ék sal doen alles wat u verlang insake die sederhout en die sipreshout. 1Ki 5:9 My dienaars sal dit van die Libanon na die see afbring, en ék sal daar vlotte van maak op die see, tot by die plek wat u my sal laat weet, en ek sal dit daar uitmekaar laat neem; dan kan ú dit laat wegneem; en ú moet doen wat ek verlang deur brood aan my huis te lewer. 1Ki 5:10 So het Hiram dan aan Salomo sederhout en sipreshout gelewer, soveel as hy wou hê, 1Ki 5:11 terwyl Salomo aan Hiram gelewer het twintigduisend kor koring as voedsel vir sy huis en twintig kor uitgestampte olie; so het Salomo aan Hiram jaar vir jaar gelewer. 1Ki 5:12 En JaHWeH het aan Salomo Wysheid gegee volgens Sy belofte, en daar was vrede tussen Hiram en Salomo, en hulle twee het 'n verbond gesluit. 1Ki 5:13 Verder het koning Salomo uit die hele JisraEl die dwangarbeiders laat opkom, sodat die dwangarbeiders dertigduisend man was. 1Ki 5:14 En hy het hulle gestuur na die Líbanon, tienduisend elke maand by beurte; 'n maand was hulle op die Líbanon, twee maande tuis; en Adoníram was oor die dwangarbeid. 1Ki 5:15 Salomo het ook sewentigduisend draers en tagtigduisend klipkappers op die gebergte gehad, 1Ki 5:16 behalwe die hoofopsigters van Salomo wat oor die werk was, drieduisend-driehonderd wat bevel gevoer het oor die mense wat die werk doen. 1Ki 5:17 En die koning het bevel gegee om groot klippe, kosbare klippe uit te breek om die fondament van die huis met gekapte klippe te lê. 1Ki 5:18 En die bouers van Salomo en die bouers van Hiram en die Gibliete het dit gekap en die boomstamme en die klippe bewerk om die huis te bou. //Die bou van die Tempel. 1Ki 6:1 EN in die vierhonderd-en-tagtigste jaar ná die uittog van die kinders van JisraEl uit die Aarde van Egipte, in die vierde jaar van Salomo se regering oor JisraEl, in die maand Zif - dit is die tweede maand - het hy die Huis vir JaHWeH gebou. [2 Ezra 10:46] 1Ki 6:2 En die Huis wat koning Salomo vir JaHWeH gebou het, was sestig voorarm in sy lengte en twintig in sy breedte en dertig voorarm in sy hoogte. 1Ki 6:3 En die voorportaal, aan die voorkant van die hoofvertrek van die Huis, was twintig voorarm in sy lengte, oor die breedte van die Huis; tien voorarm in sy breedte aan die voorkant van die Huis. 1Ki 6:4 En hy het aan die Huis vensters gemaak met smal latwerk. 1Ki 6:5 En teen die muur van die Huis het hy rondom 'n aanbousel opgetrek, aan die mure van die Huis rondom die hoofvertrek en die binneste vertrek, en hy het dit rondom in verdiepings gemaak. 1Ki 6:6 Die onderste verdieping was vyf voorarm in haar breedte en die middelste ses voorarm in haar breedte en die derde sewe voorarm in haar breedte; want hy het vir die Huis rondom buitekant inkortings gemaak, om nie in die mure van die Huis in te las nie. 1Ki 6:7 En toe die Huis gebou is, is dit opgetrek van klippe, kant en klaar uit die breekplek: hamers en koubeitels, enige ystergereedskap, is nie gehoor by die Huis toe hy gebou is nie. 1Ki 6:8 Die ingang van die onderste verdieping was aan die suidelike sykant van die Huis, en wenteltrappe het opgegaan na die middelste, en van die middelste na die derde. 1Ki 6:9 En toe hy die Huis klaar gebou het, het hy die Huis oordek, by wyse van vakke en rye, met sederhout. 1Ki 6:10 En hy het die aanbousel teen die hele Huis gebou; vyf voorarm was [elke verdieping] hoog; en hy het dit aan die Huis bevestig met sederbalke. 1Ki 6:11 En die Woord van JaHWeH het tot Salomo gekom en gesê: 1Ki 6:12 Wat hierdie Huis betref, wat jy besig is om te bou - as jy wandel in My Insettinge en My Regspraak uitvoer en al My Gebooie onderhou om daarin te wandel, dan sal Ek My Woord wat Ek tot jou vader Dawid gespreek het, aan jou vervul; 1Ki 6:13 dan sal Ek onder die kinders van JisraEl woon en My volk JisraEl nie verlaat nie. 1Ki 6:14 Toe Salomo die Huis klaar gebou het, 1Ki 6:15 het hy die mure van die Huis van binne bedek met sederplanke; van die vloer van die Huis af tot by die balke van die plafon het hy dit van binne met hout belê, en die vloer van die Huis het hy met sipresplanke belê. 1Ki 6:16 Verder het hy die twintig voorarm van die agterkant van die Huis met sederplanke bedek, van die vloer af tot by die balke, en dit aan die binnekant as 'n binneste vertrek, vir die Apartheid van die Aparthede, gebou. 1Ki 6:17 En vooraan was die Huis, dit is die hoofvertrek, veertig voorarm. 1Ki 6:18 En sederhout was aan die Huis binnekant: snywerk van kolokwinte en oop blomknoppe, dit alles van sederhout; geen klip was daar te sien nie. 1Ki 6:19 So het hy dan 'n binneste vertrek binnekant in die middel van die Huis ingerig om die Verbondsark van JaHWeH daar neer te sit. 1Ki 6:20 En die binneste vertrek was twintig voorarm in lengte en twintig voorarm in breedte en twintig voorarm in sy hoogte, en hy het dit oorgetrek met fyn goud; en die altaar het hy met sederhout bedek. 1Ki 6:21 Verder het Salomo die Huis van binne met fyn goud oorgetrek, en hy het 'n afsluiting met goue kettings gemaak voor die aangesig van die binneste vertrek, wat hy met goud oorgetrek het. 1Ki 6:22 En die hele Huis het hy met goud oorgetrek, totdat die hele Huis daarmee bedek was; en die hele altaar wat by die binneste vertrek behoort, het hy met goud oorgetrek. 1Ki 6:23 Verder het hy in die binneste vertrek twee Gérubs gemaak van oliewenhout, tien voorarm hoog. 1Ki 6:24 En vyf voorarm was die een Vleuel van die Gérub, en vyf voorarm was die ander Vleuel van die Gérub: tien voorarm van die een punt van sy Vleuels tot by die ander punt daarvan. 1Ki 6:25 En tien voorarm die tweede Gérub: altwee die Gérubs het een maat en een gestalte gehad. 1Ki 6:26 Die hoogte van die een Gérub was tien voorarm, en net so die ander Gérub. 1Ki 6:27 Toe het hy die Gérubs in die middel van die binneste vertrek gesit, en die Vleuels van die Gérubs was uitgesprei, sodat die Vleuel van die een aan die een muur en die Vleuel van die ander Gérub aan die ander muur raak, terwyl hulle Vleuels, na die middel van die vertrek toe, Vleuel teen Vleuel raak. 1Ki 6:28 Verder het hy die Gérubs met goud oorgetrek. 1Ki 6:29 En aan al die mure van die Huis rondom, van die binneste en die buitenste [vertrek], het hy figure van Gérubs en palmbome en oop blomknoppe laat uitsny. [JeségiEl 41:18] 1Ki 6:30 En die vloer van die Huis, van die binneste en die buitenste [vertrek], het hy met goud oorgetrek. 1Ki 6:31 En as ingang van die binneste vertrek het hy deure van oliewenhout gemaak; die uitspringende raamwerk van die deurposte het die vorm van 'n vyfhoek gehad. 1Ki 6:32 En die twee deurvleuels was van oliewenhout, en daarop het hy figure van Gérubs en palmbome en oop blomknoppe laat uitsny en dit met goud oorgetrek, en die goud op die Gérubs en op die palmbome ingeslaan. 1Ki 6:33 En net so het hy vir die ingang van die hoofvertrek gemaak: deurposte van oliewenhout, vierkantig; 1Ki 6:34 en twee deurvleuels van sipreshout: die een vleuel van twee draaibare helftes en die ander vleuel van twee draaibare helftes. 1Ki 6:35 En hy het [daarop] Gérubs en palmbome en oop blomknoppe uitgesny, en met goud, dun oor die snywerk uitgeslaan, oorgetrek. 1Ki 6:36 Verder het hy die binneste voorhof gebou van drie lae gekapte klip en een laag sederbalke. 1Ki 6:37 In die vierde jaar is die fondament van die Huis van JaHWeH gelê, in die maan [maand] Zif, 1Ki 6:38 en in die elfde jaar, in die maan Buwl - dit is die agtste maand- was die Huis voltooi in al sy dele en volgens al sy vereistes, sodat hy sewe jaar daaraan gebou het. //Bou van Salomo se paleis. 1Ki 7:1 MAAR aan sy huis het Salomo dertien jaar gebou en die hele huis voltooi. 1Ki 7:2 Hy het naamlik die huis van die Líbanon-bos gebou, honderd voorarm in sy lengte en vyftig voorarm in sy breedte en dertig voorarm in sy hoogte, op vier rye sederpilare en sederbalke op die pilare. 1Ki 7:3 En dit was van bo oordek met sederhout, op die verdiepings wat rus op die pilare, vyf-en-veertig [bo-vertrekke], vyftien in 'n ry. 1Ki 7:4 En daar was drie rye vensters van latwerk; en oop venster teenoor oop venster, drie maal. 1Ki 7:5 En al die deure met die vensters was vierkantig van houtwerk, en venster was teenoor venster, drie maal. 1Ki 7:6 En die pilare-voorhuis het hy gemaak, vyftig voorarm in sy lengte en dertig voorarm in sy breedte, met 'n voorportaal daarvoor, naamlik pilare en 'n afdak daaroor. 1Ki 7:7 Verder het hy die troonsaal gemaak waar hy Regspraak beoefen het, die regsaal, en hy was bedek met sederhout van vloer tot vloer. 1Ki 7:8 Ook sy huis waar hy gewoon het, in die ander voorhof, van die saal af binnekant toe, was van dieselfde maaksel; en hy het vir die dogter van Farao wat Salomo geneem het, 'n huis gemaak soos hierdie saal. 1Ki 7:9 Hy was alles van kosbare klippe, volgens die maat van gekapte klip, aan die binne- en buitekant met die saag bewerk, naamlik van die fondament af tot by die muurplate, en van die buitekant af tot by die groot voorhof. 1Ki 7:10 En die fondament was van kosbare klippe, groot klippe, klippe van tien voorarm en klippe van agt voorarm. 1Ki 7:11 En daar bo-op was kosbare klippe, volgens die maat van gekapte klip, en sederhout. 1Ki 7:12 En die groot voorhof was rondom van drie lae gekapte klip en 'n laag sederbalke, net soos by die binneste voorhof van die Huis van JaHWeH en by die saal van die paleis. 1Ki 7:13 En koning Salomo het Hiram uit Tirus laat haal. 1Ki 7:14 Hy was die seun van 'n weduvrou uit die stam van Náftali, en sy vader was 'n man van Tirus, 'n kopersmid; en hy was vol Wysheid en Verstand en Kennis om allerhande werk in koper te maak. Hy het toe by koning Salomo gekom en al sy werk uitgevoer. //Die tempelgereedskap en -versiersels. 1Ki 7:15 HY het naamlik die twee pilare van koper gevorm; agttien voorarm was die hoogte van die een pilaar, en 'n lyn van twaalf voorarm kon die tweede pilaar omspan. 1Ki 7:16 En hy het twee kapitele gemaak om op die toppe van die pilare te sit, gietwerk van koper; vyf voorarm was die hoogte van die een kapiteel, en vyf voorarm was die hoogte van die ander kapiteel. 1Ki 7:17 Daar was vlegwerke - die maaksel van die vlegwerk was gedraaide drade, 'n maaksel van kettinkies - vir die kapitele op die top van die pilare; sewe vir die een kapiteel en sewe vir die ander kapiteel. 1Ki 7:18 Verder het hy die granaatjies gemaak, naamlik twee rye rondom oor die een vlegwerk, om die kapitele op die top van die pilare te bedek; en net so het hy vir die ander kapiteel gemaak. 1Ki 7:19 En die kapitele op die top van die pilare aan die voorportaal was vier voorarm, lelievormig, 1Ki 7:20 naamlik die kapitele op die twee pilare bo-aan, verby die vlegwerk wat vlak op die bol was. En die granaatjies was tweehonderd, in rye rondom, [ook] oor die tweede kapiteel. 1Ki 7:21 En hy het die pilare opgerig by die voorportaal van die hoofvertrek. Toe hy die regterpilaar opgerig het, noem hy dit Jagin; en toe hy die linkerpilaar opgerig het, noem hy dit Boas. 1Ki 7:22 Toe die leliewerk op die top van die pilare was, was die werk aan die pilare voltooi. 1Ki 7:23 Verder het hy die bad gemaak van gietwerk; van rand tot rand was tien voorarm, heeltemal rond; en die hoogte daarvan was vyf voorarm, en 'n lyn van dertig voorarm kon hom rondom omspan. 1Ki 7:24 En kolokwinte onder die rand van hom het hom rondom omring; tien op die voorarm het hulle die bad rondom omring: twee rye kolokwinte wat aan die gietwerk daarvan vasgegiet is. 1Ki 7:25 Hy het gestaan op twaalf beeste: drie kyk na die noorde, en drie kyk na die weste, en drie kyk na die suide, en drie kyk na die ooste toe, terwyl die bad bo-op hulle was, en al hulle agterdele was binnekant toe. 1Ki 7:26 En die dikte van hom was 'n handbreedte, en sy rand was in die vorm van 'n bekerrand, soos 'n lelieblom; hy het tweeduisend bat gehou. 1Ki 7:27 Hy het ook die tien afspoelwaentjies van koper gemaak; die lengte van elke afspoelwaentjie was vier voorarm, en vier voorarm haar breedte en drie voorarm haar hoogte. 1Ki 7:28 En dit was die maaksel van die bak: hy het sluitplate gehad, naamlik sluitplate tussen die sporte; 1Ki 7:29 en op die sluitplate tussen die sporte was leeus, beeste en Gérubs; en net so op die sporte; bokant en onderkant die leeus en beeste was afhangende kroonlysversierings. 1Ki 7:30 En elke afspoelwaentjie het vier koperwiele en koperasse gehad, en haar vier hoekstyle het skouerstukke gehad; onder teen die wasbak was die skouerstukke vasgegiet; teenoor elkeen was kroonlyste. 1Ki 7:31 En die opening daarvan was binnekant die kraag, en boontoe een voorarm; en haar mond was rond, in die vorm van 'n voetstuk, 'n voorarm en 'n halwe voorarm; en haar mond was graveerwerk, maar die sluitplate van haar was vierkantig, nie rond nie. 1Ki 7:32 En die vier wiele was onder die sluitplate, en die kloue van die wiele was in die bak, terwyl die hoogte van elke wiel 'n voorarm en 'n halwe voorarm was. [JeségiEl 1:21] 1Ki 7:33 En die maaksel van die wiele was in die vorm van 'n wawiel; die kloue en die vellings en die speke en die nawe daarvan was alles gietwerk. 1Ki 7:34 En vier skouerstukke was aan die vier hoeke van elke afspoelwaentjie; die skouerstukke daarvan was met die bak saam uit een stuk. 1Ki 7:35 En bo-aan die afspoelwaentjie was daar 'n kraag van 'n halwe voorarm hoog, heeltemal rond; en bo-op die bak was die kloue en haar sluitplate, uit haar een stuk. 1Ki 7:36 En hy het op die vlakke van die kloue en haar sluitplate Gérubs, leeus en palmbome gegraveer volgens die ruimte van elkeen, en blomkranse rondom. 1Ki 7:37 So het hy die tien afspoelwaentjies gemaak: een en dieselfde gietwerk, een maat, een vorm het hulle almal gehad. 1Ki 7:38 Verder het hy tien koperwaskomme gemaak; elke kom het veertig bat gehou; elke kom was vier voorarm; een kom was op elke bak van die tien afspoelwaentjies. 1Ki 7:39 Toe het hy die afspoelwaentjies opgestel: vyf aan die suidekant van die huis en vyf aan die noordekant van die huis; maar die bad het hy aan die suidekant van die huis opgestel, teen die ooste na die suide toe. 1Ki 7:40 Verder het Hiram die potte en die skoppe en die sprinkelflesse gemaak. So het Hiram dan al die werk voleindig wat hy vir koning Salomo in die Huis van JaHWeH gedoen het: 1Ki 7:41 twee pilare met die twee bolle van die kapitele wat op die top van die pilare was, en die twee stukke vlegwerk om die twee bolle van die kapitele op die top van die pilare te oordek; 1Ki 7:42 en die vierhonderd granaatjies vir die twee stukke vlegwerk: twee rye granaatjies vir elke vlegwerk, om die twee bolle van die kapitele bo-op die pilare te oordek; 1Ki 7:43 en die tien afspoelwaentjies en die tien waskomme op die afspoelwaentjies; 1Ki 7:44 en die een bad en die twaalf beeste onder die bad; 1Ki 7:45 en die potte en die skoppe en die sprinkelflesse: al hierdie voorwerpe wat Hiram vir koning Salomo in die Huis van JaHWeH gemaak het, was van gepolyste koper. 1Ki 7:46 In die Jordaanstreek waar die Adamah[adamiet se Aarde] diep was, tussen Sukkot en Sartan, het die koning dit gegiet. 1Ki 7:47 En Salomo het al die voorwerpe ongeweeg laat bly vanweë die baie groot menigte; die gewig van die koper is nie bereken nie. 1Ki 7:48 Verder het Salomo al die voorwerpe wat in die Huis van JaHWeH was, gemaak: die goue altaar en die tafel waar die toonbrode op [moes lê], van goud; 1Ki 7:49 en die kandelaars, vyf regs en vyf links, voor die aangesig van die binneste vertrek, van fyn goud; en die blomwerk en die lampe en die snuiters, van goud; 1Ki 7:50 en die skottels en die messe en die sprinkelflesse en die panne en die koolpanne, van fyn goud; en die skarniere vir die deure van die binneste vertrek: vir die Apartheid van die Aparthede, [en] vir die deure van die saal, van die hoofvertrek, van goud. 1Ki 7:51 En toe al die werk wat koning Salomo in die Huis van JaHWeH gemaak het, gereed was, het Salomo die apartheids[dinge] van sy vader Dawid ingebring; die silwer en die goud en die voorwerpe het hy in die skatkamers van die Huis van JaHWeH neergesit. //Inwyding van die Tempel. 1Ki 8:1 DAARNA het Salomo die oudstes van JisraEl en al die stamhoofde, die hoofdelike vaders van die kinders van JisraEl, by koning Salomo in Jerusalem byeen laat kom om die Verbondsark van JaHWeH uit die Stad van Dawid, Sy is Sion, op te bring. 1Ki 8:2 En al die manne van JisraEl het by koning Salomo op die Fees vergader in die maand Étanim, dit is die sewende maand. 1Ki 8:3 Toe al die oudstes van JisraEl daar kom, het die priesters die Ark opgeneem 1Ki 8:4 en die Ark van JaHWeH en die Tent van Samekoms gebring saam met al die voorwerpe van die Apartheid wat in die Tent was; naamlik die priesters en die Leviete het dit gebring. 1Ki 8:5 En terwyl koning Salomo en die hele vergadering van JisraEl wat byeengekom het, saam met hom voor die aangesig van die Ark staan, het hulle kleinvee en beeste geslag wat vanweë die menigte nie getel of bereken kon word nie. 1Ki 8:6 Verder het die priesters die Verbondsark van JaHWeH na haar plek gebring, in die binneste vertrek van die huis, na die Apartheid van die Aparthede, onder die Vleuels van die Gérubs. 1Ki 8:7 Want die Gérubs het die Vleuels uitgesprei oor die plek van die Ark, sodat die Gérubs die Ark en haar draaghoute van bo af beskut het. 1Ki 8:8 En die draaghoute was so lank, dat die punte van die draaghoute uit die Apartheid vooraan die Binneste vertrek gesien kon word, maar [verder] buitentoe was hulle nie sigbaar nie; en hulle is daar tot vandag toe. 1Ki 8:9 Daar was niks in die Ark nie buiten die twee Kliptablette wat Moshè by Horeb in haar neergelê het, toe JaHWeH 'n Verbond met die kinders van JisraEl gesluit het by hulle uittog uit die Aarde van Egipte. 1Ki 8:10 En toe die priesters uit die Apartheid uitgaan, het die Wolkkolom die Huis van JaHWeH gevul. 1Ki 8:11 En die priesters kon vanweë die Wolkkolom nie staan om diens te doen nie, want die Glansrykheid van JaHWeH het die Huis van JaHWeH gevul. //Rede en gebed van Salomo by die inwyding van die Tempel. 1Ki 8:12 TOE het Salomo gesê: JaHWeH het gesê dat Hy in donkerheid wil woon. 1Ki 8:13 Verseker het ek vir U 'n woonhuis gebou, 'n vaste plek vir U om ewig in te woon. 1Ki 8:14 Daarop draai die koning sy aangesig om en seën die hele vergadering van JisraEl, terwyl die hele vergadering van JisraEl staan. 1Ki 8:15 En hy sê: Geloofd sy JaHWeH, die Elohey van JisraEl, Wie se Hand volbring het wat Sy Mond met my vader Dawid gespreek en gesê het: 1Ki 8:16 Van die dag af dat Ek My volk JisraEl uit Egipte uitgelei het, het Ek geen stad verkies uit al die stamme van JisraEl om 'n huis te bou, dat My Naam daar sou wees nie; maar Ek het Dawid verkies om oor My volk JisraEl te wees. 1Ki 8:17 Toe dit dan in die hart van my vader Dawid was om 'n Huis te bou vir die Naam van JaHWeH, die Elohey van JisraEl, 1Ki 8:18 het JaHWeH aan my vader Dawid gesê: Dat dit in jou hart was om vir My Naam 'n Huis te bou - daarin het jy suiwer gehandel, dat dit in jou hart was. 1Ki 8:19 Net maar, jy sal die Huis nie bou nie, maar jou seun wat uit jou lendene sal voortkom, dié sal vir My Naam die Huis bou. 1Ki 8:20 En JaHWeH het Sy Woord vervul wat Hy gespreek het, sodat ek opgestaan het in die plek van my vader Dawid, en ek sit op die troon van JisraEl soos JaHWeH gespreek het; en ek het die Huis gebou vir die Naam van JaHWeH, die Elohey van JisraEl, 1Ki 8:21 en daar 'n plek ingerig vir die Ark, waarin die Verbond van JaHWeH is, wat met ons vaders gesluit is toe Hy hulle uit die Aarde van Egipte uitgelei het. 1Ki 8:22 Toe het Salomo voor die aangesig van die altaar van JaHWeH gaan staan, teenoor die hele vergadering van JisraEl, en sy handpalms uitgestrek na die Hemele [2 Ezra 7:38] 1Ki 8:23 en gesê: JaHWeH, Elohey van JisraEl, daar is bo in die Hemele of onder op die Aarde geen Elohim soos U nie, wat die Verbond hou en die Medelye het met U knegte wat voor U Aangesig wandel met hulle hele hart, 1Ki 8:24 wat vir U kneg, my vader Dawid, U belofte aan hom gehou het; ja, met U Mond het U dit gespreek en met U Hand volbring soos dit vandag is. 1Ki 8:25 Hou nou ook, JaHWeH, Elohey van JisraEl, die belofte wat U aan U kneg, my vader Dawid, gedoen het, naamlik: Daar sal vir jou nooit 'n man voor My Aangesig ontbreek wat op die troon van JisraEl sal sit nie as jou seuns net hulle weg in ag neem deur te wandel voor My Aangesig soos jy voor My Aangesig gewandel het. 1Ki 8:26 Laat dan nou, o Elohey van JisraEl, U Woord tog waar gemaak word wat U gespreek het tot U kneg, my vader Dawid. 1Ki 8:27 Maar sou Elohim werklik op die Aarde woon? Kyk, die Hemele, ja, die hoogste Hemele kan U nie bevat nie, hoeveel minder hierdie Huis wat ek gebou het. 1Ki 8:28 Wend U dan tot die gebed van U kneg en tot sy smeking, JaHWeH my Elohey, deur te luister na die geroep en die gebed wat U kneg vandag voor U Aangesig bid; 1Ki 8:29 sodat U Oë daar mag wees, nag en dag oor hierdie Huis, oor die plek waarvan U gesê het: My Naam sal daar wees! sodat U mag luister na die gebed wat U kneg na hierdie plek toe sal bid. 1Ki 8:30 Luister dan na die smeking van U kneg en van U volk JisraEl wat hulle na hierdie plek toe sal bid; ja, mag U hoor [elke gebed] na U woonplek, na die Hemele toe, en as U dit hoor, vergewe dan. 1Ki 8:31 As iemand teen sy naaste oortree en hulle hom 'n eed oplê om hom tot selfvervloeking te bring en hy voor die aangesig van U altaar in hierdie Huis kom sweer, 1Ki 8:32 wil U dan hoor in die Hemele en handel en U knegte Reg verskaf deur die besoedelde besoedeld te verklaar en sy wandel op sy hoof te lê en die regverdige regverdig te verklaar deur hom te gee na sy Geregtigheid. 1Ki 8:33 As U volk JisraEl verslaan word voor die aangesig van 'n vyand, omdat hulle teen U oortree het, en hulle hul tot U bekeer en U Naam bely en tot U bid en smeek in hierdie Huis, 1Ki 8:34 wil U dan hoor in die Hemele en die oortredinge van U volk JisraEl vergewe en hulle terugbring na die Adamah[adamiet se Aarde] wat U aan hulle vaders gegee het. 1Ki 8:35 As die Hemele toegesluit bly, dat daar geen reën is nie, omdat hulle teen U oortree het, maar hulle na hierdie plek toe bid en U Naam bely en van hulle oortredinge hul bekeer, omdat U hulle verootmoedig, 1Ki 8:36 wil U dan hoor in die Hemele en die oortredinge van U knegte en van U volk JisraEl vergewe - want U leer hulle die suiwer Weg waar hulle in haar moet wandel - en gee reën op U Aarde wat U aan U volk as 'n erfenis gegee het. 1Ki 8:37 As daar hongersnood is in die Aarde, as daar pes is, as daar brandkoring, heuningdou, sprinkane, kaalvreters is, as sy vyand hom in die Aarde, in sy poorte dit benoud maak, watter plaag, watter siekte ook al, 1Ki 8:38 enige gebed, enige smeking wat 'n adamiet van U hele volk JisraEl sal doen, as elkeen die plaag van sy hart ken, sodat hy sy handpalms na hierdie Huis toe uitstrek - 1Ki 8:39 wil U dan hoor in die Hemele, U vaste woonplek, en vergewe en handel en aan elkeen gee volgens sy weë, U wat sy hart ken - want U alleen ken die hart van al die seuns van die Adamiete - 1Ki 8:40 sodat hulle U kan vrees al die dae wat hulle leef op die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde] wat U aan ons vaders gegee het. 1Ki 8:41 Ja, ook na die uitlander wat nie van U volk JisraEl is nie, en uit 'n ver deel van die Aarde ter wille van U Naam kom - 1Ki 8:42 want hulle sal hoor van U grote Naam, U Sterke Hand en U Uitgestrekte Arm - as hy kom en bid na hierdie Huis toe, 1Ki 8:43 wil U dan hoor uit die Hemele, U vaste woonplek, en doen volgens alles waaroor die uitlander U sal aanroep, sodat al dié volke van die Aarde U Naam mag ken, om U te vrees soos U volk JisraEl, en mag gewaar word dat U Naam uitgeroep is oor hierdie Huis wat ek gebou het. 1Ki 8:44 As U volk uittrek in die oorlog teen sy vyand op die pad waarop U hulle stuur, en hulle bid tot JaHWeH in die rigting van die Stad wat U in haar verkies het, en van die Huis wat ek vir U Naam gebou het, 1Ki 8:45 wil dan in die Hemele hulle gebed en hulle smeking hoor en [aan hulle] hul Reg verskaf. 1Ki 8:46 As hulle teen U oortree - want daar is geen adamiet wat nie oortree nie - en U op hulle toornig is en hulle aan 'n vyand oorgee en hulle veroweraars hulle as gevangenes wegvoer voor die aangesig van die Aarde, van die vyand, ver of naby, 1Ki 8:47 en hulle dit ter harte neem in die Aarde waarheen hulle as gevangenes weggevoer is, en hulle hul bekeer en U smeek in die Aarde van die wat hulle weggevoer het, en sê: Ons het oortree en verkeerd gehandel, ons het besoedel opgetree - 1Ki 8:48 en hulle hul tot U bekeer met hul hele hart en met hul hele siel, in die Aarde van hul vyande wat hulle weggevoer het, en hulle bid tot U in die rigting van hulle Aarde wat U aan hulle vaders gegee het, van die Stad wat U verkies het, en die Huis wat ek vir U Naam gebou het, 1Ki 8:49 wil dan in die Hemele, U vaste Woonplek, hulle gebed en hulle smeking hoor en [aan hulle] hul Reg verskaf, 1Ki 8:50 en vergeef U volk wat hulle teen U oortree het, ja, al hulle oortredinge wat hulle teen U begaan het; en laat hulle barmhartigheid vind voor die aangesig van hulle wat weggevoer het, dat dié hulle barmhartig kan wees. 1Ki 8:51 Want hulle is U volk en U Erfdeel wat U uit Egipte uitgelei het uit die yster-smeltoond. 1Ki 8:52 Mag U Oë dan daar wees vir die smeking van U kneg en vir die smeking van U volk JisraEl, om na hulle te luister so dikwels as hulle U aanroep. 1Ki 8:53 Want U het hulle vir U as Erfdeel afgeskei uit al die volke van die Aarde, soos U deur die hand van U kneg Moshè gespreek het toe U, my Meester JaHWeH, ons vaders uit Egipte uitgelei het. 1Ki 8:54 Net toe Salomo gereed was om hierdie hele gebed en smeking tot JaHWeH te bid, het hy voor die altaar van JaHWeH opgestaan uit sy knielende houding, met sy handpalms na die Hemele uitgestrek; 1Ki 8:55 en hy het gaan staan en die hele vergadering van JisraEl hardop geseën en gesê: 1Ki 8:56 Geloofwaardig is JaHWeH wat aan Sy volk JisraEl rus gegee het net soos Hy gespreek het: geen enkele woord het onvervuld gebly van al die suiwer woorde wat Hy deur die hand van Sy kneg Moshè gespreek het nie. 1Ki 8:57 Mag JaHWeH onse Elohey met ons wees soos Hy met ons vaders gewees het; mag Hy ons nie verlaat en ons nie verwerp nie - 1Ki 8:58 deur ons hart tot Hom te neig om in al Sy Weë te wandel en om Sy Gebooie en Sy Insettinge en Sy Regsprake wat Hy ons vaders beveel het, te onderhou. 1Ki 8:59 En mag hierdie woorde van my, waarmee ek voor die Aangesig van JaHWeH gesmeek het, dag en nag naby JaHWeH onse Elohey wees, sodat Hy Reg kan verskaf aan Sy kneg en aan Reg aan Sy volk JisraEl na die dag tot dag se woorde [aan hulle]; 1Ki 8:60 sodat al dié volke van die Aarde kan weet dat Hy, JaHWeH die Elohim [is], niemand meer nie. 1Ki 8:61 Laat julle hart dan volkome met JaHWeH onse Elohey wees om te wandel in Sy Insettinge en Sy Gebooie te onderhou, soos vandag. 1Ki 8:62 En die koning, en die hele JisraEl saam met hom, was besig om slagdiere voor die Aangesig van JaHWeH te slag. 1Ki 8:63 En Salomo het slagdiere van vergoeding geslag wat hy aan JaHWeH gebring het, twee-en-twintigduisend beeste en honderd-en-twintigduisend stuks kleinvee geslag; so het hulle dan die Huis van JaHWeH ingewy, die koning en al die kinders van JisraEl. 1Ki 8:64 Op dié dag het die koning die middel van die voorhof skoon gemaak wat voor die Huis van JaHWeH was; want daar het hy die brandoffer en die spysbydrae en die vet van die vergoedinge berei, omdat die altaar van koper voor die Aangesig van JaHWeH te klein was om die brandoffer en die spysbydrae en die vet van die vergoedinge te bevat. 1Ki 8:65 So het Salomo dan in dié tyd die Fees gehou en die hele JisraEl saam met hom, 'n groot vergadering van die ingang na Hamat af tot by die spruit van Egipte, voor die Aangesig van JaHWeH onse Elohey, sewe dae en sewe dae, veertien dae lank. 1Ki 8:66 Op die agtste dag het hy die volk laat gaan, en hulle het die koning geseën en na hul tente gegaan, verheug en opgeruimd oor al die suiwerheid wat JaHWeH aan Sy kneg Dawid en Sy volk JisraEl bewerk het. //JaHWeH verskyn weer aan Salomo. 1Ki 9:1 NET toe Salomo gereed was met die bou van die Huis van JaHWeH en die Huis van die koning en elke begeerte wat Salomo wou uitvoer, 1Ki 9:2 verskyn JaHWeH vir die tweede maal aan Salomo soos Hy aan hom verskyn het in Gíbeon; 1Ki 9:3 en JaHWeH sê vir hom: Ek het jou gebed en jou smeking gehoor wat jy voor My Aangesig uitgespreek het. Hierdie Huis wat jy gebou het, sonder Ek af deur My Naam daar te vestig tot in ewigheid; en My Oë en My Hart sal daar altyd wees. 1Ki 9:4 En wat jou betref, as jy wandel voor My Aangesig soos jou vader Dawid gewandel het, met 'n volkome hart en in opregtheid deur te doen net soos Ek jou beveel het, [en] My Insettinge en Regsprake onderhou, 1Ki 9:5 dan sal Ek die troon van jou koningskap oor JisraEl vir ewig bevestig, soos Ek jou vader Dawid beloof het deur te sê: Daar sal vir jou nooit 'n man ontbreek op die troon van JisraEl nie. 1Ki 9:6 As julle en julle kinders ooit van My afvallig word en My Gebooie, My Insettinge wat Ek julle voorgehou het, nie onderhou nie, maar gode van andere gaan dien en voor hulle neerbuig, 1Ki 9:7 dan sal Ek JisraEl vanaf die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde] uitroei wat Ek hulle gegee het, en die Huis wat Ek vir My Naam afgesonder het, sal Ek van My Aangesig wegwerp, sodat JisraEl 'n spreekwoord en 'n spotlied sal word onder al die volke. 1Ki 9:8 En hierdie Huis [wat] so hoog is - elkeen wat daarlangs verbygaan, sal hom verbaas en spot, en hulle sal vra: Waarom het JaHWeH so gedoen met hierdie Aarde en met hierdie Huis? 1Ki 9:9 Dan sal hulle sê: Omdat hulle JaHWeH, hulle Elohey verlaat het wat hulle vaders uit die Aarde van Egipte uitgelei het, en sterk geword het in die gode van andere en voor hulle neergebuig en hulle gedien het - daarom het JaHWeH al hierdie rampe oor hulle gebring. //Die stede wat Salomo gebou het. Sy vloot. 1Ki 9:10 EN aan die einde van twintig jaar waarin Salomo die twee huise, die Huis van JaHWeH en die huis van die koning, gebou het - 1Ki 9:11 het Hiram, die koning van Tirus, Salomo gehelp met sederhout en sipreshout en goud soveel as hy wou hê - gee koning Salomo aan Hiram twintig stede in die Aarde van Galiléa. 1Ki 9:12 En Hiram het uit Tirus uitgetrek om die stede te bekyk wat Salomo hom gegee het, maar hulle was nie reg in sy oë nie. 1Ki 9:13 Daarop sê hy: Wat vir stede is dit wat jy my gegee het, my broer? En hulle noem haar die Aarde van Kabul, tot vandag toe. 1Ki 9:14 En Hiram het aan die koning honderd-en-twintig talente goud gestuur. 1Ki 9:15 En dit was die saak van die dwangarbeiders wat koning Salomo laat opkom het om die Huis van JaHWeH en sy huis en Millo en die muur van Jerusalem en Hasor en Megíddo en Geser te bou. 1Ki 9:16 (Farao, die koning van Egipte, het opgetrek en het Geser ingeneem en dit met vuur verbrand en die Kanaäniete wat in die stad gewoon het, gedood en dit as 'n trougeskenk aan sy dogter, die vrou van Salomo, gegee.) 1Ki 9:17 So het Salomo dan Geser opgebou en Bet-Horon-Onder 1Ki 9:18 en Báälat en Tamar in die wildernis, in die Aarde, 1Ki 9:19 en al die voorraadstede wat Salomo gehad het, en die stede vir die strydwaens en die stede vir die perderuiters en wat Salomo graag wou gebou het in Jerusalem en in die Líbanon en in die hele Aarde van sy heerskappy. 1Ki 9:20 Al die mense wat oorgebly het van die Amoriete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, wat nie uit die kinders van JisraEl was nie - 1Ki 9:21 hulle kinders wat ná hulle in die Aarde oorgebly het, wat die kinders van JisraEl nie met die banvloek kon tref nie, dié het Salomo laat opkom vir dwangarbeid, tot vandag toe. 1Ki 9:22 Maar van die kinders van JisraEl het Salomo niemand 'n slaaf gemaak nie, maar hulle was krygsmanne en sy dienaars en sy owerstes en sy adjudante en owerstes oor sy strydwaens en sy perderuiters. 1Ki 9:23 Dit was die hoofopsigters van Salomo oor die werk: vyfhonderd-en-vyftig wat oor die mense wat die werk verrig, bevel gevoer het. 1Ki 9:24 Skaars het die dogter van Farao opgetrek uit die Stad van Dawid na haar huis wat hy vir haar gebou het, of hy het Millo gebou. 1Ki 9:25 En Salomo het drie maal in die jaar brandoffers en vergoedinge gebring op die altaar wat hy vir JaHWeH gebou het, hy het naamlik rook laat opgaan by die [altaar] wat daar was voor die Aangesig van JaHWeH, sodat hy die Huis voltooi het. 1Ki 9:26 Koning Salomo het ook skepe gebou in Éseon-Geber wat by Elat aan die kus van die Skelfsee in die Aarde van Edom lê. 1Ki 9:27 Toe stuur Hiram sy dienaars op die skepe, seevaarders wat die see ken, saam met die dienaars van Salomo; 1Ki 9:28 en hulle het in Ofir aangekom en daarvandaan goud gaan haal, vierhonderd-en-twintig talente, en dit na koning Salomo gebring. //Die koningin van Skeba kom Salomo besoek. 1Ki 10:1 EN toe die koningin van Skeba die gerug van Salomo hoor in verband met die Naam van JaHWeH, het sy gekom om hom met raaisels op die proef te stel. 1Ki 10:2 En sy het na Jerusalem gekom met 'n baie groot trek, met kamele wat speserye en 'n menigte goud en edelgesteentes dra; en toe sy by Salomo inkom, het sy met hom gespreek oor alles wat in haar hart was. 1Ki 10:3 En Salomo het haar al haar raaisels verklaar; geen raaisel was vir die koning te diepsinnig om haar dit te verklaar nie. 1Ki 10:4 Toe die koningin van Skeba dan al die Wysheid van Salomo sien en die huis wat hy gebou het, 1Ki 10:5 en die voedsel van sy tafel en hoe sy dienaars sit en sy bediendes staan, en hulle klere, en sy dranke en sy trap waarmee hy opklim in die Huis van JaHWeH, was daar in haar geen gees meer nie. 1Ki 10:6 Daarop sê sy aan die koning: Die gerug was Waarheid wat ek in my Aarde gehoor het oor u en oor u Wysheid; 1Ki 10:7 en ek het die gerugte nie geglo nie, totdat ek gekom en my oë gesien het; en kyk, die helfte is my nie meegedeel nie. U oortref in wysheid en in welvaart die gerug wat ek gehoor het. 1Ki 10:8 Geseënd is u manne, geseënd hierdie dienaars van u wat voortdurend voor u staan, wat u wysheid hoor. 1Ki 10:9 Geloofd sy JaHWeH, u Elohey wat behae in u gehad het om u op die troon van JisraEl te laat sit! Omdat JaHWeH JisraEl vir ewig liefhet, het Hy u as koning aangestel om Reg en Geregtigheid te doen. 1Ki 10:10 Verder het sy aan die koning honderd-en-twintig talente goud en 'n groot menigte speserye en edelgesteentes gegee; daar het nooit weer so 'n menigte speserye ingekom as wat die koningin van Skeba aan koning Salomo gegee het nie. 1Ki 10:11 Maar ook die skepe van Hiram wat goud uit Ofir gaan haal het, het uit Ofir 'n groot menigte sandelhout en edelgesteentes gebring. 1Ki 10:12 En van die sandelhout het die koning trapleunings gemaak vir die Huis van JaHWeH en die huis van die koning, en siters en harpe vir die sangers; so het daar geen sandelhout ingekom en is daar nie gesien tot vandag toe nie. 1Ki 10:13 En koning Salomo het aan die koningin van Skeba al haar begeerte gegee wat sy gevra het, bo wat hy haar na die vermoë van koning Salomo gegee het. Daarop het sy omgedraai en na haar Aarde getrek, sy en haar dienaars. //Rykdom, weelde en roem van Salomo. 1Ki 10:14 EN die gewig van Salomo se inkomste aan goud in een jaar was seshonderd-ses-en-sestig talente goud, 1Ki 10:15 behalwe wat ingekom het van die koopmans wat rondtrek, en van die wins van die handelaars en van al die konings van die gemengde bevolking en van die goewerneurs van die Aarde. 1Ki 10:16 En koning Salomo het tweehonderd groot skilde van geslae goud gemaak; seshonderd sikkels goud het hy op elke groot skild gebruik; 1Ki 10:17 en driehonderd klein skilde van geslae goud; drie mines goud het hy op elke klein skild gebruik, en die koning het dit in die huis van die Líbanon-bos gesit. 1Ki 10:18 Verder het die koning 'n groot troon van ivoor gemaak en hom met suiwer goud oorgetrek. 1Ki 10:19 Die troon het ses trappe gehad, en die kopstuk van die troon was van agter rond, en aan weerskante was trapleunings by die sitplek, terwyl twee leeus langs die leunings staan. 1Ki 10:20 Daarby het twaalf leeus daar op die ses trappe aan weerskante gestaan; so iets is nooit vir enige koninkryk gemaak nie. 1Ki 10:21 En die hele drinkservies van koning Salomo was van goud, en al die voorwerpe van die huis van die Líbanon-bos van fyn goud; silwer was daar nie by nie: dit is in die dae van Salomo as niks gereken nie. 1Ki 10:22 Want die koning het Tarsis-skepe op die see gehad by die skepe van Hiram; een maal in drie jaar het die Tarsis-skepe ingekom, gelaai met goud en silwer, ivoor en ape en poue. 1Ki 10:23 So het koning Salomo dan groter geword as al die konings van die Aarde, in rykdom en wysheid. 1Ki 10:24 En die hele Aarde het die aangesig van Salomo gesoek om sy wysheid te hoor wat Elohim in sy hart gegee het, 1Ki 10:25 terwyl elkeen van hulle sy geskenk saambring: silwervoorwerpe en goue voorwerpe en klere en wapens en speserye, perde en muile, jaar vir jaar. 1Ki 10:26 Verder het Salomo strydwaens en perderuiters versamel, sodat hy veertienhonderd waens en twaalfduisend perderuiters gehad het; en hy het dit in die stede vir die waens en by die koning in Jerusalem opgestel. 1Ki 10:27 Verder het die koning die silwer in Jerusalem gemaak soos klippe en die seders gemaak soos wildevyebome wat in die Laeveld is, in menigte. 1Ki 10:28 En die uitvoer van perde vir Salomo was uit Egipte en uit Kwé; handelaars van die koning het dit uit Kwé gaan haal teen koopprys. 1Ki 10:29 En 'n wa het uit Egipte opgekom, en sy is verkoop vir seshonderd sikkels silwer, en 'n perd vir honderd-en-vyftig; en so is dit vir al die konings van die Hetiete en vir die konings van Aram deur hulle uitgevoer. //Salomo word verlei tot idolary. JaHWeH kondig hom sy straf aan. 1Ki 11:1 EN koning Salomo het baie volksvreemde vroue liefgehad; en wel behalwe die dogter van Farao, Moabitiese, Ammonitiese, Edomitiese, Sidoniese, Hetitiese - 1Ki 11:2 uit die nasies waarvan JaHWeH aan die kinders van JisraEl gesê het: Julle mag nie met hulle meng nie, en hulle mag nie met julle meng nie; hulle sal voorwaar julle hart verlei agter hulle gode aan - Salomo het hulle met liefde aangekleef. 1Ki 11:3 En hy het sewehonderd vroue, vorstinne, gehad, en driehonderd byvroue, sodat sy vroue sy hart verlei het. 1Ki 11:4 En in die tyd van Salomo se ouderdom het sy vroue sy hart verlei agter gode van andere aan, sodat sy hart nie volkome met JaHWeH, sy Elohey was soos die hart van sy vader Dawid nie. 1Ki 11:5 En Salomo het agter Ashtoreth, die gode van die Sidoniërs, en agter Milkom, die verfoeisel van die Ammoniete, aan geloop. 1Ki 11:6 So het Salomo dan gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH en nie volgehou om JaHWeH te volg soos sy vader Dawid nie. 1Ki 11:7 Toe het Salomo 'n hoogte gebou op die berg wat oostelik van Jerusalem lê, vir Kamos, die verfoeisel van die Moabiete, en vir Molog, die verfoeisel van die kinders van Ammon. 1Ki 11:8 En so het hy gedoen vir al sy volksvreemde vroue wat rook laat opgaan het en geslag het aan hulle gode. 1Ki 11:9 Daarom was JaHWeH woedend vir Salomo, omdat sy hart afgewyk het van JaHWeH, die Elohey van JisraEl, wat twee maal aan hom verskyn het, 1Ki 11:10 en hom bevel gegee het omtrent hierdie saak om nie agter gode van andere aan te loop nie; maar hy het die bevel van JaHWeH nie gehou nie. 1Ki 11:11 Daarom het JaHWeH vir Salomo gesê: Omdat dit so ver is met jou dat jy My Verbond en My Insettinge wat Ek jou beveel het, nie hou nie, sal Ek verseker die koningskap van jou afskeur en haar aan jou dienaar gee. 1Ki 11:12 Maar in jou dae sal Ek dit nie doen nie ter wille van jou vader Dawid; uit die hand van jou seun sal Ek haar afskeur. 1Ki 11:13 Maar Ek sal nie die hele koningskap afskeur nie; een stam sal Ek aan jou seun gee ter wille van My kneg Dawid en ter wille van Jerusalem wat Ek verkies het. //Vyande van Salomo. 1Ki 11:14 EN JaHWeH het vir Salomo as teëstander verwek Hadad, die Edomiet; hy was van die koninklike saad in Edom. 1Ki 11:15 Toe Dawid dan met Edom besig was, en JôWab, die leërowerste, opgetrek het om die gesneuweldes te begrawe, het hy al wat manlik was, in Edom doodgeslaan - 1Ki 11:16 want ses maande lank het JôWab daar gebly met die hele JisraEl totdat al die manlike persone in Edom deur hom uitgeroei was - 1Ki 11:17 maar Hadad het ontvlug, hy en saam met hom Edomitiese manne uit die dienaars van sy vader, om na Egipte te gaan; en Hadad was 'n jong seun. 1Ki 11:18 En hulle het uit Mídian weggetrek en in Paran aangekom, en uit Paran manne met hulle saamgeneem en in Egipte aangekom by Farao, die koning van Egipte, wat hom 'n huis gegee en aan hom brood toegesê en hom 'n deel van die Aarde gegee het. 1Ki 11:19 En Hadad het groot guns gevind in die oë van Farao, sodat dié aan hom sy vrou se suster, die suster van Tágpenes, die gebiedster, as vrou gegee het. 1Ki 11:20 En die suster van Tágpenes het vir hom sy seun Genúbat gebaar, maar Tágpenes het hom in die huis van Farao gespeen, sodat Genúbat in die huis van Farao was onder die kinders van Farao. 1Ki 11:21 Maar toe Hadad in Egipte hoor dat Dawid met sy vaders ontslaap het en JôWab, die leërowerste, dood was, sê Hadad vir Farao: Laat my gaan, dat ek na my deel van die Aarde kan trek. 1Ki 11:22 Daarop sê Farao vir hom: Maar wat ontbreek jou by my, dat jy meteens begeer om na jou deel van die Aarde te trek? En hy antwoord: Niks nie, maar laat my tog maar gaan. 1Ki 11:23 Elohim het ook as teëstander vir hom verwek Reson, die seun van EliAda, 'n vlugteling van sy meester Hadadéser, die koning van Soba. 1Ki 11:24 In die tyd toe Dawid hulle gedood het, het hy manne om hom versamel, sodat hy owerste van 'n bende was; en hulle het na Damaskus getrek en in haar gewoon en in Damaskus geregeer. 1Ki 11:25 En hy was 'n teëstander van JisraEl al die dae van Salomo - en dit nog by die kwaad wat Hadad gedoen het - want hy het 'n afsku van JisraEl gehad, en hy het oor Aram koning geword. //AgiJaH profeteer dat Jeróbeam koning sal word oor JisraEl. 1Ki 11:26 OOK Jeróbeam, die seun van Nebat, 'n Efraimiet uit Seréda - die naam van sy moeder was Serúa, 'n weduwee - 'n dienaar van Salomo, het sy hand opgehef teen die koning. 1Ki 11:27 En dit was die aanleiding dat hy die hand teen die koning opgehef het: Salomo het Millo gebou en daardeur die skeur aan die Stad van sy vader Dawid toegemaak. 1Ki 11:28 En die man Jeróbeam was 'n dappere. Toe Salomo sien dat die jongman 'n bekwame arbeider was, het hy hom aangestel oor al die dwangarbeiders van die huis van JôWsef. 1Ki 11:29 Terwyl Jeróbeam in dié tyd uit Jerusalem uitgaan, kry die profeet AgiJaH, die Siloniet, hom op die pad; en dié was bekleed met 'n nuwe mantel; en hulle twee was alleen in die veld. 1Ki 11:30 Toe gryp AgiJaH die nuwe mantel wat hy aangehad het, en skeur haar in twaalf stukke, 1Ki 11:31 en hy sê vir Jeróbeam: Neem vir jou tien stukke, want so spreek JaHWeH, die Elohey van JisraEl: Kyk, Ek gaan die koninkryk uit die hand van Salomo afskeur en aan jou die tien stamme gee; 1Ki 11:32 maar die een stam sal syne wees ter wille van My kneg Dawid en ter wille van Jerusalem, die Stad wat Ek verkies het; haar uit al die stamme van JisraEl - 1Ki 11:33 omdat hulle My verlaat en hul neergebuig het voor Ashtoreth, die godin van die Sidoniërs, voor Kamos, die god van die Moabiete, en voor Milkom, die god van die kinders van Ammon, en nie gewandel het in My Weë deur te doen wat Reg is in My Oë, naamlik My Insettinge en My Verordeninge, soos sy vader Dawid nie. 1Ki 11:34 Ek sal ewenwel die koningskap as geheel nie uit sy hand neem nie, maar Ek sal hom as vors aanstel al die dae van sy lewe ter wille van My kneg Dawid wat Ek verkies het, wat My Gebooie en My Insettinge gehou het. 1Ki 11:35 Maar uit die hand van sy seun sal Ek die koningskap neem en haar aan jou gee, die tien stamme; 1Ki 11:36 en aan sy seun sal Ek een stam gee, sodat My kneg Dawid altyd 'n lamp kan hê voor My Aangesig in Jerusalem, die Stad wat Ek vir My verkies het om My Naam daar te vestig; 1Ki 11:37 en Ek sal jou neem, en jy sal regeer oor alles wat jou siel begeer, en jy sal koning word oor JisraEl. 1Ki 11:38 En as jy luister na alles wat Ek jou beveel en wandel in My Weë en doen wat Reg is in My Oë deur My Insettinge en My Gebooie te hou, soos My kneg Dawid gedoen het, dan sal Ek met jou wees en vir jou 'n bestendige huis stig, soos Ek vir Dawid gestig het, en JisraEl aan jou gee. 1Ki 11:39 Want Ek wil om hierdie rede die nageslag van Dawid verneder, maar nie vir altyd nie. 1Ki 11:40 En Salomo het geprobeer om Jeróbeam om te bring; maar Jeróbeam het hom klaargemaak en gevlug na Egipte, na Sisak, die koning van Egipte, en was in Egipte tot die dood van Salomo. //Dood van Salomo. 1Ki 11:41 EN die verdere Spreuke van Salomo en alles wat hy gedoen het, en sy wysheid, is dit nie beskrywe in die Boekrol van die Spreuke van Salomo nie? 1Ki 11:42 En die dae wat Salomo in Jerusalem oor die hele JisraEl geregeer het, was veertig jaar. 1Ki 11:43 Daarna het Salomo met sy vaders ontslaap en is begrawe in die Stad van sy vader Dawid; en sy seun Rehábeam het in sy plek koning geword. //Tien stamme word opstandig en maak Jeróbeam koning. 1Ki 12:1 EN Rehábeam het na Sigem gegaan, want die hele JisraEl het na Sigem gekom om hom koning te maak. 1Ki 12:2 En net toe Jeróbeam, die seun van Nebat, dit hoor - hy was nog in Egipte, waarheen hy vir koning Salomo weggevlug het, en Jeróbeam was in Egipte woonagtig, 1Ki 12:3 en hulle het hom laat roep - kom Jeróbeam en die hele vergadering van JisraEl, en hulle het Rehábeam toegespreek en gesê: 1Ki 12:4 U vader het ons juk hard gemaak, maak u dan nou die harde diens van u vader en sy swaar juk wat hy ons opgelê het, ligter; dan sal ons u dien. 1Ki 12:5 En hy sê vir hulle: Gaan weg tot oor drie dae, kom dan terug na my toe. En die volk het gegaan. 1Ki 12:6 Daarop hou koning Rehábeam raad met die oudstes wat voor sy vader Salomo gedurende sy lewe gestaan het, en hy vra: Wat raai u aan om hierdie volk te antwoord? 1Ki 12:7 En hulle spreek met hom en sê: As u vandag 'n dienaar van hierdie volk word en hulle dien en hulle antwoord en met vriendelike woorde hulle toespreek, sal hulle altyd u dienaars wees. 1Ki 12:8 Maar hy het die raad van die oudstes wat hulle hom gegee het, in die wind geslaan en raad gehou met die jongmanne wat saam met hom grootgeword en voor hom gestaan het. 1Ki 12:9 En hy vra hulle: Wat raai julle aan dat ons hierdie volk sal antwoord wat my toegespreek en gesê het: Maak die juk wat u vader ons opgelê het, ligter? 1Ki 12:10 En die jongmanne wat saam met hom grootgeword het, antwoord hom en sê: Só moet u hierdie volk antwoord wat met u gespreek en gesê het: U vader het ons juk swaar gemaak, maar maak u dit ligter oor ons - só moet u hulle antwoord: My pinkie is dikker as my vader se lendene. 1Ki 12:11 Het my vader dan nou 'n swaar juk op julle gelaai - ék sal by julle juk nog byvoeg; het my vader julle met die sweep getugtig - ék sal julle met gésels tugtig. 1Ki 12:12 Toe Jeróbeam en die hele volk dan by Rehábeam kom op die derde dag soos die koning gespreek en gesê het: Kom na my terug op die derde dag - 1Ki 12:13 het die koning die volk 'n harde antwoord gegee: hy het die raad wat hom deur die oudstes gegee is, in die wind geslaan 1Ki 12:14 en met hulle gespreek volgens die raad van die jongmanne en gesê: Het my vader julle juk swaar gemaak - ék sal by julle juk nog byvoeg; het my vader julle met die sweep getugtig - ék sal julle met gésels tugtig. 1Ki 12:15 So het die koning dan nie na die volk geluister nie, want dit was 'n beskikking van JaHWeH, sodat Hy Sy Woord sou vervul wat JaHWeH gespreek het deur die diens van AgiJaH, die Siloniet, tot Jeróbeam, die seun van Nebat. 1Ki 12:16 Toe die hele JisraEl sien dat die koning nie na hulle luister nie, het die volk die koning geantwoord en gesê: Watter aandeel het ons aan Dawid? en daar is geen erfdeel aan die seun van Isai nie! Na julle tente toe, JisraEl! Kyk nou na jou eie huis, Dawid! Daarop het JisraEl na sy tente gegaan. 1Ki 12:17 Maar oor die kinders van JisraEl wat in die stede van JeHûWdah gewoon het, oor hulle was Rehábeam koning. 1Ki 12:18 Toe stuur koning Rehábeam Adóram wat oor die dwangarbeid was, maar die hele JisraEl het hom gestenig, sodat hy gesterf het; en koning Rehábeam het hom tot die uiterste toe geweer om op 'n wa te klim, om na Jerusalem te vlug. 1Ki 12:19 So het die JisraEliete dan van die huis van Dawid afvallig geword tot vandag toe. 1Ki 12:20 Sodra die hele JisraEl gehoor het dat Jeróbeam terug was, het hulle hom na die vergadering laat roep en hom oor die hele JisraEl koning gemaak; niemand het die huis van Dawid gevolg nie, behalwe die stam van JeHûWdah alleen. 1Ki 12:21 En toe Rehábeam in Jerusalem kom, het hy die hele huis van JeHûWdah en die stam van Benjamin, honderd-en-tagtigduisend strydbare jong manskappe, vergader om oorlog te voer teen die huis van JisraEl, om die koningskap vir Rehábeam, die seun van Salomo, terug te win. 1Ki 12:22 Maar die Woord van die Elohim het tot ShemaJaH, die man van die Elohim, gekom en gesê: 1Ki 12:23 Spreek met Rehábeam, die seun van Salomo, die koning van JeHûWdah, en met die hele huis van JeHûWdah en Benjamin en die orige deel van die volk en sê: 1Ki 12:24 So spreek JaHWeH: Julle mag nie optrek en teen julle broers, die kinders van JisraEl, oorlog voer nie; julle moet omdraai, elkeen na sy huis; want van My het hierdie saak gekom. Hulle het toe geluister na die Woord van JaHWeH en weer teruggetrek volgens die Woord van JaHWeH. 1Ki 12:25 En Jeróbeam het Sigem op die gebergte van Efraim gebou en in haar gewoon, en daarvandaan uitgetrek en PeniEl gebou. //Jeróbeam voer die idolary in. 1Ki 12:26 EN Jeróbeam het in sy hart gesê: Nou sal die koningskap na die huis van Dawid terugkeer: 1Ki 12:27 as hierdie volk opgaan om slagdiere te bring in die Huis van JaHWeH in Jerusalem, dan sal die hart van hierdie volk terugkeer na hulle meester, na Rehábeam, die koning van JeHûWdah, en hulle sal my om die lewe bring en teruggaan na Rehábeam, die koning van JeHûWdah. 1Ki 12:28 Daarom het die koning raad gehou en twee goue kalwers gemaak en aan hulle gesê: Julle het lank genoeg opgegaan na Jerusalem - hier is, O JisraEl, jou gode wat jou uit die Aarde van Egipte laat optrek het! 1Ki 12:29 En die een het hy in BetEl opgerig en die ander in Dan opgestel. 1Ki 12:30 En hierdie saak het 'n oortreding geword; ja, die volk het voor die aangesig van die een, gaan [neerbuig] tot by Dan. 1Ki 12:31 Hy het ook tempels van die Hoogtes gebou en priesters aangestel uit al die dele van die volk wat nie uit die seuns van Levi was nie. 1Ki 12:32 En Jeróbeam het 'n fees gehou in die agtste maand, op die vyftiende dag van die maand, soos die fees wat in JeHûWdah was, en op die altaar geklim. So het hy in BetEl gedoen en geslag aan die kalwers wat hy gemaak het, en ook in BetEl priesters aangestel vir die Hoogtes wat hy gemaak het. 1Ki 12:33 En hy het geklim op die altaar wat hy in BetEl gemaak het, op die vyftiende dag in die agtste maand, in die maand wat hy uit sy eie hart versin het, en vir die kinders van JisraEl 'n fees ingestel en opgegaan na die altaar vir reukwerk. //Profesieë teen Jeróbeam. 1Ki 13:1 TOE kom daar 'n man van Elohim uit JeHûWdah deur die Woord van JaHWeH in BetEl aan, terwyl Jeróbeam op die altaar staan met reukwerk; 1Ki 13:2 en hy het uitgeroep teen die altaar deur die Woord van JaHWeH en gesê: Altaar!, altaar!, so spreek JaHWeH: Kyk, 'n seun sal gebore word vir die huis van Dawid met die naam van JoshiJaHûW, en hy sal op jou slag die priesters van die Hoogtes wat op jou reukwerk berei, en op jou sal bene van adamiete verbrand word. 1Ki 13:3 En hy het dieselfde dag 'n wonderteken aangekondig en gesê: Dit is die wonderteken wat JaHWeH gespreek het: Kyk, die altaar sal uitmekaarskeur en die as wat daarop is, afgegooi word. 1Ki 13:4 En net toe die koning die woord van die man van die Elohim hoor wat hy op die altaar in BetEl uitgeroep het, steek Jeróbeam sy hand uit bo van die altaar af en sê: Gryp hom! Maar sy hand wat hy teen hom uitgesteek het, het verdroog, sodat hy haar nie weer kon terugtrek nie. 1Ki 13:5 En die altaar is uitmekaar geskeur, en die as is van die altaar afgegooi volgens die wonderteken wat die man van die Elohim aangekondig het deur die Woord van JaHWeH. 1Ki 13:6 Toe begin die koning om aan die man van die Elohim te sê: Smeek tog die Aangesig van JaHWeH, jou Elohey om Barmhartigheid en bid vir my, dat my hand tot my terugkeer. En die man van die Elohim het die Aangesig van JaHWeH om Barmhartigheid gesmeek, sodat die hand van die koning tot hom teruggekeer het en sy soos tevore was. 1Ki 13:7 Daarop sê die koning aan die man van die Elohim: Kom met my saam huis toe en versterk jou, en laat ek jou 'n geskenk gee. 1Ki 13:8 Maar die man van die Elohim sê vir die koning: Al gee u my die helfte van u huis, ek kan nie met u saamgaan nie, en ek kan geen brood eet of water drink in hierdie plek nie. 1Ki 13:9 Want so het JaHWeH my bevel gegee met die woorde en gesê: Jy mag geen brood eet of water drink nie, en jy mag nie terugkeer met die pad waarmee jy gegaan het nie. 1Ki 13:10 Hy het toe met 'n ander pad gegaan en nie teruggekeer met die pad waarmee hy in haar na BetEl in gekom het nie //Dood van die ongehoorsame profeet. 1Ki 13:11 EN daar het 'n sekere ou profeet in BetEl gewoon; en sy seuns het gekom en hom alles vertel wat die man van die Elohim dié dag in BetEl gedoen het; ook die woorde wat hy met die koning gespreek het. En toe hulle dit aan hul vader vertel, 1Ki 13:12 sê hul vader vir hulle: Met watter pad het hy gegaan? Want sy seuns het die pad gesien waarmee die man van die Elohim weer weg is wat uit JeHûWdah gekom het. 1Ki 13:13 Toe sê hy aan sy seuns: Saal vir my die esel op. En hulle het vir hom die esel opgesaal, en hy het daarop gery. 1Ki 13:14 En hy het agter die man van die Elohim aan gegaan en hom aangetref terwyl hy onder die terpentynboom sit; en hy sê vir hom: Is jy die man van die Elohim wat uit JeHûWdah gekom het? En hy antwoord: Ja. 1Ki 13:15 Toe sê hy vir hom: Gaan met my saam huis toe en eet brood. 1Ki 13:16 Maar hy antwoord: Ek kan nie met jou saam omdraai of met jou saam ingaan nie; ek mag ook nie brood eet of met jou saam water in hierdie plek drink nie; 1Ki 13:17 want aan my is gesê deur die Woord van JaHWeH: Jy mag daar geen brood eet of water drink nie; jy mag nie terugkeer met die pad waarmee jy in haar ingegaan het nie. 1Ki 13:18 Maar hy sê vir hom: Ek is ook 'n profeet net soos jy, en 'n Boodskapper het met my gespreek deur Woord van JaHWeH en gesê: Bring hom terug saam met jou na jou huis, dat hy brood kan eet en water kan drink. Hy het vir hom gelieg. 1Ki 13:19 Toe het hy met hom saam omgedraai en in sy huis brood geëet en water gedrink 1Ki 13:20 Maar terwyl hulle aan tafel sit, kom die Woord van JaHWeH tot die profeet wat hom laat omdraai het; 1Ki 13:21 en hy het die man van die Elohim wat uit JeHûWdah gekom het, toegeroep en gesê: So spreek JaHWeH: Omdat jy wederstrewig was teen die Mond van JaHWeH deur nie die Gebod te hou wat JaHWeH, jou Elohey jou beveel het nie, 1Ki 13:22 maar omgedraai en brood geëet en water gedrink het in die plek waarvan Hy aan jou gesê het: Jy moet geen brood eet of water drink nie - daarom sal jou lyk nie in die graf van jou vaders kom nie. 1Ki 13:23 Nadat hy dan brood geëet het en gedrink het, saal hy vir hom die esel op - vir die profeet wat hy laat omdraai het - 1Ki 13:24 en hy gaan weg; toe kom 'n leeu hom teë op die pad en maak hom dood. En sy lyk het neergewerp op die pad bly lê, terwyl die esel langs haar staan en die leeu [ook] langs die lyk bly staan. 1Ki 13:25 Intussen kom daar manne verby wat die lyk op die pad sien lê, terwyl die leeu langs die lyk staan; en hulle het dit kom sê in die stad waar die ou profeet woon. 1Ki 13:26 Toe die profeet wat hom van die pad af laat omdraai het, dit hoor, sê hy: Dit is die man van die Elohim wat teen die Mond van JaHWeH wederstrewig was; daarom het JaHWeH hom aan die leeu oorgegee wat hom verskeur en hom gedood het volgens die Woord van JaHWeH wat Hy met hom gespreek het. 1Ki 13:27 Daarop praat hy met sy seuns en sê: Saal vir my die esel op. En hulle het opgesaal. 1Ki 13:28 Toe gaan hy weg en vind sy lyk neergewerp op die pad, terwyl die esel en die leeu langs die lyk staan; die leeu het die lyk nie geëet en die esel nie verskeur nie. 1Ki 13:29 Daarna het die profeet die lyk van die man van die Elohim opgetel en dit op die esel gesit en dit teruggebring en in die stad van die ou profeet gekom om te rouklaag en hom te begrawe. 1Ki 13:30 En hy het sy lyk in sy graf neergelê, en hulle het oor hom gerouklaag: Ag, my broer! 1Ki 13:31 En nadat hy hom begrawe het, sê hy aan sy seuns: As ek sterwe, dan moet julle my begrawe in die graf waar die man van die Elohim in begrawe is; lê my bene langs sy bene neer. 1Ki 13:32 Want die boodskap sal sekerlik uitkom wat hy deur die Woord van JaHWeH uitgeroep het op die altaar wat in BetEl is, en teen al die tempels van die Hoogtes wat in die stede van Samaría is. 1Ki 13:33 Ná hierdie gebeurtenis het Jeróbeam nie van sy besoedelde weg teruggekom nie, maar weer priesters van die Hoogtes aangestel uit al die dele van die volk. Elkeen wat wou, dié het hy aangestel, dat hy een van die priesters van die Hoogtes kon word. 1Ki 13:34 En hierdeur het die huis van Jeróbeam oortree, en wel om [dit] uit te roei vanaf die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde]. //AgiJaH voorspel die ondergang van Jeróbeam. 1Ki 14:1 IN dieselfde tyd het AbiJaH, die seun van Jeróbeam, siek geword. 1Ki 14:2 En Jeróbeam het vir sy vrou gesê: Maak jou tog gereed en trek ander klere aan, sodat hulle nie kan merk dat jy die vrou van Jeróbeam is nie, en gaan na Silo; kyk, daar is die profeet AgiJaH wat van my gesê het dat ek koning oor hierdie volk sou word. 1Ki 14:3 En neem met jou saam tien brode en koeke en 'n kruik met heuning, en gaan na hom toe; hy sal jou te kenne gee wat met die seun sal gebeur. 1Ki 14:4 En die vrou van Jeróbeam het so gedoen - haar gereed gemaak en na Silo gegaan en in die huis van AgiJaH[ûW] gekom; en AgiJaHûW kon nie sien nie, want sy oë was styf vanweë sy ouderdom. 1Ki 14:5 Maar JaHWeH het vir AgiJaHûW gesê: Kyk, die vrou van Jeróbeam kom om jou te raadpleeg oor haar seun, want hy is siek; so en so moet jy vir haar sê. En toe sy inkom, terwyl sy haar as 'n vreemde aanstel, 1Ki 14:6 en AgiJaHûW die geluid van haar voete hoor toe sy by die deur inkom, sê hy: Kom in, vrou van Jeróbeam! Waarom stel jy jou so vreemd aan? Aan my is 'n harde boodskap aan jou toevertrou. 1Ki 14:7 Gaan sê vir Jeróbeam: So spreek JaHWeH, die Elohey van JisraEl: Omdat Ek jou onder die volk uit verhef het en jou as 'n vors oor My volk JisraEl aangestel het 1Ki 14:8 en die koningskap van die huis van Dawid afgeskeur en haar aan jou gegee het, maar jy nie soos My kneg Dawid was wat My Gebooie gehou en My met sy hele hart nagevolg het om net te doen wat Reg is in My Oë nie, 1Ki 14:9 maar jy meer kwaad gedoen het as al jou voorgangers en vir jou gode van andere en gegote afbeeldings gaan maak het om My te tart en My agter jou rug gewerp het - 1Ki 14:10 kyk, daarom bring Ek ellende oor die huis van Jeróbeam en sal van Jeróbeam uitroei al wat urineer teen die muur in JisraEl, sonder uitsondering; en Ek sal die huis van Jeróbeam skoon wegvee soos 'n persoon drek wegvee totdat daar niks van oor is nie. 1Ki 14:11 Die een wat van Jeróbeam in die stad sterwe, hom sal die honde eet; en wat in die veld sterwe, sal die voëls van die Hemele eet, want JaHWeH het dit gespreek. 1Ki 14:12 Maak jou dan klaar, gaan na jou huis; as jou voete die stad inkom, sal die kind sterwe. 1Ki 14:13 En die hele JisraEl sal hom beklaag en hom begrawe, want hy alleen van Jeróbeam sal in 'n graf kom, omdat in hom iets suiwers voor die Aangesig van JaHWeH, die Elohey van JisraEl, te vinde was in die huis van Jeróbeam. 1Ki 14:14 Maar JaHWeH sal vir Hom 'n koning oor JisraEl verwek wat die huis van Jeróbeam dié dag sal uitroei; ja, wat [sê ek]? Nou al. 1Ki 14:15 En JaHWeH sal JisraEl slaan, soos 'n riet in die water heen en weer beweeg, en sal JisraEl uitruk vanaf die gesuiwerde Adamah[adamiet se Aarde] wat Hy aan hulle vaders gegee het, en hulle anderkant die Eufraat verstrooi, omdat hulle hul Houtkruise gemaak en JaHWeH getart het. 1Ki 14:16 En Hy sal JisraEl oorgee vanweë die oortredinge van Jeróbeam wat hy gedoen het en waarmee hy JisraEl laat oortree het. 1Ki 14:17 Toe het die vrou van Jeróbeam haar klaargemaak en weggegaan en in Tirsa aangekom. Net toe sy op die drumpel van die huis kom, het die seun gesterwe. 1Ki 14:18 En hulle het hom begrawe, en die hele JisraEl het hom beklaag volgens die Woord van JaHWeH wat Hy gespreek het deur die diens van Sy kneg, die profeet AgiJaHûW. 1Ki 14:19 En die verdere woorde van Jeróbeam, hoe hy oorlog gevoer en hoe hy geregeer het, kyk, dit is beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JisraEl. 1Ki 14:20 En die dae wat Jeróbeam geregeer het, was twee-en-twintig jaar; en hy het ontslaap met sy vaders, en sy seun Nadab het in sy plek koning geword. //Idolary en verdorwenheid van JeHûWdah onder Rehábeam. 1Ki 14:21 EN Rehábeam, die seun van Salomo, was koning in JeHûWdah; een-en-veertig jaar was Rehábeam oud toe hy koning geword het, en sewentien jaar het hy geregeer in Jerusalem, die Stad wat JaHWeH verkies het uit al die stamme van JisraEl om Sy Naam daar te vestig. En die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese. 1Ki 14:22 En JeHûWdah het gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH en Sy Ywer opgewek, meer as al die dade van hulle vaders, deur hul oortredinge wat hulle begaan het. 1Ki 14:23 En hulle het ook vir hulle Hoogtes gebou en torings en houtkruise op elke hoë heuwel en onder elke groen boom. 1Ki 14:24 En daar was ook homoseksuele in die Aarde; hulle het gehandel volgens al die gruwels van die nasies wat JaHWeH voor die kinders van JisraEl uit verdrywe het. 1Ki 14:25 In die vyfde jaar van koning Rehábeam trek Sisak, die koning van Egipte, toe teen Jerusalem op, 1Ki 14:26 en hy neem die skatte van die Huis van JaHWeH en die skatte van die huis van die koning weg; ja, hy het alles weggeneem; ook al die goue skilde wat Salomo gemaak het, het hy weggeneem. 1Ki 14:27 Daarop maak koning Rehábeam in die plek daarvan koperskilde, en hy het dit aan die owerstes van die hardlopers toevertrou wat die deur van die koning se huis bewaak het. 1Ki 14:28 So dikwels as die koning in die Huis van JaHWeH ingaan, dra die hardlopers dit en bring dit weer terug in die wagkamer van die hardlopers. 1Ki 14:29 En die verdere woorde van Rehábeam en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JeHûWdah nie? 1Ki 14:30 En daar was gedurigdeur oorlog tussen Rehábeam en Jeróbeam. 1Ki 14:31 En Rehábeam het ontslaap met sy vaders en is begrawe by sy vaders in die Stad van Dawid; en die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese; en sy seun Abía het in sy plek koning geword. //Abía koning van JeHûWdah. 1Ki 15:1 EN in die agttiende jaar van koning Jeróbeam, die seun van Nebat, het Abía oor JeHûWdah koning geword. 1Ki 15:2 Hy het drie jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Máäga, die dogter van Abísalom. 1Ki 15:3 En hy het gewandel in al die oortredinge van sy vader wat hy voor hom gedoen het; en sy hart was nie volkome met JaHWeH, sy Elohey soos die hart van sy vader Dawid nie. 1Ki 15:4 Maar ter wille van Dawid, het JaHWeH, sy Elohey, vir hom 'n lamp in Jerusalem gegee deur sy seun ná hom te verwek en Jerusalem in stand te hou, 1Ki 15:5 omdat Dawid gedoen het wat Reg was in die Oë van JaHWeH, sonder om af te wyk van alles wat Hy hom beveel het, al die dae van sy lewe, behalwe in die saak van UriJaH, die Hetiet. 1Ki 15:6 En daar was oorlog tussen Rehábeam en Jeróbeam, al die dae van sy lewe. 1Ki 15:7 En die verdere woorde van Abía en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JeHûWdah nie? Daar was ook oorlog tussen Abía en Jeróbeam. //Asa koning van JeHûWdah. 1Ki 15:8 EN Abía het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe in die Stad van Dawid; en sy seun Asa het in sy plek koning geword. 1Ki 15:9 In die twintigste jaar dan van Jeróbeam, die koning van JisraEl, het Asa koning van JeHûWdah geword. 1Ki 15:10 En hy het een-en-veertig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Máäga, 'n dogter van Abisalom. 1Ki 15:11 En Asa het gedoen wat Reg was in die Oë van JaHWeH net soos sy vader Dawid: 1Ki 15:12 hy het die homoseksuele van die Aarde af verwyder en al die drek-idole verwyder wat sy vaders gemaak het. 1Ki 15:13 Ja, selfs sy moeder Máäga het hy as gebiedster afgesit, omdat sy 'n afgryslike voorwerp vir Asherah (Houtkruis) gemaak het; en Asa het die afgryslike voorwerp omgekap en in die dal Kidron verbrand. 1Ki 15:14 Die Hoogtes is wel nie afgeskaf nie, maar Asa se hart was volkome met JaHWeH al sy dae. 1Ki 15:15 En hy het die apartheids[gawes], van sy vader en sy apartheids[gawes] in die Huis van JaHWeH gebring: silwer en goud en allerhande voorwerpe. 1Ki 15:16 En daar was oorlog tussen Asa en Baésa, die koning van JisraEl, al hulle dae. 1Ki 15:17 En Baésa, die koning van JisraEl, het teen JeHûWdah opgetrek en Rama gebou om niemand van Asa, die koning van JeHûWdah, te laat uit- of ingaan nie. 1Ki 15:18 Toe neem Asa al die silwer en die goud wat oorgebly het in die skatkamers van die Huis van JaHWeH en die skatte van die huis van die koning, en gee dit in die hand van sy dienaars; en koning Asa het hulle gestuur na Bénhadad, die seun van Tabrímmon, die seun van Hésjon, die koning van Aram wat in Damaskus gewoon het, om te sê: 1Ki 15:19 Daar is 'n verbond tussen my en u, tussen my vader en u vader; kyk, ek stuur u 'n geskenk van silwer en goud; gaan verbreek u verbond met Baésa, die koning van JisraEl, dat hy kan optrek, weg van my af. 1Ki 15:20 En Bénhadad het geluister na koning Asa en die owerstes van sy leërmagte teen die stede van JisraEl gestuur, en Ijon en Dan en AbelBet-Máäga en die hele Kínnerot met die hele Aarde van Náftali verwoes. 1Ki 15:21 En net toe Baésa dit hoor, het hy opgehou om Rama te bou en in Tirsa gebly. 1Ki 15:22 Toe roep koning Asa die hele JeHûWdah op - niemand was vry nie - en hulle het die klippe en balke van Rama, waarmee Baésa gebou het, weggedra; en daarmee het koning Asa Geba in Benjamin en Mispa gebou. 1Ki 15:23 En die res van die verdere woorde van Asa en al sy magtige dade en alles wat hy gedoen het, en die stede wat hy gebou het, is dit nie beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JeHûWdah nie? Maar in die tyd van sy ouderdom het hy aan sy voete gely. 1Ki 15:24 En Asa het ontslaap met sy vaders en is by sy vaders begrawe in die Stad van sy vader Dawid; en sy seun JeHôWshafat het in sy plek koning geword. //Baésa roei die huis van Jeróbeam uit en regeer oor JisraEl. 1Ki 15:25 EN Nadab, die seun van Jeróbeam, het koning geword oor JisraEl in die tweede jaar van Asa, die koning van JeHûWdah, en hy het twee jaar oor JisraEl geregeer. 1Ki 15:26 En hy het gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH, en gewandel in die verkeerde weë van sy vader waarmee hy JisraEl laat oortree het. 1Ki 15:27 Maar Baésa, die seun van AgiJaH, van die huis van Issaskar, het 'n sameswering teen hom gesmee, en Baésa het hom verslaan by Gíbbeton wat aan die Filistyne behoort, terwyl Nadab en die hele JisraEl besig was om Gíbbeton te beleër. 1Ki 15:28 So het Baésa hom dan gedood in die derde jaar van Asa, die koning van JeHûWdah, en koning geword in sy plek. 1Ki 15:29 En sodra hy koning was, het hy die hele huis van Jeróbeam omgebring; hy het van Jeróbeam niks laat oorbly wat asemhaal nie, totdat hy hom verdelg het, volgens die Woord van JaHWeH wat Hy gespreek het deur die diens van Sy kneg AgiJaH, die Siloniet - 1Ki 15:30 vanweë die oortredinge van Jeróbeam wat hy begaan en waarmee hy JisraEl laat oortree het, deur sy getart waarmee hy JaHWeH, die Elohey van JisraEl, getart het. 1Ki 15:31 En die verdere woorde van Nadab en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JisraEl nie? 1Ki 15:32 En daar was oorlog tussen Asa en Baésa, die koning van JisraEl, al hulle dae. 1Ki 15:33 In die derde jaar van Asa, die koning van JeHûWdah, het Baésa, die seun van AgiJaH, oor die hele JisraEl koning geword in Tirsa, vier-en-twintig jaar lank. 1Ki 15:34 En hy het gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH en gewandel in die verkeerde weë van Jeróbeam waarmee hy JisraEl laat oortree het. 1Ki 16:1 TOE het die Woord van JaHWeH gekom tot JyHûW, die seun van Hanáni, teen Baésa, en gesê: 1Ki 16:2 Omdat Ek jou uit die stof opgehef en jou as 'n vors oor My volk JisraEl aangestel het, maar jy in die weg van Jeróbeam gewandel en My volk JisraEl laat oortree het om My te tart deur hulle oortredinge, 1Ki 16:3 daarom sal Ek Baésa en sy huis skoon wegvee, en Ek sal jou huis maak soos die huis van Jeróbeam, die seun van Nebat. 1Ki 16:4 Die een wat van Baésa in die stad sterwe, hom sal die honde eet, en wie van hom in die veld sterwe, sal die voëls van die Hemele eet. 1Ki 16:5 En die verdere woorde van Baésa en wat hy gedoen het, en sy magtige dade, is dit nie beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JisraEl nie? 1Ki 16:6 En Baésa het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe in Tirsa; en sy seun Ela het in sy plek koning geword. 1Ki 16:7 Ook het die woorde van JaHWeH deur die diens van JyHûW, die seun van Hánani, die profeet, gekom teen Baésa en teen sy huis, nie alleen oor al die besoedeling wat hy in die Oë van JaHWeH gedoen het, deur Hom te tart met sy handewerk om soos die huis van Jeróbeam te wees nie, maar ook omdat hy hom verslaan het. //Simri en Omri konings oor JisraEl. 1Ki 16:8 IN die ses-en-twintigste jaar van Asa, die koning van JeHûWdah, het Ela, die seun van Baésa, oor JisraEl koning geword in Tirsa, twee jaar lank. 1Ki 16:9 Maar sy dienaar Simri, die owerste oor die helfte van die strydwaens, het 'n sameswering teen hom gesmee: terwyl hy hom dronk gedrink het in Tirsa, in die huis van Arsa, wat oor die paleis in Tirsa was, 1Ki 16:10 het Simri ingekom en hom verslaan en hom gedood in die sewe-en-twintigste jaar van Asa, die koning van JeHûWdah, en hy het in sy plek koning geword. 1Ki 16:11 En toe hy koning was, terwyl hy op die troon sit, het hy die hele huis van Baésa verwoes; hy het vir hom niemand laat oorbly wat urineer teen 'n muur nie, ook nie sy bloedwrekers en vriende nie. 1Ki 16:12 So het Simri dan die hele huis van Baésa verdelg volgens die Woord van JaHWeH wat Hy gespreek het oor Baésa deur die diens van die profeet JyHûW, 1Ki 16:13 vanweë al die oortredinge van Baésa en die oortredinge van sy seun Ela wat hulle gedoen het en waarmee hulle JisraEl laat oortree het, om JaHWeH, die Elohey van JisraEl, te tart met hulle nietighede. 1Ki 16:14 En die verdere woorde van Ela en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JisraEl nie? 1Ki 16:15 In die sewe-en-twintigste jaar van Asa, die koning van JeHûWdah, was Simri sewe dae lank koning in Tirsa, terwyl die manskappe Gíbbeton beleër wat aan die Filistyne behoort het. 1Ki 16:16 En toe die manskappe wat beleër, hoor sê: Simri het 'n sameswering gesmee en ook die koning doodgeslaan, het die hele JisraEl Omri, die leërowerste, koning gemaak oor JisraEl, dieselfde dag in die laer. 1Ki 16:17 En Omri het opgetrek en die hele JisraEl saam met hom van Gibbeton af en Tirsa beleër. 1Ki 16:18 Net toe Simri sien dat die stad ingeneem is, het hy in die vesting van die koning se huis ingegaan en die huis van die koning bo-op hom aan die brand gesteek, sodat hy gesterf het, 1Ki 16:19 vanweë sy oortredinge wat hy begaan het deur te doen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH, deur te wandel in die verkeerde weë van Jeróbeam deur JisraEl te laat oortree. 1Ki 16:20 En die verdere woorde van Simri en sy sameswering wat hy gesmee het, is dit nie beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JisraEl nie? 1Ki 16:21 Toe is die volk van JisraEl verdeel in twee helftes: een helfte van die volk het Tibni, die seun van Ginat, gevolg om hom koning te maak, en die ander helfte het Omri gevolg. 1Ki 16:22 Maar die volk wat Omri gevolg het was te sterk vir die volk wat Tibni, die seun van Ginat, gevolg het; en Tibni het gesterwe, en Omri het koning geword. 1Ki 16:23 In die een-en-dertigste jaar van Asa, die koning van JeHûWdah, het Omri oor JisraEl koning geword, twaalf jaar lank; in Tirsa was hy ses jaar koning. 1Ki 16:24 En hy het die berg Samaría van Semer gekoop vir twee talente silwer en die berg bebou en die stad wat hy gebou het, Samaría genoem na die naam van Semer, die eienaar van die berg. 1Ki 16:25 En Omri het gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH, en meer kwaad gedoen as al sy voorgangers. 1Ki 16:26 Hy het naamlik gewandel in al die weë van Jeróbeam, die seun van Nebat, en in sy oortredinge waarmee hy JisraEl laat oortree het, om JaHWeH, die Elohey van JisraEl, te tart met hulle nietige idole. 1Ki 16:27 En die verdere woorde van Omri, wat hy gedoen het, en sy magtige dade wat hy verrig het, is dit nie beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JisraEl nie? 1Ki 16:28 En Omri het ontslaap met sy vaders en is in Samaría begrawe; en sy seun Agab het in sy plek koning geword. //Verskriklike idolary van Agab, die koning van JisraEl. 1Ki 16:29 EN Agab, die seun van Omri, het oor JisraEl koning geword in die agt-en-dertigste jaar van Asa, die koning van JeHûWdah; en Agab, die seun van Omri, het in Samaría oor JisraEl twee-en-twintig jaar geregeer. 1Ki 16:30 En Agab, die seun van Omri, het gedoen wat besoedel is in die Oë van JaHWeH, meer as al sy voorgangers. 1Ki 16:31 En dit was nog die minste dat hy in die oortredinge van Jeróbeam, die seun van Nebat, gewandel het: hy het Isébel, die dogter van Et-Baäl, die koning van die Sidoniërs, as vrou geneem, en die Here (Baäl) gaan dien en voor hom neergebuig, 1Ki 16:32 en vir die Here (Baäl) 'n altaar opgerig in die huis van die Here (Baäl) wat hy in Samaría gebou het. 1Ki 16:33 Ook het Agab die Houtkruis gemaak, en Agab het nog meer gedoen om JaHWeH, die Elohey van JisraEl, te tart as al die konings van JisraEl, sy voorgangers. 1Ki 16:34 In sy dae het GijEl, van BetEliete, Jérigo opgebou; ten koste van Abiram, sy eersgeborene, het hy sy fondament gelê, en ten koste van Segub, sy jongste, sy poorte opgerig, volgens die Woord van JaHWeH wat Hy deur die diens van JeHôWshua, die seun van Nun, gespreek het. //Die profeet EliJaHûW by die Krit en in Sarfat. 1Ki 17:1 EN EliJaHûW, die vreemdeling, uit Tisbiet in Gílead, het vir Agab gesê: So waar as JaHWeH, die Elohey van JisraEl, leef, voor Wie se Aangesig ek staan, daar sal geen dou of reën in hierdie jare wees nie, behalwe op my woord! [Openbaring 11:6] 1Ki 17:2 Toe kom die Woord van JaHWeH tot hom en sê: 1Ki 17:3 Gaan hiervandaan weg en draai jou na die ooste toe en steek jou weg by die spruit Krit wat oos van die Jordaan is; 1Ki 17:4 en jy moet uit die spruit drink, en Ek het aan die kraaie bevel gegee om jou daar te onderhou. 1Ki 17:5 En hy het gegaan en gehandel volgens die Woord van JaHWeH: hy het gaan bly by die spruit Krit wat oos van die Jordaan is. 1Ki 17:6 En die kraaie het vir hom smôrens brood en vleis gebring, en saans brood en vleis, en hy het uit die spruit gedrink. 1Ki 17:7 Maar ná verloop van tyd het die spruit opgedroog, want daar was geen reën in die Aarde nie. 1Ki 17:8 Toe kom die Woord van JaHWeH tot hom en sê: 1Ki 17:9 Maak jou klaar, gaan na Sarfat wat by Sidon is, en bly daar; kyk, daar het Ek aan 'n weduwee bevel gegee om jou te onderhou. 1Ki 17:10 Daarop het hy hom gereed gemaak en na Sarfat gegaan; en toe hy by die ingang van die stad kom, was 'n weduwee juis besig om daar houtjies bymekaar te maak. En hy roep haar en sê: Gaan haal tog vir my 'n bietjie water in die kan, dat ek kan drink. 1Ki 17:11 Terwyl sy loop om dit te gaan haal, roep hy na haar en sê: Bring tog vir my 'n stukkie brood saam. 1Ki 17:12 Maar sy antwoord: So waar as JaHWeH, u Elohey leef, ek het nie 'n broodkoek nie, net maar 'n handpalm gevul met meel in die pot en 'n bietjie olie in die kruik; en hier maak ek nou 'n paar houtjies bymekaar; dan gaan ek en maak dit vir my en my seun klaar, dat ons dit kan eet en sterwe. 1Ki 17:13 En EliJaHûW sê vir haar: Wees nie bevrees nie, gaan heen, doen volgens jou woord; maar maak eers daarvan vir my 'n broodkoekie en bring dit uit vir my; daarna kan jy vir jóu en jou seun iets klaarmaak. 1Ki 17:14 Want so sê JaHWeH, die Elohey van JisraEl: Die meel in die pot sal nie opraak en die olie in die kruik sal nie minder word nie, tot op die dag dat JaHWeH reën op die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde] sal gee. 1Ki 17:15 En sy het gegaan en gehandel volgens die woord van EliJaHûW; en sy het geëet - sy en hy en haar gesin dae lank: 1Ki 17:16 die meel in die pot het nie opgeraak en die olie in die kruik nie minder geword nie, volgens die Woord van JaHWeH wat Hy deur die diens van EliJaHûW gespreek het. 1Ki 17:17 Ná hierdie dinge het die seun van die vrou, die eienares van die huis, siek geword; en sy siekte was baie ernstig, totdat daar geen asem meer in hom oorgebly het nie. 1Ki 17:18 Toe sê sy vir EliJaHûW: Wat het ek met u te doen, man van die Elohim! U het na my gekom om my ongeregtigheid in gedagtenis te bring en my seun dood te maak! 1Ki 17:19 Maar hy antwoord haar: Gee jou seun vir my. En hy het hom van haar skoot af geneem en hom opgedra na die bo-kamer waar hy self gewoon het, en hom op sy bed neergelê; 1Ki 17:20 en hy het JaHWeH aangeroep en gesê: JaHWeH my Elohey, het U selfs oor die weduwee by wie ek as vreemdeling vertoef, 'n straf gebring deur haar seun te laat sterwe? [MattithJaHûW 17:12] 1Ki 17:21 Daarop het hy hom drie maal uitgestrek oor die kind en JaHWeH aangeroep en gesê: JaHWeH my Elohey, laat die siel van hierdie kind tog in hom terugkeer. [MattithJaHûW 17:11] 1Ki 17:22 En JaHWeH het EliJaHûW verhoor; en die siel van die kind het in hom teruggekeer, sodat hy weer lewendig geword het. 1Ki 17:23 Daarop neem EliJaHûW die kind en bring hom af uit die bo-kamer in die huis en gee hom aan sy moeder; en EliJaHûW sê: Kyk, jou seun lewe! 1Ki 17:24 En die vrou sê vir EliJaHûW: Nou weet ek dit dat u 'n man van Elohim is en dat die Woord van JaHWeH in u mond Waarheid is. //EliJaHûW en die profete van Baäl. 1Ki 18:1 EN geruime tyd daarna het die Woord van JaHWeH in die derde jaar tot EliJaHûW gekom en gesê: Gaan heen, vertoon jou aan Agab, dan wil Ek reën gee op die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde]. 1Ki 18:2 En EliJaHûW het gegaan om hom aan Agab te vertoon. En die hongersnood was swaar in Samaría. 1Ki 18:3 Toe laat Agab ObadJaHûW, wat oor die paleis was, roep. En ObadJaHûW het JaHWeH baie gevrees. 1Ki 18:4 Want toe Isébel die profete van JaHWeH uitgeroei het, het ObadJaHûW honderd profete geneem en hulle vyftig [by vyftig] man in 'n spelonk weggesteek en hulle met brood en water onderhou. 1Ki 18:5 En Agab het vir ObadJaHûW gesê: Trek deur die Aarde na al die waterfonteine en na al die spruite; miskien sal ons gras kry, sodat ons die perde en muile in die lewe kan hou en van die vee nie hoef uit te roei nie. 1Ki 18:6 En hulle het die Aarde onder mekaar verdeel om in haar deur te trek: Agab het afsonderlik met een pad getrek, en ObadJaHûW het afsonderlik met 'n ander pad getrek. 1Ki 18:7 Terwyl ObadJaHûW op pad was, kom EliJaHûW hom meteens tegemoet; en toe hy hom herken, val hy op sy aangesig en vra: Is dit u, my meester EliJaHûW? 1Ki 18:8 En hy sê: Dit is ek; gaan sê aan jou meester: EliJaHûW is daar. 1Ki 18:9 Maar hy vra: Waar het ek oortree, dat u u dienaar oorgee in die hand van Agab om my om die lewe te bring? 1Ki 18:10 So waar as JaHWeH, jou Elohey leef, daar is geen nasie of koninkryk waar my meester my nie heen gestuur het om u te soek nie; en as hulle sê: Hy is nie hier nie - dan laat hy die koninkryk en die nasie sweer dat hulle u nie kon vind nie. 1Ki 18:11 En nou beveel u: Gaan sê aan jou meester: EliJaHûW is daar! 1Ki 18:12 As ek nou van u af weggaan en die Gees van JaHWeH u wegneem - ek weet nie waarheen nie en ek kom om Agab berig te bring en hy vind u nie, dan sal hy my doodmaak; en u dienaar vrees JaHWeH van sy jeug af. 1Ki 18:13 Is dit nie aan my meester meegedeel wat ek gedoen het toe Isébel die profete van JaHWeH gedood het nie: dat ek van die profete van JaHWeH honderd man, vyftig by vyftig, in 'n spelonk weggesteek en hulle met brood en water onderhou het? 1Ki 18:14 En nou beveel u: Gaan sê aan jou meester: EliJaHûW is daar! dat hy my kan doodmaak! 1Ki 18:15 Maar EliJaHûW sê: So waar as JaHWeH van die leërmagte leef, voor Wie se Aangesig ek staan, ek sal my verseker vandag aan hom vertoon! 1Ki 18:16 En ObadJaHûW het Agab tegemoet gegaan en hom dit meegedeel; en Agab het EliJaHûW tegemoet gegaan. 1Ki 18:17 En net toe Agab EliJaHûW sien, vra Agab vir hom: Is dit jy, jou beroerder van JisraEl? 1Ki 18:18 Toe sê hy: Ek het JisraEl nie in beroering gebring nie, maar u en u familie, deurdat u die Gebooie van JaHWeH verlaat het en agter die Here (Baäl) aan geloop het. 1Ki 18:19 Stuur dan nou, laat die hele JisraEl by my bymekaarkom op die berg Karmel, ook die vierhonderd-en-vyftig profete van die Here (Baäl) en die vierhonderd profete van die Houtkruis wat aan die tafel van Isébel eet. [2 Ezra 7:39] 1Ki 18:20 En Agab het gestuur onder al die kinders van JisraEl en die profete op die berg Karmel bymekaar laat kom. 1Ki 18:21 En EliJaHûW het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? Indien JaHWeH die Elohim is, volg Hom na; en indien die Here (Baäl) hy is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie. 1Ki 18:22 Toe sê EliJaHûW vir die volk: Ek het alleen oorgebly as profeet van JaHWeH, terwyl die profete van die Here (Baäl) vierhonderd-en-vyftig is. 1Ki 18:23 Maar laat hulle vir ons twee bulle gee; dan kan hulle vir hul een bul uitkies en dit in stukke verdeel en op die hout sit, maar sonder om vuur te maak; en ék sal die ander bul gereedmaak en op die hout sit, maar ek sal geen vuur maak nie. 1Ki 18:24 Roep julle dan die naam van julle gode aan, en ék sal die Naam van JaHWeH aanroep; en die elohim wat met vuur antwoord, Hy sal die Elohim wees. En die hele volk het geantwoord en gesê: Die woord is goed. 1Ki 18:25 Verder het EliJaHûW aan die profete van die Here (Baäl) gesê: Kies vir julle een bul uit en maak hom eerste gereed, want julle is die meeste; en roep die naam van julle gode aan, maar julle mag geen vuur maak nie. 1Ki 18:26 En hulle het die bul wat hy hulle gegee het, geneem en hom gereed gemaak en die naam van die Here (Baäl) van die môre tot die middag aangeroep en gesê: o Here (Baäl), gee ons antwoord! Maar daar was geen stem en niemand wat antwoord nie. En hulle het rondgespring op die altaar wat hulle gemaak het. 1Ki 18:27 En toe dit middag was, het EliJaHûW met hulle gespot en gesê: Roep hard; hy is mos elohim! Hy is seker in gesprek, of hy is seker in 'n privaat plek, of hy is seker op reis; miskien slaap hy en moet wakker word. 1Ki 18:28 En hulle het hard geroep en hulleself volgens hul gebruik met swaarde en spiese stukkend gekerwe tot die bloed op hulle uitgespuit het. 1Ki 18:29 En toe die middag verby was, het hulle begin raas tot op die tyd dat die spysbydrae gebring word; maar daar was geen stem en niemand wat antwoord nie, en geen opmerksaamheid nie. 1Ki 18:30 Toe sê EliJaHûW vir die hele volk: Kom nader na my. En die hele volk het nader gekom na hom; en hy het die altaar van JaHWeH herstel wat afgebreek was. 1Ki 18:31 Daarop neem EliJaHûW twaalf klippe volgens die getal van die stamme van Jakob se kinders - tot wie die Woord van JaHWeH gekom het om te sê: JisraEl sal jou naam wees - 1Ki 18:32 en hy bou met die klippe 'n altaar in die Naam van JaHWeH. Daarna het hy 'n sloot gemaak rondom die altaar, 'n ruimte vir omtrent twee mate saad, 1Ki 18:33 en die hout gerangskik en die bul in stukke verdeel en bo-op die hout gelê. 1Ki 18:34 Toe sê hy: Maak vier kruike vol water en giet dit op die brandoffer en op die hout. En hy sê: Doen dit vir die tweede maal. En hulle het dit vir die tweede maal gedoen. En hy sê: Doen dit vir die derde maal. En hulle het dit vir die derde maal gedoen, 1Ki 18:35 sodat die water rondom die altaar geloop het; en ook die sloot het hy vol water gemaak. 1Ki 18:36 En op die tyd dat hulle die spysbydrae bring, het die profeet EliJaHûW nader gekom en gesê: JaHWeH, Elohey van Abraham, Isak en JisraEl, laat dit vandag bekend word dat U Elohim in JisraEl is, en ek U kneg, en dat ek al hierdie dinge op U Woord gedoen het. 1Ki 18:37 Antwoord my, JaHWeH, antwoord my, sodat hierdie volk kan erken dat U, JaHWeH, die Elohim is, en dat U hulle hart [tot U] laat terugkeer. 1Ki 18:38 Daarop het die vuur van JaHWeH neergeval en die brandoffer en die hout en die klippe en die stof verteer, ja, die water wat in die sloot was, opgelek. 1Ki 18:39 En toe die hele volk dit sien, het hulle op hul aangesig geval en gesê: JaHWeH, Hy [is] die Elohim, JaHWeH, Hy [is] die Elohim! 1Ki 18:40 Maar EliJaHûW sê vir hulle: Gryp die profete van die Here (Baäl)! Laat niemand van hulle vryraak nie! En hulle het hul gegryp; en EliJaHûW het hulle afgebring na die spruit Kison en hulle daar geslag. [Psalm 149:7-9; Boekrol van Henog 98:12] 1Ki 18:41 Toe sê EliJaHûW vir Agab: Trek op, eet en drink, want hoor, die gedruis van die reën! 1Ki 18:42 En Agab het opgetrek om te eet en te drink; maar EliJaHûW het op die top van die Karmel geklim en hom op die Aarde neergebuig en sy aangesig tussen sy knieë gesteek. 1Ki 18:43 Daarop sê hy vir sy dienaar: Klim tog op, kyk uit na die see. En hy het opgeklim en uitgekyk en geroep: Daar is niks nie. Toe sê hy: Gaan weer - sewe maal. 1Ki 18:44 En die sewende maal roep hy: Daar gaan 'n wolkie soos 'n man se handpalm op uit die see. Toe sê hy: Gaan op, sê vir Agab: Span in en trek af, dat die reën jou nie terughou nie. 1Ki 18:45 En in 'n oogwink was die Hemele swart van wolke en wind, en 'n groot reën het gekom; en Agab het op die wa geklim en weggetrek na JizreEl; 1Ki 18:46 maar die Hand van JaHWeH was oor EliJaHûW, sodat hy sy heupe omgord en voor die aangesig van Agab uit geloop het in die rigting na JizreEl. //EliJaHûW vlug vir Isébel en kom by die berg Horeb. 1Ki 19:1 EN Agab het aan Isébel meegedeel alles wat EliJaHûW gedoen het, ja, alles - hoe hy al die profete met die swaard gedood het. 1Ki 19:2 Daarop stuur Isébel 'n boodskapper na EliJaHûW om te sê: Mag die gode [aan my] so doen en so daaraan toedoen - as ek nie teen môre sulke tyd jou siel maak soos die siel van een van hulle. 1Ki 19:3 Toe hy dit sien, het hy hom klaargemaak en ter wille van sy siel weggegaan. En toe hy in Berséba in JeHûWdah aangekom het, het hy sy dienaar daar laat agterbly; 1Ki 19:4 maar self het hy 'n dagreis ver die wildernis ingegaan en daar onder 'n besembos gaan sit en gevra dat sy siel mag sterwe. En hy sê: Dit is genoeg, neem nou my siel weg, JaHWeH, want ek is nie beter as my vaders nie. 1Ki 19:5 Daarop gaan hy lê en raak onder 'n besembos aan die slaap; en kyk, daar raak 'n Boodskapper hom aan en sê vir hom: Staan op, eet! 1Ki 19:6 Toe hy opkyk, was daar aan sy koppenent 'n broodkoek, op warm klippe gebak, en 'n kruik water. En hy het geëet en gedrink en weer gaan lê. 1Ki 19:7 En die Boodskapper van JaHWeH het weer vir die tweede maal gekom en hom aangeraak en gesê: Staan op, eet; anders is die pad vir jou te veel. 1Ki 19:8 Hy het toe opgestaan en geëet en gedrink en deur die krag van die voedsel veertig dae en veertig nagte lank geloop tot by die Berg van die Elohim, Horeb. 1Ki 19:9 En hy het daar in 'n spelonk gegaan en die nag daar oorgebly. En kyk, die Woord van JaHWeH het tot hom gekom en vir hom gesê: Wat maak jy hier, EliJaHûW? 1Ki 19:10 En hy antwoord: Ek het baie geywer vir JaHWeH, die Elohey van die leërmagte; want die kinders van JisraEl het U Verbond verlaat, U altare afgebreek en U profete met die swaard gedood, sodat ek alleen oorgebly het, en hulle soek my siel om haar weg te neem. 1Ki 19:11 En Hy sê: Gaan uit en staan op die berg voor die Aangesig van JaHWeH. En kyk, JaHWeH het verbygegaan, terwyl 'n groot en sterk wind die berge skeur en die rotse verbreek voor die Aangesig van JaHWeH uit; in die wind was JaHWeH nie. En ná die wind 'n aardbewing; in die aardbewing was JaHWeH nie. [DaniEl 3:50] 1Ki 19:12 En ná die aardbewing 'n vuur; in die vuur was JaHWeH nie. En ná die vuur die gesuis van 'n sagte koelte. 1Ki 19:13 En toe EliJaHûW dit hoor, het hy sy gelaat met sy mantel toegedraai en uitgegaan en by die ingang van die spelonk gaan staan. En daar kom die Stem na hom en sê: Wat maak jy hier, EliJaHûW? 1Ki 19:14 En hy antwoord: Ek het baie geywer vir JaHWeH, die Elohey van die leërmagte; want die kinders van JisraEl het U Verbond verlaat, U altare afgebreek en U profete met die swaard gedood, sodat ek alleen oorgebly het; en hulle soek my siel om haar weg te neem. 1Ki 19:15 Maar JaHWeH sê vir hom: Gaan terug op jou pad na die wildernis van Damaskus, en gaan heen en salf GazaEl as koning oor Aram. 1Ki 19:16 En JyHûW, die seun van Nimsi, moet jy salf as koning oor JisraEl; en EliShua, die seun van Safat, uit Abel-Mehóla, moet jy salf as profeet in jou plek. 1Ki 19:17 En die een wat van die swaard van GazaEl vryraak, hom sal JyHûW doodmaak; en wat van die swaard van JyHûW vryraak, hom sal EliShua doodmaak. 1Ki 19:18 Maar Ek sal seweduisend in JisraEl laat oorbly, al die knieë wat nie voor die Here (Baäl) gekniel en elke mond wat hom nie gesoen het nie. 1Ki 19:19 Hy het toe daarvandaan weg-gegaan en EliShua, die seun van Safat, aangetref terwyl hy aan ploeë was met twaalf paar osse voor hom en hy self by die twaalfde paar was; en EliJaHûW het by hom verbygegaan en sy mantel op hom gewerp. 1Ki 19:20 Daarop het hy die osse verlaat en agter EliJaHûW aan geloop en gesê: Laat ek tog my vader en my moeder soen; daarna sal ek u volg. En hy antwoord hom: Gaan terug, want wat het ek aan jou gedoen? 1Ki 19:21 Hy draai toe agter hom om en neem die paar osse en slag hulle; en met die osse se trekgoed het hy hulle vleis gaargemaak en aan die volk gegee, en hulle het geëet; daarna het hy opgestaan en EliJaHûW gevolg en diensbaar geword. //Oorlog tussen Agab en Bénhadad, die koning van Aram. 1Ki 20:1 EN Bénhadad, die koning van Aram, het sy hele leër versamel - twee-en-dertig konings was saam met hom, met perde en strydwaens - en opgetrek en Samaría beleër en in haar geveg. 1Ki 20:2 Ook het hy boodskappers na Agab, die koning van JisraEl, gestuur in die stad 1Ki 20:3 en hom laat weet: So sê Bénhadad: U silwer en u goud, dit is myne; en u mooiste vroue en kinders, hulle is myne. 1Ki 20:4 Toe antwoord die koning van JisraEl en sê: Volgens u woord, my meester die koning, ek is uwe met alles wat ek het! 1Ki 20:5 Daarop kom die boodskappers weer en sê: So spreek Bénhadad: Ek het u wel laat weet: U silwer en u goud en u vroue en u kinders moet u aan my gee. 1Ki 20:6 Maar môre sulke tyd sal ek my dienaars na u stuur, dat hulle u huis en die huise van u dienaars deursoek; en hulle sal alles wat begeerlik is in u oë, in hulle hand lê en wegneem. 1Ki 20:7 Toe roep die koning van JisraEl al die oudstes van die Aarde en sê: Let tog op en kyk hoe die man moeilikheid soek, want hy het na my gestuur om my vroue en my kinders en my silwer en my goud [te laat haal], en ek het dit hom nie geweier nie. 1Ki 20:8 Maar al die oudstes en die hele volk antwoord hom: Luister nie, en u mag nie inwillig nie. 1Ki 20:9 Daarom het hy aan die boodskappers van Bénhadad gesê: Sê aan my meester die koning: Alles wat u die eerste keer u dienaar laat weet het, sal ek doen; maar hierdie ding kan ek nie doen nie. En die boodskappers het weggegaan en hom antwoord gebring. 1Ki 20:10 Daarop laat Bénhadad hom weet: Mag die gode so aan my doen en so daaraan toedoen - die puin van Samaría is nie genoeg vir die holle hande van al die manskappe wat my voetstappe volg nie! 1Ki 20:11 Maar die koning van JisraEl het dit geantwoord: Sê [vir hom]: Die een wat hom vasgord, moet hom nie beroem soos die een wat hom losgord nie. 1Ki 20:12 En toe hy hierdie woord hoor, terwyl hy besig was om te drink, hy en die konings in die takskuilings, sê hy aan sy dienaars: Gooi walle op! En hulle het walle opgegooi teen die stad. 1Ki 20:13 Opeens kom daar 'n profeet na Agab, die koning van JisraEl, en sê: So spreek JaHWeH: Het jy hierdie hele groot menigte gesien? Kyk, Ek gee hulle vandag in jou hand, dat jy kan weet dat Ek JaHWeH is. 1Ki 20:14 En Agab sê: Deur wie? En hy antwoord: So spreek JaHWeH: Deur die jongmanne van die owerstes van die provinsies. En hy sê: Wie moet die geveg begin? En hy antwoord: U. 1Ki 20:15 Toe tel hy die jongmanne van die owerstes van die provinsies, en hulle was tweehonderd-twee-en-dertig; en ná hulle tel hy al die manskappe, al die kinders van JisraEl: seweduisend. 1Ki 20:16 En hulle het op die middag uitgetrek terwyl Bénhadad hom dronk gedrink het in die takskuilings, hy en die konings, die twee-en-dertig konings wat sy bondgenote was. 1Ki 20:17 En die jongmanne van die owerstes van die provinsies het eerste uitgetrek. Maar Benhadad het uitgestuur, en hulle het hom berig gebring en gesê: Uit Samaría het manne uitgetrek. 1Ki 20:18 En hy sê: As hulle vir vrede uitgetrek het, gryp hulle lewendig; en as hulle vir oorlog uitgetrek het, gryp hulle lewendig. 1Ki 20:19 Daarop trek die jongmanne van die owerstes van die provinsies uit die stad uit en die leër agter hulle aan; 1Ki 20:20 en hulle verslaan elkeen sy man, sodat die Arameërs gevlug en JisraEl hulle agtervolg het. Maar Bénhadad, die koning van Aram, het vrygekom op 'n perd met perderuiters saam. 1Ki 20:21 En die koning van JisraEl het uitgetrek en perde en strydwaens verslaan, sodat hy 'n groot slag onder die Arameërs geslaan het. 1Ki 20:22 Toe kom die profeet na die koning van JisraEl en sê vir hom: Gaan, wees sterk; en ondersoek en kyk wat u moet doen; want ná verloop van 'n jaar sal die koning van Aram teen u optrek. 1Ki 20:23 Want die dienaars van die koning van Aram het vir hom gesê: Hulle elohey is 'n elohey van die berge; daarom was hulle vir ons te sterk; maar as ons met hulle op die vlakte veg, sal ons sekerlik sterker wees as hulle. 1Ki 20:24 Daarom, doen hierdie ding: Verwyder die konings, elkeen uit sy plek, en stel goewerneurs aan in hulle plek. 1Ki 20:25 En werf self vir u 'n leër soos die leër wat u verloor het, en perde soos dié perde, en strydwaens soos dié waens; en laat ons teen hulle in die vlakte veg; dan sal ons sekerlik sterker wees as hulle. En hy het na hulle geluister en so gedoen. 1Ki 20:26 En ná verloop van 'n jaar het Benhadad die Arameërs gemonster en opgetrek na Afek om teen JisraEl te veg. 1Ki 20:27 Die kinders van JisraEl is ook gemonster en van lewensmiddele voorsien, en het hulle tegemoet getrek; en die kinders van JisraEl het teenoor hulle laer opgeslaan soos twee klompies bokke, terwyl die Aarde vol Arameërs was. 1Ki 20:28 Toe kom die man van die Elohim nader en sê aan die koning van JisraEl: So spreek JaHWeH: Omdat die Arameërs gesê het: JaHWeH is 'n elohey van die berge, en Hy is nie 'n elohey van die laagtes nie - daarom sal Ek hierdie hele groot menigte in jou hand gee, dat julle kan weet dat Ek JaHWeH is. 1Ki 20:29 En hulle was sewe dae lank teenoor mekaar gelaer; maar op die sewende dag het die geveg begin, en die kinders van JisraEl het van die Arameërs honderd-duisend voetgangers op een dag verslaan. 1Ki 20:30 En die wat oor was, het na Afek, na die stad gevlug, en die muur het op die sewe-en-twintigduisend man geval wat oor was. Bénhadad, wat [ook] die stad ingegaan het, het van kamer tot kamer gevlug. 1Ki 20:31 Toe sê sy dienaars vir hom: Kyk tog, ons het gehoor dat die konings van die huis van JisraEl barmhartige konings is; laat ons tog rouklere om ons heupe bind en bande om ons hoofde en uitgaan na die koning van JisraEl; moontlik sal hy u in die lewe behou. 1Ki 20:32 Toe het hulle rouklere om hul heupe vasgegord en bande om hul hoofde en na die koning van JisraEl gekom en gesê: U dienaar Bénhadad sê: Laat my siel tog lewe! En hy antwoord: Lewe hy dan nog? Hy is my broer. 1Ki 20:33 En die manne het hulle dit dadelik toegeëien as 'n gunstige voorteken van sy kant en gesê: Bénhadad is u broer! Daarop sê hy: Gaan haal hom. En Bénhadad het uitgekom na hom, en hy het hom op die wa laat klim. 1Ki 20:34 En [Bénhadad] sê vir hom: Die stede wat my vader van u vader afgeneem het, sal ek teruggee, en u kan vir u strate aanlê in Damaskus soos my vader in Samaría aangelê het. En ek, [sê Agab], sal u op [hierdie] verbond laat gaan. Hy het toe 'n verbond met hom gesluit en hom laat gaan. 1Ki 20:35 Daarna het 'n sekere man uit die profete-seuns deur die Woord van JaHWeH aan sy maat gesê: Slaan my tog! Maar die man het geweier om hom te slaan. 1Ki 20:36 Toe sê hy vir hom: Omdat jy nie na die Stem van JaHWeH geluister het nie, kyk, as jy van my af weggaan, sal 'n leeu jou doodmaak. En toe hy van hom af weggaan, het 'n leeu hom gekry en hom gedood. 1Ki 20:37 Daarna het hy 'n ander man gekry en gesê: Slaan my tog! En die man het hom so geslaan dat hy hom gewond het. 1Ki 20:38 Toe vertrek die profeet en gaan die koning op die pad voorstaan; daarby maak hy homself onkenbaar met 'n verband oor sy oë. 1Ki 20:39 En terwyl die koning verbygaan, roep hy na die koning en sê: U dienaar het uitgetrek in die geveg; en daar kom iemand eenkant toe en bring 'n man na my en sê: Bewaak hierdie man; as hy ooit gemis word, sal jou siel in die plek van sy siel wees, of jy sal 'n talent silwer moet betaal. 1Ki 20:40 Maar onderwyl u dienaar hier en daar besig was, het hy verdwyn. Toe sê die koning van JisraEl vir hom: So is jou Regspraak: jy het dit self bepaal. 1Ki 20:41 Daarop neem hy gou die verband van sy oë af weg en die koning van JisraEl herken hom, dat hy een van die profete was. 1Ki 20:42 En hy sê vir hom: So spreek JaHWeH: Omdat jy die man wat deur My banvloek getref was, uit die hand laat gaan het, daarom sal jou siel in die plek van sy siel en jou volk in die plek van sy volk wees. 1Ki 20:43 En die koning van JisraEl het na sy huis getrek, verbitterd en toornig, en hy het in Samaría aangekom. //Nabot word op bevel van Isébel gedood. EliJaHûW kondig as straf daarvoor die uitroeiing van Agab se familie aan. 1Ki 21:1 EN ná hierdie dinge het dit gebeur: Nabot, 'n JizreEliet, het in JizreEl 'n Wingerd gehad, wat langs die paleis van Agab, die koning van Samaría, was. 1Ki 21:2 En Agab het met Nabot gespreek en gesê: Gee my jou Wingerd, dat Sy my groentetuin kan word, want Sy is naby, langsaan my huis; dan sal ek jou in die plek van Haar 'n wingerd gee wat beter is; of as dit goed is in jou oë, sal ek jou die koopprys van Haar in silwer gee. 1Ki 21:3 Maar Nabot het vir Agab gesê: Mag JaHWeH my daarvoor bewaar dat ek die Erfdeel van my vaders aan u sou gee! 1Ki 21:4 Toe kom Agab in sy huis, verbitterd en toornig oor die woord wat Nabot, die JizreEliet, met hom gespreek het, naamlik: Ek mag nie die erfdeel van my vaders aan u gee nie. En hy het op sy bed gaan lê en sy gesig omgedraai en geen brood geëet nie. 1Ki 21:5 Daarop kom sy vrou Isebél by hom en sê vir hom: Waarom is jou gees dan so verbitterd dat jy geen brood eet nie? 1Ki 21:6 En hy antwoord haar: Omdat ek met Nabot, die JizreEliet, gespreek en aan hom gesê het: Gee my jou Wingerd vir silwer, of as jy wil, sal ek jou 'n wingerd in die plek van Haar gee - maar hy het gesê: Ek mag my Wingerd nie aan jou gee nie. 1Ki 21:7 Toe sê sy vrou Isébel vir hom: Oefen jy nou die koningskap oor JisraEl uit? Staan op, eet brood, en laat jou hart vrolik wees: ek sal jou die Wingerd van Nabot, die JizreEliet, gee. 1Ki 21:8 Daarop het sy briefrolle in die naam van Agab geskrywe en met sy seël dit verseël en die briefrolle gestuur aan die oudstes en die edeles wat in sy stad was, wat by Nabot gewoon het. 1Ki 21:9 En in die briefrolle het sy dit geskrywe: Roep 'n vasdag uit, en sit Nabot vooraan onder die volk; 1Ki 21:10 en sit twee manne, seuns van Belijaal, teenoor hom, wat teen hom getuig en sê: Jy het Elohim en die koning gevloek! Lei hom dan uit en stenig hom, dat hy sterwe. 1Ki 21:11 Die manne van sy stad, die oudstes en die edeles wat in sy stad gewoon het, maak toe soos Isébel hulle laat weet het, soos geskrywe was in die briefrolle wat sy aan hulle gestuur het. 1Ki 21:12 Hulle het 'n vasdag uitgeroep en Nabot vooraan onder die volk gesit. 1Ki 21:13 Toe kom die twee manne, die seuns van Belijaal, en gaan sit teenoor hom; en die deugniete het teen hom, teen Nabot, voor die volk getuig en gesê: Nabot het Elohim en die koning gevloek. Daarop lei hulle hom buitekant die stad uit en stenig hom, sodat hy gesterf het. 1Ki 21:14 Daarna laat hulle Isébel weet: Nabot is gestenig en is dood. 1Ki 21:15 Net toe Isébel hoor dat Nabot gestenig en dood was, sê Isébel vir Agab: Staan op, neem die Wingerd van Nabot, die JizreEliet, in besit wat hy geweier het om vir silwer aan jou te gee; want Nabot leef nie, maar is dood. 1Ki 21:16 Net toe Agab hoor dat Nabot dood was, het Agab opgestaan om na die Wingerd van Nabot, die JizreEliet, af te gaan om Haar in besit te neem. 1Ki 21:17 Maar die Woord van JaHWeH het tot EliJaHûW, die Tisbiet, gekom en gesê: 1Ki 21:18 Maak jou klaar, gaan af Agab, die koning van JisraEl, wat in Samaría is, tegemoet; kyk, hy is in die Wingerd van Nabot, waarheen hy afgegaan het om Haar in besit te neem. 1Ki 21:19 En jy moet met hom spreek en sê: So sê JaHWeH: Het jy moord gepleeg en Haar ook in besit geneem? Verder moet jy met hom spreek en sê: So spreek JaHWeH: Op die plek waar die honde die bloed van Nabot gelek het, sal die honde ook jou eie bloed lek. 1Ki 21:20 Daarop sê Agab vir EliJaHûW: Het jy my gekry, my vyand? En hy antwoord: Ek het u gekry, omdat u uself verkoop het om te doen wat besoedel is in die Oë van JaHWeH 1Ki 21:21 Kyk, Ek gaan ellende bring oor jou en jou skoon wegvee; en Ek sal van Agab uitroei al wat urineer teen 'n muur in JisraEl, sonder uitsondering. 1Ki 21:22 En Ek sal jou huis maak soos die huis van Jeróbeam, die seun van Nebat, en soos die huis van Baésa, die seun van AgiJaH; weens die getart waarmee jy [My] getart het, en dat jy JisraEl laat oortree het. 1Ki 21:23 En ook oor Isébel het JaHWeH gespreek en gesê: Die honde sal Isébel eet by die voorskans van JizreEl. 1Ki 21:24 Die een wat van Agab in die stad sterwe, hom sal die honde eet, en wie in die veld sterwe, sal die voëls van die Hemele eet. 1Ki 21:25 Waarlik, daar was niemand soos Agab wat homself verkoop het om te doen wat besoedel is in die Oë van JaHWeH nie, omdat sy vrou Isébel hom verlei het. 1Ki 21:26 En hy het baie afskuwelik gehandel deur agter die drek-idole aan te loop net soos die Amoriete gedoen het wat JaHWeH voor die kinders van JisraEl uit verdrywe het. 1Ki 21:27 En toe Agab hierdie woorde hoor, het hy sy klere geskeur en 'n roukleed om sy lyf gebind en gevas; hy het ook met die roukleed geslaap en stadig rondgeloop. 1Ki 21:28 Toe kom die Woord van JaHWeH tot EliJaHûW, die Tisbiet, en sê: 1Ki 21:29 Het jy gesien dat Agab hom voor My Aangesig verneder het? Omdat hy hom voor My Aangesig verneder het, sal Ek die ellende in sy dae nie bring nie; in die dae van sy seun sal Ek die ellende oor sy huis bring. //Agab sluit 'n verbond met JeHôWshafat. 1Ki 22:1 HULLE het toe drie jaar lank stil gesit, dat daar geen oorlog was tussen Aram en JisraEl nie. 1Ki 22:2 Maar in die derde jaar het JeHôWshafat, die koning van JeHûWdah, afgekom na die koning van JisraEl. 1Ki 22:3 En die koning van JisraEl vra sy dienaars: Weet julle dat Ramot in Gílead aan ons behoort? En ons sit stil sonder om dit uit die hand van die koning van Aram te neem! 1Ki 22:4 Daarna sê hy vir JeHôWshafat: Sal u saam met my in die oorlog trek na Ramot in Gílead? En JeHôWshafat antwoord die koning van JisraEl: Ek is soos u, my volk soos u volk, my perde soos u perde. 1Ki 22:5 Verder het JeHôWshafat aan die koning van JisraEl gesê: Raadpleeg tog eers die Woord van JaHWeH. 1Ki 22:6 Toe laat die koning van JisraEl die profete bymekaarkom, omtrent vierhonderd man, en hy sê aan hulle: Sal ek teen Ramot in Gílead trek om te veg of haar laat staan? En hulle antwoord: Trek op, en ons Meester sal haar in die hand van die koning gee. 1Ki 22:7 Maar JeHôWshafat sê: Is hier nie nog 'n profeet van JaHWeH, dat ons deur hom kan raadpleeg nie? 1Ki 22:8 En die koning van JisraEl antwoord JeHôWshafat: Daar is nog een man om deur hom JaHWeH te raadpleeg maar ék haat hom, omdat hy oor my niks goeds profeteer nie, maar boosheid: MikaJeHûW, die seun van Jimla. En JeHôWshafat sê: Die koning moet nie so spreek nie! 1Ki 22:9 Daarop roep die koning van JisraEl 'n hofdienaar en sê: Gaan haal MikaJeHûW gou, die seun van Jimla. 1Ki 22:10 Onderwyl die koning van JisraEl en JeHôWshafat, die koning van JeHûWdah, elkeen op sy troon sit, bekleed met [koninklike] klere, op 'n dorsvloer by die ingang van die poort van Samaría, en al die profete voor hulle profeteer, 1Ki 22:11 het SedekiJaH[ûW], die seun van Kenaäna, vir hom ysterhorings gemaak en gesê: So spreek JaHWeH: Hiermee sal u die Arameërs stoot totdat hulle vernietig is. 1Ki 22:12 En al die profete het so geprofeteer en gesê: Trek op na Ramot in Gílead en u sal voorspoedig wees, en JaHWeH sal haar in die hand van die koning gee. 1Ki 22:13 Toe sê die boodskapper wat gegaan het om MikaJeHûW te roep, vir hom dit: Kyk tog, die woorde van die profete is uit een mond goed vir die koning: laat jou woord tog wees soos die woord van een van hulle, en spreek suiwer dinge. 1Ki 22:14 Maar MikaJeHûW sê: So waar as JaHWeH leef, voorwaar, wat JaHWeH vir my sê, dit sal ek spreek! 1Ki 22:15 Toe hy by die koning kom, sê die koning vir hom: MikaJeHûW, sal ons na Ramot in Gílead trek om te veg, of sal ons haar laat staan? En hy antwoord hom: Trek op, en u sal voorspoedig wees, en JaHWeH sal haar in die hand van die koning gee. 1Ki 22:16 En die koning sê vir hom: Hoeveel maal moet ek jou besweer dat jy niks as die Waarheid in die Naam van JaHWeH tot my moet spreek nie? 1Ki 22:17 Daarop antwoord hy: Ek het die hele JisraEl gesien, verstrooid op die berge soos skape wat geen wagter het nie. En JaHWeH het gesê: Hulle het geen meester nie; laat hulle elkeen in vrede teruggaan na sy huis. 1Ki 22:18 Toe sê die koning van JisraEl vir JeHôWshafat: Het ek u nie gesê nie - hy profeteer oor my niks goeds nie, maar net teëspoed? 1Ki 22:19 Verder sê hy: Daarom, luister na die Woord van JaHWeH: Ek het JaHWeH sien sit op Sy Troon terwyl al die hemelse leërmagte by Hom staan, aan Sy regter- en aan Sy linkerhand. 1Ki 22:20 En JaHWeH het gesê: Wie sal Agab oorhaal, dat hy kan optrek en val by Ramot in Gílead? En die een het so gesê, en die ander weer so. 1Ki 22:21 Toe kom die Gees vorentoe en gaan voor die Aangesig van JaHWeH staan en sê: Ek sal hom oorhaal. En JaHWeH vra hom: Waarmee? 1Ki 22:22 En hy sê: Ek sal uitgaan en 'n gees van leuens word in die mond van al sy profete. En Hy sê: Jy sal oorhaal, ja, jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so. 1Ki 22:23 En nou, kyk, JaHWeH het 'n gees van leuens in die mond van al hierdie profete van u gegee, en JaHWeH het ellende oor u gespreek. 1Ki 22:24 Daarop kom SedekiJaHûW, die seun van Kenaäna, nader en hy slaan MikaJeHûW op die kakebeen en sê: Hoe dan het die Gees van JaHWeH van my af weggegaan om met jou te spreek? 1Ki 22:25 En MikaJeHûW antwoord: Kyk, jy sal dit sien op dieselfde dag as jy van kamer tot kamer sal gaan om jou weg te steek. 1Ki 22:26 Maar die koning van JisraEl sê: Neem MikaJeHûW en bring hom terug by Amon, die owerste van die stad, en by JôWash, die seun van die koning. 1Ki 22:27 En jy moet sê: So spreek die koning: Sit hierdie man in die gevangenis en spysig hom met brood van verdrukking en water van verdrukking totdat ek behoue tuiskom. 1Ki 22:28 Daarop sê MikaJeHûW: As u ooit behoue tuiskom, dan het JaHWeH nie deur my gespreek nie. Verder sê hy: Volke, luister almal saam! 1Ki 22:29 En die koning van JisraEl en JeHôWshafat, die koning van JeHûWdah, het opgetrek na Ramot in Gílead. 1Ki 22:30 En die koning van JisraEl het vir JeHôWshafat gesê: Ek sal my onkenbaar maak en in die geveg kom; trek ú maar u eie klere aan. So het die koning van JisraEl hom dan onkenbaar gemaak en in die geveg gegaan. 1Ki 22:31 En die koning van Aram het aan die owerstes van sy twee-en-dertig strydwaens bevel gegee en gesê: Julle moet nie klein of groot beveg nie, net die koning van JisraEl alleen. 1Ki 22:32 En sodra die owerstes van die waens JeHôWshafat sien, sê hulle: Dit is sekerlik die koning van JisraEl! En hulle het weggeswaai om teen hom te veg; maar JeHôWshafat het geskreeu. 1Ki 22:33 En toe die owerstes van die waens sien dat hy nie die koning van JisraEl was nie, draai hulle agter hom weg. 1Ki 22:34 Toe het 'n man in sy eenvoudigheid die boog gespan en die koning van JisraEl getref tussen die aanhegsels en die pantser. Daarop sê hy aan sy drywer: Ruk om en bring my uit die leër uit, want ek is gewond. 1Ki 22:35 En die geveg het dié dag toegeneem, terwyl die koning hom staande hou in die strydwa teenoor die Arameërs; maar in die aand het hy gesterwe, en die bloed van die wond het in die wa se bak gevloei. 1Ki 22:36 En teen sonsondergang gaan 'n geskreeu deur die leër: Elkeen na sy stad en elkeen na sy Aarde toe! 1Ki 22:37 En die koning het dood in Samaría aangekom, en die koning is in Samaría begrawe. 1Ki 22:38 En toe hulle die wa uitspoel by die dam van Samaría, het die honde sy bloed gelek (terwyl die hoere hulle daarin was), volgens die Woord van JaHWeH wat Hy gespreek het. 1Ki 22:39 En die verdere woorde van Agab en alles wat hy gedoen het, en die ivoorhuis wat hy gebou het, en al die stede wat hy gebou het, is dit nie beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JisraEl nie? 1Ki 22:40 En Agab het ontslaap met sy vaders, en sy seun AgazJaHûW het in sy plek koning geword. //JeHôWshafat koning van JeHûWdah en AgazJaHûW koning van JisraEl. 1Ki 22:41 EN JeHôWshafat, die seun van Asa, het koning geword oor JeHûWdah in die vierde jaar van Agab, die koning van JisraEl. 1Ki 22:42 JeHôWshafat was vyf-en-dertig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het vyf-en-twintig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Asúba, die dogter van Silhi. 1Ki 22:43 En hy het geheel en al in die weg van sy vader Asa gewandel - daarvan het hy nie afgewyk nie - deur te doen wat Reg was in die Oë van JaHWeH, net die Hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog op die Hoogtes geslag en rook laat opgaan. 1Ki 22:44 En JeHôWshafat het vrede gesluit met die koning van JisraEl. 1Ki 22:45 En die verdere woorde van JeHôWshafat en sy magtige dade wat hy gedoen het, en hoe hy oorlog gevoer het, is dit nie beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JeHûWdah nie? 1Ki 22:46 Ook die homoseksuele wat uit die dae van sy vader Asa nog oor was, het hy uit die Aarde uitgeroei. 1Ki 22:47 Daar was toe nie 'n koning in Edom nie; 'n plaasvervanger was regeerder. 1Ki 22:48 JeHôWshafat het Tarsis-skepe gebou om in Ofir goud te gaan haal; maar hulle het nie gegaan nie, want die skepe het in Éseon-Geber skipbreuk gely. 1Ki 22:49 Toe sê AgazJaHûW, die seun van Agab, vir JeHôWshafat: Laat my dienaars saam met u dienaars op die skepe gaan. Maar JeHôWshafat wou nie. 1Ki 22:50 En JeHôWshafat het ontslaap met sy vaders en is by sy vaders begrawe in die Stad van sy vader Dawid; en sy seun JeHôWram het koning geword in sy plek. 1Ki 22:51 AgazJaHûW, die seun van Agab, het koning geword oor JisraEl in Samaría in die sewentiende jaar van JeHôWshafat, die koning van JeHûWdah, en het twee jaar oor JisraEl geregeer. 1Ki 22:52 En hy het gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH - hy het gewandel in die weg van sy vader en in die weg van sy moeder en in die weg van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat JisraEl laat oortree het. 1Ki 22:53 En hy het die Here (Baäl) gedien en voor hom neergebuig en JaHWeH, die Elohey van JisraEl, getart, net soos sy vader gedoen het. // //Die Tweede Boekrol van die Konings // //Siekte en dood van AgazJaH, koning van JisraEl, volgens die voorspelling van EliJaHûW. 2Ki 1:1 EN Moab het na die dood van Agab van JisraEl afvallig geword. 2Ki 1:2 En AgazJaH het deur die tralievenster in sy bo-kamer, in Samaría, geval en siek geword. Toe stuur hy boodskappers uit en sê vir hulle: Gaan raadpleeg Baäl-Sebub, die god van Ekron, of ek van hierdie siekte gesond sal word. 2Ki 1:3 Maar die Boodskapper van JaHWeH het vir EliJaHûW, die Tisbiet, gesê: Maak jou klaar, gaan op, die boodskappers van die koning van Samaría tegemoet, en spreek met hulle: Gaan julle, omdat daar glad geen Elohim in JisraEl is nie, om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg? 2Ki 1:4 Daarom dan, so sê JaHWeH: Hierdie bed waar jy op geklim het; jy sal van haar nie opstaan nie, want jy sal sekerlik sterwe. En EliJaHûW het gegaan. 2Ki 1:5 En toe die boodskappers by hom terugkom, sê hy vir hulle: Waarom kom julle nou terug? 2Ki 1:6 En hulle antwoord hom: 'n Man het opgekom, ons tegemoet en aan ons gesê: Gaan terug na die koning wat julle gestuur het, en spreek met hom: So sê JaHWeH: Stuur jy, omdat daar glad geen Elohim in JisraEl is nie, om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg? Daarom sal jy van die bed waar jy op geklim het, - van haar nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe. 2Ki 1:7 Daarop sê hy vir hulle: Hoe was die voorkoms van die man wat opgekom het, julle tegemoet en hierdie woorde met julle gespreek het? 2Ki 1:8 En hulle antwoord hom: 'n Man met woeste hare en omgord met 'n leergord om sy heupe. Toe sê hy: Dit is EliJaHûW, die Tisbiet! 2Ki 1:9 En hy het 'n owerste van vyftig met sy vyftig na hom gestuur. En toe hy na hom opklim, terwyl hy juis op die top van die berg sit, sê hy vir hom: Man van die Elohim, die koning spreek: Kom af! 2Ki 1:10 Toe antwoord EliJaHûW en sê aan die owerste oor vyftig: As ek dan 'n man van Elohim is, mag daar vuur van die Hemele neerdaal en jou en jou vyftig verteer! En daar het vuur van die Hemele neergedaal en hom met sy vyftig verteer. 2Ki 1:11 En hy het weer 'n ander owerste oor vyftig met sy vyftig na hom gestuur; en die het begin spreek en vir hom gesê: Man van die Elohim, so sê die koning: Kom gou af! 2Ki 1:12 Daarop antwoord EliJaHûW en sê vir hulle: As ek 'n man van Elohim is, mag daar vuur van die Hemele neerdaal en jou en jou vyftig verteer! En daar het die vuur van die Elohim uit die Hemele neergedaal en hom met sy vyftig verteer. 2Ki 1:13 En hy het weer 'n owerste van 'n derde vyftig met sy vyftig na hom gestuur. En die derde owerste oor vyftig het opgeklim en aangekom en op sy knieë voor EliJaHûW gebuig en hom gesmeek en vir hom gesê: Man van die Elohim, laat tog my siel en die siel van u dienaars, hierdie vyftig, kosbaar wees in u oë! 2Ki 1:14 Kyk, vuur het van die Hemele neergedaal en die eerste twee owerstes oor vyftig met hulle vyftig verteer; maar laat my siel nou kosbaar wees in u oë! 2Ki 1:15 Toe sê die Boodskapper van JaHWeH vir EliJaHûW: Gaan saam met hom af; wees nie bevrees vir hom nie. En hy het opgestaan en saam met hom na die koning afgegaan 2Ki 1:16 en met hom gespreek: So sê JaHWeH: Omdat jy boodskappers gestuur het om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg - is dit omdat daar glad geen Elohim in JisraEl is om Sy Woord te raadpleeg nie? - daarom sal jy van die bed waar jy op geklim het, van haar nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe. 2Ki 1:17 En hy het gesterwe volgens die Woord van JaHWeH wat EliJaHûW gespreek het; en JeHôWram het in sy plek koning geword in die tweede jaar van JeHôWram, die seun van JeHôWshafat, die koning van JeHûWdah; want hy het geen seun gehad nie. 2Ki 1:18 En die verdere woorde van AgazJaHûW, wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JisraEl nie? //EliJaHûW word in die Hemele opgeneem. 2Ki 2:1 EN toe JaHWeH EliJaHûW in 'n storm na die Hemele sou opneem, het EliJaHûW met EliShua uit Gilgal uit- gegaan. 2Ki 2:2 En EliJaHûW het vir EliShua gesê: Bly tog hier, want JaHWeH stuur my na BetEl. Maar EliShua het gesê: So waar as JaHWeH leef en u siel leef, ek sal u nie verlaat nie! En hulle het na BetEl afgegaan. 2Ki 2:3 Toe gaan die profete-seuns wat in BetEl was, na EliShua uit en vra hom: Weet u dat JaHWeH vandag u meester van u hoof sal wegneem? En hy antwoord: Ek weet dit ook; bly stil. 2Ki 2:4 En EliJaHûW sê vir hom: EliShua, bly tog hier, want JaHWeH stuur my na Jérigo. Maar hy sê: So waar as JaHWeH leef en u siel leef, ek sal u nie verlaat nie! En hulle het in Jérigo aangekom. 2Ki 2:5 Daarop kom die profete-seuns wat in Jérigo was, na EliShua toe aan en vra hom: Weet u dat JaHWeH vandag u meester van u hoof sal wegneem? En hy antwoord: Ek weet dit ook; bly stil. 2Ki 2:6 En EliJaHûW sê vir hom: Bly tog hier, want JaHWeH stuur my na die Jordaan. Maar hy sê: So waar as JaHWeH leef en u siel leef, ek sal u nie verlaat nie! En hulle twee het gegaan. 2Ki 2:7 En vyftig man van die profete-seuns het geloop en op 'n afstand eenkant gestaan, terwyl hulle twee by die Jordaan staan. 2Ki 2:8 Toe neem EliJaHûW sy mantel en rol haar op en slaan op die water; en hy is na weerskante verdeel, sodat hulle twee op droë grond deurgegaan het. 2Ki 2:9 En nadat hulle deur was, sê EliJaHûW vir EliShua: Begeer wat ek vir jou moet doen, voordat ek van jou af weggeneem word. En EliShua antwoord: Laat dan tog 'n dubbele deel van u Gees op my kom. 2Ki 2:10 En hy sê: Jy het 'n harde saak begeer. As jy my sien wanneer ek van jou af weggeneem word, laat Sy dan so met jou wees. Maar so nie, dan sal Sy nie met jou wees nie. 2Ki 2:11 En terwyl hulle aldeur loop en spreek, kom daar meteens 'n wa van vuur met perde van vuur wat skeiding tussen hulle twee maak; en EliJaHûW het in die storm na die Hemele opgevaar. [Boekrol van die Opregte 3:36] 2Ki 2:12 En EliShua het dit gesien en geroep: My vader. my vader, Wa van JisraEl en sy Ruiters! En toe hy hom nie meer sien nie, het hy sy klere gegryp en dit in twee stukke geskeur. //EliShua tree as profeet op. Sy wonders. 2Ki 2:13 DAARNA tel hy die mantel van EliJaHûW op wat van hom afgeval het, en hy draai om en gaan op die wal van die Jordaan staan; 2Ki 2:14 en hy neem die mantel van EliJaHûW wat van hom afgeval het, en slaan op die water en sê: Waar is JaHWeH, die Elohey van EliJaHûW, ja, Hy? En toe hy op die water slaan, is hy na weerskante verdeel, en EliShua het deurgegaan. 2Ki 2:15 En die profete-seuns wat in Jérigo was, het dit op 'n afstand gesien en gesê: Die Gees van EliJaHûW rus op EliShua! En hulle het hom tegemoet gekom en voor hom na die Aarde gebuig [Boekrol van die Opregte 51:18; Openbaring 3:9] 2Ki 2:16 en vir hom gesê: Kyk, hier is by u dienaars vyftig kragtige manne; laat hulle tog u meester gaan soek, of nie miskien die Gees van JaHWeH hom opgeneem en hom op een van die berge of in een van die dale gewerp het nie. Maar hy het beveel: Stuur [hulle] nie! 2Ki 2:17 Maar toe hulle tot vervelens toe by hom aanhou, sê hy: Stuur. Daarop stuur hulle vyftig man uit, en dié het drie dae lank gesoek, maar hom nie gekry nie. 2Ki 2:18 En hulle het na hom teruggekeer terwyl hy nog in Jérigo vertoef; en hy vra hulle: Het ek julle nie gesê: Moenie gaan nie? 2Ki 2:19 En die manne van die stad het vir EliShua gesê: Kyk, die ligging van die stad is goed soos my meester sien, maar die water is besoedel, en die Aarde veroorsaak onvrugbaarheid. 2Ki 2:20 En hy antwoord: Bring vir my 'n nuwe skottel en gooi daar sout in. En hulle het haar na hom gebring. [MattithJaHûW 5:13; Levítikus 2:13] 2Ki 2:21 Daarop gaan hy uit na die plek waar die water uitkom en gooi die sout in haar en sê: So spreek JaHWeH: Ek het diè water gesond gemaak; daar sal geen dood of onvrugbaarheid meer van kom nie. 2Ki 2:22 En die water het gesond geword tot vandag toe volgens die woord van EliShua wat hy gespreek het. 2Ki 2:23 En daarvandaan het hy opgegaan na BetEl; terwyl hy met die pad opgaan, kom daar klein seuntjies uit die stad uit wat met hom spot en vir hom sê: Gaan op, kaalkop! Gaan op, kaalkop! 2Ki 2:24 Toe het hy agter hom omgekyk en hulle gesien en hulle vervloek in die Naam van JaHWeH; en twee bere het uit die bos gekom en van hulle twee-en-veertig kinders verskeur. 2Ki 2:25 En hy het daarvandaan na die berg Karmel gegaan en daarvandaan na Samaría teruggekom. //Wonderbare verlossing van die verbonde leërs van JeHûWdah, JisraEl en Edom. 2Ki 3:1 EN JeHôWram, die seun van Agab, het koning geword oor JisraEl in Samaría in die agttiende jaar van JeHôWshafat, die koning van JeHûWdah, en hy het twaalf jaar geregeer. 2Ki 3:2 En hy het gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH, maar nie soos sy vader en sy moeder nie, want hy het die kliptoring van Baäl verwyder wat sy vader gemaak het. 2Ki 3:3 Maar hy het die oortredinge van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat JisraEl laat oortree het, aangekleef sonder om van haar af te wyk. 2Ki 3:4 En Mesa, die koning van Moab, was 'n skaapboer, en hy het aan die koning van JisraEl gelewer honderdduisend lammers en honderdduisend ramme se wol. 2Ki 3:5 Maar ná die dood van Agab het die koning van Moab van die koning van JisraEl afvallig geword. 2Ki 3:6 En in dieselfde tyd het koning JeHôWram uit Samaría uitgetrek en die hele JisraEl gemonster. 2Ki 3:7 Ook het hy JeHôWshafat, die koning van JeHûWdah, laat weet: Die koning van Moab het van my afvallig geword; sal u saam met my trek om teen die Moabiete te veg? En hy antwoord: Ek sal optrek; ek sal wees soos u, my volk soos u volk, my perde soos u perde. 2Ki 3:8 En hy vra: Met watter pad sal ons optrek? Toe antwoord hy: Met die pad deur die wildernis van Edom. 2Ki 3:9 So het die koning van JisraEl dan getrek en die koning van JeHûWdah en die koning van Edom; maar nadat hulle 'n pad van sewe dae omgetrek het, was daar geen water vir die leër en die vee wat in hulle voetspore gevolg het nie. 2Ki 3:10 Toe sê die koning van JisraEl: Ag, JaHWeH het hierdie drie konings geroep om hulle in die hand van die Moabiete te gee! 2Ki 3:11 En JeHôWshafat vra: Is hier nie 'n profeet van JaHWeH, dat ons deur hom JaHWeH kan raadpleeg nie? Toe antwoord een van die koning van JisraEl sê dienaars en sê: Hier is EliShua, die seun van Safat, wat water op die hande van EliJaHûW gegiet het. 2Ki 3:12 Daarop sê JeHôWshafat: By hom is die Woord van JaHWeH. So het die koning van JisraEl en JeHôWshafat en die koning van Edom dan na hom afgegaan. 2Ki 3:13 Maar EliShua het aan die koning van JisraEl gesê: Wat het ek met u te doen? Gaan na die profete van u vader en die profete van u moeder! Maar die koning van JisraEl antwoord hom: Ag nee, want JaHWeH het hierdie drie konings geroep om hulle in die hand van die Moabiete te gee. 2Ki 3:14 En EliShua sê: So waar as JaHWeH van die leërmagte leef voor wie se Aangesig ek staan, as ek nie agting gehad het vir die persoon van JeHôWshafat, die koning van JeHûWdah, nie, ek sou na u nie kyk en u nie aansien nie. 2Ki 3:15 Maar bring nou vir my 'n siterspeler. En toe die siterspeler op die snare speel, het die Hand van JaHWeH op hom gekom, 2Ki 3:16 en hy het gesê: So spreek JaHWeH: Maak hierdie dal vol gate. 2Ki 3:17 Want so beveel JaHWeH: Julle sal geen wind sien nie, en julle sal geen reën sien nie, en tog sal hierdie dal vol water word, sodat julle self en julle vee en julle ander diere kan drink. 2Ki 3:18 Ja, dit is nog te gering in die Oë van JaHWeH: Hy sal ook die Moabiete in julle hand gee. 2Ki 3:19 En julle sal elke versterkte stad en elke uitgesoekte stad oorweldig en elke suiwer boom omkap en al die waterfonteine toestop, en elke goeie stuk grond sal julle met klippe bederwe. 2Ki 3:20 En die volgende môre, omtrent die tyd dat hulle die spysbydrae bring, kom daar meteens water van die kant van Edom af, sodat die Aarde vol water geword het. 2Ki 3:21 En toe al die Moabiete hoor dat die konings optrek om teen hulle te veg, is hulle opgeroep, almal wat die gord vasgespe en wat ouer was, en hulle het by die grens gaan staan. 2Ki 3:22 Terwyl hulle die môre vroeg hul gereedmaak en die son oor die water opgaan, sien die Moabiete op 'n afstand die water rooi soos bloed. 2Ki 3:23 En hulle sê: Dit is bloed; die konings het sekerlik mekaar aangeval en die een die ander verslaan; en nou op die buit af, julle Moabiete! 2Ki 3:24 Maar toe hulle by die laer van JisraEl kom, het die JisraEliete hulle gereedgemaak en die Moabiete verslaan, sodat hulle voor hul uit gevlug het; en hulle het dieper ingetrek en die Moabiete verslaan. 2Ki 3:25 Daarna het hulle die stede verwoes en op elke goeie stuk grond elkeen sy klip gegooi, sodat sy [daarvan] vol was, en elke waterfontein toegestop en elke suiwer boom omgekap, totdat hulle net in Kir-Haréset haar klip[mure] laat oorbly het. Maar toe die slingeraars haar omsingel en beskiet, 2Ki 3:26 en die koning van Moab sien dat die geveg vir hom te swaar word, het hy sewehonderd man wat die swaard uittrek, met hom saamgeneem om na die koning van Edom deur te breek; maar hulle kon nie. 2Ki 3:27 Daarop neem hy sy eersgebore seun, wat in sy plek koning sou word, en hom opgedra as brandoffer op die muur. Toe het 'n groot Woede oor JisraEl gekom, sodat hulle van hom weggetrek en na [hulle] Aarde teruggegaan het. //Die olie van die weduwee. Die seun van die Sunamitiese vrou. Die giftige kos en die twintig garsbrode. 2Ki 4:1 EN 'n sekere vrou uit die vroue van die profete-seuns het na EliShua geroep en gesê: U dienaar, my man, is dood, en u weet self dat u dienaar JaHWeH gevrees het; nou het die skuldeiser gekom om my twee kinders vir hom as slawe te neem. [JeshaJaH 50:1] 2Ki 4:2 Toe sê EliShua vir haar: Wat kan ek vir jou doen? Gee my te kenne wat jy in die huis het. En sy antwoord: U dienares het glad niks in die huis nie, behalwe 'n flessie met olie. 2Ki 4:3 En hy sê: Gaan leen vir jou van buite af kanne, leë kanne van al jou bure; leen nie te min nie. 2Ki 4:4 Gaan dan in en sluit die deur agter jou en jou seuns toe, en giet in al daardie kanne en sit weg wat vol is. 2Ki 4:5 Sy het toe van hom af weggegaan en die deur agter haar en haar seuns toegesluit; en terwyl hulle vir haar aanbring, giet sy in. 2Ki 4:6 Sodra die kanne vol was, sê sy aan haar seun: Bring vir my nog 'n kan aan; maar hy antwoord haar: Daar is geen kan meer nie. Toe gaan die olie staan. 2Ki 4:7 Daarop kom sy om dit die man van die Elohim te kenne te gee; en hy sê: Gaan verkoop die olie en betaal jou skulde; van die orige kan jy en jou seuns dan lewe. 2Ki 4:8 En op 'n dag het EliShua verbygegaan na Sunem; en daar was 'n vermoënde vrou wat by hom aangehou het dat hy brood sou eet. En so dikwels as hy verbygaan, het hy daarheen weggedraai om brood te eet. 2Ki 4:9 En sy het aan haar man gesê: Kyk tog, ek merk dat hy 'n apart gestelde man van Elohim is wat gedurig by ons verbygaan; 2Ki 4:10 laat ons tog 'n klein ommuurde bo-kamer maak, en laat ons daar vir hom 'n bed en 'n tafel en 'n stoel en 'n lamp neersit; wanneer hy dan by ons kom, kan hy daar intrek. 2Ki 4:11 En toe hy op 'n dag daar kom, het hy in die bo-kamer ingetrek en daar gaan lê 2Ki 4:12 en aan sy dienaar Gehási gesê: Roep hierdie Sunamitiese vrou. Nadat hy haar dan geroep en sy voor hom gaan staan het, 2Ki 4:13 sê hy vir hom: Vra haar tog: Kyk, jy het al hierdie sorg aan ons bestee; wat kan daar vir jou gedoen word? Kan daar vir jou 'n goeie woord gedoen word by die koning of die leërowerste? Maar sy antwoord: Ek woon onder my volk. 2Ki 4:14 Daarop sê hy: Wat kan daar dan vir haar gedoen word? En Gehási antwoord: Voorwaar, sy het geen seun nie, en haar man is oud. 2Ki 4:15 En hy sê: Roep haar. En toe hy haar geroep en sy in die deur gaan staan het, 2Ki 4:16 sê hy: Sulke tyd oor 'n jaar sal jy 'n seun omhels. En sy antwoord: Ag nee, my meester, man van die Elohim, moenie vir u dienares lieg nie! 2Ki 4:17 En die vrou het swanger geword en 'n seun gebaar op daardie tyd oor 'n jaar, soos EliShua met haar gespreek het. [JeshaJaH 66:7-14] 2Ki 4:18 Maar toe die kind groot was, het hy op 'n dag uitgegaan na sy vader, na die maaiers, 2Ki 4:19 en vir sy vader gesê: My kop, my kop! Dié sê toe vir 'n dienaar: Dra hom na sy moeder. 2Ki 4:20 En hy het hom gedra en by sy moeder gebring. En hy het op haar knieë gesit tot die middag en gesterwe. 2Ki 4:21 En sy het opgeklim en hom op die bed van die man van die Elohim neergelê en agter hom toegesluit en uitgegaan. 2Ki 4:22 Daarop roep sy haar man en sê: Stuur tog vir my een van die dienaars met een van die eselinne, dat ek gou na die man van die Elohim kan gaan en terugkom. [ZekarJaH 9:9] 2Ki 4:23 En hy sê: Waarom gaan jy vandag na hom? Dit is geen maandsvernuwing of Sabbat nie. En sy antwoord: Wees maar gerus! 2Ki 4:24 Toe saal sy die esel op en sê aan haar dienaar: Jaag aan en gaan voort; hou my nie op in die ry nie, behalwe as ek jou sê. 2Ki 4:25 Sy het dan weggegaan en by die man van die Elohim op die berg Karmel gekom. Sodra die man van die Elohim haar op 'n afstand sien, sê hy aan sy dienaar Gehási: Kyk, daar is dié Sunamitiese vrou! 2Ki 4:26 Loop haar nou tog tegemoet en sê vir haar: Gaan dit goed met u? Gaan dit goed met u man? Gaan dit goed met u kind? En sy antwoord: Goed. 2Ki 4:27 Maar toe sy by die man van die Elohim op die berg kom, het sy sy voete gegryp. En Gehási het aangekom om haar weg te stoot; maar die man van die Elohim sê: Laat haar staan, want haar siel is bitter bedroef in haar, en JaHWeH het dit vir my verberg en my dit nie meegedeel nie. 2Ki 4:28 En sy sê: Het ek van my meester 'n seun gevra? Het ek nie gesê: Moet my nie mislei nie ? 2Ki 4:29 En hy sê vir Gehási: Gord jou heupe en neem my staf in jou hand en gaan heen; as jy iemand teëkom, groet hom nie; en as iemand jou groet, antwoord hom nie; en lê my staf op die gesig van die seun. 2Ki 4:30 Maar die moeder van die seun sê: So waar as JaHWeH leef en u siel leef, ek sal u nie verlaat nie! En hy het opgestaan en agter haar aan geloop. 2Ki 4:31 En Gehási het voor hulle uit gegaan en die staf op die gesig van die seun gelê; maar daar was geen stem en geen opmerksaamheid nie. Daarop gaan hy terug hom tegemoet en bring hom die berig en sê: Die seun het nie wakker geword nie. 2Ki 4:32 En toe EliShua in die huis kom, was die seun dood, neergelê op sy bed! 2Ki 4:33 En hy het ingegaan en die deur agter hulle twee toegesluit en tot JaHWeH gebid. 2Ki 4:34 Daarna klim hy op en gaan lê op die kind en sit sy mond op dié se mond en sy oë op dié se oë en sy handpalms op dié se handpalms en val op hom neer; en die vlees van die kind het warm geword. 2Ki 4:35 Daarop het hy teruggekom en in die huis een keer heen en weer geloop, om dan [opnuut] op te klim en val op hom neer en die seun het sewe maal genies, en die seun het sy oë oopgemaak. [JeshaJaH 4:1] 2Ki 4:36 Toe roep hy Gehási en sê: Roep hierdie Sunamitiese vrou. Nadat hy haar dan geroep en sy by hom gekom het, sê hy: Tel jou seun op. 2Ki 4:37 En sy het ingekom en voor sy voete geval en na die Aarde gebuig; en sy het haar seun opgetel en uitgegaan. [2 Ezra 10:44] 2Ki 4:38 Weer het EliShua in Gilgal gekom, en daar was hongersnood in die Aarde; en terwyl die profete-seuns voor hom sit, sê hy aan sy dienaar: Sit die groot pot op en maak 'n gekookte kooksel klaar vir die profete-seuns. 2Ki 4:39 Toe gaan een uit in die veld om groente te versamel; en hy het wilde ranke van die veld gekry en daarvan sy kleed vol karkoere van die veld gepluk en gekom en haar in die kookpot stukkend gesny; want hulle het haar nie geken nie. 2Ki 4:40 Daarna het hulle vir die manne opgeskep om te eet; maar net toe hulle van die kooksel eet, skreeu hulle en roep: Man van Elohim, die dood is in die pot! En hulle kon haar nie eet nie. 2Ki 4:41 Maar hy sê: Gaan haal dan meel. En hy gooi hom in die pot en sê: Skep uit vir die omstanders, dat hulle eet. En daar was niks besoedel in die pot nie. 2Ki 4:42 En daar het 'n man van Baäl-Salísa gekom en vir die man van Elohim eerstelingsbrode, twintig garsbrode, en vars graan in sy mandjie gebring. En hy het gesê: Gee vir die omstanders, dat hulle eet. 2Ki 4:43 En sy dienaar antwoord: Hoe kan ek hulle voor die aangesig van 'n honderd man voorsit? Maar hy sê: Gee vir die omstanders, dat hulle eet, want so spreek JaHWeH: Hulle sal eet en oorhou. 2Ki 4:44 En hy sit hulle hulle voor, en hulle het geëet en oorgehou volgens die Woord van JaHWeH. //Naäman, die Arameër, word genees van sy melaatsheid. Gehási word melaats. 2Ki 5:1 EN Naäman, die leërowerste van die koning van Aram, was 'n groot man voor die aangesig van sy meester en hoog in aansien; want deur hom het JaHWeH aan die Arameërs 'n oorwinning gegee; en die man was 'n dappere, [maar] melaats. 2Ki 5:2 En die Arameërs het in bendes uitgetrek en uit die Aarde van JisraEl 'n klein dogtertjie as gevangene weggevoer wat in diens van Naäman se vrou gekom het. 2Ki 5:3 En sy het vir haar meesteres gesê: Ag, was my meester maar net by die aangesig van die profeet wat in Samaría is, dan sou hy sy melaatsheid wegneem. 2Ki 5:4 Toe gaan hy in en gee dit aan sy meester te kenne en sê: So en so het die dogtertjie gespreek wat uit die Aarde van JisraEl kom. 2Ki 5:5 En die koning van Aram sê: Gaan dan, ek wil 'n brief aan die koning van JisraEl stuur. En hy het gegaan en tien talente silwer en sesduisend sikkels goud en tien stel klere saam met hom geneem, 2Ki 5:6 en aan die koning van JisraEl die brief gebring van die volgende inhoud: Saam met hierdie brief aan u stuur ek dan nou my dienaar Naäman na u toe, dat u sy melaatsheid kan wegneem. 2Ki 5:7 Sodra die koning van JisraEl die brief gelees het, skeur hy sy klere en sê: Is ek dan Elohim, om dood en lewend te maak, dat hierdie man na my stuur om van 'n man sy melaatsheid weg te neem? Erken en sien tog net hoedat hy 'n geleentheid teen my soek. 2Ki 5:8 Maar toe EliShua, die man van Elohim hoor dat die koning van JisraEl sy klere geskeur het, laat hy die koning weet: Waarom skeur u u klere? Laat hom maar na my kom; dan sal hy weet dat daar 'n profeet in JisraEl is. 2Ki 5:9 So het Naäman dan gekom met sy perde en met sy waens en voor die deur van EliShua se huis stilgehou. 2Ki 5:10 Toe stuur EliShua 'n boodskapper na hom om te sê: Gaan heen, was jou sewe maal in die Jordaan; dan sal jou vlees terugkeer, en jy sal gesuiwer wees. [Psalm 12:6] 2Ki 5:11 Maar Naäman het baie kwaad geword en weggegaan en gesê: Kyk, ek het gedink: Hy sal sekerlik na my uitkom en staan en die Naam van JaHWeH, sy Elohey aanroep en sy hand oor die plek wuif en die melaatsheid wegneem. 2Ki 5:12 Is Abána en Farpar, die riviere van Damaskus, nie beter as al die waters van JisraEl nie? Kon ek my nie daarin was en gesuiwer word nie? En hy het omgedraai en vererg weggery. 2Ki 5:13 Toe kom sy dienaars nader en spreek met hom en sê: My vader, as die profeet u 'n groot saak beveel het, sou u dit nie doen nie? Hoeveel te meer nou dat hy u gesê het: Was jou, en jy sal gesuiwer word? 2Ki 5:14 Daarop het hy afgeklim en sewe maal in die Jordaan ondergeduik volgens die woord van die man van die Elohim, en sy vlees het teruggekeer soos die vlees van 'n jong seun, en hy is gesuiwer. 2Ki 5:15 Toe draai hy om na die man van die Elohim, hy en sy hele gevolg, en hy het ingekom en voor hom gaan staan en gesê: Kyk, nou weet ek dat daar geen Elohim op die hele Aarde is nie, behalwe in JisraEl. Neem dan nou tog 'n geskenk aan van u dienaar. 2Ki 5:16 Maar hy sê: So waar as JaHWeH leef voor wie se Aangesig ek staan, ek sal haar nie aanneem nie! En hy het by hom aangehou om dit aan te neem, maar hy het geweier. 2Ki 5:17 En Naäman het gesê: So nie, laat dan tog aan u dienaar 'n vrag Adamah [adamiet se Aarde] gegee word, soveel as 'n paar muile kan dra; want u dienaar sal nie meer brandoffer of 'n slagdier aan gode van andere bring nie, maar net aan JaHWeH. 2Ki 5:18 Mag JaHWeH in hierdie saak u dienaar vergewe: as my meester in die huis van Rimmon ('n idool) ingaan om hom daar neer te buig, terwyl hy op my hand leun, sodat ek my ook in die huis van Rimmon neerbuig - as ek my neerbuig in die huis van Rimmon, mag JaHWeH dan tog in hierdie saak u dienaar vergewe. 2Ki 5:19 En hy sê vir hom: Gaan in vrede! Nadat hy 'n klein afstand oor die Aarde van hom weggetrek het, 2Ki 5:20 sê Gehási, die dienaar van EliShua, die man van die Elohim: Kyk, my meester het hierdie Arameër Naäman verskoon deur nie uit sy hand aan te neem wat hy gebring het nie. So waar as JaHWeH leef, sekerlik sal ek agter hom aan loop en iets van hom aanneem. 2Ki 5:21 So het Gehási dan Naäman haastig gevolg. En toe Naäman een agter hom aan sien hardloop, het hy van die wa afgespring hom tegemoet en gesê: Gaan dit goed? 2Ki 5:22 En hy antwoord: Dit gaan goed; my meester stuur my om te sê: Kyk, daar het nou net twee jongmanne, profete-seuns, van die gebergte van Efraim af, na my gekom. Gee aan hulle tog 'n talent silwer en twee stel klere. 2Ki 5:23 En Naäman sê: Neem asseblief twee talente! En hy het by hom aangehou en twee talente silwer in twee beurse toegebind en haar saam met twee stel klere aan twee van sy dienaars gegee, wat haar voor hom uit gedra het. 2Ki 5:24 En toe hy by die heuwel aankom het hy haar uit hulle hand geneem en in die huis in bewaring gegee en die manne laat gaan; en hulle het weggegaan. 2Ki 5:25 Toe hy dan inkom en by sy meester staan, sê EliShua vir hom: Vanwaar, Gehási? En hy antwoord: U dienaar het nêrens heengegaan nie. 2Ki 5:26 Maar hy sê vir hom: Het my hart nie saamgegaan toe 'n man van sy wa af omgedraai het jou tegemoet nie? Is dit tyd om die silwer te neem en om klere te neem en olyfbome en wingerde en kleinvee en beeste en slawe en slavinne? 2Ki 5:27 Daarom sal die melaatsheid van Naäman jou en jou saad vir ewig aanklewe. En hy het van hom uitgegaan melaats, soos sneeu. //EliShua laat die yster drywe. Die Arameërs word verblind. 2Ki 6:1 EN die profete-seuns het vir EliShua gesê: Kyk tog, die plek waar ons voor u woon, is vir ons te nou. 2Ki 6:2 Laat ons tog na die Jordaan gaan en elkeen daarvandaan 'n balk gaan haal, dat ons daar vir ons 'n plek kan maak om daar te woon. En hy het gesê: Gaan. 2Ki 6:3 Maar een sê: Gaan tog asseblief saam met u dienaars. En hy antwoord: Ek sal gaan. 2Ki 6:4 En hy het saam met hulle gegaan. En toe hulle by die Jordaan kom, het hulle bome omgekap. 2Ki 6:5 Maar terwyl een die balk kap, val die Yster in die water; en hy roep uit en sê: Ag, my meester, hy is nogal geleen! 2Ki 6:6 En die man van die Elohim vra: Waar het hy geval? En toe hy hom die plek wys, het hy 'n stok afgesny en hom daarheen gegooi en die Yster bo laat drywe. 2Ki 6:7 En hy sê: Haal hom nou maar uit! En hy het sy hand uitgesteek en hom geneem. 2Ki 6:8 Terwyl die koning van Aram besig was om oorlog te voer teen JisraEl, het hy met sy dienaars beraadslaag en gesê: Op dié en dié plek sal my laer staan. 2Ki 6:9 Maar die man van die Elohim het die koning van JisraEl laat weet: Pas op dat u nie deur daardie plek trek nie, want die Arameërs trek daarheen af. 2Ki 6:10 Daarom het die koning van JisraEl na die plek gestuur waarvan die man van die Elohim met hom gespreek en waarvoor hy hom gewaarsku het. En hy het hom daar beskerm, nie net een maal of twee maal nie. 2Ki 6:11 Toe word die hart van die koning van Aram hieroor onrustig, en hy roep sy dienaars en sê vir hulle: Kan julle my nie te kenne gee wie van ons mense vir die koning van JisraEl is nie? 2Ki 6:12 En een van sy dienaars antwoord: Nee, my meester, die koning, maar EliShua, die profeet wat in JisraEl is, kan die koning van JisraEl die woorde te kenne gee wat u in u slaapkamer spreek. 2Ki 6:13 En hy sê: Gaan kyk waar hy is, dat ek hom kan laat vang. En daar is aan hom te kenne gegee en gesê: Hy is daar in Dotan. 2Ki 6:14 So het hy dan daarheen perde en strydwaens en 'n swaar leër gestuur, en hulle het in die nag gekom en die stad omsingel. 2Ki 6:15 En toe die dienaar van die man van die Elohim vroeg opstaan en uitgaan, was daar 'n leër met perde en strydwaens rondom die stad. En sy dienaar sê vir hom: Ag, my meester, hoe sal ons maak? 2Ki 6:16 Maar hy antwoord: Vrees nie; want die wat by ons is, is meer as die wat by hulle is. 2Ki 6:17 En EliShua het gebid en gesê: JaHWeH, open tog sy oë, dat hy kan sien. En JaHWeH het die oë van sy dienaar geopen, dat hy kon sien, en meteens was die berg vol perde en waens van vuur rondom EliShua. 2Ki 6:18 En toe hulle na hom afkom, het EliShua tot JaHWeH gebid en gesê: Slaan tog hierdie nasie met blindheid. En Hy het hulle op die woord van EliShua met blindheid geslaan. 2Ki 6:19 Daarop sê EliShua vir hulle: Dit is nie die weg, en dit is nie die stad nie; volg my, dan sal ek julle lei na die man wat julle soek; en hy het hulle na Samaría gelei. 2Ki 6:20 En by hulle aankoms in Samaría, sê EliShua: JaHWeH, open hulle oë, dat hulle kan sien. En JaHWeH het hulle oë geopen, dat hulle kon sien, en daar was hulle binne-in Samaría! 2Ki 6:21 En die koning van JisraEl sê vir EliShua toe hy hulle sien: Moet ek verslaan, moet ek verslaan, my vader? 2Ki 6:22 Maar hy antwoord: U mag nie verslaan nie. Sou u dan verslaan die wat u met u swaard en u boog as gevangenes weggevoer het? Sit aan hulle brood en water voor, dat hulle kan eet en drink en na hulle meester kan trek. 2Ki 6:23 En hy het hulle 'n groot maaltyd berei; en nadat hulle geëet en gedrink het, laat hy hulle gaan; en hulle het na hul meester getrek. En die bendes van die Arameërs het verder nie meer in die Aarde van JisraEl gekom nie. //Beleg en wonderbare verlossing van Samaría. 2Ki 6:24 EN daarna het Bénhadad, die koning van Aram, sy hele leër versamel en opgetrek en Samaría beleër. 2Ki 6:25 En daar was 'n groot hongersnood in Samaría, want hulle het teen haar beleër totdat 'n eselskop tagtig [sikkels silwer] en 'n kwart-kab duiwemis vyf sikkels silwer werd was. 2Ki 6:26 En terwyl die koning op die muur verbygaan, roep 'n vrou na hom en sê: Help, meester, koning! 2Ki 6:27 Maar hy antwoord: As JaHWeH jou nie help nie, waarvandaan moet ek jou dan help? Van die dorsvloer of van die parskuip? 2Ki 6:28 Verder sê die koning vir haar: Wat is dit met jou? En sy antwoord: Hierdie vrou het vir my gesê: Gee jou seun, dat ons hom vandag eet; dan kan ons môre my seun eet. 2Ki 6:29 So het ons dan my seun gaargemaak en hom geëet; maar toe ek die volgende dag vir haar sê: Gee jou seun, dat ons hom eet - het sy haar seun weggesteek. 2Ki 6:30 En toe die koning die woorde van die vrou hoor, skeur hy sy klere, terwyl hy op die muur verder loop - die mense het gesien hoe daar 'n roukleed onder op sy liggaam was - 2Ki 6:31 en hy sê: Mag Elohim so aan my doen en so daaraan toedoen, as die hoof van EliShua, die seun van Safat, vandag op hom sal bly staan. 2Ki 6:32 En terwyl EliShua in sy huis sit en die oudstes by hom sit, het [die koning] 'n man voor hom uit gestuur; maar voordat die boodskapper by hom kom, sê hy aan die oudstes: Het julle gesien dat hierdie moordenaarskind stuur om my hoof af te slaan? Let op! Sodra die boodskapper kom, sluit dan die deur toe en druk hom met die deur weg. Is die geruis van sy meester se voetstappe nie agter hom nie ? 2Ki 6:33 Terwyl hy nog met hulle spreek, kom die boodskapper juis af na hom toe. En [die koning] sê: Kyk, hierdie teëspoed kom van JaHWeH; waarom sal ek langer op JaHWeH wag? 2Ki 7:1 TOE sê EliShua: Hoor die Woord van JaHWeH! So spreek JaHWeH: Môre omtrent sulke tyd sal 'n maat fynmeel 'n sikkel, en twee mate gars 'n sikkel kos in die poort van Samaría. 2Ki 7:2 Maar die adjudant op wie se arm die koning geleun het, antwoord die man van die Elohim en sê: Al maak JaHWeH ook vensters in die Hemele, sou dit kan gebeur? En hy sê: Kyk, jy sal dit met jou oë sien, maar nie daarvan eet nie. 2Ki 7:3 En daar was vier melaatse manne by die ingang van die poort; hulle het die een vir die ander gesê: Wat bly ons hier totdat ons sterwe? 2Ki 7:4 As ons sê: Laat ons in die stad ingaan - aangesien daar hongersnood in die stad is - sal ons daar sterwe; en as ons hier bly, sal ons sterwe; kom dan nou en laat ons oorloop na die laer van die Arameërs. As hulle ons laat lewe, dan bly ons lewe; en as hulle ons doodmaak, dan sterwe ons. 2Ki 7:5 En hulle het klaargemaak in die aandskemer om in die laer van die Arameërs in te gaan; maar toe hulle aan die buitekant van die laer van die Arameërs kom, was daar niemand nie. 2Ki 7:6 Want die Majesteit het die leër van die Arameërs 'n gedruis van waens en 'n gedruis van perde, 'n gedruis van 'n groot leërmag laat hoor, sodat hulle die een vir die ander gesê het: kyk, die koning van JisraEl het die konings van die Hetiete en die konings van die Egiptenaars teen ons gehuur om ons te oorval. 2Ki 7:7 Daarom het hulle in die skemer klaargemaak en gevlug, maar hulle tente en perde en esels, die laer soos dit was, in die steek gelaat; en hulle het vir hul lewe gevlug. 2Ki 7:8 En toe daardie melaatse manne by die kant van die laer kom, het hulle een tent binnegegaan en geëet en gedrink en daar silwer en goud en klere uit weggeneem en dit gaan begrawe. Daarna het hulle teruggekom en 'n ander tent binnegegaan en ook daaruit weggeneem en dit gaan begrawe. 2Ki 7:9 Toe sê hulle die een vir die ander: Ons doen nie reg nie. Hierdie dag is 'n dag van goeie boodskap, en ons bly stil! As ons vertoef tot die môrelig toe, dan sal ons skuldig staan. Kom dan nou, laat ons gaan en dit in die huis van die koning vertel. 2Ki 7:10 En hulle het gekom en na die poortwagters van die stad geroep en aan hulle berig gebring en gesê: Ons het by die laer van die Arameërs gekom, maar kyk, daar was niemand en geen adamiet se stem nie, maar net vasgemaakte perde en vasgemaakte esels en tente net soos dit was. 2Ki 7:11 En die poortwagters het geroep en dit binne-in die huis van die koning vertel. 2Ki 7:12 Toe staan die koning in die nag op en sê aan sy dienaars: Laat ek julle vertel wat die Arameërs aan ons gedoen het. Hulle weet dat ons honger ly; daarom het hulle uit die laer getrek om hulle in die veld weg te steek, en gesê: As hulle uit die stad uittrek, sal ons hulle lewendig vang en in die stad inkom. 2Ki 7:13 Maar een van sy dienaars antwoord en sê: Laat hulle dan tog vyf van die perde wat in haar oorgebly het, neem - kyk, hulle is soos die hele menigte van JisraEl wat in haar oor is; kyk, hulle is soos die hele menigte van JisraEl wat omgekom het - laat ons dié dan stuur en sien. 2Ki 7:14 Hulle neem toe twee strydwaens met perde; en die koning het agter die leër van die Arameërs aan gestuur en gesê: Gaan kyk. 2Ki 7:15 En hulle het agter hulle aan gegaan tot by die Jordaan; en kyk, die hele pad was vol klere en voorwerpe wat die Arameërs in hulle oorhaastige vlug weggegooi het. Daarop draai die boodskappers om en deel dit aan die koning mee. 2Ki 7:16 Toe gaan die volk uit om die laer van die Arameërs te plunder; en 'n maat fynmeel het 'n sikkel gekos, en twee mate gars 'n sikkel, volgens die Woord van JaHWeH. 2Ki 7:17 En die koning het die adjudant op wie se arm hy geleun het, oor die poort aangestel; maar die volk het hom in die poort vertrap, sodat hy gesterf het volgens die boodskap van die man van die Elohim, deur hom uitgespreek toe die koning na hom afgekom het. 2Ki 7:18 Want toe die man van die Elohim met die koning gespreek en gesê het: Môre omtrent sulke tyd sal twee mate gars 'n sikkel, en 'n maat fynmeel 'n sikkel werd wees in die poort van Samaría - 2Ki 7:19 het die adjudant die man van die Elohim geantwoord en gesê: Al maak JaHWeH ook vensters in die Hemele, sou so iets kan gebeur? En hy het gesê: Kyk, jy sal dit met jou oë sien, maar nie daarvan eet nie. 2Ki 7:20 En so het dit met hom gegaan - die mense het hom in die poort vertrap, sodat hy gesterf het. //Die sewe jaar hongersnood. Die eiendom van die Sunamitiese vrou. 2Ki 8:1 EN EliShua het met die vrou gespreek wie se seun hy lewendig gemaak het, en gesê: Maak jou klaar en vertrek, jy met jou huisgesin, en vertoef as vreemdeling waar jy kan vertoef, want JaHWeH het 'n hongersnood geroep - wat ook vir sewe jaar oor die Aarde gekom het. [Openbaring 12] 2Ki 8:2 Die vrou maak haar toe klaar om te doen volgens die boodskap van die man van die Elohim: sy het getrek met haar huisgesin en as vreemdeling sewe jaar lank in die Aarde van die Filistyne vertoef. 2Ki 8:3 En aan die einde van sewe jaar het die vrou uit die land van die Filistyne teruggekom en uitgegaan om 'n beroep te doen op die koning vanweë haar huis en haar grond. 2Ki 8:4 Die koning was juis besig om met Gehási, die dienaar van die man van die Elohim, te spreek en te sê: Vertel my tog al die groot dinge wat EliShua gedoen het. 2Ki 8:5 En terwyl hy die koning vertel hoe hy die dooie lewendig gemaak het, roep die vrou wie se seun hy lewendig gemaak het, juis die koning aan vanweë haar huis en haar grond. En Gehási sê: My meester die koning, sy is die vrou, en hy is haar seun wat EliShua lewendig gemaak het. 2Ki 8:6 En die koning het die vrou ondervra, en sy het hom vertel. Toe gee die koning haar 'n sekere hofdienaar en sê: Laat haar alles terugkry wat aan haar behoort, en ook die hele opbrengs van die grond, van die dag af dat sy die deel van die Aarde verlaat het, tot nou toe. //GazaEl word koning van Aram. 2Ki 8:7 EN EliShua het in Damaskus aangekom, terwyl Bénhadad, die koning van Aram, siek was; en aan hom is meegedeel en gesê: Die man van die Elohim het hierheen gekom. 2Ki 8:8 Toe sê die koning vir GazaEl: Neem 'n geskenk in jou hand en gaan die man van die Elohim tegemoet en raadpleeg JaHWeH deur hom en vra: Sal ek van hierdie siekte gesond word? 2Ki 8:9 Daarop het GazaEl hom tegemoet gegaan en 'n geskenk in sy hand geneem, naamlik allerhande kosbare goed van Damaskus, 'n vrag vir veertig kamele; en hy het gekom en voor hom gaan staan en gesê: U seun Bénhadad, die koning van Aram, stuur my na u om te vra: Sal ek van hierdie siekte gesond word? 2Ki 8:10 En EliShua antwoord hom: Gaan sê: Jy sal sekerlik nie gesond word nie; want JaHWeH het my laat sien dat hy sekerlik sal sterwe. 2Ki 8:11 En hy het sy gesig strak na hom gerig totdat hy verleë was; en die man van die Elohim het geween. 2Ki 8:12 Toe sê GazaEl: Waarom ween my meester? En hy antwoord: Omdat ek weet watter besoedeling jy die kinders van JisraEl sal aandoen; jy sal hulle vestings aan die brand steek en hulle jongmanne met die swaard ombring en hulle jong kinders verpletter en hulle swanger vroue oopsny. 2Ki 8:13 Maar GazaEl sê: Wat is u dienaar, 'n hond, dat hy hierdie groot ding sou doen? En EliShua antwoord: JaHWeH het my jou laat sien as koning oor Aram. 2Ki 8:14 Daarop het hy van EliShua af weggegaan, en toe hy by sy meester kom, het dié hom gevra: Wat het EliShua vir jou gesê? En hy antwoord: Hy het vir my gesê: U sal sekerlik gesond word. 2Ki 8:15 Maar die volgende dag het hy die bedsprei geneem en hom in die water gesteek en oor sy gesig uitgesprei, sodat hy gesterf het; en GazaEl het in sy plek koning geword. //Jehóram en AgazJaH konings van JeHûWdah 2Ki 8:16 EN in die vyfde jaar van JôWram, die seun van Agab, die koning van JisraEl, terwyl JeHôWshafat koning was van JeHûWdah, het Jehóram, die seun van JeHôWshafat, die koning van JeHûWdah, koning geword. 2Ki 8:17 Hy was twee-en-dertig jaar oud toe hy koning geword het, en hy was agt jaar lank koning in Jerusalem. 2Ki 8:18 En hy het gewandel in die Weg van die konings van JisraEl, soos die huis van Agab gedoen het; want hy het die dogter van Agab as vrou gehad en het gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH. 2Ki 8:19 Maar JaHWeH wou JeHûWdah nie vernietig nie ter wille van Dawid, Sy kneg, volgens Sy belofte aan hom dat Hy hom altyd 'n lamp vir sy seuns sou gee. 2Ki 8:20 In sy dae het die Edomiete van JeHûWdah afvallig geword en 'n koning oor hulle aangestel. 2Ki 8:21 Daarom het JôWram oorgetrek na Seïr, en al die strydwaens saam met hom; en toe hy hom in die nag gereed gemaak het, het hy die Edomiete verslaan wat hom omsingel het, saam met die owerstes van die strydwaens; en die manskappe het na hulle tente gevlug. 2Ki 8:22 So het die Edomiete dan van JeHûWdah afvallig geword tot vandag toe; in dieselfde tyd het Libna afvallig geword. 2Ki 8:23 En die verdere woorde van JôWram en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JeHûWdah nie? 2Ki 8:24 En JôWram het ontslaap met sy vaders en is by sy vaders begrawe in die Stad van Dawid; en sy seun AgazJaHûW het in sy plek koning geword. 2Ki 8:25 In die twaalfde jaar van JôWram, die seun van Agab, die koning van JisraEl, het AgazJaHûW, die seun van Jehóram, die koning van JeHûWdah, koning geword. [of elfde jaar volgens 2Kronieke 9:29] 2Ki 8:26 Twee-en-twintig jaar was AgazJaHûW oud toe hy koning geword het, en hy het een jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was AtalJaHûW, die dogter van Omri, die koning van JisraEl. 2Ki 8:27 En hy het gewandel in die weg van die huis van Agab en gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH, soos die huis van Agab; want hy was verswaer met die huis van Agab. 2Ki 8:28 En hy het met JôWram, die seun van Agab, in die oorlog saamgetrek by Ramot in Gílead teen GazaEl, die koning van Aram; maar die Arameërs het JôWram gewond. 2Ki 8:29 En koning JôWram het teruggegaan om hom in JizreEl te laat genees van die wonde wat die Arameërs hom toegebring het by Rama in die oorlog teen GazaEl, die koning van Aram; en AgazJaHûW, die seun van JeHôWram, die koning van JeHûWdah, het afgekom om JôWram, die seun van Agab, in JizreEl te besoek, want hy was siek. //JyHûW word koning van JisraEl en begin met die uitroeiing van Agab se familie. 2Ki 9:1 TOE roep die profeet EliShua een van die profete-seuns en sê vir hom: Gord jou heupe en neem hierdie kruik met olie in jou hand en gaan na Ramot in Gílead. 2Ki 9:2 As jy daar kom, kyk dan waar JyHûW, die seun van JeHôWshafat, die seun van Nimsi, is; en gaan in en laat hom opstaan onder sy broers uit en bring hom in 'n binnekamer; 2Ki 9:3 neem dan die kruik met olie en giet haar op sy hoof uit en sê: So spreek JaHWeH: Ek salf jou tot koning oor JisraEl. Maak dan die deur oop en vlug en vertoef nie. 2Ki 9:4 En die jongman, die dienaar van die profeet, het gegaan na Ramot in Gílead. 2Ki 9:5 Toe hy aankom, het die owerstes van die leër juis daar gesit; en hy sê: Ek het 'n woord vir u, owerste. En JyHûW vra: Vir wie van ons almal? En hy antwoord: Vir u, owerste! 2Ki 9:6 En hy het opgestaan en in die huis ingegaan. Toe giet hy die olie op sy hoof uit en sê vir hom: So spreek JaHWeH, die Elohey van JisraEl: Ek salf jou as koning oor die volk van JaHWeH, oor JisraEl. 2Ki 9:7 En jy sal die huis van Agab, jou meester, verwoes, sodat Ek die bloed van My knegte, die profete, en die bloed van al die knegte van JaHWeH op Isébel kan wreek; 2Ki 9:8 en die hele huis van Agab sal omkom, en Ek sal van Agab uitroei al wat urineer teen 'n muur in JisraEl, sonder uitsondering. 2Ki 9:9 Want Ek sal die huis van Agab maak soos die huis van Jeróbeam, die seun van Nebat, en soos die huis van Baésa, die seun van AgiJaH. 2Ki 9:10 En die honde sal Isébel eet op die dorpsgrond van JizreEl, en daar sal niemand wees wat [haar] begrawe nie. Daarna het hy die deur oopgemaak en gevlug. 2Ki 9:11 Daarop gaan JyHûW uit na die dienaars van sy meester, en hulle sê vir hom: Gaan dit goed? Waarom het hierdie kranksinnige by u gekom? En hy antwoord hulle: Julle self ken die man en sy gepraat. 2Ki 9:12 Maar hulle sê: Leuens! Vertel ons tog. En hy antwoord: So en so het hy met my gespreek en gesê: So spreek JaHWeH: Ek salf jou as koning oor JisraEl. 2Ki 9:13 Toe neem hulle gou elkeen sy kleed en lê hom onder hom somaar op die trappe neer; en hulle blaas op die ramshoring en sê: JyHûW is koning! 2Ki 9:14 Daarop het JyHûW, die seun van JeHôWshafat, die seun van Nimsi, 'n sameswering gesmee teen JôWram. En JôWram was besig om by Ramot in Gílead wag te hou, hy en die hele JisraEl, teen GazaEl, die koning van Aram. 2Ki 9:15 Intussen het koning JeHôWram teruggegaan om hom in JizreEl te laat genees van die wonde wat die Arameërs hom toegebring het in die oorlog teen GazaEl, die koning van Aram. En JyHûW het gesê: As dit julle siel [behaag], laat geen vlugteling uit die stad uitgaan om dit in JizreEl te gaan vertel nie. 2Ki 9:16 Toe klim JyHûW op die strydwa en trek na JizreEl, want JôWram het daar gelê; en AgazJaH, die koning van JeHûWdah, het afgekom om JôWram te besoek. 2Ki 9:17 En terwyl die wag op die toring in JizreEl staan, sien hy die skare van JyHûW, terwyl hy aankom, en sê: Ek sien 'n skare. Toe sê JeHôWram: Neem 'n ruiter en stuur hulle tegemoet, en laat hom vra: Is dit vrede? 2Ki 9:18 En die perderuiter het hom tegemoet gegaan en gesê: So vra die koning: Is dit vrede? Maar JyHûW antwoord: Wat het jy met die vrede te doen? Volg my! En die wag het dit te kenne gegee en gesê: Die boodskapper het tot by hulle gekom, maar hy kom nie terug nie. 2Ki 9:19 Daarop stuur hy 'n ander perderuiter; en toe dié by hulle kom, sê hy: So vra die koning: Is dit vrede? Maar JyHûW antwoord: Wat het jy met die vrede te doen? Volg my! 2Ki 9:20 En die wag het dit te kenne gegee en gesê: Hy het tot by hulle gekom, maar hy kom nie terug nie. Maar die drywe is soos die drywe van JyHûW, die seun van Nimsi, want hy dryf soos 'n kranksinnige. 2Ki 9:21 Toe sê JeHôWram: Span in. En hulle het sy wa ingespan; en JeHôWram, die koning van JisraEl, het uitgetrek, en AgazJaHûW, die koning van JeHûWdah, elkeen op sy wa - hulle het uitgetrek JyHûW tegemoet en hom aangetref op die stuk grond van Nabot, die JizreEliet. 2Ki 9:22 En net toe JeHôWram JyHûW sien, sê hy: Is dit vrede, JyHûW? Maar hy antwoord: Wat? Vrede, solank as die hoererye van jou moeder Isébel en haar towerye so baie is? 2Ki 9:23 Toe ruk JeHôWram om en vlug en sê vir AgazJaHûW: Verraad, AgazJaH[ûW]! 2Ki 9:24 Maar JyHûW het die boog gespan en JeHôWram tussen sy arms geskiet, sodat die pyl deur sy hart uitgegaan en hy in sy wa inmekaargesak het. 2Ki 9:25 Daarop sê hy aan sy adjudant Bidkar: Tel op, gooi hom op die stuk grond van Nabot, die JizreEliet; want onthou hoe ek en jy saam langs mekaar agter sy vader Agab gery het en JaHWeH oor hom hierdie las gegee het: 2Ki 9:26 Voorwaar, Ek het die bloed van Nabot en die bloed van sy seuns verlede nag gesien, spreek JaHWeH, en Ek sal hom aan jou vergelde op hierdie stuk grond, spreek JaHWeH. Tel dan nou op, gooi hom op die stuk grond volgens die Woord van JaHWeH. 2Ki 9:27 Toe AgazJaH, die koning van JeHûWdah, dit sien, het hy gevlug in die rigting van die tuinhuis; maar JyHûW het hom agternagejaag en gesê: Skiet hom ook! [En hulle het hom geskiet] in die wa, op die hoogte na Gur by Jíbleam. Maar hy het na Megíddo gevlug en daar gesterwe. 2Ki 9:28 En sy dienaars het hom na Jerusalem vervoer en hom in sy graf by sy vaders begrawe in die Stad van Dawid. 2Ki 9:29 En in die elfde jaar van JôWram, die seun van Agab, het AgazJaH[ûW] koning oor JeHûWdah geword. 2Ki 9:30 En JyHûW het in JizreEl gekom. Toe Isébel dit hoor, het sy haar oë swart geverf en haar hoof versier en deur die venster uitgekyk. 2Ki 9:31 Terwyl JyHûW deur die poort inkom, sê sy: Gaan dit goed, Simri, moordenaar van jou meester? 2Ki 9:32 En hy het opgekyk na die venster en gevra: Wie is vir my, wie? Toe kyk twee, drie hofdienaars uit na hom; 2Ki 9:33 en hy sê: Gooi haar af! En hulle het haar afgegooi, sodat van haar bloed teen die muur en teen die perde gespat het, en hy het haar vertrap. 2Ki 9:34 En nadat hy ingegaan en geëet en gedrink het, sê hy: Kyk tog om na die vervloekte en begrawe haar, want sy is 'n koningsdogter. 2Ki 9:35 Maar toe hulle gaan om haar te begrawe, kry hulle van haar niks nie as net die hoofskedel en die voete en die handpalms. 2Ki 9:36 Daarop kom hulle terug en gee hom dit te kenne; en hy sê: Dit is die Woord van JaHWeH wat Hy deur die diens van Sy kneg EliJaHûW, die Tisbiet, gespreek het, naamlik: Op die dorpsgrond van JizreEl sal die honde die vlees van Isébel eet. 2Ki 9:37 En die karkas van Isébel sal soos drek op die grond wees op die dorpsgrond van JizreEl, sodat hulle nie sal kan sê: Dit is Isébel nie. //Uitroeiing van die familie van Agab en van die profete van Baäl. 2Ki 10:1 EN Agab het sewentig seuns gehad in Samaría. Toe skryf JyHûW 'n brief, en hy stuur dit na Samaría aan die owerstes van JizreEl, die oudstes, en aan die opvoeders [van die seuns] van Agab, en sê: 2Ki 10:2 As hierdie brief dan nou by julle kom, terwyl die seuns van jul meester by julle is, en die strydwaens en die perde by julle is, en 'n versterkte stad en wapens, 2Ki 10:3 kyk dan uit na die beste en betroubaarste van die seuns van julle meesters, en sit hom op die troon van sy vader en veg vir die huis van julle meester. 2Ki 10:4 Maar hulle het vreeslik bang geword en gesê: Kyk, twee konings het nie voor hom stand gehou nie; hoe sou ons dan kan standhou? 2Ki 10:5 Toe laat die owerste oor die paleis en die owerste oor die stad en die oudstes en die opvoeders aan JyHûW dit weet: Ons is u dienaars, en alles wat u ons beveel, sal ons doen; ons sal niemand koning maak nie; doen wat goed is in u oë. 2Ki 10:6 Daarop het hy vir die tweede maal 'n brief aan hulle geskrywe en gesê: As julle vir my is en my gehoorsaam wil wees, neem dan die hoofde van die manne, die seuns van julle meesters, en kom môre omtrent sulke tyd na my in JizreEl; want die seuns van die koning, sewentig man, was by die grotes van die stad wat hulle grootgemaak het. 2Ki 10:7 En toe die brief by hulle kom, het hulle die seuns van die koning geneem en hulle gedood, sewentig man, en hulle hoofde in mandjies gesit en aan hom na JizreEl gestuur. 2Ki 10:8 En toe die boodskapper kom en hom berig bring en sê: Hulle het die hoofde van die koning se seuns gebring, sê hy: Sit hulle in twee hope neer by die ingang van die poort tot môre toe. 2Ki 10:9 En in die môre het hy uitgegaan en gaan staan en aan die hele volk gesê: Julle is onskuldig. Kyk, ék het 'n sameswering gesmee teen my meester en hom vermoor, maar wie het al hierdie manne doodgeslaan? 2Ki 10:10 Erken dan dat niks op die Aarde sal val van die Woord van JaHWeH wat JaHWeH gespreek het teen die huis van Agab nie - JaHWeH het gedoen wat Hy deur die diens van Sy kneg EliJaHûW gespreek het. 2Ki 10:11 Toe slaan JyHûW almal dood van die huis van Agab wat in JizreEl oor was, en al sy grotes en sy vertroudes en sy priesters, totdat daar niemand van hom oor was wat ontkom het nie. 2Ki 10:12 En hy het hom gereed gemaak en gegaan en na Samaría getrek. Terwyl hy op pad by Bet-Eked van die herders was 2Ki 10:13 en JyHûW die broers van AgazJaHûW, die koning van JeHûWdah, aantref, sê hy: Wie is julle? En hulle antwoord: Ons is die broers van AgazJaHûW, en ons het afgekom om die seuns van die koning en die seuns van die gebiedster te groet. 2Ki 10:14 En hy sê: Gryp hulle lewendig! En hulle het hul lewendig gegryp en gedood by die put van Bet-Eked, twee-en-veertig man; en hy het niemand van hulle laat oorbly nie. 2Ki 10:15 En vandaar het hy gegaan en JeHôWnadab, die seun van Regab, gevind wat hom tegemoet kom. En hy groet hom en sê vir hom: Is jou hart reg soos my hart met jou hart is? En JeHôWnadab antwoord: Ja. So ja, gee jou hand, [sê JyHûW]. Toe gee hy sy hand; en hy het hom by hom op die wa laat klim 2Ki 10:16 en gesê: Gaan saam met my en aanskou met welgevalle my ywer vir JaHWeH. En hulle het hom op sy wa laat ry. 2Ki 10:17 En toe hy in Samaría aankom, het hy almal omgebring wat van Agab in Samaría oor was, totdat hy hom verdelg het volgens die Woord van JaHWeH wat Hy tot EliJaHûW gespreek het. 2Ki 10:18 En JyHûW het die hele volk bymekaar laat kom en vir hulle gesê: Agab het die Here (Baäl) 'n bietjie gedien; JyHûW sal hom baie dien. 2Ki 10:19 Roep dan nou al die profete van die Here (Baäl), al sy dienaars en al sy priesters na my toe; niemand moet gemis word nie, want ek het baie slagdiere vir die Here (Baäl). Elkeen wat gemis word, sal nie leef nie. Maar JyHûW het dit met lis gedoen om die dienaars van die Here (Baäl) te kan vernietig. 2Ki 10:20 Verder sê JyHûW: Roep 'n vergadering uit vir die Here (Baäl); en hulle het haar uitgeroep. 2Ki 10:21 JyHûW het ook deur die hele JisraEl gestuur; en al die dienaars van die Here (Baäl) het gekom - sodat daar niemand oor was wat nie gekom het nie - en in die huis van die Here (Baäl) ingegaan, sodat die huis van die Here (Baäl) vol was van end tot end. 2Ki 10:22 En hy sê aan die een wat oor die klerekamer was: Bring klere uit vir al die dienaars van die Here (Baäl). En hy het vir hulle klere uitgebring. 2Ki 10:23 Daarop gaan JyHûW saam met JeHôWnadab, die seun van Regab, in die huis van die Here (Baäl) in en sê aan die dienaars van die Here (Baäl): Ondersoek en kyk of nie miskien van die dienaars van JaHWeH hier by julle is nie, net die dienaars van die Here (Baäl) alleen. 2Ki 10:24 En hulle het ingegaan om slagdiere en brandoffers te berei; maar JyHûW het vir hom buitekant tagtig man opgestel en gesê: Hy wat een van die manne wat ek in julle hande lewer, laat vryraak, sy siel sal in die plek van sy siel wees. 2Ki 10:25 En toe hy gereed was met die aanbieding van die brandoffer, sê JyHûW aan die hardlopers en die adjudante: Kom in, slaan hulle vrek, laat niemand uitkom nie! En hulle het hul met die skerpte van die swaard vrekgeslaan, en die hardlopers en die adjudante het [hulle] uitgegooi en na die stadsdeel van die huis van die Here (Baäl) gegaan. 2Ki 10:26 En hulle het die pilare van die huis van die Here (Baäl) uitgebring en dit verbrand 2Ki 10:27 en die kliptoring van die Here (Baäl) afgebreek en die Here (Baäl) se huis afgebreek en daar toilet-huisies van gemaak, tot vandag toe. 2Ki 10:28 So het JyHûW dan die Here (Baäl) uit JisraEl uit verdelg. //Idolary en dood van JyHûW. 2Ki 10:29 MAAR die oortredinge van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat JisraEl laat oortree het - daar het JyHûW nie van afgewyk nie, van die goue kalwers wat in BetEl en in Dan was. 2Ki 10:30 Toe sê JaHWeH vir JyHûW: Omdat jy suiwer gehandel het deur te doen wat Reg is in My Oë - volgens alles wat in My hart was, aan die huis van Agab gedoen het - sal jou seuns tot in die vierde [geslag] op die troon van JisraEl sit. 2Ki 10:31 Maar JyHûW het nie sorgvuldig in die Wet van JaHWeH, die Elohey van JisraEl, met sy hele hart gewandel nie; hy het nie afgewyk van die oortredinge van Jeróbeam wat JisraEl laat oortree het nie. 2Ki 10:32 In dié dae het JaHWeH JisraEl begin inkort, en GazaEl het hulle in die hele gebied van JisraEl verslaan: 2Ki 10:33 van die Jordaan af na die Ooste toe, die hele Aarde van Gílead, die Gadiete en die Rubeniete en die Manassiete, van Aroër af wat aan die Arnonrivier lê, Gílead sowel as Basan. 2Ki 10:34 En die verdere woorde van JyHûW en alles wat hy gedoen het, en al sy magtige dade, is dit nie beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JisraEl nie? 2Ki 10:35 En JyHûW het ontslaap met sy vaders en is begrawe in Samaría, en sy seun JeHôWagaz het in sy plek koning geword. 2Ki 10:36 En die dae wat JyHûW oor JisraEl in Samaría geregeer het, was agt-en-twintig jaar. //AtalJaH roei die koninklike saadlyn uit en regeer oor JeHûWdah. JeHôWash bly gespaar. Dood van AtalJaH 2Ki 11:1 TOE AtalJaH, die moeder van AgazJaHûW, sien dat haar seun dood was, het sy haar klaargemaak en die hele koninklike saadlyn omgebring. 2Ki 11:2 Maar JeHóWseba, die dogter van koning JôWram, die suster van AgazJaHûW, het JôWash, die seun van AgazJaH[ûW], geneem en hom gesteel onder die koning se seuns uit wat gedood moes word, [en] hom en sy pleegmoeder in die beddekamer [gebring]. So het hulle hom dan vir AtalJaHûW weggesteek, sodat hy nie gedood is nie 2Ki 11:3 En hy was saam met haar in die Huis van JaHWeH verborge, ses jaar lank, terwyl AtalJaH oor die Aarde regeer. 2Ki 11:4 Maar in die sewende jaar het JeHôWjada die owerstes oor honderd van die Kariërs en van die hardlopers laat haal en by hom in die Huis van JaHWeH laat kom en met hulle 'n verbond gesluit onder eedswering in die Huis van JaHWeH, en vir hulle die koning se seun gewys. 2Ki 11:5 Daarna gee hy hulle bevel en sê: Dit moet julle doen: 'n derde deel van julle wat op die Sabbat inkom, moet wag hou by die huis van die koning, 2Ki 11:6 en 'n derde deel by die poort Sur, en 'n derde deel by die poort agter die hardlopers, en julle moet wag hou by die huis om hom te verdedig. 2Ki 11:7 En die twee [ander] afdelings van julle, almal wat op die Sabbat uitgaan, moet die wag by die Huis van JaHWeH by die koning hou; 2Ki 11:8 en julle moet rondom die koning gaan staan, elkeen met sy wapens in sy hand, en die een wat in die rye inkom, moet gedood word; en julle moet by die koning wees as hy uit- en ingaan. 2Ki 11:9 Die owerstes oor honderd het toe gedoen net soos die priester JeHôWjada beveel het en elkeen sy manne geneem wat op die Sabbat inkom saam met die wat op die Sabbat uitgaan, en na die priester JeHôWjada gekom. 2Ki 11:10 En die priester het aan die owerstes oor honderd die spiese en die skilde van koning Dawid gegee wat in die Huis van JaHWeH was. 2Ki 11:11 En die hardlopers het gaan staan, elkeen met sy wapens in sy hand, van die regterkant van die huis af tot by die linkerkant van die huis na die altaar en na die huis toe, rondom by die koning. 2Ki 11:12 Daarna het hy die seun van die koning uitgebring en aan hom die kroon/separatisme en die Getuienis oorgegee; en hulle het hom koning gemaak en hom gesalf en met die handpalms geklap en gesê: Mag die koning lewe! 2Ki 11:13 Toe AtalJaH die stem van die hardlopers [en] van die volk hoor, het sy na die volk in die Huis van JaHWeH gekom; 2Ki 11:14 en toe sy die koning sien staan op die verhoog, volgens die Reg, met die owerstes en die trompetblasers by die koning, terwyl die hele volk van die Aarde bly is en op die trompette blaas, skeur AtalJaH haar klere en roep uit: Verraad, verraad! 2Ki 11:15 Maar die priester JeHôWjada het die owerstes oor honderd, die aanvoerders van die leër, bevel gegee en vir hulle gesê: Neem haar weg tot binne die rye in en maak dood met die swaard die wat agter haar aankom - want die priester het gesê: Sy moet nie in die Huis van JaHWeH gedood word nie. 2Ki 11:16 En hulle het die hande aan haar geslaan, en sy het deur die ingang vir die perde in die huis van die koning gekom en is daar gedood. 2Ki 11:17 En JeHôWjada het die Verbond gesluit tussen JaHWeH en die koning en die volk, dat hulle 'n volk van JaHWeH sou wees; ook tussen die koning en die volk. 2Ki 11:18 Daarna het die hele volk van die Aarde in die tempel van die Here (Baäl) ingegaan en hom afgebreek; sy altare en sy beelde het hulle kort en klein gebreek, en Mattan, die priester van die Here (Baäl), voor die aangesig van die altare doodgeslaan. Verder het die priester wagte aangestel oor die Huis van JaHWeH. 2Ki 11:19 Toe neem hy die owerstes oor honderd en die Kariërs en die hardlopers en die hele volk van die Aarde; en hulle het die koning afgebring uit die Huis van JaHWeH en deur die poort van die hardlopers in die huis van die koning gegaan, en hy het op die koningstroon gaan sit. 2Ki 11:20 En die hele volk van die Aarde was bly, en die stad rustig. Maar hulle het AtalJaHûW met die swaard in die huis van die koning gedood. 2Ki 11:21 JeHôWash was sewe jaar oud toe hy koning geword het. //Regering van JeHôWash: afskaffing van idolary en herstel van die tempel. 2Ki 12:1 IN die sewende jaar van JyHûW het JeHôWash koning geword, en hy het veertig jaar geregeer in Jerusalem; en die naam van sy moeder was Síbja, van Berséba. 2Ki 12:2 En JeHôWash het gedoen wat Reg was in die Oë van JaHWeH, al sy dae waarin die priester JeHôWjada hom onderrig het. 2Ki 12:3 Net die Hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog geslag en op die Hoogtes rook laat opgaan. 2Ki 12:4 En JeHôWash het aan die priesters gesê: Al die silwer van die Aparthede wat in die Huis van JaHWeH gebring word, die silwer van elke man wat verbygaan se silwer van [sy] siel1 waarvoor hy geskat is, en al die silwer wat opkom van 'n man se hart moet in die Huis van JaHWeH gebring word, 2Ki 12:5 mag die priesters vir hulle neem, elkeen van sy bekende, en hulle moet die bouvallige plekke van die huis herstel waar 'n bouvallige plek ook al gevind word. 2Ki 12:6 Maar toe in die drie-en-twintigste jaar van koning JeHôWash die priesters die bouvallige plekke van die huis nie herstel het nie, 2Ki 12:7 het koning JeHôWash JeHôWjada, die priester, en die priesters geroep en aan hulle gesê: Waarom herstel julle nie die bouvallige plekke van die huis nie? Nou dan, julle moet geen silwer van julle bekendes aanneem nie, maar dit gee vir die bouvallige plekke van die huis. 2Ki 12:8 En die priesters het ingewillig om geen silwer van die volk aan te neem nie en om die bouvallige plekke van die huis dan ook nie te herstel nie. 2Ki 12:9 Toe neem die priester JeHôWjada 'n kis en boor 'n opening in sy deksel en sit dit langs die altaar neer aan die regterkant as 'n mens in die Huis van JaHWeH inkom; en die priesters wat die drumpel bewaak, het al die silwer wat in die Huis van JaHWeH ingebring is, daarin gegooi. 2Ki 12:10 En toe hulle sien dat daar baie silwer in die kis was, het die skrywer van die koning opgegaan en die hoëpriester en dit saamgebind en die silwer bereken wat in die Huis van JaHWeH gevind is. 2Ki 12:11 En hulle het die afgetelde silwer oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat oor die Huis van JaHWeH aangestel was, en hulle het dit uitbetaal aan die skrynwerkers en die bouers wat aan die Huis van JaHWeH gewerk het, 2Ki 12:12 en aan die messelaars en aan die klipkappers, en om houte en gekapte klippe te koop om die bouvallige plekke van die Huis van JaHWeH te herstel, ja, vir alles wat uitgegee moes word aan die huis om hom te herstel. 2Ki 12:13 Ewenwel is daar in die Huis van JaHWeH geen silwerskottels, messe, sprinkelflesse, trompette - enige goue gereedskap of silwer gereedskap gemaak van die silwer wat in die Huis van JaHWeH gebring is nie. 2Ki 12:14 Maar hulle het dit aan die uitvoerders van die werk gegee om daarmee die Huis van JaHWeH te herstel. 2Ki 12:15 En hulle het nie met die manne afgereken in wie se hand die silwer toevertrou was om dit aan die uitvoerders van die werk te gee nie, want hulle het met getrouheid gehandel. 2Ki 12:16 Hulle bring nie die silwer vir die skuld en die silwer vir oortreding in die Huis van JaHWeH nie; dit is vir die priesters. 2Ki 12:17 Destyds het GazaEl, die koning van Aram, opgetrek en teen Gat geveg en haar ingeneem; daarna het GazaEl sy aangesig gerig om teen Jerusalem op te trek. 2Ki 12:18 Toe neem JeHôWash, die koning van JeHûWdah, al die Aparthede wat sy vaders JeHôWshafat en JeHôWram en AgazJaHûW[ûW], die konings van JeHûWdah, apart gehou het, met sy eie gewyde dinge, en al die goud wat te vinde was in die skatkamers van JaHWeH se huis en van die koning se huis, en stuur dit aan GazaEl, die koning van Aram. Daarop het hy van Jerusalem af weggetrek. 2Ki 12:19 En die verdere woorde van JôWash en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JeHûWdah nie? 2Ki 12:20 En sy dienaars het opgestaan en 'n sameswering gesmee en JôWash gedood in die huis Millo wat aflê na Silla toe - 2Ki 12:21 JôWzakar, die seun van Simeat, en JeHôWzabad, die seun van Somer, sy dienaars, het hom doodgeslaan; en hy is begrawe by sy vaders in die Stad van Dawid, en sy seun AmátsJaH het in sy plek koning geword. //JeHôWagaz en JôWash konings van JisraEl. 2Ki 13:1 IN die drie-en-twintigste jaar van JôWash, die seun van AgazJaHûW, die koning van JeHûWdah, het JeHôWagaz, die seun van JyHûW, koning geword oor JisraEl in Samaría - sewentien jaar lank. 2Ki 13:2 En hy het gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH, en agter die oortredinge van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat JisraEl laat oortree het, aan geloop; hy het van haar nie van afgewyk nie. 2Ki 13:3 Daarom het die Woede van JaHWeH teen JisraEl ontvlam, sodat Hy hulle oorgegee het in die hand van GazaEl, die koning van Aram, en in die hand van Bénhadad, die seun van GazaEl, al die dae. 2Ki 13:4 Maar JeHôWagaz het die Aangesig van JaHWeH om barmhartigheid gesmeek. Toe verhoor JaHWeH hom, want Hy het die verdrukking van JisraEl gesien, dat die koning van Aram hulle verdruk. 2Ki 13:5 (JaHWeH het aan JisraEl 'n verlosser gegee, sodat hulle onder die mag van Aram uitgekom het en die kinders van JisraEl in hul tente kon woon soos gister en eergister. 2Ki 13:6 Nogtans het hulle nie afgewyk van die oortredinge van die huis van Jeróbeam wat JisraEl laat oortree het nie; hy het in haar gewandel, en selfs die Houtkruis het in Samaría bly staan.) 2Ki 13:7 Voorwaar, hy het vir JeHôWagaz geen manskappe laat oorbly nie, as net vyftig perderuiters en tien strydwaens en tienduisend voetgangers; want die koning van Aram het hulle omgebring en hulle gemaak soos stof wanneer gedors word. 2Ki 13:8 En die verdere woorde van JeHôWagaz en alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade, is dit nie beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JisraEl nie? 2Ki 13:9 En JeHôWagaz het ontslaap met sy vaders en is in Samaría begrawe, en sy seun JôWash het in sy plek koning geword. 2Ki 13:10 In die sewe-en-dertigste jaar van JôWash, die koning van JeHûWdah, het JeHôWash, die seun van JeHôWagaz, koning geword oor JisraEl in Samaría - sestien jaar lank. 2Ki 13:11 En hy het gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH; hy het nie afgewyk van al die oortredinge van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat JisraEl laat oortree het nie; hy het in haar gewandel. 2Ki 13:12 En die verdere woorde van JôWash en alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade, hoe hy teen AmátsJaH, die koning van JeHûWdah, geveg het, is dit nie beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JisraEl nie? 2Ki 13:13 En JôWash het ontslaap met sy vaders, en Jeróbeam het op sy troon gaan sit; en JôWash is begrawe in Samaría by die konings van JisraEl. //Dood van EliShua. 2Ki 13:14 EN toe EliShua siek was aan die siekte waaraan hy sou sterwe, het JôWash, die koning van JisraEl, afgekom na hom en oor hom geween en gesê: My vader, my vader, wa van JisraEl en sy ruiters! 2Ki 13:15 Daarop sê EliShua vir hom: Neem 'n boog en pyle. En hy het vir hom 'n boog en pyle geneem. 2Ki 13:16 En hy sê vir die koning van JisraEl: Sit jou hand aan die boog. En hy het sy hand aan die boog gesit; en EliShua het sy hande op die hande van die koning gelê. 2Ki 13:17 Verder sê hy: Maak oop die venster na die ooste toe! En hy het dit oopgemaak. En EliShua sê: Skiet! En hy het geskiet. Toe sê hy: 'n Pyl van oorwinning van JaHWeH en 'n pyl van oorwinning op Aram: jy moet die Arameërs volkome verslaan in Afek. 2Ki 13:18 Verder sê hy: Neem die pyle. En hy het hulle geneem. Toe sê hy vir die koning van JisraEl: Slaan teen die Aarde! En hy het drie maal geslaan en opgehou. 2Ki 13:19 Daarop word die man van die Elohim baie kwaad vir hom en sê: Jy moes vyf of ses maal geslaan het; dan sou jy die Arameërs volkome verslaan het; maar nou sal jy die Arameërs drie maal verslaan. 2Ki 13:20 Daarna het EliShua gesterwe, en hulle het hom begrawe. En die bendes van die Moabiete het die Aarde ingekom met die ingang van die jaar. 2Ki 13:21 En terwyl hulle besig was om 'n man te begrawe, sien hulle meteens die bende; daarom het hulle die man in die graf van EliShua gegooi; en toe die man met die gebeente van EliShua in aanraking kom, het hy lewendig geword en opgestaan op sy voete. 2Ki 13:22 En GazaEl, die koning van Aram, het JisraEl verdruk al die dae van JeHôWagaz. 2Ki 13:23 Maar JaHWeH was hulle barmhartig en het Hom oor hulle ontferm en Hom tot hulle gewend ter wille van Sy Verbond met Abraham, Isak en Jakob; en Hy wou hulle nie vernietig en tot nog toe nie van sy aangesig wegwerp nie. 2Ki 13:24 En GazaEl, die koning van Aram, het gesterwe; en sy seun Bénhadad het in sy plek koning geword. 2Ki 13:25 En JeHôWash, die seun van JeHôWagaz, het weer die stede uit die hand van Bénhadad, die seun van GazaEl, teruggeneem wat hy aan sy vader JeHôWagaz in die oorlog ontruk het; JôWash het hom drie maal verslaan en die stede van JisraEl herower. //AmátsJaHûW koning van JeHûWdah. JôWash en Jeróbeam die tweede, konings van JisraEl. 2Ki 14:1 IN die tweede jaar van JôWash, die seun van JôWagaz, die koning van JisraEl, het AmátsJaHûW, die seun van JôWash, die koning van JeHûWdah, koning geword. 2Ki 14:2 Vyf-en-twintig jaar was hy oud toe hy koning geword het; en nege-en-twintig jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was JeHôWaddien van Jerusalem. 2Ki 14:3 En hy het gedoen wat Reg was in die Oë van JaHWeH, hoewel nie soos sy vader Dawid nie; net soos sy vader JôWash gedoen het, het hy gedoen. 2Ki 14:4 Net die Hoogtes is nie afgeskaf nie: die volk het nog op die Hoogtes geslag en rook laat opgaan. 2Ki 14:5 En sodra die koningskap in sy hand bevestig was, het hy sy dienaars, die moordenaars van sy vader, die koning, omgebring. 2Ki 14:6 Maar die kinders van die moordenaars het hy nie laat doodmaak nie, soos geskrywe is in die Boekrol van die Wet van Moshè, waar JaHWeH dit beveel het: Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; maar elkeen moet vir sy eie oortreding sterwe. 2Ki 14:7 Hy het die Edomiete in die Vallei van Sout verslaan, tienduisend [man], en Sela in die oorlog verower en dit JoktheEl genoem, tot vandag toe. 2Ki 14:8 Toe stuur AmátsJaH boodskappers na JeHôWash, die seun van JeHôWagaz, die seun van JyHûW, die koning van JisraEl, om te sê: Kom, laat ons mekaar se aangesig sien. 2Ki 14:9 Maar JeHôWash, die koning van JisraEl, het AmátsJaHûW, die koning van JeHûWdah, dit laat weet: Die distel wat op die Líbanon is, het die seder wat op die Líbanon is, laat weet: Gee jou dogter aan my seun as vrou! Maar die diere van die veld wat op die Líbanon is, het verbygegaan en die distel vertrap. 2Ki 14:10 U het inderdaad die Edomiete verslaan, daarom is u hart hoog-moedig; geniet die eer en bly tuis. Waarom wil u tog kwaad word, dat u sou val, u en JeHûWdah saam met u? 2Ki 14:11 Maar AmátsJaHûW het nie geluister nie. Toe trek JeHôWash, die koning van JisraEl, op; en hy en AmátsJaHûW, die koning van JeHûWdah, het mekaar se aangesig gesien by Bet-Semes wat aan JeHûWdah behoort. 2Ki 14:12 En JeHûWdah is voor JisraEl verslaan, en hulle het gevlug elkeen na sy tente toe. 2Ki 14:13 En JeHôWash, die koning van JisraEl, het AmátsJaHûW, die koning van JeHûWdah, die seun van JeHôWash, die seun van AgazJaHûW, by Bet-Semes gevang; en hy het in Jerusalem gekom en vierhonderd voorarm van die muur van Jerusalem afgebreek, van die Efraimspoort af tot by die Hoekpoort. 2Ki 14:14 En hy het al die goud en die silwer geneem, en al die voorwerpe wat in die Huis van JaHWeH en in die skatkamers van die huis van die koning te vinde was, en ook die gyselaars, en omgedraai na Samaría. 2Ki 14:15 En die verdere woorde van JeHôWash, wat hy gedoen het, en sy magtige dade en hoe hy teen AmátsJaHûW, die koning van JeHûWdah, geveg het, is dit nie beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JisraEl nie? 2Ki 14:16 En JeHôWash het ontslaap met sy vaders en is begrawe in Samaría by die konings van JisraEl; en sy seun Jeróbeam het in sy plek koning geword. 2Ki 14:17 En AmátsJaHûW, die seun van JôWash, die koning van JeHûWdah, het na die dood van JeHôWash, die seun van JeHôWagaz, die koning van JisraEl, vyftien jaar gelewe. 2Ki 14:18 En die verdere woorde van AmátsJaHûW, is dit nie beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JeHûWdah nie? 2Ki 14:19 En hulle het 'n sameswering in Jerusalem teen hom gesmee, sodat hy na Lagis gevlug het; maar hulle het agter hom aan gestuur na Lagis en hom daar gedood. 2Ki 14:20 En hulle het hom op perde vervoer, en hy is begrawe in Jerusalem by sy vaders in die Stad van Dawid. 2Ki 14:21 En die hele volk van JeHûWdah het AzarJaH geneem, wat toe sestien jaar oud was, en hom koning gemaak in die plek van sy vader AmátsJaHûW. 2Ki 14:22 Hy het Elat gebou en weer aan JeHûWdah teruggebring, nadat die koning met sy vaders ontslaap het. 2Ki 14:23 In die vyftiende jaar van AmátsJaHûW, die seun van JôWash, die koning van JeHûWdah, het Jeróbeam, die seun van JôWash, die koning van JisraEl, in Samaría koning geword - een-en-veertig jaar lank. 2Ki 14:24 En hy het gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH, hy het nie afgewyk van al die oortredinge van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat JisraEl laat oortree het nie. 2Ki 14:25 Hy het die grondgebied van JisraEl herower van die ingang na Hamat af tot by die see van die Vlakte, volgens die Woord van JaHWeH, die Elohey van JisraEl, wat Hy gespreek het deur die diens van Sy dienskneg Jona, die seun van Amíttai, die profeet, wat uit Gat-Hefer was. 2Ki 14:26 Want JaHWeH het gesien dat die ellende van JisraEl baie bitter was en dit met almal sonder uitsondering gedaan was en JisraEl geen helper gehad het nie. 2Ki 14:27 En JaHWeH het [nog] nie gespreek dat Hy die naam van JisraEl onder die Hemele sou uitdelg nie; daarom het Hy hulle verlos deur Jeróbeam, die seun van JôWash. 2Ki 14:28 En die verdere woorde van Jeróbeam en alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade, hoe hy geveg en hoe hy Damaskus en Hamat van JeHûWdah aan JisraEl teruggebring het, is dit nie beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JisraEl nie? 2Ki 14:29 En Jeróbeam het ontslaap met sy vaders, met die konings van JisraEl, en sy seun ZekarJaH het in sy plek koning geword. //AzarJaH koning van JeHûWdah. 2Ki 15:1 IN die sewe-en-twintigste jaar van Jeróbeam, die koning van JisraEl, het AzarJaH, die seun van AmátsJaH, die koning van JeHûWdah, koning geword. 2Ki 15:2 Hy was sestien jaar oud toe hy koning geword het, en twee-en-vyftig jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was JekâlJaH, van Jerusalem. 2Ki 15:3 En hy het gedoen wat Reg was in die Oë van JaHWeH, net soos sy vader AmátsJaHûW gedoen het. 2Ki 15:4 Net die Hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog geslag en op die Hoogtes rook laat opgaan. 2Ki 15:5 En JaHWeH het die koning aangetas, sodat hy melaats was tot die dag van sy dood toe; en hy het in 'n afgesonderde huis gewoon, terwyl JôWtham, die seun van die koning, oor die paleis was en reg gespreek het oor die volk van die Aarde. 2Ki 15:6 En die verdere woorde van AzárJaHûW en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JeHûWdah nie? 2Ki 15:7 En AzarJaH het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe by sy vaders in die Stad van Dawid; en sy seun JôWtham het in sy plek koning geword. //Ander konings van JisraEl tot op die inval van die Assiriërs. 2Ki 15:8 IN die agt-en-dertigste jaar van AzárJaHûW, die koning van JeHûWdah, het ZekarJaHûW, die seun van Jeróbeam, oor JisraEl koning geword in Samaría - ses maande. 2Ki 15:9 En hy het gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH soos sy vaders gedoen het; hy het nie afgewyk van die oortredinge van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat JisraEl laat oortree het nie. 2Ki 15:10 En Sallum, die seun van Jabes, het 'n sameswering teen hom gesmee en hom voor die oë van die volk verslaan en hom gedood en in sy plek koning geword. 2Ki 15:11 En die verdere woorde van ZekarJaH, kyk, dit is beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JisraEl. 2Ki 15:12 Dit was die Woord van JaHWeH wat Hy tot JyHûW gespreek het, naamlik: Seuns van die vierde [geslag] sal vir jou op die troon van JisraEl sit. En dit was so. 2Ki 15:13 Sallum, die seun van Jabes, het in die nege-en-dertigste jaar van UzziJaH, die koning van JeHûWdah, koning geword en 'n maan se dae in Samaría geregeer. 2Ki 15:14 Daarna het Menáhem, die seun van Gadi, van Tirsa opgetrek en in Samaría gekom en Sallum, die seun van Jabes, in Samaría verslaan en hom gedood en in sy plek koning geword. 2Ki 15:15 En die verdere woorde van Sallum en sy sameswering wat hy gesmee het, kyk, dit is beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JisraEl. 2Ki 15:16 Toe het Menáhem Tifsag verslaan met almal wat in haar was, en die grondgebied van haar, van Tirsa af; omdat hulle nie [vir hom] oopgemaak het nie; hy het haar verslaan en al die swanger vroue van haar laat oopsny. 2Ki 15:17 In die nege-en-dertigste jaar van AzarJaH, die koning van JeHûWdah, het Menáhem, die seun van Gadi, koning oor JisraEl geword in Samaría - tien jaar lank. 2Ki 15:18 En hy het gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH; hy het al sy dae nie afgewyk van die oortredinge van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat JisraEl laat oortree het nie. 2Ki 15:19 Pul, die koning van Assirië, het die Aarde oorval, en Menáhem het aan Pul duisend talente silwer gegee, dat sy hande met hom sou wees om die koningskap in sy hand te versterk. 2Ki 15:20 En Menáhem het oor JisraEl, al die persone van vermoë, die silwer verdeel om dit aan die koning van Assirië te gee: vyftig sikkels silwer vir elke man; toe het die koning van Assirië omgedraai en nie daar in die Aarde gebly nie. 2Ki 15:21 En die verdere woorde van Menáhem en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JisraEl nie? 2Ki 15:22 En Menáhem het ontslaap met sy vaders, en sy seun PekagJaH het in sy plek koning geword. 2Ki 15:23 In die vyftigste jaar van AzarJaH, die koning van JeHûWdah, het PekagJaH, die seun van Menáhem, koning oor JisraEl geword in Samaría - twee jaar lank. 2Ki 15:24 En hy het gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH; hy het nie afgewyk van die oortredinge van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat JisraEl laat oortree het nie. 2Ki 15:25 En Peka, die seun van RemálJaHûW, sy adjudant, het 'n sameswering teen hom gesmee en hom in Samaría in die vesting van die koning se huis verslaan saam met Argob en met Arje; en vyftig man uit die kinders van die Gíleadiete was saam met hom; en hy het hom gedood en in sy plek koning geword. 2Ki 15:26 En die verdere woorde van PekagJaH en alles wat hy gedoen het, kyk, dit is beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JisraEl. 2Ki 15:27 In die twee-en-vyftigste jaar van AzarJaH, die koning van JeHûWdah, het Peka, die seun van RemálJaHûW, koning geword oor JisraEl in Samaría - twintig jaar lank. 2Ki 15:28 En hy het gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH; hy het nie afgewyk van die oortredinge van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat JisraEl laat oortree het nie. 2Ki 15:29 In die dae van Peka, die koning van JisraEl, het Tiglat-Piléser, die koning van Assirië, gekom en Ijon ingeneem en Abel-Bet-Máäga en Janóag en Kedes en Hasor en Gílead en Galiléa, die hele Aarde van Naftali; en hy het hulle in ballingskap weggevoer na Assirië toe. 2Ki 15:30 En Hoséa, die seun van Ela, het 'n sameswering gesmee teen Peka, die seun van RemálJaHûW, en hom verslaan en hom gedood en in sy plek koning geword, in die twintigste jaar van JôWtham, die seun van UzziJaH. 2Ki 15:31 En die verdere woorde van Peka en alles wat hy gedoen het, kyk, dit is beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JisraEl. //JôWtham koning van JeHûWdah. 2Ki 15:32 IN die tweede jaar van Peka, die seun van RemálJaHûW, die koning van JisraEl, het JôWtham, die seun van UzziJaHûW, die koning van JeHûWdah, koning geword. 2Ki 15:33 Vyf-en-twintig jaar was hy oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jerúsa, die dogter van Sadok. 2Ki 15:34 En hy het gedoen wat Reg was in die Oë van JaHWeH; net soos sy vader UzziJaHûW gedoen het, het hy gedoen. 2Ki 15:35 Net die Hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog op die Hoogtes geslag en rook laat opgaan; dit is hy wat die Boonste Poort van die Huis van JaHWeH gebou het. 2Ki 15:36 En die verdere woorde van JôWtham en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JeHûWdah nie? 2Ki 15:37 In dié dae het JaHWeH Resin, die koning van Aram, en Peka, die seun van RemálJaHûW, teen JeHûWdah begin stuur. 2Ki 15:38 En JôWtham het ontslaap met sy vaders en is begrawe by sy vaders in die Stad van sy vader Dawid; en sy seun Agas het in sy plek koning geword. //Agas koning van JeHûWdah. 2Ki 16:1 IN die sewentiende jaar van Peka, die seun van RemálJaHûW, het Agas, die seun van JôWtham, die koning van JeHûWdah, koning geword. 2Ki 16:2 Twintig jaar was Agas oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer en nie gedoen wat Reg was in die Oë van JaHWeH, sy Elohey soos sy vader Dawid nie. 2Ki 16:3 Maar hy het gewandel in die weg van die konings van JisraEl; ja, hy het selfs sy seun deur die vuur laat deurgaan volgens die gruwels van die nasies wat JaHWeH voor die kinders van JisraEl uit verdryf het. 2Ki 16:4 Hy het ook geslag en rook laat opgaan op die Hoogtes en op die heuwels en onder elke groen boom. 2Ki 16:5 Toe het Resin, die koning van Aram, en Peka, die seun van RemálJaHûW, die koning van JisraEl, opgetrek na Jerusalem om te veg, en hulle het Agas ingesluit; maar hulle kon nie veg nie. 2Ki 16:6 In dieselfde tyd het Resin, die koning van Aram, Elat aan Aram gebring en die manne van JeHûWdah uit Elat verdrywe; en die Edomiete het in Elat gekom en daar gaan woon tot vandag toe. 2Ki 16:7 Agas stuur toe boodskappers na Tiglat-Piléser, die koning van Assirië, om te sê: Ek is u dienaar en u seun; kom op en verlos my uit die handpalms van die koning van Aram en uit die handpalms van die koning van JisraEl wat teen my optree. 2Ki 16:8 Tegelykertyd neem Agas die silwer en die goud wat te vinde was in die Huis van JaHWeH en in die skatkamers van die huis van die koning en stuur dit as 'n geskenk aan die koning van Assirië. 2Ki 16:9 En die koning van Assirië het na hom geluister, en die koning van Assirië het teen Damaskus opgetrek en haar verower en hulle in ballingskap weggevoer na Kir en Resin gedood. 2Ki 16:10 Toe trek koning Agas Tiglat-Piléser, die koning van Assirië, tegemoet na Damaskus; en nadat hy die altaar gesien het wat in Damaskus was, stuur koning Agas aan die priester UriJaH 'n tekening en 'n plan van die altaar volgens die hele inrigting daarvan. 2Ki 16:11 En die priester UriJaH het die altaar gebou - geheel en al volgens opdrag van koning Agas uit Damaskus, so het die priester UriJaH gedoen voor die koms van koning Agas uit Damaskus. 2Ki 16:12 En toe die koning van Damaskus af kom en die koning die altaar sien, het die koning nader gekom na die altaar en daarop geklim. 2Ki 16:13 En hy het sy brandoffer en sy spysbydrae aan die brand gesteek en sy drank uitgegiet en die bloed van sy eie vergoeding op die altaar gesprinkel. 2Ki 16:14 Maar die altaar van koper wat voor die Aangesig van JaHWeH was, het hy van die voorkant van die huis nader gebring, tussen [sy] altaar en die Huis van JaHWeH uit, en hom aan die noordekant van sy altaar gesit. 2Ki 16:15 En koning Agas het hom, die priester UriJaH, bevel gegee en gesê: Steek die brandoffer van die môre asook die spysbydrae van die aand op die groot altaar aan die brand en die koning se brandoffer en sy spysbydrae en die brandoffer van die hele volk van die Aarde en hulle spysbydrae en hulle dranke; en sprinkel al die bloed van brandoffers en al die bloed van die slagdiere daarop uit; maar die altaar van koper sal vir my wees om voor te sorg. 2Ki 16:16 En die priester UriJaH het gedoen net soos koning Agas beveel het. 2Ki 16:17 En koning Agas het die sluitplate van die afspoelwaentjies weggesny en die waskom van hulle afgeneem, en die bad het hy van die koperbeeste wat daaronder was, afgelig en hom op 'n klipvloer gesit. 2Ki 16:18 En die oordekte gang vir die Sabbat wat by die Tempel gebou is, en die buitenste ingang van die koning, het hy uit die Huis van JaHWeH verwyder ter wille van die koning van Assirië. 2Ki 16:19 En die verdere woorde van Agas, wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JeHûWdah nie? 2Ki 16:20 En Agas het ontslaap met sy vaders en is by sy vaders begrawe in die Stad van Dawid, en sy seun GizkiJaHûW het in sy plek koning geword. //Hoséa die laaste koning van JisraEl. Salmanéser neem Samaría in en voer die tien stamme in ballingskap weg. 2Ki 17:1 IN die twaalfde jaar van Agas, die koning van JeHûWdah, het Hoséa, die seun van Ela, in Samaría oor JisraEl koning geword - nege jaar lank. 2Ki 17:2 En hy het gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH, maar nie soos die konings van JisraEl wat voor hom was nie. 2Ki 17:3 Teen hom het Salmanéser, die koning van Assirië, opgetrek, en Hoséa het sy dienaar geword en aan hom geskenke aangebied. 2Ki 17:4 Maar die koning van Assirië het by Hoséa 'n sameswering ontdek, dat hy boodskappers gestuur het na So, die koning van Egipte, en nie aan die koning van Assirië eerbetoon opgebring het soos jaar na jaar nie; daarom het die koning van Assirië hom opgesluit en hom in die gevangenis laat bind. 2Ki 17:5 En die koning van Assirië het opgetrek deur die hele Aarde en opgetrek na Samaría en drie jaar lank teen haar beleër. 2Ki 17:6 In die negende jaar van Hoséa het die koning van Assirië Samaría ingeneem en JisraEl in ballingskap weggevoer na Assirië en hulle laat woon in Halag en aan die Habor, die rivier van Gosan, en in die stede van Medië. [2 Ezra 13:40] 2Ki 17:7 Want die kinders van JisraEl het oortree teen JaHWeH, hulle Elohey wat hulle uit Egipteland onder die hand van Farao uit, die koning van Egipte, laat optrek het; en hulle het gode van andere gevrees 2Ki 17:8 en gewandel volgens die insettinge van die nasies wat JaHWeH voor die kinders van JisraEl uit verdryf het, en van die konings van JisraEl wat dit bewerk het. 2Ki 17:9 En die kinders van JisraEl het heimlik volbring wat nie Reg was teenoor JaHWeH, hulle Elohey nie; en hulle het vir hul Hoogtes gebou in al hulle stede, van wagtoring af tot versterkte stad. 2Ki 17:10 En hulle het vir hul torings en houtkruise opgerig op elke hoë heuwel en onder elke groen boom. 2Ki 17:11 En reukwerk berei, op al die Hoogtes, soos die nasies wat JaHWeH voor hulle uit weggevoer het, en besoedelde dinge gedoen om JaHWeH te tart. 2Ki 17:12 En hulle het die drek-idole gedien waarvan JaHWeH vir hulle gesê het: Julle mag dit nie doen nie. 2Ki 17:13 En JaHWeH het JisraEl en JeHûWdah gewaarsku deur die diens van elke profeet en elke siener en gesê: Bekeer julle van jul besoedelde weë en onderhou My Gebooie, My Insettinge, volgens die hele Wet wat Ek julle vaders beveel het, en wat Ek deur die diens van My diensknegte, die profete, vir julle gestuur het. 2Ki 17:14 Maar hulle het nie geluister nie en hul nek verhard soos die nek van hul vaders wat nie op JaHWeH, hulle Elohey vertrou het nie. 2Ki 17:15 En hulle het Sy Insettinge en Sy Verbond verwerp wat Hy met hulle vaders gesluit het, en Sy getuienisse waarmee Hy hulle gewaarsku het, en agter nietige idole aan geloop en self nietig geword, en agter die nasies aan wat rondom hulle was, van wie JaHWeH hulle beveel het om nie soos hulle te maak nie. 2Ki 17:16 En hulle het al die Gebooie van JaHWeH, hulle Elohey verlaat en vir hulle gegote beelde, twee kalwers, gemaak, ja, 'n Ashirah gemaak en gebuig voor die hele leër van die Hemele en die Here (Baäl) gedien. 2Ki 17:17 En hulle het hul seuns en hul dogters deur die vuur laat deurgaan en met waarsêery omgegaan en voortekens verklaar en hulleself verkoop om te doen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH, om Hom te tart. 2Ki 17:18 So het JaHWeH dan baie woedend vir JisraEl geword, sodat Hy hulle van Sy Aangesig verwyder het; niks het oorgebly nie as net die stam van JeHûWdah alleen. 2Ki 17:19 Selfs JeHûWdah het die Gebooie van JaHWeH, hulle Elohey nie gehou nie, maar gewandel in die insettinge van JisraEl wat hulle gemaak het. 2Ki 17:20 Daarom het JaHWeH die hele saadlyn van JisraEl verwerp en hulle verneder en hulle in die hand van rowers oorgegee totdat Hy hulle van Sy Aangesig weggewerp het. 2Ki 17:21 Want Hy het JisraEl van die huis van Dawid afgeskeur, en hulle het Jeróbeam, die seun van Nebat, koning gemaak; en Jeróbeam het JisraEl agter JaHWeH weggetrek en hulle 'n groot oortreding laat begaan. 2Ki 17:22 En die kinders van JisraEl het gewandel in al die oortredinge van Jeróbeam wat hy gedoen het, hulle het van haar nie afgewyk nie; 2Ki 17:23 totdat JaHWeH JisraEl van Sy Aangesig verwyder het soos Hy gespreek het deur al Sy diensknegte, die profete; en JisraEl is in ballingskap uit hulle Adamah [adamiet se Aarde] weggevoer na Assirië, tot vandag toe. //Die gebied van JisraEl word met idooldienaars bevolk. 2Ki 17:24 EN die koning van Assirië het uit Babel en uit Kuta en uit Awa en uit Hamat en Sefarváim [mense] ingevoer en laat woon in die stede van Samaría, in die plek van die kinders van JisraEl: hulle het Samaría in besit geneem en in haar stede gaan woon. 2Ki 17:25 En in die begin van hulle vestiging daar het hulle JaHWeH nie gevrees nie. Toe stuur JaHWeH leeus onder hulle, en dié het onder hulle [sommige] gedood. 2Ki 17:26 Daarna het hulle aan die koning van Assirië gesê: Die nasies wat u weggevoer en in die stede van Samaría laat woon het, ken nie die Regspraak van die Elohey van die Aarde nie; daarom het Hy leeus onder hulle gestuur, en kyk, dié maak hulle dood, omdat hulle die Regspraak van die Elohey van die Aarde nie ken nie. 2Ki 17:27 Toe gee die koning van Assirië bevel en sê: Bring een van die pries-ters daarheen wat julle daarvandaan weggevoer het, dat hulle daar kan gaan woon en dat hy hulle die Regspraak van die Elohey van die Aarde kan leer. 2Ki 17:28 En een van die priesters wat uit Samaría weggevoer is, het gekom en hom in BetEl gevestig en hulle geleer hoe hulle JaHWeH moet vrees. 2Ki 17:29 Maar nasie na nasie het sy eie gode gemaak en in die tempels van die Hoogtes opgestel wat die Samaritane gebou het; nasie na nasie in hul stede waarin hulle woonagtig was: 2Ki 17:30 die manne van Babel het Sukkot-Benot gemaak, en die manne van Kut het Nergal gemaak, en die manne van Hamat het Asíma gemaak, 2Ki 17:31 en die Awiete het Nibhas en Tartak gemaak. En die Sefarviete het hulle seuns vir Adramméleg en Anamméleg, die gode van Sefarváim, in die vuur verbrand. 2Ki 17:32 Hulle het JaHWeH ook gevrees en vir hulle priesters van die Hoogtes uit al hul stande aangestel, wat vir hulle in die tempels van die Hoogtes diens doen. 2Ki 17:33 Hulle het JaHWeH gevrees en hulle eie gode gedien volgens die regspraak van die nasies waar hulle vandaan weggevoer is. 2Ki 17:34 Tot vandag toe handel hulle volgens die vroeëre regsprake: hulle vrees JaHWeH nie, en handel ook nie volgens hulle Insettinge en volgens hulle Regsprake nie, of volgens die Wet en volgens die Gebod wat JaHWeH die kinders van Jakob beveel het, aan wie Hy die naam JisraEl gegee het. 2Ki 17:35 Tog het JaHWeH met hulle 'n Verbond gesluit en hulle bevel gegee en gesê: Julle mag geen gode vrees of julle voor hulle neerbuig of hulle dien of aan hulle slag nie. 2Ki 17:36 Maar JaHWeH wat julle uit die Aarde van Egipte laat optrek het met groot Krag en met 'n Uitgestrekte Arm, Hom moet julle vrees en voor Hom buig en aan Hom slag. 2Ki 17:37 En die Insettinge en die Regsprake en die Wet en die Gebod wat Hy julle voorgeskrywe het, moet julle altyd sorgvuldig onderhou, maar ander mag julle nie vrees nie. 2Ki 17:38 En die Verbond wat Ek met julle gesluit het, mag julle nie vergeet nie, en julle mag gode van andere nie vrees nie. 2Ki 17:39 Maar JaHWeH, julle Elohey moet julle vrees, en Hy sal julle verlos uit die hand van al julle vyande. 2Ki 17:40 Hulle het egter nie geluister nie en volgens hul vroeër reg gehandel. 2Ki 17:41 So het hierdie nasies dan JaHWeH gevrees en hulle gesnede beelde gedien; ook hulle kinders en hulle kindskinders doen soos hulle vaders gedoen het, tot vandag toe. //GizkiJaHkoning van JeHûWdah. Jerusalem word deur Sánherib beleër, maar op die gebed van GizkiJaH word die Assiriese leër verniel. 2Ki 18:1 EN in die derde jaar van Hoséa, die seun van Ela, die koning van JisraEl, het GizkiJaH, die seun van Agas, die koning van JeHûWdah, koning geword. 2Ki 18:2 Vyf-en-twintig jaar was hy oud toe hy koning geword het, en nege-en-twintig jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Abi, 'n dogter van ZekarJaH. 2Ki 18:3 En hy het gedoen wat Reg was in die Oë van JaHWeH, net soos sy vader Dawid gedoen het. 2Ki 18:4 Hy het die Hoogtes afgeskaf en die torings verbreek en die Houtkruise omgekap en die koperslang/nagash wat Moshè gemaak het, stukkend gestamp, omdat die kinders van JisraEl tot op dié dae reukwerk daarvoor berei het; en hy het hom Nehustan genoem. 2Ki 18:5 Hy het op JaHWeH, die Elohey van JisraEl, vertrou, sodat onder al die konings van JeHûWdah ná hom en die wat voor hom gewees het, niemand soos hy was nie. 2Ki 18:6 Ja, hy het JaHWeH aangehang sonder om van Hom af te wyk en Sy Gebooie onderhou wat JaHWeH aan Moshè beveel het. 2Ki 18:7 En JaHWeH was met hom; waar hy ook heen uittrek, was hy voorspoedig; en hy het gerebelleer teen die koning van Assirië en hom nie gedien nie. 2Ki 18:8 Hy het die Filistyne verslaan tot by Gasa en haar grondgebied, van wagtoring af tot versterkte stad. 2Ki 18:9 Maar in die vierde jaar van koning GizkiJaHûW - dit was die sewende jaar van Hoséa, die seun van Ela, die koning van JisraEl - het Salmanéser, die koning van Assirië, teen Samaría opgetrek en teen haar beleër; 2Ki 18:10 en hulle het haar ingeneem aan die einde van drie jaar; in die sesde jaar van GizkiJaH - sy was die negende jaar van Hoséa, die koning van JisraEl - is Samaría ingeneem. 2Ki 18:11 En die koning van Assirië het JisraEl in ballingskap weggevoer na Assirië en hulle laat bly in Halag en aan die Habor, die rivier van Gosan, en in die stede van Medië; 2Ki 18:12 omdat hulle nie gehoorsaam was aan die Stem van JaHWeH, hulle Elohey nie, maar Sy Verbond oortree het - alles wat Moshè, die kneg van JaHWeH, beveel het - sonder om daarna te luister en te handel. 2Ki 18:13 Maar in die veertiende jaar van koning GizkiJaHûW het Sánherib, die koning van Assirië, opgetrek teen al die versterkte stede van JeHûWdah en hulle verower. 2Ki 18:14 Toe laat GizkiJaHûW, die koning van JeHûWdah, die koning van Assirië na Lagis weet: Ek het oortree; trek terug van my af weg; wat u my oplê, sal ek lewer. En die koning van Assirië het aan GizkiJaHûW, die koning van JeHûWdah, driehonderd talente silwer en dertig talente goud opgelê. 2Ki 18:15 En GizkiJaHûWhet al die silwer gegee wat in die Huis van JaHWeH te vinde was en in die skatkamers van die huis van die koning. 2Ki 18:16 In dieselfde tyd het GizkiJaHûW [die goud van] die deure in die Huis van JaHWeH afgesny en [van] die deurposte wat GizkiJaHûW, die koning van JeHûWdah, oorgetrek het, en dit aan die koning van Assirië gegee. 2Ki 18:17 Toe stuur die koning van Assirië die tartan en die rábsaris en die Rábsake uit Lagis met 'n swaar leër na koning GizkiJaHûW na Jerusalem toe; en hulle het opgetrek en by Jerusalem gekom. En toe hulle optrek en aankom, het hulle gaan staan by die watervoor van die Boonste Dam wat aan die grootpad van die Bleikveld lê. 2Ki 18:18 En hulle het na die koning geroep. Daarop gaan El-Jakim, die seun van GielkiJaHûW, wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en JôWag, die seun van Asaf, die kanselier, uit na hulle toe. 2Ki 18:19 En die Rábsake sê vir hulle: Sê tog vir GizkiJaHûW: So spreek die groot koning, die koning van Assirië! Wat is dit vir 'n vertroue wat jy koester? 2Ki 18:20 Dink jy dat net lippetaal raad en dapperheid vir die oorlog is? Op wie vertrou jy nou, dat jy teen my rebelleer? 2Ki 18:21 Kyk nou, jy vertrou op dié geknakte rietstok, op Egipte, wat, as iemand daarop leun, in sy handpalm ingaan en haar deurboor; so is Farao, die koning van Egipte, vir almal wat op hom vertrou. 2Ki 18:22 Maar as julle vir my sê: Ons vertrou op JaHWeH, onse Elohey - is dit nie Hy wie se Hoogtes en wie se altare GizkiJaHûW verwyder het nie deur aan JeHûWdah en Jerusalem te sê: Voor die aangesig van die altaar in Jerusalem moet julle buig? 2Ki 18:23 Nou dan, wed tog met my meester, die koning van Assirië, en ek sal jou tweeduisend perde gee as jy vir jou ruiters daarop kan lewer. 2Ki 18:24 Hoe sal jy dan die aanval van 'n enkele goewerneur van my meester se geringste dienaars afslaan? Maar jy vertrou op Egipte vir strydwaens en perderuiters! 2Ki 18:25 Het ek nou sonder JaHWeH opgetrek teen hierdie plek om haar te verwoes? JaHWeH het vir my gesê: Trek op teen hierdie Aarde en verwoes haar. 2Ki 18:26 Toe sê El-Jakim, die seun van GielkiJaHûW, en Sebna en JôWag aan die Rábsake: Praat tog met u dienaars Aramees, want ons verstaan dit; en moenie met ons Hebreeus praat voor die ore van die manskappe wat op die muur is nie. 2Ki 18:27 Maar die Rábsake sê vir hulle: Het my meester my na jou meester en na jou gestuur om hierdie woorde te spreek? Is dit nie na die manne wat op die muur sit, dat hulle hul eie drek kan eet en hul eie urine kan drink saam met julle nie? 2Ki 18:28 Toe gaan die Rábsake staan en roep hardop in die Hebreeuse taal; en hy spreek en sê: Hoor die woord van die groot koning, die koning van Assirië! 2Ki 18:29 So sê die koning: Laat GizkiJaHûW julle nie bedrieg nie, want hy sal julle nie uit sy hand kan red nie. 2Ki 18:30 En GizkiJaHûW moet julle nie op JaHWeH laat vertrou nie deur te sê: JaHWeH sal ons sekerlik red, en hierdie stad sal nie in die hand van die koning van Assirië oorgegee word nie. 2Ki 18:31 Luister nie na GizkiJaHûW nie; want so sê die koning van Assirië: Sluit met my vriendskap en trek uit na my toe en eet elkeen van sy Wingerdstok en elkeen van sy Vyeboom en drink elkeen die water van sy put, 2Ki 18:32 totdat ek julle kom haal na 'n Aarde soos julle Aarde, 'n Aarde van koring en druiwesap, 'n Aarde van brood en Wingerde, 'n Aarde van Olyfbome en heuning; dan sal julle lewe en nie sterwe nie; en luister nie na GizkiJaHûW nie, want hy verlei julle deur te sê: JaHWeH sal ons red. 2Ki 18:33 Het die gode van die nasies elkeen sy Aarde ooit gered uit die hand van die koning van Assirië? 2Ki 18:34 Waar is die gode van Hamat en Arpad? Waar is die gode van Sefarváim, Hena en Iwa, dat hulle Samaría uit my hand kon gered het? 2Ki 18:35 Wie is daar onder al die gode van die Aarde wat hulle Aarde uit my hand gered het, dat JaHWeH Jerusalem uit my hand sou red? 2Ki 18:36 Maar die manskappe het stilgebly en hom niks geantwoord nie; want dit was die bevel van die koning: Julle moet hom nie antwoord nie. 2Ki 18:37 Toe het El-Jakim, die seun van HilkiJaH[ûW], wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en JôWag, die seun van Asaf, die kanselier, met geskeurde klere by GizkiJaHûW gekom en hom die woorde van die Rábsake te kenne gegee. 2Ki 19:1 EN toe koning GizkiJaHûW dit hoor, het hy sy klere geskeur en hom met 'n roukleed bedek en in die Huis van JaHWeH gegaan. 2Ki 19:2 Daarna stuur hy El-Jakim wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en die oudstes van die priesters met rouklere bedek, na die profeet JeshaJaHûW, die seun van Amos. 2Ki 19:3 En hulle sê vir hom: So sê GizkiJaHûW: Vandag is 'n dag van benoudheid en straf en lastering; want die kinders het gekom tot by die geboorte, maar daar is geen krag om te baar nie. [Openbaring 12] 2Ki 19:4 Miskien sal JaHWeH, jou Elohey al die woorde hoor van die Rábsake wat deur sy meester, die koning van Assirië, gestuur is om die lewende Elohim te smaad, en sal Hy [hom] straf oor die woorde wat JaHWeH, jou Elohey gehoor het; hef dan 'n gebed op vir die oorblyfsel wat nog aanwesig is. 2Ki 19:5 En toe die dienaars van koning GizkiJaHûW by JeshaJaHûW kom, 2Ki 19:6 sê JeshaJaHûW vir hulle: So moet julle jul meester antwoord: So spreek JaHWeH: Vrees nie vir die woorde wat jy gehoor het, waarmee die dienaars van die koning van Assirië My gelaster het nie. 2Ki 19:7 Kyk, Ek sal 'n gees in hom gee, dat hy 'n gerug hoor en na sy Aarde terugtrek, en Ek sal hom in sy Aarde deur die swaard laat val. 2Ki 19:8 Daarop het die Rábsake teruggegaan en die koning van Assirië aangetref terwyl hy besig was om te veg teen Libna; want hy het gehoor dat hy van Lagis af weggetrek het. 2Ki 19:9 En toe hy van Tirháka, die koning van Kuwsh, hoor sê: Kyk, hy het uitgetrek om teen u te veg - stuur hy weer boodskappers na GizkiJaHûW met die opdrag: 2Ki 19:10 So moet julle aan GizkiJaHûW, die koning van JeHûWdah, sê: Laat jou Elohey op wie u vertrou, u nie bedrieg nie deur te sê: Jerusalem sal nie in die hand van die koning van Assirië oorgegee word nie. 2Ki 19:11 Kyk, u het self gehoor wat die konings van Assirië aan al die dele van die Aarde gedoen het deur haar met die banvloek te tref, en sou u gered word? 2Ki 19:12 Het die gode van die nasies wat my vaders uitgeroei het, hulle gered - Gosan en Haran en Resef en die kinders van Eden wat in Telássar was? 2Ki 19:13 Waar is die koning van Hamat en die koning van Arpad en die koning van die stad Sefarvaim, van Hena en Iwa? 2Ki 19:14 En toe GizkiJaHûW die briefrolle uit die hand van die boodskappers ontvang en dit gelees het, het hy opgegaan na die Huis van JaHWeH; en GizkiJaHûW het dit voor die Aangesig van JaHWeH uitgesprei. 2Ki 19:15 En GizkiJaHûW het voor die Aangesig van JaHWeH gebid en gesê: JaHWeH, Elohey van JisraEl, wat op die Gérubs troon, U is HY, die Elohim, U alleen van al die koninkryke van die Aarde, U het die Hemele en die Aarde gemaak! [JeshaJaH 37:16] 2Ki 19:16 o JaHWeH, neig U Oor en luister. Open U Oë, JaHWeH, en kyk; en hoor die woorde van Sánherib, wat hy gestuur het om die lewende Elohim te smaad! 2Ki 19:17 Waarlik, JaHWeH, die konings van Assirië het die nasies en hulle Aarde verwoes 2Ki 19:18 en hulle gode in die vuur gegooi; want hulle was geen elohim nie, maar werk van die hande van adamiete, hout en klip; daarom kon hulle dit vernietig. 2Ki 19:19 Verlos ons dan nou tog uit sy hand, JaHWeH, onse Elohey, dat al die koninkryke van die Aarde kan weet dat U, JaHWeH, alleen Elohim is. 2Ki 19:20 Toe laat JeshaJaHûW, die seun van Amos, GizkiJaHûW weet: So spreek JaHWeH, die Elohey van JisraEl: Wat jy tot My gebid het insake Sanherib, die koning van Assirië, het Ek gehoor. 2Ki 19:21 Dit is die Woord wat JaHWeH oor hom gespreek het: Die Maagd, die Dogter van Sion, verag jou, bespot jou; agter jou skud die Dogter van Jerusalem die hoof. 2Ki 19:22 Wie het jy gesmaad en gelaster? En teen wie het jy die stem verhef en jou oë hoogmoedig opgehef? Teen die Aparte Een, die El van JisraEl! 2Ki 19:23 Deur jou boodskappers het jy die Majesteit gesmaad en gesê: Met die menigte van my waens het ék die hoogte van die berge opgeklim, die uithoeke van die Líbanon, en ek het sy statige seders, die keur van sy sipresse, omgekap en deurgedring tot in sy diepste skuilhoeke, sy bos wat is soos 'n tuin. 2Ki 19:24 Ék het gegrawe en waters van verbastering gedrink, en met my voetsole laat ek al die Nylstrome van Egipte opdroog. 2Ki 19:25 Het jy dit nie gehoor nie? Van lankal het Ek dit gereed gemaak, van die dae van die voortyd af beskik. Nou het Ek dit laat kom, dat jy versterkte stede kon verwoes tot puinhope. 2Ki 19:26 En hulle inwoners was magteloos, het verskrik en beskaamd gestaan; hulle was soos plante van die veld en groen grassies, soos gras op die dakke en brandkoring, voor die aangesig daarvan are skiet. 2Ki 19:27 Maar Ek ken jou sit en jou uitgaan en jou ingaan en hoe jy teen My raas. 2Ki 19:28 Omdat jy teen My raas en jou trotsheid opgekom het in My Ore, daarom sal Ek My haak in jou neus sit en My toom tussen jou lippe en jou terugbring met die pad waarmee jy in haar ingekom het. 2Ki 19:29 En sy sal vir jou die Teken wees: Eet hierdie jaar wat vanself opslaan, en in die tweede jaar wat dan nog opkom; maar in die derde jaar - saai en oes en plant Wingerde en eet die vrugte daarvan. 2Ki 19:30 Dan sal die vrygeraaktes wat oorgebly het van die huis van JeHûWdah, weer wortel skiet ondertoe en vrugte dra boontoe. 2Ki 19:31 Want uit Jerusalem sal 'n Oorblyfsel uitgaan en Vrygeraaktes van die Berg van Sion. Die Ywer van JaHWeH van die leërmagte sal dit doen. 2Ki 19:32 Daarom, so sê JaHWeH aangaande die koning van Assirië: Hy sal in hierdie Stad nie inkom en daar geen pyl in skiet en haar met geen skild aanval en teen Haar geen wal opgooi nie. 2Ki 19:33 Met die pad wat hy in Haar gekom het, sal hy teruggaan; maar in hierdie Stad sal hy nie inkom nie, spreek JaHWeH. 2Ki 19:34 En Ek sal hierdie Stad beskut, om Haar te verlos, ter wille van My en My kneg Dawid. 2Ki 19:35 En in dieselfde nag het die Boodskapper van JaHWeH uitgetrek en in die laer van die Assiriërs honderd-vyf-en-tagtigduisend verslaan; en toe hulle die môre vroeg hul klaarmaak - was dit almal dooie liggame! 2Ki 19:36 En Sánherib, die koning van Assirië, het opgebreek en weggetrek en teruggegaan en in Ninevé gebly. 2Ki 19:37 En toe hy hom neerbuig in die tempel van sy god Nisrog2 , het [sy seuns] Adramméleg en Saréser hom met die swaard neergeslaan; maar hulle het ontvlug na die Aarde van Ararat; en sy seun Esar-Haddon het in sy plek koning geword. //Siekte en herstel van GizkiJaHûW. 2Ki 20:1 IN dié dae het GizkiJaHûW dodelik siek geword; en JeshaJaHûW, die seun van Amos, die profeet, het by hom gekom en vir hom gesê: So spreek JaHWeH: Gee bevel aan jou huis, want jy sal sterwe en nie lewe nie. 2Ki 20:2 Toe draai hy sy gesig na die muur, en hy het gebid tot JaHWeH en gesê: 2Ki 20:3 Ag, JaHWeH, dink tog daaraan dat ek voor U Aangesig in Waarheid en met 'n volkome hart gewandel het en gedoen het wat suiwer is in U Oë. En GizkiJaHûW het bitterlik geween. 2Ki 20:4 En JeshaJaHûW het die middelste voorhof nog nie uitgegaan nie of die Woord van JaHWeH het tot hom gekom en gesê: 2Ki 20:5 Draai om en sê vir GizkiJaHûW, die vors van My volk: So spreek JaHWeH, die Elohey van jou vader Dawid: Ek het jou gebed gehoor, Ek het jou trane gesien; kyk, Ek sal jou gesond maak; op die derde dag sal jy opgaan na die Huis van JaHWeH. 2Ki 20:6 En Ek sal vyftien jaar by jou dae byvoeg en jou en hierdie Stad uit die handpalms van die koning van Assirië red, en ook hierdie Stad beskut ter wille van My en My kneg Dawid. 2Ki 20:7 Verder sê JeshaJaHûW: Bring 'n koek van vye; en hulle het haar gaan haal en op die sweer gesit, en hy het gesond geword. 2Ki 20:8 GizkiJaHûW het vir JeshaJaHûW gevra: Wat is die teken dat JaHWeH my gesond sal maak, en dat ek op die derde dag sal opgaan na die Huis van JaHWeH? 2Ki 20:9 En JeshaJaHûW antwoord: Sy sal vir jou die Teken van die kant van JaHWeH wees dat JaHWeH die Woord sal volbring wat Hy gespreek het: Moet die skaduwee tien grade vooruit gaan, of moet dit tien grade agteruit gaan? 2Ki 20:10 Toe sê GizkiJaHûW: Dit is maklik vir die skaduwee om tien grade te daal; nee, maar laat die skaduwee teruggaan, tien grade agteruit. 2Ki 20:11 En JeshaJaHûW, die profeet, het JaHWeH aangeroep, en Hy het die skaduwee op die grade waarlangs dit op die grade van Agas [se sonnewyser] gedaal het, laat teruggaan, tien grade agteruit. 2Ki 20:12 In dié tyd het Beródag-Báladan, die seun van Báladan, die koning van Babel, 'n briefrol en 'n geskenk aan GizkiJaHûW gestuur; want hy het gehoor dat GizkiJaHûW siek was. 2Ki 20:13 En GizkiJaHûW het na hulle geluister en hulle sy hele skathuis laat sien, die silwer en die goud en die speserye en die kosbare olie en sy wapenhuis en alles wat in sy skatkamers te vinde was; daar was niks in sy huis of in sy hele ryk wat GizkiJaHûW hulle nie laat sien het nie. 2Ki 20:14 Toe kom die profeet JeshaJaHûW na koning GizkiJaHûW en sê vir hom: Wat het hierdie manne gesê, en waarvandaan het hulle na u gekom? En GizkiJaHûW antwoord: Uit 'n ver deel van die Aarde het hulle gekom, uit Babel. 2Ki 20:15 En hy sê: Wat het hulle in u huis gesien? En GizkiJaHûW antwoord: Alles wat in my huis is, het hulle gesien; daar is niks in my skatkamers wat ek hulle nie laat sien het nie. 2Ki 20:16 En JeshaJaHûW sê vir GizkiJaHûW: Hoor die Woord van JaHWeH! 2Ki 20:17 Kyk, daar kom dae dat alles wat in jou huis is en wat jou vaders tot vandag toe opgehoop het, na Babel weggevoer sal word; daar sal niks oorbly nie, sê JaHWeH. 2Ki 20:18 En van jou seuns wat uit jou sal voortkom, wat jy sal verwek, sal hulle neem, dat hulle hofdienaars word in die paleis van die koning van Babel. 2Ki 20:19 Toe sê GizkiJaHûW vir JeshaJaHûW: Die Woord van JaHWeH wat u gespreek het, is suiwer. Ook sê hy: Waarom dan nie, as daar maar vrede en Waarheid in my dae sal wees! 2Ki 20:20 En die verdere woorde van GizkiJaHûW en al sy magtige dade, en hoe hy die dam en die watervoor gemaak en die water in die Stad gebring het, is dit nie beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JeHûWdah nie? 2Ki 20:21 En GizkiJaHûW het ontslaap met sy vaders, en sy seun Manasse het in sy plek koning geword. //Regering van die boosaardige Manasse. 2Ki 21:1 MANASSE was twaalf jaar oud toe hy koning geword het, en hy het vyf-en-vyftig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Geftsí-Bah. 2Ki 21:2 En hy het gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH, volgens die gruwels van die nasies wat JaHWeH voor die kinders van JisraEl uit verdrywe het. 2Ki 21:3 En hy het die Hoogtes weer gebou wat sy vader GizkiJaHûW verniel het, en altare opgerig vir die Here (Baäl) en 'n Houtkruis gemaak, soos Agab, die koning van JisraEl, gemaak het, en hom gebuig voor die hele leër van die Hemele en hulle gedien; 2Ki 21:4 ook het hy altare gebou in die Huis van JaHWeH, waarvan JaHWeH gesê het: In Jerusalem sal Ek My Naam vestig. 2Ki 21:5 En hy het altare gebou vir die hele leër van die Hemele in altwee die voorhowe van die Huis van JaHWeH; 2Ki 21:6 ook sy seun deur die vuur laat deurgaan en met goëlery en verklarings van voortekens omgegaan en dodebesweerders en waarsêers aangestel; hy het baie gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH om [Hom] te tart. 2Ki 21:7 Hy het ook 'n gesnede afbeelding van die Houtkruis wat deur hom gemaak is, in die Tempel gesit, waarvan JaHWeH vir Dawid en sy seun Salomo gesê het: In hierdie Huis en in Jerusalem wat Ek verkies het uit al die stamme van JisraEl, sal Ek vir ewig My Naam vestig. 2Ki 21:8 En Ek sal die voet van JisraEl nie meer laat rondswerwe uit die Adamah[adamiet se Aarde] wat Ek aan hulle vaders gegee het nie, as hulle net sorgvuldig handel volgens alles wat Ek hulle beveel het, en volgens die hele Wet wat My kneg Moshè hulle beveel het. 2Ki 21:9 Maar hulle het nie geluister nie; en Manasse het hulle verlei om meer besoedeling te doen as die nasies wat JaHWeH voor die kinders van JisraEl uit verdelg het. 2Ki 21:10 Toe het JaHWeH deur die diens van Sy knegte, die profete, gespreek en gesê: 2Ki 21:11 Omdat Manasse, die koning van JeHûWdah, hierdie gruwels gedoen het - erger as alles wat die Amoriete gedoen het wat voor hom was, en selfs JeHûWdah laat oortree het deur sy drek-idole 2Ki 21:12 daarom, so sê JaHWeH, die Elohey van JisraEl: Kyk, Ek sal 'n ellende oor Jerusalem en JeHûWdah bring, waarvan elkeen wat dit hoor, se twee ore sal tuit. 2Ki 21:13 En Ek sal oor Jerusalem die meetsnoer van Samaría span en die skietlood van die huis van Agab, en Jerusalem wegvee soos 'n mens 'n skottel uitvee: hy vee haar uit en keer haar op [haar]aangesig. 2Ki 21:14 En Ek sal die oorblyfsels van My Erfdeel verwerp en hulle in die hand van hul vyande oorgee, sodat hulle vir al hul vyande 'n buit en 'n plundering sal word; 2Ki 21:15 omdat hulle gedoen het wat besoedel was in My Oë, en My gedurig getart het van die dag af dat hulle vaders uit Egipte uitgetrek het, tot vandag toe. 2Ki 21:16 En Manasse het ook vreeslik baie onskuldige bloed vergiet totdat hy Jerusalem van end tot end daarmee gevul het, behalwe sy oortredinge waarmee hy JeHûWdah laat oortree het om te doen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH. 2Ki 21:17 En die verdere woorde van Manasse en alles wat hy gedoen het, en sy oortredinge wat hy begaan het, is dit nie beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JeHûWdah nie? 2Ki 21:18 En Manasse het ontslaap met sy vaders en is begrawe in die tuin van sy huis, in die tuin van Ussa; en sy seun Amon het in sy plek koning geword. //Amon koning van JeHûWdah. 2Ki 21:19 AMON was twee-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het twee jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Mesullémet, 'n dogter van Harus, uit Jotba. 2Ki 21:20 En hy het gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH, soos sy vader Manasse gedoen het. 2Ki 21:21 En hy het geheel en al gewandel in die weg wat sy vader bewandel het, en die drek-idole gedien wat sy vader gedien het en hom voor hulle neergebuig. 2Ki 21:22 En hy het JaHWeH, die Elohey van sy vaders, verlaat en nie in die weg van JaHWeH gewandel nie. 2Ki 21:23 En die dienaars van Amon het 'n sameswering teen hom gesmee en die koning in sy huis omgebring. 2Ki 21:24 Maar die volk van die Aarde het al die samesweerders teen koning Amon doodgeslaan, en die volk van die Aarde het sy seun JoshiJaHûW in sy plek koning gemaak. 2Ki 21:25 En die verdere woorde van Amon, wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JeHûWdah nie? 2Ki 21:26 En hy is begrawe in sy graf, in die tuin van Ussa; en sy seun JoshiJaHûW het in sy plek koning geword. //Regering en hervorminge van JoshiJaHûW. Die Boekrol van die Wet teruggevind. Afskaffing van idolary. Die Pasgafees. 2Ki 22:1 JoshiJaHûW was agt jaar oud toe hy koning geword het, en het een-en-dertig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jedída, 'n dogter van AdáJaH, uit Boskat. 2Ki 22:2 En hy het gedoen wat Reg was in die Oë van JaHWeH en geheel en al in die weg van sy vader Dawid gewandel en nie regs of links afgewyk nie. 2Ki 22:3 En in die agttiende jaar van koning JoshiJaHûW het die koning Safan, die skrywer, die seun van AtzalJaHuW, die seun van Mesúllam, in die Huis van JaHWeH gestuur en gesê: 2Ki 22:4 Gaan op na GielkiJaHûW, die hoëpriester, en laat hy die silwer bereken wat in die Huis van JaHWeH gebring is, wat die drumpelwagters versamel het uit die volk, 2Ki 22:5 en laat hulle dit oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat aangestel is oor die Huis van JaHWeH, sodat hulle dit kan gee aan die wat die werk doen, wat in die Huis van JaHWeH is om die bouvallige plekke van die huis te herstel, 2Ki 22:6 aan die skrynwerkers en bouers en messelaars, en om hout en gekapte klippe te koop om die huis te herstel. 2Ki 22:7 Maar daar is nie met hulle afgereken oor die silwer wat in hulle hand gegee is nie, want hulle het met getrouheid gehandel. 2Ki 22:8 Toe sê die hoëpriester GielkiJaHûW vir Safan, die skrywer: Ek het die Boekrol van die Wet in die Huis van JaHWeH gevind; en GielkiJaH[ûW] het die boekrol aan Safan gegee, en hy het haar gelees. 2Ki 22:9 Daarna het Safan, die skrywer, by die koning gekom en die koning antwoord gebring en gesê: U dienaars het die silwer uitgeskud wat in die huis te vinde was, en dit oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat aangestel is oor die Huis van JaHWeH. 2Ki 22:10 Daarop gee Safan, die skrywer, die koning te kenne en sê: Die priester GielkiJaH[ûW] het my 'n boekrol gegee. En Safan het haar voor die aangesig van die koning voorgelees. 2Ki 22:11 En toe die koning die woorde van die Boekrol van die Wet hoor, het hy sy klere geskeur; 2Ki 22:12 en die koning het bevel gegee aan GielkiJaH[ûW], die priester, en Ahíkam, die seun van Safan, en Agbor, die seun van MikaJaH, en Safan, die skrywer, en AsaJaH, die dienaar van die koning, en gesê: 2Ki 22:13 Gaan raadpleeg JaHWeH vir my en vir die volk en vir die hele JeHûWdah oor die woorde van hierdie Boekrol wat gevind is; want die Grimmigheid van JaHWeH is groot wat teen ons ontvlam het, omdat ons vaders nie geluister het na die woorde van hierdie Boekrol om te handel volgens alles wat ons voorgeskrywe is nie. 2Ki 22:14 Toe gaan die priester GielkiJaHûW en Ahíkam en Agbor en Safan en AsaJaH na die profetes Hulda, die vrou van Sallum, die seun van Tikwa, die seun van Harhas, die klere-bewaarder - sy het in Jerusalem in die Nuwe Stad gewoon en hulle het met haar gespreek. 2Ki 22:15 En sy sê aan hulle: So spreek JaHWeH, die Elohey van JisraEl: Sê aan die man wat julle na My gestuur het - 2Ki 22:16 so spreek JaHWeH: Kyk, Ek bring 'n ellende oor hierdie plek en oor haar inwoners, al die woorde van die Boekrol wat die koning van JeHûWdah gelees het; 2Ki 22:17 omdat hulle My verlaat en vir gode van andere reukwerk berei het, om My met al hul handewerk te tart; daarom sal My Grimmigheid ontvlam teen hierdie plek en nie uitgeblus word nie. 2Ki 22:18 Maar aan die koning van JeHûWdah wat julle stuur om JaHWeH te raadpleeg, aan hom moet julle so sê: So spreek JaHWeH, die Elohey van JisraEl: Wat die woorde betref wat jy gehoor het 2Ki 22:19 omdat jou hart week is en jy jou voor die Aangesig van JaHWeH verneder het toe jy hoor wat Ek oor hierdie plek en oor sy inwoners gespreek het, dat hulle 'n voorwerp van verbasing en vervloeking sal word, en omdat jy jou klere geskeur en voor My Aangesig geween het, daarom het Ék ook verhoor, spreek JaHWeH. 2Ki 22:20 Daarom, kyk, Ek sal jou by jou vaders versamel, en jy sal met vrede in jou graf versamel word, en jou oë sal al die rampe nie aansien wat Ek oor hierdie plek bring nie. En hulle het die koning antwoord gebring. 2Ki 23:1 TOE het die koning gestuur, en hulle het al die oudstes van JeHûWdah en Jerusalem by hom versamel. 2Ki 23:2 En die koning het opgegaan in die Huis van JaHWeH en al die manne van JeHûWdah en al die inwoners van Jerusalem saam met hom, en die priesters en die profete en die hele volk, klein en groot; en hy het al die woorde van die Boekrol van die Verbond wat in die Huis van JaHWeH gevind is, voor hulle ore gelees. 2Ki 23:3 En die koning het op die verhoog gaan staan en die Verbond voor die Aangesig van JaHWeH gesluit om JaHWeH te volg en Sy Gebooie en Sy Getuienisse en Sy Insettinge met die hele hart en met die hele siel te onderhou, om die woorde van hierdie Verbond wat in hierdie Boekrol geskrywe is, te bevestig. En die hele volk het toegetree tot die Verbond. 2Ki 23:4 Toe gee die koning die hoëpriester GielkiJaHûW en die priesters van die tweede rang en die drumpelwagters bevel om uit die Huis van JaHWeH al die voorwerpe uit te bring wat gemaak is vir die Here (Baäl) en vir die Houtkruis en die hele leër van die Hemele; en hy het hulle buitekant Jerusalem in die velde van Kidron verbrand en die as daarvan na BetEl laat dra. 2Ki 23:5 En hy het die idolepriesters uitgeroei wat deur die konings van JeHûWdah aangestel was om op die Hoogtes in die stede van JeHûWdah en in die omgewing van Jerusalem rook te laat opgaan, en ook die wat vir die Here (Baäl), vir die son en die maan en die sterrebeelde en die hele leër van die Hemele reukwerk berei het. 2Ki 23:6 En hy het die Houtkruis uit die Huis van JaHWeH buitekant Jerusalem uitgebring na die spruit Kidron en haar by die spruit Kidron verbrand en haar tot stof vermaal en haar stof gegooi op die algemene begraafplaas. 2Ki 23:7 En hy het die huise van die homoseksuele afgebreek wat in die Huis van JaHWeH was, waar die vroue tente geweef het vir Asherah. 2Ki 23:8 En hy het al die priesters uit die stede van JeHûWdah laat kom en die Hoogtes besoedel waar die priesters reukwerk berei het, van Geba af tot by Berséba, en die Hoogtes van die poorte afgebreek, die wat by die ingang van die poort van JeHôWshua, die owerste van die Stad, was en die wat aan 'n mens se linkerhand in die stadspoort was. 2Ki 23:9 Die priesters van die Hoogtes mag egter nie op die altaar van JaHWeH in Jerusalem geklim het nie, maar hulle het ongesuurde brode onder hulle broers geëet. 2Ki 23:10 Hy het ook Tofet besoedel wat in die Vallei van die seun van Verbranding was, sodat niemand sy seun of sy dogter vir Molog deur die vuur sou laat deurgaan nie. 2Ki 23:11 En hy het die perde uitgeroei wat die konings van JeHûWdah gegee het tot verering van die son, by die ingang van die Huis van JaHWeH, by die kamer van Natan-Meleg, die hofdienaar, in die aanbousel; en die waens van die son het hy met vuur verbrand. 2Ki 23:12 Verder, die altare wat op die dak van die bo-kamer van Agas was, wat die konings van JeHûWdah gemaak het, en die altare wat Manasse in die twee voorhowe van die Huis van JaHWeH gemaak het, het die koning afgebreek en dit daarvandaan verbrysel en die stof daarvan in die spruit Kidron gegooi. 2Ki 23:13 En die Hoogtes wat oos van Jerusalem was, Suid van die Berg van Verwoesting, wat Salomo, die koning van JisraEl, gebou het vir Ashtoreth, die verfoeisel van die Sidoniërs, en vir Kamos, die verfoeisel van die Moabiete, en vir Milkom, die gruwel van die kinders van Ammon, het die koning besoedel. 2Ki 23:14 Hy het ook die torings stukkend gebreek en die houtkruise omgekap en hulle plek met bene van adamiete opgevul. 2Ki 23:15 En ook die altaar wat in BetEl was, die Hoogte wat Jeróbeam, die seun van Nebat, gebou het, wat JisraEl laat oortree het, ook daardie altaar en die Hoogte het hy afgebreek en die Hoogte verbrand; hy het hom tot stof vermaal en die houtkruise verbrand. 2Ki 23:16 En toe JoshiJaHûW hom omdraai, sien hy die grafte wat daar op die berg was; en hy het die bene uit die grafte laat haal en op die altaar verbrand en dit weggewerp, volgens die Woord van JaHWeH wat verkondig is deur die man van die Elohim wat hierdie woorde uitgeroep het. 2Ki 23:17 Toe sê hy: Wat is dit vir 'n grafsteen wat ek daar sien? En die manne van die stad antwoord hom: Dit is die graf van die man van die Elohim wat uit JeHûWdah gekom en hierdie dinge uitgeroep het wat u op die altaar van BetEl gedoen het. 2Ki 23:18 Daarop sê hy: Laat hom met rus, laat niemand sy bene verroer nie. En hulle het sy bene met die bene van die profeet wat uit Samaría gekom het, met rus gelaat. 2Ki 23:19 En ook al die tempels van die Hoogtes wat in die stede van Samaría was, wat die konings van JisraEl gebou het om te tart, het JoshiJaHûW afgeskaf en daarmee gehandel ooreenkomstig alles wat hy in BetEl gedoen het. 2Ki 23:20 En al die priesters van die Hoogtes wat daar was, het hy op die altare geslag en bene van adamiete daarop verbrand en na Jerusalem teruggegaan. 2Ki 23:21 Toe gee die koning die hele volk bevel en sê: Hou Pasga vir JaHWeH, julle Elohey soos geskrywe is in hierdie Boekrol van die Verbond. 2Ki 23:22 Want soos hierdie Pasga is daar nie een gehou van die dae van die Rigters af wat JisraEl gerig het, en gedurende al die dae van die konings van JisraEl en die konings van JeHûWdah nie; 2Ki 23:23 maar in die agttiende jaar van koning JoshiJaHûW is hierdie Pasga vir JaHWeH in Jerusalem gehou. 2Ki 23:24 Ook het JoshiJaHûW die dodebesweerders en die waarsêers en die huisbeelde en die drek-idole en al die verfoeisels wat in die Aarde van JeHûWdah en in Jerusalem te sien was, uitgeroei, om die woorde van die Wet te bevestig wat geskrywe is in die Boekrol wat die priester GielkiJaHûW in die Huis van JaHWeH gekry het. [Exodus 22:18] 2Ki 23:25 En voor hom was daar geen koning soos hy nie wat hom tot JaHWeH bekeer het met sy hele hart en met sy hele siel en met al sy krag volgens die hele Wet van Moshè, en na hom het nie een soos hy opgestaan nie. 2Ki 23:26 Nogtans het JaHWeH Hom nie afgewend van Sy groot brandende Woede waarmee Sy Woede teen JeHûWdah ontvlam het oor al die terginge waarmee Manasse Hom getart het nie. 2Ki 23:27 En JaHWeH het gesê: Ek sal JeHûWdah ook van My Aangesig verwyder soos Ek JisraEl verwyder het; en Ek sal hierdie Stad Jerusalem verwerp wat Ek verkies het, en die Huis waarvan Ek gesê het: My Naam sal daar wees. 2Ki 23:28 En die verdere woorde van JoshiJaHûW en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JeHûWdah nie? 2Ki 23:29 In sy dae het Farao Nego, die koning van Egipte, teen die koning van Assirië opgetrek na die Eufraatrivier; en koning JoshiJaHûW het hom tegemoet getrek, maar dié het hom gedood by Megiddo net toe hy hom sien. [1 Ezra 1:25] 2Ki 23:30 En sy dienaars het hom dood vervoer van Megíddo af en hom in Jerusalem gebring en hom in sy graf begrawe; en die volk van die Aarde het JeHôWagaz, die seun van JoshiJaHûW, geneem en hom gesalf en hom in die plek van sy vader koning gemaak. //JeHôWagaz, JeHôWjakim en JaHJagin konings van JeHûWdah. 2Ki 23:31 DRIE-EN-TWINTIG jaar was JeHôWagaz oud toe hy koning geword het, en drie maande het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Hamutal, die dogter van JirmeJaHûW, uit Libna. 2Ki 23:32 En hy het gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH net soos sy vaders gedoen het. 2Ki 23:33 Maar Farao Nego het hom in Ribla, in die Aarde van Hamat, gevange gehou, dat hy in Jerusalem nie sou regeer nie, en die Aarde 'n boete opgelê van honderd talente silwer en 'n talent goud. 2Ki 23:34 En Farao Nego het El-Jakim, die seun van JoshiJaHûW, koning gemaak in die plek van sy vader JoshiJaHûW en sy naam verander in JeHôWjakim, maar JeHôWagaz saamgeneem. So het hy dan in Egipte gekom en daar gesterwe. 2Ki 23:35 En die silwer en die goud het JeHôWjakim aan Farao gelewer; maar hy het die grond gewaardeer om die silwer volgens die bevel van Farao te lewer; volgens wat elkeen geskat is, het hy die silwer en die goud van die bevolking van die Aarde ingevorder om aan Farao Nego te lewer. 2Ki 23:36 Vyf-en-twintig jaar was JeHôWjakim oud toe hy koning geword het, en elf jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Sebúdda, 'n dogter van PedahJaH, uit Ruma. 2Ki 23:37 En hy het gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH net soos sy vaders gedoen het. //Begin van die ballingskap. 2Ki 24:1 IN sy dae het Nebukadnésar, die koning van Babel, opgetrek, en JeHôWjakim het drie jaar lank sy dienaar geword; daarna het hy weer teen hom gerebelleer. 2Ki 24:2 Toe stuur JaHWeH die bendes van die Chaldeërs teen hom en die bendes van die Arameërs en die bendes van die Moabiete en die bendes van die kinders van Ammon - Hy stuur hulle teen JeHûWdah om hom te verdelg volgens die Woord van JaHWeH wat Hy gespreek het deur die diens van Sy knegte, die profete. 2Ki 24:3 Sekerlik het dit volgens die bevel van JaHWeH oor JeHûWdah gekom, om hulle van sy aangesig te verwyder vanweë die oortredinge van Manasse, volgens alles wat hy gedoen het; 2Ki 24:4 en ook oor die onskuldige bloed wat hy vergiet het, sodat hy Jerusalem met onskuldige bloed gevul het; daarom wou JaHWeH nie vergewe nie. 2Ki 24:5 En die verdere woorde van JeHôWjakim en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die boekrol van die Kronieke van die konings van JeHûWdah nie? 2Ki 24:6 En JeHôWjakim het ontslaap met sy vaders, en sy seun JeHôWjakin het in sy plek koning geword. 2Ki 24:7 En die koning van Egipte het nie verder meer uit sy Aarde uitgetrek nie, want die koning van Babel het van die spruit van Egipte af tot by die Eufraatrivier alles geneem wat aan die koning van Egipte behoort het. 2Ki 24:8 Agttien jaar was JeHôWjakin oud toe hy koning geword het, en hy het drie maande in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Nehústa, 'n dogter van El-Natan, van Jerusalem. 2Ki 24:9 En hy het gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH net soos sy vader gedoen het. 2Ki 24:10 In dié tyd het die dienaars van Nebukadnésar, die koning van Babel, na Jerusalem opgetrek en die Stad is beleër. 2Ki 24:11 En toe Nebukadnésar, die koning van Babel, by die Stad kom, terwyl sy dienaars teen haar beleër, 2Ki 24:12 het JeHôWjakin, die koning van JeHûWdah, uitgegaan na die koning van Babel, hy en sy moeder en sy dienaars en sy owerstes en sy hofdienaars, en die koning van Babel het hom gevange geneem in die agtste jaar van sy regering. 2Ki 24:13 En hy het daarvandaan uitgebring al die skatte van die Huis van JaHWeH en die skatte van die huis van die koning en al die goud van die voorwerpe afgesny wat Salomo, die koning van JisraEl, gemaak het in die Huis van JaHWeH, soos JaHWeH gespreek het. 2Ki 24:14 En hy het die hele Jerusalem weggevoer en al die owerstes en al die mense van vermoë, tienduisend ballinge, en al die smede en die slotmakers; niemand het oorgebly nie, behalwe die arm mense van die Aarde. 2Ki 24:15 En hy het JeHôWjakin in ballingskap weggevoer na Babel, en ook die moeder van die koning en die vroue van die koning en sy hofdienaars; ook die magtiges van die Aarde het hy in ballingskap uit Jerusalem na Babel laat gaan. 2Ki 24:16 En al die mense van vermoë, seweduisend, en die smede en die slotmakers, duisend, almal dapperes wat oorlog kan voer - dié het die koning van Babel in ballingskap na Babel gebring. //SedekiJaHûW die laaste koning van JeHûWdah. Nebukadnésar maak 'n einde aan die ryk van JeHûWdah. 2Ki 24:17 EN die koning van Babel het Mattánja, sy oom, in sy plek koning gemaak en sy naam verander in SedekiJaHûW. 2Ki 24:18 Een-en-twintig jaar was SedekiJaHûW oud toe hy koning geword het, en hy het elf jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Hamútal, 'n dogter van JirmeJaHûW, uit Libna. 2Ki 24:19 En hy het gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH net soos JeHôWjakim gedoen het. 2Ki 24:20 Want die Woede van JaHWeH het oor Jerusalem en JeHûWdah gekom, totdat Hy hulle van Sy Aangesig weggewerp het. En SedekiJaHûW het teen die koning van Babel gerebelleer. 2Ki 25:1 EN in die negende jaar van sy regering, in die tiende maand, op die tiende vanaf die maand, het Nebukadnésar, die koning van Babel, gekom, hy en sy hele leër, teen Jerusalem en teen haar laer opgeslaan en teen haar skanse rondom gebou. 2Ki 25:2 En die Stad het in beleëring geraak tot die elfde jaar van koning SedekiJaHûW. 2Ki 25:3 Op die negende vanaf die maand, toe die hongersnood sterk was in die Stad en die stamme van die Aarde geen brood gehad het nie, 2Ki 25:4 is in die Stad ingebreek, en al die krygsmanne is in die nag deur die poort, tussen die twee mure wat by die koning se tuin is, terwyl die Chaldeërs rondom teen die Stad was; en [die koning] het getrek op pad na die Vlakte toe. 2Ki 25:5 Maar die leër van die Chaldeërs het die koning agterna gejaag en hom in die vlaktes van Jérigo ingehaal, en sy hele leër is van hom af verstrooi. 2Ki 25:6 Toe vang hulle die koning en bring hom op na die koning van Babel, na Ribla toe, en hulle het Regspraak oor hom gedoen. 2Ki 25:7 En hulle het die seuns van SedekiJaHûW voor sy oë laat doodbloei. En hy het die oë van SedekiJaHûW laat verblind en hom met koperkettings gebind en hom na Babel gebring. 2Ki 25:8 En in die vyfde maand, op die sewende vanaf die maand - dit was die negentiende jaar van koning Nebukadnésar, die koning van Babel - het Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, die dienaar van die koning van Babel, in Jerusalem gekom. 2Ki 25:9 En hy het die Huis van JaHWeH en die huis van die koning verbrand; ook al die huise van Jerusalem, ja, elke groot huis met vuur verbrand. 2Ki 25:10 En die hele leër van die Chaldeërs wat by die owerste van die lyfwag was, het die mure van Jerusalem rondom omgegooi. 2Ki 25:11 En die res van die volk wat in die Stad oorgebly het, en die oorlopers wat na die koning van Babel oorgeloop het - die oorblyfsel van die menigte het Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, in ballingskap weggevoer. 2Ki 25:12 Maar uit die armes van die Aarde het die owerste van die lyfwag sommige laat agterbly as wynboere en as landbouers. 2Ki 25:13 Verder het die Chaldeërs die koperpilare wat in die Huis van JaHWeH was, en die afspoelwaentjies en die koperbad wat in die Huis van JaHWeH was, stukkend gebreek en die koper daarvan na Babel weggevoer. 2Ki 25:14 Ook het hulle weggeneem die potte en skoppe en messe en panne en al die kopergereedskap waarmee die diens verrig is. 2Ki 25:15 En die owerste van die lyfwag het weggeneem die vuurtange en die sprinkelflesse - wat van pure goud en van pure silwer was - 2Ki 25:16 die twee pilare, die een bad en die afspoelwaentjies wat Salomo vir die Huis van JaHWeH gemaak het - die koper van al hierdie voorwerpe kon nie geweeg word nie. 2Ki 25:17 Die hoogte van een pilaar was agttien voorarm, en 'n kapiteel van koper was daarop, en die hoogte van die kapiteel was drie voorarm; met vlegwerk en granaatjies op die kapiteel rondom, alles van koper; en net so aan die tweede pilaar, met die vlegwerk. 2Ki 25:18 Verder het die owerste van die lyfwag SeráJaH, die hoofpriester, geneem en TsefánJaHûW, die tweede priester, en die drie drumpelwagters. 2Ki 25:19 En uit die Stad het hy geneem een hofdienaar wat oor die krygsmanne aangestel was, en vyf man uit die wat die koning se aangesig gesien het, wat in die Stad aanwesig was, en die skrywer van die leërowerste wat die mense van die Aarde vir krygsdiens oproep, en sestig man van die mense van die Aarde wat in die Stad aanwesig was. 2Ki 25:20 Toe Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, hulle neem, het hy hulle na die koning van Babel, na Ribla gebring. 2Ki 25:21 En die koning van Babel het hulle neergeslaan en hulle gedood in Ribla, in die Aarde Hamat. En JeHûWdah is uit sy Adamah [adamiet se Aarde] in ballingskap weggevoer. 2Ki 25:22 En wat die mense betref wat in die Aarde JeHûWdah oorgebly het, wat Nebukadnésar, die koning van Babel, laat agterbly het, oor hulle het hy GhedalJaHûW, die seun van Ahikam, die seun van Safan, aangestel. 2Ki 25:23 En toe al die owerstes van die leërs, hulle en die manne, hoor dat die koning van Babel GhedalJaHûW aangestel het, kom hulle na GhedalJaHûW, na Mispa, naamlik: JismaEl, die seun van NethánJaH, en JôWganan, die seun van Karéag, en SeráJaH, die seun van Tánhumet, die Netofatiet, en JaäzanJaHûW, die seun van die Maägatiet, hulle met hul manne. 2Ki 25:24 En GhedalJaHûW het vir hulle en hul manne gesweer en aan hulle gesê: Wees nie bevrees vir die dienaars van die Chaldeërs nie, bly in die Aarde en dien die koning van Babel; dan sal dit met julle goed gaan. 2Ki 25:25 Maar in die sewende maand het JismaEl, die seun van NethánJaH, die seun van EliShama, uit die koninklike saadlyn, gekom en tien manne saam met hom en GhedalJaHûW doodge-slaan, ook die manne van JeHûWdah en die Chaldeërs wat saam met hom in Mispa was. 2Ki 25:26 Toe het die hele volk, klein en groot, hulle gereed gemaak, saam met die owerstes van die leërs, en na Egipte gegaan, want hulle was bevrees vir die Chaldeërs. 2Ki 25:27 En in die sewe-en-dertigste jaar van die ballingskap van JeHôWjakin, die koning van JeHûWdah, in die twaalfde maand, op die sewe-en-twintigste van die maand, het Ewil-Meródag, die koning van Babel, in die jaar van sy troonsbestyging, JeHôWjakin, die koning van JeHûWdah, uit die gevangenis verhef. 2Ki 25:28 En hy het vriendelik met hom gespreek en sy stoel gesit bokant die stoel van die konings wat by hom in Babel was. 2Ki 25:29 En hy het sy gevangenisklere verwissel; en hy het voortdurend brood voor sy aangesig geëet, al die dae van sy lewe. 2Ki 25:30 En sy lewensonderhoud, was 'n voortdurende lewensonderhoud, dit is hom toegestaan deur die koning die dag tot dag woord, al die dae van sy lewe. 2Ki 26:1 1 Hebreeus vir siele 2Ki 26:2 2 die Groot Arend // // //Die Eerste Boekrol van die Kronieke // //Die tien Aartsvaders van Adam tot Noag. Die seuns van Noag en hulle afstammelinge. 1Ch 1:1 ADAM, Set, Enos, 1Ch 1:2 Kenan, MahalalEl, Jered, 1Ch 1:3 Henog, Metúsalag, Lameg, 1Ch 1:4 Noag, Sem, Gam en Jafet. 1Ch 1:5 Die seuns van Jafet was: Gomer en Magog en Madai en Jawan en Tubal en Meseg en Tiras. 1Ch 1:6 En die seuns van Gomer was: Ashkenaz en Rifat en Togárma. 1Ch 1:7 En die seuns van Jawan was: EliShah en Tarsísa, die Kittiërs en Rodaniete. 1Ch 1:8 Die seuns van Gam was: Kuwsh en Misráim, Put en Kanaän. 1Ch 1:9 En die seuns van Kuwsh was: Seba en Hawíla en Sabta en Raéma en Sábtega; en die seuns van Raéma was: Skeba en Dedan. 1Ch 1:10 En Kuwsh was die vader van Nimrod; hy het begin om 'n geweldenaar op die Aarde te wees. 1Ch 1:11 En Misráim was die vader van die Ludiete en Anamiete en Lehabiete en die Naftuhiete, 1Ch 1:12 en die Patrusiete en Kasluhiete - waaruit die Filistyne voortgekom het - en die Kaftoriete. 1Ch 1:13 En Kanaän was die vader van Sidon, sy eersgeborene, en Het 1Ch 1:14 en die Jebusiete en Amoriete en Girgasiete, 1Ch 1:15 en die Hewiete en Arkiete en Siniete, 1Ch 1:16 en die Arwadiete en Semariete en Hamatiete. 1Ch 1:17 Die seuns van Sem was: Elam en Assur en Arpágsad en Lud en Aram en Us en Hul en Geter en Meseg. 1Ch 1:18 En Arpágsad was die vader van Selag, en Selag van Heber. 1Ch 1:19 En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die Aarde verdeeld geraak en sy broer se naam was Joktan. 1Ch 1:20 En Joktan was die vader van Almódad en Selef en Hasarmáwet en Jerag, 1Ch 1:21 en Hadóram en Usal en Dikla, 1Ch 1:22 en Ebal en Abímael en Skeba, 1Ch 1:23 en Ofir en Hawíla en Jobab. Hulle almal was seuns van Joktan. //Die tien aartsvaders van Sem tot Abram. Die seuns van Abraham en hulle nakomelinge. 1Ch 1:24 SEM, Arpágsad, Selag, 1Ch 1:25 Heber, Peleg, Rehu, 1Ch 1:26 Serug, Nahor, Tera, 1Ch 1:27 Abram; dit is Abraham. 1Ch 1:28 Die seuns van Abraham was Isak en Jismael. 1Ch 1:29 Dit is hulle geslagsregister: die eersgeborene van Jismael was Nébajot, en Kedar en Adbeëil en Mibsam, 1Ch 1:30 Misma en Duma, Massa, Hadad en Tema, 1Ch 1:31 Jetur, Nafis en Kedma; hulle was die seuns van Jismael. 1Ch 1:32 En die seuns van Ketúra, die byvrou van Abraham. Sy het gebaar: Simran en Joksan en Medan en Mídian en Jisbak en Suag. En die seuns van Joksan was Skeba en Dedan. 1Ch 1:33 En die seuns van Mídian was: Efa en Efer en Henog en Abída en El-Daah. Hulle almal was seuns van Ketúra. 1Ch 1:34 En Abraham was die vader van Isak. Die seuns van Isak was Esau en JisraEl; 1Ch 1:35 die seuns van Esau: EliFaz, Rehuel en Jehus en Jáelam en Korag. 1Ch 1:36 Die seuns van EliFaz was: Teman en Omar, Sefi en Gáetam, Kenas en Timna en Amalek. 1Ch 1:37 Die seuns van Rehuel was: Náhat, Serag, Samma en Missa. 1Ch 1:38 En die seuns van Seïr was: Lotan en Sobal en Síbeon en Ana en Dison en Eser en Disan. 1Ch 1:39 En die seuns van Lotan was Hori en Homam; en die suster van Lotan was Timna. 1Ch 1:40 Die seuns van Sobal was: Aljan en Manáhat en Ebal, Sefi en Onam; en die seuns van Síbeon was Aja en Ana. 1Ch 1:41 Die seuns van Ana was: Dison; en die seuns van Dison was: Hamran en Esban en Jitran en Keran. 1Ch 1:42 Die seuns van Eser was: Bilhan en Sáäwan en Jáäkan. Die seuns van Disan was Us en Aran. 1Ch 1:43 En dit is die konings wat in die Aarde van Edom geregeer het voordat daar 'n koning oor die kinders van JisraEl geregeer het: Bela, die seun van Beor; en die naam van sy stad was Dinhába; 1Ch 1:44 en Bela het gesterwe, en in sy plek het geregeer Jobab, die seun van Serag, uit Bosra. 1Ch 1:45 En Jobab het gesterwe, en Husam, uit die Aarde van die Temaniete, het in sy plek geregeer. 1Ch 1:46 En Husam het gesterwe, en Hadad, die seun van Bedad, wat die Midianiete in die veld van Moab verslaan het, het in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Awit. 1Ch 1:47 En Hadad het gesterwe, en Samla uit Másreka het in sy plek geregeer. 1Ch 1:48 En Samla het gesterwe, en Saul uit Réhobot, aan die rivier, het in sy plek geregeer. 1Ch 1:49 En Saul het gesterwe, en Baäl-Hánan, die seun van Akbor, het in sy plek geregeer. 1Ch 1:50 Nadat Baäl-Hánan gesterf het, het Hadad in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Pahi; en die naam van sy vrou was Mehetabel, die dogter van Matred, die dogter van Mésahab. 1Ch 1:51 Toe Hadad gesterf het, was die vorste van Edom: die vors Timna, die vors Alja, die vors Jetet, 1Ch 1:52 die vors Oholibáma, die vors Ela, die vors Pinon, 1Ch 1:53 die vors Kenas, die vors Teman, die vors Mibsar, 1Ch 1:54 die vors Magdiël, die vors Iram; dit was die vorste van Edom. //Die twaalf seuns van JisraEl en die nakomelinge van JeHûWdah. 1Ch 2:1 DIT is die seuns van JisraEl: Ruben, Símeon, Levi en JeHûWdah, Issaskar en Sébulon, 1Ch 2:2 Dan, JôWsef en Benjamin, Naftáli, Gad en Aser. 1Ch 2:3 Die seuns van JeHûWdah was: Er en Onan en Sela, drie vir hom gebore uit die dogter van Sua, die Kanaänitiese vrou; en Er, die eersgeborene van JeHûWdah, het JaHWeH mishaag, daarom het Hy hom laat sterwe! 1Ch 2:4 En Tamar, sy skoondogter, het vir hom Peres en Serag gebaar. Al die seuns van JeHûWdah was vyf. 1Ch 2:5 Die seuns van Peres was Hesron en Hamul. 1Ch 2:6 En die seuns van Serag was: Simri en Etan en Heman en Kalkol en Dara; almal saam vyf. 1Ch 2:7 En die seuns van Karmi was: Agar, wat JisraEl onder die straf gebring het deurdat hy hom vergryp het aan die bangoed. 1Ch 2:8 En die seuns van Etan was AzarJaH. 1Ch 2:9 En die seuns van Hesron wat vir hom gebore is, was JerágmeEl en Ram en Kelúbai. 1Ch 2:10 En Ram was die vader van Ammínadab, en Ammínadab van Nagson, die vors van die kinders van JeHûWdah. 1Ch 2:11 En Nagson was die vader van Salma, en Salma van Boas; 1Ch 2:12 en Boas van Obed, en Obed van Isai; 1Ch 2:13 en Isai was die vader van EliAb, sy eersgeborene, en van Abinádab, die tweede, en Símea, die derde; 1Ch 2:14 van NethanEl, die vierde, van Ráddai, die vyfde, 1Ch 2:15 van Osem, die sesde, van Dawid, die sewende. 1Ch 2:16 En hulle susters was Serúja en Abigail. En die seuns van Serúja was: Abísai en JôWab en AsaEl, drie. 1Ch 2:17 En Abígail het Amása gebaar en die vader van Amása was Jeter, die Jismaeliet. 1Ch 2:18 En Kaleb, die seun van Hesron, het by sy vrou Asúba Jeríot verwek. En dit is haar seuns: Jeser en Sobab en Ardon. 1Ch 2:19 Toe Asúba gesterf het, het Kaleb vir hom Efrat geneem en sy het vir hom Hur gebaar. 1Ch 2:20 En Hur was die vader van Uri; en Uri van BesalEl. 1Ch 2:21 Daarna het Hesron gegaan na die dogter van Magir, die vader van Gílead; en hy het haar geneem toe hy sestig jaar oud was; en sy het vir hom Segub gebaar. 1Ch 2:22 En Segub was die vader van Jaïr, en hy het drie-en-twintig stede in die Aarde van Gílead gehad. 1Ch 2:23 En Gésur en Aram het die Jaïrsdorpe van hulle afgeneem, en Kenat met sy onderhorige plekke, sestig stede; hulle almal was seuns van Magir, die vader van Gílead. 1Ch 2:24 En ná die dood van Hesron in Kaleb-Éfrata het AbiJaH, die vrou van Hesron, vir hom ook Asgur, die vader van Tekóa, gebaar. 1Ch 2:25 En die seuns van JerágmeEl, die eersgeborene van Hesron; was: die eersgeborene Ram; verder Buna en Oren en Osem [uit] AgiJaH. 1Ch 2:26 JerágmeEl het nog 'n ander vrou gehad en haar naam [was] Atára; sy was die moeder van Onam. 1Ch 2:27 En die seuns van Ram, die eersgeborene van JerágmeEl, was Maäs en Jamin en Eker. 1Ch 2:28 En die seuns van Onam was Sámmai en Jada; en die seuns van Sámmai: Nadab en Abísur. 1Ch 2:29 En die naam van die vrou van Abísur was Abíhail; en sy het vir hom Agban en Molid gebaar. 1Ch 2:30 En die seuns van Nadab was Seled en Appáim; en Seled het gesterwe sonder kinders. 1Ch 2:31 En die seuns van Appáim was Jíseï; en die seuns van Jíseï was Sesan; en die seuns van Sesan, Aglai. 1Ch 2:32 En die seuns van Jada, die broer van Sámmai, was Jeter en JeHôWnathan; en Jeter het gesterwe sonder kinders. 1Ch 2:33 En die seuns van JeHôWnathan was Pelet en Sasa. Dit was die seuns van JerágmeEl. 1Ch 2:34 En Sesan het nie seuns gehad nie, net dogters; en Sesan het 'n Egiptiese dienaar gehad met die naam van Jarha; 1Ch 2:35 en Sesan het sy dogter aan sy dienaar Jarha as vrou gegee; en sy het vir hom Attai gebaar. 1Ch 2:36 En Attai was die vader van Natan, en Natan van Sabad; 1Ch 2:37 en Sabad van Eflal, en Eflal van Obed; 1Ch 2:38 en Obed van JyHûW, en JyHûW van AzarJaH; 1Ch 2:39 en AzarJaH van Heles, en Heles van El-Asah; 1Ch 2:40 en El-Asah van Sísemai, en Sísemai van Sallum; 1Ch 2:41 en Sallum van JekámJaH, en JekámJaH van EliShama. 1Ch 2:42 En die seuns van Kaleb, die broer van JerágmeEl, was Mesa, sy eersgeborene - hy was die vader van Sif - en die seuns van Marésa, die vader van Hebron. 1Ch 2:43 En die seuns van Hebron was: Korag en Tappúag en Rekem en Sema. 1Ch 2:44 En Sema was die vader van Raham, die vader van Jórkeam; en Rekem van Sámmai. 1Ch 2:45 En die seun van Sámmai was Máon; en Máon was die vader van Bet-sur. 1Ch 2:46 En Efa, die byvrou van Kaleb, het Haran en Mosa en Gases gebaar; en Haran was die vader van Gases. 1Ch 2:47 En die seuns van Jóhdai was: Regem en JôWtham en Gesan en Pelet en Efa en Saäf. 1Ch 2:48 Die byvrou van Kaleb, Máäga, het Seber en Tírhana gebaar; 1Ch 2:49 en sy het Saäf gebaar, die vader van Madmánna, Sewa, die vader van Magbéna en die vader van Gíbea; en die dogter van Kaleb was Agsa. 1Ch 2:50 Dit was die seuns van Kaleb. Die seuns van Hur, die eersgeborene van Éfrata, was Sobal, die vader van Kirjat-Jeárim, 1Ch 2:51 Salma, die vader van Betlehem, Haref, die vader van BetGader. 1Ch 2:52 En die seuns van Sobal, die vader van Kirjat-Jeárim, was Hároë en die helfte van Menúgot. 1Ch 2:53 En die families van Kirjat-Jeárim was: die Jitriete en Putiete en Sumatiete en die Misraïete; uit hulle het die Soreatiete en Estaoliete voortgekom. 1Ch 2:54 Die seuns van Salma was: Betlehem en die Netofatiete, Atroth-Bet-JaHAb en die helfte van die Managtiete, die Soreïete. 1Ch 2:55 En die families van die skrywers wat in Jabes gewoon het: die Tireatiete, die Simeatiete, die Sugatiete; dit is die Keniete wat van Hammat, die vader van die huis van Regab, afkomstig is. //Nakomelinge van Dawid. 1Ch 3:1 DIT was die seuns van Dawid wat vir hom in Hebron gebore is: die eersgeborene Amnon, by Ahinoam, 'n JizreElitiese vrou; die tweede DaniEl, by Abígail, uit Karmel; 1Ch 3:2 die derde Absalom, die seun van Máäga, die dogter van Tálmai, die koning van Gésur; die vierde AdoniJaH, die seun van Haggit 1Ch 3:3 die vyfde ShafátJaH, by Abítal; die sesde Jítream, by sy vrou Egla. 1Ch 3:4 Ses is vir hom in Hebron gebore waar hy sewe jaar en ses maande regeer het; en drie-en-dertig jaar het hy in Jerusalem regeer. 1Ch 3:5 En die volgende is vir hom in Jerusalem gebore: Símea en Sobab en Natan en Sálomo, vier by Bat-Sua, die dogter van AmmiEl. 1Ch 3:6 Verder Jibhar en EliShama en EliFelet 1Ch 3:7 en Noga en Nefeg, en Jáfia 1Ch 3:8 en EliShama en EliAda en EliFelet, nege - 1Ch 3:9 almal seuns van Dawid, behalwe die seuns van die byvroue; en Tamar was hulle suster. 1Ch 3:10 En die seun van Salomo was Rehábeam; sy seun was AbiJaH; sy seun was Asa; sy seun was JeHôWshafat; 1Ch 3:11 sy seun was JôWram; sy seun was AgazJaH; sy seun was JôWash; 1Ch 3:12 sy seun was AmátsJaHûW; sy seun was AzarJaH; sy seun was JôWtham; 1Ch 3:13 sy seun was Agas; sy seun was GizkiJaHûW; sy seun was Manasse; 1Ch 3:14 sy seun was Amon; sy seun was JoshiJaHûW. 1Ch 3:15 En die seuns van JoshiJaHûW was: die eersgeborene JôWganan, die tweede JeHôWjakim, die derde SedekiJaHûW, die vierde Sallum. 1Ch 3:16 En die seuns van JeHôWjakim was: JekónJaH, sy seun, SedekiJaH, sy seun. 1Ch 3:17 En die seuns van JekónJaH was Assir; sy seun was ShealtiEl; 1Ch 3:18 verder Malkíram en PedahJaH en Senassar, JekámJaH, HoWshâmâ en NedabJaH. 1Ch 3:19 En die seuns van PedahJaH was Serubbábel en Símeï; en die seuns van Serubbábel was: Mesúllam en GanánJaH; en Sélomit was hulle suster; 1Ch 3:20 en Hásuba en Ohel en BerekJaH en GàsadJâH, Jusab-Hesed, vyf. 1Ch 3:21 En die seuns van GanánJaH was PelatJaH, sy seun was JeshaJaH, sy seun was RafaJaH, sy seun was Arnan, sy seun was ObadJaH, sy seun was ShekanJaH. 1Ch 3:22 En die seuns van ShekanJaH was ShemaJaH; en die seuns van ShemaJaH was: Gattush en Jígeal en Baríag en NearJaH en Safat, ses; 1Ch 3:23 en die seuns van NearJaH was: ElJôWeynay en GizkiJaH en Asríkam, drie; 1Ch 3:24 en die seuns van ElJôWeynay was: HodawJaHûW en El-Jashib en PelaJaH en Akkub en JôWganan en DeláJaH en Anáni, sewe. //Ander nakomelinge van JeHûWdah. 1Ch 4:1 DIE seuns van JeHûWdah was: Peres, Hesron en Karmi en Hur en Sobal. 1Ch 4:2 En Reája, die seun van Sobal, was die vader van Jahat, en Jahat van Ahúmai en van Lahad; dit is die families van die Soreatiete; 1Ch 4:3 en dit is die seuns van Etam: JizreEl en Jísma en Jidbas; en die naam van hulle suster was Hasselelpóni. 1Ch 4:4 En PeniEl was die vader van Gedor, en Eser die vader van Husa. Dit is die seuns van Hur, die eersgeborene van Éfrata, die vader van Betlehem. 1Ch 4:5 En Asgur, die vader van Tekóa, het twee vroue gehad: Hélea en Náära; 1Ch 4:6 en Náära het vir hom Ahússam en Hefer en die Temeniete en die Ahastariete gebaar. Dit was die seuns van Náära. 1Ch 4:7 En die seuns van Hélea was: Seret, Jesóhar en Etnan. 1Ch 4:8 En Kos was die vader van Anub en Hassobéba en van die families van Ahárhel, die seun van Harum. 1Ch 4:9 En Jabes was meer geëerd as sy broers; en sy moeder het hom Jabes genoem en gesê: Ek het met smart gebaar. 1Ch 4:10 En Jabes het die Elohey van JisraEl aangeroep en gesê: As U my ryklik seën en my grondgebied vermeerder en U Hand met my sal wees en U die besoedeling afweer, sodat my geen smart tref nie! En Elohim het laat kom wat hy begeer het. 1Ch 4:11 En Kelub die broer van Suha, was die vader van Mehir; hy is die vader van Eston. 1Ch 4:12 En Eston was die vader van Bet-Ráfa en Paséag en Tehínna, die vader van die stad Nahas; dit is die manne van Rega. 1Ch 4:13 En die seuns van Kenas was OtniEl en SeráJaH; en die seuns van OtniEl: Hatat en Meonótai. 1Ch 4:14 En Meonótai was die vader van Ofra, en SeráJaH van JôWab, die vader van die Handwerkersdal, want hulle was ambagsmanne. 1Ch 4:15 En die seuns van Kaleb, die seun van Jefúnne, was: Iru, Ela en Naäm, en die seuns van Ela: Kenas. 1Ch 4:16 En die seuns van JehalalEl was: Sif en Sifa, Tíreja en AsarEl. 1Ch 4:17 En die seuns van Ezra was: Jeter en Mered en Efer en Jalon, en sy het swanger geword en gebaar: Mirjam en Sámmai en Jisbag, die vader van Estemóa. 1Ch 4:18 En sy vrou uit JeHûWdah het gebaar: Jered, die vader van Gedor, en Heber, die vader van Sogo, en JekuwthijEl, die vader van Sanóag, en hierdie is die seuns van BithJaH, die dogter van Farao wat Mered geneem het1 . 1Ch 4:19 En die seuns van die vrou van HowdiJaH, die suster van Naham, die vader van Kehíla, was die Garmiet, en Estemóa, die Maägatiet. 1Ch 4:20 En die seuns van Simon was: Amnon en Rinna, Ben-Hanán en Tilon; en die seuns van Jíseï was Sohet en Ben-Sohet. 1Ch 4:21 Die seuns van Sela, die seun van JeHûWdah was: Er, die vader van Lega, en Láeda, die vader van Marésa, en die families van die huis van die linnewewers van die huis van Asbéa; 1Ch 4:22 verder JôWkim en die manne van Koséba en JôWash en Saraf - hulle wat oor Moab geheers het - en Jasubi-Léhem; maar die geskiedenisse is oud. 1Ch 4:23 Hulle was die pottebakkers en die inwoners van Netáim en Gedéra; daar het hulle gebly by die koning in sy diens. //Nakomelinge van Símeon en hulle oorwinnings. 1Ch 4:24 DIE seuns van Símeon was: NémuwEl en Jamin, Jarib, Serag, Saul; 1Ch 4:25 Sallum was sy seun; Mibsam was sy seun; Misma was sy seun. 1Ch 4:26 En die seuns van Misma was: GammuwEl, sy seun, Sakkur, sy seun, Símeï, sy seun. 1Ch 4:27 En Símeï het sestien seuns en ses dogters gehad; maar sy broers het nie baie seuns gehad nie; en hulle hele familie het nie so vermeerder soos die seuns van JeHûWdah nie. 1Ch 4:28 En hulle het gewoon in Berséba en Mólada en Hasar-Súal 1Ch 4:29 en in Bilha en Esem en Tolad 1Ch 4:30 en in BetuEl en Horma en Siklag 1Ch 4:31 en in Bet-Márkabot en Hasar-Susim, en Bet-Bíreï en Saäráim; dit was hulle stede totdat Dawid koning geword het. 1Ch 4:32 En hulle dorpe was: Etam en Ajin, Rimmon en Togen en Asan, vyf stede; 1Ch 4:33 en al hulle dorpe wat in die omtrek van hierdie stede was, tot by Baäl; dit was hulle woonplekke, en hulle het hul geslagsregister gehad. 1Ch 4:34 En Mésobab en Jamleg en JôWshah, die seun van AmátsJaH, 1Ch 4:35 en JôWEl en JyHûW, die seun van JôwsibJaH, die seun van SeráJaH, die seun van AsiEl, 1Ch 4:36 en ElJôWeynay en Jaäkóba en JeshowgâJaH en AsaJaH en AdiEl en JesijmâEl en BenáJaH 1Ch 4:37 en Sisa, die seun van Sífeï, die seun van Allon, die seun van JedaJaH, die seun van Simri, die seun van ShemaJaH - 1Ch 4:38 die wat hier met hulle naam opgegee is, was vorste in hulle families, en die huise van hul vaders het vermeerder tot 'n menigte. 1Ch 4:39 En hulle het getrek tot by die ingang na Gedor, tot oostelik van die dal, om weiveld vir hulle kleinvee te soek. 1Ch 4:40 En hulle het geil en goeie weiveld gevind, en die Aarde was na alkante toe wyd en stil en rustig, want mense van Gam het daar tevore gewoon; 1Ch 4:41 en die wat hier met hulle naam beskrywe is, het in die dae van JegizkiJaHûW, die koning van JeHûWdah, gekom en hulle tente verslaan, en ook die Meüniete wat daar gevind is; en hulle het hul met die banvloek getref tot vandag toe; en hulle het in hulle plek gaan woon; want daar was weiveld vir hulle kleinvee. 1Ch 4:42 Ook het van hulle, van die seuns van Símeon, vyfhonderd man getrek na die gebergte Seïr; en PelatJaH en NearJaH en RafaJaH en UzziEl, die seuns van Jíseï, was aan hulle hoof. 1Ch 4:43 En hulle het die oorblyfsel van die vrygeraaktes van Amalek verslaan en daar gaan woon tot vandag toe. //Nakomelinge van Ruben. 1Ch 5:1 EN die seuns van Ruben, die eersgeborene van JisraEl - want hy was die eersgeborene; maar omdat hy die bed van sy vader besoedel het, is sy eersgeboortereg aan die seuns van JôWsef, die seun van JisraEl, gegee, maar hy moes nie in die geslagsregister volgens die eersgeboortereg aangegee word nie; 1Ch 5:2 want JeHûWdah was sterk onder sy broers, en uit hom het een 'n vors geword, maar die eersgeboortereg het JôWsef gehad - 1Ch 5:3 die seuns van Ruben, die eersgeborene van JisraEl, was: Henog en Pallu, Hesron en Kalmi. 1Ch 5:4 Die seuns van JôWEl: sy seun ShemaJaH, sy seun Gog, sy seun Símeï; 1Ch 5:5 sy seun Mika, sy seun ReáJaH, sy seun Baäl, 1Ch 5:6 sy seun Beëra, vir wie Tiglat-Piléser, die koning van Assirië, in ballingskap weggevoer het; hy was 'n vors van die Rubeniete. 1Ch 5:7 En sy broers volgens elkeen se familie soos in die geslagsregister opgegee, volgens hulle genelyn, was: JeiEl, die hoof; verder ZekarJaHûW 1Ch 5:8 en Bela, die seun van Asas, die seun van Sema, die seun van JôWEl; hy wat in Aroër en tot by Nebo en Baäl-Méon gewoon het. 1Ch 5:9 En teen die ooste het hy gewoon tot by die ingang na die wildernis, van die Eufraatrivier af; want hulle vee het baie geword in die Aarde van Gílead. 1Ch 5:10 En in die dae van Saul het hulle oorlog gevoer met die Hagareners, en toe dié in hulle hand geval het, het hulle in hulle tente gewoon aan die hele oostekant van Gílead. //Nakomelinge van Gad. 1Ch 5:11 EN die seuns van Gad het teenoor hulle in die Aarde van Basan gewoon tot by Salka. 1Ch 5:12 JôWEl was die hoof, en Safam die tweede in rang, en Jaénai en Safat, in Basan. 1Ch 5:13 En hulle broers volgens hulle families was: MikaEl en Mesúllam en Seba en JôWrai en Jáekan en Sia en Heber, sewe. 1Ch 5:14 Dit was die seuns van Abígail, die seun van Huri, die seun van Jaróag, die seun van Gílead, die seun van MikaEl, die seun van Jesísai, die seun van Jagdo, die seun van Bus. 1Ch 5:15 Ahi, die seun van AbdiEl, die seun van Guni, was die hoof uit die huis van sy vader. 1Ch 5:16 En hulle het gewoon in Gílead, in Basan en in sy onderhorige plekke en in al die weivelde van Saron tot waar dit ophou. 1Ch 5:17 Hulle almal is in die geslagsregister opgeneem in die dae van JôWtham, die koning van JeHûWdah, en in die dae van Jeróbeam, die koning van JisraEl. 1Ch 5:18 Van die seuns van Ruben en Gad en die halwe stam van Manasse, naamlik van die dapperes, manne wat skild en swaard dra en die boog span en ervare is in die oorlog, was daar vier-en-veertigduisend-sewe-honderd-en-sestig wat op kommando moes uittrek. 1Ch 5:19 En hulle het oorlog gevoer met die Hagareners en Jetur en Nafis en Nodab; 1Ch 5:20 en hulle het hulp gekry teen hulle, en die Hagareners is in hulle hand oorgegee, en almal wat met hulle saam was; want hulle het Elohim aangeroep in die oorlog, en Hy het hulle verhoor, omdat hulle op Hom vertrou het. 1Ch 5:21 En hulle het hulle vee weggevoer: van hul kamele vyftigduisend; tweehonderd-en-vyftigduisend stuks kleinvee en tweeduisend esels en honderdduisend siele van adamiete. 1Ch 5:22 Want baie gesneuweldes het daar gelê, omdat die oorlog van Elohim was; en hulle het in hulle plek gewoon tot die ballingskap toe. //Nakomelinge van die halwe stam van Manasse. 1Ch 5:23 EN die seuns van die halwe stam van Manasse het in die Aarde gewoon van Basan af tot by Baäl Hermon en Senir en die berg Hermon; hulle was baie. 1Ch 5:24 En dit was die hoofde uit die huise van hul vaders, naamlik: Efer en Jíseï en EliEl en AzriEl en JirmeJaH en HodawJaH en JagdiEl, manne, dapper dapperes, manne van naam, hoofde uit die huise van hul vaders. 1Ch 5:25 Maar hulle het ontrou gehandel teen die Elohey van hulle vaders, en die gode van die volke van die Aarde wat Elohim voor hulle uit verdelg het, agterna gehoereer. 1Ch 5:26 Daarom het die Elohey van JisraEl die gees van Pul, die koning van Assirië, naamlik die gees van Tiglat-Piléser, die koning van Assirië, aangewakker, wat hulle, die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse, in ballingskap weggevoer en hulle gebring het na Halag en Habor en Hara en die rivier van Gosan tot vandag toe. //Die nakomelinge van Levi. Hulle diens en hul wonings. 1Ch 6:1 DIE seuns van Levi was: Gerson, Kehat en Merári. 1Ch 6:2 En die seuns van Kehat was: Amram, Jishar en Hebron en UzziEl. 1Ch 6:3 En die seuns van Amram was: Aäron en Moshè, en Mirjam; en die seuns van Aäron was: Nadab en Abíhu, El-Azar en Itamar. 1Ch 6:4 En El-Azar was die vader van Pínehas; Pínehas van Abisúa; 1Ch 6:5 en Abísua van Bukki; en Bukki van Ussi; 1Ch 6:6 en Ussi van ZeragJaH; en ZeragJaH van Mérajot; 1Ch 6:7 en Mérajot van AmarJaH; en AmarJaH van Ahítub; 1Ch 6:8 en Ahítub van Sadok; en Sadok van Ahímaäs; 1Ch 6:9 en Ahímaäs van AzarJaH; en AzarJaH van JôWganan; 1Ch 6:10 en JôWganan van AzarJaH; dit is hy wat die priesteramp bedien het in die huis wat Salomo in Jerusalem gebou het. 1Ch 6:11 En AzarJaH was die vader van AmarJaH; en AmarJaH van Ahítub; 1Ch 6:12 en Ahítub van Sadok; en Sadok van Sallum; 1Ch 6:13 en Sallum van GielkiJaH; en GielkiJaH van AzarJaH; 1Ch 6:14 en AzarJaH van SeráJaH; en SeráJaH van JeHôWtsadok; 1Ch 6:15 en JeHôWtsadok het saamgegaan toe JaHWeH JeHûWdah en Jerusalem deur die hand van Nebukadnésar in ballingskap weggevoer het. 1Ch 6:16 Die seuns van Levi was: Gersom, Kehat en Merári. 1Ch 6:17 En dit is die name van die seuns van Gersom: Libni en Símeï. 1Ch 6:18 En die seuns van Kehat was: Amram en Jishar en Hebron en UzziEl. 1Ch 6:19 Die seuns van Merári was Magli en Musi. En dit is die families van die Leviete volgens hulle vaders: 1Ch 6:20 van Gersom - sy seun was Libni, sy seun Jahat, sy seun Simma, 1Ch 6:21 sy seun JôWag, sy seun Iddo, sy seun Serag, sy seun Jéatrai. 1Ch 6:22 Die seuns van Kehat was: sy seun Amminádab, sy seun Korag, sy seun Assir, 1Ch 6:23 sy seun El-Kanah, en sy seun Ébjasaf, en sy seun Assir, 1Ch 6:24 sy seun Tahat, sy seun UriEl, sy seun UzziJaH, en sy seun Saul. 1Ch 6:25 En die seuns van El-Kanah was: Amásai en Ahimot en El-Kanah; 1Ch 6:26 die seuns van El-Kanah: sy seun Sófai, en sy seun Nahat, 1Ch 6:27 sy seun EliAb, sy seun Jeróham, sy seun El-Kanah. 1Ch 6:28 En die seuns van ShemuEl: die eersgeborene [JôWEl], en die tweede AbiJaH. 1Ch 6:29 Die seuns van Merári was: Magli; sy seun Libni, sy seun Símeï, sy seun Ussa; 1Ch 6:30 sy seun Símea, sy seun Haggía, sy seun AsaJaH. 1Ch 6:31 En dit is hulle wat Dawid aangestel het vir die leiding van die sang in die Huis van JaHWeH vandat die Ark 'n rusplek gevind het. 1Ch 6:32 En hulle het as sangers gedien voor die Tabernakel van die Tent van Samekoms, totdat Salomo die Huis van JaHWeH in Jerusalem gebou het; en hulle het in hul dienswerk gestaan volgens hulle Regspraak. 1Ch 6:33 En dit is hulle wat in diens gestaan het saam met hulle seuns: van die seuns van die Kehatiete: Heman, die sanger, die seun van JôWEl, die seun van ShemuEl, 1Ch 6:34 die seun van El-Kanah, die seun van Jeróham, die seun van EliEl, die seun van Toag, 1Ch 6:35 die seun van Suf, die seun van El-Kanah, die seun van Mahat, die seun van Amásai, 1Ch 6:36 die seun van El-Kanah, die seun van JôWEl, die seun van AzarJaH, die seun van TsefánJaH, 1Ch 6:37 die seun van Tahat, die seun van Assir, die seun van Ébjasaf, die seun van Korag, 1Ch 6:38 die seun van Jishar, die seun van Kehat, die seun van Levi, die seun van JisraEl. 1Ch 6:39 En sy broer was Asaf, wat aan sy regterhand gestaan het; Asaf was die seun van BerekJaHûW, die seun van Símea, 1Ch 6:40 die seun van MikaEl, die seun van BaäsJaH, die seun van MalkiJaH, 1Ch 6:41 die seun van Etni, die seun van Serag, die seun van AdáJaH 1Ch 6:42 die seun van Etan, die seun van Simma, die seun van Símeï, 1Ch 6:43 die seun van Jahat, die seun van Gersom, die seun van Levi. 1Ch 6:44 En hulle broers, die seuns van Merári, aan die linkerhand, was: Etan, die seun van Kisi, die seun van Abdi, die seun van Mallug, 1Ch 6:45 die seun van GashabJaH, die seun van AmátsJaH, die seun van GielkiJaH, 1Ch 6:46 die seun van Amsi, die seun van Bani, die seun van Semer, 1Ch 6:47 die seun van Magli, die seun van Musi, die seun van Merári, die seun van Levi. 1Ch 6:48 En hulle broers, die Leviete, was bestemd vir al die dienswerk by die Tabernakel van die Huis van die Elohim. 1Ch 6:49 Maar Aäron en sy seuns het reukwerk berei op die altaar vir die brandoffer en op die altaar vir die reukwerk, vir al die werk van die Apartheid van die Aparthede en om versoening te doen vir JisraEl, net soos Moshè, die kneg van die Elohim, beveel het. 1Ch 6:50 En dit is die seuns van Aäron: El-Azar was sy seun, Pínehas sy seun, Abisúa sy seun; 1Ch 6:51 Bukki sy seun, Ussi sy seun, ZeragJaH sy seun, 1Ch 6:52 Mérajot sy seun, AmarJaH sy seun, Ahítub sy seun, 1Ch 6:53 Sadok sy seun, Ahímaäs sy seun. 1Ch 6:54 En dit was hulle woonplekke volgens hulle laers in hulle grondgebied - aan die seuns van Aäron, aan die familie van die Kehatiete, want aan hulle was die [eerste] lot. 1Ch 6:55 Aan hulle dan is gegee: Hebron, in die Aarde van JeHûWdah, met haar weiveld rondom haar; 1Ch 6:56 maar die saaigrond van die stad en sy dorpe het hulle aan Kaleb, die seun van Jefúnne, gegee. 1Ch 6:57 En aan die seuns van Aäron het hulle die stede van JeHûWdah naamlik, Hebron en Libna gegee met haar weiveld, en Jattir en Estemóa met haar weiveld, 1Ch 6:58 en Hiles met haar weiveld, en Debir met haar weiveld, 1Ch 6:59 en Asan met haar weiveld, en Bet-Semes met haar weiveld; 1Ch 6:60 en van die stam van Benjamin: Geba met haar weiveld, en Alémet met haar weiveld, en Anatot met haar weiveld. Al hulle stede in hulle families was dertien stede. 1Ch 6:61 En aan die ander seuns van Kehat uit die familie van die stam, uit die halwe stam, half Manasse, tien stede deur die lot. 1Ch 6:62 En aan die seuns van Gersom, volgens hulle families, uit die stam van Issaskar en uit die stam van Aser en uit die stam van Náftali en uit die stam van Manasse in Basan, dertien stede. 1Ch 6:63 Aan die seuns van Merári volgens hulle families uit die stam van Ruben en uit die stam van Gad en uit die stam van Sébulon deur die lot, twaalf stede. 1Ch 6:64 En die kinders van JisraEl het aan die Leviete die stede met hulle weiveld gegee: 1Ch 6:65 hulle het deur die lot uit die stam van die seuns van JeHûWdah en uit die stam van die seuns van Símeon en uit die stam van die seuns van Benjamin, hierdie stede gegee wat hulle met die naam genoem het. 1Ch 6:66 En aan [die ander] uit die families van die seuns van Kehat - die stede van hulle grondgebied was uit die stam van Efraim. 1Ch 6:67 En hulle het aan hulle die vrystad Sigem met haar weiveld, op die gebergte van Efraim, en Geser met haar weiveld gegee; 1Ch 6:68 en Jókmeam met haar weiveld, en Bet-Horon met haar weiveld, 1Ch 6:69 en Ajalon met haar weiveld, en Gat-Rimmon met haar weiveld; 1Ch 6:70 en uit die halwe stam van Manasse: Aner met haar weiveld, en Bíleam met haar weiveld - vir die familie wat oorgebly het uit die seuns van Kehat. 1Ch 6:71 Aan die seuns van Gersom uit die familie van die halwe stam van Manasse: Gólan in Basan met haar weiveld, en Ashtarowth met haar weiveld; 1Ch 6:72 en uit die stam van Issaskar: Kedes met haar weiveld, Dáberat met haar weiveld, 1Ch 6:73 en Ramot met haar weiveld, en Anem met haar weiveld; 1Ch 6:74 en uit die stam van Aser: Masal met haar weiveld, en Abdor. met haar weiveld, 1Ch 6:75 en Hukok met haar weiveld, en Rehob met haar weiveld; 1Ch 6:76 en uit die stam van Náftali: Kedes in Galiléa met haar weiveld, en Hammon met haar weiveld, en Kirjatáim met haar weiveld. 1Ch 6:77 Aan die ander seuns van Merári uit die stam van Sébulon: Rimmóno met haar weiveld, Tabor met haar weiveld; 1Ch 6:78 en oorkant die Jordaan van Jérigo, aan die oostekant van die Jordaan, uit die stam van Ruben: Betser in die wildernis met haar weiveld, en Jahas met haar weiveld, 1Ch 6:79 en Kédemot met haar weiveld, en Mefáät met haar weiveld; 1Ch 6:80 en uit die stam van Gad: Ramot in Gílead met haar weiveld, en Mahanáim met haar weiveld, 1Ch 6:81 en Hesbon met haar weiveld, en Jaéser met haar weiveld. //Nakomelinge van Íssaskar. 1Ch 7:1 EN die seuns van Íssaskar was: Tola en Pua, Jasub en Simron, vier. 1Ch 7:2 En die seuns van Tola was: Ussi en RafaJaH en JerijEl en Jágmai en Jibsam en ShemuEl, hoofde uit hul vadershuis, van Tola, dapper dapperes. Volgens hulle geslagsregister was hulle aantal in die dae van Dawid twee-en-twintigduisend-seshonderd. 1Ch 7:3 En die seuns van Ussi was JishiJaH; en die seuns van JishiJaH was: MikaEl en ObadJaH en JôWEl, JizragJaH, vyf, almal hoofde. 1Ch 7:4 En by hulle, volgens hulle genelynregister, volgens hulle families, was die afdelings krygsmanne: ses-en-dertigduisend; want hulle het baie vroue en kinders gehad. 1Ch 7:5 En hulle broers, van al die families van Issaskar, dapper dapperes: sewe-en-tagtigduisend tel hulle geslagsregister in sy geheel. //Nakomelinge van Benjamin en Náftali. 1Ch 7:6 BENJAMIN: Bela en Beger en JediaEl, drie. 1Ch 7:7 En die seuns van Bela was: Esbon en Ussi en UzziEl en Jérimot en Iri, vyf hoofde uit die huise van [hulle] vaders, dapper dapperes; en hulle geslagsregister het getel: twee-en-twintigduisend-vier-en-dertig. 1Ch 7:8 En die seuns van Beger was: Semíra en JôWash en EliEzer en ElJôWeynay en Omri en Jéremot en AbiJaH en Anatot en Alémet; hulle almal was seuns van Beger. 1Ch 7:9 En hulle geslagsregister het getel volgens hulle afstamming, hoofde uit die huise van hulle vaders, dapper dapperes: twintigduisend-tweehonderd. 1Ch 7:10 En die seuns van JediaEl was Bilhan; en die seuns van Bilhan was: Jehus en Benjamin en Ehud en Kenáäna en Setan en Tarsis en Ahisáhar. 1Ch 7:11 Hulle almal, seuns van JediaEl, volgens die hoofdelike vaders, dapper dapperes, was sewentien-duisend-tweehonderd wat in die oorlog op kommando moes uittrek. 1Ch 7:12 Ook Suppim en Huppim was seuns van Ir; Husim, seuns van Aher. 1Ch 7:13 Die seuns van Náftali was: JágtsiEl en Guni en Jeser en Sallum, seuns van Bilha. //Nakomelinge van Manasse. 1Ch 7:14 DIE seuns van Manasse was AsriEl wat [sy vrou] gebaar het; sy Aramese byvrou het Magir gebaar, die vader van Gílead; 1Ch 7:15 en Magir het van Huppim en Suppim 'n vrou geneem; die naam van sy suster was Máäga. En die naam van die tweede was Seófhad; en Selófhad het dogters gehad. 1Ch 7:16 En Máäga, die vrou van Magir, het 'n seun gebaar, en sy het hom Peres genoem; en die naam van sy broer was Seres, en sy seuns was Ulam en Rekem. 1Ch 7:17 En die seuns van Ulam was Bedan; dit is die seuns van Gílead, die seun van Magir, die seun van Manasse. 1Ch 7:18 En sy suster Moléket het Ishod en Abiëser en Magla gebaar. 1Ch 7:19 En die seuns van Semída was: Agjan en Segem en Likhi en Aníam. //Nakomelinge van Efraím. 1Ch 7:20 EN die seuns van Efraim was Sútelag; en sy seun was Bered, en sy seun Tahat, en sy seun El-Adah, en sy seun Tahat, 1Ch 7:21 en sy seun Sabad, en sy seun Sútelag en Eser en El-Ad; en die manne van Gat wat in die Aarde gebore was, het hulle gedood, omdat húlle afgetrek het om hulle vee te neem. 1Ch 7:22 Daarom het hulle vader Efraim baie dae lank gerou, en sy broers het gekom om hom te troos. 1Ch 7:23 Daarna het hy by sy vrou ingegaan, en sy het swanger geword en 'n seun gebaar; en hy het hom Bería genoem, omdat dit tydens besoedeling in sy huis gebeur het. 1Ch 7:24 En sy dogter was Séëra; en sy het Bet-Horon-Onder en - Bo gebou, en Ussen-Séëra. 1Ch 7:25 En sy seun was Refag, en Resef, en sy seun Telag, en sy seun Tahan; 1Ch 7:26 sy seun Láedan; sy seun Ammihud; sy seun EliShama; 1Ch 7:27 sy seun was Nun, sy seun JeHôWshua. 1Ch 7:28 En hulle besitting en hulle woonplekke was BetEl met haar onderhorige plekke; en teen die ooste Náäran, en teen die weste Geser met sy onderhorige plekke; en Sigem met sy onderhorige plekke tot by Ajja met sy onderhorige plekke. 1Ch 7:29 En onder die bestuur van die seuns van Manasse was Bet-Séan met haar onderhorige plekke, Táänag met haar onderhorige plekke, Megíddo met haar onderhorige plekke, Dor met haar onderhorige plekke. Hierin het die seuns van JôWsef, die seun van JisraEl, gewoon. //Nakomelinge van Aser. 1Ch 7:30 DIE seuns van Aser was: Jimma en Jiswa en Jiswi en Bería en Serag, hulle suster. 1Ch 7:31 En die seuns van Bería was Heber en MalkiEl; hy was die vader van Birsájit. 1Ch 7:32 En Heber was die vader van Jaflet, en van Somer en Hotam en Sua, hulle suster. 1Ch 7:33 En die seuns van Jaflet was: Pasag en Bimhal en Aswat; dit was die seuns van Jaflet. 1Ch 7:34 En die seuns van Semer was: Ahi en Róhega, Jehúbba en Aram. 1Ch 7:35 En die seuns van sy broer Helem was: Sofag en Jimna en Seles en Amal. 1Ch 7:36 Die seuns van Sofag was: Suag en Harnéfer en Sual en Beri en Jimra, 1Ch 7:37 Betser en Hod en Samma en Silsa en Jitran en Beëra. 1Ch 7:38 En die seuns van Jeter was: Jefúnne en Pispa en Ara. 1Ch 7:39 En die seuns van Ulla was: Arag en HanniEl en Risja. 1Ch 7:40 Hulle almal was seuns van Aser, hoofde van hul vaders se huise, uitgesoekte dapper dapperes, hoofde van die vorste; en hulle geslagsregister het betrekking gehad op diens in die oorlog; hulle aantal was ses-en-twintigduisend man. //Nakomelinge van Benjamin en Saul. 1Ch 8:1 EN Benjamin was die vader van Bela, sy eersgeborene; die tweede, Asbel; en die derde, Agrag, 1Ch 8:2 die vierde, Noha; en die vyfde, Rafa. 1Ch 8:3 En Bela het seuns gehad: Addar en Gera en Abíhud 1Ch 8:4 en Abisúa en Naäman en Ahóag 1Ch 8:5 en Gera en Sefúfan en Huram. 1Ch 8:6 En dit was die seuns van Ehud (hulle was hoofdelike vaders uit die inwoners van Geba, en hulle is in ballingskap na Manáhat weggevoer - 1Ch 8:7 Naäman en AgiJaH en Gera het hulle in ballingskap weggevoer); en hy was die vader van Ussa en van Ahíhud. 1Ch 8:8 En Saháraim het in die veld van Moab, nadat hy sy vroue Husim en Báära weggestuur het, die vader van kinders geword: 1Ch 8:9 by sy vrou Hodes was hy die vader van Jobab en Sibja en Mesa en Malkam, 1Ch 8:10 en Jehus en SakJaH en Mirma; dit was sy seuns, hoofdelike vaders. 1Ch 8:11 En by Husim was hy die vader van Abítub en El-Paal. 1Ch 8:12 En die seuns van El-Paal was: Heber en Míseam en Semed; hy het Ono en Lod met sy onderhorige plekke gebou; 1Ch 8:13 en Bería en Sema; hulle was hoofdelike vaders uit die inwoners van Ajalon; hulle het die inwoners van Gat verjaag; 1Ch 8:14 en Agjo, Sasak en Jerémot 1Ch 8:15 en ZebádJaH en Arad en Eder 1Ch 8:16 en MikaEl en Jispa en JôWga, die seuns van Bería; 1Ch 8:17 en ZebádJaH en Mesúlam en Hiski en Heber 1Ch 8:18 en Jísmerai en Jislía en Jobab, die seuns van El-Paal; 1Ch 8:19 en Jakim en Sigri en Sabdi 1Ch 8:20 en EliEinay en Sílletai en EliEl 1Ch 8:21 en AdáJaH en BeraJaH en Simrat, die seuns van Símeï; 1Ch 8:22 en Jispan en Heber en EliEl 1Ch 8:23 en Abdon en Sigri en Hanan 1Ch 8:24 en GanánJaH en Elam en AnatothiJaH 1Ch 8:25 en JifdeJaH en PeniEl, die seuns van Sasak; 1Ch 8:26 en Sámserai en SeharJaH en AtálJaH 1Ch 8:27 en JaàrêshJaH en EliJaHûW en Sigri, die seuns van Jeróham. 1Ch 8:28 Hulle was hoofde van die vaders, volgens hulle geslagsregister, hoofde; hulle het in Jerusalem gewoon. 1Ch 8:29 En in Gíbeon het die vader van Gíbeon gewoon, en die naam van sy vrou was Máäga. 1Ch 8:30 En sy eersgebore seun was Abdon, verder Sur en Kis en Baäl en Nadab 1Ch 8:31 en Gedor en Agjo en Seger. 1Ch 8:32 En Miklot was die vader van Símea; en hulle het ook teenoor hulle broers in Jerusalem saam met hulle broers gewoon. 1Ch 8:33 En Ner was die vader van Kis, en Kis van Saul, en Saul van JeHôWnathan en Malkisúa en Abinádab en Esbáäl. 1Ch 8:34 En die seun van JeHôWnathan was Merib-baäl, en Merib-baäl was die vader van Mika. 1Ch 8:35 En die seuns van Mika was: Piton en Meleg en Taäréa en Agas. 1Ch 8:36 En Agas was die vader van JeHôWadda, en JeHôWadda van Alémet en Asmáwet en Simri; en Simri was die vader van Mosa. 1Ch 8:37 En Mosa was die vader van Bínea; sy seun was Rafa; sy seun was El-Asah; sy seun was Asel. 1Ch 8:38 En Asel het ses seuns gehad; en dit was hulle name: Asríkam, Bogru en Ismael en ShearJaH en ObadJaH en Hanan; hulle almal was seuns van Asel. 1Ch 8:39 En die seuns van Esek, sy broer, was: Ulam, sy eersgeborene, Jehus, die tweede, en EliFelet, die derde. 1Ch 8:40 En die seuns van Ulam was manne, dapper dapperes wat die boog gespan het, en hulle het baie kinders en kindskinders gehad, honderd-en-vyftig. Hulle was almal uit die seuns van Benjamin. //Inwoners van Jerusalem ná die terugkoms uit die Babiloniese ballingskap. 1Ch 9:1 EN die hele JisraEl is in geslagsregisters opgeneem, en kyk, hulle is opgeskrywe in die Boekrol van die Konings van JisraEl en JeHûWdah. JeHûWdah is in ballingskap na Babel weggevoer vanweë hulle ontrou. 1Ch 9:2 En die wat vroeër in hulle besitting, in hulle stede gaan woon het, was: JisraEliete, die priesters, die Leviete en die tempeldienaars. 1Ch 9:3 En in Jerusalem het gewoon van die seuns van JeHûWdah en van die seuns van Benjamin en van die seuns van Efraim en Manasse- 1Ch 9:4 Utai, die seun van Ammíhud, die seun van Omri, die seun van Imri, die seun van Bani, van die seuns van Peres, die seun van JeHûWdah; 1Ch 9:5 en van die Siloniete: AsaJaH, die eersgeborene, en sy seuns; 1Ch 9:6 en van die seuns van Serag: JeuwEl en hulle broers, seshonderd-en-negentig; 1Ch 9:7 en van die seuns van Benjamin: Sallu, die seun van Mesúllam, die seun van HodawJaH, die seun van Hassenúa, 1Ch 9:8 en JibneJaH, die seun van Jeróham, en Ela, die seun van Ussi, die seun van Migri, en Mesúllam, die seun van ShafátJaH, die seun van Rehuel, die seun van JibniJaH; 1Ch 9:9 en hulle broers volgens hulle geslagsregister, negehonderd-ses-en-vyftig; al hierdie manne was hoofde van die vaders uit die huise van hul vaders; 1Ch 9:10 en van die priesters: JedaJaH en Jehowjârijb en Jagin, 1Ch 9:11 en AzarJaH, die seun van GielkiJaH, die seun van Mesúllam, die seun van Sadok, die seun van Mérajot, die seun van Ahítub, die vors oor die Huis van die Elohim; 1Ch 9:12 en AdáJaH, die seun van Jeróham, die seun van Pasgur, die seun van MalkiJaH, en Máesai, die seun van AdiEl, die seun van Jagséra, die seun van Mesúllam, die seun van Mesíllemit, die seun van Immer; 1Ch 9:13 en hulle broers, hoofde uit die huis van hul vaders, sewentienhonderd-en-sestig, dapper manne in die dienswerk van die Huis van die Elohim; 1Ch 9:14 en van die Leviete: ShemaJaH, die seun van Hassub, die seun van Asríkam, die seun van GashabJaH, van die seuns van Merári; 1Ch 9:15 en Bákbakkar, Heres en Galal en MáttanJaH, die seun van Mika, die seun van Sigri, die seun van Asaf; 1Ch 9:16 en ObadJaH, die seun van ShemaJaH, die seun van Galal, die seun van Jedútun; en BerekJaH, die seun van Asa, die seun van Élkana wat in die dorpe van die Netofatiete gewoon het. 1Ch 9:17 En die poortwagters was: Sallum en Akkub en Talmon en Ahíman en hulle broers; Sallum was die hoof, 1Ch 9:18 en tot nou toe is hy in die koningspoort teen die ooste; hulle was die poortwagters van die laers van die seuns van Levi. 1Ch 9:19 En Sallum, die seun van Korë, die seun van Ébjasaf, die seun van Korag, en sy broers uit sy familie, die Koragiete, was oor die dienswerk, as drumpelwagters van die tent, omdat hulle vaders by die laer van JaHWeH die ingang bewaak het. 1Ch 9:20 En Pínehas, die seun van El-Azar, was vroeër bevelhebber oor hulle. Mag JaHWeH met hom wees! 1Ch 9:21 ZekarJaH, die seun van MeshelemJaH, was poortwagter by die ingang van die Tent van Samekoms. 1Ch 9:22 Hulle almal wat as drumpelwagters uitgesoek was, was tweehonderd-en-twaalf; hulle is in hul dorpe in die geslagsregister opgeneem. Dawid en die siener ShemuEl het hulle in hul ampsplig bevestig; 1Ch 9:23 En hulle met hul seuns was [aangestel] oor die Poorte van die Huis van JaHWeH, van die tenthuis, om wag te hou. 1Ch 9:24 Die poortwagters moes aan die vier windstreke wees, na die ooste, weste, noorde en suide toe. 1Ch 9:25 En hulle broers, in hulle dorpe, moes van tyd tot tyd vir sewe dae saam met hulle inkom. 1Ch 9:26 Want in die ampsplig het hulle, die vier owerstes van die deurwagters, gestaan. Van die Leviete was oor die kamers en oor die skatte van die Huis van die Elohim. 1Ch 9:27 En hulle moes in die nag rondom die Huis van die Elohim bly, want hulle het die wag gehad en moes elke môre oopsluit. 1Ch 9:28 En sommige van hulle was [aangestel] oor die gereedskap van die diens; want hulle moes dit voltallig inbring en voltallig uitbring. 1Ch 9:29 En sommige van hulle was aangestel oor die gereedskappe en oor al die voorwerpe van die Apartheid en oor die fynmeel en die wyn en die olie en die wierook en die speserye. 1Ch 9:30 En van die seuns van die priesters was daar mengers van salf uit speserye. 1Ch 9:31 En MattithJaH, uit die Leviete, wat die eersgeborene van die Koragiet Sallum was, het amptelik die toesig oor die bakwerk gehad. 1Ch 9:32 En van die kinders van die Kehatiete, van hulle broers, moes sorg vir die toonbrode om hulle elke Sabbat klaar te maak. 1Ch 9:33 En dit was die sangers, hoofdelike vaders van die Leviete, in die kamers, vry van [ander] diens; want hulle was dag en nag in [hul] dienswerk besig. 1Ch 9:34 Dit was die hoofdelike vaders van die Leviete, hoofde volgens hulle genelyn; hulle het in Jerusalem gewoon. 1Ch 9:35 En in Gíbeon het die vader van Gíbeon, JeiEl, gewoon; en die naam van sy vrou was Máäga. 1Ch 9:36 En Abdon was sy eersgebore seun, dan Sur en Kis en Baäl en Ner en Nadab 1Ch 9:37 en Gedor en Agjo en ZekarJaH en Miklot. 1Ch 9:38 En Miklot was die vader van Simeam; en hulle het ook teenoor hulle broers in Jerusalem saam met hulle broers gewoon. 1Ch 9:39 En Ner was die vader van Kis, en Kis van Saul, en Saul van JeHôWnathan en Malkisúa en Abinádab en Ésbaäl. 1Ch 9:40 En die seun van JeHôWnathan was Merib-baäl, en Merib-baäl was die vader van Mika. 1Ch 9:41 En die seuns van Mika was: Piton en Meleg en Tagréa. 1Ch 9:42 En Agas was die vader van Jaëra, en Jaëra van Alémet en Asmáwet en Simri; en Simri was die vader van Mosa; 1Ch 9:43 en Mosa was die vader van Bínea; en sy seun was RafaJaH, sy seun El-Asah, sy seun Asel. 1Ch 9:44 En Asel het ses seuns gehad, en dit is hulle name: Asríkam, Bogru en Jismael en ShearJaH en ObadJaH en Hanan; dit was die seuns van Asel. //Dood van Saul en sy drie seuns. 1Ch 10:1 EN die Filistyne het teen JisraEl geveg, en die manne van JisraEl het vir die Filistyne weggevlug, en gesneuweldes het op die gebergte Gilbóa gelê. 1Ch 10:2 En die Filistyne het Saul en sy seuns agternagesit, en die Filistyne het JôWnathan en Abinádab en Malkisúa, die seuns van Saul, gedood. 1Ch 10:3 En toe die geveg swaar word teen Saul en die boogskutters hom aantref, het hy gebewe van angs vir die skutters. 1Ch 10:4 En Saul het aan sy wapendraer gesê: Trek jou swaard uit en deurboor my daarmee; anders kom hierdie onbesnedenes en dryf die spot met my. Maar sy wapendraer wou nie, omdat hy baie bevrees was. Daarop neem Saul die swaard en val in haar. 1Ch 10:5 Toe sy wapendraer sien dat Saul dood was, val hy self ook in die swaard, sodat hy gesterf het. 1Ch 10:6 So het Saul en sy drie seuns dan gesterwe; en sy hele huis, almal saam, het gesterwe. 1Ch 10:7 Toe al die manne van JisraEl wat in die vlakte was, sien dat hulle gevlug het, en dat Saul en sy seuns dood was, het hulle hul stede verlaat en gevlug; en die Filistyne het gekom en daarin gaan woon. 1Ch 10:8 En toe die Filistyne die volgende dag kom om die gesneuweldes te plunder, vind hulle Saul en sy seuns nog daar lê op die gebergte Gilbóa. 1Ch 10:9 En hulle het hom uitgetrek en sy hoof en sy wapens saamgeneem en dit in die Aarde van die Filistyne rondgestuur om die blye boodskap vir hulle idole en vir die volk te bring. 1Ch 10:10 Daarna het hulle sy wapens in die huis van hulle gode neergelê en sy hoofskedel in die huis van Dagon vasgeslaan. 1Ch 10:11 Toe die hele Jabes in Gílead hoor alles wat die Filistyne aan Saul gedoen het, 1Ch 10:12 het al die dapper manne hulle gereed gemaak en die lyk van Saul en die lyke van sy seuns saamgeneem en dit na Jabes gebring en hulle bene begrawe onder die terpentynboom in Jabes, en sewe dae lank gevas. 1Ch 10:13 En Saul het gesterwe weens ontrou wat hy teen JaHWeH begaan het, weens die Woord van JaHWeH wat hy nie gehou het nie; en ook omdat hy die gees van 'n afgestorwene om inligting gevra het, 1Ch 10:14 maar JaHWeH nie geraadpleeg het nie. Daarom het Hy hom omgebring en die koningskap laat oorgaan op Dawid, die seun van Isai. //Nadat Dawid koning geword het, neem hy Jerusalem in. 1Ch 11:1 TOE kom die hele JisraEl by Dawid in Hebron bymekaar en sê: Kyk, ons is u been en u vlees. 1Ch 11:2 Gister sowel as eergister, selfs toe Saul koning was, het u JisraEl uit - en ingelei; en JaHWeH, jou Elohey het aan u gesê: Jy moet My volk JisraEl oppas, en jy moet 'n vors wees oor My volk JisraEl. 1Ch 11:3 So het dan al die oudstes van JisraEl na die koning in Hebron gekom, en Dawid het met hulle 'n Verbond gesluit in Hebron voor die Aangesig van JaHWeH, en hulle het Dawid as koning oor JisraEl gesalf volgens die Woord van JaHWeH deur die diens van ShemuEl. 1Ch 11:4 En Dawid en die hele JisraEl het getrek na Jerusalem, dit is Jebus; en daar was die Jebusiete die bewoners van die Aarde. 1Ch 11:5 En die inwoners van Jebus het vir Dawid gesê: Jy sal hier nie inkom nie. Maar Dawid het die bergvesting Sion ingeneem, Sy is die Stad van Dawid. 1Ch 11:6 En Dawid het gesê: Elkeen wat eerste die Jebusiet verslaan, sal 'n hoof en 'n owerste word. Toe het JôWab, die seun van Serúja, die eerste opgeklim en 'n hoof geword. 1Ch 11:7 En Dawid het in die bergvesting gaan woon; daarom noem hulle Haar die Stad van Dawid. 1Ch 11:8 En hy het die Stad rondom opgebou van Millo af tot by die omtrek; en JôWab het die orige deel van die Stad herstel. 1Ch 11:9 En Dawid het gedurigdeur groter geword, en JaHWeH van die Leërmagte was met hom. //Dapperes van Dawid. 1Ch 11:10 EN dit was die hoofde van die dapperes van Dawid wat hom kragtig bygestaan het in sy koningskap saam met die hele JisraEl om hom volgens die Woord van JaHWeH koning te maak oor JisraEl. 1Ch 11:11 En dit is die getal van die dapperes van Dawid: Jasóbeam, die seun van Hagmóni, die hoof van die dertig; hy het sy spies geswaai oor driehonderd wat op een keer gesneuwel het. 1Ch 11:12 En ná hom was El-Azar, die seun van Dodo, die Ahohiet; hy was onder die drie dapperes. 1Ch 11:13 Hy was saam met Dawid by Pas-Dámmim toe die Filistyne daar bymekaar was om te veg; en daar was 'n stuk land vol gars, en die volk het vir die Filistyne gevlug. 1Ch 11:14 Maar hy het hom in die middel van die stuk Aarde opgestel en haar afgeneem en die Filistyne verslaan, sodat JaHWeH 'n groot oorwinning bewerk het. 1Ch 11:15 En drie van die dertig hoofde het afgetrek na die rots, na Dawid, na die spelonk van Adúllam terwyl die laer van die Filistyne in die dal Refáim gestaan het. 1Ch 11:16 En Dawid was toe in die bergvesting; en 'n besetting van die Filistyne was toe in Betlehem. 1Ch 11:17 En Dawid het 'n begeerte voel opkom en gesê: Wie sal vir my water gee om te drink uit die put van Betlehem wat by die poort is? 1Ch 11:18 Toe het die drie deur die laer van die Filistyne gebreek en water geskep uit die put van Betlehem wat by die poort was, en dit gedra en na Dawid gebring; maar Dawid wou hom nie drink nie en het hom voor die Aangesig van JaHWeH uitgegiet 1Ch 11:19 en gesê: Mag my Elohey my bewaar, dat ek dit sou doen! Sou ek die bloed van hierdie manne drink? Met hulle siele, ja, met hulle siele het hulle hom gebring! En hy wou hom nie drink nie. Dit het die drie dapperes gedoen. 1Ch 11:20 En Abísai, die broer van JôWab, hy was hoof van die drie, en hy het sy spies geswaai oor driehonderd wat gesneuwel het, en 'n naam gehad onder die drie. 1Ch 11:21 Uit die drie was hy onder die [ander] twee geëerd, sodat hy hulle owerste geword het; maar tot by die [eerste] drie het hy nie gekom nie. 1Ch 11:22 BenáJaH, die seun van JeHôWjada, 'n dapper man, groot van daad, uit KabtseEl; hy het die twee leeue-el/ariël (dapperes soos leeus) van Moab verslaan; en hy het afgegaan en 'n leeu binne-in 'n kuil doodgeslaan op 'n sneeudag. 1Ch 11:23 Hy het ook 'n Egiptenaar verslaan, 'n groot man, vyf voorarm; en in die hand van die Egiptenaar was 'n spies soos 'n wewersbalk; maar hy het na hom afgegaan met 'n stok en die spies uit die hand van die Egiptenaar geruk en hom met sy eie spies doodgesteek. 1Ch 11:24 Dit het BenáJaHûW, die seun van JeHôWjada, gedoen; en hy het 'n naam gehad onder die drie dapperes. 1Ch 11:25 Hy was wel meer geëerd as die dertig, maar tot by die drie het hy nie gekom nie; en Dawid het hom aangestel oor sy lyfwag. 1Ch 11:26 En die dapper dapperes was: AsaEl, die broer van JôWab, El-Hanan, die seun van Dodo, uit Betlehem; 1Ch 11:27 Sammot, die Harodiet; Heles, die Peloniet; 1Ch 11:28 Ira, die seun van Ikkes, die Tekoïet; Abiëser, die Anatotiet; 1Ch 11:29 Síbbegai, die Husatiet; Ilai, die Ahohiet; 1Ch 11:30 Máharai, die Netofatiet; Heled, die seun van Baäna, die Netofatiet; 1Ch 11:31 Itai, die seun van Ríbai, uit Gíbea van die kinders van Benjamin; BenáJaH, die Pireatoniet; 1Ch 11:32 Húrai, uit Nahale-Gaäs, AbiEl, die Arabatiet; 1Ch 11:33 Asmáwet, die Baharumiet; El-Jagba, die Saälboniet. 1Ch 11:34 Die seuns van Hasem, die Gisoniet, was: JeHôWnathan, die seun van Sage, die Harariet; 1Ch 11:35 Ahíam, die seun van Sagar, die Harariet; EliFal, die seun van Ur; 1Ch 11:36 Hefer, die Megeratiet; AgiJaH, die Peloniet; 1Ch 11:37 Hesro, die Karmeliet; Náärai, die seun van Ésbai; 1Ch 11:38 JôWEl, die broer van Natan; Mibhar, die seun van Hagri; 1Ch 11:39 Selek, die Ammoniet; Nágrai, die Berotiet, die wapendraer van JôWab, die seun van Serúja; 1Ch 11:40 Ira, die Jitriet; Gareb, die Jitriet; 1Ch 11:41 UriJaH, die Hetiet; Sabad, die seun van Aglai; 1Ch 11:42 Adína, die seun van Sisa, die Rubeniet, 'n hoof van die Rubeniete, en saam met hom was dertig; 1Ch 11:43 Hanan, die seun van Máäga; en JôWshafat, die Mitniet; 1Ch 11:44 UzziJaH, die Asteratiet; Sama en JeiEl, die seuns van Hotam, die Aroëriet; 1Ch 11:45 JediaEl, die seun van Simri; en JôWga, sy broer, die Tisiet; 1Ch 11:46 EliEl van Maháwim en Jeríbai en JôWshawjâh, die seuns van El-Naam; en Jitma, die Moabiet: 1Ch 11:47 EliEl en Obed en JaàzijEl van MetzobaJaH. //Dapperes van Dawid wat na hom gekom het toe hy deur Saul vervolg is. 1Ch 12:1 EN dit is hulle wat na Dawid na Siklag gekom het toe hy nog voor die aangesig van Saul, die seun van Kis, verban was; hulle was ook onder die dapperes wat gehelp het in die oorlog, 1Ch 12:2 gewapend met die boog, wat regter- en linkerhand kon gebruik met slingerstene en met pyl en boog; hulle was uit die broers van Saul uit Benjamin: 1Ch 12:3 Ahiëser, die hoof, en JôWash, seuns van Semáä, die Gibeatiet; en JezawEl en Pelet, seuns van Asmáwet; en Béraga en JyHûW, uit Anatot; 1Ch 12:4 en JismaJaH, die Gibeoniet, 'n dappere onder die dertig en [hoof] oor die dertig; en JirmeJaH en JahaziEl en JôWganan en JôWzabad, uit Gedéra; 1Ch 12:5 El-Uzay en Jerímot en BaalJaH en ShemarJaHûW en ShafátJaHûW, uit Harif; 1Ch 12:6 El-Kanah en JishshiJaHûW en AzarEl en JôWezer en Jasóbeam, die Koragiete; 1Ch 12:7 en Joëla en ZebádJaH, die seuns van Jeróham, uit Gedor. 1Ch 12:8 Ook van die Gadiete het hulle afgeskei na Dawid, na die bergvesting in die wildernis, dapper manne, krygsmanne in die oorlog, toegerus met skild en spies, en hulle gesigte was leeugesigte en hulle was vinnig soos gemsbokke op die berge: 1Ch 12:9 Eser, die hoof, ObadJaH, die tweede, EliAb, die derde; 1Ch 12:10 Masmánna, die vierde, JirmeJaH, die vyfde; 1Ch 12:11 Attai, die sesde, EliEl, die sewende; 1Ch 12:12 JôWganan, die agtste, El-Zabad, die negende; 1Ch 12:13 JirmeJaHûW, die tiende, Magbánnai, die elfde. 1Ch 12:14 Hulle was uit die seuns van Gad, hoofde oor die leër; een teen honderd, die kleinste; en die grootste, [een] teen duisend. 1Ch 12:15 Dit is hulle wat deur die Jordaan gegaan het in die eerste maand terwyl hy vol was oor al sy walle; en hulle het al die bewoners van die laagtes verjaag teen die ooste en teen die weste. 1Ch 12:16 En toe daar uit die seuns van Benjamin en JeHûWdah na die bergvesting na Dawid kom, 1Ch 12:17 het Dawid uitgegaan, hulle tegemoet en gespreek en vir hulle gesê: As julle met vrede na my kom om my te help, sal ek my van harte met julle verenig; maar as dit is om my aan my teëstanders te verraai, ofskoon daar geen onreg in my handpalms is nie - mag die Elohey van ons vaders dit dan sien en straf! 1Ch 12:18 Toe het die Gees vir Amásai, die hoof van die dertig, vervul, [en hy het gesê]: Vír u, Dawid, en mét u, seun van Isai, [is ons]. Vrede, vrede vir u, en vrede vir die wat u help, want u Elohey help u! Daarop het Dawid hulle opgeneem en hulle aangestel as hoofde van die bende. 1Ch 12:19 Ook uit Manasse het sommige oorgeloop na Dawid toe hy saam met die Filistyne gekom het om teen Saul te veg, maar sonder om hulle te help; want met oorleg het die vorste van die Filistyne hom weggestuur en gesê: Ten koste van ons hoofde sal hy na sy meester Saul toe oorloop. 1Ch 12:20 Terwyl hy na Siklag trek, het daar uit Manasse na hom oorgeloop: Adnag en JôWzabad en JediaEl en MikaEl en EliHûw en Sílletai, hoofde uit die duisende van Manasse. 1Ch 12:21 En hulle het Dawid gehelp teen die bende, want hulle was almal dapper dapperes en owerstes in die leer. 1Ch 12:22 Want dag vir dag het hulle na Dawid gekom om hom te help, totdat dit 'n groot leër was soos 'n leër van Elohim. //Krygsowerstes uit die twaalf stamme wat na Hebron gekom het om Dawid koning te maak. 1Ch 12:23 EN dit is die getalle van die leërafdelings van die wat vir oorlog gewapen was, wat na Dawid in Hebron gekom het om die koningskap van Saul op hom oor te bring volgens die bevel van JaHWeH. 1Ch 12:24 Die seuns van JeHûWdah wat skild en spies gedra het, was sesduisend-agthonderd, gewapend vir oorlog; 1Ch 12:25 van die seuns van Símeon, dapper dapperes vir krygsdiens, sewe-duisend-eenhonderd; 1Ch 12:26 van die seuns van Levi, vierduisend-seshonderd; 1Ch 12:27 en JeHôWjada, die bevelhebber van die Aäroniete, en saam met hom drie-duisend-sewehonderd; 1Ch 12:28 en Sadok, 'n jongman, 'n dappere, met sy familie: twee-en-twintig owerstes; 1Ch 12:29 en van die seuns van Benjamin, die broers van Saul, drieduisend: want die meeste van hulle het tot nog toe aan die huis van Saul getrou gebly; 1Ch 12:30 en van die seuns van Efraim, twintigduisend-agthonderd, dapper dapperes, manne van naam in hulle families; 1Ch 12:31 en van die halwe stam van Manasse agttienduisend wat met hulle naam aangewys was om Dawid koning te gaan maak; 1Ch 12:32 en van die seuns van Issaskar, met kundige insig wat die tye betref, om te weet wat JisraEl moes doen; hulle hoofde was tweehonderd, en al hulle broers onder hulle bevel; 1Ch 12:33 van Sébulon wat op kommando moet uittrek, toegerus vir oorlog met allerhande krygswapens, vyftigduisend aaneengesluit, en nie met 'n dubbele hart nie; 1Ch 12:34 en van Náftali duisend owerstes, en saam met hulle sewe-en-dertigduisend met skild en spies; 1Ch 12:35 en van die Daniete, toegerus vir oorlog, agt-en-twintigduisend seshonderd; 1Ch 12:36 en van Aser wat op kommando moet uittrek om hulle in slagorde op te stel, veertigduisend; 1Ch 12:37 en van oorkant die Jordaan af, van die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse, honderd-en-twintigduisend met allerhande wapens vir krygsdiens. 1Ch 12:38 Al hierdie krygsmanne het, in slagorde aaneengesluit, met 'n onverdeelde hart na Hebron gekom om Dawid koning te maak oor die hele JisraEl; en ook al die orige JisraEliete was een van hart om Dawid koning te maak. 1Ch 12:39 En hulle het daar saam met Dawid drie dae lank geëet en gedrink, want hulle broers het dit vir hulle berei. 1Ch 12:40 En selfs hulle nabestaandes tot by Issaskar en Sébulon en Náftali het brood gebring op esels en op kamele en op muile en op beeste, meelkos, vyekoeke en rosynekoeke en wyn en olie en beeste en kleinvee in menigte, want daar was blydskap in JisraEl. //Die Ark word deur Dawid in die huis van Obed-Edom gesit. 1Ch 13:1 EN Dawid het raad gehou met die owerstes oor duisend en oor honderd, met elke bevelhebber; 1Ch 13:2 en Dawid het aan die hele vergadering van JisraEl gesê: As julle dit goedvind en dit van JaHWeH, onse Elohey is, laat ons ons versprei en na ons broers stuur wat nog oor is in die Aarde van JisraEl, en saam met hulle na die priesters en die Leviete in die stede waar hulle weiveld het, dat hulle by ons bymekaar moet kom. 1Ch 13:3 En laat ons die Ark van onse Elohey na ons toe oorbring, want in die dae van Saul het ons nie na haar gevra nie. 1Ch 13:4 Toe sê die hele vergadering dat hulle so moes doen, want die saak was Reg in die oë van die hele volk. 1Ch 13:5 En Dawid het die hele JisraEl versamel van die Sihor in Egipte af tot by die ingang na Hamat, om die Ark van die Elohim uit Kirjat-Jeárim te gaan haal. 1Ch 13:6 Daarna het Dawid met die hele JisraEl opgetrek na Báäla, na Kirjat-Jeárim wat aan JeHûWdah behoort, om daarvandaan op te bring die Ark van die Elohim JaHWeH wat op die Gérubs troon, waaroor die Naam uitgeroep is. 1Ch 13:7 En hulle het die Ark van die Elohim op 'n nuwe wa vervoer uit die huis van Abinádab, en Ussa en Agjo het die wa gedrywe. 1Ch 13:8 En Dawid en die hele JisraEl het voor die Aangesig van die Elohim met alle mag gespeel, sowel met liedere as met siters en harpe en tamboeryne en simbale en trompette. 1Ch 13:9 Toe hulle by die dorsvloer van Kidon kom, het Ussa sy hand uitgesteek om die Ark vas te hou, want die osse het gestruikel. 1Ch 13:10 Daarop het die Woede van JaHWeH ontvlam teen Ussa, en Hy het hom getref, omdat hy sy hand na die Ark uitgesteek het, sodat hy daar voor die Aangesig van Elohim gesterf het. 1Ch 13:11 En Dawid het ontroerd geword, omdat JaHWeH 'n skeur aan Ussa geskeur het; daarom het hy daardie plek genoem Peres-Ussa, tot vandag toe. 1Ch 13:12 En Dawid het daardie dag vir die Elohim bevrees geword en gesê: Hoe kan ek die Ark van die Elohim na my toe bring? 1Ch 13:13 Daarom het Dawid die Ark nie by hom in die Stad van Dawid laat inkom nie, maar haar laat wegdraai na die huis van Obed-Edom, die Gittiet. 1Ch 13:14 En die Ark van die Elohim het by die huis van Obed-Edom in sy huis gebly drie maande lank, en JaHWeH het die huis van Obed-Edom geseën met alles wat hy gehad het. //Dawid sluit 'n verbond met Hiram en verslaan die Filistyne. 1Ch 14:1 TOE stuur Hiram, die koning van Tirus, boodskappers na Dawid met sederhout en messelaars en skrynwerkers om vir hom 'n huis te bou. 1Ch 14:2 So het Dawid dan gewaar geword dat JaHWeH hom as koning oor JisraEl bevestig het en dat sy koningskap hoog verhewe was ter wille van Sy volk JisraEl. 1Ch 14:3 En Dawid het in Jerusalem nog meer vroue geneem, en Dawid het die vader van nog meer seuns en dogters geword. 1Ch 14:4 En dit is die name van die kinders wat hy in Jerusalem gehad het: Sámmua en Sobab, Natan en Salomo 1Ch 14:5 en Jibhar en EliShua en Elipelet 1Ch 14:6 en Noga en Nefeg en Jafia 1Ch 14:7 en EliShama en BeëlJaHdah en EliFelet 1Ch 14:8 Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor die hele JisraEl gesalf was, het al die Filistyne opgetrek om Dawid te soek. Toe Dawid dit hoor, het hy teen hulle uitgetrek. 1Ch 14:9 En die Filistyne het gekom en hulle versprei in die dal Refáim. 1Ch 14:10 Toe het Dawid Elohim geraadpleeg en gesê: Sal ek optrek teen die Filistyne, en sal U hulle in my hand gee? En JaHWeH het aan hom gesê: Trek op, en Ek sal hulle in jou hand gee. 1Ch 14:11 En toe hulle optrek by Baäl-Pérasim, het Dawid hulle daar verslaan, en Dawid het gesê: die Elohim het deur my hand deur my vyande gebreek soos water deurbreek; daarom het hulle dié plek Baäl-Pérasim genoem. 1Ch 14:12 En hulle het hulle gode daar agtergelaat; en Dawid het bevel gegee, en hulle is met vuur verbrand. 1Ch 14:13 Maar die Filistyne het hulle nog weer in die dal versprei. 1Ch 14:14 Toe raadpleeg Dawid Elohim weer, en die Elohim het aan hom gesê: Jy moet nie agter hulle aan optrek nie; trek om, van hulle af weg, en val hulle vlak voor die balsembosse aan. 1Ch 14:15 En as jy 'n geruis van voetstappe in die toppe van die balsembosse hoor, trek dan uit vir die geveg, want die Elohim het voor jou uitgetrek om die leër van die Filistyne te verslaan. 1Ch 14:16 En Dawid het gedoen soos die Elohim hom beveel het, en hulle het die leër van die Filistyne verslaan van Gíbeon af tot by Geser. 1Ch 14:17 En die naam van Dawid het uitgegaan in die Aarde, en JaHWeH het die skrik vir hom op al die nasies gelê. //Dawid bring die Ark na Jerusalem. 1Ch 15:1 EN hy het vir hom huise gebou in die Stad van Dawid, en 'n plek reggemaak vir die Ark van die Elohim en vir haar 'n Tent opgeslaan. 1Ch 15:2 Toe sê Dawid: Niemand mag die Ark van die Elohim dra nie, behalwe die Leviete; want JaHWeH het hulle uitverkies om die Ark van JaHWeH te dra en om Hom tot in ewigheid te dien. 1Ch 15:3 En Dawid het die hele JisraEl in Jerusalem versamel om die Ark van JaHWeH te bring na haar plek wat hy daarvoor reggemaak het. 1Ch 15:4 En Dawid het die seuns van Aäron en die Leviete versamel: 1Ch 15:5 van die seuns van Kehat: UriEl, die owerste, en sy broers, honderd-en-twintig; 1Ch 15:6 van die seuns van Merári: AsaJaH, die owerste, en sy broers, tweehonderd-en-twintig; 1Ch 15:7 van die seuns van Gersom: JôWEl, die owerste, en sy broers, honderd-en-dertig; 1Ch 15:8 van die seuns van Elijtzâfân: ShemaJaH, die owerste, en sy broers, tweehonderd; 1Ch 15:9 van die seuns van Hebron: EliEl, die owerste, en sy broers, tagtig; 1Ch 15:10 van die seuns van UzziEl: Amminádab, die owerste, en sy broers, honderd-en-twaalf. 1Ch 15:11 En Dawid het Sadok en Abjatar, die priesters, en die Leviete UriEl, AsaJaH en JôWEl, ShemaJaH en EliEl en Amminádab laat roep 1Ch 15:12 en aan hulle gesê: Julle is hoofdelike vaders van die Leviete; sonder julle af, julle en jul broers, en bring die Ark van JaHWeH, die Elohey van JisraEl, op na die [plek] wat ek vir haar reggemaak het. 1Ch 15:13 Want omdat julle in die begin nie by was nie, het JaHWeH, onse Elohey teen ons uitgebreek, omdat ons Hom nie gesoek het volgens Reg nie. 1Ch 15:14 Daarop het die priesters en die Leviete hulle afgesonder om die Ark van JaHWeH, die Elohey van JisraEl, te gaan haal. 1Ch 15:15 En die seuns van die Leviete het die Ark van die Elohim, soos Moshè volgens die Woord van JaHWeH beveel het, op hulle skouers gedra, met die draaghoute op hulle. 1Ch 15:16 En Dawid het aan die owerstes van die Leviete gesê om hulle broers, die sangers, op te stel met musiek-instrumente, harpe en siters en simbale, om hulle te laat hoor deur die stem met blydskap te verhef. 1Ch 15:17 Die Leviete het toe Heman, die seun van JôWEl, opgestel, en uit sy broers Asaf, die seun van BerekJaHûW; en uit die seuns van Merári, hulle broers, Etan, die seun van KuwshâJâHuW; 1Ch 15:18 en saam met hulle, hul broers van die tweede rang: ZekarJaHûW, en JaäziEl en Semíramot en JehiEl en Unni, EliAb en BenáJaHûW en MaàseiJâHûW en MattithJaHûW en EliFelehu en MiknéJaHûW en Obed-Edom en JeiEl, die poortwagters; 1Ch 15:19 en die sangers Heman, Asaf en Etan om met kopersimbale musiek te maak; 1Ch 15:20 en ZekarJaH en AziEl en Semíramot en JehiEl en Unni en EliAb en MaàseiJaHûW en BenáJaHûW met harpe, met sopraanstemme; 1Ch 15:21 en MattithJaHûW en EliFelehu en MiknéJaHûW en Obed-Edom en JeiEl en AzazJaHûW met siters om in die bas leiding te gee. 1Ch 15:22 En KenanJaH, die owerste van die Leviete, was oor die vrag; hy het die vrag gereël want hy het dit verstaan. 1Ch 15:23 En BerekJaH en El-Kanah was poortwagters by die Ark. 1Ch 15:24 En die priesters SebanJaH en JôWshafat en NethanEl en Amásai en ZekarJaHûW en BenáJaHûW en EliEzer het op die trompette geblaas voor die Ark van die Elohim uit; en Obed-Edom en JegiJaH was poortwagters van die Ark. 1Ch 15:25 Dawid en die oudstes van JisraEl en die owerstes oor duisend het toe gegaan om die Verbondsark van JaHWeH met vreugde uit die huis van Obed-Edom te gaan haal. 1Ch 15:26 En terwyl die Elohim die Leviete help wat die Verbondsark van JaHWeH dra, het hulle sewe bulle en sewe ramme geslag. 1Ch 15:27 En Dawid het 'n mantel van fyn linne aangehad, ook al die Leviete wat die Ark gedra het, en die sangers en KenanJaH, die owerste oor die vrag van die sangers; en Dawid het 'n linneskouerkleed aangehad. 1Ch 15:28 En die hele JisraEl het die Verbondsark van JaHWeH gaan haal met gejuig en ramshoring geklank en met trompette en simbale, onderwyl hulle musiek maak op harpe en siters. 1Ch 15:29 Toe die Verbondsark van JaHWeH by die Stad van Dawid kom, kyk Migal, die dogter van Saul, deur die venster uit en sien koning Dawid dans en speel, en sy het hom in haar hart verag. 1Ch 16:1 NADAT hulle die Ark van die Elohim ingebring en haar neergesit het binne-in die Tent wat Dawid vir haar opgeslaan het, het hulle brandoffers en vergoeding nadergebring voor die Aangesig van die Elohim. 1Ch 16:2 Toe Dawid gereed was met die brandoffer en die vergoeding, het hy die volk in die Naam van JaHWeH geseën. 1Ch 16:3 En hy het aan elkeen van JisraEl, manne sowel as vroue, aan elkeen 'n broodjie en 'n stuk vleis en 'n rosynekoek uitgedeel. 1Ch 16:4 En hy het uit die Leviete dienaars aangestel voor die Ark van JaHWeH, en dit om JaHWeH, die Elohey van JisraEl, te dien en te loof en te prys: 1Ch 16:5 Asaf, die hoof, en ZekarJaH, die tweede in rang ná hom; JeiEl en Semíramot en JehiEl en MattithJaH en EliAb en BenáJaHûW en Obed-Edom en JeiEl met harp- en siterinstrumente, terwyl Asaf met die simbale musiek gemaak het, 1Ch 16:6 en BenáJaHûW en JahaziEl, die priesters, voortdurend met trompette voor die Verbondsark van die Elohim. //Dawid se psalm. 1Ch 16:7 OP dieselfde dag, toe vir die eerste maal, het Dawid aan Asaf en sy broers opgedra om "Loof JaHWeH" te sing. 1Ch 16:8 Loof JaHWeH, roep Sy Naam aan, maak onder die volke Sy dade bekend! 1Ch 16:9 Sing, maak musiek tot Sy eer, spreek van al Sy wonders. 1Ch 16:10 Beroem julle in die Naam van Sy Apartheid; laat die hart van die wat JaHWeH soek, bly wees. 1Ch 16:11 Vra na JaHWeH en Sy Sterkte; soek Sy Aangesig voortdurend. 1Ch 16:12 Dink aan Sy wonders wat Hy gedoen het, aan Sy wondertekens en die Regsprake van Sy Mond, 1Ch 16:13 o saad van JisraEl, Sy kneg, o kinders van Jakob, Sy uitverkorenes! 1Ch 16:14 Hy, JaHWeH is onse Elohey; oor die ganse Aarde is Sy Regsprake. 1Ch 16:15 Dink vir ewig aan Sy Verbond, aan die Woord wat Hy ingestel het vir duisend geslagte - 1Ch 16:16 [die Verbond] wat Hy met Abraham gesluit het, en Sy eed aan Isak; 1Ch 16:17 wat Hy ook vir Jakob as Insetting bekragtig het, vir JisraEl as 'n ewige Verbond, 1Ch 16:18 met die woorde: Ek sal aan jou die Aarde van Kanaän gee, julle afgemete Erfdeel. 1Ch 16:19 Toe julle min mense was, min en vreemdelinge in haar, 1Ch 16:20 en hulle getrek het van nasie tot nasie, en van die een koninkryk na die ander volk, 1Ch 16:21 het Hy niemand toegelaat om hulle te verdruk nie; ook het Hy konings om hulle ontwil gestraf en gesê: 1Ch 16:22 Raak My gesalfdes nie aan en doen My profete geen kwaad nie. 1Ch 16:23 Sing tot eer van JaHWeH, o ganse Aarde! Verkondig Sy Verlossing van dag tot dag. 1Ch 16:24 Vertel onder die nasies Sy eer, onder al die volke Sy wonders. 1Ch 16:25 Want JaHWeH is groot en baie lofwaardig, en Hy is gedug bo al die gode. 1Ch 16:26 Want al die gode van die volke is drek, maar JaHWeH het die Hemele gemaak. 1Ch 16:27 Majesteit en Glansrykheid is voor Sy Aangesig, sterkte en Blydskap is in Sy woonplek. 1Ch 16:28 Gee aan JaHWeH, o stamme van die volke, gee aan JaHWeH eer en sterkte. 1Ch 16:29 Gee aan JaHWeH die eer van Sy Naam, verhef 'n eerbetoon voor Sy Aangesig en buig neer tot JaHWeH, in die Prag van Apartheid. 1Ch 16:30 Beef voor Sy Aangesig, o ganse Aarde! Ook staan die wêreld vas, sodat sy nie wankel nie. 1Ch 16:31 Laat die Hemele bly wees en die Aarde juig, en laat hulle onder die nasies sê: JaHWeH regeer! 1Ch 16:32 Laat die see en sy volheid bruis, laat die veld juig en al wat daarin is. 1Ch 16:33 Dan sal die bome van die bos jubel voor die Aangesig van JaHWeH; want Hy kom om die Aarde te oordeel. 1Ch 16:34 Loof JaHWeH, want Hy is suiwer, want Sy Medelye is ewig; 1Ch 16:35 en sê: Verlos ons, Elohey van ons Lossing, en versamel ons tesaam en red ons van die nasies, dat ons vir die Naam van U Apartheid kan loof en ons beroem in U lof! 1Ch 16:36 Geloofd sy JaHWeH, die Elohey van JisraEl, van ewigheid tot ewigheid! En die hele volk het gesê: Amein! en: Prys JaHWeH! //Die ou Tabernakel bly in Gíbeon. 1Ch 16:37 EN hy het daar voor die Verbondsark van JaHWeH, Asaf en sy broers laat staan om voortdurend te dien voor die Ark na die eis van elke dag; 1Ch 16:38 en ook Obed-Edom met hulle broers, agt-en-sestig, en Obed-Edom, die seun van Jedútun, en Hosa as poortwagters; 1Ch 16:39 maar Sadok, die priester, met sy broers, die priesters, voor die Tabernakel van JaHWeH, op die hoogte wat in Gíbeon is, 1Ch 16:40 om brandoffers voortdurend smôrens en saans nader te bring op die altaar vir die brandoffer aan JaHWeH, en dit volgens alles wat geskrywe is in die Wet van JaHWeH wat Hy JisraEl beveel het; 1Ch 16:41 en saam met hulle Heman en Jedútun en die ander uitgesoektes wat met hulle name aangewys was om JaHWeH te loof dat Sy Medelye ewig is; 1Ch 16:42 en by hulle, Heman en Jedútun, was trompette en simbale vir die musikante en instrumente vir die liedere tot eer van die Elohim; maar die seuns van Jedútun was by die poort. 1Ch 16:43 En toe die hele volk elkeen na sy huis gegaan het, het Dawid omgedraai om sy huisgesin te seën. //Elohim laat Dawid nie toe om 'n Tempel te bou nie. Sy huis sal ewig regeer. 1Ch 17:1 EN toe Dawid in sy huis gewoon het, sê Dawid aan die profeet Natan: Kyk, ék woon in 'n huis van sederhout, maar die Verbondsark van die Elohim onder tentdoeke. 1Ch 17:2 Toe sê Natan vir Dawid: Doen alles wat in u hart is, want Elohim is met u. 1Ch 17:3 Maar in dieselfde nag kom die Woord van Elohim tot Natan en sê: 1Ch 17:4 Gaan sê vir Dawid, My kneg: So spreek JaHWeH: Jy mag nie vir My die Huis bou om in te woon nie. 1Ch 17:5 EK het tog in geen Huis gewoon van die dag af dat Ek JisraEl laat optrek het tot vandag toe nie, maar Ek het gegaan van Tent na Tent, vanuit die Tabernakel. 1Ch 17:6 Oral waar Ek rondgetrek het onder die hele JisraEl, het Ek ooit 'n woord gespreek met een van die Rigters van JisraEl wat Ek aangestel het om My volk op te pas, en gesê: Waarom bou julle nie vir My 'n Huis van sederhout nie? 1Ch 17:7 So moet jy dan nou aan My kneg Dawid sê: So spreek JaHWeH van die Leërmagte: Ek self het jou geneem uit die weiveld, agter die skape weg, om 'n vors te wees oor My volk JisraEl. 1Ch 17:8 En Ek was met jou oral waar jy gegaan het, en het al jou vyande uitgeroei voor jou uit; en Ek sal vir jou 'n naam maak soos die naam van die grotes wat in die Aarde is; 1Ch 17:9 en Ek sal vir My volk JisraEl 'n plek bestel en hom plant, dat hy op sy eie plek kan woon en nie langer verontrus word nie. En kwaaddoeners sal hom nie meer mishandel soos vroeër nie, 1Ch 17:10 naamlik van die dae af dat Ek Rigters oor My volk JisraEl aangestel het; en Ek sal al jou vyande verneder. Daarom gee Ek jou te kenne dat JaHWeH vir jou 'n Huis sal stig. 1Ch 17:11 En as jou dae vol is om heen te gaan saam met jou vaders, sal Ek jou saad wat uit jou seuns sal wees, laat optree en sy koningskap bevestig. 1Ch 17:12 Hy sal vir My 'n Huis bou, en Ek sal sy troon bevestig tot in ewigheid. 1Ch 17:13 Ék sal vir hom 'n Vader wees, en hy sal vir My 'n seun wees, en My Medelye sal Ek van hom nie onttrek soos Ek dit onttrek het aan hom wat voor jou gewees het nie. 1Ch 17:14 Maar Ek sal hom laat bestaan in My Huis en in My koninkryk tot in ewigheid, en sy troon sal vas staan tot in ewigheid. 1Ch 17:15 Volgens al hierdie woorde en volgens hierdie hele gesig, so het Natan met Dawid gespreek. 1Ch 17:16 Toe het koning Dawid heen gegaan en voor die Aangesig van JaHWeH gebly en gesê: Wie is ek, JaHWeH Elohim, en wat is my Huis, dat U my tot hiertoe gebring het? 1Ch 17:17 En dit was nog te gering in U Oë, o Elohim, sodat U aangaande die Huis van U kneg tot ver in die toekoms gespreek en my gereken het volgens die orde van 'n hoë en aansienlike adamiet, o JaHWeH Elohim! 1Ch 17:18 Wat kan Dawid daar nog vir U byvoeg met die oog op die eer wat U kneg aangedoen is; en U ken U kneg. 1Ch 17:19 JaHWeH, ter wille van U kneg en volgens U hart het U hierdie hele groot saak gedoen om al hierdie groot dinge bekend te maak. 1Ch 17:20 JaHWeH, daar is niemand soos U, en daar is geen Elohim behalwe U nie, volgens alles wat ons met ons ore gehoor het. 1Ch 17:21 En watter een nasie is soos U volk JisraEl, op die Aarde, wat die Elohim vir Hom as 'n volk gaan verlos het, om vir U 'n Naam te maak deur groot en ontsagwekkende dinge, deur voor U volk uit, wat U uit Egipte verlos het, nasies te verdrywe. 1Ch 17:22 En U het U volk JisraEl vir U as 'n volk tot in ewigheid gemaak; en U, JaHWeH, U het vir hulle 'n Elohim geword. 1Ch 17:23 Laat dan nou, JaHWeH, die Woord wat U oor U kneg en oor sy Huis gespreek het, tot in ewigheid waar gemaak word, en doen soos U gespreek het. 1Ch 17:24 Ja, laat Hy waar gemaak word en laat U Naam groot word tot in ewigheid, deurdat hulle sê: JaHWeH van die Leërmagte, die Elohey van JisraEl, is JisraEl se Elohim, en die Huis van U kneg Dawid is bestendig voor U Aangesig. 1Ch 17:25 Want U, my Elohey, het die oor van U kneg geopen, dat U vir hom 'n Huis sal stig; daarom het U kneg [vrymoedigheid] gevind om voor U Aangesig te bid. 1Ch 17:26 En nou, JaHWeH, U is Hy, die Elohim, en U het hierdie goeie saak oor U kneg gespreek. 1Ch 17:27 Dit het U dan nou behaag om die Huis van U kneg te seën om vir ewig voor U Aangesig te wees; want U, JaHWeH, het geseën, en hy sal vir ewig geseënd wees. //Dawid se oorwinnings oor Filistyne, Moabiete, Arameërs en Edomiete. Sy vernaamste amptenare. 1Ch 18:1 EN hierna het Dawid die Filistyne verslaan en hulle onderwerp; en hy het Gat met haar onderhorige plekke uit die hand van die Filistyne geneem. 1Ch 18:2 Hy het ook die Moabiete verslaan, sodat die Moabiete Dawid se knegte geword en geskenke gebring het. 1Ch 18:3 Dawid het ook Hadaréser, die koning van Soba, na Hamat toe verslaan, toe hy getrek het om sy mag aan die Eufraatrivier te bevestig. 1Ch 18:4 En Dawid het van hom duisend strydwaens en seweduisend perderuiters en twintigduisend man voetgangers afgeneem; en Dawid het al die trekperde doodgeslaan, maar honderd trekperde daarvan laat oorbly. 1Ch 18:5 En die Arameërs van Damaskus het gekom om Hadaréser, die koning van Soba, te help; maar Dawid het onder die Arameërs twee-en-twintigduisend man verslaan. 1Ch 18:6 En Dawid het [wagposte] in Aram-Damaskus geplaas, sodat die Arameërs Dawid se knegte geword en die spysbydrae gedra [het]; en JaHWeH het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het. 1Ch 18:7 En Dawid het die goue skilde geneem wat die dienaars van Hadaréser gedra het, en dit na Jerusalem gebring. 1Ch 18:8 En uit Tibhat en uit Kun, stede van Hadaréser, het Dawid ontsaglik veel koper weggeneem; in haar het Salomo die koperbad en die pilare en die koper gereedskappe gemaak. 1Ch 18:9 Toe Toü, die koning van Hamat, hoor dat Dawid die hele leërmag van Hadaréser, die koning van Soba, verslaan het, 1Ch 18:10 stuur hy sy seun Hadóram na koning Dawid om hom na die welstand te vra en hom te prys dat hy teen Hadaréser geveg en hom verslaan het, want Hadaréser was 'n vyand van Toü. Ook allerhande goue en silwer- en kopervoorwerpe [het hy saamgebring]. 1Ch 18:11 Dit het koning Dawid ook aan JaHWeH opgedra saam met die silwer en die goud wat hy van al die nasies geneem het, van die Edomiete en van die Moabiete en van die kinders van Ammon en van die Filistyne en van die Amalekiete. 1Ch 18:12 Ook het Abísai, die seun van Serúja, die Edomiete in die Vallei van Sout verslaan, agttienduisend. 1Ch 18:13 En hy het wagposte in Edom geplaas, sodat al die Edomiete knegte van Dawid geword het; en JaHWeH het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het. 1Ch 18:14 En Dawid het oor die hele JisraEl regeer en Reg en Geregtigheid aan sy hele volk gedoen. 1Ch 18:15 En JôWab, die seun van Serúja, was oor die leër; en JeHôWshafat, die seun van Ahílud, was kanselier. 1Ch 18:16 En Sadok, die seun van Ahítub, en Ahiméleg, die seun van Abjatar, was priesters, en Sausa was skrywer. 1Ch 18:17 En BenáJaHûW, die seun van JeHôWjada, was oor die Kreti en die Pleti, en die oudste seuns van Dawid was in diens van die koning. //Dawid verslaan die Ammoniete en hulle bondgenote as gevolg van die belediging van sy gesante. 1Ch 19:1 DAARNA het Nahas, die koning van die kinders van Ammon, gesterwe, en sy seun het in sy plek koning geword. 1Ch 19:2 Toe sê Dawid: Ek het medelye met Hanun, die seun van Nahas, want sy vader het medelye met my gehad. Daarom het Dawid boodskappers gestuur om hom te troos oor sy vader. Toe dan die dienaars van Dawid in die Aarde van die kinders van Ammon by Hanun aankom om hom te troos, 1Ch 19:3 het die vorste van die kinders van Ammon vir Hanun gesê: Eer Dawid u vader in u oë, omdat hy vir u troosters gestuur het? Het sy dienaars nie na u gekom om die Aarde te deursoek en haar om te keer en te verken nie? 1Ch 19:4 Daarop neem Hanun die dienaars van Dawid en skeer hulle en sny hulle klere in die helfte af tot by die sitplek, en hy het hulle laat gaan. 1Ch 19:5 En toe hulle heen gegaan het en van Dawid aangaande die manne berig gebring is, stuur hy [bodes] om hulle te ontmoet, want die manne was baie skaam; en die koning het gesê: Bly in Jérigo totdat julle baard weer gegroei het; kom dan terug. 1Ch 19:6 Toe die kinders van Ammon sien dat hulle hul by Dawid gehaat gemaak het, het Hanun en die kinders van Ammon duisend talente silwer gestuur om vir hulle strydwaens en perderuiters uit Mesopotámië en uit Aram-Máäga en uit Soba te huur. 1Ch 19:7 En hulle het vir hulle twee-en-dertigduisend waens gehuur, en die koning van Máäga met sy manskappe; en hulle het gekom en voor Medéba laer opgeslaan; ook die kinders van Ammon het saamgekom uit hulle stede om oorlog te voer. 1Ch 19:8 En Dawid het dit gehoor en JôWab met die hele leër, die dapperes, gestuur. 1Ch 19:9 En die kinders van Ammon het uitgetrek en hulle in slagorde opgestel by die ingang van die stad, terwyl die konings wat gekom het, afsonderlik in die veld was. 1Ch 19:10 Toe JôWab sien dat 'n aanval van voor sowel as van agter hom bedreig, het hy uit al die uitgesoektes in JisraEl uitgekies en hulle teenoor die Arameërs opgestel. 1Ch 19:11 Maar die orige manskappe het hy onder bevel van sy broer Abísai gegee, en hulle het hul teenoor die kinders van Ammon opgestel. 1Ch 19:12 En hy het gesê: As die Arameërs vir my te sterk word, dan moet jy my te hulp kom, en as die kinders van Ammon vir jou te sterk word, sal ek jou te hulp kom. 1Ch 19:13 Wees sterk en laat ons saam moedig wees vir ons volk en vir die stede van onse Elohey. Mag JaHWeH dan doen wat suiwer is volgens Sy Oë! 1Ch 19:14 Daarop het JôWab en die manskappe wat by hom was, nader gekom vir die geveg voor die Arameërs, en hulle het vir hom gevlug. 1Ch 19:15 Toe die kinders van Ammon sien dat die Arameërs vlug, het hulle ook vir sy broer Abísai gevlug en die stad ingegaan. En JôWab het in Jerusalem aangekom. 1Ch 19:16 Toe die Arameërs dan sien dat hulle voor JisraEl verslaan was, het hulle boodskappers gestuur en die Arameërs laat uittrek wat oorkant die Eufraat was, met Sofag, die leërowerste van Hadaréser, op hulle voorpunt. 1Ch 19:17 Intussen het Dawid daarvan berig ontvang en die hele JisraEl versamel en deur die Jordaan getrek. Toe hy by hulle aangekom het, het hy hom teen hulle opgestel; en nadat Dawid hom teenoor die Arameërs opgestel het, het hulle teen hom geveg. 1Ch 19:18 Maar die Arameërs het vir JisraEl gevlug, en Dawid het van die Arameërs seweduisend trekperde en veertigduisend manlike voetgangers gedood; ook Sofag, die leërowerste, het hy gedood. 1Ch 19:19 En toe die dienaars van Hadaréser sien dat hulle voor JisraEl verslaan was, het hulle met Dawid vrede gesluit en hom gedien; en die Arameërs wou die kinders van Ammon nie verder help nie. 1Ch 20:1 EN ná verloop van 'n jaar, teen die tyd dat die konings uittrek, het JôWab die leërmag aangevoer en die Aarde van die kinders van Ammon verwoes; hy het ook gekom en Rabbah beleër, terwyl Dawid in Jerusalem gebly het. En JôWab het Rabbah verslaan en haar afgebreek. 1Ch 20:2 En Dawid het die kroon van Milkom van sy hoof afgeneem en bevind dat die gewig daarvan 'n talent goud was; en in haar was 'n kosbare steen, en sy het op die hoof van Dawid gekom; en hy het 'n baie groot buit van die stad uitgebring. 1Ch 20:3 Hy het ook die bevolking wat in haar was, uitgebring en [hulle] met die saag laat saag, en met ysterpenne en met bylê [laat werk]; en so het Dawid gedoen met al die stede van die kinders van Ammon. Toe het Dawid met al die manskappe na Jerusalem teruggegaan. //Ander oorwinnings oor die Filistyne. 1Ch 20:4 EN daarna het daar by Geser oorlog ontstaan met die Filistyne; toe het Síbbegai, die Husatiet, Síppai, uit die kinders van die Refaïte verslaan, sodat hulle onderwerpe geraak het. 1Ch 20:5 En daar was weer oorlog met die Filistyne; en El-Hanan, die seun van Jaïr, het Lagmi, die broer van Goliat, die Gittiet, wie se spiessteel soos 'n wewersbalk was, verslaan. 1Ch 20:6 En daar was weer oorlog by Gat, en daar was 'n baie lang man met ses vingers aan elke [hand en voet], vier-en-twintig; en hy was ook 'n afstammeling van die Refaïete. 1Ch 20:7 En hy het JisraEl uitgedaag, maar JeHôWnathan, die seun van Símea, die broer van Dawid, het hom verslaan. 1Ch 20:8 Hulle was afstammelinge van die Refaïete in Gat, en hulle het geval deur die hand van Dawid en deur die hand van sy dienaars. //Telling van die volk. Pes in JisraEl. 1Ch 21:1 TOE het Satan teen JisraEl opgetree en Dawid aangehits om JisraEl te tel. [2 ShemuEl 24:1] 1Ch 21:2 En Dawid het aan JôWab en die owerstes van die volk gesê: Gaan tel JisraEl van Berséba tot Dan, en bring vir my berig, dat ek hulle getal kan weet. 1Ch 21:3 En JôWab sê: Mag JaHWeH by Sy volk honderd maal meer byvoeg as wat hulle is; hulle is tog almal, my agbare koning, my meester se dienaars. Waarom verlang my meester dit? Waarom moet JisraEl skuldig word? 1Ch 21:4 Maar die woord van die koning het die oorhand gehad oor JôWab, en JôWab het uitgetrek en die hele JisraEl deurgetrek en in Jerusalem aangekom. 1Ch 21:5 En JôWab het die getal van die volkstelling aan Dawid gegee; en die hele JisraEl was elfhonderdduisend man wat die swaard uittrek, en JeHûWdah vierhonderd-en-sewentig-duisend man wat die swaard uittrek. 1Ch 21:6 Maar Levi en Benjamin het hy nie onder hulle getel nie, want die woord van die koning was vir JôWab 'n gruwel. 1Ch 21:7 En hierdie saak was verkeerd in die Oë van die Elohim; daarom het Hy JisraEl swaar getref. 1Ch 21:8 Toe spreek Dawid tot die Elohim: Ek het swaar oortree, dat ek hierdie ding gedoen het; maar vergeef tog nou die skuld van U kneg, want ek het baie oortree. 1Ch 21:9 En JaHWeH het met Gad, die siener van Dawid, gespreek en gesê: 1Ch 21:10 Gaan heen en spreek met Dawid en sê: So spreek JaHWeH: Drie dinge lê Ek jou voor; kies vir jou een daaruit, dat Ek dit aan jou kan doen. 1Ch 21:11 Toe kom Gad by Dawid en sê vir hom: So spreek JaHWeH: Kies vir jou, 1Ch 21:12 óf drie jaar lank hongersnood, óf om drie maande lank om te kom vanweë jou teëstanders deurdat die swaard van jou vyande [jou] inhaal, óf drie dae lank die swaard van JaHWeH, naamlik pes in die Aarde deurdat die Boodskapper van JaHWeH verderf aanrig in die hele grondgebied van JisraEl; oorweeg dan nou watter antwoord ek my Sender moet bring. 1Ch 21:13 Daarop sê Dawid vir Gad: Ek is baie benoud; laat my tog in die hand van JaHWeH val, want Sy dade van Barmhartigheid is baie groot, maar laat my in die hand van adamiet nie val nie. 1Ch 21:14 En JaHWeH het 'n pes onder JisraEl beskik, en van JisraEl het daar sewentig-duisend man geval. 1Ch 21:15 En die Elohim het 'n Boodskapper na Jerusalem gestuur om haar te verwoes; en terwyl Hy haar verwoes, het JaHWeH dit gesien, en dit het Hom berou oor die teistering, en Hy het aan die Boodskapper wat die verwoesting moes aanrig, gesê: Genoeg, trek nou jou hand terug! En die Boodskapper van JaHWeH het by die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet, gestaan. 1Ch 21:16 Toe Dawid sy oë opslaan, sien hy die Boodskapper van JaHWeH staan tussen die Aarde en die Hemele met Sy ontblote swaard in Sy Hand oor Jerusalem uitgestrek. Daarop val Dawid en die oudstes, met rouklere bedek, op hulle aangesig. 1Ch 21:17 En Dawid sê tot die Elohim: Is dit nie ék wat beveel het om die volk te tel nie? Ja, dit is ek wat oortree en baie verkeerd gehandel het; maar hierdie skape, wat het hulle gedoen? JaHWeH, my Elohey, laat U Hand tog teen my en my familie wees, maar nie as 'n plaag teen U volk nie. 1Ch 21:18 Daarop gee die Boodskapper van JaHWeH bevel aan Gad om aan Dawid te sê dat Dawid moet opgaan om vir JaHWeH 'n altaar op te rig op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet. 1Ch 21:19 En Dawid het opgegaan volgens die woord van Gad wat hy in die Naam van JaHWeH gespreek het. 1Ch 21:20 Toe Ornan hom omdraai, sien hy die Boodskapper; en sy vier seuns wat by hom was, het hulle weggesteek, Ornan het naamlik koring gedors. 1Ch 21:21 Toe Dawid by Ornan kom, het Ornan opgekyk en Dawid gesien, en hy het van die dorsvloer uitgegaan en hom voor Dawid met sy aangesig na die Aarde gebuig. 1Ch 21:22 Daarop sê Dawid vir Ornan: Gee aan my die plek van die dorsvloer, dat ek daarop vir JaHWeH 'n altaar kan bou; gee dit aan my vir die volle silwer, sodat die plaag van die volk afgewend kan word. [Exodus 30:12-16] 1Ch 21:23 Maar Ornan sê vir Dawid: Neem dit vir u, en laat my meester die koning doen wat goed is in sy oë; kyk, ek gee die beeste as brandoffers en die sleë as hout en die koring as 'n spysbydrae; ek gee dit alles. 1Ch 21:24 Maar koning Dawid het vir Ornan gesê: Nee, maar ek wil dit verseker koop vir die volle silwer; want ek wil nie wat aan jou behoort, vir JaHWeH neem, dat ek verniet 'n brandoffer sou bring nie. 1Ch 21:25 En Dawid het vir die plek seshonderd sikkels goud in gewig aan Ornan gegee. 1Ch 21:26 En Dawid het daar vir JaHWeH 'n altaar gebou en brandoffers en vergoeding gebring. Onderwyl hy JaHWeH aanroep, het Hy hom met vuur uit die Hemele op die altaar van die brandoffer geantwoord. 1Ch 21:27 En JaHWeH het die Boodskapper beveel om Sy swaard weer in die skede te steek. 1Ch 21:28 In dié tyd, toe Dawid sien dat JaHWeH hom geantwoord het op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet, het hy daar geslag; 1Ch 21:29 want die Tabernakel van JaHWeH wat Moshè in die wildernis gemaak het, en die brandoffer-altaar was in dié tyd op die hoogte in Gíbeon. 1Ch 21:30 En Dawid het nie daarvoor durf verskyn om Elohim te soek nie, want hy was verskrik vanweë die swaard van die Boodskapper van JaHWeH. //Dawid maak toebereidsels vir die tempelbou. 1Ch 22:1 EN Dawid het gesê: Dit is die Huis van JaHWeH die Elohim, en dit is die brandoffer-altaar vir JisraEl. 1Ch 22:2 En Dawid het bevel gegee om die besoekers wat in die Aarde van JisraEl was, te versamel, en hy het klipkappers aangestel om gekapte klippe reg te slaan om die Huis van die Elohim te bou. 1Ch 22:3 En Dawid het yster in groot hoeveelheid byeengebring as spykers vir die poortdeure en as kramme, en koper in menigte, onweegbaar; 1Ch 22:4 verder sederblokke, ontelbaar; want die Sidoniërs en die Tiriërs het vir Dawid sederblokke in menigte gebring. 1Ch 22:5 Want Dawid het gesê: My seun Salomo is jonk en teer, en die Huis wat vir JaHWeH gebou moet word, moet buitengewoon groot wees, tot 'n roem en 'n sieraad van al die dele van die Aarde; laat my dan vir hom [die bou] voorberei. Daarom het Dawid voor sy dood groot toebereidsels gemaak. 1Ch 22:6 Daarop het hy sy seun Salomo geroep en hom bevel gegee om 'n Huis vir JaHWeH, die Elohey van JisraEl, te bou. 1Ch 22:7 En Dawid het aan Salomo gesê: My seun, ek self het my voorgeneem om 'n Huis te bou vir die Naam van JaHWeH, my Elohey. 1Ch 22:8 Maar die Woord van JaHWeH het tot my gekom en gesê: Jy het bloed in menigte vergiet en groot oorloë gevoer: jy mag nie vir My Naam 'n Huis bou nie, omdat jy baie bloed op die Aarde voor My Aangesig vergiet het. 1Ch 22:9 Kyk, 'n seun sal vir jou gebore word; hy sal 'n man van rus wees, en Ek sal hom rus verskaf van al sy vyande rondom; want Salomo sal sy naam wees, en Vrede en rus sal Ek oor JisraEl in sy dae gee. 1Ch 22:10 Hy sal vir My Naam 'n Huis bou, en hy sal vir My 'n seun wees, en Ek vir hom 'n Vader; en Ek sal die troon van sy koningskap oor JisraEl bevestig tot in ewigheid. 1Ch 22:11 Nou, my seun, mag JaHWeH met jou wees, dat jy voorspoedig kan wees om die Huis van JaHWeH, jou Elohey te bou soos Hy oor jou gespreek het. 1Ch 22:12 Mag JaHWeH jou net Insig en Verstand gee en jou aanstel oor JisraEl; en dit om die Wet van JaHWeH, jou Elohey te onderhou. 1Ch 22:13 Dan sal jy voorspoedig wees as jy sorgvuldig die Insettinge en Regsprake onderhou wat JaHWeH aan Moshè oor JisraEl beveel het; wees sterk en vol moed, wees nie bevrees en wees nie verskrik nie. 1Ch 22:14 En kyk, deur my moeitevolle arbeid het ek vir die Huis van JaHWeH honderdduisend talente goud en 'n miljoen talente silwer gereed gelê, en die koper en die yster is onweegbaar; want dit is daar in groot hoeveelheid; en hout en klippe het ek in gereedheid gebring; en jy kan daar nog meer byvoeg. 1Ch 22:15 Verder is daar by jou werksmense in menigte: klipkappers en ambagsmanne in klip en hout, en allerhande kunstenaars in allerhande werk. 1Ch 22:16 Wat die goud, die silwer en die koper en die yster betref, dit is ontelbaar. Maak jou klaar en gaan aan die werk, en mag JaHWeH met jou wees! 1Ch 22:17 En Dawid het al die vorste van JisraEl bevel gegee om sy seun Salomo te help, [en gesê]: 1Ch 22:18 Was JaHWeH, julle Elohey nie met julle en het Hy julle nie rondom rus gegee nie? Ja, Hy het die inwoners van die Aarde in my hand gegee, en die Aarde is voor die Aangesig van JaHWeH en voor Sy volk onderwerp. 1Ch 22:19 Rig nou julle hart en julle siel daarop om JaHWeH, julle Elohey te soek, en maak julle gereed en bou die Apartheidsplek van JaHWeH die Elohim, dat julle die Verbondsark van JaHWeH en die apartheidsinstrumente van die Elohim kan bring in die Huis wat vir die Naam van JaHWeH gebou sal word. //Telling van die Leviete en hulle diens in die Tabernakel. 1Ch 23:1 TOE Dawid oud en afgeleef was, het hy sy seun Salomo koning oor JisraEl gemaak. 1Ch 23:2 En hy het al die vorste van JisraEl en die priesters en die Leviete bymekaar laat kom. 1Ch 23:3 En die Leviete is getel, van dertig jaar oud en daarbo, en hulle getal was, krygsman vir krygsman, agt-en-dertig-duisend man. 1Ch 23:4 Van hulle moet vier-en-twintigduisend toesig hou oor die werk in die Huis van JaHWeH en sesduisend opsigters en regters wees; 1Ch 23:5 en vierduisend poortwagters en vierduisend lofsangers tot eer van JaHWeH met die instrumente wat ek, [het Dawid gesê], gemaak het om lof te sing. 1Ch 23:6 En Dawid het hulle verdeel in afdelings volgens die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Merári. 1Ch 23:7 Van die Gersoniete: Láedan en Símeï. 1Ch 23:8 Die seuns van Láedan was: die hoof JehiEl en Setam en JôWEl, drie; 1Ch 23:9 die seuns van Símeï was: Selómit en GàzijEl en Haran, drie; dit was die hoofdelike vader van Láedan. 1Ch 23:10 En die seuns van Símeï was: Jahat, Sina en Jehus en Bería; dit was die vier seuns van Símeï. 1Ch 23:11 En Jahat was die hoof, en Sisa die tweede; maar Jehus en Bería het nie baie kinders gehad nie, sodat hulle saam in een plek in hul vader se huis was. 1Ch 23:12 Die seuns van Kehat was: Amram, Jishar, Hebron en UzziEl, vier. 1Ch 23:13 Die seuns van Amram was Aäron en Moshè. En Aäron is afgeskei om die Apartheid van Aparthede apart te stel, hy en sy seuns, tot in ewigheid, om reukwerk te berei voor die Aangesig van JaHWeH, om Hom te dien en om in Sy Naam tot in ewigheid te seën. 1Ch 23:14 En wat Moshè, die man van die Elohim, betref, sy seuns is by die stam van Levi gereken. 1Ch 23:15 Die seuns van Moshè was Gersom en EliEzer; 1Ch 23:16 die seuns van Gersom: ShebuEl, die hoof. 1Ch 23:17 En die seuns van EliEzer was RegabJaH, die hoof; en EliEzer het nie ander seuns gehad nie, maar die seuns van RegabJaH het buitengewoon vermeerder; 1Ch 23:18 die seuns van Jishar: Selómit, die hoof; 1Ch 23:19 die seuns van Hebron: JeriJaHûW, die hoof, AmarJaH, die tweede, JahaziEl, die derde, en Jekámeam, die vierde; 1Ch 23:20 die seuns van UzziEl: Mika, die hoof, en JishiJaH, die tweede; 1Ch 23:21 die seuns van Merári: Magli en Musi; die seuns van Magli: El-Azar en Kis. 1Ch 23:22 En El-Azar het gesterwe en geen seuns gehad nie, net dogters; en die seuns van Kis, hulle verwante, het hulle geneem. 1Ch 23:23 Die seuns van Musi was Magli en Eder en Jéremot, drie. 1Ch 23:24 Dit was die seuns van Levi volgens die huis van hul vader, die hoofdelike vaders, soos hulle getel is volgens die getal name, hoof vir hoof, wat die dienswerk in die Huis van JaHWeH gedoen het, van twintig jaar oud en daarbo. 1Ch 23:25 Want Dawid het gesê: JaHWeH, die Elohey van JisraEl, het aan Sy volk rus gegee, en Hy woon in Jerusalem tot in ewigheid; 1Ch 23:26 so hoef die Leviete dan ook nie meer die Tabernakel en al sy voorwerpe vir sy diens te dra nie. 1Ch 23:27 (Want volgens die laaste woorde van Dawid was dit die telling van die kinders van Levi: van twintig jaar oud en daarbo.) 1Ch 23:28 Maar hulle plek was langs die seuns van Aäron vir die diens in die Huis van JaHWeH, as opsigters oor die voorhowe en oor die kamers en oor die suiwering van alles van Apartheid en oor die dienswerk in die Huis van die Elohim; 1Ch 23:29 en vir die toonbrode en vir die fynmeel van die spysbydrae en vir die ongesuurde platkoeke en vir die bakplaat en vir die gebakte en vir al die inhoudsmate en lengtemate; 1Ch 23:30 en om môre vir môre te staan om JaHWeH te loof en te prys, en net so saans; 1Ch 23:31 en vir al die opdra van die brandoffers aan JaHWeH op die Sabbatte, op die vernuwings en op die Feestye, in getal volgens die Verordeninge daarvoor, voortdurend voor die Aangesig van JaHWeH. 1Ch 23:32 So moes hulle dan die diens waarneem van die Tent van Samekoms en die diens van die Apartheid en die diens [tot hulp] van die seuns van Aäron, hulle broers, vir die dienswerk in die Huis van JaHWeH. //Dawid verdeel die priesters in vier-en-twintig klasse. 1Ch 24:1 OOK die seuns van Aäron het hulle afdelings gehad. Die seuns van Aäron was Nadab en Abíhu, El-Azar en Itamar. 1Ch 24:2 Maar Nadab en Abíhu het in teenwoordigheid van hulle vader gesterwe, en hulle het geen seuns gehad nie, sodat El-Azar en Itamar die priesteramp bedien het. 1Ch 24:3 En Dawid saam met Sadok, uit die seuns van El-Azar, en Ahiméleg, uit die seuns van Itamar, het hulle volgens hulle amp in hul diens ingedeel. 1Ch 24:4 Maar toe dit blyk dat die seuns van El-Azar talryker was aan krygsmanhoofde as die seuns van Itamar, het hulle dié so ingedeel: vir die seuns van El-Azar sestien hoofde uit die huis van hul vader en vir die seuns van Itamar ooreenkomstig die huis van hulle vader agt. 1Ch 24:5 En hulle het hul deur die lot verdeel, die een sowel as die ander; want daar was apartheidsvorste en vorste van die Elohim uit die seuns van El-Azar en onder die seuns van Itamar. 1Ch 24:6 En ShemaJaH, die seun van NethanEl, die skrywer, uit die Leviete het hulle opgeskrywe in teenwoordigheid van die koning en die vorste en die priester Sadok en Ahiméleg, die seun van Abjatar, en die hoofdelike vaders van die priesters en van die Leviete, een vaderlike huisgesin is geneem vir El-Azar, en [een] vir Itamar. 1Ch 24:7 En die eerste lot het uitgekom vir Jehowjârijb, die tweede vir JedaJaH, 1Ch 24:8 die derde vir Harim, die vierde vir Seórim, 1Ch 24:9 die vyfde vir MalkiJaH, die sesde vir Mijámin, 1Ch 24:10 die sewende vir Hakkos, die agtste vir AbiJaH, 1Ch 24:11 die negende vir Jehshua, die tiende vir ShekanJaHûW, 1Ch 24:12 die elfde vir El-Jashib, die twaalfde vir Jakim, 1Ch 24:13 die dertiende vir Huppa, die veertiende vir Jesébeab, 1Ch 24:14 die vyftiende vir Bilga, die sestiende vir Immer, 1Ch 24:15 die sewentiende vir Hesir, die agttiende vir Happísses, 1Ch 24:16 die negentiende vir PetagJaH, die twintigste vir JeségiEl, 1Ch 24:17 die een-en-twintigste vir Jagin, die twee-en-twintigste Gamul, 1Ch 24:18 die drie-en-twintigste DeláJaHûW, die vier-en-twintigste vir MaäzJaH. 1Ch 24:19 Dit was hulle ampsorde vir hul diens, om in die Huis van JaHWeH te gaan volgens die verordening deur hul vader Aäron aan hulle, soos JaHWeH, die Elohey van JisraEl, hom beveel het. //Hoofde van die kinders van Levi. 1Ch 24:20 WAT die orige seuns van Levi betref, van die seuns van Amram: ShebuEl; van die seuns van Súbael: JégdeJaHûW. 1Ch 24:21 Wat RegabJaHûW betref, van die seuns van RegabJaHûW: JishiJaH, die hoof. 1Ch 24:22 Van die Jishariete: Selómot; van die seuns van Selómot: Jahat. 1Ch 24:23 En die seuns van [Hebron]: JeriJaHûW, [die eerste]; AmarJaHûW, die tweede; JahaziEl, die derde; Jekámeam, die vierde. 1Ch 24:24 Die seuns van UzziEl: Mika; van die seuns van Mika: Samir. 1Ch 24:25 Die broer van Mika was JishiJaH; van die seuns van JishiJaH: ZekarJaHûW. 1Ch 24:26 Die seuns van Merári was Magli en Musi; die seuns van sy seun JaàziJaHuW. 1Ch 24:27 Die seuns van Merári deur sy seun JaàziJaHuW was Soham en Sakkur en Hibri. 1Ch 24:28 Van Magli: El-Azar; dié het geen seuns gehad nie. 1Ch 24:29 Wat Kis betref, die seuns van Kis was JerágmeEl. 1Ch 24:30 En die seuns van Musi was Magli en Eder en Jérimot. Dit was die seuns van die Leviete volgens hulle families. 1Ch 24:31 En hulle het ook die lot gewerp net soos hulle broers, die seuns van Aäron, in teenwoordigheid van koning Dawid en Sadok en Ahiméleg en die hoofdelike vaders van die priesters en van die Leviete: die hoofdelike vader net soos sy jonger broer. //Telling en verdeling van die gewyde sangers. 1Ch 25:1 EN Dawid en die leërowerstes het vir die diens die seuns van Asaf en Heman en Jedútun afgesonder wat op siters en op harpe en op simbale besield gespeel het, en die getal van hulle wat die werk volgens hulle diens gedoen het, was - 1Ch 25:2 van die seuns van Asaf: Sakkur en JôWsef en NethánJaH en AsarElah, die seuns van Asaf; onder leiding van Asaf wat volgens aanwysing van die koning besield gespeel het. 1Ch 25:3 Van Jedútun, die seuns van Jedútun was GhedalJaHûW en Seri en JeshaJaHûW, GashabJaHûW, Símeï en MattithJaHûW, ses, onder leiding van hulle vader Jedútun wat op die siter besield gespeel het by die loof en prys van JaHWeH; 1Ch 25:4 van Heman, die seuns van Heman was BukkiJaHûW, MattánJaH, UzziEl, ShebuEl en Jérimot, HananJaH, Hanáni, EliAthah, Giddálti en Romámti-Eser, Josbekása, Mallóti, Hotir, Mahásiot. 1Ch 25:5 Hulle almal was seuns van Heman, die siener van die koning in die woorde van die Elohim. Om hom te versterk, het die Elohim aan Heman veertien seuns en drie dogters gegee. 1Ch 25:6 Hulle almal was onder leiding van hulle vader by die gesang in die Huis van JaHWeH, met simbale, harpe en siters, vir die diens in die Huis van die Elohim volgens aanwysing van die koning: Asaf en Jedútun en Heman. 1Ch 25:7 En hulle getal saam met hulle broers wat geoefend was in die gesang tot eer van JaHWeH, almal meesters, was tweehonderd-agt-en-tagtig. 1Ch 25:8 En hulle het die lot gewerp vir die reëling van die diens, die kleinste net soos die grootste, die meester saam met die leerling. 1Ch 25:9 En die eerste lot het uitgekom vir Asaf, naamlik vir JôWsef; die tweede vir GhedalJaHûW; hy en sy broers en sy seuns was twaalf; 1Ch 25:10 die derde vir Sakkur; sy seuns en sy broers, twaalf 1Ch 25:11 die vierde vir Jisri; sy seuns en sy broers, twaalf; 1Ch 25:12 die vyfde vir NethánJaHûW; sy seuns en sy broers, twaalf; 1Ch 25:13 die sesde vir BukkiJaHûW; sy seuns en sy broers, twaalf; 1Ch 25:14 die sewende vir JesarElah; sy seuns en sy broers, twaalf; 1Ch 25:15 die agtste vir JeshaJaHûW; sy seuns en sy broers, twaalf; 1Ch 25:16 die negende vir MattánJaH; sy seuns en sy broers, twaalf; 1Ch 25:17 die tiende vir Símeï; sy seuns en sy broers, twaalf; 1Ch 25:18 die elfde vir AzarEl; sy seuns en sy broers, twaalf; 1Ch 25:19 die twaalfde vir GashabJaH; sy seuns en sy broers, twaalf; 1Ch 25:20 die dertiende vir ShebuEl; sy seuns en sy broers, twaalf; 1Ch 25:21 die veertiende vir MattithJaHûW; sy seuns en sy broers, twaalf; 1Ch 25:22 die vyftiende vir Jéremot; sy seuns en sy broers, twaalf; 1Ch 25:23 die sestiende vir GanánJaHûW; sy seuns en sy broers, twaalf; 1Ch 25:24 die sewentiende vir Josbekása; sy seuns en sy broers, twaalf; 1Ch 25:25 die agttiende vir Hanáni; sy seuns en sy broers, twaalf; 1Ch 25:26 die negentiende vir Mallóti; sy seuns en sy broers, twaalf; 1Ch 25:27 die twintigste vir EliAthah; sy seuns en sy broers, twaalf 1Ch 25:28 die een-en-twintigste vir Hotir; sy seuns en sy broers, twaalf; 1Ch 25:29 die twee-en-twintigste vir Giddálti; sy seuns en sy broers, twaalf; 1Ch 25:30 die drie-en-twintigste vir Mahásiot; sy seuns en sy broers, twaalf 1Ch 25:31 die drie-en-twintigste vir Romámti-Eser; sy seuns en sy broers, twaalf. //Verdeling van die tempelwagters. 1Ch 26:1 WAT die afdelings van die poortwagters betref, by die Koragiete het behoort MeshelemJaHûW, die seun van Kore, van die seuns van Ébjasaf. 1Ch 26:2 En MeshelemJaHûW het seuns gehad: ZekarJaHûW, die eersgeborene, JediaEl, die tweede, ZebádJaH, die derde, JathnijEl, die vierde, 1Ch 26:3 Elam, die vyfde, JeHôWganan, die sesde, ElJeHôWeynay, die sewende. 1Ch 26:4 Obed-Edom het ook seuns gehad: ShemaJaH was die eersgeborene, JeHôWzabad die tweede, JôWag die derde en Sagar die vierde en NethanEl die vyfde, 1Ch 26:5 AmmiEl die sesde, Issakar die sewende, Peülletai die agste; want Elohim het hom geseën. 1Ch 26:6 Ook vir sy seun ShemaJaH is seuns gebore wat in hulle familie geheers het, want hulle was dapper dapperes. 1Ch 26:7 Die seuns van ShemaJaH was Otni en Réfael en Obed, El-Zabad; sy broers, flukse manne: EliHûw en SemakJaHuW. 1Ch 26:8 Hulle almal was uit die seuns van Obed-Edom, hulle en hul seuns en hul broers, flukse manne, bekwaam vir die diens; twee-en-sestig van Obed-Edom. 1Ch 26:9 MeshelemJaHûW het ook seuns en broers gehad, flukse manne, agttien. 1Ch 26:10 En Hosa, uit die seuns van Merári, het seuns gehad: Simri was die hoof; wel was hy nie die eersgeborene nie, maar sy vader het hom as hoof aangestel. 1Ch 26:11 GielkiJaHûW was die tweede, TebálJaHûW die derde, ZekarJaHûW die vierde; al die seuns en broers van Hosa was dertien. 1Ch 26:12 Hierdie afdelings van die poortwagters, die krygsmanhoofde, het die wag gehad net soos hulle broers, om te dien in die Huis van JaHWeH. 1Ch 26:13 En hulle het die lot gewerp, klein en groot, volgens hulle families vir elke poort. 1Ch 26:14 En die lot vir die ooste het op ShelemJaHûW geval; ook vir sy seun ZekarJaHûW, wat 'n verstandige raadgewer was, het hulle die lot gewerp; en sy lot het uitgekom vir die noorde; 1Ch 26:15 op Obed-Edom vir die suide; en op sy seuns vir die huis van die voorrade; 1Ch 26:16 op Suppim en op Hosa vir die weste by die poort Salléget aan die grootpad wat opdraand loop, wag naas wag. 1Ch 26:17 Vir die ooste was ses Leviete; vir die noorde daagliks vier; vir die suide daagliks vier; maar by die huis van die voorrade telkens twee. 1Ch 26:18 By die aanbousel, vir die weste, was vier aan die grootpad, twee by die aanbousel. 1Ch 26:19 Dit was die afdelings van die poortwagters van die seuns van die Koragiete en van die seuns van Merári. //Skatbewaarders. 1Ch 26:20 EN van die Leviete, AgiJaH, oor die skatte van die Huis van die Elohim en oor die skatte van die apartgestelde [gawes] was: 1Ch 26:21 die seuns van Láedan, die seuns van die Gersoniet Láedan, die hoof van die vader Láedan, die Gersoniet: JegijEliet; 1Ch 26:22 die seuns van JegijEliet: Setam en JôWEl, sy broer, was oor die skatte van die Huis van JaHWeH. 1Ch 26:23 Wat die Amramiete, die Jishariete, die Hebroniete, die UzziEliete betref, 1Ch 26:24 ShebuEl, die seun van Gersom, die seun van Moshè, was owerste oor die skatte. 1Ch 26:25 En wat sy broers, van EliEzer afkomstig, betref, sy seun was RegabJaHûW, en sy seun JeshaJaHûW, en sy seun JôWram, en sy seun Sigri, en sy seun Selómot. 1Ch 26:26 Hierdie Selómot en sy broers was oor al die skatte van die Aparthede wat koning Dawid en die hoofde van die vaders, [en] die owerstes oor duisend en oor honderd en die leërowerstes, apart gehou het - 1Ch 26:27 van die oorloë en van die buit het hulle dit apart gehou om die Huis van JaHWeH daarmee uit te rus - 1Ch 26:28 ook alles wat die siener ShemuEl toegewy het, en Saul, die seun van Kis, en Abner, die seun van Ner, en JôWab, die seun van Serúja - wie ook al iets apart gehou het, was onder bewaring van Selómot en sy broers. //Leviete wat benoem is as opsigters en regters. 1Ch 26:29 VAN die Jishariete was KenanJaH en sy seuns opsigters en regters oor JisraEl vir die uitwendige sake; 1Ch 26:30 van die Hebroniete het GashabJaHûW en sy broers, dapper manne, duisend-sewehonderd, die toesig gehad oor JisraEl, duskant die Jordaan na die weste toe, vir enige werk van JaHWeH en vir die diens van die koning. 1Ch 26:31 Van die Hebroniete was JeriJaH die hoof- daar is na die Hebroniete volgens die geslagsregister van hulle vaders, 'n ondersoek ingestel in die veertigste jaar van die koningskap van Dawid, en daar is onder hulle dapper dapperes gevind in Jaéser in Gílead - 1Ch 26:32 en sy broers, dapper manne, tweeduisend-sewehonderd hoofde van hul vaders; en koning Dawid het hulle aangestel oor die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van die Manassiete vir enige saak van die Elohim en enige saak van die koning. //Die leër en sy hoofde. 1Ch 27:1 EN dit is die seuns van JisraEl volgens hulle getal, uit hoofde van hul vaders en die owerstes oor duisend en oor honderd en hulle opsigters, wat die koning gedien het in al die sake van die afdelings wat maand tot maand gedurende al die maande van die jaar ingekom en uitgegaan het; elke afdeling was vier-en-twintigduisend: 1Ch 27:2 oor die eerste afdeling vir die eerste maand was Jasóbeam, die seun van ZabdiEl; en by sy afdeling was vier-en-twintigduisend. 1Ch 27:3 Uit die seuns van Peres was hy die hoof van al die leërowerstes vir die eerste maand. 1Ch 27:4 En oor die afdeling vir die tweede maand was Dódai, die Ahohiet; en [oor] sy afdeling was die bevelhebber Miklot; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend. 1Ch 27:5 Die derde leërowerste vir die derde maand was BenáJaHûW, die seun van JeHôWjada, die hoëpriester, en by sy afdeling was vier-en-twintigduisend. 1Ch 27:6 Hierdie BenáJaHûW was 'n dappere van die dertig en oor die dertig, en [oor] sy afdeling was sy seun, Ammísabad. 1Ch 27:7 Die vierde vir die vierde maand was AsaEl, die broer van JôWab, en ná hom sy seun ZebádJaH; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend. 1Ch 27:8 Die vyfde vir die vyfde maand was die owerste Samhut, die Jisragiet; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend. 1Ch 27:9 Die sesde vir die sesde maand was Ira, die seun van Ikkes, die Tekoïet; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend. 1Ch 27:10 Die sewende vir die sewende maand was Heles, die Peloniet, uit die seuns van Efraim; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend. 1Ch 27:11 Die agtste vir die agtste maand was Síbbegai, die Husatiet, van die Sargiete; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend 1Ch 27:12 Die negende vir die negende maand was Abiëser, die Anatotiet, van die Benjaminiete; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend. 1Ch 27:13 Die tiende vir die tiende maand was Mahárai, die Netofatiet, van die Sargiete; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend. 1Ch 27:14 Die elfde vir die elfde maand was BenáJaH, die Pireatoniet, uit die seuns van Efraim; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend. 1Ch 27:15 Die twaalfde vir die twaalfde maand was Héldai, die Netofatiet, van OtniEl afkomstig; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend. //Die hoofde van die twaalf stamme. 1Ch 27:16 EN oor die stamme van JisraEl: bevelhebber oor die Rubeniete was EliEzer, die seun van Sigri; oor die Simeoniete was ShafátJaHûW, die seun van Máäga; 1Ch 27:17 oor die Leviete was GashabJaH, die seun van KemûwEl; oor die Aäroniete, Sadok; 1Ch 27:18 oor JeHûWdah was EliHûw, uit die broers van Dawid; oor Issaskar was Omri, die seun van MikaEl; 1Ch 27:19 oor Sébulon was JismaJaHûW, die seun van ObadJaHûW; oor Náftali was Jérimot, die seun van AzriEl; 1Ch 27:20 oor die seuns van Efraim was Hoséa, die seun van AzazJaHûW; oor die halwe stam van Manasse was JôWEl, die seun van PedahJaHûW; 1Ch 27:21 oor die halwe Manasse in Gílead was Iddo, die seun van ZekarJaHûW; oor Benjamin was JaasiEl, die seun van Abner; 1Ch 27:22 oor Dan was AzarEl, die seun van Jeróham. Dit was die owerstes van die stamme van JisraEl. 1Ch 27:23 Maar Dawid het die getal van die wat twintig jaar oud was en daaronder, nie laat opneem nie; want JaHWeH het gesê dat Hy JisraEl sou vermeerder soos die Sterre aan die Hemele. 1Ch 27:24 JôWab, die seun van Serúja, het begin tel, maar nie voleindig nie, omdat hieroor 'n Woede oor JisraEl gekom het; daarom is die getal nie opgeneem in die optelling in die Kronieke van koning Dawid nie. //Ander beamptes van Dawid. 1Ch 27:25 EN oor die skatte van die koning was Asmáwet, die seun van AdiEl; en oor die skatte in die land, in die stede en in die dorpe en in die torings, was JeHôWnathan, die seun van UzziJaHûW. 1Ch 27:26 En oor die werk van die landerye naamlik die ploeg van die Adamah [die adamiet se Aarde], was Esri, die seun van Kelub. 1Ch 27:27 En oor die wingerde was Símeï, die Ramatiet; en oor wat in die wingerde was aan wynvoorrade, was Sabdi, die Sifmiet. 1Ch 27:28 En oor die olyfbome en die wildevyebome wat in die Laeveld is, was Baäl-Hanan, die Gederiet; en oor die olievoorrade was JôWash. 1Ch 27:29 En oor die beeste wat in Saron gewei het, was Sítrai, die Saroniet; maar oor die beeste in die vlaktes was Safat, die seun van Adlai. 1Ch 27:30 En oor die kamele was Obil, die Jismaeliet; en oor die eselinne was JégdeJaHûW, die Meronotiet. 1Ch 27:31 En oor die kleinvee was Jasis, die Hagriet. Hulle almal was owerstes oor die besittinge van koning Dawid. 1Ch 27:32 En JeHôWnathan, die oom van Dawid, was raadgewer; hy was 'n man van begrip en 'n skrywer; en JehiEl, die seun van Hagmóni, was by die seuns van die koning. 1Ch 27:33 En Agitófel was raadgewer van die koning; en Húsai, die Arkiet, was die vriend van die koning. 1Ch 27:34 En ná Agitófel: JeHôWjada, die seun van BenáJaHûW, en Abjatar; en die leërowerste van die koning was JôWab. //Dawid se laaste bevele aan Salomo omtrent die bou van die Tempel. 1Ch 28:1 TOE het Dawid al die owerstes van JisraEl, die stamowerstes en die owerstes van die afdelings wat in die koning se diens was, en die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd en die owerstes oor al die besittings en vee van die koning en sy seuns, saam met die hofdienaars en die dapperes en elke dapper man in Jerusalem bymekaar laat kom. 1Ch 28:2 En koning Dawid het hom opgerig in staande houding en gesê: Luister na my, my broers en my volk! Ek self het my voorgeneem om 'n Huis van rus vir die Verbondsark van JaHWeH te bou en vir die Voetbank van onse Elohey, en ek het toebereidsels getref vir die bou. [JeshaJaH 66:1; MattithJaHûW 5:35; Handelinge 7:49] 1Ch 28:3 Maar Elohim het aan my gesê: Jy mag vir My Naam nie 'n Huis bou nie, want jy is 'n man van oorloë, en jy het bloed vergiet. 1Ch 28:4 Maar JaHWeH, die Elohey van JisraEl, het my verkies uit my hele familie om vir altyd koning oor JisraEl te wees; want Hy het JeHûWdah as vors verkies, en in die huis van JeHûWdah my familie; en onder die seuns van my vader het Hy in my behae gehad om my koning te maak oor die hele JisraEl. 1Ch 28:5 En uit al my seuns - want JaHWeH het my baie seuns gegee - het Hy my seun Salomo verkies om te sit op die troon van die koningskap van JaHWeH oor JisraEl. 1Ch 28:6 En Hy het aan my gesê: Jou seun Salomo, hy sal My Huis en My voorhowe bou, want Ek het hom vir My as 'n seun verkies, en Ék sal vir hom 'n Vader wees. 1Ch 28:7 En Ek sal sy koningskap bevestig tot in ewigheid as hy getrou My Gebooie en My Regsprake onderhou, soos vandag. 1Ch 28:8 Nou dan, voor die oë van die hele JisraEl, die vergadering van JaHWeH, en voor die Ore van onse Elohey: Onderhou en soek al die Gebooie van JaHWeH julle Elohey, sodat julle hierdie suiwer Aarde kan besit en julle kinders na julle tot in ewigheid kan laat erwe. 1Ch 28:9 En jy, my seun Salomo, ken die Elohey van jou vader en dien Hom met 'n volkome hart en met 'n gewillige siel, want JaHWeH deursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes. As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind; maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verstoot. 1Ch 28:10 Kyk nou, JaHWeH het jou verkies om 'n Huis, vir 'n Apartheidsplek te bou; wees sterk en voer dit uit. 1Ch 28:11 En Dawid het aan sy seun Salomo 'n plan gegee van die voorportaal en die daarby behorende geboue, van sy skatkamers en sy bo-vertrekke en sy binnevertrekke en van die vertrek van die Versoendeksel; 1Ch 28:12 en 'n plan van alles wat by hom in die Gees was: van die voorhowe van die Huis van JaHWeH en van al die kamers rondom en die skatkamers van die Huis van die Elohim en die skatkamers van die apartgestelde [gawes]; 1Ch 28:13 en van die afdelings van die priesters en die Leviete, en van al die dienswerk in die Huis van JaHWeH en al die gereedskappe vir die diens in die Huis van JaHWeH; 1Ch 28:14 aan goud, [het hy gegee], volgens die gewig aan goud vir al die gereedskappe van elke diens; vir al die stukke silwer gereedskap volgens die gewig, vir al die gereedskappe van elke diens; 1Ch 28:15 en die gewig aan goud vir die goue kandelaars en hulle lampe volgens die gewig van elke kandelaar en haar lampe; en vir die silwerkandelaars volgens die gewig van 'n kandelaar en haar lampe, ooreenkomstig die diens van elke kandelaar; 1Ch 28:16 en die goud volgens gewig vir die tafels van die toonbrode, vir elke tafel afsonderlik, en silwer vir die silwertafels; 1Ch 28:17 en vir die drietandvurke en sprinkelflesse en kanne, suiwer goud, en vir die goue drinkbekers volgens die gewig van elke drinkbeker afsonderlik, en vir die silwerbekers volgens die gewig van elke drinkbeker afsonderlik; 1Ch 28:18 en vir die altaar vir soet geur gelouterde goud volgens gewig; en goud vir die struktuur van die wa, die Gérubs, wat [hul Vleuels] moet uitsprei en die Verbondsark van JaHWeH moet beskut. 1Ch 28:19 Al die werk van JaHWeH uit die voorbeeld deur Sy Hand aan my vir die Kennis om die werk vir die struktuur te verrig. 1Ch 28:20 En Dawid het aan sy seun Salomo gesê: Wees sterk en vol moed, en voer dit uit; vrees nie en wees nie verskrik nie, want JaHWeH van die Elohim, my Elohey, sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie, totdat jy al die dienswerk aan die Huis van JaHWeH voltooi het. 1Ch 28:21 En daar is die afdelings van die priesters en die Leviete vir elke diens in die Huis van die Elohim; verder het jy by jou in elke soort werk allerhande kunstenaars, gereed vir elke diens; ook die owerstes en die hele volk vir al jou sake. //Vrywillige skenkings vir die Tempel. 1Ch 29:1 VERDER het koning Dawid aan die hele vergadering gesê: My seun Salomo, die een wat Elohim verkies het, is jonk en teer, en die werk is groot, want nie vir 'n adamiet is die paleis nie, maar vir JaHWeH Elohim. 1Ch 29:2 En uit al my krag het ek gereed gelê vir die Huis van my Elohey: goud vir die goue en silwer vir die silwer- en koper vir die koper-, yster vir die yster- en hout vir die hout[werke]; oniksstene en [stene] om in te lê, swart en veelkleurige stene, en allerhande kosbare stene en marmerstene in menigte. 1Ch 29:3 Bowendien, omdat ek behae het in die Huis van my Elohey, besit ek persoonlik goud en silwer; dit gee ek aan die Huis van my Elohey bo en behalwe alles wat ek vir die Huis van die Apartheid in gereedheid gebring het: 1Ch 29:4 Drieduisend talente goud, uit goud van Ofir, en seweduisend talente gelouterde silwer om daarmee die mure van die geboue oor te trek; 1Ch 29:5 goud vir die goue en silwer vir die silwer [voorwerpe] en vir al die werk van kunstenaarshand. Wie bied hom dan vandag gewillig aan om sy hand te vul [vir 'n aanbieding] aan JaHWeH? 1Ch 29:6 Toe het vrywillig gegee: die familie-owerstes en die stamowerstes van JisraEl en die owerstes oor duisend en oor honderd en ook die owerstes oor die diens van die koning. 1Ch 29:7 En hulle het gegee vir die diens van die Huis van die Elohim: aan goud vyfduisend talente en tienduisend darieke; en aan silwer tienduisend talente; en aan koper agttienduisend talente; en aan yster honderdduisend talente. 1Ch 29:8 En by wie edelgesteentes gevind is, hulle het dit gegee vir die skat van die Huis van JaHWeH onder toesig van JehiEl, die Gersoniet. 1Ch 29:9 En die volk was bly oor hulle gewilligheid, want met 'n volkome hart het hulle vrywillig aan JaHWeH gegee, en ook koning Dawid was baie bly. //Gebed van Dawid. Sy dood. 1Ch 29:10 EN Dawid het JaHWeH geloof voor die oë van die hele vergadering, en Dawid het gesê: U Sy geloofd, JaHWeH, Elohey van ons vader JisraEl van ewigheid tot ewigheid. [Boekrol van Henog 84:2] 1Ch 29:11 Aan U, JaHWeH, kom toe die Grootheid en die Mag en die Glansrykheid en die Roem en die Majesteit, ja, alles in Hemele en op Aarde; aan U, JaHWeH, kom toe die koningskap en die verhewenheid as Hoof oor alles. [Openbaring 7:12] 1Ch 29:12 En die Rykdom en die Eer kom van U, en U heers oor alles; en in U Hand is Krag en Sterkte, en in U Hand is dit om alles groot en sterk te maak. 1Ch 29:13 En nou, onse Elohey, ons loof U, en ons prys U glorieryke Naam. 1Ch 29:14 Want wie is ek tog, en wat is my volk, dat ons in staat sou wees om sulke vrywillige gawes te skenk? Want dit kom alles van U, en uit U Hand het ons dit aan U gegee. 1Ch 29:15 Want ons is besoekers en vreemdelinge voor U Aangesig soos al ons vaders; ons dae op die Aarde is soos 'n skaduwee, en daar is geen verwagting nie. 1Ch 29:16 JaHWeH, onse Elohey, hierdie ganse rykdom wat ons berei het om vir U, vir U Naam van Apartheid, 'n Huis te bou - dit kom uit U Hand en dit behoort alles aan U. 1Ch 29:17 En ek weet, my Elohey, dat U die hart toets en behae het in opregtheid; ek het in die opregtheid van my hart al hierdie dinge vrywillig gegee; en nou het ek met blydskap gesien hoe U volk, hier aanwesig, vrywillig aan U gegee het. 1Ch 29:18 JaHWeH, Elohey van Abraham, Isak en JisraEl, ons vaders, bewaar dit vir ewig, so 'n gesindheid in die gedagtes van die hart van U volk, en rig hulle hart tot U; 1Ch 29:19 en gee aan my seun Salomo 'n volkome hart om U Gebooie, U Getuienisse en U Insettinge te hou, en om alles te doen en om die paleis te bou wat ek voorberei het. 1Ch 29:20 Daarna het Dawid aan die hele vergadering gesê: Loof nou JaHWeH julle Elohey. Toe het die hele vergadering JaHWeH, die Elohey van hulle vaders, geloof; en hulle het gebuig en voor die Aangesig van JaHWeH en voor die koning neergeval. 1Ch 29:21 En hulle het die dag slagdiere geslag aan JaHWeH en brandoffers opgedra aan JaHWeH, die volgende dag: duisend bulle, duisend ramme, duisend lammers, met hulle dranke, en slagdiere in menigte vir die hele JisraEl. 1Ch 29:22 En hulle het dié dag geëet en gedrink voor die Aangesig van JaHWeH met groot blydskap, en Salomo, die seun van Dawid, vir die tweede maal koning gemaak en as vors gesalf vir JaHWeH en Sadok as priester [gesalf]. 1Ch 29:23 So het Salomo dan op die troon van JaHWeH gaan sit as koning in die plek van sy vader Dawid, en hy was voorspoedig; en die hele JisraEl was hom gehoorsaam. 1Ch 29:24 En al die owerstes en die dapperes en selfs al die seuns van koning Dawid het hulle aan koning Salomo onderwerp. 1Ch 29:25 En JaHWeH het Salomo buitengewoon groot gemaak voor die oë van die hele JisraEl, en Hy het 'n koninklike prag en praal op hom gelê wat op geen enkele koning oor JisraEl voor hom gewees het nie. 1Ch 29:26 So was dan Dawid, die seun van Isai, koning oor die hele JisraEl; 1Ch 29:27 en die dae wat hy oor JisraEl regeer het, was veertig jaar; in Hebron het hy sewe jaar regeer, en in Jerusalem het hy drie-en-dertig regeer. 1Ch 29:28 En hy het in goeie ouderdom gesterwe, afgeleef, vol rykdom en eer, en sy seun Salomo het in sy plek koning geword. 1Ch 29:29 En die geskiedenis van koning Dawid, die vroeëre en die latere, kyk, dit is beskrywe in die Geskiedenis van die siener ShemuEl en in die Geskiedenis van die profeet Natan en in die Geskiedenis van die siener Gad 1Ch 29:30 saam met sy hele koningskap en sy heldedade en die tye wat oor hom en oor JisraEl en oor al die koninkryke van die Aarde heengegaan het. 1Ch 30:1 1 Frase na Sanóag, was uitgelaat uit 33-vert, kom wel voor in die Hebreeus. // //Die Tweede Boekrol van die Kronieke // //Salomo bid om Wysheid en verkry Haar. 2Ch 1:1 EN Salomo, die seun van Dawid, het hom versterk in sy koningskap; en JaHWeH, sy Elohey was met hom en het hom uitermate groot gemaak. 2Ch 1:2 En Salomo het met die hele JisraEl gespreek, met die owerstes oor duisend en oor honderd en met die regters en met elke vors in die hele JisraEl, die hoofde van die vaders; 2Ch 1:3 en hulle het gegaan, Salomo en die hele vergadering saam met hom, na die hoogte wat by Gibeon is; want daar was die Tent van Samekoms van die Elohim wat Moshè, die kneg van JaHWeH, in die wildernis gemaak het. 2Ch 1:4 Maar Dawid het die Ark van die Elohim uit Kirjat-Jeárim laat bring na die plek wat Dawid vir haar ingerig het; want hy het vir haar 'n Tent in Jerusalem opgeslaan. 2Ch 1:5 Ook die altaar van koper wat BesalEl, die seun van Uri, die seun van Hur, gemaak het, was daar voor die Tabernakel van JaHWeH; en Salomo en die vergadering het hom besoek. 2Ch 1:6 En Salomo het daar op die altaar van koper wat by die Tent van Samekoms behoort het, voor die Aangesig van JaHWeH 'n duisend brandoffers op hom opgedra. 2Ch 1:7 In dieselfde nag het Elohim aan Salomo verskyn en aan hom gesê: Begeer wat Ek jou moet gee. 2Ch 1:8 En Salomo het tot Elohim gespreek: U het met my vader Dawid groot medelye gehad en my in sy plek koning gemaak. 2Ch 1:9 JaHWeH Elohim, laat U Woord aan my vader Dawid nou bewaarheid word; want U het my koning gemaak oor 'n volk talryk soos die stof van die Aarde. 2Ch 1:10 Gee my nou Wysheid en Kennis, dat ek voor hierdie volk kan uit- en ingaan, want wie kan hierdie groot volk van U regeer? 2Ch 1:11 Toe sê Elohim aan Salomo: Omdat Sy in jou hart gewees het, en jy nie rykdom, skatte en eer en die siel van jou haters of selfs 'n lang lewe begeer het nie, maar Wysheid en Kennis vir jou begeer het om My volk waaroor Ek jou koning gemaak het, te kan regeer - 2Ch 1:12 daarom word dié Wysheid en dié Kennis aan jou gegee. Ek sal jou ook rykdom en skatte en eer gee soos die konings wat voor jou gewees het, nie gehad het nie, en soos ná jou nie sal wees nie. 2Ch 1:13 En Salomo het van die hoogte wat by Gíbeon is, van die Tent van Samekoms af, in Jerusalem aangekom, en hy het oor JisraEl regeer. //Waens en perderuiters van Salomo. 2Ch 1:14 EN Salomo het strydwaens en perderuiters versamel, sodat hy veertienhonderd waens en twaalfduisend perderuiters gehad het; en hy het hulle in die stede vir die waens en by die koning in Jerusalem opgestel. 2Ch 1:15 En die koning het die silwer en die goud in Jerusalem gemaak soos die klippe, en die seders het hy gemaak soos die wildevyebome wat in die Laeveld is, in menigte. 2Ch 1:16 En die uitvoer van perde vir Salomo het plaasgevind uit Egipte en uit Kwé; handelaars van die koning het hulle uit Kwé gaan haal teen koopprys. 2Ch 1:17 En hulle het uit Egipte 'n wa laat optrek en dit uitgevoer vir seshonderd sikkels silwer en 'n perd vir honderd-en-vyftig; en so is dit vir al die konings van die Hetiete en die konings van Aram deur hulle uitgevoer. //Ooreenkoms van Salomo met Huram en ander toebereidsels vir die bou van die Tempel. 2Ch 2:1 EN Salomo het gedink om vir die Naam van JaHWeH 'n Huis te bou en 'n Huis vir sy koningskap. 2Ch 2:2 En Salomo het sewentigduisend lasdraers afgetel en tagtigduisend klipkappers op die gebergte en drieduisend-seshonderd opsigters oor hulle. 2Ch 2:3 Toe laat Salomo Huram, die koning van Tirus, weet: Soos u aan my vader Dawid gedoen het deur aan hom seders te stuur, dat hy vir hom 'n Huis kon bou om in te woon, [doen dit ook aan my]. 2Ch 2:4 Kyk, ek gaan 'n Huis bou vir die Naam van JaHWeH, my Elohey, om hom aan Hom op te dra- om voor Sy Aangesig reukwerk van speserye aan die brand te steek asook die voortdurende toonbrode en die brandoffers smôrens en saans op die Sabbatte en op die vernuwings en op die Feestye van JaHWeH, onse Elohey - Dit is 'n voortdurende [verpligting] op JisraEl. 2Ch 2:5 En die Huis wat ek gaan bou, sal groot wees; want onse Elohey is groter as al die gode. 2Ch 2:6 Maar wie is in staat om vir Hom 'n Huis te bou? Want die Hemele, ja, die hoogste Hemele, kan Hom nie bevat nie. Wie is ek dan, dat ek vir Hom 'n Huis kan bou, behalwe om voor Sy Aangesig reukwerk aan die brand te steek? 2Ch 2:7 Stuur my dan nou 'n kunsvaardige man om goud en silwer en koper en yster en purperrooi en bloedrooi en koningsblou stowwe te bewerk, en wat verstaan om figure uit te sny saam met die kunstenaars wat by my in JeHûWdah en in Jerusalem is, wat my vader Dawid bestel het. 2Ch 2:8 Stuur ook aan my seder-, sipres- en sandelhout van die Líbanon af, want ek weet dat u dienaars verstaan om die hout van die Líbanon te kap; en kyk, my dienaars sal saam met u dienaars wees, 2Ch 2:9 naamlik om hout in menigte vir my gereed te maak, want die Huis wat ek gaan bou, sal groot en wonderbaar wees. 2Ch 2:10 En kyk, ek gee as voedsel aan die houtkappers wat die bome kap, aan u dienaars, twintigduisend kor koring en twintigduisend kor gars en twintigduisend bat wyn en twintigduisend bat olie. 2Ch 2:11 En Huram, die koning van Tirus, het in 'n skrywe gesê wat hy aan Salomo gestuur het: Omdat JaHWeH Sy volk liefhet, het Hy u as koning oor hulle aangestel. 2Ch 2:12 Verder het Huram gesê: Geloofd sy JaHWeH, die Elohey van JisraEl, wat die Hemele en die Aarde gemaak het, wat aan koning Dawid 'n wyse seun gegee het, begaafd met Insig en Verstand, om 'n Huis vir JaHWeH en 'n Huis vir sy koninkryk te bou. 2Ch 2:13 Ek stuur dan nou 'n kunstenaar, begaafd met Verstand, naamlik Huram Abiw, 2Ch 2:14 die seun van 'n vrou uit die dogters van Dan, maar wie se vader 'n man van Tirus is, wat verstaan om goud en silwer, koper, yster, klippe en hout, purperrooi, koningsblou stowwe en fyn linne en bloedrooi stowwe te bewerk; en om allerhande figure uit te sny en om enige kunstige plan uit te dink wat aan hom opgedra word, saam met u kunstenaars en die kunstenaars van my meester, u vader Dawid. 2Ch 2:15 Laat my meester dan nou die koring en die gars, die olie en die wyn wat hy gesê het, aan sy dienaars stuur. 2Ch 2:16 En óns sal bome uit die Líbanon kap net soveel as u nodig het, en ons sal dit vir u as vlotte oor die see na Jafo bring; dan kan ú dit na Jerusalem laat vervoer. 2Ch 2:17 En Salomo het al die besoekers getel wat in die Aarde van JisraEl was, volgens die telling wat sy vader Dawid van hulle gehou het, en dit het geblyk dat daar honderd-drie-en-vyftigduisend-seshonderd was. 2Ch 2:18 En sewentigduisend van hulle het hy lasdraers gemaak en tagtigduisend klipkappers op die gebergte en drieduisend-seshonderd opsigters om die mense te laat werk. //Bou van die Tempel. 2Ch 3:1 EN Salomo het die Huis van JaHWeH begin bou in Jerusalem op die berg MoriJaH waar Hy aan sy vader Dawid verskyn het, op die plek wat Dawid reggemaak het op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet. 2Ch 3:2 En hy het begin bou in die tweede maand, op die tweede [dag], in die vierde jaar van sy regering. 2Ch 3:3 En dit is die grondplan van Salomo vir die bou van die Huis van die Elohim: die lengte, in voorarm volgens die ou maat, sestig voorarm, en die breedte twintig voorarm. 2Ch 3:4 En die voorportaal voor [die Huis] - die lengte daarvan was ooreenkomstig die breedte van die Huis, twintig voorarm en ook die hoogte twintig voorarm; en binnekant het hy dit met suiwer goud oorgetrek. 2Ch 3:5 En die groot vertrek het hy met sipreshout oordek en dit met suiwer goud oorgetrek en daar palmbome en kettings op aangebring. 2Ch 3:6 Verder het hy die Huis met kosbare stene as versiering oorgetrek, en die goud was goud van Parwáim. 2Ch 3:7 Ook het hy die Huis, die balke, die drumpels en die mure en deure daarvan met goud oorgetrek en Gérubs op die mure uitgesny. 2Ch 3:8 Hy het die Huis van die Apartheid van die Aparthede gemaak; die lengte van die aangesig by die breedte van die Huis, was twintig voorarm, en die breedte daarvan twintig voorarm; en hy het hom oorgetrek met suiwer goud, van seshonderd talente. 2Ch 3:9 En die gewig van die spykers was vyftig sikkels aan goud; ook die bo-vertrekke het hy met goud oorgetrek. 2Ch 3:10 Ook het hy in die Huis van die Apartheid van die Aparthede twee Gérubs gemaak, 'n werk van beeldhoukuns, en hulle met goud oorgetrek. 2Ch 3:11 En die Vleuels van die Gérubs, die lengte daarvan was twintig voorarm; die Vleuel van vyf voorarm van die een het geraak aan die muur van die vertrek, terwyl die ander Vleuel van vyf voorarm geraak het aan die Vleuel van die ander Gérub; 2Ch 3:12 en die Vleuel van die ander Gérub van vyf voorarm het geraak aan die muur van die vertrek, en die ander Vleuel van vyf voorarm was vas teen die Vleuel van die ander Gérub. 2Ch 3:13 Hierdie Gérubs het die Vleuels twintig voorarm uitgesprei, en hulle het op hul voete gestaan met hul gesigte na die Huis toe. 2Ch 3:14 En die voorhangsel het hy gemaak van koningsblou en purperrooi en bloedrooi en fyn linne en gérubs op haar aangebring. 2Ch 3:15 Verder het hy twee pilare voor die Huis gemaak; vyf-en-dertig voorarm was die hoogte, met 'n kapiteel wat op die top daarvan was, vyf voorarm [hoog]. 2Ch 3:16 Hy het ook kettings gemaak soos 'n kroonlys en dit op die top van die pilare aangebring; verder het hy honderd granaatjies gemaak en aan die kettings gesit. 2Ch 3:17 En hy het die pilare voor die Tempel opgerig, die een regs en die ander links; en die regter-een het hy genoem Jagin, en die linker-een Boas. //Die altaar van koper vir die brandoffer en ander gereedskap van die Tempel. 2Ch 4:1 VERDER het hy 'n altaar van koper gemaak; twintig voorarm was sy lengte en twintig voorarm sy breedte en tien voorarm sy hoogte. 2Ch 4:2 Hy het ook die bad gemaak van gietwerk; van rand tot rand was tien voorarm, heeltemaal rond; en die hoogte daarvan was vyf voorarm, en 'n lyn van dertig voorarm kon hom rondom omspan. 2Ch 4:3 En daar onderaan het afbeeldings van kolokwinte hom heeltemal rondom omring - tien op 'n voorarm; hulle het die bad rondom omgewe, twee rye kolokwinte, daarmee saam uit een stuk gegiet. 2Ch 4:4 Hy het gestaan op twaalf beeste: drie kyk na die noorde, en drie kyk na die weste, en drie kyk na die suide, en drie kyk na die ooste toe; en die bad was bo-op hulle, en al hulle agterdele binnekant toe. 2Ch 4:5 En die dikte van hom was 'n handbreedte, en sy rand was in die vorm van 'n bekerrand, [soos] 'n lelieblom; wat die inhoud betref, het dit drieduisend bat gehou. 2Ch 4:6 En hy het tien waskomme gemaak en vyf regs en vyf links gesit om in te was; die gereedskap van die brandoffer moes hulle daarin afspoel, maar die bad was vir die priesters om daarin te was. 2Ch 4:7 En hy het die goue kandelaars gemaak, tien, volgens die Reg daarvan, en hulle in die Tempel gesit, vyf regs en vyf links. 2Ch 4:8 Hy het ook tien tafels gemaak en hulle in die Tempel gesit, vyf regs en vyf links; en hy het honderd goue sprinkelflesse gemaak. 2Ch 4:9 Verder het hy die voorhof van die priesters gemaak en die groot voorhof en die deure vir die voorhof en die deure daarvan het hy met koper oorgetrek. 2Ch 4:10 En die bad het hy aan die suidekant opgestel, teen die ooste na die suide toe. 2Ch 4:11 Verder het Huram die potte en die skoppe en die sprinkelflesse gemaak; en Huram het die werk voltooi wat hy vir koning Salomo in die Huis van die Elohim gedoen het: 2Ch 4:12 twee pilare met die bolle en die kapitele op die top van die twee pilare en die twee stukke vlegwerk om die twee bolle van die kapitele wat op die top van die pilare was, te bedek; 2Ch 4:13 en die vierhonderd granaatjies vir die twee stukke vlegwerk, twee rye granaatjies vir elke vlegwerk om die twee bolle van die kapitele bo-op die pilare te oordek. 2Ch 4:14 En hy het die afspoelwaentjies gemaak en die bakke op die afspoelwaentjies gemaak; 2Ch 4:15 en die een bad en die twaalf beeste daaronder; 2Ch 4:16 en die potte en die skoppe en die drietandvurke en al die daarby behorende gereedskap het Huram Abiw vir koning Salomo ten behoewe van die Huis van JaHWeH van gepoleerde koper gemaak. 2Ch 4:17 In die Jordaanstreek waar die Adamah [die adamiet se Aarde] diep was, tussen Sukkot en Seréda, het die koning dit gegiet. 2Ch 4:18 En Salomo het al hierdie voorwerpe in 'n oorgroot menigte gemaak, want die gewig van die koper was onberekenbaar. 2Ch 4:19 En Salomo het al die voorwerpe gemaak wat in die Huis van die Elohim was: die goue altaar en die tafels waar die toonbrode op [moes lê], 2Ch 4:20 en die kandelaars met hulle lampe om volgens Reg voor die binneste vertrek te brand, van fyn goud, 2Ch 4:21 en die blomwerk en die lampe en die snuiters van goud; sy was die suiwerste goud; 2Ch 4:22 en die messe en die sprinkelflesse en die panne en die vuurtange van fyn goud; en wat die ingang van die Huis betref, die binnedeure vir die Apartheid van die Aparthede en die deure van die Huis na die hoofvertrek was van goud. 2Ch 5:1 TOE al die werk gereed was wat Salomo vir die Huis van JaHWeH gedoen het, het Salomo die apartheids[dinge] van sy vader Dawid ingebring, die silwer sowel as die goud, en al die voorwerpe het hy in die skatkamers van die Huis van die Elohim neergesit. //Inwyding van die Tempel. 2Ch 5:2 EN Salomo het die oudstes van JisraEl en al die stamhoofde, die hoofde van die vaders van die kinders van JisraEl, in Jerusalem bymekaar laat kom om die Verbondsark van JaHWeH uit die Stad van Dawid, Sy is Sion, opwaarts te bring. 2Ch 5:3 En al die manne van JisraEl het by die koning saamgekom op die Fees, dit was in die sewende maand. 2Ch 5:4 Toe al die oudstes van JisraEl daar kom, het die Leviete die Ark opgeneem 2Ch 5:5 en die Ark en die Tent van Samekoms met al die voorwerpe van die Apartheid wat in die Tent was, gebring; die Levitiese priesters het haar opwaarts gebring. 2Ch 5:6 En toe koning Salomo en die hele vergadering van JisraEl wat by hom byeen was, voor die Ark staan, het hulle kleinvee en beeste geslag wat vanweë die menigte nie getel of bereken kon word nie. 2Ch 5:7 Verder het die priesters die Verbondsark van JaHWeH na sy plek in die binneste vertrek van die Huis, na die Apartheid van die Aparthede, gebring, onder die Vleuels van die Gérubs in. 2Ch 5:8 Die Gérubs het naamlik die Vleuels uitgesprei gehou oor die plek van die Ark, sodat die Gérubs die Ark en haar draaghoute van bo af bedek het. 2Ch 5:9 En die draaghoute was so lank, dat die punte van die draaghoute, uit die Ark uitgaande, vlak voor die binneste vertrek gesien kon word, maar verder buitentoe was hulle nie sigbaar nie; en dit is daar tot vandag toe. 2Ch 5:10 Daar was niks in die Ark nie as net die twee tafels wat Moshè by Horeb ingesit het, toe JaHWeH 'n Verbond met die kinders van JisraEl gesluit het by hulle uittog uit Egipte. 2Ch 5:11 En toe die priesters uit die Apartheid uitgaan - want al die priesters wat aanwesig was, het hulle afgesonder sonder om die afdelings in aanmerking te neem - 2Ch 5:12 terwyl die Levitiese sangers almal saam, Asaf, Heman, Jedútun met hulle seuns en hulle broers, in linne gekleed, met simbale en harpe en siters oostelik van die altaar staan, en saam met hulle omtrent honderd-en-twintig priesters wat op die trompette blaas; 2Ch 5:13 en toe die trompetblasers en die sangers almal saam eenstemmig begin om JaHWeH te prys en te loof, en net toe hulle die stem verhef met die trompette en met die simbale en met die musiekinstrumente, en met: Loof JaHWeH, want Hy is goed, want Sy Medelye is ewig! - is die Huis, die Huis van JaHWeH, gevul met die Wolkkolom. 2Ch 5:14 En die priesters kon vanweë die Wolkkolom nie staan om diens te doen nie, want die Glansrykheid van JaHWeH het die Huis van die Elohim gevul. //Rede en gebed van Salomo by die inwyding van die Tempel. 2Ch 6:1 TOE het Salomo gesê: JaHWeH het gesê dat Hy in donkerheid wil woon. 2Ch 6:2 Maar ék het vir U 'n woonhuis gebou, en 'n vaste plek vir U om ewig in te bly. 2Ch 6:3 Daarop draai die koning sy aangesig om en seën die hele vergadering van JisraEl, terwyl die hele vergadering van JisraEl staan. 2Ch 6:4 En hy sê: Geloofd Sy JaHWeH, die Elohey van JisraEl, Wie se Hand volbring het wat Sy Mond tot my vader Dawid gespreek en gesê het: 2Ch 6:5 Van die dag af dat Ek My volk uit die Aarde van Egipte uitgelei het, het Ek geen Stad verkies uit al die stamme van JisraEl om 'n Huis te bou, dat My Naam daar sou wees nie; en Ek het geen man verkies om vors oor My volk JisraEl te wees nie. 2Ch 6:6 Maar Ek het Jerusalem verkies, dat My Naam daar sou wees, en Ek het Dawid verkies om oor My volk JisraEl te wees. 2Ch 6:7 Toe dit dan in die hart van my vader Dawid was om 'n Huis te bou vir die Naam van JaHWeH, die Elohey van JisraEl, 2Ch 6:8 het JaHWeH aan my vader Dawid gesê: Dat dit in jou hart was om vir My Naam 'n Huis te bou - daarin het jy suiwer gehandel dat dit in jou hart was. 2Ch 6:9 Alleen maar, jy sal die Huis nie bou nie, maar jou seun wat uit jou lendene sal voortkom, dié sal vir My Naam die Huis bou. 2Ch 6:10 En JaHWeH het Sy Woord vervul wat Hy gespreek het; sodat ek opgestaan het in die plek van my vader Dawid, en ek sit op die troon van JisraEl soos JaHWeH gespreek het; en ek het die Huis gebou vir die Naam van JaHWeH, die Elohey van JisraEl, 2Ch 6:11 en die Ark waarin die Verbond van JaHWeH is, wat Hy met die kinders van JisraEl gesluit het, daar neergesit. 2Ch 6:12 Toe het hy gaan staan voor die altaar van JaHWeH teenoor die hele vergadering van JisraEl en sy handpalms uitgestrek; 2Ch 6:13 want Salomo het 'n koperverhoog gemaak en dit in die middel van die voorhof opgestel; vyf voorarm was sy lengte en vyf voorarm sy breedte en drie voorarm sy hoogte; en hy het daarop gaan staan en neergesink op sy knieë teenoor die hele vergadering van JisraEl en sy handpalms na die Hemele uitgestrek 2Ch 6:14 en gesê: JaHWeH, Elohey van JisraEl, daar is in die Hemele of op die Aarde geen Elohim soos U nie, wat die Verbond hou en Medelye het met U knegte wat voor U Aangesig wandel met hulle hele hart, 2Ch 6:15 wat vir U kneg, my vader Dawid, U belofte aan hom gehou het; ja, met U Mond het U dit gespreek en met U Hand volbring soos dit vandag is. 2Ch 6:16 Hou nou ook, JaHWeH, Elohey van JisraEl, die belofte wat U aan U kneg, my vader Dawid, gedoen het, naamlik: Daar sal vir jou nooit 'n man voor My Aangesig ontbreek wat sal sit op die troon van JisraEl nie, as jou seuns net op hulle weg ag gee, deur te wandel in My Wet soos jy voor My Aangesig gewandel het. 2Ch 6:17 Laat dan nou, JaHWeH, Elohey van JisraEl, U Woord tog bewaarheid word wat U tot U kneg Dawid gespreek het. 2Ch 6:18 Maar sou Elohim werklik by die adamiet op die Aarde woon? Die Hemele, ja, die hoogste Hemele kan U nie bevat nie, hoeveel minder hierdie Huis wat ek gebou het! 2Ch 6:19 Wend U dan tot die gebed van U kneg en tot sy smeking, JaHWeH, my Elohey, deur te luister na die geroep en die gebed wat U kneg voor U Aangesig bid; 2Ch 6:20 sodat U Oë oop mag wees dag en nag oor hierdie Huis, oor die plek waar U van gesê het dat U U Naam daar wil vestig, sodat U mag luister na die gebed wat U kneg na hierdie plek toe sal bid. 2Ch 6:21 Luister dan na die smekinge van U kneg en van U volk JisraEl wat hulle na hierdie plek toe sal bid; ja, mag U hoor uit U woonplek, uit die Hemele; en as U hoor, vergewe dan. 2Ch 6:22 As iemand teen sy naaste oortree en hulle hom 'n eed oplê om hom tot selfvervloeking te bring en hy voor U altaar in hierdie Huis kom sweer, 2Ch 6:23 wil U dan hoor uit die Hemele en handel en aan U knegte Reg verskaf deur die besoedelde te vergelde en sy wandel op sy hoof te lê, en die regverdige regverdig te verklaar deur hom te gee na sy Geregtigheid. 2Ch 6:24 En as U volk JisraEl verslaan word voor 'n vyand, omdat hulle teen U oortree het, en hulle hul bekeer en U Naam bely en bid en smeek voor U Aangesig in hierdie Huis, 2Ch 6:25 wil U dan hoor uit die Hemele en die oortredinge van U volk JisraEl vergewe en hulle terugbring na die Adamah[die adamiet se Aarde] wat U aan hulle en hulle vaders gegee het. 2Ch 6:26 As die Hemele toegesluit is, dat daar geen reën is nie, omdat hulle teen U oortree het, maar hulle na hierdie plek toe bid en U Naam bely, van hulle oortredinge hul bekeer, omdat U hulle verootmoedig, 2Ch 6:27 wil U dan hoor in die Hemele en die oortredinge van U knegte en van U volk JisraEl vergewe - want U leer hulle die suiwer Weg waar hulle in haar moet wandel - en gee reën op U Aarde wat U aan U volk as 'n erfenis gegee het. 2Ch 6:28 As daar hongersnood in die Aarde is, as daar pes is, as daar brandkoring of heuningdou, sprinkane of kaalvreters is, as sy vyande hom in sy Aarde vol stede dit benoud maak, watter plaag of watter siekte ook al, 2Ch 6:29 enige gebed, enige smeking wat enige adamiet of U hele volk JisraEl sal doen, as elkeen sy plaag en sy smart ken, sodat hy sy handpalms na hierdie Huis toe uitstrek - 2Ch 6:30 wil U dan hoor uit die Hemele, U vaste woonplek, en vergewe en aan elkeen gee volgens al sy weë, U wat sy hart ken - want U alleen ken die hart van die seuns van adamiete - 2Ch 6:31 sodat hulle U kan vrees om te wandel in U Weë al die dae wat hulle leef op die aangesig van die Adamah[die adamiet se Aarde] wat U aan ons vaders gegee het. 2Ch 6:32 Ja, ook na die uitlander wat nie uit U volk JisraEl is nie en uit 'n ver deel van die Aarde kom om U grote Naam en U Sterke Hand en U Uitgestrekte Arm ontwil, as hulle kom en na hierdie Huis toe bid, 2Ch 6:33 wil U dan hoor uit die Hemele, uit U vaste woonplek, en doen volgens alles waaroor die uitlander U sal aanroep, sodat al die volke van die Aarde U Naam mag ken en U Vrees soos U volk JisraEl, en mag gewaar word dat U Naam uitgeroep is oor hierdie Huis wat ek gebou het. 2Ch 6:34 As U volk uittrek in die oorlog teen sy vyande op die pad waarop U hulle stuur, en hulle bid tot U in die rigting van hierdie Stad wat U verkies het, en van die Huis wat ek vir U Naam gebou het, 2Ch 6:35 wil dan uit die Hemele hulle gebed hoor en hulle smeking, en [aan hulle] hul Reg verskaf. 2Ch 6:36 As hulle teen U oortree - want daar is geen adamiet wat nie oortree nie en U op hulle toornig is en hulle aan 'n vyand oorgee en hulle veroweraars hulle as gevangenes wegvoer na 'n Aarde, ver of naby, 2Ch 6:37 en hulle dit ter harte neem in die Aarde waarheen hulle as gevangenes weggevoer is, en hulle hul bekeer en U smeek in die Aarde van hulle gevangenskap en sê: Ons het oortree, ons het verkeerd gehandel, en ons was besoedel - 2Ch 6:38 en hulle hul tot U bekeer met hul hele hart en met hul hele siel in die Aarde van hul gevangenskap, van die wat hulle weggevoer het, en hulle bid in die rigting van hulle Aarde wat U aan hulle vaders gegee het, en van die Stad wat U verkies het, en van die Huis wat ek vir U Naam gebou het, 2Ch 6:39 wil dan uit die Hemele, uit U vaste woonplek hulle gebed en hulle smekinge hoor en [aan hulle] hul Reg verskaf en U volk vergewe wat hulle teen U oortree het. 2Ch 6:40 My Elohey, mag U Oë tog nou oop wees en U Ore luister na die gebed van hierdie plek. 2Ch 6:41 Staan dan nou op na U rusplek, JaHWeH Elohim, U en die Ark van U sterkte! Laat U priesters, JaHWeH Elohim, met Verlossing bekleed wees, en laat U gunsgenote hulle verheug in suiwerheid. 2Ch 6:42 JaHWeH Elohim, wys U gesalfde nie af nie; dink aan die Medelye van U kneg Dawid! //Die Tempel van Elohim gevul met sy Glansrykheid. Slagdiere en plegtighede. Die Fees van die Takskuilings. 2Ch 7:1 EN net toe Salomo sy gebed voleindig het, het die vuur uit die Hemele neergedaal en die brandoffer en die slagdiere verteer, en die Glansrykheid van JaHWeH het die Huis gevul; 2Ch 7:2 en die priesters kon nie in die Huis van JaHWeH ingaan nie, want die Glansrykheid van JaHWeH het die Huis van JaHWeH gevul. 2Ch 7:3 En toe al die kinders van JisraEl sien hoe die Vuur en die Glansrykheid van JaHWeH op die Huis neerdaal, het hulle gekniel met die aangesig na die Aarde toe, op die plaveisel, en neergeval en JaHWeH geprys dat Hy goed is, dat Sy Medelye vir ewig is. 2Ch 7:4 En die koning en die hele volk was besig om slagdiere te slag voor die Aangesig van JaHWeH. 2Ch 7:5 Koning Salomo het naamlik die slagdiere van twee-en-twintigduisend beeste en honderd-en-twintigduisend stuks kleinvee geslag; en die koning en die hele volk het die Huis van die Elohim ingewy, 2Ch 7:6 terwyl die priesters op hulle poste gestaan het, ook die Leviete met die musiekinstrumente van JaHWeH, wat koning Dawid gemaak het, om JaHWeH te loof dat Sy Medelye vir ewig is, met die loflied van Dawid wat deur hulle voorgedra is. Intussen het die priesters teenoor hulle op die trompette geblaas, en die hele JisraEl het gestaan. 2Ch 7:7 En Salomo het die middel van die voorhof apart gestel wat voor die Huis van JaHWeH was; want daar het hy die brandoffers en die vet van die vergoeding berei, omdat die altaar van koper wat Salomo gemaak het, die brandoffer en die spysbydrae en die vetstukke nie kon bevat nie. 2Ch 7:8 So het Salomo dan in dié tyd die Fees gehou, sewe dae lank, en die hele JisraEl saam met hom, 'n baie groot vergadering, van die ingang na Hamat tot by die spruit van Egipte. 2Ch 7:9 En op die agtste dag het hulle 'n Feestyd gehou, want die inwyding van die altaar het hulle sewe dae lank gevier en die Fees sewe dae lank. 2Ch 7:10 En op die drie-en-twintigste dag vanaf die sewende maand het hy die volk na hul tente laat gaan, verheug en vrolik van hart oor die suiwerheid wat JaHWeH aan Dawid en aan Salomo en aan Sy volk JisraEl bewerk het. 2Ch 7:11 En toe Salomo die Huis van JaHWeH en die Huis van die koning voltooi het, en alles wat in Salomo se hart gekom het om in die Huis van JaHWeH en in sy Huis te maak, voorspoedig uitgevoer het, 2Ch 7:12 verskyn JaHWeH in die nag aan Salomo en sê vir hom: Ek het jou gebed gehoor en hierdie plek vir My as 'n Huis vir slag verkies. 2Ch 7:13 As Ek die Hemele toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die Aarde af te eet, of as Ek pes onder My volk stuur, 2Ch 7:14 en My volk, oor wie My Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en My Aangesig soek en hulle bekeer van hul besoedelde weë, dan sal Ék uit die Hemele hoor en hulle oortredinge vergewe en hulle Aarde genees. 2Ch 7:15 Nou sal My Oë oop wees en My Ore luister na die gebed van hierdie plek. 2Ch 7:16 So het Ek dan nou hierdie Huis verkies en afgesonder, dat My Naam daar kan wees tot in ewigheid, en My Oë en My hart sal altyd daar wees. 2Ch 7:17 En wat jou betref, as jy wandel voor My Aangesig soos jou vader Dawid gewandel het, deur naamlik te doen net soos Ek jou beveel het, en My Insettinge en My Regsprake onderhou, 2Ch 7:18 dan sal Ek die troon van jou koningskap bevestig, soos Ek dit jou vader Dawid beloof het deur te sê: Daar sal vir jou nooit 'n man ontbreek wat in JisraEl sal heers nie. 2Ch 7:19 Maar as júlle afkerig word en My Insettinge en My Gebooie wat Ek julle voorgehou het, verlaat en gode van andere gaan dien en julle voor hulle neerbuig, 2Ch 7:20 dan sal Ek hulle uitruk uit My Adamah[die adamiet se Aarde] wat Ek aan hulle gegee het, en hierdie Huis wat Ek vir My Naam afgesonder het, sal Ek van My Aangesig wegwerp en daarvan 'n spreekwoord en 'n spotlied maak onder al die volke. 2Ch 7:21 En hierdie Huis wat so hoog was - elkeen wat daarlangs verbygaan, sal verstom staan en vra: Waarom het JaHWeH so gedoen met hierdie Aarde en met hierdie Huis? 2Ch 7:22 Dan sal hulle sê: Omdat hulle JaHWeH, die Elohey van hulle vaders, verlaat het wat hulle uit die Aarde van Egipte uitgelei het, en hulle versterk in gode van andere en voor hulle neergebuig en hulle gedien het, daarom het Hy al hierdie rampe oor hulle gebring. //Ander bouwerke van Salomo. Sy handel. 2Ch 8:1 EN aan die einde van twintig jaar waarin Salomo die Huis van JaHWeH en sy Huis gebou het, 2Ch 8:2 het Salomo die stede opgebou wat Huram aan Salomo gegee het, en die kinders van JisraEl daar laat woon. 2Ch 8:3 Daarna het Salomo na Hamat-Soba getrek en haar oorweldig. 2Ch 8:4 En hy het Tadmor in die wildernis opgebou, en al die voorraadstede wat hy in Hamat gebou het. 2Ch 8:5 Verder het hy Bet-Horon-Bo en Bet-Horon-Onder as vestingstede opgebou met mure, poorte en grendels. 2Ch 8:6 Ook Báälat en al die voorraadstede wat Salomo gehad het, en al die stede vir die strydwaens en die stede vir die perderuiters en alles wat Salomo graag wou gebou het in Jerusalem en in die Líbanon en in die hele Aarde van sy heerskappy. 2Ch 8:7 Al die mense wat oorgebly het van die Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete, wat nie uit JisraEl was nie - 2Ch 8:8 van hulle kinders wat ná hulle oorgebly het in die Aarde, wat die kinders van JisraEl nie uitgeroei het nie, dié het Salomo laat opkom vir dwangarbeid, tot vandag toe. 2Ch 8:9 Maar van die kinders van JisraEl het Salomo geen slawe gemaak vir sy diens nie, maar hulle was krygsmanne en owerstes van sy beste vegsmanne en owerstes van sy strydwaens en sy perderuiters. 2Ch 8:10 En dit was die hoofopsigters van koning Salomo, tweehonderd-en-vyftig wat oor die manne bevel gevoer het. 2Ch 8:11 En Salomo het die dogter van Farao uit die Stad van Dawid gebring na die huis wat hy vir haar gebou het; want hy het gesê: Geen vrou van my mag woon in die huis van Dawid, die koning van JisraEl, nie; want Apartheid is hy, omdat die Ark van JaHWeH in hom gekom het. 2Ch 8:12 Toe het Salomo brandoffers aan JaHWeH gebring op die altaar van JaHWeH wat hy voor die voorportaal gebou het. 2Ch 8:13 Daarop moes hulle na die eis van elke dag opgaan volgens die bevel van Moshè, op die Sabbatte en op die vernuwings en op die Feestye, drie maal in die jaar - op die Fees van die Ongesuurde Brode en op die Fees van die Weke en op die Fees van die Takskuilings. 2Ch 8:14 Ook het hy volgens die Regspraak van sy vader Dawid vir die afdelings van die priesters hulle dienswerk vasgestel; en vir die Leviete hulle ampspligte, om [Elohim] te prys en te dien voor die priesters na die eis van elke dag; en vir die poortwagters volgens hulle afdelings vir elke poort; want so was die gebod van Dawid, die man van die Elohim. 2Ch 8:15 En hulle het in geen enkele opsig afgewyk van die bevele van die koning oor die priesters en die Leviete en ten opsigte van die skatkamers nie. 2Ch 8:16 So het dan al die werk van Salomo tot stand gekom van die dag af dat die Huis van JaHWeH gegrondves is tot sy voltooiing toe: die Huis van JaHWeH was voltooi. 2Ch 8:17 Toe het Salomo na Éseon-Geber getrek en na Elat, aan die seekus in die Aarde van Edom. 2Ch 8:18 En Huram het aan hom deur sy dienaars skepe gestuur en dienaars wat die see ken; en hulle het saam met Salomo se dienaars in Ofir aangekom, en daarvandaan vierhonderd-en-vyftig talente goud gaan haal en na koning Salomo gebring. //Die koningin van Skeba kom Salomo besoek. 2Ch 9:1 EN toe die koningin van Skeba die gerug van Salomo hoor, het sy, ten einde Salomo in Jerusalem met raaisels op die proef te stel, gekom met 'n baie groot trek en kamele wat speserye en goud in menigte en edelgesteentes dra; en toe sy by Salomo inkom, het sy met hom gespreek oor alles wat in haar hart was. 2Ch 9:2 En Salomo het haar al haar woorde verklaar; en geen woord was vir Salomo te diepsinnig om vir haar te verklaar nie. 2Ch 9:3 Toe die koningin van Skeba dan die Wysheid van Salomo sien en die huis wat hy gebou het, 2Ch 9:4 en die voedsel van sy tafel, en hoe sy dienaars sit en sy bediendes staan, en hulle klere en sy dranke, en sy trap waarmee hy opklim na die Huis van JaHWeH, was daar in haar geen gees meer nie. 2Ch 9:5 Daarop sê sy aan die koning: Die woord was Waarheid wat ek in my eie deel van die Aarde gehoor het oor u sake en oor u Wysheid. 2Ch 9:6 En ek het hulle woorde nie geglo nie, totdat ek gekom en my oë gesien het; en kyk, die helfte van u buitengewone wysheid is my nie meegedeel nie; u oortref die gerug wat ek gehoor het. 2Ch 9:7 Geseënd is u manne, en geseënd hierdie dienaars van u wat voort-durend voor u staan en u wysheid hoor! 2Ch 9:8 Geloofd sy JaHWeH u Elohey wat behae in u gehad het om u op Sy troon as koning vir JaHWeH u Elohey te laat sit! Omdat u Elohey vir JisraEl liefhet om dit vir ewig in stand te hou, het Hy u as koning oor hulle aangestel om Reg en Geregtigheid te doen. 2Ch 9:9 Verder het sy aan die koning honderd-en-twintig talente goud en 'n groot menigte speserye en edelgesteentes gegee; en daar was nooit soveel speserye as wat die koningin van Skeba aan koning Salomo gegee het nie. 2Ch 9:10 Maar ook die dienaars van Huram en die dienaars van Salomo wat goud uit Ofir gebring het, het sandelhout en edelgesteentes aangevoer. 2Ch 9:11 En die koning het van die sandelhout trappe vir die Huis van JaHWeH en vir die huis van die koning gemaak, en siters en harpe vir die sangers; en die gelyke daarvan is tevore in die Aarde van JeHûWdah nie gesien nie. //Rykdom, prag en eer van Salomo. 2Ch 9:12 EN koning Salomo het aan die koningin van Skeba al haar begeerte gegee, wat sy maar gevra het, bo wat sy na die koning gebring het. Daarop het sy teruggekeer en na haar Aarde getrek, sy en haar dienaars. 2Ch 9:13 En die gewig van Salomo se inkomste aan goud in een jaar was seshonderd-ses-en-sestig talente goud; 2Ch 9:14 behalwe wat ingekom het van die koopmans wat rondtrek, en van die handelaars, terwyl ook al die konings van Arabië en die goewerneurs van die Aarde vir Salomo goud en silwer ingebring het. 2Ch 9:15 En koning Salomo het tweehonderd groot skilde van geslae goud gemaak; seshonderd [sikkels] geslae goud het hy op elke groot skild gebruik; 2Ch 9:16 en driehonderd klein skilde van geslae goud; driehonderd sikkels goud het hy op elke klein skild gebruik; en die koning het dit in die huis van die Líbanon-bos gesit. 2Ch 9:17 Verder het die koning 'n groot troon van ivoor gemaak en hom met suiwer goud oorgetrek. 2Ch 9:18 En die troon het ses trappe gehad met 'n voetbank van goud, aan die troon bevestig; en leunings aan weerskante by die sitplek, terwyl twee leeus langs die leunings staan. 2Ch 9:19 Daarby het twaalf leeus daar op die ses trappe aan weerskante gestaan: so iets is nooit vir enige koninkryk gemaak nie. 2Ch 9:20 En die hele drinkservies van koning Salomo was van goud, en al die voorwerpe van die huis van die Líbanon-bos van fyn goud; silwer is in die dae van Salomo as niks gereken nie. 2Ch 9:21 Want die koning het skepe gehad wat na Tarsis gevaar het saam met die dienaars van Huram; een maal in drie jaar het die Tarsis-skepe ingekom, gelaai met goud en silwer, ivoor en ape en poue. 2Ch 9:22 So het koning Salomo dan groter geword as al die konings van die Aarde in Rykdom en Wysheid. 2Ch 9:23 En al die konings van die Aarde het die aangesig van Salomo gesoek om sy wysheid te hoor wat die Elohim in sy hart gegee het, 2Ch 9:24 terwyl elkeen van hulle sy geskenk saamgebring het: silwervoorwerpe en goue voorwerpe en klere, wapens en speserye, perde en muile, jaar vir jaar. 2Ch 9:25 Verder het Salomo vierduisend perdekrippe gehad en strydwaens en twaalfduisend ruiters, en hy het dit in die stede vir die waens en by die koning in Jerusalem opgestel. 2Ch 9:26 En hy was vors oor al die konings van die Eufraat af tot by die Aarde van die Filistyne en tot by die grens van Egipte. 2Ch 9:27 Verder het die koning die silwer in Jerusalem gemaak soos klippe en die seders gemaak soos die wildevyebome wat in die Laeveld is, in menigte. 2Ch 9:28 En hulle het vir Salomo perde uit Egipte en uit die hele Aarde gebring. //Dood van Salomo. 2Ch 9:29 EN die verdere geskiedenis van Salomo, die vroeëre sowel as die latere, is dit nie beskrywe nie in die Geskiedenis van die profeet Natan en in die Profesie van AgiJaH, die Siloniet, en in die Gesigte van die siener Jedi oor Jeróbeam, die seun van Nebat? 2Ch 9:30 En Salomo het in Jerusalem oor die hele JisraEl veertig jaar regeer. 2Ch 9:31 Daarna het Salomo met sy vaders ontslaap en is begrawe in die Stad van sy vader Dawid; en sy seun Rehábeam het in sy plek koning geword. //Skeuring van die Ryk: Rehábeam koning van JeHûWdah, Jeróbeam koning van JisraEl. 2Ch 10:1 EN Rehábeam het na Sigem gegaan, want die hele JisraEl het na Sigem gekom om hom koning te maak. 2Ch 10:2 En net toe Jeróbeam, die seun van Nebat, dit hoor - hy was in Egipte waarheen hy vir koning Salomo weggevlug het - het Jeróbeam uit Egipte teruggekom. 2Ch 10:3 En hulle het gestuur en hom laat roep. Toe kom Jeróbeam met die hele JisraEl, en hulle het Rehábeam toegespreek en gesê: 2Ch 10:4 U vader het ons juk hard gemaak; maak u dan nou die harde diens van u vader en sy swaar juk wat hy ons opgelê het, ligter; dan sal ons u dien. 2Ch 10:5 En hy sê vir hulle: Kom oor drie dae na my terug. En die volk het gegaan. 2Ch 10:6 Daarop hou koning Rehábeam raad met die oudstes wat voor sy vader Salomo gedurende sy lewe gestaan het, en hy vra: Wat raai u aan om hierdie volk te antwoord? 2Ch 10:7 En hulle het met hom gespreek en gesê: As u vir hierdie volk goed is en hulle behaag en hulle met suiwer woorde toespreek, sal hulle altyd u dienaars wees. 2Ch 10:8 Maar hy het die raad van die oudstes wat hulle hom gegee het, in die wind geslaan en raad gehou met die jongmanne wat saam met hom grootgeword en in sy diens gestaan het. 2Ch 10:9 En hy vra hulle: Wat raai julle aan dat ons hierdie volk sal antwoord wat my toegespreek en gesê het: Maak die juk wat u vader ons opgelê het, ligter? 2Ch 10:10 En die jongmanne wat saam met hom grootgeword het, antwoord hom en sê: Só moet u die volk antwoord wat met u gespreek en gesê het: U vader het ons juk swaar gemaak, maar maak u dit ligter oor ons - só moet u hulle antwoord: My pinkie is dikker as my vader se lendene. 2Ch 10:11 Het my vader dan nou 'n swaar juk op julle gelaai - ék sal by julle juk nog byvoeg; het my vader julle met die sweep getugtig - ék [sal julle] met gésels [tugtig]. 2Ch 10:12 Toe Jeróbeam en die hele volk dan op die derde dag by Rehábeam kom soos die koning gespreek en gesê het: Kom na my terug op die derde dag - 2Ch 10:13 het die koning hulle 'n harde antwoord gegee; koning Rehábeam het die raad van die oudstes in die wind geslaan 2Ch 10:14 en met hulle gespreek volgens die raad van die jongmanne en gesê: Het my vader julle juk swaar gemaak - ék sal daar nog byvoeg; het my vader julle met die sweep getugtig - ék [sal julle] met gesels [tugtig]. 2Ch 10:15 So het die koning dan nie na die volk geluister nie, want dit was 'n beskikking van die Elohim, sodat JaHWeH Sy Woord sou vervul wat Hy gespreek het deur die diens van AgiJaHûW, die Siloniet, tot Jeróbeam, die seun van Nebat. 2Ch 10:16 Toe die hele JisraEl sien dat die koning nie na hulle luister nie, het die volk die koning geantwoord en gesê: Watter aandeel het ons aan Dawid? En daar is geen erfdeel aan die seun van Isai nie! Elkeen na sy tente toe, JisraEl! Sorg vir jou eie huis, Dawid! Daarop het die hele JisraEl na sy tente gegaan. 2Ch 10:17 Maar oor die kinders van JisraEl wat in die stede van JeHûWdah gewoon het, oor hulle was Rehábeam koning. 2Ch 10:18 Toe stuur koning Rehábeam Hadóram wat oor die dwangarbeid was, maar die kinders van JisraEl het hom gestenig, sodat hy gesterf het, en koning Rehábeam het hom geweer om op 'n wa te klim, om na Jerusalem te vlug. 2Ch 10:19 So het die JisraEliete dan afvallig geword van die huis van Dawid tot vandag toe. 2Ch 11:1 EN toe Rehábeam in Jerusalem kom, het hy die huis van JeHûWdah en Benjamin, honderd-en-tagtigduisend krygshaftige jongmanne, byeen laat kom om teen JisraEl oorlog te voer, om die koningskap vir Rehábeam terug te win. 2Ch 11:2 Maar die Woord van JaHWeH het tot ShemaJaHûW, die man van die Elohim, gekom en gesê: 2Ch 11:3 Spreek met Rehábeam, die seun van Salomo, die koning van JeHûWdah, en met die hele JisraEl in JeHûWdah en in Benjamin, en sê: 2Ch 11:4 So spreek JaHWeH: Julle mag nie optrek en teen julle broers oorlog voer nie; julle moet omdraai, elkeen na sy huis, want van My het hierdie saak gekom. Hulle het toe geluister na die Woord van JaHWeH en omgedraai sonder om teen Jeróbeam op te trek. //Rehábeam versterk sy ryk. Sy huisgesin. 2Ch 11:5 EN Rehábeam het in Jerusalem gewoon en stede as vestings opgebou in JeHûWdah. 2Ch 11:6 Hy het naamlik Betlehem opgebou, en Etam en Tekóa; 2Ch 11:7 en Bet-Sur en Sogo en Adúllam; 2Ch 11:8 en Gat en Marésa en Sif; 2Ch 11:9 en Adoráim en Lagis en Aséka; 2Ch 11:10 en Sorea en Ajalon en Hebron, versterkte stede in JeHûWdah en in Benjamin. 2Ch 11:11 En hy het die vestings versterk en daarin bevelhebbers aangestel met voorrade voedsel en olie en wyn, 2Ch 11:12 en in elkeen van die stede groot skilde en spiese; en hy het hulle uitermate versterk; en JeHûWdah en Benjamin het aan hom behoort. 2Ch 11:13 En die priesters en die Leviete wat in die hele JisraEl was, het uit hulle hele grondgebied by hom gestaan. 2Ch 11:14 Want die Leviete het hulle weiveld en hulle besitting verlaat en na JeHûWdah en Jerusalem getrek; want Jeróbeam en sy seuns het hulle verwerp, sodat hulle geen priesters van JaHWeH meer kon wees nie. 2Ch 11:15 En hy het vir hom priesters aangestel vir die Hoogtes en die bok-demone en die kalwers wat hy gemaak het. 2Ch 11:16 En agter hulle aan het uit al die stamme van JisraEl die wat hulle hart daarop gerig het om JaHWeH, die Elohey van JisraEl, te soek, na Jerusalem gekom om aan JaHWeH, die Elohey van hulle vaders, te slag; 2Ch 11:17 en hulle het die koninkryk van JeHûWdah versterk en Rehábeam, die seun van Salomo, drie jaar lank bemoedig; want drie jaar lank het hulle in die weg van Dawid en van Salomo gewandel. 2Ch 11:18 En Rehábeam het Maglat, die dogter van Jérimot, die seun van Dawid, [en] van Abíhail, die dogter van EliAb, die seun van Isai, vir hom as vrou geneem. 2Ch 11:19 En sy het vir hom seuns gebaar: Jehus en SemarJaH en Saham. 2Ch 11:20 En ná haar het hy Máäga, die dogter van Absalom, geneem, en sy het vir hom AbiJaH en Attai en Sisa en Sélomit gebaar. 2Ch 11:21 En Rehábeam het Máäga, die dogter van Absalom, liewer gehad as al sy vroue en sy byvroue; hy het naamlik agttien vroue geneem en sestig byvroue; en hy het die vader van agt-en-twintig seuns en sestig dogters geword. 2Ch 11:22 En Rehábeam het AbiJaH, die seun van Máäga, as hoof, as vors onder sy broers aangestel; want hy wou hom koning maak. 2Ch 11:23 En hy het verstandig gehandel en van al sy seuns versprei in die Aarde van JeHûWdah en Benjamin, in al die versterkte stede, en aan hulle voedsel in oorvloed gegee en 'n menigte vroue vir hulle gevra. //Rehábeam se ontrou teenoor Elohim word gestraf deur 'n aanval van Sisak, die koning van Egipte. 2Ch 12:1 EN toe Rehábeam die koningskap bevestig het en hy sterk was, het hy die Wet van JaHWeH verlaat, en die hele JisraEl saam met hom. 2Ch 12:2 Toe het Sisak, die koning van Egipte, in die vyfde jaar van koning Rehábeam, teen Jerusalem opgetrek - omdat hulle ontrou teenoor JaHWeH gehandel het - 2Ch 12:3 met twaalfhonderd strydwaens en sestigduisend perderuiters; en ontelbaar was die manskappe wat saam met hom uit Egipte gekom het: Líbiërs, Sukkiete en Kuwshiete. 2Ch 12:4 En hy het die versterkte stede ingeneem wat aan JeHûWdah behoort het, en tot by Jerusalem gekom. 2Ch 12:5 Daarop kom die profeet ShemaJaH na Rehábeam en die owerstes van JeHûWdah wat vanweë Sisak in Jerusalem bymekaar gekom het, en sê vir hulle: So spreek JaHWeH: Júlle het My verlaat; daarom gee Ék julle ook oor in die hand van Sisak. 2Ch 12:6 Hierop het die owerstes van JisraEl en die koning hulle verootmoedig en gesê: JaHWeH is regverdig. 2Ch 12:7 En toe JaHWeH sien dat hulle hul verootmoedig, kom die Woord van JaHWeH tot ShemaJaH en sê: Hulle het hul verootmoedig: Ek sal hulle nie vernietig nie, maar hulle binnekort uitkoms skenk, en My Grimmigheid sal nie deur middel van Sisak oor Jerusalem uitgestort word nie. 2Ch 12:8 Maar hulle sal sy knegte word, sodat hulle My diens en die diens van die koninkryke van die Aarde kan leer ken! 2Ch 12:9 En Sisak, die koning van Egipte, het teen Jerusalem opgetrek en die skatte van die Huis van JaHWeH en die skatte van die huis van die koning weggeneem; hy het alles weggeneem; hy het ook die goue skilde wat Salomo gemaak het, weggeneem. 2Ch 12:10 Toe maak koning Rehábeam in die plek daarvan koperskilde, en hy het dit aan die owerstes van die hardlopers toevertrou wat die ingang van die koning se huis bewaak. 2Ch 12:11 So dikwels as die koning in die Huis van JaHWeH ingaan, kom die hardlopers en dra dit en bring dit weer terug in die wagkamer van die hardlopers. 2Ch 12:12 Maar weens sy verootmoediging is die Woede van JaHWeH van hom afgewend, sodat Hy hom nie geheel en al vernietig het nie; ook was daar in JeHûWdah nog suiwer dinge. 2Ch 12:13 En koning Rehábeam het hom versterk in Jerusalem en geregeer; want Rehábeam was een-en-veertig jaar oud toe hy koning geword het, en het sewentien jaar geregeer in Jerusalem, die Stad wat JaHWeH uit al die stamme van JisraEl verkies het om Sy Naam daar te vestig; en die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese. 2Ch 12:14 En hy het gedoen wat besoedel was, want hy het nie sy hart gerig om JaHWeH te soek nie. 2Ch 12:15 En die geskiedenis van Rehábeam, die vroeëre en die latere, is dit nie beskrywe in die Geskiedenis van die profeet ShemaJaH en van die siener Iddo, volgens geslagsregister nie? En daar was gedurigdeur oorloë tussen Rehábeam en Jeróbeam. 2Ch 12:16 En Rehábeam het ontslaap met sy vaders en is begrawe in die Stad van Dawid; en sy seun AbiJaH het in sy plek koning geword. //Regering van AbiJaH en sy oorlog teen Jeróbeam. 2Ch 13:1 IN die agttiende jaar van koning Jeróbeam het AbiJaH oor JeHûWdah koning geword. 2Ch 13:2 Drie jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was MikaJaHûW, die dogter van UriEl uit Gíbea. En daar was oorlog tussen AbiJaH en Jeróbeam. 2Ch 13:3 En AbiJaH het die oorlog begin met 'n leër van dapper krygsmanne, vierhonderdduisend jong manskappe; en Jeróbeam het hom in slagorde teen hom opgestel met agthonderdduisend jong manskappe, dapper dapperes. 2Ch 13:4 Toe gaan AbiJaH bo-op die berg Semaráim staan wat in die gebergte van Efraim is, en sê: Luister na my, Jeróbeam en die hele JisraEl! 2Ch 13:5 Behoort julle nie te weet dat JaHWeH, die Elohey van JisraEl, die koningskap oor JisraEl aan Dawid vir ewig gegee het, aan hom en sy seuns as 'n Soutverbond nie? [Númeri 18:19; MattithJaHûW 5:13; Markus 9:50] 2Ch 13:6 Maar Jeróbeam, die seun van Nebat, die dienaar van Salomo, die seun van Dawid, het opgestaan en teen sy meester gerebelleer. 2Ch 13:7 En ligsinnige manne, die seuns van Belijaal, het by hom vergader en hulle versit teen Rehábeam, die seun van Salomo; en Rehábeam was jonk en week van hart, sodat hy hulle geen teëstand kon bied nie. 2Ch 13:8 En nou dink julle om teëstand te bied aan die koningskap van JaHWeH in die hand van die seuns van Dawid, omdat julle 'n groot menigte is en daar goue kalwers by julle is wat Jeróbeam vir julle as gode gemaak het. 2Ch 13:9 Het julle nie die priesters van JaHWeH, die seuns van Aäron, en die Leviete verdrywe en vir julle priesters gemaak soos die volke van die Aarde nie? Elkeen wat kom met 'n jong bul en sewe ramme om hom te laat aanstel, dié het priester geword van die wat geen Elohim is nie. 2Ch 13:10 Maar ons - JaHWeH is onse Elohey, en ons het Hom nie verlaat nie; en as priesters dien die seuns van Aäron JaHWeH, en die Leviete is in die dienswerk. 2Ch 13:11 En hulle steek brandoffers vir JaHWeH aan die brand, elke môre en elke aand, en reukwerk van speserye, en [hulle sorg] vir die toonbrode op die suiwer tafel en vir die goue kandelaar met haar lampe, om haar elke aand op te steek; want ons onderhou die Ordening van JaHWeH, onse Elohey, maar julle het Hom verlaat. 2Ch 13:12 En kyk, by ons is die Elohim aan die hoof en Sy priesters met die alarmtrompette om teen julle alarm te blaas. Kinders van JisraEl, voer tog nie oorlog teen JaHWeH, die Elohey van julle vaders nie, want julle sal nie voorspoedig wees nie. 2Ch 13:13 Maar Jeróbeam het die hinderlaag laat omtrek om hulle van agter by te kom, sodat hulle voor JeHûWdah was en die hinderlaag agter hulle. 2Ch 13:14 En toe JeHûWdah omdraai, was die geveg meteens voor en agter hulle; en hulle het JaHWeH aangeroep, terwyl die priesters op die trompette blaas. 2Ch 13:15 Daarop hef die manskappe van JeHûWdah 'n krygsgeskreeu aan; en toe die manskappe van JeHûWdah die krygsgeskreeu aanhef, het Elohim Jeróbeam en die hele JisraEl voor AbiJaH en JeHûWdah verslaan. 2Ch 13:16 En die kinders van JisraEl het gevlug vir JeHûWdah, en Elohim het hulle in hul hand gegee. 2Ch 13:17 En AbiJaH met sy manskappe het 'n groot slag onder hulle geslaan, sodat van JisraEl vyfhonderdduisend jong manskappe as gesneuweldes geval het. 2Ch 13:18 En die kinders van JisraEl is in dié tyd verneder, maar die kinders van JeHûWdah het sterk geword, omdat hulle op JaHWeH, die Elohey van hulle vaders, gesteun het. 2Ch 13:19 En AbiJaH het Jeróbeam agterna gejaag en stede van hom afgeneem: BetEl met sy onderhorige plekke, en Jesána met sy onderhorige plekke, en Efron met sy onderhorige plekke. 2Ch 13:20 En Jeróbeam het geen krag meer behou in die dae van AbiJaHûW nie, en JaHWeH het hom swaar getref, sodat hy gesterf het. 2Ch 13:21 Maar AbiJaHûW het hom versterk; en hy het vir hom veertien vroue geneem en die vader van twee-en-twintig seuns en sestien dogters geword. 2Ch 13:22 En die verdere geskiedenis van AbiJaH, sy weë en sy woorde, is beskrywe in die Uitleg van die profeet Iddo. //Regering van Asa. Sy oorwinnings oor die Kuwshiete. 2Ch 14:1 EN AbiJaH het ontslaap met sy vaders en is begrawe in die Stad van Dawid, en sy seun Asa het in sy plek koning geword. In sy dae het die Aarde tien jaar gerus. 2Ch 14:2 En Asa het gedoen wat suiwer en Reg was in die Oë van JaHWeH, sy Elohey: 2Ch 14:3 hy het die volksvreemde altare en die Hoogtes verwyder en die torings stukkend gebreek en die houtkruise omgekap 2Ch 14:4 en aan JeHûWdah gesê om JaHWeH, die Elohey van hulle vaders, te soek en om die Wet en die Gebod te doen. 2Ch 14:5 Ook het hy uit al die stede van JeHûWdah die Hoogtes en die sontorings verwyder, en die koninkryk het gerus onder hom. 2Ch 14:6 Verder het hy versterkte stede gebou in JeHûWdah, want die Aarde was rustig; en daar was geen oorlog teen hom in daardie jare nie, omdat JaHWeH hom rus verskaf het. 2Ch 14:7 Daarom het hy aan JeHûWdah gesê: Laat ons hierdie stede opbou en met 'n muur omring en met torings, poorte en grendels, terwyl die Aarde nog vry voor ons lê; want ons het JaHWeH onse Elohey gesoek - ons het gesoek, en Hy het ons rus verskaf rondom. Hulle het toe gebou en was voorspoedig. 2Ch 14:8 En Asa het 'n leër gehad wat skild en spies dra: uit JeHûWdah driehonderdduisend man, en uit Benjamin, wat die skild dra en die boog span, tweehonderd-en-tagtigduisend; hulle was almal dapper dapperes. 2Ch 14:9 En Serag, die Kuwshiet, het teen hulle uitgetrek met 'n leër van 'n miljoen met driehonderd strydwaens; en hy het gekom tot by Marésa. 2Ch 14:10 Toe trek Asa uit hom tegemoet, en hulle het die slagorde opgestel in die dal Sefáta by Marésa. 2Ch 14:11 En Asa het JaHWeH, sy Elohey aangeroep en gesê: JaHWeH, niemand kan help soos U tussen die magtige en die kragtelose nie; help ons, JaHWeH, onse Elohey, want op U steun ons, en in U Naam het ons teen hierdie menigte gekom; JaHWeH, U is onse Elohey; laat geen sterfling naas U magtig wees nie. 2Ch 14:12 En JaHWeH het die Kuwshiete voor Asa en JeHûWdah verslaan, en die Kuwshiete het gevlug. 2Ch 14:13 En Asa en die manskappe wat by hom was, het hulle agtervolg tot by Gerar; en van die Kuwshiete het soveel geval, dat daar vir hulle geen herstel moontlik was nie; want hulle was gebreek voor die Aangesig van JaHWeH en voor Sy leër. En hulle het 'n baie groot buit geneem; 2Ch 14:14 en al die stede rondom Gerar oorweldig; want die skrik vir JaHWeH was op hulle. En hulle het al die stede geplunder, want daar was 'n groot buit in. 2Ch 14:15 Hulle het ook die tente met die vee oorweldig en kleinvee in menigte en kamele weggevoer. Daarna het hulle na Jerusalem teruggekeer. //AsarJaH skaf die idolary af. 2Ch 15:1 TOE het die Gees van Elohim op AzárJaHûW, die seun van Oded, gekom; 2Ch 15:2 en hy het uitgegaan om Asa te ontmoet en vir hom gesê: Luister na my, Asa en die hele JeHûWdah en Benjamin! JaHWeH is met julle as julle met Hom is, en as julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat. 2Ch 15:3 En daar was baie dae dat JisraEl sonder die Elohey van Waarheid was en sonder 'n lerende priester en sonder die Wet. 2Ch 15:4 Maar as hulle in die nood hul tot JaHWeH, die Elohey van JisraEl, bekeer het en Hom gesoek het, het Hy Hom deur hulle laat vind. 2Ch 15:5 En in dié tye was daar geen vrede vir wie uit- of ingegaan het nie, maar groot beroering oor al die inwoners van die Aarde; 2Ch 15:6 en nasie het teen nasie en stad teen stad gebots, omdat Elohim hulle deur allerhande nood in verwarring gebring het. 2Ch 15:7 Wees julle dan sterk, en laat julle hande nie slap hang nie, want daar is loon volgens julle werk. 2Ch 15:8 En toe Asa hierdie woorde en die profesie hoor wat die seun van Oded, gespreek het, het hy moed geskep en die verfoeisels verwyder uit die hele Aarde van JeHûWdah en Benjamin en uit die stede wat hy op die gebergte van Efraim ingeneem het; en die altaar van JaHWeH wat voor die voorportaal van JaHWeH was, het hy herstel. 2Ch 15:9 Daarop vergader hy die hele JeHûWdah en Benjamin, ook die vreemdelinge wat uit Efraim en Manasse en uit Símeon by hulle was; want uit JisraEl het hulle in menigte na hom oorgeloop toe hulle sien dat JaHWeH, sy Elohey, met hom was. 2Ch 15:10 En hulle het in Jerusalem byeengekom, in die derde maand van die vyftiende jaar van die regering van Asa, 2Ch 15:11 en dieselfde dag aan JaHWeH geslag van die buit wat hulle ingebring het, sewehonderd beeste en seweduisend stuks kleinvee. 2Ch 15:12 En hulle het die Verbond aangegaan om JaHWeH, die Elohey van hulle vaders, met hul hele hart en met hul hele siel te soek. 2Ch 15:13 En elkeen wat JaHWeH, die Elohey van JisraEl, nie soek nie, sou gedood word, klein en groot, manne sowel as vroue. 2Ch 15:14 En hulle het vir JaHWeH gesweer met 'n groot stem en met gejuig en met trompette en ramshorings. 2Ch 15:15 En die hele JeHûWdah was verheug oor die eed, want hulle het met hul hele hart gesweer en met hul hele wil Hom gesoek; en Hy het Hom deur hulle laat vind, en JaHWeH het hulle rus verskaf rondom. 2Ch 15:16 Ja, selfs het hy Máäga, die moeder van koning Asa, afgesit as gebiedster, omdat sy 'n afgryslike voorwerp vir Asherah (Houtkruis) gemaak het; en Asa het die afgryslike voorwerp omgekap en stukkend gestamp en in die dal Kidron verbrand. 2Ch 15:17 Die Hoogtes is wel nie uit JisraEl verwyder nie, maar Asa se hart was volkome al sy dae. 2Ch 15:18 En hy het die apartheids[dinge], van sy vader en sy eie apartheids[dinge], in die Huis van die Elohim ingebring: silwer en goud en allerhande voorwerpe. 2Ch 15:19 En daar was geen oorlog tot in die vyf-en-dertigste jaar van die regering van Asa nie. //Asa verbind hom met Aram teen JisraEl. Sy dood. 2Ch 16:1 IN die ses-en-dertigste jaar van die regering van Asa het Baésa, die koning van JisraEl, opgetrek teen JeHûWdah en Rama gebou om niemand van Asa, die koning van JeHûWdah, te laat uit- of ingaan nie. 2Ch 16:2 Toe bring Asa silwer en goud uit die skatkamers van die Huis van JaHWeH en van die huis van die koning en stuur dit na Bénhadad, die koning van Aram, wat in Damaskus gewoon het, om te sê: 2Ch 16:3 Daar is 'n verbond tussen my en u, en tussen my vader en u vader; kyk, ek stuur u silwer en goud; gaan verbreek u verbond met Baésa, die koning van JisraEl, dat hy kan optrek weg van my af. 2Ch 16:4 En Bénhadad het geluister na koning Asa en die owerstes van sy leërmagte gestuur teen die stede van JisraEl, en hulle het Ijon en Dan en Abel-Máim en al die voorraadstede van Náftali verwoes. 2Ch 16:5 En sodra Baésa dit hoor, het hy opgehou om Rama te bou en sy werk gestaak. 2Ch 16:6 Toe neem koning Asa die hele JeHûWdah, en hulle het die klippe en balke van Rama, waarmee Baésa gebou het, weggedra; en hy het daarmee Geba en Mispa gebou. 2Ch 16:7 En in dié tyd het die siener Hanáni na Asa, die koning van JeHûWdah, gekom en aan hom gesê: Omdat u op die koning van Aram gesteun en nie op JaHWeH, jou Elohey gesteun het nie, daarom het die leër van die koning van Aram uit u hand vrygeraak. 2Ch 16:8 Was die Kuwshiete en die Libiërs nie 'n groot leërmag met buitengewoon baie strydwaens en perderuiters nie? En tog het Hy hulle in u hand gegee; omdat u op JaHWeH gesteun het; 2Ch 16:9 want JaHWeH - Sy Oë deurloop die hele Aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is; hierin het u dwaas gehandel, want van nou af sal daar oorloë teen u wees. 2Ch 16:10 Maar Asa het hom vererg vir die siener en hom in die gevangenis gesit, want hy was hieroor woedend op hom; ook het Asa in dieselfde tyd sommige uit die volk verdruk. 2Ch 16:11 En kyk, die geskiedenis van Asa, die vroeëre en die latere, dit is beskrywe in die Boekrol van die Konings van JeHûWdah en JisraEl. 2Ch 16:12 En in die nege-en-dertigste jaar van sy regering het Asa gely aan sy voete; sy siekte was baie ernstig; maar selfs in sy siekte het hy JaHWeH nie geraadpleeg nie, maar die geneeshere. 2Ch 16:13 En Asa het ontslaap met sy vaders en gesterwe in die een-en-veertigste jaar van sy regering. 2Ch 16:14 En hulle het hom begrawe in sy graf wat hy vir hom in die Stad van Dawid gegrawe het, en hom op die bed neergelê wat vol speserye was, en dit van allerhande soorte, volgens die kuns van 'n salfmenger klaargemaak; en hulle het vir hom 'n buitengewoon groot wierookbrand aangesteek. //Voorspoed en mag van JeHôWshafat. 2Ch 17:1 EN sy seun JeHôWshafat het in sy plek koning geword en hom ver- sterk teen JisraEl. 2Ch 17:2 En hy het 'n leërmag in al die versterkte stede van JeHûWdah geplaas en wagposte in die Aarde van JeHûWdah opgestel en in die stede van Efraim wat sy vader Asa ingeneem het. 2Ch 17:3 En JaHWeH was met JeHôWshafat, want hy het in die vroeëre weë van sy vader Dawid gewandel en die Here (Baäl) nie gesoek nie, 2Ch 17:4 maar die Elohey van sy vader gesoek en in Sy Gebooie gewandel en nie gedoen soos JisraEl nie. 2Ch 17:5 Daarom het JaHWeH die koningskap in sy hand bevestig; en die hele JeHûWdah het aan JeHôWshafat geskenke gegee, sodat hy rykdom en eer in oorvloed gehad het. 2Ch 17:6 En sy hart het moedig geword in die Weë van JaHWeH, en verder het hy die Hoogtes en die houtkruise uit JeHûWdah verwyder. 2Ch 17:7 En in die derde jaar van sy regering het hy sy owerstes Ben-Hail en ObadJaH en ZekarJaH en NethanEl en MikaJaHûW gestuur om in die stede van JeHûWdah onderrig te gee; 2Ch 17:8 en saam met hulle die Leviete ShemaJaHûW en NethánJaHûW en ZebádJaH en AsaEl en Semíramot en JeHôWnathan en AdoniJaH en TobiJaHûW en Tob-AdoniJaHûW, die Leviete; en saam met hulle die priesters EliShama en JeHôWram. 2Ch 17:9 En hulle het in JeHûWdah onderrig gegee met die Boekrol van die Wet van JaHWeH by hulle, en in al die stede van JeHûWdah rondgegaan en onder die volk onderrig gegee. 2Ch 17:10 En 'n skrik vir JaHWeH het gekom oor al die koninkryke van die Aarde wat rondom JeHûWdah was, sodat hulle nie teen JeHôWshafat oorlog gevoer het nie. 2Ch 17:11 En van die Filistyne het vir JeHôWshafat geskenke en 'n vrag silwer gebring; selfs die Arabiere het vir hom kleinvee gebring: seweduisend-sewehonderd ramme en seweduisend-sewehonderd bokke. 2Ch 17:12 So het JeHôWshafat dan aldeur groter geword, buitengewoon groot, en in JeHûWdah forte en voorraadstede gebou. 2Ch 17:13 En hy het groot voorrade in die stede van JeHûWdah gehad, en krygsmanne, dapper dapperes, in Jerusalem. 2Ch 17:14 En dit was hulle getal volgens hulle families: Van JeHûWdah was owerstes oor duisend: die owerste Adna en saam met hom driehonderdduisend dapper dapperes; 2Ch 17:15 en naas hom was die owerste JeHôWganan en saam met hom tweehonderd-en-tagtigduisend; 2Ch 17:16 en naas hom was AmasJaH, die seun van Sigri, wat hom gewillig getoon het vir JaHWeH, en saam met hom tweehonderdduisend dapper dapperes; 2Ch 17:17 en uit Benjamin was EliAda, 'n dappere, en saam met hom tweehonderdduisend, gewapen met boog en skild; 2Ch 17:18 en naas hom was JeHôWzabad en saam met hom honderd-en-tagtigduisend, vir kommando gewapen. 2Ch 17:19 Hulle was in die diens van die koning, behalwe die wat die koning in die versterkte stede deur die hele JeHûWdah geplaas het. //Verbond van JeHôWshafat met Agab teen die Arameërs. Voorspelling van MikaJeHûW. Dood van Agab en vlug van JisraEl. 2Ch 18:1 EN toe JeHôWshafat rykdom en eer in oorvloed gehad het, het hy hom verswaer met Agab. 2Ch 18:2 En ná verloop van enkele jare het hy afgetrek na Agab, na Samaría, en Agab het vir hom en die manskappe wat by hom was, skape en beeste in menigte geslag en hom aangehits om teen Ramot in Gílead op te trek. 2Ch 18:3 Toe sê Agab, die koning van JisraEl, vir JeHôWshafat, die koning van JeHûWdah: Sal u met my saam na Ramot in Gílead trek? En hy antwoord hom: Ek is soos u, en my volk soos u volk, en ons sal saam met u in die oorlog wees. 2Ch 18:4 Verder het JeHôWshafat aan die koning van JisraEl gesê: Raadpleeg tog eers die Woord van JaHWeH. 2Ch 18:5 Toe laat die koning van JisraEl die profete, vierhonderd man, bymekaar kom en sê vir hulle: Sal ons teen Ramot in Gílead trek om te veg, of sal ek dit laat staan? En hulle antwoord: Trek op, en die Elohim sal dit in die hand van die koning gee. 2Ch 18:6 Maar JeHôWshafat sê: Is hier nie nog 'n profeet van JaHWeH, dat ons deur hom kan raadpleeg nie? 2Ch 18:7 En die koning van JisraEl antwoord JeHôWshafat: Daar is nog een man om JaHWeH deur hom te raadpleeg; maar ék haat hom, want hy profeteer oor my niks goeds nie, maar altyd boosheid; dit is MikaJeHûW, die seun van Jimla. En JeHôWshafat sê: Die koning moet nie so spreek nie! 2Ch 18:8 Daarop roep die koning van JisraEl 'n hofdienaar en sê: Gaan haal gou vir MikaJeHûW, die seun van Jimla. 2Ch 18:9 Onderwyl die koning van JisraEl en JeHôWshafat, die koning van JeHûWdah, elkeen op sy troon sit, beklee met [koninklike] klere, en hulle op 'n dorsvloer sit by die ingang van die poort van Samaría, en al die profete voor hulle profeteer, 2Ch 18:10 het SedekiJaHûW, die seun van Kenaäna, vir hom ysterhorings gemaak en gesê: So spreek JaHWeH: Hiermee sal u die Arameërs stoot totdat hulle vernietig is. 2Ch 18:11 En so het al die profete geprofeteer en gesê: Trek op na Ramot in Gílead en u sal voorspoedig wees, en JaHWeH sal dit in die hand van die koning gee. 2Ch 18:12 Toe sê die boodskapper wat gegaan het om MikaJeHûW te roep, vir hom dit: Kyk, die woorde van die profete is uit een mond goed vir die koning: laat jou woord nou tog wees soos die van een van hulle, en spreek goeie dinge. 2Ch 18:13 Maar MikaJeHûW sê: So waar as JaHWeH leef, wat Elohey my sal sê, dit sal ek spreek! 2Ch 18:14 Toe hy by die koning kom, sê die koning vir hom: MikaJeHûW, sal ons na Ramot in Gílead trek om te veg, of sal ek dit laat staan? En hy antwoord: Trek op, en u sal voorspoedig wees, en hulle sal in julle hand gegee word. 2Ch 18:15 En die koning sê vir hom: Hoeveel maal moet ek jou besweer dat jy niks as die Waarheid in die Naam van JaHWeH tot my moet spreek nie? 2Ch 18:16 Daarop antwoord hy: Ek het die hele JisraEl gesien, verstrooid op die berge soos skape wat geen wagter het nie. En JaHWeH het gesê: Hulle het geen meester nie; laat hulle elkeen in vrede teruggaan na sy huis. 2Ch 18:17 Toe sê die koning van JisraEl vir JeHôWshafat: Het ek u nie gesê hy profeteer oor my niks goeds nie, maar boosheid? 2Ch 18:18 Verder sê hy: Daarom, luister na die Woord van JaHWeH: Ek het JaHWeH sien sit op Sy Troon, terwyl al die hemelse leërmagte aan Sy regter- en sy linkerhand staan. 2Ch 18:19 En JaHWeH het gesê: Wie sal Agab, die koning van JisraEl, oorhaal, dat hy kan optrek en val by Ramot in Gílead? En die een het so gesê, en die ander weer so. 2Ch 18:20 Toe kom die Gees vorentoe en gaan voor die Aangesig van JaHWeH staan en sê: Ek sal hom oorhaal. En JaHWeH vra hom: Waarmee? 2Ch 18:21 En Hy sê: Ek sal uitgaan en 'n gees van leuens word in die mond van al sy profete. En Hy sê: U sal oorhaal, ja, U sal ook oorwin; gaan uit en doen so. 2Ch 18:22 En nou, kyk, JaHWeH het 'n gees van leuens in die mond van hierdie profete van u gegee, terwyl JaHWeH tog teëspoed oor u gespreek het. 2Ch 18:23 Daarop kom SedekiJaHûW, die seun van Kenaäna, nader en hy slaan MikaJeHûW op die kakebeen en sê: Langs watter weg het die Gees van JaHWeH van my af weggegaan om met jou te spreek? 2Ch 18:24 En MikaJeHûW antwoord: Kyk, jy sal dit sien op dieselfde dag as jy van kamer tot kamer sal gaan om jou weg te steek. 2Ch 18:25 Maar die koning van JisraEl sê: Neem MikaJeHûW en bring hom terug by Amon, die owerste van die stad, en by JôWash, die seun van die koning. 2Ch 18:26 En julle moet sê: So spreek die koning: Sit hierdie man in die gevangenis en spysig hom met brood van verdrukking en water van verdrukking totdat ek behoue tuiskom. 2Ch 18:27 Daarop sê MikaJeHûW: As u ooit behoue tuiskom, dan het JaHWeH nie deur my gespreek nie. Verder sê hy: Volke, luister almal saam! 2Ch 18:28 En die koning van JisraEl en JeHôWshafat, die koning van JeHûWdah, het opgetrek na Ramot in Gílead. 2Ch 18:29 En die koning van JisraEl het aan JeHôWshafat gesê: Ek sal my onkenbaar maak en in die geveg kom; trek u maar u eie klere aan. So het die koning van JisraEl hom dan onkenbaar gemaak, en hulle het in die geveg gegaan. 2Ch 18:30 En die koning van Aram het die owerstes van sy strydwaens bevel gegee en gesê: Julle moet nie klein of groot beveg nie, net die koning van JisraEl alleen. 2Ch 18:31 En sodra die owerstes van die waens JeHôWshafat sien, sê hulle: Dit is die koning van JisraEl! En hulle het hom omsingel om te veg; maar JeHôWshafat het geskreeu, en JaHWeH het hom gehelp, en Elohim het hulle van hom af weggelok. 2Ch 18:32 En toe die owerstes van die waens sien dat dit nie die koning van JisraEl was nie, draai hulle agter hom weg. 2Ch 18:33 Toe het 'n man in sy eenvoudigheid die boog gespan en die koning van JisraEl getref tussen die aanhegsels en die pantser. Daarop sê hy aan die drywer: Ruk om en bring my uit die leër uit, want ek is gewond. 2Ch 18:34 En die geveg het dié dag toegeneem, terwyl die koning hom staande hou in die strydwa teenoor die Arameërs tot die aand toe; maar teen sononder het hy gesterwe. 2Ch 19:1 MAAR toe JeHôWshafat, die koning van JeHûWdah, behoue na sy huis in Jerusalem terugkom, 2Ch 19:2 het die siener JyHûW, die seun van Hanáni, uitgegaan hom tegemoet, en aan koning JeHôWshafat gesê: Moet 'n mens die besoedelde help, en het u lief die wat JaHWeH haat? Daarom kom daar nou 'n Woede op u van JaHWeH. 2Ch 19:3 Tog is daar suiwer dinge by u gevind, want u het die Houtkruise uit die Aarde uitgeroei en u hart daarop gerig om die Elohim te soek. 2Ch 19:4 En JeHôWshafat het in Jerusalem gewoon, en hy het weer uitgegaan onder die volk, van Berséba af tot by die gebergte van Efraim, en hulle laat terugkeer tot JaHWeH, die Elohey van hulle vaders. 2Ch 19:5 En hy het regters aangestel in die Aarde, in al die versterkte stede van JeHûWdah, in elke stad. 2Ch 19:6 En hy het aan die regters gesê: Kyk wat julle doen, want julle spreek nie Reg vir die adamiete nie, maar vir JaHWeH; en [Hy is] by julle in die regspraak. 2Ch 19:7 Mag die skrik vir JaHWeH dan nou op julle wees; handel nougeset, want by JaHWeH, onse Elohey is geen onreg of partydigheid of aanneming van geskenke nie. 2Ch 19:8 En ook in Jerusalem het JeHôWshafat sommige van die Leviete en van die priesters en van die hoofde van die vaders uit JisraEl aangestel vir die Regspraak van JaHWeH en vir regsake. En hulle het in Jerusalem teruggekom. 2Ch 19:9 En hy het hulle bevel gegee en gesê: So moet julle handel in die Vrees van JaHWeH met getrouheid en met 'n volkome hart. 2Ch 19:10 En by al die regsake wat voor julle kom vanweë julle broers wat in hulle stede woon, oor moord, oor Wette en Gebooie en Insettinge en Regsprake, moet julle hulle waarsku, sodat hulle hul nie skuldig maak teen JaHWeH en 'n Woede oor julle en oor julle broers kom nie; so moet julle handel, dat julle jul nie skuldig maak nie. 2Ch 19:11 En kyk, AmarJaHûW, die hoofpriester, is oor julle vir enige saak van JaHWeH, en ZebádJaH, die seun van Jismael, die bevelhebber van die huis van JeHûWdah, vir enige saak van die koning, en as opsigters staan die Leviete tot julle beskikking; julle moet sterk wees en dit doen. En mag JaHWeH met die suiweres wees! //Oorwinning van JeHôWshafat oor die Moabiete en Ammoniete. Einde van sy regering. 2Ch 20:1 EN daarna het die kinders van Moab en die kinders van Ammon, en saam met hulle 'n deel van die Meüniete teen JeHôWshafat gekom om te veg. 2Ch 20:2 Toe hulle kom en aan JeHôWshafat berig bring en sê: Daar kom 'n groot menigte teen u van anderkant die see, van Edom af, en kyk, hulle is al in Háseson-Tamar dit is Éngedi - 2Ch 20:3 het JeHôWshafat bevrees geword en sy aangesig daarop gerig om JaHWeH te soek, en hy het oor die hele JeHûWdah 'n vasdag uitgeroep. 2Ch 20:4 En JeHûWdah het byeengekom om JaHWeH te soek; selfs uit al die stede van JeHûWdah het hulle gekom om JaHWeH te soek. 2Ch 20:5 Toe gaan JeHôWshafat in die vergadering van JeHûWdah en Jerusalem staan, in die Huis van JaHWeH, voor die nuwe voorhof; 2Ch 20:6 en hy sê: JaHWeH, Elohey van ons vaders, is U nie Elohim in die Hemele nie, en is U nie Koning oor al die koninkryke van die nasies nie? Ja, in U Hand is Krag en Sterkte, sodat niemand teen U kan standhou nie. 2Ch 20:7 Het U, onse Elohey, nie die inwoners van hierdie Aarde voor U volk JisraEl uit verdrywe en haar vir altyd aan die saad van Abraham, U vriend, gegee nie? 2Ch 20:8 En hulle het in haar gaan woon en in haar vir U 'n Apartheidsplek tot eer van U Naam gebou, met die gedagte: 2Ch 20:9 As daar oor ons rampe kom - swaard, straf of pes of hongersnood - sal ons voor hierdie huis en voor U Aangesig gaan staan; want U Naam is in hierdie huis; en ons sal U aanroep uit ons benoudheid, dat U kan hoor en verlos. 2Ch 20:10 En hier is nou die kinders van Ammon en Moab en [die mense van] die gebergte Seïr, onder wie U JisraEl nie toegestaan het om te trek by hulle koms uit die Aarde van Egipte nie; want hulle het van hulle weggedraai en hulle nie verdelg nie. 2Ch 20:11 Ja, kyk, hulle vergeld ons dit deur te kom om ons uit U besitting te verdrywe wat U aan ons as 'n eiendom gegee het. 2Ch 20:12 Onse Elohey, sal U nie teen hulle strafgerig oefen nie? Want in ons is geen krag teenoor hierdie groot menigte wat teen ons gekom het nie; en ons weet nie wat ons moet doen nie, maar ons oë is op U. 2Ch 20:13 En die hele JeHûWdah het voor die Aangesig van JaHWeH gestaan, ook hulle kinders, hulle vroue en hulle seuns. 2Ch 20:14 Toe kom die Gees van JaHWeH in die midde van die vergadering op JahaziEl, die seun van ZekarJaHûW, die seun van BenáJaH, die seun van JeiEl, die seun van MattánJaH, die Leviet uit die kinders van Asaf; 2Ch 20:15 en hy het gesê: Luister, almal wat uit JeHûWdah is en inwoners van Jerusalem en u, koning JeHôWshafat! So sê JaHWeH aan julle: Wees nie bevrees of verskrik vanweë hierdie groot menigte nie, want die stryd is nie julle saak nie, maar die saak van Elohim. 2Ch 20:16 Trek môre af teen hulle: kyk, hulle kom op met die hoogte Hassis, en julle sal hulle aantref aan die kant van die dal voor die wildernis JeruwEl. 2Ch 20:17 Julle hoef daarby nie te veg nie; staan gereed, bly staan en aanskou die Verlossing van JaHWeH by julle, JeHûWdah en Jerusalem! Vrees nie en wees nie verskrik nie; trek môre teen hulle uit, en JaHWeH sal met julle wees. 2Ch 20:18 Toe buig JeHôWshafat hom met die neus na die Aarde toe, en die hele JeHûWdah en die inwoners van Jerusalem het voor die Aangesig van JaHWeH neergeval tot JaHWeH. 2Ch 20:19 En die Leviete uit die kinders van die Kehatiete en uit die kinders van die Koragiete het opgestaan om JaHWeH, die Elohey van JisraEl, met 'n baie groot stem te prys. 2Ch 20:20 Daarop maak hulle die môre vroeg klaar en trek na die wildernis van Tekóa uit; en terwyl hulle uittrek, het JeHôWshafat gaan staan en gesê: Luister na my, JeHûWdah en inwoners van Jerusalem! Glo in JaHWeH, julle Elohey, dan sal julle bevestig word; glo aan Sy profete, dan sal julle voorspoedig wees. 2Ch 20:21 En hy het met die volk beraadslaag en tot eer van JaHWeH sangers opgestel wat lofprysinge oor die prag van Apartheid moes sing en by die uittrek op die voorpunt van die gewapendes moes sê: Loof JaHWeH, want Sy Medelye is vir ewig! 2Ch 20:22 En op die oomblik toe hulle die gejubel en die lofsang aanhef, het JaHWeH 'n hinderlaag opgestel teen die kinders van Ammon, Moab en [die mense van] die gebergte Seïr wat teen JeHûWdah gekom het, sodat hulle verslaan is. 2Ch 20:23 Die kinders van Ammon en Moab het naamlik opgetree teen die inwoners van die gebergte Seïr om uit te roei en te verdelg; en toe hulle met die inwoners van Seïr klaar was, het hulle mekaar in die verderf gehelp. 2Ch 20:24 En toe JeHûWdah op die wagkop by die wildernis kom en hulle na die menigte kyk, lê hulle daar dood op die Aarde; en niemand het vrygeraak nie. 2Ch 20:25 Daarop het JeHôWshafat en sy manskappe gekom om die buit in te samel en hulle het by hulle 'n menigte goed en klere en kosbare voorwerpe gekry, en het [soveel] vir hulle gebuit dat hulle dit nie kon wegdra nie; en hulle was drie dae lank besig om die buit in te samel, want dit was groot. 2Ch 20:26 En op die vierde dag het hulle in die Lofdal byeengekom, want daar het hulle JaHWeH geloof; daarom het hulle dié plek Lofdal genoem tot vandag toe. 2Ch 20:27 Toe draai al die manne van JeHûWdah en Jerusalem om, met JeHôWshafat aan hulle hoof, om met vreugde na Jerusalem terug te gaan; want JaHWeH het aan hulle vreugde verskaf oor hul vyande. 2Ch 20:28 En hulle het Jerusalem ingetrek met harpe en siters en trompette, na die Huis van JaHWeH. 2Ch 20:29 En die skrik vir Elohim was op al die koninkryke van die Aarde toe hulle hoor dat JaHWeH teen die vyande van JisraEl gestry het. 2Ch 20:30 Verder het die koninkryk van JeHôWshafat gerus, en sy Elohey het hom rondom rus verskaf. 2Ch 20:31 En JeHôWshafat het oor JeHûWdah geregeer; hy was vyf-en-dertig jaar oud toe hy koning geword het, en vyf-en-twintig jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Asuba, die dogter van Silhi. 2Ch 20:32 En hy het gewandel in die weg van sy vader Asa en daarvan nie afgewyk nie, en het gedoen wat Reg was in die Oë van JaHWeH. 2Ch 20:33 Net die Hoogtes is nie afgeskaf nie: die volk het nog nie hulle hart op die Elohey van hulle vaders gerig nie. 2Ch 20:34 En die verdere geskiedenis van JeHôWshafat, die vroeëre en die latere, kyk, dit is beskrywe in die Geskiedenis van JyHûW, die seun van Hanáni, wat opgeneem is in die Boekrol van die Konings van JisraEl. 2Ch 20:35 Maar daarna het JeHôWshafat, die koning van JeHûWdah, 'n bondge-nootskap aangegaan met AgazJaHûW, die koning van JisraEl, wat besoedel gehandel het. 2Ch 20:36 En hy het hom as bondgenoot geneem om skepe te bou om na Tarsis te vaar; en hulle het skepe gebou in Éseon-Geber. 2Ch 20:37 Maar EliEzer, die seun van DowdâwJaHûW, uit Marésa, het teen JeHôWshafat geprofeteer en gesê: Omdat u 'n bondgenootskap met AgazJaHûW aangegaan het, verbreek JaHWeH u werk. En die skepe het skipbreuk gely, sodat hulle nie in staat was om na Tarsis te vaar nie. //Die besoedelde JeHôWram koning van JeHûWdah. 2Ch 21:1 EN JeHôWshafat het ontslaap met sy vaders en is begrawe by sy vaders in die Stad van Dawid; en sy seun JeHôWram het in sy plek koning geword. 2Ch 21:2 En hy het broers gehad, seuns van JeHôWshafat: AzarJaH en JehiEl en ZekarJaHûW en AzárJaHûW en MikaEl en ShafátJaHûW; hulle was almal seuns van JeHôWshafat, die koning van JisraEl. 2Ch 21:3 En hulle vader het hulle baie geskenke gegee in silwer en goud en in kosbaarhede saam met versterkte stede in JeHûWdah; maar die koningskap het hy aan JeHôWram gegee, want hy was die eersgeborene. 2Ch 21:4 Maar toe JeHôWram die koningskap van sy vader aanvaar het en homself versterk het, het hy al sy broers met die swaard vermoor en ook sommige van die owerstes van JisraEl. 2Ch 21:5 Twee-en-dertig jaar was JeHôWram oud toe hy koning geword het, en hy was agt jaar lank koning in Jerusalem. 2Ch 21:6 En hy het in die weg van die konings van JisraEl gewandel soos die huis van Agab gedoen het, want hy het die dogter van Agab as vrou gehad en het gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH. 2Ch 21:7 Maar JaHWeH wou die huis van Dawid nie vernietig nie ter wille van die Verbond wat Hy met Dawid gesluit het, en volgens Sy belofte om vir hom en sy seuns altyd 'n lamp te gee. 2Ch 21:8 In sy dae het die Edomiete van JeHûWdah afvallig geword en 'n koning oor hulle aangestel. 2Ch 21:9 Daarom het JeHôWram oorgetrek saam met sy owerstes en al sy strydwaens; en toe hy hom in die nag klaargemaak het, het hy die Edomiete verslaan wat rondom hom was, en die owerstes van die waens. 2Ch 21:10 So het die Edomiete dan van JeHûWdah afvallig geword, tot vandag toe; in dieselfde tyd het Libna afvallig geword onder sy mag uit, want hy het JaHWeH, die Elohey van sy vaders, verlaat. 2Ch 21:11 Hy het ook Hoogtes op die berge van JeHûWdah gemaak en die inwoners van Jerusalem laat hoereer en JeHûWdah verlei. 2Ch 21:12 Toe kom daar 'n brief van die profeet EliJaHûW by hom aan om te sê: So spreek JaHWeH, die Elohey van u vader Dawid: Omdat u in die weë van u vader JeHôWshafat en in die weë van Asa, die koning van JeHûWdah, nie gewandel het nie, 2Ch 21:13 maar gewandel het in die weg van die konings van JisraEl en JeHûWdah, en die inwoners van Jerusalem laat hoereer het volgens die hoererye van die huis van Agab, en selfs u broers, die huis van u vader, vermoor het, wat beter was as u - 2Ch 21:14 kyk, JaHWeH sal 'n groot plaag stuur onder u volk en onder u seuns en onder u vroue en onder al u goed, 2Ch 21:15 en u self sal aan baie siektes ly, aan 'n siekte van u ingewande, totdat u ingewande vanweë die siekte uitkom, jare lank. 2Ch 21:16 Toe verwek JaHWeH teen JeHôWram die gees van die Filistyne en van die Arabiere wat langsaan die Kuwshiete is - 2Ch 21:17 hulle het teen JeHûWdah opgetrek en hom verower en al die goed weggevoer wat in die huis van die koning te vinde was, selfs ook sy seuns en sy vroue, sodat daar vir hom geen seun oorgebly het nie, behalwe JeHôWagaz, die jongste van sy seuns. 2Ch 21:18 En ná dit alles is sy ingewande aangetas met 'n siekte waar geen genesing voor was nie. 2Ch 21:19 En ná 'n tyd, naamlik teen die einde van die tweede jaar, het sy ingewande by sy siekte uitgekom, sodat hy onder hewige pyne gesterf het; en sy volk het vir hom geen [wierook]-brand gemaak soos die brand vir sy vaders nie. 2Ch 21:20 Hy was twee-en-dertig jaar oud toe hy koning geword het en het agt jaar in Jerusalem geregeer; en hy het heengegaan sonder dat hulle hom terug verlang het; en hy is begrawe in die Stad van Dawid, maar nie in die grafte van die konings nie. //AgazJaHûW, koning van JeHûWdah, word deur JyHûW omgebring. 2Ch 22:1 TOE maak die inwoners van Jerusalem AgazJaHûW, sy jongste seun, koning in sy plek; want die bende wat met die Arabiere in die laer gekom het, het al die oueres gedood. En AgazJaHûW, die seun van JeHôWram, die koning van JeHûWdah, het koning geword. 2Ch 22:2 Twee-en-twintig jaar was AgazJaHûW oud toe hy koning geword het, en een jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was AtalJaHûW, die dogter van Omri. 2Ch 22:3 Hy het ook gewandel in die weë van die huis van Agab, want sy moeder was sy raadgeefster tot besoedeling. 2Ch 22:4 En hy het gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH soos die huis van Agab, want húlle was sy raadgewers ná die dood van sy vader, hom tot 'n verderf. 2Ch 22:5 Hy het ook volgens hulle raad gewandel en met JeHôWram, die seun van Agab, die koning van JisraEl, saamgetrek in die oorlog teen GazaEl, die koning van Aram, by Ramot in Gílead; maar die Arameërs het JôWram gewond. 2Ch 22:6 En hy het teruggekom om hom in JizreEl te laat genees van die wonde wat hom toegebring is by Rama in die oorlog teen GazaEl, die koning van Aram; en AzárJaHûW, die seun van JeHôWram, die koning van JeHûWdah, het afgekom om JeHôWram, die seun van Agab, in JizreEl te besoek, want hy was siek. 2Ch 22:7 Maar die ondergang van AgazJaHûW was van Elohim, dat hy na JôWram moes kom; en daar aangekom, het hy saam met JeHôWram uitgetrek teen JyHûW, die seun van Nimsi, wat JaHWeH gesalf het om die huis van Agab uit te roei. 2Ch 22:8 En toe JyHûW die strafgerig voltrek aan die huis van Agab, het hy die owerstes van JeHûWdah en die seuns van die broers van AgazJaHûW, die dienaars van AgazJaHûW, aangetref en hulle gedood. 2Ch 22:9 Daarna het hy AgazJaHûW gesoek, en hulle het hom gevang terwyl hy in Samaría wegkruip en hom na JyHûW gebring; en hulle het hom gedood en hom begrawe, want hulle het gesê: Hy is die seun van JeHôWshafat, wat JaHWeH met sy hele hart gesoek het. En daar was niemand in die huis van AgazJaHûW wat in staat was om te regeer nie. //Die besoedelde AtalJaH oorweldig die troon van JeHûWdah. 2Ch 22:10 TOE AtalJaH, die moeder van AgazJaHûW, sien dat haar seun dood was, het sy haar gereed gemaak en die hele koninklike saadlyn van die huis van JeHûWdah omgebring. 2Ch 22:11 Maar JeHôWshabad, die dogter van die koning, het JôWash, die seun van AgazJaHûW, geneem en hom gesteel onder die koning se seuns uit wat gedood moes word, en hom en sy pleegmoeder in die beddekamer gebring; en JeHôWshabad, die dogter van koning JeHôWram, die vrou van die priester JeHôWjada - want sy was die suster van AgazJaHûW het hom vir AtalJaHûW weggesteek, sodat sy hom nie gedood het nie. 2Ch 22:12 En hy was by hulle in die Huis van die Elohim ses jaar lank verborge, terwyl AtalJaHûW oor die Aarde regeer. 2Ch 23:1 MAAR in die sewende jaar het JeHôWjada moed geskep en saam met hom in 'n verbond geneem die owerstes oor honderd: AzárJaHûW, die seun van Jeróham, en Jismael, die seun van JeHôWganan, en AzárJaHûW, die seun van Obed, en MaàseiJaHûW, die seun van AdáJaHûW, en EliShafat, die seun van Sigri. 2Ch 23:2 En hulle het in JeHûWdah rondgetrek en die Leviete vergader uit al die stede van JeHûWdah, en die hoofde van die vaders van JisraEl; en hulle het na Jerusalem gekom. 2Ch 23:3 En die hele vergadering het in die Huis van die Elohim, met die koning 'n verbond gesluit. Toe sê hy vir hulle: Kyk, die seun van die koning moet koning wees soos JaHWeH oor die seuns van Dawid gespreek het. 2Ch 23:4 Dit moet julle doen: 'n derde deel van julle wat op die Sabbat inkom - van die priesters en Leviete - moet drumpelwagters wees; 2Ch 23:5 en 'n derde deel by die huis van die koning, en 'n derde deel by die Fondamentpoort, en die hele volk in die voorhowe van die Huis van JaHWeH. 2Ch 23:6 Maar niemand mag in die Huis van JaHWeH ingaan nie, behalwe die priesters en diensdoende Leviete; húlle mag ingaan, want Apartheid is hulle; maar die hele volk moet die Verordening van JaHWeH hou. 2Ch 23:7 En die Leviete moet rondom die koning gaan staan, elkeen met sy wapens in sy hand, en hy wat in die huis ingaan, moet gedood word, en julle moet by die koning wees as hy in- en as hy uitgaan. 2Ch 23:8 En die Leviete en die hele JeHûWdah het gedoen net soos die priester JeHôWjada beveel het: elkeen het sy manne geneem wat op die Sabbat inkom saam met die wat op die Sabbat uitgaan; want die priester JeHôWjada het die afdelings nie ontslaan nie. 2Ch 23:9 En die priester JeHôWjada het aan die owerstes oor honderd die spiese en die klein skilde gegee en die skilde van koning Dawid wat in die Huis van die Elohim was; 2Ch 23:10 en hy het al die manskappe opgestel - elkeen met sy wapen in sy hand, van die regterkant van die Huis af tot by die linkerkant van die Huis, na die altaar en na die Huis toe, by die koning rondom. 2Ch 23:11 Daarna het hulle die seun van die koning uitgebring en aan hom die kroon/separatisme en die Getuienis oorgegee; en hulle het hom koning gemaak; en JeHôWjada en sy seuns het hom gesalf en gesê: Mag die koning lewe! 2Ch 23:12 En toe AtalJaHûW die stem van die mense hoor wat toestroom en die koning toejuig, het sy na die volk in die Huis van JaHWeH gekom; 2Ch 23:13 en toe sy die koning sien staan op sy verhoog by die ingang en die owerstes en die trompetblasers by die koning en dat die hele volk van die Aarde bly is en op die trompette blaas, en die sangers met die musiekinstrumente, terwyl hulle die teken gee om lof te sing, skeur AtalJaHûW haar klere en roep uit: Verraad, verraad! 2Ch 23:14 Maar die priester JeHôWjada het die owerstes oor honderd, die aanvoerders van die leër, uitgebring en aan hulle gesê: Neem haar weg tussen die rye deur; en die wat agter haar aankom, moet met die swaard gedood word; want die priester het gesê: Julle mag haar nie in die Huis van JaHWeH doodmaak nie. 2Ch 23:15 En hulle het die hande aan haar geslaan, en sy het by die ingang van die Perdepoort in die huis van die koning gekom, en daar het hulle haar gedood. 2Ch 23:16 En JeHôWjada het 'n verbond gesluit tussen homself en die hele volk en die koning, dat hulle 'n volk van JaHWeH sou wees. 2Ch 23:17 Daarna het die hele volk in die tempel van die Here (Baäl) ingegaan en hom afgebreek en sy altare en sy beelde stukkend geslaan, en Mattan, die priester van die Here (Baäl), voor die altare gedood. 2Ch 23:18 Verder het JeHôWjada wagte aangestel in die Huis van JaHWeH onder leiding van die Levitiese priesters wat Dawid ingedeel het vir die Huis van JaHWeH om die brandoffers van JaHWeH te bring, soos geskrywe is in die Wet van Moshè, met blydskap en gesang volgens die instelling van Dawid. 2Ch 23:19 En hy het die poortwagters aangestel by die Poorte van die Huis van JaHWeH, sodat niemand kon inkom wat in enige opsig besoedel was nie. 2Ch 23:20 En hy het die owerstes oor honderd geneem en die vername manne en die wat oor die volk geheers het, en die hele volk van die Aarde, en hy het die koning uit die Huis van JaHWeH afgebring; en hulle het deur die Boonste Poort in die huis van die koning gekom en die koning op die koningstroon laat sit. 2Ch 23:21 En die hele volk van die Aarde was bly, en die Stad was rustig. Maar hulle het AtalJaHûW met die swaard gedood. //JôWash laat die Tempel herstel; sy idolary ná die dood van JeHôWjada. Hy bring ZekarJaH om die lewe. 2Ch 24:1 JÔWASH was sewe jaar oud toe hy koning geword het, en hy het veertig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Sibja, uit Berséba. 2Ch 24:2 En JôWash het gedoen wat Reg was in die Oë van JaHWeH, al die dae van die priester JeHôWjada. 2Ch 24:3 En JeHôWjada het vir hom twee vroue geneem, en hy het die vader geword van seuns en dogters. 2Ch 24:4 En daarna het JôWash hom voorgeneem om die Huis van JaHWeH te herstel. 2Ch 24:5 Daarom het hy die priesters en die Leviete versamel en aan hulle gesê: Gaan uit na die stede van JeHûWdah en versamel silwer uit die hele JisraEl om van jaar tot jaar die Huis van julle Elohey te herstel; en julle moet gou maak met die saak! Maar die Leviete het nie gou gemaak nie. 2Ch 24:6 Toe roep die koning die hoof[priester] JeHôWjada en sê vir hom: Waarom het jy nie gesorg dat die Leviete uit JeHûWdah en uit Jerusalem die belasting van Moshè, die kneg van JaHWeH, en van die vergadering van JisraEl vir die Tent van die Getuienis inbring nie? 2Ch 24:7 Want die besoedelde AtalJaHûW - haar seuns het in die Huis van die Elohim ingebreek en selfs al die apartheids[dinge], van die Huis van JaHWeH vir die Here (Baäl) gebruik. 2Ch 24:8 Op bevel van die koning maak hulle toe 'n kis en sit dit buitekant by die poort van die Huis van JaHWeH neer. 2Ch 24:9 En hulle het uitgeroep in JeHûWdah en in Jerusalem om aan JaHWeH die belasting wat Moshè, die kneg van die Elohim, op JisraEl in die wildernis gelê het, te bring. 2Ch 24:10 Toe was al die owerstes en die hele volk bly, en hulle het dit ingebring en in die kis gegooi totdat hulle klaar was. 2Ch 24:11 En elke keer as hulle die kis deur die diens van die Leviete by die wag van die koning bring en hulle sien dat die silwer baie is, kom die skrywer van die koning en die toesighouer van die hoofpriester en hulle maak die kis leeg en bring dit weer na sy plek terug; so het hulle van dag tot dag gedoen en silwer in menigte versamel. 2Ch 24:12 En die koning en JeHôWjada het dit aan die uitvoerders van die werk aan die Huis van JaHWeH gegee, en dié het klipkappers en skrynwerkers gehuur om die Huis van JaHWeH te herstel, en ook yster- en kopersmede om die Huis van JaHWeH te verbeter. 2Ch 24:13 En die uitvoerders van die werk was ywerig besig, sodat die herstellingswerk deur hulle hand gevorder het, en hulle het die Huis van die Elohim herstel volgens sy [oorspronklike] bouplan en dit reggemaak. 2Ch 24:14 En toe hulle klaar was, het hulle die orige silwer voor die koning en JeHôWjada gebring, en hy het daarvan gereedskap laat maak vir die Huis van JaHWeH, diens en gereedskap en panne en goue en silwervoorwerpe; en hulle was voortdurend besig om brandoffers te bring in die Huis van JaHWeH al die dae van JeHôWjada. 2Ch 24:15 En JeHôWjada het oud geword en was afgeleef en het gesterwe; hy was honderd-en-dertig jaar oud toe hy gesterf het. 2Ch 24:16 En hy is begrawe in die Stad van Dawid by die konings; want hy het suiwerheid bewerk in JisraEl teenoor die Elohim sowel as teenoor Sy Huis. 2Ch 24:17 Maar ná die dood van JeHôWjada kom die owerstes van JeHûWdah en buig hulle voor die koning neer. Toe het die koning na hulle geluister, 2Ch 24:18 en hulle het die Huis van JaHWeH, die Elohey van hulle vaders, verlaat en het die houtkruise en die idole gedien. Toe kom daar 'n Woede oor JeHûWdah en Jerusalem weens hierdie skuld van hulle. 2Ch 24:19 En Hy het profete onder hulle gestuur om hulle na JaHWeH terug te bring; en dié het hulle gewaarsku, maar hulle het nie gehoor gegee nie. 2Ch 24:20 Toe het die Gees van Elohim ZekarJaH, die seun van die priester JeHôWjada, beklee, en dié het voor die volk gaan staan en aan hulle gesê: So spreek die Elohim: Waarom oortree julle die Gebooie van JaHWeH en wil julle nie voorspoedig wees nie? Omdat julle JaHWeH verlaat het, het Hy julle verlaat. 2Ch 24:21 Daarop smee hulle 'n sameswering teen hom en stenig hom op bevel van die koning in die voorhof van die Huis van JaHWeH. 2Ch 24:22 En koning JôWash het nie gedink aan die medelye wat sy vader JeHôWjada met hom gehad het nie en het sy seun vermoor. Maar toe dié sterwe, het hy gesê: Mag JaHWeH dit sien en rekenskap vorder! 2Ch 24:23 En by die wisseling van die jaar het 'n leër van Aram teen hom opgetrek, en hulle het in JeHûWdah en Jerusalem aangekom en al die volksowerstes onder die volk uitgeroei en al hulle buit na die koning van Damaskus gestuur. 2Ch 24:24 Alhoewel die leër van Aram met 'n geringe aantal manne gekom het, het JaHWeH tog 'n baie groot leër in hulle hand gegee, omdat hulle JaHWeH, die Elohey van hulle vaders, verlaat het. En hulle het strafgerigte geoefen teen JôWash. 2Ch 24:25 En toe hulle van hom wegtrek - want hulle het hom in hewige pyne agtergelaat - smee sy dienaars 'n sameswering teen hom vanweë die bloed van die seun van die priester JeHôWjada; en hulle het hom op sy bed vermoor, sodat hy gesterf het; en hy is begrawe in die Stad van Dawid, maar hulle het hom nie in die grafte van die konings begrawe nie. 2Ch 24:26 En dit is hulle wat teen hom saamgesweer het: Sabad, die seun van Símeat, die Ammonitiese, en JeHôWzabad, die seun van Simrit, die Moabitiese vrou. 2Ch 24:27 En sy seuns en die baie laste hom opgelê en die herstel van die Huis van die Elohim - kyk, dit is beskrywe in die uiteensetting van die Boekrol van die Konings. En sy seun AmátsJaHûW het in sy plek koning geword. //AmátsJaHûW, koning van JeHûWdah, oorwin die Edomiete, maar verval in idolary en word deur JôWash, koning van JisraEl, oorwin. Sy dood. 2Ch 25:1 VYF-EN-TWINTIG jaar oud, het AmátsJaHûW koning geword, en hy het nege-en-twintig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was JeHôWaddan, van Jerusalem. 2Ch 25:2 En hy het gedoen wat Reg was in die Oë van JaHWeH, maar nie met 'n volkome hart nie. 2Ch 25:3 En toe die koninklike mag in sy besit was, het hy sy dienaars, die moordenaars van sy vader, die koning, gedood; 2Ch 25:4 hulle kinders ewenwel het hy nie gedood nie, maar gedoen soos geskrywe is in die Wet, in die Boekrol van Moshè, waar JaHWeH dit beveel het: Die vaders moet nie vir die kinders sterwe, en die kinders moet nie vir die vaders sterwe nie; maar hulle moet elkeen vir sy eie oortredinge sterwe. 2Ch 25:5 En AmátsJaHûW het JeHûWdah bymekaar laat kom en hulle opgestel volgens die families, volgens die owerstes oor duisend en volgens die owerstes oor honderd, die hele JeHûWdah en Benjamin, en hy het hulle gemonster van twintig jaar oud en daarbo, en bevind dat hulle driehonderdduisend uitgesoektes was wat op kommando moes uittrek, wat spies en skild hanteer. 2Ch 25:6 Ook het hy uit JisraEl honderd-duisend dapper dapperes vir honderd talente silwer gehuur. 2Ch 25:7 Toe kom daar 'n Man van die Elohim na hom en sê: o Koning, laat die kommando van JisraEl nie saam met u gaan nie, want JaHWeH is nie met JisraEl, met al die kinders van Efraim nie. 2Ch 25:8 Maar gaan u [alleen], tree moedig op in die geveg; die Elohim sal u laat val voor die vyand; want by Elohim is Krag om te help of te laat val. 2Ch 25:9 Maar AmátsJaHûW sê aan die Man van die Elohim: En wat moet met die honderd talente gemaak word wat ek aan die troepe van JisraEl gegee het? En die Man van die Elohim antwoord: JaHWeH kan u baie meer gee as dit. 2Ch 25:10 Toe het AmátsJaHûW hulle afgesonder, naamlik die troepe wat uit Efraim na hom gekom het, om na hulle woonplek te trek; maar hulle het baie kwaad geword vir JeHûWdah en teruggegaan na hulle woonplek in gloeiende woede. 2Ch 25:11 Maar AmátsJaHûW het moed geskep en sy manskappe aangevoer en die Vallei van Sout ingetrek en die kinders van Seïr, tienduisend, verslaan. 2Ch 25:12 En tienduisend het die kinders van JeHûWdah lewendig as gevangenes weggevoer en hulle op die top van die krans gebring en hulle van die top van die krans afgegooi, sodat hulle almal verpletter is. 2Ch 25:13 Maar die manskappe van die troepe wat AmátsJaHûW laat teruggaan het om nie saam met hom in die oorlog te trek nie, het 'n plundertog onderneem in die stede van JeHûWdah, van Samaría af tot by Bet-Horon, en drieduisend van hulle verslaan en baie buit geroof. 2Ch 25:14 En nadat AmátsJaHûW tuisgekom het van die verslaan van die Edomiete, het hy die gode van die kinders van Seïr gebring en hulle vir hom as 'n god opgestel en hom voor hulle neergebuig en vir hulle reukwerk berei. 2Ch 25:15 Toe ontvlam die Woede van JaHWeH teen AmátsJaHûW, en Hy stuur 'n profeet na hom, en dié het vir hom gesê: Waarom soek u die gode van die volk wat hulle eie volk nie uit u hand gered het nie? 2Ch 25:16 En terwyl hy met hom spreek, sê hy vir hom: Het ons jou as raadgewer van die koning aangestel? Hou op, waarom sal hulle jou doodmaak? Toe hou die profeet op en sê: Ek merk dat Elohim besluit het om u te vernietig, omdat u dit gedoen het en nie na my raad geluister het nie. 2Ch 25:17 En AmátsJaHûW, die koning van JeHûWdah, het ná raadpleging gestuur na JôWash, die seun van JeHôWagaz, die seun van JyHûW, die koning van JisraEl, om te sê. Kom, laat ons mekaar se aangesig sien. 2Ch 25:18 Maar JôWash, die koning van JisraEl, het AmátsJaHûW, die koning van JeHûWdah, dit laat weet: Die distel wat op die Líbanon is, het die seder wat op die Líbanon is, laat weet: Gee jou dogter aan my seun as vrou! Maar die diere van die veld wat op die Líbanon is, het verbygegaan en die distel vertrap. 2Ch 25:19 U dink u het die Edomiete verslaan, daarom is u hart hoogmoedig om eer te verwerwe. Bly nou tuis! Waarom wil u uself kwaad maak, sodat u sou val, u en JeHûWdah saam met u? 2Ch 25:20 Maar AmátsJaHûW het nie geluister nie; want dit was van Elohim beskik om hulle uit te lewer, omdat hulle die gode van Edom gesoek het. 2Ch 25:21 Toe trek JôWash, die koning van JisraEl, op; en hulle het mekaar se aangesig gesien, hy en AmátsJaHûW, die koning van JeHûWdah, by Bet-Semes wat aan JeHûWdah behoort. 2Ch 25:22 En JeHûWdah is voor JisraEl verslaan, en hulle het gevlug, elkeen na sy tente toe. 2Ch 25:23 En JôWash, die koning van JisraEl, het AmátsJaHûW, die koning van JeHûWdah, die seun van JôWash, die seun van JeHôWagaz, by Bet-Semes gevang en hom na Jerusalem gebring en vierhonderd voorarm van die muur van Jerusalem afgebreek, van die Efraimspoort af tot by die Hoekpoort. 2Ch 25:24 En hy het al die goud en die silwer [geneem] en al die voorwerpe wat in die Huis van die Elohim by Obed-Edom te vinde was, en die skatte van die huis van die koning en ook die gyselaars, en omgedraai; na Samaría toe. 2Ch 25:25 En AmátsJaHûW, die seun van JôWash, die koning van JeHûWdah, het na die dood van JôWash, die seun van JeHôWagaz, die koning van JisraEl, vyftien jaar gelewe. 2Ch 25:26 En die verdere geskiedenis van AmátsJaHûW, die vroeëre en die latere, kyk, is dit nie beskrywe in die Boekrol van die Konings van JeHûWdah en JisraEl nie? 2Ch 25:27 En van die tyd af dat AmátsJaHûW van JaHWeH afvallig geword het, het hulle 'n sameswering teen hom gesmee in Jerusalem, sodat hy na Lagis gevlug het; maar hulle het agter hom aangestuur na Lagis en hom daar gedood. 2Ch 25:28 En hulle het hom op perde vervoer en hom by sy vaders begrawe in die Stad van JeHûWdah. //UzziJaHûW se voorspoedige regering oor JeHûWdah. Hy word met melaatsheid gestraf weens besoedeling van die Tempel. Sy dood. 2Ch 26:1 TOE het die hele volk van JeHûWdah UzziJaHûW geneem, wat toe sestien jaar oud was, en hom koning gemaak in die plek van sy vader AmátsJaHûW. 2Ch 26:2 Hy het Elat gebou en weer aan JeHûWdah teruggebring nadat die koning met sy vaders ontslaap het. 2Ch 26:3 Sestien jaar was UzziJaHûW oud toe hy koning geword het, en hy het twee-en-vyftig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was JekâlJaH, van Jerusalem. 2Ch 26:4 En hy het gedoen wat Reg was in die Oë van JaHWeH net soos sy vader AmátsJaHûW gedoen het. 2Ch 26:5 En hy het Elohim gedurig gesoek in die dae van ZekarJaHûW, wat onderrig gegee het in die Vrees van die Elohim. En in die dae dat hy JaHWeH gesoek het, het die Elohim hom voorspoedig gemaak. 2Ch 26:6 En hy het uitgetrek en teen die Filistyne geveg en die muur van Gat en die muur van Jabne en die muur van Asdod afgebreek, en stede gebou by Asdod en onder die Filistyne. 2Ch 26:7 En die Elohim het hom gehelp teen die Filistyne en teen die Arabiere wat in Gur-Baäl gewoon het, en [teen] die Meüniete. 2Ch 26:8 Ook die Ammoniete het aan UzziJaHûW geskenke gegee; en sy roem is verbrei tot by die ingang na Egipte, want hy was uitermate magtig. 2Ch 26:9 Verder het UzziJaHûW torings gebou in Jerusalem by die Hoekpoort en by die Dalpoort en by die Winkelhaak, en hy het hulle versterk. 2Ch 26:10 Hy het ook in die wildernis torings gebou en baie putte uitgekap; want hy het baie vee gehad, in die Laeveld sowel as in die Gelykveld, landbouers en wynboere op die berge en in die tuingronde, want hy was lief vir die Adamah [die adamiet se Aarde]. 2Ch 26:11 Verder het UzziJaHûW 'n leër gehad wat oorlog kon voer, wat in afdelings op kommando moes uittrek volgens die getal van hulle monstering deur JeiEl, die skrywer, en MaàseiJaHûW, die toesighouer, onder leiding van GanánJaHûW, een van die owerstes van die koning. 2Ch 26:12 Die hele getal van die hoofde van die vaders, die dapper dapperes, was tweeduisend-seshonderd. 2Ch 26:13 En onder hulle bevel was 'n leërmag van driehonderd-en-seweduisend-vyfhonderd wat met volle krag oorlog kon voer om die koning te help teen die vyand. 2Ch 26:14 En UzziJaHûW het vir hulle, vir die hele kommando, skilde aangeskaf en spiese en helms en pantsers en boë en slingerstene. 2Ch 26:15 Ook het hy in Jerusalem oorlogswerktuie gemaak, 'n uitvinding van 'n kunstenaar, wat op die torings en op die hoeke moes staan om met pyle en groot klippe te skiet; en sy roem is verbrei, want hy is wonderbaarlik gehelp totdat hy sterk geword het. 2Ch 26:16 Maar toe hy sterk geword het, was sy hart hoogmoedig, sodat hy baie verkeerd gedoen en ontrou gehandel het teen JaHWeH, sy Elohey; want hy het in die Huis van JaHWeH gegaan om reukwerk te berei op die altaar vir soet geur. 2Ch 26:17 Maar die priester AzárJaHûW het hom gevolg en tagtig priesters van JaHWeH, flukse manne, saam met hom, 2Ch 26:18 en teen koning UzziJaHûW opgetree en aan hom gesê: Dit kom u nie toe, UzziJaHûW, om vir JaHWeH reukwerk te berei nie, maar aan die priesters, seuns van Aäron, wat aangewys is om reukwerk te berei. Gaan uit die Apartheidsplek uit, want u het ontrou gehandel, en dit sal u van die kant van JaHWeH Elohim nie tot eer strek nie. 2Ch 26:19 Maar UzziJaHûW het woedend geword; en terwyl hy, met die wierookpan in sy hand, woedend was op die priesters, slaan die melaatsheid op sy voorhoof uit voor die oë van die priesters, in die Huis van JaHWeH langs die altaar vir soet geur. 2Ch 26:20 Toe AzárJaHûW, die hoofpriester, en al die priesters na hom kyk en sien dat hy melaats was aan sy voorhoof, het hulle hom gou daarvandaan weggedrywe, en hy het ook self gou gemaak om weg te kom, want JaHWeH het hom aangetas. 2Ch 26:21 En koning UzziJaHûW was melaats tot die dag van sy dood toe, en hy het in 'n afgesonderde huis as melaatse gewoon, want hy was van die Huis van JaHWeH uitgesluit; en sy seun JôWtham, wat oor die paleis van die koning was, het die volk van die Aarde geregeer. 2Ch 26:22 En die verdere geskiedenis van UzziJaHûW, die vroeëre en die latere, het die profeet JeshaJaHûW, die seun van Amos, beskrywe. 2Ch 26:23 En UzziJaHûW het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe by sy vaders op die begraafplaas van die konings; want hulle het gesê: Hy is melaats. En sy seun JôWtham het in sy plek koning geword. //JôWtham koning van JeHûWdah. 2Ch 27:1 JÔWTHAM was vyf-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jerúsa, die dogter van Sadok. 2Ch 27:2 En hy het gedoen wat Reg was in die Oë van JaHWeH, net soos sy vader UzziJaHûW gedoen het; alleenlik het hy nie in die Huis van JaHWeH ingegaan nie; en die volk het nog verderflik gehandel. 2Ch 27:3 Hy het die Boonste Poort van die Huis van JaHWeH gebou, en aan die muur van die Heuwel het hy baie gebou. 2Ch 27:4 Verder het hy stede gebou op die gebergte van JeHûWdah, en in die bosse het hy forte en torings gebou. 2Ch 27:5 Ook het hy oorlog gevoer teen die koning van die kinders van Ammon en hulle oorwin, sodat die kinders van Ammon hom in dié jaar honderd talente silwer en tienduisend kor koring en tienduisend [kor] gars gegee het; dit het die kinders van Ammon vir hom ook in die tweede en derde jaar gelewer. 2Ch 27:6 En JôWtham het magtig geword, want hy het sy weë gerig voor die Aangesig van JaHWeH, sy Elohey. 2Ch 27:7 En die verdere geskiedenis van JôWtham en al sy oorloë en sy ondernemings, kyk, dit is beskrywe in die Boekrol van die Konings van JisraEl en JeHûWdah. 2Ch 27:8 Hy was vyf-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer. 2Ch 27:9 En JôWtham het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe in die Stad van Dawid; en sy seun Agas het in sy plek koning geword. //Agas koning van JeHûWdah. Sy idolary en sy rampe. 2Ch 28:1 AGAS was twintig jaar oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer en nie gedoen wat Reg was in die Oë van JaHWeH, soos sy vader Dawid nie. 2Ch 28:2 Maar hy het gewandel in die weë van die konings van JisraEl en selfs gegote afbeeldings vir die Here (Baäl) gemaak. 2Ch 28:3 Hy het self ook reukwerk berei in die Vallei van die seun van Verbranding [Molog] en sy seuns met vuur verbrand, volgens die gruwels van die nasies wat JaHWeH voor die kinders van JisraEl uit verdryf het. 2Ch 28:4 Hy het ook geslag en rook laat opgaan op die Hoogtes en op die heuwels en onder elke groen boom. 2Ch 28:5 Daarom het JaHWeH, sy Elohey hom oorgegee in die hand van die koning van Aram, en hulle het hom verslaan en 'n groot menigte gevangenes van hom weggevoer en na Damaskus gebring. En hy is ook oorgegee in die hand van die koning van JisraEl, en dié het hom verslaan, 'n groot slag. 2Ch 28:6 Peka, die seun van RemálJaHûW, het naamlik in JeHûWdah op een dag honderd-en-twintigduisend gedood, almal dapper manne, omdat hulle JaHWeH, die Elohey van hulle vaders, verlaat het. 2Ch 28:7 En Sigri, 'n dappere van Efraim, het MaàseiJaHûW, die seun van die koning, en Asríkam, die bevelhebber van die paleis, en El-Kanah, die tweede onder die koning, gedood. 2Ch 28:8 En die kinders van JisraEl het van hulle broers tweehonderdduisend vroue, seuns en dogters as gevangenes weggevoer, en ook 'n groot buit van hulle gebuit en die buit na Samaría gebring. 2Ch 28:9 En daar was 'n profeet van JaHWeH met die naam van Oded; en hy het uitgegaan om die leër te ontmoet wat aan kom was na Samaría, en aan hulle gesê: Kyk, deur die Grimmigheid van JaHWeH, die Elohey van julle vaders, oor JeHûWdah het Hy hulle in julle hand oorgegee, sodat julle onder hulle gemoor het met 'n woede wat tot aan die Hemele raak. 2Ch 28:10 En nou dink julle om die kinders van JeHûWdah en Jerusalem aan julle as slawe en slavinne onderdanig te maak. Wat julle betref, is daar nie by julle net skulde teenoor JaHWeH, julle Elohey nie? 2Ch 28:11 Luister dan nou na my en laat die gevangenes wat julle van jul broers weggevoer het, teruggaan; want die brandende Woede van JaHWeH is op julle! 2Ch 28:12 Toe het daar manne uit die hoofde van die kinders van Efraim opgetree teen die wat uit die stryd kom: AzárJaHûW, die seun van JeHôWganan, BerekJaHûW, die seun van Mesíllemot, en JegizkiJaHûW, die seun van Sallum, en Amása, die seun van Hádlai, 2Ch 28:13 en aan hulle gesê: Julle mag die gevangenes nie hierheen bring nie; want julle dink om by ons oortredinge en by ons skuld nog by te voeg, sodat ons skuldig sou staan voor die Aangesig van JaHWeH; want ons skuld is groot, en die brandende Woede is oor JisraEl. 2Ch 28:14 Die gewapendes het toe die gevangenes en die buit voor die owerstes en die hele vergadering losgelaat. 2Ch 28:15 En die manne wat met hulle naam aangewys was, het opgestaan en die gevangenes ondersteun en al die naaktes onder hulle uit die buit klere aangetrek; en hulle het aan hulle klere en skoene gegee en hulle laat eet en drink en hulle gesalf en almal wat moeg was, op esels vervoer en na Jérigo, die palmstad, by hul broers gebring; daarna het hulle na Samaría teruggegaan. 2Ch 28:16 In dieselfde tyd het koning Agas na die konings van Assirië gestuur dat hulle hom moet help. 2Ch 28:17 Bowendien het ook die Edomiete gekom en JeHûWdah verslaan en gevangenes weggevoer. 2Ch 28:18 Ook die Filistyne het plundertogte onderneem teen die stede van die Laeveld en die Suidland van JeHûWdah; en hulle het ingeneem: Bet-Sémes en Ajalon en Géderot en Sogo met sy onderhorige plekke en Timna met sy onderhorige plekke en Gimso met sy onderhorige plekke, en daarin gaan woon; 2Ch 28:19 want JaHWeH het JeHûWdah verneder ter wille van Agas, die koning van JisraEl, omdat hy losbandigheid in JeHûWdah bevorder en gedurig ontrou teen JaHWeH gehandel het. 2Ch 28:20 En Tilgat-Pilnéser, die koning van Assirië, het hom oorval en hom in benoudheid gebring en hom nie gehelp nie; 2Ch 28:21 want Agas het die Huis van JaHWeH en die huis van die koning en van die owerstes geplunder, en dit aan die koning van Assirië gegee sonder dat dit hom tot hulp was. 2Ch 28:22 Selfs in die tyd toe hulle hom in benoudheid gebring het, het hy nog meer ontrou teen JaHWeH begaan, dieselfde koning Agas: 2Ch 28:23 hy het geslag aan die gode van Damaskus wat hom verslaan het; en hy het gedink: Die gode van die konings van Aram help hulle; ek sal aan húlle slag, dat hulle my kan help! Maar juis hulle het hom en die hele JisraEl tot 'n val gebring. 2Ch 28:24 En Agas het die gereedskap van die Huis van die Elohim byeengebring en die gereedskap van die Huis van die Elohim stukkend geslaan en die deure van die Huis van JaHWeH toegesluit en vir hom altare gemaak op elke hoek in Jerusalem. 2Ch 28:25 Ook het hy in elke stad van JeHûWdah Hoogtes opgerig om vir gode van andere reukwerk te berei en JaHWeH, die Elohey van sy vaders, getart. 2Ch 28:26 En sy verdere geskiedenis en al sy onderneminge, die vroeëre en die latere, kyk, dit is beskrywe in die Boekrol van die Konings van JeHûWdah en JisraEl. 2Ch 28:27 En Agas het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe in die Stad, in Jerusalem; want hulle het hom nie in die grafte van die konings van JisraEl gebring nie. En sy seun JegizkiJaHûW het in sy plek koning geword. //JegizkiJaHûW, koning van JeHûWdah, maak die Tempel skoon. 2Ch 29:1 JEGIZKIJAHÛW het, vyf-en-twintig jaar oud, koning geword en nege-en-twintig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was AbiJaH, die dogter van ZekarJaHûW. 2Ch 29:2 En hy het gedoen wat Reg was in die Oë van JaHWeH net soos sy vader Dawid gedoen het. 2Ch 29:3 Hy het in die eerste jaar van sy regering, in die eerste maand, die deure van die Huis van JaHWeH oopgemaak en hom herstel, 2Ch 29:4 en die priesters en die Leviete laat inkom en hulle versamel op die Oosplein 2Ch 29:5 en vir hulle gesê: Luister na my, Leviete! Sonder julle nou af, en sonder die Huis van JaHWeH, die Elohey van julle vaders af, en bring die verfoeisels uit die Apartheid uit; 2Ch 29:6 want ons vaders het ontrou gehandel en gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH, onse Elohey, en hulle het Hom verlaat en hulle aangesig van die Tabernakel van JaHWeH afgewend en hom die rug toegekeer. 2Ch 29:7 Ook het hulle die deure van die voorportaal toegesluit en die lampe doodgeblaas en geen reukwerk aan die brand gesteek en geen brandoffer in die Apartheid aan die Elohey van JisraEl gebring nie. 2Ch 29:8 Daarom het 'n Woede van JaHWeH oor JeHûWdah en Jerusalem gekom, en Hy het hulle 'n skrikbeeld, 'n voorwerp van verbasing en van bespotting gemaak, soos julle met jul eie oë sien. 2Ch 29:9 En kyk, hierom het ons vaders deur die swaard geval en is ons seuns en ons dogters en ons vroue in gevangenskap. 2Ch 29:10 Nou is dit in my hart om 'n Verbond te sluit met JaHWeH, die Elohey van JisraEl, dat Sy brandende Woede van ons afgewend kan word. 2Ch 29:11 My seuns, wees nou nie nalatig nie, want JaHWeH het julle verkies om voor Sy Aangesig te staan, om Hom te dien en Sy dienaars te wees en reukwerk te berei. 2Ch 29:12 Die Leviete het hulle toe klaargemaak: Mahat, die seun van Amásai, en JôWEl, die seun van AzárJaHûW, uit die kinders van die Kehatiete; en uit die kinders van Merári: Kis, die seun van Abdi, en AzárJaHûW, die seun van JehalalEl; en uit die Gersoniete: JôWag, die seun van Simma, en Eden, die seun van JôWag; 2Ch 29:13 en uit die kinders van El-Safan: Simri en JeiEl; en uit die kinders van Asaf: ZekarJaHûW en MattánJaH; 2Ch 29:14 en uit die kinders van Heman: JehiEl en Símeï; en uit die kinders van Jedútun: ShemaJaH en UzziEl. 2Ch 29:15 En hulle het hul broers versamel en hulle apart gehou en ingekom om volgens die bevel van die koning, ooreenkomstig die Woord van JaHWeH, om die Huis van JaHWeH te suiwer. 2Ch 29:16 En die priesters het binne-in die Huis van JaHWeH ingegaan om hom te suiwer en al die besoedeling wat hulle in die Huis van JaHWeH gevind het, uitgebring in die voorhof van die Huis van JaHWeH, en die Leviete het dit in ontvangs geneem om dit uit te bring na buite, na die spruit Kidron. 2Ch 29:17 En hulle het begin om [hul] apart te stel op die eerste vanaf die eerste maand en op die agtste dag vanaf die maand by die voorportaal van JaHWeH gekom en die Huis van JaHWeH binne agt dae skoongemaak; en op die sestiende dag vanaf die eerste maand was hulle klaar. 2Ch 29:18 Toe kom hulle by koning GizkiJaHûW in en sê: Ons het die hele Huis van JaHWeH gesuiwer - die brandoffer-altaar met al sy gereedskap en die tafel vir die toonbrode met al sy gereedskap; 2Ch 29:19 ook al die gereedskap wat koning Agas tydens sy regering deur sy ontrou besoedel het, het ons weer reggesit en skoongemaak, en kyk, daar is dit voor die altaar van JaHWeH. 2Ch 29:20 Daarop maak koning JegizkiJaHûW hom vroeg klaar en laat die owerstes van die Stad bymekaarkom, en hy het opgegaan na die Huis van JaHWeH. 2Ch 29:21 En hulle het sewe bulle en sewe ramme en sewe lammers en sewe bokke vir die oortreding van die koningskap en vir die Apartheidsplek en vir JeHûWdah gebring; en hy het aan die seuns van Aäron, die priesters, gesê om dit op die altaar van JaHWeH te bring. 2Ch 29:22 Toe het hulle die beeste doodgebloei, en die priesters het die bloed opgevang en hom op die altaar gesprinkel, en die ramme doodgebloei en die bloed op die altaar gesprinkel, en die lammers doodgebloei en die bloed op die altaar gesprinkel. 2Ch 29:23 Daarna het hulle vir die oortreding bokke nader gebring voor die koning en die vergadering, en hulle het hul hande daarop gelê. 2Ch 29:24 En die priesters het hulle doodgebloei en die bloed daarvan vir die oortreding teen die altaar uitgegooi om versoening te doen vir die hele JisraEl; want die koning het die brandoffer vir die oortreding vir die hele JisraEl beveel. 2Ch 29:25 En hy het die Leviete opgestel by die Huis van JaHWeH, met simbale, met harpe en siters volgens die gebod van Dawid en van Gad, die siener van die koning, en van die profeet Natan; want JaHWeH het dit so beveel deur die diens van sy profete. 2Ch 29:26 En die Leviete het gaan staan met die instrumente van Dawid, en die priesters met die trompette. 2Ch 29:27 En GizkiJaHûW het bevel gegee om die brandoffer op die altaar te bring; en net toe die brandoffer begin, het ook die gesang tot eer van JaHWeH en die trompette begin, en dit onder begeleiding van die instrumente van Dawid, die koning van JisraEl. 2Ch 29:28 En die hele vergadering het hulle neergebuig, en die gesang het weerklink en die trompette geblaas - dit alles totdat die brandoffer verby was. 2Ch 29:29 En toe hulle klaar was met die samekomste, het die koning en almal wat by hom aanwesig was, gekniel en hulle neergebuig. 2Ch 29:30 Daarop gee koning JegizkiJaHûW en die owerstes aan die Leviete bevel om JaHWeH te prys met die woorde van Dawid en van Asaf, die siener; en hulle het met blydskap die lofsang aangehef en gebuig en neergeval. 2Ch 29:31 En JegizkiJaHûW het geantwoord en gesê: Nou het julle jul hand gevul vir JaHWeH; kom aan en bring die slagdiere van die danksegging na die Huis van JaHWeH. Die vergadering het toe slagdiere van danksegging gebring, en elkeen wat gewillig van hart was, brandoffers. 2Ch 29:32 En die getal van die brandoffers wat die vergadering gebring het, was sewentig beeste, honderd ramme, tweehonderd lammers; dit alles as 'n brandoffer aan JaHWeH. 2Ch 29:33 En die Aparthede, was seshonderd beeste en drieduisend stuks kleinvee. 2Ch 29:34 Net die priesters was te min en kon nie al die brandoffers afslag nie; maar hulle broers, die Leviete, het hulle ondersteun, totdat die werk klaar was en totdat die priesters hulleself apart gehou het; want die Leviete was opregter van hart om hulleself te af te sonder as die priesters. 2Ch 29:35 En ook was daar brandoffers in menigte, met die vet van die vergoeding en met die dranke vir die brandoffer. So is dan die diens in die Huis van JaHWeH gereël. 2Ch 29:36 En JegizkiJaHûW en die hele volk was bly oor wat die Elohim vir die volk berei het; want dit het gou gegaan. //JegizkiJaHûW vier op plegtige wyse in Jerusalem die Pasga van JaHWeH. 2Ch 30:1 DAARNA het JegizkiJaHûW gestuur na die hele JisraEl en JeHûWdah, en ook briewe geskrywe aan Efraim en Manasse om te kom na die Huis van JaHWeH in Jerusalem, om die Pasga tot eer van JaHWeH, die Elohey van JisraEl, te hou. 2Ch 30:2 En die koning en sy owerstes en die hele vergadering het in Jerusalem besluit om die Pasga in die tweede maand te hou, 2Ch 30:3 want hulle kon hom op sy tyd nie hou nie, omdat die priesters hulle nie die voldoende dag aangewys het en die volk nie in Jerusalem saamgekom het nie. 2Ch 30:4 En die saak was reg in die oë van die koning en in die oë van die hele vergadering. 2Ch 30:5 En hulle het dit vasgestel om 'n oproep deur die hele JisraEl, van Berséba tot Dan, te laat gaan dat hulle moes kom om die Pasga tot eer van JaHWeH, die Elohey van JisraEl, in Jerusalem te hou; want hulle het hom nie as 'n menigte gehou soos voorgeskrywe was nie. 2Ch 30:6 Die hardlopers gaan toe met die briewe uit die hand van die koning en sy owerstes deur die hele JisraEl en JeHûWdah, en volgens die gebod van die koning, om te sê: Kinders van JisraEl, bekeer julle tot JaHWeH, die Elohey van Abraham, Isak en JisraEl, dat Hy Hom mag wend tot die vrygeraaktes wat vir julle oorgebly het uit die handpalms van die konings van Assirië. 2Ch 30:7 En wees nie soos julle vaders en julle broers wat ontrou teen JaHWeH, die Elohey van hulle vaders, gehandel het nie, sodat Hy hulle 'n voorwerp van verbasing gemaak het soos julle self sien. 2Ch 30:8 Verhard nou nie julle nek soos julle vaders nie, gee aan JaHWeH die hand en kom na Sy gewyde plek wat Hy vir ewig apart gehou het, en dien JaHWeH, julle Elohey, dat Sy brandende Woede van julle afgewend kan word. 2Ch 30:9 Want as julle jul tot JaHWeH bekeer, sal julle broers en julle kinders Barmhartigheid vind voor die wat hulle as gevangenes weggevoer het, sodat hulle na hierdie Aarde kan terugkom; want JaHWeH, julle Elohey is innemend en barmhartig, en Hy sal die Aangesig van julle nie afwend nie as julle jul tot Hom bekeer. 2Ch 30:10 Maar toe die hardlopers van stad tot stad die Aarde van Efraim en Manasse deurgaan tot by Sébulon, het hulle hul uitgelag en met hul gespot. 2Ch 30:11 Maar manne uit Aser en Manasse en Sébulon het hulle verootmoedig en na Jerusalem gekom. 2Ch 30:12 Ook was die hand van die Elohim in JeHûWdah, sodat Hy hulle 'n eensgesinde hart gegee het om die gebod van die koning en van die owerstes volgens die Woord van JaHWeH uit te voer. 2Ch 30:13 En baie mense het in Jerusalem byeengekom om die Fees van die Ongesuurde Brode in die tweede maand te hou, 'n baie groot vergadering. 2Ch 30:14 En hulle het hul gereed gemaak en die altare verwyder wat in Jerusalem was; ook al die wierookaltare het hulle verwyder en in die spruit Kidron gegooi. 2Ch 30:15 Toe het hulle die Pasga doodgebloei op die veertiende vanaf die tweede maand; en die priesters en die Leviete het hulle geskaam en hulle toegewy en die brandoffers in die Huis van JaHWeH gebring. 2Ch 30:16 En hulle het op hul plek gaan staan, ooreenkomstig hulle verordening volgens die Wet van Moshè, die man van die Elohim, onderwyl die priesters besig was om die bloed uit die hand van die Leviete te sprinkel; 2Ch 30:17 want daar was baie in die vergadering wat hulle nie apart gehou het nie, daarom moes die Leviete die Pasgas doodbloei vir elkeen wat nie gesuiwer was nie, om hulle aan JaHWeH op te dra. 2Ch 30:18 Want die meerderheid van die volk, 'n menigte uit Efraim en Manasse, Issaskar en Sébulon, het hulle nie gesuiwer nie, maar die Pasga geëet soos hy nie voorgeskrywe was nie. Maar JegizkiJaHûW het vir hulle gebid en gesê: Mag JaHWeH wat suiwer is, versoening doen 2Ch 30:19 vir elkeen wat sy hart daarop gerig het om die Elohim JaHWeH, die Elohey van sy vaders, te soek, al was dit nie volgens die suiwering van die Apartheid nie. 2Ch 30:20 En JaHWeH het JegizkiJaHûW verhoor en die volk genees. 2Ch 30:21 So het dan die kinders van JisraEl wat in Jerusalem aanwesig was, die Fees van die Ongesuurde Brode sewe dae lank met groot blydskap gevier, terwyl die Leviete en die priesters JaHWeH dag vir dag geprys het met kragtige instrumente tot eer van JaHWeH. 2Ch 30:22 En JegizkiJaHûW het na die hart van al die Leviete gespreek wat in die Kennis van suiwerheid van JaHWeH onderrig gegee het; en hulle het die aangewese feesgawes sewe dae lank geëet, terwyl hulle slagdiere vir vergoeding geslag het en JaHWeH, die Elohey van hulle vaders, geloof het. 2Ch 30:23 En toe die hele vergadering besluit om nog sewe dae Fees te hou, het hulle dit met blydskap sewe dae lank gevier, 2Ch 30:24 want GizkiJaHûW, die koning van JeHûWdah, het aan die vergadering duisend bulle en seweduisend stuks kleinvee afgegee, en die owerstes het aan die vergadering duisend bulle en tienduisend stuks kleinvee afgegee; en die priesters het hulleself in menigtes voorberei. 2Ch 30:25 En die hele vergadering van JeHûWdah was bly, ook die priesters en die Leviete, en die hele vergadering van die wat uit JisraEl gekom het; ook die besoekers wat uit die Aarde van JisraEl gekom het, en die wat in JeHûWdah woonagtig was. 2Ch 30:26 En daar was groot blydskap in Jerusalem; want sedert die dae van Salomo, die seun van Dawid, die koning van JisraEl, het so iets in Jerusalem nie voorgekom nie. 2Ch 30:27 Toe staan die Levitiese priesters op en seën die volk; en hulle stem is verhoor, en hulle gebed het gekom tot in Sy Woning van Apartheid, tot in die Hemele. 2Ch 31:1 EN toe dit alles ten einde was, het al die aanwesige JisraEliete na die stede van JeHûWdah uitgetrek en die torings verbrysel en die houtkruise omgekap en die Hoogtes en die altare uit die hele JeHûWdah en Benjamin en in Efraim en Manasse afgebreek totdat hulle dit vernietig het. Daarna het al die kinders van JisraEl teruggegaan, elkeen na sy besitting, na hulle stede toe. //JegizkiJaHûW reël die diens van die Leviete. 2Ch 31:2 EN JegizkiJaHûW het die afdelings van die priesters en die Leviete vasgestel volgens hulle afdelings, elkeen volgens sy diens - as priesters of as Leviete vir die brandoffers en vergoeding, om te dien en te loof en te prys in die Poorte van die laers van JaHWeH. 2Ch 31:3 En die bydrae van die koning uit sy goed vir die brandoffers was: die môre- en die aandbrandoffers en die brandoffers vir die Sabbatte en vir die vernuwings en die Feestye, soos voorgeskrywe is in die Wet van JaHWeH. 2Ch 31:4 En hy het die volk, die inwoners van Jerusalem, bevel gegee om die aandeel van die priesters en die Leviete te gee, sodat hulle aan die Wet van JaHWeH al hulle krag kon wy. 2Ch 31:5 En toe die bevel uitgevaardig is, het die kinders van JisraEl baie eerstelinge van koring, druiwesap en olie en heuning en van elke produk van die landerye ingelewer en die tiendes van alles in menigte ingebring. 2Ch 31:6 En die kinders van JisraEl en JeHûWdah wat in die stede van JeHûWdah woonagtig was, hulle het ook die tiendes ingebring van beeste en kleinvee en die tiendes van Aparthede vanuit die apartgestelde(s), aan JaHWeH hulle Elohey, en dit op hope neergelê. 2Ch 31:7 In die derde maand het hulle die hope begin opstapel, en in die sewende maand was hulle daarmee klaar. 2Ch 31:8 Toe JegizkiJaHûW en die owerstes kom en die hope sien, het hulle JaHWeH en sy volk JisraEl geseën. 2Ch 31:9 En toe JegizkiJaHûW by die priesters en die Leviete ondersoek doen na die hope, 2Ch 31:10 het die hoëpriester AzárJaHûW, van die huis van Sadok, met hom gespreek en gesê: Vandat hulle die bydrae na die Huis van JaHWeH begin bring het, eet ons tot versadiging en hou nog oorvloedig oor; want JaHWeH het Sy volk geseën, sodat ons hierdie menigte oorgehou het. 2Ch 31:11 Toe gee JegizkiJaHûW bevel om kamers in die Huis van JaHWeH in te rig; en hulle het dit ingerig 2Ch 31:12 en die bydraes en die tiendes en die Aparthede, getrou ingebring; en daaroor was KenanJaHûW, die Leviet, as hoof aangestel, en sy broer Símeï as tweede. 2Ch 31:13 En JehiEl en AzazJaHûW en Nahat en AsaEl en Jérimot en JôWzabad en EliEl en JismakJaHuW en Mahat en BenáJaHûW was opsigters, onder toesig van KenanJaHûW en sy broer Símeï, volgens die bevel van koning JegizkiJaHûW en AzárJaHûW, die vors oor die Huis van die Elohim. 2Ch 31:14 En Kore, die seun van Jimna, die Leviet, die poortwagter teen die ooste, was oor die vrywillige skenkings aan die Elohim, om die bydraes van JaHWeH en die apartheids[gawes] van die Aparthede [uit te deel]. 2Ch 31:15 En onder sy leiding was Eden en Mínjamin en Jehshua en ShemaJaHûW, AmarJaHûW en ShekanJaHûW, om getrou uit te deel in die stede van die priesters aan hulle broers volgens die afdelings, aan groot sowel as klein; 2Ch 31:16 behalwe die manspersone wat in hulle geslagsregister opgeneem was, van drie jaar oud en daarbo, almal naamlik wat in die Huis van JaHWeH gekom het, na die eis van elke dag, om te dien in hulle ampsverpligtinge volgens hulle afdelings. 2Ch 31:17 En wat die geslagsregister van die priesters betref, dit was ingerig volgens families; maar dié van die Leviete, van twintig jaar oud en daarbo, volgens hulle ampsverpligtinge in hulle afdelings. 2Ch 31:18 En hulle moes in die geslagsregister opgeneem word met al hulle kindertjies, hul vroue en hul seuns en hul dogters, naamlik die hele stand; want volgens hulle getrouheid, het hulle hulself apart gehou met die [dinge] van Apartheid. 2Ch 31:19 Ook vir die seuns van Aäron, die priesters, buite op die weiveld van hulle stede, was daar in elke stad afsonderlik manne wat met hulle name aangewys was om aan elke manspersoon onder die priesters en aan elkeen van die Leviete wat in die geslagsregister opgeneem was, dele te gee. 2Ch 31:20 En so het JegizkiJaHûW in die hele JeHûWdah gedoen: hy het Suiwerheid, Reg en Waarheid beoefen voor die Aangesig van JaHWeH, sy Elohey. 2Ch 31:21 En in elke werk wat hy begin het insake die diens van die Huis van die Elohim en insake die Wet en die Gebod om sy Elohey te soek, het hy met sy hele hart gehandel en voorspoed gehad. //Sánherib, die koning van Assirië, val JeHûWdah binne. Die Assiriërs word deur 'n Boodskapper verslaan. 2Ch 32:1 Ná hierdie dinge en hierdie bewys van Waarheid het Sánherib, die koning van Assirië, gekom en JeHûWdah binne gedring en die vaste stede beleër en bedoel om hulle vir hom te verower. 2Ch 32:2 En toe JegizkiJaHûW sien dat Sánherib kom met die doel om teen Jerusalem te veg, 2Ch 32:3 het hy raad gehou met sy owerstes en sy dapperes, om die fontein-oë buitekant die stad toe te stop; en hulle het hom gehelp: 2Ch 32:4 baie mense het byeengekom en al die oë toegestop, ook die spruit wat dwarsdeur die Aarde stroom, met die gedagte: Waarom moet die konings van Assirië kom en baie water vind? 2Ch 32:5 En hy het moed geskep en die hele muur opgetrek wat afgebreek was, en daar torings op gebou. Ook die ander muur buitekant [het hy gebou]; en hy het Millo in die Stad van Dawid versterk en werpspiese en skilde in menigte laat maak. 2Ch 32:6 En hy het krygsowerstes oor die manskappe aangestel en hulle by hom op die plein van die stadspoort byeen laat kom en na hulle hart gespreek en gesê: 2Ch 32:7 Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik vanweë die koning van Assirië of vanweë die hele menigte wat saam met hom is nie; want by ons is meer as by hom. 2Ch 32:8 By hom is 'n vleeslike arm, maar by ons is JaHWeH, onse Elohey om ons te help en ons oorloë te voer! En die manskappe het gesteun op die woorde van JegizkiJaHûW, die koning van JeHûWdah. 2Ch 32:9 Hierna het Sánherib, die koning van Assirië - hy self en sy hele ryksmag was saam met hom by Lagis - sy dienaars na Jerusalem gestuur, na JegizkiJaHûW, die koning van JeHûWdah, en na die hele JeHûWdah wat in Jerusalem was, om te sê: 2Ch 32:10 So sê Sánherib, die koning van Assirië: Waarop vertrou julle, dat julle daar ingesluit bly sit in Jerusalem? 2Ch 32:11 Verlei JegizkiJaHûW julle nie, om julle van honger en dors te laat sterwe deur te sê: JaHWeH, onse Elohey sal ons red uit die handpalm van die koning van Assirië? 2Ch 32:12 Het dieselfde JegizkiJaHûW nie sy Hoogtes en sy altare verwyder en aan JeHûWdah en Jerusalem dit gesê nie: Voor één altaar moet julle jul neerbuig en daarop reukwerk berei? 2Ch 32:13 Weet julle nie wat ék en my vaders aan al die volke van die Aarde gedoen het nie? Het die gode van die nasies van die Aarde ooit hulle deel van die Aarde uit my hand kon red? 2Ch 32:14 Wie was daar onder al die gode van daardie nasies wat my vaders met die banvloek getref het, wat sy volk uit my hand kon red - dat julle Elohey, julle uit my hand sou kan red? 2Ch 32:15 Laat GizkiJaHûW julle dan nou nie bedrieg en julle nie op so 'n manier verlei nie; en glo hom nie, want geen enkele godin van enige nasie of koninkryk het sy volk uit my hand of uit die hand van my vaders kon verlos nie; hoeveel minder sal julle Elohey julle uit my hand kan verlos? 2Ch 32:16 Sy dienaars het nog meer teen JaHWeH die Elohim gespreek en teen Sy kneg JegizkiJaHûW. 2Ch 32:17 Hy het ook 'n brief geskrywe om JaHWeH, die Elohey van JisraEl, te smaad en teen Hom te spreek deur te sê: Soos die gode van die nasies van die Aarde wat hulle volk uit my hand nie gered het nie, so sal die Elohey van JegizkiJaHûW Sy volk uit my hand nie red nie. 2Ch 32:18 En hulle het hardop in die Hebreeuse taal geroep na die manskappe van Jerusalem wat op die muur was, om dié bevrees en verskrik te maak, sodat hulle die Stad kon inneem. 2Ch 32:19 En hulle het oor die Elohey van Jerusalem gespreek soos oor die gode van die volke van die Aarde - 'n maaksel van adamitiese hande. 2Ch 32:20 Maar toe koning JegizkiJaHûW en die profeet JeshaJaHûW, die seun van Amos, hieroor gebid en na die Hemele geroep het, 2Ch 32:21 stuur JaHWeH 'n Boodskapper, en dié het al die dapper dapperes en bevelhebbers en owerstes in die laer van die koning van Assirië verdelg, sodat hy met 'n beskaamde aangesig na sy deel van die Aarde teruggegaan het; en toe hy in die huis van sy gode kom, het die wat uit sy eie liggaam voortgekom het, hom daar met die swaard neergeslaan. 2Ch 32:22 En JaHWeH het JegizkiJaHûW en die inwoners van Jerusalem verlos uit die hand van Sánherib, die koning van Assirië, en uit die hand van almal, en hulle rondom tot rus gebring. 2Ch 32:23 En baie het geskenke aan JaHWeH na Jerusalem gebring en kosbaarhede aan JegizkiJaHûW, die koning van JeHûWdah, sodat hy daarna in die oë van al die nasies hoog gestaan het. //Siekte van JegizkiJaHûW. Gesante uit Babel by hom. Sy rykdom en voorspoed en dood. 2Ch 32:24 IN dié dae het JegizkiJaHûW dodelik siek geword, maar hy het tot JaHWeH gebid, en Hy het met hom gespreek en hom 'n wonderteken gegee. 2Ch 32:25 Maar JegizkiJaHûW het die weldaad wat aan hom bewys is, nie vergoed nie; want sy hart het hoogmoedig geword. Daarom was daar 'n Woede oor hom en oor JeHûWdah en Jerusalem. 2Ch 32:26 Maar JegizkiJaHûW het hom verootmoedig in die hoogmoedigheid van sy hart, hy en die inwoners van Jerusalem, sodat die Woede van JaHWeH nie oor hulle gekom het in die dae van JegizkiJaHûW nie. 2Ch 32:27 En JegizkiJaHûW het buitengewoon baie rykdom en eer besit en vir hom skatkamers gemaak vir silwer en goud en edelgesteentes en vir speserye en skilde en allerhande kosbare voorwerpe; 2Ch 32:28 ook pakhuise vir die opbrengs van die koring en druiwesap en olie; en stalle vir allerhande soorte vee en krale vir die troppe vee. 2Ch 32:29 Ook het hy vir hom stede aangelê; verder was daar besittings van kleinvee en beeste in menigte, want Elohim het hom baie goed gegee. 2Ch 32:30 Dieselfde JegizkiJaHûW het ook die boonste uitloop van die water van die Gihon toegestop en hom gelei na onder toe, westelik na die Stad van Dawid. En JegizkiJaHûW was voorspoedig in al sy werk. 2Ch 32:31 So ook in die geval van die gesante van die vorste van Babel - wat na hom gestuur het om ondersoek te doen na die wonderteken wat in die Aarde gebeur het - het die Elohim hom [net] verlaat om hom op die proef te stel, om te weet alles wat in sy hart was. 2Ch 32:32 En die verdere geskiedenis van JegizkiJaHûW en sy vroomheid, kyk, dit is beskrywe in die Gesig van die profeet JeshaJaHûW, die seun van Amos, in die Boekrol van die Konings van JeHûWdah en JisraEl. 2Ch 32:33 En JegizkiJaHûW het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe teen die hoogte van die grafte van die seuns van Dawid; en die hele JeHûWdah en die inwoners van Jerusalem het hom eer bewys by sy dood; en sy seun Manasse het in sy plek koning geword. //Manasse, koning van JeHûWdah, verval weer in idolary en word as gevangene weggevoer na Babel. Ná sy bekering herstel Elohim hom op sy troon. 2Ch 33:1 MANASSE was twaalf jaar oud toe hy koning geword het, en hy het vyf-en-vyftig jaar in Jerusalem geregeer. 2Ch 33:2 En hy het gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH volgens die gruwels van die nasies wat JaHWeH voor die kinders van JisraEl uit verdrywe het. 2Ch 33:3 En hy het die Hoogtes weer gebou wat sy vader JegizkiJaHûW afgebreek het, en altare opgerig vir die Here (Baäl) en Houtkruise gemaak en hom neergebuig voor die hele leër van die Hemele en hulle gedien; 2Ch 33:4 ook altare gebou in die Huis van JaHWeH waarvan JaHWeH gesê het: In Jerusalem sal My Naam vir ewig wees. 2Ch 33:5 En hy het altare gebou vir die hele leër van die Hemele in altwee die voorhowe van die Huis van JaHWeH. 2Ch 33:6 Ook het hy self sy seuns deur die vuur laat deurgaan in die Vallei van die seun van Verbranding en met goëlery en verklaring van voortekens en towery omgegaan en dodebesweerders en waarsêers aangestel; hy het baie gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH, om Hom te tart. 2Ch 33:7 Hy het ook 'n gesnede beeld van 'n idool wat hy gemaak het, in die Huis van die Elohim opgestel waarvan Elohim aan Dawid en sy seun Salomo gesê het: In hierdie Huis en in Jerusalem wat Ek uit al die stamme van JisraEl verkies het, sal Ek vir ewig My Naam vestig. 2Ch 33:8 En Ek sal die voet van JisraEl nie meer laat wyk vanaf die Adamah[die adamiet se Aarde] wat Ek vir julle vaders bestem het nie, as hulle net sorgvuldig doen alles wat Ek hulle beveel het volgens die hele Wet en die Insettinge en Regsprake deur die hand van Moshè. 2Ch 33:9 Maar Manasse het JeHûWdah en die inwoners van Jerusalem verlei om meer besoedeling te doen as die nasies wat JaHWeH voor die kinders van JisraEl uit verdelg het. 2Ch 33:10 En JaHWeH het met Manasse en met Sy volk gespreek, maar hulle het nie geluister nie. 2Ch 33:11 Daarom het JaHWeH die leërowerstes van die koning van Assirië oor hulle gebring, en dié het Manasse met hake gevang en hom met koperkettings geboei en hom na Babel vervoer. 2Ch 33:12 Maar in sy benoudheid het hy die Aangesig van JaHWeH, sy Elohey om Barmhartigheid gesmeek en hom diep verootmoedig voor die Aangesig van die Elohey van sy vaders 2Ch 33:13 en tot Hom gebid; en Hy het hom verhoor en na sy smeking geluister en hom na Jerusalem in sy koningskap teruggebring. Toe het Manasse erken dat: Hy, JaHWeH die Elohim is. 2Ch 33:14 En daarna het hy 'n buitemuur vir die Stad van Dawid gebou, westelik van die Gihon in die dal tot by die ingang na die Vispoort en dit om die Heuwel getrek en baie hoog gemaak, en leërowerstes in al die versterkte stede in JeHûWdah aangestel. 2Ch 33:15 En hy het die gode van die uitlander en die idoolafbeeldings uit die Huis van JaHWeH verwyder, ook al die altare wat hy op die berg van die Huis van JaHWeH en in Jerusalem gebou het, en hulle buitekant die Stad gegooi. 2Ch 33:16 En hy het die altaar van JaHWeH weer opgerig en daar slagdiere vir vergoeding geslag en hulle hande uitgestrek en aan JeHûWdah bevel gegee om JaHWeH, die Elohey van JisraEl, te dien. 2Ch 33:17 Tog het die volk nog op die Hoogtes geslag, maar net aan JaHWeH, hulle Elohey. 2Ch 33:18 En die verdere geskiedenis van Manasse en sy gebed tot sy Elohey en die woorde van die sieners wat tot hom gespreek het in die Naam van JaHWeH, die Elohey van JisraEl, kyk, dit is in die Geskiedenis van die konings van JisraEl. 2Ch 33:19 En sy gebed en hoe hy verhoor is en al sy oortredinge en sy ontrou en die plekke waar hy Hoogtes gebou en die houtkruise en gesnede beelde opgerig het voor sy verootmoediging, kyk, dit is beskrywe in die woorde van die Siener Gósai. 2Ch 33:20 En Manasse het ontslaap met sy vaders, en hy is in sy huis begrawe; en sy seun Amon het in sy plek koning geword. //Regering van die besoedelde Amon. 2Ch 33:21 AMON was twee-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en twee jaar het hy in Jerusalem geregeer. 2Ch 33:22 En hy het gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH, soos sy vader Manasse gedoen het; en Amon het aan al die gesnede beelde geslag wat sy vader Manasse gemaak het en hulle ywerig gedien. 2Ch 33:23 Maar hy het hom nie verootmoedig voor die Aangesig van JaHWeH soos sy vader Manasse hom verootmoedig het nie; maar hy, Amon, het die skuld vermeerder. 2Ch 33:24 En sy dienaars het teen hom saamgesweer en hom in sy huis gedood. 2Ch 33:25 Maar die volk van die Aarde het almal doodgeslaan wat teen koning Amon saamgesweer het, en die volk van die Aarde het sy seun JoshiJaHûW in sy plek koning gemaak. //JoshiJaHûW, koning van JeHûWdah, roei die idolary uit. Die Boekrol van die Wet word weer in die Tempel gevind. 2Ch 34:1 JOSHIJAHÛW was agt jaar oud toe hy koning geword het, en een-en-dertig jaar het hy in Jerusalem geregeer. 2Ch 34:2 En hy het gedoen wat Reg was in die Oë van JaHWeH en gewandel in die weë van sy vader Dawid en nie regs of links afgewyk nie. 2Ch 34:3 En in die agtste jaar van sy regering, terwyl hy nog jonk was, het hy begin om die Elohey van sy vader Dawid te soek, en in die twaalfde jaar het hy begin om JeHûWdah en Jerusalem te suiwer van die Hoogtes en die houtkruise en die gesnede afbeeldings en die gegote afbeeldings. 2Ch 34:4 En hulle het voor sy oë die altare van die Here (Baäl) omgegooi; en die sontorings wat daar bo-op was, het hy stukkend gekap en die houtkruise en die gesnede afbeeldings en die gegote afbeeldings verbreek en vermaal en dit oor die grafte gestrooi van die wat aan hulle geslag het. 2Ch 34:5 En die beendere van die priesters het hy op hulle altare verbrand en JeHûWdah en Jerusalem gesuiwer. 2Ch 34:6 En in die stede van Manasse en Efraim en Símeon en tot by Náftali, in hulle puinhope rondom, 2Ch 34:7 het hy die altare omgegooi, en die houtkruise en gesnede afbeeldings het hy tot stof vergruis en al die sontorings in die hele Aarde van JisraEl het hy omgekap. Daarna het hy na Jerusalem teruggekom. 2Ch 34:8 En in die agttiende jaar van sy regering, toe hy besig was om die Aarde en die Tempel te suiwer, het hy Safan, die seun van AtzalJaHuW, en MaàseiJaHûW, die owerste van die Stad, en JôWag, die seun van JôWagaz, die kanselier, gestuur om die Huis van JaHWeH, sy Elohey te herstel. 2Ch 34:9 Toe hulle by die hoëpriester GielkiJaHûW kom, het hulle die geld afgegee wat in die Huis van Elohim gebring was, wat die Leviete, die drumpelwagters, versamel het uit Manasse en Efraim en uit die hele oorblyfsel van JisraEl en uit die hele JeHûWdah en Benjamin en die inwoners van Jerusalem. 2Ch 34:10 Hulle het dit naamlik oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat aangestel was oor die Huis van JaHWeH, en dié het dit gegee aan die arbeiders wat gewerk het aan die Huis van JaHWeH, om die Huis reg te maak en te herstel. 2Ch 34:11 En hulle het dit gegee aan die skrynwerkers en die bouers, om gekapte klippe en hout vir die kappe aan te koop en om die geboue wat die konings van JeHûWdah verniel het, van balke te voorsien. 2Ch 34:12 En die manne het getrou gearbei aan die werk; en oor hulle was aangestel: Jahat en ObadJaHûW, Leviete uit die kinders van Merári, en ZekarJaH en Mesúllam uit die kinders van die Kehatiete, om leiding te gee; en die Leviete, elkeen wat verstand gehad het van musiekinstrumente, 2Ch 34:13 was oor die lasdraers én het al die werksmense bestuur by elke soort arbeid; uit die Leviete was ook skrywers en opsigters en poort-wagters. 2Ch 34:14 En toe hulle die geld uithaal wat in die Huis van JaHWeH gebring was, het die priester GielkiJaHûW die Boekrol van die Wet van JaHWeH gevind wat deur die hand van Moshè [gegee] is. 2Ch 34:15 Daarop het GielkiJaHûW aan die skrywer Safan gesê: Ek het die Boekrol van die Wet in die Huis van JaHWeH gevind! Toe gee GielkiJaHûW die Boekrol aan Safan, 2Ch 34:16 en Safan het die Boekrol na die konings gebring en aan die koning verder verslag gegee en gesê: Alles wat in die hande van u dienaars gegee is, doen hulle: 2Ch 34:17 hulle het die silwer wat daar in die Huis van JaHWeH was, uitgeskud en oorhandig aan die opsigters en die uitvoerders van die werk. 2Ch 34:18 Toe gee die skrywer Safan aan die koning te kenne en sê: Die priester GielkiJaHûW het aan my 'n Boekrol gegee; en Safan het aan die koning daaruit voorgelees. 2Ch 34:19 En toe die koning die woorde van die Wet hoor, het hy sy klere geskeur, 2Ch 34:20 en die koning het bevel gegee aan GielkiJaHûW en Ahíkam, die seun van Safan, en Abdon, die seun Mika, en Safan, die skrywer, en AsaJaH, die dienaar van die koning, en gesê: 2Ch 34:21 Gaan raadpleeg JaHWeH vir my en vir die wat in JisraEl en in JeHûWdah oorgebly het, oor die woorde van die Boekrol wat gevind is; want groot is die Grimmigheid van JaHWeH wat oor ons uitgestort is, omdat ons vaders die woord van JaHWeH nie gehou het om te handel volgens alles wat in hierdie Boekrol voorgeskrywe is nie. 2Ch 34:22 Toe gaan GielkiJaHûW en die wat die koning [gestuur het], na die profetes Hulda, die vrou van Sallum, die seun van Tokhat, die seun van Hasra, die klerebewaarder - sy het in Jerusalem in die Nuwe Stad gewoon - en hulle het so met haar gespreek. 2Ch 34:23 Toe sê sy aan hulle: So spreek JaHWeH, die Elohey van JisraEl: Sê aan die man wat julle na My gestuur het, 2Ch 34:24 so spreek JaHWeH: Kyk, Ek bring 'n ellende oor hierdie plek en oor sy inwoners, al die vervloekinge wat geskrywe staan in die Boekrol wat hulle aan die koning van JeHûWdah voorgelees het. 2Ch 34:25 Omdat hulle My verlaat en vir gode van andere reukwerk berei het, om My te tart met al die werke van hulle hande, daarom sal My Grimmigheid oor hierdie plek uitgestort en nie uitgeblus word nie. 2Ch 34:26 Maar aan die koning van JeHûWdah wat julle stuur om JaHWeH te raadpleeg, aan hom moet julle só sê: So spreek JaHWeH, die Elohey van JisraEl: Wat die woorde betref wat jy gehoor het 2Ch 34:27 omdat jou hart week is en jy jou voor die Aangesig van Elohim verneder het toe jy Sy woorde teen hierdie plek en teen sy inwoners hoor, en jy jou voor My Aangesig verneder het en jou klere geskeur en voor My Aangesig geween het, daarom het Ek ook verhoor, spreek JaHWeH. 2Ch 34:28 Kyk, Ek sal jou by jou vaders versamel, en jy sal met vrede in jou graf versamel word, en jou oë sal al die ellende nie aansien wat Ek oor hierdie plek en oor sy inwoners bring nie. En hulle het die koning antwoord gebring. 2Ch 34:29 Toe het die koning gestuur en al die oudstes van JeHûWdah en Jerusalem byeen laat kom. 2Ch 34:30 En die koning het opgegaan in die Huis van JaHWeH en al die manne van JeHûWdah en die inwoners van Jerusalem en die priesters en die Leviete en die hele volk, groot en klein, en hy het al die woorde uit die Boekrol van die Verbond wat in die Huis van JaHWeH gevind is, voor hulle ore gelees. 2Ch 34:31 En die koning het op sy plek gaan staan en die Verbond voor die Aangesig van JaHWeH gesluit om JaHWeH te volg en Sy Gebooie en Sy Getuienisse en Sy Insettinge met sy hele hart en met sy hele siel te onderhou, om die woorde van die Verbond wat in hierdie Boekrol geskrywe is, te volbring. 2Ch 34:32 En hy het almal wat in Jerusalem en in Benjamin te vinde was, laat toetree [tot die Verbond]; en die inwoners van Jerusalem het gehandel volgens die Verbond van Elohim, die Elohey van hulle vaders. 2Ch 34:33 JoshiJaHûW het toe al die gruwels uit die Aarde van die kinders van JisraEl verwyder en almal wat in JisraEl te vinde was, diensbaar gemaak, om JaHWeH, hulle Elohey te dien; al sy dae het hulle nie van JaHWeH, die Elohey van hulle vaders, afgewyk nie. //JoshiJaH hou 'n plegtige Pasga vir JaHWeH. 2Ch 35:1 DAARNA het JoshiJaHûW in Jerusalem die Pasga tot eer van JaHWeH gehou; en hulle het die Pasga doodgebloei op die veertiende vanaf die eerste maand. 2Ch 35:2 En hy het die priesters hulle dienspligte laat waarneem en hulle versterk vir die diens in die Huis van JaHWeH. 2Ch 35:3 Ook het hy aan die Leviete, die onderwysers van die hele JisraEl, wat apartgestel was vir JaHWeH, gesê: Sit die Ark van die Apartheid in die huis wat Salomo, die seun van Dawid, die koning van JisraEl, gebou het; laat sy nie 'n las op julle skouers wees nie: dien nou JaHWeH, julle Elohey en Sy volk JisraEl; 2Ch 35:4 en hou julle gereed volgens julle families, volgens julle afdelings, ooreenkomstig die voorskrif van Dawid, die koning van JisraEl, en die ordening van sy seun Salomo: 2Ch 35:5 gaan staan in die Apartheid volgens die afdelings van die families van julle broers, die volksgenote, naamlik [vir elkeen daarvan] 'n afdeling van 'n Levitiese familie; 2Ch 35:6 en laat die Pasga doodbloei en sonder julle af en berei hom vir julle broers, om te doen volgens die Woord van JaHWeH deur die hand van Moshè. 2Ch 35:7 En JoshiJaHûW het aan die seuns uit die volk afgegee kleinvee, skaaplammers en boklammers, dit alles as Pasgas, aan almal wat daar aanwesig was, dertigduisend in getal, en drieduisend beeste; dit was uit die besitting van die koning. 2Ch 35:8 Ook sy vorste het aan die volk, aan die priesters en die Leviete vrywillig afgegee. GielkiJaH[ûW] en ZekarJaHûW en JehiEl, die vorste oor die Huis van die Elohim, het aan die priesters as Pasgas tweeduisend-seshonderd [stuks kleinvee] en driehonderd beeste gegee. [1 Ezra 1:8] 2Ch 35:9 En KenanJaHûW en sy broers ShemaJaHûW en NethanEl, en GashabJaHûW en JeiEl en JôWzabad, die owerstes van die Leviete, het aan die Leviete as Pasgas vyfduisend [stuks kleinvee] en vyfhonderd beeste afgegee. [1 Ezra 1:9] 2Ch 35:10 Die diens is toe gereël: die priesters het op hul plek gaan staan, en die Leviete volgens hulle afdelings, volgens die bevel van die koning. 2Ch 35:11 Daarna het hulle die Pasga doodgebloei, en die priesters het die bloed uit die Leviete se hand geneem en hom gesprinkel, onderwyl die Leviete besig was om af te slag. 2Ch 35:12 En hulle het wat vir die brandoffer bestem was, afgesonder om haar aan die familie-afdelings van die seuns van die volk te gee om aan JaHWeH nader te bring, soos geskrywe is in die Boekrol van Moshè; en net so met die beeste. 2Ch 35:13 En hulle het die Pasga gaargemaak op die vuur volgens die Verordening, en die Aparthede, in potte en in kanne en in skottels gaargemaak en hom onverwyld aan al die seuns van die volk gebring. 2Ch 35:14 Daarna het hulle hom ook vir hulleself berei en vir die priesters; want die priesters, die seuns van Aäron, was tot in die nag besig met die bereiding van die brandoffer en die vetstukke; daarom het die Leviete dit vir hulleself en vir die priesters, die seuns van Aäron, berei. 2Ch 35:15 En die sangers, die seuns van Asaf, was op hulle plek volgens die bevel van Dawid en van Asaf en Heman en Jedútun, die siener van die koning, en die poortwagters by elke poort; hulle het nie nodig gehad om van hulle diens af weg te gaan nie, want hulle broers, die Leviete, het hom vir hulle berei. 2Ch 35:16 Die hele diens van JaHWeH is toe op dié dag gereël - om die Pasga te hou en brandoffers te bring op die altaar van JaHWeH, volgens die bevel van koning JoshiJaHûW. 2Ch 35:17 En die kinders van JisraEl wat aanwesig was, het die Pasga gehou in dié tyd, en ook die Fees van die Ongesuurde Brode, sewe dae lank. 2Ch 35:18 So 'n Pasga soos dié is in JisraEl nie gehou van die dae van die profeet ShemuEl af nie, en al die konings van JisraEl het nie so 'n Pasga gehou as wat JoshiJaHûW en die priesters en die Leviete en die hele JeHûWdah en JisraEl wat aanwesig was, en die inwoners van Jerusalem gehou het nie. 2Ch 35:19 In die agttiende jaar van die regering van JoshiJaHûW is hierdie Pasga gehou. //JoshiJaHûW sneuwel in 'n oorlog met Nego, koning van Egipte. 2Ch 35:20 NÁ dit alles, toe JoshiJaHûW die huis herstel het, het Nego, die koning van Egipte, opgetrek om te veg by Kárkemis aan die Eufraat, en JoshiJaHûW het uitgetrek hom tegemoet. 2Ch 35:21 Toe stuur hy boodskappers na hom om te sê: Wat het ek met jou te doen, koning van JeHûWdah? Ek kom nie vandag teen jóu nie, maar teen die huis wat gedurig teen my oorlog voer; en Elohim het gesê ek moet gou maak. Verset jou nie teen Elohim wat met my is, dat Hy jou nie vernietig nie. 2Ch 35:22 JoshiJaHûW het egter sy gesig nie van hom afgewend nie, maar homself onkenbaar gemaak om teen hom te veg; hy het nie geluister na die woorde van Nego uit die Mond van Elohim nie en aangekom om te veg in die laagte van Megíddo. 2Ch 35:23 En die skutters het koning JoshiJaHûW raak geskiet. Toe sê die koning aan sy dienaars: Bring my weg, want ek is swaar gewond. 2Ch 35:24 Sy dienaars bring hom toe van die strydwa af weg en laat hom op sy tweede wa ry en vervoer hom na Jerusalem; en hy het gesterwe en is begrawe in die grafte van sy vaders, terwyl die hele JeHûWdah en Jerusalem oor JoshiJaHûW gerou het. 2Ch 35:25 En JirmeJaHûW het 'n klaaglied op JoshiJaHûW gedig, en al die sangers en sangeresse het in hulle klaag-liedere van JoshiJaHûW gespreek tot vandag toe en dit tot 'n insetting in JisraEl gemaak; en kyk, dit is beskrywe in die Klaagliedere. 2Ch 35:26 En die verdere geskiedenis van JoshiJaHûW en sy vroomheid, volgens wat geskrywe is in die Wet van JaHWeH, 2Ch 35:27 sy geskiedenis dan, die vroeëre en die latere, kyk, dit is beskrywe in die Boekrol van die Konings van JisraEl en JeHûWdah. //JôWagaz, JeHôWjakim en JaHJagin konings van JeHûWdah. 2Ch 36:1 EN die volk van die Aarde het JeHôWagaz, die seun van JoshiJaHûW, geneem en hom koning gemaak in die plek van sy vader in Jerusalem. [1 Ezra 1:34] 2Ch 36:2 Drie-en-twintig jaar was JôWagaz oud toe hy koning geword het, en drie maande het hy in Jerusalem geregeer. 2Ch 36:3 En die koning van Egipte het hom in Jerusalem afgesit en die Aarde 'n boete opgelê van honderd talente silwer en 'n talent goud. [1 Ezra 1:35, 36] 2Ch 36:4 Daarop het die koning van Egipte sy broer El-Jakim koning gemaak oor JeHûWdah en Jerusalem en sy naam verander in JeHôWjakim; maar Nego het sy broer JôWagaz saamgeneem en hom na Egipte gebring. [1 Ezra 1:37, 38] 2Ch 36:5 Vyf-en-twintig jaar was JeHôWjakim oud toe hy koning geword het, en elf jaar het hy in Jerusalem geregeer; en hy het gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH, sy Elohey. 2Ch 36:6 Nebukadnésar, die koning van Babel, het teen hom opgetrek en hom met koperkettings geboei om hom na Babel te vervoer. 2Ch 36:7 Ook van die voorwerpe van die Huis van JaHWeH het Nebukadnésar na Babel gebring en dit in sy tempel in Babel gesit. 2Ch 36:8 Die verdere geskiedenis van JeHôWjakim en sy gruwels wat hy bedryf het, en wat verder by hom gevind is, kyk, dit is beskrywe in die Boekrol van die Konings van JisraEl en JeHûWdah; en sy seun JeHôWjakin het in sy plek koning geword. 2Ch 36:9 Agt[tien] jaar was JeHôWjakin oud toe hy koning geword het, en drie maande en tien dae het hy in Jerusalem geregeer; en hy het gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH. [2 Ezra 1:43, 44] 2Ch 36:10 By die wisseling van die jaar het koning Nebukadnésar gestuur en hom na Babel laat bring, saam met die kosbare voorwerpe van die Huis van JaHWeH, en sy broer SedekiJaHûW koning oor JeHûWdah en Jerusalem gemaak. //SedekiJaHûW die laaste koning van JeHûWdah. Nebukadnéser verwoes Jerusalem en voer die volk weg in gevangenskap. 2Ch 36:11 EEN-EN-TWINTIG jaar was SedekiJaHûW oud toe hy koning geword het, en elf jaar het hy in Jerusalem geregeer. [1 Ezra 1:45, 46] 2Ch 36:12 En hy het gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH, sy Elohey; hy het hom nie verootmoedig voor JirmeJaHûW, die profeet, [wat gespreek het] uit die Mond van JaHWeH nie. [1 Ezra 1:47] 2Ch 36:13 En hy het ook gerebelleer teen koning Nebukadnésar wat hom by Elohim laat sweer het; maar hy was hardnekkig en het sy hart verhard, sodat hy hom nie tot JaHWeH, die Elohey van JisraEl, bekeer het nie. 2Ch 36:14 Ook al die owerstes van die priesters en die volk het baie ontrou gehandel, volgens al die gruwels van die nasies, en die Huis van JaHWeH wat Hy in Jerusalem apart gestel het, besoedel. [1 Ezra 1:48, 49] 2Ch 36:15 En JaHWeH, die Elohey van hulle vaders, het vroeg en laat na hulle gestuur deur die diens van Sy boodskappers; want Hy het Medelye met Sy volk en met Sy woning gehad. [1 Ezra 1:50] 2Ch 36:16 Maar hulle het die boodskappers van die Elohim uitgelag en Sy woorde verag en met Sy profete gespot, totdat die Grimmigheid van JaHWeH teen Sy volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie. 2Ch 36:17 So het Hy dan die koning van die Chaldeërs teen hulle laat optrek, en dié het hulle jongmanne met die swaard in die huis van hulle apartheidsplek gedood en geen jongman of maagd, oue of gryse, verskoon nie: Hy het alles in sy hand gegee. [1 Ezra 1:51-53] 2Ch 36:18 En al die voorwerpe van die Huis van die Elohim, groot en klein, en die skatte van die Huis van JaHWeH en die skatte van die koning en van sy vorste, alles het hy na Babel gebring. [1 Ezra 1:54] 2Ch 36:19 En hulle het die Huis van die Elohim verbrand en die muur van Jerusalem omgegooi en al haar paleise met vuur verbrand, sodat al haar kosbare voorwerpe vernietig is. [1 Ezra 1:55] 2Ch 36:20 En die wat van die swaard oorgebly het, het hy na Babel in ballingskap weggevoer, en hulle het vir hom en sy seuns slawe geword, totdat die koninkryk van Persië tot heerskappy gekom het, [1 Ezra 1:56] 2Ch 36:21 sodat die Woord van JaHWeH deur die mond van JirmeJaHûW vervul sou word: totdat die Aarde vir haar Sabbatte vergoeding gekry het; al die dae van die verwoesting het sy gerus om sewentig jaar vol te maak. [1 Ezra 1:58] //Kores gee die manne van JeHûWdah verlof om na hulle Aarde terug te gaan. 2Ch 36:22 EN in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië, het JaHWeH - sodat die Woord van JaHWeH deur die mond van JirmeJaHûW in vervulling sou gaan - die gees van Kores, die koning van Persië, opgewek, dat hy 'n oproep deur sy hele koninkryk laat gaan het, selfs ook skriftelik, om te sê: [1 Ezra 2:1, 2] 2Ch 36:23 So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die Aarde het JaHWeH, die Elohey van die Hemele, aan my gegee, en Hy het my opgedra om vir Hom 'n huis te bou in Jerusalem wat in JeHûWdah is. Enigeen onder julle wat aan Sy volk behoort - mag JaHWeH, sy Elohey met hom wees, en laat hom optrek! [1 Ezra 2:3, 4, 5] // // //Die Boekrol van die Opregte // //Hierdie is die Boekrol van die geslagte van Adam wat deur Elohim op die Aarde geskape is op die dag toe JaHWeH, onse Elohey, die Hemele en Aarde gemaak het. //Die Skepping van die Adam Sut 1:1 ELOHIM het gesê: Laat Ons adamiete maak na Ons beeld, na Ons gelykenis, en Elohim het die Adamiet geskape na Sy beeld. Sut 1:2 Die Elohim het die Adamiet geformeer uit die stof van die Adamah [die adamiet se Aarde] en in sy neus die asem van die lewe geblaas, en die Adamiet het 'n lewende siel geword, bedeeld met spraak. Sut 1:3 Ook het JaHWeH Elohim gesê: Dit is nie goed dat die Adamiet alleen is nie, Ek sal vir hom 'n hulp maak. Sut 1:4 Toe het JaHWeH Elohim 'n diepe slaap op Adam laat val, en hy het geslaap, en Hy het een van sy sykante geneem en vlees daarom gebou en haar gevorm en na Adam gebring en Adam het uit sy slaap ontwaak en kyk, 'n vrou het voor hom gestaan. [Génesis 2:21] Sut 1:5 Toe sê die Adamiet: Dit is been van my gebeente en sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem, en Adam het haar Gawwah(Eva) genoem, omdat sy moeder geword het van alles wat lewe. Sut 1:6 Elohim het hulle geseën en het hulle Adam en Gawwah genoem op die dag dat Hy hulle gemaak het, en JaHWeH Elohim het gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die Aarde. Sut 1:7 JaHWeH Elohim het Adam en sy vrou geneem en Hy het hulle in die Tuin van Eden gestel om haar te bewerk en te bewaak; en Hy het aan hulle 'n bevel gegee en gesê: Van al die bome in die Tuin mag julle vrylik eet, maar van die Boom van die Kennis van suiwer en besoedel, van haar mag julle nie eet nie, want die dag as julle van haar eet, sal julle sekerlik sterwe. Sut 1:8 Toe Elohim hulle geseën en opdragte gegee het, het Hy hulle verlaat, en Adam en sy vrou het in die Tuin gewoon volgens die opdrag wat JaHWeH hulle beveel het. Sut 1:9 Nagash/slang, wat Elohim saam met hulle op die Aarde geskape het, het na hulle gekom om hulle aan te hits om die opdrag wat Elohim aan hulle beveel het, te oortree. Sut 1:10 Nagash/slang het die vrou uitgelok en oorreed om van die Boom van Kennis te eet, en die vrou het na die stem van Nagash/slang geluister, en sy het die Woord van Elohim oortree, en sy het geneem van die Boom van suiwer en besoedel, en sy het geëet, en ook aan haar man gegee, en hy het geëet. Sut 1:11 Adam en sy vrou het die opdrag van Elohim wat Hy hulle beveel het oortree, en Elohim het dit geweet, en Sy Woede teen hulle het ontvlam en Hy het hulle vervloek. Sut 1:12 JaHWeH Elohim het hulle daardie dag uit die Tuin van Eden verdryf om die Adamah [die adamiet se Aarde] te bewerk waaruit hulle geneem is. En hulle het gegaan en gaan woon aan die oostekant van die Tuin van Eden; en Adam het sy vrou Gawwah beken en sy het twee seuns en drie dogters gebaar. [Génesis 3:23; Wysheid van Salomo 10:1] Sut 1:13 Sy het die naam van die eersgeborene Kain genoem en het gesê: Ek het 'n man verkry met die hulp van JaHWeH, en die naam van die ander het sy genoem, Abel, want sy het gesê: In leegheid het ons op die Adamah [die adamiet se Aarde] gekom, en in leegheid sal ons daarvandaan geneem word. Sut 1:14 Die seuns het grootgeword en hulle vader het aan elk 'n deel van die Adamah [die adamiet se Aarde] gegee, en Kain was 'n landbouer en Abel 'n skaapherder. Sut 1:15 Na verloop van tyd het hulle 'n geskatte bydrae aan JaHWeH gebring. En Kain het van die vrugte van die Adamah [die adamiet se Aarde] gebring, en Abel het van die eersgeborenes van sy kleinvee, van die vet daarvan, gebring, en Elohim het Abel en sy eerbewys barmhartig aangesien, en 'n vuur het neergedaal van JaHWeH af en het dit verteer. Sut 1:16 Na Kain en sy eerbewys het JaHWeH hom nie gewend en geneig nie, want hy het van die minderwaardige vrugte van die Adamah [die adamiet se Aarde] voor die Aangesig van JaHWeH gebring, en Kain was jaloers oor sy broer omrede daarvan en hy het 'n rede gesoek om hom te vermoor. Sut 1:17 Met verloop van tyd het Kain en Abel, sy broer, die veld in gegaan om hulle werk te doen; en hulle was albei in die veld, Kain was besig om sy Adamah [die adamiet se Aarde] te bewerk en te ploeg, en Abel besig om sy kudde kos te gee, en die kudde het deur daardie deel wat Kain pas geploeg het, geloop en dit het Kain erg gegrief. Sut 1:18 Kain het sy broer in woede genader, en hy het aan hom gesê: Wat is daar tussen jou en my dat jy hier moet kom bly en jou kudde moet saambring om in my Adamah [die adamiet se Aarde] te kom wei? Sut 1:19 Abel het sy broer geantwoord en sê aan hom: Wat is daar tussen my en jou, dat jy die vleis van my kudde eet en jou klee met hulle wol? Sut 1:20 Daarom, trek uit die wol van my skape waarmee jy jou klee, en vergoed my vir hulle vrug en vlees wat jy geëet het, en wanneer jy dit gedoen het, sal ek jou Adamah [die adamiet se Aarde] verlaat soos jy gesê het. Sut 1:21 Kain het aan sy broer, Abel, gesê: Sekerlik, as ek jou vandag vermoor, wie sal jou bloed van my vra? Sut 1:22 Abel antwoord Kain, en sê: Sekerlik sal Elohim wat ons op die Aarde gemaak het, wraak neem oor my saak en Hy sal my bloed van jou opeis as jy my vermoor, want JaHWeH is die Regter en Beslisser en dit is Hy wat die adamiet sal vergeld volgens sy besoedeling, en die besoedelde man volgens die besoedeling wat hy op die Aarde mag doen, Sut 1:23 En nou, as jy my hier moet vermoor, sekerlik weet Elohim wat jou verborge gedagtes is, en Hy sal jou oordeel volgens die boosheid wat jy verklaar het wat jy vandag aan my wil doen. Sut 1:24 En kyk, toe Kain die woord hoor wat sy broer Abel gespreek het, het die woede van Kain ontvlam teen sy broer Abel dat hy so 'n ding durf verklaar het. Sut 1:25 Kain het haastig opgestaan en die yster gedeelte van sy ploeg geneem en daarmee skielik sy broer geslaan en doodgemaak. En Kain het die bloed van sy broer Abel op die Adamah [die adamiet se Aarde] verspil, en die bloed van Abel het voor die kudde gevloei op die Adamah [die adamiet se Aarde]. Sut 1:26 Daarna het Kain berou gekry dat hy sy broer doodgeslaan het, en hy was baie bedroef, en hy het oor hom geween en hy was baie bedroef. Sut 1:27 Kain het opgestaan en 'n gat in die veld gegrawe waarin hy sy broer se liggaam geplaas het, en hy het die Adamah [die adamiet se Aarde] daaroor gegooi. Sut 1:28 JaHWeH het geweet wat Kain aan sy broer gedoen het, en JaHWeH het aan Kain verskyn en aan hom gesê: Waar is Abel, jou broer, wat saam met jou was? Sut 1:29 Kain het gehuigel en gesê: Ek weet nie, is ek my broer se wagter? En JaHWeH sê aan hom: Wat het jy gedoen? Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die Adamah [die adamiet se Aarde] af waar jy hom vermoor het. Sut 1:30 Want jy het jou broer vermoor en jy het gehuigel voor My, en het gedink in jou hart dat Ek jou nie gesien het nie, en dat Ek nie al jou dade ken nie. Sut 1:31 Maar jy het hierdie ding gedoen en het jou broer vermoor tot geen voordeel nie, en omdat hy opreg met jou gepraat het. En nou, daarom sal jy vervloek wees, ver van die Adamah [die adamiet se Aarde] wat haar mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang, en waarin jy hom begrawe het. Sut 1:32 As jy die Adamah [die adamiet se Aarde] bewerk, sal sy haar vermoë aan jou nie meer gee soos aan die begin nie, want die Adamah [die adamiet se Aarde] sal dorings en distels voortbring, en 'n swerwer en 'n vlugteling sal jy op Aarde wees tot die dag van jou dood. Sut 1:33 Toe gaan Kain weg van die Aangesig van JaHWeH, van die plek waar hy was, en hy het getrek en geswerf in die Aarde aan die oostekant van Eden, hy en almal wat aan hom behoort het. Sut 1:34 Kain het sy vrou beken, en sy het swanger geword en 'n seun gebaar, en hy het hom *Henog genoem, en gesê: In daardie tyd het JaHWeH begin om hom rus en vrede in die Aarde te gee. [*Nie die Henog wat opgevaar het nie] Sut 1:35 In daardie tyd het Kain ook begin om 'n stad te bou: en hy het die stad gebou en na die naam van sy seun Henog genoem; want in daardie dae het JaHWeH hom rus op die Aarde gegee, en hy het nie geswerf en gevlug soos in die begin nie.. Sut 1:36 En vir Henog is Irad gebore; en Irad was die vader van Megujael; en Megujael was die vader van Methushael. //Die besoedeling van die adamiete vermeerder Sut 2:1 DIT was in die honderd-en-dertigste jaar in die lewe van Adam op die Aarde dat hy weer vir Gawwah, sy vrou, beken het, en Gawwah het swanger geraak en het 'n seun gebaar na sy beeld en gelykenis en sy het hom Set genoem, en gesê: Want Elohim het 'n ander saad in die plek van Abel aangewys, want Kain het hom doodgemaak. Sut 2:2 Toe Set honderd-en-vyf jaar oud was, het hy 'n seun verwek; en Set het sy seun Enos genoem, en gesê: Want in daardie tyd het die seuns van die Adam begin vermeerder, en hulle siele en harte bedroef deurdat hulle teen Elohim oortree en gerebelleer het. Sut 2:3 Dit was in die dae van Enos dat die seuns van die Adam voortgegaan het om teen Elohim te rebelleer en te oortree, en die Woede van JaHWeH het vermeerder teen die seuns van die Adam. Sut 2:4 Die seuns van die Adam het gegaan en gode gedien, en hulle het JaHWeH vergeet wat hulle op die Aarde geskape het: en in daardie dae het die seuns van die Adam beelde gemaak van brons en yster, hout en klip, en voor hulle neergebuig en hulle gedien. Sut 2:5 Elke man het sy gode gemaak en voor hulle neergebuig, en die seuns van die Adam het JaHWeH verlaat al die dae van Enos en sy kinders: en die Woede van JaHWeH het ontvlam as gevolg van hulle dade en gruwels wat hulle op die Aarde gedoen het. Sut 2:6 JaHWeH het gemaak dat die waters van die rivier Gihon hulle oorweldig het, en Hy het hulle vernietig en verteer, en Hy het 'n derde deel van die Aarde vernietig, maar desnieteenstaande het die seuns van die Adam hulle nie van hulle besoedelde weë bekeer nie en hulle hande was uitgestrek om besoedeling voor die Aangesig van JaHWeH te doen. [Génesis 2:13] Sut 2:7 In daardie dae is daar nie gesaai nie en ook nie geoes op die Aarde nie, en daar was geen voedsel vir die seuns van die Adam nie en die hongersnood was baie groot in daardie dae. Sut 2:8 Die saad wat hulle in daardie dae gesaai het, het in die Adamah [die adamiet se Aarde] dorings en distels en doringstruike geword; want van die dae van Adam af was daar hierdie bevel wat betref die Adamah [die adamiet se Aarde], naamlik die vloek van Elohim, waarin Hy die Adamah [die adamiet se Aarde] vervloek het, as gevolg van die oortreding wat Adam gedoen het voor die Aangesig van JaHWeH. Sut 2:9 Dit was toe die adamiet voortgegaan het om te rebelleer en teen Elohim te oortree, en hulle weë bedorwe gemaak het dat die Adamah [die adamiet se Aarde] ook bedorwe geword het. Sut 2:10 Toe Enos negentig jaar oud was het hy die vader van Kenan geword. Sut 2:11 Kenan het grootgeword en hy was veertig jaar oud, en hy het wys geword en kennis en vaardighede van alle wysheid gehad, en hy het geheers oor al die seuns van die Adam, en hy het die seuns van die Adam gelei na Wysheid en Kennis, want Kenan was 'n baie wyse man en het begrip van alle Wysheid gehad, en met sy Wysheid het hy oor geeste en demone geheers; Sut 2:12 Kenan het deur Sy Wysheid geweet dat Elohim die seuns van die Adam sou vernietig omdat hulle oortree het op die Adamah [die adamiet se Aarde], en dat JaHWeH in die laaste dae die waters van die vloed oor hulle sou bring. Sut 2:13 In daardie dae het Kenan op tablette van klip geskrywe wat in die tyd wat kom, sou gebeur, en hy het dit by sy skatte geplaas. Sut 2:14 Kenan het oor die hele Aarde geheers, en hy het sommige van die seuns van die Adam bekeer na die diens van Elohim. Sut 2:15 Toe Kenan sewentig jaar oud was het hy drie seuns en twee dogters verwek. Sut 2:16 Hier is die name van die kinders van Kenan: die naam van die eersgeborene was MahalalEl, die tweede Enan, en die derde Mered, en hulle susters was Ada en Silla; hierdie is die vyf kinders van Kenan wat vir hom gebore is. Sut 2:17 Lameg, die seun van Methushael het verwant geraak aan Kenan deur die huwelik en hy het sy twee dogters as vroue geneem, en Ada het swanger geword en 'n seun vir Lameg gebaar en sy het hom Jabal genoem. Sut 2:18 Sy het weer swanger geword en 'n seun gebaar, en sy het hom Jubal genoem, en Silla, haar suster, was onvrugbaar in daardie dae en het geen afstammelinge gehad nie. Sut 2:19 In daardie dae het die seuns van die Adam begin oortree teen Elohim, en hulle het die Gebod oortree wat Hy gebied het aan Adam, wees vrugbaar en vermeerder en vul die Aarde. [Haggai 1:6] Sut 2:20 Sommige van die seuns van die Adam het hulle vroue 'n drankie laat drink sodat hulle kinderloos sou bly, en dat hulle hul figure kon behou en waardeur hulle pragtige voorkomste nie sou bederf nie. Sut 2:21 Toe sommige van die seuns van die Adam gemaak het dat sommige van hulle vroue moes drink, het Silla saam met hulle gedrink. Sut 2:22 Die swanger vroue het afskuwelik gelyk vir hulle mans, soos weduwees, terwyl hulle mans leef, want net aan die kinderloses was hulle verknog. Sut 2:23 Aan die einde van dae en jare, toe Silla oud word, het JaHWeH haar baarmoeder oopgemaak. Sut 2:24 Sy het swanger geword en 'n seun gebaar en sy het hom Tubal-Kain genoem, en gesê: Nadat ek verwelk het, het ek hom verkry van El Almagtig. Sut 2:25 Sy het weer swanger geword en 'n dogter gebaar, en sy het haar Naäma genoem, want sy het gesê: Nadat ek verwelk het, het ek plesier en genot verkry. Sut 2:26 Lameg was oud en ver heen in jare, en sy oë was dof sodat hy nie kon sien nie, en Tubal-Kain, sy seun, het hom gelei en dit was eendag toe Lameg die veld in is en Tubal-Kain by hom was, en terwyl hulle in die veld geloop het, het Kain, die seun van Adam, nader gekom, want Lameg was baie oud en kon nie veel sien nie, en Tubal-Kain, sy seun, was baie jonk. Sut 2:27 Tubal-Kain het aan sy vader gesê om sy boog te span en met die pyle het hy Kain, wat nog baie ver was doodgemaak en hy het hom doodgemaak, want hy het vir hulle soos 'n dier gelyk. Sut 2:28 Die pyle het Kain se liggaam binnegedring, al was hy ver van hulle af, en hy het op die Aarde geval en gesterf. Sut 2:29 JaHWeH het Kain se besoedeling vergeld volgens sy eie besoedeling wat hy aan Abel gedoen het, volgens die Woord van JaHWeH wat Hy gespreek het. Sut 2:30 So het dit gekom dat toe Kain dood is, Lameg en Tubal-Kain gaan kyk het hoe die dier wat hulle doodgemaak het lyk, en hulle het gesien, en kyk, Kain, hulle oupa het dood neergeslaan op die Aarde. Sut 2:31 Lameg was baie hartseer omdat hy dit gedoen het, en toe hy sy hande saamslaan, het hy sy seun getref en sy dood veroorsaak. Sut 2:32 Die vroue van Lameg het gehoor wat Lameg gedoen het, en hulle wou hom doodmaak. Sut 2:33 Die vroue van Lameg het hom van daardie dag af gehaat omdat hy Kain en Tubal-Kain doodgemaak het, en Lameg se vroue het afsonderlik gaan woon en het nie na sy geroep geluister in daardie dae nie. Sut 2:34 Lameg het na sy vroue gekom, en hy het aangedring dat hulle na hom luister wat betref die saak. Sut 2:35 Hy het aan sy vroue, Ada en Silla gesê: Hoor my stem, o vroue van Lameg, gee aandag aan my woorde, want nou het julle jul verbeel en gesê dat ek 'n man doodgemaak het met my wonde, en 'n kind met my slag, want hulle het geen geweld gepleeg nie, maar sekerlik weet julle dat ek oud is en 'n gryskop, en dat my oë swaar is van ouderdom, en dat ek die ding onwetend gepleeg het. Sut 2:36 Die vroue van Lameg het na hom geluister in die saak, en hulle het teruggekeer na hom op raad van hulle vader, Adam, maar hulle het geen verdere kinders vir hom gebaar nie, wetende dat Elohim se Woede aan die toeneem was in daardie dae teen die seuns van die Adam, en dat Hy hulle wou vernietig deur die waters van die vloed vanweë hul besoedeling. Sut 2:37 Mahalalel die seun van Kenan het vyf-en-sestig jaar oud geword en hy het Jered verwek; en Jered het honderd-twee-en-sestig jaar oud geword en hy het Henog verwek. [Boekrol van die Opregte 5:3] //Henog word koning Sut 3:1 TOE Henog vyf-en-sestig jaar oud was, het hy Metúsalag verwek, en Henog het met Elohim gewandel na Metúsalag gebore is, en hy het JaHWeH gedien, en het die besoedelde weë van die adamiet verag. Sut 3:2 Die gees van Henog was omgeef van JaHWeH se onderrig, in Kennis en Insig; en hy het hom wyslik onttrek van die seuns van die Adam, en homself verberg vir hulle vir talle dae. Sut 3:3 Dit was na baie jare, terwyl hy JaHWeH gedien en voor Hom in sy huis gebid het, dat 'n Boodskapper van JaHWeH na hom vanuit die Hemele geroep het en hy gesê het: Hier is ek. Sut 3:4 En hy het gesê: Staan op, gaan uit jou huis uit en weg van die plek waar jy jouself verskuil, en verskyn aan die seuns van die Adam, sodat jy hulle kan leer in die Weg wat hulle moet volg en die werk wat hulle moet uitvoer om in te gaan in die Weë van Elohim. Sut 3:5 Henog het opgestaan volgens die Woord van JaHWeH, en het van sy huis af weggegaan, van sy plek en van die kamer waarin hy verskuil was, en hy het na die seuns van die Adam gegaan en hulle die Weë van JaHWeH geleer, en hy het in daardie tyd die seuns van die Adam versamel en aan hulle bekend gemaak die Kennis van JaHWeH. Sut 3:6 Hy het beveel dat Sy verkondig moet word in al die plekke waar die seuns van die Adam woon, deur te sê: Waar is die man wat wens om die Weë van JaHWeH en suiwer werke te ken? Laat hom na Henog toe kom. Sut 3:7 Al die seuns van die Adam het saamgetrek by hom, want almal wat Haar begeer het, het na Henog gegaan en Henog het oor die seuns van die Adam geheers volgens die Woord van JaHWeH, en hulle het gekom en voor hom gebuig en hulle het Sy Woord gehoor. Sut 3:8 En die Gees van Elohim was op Henog, en hy het al sy manne die Wysheid en die Weë van Elohim geleer, en die seuns van die Adam het JaHWeH gedien al die dae van Henog, en hulle het gekom om Sy Wysheid te hoor. Sut 3:9 Al die konings van die seuns van die Adam, beide eerste en laaste, tesame met hulle prinse en regters, het na Henog gekom toe hulle van Sy Wysheid hoor, en hulle het gebuig voor hom, en hulle het Henog versoek om oor hulle te heers, waartoe hy toegestem het. [Boekrol van die Opregte 51:18] Sut 3:10 Hulle het in hulle geheel byeengekom, eenhonderd-en-dertig konings en prinse, en hulle het Henog koning oor hulle gemaak en hulle was almal onder sy gesag en bevel. Sut 3:11 Henog het hulle Wysheid, Kennis, en die Weë van JaHWeH geleer; en hy het vrede onder hulle gemaak, en Vrede was regoor die Aarde gedurende die lewe van Henog. Sut 3:12 Henog het geheers oor die seuns van die Adam, tweehonderd-drie-en-veertig jaar, en hy het in Reg en Geregtigheid opgetree teenoor al sy mense, en hy het hulle gelei in die Weë van JaHWeH. Sut 3:13 Die volgende is die geslagte van Henog, Metúsalag, Elishah en Elimeleg, drie seuns, en hulle susters was Melka en Nahma. En toe Metúsalag sewe-en-tagtig jaar oud was is Lameg vir hom gebore. Sut 3:14 Dit was in die ses-en-vyftigste jaar van die lewe van Lameg dat Adam dood is, negehonderd-en-dertig jaar oud was hy by sy afsterwe, en sy twee seuns, saam met Henog en Metúsalag, sy seun, het hom luisterryk begrawe, soos by die begrafnis van konings, in die grot waarvan Elohim hom vertel het. Sut 3:15 In daardie plek het al die seuns van die Adam bitterlik getreur en geween oor Adam; so het dit 'n gewoonte onder die seuns van die Adam geword, tot vandag toe. Sut 3:16 Adam het gesterf omdat hy geëet het van die Boom van Kennis. Hy en sy kinders na hom [moes sterf], soos JaHWeH Elohim gespreek het. Sut 3:17 Dit was in die jaar van Adam se dood, wat die tweehonderd-drie-en-veertigste jaar van die heerskappy van Henog was. In daardie tyd het Henog besluit om hom af te sonder van die seuns van die Adam en homself te verskuil soos vroeër sodat hy JaHWeH kon dien. Sut 3:18 Henog het dit gedoen, maar het hom nie heeltemal van hulle afgeskei nie, maar het drie dae weggebly van die seuns van die Adam en dan na hulle gegaan vir een dag. Sut 3:19 Gedurende die drie dae dat hy in sy kamer was, het hy tot JaHWeH, sy Elohey gebid en Hom geprys, en die dag waarop hy aan sy onderdane verskyn het, het hy hulle die Weë van JaHWeH geleer, en alles wat hulle hom oor JaHWeH gevra het, het hy geantwoord. Sut 3:20 Hy het dit vir baie jare op hierdie manier gedoen, en daarna het hy hom vir ses dae verskuil, en aan sy mense een dag in sewe dae verskyn, en daarna een dag in 'n maand, en toe een dag in 'n jaar, totdat al die konings, prinse en seuns van die Adam na hom gesoek het, en begeer het om weer eens die gesig van Henog te sien, en om sy woord te hoor; maar hulle kon nie, want al die seuns van die Adam was baie bang vir Henog, en hulle was bevrees om hom te nader, vanweë die Glansrykheid wat op sy aangesig was, geen man kon na hom kyk nie uit vrees dat hy gestraf sal word en sterf. Sut 3:21 Al die konings en prinse het besluit om die seuns van die Adam te versamel en na Henog toe te kom, menende dat hulle almal met hom kan praat teen die tyd dat hy tussen hulle sou verskyn, en hulle het so gedoen. Sut 3:22 Die dag het gekom dat Henog uitgegaan het en hulle het almal versamel en na hom gekom, en Henog het die woorde van JaHWeH tot hulle gespreek en hy het hulle Wysheid en Kennis geleer en hulle het voor hom neergebuig en gesê: Mag die koning lewe, Mag die koning lewe. Sut 3:23 En kyk, 'n tyd later, toe die konings en prinse en die seuns van die Adam met Henog gepraat het, en Henog hulle die Weë van Elohim geleer het, het 'n Boodskapper van JaHWeH na Henog geroep uit die Hemele en was begerig om hom op te neem na die Hemele om daar te heers oor die seuns van Elohim, soos hy oor die seuns van die Adam geheers het op die Aarde. Sut 3:24 Toe Henog dit hoor, het hy gegaan en al die bewoners van die Aarde versamel, en hulle Wysheid en Kennis geleer en hulle hemelse onderrig gegee, en hy het aan hulle gesê: Ek is versoek om na die Hemele op te vaar en ek ken nie die dag van my vertrek nie. Sut 3:25 Daarom sal ek julle nou Kennis en Wysheid leer en sal ek julle onderrig voordat ek julle verlaat, oor hoe om op te tree op die Aarde, waardeur julle mag lewe en hy het dit gedoen. Sut 3:26 Hy het hulle geleer in Wysheid en Kennis en hulle onderrig, en hy het hulle tereggewys, en Wette en uitsprake om op die Aarde te doen, voor hulle geplaas. Hy het Vrede tussen hulle gemaak en hulle Ewigdurende Lewe geleer, en hy het vir 'n tyd by hulle gewoon, terwyl hy hulle al hierdie dinge geleer het. Sut 3:27 Teen daardie tyd was die seuns van die Adam by Henog, en Henog het met hulle gepraat, en hulle het hulle oë opgeslaan en die beeld van 'n groot perd het uit die Hemele neergedaal en die perd het in die lug gestap, Sut 3:28 en hulle het vir Henog vertel wat hulle gesien het, en Henog het aan hulle gesê: Ek is die oorsaak hoekom hierdie perd na die Aarde neerdaal; die tyd het gekom dat ek van julle af moet weggaan en julle sal my nie meer sien nie. Sut 3:29 Die perd het op daardie tyd neergedaal en voor Henog gestaan, en al die seuns van die Adam wat by Henog was, het hom gesien. Sut 3:30 Henog het weer bevel gegee dat 'n stem moet aankondig, en sê: Waar is die man wat vreugde vind om die Weë van JaHWeH, sy Elohey te ken, laat hom op hierdie dag na Henog kom voordat hy van ons weggeneem word. Sut 3:31 Al die seuns van die Adam het bymekaar gekom en het na Henog gekom op daardie dag; en al die konings van die Aarde met hulle prinse en raadgewers het by hom vertoef daardie dag; en Henog het toe die seuns van die Adam Wysheid en Kennis geleer, en het hulle hemelse onderrig gegee; en hy het hulle gevra om JaHWeH te dien en om in Sy Weë te wandel al die dae van hulle lewe, en hy het voortgegaan om vrede tussen hulle te maak. Sut 3:32 Dit was hierna dat hy opgestaan en op die perd gery het; en hy het weggegaan en al die seuns van die Adam het agter hom aangegaan, omtrent agthonderdduisend man, en hulle het een dagreis ver saam met hom gegaan. [Openbaring 19:11] Sut 3:33 Op die tweede dag het hy aan hulle gesê: Keer terug na julle tente, hoekom sal julle gaan? Miskien mag julle sterf, en sommige van hulle is weg van hom, en die wat gebly het, het ses dagreise ver saam met hom gegaan. En Henog het elke dag vir hulle gesê: Keer terug na julle tente, anders kan julle sterf, maar hulle wou nie terugkeer nie, en hulle het saam met hom gegaan, Sut 3:34 en op die sesde dag het sommige van die manne agtergebly en aan hom vasgeklou, en hulle het aan hom gesê: Ons sal saam met jou na die plek gaan waarheen jy moet gaan; sowaar as JaHWeH leef, slegs die dood sal ons skei. Sut 3:35 Hulle het so sterk aangedring om saam met hom te gaan, dat hy met hulle ophou praat het; en hulle is agter hom aan en wou nie terugkeer nie, Sut 3:36 toe die konings teruggekeer het, het hulle 'n telling onderneem, sodat hulle die getal van die oorblywende manne kon weet wat [Vgl EliJaHuW in II Konings 2:11] saam met Henog is, en dit was op die sewende dag dat Henog opgevaar het in die Hemele in 'n warrelwind, met perde en waens van vuur. Sut 3:37 Op die agste dag het al die konings wat aanvanklik saam met Henog was, uitgegaan om die aantal manne wat by Henog was, terug te bring vanaf daardie plek waar hy in die Hemele opgevaar het. Sut 3:38 Al daardie konings is na die plek en hulle het die Aarde daar met sneeu gevul gevind, en op die sneeu was daar groot stene van sneeu, en die een het vir die ander gesê: Kom, laat ons deur die sneeu breek en kyk, miskien is die manne wat by Henog gebly het dood, en is hulle nou onder die stene van sneeu, en hulle het gesoek, maar kon hom nie vind nie, want hy het in die Hemele opgevaar. //Vermenging neem toe oor die Aarde Sut 4:1 AL die dae wat Henog op die Aarde gelewe het, was driehonderd-vyf-en-sestig jaar. Sut 4:2 Toe Henog na die Hemele opgevaar het, het al die konings van die Aarde opgestaan en Metúsalag, sy seun, geneem en hom gesalf, en hulle het gemaak dat hy oor hulle heers in die plek van sy vader. Sut 4:3 Metúsalag het opreg opgetree voor die Aangesig van Elohim, soos sy vader Henog hom geleer het, en hy het op soortgelyke wyse gedurende sy hele lewe die seuns van die Adam Wysheid, Kennis en die Vrees vir Elohim geleer, en ook nie van die suiwer Weg afgewyk nie, nie na die regter- of die linkerkant nie. Sut 4:4 Maar in die latere dae van Metúsalag het die seuns van die Adam weggedraai van JaHWeH af, en die Aarde verdorwe, hulle het mekaar beroof en geplunder, en hulle het teen Elohim gerebelleer en het oortree, en hulle was verdorwe in hulle weë, en hulle wou nie luister na die stem van Metúsalag nie, maar het teen hom gerebelleer. Sut 4:5 JaHWeH was uitermate toornig teen hulle, en JaHWeH het voortgegaan om die saad in daardie dae te vernietig, sodat daar nóg gesaai, nóg geoes is op die Aarde. Sut 4:6 Want kyk, wanneer hulle in die Aarde gesaai het sodat hulle voedsel kon verkry vir hulle lewensonderhoud, het dorings en distels opgekom wat hulle nie gesaai het nie. Sut 4:7 En steeds het die seuns van die Adam hulle nie bekeer van hulle besoedelde weë nie, want hulle hande was steeds uitgestrek om besoedeling voor die Aangesig van Elohim te doen, en hulle het JaHWeH uitgetart met hulle besoedelde weë, en JaHWeH was baie toornig jeens hulle, en Hy het berou gehad dat Hy die adamiet gemaak het. Sut 4:8 En Hy het daaraan gedink om hulle te vernietig en uit te wis en Hy het so gedoen. Sut 4:9 In daardie dae toe Lameg, die seun van Metúsalag, eenhonderd-en-sestig jaar oud was, het Set, die seun van Adam, gesterwe. Sut 4:10 En al die dae wat Set geleef het, was negehonderd-en-twaalf jaar, en hy het gesterwe. Sut 4:11 En Lameg was eenhonderd-en-tagtig jaar oud toe hy Asmua, die dogter van Elishah, die seun van Henog, sy oom, as vrou geneem het, en sy het swanger geword. Sut 4:12 En in daardie tyd het die seuns van die Adam in die Aarde gesaai, en 'n klein bietjie kos is voortgebring, maar die seuns van die Adam het hulle nie bekeer van hulle besoedelde weë nie, en hulle het oortree en gerebelleer teen Elohim. Sut 4:13 En in daardie tyd het die vrou van Lameg swanger geword en sy het hom 'n seun gebaar, op die wisseling van die jaar. [1 ShemuEl 1:20] Sut 4:14 En Metúsalag het hom Noag genoem [Noag - om te rus], en gesê: Die Aarde sal in sy dae rus hê en vry van verdorwenheid wees. En Lameg, sy vader het hom Menágem genoem [Menágem - trooster of vertrooster], en gesê: Dit is hy wat ons sal troos oor ons werk en oor die moeitevolle arbeid van ons hande op die Adamah [die adamiet se Aarde] wat Elohim vervloek het. Sut 4:15 En die kind het grootgeword en is gespeen, en hy het op die weë van sy vader Metúsalag gewandel, perfek en opreg voor Elohim. Sut 4:16 En al die seuns van die Adam het die Weë van JaHWeH verlaat in daardie dae soos hulle vermeerder het op die aangesig van die Aarde met seuns en dogters, en hulle het aan mekaar hulle besoedelde dade geleer en hulle het voortgegaan om te oortree teen JaHWeH. Sut 4:17 En elke man het vir homself 'n god gemaak, en elke man het sy naaste beroof en geplunder sowel as sy bloedverwante, en hulle het die Aarde verdorwe, en die Aarde was gevul met geweld. Sut 4:18 En hulle regters en heersers het na die dogters van die adam gegaan en het hulle met geweld by hulle mans afgeneem volgens hulle keuses en die seuns van die Adam het in daardie dae van die diere van die Aarde geneem, die diere van die veld en die voëls van die Hemele, en het die vermenging van een soort met die ander geleer, met die doel om JaHWeH te tart en Elohim het die hele Aarde gesien en sy was verbaster [Génesis 6:12], want alle vlees op die Aarde se wandel was verbaster, alle adamiete en alle diere. Sut 4:19 En JaHWeH het gesê: Ek sal die adamiet wat ek geskape het, van die Adamah [die adamiet se Aarde] verdelg, die adamiet sowel as die diere en die kruipende diere en die voëls van die Hemele; want dit berou My dat Ek hulle gemaak het. Sut 4:20 En alle adamiete wat in die Weë van JaHWeH gewandel het, het in daardie dae gesterf, voordat JaHWeH die ellende oor die adamiet gebring het soos Hy verklaar het, want dit was van JaHWeH dat hulle nie die ellende sou sien waarvan JaHWeH gepraat het met betrekking tot die seuns van die Adam nie. Sut 4:21 En Noag het Barmhartigheid gevind in die Aangesig van JaHWeH, en JaHWeH het hom en sy kinders uitverkies om saad voort te bring uit hulle uit op die aangesig van die hele Aarde. //Die adam word gewaarsku Sut 5:1 DIT was in die vier-en-tagtigste jaar van die lewe van Noag, dat Enos, die seun van Set, gesterf het; hy was nege-honderd-en-vyf jaar oud by sy dood. Sut 5:2 In die eenhonderd-nege-en-sewentigste jaar in die lewe van Noag, het Kenan, die seun van Enos, te sterwe gekom en al die dae van Kenan was negehonderd-en-tien jaar, en hy het gesterwe. Sut 5:3 In die tweehonderd-vier-en-dertigste jaar in die lewe van Noag, is Mahalálel, die seun van Kenan, dood en die dae van Mahalálel was agthonderd-vyf-en-negentig jaar, en hy het gesterf. [Boekrol van die Opregte 2:37] Sut 5:4 Jered, die seun van Mahalálel, het in daardie dae gesterf in die driehonderd-ses-en-dertigste jaar in die lewe van Noag; en al die dae van Jered was negehonderd-twee-en-sestig jaar, en hy het gesterf. Sut 5:5 Almal wat JaHWeH in daardie dae gevolg het, het gesterf voordat hulle die ellende sou sien wat Elohim verklaar het om oor die Aarde te bring. Sut 5:6 Na die verloop van baie jare, in die vierhonderd-en-tagtigste jaar in die lewe van Noag, nadat al die adamiete wat JaHWeH gevolg het, uitgesterf het tussen die seuns van die Adam, en net Metúsalag oor was, het Elohim aan Noag en Metúsalag gesê: Sut 5:7 Spreek julle en kondig vir die seuns van die Adam aan deur te sê: So sê JaHWeH, bekeer julle van julle besoedelde weë en staak julle werke, en JaHWeH sal Hom afwend oor die kwaad wat Hy verklaar het om aan julle te doen, sodat dit nie sal gebeur nie. Sut 5:8 Want so sê JaHWeH: Kyk, Ek gee julle 'n periode van eenhonderd-en-twintig jaar; as julle jul na My sal bekeer en julle besoedelde weë verlaat, dan sal Ek My ook afwend van die kwaad waarvan Ek julle vertel het, en dit sal nie geskied nie, sê JaHWeH. [Génesis 6:3; Boekrol van die Opregte 6:22] Sut 5:9 Noag en Metúsalag het al die Woorde van JaHWeH tot die seuns van die Adam gespreek, dag na dag, voortdurend het hulle met hulle gepraat. Sut 5:10 Maar die seuns van die Adam wou nie na hulle luister nie, nog hulle ore neig na die woorde, en hulle het hulle nekke verhard. Sut 5:11 JaHWeH het hulle 'n periode van eenhonderd-en-twintig jaar gegun, en gesê: As hulle hul sou bekeer, dan sal Elohim berou hê oor die kwaad, en Hy sal die Aarde nie vernietig nie. Sut 5:12 Noag, die seun van Lameg, het hom weerhou om in daardie dae 'n vrou te neem om kinders te verwek, want hy het gesê: Sekerlik sal Elohim die Aarde vernietig, waarom dan sal ek kinders verwek? Sut 5:13 Noag was 'n opregte man, hy was rassuiwer in sy genelyn en JaHWeH het hom uitverkies om saad van Sy saad op die aangesig van die Adamah [die adamiet se Aarde] te verwek. Sut 5:14 JaHWeH het aan Noag gesê: Neem vir jou 'n vrou, en verwek kinders, want Ek het jou regverdig voor My in hierdie geslag gesien. Sut 5:15 Jy sal saad verwek, en jou kinders saam met jou, in die middel van die Aarde, en Noag het gegaan en 'n vrou geneem, en hy het Naäma, die dogter van Henog gekies, en sy was vyfhonderd-en-tagtig jaar oud. Sut 5:16 Noag was vierhonderd-agt-en-negentig jaar oud, toe hy Naäma as vrou geneem het. Sut 5:17 En Naäma het swanger geword en 'n seun gebaar, en sy het hom Sem genoem en gesê: Elohim het my 'n oorblyfsel gemaak, om saad te vestig in die middel van die Aarde; en Naäma het weer swanger geword en 'n seun gebaar, en sy het hom Jafet genoem en gesê: Elohim het my uitgebrei op die Aarde, Sut 5:18 Noag was vyfhonderd-en-twee jaar oud toe Naäma Sem gebaar het, en die seuns het grootgeword en het in die Weg van JaHWeH gewandel in alles wat Metúsalag en Noag, hulle vader, hulle geleer het. Sut 5:19 Lameg, die vader van Noag, het in daardie dae gesterf, maar voorwaar, hy het nie met sy hele hart in die weë van sy vader gewandel nie en hy is in die eenhonderd-vyf-en-negentigste jaar in die lewe van Noag dood. Sut 5:20 Al die dae van Lameg was sewehonderd-en-sewentig jaar, en hy het gesterf. Sut 5:21 Al die seuns van die Adam wat JaHWeH geken het, het in daardie jaar gesterf voordat JaHWeH die ellende oor hulle gebring het, want JaHWeH het dit gewil dat hulle moes sterf sodat hulle nie die ellende kon sien wat Elohim oor hulle broers en bloed-verwante sou bring, soos Hy verklaar het dat Hy sou doen nie. Sut 5:22 In daardie tyd het JaHWeH aan Noag en Metúsalag gesê: Staan vorentoe en verkondig aan die seuns van die Adam al die Woorde wat Ek tot julle gespreek het in daardie dae, miskien mag hulle hul bekeer van hulle besoedelde weë, en Ek sal My dan afwend van die ellende en sal dit nie bring nie. Sut 5:23 En Noag en Metúsalag het opgestaan en het voor die ore van die seuns van die Adam alles gesê wat Elohim gespreek het met betrekking tot hulle. Sut 5:24 Maar die seuns van die Adam wou nie luister nie, ook wou hulle hul ore nie draai na al hulle uitsprake nie. Sut 5:25 En dit was daarna dat JaHWeH aan Noag gesê het: Die einde van alle vlees het volgens My besluit gekom as gevolg van hulle besoedelde dade, en kyk, Ek sal die Aarde verdelg. Sut 5:26 Neem vir jou goferhout, en gaan na 'n bepaalde plek en maak 'n groot Ark op daardie plek. Sut 5:27 Só moet jy haar maak; driehonderd voorarm die lengte en vyftig voorarm die breedte en dertig voorarm die hoogte, Sut 5:28 'n Opening moet jy aan die Ark maak as 'n deur, oop aan sy kant, en op die maat van 'n voorarm moet jy haar aan die bokant afwerk, en haar binne en buite met pik bestryk. Sut 5:29 Want kyk, Ek bring 'n watervloed oor die Aarde om van onder die Hemele te verdelg alle vlees, van onder die Hemele sal alles op die Aarde tot niet gaan. Sut 5:30 En jy en jou huis sal gaan en twee van elke soort van alle lewende dinge, mannetjie en wyfie, versamel en hulle na die Ark bring om saad van hulle te vestig op die Aarde. Sut 5:31 En neem vir jou van al die voedsel wat geëet word deur al die diere, dat daar kos mag wees vir jou en vir hulle. Sut 5:32 En jy sal vir jou seuns drie maagde kies uit die dogters van die adam en hulle sal vroue wees vir jou seuns. Sut 5:33 En Noag het opgestaan en die Ark gemaak op die plek waar Elohim hom beveel het, en hy het gedoen soos Elohim hom beveel het. Sut 5:34 In sy vyfhonderd-vyf-en-negentigste jaar het Noag begin om die Ark te maak en hy het die Ark in vyf jaar gemaak soos JaHWeH beveel het. Sut 5:35 Toe het Noag die drie dogters van Eliakim, seun van Metúsalag, geneem as vroue vir sy seuns soos JaHWeH hom beveel het. Sut 5:36 En dit was op daardie tyd dat Metúsalag, die seun van Henog, gesterf het, negehonderd-en-sestig jaar oud was hy by sy dood. //Die vloed Sut 6:1 IN daardie tyd, ná die dood van Metúsalag, het JaHWeH aan Noag gesê: Gaan jy met jou huis in die Ark in; kyk, Ek sal al die diere van die Adamah [die adamiet se Aarde] om jou versamel, die diere van die veld en die voëls van die Hemele en hulle sal almal kom en die Ark omring. [Hoséa 2:16-18] Sut 6:2 Jy sal gaan en gaan sit by die deure van die Ark, en al die wilde diere, die diere en die voëls, sal bymekaarkom en hulleself voor jou stel en dié van hulle wat sal kom en voor jou kniel, sal jy neem en oorhandig aan jou seuns wat hulle sal bring na die Ark; en almal wat voor jou bly staan, sal jy los. Sut 6:3 En JaHWeH het dit laat gebeur op die volgende dag, en diere, wilde diere en voëls het in 'n groot menigte gekom en die Ark omring. Sut 6:4 Noag het by die deur van die Ark gaan sit en van alle vlees wat voor hom gekruip het, het hy in die Ark gebring en van almal wat voor hom bly staan het, het hy op die Aarde gelos. Sut 6:5 'n Leeuwyfie het gekom, met haar twee welpies, mannetjie en wyfie, en die drie het voor Noag gekruip en die twee welpies het teen haar opgestaan en haar aangeval en haar van haar plek af laat wegvlug, en sy het weggegaan en hulle het teruggekeer na hulle plekke en het op die Adamah [die adamiet se Aarde] voor Noag neergekniel. Sut 6:6 Die leeuwyfie het weggehardloop en by die plek van die leeus gaan staan. Sut 6:7 Noag het dit gesien en was diep verwonderd, en hy het opgestaan en die twee welpies geneem, en het hulle in die Ark gebring. Sut 6:8 Noag het in die Ark gebring van alle lewende wesens wat op die Aarde was, sodat daar niks oor was behalwe wat Noag in die Ark gebring het nie. Sut 6:9 Twee-twee het na Noag gekom in die Ark, maar van die besoedelde diere en besoedelde voëls het hy sewe pare gebring soos Elohim hom beveel het. Sut 6:10 Al die diere en wilde diere en voëls was nog daar; en hulle het die Ark volledig omring en die reën het nie geval tot sewe dae later nie. Sut 6:11 Op daardie dag het JaHWeH die hele Aarde laat skud, en die son het donker geword en die fondamente van die wêreld het geraas en die hele Aarde het geweldig beweeg, en die weerlig het geslaan en die donder het gedreun en al die Fonteine in die Aarde het oopgebreek, iets wat onbekend was aan die inwoners tot daardie tyd toe; en Elohim het hierdie magtige werk gedoen om die seuns van die Adam te verskrik sodat daar nie meer besoedeling op die Aarde sou wees nie. [Openbaring 6:12] Sut 6:12 En steeds het die seuns van die Adam hulle nie van hulle besoedelde weë bekeer nie en hulle het die Woede van JaHWeH laat toeneem daardie tyd en hulle het nie eens hulle harte geneig na al hierdie gebeure nie. Sut 6:13 Aan die einde van sewe dae in die seshonderdste jaar van die lewe van Noag, was die waters van die vloed op die Aarde. Sut 6:14 Al die Fonteine van die dieptes het oopgebreek en die sluise van die Hemele is geopen en die stortreën was op die Aarde, veertig dae en veertig nagte lank. Sut 6:15 En Noag en sy huis en al die lewende wesens wat by hom was, het in die Ark gekom vanweë die waters van die vloed en JaHWeH het haar agter hom toegesluit. Sut 6:16 Al die seuns van die Adam wat op die Aarde oorgebly het, het uitgeput geraak weens hulle ellende en vanweë die reën, want die waters het meer gewelddadig geword op die Aarde en die diere en wilde diere het die Ark nog steeds omring. Sut 6:17 Die seuns van die Adam het saam vergader, omtrent sewehonderdduisend manne en vroue, en hulle het na Noag gekom by die Ark. Sut 6:18 Hulle het Noag geroep en gesê: Maak oop vir ons dat ons na jou kan kom in die Ark - en waarom sal ons sterf? Sut 6:19 Noag het hulle met 'n luide stem uit die Ark geantwoord en gesê: Het julle nie gerebelleer teen JaHWeH en gesê dat Hy nie bestaan nie? Daarom het JaHWeH hierdie ellende oor julle gebring om julle te verdelg en af te sny van die aangesig van die Aarde. Sut 6:20 Is hierdie nie die ding waaroor ek met julle gepraat het eenhonderd-en-twintig jaar gelede nie en julle wou nie luister na die Stem van JaHWeH nie, en nou begeer julle om op die Aarde te woon? Sut 6:21 En hulle het aan Noag gesê: Ons is gereed om terug te keer na JaHWeH; maak net oop vir ons sodat ons kan lewe en nie sterf nie. Sut 6:22 Noag het hulle geantwoord: Kyk, noudat julle die oortreding van julle siele sien, wens julle om terug te keer na JaHWeH; hoekom het julle nie teruggekeer gedurende die eenhonderd-en-twintig jaar wat JaHWeH toegestaan het as die vasgestelde tydperk nie? [Génesis 6:3] Sut 6:23 Maar nou kom vertel julle dit vir my as gevolg van die oortreding van julle siele. Nou sal JaHWeH nie na julle luister nie, ook sal Hy Sy Oor na julle op hierdie dag nie neig nie, sodat julle nie nou sal slaag in julle begeertes nie. Sut 6:24 En die seuns van die Adam het nader gekom om by die Ark in te breek om in te kom vanweë die reën, want hulle kon die reën op hulle nie verduur nie. Sut 6:25 JaHWeH het al die wilde wesens en diere gestuur wat rondom die Ark gestaan het. Die wilde wesens het hulle oorrompel en het hulle van daardie plek af verdryf, en elke man het sy pad gevat en hulle het weer uiteen verdryf geraak op die aangesig van die Aarde. Sut 6:26 Die reën het steeds geval op die Aarde, en dit het geval veertig dae en veertig nagte; en die waters het die oorhand gekry en alle vlees wat op die Aarde of onder die waters was, het gesterf, of hulle adamiete, diere, wilde wesens, kruipende diere of voëls van die lug was, en daar het net oorgebly Noag en dié wat saam met hom in die Ark was. Sut 6:27 Die waters het die oorhand gekry en het grootliks vermeerder op die Aarde en die Ark is opgelig sodat sy opgerys het bo die Aarde. Sut 6:28 Die Ark het op die waters gedrywe en sy is rondgeskommel in die waters sodat al die lewende wesens binne haar omgekeer is soos in 'n dik sop in 'n pot. Sut 6:29 En 'n groot benoudheid het al die lewende wesens wat in die Ark was, aangegryp en die Ark het gevaar gestaan om te breek. Sut 6:30 En al die lewende wesens wat in die Ark was, was verskrik en die leeus het gebrul, en die osse het gebulk, en die wolwe het gehuil, en elke lewende wese in die Ark het getreur en gepraat in sy eie taal, sodat hulle stemme oor 'n groot afstand gehoor is. En Noag en sy seuns het gehuil en geween in hulle benoudheid, hulle was baie bang dat hulle die poorte van die dood bereik het. Sut 6:31 Noag het tot JaHWeH gebid en uitgeroep na Hom vanweë die gebeure en hy het gesê: O JaHWeH, help ons, want ons het geen Krag om hierdie ellende wat ons omring te verdra nie, want die golwe van die waters het ons omring, skadelike strome het ons verskrik, strikke van die dood het voor ons gekom; antwoord ons. O JaHWeH, verhef U Aangesig teenoor ons en wees ons barmhartig, verlos ons en red ons. Sut 6:32 En JaHWeH het geluister na die stem van Noag, en JaHWeH het hom onthou. [MattithJaHûW 8:23-25] Sut 6:33 En 'n Gees het oor die Aarde gegaan, en die waters het stil geword en die Ark het rustig geword. Sut 6:34 Die Fonteine van die diepte en die sluise van die Hemele het toegegaan en die stortreën uit die Hemele het opgehou. Sut 6:35 Die waters het afgeneem in daardie dae en die Ark het gerus op die berge van Ararat. Sut 6:36 En Noag het die vensters van die Ark oopgemaak en hy het JaHWeH nog steeds in daardie tyd aangeroep en hy het gesê: O JaHWeH, wat die Aarde gevorm het en die Hemele en alles wat daarin is, bring ons siele uit hierdie gevangeskap, en uit hierdie tronk waarin U ons geplaas het, want ek is baie moeg van sug. Sut 6:37 JaHWeH het na die stem van Noag geluister en aan hom gesê: Wanneer julle 'n volle jaar voltooi het, sal julle uitgaan. Sut 6:38 By die wisseling van die jaar, toe 'n volle jaar van Noag se verblyf in die Ark voltooi was, het die waters op die Aarde opgedroog, en Noag het die bedekking van die Ark opsygesit. Sut 6:39 Teen daardie tyd, op die sewe-en-twintigste dag van die tweede maand, was die Aarde droog, maar Noag en sy seuns en diegene wat by hom was, het nie by die Ark uitgegaan totdat JaHWeH hulle dit meegedeel het nie. Sut 6:40 En die dag het gekom dat JaHWeH aan hulle gesê het om uit te gaan, en hulle het almal uit die Ark uitgegaan. Sut 6:41 Hulle het gegaan en elkeen teruggekeer op sy weg en na sy plek, en Noag en sy seuns het op die Adamah [die adamiet se Aarde] gewoon wat Elohim vir hulle meegedeel het en hulle het JaHWeH gedien al die dae van hulle lewe; en JaHWeH het Noag en sy seuns geseën toe hulle by die Ark uitgegaan het. Sut 6:42 Hy het aan hulle gesê: Wees vrugbaar en vul die Aarde; word sterk en neem oorvloedig toe op die Aarde en vermeerder daar. //Nimrod word koning Sut 7:1 EN dié is die name van die seuns van Noag: Jafet, Gam en Sem, en kinders is vir hulle gebore na die vloed, want hulle het vroue geneem vóór die vloed, Sut 7:2 Hier is die seuns van Jafet; Gomer en Magog, Madai, Jawan, Tubal, Meseg en Tiras, sewe seuns. Sut 7:3 Die seuns van Gomer was: Ashkenaz, Rifat, Togárma. Sut 7:4 Die seuns van Magog was: Eliganaf en Lubal. Sut 7:5 Die kinders van Madai was: Agon, Seelo, Gazoni en Lot. Sut 7:6 Die seuns van Jawan was: Elishah, Tarsis, Gittim en Dudonim. Sut 7:7 Die seuns van Tubal was; Arifi, Kesed, Taari. Sut 7:8 Die seuns van Meseg was: Dedon, Saron en Sebasni. Sut 7:9 Die seuns van Tiras was Benib, Gera, Lupirion en Gilak; hierdie was die seuns van Jafet volgens hulle families, en hulle getal in daardie dae was omtrent vierhonderd-en-sestig manne. Sut 7:10 Hierdie is die seuns van Gam: Kuwsh(swart), Mitsrajim, Put en Kanaän. Vier seuns; En die seuns van Kuwsh(swart) was: Seba, Háwila, Sabta en Raéma, Sabtega. En die seuns van Raéma: Skeba en Dedan. Sut 7:11 Die seuns van Mitsrajim was: Lud, Anom en Patros, Gaslot en Gaftor. Sut 7:12 Die seuns van Put was: Gebul, Hadan, Bená, en Adan. Sut 7:13 Die seuns van Kanaän was: Sidon, Het, Amori, Gergasi, Hivi, Arkee, Seni, Arodi, Simodi en Gamoti. Sut 7:14 Hierdie is die seuns van Gam, volgens hulle families, en hulle getal in daardie dae was omtrent sewehonderd-en-dertig man. Sut 7:15 Hier is die seuns van Sem: Elam en Assur, Arpagsad en Lud, Aram, vyf seuns; en die seuns van Elam was Susan, Magul en Harmon. Sut 7:16 Die seuns van Assur was Mirus en Mokil, en die seuns van Arpagsad was Selag, Anar en Askol. Sut 7:17 Die seuns van Lud was Petor en Bisajon, en die seuns van Aram was Us, en Hul en Geter en Mas. Sut 7:18 Hierdie is die seuns van Sem volgens hulle families; en hulle getal in daardie dae was omtrent driehonderd man. Sut 7:19 Hier is die geslag van Sem: Sem het Arpagsad verwek, en Arpagsad het Selag verwek, en Selag het Heber verwek, en vir Heber is twee kinders gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak, en in die latere dae, is die Aarde verdeel. Sut 7:20 En die naam van die tweede was Joktan, wat beteken dat in sy dag die lewens van die seuns van die Adam verminder en verklein is. Sut 7:21 Hier is die seuns van Joktan: Almódad, Selef, Hasarmáwet, Jerag, Hadóram, Usal, Dikla, Obal, Abimael, Skeba, Ofir, Háwila, Jobab. Hulle almal was seuns van Joktan. Sut 7:22 En Peleg, sy broer, het Jen verwek [Jen is Rehu van Génesis 11: 18] en Jen het Serug verwek, en Serug het Nahor verwek, en Nahor het Tera verwek, en Tera was agt-en-dertig jaar oud, en hy het Haran en Nohar verwek. Sut 7:23 Kuwsh(swart), die seun van Gam, die seun van Noag, het 'n vrou geneem in daardie dae, op sy oudag, en sy het 'n seun gebaar en hulle het hom Nimrod genoem en gesê: Teen daardie tyd het die seuns van die Adam weer begin rebelleer en oortree teen Elohim, en die kind het grootgeword en sy vader het hom uitermate liefgehad, omdat hy die seun van sy oudag was. Sut 7:24 En die rokke van vel wat Elohim vir Adam en sy vrou gemaak het, toe hulle uit die Tuin weg is, is aan Kuwsh(swart) gegee. Sut 7:25 Want na die dood van Adam en sy vrou, is die kledingstukke aan Henog gegee, die seun van Jered, en toe Henog opgeneem is na Elohim, het hy dit aan Metúsalag, sy seun gegee. Sut 7:26 By die dood van Metúsalag, het Noag dit geneem en na die Ark gebring, en dit was by hom totdat hy uit die Ark uitgegaan het. Sut 7:27 En by hulle uitgaan, het Gam die kledingstukke van Noag, sy vader, gesteel en hy het dit geneem en vir sy broers weggesteek. Sut 7:28 Toe Gam sy eersgeborene Kuwsh (swart) verwek het, het hy die kledingstukke in die geheim aan hom gegee en dit was vir baie dae by Kuwsh (swart). Sut 7:29 Kuwsh(swart) het dit ook vir sy seuns en broers weggesteek, en na Kuwsh vir Nimrod verwek het, het hy hom die kledingstukke gegee vanweë sy liefde vir hom, en Nimrod het grootgeword en toe hy twintig jaar oud was het hy die kledingstukke aangetrek. Sut 7:30 En Nimrod het sterk geword toe hy die kledingstukke aantrek, en Elohim het hom mag en krag gegee, en hy was 'n magtige jagter op die Aarde, ja, hy was 'n magtige jagter in die veld, en hy het die diere gejag en hy het altare gebou, en hy het die diere daarop voor die Aangesig van JaHWeH geslag, Sut 7:31 Nimrod het homself versterk en hy het uitgestyg tussen sy broers, en hy het die oorloë van sy broers geveg teen al hulle vyande rondom hulle. Sut 7:32 En JaHWeH het al die vyande van sy broers in sy hand gegee, en Elohim het hom voorspoedig gemaak elke keer in sy veldslae en hy het op Aarde geheers. Sut 7:33 Daarom het dit 'n gewoonte geword in daardie dae, as 'n man diegene uitstuur wat hy opgelei het vir oorlog, dat hy aan hulle sê: Soos Elohim aan Nimrod gedoen het, wat 'n magtige jagter op die Aarde was en wat suksesvol was in die oorloë wat teen sy broers voortgeduur het en wat hy uitgered het uit die hande van hulle vyande, mag Elohim ons so versterk en bevry op hierdie dag. Sut 7:34 Toe Nimrod veertig jaar oud was, was daar op daardie tyd oorlog tussen sy broers en die kinders van Jafet, sodat hulle in die mag van hulle vyande was. Sut 7:35 Nimrod het uitgetrek in daardie tyd, en hy het al die seuns van Kuwsh en hulle families versamel, omtrent vierhonderd-en-sestig man, en hy het ook sommige van sy vriende en kennisse gehuur, omtrent tagtig man, en hy het aan hulle hul loon gegee, hy het met hulle na die slagveld vertrek en terwyl hy op pad was, het hy die harte van die mense wat saam met hom gegaan het, versterk. Sut 7:36 En hy het aan hulle gesê: Moenie vrees nie, ook nie verontrus wees nie, want al ons vyande sal in ons hand oorgelewer word en julle kan met hulle doen soos julle goeddink. Sut 7:37 Al die manne wat gegaan het was omtrent vyfhonderd, en hulle het geveg teen hul vyande en hulle verslaan en hulle onderwerp en Nimrod het permanente owerstes oor hulle gestel in hulle onderskeie plekke. Sut 7:38 Hy het sommige van hulle kinders as gyselaars geneem, en hulle was almal dienaars van Nimrod en sy broers, en Nimrod en al die mense wat by hom was, het huiswaarts gekeer. Sut 7:39 Nadat Nimrod vreugdevol terugge-keer het van die stryd, nadat hy sy vyande verower het, het al sy broers, tesame met dié wat hom tevore geken het, bymekaargekom om hom koning oor hulle te maak en hulle het die koninklike kroon op sy hoof geplaas. Sut 7:40 Hy het prinse en regters en ook heersers oor sy onderdane en mense geplaas, soos die gebruik is onder konings. Sut 7:41 Hy het Tera, die seun van Nahor, as die prins van sy leërmag aangestel en hy het hom waardig gemaak en hom verhef bo al die prinse. Sut 7:42 Terwyl hy geheers het volgens sy hartsbegeerte, nadat hy al die vyande rondom verower het, het hy sy raadgewers opdrag gegee om vir hom 'n stad as sy paleis te bou en hulle het so gedoen. Sut 7:43 En hulle het 'n groot vallei gevind oorkant na die ooste toe en hulle het vir hom 'n groot en uitgebreide stad gebou; en Nimrod het die naam van die stad wat hy gebou het Sínear genoem, want JaHWeH het sy vyande met mening geskud en vernietig. Sut 7:44 Nimrod het in Sínear gebly en hy het veilig geheers, en hy het met sy vyande geveg en hulle onderwerp, en hy was voorspoedig in al sy oorloë en sy koninkryk het baie groot geword. Sut 7:45 Al die nasies en tale het van sy roem gehoor en hulle het hulle voor hom vergader en hulle het neergebuig na die Aarde; hulle het geskenke vir hom gebring en hy het hulle meester en koning geword. Hulle het almal saam met hom in die stad Sínear gewoon en Nimrod het op die Aarde geheers oor die seuns van Noag, en hulle was almal onder sy mag en raad. [ZekarJaH 5:11] Sut 7:46 Die hele Aarde het een taal gehad en woorde van eenheid, maar Nimrod het nie in die Weë van JaHWeH gewandel nie, en hy was meer besoedel as al die manne voor hom, sedert die dae van die Vloed tot op daardie tyd. Sut 7:47 En hy het gode gemaak van hout en klip, en hy het neergebuig voor hulle en hy het teen JaHWeH gerebelleer. En hy het al sy onderdane en die mense van die Aarde sy besoedelde weë geleer. Maar Mardon, sy seun, [ook genoem Tammus] was nog meer besoedel as sy vader. Sut 7:48 Almal wat gehoor het van die werke van Mardon, die seun van Nimrod, sou oor hom sê: Uit die besoedelde gaan daar besoedeling uit; daarom het dit op die hele Aarde 'n spreekwoord geword, wat sê: Uit die besoedelde gaan daar besoedeling uit, en dit was algemene woorde van die mense van daardie tyd tot nou. Sut 7:49 En Tera, die seun van Nahor, prins van Nimrod se leërmag, was in daardie dae baie belangrik in die aangesig van die koning en sy onderdane, en die koning en prinse was lief vir hom en hulle het hom uitermate verhoog. Sut 7:50 Tera het 'n vrou geneem en haar naam was Amtelo, die dogter van Kornebo; en die vrou van Tera het swanger geword en het 'n seun vir hom gebaar in daardie dae. [Tera het dus 'n ander vrou gehad wat die ma was van die twee seuns]. Sut 7:51 Tera was sewentig jaar oud toe hy hom verwek het, en Tera het die seun wat vir hom gebore is, Abram genoem, omdat die koning hom in daardie dae verhoog het, en hom waardig gemaak het bo al die prinse wat saam met hom was. //Die geboorte van Abram Sut 8:1 EN dit was gedurende die nag dat Abram gebore is, dat al die dienaars van Tera en al die wyse manne van Nimrod en sy toordokters gekom het, en hulle het geëet en gedrink in die huis van Tera en hulle het saam met hom feesgevier daardie nag. Sut 8:2 Toe al die wyse manne en die toordokters by die huis van Tera uitgegaan het daardie nag, het hulle hulle oë opgeslaan na die Hemele om na die Sterre te kyk. En hulle het gesien, en kyk, 'n baie groot Ster het uit die ooste opgekom en deur die hemelruim geskiet en hy het die vier Sterre van die vier kante van die Hemele ingesluk. [MattithJaHûW 2:9] Sut 8:3 Al die wyse manne van die koning en sy toordokters was verbaas oor die gesig, en die wysgere het die saak verstaan en hulle het die belangrik-heid daarvan verstaan. Sut 8:4 Hulle het aan mekaar gesê: Dit is maar net 'n Teken van die kind, wat vannag vir Tera gebore is, wat sal grootword en vrugbaar sal wees, en vermeerder, en die hele Aarde sal besit, hy en sy kinders vir ewig, en hy en sy saad sal groot konings neervel en hulle Aarde beërwe. Sut 8:5 En die wyse manne en die toordokters het huistoe gegaan daardie nag, en in die oggend het al hierdie wyse manne en toordokters vroeg opgestaan, en hulle het in 'n vooraf bepaalde huis bymekaargekom. Sut 8:6 Hulle het gepraat en aan mekaar gesê: Kyk die gesig wat ons verlede nag gesien het, is verborge vir die koning, sy is nie aan hom bekend gemaak nie. Sut 8:7 En sou hierdie saak in die latere dae aan die koning bekend word, sal hy aan ons sê: Hoekom het julle hierdie saak vir my verberg? En dan sal ons almal doodgemaak word. Daarom, kom laat ons nou die koning gaan vertel watter gesig ons gesien het en die verklaring daarvan, dan sal ons sonder skuld bly. Sut 8:8 Hulle het so gedoen en hulle het almal na die koning toe gegaan en tot op die Aarde voor hom gebuig en hulle het gesê: Mag die koning leef, mag die koning leef. Sut 8:9 Ons het gehoor dat 'n seun vir Tera, die seun van Nahor, die prins van die leërmag, gebore is en ons het verlede nag na sy huis gegaan en ons het geëet en gedrink en saam met hom feesgevier. Sut 8:10 En toe u dienaars by die huis van Tera uitgaan om na ons onderskeie huise te gaan om die nag daar deur te bring, het ons opgekyk na die Hemele en ons het 'n groot Ster uit die ooste sien kom, dieselfde Ster het met groot vaart deur die Hemele geskiet en vier groot Sterre ingesluk van die vier kante van die Hemele. Sut 8:11 U dienaars was verstom oor die gesig wat ons gesien het en was baie beangs, en ons het hierdie gesig beoordeel en ons het deur ons wysheid die regte verklaring daarvan geweet, dat hierdie saak betrekking het op die kind wat vir Tera gebore is wat sal grootword en grootliks sal vermeerder, en hy sal magtig word en al die konings van die Aarde doodmaak en al hulle grond beërwe, hy en sy saad vir ewig. Sut 8:12 En nou, ons meester en koning, kyk, ons het u eerlik ingelig oor wat ons gesien het wat betref die kind. Sut 8:13 As dit goed lyk vir die koning om die vader betaling vir die kind te gee, dan sal ons hom doodmaak voor hy kan grootword en vermeerder in die Aarde, en sy boosheid toeneem teen ons, sodat ons en ons kinders tot niet gaan deur sy boosheid. Sut 8:14 Die koning het hulle woorde gehoor en dit het goed geklink volgens sy insig, en hy het gestuur en Tera laat roep en Tera het voor die koning gekom. Sut 8:15 Die koning sê aan Tera: Ek word vertel dat 'n seun verlede nag vir jou gebore is en dat 'n Teken in die Hemele waargeneem is by sy geboorte. Sut 8:16 Daarom vra ek aan jou, gee vir my die kind, sodat ons hom kan doodmaak voordat sy boosheid teen ons kan opstaan en ek sal jou gee wat sy waarde is, jou huis vol silwer en goud. [MattithJaHûW 2:13] Sut 8:17 En Tera het die koning geantwoord en aan hom gesê: My meester en koning, ek het u woorde gehoor en u dienaar sal doen alles wat sy koning begeer. Sut 8:18 Maar my meester en koning, ek sal aan u vertel wat verlede nag met my gebeur het, sodat ek kan sien watter advies die koning aan sy dienaar sal gee en dan sal ek die koning antwoord oor die woorde wat hy pas gespreek het. En die koning sê: Praat. Sut 8:19 En Tera het aan die koning gesê: Ajon, seun van Mored, het laasnag na my gekom en gesê: Sut 8:20 Gee aan my die groot en pragtige perd wat die koning aan jou gegee het en ek sal aan jou silwer en goud gee, en strooi en kos vir sy waarde; en ek het aan hom gesê: Wag tot ek die koning sien wat betref jou woorde, en kyk, wat die koning ook al sê, dit sal ek doen. Sut 8:21 En nou my meester en koning, kyk, ek het hierdie ding bekend gemaak aan u, en die advies wat die koning aan sy dienaar sal gee, dit sal ek volg. Sut 8:22 Die koning het die woorde van Tera aangehoor, en sy woede het ontvlam, en hy het hom in die lig daarvan as 'n gek aangesien. Sut 8:23 En die koning het Tera geantwoord en hy het aan hom gesê: Is jy so verspot, onkundig, of gebrekkig van begrip, om hierdie ding te doen, om jou pragtige perd vir silwer en goud of selfs strooi en kos weg te gee? Sut 8:24 Is jy so kort van silwer en goud dat jy hierdie ding moet doen? Kan jy nie strooi en kos bekom om jou perd te voed nie? En wat is silwer en goud vir jou, of strooi en kos, dat jy daardie pragtige perd wat ek aan jou gegee het, moet weggee, die gelyke waarvan daar nie te kry is op die hele Aarde nie? Sut 8:25 En die koning het opgehou spreek. En Tera het die koning geantwoord en gesê: So het die koning gesê aan sy dienaar. Sut 8:26 Ek smeek u, my meester en koning, wat is dit wat u wel tot my gespreek het, naamlik: Gee jou seun dat ons hom kan doodmaak, en ek sal jou silwer en goud gee vir sy waarde; wat sal ek doen met silwer en goud na die dood van my seun? Wie sal van my erf? Sekerlik dan by my dood, sal die silwer en goud weer terugkeer na my koning wat dit gegee het. Sut 8:27 En toe die koning die woorde van Tera hoor, en die gelykenis wat hy met betrekking tot die koning vertel het, was hy baie gegrief en vererg oor die saak, en sy woede het in hom gesmeul. Sut 8:28 Tera het gesien dat die woede van die koning teen hom ontvlam het en hy het die koning geantwoord en gesê: Alles wat ek het, is in die koning se mag, wat die koning ook al begeer om aan sy dienskneg te doen, laat hy so doen, ja, selfs my seun, hy is in die koning se mag, sonder waarde vir ruil, hy en sy twee broers wat ouer is as hy. Sut 8:29 Die koning het aan Tera gesê: Nee maar ek sal jou jonger seun koop vir 'n prys. Sut 8:30 Tera het die koning geantwoord, en gesê: Ek smeek u my meester en koning om u dienskneg 'n woord voor u te laat praat, en laat die koning die woord van sy dienskneg hoor, en Tera sê: Laat my koning my drie dae tyd gee terwyl ek die saak met my self uitmaak en my familie raadpleeg oor die woorde van my koning, en hy het by die koning sterk aangedring om hiertoe in te stem. Sut 8:31 Die koning het na Tera geluister en hy het só gedoen en hom drie dae tyd gegee. En Tera het uit die koning se teenwoordigheid weggegaan en hy het tuisgekom by sy familie en het al die koning se woorde aan hulle vertel; en die mense was baie beangs. Sut 8:32 Dit was op die derde dag dat die koning vir Tera laat haal het, en gesê het: Stuur my jou seun vir 'n prys soos ek met jou gepraat het, en as jy dit nie doen nie, sal ek almal in jou huis laat doodmaak, sodat jy nie eers 'n hond, sal oorhê nie. Sut 8:33 En Tera het hom gehaas, [omdat die saak dringend vir die koning was], en hy het 'n kind wat op daardie dag gebore is, by een van sy diensknegte geneem en Tera het die kind na die koning geneem en het beloning vir hom ontvang. Sut 8:34 En JaHWeH was by Tera in hierdie saak, dat Nimrod nie vir Abram sou doodmaak nie, en die koning het die kind by Tera geneem en met al sy mag het hy die kind se kop teen die Aarde verbrysel, want hy het gedink hy is Abram; en hy was van daardie dag af vir hom weggesteek en die koning het hom vergeet, want dit was die wil van die voorsienigheid om Abram se dood nie toe te laat nie. Sut 8:35 En Tera het Abram, sy seun, in die geheim geneem, tesame met sy moeder en kinderoppasser, en hy het hulle in 'n grot versteek, en hy het maandeliks vir hulle kosvoorraad gebring. Sut 8:36 En JaHWeH was met Abram in die grot en hy het grootgeword. Abram was tien jaar in die grot en die koning en sy prinse, waarsêers en wysgere, het gedink dat die koning Abram doodgemaak het. //Die toring van Babel Sut 9:1 HARAN, die seun van Tera, Abram se oudste broer, het 'n vrou geneem in daardie dae. Sut 9:2 Haran was nege-en-dertig jaar oud toe hy haar geneem het, die vrou van Haran het swanger geword en sy het 'n seun gebaar, hy het hom Lot genoem. Sut 9:3 En sy het weer swanger geword en 'n dogter gebaar, en sy het haar Sarai genoem. Sut 9:4 Haran was twee-en-veertig jaar oud toe Sarai verwek is, wat in die tiende jaar van die lewe van Abram was; en in daardie dae het Abram en sy moeder en kinderoppasser uit die grot uitgegaan, omdat die koning en sy onderdane van die saak van Abram vergeet het. Sut 9:5 Toe Abram uit die grot gekom het, het hy na Noag en sy seun, Sem, toe gegaan, en hy het by hulle gebly om die onderrigting van JaHWeH en Sy Weë te leer; en geen man het geweet waar Abram was nie, en Abram het Noag en Sem sy seun vir 'n lang tyd gedien. Sut 9:6 Abram was in Noag se huis nege-en-dertig jaar, en Abram het JaHWeH geken van sy derde jaar af en hy het in die Weë van JaHWeH gewandel tot en met die dag van sy dood, soos Noag en sy seun Sem hom geleer het; en al die seuns van die Aarde in daardie dae het uitermate oortree teen JaHWeH, en hulle het gerebelleer teen Hom en hulle het gode gedien en hulle het JaHWeH vergeet wat hulle op die Adamah [die adamiet se Aarde] geskep het, en die inwoners van die Aarde het vir hulle op daardie tyd elkeen sy eie gode gemaak; gode van hout en klip wat nie kon praat, hoor of verlos nie, en die seuns van die Adam het hulle gedien en hulle het hulle gode geword. Sut 9:7 En die koning en sy dienaars, en Tera met sy hele huishouding, was van die eerstes van dié wat gode van hout en klip gedien het. Sut 9:8 Tera het twaalf gode van 'n groot formaat gehad, gemaak van hout en klip, ooreenkomstig die twaalf maande van die jaar; hy het elkeen maandeliks gedien, en elke maand het Tera sy [vleis]aanbieding en dranke aan sy gode gebring; so het Tera al die dae gedoen. Sut 9:9 Al die geslagte was besoedel voor die oë van JaHWeH, en elkeen het vir hom sy gode gemaak, maar het JaHWeH wat hulle geskep het, vergeet. Sut 9:10 Daar was nie 'n man te vinde in daardie dae in die hele Aarde wat JaHWeH geken het nie [want hulle het elkeen sy gode gedien] behalwe Noag en sy huishouding, en almal wat onder sy raad was, het JaHWeH geken in daardie dae. Sut 9:11 Abram, die seun van Tera, het baie belangrik geword in daardie dae in die huis van Noag, en niemand het dit geweet nie en JaHWeH was met hom. Sut 9:12 JaHWeH het vir Abram 'n begrypende hart gegee en hy het geweet dat al die werke van daardie saadlyn ydel was en dat al hulle gode ydel en van geen nut was nie. Sut 9:13 Abram het die son sien skyn op die Aarde en Abram het tot homself gesê: Sekerlik, hierdie son wat op die Aarde skyn, is Elohim en hom sal ek dien. Sut 9:14 En Abram het die son gedien in daardie dag en hy het gebid tot hom en toe dit aand word, het die son soos gewoonlik onder gegaan en Abram het tot homself gesê: Sekerlik kan hy nie Elohim wees nie. Sut 9:15 Abram het steeds voortgegaan om met homself te praat: Wie is Hy wat die Hemele en Aarde gemaak het? Wie het op Aarde geskep? Waar is Hy? Sut 9:16 Die nag het donker geword oor hom en hy het sy oë opgehef na die weste, noorde, suide en ooste, en hy het gesien dat die son van die Aarde verdwyn het en die dag het donker geword. Sut 9:17 Abram het die Sterre en die maan voor hom gesien en hy het gesê: Sekerlik is dit die Elohim wat die hele Aarde sowel as die adamiet geskep het, en kyk, sy diensknegte is gode rondom hom en Abram het die maan gedien en daardie hele nag tot haar gebid. Sut 9:18 Die oggend toe dit lig was, en die son soos gewoonlik op die Aarde skyn, sien Abram al die dinge wat JaHWeH Elohim op die Aarde gemaak het. Sut 9:19 Abram het tot homself gesê: Sekerlik is hierdie nie gode wat die Aarde en die hele mensdom gemaak het nie, maar hierdie is die dienaars van Elohim. En Abram het aangebly in die huis van Noag en het JaHWeH en Sy Weë daar geken, en hy het JaHWeH gedien al die dae van sy lewe, en daardie geslag het JaHWeH vergeet en gode van hout en klip gedien en al hulle dae gerebelleer. Sut 9:20 En koning Nimrod het veilig geheers, en die hele Aarde was onder sy beheer, en die hele Aarde het een taal en woorde van eenheid gehad. Sut 9:21 Al die prinse van Nimrod en sy vername manne het saam 'n raad gehou: Put, Mitsrajim, Kuwsh en Kanaän saam met hulle families, en hulle het aan mekaar gesê: Kom ons bou vir ons 'n stad en binne-in 'n sterk toring en sy punt moet aan die Hemele raak, en ons sal ons beroemd maak, om oor die hele Aarde te kan heers, sodat die boosheid van ons vyande teen ons kan eindig, en ons met mag oor hulle kan heers, en ons nie verstrooid sal raak oor die Aarde vanweë hulle oorloë nie. Sut 9:22 En hulle het almal voor die koning verskyn, en hulle het die koning hierdie woorde meegedeel, en die koning het met hulle saamgestem in hierdie saak en hy het so gedoen. Sut 9:23 En al die families wat uit omtrent seshonderdduisend man bestaan het, het versamel en hulle het na 'n uitgestrekte stuk Aarde gesoek om die stad en haar toring te bou, en hulle het die hele Aarde deursoek en hulle het niks gevind soos die een vallei in die ooste van die Aarde van Sínear, omtrent twee dae se stap ver, en hulle het daarheen getrek en daar gewoon. Sut 9:24 Hulle het stene begin maak en vure gebrand om die stad en toring te bou wat hulle bedink het om te voltooi. Sut 9:25 En die bou van die toring was vir hulle 'n oortreding en 'n wetsverbreking, en hulle het haar begin bou, en terwyl hulle teen JaHWeH, die Elohey van die Hemele gebou het, het hulle in hul harte beplan om teen Hom oorlog te maak en na die Hemele op te vaar. Sut 9:26 En al hierdie mense en al hulle families het hulle in drie groepe verdeel; die eerste het gesê: Ons sal opvaar na die Hemele en teen Hom veg; die tweede het gesê: Ons sal opvaar na die Hemele en ons eie gode daar plaas en hulle dien; en die derde groep het gesê: Ons sal opvaar na die Hemele en Hom verslaan met boë en spiese; en Elohim het al hulle werke geken en al hulle besoedelde gedagtes, en Hy het die stad en die toring gesien wat hulle aan't bou was. [Openbaring van Henog 11:34] Sut 9:27 En terwyl hulle gebou het, het hulle 'n groot stad en 'n baie hoë en sterk toring gebou, en omdat sy so hoog was, het die messelklei en die stene nie die bouers bereik voordat hulle 'n tyd lank boontoe geklim het nie en daarna het hulle messelklei en stene aan die bouers gegee; so is dit daagliks gedoen. Sut 9:28 En kyk, sommiges het opgeklim en ander het afgeklim, die hele dag deur, en as 'n steen uit hulle hande sou val en breek, het hulle almal daaroor getreur, en as 'n man geval en gesterf het, het niemand na hom gekyk nie. Sut 9:29 En JaHWeH het hulle gedagtes geken. En dit het gebeur terwyl hulle bou, dat hulle met hulle pyle na die Hemele geskiet het, en al die pyle het vol bloed op hulle geval, en hulle het aan mekaar gesê: Sekerlik het ons almal wat in die Hemele is, doodgemaak, Sut 9:30 Maar dit was van JaHWeH af sodat dit hulle sou laat dwaal en om hulle te verdelg van die aangesig van die Aarde af. Sut 9:31 En hulle het die toring en die stad gebou, en hulle het dit daagliks gedoen totdat baie dae en jare verby was. Sut 9:32 Elohim het aan die sewentig vernaamste Boodskappers voor Hom gesê aan dié wat naby aan Hom was: Kom, laat ons neerdaal en hulle taal verwar sodat die een die taal van sy naaste nie kan verstaan nie, en hulle het so aan hulle gedoen. Sut 9:33 Van daardie dag af het elke man sy naaste se taal vergeet, en hulle kon nie verstaan om in een taal te spreek nie, en wanneer die bouer uit die hand van sy naaste kalk of stene geneem het wat hy nie bestel het nie, het die bouer dit weggegooi en op sy naaste gegooi sodat hy gesterf het. Sut 9:34 So het dit menige dae aangegaan, en baie van hulle is op die manier gedood. Sut 9:35 En JaHWeH het die drie groepe wat daar was, verslaan en Hy het hulle gestraf volgens hulle werke en voornemens; hulle wat gesê het: Ons sal opvaar na die Hemele, en ons gode dien, het soos 'n klip geword; en dié wat gesê het: Ons sal die Hemele met ons pyle oorwin, dié het JaHWeH doodgemaak, een man deur die hand van sy naaste en die derde groep van die wat gesê het: Ons sal opvaar na die Hemele en veg teen Hom, het JaHWeH dwarsoor die hele Aarde versprei. Sut 9:36 Dié van hulle wat oorgebly het, toe hulle die besoedeling verstaan wat oor hulle gaan kom, het die gebou verlaat, en hulle het ook verstrooid geraak oor die Aarde. Sut 9:37 Hulle het opgehou om die stad en die toring te bou; daarom het Hy daardie plek Babel genoem, want daar het JaHWeH die taal van die hele Aarde verwar; kyk, dit was ten ooste van die Aarde van Sínear. Sut 9:38 Wat betref die toring wat die seuns van die Adam gebou het, die Aarde het haar mond geopen en een derde daarvan ingesluk, en 'n vuur het neergedaal uit die Hemele en het een derde verbrand en die ander derde staan tot vandag toe, en dit is daardie deel wat hoog was en die omtrek daarvan is drie dagreise. [ZekarJaH 13:8-9] Sut 9:39 Baie van die seuns van die Adam het gesterf by daardie toring, 'n ontelbare hoeveelheid. //Die verspreiding van Noag se seuns. Sut 10:1 PELEG, die seun van Heber het gesterf in die agt-en-veertigste jaar van die lewe van Abram, die seun van Tera, en al die dae van Peleg was tweehonderd- nege-en-dertig jaar. Sut 10:2 En kyk, nadat JaHWeH die seuns van die Adam verstrooi het weens hulle oortreding by die toring, het hulle versprei in baie groepe en al die seuns van die Adam is verstrooi tot in die vier hoeke van die Aarde. Sut 10:3 Al die families het saamgebly, elkeen volgens sy eie taal, sy land en sy stad. Sut 10:4 Die seuns van die Adam het baie stede gebou volgens hul families, oral waar hulle gegaan het, en dwarsoor die Aarde waarheen JaHWeH hulle verstrooi het. Sut 10:5 Sommige van hulle het stede gebou op plekke waar hulle agterna uitgedelg is en hulle het die stede na hulle self vernoem of na die name van hul kinders of na spesifieke gebeure. Sut 10:6 Die seuns van Jafet, die seun van Noag, het gegaan en vir hulleself stede gebou op plekke waarheen hulle verstrooi is, en hulle het al hulle stede na hulleself vernoem, en die seuns van Jafet is verdeel op die aangesig van die Aarde in baie groepe en tale. Sut 10:7 Dit is die seuns van Jafet volgens hulle families: Gomer, Magog, Madai, Jawan, Tubal, Meseg, Tiras. Dit was die kinders van Jafet volgens hulle geslagte. Sut 10:8 Die kinders van Gomer, volgens hulle stede, was die Fransiete wat in die Aarde van Fransa, by die Fransa-rivier, by die Sena-rivier gewoon het. Sut 10:9 En die kinders van Rifat is die Bartoniete wat in die Aarde van Bartonië by die Ledá-rivier woon, wie se waters uitmond in die groot Gihon See, dit is Oseanus. Sut 10:10 Die kinders van Togarma is tien families, en hier is hulle name: Busar, Parsunak, Balgar, Elikanum, Ragbib, Tarki, Bid, Sebuk, Ongal, en Tilmas; hulle almal het versprei en het in die noorde gerus en vir hulleself stede gebou. Sut 10:11 En hulle het hulle stede na hulle eie name vernoem, dit is hulle wat by die Hitla- en ltalak-rivier tot vandag toe nog bly. Sut 10:12 Maar die families van Angoli, Balgar en Patsunak het by die groot Dubnee-rivier gebly en al die name van hulle stede is ook volgens hulle eie name. Sut 10:13 En die kinders van Jawan is die Jawaniete, wat woon in die Aarde van Makdonië, en die kinders van Madai is die Orelumiete wat in die Aarde van Kurson bly, en die kinders van Tubal is dié wat woon in die Aarde van Tuskana by die Pasia-rivier. Sut 10:14 Die kinders van Meseg is die Sibasniete en die kinders van Tiras is Rúsas, Kuwshni en Ongolis; hulle almal het gegaan en vir hulleself stede gebou; dit is die stede wat geleë is by die Jabes See by die Kura-rivier, wat leegloop in die Tragan-rivier. Sut 10:15 Die kinders van Elishah is die Almanimiete en hulle het ook gegaan en stede gebou; dit is die stede geleë tussen die berge van Job en Sibatmo en hulle het die Aarde van Italia verower en het tot vandag toe nog daar gebly. Sut 10:16 En die kinders van Kittië is die Rominiete wat in die vallei Kanopië gebly het by die Tibrou-riviei. Sut 10:17 Die kinders van Dudonim is dié wat in die stede by die Gihon See bly in die Aarde van Bordna. Sut 10:18 Hierdie is die families van die kinders van Jafet volgens hulle stede en tale, toe hulle na die toring verstrooid geraak het, en hulle het die stede na hulle name vernoem en na gebeurtenisse: en dit is die name van al hulle stede volgens hulle families, wat hulle in daardie dae na die toring gebou het. Sut 10:19 En die kinders van Gam was Kuwsh, Mitsrajim, Put en Kanaän volgens hulle geslagte en stede. Sut 10:20 Almal het vir hulself stede gebou, net waar hulle geskikte plekke daarvoor gevind het en hulle het die stede na die name van hulle vaders Kuwsh, Mitsrajim, Put en Kanaän vernoem. Sut 10:21 En die kinders van Mitsrajim is die Ludiete, Anamiete, Lehabiete, Naftuhiete, Patrusiete, Kasluhiete en Kaftoriete, sewe families. Sut 10:22 Almal hierdie woon by die Sihor-rivier, dit is die spruit van Egipte, en, hulle het vir hulleself stede gebou en dit na hulle eie name vernoem. Sut 10:23 Die kinders van Patros en Kaslog het ondertrou, en uit hulle het die Filistyne voortgekom, die Asatiete en die Gerariete, die Gittiete en die Ekroniete, altesaam vyf families; hulle het ook vir hulle stede gebou, en hulle het hulle stede vernoem na die name van hulle vaders tot vandag nog. Sut 10:24 Die kinders van Kanaän het ook vir hulle stede gebou, en hulle het hulle stede na hulle name vernoem, elf stede en ander sonder tal. Sut 10:25 Vier manne van die familie van Gam het na die Aarde van die vlakte gegaan; hier is die name van die vier manne: Sodom, Gomorra, Adma en Seboïm. Sut 10:26 Hierdie manne het vir hulle vier stede gebou in die Aarde van die vlakte, en hulle het die name van hulle stede na hulle eie name vernoem. Sut 10:27 En hulle en hulle kinders en almal wat aan hulle behoort het, het in daardie stede gewoon en hulle was vrugbaar en het vermeerder en het saam gewoon. Sut 10:28 En Seïr die seun van Hur, die seun van Hivi, die seun van Kanaän, het gegaan en 'n vallei oorkant die Berg Paran gevind, en hy het daar 'n stad vir hom gebou. En hy en sy sewe seuns en sy huishouding het daar gebly, en hy het die stad wat hy daar gebou het, Seïr genoem, volgens sy naam; sy is die Aarde van Seïr tot vandag toe. Sut 10:29 Hierdie is die families van die kinders van Gam, volgens hulle tale en stede, toe hulle verstrooi is na hulle Aarde na die toring. Sut 10:30 En sommige van die kinders van Sem, die seun van Noag, vader van al die kinders van Heber, het ook gegaan en vir hulle stede gebou in die plekke waarheen hulle verstrooi is en hulle het hulle stede na hulle name vernoem. Sut 10:31 Die seuns van Sem was Elam, Assur, Arpagsad, Lud en Aram, en hulle het vir hulleself stede gebou en hulle het die stede na hulle eie name vernoem. Sut 10:32 Assur, die seun van Sem, en sy kinders en huishouding het op daardie tyd uitgegaan, 'n baie groot menigte van hulle, en hulle het na 'n baie ver deel van die Aarde wat hulle gevind het, gegaan, en hulle het 'n baie groot vallei gevind in die Aarde waarheen hulle gegaan het, en hulle het vier stede gebou, en hulle het dit na hulle eie name en gebeurtenisse vernoem. Sut 10:33 Hierdie is die name van die stede wat die kinders van Assur gebou het, Ninevé, Resen, Kalag en Rehobot-ir; en die kinders van Assur bly daar tot vandag toe. Sut 10:34 Die kinders van Aram het ook 'n stad gaan bou, en hulle het die naam van die stad Us genoem na hulle oudste broer, en hulle het in haar gewoon, dit is die Aarde van Us tot vandag toe. Sut 10:35 In die tweede jaar na die toring het 'n man van die huis van Assur, wie se naam Bela was, van die Aarde van Ninevé met sy huishouding verblyf gesoek waar hy dit ook al kon vind, en hulle het gekom tot oorkant die stede op die vlakte langs Sodom en hulle het daar gewoon. Sut 10:36 En die man het opgestaan en het daar 'n klein stad gebou, en het haar Bela genoem, volgens sy naam; sy is die Aarde van Soar tot vandag. Sut 10:37 Hierdie is die families van die kinders van Sem volgens hulle tale en stede, nadat hulle oor die Aarde verstrooi is na die toring. Sut 10:38 En elke koninkryk, stad en familie van die families van die kinders van Noag het nog baie stede daarna gebou. Sut 10:39 Hulle het regerings ingestel in al hulle stede, sodat hulle beheer kon word deur hulle bevele; so het die families van die kinders van Noag dit vir altyd gedoen. //Abram vernietig die gode van Tera Sut 11:1 NIMROD, die seun van Kuwsh, was steeds in die Aarde van Sínear en hy het daaroor geheers en het daar gewoon en hy het stede in die Aarde van Sínear gebou. [Génesis 2:11-13] Sut 11:2 En hierdie is die name van die vier stede wat hy gebou het, en hy het hulle vernoem na die gebeurtenisse wat hulle oorgekom het gedurende die bou van die toring. Sut 11:3 Hy het die eerste Babel genoem en gesê: Omdat JaHWeH daar die taal van die hele Aarde verwar het; en die naam van die tweede het hy Ereg genoem omdat Elohim hulle daarvandaan uitmekaar gedryf het. Sut 11:4 Die derde het hy Akkad genoem en gesê daar was 'n groot veldslag by daardie plek; en die vierde het hy Kalna genoem, omdat sy prinse en magtige manne daar verteer is, en hulle het JaHWeH beproef, hulle het gerebelleer en teen Hom oortree. Sut 11:5 En toe Nimrod die stede in die Aarde van Sínear gebou het, het hy die oorblyfsel van sy mense in haar geplaas, sy prinse en magtige manne wat in sy koninkryk oor was. Sut 11:6 Nimrod het in Babel gewoon, en vandaar het hy sy heerskappy oor die res van sy onderdane hernu en hy het veilig geheers, en die onderdane en prinse van Nimrod het hom Amrafel genoem en gesê dat sy prinse en manne deur sy toedoen geval het by die toring. Sut 11:7 Desnieteenstaande het Nimrod nie teruggekeer tot JaHWeH nie en hy het voortgegaan in besoedeling en om besoedeling aan die seuns van die Adam te leer; en Mardon, sy seun, was erger as sy vader, en het voortgegaan om by te voeg tot die afskuwelikhede van sy vader. Sut 11:8 Nimrod het van toe af veroorsaak dat die seuns van die Adam oortree, en daarom word daar gesê: Uit die besoedelde gaan daar besoedeling uit. Sut 11:9 In daardie tyd was daar oorlog tussen die families van die kinders van Gam terwyl hulle gewoon het in die stede wat hulle gebou het. Sut 11:10 Kedor-Laómer, koning van Elam, het weggegaan van die families van die kinders van Gam, en hy het teen hulle geveg en hulle onderwerp en hy het na die vyf stede van die vlakte gegaan en hy het teen hulle geveg en hulle onderwerp en hulle was onder sy beheer. Sut 11:11 Hulle het hom twaalf jaar lank gedien en hulle het 'n jaarlikse belasting aan hom betaal. Sut 11:12 En Nahor, die seun van Serug, is in daardie tyd dood in die nege-en-veertigste jaar van die lewe van Abram, die seun van Tera. Sut 11:13 In die vyftigste jaar van die lewe van Abram, die seun van Tera, het Abram uit die huis van Noag gegaan en na sy vader se huis gegaan. Sut 11:14 Abram het JaHWeH geken en hy het in Sy Weë en Voorskrifte gewandel en JaHWeH, sy Elohey was met hom. Sut 11:15 Tera, sy vader, was in daardie dae steeds kaptein van die leërmagte van koning Nimrod en hy het steeds vreemde gode gevolg. Sut 11:16 Abram het by sy vader se huis gekom en het twaalf gode daar in hulle tempels sien staan en Abram se woede het ontvlam toe hy die beelde in sy vader se huis sien. Sut 11:17 En Abram het gesê: So waar as JaHWeH leef sal hierdie beeld nie in my vader se huis bly nie; so sal JaHWeH wat my geskape het aan my doen as ek nie binne drie dae al hierdie beelde breek nie. Sut 11:18 Abram is weg van hulle af en sy woede het in hom gebrand. En Abram het hom gehaas en het uit die kamer uitgegaan na sy vader se buitehof en hy het sy vader gekry waar hy in die hof sit en al sy diensknegte met hom, en Abram het voor hom kom sit. Sut 11:19 En Abram het vir sy vader gevra, en gesê: Vader, sê vir my waar is Elohim wat die Hemele en die Aarde geskape het, en al die seuns van die Adam op Aarde, en wie het u en my geskep? En Tera het sy seun Abram geantwoord en gesê: Kyk, die wat ons geskape het, is almal saam met ons in die huis. Sut 11:20 En Abram het aan sy vader gesê: My meester, ek vra u, wys hulle aan my. Tera het Abram na die kamer van die binnehof geneem, en Abram het gesien, en kyk, die hele kamer was vol gode van hout en klip, twaalf groot beelde en talle ander kleiner as hulle. Sut 11:21 En Tera het aan sy seun gesê: Kyk, dit is hulle wat alles wat jy sien op die Aarde en vir my en jou geskape het en ook die hele mensdom. Sut 11:22 Tera het voor sy gode neergebuig, en toe het hy weggegaan van hulle en Abram, sy seun, het saam met hom weggegaan. Sut 11:23 En nadat Abram van hulle weggegaan het, het hy na sy moeder gegaan en hy het voor haar gaan sit en hy het aan sy moeder gesê: Kyk, my vader het my hulle gewys wat die Hemele en Aarde gemaak het en al die seuns van die Adam. Sut 11:24 Nou daarom, maak gou en bring 'n bokkie uit die kudde en maak geurige vleis daarvan sodat ek dit na my vader se gode kan bring as 'n aanbieding vir hulle om te eet; miskien raak ek daardeur aanneemlik vir hulle. Sut 11:25 Sy moeder het dit gedoen en sy het 'n bokkie laat haal en het geurige vleis daarvan berei en dit na Abram gebring. Abram het die geurige vleis by sy moeder geneem en het dit voor sy vader se gode gebring en hy het nader gegaan sodat hulle mag eet; en Tera, sy vader, het dit nie geweet nie. Sut 11:26 Abram het op die dag toe hy tussen hulle gesit het, gesien dat hulle geen stem gehad het nie, geen gehoor, geen beweging nie en dat nie een sy hand kon uitsteek om te eet nie. Sut 11:27 Abram het hulle gespot en gesê: Die geurige vleis wat ek vir hulle berei het, het hulle seker nie aangestaan nie of miskien was dit te min vir hulle en om daardie rede wou hulle nie eet nie; daarom sal ek môre vars geurige vleis berei, beter en meer as dié, sodat ek die uitslag kan sien. Sut 11:28 Dit was die volgende dag dat Abram sy moeder opdrag gegee het oor die geurige vleis, en sy moeder het opgestaan en het drie mooi bokkies laat haal uit die kudde en daarvan het sy uitstaande geurige vleis gemaak, soos haar seun daarvan gehou het, en sy het dit aan haar seun Abram gegee, en Tera, sy vader, het dit nie geweet nie. Sut 11:29 En Abram het die geurige vleis by sy moeder geneem en hy het dit voor sy vader se gode in die vertrek gebring, en hy het baie naby aan hulle gekom sodat hulle kon eet en hy het dit voor hulle neergesit en Abram het die hele dag voor hulle gesit en gedink dat hulle miskien sal eet. Sut 11:30 Abram het hulle bekyk, en kyk, hulle het nie 'n stem nie of gehoor nie en nie een het sy hand na die vleis uitgesteek om te eet nie. Sut 11:31 Die aand van daardie dag, in die huis, is Abram beklee met die Gees van Elohim. Sut 11:32 Hy het uitgeroep en gesê: Wee my vader en hierdie besoedelde geslag wie se harte almal neig na ydelheid, wat hierdie gode van hout en klip dien wat nie kan eet, ruik, hoor of praat nie, wat monde het sonder spraak, oë sonder sig, ore sonder gehoor, hande sonder gevoel, en bene wat nie kan beweeg nie; dié wat hulle gemaak het en op hulle vertrou, is self soos hulle. Sut 11:33 Toe Abram al hierdie dinge sien, het sy woede ontvlam jeens sy vader, en hy het hom gehaas en 'n handbyl in sy hand geneem en hy het na die vertrek van die gode gegaan en hy het al sy vader se gode gebreek. Sut 11:34 Toe hy die beelde klaar gebreek het, het hy die handbyl in die hand van die groot god voor hom geplaas, en hy het uitgegaan; en Tera, sy vader, het tuisgekom, want hy het by die deur die geluid gehoor van die slag van die handbyl; dus het Tera in die huis ingekom om te hoor wat aan die gang was. Sut 11:35 Tera, wat die lawaai van die handbyl in die vertrek van die beelde gehoor het, het na die vertrek van die beelde gehardloop en hy het Abram teëgekom juis toe hy uitgaan. Sut 11:36 Tera het die vertrek binnegegaan en hy het al die gode omgeval en gebreek gevind en in die hand van die grootste was die handbyl en hy was nie gebreek nie, en die geurige vleis wat Abram laat voorberei het, was nog voor hulle. Sut 11:37 Toe Tera dit sien, het sy woede uitermate ontvlam en hy het hom uit die vertrek na Abram gehaas. Sut 11:38 Hy het Abram, sy seun, nog sittend in die huis gekry; en hy het aan hom gesê: Wat is hierdie werk wat jy aan my gode gedoen het? Sut 11:39 En Abram het Tera, sy vader, geantwoord en gesê: Dit is nie so nie my meester, want ek het geurige vleis voor hulle gebring, en toe ek naby hulle kom met die vleis sodat hulle kan eet, het almal gelyk hulle hande uitgesteek om te eet voordat die groot een sy hand kon uitsteek. Sut 11:40 Die groot een het hulle dade gesien wat hulle voor hom gedoen het, en sy woede het gewelddadig teen hulle ontvlam en hy het die handbyl gaan haal wat in die huis is en het teruggekom en hulle almal gebreek, en kyk, die handbyl is nog in sy hand, soos u kan sien. Sut 11:41 Tera se woede het teen sy seun, Abram, ontvlam toe hy so gepraat het; en Tera het in sy woede aan sy seun, Abram, gesê: Wat is hierdie storie wat jy vertel het? Jy vertel leuens aan my. Sut 11:42 Is daar in hierdie gode, gees, siel of krag om te doen wat jy my vertel het? Is hulle nie hout en klip nie? En het ek hulle nie self gemaak nie, en kan jy sulke leuens vertel deur te sê dit is die groot god wat by hulle is wat hulle verslaan het? Dit is jy wat die handbyl in sy hande geplaas het en toe gesê het dat hy hulle almal vernietig het. Sut 11:43 Abram het sy vader geantwoord en gesê: Hoe kan u dan hierdie gode dien in wie daar geen mag is om enigiets te doen nie? Kan hierdie gode, in wie u vertrou, u bevry? Kan hulle u gebede hoor wanneer u na hulle roep? Kan hulle u uit die hande van u vyande red, of sal hulle u oorloë vir u veg teen u vyande? Dat u hout en klip moet dien wat nie kan praat of hoor nie! Sut 11:44 En nou sekerlik is dit nie goed vir u of vir die seuns van die Adam wat aan u verbind is, om hierdie dinge te doen nie; is u so 'n dwaas, so dom of so kort van begrip dat u hout en klip sal dien en op hierdie manier sal voortgaan? Sut 11:45 En JaHWeH Elohim vergeet wat Hemele en Aarde gemaak het en wat u op die Aarde geskape het, en daardeur 'n groot besoedeling oor u siel bring in hierdie saak van hout en klip dien? Sut 11:46 Het ons vaders van die dae van ouds nie op hierdie manier oortree nie, en het JaHWeH, die Elohey van die heelal nie die waters van die vloed oor hulle gebring en die hele Aarde verdelg nie? Sut 11:47 Hoe kan u voortgaan om dit te doen en gode van hout en klip te dien, hulle wat nie kan hoor of praat of u uit verdrukking kan red en daardeur die Woede van die Elohim van die heelal oor u bring nie? Sut 11:48 Daarom my vader, hou op hiermee en bring nie besoedeling oor u siel en die siele van u huishouding nie. Sut 11:49 Abram het hom gehaas en voor sy vader weggespring en die handbyl by die grootste van sy vader se gode geneem en hy het hom gebreek en weggehardloop. Sut 11:50 Tera, toe hy alles wat Abram gedoen het, sien, het hy hom gehaas om uit sy huis te gaan, en hy het na die koning gegaan en hy het voor Nimrod verskyn en hy het voor die koning gebuig; en die koning het gesê: Wat wil jy hê? Sut 11:51 En hy het gesê: Ek smeek u, my meester, om my aan te hoor - nou vyftig jaar gelede is 'n kind vir my gebore en so het hy aan my gode gedoen en so het hy gespreek; en daarom my meester en koning, laat hom haal dat hy voor u kan kom, en oordeel hom volgens die wet, sodat ons van sy besoedeling ontslae kan wees. Sut 11:52 Die koning het drie van sy diensknegte gestuur, en hulle het gegaan, en Abram voor die koning gebring. En Nimrod, en al sy prinse en diensknegte het daardie dag voor hom gesit en Tera het ook voor hulle gesit. Sut 11:53 En die koning het aan Abram gesê: Wat is dit wat jy aan jou vader en sy gode gedoen het? En Abram het die koning geantwoord in die woorde wat hy aan sy vader gespreek het en hy het gesê: Die groot god wat saam met hulle in die huis was, het dit aan hulle gedoen wat u gehoor het. Sut 11:54 Die koning het aan Abram gesê: Het hulle mag gehad om te praat en te eet en te doen soos jy gesê het? En Abram het die koning geantwoord, en gesê: En as daar nie mag in hulle is nie, waarom dien u hulle dan en waarom laat u die seuns van die Adam afdwaal deur u dwaashede? Sut 11:55 Verbeel u dat hulle u kan bevry of enigiets klein of groot kan doen sodat u hulle moet dien? En waarom wil u nie die Elohey van die hele heelal dien nie, Hy wat u geskep het en in Wie se mag dit is om dood te maak of lewend te hou? Sut 11:56 O dwase, eenvoudige en onkundige koning, wee jou vir ewig. Sut 11:57 Ek het gedink u sou u diensknegte die opregte Weg leer, maar u het dit nie gedoen nie, maar die hele Aarde met u oortredinge en die oortredinge van u mense, wat u weë gevolg het, gevul. Sut 11:58 Weet u nie of het u nie gehoor nie, dat ons voorvaders oortree het in die besoedeling wat u doen in die dae van ouds, en die ewige Elohey het die waters van die vloed oor hulle gebring en het hulle almal verdelg, en ook die hele Aarde vanweë hulle vernietig? En wil u en u mense nou in opstand kom en ook sulke werke doen, sodat julle die Woede van JaHWeH, die Elohey van die heelal oor julle bring, en ellende oor julle en die hele Aarde bring? Sut 11:59 Daarom nou, staak hierdie besoedelde dade wat u doen en dien die Elohey van die heelal, omdat u siel in Sy Hande is, en dan sal dit wel met u wees. Sut 11:60 En as u besoedelde hart nie ag gee op my woorde om u van u besoedelde weë te bekeer en die ewige Elohey te dien nie, dan sal u in skaamte sterf in die latere dae, u, u mense en almal wat iets met u te doen het, u woorde hoor of in u besoedelde weë wandel. Sut 11:61 En toe Abram ophou praat voor die koning en die prinse, het hy sy oë opgeslaan na die Hemele en hy het gesê: JaHWeH sien al die besoedeldes, en Hy sal hulle oordeel. //Abram word deur Nimrod vervolg Sut 12:1 TOE die koning die woorde van Abram hoor, het hy beveel dat hulle hom in die tronk sit; en Abram was tien dae in die tronk. [Openbaring 2:10] Sut 12:2 Teen die einde van daardie dae het die koning beveel dat al die konings, prinse, en goewerneurs van die onderskeie provinsies en die wysgere voor hom moet vergader, en hulle het gekom. Abram was nog steeds in die plek van opsluiting. Sut 12:3 En die koning het aan die prinse en die wysgere gesê: Het julle gehoor wat Abram, die seun van Tera, aan sy vader gedoen het? So het hy aan hom gedoen, en ek het bevel gegee dat hy voor my gebring moes word en so het hy gespreek; hy het nie getwyfel oor wat hy gesê het nie en hy het nie in my teenwoordigheid gebewe nie, en kyk, nou word hy bewaar in die tronk. Sut 12:4 Daarom moet julle besluit watter oordeel oor die man wat die koning uitgeskel het, uitgespreek word; wat gespreek het en al die dinge gedoen het wat julle gehoor het. Sut 12:5 Hulle het almal die koning geantwoord en gesê: Die man wat die koning uitgeskel het, moet aan 'n paal opgehang word; maar omdat hy die dinge gedoen het wat hy gesê het en omdat hy ons gode geminag het, moet hy dus verbrand word, want dit is die wet in hierdie geval. Sut 12:6 As dit die koning behaag om dit te doen, laat hom sy diensknegte beveel om dag en nag 'n vuur in u steenoond te stook, en dan sal ons hierdie man daarin gooi. En die koning het so gedoen, en hy het sy diensknegte beveel om 'n vuur in die koning se oond wat in Kasdim is, vir drie dae en drie nagte voor te berei; en die koning het hulle beveel om Abram uit die tronk te bring om verbrand te word. [Jona 1:17; MattithJaHûW 12:40] Sut 12:7 Al die koning se diensknegte, prinse, goewerneurs, en regters en al die inwoners van die land, omtrent negehonderdduisend man, het oorkant die oond gestaan om Abram te sien. Sut 12:8 Al die vroue en kleintjies het op die dakke en torings saamgedrom om te sien wat met Abram gebeur en hulle het almal saam op 'n afstand gestaan: en daar was nie 'n man te vind wat nie daardie dag kom kyk het nie. Sut 12:9 Toe Abram nader gebring word, het die toordokters van die koning en die wysgere, Abram gesien en hulle het uitgeroep tot die koning en gesê: Ons opperheer, ons weet hierdie man was sekerlik die kind by wie se geboorte die groot Ster die vier Sterre ingesluk het, wat ons vyftig jaar gelede aan die koning verklaar het. Sut 12:10 Kyk, nou het sy vader ook u bevele oortree en u bespot deur vir u 'n ander kind te bring wat u wel doodgemaak het. Sut 12:11 En toe die koning hulle woorde hoor, was hy baie toornig, en hy het beveel dat Tera voor hom gebring word. Sut 12:12 Die koning het gesê: Het jy gehoor wat die toordokters gesê het? Vertel my nou die waarheid. Wat het jy gedoen? En as jy die waarheid sal praat, sal jy vrygespreek word. Sut 12:13 En toe hy sien dat die koning se woede so erg ontvlam het, het Tera aan die koning gesê: My meester en koning, u het die waarheid gehoor, en wat die wysgere vertel het, is reg. En die koning het gesê: Hoe kon jy so iets doen om my bevele te oortree en aan my 'n kind te gee wat jy nie verwek het nie en om betaling te neem vir hom? Sut 12:14 En Tera het die koning geantwoord: Omdat tere gevoelens by my vir my seun verwek is in daardie tyd, het ek 'n seun van my diensmaagd geneem en ek het hom na die koning gebring. Sut 12:15 En die koning het gesê: Wie het jou aangeraai om dit te doen? Vertel my, moet niks vir my verberg nie dan sal jy nie sterf nie. Sut 12:16 Tera was verskriklik bang in die koning se teenwoordigheid en hy het aan die koning gesê: Dit was Haran my oudste seun wat die advies aan my gegee het om dit te doen; en Haran was in daardie dae toe Abram gebore is, twee-en-dertig jaar oud. Sut 12:17 Maar Haran het nie sy pa oor enigiets raad gegee nie, en Tera het hierdie dinge aan die koning gesê in 'n poging om sy siel van die koning te red, want hy was baie bevrees; en die koning het aan Tera gesê: Haran, jou seun, wat jou raad gegee het om so te doen, sal saam met Abram deur die vuur sterf, want die doodstraf is op hom omdat hy teen die koning se wil gerebelleer het, toe hy hierdie ding gedoen het. Sut 12:18 Haran het op daardie tydstip lus gevoel om Abram se Weë te volg, maar hy het dit vir homself gehou. Sut 12:19 En Haran het in sy hart gesê: Kyk, nou het die koning Abram gevang as gevolg van die dinge wat Abram gedoen het, en dit sal gebeur dat as Abram oor die koning sal seëvier, sal ek hom volg, maar as die koning seëvier, sal ek agter die koning aan gaan. Sut 12:20 Na Tera met die koning gepraat het met betrekking tot Haran, sy seun, het die koning beveel dat Haran saam met Abram vasgebind moet word. Sut 12:21 En hulle het hulle albei, Abram en Haran, sy broer, gebring om hulle in die vuur te gooi; en al die inwoners van die land en die koning se diensknegte en prinse en al die vroue en kindertjies was daar, en hulle het daardie dag daar gestaan. Sut 12:22 Die koning se diensknegte het Abram en sy broer geneem en het hulle van al hulle klere gestroop, behalwe hulle onderste kledingstukke wat hulle aangehad het. Sut 12:23 Hulle het hulle hande en voete met linne-toue vasgebind en die diensknegte van die koning het hulle opgetel en albei in die oond gegooi. Sut 12:24 JaHWeH het Abram liefgehad en Hy het Medelye met hom gehad en JaHWeH het neergedaal en Hy het Abram uit die vuur gered en hy was nie verbrand nie. Sut 12:25 Maar al die toue waarmee hulle vasgemaak is, het verbrand terwyl Abram behoue gebly het en in die vuur rondgeloop het. Sut 12:26 En Haran het gesterf toe hulle hom in die vuur gegooi het, en hy is tot as verbrand, omdat sy hart nie volkome met JaHWeH was nie. Die vlamme het oor daardie manne wat hom in die vuur gegooi het, gelek en hulle het verbrand en twaalf manne het gesterf. Sut 12:27 Abram het midde-in die vlamme vir drie dae en drie nagte geloop en al die diensknegte van die koning het hom in die vuur sien loop en hulle het gegaan en die koning vertel, en gesê: kyk, ons het Abram midde-in die vuur sien loop en selfs sy onderste kledingstuk wat hy aanhet, het nie gebrand nie, maar die koord waarmee hy vasgebind was, het gebrand. Sut 12:28 Toe die koning hulle woorde hoor, het sy hart benoud gevoel en hy wou hulle nie glo nie; dus het hy ander getroue prinse gestuur om die saak te ondersoek, en hulle het gegaan en het dit gesien en het die koning vertel; en die koning het opgestaan om te gaan kyk en hy het Abram heen-en-weer sien loop midde-in die vuur en hy het Haran se verkoolde liggaam gesien en die koning was uiters verwonderd. Sut 12:29 Die koning het beveel dat Abram uit die vuur gehaal moet word en sy diensknegte het nader gegaan om hom uit te haal en hulle kon nie, want die vuur was reg rondom en die vuur het vanuit die oond na hulle opgestyg. Sut 12:30 En die koning se diensknegte het daarvan weggevlug en die koning het hulle berispe en gesê: Maak gou en bring Abram uit die vuur, anders sal julle sterf. Sut 12:31 Die diensknegte van die koning het weer nader gegaan om Abram uit te haal, en die vlamme het op hulle gekom en het hulle gesigte verbrand sodat agt van hulle gesterf het. Sut 12:32 Toe die koning sien dat sy diensknegte nie die vuur kon nader nie, uit vrees dat hulle sou verbrand, het die koning na Abram geroep: o dienaar van die Elohey wat in die Hemele is, kom uit te midde van die vuur en kom hier voor my. En Abram het na die stem van die koning geluister en hy het uit die vuur gegaan en voor die koning kom staan. Sut 12:33 Toe Abram uitkom, het die koning en al sy diensknegte hom gesien toe hy voor die koning gaan staan met sy onderkleed aan, want dit was nie verbrand nie, maar die koord waarmee hy vasgemaak was, het verbrand. Sut 12:34 En die koning het aan Abram gesê: Hoe gebeur dit dat jy nie in die vuur verbrand het nie? Sut 12:35 Abram het aan die koning gesê: Die Elohey van Hemele en Aarde in Wie ek vertrou en wat alles in Sy mag het, Hy het my verlos van die vuur waarin u my gegooi het. Sut 12:36 Haran, die broer van Abram, was tot as verbrand en hulle het gesoek na sy liggaam en hulle het dit verteer gevind. Sut 12:37 Haran was twee-en-tagtig jaar oud toe hy gesterf het in die vuur van Kasdim. En die koning, prinse en inwoners van die land wat gesien het hoe Abram uit die vuur verlos is, het gekom en voor Abram kom neerbuig. Sut 12:38 En Abram het aan hulle gesê: Moet nie voor my neerbuig nie, maar buig julle neer voor die Elohey van die wêreld wat julle gemaak het en dien Hom en wandel in Sy Weë, want dit is Hy wat my uit die vuur verlos het, en dit is Hy, wat die geeste en siele van alle adamiete geskep het en die adamiet in sy moeder se baarmoeder geformeer het en in die wêreld gebring het, en dit is Hy wat dié sal verlos wat op Hom vertrou teen alle pyn. Sut 12:39 Hierdie dinge was te wonderbaar in die oë van die koning en sy prinse, dat Abram gered is uit die vuur en dat Haran verbrand het; en die koning het Abram baie geskenke gegee en hy het hom sy twee hoofdienaars gegee uit die koning se huis: die naam van die een was Oni en die naam van die ander een was EliEzer. [Génesis 15:2] Sut 12:40 Al die konings, prinse en dienaars het baie geskenke van silwer en goud en pêrels aan Abram gegee en die koning en die prinse het hom weggestuur, en hy het in vrede gegaan. Sut 12:41 En Abram het in vrede vortgegaan van die koning en baie van die koning se diensknegte het hom gevolg en omtrent driehonderd man het by hom aangesluit. [Rigters 7:7] Sut 12:42 Abram het teruggekeer op daardie dag en na die huis van sy vader gegaan, hy en die manne wat hom gevolg het, en Abram het JaHWeH, sy Elohey gedien al die dae van sy lewe en hy het in Sy Weë gewandel en het Sy Wet gevolg. Sut 12:43 Van daardie dag af aan het Abram die harte van die seuns van die Adam laat neig om JaHWeH te dien. Sut 12:44 In daardie tyd het Nahor en Abram vir hulleself vroue geneem, die dogters van hulle broer, Haran; die vrou van Nahor was Milka en die naam van Abram se vrou was Sarai. En Sarai, die vrou van Abram, was onvrugbaar; sy het geen kinders [nageslag] gehad in daardie dae nie. Sut 12:45 En na verloop van twee jaar nadat Abram uit die vuur gekom het, dit was in die twee-en-vyftigste jaar van sy lewe, kyk, terwyl koning Nimrod in Babel op sy troon sit, het die koning aan die slaap geraak en gedroom dat hy met sy troepe en leërmag in 'n vallei staan teenoor die koning se oond. Sut 12:46 Hy het sy oë opgeslaan en 'n man gesien wat soos Abram gelyk het wat uit die oond kom, en dat hy voor die koning kom staan met sy ontblote swaard en die koning toe aanval met sy swaard toe die koning van die man af weggevlug, want hy was bang, en terwyl hy hardloop, het die man 'n eier teen die koning se kop gegooi en die eier het 'n groot rivier geword. Sut 12:47 Die koning het gedroom dat al sy manskappe in daardie rivier weggesink en gesterf het, en die koning het op die vlug geslaan saam met drie manne wat voor hom was en hy het ontsnap. Sut 12:48 Die koning het na die drie manne gekyk en hulle was soos prinse geklee, soos die kledingstukke van konings en het die voorkoms en majesteit van konings gehad Sut 12:49 En terwyl hulle hardloop, het die rivier weer voor die koning in 'n eier verander en daar het uit die eier 'n jong voël gekom wat voor die koning verskyn het en hy het na die koning se kop gevlieg en hy het die koning se oog uitgepluk. Sut 12:50 Die koning was bedroef deur die visioen en hy het wakker geword uit sy slaap en sy gees was ontsteld; en hy was baie beangs. Sut 12:51 In die oggend het die koning uit sy bed opgestaan, gevul met vrees en hy het al die wyse manne en toordokters beveel om voor hom te verskyn en hy het sy droom aan hulle vertel. Sut 12:52 En 'n wyse dienskneg van die koning, wie se naam Anuki was, het die koning geantwoord en gesê. Dit is niks anders as die boosheid van Abram en sy saad wat sal opstaan teen my meester en koning in die dae wat kom nie. Sut 12:53 En kyk, die dag sal kom wanneer Abram en sy nageslag en die kinders van sy huishouding sal oorlog maak teen my koning, en hulle sal die koning se leërmag en sy troepe oorwin. Sut 12:54 En wat betref die drie manne wat u vertel soos u self gelyk het en wat ontsnap het, dit beteken dat net u saam met drie van die konings van die land wat saam met u in stryd sal wees, sal ontvlug. Sut 12:55 En dit wat u gesien het van die rivier wat weer 'n eier geword het soos dit aanvanklik was en die jong voël wat u oog uitgepluk het, dit beteken niks anders as die saad van Abram wat die koning sal verslaan in die latere dae. Sut 12:56 Dit is my koning se droom en dit is die uitleg en die droom is waar en die uitleg wat u dienskneg aan u gegee het, is korrek. Sut 12:57 Nou, daarom my koning, waarlik weet u dat dit nou twee-en-vyftig jaar is vandat u wysgere dit by die geboorte van Abram gesien het, en as my koning gaan toelaat dat Abram op die Aarde leef, sal dit tot die nadeel van my meester en koning wees, want al die dae wat Abram leef, sal nie u of u koninkryk gevestig bly nie, want dit was vooruit by sy geboorte bekend; en waarom wil my koning hom nie doodmaak dat sy boosheid weggehou kan word van my koning in die latere dae nie? Sut 12:58 Nimrod het geluister na die stem van Anuki, en hy het in die geheim sommige van sy diensknegte gestuur om Abram te vang, en hom voor die koning te bring om doodgemaak te word. Sut 12:59 EliEzer, Abram se dienskneg wat die koning aan hom gegee het, was in daardie tyd voor die aangesig van die koning, en hy het gehoor wat Anuki vir die koning aanbeveel en dat die koning beplan het om Abram se dood te veroorsaak. Sut 12:60 EliEzer het aan Abram gesê: Maak gou, staan op en red u siel sodat u nie deur die hande van die koning sal sterf nie, want so het hy in 'n droom oor u gesien en so het Anuki dit uitgelê en so het Anuki ook die koning oor u geadviseer. Sut 12:61 Abram het na EliEzer geluister, en Abram het hom gehaas en na veiligheid gevlug, na die huis van Noag en sy seun Sem, en hy het hom daar versteek en het 'n plek van veiligheid gevind; en die koning se diensknegte het na Abram se huis gekom om hom te soek, maar hulle kon hom nie vind nie en hulle het deur die land gesoek, maar hulle kon hom nie vind nie en hulle het gegaan en in elke rigting gesoek, maar hy was nêrens te sien nie. Sut 12:62 Toe die koning se diensknegte Abram nie kon vind nie, het hulle na die koning teruggekeer, maar die koning se woede jeens Abram het bedaar omdat hulle hom nie kon vind nie, en die koning het die saak van Abram uit sy gedagtes verdryf. Sut 12:63 Abram is vir een maand versteek in Noag se huis, totdat die koning die aangeleentheid vergeet het, maar Abram was nog bang vir die koning. En Tera het sy seun in die geheim kom besoek in die huis van Noag, en Tera was baie belangrik in die oë van die koning. Sut 12:64 Abram het aan sy vader gesê: Weet u nie dat die koning daaraan dink om my dood te maak en om my naam uit te wis van die Aarde af deur die raad van sy bose raadgewers nie? Sut 12:65 Nou, wie het u hier en wie het u in hierdie land? Staan dan op, en laat ons saam na die Aarde van Kanaän gaan dat ons verlos kan word van sy hand, sodat u ook nie in die latere dae sal sterf deur sy hand nie. Sut 12:66 Weet u nie of het u nie gehoor nie, dit is nie deur liefde dat Nimrod u al die eer gee nie, maar dit is net vir sy eie voordeel dat hy goed doen aan u. Sut 12:67 En as hy meer goed aan u doen as nou, dit is waarlik net die ydelheid van die wêreld, want rykdom en besittings baat niks in die dag van Toorn en Woede nie. Sut 12:68 Nou daarom, luister na my stem, laat ons opstaan en na die Aarde van Kanaän gaan, buite die bereik van benadeling deur Nimrod; en dien u JaHWeH wat u geskape het op die Adamah [die adamiet se Aarde] en dit sal wel wees met u, en raak ontslae van al die ydele dinge wat u najaag. Sut 12:69 Abram het opgehou praat. Toe het Noag en sy seun Sem, Tera aangespreek en gesê: Die woord wat Abram aan u oorgedra het, is waar. Sut 12:70 Tera het geluister na die stem van sy seun Abram, en Tera het alles gedoen wat Abram gesê het, want dit was van JaHWeH dat die koning nie Abram se dood sou veroorsaak nie. //Abram trek na Kanaän Sut 13:1 TERA het sy seun Abram, en sy kleinseun Lot, die seun van Haran en Sarai sy skoondogter die vrou van sy seun Abram, en al die siele van sy huishouding geneem en saam met hulle van Ur Kasdim weggegaan om te gaan na die Aarde van Kanaän. En toe hulle sover kom as die Aarde van Haran, het hulle daar gebly, want sywas 'n uitstekende goeie grond vir weiding, en groot genoeg vir almal wat hom vergesel het. [Génesis 11:31] Sut 13:2 En die adamiete van die Aarde van Haran het gesien dat Abram suiwer en opreg was voor Elohim en die adamiete, en dat JaHWeH, sy Elohey met hom was, en sommige van die adamiete van die Aarde van Haran het gekom en het hulle by Abram aangesluit en hy het hulle onderrig in die bevele van JaHWeH en Sy Weë en hierdie manne het by Abram gebly in sy huis en hulle het getrou gebly aan hom. Sut 13:3 Abram het drie jaar in die deel van die Aarde gebly en na verloop van drie jaar het JaHWeH aan Abram verskyn en aan hom gesê: Ek is JaHWeH wat jou uitgebring het uit Ur Kasdim en wat jou verlos het uit die hande van al jou vyande. Sut 13:4 Nou, daarom, as jy na My Stem sal luister en My Gebooie onderhou, My Verordeninge en My Wet, dan sal Ek jou vyande voor jou laat val en Ek sal jou nageslag vermeerder soos die Sterre aan die Hemele, en Ek sal My seëning stuur oor al die werke van jou hande en jy sal aan niks gebrek hê nie. Sut 13:5 Staan nou op, neem jou vrou en almal wat aan jou behoort, en gaan na die Aarde van Kanaän en bly daar en Ek sal vir jou 'n Elohey wees en Ek sal jou seën. En Abram het opgestaan en sy vrou geneem en almal wat aan hom behoort het en hy het na die Aarde van Kanaän gegaan soos JaHWeH hom beveel het, en Abram was vyf-en-vyftig jaar oud toe hy van Haran vertrek het. Sut 13:6 Abram het in die Aarde van Kanaän gekom en hy het midde-in die stad gewoon en daar het hy sy tent tussen die kinders van Kanaän opgeslaan, die inwoners van die land. Sut 13:7 JaHWeH het aan Abram verskyn toe hy in die Aarde van Kanaän aankom, en het aan hom gesê: Dit is die Aarde wat Ek aan jou gee en aan jou nageslag na jou vir ewig, en Ek sal jou nageslag maak soos die Sterre aan die Hemele en ek gee aan jou nageslag as Erfdeel al die grond wat jy sien. Sut 13:8 Abram het 'n altaar gebou op die plek waar Elohim met hom gepraat het en Abram het daar die Naam van JaHWeH aangeroep. [Génesis 17:1, 7] Sut 13:9 In daardie tyd, aan die einde van drie jaar van Abram se verblyf in die Aarde van Kanaän, in daardie jaar het Noag gesterwe, wat die agt-en-vyftigste jaar in die lewe van Abram was; en al die dae wat Noag geleef het, was negehonderd-en-vyftig jaar en hy het gesterwe. [Génesis 9:29] Sut 13:10 En Abram het in die Aarde van Kanaän gewoon; hy, sy vrou en almal wat aan hom behoort het, en almal wat hom vergesel het, tesame met die adamiete van die land wat by hom aangesluit het, maar Nahor, Abram se broer, en Tera, sy vader, en Lot, die seun van Haran en almal wat aan hulle behoort het, het in Haran gewoon. Sut 13:11 In die vyfde jaar van Abram se verblyf in die Aarde van Kanaän het die mense van Sodom en Gomorra en al die stede van die vlakte, in opstand gekom teen die mag van Kedor-Laómer [Génesis 14:1], die koning van Elam, want al die konings van die vlakte het Kedor-Laómer twaalf jaar lank gedien, en hom 'n jaarlikse belasting betaal, maar in daardie dae, in die dertiende jaar, het hulle teen hom opgestaan. [Génesis 14:4] Sut 13:12 In die tiende jaar van Abram se verblyf in Kanaän, was daar 'n oorlog teen Nimrod, die koning van Sínear, en Kedor-Laómer, die koning van Elam, en Nimrod het teen Kedor-Laómer kom veg om hom te onderwerp. Sut 13:13 Want Kedor-Laómer was voorheen een van die prinse van die leërmag van Nimrod en toe al die mense by die toring uiteengedryf is en dié wat oorgebly het, ook verstrooi is oor die aangesig van die Aarde, het Kedor-Laómer na die Aarde van Elam getrek en oor haar geheers en het gerebelleer teen sy meester. Sut 13:14 En in daardie dae toe Nimrod sien dat die stede van die vlakte gerebelleer het, het hy met trots en met woede gekom om oorlog teen Kedor-Laómer te maak en Nimrod het al sy prinse en sy onderdane bymekaar gemaak, omtrent sewehonderdduisend man, en teen Kedor-Laómer uitgetrek, en Kedor-Laómer het uitgegaan om hom te ontmoet met vyfduisend man, en hulle het voorberei vir die stryd in die vallei van Babel wat tussen Elam en Sínear is. Sut 13:15 En al daardie konings het daar geveg en Nimrod en sy manne is verslaan voor die manne van Kedor-Laómer, en daar het omtrent seshonderdduisend van Nimrod se manne geval en Mardon, die koning se seun, was onder dié wat geval het. Sut 13:16 Nimrod het gevlug, en in skaamte en skande na sy land teruggekeer, en hy was vir 'n lang tyd onderworpe aan Kedor-Laómer, en Kedor-Laómer het na sy land teruggekeer en hy het prinse van sy leërmag na die konings gestuur wat om hom gewoon het, na Ariog, koning van El-Lásar, en na Tideal, koning van die Nasies en hy het 'n verbond met hulle gesluit en hulle was almal gehoorsaam aan sy bevele. Sut 13:17 In die vyftiende jaar van Abram se verblyf in Kanaän, in die sewentigste jaar van die lewe van Abram, het JaHWeH in daardie jaar aan Abram verskyn en Hy het aan hom gesê: Ek is JaHWeH wat jou uit Ur Kasdim gebring het om hierdie Aarde as 'n Erfdeel aan jou te gee. Sut 13:18 Nou, daarom moet jy voor My wandel en suiwer wees en My Gebooie hou, want aan jou en jou nageslag sal Ek hierdie Aarde gee as 'n Erfdeel, vanaf die Misraim-rivier tot aan die groot Eufraat-rivier. Sut 13:19 En jy sal kom na jou vaders in vrede en in groot ouderdom en die vierde geslag sal na hierdie Aarde terugkom en sal haar vir ewig as Erfdeel ontvang. En Abram het 'n altaar gebou en hy het die Naam van JaHWeH aangeroep wat aan hom verskyn het en hy het aanbiedinge op die altaar aan JaHWeH gebring. Sut 13:20 In daardie tyd het Abram teruggekeer en na Haran gegaan om sy vader en moeder te sien en sy vader se huishouding, en Abram en sy vrou en almal wat aan hom behoort het, het na Haran teruggekeer en Abram het vyf jaar in Haran gewoon. Sut 13:21 En baie van die adamiete van Haran, omtrent twee-en-sewentig manne, het Abram gevolg en Abram het hulle die onderrigting van JaHWeH en Sy Weë geleer en hy het hulle geleer om JaHWeH te ken. Sut 13:22 In daardie dae het JaHWeH aan Abram verskyn in Haran en Hy het aan hom gesê: Kyk, ek het oor die afgelope twintig jaar met jou gepraat en ek het gesê: Sut 13:23 Gaan uit jou land uit, weg van jou geboorteplek en van jou vader se huis af, na die Aarde wat ek jou gewys het om haar aan jou en jou kinders te gee, want daar in daardie Adamah [die adamiet se Aarde] sal ek jou seën en jou 'n groot nasie maak en Ek sal jou naam groot maak en in jou sal die geslagte van die Adamah [die adamiet se Aarde] geseën word. [Génesis 12:1-2] Sut 13:24 Nou, staan dan op, gaan vort uit hierdie plek, jy en jou vrou, en almal wat aan jou behoort, ook almal wat in jou huis gebore is en al die siele wat vir julle in Haran gebore is, en bring hulle uit saam met jou en keer terug na die Aarde van Kanaän. Sut 13:25 En Abram het opgestaan en sy vrou Sarai geneem en almal wat aan hom behoort het, en almal wat vir hom gebore is in sy huis en die siele wat vir hulle gebore is in Haran en hulle het uitgetrek om na die Aarde van Kanaän te gaan. Sut 13:26 Abram het gegaan en teruggekeer na die Aarde van Kanaän, volgens die Woord van JaHWeH. En Lot, die seun van sy broer Haran, het saam met hom gegaan, en Abram was vyf-en-sewentig jaar oud toe hy uit Haran weggetrek het om na die Aarde van Kanaän terug te keer. [Génesis 12:4] Sut 13:27 En hy het in die Aarde van Kanaän gekom volgens die Woord van JaHWeH aan Abram, en hy het sy tent opgeslaan en hy het gewoon in die vlakte van Mamre, en saam met hom was Lot, sy broer se seun, en almal wat aan hom behoort het. Sut 13:28 En JaHWeH het weer aan Abram verskyn en gesê: Aan jou nageslag sal Ek hierdie Aarde gee. En hy het daar 'n altaar vir JaHWeH gebou, wat aan hom verskyn het, wat vandag nog in die vlakte van Mamre is. //Rikajon word Farao Sut 14:1 IN daardie dae was daar in die Aarde van Sínear 'n wyse man wat begrip in alle wysheid gehad het, en hy was mooi van voorkoms, maar hy was arm en behoeftig; sy naam was Rikajon en hy het gesukkel om homself te onderhou. Sut 14:2 En hy het besluit om na Egipte te gaan, na Oswiris, die seun van Anom, die koning van Egipte, en aan die koning sy wysheid te toon; want miskien sal hy barmhartigheid in sy oë vind, en sal hy verhoog en onderhou word, en Rikajon het so gedoen. Sut 14:3 En toe Rikajon in Egipte kom, het hy die inwoners van Egipte uitgevra oor die koning, en die inwoners van Egipte het hom die gewoontes van die koning vertel, want dit was toe die gewoonte van die koning van Egipte om op slegs een dag van die jaar uit sy koninklike paleis te kom, en na dit sou die koning terugkeer na sy paleis en daar bly. Sut 14:4 En op die dag toe die koning uitgegaan het, het hy ook regspraak beoefen in die land, en elkeen wat 'n saak gehad het, het voor die koning verskyn om op daardie dag sy versoek te verkry. Sut 14:5 En toe Rikajon hoor van die gewoonte in Egipte, en dat hy nie voor die aangesig van die koning kon kom nie, was hy baie bedroef en hartseer. Sut 14:6 Die aand het Rikajon uitgegaan en 'n bouvallige huis gevind, dit was voorheen 'n bakhuis in Egipte, en hy het heel nag daar gebly met 'n verbitterde siel en met 'n hongerte, en slaap het uit sy oë gewyk. Sut 14:7 Rikajon het by homself beplan wat hy in die dorp moet doen totdat die koning sy verskyning maak en hoe hy homself daar moet onderhou. Sut 14:8 Hy het die oggend opgestaan en rondgeloop en op sy wandeling het hy diegene ontmoet wat groente en verskillende soorte saad verkoop het, waarvan hulle die inwoners voorsien het. Sut 14:9 Rikajon het begeer om dieselfde te doen om so onderhoud in die stad te vind, maar hy was onbekend met die gewoontes van die mense en hy was soos 'n blinde man tussen hulle. Sut 14:10 En hy het gegaan en groente verkry om vir sy onderhoud te verkoop en die gespuis het om hom vergader en hom bespot en het sy groente gevat en niks vir hom oorgelaat nie. Sut 14:11 Hy het daar opgestaan met 'n verbitterde siel en hy het al sugtende teruggekeer na die bakhuis waarin hy die vorige nag deurgebring het en hy het die tweede nag daar geslaap. Sut 14:12 Daardie nag het hy weer met homself geredeneer oor hoe hy homself kon red van verhongering en hy het 'n plan beraam oor hoe hy moes optree. Sut 14:13 Die oggend het hy opgestaan en vindingryk opgetree en hy het dertig sterk manne, wat hulle oorlogswapens in hulle hande gedra het, van die gespuis gehuur en hy het hulle gelei na die bopunt van die Egiptiese begraafplaas en hy het hulle daar geplaas. Sut 14:14 En hy het hulle beveel en gesê: So sê die koning, maak julleself sterk en wees dapper manne, laat geen man hier begrawe word totdat tweehonderd stukke silwer betaal is nie en dan mag hy begrawe word; en daardie manne het teenoor die mense van Egipte opgetree soos Rikajon hulle beveel het vir daardie hele jaar. Sut 14:15 In agt maande se tyd het Rikajon en sy manne groot rykdom van goud en silwer versamel, en Rikajon het 'n groot aantal perde en ander diere geneem en hy het meer manne gehuur en hy het hulle perde gegee en hulle het by hom gebly. Sut 14:16 Toe die jaar tot 'n einde kom, op die tyd wat die koning uitgegaan het in die stad, het al die inwoners van Egipte vergader om met hom te praat oor die werke [doen en late] van Rikajon en sy manne. Sut 14:17 En die koning het op die vasgestelde dag uitgegaan en al die Egiptenare het voor hom verskyn en uitgeroep en gesê: Sut 14:18 Mag die koning vir ewig lewe. Wat is dit wat u in die stad aan u dienaars doen dat dit nie toegelaat sal word dat 'n dooie liggaam begrawe word voordat soveel silwer en goud gegee is nie? Was daar al ooit so iets gedoen op die hele Aarde, van die dae van die vroegste konings af, ja selfs van die dae van Adam af, tot vandag toe, dat die dooies nie begrawe kan word behalwe vir 'n vasgestelde prys nie. Sut 14:19 Ons weet dit is die gewoonte van konings om 'n jaarlikse belasting van die lewendes te neem, maar u doen nie net dit nie, maar ook van die dooies vorder u 'n belasting, dag na dag. Sut 14:20 Nou, o koning, kan ons dit nie meer verdra nie, want die hele stad is hierdeur geruïneer en weet u dit nie? Sut 14:21 Toe die koning alles hoor wat hulle vertel het, was hy baie toornig, en sy woede het in hom gebrand oor hierdie saak, want hy het niks daarvan geweet nie. Sut 14:22 En die koning het gesê: Wie en waar is hy wat dit durf waag om hierdie bose ding in my land en sonder my bevel te doen? Sekerlik sal julle my vertel. Sut 14:23 Hulle het hom van al die dade van Rikajon en sy manne vertel en die koning se woede is ontketen en hy het beveel dat Rikajon en sy manne voor hom gebring moes word. Sut 14:24 En Rikajon het omtrent 'n duisend kinders geneem, seuns en dogters en het hulle in sy en borduursel geklee en hy het hulle te perd en onder begeleiding van sy manne na die koning gestuur, en hy het ook 'n groot hoeveelheid silwer en goud en edelgesteentes en 'n sterk en pragtige perd as geskenk geneem vir die koning, waarmee hy voor die koning verskyn het en hy het tot op die Aarde voor hom neergebuig, en die koning, sy diensknegte en al die inwoners van Egipte was verwonderd oor die dade van Rikajon en hulle het sy rykdom gesien en die geskenk wat hy vir die koning gebring het. Sut 14:25 En die koning was besonder tevrede en hy was verwonderd daaroor, en toe Rikajon voor hom sit, het die koning hom uitgevra oor al sy dade en Rikajon het wyse woorde voor die koning gespreek, sy diensknegte en al die bewoners van Egipte. Sut 14:26 Toe die koning die woorde van Rikajon hoor en sy wysheid, het Rikajon barmhartigheid gevind voor sy aangesig en hy het barmhartigheid en welwillendheid ontvang van al die diensknegte van die koning en van al die bewoners van Egipte as gevolg van sy wysheid en uitstekende toesprake en van daardie tyd af het hulle hom besonder liefgehad. Sut 14:27 Die koning het geantwoord en aan Rikajon gesê: Jou naam sal nie meer Rikajon genoem word nie, maar jou naam sal Farao wees, siende dat jy 'n belasting by die dode versamel het, en hy het hom Farao [groot struktuur of huis] genoem. Sut 14:28 Die koning en sy onderdane was lief vir Rikajon oor sy wysheid en hulle het met al die bewoners van Egipte beraadslaag om hom prefek onder die koning te maak. Sut 14:29 Al die bewoners van Egipte en die wyse manne het so gedoen en dit het 'n wet in Egipte geword. Sut 14:30 Hulle het Rikajon Farao, prefek onder Oswiris, die koning van Egipte gemaak, en Rikajon Farao het geheers oor Egipte en het daagliks geregtigheid beoefen oor die hele stad, maar Oswiris, die koning, het vir een dag in die jaar regspraak gelewer oor die mense van die land, wanneer hy sy verskyning gemaak het. Sut 14:31 Rikajon Farao het op slinkse en onwettige wyse die regering van Egipte ingepalm en hy het al die bewoners van die land belasting laat betaal. Sut 14:32 En tog was al die bewoners van die Aarde van Egipte besonder baie lief vir Rikajon Farao en toe het hulle 'n dekreet uitgevaardig dat elke koning wat voortaan oor hulle en hulle nageslag sal heers, Farao genoem sal word. Sut 14:33 Daarom word al die konings wat in Egipte heers, van daardie tyd af Farao genoem, tot op hierdie dag. //Abram trek na Egipte Sut 15:1 EN in daardie jaar was daar 'n swaar hongersnood regdeur die Aarde van Kanaän, en die bewoners van die land kon nie daar bly nie as gevolg van die hongersnood, want dit was baie ernstig. Sut 15:2 Abram en almal wat aan hom behoort, het opgestaan en afgereis na Egipte as gevolg van die hongersnood, en toe hulle by die spruit van Egipte kom, het hulle vir 'n tyd daar gebly om uit te rus na die uitputting van die lang pad. [Génesis 12:10] Sut 15:3 Abram en Sarai het op die grens van die spruit van Egipte geloop en Abram het gesien hoe mooi sy vrou Sarai was. Sut 15:4 Abram het aan sy vrou Sarai gesê: Omdat Elohim jou gemaak het met so 'n pragtige voorkoms, is ek bang vir die Egiptenare dat hulle my dalk kan doodmaak en jou van my neem, want die Vrees vir Elohim is nie in hierdie plekke nie. Sut 15:5 Waarlik dan moet jy so maak: sê aan almal wat jou vra, dat jy my suster is, sodat dit goed met my sal gaan en sodat ons mag leef en nie doodgemaak word nie. Sut 15:6 En Abram het dieselfde beveel aan almal wat saam met hom na Egipte is as gevolg van die hongersnood; ook sy neef Lot het hy so beveel en gesê: As die Egiptenare jou vra oor Sarai, sê sy is die suster van Abram. Sut 15:7 Ten spyte van al hierdie bevele het Abram nie self vertroue in hulle geplaas nie, maar hy het Sarai geneem en haar in 'n kis geplaas en haar tussen die vate versteek, want Abram was besonder besorg oor Sarai omrede van die besoedeling van die Egiptenare. Sut 15:8 Abram en almal wat aan hom behoort het, het opgetrek vanaf die spruit van Egipte en het na Egipte gegaan en hulle het skaars die hekke van die stad binne gegaan toe die wagte hulle voorkeer en sê: Gee 'n tiende aan die koning van dit wat julle het, dan mag julle die stad binnekom, en Abram en dié wat saam met hom was, het so gedoen. Sut 15:9 En Abram en dié wat saam met hom was, het na Egipte gegaan en met hulle aankoms het hulle die kis gebring waarin Sarai versteek was en die Egiptenare het die kis gesien. Sut 15:10 Die koning se diensknegte het Abram genader en gesê: Wat het jy daar in die kis wat ons nie gesien het nie? Maak nou die kis oop en gee 'n tiende aan die koning van alles wat dit bevat. Sut 15:11 Abram het gesê: Hierdie kis sal ek nie oopmaak nie, maar alles wat julle daarvoor vra, sal ek gee. En Farao se owerstes het Abram geantwoord en gesê: Dit is 'n kis van edelgesteentes, gee ons 'n tiende daarvan. Sut 15:12 Abram het gesê: Alles wat julle begeer, sal ek aan julle gee, maar julle moet die kis nie oopmaak nie. Sut 15:13 Die koning se owerstes het Abram gedwing en hulle het die kis geneem en het haar met geweld oopgemaak en hulle het gesien, en kyk, daar was 'n pragtige vrou in die kis. Sut 15:14 En toe die owerstes van die koning Sarai sien, was hulle verwonderd oor haar skoonheid en almal het bymekaar gekom, al die prinse en diensknegte van Farao, want sy was baie mooi. En die koning se owerstes het gehardloop en Farao vertel wat hulle gesien het en hulle het Sarai aangeprys voor die koning en Farao het beveel dat sy gebring moet word en die vrou het voor die koning verskyn. Sut 15:15 Farao het Sarai aanskou en sy het hom besonder bekoor en hy was getref deur haar skoonheid en die koning was besonder verheug oor haar en hy het skenkings gemaak aan diegene wat hom die tyding oor haar gebring het. Sut 15:16 Die vrou is toe na Farao se huis gebring en Abram het getreur oor sy vrou en hy het gebid tot JaHWeH om haar te verlos uit die hande van Farao. Sut 15:17 Sarai het ook op daardie oomblik gebid, en het gesê: O JaHWeH, my Elohey, U het aan my meester Abram gesê om uit sy land en uit sy vader se huis weg te gaan na die Aarde van Kanaän en U het belowe om goed te doen aan hom as hy U Gebooie onderhou; Nou, kyk, ons het gedoen wat U beveel het en ons het ons land en ons families verlaat en ons het na 'n vreemde land en na 'n volk gegaan wat ons nie voorheen geken het nie. Sut 15:18 Ons het na hierdie land gekom om die hongersnood te vermy en hierdie ellendige rampe het my oorval; Nou, daarom, o JaHWeH, my Elohey, verlos ons en red ons uit die hand van hierdie verdrukker en doen goed aan my ter wille van U Barmhartigheid. Sut 15:19 JaHWeH het Sarai se stem gehoor, en JaHWeH het 'n Boodskapper gestuur om Sarai te verlos uit die mag van Farao. Sut 15:20 Die koning het voor Sarai kom sit, en kyk, 'n Boodskapper van JaHWeH het oor hulle gestaan, en hy het aan Sarai verskyn en hy het aan haar gesê: Moet nie vrees nie, want JaHWeH het jou gebed verhoor. Sut 15:21 Die koning het nader aan Sarai gegaan en aan haar gesê: Wat is daardie man wat jou hierheen gebring het, van jou? En sy het gesê: Hy is my broer. Sut 15:22 En die koning het gesê: Dit is ons plig om hom belangrik te maak, om hom te verhef en aan hom al die goeie goed te doen wat jy ons beveel, en op daardie tydstip het die koning silwer en goud en edelgesteentes in oorvloed aan Abram gestuur, asook vee, diensknegte en diensmaagde en die koning het beveel dat Abram na hom gebring moet word en hy het in die hof van die koning se huis gesit en die koning het Abram besonder verhef op daardie aand. Sut 15:23 Die koning het nadergekom om met Sarai te praat en hy het sy hand uitgesteek om haar aan te raak, toe die Boodskapper hom hard slaan en hy was verskrik en het homself daarvan weerhou om na haar te reik. Sut 15:24 Toe die koning naby aan Sarai kom, het die Boodskapper hom teen die grond geslaan en het die hele aand so aan hom gedoen en die koning was verskrik. Sut 15:25 Die Boodskapper het daardie aand ook die diensknegte van die koning hard geslaan en sy hele huishouding, ter wille van Sarai, en daar was 'n groot geweeklaag daardie aand onder die mense van Farao se huis. Sut 15:26 Farao, toe hy die ellende sien wat oor hom gekom het, het gesê: Waarlik as gevolg van hierdie vrou het hierdie ding met my gebeur, en hy het homself op 'n afstand gehou en vriendelike woorde tot haar gespreek. Sut 15:27 En die koning het aan Sarai gesê: Vertel my, ek smeek jou, oor die man saam met wie jy hierheen gekom het; en Sarai het gesê: Hierdie man is my man, en ek het aan u gesê dat hy my broer is omdat ek bang was dat u hom deur boosheid sou doodmaak. Sut 15:28 Die koning het weggebly van Sarai af en die plae van die Boodskapper van JaHWeH het gewyk van hom en sy huishouding; en Farao het geweet dat hy geslaan is as gevolg van Sarai en die koning was baie verbaas hieroor. Sut 15:29 In die oggend het die koning, Abram laat roep en aan hom gesê: Wat het jy my nou aangedoen? Waarom het jy gesê: Sy is my suster; met die gevolg dat ek haar as vrou vir my wou neem en dus hierdie swaar plaag oor my en oor my huishouding gekom het. [Génesis 12:18] Sut 15:30 En nou, hier is jou vrou, neem haar en gaan uit ons land uit, voordat ons almal as gevolg van haar sterf. En Farao het meer vee, diensknegte en diensmaagde, en silwer en goud geneem en aan Abram te gee, en hy het Sarai, sy vrou, aan hom teruggegee. Sut 15:31 Die koning het 'n maagd geneem wat hy by sy byvroue verwek het en hy het haar as dienares aan Sarai gegee. Sut 15:32 Die koning het aan sy dogter gesê: Dit is beter vir jou, my dogter, om 'n diensmeisie te wees in hierdie man se huis as 'n gebiedster in my huis, nadat ons die ellende gesien het wat ons oorval het as gevolg van hierdie vrou. Sut 15:33 Abram het opgestaan en hy en almal wat aan hom behoort het, het weggegaan uit Egipte; en Farao het sommige van sy manne beveel om hulle en almal wat saam met hulle gegaan het, te vergesel. Sut 15:34 Abram het teruggekeer na die Aarde van Kanaän, na die plek waar hy die altaar gemaak het, waar hy eerste sy tent opgeslaan het. Sut 15:35 En Lot, die seun van Haran, Abram se broer, het baie vee gehad, troppe en kuddes en tente, want JaHWeH was oorvloedig met hulle as gevolg van Abram. Sut 15:36 En terwyl Abram in die land gewoon het, het daar twis ontstaan tussen die veewagters van Abram en die veewagters van Lot, want hulle besittings was te veel vir hulle om saam te woon in die land, en die grond kon hulle nie dra as gevolg van hulle vee nie. Sut 15:37 Toe Abram se veewagters gegaan het om hulle kudde te laat wei, wou hulle nie na die weiveld van die bewoners van die land gaan nie, maar die vee van Lot se veewagters is anders mee gedoen, want hulle is toegelaat om te wei in die weiveld van die bewoners van die land. Sut 15:38 Die mense van die land het hierdie voorval daagliks gesien en hulle het na Abram gekom en hulle het met hom gestry oor Lot se veewagters. Sut 15:39 Abram het aan Lot gesê: Wat is dit wat jy aan my doen, om my veragtelik te maak voor die inwoners van die land, dat jy jou veewagters beveel om jou vee in die weivelde van ander mense te laat wei? Weet jy dan nie dat ek 'n vreemdeling is in hierdie deel van die land tussen die kinders van Kanaän nie en waarom doen jy dit aan my? Sut 15:40 En Abram het daagliks met Lot oor hierdie saak gestry, maar Lot wou nie na Abram luister nie, en hy het voortgegaan om dieselfde te doen en die inwoners van die land het Abram kom vertel. Sut 15:41 Toe sê Abram vir Lot: Hoe lank gaan jy vir my 'n struikelblok wees by die inwoners van die land? Ek pleit by jou, laat daar tog geen twis meer wees tussen jou en my nie, want ons is mos bloedverwante. Sut 15:42 Ek versoek jou dan, skei jou van my af, gaan en kies 'n plek waar jy kan woon met jou vee en almal wat aan jou behoort, maar hou jouself op 'n afstand van my, jy en jou huishouding. Sut 15:43 En wees nie bevrees om van my weg te gaan nie, want as enige een jou 'n besering aandoen, laat my weet en ek sal jou saak op hom wreek, maar skei net van my af. Sut 15:44 Nadat Abram al hierdie woorde met Lot gespreek het, het Lot opgestaan en sy oë opgeslaan na die vlakte van die Jordaan. Sut 15:45 En hy het gesien die hele plek het baie water gehad en is goed vir die adamiet sowel as om weiding vir die vee te bied. Sut 15:46 Lot het van Abram weggegaan na daardie plek en hy het sy tent daar opgeslaan en hy het in Sodom gewoon en hulle was geskei van mekaar. Sut 15:47 Abram het op die vlakte van Mamre gewoon, wat in Hebron is, en hy het sy tent daar opgeslaan en Abram het in daardie plek vir baie jare gewoon. //Jismael word verwek. Sut 16:1 IN daardie tyd het Kedor-Laómer, koning van Elam, aan al die naburige konings 'n oproep gerig, aan Nimrod, koning van Sínear, wat toe onder sy mag was, en aan Tideal, die koning van die nasies en Ariog, die koning van El-Lásar, met wie hy 'n verbond gesluit het, en gesê: Kom na my en help my, dat ons al die stede van Sodom en sy inwoners kan verslaan, want hulle rebelleer die afgelope dertien jaar teen my. Sut 16:2 Hierdie vier konings het opgetrek met al hulle leërs, omtrent agthonderdduisend man, en hulle het gegaan soos hulle was, en het elke man wat hulle op die pad gevind het, doodgeslaan. Sut 16:3 Die vyf konings van Sodom en Gomorra, Sineab, die koning van Adma, Seméber, die koning van Sebóim, Bera, die koning van Sodom, Birsa, die koning van Gomorra en Bela, die koning van Soar, het uitgegaan om hulle te ontmoet, en hulle het almal mekaar ontmoet in die vallei van Siddim. Sut 16:4 Hierdie nege konings het oorlog gemaak in die vallei van Siddim; en die konings van Sodom en Gomorra is verslaan voor die konings van Elam. Sut 16:5 Die vallei van Siddim was vol kalkputte en die konings van Elam het die konings van Sodom agtervolg en die konings van Sodom met hulle leërs het gevlug en in die kalkputte geval en almal wat oorgebly het, het na die berg gegaan vir veiligheid en die vyf konings van Elam het hulle agtervolg en het hulle agterna gejaag tot by die poorte van Sodom. En hulle het alles geneem wat daar in Sodom was. Sut 16:6 Hulle het al die stede van Sodom en Gomorra geplunder en hulle het ook Lot, Abram se broerskind, en al sy besittings geneem, en hulle het beslag gelê op al die goed van die stede van Sodom en hulle het weggegaan. En Unis, Abram se dienaar, wat in die geveg was, het dit gesien en het Abram vertel wat die konings alles gedoen het aan die stede van Sodom en dat Lot gevange geneem is deur hulle. Sut 16:7 Abram het dit gehoor en hy het opgestaan met omtrent driehonderd-en-agtien man wat by hom was, en hy het daardie nag die konings agtervolg en hulle verslaan en hulle het almal geval voor Abram en sy manne en daar het niemand oorgebly behalwe die vier konings wat gevlug het nie en hulle het elkeen sy eie koers gegaan. Sut 16:8 Abram het al die eiendom van Sodom terug gevind en hy het ook vir Lot en sy eiendom, sy vroue en kinders en alles wat aan hom behoort het, gered sodat Lot niks vermis het nie. Sut 16:9 En op sy terugreis, nadat hy die konings verslaan het, het hy en sy manne verby die vallei van Siddim gegaan waar die konings teen mekaar oorlog gemaak het. Sut 16:10 En Bera, die koning van Sodom, en die res van sy manne wat by hom was, het uit die kalkputte uitgekom waarin hulle geval het, om Abram en sy manne te ontmoet. Sut 16:11 En Melgisédek, koning van Salem het met sy Manne uitgegaan om Abram en sy mense te ontmoet met brood en wyn en hulle het saamgebly in die vallei van Meleg. [MattithJaHûW 26:26-28] Sut 16:12 Melgisédek het Abram geseën en Abram het hom 'n tiende gegee van alles wat hy teruggebring het van die buit van sy vyande, want Melgisédek was 'n priester van die Hoogste El. Sut 16:13 Al die konings van Sodom en Gomorra wat daar was, met hulle diensknegte, het Abram genader en by hom gepleit om hulle diensknegte wat hy gevange geneem het, aan hulle terug te gee en vir homself al die eiendom te neem. Sut 16:14 En Abram het die konings van Sodom geantwoord, en gesê: Sowaar as JaHWeH leef wat die Hemele en Aarde geskape het, en wat my siel vrygekoop het van alle verdrukking, en my vandag verlos het van my vyande, en hulle in my hand oorgegee het, ek sal niks wat aan julle behoort, neem nie, sodat julle nie môre kan spog, en sê: Abram het ryk geword uit ons eiendom wat hy gered het nie. Sut 16:15 Want JaHWeH, my Elohey, op Wie ek vertrou, het aan my gesê: Jy sal niks kortkom nie, want Ek sal jou seën in al die werke van jou hande. Sut 16:16 En nou, daarom, kyk, hier is alles wat aan julle behoort, neem dit en gaan; sowaar as JaHWeH leef, sal ek nie van julle neem van 'n lewende siel tot by 'n skoenveter of garedraad nie, behalwe vir die koste van die voedsel van dié wat saam met my uitgegaan het om oorlog te voer, asook die porsies van die manne wat saam met my gegaan het, Aner, Eskol en Mamre, hulle en hulle manne, asook die wat agtergebly het om die reisgoed op te pas, hulle sal hulle deel van die buit kry. Sut 16:17 Die konings van Sodom het aan Abram gegee volgens alles wat hy gespreek het, en hulle het daarop aangedring dat hy neem wat hy ook al wil, maar hy wou nie. Sut 16:18 Hy het die konings van Sodom en die oorblyfsel van hulle manne weggestuur, en hy het hulle bevele gegee oor Lot, en hulle het na hulle onderskeie plekke teruggegaan. Sut 16:19 En Lot, sy broer se seun, het hy ook met sy eiendom weggestuur, en hy het saam met hulle gegaan en Lot het teruggekeer na sy huis, na Sodom, en Abram en sy mense het teruggekeer na hulle tuiste op die vlakte van Mamre, wat in Hebron is. Sut 16:20 In daardie tyd het JaHWeH weer aan Abram in Hebron verskyn en Hy het aan hom gesê: Moenie vrees nie, jou beloning is baie groot voor My, want Ek sal jou nie verlaat totdat Ek jou vermenigvuldig het en jou geseën het en jou nageslag soos die Sterre aan die Hemele gemaak het nie - wat nie gemeet of getel kan word nie. Sut 16:21 Ek sal aan jou nageslag die hele Aarde gee wat jy met jou oë kan sien, aan hulle sal ek haar as 'n ewige Erfdeel gee, wees net sterk en moenie vrees nie, wandel voor My Aangesig en wees raseg. [Genésis 17:1] Sut 16:22 In die agt-en-sewentigste jaar van Abram se lewe, in daardie jaar het Rehu, die seun van Peleg, gesterf en al die dae van Rehu was tweehonderd-nege-en-dertig jare en hy het gesterf. Sut 16:23 En Sarai, die dogter van Haran, Abram se vrou, was steeds onvrugbaar in daardie dae; sy het nie vir Abram 'n seun of 'n dogter gebaar nie. Sut 16:24 Toe sy sien dat sy geen kinders baar nie, het sy haar dienares Hagar, wat Farao aan haar gegee het, geneem en haar as vrou aan Abram gegee. Sut 16:25 Want Hagar het al die Weë geleer van Sarai soos Sarai haar geleer het, sy het nie op enige manier nagelaat om in haar goeie Weë te volg nie. Sut 16:26 En Sarai het aan Abram gesê: Kyk hier is my dienares, Hagar, gaan in by haar sodat sy kan voortbring op my knieë, sodat ek ook kinders deur haar kan hê. Sut 16:27 Aan die einde van tien jaar van Abram se verblyf in die Aarde van Kanaän, wat die vyf-en-tagtigste jaar van Abram se lewe was, het Sarai, Hagar aan hom gegee. Sut 16:28 Abram het na die stem van sy vrou, Sarai, geluister, en hy het by Hagar, haar diensmeisie, ingegaan en sy het swanger geword. Sut 16:29 Toe Hagar sien dat sy swanger is, was sy baie bly en haar meesteres het veragtelik geword in haar oë en sy het vir haarself gesê: Dit kan net beteken dat ek beter is in die Oë van Elohim as Sarai, my meesteres, want al die dae wat my meesteres by my meester was, het sy nie swanger geword nie, maar my meester het veroorsaak dat ek in so 'n kort tydjie swanger geword het. Sut 16:30 Toe Sarai sien dat Hagar swanger geword het deur Abram, het Sarai jaloers geword op haar diensmeisie en Sarai het vir haarself gesê: Dit beteken sekerlik niks anders as dat sy beter is as ek nie. Sut 16:31 Sarai het aan Abram gesê: Die onreg my aangedoen, is op u, want op die tydstip toe u tot JaHWeH gebid het vir kinders, waarom het u nie om my onthalwe gebid nie, dat JaHWeH my 'n nageslag van u sou gee nie? Sut 16:32 Wanneer ek met Hagar in u teenwoordigheid praat, verag sy my woorde omdat sy swanger geword het, en u sê niks aan haar nie, mag JaHWeH tussen my en u oordeel vir wat u aan my gedoen het. Sut 16:33 En Abram het aan Sarai gesê: Kyk, jou dienares is in jou hand - doen met haar soos dit goed is in jou oë. Toe het Sarai haar sleg behandel, en sy het van haar af weggevlug na die wildernis. Sut 16:34 'n Boodskapper van JaHWeH het haar by die plek gevind waarheen sy gevlug het, by 'n fontein, en hy het aan haar gesê: Moenie vrees nie, want ek sal jou nageslag vermeerder, want jy sal 'n seun baar en jy sal hom Jismael noem, gaan nou terug na Sarai, jou meesteres, en onderwerp jou aan haar hande. Sut 16:35 Hagar het die plek van daardie fontein, put van Beer-Lagai-Roï genoem, sy is tussen Kades en die wildernis van Bered. Sut 16:36 In daardie tyd het Hagar teruggekeer na haar meester se huis en aan die einde van die dae het Hagar 'n seun vir Abram gebaar en Abram het hom Jismael genoem; en Abram was ses-en-tagtig jaar oud toe hy hom verwek het. //Die besnydenis [Génesis 17] Sut 17:1 IN daardie dae, in die een-en-negentigste jaar in die lewe van Abram, het die kinders van Kittië oorlog gemaak met die kinders van Tubal, want toe JaHWeH die seuns van die Adam oor die aangesig van die Aarde verstrooi het, het die kinders van Kittië gegaan en hulle op die vlakte van Kanopië gevestig en hulle het vir hulle stede daar gebou en het by die rivier Tibrou gewoon. Sut 17:2 Die kinders van Tubal het in Tuskana gewoon en hulle grense het tot by die Tibrou-rivier gestrek en die kinders van Tubal het 'n stad in Tuskana gebou en hulle het dit die naam Sabina gegee, volgens die naam van Sabina, seun van Tubal, hulle vader, en hulle woon daar tot vandag toe. Sut 17:3 En dit was teen daardie tyd dat die kinders van Kittië oorlog gemaak het met die kinders van Tubal, en die kinders van Tubal is verslaan voor die kinders van Kittië, en die kinders van Kittië het driehonderd-en-sewentig man van die kinders van Tubal laat sneuwel. Sut 17:4 Op daardie tydstip het die kinders van Tubal teenoor die kinders van Kittië gesweer en gesê: Julle sal nie met ons ondertrou nie en geen man sal sy dogter gee aan enige van die seuns van Kittië nie. Sut 17:5 Want in daardie dae was al die dogters van Tubal mooi, want geen vrou kon op die hele Aarde gevind word wat so mooi soos die dogters van Tubal was nie. Sut 17:6 Almal wat hulle verheug het in die skoonheid van vroue, het na die dogters van Tubal gegaan en het vroue onder hulle geneem, en die seuns van die Adam, konings en prinse, wat hulle uitermate verheug het in die skoonheid van vroue, het in daardie dae vroue onder die dogters van Tubal geneem. Sut 17:7 Aan die einde van drie jaar, nadat die kinders van Tubal teenoor die kinders van Kittië gesweer het om nie hulle dogters as vroue aan hulle te gee nie, het omtrent twintig man van die kinders van Kittië gegaan om sommige van die dogters van Tubal te neem, maar hulle het nie een gekry nie. Sut 17:8 Want die kinders van Tubal het hulle ede om nie met hulle te vermeng nie, gehou, en hulle het nie hulle ede verbreek nie. Sut 17:9 En in die dae van die oes het die kinders van Tubal in die landerye ingegaan om hulle oes in te samel, toe die jong manne van Kittië bymekaar gekom het en na die stad van Sabina gegaan het en elke man het 'n jong vrou onder die dogters van Tubal geneem en hulle het na hulle stede gegaan. Sut 17:10 Die kinders van Tubal het daarvan gehoor en hulle het gegaan om oorlog teen hulle te maak en hulle kon nie die oorhand kry nie, want die berg was buitengewoon hoog vir hulle en toe hulle sien dat hulle nie die oorhand kon kry nie, het hulle na hulle eie land teruggekeer. Sut 17:11 By die wisseling van die jaar het die kinders van Tubal gegaan en omtrent tienduisend manne van die stede naby hulle gehuur en hulle het weer oorlog gaan maak teen die kinders van Kittië. Sut 17:12 En die kinders van Tubal het oorlog gemaak met die kinders van Kittië om hulle land te vernietig en om hulle in nood te dompel en in hierdie ontmoeting het die kinders van Tubal die oorhand gekry oor die kinders van Kittië, en die kinders van Kittië, wat gesien het dat hulle in groot nood verkeer, het die kinders wat hulle by die dogters van Tubal verwek het, op die muur wat hulle gebou het, omhoog gehou om sigbaar voor die oë van die kinders van Tubal te wees. Sut 17:13 Die kinders van Kittië het aan hulle gesê: Het julle gekom om met julle eie seuns en dogters oorlog te maak en is ons nie beskou as julle vlees en gebeente van daardie tyd af tot nou nie? Sut 17:14 En toe die kinders van Tubal dit hoor, het hulle opgehou om oorlog te maak teen die kinders van Kittië en hulle het weggegaan. Sut 17:15 Hulle het terug gekeer na hulle stede en die kinders van Kittië het op daardie tydstip bymekaar gekom en twee stede by die see gebou en hulle het die een Purtu genoem en die ander Arisa. Sut 17:16 En Abram, die seun van Tera, was toe nege-en-negentig jaar oud. Sut 17:17 In daardie tyd het JaHWeH aan hom verskyn en Hy het aan hom gesê: Ek sal My Verbond sluit tussen My en jou en jou nageslag buitengewoon vermeerder, en sy is die Verbond wat Ek tussen My en jou sluit, dat elke manlike kind besny sal word, jy en jou nageslag na jou. Sut 17:18 Op agt dae oud sal hy besny word en hierdie Verbond sal aan jou vlees wees as 'n ewige Verbond. Sut 17:19 En nou, daarom sal jou naam nie meer Abram wees nie, maar Abraham, en jou vrou sal nie meer genoem word Sarai nie, maar Sarah. Sut 17:20 Want Ek sal julle albei seën, en Ek sal jou nageslag na jou vermeerder sodat jy 'n groot volk sal word en konings sal uit jou voortkom. //Die man met die esel in Sodom Sut 18:1 EN Abraham het opgestaan en het alles gedoen wat Elohim hom beveel het en hy het die manne van sy huishouding geneem, asook hulle wat met geld gekoop is, en hy het hulle besny soos JaHWeH hom beveel het. Sut 18:2 En daar was nie een oor wat hy nie besny het nie en Abraham en sy seun Jismael is besny aan die vlees van hulle voorhuide; Jismael was dertien jaar oud toe hy besny is aan die vlees van sy voorhuid. Sut 18:3 Op die derde dag het Abraham uit sy tent gegaan en by die deur gaan sit om die hitte van die son te geniet, terwyl sy vlees gepyn het. Sut 18:4 JaHWeH het aan hom verskyn op die vlakte van Mamre, en het drie van Sy dienende Boodskappers gestuur om hom te besoek en hy het by die deur van sy tent gesit en hy het sy oë opgeslaan en het gesien, en kyk, drie Manne het van ver af aangekom en hy het opgespring en het Hulle tegemoet gehardloop, en hy het voor Hulle neergebuig en het Hulle in sy huis gebring. Sut 18:5 En hy het aan Hulle gesê: As ek nou guns in u oë gewen het, kom in en eet 'n stukkie brood, en hy het aangedring, en Hulle het ingekom en hy het Hulle water gegee en Hulle het Hulle voete gewas, en hy het Hulle onder 'n boom geplaas by die deur van die tent. Sut 18:6 Abraham het gehardloop en 'n kalf geneem, jonk en suiwer, en hy het hom gou doodgemaak, en hy het hom aan sy dienaar, EliEzer, gegee om te bewerk. Sut 18:7 Abraham het by Sarah in die tent gekom en hy het aan haar gesê: Maak gou, maak drie mate fyn meel gereed, die beste, knie dit en maak koeke om die pot te bedek waarin die vleis is en sy het dit gedoen. Sut 18:8 En Abraham het hom gehaas en hy het botter, melk, beesvleis- en skaapvleis aan Hulle voorgesit om te eet en voordat die kalf se vleis gaar was, en Hulle het geëet. Sut 18:9 Toe Hulle klaar geëet het, het een van Hulle aan hom gesê: Ek sal na jou terugkeer oor 'n jaar dan sal jou vrou Sarah 'n seun hê. Sut 18:10 En die manne het daarna vertrek en het hulle koers gegaan na die plekke waarheen Hulle gestuur is. Sut 18:11 In daardie dae was al die mense van Sodom en Gomorra, en van al vyf die stede buitengewoon besoedel en vol oortreding teenoor JaHWeH, en hulle het JaHWeH getart met hulle afskuwelikhede, en hulle het hulle dade met afskuwelikheid en minagting versterk voor die Aangesig van JaHWeH, en hulle besoedeling en hulle misdade was in daardie dae groot voor die Aangesig van JaHWeH. Sut 18:12 Hulle het in hulle land 'n baie groot vlakte gehad, omtrent 'n halwe dag se loop en daarin was daar waterfonteine en 'n groot hoeveelheid weiveld om die water. Sut 18:13 En al die mense van Sodom en Gomorra het vier keer per jaar daarheen gegaan met hulle vroue en kinders en almal wat aan hulle behoort het en hulle het daar feesgevier met tamboeryne en danse. Sut 18:14 In die tyd van vreugde het hulle almal opgestaan en hulle naaste se vrou gegryp, en sommige, die jong maagdelike dogters van hulle naaste, en hulle het hulle geniet en elke man het sy vrou en dogter in die hande van sy naaste gesien en het nie 'n woord gesê nie. Sut 18:15 En hulle het so gedoen van die môre tot die aand en daarna het hulle huiswaarts gekeer, elke man na sy huis en elke vrou na haar tent, so het hulle altyd gedoen vier keer per jaar. Sut 18:16 En wanneer 'n vreemdeling in hulle stede gekom het, en hy het goedere gebring wat hy gekoop het met die gedagte om dit daar te verkoop, het die mense van hierdie stede bymekaargekom, manne, vroue en kinders, jonk en oud, en hulle het na die man toe gegaan en het sy goedere met geweld afgeneem en hulle het 'n gedeelte aan elke man gegee totdat al die goedere op was wat die eienaar in die land ingebring het. Sut 18:17 En as die eienaar van die goedere met hulle gestry het deur te sê: Wat is hierdie daad wat julle aan my gedoen het, dan sou hulle hom een vir een nader, en elkeen sal hom die klein bietjie wys wat hy gevat het en hom tart deur te sê: Ek het net die klein bietjie geneem wat jy my gegee het, en wanneer hy dit van hulle almal gehoor het, het hy opgestaan en daar weggegaan in droefheid en bitterheid van siel, hulle het almal dan opgestaan en agter hom aangegaan, en hom uit die stad verdryf met groot geraas en rumoer. Sut 18:18 Daar was 'n man van die Aarde van Elam wat tydsaam op pad was, sittende op sy esel, wat 'n pragtige kleed van verskillende kleure aangehad het, en die kleed was met 'n koord aan die esel vasgemaak. [JirmeJaH 49:38] Sut 18:19 En die man was op sy reis deur die stede van Sodom toe die son in die aand ondergaan en hy het daar gebly sodat hy kon vertoef vir die nag, maar niemand wou hom by sy huis inneem nie; en in daardie dae was daar 'n besoedelde en moedswillige man in Sodom, een wat vaardig was om boosheid te doen en sy naam was Hedad. Sut 18:20 Hy het sy oë opgeslaan en die reisiger in die straat van die stad gesien, en hy het na hom gekom en gesê: Waarvandaan kom jy en waarheen gaan jy? Sut 18:21 En die man het aan hom gesê: Ek kom van Hebron af op pad na Elam waar ek woon, en terwyl ek verbygegaan het, het die son gesak, maar niemand wou my in sy huis toelaat nie, alhoewel ek brood en water het en ook strooi en voer vir my donkie en ek het gebrek aan niks nie. Sut 18:22 Hedad antwoord en sê aan hom: Alles wat jy benodig, sal deur my voorsien word, maar in die straat sal jy nie die hele nag bly nie. Sut 18:23 En Hedad het hom na sy huis geneem, en hy het die kleed van die esel afgehaal met die koord en hy het hulle na sy huis gebring en hy het die esel strooi gegee en kos terwyl die reisiger in Hedad se huis geëet en gedrink het, en hy het daardie nag daar oorgebly. Sut 18:24 In die oggend toe die reisiger vroeg opstaan om sy reis voort te sit, sê Hedad aan hom: Wag, vertroos jou hart met 'n stukkie brood en gaan dan, en die man het so gemaak; en hy het by hom gebly en hulle het saamgeëet en gedrink deur die dag, totdat die man opstaan om te gaan. Sut 18:25 En Hedad het aan hom gesê: Kyk, die dag nader sy einde, jy beter die hele nag bly sodat jou hart gerus kan wees; en hy het daarop aangedring sodat hy die hele nag daar vertoef het en op die tweede dag het hy vroeg opgestaan om weg te gaan, toe Hedad aandring en sê: Vertroos jou hart met 'n stukkie brood en gaan dan en hy het gebly en saam met hom geëet ook die tweede dag, en toe het die man opgestaan om sy reis voort te sit. Sut 18:26 En Hedad het aan hom gesê: Kyk nou is die dag aan die verbygaan, bly by my om jou hart gerus te stel en in die môre kan jy opstaan en vroeg op jou weg gaan. Sut 18:27 Die man wou nie bly nie, maar het opgestaan en sy esel opgesaal, en terwyl hy sy esel opsaal, het die vrou van Hedad aan haar man gesê: Kyk, die man het twee dae hier deurgebring en hy het geëet en gedrink en hy het ons niks gegee nie, en sal hy dan nou van ons af weggaan sonder om iets te gee? En Hedad het aan haar gesê: Wees stil. Sut 18:28 Die man het sy esel opgesaal om te gaan, en hy het Hedad gevra om die koord en die kleed aan hom te gee sodat hy dit op die esel kon vasmaak. Sut 18:29 Hedad het aan hom gesê: Wat sê jy? En die man het aan hom gesê: Dat u my meester, die koord en die kleed wat met verskillende kleure gemaak is en wat u in u huis gebêre het om daarvoor te sorg, aan my sal gee. Sut 18:30 Hedad het die man geantwoord deur te sê: Dit is die verklaring van u droom, die koord wat u gesien het, beteken dat u lewe verleng sal word soos 'n koord, en die feit dat u die veelkleurige kleed gesien het, beteken dat u 'n wingerd sal hê waarin u bome sal plant van alle soorte vrugte. Sut 18:31 En hierdie reisiger het hom geantwoord deur te sê: Nie so nie, my meester, want ek was wakker toe ek u die koord gegee het, en ook 'n kleed geweef van verskillende kleure wat u van die esel afgehaal het om vir my te bêre. En toe het Hedad hom geantwoord deur te sê: Sekerlik het ek u die verklaring van u droom vertel en dit is 'n goeie droom, en dit is dan die verklaring daarvan. Sut 18:32 Nou, die seuns van die Adam het aan my vier silwerstukke gegee, wat my prys is om drome te verklaar, en van u alleen vereis ek drie silwerstukke. Sut 18:33 Die man het kwaad geword oor die woorde van Hedad en hy het bitterlik geween en hy het Hedad na Serak, regter van Sodom, gebring. Sut 18:34 Die man het sy saak voor Serak, die regter, gestel en Hedad het geantwoord, en gesê: Dit is nie so nie maar so staan die saak: en die regter het aan die reisiger gesê: Hierdie man, Hedad, vertel die waarheid, want hy is beroemd in die stede vir die akkurate verklaring van drome. Sut 18:35 Die man het uitgeroep oor die woorde van die regter en gesê: Dis nie so nie, my meester, want dit was in die dag dat ek aan hom die koord en die kleed wat op die esel was, gegee het met die gedagte dat hy dit in sy huis gaan bêre; en hulle het albei voor die regter gestry, die een het gesê: So was die saak, en die ander het dit anders verklaar. Sut 18:36 Hedad het aan die man gesê: Gee my vier silwerstukke wat ek vir my verklarings van drome vra: Ek sal geen afslag gee nie; en betaal my die onkoste van vier maaltye wat jy in my huis geëet het. Sut 18:37 En die man het aan Hedad gesê: Waarlik ek sal jou betaal vir wat ek in jou huis geëet het, gee my net die koord en kleed wat jy in jou huis versteek het. Sut 18:38 Hedad het voor die regter geantwoord en aan die man gesê: Het ek jou nie die verklaring gegee van jou droom nie? Die koord beteken dat jou dae uitgerek sal word soos 'n koord, en die kleed, dat jy 'n wingerd sal hê waarin jy alle soorte vrugtebome sal plant. Sut 18:39 Dit is die ware uitleg van jou droom, gee my nou vier stukke silwer wat ek as vergoeding vra, want ek gaan vir jou geen uitsondering maak nie. Sut 18:40 Die man het uitgeroep oor die woorde van Hedad en hulle het albei voor die regter gestry en die regter het bevele aan sy diensknegte gegee wat hulle met geweld uit die huis verdryf het. Sut 18:41 En hulle het al stryende van die regter af weggegaan, en toe die mense van Sodom hulle hoor, het hulle om die twee vergader en hulle het uitgeroep teen die vreemdeling, en hulle het hom met geweld uit die stad verdryf. Sut 18:42 En die man het sy reis voortgesit op sy esel met bitterheid van siel, weeklaend en wenend. Sut 18:43 Terwyl hy voortgereis het, het hy geween oor wat met hom gebeur het in die bedorwe stad van Sodom. //Sodom en Gomorra Sut 19:1 DIE stede van Sodom het vier regters gehad vir vier stede en hier is hulle name: Serak in die stad van Sodom, Sarkad in Gomorra, Sabnas in Adma, en Menen in Sebóim. Sut 19:2 En EliEzer, Abraham se dienskneg, het ander name vir hulle gehad en hy het Serak verander na Sakra, Sarkad na Sakrura, Sebnas na Kesobim, en Menen na Matslodim. [Hierdie name is verskillende name vir valsheid] Sut 19:3 Op versoek van hulle vier regters het die mense van Sodom en Gomorra beddens opgerig in die strate van die stede en as 'n man na hierdie plekke gekom het, het hulle hom gegryp en na een van die beddens gebring en met geweld gedwing dat hy daarin lê. Sut 19:4 En wanneer hy gaan lê het, het drie man by sy kop gaan staan en drie by sy voete, en hulle het hom gemeet aan die lengte van die bed, en as die man korter as die bed was, het hierdie ses man hom aan elke kant gerek en as die man op hulle geskreeu het, het hulle hom nie geantwoord nie. Sut 19:5 As hy langer as die bed was, het hulle aan die twee kante die bed saamgedruk, totdat die man by die poorte van die dood gekom het. Sut 19:6 En as hy voortgegaan het om op hulle te skreeu, het hulle hom geantwoord en gesê: So sal dit gedoen word aan 'n man wat in ons land kom. Sut 19:7 Toe die mense van al hierdie dinge hoor wat die mense van die stede van Sodom doen, het hulle opgehou om daarheen te gaan. Sut 19:8 En wanneer 'n arm man na hulle land gekom het, het hulle hom silwer en goud gegee en dan het hulle 'n afkondiging in die hele stad gemaak dat niemand aan hom 'n stukkie brood moes gee om te eet nie en as die vreemdeling vir 'n aantal dae sou bly en van honger omkom, omdat hy nie 'n stukkie brood kon bekom nie, dan het die mense met sy dood gekom en hulle silwer en goud geneem wat hulle aan hom gegee het. Sut 19:9 Diegene wat die silwer en goud kon herken wat hulle hom gegee het, het dit teruggeneem en by sy dood het hulle hom ook gestroop van sy kledingstukke en hulle het daaroor geveg en hy wat oor sy buurman die oorhand gekry het, het dit geneem. Sut 19:10 Daarna sou hulle hom dra en gaan begrawe onder 'n struik in die wildernis; so het hulle al die dae gedoen aan enigeen wat na hulle toe gekom het en in hulle land gesterf het. Sut 19:11 Met verloop van tyd het Sarah vir EliEzer na Sodom gestuur om Lot te besoek en na sy welvaart navraag te doen. Sut 19:12 EliEzer het na Sodom gegaan en hy het 'n man van Sodom teëgekom wat met 'n vreemdeling baklei het en die man van Sodom het die arme man van al sy klere gestroop en het weggegaan. Sut 19:13 Hierdie arme man het na EliEzer geroep en om sy guns gesmeek omrede wat die man van Sodom aan hom gedoen het. Sut 19:14 En hy het aan hom gesê: Waarom tree jy so op teen die arme man wat na jou land gekom het? Sut 19:15 En die man van Sodom het EliEzer geantwoord en gesê: Is hierdie man jou broer, of het die mense van Sodom jou vandag 'n regter gemaak dat jy oor hierdie man praat? Sut 19:16 EliEzer het met die man van Sodom gestry oor die arm man en toe EliEzer nader kom om die arm man se klere by die man van Sodom te neem, het hy vinnig beweeg en EliEzer met 'n klip teen die voorkop geslaan. Sut 19:17 Die bloed het vrylik uit EliEzer se voorkop gestroom en toe die man die bloed sien, het hy EliEzer vasgegryp en gesê: Gee my betaling omdat ek jou van die slegte bloed in jou voorkop verlos het, want dit is die gewoonte en die wet in ons land. Sut 19:18 EliEzer het aan hom gesê: Jy het my verwond en nou verlang jy dat ek jou moet betaal; en EliEzer wou nie luister na die woorde van die man van Sodom nie. Sut 19:19 Die man het EliEzer vasgegryp en het hom na Sakra, die regter van Sodom, gebring vir regspraak. Sut 19:20 En die man het met die regter gepraat en gesê: Ek pleit by u, my meester, so het hierdie man gedoen en ek het hom teen die voorkop geslaan met 'n klip en die bloed het gevloei en nou is hy onwillig om my my betaling te gee. Sut 19:21 En die regter het aan EliEzer gesê: Hierdie man praat die waarheid oor jou, gee hom sy betaling, want dit is die gewoonte in die land. En EliEzer het die woorde van die regter aangehoor en hy het 'n klip opgetel en die regter daarmee geslaan en die klip het sy voorkop getref en die bloed het vrylik uit sy voorkop gestroom en EliEzer het gesê: As dit dan die gewoonte in julle land is, gee jy dan aan die man wat ek aan hom moet gee, want dit is u besluit, en u het dit beveel. Sut 19:22 EliEzer het die man van Sodom by die regter gelos en hy het weggegaan. Sut 19:23 Toe die koning van Elam oorlog gemaak het met die konings van Sodom, het die konings van Elam al die eiendom van Sodom buit gemaak en hulle het Lot gevange geneem met sy eiendom en toe dit aan Abraham vertel is, het hy oorlog gaan maak teen die konings van Elam, en hy het al Lot se eiendom herwin, asook die eiendom van Sodom. Sut 19:24 Op daardie tydstip het die vrou van Lot vir hom 'n dogter gebaar en hy het haar naam Paltit genoem en gesê: Omdat Elohim hom en sy hele huishouding bevry het van die konings van Elam; en Paltit, die dogter van Lot, het grootgeword en een van die manne van Sodom het haar as vrou geneem. Sut 19:25 'n Arm man het die stad ingekom om 'n onderhoud te soek en hy het vir 'n aantal dae in die stad gebly, en al die mense van Sodom het 'n afkondiging gemaak uit hulle gewoonte om die man nie 'n stukkie brood te gee om te eet nie, totdat hy dood op die grond sou neerval en hulle het so gedoen. Sut 19:26 En Paltit, die dogter van Lot, het hierdie man in die straat sien lê, sterwend van honger en nie een wou hom enigiets gee om hom aan die lewe te hou nie en hy was op die punt om te sterf. Sut 19:27 Haar siel was gevul met jammerte vir die man en sy het hom in die geheim met brood gevoer vir baie dae en die siel van die man het herstel. Sut 19:28 Want wanneer sy uitgegaan het om water te gaan haal, het sy brood in die waterkan geplaas en wanneer sy op die plek gekom het waar die arm man was, het sy die brood uit die waterkan gehaal en dit aan hom gegee om te eet; so het sy baie dae gedoen. Sut 19:29 En al die mense van Sodom en Gomorra het gewonder hoe hierdie man verhongering soveel dae kon verdra. Sut 19:30 Hulle het aan mekaar gesê: Dit kan net wees omdat hy eet en drink, want geen adamiet kan verhongering vir soveel dae verduur of oorleef soos hierdie man, sonder dat selfs sy voorkoms verander nie: en drie manne het hulle versteek naby die plek waar die arm man was om uit te vind wie dit was wat hom brood gebring het om te eet. Sut 19:31 En Paltit, die dogter van Lot, het daardie dag uitgegaan om water te gaan haal en sy het brood in haar waterkan geplaas en sy het water gaan skep naby die arm man se plek en sy het die brood uit die kan gehaal en dit aan die arm man gegee en hy het dit geëet. Sut 19:32 Die drie manne het gesien wat Paltit vir die arm man doen en hulle het aan haar gesê: Dan is dit jy wat hom versorg het en daarom het hy nie uitgehonger nie en ook nie in voorkoms verander nie, of soos die ander gesterf nie. Sut 19:33 Die drie mans het uit die plek gekom waar hulle weggekruip het en hulle het Paltit gegryp en die brood wat in die arm man se hand was. Sut 19:34 En hulle het Paltit geneem en haar voor hulle regters gebring en aan hulle gesê: So het sy gedoen en dit is sy wat die arm man van brood voorsien het, daarom het hy al die tyd nie gesterf nie; verklaar daarom aan ons wat is die straf wat die vrou toekom omdat sy ons wet oortree het. Sut 19:35 Die mense van Sodom en Gomorra het saamgekom en het 'n vuur aangesteek in die straat van die stad, en hulle het die vrou geneem en het haar in die vuur gegooi en sy is tot as verbrand. [JeshaJaH 53:7] Sut 19:36 En in die stad van Adma was daar 'n vrou wat hulle dieselfde mee gedoen het. Sut 19:37 Want 'n reisiger het in die stad van Adma gekom om die nag daar oor te bly, met die plan om die volgende oggend huis toe te gaan, en hy het oorkant die deur van die huis gesit van die jong vrou se vader, om daar te bly, want die son het onder gegaan toe hy daardie plek bereik het; en die jong vrou het hom by die deur van die huis sien dit. Sut 19:38 Hy het haar vir bietjie water gevra, en sy het aan hom gesê: Wie is jy? en hy het aan haar gesê: Ek was vandag op hierdie pad en het tot hier gekom toe die son ondergaan, dus sal ek die hele nag hier bly en in die môre sal ek vroeg opstaan en my reis voortsit. Sut 19:39 En die maagd het in die huis gegaan en vir die man brood gaan haal en water om te drink. Sut 19:40 Die saak het bekend geword aan die mense van Adma; en hulle het saamgekom en het die maagd voor die regters gebring dat hulle haar kan oordeel oor hierdie saak. Sut 19:41 Die regter het gesê: Die oordeel van die dood moet oor hierdie vrou uitgespreek word, want sy het ons wet oortree en daarom is dit die uitspraak oor haar. Sut 19:42 Die mense van daardie stede het saamgekom en hulle het die maagd na buite gebring, en het haar gesalf met heuning van kop tot tone, soos die regter beslis het, en hulle het haar voor 'n swerm bye geplaas wat in hulle korwe was, en die bye het haar gepak en haar gesteek dat haar hele liggaam opgeswel was. Sut 19:43 Die maagd het uitgeroep vanweë die bye, maar niemand het van haar kennis geneem of haar jammer gekry nie en haar krete het opgestyg tot in die Hemele. Sut 19:44 JaHWeH was verontwaardig hieroor, asook oor al die dade van die stede van Sodom, want hulle het 'n oorvloed van kos en vrede onder hulle gehad en steeds wou hulle nie armes en behoeftiges onderhou nie en in daardie dae het hulle besoedelde dade en oortredinge groot voor die Aangesig van JaHWeH geword. Sut 19:45 JaHWeH het twee van die Boodskappers wat na Abraham se huis gekom het, gebied om Sodom en sy stede te verdelg. Sut 19:46 Die Boodskappers het van die deur van Abraham se tent opgestaan, nadat Hulle geëet en gedrink het, en Hulle het Sodom in die aand bereik, en Lot het juis by die poort van Sodom gesit, en toe hy Hulle sien, het hy opgestaan om Hulle te groet en hy het neergebuig tot op die grond. Sut 19:47 Hy het sterk by Hulle aangedring en het Hulle in sy huis gebring, en hy het Hulle voedsel gegee wat Hulle geëet het en Hulle het heel nag in sy huis gebly. Sut 19:48 En die Boodskappers het aan Lot gesê: Staan op, gaan uit hierdie plek uit, jy, en almal wat aan jou behoort, want anders word jy dalk verteer in die skuld van Ongeregtigheid van die stad, want JaHWeH gaan hierdie plek verdelg. Sut 19:49 Die Boodskappers het Lot se hand geneem en die hand van sy vrou en die hande van sy kinders en almal wat aan hom behoort het en Hulle het hom uitgebring buite die stede. Sut 19:50 En Hulle het aan Lot gesê: Vlug vir jou lewe, en hy en almal wat aan hom behoort het, het gevlug. Sut 19:51 Toe het JaHWeH laat reën op Sodom en Gomorra en op al die stede swael en vuur van JaHWeH uit die Hemele. Sut 19:52 En Hy het hierdie stede omvergewerp en die hele vlakte en al die inwoners van die stede, asook dit wat op die grond gegroei het; en Ado, die vrou van Lot, het omgekyk om die vernietiging van die stede te sien, want haar medelye was geroer weens haar dogters wat in Sodom agtergebly het, want hulle het nie saam met haar gegaan nie. Sut 19:53 Toe sy terug kyk, het sy 'n pilaar van sout geword en sy is vandag nog steeds in daardie plek. Sut 19:54 En die osse wat daagliks op daardie plek gestaan het, het die sout gelek tot by die verste punte van hul pote en in die môre sou sy vars ontspring, en hulle sou haar weer lek, tot op hierdie dag. Sut 19:55 Lot en twee van sy dogters wat by hom gebly het, het gevlug en hulle het ontsnap na die grot van Adullam en daar het hulle vir 'n tyd gebly. Sut 19:56 En Abraham het vroeg in die oggend opgestaan om te sien wat aan die stede van Sodom gedoen is, en hy het gekyk en het die rook sien opgaan van die stede, soos die rook van 'n oond. Sut 19:57 En Lot en sy twee dogters het in die grot gebly en hulle het hulle vader wyn laat drink, en hulle het met hom gaan lê omdat hulle gesê het dat daar geen man op Aarde is wat 'n nageslag by hulle kon verwek nie, want hulle het gedink dat die hele Aarde vernietig was. Sut 19:58 Hulle het albei by hulle vader gelê en hulle het bevrug geraak en het seuns gebaar en die eersgeborene het die naam van haar seun Moab genoem, en gesê: Van my vader het ek hom verwek; hy is die vader van die Moabiete tot vandag toe. [Génesis 19:37] Sut 19:59 Die jonger een het haar seun Ben-Ammi genoem; hy is die vader van die kinders van Ammon tot vandag toe. Sut 19:60 Daarna het Lot en sy dogters daarvandaan weggegaan en hy het anderkant die Jordaan gaan woon met sy twee dogters en hulle seuns, en die seuns van Lot het grootgeword en hulle het gegaan en het vir hulle vroue geneem uit die Aarde van Kanaän en hulle het kinders verwek en hulle was vrugbaar en het vermeerder. [Génesis 19:30-38] //Abraham en Abiméleg Sut 20:1 IN daardie tyd het Abraham van die vlakte van Mamre gereis en hy het na die grondgebied van die Filistyne gegaan en hy het in Gerar gewoon, dit was in die vyf-en-twintigste jaar sedert Abraham in Kanaän aangekom het en in die honderdste jaar in die lewe van Abraham dat hy na Gerar gekom het in die Aarde van die Filistyne. Sut 20:2 Toe hulle die land ingegaan het, het hy aan Sarah sy vrou gesê: Sê jy is my suster aan enigeen wat jou sal vra, sodat ons die boosheid kan ontsnap van die inwoners van die land. Sut 20:3 Terwyl Abraham in die grondgebied van die Filistyne gewoon het, het die diensknegte van Abiméleg, koning van die Filistyne, gesien dat Sarah uitsonderlik mooi was en hulle het Abraham oor haar gevra en hy het gesê: Sy is my suster. Sut 20:4 En die diensknegte van Abiméleg het na Abiméleg gegaan en gesê: 'n Man van die Aarde van Kanaän het gekom om in die land te woon en hy het 'n suster wat besonder mooi is. Sut 20:5 Abiméleg het die woorde van sy diensknegte wat Sarah voor hom geprys het, gehoor, en Abiméleg het sy owerstes gestuur, en hulle het Sarah na die koning gebring. Sut 20:6 Sarah het na die huis van Abiméleg gekom en die koning het gesien dat Sarah beeldskoon was en sy het hom baie verheug. Sut 20:7 En hy het nader gegaan en aan haar gesê. Wat is daardie man met wie jy in die land gekom het van jou? En Sarah het geantwoord en gesê: Hy is my broer, en ons het van die Aarde van Kanaän af gekom om hier te bly waar ons ook al 'n plek kan kry. Sut 20:8 Abiméleg het aan Sarah gesê: Kyk, my land lê voor jou, plaas jou broer in enige deel van die land wat jou geval en dit sal ons taak wees om hom te verhef en om hom te verhoog bo al die mense van die land, omdat hy jou broer is. Sut 20:9 En Abiméleg het Abraham ontbied en Abraham het na Abiméleg gekom. Sut 20:10 Abiméleg het aan Abraham gesê: Kyk, ek het bevele gegee dat jy geëer sal word soos jy begeer as gevolg van jou suster, Sarah. Sut 20:11 En Abraham het weggegaan van die koning en die koning se geskenke het hom gevolg. Sut 20:12 Daardie aand, voor die mense gaan lê om te rus, het die koning op sy troon gesit en 'n diepe slaap het hom oorval en hy het op die troon gelê en geslaap tot die oggend. Sut 20:13 Hy het gedroom dat 'n Boodskapper van JaHWeH na hom gekom het met 'n ontblote swaard in sy hand, en die Boodskapper het oor Abiméleg gestaan en wou hom doodmaak met die swaard en die koning was angsbevange in sy droom en het aan die Boodskapper gesê: waarin het ek teen jou oortree dat jy my wil kom doodmaak met jou swaard? Sut 20:14 Die Boodskapper het geantwoord en aan Abiméleg gesê: Kyk, jy sterf as gevolg van die vrou wat jy gister na jou huis gebring het, want sy is 'n getroude vrou, die vrou van Abraham wat na jou huis gekom het; daarom, laat die vrou terugkeer na haar man, want sy is sy vrou; en as jy haar nie laat terugkeer nie, weet verseker dat jy sal sterf, jy en almal wat aan jou behoort. Sut 20:15 Daardie nag was daar 'n groot geskreeu in die grondgebied van die Filistyne, en die inwoners van die land het die figuur van 'n man sien staan met 'n ontblote swaard in sy hand, en hy het die mense doodgemaak met die swaard, ja, hy het aangehou om hulle dood te maak. Sut 20:16 Die Boodskapper van JaHWeH het die hele grondgebied van die Filistyne daardie nag verslaan en daar was 'n groot verwarring daardie nag en die volgende oggend. Sut 20:17 En elke baarmoeder was gesluit, en al hulle nakomelinge, en die Hand van JaHWeH was op hulle as gevolg van Sarah, die vrou van Abraham, wat Abiméleg geneem het. Sut 20:18 In die oggend het Abiméleg beangs en verward opgestaan en hy het sy diensknegte laat roep en hulle is voor hom gebring en hy het sy droom aan hulle vertel en die mense was baie bevrees. Sut 20:19 Een man wat tussen die diensknegte van die koning gestaan het, het die koning geantwoord en gesê: Oppermagtige koning, gee terug hierdie vrou aan haar man, want hy is haar man, want dieselfde het met die koning van Egipte gebeur toe die man na Egipte gegaan het. Sut 20:20 En hy het oor sy vrou gesê: Sy is my suster, want dit is sy gewoonte wanneer hy in 'n land kom woon waarin hy 'n vreemdeling is. Sut 20:21 Farao het haar ontbied en het die vrou as vrou geneem en JaHWeH het swaar plae oor hom gebring totdat hy die vrou teruggegee het aan haar man. Sut 20:22 Nou daarom, o oppermagtige koning, onthou wat laasnag met die land gebeur het, want daar was 'n baie groot ontsteltenis en baie pyn en rou en ons weet dat dit as gevolg van die vrou is wat u geneem het. Sut 20:23 Daarom, nou, gee terug die vrou aan haar man, voordat met ons gebeur soos wat met Farao, die koning van Egipte, en sy onderdane gebeur het, sodat ons nie sal sterf nie; en Abiméleg het hom gehaas en het Sarah laat roep en sy het voor hom gekom, en hy het Abraham laat roep en hy het voor hom gekom. Sut 20:24 Abiméleg het aan hulle gesê: Wat is hierdie daad wat julle gedoen het deur te sê dat julle broer en suster is en ek het hierdie vrou as 'n vrou geneem? Sut 20:25 En Abraham het gesê: Omdat ek gedink het dat ek weens my vrou doodgemaak sou word; en Abiméleg het kuddes en kleinvee en diensknegte en diensmaagde, en 'n duisend stukke silwer geneem, en hy het dit aan Abraham gegee, en hy het Sarah teruggegee aan hom. Sut 20:26 En Abiméleg het aan Abraham gesê: Kyk, die hele land is oop voor jou, woon in haar waar jy ook al verkies. Sut 20:27 Abraham en Sarah, sy vrou, het weggegaan uit die koning se teenwoordigheid met eer en respek en hulle het in die grondgebied gewoon in Gerar. Sut 20:28 Al die inwoners van die grondgebied van die Filistyne en die koning se diensknegte was nog steeds in pyn weens die plaag wat die Boodskapper die hele nag as gevolg van Sarah op hulle gebring het. Sut 20:29 En Abiméleg het Abraham laat roep en gesê: Bid nou tot JaHWeH, jou Elohey, vir my diensknegte dat Hy die sterftes onder ons sal staak. Sut 20:30 Abraham het gebid ter wille van Abiméleg en sy onderdane, en JaHWeH het die gebed van Abraham gehoor, en hy het Abiméleg genees en al sy onderdane. //Abraham en Jismael Sut 21:1 DIT was in daardie tyd, teen die einde van 'n jaar en vier maande nadat Abraham in die grondgebied van die Filistyne by Gerar kom woon het, dat Elohim aan Sarah verskyn het en JaHWeH het haar onthou, en sy het swanger geraak en het 'n seun vir Abraham gebaar. Sut 21:2 En Abraham het die naam van die seun wat vir hom gebore is, wat Sarah vir hom gebaar het, Isak genoem. Sut 21:3 Abraham het sy seun Isak besny toe hy agt dae oud was, soos Elohim Abraham beveel het om aan sy nageslag na hom te doen, en Abraham was eenhonderd en Sarah negentig jaar oud, toe Isak vir hulle gebore is. Sut 21:4 Die kind het grootgeword en hy is gespeen, en Abraham het 'n groot fees gehou op die dag toe Isak gespeen is. Sut 21:5 Sem en Heber en al die belangrike mense van die land, en Abiméleg, koning van die Filistyne, en sy dienaars en Pigol, die owerste van sy leër, het gekom om te eet en te drink en hulle te geniet op die fees wat Abraham gehou het op die dag toe sy seun, Isak, gespeen is. Sut 21:6 Ook Tera, die vader van Abraham, en Nahor sy broer, het van Haran af gekom, hulle en almal wat aan hulle behoort het, want hulle was almal baie bly toe hulle gehoor het dat 'n seun vir Sarah gebore is. Sut 21:7 Hulle het na Abraham gekom, en hulle het geëet en gedrink op die fees wat Abraham gehou het op die dag toe Isak gespeen is. Sut 21:8 Tera en Nahor was bly saam met Abraham en hulle het baie dae by hom gebly in die grondgebied van die Filistyne. Sut 21:9 In daardie tyd het Serug, die seun van Rehu, gesterf, in die eerste jaar van die geboorte van Isak, die seun van Abraham. Sut 21:10 En al die dae van Serug was tweehonderd-nege-en-dertig jaar toe hy gesterf het. Sut 21:11 Jismael, die seun van Abraham, was volgroeid in daardie dae; hy was veertien jaar oud toe Sarah, Isak gebaar het vir Abraham. Sut 21:12 Elohim was met Jismael, die seun van Abraham, en hy het grootgeword en hy het geleer om die boog te gebruik en het 'n boogskutter geword. Sut 21:13 Toe Isak vyf jaar oud was, het hy saam met Jismael by die deur van die tent gesit. Sut 21:14 En Jismael het na Isak gekom en het oorkant hom gaan sit en hy het die boog geneem en haar getrek en die pyl ingesit en het beplan om Isak dood te maak. Sut 21:15 Sarah het die daad gesien wat Jismael aan haar seun, Isak, wou doen en dit het haar baie ontstel oor haar seun, en sy het Abraham geroep en aan hom gesê: Gooi hierdie slavin en haar seun uit, want haar seun sal nie erfgenaam wees saam met my seun nie, want dit is wat hy vandag aan hom wou doen. Sut 21:16 Abraham het na die stem van Sarah geluister en hy het vroeg in die oggend opgestaan en hy het twaalf brode geneem en 'n kan water aan Hagar gegee en hy het haar en haar seun weggestuur, en Hagar het met haar seun na die wildernis gegaan en hulle het in die wildernis van Paran saam met die bewoners van die wildernis gebly, en Jismael was 'n boogskutter en hy het vir 'n lang tyd in die wildernis gebly. Sut 21:17 Hy en sy moeder het later na die Aarde van Egipte gegaan en hulle het daar gewoon, en Hagar het 'n vrou uit Egipte vir haar seun geneem en haar naam was Mériba. Sut 21:18 Die vrou van Jismael het swanger geword en het vier seuns en twee dogters gebaar en Jismael en sy moeder en sy vrou en kinders het daarna gegaan en na die woestyn teruggekeer. Sut 21:19 En hulle het vir hulself tente gemaak in die woestyn waarin hulle gewoon het, en hulle het aanhoudend getrek en dan weer vertoef, maandeliks en jaarliks. Sut 21:20 Elohim het aan Jismael kleinvee en kuddes gegee en tente omdat Abraham sy vader was, en die man het vermeerder in vee. Sut 21:21 Jismael het in woestyne en in tente gebly en het getrek en dan weer het hy lank vertoef, en hy het die aangesig van sy vader nie gesien nie. Sut 21:22 'n Tyd daarna het Abraham aan Sarah, sy vrou, gesê: Ek wil my seun Jismael gaan opsoek, want ek het 'n begeerte om hom te sien, want ek het hom vir 'n lang tyd nie gesien nie. Sut 21:23 Abraham het op een van sy kamele na die woestyn gery om sy seun Jismael te soek, want hy het gehoor dat hy in 'n tent in die woestyn bly saam met almal wat aan hom behoort. Sut 21:24 En Abraham het na die woestyn gegaan, en hy het die tent van Jismael omtrent op die middag uur bereik en hy het gevra waar Jismael is, en hy het die vrou van Jismael in die tent gevind saam met haar kinders, en Jismael, haar man, en sy moeder was nie by hulle nie. Sut 21:25 Abraham het aan die vrou van Jismael gevra, en gesê: Waar is Jismael heen? en sy het gesê: Hy is na die veld om te gaan jag, en Abraham was nog steeds op die rug van die kameel, want hy wou nie afklim op die grond nie omdat hy aan sy vrou, Sarah, gesweer het dat hy nie van die kameel sou afklim nie. Sut 21:26 En Abraham het aan Jismael se vrou gesê: My dogter, gee aan my 'n bietjie water dat ek kan drink, want ek is uitgeput van die reis. Sut 21:27 Jismael se vrou het geantwoord en aan Abraham gesê: Ons het nie water of brood nie, en sy het in die tent bly sit en het nie aandag aan Abraham gegee nie, en het hom ook nie gevra wie hy is nie. Sut 21:28 Maar sy het haar kinders in die tent geslaan en op hulle gevloek en sy het ook haar man, Jismael, gevloek en het hom verwyt, en Abraham het die woorde van Jismael se vrou aan haar kinders gehoor en hy was baie kwaad en ontevrede. Sut 21:29 Abraham het na die vrou geroep en gesê dat sy uit die tent moet kom en die vrou het gekom en het teenoor Abraham gaan staan, want Abraham was steeds op die rug van die kameel. Sut 21:30 En Abraham het aan Jismael se vrou gesê: Wanneer jou man, Jismael, terugkeer, sê hierdie woorde aan hom: Sut 21:31 'n Baie ou man het van die grondgebied van die Filistyne hierheen gekom om na jou te soek en so het sy voorkoms en sy figuur gelyk; Ek het hom nie gevra wie hy was nie en aangesien jy nie hier was nie, het hy met my gepraat en gesê: Wanneer Jismael jou man terugkeer, vertel hom so het hierdie man gesê: Wanneer jy huis toe kom, verwyder die pen van die tent wat jy hier geplaas het, en sit 'n ander pen in sy plek. Sut 21:32 En Abraham het sy opdragte aan die vrou voltooi en hy het omgedraai en het huiswaarts gekeer op sy kameel. Sut 21:33 Daarna het Jismael van die jag teruggekeer, hy en sy moeder, en hy het teruggegaan na die tent en sy vrou het hierdie woorde aan hom gesê: Sut 21:34 'n Baie ou man van die grondgebied van die Filistyne het na jou kom soek en so het sy voorkoms gelyk en gestalte: ek het hom nie gevra wie hy is nie, en aangesien jy nie by die huis was nie het hy aan my gesê: Wanneer jou man huis toe kom, vertel hom, so sê die ou man: Verwyder die pen van die tent wat jy hier geplaas het en plaas 'n ander pen in sy plek. Sut 21:35 Jismael het die woorde van sy vrou gehoor, en hy het geweet dat dit sy vader was en dat sy vrou hom nie geëer het nie. Sut 21:36 En Jismael het sy vader se woorde verstaan wat hy met sy vrou gepraat het en Jismael het na sy vader se woorde geluister en Jismael het daardie vrou uitgegooi en sy het weggegaan. Sut 21:37 Jismael het daarna na die Aarde van Kanaän gegaan en hy het 'n ander vrou geneem en het haar na sy tent gebring, na die plek waar hy gewoon het. Sut 21:38 Aan die einde van drie jaar het Abraham gesê: Ek sal weer gaan en my seun Jismael sien, want ek het hom vir 'n lang tyd nie gesien nie. Sut 21:39 Hy het op sy kameel gery en het na die woestyn gegaan, en hy het die tent van Jismael omtrent die middaguur bereik. Sut 21:40 En hy het uitgevra na Jismael en sy vrou het uit die tent gekom en het gesê: Hy is nie hier nie, my meester, want hy het gaan jag in die velde en om die kamele te voer, en die vrou het aan Abraham gesê: Kom in die tent, my meester, en eet 'n stukkie brood, want u siel moet afgemat wees as gevolg van die reis. Sut 21:41 En Abraham het aan haar gesê: Ek sal nie vertoef nie, want ek is haastig om my reis voort te sit, maar gee aan my 'n bietjie water om te drink, want ek is dors; en die vrou het vinnig in die tent in gehardloop en sy het water na buite gebring en brood vir Abraham, wat sy voor hom geplaas het en sy het aangedring dat hy eet en hy het geëet en gedrink en sy hart was vertroos en hy het sy seun, Jismael, geseën. Sut 21:42 Hy het sy ete voltooi en hy het JaHWeH geprys, en hy het aan Jismael se vrou gesê: Wanneer Jismael huis toe kom, sê hierdie woorde aan hom. Sut 21:43 'n Baie ou man van die grondgebied van die Filistyne het hierheen gekom en het na jou gevra en jy was nie hier nie, en ek het vir hom brood en water geneem en hy het geëet en gedrink en sy hart was vertroos. Sut 21:44 En hy het hierdie woorde aan my gesê: Wanneer Jismael, jou man, huis toe kom, sê aan hom: Die pen van die tent wat jy het, is baie goed, moet haar nie van die tent verwyder nie. Sut 21:45 Abraham het opgehou om die vrou te beveel en hy het vertrek na sy huis, na die grondgebied van die Filistyne en toe Jismael na sy tent terugkeer, het sy vrou hom met blydskap en 'n vrolike hart tegemoetgegaan. Sut 21:46 Sy het aan hom gesê: 'n Ou man het hierheen gekom van die grondgebied van die Filistyne af en so het hy gelyk, en hy het na jou gevra, maar jy was nie hier nie, en ek het brood en water uit gebring en hy het geëet en gedrink en sy hart was vertroos. Sut 21:47 En hy het die volgende woorde tot my gespreek: Wanneer Jismael jou man huis toe kom, sê aan hom: Die pen van die tent wat jy het, is baie goed, moet haar nie uit die tent verwyder nie. Sut 21:48 En Jismael het geweet dat dit sy vader was, en dat sy vrou hom geëer het en JaHWeH het Jismael geseën. //Satan kla Abraham aan. Sut 22:1 JISMAEL het opgestaan en het sy vrou geneem en sy kinders en sy vee en alles wat aan hom behoort en hy het daarvandaan gereis en na sy vader in die grondgebied van die Filistyne gegaan. Sut 22:2 En Abraham het aan Jismael, sy seun, vertel wat die eerste vrou wat Jismael geneem het, gedoen het. Sut 22:3 Jismael en sy kinders het baie dae by Abraham gewoon in die land; en Abraham het in die grondgebied van die Filistyne gewoon vir 'n lang tyd. Sut 22:4 Die dae het toegeneem en het ses-en-twintig jaar bereik, en daarna het Abraham met sy dienaars en almal wat aan hom behoort het, uit die grondgebied van die Filistyne getrek en hulle het ver weg gegaan, totdat hulle naby Hebron gekom het en hulle het daar gebly en die diensknegte van Abraham het waterputte gegrawe en Abraham en almal wat aan hom behoort het, het by die water gebly en die diensknegte van Abiméleg, die koning van die Filistyne, het gehoor dat die diensknegte van Abraham waterputte op die grense van die land gegrawe het. Sut 22:5 Hulle het gekom en met die diensknegte van Abraham rusie gemaak en hulle het hulle beroof van die groot put wat hulle gegrawe het. Sut 22:6 En Abiméleg, die koning van die Filistyne, het van die saak gehoor en hy, tesame met Pigol, die owerste van sy leër, en twintig van sy manne het na Abraham gekom en Abiméleg het met Abraham oor sy diensknegte gepraat en Abraham het Abiméleg aangespreek oor die put waarvan sy diensknegte hulle beroof het. Sut 22:7 En Abiméleg het aan Abraham gesê: Sowaar as JaHWeH leef wat die hele Aarde geskape het, ek het nie voor vandag gehoor van hierdie daad wat my diensknegte aan jou diensknegte gedoen het nie. Sut 22:8 En Abraham het sewe ooilammers geneem en het hulle aan Abiméleg gegee en gesê: Ek smeek jou, neem hierdie van my hande dat sy 'n getuienis kan wees dat ek hierdie put gegrawe het. Sut 22:9 Abiméleg het die sewe ooilammers geneem wat Abraham aan hom gegee het, want hy het hom ook vee en kuddes in oorvloed gegee, en Abiméleg het aan Abraham oor die put gesweer, daarom het hulle die put Berséba genoem, omdat hulle twee daar gesweer het. Sut 22:10 So het hulle albei dan 'n verbond gesluit by Berséba, en Abiméleg het opgestaan saam met Pigol, sy leërowerste, en al sy manne, en hulle het teruggekeer na die grondgebied van die Filistyne, en Abraham en almal wat aan hom behoort het, het in Berséba gewoon en hy was 'n lang tyd in daardie land. Sut 22:11 En Abraham het 'n groot bos in Berséba geplant en hy het vier hekke daarvoor gemaak wat na die vier rigtings van die Aarde kyk, en hy het 'n wingerd in haar geplant sodat as 'n reisiger na Abraham gekom het; het hy by enige van die hekke wat op sy pad was ingegaan en het dan oorgebly en geëet en gedrink en homself versadig en dan weer vertrek. Sut 22:12 Want die huis van Abraham was altyd oop vir die seuns van die Adam wat heen-en-weer verbygegaan het, wat daagliks gekom en geëet en gedrink het in die huis van Abraham. Sut 22:13 Enige man wat honger gehad het en na Abraham se huis gekom het, het Abraham brood gegee dat hy kan eet en drink en versadig word, en enigeen wat nakend na sy huis gekom het, het hy geklee met kledingstukke wat hy kon uitsoek, en hy het hom silwer en goud gegee, en hy sou hom vertel van JaHWeH wat hom op die Aarde geskape het; so het Abraham al sy dae gedoen. Sut 22:14 Abraham en sy kinders en almal wat aan hom behoort het, het in Berséba gewoon en hy het sy tent so ver soos Hebron opgeslaan. Sut 22:15 Abraham se broer, Nahor, en sy vader en almal wat aan hulle behoort het, het in Haran gewoon, want hulle het nie saam met Abraham na die Aarde van Kanaän gekom nie. Sut 22:16 En kinders is vir Nahor gebore wat Milka, die dogter van Haran, en suster van Sarah, Abraham se vrou, gebaar het. Sut 22:17 Hierdie is die name van hulle wat vir hom gebore is: Us, Bus, Kémuel, Kesed, Haso, Pildas, Jidlaf, BetuEl, agt seuns. Hierdie is die kinders van Milka wat sy vir Nahor, Abraham se broer, gebaar het. Sut 22:18 Nahor het 'n byvrou gehad en haar naam was Reüma en Tebag, Gaham, Tahas en Maäga is die seuns wat sy vir Nahor gebaar het, vier seuns. Sut 22:19 En die kinders wat vir Nahor gebore is, was twaalf seuns behalwe sy dogters en hulle het ook kinders gehad wat vir hulle in Haran gebore is. Sut 22:20 Die kinders van Us, die eersgeborene van Nahor, was: Abi, Geref, Gadin, Melus, en Debora hulle suster. Sut 22:21 Die seuns van Bus was: Beragél, Naäma, Sewa en Madónu. Sut 22:22 Die seuns van Kémuel was Aram en Regob. Sut 22:23 Die seuns van Kesed was Anamleg, Mesai, Benon en Jifi, en die seuns van Haso was Pildas, Megi, en Ofer. Sut 22:24 Die seuns van Pildas was Arud, Gamum Mered en Molog. Sut 22:25 Die seuns van Jidlaf was Musan, Kuwshan en Musi. Sut 22:26 Die kinders van BetuEl was Segar, Laban en hulle suster, Rebekka. Sut 22:27 Hierdie is die families van die kinders van Nahor, wat vir hulle gebore is in Haran; en Aram die seun van Kémuel en Regob, sy broer, het weggegaan van Haran af en hulle het 'n vallei gevind in die grondgebied by die Eufraat-rivier. Sut 22:28 En hulle het 'n stad daar gebou en hulle het die stad vernoem na die naam van Petor, die seun van Aram, dit is Aram Naharajim [Mesopotamië] tot vandag toe. Sut 22:29 En die kinders van Kesed het ook daar gaan bly waar hulle 'n plek kon vind en hulle het gegaan en hulle het 'n vallei gevind oorkant die Aarde van Sínear en hulle het daar gewoon. Sut 22:30 Hulle het vir hulleself 'n stad gebou en hulle het die naam van die stad Kesed genoem, volgens die naam van hulle vader, sy is die Aarde van Kasdi [Chaldéa] tot vandag toe, en die Kasdiërs het in daardie deel van die land gewoon en hulle was vrugbaar en het baie vermeerder. Sut 22:31 Tera, die vader van Nahor en Abraham, het op sy oudag gegaan en 'n ander vrou geneem en haar naam was Pelila, en sy het swanger geword en vir hom 'n seun gebaar en hy het hom Soba genoem. Sut 22:32 En Tera het vyf-en-twintig jaar geleef nadat hy Soba verwek het. Sut 22:33 Tera het in daardie jaar gesterf, dit is die vyf-en-dertigste jaar van Isak se geboorte, die seun van Abraham. Sut 22:34 En die dae van Tera was tweehonderd-en-vyf jaar en hy is in Haran begrawe. Sut 22:35 Soba, die seun van Tera, het dertig jaar geleef en hy het Aram, Aglis en Merik verwek. Sut 22:36 Aram, die seun van Soba, die seun van Tera, het drie vroue gehad en hy het twaalf seuns en drie dogters verwek; en JaHWeH het aan Aram, die seun van Soba, rykdom en besittings gegee en 'n oorvloed van beeste en kleinvee en kuddes en die man het in besittings toegeneem. Sut 22:37 En Aram, die seun van Soba, en sy broer en sy hele huishouding het van Haran gereis en hulle het gaan woon waar hulle 'n plek kon vind, want hulle besittings was te veel om in Haran te bly en hulle kon nie saam met hulle broers, die kinders van Nahor, in Haran bly nie. Sut 22:38 En Aram, die seun van Soba, het saam met sy broers gegaan en hulle het 'n vallei veraf na die oostelike deel van die land gevind en hulle het daar gewoon. Sut 22:39 Hulle het daar ook 'n stad gebou en hulle het haar Aram genoem volgens die naam van hulle oudste broer, dit is Aram Soba tot vandag toe. Sut 22:40 Isak, die seun van Abraham, het grootgeword in daardie dae en Abraham, sy vader, het hom die Weë van JaHWeH geleer om JaHWeH te ken en JaHWeH was met hom. Sut 22:41 Toe Isak sewe-en-dertig jaar oud was, het Jismael, sy broer, met hom geredeneer in die tent. Sut 22:42 Jismael het oor homself gespog by Isak en gesê: Ek was dertien jaar oud toe JaHWeH met my vader gepraat het om ons te besny en ek het volgens die woorde van JaHWeH gehandel wat Hy met my vader gespreek het en ek het my siel aan JaHWeH gegee en ek het nie Sy Woord oortree wat Hy my vader beveel het nie. Sut 22:43 En Isak het Jismael geantwoord en gesê: Hoekom spog jy hieroor by my, oor 'n klein stukkie van jou vlees wat jy van jou liggaam geneem het, soos wat JaHWeH jou beveel het? Sut 22:44 Sowaar as wat JaHWeH leef, die Elohey van my vader Abraham, as JaHWeH aan my vader moet sê: Neem nou jou seun, Isak, en bring hom as 'n aanbieding voor My, sal ek nie weier nie, maar met vreugde instem daartoe. Sut 22:45 En JaHWeH het die woorde gehoor wat Isak aan Jismael gesê het en dit was suiwer voor die Aangesig van JaHWeH en Hy het daaraan gedink om Abraham in hierdie saak op die proef te stel. [Génesis 22:1] Sut 22:46 Die dag het gekom dat die seuns van Elohim voor die Aangesig van JaHWeH gekom het en Satan het ook saam met die seuns van Elohim voor Hom verskyn. Sut 22:47 En JaHWeH het vir Satan gevra: Waar kom jy vandaan? En Satan het JaHWeH geantwoord: Van heen en weer beweeg op die Aarde, en van op en af daarop loop. [Vergelyk hierdie verse met Job 1:6,7 en Job 2:1,2] Sut 22:48 En JaHWeH het aan Satan gesê: Wat is jou woord aan My wat betref al die kinders van die land? En Satan het JaHWeH geantwoord en gesê: Ek het al die kinders van die land gesien wat U dien en wat U onthou wanneer hulle enigiets van U nodig het. Sut 22:49 Wanneer U hulle dit gee wat hulle van U benodig, dan sit hulle op hulle gemak en verlaat U en onthou U nie meer nie. Sut 22:50 Het U Abraham gesien, die seun van Tera, wat eers geen kinders gehad het nie en hy het U gedien en hy het altare tot U opgerig oral waar hy gekom het en hy het aanbiedinge op hulle gebring en hy het U Naam voortdurend verkondig aan al die kinders van die land. Sut 22:51 Noudat sy seun Isak vir hom gebore is, het hy U verlaat en hy het 'n groot fees gehou vir al die inwoners van die land en JaHWeH het hy vergeet. Sut 22:52 Want te midde van alles wat hy gedoen het, het hy U geen aanbieding gebring nie; nie 'n brandoffer nie, ook nie vergoedinge nie, nie 'n bul of 'n lam of 'n bok van alles wat hy daardie dag geslag het, op die dag toe sy seun gespeen is nie. Sut 22:53 Selfs van sy seun se geboorte af tot nou, wat al sewe-en-dertig jaar oud is, het hy geen altaar vir U gebou of 'n aanbieding aan U gebring nie, want hy het gesien dat U gee wat hy versoek van U en daarom het hy U versaak. Sut 22:54 En JaHWeH het aan Satan gesê: Is dit wat jy dink van My kneg Abraham? Want daar is niemand op Aarde soos hy nie, 'n man vroom en opreg voor My, een wat Elohim vrees en afwyk van die kwaad; sowaar as Ek leef, as Ek aan hom moes sê: Gee jou seun, Isak, voor My, sal hy hom nie weerhou van My nie, soveel te meer as wat Ek aan hom sou sê om 'n brandoffer aan My van sy kleinvee of kuddes te bring. Sut 22:55 En Satan het JaHWeH geantwoord en gesê: Spreek dan nou met Abraham soos U gespreek het, en U sal sien of hy nie op hierdie dag sal oortree en U woorde tersyde stel nie. //Abraham slag vir Isak Sut 23:1 OP daardie tydstip het die Woord van JaHWeH tot Abraham gekom en Hy het aan hom gesê: Abraham, en hy het gesê: Hier is ek! Sut 23:2 En Hy het aan hom gesê: Neem jou seun, jou enigste seun wat jy liefhet, ja, Isak, en gaan na die Aarde van MoriJaH en slag hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys; want daar sal jy die Wolkkolom sien en die Glansrykheid van JaHWeH. [Génesis 22:2] Sut 23:3 Abraham het by homself gesê: Hoe sal ek my seun, Isak, van sy moeder Sarah verwyder kry sodat ek hom as 'n brandoffer voor die Aangesig van JaHWeH kan bring? Sut 23:4 Abraham het in die tent gekom, en hy het voor Sarah sy vrou gaan sit en hy het hierdie woorde aan haar gesê: Sut 23:5 My seun, Isak, is volgroei en hy het vir 'n geruime tyd nie die diens van sy Elohey bestudeer nie, nou, môre sal ek hom na Sem neem, en Heber, sy seun, en daar sal hy die Weë van JaHWeH leer, want hulle sal hom leer om JaHWeH te ken, asook om te weet dat as hy voortdurend voor die Aangesig van JaHWeH bid, sal Hy hom antwoord en daarom sal hy daar die Weg leer ken om JaHWeH, sy Elohey, te dien. Sut 23:6 En Sarah het gesê: Jy het reg gespreek, gaan, my meester, en doen aan hom soos u gesê het, maar moet hom nie baie ver van my af neem nie en moet hom ook nie te lank daar laat vertoef nie, want my siel is geheg aan sy siel. Sut 23:7 En Abraham het aan Sarah gesê: My dogter, laat ons voor die Aangesig van JaHWeH, ons Elohey, bid dat Hy goed aan ons sal doen. Sut 23:8 Sarah het haar seun, Isak, geneem en hy het daardie nag by haar gebly en sy het hom gesoen en hom omhels en het hom instruksies tot die oggend toe gegee. Sut 23:9 En sy het aan hom gesê: O my seun, hoe kan my siel hom losmaak van jou? En steeds het sy hom gesoen en hom omhels en sy het Abraham instruksies oor hom gegee. Sut 23:10 En Sarah het aan Abraham gesê: O my meester, ek bid u, pas tog u seun goed op, en hou u oë op hom, want ek het geen ander seun of dogter behalwe hy nie. Sut 23:11 O verlaat hom nie. As hy honger kry, gee hom brood, en as hy dors is, gee hom water om te drink; moet hom nie te voet laat gaan nie, en moet hom ook nie in die son laat sit nie. Sut 23:12 Moet hom ook nie alleen op pad laat gaan nie en moet hom ook nie weg dwing van enigiets wat hy mag begeer nie, maar doen aan hom soos hy aan u mag sê. Sut 23:13 Sarah het die hele nag bitterlik oor Isak geween en sy het hom instruksies gegee tot die oggend. Sut 23:14 In die môre het Sarah 'n baie fyn en pragtige kledingstuk uitgesoek uit die kledingstukke wat sy in die huis gehad het wat Abiméleg aan haar gegee het. Sut 23:15 En sy het Isak, haar seun, daarmee geklee en sy het 'n tulband op sy hoof gesit en sy het 'n kosbare steen bo-op die tulband ingevoeg en sy het hulle proviand vir die pad gegee en hulle het vertrek; en Isak het saam met sy vader Abraham gegaan en sommige van hulle diensknegte het hulle vergesel om hulle op pad af te sien. [Exodus 28:38] Sut 23:16 En Sarah het saam met hulle uitgegaan, en sy het hulle vergesel op die pad om hulle af te sien en hulle het aan haar gesê: Keer terug na die tent. Sut 23:17 Toe Sarah die woorde van haar seun, Isak, hoor het sy bitterlik geween, en Abraham, haar man, het saam met haar geween en haar seun het saam met hulle geween, 'n baie groot geween, en ook dié wat saam met hulle was, het geween. Sut 23:18 Sarah het haar seun Isak vasgegryp en sy het hom in haar arms gehou en sy het hom omhels en aangehou ween saam met hom en Sarah het gesê: Wie weet of ek jou na hierdie dag ooit weer sal sien? Sut 23:19 En hulle het steeds saam geween, Abraham, Sarah en Isak, en almal wat hulle op die pad vergesel het, het saam met hulle geween en Sarah het daarna weggedraai van haar seun af en het steeds bitterlik geween en al haar dienaars en al haar diensmeisies het saam met haar teruggekeer na die tent. Sut 23:20 Abraham het saam met Isak, sy seun, gegaan om hom as Slagdier te bring voor die Aangesig van JaHWeH, soos Hy hom beveel het. Sut 23:21 Abraham het twee van sy jong manne saam met hom geneem [Génesis 22:3], Jismael, die seun van Hagar en EliEzer, sy dienskneg, en hulle het saam met hulle gegaan en terwyl hulle in die pad geloop het, het die jong manne hierdie woorde met mekaar gespreek: Sut 23:22 En Jismael het aan EliEzer gesê: Nou, my vader Abraham, gaan saam met Isak om hom te bring as 'n brandoffer aan JaHWeH soos Hy hom beveel het. Sut 23:23 Nou, wanneer hy terugkeer, sal hy alles aan my gee wat hy besit om van hom te erf, want ek is sy eersgeborene. Sut 23:24 En EliEzer het Jismael geantwoord en gesê: Sekerlik het Abraham jou saam met jou moeder verstoot en het gesweer dat jy nie sal erf van alles wat hy besit nie. En aan wie sal hy alles gee wat hy besit, met al sy skatte, behalwe aan my, sy dienskneg, wat getrou in sy huis was, wie hom dag en nag gedien het en gedoen het alles wat hy van my begeer het? Aan my sal hy by sy dood alles nalaat wat hy besit. [Génesis 15:2] Sut 23:25 En terwyl Abraham met sy seun Isak al met die pad langs gevorder het, het Satan gekom en hy het aan Abraham verskyn in die gestalte van 'n baie ou man, nederig en met 'n berouvolle gees, en hy het Abraham genader en aan hom gesê: Is jy dan dwaas of wreed, dat jy hierdie ding vandag aan jou enigste seun wil gaan doen? Sut 23:26 Want JaHWeH het jou 'n seun gegee aan die einde van jou dae, in jou hoë ouderdom, en sal jy hom gaan slag hierdie dag omdat hy geen geweld gepleeg het nie? En wil jy veroorsaak dat die siel van jou enigste seun van die Aarde af vergaan? Sut 23:27 Weet jy nie en verstaan jy nie dat hierdie ding nie van JaHWeH kan wees nie? Want JaHWeH kan nie aan die adamiet sulke boosheid op Aarde doen deur aan hom te sê: Gaan slag jou kind, nie. Sut 23:28 En Abraham het dit gehoor en het geweet dit is die woord van Satan wat gepoog het om hom weg te lok van die Weg van JaHWeH, maar Abraham wou nie luister na die woorde van Satan nie en Abraham het hom bestraf sodat hy weggegaan het. [MattithJaHûW 4]. Sut 23:29 Satan het teruggekeer en het na Isak gekom; en hy het aan Isak verskyn in die gestalte van 'n jong man, aantreklik en welaf. Sut 23:30 En hy het Isak genader en het aan hom gesê: Kan jy nie begryp en verstaan dat jou dwase ou vader jou op hierdie dag vir niks na 'n slagting lei nie? Sut 23:31 Nou, daarom, my seun, moet nie na hom luister of aandag gee aan hom nie, want hy is 'n dwase ou man, en laat jou kosbare siel en pragtige gestalte nie van die Aarde verdwyn nie. Sut 23:32 Isak het dit gehoor en het aan Abraham gesê: Het u gehoor, my vader, dit wat hierdie man gesê het? Net so het hy gespreek. Sut 23:33 En Abraham het sy seun Isak geantwoord en aan hom gesê: Wees op jou hoede vir hom en luister nie na sy woorde nie, moenie aandag aan hom gee nie, want hy is Satan wat probeer om ons op hierdie dag weg te lei van die opdragte van Elohim. Sut 23:34 En Abraham het weer eens Satan bestraf en Satan het van hulle af weggegaan en toe hy sien dat hy hulle nie kon oorwin nie, het hy hom versteek vir hulle en hy het vooruit in die pad gegaan; en hy het hom verander in 'n groot stroom water voor in die pad. En Abraham en Isak en sy twee jong manne het daardie plek bereik en hulle het 'n groot en sterk stroom soos die magtige waters gesien. Sut 23:35 Hulle het die stroom binnegegaan en daardeur gegaan en die water het eers tot by hulle bene gekom. Sut 23:36 Hulle het dieper in die stroom ingegaan en die waters het tot by hulle nekke gereik en hulle was almal beangs vanweë die water en terwyl hulle deur die stroom gegaan het, het Abraham die plek herken en hy het geweet dat daar nie tevore water was nie. Sut 23:37 En Abraham het hier aan sy seun, Isak gesê: Ek ken hierdie plek en hier was geen stroom of water tevore nie. Nou, daarom is dit Satan wat dit alles aan ons doen om ons vandag weg te lok van dit wat Elohim gebied het. Sut 23:38 Abraham het hom bestraf en aan hom gesê: JaHWeH bestraf jou, o Satan, gaan weg van ons, want ons wandel volgens Elohim se opdragte. Sut 23:39 En Satan was verskrik deur die stem van Abraham en hy het weggegaan van hulle af en die plek het weer droë grond geword soos sy eers was. Sut 23:40 En Abraham het saam met Isak na die plek gegaan wat Elohim hom aangesê het. Sut 23:41 Op die derde dag het Abraham sy oë opgeslaan en het die plek op 'n afstand gesien waarvan Elohim hom vertel het. Sut 23:42 'n Kolom van Vuur het aan hom verskyn en hy het van die Aarde af gereik tot aan die Hemele en die Wolkkolom van Glansrykheid was op die berg en die Glansrykheid van JaHWeH was sigbaar in die Wolkkolom. Sut 23:43 En Abraham het aan Isak gesê: My seun, sien jy daardie berg wat ons in die verte kan waarneem, sien jy wat ek daarop sien? Sut 23:44 Isak het geantwoord en het aan sy vader gesê: Ek sien en kyk, 'n kolom van vuur en die Wolkkolom en die Glansrykheid van JaHWeH is te sien in die Wolkkolom. Sut 23:45 En Abraham het geweet dat sy seun Isak voor die Aangesig van JaHWeH aanvaar is as 'n brandoffer. Sut 23:46 Abraham het aan EliEzer en aan Jismael, sy seun gesê: Sien julle ook dit wat ons sien op die berg wat in die verte is? Sut 23:47 En hulle het geantwoord en gesê: Ons sien niks anders as die ander berge van die Aarde nie. En Abraham het geweet dat hulle nie voor die Aangesig van JaHWeH aanvaar is om saam met hulle te kon gaan nie. En Abraham het aan hulle gesê: Vertoef julle hier by die esel terwyl ek en Isak, my seun, na daardie berg toe gaan om daar te aanbid voor die Aangesig van JaHWeH en dan weer na julle terug te keer. Sut 23:48 EliEzer en Jismael het op daardie plek gebly soos Abraham beveel het. Sut 23:49 En Abraham het hout vir 'n brandoffer geneem en het dit op sy seun, Isak, geplaas, en hy het die vuur en die mes geneem en hulle het albei na die plek gegaan. Sut 23:50 Terwyl hulle onderweg was, het Isak aan sy vader gevra: Kyk, ek sien hier die vuur en die mes, waar is dan die lam wat die brandoffer voor die Aangesig van JaHWeH moet wees? Sut 23:51 En Abraham het sy seun Isak geantwoord, en gesê: Jy is JaHWeH se keuse, my seun, om 'n brandoffer sonder gebrek te wees in plaas van die lam. [Levítikus 1:10] Sut 23:52 Isak het vir sy vader gesê: Ek sal alles wat JaHWeH met u gespreek het met vreugde en blydskap van hart doen. Sut 23:53 Abraham het weer aan Isak sy seun gesê: Is daar in jou hart enige gedagte of voorneme oor die saak, dat dit nie reg is nie? Vertel my, my seun, ek bid jou, o my seun, steek dit nie vir my weg nie. Sut 23:54 Isak het sy vader, Abraham, geantwoord en aan hom gesê: O my vader, sowaar soos JaHWeH leef en u siel leef, daar is niks in my hart wat my rede gee om regs of links af te wyk van die woord wat Hy tot u gespreek het nie. Sut 23:55 Nie ledemaat of spier het beweeg of geroer hierdeur nie, ook is daar in my hart geen gedagte of kwade voorneme hieroor nie. Sut 23:56 Maar ek is vol vreugde en het 'n blymoedige hart in hierdie saak en ek sê: Geseënd is JaHWeH wat my op hierdie dag gekies het om 'n brandoffer voor Hom te wees. Sut 23:57 Abraham was baie bly oor die woorde van Isak en hulle het voortgegaan en het saam by die plek gekom waarvan JaHWeH gespreek het. Sut 23:58 Abraham het nader gegaan om die altaar op daardie plek te bou en Abraham het geween en Isak het klippe en messelklei geneem totdat hulle die bou van die altaar voltooi het. Sut 23:59 En Abraham het die hout geneem en het dit reg op die altaar geplaas wat hy gebou het. Sut 23:60 Hy het sy seun Isak geneem en hom vasgebind sodat hy hom op die hout kon plaas wat op die altaar was om hom te slag as 'n brandoffer voor die Aangesig van JaHWeH. Sut 23:61 En Isak het aan sy vader gesê: Bind my styf vas en plaas my dan op die altaar sodat ek nie sal omdraai of beweeg of sal losbreek van die krag van die mes in my vlees nie en sodoende die brandoffer sal skend nie. En Abraham het so gedoen. Sut 23:62 En Isak het nog aan sy vader gesê: O my vader, wanneer u my geslag het en verbrand het as 'n aanbieding, neem dan dit wat sal oorbly van my as aan my moeder, Sarah, en sê aan haar: Dit is die welriekende geur van Isak; maar moet haar dit nie vertel as sy naby 'n put sit of op enige hoë plek nie ingeval sy haar siel agter my wil aanwerp en sterf. Sut 23:63 Abraham het die woorde van Isak gehoor en hy het sy stem verhef en geween toe Isak hierdie woorde spreek; en Abraham se trane het oor Isak, sy seun, gestroom en Isak het bitterlik geween en hy het aan sy vader gesê: Maak gou, o my vader, en doen met my die Wil van JaHWeH, onse Elohey, soos Hy u beveel het. Sut 23:64 En die harte van Abraham en Isak was verbly oor hierdie ding wat JaHWeH hulle beveel het, maar die oog het bitterlik geween terwyl die hart hom verbly het. Sut 23:65 En Abraham het sy seun, Isak, vasgebind en hom op die altaar geplaas, op die hout, en Isak het sy nek oopgestrek op die altaar voor sy vader, en Abraham het sy hand uitgesteek om die mes te neem om Isak as brandoffer voor die Aangesig van JaHWeH te slag. Sut 23:66 Toe het die Boodskappers van Barmhartigheid voor die Aangesig van JaHWeH gekom en met Hom gespreek oor Isak, en gesê: Sut 23:67 O JaHWeH, U is vol medelye en 'n barmhartige Koning oor alles wat U geskape het in die Hemele en op die Aarde en U onderhou hulle almal; gee daarom 'n losprys en Verlossing in die plek van U dienskneg, Isak, en betoon Medelye en Barmhartigheid met Abraham en sy seun, Isak, wat op hierdie dag U bevele uitvoer, Sut 23:68 Het U gesien, O Elohim, hoe Isak, die seun van Abraham, U dienskneg, vasgebind is vir die slagting net soos 'n dier? Daarom nou, laat U Medelye vir hulle gewek word, O JaHWeH. Sut 23:69 Op daardie oomblik het JaHWeH aan Abraham verskyn en na hom geroep uit die Hemele en het aan hom gesê: Lê nie jou hand op die seun nie en doen hom niks nie, want nou weet Ek dat jy Elohim vrees deur hierdie daad, dat jy jou seun, jou enigste seun, van My nie weerhou het nie. Sut 23:70 Abraham het sy oë opgeslaan, en kyk, 'n ram was vasgevang aan sy horings in 'n bos; dit was die ram wat JaHWeH Elohim op die Aarde geskape het die dag toe Hy Hemele en Aarde gemaak het. [Hebreërs 9:26] Sut 23:71 Want JaHWeH het daardie ram voorberei van daardie dag af om 'n brandoffer te wees in die plek van Isak Sut 23:72 En hierdie ram was besig om nader te kom na Abraham, toe Satan hom beetkry en sy horings in die bos verstrik het sodat hy nie na Abraham moes gaan nie, sodat Abraham sy seun moes slag. Sut 23:73 En Abraham, wat die ram na hom sien aankom het en gesien het hoe Satan hom weerhou, het hom gaan haal en voor die altaar gebring, en hy het sy seun, Isak, losgemaak, en hy het die ram in sy plek geplaas en Abraham het die ram op die altaar doodgemaak en het dit aangebied as 'n brandoffer in die plek van sy seun, Isak. Sut 23:74 Abraham het van die bloed van die ram op die altaar gesprinkel en hy het uitgeroep en gesê: Hy is in die plek van my seun, en mag hy op hierdie dag beskou word as die bloed van my seun voor die Aangesig van JaHWeH. Sut 23:75 Al wat Abraham tydens die gebeurtenis gedoen het by die altaar was om uit te roep en te sê: Hy is in die plek van my seun. En mag hy op hierdie dag aanvaar word voor die Aangesig van JaHWeH in die plek van my seun: En Abraham het die hele bediening by die altaar voltooi, en die bediening is voor die Aangesig van JaHWeH aanvaar en was verreken asof dit Isak was en JaHWeH het Abraham en sy nageslag op daardie dag geseën. [Génesis 22:2; Hebreërs 11:17] Sut 23:76 Satan het na Sarah gegaan en hy het aan haar verskyn in die gestalte van 'n ou man, baie nederig en sagmoedig, en Abraham was nog besig met die brandoffer voor die Aangesig van JaHWeH. Sut 23:77 En hy het aan haar gesê: Weet jy dan nie van die daad wat Abraham met jou enigste seun op hierdie dag gedoen het nie? Want hy het Isak geneem en 'n altaar gebou en hom doodgemaak en het hom as aanbieding op die altaar aangebied. En Isak het gehuil en geween voor sy vader, maar hy het nie na hom gekyk nie, nog minder het hy medelye met hom gehad. Sut 23:78 Satan het hierdie woorde herhaal en hy het van haar af weggegaan en Sarah het al die woorde van Satan gehoor en sy het gedink dat hy 'n oudste uit die seuns van die Adam was wat by haar seun was en haar hierdie dinge kom vertel het. Sut 23:79 Sarah het haar stem verhef en geween en het bitterlik uitgeroep oor haar seun; en sy het haar op die Aarde neergegooi en sy het stof op haar hoof gegooi en sy het gesê: O my seun, Isak, my seun, O as ek maar hierdie dag gesterf het in jou plek. En sy het aangehou ween en gesê: Ek treur oor jou, o my seun, Isak, o as ek vandag kon gesterf het in jou plek. Sut 23:80 Sy het aangehou ween en gesê: Ek treur oor jou na ek jou grootgemaak het en jou sien grootword het; nou het my vreugde verander in smart oor jou. Ek wat so 'n verlange na jou gehad het en geween en gebid het totdat ek jou op negentig jaar oud gebaar het; en nou het jy op hierdie dag gedien vir die mes en die vuur om 'n aanbieding van gemaak te word. Sut 23:81 Maar ek vertroos myself in jou, my seun, omdat dit die Woord van JaHWeH was, want jy het die bevel van jou Elohim uitgevoer. Want wie kan die Woord van ons Elohey oortree in wie se hande die siel van elke lewende wese is? Sut 23:82 U is regverdig, o JaHWeH, onse Elohey, want al U werke is suiwer en regverdig; want ook ek is verbly deur U Woord wat U beveel het en terwyl my oë bitterlik ween, is my hart verbly. Sut 23:83 En Sarah het haar hoof op die boesem van een van haar diensmaagde gelê en sy het so stil soos 'n klip geword. Sut 23:84 Daarna het sy opgestaan en rondgegaan en navraag gedoen totdat sy by Hebron gekom het en sy het navraag gedoen by almal wat sy op die pad teëgekom het en niemand kon haar vertel wat van haar seun geword het nie. Sut 23:85 En sy het gekom met haar diensmaagde en dienaars by Kirjat-Arba, [JeHôWshua 14:15] wat Hebron is en sy het gevra oor haar seun en sy het daar gebly terwyl sy sommige van haar dienaars uitgestuur het om uit te vind waarheen Abraham met Isak gegaan het. Hulle het hom gaan soek in die huis van Sem en Heber en hulle kon hom nie vind nie, en hulle het regdeur die Aarde gesoek, maar hy was nie daar nie. Sut 23:86 En kyk, Satan het na Sarah gekom in die gestalte van 'n ou man, en hy het gekom en voor haar gestaan en hy het aan haar gesê: Ek het vals met jou gespreek, want Abraham het nie sy seun doodgemaak nie en hy is nie dood nie; en toe sy hierdie woorde hoor, was haar blydskap oor haar seun so verskriklik groot dat haar siel uitgegaan het deur blydskap; sy het gesterf en is versamel by haar volksgenote. [Génesis 23:2] Sut 23:87 Nadat Abraham sy bediening voltooi het, het hy teruggekeer met sy seun, Isak, na sy dienaars en hulle het opgestaan en hulle het tesame na Berséba gegaan en hulle het huis toe gegaan. Sut 23:88 Abraham het na Sarah gesoek maar kon haar nie vind nie en hy het navraag gedoen oor haar en hulle het aan hom gesê: Sy het so ver as Hebron gegaan om te soek waar julle twee heen gegaan het, want so was sy ingelig. Sut 23:89 En Abraham en Isak het na haar in Hebron gegaan en toe hulle vind dat sy dood was, het hulle hul stemme verhef en bitterlik oor haar geween; en Isak het op sy moeder se gesig neergeval en geween, en hy het gesê. O my moeder, my moeder, hoe het u my verlaat, en waar is u heen? O hoe het u my verlaat! Sut 23:90 En Abraham en Isak het baie geween en al hulle dienaars het saam met hulle geween oor Sarah en hulle het getreur oor haar met 'n groot en swaar rou. //Rebekka as vrou gehaal vir Isak Sut 24:1 EN die lewensjare van Sarah was eenhonderd-sewe-en-twintig jaar, en Sarah het gesterf; en Abraham het van sy gestorwe vrou af opgestaan en het 'n plek gesoek om sy vrou, Sarah, te begrawe; en hy het gegaan en met die kinders van Het, die inwoners van die land, gespreek en gesê: Sut 24:2 Ek is 'n vreemdeling en 'n bywoner by julle in julle land; gee my 'n graf as besitting by julle in julle land dat ek my dode van my kan begrawe. Sut 24:3 En die kinders van Het het aan Abraham gesê: Kyk, die Aarde lê voor u, begrawe u dode in die beste van ons grafte en niemand sal u keer om u dode te begrawe nie. Sut 24:4 Abraham het aan hulle gesê: As julle dit goed vind, doen dan vir my 'n goeie woord by Efron, die seun van Sohar, met die versoek dat hy vir my die spelonk van Magpéla sal gee wat aan die end van sy stuk grond lê; ek sal haar van hom koop teen die prys wat hy daarvoor wil hê. Sut 24:5 En Efron het tussen die kinders van Het gebly en hulle het gegaan en het hom gaan roep en hy het voor Abraham gekom en Efron het aan Abraham gesê: Kyk, alles wat u versoek, sal u dienaar doen, en Abraham het gesê: Nee, maar ek wil die spelonk en die stuk grond wat jy het, teen haar waarde koop, sodat sy 'n besitting en 'n graf vir ewig kan wees. Sut 24:6 En Efron het geantwoord en gesê: Kyk, die grond en die spelonk lê voor u, gee wat u ook al wil; en Abraham het gesê: Net teen die volle waarde sal ek haar uit u hand koop, en van die hand van hulle wat by die poorte van u stad ingaan en van die hand van u nageslag vir ewig. Sut 24:7 Efron en al sy broers het dit gehoor en Abraham het vierhonderd sikkels silwer afgeweeg in die hande van Efron en in die hande van al sy broers; en Abraham het die transaksie neergeskryf en het dit geskryf en bevestig met vier getuies. Sut 24:8 En hierdie is die name van die getuies, Amigal, die seun van Abisma, die Hetiet, Adigorom, die seun van Asunag, die Hewiet, Abdon, die seun van Agiram, die Gomeriet, Bakdil die seun van Abudi, die Sidoniet. Sut 24:9 Abraham het die boekrol van die aankoop geneem en dit tussen sy skatte geplaas en hierdie is die woorde wat Abraham in die boekrol geskrywe het, naamlik: Sut 24:10 Dat die spelonk en die grond wat Abraham van Efron die Hetiet, en van sy nageslag en van hulle wat by sy stad uitgaan en by hulle nageslag vir ewig gekoop het, 'n aankoop is van Abraham en van sy nageslag en van hulle wat uitgaan van sy lendene as 'n besitting, as 'n graf vir ewig; en hy het 'n seël daarop geplaas en hy het deur getuies dit laat bekragtig. Sut 24:11 Die grond en die spelonk wat daarop was en die hele plek is so bevestig aan Abraham en sy nageslag na hom, van die kinders van Het. Kyk, dit is voor Mamre in Hebron, wat in die Aarde van Kanaän is. Sut 24:12 Daarna het Abraham toe sy vrou, Sarah, daar begrawe, en daardie plek en al sy grense het vir Abraham en sy nageslag 'n besitting geword as 'n graf. Sut 24:13 En Abraham het Sarah daar begrawe met prag en praal, soos gedoen word met die begrafnis van konings, en sy is begrawe in baie fyn en pragtige kledingstukke. Sut 24:14 Die draers van haar lyk was Sem, en sy seuns, Heber en Abiméleg, tesame met Aner, Askol en Mamre [Génesis 14:13], en al die belangrike mense van die land het haar stoet gevolg. Sut 24:15 Die dae van Sarah was eenhonderd-sewe-en-twintig jaar en sy het gesterwe en Abraham het 'n groot en swaar routyd gehou en hy het die instelling van rou vir sewe dae gehou. Sut 24:16 En al die inwoners van die land het Abraham en Isak, sy seun, vertroos oor Sarah. Sut 24:17 Toe die dae van hulle rou verby was, het Abraham sy seun Isak weggestuur en hy het na die huis van Sem en Heber gegaan, om die Weë van JaHWeH te leer en Sy onderrigting en Abraham het vir drie jaar daar gebly. Sut 24:18 Hierna het Abraham opgestaan met al sy dienaars en hulle het vertrek en het huiswaarts gekeer, na Berséba, en Abraham en al sy dienaars het in Berséba gebly. Sut 24:19 By die wisseling van die jaar het Abiméleg, die koning van die Filistyne, gesterf in daardie jaar; hy was eenhonderd-nege-en-negentig jaar oud by sy dood; en Abraham het met sy mense na die grondgebied van die Filistyne gegaan en hulle het die hele huishouding vertroos, insluitende die diensknegte en hierna het hy omgedraai en huis toe gegaan. Sut 24:20 En dit was na die dood van Abiméleg dat die mense van Gerar, Benmeleg, sy seun, geneem het, en hy was slegs twaalf jaar oud, en hulle het hom koning gemaak in die plek van sy vader. Sut 24:21 Hulle het sy naam Abiméleg genoem, na die naam van sy vader, want so was dit hulle gewoonte om te doen in Gerar en Abiméleg het regeer in sy vader se plek en hy het op sy troon gesit. Sut 24:22 En Lot, die seun van Haran, het ook gesterf in daardie dae, in die nege-en-dertigste jaar van die lewe van Isak, en al die dae wat Lot geleef het, was eenhonderd-en-veertig jaar en hy het gesterwe. Sut 24:23 En hierdie is die kinders van Lot, wat vir hom gebore is deur sy dogters, die naam van die eersgeborene was Moab en die naam van die tweede was Ben-Ammi. Sut 24:24 Die twee seuns van Lot het gegaan en vir hulle vroue geneem in die Aarde van Kanaän, en hulle het kinders vir hulle gebaar en die kinders van Moab was Ed, Majon, Tarsus en Kanwil, vier seuns, hierdie is vaders van die kinders van Moab tot vandag toe. Sut 24:25 Al die families van die kinders van Lot het gaan bly waar hulle ook al gekom het, want hulle was vrugbaar en het baie vermeerder. Sut 24:26 En hulle het gegaan en vir hulleself stede gebou in die grondgebied waar hulle gebly het en hulle het die name van die stede wat hulle gebou het, volgens hulle eie name genoem. Sut 24:27 Nahor, die seun van Tera, die broer van Abraham, het in daardie dae, in die veertigste jaar in die lewe van Isak, gesterwe, en al die dae van Nahor was eenhonderd twee-en-sewentig jaar, en hy het gesterf en is in Haran begrawe. Sut 24:28 Toe Abraham hoor dat sy broer dood was, was hy baie hartseer en het hy baie dae lank oor sy broer gerou. Sut 24:29 En Abraham het vir EliEzer, sy hofdienaar geroep, om hom bevele aangaande sy huis te gee, en hy het gekom en voor hom gestaan. Sut 24:30 En Abraham het aan hom gesê: Kyk, ek is oud en ek ken nie die dag van my dood nie; en ek is gevorderd in my jare. Nou, staan op, gaan uit en moenie vir my seun 'n vrou uit hierdie plek of van hierdie grondgebied neem van die dogters van die Kanaäniete tussen wie ons bly nie. Sut 24:31 Maar gaan na my land en na my geboorteplek toe en neem van daar 'n vrou vir my seun. En JaHWeH, die Elohey van die Hemele en Aarde wat my uit my vader se huis geneem het en my na hierdie plek gebring het, het aan my gesê: Aan jou nageslag sal Ek hierdie Aarde gee as 'n erfenis vir ewig. Hy sal Sy Boodskapper voor jou uitstuur en jou weg suksesvol maak dat jy 'n vrou vir my seun van my familie kan verkry en van my vader se huis. Sut 24:32 En die dienskneg het sy meester Abraham geantwoord en gesê: Kyk ek gaan na u geboorteplek en na u vader se huis en neem 'n vrou vir u seun vandaar, maar as die vrou nie gewillig is om my na hierdie land te volg nie, sal ek u seun terugneem na die land van u geboorteplek? Sut 24:33 En Abraham het aan hom gesê: Let daarop dat jy my seun nie weer daarheen bring nie, want JaHWeH voor Wie ek wandel, Hy sal Sy Boodskapper voor jou uitstuur en jou weg voorspoedig maak. Sut 24:34 EliEzer het gedoen soos Abraham hom beveel het en EliEzer het gesweer voor Abraham, sy meester, oor hierdie saak; en EliEzer het opgestaan en het tien kamele van die kamele van sy meester geneem, en tien manne van sy meester se diensknegte, saam met hom geneem, en hulle het opgestaan en het na Haran gegaan, die stad van Abraham en Nahor, om 'n vrou vir Isak, die seun van Abraham, te gaan haal, en terwyl hulle weg was, het Abraham 'n boodskap gestuur na die huis van Sem en Heber en hulle het vandaar sy seun, Isak teruggebring. Sut 24:35 Isak het huis toe gekom na sy vader se huis in Berséba terwyl EliEzer en sy manne by Haran aangekom het, en hulle het in die stad by die drinkplek stilgehou en hy het sy kamele laat kniel by die water en hulle het daar gebly. Sut 24:36 En EliEzer, Abraham se dienskneg, het gebid en gesê: O Elohey van Abraham, my meester, ek bid U, stuur vir my op hierdie dag goeie nuus en wees goed vir my meester, dat U op hierdie dag 'n vrou sal aanwys vir my meester se seun uit sy familie. Sut 24:37 JaHWeH het geluister na die stem van EliEzer ter wille van Sy dienaar Abraham, en dit het gebeur dat hy die dogter van BetuEl ontmoet het, die seun van Milka, die vrou van Nahor, die broer van Abraham, en EliEzer het by haar huis gekom. Sut 24:38 En EliEzer het aan hulle sy verhaal vertel en dat hy Abraham se dienaar was en hulle was verheug oor hom. Sut 24:39 Hulle het almal JaHWeH geseën wat hierdie ding laat gebeur het en hulle het hom Rebekka gegee, die dogter van BetuEl, as 'n vrou vir Isak. Sut 24:40 Die dogter was baie mooi, sy was 'n maagd en Rebekka was tien jaar oud in daardie dae. Sut 24:41 BetuEl en Laban en sy kinders het daardie aand 'n fees gehou en EliEzer en sy manne het gekom en geëet en gedrink en hulle verbly in daardie aand. Sut 24:42 En EliEzer het in die oggend opgestaan, hy en sy manne wat by hom was, en hy het na die hele huishouding van BetuEl geroep en gesê: Stuur my weg sodat ek na my meester kan gaan; en hulle het opgestaan en het Rebekka en haar oppaster, Debora, die dogter van Us, weggestuur en hulle het silwer en goud, dienaars en diensknegte aan haar gegee en hulle het haar geseën. Sut 24:43 Hulle het EliEzer en sy manne weggestuur en die dienaars het Rebekka geneem en hy het teruggekeer na sy meester, na die Aarde van Kanaän. Sut 24:44 Isak het Rebekka geneem en sy het sy vrou geword en hy het haar in sy tent gebring. Sut 24:45 En Isak was veertig jaar oud toe hy Rebekka, die dogter van sy oom, BetuEl, as sy vrou geneem het. //Abraham en Ketúra se nageslag Sut 25:1 DIT was in hierdie tyd dat Abraham, op sy oudag, weer 'n vrou geneem het en haar naam was Ketúra, van die Aarde van Kanaän. Sut 25:2 En sy het vir hom gebaar Simran, Joksan, Medan, Midian, Jisbak en Suag, ses seuns. En die seuns van Simran was Abihen, Molig, en Marim. Sut 25:3 Joksan was die vader van Skeba en Dedan en die seuns van Medan was Amida, Joab, Gogi, Elishah en Notage en die seuns van Midian was Efa, Efer, Henog, Abida en El-Daah. Sut 25:4 Die seuns van Jisbak was Makiro, Bejodua en Tator. Sut 25:5 Die seuns van Suag was Bildad, Mamdad, Munan en Meban, al hierdie is die families van die seuns van Ketúra, die vrou van Kanaän, wat sy vir Abraham, die Hebreër, gebaar het. Sut 25:6 Abraham het hulle almal wegge-stuur en hy het hulle geskenke gegee en hulle het weggegaan van sy seun Isak af om te woon waar hulle ook al 'n plek gekry het. Sut 25:7 En hulle het almal na die berge van die ooste gegaan; en hulle het vir hulleself ses stede gebou waarin hulle tot vandag gewoon het. Sut 25:8 Maar die seuns van Skeba en Dedan die seuns van Joksan, en hulle seuns, het nie saam met hulle broers in hulle stede gebly nie, en hulle het getrek en gekamp in die veld en wildernisse tot vandag toe. Sut 25:9 En die seuns van Midian, die seun van Abraham, het na die ooste van die Aarde van Kuwsh gegaan en hulle het daar 'n groot vallei gevind in die Oosland en hulle het daar gebly en het 'n stad gebou en het in haar gewoon, sy is die Aarde van Midian tot vandag toe. [Génesis 25:6] Sut 25:10 Midian het in die stad gebly wat hy gebou het, hy en sy vyf seuns en almal wat aan hom behoort het. Sut 25:11 En hierdie is die name van die seuns van Midian volgens hulle name in hulle stede: Efa, Efer, Ganok, Abida, en El-Daah. Sut 25:12 Die seuns van Efa was: Metagh, Mesar, Awi en Sanna en die seuns van Efer was: Efron, Sur, Alirun, Medin, en die seuns van Ganok [Henog] was ReuEl, Rekem, Asi, Aljosur en Alad. Sut 25:13 Die seuns van Abida was Hur, Melud, Keru, Molgi; en die seuns van El-Daah was Miker, en Reba en Malgija en Gabol; dit is die name van die Midianiete volgens hulle families; hierna het die families van Midian regdeur die Aarde van Midian versprei. Sut 25:14 Hier is die geslagte van Jismael, die seun van Abraham, wat Hagar, Sarah se dienares, vir Abraham gebaar het. Sut 25:15 Jismael het 'n vrou geneem uit die Aarde van Egipte, en haar naam was Riba, dieselfde as Meriba. Sut 25:16 En Riba het vir Jismael gebaar: Nébajot, Kedar, AdbeEl en Mibsam en hulle suster Bosmat. Sut 25:17 Jismael het sy vrou Riba verstoot en sy het van hom weggegaan en teruggekeer na Egipte, na die huis van haar vader, en sy het daar gewoon, want sy was baie sleg in die oë van Jismael en in die oë van Abraham, sy vader. Sut 25:18 Jismael het hierna 'n vrou uit die Aarde van Kanaän geneem, en haar naam was Malgut, en sy het vir hom gebaar: Nisma, Duma, en Massa, Hadad, Tema, Jetur, Nafis en Kedma. Sut 25:19 Dit is die seuns van Jismael en dit is hulle name en hulle was twaalf prinse volgens hulle stamme; en die families van Jismael het hierna versprei en Jismael het sy seuns geneem en al die eiendom wat hy versamel het, tesame met die siele van sy huishouding en alles wat aan hom behoort het, en hulle het gaan woon waar hulle 'n plek kon vind. Sut 25:20 Hulle het gegaan en naby die wildernis van Paran gaan woon en hulle het gewoon vanaf Háwila tot by Sur wat voor Egipte lê, soos wat jy in die rigting van Assur gaan. Sut 25:21 Jismael en sy seuns het in die veld gewoon en daar is kinders vir hulle gebore, en hulle was vrugbaar en het baie vermeerder. Sut 25:22 En hierdie is die name van die seuns van Nébajot, die eersgeborene van Jismael: Mend, Send, Majon en die seuns van Kedar was Aljon, Kesem, Gamad en Eli. Sut 25:23 Die seuns van AdbeEl was Gamad en Jabin; en die seuns van Mibsam was Obadja, Ebedmeleg en Jeüs; dit is die families van die kinders van Riba, die vrou van Jismael. Sut 25:24 En die seuns van Misma, die seun van Jismael was, Samua, Sekarjon en Obed; en die seuns van Duma was Kesed, Eli, Magmad en Amed. Sut 25:25 En die seuns van Massa was Melon, Mula, Ebid-Adon en die seuns van Gadad was Assur, Minsar en Ebedmeleg en die seuns van Tema was Seïr, Sadon en Jakol. Sut 25:26 Die seuns van Jetur was Merit, Jaïs, Aljo, Pagot; en die seuns van Nafis was Ebed-Tamed, Abijasaf en Mir; en die seuns van Kedma was Kalip, Tagti en Omir; hierdie was die kinders van Malgut, die vrou van Jismael, volgens hulle families. Sut 25:27 Almal hierdie is die families van Jismael volgens hulle geslagte en hulle het gewoon in daardie grondgebied waarin hulle vir hulle stede gebou het, tot vandag toe. Sut 25:28 En Rebekka die dogter van BetuEl, die vrou van Abraham se seun Isak, was kinderloos in daardie dae, sy het geen nageslag gehad nie; en Isak het saam met sy vader in die Aarde van Kanaän gebly; en JaHWeH was met Isak; en Arpagsad, die seun van Sem, die seun van Noag, het in daardie dae gesterf, in die agt-en-veertigste jaar in die lewe van Isak, en al die dae wat Arpagsad geleef het was vierhonderd-agt-en-dertig jaar, en hy het gesterf. //Jakob en Esau word gebore. Sut 26:1 IN die nege-en-vyftigste jaar van die lewe van Isak, die seun van Abraham, was Rebekka, sy vrou, steeds kinderloos in daardie dae. Sut 26:2 En Rebekka het aan Isak gesê: Waarlik, my meester, ek het gehoor dat u moeder, Sarah, kinderloos was in haar dae totdat my meester, Abraham, u vader, gebid het vir haar en sy het swanger geword. Sut 26:3 Nou daarom, staan op, bid u ook tot JaHWeH en Hy sal u gebed verhoor en ons onthou deur Sy Barmhartigheid. Sut 26:4 Isak het sy vrou, Rebekka, geantwoord en gesê: Abraham het reeds vir my tot JaHWeH gebid om sy nageslag te vermeerder, daarom moet hierdie onvrugbaarheid van ons van jou af kom. Sut 26:5 En Rebekka het aan hom gesê: Maar staan u ook nou op en bid dat JaHWeH u gebed kan hoor en my kinders kan gee. En Isak het geluister na die woorde van sy vrou. En Isak en sy vrou het opgestaan en na die Aarde van MoriJaH gegaan om daar te gaan bid en om JaHWeH te soek. En toe hulle daardie plek bereik het, het Isak opgestaan en tot JaHWeH gebid oor sy vrou, want sy was onvrugbaar. Sut 26:6 En Isak het gesê. O JaHWeH, die Elohey van die Hemele en Aarde, Wie se Suiwerheid en Barmhartigheid die Aarde vul, U wat my vader van sy vader se huis weggeneem het en van sy geboorteplek af en hom tot in hierdie grondgebied gebring het, en aan hom gesê het: Ek sal jou nageslag soos die Sterre van die Hemele en soos die sand van die see vermeerder, mag U woorde nou waar word wat U tot my vader gespreek het. Sut 26:7 Want U is JaHWeH, ons Elohey, ons oë is op U gerig om ons die nageslag van die adamiet te gee soos U ons belowe het, want U is, JaHWeH, ons Elohey, en ons oë is slegs op U alleen [gerig]. Sut 26:8 JaHWeH het die gebed gehoor van Isak, die seun van Abraham, en JaHWeH het sy smeking gehoor en Rebekka, sy vrou, het swanger geword. Sut 26:9 Omtrent sewe maande daarna het die kinders met mekaar gestoei in haar en sy was hartseer omdat sy uitgeput was as gevolg van hulle, en sy het aan al die vroue gesê wat toe in die land was: Het so 'n ding met julle gebeur soos met my? En hulle het aan haar gesê: Nee. Sut 26:10 En sy het aan hulle gesê: Hoekom is ek hierin alleen onder al die vroue wat op die Aarde was? En sy het na die Aarde van MoriJaH gegaan om JaHWeH te soek oor hierdie saak, en sy het na Sem en Heber, sy seun, gegaan om hulle oor die saak te vra en dat hulle JaHWeH in hierdie saak oor haar moet soek. Sut 26:11 Sy het ook Abraham gevra om JaHWeH te soek en te vra oor hierdie saak oor haar. Sut 26:12 Hulle het almal JaHWeH geraadpleeg oor die saak en hulle het haar 'n boodskap van JaHWeH gebring en het aan haar gesê: Twee nasies is in jou skoot, en twee groepe sal geskei word uit jou binneste; en [een] groep sal sterker wees as die ander groep; en die meerderheid sal die minderheid dien. Sut 26:13 Toe haar dae kom dat vervul was dat sy moes baar, het sy neergekniel, en kyk, daar was 'n tweeling in haar skoot soos JaHWeH aan haar gesê het. Sut 26:14 Die eerste het uitgekom rooi, geheel en al soos 'n mantel van hare en al die mense van die land het hom Esau genoem en gesê dat hierdie een volledig gemaak is van die baarmoeder. Sut 26:15 Daarna is sy broer gebore en sy hand het vasgehou aan Esau se hakskeen, daarom het hulle hom Jakob genoem. Sut 26:16 En Isak, die seun van Abraham, was sestig jaar oud by hulle geboorte. Sut 26:17 Die seuns het grootgeword tot by hulle vyftiende jaar, en hulle het manlike volwassenheid bereik. Esau was 'n slu en bedrieglike man en 'n uitstekende jagter in die veld, en Jakob was 'n suiwer en wyse man wat in tente gewoon het en die kuddes kos gegee het en die Kennis van JaHWeH geleer het, asook die bevele van sy vader en moeder. Sut 26:18 En Isak en die seuns van sy huishouding, het by sy vader, Abraham, gewoon in die Aarde van Kanaän, soos Elohim hulle beveel het. Sut 26:19 Jismael, die seun van Abraham, het met sy seuns en almal wat aan hom behoort het, gegaan en hulle het teruggekeer na die Aarde van Háwila en hulle het daar gewoon. Sut 26:20 Al die kinders van Abraham se byvroue het in die Aarde van die Ooste gaan woon, want Abraham het hulle van sy seun af weggestuur en hy het vir hulle geskenke gegee en hulle het weggegaan. Sut 26:21 Abraham het alles wat hy gehad het aan sy seun Isak gegee, en hy het hom ook al sy skatte gegee. Sut 26:22 En hy het hom bevel gegee en gesê: Weet en verstaan jy dan nie dat JaHWeH, die Elohey in die Hemele en op die Aarde is, en dat daar geen ander is behalwe Hy nie? Sut 26:23 Dit was Hy wat my uit my vader se huis geneem en van my geboorteplek, en my al die Glansrykheid op Aarde gegee het. Wat my verlos het van die planne van die besoedelde, want op Hom het ek vertrou. Sut 26:24 En Hy het my na hierdie plek gebring, en Hy het my verlos van Ur Kasdim en Hy het aan my gesê: Aan jou saad sal Ek al hierdie Aarde gee en hulle sal haar erf as hulle My Gebooie, My Insettinge en My Verordeninge onderhou wat Ek jou beveel het en wat Ek ook aan hulle sal beveel. Sut 26:25 Daarom nou my seun, luister na my stem en onderhou die Gebooie van JaHWeH, jou Elohey, wat ek jou ook beveel. Moenie van die regte Weg afwyk nie, nie na regs of na links nie, sodat dit suiwer mag gaan met jou en jou kinders na jou vir ewig. Sut 26:26 En onthou die wonderlike dade van JaHWeH, en Sy Suiwerheid wat Hy aan ons bewys het, deurdat Hy ons verlos het uit die hande van ons vyande, en JaHWeH, onse Elohey het dit bewerk dat hulle in ons hande geval het. En daarom nou, onderhou alles wat ek jou beveel het, en wyk nie af van die Gebooie van jou Elohey nie en dien geen ander buiten Hom nie, sodat dit suiwer met jou en jou nageslag na jou kan gaan. Sut 26:27 Leer jou kinders en hulle nageslag die Onderrigting van JaHWeH en Sy Gebooie, en leer hulle die opregte Weg wat hulle moet gaan, sodat dit vir ewig suiwer met hulle kan gaan. Sut 26:28 Isak het sy vader geantwoord en gesê: Dit wat my meester beveel het, sal ek doen, en ek sal nie afwyk van die bevele van JaHWeH, my Elohey nie, ek sal alles onderhou wat Hy my beveel het; en Abraham het sy seun, Isak geseën, en ook sy seuns, en Abraham het Jakob die Kennis en Weë van JaHWeH geleer. Sut 26:29 En dit was in daardie tyd dat Abraham gesterf het in die vyftiende jaar van die lewe van Jakob en Esau, die seuns van Isak, en al die dae van Abraham was eenhonderd-vyf-en-sewentig jaar, en hy het gesterwe en is versamel by sy volksgenote in 'n goeie ouderdom, oud en afgeleef, en sy seuns Isak en Jismael het hom begrawe. Sut 26:30 Toe die inwoners van Kanaän hoor dat Abraham dood is, het hulle almal gekom saam met hulle konings en prinse en al hulle manne om Abraham daar te gaan begrawe. Sut 26:31 Al die inwoners van die Aarde van Haran, en al die families van die huis van Abraham, en al die prinse en belangrike manne, en die seuns van Abraham by sy byvroue, het almal gekom toe hulle van Abraham se dood hoor en hulle het Abraham se suiwerheid beloon en het Isak, sy seun, vertroos en hulle het Abraham begrawe in die spelonk wat hy van Efron, die Hetiet, en sy kinders gekoop het as besitting vir 'n begraafplaas. Sut 26:32 En al die inwoners van Kanaän en almal wat Abraham geken het, het geween oor Abraham vir 'n volle jaar, mans en vroue het oor hom getreur. Sut 26:33 En al die klein kindertjies, en al die inwoners van die land het geween oor Abraham, want Abraham was goed vir hulle almal en omdat hy opreg was met Elohim en adamiete. Sut 26:34 En daar was nie 'n man wat Elohim so gevrees het soos Abraham nie, want hy het sy Elohey gevrees van sy jeug af en hy het JaHWeH gedien en het in al Sy Weë gevolg gedurende sy lewe van sy jeug af tot die dag van sy dood. Sut 26:35 JaHWeH was met hom en het hom verlos van die voorneme van Nimrod en sy mense en toe hy oorlog gemaak het met die vier konings van Elam, het hy hulle verower. Sut 26:36 En hy het al die adamiete van die Aarde tot die diens van Elohim gebring en hy het hulle die Weë van JaHWeH geleer en veroorsaak dat hulle JaHWeH leer ken het. Sut 26:37 Hy het 'n bos aangelê en hy het 'n wingerd in haar geplant en hy het altyd voorbereide voedsel en water in sy tent gehad sodat hulle wat deur die land gereis het, hulself kon versadig in sy woning. Sut 26:38 Majesteit JaHWeH het die hele Aarde verlos as gevolg van Abraham. Sut 26:39 En dit was na die dood van Abraham dat Elohim sy seun Isak en sy kinders geseën het, en JaHWeH was met Isak soos Hy met sy vader, Abraham, was, want Isak het al die Gebooie van JaHWeH gehou soos sy vader Abraham hom beveel het; hy het nie na regs of links van die regte pad afgewyk soos sy vader hom beveel het nie. //Esau slaan vir Nimrod dood en verkoop sy eersgeboortereg aan Jakob. Sut 27:1 IN daardie tyd het Esau, na die dood van Abraham, gereeld in die veld gaan jag. Sut 27:2 En Nimrod, koning van Babel, dieselfde as Amrafel, het ook gereeld saam met sy magtige manne in die veld gaan jag en om met sy manne te gaan loop in die koel tyd van die dag. [Génesis 10:9] Sut 27:3 Nimrod het Esau al die dae dopgehou, want 'n jaloesie het van sy hart besit geneem teen Esau al die dae. Sut 27:4 Op 'n sekere dag het Esau in die veld gegaan om te gaan jag en hy het Nimrod en sy twee manne gekry waar hulle in die wildernis stap. Sut 27:5 Al sy magtige manne en sy mense was saam met hom in die wildernis, maar hulle was ver van hom af en hulle het in verskillende rigtings van hom af weggegaan om te jag en Esau het weggekruip vir Nimrod en hy het geskuil vir Nimrod in die wildernis. Sut 27:6 En Nimrod en sy manne wat by hom was, het hom nie gesien nie, en Nimrod en sy manne het gereeld in die koel tyd van die dag in die veld rondgeloop om te weet waar sy manne jag in die veld. Sut 27:7 Nimrod en twee van sy manne wat saam met hom was, het by die plek gekom waar Esau was, en Esau het skielik opgestaan uit die plek waar hy geskuil het, en sy swaard ontbloot en hy het vinnig na Nimrod toe gehardloop en sy kop afgekap. Sut 27:8 Esau het roekeloos geveg met die twee manne wat by Nimrod was en toe hulle na hom uitroep, het Esau omgedraai na hulle en hulle dood gekap met sy swaard. Sut 27:9 En al die magtige manne van Nimrod wat hom verlaat het om in die wildernis te gaan, het die uitroep op 'n afstand gehoor en hulle het die stemme van daardie twee manne geken, en hulle het nader gehardloop om die oorsaak van die uitroep te bepaal en hulle het hulle koning, en die twee man wat saam met hom was, gekry waar hulle dood in die wildernis lê. Sut 27:10 Toe Esau die magtige manne van Nimrod in die verte sien aankom, het hy gevlug en sodoende ontsnap. En Esau het die kosbare kledingstukke van Nimrod, wat Nimrod se vader aan hom nagelaat het en waarmee Nimrod oor die hele Aarde geheers het, geneem en hy het gehardloop en hy het dit in sy huis versteek. Sut 27:11 Esau het die kledingstukke geneem en by die stad in gehardloop vanweë Nimrod se manne en hy het by sy vader se huis gekom, moeg en uitgeput van die geveg en hy was gereed om te sterf as gevolg van bekommernis toe hy na sy broer Jakob gaan en voor hom gaan sit het. Sut 27:12 En hy het aan sy broer Jakob gesê: Kyk, ek gaan sterf vandag, en waarom sal ek dan die eersgeboortereg wil hê? En Jakob het verstandig met Esau in hierdie saak gehandel en Esau het sy eersgeboortereg aan Jakob verkoop, want so was dit bepaal deur JaHWeH. Sut 27:13 Esau se deel in die spelonk van Magpéla, wat Abraham gekoop het van die kinders van Het as 'n besitting, as 'n begraafplaas, het Esau ook aan Jakob verkoop en Jakob het dit alles van sy broer gekoop volgens die waarde. Sut 27:14 Jakob het die hele verloop van gebeure in 'n boekrol aangeteken en hy het getuies die saak laat bevestig en hy het dit verseël en die boekrol het in die hande van Jakob gebly. Sut 27:15 En na Nimrod, die seun van Kuwsh [swart] gesterf het, het sy manne hom opgetel en het hom in verslaenheid na sy stad gebring en hom in die stad begrawe en al die dae wat Nimrod geleef het, was tweehonderd-en-vyftien jaar en hy het gesterf. Sut 27:16 En die dae wat Nimrod oor die mense geheers het, was eenhonderd-vyf-en-tagtig jaar; en Nimrod is deur die swaard van Esau in skande en minagting gedood en die nageslag van Abraham het sy dood veroorsaak soos wat hy in sy droom gesien het. Sut 27:17 Na die dood van Nimrod het sy koninkryk verdeeld geraak in baie groepe, en al die gedeeltes waaroor Nimrod geheers het, is teruggegee aan die onderskeie konings van die Aarde wat dit teruggeneem het na Nimrod se dood en al die mense van die huis van Nimrod was vir 'n lang tyd onderdanig aan al die ander konings van die Aarde. [Génesis 26] //Isak by die Filistyne Sut 28:1 IN daardie dae, na die dood van Abraham, in daardie jaar, het JaHWeH 'n swaar hongersnood in die land gebring en terwyl die hongersnood in die Aarde van Kanaän gewoed het, het Isak opgestaan om na die Aarde van Egipte te gaan as gevolg van die hongersnood soos sy vader Abraham gedoen het. Sut 28:2 JaHWeH het daardie nag aan Isak verskyn en aan hom gesê: Moenie aftrek na Egipte nie, maar staan op en gaan na Gerar na koning Abiméleg die koning van die Filistyne, en bly daar tot die hongersnood ophou. Sut 28:3 Epn Isak het opgestaan en na Gerar gegaan soos JaHWeH hom beveel het en hy het daar gebly vir 'n volle jaar. Sut 28:4 Toe Isak by Gerar aankom, het die mense van die land gesien dat Rebekka, sy vrou, mooi van aansien was, en die mense van Gerar het Isak gevra oor sy vrou, en hy het gesê: Sy is my suster, want hy was bang om te sê sy was sy vrou omdat die mense van die land hom dalk kon doodmaak oor haar. Sut 28:5 En die prinse van Abiméleg het gegaan en die vrou voor die koning aangeprys, maar hy het hulle nie geantwoord nie en hy het ook nie ag geslaan op hulle woorde nie. Sut 28:6 Maar hy het gehoor toe hulle sê dat Isak verklaar het dat Rebekka sy suster is, en die koning het dit in homself bewaar. Sut 28:7 Nadat Isak drie maande in die land gebly het, het Abiméleg by die venster uitgekyk, en hy het gesien, en kyk, Isak het met sy vrou gespeel, want Isak het in die buitehuis van die koning gewoon sodat die huis van Isak regoor die huis van die koning was. Sut 28:8 En die koning het aan Isak gesê: Wat is dit wat jy aan ons gedoen het deur te sê dat jou vrou jou suster is, hoe maklik kon een van die vername manne van die volk by haar gaan lê het en jy sou dan skuld oor ons gebring het. Sut 28:9 En Isak het aan Abiméleg gesê: omdat ek bang was dat ek doodgemaak word oor my vrou, daarom het ek gesê: Sy is my suster. Sut 28:10 Toe het Abiméleg bevele gegee aan al sy prinse en vername manne en hulle het Isak en Rebekka, sy vrou, geneem en voor die koning gebring. Sut 28:11 Die koning het beveel dat hulle in prinslike gewaad geklee moes word en dat hulle deur die strate van die stad gery moes word en dat voor hulle uit verkondig moes word deur die land as volg: Hierdie is die man en dit is sy vrou, wie ook al aan dié man raak of aan sy vrou, sal sekerlik sterf. En Isak het met sy vrou teruggekeer na die koning se huis, en JaHWeH was met Isak en hy het meer welvarend geword en hy het aan niks gebrek gehad nie. Sut 28:12 En JaHWeH het gemaak dat Isak guns vind in die oë van Abiméleg en in die oë van al sy onderdane en Abiméleg het goed gedoen aan Isak, want Abiméleg het die eed en die verbond onthou wat bestaan het tussen sy vader en Abraham. Sut 28:13 En Abiméleg het aan Isak gesê: Kyk die hele land is voor u, woon waar dit ook al goed is in u oë totdat u terugkeer na u land: En Abiméleg het aan Isak lande en wingerde gegee en die beste deel van die lande van Gerar, om te saai en te oes en om die vrugte van die lande te eet totdat die dae van die hongersnood verby was. Sut 28:14 Isak het in daardie lande gesaai en het daardie jaar honderdvoudig gewen en JaHWeH het hom geseën. [Boodskap van Thomas 12:2] Sut 28:15 En die man het welvarend geword en hy het troppe kleinvee en beeste gehad en baie dienaars. Sut 28:16 Toe die dae van die hongersnood verby was, het JaHWeH aan Isak verskyn en het aan hom gesê: Staan op en gaan uit hierdie plek weg en keer terug na jou grond, na die Aarde van Kanaän. En Isak het opgestaan en het teruggekeer na Hebron, wat in die Aarde van Kanaän is, hy en almal wat aan hom behoort het soos JaHWeH hom beveel het. Sut 28:17 Hierna het Selag die seun van Arpagsad, gesterf in daardie jaar, wat die agtiende jaar van die lewens van Jakob en Esau was, en al die dae wat Selag gelewe het, was vierhonderd-drie-en-dertig jaar en hy het gesterwe. Sut 28:18 Op daardie tydstip het Isak sy jonger seun, Jakob, na die huis van Sem en Heber gestuur en hy is in die Kennis van JaHWeH geleer, en Jakob het in Sem en Heber se huis gebly vir twee-en-dertig jaar. En Esau, sy broer, het nie gegaan nie, want hy was nie gewillig om te gaan nie, maar hy het in sy vader se huis in die Aarde van Kanaän gebly. Sut 28:19 En Esau was voortdurend aan die jag in die veld om huis toe te bring wat hy kon kry, so het Esau al die dae gemaak. Sut 28:20 Esau was 'n sluwe en bedrieglike man, een wat na die harte van manne gejag het en hulle verlei het. En Esau was 'n dapper man in die veld en met verloop van tyd het hy soos gewoonlik gaan jag. En hy het sover gekom as die veld van Seïr, dieselfde as Edom. [Openbaring 22:15] Sut 28:21 En hy het daar gebly in die Aarde van Seïr en het gejag in die veld 'n jaar en vier maande. Sut 28:22 Esau het daar in die Aarde van Seïr die dogter van 'n man van Kanaän gesien, en haar naam was Judit, die dogter van Beëri, seun van Efer, van die families van Het, die seun van Kanaän. Sut 28:23 En Esau het haar geneem as vrou en hy het by haar ingegaan. Esau was veertig jaar oud toe hy haar geneem het en hy het haar na Hebron gebring, die grond van sy vader se woonplek, en hy het daar gewoon. Sut 28:24 En dit het in daardie tyd gebeur in die honderd-en-tiende jaar van Isak se lewe, dit is in die vyftigste jaar van Jakob se lewe, in daardie jaar het Sem, die seun van Noag, gesterf, Sem was seshonderd jaar oud by sy dood. Sut 28:25 Toe Sem sterf, het Jakob teruggekeer na sy vader, na Hebron wat in die Aarde van Kanaän is. Sut 28:26 In die ses-en-vyftigste jaar van die lewe van Jakob, het daar mense van Haran gekom en Rebekka het verneem aangaande haar broer Laban, die seun van BetuEl. Sut 28:27 Want die vrou van Laban was onvrugbaar in daardie dae en sy het geen kinders gebaar nie en ook sy slavinne het nie gebaar nie. Sut 28:28 En JaHWeH het later gedink aan Adina, die vrou van Laban, en sy het swanger geword en het tweeling dogters gebaar en Laban het die name van sy dogters gegee. Die naam van die oudste was Lea en die naam van die jongste, Ragel. Sut 28:29 En daardie mense het gekom en vir Rebekka hierdie dinge vertel en Rebekka was baie bly dat JaHWeH haar broer besoek het en dat hy kinders gekry het. //Jakob vlug vir Esau na Laban Sut 29:1 ISAK, die seun van Abraham, het oud geword en gevorderd in jare en sy oë het baie swaar geword weens die ouderdom; hulle was dof en kon nie sien nie. Sut 29:2 In hierdie tyd het Isak vir Esau, sy seun, geroep, en gesê: Ek smeek jou kry jou wapens, jou koker en jou boog. Staan op, en gaan uit in die veld en kry vir my wildsvleis en maak vir my geurige vleis en bring dit vir my sodat ek kan eet en ek jou kan seën voor my dood, want ek het nou oud en grys geword. Sut 29:3 En Esau het so gedoen en hy het sy wapen geneem en het in die veld uitgegaan om te jag vir wildsvleis, soos gewoonlik, om na sy vader te bring soos hy hom beveel het, sodat hy hom kan seën. Sut 29:4 Rebekka het al die woorde gehoor wat Isak met Esau gepraat het en sy het haar gehaas en haar seun Jakob geroep en gesê: So het jou vader aan jou broer, Esau, gesê en ek het gehoor, daarom nou, haas jou en doen dit wat ek aan jou sê. Sut 29:5 Staan op en gaan, ek smeek jou, na die kudde en vind twee mooi boklammertjies vir my en ek sal die geurige vleis vir jou vader maak en jy sal die geurige vleis neem sodat hy kan eet voordat jou broer van die jagtog af kan terugkeer, sodat jou vader jou kan seën. Sut 29:6 Jakob het hom gehaas en het gedoen soos sy moeder hom beveel het en hy het die geurige vleis gemaak en dit voor sy vader gebring voordat Esau van die jagtog af kon terugkeer. Sut 29:7 En Isak het aan Jakob gevra: Wie is jy, my seun? En hy het geantwoord: Ek is u eersgeborene, Esau. Ek het gedoen soos u my beveel het, daarom nou, staan op, ek smeek u, en eet van my jag sodat u siel my mag seën terwyl u met my praat. Sut 29:8 Isak het opgestaan en hy het geëet en gedrink en sy hart was gerus en hy het Jakob geseën en Jakob het weggegaan van sy vader. En kyk, die oomblik toe Isak vir Jakob geseën het en hy weggegaan het van hom af, het Esau teruggekeer van sy jag in die veld en hy het ook geurige vleis gemaak en het dit na sy vader gebring om daarvan te eet en hom te seën. Sut 29:9 En Isak het aan Esau gesê: En wie was hy wat wildsvleis voor jou gebring het en wie ek geseën het? En Esau het geweet dat sy broer Jakob dit gedoen het en die woede van Esau het ontvlam teen sy broer Jakob omdat hy so teen hom opgetree het. Sut 29:10 En Esau het gesê: Word hy nie tereg Jakob genoem nie? Want hy het my twee keer bedrieg en hy het my geboortereg weggeneem en nou het hy my seën geneem. En Esau het vreeslik geween; en toe Isak die stem van sy seun, Esau, hoor huil, het Isak aan Esau gesê: Wat kan ek doen, my seun, jou broer het met slinksheid gekom en het jou seën gesteel; en Esau het sy broer Jakob gehaat as gevolg van die seën wat sy vader hom gegee het en sy woede was grootliks teen hom verwek. Sut 29:11 En Jakob was baie bang vir sy broer Esau, en hy het opgestaan en na die huis van Heber, die seun van Sem gevlug en hy het hom daar versteek vanweë sy broer, en Jakob was drie-en-sestig jaar oud toe hy uit die Aarde van Kanaän uitgegaan het van Hebron af, en Jakob was veertien jaar lank in Heber se huis versteek as gevolg van Esau, en hy het daar voortgegaan om die Weë van JaHWeH en Sy Gebooie te leer. Sut 29:12 Toe Esau sien dat Jakob gevlug en van hom ontsnap het en dat Jakob slinks die seën bekom het, het Esau baie daaroor getreur, en hy was ook gegrief teenoor sy vader en moeder, en hy het ook opgestaan en sy vrou geneem en weggegaan van sy vader en moeder na die Aarde van Seïr en hy het daar gaan woon, en Esau het daar 'n vrou gesien tussen die dogters van Het wie se naam Basmat was, die dogter van Elon, die Hetiet. En hy het haar as vrou geneem bo en behalwe sy eerste vrou en Esau het haar Ada genoem, en gesê dat die seën in daardie tyd vir hom verby gegaan het. Sut 29:13 Esau het ses maande lank in die Aarde van Seïr gewoon sonder om sy vader en moeder te sien, en daarna het Esau sy vroue geneem en opgestaan en teruggekeer na die Aarde van Kanaän en Esau het sy twee vroue in sy vader se huis in Hebron laat woon. Sut 29:14 Die vroue van Esau het Isak en Rebekka vererg en uitgetart met hulle dade, want hulle het nie in die Weë van JaHWeH geloop nie, maar het hulle vader se gode van hout en klip gedien soos hulle vader hulle geleer het en hulle was meer besoedel as hulle vader. Sut 29:15 Hulle het gewandel volgens die besoedelde begeertes van hulle harte en hulle het geslag en het wierook gebrand aan die Baäls en Isak en Rebekka het moeg geword van hulle. Sut 29:16 En Rebekka het gesê: Ek is moeg vir my lewe as gevolg van die dogters van Het; as Jakob 'n vrou neem soos die dogters van Het, wat soos hierdie is wat van die dogters van daardie land is, tot watter nut is die lewe dan vir my? Sut 29:17 In daardie dae het Ada die vrou van Esau swanger geraak en vir hom 'n seun gebaar en Esau het die seun wat vir hom gebore is, EliFaz genoem en Esau was vyf-en-sestig jaar oud toe sy hom gebaar het. Sut 29:18 En Jismael, die seun van Abraham het in daardie dae gesterf, in die vier-en-sestigste jaar in die lewe van Jakob, en al die dae wat Jismael geleef het, was eenhonderd-sewe-en-dertig jaar en hy het gesterf. Sut 29:19 Toe Isak hoor dat Jismael dood is, het hy geween oor hom en Isak het baie dae lank oor hom getreur. Sut 29:20 Na veertien jaar van Jakob se verblyf in die huis van Heber, het Jakob begeer om sy vader en moeder te sien en Jakob het na die huis van sy vader en moeder gegaan in Hebron en Esau het in daardie dae vergeet wat Jakob aan hom gedoen het in die verlede deur die seën van hom weg te neem. Sut 29:21 Toe Esau vir Jakob na sy vader en moeder sien kom, het hy onthou wat Jakob aan hom gedoen het en hy was woedend vir hom en het probeer om hom dood te maak. Sut 29:22 En Isak, die seun van Abraham, was oud en gevorderd in dae en Esau het gesê: My vader se tyd dat hy moet sterf, kom nader en wanneer hy sterf, sal ek my broer Jakob doodmaak. Sut 29:23 Dit is aan Rebekka vertel en sy het haar gehaas en Jakob, haar seun, na haar laat roep, en sy het aan hom gesê: Staan op, gaan en vlug na Haran, na my broer Laban, en bly daar vir 'n tyd lank, totdat jou broer se woede oor jou bedaar het en dan kan jy terugkom. Sut 29:24 En Isak het Jakob geroep en aan hom gesê: Moenie 'n vrou uit die dogters van Kanaän neem nie, want so het ons vader Abraham ons beveel volgens die Woord van JaHWeH wat Hy aan hom beveel het deur te sê: Aan jou nageslag sal Ek hierdie Aarde gee; as jou kinders My Verbond hou wat Ek met jou gemaak het, dan sal Ek ook doen aan jou kinders dit wat Ek met jou gespreek het. Ek sal hulle nie verlaat nie. Sut 29:25 Daarom nou, my seun, luister na my stem, na alles wat ek jou sal beveel, weerhou jou daarvan om 'n vrou te neem uit die dogters van Kanaän; staan op, gaan na Haran, na die huis van BetuEl, die vader van jou moeder, en neem daar vir jou 'n vrou uit die dogters van Laban, jou moeder se broer. Sut 29:26 Daarom, sorg dat jy nie JaHWeH, jou Elohey en al Sy Weë vergeet in die land waarheen jy gaan nie, ingeval jy met die mense van die land verbind raak en ydelheid najaag en JaHWeH, jou Elohey, vergeet. Sut 29:27 Maar wanneer jy in die land kom, dien JaHWeH daar, moenie regs of links afdraai van die Weg wat ek aan jou beveel het en wat jy geleer het nie. Sut 29:28 En mag El, die Almagtige, Guns aan jou skenk in die aangesig van die adamiete van die land, dat jy daar 'n vrou sal neem volgens Sy keuse. En wat suiwer en opreg is in die Weë van JaHWeH. Sut 29:29 En mag Elohim aan jou en jou nageslag die seën van jou vader Abraham gee, en mag jy vrugbaar wees en vermeerder en 'n menigte van adamiete word in die land waarheen jy gaan en mag Elohim jou na hierdie land laat terugkeer, die land van jou vader se woonplek met kinders en met groot rykdom, met vreugde en met welbehae. Sut 29:30 Isak het opgehou om Jakob te beveel en terwyl hy hom seën, het hy baie geskenke aan hom gegee, asook silwer en goud, en hy het hom weggestuur. En Jakob het geluister na sy vader en moeder; hy het hulle gesoen en opgestaan en hy het na Paddan-Aram gegaan; en Jakob was sewe-en-sewentig jaar oud toe hy uit die Aarde van Kanaän weg is van Berséba af. Sut 29:31 En toe Jakob weggaan om na Haran te gaan, het Esau na sy seun, EliFaz, geroep, en in die geheim met hom gepraat, en gesê: Haas jou nou, neem jou swaard in jou hand en agtervolg Jakob, gaan hom verby op die pad en lê hom voor in een van die berge en maak hom dood met jou swaard en neem alles wat aan hom behoort en keer terug. Sut 29:32 En EliFaz, die seun van Esau, was 'n energieke man en 'n meester met die boog, soos sy vader hom geleer het en hy was 'n uitstekende jagter in die veld en 'n dapper jongman. Sut 29:33 EliFaz het gedoen soos sy vader hom beveel het en EliFaz was daardie tyd dertien jaar oud en EliFaz het opgestaan en tien van sy moeder se broers saam met hom geneem en het Jakob agtervolg. Sut 29:34 Hy het kort op Jakob se hakke gevolg en hy het hom voorgelê by die grens van die Aarde van Kanaän teenoor die stad van Sigem. Sut 29:35 Jakob het EliFaz en sy manne wat hom agtervolg het, gewaar en Jakob het bly staan op die plek waar hy was, sodat hy kon uitvind wat dit beteken, want hy het hiervan niks geweet nie. En EliFaz het sy swaard getrek en nader gekom, hy en sy manne, al nader aan Jakob. En Jakob het aan hulle gesê: Wat is dit met julle dat julle hierheen gekom het en wat beteken dit as julle my agtervolg met jul swaarde? Sut 29:36 Toe EliFaz naby Jakob kom, het hy geantwoord en aan hom gesê: So het my vader my beveel. En daarom sal ek nie afwyk van die bevele wat my vader my gegee het nie. En toe Jakob sien dat Esau met EliFaz gepraat het om geweld teen hom te gebruik, het Jakob nader gegaan en EliFaz en sy manne gesmeek en aan hulle gesê: Sut 29:37 Kyk, alles wat ek het en wat my vader en moeder aan my gegee het, neem dit vir julle en gaan weg van my af en moet my nie doodmaak nie en mag dit sodoende vir julle as geregtigheid gereken word. Sut 29:38 En JaHWeH het toegesien dat Jakob Guns gevind het in die oë van EliFaz, die seun van Esau en sy manne, en hulle het geluister na die stem van Jakob en hulle het hom nie doodgemaak nie. En EliFaz en sy manne het alles geneem wat aan Jakob behoort het, tesame met die silwer en goud wat hy saam met hom gebring het van Berséba af, en hulle het vir hom niks agtergelaat nie. Sut 29:39 EliFaz en sy manne het van hom weggegaan en hulle het teruggekeer na Esau by Berséba en hulle het hom vertel alles wat met hulle gebeur het by Jakob en hulle het aan hom alles gegee wat hulle by Jakob afgeneem het. Sut 29:40 Esau was verontwaardig met EliFaz, sy seun, en met sy manne wat by hom was, omdat hulle Jakob nie doodgemaak het nie. Sut 29:41 En hulle het geantwoord en aan Esau gesê: Omdat Jakob ons in hierdie saak so gesmeek het om hom nie dood te maak nie, het ons hom jammer gekry en ons het alles gevat wat aan hom behoort en het dit vir u gebring. En Esau het al die silwer en goud geneem wat EliFaz van Jakob geneem het en het dit eenkant in sy huis gesit. Sut 29:42 Op hierdie tydstip toe Esau sien dat Isak vir Jakob geseën het en hom beveel het en gesê het: Jy mag nie 'n vrou neem uit die dogters van Kanaän nie en ook dat die dogters van Kanaän sleg was in die oë van Isak en Rebekka. Sut 29:43 Toe het hy na die huis gegaan van Jismael, sy oom, en by sy ander vroue het hy Máhalat, die dogter van Jismael, die suster van Nébajot, geneem as 'n vrou. Sut 30:1 JAKOB het voortgegaan op sy pad na Haran en hy het sover gekom as die berg MoriJaH en hy het daar oorgebly naby die stad van Lus. En JaHWeH het daar aan Jakob verskyn daardie nag en Hy het aan hom gesê: Ek is JaHWeH, die Elohey van Abraham en die Elohey van Isak, jou vader. Die Aarde waarop jy lê sal Ek aan jou en aan jou nageslag gee. Sut 30:2 En kyk, Ek is met jou en sal jou bewaar oral waar jy gaan en Ek sal jou nageslag vermenigvuldig soos die Sterre aan die Hemele en Ek sal al jou vyande voor jou laat val; en wanneer hulle met jou oorlog maak, sal hulle nie die oorhand oor jou kry nie. En Ek sal jou weer na die Adamah [die adamiet se Aarde] terugbring in vreugde, met kinders en met groot rykdom. Sut 30:3 Jakob het wakker geword uit sy slaap en was baie verheug oor die gesig wat hy gehad het; en hy het die naam van daardie plek BetEl genoem. Sut 30:4 Jakob het baie verheug opgestaan van daardie plek en toe hy stap het sy voete vir hom lig gevoel vanweë blydskap. En hy het daarvandaan gegaan na die Aarde van die seuns van die Ooste en hy het gegaan na Haran en hy het by die herders se put gesit. Sut 30:5 Daar het hy manne gevind wat van Haran op pad was om hulle kuddes te voer en Jakob het by hulle navraag gedoen en hulle het gesê: Ons is van Haran. Sut 30:6 En hy het aan hulle gevra: Ken julle vir Laban, die seun van Nahor? En hulle het geantwoord: Ons ken hom, en kyk, Ragel, sy dogter, is op pad om haar vader se kuddes te kom voer. Sut 30:7 Terwyl hy met hulle gepraat het, het Ragel, die dogter van Laban, aangekom om haar vader se kuddes te voer, want sy was 'n herderin. Sut 30:8 En toe Jakob vir Ragel, die dogter van Laban, sy moeder se broer sien, het hy gehardloop en haar gesoen en hy het sy stem verhef en geween. Sut 30:9 En Jakob het aan Ragel vertel dat hy die seun van Rebekka was, haar vader se suster, en Ragel het gehardloop en haar vader vertel. En Jakob het steeds geween omdat hy niks by hom gehad het om na die huis van Laban te bring nie. Sut 30:10 Toe Laban hoor dat sy suster se seun, Jakob, gekom het, het hy gehardloop en hom gesoen en hom omhels en hy het hom in die huis geneem en het hom brood gegee en hy het geëet. Sut 30:11 En Jakob het aan Laban vertel wat sy broer, Esau, aan hom gedoen het en wat sy seun, EliFaz, op pad aan hom gedoen het. Sut 30:12 Jakob het vir 'n volle maand in Laban se huis gebly en Jakob het geëet en gedrink in die huis van Laban. Daarna het Laban aan Jakob gesê: Vertel my wat jou loon moet wees, want hoe kan jy my verniet dien. Sut 30:13 Laban het geen seuns gehad nie, maar slegs dogters. En sy ander vroue en diensmaagde was kinderloos in daardie dae en hierdie is die name van Laban se dogters wat sy vrou Adina vir hom gebaar het: en die naam van die oudste was Lea en die naam van die jonger een was Ragel; en Lea het swak oë gehad, maar Ragel was beeldskoon en bemind en Jakob het haar liefgehad. Sut 30:14 En Jakob het aan Laban gesê: Ek sal u sewe jaar dien vir Ragel, u jongste dogter. En Laban het ingestem hiertoe en Jakob het Laban sewe jaar gedien vir sy dogter, Ragel. Sut 30:15 In die tweede jaar van Jakob se verblyf in Haran, dit is in die nege-en-sewentigste jaar van die lewe van Jakob, in daardie jaar het Heber, seun van Selag, gesterf en hy was vierhonderd-vier-en-sestig jaar oud met sy dood. Sut 30:16 Toe Jakob hoor dat Heber dood is, het hy baie getreur en hy het geweeklaag en het getreur oor hom vir baie dae. Sut 30:17 In die derde jaar van Jakob se verblyf in Haran, het Basmat, die dogter van Jismael, die vrou van Esau, vir hom 'n seun gebaar en Esau het hom Rehael genoem. Sut 30:18 In die vierde jaar van Jakob se verblyf in die huis van Laban, het JaHWeH Laban besoek en het hom onthou as gevolg van Jakob, en seuns is vir hom gebore en sy eersgeborene was Beor, en sy tweede was Alib, en sy derde was Goras. Sut 30:19 JaHWeH het aan Laban rykdom en eer gegee, seuns en dogters, en die man het baie welvarend geword as gevolg van Jakob. Sut 30:20 Jakob het in daardie dae vir Laban gedien op alle soorte maniere, in die huis en in die veld, en die seën van JaHWeH was op alles wat aan Laban behoort het in die huis en in die veld. Sut 30:21 In die vyfde jaar het Judit, die dogter van Beëri, die vrou van Esau gesterf in die Aarde van Kanaän en sy het geen seuns gehad nie, maar net dogters alleen. Sut 30:22 En hierdie is die name van haar dogters wat sy aan Esau gebaar het, die naam van haar oudste was Marsit en die naam van die jongste was Puït. Sut 30:23 En nadat Judit gesterf het, het Esau opgestaan en na Seïr gegaan om, soos gewoonlik, in die veld te jag, en Esau het vir 'n lang tyd in die Aarde van Seïr gewoon. Sut 30:24 En in die sesde jaar het Esau vir hom 'n vrou, Alibama, die dogter van Sebeon, die Hewiet, by sy ander vroue geneem en Esau het haar na die Aarde van Kanaän gebring. Sut 30:25 Alibama het swanger geword en het vir Esau drie seuns gebaar, Jeüs, Ja-Alan en Korag. Sut 30:26 In daardie dae was daar in die Aarde van Kanaän 'n twis tussen die veewagters van Esau en die veewagters van die inwoners van die Aarde van Kanaän, want Esau se beeste en goedere was te veel vir hom om in die Aarde van Kanaän, in sy vader se huis, te bly, en die Aarde van Kanaän kon hom nie dra nie as gevolg van sy beeste. Sut 30:27 Toe Esau sien dat die twis toeneem met die inwoners van die Aarde van Kanaän, het hy opgestaan, en sy vroue geneem en sy seuns en sy dogters en almal wat aan hom behoort het, en die beeste wat hy besit het en al sy besittings wat hy in die Aarde van Kanaän bekom het, en hy het weggegaan van die inwoners van die land af na die Aarde van Seïr. En Esau, en almal wat aan hom behoort het, het gewoon in die Aarde van Seïr. Sut 30:28 Maar van tyd-tot-tyd het Esau sy vader en sy moeder gaan besoek in die Aarde van Kanaän. En Esau het ondertrou met die Horiete en hy het sy dogters gegee aan die seuns van Seïr, die Horiet. Sut 30:29 En hy het sy oudste dogter, Marsit, aan Ana, die seun van Sebeon, sy vrou se broer gegee. En Puït het hy gegee aan Asar, die seun van Bilhan, die Horiet. En Esau het in die gebergte gebly, hy en sy kinders en hulle was vrugbaar en het vermenigvuldig. //Jakob trou Laban se dogters. Hy keer terug. Sut 31:1 IN die sewende jaar is Jakob se diens wat hy aan Laban verrig het, voltooi en Jakob het aan Laban gesê: Gee my my vrou, want die dae van my diens is voltooi, en Laban het so gedoen, en Laban en Jakob het al die omliggende adamiete genooi en hulle het feesgevier. Sut 31:2 In die aand het Laban na die huis gegaan en daarna het Jakob daarheen gegaan saam met die feesgangers en Laban het al die ligte wat daar in die huis was, geblus. Sut 31:3 Jakob het vir Laban gevra: Waarom doen u dit aan ons? En Laban het geantwoord: So is die gewoonte om te doen in ons land. Sut 31:4 Daarna het Laban sy dogter Lea geneem en hy het haar na Jakob gebring en hy het by haar ingegaan en Jakob het nie geweet dat sy Lea was nie. Sut 31:5 Laban het aan sy dogter Lea 'n diensmaagd Silpa gegee. Sut 31:6 Al die mense by die fees het geweet wat Laban gedoen het aan Jakob, maar hulle het dit nie aan Jakob vertel nie. Sut 31:7 Al die omliggende mense het daardie aand na Jakob se huis gekom en hulle het geëet en gedrink en was vrolik en het voor Lea op tamboeryne gespeel en met danse en op die heildronk voor Jakob geroep: Helea, Helea1. Sut 31:8 Jakob het hulle woorde gehoor maar het die betekenis nie verstaan nie, want hy het gedink dit is hulle gewoonte in hierdie land. Sut 31:9 Die mense het hierdie woorde voor Jakob gespreek deur die nag en al die ligte wat in die huis was, het Laban daardie nag geblus. Sut 31:10 In die oggend, toe daglig verskyn, het Jakob hom na sy vrou gedraai en hy het gesien, en kyk, dit was Lea wat teen sy boesem gelê het! En Jakob het gesê: Kyk, nou weet ek wat die mense gisteraand aan my gesê het: Helea, het hulle gesê en ek het dit nie verstaan nie. Sut 31:11 Jakob het na Laban geroep en het aan hom gesê: Wat is dit wat u my aangedoen het? Sekerlik het ek u gedien vir Ragel. Hoekom het u my bedrieg en my Lea gegee? Sut 31:12 Laban het Jakob geantwoord en gesê: Dit word nie so in ons plek gedoen om die jongste voor die oudste te gee nie. Daarom, as jy begeer om ook haar suster te neem, neem haar vir jou diens wat jy aan my vir nog sewe jaar gaan lewer. Sut 31:13 Jakob het so gedoen en hy het ook Ragel as 'n vrou geneem, en hy het Laban nog sewe jaar lank gedien, en Jakob het ook by Ragel ingegaan en hy het Ragel meer liefgehad as Lea en Laban het haar sy diensmaagd Bilha as 'n slavin gegee. Sut 31:14 Toe JaHWeH sien dat Lea gehaat word, het JaHWeH haar baarmoeder geopen en sy het swanger geword en het vir Jakob vier seuns gebaar. Sut 31:15 Hier is hulle name: Ruben, Símeon, Levi en JeHûWdah en daarna het sy opgehou baar. Sut 31:16 En in daardie tyd was Ragel onvrugbaar en sy het geen kinders gehad nie, en Ragel was jaloers op haar suster Lea. Toe Ragel sien dat sy geen kinders vir Jakob baar nie, het sy haar slavin, Bilha, geneem en sy het twee seuns vir Jakob gebaar, Dan en Náftali. Sut 31:17 Toe Lea sien dat sy opgehou baar het, neem sy haar slavin, Silpa, en gee haar aan Jakob as vrou en Jakob het ook by Silpa ingegaan en sy het ook vir Jakob twee seuns gebaar, Gad en Aser. Sut 31:18 Lea het weer swanger geword en het vir Jakob twee seuns en 'n dogter gebaar en dit is hulle name: Issaskar, en Sébulon en hulle suster, Dina. Sut 31:19 Ragel was steeds onvrugbaar en Ragel het daardie tyd tot JaHWeH gebid, en sy het gesê: O JaHWeH, my Elohey, onthou my en besoek my, ek smeek u, want nou sal my man my verstoot, want ek het vir hom geen kinders gebaar nie. Sut 31:20 Nou, O JaHWeH, my Elohey, hoor my smeekbede voor U en sien my beproewing en skenk my kinders soos een van die diensmaagde, sodat ek nie meer my smaad sal dra nie. Sut 31:21 Elohim het haar verhoor en het haar baarmoeder geopen en Ragel het swanger geword en het 'n seun gebaar en sy het gesê: JaHWeH het my smaad weggeneem en sy het hom JôWsef genoem en het gesê: Mag JaHWeH vir my nog 'n seun byvoeg. En Jakob was een-en-negentig jaar oud toe sy hom gebaar het. Sut 31:22 In daardie tyd het Jakob se moeder, Rebekka, haar diensmaagd Debora, die dogter van Us, en twee van Isak se diensknegte na Jakob gestuur. Sut 31:23 En hulle het na Jakob gekom by Haran en hulle het aan hom gesê: Rebekka het ons na u gestuur sodat u na u vader se huis kan terugkeer in die Aarde van Kanaän. En Jakob het na hulle geluister oor dit wat sy moeder gespreek het. Sut 31:24 In daardie tyd was die ander sewe jaar wat Jakob vir Laban vir Ragel gedien het, voltooid. En dit was aan die einde van die veertien jaar wat hy in Haran gewoon het dat Jakob aan Laban gesê het: Gee aan my my vroue en laat my gaan sodat ek na my land kan gaan, want kyk, my moeder het my laat roep uit die Aarde van Kanaän sodat ek na my vader se huis moet terugkeer, Sut 31:25 En Laban het aan hom gesê: Nie so nie, ek smeek jou, as ek guns in jou oë gevind het, moet my nie verlaat nie; vertel my jou loon en ek sal dit gee, maar bly by my. Sut 31:26 Jakob het toe aan hom gesê: Dit is wat u my as loon sal gee, dat ek op hierdie dag deur al u kuddes kan werk en dan van hulle kan wegneem elke lam wat gespikkel en bont is en dié wat bruin is onder die skape en onder die bokke en as u dit vir my doen, sal ek bly en u kuddes laat wei en hulle onderhou soos vroeër. Sut 31:27 Laban het so gedoen, en Laban het uit sy kuddes alles verwyder soos wat Jakob gesê het en het dit aan hom gegee. Sut 31:28 Jakob het alles wat hy van Laban se kuddes ontvang het in sy seuns se hande geplaas en Jakob het die orige van Laban se kuddes laat wei. Sut 31:29 Toe die diensknegte van Isak, wat hy na Jakob gestuur het, sien dat Jakob nie saam met hulle gaan terugkeer na die Aarde van Kanaän, na sy vader toe nie, het hulle van hom af weggegaan en huis toe teruggekeer na die Aarde van Kanaän. Sut 31:30 Debora het by Jakob in Haran gebly en sy het nie teruggekeer saam met die diensknegte van Isak na die Aarde van Kanaän nie, en Debora het saam met Jakob se vroue en kinders in Haran gebly. Sut 31:31 Jakob het Laban nog ses jaar langer gedien, en toe die skape voortgebring het, het Jakob uit hulle weggeneem dié wat gespikkel en bont was soos hy met Laban ooreengekom het, en Jakob het so gedoen vir ses jaar lank by Laban. En die man het buitengewoon welvarend geword en hy het baie beeste en dienaresse en dienaars, kamele en ook donkies gehad. Sut 31:32 En Jakob het tweehonderd troppe beeste gehad en sy beeste was groot en het 'n pragtige voorkoms gehad en hulle was vrugbaar en al die geslagte van die seuns van Adam het begeer om van Jakob se beeste te kry, want hulle was baie voorspoedig. Sut 31:33 En baie van die seuns van Adam het gekom om van Jakob se kuddes te koop en Jakob het hulle 'n skaap vir 'n dienskneg of vir 'n dienares of vir 'n donkie of vir 'n kameel of wat ook al gevra, en hulle het dit vir hom gegee. Sut 31:34 Jakob het rykdom en eer en besittings bekom as gevolg van die handel met die seuns van Adam en die kinders van Laban was afgunstig op hom weens die eer. Sut 31:35 Met verloop van die tyd het hy die woorde gehoor wat Laban se seuns gespreek het naamlik: Jakob het weggeneem alles wat ons vader s'n was en uit dit wat ons vader s'n was, het hy hierdie rykdom bekom. Sut 31:36 En Jakob het Laban en sy seuns se aangesigte gesien en kyk, dit was nie in daardie dae meer teenoor hom soos wat dit in die begin was nie. Sut 31:37 JaHWeH het aan Jakob aan die einde van die ses jaar verskyn en aan hom gesê: Staan op, gaan uit hierdie land uit, en keer terug na die land van jou geboorteplek en Ek sal met jou wees. Sut 31:38 Jakob het in daardie tyd opgestaan en hy het sy vroue en kinders en alles wat aan hom behoort het, op kamele gelaai en hy het uitgetrek om na die Aarde van Kanaän, na sy vader Isak, te gaan. Sut 31:39 Laban het nie geweet dat Jakob van hom af vertrek het nie, want Laban het in daardie dae skaap geskeer. Sut 31:40 Ragel het haar vader se huisidole gesteel en sy het dit geneem en het dit weggesteek op die kamele waarop sy gesit het en sy het vortgegaan. Sut 31:41 En dit is die soort idole: Neem 'n man wat die eersgeborene is en maak hom dood. Neem dan die hare van sy hoof en neem sout en sout die kop en salf dit met olie, neem dan 'n klein plaatjie van koper of 'n plaatjie van goud en skryf sy naam daarop en plaas die klein plaatjie onder sy tong en neem dan die kop met die klein plaatjie onder sy tong en plaas dit in die huis en steek lampe voor dit aan en buig dan daarvoor neer. Sut 31:42 En wanneer hulle daarvoor neerbuig, praat hy met hulle oor allerhande sake waaroor hulle vra deur die krag van die naam wat daarop geskryf is. Sut 31:43 Party maak hulle in die gestalte van mense, van goud en silwer, en gaan na hulle in tye wat aan hulle bekend is, en die idole ontvang kennis van die Sterre en vertel hulle toekomstige dinge, en so was die idole wat Ragel gesteel het van haar vader. Sut 31:44 Ragel het die idole van haar vader gesteel sodat Laban nie deur hulle kon vasstel waarheen Jakob gegaan het nie. Sut 31:45 Laban het by die huis gekom en hy het gevra na Jakob en sy huishouding, maar hulle kon hom nie vind nie en Laban het sy idole gesoek om uit te vind waarheen Jakob gegaan het, maar kon hulle nie kry nie. En hy het na sy ander idole gegaan en hulle gevra, en hulle het hom vertel dat Jakob van hom af weggevlug het na sy vader, na die Aarde van Kanaän. Sut 31:46 Laban het opgestaan en hy het sy broers en al sy diensknegte geneem en hy het uitgegaan en Jakob agtervolg en hy het hom ingehaal by die berg Gilead. Sut 31:47 Laban het aan Jakob gevra: Wat is dit wat jy aan my doen om van my te vlug en om my te bedrieg [Hebreeus = om my hart te steel] en om my dogters en hulle kinders weg te voer soos gevangenes wat deur die swaard verower is? Sut 31:48 Jy het my nie eers toegelaat om hulle te seën en weg te stuur met vreugde nie! En jy het my gode gesteel en weggegaan! Sut 31:49 Jakob het Laban geantwoord en gesê: Omdat ek bevrees was dat u u dogters met geweld van my sou vat en nou, by wie u ook al u gode kry, hy sal sterf. Sut 31:50 Laban het na die idole gesoek en hy het al Jakob se tente en meubels deurgegaan maar kon hulle nie vind nie. Sut 31:51 Laban het aan Jakob gesê: Ons sal 'n belofte saam sluit, en dit sal 'n verbond wees tussen jou en my: as jy my dogters mishandel of ander vroue neem behalwe my dogters, sal Elohim 'n Getuie wees tussen jou en my in hierdie saak. Sut 31:52 Hulle het klippe geneem en 'n hoop gemaak en Laban het gesê: Hierdie hoop is 'n getuie tussen jou en my, daarom het hy dit Gal-Ed genoem. Sut 31:53 Jakob en Laban het 'n aanbieding op die berg geslag en hulle het daar by die hoop geëet en hulle het die hele nag vertoef op die berg en Laban het vroeg in die oggend opgestaan en hy het saam met sy dogters geween en hulle gesoen en hy het teruggekeer na sy tuiste. Sut 31:54 Hy het hom gehaas en het sy seun, Beor, wat sewentien jaar oud was, uitgestuur saam met Abigorol, die seun van Us, die seun van Nahor en saam met hulle was daar tien manne. Sut 31:55 Hulle het hulle gehaas en het Jakob verby gegaan en hulle het met 'n ander pad na die Aarde van Seïr gegaan. Sut 31:56 Hulle het by Esau gekom en het aan hom gesê: So sê jou broer en bloedverwant, jou moeder se broer, Laban, die seun van BetuEl. Sut 31:57 Het jy gehoor wat Jakob, jou broer my aangedoen het, hy wat eers nakend en kaal na my gekom het en ek het hom gaan ontmoet en hom na my huis gebring met eer, en ek het hom welvarend gemaak en hom my twee dogters as vroue gegee en ook twee van my slavinne. Sut 31:58 Elohim het hom geseën as gevolg van my, en hy het buitengewoon welvarend geword en het seuns gehad, dogters en diensmaagde. Sut 31:59 Hy het ontsaglike kuddes en troppe kamele en esels, ook silwer en goud in oorvloed, en toe hy sien dat sy rykdom vermeerder, het hy weggetrek, terwyl ek my skape geskeer het en hy het opgestaan en in die geheim gevlug. Sut 31:60 Hy het sy vroue en kinders op kamele gelaai en sy beeste weggelei en sy besittings wat hy in my land bekom het, en hy het sy aangesig daarop gerig om na sy vader, Isak, te gaan in die Aarde van Kanaän. Sut 31:61 Hy het nie eers gewag dat ek my dogters kon soen nie, ook nie die kinders nie en hy het my dogters weggevoer soos gevangenes deur die swaard en hy het ook my gode gesteel en hy het gevlug. Sut 31:62 Ek het hom gelaat in die berge by die Jabbok-rivier, vir hom en almal wat aan hom behoort, hy het gebrek aan niks nie. Sut 31:63 As dit jou wens is om na hom te gaan, gaan dan en jy sal hom daar vind en jy kan aan hom doen wat jou hart begeer. En Laban se boodskappers het gekom en al hierdie dinge aan Esau vertel. Sut 31:64 Esau het al die woorde aangehoor van Laban se boodskappers en sy toorn was erg ontvlam teenoor Jakob en hy het sy haat onthou en sy toorn het in hom gebrand. Sut 31:65 Esau het hom gehaas en het sy kinders en sy diensknegte en die siele van sy huishouding wat sestig man was, geneem en hy het gegaan en het al die seuns van Seïr, die Horiet, en hulle mense versamel wat driehonderd-en-veertig manne was, en hy het die hele getal van vierhonderd man met ontblote swaarde geneem en teen Jakob opgetrek om hom dood te maak. Sut 31:66 Esau het hierdie getal in verskeie groepe verdeel, en hy het die sestig man van sy kinders en diensknegte en die siele van sy huishouding onder een hoof saamgevoeg en het hulle onder EliFaz, sy oudste seun, geplaas. Sut 31:67 Die oorblywende groepe het hy onder die leiding van die ses seuns van Seïr geplaas, en hy het elke man oor sy eie saad en kinders geplaas. Sut 31:68 Die hele laer het opgetrek soos hulle was en Esau het saam met hulle na Jakob gegaan en hy het hulle met haas gelei. Sut 31:69 Laban se boodskappers het van Esau weggegaan en na die Aarde van Kanaän gegaan en hulle het by die huis van Rebekka, die moeder van Jakob en Esau, gekom. Sut 31:70 En hulle het haar vertel en gesê: Kyk, jou seun, Esau, het teen Jakob opgetrek met vierhonderd man, want hy het gehoor dat hy kom en hy het gegaan om oorlog met hom te maak en om hom dood te maak en alles te neem wat hy het. Sut 31:71 Rebekka het haar gehaas en het twee-en-sewentig manne van die diensknegte van Isak gestuur om Jakob op die pad te ontmoet. Want sy het gesê: Miskien sal Esau op pad oorlog maak as hy hom ontmoet. Sut 31:72 Hierdie boodskappers het op die pad gegaan om Jakob te ontmoet en hulle het hom op die pad van die rivier ontmoet, aan die anderkant van die Jabbok-rivier, en toe Jakob hulle sien het hy gesê: Hierdie leër is aan my gegee deur Elohim, en Jakob het daardie plek Mahanäim [soldate-kamp] genoem. [Hooglied van Salomo 6:13] Sut 31:73 Jakob het al sy vader se mense herken en hy het hulle gesoen en omhels en het saam met hulle gegaan, en Jakob het hulle uitgevra oor sy vader en sy moeder en hulle het gesê: Hulle is wel. Sut 31:74 Hierdie boodskappers het aan Jakob gesê: Rebekka, u moeder, het ons na u gestuur, en gesê: Ek het gehoor, my seun, dat jou broer Esau teen jou uitgetrek het op die pad met manne van die seuns van Seïr, die Horiet. Sut 31:75 Daarom, my seun, luister na my stem en volg jou eie raad in wat jy wil doen. En wanneer hy by jou kom, smeek hom en moenie hom hard aanspreek nie en gee hom 'n geskenk van dit wat jy besit en wat Elohim jou in Guns gegee het. Sut 31:76 As hy jou uitvra oor jou sake, steek niks vir hom weg nie. Miskien sal sy woede teen jou bedaar en jy sal daardeur jou siel red, jy en almal wat aan jou behoort, want dit is jou plig om hom te eer omdat hy jou ouer broer is. Sut 31:77 Toe Jakob die woorde van sy moeder hoor wat die boodskappers tot hom gespreek het, het Jakob sy stem verhef en bitterlik geween en gedoen soos sy moeder hom beveel het. //Jakob ontmoet Esau op sy terugreis. Sut 32:1 IN daardie tyd het Jakob boodskappers na sy broer Esau in die rigting van die Aarde van Seïr, gestuur en hy het woorde van smeking tot hom gerig. Sut 32:2 Hy het hulle beveel en gesê: So moet julle aan my meester, aan Esau sê: So sê Jakob, u dienaar, laat my meester nie dink dat my vader se seën waarmee hy my geseën het my bevoordeel het nie. Sut 32:3 Want ek was die afgelope twintig jaar by Laban en hy het my bedrieg en het my loon tien keer verander soos dit alreeds aan my meester vertel is. Sut 32:4 Ek het hom in sy huis op moeisame wyse gedien en Elohim het my beproewing gesien, my arbeid en die werk van my hande, en Hy het daarvoor gesorg dat ek Barmhartigheid en Guns voor Sy Aangesig ontvang het. Sut 32:5 Ek het daarna deur Elohim se groot Barmhartigheid en Suiwerheid, osse en esels en beeste verkry, asook diensknegte en diensmaagde. Sut 32:6 Nou kom ek na my land en my huis en na my vader en moeder wat in die Aarde van Kanaän is. En ek het my meester alles laat weet om sodoende guns in my meester se aangesig te vind, sodat hy nie moet dink dat ek uit myself rykdom verwerf het nie, of dat die seën waarmee my vader my geseën het, my bevoordeel het nie. Sut 32:7 Die boodskappers het na Esau gegaan en het hom op die grense van die Aarde van Edom gevind op pad na Jakob. En vierhonderd man van die kinders van Seïr, die Horiet, het met ontblote swaarde gestaan. Sut 32:8 Die boodskappers van Jakob het Esau al die woorde meegedeel wat Jakob aan hulle oor Esau gesê het. Sut 32:9 Esau het hulle geantwoord met hoogmoed en minagting en het aan hulle gesê: Sekerlik het ek gehoor en waarlik is aan my vertel wat Jakob aan Laban gedoen het, wat hom verhoog het in sy huis en aan hom sy dogters gegee het as vroue, en hy het seuns en dogters verwek en het in rykdom en besittings oorvloedig vermeerder in Laban se huis deur sy middele. Sut 32:10 Toe hy bemerk dat sy rykdom oorvloedig en sy welvaart groot was het hy gevlug van Laban se huis af met almal wat aan hom behoort het. En hy het Laban se dogters weggevoer van die aangesig van hulle vader, soos gevangenes onder die swaard, sonder om hom daarvan te vertel. Sut 32:11 Jakob het nie net aan Laban so gedoen nie, maar hy het net so aan my ook gedoen, en hy het my twee keer bedrieg. Sal ek dan stil wees? Sut 32:12 Daarom, nou het ek vandag gekom om hom met my leërs te ontmoet en ek sal aan hom doen volgens my hartsbegeerte. Sut 32:13 Die boodskappers het teruggekeer en na Jakob gekom en aan hom gesê: Ons het by u broer gekom, by Esau, en ons het aan hom al u woorde vertel, en so het hy ons geantwoord, en kyk, hy kom om u te ontmoet met vierhonderd man. Sut 32:14 Weet dit dan nou en besluit wat om te doen en bid Elohim om u van hom te verlos. Sut 32:15 Toe hy die woorde van sy broer hoor wat hy met boodskappers gespreek het, was Jakob baie bang en hy was benoud. Sut 32:16 En Jakob het tot JaHWeH, sy Elohey gebid en hy het gesê: O JaHWeH, Elohey van my vaders, Abraham en Isak, U het, toe ek weggegaan het van my vader se huis af, gesê: Sut 32:17 Ek is JaHWeH, die Elohey van jou vader Abraham en die Elohey van Isak. Aan jou en jou nageslag na jou, gee Ek die Aarde en Ek sal jou nageslag maak soos die Sterre van die Hemele en jy sal uitsprei in die vier rigtings van die Hemele en in jou en in jou nageslag sal al My geslagte van die Adamah [die adamiet se Aarde] geseën word. Sut 32:18 En U het U woorde bevestig en U het aan my rykdom en kinders en beeste gegee, die innigste wense van my hart het U aan U dienaar gegee. U het aan my gegee alles wat ek van U gevra het, sodat ek niks kortgekom het nie. Sut 32:19 Hierna het U aan my gesê: Keer terug na jou ouers en na jou geboorteplek en Ek sal steeds aan jou goed doen. Sut 32:20 Noudat ek gekom het en U my verlos het van Laban, sal ek in die hande van Esau val, wat my sal doodmaak, ja, saam met die moeders van my kinders. Sut 32:21 Daarom nou, O JaHWeH, my Elohey verlos my, ek bid U, ook uit die hand van my broer, Esau, want ek is baie bang vir hom. Sut 32:22 As daar dan geen geregtigheid in my is nie, doen dit ter wille van Abraham en my vader, Isak. Sut 32:23 Want ek weet dat deur U Suiwerheid en Barmhartigheid het ek hierdie rykdom bekom: Daarom smeek ek U nou om my op hierdie dag te verlos in U Suiwerheid en om my te antwoord. Sut 32:24 En Jakob het opgehou om tot JaHWeH te bid, en hy het die mense by hom, asook die kuddes en die beeste in twee verdeel, en hy het helfte in die sorg van Damesek, die seun van EliEzer, Abraham se dienskneg, as 'n laer gegee, tesame met sy kinders. En die ander helfte het hy gegee in die sorg van sy broer Elianus, die seun van EliEzer, om 'n laer te wees saam met sy kinders. Sut 32:25 Hy het hulle beveel en gesê: Hou julleself op 'n afstand met julle laers en moenie te naby aan mekaar kom nie, en as Esau kom na een laer en dit doodslaan, sal die ander laer op 'n afstand van hom ontsnap. Sut 32:26 Jakob het daardie nag daar oorgebly en gedurende die nag het hy sy diensknegte bevele gegee oor die laers en sy kinders. Sut 32:27 JaHWeH het die gebed van Jakob verhoor op daardie dag en JaHWeH het Jakob verlos uit die hand van sy broer Esau. Sut 32:28 En JaHWeH het drie Boodskappers, van die Boodskappers van die Hemele, gestuur en hulle het na Esau gegaan en het by hom gekom. Sut 32:29 Die Boodskappers het aan Esau en sy mense verskyn soos tweeduisend man wat op perde ry en toegerus is met allerhande oorlogswapens. En hulle het aan Esau en aan al sy manne verskyn asof hulle verdeel was in vier laers met vier hoofde oor hulle. Sut 32:30 Een leër het opgetrek en hulle het Esau met vierhonderd man op pad na Jakob gevind. En hierdie leër het na Esau en sy mense gestorm en hulle die skrik op die lyf gejaag en Esau het van die perd afgeval van skrik en al sy manne het van hom afgeskei op daardie plek, want hulle was baie bang. Sut 32:31 En die hele leërs het agter hulle aan geskree toe hulle van Esau af vlug en al hierdie oorlogsugtige manne het geantwoord: Sut 32:32 Sekerlik is ons die diensknegte van Jakob wat die dienskneg van Elohim is, en wie kan teen ons staan? En Esau het aan hulle gesê: O dan is my meester en broer Jakob, wat ek nie gesien het vir die afgelope twintig jaar nie, julle meester. En noudat ek vandag gekom het om hom te sien, is dit hoe julle my behandel? Sut 32:33 En die Boodskappers het hom geantwoord en het gesê: Sowaar as JaHWeH leef, as dit nie van Jakob was van wie jy praat nie, sou ons nie een van jou of jou mense laat oorbly het nie, maar slegs ter wille van Jakob sal ons niks aan julle doen nie. Sut 32:34 Hierdie leër het van Esau en sy mense weggegaan. En Esau en sy manne het van hulle weggegaan omtrent drie myl toe die tweede leër na hom toe storm met allerhande soorte wapens en hulle het ook aan Esau en sy manne gedoen soos die eerste leër gedoen het. Sut 32:35 En kyk, toe hulle klaar was en reg om te gaan, het die derde leër na hom toe aangekom en hulle was almal vreesbevange en Esau het van sy perd afgeval en die hele leër het uitgeroep, en gesê: Sekerlik, ons is die diensknegte van Jakob, wat die dienskneg van Elohim is, en wie kan teen ons staan? Sut 32:36 Esau het hulle weer geantwoord en gesê: O dan is Jakob, my meester en julle meester, my broer, en vir twintig jaar het ek nie sy gesig gesien nie en toe ek vandag hoor dat hy kom, het ek hierdie selfde dag gegaan om hom te ontmoet en julle behandel my so op dié manier? Sut 32:37 En hulle het hom geantwoord en aan hom gesê: Sowaar as JaHWeH leef, as Jakob nie jou broer was soos jy gesê het nie, sou ons nie 'n oorblyfsel laat oorbly het van jou en jou manne nie, maar ter wille van Jakob, van wie jy sê dat hy jou broer is, sal ons ons nie bemoei met jou en jou manne nie. Sut 32:38 Die derde leër het ook van hulle weggegaan en hy was steeds op pad met sy manne na Jakob, toe die vierde leër na hom toe kom en hulle het ook aan hom gedoen soos die ander gedoen het. Sut 32:39 En toe Esau die kwaad* sien wat die vier Boodskappers hom en sy manne aangedoen het, het hy baie bang geword vir sy broer Jakob, en hy het uitgegaan en hom in vrede ontmoet. [*die kwaad waarna verwys word, is die feit dat Boodskappers groot verwarring en ontsteltenis veroorsaak het alhoewel hulle niemand beseer het nie]. Sut 32:40 Esau het sy haat vir Jakob verberg, omdat hy vir sy lewe gevrees het oor Jakob en omdat hy gedink het dat die vier leërs waarop hy afgekom het, Jakob se diensknegte was. Sut 32:41 Jakob het daardie nag saam met sy diensknegte in hulle laers vertoef. En hy het besluit om aan Esau 'n geskenk te gee van alles wat hy by hom gehad het en van al sy besittings. En Jakob het opgestaan in die môre, hy en sy manne, en hulle het uit die beeste vir Esau 'n geskenk gekies. Sut 32:42 En dit is die hoeveelhede van die geskenke wat Jakob gekies het uit sy kuddes om aan Esau te gee. Hy het tweehonderd-en-veertig stuks bees uit die kuddes gekies en hy het uit die kamele en esels dertig elk gekies en dan nog vyftig koeie. Sut 32:43 Hy het hulle almal in tien troppe verdeel, elke soort by sy eie soort, en hy het dit aan tien van sy diensknegte oorhandig, elke trop op sy eie. Sut 32:44 En hy het hulle beveel en aan hulle gesê: Hou julleself op 'n afstand van mekaar, en laat 'n plek oop tussen die troppe. En wanneer Esau en die wat by hom is julle teëkom en aan julle vra: Aan wie behoort julle? en: Waarheen gaan julle? en: Aan wie behoort alles voor julle? Dan sal julle aan hulle sê: Ons is die diensknegte van Jakob en ons het gekom om Esau in vrede te ontmoet. En kyk, Jakob kom agter ons aan. Sut 32:45 Dit wat hier voor ons is, is 'n geskenk van Jakob aan sy broer Esau. Sut 32:46 En as hulle aan julle sal vra: Waarom talm hy agter julle en kom nie om sy broer te ontmoet en sy aangesig te sien nie? Dan moet julle aan hulle sê: Sekerlik kom hy vol blydskap agter ons aan om sy broer te ontmoet, want hy het gesê: Ek sal met hom versoen met die geskenk wat na hom gaan en daarna sal ek sy aangesig sien. Miskien sal hy my in guns aanneem. Sut 32:47 So is die hele geskenk oorgegee in die hande van die diensknegte en dit het daardie dag voor hom uitgegaan. En hy het daardie nag met sy laers oorgebly by die grens van die fontein van die Jabbok-rivier. Hy het in die middel van die nag opgestaan en sy vroue en die slavinne geneem en almal wat aan hom behoort, en hy het hulle daardie nag deur die drif geneem oor die Jabbok-rivier. Sut 32:48 Nadat hy almal wat aan hom behoort het oor die rivier laat trek het, was Jakob alleen en 'n Man het hom ontmoet en hy het die nag met hom geworstel tot die dag gebreek het, en Jakob se heupbeen was uit potjie deur die worsteling met hom. Sut 32:49 Toe die dag breek, het die Man Jakob daar gelos en hy het hom geseën en weggegaan. Jakob het oor die rivier gegaan toe die dag breek en hy het mank geloop as gevolg van sy heup. [Génesis 32:22] Sut 32:50 Die son het oor hom opgekom nadat hy oor die rivier is en hy het by die plek gekom waar sy beeste en kinders was. Sut 32:51 Hulle het geloop tot die middaguur en terwyl hulle geloop het, het die geskenk voor hulle uitgegaan. Sut 32:52 Jakob het sy oë opgeslaan en gesien, en kyk, Esau was in die verte en hy het nader gekom met baie manne, omtrent vierhonderd man en Jakob was baie bang vir sy broer. Sut 32:53 Jakob het hom gehaas en het sy kinders verdeel onder sy vroue en sy slavinne en sy dogter Dina het hy in 'n kis versteek en hy het haar in die hande van sy diensknegte gelaat. Sut 32:54 Hy het vooruitgegaan voor sy vroue en kinders om sy broer te ontmoet en hy het neergebuig tot op die Aarde, ja, hy het sewe maal neergebuig totdat hy sy broer bereik het. En JaHWeH het gemaak dat Jakob Barmhartigheid en Guns voor die oë van Esau en sy manne gevind het, want JaHWeH het die gebed van Jakob verhoor. Sut 32:55 Die vrees van Jakob en sy skrik het op sy broer Esau gekom, want Esau was baie bang vir Jakob oor wat die Boodskappers van Elohim gedoen het aan Esau, en Esau se woede teenoor Jakob het verander in minsaamheid. Sut 32:56 Toe Esau sien dat Jakob na hom toe hardloop, het hy ook na hom toe gehardloop en hy het hom omhels en om sy nek geval en hulle het gekus en geween. Sut 32:57 Elohim het vrees en vriendelikheid in die harte geplaas van die manne wat saam met Esau gekom het en hulle het Jakob ook gekus en hom omhels. Sut 32:58 En ook EliFaz, die seun van Esau, saam met sy vier broers, die seuns van Esau, het saam met Jakob geween en hulle het hom gekus en hom omhels, want die vrees vir Jakob het hulle almal oorval. Sut 32:59 Esau het sy oë opgeslaan en het die vroue met hulle kinders gesien, die kinders van Jakob wat agter Jakob aangestap het al buigende in die pad na Esau. Sut 32:60 Esau het aan Jakob gevra: Wie is hierdie saam met jou, my broer? Is hulle jou of jou diensknegte se kinders? En Jakob het Esau geantwoord en gesê: Hulle is die kinders wat Elohim uit Barmhartigheid aan u dienaar geskenk het. Sut 32:61 Terwyl Jakob gepraat het met Esau en sy manne, het Esau die hele laer gesien en hy het aan Jakob gevra: Vanwaar het jy die hele laer gekry wat ek laasnag ontmoet het? En Jakob het geantwoord: Om guns te vind in die oë van my meester, dit is wat Elohim barmhartiglik aan u dienaar gegee het. Sut 32:62 Die geskenk het voor Esau gekom en Jakob het by Esau aangedring en gesê: Neem, ek smeek u, die geskenk wat ek aan my meester gebring het. En Esau het gesê: Waarom sou dit my doel wees? Wat joue is, laat dit joue bly. Sut 32:63 Jakob het gesê: Dit is my plig om dit alles aan u te gee aangesien ek u aangesig gesien het en u steeds in vrede lewe. Sut 32:64 Esau het geweier om die geskenk te aanvaar en Jakob het aan hom gesê: Ek pleit by u, my meester, as ek nou guns gevind het in u oë, neem dan my geskenk uit my hand aan, want ek het derhalwe u gesig gesien asof ek die gesig van 'n god gesien het, omdat u verheug was met my. Sut 32:65 Esau het die geskenk aangeneem. En Jakob het ook silwer en goud en balsemgom aan Esau gegee, want hy het so daarop aangedring dat hy dit neem. Sut 32:66 Esau het die beeste in die laer verdeel en die helfte aan die manne gegee wat saam met hom gekom het, want hulle het as huurlinge gekom en die ander helfte het hy in die hande van sy kinders gegee. Sut 32:67 Die silwer en goud, en balsemgom het hy in die hande van EliFaz sy oudste seun gegee, en Esau het aan Jakob gesê: Laat ons by jou bly en ons sal stadig saam met jou trek totdat jy by my plek kom sodat ons saam daar kan woon. Sut 32:68 Jakob het sy broer geantwoord en gesê: Ek sou gedoen het soos my meester voorstel, maar my meester weet dat die kinders nog swak is en die kleinvee en die kuddes met hulle jonges wat by my is, trek maar stadig, want as hulle vinnig gaan, sal hulle almal sterf, want u sien tog hulle laste en hulle vermoeienis. Sut 32:69 Daarom, laat my meester vooruit trek voor sy dienskneg en ek sal stadig voort trek om die kinders en die kuddes se onthalwe totdat ek by my meester se plek in Seïr aankom. Sut 32:70 Esau het aan Jakob gesê: Ek sal van die mense wat by my is by jou plaas om vir jou te sorg op pad en om jou laste en vermoeienis op die pad te help dra. En hy het gesê: Waarom sou dit nodig wees, my meester, as ek barmhartigheid in u oë mag vind. Sut 32:71 Kyk, ek sal na u toe kom daar in Seïr om saam daar te woon soos u gespreek het. Gaan u dan met u mense soontoe en ek sal u volg. Sut 32:72 Jakob het dit aan Esau gesê om van Esau en sy mense ontslae te raak, omdat Jakob hierna na sy vader se huis wou gaan in die Aarde van Kanaän. Sut 32:73 Esau het na Jakob se stem geluister en Esau het teruggekeer met die vierhonderd man wat by hom was, padlangs na Seïr. En Jakob, en almal wat aan hom behoort het, het daardie dag so ver as die grens van die Aarde van Kanaän getrek en hy het daar vir 'n geruime tyd gebly. //Dina word verkrag deur Sigem. Sut 33:1 'N TYD nadat Jakob weggetrek het van die grense van die land, het hy by die Aarde van Salem gekom, dit is die stad van Sigem wat in die Aarde van Kanaän is en hy het voor die stad gerus. Sut 33:2 Hy het 'n stuk grond gekoop wat daar was, van die seuns van Hemor, die mense van die land, vir vyf sikkels. Sut 33:3 Jakob het daar vir hom 'n huis gebou en hy het sy tent daar opgeslaan, en hy het takkrale gemaak vir sy vee en daarom het hy die plek Sukkot genoem. Sut 33:4 En Jakob het in Sukkot 'n jaar en ses maande lank gebly. Sut 33:5 Op daardie tyd het sommige van die vroue van die inwoners van die land na die stad van Sigem gegaan om te dans en vrolik te wees met die dogters van die mense van die stad. En toe hulle daarheen gaan, het Ragel en Lea, die vroue van Jakob met hulle families ook gegaan om die vrolikheid van die dogters van die stad te aanskou. Sut 33:6 En Dina, die dogter van Jakob, het ook met hulle saamgegaan en het die dogters van die stad gesien. En hulle het daar gebly by die dogters terwyl al die ander mense van die stad ook daar gestaan het om te kyk na hulle vrolikheid. En al die belangrike mense van die stad was daar. Sut 33:7 En Sigem, die seun van Hemor, die vors van die land, het ook daar gestaan om na hulle te kyk. Sut 33:8 Sigem het Dina, die dogter van Jakob, by haar moeder sien sit voor die dogters van die stad. En die maagd het hom behaag en hy het vir sy vriende en sy mense gevra: Wie se dogter is dit wat daar tussen die vroue sit wat ek in hierdie stad nie ken nie? Sut 33:9 En hulle het aan hom gesê: Sekerlik is sy die dogter van Jakob, die seun van Isak, die Hebreër, wat al vir 'n tyd lank in die stad woon. En toe daar berig is dat die dogters van die land uitgaan om vrolik te wees, het sy saam met haar moeder en dienaresse tussen hulle gaan sit soos u sien. Sut 33:10 Sigem het hom verkyk aan Dina, die dogter van Jakob, en terwyl hy kyk na haar het sy siel verkleef geraak aan Dina. Sut 33:11 Hy het haar met geweld laat haal en Dina is na die huis van Sigem gebring en hy het haar met geweld gegryp en hy het by haar ingegaan en hy het haar besoedel. En hy het haar baie liefgehad en haar in sy huis laat bly. Sut 33:12 Hulle het gekom en Jakob daarvan vertel en toe Jakob hoor dat Sigem sy dogter, Dina, onteer het, het Jakob twaalf van sy diensknegte gestuur om Dina uit die huis van Sigem te gaan haal. En hulle het gegaan en het by die huis van Sigem gekom om Dina daarvandaan te verwyder. Sut 33:13 Toe hulle daar aankom, het Sigem met sy manne na hulle uitgegaan en hulle uit sy huis verdryf en hy wou hulle nie toelaat om by Dina te kom nie, maar Sigem het in hulle teenwoordigheid met Dina gesit en haar gesoen en omhels. Sut 33:14 Die diensknegte van Jakob het teruggekom en hom vertel en gesê: Toe ons daar kom, het hy en sy manne ons verdryf en so het Sigem aan Dina voor ons gedoen. Sut 33:15 Jakob was toe seker dat Sigem sy dogter onteer het, maar hy het niks gesê nie. En sy seuns het sy beeste opgepas in die veld en Jakob het geswyg totdat hulle gekom het. Sut 33:16 En voor sy seuns teruggekeer het huis toe, het Jakob twee diensmeisies van sy diensknegte se dogters na Dina gestuur om haar te versorg in die huis van Sigem en om by haar te bly. En Sigem het drie van sy vriende na sy vader, Hemor, die seun van Giddekem, die seun van Pered, gestuur met die woorde: Kry hierdie maagd vir my as 'n vrou. Sut 33:17 En Hemor, die seun van Giddekem die Hewiet, het na die huis van Sigem, sy seun, gegaan en hy het voor hom gaan sit en Hemor het aan sy seun gesê: Sigem, is daar dan geen vrou onder die dogters van jou mense, dat jy 'n Hebreër-vrou, wat nie van jou mense is nie, wil neem? Sut 33:18 En Sigem het aan hom gesê: Net háár moet u vir my kry, want sy is verruklik in my oë. En Hemor het gedoen volgens die woord van sy seun, want hy het hom baie liefgehad. Sut 33:19 Hemor het uitgegaan na Jakob om met hom te praat oor hierdie saak. En kyk, toe hy uit die huis van sy seun, Sigem gaan, nog voordat hy by Jakob kon kom om met hom te praat, het die seuns van Jakob teruggekom uit die veld en hulle het gou gehoor van wat Sigem, die seun van Hemor, gedoen het. Sut 33:20 Die manne was gekrenk oor hulle suster en hulle het almal hoogs ontstoke by die huis aangekom nog voor die tyd dat die beeste bymekaar gemaak moet word. Sut 33:21 Hulle het gekom en het voor hulle vader gaan sit en hulle het met hom gepraat in vlammende woede en het gesê: Hierdie man en sy huishouding verdien sekerlik die dood. Want JaHWeH, die Elohey van die hele Aarde het Noag en sy kinders beveel dat die adamiet nooit sal steel nie en ook nie sal vermeng nie. En kyk, Sigem het ons suster beide verkrag en met haar vermeng en nie een van al die mense in die stad het 'n woord met hom daaroor gepraat nie! Sut 33:22 U weet en verstaan sekerlik dat 'n oordeel van die dood Sigem toekom, ook oor sy vader en oor die hele stad as gevolg van dit wat hy gedoen het. Sut 33:23 En kyk, terwyl hulle met hulle vader oor die saak praat, kom Hemor, die vader van Sigem, om aan Jakob te spreek wat sy seun oor Dina gesê het, en hy het voor Jakob en sy seuns gaan sit. Sut 33:24 Hemor het met hulle gepraat en gesê: Die siel van my seun, Sigem, verlang na julle dogter. Ek vra julle, gee haar aan hom as 'n vrou en verswaer julle met ons. Gee aan ons julle dogters en ons sal aan julle ons dogters gee en julle sal saam met ons woon in ons land en ons sal soos een volk in die land wees. [NegemJaH 13:25] Sut 33:25 Want ons land is baie groot, dus woon en dryf handel in haar en verwerf besittings in haar en doen in haar volgens julle begeertes en niemand sal julle verhoed deur 'n woord daaroor te spreek nie. Sut 33:26 En Hemor het opgehou praat met Jakob en sy seuns, en kyk, Sigem, sy seun, het agter hom aangekom en hy het voor hulle gesit. Sut 33:27 En Sigem het met Jakob en sy seuns gepraat en gesê: Mag ek guns vind in julle oë dat julle my julle dogter sal gee en wat julle ook al aan my sê, dit sal ek vir haar doen. Sut 33:28 Vra my 'n oorvloedige bruidskat en geskenke en ek sal dit gee en wat julle ook al aan my sê, dit sal ek doen. En wie ook al teen julle bevele opstaan, hy sal sterf, maar gee my net die maagd as 'n vrou. Sut 33:29 Símeon en Levi het Hemor en Sigem vals geantwoord deur te sê: Alles wat u aan ons gesê het, sal ons vir u doen. Sut 33:30 En kyk, ons suster is in jou huis, maar bly weg van haar totdat ons met ons vader Isak kan spreek oor hierdie saak, want ons kan niks doen sonder sy goedkeuring nie. Sut 33:31 Want hy ken die Weë van ons vader, Abraham, en wat hy ook al aan ons sê, sal ons aan u vertel en ons sal niks vir u wegsteek nie. Sut 33:32 En Símeon en Levi het so aan Sigem en sy vader gesê om 'n verskoning te vind om te beplan wat met Sigem en sy stad moet gebeur oor hierdie saak. Sut 33:33 Toe Sigem en sy vader die woorde hoor van Símeon en Levi, het dit goed geklink in hulle ore en Sigem en sy vader het opgestaan en huis toe gegaan. Sut 33:34 Nadat hulle weg is, het die seuns van Jakob aan hulle vader gesê: Kyk, ons weet dat die dood vir hierdie boosdoeners en hulle stad beskore is, want hulle het die bevel van Elohim aan Noag en sy kinders en sy nageslag na hom, oortree. Sut 33:35 En ook oor wat Sigem aan ons suster gedoen het deur haar te verkrag, want so 'n laagheid sal nooit onder ons gedoen word nie. Sut 33:36 Nou, daarom weet en kyk wat u wil doen, bedink en soek 'n verskoning wat om met hulle te doen, sodat die inwoners van die stad uitgewis kan word. Sut 33:37 En Símeon het aan hulle gesê: Hier is goeie raad aan julle: Sê aan hulle om elke man onder hulle te besny soos ons besny word en as hulle nie instem om dit te doen nie, sal ons ons dogter neem en wegtrek. Sut 33:38 As hulle dan instem om dit te doen en hulle dit wel doen, dan, wanneer hulle in die pyn verkeer, sal ons hulle aanval met ons swaarde soos op een wat rustig en vredevol is en ons sal elke manlike persoon onder hulle doodmaak. Sut 33:39 Símeon se raad het hulle geval en Símeon en Levi het hulle voorgeneem om aan hulle te doen soos wat voorgestel is. Sut 33:40 Die volgende môre het Sigem en Hemor, sy vader, weer na Jakob en sy seuns gekom om oor Dina te praat en om te hoor watter antwoord die seuns van Jakob kon gee. Sut 33:41 En die seuns van Jakob het vals met hulle gepraat en gesê: Ons het ons vader, Isak, al julle woorde vertel en julle woorde het hom geval. Sut 33:42 Maar hy het vir ons gesê: So het Abraham, sy vader, wat hierdie bevele van JaHWeH, ons Elohey ontvang het, hom weer beveel, dat enige man wat nie van sy afstammelinge is nie en een van sy dogters wil neem sal elke manlike persoon wat aan hom behoort, hom laat besny soos ons besny is en dan mag ons ons dogter aan hom gee vir 'n vrou. Sut 33:43 Nou het ons aan julle bekend gemaak al ons gebruike en wat ons vader aan ons gesê het, want ons kan nie doen wat julle aan ons gevra het nie, om ons dogter aan 'n onbesnede man te gee nie, want dit is 'n skande vir ons. Sut 33:44 Maar hierin sal ons toegee aan julle, om ons dogter aan julle te gee en ons sal ook van julle dogters vir ons neem en ons sal onder julle woon en ons sal een volk wees soos julle gesê het, mits julle na ons luister en instem om soos ons te wees en almal wat manlik onder julle is, te laat besny soos ons besny is. Sut 33:45 En as julle nie na ons wil luister om almal wat manlik is te besny soos ons besny is nie, soos wat ons beveel het nie, dan sal ons na julle kom en ons dogter by julle neem en ver wegtrek. Sut 33:46 Sigem en sy vader, Hemor, het die woorde van die seuns van Jakob gehoor en die saak het hulle besonder geval en Sigem en sy vader, Hemor, het hulle gehaas om die wense van die seuns van Jakob uit te voer, want Sigem was baie verlief op Dina en sy siel was verkleef aan haar. Sut 33:47 En Sigem en sy vader, Hemor, het hulle gehaas na die poort van die stad en hulle het al die manne van hulle stad versamel, en het die woorde van die seuns van Jakob aan hulle vertel en het gesê: Sut 33:48 Ons het by hierdie manne gekom, die seuns van Jakob, en ons het met hulle gepraat oor hulle dogter, en hierdie manne sal instem om ons wense te doen. En kyk, ons land is uitgestrek vir hulle en hulle sal in haar woon en in haar handeldryf en ons sal een volk wees. Ons sal hulle dogters neem en ons dogters sal ons aan hulle gee as vroue. Sut 33:49 Maar net op hierdie voorwaarde sal hierdie manne toestem om dit te doen en dit is dat al wat manlik onder ons is besny word soos hulle besny is, soos hulle Elohey beveel het. En wanneer ons volgens hulle bevele gehandel het om besny te word, dan sal hulle onder ons woon tesame met hulle beeste en besittings en ons sal soos een volk met hulle wees. Sut 33:50 Toe al die mans die woorde van Sigem en sy vader, Hemor, hoor, het al die manne van die stad ingewillig tot die voorstel en hulle was gehoorsaam om besny te word, want hulle het Sigem en sy vader, Hemor, baie hoog geag, want hulle was die vorste van die land. Sut 33:51 En die volgende dag het Sigem en Hemor, sy vader, die môre vroeg opgestaan en hulle het al die manne van hulle stad laat bymekaar kom in die middel van die stad. En hulle het die seuns van Jakob laat roep, wat toe elke manlike persoon wat aan hulle behoort het, besny het op daardie dag en die volgende. Sut 33:52 En hulle het Sigem en Hemor, sy vader, en die vyf broers van Sigem besny en toe het almal opgestaan en huis toe gegaan, want hierdie saak was van JaHWeH teen die stad van Sigem. En Símeon se raad hieroor was van JaHWeH, sodat JaHWeH die stad kon oorgee in die hande van Jakob se twee seuns. //Jakob se seuns verslaan Sigem Sut 34:1 DIE getal van al die manlike persone wat hulle laat besny het, was seshonderd-vyf-en-veertig manne en tweehonderd-ses-en-veertig seuns. Sut 34:2 Maar Giddekem, seun van Pered, die vader van Hemor, en sy ses broers wou nie na Sigem en na sy vader, Hemor, luister nie en hulle is nie besny nie, want die voorstel van die seuns van Jakob was verfoeilik in hulle oë en hulle woede was daardeur ontvlam omdat die mense van die stad nie na hulle geluister het nie. Sut 34:3 In die aand van die tweede dag het hulle agt klein seuntjies gekry wat nie besny was nie, want hulle moeders het hulle versteek vir Sigem en sy vader, Hemor, en van die manne van die stad. Sut 34:4 Sigem en sy vader, Hemor, het gestuur om hulle voor hulle te laat verskyn sodat hulle besny kon word, toe Giddekem en sy ses broers na hulle spring met hulle swaarde en hulle wou doodmaak. Sut 34:5 Hulle wou Sigem en sy vader Hemor doodmaak en ook wou hulle Dina saam met hulle hieroor doodmaak. Sut 34:6 En hulle het aan hulle gesê. Wat is dit wat julle gedoen het? Is daar geen vroue tussen die dogters van julle broers, die Kanaäniete, dat julle begeer om dogters van die Hebreërs vir julle te neem wie julle nie vantevore geken het nie? En nou wil julle dit doen wat julle vaders julle nooit beveel het nie! Sut 34:7 Verbeel julle jul dat julle sal slaag deur dit wat julle doen? En wat sal julle hieroor aan julle broers, die Kanaäniete, antwoord wat môre sal kom en julle hieroor gaan vra? Sut 34:8 As julle daad nie regverdig en goed in hulle oë lyk nie, wat sal julle doen om julle lewens te red? En ons vir ons lewens omdat julle nie na ons geluister het nie? Sut 34:9 En as die inwoners van die land en al julle broers, die seuns van Gam, hoor wat julle gedoen het, sal hulle sê: Sut 34:10 Ter wille van 'n Hebreeuse vrou het Sigem en sy vader, Hemor, en al die inwoners van hulle stad dit gedoen waarmee hulle heeltemal onbekend was en hulle vaders voor hulle nooit beveel het nie! Waarheen sal julle dan vlug of julle skaamte verberg al julle dae voor julle broers, die inwoners van die Aarde van Kanaän? Sut 34:11 Daarom, nou kan ons nie duld wat julle gedoen het nie en ons kan ook nie die juk dra wat julle op ons geplaas het nie, wat ons voorvaders ons nie beveel het nie. Sut 34:12 Kyk, môre sal ons gaan en al ons broers, die Kanaänitiese broers wat in die land bly, versamel en ons sal almal kom en julle doodmaak en almal wat op julle vertrou het, sodat daar nie 'n oorblyfsel van julle of hulle sal oorbly nie. Sut 34:13 Toe Hemor en sy seun, Sigem, en al die mense van die stad die woorde van Giddekem en sy broers hoor, het hulle gevrees vir hulle lewens weens hierdie woorde en hulle het berou gehad oor wat hulle gedoen het. Sut 34:14 Sigem en sy vader, Hemor, het sy vader, Giddekem en sy broers geantwoord en gesê: Al die woorde wat u tot ons gespreek het, is waar. Sut 34:15 Moenie nou sê of in julle harte bedink dat ons ter wille van die liefde vir die Hebreërs hierdie ding gedoen het wat ons voorvaders ons nie beveel het nie. Sut 34:16 Maar omdat ons gesien het dat dit nie hulle bedoeling of begeerte was om gehoor te gee aan ons planne oor hulle dogter om haar te neem nie, behalwe op hierdie voorwaarde, daarom het ons na hulle stemme geluister, en daarom het ons hierdie daad gedoen wat u gesien het, sodat ons ons begeerte kon verkry van hulle. Sut 34:17 En wanneer ons ons versoek van hulle gekry het, dan sal ons terugkeer en aan hulle doen dit wat julle aan ons sê. Sut 34:18 Ons smeek dan by julle om te wag en te talm totdat ons vlees genees is en ons weer sterk is. En ons kan dan saam teen hulle uittrek en aan hulle doen dit wat in julle harte en in ons harte is. Sut 34:19 Dina, die dogter van Jakob het al hierdie woorde gehoor wat Giddekem en sy broers gespreek het en wat Hemor en sy seun, Sigem, en die mense van die stad hulle geantwoord het. Sut 34:20 En sy het haar gehaas en het een van haar diensmeisies wat haar vader na haar gestuur het om vir haar te sorg in die huis van Sigem, na Jakob en haar broers gestuur, om te sê: Sut 34:21 So het Giddekem en sy broers raad gegee oor u en so het Hemor en Sigem en die mense van die stad hulle geantwoord. Sut 34:22 Toe Jakob hierdie woorde hoor was hy baie kwaad en hy was verontwaardig en sy woede het teen hulle ontvlam. Sut 34:23 En Símeon en Levi het gesweer en gesê: Sowaar as JaHWeH leef, die Elohey van die hele Aarde, teen hierdie tyd môre sal daar nie 'n oorblyfsel in die hele stad te kry wees nie. Sut 34:24 Altesaam twintig jongmanne wat nie besny is nie, het weggekruip en die jongmanne het geveg teen Símeon en Levi, en Símeon en Levi het agtien van hulle doodgemaak en twee het van hulle af gevlug na 'n paar kalkputte wat in die stad was en Símeon en Levi het na hulle gesoek, maar kon hulle nie kry nie. Sut 34:25 Símeon en Levi het voortgegaan in die stad en hulle het al die mense van die stad doodgemaak deur die skerpte van die swaard en hulle het niemand laat oorbly nie. Sut 34:26 Daar was 'n groot verwarring midde-in die stad en die geskreeu van die mense van die stad het na die Hemele gestyg en al die vroue en kinders het hard geween. Sut 34:27 En Símeon en Levi het die stad verslaan; hulle het nie 'n man in die stad laat oorbly nie. Sut 34:28 Hulle het Hemor en Sigem, sy seun, deur die skerpte van die swaard verslaan en hulle het Dina uit die huis van Sigem geneem en hulle het vertrek. Sut 34:29 Die seuns van Jakob het teruggegaan en het op die gesneuweldes afgekom en al hulle besittings wat in die stad en die veld was, verniel. Sut 34:30 En terwyl hulle die buit geneem het, het driehonderd man opgestaan en gruis na hulle gegooi en het hulle met klippe getref. Toe het Símeon teruggedraai en hulle almal met die skerpte van die swaard verslaan, en Símeon het teruggedraai voor Levi en hy het die stad binnegegaan. Sut 34:31 Hulle het toe al hulle skape en osse en hulle beeste en ook die oorblyfsel van die vroue en kinders almal vandaar af weggelei. En hulle het 'n hek oopgemaak en uitgegaan en het na hulle vader, Jakob, gegaan met lewenskrag. Sut 34:32 Toe Jakob sien wat hulle alles aan die stad gedoen het, en hy sien die buit wat hulle van hulle geneem het, was Jakob baie kwaad vir hulle en Jakob het aan hulle gesê: Wat is dit wat julle my aangedoen het? Kyk, ek het rus onder die Kanaänitiese inwoners van die land verkry en nie een het hom met my bemoei nie. Sut 34:33 En nou het julle my haatlik vir die inwoners van hierdie land gemaak, onder die Kanaäniete en die Feresiete, en ek is maar min in getal. En hulle sal almal saamstaan teen my en my doodmaak wanneer hulle hoor wat julle met hulle broers gedoen het en ek en my huis sal vernietig word. Sut 34:34 Símeon en Levi en al hulle broers saam met hulle het hulle vader Jakob geantwoord en gesê: Kyk, ons leef in die land en kon Sigem dit aan ons suster doen? Hoekom bly u stil oor alles wat Sigem gedoen het? En sal hy met ons suster handel asof sy 'n hoer in die strate is? Sut 34:35 Die getal vroue wat Símeon en Levi in die stad gevange geneem het wat hulle nie doodgemaak het nie, was vyf-en-tagtig wat nog nie deur 'n man beken was nie. Sut 34:36 En onder hulle was daar 'n maagd met 'n pragtige voorkoms en baie gewild en haar naam was Buna. En Símeon het haar geneem as 'n vrou. En die getal van die manne wat hulle gevange geneem en nie doodgemaak het nie was sewe-en-veertig manne en die res het hulle doodgemaak. Sut 34:37 Al die jongmanne en maagde wat Símeon en Levi gevange geneem het in die stad van Sigem, het diensknegte geword van die seuns van Jakob en hulle kinders na hulle tot met die dag dat die seuns van Jakob uitgetrek het na die Aarde van Egipte. Sut 34:38 En toe Símeon en Levi uit die stad vertrek het, het die twee jongmanne wat oor was, wat hulleself versteek het in die stad en wat nie gesterf het saam met die mense van die stad nie, opgestaan. En hierdie twee jongmanne het in die stad gegaan en het rondgeloop en het die stad verlate gevind sonder 'n man en met vroue wat huil. En hierdie jongmanne het uitgeroep en het gesê: Kyk, dit is die kwaad wat die seuns van Jakob, die Hebreër, aan hierdie stad gedoen het, deurdat hulle vandag een van die Kanaänitiese stede vernietig het en hulle het nie gevrees vir hulle lewens in die hele Aarde van Kanaän nie. Sut 34:39 Hierdie manne het die stad verlaat en na die stad van Tapnag gegaan en hulle het daar gekom en het die inwoners van Tapnag alles vertel wat met hulle gebeur het en alles wat die seuns van Jakob aan die stad van Sigem gedoen het. Sut 34:40 Die inligting het Ja-Sjub, die koning van Tapnag, bereik en hy het manne gestuur na die stad van Sigem om daardie jongmanne te spreek, want die koning het hulle nie geglo wat hulle vertel het nie en gesê: Want, het hy gesê: Hoe kan twee manne so 'n groot stad soos Sigem vernietig? Sut 34:41 Die boodskappers van Ja-Sjub het teruggekeer en hom vertel en gesê: Ons het by die stad gekom en dit was vernietig. Daar is nie 'n man daar nie: Net wenende vroue. Ook is daar nie vee of beeste nie, want alles wat in die stad was, het die seuns van Jakob weggeneem. Sut 34:42 Ja-Sjub het daaroor gewonder en gesê: Hoe kon twee man dit gedoen het om so 'n groot stad te vernietig en nie een man kon teen hulle staan nie? Sut 34:43 Want hulle gelyke is daar nie sedert die dae van Nimrod nie, selfs van die oudste tye af het so iets nie gebeur nie, en Ja-Sjub, die koning van Tapnag, het aan sy mense gesê: Wees dapper en ons sal teen hierdie Hebreërs gaan veg en aan hulle doen soos hulle aan die stad gedoen het. En ons sal ons wreek oor die saak van die mense van die stad. Sut 34:44 Ja-Sjub, die koning van Tapnag, het sy wyse manne geraadpleeg hieroor en sy raadgewers het aan hom gesê: Alleen sal u nie die Hebreërs oorwin nie, want hulle moet baie sterk wees om so-iets aan die hele stad te doen. Sut 34:45 As twee van hulle die stad vernietig het en niemand kon teen hulle staan nie, sekerlik, as u teen hulle wil gaan, dan sal hulle almal teen ons opstaan en ons ook vernietig. Sut 34:46 Maar as u aan al die konings rondom ons 'n boodskap stuur en hulle bymekaar laat kom, dan kan ons saamgaan en veg teen die seuns van Jakob en dan sal u hulle oorwin. Sut 34:47 Ja-Sjub het die woorde van sy raadgewers aangehoor en hulle woorde het hom en sy mense geval en hy het so gedoen. En Ja-Sjub, die koning van Tapnag, het al die konings van die Amoriete wat rondom Sigem en Tapnag was, laat weet en gesê: Sut 34:48 Kom saam met my en help my en ons sal Jakob, die Hebreër, en al sy seuns verslaan en hulle van die Aarde af vernietig, want so het hy aan die stad van Sigem gedoen en weet julle nie daarvan nie? Sut 34:49 Al die konings van die Amoriete het van die boosheid gehoor wat die seuns van Jakob aan die stad gedoen het en hulle was verstom daaroor. Sut 34:50 Die sewe konings van die Amoriete het saamgekom met al hulle leërs, omtrent tienduisend man met ontblote swaarde, en hulle het gekom om teen die seuns van Jakob te veg. En Jakob het gehoor dat die konings van die Amoriete saamgekom het om teen sy seuns te veg en Jakob was baie bevrees, en hy was in die nood. Sut 34:51 Jakob het uitgevaar teen Símeon en Levi en gesê: Wat is dit wat julle gedoen het? Waarom het julle my skade aangedoen deur al die kinders van Kanaän teen my te bring om my en my huis te vernietig? Want ek was rustig, ek en my huis, en julle het hierdie ding aan my gedoen en die inwoners van die land aangehits teen my met julle daad. Sut 34:52 En JeHûWdah het sy vader geantwoord en gesê: Het my broers sommer vir niks al die inwoners van Sigem verslaan? Sekerlik was dit omdat Sigem ons suster verneder het en die bevel van ons Elohey oortree het wat Hy aan Noag en sy nageslag gegee het, want Sigem het ons suster met geweld weggeneem en hy het met haar vermeng. Sut 34:53 Sigem het al hierdie boosheid [Génesis 34:7] gedoen en nie een van die inwoners van sy stad het tussenbeide getree nie of gevra: Hoekom wil jy dit doen? Sekerlik hieroor het my broers gegaan en die stad verslaan. En JaHWeH het die stad in hulle hande oorgelewer, want die inwoners het die bevele van ons Elohey oortree. Is dit dan vir niks dat hulle dit alles gedoen het nie? Sut 34:54 En nou, waarom is u bang of in die nood en waarom is u ontevrede met my broers en waarom is u woede teen hulle ontbrand? Sut 34:55 Sekerlik sal ons Elohey wat die stad en die mense van Sigem in hulle hande oorgelewer het, ook al die Kanaänitiese konings wat teen ons optrek, in ons hand gee. En ons sal aan hulle doen soos my broers gedoen het aan Sigem. Sut 34:56 Wees nou rustig oor hulle en werp u vrese weg, maar vertrou op JaHWeH, ons Elohey, en bid tot Hom om ons te help en te verlos en om ons vyande in ons hande te gee. Sut 34:57 JeHûWdah het een van sy vader se diensknegte geroep en gesê: Gaan nou en kyk wat daardie konings wat teen ons wil kom met hulle leërmagte, se ligging is. Sut 34:58 Die dienskneg het uitgegaan en in die verte gekyk en het oorkant die berg Sihon opgeklim en het al die kampe van die konings in die veld sien staan. En hy het teruggekeer na JeHûWdah en gesê: Kyk, die konings is in die veld met al hulle leërs, 'n baie groot menigte manne, byna soos die sand van die see. Sut 34:59 En JeHûWdah het aan Símeon en Levi en aan al sy broers gesê: Wees sterk en wees seuns van moed, want JaHWeH, ons Elohey, is met ons. Moenie hulle vrees nie. Sut 34:60 Staan op, elke man omgord met sy oorlogswapens, sy boog en sy swaard, en ons sal gaan veg teen hierdie onbesnedenes. JaHWeH is ons Elohey, Hy sal ons red. Sut 34:61 Hulle het opgestaan, en elkeen het sy oorlogswapens omgord, groot en klein, elf seuns van Jakob, en al die diensknegte van Jakob saam met hulle. Sut 34:62 Al die diensknegte van Isak wat saam met Isak in Hebron was, almal het na hulle gekom omgord met allerhande soorte van oorlogswapens. En die seuns van Jakob en hulle diensknegte, wat eenhonderd-en-twaalf man was, het hierdie konings tegemoet gegaan en Jakob het ook saam met hulle gegaan. Sut 34:63 En die seuns van Jakob het na hulle vader Isak, die seun van Abraham, na Hebron gestuur, sy is dieselfde as Kirjat-Arba, en gesê: Sut 34:64 Ons smeek u, bid tot JaHWeH, onse Elohey vir ons om ons te beskerm van die hand van die Kanaäniete wat teen ons kom en om hulle in ons hand te gee. Sut 34:65 En Isak, die seun van Abraham, het tot JaHWeH gebid vir sy seuns en hy het gesê: O JaHWeH, my Elohey, U het my vader belowe en gesê: Ek sal jou nageslag vermeerder soos die Sterre van die Hemele en U het my ook belowe. Bevestig U Woord nou, noudat die konings van Kanaän saamtrek om oorlog te maak teen my seuns, want hulle het geen geweld gepleeg nie. Sut 34:66 Daarom nou, O JaHWeH, my Elohey, El van die hele Aarde, ek bid U, verwar die raad van hierdie konings sodat hulle nie kan veg teen my seuns nie. Sut 34:67 En druk op die harte van hierdie konings en hulle mense vrees vir my seuns en breek hulle trots, sodat hulle sal wegdraai van my seuns af. Sut 34:68 Met U Sterk Hand en Uitgestrekte Arm verlos my seuns en hulle diensknegte van hulle, want Mag en Krag is in U Hand om dit alles te doen. Sut 34:69 En die seuns van Jakob en hulle diensknegte het na daardie konings beweeg en hulle het vertrou op JaHWeH, hulle Elohey. En terwyl hulle gegaan het, het Jakob hulle vader ook tot JaHWeH gebid en hy het gesê: O JaHWeH, onse Elohey, magtige en verhewe El, wat heers van oudsher af, van toe tot nou en vir ewig; Sut 34:70 U is Hy wat oorloë aanblaas en hulle laat ophou. In U Hand is daar Krag en Mag om te verhoog en te verlaag; O mag my gebed voor U aanvaar word dat U U na my wend met U Barmhartigheid, sodat die harte van hierdie konings en hulle mense bevange mag word met vrees vir my seuns en mag hulle leërs verskrik word en dat U met U groot Suiwerheid almal sal verlos wat op U vertrou, want dit is U wat mense onder ons kan stel en nasies aan ons mag kan onderwerp. //Die Amoriete vrees die Hebreërs. Sut 35:1 AL die konings van die Amoriete het gekom en hulle plekke op die slagveld ingeneem om met hulle raadgewers te beraadslaag oor wat om met die seuns van Jakob te doen, want hulle was steeds bang vir hulle en het gesê: Kyk, twee van hulle het die hele stad van Sigem verslaan. Sut 35:2 JaHWeH het die gebede van Isak en Jakob verhoor en Hy het die harte van al die koning se raadgewers met groot vrees en skrik gevul sodat hulle soos een man uitgeroep het: Sut 35:3 Is u dwaas vandag of verstaan julle nie dat julle met die Hebreërs wil veg nie, en hoekom wil julle genot put uit julle eie vernietiging vandag? Sut 35:4 Kyk, twee van hulle het na die stad Sigem sonder vrees of skrik gekom en hulle het al die inwoners van die stad doodgemaak en geen man het teen hulle bly staan nie en hoe sal dit vir julle moontlik wees om met hulle almal te veg. Sut 35:5 Julle weet seker dat hulle Elohey baie lief vir hulle is en dat Hy magtige dade vir hulle gedoen het, soos wat nie gedoen is van die dae van ouds nie, en onder al die gode van die nasies is daar nie een wat kan doen soos Sy magtige dade nie. Sut 35:6 Sekerlik het Hy hulle vader Abraham, die Hebreër, verlos uit die hand van Nimrod, en uit die hand van al sy mense wat menige keer gepoog het om hom dood te maak. Sut 35:7 Hy het hom ook verlos uit die vuur waarin koning Nimrod hom gegooi het, en sy Elohim het hom daaruit verlos. Sut 35:8 En wie anders kan so-iets doen? Sekerlik was dit Abraham wat die vyf konings van Elam verslaan het toe hulle sy broer se seun, wat in daardie dae in Sodom gewoon het, aangeraak het. Sut 35:9 Hy het sy dienskneg, wat getrou in sy huis was, geneem en 'n paar van sy manne en hulle het die konings van Elam agtervolg in een nag en hulle doodgemaak, en hulle het aan sy broer se seun al sy besittings terug besorg wat hulle van hom geneem het. Sut 35:10 Julle weet seker dat die Elohey van hierdie Hebreërs Hom in hulle behaag, want hulle weet dat Hy hulle van al hulle vyande verlos het. Sut 35:11 En kyk, deur sy liefde vir sy Elohey, het Abraham sy enigste en kosbare seun geneem en was van voorneme om hom as 'n brandoffer aan sy Elohey te bring, en as dit nie vir JaHWeH was wat hom verhoed het om dit te doen nie, dan sou hy dit gedoen het deur sy liefde vir sy Elohey. Sut 35:12 Elohim het al sy werke gesien en het tot hom gesweer en hom belowe dat Hy sy seuns en hulle nageslag sal verlos van enige moeilikheid wat hulle mag oorval, omdat hy dit gedoen het, en deur sy liefde vir sy Elohey het hy sy barmhartigheid vir sy kind onderdruk. Sut 35:13 En het julle nie gehoor wat hulle Elohey aan Farao, die koning van Egipte, gedoen het nie? En aan Abiméleg, die koning van Gerar, omdat hy daaraan gedink het om as 'n vrou te neem die vrou van Abraham wat van haar gesê het: Sy is my suster, omdat hy bang was dat hulle hom sou doodmaak as gevolg van haar. En Elohim het aan hulle en hulle mense gedoen alles wat julle gehoor het. Sut 35:14 En kyk, ons het self met ons oë gesien dat Esau, die broer van Jakob, na hom gekom het met vierhonderd man met die bedoeling om hom dood te maak, want hy het onthou dat hy sy vader se seëning van hom ontneem het. Sut 35:15 En hy het gegaan om hom te ontmoet toe hy van Sirië gekom het om die moeder met die kinders dood te maak, en wie anders het hom verlos uit sy hand maar sy Elohey op Wie hy vertrou het? Hy het hom verlos uit die hand van sy broer en ook uit die hand van sy vyande en Hy sal hulle sekerlik weer beskerm. Sut 35:16 Wie weet nie dat dit hulle Elohey was wat hulle besiel het met krag om aan die stad van Sigem die boosheid te doen waarvan julle gehoor het nie? Sut 35:17 Kan dit dan met hulle eie krag wees dat twee manne so 'n groot stad soos Sigem kon vernietig as dit nie vir hulle Elohey was op Wie hulle vertrou nie? Hy het dit alles gedoen en aan hulle gesê om die inwoners in hulle stad dood te maak. Sut 35:18 Kan julle dan die oorhand kry oor hulle wat saamgekom het uit julle stad om teen hulle almal te veg, selfs al kom 'n duisend keer soveel meer om julle by te staan? Sut 35:19 Julle weet seker en begryp dat julle nie gekom het om met hulle te veg nie, maar julle kom om oorlog te maak teen hulle Elohey wat hulle uitverkies het en julle het daarom almal op hierdie dag gekom om vernietig te word. Sut 35:20 Weerhou julle daarom van die boosheid wat julle poog om oor julleself te bring en dit sal vir julle beter wees om nie in stryd met hulle te tree nie, al is hulle maar min in getal, want hulle Elohey is met hulle. Sut 35:21 Toe die konings van die Amoriete al die woorde van hulle raadgewers hoor, was hulle harte met angs gevul en hulle was bang vir die seuns van Jakob en wou nie teen hulle veg nie. Sut 35:22 Hulle het hulle ore geneig na die woorde van hulle raadgewers en hulle het na al hulle woorde geluister en die woorde van die raadgewers het die konings geval en hulle het so gedoen. Sut 35:23 Die konings het omgedraai en het die seuns van Jakob vermy, want hulle het hulle nie durf nader om oorlog met hulle te maak nie, want hulle was baie bang vir hulle en hul harte het in hulle versmelt uit vrees vir hulle. Sut 35:24 Want dit het van JaHWeH gekom, want Hy het die gebede van sy diensknegte, Isak en Jakob, verhoor want hulle het op Hom vertrou. En al hierdie konings het met hulle leërs op daardie dag teruggekeer, elkeen na sy eie stad en hulle het nie daardie tyd teen die seuns van Jakob geveg nie. Sut 35:25 Die seuns van Jakob het hulle posisie daardie dag tot die aand behou oorkant berg Sihon, en toe hulle sien dat hierdie konings nie teen hulle kom veg nie, het die seuns van Jakob huis toe gegaan. //Die geslagsregister van Jakob. Sut 36:1 IN daardie tyd het JaHWeH aan Jakob verskyn en gesê: Staan op, en gaan na BetEl en bly daar, en bou daar 'n altaar vir JaHWeH wat aan jou verskyn het, wat jou en al jou seuns uit beproewing verlos het. Sut 36:2 En Jakob het opgestaan met al sy seuns en almal wat aan hom behoort het, en hulle het gegaan en by BetEl gekom volgens die Woord van JaHWeH. Sut 36:3 Jakob was nege-en-negentig jaar oud toe hy opgegaan het na BetEl, en Jakob en sy seuns, en al die mense wat by hom was, het in BetEl in Lus [Génesis 28:19] gebly, en hy het daar 'n altaar vir JaHWeH gebou wat aan hom verskyn het, en Jakob en sy seuns het ses maande in BetEl gebly. Sut 36:4 In daardie tyd het Debora, die dogter van Us, die kinderoppasser van Rebekka, wat by Jakob was, gesterf en Jakob het haar onderkant BetEl onder 'n eikeboom wat daar was, begrawe. Sut 36:5 En Rebekka, die dogter van BetuEl, die moeder van Jakob, het ook daardie tyd gesterf in Hebron, dieselfde as Kirjat-Arba [Génesis 23:2], en sy is begrawe in die spelonk van Magpéla wat Abraham van die kinders van Het gekoop het. Sut 36:6 En die lewe van Rebekka was eenhonderd-drie-en-dertig jaar en sy het gesterf. En toe Jakob hoor dat sy moeder Rebekka dood is, het hy bitterlik geween oor sy moeder en hy het 'n groot roubeklag vir haar gemaak, en vir Debora die kinderoppasser onder die eikeboom, en hy het die naam van daardie plek Allon-Bagut gegee. Sut 36:7 Laban, die Siriër, het in daardie dae gesterf, want Elohim het hom gestraf omdat hy die ooreenkoms wat tussen hom en Jakob was, verbreek het. Sut 36:8 Jakob was 'n honderd jaar oud toe JaHWeH aan hom verskyn het, en hom geseën het en hom JisraEl genoem het en Ragel, die vrou van Jakob, het in daardie dae swanger geword. Sut 36:9 In daardie tyd het Jakob en almal wat aan hom behoort het van BetEl gereis na sy vader se huis, na Hebron. Sut 36:10 En terwyl hulle op pad was, en dit was nog maar 'n klein entjie na Efrat, het Ragel 'n seun gebaar, en sy het moeilik geboorte gegee en sy het gesterf. [Génesis 35:16] Sut 36:11 Jakob het haar onderweg na Efrat begrawe, wat Betlehem is. En hy het 'n gedenksteen op haar graf opgerig, wat tot vandag daar is; en die dae van Ragel was vyf-en-veertig jaar en sy het gesterwe. [Génesis 35:17-20] Sut 36:12 En Jakob het die seun wat vir hom gebore is, wat Ragel vir hom gebaar het, Benjamin genoem, want hy is vir hom gebore in die Adamah [die adamiet se Aarde] aan die regterkant. Sut 36:13 Dit was na die dood van Ragel dat Jakob sy tent opgeslaan het in die tent van haar diensmaagd, Bilha. [Génesis 29:29] Sut 36:14 En Ruben was jaloers daaroor oor sy moeder, Lea, en hy was vervul met woede en hy het in woede opgestaan en ingegaan in die tent van Bilha en hy het met sy vader se byvrou gemeenskap gehad. [Génesis 49:4] Sut 36:15 In daardie tyd is die gedeelte van die geboortereg, saam met die koninklike en priesterlike ampte van die seuns van Ruben weggeneem, want hy het sy vader se bed geskend, en die geboortereg is aan JôWsef gegee, die koninklike amp aan JeHûWdah, en die priesterskap aan Levi omdat Ruben sy vader se bed besoedel het. Sut 36:16 En hierdie is die geslagte van Jakob wat vir hom in Paddan-Aram gebore is, en die seuns van Jakob was twaalf. Sut 36:17 Die seuns van Lea was: Ruben, die eersgeborene van Jakob, en Símeon, Levi, JeHûWdah, Issaskar, Sébulon en hulle suster Dina; en die seuns van Ragel was JôWsef en Benjamin. Sut 36:18 Die seuns van Silpa, die diensmaagd van Lea, was: Gad en Aser, en die seuns van Bilha, die diensmaagd van Ragel, was: Dan en Náftali. Hierdie is die seuns van Jakob wat vir hom gebore is in Paddan-Aram. Sut 36:19 Jakob en sy seuns en almal wat aan hom behoort het, het gereis en by Mamre gekom, wat Kirjat-Arba is, dit is in Hebron waar Abraham en Isak gewoon het. En Jakob met sy seuns en almal wat aan hom behoort het, het by sy vader in Hebron gewoon. Sut 36:20 Sy broer Esau en sy seuns en almal wat aan hom behoort het, het na die Aarde van Seïr gegaan en daar gewoon, en het besittings gehad in die Aarde van Seïr en die kinders van Esau was vrugbaar en het buiten-gewoon vermeerder in die Aarde van Seïr. Sut 36:21 En hier is die geslagte van Esau wat vir hom gebore is in die Aarde van Kanaän en Esau het vyf seuns gehad. Sut 36:22 En Ada het vir Esau gebaar sy eersgeborene, EliFaz, en sy het ook vir hom gebaar Rebel. En Oholibáma het vir hom gebaar Jehus, Jáelam en Korag. Sut 36:23 Hierdie is die kinders van Esau wat vir hom gebore is in die Aarde van Kanaän: en die seuns van EliFaz, die seun van Esau, was: Teman, Omar, Sefo, Gáetam, Kenas en Amalek. En die seuns van ReuEl was: Nahat, Serag, Samma en Missa. Sut 36:24 En die seuns van Jehus was Timna, Alwa, Jetet; en die seuns van Jáelam was Ala, Pinor en Kenas. Sut 36:25 En die seuns van Korag was Teman, Mibsar, Magdiel en Eram; hierdie is die geslagte van die seuns van Esau volgens hulle stamhoofde in die Aarde van Seïr. Sut 36:26 En hier is die name van die seuns van Seïr, die Horiet, van die Aarde van Seïr: Lotan, Sobal, Sibeon, Ana, Dison, Eser en Disan, en wat sewe seuns is. Sut 36:27 Die kinders van Lotan was Hori, Hemam en hulle suster Timna. Dit was Timna wat na Jakob en sy seuns gekom het en hulle wou nie na haar luister nie, en sy het gegaan en 'n byvrou geword vir EliFaz, die seun van Esau, en sy het vir hom Amalek gebaar. Sut 36:28 En die seuns van Sobal was: Alwan, Manáhat, Ebal, Sefo en Onam. En die seuns van Sibeon was Aja en Ana, dit was dié Ana wat die Jemim [warm Fonteine] in die wildernis gevind het toe hy die esels van Sibeon, sy vader, gevoer het. Sut 36:29 Terwyl hy sy vader se esels gevoer het, het hy hulle na die wildernis gelei op verskillende tye om hulle te laat wei. Sut 36:30 En daar was 'n dag wat hy hulle na een van die wildernisse toe gebring het op die seestrand, teenoor die woesteny van die mense. En kyk, terwyl hy hulle gevoer het, het 'n hewige storm van die anderkant van die see gekom en oor die esels wat daar geëet het gekom, en hulle het almal stilgestaan. Sut 36:31 En agterna het omtrent eenhonderd-en-twintig groot en verskriklike diere uit die wildernis anderkant die see gekom en hulle het almal na die plek gekom waar die esels was en hulle het hulle daar versamel. Sut 36:32 En daardie diere, van hulle middel onder toe, was in die vorm van die kinders van die adam, en van hulle middel boontoe het sommige soos bere gelyk en sommige die voorkoms van keefas (langstert ape) met sterte agter, hulle wat van tussen hulle skouers af tot op die grond gereik het, soos die sterte van die dugeefat (amfibiese diere) en hulle het op daardie esels gery en het hulle weggelei en hulle is tot vandag toe nog weg. Sut 36:33 Een van hierdie diere het Ana genader en het hom met sy stert neergevel en toe van daardie plek gevlug. Sut 36:34 En toe hy dit sien, was hy besonder bang vir sy lewe en hy het gevlug en ontsnap na die stad. Sut 36:35 En hy het aan sy seuns en broers alles vertel wat met hom gebeur het en baie manne het die esels gaan soek en kon hulle nie vind nie, en Ana en sy broers het van daardie dag af nie meer na daardie plek toe gegaan nie, want hulle was baie bevrees vir hulle lewens. Sut 36:36 Die kinders van Ana, die seun van Seïr, was Dison en sy suster Oholibáma. En die kinders van Dison was Hemdan, Esban, Jitran en Keran. En die kinders van Eser was Bilhan, Saäwan en Akan. En die kinders van Disan was Us en Aran. Sut 36:37 Dit is die families van die kinders van Seïr die Horiet, volgens die stamhoofde in die Aarde van Seïr. Sut 36:38 Esau en sy kinders het gewoon in die Aarde van Seïr, die Horiet, die inwoners van die land, en hulle het besittings in haar gehad en was vrugbaar en het buitengewoon vermeerder. En Jakob en sy kinders en almal wat aan hom behoort het, het by sy vader, Isak, gewoon in die Aarde van Kanaän soos JaHWeH aan Abraham, hulle vader, beveel het. //JisraEl slag die Kanaäniete Sut 37:1 IN die eenhonderd-en-vyfde jaar in die lewe van Jakob, dit is die negende jaar wat Jakob en sy kinders in Kanaän gewoon het, het hy van Paddan- Aram gekom. Sut 37:2 In daardie dae het Jakob met sy kinders van Hebron gereis en hulle het teruggekeer na die stad van Sigem, hulle en almal wat aan hulle behoort het, en hulle het daar gewoon, want die kinders van Jakob het goeie en vet weiveld vir hulle beeste verkry in die stad van Sigem, die stad van Sigem was teen daardie tyd herbou en in haar was omtrent driehonderd manne en vroue. Sut 37:3 Jakob en sy kinders en almal wat aan hom behoort het, het op die grond gewoon wat Jakob van Hemor, die vader van Sigem, gekoop het toe hy van Paddam-Aram af gekom het voordat Símeon en Levi die stad verslaan het. Sut 37:4 Al daardie konings van die Kanaäniete en Amoriete wat die stad van Sigem omsingel het, het gehoor dat die seuns van Jakob weer eens na Sigem gekom het en daar gewoon het. Sut 37:5 En hulle het gesê: Sal die seuns van Jakob, die Hebreër, weer na die stad kom en in haar woon nadat hulle die inwoners verslaan en uitgedryf het? Sal hulle nou terugkeer en ook dié wat in die stad woon, uitdryf of hulle verslaan? Sut 37:6 En al die konings van Kanaän het weer versamel en hulle het saamgetrek om oorlog te maak teen Jakob en sy seuns. Sut 37:7 Ja-Sjub, die koning van Tapnag, het ook boodskappe gestuur na die naburige konings, na Elan, die koning van Gaäs, en na Huri, die koning van Silo, en na Paraton, die koning van Gasar, en na Susi, die koning van Sarton, en na Laban, die koning van Bet-Horon en na Sjabir, die koning van Otnama, en hy het gesê: Sut 37:8 Kom na my toe en staan my by en laat ons Jakob verslaan, die Hebreër en sy seuns en almal wat aan hom behoort, want hulle het weer na Sigem gekom om haar in besit te neem en die inwoners te verslaan soos tevore. Sut 37:9 En al hierdie konings het saamgetrek en hulle het gekom met al hulle leërs, buitengewoon talryke mense soos die sand op die seestrand en hulle was almal oorkant Tapnag. Sut 37:10 Ja-Sjub, koning van Tapnag, het uitgegaan na hulle met sy hele strydmag en hy het saam met hulle kamp opgeslaan teenoor Tapnag buitekant die stad. En al hierdie konings het hulle verdeel in sewe afdelings wat beteken het dat daar sewe leërs was teen die seuns van Jakob. Sut 37:11 Hulle het 'n verklaring aan Jakob en sy seuns gestuur en gesê: Kom julle almal te voorskyn sodat ons samesprekings kan voer op die vlakte en wraak kan neem oor die manne van Sigem wat julle in hulle stad verslaan het. En nou kom julle weer terug na Sigem en woon daar om die inwoners soos tevore te verslaan. Sut 37:12 En die seuns van Jakob het dit gehoor en hulle woede het ontvlam, hulle was verskriklik kwaad oor die woorde van die konings van Kanaän. En tien van die seuns van Jakob het hulle gehaas en opgestaan en elkeen het oorlogswapens omgord; en daar was eenhonderd-en-twee van hulle dienaars saam met hulle toegerus en uitgerus in oorlogsdrag. Sut 37:13 En al hierdie manne, die seuns van Jakob saam met hulle dienaars, het na die konings gegaan en Jakob hulle vader was by hulle en hulle het almal op die heuwel van Sigem gestaan. Sut 37:14 Jakob het tot JaHWeH gebid vir sy seuns en hy het sy hande uitgesteek na JaHWeH en gesê, O Elohim, U is 'n Almagtige El, U is ons Vader, U het ons geformeer en ons is die werke van U Hande, Ek bid U, verlos my seuns deur U Barmhartigheid uit die hande van hul vyande wat op hierdie dag teen hulle kom veg. En red hulle uit hulle hande, want in U Hand is Krag en Mag, om min uit baie te red. Sut 37:15 En gee aan my seuns, U dienaars, sterkte van hart en mag om teen hul vyande te veg, om hulle te onderwerp, en laat hulle vyande voor hulle val en laat nie toe dat my seuns en hulle dienaars sterf deur die hande van die kinders van Kanaän nie. Sut 37:16 Maar as dit goed lyk in U Oë om die lewens van my seuns en hulle dienaars weg te neem, neem hulle in U Barmhartigheid deur die hande van U Boodskappers dat hulle nie op hierdie dag sterf deur die hande van die konings van die Amoriete nie. Sut 37:17 En toe Jakob klaar gebid het tot JaHWeH, het die Aarde uit sy plek geskud en die son het verduister en al daardie konings was beangs en 'n groot verwarring het oor hulle gekom. Sut 37:18 JaHWeH het die gebed van Jakob verhoor en JaHWeH het vrees en ontsag in die harte van al die konings en hulle leërs vir die seuns van Jakob afgedruk. Sut 37:19 Want JaHWeH het hulle die geluid van strydwaens laat hoor en die geluid van magtige perde laat hoor vanaf die seuns van Jakob en die geluid van 'n groot leërmag wat hulle vergesel. Sut 37:20 Die konings was paniekbevange vir die seuns van Jakob, en terwyl hulle in hulle kwartiere gestaan het, het die seuns van Jakob hulle genader met eenhonderd-en-twaalf man, met 'n groot en harde geskreeu. Sut 37:21 En toe die konings sien dat die seuns van Jakob na hulle in opmars is, was hulle nog meer paniekbevange en hulle wou terugval voor die seuns van Jakob soos die eerste keer, want hulle wou nie teen hulle veg nie. Sut 37:22 Maar hulle het nie teruggeval nie en gesê: Dit sal 'n skande vir ons wees om twee keer terug te val voor die Hebreërs. Sut 37:23 Die seuns van Jakob het naby gekom en opgemarsjeer teen al hierdie konings en hulle leërmagte, en hulle het gesien, en kyk, dit was 'n baie, magtige skare, talryk soos die sand van die see. Sut 37:24 En die seuns van Jakob het tot JaHWeH geroep en gesê: Help ons, O JaHWeH, help ons en antwoord ons, want ons vertrou U en laat ons nie sterf deur die hand van hierdie onbesnede manne wat op hierdie dag teen ons gekom het nie. Sut 37:25 Die seuns van Jakob het hulle oorlogswapens omgord en elkeen het sy skild geneem en sy spies en hulle het opgeruk vir die stryd. Sut 37:26 En JeHûWdah, die seun van Jakob, het voor sy broers uitgehardloop en tien van sy diensknegte saam met hom, en hy het op die konings afgestorm. Sut 37:27 Ja-Sjub, koning van Tapnag, het ook met sy leërmag eerste vorentoe gegaan na JeHûWdah en JeHûWdah het gesien dat Ja-Sjub en sy leërmag op pad is na hom toe, en JeHûWdah se toorn het ontvlam en sy woede het in hom gebrand en hy het nader gegaan om stryd te voer, en JeHûWdah het sy siel gegee om te sterf. Sut 37:28 Ja-Sjub en sy hele leërmag was op pad na JeHûWdah, en hy het op 'n baie sterk en kragtige perd gery. Ja-Sjub was 'n baie dapper man bedek met yster en geelkoper van kop tot tone. Sut 37:29 En terwyl hy op die perd was, het hy met beide hande pyle geskiet vorentoe en agtertoe, soos sy gewoonte was in al sy gevegte, en hy het nooit die teiken gemis waarheen hy sy pyle gemik het nie. Sut 37:30 Toe Ja-Sjub kom om teen JeHûWdah te veg en baie pyle na JeHûWdah geskiet het, het JaHWeH die hande van Ja-Sjub gebind en al die pyle wat hy geskiet het, het na sy eie manne terug gespring. Sut 37:31 En nieteenstaande dit, het Ja-Sjub voor gejaag na JeHûWdah om hom uit te daag met pyle, maar die afstand tussen hulle was omtrent vyftien treë, en toe JeHûWdah sien hoe Ja-Sjub pyle na hom skiet, het hy op hom afgehardloop met sy deur woede opgewerkte mag. Sut 37:32 JeHûWdah het 'n groot klip van die grond af opgetel, die gewig was omtrent sestig sikkels en JeHûWdah het na Ja-Sjub gehardloop en hom met die klip op sy skild getref en Ja-Sjub was bedwelm deur die hou en het van sy perd op die grond geval. Sut 37:33 Die skild het uit Ja-Sjub se hand gespat en deur die krag van die hou het dit omtrent sewe treë ver geskiet en die skild het voor die tweede leër geval. Sut 37:34 Die konings wat saam met Ja-Sjub gekom het, het van ver af die krag in JeHûWdah, die seun van Jakob, gesien en wat hy aan Ja-Sjub gedoen het en hulle was verskriklik bang vir JeHûWdah. Sut 37:35 Hulle het naby Ja-Sjub se kamp versamel en sy verwarring gesien en JeHûWdah het sy swaard uitgetrek en twee-en-veertig man van die leër van Ja-Sjub verslaan. Ja-Sjub se hele leër het voor JeHûWdah gevlug en geen man het teen JeHûWdah gestaan nie en hulle het Ja-Sjub verlaat en weggevlug van hom af en Ja-Sjub was steeds uitgestrek op die grond. Sut 37:36 Toe Ja-Sjub sien dat al die manne van hom af weggevlug het, het hy hom gehaas en met angs teen JeHûWdah orent gekom en op sy bene teenoor JeHûWdah gestaan. Sut 37:37 Ja-Sjub het 'n enkele stryd met JeHûWdah gevoer, skild teen skild en Ja-Sjub se manne het almal gevlug, want hulle was baie bang vir JeHûWdah. Sut 37:38 Ja-Sjub het sy spies in sy hand geneem om JeHûWdah op sy kop te tref, maar JeHûWdah het sy skild vinnig oor sy kop gesit teen Ja-Sjub se spies, sodat die skild die hou van Ja-Sjub ontvang het en die skild het in twee gekloof. Sut 37:39 Toe JeHûWdah sien dat sy skild gekloof was, het hy haastig sy swaard uitgetrek en Ja-Sjub op sy enkels gekap en sy voete afgesny sodat hy op die grond geval het en die spies het uit sy hand geval. Sut 37:40 En JeHûWdah het vinnig Ja-Sjub se spies opgetel, waarmee hy sy kop afgesny het en langs sy enkels gegooi het. Sut 37:41 Toe die seuns van Jakob sien wat JeHûWdah aan Ja-Sjub gedoen het, het hulle almal onder die ander konings se leërs ingestorm en die seuns van Jakob het geveg teen die leër van Ja-Sjub en die leërs van al die konings wat daar was. Sut 37:42 En die seuns van Jakob het vyftienduisend van hulle manne laat val en hulle het hulle geslaan asof hulle pampoene sny en die res het vir hulle lewens gevlug. Sut 37:43 JeHûWdah het nog altyd by die liggaam van Ja-Sjub gestaan en het Ja-Sjub van sy harnas gestroop. Sut 37:44 En JeHûWdah het ook die yster en geelkoper van Ja-Sjub verwyder en kyk, nege manne van die owerstes van Ja-Sjub het nader gekom om teen JeHûWdah te veg. Sut 37:45 JeHûWdah het hom gehaas en 'n klip van die grond af opgetel en daarmee het hy een oor die kop geslaan en sy skedel het gekraak en sy liggaam het van die perd afgeval op die grond. Sut 37:46 Die agt owerstes wat oorgebly het en die krag van JeHûWdah gesien het, was baie bang en hulle het gevlug. JeHûWdah met sy tien manne het hulle gevolg, en het hulle ingehaal en hulle verslaan. Sut 37:47 Die seuns van Jakob was steeds besig om die leërs van die konings te verslaan en hulle het baie van hulle doodgemaak, maar daardie konings het waaghalsig met hulle owerstes bly staan en hulle het nie teruggeval uit hulle plekke nie. En hulle het uitgeroep teen dié van hulle leërs wat voor die seuns van Jakob gevlug het, maar niemand wou na hulle luister nie, want hulle het vir hulle lewens gevrees en dat hulle sou sterf. Sut 37:48 En al die seuns van Jakob het, nadat hulle die leërs van die konings verslaan het, teruggekom en voor JeHûWdah gekom en JeHûWdah was nog besig met die agt owerstes van Ja-Sjub om hulle kledingstukke af te stroop. Sut 37:49 En Levi het Elon, die koning van Gaäs, sien naderkom na hom met sy veertien owerstes om hom aan te val, maar Levi het dit nie vir seker geweet nie. Sut 37:50 Elon het met sy owerstes nadergekom en Levi het omgekyk en gesien dat daar 'n stryd agter hom aan die gang was. En Levi het met twaalf van sy diensknegte gehardloop en hulle het teruggegaan en Elon en sy owerstes met die skerpte van die swaard verslaan. //Twee stede, Gasar en Sarton, word verwoes. Sut 38:1 EN Ihuri, koning van Silo, het nadergekom om Elon te help en hy het Jakob genader. Toe het Jakob sy boog, wat in sy hande was, gespan en hy het Ihuri met 'n pyl getref wat sy dood veroorsaak het. Sut 38:2 Toe Ihuri, koning van Silo, dood is, het die vier oorblywende konings met die res van hulle owerstes gevlug van hulle poste af en hulle het probeer om terug te trek en gesê: Ons het niks meer krag teen die Hebreërs nadat hulle drie van ons konings doodgemaak het saam met hulle owerstes wat sterker as ons was nie. Sut 38:3 Toe die seuns van Jakob sien dat die oorblywende konings van hulle posisie padgee, het hulle hul agtervolg. Jakob het ook van die heuwel van Sigem afgekom vanwaar hy gestaan het en hulle het die konings agtervolg en hulle het hul genader met hulle diensknegte. Sut 38:4 Toe die konings en die owerstes met die res van hulle leërs sien dat die seuns van Jakob aankom, het hulle vir hulle lewens gevrees en gevlug totdat hulle die stad van Gasar bereik het. Sut 38:5 Die seuns van Jakob het hulle agtervolg tot by die poorte van die stad van Gasar, en hulle het 'n groot slagting onder die konings en hulle leërs veroorsaak, omtrent vierduisend man. En terwyl hulle die leërs van die konings verslaan het, was Jakob besig met sy boog, want hy het homself beperk tot die doodmaak van die konings en hy het hulle almal doodgemaak. Sut 38:6 Hy het Paraton, koning van Gasar, by die poorte van die stad doodgemaak en hy het daarna Sususi, die koning van Sarton en Laban, die koning van Bet-Horon en Sabir, die koning van Magnyma ook met pyle doodgemaak, 'n pyl vir elkeen van hulle en hulle het gesterf. Sut 38:7 Toe die seuns van Jakob sien dat al die konings dood was en dat hulle verbrokkel en teruggeval het, het hulle die stryd voortgesit voor die poorte van Gasar en hulle het nog vierhonderd van hulle manne verslaan. Sut 38:8 Drie manne van die diensknegte van Jakob het in die stryd geval, en toe JeHûWdah sien dat drie van sy diensknegte gedood is, was hy baie hartseer en sy woede het in hom gebrand teen die Amoriete. Sut 38:9 Al die manne wat oorgebly het van die leërs van die konings was baie bevrees vir hulle lewens en hulle het gehardloop en die poorte in die mure van die stad, Gasar, gebreek; almal het die stad ingegaan vir veiligheid. Sut 38:10 Hulle het hulle binne-in die stad van Gasar versteek, want die stad van Gasar was baie groot en uitgestrek. En toe al die leërs by die stad ingegaan het, het die seuns van Jakob hulle agterna gesit na die stad toe. Sut 38:11 En vier magtige manne met baie ondervinding van oorlogstryd, het uit die stad gegaan en teen die ingang na die stad met ontblote swaarde en spiese in hulle hande gestaan en hulle het teenoor die seuns van Jakob stelling ingeneem en hulle wou hulle nie die stad laat binne kom nie. Sut 38:12 Náftali het tussen hulle ingestorm en met sy swaard twee van hulle gedood en hulle koppe met een hou afgekap. Sut 38:13 En hy het na die ander twee gedraai, en kyk, hulle het gevlug en hy het hulle agtervolg, hulle ingehaal, hulle verslaan en hulle doodgemaak. Sut 38:14 Die seuns van Jakob het by die stad gekom, en kyk, daar was nog 'n muur binne die stad en hulle het na die poorte in die muur gesoek, maar kon dit nie vind nie. En JeHûWdah het bo-op die muur gespring en Símeon en Levi het hom gevolg en hulle drie het van die muur afgeklim in die stad. Sut 38:15 En Símeon en Levi het al die mans wat in die stad na veiligheid gehardloop het, asook die inwoners van die stad met hulle vroue en kleintjies, verslaan met die skerpte van die swaard. En die gekerm van die stad het omhoog na die Hemele gestyg. Sut 38:16 Dan en Náftali het op die muur gespring om te kyk wat die rede vir die geweeklaag was, want die seuns van Jakob was angstig oor hulle broers. Hulle het die inwoners van die stad hoor praat met 'n geween en gesmeek en hulle het gesê: Neem alles wat ons besit in die stad en gaan weg, moet ons net nie doodmaak nie. Sut 38:17 En toe JeHûWdah, Símeon en Levi ophou om die inwoners van die stad te dood, het hulle op die muur geklim en na Dan en Náftali, wat op die muur was, geroep en ook na die res van hulle broers. Símeon en Levi het hulle vertel waar die ingang na die stad is en al die seuns van Jakob het gekom om die buit te haal. Sut 38:18 Die seuns van Jakob het die buit van die stad van Gasar, die vee en kleinvee en die besittings geneem. Hulle het alles geneem wat as buit geneem kon word en het daardie dag weggegaan van die stad af. Sut 38:19 Die volgende dag het die seuns van Jakob na Sarton gegaan, want hulle het gehoor dat die manne van Sarton wat in die stad agtergebly het, besig was om bymekaar te kom om teen hulle te veg omdat hulle die koning doodgemaak het. Sarton was 'n baie hoë en versterkte stad en sy het 'n breë skansmuur rondom die stad gehad. Sut 38:20 Die hoogte van die skansmuur was omtrent vyftig voorarm en sy breedte veertig voorarm en daar was geen plek om die stad binne te gaan as gevolg van die skansmuur nie. En die seuns van Jakob het die skansmuur van die stad gesien en hulle het 'n ingang in haar gesoek, maar kon dit nie vind nie. Sut 38:21 Want die ingang was aan die agterkant en elke man wat graag by die stad wou ingaan, het daardie pad gebruik en reg rondom die hele stad gegaan en daarna kon hy by die stad ingaan. Sut 38:22 Toe die seuns van Jakob sien dat hulle nie die ingang na die stad kon vind nie, het hulle woede grootliks ontvlam en die inwoners van die stad wat gesien het dat die seuns van Jakob aankom na hulle toe, was baie bang vir hulle, want hulle het van hulle krag gehoor en wat hulle aan Gasar gedoen het. Sut 38:23 Die inwoners van die stad van Sarton kon nie uitgaan na die seuns van Jakob nadat hulle in die stad versamel het om teen hulle te veg nie, uit vrees dat hulle daardeur in die stad sou inkom, maar toe hulle sien dat hulle aankom na hulle toe, was hulle baie bang vir hulle, want hulle het gehoor van hulle krag en wat hulle aan Gasar gedoen het. Sut 38:24 Dus het die inwoners van Sarton vinnig die brug op die pad na die stad weggevat uit sy plek, voordat die seuns van Jakob kom, en hulle het dit in die stad gebring. Sut 38:25 Die seuns van Jakob het gekom en die ingang na die stad gesoek, en hulle kon dit nie vind nie. En die inwoners van die stad het bo-op die muur geklim en gesien, en kyk, die seuns van Jakob het gesoek na 'n ingang tot die stad. Sut 38:26 Die inwoners van die stad het die seuns van Jakob bo van die muur af verwyt en hulle het hulle vervloek. En die seuns van Jakob het die verwyte gehoor en was baie vertoorn en hulle woede het in hulle gebrand. Sut 38:27 En die seuns van Jakob is deur hulle uitgelok, en hulle het almal opgestaan en bo-oor die skansmuur gespring met die sterkte van hulle krag en met hulle mag is hulle oor die veertig voorarm breedte van die skansmuur. Sut 38:28 Toe hulle oor die skansmuur is, het hulle by die muur van die stad gestaan en het al die poorte van die stad gesluit gevind met ysterhekke. Sut 38:29 Die seuns van Jakob het naby daaraan gekom om die hekke van die stad oop te breek, maar die inwoners het hulle nie toegelaat nie, want hulle het bo van die muur af klippe gegooi en pyle op hulle geskiet. Sut 38:30 Die aantal mense wat bo-op die muur was, was omtrent vierhonderd man. En toe die seuns van Jakob sien dat die manne van die stad hulle nie gaan toelaat om die hekke van die stad oop te maak nie, het hulle gespring en opgeklim na die bokant van die muur en JeHûWdah het eerste opgegaan by die oostelike gedeelte van die stad. Sut 38:31 Gad en Aser het ná hom na die westelike hoek van die stad gegaan en Símeon en Levi na die noorde en Dan en Ruben na die suide. Sut 38:32 En die manne wat bo-op die muur was, die inwoners van die stad, toe hulle sien dat die seuns van Jakob opkom na hulle toe, het hulle almal gevlug en afgeklim in die stad en hulle het weggekruip binne-in die stad. Sut 38:33 En Issaskar en Náftali wat by die muur gebly het, het gekom en die hekke gebreek en hulle het 'n vuur aangesteek by die hekke van die stad sodat die yster gesmelt het. En al die seuns van Jakob het in die stad gekom, hulle en al hulle manne, en hulle het met die inwoners van die stad van Sarton geveg en hulle het almal met die skerpte van die swaard oorwin en geen man het voor hulle bly staan nie. Sut 38:34 Omtrent tweehonderd man het uit die stad gevlug en almal het gegaan en hulleself verskuil in 'n sekere toring in die stad. En JeHûWdah het hulle na die toring agtervolg en dit afgebreek, en dit het op die manne geval en hulle het almal gesterf. Sut 38:35 En die seuns van Jakob het opgegaan na die dak van daardie toring en hulle het gesien, en kyk, daar was nog 'n sterk en hoë toring op 'n afstand in die stad en die bokant daarvan het tot aan die Hemele gereik [Figuurlike uitdrukking in Hebreeus om groot hoogte aan te dui. Génesis 11:4]. En die seuns van Jakob het vinnig afgeklim en met al hulle manne na die toring gegaan en dit gevul gevind met omtrent driehonderd manne, vroue en kleintjies. Sut 38:36 En die seuns van Jakob het 'n groot slagting begin onder daardie manne in die toring en hulle het wegge-hardloop en van hulle weggevlug. Sut 38:37 Símeon en Levi het hulle agtervolg, toe twaalf magtige en dapper manne na hulle uitkom uit die plek waar hulle hul verskuil het. Sut 38:38 Daardie twaalf manne het 'n groot stryd gevoer teen Símeon en Levi en Símeon en Levi kon nie die oorhand oor hulle kry nie. En daardie manne het die skilde van Símeon en Levi gebreek en een van hulle het na Levi se kop geslaan met sy swaard. Toe Levi vinnig sy hand teen sy kop sit, want hy was bang vir die swaard, het die swaard Levi se hand getref en byna Levi se hand afgekap. Sut 38:39 Levi het die swaard van die dapper man in sy hand gegryp en haar met geweld by die man afgeneem en daarmee het hy na die kop van die sterk man geslaan en sy kop afgekap. Sut 38:40 En elf man het nadergekom om met Levi te veg, want hulle het gesien dat een van hulle dood is. En die seuns van Jakob het geveg, maar die seuns van Jakob kon hulle nie oorwin nie, want daardie manne was baie sterk. Sut 38:41 Toe die seuns van Jakob sien dat hulle hul nie gaan oorwin nie, het Símeon hard en geweldig gegil en die elf sterk manne is oorbluf deur die geluid van Símeon se gil. Sut 38:42 En JeHûWdah het op 'n afstand Símeon se stem in sy gil herken en Náftali en JeHûWdah het met hulle skilde na Símeon en Levi gehardloop en het hulle gevind waar hulle teen daardie sterk manne geveg het en hulle kon hulle nie oorwin nie omdat hulle skilde gebreek was. Sut 38:43 Náftali het gesien dat die skilde van Símeon en Levi gebreek was en hy het twee skilde van sy diensknegte geneem en dit na Símeon en Levi gebring. Sut 38:44 Símeon, Levi en JeHûWdah het daardie dag al drie teen die elf sterk manne geveg tot sononder, maar hulle kon hulle nie oorwin nie. Sut 38:45 En dit is aan Jakob vertel, en hy was baie bedroef en hy het tot die Almagtige gebid en hy en Náftali sy seun het teen die sterk manne opgetrek. Sut 38:46 Jakob het nader gegaan en sy boog gespan en naby die sterk manne gekom en het drie van hulle met die boog verslaan. En die oorblywende agt het omgedraai, en kyk, die oorlog het voor en agter teen hulle gewoed en hulle het gevrees vir hulle lewens en kon nie voor die seuns van Jakob staan nie en hulle het van hulle weggevlug. Sut 38:47 In hulle vlug het hulle Dan en Aser teëgekom wat na hulle op pad was en hulle het skielik op hulle toegeslaan en met hulle geveg en twee van hulle verslaan. En JeHûWdah en sy broers het hulle agtervolg en hulle het die res van hulle verslaan en hulle doodgemaak. Sut 38:48 En al die seuns van Jakob het teruggekeer en deur die stad gestap en gesoek of hulle enige mans kon kry. En hulle het omtrent twintig jong manne in 'n grot in die stad gekry en Gad en Aser het hulle almal doodgemaak. En Dan en Náftali het op die res van die manne afgekom wat gevlug en ontsnap het van die tweede toring en het hulle almal doodgemaak. Sut 38:49 Die seuns van Jakob het al die inwoners van die stad van Sarton doodgemaak, maar die vroue en kinders het hulle in die stad gelos en hulle nie doodgemaak nie. Sut 38:50 En al die inwoners van die stad van Sarton was sterk manne, een van hulle sou 'n duisend agtervolg en twee van hulle sou nie vlug vir tienduisend ander manne nie. Sut 38:51 Die seuns van Jakob het al die inwoners van die stad van Sarton doodgemaak deur die skerpte van die swaard sodat niemand teen hulle kon opstaan nie en hulle het die vroue in die stad gelos. Sut 38:52 En die seuns van Jakob het al die buit van die stad geneem en het buitgemaak wat hulle begeer het, en hulle het vee en kleinvee en besittings uit die stad geneem. Die seuns van Jakob het aan Sarton en sy inwoners gedoen net soos hulle met Gasar en sy inwoners gedoen het en hulle het omgedraai en weggegaan. //JisraEl verslaan die stad Gaäs. Sut 39:1 TOE die seuns van Jakob uit die stad van Sarton gaan, het hulle omtrent tweehonderd voorarm gevorder toe hulle die inwoners van Tapnag teëkom op pad na hulle, want hulle het uitgegaan om met hulle te veg, omdat hulle die koning van Tapnag en al sy manne doodgemaak het. Sut 39:2 Dus het almal wat oorgebly het in die stad van Tapnag uitgetrek om te veg teen die seuns van Jakob en hulle wou die roof en die buit wat hulle van Gasar en Sarton geneem het, terugneem. Sut 39:3 En die res van die manne van Tapnag het op daardie plek geveg met die seuns van Jakob en die seuns van Jakob het hulle verslaan. En hulle het voor hulle uitgevlug en hulle het hulle agtervolg tot by die stad van Arbelan en hulle het almal voor die seuns van Jakob geval. Sut 39:4 Die seuns van Jakob het teruggekeer en by Tapnag gekom om die buit uit Tapnag te neem. En toe hulle by Tapnag kom, het hulle gehoor dat die mense van Arbelan uitgetrek het om hulle te keer sodat die buit van hulle broers gered kon word. Die seuns van Jakob het tien van hulle manne in Tapnag gelaat om die stad te plunder, en hulle het uitgetrek teen die mense van Arbelan. Sut 39:5 Die manne van Arbelan het saam met hulle vroue uitgetrek om teen die seuns van Jakob te veg, want hulle vroue was geoefen in oorlogvoering en hulle het uitgetrek, omtrent vierhonderd manne en vroue. Sut 39:6 En al die seuns van Jakob het met 'n luide stem geskreeu en hulle het almal na die inwoners van Arbelan gehardloop met 'n groot en verskriklike stem. Sut 39:7 Die inwoners van Arbelan het die lawaai van die geskreeu van die seuns van Jakob gehoor en hulle gebrul soos die rumoer van leeus en soos die gebulder van die see en sy branders. Sut 39:8 En vrees en angs het van hulle harte besit geneem omdat dit die seuns van Jakob is en hulle was verskriklik bang vir hulle. En hulle het teruggeval en het voor hulle die stad ingevlug en die seuns van Jakob het hulle tot by die poort van die stad gevolg en in die stad op hulle afgekom. Sut 39:9 Die seuns van Jakob het met hulle in die stad geveg en al hulle vroue het geslinger* teen die seuns van Jakob [*om te veg met 'n slingervel], en die stryd het tussen hulle gewoed, die hele dag lank tot die aand toe. Sut 39:10 En die seuns van Jakob kon hulle nie oorwin nie, en die seuns van Jakob het amper gesneuwel in daardie stryd. En die seuns van Jakob het uitgeroep tot JaHWeH en hulle krag het teen die aand baie vermeerder en die seuns van Jakob het al die inwoners van Arbelan doodgemaak deur die skerpte van die swaard, mans, vroue en kinders. Sut 39:11 En ook die oorblyfsel van die mense wat van Sarton af gevlug het, is deur die seuns van Jakob in Arbelan doodgemaak. Die seuns van Jakob het aan Arbelan en Tapnag gedoen soos wat hulle aan Gasar en Sarton gedoen het. En toe die vroue sien dat al hulle mans dood was, het hulle op die dakke van die stad geklim en die seuns van Jakob met klippe bestook soos reën. Sut 39:12 En die seuns van Jakob het hulle gehaas en die stad ingestorm en al die vroue gegryp en hulle doodgemaak deur die skerpte van die swaard. En die seuns van Jakob het al die buit en roof verower, kleinvee, kuddes en beeste. Sut 39:13 En die seuns van Jakob het aan Magnyma gedoen soos aan Tapnag, soos aan Gasar en aan Silo en hulle het daarvandaan teruggekeer en weggegaan. Sut 39:14 En op die vyfde dag het die seuns van Jakob gehoor dat die mense van Gaäs saamgekom het om teen hulle te veg omdat hulle hul koning verslaan het en hulle owerstes, want daar was veertien owerstes in die stad van Gaäs en die seuns van Jakob het hulle almal in die eerste geveg verslaan. Sut 39:15 En die seuns van Jakob het daardie dag hulle oorlogswapens aangegord en opgetrek vir die stryd teen die inwoners van Gaäs, en in Gaäs was daar 'n sterk en magtige volk van die Amoriete. En Gaäs was die sterkste en mees versterkte stad van al die stede van die Amoriete en sy het drie mure gehad. Sut 39:16 Die seuns van Jakob het by Gaäs gekom, en hulle het die hekke van die stad gesluit gevind. En omtrent vyfhonderd man het bo-op die buitenste muur gestaan, en mense so talryk soos die sand van die see het in 'n hinderlaag buite die stad aan die agterkant van haar gelê vir die seuns van Jakob. Sut 39:17 Die seuns van Jakob het nader gekom om die hekke van die stad oop te maak. En kyk, terwyl hulle nader kom, het diegene wat in 'n hinderlaag aan die agterkant van die stad gelê het, uit hulle plekke gekom en die seuns van Jakob omsingel. Sut 39:18 Die seuns van Jakob was vasgekeer tussen die mense van Gaäs en die geveg was beide voor en agter hulle en al die manne wat op die muur was, het klippe en pyle op hulle laat reën. Sut 39:19 En JeHûWdah, toe hy sien dat die manne van Gaäs te moeilik word vir hulle om baas te raak, het hy 'n deurdringende en geweldige skreeu gegee en al die manne van Gaäs was verskrik oor die geluid van JeHûWdah se gil. En manne het van die muur afgeval oor sy geweldige kreet en al dié wat buite en binne die stad was, was baie bevrees vir hulle lewens. Sut 39:20 En die seuns van Jakob het steeds nader gekom om die hekke van die stad te breek. Toe het die manne van Gaäs hulle van bo van die muur af met klippe en pyle bestook en het hulle laat vlug van die hekke af. Sut 39:21 Die seuns van Jakob het teruggekeer teen die manne van Gaäs wat by hulle buite die stad was en hulle het hulle geweldig verslaan, soos om teen pampoene te kap en hulle kon nie staan teen die seuns van Jakob nie, want angs en vrees het hulle vasgegryp met die gil van JeHûWdah. Sut 39:22 En die seuns van Jakob het al daardie manne gedood wat buite die stad was en die seuns van Jakob het nader gekom om 'n ingang na die stad te vind en om onder die stad se mure te veg, maar hulle kon nie, want al die inwoners wat nog in die stad van Gaäs was, het die mure rondom beset sodat die seuns van Jakob dit onmoontlik gevind het om naby die stad te kom om teen hulle te veg. Sut 39:23 Die seuns van Jakob het naby die een hoek gekom om by die muur te veg en die inwoners van Gaäs het klippe en pyle soos reënbuie op hulle gegooi en hulle het van onder die muur weggevlug. Sut 39:24 Toe die mense van Gaäs wat op die muur was, sien dat die seuns van Jakob hulle nie kon oorwin van onder die muur nie, het hulle die seuns van Jakob gesmaal deur te sê: Sut 39:25 Wat is verkeerd met julle in die geveg dat julle nie kan oorwin nie? Kan julle dan aan die magtige stad van Gaäs en sy inwoners doen soos julle aan die stede van die Amoriete wat nie so sterk was nie, gedoen het? Julle het dit sekerlik aan die swakkes onder ons gedoen en hulle verslaan by die ingang van die stad, want hulle het geen krag gehad nie en was beangs vir die klank van julle geskreeu. Sut 39:26 En sal julle nou in staat wees om in hierdie plek te veg? Julle sal sekerlik almal hier sterf en ons sal wraak neem oor daardie stede wat julle geplunder het. Sut 39:27 Die inwoners van Gaäs het die seuns van Jakob kwaai beskuldig en hulle vervloek by hulle gode, en het voortgegaan om klippe en pyle van die muur af op hulle te gooi. Sut 39:28 En JeHûWdah en sy broers het die woorde van die inwoners van Gaäs gehoor en hulle woede het erg ontvlam en JeHûWdah was jaloers oor sy Elohey in hierdie saak en hy het uitgeroep en gesê: O JaHWeH, help, stuur hulp aan ons en ons broers. Sut 39:29 En hy het 'n ver ent gehardloop met al sy mag, met sy ontblote swaard in sy hand en hy het van die grond af opgespring en deur middel van sy krag, die muur uitgeklim, en sy swaard het uit sy hand geval. Sut 39:30 JeHûWdah het bo-op die muur uitgeroep en al die manne wat op die muur was, was verskrik en sommige het van die muur af in die stad geval en gesterf. En dié wat nog op die muur was, toe hulle JeHûWdah se krag sien, was baie bang en het vir hulle lewens die stad ingevlug na veiligheid. Sut 39:31 Sommiges was waagmoedig genoeg om met JeHûWdah op die muur te veg en hulle het hom amper doodgemaak toe hulle sien dat daar geen swaard in JeHûWdah se hand is nie. En hulle het gedink om hom van die muur af te gooi na sy broers. En twintig manne van die stad het gekom om hulle by te staan en hulle het JeHûWdah omring en het van oral op hom geskreeu en het nader gekom met ontblote swaarde en hulle het JeHûWdah verskrik en JeHûWdah het na sy broers geroep van die muur af. Sut 39:32 Jakob en sy seuns het van onder die muur af die boog gespan en drie van die manne wat bo-op die muur was, doodgemaak. En JeHûWdah het voortgegaan om te skreeu en hy het uitgeroep: My Meester help ons! My Meester, verlos ons! en hy het met 'n luide stem uitgeroep bo-op die muur en die geroep is op 'n groot afstand gehoor. Sut 39:33 En na hierdie uitroep het hy weer begin skreeu en al die manne wat JeHûWdah bo-op die muur omring het, was beangs en hulle het elkeen sy swaard uit sy hand neergegooi weens die geluid van JeHûWdah se skreeu en sy bewing, en het gevlug. Sut 39:34 JeHûWdah het die swaarde wat uit hulle hande geval het, geneem en JeHûWdah het met hulle geveg en het twintig van hul manne op die muur doodgemaak. Sut 39:35 En omtrent tagtig manne en vroue het steeds die muur uit die stad uit bestyg en hulle almal het JeHûWdah omring en JaHWeH het die vrees vir JeHûWdah in hulle harte laat ontstaan dat hulle nie in staat was om hom te nader nie. Sut 39:36 Jakob en almal wat by hom was het die boog gespan van onder die muur af en hulle het tien manne op die muur gedood en hulle het onder die muur geval voor Jakob en sy seuns. Sut 39:37 Toe die mense op die muur sien dat twintig van hulle manne geval het, het hulle steeds na JeHûWdah gehardloop met ontblote swaarde, maar hulle kon hom nie nader nie, want hulle was baie beangs oor JeHûWdah se krag. Sut 39:38 En een van hulle magtige manne wie se naam Arud was, het gekom om JeHûWdah op die kop te kap met sy swaard, toe JeHûWdah vinnig sy skild bo-oor sy kop gesit het en die swaard het die skild getref en dit is in twee gekloof. Sut 39:39 En hierdie magtige man het, nadat hy JeHûWdah getref het, vir sy lewe gevlug uit vrees vir JeHûWdah. En sy voete het op die muur gegly en hy het tussen die seuns van Jakob geval wat onder die muur was en die seuns van Jakob het hom verslaan en het hom doodgemaak. Sut 39:40 En JeHûWdah se kop het gepyn van die hou van die sterk man en JeHûWdah het amper daarvan gesterf. Sut 39:41 En JeHûWdah het op die muur uitgeroep vanweë die pyn wat deur die hou veroorsaak is. Toe Dan hom hoor, het sy woede in hom gebrand en hy het ook opgestaan en op 'n afstand gaan staan en gehardloop en van die grond af opgespring en hy het die muur uitgeklim deur sy krag aangevuur deur woede. Sut 39:42 En toe Dan bo-op die muur naby JeHûWdah kom, het al die manne op die muur wat teen JeHûWdah gestaan het, gevlug. Hulle het na die tweede muur gegaan en klippe en pyle na JeHûWdah en Dan gewerp vanaf die tweede muur af en probeer om hulle van die muur af te verdryf. Sut 39:43 Die pyle en klippe het JeHûWdah en Dan getref en hulle is amper doodgemaak op die muur en waar Dan en JeHûWdah ook al gevlug het op die muur, is hulle van die tweede muur af aangeval deur pyle en klippe. Sut 39:44 Jakob en sy seuns was steeds by die ingang van die stad onder die eerste muur en hulle kon nie hul boë span teen die inwoners van die stad nie, omdat hulle nie deur hulle gesien kon word nie, want hulle was op die tweede muur. Sut 39:45 Toe Dan en JeHûWdah dit nie meer kon uithou teen die klippe en pyle wat op hulle gereën het van die tweede muur af nie, het hulle albei op die tweede muur gespring naby die inwoners van die stad. En toe die inwoners van die stad, wat op die tweede muur was, sien dat Dan en JeHûWdah na hulle kom op die tweede muur, het hulle almal uitgeroep en afgeklim na onder tussen die mure in. Sut 39:46 Jakob en sy seuns het die geluid van die geskreeu van die mense van die stad gehoor en hulle was nog altyd by die ingang van die stad. En hulle was bekommerd oor Dan en JeHûWdah wat nie deur hulle gesien kon word nie, want hulle was toe op die tweede muur. Sut 39:47 En Náftali het opgestaan en met sy krag, opgewek deur sy woede, op die muur gespring om te sien wat die lawaai van die geskreeu veroorsaak het wat hulle in die stad gehoor het. En Issaskar en Sébulon het nader gekom om die deure van die stad te breek en hulle het die hekke van die stad oopgemaak en in die stad gekom. Sut 39:48 Náftali het van die eerste muur na die tweede gespring, en het gekom om sy broers te help. En toe die inwoners van Gaäs wat op die muur was, sien dat Náftali die derde een was wat gekom het om sy broers te help, het almal gevlug en afgeklim in die stad en Jakob en al sy seuns en al hulle jongmanne het in die stad na hulle toe gekom. Sut 39:49 JeHûWdah en Dan en Náftali het afgeklim van die muur in die stad en het die inwoners van die stad agtervolg. En Símeon en Levi was buite die stad en het nie geweet dat die hekke oop is nie. En hulle is daar teen die muur op en het afgeklim na hulle broers in die stad. Sut 39:50 En die inwoners van die stad het almal afgeklim in die stad en die seuns van Jakob het uit verskillende rigtings na hulle gekom. Die stryd is gevoer van voor en van agter en die seuns van Jakob het hulle geweldig verslaan en het omtrent twintigduisend manne en vroue doodgemaak. Nie een van hulle kon staande bly teen die seuns van Jakob nie. Sut 39:51 Die bloed het in oorvloed gevloei in die stad en dit was soos 'n stroom water. En die bloed het gevloei soos 'n waterstroom na die buitenste dele van die stad en dit het die wildernis van Bet-Horon bereik. Sut 39:52 En die mense van Bet-Horon het die bloed op 'n afstand sien vloei uit die stad van Gaäs en omtrent sewentig van hulle manne het gehardloop om die bloed te sien en hulle het by die plek gekom waar die bloed was. Sut 39:53 Hulle het die spoor van die bloed gevolg en het by 'n muur van die stad Gaäs gekom. En hulle het gesien dat die bloed uit die stad kom en het die geween van die inwoners van Gaäs gehoor, want dit het na die Hemele opgestyg. En die bloed het aanhoudend soos 'n waterstroom oorvloediglik geloop. Sut 39:54 En al die seuns van Jakob was steeds besig om die inwoners van Gaäs te dood en hulle was besig tot die aand toe, omtrent twintigduisend manne en vroue, en die mense van Bet-Horon het gesê: Dit is sekerlik die werk van die Hebreërs, want hulle maak steeds oorlog in al die stede van die Amoriete. Sut 39:55 Daardie mense het gou na Bet-Horon gehardloop en elkeen het sy oorlogswapens geneem en geroep na al die inwoners van Bet-Horon, wat ook hulle oorlogswapens aangegord het om teen die seuns van Jakob te gaan veg. Sut 39:56 En toe die seuns van Jakob klaar was met die doodmaak van die inwoners van Gaäs, het hulle rondgegaan in die stad om al die dooies te stroop. En hulle het in die middel van die stad gekom en verder aan het hulle drie baie sterk manne raakgeloop en daar was geen swaard in hulle hande nie. Sut 39:57 Die seuns van Jakob het by die plek gekom en die sterk manne het weggehardloop. En een van hulle het Sébulon gegryp, wat hy gesien het 'n jongman is, kort van gestalte, en met sy krag het hy hom teen die grond gewerp. Sut 39:58 Jakob het na hom toe gehardloop met sy swaard en Jakob het hom onder sy lendene gekap en hom in twee gesny en die liggaam het op Sébulon geval. Sut 39:59 En die tweede een het nader gekom en het Jakob gegryp om hom teen die grond te werp en Jakob het na hom gedraai en op hom geskreeu, terwyl Símeon en Levi nader hardloop en hom teen die heupe gekap het met die swaard en hom na die grond laat val het. Sut 39:60 En die sterk man het opgestaan van die grond af, met krag opgewek deur woede, en JeHûWdah het by hom gekom nog voordat hy behoorlik op sy voete was, en het hom op die kop gekap met sy swaard en sy kop oopgekloof en hy het gesterf. Sut 39:61 Die derde sterk man het, toe hy sien dat sy makkers dood is, weggehardloop van die seuns van Jakob. En die seuns van Jakob het hom in die stad agtervolg en terwyl die sterk man gevlug het, het hy een van die inwoners se swaarde gevind en hy het omgedraai na die seuns van Jakob en hy het teen hulle met daardie swaard geveg. Sut 39:62 Die sterk man het na JeHûWdah gehardloop om hom op die kop te kap met die swaard en daar was geen skild in die hand van JeHûWdah nie. En terwyl hy gemik het om hom te kap, het Náftali sy skild geneem en het dit haastig oor JeHûWdah se kop gehou en die swaard van die sterk man het Náftali se skild getref, en JeHûWdah het die swaard ontglip. Sut 39:63 En Símeon en Levi het na die sterk man met hulle swaarde gehardloop en hulle het met mag na die sterk man gekap en die twee swaarde het die liggaam van die man binne gedring en dit in die lengte in twee gedeel. Sut 39:64 Daardie keer het die seuns van Jakob die drie sterk manne saam met al die inwoners van Gaäs verslaan, en die dag was besig om te kwyn. Sut 39:65 En die seuns van Jakob het rondgeloop in Gaäs en het al die buit in die stad geneem. Selfs die kindertjies en die vroue het hulle nie laat lewe nie en die seuns van Jakob het aan Gaäs gedoen soos wat hulle aan Sarton en Silo gedoen het. //JisraEl verslaan Bet-Horon Sut 40:1 DIE seuns van Jakob het al die buit van Gaäs weggelei en in die nag die stad verlaat. Sut 40:2 Hulle het uitgegaan en het opgetrek na die toring van Bet-Horon en die inwoners van Bet-Horon het ook na die toring gegaan om hulle te ontmoet. En in daardie nag het die seuns van Jakob teen die inwoners van Bet-Horon geveg in die toring van Bet-Horon. Sut 40:3 Die inwoners van Bet-Horon was sterk manne, een van hulle sou nie vlug vir 'n duisend man nie en hulle het daardie nag op die toring geveg. En hulle geskreeu is daardie nag van ver gehoor en die grond het gebewe van hulle geskreeu. Sut 40:4 En al die seuns van Jakob was bang vir die manne omdat hulle nie gewoond was om in die donker te veg nie, en hulle was baie verward. En die seuns van Jakob het tot JaHWeH geroep en het gesê: Skenk ons Hulp, O JaHWeH, verlos ons sodat ons nie sterf deur die hande van hierdie onbesnedenes nie. Sut 40:5 JaHWeH het na die stem van die seuns van Jakob geluister en JaHWeH het 'n groot angs en verwarring die mense van Bet-Horon laat vasgryp en hulle het onder mekaar begin baklei, die een teen die ander in die donkerte van die nag, en hulle het mekaar in groot getalle doodgemaak. Sut 40:6 En die seuns van Jakob, wat geweet het dat JaHWeH 'n Gees van misleiding oor die manne gebring het, en dat elke man met sy naaste baklei, het uitgetrek tussen die mense van Bet-Horon en het so ver gegaan soos die afdraande voor die toring van Bet-Horon en verder. Daar het hulle daardie nag veilig vertoef met hulle jongmanne. Sut 40:7 Die mense van Bet-Horon het die hele nag geveg, die een man met sy broer en die ander met sy buurman. En hulle het uitgeroep in elke rigting op die toring en hulle geroep is ver gehoor en die hele grond het gebewe van hulle stemme, want hulle was sterker as al die mense van die land. Sut 40:8 En al die inwoners van die stede van die Kanaäniete, die Hetiete, die Amoriete, die Hewiete en al die konings van Kanaän, en ook die wat oorkant die Jordaan was, het die geraas van die geskreeu daardie nag gehoor. Sut 40:9 Hulle het gesê: Dit is sekerlik die geveg van die Hebreërs wat teen die sewe stede, wat te naby hulle gekom het, veg; en wie kan staande bly teen daardie Hebreërs? Sut 40:10 En al die inwoners van die stede van die Kanaäniete, en al daardie wat oorkant die Jordaan was, was baie bang vir die seuns van Jakob en hulle het gesê: Kyk, dieselfde sal aan ons gedoen word as wat aan daardie stede gedoen is, want wie kan staan teen hulle groot krag? Sut 40:11 Die geskreeu van die Horoniete was baie groot daardie nag en het steeds erger geword; en hulle het mekaar tot die oggend doodgeslaan en baie van hulle is gedood. Sut 40:12 En die oggend het gekom en al die seuns van Jakob het teen dagbreek opgestaan en na die toring gegaan en hulle het die Horoniete wat oorgebly het op 'n verskriklike manier doodgemaak, en hulle is almal in die toring doodgemaak. Sut 40:13 Die sesde dag het aangebreek en al die inwoners van Kanaän het op 'n afstand gesien dat al die mense van Bet-Horon dood lê in die toring van Bet-Horon. En hulle het rondgelê soos die karkasse van lammers en bokke. Sut 40:14 En die seuns van Jakob het al die buit wat hulle van Gaäs gebring het, geneem en hulle is na Bet-Horon en hulle het die stad vol mense gevind soos die sand van die see. En hulle het teen hulle geveg en die seuns van Jakob het hulle doodgemaak tot die aand se kant. Sut 40:15 Die seuns van Jakob het aan Bet-Horon gedoen soos hulle aan Gaäs en aan Tapnag en soos hulle aan Gasar en aan Sarton en aan Silo gedoen het. Sut 40:16 Die seuns van Jakob het die buit van Bet-Horon saamgeneem, asook al die buit van die stede en daardie dag het hulle teruggekeer huis toe, na Sigem. Sut 40:17 En die seuns van Jakob het terug huis toe gegaan na die stad van Sigem en hulle het buitekant die stad gebly en hulle het toe daar gerus van die oorlog en het die hele nag daar vertoef. Sut 40:18 En al hulle diensknegte tesame met al die buit wat hulle van die stede geneem het, het hulle buitekant die stad gelos. Hulle het nie by die stad ingegaan nie, want hulle het gesê: Miskien kom daar nog meer gevegte teen ons en kan hulle ons in Sigem kom beleër. Sut 40:19 Jakob en sy seuns en hulle diensknegte het daardie nag en die volgende dag vertoef op die gedeelte van die veld wat Jakob vir vyf sikkels by Hemor gekoop het, en alles wat hulle gebuit het, was by hulle. Sut 40:20 Al die buit wat die seuns van Jakob geneem het, was op hierdie gedeelte van die veld, talryk soos die sand van die see. Sut 40:21 Die inwoners van die land het hulle van ver af dopgehou. En al die inwoners van die land was bang vir die seuns van Jakob wat hierdie ding gedoen het, want geen koning, van die oudste tye af, het ooit so iets gedoen nie. Sut 40:22 Die sewe konings van die Kanaäniete het besluit om vrede te maak met die seuns van Jakob, want hulle het gevrees vir hulle lewens as gevolg van die seuns van Jakob. Sut 40:23 En op daardie dag, wat die sewende dag was, het Jafia, koning van Hebron, in die geheim die koning van Ai en die koning van Gibeon en die koning van Salem en die koning van Adullam en die koning Lagis en die koning van Gasar en al die Kanaänitiese konings wat onder hulle onderwerp was, laat weet en hy het gesê: Sut 40:24 Kom saam met my, en kom dat ons na die seuns van Jakob kan gaan en ek sal vrede maak met hulle. En ek sal 'n verbond met hulle sluit sodat julle land nie deur die swaard van die seuns van Jakob vernietig word nie, soos hulle aan Sigem en die stede rondom gedoen het nie, en soos julle gehoor en gesien het nie. Sut 40:25 Wanneer julle na my toe kom, moenie met baie manne kom nie, maar laat elke koning sy drie hoof aanvoerders bring en elke aanvoerder bring drie van sy owerstes. Sut 40:26 Kom almal van julle na Hebron. En ons sal almal saam na die seuns van Jakob gaan en hulle smeek om 'n verbond van Vrede met ons te sluit. Sut 40:27 En al daardie konings het gedoen soos die koning van Hebron hulle laat weet het, want hulle was almal onder sy raad en bevel. En al die konings van Kanaän het bymekaar gekom om na die seuns van Jakob te gaan om vrede met hulle te sluit. Die seuns van Jakob het teruggekeer na die gedeelte van die land wat in Sigem was, want hulle het die konings van die land nie vertrou nie. Sut 40:28 Die seuns van Jakob het teruggekeer en het vir tien dae op die gedeelte van die land by Sigem gebly en niemand het met hulle kom oorlog maak nie. Sut 40:29 Toe die seuns van Jakob sien dat daar geen teken van oorlog was nie, het hulle almal bymekaar gekom en na die stad van Sigem gegaan en die seuns van Jakob het in Sigem gebly. Sut 40:30 Na verloop van veertig dae het al die konings van die Amoriete versamel uit al hulle plekke en het na Hebron gekom, na Jafia, koning van Hebron. Sut 40:31 Die aantal konings wat na Hebron gekom het om vrede met die seuns van Jakob te maak, was een-en-twintig konings en die getal van die aanvoerders wat saam met hulle gekom het, was nege-en-sestig en hulle manne was honderd-nege-en-tagtig en al hierdie konings en hulle manne het by die berg Hebron gerus. Sut 40:32 Die koning van Hebron het met sy drie aanvoerders en nege man uitgetrek en hierdie konings het besluit om na die seuns van Jakob te gaan om vrede te maak. Sut 40:33 Hulle het aan die koning van Hebron gesê: Gaan u vooruit met u manne en praat namens ons met die seuns van Jakob en ons sal na u kom en u woorde bevestig, en die koning van Hebron het so gedoen. Sut 40:34 Die seuns van Jakob het gehoor dat al die konings van Kanaän saamgetrek het en dat hulle in Hebron rus, en die seuns van Jakob het vier van hulle diensknegte as spioene gestuur en gesê: Gaan spioeneer op hierdie konings, en deursoek en bespied hulle manskappe of hulle min of baie is. En of hulle min in getal is, tel hulle almal en keer terug. Sut 40:35 Die diensknegte van Jakob het in die geheim na daardie konings gegaan en gedoen soos die seuns van Jakob hulle beveel het. En dieselfde dag het hulle teruggekeer na die seuns van Jakob en aan hulle gesê: Ons het by daardie konings gekom, en hulle is maar min in getal en ons het hulle almal getel, en kyk, hulle is tweehonderd-agt-en-tagtig, konings en manskappe. Sut 40:36 En die seuns van Jakob het gesê: Hulle is min in getal, daarom sal ons nie almal na hulle toe uitgaan nie, en in die oggend het die seuns van Jakob opgestaan en twee-en-sestig van hulle manne gekies en tien van die seuns van Jakob het saam met hulle gegaan. Hulle het hul oorlogswapens aangegord, want, het hulle gesê: Hulle kom om oorlog met ons te maak, want hulle het nie geweet hulle kom om vrede met hulle te maak nie. Sut 40:37 En die seuns van Jakob het saam met die diensknegte na die hek van Sigem gegaan, na daardie konings toe en hulle vader Jakob was saam met hulle. Sut 40:38 En kyk, toe hulle uitkom, het die koning van Hebron en sy drie aanvoerders en nege man saam met hom met die pad langs nader gekom na die seuns van Jakob, en die seuns van Jakob het hulle oë opgeslaan en op 'n afstand koning Jafia, die koning van Hebron, met sy aanvoerders met die pad na hulle sien aankom en die seuns van Jakob het voor die hek van Sigem gaan staan en nie verder gegaan nie. Sut 40:39 Die koning van Hebron het steeds nader gekom, hy en sy aanvoerders, totdat hy naby die seuns van Jakob gekom het, en hy en sy aanvoerders het voor hulle gekniel tot op die grond. En die koning van Hebron het met sy aanvoerders voor Jakob en sy seuns gaan sit. Sut 40:40 En die seuns van Jakob het aan hom gesê: Wat het met u gebeur, o koning van Hebron? Waarom het u vandag na ons gekom? Wat wil u van ons hê? En die koning van Hebron het aan Jakob gesê: Ek bid u, my meester, al die konings van die Kanaäniete het vandag gekom om vrede met u te maak. Sut 40:41 Die seuns van Jakob het die woorde van die koning van Hebron gehoor en hulle wou nie instem tot sy voorstelle nie, want die seuns van Jakob het geen vertroue in hom gehad nie, want hulle het gedink dat die koning van Hebron bedrieglik met hulle spreek. Sut 40:42 En die koning van Hebron het uit die woorde van die seuns van Jakob afgelei dat hulle sy woorde nie glo nie en die koning van Hebron het nader aan Jakob gegaan en aan hom gesê: Ek smeek u, my meester, wees verseker dat al hierdie konings na u toe gekom het op vreedsame voorwaardes, want hulle het nie met al hulle manne gekom nie. Ook het hulle nie oorlogswapens saamgebring nie, want hulle het gekom om vrede te soek van my meester en sy seuns. Sut 40:43 Die seuns van Jakob het die koning van Hebron geantwoord en gesê: Laat weet al hierdie konings en as u die waarheid aan ons vertel, laat elkeen op sy eie voor ons kom en as hy ongewapen na ons toe kom, dan sal ons weet dat hulle ons vrede soek. Sut 40:44 En Jafia, koning van Hebron, het een van sy manne na die konings gestuur en hulle het almal voor die seuns van Jakob verskyn en het neergebuig tot op die grond. En die konings het voor Jakob en sy seuns gaan sit en hulle het tot hulle gespreek en gesê: Sut 40:45 Ons het gehoor alles wat u gedoen het aan die konings van die Amoriete met u swaarde en baie sterk arm, sodat geen man staande kon bly voor u nie en ons is bang vir julle en vrees vir ons lewens ingeval so iets ons sou oorkom soos dit met hulle gebeur het. Sut 40:46 Dus, ons het na julle gekom om 'n vredesverbond tussen ons te sluit, en sluit nou met ons 'n verbond van vrede en waarheid dat u nie met ons sal inmeng nie soos ons ook nie met u ingemeng het nie. Sut 40:47 Toe het die seuns van Jakob geweet dat hulle regtig gekom het om vrede te soek en die seuns van Jakob het na hulle geluister en het 'n verbond met hulle gesluit. Sut 40:48 Die seuns van Jakob het aan hulle gesweer dat hulle nie met hulle sal inmeng nie en al die konings van die Kanaäniete het ook aan hulle gesweer en die seuns van Jakob het hulle belastingpligtig gemaak van daardie dag af aan. Sut 40:49 Hierna het al die aanvoerders van hierdie konings saam met hulle manne voor Jakob verskyn met geskenke in hulle hande vir Jakob en sy seuns en hulle het voor hom tot op die grond neergebuig. Sut 40:50 Hierdie konings het toe by die seuns van Jakob aangedring en het by hulle gepleit dat hulle al die buit moet teruggee wat hulle geneem het van die sewe stede van die Amoriete en die seuns van Jakob het so gedoen. Hulle het teruggegee alles wat hulle buit gemaak het, die vroue, die kinders, die beeste en al die buit wat hulle geneem het en hulle het hulle weggestuur en elkeen het na sy stad teruggekeer. Sut 40:51 En al hierdie konings het weer voor die seuns van Jakob neergebuig en hulle het in daardie dae baie geskenke gestuur of gebring en die seuns van Jakob het hierdie konings en hulle manne teruggestuur en hulle het in vrede teruggegaan na hulle stede en die seuns van Jakob het teruggekeer na hulle wonings in Sigem. Sut 40:52 En van daardie dag af was daar vrede tussen die seuns van Jakob en die konings van die Kanaäniete, totdat die kinders van JisraEl die Aarde van Kanaän beërf het. //JôWsef se drome maak sy broers woedend. Sut 41:1 MET die wisseling van die jaar het die seuns van Jakob van Sigem af gereis en hulle het by Hebron gekom, by hulle vader Isak, en hulle het daar gebly, maar hulle kleinvee en vee het hulle daagliks in Sigem laat wei, want daar was goeie en vet weiveld in daardie dae. En Jakob en sy seuns en hulle hele huishouding het in die vallei van Hebron gewoon. Sut 41:2 Dit was in daardie dae, in daardie jaar, wat die eenhonderd-en-sesde jaar in die lewe van Jakob was, in die tiende jaar sedert Jakob uit Paddan-Aram gekom het, dat Lea, die vrou van Jakob, gesterf het, sy was een-en-vyftig jaar oud toe sy in Hebron gesterf het. Sut 41:3 Jakob en sy seuns het haar begrawe in die spelonk van die veld van Magpéla wat in Hebron is, wat Abraham van die kinders van Het gekoop het, as 'n besitting vir 'n begraafplaas. Sut 41:4 Die seuns van Jakob het saam met hulle vader in die vallei van Hebron gewoon en al die inwoners van die land het geweet van hulle krag, en hulle roem het regdeur die land versprei. Sut 41:5 En JôWsef, die seun van Jakob, en sy broer Benjamin, die seuns van Ragel, die vrou van Jakob, was nog jonk in daardie dae en het nie saam met hulle broers uitgegaan gedurende hulle gevegte in al die stede van die Amoriete nie. Sut 41:6 Toe JôWsef die krag van sy broers sien en hulle grootheid, het hy hulle geprys en hulle verhef, maar hy het homself hoër as hulle geag en het homself bo hulle verhef en Jakob, sy vader, het hom ook meer liefgehad as al sy seuns, want hy was 'n seun van sy ouderdom en weens sy liefde vir hom, het hy vir hom 'n lang kleed met baie kleure gemaak [Génesis 37:3]. Sut 41:7 Toe JôWsef sien dat sy vader hom meer liefhet as sy broers, het hy aangehou om homself hoër te ag as sy broers en hy het aan sy vader slegte berigte aangaande hulle gebring. Sut 41:8 Die seuns van Jakob wat JôWsef se hele optrede teen hulle gesien het en dat hulle vader hom liewer het as enige van hulle, het hom gehaat en kon nie vreedsaam met hom praat nie [Génesis 37:4]. Sut 41:9 JôWsef was sewentien jaar oud en hy het homself steeds verhef bo sy broers en daaraan gedink om hom nog verder te verhef bo sy broers. Sut 41:10 In daardie tyd het hy 'n droom gehad en hy het by sy broers gekom en het hulle die droom vertel en hy het aan hulle gesê: Ek het 'n droom gedroom, en kyk, ons was almal besig om gerwe te bind op die land en my gerf het opgerys en regop op die land bly staan en julle gerwe het dit omring en daarvoor neergebuig. Sut 41:11 Sy broers het hom geantwoord en aan hom gesê: Wat beteken die droom wat jy gehad het? Verbeel jy jou na jou hart dat jy gaan regeer of heers oor ons? Sut 41:12 Hy het nogtans gegaan en dit aan sy vader Jakob vertel en Jakob het JôWsef gekus toe hy die woorde uit sy mond hoor en Jakob het JôWsef geseën. Sut 41:13 Toe die seuns van Jakob sien dat hulle vader JôWsef geseën het en hom gekus het en dat hy hom besonder liefgehad het, het hulle jaloers geword op hom en hom nog meer gehaat. Sut 41:14 Hierna het JôWsef 'n ander droom gehad en het die droom aan sy vader vertel voor die aangesig van sy broers, en JôWsef het aan sy vader en broers gesê: Kyk, ek het nog 'n droom gehad en kyk, die son en die maan en elf Sterre het voor my neergebuig. Sut 41:15 Sy vader het die woorde van JôWsef en sy droom gehoor en siende dat sy broers JôWsef hieroor gehaat het, het Jakob vir JôWsef voor sy broers hieroor bestraf en gesê: Wat se droom is dit wat jy gehad het en wat is hierdie verheffing van jouself bo jou broers wat ouer as jy is? Sut 41:16 Verbeel jy jou in jou hart dat ek en jou moeder en jou elf broers sal kom en voor jou neerbuig, dat jy hierdie dinge spreek? Sut 41:17 En sy broers was afgunstig op hom as gevolg van sy woorde en sy drome, en hulle het aangehou om hom te haat en Jakob het die drome in sy hart gebêre. Sut 41:18 Die seuns van Jakob het eendag gegaan om hulle vader se vee in Sigem te laat wei, want hulle was steeds veeboere in daardie dae, en terwyl die seuns van Jakob daardie nag met die weiding in Sigem besig was, is hulle vertraag en die tyd om die vee in te bring was al verby en steeds het hulle nie opgedaag nie. Sut 41:19 Jakob het gesien dat sy seuns vertraag is in Sigem en Jakob het aan homself gesê: Miskien het die mense van Sigem opgestaan om teen hulle te veg, daarom is hulle vertraag om vandag te kom. Sut 41:20 En Jakob het sy seun, JôWsef, geroep en het hom beveel en gesê: Kyk, jou broers is besig met weiding vandag in Sigem en kyk, hulle het nog nie teruggekeer nie, gaan dus en kyk waar hulle is, en bring tyding terug oor jou broers, oor waar hulle is, en van hulle welsyn en oor die toestand van die kudde. Sut 41:21 Jakob het sy seun JôWsef na die vallei van Hebron gestuur en JôWsef het vir sy broers na Sigem gegaan, maar hy kon hulle nie kry nie, en JôWsef het in die veld, wat naby aan Sigem is, gesoek om te sien waarheen sy broers gedraai het, en hy het sy pad byster geraak in die wildernis en het nie geweet na watter kant toe moet hy gaan nie. Sut 41:22 En 'n Boodskapper van JaHWeH het hom dwalende in die pad na die veld gevind en JôWsef het aan die Boodskapper van JaHWeH gesê: Ek soek my broers, het u nie gehoor waar hulle laat wei nie? En die Boodskapper van JaHWeH het aan JôWsef gesê: Ek het jou broers hier met weiding sien vee oppas en ek het gehoor dat hulle sê dat hulle in Dotan wil laat wei. Sut 41:23 JôWsef het geluister na die stem van die Boodskapper van JaHWeH en hy het na sy broers in Dotan gegaan en hy het hulle in Dotan gekry besig om die kudde te laat wei. Sut 41:24 JôWsef het na sy broers gegaan en voordat hy naby hulle kon kom, het hulle besluit om hom dood te maak. Sut 41:25 En Símeon het aan sy broers gesê: Kyk, die man van drome kom na ons toe vandag, kom dan nou, laat ons hom doodmaak en in een van die putte gooi wat in die woestyn is en wanneer sy vader hom by ons soek, sal ons sê 'n wilde wese het hom opgeëet. Sut 41:26 Ruben het die woorde van sy broers oor JôWsef gehoor en hy het aan hulle gesê: Julle moenie dit doen nie, want hoe sal ons weer kan opkyk na ons vader Jakob? Gooi hom in hierdie put om daar te sterf, maar moenie 'n hand uitsteek na hom om sy bloed te stort nie; en Ruben het dit gesê om hom te red uit hulle hande om hom terug te bring na sy vader. Sut 41:27 Toe JôWsef by sy broers kom, het hy voor hulle gaan sit en hulle het teen hom opgestaan en hom gegryp en hulle het hom teen die grond geslaan en hulle het die kleed met baie kleure wat hy aangehad het, van hom afgestroop. Sut 41:28 En hulle het hom geneem en het hom in 'n put gegooi en in die put was daar geen water nie, maar wel slange en skerpioene. En JôWsef was bang vir die slange en skerpioene wat in die put was. JôWsef het met 'n harde stem uitgeroep en JaHWeH het die slange en skerpioene in die wande van die put versteek en hulle het geen skade aan JôWsef gedoen nie. Sut 41:29 JôWsef het uit die put na sy broers geroep en het aan hulle gevra: Wat het ek aan julle gedoen en waarin het ek oortree? Hoekom vrees julle JaHWeH nie oor my nie? Is ek nie van julle been en vlees nie en is Jakob, wat julle vader is, nie ook my vader nie? Waarom doen julle dit aan my op hierdie dag en hoe sal julle dit regkry om in die gesig te kyk na ons vader Jakob? Sut 41:30 En hy het aangehou om uit te roep en na sy broers te roep uit die put en hy het gesê: O JeHûWdah, Símeon, en Levi, my broers, lig my op uit die plek van donkerte waarin julle my gesit het en ontferm julle oor my vandag, julle kinders van JaHWeH, en seuns van Jakob, my vader. En as ek teen julle oortree het, is julle nie die seuns van Abraham, Isak, en Jakob nie? As julle 'n weeskind gesien het, het julle jul oor hom ontferm, of een wat honger was, het julle hom brood gegee om te eet, of een wat dors was, het julle hom water gegee om te drink, of een wat naak was, het julle hom met kledingstukke geklee! Sut 41:31 Waarom dan sal julle jul jammerte van julle broer weerhou? Want ek is van julle vlees en been en as ek teen julle oortree het, sal julle dit sekerlik doen ter wille van my vader. Sut 41:32 JôWsef het hierdie woorde uit die put gespreek en sy broers wou nie na hom luister nie, ook nie hulle ore na hom neig nie en JôWsef het geskreeu en geween in die put. Sut 41:33 En JôWsef het gesê: O, as my vader vandag geweet het van dit wat my broers aan my gedoen het en die woorde wat hulle vandag aan my gesê het. Sut 41:34 Al sy broers het sy geskreeu en geween in die put gehoor en sy broers het gegaan en hulleself verwyder van die put, sodat hulle nie die geskreeu en geween van JôWsef in die put kon hoor nie. //JôWsef verkoop deur sy broers. Sut 42:1 HULLE het gegaan en aan die teenoorgestelde kant gaan sit, omtrent 'n pylskoot ver, en hulle het daar gesit om brood te eet en terwyl hulle geëet het, het hulle saam beplan wat om met hom te doen, of hulle hom moet doodmaak of na sy vader terugbring. Sut 42:2 Hulle was besig om dit te bespreek toe hulle opgekyk en gesien het, en kyk, in die verte was daar 'n geselskap Jismaeliete wat met die pad van Gílead af kom op pad na Egipte. Sut 42:3 En JeHûWdah het aan hulle gesê: Watter voordeel is daar vir ons as ons ons broer doodmaak? Miskien sal Elohim hom van ons eis. Dit dan is die raad oor hom, wat julle aan hom sal doen; kyk die geselskap Jismaeliete wat na Egipte gaan. [Génesis 37:26] Sut 42:4 Daarom nou, kom laat ons hom verkoop aan hulle, maar laat ons hand nie teen hom wees nie, en hulle sal hom saam met hulle wegneem en hy sal verlore wees tussen die mense van die land en ons sal hom nie met ons eie hande hoef dood te maak nie. En die voorstel het sy broers geval en hulle het gehandel volgens die woorde van JeHûWdah. [Génesis 37:27] Sut 42:5 Terwyl hulle die saak bespreek het, en voordat die geselskap van Jismaeliete by hulle gekom het, het sewe handelaars van Midian verby hulle getrek en terwyl hulle verbytrek, was hulle dors, en hulle het opgekyk en hulle het die put gesien waarin JôWsef gevange was, en hulle het gestaar, en kyk, al die soorte voëls was daarop. Sut 42:6 Hierdie Midianiete het na die put gehardloop om water te drink, want hulle het gedink dit bevat water en toe hulle by die put kom, het hulle JôWsef se stem hoor skreeu en ween in die put en hulle het afgekyk in die put, en hulle het gesien, en kyk, daar was 'n jongman met 'n mooi voorkoms en baie welvarend. Sut 42:7 Hulle het na hom geroep en gesê: Wie is jy en wie het jou hierheen gebring en wie het jou in hierdie put in die woestyn gesit? En hulle het almal gehelp om JôWsef uit te lig en hulle het hom boontoe gebring en hulle het verder gegaan met hulle reis en het verby sy broers gegaan. Sut 42:8 En dié het aan hulle gesê: Waarom doen julle dit om ons dienskneg van ons af te neem en dan weg te gaan? Ons het sekerlik die jongman in die put gesit omdat hy teen ons in opstand gekom het en julle kom en haal hom uit en neem hom weg, nou gee dan ons dienskneg terug! Sut 42:9 Die Midianiete het geantwoord en het aan die seuns van Jakob gesê: Is dit julle dienskneg of pas hierdie man julle op? Miskien is julle almal sy diensknegte, want hy is mooier van voorkoms en welvarender as enige van julle en waarom spreek julle almal leuens tot ons? Sut 42:10 Nou daarom sal ons nie na julle woorde luister nie of ons steur aan julle nie, want ons het hierdie jongman in die put in die woestyn gevind en ons het hom geneem; ons sal daarom dus verder trek. Sut 42:11 Al die seuns van Jakob het nader gekom na hulle en het teen hulle in opstand gekom en aan hulle gesê: Gee ons dienskneg terug aan ons en waarom sal julle almal sterf deur die skerpte van die swaard? En die Midianiete het almal uitgeroep teen hulle en het hulle swaarde ontbloot en het nader gekom om met die seuns van Jakob te veg. Sut 42:12 En kyk, Símeon het opgestaan van sy sitplek tussen hulle en het op die grond gespring. En het sy swaard ontbloot en die Midianiete genader en hy het 'n verskriklike kreet voor hulle gegee sodat sy geskreeu op 'n afstand gehoor is en die grond het geskud van Símeon se geskreeu. Sut 42:13 Die Midianiete was verskrik deur Símeon en die geluid van sy geskreeu en hulle het op hulle aangesigte geval en was baie bang. Sut 42:14 Símeon het aan hulle gesê: Voorwaar, ek is Símeon, die seun van Jakob, die Hebreër, wat slegs met my broer saam die stad van Sigem en die stede van die Amoriete vernietig het; so sal Elohim te meer met my doen, dat al sou al julle broers, die mense van Midian, en ook al die konings van Kanaän saam met julle kom, dan sal hulle nog nie teen my kan veg nie. Sut 42:15 Daarom nou, gee ons terug die jongman wat julle geneem het, voordat ek julle vlees vir die voëls van die lug gee en die diere van die veld. Sut 42:16 Die Midianiete was nog meer bevrees vir Símeon en hulle het die seuns van Jakob met vrees en bewing genader en met aandoenlike woorde gesê: Sut 42:17 Sekerlik het julle gesê dat die jongman julle dienskneg is en dat hy teen julle in opstand gekom het en daarom het julle hom in die put geplaas; wat sal julle dan maak met 'n dienskneg wat teen sy meester in opstand kom? Daarom nou, verkoop hom aan ons en ons sal julle gee alles wat julle vra vir hom; en JaHWeH was tevrede om dit so te doen sodat die seuns van Jakob nie hulle broer sou doodmaak nie. Sut 42:18 Die Midianiete het gesien dat JôWsef mooi van voorkoms en aangenaam was en hulle het hom in hulle harte begeer en hulle was angstig om hom van sy broers te koop. Sut 42:19 Die seuns van Jakob het geluister na die Midianiete en hulle broer aan hulle verkoop vir twintig stukke silwer. En Ruben, hulle broer, was nie by hulle nie en die Midianiete het JôWsef geneem en het hulle reis voortgesit na Gilead. Sut 42:20 Terwyl hulle met die pad langs voort gereis het, het dit die Midianiete berou oor wat hulle gedoen het, deur die jongman te koop, en die een het aan die ander gesê: Wat is dit wat ons gedoen het deur hierdie jong man wat mooi en aangenaam is van die Hebreërs te neem? Sut 42:21 Miskien is hierdie jong man gesteel uit die land van die Hebreërs en waarom het ons dit dan gedoen? En as daar na hom gesoek word en hy word in ons hande gevind, sal ons deur hom sterf. Sut 42:22 Sekerlik het ruwe en sterk manne hom nou aan ons verkoop, die krag van een het julle vandag gesien; miskien het hulle hom van sy grond gesteel met hulle mag en met hulle magtige arms en het hom daarom aan ons verkoop vir die klein bedrag wat ons aan hulle gegee het. Sut 42:23 En terwyl hulle die saak so bespreek het, het hulle gekyk en die geselskap van die Jismaeliete gesien wat eerste in aantog was en wat ook deur die seuns van Jakob gesien is. Die Midianiete het hulle genader en die Midianiete het aan mekaar gesê: Kom laat ons die jongman aan die Jismaeliete verkoop wat na ons toe aankom en ons sal vir hom vra die klein bedrag wat ons vir hom betaal het en ons sal verlos wees van sy kwaad. Sut 42:24 Hulle het so gedoen en hulle het die Jismaeliete bereik en die Midianiete het JôWsef aan die Jismaeliete verkoop vir twintig stukke silwer wat hulle vir hom aan sy broers betaal het. Sut 42:25 Die Midianiete het verder op hulle pad gegaan na Gilead en die Jismaeliete het JôWsef geneem en het hom op een van die kamele laat ry en hulle het hom na Egipte gevoer. Sut 42:26 JôWsef het gehoor dat die Jismaeliete op pad was na Egipte en JôWsef het getreur en geween oor hierdie saak omdat hy so ver verwyder van die Aarde van Kanaän af sou wees, van sy vader af, en hy het bitterlik geween terwyl hy op die kameel gery het en een van die manne het hom dopgehou en van die kameel laat afklim en het hom te voet laat loop, en ten spyte daarvan het JôWsef aanhou huil en ween, en hy het gesê: O my vader, my vader. Sut 42:27 Een van die Jismaeliete het opgestaan en het JôWsef op die wang geslaan en steeds het hy aangehou om te huil, en JôWsef was uitgeput op die pad en was nie by magte om voort te gaan weens die verbittering in sy siel nie en hulle het hom almal geslaan en hom verdruk op pad en hulle het hom geteister sodat hy kon ophou huil. Sut 42:28 En JaHWeH het die teistering van JôWsef gesien en sy benoudheid en JaHWeH het duisternis en verwarring oor daardie mans gebring en die hand van elkeen wat hom geslaan het, het verdor. [Thomas 3] Sut 42:29 En hulle het aan mekaar gesê: Wat is hierdie ding wat Elohim aan ons gedoen het op die pad? En hulle het nie geweet dat dit hulle oorgekom het as gevolg van JôWsef nie. En die manne het voortgegaan en hulle het op die pad van Efrat getrek waar Ragel begrawe is. [Génesis 35:19] Sut 42:30 JôWsef het sy moeder se graf bereik en JôWsef het hom gehaas en na sy moeder se graf gehardloop en het op die graf neergeval en geween. Sut 42:31 JôWsef het hardop uitgeroep op sy moeder se graf en hy het gesê: O, my moeder, my moeder, o, u wat my gebaar het, word wakker, en staan op en sien u seun, hoe hy verkoop is as 'n slaaf en niemand om hom te bejammer nie. Sut 42:32 O, staan op en sien u seun, ween saam met my oor my benoudheid en sien die harte van my broers. Sut 42:33 Staan op, my moeder, staan op, word wakker uit u slaap vir my, en rig stryd teen my broers. O, hoe het hulle my gestroop van my kleed en het my reeds twee keer as 'n slaaf verkoop en het my afgeskei van my vader en daar is niemand om my te bejammer nie. Sut 42:34 Staan op, en bepleit u saak teen hulle voor Elohim en sien wie Elohim regverdig verklaar in die oordeel en wie Hy skuldig verklaar. Sut 42:35 Staan op, o, my moeder, staan op, word wakker uit u slaap en sien my vader, hoe sy siel met my is op hierdie dag en vertroos hom en stel sy hart gerus. Sut 42:36 JôWsef het aangehou om hierdie woorde te spreek en JôWsef het hard uitgeroep en het bitterlik geween op sy moeder se graf. En hy het opgehou praat en van verbittering van hart het hy so stil soos 'n klip geword op die graf. Sut 42:37 JôWsef het 'n stem [moontlik 'n Boodskapper en nie noodwendig sy moeder nie] met hom hoor praat van onder die grond, wat hom met bitterheid van hart geantwoord het en met 'n stem van geween en smeking met hierdie woorde: Sut 42:38 My seun, my seun JôWsef, ek het die stem van jou geween gehoor en die stem van jou geweeklaag, ek het jou trane gesien en ek ken jou benoudheid, my seun, en dit bedroef my om jou onthalwe en baie smart word by my smart gevoeg. Sut 42:39 Daarom nou, my seun, JôWsef, my seun, hoop op JaHWeH en wag vir Hom en moenie vrees nie, want JaHWeH is met jou en Hy sal jou verlos van al jou benoudheid. Sut 42:40 Staan op my seun, gaan af na Egipte met jou gebieders en moenie vrees nie, want JaHWeH is met jou, my seun. En sy het aangehou om soortgelyke woorde tot JôWsef te spreek en sy was stil. Sut 42:41 En JôWsef het dit gehoor en hy was baie verwonderd daaroor en hy het voortgegaan om te ween. Hierna het een van die Jismaeliete hom op die graf gesien huil en ween en sy woede het ontvlam teen hom, en hy het hom daarvandaan weggedryf en hy het hom geslaan en vervloek. Sut 42:42 JôWsef het aan die manne gesê: Mag ek barmhartigheid vind in u oë om my terug te neem na my vader se huis en hy sal u oorvloedige rykdom gee. Sut 42:43 Hulle het hom geantwoord en gesê: Is jy nie 'n slaaf nie, en waar is jou vader? En as jy 'n vader gehad het, dan was jy nie reeds twee keer as 'n slaaf verkoop vir so min waarde nie, en hulle woede was steeds aangewakker teen hom en hulle het aangehou om hom te slaan en te kasty en JôWsef het bitterlik geween. Sut 42:44 En JaHWeH het JôWsef se beproewing gesien en JaHWeH het weer die manne geslaan en hulle gekasty. En JaHWeH het veroorsaak dat duisternis hulle oorval op die Aarde, en die weerlig het geblits en die donder het geraas en die Aarde het geskud van die geweld van die donder en deur die sterk wind, en die manne was beangs en het nie geweet waarheen hulle moet gaan nie. Sut 42:45 Die diere en kamele het stil gestaan, en hulle het hulle probeer lei, maar hulle wou nie beweeg nie, hulle het hulle geslaan en hulle het neergehurk op die grond; en die manne het aan mekaar gesê: Wat is dit wat Elohim aan ons gedoen het? Wat is ons oortredinge dat hierdie ding ons oorval het? Sut 42:46 En een van hulle het geantwoord en het aan hulle gesê: Miskien het hierdie ding vandag oor ons gekom oor die oortreding van teistering van hierdie slaaf. Smeek hom ten sterkste om ons te vergewe, en dan sal ons weet wie aanspreeklik was dat hierdie ellende ons oorval het. En as Elohim Medelye met ons het, dan sal ons weet dat al dié oor ons gekom het oor die oortreding van teistering van die slaaf. Sut 42:47 Die manne het so gedoen en hulle het by JôWsef gesmeek en het by hom aangedring dat hy hulle moet vergewe en hulle het gesê: Ons het voor die Aangesig van JaHWeH oortree en voor jou en daarom willig in om jou Elohey te versoek dat hy hierdie dood sal wegneem van ons, want ons het oortree voor Hom. Sut 42:48 En JôWsef het volgens hulle woorde gehandel en JaHWeH het JôWsef gehoor en JaHWeH het die plaag wat hy oor hulle gestel het as gevolg van JôWsef, afgewend, en die diere het opgestaan van die grond af en hulle het hulle gelei en hulle het aangegaan en die ruwe storm het bedaar en die Aarde het stil geword. En die manne het voortgegaan op hulle reis na Egipte en die manne het geweet dat daardie boosheid oor hulle gekom het as gevolg van JôWsef. Sut 42:49 Hulle het aan mekaar gesê: Kyk, ons weet dit was oor sy teistering dat hierdie boosheid ons oorval het, daarom nou, waarom sal ons hierdie dood oor ons siele bring? Laat ons beraadslaag wat om te doen aan hierdie slaaf. Sut 42:50 Een het geantwoord en gesê: Sekerlik het hy ons gevra om hom terug te neem na sy vader, nou daarom kom, laat ons hom terugneem en ons sal na die plek gaan wat hy ons sal wys en van sy familie betaling neem wat ons vir hom betaal het en ons sal dan weggaan. Sut 42:51 En een het weer geantwoord en gesê: Kyk die raad is baie goed, maar ons kan dit nie doen nie, want die pad is baie ver van ons af en ons kan nie uit ons pad gaan nie. Sut 42:52 En nog een het geantwoord en het aan hulle gesê: Dit is die raad wat aanvaar moet word, ons sal daarvan nie afwyk nie. Kyk, ons gaan hierdie dag na Egipte en wanneer ons in Egipte gekom het, sal ons hom daar verkoop teen 'n baie hoë prys en ons sal verlos wees van sy kwaad. Sut 42:53 Dit het die manne geval en hulle het so gedoen en hulle het hulle reis na Egipte voortgesit met JôWsef. //Jakob treur oor JôWsef. Sut 43:1 TOE die seuns van Jakob hulle broer, JôWsef, aan die Midianiete verkoop het, was hulle harte verslae oor hom en hulle het hulle dade berou en hulle het na hom gesoek om hom terug te bring, maar kon hom nie vind nie. Sut 43:2 Ruben het teruggekeer na die put waarin hulle hom gesit het sodat hy hom kon uithaal en hom aan sy vader teruggee. En Ruben het by die put gestaan en hy het nie 'n woord gehoor nie. En hy het uitgeroep: JôWsef! JôWsef! en niemand het geantwoord of 'n woord ge-uiter nie. Sut 43:3 En Ruben het gesê: JôWsef het van angs gesterf of 'n slang het sy dood veroorsaak! En Ruben het afgeklim in die put en hy het na JôWsef gesoek, maar kon hom nie in die put kry nie. En hy het weer uitgekom. Sut 43:4 Ruben het toe sy klere geskeur en gesê: Die kind is nie hier nie en hoe sal ek my vader versoen oor hom as hy dood is? En hy het na sy broers gegaan en hulle treurende oor JôWsef gevind, besig om te beraadslaag hoe om hulle vader oor hom te laat berus. En Ruben het aan sy broers gesê: Ek het by die put gekom en kyk, JôWsef was nie daar nie. Wat dan sal ons aan ons vader sê, want my vader sal die seun net van my vra? Sut 43:5 Sy broers het hom geantwoord en gesê: So en so het ons gedoen en ons harte het ons daarna kasty oor wat ons gedoen het en ons sit nou en soek na 'n verskoning hoe ons ons vader daarmee kan laat versoen. Sut 43:6 En Ruben het aan hulle gesê: Wat is dit wat julle gedoen het om die grys hare van ons vader in droefheid na die graf te bring? Dit wat julle gedoen het, is nie goed nie. Sut 43:7 Ruben het saam met hulle gesit en hulle het almal opgestaan en aan mekaar gesweer om die ding nie aan Jakob te vertel nie en almal het gesê: Die man wat dit aan ons vader, of aan sy huishouding vertel, of dit sal oorvertel aan enige van die kinders van die land, ons sal almal teen hom opstaan en hom doodmaak met die swaard. Sut 43:8 Die seuns van Jakob het mekaar in hierdie saak gevrees, van die jongste tot die oudste, en nie een het 'n woord gespreek nie, en hulle het die saak in hulle harte verberg. Sut 43:9 Daarna het hulle gaan sit om te besluit en iets uitgedink om aan hulle vader Jakob oor al hierdie dinge te vertel. Sut 43:10 En Issaskar het aan hulle gesê: Hier is raad vir julle as dit goed lyk in julle oë om so te doen: Neem die kleed wat aan JôWsef behoort en skeur hom en bloei 'n boklam en doop hom in sy bloed. Sut 43:11 En stuur hom na ons vader en wanneer hy hom sien, sal hy sê dat 'n besoedelde wese hom opgeëet het. Daarom moet julle sy kleed skeur en kyk, sy bloed sal op sy kleed wees! En deur dit te doen, sal ons vry wees van ons vader se murmureringe. Sut 43:12 Issaskar se advies het hulle geval en hulle het na hom geluister en hulle het volgens die woord van Issaskar gehandel, die raad wat hy hulle gegee het. Sut 43:13 Hulle het hulle gehaas en JôWsef se kleed geneem en hom geskeur, en hulle het 'n boklam doodgemaak en die kleed in die lam se bloed gedoop en hom toe in die stof getrap. En hulle het die kleed na hulle vader, Jakob, gestuur deur die hand van Náftali, en hulle het hom beveel om hierdie woorde te spreek: Sut 43:14 Ons het die vee versamel en ons het so ver as die pad na Sigem gekom, toe ons hierdie kleed in die pad in die wildernis vind, bevlek met bloed en vol stof. Daarom nou, kyk of dit u seun se kleed is of nie. Sut 43:15 En Náftali het gegaan en hy het by sy vader gekom en hom die kleed gegee en hy het met hom die woorde wat sy broers hom beveel het, gespreek. Sut 43:16 Jakob het JôWsef se kleed gesien en hom herken en hy het op sy aangesig op die grond geval en het so stil soos 'n klip geword. En hy het later opgestaan en het uitgeroep met 'n harde en wenende stem en gesê: Dit is die kleed van my seun, JôWsef! Sut 43:17 Jakob het hom gehaas en een van sy dienaars na sy seuns gestuur, wat toe na hulle gegaan het en hy het hulle gekry waar hulle met die pad aankom met die kudde. Sut 43:18 Die seuns van Jakob het teen die aand se kant by hulle vader aangekom, en kyk, hulle klere was geskeur en daar was stof op hulle hoofde. En hulle het hulle vader gevind waar hy geween het en met 'n harde stem getreur het. Sut 43:19 En Jakob het aan sy seuns gesê: Vertel my eerlik wat se ellende julle skielik vandag oor my gebring het? En hulle het hulle vader Jakob geantwoord en gesê: Terwyl ons vandag gekom het ná ons die kudde bymekaar gemaak het, en ons so ver soos Sigem gekom het met die pad in die wildernis, het ons hierdie bloedbevlekte kleed op die grond gevind en ons het hom herken en ons het hom aan u gestuur om te hoor of u hom kon herken. Sut 43:20 Jakob het die woorde van sy seuns gehoor en hy het met 'n harde stem uitgeroep en gesê: Dit is die kleed van my seun en 'n besoedelde wese het hom verslind! JôWsef is aan stukke verskeur, want ek het hom vandag gestuur om te sien of dit goed gaan met julle en met die kuddes en om my berig van julle af te bring. En hy het gegaan soos ek hom beveel het en dit het met hom vandag gebeur terwyl ek gedink het my seun is by julle. Sut 43:21 Die seuns van Jakob het geantwoord en gesê: Hy het nie na ons toe gekom nie, ook het ons hom nie gesien vanaf die tyd dat ons uitgetrek het van u tot nou toe nie. Sut 43:22 Toe Jakob hulle woorde hoor, het hy weer hard uitgeroep en hy het opgestaan en sy klere geskeur en hy het 'n sak om sy lendene gehang en bitterlik geween. En hy het getreur en hy het sy stem verhef en geween en hy het uitgeroep en het hierdie woorde gespreek: Sut 43:23 JôWsef, my seun, o my seun, JôWsef, ek het jou vandag agter die welstand van jou broers aan gestuur, en kyk, jy is in stukke geskeur. Deur my hand het dit met my seun gebeur. Sut 43:24 Ek treur oor jou, my seun JôWsef, ek treur oor jou. Hoe soet was jy vir my gedurende jou lewe, en nou, hoe bitter is jou dood vir my. Sut 43:25 O, as ek maar in jou plek gesterf het, JôWsef my seun, want ek treur droewig oor jou, my seun. O, my seun, my seun, JôWsef my seun, waar is jy en waarheen is jy gesleep? Staan op, staan op, uit jou plek en kom kyk my smart oor jou. O, my seun, JôWsef. Sut 43:26 Kom nou, en tel die trane wat uit my oë oor my wange stroom, en bring hulle voor die Aangesig van JaHWeH sodat Sy Woede van my afgewend kan word. Sut 43:27 O, JôWsef my seun, hoe het jy nie geval nie, deur die hand van een deur wie niemand van die begin van die wêreld af, geval het tot vandag toe nie. Want jy is gedood deur die slag van 'n vyand, met wreedheid toegedien, maar sekerlik weet ek dat dit met jou gebeur het weens die oorvloed van my oortredinge. Sut 43:28 Staan nou op, en kyk hoe bitter is my verdriet oor jou, my seun. Al het ek jou nie grootgemaak of jou geformeer nie, ook nie jou asem en siel gegee nie, maar dit was Elohim wat jou geformeer en jou bene gebou en hulle met vlees bedek het en in jou neus die asem van lewe geblaas het, en toe het Hy jou aan my gegee. Sut 43:29 Waarlik nou, Elohim wat jou aan my gegee het, Hy het jou van my geneem en dit dan het jou oorgekom vandag en al die werke van Elohim is goed. Sut 43:30 Jakob het aangehou om so oor JôWsef te spreek en hy het bitterlik geween. Toe het hy op die grond geval en het stil geword. Sut 43:31 En al die seuns van Jakob, toe hulle hul vader se verdriet sien, het hulle berou gehad oor wat hulle gedoen het en hulle het ook bitterlik geween. Sut 43:32 En JeHûWdah het opgestaan en sy vader se hoof opgelig van die grond af en dit op sy skoot geplaas en hy het sy vader se trane van sy wange afgevee. En JeHûWdah het bitterlik geween terwyl sy vader se kop op sy skoot gerus het, stil soos 'n klip. Sut 43:33 Die seuns van Jakob het hulle vader se verdriet gesien, en hulle het hulle stemme verhef en het aangehou ween en Jakob het steeds stil soos 'n klip op die grond gelê. Sut 43:34 En al sy seuns en sy diensknegte en die kinders van die diensknegte het opgestaan en om hom gaan staan om hom te troos, maar hy het geweier om getroos te word. Sut 43:35 Die hele huishouding van Jakob het opgestaan en het getreur met 'n groot geween oor JôWsef en hulle vader se verdriet. En die berig het Isak, die seun van Abraham, die vader van Jakob, bereik, en hy het bitterlik geween oor JôWsef, hy en sy hele huishouding. En hy het sy plek verlaat waar hy in Hebron bly en sy manne saam met hom, en hy het Jakob, sy seun, vertroos, maar hy het geweier om getroos te word. Sut 43:36 Hierna het Jakob opgestaan van die grond af en die trane het teen sy wange afgeloop, en hy het aan sy seuns gesê: Staan op en neem julle swaarde en julle boë en gaan uit in die veld in, en soek na my seun se liggaam en bring dit na my sodat ek dit kan begrawe. Sut 43:37 Soek ook, smeek ek julle, onder die wilde wesens, en jag hulle en die eerste een wat voor julle kom, vang hom en bring hom na my. Miskien sal JaHWeH vandag meegevoel met my teistering hê en voor julle die een bring wat my seun aan stukke verskeur het. En bring hom na my en ek sal ter wille van my seun wraak neem. Sut 43:38 En sy seuns het gedoen soos hulle vader hulle beveel het, en hulle het die oggend vroeg opgestaan en elkeen het sy swaard en sy boog in sy hand geneem en hulle het in die veld gegaan om die wilde wesens te jag. Sut 43:39 Jakob het steeds hardop gehuil en geween en het heen-en-weer in die huis geloop en het sy hande gewring en gesê: JôWsef, my seun! JôWsef, my seun! Sut 43:40 Die seuns van Jakob het in die woestyn gegaan om die wesens te vang en kyk, 'n wolf [moontlike wanvertaling, moet 'n tipe barbaar gewees het wat kon praat en van 'n veraf land kom] het na hulle toe gekom en hulle het haar gevang en na hulle vader gebring. En hulle het aan hom gesê: Hierdie is die eerste wat ons gevind het en ons het haar na u gebring soos u beveel het, maar u seun se liggaam kon ons nie vind nie. [Die Boekrol van Henog 89:13] Sut 43:41 Jakob het die wese uit die hande van sy seuns geneem en hy het met 'n harde en wenende stem uitgeroep terwyl hy die wese in sy hand hou. En hy het met 'n verbitterde hart met die wese gepraat en gesê: Waarom het jy my seun, JôWsef, verslind? En waarom het jy geen vrees gehad vir die Elohey van die Aarde, of vir my teistering oor my seun, JôWsef, nie? Sut 43:42 Jy het my seun vir geen rede verskeur nie, want hy het geen geweld gepleeg nie en my daardeur skuldig bewys in sy plek, daarom sal Elohim hom wat vervolg word, eis. Sut 43:43 En JaHWeH het die mond van die wese geopen om Jakob te vertroos met haar woorde en sy het Jakob geantwoord en hierdie woorde tot hom gespreek: Sut 43:44 Sowaar as Elohim, wat ons geskape het op die Aarde, leef en soos wat u siel leef, my meester, ek het u seun nie gesien nie en ook het ek hom nie aan stukke geskeur nie, maar van 'n ver land af het ek ook gekom om na my seun te soek wat vandag ook van my af weg is en ek weet nie of hy lewend of dood is nie. Sut 43:45 En ek het vandag in die veld gekom om my seun te soek en jou seuns het my gevind en my gegryp en het my smart vermeerder en het my vandag voor u gebring. En ek het nou al my woorde tot u gespreek. Sut 43:46 En nou daarom, o seun van die Adam, is ek in u hande en doen vandag aan my soos u dink goed is in u oë, maar sowaar as die Elohim wat my geskape het, lewe, ek het nie u seun gesien nie en ek het hom nie aan stukke geskeur nie en die vlees van 'n adamiet het nie by my mond ingegaan al die dae van my lewe nie. Sut 43:47 En toe Jakob die woorde van die wese hoor, was hy baie verbaas en het die wese uit sy hand laat gaan en sy het op haar weg gegaan. Sut 43:48 En Jakob het steeds hardop gehuil en bitterlik geween oor JôWsef, dag en nag, en hy het baie dae oor sy seun getreur. //JôWsef aan Potifar verkoop. Sut 44:1 DIE seuns van Jismael, wat JôWsef van die Midianiete as slaaf gekoop het, en wat hom weer van sy broers gekoop het, het met JôWsef na Egipte gegaan. En hulle het op die grens van Egipte gekom en toe hulle naby Egipte kom, het hulle vier manne van die seuns van Medan, die seun van Abraham, wat uit die Aarde van Egipte weggegaan het, op hulle reis ontmoet. Sut 44:2 En die Jismaeliete het aan hulle gesê: Wil julle graag hierdie slaaf by ons koop? En hulle het gesê: Oorhandig hom aan ons. En hulle het JôWsef aan hulle oorhandig, en hulle het na hom gekyk en gesien dat hy mooi van aansien was en hulle het hom gekoop vir twintig sikkels. Sut 44:3 Die Jismaeliete het hulle reis na Egipte voortgesit en die Midianiete het ook op daardie dag na Egipte teruggekeer. En die Midianiete het vir mekaar gesê: Kyk, ons het gehoor dat Potifar, hofdienaar van Farao, owerste van die lyfwag, soek na 'n goeie dienaar om voor hom te wees om hom te bedien. En hy wil hom opsigter maak oor sy huis en alles wat aan hom behoort. Sut 44:4 Daarom nou, kom laat ons hom verkoop vir watter prys ons wil hê, as dit vir hom moontlik is om aan ons te betaal wat ons vir hom vra. Sut 44:5 En hierdie Midianiete het gegaan en gekom by die huis van Potifar en het aan hom gesê: Ons het gehoor dat u 'n goeie dienaar soek om u te bedien. Kyk, ons het 'n dienaar wat u sal geval en as u aan ons kan betaal wat ons vra, sal ons hom aan u verkoop. Sut 44:6 En Potifar het gesê: Bring hom voor my en ek sal na hom kyk. En as hy my geval, sal ek aan julle betaal wat julle ook al vir hom vra. Sut 44:7 Die Midianiete het gegaan en JôWsef gebring en hom voor Potifar gebring. En hy het hom bekyk en hy het baie van hom gehou. En Potifar het aan hulle gesê: Vertel my wat julle vir die jongman vra? Sut 44:8 En hulle het gesê: Ons vra vierhonderd stukke silwer vir hom. En Potifar het gesê: Ek sal dit aan julle gee as julle vir my die verkoopbewys van hom aan julle kan bring, asook sy geskiedenis aan my vertel. Want miskien is hy gesteel, want hierdie jongman is nie 'n slaaf nie en ook nie die seun van 'n slaaf nie, maar ek sien in hom die voorkoms van 'n aantreklike en welgestelde persoon. Sut 44:9 Die Midianiete het gegaan en die Jismaeliete gebring wat hom aan hulle verkoop het en hulle het aan hom gesê: Hy is 'n slaaf en ons het hom aan hulle verkoop. Sut 44:10 Potifar het die woorde van die Jismaeliete gehoor deur die silwerstukke aan die Midianiete te gee. En die Midianiete het die silwer geneem en het op hulle reis vertrek en die Jismaeliete het ook terug gegaan huis toe. Sut 44:11 Potifar het JôWsef geneem en het hom na sy huis gebring sodat hy hom kon bedien. En JôWsef het guns gevind in die oë van Potifar. En hy het sy vertroue in hom geplaas en hy het hom opsigter oor sy huis gemaak en alles wat in sy besit was, het hy in sy hand oorgegee. Sut 44:12 En JaHWeH was met JôWsef en hy het 'n voorspoedige man geword en JaHWeH het die huis van Potifar geseën om JôWsef se onthalwe. Sut 44:13 Potifar het alles wat hy gehad het in die hande van JôWsef gelaat en in die huis van Potifar was JôWsef die een wat dinge laat inkom en laat uitgaan het. En alles was volgens sy wense in die huis van Potifar gereël. Sut 44:14 En JôWsef was agtien jaar oud, 'n jongman met pragtige oë en mooi van aansien en daar was nie een soos hy in die Aarde van Egipte nie. Sut 44:15 In daardie tyd, terwyl hy in sy meester se huis besig was om in en uit sy meester se huis te gaan en om sy meester te bedien, het Selika, sy meester se vrou, haar oë opgeslaan na JôWsef en sy het na hom gekyk, en kyk, hy was 'n mooi jongman en aangenaam. Sut 44:16 En sy het sy skoonheid in haar hart begeer en haar siel was vasgekleef aan JôWsef. Sy het hom dag na dag uitgelok en Selika het JôWsef daagliks probeer oorreed, maar JôWsef het nie sy oë opgeslaan om na sy meester se vrou te kyk nie. Sut 44:17 Selika het aan hom gesê: Hoe mooi is jou voorkoms en gestalte. Waarlik ek het na al die slawe gekyk en ek het nie so 'n mooi slaaf soos jy gesien nie! En JôWsef het aan haar gesê: Sekerlik het Hy wat my in my moeder se baarmoeder geskape het, alle adamitiese vlees geskape. Sut 44:18 En sy het aan hom gesê: Hoe pragtig is jou oë waarmee jy al die inwoners van Egipte verblind het, manne en vroue! En hy het aan haar gesê: Hoe pragtig is hulle nie terwyl ons lewe nie, maar as u hulle in die graf moes aanskou, dan sou u sekerlik van hulle teruggedeins het. Sut 44:19 En sy het aan hom gesê: Hoe mooi en welgevallig is al jou woorde. Neem nou, ek smeek jou, die harp wat in die huis is en speel met jou hande en laat ons jou woorde hoor. Sut 44:20 En hy het aan haar gesê: Hoe mooi en welgevallig is my woorde wanneer ek die lofprysinge van my Elohey en van Sy Glansrykheid spreek. En sy het vir hom gesê: Hoe pragtig is die hare van jou hoof, kyk, die goue kam wat in die huis is, neem dit, ek smeek jou, en krul die hare op jou hoof. Sut 44:21 En hy het aan haar gesê: Hoe lank sal u hierdie woorde spreek? Hou op om hierdie woorde tot my te spreek en staan op en gee aandag aan u huishoudelike take. Sut 44:22 En sy het aan hom gesê: Daar is niemand in my huis nie en daar is niks om aan aandag te gee behalwe aan jou woorde en jou wense nie. Maar nieteenstaande al hierdie dinge, kon sy JôWsef nie na haar toe bring nie en hy het ook nie sy blik op haar laat rus nie, maar het sy oë na onder op die grond gerig. Sut 44:23 Selika het JôWsef in haar hart begeer dat hy by haar moet lê. En in daardie tyd het JôWsef in die huis gesit en sy werk gedoen en Selika het voor hom kom sit en sy het hom daagliks uitgelok met haar gesprek dat hy by haar moet lê of na haar kyk, maar JôWsef het nie na haar geluister nie. Sut 44:24 Sy het aan hom gesê: As jy nie wil doen soos ek sê nie, sal ek jou tugtig met die doodstraf, 'n ysterjuk op jou plaas. Sut 44:25 En JôWsef het aan haar gesê: Sekerlik, Elohim, wat die adamiet geskape het, sal die boeie van gevangenes breek en dit is Hy wat my sal verlos uit u gevangenis en van u oordeel. Sut 44:26 En toe sy nie oor hom kon seëvier om hom oor te haal nie en haar siel verkleef was aan syne, het haar begeerte haar in 'n swaar siekte gedompel. Sut 44:27 En al die vroue van Egipte het haar kom besoek en hulle het aan haar gesê: Waarom is u in hierdie vervalle toestand? U wat niks kortkom nie! Sekerlik is u man 'n groot en hooggeagte owerste in die oë van die koning. Sal u enigiets kortkom wat u hart begeer? Sut 44:28 En Selika het hulle geantwoord en het gesê: Vandag sal dit aan julle bekend gemaak word waarvandaan hierdie siekte kom waarin julle my sien. En sy het haar diensmaagde beveel om vir al die vroue voedsel voor te berei en sy het 'n feesmaal vir hulle berei en al die vroue het in die huis van Selika geëet. Sut 44:29 Sy het hulle messe gegee om die sitroene mee te eet, en sy het beveel dat hulle JôWsef in duur klere moes aantrek en dat hy voor hulle moet verskyn. En JôWsef het voor hulle verskyn en al die vroue het JôWsef aanskou en hulle kon nie hulle oë van hom afhou nie. En hulle het almal hulle hande gesny met die messe wat hulle in hulle hande gehad het en al die sitroene wat in hulle hande was, was vol bloed. Sut 44:30 En hulle het nie geweet wat hulle doen nie, maar het aangehou om na JôWsef se skoonheid te staar en het nie hulle ooglede van hom weggedraai nie. Sut 44:31 Selika het gesien wat hulle gedoen het en sy het aan hulle gesê: Wat is dit wat julle gedoen het? Kyk, ek het aan julle sitroene gegee om te eet en julle het almal julle hande gesny. Sut 44:32 En al die vroue het na hulle hande gekyk en kyk, hulle was vol bloed en hulle bloed het afgevloei op hulle klere en hulle het aan haar gesê: Hierdie slaaf in jou huis het ons oorrompel en ons kon nie ons ooglede van hom wegneem nie as gevolg van sy skoonheid. Sut 44:33 Sy het aan hulle gesê: Sekerlik, dit het met julle gebeur die oomblik toe julle na hom gekyk het en julle kon julleself nie beheer weens hom nie. Hoe dan kan ek myself beheer terwyl hy gedurig in my huis is en ek hom dag na dag in en uit my huis sien gaan? Hoe kan ek myself weerhou van verval of van uittering as gevolg daarvan? Sut 44:34 Hulle het aan haar gesê: Die woorde is waar, want wie kan hierdie beeldskone gestalte in die huis sien en jouself van hom weerhou? En is hy nie jou slaaf nie en jou bediende in die huis nie? En waarom vertel jy hom nie wat in jou hart is nie as om jou siel tot sterwens toe te laat ly oor hierdie saak? Sut 44:35 Sy het aan hulle gesê: Elke dag probeer ek om hom te oorreed, maar hy wil nie toegee aan my begeerte nie. En ek het hom alles wat goed is, belowe en tog het ek geen reaksie van hom gekry nie. Daarom is ek in 'n kwynende toestand soos julle sien. Sut 44:36 Selika het baie siek geword as gevolg van haar begeerte na JôWsef en sy was wanhopig verlief op hom. En al die mense van Selika se huis en haar man het niks hiervan geweet dat Selika siek was weens haar liefde vir JôWsef nie. Sut 44:37 Al die mense van haar huis het haar gevra en gesê: Waarom is u siek en kwyn terwyl daar geen tekort is nie? En sy het aan hulle gesê: Ek weet nie wat dit is wat daagliks vererger by my nie. Sut 44:38 En al die vroue en haar vriende het daagliks gekom om haar te besoek en hulle het met haar gepraat en sy het aan hulle gesê: Dit kan net wees weens die liefde vir JôWsef. En hulle het aan haar gesê. Lok hom uit en gryp hom in die geheim, miskien sal hy dan na u luister en sodoende hierdie dood van u verdryf. Sut 44:39 Selika het al erger geraak weens haar liefde vir JôWsef en sy het aanhou kwyn, totdat sy skaars krag gehad het om te staan. Sut 44:40 Op 'n sekere dag was JôWsef besig om sy meester se werk in die huis te doen en Selika het stilletjies gekom en hom skielik oorval. En JôWsef het teen haar opgestaan en hy was sterker as sy en hy het haar af grond toe gebring. Sut 44:41 Selika het gehuil weens die begeerte in haar hart vir hom en sy het hom huilend gesmeek en haar trane het oor haar wange geloop. En sy het met 'n smeekstem en 'n bedroefde siel met hom gepraat en het gesê: Sut 44:42 Het jy al ooit van so 'n mooi vrou soos ek gehoor of gesien of geken of beter as ekself, wat daagliks met jou praat, wat kwyn van liefde vir jou, wat jou al die eer wil toewys en steeds wil jy nie na my stem luister nie? Sut 44:43 En as dit uit vrees vir jou meester is, ingeval hy jou sal straf, sowaar as die koning leef, geen leed sal hierdeur na jou toe kom van jou meester af nie. Nou daarom, smeek ek jou, luister na my, en stem in ter wille van die eer wat ek jou bewys en neem hierdie dood van my weg. Waarom moet ek sterf ter wille van jou? En sy het opgehou om te praat. Sut 44:44 En JôWsef het haar geantwoord en gesê: Weerhou u van my en laat dit aan my meester oor. Kyk, my meester weet nie wat dit met my is in die huis nie, want alles wat aan hom behoort, het hy in my hand oorgegee, en hoe sal ek so iets in my meester se huis doen? Sut 44:45 Want u het my ook hoog gerespekteer in die huis en hy het my ook opsigter gemaak oor hierdie huis. En hy het my verhoog en daar is niemand groter in hierdie huis as ek nie. En my meester het niks van my weerhou nie, behalwe u wat sy vrou is. Hoe kan u hierdie woorde tot my spreek en hoe kan ek hierdie groot kwaad doen en oortree voor Elohim en u man? Sut 44:46 Daarom nou, weerhou u van my, en moenie meer sulke woorde soos dié met my spreek nie, want ek sal nie na u luister nie. Maar Selika wou nie na JôWsef luister toe hy die woorde tot haar spreek nie, en sy het hom daagliks versoek om na haar te luister. Sut 44:47 Dit was hierna dat die spruit van Egipte gevul is tot bokant sy walle en al die inwoners van Egipte het gegaan, en ook die koning en prinse het gegaan met tamboeryne en danse, want daar was 'n groot vreugde in Egipte, en 'n feesdag op die tyd van die oorstroming van die Sihor See. En hulle het daarheen gegaan om die hele dag fees te vier. Sut 44:48 Toe die Egiptenare uitgegaan het na die rivier om fees te vier soos hulle gewoonte was, het al die mense van die huis van Potifar saam met hom gegaan. Maar Selika wou nie saam met hulle gaan nie, want sy het gesê: Ek is ongesteld, en sy het alleen in die huis agtergebly en geen ander persoon was saam met haar in die huis nie. Sut 44:49 En sy het opgestaan en het opgeklim na haar tempel in die huis en het haarself met vorstelike gewaad beklee, en sy het op haar hoof kosbare stene van oniks geplaas, ingelê met silwer en goud. En sy het haar gesig en vel mooi gemaak met allerhande soorte reinigings-vloeistowwe van vroue. En sy het die tempel en die huis gegeur met kassia en wierook en sy het mirre en aalwee gestrooi en sy het daarna by die ingang van die tempel gaan sit in die gang van die huis waardeur JôWsef gegaan het om sy werk te doen. En kyk, JôWsef het van die veld af gekom, en het die huis binnegegaan om sy meester se werk te doen. [Spreuke 7:16-19] Sut 44:50 En hy het by die plek gekom waardeur hy moes gaan en hy het alles gesien wat Selika gedoen het en hy het teruggedraai. Sut 44:51 En Selika het JôWsef van haar sien terugdraai en sy het na hom geroep en gesê: Wat is verkeerd met jou, JôWsef? Kom na jou werk toe, en kyk, ek sal vir jou plek maak tot jy verbygegaan het na jou sitplek. Sut 44:52 En JôWsef het teruggekeer en in die huis gekom en het van daar af gegaan na die plek waar sy sitplek was. En hy het gaan sit om sy meester se werk soos gewoonlik te doen. En kyk, Selika het na hom gekom en voor hom in vorstelike gewaad gestaan en die geur van haar klere het versprei oor 'n afstand. Sut 44:53 En sy het haar gehaas en JôWsef en sy klere vasgegryp. En sy het aan hom gesê: Sowaar soos die koning leef, as jy nie vandag my versoek gehoorsaam nie, sal jy hierdie dag sterf! En sy het haar gehaas en haar ander hand uitgestrek en 'n swaard van onder haar klere uitgetrek en sy het dit teen JôWsef se nek gesit en gesê: Staan op en doen soos ek vra, so nie sterf jy vandag. Sut 44:54 En JôWsef was bang vir haar omdat sy hierdie ding gedoen het, en hy het opgestaan om van haar weg te vlug en sy het die voorkant van sy klere vasgegryp en in die angs van sy vlug het die kledingstuk wat Selika gegryp het, geskeur. En JôWsef het die kledingstuk in die hand van Selika gelos en hy het weggekom, want hy was bevrees. Sut 44:55 En toe Selika sien dat JôWsef se kledingstuk geskeur was, en dat hy dit in haar hand gelos en gevlug het, was sy bevrees vir haar lewe ingeval die berig oor haar sou versprei. En sy het opgestaan en het met lis opgetree en die gewaad waarin sy geklee was, uitgetrek en haar ander klere aangetrek. Sut 44:56 Sy het JôWsef se kledingstuk geneem en het dit langs haar neergelê en sy het gegaan en gaan sit waar sy met haar siekte gesit het voordat die mense in haar huis uitgegaan het na die rivier toe. En sy het 'n jong seun wat toe in die huis was, geroep en sy het hom beveel om die mense van die huis na haar toe te roep. Sut 44:57 En toe sy hulle sien, het sy met 'n luide stem en weeklaag aan hulle gesê: Kyk watter soort Hebreër het julle meester na my in die huis gebring, want hy het vandag gekom om by my te lê. Sut 44:58 Want toe julle uitgegaan het, het hy na die huis gekom. Toe hy sien dat daar niemand in die huis was nie, het hy na my gekom en het my vasgegryp met die doel om by my te lê. Sut 44:59 En ek het sy klere gegryp en dit geskeur en teen hom uitgeroep met 'n harde stem. En toe ek my stem verhef, het hy vir sy lewe gevrees en het sy kledingstuk by my gelaat en gevlug. Sut 44:60 Die mense van haar huis het niks gesê nie, maar hulle toorn was erg opgewek teenoor JôWsef. En hulle het na sy meester gegaan en aan hom die woorde van sy vrou vertel. Sut 44:61 En Potifar het woedend huis toe gekom en sy vrou het uitgeroep na hom en gesê: Wat is dit wat jy aan my gedoen het om 'n Hebreeuse dienskneg in my huis te bring? Want hy het vandag na my gekom om te speel met my. So het hy vandag aan my gedoen. Sut 44:62 Potifar het die woorde van sy vrou gehoor en hy het beveel dat JôWsef met harde houe gestraf moes word. En hulle het so aan hom gedoen. Sut 44:63 Terwyl hulle hom geslaan het, het JôWsef met 'n harde stem uitgeroep en hy het sy oë opgeslaan na die Hemele en hy het gesê: O JaHWeH, my Elohey, u weet dat ek onskuldig is aan al hierdie dinge. En waarom moet ek hierdie dag sterf deur leuens, deur die hand van hierdie onbesnede, wettelose manne, vir wie U ken? [Psalm 69] Sut 44:64 En terwyl Potifar se manne JôWsef geslaan het, het hy aangehou om uit te roep en te ween en daar was 'n kind daar van elf maande oud. En JaHWeH het die mond van die kind geopen en hy het hierdie woorde voor Potifar se manne, wat JôWsef geslaan het, gespreek en hy het gesê: Sut 44:65 Wat wil julle van hierdie man hê, en waarom doen julle hierdie kwaad aan hom? My moeder spreek vals en uiter leuens. So was die gebeurtenis. Sut 44:66 Die kind het hulle presies vertel wat alles gebeur het en al die woorde van Selika aan JôWsef dag na dag, het hy aan hulle vertel. Sut 44:67 En al die manne het die woorde van die kind gehoor en hulle was baie verwonderd oor die kind se woorde, en die kind het opgehou praat en het baie stil geword. Sut 44:68 Potifar was baie skaam oor die woorde van sy seun en hy het sy manne beveel om JôWsef nie meer te slaan nie en die manne het opgehou om JôWsef te slaan. Sut 44:69 Potifar het JôWsef geneem en het beveel dat hy vir regspraak voor die priesters gebring moes word, want hulle was regters wat aan die koning behoort het, om hom te oordeel in hierdie saak. Sut 44:70 En Potifar en JôWsef het voor die priesters verskyn wat die koning se regters was en hy het aan hulle gesê: Besluit, ek smeek u, watter oordeel kom 'n dienskneg toe, want so het hy gedoen. Sut 44:71 Die priesters het aan JôWsef gesê: Waarom het jy hierdie ding aan jou meester gedoen? En JôWsef het hulle geantwoord en gesê: Nie so nie, my meester, só is die saak. En Potifar het aan JôWsef gesê: Ek het sekerlik alles wat aan my behoort het aan jou hande toevertrou en ek het niks van jou weerhou nie, behalwe my vrou, en hoe kon jy hierdie kwaad doen? Sut 44:72 En JôWsef het geantwoord en gesê: Nie so nie, my meester, sowaar as JaHWeH leef en soos u siel leef, my meester, die woord wat u van u vrou gehoor het, is onwaar, want so was die saak vandag: Sut 44:73 'n Jaar het verbygegaan vir my sedert ek in u huis gekom het. Het u enige ongeregtigheid in my gesien of enigiets wat u kon noodsaak om my lewe te eis? Sut 44:74 Die priesters het aan Potifar gesê: Ons vra jou, stuur en laat hulle JôWsef se geskeurde kledingstuk voor ons bring, en laat ons die skeur daarin sien. En as dit so is dat die skeur aan die voorkant van die kledingstuk is, dan moes sy gesig teenoor haar gewees het en sy moes hom vasgegryp het om na haar te kom en met bedrog het jou vrou dan gedoen alles wat sy gesê het. Sut 44:75 En hulle het JôWsef se kledingstuk voor die priesters gebring wat regters was, en hulle het gesien en kyk, die skeur was voor. JôWsef en al die regterpriesters het geweet dat sy hom gedwing het en hulle het gesê: Die oordeel van die dood kom hierdie slaaf nie toe nie, want hy het niks gedoen nie, maar sy oordeel is dat hy in die tronk gesit word as gevolg van die verslag wat oor hom uitgegaan het teen u vrou. Sut 44:76 Potifar het hulle woorde gehoor en hy het hom in die tronk gesit, die plek waar die koning se gevangenes aangehou word, en JôWsef was in die plek van bewaring vir twaalf jaar. Sut 44:77 Nieteenstaande dit, het sy meester se vrou hom nie uitgelos nie en sy het nie opgehou om met hom te praat nie, dag na dag, om na haar te luister. En aan die einde van drie maande het Selika aangehou om na JôWsef in die huis van bewaring te gaan en sy het hom in die versoeking gebring om na haar te luister. En Selika het aan JôWsef gesê: Hoe lank gaan jy in hierdie huis bly? Maar luister nou na my stem en ek sal jou uit hierdie huis uit bring. Sut 44:78 JôWsef het haar geantwoord en gesê Dit is beter vir my om in hierdie huis te bly as om te luister na jou woorde om teen Elohim te oortree. En sy het aan hom gesê: As jy nie my begeerte wil uitvoer nie, sal ek jou oë uitpluk, kettings om jou bene slaan, en jou oorlewer in die hande van hulle wat jy nie tevore geken het nie. Sut 44:79 JôWsef het haar geantwoord en gesê: Kyk, die Elohey van die hele Aarde kan my verlos van alles wat jy aan my kan doen, want Hy open die oë van die blindes en maak los wat vasgebind is en bewaar al die vreemdelinge wat onbekend is met die land. Sut 44:80 Toe Selika nie by magte was om JôWsef oor te haal om na haar te luister nie, het sy opgehou om hom te probeer verlei; en JôWsef was steeds 'n gevangene in die huis van bewaring. En Jakob die vader van JôWsef en al sy broers wat in die Aarde van Kanaän was, het steeds gerou en geween oor JôWsef, want Jakob het geweier om getroos te word oor sy seun JôWsef. En Jakob het hardop gehuil en geween en het getreur al daardie dae. //Tamar se mans verderwe hulle saad. Sut 45:1 EN dit was op daardie tyd in daardie jaar, wat die jaar was waarin JôWsef afgegaan het na Egipte nadat sy broers hom verkoop het, dat Ruben, die seun van Jakob, na Timna gegaan het en vir hom Eliuram, die dogter van Avi, die Kanaäniet, as vrou geneem het en hy het by haar ingegaan. Sut 45:2 Eliuram, die vrou van Ruben, het swanger geword en het vir hom gebaar Henog, Pallu, Hesron en Karmi, vier seuns. En Símeon, sy broer, het sy suster, Dina, as 'n vrou geneem, en sy het vir hom gebaar: JemuEl, Jamin, Omad, Jagin en Sohar, vyf seuns. Sut 45:3 Hy het daarna gekom by Buna, die Kanaänitiese vrou, dit is dieselfde Buna wat Símeon gevange geneem het uit die stad van Sigem, en Buna was by Dina en het haar gedien. En Símeon het by haar ingegaan en sy het vir hom Saul gebaar. Sut 45:4 JeHûWdah het daardie tyd na Adullam gegaan en hy het by 'n man van Adullam gekom en sy naam was Hira. En JeHûWdah het daar die dogter gesien van 'n man van Kanaän en haar naam was Ali-Jat, die dogter van Sua. En hy het haar geneem en het by haar ingegaan en Ali-Jat het vir JeHûWdah gebaar: Er, Onan, Sela, drie seuns. Sut 45:5 Levi en Issaskar het na die Aarde van die Ooste gegaan en hulle het vir hulself geneem as vroue die dogters van Jobab, die seun van Joktan, die seun van Heber en Jobab, die seun van Jakob, en het twee dogters gehad. Die naam van die oudste was Adina, en die naam van die jongste was Arida. Sut 45:6 Levi het Adina geneem en Issaskar het Arida geneem en hulle het tot by die Aarde van Kanaän, by hulle vader se huis, gekom. En Adina het vir Levi gebaar: Gerson, Kehat, Merari, drie seuns. Sut 45:7 Arida het vir Issaskar gebaar: Tola, Puwa, Job, Simron, vier seuns. En Dan het na die Aarde van Moab gegaan en het as vrou geneem Aflalet, die dogter van Hamudan, die Moabiet. En hy het haar na die Aarde van Kanaän gebring. Sut 45:8 En Aflalet was onvrugbaar, sy het geen kinders gehad nie. En Elohim het later aan Aflalet, die vrou van Dan, gedink en sy het swanger geraak en 'n seun gebaar en sy het hom Husim genoem. Sut 45:9 Gad en Náftali is na Haran en het van daar die dogters van Amuram, die seun van Us, die seun van Nahor, as vroue geneem. Sut 45:10 Hierdie is die name van die dogters van Amuram: Die naam van die oudste was Merima en die naam van die jongste Usit. En Náftali het Merima geneem, en Gad het Usit geneem. En hulle het hulle na die Aarde van Kanaän gebring, na hulle vader se huis. Sut 45:11 Merima het vir Náftali gebaar. JagtseEl, Guni, Jeser, Sillem, vier seuns, en Usit het vir Gad gebaar: Sifjon, Haggi Suni, Esbon, Eri, Arodi, Areëli, sewe seuns. Sut 45:12 Aser het uitgetrek en Adon, die dogter van Aflal, die seun van Hadad, die seun van Jismael, as vrou geneem en hy het haar na die Aarde van Kanaän gebring. Sut 45:13 Adon, die vrou van Aser, het in daardie dae gesterf: sy het geen kinders gehad nie. En dit was na die dood van Adon dat Aser na die oorkant van die rivier gegaan het en as vrou geneem het Hadura, die dogter van Abimael, die seun van Heber, die seun van Sem. Sut 45:14 En die jong vrou was baie mooi en 'n vrou van begrip, en sy was die vrou gewees van MalkiEl, die seun van Elam, die seun van Sem. Sut 45:15 Hadura het 'n dogter gebaar vir MalkiEl en hy het haar Serag genoem. En MalkiEl het hierna gesterf en Hadura het gegaan en in haar vader se huis gebly. Sut 45:16 Na die dood van die vrou van Aser het hy gegaan en Hadura as vrou geneem en hy het haar na die Aarde van Kanaän gebring. En Serag, haar dogter, het hy ook saam met hom gebring en sy was drie jaar oud. Die dogter het in Jakob se huis grootgeword. Sut 45:17 Die dogter was baie mooi en sy het in die apartheidsweë van die seuns van Jakob gewandel. Sy het niks tekort gekom nie en JaHWeH het haar Wysheid en Insig gegee. [Boekrol van die Opregte 54:97] Sut 45:18 Hadura, die vrou van Aser, het swanger geraak en het vir hom gebaar: Jimma, Jiswa, Jiswi, Beria, 'n suster, vier seuns. Sut 45:19 Sébulon het na Midian gegaan en het as vrou geneem Merisa, die dogter van Molad, die seun van Abida die seun van Midian, en het haar na die Aarde van Kanaän gebring. Sut 45:20 En Merisa het vir Sébulon gebaar: Sered, Elon, JagleEl, drie seuns. Sut 45:21 Jakob het 'n boodskap gestuur na Aram, die seun van Soba, die seun van Tera, en hy het vir sy seun Benjamin geneem MegalJaH, die dogter van Aram, en sy het gekom na die Aarde van Kanaän na die huis van Jakob. En Benjamin was tien jaar oud toe hy MegalJaH, die dogter van Aram, as 'n vrou geneem het. Sut 45:22 En MegalJaH het swanger geword en het vir Benjamin gebaar: Bela, Beger, Asbell, Gera en Naäman, vyf seuns. En Benjamin het daarna gegaan en as vrou geneem Aribat, die dogter van Simran, die seun van Abraham, behalwe sy eerste vrou, en hy was agtien jaar oud. En Aribat het vir Benjamin gebaar: Egi, Ros, Muppim, Huppim en Ard, vyf seuns. Sut 45:23 In daardie dae het JeHûWdah na die huis van Sem gegaan en het Tamar, die dogter van Elam, die seun van Sem as vrou geneem vir sy eersgeborene, Er. Sut 45:24 En Er het ingegaan by sy vrou, Tamar, en sy het sy vrou geword en wanneer hy by haar ingegaan het, het hy sy saad buite gestort en sy daad was sleg in die oë van JaHWeH. En JaHWeH het hom laat sterwe. [Génesis 38:7] Sut 45:25 Dit was na die dood van Er, JeHûWdah se eersgeborene, dat JeHûWdah aan Onan gesê het: Gaan na jou broer se vrou en sluit met haar 'n swaershuwelik en verkry vir jou broer 'n nageslag. Sut 45:26 Onan het Tamar as vrou geneem en hy het by haar ingegaan en Onan het net soos sy broer gedoen en sy daad was sleg in die oë van JaHWeH en Hy het hom ook laat sterwe. [Génesis 38:7] Sut 45:27 Nadat Onan gesterf het, het JeHûWdah aan Tamar gesê: Bly in jou vader se huis totdat my seun Sela groot is. En JeHûWdah het nie meer behae in Tamar gehad om haar aan Sela te gee nie, want hy het gesê: Anders sterf hy ook soos sy broers! Sut 45:28 Tamar het opgestaan en gegaan en het in haar vader se huis gebly. En Tamar was in haar vader se huis vir 'n geruime tyd. Sut 45:29 En by die wisselinge van die jaar het Ali-Jat, die vrou van JeHûWdah, gesterf. En JeHûWdah het klaar getreur oor sy vrou. En na die dood van Ali-Jat, het JeHûWdah saam met sy vriend, Hira, opgegaan na Timna om hulle skape te skeer. Sut 45:30 Tamar het gehoor dat JeHûWdah na Timna opgegaan het om die skape te skeer en dat Sela grootgeword het en JeHûWdah het geen behae in haar gehad nie. Sut 45:31 En Tamar het opgestaan en die klere van haar weduweeskap uitgetrek en sy het 'n sluier aangesit en haar heeltemal toegedraai en sy het by die openbare deurgang gaan sit wat op die pad na Timna was. Sut 45:32 En JeHûWdah het verbygegaan en hy het haar gesien en hy het haar geneem en by haar ingegaan en sy het swanger geword van hom. En op die tyd van geboorte, kyk, daar was 'n tweeling in haar skoot en hy het die eerste Peres genoem en die tweede Serag. //JôWsef lê drome uit in die tronk. Sut 46:1 IN daardie dae was JôWsef nog steeds bewaar in die tronk in die gevangenis in die Aarde van Egipte. Sut 46:2 Op daardie tyd het die hofdienaars van Farao voor hom gestaan, die voorman van die skinkers van die koning en die voorman van die bakkers wat aan die koning van Egipte behoort het. Sut 46:3 Die skinker het wyn geneem en voor die koning geplaas om te drink en die bakker het brood voor die koning geplaas om te eet. En die koning het van die wyn gedrink en het van die brood geëet, hy en sy dienaars en owerstes wat aan die koning se tafel eet. Sut 46:4 Terwyl hulle geëet het en gedrink het, het die skinker en die bakker daar gebly en Farao se owerstes het talle vlieë in die wyn gevind wat die skinker gebring het en stukkies salpeter is in die bakker se brood gevind. Sut 46:5 Die owerste van die lyfwag het JôWsef as 'n dienaar van Farao se hofdienaars daar geplaas en Farao se hofdienaars was in gevangeskap vir een jaar. Sut 46:6 En aan die einde van die jaar het altwee in een nag drome gedroom in die gevangenis waar hulle was. En in die oggend het JôWsef, soos gewoonlik, na hulle gekom om hulle van diens te wees en hy het hulle gesien, en kyk, hulle gesigte het neerslagtig en treurig gelyk. Sut 46:7 En JôWsef het hulle gevra: Waarom lyk julle so neerslagtig en treurig vandag? En hulle het aan hom gesê: Ons het 'n droom gedroom en daar is niemand om dit uit te lê nie. En JôWsef het aan hulle gesê: Ek smeek julle, vertel julle droom aan my en Elohim sal julle 'n antwoord tot tevredenheid gee soos wat julle begeer. Sut 46:8 Die skinker het sy droom aan JôWsef vertel en hy het gesê: Ek het in my droom gesien en kyk, 'n groot win-gerdstok was voor my en aan daardie wingerdstok het ek drie ranke gesien. En die wingerdstok het vinnig geblom en het baie hoog geword en die trosse het ryp geword en druiwe geword. Sut 46:9 En ek het die druiwe geneem en dit in 'n beker uitgedruk en het dit in Farao se hand gegee en hy het gedrink. En JôWsef het aan hom gesê: Die drie ranke wat aan die wingerdstok is, is drie dae. Sut 46:10 Binne drie dae sal die koning beveel dat jy uitgehaal word en hy sal jou in jou rang herstel en jy sal die koning sy wyn gee om te drink net soos vroeër toe jy sy skinker was. Maar laat my guns vind in u oë dat u my by die Farao sal onthou wanneer dit goed gaan met u. En doen goed aan my en bring my tog uit hierdie tronk uit, want ek is gesteel uit die Aarde van Kanaän en is as 'n slaaf verkoop in hierdie plek. Sut 46:11 En ook dit wat aan jou vertel is oor my meester se vrou is vals, want hulle het my vir niks in hierdie gevangenis opgesluit. Die skinker het JôWsef geantwoord en gesê: As die koning goed met my handel soos dit voorheen was, soos wat jy vir my uitgelê het, sal ek doen wat jy verlang en jou uit hierdie tronk laat uithaal. Sut 46:12 En die bakker, toe hy sien dat JôWsef die skinker se droom akkuraat uitgelê het, het ook nader gekom en het sy hele droom aan JôWsef vertel. Sut 46:13 En hy het aan hom gesê: In my droom, kyk, het ek drie wit mandjies op my hoof gesien. En ek het gesien, en kyk, in die boonste mandjie was daar allerhande soorte gebakte voedsel vir die Farao, en kyk, die voëls het hulle van my hoof af gepik. Sut 46:14 JôWsef het aan hom gesê: Die drie mandjies wat jy gesien het, is drie dae, maar binne drie dae sal Farao jou onthoof en jou aan 'n boom ophang en die voëls sal jou vlees wegpik soos jy in jou droom gesien het. Sut 46:15 In daardie dae was die koningin op die tyd dat sy moes baar en op daardie dag het sy 'n seun vir die koning van Egipte gebaar en hulle het uitgeroep dat die koning sy eersgebore seun ontvang het en al die mense van Egipte tesame met die owerstes en dienaars van Farao was baie verheug. Sut 46:16 Op die derde dag na sy geboorte, het Farao 'n fees gehou vir sy owerstes en dienaars, vir die menigtes van die Aarde van Soar en van die Aarde van Egipte. Sut 46:17 En al die mense van Egipte en die dienaars van Farao het gekom om te eet en te drink saam met die koning by die fees van sy seun en om bly te wees oor die koning se vreugde. Sut 46:18 Al die owerstes van die koning en sy dienaars het in daardie tyd vreugdevol vir agt dae fees gevier en hulle was vrolik met allerhande soorte musiekinstrumente, met tamboeryne en met danse in die koning se huis vir agt dae. Sut 46:19 En die skinker, vir wie JôWsef sy droom uitgelê het, het JôWsef vergeet en hy het hom nie genoem aan die koning soos hy belowe het nie, want hierdie saak was van JaHWeH om JôWsef te straf omdat hy sy vertroue in 'n man gestel het. Sut 46:20 Hierna het JôWsef nog twee jaar in die gevangenis gebly totdat hy twaalf jaar voltooi het. //Die dood van Isak. Sut 47:1 ISAK, die seun van Abraham het in daardie dae steeds in die Aarde van Kanaän gewoon. Hy was baie oud, eenhonderd-en-tagtig jaar oud en Esau, sy seun, die broer van Jakob, was in die Aarde van Edom en hy en sy seuns het besittings in haar gehad tussen die kinders van Seïr. Sut 47:2 Esau het gehoor dat die tyd nader kom dat sy vader moes sterwe en hy en sy seuns en huishouding het na die Aarde van Kanaän gekom, na sy vader se huis. En Jakob en sy seuns het uitgegaan van die plek waar hulle gebly het in Hebron en hulle het almal na hulle vader, Isak, gekom en hulle het Esau en sy seuns in die tent gevind. Sut 47:3 Jakob en sy seuns het by hulle vader, Isak, gesit en Jakob het steeds getreur oor sy seun, JôWsef. Sut 47:4 Isak het aan Jakob gesê: Bring nader jou seuns en ek sal hulle seën. En Jakob het sy elf seuns voor sy vader, Isak, gebring. Sut 47:5 Isak het sy hande op al die seuns van Jakob geplaas en hy het hulle vasgehou en omhels en hulle een vir een gesoen. En Isak het hulle daardie dag geseën en hy het aan hulle gesê: Mag die Elohim van julle vaders julle seën en julle nageslag vermeerder soos die Sterre van die Hemele in getal. Sut 47:6 Isak het ook die seuns van Esau geseën en gesê: Mag Elohim julle 'n Vrees en 'n skrik maak vir almal wat julle sal sien en aan al julle vyande. Sut 47:7 En Isak het Jakob en sy seuns geroep en hulle het almal gekom en voor Isak gaan sit en Isak het aan Jakob gesê: JaHWeH die Elohey van die hele Aarde het aan my gesê: Aan jou nageslag sal Ek hierdie Aarde as 'n Erfdeel gee as jou kinders My Insettinge en My Weë onderhou en Ek sal die Verbond met hulle hou wat Ek aan jou vader, Abraham, gesweer het. Sut 47:8 Nou daarom, my seun, leer jou kinders en jou kindskinders om JaHWeH te vrees en die suiwer Weg te volg wat JaHWeH, jou Elohey, sal behaag, want as jy die Weg van JaHWeH en Sy Insettinge onderhou, sal JaHWeH ook Sy Verbond met Abraham met jou hou en Hy sal goed aan jou en jou nageslag doen, al die dae. Sut 47:9 En toe Isak sy opdragte aan Jakob en sy seuns voltooi het, het hy sy asem uitgeblaas en gesterf en is versamel by sy volksgenote. Sut 47:10 Jakob en Esau het op die gesig van hulle vader Isak neergeval en hulle het geween. En Isak was eenhonderd-en-tagtig jaar oud toe hy gesterf het in die Aarde van Kanaän, in Hebron. En sy seuns het hom gedra na die spelonk van Magpéla, wat Abraham gekoop het by die kinders van Het as 'n besitting vir 'n begraafplaas. Sut 47:11 En al die konings van die Aarde van Kanaän het saam met Jakob en Esau gegaan om Isak te begrawe en al die konings van Kanaän het Isak groot eer betoon by sy dood. Sut 47:12 Die seuns van Jakob en die seuns van Esau het kaalvoet gegaan en hulle het geloop en getreur totdat hulle Kirjat-Arba bereik het. Sut 47:13 Jakob en Esau het hulle vader, Isak, begrawe in die spelonk van Magpéla wat in Kirjat-Arba in Hebron is. En hulle het hom met baie groot eer begrawe soos by die begrafnis van konings. Sut 47:14 Jakob en sy seuns, en Esau en sy seuns en al die konings van Kanaän het 'n swaar en groot roubeklag gehou en hulle het hom begrawe en het baie dae lank oor hom gerou. Sut 47:15 En by die dood van Isak het hy sy vee en sy besittings en alles wat aan hom behoort het aan sy seuns gelaat. En Esau het aan Jakob gesê: Kyk ek smeek jou, alles wat ons vader gelaat het, sal ons in twee dele verdeel en ek sal die keuse hê. En Jakob het gesê: Ons sal so maak. Sut 47:16 Jakob het alles geneem wat Isak nog in die Aarde van Kanaän gehad het, die vee en die besittings, en het dit as twee dele voor Esau en sy seuns geplaas en hy het aan Esau gesê: Kyk na alles voor u, kies vir uself watter deel u wil hê. Sut 47:17 En Jakob het aan Esau gesê: Luister, ek smeek u, wat ek tot u wil spreek deur te sê: JaHWeH die Elohey van die Hemele en Aarde het met ons vaders Abraham en Isak gepraat en gesê: Aan julle nageslag sal Ek hierdie Aarde gee as 'n Erfdeel vir ewig! Sut 47:18 Daarom nou, alles wat ons vader nagelaat het, is voor u. En kyk, die hele Aarde is voor u. Kies u daarvan wat u begeer. Sut 47:19 As u die hele Aarde kies neem haar vir u en u kinders vir ewig, en ek sal hierdie rykdom neem, en as u die rykdom kies neem haar vir u en ek sal die Aarde neem vir my en my kinders om haar vir ewig te erf. Sut 47:20 En Nébajot, die seun van Jismael, was in die land met sy kinders en Esau het hom op daardie dag gaan raadpleeg en gesê: Sut 47:21 So het Jakob met my gespreek en so het hy my geantwoord. Gee nou u advies en ons sal luister. Sut 47:22 En Nébajot het gesê: Wat is dit wat Jakob met u gepraat het? Kyk, al die kinders van Kanaän woon gevestig in hulle land en Jakob sê dat hy haar sal erf met sy nageslag vir al die dae? Sut 47:23 Gaan nou, daarom, en neem al u vader se rykdom en laat Jakob, u broer, in die land soos hy gespreek het. Sut 47:24 Esau het opgestaan en teruggekeer na Jakob en het alles gedoen wat Nébajot, die seun van Jismael, aanbeveel het. En Esau het al die rykdom geneem wat Isak nagelaat het. Die siele, die kleinvee, die vee en die besittings en al die rykdom. Hy het niks aan sy broer Jakob gegee nie. En Jakob het die hele Aarde van Kanaän geneem, van die rivier van Egipte af tot by die Eufraat-rivier. En hy het haar geneem as 'n ewige besitting en vir sy kinders en vir hulle nageslag na hom vir ewig. Sut 47:25 Jakob het ook van sy broer Esau die spelonk van Magpéla wat in Hebron is, geneem, wat Abraham van Efron as 'n besitting vir 'n begraafplaas gekoop het vir hom en sy nageslag vir ewig, Sut 47:26 En Jakob het al hierdie dinge in die Boekrol van Aankope geskryf en hy het dit geteken en hy het dit alles bevestig deur vier getroue getuies. Sut 47:27 Hierdie is die woorde wat Jakob in die Boekrol geskryf het en hy het gesê: Die Aarde van Kanaän en al die stede van die Hewiete, die Jebusiete, die Amoriete, die Feresiete, en die Girgasiete, al die sewe nasies vanaf die rivier van Egipte tot by die Eufraat-rivier. Sut 47:28 En die stad van Hebron, Kirjat-Arba, en die spelonk wat in haar is, dit alles het Jakob gekoop van sy broer Esau vir die waarde as 'n besitting, as vir 'n erfdeel vir sy nageslag na hom vir ewig. Sut 47:29 Jakob het die Boekrol van Aankope met die handtekening, die bevele en die verordeninge en die Bekendmakende Boekrol, geneem en hom in 'n kleipot geplaas sodat hy vir 'n lang tyd bewaar sou word en hy het hom in die hande van sy kinders geplaas. Sut 47:30 Esau het alles wat sy vader aan hom nagelaat het na sy dood, by sy broer, Jakob, geneem en hy het al die besittings geneem, van adamiet en dier, kameel en esel, bees en lam, silwer en goud, edelgesteentes en balsemgom en al die rykdom wat aan Isak, die seun van Abraham, behoort het. Daar was niks oor wat Esau nie vir homself geneem het van alles wat Isak nagelaat het na sy dood nie. Sut 47:31 En Esau het dit alles geneem en hy en sy seuns het huis toe gegaan na die Aarde van Seïr, die Horiet, weg van sy broer, Jakob, en sy seuns. Sut 47:32 Esau het besittings gehad tussen die kinders van Seïr en Esau het van daardie dag af nie na die Aarde van Kanaän teruggekeer nie. Sut 47:33 En die hele Aarde van Kanaän het 'n erfbesitting vir die kinders van JisraEl geword as 'n ewige Erfdeel en Esau, met al sy kinders, het die berg van Seïr beërwe. //JôWsef lê Farao se drome uit Sut 48:1 IN daardie dae, na die dood van Isak, het JaHWeH dit beveel en 'n hongersnood oor die hele Aarde teweeg gebring. Sut 48:2 In daardie tyd het Farao, koning van Egipte, op sy troon gesit in die Aarde van Egipte en in sy bed gelê en drome gedroom. En Farao het in sy droom gesien dat hy op die wal van die rivier van Egipte staan. Sut 48:3 En terwyl hy gestaan het, het hy gesien, en kyk, sewe vet, vlesige koeie, mooi van aansien, het uit die rivier opgekom. Sut 48:4 En sewe ander koeie, maer van vleis en lelik van aansien, het na hulle opgekom en die sewe onaansienlikes het die mooi koeie opgeëet, maar steeds was hulle voorkoms so lelik soos eers. Sut 48:5 Hy het wakker geword en het weer geslaap en 'n tweede keer gedroom. En hy het gesien en kyk, sewe vet en mooi are skiet op aan een steel. En ná hulle, spruit daar sewe are uit wat maer en deur die oostewind verskroei was. En die maer are het die vol are verslind, en Farao het wakker geword uit sy droom. Sut 48:6 In die oggend het die koning sy drome onthou en sy gees was baie onrustig oor sy drome en die koning het hom gehaas en 'n boodskap gestuur en al die toordokters van Egipte en die wyse manne laat roep. En hulle het gekom en voor Farao gaan staan. Sut 48:7 En die koning het aan hulle gesê: Ek het drome gedroom en daar is niemand om hulle uit te lê nie. En hulle het aan die koning gesê: Vertel u drome aan u dienaars en laat ons dit hoor. Sut 48:8 En die koning het sy drome aan hulle vertel en hulle het almal geantwoord en met een stem aan die koning gesê: Mag die koning vir ewig lewe. En dit is die verklaring van u drome: Sut 48:9 Die sewe mooi koeie wat u gesien het, dui op sewe dogters wat vir u gebore sal word in die dae wat kom en die sewe dogters wat u na hulle sien opkom het, wat hulle opgeëet het, is 'n teken dat die dogters wat vir u gebore sal word, almal sal sterf gedurende die leeftyd van die koning. Sut 48:10 Dit wat u gesien het in die tweede droom van sewe vet en mooi are wat opkom aan een steel, dit is die uitleg: dat u vir u in die dae wat kom sewe stede sal bou, reg deur die Aarde van Egipte. En dit wat u gesien het van die sewe verskroeide koringare wat ná hulle opkom en hulle verslind terwyl u na hulle kyk met u oë, is 'n teken dat die stede wat u gebou het, almal in die dae wat volg vernietig sal word, gedurende die leeftyd van die koning. Sut 48:11 En toe hulle hierdie woorde gespreek het, het die koning nie sy oor na hulle geneig nie, ook het hy nie sy hart daarop gesit nie, want die koning het in sy wysheid geweet dat hulle nie die regte verklaring van die drome gegee het nie. En toe hulle klaar gepraat het voor die koning, het die koning hulle geantwoord en gesê: Wat is hierdie saak wat julle tot my gespreek het? Sekerlik het julle valshede geuiter en leuens gespreek. Daarom, gee nou die ware verklaring van my drome sodat julle nie sterf nie. Sut 48:12 En daarna het die koning beveel, en hy het 'n boodskap gestuur en ander wyse manne laat roep en hulle het gekom en voor die koning gaan staan. En die koning het aan hulle sy drome vertel en hulle het hom almal volgens die eerste verklaring geantwoord. En die koning se woede het ontvlam en hy was baie toornig en die koning het aan hulle gesê: Sekerlik spreek julle leuens en uiter valshede in wat julle sê. Sut 48:13 Die koning het beveel dat 'n verklaring uitgevaardig moet word reg deur die Aarde van Egipte wat sê: Dit is besluit deur die koning en sy groot manne dat enige wyse man wat die uitleg van drome ken en verstaan en wat nie voor die koning op hierdie dag kom nie, sal sterf. Sut 48:14 Die man wat aan die koning die regte uitleg van sy drome verklaar, aan hom sal gegee word alles wat hy vra van die koning. En al die wyse manne van die Aarde van Egipte het voor die koning gekom, saam met al die toordokters en besweerders [voodoo-iste] wat in Egipte en in Gosen, Raämses, Tagpanges, Soar en al die plekke op die grense van Egipte was en hulle het almal voor die koning gaan staan. Sut 48:15 En al die vername manne en die prinse, en die dienaars wat aan die koning behoort het, het saamgekom uit al die stede van Egipte, en hulle het almal voor die koning gesit, en die koning het sy drome voor die wyse manne vertel, en die prinse en almal wat voor die koning gesit het, was verstom oor die gesig. Sut 48:16 En al die wyse manne wat voor die koning was, was baie verdeeld oor hulle verklarings van sy drome. Sommige het hulle aan die koning verklaar deur te sê: Die sewe mooi koeie is sewe konings wat uit die koning sal voortkom en oor Egipte sal heers. Sut 48:17 Die sewe lelike koeie is sewe prinse wat teen hulle sal opstaan in die dae wat kom en hulle vernietig. En die sewe are van koring is die sewe groot prinse wat aan Egipte behoort wat in die hande van die sewe swakker prinse van hulle vyande sal val in die oorloë van ons meester, die koning. Sut 48:18 Sommige van hulle het aan die koning op hierdie manier verklaar en gesê: Die sewe goeie mooi koeie is die sterk stede van Egipte en die sewe lelike koeie is die sewe nasies van die Aarde van Kanaän wat teen die sewe stede van Egipte sal kom en hulle sal vernietig in die dae wat kom. Sut 48:19 Dit wat u in die tweede droom gesien het oor sewe vet en sewe maer koringare, is 'n teken dat die regering van Egipte weer sal terugkeer na u nageslag soos dit voorheen was. Sut 48:20 En gedurende sy bewind sal die mense van die stede van Egipte opstaan teen die sewe stede van Kanaän wat sterker as hulle is en sal hulle verslaan, en die heerskappy van Egipte sal terugkeer tot u nageslag. Sut 48:21 Sommige van hulle het weer aan die koning gesê: Dit is die verklaring van u drome: Die sewe mooi koeie is sewe koninginne, wat u as vroue sal neem in die dae wat kom en die sewe lelike koeie beteken dat daardie vroue almal sal sterf gedurende die leeftyd van die koning. Sut 48:22 Die sewe vet en maer koringare wat u gesien het in die tweede droom, is veertien kinders. En dit sal in die dae wat kom wees dat hulle opstaan en teen mekaar veg en sewe van hulle sal die sewe sterkes verslaan. Sut 48:23 En party van hulle het hierdie woorde tot die koning gespreek: Die sewe mooi koeie beteken dat sewe kinders vir u gebore sal word en hulle sal sewe van u kleinkinders in die dae wat kom verslaan. En die sewe mooi koringare wat u in die tweede droom gesien het, is die prinse teen wie sewe swakker prinse sal veg en hulle vernietig in die dae wat kom en hulle sal u kinders se saak wreek en die heerskappy sal weer na u nageslag terugkeer. Sut 48:24 Die koning het al die woorde van die wyse manne van Egipte gehoor en hulle verklarings van sy drome en die koning was nie met een van hulle tevrede nie. Sut 48:25 Die koning het in sy wysheid geweet dat hulle nie heeltemal reg gespreek het met al hierdie woorde nie, want dit was van JaHWeH af om die woorde van die wyse manne van Egipte te verydel sodat JôWsef uit die huis van aanhouding kon kom en sodat hy groot kon word in Egipte. Sut 48:26 Die koning het gesien dat nie een van al die wyse manne of toordokters van Egipte reg met hom gespreek het nie en die koning se woede het ontvlam en sy toorn het in hom gebrand. Sut 48:27 Die koning het beveel dat al die wyse manne en toordokters moet weggaan voor hom en hulle het almal voor die koning weggaan in skaamte en skande. Sut 48:28 Die koning het beveel dat 'n bevel uitgevaardig moet word dwarsdeur die hele Aarde van Egipte dat alle toordokters wat in Egipte is, doodgemaak moet word en nie een van hulle moet toegelaat word om te lewe nie. Sut 48:29 En die owerstes van die lyfwagte wat aan die koning behoort het, het opgestaan en elke man het sy swaard ontbloot en hulle het begin om die toordokters van Egipte te dood, asook die wyse manne. Sut 48:30 Daarna het Merod, voorman van die skinkers van die koning, gekom en laag gebuig voor die koning en voor hom gaan sit. Sut 48:31 En die skinker het aan die koning gesê: Mag die koning vir ewig lewe en sy regering roemryk wees in die Aarde. Sut 48:32 U was kwaad vir u dienskneg in daardie dae, dit is nou twee jaar gelede, en u het my in die plek van aanhouding geplaas en ek was geruime tyd in die plek van aanhouding, ek en die voorman van die bakkers. Sut 48:33 En daar was saam met ons 'n Hebreeuse dienskneg wat aan die owerste van die lyfwag behoort het, sy naam was JôWsef, en sy meester was baie kwaad vir hom en het hom in die huis van aanhouding geplaas en hy het ons daar bedien. Sut 48:34 Nadat ons 'n tyd lank in aanhouding was, het ons in een nag drome gedroom, ek en die voorman van die bakkers. Ons het gedroom elke man ooreenkomstig die verklaring van sy droom. Sut 48:35 Ons het in die môre gekom en het hulle aan daardie dienskneg vertel en hy het ons drome vir ons uitgelê, aan elke man volgens sy droom het hy dit reg verklaar. Sut 48:36 En soos hy dit vir ons uitgelê het, het dit gebeur. Daar het nie enige van sy woorde op die grond geval nie. Sut 48:37 Daarom nou, my meester en koning, moenie die mense van Egipte vir niks doodmaak nie. Kyk, daardie slaaf word nog altyd bewaar in die gevangenis deur die owerste van die lyfwag, sy meester, in die huis van aanhouding. Sut 48:38 As dit die koning behaag, laat hom haal sodat hy voor u kan kom en hy sal aan u bekend maak die korrekte uitleg van die droom wat u gedroom het. Sut 48:39 Die koning het die woorde van die hoofskinker gehoor en die koning het beveel dat die wyse manne van Egipte nie doodgemaak moet word nie. Sut 48:40 Die koning het sy diensknegte beveel om JôWsef voor hom te bring en die koning het aan hulle gesê: Gaan na hom en moenie hom verskrik nie sodat hy nie verward word en nie weet om reg te spreek nie. Sut 48:41 En die diensknegte van die koning het na JôWsef gegaan en hulle het hom gou uit die gevangenis gebring. En die koning se diensknegte het hom geskeer en hy het sy gevangenisklere uitgetrek en voor die koning gekom. Sut 48:42 Die koning het op sy koninklike troon gesit in 'n vorstelike gewaad omgord met 'n goue efod [skouerkleed van 'n hoëpriester] en die fyn goud wat daarop was, het geglinster en die karbonkel en die robyn en die smarag, tesame met al die edelgesteentes wat op die koning se hoof was, het die oë verblind en JôWsef het hom baie verwonder aan die koning. Sut 48:43 Die troon waarop die koning gesit het, was met goud en silwer en oniksstene bedek en hy het sewentig trappe gehad. Sut 48:44 Dit was hulle gewoonte regdeur die Aarde van Egipte dat elke man wat gekom het om met die koning te spreek, as hy 'n prins was, of een wat vernaam in oë van die koning was, het hy die trappe na die koning se troon bestyg tot by die een en dertigste trap en die koning sou afklim tot by die ses-en-dertigste trap en met hom spreek. Sut 48:45 As hy een van die gewone mense was, het hy opgeklim tot die derde trap en die koning sou vier trappe afklim en met hom praat. En hulle gewoonte was ook dat enige man wat sewentig tale kon verstaan om hulle te praat, het die sewentig trappe uitgeklim en opgegaan en gepraat totdat hy die koning bereik het. Sut 48:46 Enige man wat nie die sewentig kon voltooi nie het opgegaan met soveel trappe as die aantal tale wat hy geken het waarin hy kon praat. Sut 48:47 Dit was die gewoonte in daardie dae in Egipte dat niemand oor hulle kon heers nie, behalwe hulle wat verstaan het om in sewentig tale te praat. Sut 48:48 Toe JôWsef voor die koning kom, het hy neergebuig tot teen die grond voor die koning en hy het opgeklim tot by die derde trap en die koning het op die vierde trap gesit en het met JôWsef gepraat. Sut 48:49 En die koning het aan JôWsef gesê: Ek het 'n droom gedroom en daar is geen uitlêer om dit reg uit te lê nie. En ek het vandag beveel dat al die toordokters van Egipte en die wyse manne daarvan, voor my moet kom en ek het my drome aan hulle vertel en nie een het dit reg aan my uitgelê nie. Sut 48:50 Daarna het ek vandag van jou gehoor, dat jy 'n wyse man is en elke droom wat jy hoor, reg kon uitlê. Sut 48:51 JôWsef het Farao geantwoord en gesê: Laat Farao sy drome vertel wat hy gedroom het. Sekerlik die verklarings behoort aan Elohim. En Farao het sy drome aan JôWsef vertel, die droom van die koeie en die droom van die koringare en die koning het opgehou praat. Sut 48:52 Toe is JôWsef beklee met die Gees van Elohim voor die koning en hy het al die dinge geweet wat die koning in die toekoms sal oorkom van daardie dag af aan. Hy het die regte uitleg van die koning se droom geweet en hy het voor die koning gespreek. Sut 48:53 En JôWsef het guns gevind voor die aangesig van die koning en die koning het sy ore sowel as sy hart geopen en hy het na al die woorde van JôWsef geluister. En JôWsef het aan die koning gesê: Moenie dink dat dit twee drome is nie, want dit is net een droom. Want dit wat Elohim bepaal het om regdeur die Aarde te gebeur, het hy aan die koning te kenne gegee in sy droom en dit is die juiste uitleg van u droom: Sut 48:54 Die sewe mooi koeie en koringare is sewe jaar en die sewe lelike koeie en koringare is ook sewe jaar. Dit is een droom. Sut 48:55 En kyk, in die sewe jaar wat kom, sal daar 'n groot oorvloed regdeur die Aarde wees. En daarna sal sewe jaar van hongersnood op hulle volg, 'n baie swaar hongersnood, en van al die oorvloed sal vergeet word in die Aarde en die hongersnood sal al die inwoners van die land verteer. Sut 48:56 Die koning het een droom gedroom en die droom is daarom aan Farao herhaal omdat die saak deur Elohim bepaal is en Elohim sal dit binnekort laat gebeur. Sut 48:57 Daarom sal ek u raad gee en u siel en die siele van die inwoners van die land verlos van die ramp van die hongersnood. U moet regdeur u koninkryk na 'n baie verstandige en wyse man soek wat al die aspekte van regering ken en stel hom aan om toesig te hou oor die Aarde van Egipte. Sut 48:58 En laat die man wat u oor Egipte aanstel, opsieners aanstel sodat hulle al die voedsel kan insamel van die goeie jare wat kom. En laat hulle koring ophoop en dit wegbêre in u aangewese stoorplekke. Sut 48:59 En laat hulle daardie voedsel hou vir die sewe jare van hongersnood, sodat dit beskikbaar sal wees vir u en u mense, u hele land en dat u en u mense nie omkom deur die hongersnood nie. Sut 48:60 Beveel ook al die inwoners van die land dat hulle moet insamel, elke man die opbrengs van sy land van alle soorte voedsel gedurende die sewe goeie jare. En laat hulle dit plaas in hulle stoorplekke, sodat dit vir hulle beskikbaar kan word in die dae van die hongersnood sodat hulle daarvan mag leef. Sut 48:61 Dit is die regte uitleg van u droom en dit is die raad gegee om u siel te red en die siele van al u onderdane. Sut 48:62 En die koning het geantwoord en aan JôWsef gesê: Wie sê en wie weet of jou woorde reg is? En hy het aan die koning gesê: Dit sal 'n teken vir u wees om al my woorde te ag dat hulle waar is en dat my raad aan u goed is. Sut 48:63 Kyk, u vrou sit vandag op die baringstoel en sy sal vir u 'n seun baar en u sal verheug wees oor hom. Wanneer u kind uit sy moeder se baarmoeder uitgegaan het, sal u eersgeborene seun, wat twee jaar gelede gebore is, sterf. En u sal vertroos word deur die kind wat vandag vir u gebore word. Sut 48:64 JôWsef het die woorde wat hy tot die koning gespreek het, voltooi. En hy het neergebuig voor die koning en hy het weggegaan en toe JôWsef weggegaan het van die koning se aangesig, het die tekens waarvan JôWsef gespreek het, net so daardie dag vir die koning gebeur. Sut 48:65 Die koningin het daardie dag 'n seun gebaar en die koning het die goeie tyding gehoor oor sy seun en hy was verheug. En toe die boodskapper vertrek het van die koning se aangesig, het die koning se diensknegte die eersgebore seun van die koning dood op die grond gevind. Sut 48:66 En daar was groot roubeklag en rumoer in die koning se huis en die koning het dit gehoor en hy het gevra: Wat is die rumoer en roubeklag wat ek in die huis hoor? En hulle het aan die koning vertel dat sy eersgebore seun gesterf het. Toe het die koning geweet dat al JôWsef se woorde wat hy gespreek het, waar was en die koning is vertroos oor sy seun deur die kind wat daardie dag vir hom gebore is, soos wat JôWsef gesê het. //JôWsef word Farao se tweede in bevel. Sut 49:1 NA hierdie dinge het die koning al sy owerstes en diensknegte laat versamel en al die prinse en vername manne wat aan die koning behoort het en hulle het almal voor die koning gekom. Sut 49:2 En die koning het aan hulle gesê. Kyk, julle het al die woorde gesien en gehoor van die Hebreeuse man en al die tekens wat hy gesê het sal gebeur, en nie een van sy woorde het op die grond geval nie. Sut 49:3 Julle weet dat hy die regte uitleg vir die droom gegee het en dit sal sekerlik gebeur, daarom, beraadslaag sodat julle kan weet wat julle gaan doen en hoe die land verlos gaan word van die hongersnood. Sut 49:4 Soek nou en kyk of iemand gevind kan word in wie se hart daar wysheid en kennis is en ek sal hom aanstel oor die land. Sut 49:5 Want julle het gehoor wat die Hebreeuse man aanbeveel het hoe om die land te red van die hongersnood, en ek weet dat die land nie gered sal word van die hongersnood as dit nie vir die Hebreeuse man se raad, wat hy my aanbeveel het, is nie. Sut 49:6 En hulle almal het die koning geantwoord en gesê: Die raad wat die Hebreeuse man oor dit gegee het, is goed. Daarom nou, ons meester en koning, kyk, die hele land is in u hand, doen wat goed is in u oë. Sut 49:7 Hy wat u kies en wat u in u wysheid weet is wys en bekwaam om die land met sy wysheid te red, hom sal die koning onder hom aanwys oor die land. Sut 49:8 En die koning het aan al die owerstes gesê: Ek het gedink, aangesien dit Elohim was wat aan die Hebreeuse man bekend gemaak het alles wat hy gespreek het, is daar niemand so verstandig en wys soos hy in die hele land nie. As dit goed in julle oë lyk, sal ek hom oor die hele land stel, want hy sal met sy wysheid die land red. Sut 49:9 En al die owerstes het die koning geantwoord en gesê: Maar dis sekerlik geskryf in die wette van Egipte, en dit mag nie verbreek word nie, dat geen man oor Egipte sal heers of tweede wees naas die koning nie, behalwe een wat kennis het van al die tale van die seuns van die mens. Sut 49:10 Daarom nou, ons meester en koning, kyk, hierdie Hebreeuse man kan slegs die Hebreeuse taal praat en hoe kan hy oor ons wees as tweede onder die heerser, 'n man wat nie eers ons taal ken nie? Sut 49:11 Nou smeek ons u, laat hom haal en laat hy voor u verskyn en toets hom in alle dinge en doen na u goeddunke. Sut 49:12 En die koning het gesê: Dit sal môre so gedoen word en die saak wat julle gespreek het, is goed. En al die owerstes het daardie dag voor die koning verskyn. Sut 49:13 Daardie nag het JaHWeH een van sy dienende Boodskappers gestuur en hy het in die Aarde van Egipte na JôWsef gekom en die Boodskapper van JaHWeH het oor JôWsef gestaan. En kyk, JôWsef het in die bed die nag gelê in sy meester se huis in die gevangenis, want sy meester het hom terug in die gevangenis geplaas as gevolg van sy vrou. Sut 49:14 Die Boodskapper het hom wakker gemaak uit sy slaap en JôWsef het orent gekom en op sy bene gestaan, en kyk, die Boodskapper van JaHWeH het regoor hom gestaan: en die Boodskapper van JaHWeH het met JôWsef gepraat en hy het hom al die tale van die mens in daardie nag geleer en hy het sy naam Jehosef genoem. Sut 49:15 Die Boodskapper van JaHWeH het van hom af weggegaan en JôWsef het teruggegaan en op sy bed gelê en JôWsef was verstom oor die gesig wat hy gesien het. Sut 49:16 En dit het so gebeur in die oggend dat die koning al sy owerstes en diensknegte laat kom het en hulle het almal gekom en voor die koning gesit en die koning het beveel dat JôWsef gebring moes word en die koning se diensknegte het gegaan en het JôWsef voor Farao gebring. Sut 49:17 Die koning het ingekom en die trappe van die troon opgeklim en JôWsef het met die koning in al die tale gespreek. En JôWsef het opgegaan na hom en met die koning gespreek totdat hy by die sewentigste trap gekom het en hy het voor die koning gaan sit. Sut 49:18 Die koning was baie verheug oor JôWsef, en al die koning se owerstes was saam met die koning verheug toe hulle al JôWsef se woorde hoor. Sut 49:19 En die saak was goed in die oë van die koning en die owerstes om JôWsef aan te stel as tweede in bevel naas die koning oor die hele Aarde van Egipte. En die koning het met JôWsef gespreek en gesê: Sut 49:20 Nou, jy het vir my raad gegee om 'n wyse man oor die hele Aarde van Egipte aan te wys, sodat hy met sy wysheid die Aarde van Egipte van die hongersnood kan red. Daarom nou, aangesien Elohim dit alles aan jou bekend gemaak het, asook al die woorde wat jy gespreek het, daar is regdeur die land nie so 'n verstandige en wyse man soos jy nie. Sut 49:21 En jou naam sal nie meer JôWsef genoem word nie, maar Sáfewat-Paneag sal jou naam wees en jy sal tweede in bevel naas my wees. En volgens jou woord sal al die sake van my regering wees en volgens jou woord sal my mense uitgaan en inkom. Sut 49:22 Ook deur jou hand sal my diensknegte en owerstes hulle loon ontvang wat maandeliks aan hulle gegee word en voor jou sal al die mense van die land neerbuig. Alleen deur my troon sal ek groter as jy wees. Sut 49:23 Die koning het sy seëlring van sy hand afgehaal en het dit aan JôWsef se hand gesit en die koning het JôWsef in 'n vorstelike gewaad geklee en hy het 'n goue kroon op sy hoof gesit en hy het 'n goue ketting om sy hals gehang. Sut 49:24 En die koning het sy diensknegte bevel gegee en hy het gery op die tweede rytuig wat aan die koning behoort het, teenoor die koning se rytuig. En hy het hom op 'n groot en sterk perd van die koning se perde laat ry en hy is begelei deur die strate van die Aarde van Egipte. [Openbaring 19:11] Sut 49:25 Die koning het beveel dat almal wat op tamboeryne, harpe en ander musiekinstrumente speel, saam met JôWsef moet gaan. Eenduisend tamboeryne, eenduisend danseresse en eenduisend harpe het agter hom aangegaan. Sut 49:26 En vyfduisend manne met ontblote swaarde, glinsterend in hulle hande, het gemarsjeer en gespeel voor JôWsef en twintigduisend van die helde van die koning, omgord met gordels van vel, bedek met goud, het aan die regterhand van JôWsef marsjeer en twintigduisend aan sy linkerhand. En al die vroue en jong meisies het op die dakke gegaan of het in die strate gestaan en gespeel en hulle verheug oor JôWsef en hulle het gestaar na die voorkoms van JôWsef en na sy skoonheid. Sut 49:27 Die koning se mense het voor hom en agter hom gegaan en hulle het die pad met wierook en kassia gegeur en met allerhande soorte delikate parfuum. En hulle het mirre en aalwee langs die pad gestrooi en twintig manne het hierdie woorde deur die land met 'n harde stem voor hom uitgeroep: Sut 49:28 Sien julle hierdie man wat die koning gekies het om sy tweede in bevel te wees? Al die sake van die regering sal deur hom beheer word en hy wat sy bevele oortree, of wat nie voor hom neerbuig tot op die grond nie, sal sterf, want hy kom in opstand teen die koning en sy tweede in bevel. Sut 49:29 En toe die voorlopers opgehou het met aankondig, het al die mense van Egipte neergebuig tot op die grond voor JôWsef en gesê: Mag die koning leef! Mag sy tweede in bevel ook leef! En al die inwoners van Egipte het neergebuig langs die pad en toe die boodskappers na hulle aankom, het hulle neergebuig en hulle was vrolik met allerhande soorte tamboeryne, dansers en harpe oor JôWsef. Sut 49:30 En JôWsef, op sy perd, het sy oë opgeslaan na die Hemele en het uitgeroep en gesê: Hy verhef die geringe uit die stof uit op! Hy lig die ellendige op van die mishoop! O JaHWeH van die leërskare, geseënd is die man wat op U vertrou! Sut 49:31 JôWsef het deur die hele Aarde van Egipte getrek met Farao se diensknegte en owerstes en hulle het die hele Aarde van Egipte aan hom gewys en al die koning se skatte. Sut 49:32 JôWsef het teruggekeer en op daardie dag voor Farao verskyn en die koning het aan JôWsef 'n besitting in die Aarde van Egipte gegee, 'n besitting van lande en wingerde. En die koning het aan JôWsef drieduisend talente silwer en eenduisend talente goud en oniksstene en balsemgom en baie geskenke gegee. Sut 49:33 Die volgende dag het die koning al die mense van Egipte beveel om aan JôWsef bydraes en geskenke te bring en dat hy wat die bevel van die koning oortree, sal sterf. En hulle het 'n hoë plek in die straat van die stad gemaak en kledingstukke daar oopgesprei en wie ook al enigiets vir JôWsef gebring het, het dit op die hoë plek gesit. Sut 49:34 En al die mense van Egipte het iets op die oop plek geplaas, een man 'n goue oorring en die ander ringe en oorringe en verskeie potte van goud, en silwerware, en oniksstene en balsemgom het hy op die hoë plek gegooi. Elkeen het iets gegee van dit wat hy besit het. Sut 49:35 JôWsef het dit alles geneem en het dit in sy skatkamer geplaas en al die owerstes en edelmanne wat aan die koning behoort het, het JôWsef vereer en hulle het hom baie geskenke gegee, omdat die koning hom verkies het om sy tweede in bevel te wees. [Die Boekrol van Henog 48:5] Sut 49:36 Die koning het Potiféra, die seun van Ahiram, die priester van On, laat haal en hy het sy jongste dogter, Asenat, geneem en haar as 'n vrou aan JôWsef gegee. Sut 49:37 Die jongmeisie was baie mooi, 'n maagd, een wat geen man nog beken het nie en JôWsef het haar as vrou geneem. En die koning het aan JôWsef gesê: Ek is Farao, buiten jou mag niemand sy hand of voet verroer om my volk deur die hele Aarde van Egipte te regeer nie. Sut 49:38 JôWsef was dertig jaar oud toe hy voor Farao, die koning van Egipte, gestaan het. En JôWsef het weggegaan van die koning af en hy het die koning se tweede in bevel in Egipte geword. Sut 49:39 Die koning het JôWsef 'n honderd diensknegte gegee om hom in sy huis te bedien en JôWsef het ook baie diensknegte laat koop en hulle het gebly in die huis van JôWsef. Sut 49:40 JôWsef het toe vir homself 'n pragtige huis gebou, net soos die huise van konings, voor die binnehof van die koning se paleis. En hy het in die huis 'n groot tempel laat maak, baie sierlik in voorkoms en gerieflik vir sy verblyf. Drie jaar lank het dit JôWsef geneem om sy huis te bou. Sut 49:41 En JôWsef het vir homself 'n baie swierige troon gemaak van 'n oorvloed van goud en silwer, en hy het dit oordek met oniksstene en balsemgom. En hy het daarop die kaart van die hele Aarde van Egipte laat maak, en die kaart van die rivier van Egipte wat die hele Aarde van Egipte benat; en JôWsef het veilig op sy troon in sy huis gesit en JaHWeH het JôWsef se Wysheid vermeerder. Sut 49:42 Al die inwoners van Egipte en Farao se diensknegte en sy prinse was baie lief vir JôWsef, want hierdie saak was van JaHWeH aan JôWsef gegee. Sut 49:43 JôWsef het 'n leërmag gehad wat oorlog gevoer het, wat in leërmagte van krygers uitgegaan het tot die getal van veertigduisend-seshonderd man, in staat om wapens op te neem om die koning en JôWsef tot hulp te wees teen die vyand, buiten die koning se owerstes en sy dienaars en die inwoners van Egipte, sonder tal. Sut 49:44 JôWsef het aan sy dapper helde en aan sy hele leërmag skilde en spiese, helms, harnasse en slingerklippe gegee. //Die hongersnood. Sut 50:1 IN daardie tyd het die kinders van Tarsis teen die kinders van Jismael gekom en het oorlog teen hulle gevoer. En die kinders van Tarsis het die Jismaeliete vir 'n lang tyd beroof. Sut 50:2 Die kinders van Jismael was in daardie dae min in getal en hulle kon nie die oorhand kry oor die kinders van Tarsis nie en hulle was kwaai verdruk. Sut 50:3 En die oudstes van die Jismaeliete het 'n berig aan die koning van Egipte gestuur en gesê: Ons smeek u, stuur u dienaars, owerstes en leërmag om ons te help veg teen die kinders van Tarsis, want ons is oor 'n lang tyd al besig om te vergaan. Sut 50:4 Farao het JôWsef met die dapper helde, manne en leërmag wat saam met hom was, gestuur, asook die dapper helde van die koning se huis. Sut 50:5 Hulle het na die Aarde van Háwila gegaan na die kinders van Jismael, om hulle te help teen die kinders van Tarsis. En die kinders van Jismael het met die kinders van Tarsis geveg, en JôWsef het die Tarsisiete verslaan en hy het hulle hele land onderwerp. En die kinders van Jismael woon in haar tot vandag toe. Sut 50:6 Nadat die Aarde van Tarsis onderwerp is, het al die Tarsisiete weggehardloop en tot by die grens gekom van hulle broers, die kinders van Jawan. En JôWsef, met al sy dapper helde en leërmag, het na Egipte teruggekeer. Nie een man van hulle was vermis nie. Sut 50:7 Met die wisseling van die jaar, in die tweede jaar van JôWsef se heerskappy oor Egipte, het JaHWeH 'n groot oorvloed in die land gegee vir sewe jaar soos wat JôWsef gesê het, want JaHWeH het al die produkte van die land vir sewe jaar geseën in daardie dae en hulle het geëet en was heeltemal versadig. Sut 50:8 JôWsef het in daardie tyd owerstes onder hom gehad en hulle het al die voedsel van die goeie jare ingesamel en hulle het jaar na jaar koring opgehoop en hulle het dit in JôWsef se voorraadkamers geplaas. Sut 50:9 En te eniger tyd wanneer hulle die voedsel ingesamel het, het JôWsef beveel dat hulle die koring in die are bring en hulle moes ook van die grond van die land saambring, sodat dit nie bederf nie. Sut 50:10 JôWsef het jaar-na-jaar so gedoen en hy het koring opgegaar soos die sand van die see in oorvloed, want sy stoorplekke was ontsaglik groot en kon nie getel word weens hulle oorvloed nie. Sut 50:11 En ook al die inwoners van Egipte het allerhande soorte voedsel versamel in hulle stoorplekke gedurende die sewe goeie jare, maar hulle het nie daarmee gedoen soos JôWsef gedoen het nie. Sut 50:12 En al die voedsel wat JôWsef en die Egiptenare gedurende die sewe oorvloedige jare versamel het, was vir die land in stoorplekke beveilig vir die sewe jare van hongersnood vir die hele Aarde se onderhoud. Sut 50:13 Die inwoners van Egipte het elkeen sy stoorplek en sy verskuilde plek met koring gevul vir onderhoud gedurende die hongersnood. Sut 50:14 En JôWsef het al die voedsel wat hy in al die stede van Egipte versamel het, geberg en hy het al die stoorplekke gesluit en wagte oor hulle geplaas. Sut 50:15 JôWsef se vrou, Asenat die dogter van Potiféra, het vir hom twee seuns gebaar, Manasse en Efraim, en JôWsef was vier-en-dertig jaar oud toe hy hulle verwek het. Sut 50:16 Die seuns het grootgeword en hulle het in sy Weë en sy onderrigting gevolg, hulle het nie afgewyk van die weg wat hulle vader hulle geleer het nie, nie na regs of links nie. Sut 50:17 JaHWeH was met die seuns en hulle het grootgeword en het Insig gehad en Kennis in alle Wysheid en in die sake van die regering, en al die koning se owerstes en sy vername manne van die inwoners van Egipte het die seuns vereer en hulle is grootgemaak tussen die koning se kinders. Sut 50:18 Die sewe jaar van oorvloed wat regdeur die land was, het geëindig en die sewe jaar van hongersnood het daarna gekom soos JôWsef gespreek het en die hongersnood was regdeur die land. Sut 50:19 En al die mense van Egipte het gesien dat die hongersnood begin het in die Aarde van Egipte, en al die mense van Egipte het hulle stoorplekke oopgemaak vir die koring, want die hongersnood het oor hulle geheers. Sut 50:20 Hulle het al die voedsel wat in hulle stoorplekke was, vol goggas gevind en oneetbaar en die hongersnood het almal regdeur die land getref. En al die inwoners het voor Farao kom ween, want die hongersnood was swaar op hulle. Sut 50:21 Hulle het aan Farao gesê: Gee kos aan u dienaars en waarom sal ons voor u oë van honger sterf, ons en ons kinders. Sut 50:22 Farao het hulle geantwoord en gesê: En hoekom roep julle tot my? Het JôWsef nie beveel dat die koring gebêre moet word gedurende die sewe jare van oorvloed vir die jare van hongersnood nie? En waarom het julle nie na sy stem geluister nie? Sut 50:23 En die mense van Egipte het die koning geantwoord en gesê: Sowaar as u siel leef, ons meester, u diensknegte het alles gedoen wat JôWsef beveel het, want u dienaars het ook al die opbrengs van hulle velde ingebring gedurende die jare van oorvloed en het dit in die stoorplekke weggebêre vir hierdie dag. Sut 50:24 En toe die hongersnood die oorhand oor ons gekry het, het ons ons stoorplekke oopgemaak en kyk, al ons opbrengs was vol goggas en oneetbaar. Sut 50:25 Toe die koning hoor wat die inwoners van Egipte alles oorgekom het, was hy baie bang vir die hongersnood en hy was baie beangs; en die koning het die mense van Egipte so geantwoord en gesê: Aangesien al hierdie dinge met julle gebeur het, gaan na JôWsef toe, doen alles wat hy aan julle sê, moenie sy bevele oortree nie. Sut 50:26 En al die mense van Egipte het weggegaan na JôWsef en aan hom gesê: Gee ons voedsel en waarom sal ons voor u van die honger sterf? Want ons het ons opbrengs ingesamel vir die sewe jaar soos u beveel het en ons het dit in stoorplekke geberg en dit is wat ons oorgekom het. Sut 50:27 Toe JôWsef al die woorde van die mense gehoor het en wat hulle oorgekom het, het hy al sy stoorplekke oopgemaak en die opbrengs aan die mense van Egipte verkoop. Sut 50:28 Die hongersnood het oor die hele Aarde geheers en die hongersnood was in al die dele van die Aarde, maar in die Aarde van Egipte was daar voedsel te koop. Sut 50:29 En al die inwoners van Egipte het na JôWsef gekom om koring te koop, want die hongersnood het oor hulle geheers en al hulle koring was bederf en JôWsef het dit daagliks aan al die mense van Egipte verkoop. Sut 50:30 En al die inwoners van die Aarde van Kanaän en die Filistyne en diegene anderkant die Jordaan en die kinders van die Ooste en al die stede van die Aarde, ver en naby, het gehoor dat daar koring in Egipte was en hulle het almal na Egipte gekom om koring te koop, want die hongersnood het oor hulle geheers. Sut 50:31 JôWsef het die stoorplekke van koring geopen en owerstes daaroor geplaas en hulle het daagliks gestaan en verkoop aan almal wat gekom het. Sut 50:32 JôWsef het geweet dat sy broers ook na Egipte sal kom om koring te koop, want die hongersnood het oor die hele Aarde geheers. En JôWsef het al sy mense beveel dat hulle dit oral moet verkondig en sê: Sut 50:33 Dit is die wens van die koning, van sy tweede in bevel en van hulle groot manne, dat enigeen wat begeer om in Egipte koring te koop, nie hulle diensknegte na Egipte sal stuur om te koop nie, maar hulle seuns. En ook enige Egiptenaar of Kanaäniet wat kom om van enige van die stoorplekke koring in Egipte te koop en dit regdeur die Aarde gaan verkoop, hy sal sterf, want niemand sal koop behalwe vir die onderhoud van sy huishouding nie. Sut 50:34 En enige man wat twee of drie diere lei, sal sterf, want 'n man sal net sy eie dier lei. Sut 50:35 JôWsef het wagte by die hekke van Egipte geplaas en het hulle beveel en gesê: Enige persoon wat koring kom koop, laat hom nie ingaan voordat hy sy naam en die naam van sy vader, en die naam van sy vader se vader neergeskryf het nie. En wat ook al in die dag geskryf is, stuur hulle name na my in die aand sodat ek hulle name kan weet. Sut 50:36 JôWsef het owerstes deur die Aarde van Egipte geplaas en hy het hulle beveel om al hierdie dinge te doen. Sut 50:37 JôWsef het al hierdie dinge gedoen en het hierdie wette gemaak, sodat hy sou weet wanneer sy broers na Egipte kom om koring te koop; en JôWsef se mense het dit daagliks in Egipte laat verkondig volgens hierdie woorde en verordeninge wat JôWsef beveel het. Sut 50:38 En al die inwoners van die oostelike en westelike dele van die Aarde, en van die hele Aarde het gehoor van die wette en regulasies wat JôWsef van krag gemaak het in Egipte. En die inwoners van die uithoeke van die Aarde het gekom en koring gekoop in Egipte, dag na dag en dan het hulle weggegaan. Sut 50:39 En al die owerstes het gedoen soos JôWsef beveel het en die hekwagters het almal wat na Egipte gekom het om koring te koop, se name en hulle vader se name neergeskryf, en dit daagliks in die aande voor JôWsef gebring. //JôWsef se broers koop koring. Sut 51:1 JAKOB het agterna gehoor dat daar koring in Egipte was, en hy het sy seuns geroep om na Egipte te gaan om koring te koop, want ook oor hulle het die hongersnood die oorhand gehad. En hy het na sy seuns geroep en gesê. Sut 51:2 Kyk, ek hoor daar is koring in Egipte en al die mense van die Aarde gaan soontoe om te koop. Dus, waarom sal julle julself tevrede voorgee voor die hele Aarde? Gaan julle ook af na Egipte en koop vir ons 'n bietjie koring onder dié wat daar kom, sodat ons nie sal sterf nie. Sut 51:3 En die seuns van Jakob het na hulle vader geluister en het opgestaan om af te gaan na Egipte sodat hulle koring kon koop van die res wat daar kom. Sut 51:4 Jakob hulle vader het hulle beveel en gesê: Wanneer julle in die stad kom, moenie saam by een hek ingaan nie vanweë die inwoners van die Aarde. Sut 51:5 En die seuns van Jakob het uitgegaan en hulle het na Egipte gegaan, en die seuns van Jakob het gedoen soos hulle vader hulle beveel het en Jakob het nie vir Benjamin gestuur nie, want hy het gesê: Dis uit vrees dat 'n ramp hom dalk sal oorval op die pad soos sy broer; en tien van Jakob se seuns het vortgegaan. Sut 51:6 Terwyl die seuns van Jakob op die pad gegaan het, het hulle berou gehad oor wat hulle aan JôWsef gedoen het en hulle het met mekaar gepraat en gesê: Ons weet dat ons broer JôWsef na Egipte gegaan het, en nou sal ons na hom soek waar ons gaan. En as ons hom vind, sal ons hom van sy meester af wegneem teen 'n losprys en indien nie, deur geweld, en ons sal sterf vir hom. Sut 51:7 Die seuns van Jakob het saamgestem oor die saak en hulleself versterk ter wille van JôWsef, om hom te verlos uit die hand van sy meester. En die seuns van Jakob het na Egipte gegaan, en toe hulle naby Egipte kom, het hulle van mekaar afgeskei en hulle het deur tien van Egipte se hekke gekom en die hekwagters het hulle name op daardie dag geskryf en het dit die aand na JôWsef gebring. Sut 51:8 JôWsef het die name uit die hand van die hekwagters van die stad gelees en hy het ontdek dat sy broers deur die tien hekke van die stad ingekom het en JôWsef het op daardie oomblik regdeur die Aarde van Egipte afgekondig en gesê: Sut 51:9 Gaan vort al julle stoorplek-wagte, maak al die koringstore toe en laat net een oop bly sodat dié wat kom, daarvan kan koop. Sut 51:10 En al die owerstes van JôWsef het so op daardie tyd gedoen en hulle het al die stoorplekke toegemaak en net een oopgelaat. Sut 51:11 JôWsef het die geskrewe name van sy broers aan hom gegee wat oor die oop stoorplek gestel is en hy het aan hom gesê: Wie ook al na jou kom om koring te koop, vra sy naam, en wanneer manne met hierdie name voor jou kom, gryp hulle en stuur hulle. En hulle het so gedoen. Sut 51:12 Toe die seuns van Jakob in die stad kom, het hulle weer in die stad bymekaargekom en na JôWsef gesoek voordat hulle koring gaan koop het. Sut 51:13 En hulle het na die huise van die hoere gegaan en hulle het JôWsef vir drie dae in die huise van die hoere gesoek, want hulle het gedink dat JôWsef in die huise van die hoere sou wees, want JôWsef was baie aantreklik en aangenaam en die seuns van Jakob het JôWsef vir drie dae gesoek en hulle kon hom nie vind nie. Sut 51:14 Die man wat oor die oop stoorplek aangestel was, het gesoek na daardie name wat JôWsef vir hom gegee het en hy het dit nie gevind nie. Sut 51:15 Hy het JôWsef laat weet en gesê: Hierdie drie dae het verloop en daardie manne wie se name u aan my gegee het, het nie gekom nie, en JôWsef het diensknegte gestuur om die manne in die hele Egipte te soek en hulle voor JôWsef te bring. Sut 51:16 En JôWsef se dienaars het gegaan en in Egipte gekom en kon hulle nie vind nie, en het na Gosen gegaan en hulle was nie daar nie, en hulle het na die stad van Raämses gegaan en kon hulle nie vind nie. Sut 51:17 JôWsef het voortgegaan om sestien dienaars te stuur om sy broers te soek en hulle het gegaan en het hulle versprei deur die vier hoeke van die stad. En vier van die diensknegte het in die huis van die hoere gegaan en hulle het die tien manne daar gevind op soek na hulle broer. Sut 51:18 Daardie vier manne het hulle geneem en voor hom gebring en hulle het tot op die grond voor hom neergebuig. En JôWsef het op sy troon in sy tempel gesit met vorstelike klere geklee en op sy hoof was 'n groot kroon van goud, en al die magtige manne het om hom gesit. [Boekrol van die Opregte 3:9] Sut 51:19 Die seuns van Jakob het JôWsef gesien en sy gestalte en aantreklikheid en waardigheid van voorkoms het wonderlik gelyk in hulle oë en hulle het weer voor hom neergebuig tot op die grond. Sut 51:20 JôWsef het sy broers gesien en hy het hulle herken, maar hulle het hom nie herken nie, want JôWsef was baie belangrik in hulle oë, daarom het hulle hom nie herken nie. Sut 51:21 En JôWsef het met hulle gepraat en gesê: Waarvandaan kom julle? En hulle het almal geantwoord en gesê: U diensknegte het van die Aarde van Kanaän gekom om koring te koop, want die hongersnood heers oor die hele Aarde en u dienaars het gehoor dat daar koring in Egipte is, dus het hulle gekom tussen die ander wat gekom het, om koring te koop vir hulle onderhoud. Sut 51:22 JôWsef het hulle geantwoord en gesê: As julle gekom het om te koop soos julle sê, waarom kom julle deur tien hekke van die stad? Dit kan net wees omdat julle gekom het om deur die land te spioeneer. Sut 51:23 En hulle het JôWsef almal saam geantwoord en gesê: Nie so nie, my meester, ons spreek waar. U diensknegte is nie spioene nie, maar ons het gekom om koring te koop, want u dienaars is almal broers, die seuns van een man in die Aarde van Kanaän en ons vader het ons beveel en gesê: Wanneer julle by die stad kom, moenie saam by een hek ingaan nie vanweë die inwoners van die land. Sut 51:24 JôWsef het hulle weer geantwoord en gesê: Dit is die saak waaroor ek met julle praat, julle het gekom om in die land te spioeneer, daarom het julle deur tien hekke van die stad gekom, julle het gekom om die kaalheid van die land te sien. Sut 51:25 Elkeen wat kom om koring te koop, gaan sekerlik hierdie weg en julle is alreeds drie dae lank in die land. En wat doen julle tussen die mure van die hoere waar julle drie dae was? Spioene hou seker daarvan om dié dinge te doen. Sut 51:26 En hulle het aan JôWsef gesê: Ver is dit van ons meester om so te praat, want ons is twaalf broers, die seuns van ons vader, Jakob, in die Aarde van Kanaän, die seun van Isak, die seun van Abraham, die Hebreër. En kyk, die jongste is met ons vader vandag in die Aarde van Kanaän en een is nie, want hy het van ons verlore geraak en ons het gedink hy is miskien in hierdie land. Dus soek ons hom regdeur die land en het selfs by die hoerhuise gekom om hom daar te soek. Sut 51:27 JôWsef het aan hulle gesê: En het julle hom dan dwarsoor die land gesoek dat daar slegs Egipte oorgebly het vir julle om hom in te soek? En wat dan sal julle broer in die huise van die hoere doen alhoewel hy in Egipte is? Het julle nie gesê dat julle van die seuns van Isak, die seun van Abraham, is nie en wat sal die seuns van Jakob dan doen in die huise van hoere? Sut 51:28 En hulle het aan hom gesê: Omdat ons gehoor het dat Jismaeliete hom van ons gesteel het en dit is aan ons vertel dat hulle hom in Egipte verkoop het en u dienaar, ons broer, is baie aantreklik en aangenaam, dus het ons gedink hy sal sekerlik in die hoerhuise wees, daarom het u diensknegte daar gaan soek om 'n losprys vir hom te gee. Sut 51:29 En JôWsef het hulle steeds geantwoord en gesê: Julle praat sekerlik valsheid en uiterste leuens om van julleself te sê dat julle die seuns van Abraham is; sowaar soos Farao leef, julle is spioene, daarom het julle na die hoerhuise gekom sodat julle nie geken sal word nie. Sut 51:30 JôWsef het aan hulle gesê: En nou, as julle hom vind en sy meester vereis 'n groot prys, sal julle dit vir hom gee? En hulle het gesê: Dit sal gegee word. Sut 51:31 En hy het aan hulle gesê: En as sy meester nie instem om van hom te skei vir 'n groot prys nie, wat sal julle met hom doen om sy onthalwe? En hulle het hom geantwoord en gesê: As hy hom nie aan ons gee nie sal ons hom doodmaak en ons broer neem en weggaan. Sut 51:32 JôWsef het aan hulle gesê: Dit is die saak waaroor ek met julle gepraat het; julle is spioene, want julle het gekom om die inwoners van die land dood te slaan, want ons het gehoor dat twee van julle broers al die inwoners van Sigem, in die Aarde van Kanaän, doodgeslaan het ter wille van julle suster en julle kom om nou dieselfde in Egipte te doen ter wille van julle broer. Sut 51:33 Slegs hierdeur sal ek weet dat julle opregte manne is, as julle een tussen julle sal huis toe stuur om julle jongste broer by julle vader te gaan haal en hom hierheen bring na my. En deur hierdie ding te doen, sal ek weet dat julle opreg is. Sut 51:34 JôWsef het sewentig van sy magtige manne geroep en aan hulle gesê: Neem hierdie manne en bring hulle in die gevangenis. Sut 51:35 Die magtige manne het die tien man geneem en hulle vasgegryp en in die gevangenis gesit en hulle was in die gevangenis vir drie dae. Sut 51:36 En op die derde dag het JôWsef hulle uit die gevangenis laat bring en hy het aan hulle gesê: Doen dit vir julle self as julle eerlike manne is sodat julle mag leef. Een van julle broers sal in die gevangenis aangehou word terwyl julle die koring huistoe neem vir julle huishoudings in die Aarde van Kanaän. En gaan haal julle jongste broer en bring hom hierheen na my toe, sodat ek kan weet dat julle eerlike manne is as julle hierdie ding doen. Sut 51:37 JôWsef het uitgegaan van hulle af en het in die kamer gekom en het bitterlik geween, want sy meegevoel was vir hulle opgewek. En hy het sy gesig gewas en na hulle teruggekeer en hy het Símeon tussen hulle uitgeneem en beveel dat hy vasgebind word, maar Símeon was nie bereid dat dit gedoen word nie, want hy was 'n baie sterk man en hulle kon hom nie vasbind nie. Sut 51:38 JôWsef het geroep na sy magtige manne en sewentig dapper manne het voor hom gekom met ontblote swaarde in hulle hande en die seuns van Jakob was verskrik deur hulle. Sut 51:39 JôWsef het aan hulle gesê: Gryp hierdie man en sit hom in die tronk totdat sy broers hom kom haal. En JôWsef se dapper manne het hulle gehaas en Símeon gegryp om hom te bind, en Símeon het 'n harde en verskriklike kreet gegee en die kreet was ver gehoor. Sut 51:40 En al die dapper manne van JôWsef was vreesbevange na die verskriklike kreet en hulle het op hulle aangesigte geval en hulle was baie bang en het gevlug. Sut 51:41 En al die manne wat by JôWsef was, het gevlug, want hulle het gevrees vir hulle lewens en net JôWsef en sy seun, Manasse het daar gebly en Manasse, die seun van JôWsef, het die krag van Símeon gesien en hy was verskriklik kwaad. Sut 51:42 Manasse, die seun van JôWsef, het opgestaan voor Símeon, en Manasse het Símeon 'n harde hou met sy vuis teen die agterkant van sy nek geslaan en Símeon het van sy woede bedaar. Sut 51:43 Manasse het Símeon gevat en hy het hom gewelddadig vasgegryp en hom gebind en na die huis van aanhouding gebring en al die seuns van Jakob was verstom oor die optrede van die jong man. Sut 51:44 En Símeon het aan sy broers gesê: Nie een van julle moet sê dit is die kastyding van 'n Egiptenaar nie, maar dit was die kastyding van die huis van my vader. Sut 51:45 Daarna het JôWsef hom wat oor die stoorhuis gestel was, laat kom om hulle sakke te vul met koring, soveel soos hulle kon dra en om elke man se geld in sy sak terug te sit en om hulle voedsel vir die pad te gee, en so het hy aan hulle gedoen. Sut 51:46 JôWsef het hulle beveel en gesê: Slaan daarop ag dat julle my bevele nie verontagsaam om julle broer te bring soos ek gespreek het nie, en dit sal wees wanneer julle jul broer hierheen bring na my toe dat ek sal weet dat julle eerlike manne is, en dan kan julle vrylik in die land beweeg en ek sal julle broer aan julle teruggee en julle sal in vrede terugkeer na julle vader. Sut 51:47 Hulle het almal geantwoord en gesê: Volgens wat u vra, o meester, so sal ons doen, en hulle het neergebuig tot op die grond. Sut 51:48 Elke man het sy koring op sy esel gelaai en hulle het uitgetrek om na die Aarde van Kanaän te gaan en na hulle vader. En hulle het by die herberg gekom en Levi het sy sak uitgesprei om kos aan sy esel te gee, toe hy bemerk en kyk, sy volle gewig geld was nog steeds in sy sak. Sut 51:49 En die man was baie bang en hy het aan sy broers gesê: My geld is teruggegee, en kyk, dit is selfs in my sak, en die manne was baie bang en hulle het gesê: Wat is dit wat Elohim aan ons gedoen het? Sut 51:50 En hulle het almal gesê: En waar is JaHWeH se Suiwerheid met ons vaders, met Abraham, Isak en Jakob, dat JaHWeH ons vandag in die hande van die koning van Egipte oorgegee het sodat hy teen ons kan versin? Sut 51:51 JeHûWdah het aan hulle gesê: Ons is sekerlik skuldige oortreders voor die Aangesig van JaHWeH, onse Elohey, deurdat ons ons broer verkoop het, ons eie vlees, en waarvoor sê julle: Waar is JaHWeH se Guns met ons vader? Sut 51:52 En Ruben het aan hulle gesê: Het ek nie aan julle gesê moenie oortree teen die jongman nie en julle wou nie na my luister nie? Nou eis Elohim hom van ons en hoe durf julle sê: Waar is JaHWeH se Guns met ons vaders, terwyl julle teen JaHWeH oortree het? Sut 51:53 En hulle het oornag in daardie plek vertoef en hulle het vroeg in die oggend opgestaan en hulle esels met hulle koring gelaai en hulle gelei en voortgegaan en by hulle vader se huis in die Aarde van Kanaän gekom. Sut 51:54 En Jakob en sy huishouding het uitgegaan om sy seuns te ontmoet. En Jakob het gesien en kyk, hulle broer, Símeon, was nie by hulle nie en Jakob het aan sy seuns gesê: Waar is julle broer Símeon, wat ek nie sien nie? En sy seuns het hom alles vertel wat met hulle in Egipte gebeur het. //JôWsef se broers gaan weer na Egipte. Sut 52:1 HULLE het hulle huis binnegegaan en elke man het sy sak oopgemaak en hulle het gesien en kyk, elke man se bondel geld was daar, waaroor hulle en hulle vader baie verskrik was. Sut 52:2 Jakob het aan hulle gesê: Wat is dit wat julle my aangedoen het? Ek het julle broer JôWsef agter julle aangestuur om navraag te doen oor julle welstand en julle sê aan my: 'n Wilde wese het hom opgeëet. Sut 52:3 En Símeon is saam met julle om kos te koop en julle sê die koning van Egipte het hom aangehou in die gevangenis en julle wil Benjamin neem om sy dood ook te veroorsaak en my grys hare met smart na die graf te bring oor Benjamin en sy broer JôWsef. Sut 52:4 Nou, daarom sal my seun nie saam met julle afgaan nie, want sy broer is dood en hy is alleen oor en boosheid kan hom oorval op die pad wat julle gaan, soos dit sy broer oorval het. Sut 52:5 En Ruben het aan sy vader gesê: U kan my twee seuns doodmaak as ek nie u seun terugbring en voor u neerplaas nie; en Jakob het aan sy seuns gesê: Bly julle hier en moet nie na Egipte gaan nie, want my seun sal nie saam met julle afgaan na Egipte nie en ook nie sterf soos sy broer nie. Sut 52:6 JeHûWdah het aan hulle gesê: Bly weg van hom af tot die koring op is, en dan sal hy sê: Neem julle broer, wanneer hy ontdek dat sy eie lewe en dié van sy huishouding in gevaar verkeer weens hongersnood. Sut 52:7 In daardie dae was die hongersnood swaar regdeur die Aarde en al die mense van die Aarde het gegaan en na Egipte gekom om voedsel te koop, want die hongersnood het swaar oor hulle geheers. En die seuns van Jakob het 'n jaar en twee maande in Kanaän gebly totdat hulle koring gedaan was. Sut 52:8 En dit het so gebeur dat nadat hulle koring op was, was die hele huis van Jakob in die nood weens die honger, en al die kinders van die seuns van Jakob het bymekaargekom en na hom gegaan en om hom vergader en hulle het aan hom gesê: Gee vir ons brood, hoekom moet ons almal omkom van honger in u teenwoordigheid? Sut 52:9 Jakob het die woorde van sy seuns se kinders gehoor en hy het bitterlik geween en sy jammerte was opgewek vir hulle. En Jakob het sy seuns laat roep en hulle het almal gekom en voor hom gaan sit. Sut 52:10 En Jakob het aan hulle gesê: Het julle nie gesien hoe julle kinders vandag by my gehuil het nie en gesê het: Gee vir ons brood, want daar is niks nie? Daarom nou, keer terug en koop vir ons 'n bietjie voedsel. Sut 52:11 En JeHûWdah het geantwoord en aan sy vader gesê: As u ons broer saam met ons wil stuur, sal ons afgaan om koring vir u te koop en as u hom nie wil stuur nie dan sal ons nie afgaan nie, want die koning van Egipte het dit sekerlik beveel en gesê: Julle sal my gesig nie sien nie tensy julle broer by julle is nie, want die koning van Egipte is 'n sterk en magtige koning. En kyk, as ons na hom sal gaan sonder ons broer, sal ons almal doodgemaak word. Sut 52:12 Weet u dan nie en het u nie gehoor nie dat hierdie koning baie magtig en wys is en sy gelyke is daar nie op die ganse Aarde nie? Kyk, ons het al die konings van die Aarde gesien en ons het nie een gesien soos daardie koning nie, die koning van Egipte. Daar is sekerlik onder al die konings van die Aarde niemand groter as Abiméleg, die koning van die Filistyne nie, maar die koning van Egipte is groter en magtiger as hy en Abiméleg kan net vergelyk word met een van sy owerstes. Sut 52:13 Vader, u het nie sy paleis en sy troon en al sy dienaars wat voor hom staan, gesien nie; u het daardie koning nie op sy troon in sy prag en koninklike voorkoms gesien nie, geklee in sy koninklike mantel met 'n groot goue kroon op sy kop. U het nie die eer en glorie gesien wat Elohim aan hom gegee het nie; daar is nie een soos hy op die hele Aarde nie. Sut 52:14 Vader, u het nie die Wysheid gesien, die Insig en die Kennis wat Elohim in sy hart gegee het nie, nog sy soet stem gehoor wanneer hy met ons gepraat het nie. Sut 52:15 Ons weet nie, vader, wie hom bekend gemaak het met ons name en alles wat ons oorgekom het nie, tog het hy ook oor u uitgevra en gesê: Leef julle vader nog en is dit wel met hom? Sut 52:16 U het nie gesien hoe hy die regering van Egipte beheer nie, sonder om Farao, sy meester, te vra, u het nie die ontsag en vrees gesien wat hy op al die Egiptenare afdwing nie. Sut 52:17 En ook toe ons van hom af weggaan, het ons gedreig om aan Egipte te doen soos aan die res van die stede van die Amoriete, en ons was verskriklik kwaad oor al sy woorde wat hy gespreek het oor ons as spioene. En nou, as ons weer voor hom kom, sal sy skrik weer op ons almal val en nie een van ons sal in staat wees om met hom te praat nie, nie 'n klein dingetjie of 'n groot ding nie. Sut 52:18 Daarom nou vader, stuur die seun saam met ons, ons smeek u en ons sal afgaan en voedsel vir u koop vir ons onderhoud, sodat ons nie sterf van honger nie. En Jakob het gesê: Hoekom het julle so verkeerd met my gehandel deur die koning te vertel dat julle 'n broer het? Wat is hierdie ding wat julle my aangedoen het? Sut 52:19 JeHûWdah het aan Jakob, sy vader, gesê: Gee die seun in my sorg en ons sal opstaan en afgaan na Egipte en koring gaan koop en dan terugkeer en dit sal wees dat wanneer ons terugkeer en die seun is nie saam met ons nie, laat my dan u blaam vir altyd dra. Sut 52:20 Het u gesien hoe al ons kleuters om u huil omdat hulle honger is en daar is geen krag in u hand om hulle tevrede te stel nie? Laat u medelye jeens hulle nou opgewek word en stuur ons broer saam met ons en ons sal gaan. Sut 52:21 Want hoe sal JaHWeH se Guns aan ons voorvaders aan u bekragtig word as u sê dat die koning van Egipte u seun sal wegneem? Sowaar as JaHWeH leef, ek sal hom nie verlaat totdat ek hom gebring en hom voor u geplaas het nie; maar bid vir ons tot JaHWeH dat Hy goed vir ons sal wees sodat ons vriendelik ontvang sal word voor die koning van Egipte en sy manne. Want as ons nie vertraag is nie, sou ons nou sekerlik al 'n tweede keer met u seun teruggekeer het. Sut 52:22 En Jakob het aan sy seuns gesê: Ek vertrou op JaHWeH, my Elohey dat Hy julle sal verlos en julle Guns sal gee in die oë van die koning van Egipte en in die oë van al sy manne. Sut 52:23 Daarom nou, staan op en gaan na die man en neem 'n geskenk vir hom van wat in die land verkry kan word en bring dit voor hom, en mag El die Almagtige vir julle Barmhartigheid gee voor hom dat hy Benjamin en Símeon saam met julle stuur. Sut 52:24 En al die manne het opgestaan en hulle het hul broer Benjamin geneem, en in hulle hande 'n groot geskenk van die beste van die land geneem en ook 'n dubbele porsie silwer. Sut 52:25 Jakob het sy seuns ten strengste beveel oor Benjamin en het gesê: Pas hom op op die weg wat julle gaan, en moet julle nie van hom af laat gaan op pad nie, ook nie in Egipte nie. Sut 52:26 En Jakob het opgestaan van sy seuns af en hy het sy hande uitgestrek en hy het tot JaHWeH gebid oor sy seuns en gesê: O JaHWeH, die Elohey van die Hemele en Aarde, dink aan U Verbond met ons vader, Abraham, onthou dit met my vader, Isak, en handel gunstig met my seuns en gee hulle nie oor in die hande van die koning van Egipte nie. Doen so, bid ek U, my Meester, ter wille van U Barmhartigheid en koop al my kinders vry en red hulle uit die Egiptiese mag en stuur aan hulle hul twee broers. Sut 52:27 En al die vroue van die seuns van Jakob en hulle kinders het hulle oë opgeslaan na die Hemele en hulle het almal voor die Aangesig van JaHWeH geween en uitgeroep tot Hom om hulle vaders uit die hand van die koning van Egipte te verlos. Sut 52:28 Jakob het 'n brief aan die koning van Egipte geskryf en dit in die hand van JeHûWdah gegee en in die hande van sy seuns vir die koning van Egipte en het gesê: Sut 52:29 Van u dienaar, Jakob, seun van Isak, seun van Abraham die Hebreër, die vors van Elohim, aan die magtige en wyse koning, die openbaarder van verborgenhede, die koning van Egipte, wees gegroet. Sut 52:30 Laat dit bekend wees aan my meester, die koning van Egipte, dat die hongersnood swaar op ons is in die Aarde van Kanaän en ek stuur my seuns na u om vir ons 'n bietjie voedsel te koop vir ons behoud. Sut 52:31 Want my seuns het om my vergader en omdat ek baie oud is, kan ek nie so goed sien met my oë nie, want my oë het baie dof geword deur ouderdom asook daaglikse geween oor my seun, oor JôWsef wat van my verlore geraak het. En ek het my seuns beveel dat hulle nie die hekke van die stad moet binnegaan wanneer hulle in Egipte kom nie, vanweë die inwoners van die land. [Die Boekrol Tobias 2:10] Sut 52:32 En ek het hulle ook beveel om rond te gaan in Egipte om te soek na my seun, JôWsef, ingeval hulle hom daar kon vind, En hulle het so gedoen en u het hulle as spioene van die land beskou. Sut 52:33 Het ons nie aangaande u gehoor dat u Farao se droom uitgelê het nie en dat u waar met hom gespreek het nie? Waarom weet u dan nie, in u wysheid, of my seuns spioene is of nie? Sut 52:34 Nou, my meester en koning, kyk, ek het my seun na u gestuur, soos u met my seuns afgespreek het. Ek smeek u om u oog oor hom te hou totdat hy in vrede na my terugkeer saam met sy broers. Sut 52:35 Want weet u nie, of het u nie gehoor wat ons Elohey aan Farao gedoen het toe hy my moeder, Sarah, geneem het nie? En wat hy aan Abiméleg, die koning van die Filistyne, gedoen het as gevolg van haar nie? En ook wat ons vader, Abraham, gedoen het aan die nege konings van Elam, hoe hy hulle almal verslaan het met 'n paar man wat by hom was nie? Sut 52:36 En ook wat my twee seuns, Símeon en Levi, aan die agt stede van die Amoriete gedoen het, hoe hulle dit vernietig het as gevolg van hulle suster, Dina? Sut 52:37 En ook hoe hulle, as gevolg van hulle broer, Benjamin, hulleself vertroos het oor die verlies van sy broer, JôWsef? Wat sal hulle dan vir hom doen as hulle die hand van enige mens oor hulle sien heers om sy onthalwe? Sut 52:38 Weet u nie, o koning van Egipte dat die Krag van Elohim met ons is en dat Elohim ook altyd ons gebede verhoor en ons nooit in al die dae verlaat het nie? Sut 52:39 En toe my seuns my vertel het van u handeling met hulle, het ek nie tot JaHWeH geroep as gevolg van u nie, want dan sou u omgekom het met u manne voordat my seun Benjamin voor u gekom het. Maar ek het gedink dat aangesien Símeon, my seun, in u huis is, sal u miskien gunstig met hom handel en daarom het ek nie hierdie ding aan u gedoen nie. Sut 52:40 Nou kyk, Benjamin, my seun, kom saam met my seuns na u. Sorg vir hom en hou u oë op hom, en dan sal Elohim Sy Oë op u hou en regdeur u koninkryk. Sut 52:41 Nou het ek u alles vertel wat in my hart is en kyk, my seuns kom na u toe met hulle broer. Ondersoek die aangesig van die hele land ter wille van hulle en stuur hulle terug in vrede met hulle broers. Sut 52:42 En Jakob het die brief aan sy seuns in die sorg van JeHûWdah gegee om dit aan die koning van Egipte te gee. //JôWsef plaas sy beker in Benjamin se sak. Sut 53:1 DIE seuns van Jakob het opgestaan en Benjamin geneem en al die geskenke en hulle het vertrek en in Egipte gekom en voor JôWsef verskyn. Sut 53:2 JôWsef het sy broer, Benjamin, by hulle gesien en hy het hulle gegroet en hierdie manne het na JôWsef se huis gegaan. Sut 53:3 En JôWsef het die opsiener van sy huis beveel om sy broers te ete te gee en hy het so aan hulle gedoen. Sut 53:4 En op die middaguur het JôWsef die manne laat haal om saam met Benjamin voor hom te verskyn, en die manne het die opsiener van JôWsef se huis vertel van die silwer wat in hulle sakke terug geplaas was en hy het aan hulle gesê: Dit sal goed gaan met julle, vrees nie. En hy het hulle broer, Símeon, na hulle gebring, Sut 53:5 En Símeon het aan sy broers gesê: Die meester van die Egiptenare het my baie goed behandel. Hy het my nie vasgebind gehou, soos julle met julle oë gesien het nie. Want toe julle die stad verlaat het, het hy my vrygelaat en my goed behandel in sy huis. Sut 53:6 En JeHûWdah het Benjamin aan sy hand gevat, en hulle het voor JôWsef gekom, en hulle het tot op die grond neergebuig. Sut 53:7 Die manne het die geskenk aan JôWsef gegee en hulle het almal voor hom gaan sit. En JôWsef het aan hulle gesê: Gaan dit goed met julle? Gaan dit goed met julle kinders? Gaan dit goed met julle ou vader? En hulle het gesê: Dit gaan goed. En JeHûWdah het die brief wat Jakob gestuur het, geneem en dit in JôWsef se hand geplaas. Sut 53:8 JôWsef het die brief gelees en sy vader se handskrif herken, en hy wou ween en hy het na 'n binnekamer gegaan en hy het bitterlik geween, en hy het uitgekom. Sut 53:9 En hy het sy oë opgeslaan en sy broer, Benjamin, bekyk en gesê: Is dit julle broer van wie julle my vertel het? En Benjamin het JôWsef genader en JôWsef het sy hand op sy kop geplaas en hy het aan hom gesê: Mag Elohim jou barmhartig wees, my seun. Sut 53:10 Toe JôWsef sy broer sien, die seun van sy moeder, wou hy weer ween en het na die binnekamer gegaan en daar geween. En hy het sy gesig gewas en uitgekom en hy het hom weerhou daarvan om te huil en gesê: Berei voedsel voor. Sut 53:11 JôWsef het 'n Beker gehad waaruit hy gedrink het en sy was van silwer, pragtig ingelê met oniksstene en balsemgom. En JôWsef het die Beker voor die oë van sy broers geslaan terwyl hulle gesit het om saam met hom te eet. Sut 53:12 En JôWsef het aan hulle gesê: Ek weet deur hierdie Beker dat Ruben die eersgeborene is, Símeon en Levi en JeHûWdah, Issaskar en Sébulon is kinders van een moeder. Neem plaas vir ete volgens julle geboortes. Sut 53:13 Hy het ook die ander volgens hulle geboortes geplaas en gesê: Ek weet dat hierdie, julle jongste broer, geen broer het nie en ek, soos hy, het geen broer nie. Hy sal daarom saam met my aansit om te eet. Sut 53:14 En Benjamin het voor JôWsef opgegaan en op die troon gaan sit en die manne het JôWsef se optrede dopgehou en hulle was verbaas daaroor. En die manne het daardie tyd saam met JôWsef geëet en gedrink en hy het geskenke aan hulle gegee. En JôWsef het een geskenk aan Benjamin gegee, en Manasse en Efraim het gesien wat hulle vader doen en hulle het ook geskenke aan hom gegee. En Asenat het een geskenk aan hom gegee en daar was vyf geskenke in die hand van Benjamin. Sut 53:15 JôWsef het vir hulle wyn gebring om te drink, maar hulle wou nie drink nie en hulle het gesê: Sedert die dag waarop JôWsef verlore geraak het, het ons geen wyn gedrink of lekkernye geëet nie. Sut 53:16 En JôWsef het hulle besweer en by hulle aangedring en hulle het baie met hom daardie dag gedrink. En daarna het JôWsef na sy broer, Benjamin, gedraai om met hom te praat en Benjamin het steeds op die troon voor JôWsef gesit. Sut 53:17 En JôWsef het aan hom gevra: Het jy enige kinders? En hy het gesê: U dienaar het tien seuns. En dit is hulle name: Bela, Begger, Asbel, Naäman, Gera, Egi, Ros, Muppim, Huppim en Ard, en ek het hulle name gegee na my broer wat ek nie gesien het nie. Sut 53:18 Hy het hulle beveel om sy kaart van die Sterre na hom te bring waardeur JôWsef al die tye geken het. En JôWsef het aan Benjamin gesê: Ek het gehoor dat die Hebreërs bekend is met alle wysheid. Weet jy enigiets hiervan? Sut 53:19 En Benjamin het gesê: U dienaar is ook bekend met al die wysheid wat my vader my geleer het. En JôWsef het aan Benjamin gesê: Kyk nou na hierdie werktuig en bepaal waar jou broer, JôWsef, in Egipte is wat jy sê afgereis het na Egipte toe. Sut 53:20 Benjamin het gekyk na die werktuig met die kaart van die Sterre van die Hemele en hy was slim en het daarin gekyk om te bepaal waar sy broer is. En Benjamin het die hele grond van Egipte in vier dele verdeel en hy het bevind dat hy, wat op die troon by hom sit, sy broer, JôWsef, was. En Benjamin was baie verwonderd. En toe JôWsef sien dat sy broer Benjamin so verbaas is, het hy aan Benjamin gesê: Wat het jy gesien en waarom is jy verstom? Sut 53:21 En Benjamin het aan JôWsef gesê: Ek kan hierdeur sien dat my broer, JôWsef, saam met my op die troon sit. En JôWsef het aan hom gesê: Ek is JôWsef, jou broer. Moet dit nie aan jou broers bekend maak nie: Kyk, ek sal jou saam met hulle stuur wanneer hulle vertrek en ek sal beveel dat hulle weer teruggebring word na die stad en ek sal jou wegneem van hulle af. Sut 53:22 En as hulle hul lewens waag en vir jou veg, dan sal ek weet dat hulle berou het oor wat hulle aan my gedoen het en ek sal myself aan hulle bekend maak. En as hulle jou in die steek laat wanneer ek jou neem, dan sal jy by my bly en ek sal met hulle twis en hulle sal vertrek en ek sal nie aan hulle bekend word nie. Sut 53:23 Toe het JôWsef beveel dat sy owerste hulle sakke met kos vul en om elkeen se geld in sy sak te sit en om die Beker in die sak van Benjamin te sit en om hulle kos vir die pad te gee. En hulle het so aan hulle gedoen. Sut 53:24 Die volgende dag het die manne vroeg die oggend opgestaan en hulle het hulle esels met hulle koring gelaai en hulle het met Benjamin vertrek. En hulle het na die Aarde van Kanaän gegaan met hulle broer Benjamin. Sut 53:25 Hulle het nie ver van Egipte gegaan nie toe JôWsef hom wat oor sy huis aangestel is, beveel en gesê het: Staan op, agtervolg hierdie manne voordat hulle te ver van Egipte af kan kom en sê aan hulle: Waarom het julle my meester se Beker gesteel? Sut 53:26 JôWsef se owerste het opgestaan en hy het hulle ingehaal en al die woorde van JôWsef tot hulle gespreek. En toe hulle dit hoor, het hulle baie kwaad geword en hulle het gesê: Hy by wie u meester se Beker gevind word, sal sterf en ons sal ook slawe word. Sut 53:27 En hulle het hulle gehaas en elke man het sy sak van sy esel afgelaai. En hulle het in hulle sakke gekyk en die Beker is in Benjamin se sak gevind. En hulle het almal hulle klere geskeur en hulle het teruggekeer na die stad. En hulle het Benjamin op die pad geslaan en hulle het hom aanhoudend geslaan totdat hy in die stad gekom en hulle voor JôWsef gestaan het. Sut 53:28 JeHûWdah se woede het ontvlam en hy het gesê: Hierdie man het my net teruggebring om Egipte vandag te verwoes. Sut 53:29 Die manne het tot by JôWsef se huis gekom en hulle het JôWsef gevind waar hy op sy troon sit en al die magtige manne het aan sy regter- en linkerkant gestaan. Sut 53:30 En JôWsef het aan hulle gesê: Wat is hierdie daad wat julle gedoen het deur my silwerbeker te neem en dan te vertrek? Maar ek weet dat julle my Beker gevat het sodat julle kan bepaal in watter deel van die Aarde julle broer is. Sut 53:31 En JeHûWdah het gesê: Wat sal ons sê aan ons meester, wat sal ons spreek en hoe sal ons onsself verskoon? Elohim het vandag die skuld van ongeregtigheid gevind van al u dienaars, daarom het Hy hierdie ding vandag aan ons gedoen. Sut 53:32 En JôWsef het opgestaan en vir Benjamin gegryp en hom van sy broers met geweld afgeneem en hy het in die huis gegaan en het die deur voor hulle gesluit. En JôWsef het hom wat oor sy huis is, beveel dat hy aan hulle moet sê: So spreek die koning: Gaan in vrede na julle vader. Kyk, ek het die man gevang in wie se hand my Beker gevind is. //JôWsef openbaar hom aan sy broers. Sut 54:1 TOE JeHûWdah sien hoe JôWsef met hulle handel, het JeHûWdah hom genader en die deur oopgebreek en met sy broers voor JôWsef gekom. Sut 54:2 En JeHûWdah het aan JôWsef gesê: Laat dit nie verkeerd voor my meester lyk nie, mag u dienaar, ek smeek u, 'n woord voor u spreek? En JôWsef het aan hom gesê: Spreek! Sut 54:3 En JeHûWdah het voor JôWsef gespreek en sy broers het voor hulle gestaan. En JeHûWdah het aan JôWsef gesê: Sekerlik, toe ons eers na u gekom het om kos te koop, het u ons as spioene in die land gesien en ons het Benjamin voor u gebring en u speel steeds met ons hierdie dag. Sut 54:4 Nou, laat die koning my woorde hoor en ek vra u, gee ons broer, sodat hy saam met ons kan gaan na ons vader, anders sal u siel vandag omkom tesame met al die siele van die inwoners van Egipte. Sut 54:5 Weet u dan nie wat twee van my broers, Símeon en Levi, aan die stad, Sigem gedoen het en aan sewe stede van die Amoriete as gevolg van ons suster Dina nie? En ook wat hulle sal doen ter wille van hulle broer, Benjamin nie? Sut 54:6 En ek, met my krag wat groter en sterker as albei van hulle is, kom hierdie dag na u en u land as u onwillig is om ons broer te gee. Sut 54:7 Het u nie gehoor wat ons Elohey, wat ons uitverkies het, aan Farao gedoen het ter wille van Sarah ons moeder, wat hy weggeneem het van ons vader, sodat Hy hom en sy huishouding met swaar plae gestraf het nie, dat die Egiptenare selfs vandag nog vir mekaar daarvan vertel? So sal ons Elohey aan u doen as gevolg van Benjamin wat u op hierdie dag van sy vader weggeneem het en as gevolg van die kwaad wat u vandag oor ons in u land opstapel. Want ons Elohey sal Sy Verbond met ons vader, Abraham, onthou en boosheid oor u bring, omdat u die siel van ons vader vandag bedroef het. Sut 54:8 Nou luister na my woorde wat ek vandag tot u gespreek het en los ons broer sodat hy kan gaan, anders sal u en die mense van hierdie land deur die swaard sterf, want julle almal kan my nie oorwin nie. Sut 54:9 JôWsef het JeHûWdah geantwoord en gesê: Waarom het jy jou mond wyd oopgemaak en waarom spog jy voor ons deur te sê: Krag is met jou? Sowaar as Farao leef, as ek al my dapper manne beveel om teen jou te veg, sal jy en hulle, jou broers, sekerlik wegsink in die modder. Sut 54:10 En JeHûWdah het aan JôWsef gesê: Dit betaam u en u mense sekerlik om my te vrees. Sowaar as JaHWeH lewe, as ek eers my swaard ontbloot het, sal ek haar nie weer in die skede steek voordat ek vandag die hele Egipte verslaan het nie en ek sal met u begin en klaarmaak met Farao, u meester. Sut 54:11 JôWsef het geantwoord en gesê: Krag behoort sekerlik nie net aan jou alleen nie, ek is sterker en magtiger as jy, as jy jou swaard ontbloot, sal ek haar sekerlik teen jou nek sit en die nekke van al jou broers. Sut 54:12 En JeHûWdah het aan hom gesê: As ek vandag my mond teen u open, sal ek u sekerlik insluk sodat u van die grond af vernietig sal wees en vandag uit u koninkryk vergaan. En JôWsef het gesê: As jy jou mond oopmaak, het ek sekerlik mag en krag om jou mond toe te maak met 'n klip totdat jy nie 'n woord sal kan uiter nie. Kyk hoe baie klippe is voor ons. Ek kan sekerlik 'n klip neem en dit in jou mond druk en jou kake breek. Sut 54:13 En JeHûWdah het gesê: Elohim is Getuie tussen ons dat ons tot nou toe nie begeer het om met u te veg nie, maar gee slegs ons broer en ons sal weggaan van u. En JôWsef het geantwoord en gesê: Sowaar as Farao leef, as al die konings van Kanaän saam met julle kom, sal julle hom nie uit my hand neem nie. Sut 54:14 Nou daarom, gaan julle weg na julle vader en julle broer sal vir my soos 'n slaaf wees, want hy het die koning se huis beroof. En JeHûWdah het gesê: Wat is dit vir u of vir die aansien van die koning? Die koning stuur sekerlik vanuit sy huis regdeur die land, silwer en goud as geskenke of betaling, en u praat steeds van u Beker wat u in ons broer se sak geplaas het en wat u nou sê hy het haar van u gesteel? Sut 54:15 Onse Elohey, behoed dat ons broer, Benjamin, of enige van die nageslag van Abraham, hierdie daad sal doen om van u te steel of van enigiemand anders of dit koning, prins, of enige mens is. Sut 54:16 Daarom nou, staak hierdie aanklag voordat die hele Aarde u woorde hoor en sê: Vir 'n klein bietjie silwer het die koning van Egipte getwis met die manne en hy het hulle beskuldig en hulle broer as 'n slaaf geneem. Sut 54:17 En JôWsef het geantwoord en gesê: Neem vir jou hierdie Beker en gaan weg van my en laat jou broer as 'n slaaf, want dit is die oordeel van 'n dief om 'n slaaf te wees. Sut 54:18 En JeHûWdah het gesê: Waarom is u nie skaam oor u woorde om ons broer te laat gaan en om u Beker te neem nie? Sekerlik, as u ons u Beker gee, of 'n duisend keer soveel, sal ons nie ons broer laat bly vir die silwer wat in enige man se hand gevind word nie, sodat ons nie weens hom sal sterf nie. Sut 54:19 En JôWsef het geantwoord: En waarom het julle jul broer in die steek gelaat en hom vir twintig stukke silwer verkoop tot vandag, en waarom wil julle nie dieselfde doen vir hierdie, julle broer, nie? Sut 54:20 En JeHûWdah het gesê: JaHWeH is Getuie tussen myself en u dat ons nie u oorlog begeer nie, nou gee ons ons broer en ons sal van u af weggaan sonder twis. Sut 54:21 JôWsef het geantwoord en gesê. As al die konings van die Aarde sal saamtrek, sal hulle nie in staat wees om julle broer uit my hand te neem nie; en JeHûWdah het gesê: Wat sal ons aan ons vader vertel as hy sien dat ons broer nie saam met ons kom nie en oor hom sal treur? Sut 54:22 En JôWsef het geantwoord en gesê: Dit is wat julle aan julle vader sal vertel en sê: Die tou het agter die emmer aangegaan. Sut 54:23 En JeHûWdah het gesê: U is sekerlik 'n koning en waarom praat u hierdie dinge deur 'n valse oordeel te gee? Wee aan die koning wat soos u is. Sut 54:24 JôWsef het geantwoord en gesê: Daar is geen valse oordeel in die woord wat ek gespreek het oor julle broer, JôWsef, nie. Want almal van julle het hom verkoop aan die Midianiete vir twintig stukke silwer en julle almal het dit aan julle vader ontken en het aan hom gesê: 'n besoedelde wese het hom verslind, JôWsef is aan stukke geskeur. Sut 54:25 En JeHûWdah het gesê: Kyk, die vuur van Sem brand in my hart, nou sal ek u hele land met vuur verbrand. En JôWsef het geantwoord en gesê: Jou skoondogter Tamar, wat jou seuns doodgemaak het, het sekerlik die vuur van Sigem geblus. Sut 54:26 En JeHûWdah het gesê: As ek 'n enkele haar van my liggaam uitpluk, sal ek die hele Egipte met sy bloed vul. Sut 54:27 JôWsef het geantwoord en gesê: So is julle gewoonte om te doen soos julle aan julle broer gedoen het wat julle verkoop het. En julle het sy kleed in bloed gedoop en dit na julle vader geneem sodat hy mag sê 'n besoedelde wese het hom verslind en hier is sy bloed. Sut 54:28 Toe JeHûWdah dit hoor was hy baie kwaad en sy woede het in hom gebrand, en daar was voor hom op daardie plek 'n klip waarvan die gewig omtrent vierhonderd sikkels was, en JeHûWdah se woede het ontvlam en hy het die klip in een hand geneem en haar in die lug gegooi en haar met sy linkerhand gevang. Sut 54:29 Hy het dit daarna tussen sy bene geplaas en hy het daarop gespring met al sy krag en die klip het verpoeier deur die geweld van JeHûWdah se krag. Sut 54:30 JôWsef het die handeling van JeHûWdah gesien en hy was baie bang, maar hy het Manasse, sy seun, beveel en hy het ook met 'n ander klip gedoen net soos JeHûWdah gedoen het. En JeHûWdah het aan sy broers gesê: Laat nie een van julle sê dat hy 'n Egiptenaar is nie, want deur hierdie ding te doen, is hy van ons vader se familie. Sut 54:31 En JôWsef het gesê: Nie aan jou alleen is Krag gegee nie, want ons is ook sterk manne en waarom sal jy oor ons almal spog? En JeHûWdah het aan JôWsef gesê: Stuur, ons smeek u, ons broer en verwoes nie u land vandag nie. Sut 54:32 JôWsef het geantwoord en het aan hulle gesê: Gaan en vertel julle vader 'n besoedelde wese het hom verslind soos julle oor julle broer, JôWsef, gesê het. Sut 54:33 JeHûWdah het met sy broer, Náftali, gepraat en hy het aan hom gesê: Maak gou, gaan nou en tel al die strate van Egipte en kom vertel my. En Símeon het aan hom gesê: Laat hierdie saak nie moeite vir u wees nie. Nou, ek sal na die berg toe gaan en een groot klip van die berg neem en haar mik na elkeen in Egipte en almal doodmaak wat in haar is. Sut 54:34 JôWsef het al hierdie woorde gehoor wat sy broers voor hom gepraat het en hulle het nie geweet dat JôWsef hulle verstaan nie, want hulle het hulle verbeel dat hy nie weet hoe om Hebreeus te praat nie. Sut 54:35 JôWsef was baie bang oor die woorde van sy broers dat hulle Egipte sal verwoes en hy het sy seun, Manasse, beveel en gesê: Gaan nou, maak gou en maak vir my al die inwoners van Egipte en al die dapper manne bymekaar en laat hulle nou na my toe kom te perd en te voet met allerhande musiekinstrumente. En Manasse het gegaan en so gedoen. Sut 54:36 Náftali het gegaan soos JeHûWdah hom beveel het, want Náftali was ligvoets soos een van die vinnige herte en hy kon oor die koringare gaan en dit sou nie onder hom breek nie. Sut 54:37 Hy het gegaan en al die strate van Egipte getel en het gevind dat daar twaalf was. En hy het haastig gekom en JeHûWdah vertel en JeHûWdah het aan sy broers gesê: Haas julle en sit elke man sy swaard om sy lendene en ons sal oor Egipte trek en hulle almal doodmaak en nie 'n oorblyfsel laat oorbly nie. Sut 54:38 En JeHûWdah het gesê: Kyk, ek sal drie van die strate verdelg met my krag en julle sal elkeen een straat vernietig. En terwyl JeHûWdah die ding spreek, kyk, die inwoners van Egipte en al die magtige manne het na hulle toe gekom met allerhande musiekinstrumente en met 'n harde geskreeu. Sut 54:39 Hulle getal was vyfhonderd berede en tienduisend voetsoldate en vierhonderd man wat sonder spies of swaard kon veg net met hulle hande en krag. Sut 54:40 En al die magtige manne het met groot stormlope en geskreeu gekom en hulle het al die seuns van Jakob omsingel en hulle beangs gemaak en die grond het gebewe van hulle geskreeu. Sut 54:41 Toe die seuns van Jakob hierdie strydmag sien, was hulle baie bang vir hulle lewens en JôWsef het dit gedoen om die seuns van Jakob te verskrik sodat hulle kalm kon word. Sut 54:42 En JeHûWdah, toe hy sien dat sommige van sy broers verskrik is, het aan hulle gesê: Waarom vrees julle terwyl die Barmhartigheid van Elohim met ons is? En toe sien JeHûWdah dat al die mense van Egipte hulle op die bevel van JôWsef omsingel om hulle bang te maak. JôWsef het hulle alleenlik beveel en gesê: Moenie een van hulle aanraak nie. Sut 54:43 Toe het JeHûWdah gou gemaak en sy swaard ontbloot en 'n harde en bitter kreet gegee en hy het geslaan met sy swaard en op die grond gespring en het voortgegaan om teen al die mense te skreeu. Sut 54:44 Toe hy hierdie ding doen, het JaHWeH die skrik vir JeHûWdah en sy broers op daardie dapper manne en op al die mense wat hulle omring het, laat val. Sut 54:45 En hulle het almal gevlug by die klank van die geskreeu en hulle was beangs en het oormekaar geval. En baie van hulle het gesterf soos hulle val en hulle het almal van JeHûWdah en sy broers en van JôWsef weggevlug. Sut 54:46 Terwyl hulle gevlug het, het JeHûWdah en sy broers hulle agternagesit tot by die huis van Farao en hulle het almal ontsnap. En JeHûWdah het weer voor JôWsef gekom en het vir hom gebrul soos 'n leeu en het 'n groot en geweldige gil vir hom gegee. Sut 54:47 Die gil was op 'n afstand gehoor en al die inwoners van Sukkot het dit gehoor en die hele Egipte het geskud weens die klank van die gil. En ook die mure van Egipte en van die grondgebied van Gosen het omgeval van die geskud van die Aarde en Farao het van sy troon af op die grond geval. En ook al die swanger vroue van Egipte en Gosen het miskrame gehad toe hulle die rumoer van die geskud gehoor het, want hulle was baie bang. Sut 54:48 Farao het 'n boodskap gestuur en gevra: Wat is hierdie ding wat vandag in die Aarde van Egipte gebeur het? En hulle het gekom en hom al die dinge vertel, van begin tot einde, en Farao was ontsteld en verwonderd en baie bang. Sut 54:49 Sy vrees het groter geword toe hy al hierdie dinge hoor en hy het JôWsef laat weet en gesê: Jy het die Hebreërs na my gebring om die hele Egipte te verdelg. Wat gaan jy met daardie dief van 'n slaaf doen? Stuur hom weg en laat hom saam met sy broers gaan en laat ons nie deur hulle boosheid vergaan nie, selfs ons, jy en die hele Egipte nie. Sut 54:50 En as jy besluit om dit nie te doen nie, verwyder al my waardevolle voorwerpe van jou en gaan saam met hulle na hulle land as dit vir jou genot verskaf, want hulle sal my hele land vandag vernietig en al my mense doodmaak. Al die vroue van Egipte het miskrame gehad deur hulle geskreeu. Kyk wat hulle gedoen het bloot deur hulle geskreeu en gepraat, wat nog te meer as hulle met die swaard veg, dan sal hulle die land verwoes. Nou, daarom, kies wat jy begeer, vir my of die Hebreërs, Egipte of die land van die Hebreërs. Sut 54:51 Hulle het gekom en JôWsef al die woorde van Farao vertel wat hy gesê het oor hom en JôWsef was baie bang oor die woorde van Farao en JeHûWdah en sy broers het nog steeds voor JôWsef gestaan, verontwaardig en ontstoke, en al die seuns van Jakob het na JôWsef gebrul soos die gedreun van die see en sy branders. Sut 54:52 En JôWsef was baie bang vir sy broers en oor Farao en JôWsef het 'n rede gesoek om homself bekend te maak aan sy broers voordat hulle heel Egipte vernietig. Sut 54:53 JôWsef het sy seun, Manasse, beveel en Manasse het gegaan en JeHûWdah genader en het sy hand op sy skouer geplaas en die woede van JeHûWdah het bedaar. Sut 54:54 En JeHûWdah het aan sy broers gesê: Laat nie een van julle sê dat dit die werk was van 'n Egiptiese seun nie, want dit was die werk van my vader se huis. Sut 54:55 JôWsef wat gesien en geweet het dat JeHûWdah se woede bedaar het, het nadergekom om met JeHûWdah in die taal van sagsinnigheid te praat. Sut 54:56 En JôWsef het aan JeHûWdah gesê: Jy praat sekerlik die waarheid, en het vandag jou aansprake op jou Krag bewys en mag jou Elohey wat 'n behae in jou het, jou welvaart vermeerder. Maar vertel my waarlik waarom jy van al jou broers met my gestry het oor die jongman, aangesien nie een van hulle een woord met my gespreek het oor hom nie. Sut 54:57 JeHûWdah het JôWsef geantwoord en gesê: U moet sekerlik weet dat ek die waarborg vir die jongman by sy vader is, met die woorde dat as ek hom nie na hom terugbring nie, ek sy blaam vir ewig sal dra. Sut 54:58 Daarom het ek u van onder al my broers genader, want ek het gesien dat u onwillig was om hom van u af te laat weggaan; nou daarom, mag ek barmhartigheid vind in u oë dat u hom sal gee om saam met ons te gaan, en kyk, ek sal in sy plek agterbly en u dien op watter manier u ook al begeer, want waar u my ook al stuur, ek sal gaan om u te dien met groot ywer. Sut 54:59 Stuur my nou na 'n magtige koning wat teen u in opstand gekom het en u sal sien wat ek aan hom sal doen en aan sy land. Al het hy berede en voetsoldate of 'n baie magtige volk, ek sal hulle almal doodmaak en die koning se kop voor u bring. Sut 54:60 Weet u dan nie of het u nie gehoor dat ons vader, Abraham, met sy dienaar, EliEzer, al die konings van Elam met hulle leërmagte in een nag verslaan het nie? Hulle het nie een laat oorbly nie en sedert daardie dag is ons vader se Krag as 'n erfenis aan ons gegee, aan ons en ons nageslag vir ewig. Sut 54:61 JôWsef het geantwoord en gesê: Jy praat die waarheid en leuens is nie in jou mond nie, want dit is ook aan ons vertel dat die Hebreërs Krag het en dat JaHWeH, hulle Elohey, groot behae in hulle het, en wie kan voor hulle bly staan? Sut 54:62 Nogtans, op hierdie voorwaarde sal ek jou broer gee: As jy sy broer, die seun van sy moeder, van wie jy gesê het dat hy af is na Egipte, voor my sal bring. En so sal dit wees as jy sy broer na my bring, wat ek in sy plek sal aanvaar, want nie een staan vir hom in voor julle vader nie. En wanneer hy na my kom, dan sal ek sy broer, vir wie jy instaan, saam met jou stuur. Sut 54:63 En JeHûWdah se woede het teen JôWsef ontvlam toe hy dit sê en sy oë was bloedrooi van woede en hy het aan sy broers gesê: Hoe soek hierdie man vandag sy eie vernietiging asook dié van die hele Egipte? Sut 54:64 Símeon het JôWsef geantwoord en gesê: Het ons u nie eerstens vertel dat ons nie die presiese plek ken waarheen hy gegaan het nie en of hy dood of lewendig is nie? En waarom spreek my meester al hierdie dinge? Sut 54:65 En JôWsef, toe hy die uitdrukking van JeHûWdah opmerk, het gewaar dat sy woede begin smeul toe hy met hom praat en gesê het: Bring nou jou ander broer in plek van hierdie broer. Sut 54:66 En JôWsef het aan sy broers gesê: Sekerlik het julle gesê dat julle broer of dood of verlore is. As ek hom nou vandag roep en hy sou voor julle kom, sal julle hom aan my gee in plaas van sy broer? Sut 54:67 JôWsef het begin praat en uitgeroep: JôWsef, JôWsef, kom vandag voor my en verskyn aan jou broers en sit voor hulle. Sut 54:68 Toe JôWsef hierdie ding voor hulle sê, het hulle elkeen in 'n ander rigting gekyk om te sien waarvandaan JôWsef voor hulle sou kom. Sut 54:69 En JôWsef het al hulle bewegings dopgehou en aan hulle gesê: Waarom kyk julle hier en daar? Ek is JôWsef wat julle aan Egipte verkoop het. Nou daarom laat dit vir julle nie verdriet aandoen dat julle my verkoop het nie, want as 'n behoud gedurende die hongersnood het Elohim my voor julle uitgestuur. Sut 54:70 Sy broers was beangs vir hom toe hulle die woorde van JôWsef hoor en JeHûWdah was baie beangs. Sut 54:71 Toe Benjamin die woorde van JôWsef hoor, hy was voor hulle in die binne gedeelte van die huis, en Benjamin het uitgehardloop na JôWsef, sy broer, en hom omhels en hom om die nek geval en hulle het geween. Sut 54:72 Toe JôWsef se broers sien dat Benjamin om sy broer se nek val en saam met hom ween, het hulle ook op JôWsef geval en hom omhels en hulle het bitterlik saam met JôWsef geween. Sut 54:73 Die woord is gehoor in JôWsef se huis dat hulle JôWsef se broers was en dit het Farao baie geval, want hy was bang vir hulle ingeval hulle dalk Egipte sou verwoes. Sut 54:74 Farao het sy dienaars na JôWsef gestuur om hom seën [voorspoed] toe te wens met sy broers wat na hom toe gekom het. En al die owerstes van die leërs en soldate wat in Egipte was, het gekom om saam met JôWsef bly te wees. En die hele Egipte was baie bly oor JôWsef se broers. Sut 54:75 Farao het sy diensknegte na JôWsef gestuur, en gesê: Sê vir jou broers om alles te gaan haal wat aan hulle behoort en laat hulle na my toe kom en ek sal hulle in die beste deel van Egipte plaas, en hulle het so gedoen. Sut 54:76 JôWsef het hom wat oor sy huis aangestel was, beveel om geskenke en kledingstukke vir sy broers uit te bring. En hy het baie klere na hulle toe uitgebring synde koninklike klere en baie geskenke, en JôWsef het dit verdeel onder sy broers. Sut 54:77 Hy het aan elkeen van sy broers 'n stel klere van goud en silwer gegee en driehonderd silwerstukke, en JôWsef het hulle almal beveel om hierdie klere aan te trek en om voor Farao gebring te word. Sut 54:78 En Farao, toe hy sien dat al JôWsef se broers dapper manne was en aansienlik in voorkoms, was hy baie verheug. Sut 54:79 Daarna het hulle die teenwoordigheid van Farao verlaat om na die Aarde van Kanaän, na hulle vader, te gaan en hulle broer, Benjamin, was saam met hulle. Sut 54:80 JôWsef het opgestaan en elf strydwaens van Farao aan hulle gegee; en JôWsef het sy eie strydwa aan hulle gegee waarop hy gery het toe hy die dag in Egipte gekroon is, om sy vader na Egipte te bring. En JôWsef het aan al sy broers se kinders klere gestuur volgens hulle getal, en 'n honderd silwerstukke vir elkeen van hulle. En hy het ook klere gestuur aan die vroue van sy broers uit die klere van die koning se vroue, en hy het dit gestuur. Sut 54:81 Hy het aan elkeen van sy broers tien manne gegee om saam met hulle na die Aarde van Kanaän te gaan om hulle te dien, om hulle kinders te dien en almal wat aan hulle behoort met hulle koms na Egipte. Sut 54:82 JôWsef het deur die hand van sy broer Benjamin, tien kledingstukke vir sy tien seuns gestuur, 'n porsie meer as vir die ander kinders van die seuns van Jakob. Sut 54:83 Hy het aan elkeen vyftig stukke silwer en tien waens op Farao se koste gestuur. En hy het aan sy vader tien esels gestuur, gelaai met al die luukshede van Egipte, en tien eselinne gelaai met koring en brood en voedsel vir sy vader en aan almal wat by hom was as voorsiening vir die pad. Sut 54:84 En hy het aan sy suster, Dina, kledingstukke van silwer en goud gestuur en wierook en mirre, en aalwee en vroue ornamente in groot oorvloed. En hy het dieselfde gestuur van die vroue van Farao aan die vroue van Benjamin. Sut 54:85 En hy het aan al sy broers gegee, ook aan hulle vroue, allerhande soorte oniksstene en balsemgom en van al die kosbare dinge onder die vername mense van Egipte, niks van al die waardevolle dinge het oorgebly nie, behalwe dit wat JôWsef gestuur het aan sy vader se huishouding. Sut 54:86 Hy het sy broer weggestuur, en hulle het gegaan en hy het sy broer Benjamin saam met hulle gestuur. Sut 54:87 JôWsef het saam met hulle uitgegaan om hulle te vergesel tot op die grense van Egipte, en hy het hulle aangaande sy vader en sy huishouding beveel om na Egipte te kom. Sut 54:88 Hy het aan hulle gesê: Moenie twis op die pad nie, want hierdie saak was van JaHWeH om te voorkom dat 'n grootse volk deur hongersnood omkom, want daar sal nog vyf jaar hongersnood in die Aarde wees. Sut 54:89 En hy het hulle beveel en gesê: Wanneer julle in die Aarde van Kanaän aankom, moenie skielik by my vader kom met hierdie saak nie, maar tree in julle wysheid op. Sut 54:90 En JôWsef het opgehou om hulle te beveel en hy het omgedraai en teruggegaan na Egipte. En die seuns van Jakob het met vreugde en vrolikheid na die Aarde van Kanaän, na hulle vader Jakob, gegaan. Sut 54:91 Hulle het by die grense van die land gekom en hulle het aan mekaar gesê: Wat sal ons oor hierdie saak doen voor ons vader, want as ons onverwags na hom toe kom en die saak aan hom vertel, sal hy baie ontsteld wees oor ons woorde en sal ons nie glo nie. Sut 54:92 En hulle het voortgegaan totdat hulle naby hulle huise was en hulle het Serag gevind, die dogter van Aser, wat uitgegaan het om hulle te ontmoet, en die maagd was baie goed en slim en het geweet hoe om op die harp te speel. Sut 54:93 Hulle het haar geroep en sy het voor hulle gekom en sy het hulle gesoen en hulle het haar geneem en 'n harp aan haar gegee en gesê: Gaan nou voor ons vader en sit voor hom en speel op die harp en sê hierdie woorde. Sut 54:94 En hulle het haar beveel om na hulle huis te gaan en sy het die harp geneem en het haar voor hulle uitgehaas en sy het gekom en naby Jakob gaan sit. Sut 54:95 Sy het goed gespeel en gesing en in die soetheid van haar woorde geuiter: JôWsef, my oom leef, en hy regeer regdeur die Aarde van Egipte en is nie dood nie. Sut 54:96 Sy het aangehou om die woorde te herhaal en om dit te uiter en Jakob het haar woorde gehoor en hulle was aanvaarbaar vir hom. Sut 54:97 Hy het geluister terwyl sy dit twee en drie keer herhaal en vreugde het Jakob se hart gevul oor die soetheid van haar woorde, en die gees van Elohim was op hom en hy het geweet dat al haar woorde waar is. [Boekrol van die Opregte 45:17] Sut 54:98 Jakob het Serag geseën toe sy hierdie woorde voor hom gespreek het, en hy het aan haar gesê: My dogter, mag die dood jou nooit oorwin nie, want jy het my gees weer lewend gemaak; praat net voor my soos jy gepraat het, want jy het my bly gemaak met al jou woorde. Sut 54:99 En sy het voortgegaan om hierdie woorde te sing en Jakob het geluister en dit het hom geval en hy was verheug en die Gees van Elohim was op hom. Sut 54:100 En kyk, terwyl hy nog met haar praat, het sy seuns na hom toe gekom met perde en strydwaens en koninklike gewaad en diensknegte wat voor hulle uithardloop. Sut 54:101 Jakob het opgestaan om hulle te ontmoet en het gesien dat sy seuns in koninklike gewaad geklee was en hy het al die skatte gesien wat JôWsef vir hulle gestuur het. Sut 54:102 En hulle het aan hom gesê: Weet dat ons broer, JôWsef, nog leef, en dit is hy wat heers regdeur die Aarde van Egipte en dit is hy wat so met ons gespreek het soos ons u vertel het. Sut 54:103 En Jakob het al die woorde van sy seuns gehoor en sy hart het gebons oor hulle woorde, want hy kon dit nie glo nie, totdat hy alles gesien het wat JôWsef aan hulle gegee het en wat hy aan hom gestuur het, en al die dinge wat JôWsef met hulle gepraat het. Sut 54:104 Hulle het oopgemaak voor hom en hom alles gewys wat JôWsef gestuur het. Hulle het aan elkeen gegee wat JôWsef vir hom gestuur het en hy het geweet dat hulle die waarheid gepraat het en hy was baie bly oor sy seun. Sut 54:105 En Jakob het gesê: Dit is genoeg vir my dat my seun JôWsef nog lewe. Ek sal hom gaan sien voordat ek sterf. Sut 54:106 Sy seuns het hom alles vertel wat met hulle gebeur het en Jakob het gesê: Ek sal afgaan na Egipte om my seun en sy nageslag te sien. Sut 54:107 Jakob het opgestaan en die klere aangetrek wat JôWsef vir hom gestuur het en nadat hy gewas en sy hare gesny het, het hy die tulband op sy kop gesit wat JôWsef vir hom gestuur het. Sut 54:108 Al die mense van Jakob se huis en hulle vroue het aangetrek wat JôWsef vir hulle gestuur het en almal was baie bly oor JôWsef dat hy nog leef en dat hy in Egipte regeer. Sut 54:109 En al die inwoners van Kanaän het van die saak gehoor en hulle het gekom en hulle was baie bly saam met Jakob dat hy nog leef. Sut 54:110 Jakob het vir hulle 'n fees gehou vir drie dae, en al die konings van Kanaän en die edelmanne van die land het geëet en gedrink en was bly in die huis van Jakob. //JôWsef verenig met sy vader, Jakob. Sut 55:1 EN dit het gebeur na Jakob gesê het: Ek sal my seun in Egipte gaan sien en sal dan terugkom na die Aarde van Kanaän waarvan Elohim met Abraham gepraat het, want ek kan nie die grondgebied van my geboorteplek verlaat nie. Sut 55:2 Kyk, die Woord van JaHWeH het tot hom gekom en Hy het gesê: Gaan af na Egipte met jou hele huishouding en bly daar. Moenie vrees om na Egipte te gaan nie, want Ek sal julle daar 'n groot nasie maak. Sut 55:3 En Jakob het vir homself gesê: Ek sal gaan en my seun sien of die Vrees van sy Elohey nog in sy hart is te midde van al die inwoners van Egipte. Sut 55:4 JaHWeH het aan Jakob gesê: Vrees nie oor JôWsef nie, want hy behou steeds sy eerbaarheid om My te dien soos dit goed sal wees in jou oë, en Jakob was baie bly oor sy seun. Sut 55:5 In daardie tyd het Jakob sy seuns en huishouding beveel om na Egipte te gaan volgens die Woord van JaHWeH aan hom. En Jakob het opgestaan saam met sy seuns en sy huishouding en hy het uitgetrek uit die Aarde van Kanaän van Berséba met vreugde en blydskap van hart en hulle het na die Aarde van Egipte gegaan. Sut 55:6 En dit het gebeur dat toe hulle naby Egipte kom, het Jakob vir JeHûWdah vooruit gestuur na JôWsef sodat hy vir hom 'n plek kon aanwys in Egipte, en JeHûWdah het gedoen volgens sy vader se woord en hy het hom gehaas en gehardloop en by JôWsef gekom, en hulle het vir hulle 'n plek aangewys in die grondgebied van Gosen vir sy hele huis en JeHûWdah het teruggekeer en het al met die pad langs gegaan na sy vader. Sut 55:7 JôWsef het sy strydwa ingespan en hy het al sy magtige manne bymekaargemaak en sy diensknegte en al die owerstes van Egipte sodat hy sy vader Jakob kon gaan ontmoet. En JôWsef se opdrag is afgekondig in Egipte en hy het gesê: Almal wat Jakob nie gaan ontmoet nie, sal sterf. Sut 55:8 Die volgende dag het JôWsef met die hele Egipte uitgetrek, 'n groot en magtige menigte, almal geklee in kledingstukke van fyn linne en koningsblou met voorwerpe van silwer en goud en met hulle oorlogswapens by hulle. Sut 55:9 Hulle het almal gegaan om Jakob te ontmoet met allerhande soorte musiekinstrumente, met dromme en tamboeryne, en hulle het mirre en aalwee al met die pad gestrooi en hulle het almal volgens hierdie manier gegaan en die grond het geskud van hulle geskreeu. Sut 55:10 En al die vroue van Egipte het op die dakke van Egipte geklim en op die mure om Jakob te ontmoet. En op JôWsef se hoof was Farao se koninklike kroon, want Farao het haar aan hom gestuur om haar op te sit op die tyd wanneer hy sy vader gaan ontmoet. Sut 55:11 Toe JôWsef binne vyftig voorarm van sy vader af kom, het hy van sy strydwa afgeklim en na sy vader geloop. En toe al die owerstes van Egipte sien en sy edelmanne sien dat JôWsef te voet na sy vader gaan, het hulle ook afgeklim en te voet na Jakob geloop. Sut 55:12 Toe Jakob die leër van JôWsef nader, het Jakob gesien dat die leër saam met JôWsef na hom toe kom, het dit hom behaag en Jakob was verwonderd daaroor. Sut 55:13 En Jakob het aan JeHûWdah gesê: Wie is daardie man wat ek in die leër van Egipte sien, geklee in koninklike klere met 'n baie rooi kleed om hom en 'n koninklike kroon op sy hoof, wat uit sy strydwa geklim en op pad is na ons toe? En JeHûWdah het sy vader geantwoord en gesê: Hy is u seun, JôWsef, die koning; en Jakob was verheug om die glorie van sy seun te sien. Sut 55:14 JôWsef het by sy vader gekom en hy het voor sy vader gebuig en al die manne van die leër het saam met hom na die grond gebuig voor Jakob. Sut 55:15 En kyk, Jakob het hom gehaas en na sy seun, JôWsef, gehardloop en om sy nek geval en het hom gesoen en hulle het gehuil. En JôWsef het ook sy vader omhels en het hom gesoen en hulle het geween en al die mense van Egipte het saam met hulle geween. Sut 55:16 En Jakob het aan JôWsef gesê: Nou sal ek blymoedig sterf nadat ek jou gesig gesien het, dat jy steeds leef en met glorie. Sut 55:17 Die seuns van Jakob en hulle vroue en hulle kinders en hulle diensknegte en die hele huishouding van Jakob het bitterlik saam met JôWsef geween en hulle het hom gekus en baie saam met hom geween. Sut 55:18 JôWsef en al sy mense het daarna teruggekeer huis toe na Egipte en Jakob en sy seuns en al die kinders van sy huishouding het saam met JôWsef na Egipte gegaan en JôWsef het hulle in die beste gedeelte van Egipte geplaas, in die grondgebied van Gosen. Sut 55:19 JôWsef het aan sy vader en sy broers gesê: Ek sal opgaan en aan Farao vertel en sê: My broers en my vader se huishouding en alles wat aan hulle behoort, het na my toe gekom en kyk, hulle is in die grondgebied van Gosen. Sut 55:20 En JôWsef het so gedoen en het uit sy broers geneem Ruben, Issaskar, Sébulon en sy broer, Benjamin, en hy het hulle voor Farao geplaas. Sut 55:21 En JôWsef het met Farao gespreek en gesê: My broers en my vader se huis en alles wat aan hulle behoort, tesame met hulle kuddes en vee, het na my gekom van die Aarde van Kanaän af om te vertoef in Egipte, want die hongersnood was swaar op hulle. Sut 55:22 En Farao het aan JôWsef gesê: Plaas jou vader en broers in die beste deel van die land, moet niks van hulle terughou wat goed is nie en laat hulle van die vettigheid van die land eet. Sut 55:23 JôWsef het geantwoord en gesê: Kyk ek het hulle in die grondgebied van Gosen geplaas, want hulle is herders. Daarom laat hulle in Gosen bly om hulle kuddes apart van die Egiptenare te voer. Sut 55:24 En Farao het aan JôWsef gesê: Doen aan jou broers alles wat hulle aan jou sal sê: en die seuns van Jakob het neergebuig voor Farao en hulle het van hom af weggegaan in vrede en JôWsef het daarna sy vader voor Farao gebring. Sut 55:25 Jakob het gekom en neergebuig voor Farao en Jakob het Farao geseën en hy het weggegaan en Jakob en al sy seuns en sy hele huis het in die grondgebied van Gosen gewoon. Sut 55:26 In die tweede jaar, dit is in die eenhonderd-en-dertigste jaar van die lewe van Jakob, het JôWsef sy vader en sy broers tesame met die hele huishouding van sy vader onderhou met brood volgens hulle kinders al die dae van die hongersnood, hulle het niks kortgekom nie. Sut 55:27 En JôWsef het die beste deel van die hele land aan hulle gegee, die beste van Egipte het hulle gehad al die dae van JôWsef. En JôWsef het ook aan hulle en aan sy vader se huis, klere en kledingstukke jaar na jaar gegee en die seuns van Jakob het veilig in Egipte gebly al die dae van hulle broer. Sut 55:28 Jakob het altyd geëet aan JôWsef se tafel. Jakob en sy seuns het nie JôWsef se tafel verlaat dag of nag nie, bo en behalwe nog wat Jakob se kinders gebruik het in hulle huise. Sut 55:29 Die hele Egipte het brood van die huis van JôWsef gedurende die dae van die hongersnood geëet, want al die Egiptenare het alles verkoop wat aan hulle behoort het as gevolg van die hongersnood. Sut 55:30 JôWsef het al die lande en weivelde van Egipte gekoop vir brood weens Farao, en JôWsef het die hele Egipte van brood voorsien al die dae van die hongersnood. En JôWsef het al die silwer en goud bymekaar gemaak wat na hom toe gekom het vir die koring wat hulle regdeur die Aarde gekoop het, en hy het baie goud en silwer bymekaar gebring, bo en behalwe 'n ontsaglike hoeveelheid oniksstene, balsemgom en kosbare kledingstukke wat hulle na JôWsef gebring het uit elke deel van die grond toe hulle geld op was. Sut 55:31 JôWsef het al die silwer en goud geneem wat in sy hande gekom het, omtrent twee-en-sewentig talente goud en silwer, en ook oniksstene en balsemgom in groot oormaat. En JôWsef het gegaan en het dit versteek in vier dele en hy het een deel in die woestyn naby die Riet-See (Rooi-See, Skelf-See) weggesteek en een deel by die Perat-rivier en die derde en vierde dele het hy weggesteek in die woestyn oorkant die wildernis van Persië en Medië Sut 55:32 Hy het 'n gedeelte van die goud en die silwer wat oor was geneem en dit aan sy broers gegee en aan sy vader se huishouding, en aan al die vroue van sy vader se huishouding, en die res het hy na die huis van Farao gebring, omtrent twintig talente goud en silwer. Sut 55:33 JôWsef het al die goud en silwer wat oor was aan Farao gegee en Farao het dit in die skatkamers geplaas en die dae van die hongersnood het daarna opgehou in die Aarde. En hulle het gesaai en geoes in die hele land en hulle het hulle normale opbrengs behaal jaar na jaar; hulle het niks kortgekom nie. Sut 55:34 JôWsef het veilig in Egipte gewoon en die hele land was onder sy bevel en sy vader en al sy broers het in die grondgebied van Gosen gewoon en van haar besit geneem. Sut 55:35 En JôWsef was baie oud, gevorderd in dae, en sy twee seuns, Efraim en Manasse, het altyd in die huis van Jakob gebly, tesame met die kinders van die seuns van Jakob, hulle broers, om die Weë van JaHWeH en Sy Wet te leer. Sut 55:36 En Jakob en sy seuns het in die Aarde van Egipte gewoon in die grondgebied van Gosen en hulle het van haar besit geneem en was vrugbaar en het vermenigvuldig in haar. //Jakob se dood en begrafnis. Esau word doodgeslaan. Sut 56:1 JAKOB het sewentien jaar in die Aarde van Egipte gewoon en die dae van Jakob en die jare van sy lewe was eenhonderd-sewe-en-veertig jaar. Sut 56:2 In daardie tyd is Jakob aangetas deur die siekte waaraan hy gesterf het. En hy het 'n boodskap gestuur en sy seun, JôWsef, laat roep uit Egipte en JôWsef, sy seun, het uit Egipte gekom en JôWsef het by sy vader gekom. Sut 56:3 En Jakob het aan JôWsef en aan sy seuns gesê: Kyk, ek sterf en die Elohey van julle voorvaders sal julle besoek en sal julle terugbring na die Aarde wat JaHWeH gesweer het om aan julle en aan julle kinders na julle te gee. Daarom, wanneer ek dood is, begrawe my in die spelonk wat in Magpéla in Hebron is, in die Aarde van Kanaän, naby my voorouers. Sut 56:4 En Jakob het sy seuns laat sweer dat hulle hom sal begrawe in Magpéla in Hebron en sy seuns het hieroor tot hom gesweer. Sut 56:5 En hy het hulle beveel en gesê: Dien JaHWeH, julle Elohey, want Hy wat julle vader verlos het, sal julle ook uit alle benoudheid verlos. Sut 56:6 En Jakob het gesê: Roep al julle kinders na my toe. En al die kinders van Jakob se seuns het voor hom kom sit en Jakob het hulle geseën en hy het aan hulle gesê: JaHWeH, die Elohey van julle vaders sal julle 'n duisend keer soveel gee en julle seën en mag Hy julle die seëning van julle vader, Abraham, gee; en al die kinders van Jakob se seuns het uitgegaan op daardie dag nadat hy hulle geseën het. Sut 56:7 En die volgende dag het Jakob weer sy seuns laat roep en hulle het almal vergader en na hom gekom en voor hom gesit. En Jakob het op daardie dag sy seuns voor sy dood geseën en elke man het hy geseën volgens sy seën; kyk, dit is opgeskryf in die Boekrol van die Wet van JaHWeH wat betrekking het op JisraEl. Sut 56:8 En Jakob het aan JeHûWdah gesê: Ek weet, my seun, dat jy 'n magtige man vir jou broers is; heers oor hulle en jou seuns sal oor hulle seuns vir ewig heers. Sut 56:9 Leer net jou seuns die boog en al die oorlogswapens, sodat hulle die oorloë van hulle broer kan veg wat oor sy vyande sal heers. Sut 56:10 En Jakob het weer sy seuns op daardie dag beveel en gesê: Kyk, ek sal vandag by my volksgenote versamel word; dra my op van Egipte af en begrawe my in die spelonk van Magpéla soos ek julle beveel het. Sut 56:11 Nietemin dra sorg, ek smeek julle, dat geeneen van julle seuns my dra nie, net julleself, en dit is wat julle met my moet doen wanneer julle my liggaam dra om saam daarmee te gaan na die Aarde van Kanaän om my te begrawe: Sut 56:12 JeHûWdah, Issaskar en Sébulon sal my draagbaar aan die oostekant dra; Ruben, Símeon en Gad aan die suide; Efraim en Manasse en Benjamin aan die weste, Dan Aser en Náftali aan die Noorde. Sut 56:13 Moenie dat Levi saam met julle dra nie, want hy en sy seuns sal die Ark van die Verbond van JaHWeH dra met die JisraEliete in die laer. Moet ook nie dat JôWsef, my seun, dra nie, want soos 'n koning laat sy glorie wees. Nietemin, Efraim en Manasse sal in hulle plek wees. Sut 56:14 So sal julle aan my doen wanneer julle my wegdra. Moenie enigiets nalaat van alles wat ek julle beveel nie; en dit sal wees dat wanneer julle dit met my doen, dat JaHWeH julle gunstig sal onthou en julle kinders na julle vir ewig. Sut 56:15 En julle, my seuns, eer elkeen sy broer en bloedverwant en beveel julle kinders en julle kindskinders na julle om JaHWeH, die Elohey van julle voorvaders al die dae te dien. Sut 56:16 Sodat julle jul dae kan verleng in die Aarde, julle en julle kinders en julle kinders se kinders vir ewig, wanneer julle doen wat suiwer en opreg is in die Oë van JaHWeH, jou Elohey, om in al Sy Weë te gaan. Sut 56:17 En jy, JôWsef, my seun, vergewe, ek smeek jou, die oortredings van jou broers en al hul wandade in die verontregting wat hulle op jou gewerp het, want Elohim het dit bepaal tot jou en jou kinders se voordeel. Sut 56:18 En o, my seun, moenie jou broers oorlaat aan die inwoners van Egipte nie, moet ook nie hulle gevoelens seermaak nie, want kyk, ek vertrou hulle toe in die Hand van Elohim en in jou hand om hulle te bewaar van die Egiptenare; en die seuns van Jakob het hulle vader geantwoord en gesê: O, ons vader, alles wat u ons beveel het, so sal ons doen; mag Elohim net met ons wees. Sut 56:19 En Jakob het aan sy seuns gesê: So mag Elohim met julle wees wanneer julle al Sy Weë hou, draai nie van Sy Weë na regs of links terwyl julle doen wat suiwer en opreg in Sy Oë is nie. Sut 56:20 Want ek weet dat baie en bittere benoudheid julle sal oorval in die laaste dae in die Aarde, julle kinders en kinders se kinders, dien slegs JaHWeH en Hy sal julle verlos uit al julle benoudhede. Sut 56:21 En dit sal gebeur dat wanneer julle agter Elohim sal aangaan om Hom te dien en julle kinders na julle sal leer, en julle kinders se kinders, om JaHWeH te ken, dan sal JaHWeH vir julle en julle kinders 'n dienskneg oprig uit die midde van julle kinders en JaHWeH sal julle deur sy hand verlos van alle verdrukking en julle uit Egipte bring en terugbring na die Aarde van julle vaders om haar in veiligheid te beërwe. Sut 56:22 Jakob het opgehou om sy seuns te beveel en hy het sy voete in die bed getrek en hy het gesterf en was versamel na sy volksgenote. Sut 56:23 JôWsef het op sy vader neergeval en hy het uitgeroep en oor hom geween en hy het hom gekus en hy het uitgeroep met 'n bitter stem en gesê: O my vader, my vader! Sut 56:24 En sy seuns se vroue en sy hele huis het gekom en op Jakob geval en hulle het oor hom geween en hulle het uitgeroep in 'n baie harde stem oor Jakob. Sut 56:25 En al die seuns van Jakob het saam opgestaan en hulle het hulle klere geskeur en hulle het almal sakklede op hulle lendene geplaas en hulle het op hulle aangesigte neergeval en hulle het stof oor hulle hoofde na die Hemele gegooi. Sut 56:26 Dit is aan Asenat, JôWsef se vrou, vertel en sy het opgestaan en 'n sak aangetrek en sy, met al die Egiptiese vroue saam met haar, het gekom en gerou en geween oor Jakob. Sut 56:27 En ook al die mense van Egipte wat vir Jakob geken het, het almal op daardie dag gekom toe hulle dit hoor en die hele Egipte het vir baie dae geween. Sut 56:28 Ook van die Aarde van Kanaän het die vroue na Egipte gekom toe hulle hoor dat Jakob dood is. En hulle het vir sewentig dae in Egipte oor hom geween. Sut 56:29 En dit het hierna gebeur dat JôWsef sy dienaars, die geneeshere, beveel het om sy vader te balsem met mirre en wierook en alle soorte geurige rook en parfuum, en die dokters het Jakob gebalsem soos JôWsef hulle beveel het. Sut 56:30 En al die mense van Egipte en die oudstes en al die inwoners van die grondgebied van Gosen het geween en gerou oor Jakob, en al sy seuns en die kinders van sy huis het getreur en gerou oor hulle vader Jakob vir baie dae lank. Sut 56:31 Nadat die dae vir sy geween verbygegaan het, aan die einde van sewentig dae, het JôWsef aan Farao gesê: Ek sal opgaan en my vader gaan begrawe in die Aarde van Kanaän soos hy my laat sweer het en dan sal ek terugkeer. Sut 56:32 Farao het JôWsef laat weet en gesê: Gaan op en begrawe u vader soos hy gesê het en soos hy u laat sweer het. En JôWsef het opgestaan saam met al sy broers om na die Aarde van Kanaän te gaan om sy vader Jakob te begrawe soos hy hulle beveel het. Sut 56:33 Farao het beveel dat dit regdeur Egipte verkondig moes word deur te sê: Wie nie saam met JôWsef en sy broers opgaan na die Aarde van Kanaän om Jakob te begrawe nie, sal sterf. Sut 56:34 En die hele Egipte het van Farao se bevel gehoor en hulle het saam opgestaan en al die dienaars van Farao en die oudstes van sy huis, en al die oudstes van die Aarde van Egipte het saam met JôWsef opgegaan, en al die owerstes en edelmanne van Farao het gegaan as die dienaars van JôWsef en hulle het gegaan om Jakob te begrawe in die Aarde van Kanaän. Sut 56:35 En die seuns van Jakob het die lykbaar gedra waarop hy gelê het volgens alles wat hulle vader beveel het, so het sy seuns met hom gedoen. Sut 56:36 En die lykbaar was van suiwer goud en dit was rondom ingelê met oniksstene en balsemgom; en die bedekking van die lykbaar was geweefde goudwerk, aanmekaar geheg met drade en oor hulle was daar hakke van oniksstene en balsemgom. Sut 56:37 JôWsef het op die hoof van sy vader, Jakob, 'n groot goue kroon geplaas en hy het 'n goue septer in sy hand geplaas, en hulle het die lykbaar omring soos die gewoonte met konings was gedurende hulle lewe. Sut 56:38 Al die krygers van Egipte het voor hom uitgegaan in hierdie optog. Eers al die magtige manne van Farao, en die magtige manne van JôWsef, en na hulle die ander inwoners van Egipte en hulle was almal omgord met swaarde en toegerus met harnasse, en die behangsels van oorlog was op hulle. Sut 56:39 En al die weners en roubeklaers het op 'n afstand teenoor die lykbaar beweeg en gegaan, al wenende en treurende en die res van die mense het agter die lykbaar geloop. Sut 56:40 JôWsef en sy huishouding het kaalvoet en wenende saam beweeg naby die lykbaar. En die res van JôWsef se diensknegte was om hom. Elke man het sy versierings op hom gehad, en hulle was almal gewapen met hulle oorlogswapens. Sut 56:41 En vyftig van Jakob se dienaars het voor die lykbaar geloop en hulle het mirre en aalwee in die pad gestrooi, en allerhande soorte parfuum en al die seuns van Jakob wat die lykbaar gedra het, het op die reukwerk geloop en die dienaars van Jakob het voor hulle geloop en die parfuum in die pad gestrooi. Sut 56:42 JôWsef het opgegaan met 'n groot laer en hulle het elke dag so gedoen totdat hulle die Aarde van Kanaän bereik het. En hulle het tot by die dorsvloer van Atad gekom wat aan die anderkant van die Jordaan was en hulle het 'n baie groot en swaar roubeklag op daardie plek gehou. [Dorsvloer van Atod = steekdoring-dorsvloer]. Sut 56:43 En al die konings van Kanaän het hiervan gehoor en hulle het almal uitgegaan, elke man van sy huis af, een-en-dertig konings van Kanaän, en hulle het almal met hulle manne gekom om te rou en te ween oor Jakob. Sut 56:44 En al hierdie konings het Jakob se lykbaar gesien en kyk, JôWsef se kroon was daarop en hulle het ook hulle krone op die lykbaar geplaas en dit met krone omsirkel. Sut 56:45 En al hierdie konings het op daardie plek 'n groot en swaar rouklag saam met die seuns van Jakob en Egipte oor Jakob gehou, want al die konings van Kanaän het Jakob en sy seuns se dapperheid geken. Sut 56:46 Die berig het Esau bereik en gesê: Jakob het in Egipte gesterf en sy seuns en die hele Egipte dra hom na die Aarde van Kanaän om hom te begrawe. Sut 56:47 Esau het dit gehoor en hy het in die berg Seïr gewoon en hy het opgestaan met sy seuns en al sy mense en sy hele huis, 'n baie groot volk, en hulle het gekom om te rou oor Jakob en om te ween. Sut 56:48 En dit het gebeur dat toe Esau gekom het, het hy gerou vir sy broer Jakob, en die hele Egipte en die hele Kanaän het weer opgestaan en getreur en 'n groot roubeklag saam met Esau oor Jakob op daardie plek gehou. Sut 56:49 En JôWsef en sy broers het hulle vader Jakob van daardie plek af geneem en hulle het na Hebron gegaan om Jakob te begrawe in die spelonk by sy vaders. Sut 56:50 En hulle het by Kirjat-Arba gekom, by die spelonk, en toe hulle daar kom, het Esau met sy seuns daar gestaan teenoor JôWsef en sy broers as 'n hindernis in die spelonk en gesê: Jakob sal nie hierin begrawe word nie, want sy behoort aan ons en ons vader. Sut 56:51 En JôWsef en sy broers het die woorde van Esau se seuns gehoor en hulle was baie toornig en JôWsef het na Esau gegaan en gesê: Wat is hierdie ding wat hulle sê? Sekerlik het my vader, Jakob, haar van u gekoop vir groot rykdom na die dood van Isak, nou vyf-en-twintig jaar gelede, en ook die Aarde van Kanaän het hy gekoop van u en u seuns, en u nageslag na u. Sut 56:52 En Jakob het haar vir sy seuns gekoop en sy nageslag na hom as 'n Erfdeel vir ewig en hoekom praat u hierdie dinge op hierdie dag? Sut 56:53 En Esau het geantwoord en gesê: Jy spreek vals en uiter leuens, want Jakob het niks wat aan my behoort in hierdie hele land soos jy sê nie en nog minder het my broer, Jakob, enigiets van my gekoop in hierdie land. Sut 56:54 En Esau het hierdie dinge gepraat om JôWsef met sy woorde te mislei, want Esau het geweet dat JôWsef nie teenwoordig was in daardie dae toe Esau alles wat aan hom behoort het in die Aarde van Kanaän aan Jakob verkoop het nie. Sut 56:55 En JôWsef het aan Esau gesê: Sekerlik het my vader hierdie dinge met u ingesluit in die Boekrol van Aankope en dit bekragtig met getuies, en kyk, dit is by ons in Egipte. Sut 56:56 Esau het geantwoord en aan hom gesê: Bring die Boekrol, alles wat jy kan kry in die Boekrol, so sal ons doen. Sut 56:57 JôWsef het Náftali, sy broer, geroep en hy het gesê: Haas jou gou, moenie talm nie en hardloop, ek smeek jou, na Egipte en bring al die Boekrolle; die Boekrol van die Aankoop, die verseëlde Boekrol en die oop Boekrol en ook al die eerste Boekrolle waarin al die ooreenkomste van die geboortereg geskryf is, gaan haal dit. Sut 56:58 En jy sal hulle hierheen bring na ons toe dat ons uit hulle al die woorde van Esau en sy seuns kan ken wat hulle vandag gepraat het. Sut 56:59 Náftali het na die stem van JôWsef geluister en hy het hom gehaas en gehardloop om af te gaan na Egipte en Náftali was ligter van voet as al die takbokke wat in die woestyn was, want hy kon op koringare loop sonder om dit plat te druk. Sut 56:60 Toe Esau sien dat Náftali gegaan het om die Boekrolle te gaan haal, het hy en sy seuns hulle teenstand teen die spelonk vermeerder en Esau en al sy mense het opgestaan teen JôWsef en sy broers om te veg. Sut 56:61 Al die seuns van Jakob en die mense van Egipte het teen Esau en sy manne geveg en die seuns van Esau en sy mense is verslaan voor die seuns van Jakob en die seuns van Jakob het veertig van Esau se mense doodgemaak. Sut 56:62 En Husim, die seun van Dan, die seun van Jakob, was op daardie tyd by Jakob se seuns, maar hy was omtrent 'n honderd voorarm van die plek van stryd, want hy het by die kinders van Jakob se seuns gebly by Jakob se lykbaar om dit te bewaak. Sut 56:63 En Husim was stom en doof, tog het hy die geluid van ontsteltenis tussen manne herken. Sut 56:64 Hy het gevra en gesê: Waarom begrawe julle nie die dooie nie en wat is hierdie groot ontsteltenis? En hulle het hom geantwoord met die woorde van Esau en sy seuns; en hy het na Esau gehardloop midde-in die geveg en hy het Esau doodgeslaan met 'n swaard en sy kop afgekap en dit het oor 'n afstand weggespring, en Esau het onder die manne van die stryd gesneuwel. Sut 56:65 En toe Husim dit doen, het die seuns van Jakob, die seuns van Esau oorwin, en die seuns van Jakob het hulle vader, Jakob, met geweld in die spelonk begrawe en die seuns van Esau het toegekyk. Sut 56:66 En Jakob is begrawe in Hebron, in die spelonk van Magpéla, wat Abraham gekoop het van die seuns van Het as 'n besitting as 'n begraafplaas, en hy is begrawe in baie kosbare kledingstukke. Sut 56:67 En aan geen koning is soveel eer bewys soos JôWsef sy vader bewys het by sy dood nie, want hy het hom begrawe met groot eer net soos die begrafnisse van konings. Sut 56:68 En JôWsef en sy broers het 'n roubeklag vir sewe dae gehou vir hulle vader. //Die seuns van Jakob verslaan die seuns van Esau. Sut 57:1 DIT was hierna dat die seuns van Esau oorlog gevoer het teen die seuns van Jakob. En die seuns van Esau het met die seuns van Jakob geveg in Hebron en Esau het steeds doodgelê en is nie begrawe nie. Sut 57:2 Die stryd was hewig tussen hulle en die seuns van Esau is verslaan deur die seuns van Jakob. En die seuns van Jakob het tagtig van die seuns van Esau gedood en nie een van die mense van die seuns van Jakob is dood nie. En die hand van JôWsef het al die mense van die seuns van Esau oorwin en hy het Sefo, die seun van Eligas, die seun van Esau, en vyftig van sy manne gevange geneem en hulle met ysterkettings gebind en hulle in die hand van sy dienaars gegee om hulle na Egipte te bring. Sut 57:3 En so het dit gebeur dat toe die seuns van Jakob vir Sefo en sy mense gevange geneem het, het al dié wat agtergebly het gevrees vir hulle lewens, ingeval hulle ook gevange geneem sou word. En hulle het almal saam met EliFaz, die seun van Esau, en sy mense gevlug met Esau se liggaam en hulle het vertrek na die berg Seïr. Sut 57:4 Hulle het by die berg Seïr gekom en hulle het Esau begrawe in Seïr, maar hulle het nie sy kop na Seïr toe saamgebring nie, want dit is begrawe op daardie plek waar die stryd in Hebron was. Sut 57:5 En dit het gebeur dat toe die seuns van Esau gevlug het voor die seuns van Jakob, het die seuns van Jakob hulle agtervolg tot by die grense van Seïr, maar hulle het nie 'n enkele man onder hulle gedood toe hulle hul agtervolg het nie, want Esau se liggaam wat hulle saam met hulle saamgedra het, het hulle verwarring vererger. Dus het hulle gevlug en die seuns van Jakob het teruggedraai van hulle en by die plek gekom waar hulle broers in Hebron was en hulle het daar gebly daardie dag en die volgende totdat hulle uitgerus was van die stryd. Sut 57:6 Op die derde dag het dit gebeur dat hulle al die seuns van Seïr, die Horiet, byeengebring het en hulle het al die seuns van die Ooste byeengebring, 'n menigte van mense soos die sand van die see, en hulle het gegaan en afgekom na Egipte om teen JôWsef en sy broers te veg met die doel om hulle broers te bevry. Sut 57:7 JôWsef en al die seuns van Jakob het gehoor dat die seuns van Esau en die kinders van die Ooste gekom het om te veg sodat hulle hul broers kon bevry. Sut 57:8 JôWsef en sy broers en die sterk manne van Egipte het uitgegaan en in die stad van Raämses geveg. En JôWsef en sy broers het 'n geweldige slag veroorsaak onder die seuns van Esau en die kinders van die Ooste. Sut 57:9 Hulle het seshonderdduisend man van hulle verslaan en hulle het al die magtige manne van die kinders van Seïr, die Horiet, onder hulle verslaan. Daar het net 'n paar van hulle oorgebly, en hulle het ook 'n groot menigte van die kinders van die Ooste verslaan en van die kinders van Esau. En EliFaz, die seun van Esau en die kinders van die Ooste het almal voor JôWsef en sy broers gevlug. Sut 57:10 En JôWsef en sy broers het hulle agtervolg totdat hulle by Sukkot gekom het en in Sukkot het hulle nog dertig manne verslaan en die ander het ontsnap en hulle het elkeen na sy stad toe gevlug. Sut 57:11 JôWsef en sy broers en die magtige manne van Egipte het met vreugde en vrolikheid van hart teruggedraai van hulle af, want hulle het al hulle vyande verslaan. Sut 57:12 En Sefo, die seun van EliFaz, en sy manne was steeds slawe in Egipte vir die seuns van Jakob en hulle smarte het vermeerder. Sut 57:13 En toe die seuns van Esau en die seuns van Seïr na hulle deel van die Aarde teruggekeer het, het die seuns van Seïr gesien dat hulle almal in die hande geval het van die seuns van Jakob en die mense van Egipte as gevolg van die geveg van die seuns van Esau. Sut 57:14 En die seuns van Seïr het aan die seuns van Esau gesê: Julle het gesien en daarom weet julle dat hierdie leër as gevolg van julle was, en nie een magtige man of 'n bedrewene in oorlog het oorgebly nie. Sut 57:15 Nou daarom, gaan uit ons land, gaan van ons af weg na die Aarde van Kanaän, na die grondgebied van die woonplek van julle vaders. Waarom sal julle kinders die besittings erf van ons kinders in die komende dae? Sut 57:16 Maar die kinders van Esau wou nie luister na die kinders van Seïr nie en die kinders van Seïr het dit oorweeg om oorlog met hulle te maak. Sut 57:17 En die kinders van Esau het in die geheim Angeas, koning van Afrika, dieselfde as Dinhaba, laat weet en gesê: [Die naam 'Afrika' het nie in daardie tyd bestaan nie. Dit was die naam vir ongeveer die grondgebied van Libië vandag] Sut 57:18 Stuur sommige van u manne na ons en laat hulle na ons kom en ons sal saam veg teen die kinders van Seïr, die Horiet, want hulle het besluit om teen ons te veg om ons weg te dryf uit die land. Sut 57:19 En Angeas, koning van Dinhaba, het so gedoen, want hy was in daardie dae vriendelik met die kinders van Esau, en Angeas het vyfhonderd dapper krygsmanne gestuur na die kinders van Esau en agthonderd ruiters. Sut 57:20 Die kinders van Seïr het die kinders van die Ooste en die kinders van Midian, laat weet en gesê: Julle het gesien wat die kinders van Esau ons aangedoen het, ter wille van wie ons amper heeltemal uitgewis is in hulle stryd teen hulle broers, die seuns van Jakob. Sut 57:21 Daarom nou, kom na ons en help ons en ons sal saam teen hulle veg en ons sal hulle uit die land verdryf en wraak neem oor die saak van ons broers wat vir hulle onthalwe gesterf het in die stryd teen hulle broers, die seuns van Jakob. Sut 57:22 En al die kinders van die Ooste het na die seuns van Seïr geluister en hulle het met omtrent agthonderd man met ontblote swaarde na hulle gekom en die kinders van Esau het geveg teen die kinders van Seïr op daardie tyd in die wildernis van Paran. Sut 57:23 Die kinders van Seïr het die seuns van Esau oorwin, en die kinders van Seïr het daardie dag in daardie geveg met die kinders van Esau omtrent tweehonderd manne van die manne van Angeas, die koning van Dinhaba, verslaan. Sut 57:24 En op die tweede dag het die kinders van Esau weer gekom en 'n tweede maal geveg teen die kinders Seïr en die geveg was swaar teen die kinders van Esau hierdie tweede maal en hulle was baie verontrus weens die seuns van Seïr. Sut 57:25 Toe die kinders van Esau sien dat die kinders van Seïr sterker as hulle was, het sommige manne van die kinders van Esau omgedraai en hulle het die kinders van Seïr, hulle vyande, gehelp. Sut 57:26 En daar het geval van die manne van die kinders van Esau in die tweede geveg, agt-en-vyftig man van die manne van Angeas, koning van Dinhaba. Sut 57:27 Op die derde dag het die kinders van Esau gehoor dat sommige van hulle broers teen hulle gedraai het en teen hulle geveg het in die tweede geveg. En die kinders van Esau het getreur toe hulle hiervan hoor. Sut 57:28 En hulle het gesê: Wat sal ons doen teen ons broers wat teen ons gedraai het om die kinders van Seïr, ons vyande, by te staan? Die kinders van Esau het weer Angeas, koning van Dinhaba, laat weet en gesê: Sut 57:29 Stuur weer aan ons ander manne sodat ons saam met hulle teen die kinders van Seïr kan veg, want hulle was al twee maal sterker as wat ons was. Sut 57:30 Angeas het weer aan die kinders van Esau omtrent seshonderd dapper manne gestuur en hulle het gekom om die kinders van Esau te help. Sut 57:31 En na tien dae het die kinders van Esau weer oorlog gemaak teen die kinders van Seïr in die wildernis van Paran, en die geveg was baie kwaai op die kinders van Seïr. En die kinders van Esau het hierdie keer die kinders van Seïr oorwin en die kinders van Seïr is verslaan voor die kinders van Esau. En die kinders van Esau het omtrent tweeduisend man gedood. Sut 57:32 En al die magtige manne van die kinders van Seïr het in die geveg gesterf en daar het net die jong kinders wat in die stede gelaat was, oorgebly. Sut 57:33 Die hele Midian en die kinders van die Ooste het weggevlug van die geveg af en hulle het die kinders van Seïr verlaat en gevlug toe hulle sien dat die stryd kwaai teen hulle was. En die kinders van Esau het die kinders van die Ooste agtervolg totdat hulle hul land bereik het. Sut 57:34 En die kinders van Esau het nog omtrent tweehonderd-en-vyftig man gedood en van die mense van die kinders van Esau het daar in daardie geveg omtrent dertig man geval. Maar hierdie boosheid het oor hulle gekom deurdat hulle broers teen hulle gedraai en die kinders van Seïr, die Horiet, gehelp het. En die kinders van Esau het weer van die besoedelde dade van hulle broers gehoor en hulle het weer getreur oor hierdie saak. Sut 57:35 En dit het so gekom dat na die geveg, die kinders van Esau teruggedraai het en huis toe gekom het na Seïr. En die kinders van Esau het dié van die kinders van Seïr wat agtergebly het in die land, doodgemaak. Hulle het ook hulle vroue en kinders doodgemaak, hulle het nie 'n siel lewendig gelaat behalwe vyftig jong manne en meisies wat hulle toegelaat het om te leef nie. En die kinders van Esau het hulle nie doodgemaak nie, en die jongmanne het hulle slawe geword, en die meisies het hulle as vroue geneem. Sut 57:36 Die kinders van Esau het gewoon in Seïr in die plek van die kinders van Seïr en hulle het hulle land beërwe en het besit van haar geneem. Sut 57:37 Die kinders van Esau het alles in die land geneem wat aan die kinders van Seïr behoort het, ook hulle kleinvee, hulle vee en hulle besittings. En alles wat behoort het aan die kinders van Seïr, het die kinders van Esau geneem en die kinders van Esau het gewoon in Seïr in die plek van die kinders van Seïr tot vandag toe. En die kinders van Esau het die land verdeel in gebiede vir die vyf seuns van Esau, volgens hulle families. Sut 57:38 Dit het so gekom in daardie dae dat die kinders van Esau besluit het om 'n koning oor hulle te kroon in die land. En hulle het aan mekaar gesê: Nie so nie, want hy sal oor ons heers in ons land en ons sal onder sy raad wees en hy sal ons oorloë vir ons teen ons vyande veg, en hulle het so gedoen. Sut 57:39 En al die kinders van Esau het gesweer, en gesê dat nie een van hulle broers ooit oor hulle sal heers nie, maar 'n vreemde man wat nie van hulle broers is nie, want die siele van al die kinders van Esau was verbitterd, elke man teen sy seun, broer en vriend, as gevolg van die ellende wat hulle moes verduur het van hulle broers toe hulle teen die kinders van Seïr geveg het. Sut 57:40 Daarom het die kinders van Esau gesweer en gesê: Van daardie dag af aan sou hulle nie 'n koning uit hulle broers kies nie, maar een van 'n vreemde land, tot vandag toe nog. Sut 57:41 En daar was 'n man daar van die mense van Angeas, koning van Dinhaba: sy naam was Bela, die seun van Beor, wat 'n baie dapper man was, mooi gebou en mooi van aansien en vernuftig in allerhande wysheid, 'n man van begrip en raad. En daar was nie een van die mense van Angeas soos hy nie. Sut 57:42 En al die kinders van Esau het hom geneem en hom gesalf en hulle het hom gekroon as 'n koning. En hulle het voor hom neergebuig en hulle het aan hom gesê: Mag die koning leef! Mag die koning leef! Sut 57:43 En hulle het die laken uitgesprei en elke man het aan hom oorringe van goud en silwer of ringe of armbande gebring. En hulle het hom baie ryk gemaak in silwer en goud, in oniksstene en balsemgom. En hulle het vir hom 'n koninklike troon gemaak en hulle het 'n vorstelike kroon op sy hoof geplaas en hulle het 'n paleis vir hom gebou en hy het daarin gewoon. En hy het koning oor al die kinders van Esau geword Sut 57:44 En die mense van Angeas het hulle loon vir die geveg by die kinders van Esau geneem en hulle het vertrek en het teruggekeer na hulle meester in Dinhaba. Sut 57:45 En Bela het oor die kinders van Esau geheers vir dertig jaar en die kinders van Esau het in die deel van die land gewoon in plek van die kinders van Seïr en hulle het veilig gebly in hulle plek tot vandag toe. //Oorlog tussen Esau en Jakob in Egipte. Sut 58:1 EN dit het so gekom in die twee-en-dertigste jaar wat die JisraEliete afgegaan het na Egipte, dit was in die een-en-sewentigste jaar van JôWsef se lewe, in daardie jaar het die Farao, koning van Egipte gesterf en Magron, sy seun, het in sy plek geheers. Sut 58:2 Farao het JôWsef voor sy dood beveel om 'n vader vir sy seun, Magron, te wees en dat Magron onder JôWsef se sorg en onder sy raad moet wees. Sut 58:3 Die hele Egipte het hiertoe ingestem, dat JôWsef koning oor hulle moes wees, want al die Egiptenare was lief vir JôWsef soos van vroeër tot nou, maar Magron, die seun van Farao, het slegs op sy vader se troon gesit, en hy het in daardie dae koning geword in sy vader se plek. Sut 58:4 Magron was een-en-veertig jaar oud toe hy begin heers het, en veertig jaar lank het hy geheers in Egipte. En die hele Egipte het hom Farao genoem, volgens die naam van sy vader, soos dit hulle gewoonte was om te doen in Egipte aan elke koning wat oor hulle geheers het. Sut 58:5 En dit het so gebeur dat toe Farao in sy vader se plek geheers het, het hy die wette van Egipte en al die sake van die regering in die hande van JôWsef geplaas net soos sy vader hom beveel het. Sut 58:6 En JôWsef het koning geword oor Egipte en hy was toesighouer oor die hele Egipte en die hele Egipte was onder sy sorg en onder sy raadgewing, want die hele Egipte het na JôWsef geluister na die dood van Farao en hulle het baie daarvan gehou dat hy oor hulle heers. Sut 58:7 Maar daar was sommige mense onder hulle wat nie van hom gehou het nie en gesê het: Geen uitlander sal oor ons heers nie: Tog het die hele regering in daardie dae op JôWsef neergekom, na die dood van Farao. Omdat hy die heerser was, het hy gedoen soos hy wou regdeur die land, sonder dat iemand ingemeng het. Sut 58:8 Die hele Egipte was onder die sorg van JôWsef. En JôWsef het oorlog gemaak met al sy omliggende vyande, en hy het hulle onderwerp. Ook het JôWsef die hele land en al die Filistyne tot by die grense van Kanaän, onderwerp en hulle was almal onder sy mag en hulle het 'n jaarlikse belasting aan JôWsef betaal. Sut 58:9 En Farao, die koning van Egipte, het op sy troon gesit in die plek van sy vader, maar hy was onder die beheer en raad van JôWsef soos wat hy voorheen onder die beheer van sy vader was. Sut 58:10 Ook het hy nie regeer behalwe in Egipte onder die raad van JôWsef nie, maar JôWsef het daardie tyd oor die hele land regeer, van Egipte tot by die groot Eufraat-rivier. Sut 58:11 JôWsef was suksesvol in al sy Weë en JaHWeH was met hom, en JaHWeH het aan JôWsef bykomende Wysheid geskenk en eer en glorie en liefde vir hom in die harte van die Egiptenare en regdeur die land. JôWsef het oor die hele land vir veertig jaar geheers. Sut 58:12 Al die grondgebied van die Filistyne en Kanaän en Sidon, en aan die anderkant van die Jordaan, het aan JôWsef geskenke gebring gedurende al sy dae en die hele land was in die hand van JôWsef en hulle het aan hom 'n jaarlikse huldeblyk gebring soos dit verorden was, want JôWsef het geveg teen al sy omringende vyande en hulle onderwerp en die hele land was in die hand van JôWsef, en JôWsef het gevestig op sy troon in Egipte gesit. Sut 58:13 Ook het al sy broers, die seuns van Jakob, veilig in die land gewoon al die dae van JôWsef. En hulle was vrugbaar en het baie vermeerder in die land, en hulle het JaHWeH gedien al hulle dae, soos hulle vader Jakob hulle beveel het. Sut 58:14 Dit het so gekom dat aan die einde van baie dae en jare, toe die kinders van Esau rustig in hulle land gewoon het met Bela, hulle koning, dat die kinders van Esau vrugbaar was en vermeerder het in die land en hulle het besluit om te gaan veg teen die seuns van Jakob en die hele Egipte, en hulle wou hulle broer Sefo, die seun van EliFaz en sy manne bevry want hulle was in daardie dae steeds slawe van JôWsef. Sut 58:15 Die kinders van Esau het al die seuns van die Ooste laat weet en hulle het vrede met hulle gemaak. En al die seuns van die Ooste het na hulle gekom om saam met die seuns van Esau na Egipte te gaan om oorlog te voer. Sut 58:16 En daar het ook na hulle gekom van die mense van Angeas, die koning van Dinhaba. Hulle het ook die kinders van Jismael laat weet en hulle het ook na hulle gekom. Sut 58:17 Al hierdie mense het bymekaar gekom en na Seïr gekom om die kinders van Esau te help in hulle stryd. Hierdie leër was baie groot en gelaai met mense, ontelbaar soos die sand van die see, omtrent agthonderdduisend man, krygsmanne en ruiters, en al hierdie leërs het afgegaan na Egipte om te veg teen die seuns van Jakob, en hulle het laer opgeslaan by Raämses. Sut 58:18 JôWsef het met sy broers uitgegaan met die magtige manne van Egipte, omtrent seshonderd manne en hulle het met hulle in die Aarde van Raämses geveg. En die seuns van Jakob het daardie tyd weer geveg teen die kinders van Esau, in die vyftigste jaar van die seuns van Jakob se afgaan na Egipte, dit is die dertigste jaar van die heerskappy van Bela oor die seuns van Esau in Seïr. Sut 58:19 JaHWeH het al die magtige manne van Esau en die kinders van die Ooste in die hand van JôWsef en sy broers gegee. En die mense van die kinders van Esau en die kinders van die Ooste is verslaan voor JôWsef. Sut 58:20 En van die mense van Esau en die kinders van die Ooste wat verslaan is, het daar omtrent tweehonderdduisend manne voor die seuns van Jakob geval. En hulle koning, Bela, die seun van Beor, het saam met hulle in die geveg gesneuwel. En toe die kinders van Esau sien dat hulle koning in die geveg gesneuwel het en dat hy dood was, het hulle hande verswak in die stryd. Sut 58:21 JôWsef en sy broers en die hele Egipte was steeds besig om die mense van die huis van Esau te verslaan. En al Esau se mense was bevrees vir die seuns van Jakob en het voor hulle uitgevlug. Sut 58:22 JôWsef en sy broers en die hele Egipte het hulle 'n dagreis ver agtervolg en hulle het omtrent nog driehonderd man gedood en het voortgegaan om hulle in die pad dood te maak. En daarna het hulle van hulle af teruggedraai. Sut 58:23 En JôWsef en al sy broers het na Egipte teruggekeer. Nie een man was vermis onder hulle nie, maar van die Egiptenare het daar twaalf man geval. Sut 58:24 Toe JôWsef terugkeer na Egipte, het hy beveel dat Sefo en sy manne ekstra gebind moet word en hulle het hulle in ysters gebind en het hulle verdriet vermeerder. Sut 58:25 En al die mense van die kinders van Esau en die kinders van die Ooste het in skaamte teruggekeer, elkeen na sy stad, want al die magtige manne wat saam met hulle was, het in die geveg gesneuwel. Sut 58:26 Toe die kinders van Esau sien dat hulle koning gesneuwel het in die stryd, het hulle hul gehaas en 'n man geneem uit die mense van die kinders van die Ooste. Sy naam was Jobab, die seun van Sarag, van die Aarde van Bosra, en hulle het gemaak dat hy oor hulle heers in plek van Bela, hulle koning. Sut 58:27 Jobab het op die troon van Bela in sy plek as koning gesit, en Jobab het tien jaar lank in Edom geheers oor al die kinders van Esau. En die kinders van Esau het van daardie dag af aan, nie meer gegaan om te veg teen die seuns van Jakob nie, want die seuns van Esau het die dapperheid van die seuns van Jakob geken en hulle was baie bang vir hulle. Sut 58:28 Maar van daardie dag af aan het die kinders van Esau die seuns van Jakob gehaat, en die haat en die vyandskap was baie sterk tussen hulle al die dae tot vandag toe. Sut 58:29 Dit het daarna gebeur, aan die einde van tien jaar, dat Jobab, die seun van Sarag, van Bosra, gesterf het en die kinders van Esau het 'n man geneem wie se naam Gusam was, van die Aarde van Teman, en hulle het hom koning gemaak oor hulle in die plek van Jobab. En Gusam, het in Edom oor al die seuns van Esau vir twintig jaar geheers. Sut 58:30 En JôWsef, koning van Egipte, en sy broers en al die kinders van JisraEl het veilig in Egipte in daardie dae gewoon saam met al die kinders van JôWsef en sy broers, sonder hindernisse of bose rampe. En die Aarde van Egipte het in daardie tyd gerus van oorlog in die dae van JôWsef en sy broers. //Geslagsregister van JisraEl. JôWsef sterf. Sut 59:1 HIERDIE is die name van die seuns van JisraEl wat in Egipte gewoon het, wat saam met Jakob gekom het, al die seuns van Jakob het na Egipte gekom, elke man met sy huis. Sut 59:2 Die kinders van Lea was Ruben, Símeon, Levi, JeHûWdah, Issaskar en Sébulon en hulle suster Dina. Sut 59:3 Die seuns van Ragel was JôWsef en Benjamin. Sut 59:4 En die seuns van Silpa, die diensmaagd van Lea, was Gad en Aser. Sut 59:5 Die seuns van Bilha, die diensmaagd van Ragel, was Dan en Náftali. Sut 59:6 En hierdie was hulle nageslag wat vir hulle gebore is in die Aarde van Kanaän, voordat hulle in Egipte gekom het met hulle vader, Jakob. Sut 59:7 Die seuns van Ruben was Henog en Pallu, Hesron en Karmi. Sut 59:8 Die seuns van Símeon was Jémuel, Jamin, Ohad, Jagin, Sohar en Saul, die seun van die Kanaänitiese vrou. Sut 59:9 En die kinders van Levi was Gerson, Kehat, Merari en hulle suster, Jogébed, wat vir hulle gebore is in hulle afgaan na Egipte. Sut 59:10 Die seuns van JeHûWdah was Er, Onan, Sela, Peres en Serag. Sut 59:11 En Er en Onan het gesterf in die Aarde van Kanaän; en die seuns van Peres was Hesron en Hamul. Sut 59:12 Die seuns van Issaskar was Tola, Puwa, Job en Sillem. Sut 59:13 Die seuns van Sébulon was Sered, Elon, JagleEl en die seun van Dan was Husim. Sut 59:14 Die seuns van Náftali was JagtseEl, Guni, Jeser en Sillem. Sut 59:15 Gad se seuns was Sifjon, Haggi, Suni, Esbon, Eri, Aródi, Areél. Sut 59:16 Die kinders van Aser was Jimma, Jiswa, Jiswi, Bería en hulle suster Serag; en die seuns van Bería was Heber en MalkiEl. Sut 59:17 Die seuns van Benjamin was Bela, Beger, Asbel, Gera, Naäman, Egi, Ros, Muppim, Huppim en Ard. Sut 59:18 En die seuns van JôWsef, wat vir hom in Egipte gebore is, was Manasse en Efraim. Sut 59:19 En al die siele wat uit die lendene van Jakob gekom het, was sewentig siele. Dit is hulle wat saam met hulle vader Jakob na Egipte gekom het om daar te bly. En JôWsef en al sy broers het veilig in Egipte gebly, en hulle het van die beste van Egipte geëet al die dae van die lewe van JôWsef. Sut 59:20 JôWsef het in die Aarde van Egipte drie-en-negentig jaar gewoon en JôWsef het oor heel Egipte regeer tagtig jaar. Sut 59:21 Toe die dae nader kom dat hy moes sterf, het hy laat weet en sy broers laat roep en sy vader se hele huishouding, en hulle het almal saamgekom en voor hom gesit. Sut 59:22 En JôWsef het aan sy broers en aan sy vader se hele huishouding gesê: Kyk, ek sterf en Elohim sal julle sekerlik besoek en julle uit hierdie land uit bring na die Adamah [die adamiet se Aarde] wat Hy aan julle vaders gesweer het om aan hulle te gee. Sut 59:23 Dit sal wees wanneer Elohim julle sal besoek om julle uit te bring van hier na die Adamah [die adamiet se Aarde] van julle vaders, bring dan my beendere saam met julle hiervandaan. Sut 59:24 En JôWsef het die seuns van JisraEl laat sweer op hulle nageslag na hulle en gesê: Elohim sal julle sekerlik besoek en julle sal my beendere saam met julle hiervandaan bring. Sut 59:25 Dit het hierna so gebeur dat JôWsef gesterf het in daardie jaar, die een-en-sewentigste jaar van die JisraEliete se afgaan na Egipte. Sut 59:26 En JôWsef was eenhonderd-en-tien jaar oud toe hy gesterf het in die Aarde van Egipte, en al sy broers en al sy diensknegte het opgestaan en hulle het JôWsef gebalsem soos hulle gewoonte was, en sy broers en heel Egipte het gerou oor hom vir sewentig dae. Sut 59:27 Hulle het JôWsef in 'n kis, gevul met speserye en alle soorte parfuum geplaas en hulle het hom begrawe langs die rivier, dit is Sihor en sy seuns en al sy broers en sy vader se hele huishouding het sewe dae lank gerou oor hom. Sut 59:28 Na die dood van JôWsef het dit gebeur dat al die Egiptenare begin het om te heers oor die kinders van JisraEl, en Farao, die koning van Egipte wat in sy vader se plek regeer het, het al die wette van Egipte geneem en die hele regering van Egipte beheer onder sy raadsbesluit en hy het veilig oor sy mense regeer. //Oorlog tussen Angeas en Turnus. Sut 60:1 TOE die jaar verbygaan, wat die twee-en-sewentigste jaar van die JisraEliete se afgaan na Egipte was, na die dood van JôWsef, het Sefo, die seun van EliFaz, die seun van Esau, uit Egipte gevlug, hy en sy manne en hulle het weggegaan. Sut 60:2 En hy het na Afrika gekom, wat Dinhaba is, na Angeas, die koning van Afrika en Angeas het hulle met groot eer ontvang en hy het Sefo die owerste van sy leërs gemaak. [Die naam 'Afrika' het nie in daardie tyd bestaan nie. Dit was die naam vir ongeveer die grondgebied van Libië vandag] Sut 60:3 En Sefo het guns gevind in die oë van Angeas en in die oë van sy mense, en Sefo was owerste van die leërs vir Angeas, die koning van Afrika, vir baie dae. Sut 60:4 Sefo het Angeas, die koning van Afrika, uitgelok om sy leër bymekaar te maak om teen die Egiptenare en met die seuns van Jakob te gaan veg en om die saak van sy broers te gaan wreek. Sut 60:5 Maar Angeas wou nie na Sefo luister om hierdie ding te doen nie, want Angeas het die Krag van die seuns van Jakob geken en wat hulle aan sy leër gedoen het in hulle oorlogvoering met die kinders van Esau. Sut 60:6 Sefo was in daardie dae baie groot in die oë van Angeas en in die oë van al sy mense en hy het hulle voortdurend uitgelok om oorlog te maak teen Egipte, maar hulle wou nie. Sut 60:7 En dit het in daardie dae gebeur dat daar in die Aarde van Kittië 'n man in die stad van Pusimna was, wie se naam Usu was, en hy is gruwelik veridoliseer deur die kinders van Kittië en die man het gesterf en hy het geen seun gehad nie, net een dogter wie se naam Jania was. Sut 60:8 Die maagd was buitengewoon beeldskoon, aanvallig en intelligent, daar is regdeur die Aarde niemand gesien soos sy wat skoonheid en wysheid betref nie. Sut 60:9 Die mense van Angeas, die koning van Afrika, het haar gesien en hulle het haar by hom kom prys. En Angeas het 'n boodskap na die mense van Kittië gestuur en hy het versoek om haar vir homself te neem as 'n vrou en die mense van Kittië het toegestem om haar aan hom te gee as 'n vrou. Sut 60:10 En kyk, toe die boodskappers van Angeas uitgegaan het van die Aarde van Kittië om hulle reis te onderneem, het die boodskappers van Turnus, die koning van Bibentu, na Kittië gekom, want Turnus, koning van Bibentu, het ook sy boodskappers gestuur om Jania vir hom te vra om haar vir homself as 'n vrou te neem, want al sy manne het haar ook by hom aangeprys, daarom het hy al sy diensknegte na haar gestuur. Sut 60:11 Die diensknegte van Turnus het na Kittië gekom en hulle het gevra dat Jania na Turnus, hulle koning, geneem word vir 'n vrou. Sut 60:12 En die mense van Kittië het aan hulle gesê: Ons kan haar nie gee nie, omdat Angeas, die koning van Afrika, haar begeer om haar vir hom as 'n vrou te neem voordat julle gekom het, en dat ons haar aan hom moet gee en daarom kan ons nie nou hierdie ding doen om Angeas te beroof van die maagd deur haar aan Turnus te gee nie. Sut 60:13 Want ons is baie bang vir Angeas dat hy in oorlog teen ons sal kom en ons vernietig, en Turnus, julle meester, sal nie in staat wees om ons uit sy hand te verlos nie. Sut 60:14 Toe die boodskappers van Turnus al die woorde hoor van die kinders van Kittië, het hulle teruggedraai na hulle meester en het hom al die woorde vertel van die kinders van Kittië. Sut 60:15 En die kinders van Kittië het 'n klagskrif aan Angeas gestuur en gesê: Kyk, Turnus het 'n boodskap gestuur oor Jania om haar as 'n vrou vir homself te neem, en so het ons hom geantwoord en ons het gehoor dat hy sy hele leërmag versamel het om teen u oorlog te maak, en hy beplan om met die pad van Sardunië verby te gaan en om teen u broer, Lusus, te veg en daarna sal hy teen u kom veg. Sut 60:16 Angeas het die woorde van die kinders van Kittië gehoor wat hulle aan hom gestuur het in die brief en sy woede het ontvlam en hy het opgestaan en sy leër bymekaar gemaak en het deur die eilande van die see gekom, die pad na Sardunië, na sy broer, Lusus, koning van Sardunië. Sut 60:17 En Niblos, die seun van Lusus, het gehoor dat sy oom Angeas op pad was en hy het uitgegaan met 'n groot leërmag om hom te ontmoet, en hy het hom gekus en omhels en Niblos het aan Angeas gesê: Wanneer u my vader na sy welstand vra, wanneer ek saam met u sal gaan om teen Turnus te veg, vra aan hom om my owerste te maak van sy leër, en Angeas het dit gedoen, en hy het by sy broer gekom om hom te ontmoet en hy het hom gevra na sy welstand. Sut 60:18 En Angeas het sy broer, Lusus, na sy welstand gevra en om sy seun, Niblos, owerste van die leër te maak en Lusus het dit gedoen. En Angeas en sy broer, Lusus, het opgestaan en hulle het na Turnus gegaan vir die oorlog en daar was 'n groot leërmag en baie mense saam met hulle. Sut 60:19 Hy het met skepe gekom en hulle het in die provinsie van Astoras gekom en kyk Turnus het na hulle toe aangekom, want hy het uitgegaan na Sardunië en was van plan om dit te vernietig en om agterna van daar na Angeas te gaan om teen hom te veg. Sut 60:20 Angeas en Lusus, sy broer, het Turnus ontmoet in die vallei van Kanopië en die geveg was verwoed en magtig tussen hulle in daardie oorlog. Sut 60:21 En die stryd was kwaai op Lusus, die koning van Sardunië, en sy hele leërmag het geval en Niblos, sy seun het ook in daardie slag gesneuwel. Sut 60:22 Sy oom Angeas het sy diensknegte bevel gegee en hulle het 'n goue kis vir Niblos gemaak en hulle het hom daarin gesit. En Angeas het weer oorlog teen Turnus gemaak en Angeas was sterker as hy en hy het hom verslaan. Hy het al sy mense met die skerpte van sy swaard verslaan. Angeas het die saak van Niblos, sy broer se seun, en die saak van die leërmag van sy broer, Lusus, gewreek. Sut 60:23 En toe Turnus sterf, het die hande van dié wat die slag oorleef het, swak geword en hulle het van Angeas en sy broer, Lusus, gevlug. Sut 60:24 Angeas en sy broer, Lusus, het hulle agtervolg tot by die hoofpad wat tussen Alfanu en Roma is, en hulle het die hele leër van Turnus met die skerpte van die swaard verslaan. Sut 60:25 En Lusus, die koning van Sardunië, het sy diensknegte beveel dat hulle 'n kis van geelkoper moet maak en dat hulle die liggaam van sy seun, Niblos, daarin moet plaas en hulle het hom in daardie plek begrawe. Sut 60:26 Hulle het 'n hoofpad daarop gebou en hulle het die naam genoem na die naam van Niblos tot vandag toe en hulle het ook vir Turnus, die koning van Bibentu, saam met Niblos daar begrawe. Sut 60:27 En kyk, op die hoofpad tussen Alfanu en Roma is Niblos se graf aan die eenkant en Turnus se graf aan die anderkant, en 'n plaveisel tussen hulle, tot vandag toe. Sut 60:28 Toe Niblos begrawe is, het Lusus sy vader, met sy leër na die Aarde van Sardunië teruggekeer, en Angeas, sy broer, die koning van Afrika, het met sy mense na die stad van Bibentu gegaan, dit is die stad van Turnus. Sut 60:29 Die inwoners van Bibentu het gehoor van sy roem en hulle was baie bang vir hom en hulle het uitgegaan om hom te ontmoet met geween en smeekbede. En die inwoners van Bibentu het Angeas gesmeek om hulle nie dood te maak nie en ook nie hulle stad te vernietig nie en hy het so gedoen, want Bibentu was in daardie dae gereken as een van die stede van die kinders van Kittië; daarom het hy nie die stad vernietig nie. Sut 60:30 Maar van daardie dag af aan het die krygers van die koning van Afrika na Kittië gegaan om haar te verniel en te plunder en waarheen hulle ook al gegaan het, het Sefo, die owerste van die leërmag van Angeas, saam met hulle gegaan. Sut 60:31 En dit was hierna dat Angeas met sy leërmag gedraai het en hulle het na die stad van Pusimna gekom, en Angeas het daar vir Jania, die dogter van Usu, vir 'n vrou geneem en haar na sy stad in Afrika gebring. //Sefo, die Edomiet word koning van Kittië. Sut 61:1 EN dit het gebeur in daardie tyd dat Farao, koning van Egipte, al sy mense beveel het om vir hom 'n sterk paleis in Egipte te bou. Sut 61:2 Hy het ook die seuns van Jakob beveel om die Egiptenare te help met die bouwerk en die Egiptenare het 'n pragtige en deftige paleis vir koninklike bewoning gebou, en hy het daarin gewoon en hy het sy regering herbevestig en hy het veilig geheers. Sut 61:3 En Sébulon, die seun van Jakob, het in daardie jaar gesterf, dit is die twee-en-sewentigste jaar van die afgaan van die JisraEliete na Egipte, en Sébulon was eenhonderd-en-veertien jaar oud, en is in 'n kis geplaas en in die hande van sy kinders gegee. Sut 61:4 Sy broer Simeon het in die vyf-en-sewentigste jaar gesterf, hy was eenhonderd-en-twintig jaar oud by sy dood, en hy is ook in 'n kis geplaas en in die hande van sy kinders gegee. Sut 61:5 En Sefo, die seun van EliFaz, die seun van Esau, owerste van die leër van Angeas, die koning van Dinhaba, was steeds daagliks besig om Angeas uit te lok om reg te maak vir oorlog om te veg teen die seuns van Jakob in Egipte. En Angeas was onwillig om dit te doen, want sy diensknegte het aan hom vertel oor al die mag van die seuns van Jakob, wat hulle aan hulle gedoen het in hulle stryd teen die kinders van Esau. Sut 61:6 En Sefo het in daardie dae Angeas daagliks uitgelok om te veg teen die seuns van Jakob. Sut 61:7 En na 'n verloop van tyd het Angeas geluister na die woorde van Sefo en het teenoor hom ingewillig om teen die seuns van Jakob in Egipte te veg, en Angeas het al sy mense slaggereed gekry, 'n volk so talryk soos die sand wat op die seestrand is, en hy het hom voorgeneem om na Egipte te gaan vir oorlog. Sut 61:8 Onder die diensknegte van Angeas was 'n jongman van vyftien jaar oud; Bíleam, die seun van Beor, was sy naam en die jongman was baie wys en het die kuns van heksery verstaan. Sut 61:9 En Angeas het aan Bíleam gesê: Toor vir ons, ek smeek jou, met die heksery dat ons kan weet wie sal oorwin in die stryd waarheen ons nou op pad is. Sut 61:10 Bíleam het beveel dat hulle vir hom was moet bring en hy het daarvan die ewebeelde van strydwaens en perderuiters gemaak wat die leërmag van Angeas en die leërmag van Egipte voorstel. En hy het dit in die listig voorbereide waters wat hy vir daardie doel gehad het, geplaas en hy het die mirtetakke in sy hand geneem en hy het sy vaardigheid beoefen en hulle oor die water bymekaar gebring, en daar het voor hom in die water die gelykenis van die leër van Angeas verskyn wat val voor die gelykenis van die Egiptenare en die seuns van Jakob. Sut 61:11 En Bíleam het dit aan Angeas vertel en Angeas het getwyfel en homself nie bewapen om af te gaan na Egipte om te veg nie en hy het in sy stad gebly. Sut 61:12 Toe Sefo, die seun van EliFaz, sien dat Angeas twyfel om uit te gaan vir die oorlog teen die Egiptenare, het Sefo gevlug van Angeas van Afrika, en hy het gegaan en by Kittië gekom. Sut 61:13 En al die mense van Kittië het hom met groot eer ontvang en hulle het hom gehuur om hulle oorloë vir hulle te voer al die dae, en Sefo het besonder ryk geword in daardie dae, en die leërs van die koning van Afrika het hulleself steeds versprei in daardie dae. En die kinders van Kittië het vergader en na die berg Koptisia gegaan as gevolg van die leërs van Angeas, die koning van Afrika, wat besig was om na hulle aan te kom. Sut 61:14 En eendag toe Sefo 'n jong os verloor het en hy gegaan het om hom te soek het hy hom in die omgewing van die berg hoor bulk. Sut 61:15 Sefo het gegaan en gesien, en kyk, daar was 'n groot grot aan die voet van die berg en daar was 'n groot klip daar by die ingang van die grot. En Sefo het die klip gekloof en in die grot gekom en hy het gesien en kyk, 'n groot dier was besig om die os te verslind; van sy middel boontoe het dit soos 'n mens gelyk en van die middel ondertoe het dit soos 'n dier gelyk. En Sefo het opgestaan teen die dier en het dit met sy swaard gedood. Sut 61:16 En die inwoners van Kittië het daarvan gehoor en hulle was baie bly en hulle het gesê: Wat sal ons doen vir hierdie man wat die dier doodgemaak het wat ons beeste gevang het? Sut 61:17 Hulle het almal bymekaar gekom om een dag in die jaar aan hom te wy en hulle het die naam daarvan Sefo genoem na sy naam. En hulle het drankaanbiedinge vir hom gebring, jaar na jaar op daardie dag, en hulle het geskenke vir hom gebring. Sut 61:18 In daardie tyd het Jania, die dogter Usu, die vrou van koning Angeas, siek geword en haar siekte is kwaai gevoel deur Angeas en sy owerstes. En Angeas het aan sy wyse manne gesê: Wat sal ek aan Jania doen en hoe sal ek haar genees van haar siekte? En sy wyse manne het aan hom gesê: Omdat die lug van ons land nie soos die lug van die land van Kittië is nie, en ons water nie soos hulle water is nie, daarom het die koningin siek geword. Sut 61:19 Want deur die verandering van lug en water het sy siek geword, en ook omdat sy in haar land net die water gedrink het wat van Purma gekom het wat haar voorouers met dyke opgevang het. Sut 61:20 En Angeas het sy diensknegte beveel en hulle het vir hom met kruike die water van Purma gebring wat aan Kittië behoort. En hulle het daardie water geweeg met al die waters van die Aarde van Afrika en hulle het daardie water ligter gevind as die water van Afrika. Sut 61:21 Angeas het dit gesien en sy owerstes beveel om al die kappers van klip bymekaar te bring in duisende en tienduisende. En hulle het klip sonder tal gekap en die bouers het gekom en 'n besonder sterk brug gebou en hulle het die fontein se water van Kittië af vervoer na Afrika. En daardie water was vir Jania, die koningin, en vir al haar belange, om van te drink en te bak, te was en af te koel en ook om alle saad mee te benat waarvan voedsel verkry kan word en alle vrugte van die land. Sut 61:22 Die koning het beveel dat hulle van die Aarde van Kittië in groot skepe moet bring en hulle het ook klippe gebring om daarmee te bou, en die bouers het paleise gebou vir Jania, die koningin en die koningin het gesond geword van haar siekte. Sut 61:23 En met die wisseling van die jaar het die krygsmanne van Afrika voortgegaan om na die Aarde van Kittië te kom om soos gewoonlik te plunder, en Sefo, seun van EliFaz, het hulle verslag gehoor en hy het bevele oor hulle gegee en hy het teen hulle geveg en hulle het voor hom uitgevlug, en hy het die Aarde van Kittië van hulle bevry. Sut 61:24 Die kinders van Kittië het die dap-perheid van Sefo gesien en die kinders van Kittië het besluit en hulle het Sefo koning oor hulle gemaak. Hy het koning oor hulle geword en terwyl hy geheers het, het hulle gegaan en die kinders van Tubal en al die omringende eilande onderwerp. Sut 61:25 En hulle koning Sefo was aan hulle hoof en hulle het oorlog gemaak met Tubal en die eilande en hulle het hulle onderwerp. En toe hulle terugkeer van die stryd, het hulle sy regering vir hom hervestig en hulle het vir hom 'n groot paleis vir sy koninklike woning en sy setel gebou. En hulle het 'n groot troon vir hom gemaak en Sefo het oor die hele Aarde van Kittië en oor die Aarde van ltalia vir vyftig jaar regeer. //Oorlog tussen Edom, Moab en Midian. Sut 62:1 IN daardie jaar, dit is die nege-en-sewentigste jaar van die JisraEliete se afgaan na Egipte, het Ruben, die seun van Jakob gesterf in die Aarde van Egipte. Ruben was eenhonderd-vyf-en-twintig jaar oud toe hy gesterf het en hulle het hom in 'n kis geplaas en hy is in die hande van sy kinders gegee. Sut 62:2 En in die tagtigste jaar het sy broer, Dan, gesterf en hy was eenhonderd-en-twintig jaar oud toe hy gesterf het en hy is ook in 'n kis geplaas en in die hande van sy kinders gegee. Sut 62:3 In daardie jaar het Gusam, die koning van Edom, gesterf en na hom het Hadad, die seun van Bedad, vir vyf-en-dertig jaar regeer en in die een-en-tagtigste jaar het Issaskar, die seun van Jakob, in Egipte gesterf en Issaskar was eenhonderd twee-en-twintig jaar oud by sy dood en hy is in 'n kis geplaas in Egipte en in die hande van sy kinders gegee. Sut 62:4 En in die twee-en-tagtigste jaar het Aser, sy broer, gesterf. Hy was honderd drie-en-twintig jaar oud by sy dood en hy is in 'n kis geplaas in Egipte en in die hande gegee van sy kinders. Sut 62:5 En in die drie-en-tagtigste jaar het Gad gesterf, hy was eenhonderd-vyf-en-twintig jaar oud by sy dood, en hy is in 'n kis in Egipte geplaas en in die hande van sy kinders gegee. Sut 62:6 En dit het gebeur dat in die vier-en-tagtigste jaar, dit is die vyftigste jaar van die heerskappy van Hadad, seun van Bedad, die koning van Edom, dat Hadad al die kinders van Esau versamel het en hy het sy hele leërmag in gereedheid gekry, omtrent vierhonderdduisend man, en hy het koers ingeslaan na die Aarde van Moab en hy het gegaan om teen Moab te veg en om hulle skatpligtig aan hom te maak. Sut 62:7 Die kinders van Moab het daarvan gehoor en hulle was baie bang, en hulle het 'n boodskap gestuur na die kinders van Midian om hulle te help veg teen Hadad, seun van Bedad, die koning van Edom. Sut 62:8 Hadad het na die Aarde van Moab gegaan, en Moab en die kinders van Midian het uitgegaan om hom te ontmoet en hulle het hulle in oorlogslinies teen hom opgestel in die velde van Moab. Sut 62:9 En Hadad het teen Moab geveg en daar het van die kinders van Moab geval en daar is baie dood van die kinders van Midian, omtrent tweehonderdduisend man. Sut 62:10 Die stryd was baie erg vir Moab en toe die kinders van Moab sien dat die stryd so erg vir hulle was, het hulle hande swak geword en hulle het hulle rug gedraai en die kinders van Midian gelos om die stryd voort te sit. Sut 62:11 En die kinders van Midian het nie geweet van die voornemens van Moab nie, maar hulle het hulleself in die stryd versterk en teen Hadad en sy hele leërmag geveg en die hele Midian het voor hom geval. Sut 62:12 Hadad het die hele Midian gedood met 'n geweldige slagting en hy het hulle doodgemaak met die skerpte van die swaard, hy het niemand laat oorbly van daardie wat Moab kom help het nie. Sut 62:13 Toe al die kinders van Midian dood was in die stryd en die kinders van Moab ontsnap het, het Hadad die hele Moab op daardie tyd skatpligtig gemaak aan hom en hulle het onder sy hand gekom en hulle het 'n jaarlikse belasting gegee soos beveel en Hadad het omgedraai en teruggegaan na sy land. Sut 62:14 En by die wisseling van die jaar, toe die res van die mense van Midian wat in die land was, hoor dat al hulle broers geval het in die stryd teen Hadad ter wille van Moab, omdat hulle die rug gedraai het in die stryd en Midian gelos het om te veg, het vyf van die vorste van Midian saam met die res van hulle broers wat in die land gebly het, besluit om teen Moab te veg om die saak van hulle broers te wreek. Sut 62:15 Die kinders van Midian het al hulle broers, die kinders van die Ooste, laat weet en al hulle broers, al die kinders van Ketúra het gekom om Midian te help om teen Moab te veg. Sut 62:16 Die kinders van Moab het hiervan gehoor en hulle was baie bang omdat al die kinders van die Ooste en hulle bymekaar gekom het vir die stryd en hulle, die kinders van Moab, het 'n brief na die Aarde van Edom gestuur, na Hadad, die seun van Bedad, en gesê: Sut 62:17 Kom nou na ons toe en help ons en ons sal die Midianiete verslaan, want hulle kom almal saam en het teen ons opgekom saam met al hulle broers, die kinders van die Ooste, om oorlog te voer om die Midianiete wat in die stryd gesneuwel het, te wreek. Sut 62:18 En Hadad, die seun van Bedad, die koning van Edom, het uitgegaan met sy hele leërmag en het na die Aarde van Moab gegaan om te veg teen Midian. En Midian en die kinders van die Ooste het geveg teen Moab in die veld van Moab en die stryd was baie hewig tussen hulle. Sut 62:19 Hadad het al die kinders van Midian en die kinders van die Ooste met die skerpte van die swaard verslaan en Hadad het op daardie tyd Moab uit die hand van Midian verlos en dié wat oorgebly het van Midian en van die kinders van die Ooste het voor Hadad en sy leër gevlug. En Hadad het hulle agtervolg tot in hulle land en Hadad het hulle met 'n baie groot slagting verslaan en die gesneuweldes het in die pad geval. Sut 62:20 Hadad het Moab verlos uit die hand van Midian, want al die kinders van Midian het gesneuwel voor die skerpte van die swaard en Hadad het omgedraai en het teruggekeer na sy land. Sut 62:21 En van daardie dag af aan het die kinders van Midian, die kinders van Moab gehaat, omdat hulle in hulle plek gesneuwel het in oorlog en daar was groot en magtige vyandskap tussen hulle al die dae. Sut 62:22 En almal van Midian wat op die pad van die Aarde van Moab gevind is, het gesterf onder die swaard van Moab, en almal van Moab wat gevind is op die pad van die Aarde van Midian het gesterf onder die swaard van Midian; so het Midian aan Moab gedoen en Moab aan Midian vir baie dae. Sut 62:23 Dit het in daardie tyd gebeur dat JeHûWdah, die seun van Jakob, in Egipte gesterf het in die ses-en-tagtigste jaar van Jakob se afgaan na Egipte. En JeHûWdah was eenhonderd-nege-en-twintig jaar oud by sy dood en hulle het hom gebalsem en in 'n kis geplaas en hy is in die hande van sy kinders gegee. Sut 62:24 En in die nege-en-tagtigste jaar het Náftali gesterf en hy was eenhonderd-twee-en-dertig jaar oud, en hy is in 'n kis geplaas en in die hande van sy kinders gegee. Sut 62:25 Dit het so gebeur dat in die een-en-negentigste jaar van die JisraEliete se afgaan na Egipte, dit was in die dertigste jaar van Sefo, die seun van EliFaz, die seun van Esau, se heerskappy oor die kinders van Kittië, dat die kinders van Afrika na die kinders van Kittië gekom het om hulle soos gewoonlik te plunder, maar hulle het nie na hulle gekom vir dertien jaar nie. Sut 62:26 En hulle het na hulle gekom in daardie jaar, en Sefo, die seun van EliFaz, het uitgetrek na hulle met sommige van sy manne en het hulle magtig verslaan en die krygsmanne van Afrika het voor Sefo gevlug en die verslanes het voor hom geval en Sefo en sy manne het hulle agtervolg en aangehou om hulle te verslaan totdat hulle naby Afrika was. Sut 62:27 En Angeas, die koning van Afrika, het die ding gehoor wat Sefo gedoen het en dit het hom baie kwaad gemaak en Angeas was bang vir Sefo al die dae. //Sefo verslaan Angeas. Sut 63:1 EN Levi die seun van Jakob, het in die drie-en-negentigste jaar gesterf in Egipte, en Levi was 'n honderd-sewe-en-dertig jaar oud toe hy gesterf het, en hulle het hom in 'n kis geplaas en hy is in die hande van sy kinders gegee. Sut 63:2 Dit het gebeur dat ná die dood van Levi, toe die hele Egipte sien dat die seuns van Jakob, die broers van JôWsef, dood was, al die Egiptenare begin het om die kinders van Jakob te verdruk en om hulle lewens te versuur van daardie dag af totdat hulle uit Egipte uitgetrek het. En hulle het uit hulle hande geneem al die wingerde en lande wat JôWsef aan hulle gegee het, en al die deftige huise waarin die mense van JisraEl gewoon het, en al die vettigheid van Egipte. Die Egiptenare het in daardie dae alles geneem van die seuns van Jakob. Sut 63:3 Die hand van die hele Egipte het swaarder teen die kinders van JisraEl in daardie dae geword en die Egiptenare het die JisraEliete skade berokken totdat die kinders van JisraEl moeg was vir hulle lewens as gevolg van die Egiptenare. Sut 63:4 En dit het in daardie dae gebeur, in die honderd-en-tweede jaar van JisraEl se afgaan na Egipte, dat Farao, die koning van Egipte, gesterf het en Melol, sy seun, het in sy plek regeer en al die magtige manne van Egipte; en daardie hele geslag wat JôWsef en sy broers geken het, het in daardie dae gesterf. Sut 63:5 En 'n ander geslag het in hulle plek opgestaan wat nie die seuns van Jakob geken het en al die goed wat hulle vir hulle gedoen het nie, en al hulle mag in Egipte nie. Sut 63:6 Daarom het die hele Egipte begin om van daardie dag af aan, die lewens van die seuns van Jakob te versuur en om hulle te verdruk op alle maniere van dwangarbeid, omdat hulle nie hulle voorouers geken het wat hulle uitgered het en verlos het in die dae van die hongersnood nie. Sut 63:7 En dit was ook van JaHWeH af vir die kinders van JisraEl, om tot hulle voordeel te wees in hulle latere jare, sodat al die kinders van JisraEl JaHWeH, hulle Elohey mag ken; Sut 63:8 sodat hulle die tekens kan ken en die magtige wonders wat JaHWeH in Egipte sou doen as gevolg van Sy volk, JisraEl, sodat die kinders van JisraEl, JaHWeH, die Elohey van hulle voorouers sal vrees en in al Sy Weë sal wandel, hulle en hulle nageslag na hulle, al die dae. Sut 63:9 Melol was twintig jaar oud toe hy begin regeer het en hy het vier-en-negentig jaar regeer en die hele Egipte het hom Farao genoem volgens die naam van sy vader, soos dit hulle gewoonte was om te doen aan elke koning wat oor hulle regeer in Egipte. Sut 63:10 Op daardie tyd het al die krygsmanne van Angeas, koning van Afrika uitgetrek en uitgesprei langs die Aarde van Kittië soos gewoonlik om te plunder. Sut 63:11 En Sefo, die seun van EliFaz, seun van Esau, het hulle verslag gehoor, en hy het uitgetrek om hulle te ontmoet met sy leërmag en hy het met hulle geveg daar in die pad. Sut 63:12 Sefo het die krygsmanne van die koning van Afrika gedood deur die skerpte van die swaard en nie een laat oorbly nie, en nie eers een het teruggekeer na sy meester in Afrika nie. Sut 63:13 En Angeas het gehoor van dit wat Sefo, die seun van EliFaz, gedoen het aan al sy krygsmanne, dat hy hulle verslaan het. En Angeas het al sy krygsmanne bymekaar gemaak, al die manne van die Aarde van Afrika, mense talryk soos die sand op die seestrand. Sut 63:14 En Angeas het 'n boodskap na Lusus, sy broer, gestuur en gesê: Kom na my met al jou manne en help my om Sefo en al die kinders van Kittië wat my manne verslaan het, te verslaan. En Lusus het met sy hele leërmag gekom, 'n baie groot mag, om Angeas, sy broer, te help om teen Sefo en die kinders van Kittië te veg. Sut 63:15 Sefo en die kinders van Kittië het dit gehoor en hulle was baie bang en 'n groot angs het hulle harte oorval. Sut 63:16 Sefo het ook 'n brief na die Aarde van Edom gestuur aan Hadad, die seun van Bedad, koning van Edom en na al die kinders van Esau en gesê: Sut 63:17 Ek het gehoor dat Angeas, die koning van Afrika, met sy broer na ons toe kom vir oorlog teen ons, en ons is baie bevrees vir hom, want sy leër is baie groot, veral omdat hy teen ons kom saam met sy broer, en sy leër is net so. Sut 63:18 Daarom trek jy nou ook op saam met my en help my en ons sal saam veg teen Angeas en sy broer Lusus, en jy sal ons red uit hulle hande, maar so nie, weet dat ons almal sal sterf. Sut 63:19 Al die kinders van Esau het 'n brief gestuur aan die kinders van Kittië en aan Sefo, hulle koning, wat sê: Ons kan nie teen Angeas en sy mense veg nie, want 'n Vredesverbond bestaan vir baie jare tussen ons, van die dae van Bela af, die eerste koning, en van die dae van JôWsef, die seun van Jakob, koning van Egipte af met wie ons aan die anderkant van die Jordaan geveg het toe hy sy vader begrawe het. Sut 63:20 En toe Sefo die woorde van sy broers, die kinders van Esau hoor, het hy hom ingehou en Sefo was baie bang vir Angeas. Sut 63:21 En Angeas en Lusus, sy broer, het al hulle magte opgestel teen die kinders van Kittië, omtrent agthonderdduisend man. Sut 63:22 Al die kinders van Kittië het aan Sefo gesê: Bid vir ons tot die Elohey van u voorvaders, miskien mag Hy ons verlos uit die hand van Angeas en sy leërmag, want ons het gehoor dat Hy 'n groot El is en dat Hy almal verlos wat op Hom vertrou. Sut 63:23 En Sefo het hulle woorde gehoor, en Sefo het JaHWeH gesoek, en hy het gesê: Sut 63:24 O JaHWeH, die Elohey van Abraham en Isak, my voorvaders, hierdie dag weet ek dat U 'n getroue El is en al die gode van die nasies is ydel en nutteloos. Sut 63:25 Onthou nou op hierdie dag ook aan my U gelofte met Abraham, ons vader, wat ons voorvaders aan ons vertel het, en bewys en handel in barmhartigheid met my hierdie dag vir die onthalwe van Abraham en Isak, ons vaders, en red my en die kinders van Kittië uit die hand van die koning van Afrika wat teen ons kom oorlog maak. Sut 63:26 En JaHWeH het geluister na die stem van Sefo, en Hy het agting vir hom gehad as gevolg van Abraham en Isak, en JaHWeH het Sefo en die kinders van Kittië verlos uit die hand van Angeas en sy mense. Sut 63:27 Sefo het teen Angeas, die koning van Afrika, en al sy mense op daardie dag geveg en JaHWeH het al die mense van Angeas in die hand van die mense van Kittië gegee. Sut 63:28 Die geveg was swaar op Angeas, en Sefo het al die manne van Angeas en dié van Lusus, sy broer, gedood met die skerpte van die swaard. En daar het van hulle tot die aand van daardie dag vierhonderd-duisend manne gesneuwel. Sut 63:29 Toe Angeas sien dat al sy manne gesterf het, het hy 'n brief aan al die inwoners van Afrika gestuur om na hom te kom om hom te help in die stryd. En hy het geskryf in die brief en gesê: Almal wat in Afrika gevind word, laat hulle na my kom van tien jaar en ouer; laat almal na my toe kom en kyk, as hy nie kom nie, sal hy sterf en alles wat hy het, met sy hele huishouding, sal die koning neem. Sut 63:30 En die res van die inwoners van Afrika was beangs deur die woorde van Angeas, en daar het uit die stad gegaan omtrent driehonderdduisend manne en seuns, van tien jaar en ouer, en hulle het na Angeas gekom. Sut 63:31 Aan die einde van tien dae het Angeas die stryd teen Sefo en die kinders van Kittië hervat en dit was 'n geweldige stryd en hewig tussen hulle. Sut 63:32 En van die leër van Angeas en Lusus het Sefo baie van die gewondes in sy land ingestuur, omtrent tweeduisend man en Sosiftar, die owerste van die leër van Angeas het in daardie oorlog gesneuwel. Sut 63:33 Toe Sosiftar gesneuwel het, het die krygsmanne van Afrika hulle rûe gedraai om te vlug, en hulle het gevlug en Angeas en sy broer, Lusus, was saam met hulle. Sut 63:34 Sefo en die kinders van Kittië het hulle agtervolg en hulle het nog baie op die pad gedood, omtrent tweehonderd man, en hulle het Asdrubal, die seun van Angeas, wat saam met sy vader gevlug het, agtervolg en hulle het twintig van sy manne op die pad gedood. En Asdrubal het ontsnap van die kinders van Kittië en hulle het hom nie doodgemaak nie. Sut 63:35 Angeas en Lusus, sy broer, het met die res van die manne gevlug en hulle het ontsnap en het in Afrika gekom met angs en konsternasie. En Angeas het al die dae gevrees dat Sefo, die seun van EliFaz, oorlog teen hom sal maak. //Sefo maak oorlog teen Egipte. Sut 64:1 EN Bíleam, die seun van Beor, was op daardie tyd saam met Angeas in die geveg toe hy sien dat Sefo, Angeas oorwin en hy het van daar af gevlug en in Kittië gekom. Sut 64:2 Sefo en die kinders van Kittië het hom met groot eer ontvang, want Sefo het geweet van Bíleam se wysheid en Sefo het talle geskenke aan Bíleam gegee en hy het by hom gebly. Sut 64:3 En toe Sefo teruggekeer het van die oorlog af, het hy al die kinders van Kittië beveel dat dié wat in die oorlog saam met hom gegaan het getel moes word, en kyk, nie een is vermis nie. Sut 64:4 En Sefo was verheug hieroor en hy het sy koninkryk bekragtig en hy het 'n fees gehou vir al sy onderdane. Sut 64:5 Maar Sefo het JaHWeH nie onthou nie, en het dit nie oordink dat JaHWeH hom gehelp het in die stryd en dat Hy hom en sy mense verlos het uit die hand van die koning van Afrika nie, maar het steeds gewandel in die weë van die kinders van Kittië en die besoedelde kinders van Esau, deur gode te dien wat sy broers, die kinders van Esau, hom geleer het; daarom word dit gesê: Uit die kwaad gaan kwaad uit. Sut 64:6 En Sefo het met gerustheid regeer oor al die kinders van Kittië, maar het nie aan JaHWeH gedink, wat hom en al sy mense uit die hand van die koning van Afrika verlos het nie. En die krygsmanne van Afrika het nie meer na Kittië gekom om soos gewoonlik te plunder nie, want hulle het geweet van die mag van Sefo wat hulle verslaan het deur die skerpte van die swaard. Dus was Angeas bang vir Sefo, die seun van EliFaz, en vir die kinders van Kittië al die dae. Sut 64:7 In daardie tyd toe Sefo van die oorlog af teruggekeer het en toe Sefo gesien het hoe hy die mense van Afrika oorwin het en hulle doodgemaak het in die oorlog deur die skerpte van die swaard, het Sefo die kinders van Kittië geadviseer om na Egipte te gaan om met die seuns van Jakob en Farao, die koning van Egipte, te veg. Sut 64:8 Want Sefo het gehoor dat die magtige manne van Egipte dood was en dat JôWsef en sy broers, die seuns van Jakob, dood was en dat al hulle kinders, die kinders van JisraEl, in Egipte gebly het. Sut 64:9 Sefo het dit oorweeg om teen hulle te gaan veg en die hele Egipte, om sy broers, die kinders van Esau, wat JôWsef met sy broers en die hele Egipte verslaan het in die Aarde van Kanaän toe hulle opgegaan het om Jakob in Hebron te begrawe, te gaan wreek. Sut 64:10 Sefo het boodskappers gestuur na Hadad, die seun van Bedad, die koning van Edom, en aan al sy broers, die kinders van Esau, en gesê: Sut 64:11 Het u nie gesê dat u nie teen die koning van Afrika sal veg nie, want hy is deel van jou verbond? Kyk, ek het met hom geveg en het hom en al sy mense verslaan. Sut 64:12 Daarom dan het ek besluit om teen Egipte en die kinders van Jakob wat daar is, te veg, en ek sal my op hulle wreek vir wat JôWsef, sy broers en voorouers aan ons gedoen het in die Aarde van Kanaän toe hulle opgegaan het om hulle vader in Hebron te begrawe. Sut 64:13 Toe nou, as jy gewillig is om na my toe te kom om my te help teen hulle en Egipte, dan sal ons ons wreek oor ons broers. Sut 64:14 Die kinders van Esau het geluister na die woorde van Sefo, en die kinders van Esau het hulleself byeengebring, 'n baie groot volk, en hulle het gegaan om Sefo en die kinders van Kittië in die oorlog te help. Sut 64:15 Sefo het 'n boodskap na al die kinders van die Ooste en na al die kinders van Jismael gestuur met woorde soortgelyk as die ander, en hulle het hulleself saamgetrek en hulle het Sefo gehelp en die kinders van Kittië in die oorlog teen Egipte kom help. Sut 64:16 En al hierdie konings, die koning van Edom en die kinders van die Ooste, en al die kinders van Jismael, en Sefo, die koning van Kittië het uitgegaan en hulle slagordes van hulle menigtes opgestel in Hebron. Sut 64:17 Die kamp was baie swaar, uitgestrek in lengte, 'n afstand van drie dagreise, 'n mensdom so talryk soos die sand op die seestrand wat nie getel kan word nie. Sut 64:18 En al daardie konings en hulle menigtes het afgegaan en het teen die hele Egipte gekom in stryd, en het saam gekamp in die vallei van Patros. Sut 64:19 En die hele Egipte het hulle verslag gehoor, en hulle het ook saam vergader, al die mense van die Aarde van Egipte, en van al die stede wat aan Egipte behoort, omtrent driehonderdduisend man. Sut 64:20 Die manne van Egipte het ook gestuur na die kinders van JisraEl wat in daardie dae in die grondgebied van Gosen was, om na hulle te kom sodat hulle saam met hierdie konings kan gaan veg. Sut 64:21 Die manne van JisraEl het vergader en was omtrent eenhonderd-en-vyftig man, en hulle het die stryd ingegaan om die Egiptenare by te staan. Sut 64:22 Die manne van JisraEl en van Egipte het uitgegaan, omtrent driehonderdduisend man en eenhonderd-en-vyftig man, en hulle het na hierdie konings gegaan vir 'n geveg, en hulle het hulleself geplaas van buite die grondgebied van Gosen oorkant Patros. Sut 64:23 Die Egiptenare het nie daarin geglo om saam met JisraEl in hulle laers te gaan vir oorlog nie, want al die Egiptenare het gesê: Miskien sal die kinders van JisraEl ons oorhandig in die hand van die kinders van Esau en Jismael, want hulle is hulle broers. Sut 64:24 En al die Egiptenare het aan die kinders van JisraEl gesê: Bly julle hier saam in julle staanplek en ons sal gaan veg teen die kinders van Esau en Jismael, en as die koning ons oorwin, trek julle almal saam op teen hulle en staan ons by, en die kinders van JisraEl het so gedoen. Sut 64:25 En Sefo die seun van EliFaz die seun van Esau, die koning van Kittië en Hadad, die seun van Bedad, die koning van Edom, en al hulle laers, en al die kinders van die Ooste, en kinders van Jismael, so talryk soos sand, het gekamp in die vallei van Patros teenoor Tagpanges. Sut 64:26 En Bíleam die seun van Beor, die Siriër, was daar in die kamp van Sefo, want hy het saam met die kinders van Kittië na die stryd gekom, en Bíleam was 'n man hoog geëerd in die oë van Sefo en sy manne. Sut 64:27 Sefo het aan Bíleam gesê: Probeer deur waarsêery vir ons wys wie sal oorwin in die stryd, ons of die Egiptenare. Sut 64:28 Bíleam het opgestaan en het die kuns van waarsêery probeer, en hy was geoefen in die kennis daarvan, maar hy was deurmekaar en die werk is vernietig in sy hand. Sut 64:29 Hy het dit weer probeer, maar dit het nie geslaag nie, en Bíleam het moedeloos geraak en dit gelos, en het dit nie voltooi nie, want dit was van JaHWeH, sodat Sefo en sy mense in die hande van die kinders van JisraEl kon val, wat in hulle stryd vertrou het op JaHWeH, die Elohey van hulle voorvaders. Sut 64:30 Sefo en Hadad het hulle magte in gevegslinies opgestel en al die Egiptenare het alleen teen hulle opgetrek, omtrent driehonderd-duisend man, en nie een man van JisraEl was by hulle nie. Sut 64:31 En al die Egiptenare het met hierdie konings geveg oorkant Patros en Tagpanges, en die stryd was erg teen die Egiptenare. Sut 64:32 Die konings was sterker as die Egiptenare in daardie stryd, en omtrent eenhonderd-en-tagtig man van Egipte het op daardie dag geval, en omtrent dertig man van die konings, en al die manne van Egipte het gevlug voor die konings, toe het die kinders van Esau en Jismael die Egiptenare gevolg, en voortgegaan om hulle dood te maak tot by die plek waar die kamp van die kinders van JisraEl was. Sut 64:33 En al die Egiptenare het uitgeroep na die kinders van JisraEl en gesê: Haas hierheen en staan ons by en red ons van die hand van Esau, Jismael en die kinders van Kittië. Sut 64:34 Die honderd-en-vyftig man van die kinders van JisraEl het van hulle staanplek gehardloop na die laers van hierdie konings, en die kinders van JisraEl het uitgeroep na JaHWeH, hulle Elohey om hulle te verlos. Sut 64:35 En JaHWeH het geluister na JisraEl en JaHWeH het al die manne van die konings in hulle hand gegee en die kinders van JisraEl het geveg teen hierdie konings en die kinders van JisraEl het omtrent vierduisend van die konings se manne doodgemaak. Sut 64:36 En JaHWeH het 'n groot verslaendheid in die laer van die konings gebring sodat die vrees vir die kinders van JisraEl op hulle geval het. Sut 64:37 Al die leërmagte van die konings het gevlug voor die kinders van JisraEl en die kinders van JisraEl het hulle agtervolg en voortgegaan om hulle dood te maak tot op die grense van die Aarde van Kuwsh. Sut 64:38 Die kinders van JisraEl het van hulle in die pad doodgemaak, in totaal tweeduisend man, en van die kinders van JisraEl het nie een geval nie. Sut 64:39 Toe die Egiptenare sien dat die kinders van JisraEl met so min manne met die konings geveg het, en dat die stryd so vreeslik kwaai teen hulle was, Sut 64:40 was al die Egiptenare baie bang vir hulle lewens as gevolg van die hewige stryd, en die hele Egipte het gevlug; elke man het homself versteek teen die wydverspreide magte, en hulle het hulleself versteek in die pad, en hulle het die JisraEliete gelaat om te veg. Sut 64:41 Die kinders van JisraEl het die konings en hulle manne 'n verskriklike slag toegedien en hulle het daarvandaan teruggekeer nadat hulle hul teruggedryf het na die grense van die Aarde van Kuwsh. Sut 64:42 En almal in JisraEl se geledere het geweet wat die manne van Egipte aan hulle gedoen het, dat hulle hul in die steek gelaat het in die stryd, en hulle gelaat het om alleen te veg. Sut 64:43 Toe het die kinders van JisraEl ook met sluheid gewerk, en soos wat die kinders van JisraEl teruggekeer het van die stryd, het hulle sommige van die Egiptenare in die pad gevind en hulle daar doodgemaak. Sut 64:44 En terwyl hulle hul doodgemaak het, het hulle die volgende woorde gesê: Sut 64:45 Waarom het julle ons in die steek gelaat, want ons is maar 'n paar manne om te veg teen hierdie konings wat 'n groot getal manne gehad het om ons dood te maak, dink julle dat julle daardeur julle siele sal verlos? Sut 64:46 En sommige van hulle wat die JisraEliete op die pad ontmoet het het met hulle gepraat en die JisraEliete het gesê: Maak dood, dood, want hy is 'n Ismaeliet of 'n Edomiet, of van die kinders van Kittië en hulle het oor hom gestaan en hom doodgemaak, en hulle het geweet dat hy 'n Egiptenaar is. Sut 64:47 Die kinders van JisraEl het hierdie dinge slim gedoen teen die Egiptenare, omdat hulle hul in die stryd in die steek gelaat en van hulle af weggevlug het. Sut 64:48 En die kinders van JisraEl het op die manier omtrent tweehonderd van die manne van Egipte in die pad doodgemaak. Sut 64:49 Al die manne van Egipte het die boosheid gesien wat die kinders van JisraEl hulle aangedoen het, en almal in Egipte het die kinders van JisraEl gevrees, want hulle het hulle groot mag gesien, en dat nie een van hulle geval het nie. Sut 64:50 Toe het al die kinders van JisraEl met blydskap teruggekeer op die pad na Gosen, en die res van Egipte het teruggekeer, elke man na sy plek. //Die dwangarbeid van JisraEl begin. Sut 65:1 EN dit het hierna gebeur dat al die raadgewers van Farao, die koning van Egipte, en al die oudstes van Egipte versamel het voor die koning en hulle het voor hom neergebuig en voor hom gesit. Sut 65:2 En die raadgewers en die oudstes van Egipte het met die koning gepraat en het gesê: Sut 65:3 Kyk, die mense van die kinders van JisraEl is groter en magtiger as ons en u weet al die boosheid wat hulle aan ons gedoen het in die pad toe ons teruggekeer het van die stryd. Sut 65:4 En u het ook hulle groot mag gesien en daardie mag kom van hulle vaders; net 'n paar man het opgestaan teen manne so talryk soos die seesand en hulle met die skerpte van die swaard doodgemaak, en nie een van hulle het geval nie; as hulle talryk was, sou hulle hul heeltemal vernietig het. Sut 65:5 Daarom gee ons nou raad wat om met hulle te doen, totdat ons hulle tussen ons vernietig het, voordat hulle te talryk in die land geword het. Sut 65:6 Want as die kinders van JisraEl in die land vermeerder, sal hulle 'n hindernis vir ons word, en as daar oorlog moet plaasvind, sal hulle met hulle groot mag by ons vyande aansluit teen ons, en teen ons veg, ons van die land vernietig en weggaan daarvandaan. Sut 65:7 Toe het die koning die oudstes van Egipte geantwoord en hy het aan hulle gesê: Dit is die plan wat ek teen JisraEl aanvaar waarvan ons nie sal afwyk nie. Sut 65:8 Kyk, in die land is Pitom en Raämses, onversterkte stede teen oorlog, dit betaam julle en ons om hulle te bou, en hulle te versterk. Sut 65:9 Daarom nou, gaan julle ook en tree slinks teen hulle op, en kondig aan in Egipte en in Gosen op die bevel van die koning wat sê: Sut 65:10 Al julle manne van Egipte, Gosen, Patros en al hulle inwoners! Die koning het ons beveel om Pitom en Raämses te bou, en hulle te versterk vir oorlog; die van julle in die hele Egipte, onder die kinders van JisraEl, en die inwoners van die stede wat gewillig is om saam met ons te bou, sal elkeen daagliks sy salaris ontvang op die koning se bevel. Dus gaan julle eerste en wees slim, versamel julleself en kom na Pitom en Raämses om te bou. Sut 65:11 En terwyl julle bou, laat 'n bevel van hierdie aard gemaak word regdeur Egipte, elke dag op die bevel van die koning. Sut 65:12 En wanneer sommige van die kinders van JisraEl kom om saam met julle te bou, sal julle hulle lone daagliks vir 'n paar dae aan hulle gee. Sut 65:13 En nadat hulle saam met julle gebou het vir hulle daaglikse loon, onttrek julle dan een vir een geleidelik aan hulle in die geheim en dan sal julle opstaan en hulle opsigters en owerstes word, en julle sal hulle mettertyd laat werk sonder loon en as hulle weier, dan dwing julle hulle met alle mag. Sut 65:14 As julle dit doen, sal dit goed gaan met ons om ons land te versterk teen die kinders van JisraEl. Want deur die uitputting van die bouery en die werk, sal die kinders van JisraEl verminder, want julle sal hulle van hul vroue weghou dag vir dag. Sut 65:15 En al die oudstes van Egipte het die raad gehoor van die koning, en die raad was goed in hulle oë en in die oë van die dienaars van Farao, en in die oë van die hele Egipte, en hulle het so gedoen volgens die woord van die koning. Sut 65:16 Al die dienaars het weggegaan van die koning af, en hulle het 'n bevel laat uitvaardig in die hele Egipte, in Tagpanges en Gosen, en al die stede wat Egipte omring het, deur te sê: Sut 65:17 Julle het gesien wat die kinders van Esau en Jismael aan ons gedoen het wat teen ons kom oorlog maak het en begeer het om ons te vernietig. Sut 65:18 Daarom het die koning ons nou beveel om die land te versterk om die stede Pitom en Raämses te bou en om hulle te versterk vir oorlog, indien hulle teen ons sou kom. Sut 65:19 Wie van julle uit die hele Egipte en van die kinders van JisraEl ook al wil kom om ons te help bou, sal sy loon daagliks van die koning ontvang, soos sy bevel aan ons is. Sut 65:20 En toe Egipte en al die kinders van JisraEl alles hoor wat die dienaars van Farao gespreek het, het daar van die Egiptenare en die kinders van JisraEl gekom om saam met die dienaars van Farao te bou, Pitom en Raämses. Maar nie een van die kinders van Levi het saam met hulle broers gekom om te bou nie. Sut 65:21 En al die dienaars van Farao en sy vorste het eers met lis saam met die hele JisraEl as daagliks gehuurde werkers kom bou, en hulle het aan die begin aan JisraEl hulle daaglikse loon gegee. Sut 65:22 Die dienaars van Farao het saam met die hele JisraEl gebou, en was vir 'n maand saam met JisraEl in diens in die werk. Sut 65:23 En aan die einde van die maand, het al die dienaars van Farao hulle in die geheim aan die mense van JisraEl begin onttrek op 'n daaglikse basis. Sut 65:24 JisraEl het op daardie tyd aangehou met die werk en nog hulle daaglikse loon ontvang, want sommige van die manne van Egipte het steeds saam met JisraEl gewerk. Daarom het Egipte nog vir JisraEl hulle daaglikse loon gegee, sodat hulle, die Egiptenare, ook loon kon kry vir hulle arbeid. Sut 65:25 Aan die einde van 'n jaar en vier maande het al die Egiptenare hulle onttrek van die kinders van JisraEl, sodat die kinders van JisraEl alleen besig was met die werk. Sut 65:26 En nadat al die Egiptenare hulle onttrek het van die kinders van JisraEl, het hulle teruggekeer en verdrukkers en owerstes oor hulle geword, en sommige het oor die kinders van JisraEl gestaan as opsigters, om van hulle te ontvang alles wat hulle hul gegee het vir die loon van hulle arbeid. Sut 65:27 En die Egiptenare het op hierdie manier aan die kinders van JisraEl dag na dag gedoen omdat hulle hul wou teister in hulle werk. Sut 65:28 Net die kinders van JisraEl was betrokke in die arbeid en die Egiptenare het hulle weerhou om enige betaling te gee aan die kinders van JisraEl van toe af aan. Sut 65:29 Toe sommige van die manne van JisraEl weier om te werk omdat hulle lone geweier word, het die slawedrywers en die dienaars van Farao hulle onderdruk en hulle met harde houe geslaan, en hulle met geweld laat terugkeer, om saam met hulle broers te werk. So het al die Egiptenare al die dae gedoen aan die kinders van JisraEl. Sut 65:30 En al die kinders van JisraEl was baie bang vir die Egiptenare hieroor, en al die kinders van JisraEl het teruggekeer en alleen gewerk sonder betaling. Sut 65:31 Die kinders van JisraEl het Pitom en Raämses gebou, en al die kinders van JisraEl het die werk gedoen. Sommige het stene gemaak, en sommige het gebou. Die kinders van JisraEl het gebou en die hele Aarde van Egipte versterk asook haar mure gebou. En die kinders van JisraEl was vir baie jare met dié werk besig totdat die tyd gekom het dat JaHWeH aan hulle gedink het en hulle uit Egipte uitgebring het. Sut 65:32 Maar die kinders van Levi was nie besig met die werk van hulle broers van JisraEl nie, van die begin af tot met hulle uittog uit Egipte nie. Sut 65:33 Want al die kinders van Levi het geweet dat die Egiptenare al hierdie sluwe woorde teenoor die JisraEliete gespreek het, daarom het die kinders van Levi hulle daarvan weerhou om saam met hulle broers te gaan werk. Sut 65:34 Die Egiptenare het hulle nie daarop gewys dat die kinders van Levi nagelaat het om te gaan werk nie, omdat hulle van die begin af nie by hulle broers was nie, daarom het die Egiptenare hulle alleen gelaat. Sut 65:35 Die hande van die manne van Egipte is met volgehoue felheid teen die kinders van JisraEl gelig in daardie werk, en die Egiptenare het die kinders van JisraEl met strengheid gedryf in hulle werk. Sut 65:36 Die Egiptenare het die lewens van die kinders van JisraEl met harde werk verbitter, in messelklei en stene en ook met alle soorte werk in die veld. Sut 65:37 Die kinders van JisraEl het Melol, die koning van Egipte, die bynaam gegee: Meror, die koning van Egipte, want in sy tyd het die Egiptenare hulle lewens verbitter met alle soorte harde werk. Sut 65:38 En al die pligte wat die Egiptenare die kinders van JisraEl opgelê het, het hulle met felheid en strengheid gedoen om die kinders van JisraEl te beproef, maar hoe meer hulle beproef is, hoe meer het hulle vermeerder en groter geword, en die Egiptenare was gegrief oor die kinders van JisraEl. //JisraEl word vrugbaar en vermeerder. Sut 66:1 OP daardie tyd het Hadad, die seun van Bedad, die koning van Edom, gesterf en Samla van Mesreka, van die land van die kinders van die Ooste, het in sy plek regeer. Sut 66:2 Die dertiende jaar van die heerskappy van Farao, die koning van Egipte, wat die eenhonderd-vyf-en-twintigste jaar van die JisraEliete se afgaan in Egipte was, het Samla reeds agtien jaar oor Edom regeer. Sut 66:3 Terwyl hy regeer het, het hy sy leërmag uitgebring om teen Sefo, die seun van EliFaz en die kinders van Kittië te gaan veg, want hulle het oorlog gemaak teen Angeas, die koning van Afrika, en hulle het sy hele leër vernietig. Sut 66:4 Maar hy het nie met hom slaags geraak nie, want die kinders van Esau het hom gekeer en gesê hy is hulle broer. Toe het Samla geluister na die stem van die kinders van Esau, en met al sy magte teruggedraai na die Aarde van Edom, en hy het nie opgetrek om teen Sefo, die seun van EliFaz, te veg nie. Sut 66:5 Farao, die koning van Egipte, het daarvan gehoor en gesê: Samla, die koning van Edom, het besluit om te veg teen die kinders van Kittië, en daarna sal hy kom veg teen Egipte. Sut 66:6 Toe die Egiptenare dit hoor, het hulle die werk van die kinders van JisraEl vermeerder, sodat die JisraEliete nie aan hulle sal doen soos hulle in die oorlog met die kinders van Esau in die dae van Hadad gedoen het nie. Sut 66:7 Toe het die Egiptenare aan die kinders van JisraEl gesê: Haas julle en doen julle werk, en maak julle taak klaar, en maak die land sterk voordat die kinders van Esau, julle broers, teen ons kom veg, want as gevolg van julle sal hulle teen ons kom. Sut 66:8 En die kinders van JisraEl het die werk van die manne van Egipte dag vir dag gedoen, en die Egiptenare het die kinders van JisraEl geteister omdat hulle hul minder wou maak in die land. Sut 66:9 Maar soos wat die Egiptenare die arbeid van die kinders van JisraEl vermeerder het, so het die kinders van JisraEl vermeerder en vermenigvuldig, en die hele Egipte was gevul met die kinders van JisraEl. Sut 66:10 In die eenhonderd vyf-en-twintigste jaar van JisraEl se afgaan na Egipte het al die Egiptenare gesien dat hulle raad teen JisraEl nie geslaag het nie, maar dat hulle meer geword het en gegroei het en die Aarde van Egipte en die grondgebied van Gosen was gevul met die kinders van JisraEl. Sut 66:11 Toe het al die oudstes van Egipte en sy wyse manne voor die koning gekom en voor hom gebuig en hulle het voor hom gaan sit. Sut 66:12 En al die oudstes van Egipte en sy wyse manne het aan die koning gesê: Mag die koning vir ewig leef, u het ons die raad teen die kinders van JisraEl gegee, en ons het aan hulle gedoen volgens die woord van die koning. Sut 66:13 Maar in verhouding tot die toename van die arbeid, so vermeerder en groei hulle in die land en kyk, die hele land is gevul met hulle. Sut 66:14 Daarom, ons meester en koning, die oë van die hele Egipte is op u om hulle met u wysheid advies te gee oor hoe hulle JisraEl gaan oorwin om hulle te vernietig, of om hulle te verdelg uit die land. En die koning het hulle geantwoord en gesê: Gee julle raad hieroor dat ons kan weet wat om teen hulle te doen. Sut 66:15 En 'n owerste van Mesopotamië in die Aarde van Us, een van die koning se raadgewers, wie se naam Job was, het die koning geantwoord en gesê: Sut 66:16 As dit die koning geval, laat hom en die raad hoor van sy dienskneg; die koning het aan hom gesê: Spreek. Sut 66:17 En Job het voor die koning en die prinse en voor al die oudstes gepraat en gesê: Sut 66:18 Kyk, die raad van die koning wat hy voorheen gegee het oor die arbeid van die kinders van JisraEl is baie goed, en jy moet daardie arbeid nie van hulle verwyder vir ewig nie. Sut 66:19 Maar hier is advies waardeur julle hulle kan verminder as dit vir die koning goed lyk om hulle te teister. Sut 66:20 Kyk, ons het vir 'n lang tyd oorlog gevrees en ons het gesê: Wanneer JisraEl vrugbaar word in die land, sal hulle ons uit die land verdryf as daar oorlog moet kom. Sut 66:21 As dit die koning geval, laat 'n koninklike dekreet uitgevaardig word, en laat dit geskryf word in die wette van Egipte, wat nie herroep kan word nie, dat elke manlike kind wat gebore word vir die JisraEliete se bloed op die grond gestort sal word. Sut 66:22 Deur dit te doen, sal die boosheid van hulle oorloë verby wees wanneer al die manlike kinders van JisraEl dood is. Laat die koning so doen en stuur aan al die Hebreeuse vroedvroue en beveel hulle hierin om dit uit te voer. Dit het die koning en die prinse geval, en die koning het gedoen volgens die woord van Job. Sut 66:23 En die koning het gestuur om die Hebreeuse vroedvroue te laat roep, van wie die een se naam Sifra was, en die ander Pua. Sut 66:24 Die vroedvroue het voor die koning verskyn en in sy teenwoordigheid gestaan. Sut 66:25 En die koning het aan hulle gesê: As julle die Hebreeuse vroue by 'n geboorte help, moet julle na die geboortestoel kyk; as dit 'n seun is, maak hom dood, maar as dit 'n dogter is, laat haar lewe. Sut 66:26 As julle dit nie wil doen nie, dan sal ek julle en al julle huise met vuur verbrand. Sut 66:27 Maar die vroedvroue het Elohim gevrees en nie na die koning van Egipte of sy woorde geluister nie. En as 'n Hebreeuse vrou met die vroedvrou se hulp, geboorte geskenk het aan 'n seun of dogter, dan het die vroedvrou alles gedoen wat nodig was om die kind te laat leef. So het die vroedvroue al die dae gedoen. Sut 66:28 Dit is aan die koning vertel en hy het die vroedvroue laat haal en aan hulle gesê: Hoekom het julle hierdie ding gedoen en die kinders gered dat hulle lewe? Sut 66:29 Die vroedvroue het geantwoord en saam gepraat voor die koning en gesê: Sut 66:30 Laat die koning nie dink dat die Hebreeuse vroue soos die Egiptiese vroue is nie, want al die kinders van JisraEl is sterk, en voor die vroedvrou na hulle kom, is die kind gebore. En wat ons u dienaresse betref, vir baie dae het geen Hebreeuse vrou vir ons gebaar nie, want alle Hebreeuse vroue is hulle eie vroedvroue omdat hulle sterk is. Sut 66:31 Farao het hulle woorde gehoor en hulle geglo in die saak, en die vroedvroue het van die koning af weggegaan. En Elohim het met hulle gewerk en die mense het vermeerder en het uitsonderlik vermenigvuldig. //Aanslag teen JisraEl vergroot. Sut 67:1 DAAR was 'n man in die Aarde van Egipte van die nageslag van Levi, wie se naam Amram was, hy was die seun van Kehat, die seun van Levi, die seun van JisraEl. Sut 67:2 Hierdie man het gegaan en 'n vrou geneem met die naam Joggebed, die dogter van Levi, sy vader se suster, en sy was eenhonderd ses-en-twintig jaar oud en hy het by haar ingegaan. Sut 67:3 Die vrou het swanger geword en 'n dogter gebaar, en sy het haar Mirjam genoem, want in daardie dae het die Egiptenare die lewens van die kinders van JisraEl baie verbitter. Sut 67:4 En sy het weer swanger geword en 'n seun gebaar en sy het hom Aäron genoem, want in die dae van haar swangerskap het Farao begin om die bloed van die manlike kinders van JisraEl te stort. Sut 67:5 In daardie dae het Sefo, die seun van EliFaz, die seun van Esau, die koning van Kittië, gesterf en Janeas het in sy plek regeer. Sut 67:6 Die tyd wat Sefo oor die kinders van Kittië regeer het, was vyftig jaar. En hy het gesterf en is begrawe in die stad van Nabna in die Aarde van Kittië. Sut 67:7 Janeas, een van die magtige manne van die kinders van Kittië, het na hom regeer en hy het vyftig jaar lank regeer. Sut 67:8 Dit was na die dood van die koning van Kittië dat Bíleam, die seun van Beor, van die Aarde van Kittië gevlug het en hy het gegaan en na Egipte gekom na Farao, die koning van Egipte. Sut 67:9 Farao het hom met groot eer ontvang, want hy het gehoor van sy wysheid en hy het hom geskenke gegee en hom 'n raadgewer gemaak en hom vereer. Sut 67:10 En Bíleam het in Egipte gewoon, met eer onder al die edelmanne van die koning en die edelmanne het hom vereer, want hulle het begeer om sy wysheid te leer. Sut 67:11 In die eenhonderd-en-dertigste jaar van JisraEl se afgaan na Egipte, het Farao gedroom dat hy op sy koninklike troon sit en hy het sy oë opgeslaan en 'n ou man voor hom sien staan. En daar was skale in die hande van die ou man, sulke soort skale soos wat deur handelaars gebruik word. Sut 67:12 Die ou man het die skale geneem en dit voor Farao gehang. Sut 67:13 En die ou man het al die oudstes van Egipte geneem en al sy edelmanne en vername manne en hy het hulle saamgebind en hulle op een skaal geplaas. Sut 67:14 En hy het 'n melkbokkie geneem en dit op die ander skaal geplaas en die bokkie het swaarder as almal geweeg. Sut 67:15 Farao was verstom oor sy ysingwekkende visioen, hoekom die bokkie swaarder sou weeg as almal en Farao het wakker geword en dit was 'n droom. Sut 67:16 Farao het vroeg die oggend opgestaan en al sy diensknegte geroep en die droom aan hulle vertel en die manne was baie bang. Sut 67:17 En die koning het aan al sy wyse manne gesê: Ek bid julle, verklaar die droom wat ek gedroom het, dat ek dit kan ken. Sut 67:18 Bíleam, die seun van Beor, het die koning geantwoord en aan hom gesê: Dit beteken niks anders as dat 'n groot boosheid in die latere dae teen Egipte sal ontstaan nie. Sut 67:19 Want 'n seun sal vir JisraEl gebore word wat die hele Egipte en sy inwoners sal vernietig en hy sal die JisraEliete met 'n magtige hand uit Egipte bring. Sut 67:20 Daarom nou, o koning, beraadslaag oor die saak, sodat jy die hoop van die kinders van JisraEl en hulle verwagting kan vernietig, voordat hierdie boosheid teen Egipte ontstaan. Sut 67:21 Die koning het aan Bíleam gesê: En wat moet ons aan JisraEl doen? Ons het sekerlik op 'n sekere manier teen hulle opgetree maar kon hulle nie oorwin nie. Sut 67:22 Gee jy daarom nou ook raad teen hulle oor hoe ons teen hulle kan wen. Sut 67:23 Bíleam het die koning geantwoord en gesê: Stuur nou, en roep u twee raadgewers en ons sal sien wat hulle raad hieroor is en daarna sal u dienaar praat. Sut 67:24 Die koning het gestuur en sy twee raadgewers laat roep, ReuEl die Midianiet [ook genoem Jetro] en Job die Usiet, en hulle het gekom en voor die koning kom sit. Sut 67:25 En die koning het aan hulle gesê: Kyk, julle het albei gehoor van die droom wat ek gedroom het en die verklaring daarvan; nou gee daarom raad en weet en kyk wat gedoen kan word aan die kinders van JisraEl, waardeur ons hulle kan oorwin voor hulle boosheid teen ons sal ontspring. Sut 67:26 ReuEl, die Midianiet, het die koning geantwoord en gesê: Mag die koning leef, mag die koning vir ewig lewe. Sut 67:27 As dit goed lyk vir die koning, laat hy hom afskei van die Hebreërs en hulle uitlos en laat hom nie sy hand teen hulle uitstrek nie. Sut 67:28 Want dit is hulle wat JaHWeH uitverkies het in die ou dae en geneem het as die keuse van Sy Erfdeel tussen al die nasies van die Aarde en die konings van die Aarde; en wie is daar wat sy hand straffeloos teen hulle uitgestrek het, op wie hulle Elohey Hom nie gewreek het nie? Sut 67:29 U weet sekerlik dat toe Abraham afgegaan het na Egipte, het Farao, die vorige koning van Egipte, Sarah sy vrou gesien en haar vir 'n vrou geneem, omdat Abraham gesê het: Sy is my suster, want hy was bang dat die manne van Egipte hom sou doodmaak ter wille van sy vrou. Sut 67:30 Toe die koning van Egipte haar geneem het, het Elohim hom en sy huishouding met swaar plae getref, totdat hy Sarah aan Abraham herstel het, toe het hy gesond geword. Sut 67:31 En Abiméleg die Gerariet, die koning van die Filistyne, Elohim het hom gestraf oor Sarah die vrou van Abraham, deurdat Hy elke baarmoeder gesluit het van adamiet tot dier. Sut 67:32 Toe het hulle Elohey na Abiméleg in die droom in die nag gekom en hom verskrik sodat hy Sarah aan Abraham herstel het nadat hy haar gevat het en agterna is al die mense van Gerar gestraf oor Sarah, en Abraham het vir hulle tot sy Elohey gebid en Hy het hulle genees. Sut 67:33 En Abiméleg het al die boosheid gevrees wat oor hom en sy mense gekom het, en hy het Sarah teruggegee aan Abraham en hy het aan hom en haar baie geskenke gegee. Sut 67:34 Hy het ook so aan Isak gedoen na hy hom van Gerar gedryf het, en Elohim het wonderlike dinge vir hom gedoen, dat al die waterweë van Gerar opgedroog het, en hulle vrugbare bome nie gedra het nie. Sut 67:35 Totdat Abiméleg van Gerar, en Ahussat, een van sy vriende en Pigol, die kaptein van sy leërmag, na hom gegaan het en hulle het voor hom neergebuig tot op die grond. Sut 67:36 Hulle het hom versoek om namens hulle te smeek, en hy het tot JaHWeH vir hulle gebid, en JaHWeH het hom gehoor en Hy het hulle genees. Sut 67:37 Ook Jakob, die alledaagse man, was deur sy integriteit gered van die hand van sy broer Esau, en die hand van Laban die Siriër, sy moeder se broer, wat sy lewe gesoek het; soortgelyk van die hand van al die konings van Kanaän wat teen hom en sy kinders saamgetrek het om hulle te vernietig, en JaHWeH het hulle gered uit hulle hand, dat hulle op hulle toegesak het en hulle doodgemaak het, want wie het ooit sy hand na hulle uitgesteek en straffeloos gebly? Sut 67:38 Sekerlik het die vorige Farao, u vader se vader, JôWsef die seun van Jakob, verhef bo al die prinse van die Aarde van Egipte toe hy sy wysheid gesien het, want deur sy wysheid het hy al die inwoners van die grond gered van die hongersnood. Sut 67:39 Waarna hy Jakob beveel het om met sy kinders af te kom na Egipte, sodat hulle deur hulle deugsaamheid in die Aarde van Egipte en in die grondgebied van Gosen verlos kon word van die hongersnood. Sut 67:40 Dus, as dit goed lyk in u oë, hou op om die kinders van JisraEl te verdelg, maar as dit nie u wil is dat hulle in Egipte bly nie, stuur hulle weg sodat hulle na die Aarde van Kanaän kan gaan, die grondgebied waar hulle voorvaders vertoef het. Sut 67:41 Toe Farao die woorde van Jetro hoor, was hy baie kwaad vir hom, sodat hy met skaamte van die koning se teenwoordigheid opgestaan het en na Midian gegaan het, en hy het JôWsef se stok saam met hom geneem. Sut 67:42 Die koning het aan Job die Usiet gesê: Wat sê jy, Job en wat is jou advies oor die Hebreërs? Sut 67:43 Toe het Job aan die koning gesê: Kyk, al die inwoners van die land is in u mag, laat die koning doen soos dit goed lyk in sy oë. Sut 67:44 En die koning het aan Bíleam gesê: Wat sê jy, Bíleam, praat jou woorde dat ons dit kan hoor? Sut 67:45 Bíleam het aan die koning gesê: Deur al die raad wat die koning teen die Hebreërs gekry het, sal hulle verlos word en die koning sal hulle nie oorwin met enige raad nie. Sut 67:46 Want as u dink om hulle te verminder deur die vlammende vuur, kan u hulle nie oorwin nie, want sekerlik het hulle Elohey vir Abraham, hulle vader, uit Ur van die Chaldeërs verlos, en as u dink om hulle te vernietig met 'n swaard, sekerlik was Isak hulle vader daarvan verlos en 'n ram is in sy plek geplaas. Sut 67:47 En as met harde en veeleisende arbeid u dink om hulle minder te maak, sal u nie eers daarin slaag nie, want hulle vader Jakob het Laban gedien in alle soorte harde werk en het vooruit gegaan. Sut 67:48 Daarom, o koning, hoor my woorde, want dit is die raad wat teen hulle gegee word, waardeur u hulle kan oorwin en u moenie daarvan afwyk nie. Sut 67:49 As dit die koning geval, laat hy beveel dat al hulle kinders wat van vandag af gebore word, in die water gegooi word, want daardeur kan u hulle naam uitwis. Want nie een van hulle, óf hulle vaders was op hierdie manier beproef nie. Sut 67:50 Die koning het die woorde van Bíleam gehoor en dit het die koning en die prinse geval en die koning het gedoen volgens die woorde van Bíleam. Sut 67:51 En die koning het regdeur die Aarde van Egipte 'n proklamasie laat uitvaardig en 'n wet laat maak wat sê: Elke manlike kind wat vir die Hebreërs gebore word van vandag af, moet in die water gegooi word. Sut 67:52 Farao het al sy diensknegte laat roep en gesê: Gaan nou en soek regdeur die Aarde van Gosen waar die kinders van JisraEl is, en sien toe dat elke seun wat vir die Hebreërs gebore word in die rivier gegooi word, maar elke dogter sal julle laat leef. Sut 67:53 Toe die kinders van JisraEl dit wat Farao beveel het hoor, om hulle manlike kinders in die rivier te gooi, het sommige mense van hulle vroue weggegaan en ander het hulle vasgekleef. Sut 67:54 Van daardie dag af, wanneer die dag van geboorte aanbreek vir daardie vroue wat by hulle mans gebly het, het hulle na die veld gegaan en daar gebaar, en hulle kinders daar gelos en huistoe gegaan. Sut 67:55 En JaHWeH wat aan hulle voorvaders gesweer het om hulle te vermenigvuldig, het een van Sy dienende Boodskappers wat in die Hemele is, gestuur om elke kind in water te was, om dit te salf en te verbind. Om in sy hande twee gladde klippe te plaas van een waarvan hy melk suig en van die ander heuning, en Hy het gemaak dat sy hare tot by sy knieë groei, waardeur hy homself kon toemaak; om dit te vertroos en dit vas te kleef deur sy barmhartigheid daarvoor. Sut 67:56 En wanneer JaHWeH Barmhartigheid vir hulle gehad het en wou hê hulle moes vermenigvuldig op die aangesig van die Aarde, het Hy Sy Aarde beveel om hulle te ontvang en in haar te bewaar totdat hulle grootgeword het, waarna die Aarde weer haar mond geopen en hulle uitgebraak het, en hulle het uit die stad opgespruit soos die kruie van die grond en die gras van die woud en hulle het teruggekeer elkeen na sy familie en na sy vader se huis en hulle het by hulle gebly. Sut 67:57 En die suigelinge van die kinders van JisraEl was op die grond soos die kruie van die veld, deur Elohim se Barmhartigheid aan hulle. Sut 67:58 Toe al die Egiptenare dit sien, het hulle uitgegaan, elk na sy veld met sy span osse en sy ploegskaar, en hulle het haar omgeploeg soos 'n mens die grond omploeg met saaityd. Sut 67:59 En toe hulle geploeg het, was dit nie vir hulle moontlik om die suigelinge van die kinders van JisraEl seer te maak nie en die mense het vermeerder en die aanwas was buitengewoon. Sut 67:60 Farao het sy owerstes beveel om daagliks na Gosen te gaan om te soek vir die suigelinge van die kinders van JisraEl. Sut 67:61 En toe hulle gesoek en een gekry het, het hulle hom met geweld van sy moeder se boesem geneem en hom in die rivier gegooi, maar die vroulike kind het hulle by haar moeder gelos; so het die Egiptenare aan die JisraEliete gedoen al die dae. //Moshè word gebore. Sut 68:1 EN dit was in daar die tyd dat die gees van Elohim op Mirjam, die dogter van Amram, die suster van Aäron was, en sy het uitgegaan en het geprofeteer oor die huis en gesê: Kyk, 'n seun sal aan ons gebore word van my vader en moeder hierdie keer, en hy sal JisraEl red uit die hande van Egipte. Sut 68:2 En toe Amram die woorde van sy dogter hoor, het hy gegaan en sy vrou teruggeneem na die huis, nadat hy haar weggedryf het in die tyd toe Farao beveel het dat elke manlike kind van die huis van Jakob in die water gegooi moes word. Sut 68:3 En drie jaar nadat hy haar weggedryf het, het Amram sy vrou, Joggebed, geneem en hy het by haar ingegaan en sy het swanger geword. Sut 68:4 Teen die einde van sewe maande van haar swangerskap het sy 'n seun gebaar en die hele huis was met groot lig gevul, soos die lig van die son en maan wanneer hulle skyn. Sut 68:5 Toe die vrou sien dat die kind mooi was en goed en welgevallig vir die oog, het sy dit drie maande lank in 'n binnekamer weggesteek. Sut 68:6 In daardie dae het die Egiptenare saamgesweer om al die Hebreërs daar te vernietig. Sut 68:7 Die Egiptiese vroue het na Gosen gegaan waar die kinders van JisraEl was, en hulle het hulle kleintjies op hulle skouers gedra, hulle suigelinge wat nog nie kon praat nie. Sut 68:8 In daardie dae, toe die vroue van die kinders van JisraEl gebaar het, het elke vrou haar seun weggesteek voor die Egiptenare, sodat die Egiptenare nie sou weet dat hulle gebaar het nie, en hulle nie uit die land sou vernietig nie. Sut 68:9 Die Egiptiese vroue het na Gosen gekom en hulle kinders wat nie kon praat nie, was op hulle skouers en wanneer 'n Egiptiese vrou in die huis van 'n Hebreër gekom het, het haar suigeling begin huil. Sut 68:10 En wanneer dit gehuil het, het die kind wat in die binnekamers was dit geantwoord, dan het die Egiptiese vroue gegaan en dit by Farao se huis vertel. Sut 68:11 En Farao het sy owerstes gestuur om die kinders te neem en hulle dood te maak. So het die Egiptenare aan die Hebreeuse vroue gedoen al die dae. Sut 68:12 Dit was in daardie tyd, omtrent drie maande vandat Joggebed haar seun weggesteek het, dat dit in Farao se huis bekend geraak het. Sut 68:13 En die vrou het haar gehaas om haar seun weg te neem voordat die owerstes kom, en sy het vir hom 'n Ark van biesies gemaak, en sy het haar met slym en pik gesmeer en die kind in haar neergelê en haar in die riete aan die kant van die rivier geplaas. Sut 68:14 Sy suster het op 'n afstand gaan staan om te kyk wat met hom sou gebeur en wat van haar woorde sou word. Sut 68:15 En Elohim het 'n verskriklike hitte in daardie tyd in die Aarde van Egipte gestuur, wat die vlees van die mens verskroei het soos wat die son op sy baan beweeg het, en dit het die Egiptenare grootliks verdruk. Sut 68:16 Al die Egiptenare het na die rivier gegaan om af te koel, vanweë die versengende hitte wat hulle vlees verskroei. Sut 68:17 En Batia, die dogter van Farao, het ook gaan afkoel in die rivier weens die versengende hitte en haar diensmeisies het aan die kant van die rivier op en af geloop, en al die vroue van Egipte het dieselfde gedoen. Sut 68:18 En Batia het haar oë opgeslaan na die rivier, en sy het die Ark op die water gesien, en haar diensmeisie gestuur om haar te gaan haal. Sut 68:19 Sy het haar oopgemaak en die kind gesien, en kyk, die kind het gehuil, en sy het hom jammer gekry en gesê: Dit is een van die kinders van die Hebreërs. Sut 68:20 Al die vroue van Egipte wat op die kant van die rivier geloop het, het begeer om hom te laat drink, maar hy wou nie drink nie, want dit was van JaHWeH, sodat hy aan sy moeder se bors herstel kon word. Sut 68:21 En sy suster Mirjam was op daardie tyd tussen die Egiptiese vroue aan die kant van die rivier, en sy het hierdie ding gesien en het aan Farao se dogter gesê: Sal ek 'n kindermeisie van die Hebreeuse vroue gaan haal dat sy die kind vir u kan versorg? Sut 68:22 En Farao se dogter het aan haar gesê: Gaan. En die jong vrou het gegaan en die kind se moeder geroep. Sut 68:23 Farao se dogter het aan Joggebed gesê: Neem hierdie kind weg en laat drink hom vir my, en ek sal jou jou salaris betaal, twee stukke silwer daagliks. En die vrou het die kind geneem en het hom versorg. Sut 68:24 Aan die einde van twee jaar, toe die kind begin grootword, het sy hom na die dogter van Farao gebring, en hy was vir haar soos 'n seun en sy het hom Moshè genoem, want, het sy gesê: Ek het hom uit die water getrek. Sut 68:25 Amram, sy vader het hom Gabar genoem want, het hy gesê: Dit was vir hom dat hy sy vrou beken het nadat hy haar verdryf het. Sut 68:26 En Joggebed, sy moeder, het hom JoktheEl genoem, want, het sy gesê: Ek het hom van die Almagtige gebid, en Elohim het hom aan my gegee. Sut 68:27 Mirjam, sy suster, het hom Jered genoem, want sy het agter hom aan na die rivier gegaan om te kyk wat sy end sal wees. Sut 68:28 En Aäron, sy broer het hom Abi Sanug genoem en gesê: My vader het my moeder verlaat en na haar teruggekeer ter wille van hom. Sut 68:29 En Kehat, die vader van Amram het hom Abigdor genoem, want ter wille van hom het Elohim die breuk in die huis van Jakob herstel, dat hulle nie langer hulle manlike kinders in die water kon gooi nie. Sut 68:30 En hulle kindermeisie het hom Abi Sogo genoem en gesê: In Sy Tabernakel was hy versteek vir drie maande, as gevolg van die kinders van Gam. Sut 68:31 Die hele JisraEl het hom Semaia genoem, seun van Netanel, want hulle het gesê: In sy dae het Elohim hulle hulpgeroep gehoor en het hulle gered van hulle verdrukkers. Sut 68:32 En Moshè was in Farao se huis en was vir Batia, Farao se dogter, soos 'n seun en Moshè het grootgeword tussen die koning se kinders. //JisraEl se las vererger. Sut 69:1 DIE koning van Edom het in daardie dae gesterf, in die agtiende jaar van sy regering en hy is begrawe in sy tempel wat hy vir homself gebou het as sy koninklike tuiste in die Aarde van Edom. Sut 69:2 Die kinders van Esau het gestuur na Petor wat aan die rivier is, en hulle het daar 'n jong man met pragtige oë en aantreklike voorkoms laat haal wie se naam Saul was, en hulle het hom koning oor hulle gemaak in die plek van Samla. Sut 69:3 Saul het oor al die kinders van Esau in die Aarde van Edom vir veertig jaar regeer. Sut 69:4 Toe Farao, die koning van Egipte bemerk dat die raad wat Bíleam gegee het oor die kinders van JisraEl nie slaag nie, maar dat hulle steeds vrugbaar is, vermenigvuldig en vermeerder dwarsdeur die Aarde van Egipte. Sut 69:5 Toe het Farao in daardie dae beveel dat 'n afkondiging reg deur Egipte aan die kinders van JisraEl gemaak moes word wat sê: Geen man mag iets verminder van sy daaglikse arbeid nie. Sut 69:6 En die man wat gevind word wat gebrekkig is in sy arbeid wat hy daagliks doen, of dit in messelwerk is of in stene, sy jongste seun sal in die plek gestel word. Sut 69:7 Die arbeid van Egipte het vermeerder op die kinders van JisraEl in daardie dae, en kyk, as een baksteen tekort was in enige man se daaglikse arbeid, het die Egiptenare sy jongste seun met geweld by die moeder geneem en hom in die gebou geplaas in die plek van die steen wat sy vader tekort geskiet het. Sut 69:8 En die manne van Egipte het so gedoen aan al die kinders van JisraEl dag na dag, al die dae vir 'n lang tyd. Sut 69:9 Maar die stam van Levi het van die begin af op daardie tyd nie saam met die JisraEliete hulle broers gewerk nie, want die kinders van Levi het die sluheid van die Egiptenare geken wat hulle van die begin af teen die JisraEliete toegepas het. //Moshè word 'n geëerde man by Farao. Sut 70:1 INn die derde jaar ná die geboorte van Moshè het Farao by 'n banket gesit, toe Alparaniet die koningin aan sy regterhand en Batia aan sy linkerhand gesit het. En die seuntjie Moshè het op haar boesem gelê en Bíleam die seun van Beor, met sy twee seuns en al die prinse van die koninkryk het by die tafel gesit in die koning se teenwoordigheid. Sut 70:2 En die seuntjie het sy hand uitgestrek na die koning se hoof en die kroon van die koning se hoof geneem en het haar op sy eie hoof geplaas. Sut 70:3 Toe die koning en prinse sien wat die seuntjie gedoen het, was die koning en sy prinse verskrik. En ook elke man het teenoor sy buurman sy verbasing te kenne gegee. Sut 70:4 En die koning het aan die prinse wat by hom aan die tafel was, gesê: Wat spreek julle en wat sê julle hieroor, o julle prinse, en wat moet die oordeel teen die seun wees as gevolg van hierdie daad? Sut 70:5 Bíleam die seun van Beor die toordokter, het voor die koning en die prinse geantwoord en gesê: Onthou nou, o my meester en koning, die droom wat jy gedroom het baie dae gelede, en dit wat u dienaar aan u verklaar het. Sut 70:6 Daarom, hierdie is 'n kind van die Hebreeuse kinders, in wie die gees van Elohim is, en laat my meester die koning hom nie verbeel dat hierdie jongeling dit sonder kennis gedoen het nie. Sut 70:7 Want hy is 'n Hebreeuse seun, en Wysheid en Insig is met hom al is hy nog maar 'n kind. Met Wysheid het hy dit gedoen en die koninkryk van Egipte vir homself uitgekies. Sut 70:8 Want dit is die gebruik van al die Hebreërs om konings en hulle edelmanne te bedrieg en om al die dinge met sluheid te doen, sodat die konings van die land en hulle manne moet bewe. Sut 70:9 U weet sekerlik dat Abraham hulle vader so opgetree het, wat die leër van Nimrod, koning van Babel bedrieg het. En Abiméleg, koning van Gerar, en dat hy vir homself die land van die kinders van Het as eiendom geneem het asook al die koninkryke van Kanaän. Sut 70:10 En dat hy afgekom het na Egipte en van Sarah sy vrou, gesê het sy is sy suster, sodat hy Egipte en haar koning mislei het. Sut 70:11 Sy seun Isak het ook so gedoen toe hy na Gerar gegaan het en daar gewoon het, en sy krag het die leërmag van Abiméleg, die koning van die Filistyne oorwin. Sut 70:12 Hy het ook daaraan gedink om die koninkryk van die Filistyne te laat struikel, deur te sê dat Rebekka sy vrou, sy suster was. Sut 70:13 Jakob het ook verraderlik opgetree teen sy broer en het sy eersgeboortereg en sy seëning van hom weggeneem. Sut 70:14 Hy het toe na Padan-Aram gegaan, na die huis van Laban, sy moeder se broer, en met listigheid sy dogter, sy beeste en alles wat aan hom behoort het, verkry en toe het hy weggevlug en teruggekeer na die Aarde van Kanaän na sy vader. Sut 70:15 Sy seuns het hulle broer JôWsef verkoop, wat afgekom het na Egipte en 'n slaaf geword het en hy was vir twaalf jaar in die gevangenis geplaas. Sut 70:16 Totdat die vorige Farao drome gedroom het, en hom uit die plek van aanhouding uitgehaal het en hom vereer het bo al die prinse in Egipte omdat hy sy drome uitgelê het. Sut 70:17 Toe Elohim 'n hongersnood regdeur die Aarde veroorsaak het, het hy gestuur en sy vader en al sy broers en sy vader se hele huishouding laat bring en hulle onderhou sonder prys of belonings en die Egiptenare gekoop as slawe. Sut 70:18 Daarom, my meester en koning, kyk, hierdie kind het in hulle plek gekom in Egipte, om volgens hulle dade te doen en te spot met elke koning, prins en regter. Sut 70:19 As dit die koning geval, laat ons nou sy bloed op die grond stort voordat hy grootword en die regering uit u hand neem, en die hoop van Egipte tot niet gaan nadat hy geheers het. Sut 70:20 En Bíleam het aan die koning gesê: Laat ons boonop al die regters van Egipte en die wyse manne daarvan roep en laat ons sien of die oordeel van die dood vir hierdie seun wag soos u gesê het, wanneer ons hom sal doodmaak. Sut 70:21 Farao het gestuur en al die wyse manne laat roep en hulle het voor die koning gekom, en 'n Boodskapper van JaHWeH het tussen hulle gekom en hy was soos een van die wyse manne van Egipte. Sut 70:22 En die koning het aan die wyse manne gesê: Julle het sekerlik gehoor wat die Hebreeuse seuntjie wat in die huis is, gedoen het, en só het Bíleam daaroor geoordeel. Sut 70:23 Oordeel julle ook nou en kyk wat is ons verskuldig aan die seun vir dit wat hy gedoen het. Sut 70:24 En die Boodskapper, wat gelyk het soos een van die wyse manne van Farao, het voor al die wyse manne van Egipte en voor die koning en die prinse as volg geantwoord en gesê: Sut 70:25 As dit die koning geval, laat die koning stuur vir manne wat 'n onikssteen en 'n kool vuur voor hom sal bring en plaas dit voor die kind, en as die kind sy hand uitsteek en die onikssteen neem, dan sal ons weet dat die jongeling alles wat hy gedoen het in wysheid gedoen het, en ons moet hom dan doodmaak. Sut 70:26 Maar as hy sy hand uitsteek na die vuurkool, dan sal ons weet dit was nie met kennis dat hy die ding gedoen het nie, en hy sal lewe. Sut 70:27 En dit het goed gelyk in die oë van die koning en die prinse. Toe het die koning gedoen volgens die woord van die Boodskapper van JaHWeH. Sut 70:28 Die koning het beveel dat die onikssteen en vuurkool gebring en voor Moshè geplaas moes word. Sut 70:29 Hulle het die seun daarvoor geplaas, en die seun het probeer om sy hand uit te steek na die onikssteen, maar die Boodskappers van JaHWeH het sy hand geneem en op die vuurkool geplaas, en die kool is in sy hand geblus en hy het dit opgetel en in sy mond gesit. En dit het 'n gedeelte van sy lippe en 'n gedeelte van sy tong verbrand, en hy het swaar in die mond en tong geword. Sut 70:30 Toe die koning en prinse dit sien, het hulle geweet dat Moshè nie met wysheid opgetree het toe hy die kroon van die koning se kop afgehaal het nie. Sut 70:31 Toe het die koning en die prinse hulle daarvan weerhou om die kind dood te maak en Moshè het in Farao se huis gebly en grootgeword en JaHWeH was met hom. Sut 70:32 En terwyl die kind in die koning se huis was, het hy mantels van koningsblou gedra, en hy het grootgeword tussen die kinders van die koning. Sut 70:33 En toe Moshè grootgeword het in die koning se huis, het Batia die dogter van Farao, hom as 'n seun beskou, en die hele huishouding van Farao het hom geëer, en al die manne van Egipte het hom gevrees. Sut 70:34 Hy het daagliks uitgegaan en in die grondgebied van Gosen gekom, waar sy broers die kinders van JisraEl was, en Moshè het hulle daagliks uitasem en in dwangarbeid gesien. Sut 70:35 En Moshè het hulle gevra en gesê: Hoekom word hierdie arbeid vir julle dag na dag uitgedeel? Sut 70:36 Hulle het hom alles vertel wat met hulle gebeur het, en al die opdragte wat Farao op hulle geplaas het van voor sy geboorte af. Sut 70:37 Hulle het hom vertel van al die raad wat Bíleam die seun van Beor, al teen hulle gegee het, en watter raad hy ook teen hom gegee het om hom dood te maak toe hy die koning se kroon van sy kop afgehaal het. Sut 70:38 Toe Moshè hierdie dinge hoor, het sy woede teen Bíleam ontvlam, en hy het hom gesoek om hom dood te maak, en hy het hom dag vir dag voorgelê. Sut 70:39 En Bíleam was bang vir Moshè, en hy en sy twee seuns het opgestaan en het uit Egipte weggegaan en hulle het gevlug en hulle siele gered en het na die Aarde van Kuwsh gegaan, na Kikianus die koning van Kuwsh. Sut 70:40 En Moshè was in die koning se huis en het uitgegaan en ingekom en JaHWeH het hom Guns verleen in die oë van Farao en in die oë van al sy dienaars en in die oë van al die mense van Egipte en hulle het Moshè besonder liefgehad. Sut 70:41 Die dag het gekom dat Moshè na Gosen gegaan het om sy broers te sien, dat hy die kinders van JisraEl raakgesien het in hulle verdrukking en dwangarbeid en Moshè was bedroef ter wille van hulle. Sut 70:42 Moshè het teruggekeer na Egipte en by die huis van Farao gekom, en voor die koning gekom, en Moshè het neergebuig voor die koning. Sut 70:43 En Moshè het aan Farao gesê: Ek smeek u, my meester, ek het gekom om 'n klein versoek tot u te rig. Moenie my gesig leeg wegstuur nie. En Farao het aan hom gesê: Praat. Sut 70:44 En Moshè het aan Farao gesê: Laat daar aan u dienaars, die kinders van JisraEl wat in Gosen is, een dag gegee word om te rus van hulle arbeid. Sut 70:45 Die koning het Moshè geantwoord en gesê: Kyk, ek het jou aangesig opgehef hieroor en staan jou versoek toe. Sut 70:46 En Farao het beveel dat 'n afkondiging gemaak word reg deur Gosen en Egipte wat sê: Sut 70:47 Aan julle, al die kinders van JisraEl, so sê die koning, vir ses dae sal julle jul werk doen en arbei, maar op die sewende dag sal julle rus, en geen werk doen nie. So sal julle doen al die dae, soos die koning en Moshè, die seun van Batia beveel het. Sut 70:48 En Moshè was verheug oor wat die koning aan hom toegestaan het, en al die kinders van JisraEl het gedoen soos Moshè beveel het. Sut 70:49 Want dit was van JaHWeH aan die kinders van JisraEl, want JaHWeH het begin om die kinders van JisraEl in gedagtenis te bring om hulle te red ter wille van hulle vaders. Sut 70:50 JaHWeH was met Moshè en sy roem het reg deur Egipte gesprei. Sut 70:51 Moshè het grootgeword in die oë van al die Egiptenare en in die oë van al die kinders van JisraEl, op soek na die goeie vir sy volk JisraEl en terwyl hy woorde van vrede oor hulle by die koning spreek. //Moshè slaan 'n Egiptenaar dood. Sut 71:1 TOE Moshè agtien jaar oud was, het hy begeer om sy vader en moeder te sien en hy het na hulle in Gosen gegaan. En toe Moshè naby Gosen kom, het hy by die plek gekom waar die kinders van JisraEl besig was om te werk, en hy het hulle verdrukking gesien en hy het 'n Egiptenaar gesien wat een van sy Hebreër-broers slaan. Sut 71:2 En toe die man wat geslaan word Moshè sien, het hy na hom toe gehardloop vir hulp, want Moshè was baie geëerd in die huis van Farao, en hy het aan hom gesê: My meester luister aan my. Hierdie Egiptenaar het in die nag na my huis gekom en my vasgebind, en in my teenwoordigheid by my vrou ingegaan en nou wil hy my lewe neem. Sut 71:3 En toe Moshè van hierdie besoedeling hoor, het sy woede teen die Egiptenaar ontvlam, en hy het om hom rondgekyk, en toe hy niemand daar sien nie, het hy die Egiptenaar doodgeslaan en hom in die sand versteek en hy het die Hebreër verlos uit die hand van hom wat hom geslaan het. Sut 71:4 En die Hebreër het na sy huis gegaan, en Moshè het teruggegaan na sy huis, en het uitgegaan en teruggekeer na die koning se huis. Sut 71:5 En toe die man na sy huis teruggekeer het, het hy dit bedink om sy vrou te verwerp, want dit was nie reg in die huis van Jakob vir enige man om by sy vrou in te gaan nadat sy onteer is nie. Sut 71:6 Die vrou het gegaan en haar broers vertel, en die vrou se broers wou hom doodmaak, en hy het na sy huis gevlug en ontsnap. Sut 71:7 Op die tweede dag het Moshè uitgegaan na sy broers, en hy het gesien twee manne was aan die baklei, en hy het aan die bose een gesê: Hoekom slaan jy jou naaste? Sut 71:8 En hy het hom geantwoord en aan hom gesê: Wie het jou as 'n owerste en regter oor ons gestel? Dink jy daaraan om my dood te maak soos jy die Egiptenaar doodgemaak het? En Moshè het bang geword en gesê: Waarlik die saak het bekend geword. Sut 71:9 En Farao het daarvan gehoor, en hy het beveel dat Moshè doodgemaak moes word. Toe het Elohim Sy Boodskapper gestuur en hy het aan Farao verskyn as 'n owerste van die lyfwag. Sut 71:10 Die Boodskapper van JaHWeH het die swaard uit die hand van die owerste van die lyfwag geneem en sy kop daarmee afgekap, want die voorkoms van die owerste van die wag het verander in die gelykenis van Moshè. Sut 71:11 En die Boodskapper van JaHWeH het die regterhand van Moshè geneem en hom uit Egipte gelei, en hy het hom buite die grense van Egipte geplaas, 'n afstand van veertig dagreise ver. Sut 71:12 En Aäron, sy broer, het alleen in Egipte gebly en hy het oor die kinders van JisraEl geprofeteer en gesê: Sut 71:13 So spreek JaHWeH, die Elohey van julle voorvaders, elke man gooi weg die verfoeisels van sy oë, en besoedel julle nie met die idole van Egipte nie. Sut 71:14 Die kinders van JisraEl was wederstrewig en wou nie na Aäron in daardie tyd luister nie. Sut 71:15 En JaHWeH sou hulle verdelg het as dit nie was vir die Verbond wat JaHWeH onthou het wat hy met Abraham gesluit het nie, en met Isak en Jakob. Sut 71:16 In daardie dae was die hand van Farao steeds swaar op die kinders van JisraEl, en hy het hulle verdruk en onderwerp tot op die tyd dat Elohim Sy Woord uitgestuur het en Hom aan hulle gesteur het. //Moshè word koning van Kuwsh. Sut 72:1 DIT was in daardie dae dat daar 'n groot oorlog was tussen die kinders van Kuwsh en die kinders van die Ooste en Aram, en hulle het opgestaan teen die koning van Kuwsh in wie se hande hulle was. Sut 72:2 Toe het Kikianus, die koning van Kuwsh, uitgegaan met al die kinders van Kuwsh, 'n menigte so talryk soos die sand, en hy het gaan veg teen Aram en die kinders van die Ooste om hulle te onderwerp. Sut 72:3 Toe Kikianus uitgetrek het, het hy Bíleam, die toordokter, met sy twee seuns en die swakkes van die land agtergelaat om die stad op te pas. Sut 72:4 Toe het Kikianus uitgetrek na Aram en die kinders van die Ooste en hy het teen hulle geveg en het hulle verslaan, en hulle het almal gewond voor Kikianus en sy mense neergeval. Sut 72:5 Hy het baie van hulle gevange geneem en hy het hulle soos voorheen onderwerp en hy het laer in hulle land opgeslaan om belasting van hulle te ontvang soos voorheen. Sut 72:6 Toe die koning van Kuwsh vir Bíleam, die seun van Beor, verlaat het om die stad en die armes van die stad op te pas, het Bíleam opgestaan en die mense van die land raad gegee om teen koning Kikianus in opstand te kom. Hy het besluit om die koning nie die stad te laat binnekom wanneer hy huistoe kom nie. Sut 72:7 Die mense van die land het na hom geluister, en hulle het aan hom trou gesweer en hom koning oor hulle gemaak, en sy twee seuns owerstes van die leërmag. Sut 72:8 Toe het hulle opgestaan en die mure van die stad op die twee hoeke verhoog, en hulle het 'n buitengewone sterk bouwerk opgerig. Sut 72:9 Op die derde hoek het hulle tallose slote tussen die stad en die rivier, wat die hele Aarde van Kuwsh omring het, gegrawe en hulle het die waters van die rivier daar laat uitbars. Sut 72:10 By die vierde hoek het hulle groot getalle slange versamel met hulle towerspreuke en betowerings, en hulle het die stad versterk en in haar gewoon en nie een het uit- of ingegaan nie. Sut 72:11 Kikianus het teen Aram en die kinders van die Ooste geveg en hy het hulle onderwerp soos voorheen, en hulle het aan hom hulle gewone belastings gegee, en hy het gegaan en teruggekeer na sy land. Sut 72:12 Toe Kikianus, die koning van Kuwsh, sy stad nader en al die owerstes van die magte saam met hom, het hulle hul oë opgeslaan en hulle het gesien dat die mure van die stad baie hoër gebou is, en die manne was verstom daaroor. Sut 72:13 En hulle het die een aan die ander gesê: Dit is omdat hulle gesien het ons is vertraag in stryd, en hulle was baie bang vir ons, daarom het hulle hierdie ding gedoen en die stad se mure hoër gemaak en haar versterk sodat die konings van Kanaän nie kan kom en stryd voer teen hulle nie. Sut 72:14 Toe het die koning en die krygsmanne die stadspoort genader en hulle het opgekyk, en kyk, al die hekke van die stad was toe. En hulle het uitgeroep na die wagte en gesê: Maak oop vir ons, dat ons die stad kan binnekom. Sut 72:15 Maar op die bevel van Bíleam, die toordokter, hulle koning, het die wagte geweier om oop te maak en hulle wou hulle nie die stad laat binnekom nie. Sut 72:16 Toe het hulle 'n geveg oorkant die stadshek begin, en eenhonderd-en-dertig man van die leër van Kikianus het daardie dag geval. Sut 72:17 Op die volgende dag het hulle voortgegaan om te veg en hulle het aan die kant van die rivier geveg, en hulle het probeer deurgaan, maar kon dit nie regkry nie, en hulle het weggesink in die kuile en gesterf. Sut 72:18 Toe het die koning hulle beveel om bome af te kap om vlotte te maak, waarop hulle die rivier kon oorsteek, en hulle het so gedoen. Sut 72:19 Toe hulle by die plek met die slote kom, het die waters deur meule gekolk en tweehonderd man op tien vlotte het verdrink. Sut 72:20 Op die derde dag het hulle gekom om te veg aan die kant waar die slange was, maar hulle kon nie daar nader gaan nie, want die slange het eenhonderd-en-sewentig van hulle gedood, en hulle het opgehou om teen Kuwsh te veg, en hulle het Kuwsh vir nege jaar beleër, geen persoon het in- of uitgegaan nie. Sut 72:21 In die tyd van die oorlog en die beleëring teen Kuwsh, het Moshè uit Egipte weggevlug van Farao wat hom wou doodmaak omdat hy die Egiptenaar doodgeslaan het. Sut 72:22 En Moshè was agtien jaar oud toe hy uit Egipte gevlug het van die aangesig van Farao, en hy het gevlug en het ontsnap na die laer van Kikiakus, wat op daardie tyd besig was om Kuwsh te beleër. Sut 72:23 Moshè was nege jaar lank in die laer van Kikianus, die koning van Kuwsh, die hele tyd wat hulle Kuwsh beleër het, en Moshè het saam uitgegaan en saam met hulle ingekom. Sut 72:24 Die koning en vorste en al die vegtende manne het Moshè liefgehad, want hy was groot en waardig, sy grootheid was soos 'n adellike leeu, en hy was raadgewer van die koning. Sut 72:25 En aan die einde van nege jaar was Kikianus siek aan 'n dodelike siekte. En sy siekte het hom oorwin en hy het op die sewende dag gesterf. Sut 72:26 Sy diensknegte het hom gebalsem en gedra en aan die oorkant van die stadshek begrawe aan die noordekant van die Aarde van Egipte. Sut 72:27 Hulle het oor hom 'n elegante en sterk en hoë gebou opgerig en hulle het groot klippe daaronder geplaas. Sut 72:28 Die koning se skrywers het op daardie klippe gegraveer van al die mag van hulle koning Kikianus, en al sy oorloë wat hy geveg het, en kyk dit is vandag nog daar geskrywe. Sut 72:29 Na die dood van Kikianus, die koning van Kuwsh, was sy manne en krygsmanne grootliks bedroef oor die oorlog. Sut 72:30 En hulle het vir mekaar gesê: Gee vir ons raad wat ons nou te doen staan, want ons was vir nege jaar weg in die wildernis van ons huise. Sut 72:31 As ons sê dat ons teen die stad sal veg, sal baie van ons gewond word of doodval, en as ons in die beleëring bly, sal ons ook sterf. Sut 72:32 Want nou sal al die konings van Aram en die kinders van die Ooste hoor dat ons koning dood is, en hulle sal ons onverwags en vyandig aanval, en hulle sal teen ons veg en geen oorblyfsel van ons sal oorbly nie. Sut 72:33 Daarom, laat ons nou gaan en 'n koning oor ons aanstel, en laat ons in die beleëring bly totdat die stad aan ons oorgegee is. Sut 72:34 Hulle het begeer om op daardie dag 'n man uit die leërmag van Kikianus as koning te kies, en hulle het geen kandidaat soos Moshè van hulle keuse gevind om oor hulle te heers nie. Sut 72:35 Hulle het hulle gehaas en het elke man van sy kleding gestroop en dit op die grond gewerp, en hulle het 'n groot hoop gemaak en het Moshè daarop geplaas. Sut 72:36 En hulle het opgestaan en op trompette geblaas en voor hom uitgeroep en gesê: Mag die koning leef, mag die koning leef! Sut 72:37 Al die mense en die edelmanne het aan hom gesweer om vir hom as 'n vrou te gee Adonia, die koningin, die Kuwshiet, die vrou van Kikianus, en hulle het vir Moshè koning oor hulle gemaak op daardie dag. [Númeri 12:1] Sut 72:38 Al die mense van Kuwsh het op daardie dag 'n bevel uitgevaardig, wat sê: Elke man moet iets aan Moshè gee van dit wat in sy besit is. Sut 72:39 En hulle het 'n vel oopgesprei op die hoop, en elke man het iets daarin gegooi van dit wat hy gehad het, die een 'n goue oorring, en die ander 'n muntstuk. Sut 72:40 Ook oniksstene, balsemgom, pêrels, en marmer het die kinders van Kuwsh vir Moshè op die hoop gegooi, ook silwer en goud in groot oorvloed. Sut 72:41 En Moshè het al die silwer en goud geneem, al die kruike, en die balsemgom en oniksstene, wat al die kinders van Kuwsh vir hom gegee het en hy het dit tussen sy skatte geplaas. Sut 72:42 Moshè het oor die kinders van Kuwsh op daardie dag regeer in die plek van Kikianus, die koning van Kuwsh. //Oorlog van Kuwsh met die Ooste en Aram. Sut 73:1 IN die vyf-en-vyftigste jaar van die heerskappy van Farao, die koning van Egipte, dit is in die eenhonderd-sewe-en-vyftigste jaar van die JisraEliete se afgaan na Egipte, het Moshè in Kuwsh regeer. Sut 73:2 Moshè was sewe-en-twintig jaar oud toe hy oor Kuwsh begin regeer het en veertig jaar het hy regeer. Sut 73:3 JaHWeH het Moshè Guns en Barmhartigheid bewys in die oë van al die kinders van Kuwsh, en die kinders van Kuwsh het hom besonder liefgehad, dus was Moshè uitverkore deur JaHWeH en deur mens. Sut 73:4 Op die sewende dag van sy heerskappy, het al die kinders van Kuwsh bymekaargekom en voor Moshè verskyn, en het voor hom neergebuig tot op die grond. Sut 73:5 En al die kinders het tesame gespreek voor die aangesig van die koning en gesê: Gee vir ons raad sodat ons kan weet wat ons moet doen met hierdie stad. Sut 73:6 Want dit is nou nege jaar dat ons besig is om die stad te beleër, en ons het nog nie ons kinders en ons vroue gesien nie. Sut 73:7 Die koning het hulle geantwoord en gesê: As julle sal luister na my stem in alles wat ek julle beveel, dan sal JaHWeH die stad in ons hand gee, en ons sal haar onderwerp. Sut 73:8 Want as ons met hulle veg soos in die vorige geveg wat ons met hulle gehad het, vóór die dood van Kikianus, sal baie van ons gewond neerval soos tevore. Sut 73:9 Daarom dan, kyk, hier is raad vir julle in hierdie saak. As julle na my stem sal luister, dan sal die stad oorgegee word in ons hande. Sut 73:10 En al die leërs het die koning geantwoord en gesê: Alles wat ons meester sal beveel, dit sal ons doen. Sut 73:11 En Moshè het aan hulle gesê: Beweeg deur en laat 'n stem vir almal in die hele laer afkondig, en sê: Sut 73:12 So sê die koning: Gaan in die bos en bring saam met julle van die kleintjies van die groot sprinkaanvoël, elke man 'n kleintjie in sy hand. Sut 73:13 En elkeen wat die woord van die koning oortree, en nie sy kleintjie sal bring nie, hy sal sterf, en die koning sal alles neem wat aan hom behoort. Sut 73:14 Wanneer julle hulle bring, sal hulle in julle sorg wees, julle sal hulle grootmaak totdat hulle uitgegroei is, en julle sal hulle leer om soos 'n pyl toe te slaan, net soos jong valke. Sut 73:15 En al die kinders van Kuwsh het die woorde van Moshè gehoor, en hulle het opgestaan en 'n bevel uitgevaardig wat regdeur die laer gehoor is, en gesê: Sut 73:16 Aan julle, al die kinders van Kuwsh, is die koning se bevel, dat julle almal saam na die bos toe gaan en daar 'n kleintjie van die sprinkaanvoël vang, elke man sy kleintjie in die hand, en julle sal hulle huis toe bring. Sut 73:17 Enigeen wat die bevel van die koning oortree, sal sterf, en die koning sal alles neem wat aan hom behoort. Sut 73:18 En al die mense het so gedoen, en hulle het uitgegaan na die bos en hulle het die sipresbome geklim, en hulle het elkeen 'n kleintjie in die hand gevang, al die kleintjies van die groot sprinkaanvoël, en hulle het hulle gebring, en hulle grootgemaak op bevel van die koning, en hulle het hulle geleer om soos 'n pyl op hulle prooi af te skiet, net soos die jong valke se gewoonte was. Sut 73:19 Nadat die jong sprinkaanvoëIs grootgemaak is, het die koning beveel dat hulle vir drie dae uitgehonger word, en al die mense het so gedoen. Sut 73:20 Op die derde dag het die koning vir hulle gesê: Versterk julleself en word dapper manne, en trek elke man sy wapenrusting aan en gord jou swaard aan, en ry elke man sy perd en neem elkeen sy jong groot sprinkaanvoël in sy hand. Sut 73:21 En ons sal opstaan en veg teen die stad op die plek waar die slange is. En al die mense het gedoen soos die koning beveel het. Sut 73:22 Hulle het elkeen sy jonge sprinkaanvoël in sy hand gehad, en hulle het weggegaan, en toe hulle op die plek van die slange kom, het die koning aan hulle gesê: Stuur elke man sy jong groot sprinkaanvoël uit op die slange. Sut 73:23 En hulle het hulle uitgestuur, elke man sy jong sprinkaanvoël op die koning se bevel, en die jong sprinkaanvoëls het op die slange afgepyl en hulle ingesluk, en hulle uit daardie plek verdelg. Sut 73:24 Toe die koning en sy mense sien dat al die slange in daardie plek verdelg is, het al die mense 'n groot geskreeu begin. Sut 73:25 Hulle het nader gekom en teen die stad geveg, haar ingeneem en onderwerp en daarna het hulle die stad binnegegaan. Sut 73:26 Daar het daardie dag eenduisend- eenhonderd man van die bewoners van die stad gesterf, almal wat die stad bewoon het, maar van die manne wat haar beleër het, het nie een gesterf nie. Sut 73:27 Toe het al die kinders van Kuwsh elkeen na sy huis gegaan, na sy vrou en kinders en alles wat aan hom behoort het. Sut 73:28 En toe Bíleam die toordokter sien die stad is geneem, het hy die hekke oopgemaak en hy en sy twee seuns en agt broers het gevlug en teruggekeer na Farao, die koning van Egipte. Sut 73:29 Hulle is die waarsêers en besweerders [voodoo-iste] wat genoem word in die Boekrol van die Wet, wat Moshè teëgestaan het toe JaHWeH die plae op Egipte gebring het. Sut 73:30 So het Moshè die stad ingeneem met sy wysheid, en die kinders van Kuwsh het hom op die troon geplaas pleks van Kikianus, die koning van Kuwsh //Moshè verag die Kuwshitiese koningin wat vir hom gegee is. Sut 73:31 Hulle het die koninklike kroon op sy hoof geplaas, en hulle het aan hom as vrou gegee, Adonia, die Kuwshitiese koningin, die vrou van Kikianus. Sut 73:32 Moshè het JaHWeH, die Elohey van sy vaders gevrees, sodat hy nie by haar ingegaan het nie, ook het hy sy oë nooit op haar gerig nie. Sut 73:33 Want Moshè het onthou hoedat Abraham sy dienskneg, EliEzer, laat sweer het deur te sê: Jy sal nie 'n vrou van die dogters van Kanaän vir my seun Isak neem nie. Sut 73:34 Ook wat Isak gedoen het toe Jakob gevlug het vir sy broer, toe hy hom beveel en gesê het: Jy sal nie 'n vrou neem van die dogters van Kanaän nie, ook nie 'n verbond met enige van die kinders van Gam sluit nie. Sut 73:35 Want JaHWeH, onse Elohey het Gam, die seun van Noag, en sy kinders en al sy saad, as slawe aan die kinders van Sem en die kinders van Jafet, en aan hulle saad na hulle as slawe gegee, vir ewig. [Die Boekrol van Henog 89:9] Sut 73:36 Daarom het Moshè nie sy hart of sy oë gedraai na die vrou van Kikianus nie, al die dae wat hy oor Kuwsh geheers het. Sut 73:37 Moshè het JaHWeH, sy Elohey sy lewe lank gevrees. En Moshè het voor die Aangesig van JaHWeH gewandel in Waarheid, met sy hele hart en siel. Hy het nie afgewyk van die regte Weg al die dae van sy lewe nie. Hy het ook nie van die Weg óf na regs óf na links afgewyk waarin Abraham, Isak en Jakob gewandel het nie. [Psalm 18:30] Sut 73:38 Moshè het homself versterk in die koninkryk van die kinders van Kuwsh en hy het die kinders van Kuwsh gelei met sy gewone wysheid. En Moshè was voorspoedig in sy koninkryk. Sut 73:39 In daardie tyd het Aram en die kinders van die Ooste gehoor dat Kikianus, die koning van Kuwsh gesterf het. En Aram en die kinders van die Ooste het opgestaan teen Kuwsh in daardie dae. Sut 73:40 Moshè het al die kinders van Kuwsh versamel, 'n volk baie magtig, omtrent dertigduisend man, en hy het uitgetrek om teen Aram en die kinders van die Ooste te veg. Sut 73:41 En hulle het eers na die kinders van die Ooste gegaan, en toe die kinders van die Ooste die berig hoor, het hulle gegaan om hulle te ontmoet, en met hulle slaags geraak. Sut 73:42 Die stryd was hewig teen die kinders van die Ooste, en JaHWeH het al die kinders van die Ooste in Moshè se hand gegee, en omtrent driehonderd man het gesneuwel. Sut 73:43 En al die kinders van die Ooste het omgedraai en teruggeval. Moshè en die kinders van Kuwsh het hulle agtervolg en hulle onderwerp, en 'n belasting op hulle gelê, soos hulle gewoonte was. Sut 73:44 Moshè en al die manne by hom het vandaar na die Aarde van Aram gegaan vir oorlog. Sut 73:45 Die mense van Aram het ook uitgetrek en hulle ontmoet, en hulle het geveg teen hulle, en JaHWeH het hulle in die hand van Moshè gegee. En baie van die manne van Aram het gewond geval. Sut 73:46 En Aram is ook onderwerp deur Moshè en hulle het ook hulle gewone belasting betaal. Sut 73:47 Moshè het Aram en die kinders van die Ooste onderwerp aan die kinders van Kuwsh. En Moshè en al die mense by hom, het teruggedraai na die Aarde van Kuwsh. Sut 73:48 Moshè het homself sterk gemaak in die koninkryk van die kinders van Kuwsh, en JaHWeH was met hom, en al die kinders van Kuwsh was bang vir hom. //Oorlog tussen Latinus van Kittië teen Afrika. Sut 74:1 AAN die einde van jare het Saul, die koning van Edom, gesterf en Baäl-Ganan die seun van Agbor het in sy plek regeer. Sut 74:2 In die sestiende jaar van die heerskappy van Moshè oor Kuwsh het Baäl-Ganan, die seun van Agbor, in die Aarde van Edom oor al die kinders van Edom vir agt-en-dertig jaar regeer. Sut 74:3 In sy tyd het Moab teen die mag van Edom opgestaan, nadat hulle aan Edom onderwerp was sedert die dae van Hadad, die seun van Bedad wat hulle en Midian verslaan het en Moab aan Edom onderwerp het. Sut 74:4 En toe Baäl-Ganan, die seun van Agbor oor Edom geheers het, het al die kinders van Moab hulle trou aan Edom onttrek. Sut 74:5 En Angeas, die koning van Afrika, het in daardie dae gesterf, en Asdrubal, sy seun het in sy plek regeer. Sut 74:6 In daardie dae het Janeas, die koning van die kinders van Kittië, gesterf en hulle het hom begrawe in sy tempel wat hy vir homself vir 'n verblyfplek gebou het op die vlakte van Kanopië en Latinus het in sy plek regeer. Sut 74:7 In die twee-en-twintigste jaar van die heerskappy van Moshè oor die kinders van Kuwsh, het Latinus regeer oor die kinders van Kittië vir vyf-en-veertig jaar. Sut 74:8 En hy het ook vir homself 'n groot en magtige toring gebou, en daarin het hy 'n elegante tempel gebou as sy verblyfplek, om sy regering te huisves soos die gewoonte was. Sut 74:9 In die derde jaar van sy regering het hy 'n bevel uitgevaardig tot al sy vaardige manne wat baie skepe vir hom gemaak het. Sut 74:10 En Latinus het al sy magte bymekaargekry, en hulle het op skepe gekom en daarin gegaan om te veg teen Asdrubal, die seun van Angeas, die koning van Afrika. En hulle het in 'n stryd teen Asdrubal en sy magte gewikkel geraak. Sut 74:11 Latinus het Asdrubal oorwin, en Latinus het die waterkanaal van Asdrubal geneem wat sy vader van die kinders van Kittië af gebring het toe hy Jania die dogter van Usi as 'n vrou geneem het. Latinus het die brug van die waterkanaal omgegooi, en die hele leërmag van Asdrubal 'n kwaai slag toegedien. Sut 74:12 Die oorblywende sterk manne van Asdrubal het hulleself versterk, en hulle harte was gevul met nyd en hulle was doodsveragtend en het weer teen Latinus, die koning van Kittië in die stryd getree. Sut 74:13 Die stryd was kwaai op al die manne van Afrika, en hulle het almal gewond neergeval voor Latinus en sy mense, en Asdrubal, die koning het ook in daardie stryd gesneuwel. Sut 74:14 Die koning Asdrubal het 'n baie beeldskone dogter gehad, wie se naam Uspesena was. Al die manne van Afrika het haar gelykenis op hulle kleding geborduur weens haar groot skoonheid en pragtige figuur. Sut 74:15 Die manne van Latinus het Uspesena, die dogter van Asdrubal, gesien en haar by Latinus, hulle koning geprys. Sut 74:16 Latinus het beveel dat sy na hom toe gebring moet word, en Latinus het Uspesena as 'n vrou geneem, en hy het teruggekeer op sy weg na Kittië. Sut 74:17 Dit was na die dood van Asdrubal, seun van Angeas, dat Latinus na die oorlog teruggedraai het na sy land, dat al die inwoners van Afrika opgestaan het en Anibal, die seun van Angeas geneem het, die jonger broer van Asdrubal, en hom koning gemaak het oor die hele Aarde van Afrika in plek van sy broer. Sut 74:18 En toe hy geheers het, het hy besluit om na Kittië te gaan en teen Kittië te veg om die saak van sy broer Asdrubal en die saak van die inwoners van Afrika, te wreek en hy het so gedoen. Sut 74:19 Hy het baie skepe gebou, en hy het met sy hele leërmag daarin gekom en na Kittië gegaan. Sut 74:20 Toe het Anibal geveg teen die kinders van Kittië, en die kinders van Kittië het gewond neergeval voor Anibal en sy leërmag, en Anibal het sy broer se saak gewreek. Sut 74:21 Anibal het die oorlog met die kinders van Kittië agtien jaar lank volgehou, en Anibal het in die Aarde van Kittië gewoon en daar laer opgeslaan vir 'n lang tyd. Sut 74:22 Anibal het die kinders van Kittië met 'n sware slag getref, en hy het hulle groot manne en vorste doodgemaak, en van die res van die mense het hy omtrent tagtigduisend man doodgemaak. Sut 74:23 Aan die einde van dae en jare, het Anibal teruggekeer na sy Aarde van Afrika, en hy het veilig regeer in die plek van sy broer Asdrubal. //Efraim veg teen Gad. Sut 75:1 IN daardie tyd, in die honderd-en-tagtigste jaar van die JisraEliete se afgaan na Egipte, het daar dapper manne uit Egipte getrek, dertigduisend te voet, van die kinders van JisraEl wat almal van die stam van JôWsef was, van die kinders van Efraim, die seun van JôWsef. Sut 75:2 Want hulle het gesê die tyd is volbring wat JaHWeH aangewys het vir die kinders van JisraEl, in die tye van oudsher, toe hy met Abraham gespreek het. Sut 75:3 Hierdie manne het hulleself omgord, en elke man het sy swaard aan sy sy gedra, en elke man het sy harnas gedra, en hulle het vertrou op hulle krag, en hulle het saam uit Egipte gegaan met 'n magtige hand. Sut 75:4 Maar hulle het geen voorrade vir die pad gebring nie, net silwer en goud, nie eens brood vir daardie dag het hulle in hulle hande gebring nie, want hulle het gedink om voorrade teen betaling by die Filistyne te kry, en indien nie, sou hulle dit met geweld vat. Sut 75:5 Hierdie manne was baie magtige en dapper manne, een man kon 'n duisend agtervolg en twee kon tienduisend op loop jaag, daarom het hulle vertrou op hulle krag en het saam gegaan net soos hulle was. Sut 75:6 Hulle het hulle rigting ingeslaan na die Aarde van Gad en hulle het afgegaan en die herders van Gad gevind waar hulle die beeste van die kinders van Gad voer. Sut 75:7 En hulle het aan die herders gesê: Gee vir ons van die skape vir belasting, sodat ons kan eet, want ons is honger, want ons het vandag geen brood geëet nie. Sut 75:8 En die herders het gesê. Is dit ons skape of beeste dat ons hulle aan julle moet gee selfs teen betaling? Toe het die kinders van Efraim nader gegaan om dit met geweld te neem. Sut 75:9 Die herders van Gad het oor hulle geskreeu sodat hulle krete op 'n afstand gehoor is, sodat al die kinders van Gad uitgegaan het na hulle toe. Sut 75:10 Toe die kinders van Gad die bose planne van die kinders van Efraim sien, het hulle teruggekeer en die manne van Gad bymekaargemaak, en elke man het sy harnas aangetrek, en hulle het na die kinders van Efraim gekom om stryd te voer. Sut 75:11 Hulle het met hulle in die vallei van Gad geveg en die geveg was baie kwaai, en hulle het mekaar doodgemaak daardie dag. Sut 75:12 Op die tweede dag het die kinders van Gad na al die stede van die Filistyne gestuur dat hulle moet kom help, en gesê: Sut 75:13 Kom op na ons toe en kom help ons, dat ons die kinders van Efraim kan doodmaak, want hulle het uit Egipte gekom om ons beeste te vat, en om sonder rede teen ons te veg. Sut 75:14 Toe was die siele van die kinders van Efraim uitgeput deur honger en dors, want hulle het geen brood geëet vir drie dae nie, en veertigduisend man het uitgegaan uit die stede van die Filistyne om bystand te gee aan die manne van Gad. //Moshè vertrek na Midian. Sut 76:1 EN Moshè, die seun van Amram was steeds koning in die Aarde van Kuwsh in daardie dae, en hy was voorspoedig in sy koninkryk, en hy het met regverdigheid, geregtigheid en met eerbaarheid oor die kinders van Kuwsh regeer. Sut 76:2 Al die seuns van Kuwsh was lief vir Moshè al die dae wat hy oor hulle regeer het, en al die inwoners van die Aarde van Kuwsh het hom gevrees. Sut 76:3 In die veertigste jaar van die regering van Moshè oor Kuwsh, het Moshè op die koninklike troon gesit en Adonia, die koningin, was voor hom, en al die edelmanne het om hom gesit. Sut 76:4 En Adonia, die koningin, het aan die koning en owerstes gesê: Wat het julle die seuns van Kuwsh vir so 'n lang tyd aangedoen? Sut 76:5 Julle weet seker dat die veertig jaar wat hierdie man oor Kuwsh geheers het, het hy my nooit genader of die gode van die seuns van Kuwsh gedien nie. [Númeri 12:1; Boekrol van die Opregte 72:37; 76:5] Sut 76:6 Daarom dan, luister julle kinders van Kuwsh, en laat hierdie man nie meer oor julle heers nie omdat hy nie van ons vlees is nie. Sut 76:7 Kyk, Menakrus, my seun, is groot, laat hom oor julle heers, want dit is beter vir julle om die seun van julle meester te dien as om 'n vreemdeling te dien, 'n slaaf van die koning van Egipte. Sut 76:8 Al die mense en edelmanne van die kinders van Kuwsh het die woorde gehoor wat Adonia, die koningin, gespreek het in hulle ore. Sut 76:9 En al die mense het tot die aand voorberei en in die oggend het hulle vroeg opgestaan en Menakrus, die seun van Kikianus, koning oor hulle gemaak. Sut 76:10 En al die seuns van Kuwsh was bang om hulle hand teen Moshè uit te steek, want JaHWeH was met Moshè. En die kinders van Kuwsh het die eed onthou wat hulle aan Moshè gesweer het, daarom het hulle hom geen kwaad aangedoen nie. Sut 76:11 Maar die kinders van Kuwsh het baie geskenke aan Moshè gegee, en het hom met groot eer van hulle af weggestuur. Sut 76:12 Toe het Moshè vertrek uit die Aarde van Kuwsh en huiswaarts gekeer en het opgehou om oor Kuwsh te regeer. En Moshè was ses-en-sestig jaar oud toe hy die Aarde van Kuwsh verlaat het, want die saak was van JaHWeH, want die tyd wat Hy in die dae van die voortyd bepaal het om JisraEl uit te lei van onder die verdrukking van die seuns van Gam, het aangebreek. Sut 76:13 Toe het Moshè na Midian gegaan, omdat hy bang was om na Egipte terug te keer as gevolg van Farao, en hy het gaan sit by 'n put in Midian. Sut 76:14 Die sewe dogters van ReuEl, die Midianiet, het uitgegaan om hulle vader se kudde te laat wei. Sut 76:15 En hulle het by die put gekom en het water getrek om hulle vader se kleinvee te laat drink. Sut 76:16 Toe het die veewagters van Midian gekom en hulle weggedryf en Moshè het opgestaan en het hulle gehelp en die kudde laat drink. Sut 76:17 Hulle het tuisgekom by hulle vader, ReuEl, en hulle het hom vertel wat Moshè vir hulle gedoen het. Sut 76:18 En hulle het gesê: 'n Egiptiese man het ons uit die hand van die veewagters verlos, hy het water vir ons opgetrek en die vee laat drink. Sut 76:19 ReuEl het aan sy dogters gesê: En waar is hy? Waarom het julle die man verlaat? Sut 76:20 ReuEl het vir hom gestuur en hom laat haal en hom huistoe gebring en hy het brood saam met hom geëet. Sut 76:21 Moshè het vir ReuEl vertel dat hy uit Egipte gevlug het en dat hy veertig jaar lank in Kuwsh regeer het en dat hulle daarna die regeringskap van hom weggeneem het en dat hulle hom in vrede weggestuur het met eer en met geskenke. Sut 76:22 Toe ReuEl die woorde van Moshè hoor, het ReuEl vir homself gesê: Ek sal hierdie man in die gevangenis sit, waardeur ek die kinders van Kuwsh tevrede sal stel, want hy het van hulle gevlug. Sut 76:23 Hulle het hom geneem en het hom in die gevangenis gesit. En Moshè was tien jaar lank in die gevangenis. En terwyl Moshè in gevangenis was, het Sippóra, die dogter van ReuEl, hom jammer gekry en hom die hele tyd onderhou met brood en water. Sut 76:24 En al die seuns van JisraEl was nog steeds in die Aarde van Egipte en het die Egiptenare in allerhande soorte harde werk gedien, en die hand van Egipte was steeds swaar op die kinders van JisraEl in daardie dae. Sut 76:25 In daardie tyd het JaHWeH vir Farao, die koning van Egipte, getref en hom aangetas met 'n plaag van melaatsheid, van sy voetsool af tot by sy kroontjie. Die plaag van melaatsheid van JaHWeH was op Farao, die koning van Egipte, weens die wrede behandeling van die kinders van JisraEl Sut 76:26 Want JaHWeH het geluister na die gebede van Sy volk, die kinders van JisraEl en hulle geroep vanweë hulle slawerny het Hom bereik. Sut 76:27 Maar steeds het Sy woede nie van hulle gewyk nie en die hand van Farao was steeds uitgestrek na die kinders van JisraEl. En Farao het sy nek verhard voor die Aangesig van JaHWeH en hy het sy juk oor die kinders van JisraEl vermeerder en hulle lewens verbitter met allerhande soorte harde werk. Sut 76:28 En toe JaHWeH die plaag oor Farao, die koning van Egipte gebring het, het hy sy wyse manne en toordokters gevra om hom te genees. Sut 76:29 Sy wyse manne en toordokters het toe aan hom gesê dat as die bloed van klein kindertjies op die wonde geplaas word, hy genees sal word. Sut 76:30 En Farao het na hulle geluister en het sy dienaars na Gosen gestuur, na die seuns van JisraEl om hulle klein kindertjies te neem. Sut 76:31 En Farao se dienaars het gegaan en die kleintjies van die kinders van JisraEl met geweld geneem van die boesems van hulle moeders en hulle daagliks na Farao gebring - 'n kind elke dag. En die geneesheer het hulle doodgemaak en het hulle aangewend vir die plaag. So het hulle al die dae gedoen. Sut 76:32 En die getal van die kinders wat Farao doodgemaak het was driehonderd-vyf-en-sewentig. Sut 76:33 Maar JaHWeH het nie gehoor gegee aan die geneeshere van die koning van Egipte nie. En die plaag het baie vererger. Sut 76:34 Farao was tien jaar lank aangetas deur daardie plaag, maar hy het sy hart meer verhard teen die kinders van JisraEl. Sut 76:35 En aan die einde van tien jaar het JaHWeH voortgegaan om Farao aan te tas met vernietigende plae. Sut 76:36 En JaHWeH het hom getref met 'n ernstige groeisel en 'n siekte van die maag en daardie plaag het verander in 'n besoedelde sweer. Sut 76:37 In daardie tyd het die twee dienaars van Farao teruggekeer van die Aarde van Gosen waar al die kinders van JisraEl was, en hulle het na die huis van Farao gegaan en aan hom gesê: Ons het gesien dat die kinders van JisraEl verslap het in hulle arbeid en nalatig is in hulle werk. Sut 76:38 Toe Farao die woord van sy toordokters hoor, het sy woede erg teen die kinders van JisraEl ontvlam, want hy was baie gegrief weens sy liggaamlike pyn. Sut 76:39 En hy het geantwoord en gesê: Noudat die kinders van JisraEl weet dat ek siek is, draai hulle om en bespot ons. Komaan, span my strydwa in, en ek sal self na Gosen gaan en die gespot sien van die kinders van JisraEl waarmee hulle my koggel. Toe het sy diensknegte sy strydwa ingespan. Sut 76:40 En hulle het hom geneem en hom op 'n perd laat ry, want hy was nie in staat om op sy eie strydwa te ry nie. Sut 76:41 Hy het tien ruiters en tien manne te voet saam met hom geneem en het na die kinders van JisraEl in Gosen gegaan. Sut 76:42 Toe hulle by die grens van Egipte kom, het die koning se perd deur 'n noute wat opgebou was in die hol gedeelte van die wingerd, met heinings aan weerskante, gegaan. Die laagliggende gelykveld aan die anderkant. Sut 76:43 Die perde het vinnig gehardloop in daardie plek en het teen mekaar gestamp en die ander perde het die koning se perd vasgedruk. Sut 76:44 En die koning se perd het geval in die vlakte terwyl die koning daarop gery het en toe hy val, het die strydwa op die koning se gesig omgekeer en die perd het op die koning gelê. En die koning het uitgeroep, want sy vlees het baie pyn verduur. Sut 76:45 Die vlees van die koning was van hom afgeskeur en sy bene was gebreek en hy kon nie ry nie, want hierdie saak was van JaHWeH aan hom, want JaHWeH het die geroep van Sy volk, die kinders van JisraEl, in hulle ellende gehoor. Sut 76:46 Sy diensknegte het hom op die skouers gedra, klein entjie op 'n slag, en hulle het hom teruggeneem na Egipte. En die ruiters wat saam met hom was, het ook teruggekom na Egipte. Sut 76:47 Hulle het hom op sy bed geplaas en die koning het geweet dat sy einde gekom het om te sterf. En Aparaniet, die koningin, sy vrou, het gekom en het geween voor die koning en die koning het bitterlik saam met haar geween. Sut 76:48 En al sy edelmanne en diensknegte het op daardie dag gekom en die koning in daardie lyding gesien. En hulle het bitterlik saam met hom geween. Sut 76:49 Die prinse van die koning en al sy raadgewers het die koning aangeraai om iemand in sy plek te laat regeer in die land. Wie hy ook al sou uitkies uit sy seuns. Sut 76:50 Die koning het drie seuns en twee dogters gehad wat Aparaniet, die koningin, sy vrou, vir hom gebaar het, behalwe die koning se kinders by sy byvroue. Sut 76:51 En dit was hulle name: die eersgeborene Otri, die tweede, Adikam, en die derde, Morion, en hulle susters, die naam van die oudste, Batia, en van die ander, Akusi. Sut 76:52 En Otri, die eersgeborene van die koning, was swaksinnig, halsoorkop en gejaag in woorde. Sut 76:53 Maar Adikam was 'n listige en wyse man en opgelei in al die wysheid van Egipte, maar onaantreklik, dik in vlees en baie kort van gestalte. Sy lengte was een voorarm [hy was 'n dwerg]. Sut 76:54 En toe die koning vir Adikam, sy seun, verstandig en wys in alle sake sien, het die koning besluit dat hy koning in sy plek ná sy dood moet wees. Sut 76:55 En hy het vir hom 'n vrou geneem, Geduda, die dogter van Abilot, en hy was tien jaar oud, en sy het vir hom vier seuns gebaar. Sut 76:56 Hy het daarna gegaan en drie vroue geneem en het agt seuns en drie dogters verwek. Sut 76:57 Die ongesteldheid het die oorhand oor die koning begin kry en sy vlees het gestink soos die vlees van 'n karkas wat in die somer in die veld gegooi word in die hitte van die son. Sut 76:58 En toe die koning sien dat sy siekte in hom toeneem, het hy beveel dat sy seun, Adikam na hom gebring moes word en hulle het hom koning in sy plek oor die land gemaak. Sut 76:59 En na drie jaar het die koning gesterf in skaamte, skande en walging, en sy diensknegte het hom gedra en het hom begrawe in die graf van die konings van Egipte, in Soan Mitsrajim. Sut 76:60 Maar hulle het hom nie gebalsem soos die gebruik met konings was nie, want sy vlees was verrot en hulle kon nie naby kom om hom te balsem weens die stank nie en hulle het hom met haas begrawe. Sut 76:61 Want hierdie ellende was van JaHWeH aan hom, want JaHWeH het hom met ellende vergeld vir die ellende wat hy in sy dae aan die kinders van JisraEl gedoen het. Sut 76:62 En hy het gesterf met angs en met skaamte, en sy seun, Adikam, het in sy plek regeer. //Farao Adikam verdruk die JisraEliete. Moshè word na tien jaar bevry. Sut 77:1 ADIKAM was twintig jaar oud toe hy oor Egipte regeer het en hy het vier jaar geheers. Sut 77:2 En in die tweehonderd-en-sesde jaar van JisraEl se afgaan na Egipte, het Adikam geheers oor Egipte, maar hy het nie so lank geheers as sy vaders in hulle tydperke geheers het nie. Sut 77:3 Want Melol, sy vader, het vir vier-en-negentig jaar geheers in Egipte, maar hy was tien jaar siek en het gesterf, want hy was besoedel voor die Aangesig van JaHWeH. Sut 77:4 En al die Egiptenare het Adikam by die naam Farao genoem volgens die naam van sy vaders soos hulle gebruik was om te doen in Egipte. Sut 77:5 Al die wyse manne van Farao het Adikam toe Ahus genoem, want die woord kort, is Ahus in die Egiptiese taal. Sut 77:6 Adikam was baie lelik en hy was 'n voorarm en 'n span hoog en hy het 'n groot baard gehad wat tot by sy voetsole gereik het. Sut 77:7 En Farao het op sy vader se troon gesit om oor Egipte te heers, en hy het die regering van Egipte met sy wysheid uitgevoer. Sut 77:8 Terwyl hy geheers het, het hy sy vader en al die vorige konings in boosheid oortref. En hy het sy juk op die kinders van JisraEl swaarder gemaak. Sut 77:9 Hy het saam met sy diensknegte na Gosen gegaan, na die kinders van JisraEl, en hy het die arbeid oor hulle vermeerder en hy het aan hulle gesê: Voltooi julle werk, elke dag se taak. En laat julle hande nie verslap van ons werk van vandag af aan soos julle gedoen het in die dae van my vader nie. Sut 77:10 Hy het owerstes oor hulle aangestel vanuit die kinders van JisraEl en oor hierdie owerstes het hy taakmeesters uit sy eie diensknegte geplaas. Sut 77:11 En hy het oor hulle 'n maat van stene bepaal wat hulle elke dag moes maak. En hy het omgedraai en teruggegaan na Egipte. Sut 77:12 In daardie tyd het die taakmeesters van Farao die owerstes van die kinders van JisraEl bevele gegee volgens die bevel van Farao en gesê: Sut 77:13 So sê die Farao: doen elke dag julle werk en voltooi julle take en bly by die daaglikse hoeveelheid stene. Moet niks verminder nie. Sut 77:14 En dit sal gebeur dat as julle tekort skiet met julle daaglikse stene, dan sal ons julle jong kinders in hulle plekke stel. Sut 77:15 Die taakmeesters van Egipte het gedoen in daardie dae soos wat Farao hulle beveel het. Sut 77:16 En wanneer daar 'n tekort gevind is in die daaglikse kwota stene by die kinders van JisraEl, het die taakmeesters na die vroue van die kinders van JisraEl gegaan en klein kindertjies van die kinders van JisraEl geneem volgens die getal van stene wat tekort was. En hulle het hulle met geweld geneem van die skote van hul moeders en het hulle in die gebou geplaas in plek van die stene. Sut 77:17 Terwyl hulle vaders en moeders oor hulle gehuil en geween het, het hulle die huilende stemme van hulle kindertjies in die mure van die gebou gehoor. Sut 77:18 Die taakmeesters het oor JisraEl geheers sodat die JisraEliete hulle kinders in die geboue moes plaas. En 'n man moes sy kind in die muur plaas en messelklei oor hom sit terwyl sy oë oor hom geween het en die trane oor sy kind geloop het. Sut 77:19 En die taakmeesters van Egipte het so aan die suigelinge van JisraEl vir baie dae gedoen en nie een het hulle jammer gekry, of het medelye met die suigelinge van die kinders van JisraEl gehad nie. Sut 77:20 Die getal van die kinders wat doodgemaak is in die geboue was twee-honderd-en-sewentig. Sommige waarop hulle gebou het in die plek van stene wat te min gemaak is deur die vaders, en ander wat hulle dood uit die geboue uitgetrek het. Sut 77:21 Die arbeid opgelê op die kinders van JisraEl in die dae van Adikam, het die swaar las oortref wat hulle verrig het in die dae van sy vader. Sut 77:22 En die kinders van JisraEl het elke dag gesug as gevolg van hulle swaar werk en hulle het gesê: Kyk, wanneer Farao sterf, sal sy seun opstaan en ons taak verlig! Sut 77:23 Maar hulle werk is toenemend vermeerder, meer as die vorige en die kinders van JisraEl het hieroor gesug en hulle geroep het opgestyg tot Elohim vanweë hulle werk. Sut 77:24 Elohim het die stem van die kinders van JisraEl en hulle geroep in daardie dae gehoor. En Elohim het gedink aan Sy Verbond wat Hy met Abraham, Isak en Jakob gemaak het. Sut 77:25 En Elohim het die las van die kinders van JisraEl, en hulle swaar werk gesien en Hy het besluit om hulle te verlos. Sut 77:26 Moshè, die seun van Amram, was steeds opgesluit in die gevangenis in daardie dae in die huis van ReuEl die Midianiet, en Sippóra, die dogter van ReuEl, het hom elke dag in die geheim onderhou met voedsel. Sut 77:27 Moshè was opgesluit in die gevangenis in die huis van ReuEl vir tien jaar. Sut 77:28 En aan die einde van tien jaar, wat die eerste jaar van die regering van Farao, [Adikam] in die plek van sy vader oor Egipte was, Sut 77:29 het Sippóra aan haar vader gesê: Niemand soek of vra na die Hebreër man wat u vir tien jaar in die gevangenis gebind hou nie. Sut 77:30 Daarom, as dit goed is in u oë, laat ons stuur en kyk of hy lewendig of dood is. Maar haar vader het nie geweet dat sy hom onderhou het nie. Sut 77:31 En ReuEl, haar vader, het haar geantwoord en het aan haar gesê: Het daar al ooit so 'n iets gebeur dat 'n man vir tien jaar in 'n gevangenis sonder kos opgesluit kan word en dan nog leef? Sut 77:32 Sippóra het haar vader geantwoord en gesê: Sekerlik het u gehoor dat die Elohim van die Hebreërs groot en verskriklik is en te alle tye vir hulle wonders doen. Sut 77:33 Dit was Hy wat vir Abraham van Ur* van die Chaldeërs verlos het en vir Isak van die swaard van sy vader en vir Jakob van die Boodskapper van JaHWeH wat met hom gestoei het by die drif van Jabbok. [*beteken 'n vuur en verwys volgens die verhaal na die oond waarin Abraham geplaas is]. Sut 77:34 Ook met hierdie man het Hy baie dinge gedoen. Hy het hom verlos uit die rivier van Egipte en van die swaard van Farao en van die kinders van Kuwsh. So ook kan hy hom verlos van hongersnood en hom laat leef. Sut 77:35 Die saak het goed gelyk in die oë van ReuEl, en hy het gehandel volgens die woord van sy dogter en het gestuur na die gevangenis om te bepaal wat van Moshè geword het. Sut 77:36 En hy het gesien, en kyk, die man, Moshè, was lewendig in die gevangenis en het op sy voete gestaan en hy het tot die Elohey van sy voorvaders lofprysinge gebring en gebid. Sut 77:37 ReuEl het beveel dat Moshè uit die gevangenis gebring moes word en hulle het hom geskeer en hy het sy gevangenisklere uitgetrek en met hom brood geëet. Sut 77:38 Daarna het Moshè in die tuin van ReuEl, wat agter die huis was, gegaan en hy het daar gebid tot JaHWeH, sy Elohey, wat magtige wonders vir hom gedoen het. Sut 77:39 En dit was terwyl hy gebid het dat hy regoor hom gekyk het, en kyk, 'n Staf van saffier was in die grond gesteek, hy was geplant in die middel van die tuin. Sut 77:40 Hy het na die Staf gegaan en gesien, en kyk, die Naam van JaHWeH, die Elohey van die leërskare was op hom gegraveer en geskrewe op die Staf. [Exodus 4:20] Sut 77:41 Hy het dit gelees en sy hand uitgesteek en hom uitgetrek soos 'n boom uit 'n bos, en die Staf was in sy hand. Sut 77:42 En dit was die Staf waarmee al die werke van ons Elohey uitgevoer is nadat Hy die Hemele en Aarde geskape het, al die werke van Sy Hand, seë, riviere, en al hulle visse. Sut 77:43 En toe Elohim Adam uit die Tuin van Eden verdryf het, het Adam die Staf in sy hand geneem en gegaan en die grond gaan omploeg waaruit hy geneem is. Sut 77:44 En die Staf is oorgedra tot by Noag en daarna aan Sem gegee en aan sy nageslag totdat hy in die hande van Abraham, die Hebreër, gekom het. Sut 77:45 En toe Abraham alles wat hy gehad het aan sy seun, Isak, gegee het, het hy hom ook die Staf gegee. Sut 77:46 Toe Jakob na Paddan-Aram gevlug het, het hy hom in sy hand geneem en toe hy teruggekeer het na sy vader, het hy hom nie laat bly nie. Sut 77:47 Ook toe hy afgegaan het na Egipte het hy hom in sy hand geneem en het hom aan JôWsef gegee, een erfdeel bo sy broers, want Jakob het hom met geweld van sy broer, Esau, geneem. [Génesis 48:22] Sut 77:48 En na die dood van JôWsef het die edelmanne van Egipte in die huis van JôWsef gekom en die Staf het in die hand van ReuEl, die Midianiet, gekom. En toe hy Egipte verlaat het, het hy hom in sy hand geneem en in sy tuin geplant. Sut 77:49 En al die magtige manne van die Kiniete het probeer om hom uit te trek toe hulle gepoog het om Sippóra, sy dogter te kry, maar hulle was onsuksesvol. Sut 77:50 Daardie Staf het geplant gebly in ReuEl se tuin totdat hy wat op hom 'n reg gehad het, gekom en hom geëien het. Sut 77:51 Toe ReuEl die Staf in Moshè se hande sien, was hy verwonderd daaroor, en hy het hom sy dogter, Sippóra, as 'n vrou gegee. //Moshè en Sippóra Sut 78:1 EN op daardie tyd het Baäl-Ganan, die seun van Agbor, die koning van Edom, gesterf, en is begrawe in sy huis in die Aarde van Edom. Sut 78:2 En na sy dood het die kinders van Esau gestuur na die Aarde van Edom, en het daar 'n man geneem wat in Edom was, en sy naam was Hadad, en hulle het hom koning oor hulle gemaak in die plek van Baäl-Ganan, hulle koning. Sut 78:3 Hadad het regeer oor die kinders van Edom vir agt-en-veertig jaar. Sut 78:4 En terwyl hy regeer het, het hy besluit om teen die kinders van Moab te veg om hulle te onderwerp aan die mag van die kinders van Esau soos hulle tevore was, maar hy kon dit nie regkry nie, want die seuns van Moab het dit gehoor en hulle het opgestaan en hulle het hulle gehaas om 'n koning oor hulle te kies onder hulle broers. Sut 78:5 En hulle het daarby 'n groot leërmag bymekaar gemaak en het gestuur na die seuns van Amon, hulle broers, om hulle te help om teen Hadad, die koning van Edom, te veg. Sut 78:6 Hadad het berig gekry oor wat die kinders van Moab gedoen het en hy was baie bang vir hulle en het hom daarvan weerhou om teen hulle te veg. Sut 78:7 In daardie dae het Moshè, die seun van Amram, in Midian vir Sippóra, die dogter van ReuEl, die Midianiet, as 'n vrou geneem. Sut 78:8 En Sippora het gewandel in die weë van die dogters van Jakob. Sy het nie tekort geskiet aan die Geregtigheid van Sarah, Rebekka, Ragel en Lea nie. Sut 78:9 En Sippóra het swanger geword en het 'n seun gebaar en hy het hom Gersom genoem, want hy het gesê: Ek was 'n vreemdeling in 'n vreemde land, maar hy het nie sy voorhuid besny nie, op die bevel van ReuEl, sy skoonvader. Sut 78:10 Sy het weer swanger geword en het 'n seun gebaar, maar sy het sy voorhuid besny en hom EliEzer genoem, want Moshè het gesê: Omdat die Elohey van my vaders my Hulp was en my verlos het van die swaard van Farao. Sut 78:11 En Farao, die koning van Egipte, het die arbeid van die kinders van JisraEl baie vermeerder in daardie dae, en sy juk voortdurend swaarder gemaak op die kinders van JisraEl. Sut 78:12 Hy het beveel dat 'n bevel uitgevaardig word in Egipte wat lui: Gee geen strooi meer aan die mense om stene mee te maak nie. Laat hulle vir hulleself strooi haal waar hulle dit kan vind. Sut 78:13 Ook die getal stene wat hulle moet maak, sal hulle elke dag lewer en verminder niks vir hulle nie, want hulle is lui in hulle werk. Sut 78:14 En die kinders van JisraEl het dit gehoor en hulle het geweeklaag en gesug en hulle het uitgeroep na JaHWeH as gevolg van die bitterheid van hulle siele. Sut 78:15 En JaHWeH het die geroep van die kinders van JisraEl gehoor en die verdrukking gesien waarmee die Egiptenare hulle verdruk het. Sut 78:16 En JaHWeH was jaloers oor Sy volk en Sy erfdeel en het hulle stem gehoor en Hy het besluit om hulle uit die verdrukking van Egipte te neem en om die Aarde van Kanaän aan hulle te gee as 'n besitting. //Moshè keer terug na Egipte. Sut 79:1 IN daardie dae het Moshè die kudde van ReuEl die Midianiet, sy skoonvader, anderkant die wildernis van Sin laat wei en die Staf wat hy van sy skoonvader geneem het, was in sy hand. Sut 79:2 Dit het een dag gebeur dat 'n klomp boklammertjies afgedwaal het van die kudde en Moshè het hulle agtervolg en het by die Berg van Elohim gekom, by Horeb. Sut 79:3 En toe hy by Horeb kom, het JaHWeH daar aan hom verskyn in die bos, en hy het die bos brandende met vuur gevind, maar die vuur het geen mag oor die bos gehad om dit te verteer nie. Sut 79:4 Moshè was verstom oor hierdie gesig, want waarom is die bos nie verteer nie. En hy het nader gegaan om die groot verskynsel te sien, en JaHWeH het na Moshè geroep uit die vuur en hom beveel om na Egipte af te gaan, na Farao, die koning van Egipte, om die kinders van JisraEl uit sy diens te stuur. Sut 79:5 En JaHWeH het aan Moshè gesê: Gaan, keer terug na Egipte, want al daardie manne wat jou lewe gesoek het, is dood, en jy sal met Farao spreek om die kinders van JisraEl uit sy land te stuur. Sut 79:6 JaHWeH het hom gewys om tekens en wonders te doen in Egipte voor die oë van Farao en die oë van sy onderdane, sodat hulle sal glo dat JaHWeH hom gestuur het. Sut 79:7 Moshè het na alles geluister wat JaHWeH hom beveel het, en hy het teruggekeer na sy skoonvader en het hom die saak vertel. En ReuEl het aan hom gesê: Gaan in Vrede. Sut 79:8 En Moshè het opgestaan om na Egipte te gaan en hy het sy vrou en seuns saam met hom geneem; en hy was by 'n herberg op die pad en 'n Boodskapper van JaHWeH het neergedaal en het 'n geleentheid teen hom gesoek. Sut 79:9 En hy wou hom doodmaak oor sy eersgebore seun, omdat hy hom nie besny het nie, en hy die Verbond wat JaHWeH met Abraham gemaak het, oortree het. Sut 79:10 Want Moshè het geluister na die woorde van sy skoonvader wat hy aan hom gesê het om nie sy eersgebore seun te besny nie. Daarom het hy hom nie besny nie. Sut 79:11 En Sippóra het die Boodskapper van JaHWeH gesien wat 'n geleentheid teen Moshè gesoek het en sy het geweet dit was as gevolg van Gersom, haar seun, wat nie besny is nie. [Exodus 4:23] Sut 79:12 Sippóra het haar gehaas en het van die skerp klippe geneem wat daar was en sy het haar seun besny en het haar man en haar seun uit die hand van die Boodskapper van JaHWeH verlos. Sut 79:13 En Aäron, die seun van Amram, die broer van Moshè, was in Egipte en hy het langs die rivier gewandel daardie dag. Sut 79:14 JaHWeH het aan hom verskyn op daardie plek en Hy het aan hom gesê: Gaan nou na Moshè in die wildernis. En hy het gegaan en het hom ontmoet op die Berg van JaHWeH, en hy het hom gekus. Sut 79:15 Aäron het sy oë opgeslaan en Sippóra, die vrou van Moshè gesien en haar kinders en hy het aan Moshè gesê: Wat is hulle van jou? Sut 79:16 En Moshè het aan hom gesê: Hulle is my vrou en seuns wat Elohim aan my gegee het in Midian. En die saak het Aäron bedroef as gevolg van die vrou en haar kinders. Sut 79:17 En Aäron het aan Moshè gesê: Stuur terug die vrou en haar kinders dat hulle na haar vader se huis kan gaan. En Moshè het geluister na die woorde van Aäron en het so gedoen. Sut 79:18 Sippóra het teruggekeer met haar kinders en hulle het na die huis van ReuEl gegaan en het daar gebly tot die tyd aangebreek het dat JaHWeH Sy volk besoek het en hulle uitgebring het uit Egipte uit die hand van Farao. Sut 79:19 Moshè en Aäron het in Egipte aangekom by die kolonie van die kinders van JisraEl en hulle het met hulle al die Woorde van JaHWeH gespreek. En die volk het hulle verbly met 'n baie groot blydskap. Sut 79:20 En Moshè en Aäron het vroeg die volgende dag opgestaan en hulle het na die huis van Farao gegaan en hulle het in hulle hande die Staf van Elohim geneem. Sut 79:21 Toe hulle by die koning se hek kom, was daar twee jong leeus daar wat vasgemaak was met ystervoorwerpe. En niemand het uitgegaan of ingekom voor hulle nie, behalwe hulle wat deur die koning beveel is om te kom. Dan het die toordokters gekom en met hulle towerspreuke die leeus laat terugval en hulle so na die koning gebring. Sut 79:22 En Moshè het hom gehaas en het die Staf opgelig teen die leeus en hy het hulle bevry. En Moshè en Aäron het in die koning se huis gekom. Sut 79:23 Die leeus het ook saam met hulle gekom met blydskap en hulle het hulle gevolg en hulle verbly soos 'n hond oor sy meester wanneer hy van die veld af kom. Sut 79:24 En toe Farao dit sien, was hy verstom daaroor en hy was baie beangs oor die gebeure, want hulle voorkoms was soos die voorkoms van die kinders van Elohim. Sut 79:25 En Farao het aan Moshè gesê: Wat verlang jy? En hulle het hom geantwoord en gesê: JaHWeH, die Elohey van die Hebreërs het ons na u gestuur om te sê: Laat My volk trek dat hulle My kan dien. Sut 79:26 En toe Farao hulle woorde hoor, was hy baie beangs voor hulle en hy het aan hulle gesê: Gaan vandag en kom môre terug na my. En hulle het gedoen volgens die woord van die koning. Sut 79:27 En toe hulle weg is, het Farao gestuur en vir Bíleam die toordokter, en Jannes en Jambres, sy seuns, laat haal en al die toordokters en besweerders [voodoo-iste] en raadgewers wat aan die koning behoort het, en hulle het almal gekom en voor die koning gaan sit. Sut 79:28 En die koning het aan hulle al die woorde vertel wat Moshè en sy broer, Aäron, met hom gespreek het, en die toordokters het aan die koning gesê: Maar hoe het die manne tot by u gekom, want die leeus was vasgemaak by die hek? Sut 79:29 En die koning het gesê: Deurdat hulle hul Staf opgehef het teen die leeus en hulle losgemaak het, en hulle het na my gekom en die leeus was ook baie bly oor hulle soos 'n hond bly is om sy meester te ontmoet. Sut 79:30 En Bíleam, die seun van Beor, die toordokter, het die koning geantwoord en gesê: Hulle is niks anders as toordokters soos ons self nie. Sut 79:31 Daarom dan, stuur vir hulle 'n boodskap en laat hulle kom en ons sal hulle beproef. En die koning het so gedoen. Sut 79:32 En in die oggend het Farao vir Moshè en Aäron 'n boodskap gestuur om voor die koning te verskyn en hulle het die Staf van Elohim geneem en na die koning gegaan en met hom gespreek en gesê: Sut 79:33 So sê JaHWeH, die Elohey van die Hebreërs: Laat My volk trek dat hulle My kan dien. Sut 79:34 En die koning het aan hulle gesê: Maar wie gaan julle glo dat julle die boodskappers van Elohim is en dat julle op Sy bevel na my kom? Sut 79:35 Gee dus 'n wonder of teken in die saak en dan sal die woorde wat julle gespreek het, geglo word. Sut 79:36 Aäron het hom gehaas en die Staf uit sy hand voor Farao en voor sy diensknegte gegooi en die Staf het in 'n slang verander. Sut 79:37 En die toordokters het dit gesien en hulle het elke man sy staf op die grond gegooi en hulle het slange geword. Sut 79:38 En die slang van Aäron se Staf het sy kop opgetel en sy bek oopgemaak om die stawwe van die toordokters in te sluk. Sut 79:39 En Bíleam, die toordokter, het geantwoord en gesê: Hierdie saak is sedert die dae van die voortyd dat 'n slang sy maat sal insluk en dat lewende wesens mekaar sal verslind. Sut 79:40 Daarom dan, herstel hom na 'n Staf soos hy eers was en ons sal ook ons stawwe herstel soos hulle eers was en as jou Staf ons stawwe insluk, dan sal ons weet dat die Gees van Elohim in jou is en indien nie, is jy 'n toordokter net soos ons. Sut 79:41 Aäron het hom gehaas en sy hand uitgestrek en die slang aan sy stert gevang en hy het 'n Staf in sy hand geword en die toordokters het dieselfde met hulle stawwe gedoen. En hulle het elkeen sy slang aan die stert beetgekry en dit het stawwe geword soos dit eers was. Sut 79:42 En toe hulle herstel is tot stawwe, het die Staf van Aäron hulle stawwe ingesluk. Sut 79:43 En toe die koning dit sien, het hy beveel dat die verslagboek wat verhaal oor die konings van Egipte, gebring moes word. En hulle het die verslagboek gebring, die kronieke van die konings van Egipte waarin al die gode van Egipte beskryf word, want hulle het gedink om in haar die Naam van JaHWeH [Exodus 3:14,15] te vind, maar hulle het Hom nie gekry nie. Sut 79:44 Farao het aan Moshè en Aäron gesê: Kyk, ek het die Naam van julle Elohey nie opgeskryf in hierdie boekrol gekry nie en Sy Naam ken ek nie. [Exodus 5:2] Sut 79:45 En die raadgewers en die wyse manne het Farao geantwoord: Ons het gehoor die Elohey van die Hebreërs is 'n Seun van die wyse manne, 'n Seun van die konings uit die voortyd. [JeshaJaH 19:11] Sut 79:46 En Farao het hom na Moshè en Aäron gedraai en aan hulle gesê: Ek ken nie vir JaHWeH wat julle volk verkondig nie, en ek sal Sy volk ook nie laat trek nie. [Exodus 5:2] Sut 79:47 En hulle het geantwoord en aan die koning gesê: JaHWeH, die El van die Elohim is Sy Naam en Hy het Sy Naam oor ons uitgeroep sedert die dae van ons voorouers en Hy het ons gestuur en gesê: Gaan na Farao en sê aan hom: Laat My volk trek dat hulle My kan dien. Sut 79:48 Daarom dan, laat ons trek sodat ons drie dagreise in die wildernis kan intrek en daar aan Hom kan slag, want sedert die dae van die afgaan na Egipte, het Hy uit ons hande nie brandoffers, spysoffers of offerande ontvang nie. En as u ons nie wil stuur nie, sal Sy Woede teen u ontvlam en Hy sal Egipte verslaan of met die plaag óf met die swaard. Sut 79:49 En Farao het aan hulle gesê: Vertel my nou van Sy Krag en Sy Mag. En hulle het aan hom gesê: Hy het die Hemele en die Aarde geskape, die seë en al hulle visse, Hy het die lig geformeer en die duisternis geskep, reën op die Aarde gegee en het haar benat. Hy het die plante en die gras laat uitspruit. Hy het adamiet en dier geskape en die diere van die bos, die voëls van die lug en die visse van die see en deur Sy Mond leef en sterf hulle. Sut 79:50 Sekerlik het Hy u in u moeder se baarmoeder geskep en het in u die asem van die lewe geblaas en het u grootgemaak en u op die koninklike troon van Egipte geplaas en Hy sal u asem en siel van u wegneem en u na die Aarde laat terugkeer waaruit u geneem is. Sut 79:51 En die woede van die koning het ontvlam deur hulle woorde en hy het aan hulle gesê: Wie onder al die gode van die nasies kan dit doen? My stroom is my eie en ek het dit vir myself gemaak. [JeségiEl 29:3, 9] Sut 79:52 En hy het hulle van hom af weggedryf en hy het beveel dat die arbeid op JisraEl erger moet wees as wat dit gister en vroeër was. Sut 79:53 Moshè en Aäron het uit die koning se teenwoordigheid gegaan en hulle het die kinders van JisraEl in 'n ellendige toestand gesien, want die taakmeesters het hulle werk baie swaar gemaak. Sut 79:54 Moshè het na JaHWeH teruggekeer en gesê: Waarom het U U volk sleg behandel? Want sedert ek met Farao gaan praat het waarvoor U my gestuur het, het hy die kinders van JisraEl baie sleg misbruik. Sut 79:55 En JaHWeH het aan Moshè gesê: Kyk, jy sal sien hoe deur 'n Uitgestrekte Hand en swaar plae, Farao die kinders van JisraEl uit sy land sal stuur. Sut 79:56 Moshè en Aäron het tussen hulle broers, die kinders van JisraEl, gewoon. Sut 79:57 En wat die kinders van JisraEl betref, het die Egiptenare hulle lewens verbitter met die swaar werk wat hulle op hulle gelaai het. //Die tien plae. Sut 80:1 AAN die einde van twee jaar het JaHWeH weer vir Moshè na Farao gestuur om die kinders van JisraEl te laat trek en om hulle uit die Aarde van Egipte weg te stuur. Sut 80:2 Moshè het gegaan en by die huis van Farao gekom en hy het tot hom die woorde van JaHWeH wat hom gestuur het, gespreek, maar Farao wou nie luister na die Stem van JaHWeH nie en Elohim het Sy Mag in Egipte oor Farao en sy onderdane verhef en Elohim het Farao en sy volk getref met groot en ernstige plae. [Deuteronómium 6:22] Sut 80:3 En JaHWeH het deur die hand van Aäron al die waters van Egipte in bloed verander met al hulle strome en riviere. Sut 80:4 En wanneer 'n Egiptenaar gekom het om te drink en water geskep het, het hy in sy kruik gekyk, en kyk, al die water het in bloed verander! En wanneer hy gekom het om uit sy beker te drink, het die water in die beker in bloed verander. Sut 80:5 Wanneer 'n vrou haar deeg geknie het en haar voedsel gekook het, het die voorkoms daarvan na dié van bloed verander. Sut 80:6 JaHWeH het weer 'n plaag gestuur en het veroorsaak dat al die waters paddas voortbring, en die paddas het in die huise van al die Egiptenare gekom. Sut 80:7 En wanneer die Egiptenare gedrink het, is hulle buike gevul met paddas en die paddas het in hul buike gedans soos hulle dans wanneer hulle in die rivier is. Sut 80:8 En al hulle drinkwater en kookwater het verander in paddas en ook wanneer hulle in hulle beddens gelê het, het hulle sweet, paddas laat uitbroei. Sut 80:9 Nieteenstaande dit alles het JaHWeH se Woede nie van hulle gewyk nie en Sy Hand was uitgestrek teen al die Egiptenare om hulle te tref met elke swaar plaag. Sut 80:10 En Hy het gestuur en hulle stof getref met luise, en die luise in Egipte het twee voorarm dik op die grond gekom. Sut 80:11 Die luise was ook in baie groot hoeveelhede in die vlees van die adamiet en dier, op al die inwoners van Egipte, ook op die koning en koningin het JaHWeH die luise gestuur. En dit het Egipte baie smart aangedoen as gevolg van die luise. Sut 80:12 Desnieteenstaande het die Woede van JaHWeH nie gewyk nie en Sy Hand was steeds uitgestrek teen Egipte. Sut 80:13 En JaHWeH het allerhande soorte wilde wesens van die veld, Egipte ingestuur en hulle het gekom en die hele Egipte vernietig, adamiet en dier en bome en alle dinge wat in Egipte was. Sut 80:14 En JaHWeH het giftige slange, skerpioene, muise, muishonde en brulpaddas tesame met ander wat in die stof kruip, gestuur. Sut 80:15 Vlieë, perdebye, vlooie, kewers en muggies, elke swerm volgens sy soort. Sut 80:16 En alle reptiele en vlieënde wesens volgens hulle soorte het na Egipte gekom en het die Egiptenare baie smart aangedoen.[besoedelde wesens] Sut 80:17 Die vlooie en vlieë het in die oë en ore van die Egiptenare gekom. Sut 80:18 En die perdebye het op hulle neergekom en het hulle verdrywe en hulle het daarvoor gevlug na hulle binnevertrekke toe, maar dit het hulle gevolg. Sut 80:19 Wanneer die Egiptenare weggekruip het as gevolg van die swerms, het hulle hul deure agter hulle toegesluit, en Elohim het die Sulanut ['n soort gees van besoedeling] wat in die see was, beveel om op te kom en Egipte binne te gaan. Sut 80:20 En sy het lang arms gehad, tien voorarm lank, soos die voorarm van 'n man. Sut 80:21 En sy het op die dakke gegaan en sy het die dakbalke en die bedekking ontbloot en hulle gesny, en haar arm in die huis in gesteek, die slot en grendel verwyder en die huise van Egipte geopen. Sut 80:22 Daarna het die swerms in die huise van die Egiptenare gekom en die swerms het die Egiptenare verwoes en dit het hulle baie smart aangedoen. Sut 80:23 Desnieteenstaande het die Woede van JaHWeH nie gewyk van die Egiptenare nie en Sy Hand was nog uitgestrek teen hulle. Sut 80:24 En Elohim het die pes gestuur en die pes het Egipte deurtrek in die perde en esels en in die kamele, in beeskuddes en skape en in die adamiet. Sut 80:25 Toe die Egiptenare vroeg in die oggend opgestaan het om hulle vee te neem om te wei, het hulle al hulle vee dood aangetref. Sut 80:26 Daar het een uit tien oorgebly van die Egiptenare se vee, en van die vee van JisraEl in Gosen is daar nie een dood nie. Sut 80:27 En Elohim het 'n vurige ontsteking in die vlees van die Egiptenare gestuur wat hulle velle laat oopbars het, en dit het 'n kwaai gejeuk in al die Egiptenare veroorsaak van hulle voetsole af tot die krone van hul hoofde. Sut 80:28 En baie pitswere was in hulle vlees en hulle vlees het weggekwyn totdat dit vrot en stink geword het. Sut 80:29 Desnieteenstaande het die Woede van JaHWeH nie gewyk nie en Sy Hand was steeds uitgestrek oor die hele Egipte. Sut 80:30 En JaHWeH het baie kwaai hael gestuur wat hulle wingerde geslaan het en hulle vrugtebome gebreek het en dit verdroog het sodat dit op hulle geval het. Sut 80:31 En ook elke groen plant het verdroog en tot niet gegaan, want 'n vermengde* vuur het saam met die hael gekom en daarom het die hael en vuur alles verteer. [* 'n mengsel van hael en vuur] Sut 80:32 Ook is adamiet en dier wat buite was, verdelg deur die vlamme van die vuur en deur die hael en al die jong leeus* is verdelg. [* hier word na dorpe verwys] Sut 80:33 En JaHWeH het gestuur en tallose sprinkane in Egipte gebring, die Gasel, Salom, Gargol en Gagole [afknyper, treksprinkaan, voetganger, kaalvreter] sprinkane elkeen volgens sy soort wat alles wat die hael oorgeslaan het, opgevreet het. [JôWEl 1:4 en 2:25] Sut 80:34 Toe het die Egiptenare hulle verheug oor die sprinkane alhoewel hulle die opbrengs van die land opgevreet het, en hulle het dit in oorvloed gevang en dit gesout as voedsel. Sut 80:35 En JaHWeH het 'n magtige wind van die see gestuur wat al die sprinkane weggedryf het, selfs daardie wat gesout was, en hulle in die Riet See [Skelf See] gedryf. Nie een sprinkaan het oorgebly binne die grense van Egipte nie. Sut 80:36 En JaHWeH het duisternis oor Egipte gestuur sodat die hele Aarde van Egipte en Patros vir drie dae duister geword het, sodat 'n man nie sy hand kon sien as hy haar na sy mond gelig het nie. Sut 80:37 In daardie tyd het baie van die volk van JisraEl gesterf wat wederstrewig was teen JaHWeH en nie wou luister na Moshè en Aäron nie, en nie in hulle geglo het dat Elohim hulle gestuur het nie. Sut 80:38 En wie gesê het: Ons sal nie uit Egipte trek nie, omdat ons sal omkom van honger in 'n verlate woestyn, en nie wou luister na die stem van Moshè nie. Sut 80:39 JaHWeH het hulle getref met die drie dae duisternis. Die JisraEliete het hulle in daardie dae begrawe sonder dat die Egiptenare van hulle geweet het of hulle daaroor verheug het. Sut 80:40 En die duisternis was baie groot vir drie dae in Egipte, en enige persoon wat gestaan het toe die duisternis gekom het, het op sy plek bly staan, en hy wat sittende was, het bly sit, en hy wat gelê het, het bly lê in dieselfde posisie, en hy wat geloop het, het bly sit op daardie selfde plek. En dit het met al die Egiptenare gebeur totdat die duisternis verbygegaan het. Sut 80:41 Die dae van duisternis het verbygegaan en JaHWeH het Moshè en Aäron na die kinders van JisraEl gestuur en gesê: Vier julle Fees en berei julle Pasga, want kyk, Ek kom in die middel van die nag tussen al die Egiptenare, en Ek sal al hulle eersgeborenes verdelg, van die eersgeborene van 'n man tot die eersgeborene van 'n wilde wese, en wanneer Ek julle Pasga sien, sal Ek verby julle gaan. Sut 80:42 Die kinders van JisraEl het alles gedoen wat JaHWeH vir Moshè en Aäron beveel het, so het hulle in daardie nag gedoen. Sut 80:43 En dit het gebeur dat in die middel van die nag JaHWeH uitgetrek het midde-in Egipte, en al die eersgeborenes van die Egiptenare verdelg het, van die eersgeborene van die adamiet tot die eersgeborene van die dier. Sut 80:44 En Farao het opgestaan in die nag, hy en al sy diensknegte en al die Egiptenare, en daar was 'n groot uitroep in Egipte daardie nag, want daar was nie 'n huis waarin daar nie 'n lyk was nie. Sut 80:45 Ook die gelykenisse van die eersgeborenes in Egipte, wat uitgekerf was in die mure van hulle huise, is vernietig en het op die grond geval. Sut 80:46 Selfs die beendere van hulle eersgeborenes wat tevore gesterf het en wat hulle in hulle huise begrawe het, is deur die honde van Egipte opgegrawe in daardie nag en voor die Egiptenare gesleep en voor hulle gegooi. Sut 80:47 En al die Egiptenare het hierdie bose ding gesien wat skielik oor hulle gekom het, en al die Egiptenare het met 'n harde stem uitgeroep. Sut 80:48 En al die families van Egipte het daardie nag geween, elke man vir sy seun en elke man vir sy dogter, wat eersgeborenes was, en die rumoer in Egipte is daardie nag op 'n afstand gehoor. Sut 80:49 En Batia, die dogter van Farao [vorige Farao], het daardie nag met die koning uitgegaan om na Moshè en Aäron in hulle huise te soek en hulle het hulle in hul huise gevind, besig om te eet en te drink en te verbly saam met die hele JisraEl. Sut 80:50 En Batia het aan Moshè gesê: Is dit die beloning vir al die goed wat ek aan jou gedoen het, wat jou grootgemaak het en jou gehuisves het en jy het hierdie boosheid oor my en my vader se huis gebring? Sut 80:51 En Moshè het aan haar gesê: Waarlik, tien plae het JaHWeH gebring oor Egipte. Het enige ellende jou getref van enige van hulle? Het een van hulle jou geraak? En sy het gesê: Nee. Sut 80:52 En Moshè het aan haar gesê: Alhoewel jy die eersgeborene van jou moeder is, sal jy nie sterf nie en geen ellende sal jou te midde van Egipte tref nie. Sut 80:53 En sy het gesê: Tot watter voordeel is dit vir my wanneer ek die koning, my broer, en sy hele huishouding en sy onderdane in hierdie ellende sien, wie se eersgeborenes doodgaan saam met al die eersgeborenes van Egipte? Sut 80:54 Moshè het aan haar gesê: Waarlik, jou broer en sy huishouding en onderdane, die families van Egipte, wou nie luister na die woorde van JaHWeH nie, daarom het hierdie ellende oor hulle gekom. Sut 80:55 Farao, die koning van Egipte, het Moshè en Aäron en sommige van die kinders van JisraEl wat saam met hulle in daardie plek was, genader en hy het hulle gesmeek en gesê: Sut 80:56 Staan op en neem julle broer, al die kinders van JisraEl wat in die land is, met hulle skape en osse en alles wat aan hulle behoort, laat hulle niks agterlaat nie, maar bid net vir my tot JaHWeH, julle Elohey. Sut 80:57 Moshè het aan Farao gesê: Kyk, al is u u moeder se eersgeborene, vrees nie, want u sal nie sterf nie, want JaHWeH het beveel dat u sal leef sodat Hy U Sy groot Mag kan wys en Sy sterk, Uitgestrekte Arm. [Adikam was nie die oudste van Farao se seuns nie, maar omdat Otri swaksinnig was, het Adikam die eersgeboortereg opgeëis.] Sut 80:58 Farao het beveel dat die kinders van JisraEl weggestuur moes word. En al die Egiptenare het hulleself versterk om hulle te stuur, want hulle het gesê: Ons sterf almal. Sut 80:59 En al die Egiptenare het die JisraEliete uitgestuur met groot rykdom, skape en osse en kosbare voorwerpe volgens die eed van JaHWeH tussen Hom en ons vader Abraham. Sut 80:60 Die kinders van JisraEl het hulle vertrek in die nag vertraag, en toe die Egiptenare na hulle toe kom om hulle uit te bring, het hulle aan hulle gesê: Is ons diewe dat ons moet uittrek in die nag? Sut 80:61 En die kinders van JisraEl het van die Egiptenare gevra, silwerkanne en kanne van goud en kledingstukke, en die kinders van JisraEl het die Egiptenare gestroop. Sut 80:62 Moshè het hom gehaas en opgestaan en na die rivier van Egipte gegaan en die kis van JôWsef vandaar af opgebring om dit saam met hom te neem. Sut 80:63 Die kinders van JisraEl het ook elke man sy vader se kis opgeneem saam met hom en elke man die kis van sy stam. //Die uittog. Sut 81:1 DIE kinders van JisraEl het getrek van Raämses na Sukkot, omtrent seshonderdduisend man te voet, buiten die kinders en hulle vroue. Sut 81:2 Ook het daar 'n gemengde menigte* saam met hulle getrek en troppe en kuddes en selfs baie beeste. [* Van gemengde bloed] Sut 81:3 En die verblyf van die kinders van JisraEl wat in slawearbeid gewoon het in die Aarde van Egipte, was tweehonderd-en-tien jaar. Sut 81:4 Aan die einde van tweehonderd-en-tien jaar het JaHWeH die kinders van JisraEl uit Egipte gelei met 'n sterk Hand. Sut 81:5 Die kinders van JisraEl het getrek van Egipte en van Gosen en van Raämses en het laer opgeslaan by Sukkot op die vyftiende dag van die eerste maand. Sut 81:6 Die Egiptenare het al hulle eersgeborenes begrawe wat JaHWeH gedood het en al die Egiptenare het hulle dooies vir drie dae begrawe. Sut 81:7 Die kinders van JisraEl het getrek van Sukkot af en het by Etam laer opgeslaan aan die rand van die wildernis. Sut 81:8 En op die derde dag nadat die Egiptenare hulle eersgeborenes begrawe het, het baie manne opgestaan uit Egipte en agter JisraEl aangegaan om hulle na Egipte te laat terugkeer, want hulle het berou gehad dat hulle die JisraEliete weggestuur het uit hulle slawerny. Sut 81:9 En een man het aan sy naaste gesê: Sekerlik het Moshè en Aäron met Farao gespreek en gesê: Ons sal drie dagreise ver die wildernis in gaan om aan JaHWeH, ons Elohey te slag. Sut 81:10 Daarom dan, laat ons vroeg opstaan in die oggend en hulle dwing om terug te keer. En dit sal wees dat as hulle saam met ons na Egipte terugkeer, na hulle meesters, dan sal ons weet dat daar geloof in hulle is, maar as hulle nie wil terugkeer nie, dan sal ons met hulle veg en hulle dwing om terug te kom met groot krag en 'n sterk hand. Sut 81:11 Al die edelmanne van Farao het vroeg in die oggend opgestaan en saam met hulle omtrent seshonderd-duisend man, en hulle het uit Egipte getrek op daardie dag en hulle het by die plek gekom waar die kinders van JisraEl was. Sut 81:12 En al die Egiptenare het gesien en kyk, Moshè en Aäron en al die kinders van JisraEl het gesit by Pi-Hágirot, besig om te eet en te drink en die Fees van JaHWeH te vier. Sut 81:13 En al die Egiptenare het aan die kinders van JisraEl gesê: Waarlik, julle het gesê, ons sal drie dagreise ver in die wildernis ingaan en aan ons Elohey slag en terugkeer. Sut 81:14 Daarom dan, hierdie dag maak dit vyf dae vandat julle vertrek het, waarom keer julle nie terug na julle meesters nie? Sut 81:15 En Moshè en Aäron het hulle geantwoord en gesê: Omdat JaHWeH, ons Elohey, tot ons gespreek en gesê het: Julle sal nie weer na Egipte terugkeer nie, maar ons neem onsself na 'n land wat oorloop van melk en heuning soos JaHWeH, ons Elohey, tot ons voorouers gesweer het om aan ons te gee. Sut 81:16 Toe die edelmanne van Egipte sien dat die kinders van JisraEl nie na hulle luister om na Egipte terug te keer nie, het hulle hul omgord om teen JisraEl te veg. Sut 81:17 En JaHWeH het die harte van die kinders van JisraEl sterk gemaak oor die Egiptenare en hulle het hulle 'n kwaai slag toegedien en die geveg was swaar teen die Egiptenare en al die Egiptenare het gevlug voor die kinders van JisraEl, want baie van hulle het omgekom deur die hand van JisraEl. Sut 81:18 Die edelmanne van Farao het na Egipte gegaan en Farao meegedeel en gesê: Die kinders van JisraEl het gevlug en wil nie weer na Egipte terugkeer nie en so het Moshè en Aäron met ons gepraat. Sut 81:19 En Farao het dit aangehoor en sy hart en die harte van al sy onderdane het teen JisraEl gedraai en hulle het berou gehad dat hulle JisraEl weggestuur het. En al die Egiptenare het Farao aangeraai om die kinders van JisraEl te agtervolg om hulle te dwing om terug te keer na hulle las. Sut 81:20 Elke man het vir sy broer gesê: Wat is dit wat ons gedoen het, dat ons JisraEl uit ons slawerny gestuur het? Sut 81:21 En JaHWeH het die harte versterk van al die Egiptenare om die JisraEliete te agtervolg, want JaHWeH wou die Egiptenare in die Riet see [Skelf See] werp. Sut 81:22 Farao het opgestaan en sy strydwa ingespan en hy het al die Egiptenare beveel om te vergader, nie een man is uitgelaat nie, behalwe die kinders van die vroue. Sut 81:23 Al die Egiptenare het uitgetrek saam met Farao om die kinders van JisraEl te agtervolg, en die leërmag van Egipte was baie groot en magtig, omtrent tien-honderdduisend man. Sut 81:24 Hierdie hele leër het gegaan en die kinders van JisraEl agtervolg om hulle terug te bring na Egipte. En hulle het hulle bereik waar hulle langs die Riet see [Skelf See] laer opgeslaan het. Sut 81:25 Die kinders van JisraEl het hulle oë opgeslaan en het al die Egiptenare gesien wat hulle agtervolg het. En die kinders van JisraEl was baie benoud, en die kinders van JisraEl het JaHWeH aangeroep. Sut 81:26 Omrede van die Egiptenare is die kinders van JisraEl in vier groepe verdeel, en hulle was ook verdeel in hulle gedagtes, want hulle was bang vir die Egiptenare. En Moshè het met elkeen van hulle gespreek. Sut 81:27 Die eerste groep was die kinders van Ruben, Simeon en Issaskar en hulle het besluit om hulleself in die see te werp, want hulle was baie bang vir die Egiptenare. Sut 81:28 En Moshè het aan hulle gesê: Wees nie bevrees nie, staan vas en aanskou die Verlossing van JaHWeH wat Hy op hierdie dag vir julle sal bewerk. Sut 81:29 Die tweede groep was van die kinders van Sébulon, Benjamin en Náftali en hulle het besluit om terug te gaan na Egipte saam met die Egiptenare. Sut 81:30 En Moshè het aan hulle gesê: Wees nie bevrees nie, want soos julle die Egiptenare vandag sien, sal julle hulle nooit weer sien nie. Sut 81:31 Die derde groep was van die kinders van JeHûWdah en JôWsef, en hulle het besluit om die Egiptenare te gaan ontmoet en teen hulle te veg. Sut 81:32 En Moshè het aan hulle gesê: Staan op julle plekke, want JaHWeH sal vir julle veg, en julle sal stil wees. Sut 81:33 En die vierde groep was van die kinders van Levi, Gad en Aser, en hulle het besluit om midde-in die Egiptenare in te gaan en hulle te verwar, en Moshè het aan hulle gesê: Bly op julle plekke en moenie vrees nie, roep net na JaHWeH dat Hy julle uit hulle hande kan verlos. Sut 81:34 Daarna het Moshè opgestaan tussen die volk en hy het tot JaHWeH gebid en gesê: Sut 81:35 O JaHWeH, Meester van die hele Aarde, red nou U volk wat U uit Egipte uitgelei het, en laat die Egiptenare nie spog dat krag en mag aan hulle behoort nie. Sut 81:36 Toe het JaHWeH aan Moshè gesê: Waarom roep jy na My? Sê aan die kinders van JisraEl dat hulle moet voortgaan en steek jy jou Staf uit oor die see en kloof hom, en die kinders van JisraEl sal deur hom gaan. Sut 81:37 En Moshè het so gedoen. En hy het sy Staf oor die see gelig en hom gekloof. Sut 81:38 En die waters van die see is verdeel in twaalf dele, en die kinders van JisraEl het te voet deurgetrek met skoene, soos 'n man sal wandel op 'n voorbereide pad. Sut 81:39 JaHWeH het Sy wonders aan die kinders van JisraEl geopenbaar deur die hand van Moshè en Aäron in Egipte en in die see. Sut 81:40 Toe die kinders van JisraEl die see binnegaan, het die Egiptenare agter hulle aangekom en die waters van die see het oor hulle gekom en hulle het almal in die water gesink en nie een man het oorgebly nie, behalwe Farao, wat JaHWeH gedank het en in Hom geglo het. Daarom het JaHWeH hom nie laat vernietig daardie tyd saam met die Egiptenare nie. Sut 81:41 En JaHWeH het 'n Boodskapper beveel om hom tussen die Egiptenare uit te haal wat hom in die Aarde van Ninevé gegooi het en hy het daaroor geheers vir 'n lang tyd. Sut 81:42 Op daardie dag het JaHWeH JisraEl gered uit die hand van Egipte, en al die kinders van JisraEl het gesien hoe die Egiptenare vergaan, en hulle het die groot Hand van JaHWeH aanskou, wat Hy in Egipte en in die see gedoen het. Sut 81:43 Toe het Moshè en die kinders van JisraEl hierdie lied tot JaHWeH gesing op die dag dat JaHWeH bewerk het dat die Egiptenare voor hulle geval het. Sut 81:44 En die hele JisraEl het saam gesing en gesê: Ek wil sing tot JaHWeH, want Hy is hoog verhewe. Die perd en sy ruiter het Hy in die see gewerp. Kyk, dit is geskrywe in die Boekrol van die Wet van Elohim. Sut 81:45 Daarna het die kinders van JisraEl voortgegaan op hulle reis en laer opgeslaan by Mara. En JaHWeH het aan die kinders van JisraEl Verordeninge en Insettinge by die plek gegee. En JaHWeH het die kinders van JisraEl beveel om in Sy Weë te wandel en om Hom te dien. Sut 81:46 Hulle het gereis van Mara af en het by Elim gekom, en in Elim was daar twaalf fonteine en sewentig dadelbome en die kinders het by die waters laer opgeslaan. Sut 81:47 En hulle het van Elim af weggetrek en het by die wildernis, Sin, gekom op die vyftiende dag van die tweede maand na hulle uittog uit Egipte uit. Sut 81:48 In daardie tyd het JaHWeH die manna aan die kinders van JisraEl gegee om te eet, en JaHWeH het gemaak dat voedsel uit die Hemele reën vir die kinders van JisraEl, dag na dag. Sut 81:49 Die kinders van JisraEl het die manna vir veertig jaar geëet, al die dae wat hulle in die wildernis was, totdat hulle by die Aarde van Kanaän gekom het om haar in besit te neem. Sut 81:50 Hulle het weggetrek van die wildernis, Sin, en het laer opgeslaan by Alus. Sut 81:51 En hulle het weggetrek van Alus en in Ráfidim laer opgeslaan. Sut 81:52 Toe die kinders van JisraEl in Ráfidim was, het Amalek, die seun van EliFaz, die seun van Esau, die broer van Sefo, gekom om teen JisraEl te veg. Sut 81:53 Hy het saam met hom agthonderd-en-eenduisend man gebring, toordokters en besweerders [voodoo-iste], en hy het gereed gemaak vir oorlog teen JisraEl in Ráfidim. Sut 81:54 En hulle het 'n groot en wrede geveg teen JisraEl aangevoer en JaHWeH het Amalek en sy volk in die hand van Moshè en die kinders van JisraEl oorgegee, en in die hand van JeHôWshua, die seun van Nun, die Efratiet, die dienaar van Moshè. Sut 81:55 Die kinders van JisraEl het Amalek en sy volk verslaan met die skerpte van die swaard, maar die geveg was baie swaar teen JisraEl. Sut 81:56 En JaHWeH het aan Moshè gesê: Skryf dit as 'n aandenking vir julle in 'n Boekrol en plaas dit in die hand van JeHôWshua, die seun van Nun, jou dienaar, en hy sal die kinders van JisraEl beveel en sê: Wanneer julle in die Aarde van Kanaän kom, sal julle die gedagtenis aan Amalek heeltemal onder die Hemele uitdelg. Sut 81:57 En Moshè het so gedoen en hy het die Boekrol geneem en het hierdie woorde daarin geskryf wat lui: Sut 81:58 Onthou wat Amalek op die pad aan julle gedoen het toe julle uit Egipte uitgetrek het. [Deuteronómium 25:17] Sut 81:59 Wat julle op die pad teëgekom het, en julle agterkant verslaan het, selfs die swakkeres agter julle, terwyl julle moeg en afgemat was. Sut 81:60 Daarom sal dit wees dat wanneer JaHWeH, julle Elohey julle rus gegee het van julle vyande rondom julle in die Adamah [die adamiet se Aarde] wat JaHWeH, julle Elohey aan julle as 'n erfenis sal gee, om haar in besit te neem, dan sal julle die herinnering aan Amalek van onder die Hemele uitdelg, julle mag dit nie vergeet nie. Sut 81:61 En die koning wat jammerte vir Amalek sal hê, of aan sy gedagtenis of sy nageslag, kyk, Ek sal dit van hom eis en Ek sal hom uitroei tussen sy volksgenote. [Exodus 17:14] Sut 81:62 Moshè het al hierdie dinge in 'n Boekrol geskryf en hy het die kinders van JisraEl verorden oor al hierdie sake. //Moshè ontvang die Wet. Sut 82:1 DIE kinders van JisraEl het weg-getrek van Ráfidim af en hulle het laer opgeslaan in die wildernis, Sinai, in die derde maand van hulle uittog uit Egipte. Sut 82:2 In daardie tyd het ReuEl, die Midianiet, die skoonvader van Moshè, gekom met Sippóra, sy dogter, en haar twee seuns, want hy het van die wonders van JaHWeH wat Hy aan JisraEl gedoen het gehoor, dat Hy hulle verlos het uit die hand van Egipte. Sut 82:3 ReuEl het na Moshè gekom na die wildernis waar hy laer opgeslaan het waar die Berg van Elohim was. Sut 82:4 Moshè het uitgegaan om sy skoonvader met groot eer te ontvang en die hele JisraEl was saam met hom. Sut 82:5 ReuEl en sy kinders het by die JisraEliete gebly vir baie dae en ReuEl het JaHWeH geken van daardie dag af aan. Sut 82:6 In die derde maand van die kinders van JisraEl se uittog uit Egipte op die sesde dag daarvan, het JaHWeH aan JisraEl die Tien Gebooie op berg Sinai gegee. [Exodus 19:1] Sut 82:7 Die hele JisraEl het al hierdie Gebooie gehoor en die hele JisraEl het hulle baie verbly in JaHWeH op daardie dag. Sut 82:8 En die Glansrykheid van JaHWeH het op berg Sinai gerus en Hy het Moshè geroep en Moshè het in die Wolkkolom gegaan en het die berg opgegaan. Sut 82:9 Moshè was op die berg, veertig dae en veertig nagte; hy het geen brood geëet en geen water gedrink nie en JaHWeH het hom onderrig in die Insettinge en Verordeninge sodat hy haar aan die kinders van JisraEl kon leer. Sut 82:10 En JaHWeH het die Tien Gebooie wat Hy die kinders van JisraEl beveel het, geskryf op twee Kliptablette wat Hy aan Moshè gegee het om die kinders van JisraEl mee te onderrig. Sut 82:11 Na veertig dae en veertig nagte, toe JaHWeH klaar met Moshè gespreek het op die berg Sinai, het JaHWeH die Kliptablette aan Moshè gegee wat geskryf was met die Vinger van Elohim. Sut 82:12 En toe die kinders van JisraEl sien dat Moshè talm om van die berg af te kom, het hulle om Aäron versamel en gesê: Wat hierdie man, Moshè, betref, ons weet nie wat van hom geword het nie. Sut 82:13 Daarom dan, staan op, maak vir ons 'n god wat voor ons sal uittrek, anders sal jy sterf. Sut 82:14 Aäron was baie bang vir die volk en hy het hulle beveel om vir hom goud te bring en hy het daarvan 'n gegote kalf vir die volk gemaak. Sut 82:15 Voordat Moshè van die berg afgekom het, het JaHWeH aan Moshè gesê: Gaan af, want jou volk wat jy uit Egipte uitgelei het, het verderflik gehandel. Sut 82:16 Hulle het vir hulle 'n gegote kalf gemaak en voor hom neergebuig. Daarom, laat My begaan dat Ek hulle kan verteer van die Aarde af, want hulle is 'n hardnekkige volk. Sut 82:17 En Moshè het die Aangesig van JaHWeH gesoek, en hy het tot JaHWeH gebid vir die volk oor die kalf wat hulle gemaak het en het daarna afgeklim van die berg af en in sy hande was die twee Kliptablette wat JaHWeH aan hom gegee het om die JisraEliete mee te onderrig. Sut 82:18 Toe Moshè die laer nader, het hy die kalf gesien wat die volk gemaak het, en die woede van Moshè het ontvlam en hy het die tafels onder die berg gebreek. Sut 82:19 En Moshè het in die laer gekom en hy het die kalf geneem en hom met vuur verbrand en hom gemaal tot hy fyn geword het en hom op die water gestrooi en hom aan die JisraEliete gegee om te drink. Sut 82:20 Daar het hulle die swaard teen mekaar getrek en omtrent drieduisend man wat die kalf gemaak het, het omgekom. Sut 82:21 In die oggend het Moshè aan die mense gesê: Ek sal opgaan na JaHWeH, miskien kan ek versoening kry vir julle oortredinge wat julle voor die Aangesig van JaHWeH begaan het. Sut 82:22 En Moshè het weer opgegaan na JaHWeH en hy het by JaHWeH veertig dae en veertig nagte gebly. Sut 82:23 En gedurende die veertig dae het Moshè JaHWeH gesmeek om JisraEl se onthalwe en JaHWeH het Moshè se gebed verhoor en JaHWeH was hom barmhartig oor JisraEl. Sut 82:24 Toe het JaHWeH met Moshè gespreek om twee Kliptablette te kap en hulle op te bring na JaHWeH wat op hulle die Tien Gebooie sou skryf. Sut 82:25 En Moshè het so gedoen, en hy het afgeklim en die twee tafels uitgekap en het teen die berg Sinai opgeklim na JaHWeH en JaHWeH het die Tien Gebooie op die tafels geskryf. Sut 82:26 Moshè het nog veertig dae en veertig nagte by JaHWeH gebly en JaHWeH het hom onderrig in die Insettinge en Verordeninge wat aan JisraEl oorgedra moes word. Sut 82:27 En JaHWeH het hom beveel aangaande die kinders van JisraEl dat hulle 'n Apartheidsplek moes maak vir JaHWeH, sodat Sy Naam daarin mag woon en JaHWeH het hom die gelykenis van die Apartheidsplek getoon en die gelykenis van al die voorwerpe. Sut 82:28 En aan die einde van die veertig dae het Moshè van die berg afgekom en die twee tafels was in sy hand. Sut 82:29 Moshè het by die kinders van JisraEl gekom en met hulle al die woorde van JaHWeH gepraat en hy het hulle die Wet geleer, die Insettinge en Verordeninge wat JaHWeH hom geleer het. Sut 82:30 En Moshè het die kinders van JisraEl die Woord van JaHWeH geleer, dat 'n Apartheidsplek vir Hom gemaak moes word sodat Hy in die midde van die kinders van JisraEl kon woon. Sut 82:31 Die volk het hulle verheug oor die suiwer dinge wat JaHWeH tot hulle deur Moshè gespreek het en hulle het gesê: Ons sal alles doen wat JaHWeH met u gespreek het. Sut 82:32 En die volk het soos een man opgestaan en hulle het gewillig bydraes gebring na die Apartheidsplek van JaHWeH en elke man het sy slagdier aan JaHWeH gebring vir die werk aan die Apartheidsplek en vir al Sy dienswerk. Sut 82:33 En uit al die kinders van JisraEl het elke man gebring van alles wat in sy besit gevind was vir die werk aan die Apartheidsplek van JaHWeH, goud, silwer en koper en alles wat bruikbaar was vir die Apartheidsplek. Sut 82:34 Al die wyse manne wat vaardig was in werk het gekom en die Apartheidsplek van JaHWeH gemaak volgens alles wat JaHWeH beveel het. Elke man in die werk waarin hy vaardig was en al die wyse manne van hart het die Apartheidsplek gemaak, en al die meubels en al die toebehore vir die gewyde diens soos JaHWeH Moshè beveel het. Sut 82:35 Die werk aan die Apartheidsplek van die Tabernakel was voltooi aan die einde van vyf maande en die kinders van JisraEl het alles gedoen wat JaHWeH Moshè beveel het. Sut 82:36 En hulle het die Apartheidsplek en al sy meubels na Moshè gebring net soos die gelykenis wat JaHWeH aan Moshè gewys het, so het die kinders van JisraEl gedoen. Sut 82:37 En Moshè het die werk gesien en hulle het dit gedoen soos JaHWeH hom beveel het, en Moshè het hulle geseën. //Offers word gebring. Kanaän word verken. Sut 83:1 IN die twaalfde maand op die drie-en-twintigste van die maand, het Moshè vir Aäron en sy seuns geneem en hy het hulle geklee in hulle kledingstukke en hulle gesalf en aan hulle gedoen soos JaHWeH hom beveel het. En Moshè het al die bydraes gebring wat JaHWeH hom op daardie dag beveel het. Sut 83:2 Moshè het Aäron en sy seuns daarna geneem en aan hulle gesê: Vir sewe dae sal julle by die deur van die Tabernakel bly, want so is ek beveel. Sut 83:3 En Aäron en sy seuns het alles gedoen wat JaHWeH hulle deur Moshè beveel het, en hulle het vir sewe dae by die deur van die Tabernakel gebly. Sut 83:4 Op die agtste dag, wat die eerste dag van die maand was, in die tweede jaar van die JisraEliete se uittog uit Egipte, het Moshè die Apartheidsplek opgerig. En Moshè het al die meubels van die Tabernakel opgerig en al die meubels van die Apartheidsplek en hy het alles gedoen wat JaHWeH hom beveel het. Sut 83:5 En Moshè het na Aäron en sy seuns geroep en hulle het die brandoffer en die sondoffer vir hulleself en die kinders van JisraEl gebring soos JaHWeH Moshè beveel het. Sut 83:6 Op daardie dag het die twee seuns van Aäron, Nadab en Abíha, vreemde vuur geneem en hom voor die Aangesig van JaHWeH gebring wat hulle nie beveel is nie en 'n Vuur het van voor die Aangesig van JaHWeH uitgegaan en Hy het hulle verteer. En hulle het voor die Aangesig van JaHWeH op daardie dag gesterf. Sut 83:7 Op die dag wat Moshè die oprigting van die Apartheidsplek voltooi het, het die vorste van die kinders van JisraEl begin om hulle bydraes te bring voor die Aangesig van JaHWeH, vir die inwyding van die altaar. Sut 83:8 Hulle het hulle bydraes gebring, elke owerste vir een dag, 'n owerste elke dag vir twaalf dae. Sut 83:9 En al die bydraes wat hulle gebring het, elke man op sy dag, was een silwerskottel wat eenhonderd-en-dertig sikkels geweeg het en een silwerkom van sewentig sikkels, volgens die sikkels van die Apartheidsplek, altwee vol fyn meel met olie gemeng as spysbydrae. Sut 83:10 Een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk. Sut 83:11 Een jong bul, een ram, een jaaroud lam as 'n brandoffer. Sut 83:12 En een boklam van die bokke as sondoffer. Sut 83:13 En as slagdiere van vergoeding: Twee bulle, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Sut 83:14 So het die twaalf owerstes van JisraEl dag vir dag gedoen, elke man op sy dag. Sut 83:15 En dit was hierna, op die dertiende dag van die maand, dat Moshè die kinders van JisraEl beveel het om die Pasga te hou. Sut 83:16 En die kinders van JisraEl het die Pasga gehou op sy tyd, op die veertiende dag van die maand. Soos JaHWeH Moshè beveel het, so het die kinders van JisraEl gedoen. Sut 83:17 In die tweede maand, op die eerste dag daarvan, het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: Sut 83:18 Tel die hoofde van al die manlikes onder die kinders van JisraEl van twintig jaar en ouer, jy en jou broer, Aäron, en die twaalf owerstes van JisraEl. Sut 83:19 En Moshè het so gedoen en Aäron het met die twaalf owerstes van JisraEl gekom en hulle het die kinders van JisraEl getel in die wildernis van Sinai. Sut 83:20 En die getalle van die kinders van JisraEl volgens die huise van hulle vaders, vanaf twintig jaar en ouer, was seshonderd-en-drie-duisend-vyfhonderd-en-vyftig. Sut 83:21 Maar die kinders van Levi was nie getel onder hulle broers, die kinders van JisraEl, nie. Sut 83:22 Die getal van al die manlikes van die kinders van JisraEl van een maand en ouer, was twee-en-twintigduisend-tweehonderd-en-sewentig. Sut 83:23 En die getal van die kinders van Levi van een maand en ouer, was twee-en-twintigduisend. Sut 83:24 Moshè het die priesters en die Leviete geplaas elkeen na sy dienswerk en na sy taak om die Apartheidsplek van die Tabernakel te dien soos JaHWeH Moshè beveel het. Sut 83:25 En op die twintigste dag van die maand het die Wolkkolom gelig van die Tabernakel van Getuienis. Sut 83:26 In daardie tyd het die kinders van JisraEl hulle tog voortgesit in die wildernis van Sinai en hulle het drie dagreise getrek en die Wolkkolom het oor die wildernis van Paran gerus. Daar het die Toorn van JaHWeH teen JisraEl ontvlam, want hulle het JaHWeH versoek deur Hom vir vleis te vra sodat hulle mag eet. Sut 83:27 En JaHWeH het na hulle stem geluister en Hy het aan hulle vir een maand vleis gegee wat hulle geëet het. Sut 83:28 Hierna het die Toorn van JaHWeH teen hulle ontvlam en Hy het hulle geslaan met 'n groot slagting en hulle is begrawe in daardie plek. Sut 83:29 Die kinders van JisraEl het daardie plek Kibrot-Hattáäwa genoem, want daar het hulle die volk begrawe wat vleis begeer het. Sut 83:30 En hulle het weggetrek van Kibrot-Hattáäwa en het laer opgeslaan in Háserot wat in die wildernis van Paran is. Sut 83:31 En terwyl die kinders van JisraEl in Háserot was, het die Toorn van JaHWeH ontvlam teen Mirjam as gevolg van Moshè, en sy het melaats geword, soos sneeu. Sut 83:32 En sy was buite die kamp opgesluit vir sewe dae, totdat sy na haar melaatsheid weer opgeneem is. Sut 83:33 Die kinders van JisraEl het daarna weggetrek van Háserot, en het laer opgeslaan op die rand van die wildernis van Paran. Sut 83:34 In daardie tyd het JaHWeH met Moshè gespreek om twaalf man uit die kinders van JisraEl te stuur, een uit 'n stam, om die Aarde van Kanaän te verken. Sut 83:35 En Moshè het die twaalf man gestuur en hulle het in die Aarde van Kanaän gekom om haar te verken en te ondersoek en hulle het die hele land verken van die wildernis Sin tot by Rehob soos jy by Hamat kom. Sut 83:36 En na veertig dae het hulle by Moshè en Aäron gekom, en hulle het aan hom woord gebring soos wat dit in hulle harte was. En tien van die manne het aan die seuns van JisraEl slegte berig gebring van die land wat hulle verken het en hulle het gesê: Dit is beter vir ons om na Egipte terug te keer as om na hierdie land te gaan, 'n Land wat sy inwoners verteer. Sut 83:37 Maar JeHôWshua, die seun van Nun en Kaleb, die seun van Jefúnne wat onder hulle was wat die land verken het, het gesê: Die land is baie goed. Sut 83:38 As JaHWeH 'n behae in ons het dan sal Hy ons na hierdie land neem en haar aan ons gee, want sy is 'n land wat vloei van melk en heuning. Sut 83:39 Maar die kinders van JisraEl wou nie na hulle luister nie en hulle het geluister na die woorde van die tien manne wat 'n slegte berig gebring het oor die land. Sut 83:40 En JaHWeH het die murmurering van die kinders van JisraEl gehoor en Hy was kwaad en het gesweer en gesê: Sut 83:41 Waarlik, nie een man van hierdie besoedelde geslag van twintig jaar en daarbo sal die land sien nie, behalwe Kaleb, die seun van Jefúnne en JeHôWshua, die seun van Nun. Sut 83:42 Maar verseker sal hierdie besoedelde geslag omkom in hierdie wildernis en hulle kinders sal in die land kom en haar besit. Dus het die Toorn van JaHWeH ontvlam teen die kinders van JisraEl en Hy het hulle laat ronddwaal in die wildernis vir veertig jaar tot die einde van daardie besoedelde geslag, omdat hulle JaHWeH nie gevolg het nie. Sut 83:43 En die volk het in die wildernis van Paran vir 'n lang tyd gebly en daarna het hulle na die woestyn getrek deur die Riet see (Skelf-See, Rooi-See). //Die dood van Aäron. Sut 84:1 OP daardie tyd het Korag, die seun van Jishar, die seun van Kehat, die seun van Levi, baie manne van die kinders van JisraEl geneem en hulle het opgestaan en met Moshè en Aäron en die hele vergadering getwis. Sut 84:2 En JaHWeH was kwaad vir hulle en die Aarde het haar mond oopgemaak, en hulle ingesluk met hulle huise en alles wat aan hulle behoort het en al die manne wat aan Korag behoort het. Sut 84:3 Daarna het Elohim die volk laat rondtrek langs die weg van die berg Seïr vir 'n lang tyd. Sut 84:4 En op daardie tyd het JaHWeH aan Moshè gesê: Moenie 'n oorlog uitlok teen die kinders van Esau nie, want Ek sal vir jou niks gee wat aan hulle behoort nie, nie soveel as wat die sool van 'n voet op kan trap nie, want ek het die berg Seïr as 'n erfenis aan Esau gegee. Sut 84:5 Daarom het die kinders van Esau geveg teen die kinders van Seïr in die dae van die voortyd en JaHWeH het die kinders van Seïr in die hand van die kinders van Esau gegee en het hulle vernietig voor hulle uit en die kinders van Esau bly tot vandag toe nog in hulle plek. Sut 84:6 Daarom het JaHWeH aan die kinders van JisraEl gesê: Veg nie teen die kinders van Esau, julle broers nie, want niks in hulle deel van die Aarde behoort aan julle nie. Maar julle mag met geld voedsel van hulle koop en dit eet en julle mag water van hulle koop met geld en dit drink. Sut 84:7 En die kinders van JisraEl het gedoen volgens die Woord van JaHWeH. Sut 84:8 Die kinders van JisraEl het rondgetrek in die wildernis en hulle het op die pad van die berg Seïr getrek vir 'n lang tyd en het die kinders van Esau nie aangeraak nie en hulle het voortgegaan in daardie gedeelte vir negentien jaar. Sut 84:9 In daardie tyd het Latinus, die koning van die kinders van Kittië, gesterf in die vyf-en-veertigste jaar van sy regering wat die veertiende jaar van die kinders van JisraEl se uittog uit Egipte was. Sut 84:10 En hulle het hom begrawe in sy plek wat hy vir homself gebou het in die Aarde van Kittië, en Abimnas het in sy plek regeer vir agt-en-dertig jaar. Sut 84:11 En die kinders van JisraEl het die grense oorgesteek van die kinders van Esau in daardie dae, aan die einde van negentien jaar, en hulle het gekom en die pad van die wildernis van Moab verbygegaan. Sut 84:12 En JaHWeH het aan Moshè gesê: Moenie Moab beleër nie en moenie teen hulle veg nie, want Ek sal jou niks van hulle Aarde gee nie. Sut 84:13 En die kinders van JisraEl het verby die pad getrek van die wildernis van Moab vir negentien jaar en hulle het nie teen hulle geveg nie. Sut 84:14 En in die ses-en-dertigste jaar van die kinders van JisraEl se uittog uit Egipte, het JaHWeH die hart van Sihon, die koning van die Amoriete, geraak en hy het oorlog gemaak en hy het uitgetrek om teen die kinders van Moab te veg. Sut 84:15 En Sihon het boodskappers gestuur na Beor, die seun van Jannes, die seun van Bíleam, raadgewer van die koning van Egipte, en aan Bíleam, sy seun, om Moab te vervloek, sodat sy in die hand van Sihon oorgegee kan word. Sut 84:16 En die boodskappers het gegaan en Beor, die seun van Jannes, en Bíleam, sy seun, vanaf Petor in Mesopotamië gebring. Dus het Beor en Bíleam, sy seun, na die stad van Sihon gekom en hulle het Moab en hulle koning vervloek voor die aangesig van Sihon, die koning van die Amoriete. Sut 84:17 Toe het Sihon met sy hele leër uitgetrek en hy het na Moab gegaan en het teen hulle geveg en hy het hulle onderwerp, en JaHWeH het hulle in sy hand oorgegee, en Sihon het die koning van Moab doodgemaak. Sut 84:18 En Sihon het al die stede van Moab ingeneem in die oorlog. Hy het ook Hesbon van hulle geneem, want Hesbon was een van die stede van Moab, en Sihon het sy prinse en edelmanne in Hesbon geplaas en Hesbon het aan Sihon behoort in daardie dae. Sut 84:19 Daarom het die spreukedigters, Beor en Bíleam, sy seun, hierdie woorde ge-uiter en gesê: Kom na Hesbon, die stad van Sihon sal gebou en gevestig word. Sut 84:20 Wee aan jou Moab! Jy is verlore, o volk van Kernos! Kyk, dit is geskryf op die Boekrol van die Wet van Elohim. Sut 84:21 En nadat Sihon Moab verower het, het hy wagte geplaas in die stede wat hy van Moab verower het, en 'n aansienlike aantal van die kinders van Moab het in die oorlog in die hand van Sihon geval. En hy het baie van hulle gevange geneem, seuns en dogters. En hy het hulle koning gedood, en Sihon het teruggedraai na sy eie land. Sut 84:22 En Sihon het baie geskenke van goud en silwer gegee aan Beor en Bíleam, sy seun, en hy het hulle laat gaan en hulle het na Mesopotamië teruggegaan, na hulle huis en landstreek. Sut 84:23 In daardie tyd het al die kinders van JisraEl afgegaan van die pad van die wildernis van Moab en hulle het teruggekeer en na die wildernis van Edom getrek en haar omsingel. Sut 84:24 En die hele vergadering het na die wildernis Sin gekom in die eerste maand van die veertigste jaar van hulle uittog uit Egipte. En die kinders van JisraEl het daar gewoon in Kades die wildernis van Sin. En Mirjam het daar gesterwe en sy is begrawe. Sut 84:25 In daardie tyd het Moshè boodskappers gestuur na Hadad, die koning van Edom, en gesê: So sê u broer, JisraEl, laat ek deurtrek, ek smeek u, deur u land. Ons sal nie deurtrek deur landerye of wingerde nie, ons sal nie die water van die putte drink nie, ons sal deurtrek in die koning se weg. Sut 84:26 En Edom het aan hom gesê: Jy sal nie deur my land trek nie, en Edom het uitgetrek om die kinders van JisraEl te ontmoet met 'n magtige volk. Sut 84:27 En die kinders van Esau het geweier om die kinders van JisraEl deur hulle land te laat trek; daarop het die JisraEliete van hulle weggetrek en nie teen hulle geveg nie. Sut 84:28 Want voor dit het JaHWeH die kinders van JisraEl bevel gegee en gesê: Julle sal nie teen die kinders van Esau veg nie. Daarom het die JisraEliete weggetrek van hulle en het nie teen hulle geveg nie. Sut 84:29 Dus het die kinders van JisraEl van Kades af weggetrek en die hele volk het by die Berg Hor gekom. Sut 84:30 Op daardie tyd het JaHWeH aan Moshè gesê: Sê aan jou broer, Aäron, dat hy daar sal sterf, want hy mag nie kom in die Aarde wat Ek aan die kinders van JisraEl gegee het nie. Sut 84:31 En Aäron het op bevel van JaHWeH, by die berg Hor opgegaan in die veertigste jaar, in die vyfde maand, op die eerste dag van die maand. Sut 84:32 En Aäron was eenhonderd drie-en-twintig jaar oud toe hy gesterf het op die berg Hor. //JisraEl vermeng met die Moabiete en die Midianiete. Sut 85:1 EN koning Arad, die Kanaäniet, wat in die suide gewoon het, het daar gehoor dat die JisraEliete in aantog was. En hy het sy magte opgestel om te veg teen die JisraEliete. Sut 85:2 Die kinders van JisraEl was baie bang vir hom, want hy het 'n groot en sterk leër gehad. Dus het die kinders van JisraEl besluit om terug te keer na Egipte. Sut 85:3 En die kinders van JisraEl het teruggedraai omtrent drie dagreise na Maserat Beni Jaakon, want hulle was baie bevrees as gevolg van die koning Arad. Sut 85:4 En die kinders van JisraEl wou nie terugkeer na hulle staanplekke nie en hulle het in Beni Jaakon gebly vir dertig dae. Sut 85:5 Toe die kinders van Levi sien dat die kinders van JisraEl nie wou terugkeer nie, was hulle jaloers ter wille van JaHWeH en hulle het opgestaan en geveg teen die JisraEliete, hulle broers, en hulle het 'n groot aantal van hulle gedood en hulle gedwing om terug te keer na die staanplekke by die berg Hor. Sut 85:6 Toe hulle terugkeer, was koning Arad nog besig om sy leër op te stel vir die oorlog teen die JisraEliete. Sut 85:7 JisraEl het 'n eed gesweer en gesê: As U hierdie volk in ons hand sal gee, dan sal ons hulle stede heeltemal verwoes. Sut 85:8 En JaHWeH het geluister na die stem van JisraEl en Hy het die Kanaäniete in hulle hand oorgelewer en hulle het hulle en hul stede heeltemal vernietig en hulle het die naam van die plek Horma genoem. Sut 85:9 En die kinders van JisraEl het weggetrek van Obot en het laer opgeslaan by Ijje-Haäbakim, op die grens van Moab. Sut 85:10 Die kinders van JisraEl het gestuur na Moab en gesê: Laat ons nou deur u land trek na ons plek. Maar die kinders van Moab wou die kinders van JisraEl nie toelaat om deur hulle land te trek nie. Maar die kinders van Moab was bang dat die kinders van JisraEl aan hulle sou doen soos wat Sihon, die koning van die Amoriete, aan hulle gedoen het, wat hulle land geneem en baie van hulle doodgemaak het. Sut 85:11 Daarom wou Moab nie die JisraEliete toelaat om deur sy land te trek nie, en JaHWeH het die kinders van JisraEl beveel en gesê dat hulle nie teen Moab moet veg nie. En die kinders van JisraEl het weggetrek van Moab. Sut 85:12 Die kinders van JisraEl het weggetrek van die grens van Moab af en hulle het aan die anderkant van Arnon gekom, die grens van Moab, tussen Moab en die Amoriete. En hulle het laer opgeslaan op die grens van Sihon, die koning van die Amoriete, in die wildernis van Kedémot. Sut 85:13 En die kinders van JisraEl het boodskappers na Sihon, die koning van die Amoriete, gestuur en gesê: Sut 85:14 Laat ons deur u land trek, ons sal nie in die landerye of in die wingerde ingaan nie. Ons sal deurtrek met die koning se hoofweg totdat ons oor u grense is. Maar Sihon het geweier dat die JisraEliete daar mag deurtrek. Sut 85:15 Toe het Sihon die hele volk van die Amoriete bymekaar gemaak en uitgetrek in die wildernis om die kinders van JisraEl te ontmoet en hy het teen JisraEl geveg by Jahas. Sut 85:16 En JaHWeH het Sihon, die koning van die Amoriete, in die hand van die kinders van JisraEl gegee en JisraEl het die hele volk van Sihon verslaan met die skerpte van die swaard en die saak van Moab gewreek. Sut 85:17 Die kinders van JisraEl het besit van die Aarde van Sihon geneem, van Aram af tot by Jabbok, by die kinders van Ammon, en hulle het al die buit van die stede geneem. Sut 85:18 JisraEl het al hierdie stede geneem en JisraEl het gewoon in al die stede van die Amoriete. Sut 85:19 En al die kinders van JisraEl het besluit om te veg teen die kinders van Ammon om hulle land ook te neem. Sut 85:20 Toe het JaHWeH aan die kinders van JisraEl gesê: Moenie die kinders van Ammon beleër nie en oorlog teen hulle opwek nie, want Ek sal aan julle niks van hulle deel van die Aarde gee nie. En die kinders van JisraEl het geluister na die Woord van JaHWeH en het nie teen die kinders van Ammon geveg nie. Sut 85:21 En die kinders van JisraEl het omgedraai en in die rigting van Basan opgetrek na die Aarde van Og, die koning van Basan, en Og, die koning van Basan, het uitgetrek om die JisraEliete in oorlog te ontmoet, en hy het by hom baie dapper manne gehad en 'n baie sterk mag van die volk van die Amoriete. Sut 85:22 En Og, die koning van Basan, was 'n baie magtige man en Naäron, sy seun, was geweldig sterk, selfs sterker as wat hy was. Sut 85:23 En Og het in sy hart gesê: Kyk, die hele leër van JisraEl vul 'n gebied van drie parsa [Term vir 4 myl - 2 000 voorarm] nou sal ek hulle gou verslaan, sonder swaard of spiese. Sut 85:24 En Og het teen die berg Jahas uitgegaan en daar een groot klip geneem, die lengte daarvan was drie parsa [moontlik 'n afstands-illusie] en hy het haar op sy hoof geplaas en besluit om haar op die laer van die kinders van JisraEl te gooi om al die JisraEliete dood te maak met daardie klip. [Psalm 118:24 ; 1Petrus 2:7] Sut 85:25 En die Boodskapper van JaHWeH het gekom en die klip deurboor op die hoof van Og, en die klip het op Og se nek geval sodat Og op die grond geval het as gevolg van die gewig van die klip op sy nek. Sut 85:26 Op daardie tyd het JaHWeH aan die kinders van JisraEl gesê: Wees nie bevrees vir hom nie, want Ek het hom en sy hele volk en sy hele land in julle hand gegee en julle sal aan hom doen soos wat julle aan Sihon gedoen het. Sut 85:27 En Moshè het na hom afgegaan met 'n klein aantal van die kinders van JisraEl en Moshè het Og met 'n Staf op sy enkels geslaan en hy het hom gedood. [DaniEl 2:34] Sut 85:28 En die kinders van JisraEl het daarna die kinders van Og en sy hele volk agtervolg en hulle het hulle verslaan en verdelg totdat daar geen oorblyfsel van hulle oor was nie. Sut 85:29 Daarna het Moshè sommige van die kinders van JisraEl gestuur om Jaéser te bespied, want Jaéser was 'n baie bekende stad. Sut 85:30 Die bespieders het na Jaéser gegaan en het haar verken en die bespieders het op JaHWeH vertrou en hulle geveg teen die manne van Jaéser. Sut 85:31 Hierdie manne het Jaéser en haar dorpies ingeneem en JaHWeH het hulle oorgegee in hulle hand en hulle het die Amoriete wat daar was, uitgedryf. Sut 85:32 Die kinders van JisraEl het die land van die twee konings van die Amoriete geneem, sestig stede wat oorkant die Jordaan was van die spruit van Arnon tot by die berg Hermon. Sut 85:33 En die kinders van JisraEl het weggetrek en in die vlakte van Moab gekom wat aan hierdie kant van die Jordaan is, by Jerigo. Sut 85:34 Die kinders van Moab het van al die ellende gehoor wat die kinders van JisraEl aan die twee konings van die Amoriete, aan Sihon en Og, gedoen het en al die manne van Moab was baie bang vir die JisraEliete. Sut 85:35 En die oudstes van Moab het gesê: Kyk die twee konings van die Amoriete, Sihon en Og, wat sterker was as al die konings van die Aarde, kon nie staan teen die kinders van JisraEl nie, hoe kan ons dan voor hulle bly staan? Sut 85:36 Waarlik, hulle het voorheen 'n boodskap aan ons gestuur om deur ons land te trek op hulle pad en ons wou hulle nie toelaat nie. Nou sal hulle teen ons draai met hulle magtige swaarde en ons vernietig. En Moab was beangs oor die kinders van JisraEl en hulle was baie bang vir hulle en hulle het saam raad gehou oor wat hulle te doen staan met die kinders van JisraEl. Sut 85:37 En die oudstes van Moab het besluit en een van hulle manne geneem, Balak, die seun van Sippor, die Moabiet, en hom koning oor hulle gemaak in daardie tyd, en Balak was 'n baie wyse man. Sut 85:38 En die oudstes van Moab het opgestaan en na die kinders van Midian gestuur om vrede met hulle te sluit, want 'n groot oorlog en vyandskap was tussen Moab en Midian in daardie dae vanaf die dae van Hadad, die seun van Bedad, die koning van Edom, wat Midian verslaan het in die velde van Moab tot met hierdie dae. Sut 85:39 En die kinders van Moab het gestuur na die kinders van Midian en hulle het vrede gesluit met hulle. En die oudstes van Midian het na die Aarde van Moab gekom om vrede te maak namens die kinders van Midian. Sut 85:40 Die oudstes van Moab en die oudstes van Midian het saam raad gehou oor wat om te doen om hulle lewens te red van JisraEl. Sut 85:41 En al die kinders van Moab het aan die oudstes van Midian gesê: Dus sal die kinders van JisraEl alles opeet wat rondom ons is, soos die os die gras van die veld opeet, want so het hulle gedoen aan die twee konings van die Amoriete wat sterker as ons is. Sut 85:42 Die oudstes van Midian het aan Moab gesê: Ons het gehoor dat in die tyd toe Sihon, die koning van die Amoriete, teen julle geveg het, toe hy julle oorwin het en julle land geneem het, het hy gestuur vir Beor, die seun van Jannes, en na Bíleam, sy seun, van Mesopotamië, en hulle het gekom en julle vervloek. Daarom het die hand van Sihon julle oorwin sodat hy julle land geneem het. Sut 85:43 Daarom nou, stuur julle ook vir Bíleam, sy seun, want hy bly nog steeds in sy land, en gee hom sy loon, sodat hy kan kom en al die mense waarvoor julle bang is, kan vervloek. Dus het die oudstes van Moab hierdie saak gehoor, en dit het hulle geval om na Bíleam, die seun van Beor, te stuur. Sut 85:44 En Balak, die seun van Sippor, die koning van Moab, het boodskappers na Bíleam gestuur en gesê: Sut 85:45 Kyk, daar het 'n volk uit Egipte getrek. Kyk, hulle het die aangesig van die Aarde oordek en staan gelaer teenoor my. Sut 85:46 Dus kom en vervloek hierdie volk vir my, want hulle is magtiger as ek. Miskien sal ek hulle oorwin as ek teen hulle veg, want ek hoor die een wat jy seën, is geseënd, en dié wat jy vervloek, is vervloek. Sut 85:47 Toe het die boodskappers van Balak na Bíleam gegaan en het Bíleam gebring om die volk te vervloek om teen Moab te veg. Sut 85:48 En Bíleam het na Balak gekom om JisraEl te vervloek en JaHWeH het aan Bíleam gesê: Vervloek nie hierdie volk nie, want hulle is geseënd. [Númeri 22:12] Sut 85:49 Balak het dag na dag by Bíleam aangedring om JisraEl te vervloek, maar Bíleam het nie na Balak geluister nie, weens die woorde wat JaHWeH tot Bíleam gespreek het. Sut 85:50 Toe Balak sien dat Bíleam nie gaan toegee aan sy wens nie, het hy opgestaan en huis toe gegaan, en Bíleam het ook teruggekeer na sy land en hy het van daar af na Midian gegaan. Sut 85:51 Die kinders van JisraEl het weggetrek van die vlakte van Moab en het laer opgeslaan by die Jordaan van Bet-Hajésimot, selfs tot by Abel-Hassittom, aan die einde van die vlakte van Moab. Sut 85:52 Toe die kinders van JisraEl vertoef het op die vlakte van Sittim, het hulle begin hoereer met die dogters van Moab. Sut 85:53 En die kinders van JisraEl het Moab genader en die kinders van Moab het hulle tente opgeslaan oorkant die laer van die kinders van JisraEl. Sut 85:54 Die kinders van Moab was bang vir die kinders van JisraEl en die kinders van Moab het al hulle dogters en vroue wat mooi van aansien en pragtig in voorkoms was, geneem en hulle in silwer en goud geklee en kosbare kledingstukke. Sut 85:55 Die kinders van Moab het hierdie vrouens by die deure van hulle tente laat sit sodat die kinders van JisraEl hulle kon aanskou en tot hulle wend en nie teen Moab veg nie. Sut 85:56 Al die kinders van Moab het so aan die kinders van JisraEl gedoen en elke man het sy vrou en dogter geplaas by die ingang van sy tent. En al die kinders van JisraEl het hierdie daad gesien van die kinders van Moab en die kinders van JisraEl het na die dogters van Moab gedraai en hulle begeer en hulle het na hulle gegaan. Sut 85:57 En dit het gebeur dat wanneer 'n Hebreër by die ingang van 'n tent van Moab kom, en 'n dogter van Moab sien, en haar in sy hart begeer het, en met haar by die ingang van die tent gespreek het oor wat sy begeer, en terwyl hulle met mekaar praat, sou die manne van die tent uitkom en dan sou die Hebreër die volgende woorde spreek: Sut 85:58 Waarlik, weet jy dat ons broers is? Ons is almal die nageslag van Lot en die nageslag van Abraham, sy broer. Waarom dan sal jy nie by ons vertoef nie en waarom sal jy nie ons brood en ons bydraes eet nie? Sut 85:59 Toe die kinders van Moab hom so oorweldig het met hulle woorde en hom uitgelok het met hulle vleiende woorde, het hulle hom in die tent laat sit en vir hom gekook en bydraes aan hom gegee en hy het van hulle bydraes en van hulle brood geëet. Sut 85:60 Dan het hulle hom wyn gegee en hy het gedrink en dronk geword en hulle het 'n pragtige vrou voor hom gebring en hy het met haar gedoen volgens sy begeerte, want hy het nie geweet wat hy doen nie omdat hy oormatig wyn gedrink het. Sut 85:61 So het die kinders van Moab gedoen aan JisraEl in daardie plek op die vlakte van Sittim. En die Woede van JaHWeH het teen JisraEl ontvlam oor hierdie saak en Hy het 'n pes onder hulle ingestuur en daar het vier-en-twintigduisend man van die JisraEliete gesterf. Sut 85:62 Daar was 'n man van die kinders van Simeon met die naam Simri, hy was die seun van Salu, wat homself verbind het met die Midianiet, Kosbi, die dogter van Sur, die koning van Midian, voor die oë van al die kinders van JisraEl. Sut 85:63 En Píneas, die seun van EliEzer, die seun van Aäron, die priester, het hierdie vermenging gesien wat Simri gedoen het en hy het opgestaan en 'n spies geneem en agter hulle aangegaan en hulle albei deurboor en doodgemaak. En die pes het opgehou onder die kinders van JisraEl. //JisraEl verslaan die Midianiete en vir Bileam. Sut 86:1 IN die tyd ná die pes, het JaHWeH met Moshè en met EliEzer, die seun van Aäron, die priester, gespreek en Hy het gesê: Sut 86:2 Tel die hoofde van die hele gemeenskap van die kinders van JisraEl van twintig jaar en ouer, almal wat moet uittrek in die leër. Sut 86:3 En Moshè en EliEzer het die kinders van JisraEl getel volgens hulle families, en die getal van die hele JisraEl was sewehonderd duisend sewehonderd-en-dertig. Sut 86:4 En die getal van die kinders van Levi van een maand en ouer, was drie-en-twintig duisend en onder hulle was daar nie 'n man van hulle wat getel was deur Moshè en Aaron in die wildernis van Sinai nie. Sut 86:5 Want JaHWeH het hulle gesê dat hulle sal sterf in die wildernis en hulle het almal gesterf en nie een van hulle het oorgebly nie, behalwe Kaleb, die seun van Jefúnne, en JeHôWshua, die seun van Nun. Sut 86:6 En dit was hierna dat JaHWeH aan Moshè gesê het: Sê aan die kinders van JisraEl om op Midian die saak van hulle broers, die kinders van JisraEl, te gaan wreek. Sut 86:7 Moshè het so gedoen en die kinders van JisraEl het van onder hulle twaalfduisend man uitgekies, dit is eenduisend per stam, en hulle het na Midian gegaan. Sut 86:8 Die kinders van JisraEl het oorlog gemaak teen Midian en hulle het elke man gedood, ook die vyf prinse van Midian. En Bíleam, die seun van Beor, het hulle met die swaard gedood. Sut 86:9 En die kinders van JisraEl het die maagde van Midian gevange geneem saam met hulle kinders en hulle vee en alles wat aan hulle behoort het. Sut 86:10 En hulle het al die buit geneem en roofgoed en hulle het dit na Moshè en na EliEzer gebring in die vlakte van Moab. Sut 86:11 En Moshè en EliEzer en al die owerstes van die vergadering het uitgetrek en hulle met blydskap ontmoet. Sut 86:12 En hulle het al die buit van Midian verdeel en die kinders van JisraEl is gewreek op Midian oor die saak van hulle broers, die kinders van JisraEl. //Die dood van Moshè. Sut 87:1 OP daardie tyd het JaHWeH tot Moshè gespreek: Kyk, jou dae nader nou 'n einde, neem nou vir JeHôWshua, die seun van Nun, jou dienaar, en plaas hom in die Tabernakel en Ek sal hom beveel en Moshè het so gedoen. Sut 87:2 JaHWeH het in die Tabernakel verskyn in die Wolkkolom en die Wolkkolom het by die ingang van die Tabernakel gestaan. Sut 87:3 En JaHWeH het JeHôWshua, die seun van Nun, beveel en aan hom gesê: Wees sterk en vol moed, want jy sal die kinders van JisraEl in die Aarde bring wat Ek gesweer het om aan hulle te gee. En Ek sal met jou wees. Sut 87:4 En Moshè het aan JeHôWshua gesê: Wees sterk en vol moed, want jy sal die kinders van JisraEl die Aarde laat erwe en JaHWeH sal met jou wees. Hy sal jou nie verlaat of begewe nie, wees nie bevrees of mismoedig nie. Sut 87:5 Moshè het al die kinders van JisraEl laat roep en aan hulle gesê: Julle het al die suiwer dinge gesien wat JaHWeH, julle Elohey aan julle in die wildernis gedoen het. Sut 87:6 Daarom dan, bewaar al die woorde van Sy Wet en wandel in die Weg van JaHWeH, julle Elohey, wyk nie af van die Weg wat JaHWeH jul beveel het nie, nie na regs of links nie. Sut 87:7 En Moshè het die kinders van JisraEl die Insettinge en Verordeninge en Wet geleer om in die Aarde te doen soos JaHWeH hom beveel het. Sut 87:8 Hy het hulle die Weg van JaHWeH en Sy Wet geleer. Kyk, hulle is geskryf in die Boekrol van die Wet van Elohim wat Hy aan die kinders van JisraEl gegee het deur die hand van Moshè. Sut 87:9 En Moshè het opgehou om die kinders van JisraEl te beveel en JaHWeH het aan hom gesê: Gaan op na die gebergte Abáhrim en sterf daar en word by jou volksgenote versamel soos Aäron, jou broer, versamel is. Sut 87:10 Moshè het opgegaan soos JaHWeH hom beveel het, en hy het daar gesterf in die Aarde van Moab op bevel van JaHWeH, in die veertigste jaar van die JisraEliete se uittog uit die Aarde van Egipte. Sut 87:11 En die kinders van JisraEl het vir dertig dae geween oor Moshè op die vlakte van Moab en die dae van ween en rou oor Moshè is voltooi. //JeHôWshua verslaan Jerigo, Ai en die Amoriete. Sut 88:1 DIT was na die dood van Moshè dat JaHWeH tot JeHôWshua, die seun van Nun, gespreek en gesê het: Sut 88:2 Staan op en trek oor die Jordaan na die Adamah [die adamiet se Aarde] wat Ek aan die kinders van JisraEl gegee het en jy sal die kinders van JisraEl die Aarde laat erwe. Sut 88:3 Elke plek waarop jou voetsool trap, sal aan jou behoort, van die wildernis van Libanon tot by die groot rivier, die Eufraat-rivier, sal jou grens wees. Sut 88:4 Niemand sal voor jou stand hou al die dae van jou lewe nie. Soos Ek met Moshè was, so sal Ek met jou wees. Wees net sterk en vol moed om die hele Wet te onderhou wat Moshè jou beveel het. Wyk nie af van die Weg na regs of links nie, sodat jy voorspoedig kan wees in alles wat jy doen. Sut 88:5 JeHôWshua het die owerstes van JisraEl beveel en gesê: Gaan deur die laer en beveel die volk en sê: Maak vir julle padkos bymekaar, want oor drie dae sal julle oor die Jordaan trek om die Aarde in besit te neem. Sut 88:6 Die owerstes van die kinders van JisraEl het so gedoen en hulle het die volk beveel en hulle het alles gedoen wat JeHôWshua beveel het. Sut 88:7 JeHôWshua het twee manne gestuur om die Aarde by Jerigo te gaan verken en die manne het gegaan en het Jerigo bespied. Sut 88:8 Na sewe dae het hulle by JeHôWshua in die laer gekom en aan hom gesê: JaHWeH het die hele Aarde in ons hand gegee en al die inwoners van haar bewe uit vrees vir ons. Sut 88:9 En dit het daarna gebeur dat JeHôWshua opgestaan het in die oggend en die hele JisraEl saam met hom en hulle het weggetrek van Sittim af. JeHôWshua en die hele JisraEl saam met hom het oor die Jordaan getrek en JeHôWshua was twee-en-tagtig jaar oud toe hy die Jordaan saam met JisraEl oorgetrek het. Sut 88:10 Die volk het opgetrek van die Jordaan af op die tiende van die eerste maand en hulle het by Gilgal, by die oostelike hoek van Jerigo, laer opgeslaan. Sut 88:11 Die kinders van JisraEl het die Pasga gehou in Gilgal, op die vlaktes van Jerigo, op die veertiende dag van die maand, soos dit geskryf is in die Wet van Moshè. Sut 88:12 Die manna het opgehou op die oggend van die Pasga, en daar was nie meer manna vir die kinders van JisraEl nie en hulle het geëet van die opbrengs van die Aarde van Kanaän. Sut 88:13 Jerigo was heeltemal gesluit teen die kinders van JisraEl, niemand het uit- of ingegaan nie. Sut 88:14 Dit was in die tweede maand op die eerste van die maand, dat JaHWeH aan JeHôWshua gesê het: Staan op, kyk, Ek het Jerigo in jou hand gegee met al die inwoners van haar; en al jou krygsmanne moet om die stad gaan, een maal per dag. So moet jy doen vir ses dae. Sut 88:15 Die priesters moet op ramshorings blaas en wanneer jy die geluid van die ramshoring hoor, moet die hele volk 'n groot krygsgeskreeu aanhef sodat die stadsmure sal inval. En die hele volk moet opgaan, elke man teen sy teenstander. Sut 88:16 JeHôWshua het so gedoen volgens alles wat JaHWeH hom beveel het. Sut 88:17 Op die sewende dag het hulle sewe maal om die stad getrek en die priesters het op ramshorings geblaas. Sut 88:18 En op die sewende rondte het JeHôWshua aan die volk gesê: Skreeu, want JaHWeH het die hele stad in ons hande oorgegee. Sut 88:19 Maar die stad en alles wat in haar is, is deur JaHWeH met die banvloek getref en weerhou julleself van die ban, anders sal julle die laer van JisraEl met die banvloek tref en ellende bring. Sut 88:20 Maar al die silwer en goud en koper en yster is gewy aan JaHWeH, dit moet by die skat van JaHWeH kom. Sut 88:21 Die volk het op ramshorings geblaas en 'n groot krygsgeskreeu aangehef en die mure van Jerigo het ingeval en die hele volk het ingegaan, elkeen reg voor hom uit en hulle het die stad ingeneem en alles wat in haar was heeltemal vernietig met die skerpte van die swaard, beide man sowel as vrou, jonk en oud, bees en skaap en esel. Sut 88:22 En hulle het die hele stad met vuur verbrand; slegs die voorwerpe van silwer en goud en koper en yster het hulle by die skat van JaHWeH gevoeg. Sut 88:23 JeHôWshua het in daardie tyd gesweer en gesê: Vervloek is die man wat Jerigo opbou, ten koste van sy eersgeborene sal hy haar fondamente lê en ten koste van sy jongste sal hy haar poorte oprig. Sut 88:24 En Agan, die seun van Karmi, die seun van Sabdi, die seun van Serag, seun van JeHûWdah, het verraderlik gehandel met die bangoed, en hy het van die bangoed geneem en dit in die tent weggesteek en die Toorn van JaHWeH het teen JisraEl ontvlam. Sut 88:25 En dit was daarna toe die kinders van JisraEl teruggekeer het van die verbranding van Jerigo, dat JeHôWshua manne gestuur het om Ai te gaan verken om teen haar te veg. Sut 88:26 En die manne het opgegaan en Ai verken en hulle het teruggekeer en gesê: Moenie al die mense saam met u laat optrek na Ai nie, laat omtrent net drieduisend man gaan om die stad te verslaan, want die manne daar is maar min. Sut 88:27 JeHôWshua het so gedoen en daar het omtrent drieduisend man van die kinders van JisraEl saam met hom gegaan en hulle het geveg teen die manne van Ai. Sut 88:28 En die geveg was kwaai teen JisraEl en die manne van Ai het ses-en-dertig manne van JisraEl doodgeslaan en die kinders van JisraEl moes vlug voor die manne van Ai. Sut 88:29 Toe JeHôWshua dit sien, het hy sy klere geskeur en op sy aangesig op die grond geval voor die Aangesig van JaHWeH, hy saam met die oudstes van JisraEl en hulle het stof op hulle hoofde gesit. Sut 88:30 En JeHôWshua het gesê: Waarom, o JaHWeH, het U hierdie volk deur die Jordaan laat trek? Wat sal ek sê nadat die JisraEliete vir hulle vyande die rug gedraai het? Sut 88:31 Daarom dan, al die Kanaäniete, inwoners van hierdie land, sal hiervan hoor en ons omsingel en ons naam vernietig. Sut 88:32 En JaHWeH het aan JeHôWshua gesê: Waarom val jy op jou aangesig? Staan op en gaan uit, want die JisraEliete het oortree en van die bangoed geneem. Ek sal nie meer met julle wees tensy hulle die ban onder hulle uit verdelg nie. Sut 88:33 JeHôWshua het opgestaan en die volk bymekaar laat kom en die Urim op bevel van JaHWeH gebring en die stam van JeHûWdah was aangewys en Agan, die seun van Kamri, was aangewys. Sut 88:34 En JeHôWshua het aan Agan gesê: Sê my, my seun, wat het jy gedoen? En Agan het gesê: Ek het onder die buit 'n mooi mantel van Sínear gesien en tweehonderd sikkels silwer en 'n goudstaaf van vyftig sikkels gewig. Ek het dit begeer en dit geneem en kyk, daar lê dit begrawe in die grond binne my tent. Sut 88:35 JeHôWshua het manne gestuur wat gegaan het en dit uit die tent van Agan gehaal het en hulle het dit na JeHôWshua gebring. Sut 88:36 En JeHôWshua het Agan en die voorwerpe en sy seuns en dogters en alles wat aan hom behoort, geneem en hulle na die dal van Agor gebring. Sut 88:37 JeHôWshua het hulle daar met vuur verbrand en al die JisraEliete het Agan met klippe gestenig en bo-op hom 'n hoop klippe gestapel. Daarom het hy die plek die dal van Agor genoem. Toe het JaHWeH se Woede afgeneem en JeHôWshua het daarna teen die stad opgetrek en teen haar geveg. Sut 88:38 JaHWeH het aan JeHôWshua gesê: Wees nie bevrees of mismoedig nie. Kyk, Ek het Ai in jou hand oorgegee, haar koning en haar inwoners en jy moet aan hulle doen net soos jy aan Jerigo en haar koning gedoen het. Net die buit en die vee mag jy vir jouself buitmaak. Stel vir jou 'n hinderlaag op teen die stad aan die agterkant. Sut 88:39 JeHôWshua het gehandel volgens die woorde van JaHWeH en hy het uit die krygsmanne dertigduisend dapper manne gekies en hy het hulle gestuur en hulle het 'n hinderlaag vir die stad opgestel. Sut 88:40 En hy het hulle beveel en gesê: Wanneer julle ons kan sien, sal ons met sluheid voor hulle uitvlug en hulle sal ons agtervolg. Dan sal julle opstaan uit die hinderlaag en die stad inneem. En hulle het so gedoen. Sut 88:41 JeHôWshua het geveg en die manne van die stad het uitgetrek na JisraEl toe, onwetend dat hulle vir hulle in 'n hinderlaag lê en wag aan die agterkant van die stad. Sut 88:42 En JeHôWshua en al die JisraEliete het gemaak asof hulle uitgeput was en hulle het met sluheid oor die woestyn gevlug. Sut 88:43 Die manne van Ai het al die mense bymekaar gemaak wat in die stad was, om die JisraEliete te agtervolg en hulle het uitgetrek en is weggelok van die stad af. Nie een het agtergebly nie, en hulle het die stad oop laat staan en die JisraEliete agtervolg. Sut 88:44 En hulle wat in die hinderlaag gelê het, het opgestaan uit hulle plekke uit en gehaas om in die stad te kom en het haar ingeneem en haar aan die brand gesteek, En kyk, toe die manne van Ai omdraai, het die rook van die stad na die Hemele opgetrek en daar was vir hulle geen manier om terug te val nie, nie die manier of dáárdie manier nie. Sut 88:45 En al die manne van Ai was midde-in JisraEl, sommige aan die eenkant en ander aan die anderkant en hulle het hulle doodgeslaan sodat nie een oorgebly het nie. Sut 88:46 Die kinders van JisraEl het Melos, koning van Ai, lewendig gevang en hulle het hom na JeHôWshua gebring en JeHôWshua het hom aan 'n boom opgehang en hy het gesterf. Sut 88:47 Die kinders van JisraEl het teruggekeer na die stad nadat hulle haar afgebrand het en hulle het almal in haar doodgeslaan met die skerpte van die swaard. Sut 88:48 Die getal van die manne van Ai wat gesneuwel het, mans sowel as vroue, was twaalfduisend. Net die beeste en die buit van die stad het hulle vir hulleself geneem volgens die Woord van JaHWeH aan JeHôWshua. Sut 88:49 En al die konings aan hierdie kant van die Jordaan, al die konings van Kanaän, het gehoor van die ellende wat die kinders van JisraEl aan Jerigo en aan Ai gedoen het en hulle het bymekaar gekom om teen JisraEl te veg. Sut 88:50 Net die inwoners van Gibeon was baie bang om teen die JisraEliete te veg, uit vrees dat hulle sou omkom en hulle het met lis gehandel. En hulle het na JeHôWshua en die hele JisraEl gekom en aan hulle gesê: Ons kom van 'n ver land af, daarom, sluit nou 'n verbond met ons. Sut 88:51 En die inwoners van Gibeon het die kinders van JisraEl uitoorlê en die kinders van JisraEl het 'n verbond met hulle gesluit en hulle het vrede met hulle gemaak. En die owerstes van die vergadering het hulle laat sweer, maar daarna het die kinders van JisraEl geweet dat hulle naby woon en dat hulle tussen hulle woon. Sut 88:52 Maar die kinders van JisraEl het hulle nie verslaan nie, omdat hulle aan hulle voor die Aangesig van JaHWeH gesweer het. En hulle het houtkappers en waterdraers geword. Sut 88:53 JeHôWshua het aan hulle gesê: Waarom het julle my bedrieg om dit aan ons te doen? En hulle het hom geantwoord en gesê: Omdat dit aan u dienaars meegedeel is alles wat u aan die konings van die Amoriete gedoen het en ons was baie bang vir ons lewens en ons het hierdie ding gedoen. Sut 88:54 JeHôWshua het daardie dag van hulle houtkappers en waterdraers gemaak en hy het hulle opgedeel as slawe aan al die stamme van JisraEl. Sut 88:55 En toe Adonisedek, die koning van Jerusalem; alles hoor wat die kinders van JisraEl aan Jerigo en aan Ai gedoen het, het hy gestuur na Hoham, die koning van Hebron, en aan Piram, die koning van Jarmut, en aan Jafia, koning van Lagis, en aan Debir, die koning van Eglon, om te sê: Sut 88:56 Kom na my en help my dat ons die kinders van JisraEl en die inwoners van Gibeon, wat vrede met JisraEl gemaak het, kan verslaan. Sut 88:57 En hulle het hulle vergader en die vyf konings van die Amoriete het opgetrek met al hulle leërs, 'n menigte mense, talryk soos die sand van die see. Sut 88:58 Al hierdie konings het toe gekom en laer opgeslaan voor Gibeon, en hulle het begin om te veg teen die inwoners van Gibeon. En die manne van Gibeon het 'n woord na JeHôWshua gestuur en aan hom gesê: Kom gou op na ons toe en help ons, want al die konings van die Amoriete het saamgetrek om teen ons te kom veg. Sut 88:59 JeHôWshua en al die krygsmanne het opgetrek uit Gilgal en JeHôWshua het hulle skielik oorval en het die vyf konings verslaan met 'n groot slagting. Sut 88:60 En JaHWeH het hulle verwar voor die kinders van JisraEl wat hulle verslaan het met 'n groot slagting in Gibeon en hulle agtervolg het op die pad wat opgaan na Bet-Horon en na Makkéda, en hulle het gevlug voor die kinders van JisraEl. Sut 88:61 Terwyl hulle gevlug het, het JaHWeH haelstene uit die Hemele op hulle gestuur sodat meer van hulle gesterf het deur die haelstene as deur die slagting van JisraEl. Sut 88:62 Die kinders van JisraEl het hulle agtervolg, en hulle het hulle verder verslaan in die weg, en hulle het aangekom om hulle dood te slaan. Sut 88:63 En terwyl hulle met die slagting besig was, het die dag begin daal na die aand en JeHôWshua het voor die oë van die hele volk gesê: Son, staan stil in Gibeon, en jy, maan, in die dal van Ajalon, totdat die volk hulleself gewreek het teen hulle vyande.[JeHôWshua 10:12] Sut 88:64 En JaHWeH het geluister na die stem van JeHôWshua en die son het in die Hemele stilgestaan, en hy het stilgestaan vir die ses-en-dertig tye*, [Antieke JisraEl het 36 ure per dag indelings gehad] en die maan het ook stilgestaan en hom nie gehaas om vir 'n hele dag onder te gaan nie. Sut 88:65 En daar was geen dag soos hierdie een, voor hom en na hom, dat JaHWeH na die stem van 'n man geluister het nie, want JaHWeH het vir JisraEl gestry. //JeHôWshua maak oorlog in Kanaän. Sut 89:1 TOE het JeHôWshua hierdie lied aangehef op die dag toe JaHWeH die Amoriete in die hand van JeHôW-shua en die kinders van JisraEl gegee het, en hy het daar voor die oë van die hele JisraEl gespreek: Sut 89:2 U het magtige dinge gedoen, O JaHWeH, U het groot dade verrig. Wie is soos U? My lippe sal U Naam besing. Sut 89:3 My Suiwerheid en my Krag, my sterk Toring, ek sal 'n nuwe lied tot U sing. Met danksegging sal ek tot U sing, U is die Sterkte van my redding. Sut 89:4 Al die konings van die Aarde sal U prys, die vorste van die wêreld sal tot U sing. Die kinders van JisraEl sal hulle verbly in U Redding, hulle sal sing en U Krag prys. Sut 89:5 Op U, O JaHWeH het ons vertrou. Ons het gesê U is ons Elohey, want U is ons Beskutting en Sterk Toring teen ons vyande. Sut 89:6 Tot U het ons geroep en was nie beskaam nie. In U was ons vertroue en is verlos. Wanneer ons tot U geroep het, het U ons stem gehoor, U het ons siele verlos van die swaard, U het aan ons Barmhartigheid getoon, U het aan ons Redding gegee, U het ons harte verbly met U Krag. Sut 89:7 U het uitgetrek tot ons redding, met U Arm het U ons verlos. U het ons geantwoord uit die Hemele van U Apartheid, U het ons gered van tienduisende van mense. Sut 89:8 Die son en die maan het stilgestaan in die Hemele en U het opgestaan in U Woede teen ons verdrukkers en het U oordele oor hulle gebied. [JeHôWshua 10:13] Sut 89:9 Al die vorste van die Aarde het opgestaan, die konings van die nasies het hulleself vergader, hulle was nie geroer deur U Aangesig nie, hulle het U stryd begeer. Sut 89:10 U het teen hulle opgestaan in U Woede, en het U gramskap op hulle neergebring. U het hulle verdelg in U Woede en hulle afgesny in U Hart. Sut 89:11 Nasies is verteer deur U Grimmigheid, koninkryke het onder gegaan deur U Woede. U het konings verwond op die dag van U Woede. Sut 89:12 U het U Grimmigheid uitgestort op hulle, U Toorngloed het hulle vasgegryp, U het hulle skuld van Ongeregtigheid teen hulle laat draai en het hulle afgesny in hulle besoedeling. Sut 89:13 Hulle het 'n valstrik gestel, hulle het daarin geval, in die vangnet het hulle hul versteek, hulle voet is daarin gevang. Sut 89:14 U Hand was opgehef teen al U vyande wat sê dat deur hulle swaard besit hulle die Aarde, deur hulle arm bewoon hulle die stad. U het hulle aangesigte met skaamte gevul, U het hulle horings na die grond afgebring, U het hulle beangs gemaak in U Woede en hulle vernietig in U gramskap. Sut 89:15 Die grond het gesidder en gebeef by die geluid van U storm oor hulle. U het hulle siele nie weerhou van die dood nie en het hulle lewens afgebring na die graf. Sut 89:16 U het hulle agtervolg in U storm, U het hulle verteer in U stormwind. U het hulle reën verander in hael, hulle het in diep kuile geval sodat hulle nie kon opstaan nie. Sut 89:17 Hulle lyke was soos vullis wat uitgestrooi was in die middel van die strate. Sut 89:18 Hulle is verteer en vernietig in U Woede, U het U volk gered met U Mag. Sut 89:19 Daarom is ons harte verheug in U, ons siele jubel in U Redding. Sut 89:20 Ons tonge sal spreek van U Mag, ons sal U wonderlike dade besing en prys. Sut 89:21 Want U het ons gered van ons vyande, U het ons verlos van hulle wat teen ons opgestaan het, U het hulle vernietig voor ons en hulle vertrap onder ons voete. Sut 89:22 So sal al U vyande tot niet gaan O JaHWeH, en die besoedeldes sal soos kaf voor die wind wees, en U Geliefde sal wees soos bome geplant by waters. Sut 89:23 Toe het JeHôWshua en die hele JisraEl saam met hom, teruggekeer na die laer in Gilgal, nadat hulle al die konings verslaan het, sodat nie 'n oorblyfsel van hulle oorgebly het nie. Sut 89:24 Die vyf konings het alleen te voet van die geveg weggevlug, en hulleself in 'n grot versteek. En JeHôWshua het na hulle gesoek op die gevegsterrein, maar hulle nie gevind nie. Sut 89:25 Daarna is dit aan JeHôWshua vertel en gesê: Die konings is gevind en kyk, hulle kruip weg in 'n spelonk. Sut 89:26 JeHôWshua het gesê: Stel manne aan om by die ingang van die spelonk te wees om hulle te bewaak, sodat hulle nie hulleself verwyder nie. En die kinders van JisraEl het so gedoen. Sut 89:27 JeHôWshua het JisraEl geroep en aan die aanvoerders van die slagordes gesê: Sit julle voete op die nekke van hierdie konings. En JeHôWshua het gesê: So sal JaHWeH doen met al julle vyande. Sut 89:28 JeHôWshua het toe beveel dat hulle die konings moes doodslaan en hulle in die spelonk gooi en dat hulle groot klippe by die ingang van die groot spelonk moes pak. Sut 89:29 En JeHôWshua het daarna met al die manne wat by hom was, op daardie dag na Makkeda gegaan en hy het dit met die skerpte van die swaard verslaan. Sut 89:30 Hy het al die siele heeltemal verdelg en alles wat aan die stad behoort het, en hy het aan die koning en inwoners van haar gedoen soos wat hy aan Jerigo gedoen het. Sut 89:31 Hy het daarvandaan vertrek na Libna en hy het teen haar geveg en JaHWeH het haar in sy hand oorgegee. En JeHôWshua het haar verslaan met die skerpte van die swaard en al die siele van haar, en hy het aan haar en aan die koning van haar gedoen soos hy aan Jerigo gedoen het. Sut 89:32 Daarvandaan het hy na Lagis getrek om teen haar te veg. En Horam, die koning van Gasa, het opgetrek om die manne van Lagis te help. En JeHôWshua het hom en sy manne verslaan totdat daar niemand oor was nie. Sut 89:33 En JeHôWshua het Lagis en al die inwoners van haar geneem en hy het in haar gedoen soos wat hy aan Libna gedoen het. Sut 89:34 JeHôWshua het daarvandaan na Eglon getrek en hy het haar ook ingeneem, en hy het haar en die inwoners van haar met die skerpte van die swaard verslaan. Sut 89:35 Daarvandaan het hy na Hebron getrek en teen haar geveg en haar ingeneem en haar heeltemal verslaan, en teruggekeer daarvandaan met die hele JisraEl na Debir, en teen haar geveg en haar verslaan met die skerpte van die swaard. Sut 89:36 Hy het elke siel in haar doodgeslaan, hy het niemand laat oorbly nie. En hy het in haar en aan die koning van haar gedoen soos hy gedoen het aan Jerigo. Sut 89:37 JeHôWshua het al die konings van die Amoriete verslaan van Kades-Barnéa tot by Asa en hy het hulle land op een slag ingeneem, want JaHWeH het vir JisraEl geveg. Sut 89:38 JeHôWshua met die hele JisraEl het by die laer by Gilgal gekom. Sut 89:39 Toe Jabin, die koning van Hasor, in daardie tyd hoor wat JeHôWshua aan die konings van die Amoriete gedoen het, het Jabin na Jobat, die koning van Midian, en na Laban, die koning van Simron, en na Jefal, die koning van Agstaf, en na al die konings van die Amoriete gestuur en gesê: Sut 89:40 Kom gou na ons en help ons dat ons die kinders van JisraEl kan verslaan, voordat hulle ons aanval en aan ons doen soos hulle aan die ander konings van die Amoriete gedoen het. Sut 89:41 AI hierdie konings het geluister na die woorde van Jabin, die koning van Hasor, en hulle het uitgetrek met al hulle leërs, sewentien konings, met perde en ontelbare strydwaens en hulle was so talryk soos die sand van die see. Hulle het gekom en saam laer opgeslaan by die waters van Merom en hulle het volgens afspraak byeengekom en was daar om te veg teen JisraEl. Sut 89:42 En JaHWeH het tot JeHôWshua gespreek: Wees nie bevrees vir hulle nie, want môre omtrent dieselfde tyd, sal Ek hulle almal verslaan en aan jou oorgee en jy sal hulle perde se hakskeensenings afsny en hulle strydwaens met vuur verbrand. Sut 89:43 En JeHôWshua met al die weerbare manskappe het onverwags op hulle afgekom en het hulle oorval en hulle verslaan, want JaHWeH het hulle oorgegee in die hande van die kinders van JisraEl. Sut 89:44 Toe het die kinders van JisraEl al die konings met hulle leërs agtervolg en hulle doodgeslaan totdat daar geeneen van hulle oor was nie. En JeHôWshua het aan hulle gedoen soos JaHWeH met hom gespreek het. Sut 89:45 In hierdie tyd het JeHôWshua teruggekeer na Hasor en haar verslaan met die swaard en elke siel in haar doodgeslaan en haar met vuur verbrand. En van Hasor het JeHôWshua na Simron gegaan en haar verslaan en haar heeltemal verwoes. Sut 89:46 Vandaar het hy na Agsaf gegaan en hy het daar gedoen soos hy aan Simron gedoen het. Sut 89:47 Daarvandaan het hy na Adullam gegaan en hy het al die inwoners in haar doodgeslaan soos hy gedoen het aan Agsaf en aan Simron. Sut 89:48 En hy het weggetrek na al die stede van die konings wat hy verslaan het, en hy het al die inwoners gedood wat van hulle oor was en hy het hulle heeltemal vernietig. Sut 89:49 Net hulle buit en hul vee het die JisraEliete vir hulself as 'n buit geneem, maar elke mens is gedood, hulle het nie 'n siel laat leef nie. Sut 89:50 Soos JaHWeH Moshè beveel het, so het JeHôWshua en die hele JisraEl gedoen. Hulle het nie nagelaat om enigiets te doen nie. Sut 89:51 JeHôWshua en al die kinders van JisraEl het die hele Aarde van Kanaän verslaan soos JaHWeH hulle beveel het, en al hulle konings verslaan, synde een-en-dertig konings. En die kinders van JisraEl het hulle hele land ingeneem. Sut 89:52 Behalwe vir die koninkryke van Sihon en Og wat aan die oorkant van die Jordaan was, van wie Moshè baie stede verslaan het, het Moshè haar gegee aan die Rubeniete en die Gadiete en aan die halwe stam van Manasse. Sut 89:53 En JeHôWshua het al die konings verslaan aan hierdie kant van die Jordaan na die weste, en het haar as 'n erfdeel aan die nege en 'n halwe stam van JisraEl gegee. Sut 89:54 Vir vyf jaar het JeHôWshua hierdie oorlog gevoer teen hierdie konings en hy het hulle stede aan die JisraEliete gegee en die Aarde het rustig geword van stryd, regdeur die stede van die Amoriete en Kanaäniete //JisraEl verdeel die grondgebied in Kanaän. Sut 90:1 IN hierdie tyd, in die vyfde jaar nadat die kinders van JisraEl oor die Jordaan getrek het, nadat die kinders van JisraEl gerus het van hulle oorlog met die Kanaäniete, in hierdie tyd het groot en verwoede gevegte tussen Edom en die kinders van Kittië ontstaan en die kinders van Kittië het geveg teen Edom. Sut 90:2 En Abianus, die koning van Kittië, het uitgetrek in daardie jaar, dit is in die een-en-dertigste jaar van sy regering, en 'n groot mag van die magtige manne van die kinders van Kittië, het saam met hom gegaan en hy het na Seïr gegaan om te veg teen die kinders van Esau. Sut 90:3 En Hadad, die koning van Edom, het die berig gehoor en hy het uitgetrek om hom te ontmoet met 'n groot menigte en 'n sterk mag en het die geveg met hom aangeknoop in die veld van Edom. Sut 90:4 Die hand van Kittië het die kinders van Esau oorwin en die kinders van Kittië het van die kinders van Esau twee-en-twintigduisend man gedood, en al die kinders van Esau het voor hulle uitgevlug. Sut 90:5 Die kinders van Kittië het hulle agtervolg en hulle het Hadad, koning van Edom, ingehaal wat voor hulle uitgevlug het en hulle het hom lewendig gevang en na Abianus, koning van Kittië, gebring. Sut 90:6 En Abianus het beveel dat hy doodgemaak moes word en Hadad, die koning van Edom, het gesterf in die agt-en-veertigste jaar van sy heerskappy. Sut 90:7 Die kinders van Kittië het hulle agtervolging van Edom voortgesit en hulle het hulle met 'n groot slagting verslaan en Edom is onderwerp aan die kinders van Kittië, Sut 90:8 En die kinders van Kittië het oor Edom geheers en Edom het onder die hand van Kittië gekom en het van daardie dag af een koninkryk geword. Sut 90:9 En van daardie tyd kon hulle nie meer hulle hoofde verhef nie en hulle koninkryk het een geword met die kinders van Kittië. Sut 90:10 Abianus het owerstes in Edom geplaas en al die kinders van Edom was onderworpe en belastingpligtig aan Abianus. En Abiamus het teruggekeer na sy eie land, Kittië. Sut 90:11 Nadat hy teruggekeer het, het hy sy regering hervat en 'n groot en versterkte paleis vir homself as 'n koninklike woning gebou en hy het stewig oor die kinders van Kittië en oor Edom geheers. Sut 90:12 In daardie dae, nadat die kinders van JisraEl al die Kanaäniete en die Amoriete verdryf het, was JeHôWshua oud en gevorderd in jare. Sut 90:13 En JaHWeH het aan JeHôWshua gesê: Jy is oud, gevorderd in lewensjare, en 'n groot gedeelte van die land moet nog in besit geneem word. Sut 90:14 Daarom dan, verdeel hierdie land as 'n Erfdeel aan die nege stamme en aan die halwe stam van Manasse. En JeHôWshua het opgestaan en het gedoen soos JaHWeH hom beveel het. Sut 90:15 En hy het die hele land verdeel onder die stamme van JisraEl as 'n Erfdeel, volgens hulle afdelings. Sut 90:16 Maar aan die stam van Levi het hy geen erfdeel gegee nie, die bydraes aan JaHWeH is hulle Erfdeel soos JaHWeH gespreek het deur die hand van Moshè. Sut 90:17 JeHôWshua het die berg Hebron aan Kaleb, die seun van Jefúnne, gegee, een stuk bo sy broers, soos JaHWeH gespreek het deur Moshè. Sut 90:18 Daarom het Hebron 'n erfdeel vir Kaleb en vir sy kinders geword tot vandag toe. Sut 90:19 En JeHôWshua het die hele land verdeel onder JisraEl as 'n Erfdeel deur die lot te werp, soos JaHWeH hom beveel het. Sut 90:20 Die kinders van JisraEl het stede aan die Leviete gegee van hulle eie erfdeel en weivelde vir hulle vee en besittings. Soos JaHWeH Moshè beveel het, so het die kinders van JisraEl gedoen, en hulle het die land verdeel, of dit klein of groot was, deur die lot te werp. Sut 90:21 En hulle het ingegaan om die land in besit te neem volgens hulle grenslyne. En die kinders van JisraEl het aan JeHôWshua, die seun van Nun, 'n erfdeel onder hulle gegee. Sut 90:22 Op die bevel van JaHWeH het hulle aan hom die stad Timnat-Serag op die gebergte van Efraim gegee, wat hy verlang het en hy het die stad gebou en het in haar gewoon. Sut 90:23 Hierdie is die erfdele wat EliEzer, die priester, en JeHôWshua, die seun van Nun, en die familiehoofde van die stamme aan die kinders van JisraEl uitgedeel het volgens die lot in Silo, voor die Aangesig van JaHWeH, by die ingang van die Tabernakel, en hulle het die verdeling van die land toe geëindig. Sut 90:24 En JaHWeH het die land aan die JisraEliete gegee en hulle het haar in besit geneem soos JaHWeH met hulle gespreek het en soos JaHWeH aan hulle voorouers met 'n eed beloof het. Sut 90:25 En JaHWeH het aan die JisraEliete rus gegee van al hulle vyande rondom hulle en niemand het teen hulle opgestaan nie. En JaHWeH het al hulle vyande in hulle hand oorgelewer en niks het misluk van al die suiwer woorde wat JaHWeH gespreek het tot die kinders van JisraEl nie, JaHWeH het alles gedoen. Sut 90:26 En JeHôWshua het al die kinders van JisraEl geroep en hy het hulle geseën en hulle beveel om JaHWeH te dien, en daarna het hy hulle weggestuur en hulle man het na sy stad gegaan, elke man na sy erfdeel. Sut 90:27 Die kinders van JisraEl het JaHWeH gedien al die dae van JeHôWshua, en JaHWeH het hulle rus gegee van almal rondom, en hulle het veilig gewoon in hulle stede. Sut 90:28 En dit het gebeur in daardie dae dat Abianus, koning van Kittië, gesterf het in die agt-en-dertigste jaar van sy regering, dit is die sewende jaar van sy regering oor Edom, en hulle het hom begrawe in sy plek wat hy vir homself gebou het. En Latinus het in sy plek vyftig jaar lank regeer. Sut 90:29 En gedurende sy regering het hy 'n leërmag voortgebring en hy het opgetrek teen die inwoners van Brittannië en Kernanië, die kinders van Elishah, seun van Jawan, en hy het hulle oorwin en het hulle belastingpligtig gemaak. Sut 90:30 Hy het toe gehoor dat Edom opgestaan het van onder die hand van Kittië en Latinus het na hulle gegaan en hulle verslaan en hulle onderwerp en hulle onder die hand van die kinders van Kittië geplaas. Edom het een koninkryk met die kinders van Kittië geword al die dae. Sut 90:31 En vir baie jare was daar geen koning in Edom nie en hulle regering was met die kinders van Kittië en ook hulle koning. Sut 90:32 Dit was in die ses-en-twintigste jaar na die kinders van JisraEl deur die Jordaan getrek het, dit is die ses-en-sestigste jaar na die kinders van JisraEl se uittog uit Egipte, dat JeHôWshua oud was, gevorderd in jare, en hy was eenhonderd-en-agt jaar oud in daardie dae. Sut 90:33 En JeHôWshua het die hele JisraEl laat roep, hulle oudstes, hulle regters en owerstes, nadat JaHWeH aan al die JisraEliete rus gegee het van al hulle vyande rondom hulle. En JeHôWshua het aan die oudstes van JisraEl en aan hulle regters gesê: Kyk, ek is oud, gevorderd in jare, en julle het gesien wat JaHWeH gedoen het aan al die nasies wat Hy voor julle verjaag het, want dit is JaHWeH wat vir julle geveg het. Sut 90:34 Daarom nou, versterk julleself om al die woorde van die Wet van Moshè te onderhou en te doen, om nie daarvan af te wyk nie, nie na regs of links nie, en moenie tussen daardie nasies kom wat oor is in die Aarde nie. Nog minder sal julle hulle gode se name noem, maar julle moet kleef aan JaHWeH, julle Elohey, soos julle gedoen het tot vandag toe. Sut 90:35 En JeHôWshua het die kinders van JisraEl grootliks vermaan om JaHWeH te dien al hulle dae. Sut 90:36 En al die JisraEliete het gesê: Ons sal JaHWeH, ons Elohey dien al ons dae, ons en ons kinders, en ons kinders se kinders, en ons nageslag vir ewig. Sut 90:37 JeHôWshua het op daardie dag 'n verbond met die volk gemaak en hy het die kinders van JisraEl weggestuur, en hulle het elke man na sy erfdeel en na sy stad gegaan. Sut 90:38 En dit was in daardie dae, toe die kinders van JisraEl veilig in hulle stede gebly het, dat hulle die kiste van die stamme van hulle voorouers, wat hulle uit Egipte opgebring het, begrawe het, elke man in die erfdeel van sy kinders. Die kinders van JisraEl het die twaalf seuns van Jakob begrawe, elke man in die eiendom van sy kinders. Sut 90:39 En dit is die name van die stede waarin hulle die twaalf seuns van Jakob, wat die kinders van JisraEl uit Egipte gebring het, begrawe het. Sut 90:40 Hulle het Ruben en Gad oorkant die Jordaan in Romia, wat Moshè aan hulle kinders gegee het, begrawe. Sut 90:41 En Simeon en Levi het hulle in die stad, Mauda, begrawe wat hy aan die kinders van Simeon gegee het en die weiveld van die stad was vir die kinders van Levi. Sut 90:42 JeHûWdah het hulle begrawe in die stad van Benjamin teenoor Betlehem. Sut 90:43 Die beendere van Issaskar en Sébulon het hulle begrawe in Sidon, in die gedeelte wat na hulle kinders geval het. Sut 90:44 Dan is begrawe in die stad van sy kinders in Estael, en Náftali en Aser het hulle begrawe in Kades-Naftali, elke man in sy plek wat hy aan sy kinders gegee het. Sut 90:45 En die beendere van JôWsef het hulle begrawe in Sigem in die gedeelte van die veld wat Jakob gekoop het van Hemor en wat 'n erfporsie vir JôWsef geword het. Sut 90:46 En hulle het Benjamin begrawe in Jerusalem teenoor die Jebusiet, wat aan die kinders van Benjamin gegee is; die kinders van JisraEl het hulle vaders begrawe elkeen in die stad van sy kinders. Sut 90:47 Na twee jaar het JeHôWshua, die seun van Nun, gesterf, een honderd-en-tien jaar oud. En die tydperk wat JeHôWshua, JisraEl gerig het, was agt-en-twintig jaar. En JisraEl het JaHWeH gedien al die dae van hulle lewe. Sut 90:48 Die ander dade van JeHôWshua en sy oorloë en sy teregwysinge waarmee hy JisraEl vermaan het en alles wat hy hulle beveel het, en die name van die stede wat die kinders van JisraEl in sy dae besit het, kyk dit is geskrywe in die Boekrol, van die woorde van JeHôWshua [Boek van JeHôWshua] aan die kinders van JisraEl en in die Boekrol van die Oorloë van JaHWeH [Númeri 21:14], wat Moshè en JeHôWshua en die kinders van JisraEl geskryf het. Sut 90:49 En die kinders van JisraEl het JeHôWshua begrawe op die grens van sy erfdeel in Timnat-Serag wat aan hom gegee is in die berg Efraim. Sut 90:50 El-Azar, die seun van Aäron, het in daardie dae gesterf en hulle het hom begrawe op 'n heuwel wat aan sy seun, Pínehas, behoort het wat aan hom gegee is in die berg Efraim. Sut 91:1 IN daardie tyd, na die dood van JeHôWshua, was die kinders van die Kanaäniete nog steeds in die Aarde en die JisraEliete het hulle voorgeneem om hulle uit te dryf. Sut 91:2 En die kinders van JisraEl het JaHWeH geraadpleeg en gesê: Wie sal eerste optrek vir ons na die Kanaäniete om teen hulle te veg? En JaHWeH het gesê: JeHûWdah moet optrek. Sut 91:3 En die kinders van JeHûWdah het vir Simeon gesê: Trek saam met ons op in ons lot en ons sal teen die Kanaäniete veg en ons sal ook so met julle optrek in julle lot. En die kinders van Simeon het saam met die kinders van JeHûWdah gegaan. Sut 91:4 En die seuns van JeHûWdah het opgetrek en geveg teen die Kanaäniete en JaHWeH het die Kanaäniete in die hande van die kinders van JeHûWdah oorgegee en hulle het tienduisend man van hulle in Besek verslaan. Sut 91:5 En hulle het geveg teen Adóni-Besek in Besek, en hy het weggevlug van hulle en hulle het hom agtervolg en gevang en hulle het hom vasgegryp en sy duime en groottone afgekap. Sut 91:6 En Adóni-Besek het gesê: Sewentig konings met afgekapte duime en groottone het hulle vleis onder my tafel bymekaargemaak. Soos ek gedoen het, so het JaHWeH my vergeld. En hulle het hom na Jerusalem gebring en daar het hy gesterf. Sut 91:7 Die kinders van Simeon het saam met die kinders van JeHûWdah gegaan en hulle het die Kanaäniete met die skerpte van die swaard verslaan. Sut 91:8 En JaHWeH was met die kinders van JeHûWdah en hulle het die berg in besit geneem en die kinders van JôWsef het opgetrek na Bet-El, dieselfde as Lus, en JaHWeH was met hulle. Sut 91:9 Die kinders van JôWsef het Bet-El bespied en 'n spioen het 'n man uit die stad sien kom en hulle het hom gevang en aan hom gesê: Wys ons nou 'n ingang na die stad en ons sal aan jou 'n guns bewys. Sut 91:10 En die man het hulle 'n ingang na die stad gewys en die kinders van JôWsef het gekom en die stad verslaan met die skerpte van die swaard. Sut 91:11 Maar die man en sy familie het hulle laat gaan en hy het na die Hetiete gegaan en hy het 'n stad gebou en hy het die naam van haar Lus genoem. Toe het al die JisraEliete in hulle stede gewoon en die kinders van JisraEl het in hulle stede gewoon en die kinders van JisraEl het JaHWeH gedien al die dae van JeHôWshua en al die dae van die oudstes wat hulle dae verleng het na JeHôWshua en die groot werke van JaHWeH gesien het wat Hy vir JisraEl gedoen het. Sut 91:12 En die oudstes het JisraEl gerig vir sewentien jaar na die dood van JeHôWshua. Sut 91:13 Al die oudstes het ook in die oorloë van JisraEl teen die Kanaäniete geveg en JaHWeH het die Kanaäniete voor die kinders van JisraEl uitgedryf sodat Hy die JisraEliete in hulle deel van die Aarde kon plaas. Sut 91:14 En Hy het al die woorde volbring wat Hy aan Abraham, Isak en Jakob gespreek het en die eed wat Hy gesweer het om die Aarde van die Kanaäniete aan hulle en hulle nageslag te gee. Sut 91:15 En JaHWeH het aan die kinders van JisraEl die hele Aarde van Kanaän gegee soos Hy aan hulle voorouers gesweer het. En JaHWeH het aan hulle rus gegee van die rondom hulle. En die kinders van JisraEl het veilig in hulle stede gewoon. Sut 91:16 Geseënd is JaHWeH vir ewig, Amein en Amein! Sut 91:17 Versterk julleself en laat die harte van almal van julle wat op JaHWeH vertrou, vol moed wees. // // // // // // // 1 saamgestel uit twee Hebreeuse woorde He + Lea - Sy is Lea // //Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs // //Die oorwinnings van Alexander die Grote en die verdeling van sy ryk. 1Ma 1:1 EN dit het gebeur nadat Alexander, die seun van Philippus, die Macedoniër, wat uit die Aarde van die Kittiërs afkomstig was, Darius, die koning van die Perse en Mede, verslaan het, dat hy in sy plek geregeer het [soos hy tevore oor Griekeland gedoen het]. 1Ma 1:2 En hy het baie oorloë gevoer en vestings verower en konings van die Aarde verdelg. 1Ma 1:3 En hy het deurgedring tot aan die eindes van die Aarde en die buit van talryke volke weggevoer. Maar toe die Aarde voor hom stil geword het, het hy trots geword en het sy hart hom verhef. 1Ma 1:4 En hy het 'n buitengewoon magtige leër vergader en oor Aarde en volke en vorste geregeer en hulle het aan hom skatpligtig geword. 1Ma 1:5 En daarna het hy op sy siekbed neergesink en besef dat hy op die punt was om te sterwe. 1Ma 1:6 Toe het hy sy dienaars, die aansienlikes, wat van jongs af saam met hom grootgeword het, geroep en sy ryk onder hulle verdeel, terwyl hy nog in die lewe was. 1Ma 1:7 En Alexander het gesterwe nadat hy twaaIf jaar geregeer het. 1Ma 1:8 En sy dienaars het elkeen in sy eie gebied geregeer. 1Ma 1:9 En na sy dood het hulle almal die koninklike kroon opgesit, en hulle seuns na hulle [het dieselfde gedoen; en dit het voortgeduur vir] baie jare. En hulle het baie besoedeling op die Aarde aangerig. //Die oorsaak van die opstand van die Makkabeërs. 1Ma 1:10 EN uit hulle het 'n besoedelde spruit voortgekom, Antíochus Epifanes, die seun van koning Antíochus, wat gyselaar in Rome was; en hy het koning geword in die honderd-sewe-en-dertigste jaar van die koninkryk van die Grieke. 1Ma 1:11 In daardie dae het daar uit JisraEl roekelose mense na vore gekom wat baie oorreed het met die woorde: Laat ons heengaan en 'n verbond maak met die volke wat rondom ons is, want sedert ons, ons van hulle afgesonder het, het baie rampe oor ons gekom. 1Ma 1:12 En hierdie woorde was goed in hulle oë. 1Ma 1:13 En sommige van die volk was gretig [om dit te doen] en het na die koning gegaan; en hy het aan hulle mag gegee om die gebruike van die nasies in te voer. 1Ma 1:14 En hulle het in Jerusalem 'n gimnasium gebou volgens die gebruik van die nasies, 1Ma 1:15 en het hulle aan onbesnedenheid onderwerp en van die Verbond van Apartheid afvallig geword en hulself met die nasies onder een juk geplaas en hulself verkoop om besoedeling te doen. 1Ma 1:16 En toe die koninkryk in die gedagte van Antíochus [genoegsaam] bevestig was, het hy hom voorgeneem om ook oor Egipte te heers, sodat hy oor albei ryke kon regeer. 1Ma 1:17 Daarop het hy Egipte binnegeval met 'n magtige leër, met strydwaens en olifante en perderuiters en met 'n groot vloot. 1Ma 1:18 En hy het oorlog gevoer teen Ptolemaeus, die koning van Egipte. En Ptolemaeus het sy rug op hom gekeer en gevlug, en daar het baie gesneuweldes geval. 1Ma 1:19 En hulle het die versterkte stede in Egipte verower, en hy het die buit uit die Aarde van Egipte weggevoer. 1Ma 1:20 En nadat Antíochus Egipte verslaan het, het hy in die honderd-drie-en-vyftigste jaar teruggekeer, en met 'n groot leërmag teen JisraEl en Jerusalem opgetrek. 1Ma 1:21 En met trotse oormoed het hy die Apartheidsplek binnegetree en die goue altaar weggeneem en die kandelaar vir die lig, met al haar toebehore, 1Ma 1:22 en die tafel met toonbrode, met die bekers en die skottels en die goue komme, en die voorhangsel en die krone en die goue versiersels aan die voorkant van die tempel, en dit orals vandaan verwyder. 1Ma 1:23 En hy het al die silwer en die goud en die kosbare gerei weggeneem en ook die verborge skatte wat hy gevind het. 1Ma 1:24 En nadat hy alles geneem het, het hy na sy eie land teruggekeer [terwyl hy ook 'n groot slagting aangerig en in trotse oormoed gespreek het]. 1Ma 1:25 Toe is daar groot rou bedryf in JisraEl, op alle plekke; 1Ma 1:26 en die vorste en die oudstes het geweeklaag, die jong dogters en jong manne het versmag, en die skoonheid van die vroue het verdwyn; 1Ma 1:27 elke bruidegom het 'n klaaglied aangehef, en sy wat in die bruidsvertrek sit, het getreur. 1Ma 1:28 En die land was in beroering vanweë haar inwoners, en die hele huis van Jakob was met skaamte bedek. 1Ma 1:29 En na verloop van twee jaar het die koning 'n hoof-belastinggaarder na die stede van JeHûWdah gestuur; en hy het na Jerusalem gekom met 'n groot leërmag. 1Ma 1:30 En hy het vreedsame woorde met lis tot hulle gespreek, sodat hulle hom geglo het. Maar onverhoeds het hy die Stad oorval en haar met 'n vernietigende slag getref en baie uit die volk JisraEl om die lewe gebring. 1Ma 1:31 En hy het die Stad geplunder en haar met vuur verbrand, en haar huise afgebreek en sy mure rondom. 1Ma 1:32 En hulle het die vroue en kinders in gevangeskap weggevoer, en die vee as besitting geneem. 1Ma 1:33 En hulle het die Stad van Dawid versterk met 'n hoë en stewige muur met sterk torings, sodat sy vir hulle 'n vesting kon wees. 1Ma 1:34 En hulle het in haar 'n wettelose volk, roekelose mense, geplaas; en hulself in haar versterk. 1Ma 1:35 En hulle het wapens en proviand in haar opgehoop en die saamgeraapte buit van Jerusalem in haar verberg. En sy het [vir die bewoners] 'n groot valstrik geword, 1Ma 1:36 'n hinderlaag teen die Apartheidsplek, 'n onafgebroke bedreiging vir JisraEl. 1Ma 1:37 En hul het onskuldige bloed rondom die Apartheidsplek vergiet en die Apartheidsplek besoedel. 1Ma 1:38 Vanweë hulle het die inwoners van Jerusalem gevlug, sodat [die Stad] 'n woonplek van vreemdelinge geword het; vreemd het sy vir haar eie spruite geword, en haar kinders het haar verlaat. 1Ma 1:39 Haar Apartheidsplek het verlate geword soos 'n wildernis, haar Feeste is in weeklag verander, haar Sabbatte het 'n smaad geword, haar eer het op veragting uitgeloop. 1Ma 1:40 In ooreenstemming met haar [vroeëre] glorie was die [huidige] ontering, en haar hoogheid is in rou gedompel. 1Ma 1:41 En die koning het aan sy hele ryk geskrywe dat almal een volk moes wees 1Ma 1:42 en dat elkeen sy eie gebruike moes prysgee. En al die volke het stil geword ooreenkomstig die bevel van die koning. 1Ma 1:43 Ook in JisraEl het baie hul die geloof van die koning laat welgeval en aan die idole begin slag en die Sabbat geskend. 1Ma 1:44 Verder het die koning briewe deur middel van boodskappers na Jerusalem en die stede van JeHûWdah gestuur [met die bedoeling dat] hulle gebruike sou invoer wat vreemd was aan [die tradisies van] die land, 1Ma 1:45 en dat hulle sou ophou om brandoffers en slagdiere en drank-aanbiedinge in die Apartheidsplek [te bring], 1Ma 1:46 en dat hulle die Sabbatte en Feeste sou skend en die Apartheid sou besoedel, tesame met diegene wat apartgestel was; 1Ma 1:47 dat hulle [voorts] hoë plekke sou bou, gewyde bosse ["Holy woods"] sou aanplant en vir gode tempels sou oprig, en dat hulle varke en [ander] besoedelde diere sou slag; 1Ma 1:48 en dat hulle hul seuns onbesnede sou laat, en hulself sou besoedel deur middel van [die beoefening van] alles wat besoedeld en verfoeilik is, 1Ma 1:49 sodat hulle die Wet mag vergeet en al die Insettinge mag verander. 1Ma 1:50 En as iemand nie in ooreenstemming met die woord van die koning wou handel nie, moes hy sterwe. 1Ma 1:51 Volgens al hierdie woorde het hy aan sy hele koninkryk geskryf, en hy het opsigters oor die ganse volk aangestel en die stede van JeHûWdah beveel om te slag, elkeen van hulle. 1Ma 1:52 En baie uit die volk het hulle by hulle gevoeg, naamlik almal wat die Wet verlaat het; hierdie [mense] het baie besoedeling in die land gepleeg 1Ma 1:53 en gemaak dat die JisraEliete hulle in alle moontlike skuilplekke moes verberg. 1Ma 1:54 En op die vyftiende dag van Kislew, in die honderd-vyf-en-veertigste jaar, het hulle die "gruwel van verwoesting" op die altaar opgerig en in al die omliggende stede van JeHûWdah het hulle hoogtes bevestig; 1Ma 1:55 en hulle het by die deure van huise en in die strate geslag 1Ma 1:56 en die Boekrolle van die Wet wat hulle gevind het, het hulle verskeur en verbrand. 1Ma 1:57 En wanneer 'n Boek van die Verbond by iemand gevind is, en dit blyk dat hy in die Wet toestem, dan is hy, volgens die bevel van die koning, tot die dood veroordeel. 1Ma 1:58 So het hulle na willekeur met JisraEl gehandel, met almal wat hulle maand na maand in die stede gevind het. 1Ma 1:59 En op die vyf-en-twintigste dag van die maand het hul op die altaar wat bo-op die brandoffer-altaar was, geslag. 1Ma 1:60 En in ooreenstemming met die bevel het hulle die vroue wat hul kinders besny het, om die lewe gebring, 1Ma 1:61 ja, hulle het hul babatjies om hul nekke gehang en hulle families doodgemaak, tesame met diegene wat die besnydenis waargeneem het. 1Ma 1:62 Nogtans het baie in JisraEl vas gestaan en hul voorgeneem dat hulle niks besoedels sou eet nie, 1Ma 1:63 en hulle het verkies om liewer te sterwe as om hul met voedsel te besoedel en daardeur die Verbond van Apartheid te ontwy; só het hulle gesterwe. 1Ma 1:64 En die toorn wat oor JisraEl gekom het, was uitermate groot. //Die begin van die stryd onder aanvoering van Mattatias. 1Ma 2:1 IN daardie dae het Mattatias, die seun van JeHôWganan, die seun van Simon, 'n priester van die seuns van Jojarib uit Jerusalem, opgestaan; en hy het in Modin gewoon. 1Ma 2:2 En hy het vyf seuns gehad: JeHôWganan, bygenaamd Kaddis; 1Ma 2:3 Simon, genaamd Tassis; 1Ma 2:4 Judas, bygenaamd die Makkabeër; 1Ma 2:5 Eleasar, wat genoem is Ouaran, en JeHôWnathan, bygenaamd Apfus. 1Ma 2:6 En hy het die gruwelike dinge gesien wat daar in JeHûWdah en in Jerusalem gedoen is 1Ma 2:7 en gesê: Wee my! Waarom is ek gebore om die ondergang van my volk en die puin van die Stad van Apartheid te sien en om stil te sit terwyl sy oorgegee is in die hand van die vyande, en die Apartheidsplek in die hand van vreemdelinge? //'n Klaaglied oor die skending van die Stad van Apartheid. 1Ma 2:8 HAAR huis het geword soos [dié van] 'n eerlose man; 1Ma 2:9 Haar kosbare gerei is as buit weggevoer; Haar kindertjies is op haar strate om die lewe gebring. Haar jong manne is met die swaard van die vyand [verslaan]. 1Ma 2:10 Deur watter volk is haar ryk nie in besit geneem, en haar buit nie weggevoer nie? 1Ma 2:11 Al haar sierade is weggeneem, in plaas van 'n vrye het sy 'n slaaf geword. 1Ma 2:12 En kyk, al wat gewy en mooi en glansryk onder ons was, is verwoes, en die nasies het haar geskend! 1Ma 2:13 Waartoe sal ons nog verder lewe? 1Ma 2:14 En Mattatias en sy seuns het hulle klere geskeur, hulleself in sak geklee en groot rou bedryf. 1Ma 2:15 En die beamptes van die koning wat belas was met die taak om die afval te bewerk, het na die stad Modin gekom om te laat slag. 1Ma 2:16 En baie JisraEliete het na hulle toe gegaan, maar Mattatias en sy seuns het hulle verset. 1Ma 2:17 Toe het die beamptes van die koning Mattatias toegespreek en gesê: Jy is 'n owerste en geëer en groot in hierdie Stad, en versterk deur seuns en broers. 1Ma 2:18 Kom jy dan nou eerste en voer die koning se bevel uit, soos al die volke gedoen het, en al die manne van JeHûWdah en hulle wat in Jerusalem agtergebly het; dan sal jy en jou huis [gereken word onder] die vriende van die koning, en jy en jou seuns sal vereer word met silwer en goud en met allerlei geskenke. 1Ma 2:19 Dog Mattatias het geantwoord en met 'n groot stem gesê: AI sou ook al die volke wat in die ryksgebied van die koning is, hom gehoorsaam wees deur elkeen afvallig te word van die Elohey van hul vaders en verkies om sy bevele uit te voer, 1Ma 2:20 so sal ek en my seuns en my broer nogtans wandel in die Verbond van ons vaders. 1Ma 2:21 Mag die Hemele ons daarvoor bewaar dat ons die Wet en Insettinge sal verlaat; 1Ma 2:22 [maar] die wet van die koning sal ons nie gehoorsaam deur regs of links van ons Elohey af te wyk nie. 1Ma 2:23 En nadat hy hierdie woorde klaar gespreek het, het 'n man van JeHûWdah voor die oë van almal vorentoe gekom om in ooreenstemming met die bevel van die koning op die altaar in Modin te slag. 1Ma 2:24 En toe Mattatias dit sien, het sy ywer ontbrand en sy hart gebewe [van toorn]; en sy verontwaardiging het so groot geword dat hy toegesnel en die man by die altaar om die lewe gebring het. 1Ma 2:25 Terselfdertyd het hy ook die koning se beampte wat gekom het om die offerdiens [op die mense] af te dwing, doodgemaak en die altaar omver geruk. 1Ma 2:26 So het hy dan vir die Wet geywer, net soos Pinehas in die geval van Simri, die seun van Salu, gedoen het. [Númeri 25] 1Ma 2:27 En Mattatias het met 'n groot stem in die Stad uitgeroep en gesê: Laat elkeen wat vir die Wet ywer en die Verbond hou, agter my aan uittrek! 1Ma 2:28 Daarop het hy en sy seuns in die berge in gevlug en al hulle besittings in die Stad agtergelaat. 1Ma 2:29 En in die tyd het baie wat Geregtigheid en Reg gesoek het, na die woestyn gegaan om daar te vertoef, 1Ma 2:30 hulle en hul seuns en hul vroue en hul vee; want die besoedeling oor hulle het te veel geword. 1Ma 2:31 En dit is meegedeel aan die beamptes van die koning en aan die troepe wat in Jerusalem, die Stad van Dawid, was, dat manne wat geweier het om die bevel van die koning te gehoorsaam, hulle gaan verberg het in die skuilplekke van die wildernis. 1Ma 2:32 Daarop het baie agter hulle aangehardloop, en nadat hulle hul ingehaal het, het hulle 'n laer teen hul opgeslaan en hulle voorberei om op die Sabbat teen hul te veg. 1Ma 2:33 En hulle [die troepe] het vir hul gesê: Laat dit nou genoeg wees; kom te voorskyn en doen wat die koning gebied het, en julle sal lewe. 1Ma 2:34 Maar hulle het geantwoord: Ons sal nie te voorskyn kom en ook nie handel ooreenkomstig die bevel van die koning en so die Sabbatdag skend nie. 1Ma 2:35 Daarop het hulle [die troepe] hul onmiddellik aangeval. 1Ma 2:36 Maar hul het hulle nie geantwoord en ook geen klip na hulle gegooi of selfs hul skuilplekke afgesluit nie, 1Ma 2:37 want hulle het gesê: Laat ons almal in ons onskuld sterwe; die Hemele en die Aarde is ons getuies dat julle ons onregverdiglik om die lewe bring. 1Ma 2:38 En hulle het hulle op die Sabbat aangeval; en hulle het gesterwe, hulle en hul vroue en hul kinders en hul vee, omtrent duisend siele. 1Ma 2:39 En toe Mattatias en sy vriende dit verneem, het hulle baie oor hulle getreur. 1Ma 2:40 En hulle het vir mekaar gesê: As ons almal maak soos ons broers gedoen het en ons veg nie teen die nasies vir ons lewe en ons Insettinge nie, dan sal hulle ons spoedig van die Aarde af verdelg. 1Ma 2:41 En hulle het op daardie dag raad gehou en gesê: As iemand ons op die Sabbatdag aanval, laat ons dan terugveg, sodat ons nie almal in elk geval sterwe, soos ons broers in hulle skuilplekke gesterwe het nie. 1Ma 2:42 Toe het 'n skare van die Assideërs by hulle aangesluit, dapper manne uit JisraEl, elkeen van wie bereid was om sy lewe vir die Wet feil te hê. 1Ma 2:43 Ook al diegene wat aan die besoedeling ontvlug het, het hulle hy hulle gevoeg en hul geledere versterk. 1Ma 2:44 So het hulle 'n leërmag byeengebring en die wetsoortreders in hulle toorn en die wettelose mense in hulle grimmigheid verslaan; die origes het vir hulle lewe na die nasies gevlug. 1Ma 2:45 En Mattatias en sy vriende het oral rondgegaan en die altare afgebreek 1Ma 2:46 en die onbesnede kinders, soveel as wat hulle binne die grense van JisraEl gevind het, met geweld besny. 1Ma 2:47 En die oormoedige vyande het hulle agtervolg, en die werk was voorspoedig in hulle hande. 1Ma 2:48 En hulle het die Wet uit die mag van die nasies en uit die mag van die konings gered en die wetsoortreders geen geleentheid gegee om te triomfeer nie. 1Ma 2:49 En toe die dae aanbreek waarop Mattatias sou sterwe, het hy aan sy seuns gesê: Tans is dit 'n tyd waarin oormoed en Tugtiging sterk geword het, 'n tyd van verwoesting en van grimmige toorn. 1Ma 2:50 En nou, [my] kinders, beywer julle vir die Wet en bied julle lewe aan vir die Verbond van julle vaders. 1Ma 2:51 En roep in herinnering die dade van die vaders wat hulle in hul geslagte gedoen het, sodat julle groot roem en 'n onsterflike naam mag verwerf. 1Ma 2:52 Was Abraham nie getrou in die beproewing, en is dit hom nie tot Geregtigheid gereken nie? 1Ma 2:53 In sy benoudheid het JôWsef die Gebod bewaar, en hy het meester van Egipte geword. 1Ma 2:54 Omdat Pinehas, ons vader, 'n buitengewone ywer aan die dag gelê het, het hy die Verbond van 'n ewigdurende priesterskap verwerf. [Númeri 25:12] 1Ma 2:55 Omdat JeHôWshua die woorde vervul het, het hy 'n rigter in JisraEl geword. 1Ma 2:56 Omdat Kaleb in die vergadering getuienis gelewer het, het hy ['n stuk] grond as erfbesitting ontvang. 1Ma 2:57 Dawid het die troon van 'n ewigdurende koninkryk geërf, omdat hy barmhartig was. 1Ma 2:58 EliJaHûW is vanweë sy buitengewone ywer vir die Wet in die Hemele opgeneem. 1Ma 2:59 GanánJaH, AzarJaH [en] MisaEl is van die vlamme gered omdat hulle [in Elohim] geglo het. 1Ma 2:60 DaniEl is op grond van sy onskuld uit die bek van die leeus verlos. 1Ma 2:61 En gaan self na van geslag tot geslag [en julle sal opmerk] dat almal wat op Hom gehoop het, geen gebrek gely het nie. 1Ma 2:62 En moenie bevrees wees vir die woorde van 'n wettelose mens nie, want sy glansrykheid [sal] drek en wurms [wees]. 1Ma 2:63 Vandag sal hy nog verhef word, maar môre sal hy nie meer gevind word nie, omdat hy na sy stof teruggekeer het, en sy planne vergaan het. 1Ma 2:64 Maar julle, [my] kinders, wees sterk en betoon julleself manne ter wille van die Wet; want deur haar sal julle roem verwerf. 1Ma 2:65 En kyk, ek weet dat Simon, julle broer, 'n man van raad is; luister altyd na hom; hy sal vir julle soos 'n vader wees. 1Ma 2:66 En Judas die Makkabeër was 'n dapper krygsman van sy jeug af; hy sal julle hoofman wees en die oorlog van die volk voer. 1Ma 2:67 En julle moet almal bymekaarmaak wat die Wet onderhou en die onreg wreek wat julle volk aangedoen word. 1Ma 2:68 Vergeld die nasies [hulle dade] en gee ag op die Gebooie van die Wet. 1Ma 2:69 En hy het hulle geseën en is by sy vaders versamel. 1Ma 2:70 En hy het gesterf in die honderd-ses-en-veertigste jaar, en sy seuns het hom in die grafte van sy vaders te Modin begrawe, en die hele JisraEl het 'n groot rou oor hom bedryf. //Die verhaal van die gebeurtenisse onder die leierskap van Judas. 1Ma 3:1 EN sy seun Judas, wat die Makkabeër genoem is, het in sy plek getree. 1Ma 3:2 En al sy broers het hom gehelp, en almal wat sy vader aangehang het, en hulle het met blydskap die oorlog van JisraEl gevoer. 1Ma 3:3 En hy het die roem van sy volk verbrei en hy het die harnas aangegord soos 'n dappere en het sy oorlogswapens opgeneem. En terwyl hy oorlog gevoer het, het hy die leër met sy swaard beskut. 1Ma 3:4 Hy was soos 'n leeu in sy dade, en soos 'n jong leeu wat brul om prooi. 1Ma 3:5 Hy het die besoedeldes agtervolg, hulle opgespoor en hulle verbrand wat sy volk verdruk het. 1Ma 3:6 En die besoedeldes het moed verloor uit vrees vir hom, en al die werkers van besoedeling was grootliks in die nood; en die verlossing het in sy hand gedy. 1Ma 3:7 En hy het baie konings vertoorn, maar Jakob het hy verbly met sy dade. Sy nagedagtenis is vir ewig geseënd. 1Ma 3:8 En hy het rondgegaan in die stede van JeHûWdah en die besoedeldes uit haar verdelg en [daardeur] die toorn van JisraEl afgewend. 1Ma 3:9 En hy was beroemd tot aan die eindes van die Aarde en het diegene versamel wat vergaan het. 1Ma 3:10 Apollonius het by geleentheid die [heidense] nasies en 'n groot leërmag uit Samaría bymekaar gemaak om teen JisraEl te veg. 1Ma 3:11 Judas het dit egter verneem en uitgetrek om hom te ontmoet en hom geslaan en om die lewe gebring; en baie gesneuweldes het op die slagveld gebly, en die origes het gevlug. 1Ma 3:12 En hulle het hulle buit geneem, en Judas het die swaard van Apollonius afgeneem en daarna het hy al [sy] dae daarmee geveg. 1Ma 3:13 Ook Seron, die aanvoerder van die leër van Sirië, het gehoor dat Judas 'n vergadering en 'n gemeente van getroue manne en van diesulkes wat in die oorlog uittrek, by hom vergader het, 1Ma 3:14 en hy het gesê: Ek wil vir myself 'n naam maak en wil roem in die koninkryk verwerf; en daarom wil ek teen Judas veg en teen almal wat by hom is, wat die woord van die koning verag. 1Ma 3:15 En hy het weer opgetrek; en daar het 'n groot leër van besoedeldes(kriminele) saam met hom opgetrek om hom te help om wraak te neem op die kinders van JisraEl. 1Ma 3:16 En hy het nader gekom tot by die opgang van Bet-Horon; en Judas het met 'n klein groep [manne] uitgetrek om hom te ontmoet. 1Ma 3:17 Maar toe hulle die leërmag sien aankom om hulle te ontmoet, sê hulle vir Judas: Wat? Sal ons klein groepie in staat wees om teen so 'n groot en sterk menigte te veg, en dit terwyl ons swak voel omdat ons vandag nog nie geëet het nie? 1Ma 3:18 Maar Judas sê: Dit is maklik vir baie om in die hande van weiniges opgesluit te word, daarby is daar geen verskil in die Oog van die Hemele om deur baie of deur min te red nie; want 'n oorwinning in die oorlog hang nie saam met die grootheid van die leërmag nie, maar Krag kom van die Hemele. 1Ma 3:19 . 1Ma 3:20 Hulle kom na ons toe vol van oormoed en roekeloosheid, om ons en ons vrouens en ons kinders te verdelg en om ons te plunder; 1Ma 3:21 maar ons veg vir ons lewe en vir ons regte. 1Ma 3:22 En Hy sal hulle verpletter voor ons aangesig; julle, egter, moet hulle nie vrees nie. 1Ma 3:23 Toe hy klaar gepraat het, het hy hulle onverhoeds aangeval, en Seron en sy leër is voor hom verpletter. 1Ma 3:24 En hulle het hulle teen die helling van Bet-Horon af tot in die vlakte agtervolg; en daar het van hulle omtrent agthonderd man gesneuwel, en die origes het na die grondgebied van die Filistyne gevlug. 1Ma 3:25 Toe het die vrees vir Judas en sy broers en die skrik [vir hulle] op die volke rondom hulle begin val. 1Ma 3:26 En sy naam het selfs aan die koning bekend geword, en elke volk het van die oorloë van Judas vertel. 1Ma 3:27 Maar toe koning Antíochus hierdie woorde hoor, was hy vol verontwaar- diging; en hy het gestuur en al die magte van sy ryk, 'n buitengewoon sterk leër byeen laat bring: 1Ma 3:28 En hy het sy skatkis oopgemaak en die magte die loon van 'n jaar gegee en hulle beveel om vir elke gebeurlikheid gereed te wees. 1Ma 3:29 Hy het egter gesien dat die fondse uit sy skatkis ontoereikend is en dat die inkomste van die land gering was vanweë die tweespalt en verwoesting wat hy in die land veroorsaak het deurdat hy die wette wat van die vroegste tye af gegeld het, afgeskaf het; 1Ma 3:30 en [daarom] was hy bevrees dat hy nie soos vroeër [voldoende] sou hê om onkoste aan te gaan en geskenke uit te deel nie, soos hy eertyds gewoond was om met 'n milde hand te doen - want hy was vrygewiger as al die konings voor hom. 1Ma 3:31 En omdat hy buitengewoon raadop was, het hy besluit om na Persië te gaan en om skattinge op die land te hef en baie geld [op hierdie wyse] in die hande te kry. 1Ma 3:32 En hy het Lisias, 'n eerbare man en een van die koninklike geslag, agtergelaat om die sake van die koning te bestuur, van die Eufraatrivier af tot by die grense van Egipte, 1Ma 3:33 en om vir die opvoeding van sy seun Antíochus te sorg totdat hy sou terugkeer. 1Ma 3:34 En hy het die helfte van die leër en van die olifante aan hom toevertrou en hom opdrag gegee om alles wat hyself sou gedoen het, te behartig, ook in verband met hulle wat in JeHûWdah en Jerusalem woon, 1Ma 3:35 [naamlik] dat hy 'n leërmag teen hulle sou stuur om hulle uit te roei en om die sterkte van JisraEl en die oorblyfsel van Jerusalem te vernietig en om hulle nagedagtenis uit die plek te verwyder; 1Ma 3:36 en dat hy vreemdelinge in hulle hele gebied moet laat woon en hul deel van die land deur die lot moet verdeel. 1Ma 3:37 En die koning het die ander helfte van die leërmag geneem en van Antiochië, sy koninklike stad, weggetrek [in] die honderd-sewe-en-veertigste jaar, en hy het oor die Eufraatrivier gegaan en deur die Noordelike gebiede getrek. 1Ma 3:38 En Lisias het Ptolemaeus, die seun van Dorymenes, en Nikanor en Gorgias, heldhaftige manne onder die vriende van die koning, gekies 1Ma 3:39 en saam met hulle veertigduisend voetsoldate en seweduisend ruiters gestuur om die Aarde van JeHûWdah binne te val en dit volgens die bevel van die koning te verwoes. 1Ma 3:40 En hulle het uitgetrek met hulle hele leërmag en gekom en hulle laer op die vlaktes naby Emmaüs opgeslaan. 1Ma 3:41 En toe die handelaars van die omgewing die gerug in verband met hulle hoor, het hulle 'n groot hoeveelheid silwer en goud, tesame met boeie, geneem en in die laer gekom om die JisraEliete as slawe te koop. Ook het troepe uit Sirië en uit die grondgebied van die Filistyne hulle [by die leërmag] aangesluit. 1Ma 3:42 En toe Judas en sy broers sien dat die besoedeling toeneem en dat die magte [van die vyand] hul laer binne hulle grense opgeslaan het; en toe hulle verneem van die bevel van die koning [naamlik] om die volk te verdelg en uit te roei, 1Ma 3:43 het hulle vir mekaar gesê: Laat ons die puinhope van ons volk weer oprig en vir ons volk en U Apartheid veg. 1Ma 3:44 En die vergadering is byeengeroep om gereed te wees vir die stryd en om [saam] te bid en Guns en Barmhartigheid af te smeek. 1Ma 3:45 En Jerusalem was onbewoond soos 'n woesteny, geeneen van sy kinders het in- of uitgegaan nie. En die Apartheid is betree, en die verbasterdes het in die vesting [gewoon], dit het 'n verblyfplek vir die [heidense] nasies geword; en die vreugde is verwyder uit Jakob, en die fluit en die harp het verstom. 1Ma 3:46 En hulle het hulself versamel en by Mispa, teenoor Jerusalem, gekom; want vroeër was daar in Mispa 'n bidplek vir JisraEl. 1Ma 3:47 En hulle het daardie dag gevas en hulle in sak geklee en as op hulle hoofde gestrooi en hulle klere geskeur. 1Ma 3:48 En hulle het die rol van die Wet opgemaak, [naamlik een van dié] waarna die nasies gewoond was om te soek, sodat hulle die beelde van hulle idole daarop kon teken. 1Ma 3:49 En hulle het die priesterlike klere en die eerstelingvrugte en die tiendes gebring; en hulle het die separatiste wie se dae vervul was, geskeer. 1Ma 3:50 En hulle het met 'n groot stem na die Hemele geroep en gesê: Wat sal ons met hierdie mense doen en waarheen sal ons hulle wegvoer? 1Ma 3:51 Want U Apartheidsplek is vertrap en besoedel, en U priesters verkeer in druk en in vernedering. 1Ma 3:52 En kyk, die nasies het teen ons vergader om ons te verdelg; U weet [immers] wat hulle teen ons beraam het. 1Ma 3:53 Hoe sal ons in staat wees om voor hulle staande te bly as U ons nie help nie? 1Ma 3:54 En hulle het op die trompette geblaas en met 'n groot stem uitgeroep. 1Ma 3:55 En hierna het Judas bevelhebbers oor die volk aangestel, owerstes oor duisend en owerstes oor honderd en owerstes oor vyftig en owerstes oor tien. 1Ma 3:56 En hy het aan diegene wat besig was om huise te bou, of hulle met vrouens in die huwelik te begeef, of wingerde aan te plant, of wat vreesagtig was, gesê om elkeen na sy eie huis terug te keer, ooreenkomstig [die woord van] die Wet. 1Ma 3:57 Daarna het die leër opgetrek en ten Suide van Emmaüs laer opgeslaan. 1Ma 3:58 En Judas het gesê: Gord julle en wees dapper manne; en wees gereed om môreoggend teen hierdie nasies wat teen ons versamel het om ons te verdelg, en ter wille van Sy Apartheid te veg; 1Ma 3:59 want dit is vir ons beter om in die geveg te sneuwel as om die besoedeling wat oor ons volk en Apartheidsplek [gekom het], te aanskou. 1Ma 3:60 Nogtans, soos die Hemele [in hierdie geval] wil, so sal dit geskied! //Judas se oorwinning oor Gorgias en Lisias. 1Ma 4:1 EN Gorgias het vyfduisend [voet-] soldate en duisend uitgesoekte ruiters geneem; en die leër het in die nag uitgetrek, 1Ma 4:2 sodat hy die leër van die manne van JeHûWdah onverhoeds kon oorval en verslaan; en die manne van die vesting het as sy gidse gedien. 1Ma 4:3 Judas het egter daarvan gehoor en hy en sy dapper manne het uitgetrek om die leërmag van die koning wat in Emmaüs was, te verslaan 1Ma 4:4 terwyl die troepe van die kamp verwyderd was. 1Ma 4:5 Toe Gorgias dié nag in die kamp van Judas kom, het hy niemand gevind nie en het hulle in die berge gesoek, want hy het gesê: Hierdie manne het van ons af weggevlug. 1Ma 4:6 En met dagbreek het Judas met drieduisend man in die vlakte verskyn; hulle het egter geen borsplate of swaarde gehad soos hulle dit begeer het nie. 1Ma 4:7 En hulle het die laer van die nasies gesien met pantsers versterk en omring van ruiters en manne wat ondervinding van oorlogvoering het. 1Ma 4:8 Toe het Judas vir die manne wat saam met hom was, gesê: Moenie vrees vir hulle getalle en moenie bevrees wees vir hulle aanval nie. 1Ma 4:9 Onthou hoe ons vaders gered is uit die Skelfsee toe Farao hulle met sy leërmag agtervolg het. 1Ma 4:10 En nou, laat ons tot die Hemele roep dat Hy Hom oor ons mag ontferm en gedagtig mag wees aan die Verbond van die vaders en hierdie leërmag vandag voor ons uit verdelg; 1Ma 4:11 dan sal al die nasies weet dat daar EEN is wat JisraEl verlos en red. 1Ma 4:12 Toe die vreemdelinge hulle oë opslaan en hulle teen hulle sien aankom, 1Ma 4:13 het hulle uit die laer uitgetrek om te veg. 1Ma 4:14 En die wat saam met Judas was, het op hulle trompette geblaas en slag gelewer, en die nasies is verpletter en het na die vlakte gevlug. 1Ma 4:15 En die hele agterhoede is deur die swaard verslaan; en hulle het hulle agtervolg tot by Gasara en die vlaktes van Edom en Azotus en Jamnia; en daar het van hulle omtrent drieduisend man gesneuwel. 1Ma 4:16 Toe Judas en sy leër van die vervolging af terugkeer, 1Ma 4:17 het hy vir die volk gesê: Moenie te begerig wees om te buit nie, want daar wag nog 'n ander geveg op ons; 1Ma 4:18 [immers] Gorgias en [sy] leër is naby ons in die berge. Maar stel julle nou in slagorde teen ons vyande en beveg hulle; daarna kan julle met vrymoedigheid die buit neem. 1Ma 4:19 Terwyl Judas besig was om hierdie dinge te sê, het 'n groep [van die vyand], wat hulle van die berg af bespied het, verskyn. 1Ma 4:20 En hulle het gesien dat [hul leërmag] verslaan is en dat [die manne van JeHûWdah] besig was om die laer aan brand te steek, want die rook wat hulle gesien het, het verkondig wat gedoen is. 1Ma 4:21 Toe hulle hierdie dinge sien, het hulle baie bang geword, en toe hulle daarby die leër van Judas bemerk, gereed om slag te lewer, 1Ma 4:22 het hulle almal na die grondgebied van die Filistyne gevlug. 1Ma 4:23 en Judas het na die buit van die laer teruggekeer en groot hoeveelhede goud en silwer, en blou en koningsblou stowwe en 'n groot rykdom [van goedere] geneem. 1Ma 4:24 En terwyl hulle terugkeer, het hulle 'n danklied gesing aan [JaHWeH] in die Hemele: want Hy was goed, omdat Sy Medelye sal duur tot in ewigheid. 1Ma 4:25 En op dié dag was 'n groot Verlossing die deel van JisraEl. 1Ma 4:26 Maar baie van die nasies wat ontvlug het, het gekom en aan Lisias meegedeel wat gebeur het. 1Ma 4:27 En toe hy dit alles hoor, het hy mistroostig en moedeloos geword omdat dit nie met JisraEl gegaan het soos hy gewens het nie, en ook omdat die dinge wat die koning hom beveel het, nie so plaasgevind het nie. 1Ma 4:28 En in die volgende jaar het hy sestigduisend uitgesoekte voetsoldate en vyfduisend ruiters bymekaar gemaak om teen hulle te veg. 1Ma 4:29 En hulle het in JeHûWdah gekom en in Betsur laer opgeslaan, en Judas het hulle met tienduisend man tegemoet getree. 1Ma 4:30 Toe hy sien dat die leërmag sterk is, het hy gebid en gesê: Geseënd is U, o Verlosser van JisraEl! Wat deur die toedoen van U kneg Dawid die aanslag van die reus verydel het en wat die leërmag van die Filistyne in die hand van JeHôWnathan, die seun van Saul, en van sy wapendraer uitgelewer het. 1Ma 4:31 Sluit hierdie leër in in die hand van U volk JisraEl, sodat hulle met hulle mag en ruiters beskaam mag word. 1Ma 4:32 Gee aan hulle 'n vreesagtige hart en laat die moed van hulle sterkte wegsmelt en laat hulle wegwankel vanweë hulle vernietiging. 1Ma 4:33 Werp hulle neer met die swaarde van hulle wat U liefhet, en laat almal wat U Naam ken, U met dankliedere loof. 1Ma 4:34 En hulle het slag gelewer; en daar het van die leër van Lisias omtrent vyfduisend man gesneuwel en teenoor hulle geval. 1Ma 4:35 Maar toe Lisias sien dat sy leër op die vlug gedryf is en die moed bemerk wat diegene besiel het wat saam met Judas was en hoe bereid hulle was om eervol te lewe of te sterwe, het hy na Antiochië vertrek en huurtroepe versamel met die doel om met 'n nog groter leër andermaal JeHûWdah binne te val. //Die suiwering en herwyding van die Tempel, en die versterking van die Tempelberg en van Betsur. 1Ma 4:36 MAAR Judas en sy broers het gesê: Kyk, ons vyande is verpletter; laat ons nou opgaan om die Apartheidsplek skoon te maak en hom weer in te wy. 1Ma 4:37 En die hele leër is bymekaar gebring, en hulle het opgetrek na die Berg van Sion. 1Ma 4:38 En hulle het gesien hoe ons Apartheidsplek verwoes en die altaar besoedel en die poorte verbrand is, en [hoe] struikgewasse in die voorhowe groei soos in 'n bos of op een van die berge, en die [tempel-] vertrekke afgebreek is; 1Ma 4:39 en hulle het hulle klere geskeur en groot rou bedryf en as op hulle hoofde gestrooi; 1Ma 4:40 en hulle het op hulle aangesigte op die grond geval en lang stote op die ramshorings geblaas en na die Hemele geroep. 1Ma 4:41 Toe het Judas ['n sekere aantal] manne aangewys om te veg teen diegene wat in die kasteel was totdat hy die Apartheidsplek skoongewas het. 1Ma 4:42 En hy het priesters wat hulle onberispelik gedra het en hulle vreugde in die Wet gevind het, gekies; 1Ma 4:43 en hulle het die Apartheid skoongewas en die besoedelde klippe na 'n besoedelde plek verwyder. 1Ma 4:44 En hulle het beraadslaag oor wat hulle sou doen met die besoedelde brandoffer-altaar. 1Ma 4:45 En hulle het op 'n goeie gedagte gekom om hom af te breek, sodat hy hulle nie tot skande sou strek nie, omdat die nasies hom besoedel het; so het hulle die altaar dan afgebreek 1Ma 4:46 en die klippe op 'n geskikte plek op die tempelberg neergelê, totdat 'n profeet sou kom en besluit wat daarmee gedoen moes word. 1Ma 4:47 En hulle het ongekapte klippe volgens die Wet geneem, en daarmee 'n nuwe altaar volgens die model van die eerste gebou; 1Ma 4:48 en hulle het die Apartheidsplek gebou, en die binneste dele van die huis en die voorhowe gewy. 1Ma 4:49 En hulle het die gewyde vaatwerk vernuwe, en die kandelaar en die brandoffer-altaar en die tafel [met die toonbrode] in die Tempel gebring. 1Ma 4:50 En hulle het reukwerk op die altaar gebring en die lampe op die kandelaar in orde gebring, sodat sy lig in die Tempel kon gee. 1Ma 4:51 En hulle het brode op die tafel gelê en die voorhangsels bevestig en al die werk wat hulle onderneem het, voltooi. 1Ma 4:52 En in die vroeë môre op die vyf-en-twintigste [dag] van die negende maand, dit is die maand Kislew, in die honderd-agt-en-veertigste jaar, 1Ma 4:53 het hulle opgestaan en op die nuwe brandoffer-altaar wat hulle gemaak het, volgens die Wet slagoffers gebring. 1Ma 4:54 Op die ooreenstemmende tyd [van die maand] en op die [ooreenstem-mende] dag waarop die nasies hom besoedel het, op daardie dag is hy opnuut ingewy met gesang en met harpe en fluite en met simbale. 1Ma 4:55 En die hele volk het op hulle aangesig geval en aanbid en geloof [terwyl hulle opkyk] na die Hemele, tot Hom wat hulle [weg] voorspoedig gemaak het. 1Ma 4:56 En hulle het die inwyding van die altaar agt dae lank gevier en hulle brandoffers met blydskap gebring en 'n aanbieding van Verlossing en lof geslag. 1Ma 4:57 En hulle het die voorkant van die Tempel oordek met krone van goud en met klein skilde en die poorte en die [Tempel-] vertrekke opnuut ingewy en dit van deure voorsien. 1Ma 4:58 En daar het 'n buitengewoon groot blydskap onder die volk geheers, en die smaad van die nasies is afgewend. 1Ma 4:59 En Judas en sy broers en die hele vergadering van JisraEl het verorden dat hierdie dae van die inwyding van die altaar jaarliks, op dieselfde tyd, agt dae lank van die vyf-en-twintigste [dag] van die maand Kislew af, met blydskap en vreugde gevier moet word. 1Ma 4:60 En in dieselfde tyd het hulle hoë mure en sterk torings rondom die Berg van Sion gebou, sodat die nasies nie kon kom om dit neer te werp, soos hulle vantevore gedoen het nie. 1Ma 4:61 En hy het 'n mag in haar geplaas om dit te bewaar, en hulle het [ook] Betsur versterk om die te behou sodat die volke 'n vesting na die kant van Edom kon hê. //Verdere oorwinnings van Judas oor onderskeie volke. 1Ma 5:1 EN dit het gebeur dat toe die nasies rondom hoor dat die altaar herbou en die Apartheidsplek soos tevore ingewy is, hulle toorn grootliks ontbrand het. 1Ma 5:2 En hulle het hul voorgeneem om [diegene uit] die geslag van Jakob wat in hulle midde is, uit te roei, en hulle het begin om [sommige] onder die volk dood te maak en uit te wis. 1Ma 5:3 En Judas het teen die kinders van Esau in Edom [en wel] by die Skerpioennek, geveg, omdat hulle JisraEl getart het met hulle aanvalle; en hy het 'n groot slagting onder hulle aangerig en hulle verneder en buit van hulle geneem. 1Ma 5:4 En hy het hom die besoedeling herinner van die kinders van Bajan wat vir die volk 'n strik en 'n struikelblok was vir sover hulle hul langs die hoofweë voorgelê het. 1Ma 5:5 En hulle is deur hom in die torings opgesluit; en hy het teen hulle laer opgeslaan en hulle volkome uitgewis en die torings van die plek met almal wat in haar was, met vuur verbrand. 1Ma 5:6 Toe het hy voortgetrek na die Ammoniete, waar hy 'n sterk en talryke mag aangetref het, met Timotheüs as hulle aanvoerder. 1Ma 5:7 En hy het gevegte met hulle gehad, en hulle is voor hom verpletter, en hy het hulle verslaan; 1Ma 5:8 en nadat hy Jaeser en sy onder-horige plekke verower het, het hy weer na JeHûWdah teruggekeer. 1Ma 5:9 En die nasies wat in Gílead was, het hulleself verenig teen die JisraEliete aan hulle grense om hulle te verdelg; en hulle het na die vesting van Dathema gevlug. 1Ma 5:10 En hulle het briewe aan Judas en sy broers gestuur en gesê: Die nasies wat rondom ons is, het hulle kragte teen ons verenig om ons uit te roei; 1Ma 5:11 en hulle berei hul voor om aan te val en die vesting waarin ons vir ons lewe gevlug het, in te neem; en Timotheüs is die aanvoerder van hulle leër. 1Ma 5:12 Kom dan nou en verlos ons uit hulle hand, want baie van ons het [reeds] gesneuwel, 1Ma 5:13 en al ons broers wat in die [gebied] van Toob was, is om die lewe gebring, en hulle het hul vrouens en kinders en besittings in ballingskap weggevoer en omtrent duisend man daar doodgemaak. 1Ma 5:14 Terwyl hulle nog besig was om hierdie briewe te lees, kyk, toe kom daar ander boodskappers van Galiléa met geskeurde klere, wat 'n boodskap bring met die volgende inhoud, 1Ma 5:15 [naamlik] dat [manne] van Ptolemaïs en Tirus en Sidon en van die hele Galiléa van die nasies teen hulle vergader het om hulle uit te delg. 1Ma 5:16 Toe Judas en die volk hierdie woorde hoor, het 'n groot vergadering byeengekom om raad te hou oor wat hulle kon doen vir hulle broers wat in benoudheid is en deur die vyand aangeval word. 1Ma 5:17 En Judas het vir sy broer Simon gesê: Kies vir jouself ['n aantal] manne en gaan en verlos jou broers in Galiléa, dan sal ek met my broer JeHôWnathan na Gílead gaan. 1Ma 5:18 En hy het JôWsef, die seun van ZekarJaH, en AzarJaH as aanvoerders van die volk saam met die oorblyfsel van die leër in JeHûWdah agtergelaat om haar te beskerm. 1Ma 5:19 En hy het hulle bevel gegee en gesê: Behartig die belange van hierdie volk en moenie in 'n oorlog met die nasies gewikkeld raak totdat ons teruggekeer het nie. 1Ma 5:20 Daarop is drieduisend man aan Simon toegewys om na Galiléa te trek, en agtduisend man aan Judas [vir die veldtog] na Gilead. 1Ma 5:21 En Simon het na Galiléa gegaan en baie gevegte met die nasies gehad, en die nasies is voor hom neergewerp. 1Ma 5:22 En hy het hulle agtervolg tot by die poort van Ptolemaïs; en daar het omtrent drieduisend van die nasies geval, en hy het hulle buit geneem. 1Ma 5:23 En hy het diegene wat in Galiléa en Arbatta was, met die vroue en kinders, geneem en hulle met groot vreugde na JeHûWdah oorgebring. 1Ma 5:24 En Judas die Makkabeër en sy broer JeHôWnathan het die Jordaan oorgesteek en drie dagreise ver die woestyn ingetrek; 1Ma 5:25 daar het hulle die Nabateërs aangetref wat hulle vriendskaplik bejeën en hulle alles vertel het wat hulle broers in Gílead wedervaar het 1Ma 5:26 en hoe baie van hulle opgesluit was in Bosra en Bosor en Alema, Kasfor, Maked en Karnaïm - almal versterkte en groot stede; 1Ma 5:27 en hoe hulle opgesluit was in die orige stede van Gílead, en dat [die vyande] voornemens is om teen die môre 'n laer teen die vesting op te slaan en om dit in te neem en almal [wat in haar is] op een dag uit te roei. 1Ma 5:28 En Judas en sy leër het ylings langs die weg van die woestyn na Bosra opgeruk; en hy het die stad ingeneem en al wat manlik is met die skerpte van die swaard verslaan, en hy het al hulle besittings gebuit en [die stad] met vuur verbrand. 1Ma 5:29 En hy het daarvandaan in die nag weggetrek en opgeruk totdat hy die vesting [bereik het]. 1Ma 5:30 En toe die dag aanbreek, het hulle hul oë opgeslaan, en kyk, [daar was] 'n groot menigte wat nie getel kon word nie besig om lere en oorlogs-masjiene aan te dra om die vesting in te neem; en hulle het teen hulle [wat in die vesting was] geveg. 1Ma 5:31 En toe Judas sien dat die geveg begin het en dat die geroep van die stad met trompette en 'n groot geluid na die Hemele opklink, 1Ma 5:32 het hy vir sy manskappe gesê: Veg vandag ter wille van julle broers! 1Ma 5:33 Daarop het hy in drie afdelings agter [die vyand] opgeruk, terwyl hulle op die trompette geblaas en in gebed uitgeroep het. 1Ma 5:34 Toe die leër van Timotheüs bemerk dat dit die Makkabeër is, het hulle voor hom uit weggevlug; en hy het 'n groot slagting onder hulle aangerig, en daar het op die dag omtrent agtduisend man van hulle gesneuwel. 1Ma 5:35 Daarna het hy hom na Mispa gewend en teen haar geveg en haar verower en al wat manlik was om die lewe gebring en haar buit geneem en [die stad] met vuur verbrand. 1Ma 5:36 Daarvandaan het hy opgetrek en Kasfor, Maked, Bosor en die ander stede van Gílead ingeneem. 1Ma 5:37 Na hierdie gebeurtenisse het Timotheüs 'n ander leër byeengebring en teenoor Rafon aan die oorkant van die spruit laer opgeslaan. 1Ma 5:38 En Judas het [manne] gestuur om die leër te verken; en hulle het aan hom verslag gedoen en gesê: Al die nasies wat rondom is, het daar by hulle vergader, 'n besonder groot leërmag; 1Ma 5:39 en hulle het Arabiere gehuur om hulle te help en aan die anderkant van die spruit laer opgeslaan, gereed om teen u te kom veg. En Judas het hulle tegemoet getrek. 1Ma 5:40 En toe Judas en sy leër die spruit met water nader, het Timotheüs vir die owerstes van sy mag gesê: As hy die eerste na ons oortrek, sal ons nie in staat wees om hom weerstand te bied nie, want hy sal sekerlik die oorhand oor ons kry; 1Ma 5:41 maar as hy bang is en aan die oorkant van die stroom laer opslaan, sal ons na hom toe oortrek en hom oorwin. 1Ma 5:42 Maar toe Judas naby die spruit kom, het hy die owerstes van die volk by die spruit opgestel en hulle bevel gegee en gesê: Sorg dat niemand kamp opslaan nie, maar dat almal uittrek tot die geveg. 1Ma 5:43 En hy het [deur die spruit] teen hulle opgeruk, met die volle getal van sy manskappe op sy hakke; en al die nasies is volkome voor hom uit verslaan, en hulle het hul wapens weggegooi en na die tempel van Karnaïm gevlug. 1Ma 5:44 En hulle het die stad ingeneem, en die tempel met almal wat in haar was, met vuur verbrand. En Karnaïm is onderwerp; ook kon hulle nie verder standhou voor die aangesig van Judas nie. 1Ma 5:45 En Judas het die hele JisraEl wat in Gilead [gewoon] het, van die geringste tot die grootste, met hulle vrouens en hulle kinders en hulle besittings, 'n gans grote skare, versamel om hulle na die Aarde van JeHûWdah te laat trek. 1Ma 5:46 En hulle het gekom tot by Efron; en sy was 'n groot stad aan [die ingang van] 'n bergpas, buitengewoon sterk; en dit was nie [moontlik] om ter regter- of ter linkerhand weg te draai nie, maar ['n mens was genoodsaak] om in die middel daarvan deur te trek. 1Ma 5:47 Maar die [mense] van die stad het hulle uitgesluit en die poorte met klippe toegestop. 1Ma 5:48 Daarop het Judas na hulle gestuur met woorde van vrede en gesê: Ons wil graag deur u land trek op weg na ons land; niemand sal u leed berokken nie; ons wil net te voet deurtrek. Maar hulle wou nie vir hom oopmaak nie. 1Ma 5:49 Daarop het Judas in sy leër laat afkondig dat elkeen op die plek waarop hy hom bevind het, moet kampeer. 1Ma 5:50 En die manskappe het laer opgeslaan; en hulle het daardie hele dag en die hele nag teen die stad geveg; en die stad is aan hom uitgelewer; 1Ma 5:51 en hy het al wat manlik was met die skerpte van die swaard verslaan en die stad omgekeer en sy buit geneem en oor die gesneuweldes heen deur die stad getrek. 1Ma 5:52 En hulle het die Jordaan oorgesteek na die groot vlakte teenoor Bet-San. 1Ma 5:53 En Judas het diegene vergader wat agter geraak het en die volk die hele pad aangemoedig totdat hulle in die Aarde van JeHûWdah aangekom het. 1Ma 5:54 En hulle het opgegaan na die Berg van Sion met blydskap en vreugde en volle brandoffers gebring omdat nie een van hulle gesneuwel het totdat hulle in Vrede teruggekeer het nie. 1Ma 5:55 Maar gedurende die tyd toe Judas en JeHôWnathan in Gílead was, en sy broer Simon in Galiléa teenoor Ptolemaïs [gestaan het], 1Ma 5:56 het JôWsef, die seun van ZekarJaH, en AzarJaH, die aanvoerders van die leërs [in JeHûWdah] van hulle heldedade en van die oorlog verneem, 1Ma 5:57 en hulle het gesê: Laat ons ook vir onsself 'n naam maak en laat ons gaan veg teen die nasies wat rondom ons is. 1Ma 5:58 En hulle het bevel gegee aan die manskappe wat met hulle was en na Jamnia getrek. 1Ma 5:59 En Gorgias en sy manne het uit die stad uitgekom om teen hulle te veg. 1Ma 5:60 En JôWsef en AzarJaH is op die vlug gedryf en is tot by die grense van JeHûWdah agtervolg; en daar het op die dag omtrent tweeduisend man van die volk van JisraEl gesneuwel. 1Ma 5:61 Hierdie groot neerlaag het die volk ondergaan, omdat hulle nie na Judas en sy broers geluister het nie en gemeen het om self heldedade te verrig. 1Ma 5:62 Hulle [JôWsef en AzarJaH] was egter nie van die geslag van daardie manne deur wie se hand verlossing aan JisraEl geskenk word nie. 1Ma 5:63 Maar die man Judas en sy broers is deur die hele JisraEl en deur al die nasies waar hulle naam ook al verneem is, grootliks vereer; 1Ma 5:64 en [mense] het na hulle toegestroom om [hulle] seën [voorspoed] toe te wens. 1Ma 5:65 En Judas en sy broers het uitgetrek en teen die kinders van Esau in die Suiderland geveg; en hy het Hebron met sy onderhorige plekke verower, hulle vestings afgebreek en die torings rondom verbrand. 1Ma 5:66 Daarvandaan het hy opgetrek en na die grondgebied van die Filistyne gegaan op 'n weg wat hom deur Maresa gevoer het. 1Ma 5:67 Op daardie dag het [sommige] priesters in die geveg gesneuwel, omdat hulle begeer het om hulleself te onderskei en sonder oorleg ten stryde uitgetrek het. 1Ma 5:68 En Judas het weggedraai na Azotus, na die grondgebied van die Filistyne, en hulle altare afgebreek en die gesnede beelde van hulle gode verbrand, en die buit van hulle stede geneem en na die Aarde van JeHûWdah teruggekeer. //Die dood en opvolger van Antíochus Epifanes. 1Ma 6:1 TERWYL koning Antíochus deur die Noordelike lande gereis het, het hy verneem dat die stad Elymaïs in Persië bekend was vir sy rykdom, vir sy silwer en goud; 1Ma 6:2 en dat daar 'n tempel was wat uitermate ryk is, en dat dit goue skilde en borsplate en wapens bevat wat Alexander, die seun van Philippus, die koning van Macedonië, wat aanvanklik in Griekeland geheers het, daar agtergelaat het. 1Ma 6:3 En hy het daarheen getrek en geprobeer om die stad in te neem en te plunder, maar hy was nie daartoe in staat nie omdat sy voorneme aan die inwoners van die stad bekend geword het. 1Ma 6:4 En hulle het hulself teen hom in die stryd gewerp, en hy het gevlug en met bittere spyt daarvandaan weggetrek en na Babel teruggekeer. 1Ma 6:5 En terwyl hy nog in Persië was, het 'n boodskapper aan hom die berig gebring dat die leërs wat teen die Aarde van JeHûWdah uitgestuur was, op die vlug gedryf is, 1Ma 6:6 en dat Lisias aan die hoof van 'n sterk mag uitgetrek het, maar voor hulle verneder is, en dat hulle sterk geword het as gevolg van die wapens en die krygstoerusting en die buit wat hulle afgeneem het van die leërs wat deur hulle verslaan is; 1Ma 6:7 en dat hulle die gruwel wat hy op die altaar in Jerusalem gebou het, afgebreek het en die Apartheidsplek, soos vroeër, met hoë mure omring het, en [dieselfde met] Betsur, sy stad [gedoen het]. 1Ma 6:8 En dit het geskied toe die koning hierdie dinge hoor dat hy met verbasing en ontroering vervul is en siek van droefheid op [sy] bed neergesink het, omdat sake nie verloop het soos hy hom dit voorgestel het nie. 1Ma 6:9 En daar het hy baie dae gebly, omdat groot droefheid telkens opnuut oor hom gekom het, sodat hy gedink het dat hy sou sterwe. 1Ma 6:10 En hy het al sy vriende laat roep en vir hulle gesê: Die slaap het van my oë gewyk, en my hart gee in vanweë kommer. 1Ma 6:11 En ek het vir myself gesê: in watter moeite het ek geraak, en groot is die vloed waarin ek my bevind! Want ek was goed en gelief in my heerskappy. 1Ma 6:12 Maar nou onthou ek die besoedeling wat ek in Jerusalem gedoen het en dat ek al die silwer en goue vaatwerk wat in haar was, geneem het en [leërs] uitgestuur het om sonder oorsaak die inwoners van JeHûWdah uit te roei. 1Ma 6:13 Ek weet nou dat dit om hierdie rede is dat al die besoedeling oor my gekom het, en kyk, ek vergaan van groot droefheid in 'n vreemde deel van die Aarde. 1Ma 6:14 Daarop het hy Philippus, een van sy vriende, na hom geroep en hom oor sy ganse ryk aangestel. 1Ma 6:15 En hy het hom sy diadeem en sy mantel en sy seëlring gegee en [hom beveel] om sy seun Antíochus te onderrig en hom tot die koningskap op te voed. 1Ma 6:16 En koning Antíochus het daar gesterwe in die honderd -nege-en-veertigste jaar. 1Ma 6:17 En toe Lisias verneem dat die koning dood is, het hy sy seun Antíochus, wat hy van jongs af aan opgevoed het, as koning aangestel en hom Eupator genoem. //Die stryd tussen Judas en die magte van Lisias en Eupator. 1Ma 6:18 EN hulle wat in die vesting was, het JisraEl in die omgewing van die Apartheidsplek ingesluit en hulle onophoudelik getart en so gedien tot steun vir die nasies. 1Ma 6:19 Daarom het Judas besluit om hulle uit te roei, en hy het die hele volk saamgeroep om hulle te beleër. 1Ma 6:20 En hulle het vergader en hulle beleër in die honderd-en-vyftigste jaar; en hy het stormdakke en gereedskap vervaardig. 1Ma 6:21 En sommige van die wat opgesluit was, het ontsnap, en sommige wettelose mense uit JisraEl het hulle by hul gevoeg. 1Ma 6:22 En hulle het na die koning gegaan en gesê: Wanneer sal u Reg laat geskied en ons broers wreek? 1Ma 6:23 Ons was bereid om u vader te dien en om te doen wat hy gesê het en om sy bevele te gehoorsaam. 1Ma 6:24 Op grond hiervan het die seuns van ons volk [die vesting] beleër en ons as vyande behandel; en diegene van ons wat hulle kon vind, het hulle doodgemaak en ons besittings gebuit. 1Ma 6:25 En hulle hand het hulle nie alleen teen ons uitgestrek nie, maar teen al die dele van die land aan hulle grense. 1Ma 6:26 En kyk, op hierdie selfde dag het hulle teen die vesting in Jerusalem laer opgeslaan met die doel om haar in te neem, en hulle het die Apartheidsplek en Betsur versterk. 1Ma 6:27 En as u nie spoedig teen hulle optree nie, sal hulle nog groter dinge doen, en sal u hulle nie meer in bedwang kan hou nie. 1Ma 6:28 Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword; en hy het al sy vriende by hom vergader, die owerstes van sy leërmag en van sy ruitery. 1Ma 6:29 En ook van ander koninkryke en van die eilande van die see het huurtroepe na hom toe gekom. 1Ma 6:30 En die getal van sy leërmag was 'n honderdduisend voetsoldate en twintigduisend ruiters en twee-en-dertig olifante wat vir die oorlog afgerig was. 1Ma 6:31 En hulle het deur Edom getrek en teen Betsur laer opgeslaan en baie dae teen haar geveg en stormwerktuie vervaardig; maar hulle [wat beleër was] het uitgestorm en [die werktuie] met vuur verbrand en dapper teruggeveg. 1Ma 6:32 Toe het Judas van die vesting af weggetrek en sy laer te Bet-Sagaria teenoor die van die koning opgeslaan. 1Ma 6:33 En die koning het vroeg in die môre opgestaan en haastig met sy leër die weg na Bet-Sagaria gevolg; en sy mag het hulle vir die geveg gereed gemaak en die trompette geblaas. 1Ma 6:34 En aan die olifante het hulle druiwesap en die sap van moerbeie gewys om hulle vir die stryd voor te berei. 1Ma 6:35 En hulle het die diere verdeel onder die gevegslinies en by elke olifant 'n duisend man geplaas, gewapen met 'n kettingharnas en met koperhelms op hulle hoofde, en vyfhonderd uitgesoekte ruiters is by elke [olifant] gevoeg. 1Ma 6:36 Hierdie [troepe] was vroeër steeds by die betreffende diere waar hulle ook al was; en waarheen hulle ook al gegaan het, het hulle hul vergesel; hulle het hul nie verlaat nie. 1Ma 6:37 En op elke dier was daar 'n sterk, beskutte houttoring wat op geniale wyse aan hulle vasgegord is; en in elkeen was daar twee-en-dertig man wat daarop geveg het, tesame met die Indiese drywer. 1Ma 6:38 Die res van die ruitery het hy aan weerskante by elke vleuel van die mag geplaas om skrik te verwek en [terselfdertyd] die gevegslinies te beskerm. 1Ma 6:39 En toe die son op die goue en koper skilde val, het die berge in sy weerglans geskitter en geblink soos vlammende fakkels. 1Ma 6:40 En 'n deel van die leërmag van die koning was versprei op die hoë berge en sommige in die laagte, en so het hulle veilig en in goeie orde voortgetrek. 1Ma 6:41 En almal wat die geluid van hulle menigte en die opmars van die menigte en die geratel van die wapens gehoor het, het gebewe; want die leërmag was buitengewoon groot en sterk. 1Ma 6:42 Toe het Judas en sy leër tot die geveg opgeruk, en seshonderd man van die leër van die koning het gesneuwel. 1Ma 6:43 En Eli-Azer Ouaran het gesien dat een van die diere met 'n koninklike harnas gewapen was en hoër as al die ander diere was sodat dit gelyk het of die koning daarop sit. 1Ma 6:44 En hy het homself gegee om sy volk te verlos en om vir hom 'n onsterflike naam te verwerf; 1Ma 6:45 en hy het moedig daarop afgegaan in die middel van die gevegslinie en links en regs geslaan, en hulle het aan alle kante vir hom plekgemaak; 1Ma 6:46 en hy het onder die olifant ingekruip en hom van onderaf gesteek en hom doodgemaak; en hy het op hom op die grond geval, sodat hy daar gesterf het. 1Ma 6:47 En toe [die manne van JeHûWdah] die sterkte van die koninklike [leër] en die geweldige aanslag van sy magte sien, het hulle van hulle af terug geval. 1Ma 6:48 Maar die manskappe van die koninklike leër het na Jerusalem opgetrek om hulle te ontmoet, en die koning het sy laer in JeHûWdah teenoor die Berg van Sion opgeslaan 1Ma 6:49 En hy het vrede gemaak met die inwoners van Betsur, en hulle het die stad verlaat omdat hulle geen voedsel gehad het om daar langer ingesluit te word nie, want dit was 'n Sabbatsjaar vir die Aarde. 1Ma 6:50 En die koning het Betsur beset en 'n garnisoen daar geplaas om haar te behou. 1Ma 6:51 Daarna het hy die Apartheidsplek baie dae lank beleër en stormdakke opgerig en krygstuig en masjiene vervaardig om vuur en klippe te slinger, en klein skerpioene om pyle en slingerstene te gooi. 1Ma 6:52 En hulle [wat beleër was] het ook krygstuig teen hulle krygstuig gemaak en baie dae lank geveg. 1Ma 6:53 Maar daar was geen lewensmiddele in die voorraadkamers nie, want dit was die sewende jaar, en hulle wat vir veiligheid van die nasies af na JeHûWdah gevlug het, het die res van die voorrade opgebruik. 1Ma 6:54 En daar het in die Apartheidsplek maar min oorgebly, want die hongersnood was te kwaai vir hulle, en hulle is verstrooi, elkeen na sy eie woonplek. //'n Vernietigde vredesverdrag. 1Ma 6:55 TOE het Lisias gehoor dat Philippus, vir wie koning Antíochus voor sy dood aangestel het om sy seun Antíochus vir die koningskap op te voed, 1Ma 6:56 uit Persië en Medië teruggekeer het, en saam met hom die magte wat met die koning uitgetrek het, en dat hy daarna soek om die regering in sy eie mag te kry. 1Ma 6:57 En hy het haastig klaargemaak en toestemming gegee om te vertrek; en hy het vir die koning en vir die owerstes van die leër en vir die manskappe gesê: Ons ly daagliks gebrek, en ons voedsel- voorrade is min, en die plek wat ons beheer, is sterk, en die belange van die koninkryk rus op ons; 1Ma 6:58 daarom, laat ons die regterhand aan hierdie manne gee en met hulle vrede maak en met die hele volk, 1Ma 6:59 en laat ons met hulle 'n ooreenkoms aangaan waarin hulle toegelaat word om te lewe ooreenkomstig hul eie Wette, soos voorheen, want dit is omdat ons hulle Wette afgeskaf het dat hulle vertoorn geword het en al hierdie dinge gedoen het. 1Ma 6:60 En hierdie voorstel het in die smaak van die koning en van sy offisiere geval, en hy het na hulle gestuur om vrede te maak, en hulle het dit aanvaar. 1Ma 6:61 En die koning en die offisiere het vir hulle gesweer in ooreenstemming met hierdie voorwaardes; toe het hulle die vesting verlaat. 1Ma 6:62 Maar toe die koning na die Berg van Sion gaan en die sterkte van die plek sien, het hy die eed wat hy gesweer het, verbreek, en bevel gegee om die muur wat haar omring, te sloop. 1Ma 6:63 En hy het inderhaas weggetrek en na Antiochië teruggekeer waar hy gevind het dat Philippus hom reeds van die stad meester gemaak het; en hy het teen hom geveg en die stad met geweld ingeneem. //Demetrius koning van Sirië; Bacchides en Alcimus word na die manne van JeHûWdah gestuur. 1Ma 7:1 IN die honderd-een-en-vyftigste jaar het Demetrius, die seun van Seleucus, uit Rome vertrek en met 'n aantal mense na 'n stad wat aan die see geleë is gegaan en daar geregeer. 1Ma 7:2 En dit het geskied toe hy van plan was om die huis van die koninkryk van sy vaders binne te gaan, dat die troepe Antíochus en Lisias gegryp en hulle voor hom gebring het. 1Ma 7:3 En toe dit aan hom meegedeel is, het hy gesê: Ek wil hulle aangesigte nie sien nie. 1Ma 7:4 Daarop het die soldate hulle om die lewe gebring. En Demetrius het op die troon van sy koninkryk gesit. 1Ma 7:5 En al die wettelose en besoedelde mense uit JisraEl het na hom toe gekom, en Alcimus wat begerig was om hoëpriester te wees, het hulle aangevoer. 1Ma 7:6 En hulle het die volk by die koning beskuldig en gesê: Judas en sy broers het al u vriende uitgeroei en ons uit ons land verdrywe. 1Ma 7:7 Stuur dan nou 'n man in wie u vertroue het en laat hom gaan en sien watter skade hy ons en die land van die koning aangerig het, en laat hy hulle en almal wat gehelp het, straf. 1Ma 7:8 En die koning het Bacchides gekies, een van die koning se vriende, wat goewerneur van die gebied oorkant die rivier was en wat 'n groot man in die koninkryk en getrou aan die koning was. 1Ma 7:9 En hom het hy gestuur, benewens die besoedelde Alcimus aan wie hy die hoëpriesterskap toevertrou het; en hy het hom beveel om wraak op die kinders van JisraEl te neem. 1Ma 7:10 En hulle het opgetrek en met 'n groot leërmag in die Aarde van JeHûWdah gekom, en daar het hy op listige wyse boodskappers met woorde van vrede na Judas en sy broers gestuur. 1Ma 7:11 Maar hulle het op hul woorde geen ag geslaan nie, want hulle het bemerk dat hul met 'n groot leërmag gekom het. 1Ma 7:12 En 'n groep skrifgeleerdes het by Alcimus en Bacchides vergader om regverdiging te soek. 1Ma 7:13 En die Assideërs was die eerste onder die kinders van JisraEl wat vrede by hulle gesoek het, want hulle het gesê: 1Ma 7:14 Een wat 'n priester uit die geslag van Aäron is, het saam met die magte gekom en hy sal ons geen kwaad aandoen nie. 1Ma 7:15 En hy het woorde van vrede met hulle gespreek en vir hulle gesweer en gesê: Ons sal julle en ook nie julle vriende enige leed berokken nie. 1Ma 7:16 En hulle het hom vertrou; maar hy het sestig van hulle gegryp en hulle op een dag om die lewe gebring, volgens die woorde van [die psalmdigter] wat geskrywe het: 1Ma 7:17 Die vlees van U apartes en hulle bloed het hulle uitgegiet rondom Jerusalem, en daar was niemand wat hulle begrawe het nie. [Psalm 79:3] 1Ma 7:18 En vrees en skrik het op die hele volk geval, want hulle het gesê: Daar is geen Waarheid of Reg by hulle nie, want hulle het die Verbond en die eed wat hulle gesweer het, verbreek. 1Ma 7:19 En Bacchides het van Jerusalem af weggetrek en in Beset laer opgeslaan; en hy het gestuur en baie van die drosters wat by hom was en sommige van die volk gegryp en hulle doodgemaak en in die groot put gegooi. 1Ma 7:20 En hy het die land aan die sorg van Alcimus toevertrou en 'n afdeling van sy leër agtergelaat om hom te help. Daarna het Bacchides na die koning vertrek. //Judas neem wraak op die verraaiers; sy oorwinning oor Nicanor. 1Ma 7:21 EN Alcimus het gestrewe om die hoëpriesterskap te behou. 1Ma 7:22 En almal wat hul volk moeite aangedoen het, het by hom vergader, en hulle het die Aarde van JeHûWdah in besit geneem en groot besoedeling in JisraEl aangerig. 1Ma 7:23 En Judas het al die besoedeling wat Alcimus en sy bende onder die kinders van JisraEl gedoen het, gesien - en dit was erger nog as die van die nasies; 1Ma 7:24 en hy het tot aan die uiterste grense van JeHûWdah getrek en wraak geneem op die mense wat hom verlaat het, en hulle is verhinder om in die land rond te gaan. 1Ma 7:25 Maar toe Alcimus sien dat Judas en sy manskappe begin sterk word, en besef dat hy nie in staat sou wees om hulle te weerstaan nie, het hy na die koning teruggekeer en bose beskuldigings teen hulle ingebring. 1Ma 7:26 Toe het die koning Nicanor, een van sy beroemde veldhere, 'n man wat JisraEl gehaat het en hulle vyand was, gestuur en hom bevel gegee om die volk uit te roei. 1Ma 7:27 En Nicanor het met 'n sterk mag na Jerusalem opgeruk; en hy het op listige wyse woorde van vrede na Judas en sy broers gestuur en gesê: 1Ma 7:28 Laat daar geen oorlog tussen my en jou wees nie; ek sal met 'n paar manskappe kom om julle aangesigte in vrede te sien. 1Ma 7:29 En hy het by Judas gekom en hulle het mekaar vriendskaplik gegroet. Maar die vyand was gereed om Judas met geweld weg te voer. 1Ma 7:30 Judas het egter agtergekom dat hy met bedrog na hom gekom het, en daarom was hy baie bang vir hom en wou sy aangesig nie meer sien nie. 1Ma 7:31 En toe Nicanor besef dat sy plan ontdek was, het hy uitgetrek om teen Judas by Kafar-Salama te veg; 1Ma 7:32 en daar het omtrent vyfhonderd van Nicanor se manskappe gesneuwel en [die res] het na die Stad van Dawid gevlug. 1Ma 7:33 Hierna het Nicanor opgegaan na die Berg van Sion; en daar het sommige van die priesters uit die Apartheidsplek gekom, saam met enkele van die oudstes van die volk, om hom in vrede te groet en om hom die brandoffer wat ter wille van die koning gebring word, te wys. 1Ma 7:34 Maar hy het die spot met hulle gedryf en hulle uitgelag en hulle onteer en in trotsheid gespreek en in toorn gesweer en gesê: 1Ma 7:35 As Judas en sy leër nie nou in my hand uitgelewer word nie, sal ek as ek in veiligheid terugkeer, hierdie tempel verbrand. En hy het in groot gramskap weggetrek. 1Ma 7:36 En die priesters het ingegaan en voor die altaar en die tempel gestaan en geween en gesê: 1Ma 7:37 U het hierdie Apartheidsplek verkies om U Naam daaraan te verbind en om 'n huis van gebed en smeking vir U volk te wees. 1Ma 7:38 Neem dan wraak op hierdie man en op sy leër en laat hulle deur die swaard val; dink aan hulle lasteringe en gee dat hulle nie bestendig sal wees nie. 1Ma 7:39 En Nicanor het van Jerusalem af weggetrek en in Bet-Horon laer opgeslaan, waar die mag van Sirië by hom aangesluit het. 1Ma 7:40 En Judas het met drieduisend man in Adasa gekampeer. En Judas het gebid en gesê: 1Ma 7:41 Toe die manskappe van die koning gelaster het, het U Boodskapper uitgetrek en honderd-vyf-en-tagtigduisend van hulle verslaan. 1Ma 7:42 Verpletter ook so hierdie leër voor ons vandag en laat die origes weet dat hy besoedeling teen U Apartheid gespreek het en oordeel hom volgens sy besoedeling. 1Ma 7:43 En die leërs het slag gelewer op die dertiende van die maand Adar, en die leër van Nicanor is verslaan, en hy was die eerste om in die geveg te sneuwel. 1Ma 7:44 Toe sy leër dan sien dat Nicanor verslaan is, het hulle hul wapens weggewerp en gevlug. 1Ma 7:45 En hulle het hulle 'n dagreis van Adasa af agtervolg, totdat 'n mens by Gasara kom, en agter hulle 'n sinjaal op die seremoniële trompette geblaas. 1Ma 7:46 En hulle het te voorskyn gekom uit al die dorpe van JeHûWdah in die omgewing en hulle ingesluit en hulle laat terugval op hulle agtervolgers, en hulle het almal deur die swaard geval, en nie een van hulle het ontkom nie. 1Ma 7:47 En hulle het die buit en die voedselvoorrade geneem en Nicanor se kop en sy regterhand, wat hy so uitdagend uitgestrek het, afgekap en dit gebring en dit naby Jerusalem opgehang. 1Ma 7:48 En die volk het uitbundig gejuig, en hulle het daardie dag as 'n dag van groot blydskap gevier. 1Ma 7:49 En hulle het bepaal dat hierdie dag jaarliks op die dertiende van Adar gevier moet word. 1Ma 7:50 En die Aarde van JeHûWdah het vir 'n tydjie gerus. //Judas se verbondsluiting met die Romeine. 1Ma 8:1 EN Judas het gehoor van die roem van die Romeine, dat hulle dapper mense is en vriendelik gesind is teenoor almal wat hulle by hul gevoeg het, en die hand van vriendskap gereik het aan sovele wat na hulle toe gekom het, 1Ma 8:2 en dat hulle magtig is. En hulle het hom vertel van hul oorloë en van die dapper dade wat hulle onder die Galasiërs verrig het, en hoe hulle hul onderwerp en skatpligtig gemaak het; 1Ma 8:3 en ook wat hulle in die Aarde van Spanje gedoen het, hoe hulle daar in besit van die silwer- en goudmyne gekom het 1Ma 8:4 en hoe hulle deur hul beleid en volharding meesters geword het van daardie hele gebied wat anders so ver van hulle af weg is, en ook van die konings wat van die uiterste van die Aarde teen hulle opgetrek het, en dat hulle hul oorweldig en volkome verslaan het, en hoe die oorblyfsel hul jaarliks skatting betaal het, 1Ma 8:5 Voorts [het hulle vertel] hoe hulle Philippus en Perseus, die koning van die Kittiërs, en almal wat hulself teen hulle verhef het, in die geveg verpletter en verower het; 1Ma 8:6 en hoe Antíochus, die groot koning van Asië wat in die geveg teen hulle opgetrek het met honderd-en-twintig olifante, met ruiters en strydwaens en 'n buitengewoon groot leërmag, deur hulle oorweldig is, 1Ma 8:7 en hoe hulle hom lewend gevange geneem en bepaal het dat sowel hy as sy opvolgers 'n groot skatting aan hulle moet betaal en dat hulle gyselaars en 'n deel van die land moet gee, 1Ma 8:8 naamlik Indië en Medië en Lidië, en ander van sy beste gebiede, en hoe hulle dit van hom afgeneem en aan koning Eumenes gegee het. 1Ma 8:9 [Hulle het ook vertel] hoe die Grieke van plan was om op te ruk en hulle uit te roei. 1Ma 8:10 maar dat die voorneme aan hulle bekend geword het, en hoe hulle toe een bevelvoerder teen hulle gestuur het om teen hulle te veg, en hoe baie van hulle gesneuwel het en noodlottig verwond is; en hoe hulle hul vroue en kinders gevange geneem en hulle geplunder en hul land verower het, en hulle vestings neergewerp en hul volkome aan hulle onderwerp het tot op hierdie dag toe. 1Ma 8:11 Voorts hoe hulle al die ander koninkryke en die eilande, almal wat hulle weerstaan het, verwoes en aan hulle onderwerp het, 1Ma 8:12 maar dat hulle vriendskapsbetrek- kinge onderhou met hulle vriende en met almal wat op hulle vertrou; en hoe hulle koninkryke ver en naby verower het, en hoe almal wat hulle roem verneem het vir hulle bang was. 1Ma 8:13 Almal wat hulle wou help en wou kroon, het konings geword, en die wat hulle wou, het hulle afgesit; en hulle is grootliks verhef. 1Ma 8:14 Ten spyte hiervan het nie een van hulle 'n kroon opgesit of hulself met koningsblou beklee om daardeur uit te staan nie. 1Ma 8:15 Maar hulle het vir hulself 'n Senaat ingestel waarin driehonderd-en-twintig raadshere daagliks beraad-slaag oor alles wat die algemene belang van die volk aanbetref, sodat hulle in staat mag wees om die volk suiwer te bestuur. 1Ma 8:16 En dat hulle elke jaar die regering en die gesag oor almal aan een man toevertrou, en hoe almal daardie een persoon gehoorsaam sonder dat daar nyd of naywer onder hulle heers. 1Ma 8:17 En Judas het Eupolemus, die seun van JeHôWganan, die seun van Akkos, en Jason, die seun van Eli-Azer, gekies en hulle na Rome gestuur om vriendskapsbetrekkinge en 'n verbond met hulle aan te gaan, 1Ma 8:18 sodat hulle hul mag bevry van hul juk, omdat hulle bemerk het dat die heerskappy van die Grieke JisraEl tot slawerny verneder het. 1Ma 8:19 En hulle het na Rome gegaan, en die weg daarheen was ver, en hulle het die Raadsaal binnegegaan en geantwoord en gesê: 1Ma 8:20 Judas, wat ook Makkabeüs genoem word, en sy broers en die hele Hebreeuse volk het ons na u toe gestuur om 'n Vredesverbond met u te maak en dat ons as u bondgenote en vriende aangeteken mag staan. 1Ma 8:21 En die woord het hulle geval. 1Ma 8:22 En dit is die afskrif van die brief wat hulle in antwoord op kopertablette geskryf het en wat hulle na Jerusalem gestuur het om daar onder hulle te dien as herinnering van [hulle] vrede en bondgenootskap: 1Ma 8:23 Mag dit vir ewig ter see en op Aarde goed gaan met die Romeine en met die Hebreeuse volk; mag die swaard en die vyand steeds ver van hulle af bly. 1Ma 8:24 Maar as daar oorlog kom, allereers teen Rome of teen enigeen van hulle bondgenote in hulle hele ryksgebied, 1Ma 8:25 dan sal die Hebreeuse volk met hulle hele hart volgens die eis van omstandighede as hulle bondgenoot optree. 1Ma 8:26 En aan hulle wat die oorlog voer, sal [die manne van JeHûWdah] nie voorrade voedsel of wapens of geld of skepe gee, soos Rome mag oordeel nie, en hulle sal in goedertrou hierdie verpligtinge nakom. 1Ma 8:27 Wanneer die Hebreeuse volk egter die eerste in 'n oorlog betrokke raak, sal die Romeine as hulle bondgenote hulle met hul hele hart, volgens die eis van omstandighede op gelyke wyse help, 1Ma 8:28 en aan die bondgenote sal, volgens die beslissing van Rome, geen koring of wapens of geld of skepe gegee word nie, en hulle sal in goedertrou hierdie verpligtinge nakom. 1Ma 8:29 In terme van hierdie ooreenkoms het die Romeine 'n bondgenootskap met die Hebreeuse volk aangegaan. 1Ma 8:30 Maar as een of ander van die partye later sou besluit om iets by te voeg of weg te laat, kan hulle dit met vrymoedigheid doen, en wat op hierdie wyse toegevoeg of weggeneem is, sal van krag wees. 1Ma 8:31 En in verband met die besoedeling wat koning Demetrius julle aange-doen het, het ons aan hom geskrywe en gesê: Waarom het jy jou juk swaar gemaak op ons vriende en bondgenote, die manne van JeHûWdah? 1Ma 8:32 Daarom, as hulle verder klagte teen jou inbring, sal ons aan hulle reg laat geskied en jou ter see en op land beveg. //Judas se heldedood in die tweede geveg teen Bacchides. 1Ma 9:1 TOE Demetrius hoor dat Nicanor gesneuwel het en sy leërmag in die geveg verslaan is, het hy Bacchides en Alcimus vir die tweede keer na die Aarde van JeHûWdah gestuur, en die regtervleuel van sy leër saam met hulle. 1Ma 9:2 En hulle het langs die weg van Gilgal opgeruk en teenoor Mesalot, wat in Arbela is, laer opgeslaan en dit in besit geneem en baie mense om die lewe gebring. 1Ma 9:3 En in die eerste maand van die honderd-twee-en-vyftigste jaar het hulle teen Jerusalem laer opgeslaan. 1Ma 9:4 Van daar af het hulle weggetrek en met twintigduisend voetsoldate en tweeduisend ruiters na Berea gegaan. 1Ma 9:5 En Judas was geleër in Elasa, met drieduisend uitgesoekte manskappe saam met hom. 1Ma 9:6 En toe hulle die menigte van die vyandelike magte sien, het hulle grootliks bevrees geword, en baie het die laer verlaat, sodat daar nie meer as agthonderd manskappe oorgebly het nie. 1Ma 9:7 En toe Judas bemerk dat sy leër besig is om weg te dros en dat die geveg onmiddellik op hande is, was hy grootliks besorg omdat hy geen tyd gehad het om sy magte te verenig nie. 1Ma 9:8 En in sy wanhoop het hy vir hulle wat oorgebly het, gesê: Laat ons ons klaarmaak en ons vyande aanval, miskien sal ons in staat wees om teen hulle staande te bly. 1Ma 9:9 En hulle het hul van hom afgekeer en gesê: Ons sal onder geen omstandighede in staat wees om hulle te weerstaan nie, maar laat ons liewer ons lewe nou red, dan kan ons later saam met ons broers terugkeer en teen hulle veg; op die oomblik is ons so min. 1Ma 9:10 Maar Judas het gesê: Dit is ver van my om dit te doen, naamlik om van hulle af weg te vlug! As ons tyd daar is, laat ons dan moedig sterwe ter wille van ons broers en laat ons geen smet op ons eer nalaat nie. 1Ma 9:11 En die [Siriese] mag het uit hulle laer uit opgetrek en [die manne van JeHûWdah] het hulle gereed gemaak om teen hulle te veg; die ruitery is in twee groepe verdeel, die slingeraars en boogskutters het voor die leër uitgetrek saam met al die dapperste manskappe wat die frontlinie vorm. 1Ma 9:12 Maar Bacchides was op die regtervleuel. En die slagorde het aan albei kante opgeruk en het op hulle trompette geblaas; 1Ma 9:13 en die manskappe van Judas het ook op hulle trompette geblaas, en die grond het geskud vanweë die krygsgeskreeu van die magte. En die slag is gelewer en het geduur van die môre tot die aand. 1Ma 9:14 En toe Judas bemerk dat Bacchides en die hoofmag van sy leër op die regtervleuel is, het [hy en] sy volgelinge hulle hele aandag op hulle gekonsentreer, 1Ma 9:15 en die regtervleuel is deur hulle teruggedryf, en hulle het hul tot by die berg Azotus agtervolg. 1Ma 9:16 En toe [die manskappe op] die linkervleuel sien dat die regtervleuel teruggedryf is, het hulle omgedraai en op die voetspoor van Judas en sy manskappe gevolg. 1Ma 9:17 En die geveg het hewig gewoed, en baie aan albei kante is dodelik verwond. 1Ma 9:18 Ook Judas het gesneuwel, en die origes het gevlug. 1Ma 9:19 En JeHôWnathan en Simon het hulle broer Judas geneem en hom in die graf van sy vaders te Modin begrawe. 1Ma 9:20 En hulle het oor hom geween, en die hele JisraEl het groot rou oor hom bedryf en baie dae lank geweeklaag en gesê: 1Ma 9:21 Hoe het die magtige geval, die redder van JisraEl! 1Ma 9:22 En die orige dade van Judas, sy oorloë, en die dapper dade wat hy verrig het en sy grootheid is nie opgeteken nie, want dit was te veel om te beskryf. //Die optrede van JeHôWnathan. Hy volg Judas op; sy stryd teen Bacchides. 1Ma 9:23 EN dit het gebeur na die dood van Judas dat al die wetteloses oor die hele gebied van JisraEl hulle koppe uitgesteek het, en dat al die besoedeldes weer verskyn het. 1Ma 9:24 In daardie dae was daar 'n groot hongersnood, en die grond het met hulle gemene saak gemaak. 1Ma 9:25 En Bacchides het die wettelose manne uitgesoek en hulle as bestuurders van die grond aangestel. 1Ma 9:26 En hulle het gesoek en die vriende van Judas opgespoor en hulle na Bacchides gebring, en hy het wraak op hulle geneem en hulle met veragting behandel. 1Ma 9:27 En daar was 'n groter verdrukking in JisraEl as wat daar was sedert die optrede van die laaste profeet. 1Ma 9:28 En al die vriende van Judas het bymekaar gekom en aan JeHôWnathan gesê: 1Ma 9:29 Sedert die dood van u broer Judas was daar niemand wat soos hy kon uittrek teen ons vyande en teen Bacchides en teen diegene uit ons volk wat ons vyandiggesind is nie. 1Ma 9:30 Daarom het ons u vandag verkies om in sy plek as ons hoof en aanvoerder op te tree en ons oorloë te voer. 1Ma 9:31 En JeHôWnathan het die leierskap in die tyd op hom geneem en in die plek van sy broer Judas getree. 1Ma 9:32 En Bacchides het dit verneem en geprobeer om hom dood te maak. 1Ma 9:33 Maar toe JeHôWnathan en sy broer Simon en almal wat saam met hom was, dit agterkom, het hulle na die woestyn van Tekoa gevlug en by die water van die fontein Asfar gekampeer. 1Ma 9:34 En Bacchides het op die Sabbat hiervan verneem, en hy en sy hele leërmag het oor die Jordaan opgeruk. 1Ma 9:35 En JeHôWnathan het sy broer [JeHôWganan], die leier van 'n menigte, gestuur om sy vriende die Nabateërs te versoek om hulle omvangryke bagasie by hul te mag laat. 1Ma 9:36 Maar die kinders van Ambri het uit Medeba uitgetrek en van JeHôWganan geneem, alles wat hy gehad het en daarmee voortgegaan. 1Ma 9:37 Na hierdie gebeurtenis is aan JeHôWnathan en sy broer Simon meegedeel dat die kinders van Ambri 'n groot bruilof sou vier en dat hulle die bruid, die dogter van een van die groot Kanaänitiese edelmanne, in 'n pragtige optog van Nadabat af sou begelei. 1Ma 9:38 En hulle het hul broer JeHôWganan onthou en heengegaan en hulle onder die dekking van 'n berg skuilgehou. 1Ma 9:39 En hulle het hulle oë opgeslaan en gesien, en kyk, daar was 'n groot drukte en baie bagasie; en die bruidegom en sy vriende en sy broers het te voorskyn gekom om hulle [die bruidstoet] met tamboeryne en minnesangers en baie wapens te ontmoet. 1Ma 9:40 En hulle het uit die hinderlaag agter hulle opgestaan en hulle verslaan, en baie is noodlottig verwond, en die origes het in die berg gevlug, en hulle het alles wat hulle gehad het as buit geneem. 1Ma 9:41 En die bruilof is in rou verander, en die stem van hulle minnesangers in weeklag. 1Ma 9:42 En so het hulle ten volle die bloed van hulle broer gewreek, en daarna het hulle teruggekeer na die moerasagtige streke van die Jordaan. 1Ma 9:43 En toe Bacchides dit hoor, het hy op die Sabbatdag met 'n groot leërmag tot op die walle van die Jordaan opgeruk. 1Ma 9:44 En JeHôWnathan sê vir sy broers: Laat ons ons gereedmaak en vir ons lewe veg, want dit is vandag nie soos gister en eergister nie. 1Ma 9:45 Want kyk, die geveg is voor en agter ons; bowendien is die water van die Jordaan aan alle kante, en dit is 'n moerasagtige en bosryke gebied, en daar is geen ruimte om weg te draai nie. 1Ma 9:46 Daarom, roep dan nou tot die Hemele dat julle uit die hand van jul vyande verlos mag word. 1Ma 9:47 En die geveg is aangegaan, en JeHôWnathan het sy hand uitgestrek om Bacchides neer te vel, maar hy het van hom af weggedraai. 1Ma 9:48 En JeHôWnathan en die wat by hom was, het in die Jordaan gespring en na die anderkant toe oorgeswem; en hulle [Bacchides en sy manskappe] het hulle nie oor die Jordaan agtervolg nie. 1Ma 9:49 En op daardie dag het daar omtrent 'n duisend van Bacchides se manskappe gesneuwel. 1Ma 9:50 En hulle [die Siriërs] het na Jerusalem teruggekeer en versterkte stede in JeHûWdah gebou; die vesting in Jerigo, en Emmaüs en Bet-Horon en BetEl en Timnat Pharathon en Tefon, met hoë mure en [met] poorte en grendels. 1Ma 9:51 En hulle het garnisoene in haar geplaas om JisraEl te kwel. 1Ma 9:52 En hulle het die stad Betsur en Gasara en die vesting versterk en magte en voedselvoorrade in haar geplaas. 1Ma 9:53 En hulle het die seuns van die vernaamste persone in die land as gyselaars geneem en in 'n sel in die vesting te Jerusalem opgesluit. 1Ma 9:54 In die tweede maand van die honderd-drie-en-vyftigste jaar, het Alcimus bevel gegee om die muur van die binneste voorhof van die tempel af te breek, en daarmee saam ook die werke van die profete. 1Ma 9:55 En op dieselfde tyd waarop hy met sy vernielingswerk begin het, is Alcimus [deur Elohim] getref en is sy werk verhinder en sy mond gesnoer, en het hy lam geword sodat hy nie meer kon praat of enige bevele in verband met sy huis kon gee nie. 1Ma 9:56 En Alcimus het in die tyd onder groot smarte gesterwe. 1Ma 9:57 En toe Bacchides sien dat Alcimus dood is, het hy na die koning teruggekeer. En die Aarde van JeHûWdah het gedurende twee jare gerus. 1Ma 9:58 En al die wettelose mense het saam raad gehou en gesê: Kyk, JeHôWnathan en almal wat aan sy kant is, woon in vrede en veiligheid; kom, laat ons Bacchides ontbied sodat hy in een nag sy hande op hulle almal kan lê. 1Ma 9:59 En hulle het gegaan en met hom oorleg gepleeg. 1Ma 9:60 En hy het uitgetrek en met 'n groot leër gekom en in die geheim briewe aan al sy bondgenote in JeHûWdah gestuur, dat hulle JeHôWnathan en almal wat saam met hom is, moet oorweldig. Hulle was egter nie daartoe in staat nie, omdat hulle voorneme aan hulle bekend geword het. 1Ma 9:61 En die manne [van JeHôWnathan] het omtrent vyftig van die belangrikste aanvoerders van hierdie wettelose onderneming in die land gegryp en om die lewe gebring. 1Ma 9:62 Daarop het JeHôWnathan en Simon en die wat saam met hulle was, die wyk geneem na Bet-Basi in die woestyn, en hy het alles wat van haar afgebreek was, weer opgehou en versterk. 1Ma 9:63 Toe Bacchides dit verneem, het hy al sy menigte vergader en berig gestuur aan hulle wat in JeHûWdah was. 1Ma 9:64 En hy het gegaan en teen Bet-Basi laer opgeslaan en baie dae lank teen haar geveg en stormwerktuie vervaardig. 1Ma 9:65 En JeHôWnathan het sy broer Simon in die stad agtergelaat en self met 'n aantal manskappe in die land uitgetrek. 1Ma 9:66 En hy het die Odomera en sy broers verslaan en ook die kinders van Phasiron in hulle tente. 1Ma 9:67 En hy het met afsonderlike skermutselings begin en met sy manskappe in gevegte uitgetrek. En Simon en die wat saam met hom was, het uit die stad uitgetrek en die krygstoerusting aan die brand gesteek, 1Ma 9:68 en hulle het teen Bacchides geveg en hy is deur hulle verslaan, en hulle het hom 'n swaar slag toegedien, want sy voorneme en sy aanval was verydel. 1Ma 9:69 En hulle was baie kwaad vir die wettelose mense wat hom aangeraai het om die land binne te val en hulle het baie van hulle om die lewe gebring. En hy [Bacchides] het hom voorgeneem om na sy eie deel van die land te vertrek. 1Ma 9:70 Toe JeHôWnathan dit te hore kom, het hy gesante na hom gestuur met die doel om met hom vrede te maak en dat hy die gevangenes aan hulle sou teruggee. 1Ma 9:71 En hy het dit aanvaar en gedoen wat hy gesê het, en hy het vir hom gesweer dat hy hom al die dae van sy lewe geen leed meer sal aandoen nie. 1Ma 9:72 En hy het die gevangenes wat hy vantevore uit die Aarde van JeHûWdah weggevoer het, aan hom uitgelewer. Daarna het hy teruggekeer en na sy eie land vertrek en nooit weer in hulle gebied gekom nie. 1Ma 9:73 En die swaard het onder JisraEl tot rus gekom. En JeHôWnathan het in Migmas gewoon. En JeHôWnathan het begin om die volk te rig, en al die wetteloses het hy uit JisraEl verdelg. //JeHôWnathan steun Alexander Balas in sy stryd teen Demetrius. 1Ma 10:1 IN die honderd-en-sestigste jaar het Alexander Epifanes, die seun van Antíochus, uitgetrek en Ptolemaïs ingeneem, en hulle het hom ontvang en hy het daar geregeer. 1Ma 10:2 En toe koning Demetrius dit hoor, het hy geweldige groot magte byeengebring en uitgetrek om teen hom te veg. 1Ma 10:3 En Demetrius het briewe met woorde van vrede aan JeHôWnathan gestuur waarin hy hom geroem het. 1Ma 10:4 Want hy het gesê: Laat ons die eerste wees om met hom vrede te maak, voordat hy teen ons vrede maak met Alexander. 1Ma 10:5 Want hy sal al die besoedeling wat ons hom en sy broers en sy volk aangedoen het, onthou. 1Ma 10:6 En hy het aan hom mag verleen om 'n leër te versamel en om wapens te voorsien en om sy bondgenoot te wees, en hy het bevel gegee dat hulle die gyselaars wat in die vesting is, aan hom moet uitlewer. 1Ma 10:7 En JeHôWnathan het na Jerusalem gekom en die briewe ten aanhore van die hele volk en van hulle wat in die vesting was, gelees. 1Ma 10:8 En hulle was grootliks bevrees toe hulle hoor dat die koning hom mag gegee het om 'n leër byeen te bring. 1Ma 10:9 En die mense van die vesting het die gyselaars aan JeHôWnathan uitgelewer, en hy het hulle aan hul ouers terugbesorg. 1Ma 10:10 En JeHôWnathan het in Jerusalem gebly en begin om die Stad te bou en te vernuwe. 1Ma 10:11 En hy het hulle wat die werk doen, beveel om die mure en die Berg van Sion rondom met vierkantige klippe vir verdedigingsdoeleindes te bou; en hulle het so gemaak. 1Ma 10:12 En die vreemdelinge wat in die vestings was wat Bacchides gebou het, het weggevlug; 1Ma 10:13 en elkeen het sy plek verlaat en na sy eie deel van die Aarde teruggekeer. 1Ma 10:14 Net in Betsur het daar 'n aantal van diegene wat die Wet en die Gebooie verlaat het, oorgebly, want sy was vir hulle 'n toevlugsoord. 1Ma 10:15 En koning Alexander het gehoor van al die beloftes wat Demetrius aan JeHôWnathan gedoen het; en hulle het hom vertel van al die gevegte en die dapper dade wat hy en sy broers verrig het en die moeilikhede wat hulle deurgemaak het; 1Ma 10:16 en hy het gesê: Sal ons 'n ander man soos hy kan vind? Daarom laat ons hom ons vriend en bondgenoot maak. 1Ma 10:17 En hy het briewe geskrywe en dit ooreenkomstig hierdie woorde aan hom gestuur en gesê: 1Ma 10:18 Koning Alexander aan sy broer JeHôWnathan, groete! 1Ma 10:19 Ons het van u gehoor dat u 'n dapper krygsman is en daarom volkome geskik om ons vriend te wees. 1Ma 10:20 En ons het u op hierdie dag aangestel as hoëpriester van u volk, en dit is ons begeerte dat u die vriend van die koning genoem sal word [en hy het aan hom 'n koningsblou kleed en 'n goue kroon gestuur], en dat u aan ons kant sal staan en met ons vriendskapsbetrekkinge sal onderhou. 1Ma 10:21 En JeHôWnathan het die gewyde kleed omgehang in die sewende maand van die honderd-en-sestigste jaar, by geleentheid van die Fees van die Takskuilings, en het troepe opgekommandeer en wapens in oorvloed voorsien. 1Ma 10:22 En toe Demetrius hiervan hoor, was hy ontsteld en het hy gesê; 1Ma 10:23 Waarom het ons toegelaat dat Alexander ons voorgespring het om vriendskapsbetrekkinge, ter versterking van homself, met die manne van JeHûWdah aan te gaan? 1Ma 10:24 Ek sal ook 'n boodskap van bemoediging en beloftes van geskenke, aan hom stuur sodat hulle vir my tot 'n hulp kan wees. 1Ma 10:25 En hy het ['n brief] na hulle gestuur met hierdie inhoud: Koning Demetrius aan die Hebreeuse volk, groete! 1Ma 10:26 Vir sover julle die verbond met ons gehou en ons vriendskaps-betrekkinge gehandhaaf en nie by ons vyande aangesluit het nie, het ons wat daarvan gehoor het, ons verbly. 1Ma 10:27 En nou, gaan voort om so aan ons getrou te bly, en ons sal julle met kosbare dinge vergoed in ruil vir wat julle in ons belang onderneem. 1Ma 10:28 en ons sal julle baie vrystellings [van belastings] gee en julle met geskenke verbly. 1Ma 10:29 Hiermee bevry ek julle dan en ek onthef al die manne van JeHûWdah van die verpligting om skatting en die soutbelasting en die kroonbelasting te betaal. 1Ma 10:30 En in plaas van 'n derde van die graan en die helfte van die boomvrugte wat aan my toekom om te ontvang, gee ek van vandag af en verder die reg prys om dit te neem van die Aarde van JeHûWdah en van die drie distrikte van die Aarde van Samaría en Galiléa wat daarmee verbind is, van vandag af en vir altyd. 1Ma 10:31 En laat Jerusalem tesame met die omliggende gebied ten opsigte van die tiendes en die belastings, apartgestel en vry wees. 1Ma 10:32 Ek gee ook my gesag prys oor die vesting wat in Jerusalem is en gee dit aan die hoëpriester dat hy manne volgens sy eie keuse in haar mag aanstel om dit te bewaak. 1Ma 10:33 En ek stel elke man van JeHûWdah wat as gevangene uit die Aarde van JeHûWdah na enige deel van my koninkryk gevoer is, onvoorwaardelik op vrye voet, en al die beamptes moet die belasting op hulle vee ook kanselleer. 1Ma 10:34 En laat al die Feeste en die Sabbatte en die maandsvernuwings en die vasgestelde dae en drie dae voor 'n Fees en drie dae na 'n Fees, dae van vrystelling en ontheffing wees vir al die manne van JeHûWdah wat in my koninkryk is; 1Ma 10:35 niemand sal die reg hê om enigiets [op die dae] van hulle te vorder of om hulle oor enige saak moeite aan te doen nie. 1Ma 10:36 En laat daar omtrent dertigduisend Hebreeuse manskappe vir die magte van die koning gewerf word, en hulle sal betaling ontvang soos dit gebruiklik is in die geval van al die magte van die koning. 1Ma 10:37 En sommige van hulle moet in die groot vestings van die koning ge-stasioneer word, en sommige van hulle moet oor die belange van die koninkryk wat van vertroulike aard is, aangestel word; en laat hulle wat oor hulle aangestel is en hulle wat oor hulle regeer, uit hul eie midde wees, en laat hulle wandel volgens hul eie wette, net soos die koning in die Aarde van JeHûWdah beveel het. 1Ma 10:38 En laat die drie distrikte wat aan die Aarde van Samaría by JeHûWdah gevoeg is, by JeHûWdah getel word, sodat hulle beskou mag word as staande onder een man, dat hulle geen ander gesag as die van die hoëpriester mag gehoorsaam nie. 1Ma 10:39 Ptolemaïs en die daartoe behorende gebied het ek as geskenk gegee aan die Apartheidsplek wat in Jerusalem is, om daaruit die onkoste in verband met die Apartheidsplek te bestry. 1Ma 10:40 En ek onderneem om jaarliks vyftienduisend sikkels silwer van die koning se inkomste te gee, en wel van die plekke wat daartoe geleë is. 1Ma 10:41 En die addisionele toelaes wat die administrasie, anders as wat in vroeër jare gebruiklik was, [in die later tyd] nie inbetaal het nie, sal voortaan ten volle vir die tempeldiens bestem word. 1Ma 10:42 Hierbenewens sal die vyfduisend sikkels silwer wat hulle gewoond was om uit die tempelbelasting, uit die jaarlikse inkomste, te neem, ook gekanselleer word omdat dit aan die diensdoenende priester toekom. 1Ma 10:43 En elkeen wat in die Tempel te Jerusalem en in sy hele gebied skuiling soek omdat hy geld aan die koning skuld of enige ander verpligting het, sal daarvan onthef word, tesame met al sy besittings in my koninkryk. 1Ma 10:44 En die onkoste aan die opbou en vernuwing van die tempelgebou sal uit die inkomste van die koning gefinansier word. 1Ma 10:45 Ook die onkoste in verband met die opbou van die mure van Jerusalem en die versterking van haar rondom, sal uit die inkomste van die koning bestry word; dieselfde geld vir die opbou van die mure [van die ander stede] in JeHûWdah. 1Ma 10:46 Toe JeHôWnathan en die volk hierdie woorde hoor, het hulle geen geloof daaraan geheg en dit ook nie aanvaar nie, want hulle het gedink aan die groot besoedeling wat hy in JisraEl aangerig het en hoe smartlik hy hulle verdruk het. 1Ma 10:47 Bowendien was hulle baie in hulle skik met Alexander, omdat hy die eerste was wat woorde van vrede met hulle gespreek het, en hulle het altyd sy bondgenote gebly. 1Ma 10:48 En koning Alexander het groot magte byeengebring en het teenoor Demetrius laer opgeslaan. 1Ma 10:49 En die twee konings het teen mekaar oorlog gevoer, en die leër van Demetrius het gevlug, en Alexander het hom agtervolg en hulle oorwin. 1Ma 10:50 En hy het tot sonsondergang met die hewige geveg voortgegaan, en Demetrius het op dié dag gesneuwel. 1Ma 10:51 Daarna het Alexander bood-skappers na Ptolemaeus, die koning van Egipte, gestuur om die volgende aan hom mee te deel: 1Ma 10:52 Aangesien ek teruggekeer het na my koninkryk en plaasgeneem het op die troon van my vaders en die heerskappy verwerf en Demetrius verslaan en van ons land besit geneem het; 1Ma 10:53 ja, ek het teen hom geveg en hy en sy leër is deur ons verslaan, en ons sit op die troon van sy koninkryk; 1Ma 10:54 laat ons dan onderling vriende wees, en gee my nou u dogter tot vrou, en ek sal u skoonseun wees en aan albei van u geskenke gee wat u waardig is. 1Ma 10:55 En koning Ptolemaeus het geantwoord en gesê: Geseënd is die dag waarop u na die land van u vaders teruggekeer en op die troon van hulle koninkryk gesit het. 1Ma 10:56 En daarom sal ek teenoor u handel volgens die inhoud van u skrywe. Maar ontmoet my in Ptolemaïs dat ons mekaar mag sien, dan sal ek u as my skoonseun aanneem soos u gesê het. 1Ma 10:57 En Ptolemaeus het uit Egipte vertrek, hy en sy dogter Kleopatra, en hy het in Ptolemaïs aangekom in die honderd-twee-en-sestigste jaar. 1Ma 10:58 En hy het sy dogter Kleopatra aan hom as vrou gegee, en hulle het met groot seremonie, soos onder konings gebruiklik is, in Ptolemaïs haar bruilof gevier. 1Ma 10:59 En koning Alexander het aan JeHôWnathan geskryf dat hy moet kom en hom ontmoet. 1Ma 10:60 En hy het in skitterende prag na Ptolemaïs gegaan en die twee konings ontmoet, en silwer en goud en baie geskenke aan hulle en hulle vriende gegee; en hy het guns in hulle oë gevind. 1Ma 10:61 Sommige ontevredenes uit JisraEl, wat die eise van die Wet verontagsaam het, het teen hom vergader en beskuldigings teen hom ingebring, maar die koning het geen ag op hulle geslaan nie. 1Ma 10:62 En die koning het bevel gegee, en hulle het JeHôWnathan se klere uitgetrek en hom met koningsblou beklee; en hulle het gedoen wat hy beveel het. 1Ma 10:63 En die koning het hom langs hom laat sit en aan sy vorste gesê: Gaan saam met hom tot in die middel van die stad en maak bekend dat niemand 'n beskuldiging op enige grond teen hom mag inbring en dat niemand hom, om watter oorsaak ookal, enige moeite mag aandoen nie. 1Ma 10:64 En dit het gebeur dat toe hulle wat klagtes teen hom ingebring het die eer sien wat hom aangedoen is, volgens wat die herout aangekondig het, en ook sien dat hy in koningsblou geklee is, hulle almal gevlug het. 1Ma 10:65 En die koning het hom eer bewys en het hom onder sy vernaamste vriende gereken en hom 'n aanvoerder en 'n goewerneur van 'n provinsie gemaak. 1Ma 10:66 En JeHôWnathan het in vrede en met blydskap na Jerusalem terugge-keer. //Oorwinning van JeHôWnathan oor Apollonius, die generaal van Demetrius 1Ma 10:67 EN in die honderd-vyf-en-sestigste jaar het Demetrius, die seun van Demetrius, uit Kreta in die land van sy vaders gekom. 1Ma 10:68 En toe koning Alexander daarvan hoor, was hy grootliks ontsteld en het hy na Antiochië teruggekeer. 1Ma 10:69 En Demetrius het Apollonius wat oor Coele-Sirië was [as aanvoerder] aangestel. Hy het toe 'n groot leër bymekaargemaak en in Jamina laer opgeslaan en na die hoëpriester JeHôWnathan gestuur en gesê: 1Ma 10:70 Jy is die enigste wat jou teen ons verhef, maar ek is 'n voorwerp van spot en verwyt ter wille van jou. Waarom praat jy groot oor jou mag teen ons in die berge? 1Ma 10:71 As jy inderdaad staatmaak op jou troepemag, kom dan na ons toe af in die vlakte en laat ons kragte daar meet, want ek het die beheer oor die stede. 1Ma 10:72 Doen navraag en vind uit wie ek is en wie die ander is wat ons help, en hulle sal jou vertel dat jou voet nie voor ons aangesig sal kan standhou nie, want jou vaders is twee keer in hulle eie land op die vlug gedryf. 1Ma 10:73 So sal jy dan nie in staat wees om weerstand te bied teen die ruiters en so 'n mag soos hierdie in die vlakte nie, waar daar geen klip of gruis of enige skuilplek is nie. 1Ma 10:74 Toe JeHôWnathan die boodskap van Apollonius verneem, was hy innerlik ontroerd en het tienduisend manskappe uitgesoek en uit Jerusalem weggetrek, en sy broer Simon het by hom aangesluit om hom te help. 1Ma 10:75 En hy het teenoor Joppe laer opgeslaan, waar die bewoners van die stad hom uitgesluit het omdat Apollonius 'n garnisoen in Joppe gehad het; en hulle het teen haar geveg. 1Ma 10:76 Die mense van die stad het toe bevrees geword en die poorte oopgemaak, sodat JeHôWnathan besit van Joppe kon neem. 1Ma 10:77 En toe Apollonius dit hoor, het hy 'n leër van drieduisend ruiters en 'n groot mag byeengebring en na Azotus opgeruk asof hy voorgee om verby te trek, terwyl hy in werklikheid na die vlakte beweeg het, juis omdat hy 'n menigte ruiters gehad en op hulle staatgemaak het. 1Ma 10:78 En hy het agter hom aangegaan tot by Azotus, en daar het die leërs slaags geraak. 1Ma 10:79 Apollonius het egter duisend ruiters in 'n skuilplek agter hom gelaat, 1Ma 10:80 maar JeHôWnathan het besef dat daar 'n hinderlaag agter hom was. En hulle het sy leër omring en hul pyle van die môre af tot laat in die agtermiddag op die volk afgeskiet. 1Ma 10:81 maar die volk het in gehoorsaamheid aan die bevel van JeHôWnathan, stilgestaan, terwyl die ruiters van die vyand besig was om hulle te vermoei. 1Ma 10:82 En Simon het met sy mag opgeruk en met die krygsmag [van die vyand] slaags geraak - want die ruiters was uitgeput - en hulle is voor hom uit verslaan en het gevlug 1Ma 10:83 en die ruiters is oor die vlakte verstrooi. En hulle het na Azotus gevlug, en het Bet-Dagon, die tempel van hulle gode, binnegegaan om hulleself te red. 1Ma 10:84 En JeHôWnathan het Azotus en die stede daar rondom verbrand en hulle buit geneem; hy het ook die tempel van Dagon en almal wat daarin gevlug het, met vuur verbrand. 1Ma 10:85 En die wat deur die swaard geval het, sowel as die wat verbrand is, was ongeveer agtduisend in getal. 1Ma 10:86 En JeHôWnathan het daarvandaan opgetrek en teenoor Askelon laer opgeslaan, maar die mense van die stad het met groot prag uitgekom om hom te ontmoet. 1Ma 10:87 JeHôWnathan en sy manskappe het toe met baie buit na Jerusalem teruggekeer. 1Ma 10:88 En toe koning Alexander hierdie dinge hoor, het hy JeHôWnathan met nog groter onderskeiding behandel, 1Ma 10:89 en hom 'n gespe van goud, soos hulle gewoonlik aan die lede van die koninklike familie gee, gestuur; daarbenewens het hy aan hom Ekron met sy grondgebied as besitting gegee. //Na die val van Alexander verwerf JeHôWnathan die guns van Demetrius II. 1Ma 11:1 EN die koning van Egipte het groot magte soos die sand aan die strand van die see in menigte versamel, en baie skepe, en hy het gepoog om homself deur bedrog van die koninkryk van Alexander meester te maak en haar by sy eie koninkryk te voeg. 1Ma 11:2 En hy het met vredesboodskappe na Sirië uitgetrek; en die inwoners van die stede het hul poorte vir hom oopgemaak en hom teëgekom, want dit was die bevel van Alexander dat hulle hom sou ontmoet omdat hy sy skoonvader was. 1Ma 11:3 Ptolemaeus het egter in elke stad wat hy binnegetrek het 'n garnisoen van sy manskappe geplaas. 1Ma 11:4 En toe hy by Azotus kom, het hulle hom die tempel van Dagon gewys wat met vuur verbrand was, en Azotus wat tesame met sy voorstede afgebreek was, en die liggame wat daar rondom versprei lê, en hulle wat verbrand is, wat hy in die oorlog verbrand het, want hulle het van hul hope gemaak op sy weg. 1Ma 11:5 En om skuld op hom te werp, het hulle die koning vertel watter dinge JeHôWnathan gedoen het, maar die koning het niks laat blyk nie. 1Ma 11:6 En JeHôWnathan het die koning met prag en praal te Joppe ontmoet, en hulle het mekaar gegroet en het daar geslaap. 1Ma 11:7 En JeHôWnathan het die koning vergesel sover as die rivier wat Eleutherus genoem word, en toe na Jerusalem teruggekeer. 1Ma 11:8 Maar koning Ptolemaeus het homself meester gemaak van die stede aan die seekus sover as Seleucië wat by die see is, en hy het bose planne in verband met Alexander beraam. 1Ma 11:9 En hy het boodskappers na koning Demetrius gestuur en gesê: Laat ons 'n verbond met mekaar aangaan, en ek sal jou my dogter wat met Alexander getroud is, tot vrou gee, en jy kan oor die koninkryk van jou vader regeer. 1Ma 11:10 Want dit het my berou dat ek my dogter aan hom gegee het, want hy soek om my dood te maak. 1Ma 11:11 Op hierdie wyse het hy blaam op hom gewerp, want hy het sy koninkryk begeer. 1Ma 11:12 En nadat hy sy dogter van Alexander afgeneem het, het hy haar aan Demetrius gegee, en so is hy vervreemd van Alexander en het hulle vyandskap openbaar geword. 1Ma 11:13 En Ptolemaeus het Antiochië binnegegaan en die kroon van Asië vir homself toegeëien, sodat hy toe twee krone op sy hoof gehad het, die kroon van Egipte en die van Asië. 1Ma 11:14 Maar koning Alexander was gedurende die tyd in Cilicië, omdat die mense van die streke in opstand gekom het. 1Ma 11:15 En Alexander het daarvan gehoor en teen hom opgeruk; en Ptolemaeus het sy leër uitgelei en hom met 'n sterk mag ontmoet en hom op die vlug gedryf. 1Ma 11:16 En Alexander het na Arabië gevlug om daar skuiling te vind, terwyl koning Ptolemaeus se roem gestyg het. 1Ma 11:17 En Sabdiël, die Arabier, het daarop Alexander se kop afgekap en dit aan Ptolemaeus gestuur. 1Ma 11:18 Drie dae later het koning Ptolemaeus egter gesterwe, en die manskappe in sy vesting is verslaan deur hulle wat in die vestings gewoon het. 1Ma 11:19 En Demetrius het in die honderd-sewe-en-sestigste jaar koning geword. 1Ma 11:20 In daardie dae het JeHôWnathan die manne van JeHûWdah gemonster om die vesting wat in Jerusalem is, aan te val, en hy het baie beleërings-werktuie teen haar opgestel. 1Ma 11:21 En sommige persone wat hulle eie volk gehaat het, mense wat die Wet verbreek het, het na die koning gegaan en aan hom meegedeel dat JeHôWnathan besig was om die vesting te beleër. 1Ma 11:22 En toe hy dit hoor, was hy vertoorn, maar onmiddellik nadat hy dit verneem het, het hy uitgetrek en by Ptolemaïs aangekom, waar hy aan JeHôWnathan geskryf het om [die vesting] nie te beleër nie, maar om haastig na hom te kom in Ptolemaïs ten einde met hom te beraadslaag. 1Ma 11:23 Maar toe JeHôWnathan dit hoor, het hy beveel dat die vesting verder beleër moet word, en hy het sommige van die oudstes en van die priesters gekies en sy lewe in gevaar gestel, 1Ma 11:24 want hy het silwer en goud en klere en 'n menigte ander presente geneem en na die koning in Ptolemaïs gegaan. En hy het guns in sy oë gevind. 1Ma 11:25 En sommige van die wettelose mense uit die volk het klagtes teen hom ingebring, 1Ma 11:26 maar die koning het hom behandel net soos sy voorgangers hom behandel het en hom verhef in die oë van al sy vriende. 1Ma 11:27 Verder het hy hom in die hoëpriesterskap bevestig en in al die ander eerbewyse wat hy vantevore deelagtig was, en hy het hom voorrang verleen onder sy vernaamste vriende. 1Ma 11:28 En JeHôWnathan het die koning versoek dat hy JeHûWdah en die drie distrikte van die Aarde van Samaría vry van skatting moet stel, en hy het hom driehonderd talente belowe. 1Ma 11:29 En die koning het toegestem en oor hierdie aangeleentheid briewe met die volgende inhoud aan JeHôWnathan geskryf: 1Ma 11:30 Koning Demetrius aan sy broer JeHôWnathan en aan die Hebreeuse volk, groete! 1Ma 11:31 Die afskrif van die brief wat ons in verband met jou aan ons bloedverwant Lasthenes geskryf het, skryf ons ook aan jou, dat jy dit mag sien. 1Ma 11:32 Koning Demetrius aan sy vader Lasthenes, groete! 1Ma 11:33 Ons het besluit om goed te doen aan die Hebreeuse volk wat as ons vriende ag gegee het op wat reg teenoor ons is, omdat hulle ons goedgesind is. 1Ma 11:34 Daarom erken ons as hulle eiendom die gebied van JeHûWdah en die drie distrikte van Afaerema, Lidda en Ramataim [wat van die Aarde van Samaría by die gebied van JeHûWdah gevoeg is], en alles wat daarmee in verband staan; want dit sal ten dienste wees aan diegene wat in Jerusalem 'n aanbieding bring, in plaas van die inkomste van die koning wat die koning vantevore jaarliks van die opbrengs van die grond en van die boomvrugte ontvang het. 1Ma 11:35 En al die ander dinge wat ons toegekom het, met name van die tiendes en van die inkomste wat ons ontvang het, en van die soutpanne en van die kroonbelasting wat deur ons gehef is, dit alles skenk ons aan hulle. 1Ma 11:36 En nie een van hierdie dinge sal nietig verklaar word nie, van vandag af en vir ewig. 1Ma 11:37 En nou, sorg dat van al hierdie dinge 'n afskrif gemaak word, en laat hulle dit aan JeHôWnathan gee om op 'n prominente plek op die Berg van Apartheid uitgestal te word. //JeHôWnathan steun Demetrius II in sy stryd teen Tryfo. 1Ma 11:38 EN toe koning Demetrius bemerk dat die Aarde stil voor hom geword het en dat niemand enige weerstand teen hom bied nie, het hy al sy magte weggestuur, elke man na sy eie plek toe, met uitsondering van die vreemde troepe wat hy van die eilande van die nasies gewerf het, en daarom het al die magte van sy vaders 'n grief teen hom ontwikkel. 1Ma 11:39 Toe Tryfo wat aan die ou party van Alexander behoort het, sien dat al die troepe teen Demetrius murmureer, het hy gegaan na Imalkue, die Arabier, die man naamlik wat Antíochus, die klein seuntjie van Alexander, groot maak, 1Ma 11:40 en hy het sterk by hom daarop aangedring dat hy [die seun] aan hom moet gee, sodat hy in die plek van sy vader kan regeer. En hy het hom alles vertel wat Demetrius gedoen het, en die haat wat sy magte teen hom koester. En hy het daar baie dae lank vertoef. 1Ma 11:41 En JeHôWnathan het aan koning Demetrius berig gestuur dat hy die manne van die vesting uit Jerusalem moet werp, en ook diegene wat in die ander vestings was, omdat hulle onophoudelik teen JisraEl veg. 1Ma 11:42 En Demetrius het na JeHôWnathan gestuur en hom laat weet: Ek sal nie alleen dit vir jou en jou volk doen nie, maar ek sal jou en jou volk grootliks vereer as ek slegs 'n geskikte geleentheid vind. 1Ma 11:43 Daarom, stuur asseblief vir my die manskappe wat vir my kan veg, want al my magte is in opstand teen my. 1Ma 11:44 En JeHôWnathan het drieduisend dapper manne na hom in Antiochië gestuur. En hulle het na die koning gegaan, en die koning was bly dat hulle gekom het. 1Ma 11:45 En die inwoners van die stad het in die middel van die stad bymekaargekom, omtrent honderd-en-twintigduisend man, en hulle was van plan om die koning om die lewe te bring. 1Ma 11:46 En die koning het in die paleis gevlug, en die mense van die stad het die deurgange van die stad beset en begin veg. 1Ma 11:47 En die koning het die manne van JeHûWdah tot hulp geroep, en hulle het onmiddellik by hom vergader en hulself oor die stad versprei en daardie dag omtrent honderdduisend verslaan. 1Ma 11:48 En hulle het die stad aan die brand gesteek en daardie dag baie buit gemaak en die koning gered. 1Ma 11:49 En toe die mense van die stad sien dat die manne van JeHûWdah die stad volkome in hul mag het, begewe hul moed hulle en hulle roep smekend tot die koning en sê: 1Ma 11:50 Gee ons u regterhand en laat die manne van JeHûWdah ophou om teen ons en die stad te veg. 1Ma 11:51 En hulle het hulle wapens neergelê en vrede gemaak. En die manne van JeHûWdah is grootliks vereer deur die koning en deur almal wat in sy koninkryk is. En met baie buit het hulle toe na Jerusalem teruggekeer. 1Ma 11:52 Maar net toe koning Demetrius weer op die troon van sy koninkryk sit, en die Aarde voor hom stil geword het, 1Ma 11:53 het hy niks uitgevoer van alles wat hy gesê het nie en hom van JeHôWnathan vervreem, en hom nie vergoed volgens die voordele wat hy beloof het om hom te laat toekom nie, maar hy het hom grootliks verdruk. 1Ma 11:54 Hierna het Tryfo teruggekeer en saam met hom die jeugdige Antíochus. En hy het koning geword en die kroon ontvang. 1Ma 11:55 En al die magte wat Demetrius in onbarmhartigheid weggestuur het, het by hom vergader, en hulle het teen [Demetrius] geveg, en hy is verslaan en het gevlug. 1Ma 11:56 En Tryfo het die olifante gebuit en homself van Antiochië meester gemaak. 1Ma 11:57 En die jong Antíochus het aan JeHôWnathan geskrywe en gesê: Ek bevestig jou in die hoëpriesterlike amp en stel jou aan oor die vier distrikte en om een van die vriende van die koning te wees. 1Ma 11:58 En hy het aan hom goue skale en meubels vir die tafel gestuur en hom verlof gegee om uit goue bekers te drink en om in koningsblou gekleed te wees en om 'n goue gespe te besit. 1Ma 11:59 En hy het sy broer Simon as goewerneur aangestel oor die gebied van die Leer van Tirus af tot by die grens van Egipte. 1Ma 11:60 En JeHôWnathan het uitgetrek en oor die rivier en deur die stede gereis, en al die magte van Sirië het by hom vergader om sy bondgenote te wees. 1Ma 11:61 En hy het by Askelon gekom, en die mense van die stad het hom op eerbare wyse ontvang. En hy het van haar na Gasa gegaan, maar die inwoners van Gasa het hom uitgesluit. Daarop het hy haar beleër en die voorstede [van die stad] met vuur verbrand en haar geplunder. 1Ma 11:62 Toe het die inwoners van Gasa gevra om vrede te maak, en JeHôWnathan het hulle sy regterhand gegee en die seuns van hulle vorste as gyselaars geneem en hulle na Jerusalem gestuur. En hy het sover as Damaskus deur die land gereis. 1Ma 11:63 En JeHôWnathan het gehoor dat die vorste van Demetrius met 'n groot leërmag na Kades in Galiléa gekom het, met die doel om hom van sy pos te verwyder, 1Ma 11:64 en daarom het hy gegaan om hulle te ontmoet, maar sy broer Simon het hy in die land agtergelaat. 1Ma 11:65 En Simon het teen Betsur laer opgeslaan en baie dae teen haar geveg en haar afgesluit. 1Ma 11:66 En hulle het hom gevra om hulle sy regterhand te gee, en hy het dit gedoen; maar hy het hulle uit haar verwyder en besit van die stad geneem en 'n garnisoen oor haar gestel. 1Ma 11:67 En JeHôWnathan het met sy leër by die water van Gennesaret gekampeer, en vroeg in die môre het hulle daarvandaan na die vlakte van Hasor getrek. 1Ma 11:68 En kyk, die leër van die vreemdelinge het hom in die vlakte teëgekom; en hulle het vir hom 'n hinderlaag in die berge gelê, maar hulle self het hom van aangesig tot aangesig ontmoet. 1Ma 11:69 Maar die manne in die hinderlaag het uit hulle plekke opgestaan en hulle in die geveg gemeng, en almal wat aan die kant van JeHôWnathan was, het gevlug; 1Ma 11:70 nie een van hulle het agtergebly nie, behalwe Mattatias, die seun van Absalom, en Judas, die seun van Kalfi, wat aanvoerders van die magte was. 1Ma 11:71 En JeHôWnathan het sy klere geskeur en stof op sy hoof gestrooi en gebid. 1Ma 11:72 En hy het andermaal met hulle slaags geraak en hulle verslaan, en hulle het gevlug. 1Ma 11:73 En toe sy manskappe wat aan die vlug was, dit sien, het hulle na hom teruggekeer en hulle het hulle saam met hom agtervolg tot by Kades in die rigting van hulle kamp, en daar het hulle toe gekampeer. 1Ma 11:74 En daar het op die dag omtrent drieduisend man van die vreemdelinge gesneuwel. En JeHôWnathan het na Jerusalem teruggekeer. //JeHôWnathan vernuwe die verbond met die Romeine en sluit 'n verbond met die Spartane. Hy verslaan die volgelinge van Demetrius. 1Ma 12:1 TOE JeHôWnathan sien dat die tyd vir hom gunstig was, het hy manne gekies en hulle na Rome gestuur om die vriendskap wat daar tussen hulle was, te bevestig en te hernieu. 1Ma 12:2 En op dieselfde wyse het hy ook briewe aan die Spartane en aan ander plekke gestuur. 1Ma 12:3 En hulle het na Rome afgereis en die Raadsaal binnegegaan en gesê: Die hoëpriester JeHôWnathan en die Hebreeuse volk het ons gestuur om die vriendskap en bondgenootskap in hulle naam te hernieu soos dit voorheen was. 1Ma 12:4 En hulle [die raadslede] het aan hul briewe vir [die goewerneurs van] elke plek meegegee dat hulle hul in vrede op die weg na die Aarde van JeHûWdah moet begelei. 1Ma 12:5 En dit is die afskrif van 'n brief wat JeHôWnathan aan die Spartane geskryf het: 1Ma 12:6 JeHôWnathan, die hoëpriester, en die Raad van die volk, en die priesters, en al die ander lede van die Hebreeuse volk, aan hulle broers, die Spartane, groete! 1Ma 12:7 Reeds vroeër is briewe aan die hoëpriester Onias gestuur deur Areios wat toe oor julle regeer het [met die inhoud] dat julle ons broers is, soos blyk uit die meegaande afskrif. 1Ma 12:8 En Onias het [destyds] die man wat na hom gestuur was met respek behandel en die briewe waarin gespreek is van bondgenootskap en vriendskap in ontvangs geneem. 1Ma 12:9 Daarom, alhoewel ons geen behoefte aan die dinge het nie, omdat ons ons troos put uit die Boekrolle van Apartheid wat in ons besit is, 1Ma 12:10 het ons tog onderneem om deur 'n afvaardiging die broederskap en vriendskap met u te hernieu, sodat ons nie volkome van mekaar vervreemd sal raak nie, want 'n geruime tyd het verbygegaan sedert u laas na ons toe gestuur het. 1Ma 12:11 Om die rede bring ons u telkens by geleentheid van ons feeste en ander geskikte dae in gedagtenis in ons bydraes en in ons gebede; soos dit reg en gepas is om aan broers te dink 1Ma 12:12 Ons verheug ons ook in u roem. 1Ma 12:13 Wat ons egter aangaan, het baie verdrukkinge en oorloë oor ons gekom, terwyl die konings in ons omgewing teen ons geveg het. 1Ma 12:14 In hierdie oorloë wou ons u en ons ander bondgenote en vriende geen oorlas aandoen nie, 1Ma 12:15 want ons het hulp uit die Hemele, wat ons bystand verleen, en ons is van ons vyande verlos, en ons vyande is verneder. 1Ma 12:16 Ons het egter Numenius, die seun van Antíochus, en Antipater, die seun van Jason, gekies en hulle na die Romeine gestuur om die vriendskap wat ons met hulle gehad het en die vroeëre bondgenootskap te hernieu. 1Ma 12:17 Ons het hulle opdrag gegee om ook na u toe te gaan om u te groet en om die briewe in verband met die vernuwing van ons vriendskap en broederskap aan u te oorhandig. 1Ma 12:18 U sal goed doen as u hierop wil antwoord. 1Ma 12:19 En dit is die afskrif van die briewe wat hulle [destyds] aan Onias gestuur het: 1Ma 12:20 Areios, koning van die Spartane, aan Onias, die hoëpriester, groete. 1Ma 12:21 Daar is in 'n geskrif in verband met die Spartane en manne van JeHûWdah gevind dat hulle broers is en dat hulle van Abraham afstam. 1Ma 12:22 Terwyl ons dan nou dit verneem het, sal julle goed doen om aan ons omtrent julle welstand te skrywe. 1Ma 12:23 Van ons kant deel ons skriftelik aan julle mee dat julle vee en besittings ons s'n is, en ons s'n aan julle behoort. Ons gee daarom bevel dat [die boodskappers] julle in ooreenstemming hiermee sal berig. 1Ma 12:24 En JeHôWnathan het verneem dat die vorste van Demetrius met 'n groter mag as tevore teruggekeer het om teen hom te veg. 1Ma 12:25 Hy het toe uit Jerusalem opgetrek en hulle in die Aarde van Hamat teëgekom, want hy wou hulle geen kans gee om sy land binne te trek nie. 1Ma 12:26 En hy het verspieders in hulle kamp gestuur, en hulle het teruggekeer en aan hom meegedeel dat hulle van plan was om hom op so 'n wyse gedurende die nag te oorval. 1Ma 12:27 Maar toe die son ondergaan, het JeHôWnathan sy manskappe bevel gegee om wag te hou en gewapend te bly, sodat hulle die hele nag deur vir die geveg gereed mag wees; en hy het brandwagte gestuur en hulle rondom die kamp opgestel. 1Ma 12:28 Maar toe die vyande hoor dat JeHôWnathan en sy manskappe slaggereed is, was hulle bevrees en het hulle innerlik gebewe. En hulle het vure in hulle laer aangesteek en vertrek. 1Ma 12:29 JeHôWnathan en sy manskappe het dit egter nie voor die môre geweet nie, want hulle het die vure sien brand. 1Ma 12:30 En JeHôWnathan het hulle agternagesit, maar hulle nie ingehaal nie, want hulle het die rivier Eleutherus oorgesteek. 1Ma 12:31 En JeHôWnathan het weggedraai en teen die Arabiere wat die Sabadeërs genoem word, geveg en hulle verslaan en hulle besittings gebuit. 1Ma 12:32 En hy het daarvandaan verder getrek en by Damaskus gekom en deur die hele gebied getrek. 1Ma 12:33 Ook Simon het 'n krygstog onderneem en het deurgetrek tot by Askelon en die nabygeleë vestings. 1Ma 12:34 En hy het afgedraai na Joppe en haar beset, want hy het verneem dat hulle van plan was om die vesting aan die manskappe van Demetrius uit te lewer; en hy het 'n garnisoen daar geplaas om haar te bewaak. 1Ma 12:35 By sy terugkeer het JeHôWnathan die oudstes van die volk bymekaar geroep en met hulle beraadslaag om vestings in JeHûWdah te bou 1Ma 12:36 en om die mure van Jerusalem te verhoog en 'n groot heuwel tussen die vesting en die stad op te werp om dit sodoende van die stad af te sonder sodat dit geïsoleer mag wees, en diegene wat in haar is nie kan koop of verkoop nie. 1Ma 12:37 En hulle het bymekaar gekom om die stad te bou, en 'n deel van die oostelike muur by die spruit het in puin gelê, en hy het die stuk wat Kafenata genoem word, herstel. 1Ma 12:38 En Simon het Adida in die laeveld gebou en haar versterk en haar van poorte en grendels voorsien. //JeHôWnathan word deur lis gevang. 1Ma 12:39 EN Tryfo was daarop uit om oor Asië te regeer en om die kroon op sy eie hoof te plaas en om sy hand teen koning Antíochus te verhef, 1Ma 12:40 Maar hy was bevrees dat JeHôWnathan hom nie sou toelaat om dit te doen nie en teen hom sou veg, daarom het hy 'n plan bedink hoe om hom in die hande te kry sodat hy hom om die lewe kon bring. En hy het uitgetrek en by Betsan gekom. 1Ma 12:41 En JeHôWnathan het met veertigduisend uitgesoekte krygsmanne opgeruk om hom te ontmoet en by Betsan aangekom. 1Ma 12:42 En toe Tryfo bemerk dat hy met 'n groot mag gekom het, was hy bevrees om sy hand teen hom uit te steek, 1Ma 12:43 en hy het hom met onderskeiding ontvang en hom aan al sy vriende bekend gestel en hom geskenke gegee, en sy vriende en die troepe beveel om hom te gehoorsaam soos hulle dit teenoor hom sou doen. 1Ma 12:44 En aan JeHôWnathan het hy gesê: Waarom het jy al hierdie mense so 'n moeite aangedoen terwyl daar tog geen oorlog tussen ons is nie? 1Ma 12:45 Daarom, stuur hulle huis toe, maar kies dan 'n aantal manskappe wat saam met jou kan trek en vergesel my na Ptolemaïs, en ek sal haar aan jou gee, tesame met die orige vestings en die orige magte en al die beamptes, en dan sal ek weer terugkeer, want juis hiervoor het ek gekom. 1Ma 12:46 En hy het hom vertrou en hy het gedoen soos hy gesê het en sy magte weggestuur, en hulle het na die Aarde van JeHûWdah teruggekeer. 1Ma 12:47 Maar hy het vir homself drieduisend manskappe agtergehou, waarvan hy tweeduisend in Galiléa agtergelaat het, terwyl hy 'n duisend met hom meegeneem het. 1Ma 12:48 Maar toe JeHôWnathan Ptolemaïs binnegaan, het die inwoners van Ptolemaïs die poorte gesluit en hom gevange geneem, terwyl hulle almal wat saam met hom was, met die swaard gedood het. 1Ma 12:49 En Tryfo het magte en perderuiters na Galiléa en die groot vlakte gestuur om al JeHôWnathan se manskappe uit te wis. 1Ma 12:50 En hulle het agtergekom dat hy gevange geneem is en omgekom het, sowel as die wat saam met hom was, maar hulle het mekaar bemoedig en in geslote slagorde, gereed vir die geveg, voortgetrek. 1Ma 12:51 En toe hulle agtervolgers bemerk dat hulle gereed was om vir hulle lewe te veg, het hulle teruggekeer. 1Ma 12:52 En hulle almal het die Aarde van JeHûWdah ongehinderd bereik, maar hulle het getreur oor JeHôWnathan en sy manskappe en was grootliks bevrees; en die hele JisraEl het bitterlik oor hom getreur. 1Ma 12:53 En al die nasies in die omgewing het geprobeer om hulle volkome uit te delg, want hulle het gesê: Hulle het geen leier of helper nie, laat ons daarom teen hulle veg en hulle nagedagtenis onder die mense vernietig. //Simon die Makkabeër. Simon word leier en verslaan Tryfo. 1Ma 13:1 TOE Simon verneem dat Tryfo 'n talryke skare byeen versamel het om die Aarde van JeHûWdah binne te val en haar volkome te verwoes, 1Ma 13:2 en hy bemerk dat die volk bekommerd en vreesbevange was, het hy na Jerusalem gegaan en die volk versamel 1Ma 13:3 en hulle bemoedig en vir hulle gesê: Julle weet goed wat ek en my broers en die huis van my vader in belang van die Wette en die Apartheidsplek gedoen het, en die oorloë en benoudhede wat ons deurgestaan het. 1Ma 13:4 Daarvoor, vir die belange van JisraEl, het al my broers die lewe gelaat en ek alleen het oorgebly. 1Ma 13:5 En nou is dit ver van my dat ek my eie lewe sou ontsien in enige tyd van nood, want ek is nie beter as my broers nie. 1Ma 13:6 Maar ek sal wraak neem ter wille van my volk en van die Apartheidsplek en ter wille van ons vrouens en kinders, want al die nasies het uit haat teen ons vergader om ons volkome uit te wis. 1Ma 13:7 En toe hulle hierdie woorde verneem, het die gees van die volk herleef 1Ma 13:8 en hulle het met 'n groot stem geantwoord en gesê: U is ons leier in die plek van u broers Judas en JeHôWnathan. 1Ma 13:9 Stry u ons stryd, en al wat u ons beveel, dit sal ons doen. 1Ma 13:10 En hy het al die krygsmanne byeen versamel en hom gehaas om die mure van Jerusalem te voltooi en om haar rondom te versterk. 1Ma 13:11 En hy het JeHôWnathan, die seun van Absalom, met 'n groot mag na Joppe gestuur, en hy het die mense wat in haar was, uitgedrywe en homself daar gevestig. 1Ma 13:12 En Tryfo het van Ptolemaïs met 'n sterk mag opgetrek om die Aarde van JeHûWdah binne te val, en JeHôWnathan was as gevangene by hom. 1Ma 13:13 Maar Simon het teenoor die vlakte by Adida laer opgeslaan. 1Ma 13:14 En toe Tryfo verneem dat Simon in die plek van sy broer JeHôWnathan opgestaan het en van plan was om teen hom te veg, het hy boodskappers na hom gestuur en gesê: 1Ma 13:15 U broer JeHôWnathan word deur ons gevange gehou vanweë die geld wat hy kragtens die ampte wat hy beklee het, aan die skatkis van die koning skuld. 1Ma 13:16 Stuur dan nou honderd talente silwer en twee van sy seuns as gyselaars, sodat wanneer ons hom in vryheid stel, hy nie teen ons in opstand sal kom nie, en dan sal ons hom vrylaat. 1Ma 13:17 En Simon het geweet dat hulle met bedrog tot hom gespreek het, maar hy het tog die geld en die kinders gestuur, sodat hy nie moontlik 'n gloeiende haat van die kant van die volk, op hom kon haal nie 1Ma 13:18 deurdat hulle kon sê: Hy het omgekom omdat hy nie die geld en die kinders aan hom gestuur het nie. 1Ma 13:19 En hy het die kinders en die honderd talente silwer gestuur, maar Tryfo het sy woord verbreek en JeHôWnathan nie vrygelaat nie. 1Ma 13:20 En hierna het Tryfo gekom en die land binnegeval en haar verwoes en langs 'n ompad na Adora gegaan, terwyl Simon en sy leër hom orals waar hy heengegaan het te voet gevolg het. 1Ma 13:21 En die mense van die vesting [in Jerusalem] het boodskappers na Tryfo gestuur om by hom daarop aan te dring dat hy so gou moontlik deur die woestyn na hulle sou kom en hulle voedselvoorrade sou stuur. 1Ma 13:22 En Tryfo het al sy ruiters in gereedheid gebring om te gaan, maar in die nag het dit baie gesneeu, en vanweë die sneeu kon hy nie gaan nie, daarom het hy opgetrek en in die Aarde van Gilead gekom. 1Ma 13:23 Maar toe hy naby Baskama kom, het hy JeHôWnathan om die lewe gebring, en hy is daar begrawe. 1Ma 13:24 En Tryfo het teruggekeer en na sy eie land weggetrek. //Simon begrawe JeHôWnathan, maak vrede met Demetrius II en behaal verdere oorwinnings. 1Ma 13:25 EN Simon het gestuur en die beendere van sy broer JeHôWnathan geneem en dit in Modin, die stad van sy vaders, begrawe. 1Ma 13:26 En die hele Jisrael het bitter oor hom getreur en baie dae oor hom rou bedryf. 1Ma 13:27 En Simon het 'n hoë monument van gepoleerde klip aan die agter- en voorkant op die graf van sy vader en van sy broers gebou sodat sy van ver af sigbaar was. 1Ma 13:28 En hy het sewe piramides in 'n ry opgerig vir sy vader en moeder en vier broers. 1Ma 13:29 En hy het haar versier met kunswerke en haar omring met hoë pilare, en op die pilare het hy alle soorte krygstuig as 'n blywende herinnering aangebring, en langs die wapens het hy skepe ingegraveer sodat sy deur almal wat op die see vaar, gesien mag word. 1Ma 13:30 Hierdie grafsteen wat hy in Modin opgerig het, is daar tot op hierdie dag. 1Ma 13:31 Tryfo het egter verraderlik met die jong koning Antíochus gehandel en hom doodgemaak 1Ma 13:32 en in sy plek geregeer en die kroon van Asië op sy eie hoof gesit en groot ellende oor die Aarde gebring. 1Ma 13:33 Maar Simon het die vestings van JeHûWdah opgebou en dit omring met hoë torings en sterk mure met poorte en grendels, en hy het die vestings van lewensmiddele voorsien 1Ma 13:34 en Simon het manne uitgekies en hulle na koning Demetrius gestuur dat hy verligting vir die land kan bewerk, want Tryfo het niks anders gedoen as om te plunder nie. 1Ma 13:35 En koning Demetrius het 'n boodskap met die volgende inhoud aan hom gestuur, en hy het hom geantwoord en 'n brief wat soos volg lui, aan hom geskryf: 1Ma 13:36 Koning Demetrius, aan Simon, die hoëpriester en vriend van konings, en aan die oudstes en die Hebreeuse volk, groete! 1Ma 13:37 Ons het die goue kroon en die palmtak wat u gestuur het, ontvang, en ons is bereid om 'n blywende vrede met u te sluit en om aan die [belastinggaarders] te skrywe om u van die [finansiële] verpligtinge te onthef. 1Ma 13:38 En wat ons u toegestaan het, bly ook verder van krag, en die vestings wat u gebou het, mag u eiendom wees. 1Ma 13:39 En ons vergewe u al die vergrype en tekortkominge wat tot op hierdie dag bedryf is; ook die kroonbelasting wat u verskuldig was, en as daar enige ander belasting in Jerusalem gehef is, sal dit nie verder meer gehef word nie. 1Ma 13:40 En as daar enige geskikte persone onder u is wat saam met ons lyfwag ingeskryf kan word, sal ons hulle graag as sodanig aanvaar, en laat daar vrede tussen ons wees. 1Ma 13:41 In die honderd-en-sewentigste jaar is die juk van die nasies van JisraEl afgeneem. 1Ma 13:42 En die volk van JisraEl het begin om in hulle ooreenkomste en op hulle kontrakte te skrywe: In die eerste jaar van Simon, die groot hoëpriester en die hoofman en leidsman van die manne van JeHûWdah. 1Ma 13:43 In daardie dae het [Simon] sy laer teen Gasara opgeslaan en haar met troepe omring; en hy het 'n beleëringswapen gemaak en hom teen die stad gebruik en een toring aangeval en haar ingeneem. 1Ma 13:44 En hulle wat binne die beleëringswerktuig was, het in die stad uitgespring. En daar was groot beroering in die stad. 1Ma 13:45 en die inwoners van die stad het hulle klere geskeur en met hulle vrouens en kinders op die muur geklim en hardop geroep terwyl hulle Simon smeek om aan hulle die regterhand te gee. 1Ma 13:46 En hulle het gesê: Moenie met ons handel volgens ons oortreding nie, maar in ooreenstemming met u ontferming. 1Ma 13:47 En Simon het hom met hulle versoen en het nie verder teen hulle geveg nie, maar hy het hulle uit die stad uitgedryf en die huise waarin idole was, gesuiwer en toe ingegaan met gesang en lofverheffing. 1Ma 13:48 En hy het alle besoedeling daaruit verwyder en manne wat gehoorsaam was aan die Wet, daar laat woon, en hy het dit meer as vantevore versterk en 'n woning vir homself in haar gebou. 1Ma 13:49 Maar die mense wat in die vesting te Jerusalem was, is verhinder om in die land in en uit te gaan en om te koop en te verkoop, en hulle het honger gely en baie van hulle het van honger omgekom. 1Ma 13:50 En hulle het na Simon geroep dat hy hulle die regterhand moes gee; en hy het dit gedoen, maar hy het hulle daar uitgewerp en die vesting van alle besoedeling gesuiwer. 1Ma 13:51 En op die drie-en-twintigste dag van die tweede maand in die honderd-een-en-sewentigste jaar het hy haar binnegegaan met uitroepe van lof en palmtakke en met siters en simbale en harpe en met lofsange en met liedere, omdat 'n groot vyand uit JisraEl uitgeroei is. 1Ma 13:52 En hy het bepaal dat daardie dag jaarliks met blydskap gevier moes word. En die Tempelberg wat teenoor die vesting was, het hy sterker gemaak as wat dit vroeër was, en hy sowel as sy mense het daar gewoon. 1Ma 13:53 Toe Simon sien dat sy seun JeHôWganan 'n man geword het, het hy hom as bevelhebber oor die hele leër aangestel; en hy het in Gasara gewoon. //Demetrius II word deur Arsaces van Persië gevang. 1Ma 14:1 IN die honderd-twee-en-sewentigste jaar het koning Demetrius sy magte byeengebring en na Medië gegaan om hulp in die oorlog teen Tryfo te verkry. 1Ma 14:2 Maar toe Arsaces, die koning van Persië en Medië, verneem dat Demetrius binne sy grense gekom het, het hy een van sy leërowerstes gestuur om hom lewendig gevange te neem. 1Ma 14:3 En hy het vertrek en die leër van Demetrius verslaan en hom gegryp en na Arsaces gebring, wat hom in die gevangenis laat werp het. //'n Ode ter ere van Simon. 1Ma 14:4 EN die land het rus geniet al die dae van Simon; ook het hy die suiwere vir sy volk gesoek, en hulle het behae geskep in sy gesag en roem solank as hy geleef het. 1Ma 14:5 En by al sy ander roemryke dade het ook dit behoort dat hy Joppe tot 'n hawe gemaak het, 'n plek vir seeskepe om aan te lê. 1Ma 14:6 En hy het die grense van sy volk uitgebrei en oor die land geregeer. 1Ma 14:7 En hy het baie wat in gevangeskap was, vergader, en hy het geheers oor Gasara en Betsur en die vesting. En hy het alle besoedeling daaruit verwyder, en daar was niemand wat hom kon weerstaan nie. 1Ma 14:8 En hulle het hulle grond in vrede bewerk; en die grond het vermeerderde opbrengste gelewer, en die bome in die vlaktes hulle vrugte. 1Ma 14:9 Ou mense het in die strate gesit, almal was dit met mekaar eens oor die welvaart, en die jong mans het skitterende oorlogsuitrustings aangetrek. 1Ma 14:10 Die stede het hy van lewensmiddele voorsien en hulle met verdedigingswerke toegerus, totdat sy glorieryke naam tot aan die Einde van die Aarde verkondig is. 1Ma 14:11 Hy het Vrede in die land bewerkstellig, en JisraEl het hulle uitbundig verbly. 1Ma 14:12 En elkeen het onder sy eie Wingerdstok en Vyeboom gesit, en daar was niemand wat hulle vrees ingeboesem het nie. 1Ma 14:13 En daar was niemand in die Aarde oor om teen hulle te veg nie, en die konings was in die dae verslaan. 1Ma 14:14 En hy het almal onder sy volk wat verneder was, versterk; hy het die Wet betrag en al die wetteloses en die besoedeldes verwyder. 1Ma 14:15 Hy het die Aparthede glansryk gemaak en die toerusting van die Tempel vermeerder. //Vernuwing van die verbond met Rome. 1Ma 14:16 EN toe dit in Rome en selfs in Sparta bekend geword het dat JeHôWnathan dood is, was hulle baie spyt. 1Ma 14:17 Maar toe hulle hoor dat sy broer Simon in sy plek hoëpriester geword het en oor die land en sy stede regeer, 1Ma 14:18 het hulle op kopertablette aan hom geskryf om met hom die vriendskap en die bondgenootskap wat hulle met sy broers Judas en JeHôWnathan gesluit het, te hernieu. 1Ma 14:19 En dit is aan die vergadering in Jerusalem voorgelees. 1Ma 14:20 En dit is 'n afskrif van die brief wat die Spartane gestuur het: Die owerstes en die stad van die Spartane, aan die hoëpriester Simon en aan die oudstes en die priesters en die ander lede van die Hebreeuse volk, ons broers, groete! 1Ma 14:21 Die gesante wat na ons volk gestuur is, het ons vertel van julle roem en agting, en ons was bly dat hulle gekom het. 1Ma 14:22 En ons het die dinge wat deur hulle gesê is soos volg in die raadsbesluite van die volk laat opteken: Numenius, die seun van Antíochus, en Antipater, die seun van Jason, die gesante van die manne van JeHûWdah, het na ons toe gekom om die vriendskap wat daar tussen ons bestaan het, te hernieu. 1Ma 14:23 En dit het die volk behaag om hierdie manne eerbaar te ontvang en om die afskrif van hulle woorde 'n plek onder die openbare gedenkskrifte te gee, sodat die volk van die Spartane 'n rekord daarvan mag hê. En hulle het 'n afskrif hiervan aan Simon, die hoëpriester, gestuur. 1Ma 14:24 Hierna het Simon vir Numenius met 'n groot goue skild van duisend pond in gewig na Rome gestuur om die bondgenootskap met hulle te bevestig. //Die hoëpriesterskap van Simon en die gedenkteken in die Tempel. 1Ma 14:25 MAAR toe die volk hierdie dinge verneem, het hulle gesê: Watter dank sal ons aan Simon en sy seuns bewys? 1Ma 14:26 Want hy en sy broers en die huis van sy vader het hulleself sterk gemaak, en het die vyande van JisraEl in die oorlog van hulle af weggedryf, en het haar vrygemaak. 1Ma 14:27 En hulle het op kopertablette geskryf en dit op die Berg van Sion aan pilare vasgeheg. En dit is die afskrif van wat hulle geskryf het: Op die agtiende dag van Elul, in die honderd-twee-en-sewentigste jaar, dit is die derde jaar van Simon, die hoëpriester 1Ma 14:28 en die vors van die volk van Elohim, is dit aan ons gerapporteer in 'n groot vergadering van priesters en mense en leiers van die volk en van die oudstes van die land: 1Ma 14:29 By geleentheid van die vele oorloë wat daar in die land gewoed het, het Simon, die seun van Mattatias, die seun van die afstammelinge van Jojarib, en sy broers, hulle self aan gevaar blootgestel en die vyande van hulle volk weerstaan om hulle Apartheidsplek en die Wet te handhaaf en groot roem vir hulle volk verwerf. 1Ma 14:30 En JeHôWnathan het hulle volk bymekaar laat kom en hy het hulle hoëpriester geword; en hy is by sy mense versamel. 1Ma 14:31 Toe het hul vyande hul voorgeneem om hulle land binne te val met die doel om dit volkome te verwoes, en hulle het hul hande teen hul Apartheidsplek uitgestrek. 1Ma 14:32 Toe het Simon opgestaan en ter wille van sy volk geveg, en hy het baie van sy eie besittings bestee en die dapper manne van sy volk bewapen en aan hulle loon gegee. 1Ma 14:33 En hy het die stede van JeHûWdah versterk, sowel as Betsur op die grense van JeHûWdah, waar die vyande vroeër hulle wapens gehou het, en hy het daar 'n Hebreeuse garnisoen geplaas. 1Ma 14:34 En hy het Joppe wat by die see is, versterk en ook Gasara wat op die grens van Azotus lê en waarin die vyande vroeër gebly het; en hy het manne van JeHûWdah daar gestasioneer en hulle oorvloediglik voorsien van alles wat hulle nodig sou kry. 1Ma 14:35 En toe die volk Simon se getrouheid sien en die roem wat hy begerig was om oor sy volk te bring, het hulle hom hul leier en hoëpriester gemaak, omdat hy al hierdie dinge gedoen het, en op grond van die opregtheid en getrouheid wat hy teenoor sy volk betoon het, en omdat hy ten alle koste die verhoging van sy volk gesoek het. 1Ma 14:36 En in sy dae het alles voorspoedig onder sy hande verloop, sodat die nasies uit hulle land verwyder is, sowel as diegene wat in die Stad van Dawid was - hulle wat in Jerusalem was en wat vir hulle 'n vesting gemaak het vanwaar hulle uitgetrek het en alles rondom die Apartheidsplek besoedel en aan sy suiwerheid groot skade berokken het. 1Ma 14:37 En hy het manne van JeHûWdah in haar laat woon en haar versterk ter wille van die veiligheid van die land en van die Stad, en hy het die mure van Jerusalem hoog opgetrek. 1Ma 14:38 En koning Demetrius het hom as gevolg hiervan in die hoëpriesterskap bevestig 1Ma 14:39 en hom een van sy vriende gemaak en met onderskeiding behandel. 1Ma 14:40 Want hy het gehoor dat die manne van JeHûWdah deur die Romeine verklaar is as [hulle] vriende en bondgenote en broers en dat hulle die afgesante van Simon eervol ontvang het. 1Ma 14:41 En dit het die manne van JeHûWdah en die priesters geval dat Simon vir altyd hulle leier en hoëpriester sou wees totdat 'n betroubare profeet sou verskyn, 1Ma 14:42 en dat hy hulle leërowerste sou wees om hulle oor hul werke aan te stel en oor die land en oor die wapens en oor die vestings, 1Ma 14:43 en dat hy die beheer oor die Apartheidsplek sou oorneem, en dat almal hom gehoorsaam sou wees, en dat al die dokumente in die land in sy naam sou geskryf word, en dat hy in koningsblou geklee sou word en goud sou dra. 1Ma 14:44 En niemand van die volk of van die priesters sou toegelaat word om enigiets van hierdie dinge nietig te verklaar of om die dinge wat deur hom gesê is, te weerspreek of om sonder sy medewete 'n vergadering in die land byeen te roep nie, en niemand anders sou in koningsblou geklee mag wees of 'n goue gespe dra nie. 1Ma 14:45 Elkeen wat in stryd hiermee handel of enigiets van hierdie dinge ongedaan maak, sal strafskuldig wees. 1Ma 14:46 En die hele volk het ingestem om te bepaal dat hierdie dinge aan Simon gedoen sou word. 1Ma 14:47 En Simon het dit aanvaar en ingewillig om die amp van hoëpriester te beklee en om bevelhebber en goewerneur van die manne van JeHûWdah en die priesters te wees en om oor alle sake beheer uit te oefen. 1Ma 14:48 En hulle het beveel dat hierdie bepaling op kopertablette geskryf sou word en dat dit op 'n opvallende plek in die omgewing van die Apartheidsplek geplaas sou word, 1Ma 14:49 en dat afskrifte hiervan in die skatkamer gelê sou word, sodat Simon en sy seuns daaroor mag beskik. //Simon in die tyd van Antíochus VII (Sidetes). 1Ma 15:1 EN Antíochus, die seun van koning Demetrius, het van die eilande van die see briewe aan Simon, die priester en goewerneur van die manne van JeHûWdah, en aan die hele volk gestuur, 1Ma 15:2 waarvan die inhoud soos volg was: Koning Antíochus aan Simon, die hoëpriester en goewerneur, en aan die Hebreeuse volk, groete! 1Ma 15:3 Aangesien niksnutse beheer gekry het oor die koninkryk van ons vaders, en ek besluit het om die koningskap op te eis sodat ek dit in sy vorige staat mag herstel, en ek 'n menigte huurtroepe gemonster en oorlogskepe toegerus het, 1Ma 15:4 en ek my voorgeneem het om in die land aan wal te gaan, sodat ek hulle mag straf wat die land verwoes en baie stede in die koninkryk in puin gelê het, 1Ma 15:5 waarborg ek aan julle al die vrystellings [van belastings] wat die vorige konings aan julle toegestaan het, benewens al die ander geskenke waarvan hulle julle vrygestel het. 1Ma 15:6 En ek gee julle die reg om geld met julle eie stempel te munt. 1Ma 15:7 Daarby sal Jerusalem en die Apartheidsplek vry wees, en al die wapens wat julle vervaardig het sowel as die vestings wat julle gebou het en wat nou in julle besitting is, mag julle eiendom bly. 1Ma 15:8 En elke verpligting aan die koning sowel as alle toekomstige verpligtinge aan die koning, word van nou af en vir altyd vir julle kwytgeskeld. 1Ma 15:9 En as ons ons koningskap bevestig het, sal ons jou en jou volk en die Tempel grootliks verhef, sodat julle roem oor die hele land bekend sal wees. 1Ma 15:10 In die honderd-vier-en-sewentigste jaar het Antíochus na die land van sy vaders opgeruk, en al die magte het hulle agter hom verenig, sodat daar maar min by Tryfo oorgebly het. 1Ma 15:11 En koning Antíochus het hom agtervolg, en op sy vlug het hy by Dor, wat by die see is, gekom, 1Ma 15:12 want hy het bemerk dat iets lelik oor hom gekom en sy magte hom verlaat het. 1Ma 15:13 En Antíochus het met honderd-en-twintigduisend krygsmanne en agtduisend ruiters teen Dor laer opgeslaan. 1Ma 15:14 En hy het die stad omsingel, terwyl die skepe van die seekant af aan die geveg deelneem, en hy het die stad van die land en van die see af ingesluit en niemand toegelaat om uit of in te gaan nie. 1Ma 15:15 En Numenius en sy geselskap het van Rome af gekom met die briewe aan die konings en aan die land, waarin die volgende geskrywe was: 1Ma 15:16 Lucius, die konsul van die Romeine, aan koning Ptolemaeus, groete! 1Ma 15:17 Die Hebreeuse gesante, gestuur deur die hoëpriester Simon en deur die Hebreeuse volk, het na ons toe gekom as ons vriende en bondgenote om die ou vriendskap en bondgenootskap te hernieu. 1Ma 15:18 Ook het hulle 'n goue skild van duisend pond in gewig gebring. 1Ma 15:19 Daarom behaag dit ons om aan die konings en aan die land te skryf om hulle nie enige leed aan te doen of teen hulle en hul stede en hul land te veg, of om bondgenootskappe te sluit met diegene wat teen hulle oorlog maak nie. 1Ma 15:20 En ons het dit goed gevind om die skild van hulle aan te neem. 1Ma 15:21 Daarom, as enige niksnuts uit hul land na julle toe gevlug het, lewer hom uit aan Simon, die hoëpriester, sodat hy hom in ooreenstemming met hulle Wet mag straf. 1Ma 15:22 En dieselfde dinge het hy geskryf aan koning Demetrius en aan Attalus en aan Ariarathes en aan Arsaces 1Ma 15:23 en aan al die lande en aan Sampsames en aan die Spartane en aan Delos en aan Myndos en aan Sicyon en aan Karië en aan Samos en aan Pamfilië en aan Licië en aan Halicarnassus en aan Rhodus en aan Phaselis en aan Kos en aan Side en aan Aradus en Gortyna en Cinidus en Ciprus en Cirene. 1Ma 15:24 En 'n afskrif hiervan het hulle aan Simon, die hoëpriester, gerig. 1Ma 15:25 En koning Antíochus het ook die tweede dag teen Dor laer opgeslaan, terwyl hy onafgebroke sy magte teen haar in die stryd gewerp en stormgereedskap vervaardig het, en so het hy Tryfo verhinder om in of uit te gaan. 1Ma 15:26 En Simon het tweeduisend uitgesoekte manskappe gestuur om vir hom te veg, benewens silwer en goud en 'n groot hoeveelheid krygstoerusting. 1Ma 15:27 Maar hy wou dit nie ontvang nie en het alles wat hy vantevore met hom ooreengekom het, ongedaan gemaak en van hom vervreemd geraak. 1Ma 15:28 En hy het een van sy vriende, Athenobius, gestuur om met hom te onderhandel en gesê: Jy is in besit van Joppe en Gasara en die vesting wat in Jerusalem is, stede van my koninkryk. 1Ma 15:29 Die grense van haar het julle uitgewis en groot skade in die land aangerig, en julle het seggenskap oor baie plekke in my koninkryk verkry. 1Ma 15:30 Daarom, lewer die stede uit wat julle geneem het, sowel as die skatting van die plekke buite die gebied van JeHûWdah waaroor julle seggenskap verkry het, 1Ma 15:31 of gee my anders daarvoor vyfhonderd talente silwer en nog vyfhonderd talente vir al die skade wat julle aangerig het en vir die skatting van die stede, anders sal ons kom en teen julle oorlog maak. 1Ma 15:32 Toe Athenobius, die vriend van die koning, in Jerusalem aankom en die glorie van Simon bemerk en die laaikas met goue en silwer vate, en sy talryke bediendes, was hy verbaas en het hy aan hom die woorde van die koning meegedeel. 1Ma 15:33 En Simon het geantwoord en vir hom gesê: Ons het niemand anders se land beset en besit ook niks wat aan ander behoort nie, maar net wat ons van ons vaders geërf het, alhoewel dit ten onregte gedurende 'n bepaalde tyd deur ons vyande bemeester is. 1Ma 15:34 Tot die tyd vir ons gunstig gekeer het, het ons die erfdeel van ons vaders weer in besit geneem. 1Ma 15:35 Wat Joppe en Gasara betref wat julle van ons eis, sal ons, alhoewel hulle groot skade onder die volk en in ons land aangerig het, vir hulle 'n honderd talente gee. 1Ma 15:36 En hy het hom met geen woord geantwoord nie, maar in toorn na die koning teruggekeer en aan hom hierdie woorde meegedeel [en vertel van] die glorie van Simon en al die dinge wat hy gesien het. En die koning het baie kwaad geword. 1Ma 15:37 Tryfo het egter op 'n skip geklim en na Orthosia gevlug. 1Ma 15:38 En die koning het Cendebaeus as hoofbevelhebber van die seekus aangestel en hom oor magte van voetsoldate en ruiters laat beskik. 1Ma 15:39 en hom beveel om voor JeHûWdah laer op te slaan en hom ook bevel gegee om Kedron op te bou en die poorte te versterk en dat hy teen die volk moes veg; die koning self het egter vir Tryfo agternagesit. 1Ma 15:40 En Cendebaeus het in Jamnia gekom en begin om die mense te terg en om JeHûWdah binne te val en om die mense gevange te neem en hulle om die lewe te bring. 1Ma 15:41 En hy het Kedron opgebou en ruiters en voetsoldate daar geplaas met die doeI om uitvalle te doen op die hoofweë van JeHûWdah, soos die koning hom beveel het. //Die seuns van Simon verslaan Cendebaeus. 1Ma 16:1 EN JeHôWganan het van Gasara af gekom en sy vader Simon vertel wat Cendebaeus besig was om te doen. 1Ma 16:2 En Simon het sy twee oudste seuns, Judas en JeHôWganan, geroep en vir hulle gesê: Ek en my broers en die huis van my vader het die oorloë van JisraEl van ons jeug af tot op hierdie dag geveg, en sake het onder ons hande voorspoedig verloop, sodat ons JisraEl dikwels verlos het. 1Ma 16:3 Nou is ek egter oud, en julle is deur Sy Barmhartigheid in die krag van julle lewe; tree dan in my en in my broer se plek en trek uit en veg in belang van ons volk, en mag die Hulp uit die Hemele met julle wees! 1Ma 16:4 En hy het twintigduisend krygsmanne en ruiters uit die land gekies, en hulle het teen Cendebaeus uitgetrek en in Modin gerus. 1Ma 16:5 En toe hulle die môre opstaan en na die vlakte gaan, sien hulle 'n groot mag voetsoldate en ruiters wat teen hulle opruk, en daar was 'n spruitjie tussen hulle. 1Ma 16:6 En hy en sy manskappe het teenoor hulle laer opgeslaan, en toe hy bemerk dat die manskappe bevrees was om deur die spruitjie te trek, het hy dit eerste oorgesteek. En toe die manskappe hom dit sien doen, het hulle hom gevolg. 1Ma 16:7 En hy het die manskappe verdeel en die ruiters in die middel van die voetsoldate geplaas, want die ruiters van die vyand was buitengewoon talryk. 1Ma 16:8 En hulle het op die trompette geblaas, en Cendebaeus en sy leërmag is op die vlug gedryf, en daar het baie van hulle wat noodlottig verwond was, gesneuwel, en die wat oor was, het na die vesting gevlug. 1Ma 16:9 In die tussentyd is ook Judas, die broer van JeHôWganan, verwond maar JeHôWganan het hulle agtervolg tot by Kedron wat Cendebaeus opgebou het. 1Ma 16:10 En hulle het in die torings wat in die velde van Azotus was, gevlug, en daar het omtrent 'n duisend man van hulle gesneuwel. En hy het in vrede na JeHûWdah teruggekeer. //Moord op Simon en sy twee seuns. Die slot van die Boekrol. 1Ma 16:11 EN Ptolemaeus, die seun van Abubus, is as bevelhebber oor die vlakte van Jerigo aangestel, en hy het baie silwer en goud gehad. 1Ma 16:12 want hy was die skoonseun van die hoëpriester. 1Ma 16:13 En sy hart het hom verhef, en hy was van plan om die hele Aarde in sy mag te kry en het listige planne teen Simon en sy seuns gesmee om hulle uit die weg te kry. 1Ma 16:14 Simon was juis besig om die stede op die platteland te besoek ten einde vir die einde vir die suiwere bestuur daarvan te sorg. En hy en sy seuns, Mattatias en Judas, het ook na Jerigo afgereis in die honderd-sewe-en-sewentigste jaar, in die elfde maand, dit is die maand Sebat. 1Ma 16:15 En die seun van Abubus het hulle op listige wyse in 'n klein vesting wat hy gebou het en wat Dok genoem word, ontvang. En hy het vir hulle 'n groot maaltyd aangerig en terselfdertyd manskappe daar weggesteek. 1Ma 16:16 En toe Simon en sy seuns heelwat gedrink het, het Ptolemaeus en die wat saam met hom was, opgestaan, hulle wapens geneem en op Simon in die banketsaal afgekom en hom en sy twee seuns saam met sommige van sy bediendes om die lewe gebring. 1Ma 16:17 Daarmee het hy 'n groot daad van bedrog gepleeg en goed met kwaad vergeld. 1Ma 16:18 En Ptolemaeus het hierdie dinge geskrywe en na die koning gestuur [met die versoek] dat hy hom magte moet laat kry om hom te help en dat hy hulle Aarde en stede aan hom moet gee. 1Ma 16:19 En hy het ander na Gasara gestuur om JeHôWganan uit die weg te ruim, en aan die owerstes oor duisend het hy briewe gestuur dat hulle na hom toe moet kom sodat hy hulle silwer en goud en geskenke kan gee. 1Ma 16:20 En ander het hy gestuur om Jerusalem en die Tempelberg te beset. 1Ma 16:21 En iemand het vooruit na Gasara gehardloop en aan JeHôWganan vertel dat sy vader en broers omgekom het, En, het hy gesê, hy het gestuur om u ook om die lewe te bring. 1Ma 16:22 En toe hy dit hoor, was hy grootliks verbaas en het sy hande op die manskappe wat gekom het om hom dood te maak, gelê en hulle verslaan, want hy het bemerk dat hulle soek om hom om die lewe te bring. 1Ma 16:23 En die orige handelinge van JeHôWganan, sy oorloë en die dapper dade wat hy verrig het en van die bou van mure wat hy onderneem het, en sy [ander] dade, 1Ma 16:24 kyk, dit is beskrywe in die Kronieke van sy hoëpriesterskap, van die tyd af toe hy in die plek van sy vader hoëpriester gemaak is. // // //Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs // //Briewe van die manne van JeHûWdah in Jerusalem aan die wat in Egipte woon. 2Ma 1:1 AAN ons broers, die manne van JeHûWdah in Egipte, heil! Julle broers, die manne van JeHûWdah in Jerusalem en in die Aarde van JeHûWdah wens julle vrede en voorspoed toe. 2Ma 1:2 Mag Elohim julle seën en aan die Verbond dink wat Hy gesluit het met Abraham, Isak en Jakob, Sy getroue diensknegte. 2Ma 1:3 Mag Hy aan julle almal 'n hart gee om Hom te vereer, en om groothartig en bereidwillig Sy wil te doen. 2Ma 1:4 Mag Hy julle hart oopmaak vir Sy Wet en Sy Gebooie, en mag Hy julle Vrede gee. 2Ma 1:5 Mag Hy julle gebede verhoor, en Hom met julle versoen en julle nie verlaat in die tyd van nood nie. 2Ma 1:6 So bid ons nou vir julle. 2Ma 1:7 Onder die regering van koning Demétrius, in die jaar 169, het ons, manne van JeHûWdah, aan julle geskryf in die verdrukking en ellende wat in hierdie jare oor ons gekom het, sedert Jason en sy aanhangers afvallig geword het van die land van Apartheid en van die koninkryk. 2Ma 1:8 Hulle het die poort verbrand en onskuldige bloed vergiet. Ons het tot JaHWeH gebid, en ons is verhoor. Ons het weer brandoffers en spysbydraes opgedra, ons het die lampe aangesteek en die toonbrode uitgestal. 2Ma 1:9 Vier julle daarom ook die dae van die Fees van die Takskuilings in die maand Kuslew. In die jaar 188. 2Ma 1:10 Die inwoners van Jerusalem en JeHûWdah en die oudstes en Judas aan Aristobúlus, die leermeester van koning Ptolomeüs en uit die geslag van die gesalfde priesters, en aan die manne van JeHûWdah in Egipte heil en voorspoed! 2Ma 1:11 Omdat ons deur Elohim uit groot gevare gered is, dank ons Hom grootliks dat ons so teen die koning gestry het; 2Ma 1:12 want dit was Hy wat die vyande uit die Stad van Apartheid gewerp het. 2Ma 1:13 Toe die veldheer en sy skynbaar onweerstaanbare leërmag in Persië aangekom het, is hulle immers in die tempel van Nana vermoor, omdat die priesters van Nana lis gebruik het. 2Ma 1:14 Antíochus het naamlik met sy vertrouelinge daarheen getrek onder voorwendsel van 'n huwelik met die vrou, maar in werklikheid om die ryk huweliksgeskenke weg te neem. 2Ma 1:15 Die priesters van Nana het die geskenke gereed gesit, en hy het saam met min volgelinge in die afsluiting van die Apartheidsplek binnegegaan; maar terstond nadat Antíochus ingegaan het, het hulle die tempel toegesluit. 2Ma 1:16 Toe het hulle 'n geheime solderluik oopgemaak en met stene gegooi en daarmee die veldheer verpletter. Hulle het die liggame in stukke gekap en die hoofde het hulle na die wat buitekant was, gegooi. 2Ma 1:17 Mag in alles onse Elohey geprys word, wat die wetteloses uitgelewer het! 2Ma 1:18 Omdat ons voornemens is om op die vyf-en-twintigste dag van Kuslew die suiwering van die tempel te herdenk, het ons gemeen dat ons dit aan julle behoort mee te deel, sodat julle ook die Fees van die Takskuilings kan vier en eweso die Fees van die Vuur, waarmee NegemJaH destyds die slagdiere opgedra het, nadat hy die Apartheidsplek en die brandoffer-altaar herbou het. 2Ma 1:19 Want toe ons vaders na Persië weggevoer is, het die toegewyde priesters van daardie tyd in die geheim van die vuur op die brandoffer-altaar geneem en dit diep in 'n droë put verberg. Hulle het dit daar so veilig weggesteek, dat die plek vir almal onbekend gebly het. 2Ma 1:20 Toe Elohim meen dat genoeg jare verloop het, het die koning van Persië NegemJaH teruggestuur, wat die afstammelinge van die priesters wat die vuur verberg het, uitgestuur het om die vuur te soek. Volgens wat aan ons meegedeel is, het hulle geen vuur gevind nie maar wel modderige water, nietemin het hy opdrag gegee om daarvan te neem en vir hom te bring. 2Ma 1:21 En toe alles vir die aanbieding gereed gemaak is, het NegemJaH die priesters gelas om die hout en wat daarop gelê het met die water te besprinkel. 2Ma 1:22 Dit is gedoen, en 'n kort tydjie het verloop. Maar terstond nadat die son, wat tot dan toe deur wolke bedek was, begin skyn het, het 'n groot vuur opgevlam, sodat hulle almal daaroor verwonderd was. 2Ma 1:23 Terwyl die slagdier gebrand het, het die priesters en al die aanwesiges begin bid. JeHôWnathan het aangehef, en die ander het soos NegemJaH geantwoord. 2Ma 1:24 Die gebed het hierdie inhoud gehad: JaHWeH, onse Elohey, Skepper van alle dinge, Ontsaglike en Magtige, Regverdige en Barmhartige, U alleen is Koning en suiwer! 2Ma 1:25 U alleen is Leier, U alleen is Regverdig, Almagtig en Ewig! Dit is U wat JisraEl verlos van alle besoedeling en wat ons vaders uitverkies en apartgestel het! 2Ma 1:26 Neem U die aanbieding aan wat vir U hele volk JisraEl opgedra word; beskerm U U Erfdeel en stel U haar weer apart. 2Ma 1:27 Bring U ons bymekaar uit die verstrooiing, en verlos U dié wat diensbaar is onder die nasies, en sien U neer op die wat geminag en verag word, en laat die nasies erken dat U onse Elohey is. 2Ma 1:28 Straf U die wat in hulle hoogmoed oor ons heers en ons beledig. 2Ma 1:29 Plant U U volk in U Adamah [die adamiet se Aarde] van Apartheid, soos Moshè belowe het. 2Ma 1:30 Toe het die priesters lofliedere gesing. 2Ma 1:31 En nadat die brandoffer volledig verteer is, het NegemJaH gelas om die water wat oorgebly het, op die groter stene uit te giet. 2Ma 1:32 Terstond nadat hulle dit gedoen het, het 'n vlam begin brand, maar dit is te niet gedoen deur die lig wat van die altaar af gestraal het. 2Ma 1:33 Toe hierdie gebeurtenis bekend geword het, is dit ook aan die koning van die Perse berig dat op die plek waar die verbanne priesters die vuur verberg het, water verskyn het waarmee NegemJaH se mense die slagdiere gewy het. 2Ma 1:34 Nadat die koning 'n ondersoek ingestel het, het hy as bevestiging van die gebeurtenis 'n Apartheidsplek opgerig. 2Ma 1:35 En omdat die koning hulle gunstig gesind was, het hy baie kosbare geskenke geneem en vir hulle gestuur. 2Ma 1:36 NegemJaH se mense het aan die water die name Neftar gegee, wat suiwering beteken; maar die meeste noem dit nou Neftai, 2Ma 2:1 IN die Kroniekboeke vind 'n mens dat die profeet, JirmeJaHûW aan die ballinge beveel het om van die vuur te neem, soos ons reeds vermeld het. 2Ma 2:2 Maar ook dat die profeet aan die ballinge die Boek van die Wet gegee het, en dat hy aan hulle opdrag gegee het om die Gebooie van JaHWeH nie te vergeet nie en om hulle gewete nie op 'n dwaalspoor te laat lei, wanneer hulle die goue en silwer idole met al hulle kosbaarhede sou sien nie. 2Ma 2:3 En ook dat hy by hulle daarop aangedring het om die Wet nie uit hulle hart te verban nie. 2Ma 2:4 Verder staan nog beskrywe dat die profeet op grond van 'n openbaring opdrag gegee het om met die Tabernakel en die Ark agter hom te volg; dat hy na die berg gegaan het waarop Moshè geklim en vanwaar hy die Erfdeel van sy Elohey gesien het. 2Ma 2:5 Dat JirmeJaHûW op daardie tog 'n grot gekry het, waarin hy die Tabernakel en die Ark en die altaar gebring het, en dat hy die ingang daarvan toegemaak het. 2Ma 2:6 En toe sommige metgeselle van hom uitgegaan het om die pad in hulle geheue vas te lê, kon hulle dit nie vind nie. 2Ma 2:7 Toe JirmeJaHûW dit verneem het, het hy hulle berispe en gesê: Die plek moet onbekend bly, totdat Elohim die volk weer sal versamel en ons barmhartig sal wees. 2Ma 2:8 Dan sal JaHWeH hierdie dinge aanwys, en die Glansrykheid van JaHWeH sal in die Wolkkolom verskyn, soos dit in die dae van Moshè gesien is en in die dae van Salomo, toe hy gebid het dat die plek op grootse wyse gewy sou word. 2Ma 2:9 Verder is nog meegedeel dat hierdie wyse man by die inwyding en voltooiing van die Tempel 'n slagdier opgedra het. 2Ma 2:10 En net soos die vuur, na Moshè se gebed tot JaHWeH, uit die Hemele geval en die brandoffer verteer het, het Salomo ook gebid, en vuur het neergeval om die brandoffer te verteer. 2Ma 2:11 Dan nog dat Moshè gesê het om nie van die slagdier vir oortreding te eet nie; 2Ma 2:12 dat Salomo ook agt dae lank fees gevier het. 2Ma 2:13 En behalwe hierdie dinge staan ook in die Kroniekboeke en gedenkskrifte van NegemJaH beskrywe dat hy 'n biblioteek aangelê het, en dat hy daarin die Boekrolle van die konings, die profete en Dawid en ook die koninklike lyste van die tempelgeskenke versamel het. 2Ma 2:14 Nou het Judas net so ook al die Boekrolle wat deur die gebeurtenisse van die oorlog verstrooi is, weer vir ons versamel. Hulle is in ons besit. 2Ma 2:15 As julle daaraan behoefte het, stuur dan om dit vir julle te haal. 2Ma 2:16 Omdat ons voornemens is om die suiweringsfees te vier, het ons vir julle geskryf; want dit sou mooi wees as julle ook die dae sou vier. 2Ma 2:17 Dit is onse Elohey wat Sy hele volk gered het, en wat aan almal weer die Erfdeel en die koningskap en die priesterskap en Apartheid terug-gegee het. 2Ma 2:18 Soos Hy in die Wet beloof het; en ons verwag van ons Elohey dat Hy Hom spoedig oor ons sal ontferm en ons dan van oor die hele Aarde weer sal saambring op die plek van Apartheid. Want Hy het ons uit groot besoedeling gered en die plek gesuiwer. //Voorwoord van die skrywer. 2Ma 2:19 DIE geskiedenis van Judas die Makkabeër en sy broers, die suiwering van die verhewe Tempel en die inwyding van die altaar; 2Ma 2:20 vervolgens die oorloë teen Antíochus Epífanes en sy seun Eúpator; 2Ma 2:21 en die verskyninge van die Hemele wat aan die beroemde en dapper stryders vir die manne van JeHûWdah oorkom het, sodat hulle, ondanks hulle klein getal, tog die hele land herower en die menigte barbare uitgedryf het; 2Ma 2:22 dat die wêreldberoemde Tempel opnuut in besit geneem en die Stad bevry is; dat die Wette, wat byna afgeskaf is, weer ingeskerp is; die goedgunstigheid van JaHWeH, wat Hom oor hulle ontferm het, 2Ma 2:23 al hierdie feite het Jáson van Ciréne in vyf Boekrolle beskrywe, en ons sal probeer om daarvan 'n samevatting in een Boekrol te gee. 2Ma 2:24 Want met die oog op die groot menigte getalle en die moeilikhede wat uit die omvattende stof voortvloei vir die wat hulle in die geskiedbeskrywinge wil inwerk, 2Ma 2:25 het ons oorweeg om vir die wat leeslustig is 'n onderhoudende verhaal te skrywe, en vir die wat lief vir studie is, iets wat maklik onthou word; dus 'n werk wat nuttig is vir almal wat dit in die hande kry. 2Ma 2:26 Tog is dit vir ons nie maklik om, soos ons voornemens is, 'n samevatting te gee nie; dit is 'n merk van sweet en slapeloosheid. 2Ma 2:27 Net soos dit vir iemand wat 'n feesmaal aanrig, nie maklik is om al die gaste tevrede te stel nie. Maar ons sal ons die moeite troos, omdat baie dankbaar daarvoor sal wees. 2Ma 2:28 Ons sal die noukeurige beoordeling van die feite aan die geskiedskrywer oorlaat, maar ons sal wel sorg vir 'n samevatting wat aan die eise voldoen. 2Ma 2:29 Want soos die boumeester van 'n nuwe huis vir die hele onderneming behoort te sorg, terwyl diegene wat die versiering en die skilderwerk doen, hom alleen moet besig hou met die verfraaiing, so is dit na my mening ook met ons. 2Ma 2:30 Want dit is die taak van die oorspronklike geskiedskrywer om die feite op te spoor, hulle van alle kante te bekyk en tot in onderdek na te vors. 2Ma 2:31 Maar die bewerker is vry om net 'n opsomming van die studie te gee en om af te sien van volledigheid. 2Ma 2:32 Maar laat ons met die verhaal begin en slegs dit by die voorwoord toevoeg: dat dit dwaas is om die voorwoord van 'n geskiedenis uitvoerig te maak, en die geskiedenis self in te kort. //Die verraad van Simon. Die tempelroof van Heliodórus. 2Ma 3:1 IN die Stad van Apartheid het volkome Vrede geheers, en aan die vroomheid van die hoëpriester Onías en sy onverbiddelike optrede teen die misdaad was dit te danke dat die Wette so nougeset as moontlik onderhou is. 2Ma 3:2 Dit het selfs gebeur dat die konings die Stad eer bewys het en die Tempel met die kosbaarste geskenke vereer het. 2Ma 3:3 So het Seleúkus, die koning van Asië, uit sy eie inkomstes al die uitgawes bestry wat nodig was vir die offerdiens. 2Ma 3:4 Maar 'n sekere Simon uit die stam van Benjamin, wat tempelowerste was, het onenigheid gekry met die hoëpriester oor die markmeesterskap in die Stad. 2Ma 3:5 En omdat hy nie die oorhand oor Onías kon kry nie, het hy hom tot Apollónius van Tarsus gewend, wat toe goewerneur was van Celesírië en Fenícië. 2Ma 3:6 Hy het vir hom vertel dat die skatkamer in Jerusalem so vol onbeskryflike kosbaarhede was, dat die geldsomme nie bereken kon word nie en in geen verhouding gestaan het tot die uitgawes vir die bydraes nie, sodat dit bes moontlik tot die koning se beskikking gestel kon word. 2Ma 3:7 Apollónius het hom in verbinding gestel met die koning en hom mededeling gedoen omtrent die skatte wat aan hom verraai is. Die koning het toe Heliodórus ontbied, wat met die toesig oor al sy besittinge belas was, en hy het hom gelas om die bedoelde skatte in beslag te neem. 2Ma 3:8 Heliodórus het terstond op reis gegaan en dit laat voorkom of hy die stede in Celecírië en Fenicië wou besoek, maar in werklikheid was dit om die opdrag van die koning uit te voer. 2Ma 3:9 Toe hy in Jerusalem aankom en vriendskaplik deur die hoëpriester in die Stad ontvang is, het hy die verraaide geld ter sprake gebring en verklaar waarvoor hy gekom het. Hy het gevra of die dinge inderdaad so was. 2Ma 3:10 En die hoëpriester het vir hom verduidelik dat dit geldbelegginge vir weduwees en weeskinders is, 2Ma 3:11 en dat 'n gedeelte aan Hirkánus, die seun van Tobías behoort, wat 'n invloedryke man is. So was die saak, en die skelm Simon het gelieg. In totaal was daar vierhonderd talente silwer en tweehonderd talente goud. 2Ma 3:12 Dit sou beslis 'n onmiskenbare misdaad wees om dié te benadeel wat hulle vertroue gestel het in die Apartheid van die plek en in die eerbiedwaardigheid en onskendbaarheid van die Tempel, wat oor die hele wêreld in aansien was. 2Ma 3:13 Maar Heliodórus het hom beroep op die bevel van die koning en verklaar dat alles oorgedra moes word in die koninklike skatkis. 2Ma 3:14 Ook het hy die dag vasgestel waarop hy sou ingaan om self die dinge in oënskou te neem en maatreëls te tref. En dwarsdeur die hele Stad was daar groot bekommernis. 2Ma 3:15 Die priesters het in hulle priesterlike gewade voor die brandofferaltaar neergeval, en hulle het na die Hemele geroep na Hom wat die besittinge aan hulle toevertrou het, sodat Hy dit onaangetas sou bewaar vir die wat dit daar belê het. 2Ma 3:16 Dit was hartverskeurend om die gesig van die hoëpriester te aanskou, want sy oë en die verandering van sy gelaatskleur het die bekommernis van sy siel geopenbaar. 2Ma 3:17 Die ontsteltenis wat oor die man gekom het, was so groot, dat sy hele liggaam gebewe het, sodat die toeskouers duidelik kon sien, hoe erg die sielsverdriet is wat hom kwel. 2Ma 3:18 Met hele groepe tegelyk het hulle uit hulle huise gestroom om in die openbaar te bid, omdat dit sou uitloop op 'n skending van die tempel. 2Ma 3:19 Ook die vroue het in die strate verskyn met boeteklere wat onder die bors vasgemaak is; en die jongedogters wat anders opgesluit is, het nou by die poorte geloop, terwyl sommige van hulle op die mure was, en ander uit die vensters gekyk het. 2Ma 3:20 Maar almal het hulle die hande uitgestrek na die Hemele en gebid. 2Ma 3:21 Dit was om medelye te kry met die menigte wat deurmekaar gekniel het, en met die hoëpriester, wat hom baie bekommer het oor sy verwagtinge. 2Ma 3:22 Hulle het die Almagtige JaHWeH gesmeek om die toevertroude besittings in alle veiligheid te bewaar vir die wat dit daar in bewaring gegee het. 2Ma 3:23 Intussen het Heliodórus met die uitvoering van sy besluit begin. 2Ma 3:24 Hy het hom reeds saam met sy lyfwag by die skatkamer bevind, toe die Gees van JaHWeH so 'n indrukwekkende verskyning veroor-saak, dat almal wat dit gewaag het om binne te gaan deur die Krag van die Elohim getref is en met verlamming en skrik geslaan is. 2Ma 3:25 Want aan hulle het 'n perd verskyn met 'n vreeswekkende Ruiter. Die dier was pragtig opgetuig en het geweldig met sy voorpote op Heliodórus afgestorm, terwyl die Ruiter geskitter het in 'n goue wapenrusting. 2Ma 3:26 Saam met hom het nog twee ander Jongelinge verskyn. Hulle was uitermate sterk en rondom Hulle was 'n glansryke glans en Hulle was besonder geklee. En terwyl Hulle elk aan een kant gaan staan, het Hulle hom onafgebroke gegesel en gevoelige slae toegebring. 2Ma 3:27 Hy het skielik op die grond geval, terwyl dit rondom hom duister geword het. Toe het sy mense hom opgeneem en op 'n draagbaar gelê. 2Ma 3:28 En hulle het hom, wat kort tevore met 'n groot gevolg en 'n hele lyfwag in die bewuste skatkamer binnegegaan het, hulpeloos uitgedra, terwyl hulle daarin duidelik die bestaan van Elohim se mag erken het. 2Ma 3:29 Want daar lê hy nou neergewerp deur die Werk van Elohim, sprakeloos en sonder die minste hoop op herstel. 2Ma 3:30 Die manne van JeHûWdah het egter JaHWeH geloof, wat Sy Woonplek verhoog het; en die Tempel, waarin kort tevore slegs angs en ontsteltenis geheers het, was nou vol dankbaarheid en vreugde, omdat die Almagtige JaHWeH, Sy Krag getoon het. 2Ma 3:31 'n Paar van Heliodórus se gevolg het vir Onías gevra dat hy die Hoogste El sou bid om sy lewe te spaar, want hy het volkome op sy uiterste gelê. 2Ma 3:32 En omdat Onías gevrees het dat die koning sou kon meen dat Heliodórus deur een of ander misdaad van die kant van die manne van JeHûWdah om die lewe gekom het, het hy 'n slagdier gaan opdra vir die man se herstel. 2Ma 3:33 En terwyl die hoëpriester die slagdier van versoening opgedra het, het dieselfde Jongelinge, wat weer net so aangetrek was, opnuut voor Heliodórus verskyn. Hulle het langs hom gaan staan en gesê: Jy is baie dank verskuldig aan Onías, die hoëpriester, want ter wille van hom gun JaHWeH jou jou lewe. 2Ma 3:34 En jy wat vanuit die Hemele getugtig is, jy moet aan almal die grootheid van Elohim se Mag meedeel. En toe Hulle dit gesê het, het Hulle weer verdwyn. 2Ma 3:35 Toe het Heliodórus aan JaHWeH 'n slagdier opgedra en aan Hom die mees gewyde geloftes gedoen, omdat Hy sy lewe gespaar het. Hy het afskeid geneem van Onías en saam met sy troepemag teruggekeer na die koning. 2Ma 3:36 En teenoor iedereen het hy getuig van die wonderwerke van die Hoogste El, Wie hy met sy eie oë aanskou het. 2Ma 3:37 En toe die koning vir Heliodórus gevra het watter man wel die geskikste mag wees om nog 'n keer na Jerusalem gestuur te word, het hy geantwoord: 2Ma 3:38 As u een of ander vyand het of 'n oproermaker, stuur hom dan daarheen en u kry hom gegesel terug, as hy enigsins herstel; want op daardie plek is waarlik die een of ander Krag van die Elohim. 2Ma 3:39 Want Hy wat in die Hemele woon, bewaak en beskerm daardie plek, en Hy slaan met vernietiging hulle almal wat daarheen gaan om kwaad te doen. 2Ma 3:40 Dit is die geskiedenis van Heliodórus en die redding van die skatkamer. //Die Helleniste se sportidool vernietig die JeHûWdahietiese volkswaardes 2Ma 4:1 MAAR bogenoemde Simon, wat saam met die skatte ook sy vaderland verraai het, het teen Onías gelaster dat dit hyself was wat Heliodórus mishandel het en die besoedeling veroorsaak het. 2Ma 4:2 Selfs het hy die vermetelheid gehad om hom, wat die weldoener van die stad, die beskermer van sy volksgenote en die yweraar vir die Wet was, 'n samesweerder teen die regering te noem. 2Ma 4:3 Die vyandigheid het so ver gegaan, dat een van die wat onder Simon se invloed gestaan het, hom aan moord skuldig gemaak het. 2Ma 4:4 Intussen het Onías goed die gevaar van hierdie lering raakgesien, en ook dat Apollónius, die seun van Menésteus en goewerneur van Celesírië en Fenicie, die boosheid van Simon gesteun het. 2Ma 4:5 Daarom het hy na die koning gegaan, nie as aanklaer van een van sy medeburgers nie, maar omdat hy hom bekommer het oor die algemene welsyn van die hele volk. 2Ma 4:6 Want hy het begryp dat dit sonder die koninklike inmenging onmoontlik sou wees om 'n vreedsame oplossing te kry, en om Simon te laat ophou met sy dwaasheid. 2Ma 4:7 Toe Antíochus, wat Epífanes genoem word, na die dood van Seleúkus die koningskap aanvaar het, het Jason, die broer van Onías, hom deur lis die hoëpriesterskap toegeëien. 2Ma 4:8 Tydens 'n ontmoeting het hy aan die koning driehonderd en sestig talente silwer uit die tempelskat belowe en verder nog 'n ander tagtig talente. 2Ma 4:9 Hy het ook onderneem om nog 'n verdere honderd-en-vyftig talente te betaal, as aan hom die bevoegdheid toegeken sou word om 'n gimnasium en 'n worstelperk op te rig en die inwoners van Jerusalem as burgers van Antiochië in te skryf. 2Ma 4:10 Toe die koning dit toegestaan het en Jason die hoëpriesterskap gekry het, het hy terstond met die hervorming van sy volksgenote volgens die Griekse voorbeeld begin. 2Ma 4:11 Hy het die bepalinge afgeskaf wat vir die manne van JeHûWdah voordelig was en wat destyds deur JeHôWganan, die vader van Eupólemus, as lid van die gesantskap na die Romeine by die koning beding is en waardeur hulle die reg gehad het tot vriendskapsverdrae en bondgenootskappe. Ook het hy gewoontes opgehef wat in ooreenstemming met die Wet was, terwyl hy nuwe gebruike ingevoer het wat met die Wet in stryd was. 2Ma 4:12 Opsetlik het hy juis onder teen die bergvesting 'n gimnasium opgerig, en hy het die seuns van die aansienlikste burgers daartoe gebring om 'n Griekse hoed te dra. 2Ma 4:13 Vanweë die grenselose onbe-skaamdheid van die wettelose en onpriesterlike Jason is die ver-Grieksing en die voorkeur vir verbasterde elemente so toegespits, 2Ma 4:14 dat die priesters nie meer belanggestel het in die altaardiens nie, die Tempel met minagting bejeën en die bydraes verwaarloos het, en dat hulle maar liewers na die gimnasium gegaan het om die besoedelde spele by te woon, wat na die oproep tot die skyfgooi gevolg het. 2Ma 4:15 Hulle het die eerbewyse van hulle vaders verag en het die Griekse onderskeidinge baie hoog geag. 2Ma 4:16 Maar hierdeur het hulle in moeilike omstandighede gekom, want die persone wie se lewenswyse hulle oorgeneem het en aan wie hulle volkome gelyk wou word, het juis hulle vyande en verdrukkers geword. 2Ma 4:17 Dit is ook nie gering om teen die Wette van Elohim te oortree nie, ook al volg die straf eers later. 2Ma 4:18 En toe in Tirus die vyfjaarlikse wedstryde voor die aangesig van die koning gehou is, 2Ma 4:19 het die wettelose Jason namens Jerusalem afgevaardigdes gestuur, wat die burgerregte van Antiochië besit het. Hulle het driehonderd silwer dragmes saamgeneem vir 'n aanbieding aan Hérkules. Maar toe hulle die geld oorhandig, het hulle versoek om dit nie vir 'n aanbieding te gebruik nie, omdat dit nie betaamlik sou wees nie, maar om dit liewers anders te bestee. 2Ma 4:20 Ofskoon die afsender dit dus wel vir 'n aanbieding aan Hérkules bestem het, is dit ter wille van die afgevaardigdes vir die uitrusting van oorlogskepe uitgegee. 2Ma 4:21 Van Apollonius, die seun van Menésteus, wat vir die inhuldiging van koning Filómetor as afgevaardigde na Egipte gestuur is, het Antíochus verneem dat Filómetor sy politiek vyandig gesind was. Omdat hy hom oor sy eie veiligheid bekommer het, het Antíochus na Joppe en vandaar na Jerusalem gegaan. 2Ma 4:22 Op grootse wyse is hy deur Jason en die stad ontvang, en hy is met fakkels en gejubel verwelkom. Daarna het hy met sy leër na Fenicië getrek. 2Ma 4:23 Na drie jaar het Jason Meneláüs, 'n broer van die bogenoemde Simon, na die koning gestuur om geld te bring en belangrike regeringsake af te handel. 2Ma 4:24 Maar hy het die koning vir hom gewen en die indruk geskep dat hy baie invloed het; so het hy die hoëpriesterskap vir homself bemagtig, deur driehonderd talente meer aan te bied as Jason. 2Ma 4:25 Hy het die koninklike aanstelling gekry en die hoëpriesterskap verwerf, ofskoon hy dit beslis nie werd gewees het nie, want hy het woedend kon word soos 'n tiran en hy het kon raas soos 'n wilde dier. 2Ma 4:26 So is Jason, wat sy eie broer die voet gelig het, deur 'n ander uitoorlê en gedwing om na die Aarde van die Ammoniete te vlug. 2Ma 4:27 Meneláüs het intussen wel die mag besit, maar hy het nie gesorg vir die geld wat hy die koning belowe het nie, 2Ma 4:28 ondanks die vorderings wat teen hom ingestel is deur Sóstrates, die bevelhebber van die bergvesting, wie se taak dit was om die belastings in te samel. Daarom het die koning altwee hieromtrent ontbied. 2Ma 4:29 Meneláüs het sy broer Lisímachus as sy plaasvervanger in die hoëpriesterskap agtergelaat, en Sóstrates het Krátes, die owerste oor die Cipriërs, as sy eie plaasvervanger aangestel. 2Ma 4:30 Terwyl hierdie sake aanhangig was, het die inwoners van Tarsus en Mallus in opstand gekom, omdat hulle grondgebied aan Antiochis, die bysit van die koning, as geskenk gegee is. 2Ma 4:31 Met spoed het die koning vertrek om die opstand te onderdruk, en hy het Andrónikus, een van die aansienlikes, agtergelaat as sy plaasvervanger. 2Ma 4:32 Meneláüs het toe gemeen dat hy moes gebruik maak van hierdie gunstige geleentheid. Hy het daarom 'n paar goue voorwerpe uit die Tempel gesteel en aan Andrónikus gegee, terwyl hy die res in Tirus en die naburige stede verkoop het. 2Ma 4:33 Toe Onías hierdie feite noukeurig vasgestel het, het hy teen hom opgekom in die vrystad Dáfne, wat naby Antiochië geleë is, en waar hy hom gevestig het. 2Ma 4:34 Dit het die gevolg gehad dat Meneláüs in die geheim by Andrónikus daarop aangedring het om die hand te slaan aan Onías. Andrónikus het toe na Onías gegaan en hom deur lis omgepraat, omdat hy hom deur ede gerusgestel en met die hand gegroet het. Ofskoon hy onder verdenking gestaan het, het hy Onías omgepraat om uit die vrystad te gaan, waarna hy hom sonder die minste eerbied vir die reg om die lewe gebring het. 2Ma 4:35 Oor hierdie misdaad was nie alleen die manne van JeHûWdah nie, maar ook baie ander volke ontstel, omdat hulle diep gegrief was deur die onwettige moord op hierdie man. 2Ma 4:36 En toe die koning uit die landstreek Cilícië teruggekom het, het die manne van JeHûWdah van die stad met aanklagte na hom toe gegaan, terwyl ook die Grieke hulle afkeuring van die moord op Onías laat blyk het. 2Ma 4:37 Sielsbedroef en vol meegevoel is Antíochus tot trane ontroer oor die deugsaamheid en groot regskapenheid van die dode. 2Ma 4:38 Sy woede het ontvlam, en terstond het hy Andrónikus se koningsblou kleed afgeneem. Vervolgens het hy hom die klere van sy lyf laat aftrek en hom deur die hele stad laat voer tot by die plek waar hy hom aan Onías vergryp het. Daar het hy die moordenaar laat doodmaak. So het JaHWeH hom na sy verdienste gestraf. 2Ma 4:39 Intussen is die Tempel met toestemming van Meneláüs herhaaldelik deur Lisímaehus geplunder. En toe die berig na buite versprei het dat reeds baie goue voorwerpe weggehaal is, het 'n volksmenigte teen Lisímaehus saamgeloop. 2Ma 4:40 Maar Lisímaehus het teen die menigte wat saamgedrom en van verontwaardiging gekook het, drieduisend manne bewapen en met geweld begin optree; hulle is aangevoer deur 'n sekere Auránus, wat reeds taamlik oud maar daarom nie minder wreed gewees het nie. 2Ma 4:41 Toe die menigte ontdek dat Lisímaehus begin aanval, het sommige klippe as wapens opgetel, ander dik stukke hout, en nog ander die straatvuil wat daar gelê het; en hulle het dit deurmekaar na Lisímaehus se manskappe gegooi. 2Ma 4:42 Die gevolg was dat hulle baie van die soldate verwond het; sommige is neergeslaan en die hele klomp is verwilder, terwyl hulle die tempelrower self naby die skatkamer om die lewe gebring het. 2Ma 4:43 Na aanleiding van hierdie gebeurtenisse is 'n ondersoek teen Meneláüs ingestel. 2Ma 4:44 En toe die koning daarvoor na Tirus gekom het, het die manne wat deur die raad van oudstes gestuur is, by hom 'n klag teen Meneláüs ingedien. 2Ma 4:45 Omdat laasgenoemde gemeen het dat hy reeds verlore was, het hy aan Ptolomëüs, die seun van Doriménes, baie geld belowe om die koning om te praat. 2Ma 4:46 Ptolomëüs het die koning daarom na die suilegang gelei, skynbaar om hom te laat rus, en hy het hom tot ander gedagtes gebring. 2Ma 4:47 Ofskoon Meneláüs die oorsaak van die hele moeilikheid was, het die koning hom van die aanklagte vrygespreek, maar die ongelukkiges ter dood veroordeel, wat as hulle by die Skiete aangekla was, hulle sekerlik vanweë hulle onskuld vrygespreek sou word. 2Ma 4:48 Terstond is hierdie onregverdige straf voltrek aan die manne, wat alleen maar opgekom het vir hulle stad en volk en die tempelvaatwerk. 2Ma 4:49 Ook die inwoners van Tirus het oor hierdie aangeleentheid só kwaad geword, dat hulle vir 'n grootse begrafnis van die dooies gesorg het. 2Ma 4:50 En Meneláüs is vanweë die hebsug van die gesaghebbers in sy amp gehandhaaf, terwyl hy steeds meer in misdadigheid gegroei het en sy medeburgers vreeslik vervolg het. //Die wraakneming van Antíochus Epífanes. 2Ma 5:1 OMTRENT hierdie tyd het Antíochus sy tweede veldtog teen Egipte onderneem. 2Ma 5:2 Toe het dit gebeur dat die mense in die hele stad veertig dae lank 'n verskyning gesien het van Ruiters, wat in goue klere en volgens afdelinge bewapen, met spiese deur die lug getrek het. 2Ma 5:3 Hulle het gesien dat swaarde getrek word, Ruiterkorpse in slagorde opgestel is, van albei kante aanvalle en teenaanvalle onderneem is, die beweginge van skilde en groot getalle lanse, die skiet van pyle, die glans van goue sierstukke en allerlei wapenrustinge. 2Ma 5:4 Almal het gebid dat die verskyning iets goeds voorspel het. 2Ma 5:5 Toe dan ook die valse gerug versprei is dat Antíochus gesterf het, het Jason met minstens duisend man skielik die stad aangeval. Die verdedigers is op die mure oorweldig, en toe die stad oplaas ingeneem is, het Meneláüs na die bergvesting gevlug. 2Ma 5:6 Jason het 'n meedoënlose slagting onder sy eie medeburgers gehou, omdat hy nie besef het dat wapengeluk ten koste van volksgenote die grootste rampe is nie. Inteendeel, hy het gemeen dat hy vyande oorwin het en nie sy eie mense nie. 2Ma 5:7 Tog het hy nie die gesag in die hande gekry nie, want sy plan het skandelik misluk, sodat hy opnuut na die Aarde van die Ammoniete moes vlug. 2Ma 5:8 Só het daar 'n einde gekom aan sy misdadige lewe: Hy is deur toedoen van Arétas, die vors van die Arabiere, gevange gehou, maar hy het ontsnap en is van die een stad na die ander agtervolg. Deur elkeen gehaat as iemand wat ontrou is aan die Wette en wat geminag is as die slagter van sy vaderland en sy medeburgers, is hy na Egipte geja. 2Ma 5:9 En hy wat baie mense uit hulle vaderland in die vreemde verban het, het self by die Spartane gesterf, na wie hy gegaan het omdat hy op grond van hulle verwantskap, beskerming verwag het. 2Ma 5:10 So het hy, wat 'n menigte onbegrawe iewers weggegooi het, self sonder roubedryf en begrafnis gebly. Deur niemand betreur nie, het hy geen graf by sy vaders gekry nie. 2Ma 5:11 Toe die koning hieroor berig gekry het, het hy veronderstel dat JeHûWdah afvallig geword het. Daarom het hy, woedend soos 'n wilde dier, met spoed uit Egipte opgetrek en die stad met wapengeweld ingeneem. 2Ma 5:12 Aan sy soldate het hy beveel om sonder ontferming die wat hulle ontmoet, neer te slaan, en die wat in hulle huise gegaan het, uit te roei. 2Ma 5:13 Dit het gelei tot 'n uitmoording van jonk en oud, 'n uitroeiing van jongelinge en vroue en kinders, 'n slagting van meisies en kindertjies. 2Ma 5:14 In slegs drie dae het tagtigduisend verlore gegaan: veertigduisend is om die lewe gebring, en nie minder as wat vermoor is, is verkoop. 2Ma 5:15 Dit het hom nog nie bevredig nie. Daarom het hy dit gewaag om in die mees gewyde Tempel van die hele Aarde binne te gaan met as sy gids Meneláüs, wat die Wette en sy vaderland verraai het. 2Ma 5:16 Met sy besoedelde hande het hy die gewyde voorwerpe geneem; en die dinge wat ander konings tot verhoging, roem en eer van plek gegee het, het hy met sy vuil hande weggesleep. 2Ma 5:17 In sy grenselose hoogmoed het Antíochus nie besef dat JaHWeH vanweë die oortredinge van die stad se inwoners slegs vir 'n tydjie vertoorn is nie, en dat Hy daarom nie die stad beskerm het nie. 2Ma 5:18 Want as die stad nie toevallig deur baie oortredinge beswaar gewees het nie, sou hy, toe hy dit gewaag het om binne te gaan, terstond gegesel en van sy vermetelheid genees gewees het soos Heliodórus, wat deur koning Seleúkus gestuur is om 'n ondersoek in te stel na die skatkamer. 2Ma 5:19 Maar JaHWeH het die volk nie gekies vanweë die plek nie, dog die plek vanweë die volk. 2Ma 5:20 Daarom het ook die plek gedeel in die rampe wat oor die volk gekom het, net soos sy later sou deel in die weldade. Die Almagtige het haar in Sy Woede verlaat, maar sy sal in al Sy Glansrykheid verhoog word deur die versoening van die Magtige Majesteit. 2Ma 5:21 Nadat Antíochus agtienhonderd talente uit die Tempel geroof het, het hy met spoed na Antiochië vertrek, terwyl hy in die grenslose hoogmoed van sy hart gemeen het dat hy die land begaanbaar en die see bevaarbaar kon maak. 2Ma 5:22 Hy het ook amptenare agtergelaat om die volk te kwel: in Jerusalem, Filippus, 'n Frigiër van afkoms, maar in sy optrede 'n groter barbaar as diegene wat hom aangestel het; 2Ma 5:23 en op die Gerisim Andrónikus. Verder ook Meneláüs, en hy, wat die slegste was, het hom meer as die ander bo die burgers verhef, terwyl hy sy Hebreeuse medeburgers vyandig gesind was. 2Ma 5:24 Hy het die aartsbooswig Apollónius met 'n leër van twee-en-twintigduisend man gestuur met die opdrag om al die volwasse manne om die lewe te bring, maar die vroue en die jonger manne te verkoop. 2Ma 5:25 Nadat hy in Jerusalem aangekom het, het hy hom vredeliewend voorgedoen en stilgebly tot die apartgestelde Sabbatdag. Maar toe hy sien dat die manne van JeHûWdah gerus het, het hy sy manne met wapens laat paradeer. 2Ma 5:26 En almal wat na buite gekom het om die skouspel te sien, het hy laat doodsteek. Daarna het hy saam met die gewapendes die stad binnegedring en 'n groot menigte vermoor. 2Ma 5:27 Toe het Judas die Makkabeër met nog nege ander uitgewyk na die woestyn. Daar het hy saam met sy manne soos die wilde diere in die berge geleef, en hulle het gedurende al die tyd net wilde kruie geëet om nie besoedel te word nie. //Die manne van JeHûWdah word deur Antíochus vervolg. 2Ma 6:1 NIE lank daarna nie het die koning 'n grysaard van Athene gestuur, wat die manne van JeHûWdah moes dwing om af te wyk van die Wette van hulle vaders en om nie meer die Wette van Elohim te onderhou nie. 2Ma 6:2 Ook moes hy die Tempel van Jerusalem skend, en toewy aan Zeus Olimpius; en die tempel op die Gerisim, vanweë die gasvryheid van die bewoners, toewy aan Zeus Xénius. 2Ma 6:3 En die besoedeling het voortgewoeker, totdat dit vir die groot massa ook te swaar en ondraaglik geword het. 2Ma 6:4 Want in die tempel was daar volop liederlikheid en drinkpartye van die nasies; hulle het hulle verlustig in hoere, en in die suilegange van Apartheid, het hulle met vroue omgegaan, terwyl hulle verder allerlei aanstootlike dinge na binne gebring het. 2Ma 6:5 Ook die brandoffer het vol gelê met gruwelike aanbiedings, wat deur die Wet verbied is. 2Ma 6:6 Dit was verbode om die Sabbat of die voorvaderlike Feeste te vier, of om kenbaar te wees as 'n Hebreër, 2Ma 6:7 Met brute geweld is hulle na die offermaaltyd gesleep wat maandeliks op die koning se geboortedag plaasvind; en op die fees van Dionysus is hulle gedwing om met klimopranke deel te neem aan die optog vir Dionysus. 2Ma 6:8 Op voorstel van Ptoloméüs is vir die naburige Griekse stede 'n bevel uitgevaardig om daar op dieselfde wyse teen die manne van JeHûWdah op te tree en hulle te laat deelneem aan die offermaaltye; 2Ma 6:9 en die wat weier om die Griekse lewenswyse oor te neem, moes om die lewe gebring word. Toe kon 'n mens die begin van die ellende aanskou! 2Ma 6:10 Want twee vroue is voorgebring, omdat hulle hulle kinders laat besny het; hulle het die kinders aan die moeders se nekke gehang, en so is hulle openlik deur die stad gevoer en toe van die mure afgegooi. 2Ma 6:11 Ander, wat haastig bymekaar gekom het in 'n grot in die omgewing om daar in die geheim die Sabbat te vier, is aan Filippus verraai en gesamentlik verbrand, want hulle het hulleself nie durf verdedig uit eerbied vir die apartgestelde dag nie. 2Ma 6:12 Ek versoek die wat hierdie Boekrol in die hande kry, om hulle nie te vererg oor hierdie gebeurtenisse nie, maar om te bedink dat die strawwe nie die ondergang van ons volk beoog het nie, maar sy opvoeding. 2Ma 6:13 Want as die wetsoortreders nie lank met rus gelaat word nie, maar terstond hulle straf ontvang, dan is dit die teken van 'n groot weldaad. 2Ma 6:14 By die ander nasies was JaHWeH geduldig met Sy straf, totdat hulle die volle maat van hulle oortredinge bereik het, maar met ons het Hy besluit om dit anders te doen. 2Ma 6:15 Maar Hy het anders besluit, sodat Hy ons nie op die laaste oomblik, wanneer ons die hoogtepunt van ons oortredinge bereik het, met Sy wraak tref nie. 2Ma 6:16 Want Hy onttrek nooit Sy Ontferming aan ons nie, maar Hy tugtig Sy volk met rampe, sonder dat Hy hulle verlaat. 2Ma 6:17 Nietemin word hierdie dinge vir ons gesê, om te oorpeins. Na hierdie kort onderbreking moet ons voortgaan met die verhaal. 2Ma 6:18 Eleásar, wat een van die uitstekendste skrifgeleerdes was en 'n hoogbejaarde man met 'n indrukwek-kende voorkoms, is gedwing om varkvleis te eet, nadat hulle sy mond oopgemaak het. 2Ma 6:19 Maar omdat hy liewer eervol gesterf as in skande aan die lewe gebly het, het hy uit eie beweging na die pynbank gegaan. 2Ma 6:20 Hy het die vleis uitgespuug op dieselfde manier waarop ook die ander altyd die verbode voedsel behoort te weier, selfs ten koste van die lewe wat hulle liefhet. 2Ma 6:21 Maar omdat hulle die man nog van vroeër geken het, het die wat met die onwettige offermaaltye belas is, hom eenkant toe geneem en by hom daarop aangedring om sy eie vleis te laat kom, wat hy wel mag eet. Hy sou dit dan self kon toeberei en die skyn wek of hy van die offervleis eet wat deur die koning voorgeskryf is. 2Ma 6:22 Deur so te maak, sou hy aan die dood ontkom en deur hulle ou vriendskap welwillend behandel word. 2Ma 6:23 Maar hy het 'n pragtige besluit geneem, wat gepas het by sy leeftyd, die aansien van sy ouderdom, die edele grys hare wat hy gekry het, en by die uitstekende lewe wat hy sedert sy jeug gelei het. Maar dit was veral in ooreenstemming met die Wette van Apartheid wat Elohim gegee het, want hy het onmiddellik laat weet dat hulle hom na die Doderyk/Sheol moet stuur. 2Ma 6:24 Hy het gesê: Op ons leeftyd is dit nie betaamlik om te huigel nie, omdat baie jong manne sou kon meen dat die negentigjarige Eleásar die opvattinge van die verbasterdes oorgeneem het. 2Ma 6:25 As gevolg van my huigelary en ter wille van die bietjie lewe wat ek nog 'n kort tydjie kan hê, sou hulle deur my toedoen op 'n dwaalspoor kom, terwyl ek self 'n ouderdom van oortreding en skande sou verwerf. 2Ma 6:26 Want, ook al sou ek vir die oomblik ontslae wees van die mense se kwellinge, ek sou tog lewendig of dood nie aan die Hande van die Almagtige kon ontkom nie. 2Ma 6:27 Soos 'n man sal ek nou daarom my lewe verruil en wys dat ek my ouderdom werd is. 2Ma 6:28 En aan die jong manne sal ek 'n edele voorbeeld agterlaat, hoe 'n mens met moed en karakter goed kan sterf ter wille van die Wette van Apartheid. En toe hy dit gesê het, het hy met spoed na die pynbank gegaan. 2Ma 6:29 Maar vanweë hierdie woorde het sy begeleiers se vroeëre welwillendheid jeens hom in vyandigheid omgeslaan, want hulle het hom vir 'n dwaas aangesien. 2Ma 6:30 Toe hy dan op die punt gestaan het om onder die géselslae te beswyk, het hy gekreun en gesê: Aan JaHWeH is dit in Sy Wysheid bekend dat ek kon ontkom het aan die dood en nou die vreeslikste géselpyne in my liggaam verdra, maar dat ek dit met vreugde in my siel ondergaan uit eerbied vir Hom. 2Ma 6:31 Hy, wat op hierdie wyse gesterf het, het deur sy dood nie alleen vir die jong manne nie, maar vir die grootste deel van die volk 'n voorbeeld agtergelaat van 'n edele karakter en die herinnering van ware deug. //Die martelaarskap van 'n moeder en haar sewe seuns. 2Ma 7:1 SO het dit gebeur dat ook sewe broers en hulle moeder gevange geneem is en deur die koning met gesel- en sweepslae gedwing is om die verbode varkvleis te eet. [Hebreërs 11:35] 2Ma 7:2 Toe het een van hulle, wat ook namens die ander gepraat het, gesê: Wat wil u vir ons vra en te wete kom? Want ons is bereid om liewer te sterf as om die Wette van ons vaders te oortree. 2Ma 7:3 Maar die koning het woedend geword en opdrag gegee om die ketels en panne vuurwarm te maak. 2Ma 7:4 Toe hulle vuurwarm was, het hy van diegene wat ook namens die ander gepraat het, die tong laat uitsny en hom op die manier van die Skite sy hoofvel laat aftrek en ook sy hande en voete laat afkap. Intussen moes die ander broers en sy moeder toekyk. 2Ma 7:5 Hy het hom aldus volkome vermink na die vuur laat bring en lewendig in 'n pan laat braai. En terwyl die damp wyd uit die pan opgestyg het, het hulle mekaar aangespoor om saam met die moeder moedig te sterf. Hulle het gesê: 2Ma 7:6 JaHWeH, onse Elohey sien dit, en Hy sal ons deur die Waarheid vertroos, soos Moshè duidelik in sy gesang van getuienis voorspel het, toe hy sê: En Hy skenk vertroosting aan Sy diensknegte. [JeHôWganan 14:26] 2Ma 7:7 Toe die eerste een op hierdie wyse gesterf het, het hulle die tweede gebring om bespot te word. Hulle het sy hoofvel met die hare daaraan rondom afgetrek en toe vir hom gevra of hy nie liewers sou eet as om sy liggaam lit vir lit te laat vermink nie. 2Ma 7:8 Maar in sy moedertaal het hy geantwoord en gesê: Beslis nie! Daarom het ook hy agtereenvolgens dieselfde folteringe ondergaan as die eerste. 2Ma 7:9 Tog het hy met sy laaste asem nog gesê: Booswig! jy beroof ons wel van die teenswoordige lewe, maar die Koning van die heelal sal ons, wat om Sy Wette gedood word, laat opstaan vir die opstanding tot die Ewige Lewe. 2Ma 7:10 Na hom is die derde gemartel. Terstond toe hulle hom vra, het hy sy tong uitgesteek en sy hande moedig voor hom uitgestrek. 2Ma 7:11 En met fierheid het hy gesê: Van die Hemele het ek hierdie lede gekry, en ter wille van Sy Wette spaar ek hulle nie; maar ek hoop dat ek hulle weer opnuut van Hom sal terugkry. 2Ma 7:12 Selfs die koning en die wat by hom was, het hulle verbaas oor die seun se moed, omdat hy hom heeltemal nie oor die folteringe bekommer het nie. 2Ma 7:13 Nadat ook hy gesterf het, het hulle die vierde met dieselfde folteringe gemartel. 2Ma 7:14 Toe hy aan sy einde kom, het hy nog gesê: Dit is verkiesliker om deur mense om die lewe gebring te word as deur Elohim, van wie ons met vertroue verwag dat Hy ons sal opwek. Maar vir jou sal daar geen wederopstanding wees tot die lewe nie. 2Ma 7:15 Onmiddellik hierna het hulle toe die vyfde voorgebring en gemartel. 2Ma 7:16 Hy het na die koning gekyk en gesê: By die mense het jy die mag om met hulle te maak soos jy wil, ofskoon jy ook sterflik is; maar jy moet nie meen dat ons volk deur Elohim verlaat is nie. 2Ma 7:17 Leef jy net lank genoeg, en aanskou dan die grootheid van Sy Mag: hoe Hy jou en jou nageslag sal folter. 2Ma 7:18 Na hom het hulle die sesde gebring. En toe hy ook op die punt staan om die gees te gee, het hy nog gesê: Jy moet jou nie deur die skyn laat mislei nie; ons ondergaan hierdie folteringe om ons eie ontwil. Ontstellende dinge het oor ons gekom, omdat ons teen onse Elohey oortree het. 2Ma 7:19 Maar jy moet nie meen dat jy self ongestraf sal bly nie, want jy het dit gewaag om teen Elohim te veg. 2Ma 7:20 Tog het die moeder ook reg op ons bewondering, en sy verdien dat haar gedagtenis geëer word. Want ofskoon sy op een dag haar sewe seuns sien sterf het, het sy moedig standgehou, omdat sy op JaHWeH gehoop het. 2Ma 7:21 Sy het elkeen van hulle in die moedertaal met edele oortuiging bygestaan. En terwyl sy haar vrouehart met mannemoed opgewek het, het sy vir hulle gesê: 2Ma 7:22 Ek weet nie hoe julle in my skoot gevorm is nie, want dit is nie ek wat julle asem en lewe gegee het nie; en dit is ook nie ek wat elkeen se lewensbeginsels gerangskik het nie. 2Ma 7:23 Nee, dit was die Skepper van die heelal. Hy laat 'n adamiet ontstaan, soos Hy die ontstaan van alles uitdink. Hy sal julle in Sy Ontferming opnuut weer asem en lewe gee, as julle nou terwille van Sy Wette julleself nie spaar nie. 2Ma 7:24 Antíochus het gemeen dat sy hom hoon, en hy het vermoed dat sy met minagting praat. Daarom het hy geprobeer om die jongste seun, wat nog oorgebly het, nie alleen met woorde te verlei nie, maar hy het ook met ede verseker dat hy hom ryk en geseënd sal maak, as hy net die Wette van sy vaders verloën; en sou hom sy vertroueling maak en openbare ampte aan hom toevertrou. 2Ma 7:25 Maar toe die seun hom heeltemal nie daaraan steur nie, het die koning die moeder geroep, en hy het by haar daarop aangedring om die seun vir sy eie beswil te raai. 2Ma 7:26 Omdat hy baie lank bly aandring, het sy ingestem om haar seun te raai. 2Ma 7:27 Sy het oor hom gebuig en ten spyte van die tiran het sy in die moedertaal met hom gepraat en gesê: My seun, betoon medelye met my! Nege maande het ek jou in my skoot gedra, drie jaar het ek jou self gevoed en tot op hierdie leeftyd het ek jou versorg en grootgemaak en opgepas. 2Ma 7:28 Ek smeek jou, my kind, kyk na die Hemele en die Aarde en alles wat in haar is. Dink daaraan dat Elohim hierdie dinge uit niet gemaak het, en dat die mensdom net so ontstaan het. 2Ma 7:29 Wees nie bang vir daardie laksman nie, maar wys dat jy jou broers werd is, en neem die dood aan, sodat ek jou saam met jou broers op die dag van ontferming weer terugkry. 2Ma 7:30 Nouliks nadat sy hierdie dinge gesê het, het die seun geantwoord: Vir wie wag julle? Die bevel van die koning gehoorsaam ek nie, maar wel luister ek na die bevel van die Wet, wat deur Moshè aan ons vaders gegee is. 2Ma 7:31 Jy dan, wat al die rampe vir die manne van JeHûWdah uitgedink het, jy sal nie aan die Hande van Elohim ontkom nie. 2Ma 7:32 Want ons ly net om ons eie oortredinge. 2Ma 7:33 En as die lewende Meester vir 'n kort tydjie op ons vertoorn is, sodat Hy ons tugtig en straf, dan sal Hy Hom tog weer met Sy diensknegte versoen. 2Ma 7:34 Maar jy, die ellendigste booswig van al die mense, moenie jou verhoog in jou ydele waan of ongeduldig word in jou onsekere hoop nie, terwyl jy die hand slaan aan Sy diensknegte. 2Ma 7:35 Want jy het die oordeel van die Almagtige en Alsiende Elohim nog nie ontloop nie. 2Ma 7:36 Nadat hulle 'n kort tydjie pyn gely het, het ons broers nou immers onder die Verbond van Elohim die Ewige Lewe binnegegaan; maar jy sal in die oordeel van Elohim die regverdige straf vir jou hoogmoed ontvang. 2Ma 7:37 Ek dan, ek gee net soos my broers my liggaam en my lewe vir die voorvaderlike Wette. En ek smeek my Elohey dat Hy die volk weer spoedig in Barmhartigheid aanneem, terwyl Hy jou deur kwellinge en besoekinge sal dwing om te erken dat Hy alleen El is. 2Ma 7:38 En dat die Woede van die Almagtige, wat tereg oor ons hele volk gebring is, in my en my broers 'n einde mag vind. 2Ma 7:39 Hieroor het die koning mal van woede geword; en omdat hy deur die smaad verbitter is, het hy hom nog erger laat martel as die ander. 2Ma 7:40 Maar ook hy het met 'n suiwer gewete en in 'n volkome vertroue op JaHWeH die gees gegee. 2Ma 7:41 As laaste het ook die moeder van die seuns gesterf. 2Ma 7:42 Laat hiermee genoeg gesê wees oor die offermaaltye en die buitensporige folteringe. //Die bevrydingsoorlog van Judas die Makkabeër. 2Ma 8:1 INTUSSEN het Judas die Makkabeër en sy volgelinge in die geheim by die dorpe langs gegaan; hulle het hulle verwante opgeroep, en die manne versamel wat trou gebly het aan JeHûWdah. So het hulle omtrent sesduisend bymekaar gebring. 2Ma 8:2 En hulle het na JaHWeH geroep om neer te sien op die volk, wat aan alle kante verdruk is, en om Hom te ontferm oor die Tempel, wat deur besoedelde mense geskend is; 2Ma 8:3 om Medelye te hê met die vernielde stad, wat op die punt staan om met die Aarde gelyk gemaak te word, en om ag te slaan op die bloed wat om wraak roep; 2Ma 8:4 om te dink aan die ongeregverdige uitroeiing van onskuldige kinders en die laster teen Sy Naam, en om die Besoedeling te straf. 2Ma 8:5 Toe die Makkabeër 'n leër versamel het, het die nasies hom nie meer kon teëhou nie, omdat JaHWeH se Woede in Ontferming verander het. 2Ma 8:6 Onverwags het hy stede en dorpe aangeval en aan die brand gesteek; ook het hy gunstige stellinge beset, en so 'n hele aantal vyande op die vlug gedryf. 2Ma 8:7 Gewoonlik het hy vir dergelike aanvalle die nagte gebruik. En die berig van sy dapperheid het orals versprei. 2Ma 8:8 Toe Filippus sien dat hierdie man in 'n kort tydjie groot vorderings maak, en dat hy vanweë sy herhaaldelike suksesse steeds verder gaan, het hy na Ptoloméüs, die bevelhebber van Celesírië en Fenícië, geskryf om die saak van die koning te kom help. 2Ma 8:9 Laasgenoemde het terstond Nikánor, die seun van Pátroklus en een van sy vertrouelinge, ontbied en met 'n leër van nie minder as twintigduisend man, wat uit allerlei nasies saamgestel is, het hy hom uitgestuur om die hele Hebreeuse volk uit te roei. Ook het hy Górgias saamgestuur, 'n veldheer met baie oorlogservaring. 2Ma 8:10 Nikánor het homself voorgestel om aan die koning die hele bedrag van tweeduisend talente wat laasgenoemde aan die Romeine geskuld het, te kan aanbied uit die verkoping van Hebreeuse gevangenes. 2Ma 8:11 Hy het daarom terstond uitnodiginge na die kusstede gestuur vir die verkoping van Hebreeuse slawe; hy het belowe om negentig slawe vir een talent te verkoop, want hy het nie verwag met watter straf die Almagtige voornemens was om hom te agtervolg nie. 2Ma 8:12 Toe Judas berig ontvang het van Nikánor se opmars, het hy aan sy volgelinge deurgegee dat die leër in aantog is. 2Ma 8:13 Die kleinmoediges en die wat nie op Elohim se Geregtigheid vertrou het nie, het weggeloop en gemaak dat hulle weg kom. 2Ma 8:14 Maar die ander het al die dinge wat hulle oorgehou het, verkoop en tegelyk vir JaHWeH gebid om hulle te verlos van die wettelose Nikánor, wat hulle voor die ontmoeting al verkoop het. 2Ma 8:15 En as Hy dit nie ter wille van hulleself wou doen nie, dan tog ter wille van die Verbond met hulle vaders en vanweë Sy eie eerbiedwaardige en verhewe Naam, wat oor hulle uitgeroep is. 2Ma 8:16 Vervolgens het die Makkabeër sy volgelinge, wat omtrent sesduisend getel het, versamel en hulle vermaan om nie bang te wees vir die vyande nie en nie die moed te verloor teenoor die groot aantal nasies wat teen hulle optrek nie, maar om dapper te veg. 2Ma 8:17 Hulle moes daaraan dink hoe wetteloos die nasies teen Apartheid optree, watter gruweldade hulle in hulle vermetelheid teen die geteisterde stad pleeg, en hoe hulle die voorouerlike regeringsvorm afgeskaf het. 2Ma 8:18 Hulle vertrou wel op hulle wapens en roekeloosheid, het hy gesê, maar ons vertrou op die Almagtige El, wat ons vyande en die hele wêreld in een oogwink kan vernietig. 2Ma 8:19 Verder het hy hulle herinner aan die hulp wat hulle vaders ondervind het, hoe in die tyd van Sánherib honderd-vyf-en-tagtigduisend gesneuwel het; 2Ma 8:20 hoe in die slag teen die Galásiërs in Babel [waaraan slegs agtduisend manne van JeHûWdah en vierduisend Macedoniërs deelgeneem het] daardie agtduisend, toe die Macedoniërs in die verdrukking kom, honderd-en-twintig-duisend kon verslaan en 'n ryke buit kon bemagtig, danksy die hulp en bystand van die Hemele. 2Ma 8:21 So het hy hulle bemoedig. En hulle was bereid om hulle lewe te gee vir die Wet en hulle vaderland. Daarna het hy die leër in vier afdelings verdeel. 2Ma 8:22 Oor elke afdeling het hy een van sy broers aangestel: Simon, JôWsef en JeHôWnatan; en aan elkeen van hulle het hy die bevel oor vyftienhonderd manskappe gegee. 2Ma 8:23 Vervolgens het hy Eleásar laat voorlees uit die Boek van Apartheid, en aan hulle as strydkreet gegee: Met die hulp van die Elohim! En nadat hy self die bevel oor die eerste afdeling geneem het, het hy opgetrek teen Nikánor. 2Ma 8:24 Die Almagtige was hulle bondgenoot, en daarom het hulle meer as negeduisend vyande gedood en die grootste deel van Nikánor se leër verwond en vermink, en die hele leër op die vlug gedryf. 2Ma 8:25 Hulle het die geld geneem van die wat gekom het om hulle te koop en daarna nog taamlik ver agtervolg; maar toe die tyd 'n beswaar word, het hulle die agtervolging gestaak. 2Ma 8:26 Dit was naamlik die dag voor die Sabbat, en daarom kon hulle die vyande nie verder agtervolg nie. 2Ma 8:27 Hulle het dus die wapens en die buit van die vyande geneem en Sabbat gevier, terwyl hulle met ywer JaHWeH geloof en geprys het, omdat Hy hulle op daardie dag gered het en begin het om weer Sy Barmhartigheid te betoon. 2Ma 8:28 Na die Sabbat het hulle 'n deel van die buit gegee aan die wat vervolg is en aan die weduwees en die wese; en die res het hulle onder mekaar en hulle kinders verdeel. 2Ma 8:29 Nadat hulle dit gedoen het, het hulle gesamentlik tot die barmhartige JaHWeH gebid, en het hulle gesmeek om Hom volkome met Sy diensknegte te versoen. 2Ma 8:30 Toe het hulle slaags geraak met die soldate van Timótheüs en Bakchídes, aan wie hulle meer as twintigduisend gedood het, terwyl hulle ook die vestings op die hoogste bergtoppe oormeester het. Die oorvloedige buit het hulle gelyklik onder mekaar verdeel en onder die vervolgdes, die wese, die weduwees en die oudstes. 2Ma 8:31 Al die wapens wat hulle gebuit het, het hulle sorgvuldig op geskikte plekke opgeslaan, terwyl hulle die res van die buit na Jerusalem gebring het. 2Ma 8:32 Ook het hulle die aanvoerder van Timótheüs se soldate gedood, 'n uiters wrede man wat baie smarte oor die manne van JeHûWdah gebring het. 2Ma 8:33 En toe hulle in die vaderstad hulle oorwinningsfeeste vier, het hulle die wat die apartgestelde poorte aan die brand gesteek het saam met Kallístenes verbrand, ofskoon laasgenoemde in 'n sekere huis weggeskuil het. En so het hy sy verdiende loon gekry vir sy besoedeling. 2Ma 8:34 En die aartsbooswig, Nikánor, wat reeds duisend slawehandelaars laat kom het om die manne van JeHûWdah te koop, 2Ma 8:35 is met die hulp van JaHWeH deur hulle verneder wat hy self die diepste verag het. Hy het sy fraai uitrusting moes aflê en soos 'n gedroste slaaf op eensame paaie loop, totdat hy, volkome oorweldig deur die ondergang van sy leër, in Antiochië aangekom het. 2Ma 8:36 En hy wat belowe het om die belasting aan die Romeine te betaal uit die opbrengs van die krygsgevangenes van Jerusalem, moes nou meld dat die manne van JeHûWdah vir JaHWeH as hulle bondgenoot het en dat die manne van JeHûWdah daarom onkwetsbaar is, omdat hulle die Wet onderhou wat Hy aan hulle opgelê het. //Die einde van Antíochus Epifanes. 2Ma 9:1 OMTRENT hierdie tyd het dit gebeur dat Antíochus in wanorde uit die stede van Persië moes wegtrek. 2Ma 9:2 Hy het naamlik in die stad Persépolis binnegedring en pogings aangewend om die Tempel te plunder en die stad in sy mag te kry. Maar die volk het soos een man na die wapens gegryp en die aanval afgeslaan, sodat Antíochus, wat deur die inwoners op die vlug gedryf is, beskaam moes aftrek. 2Ma 9:3 En toe hy hom naby Ekbátana bevind het, het hy berig gekry wat met Nikánor en die soldate van Timótheüs gebeur het. 2Ma 9:4 Buite homself van woede het hy toe die plan opgevat om die skande van sy vlug op die manne van JeHûWdah te wreek, en hy het aan sy wadrywer beveel om sonder onderbreking deur te ry en 'n einde te maak aan die tog. Maar die oordeel van die Hemele het hom reeds agterhaal, want in sy vermetelheid het hy gesê: Ek sal Jerusalem 'n begraafplaas van manne van JeHûWdah maak, so gou ek daar is. 2Ma 9:5 Maar die alsiende, JaHWeH, die Elohey van JisraEl, het hom met 'n ongeneeslike en onbekende siekte geslaan; want hy het nog maar net opgehou met praat, toe 'n ondraaglike siekte in sy ingewande en vreeslike inwendige pyne hom tref. 2Ma 9:6 Dit was volkome reg teenoor hom wat ander met allerlei vreemdsoortige folteringe in hulle diepste gevoelens gekwes het. 2Ma 9:7 Tog het hy sy oormoedigheid beslis nie laat staan nie, en vol vermetelheid het hy in sy woede selfs vuur en vlam gespuug teen die manne van JeHûWdah en opdrag gegee om die tog te bespoedig. Maar terwyl sy wa teen 'n baie hoë spoed gery het, het hy skielik so ongelukkig afgeval, dat al sy ledemate ontwrig is. 2Ma 9:8 En hy wat so pas nog in onmenslike grootpraat gemeen het dat hy die golwe van die see kan beveel, en wat hom verbeel het dat hy die hoë berge met 'n weegskaal kan weeg, het daar op die grond gelê, sodat hy in 'n draagstoel vervoer moes word as 'n duidelike bewys vir almal van die Krag van Elohim; 2Ma 9:9 en dit nog wel in so 'n mate, dat wurms uit die liggaam van die besoedelde gekruip het, en sy vlees nog tydens sy lewe onder smarte en pyne tot ontbinding oorgegaan het, en die hele leër oorlas aangedoen is deur die sterk stank van sy verrotting. 2Ma 9:10 En hy hom wat 'n kort tydjie tevore nog gemeen het dat hy die Sterre van die Hemele kon gryp, kon niemand dit uithou vanweë die ondraaglike sterk stank nie. 2Ma 9:11 Maar toe het hy in sy ellende begin om sy groot vermetelheid kort te vat deur die hemelse Tugtiging het hy tot inkeer gekom, omdat hy elke oomblik erger deur die pyne gekwel is. 2Ma 9:12 En toe hy self ook die stank nie langer kon verdra nie, het hy gesê: Dit is reg dat 'n adamiet hom onderwerp aan die Elohim; en 'n sterfling moet nie dink dat hy aan JaHWeH gelyk is nie. 2Ma 9:13 En die booswig het aan JaHWeH, wat Hom nie meer oor hom sou ontferm nie 'n gelofte gedoen en gesê: 2Ma 9:14 Dat hy die vryheid sou gee aan die Stad van Apartheid waarheen hy met spoed op reis gewees het om haar met die grond gelyk te maak en in 'n begraafplaas te verander; 2Ma 9:15 dat hy die manne van JeHûWdah, wat hy nie 'n begrafnis werd geag het nie en wat hy saam met hulle kinders as voedsel vir die voëls en die wilde diere wou weggooi, almal sou gelykstel met die burgers van Athene; 2Ma 9:16 dat hy die Tempel van Apartheid, wat hy vroeër geplunder het, met die pragtigste geskenke sou versier en die gewyde gebruiksvoorwerpe oorvloedig sou vergoed, en dat hy die onkoste in verband met die bydraes sou bestry uit sy eie inkomste 2Ma 9:17 dat hy bowendien self deur die hele bewoonde wêreld sou trek om die Krag van Elohim te verkondig. 2Ma 9:18 Maar toe die pyne nie minder word nie, omdat Elohim se regverdige oordeel oor hom gevel is, en hy begin wanhoop het aan sy herstel, het hy aan die manne van JeHûWdah die volgende brief geskryf wat soos 'n smeekskrif gelyk het. Hy het verklaar: 2Ma 9:19 Antíochus, koning en veldheer, stuur baie groete aan sy uitstekende onderdane, die manne van JeHûWdah, en wens hulle gesondheid en voorspoed toe. 2Ma 9:20 As dit met julle en julle kinders goed gaan en die dinge by julle na wens is, dan is ek Elohim baie dankbaar, want ek het my hoop op die Hemele gevestig, 2Ma 9:21 terwyl ek met tere liefde dink aan julle hoogagting en welwillendheid. Op my terugreis uit die gebiede van Persië is ek deur 'n ernstige siekte oorval, en daarom ag ek dit noodsaaklik om maatreëls te tref vir die algemene veiligheid. 2Ma 9:22 Want ofskoon ek nie aan my toestand wanhoop nie, maar selfs die beste verwagtinge koester dat die siekte sal oorgaan, 2Ma 9:23 onthou ek dat my vader by geleentheid van sy veldtog in die Noordelike gebiede, sy opvolger aangewys het, 2Ma 9:24 sodat as daar onverwags iets sou gebeur het of as daar 'n gevaar sou gemeld word, die inwoners van die land dan nie ongerus sou word nie, omdat hulle weet aan wie die bestuur oorgelaat is. 2Ma 9:25 Omdat ek verder ook die feit in aanmerking neem dat die naburige vorste en die wat naby die koninkryk woon, 'n gunstige geleentheid afwag en dus die afloop in die oog hou, het ek my seun Antíochus as koning aangewys. Hom het ek reeds dikwels, wanneer ek self deur die Noordelike landstreke getrek het, by die meeste van julle met vertroue aanbeveel; en ek het hom die ingeslote brief gestuur. 2Ma 9:26 Nou doen ek dan 'n beroep op julle en ek versoek julle om daaraan te dink hoeveel goed ek julle in die algemeen en in die besonder gedoen het, en om almal die bestaande goeie gesindheid jeens my en my seun te bewaar. 2Ma 9:27 Ek is oortuig dat hy my aanwysinge met mildheid en mensliewendheid sal opvolg en met julle in 'n goeie verstandhouding sal lewe. 2Ma 9:28 En so het hierdie moordenaar en lasteraar, net soos hy dit vir ander bepaal het, onder die vreeslikste pyne in die vreemde, 'n jammerlike dood gesterf in die bergland. 2Ma 9:29 Filippus wat saam met hom groot geword het, het sy lyk begrawe en vervolgens uit vrees vir Antíochus se seun na Ptoloméüs Filométor in Egipte gevlug. //Die suiwering van die Tempel. Voortsetting van die vryheidsoorlog. 2Ma 10:1 DIE Makkabeër en sy manne het toe onder die leiding van JaHWeH sowel die Tempel as die Stad in besit geneem. 2Ma 10:2 Hulle het die altare wat die verbasterdes op die markplein opgerig het en ook hulle gewyde plekke vernietig. 2Ma 10:3 Vervolgens het hulle die Tempel gesuiwer en 'n nuwe brandoffer-altaar gebou. Uit klippe het hulle vuur geslaan, en hulle het van daardie vuur geneem en vuurbereidings opgedra na 'n onderbreking van 'n paar jaar. Ook het hulle vir die reukwerk gesorg en vir die lampe en die toonbrode. 2Ma 10:4 Toe hulle dit gedoen het, het hulle op die grond neergeval en tot JaHWeH gebid om hulle nooit weer in 'n dergelike ellende te laat beland nie, maar hulle as hulle ooit weer sou oortree, liewer met mildheid te straf, sonder om hulle oor te lewer aan die besoedelde en barbaarse nasies. 2Ma 10:5 En dit het so gebeur dat die suiwering van die Tempel op dieselfde dag plaasgevind het, waarop hy deur die verbasterdes geskend is, naamlik op die vyf-en-twintigste van die maand Kuslew. 2Ma 10:6 Met vreugde het hulle agt dae lank Fees gevier op die manier van die Fees van die Takskuilings, terwyl hulle daaraan gedink het hoe hulle 'n kort tydjie tevore die Fees van die Takskuilings gevier het, toe hulle soos wilde diere in berge en grotte geleef het. 2Ma 10:7 Daarom het hulle met klimopranke en groen takke en palms geswaai en lofliedere aangehef tot eer van Hom wat hulle toegestaan het om Sy plek te suiwer. 2Ma 10:8 En deur 'n algemene bevel en besluit het hulle vir die hele Hebreeuse volk bepaal om hierdie dae jaarliks te vier. 2Ma 10:9 Dit is dan die einde van die gebeurtenisse onder Antíochus wat Epífanes genoem is. 2Ma 10:10 En nou sal ons dan handel oor die gebeurtenisse onder Antíochus Eúpator, die seun van die wettelose, maar die eintlike oorlogsrampe sal ons slegs kortliks vermeld. 2Ma 10:11 Toe hy aan die regering kom, het hy 'n sekere Lísias, die voormalige goewerneur van Celesírië en Fenicië, as hoof van die regeringsake aangestel. 2Ma 10:12 Na al die onreg wat die manne van JeHûWdah gely het, was Ptolomeüs wat Mákron genoem word, die eerste wat sy bes gedoen het om hulle regverdig te behandel en hulle aangeleenthede op vredeliewende wyse te reël. 2Ma 10:13 Daarom is hy deur die howelinge by Eúpator aangekla, terwyl hy deur iedereen 'n verraaier genoem is, omdat hy Ciprus verlaat het wat Filométor aan hom toevertrou het, en hy later na Antíochus Epífanes oorgeloop het. Toe hy dan ook nie langer kans gesien het om sy amp op eervolle wyse te vervul nie, het hy deur vergif self 'n einde aan sy lewe gemaak. 2Ma 10:14 Górgias, wat daarna goewerneur oor die landstreke geword het, het vreemde troepe in diens geneem en voortdurend die stryd teen die manne van JeHûWdah aan die gang gehou. 2Ma 10:15 Tegelyk het die Edomiete, wat baie gunstig geleë vestings besit het, ook die manne van JeHûWdah lastig geval, terwyl hulle die vlugtelinge uit Jerusalem opgeneem het en pogings aangewend het om die oorlog voort te sit. 2Ma 10:16 Maar die Makkabeër se volgelinge het tot Elohim gebid en gesmeek om hulle Bondgenoot te wees en toe het hulle die Edomiete se vestinge bestorm. 2Ma 10:17 Hulle het met moed aangeval en die stellinge verower, terwyl hulle al die soldate op die mure teruggeslaan het en die wat in hulle hande val, gedood het. So het hulle nie minder nie as twintigduisend laat sneuwel. 2Ma 10:18 Ruim negeduisend het na die twee versterkte torings gevlug, wat goed voorsien was van alles wat vir 'n beleëring nodig is. 2Ma 10:19 Met die bedoeling om hierdie plekke te bedwing, het die Makkabeër toe Simon en JôWsef en ook Sagéüs met 'n voldoende aantal soldate agtergelaat en self verder getrek. 2Ma 10:20 Maar Simon se manne het hulle uit hebsug deur die soldate in die torings vir geld laat omkoop, en hulle het sewentigduisend dragmes aangeneem en 'n gedeelte van die vyande laat ontsnap. 2Ma 10:21 Toe die Makkabeër van hierdie gebeurtenis berig kry, het hy die leiers van die volk saamgeroep en die verraaiers daarvan beskuldig dat hulle hulle broers vir geld verkoop het, deurdat hulle die vyande teen die algemene belang laat ontsnap het. 2Ma 10:22 Hy het die verraaiers laat teregstel en terstond die twee torings aangeval. 2Ma 10:23 En omdat hy met die wapens in die hand altyd voorspoedig was, het hy in die twee versterkings meer as twintigduisend vyande gedood. 2Ma 10:24 Timótheüs, wat vroeër deur die manne van JeHûWdah verslaan is, het nou 'n groot leër van gewapende vreemdelinge en 'n aansienlike aantal ruiters uit Asië bymekaargemaak en opgetrek om JeHûWdah met wapengeweld te verower. 2Ma 10:25 By sy aankoms het die Makkabeër se aanhangers hulle toevlug tot hul Elohey geneem; hulle het stof op hulle hoofde gestrooi en hulle lendene met boeteklere omgord. 2Ma 10:26 Hulle het voor die voet van die altaar neergeval en gebid dat Hy Hom oor hulle sou ontferm en 'n vyand van hulle vyande sou wees en 'n teëstander van hulle teëstanders, soos die Wet dit sê. 2Ma 10:27 Nadat hulle gebid het, het hulle die wapens opgeneem en tot taamlik ver van die stad weggetrek. Hulle het pas stilgehou toe hulle naby die vyande aangekom het. 2Ma 10:28 Baie vroeg in die oggend is vervolgens deur albei kante tot die aanval oorgegaan; maar die een party het behalwe hulle dapperheid, ook in hulle vertroue op JaHWeH 'n waarborg van voorspoed en van die oorwinning, terwyl die ander alleen deur hulle strydlus gelei is. 2Ma 10:29 Toe die stryd baie heftig geword het, het die vyande vyf glansryke Manne op perde met goue teuels uit die Hemele sien kom, wat hulle aan die spits van die manne van JeHûWdah opgestel het. 2Ma 10:30 Twee van Hulle het vervolgens die Makkabeër tussen Hulle in geneem; en terwyl Hulle hom met Hulle eie wapens beskerm het, het Hulle hom ongeskonde bewaar. Maar Hulle het pyle en bliksems na die vyande afgeskiet, wat daardeur verblind en volkome verwar is. 2Ma 10:31 Twintigduisend-vyfhonderd van die voetvolk en seshonderd ruiters het gesneuwel. 2Ma 10:32 Timótheüs het self na die sterk vesting Géser gevlug, waar Chaíreas die bevelhebber was. 2Ma 10:33 Vol moed het die Makkabeër se manne die vesting vier dae lank beleër. 2Ma 10:34 Intussen het die beleërdes, wat op die sterkte van die vesting vertrou het, net besoedelde en wettelose taal uitgebraak. 2Ma 10:35 Maar toe die vyfde dag aanbreek, het twintig jong manne van die Makkabeër se aanhangers vanweë die lastering [teen Elohim] so toornig geword, dat hulle onverskrokke die muur bestorm het en elke teenstander wat in hulle pad was met die onstuimigheid van wilde diere neergeslaan het. 2Ma 10:36 Toe het ook die ander op die mure geklim en in hulle stryd teen die besetting die torings en die poorte aan die brand gesteek, sodat hulle die lasteraars [teen Elohim] lewendig verbrand het. Hulle het vervolgens die poorte stukkend gekap en die res van die leërmag ingelaat, en so het hulle die stad ingeneem. 2Ma 10:37 Timótheüs, wat in 'n put weggeskuil het, het hulle gedood saam met sy broer Chaíreas en Apolloánes. 2Ma 10:38 Daarna het hulle met lofsange en dankliedere JaHWeH geloof, wat groot dinge aan JisraEl gedoen het toe Hy aan hulle die oorwinning geskenk het. //Nederlaag van Lisias. Vredesverdrag met Antíochus. 2Ma 11:1 LÍSIAS, die voog en bloedverwant van die koning, het baie bekommerd oor die gebeurtenis gevoel; daarom het hy in uiters min tyd, 2Ma 11:2 omtrent tagtigduisend man en 'n volledige ruitery byeen gebring en teen die manne van JeHûWdah opgetrek, want hy was van voornemens om 'n Griekse nedersetting van die stad te maak, 2Ma 11:3 en om die Tempel, net soos al die heidense gewyde plekke, uit te buit as 'n bron van inkomste, en om die hoëpriesterskap jaarliks te koop aan te bied. 2Ma 11:4 Nie een oomblik het hy aan die Krag van Elohim gedink nie, want hy is verblind deur die tienduisende voetknegte, die duisende ruiters en die tagtig olifante. 2Ma 11:5 Hy het JeHûWdah binnegeval, en toe hy naby die sterk vesting Set-Sur aankom, wat omtrent vyf stadiums van Jerusalem geleë is, het hy haar omsingel. 2Ma 11:6 Toe die Makkabeër se manne verneem dat Lísias besig is om die vesting te beleër, het hulle saam met die volksmenigtes JaHWeH onder weeklagte en trane gesmeek om 'n goeie Boodskapper te stuur wat JisraEl sal red. 2Ma 11:7 Daarna was die Makkabeër self die eerste wat die wapens opneem, terwyl hy die ander aanvuur om saam met hom die gevare te trotseer en hulle broers te gaan help. En terstond het hulle moedig op pad gegaan. 2Ma 11:8 Hulle was egter nog nie ver van Jerusalem nie, toe aan hulle 'n Ruiter verskyn wat wit aangetrek is en goue wapens hanteer, en wat voor hulle gaan ry. 2Ma 11:9 Tegelyk het almal die Elohey van Barmhartigheid geloof, en hulle moed het so groot geword, dat hulle in staat was om nie slegs mense nie maar selfs die wildste diere en ystermure aan te gryp. 2Ma 11:10 Slagvaardig het hulle saam met die Hemelse Bondgenoot opgeruk, omdat JaHWeH Hom oor hulle ontferm het. 2Ma 11:11 Soos leeus het hulle op die vyande aangeval, van wie hulle elfduisend voetknegte en sestienhonderd ruiters laat sneuwel het; en die res het hulle nog op die vlug gedryf. 2Ma 11:12 Van hulle was die meeste nog gewondes, wat nakend weggevlug het. Lísias het self slegs deur 'n smadelike vlug ontkom. 2Ma 11:13 Maar omdat hy nie onverstandig was nie, het hy nagedink oor die nederlaag wat hy gely het; en hy het ingesien dat die manne van JeHûWdah onoorwinlik is vanweë hulle bondgenootskap met die magtige Elohim. 2Ma 11:14 Deur boodskappers het hy hulle dus daarvan oortuig dat hy op volkome billike voorwaardes vrede wil sluit en daarom ook die koning met klem sou aanraai om met hulle bevriend te word. 2Ma 11:15 Omdat die Makkabeër op die algemene welsyn bedag was, het hy alles ingewillig wat Lísias aan die hand gegee het, terwyl die koning weer in al die punte toegestem het wat die Makkabeër in 'n brief aan Lísias namens die manne van JeHûWdah voorgestel het. 2Ma 11:16 Die brief wat Lísias aan die manne van JeHûWdah geskryf het, was van die volgende inhoud: Lísias stuur groete aan die volk van JeHûWdah! 2Ma 11:17 Die afgevaardigdes JeHôWganan en Absalom het namens julle 'n ondertekende dokument oorhandig en 'n antwoord op die inhoud daarvan gevra. 2Ma 11:18 Die punte wat aan die koning voorgelê behoort te word, het ek almal aangedui; maar dit wat onder my bevoegdheid val, het ek ingewillig. 2Ma 11:19 Wanneer julle nou julle goeie gesindheid jeens die regering bewaar, sal ek my verder ook beywer dat alles reg kom. 2Ma 11:20 Sowel aan julle as aan my eie boodskappers het ek opdrag gegee om hierdie en die ander punte afsonderlik met julle te bespreek. 2Ma 11:21 Leef wel! In die jaar honderd-agt-en-veertig, die vier-en-twintigste Dístros. 2Ma 11:22 Die brief van die koning was soos volg: Koning Antíochus stuur groete aan sy broer Lísias! 2Ma 11:23 Noudat ons vader onder sy gode opgeneem is, is dit ons verlange dat die onderdane van die koninkryk hulle ongesteur met hulle eie sake kan besighou. 2Ma 11:24 Ons het verneem dat die manne van JeHûWdah nie die oorgang na die Griekse sedes goedkeur wat ons vader gelas het nie, maar die voorkeur gee aan hulle eie lewenswyse, en dat hulle daarom verlang dat hulle eie Wet erken word. 2Ma 11:25 Om hierdie rede wens ons dat hierdie volk met rus gelaat word, en ons bepaal dat die Tempel aan hulle teruggegee word en dat hulle geregeer word ooreenkomstig die gewoontes van hulle vaders. 2Ma 11:26 Jy sal dus goed doen, as jy gesante na hulle stuur en hulle die hand reik, sodat hulle ons besluit leer ken en vol goeie moed kan wees; dan kan hulle in tevredenheid hulle eie sake behartig. 2Ma 11:27 Die koning se brief aan die volk het die volgende inhoud gehad: Koning Antíochus stuur groete aan die manne van JeHûWdah se raad van oudstes en aan die ander manne van JeHûWdah! 2Ma 11:28 As dit goed gaan met julle, dan is dit juis wat ons wens. Self is ons ook goed gesond. 2Ma 11:29 Meneláüs het ons meegedeel dat julle gretig is om terug te gaan, sodat julle weer julle sake kan behartig. 2Ma 11:30 Om hierdie rede sal beskerming verleen word aan al die persone wat voor die dertigste Xántikus terugkeer. 2Ma 11:31 Verder mag die manne van JeHûWdah soos in die verlede hulle eie voorskrifte omtrent spyse en hulle eie Wet volg; en op geen enkele wyse mag iemand van hulle lastig geval word oor ou oortredinge nie. 2Ma 11:32 Ook het ek Meneláüs gestuur, om julle gerus te stel. 2Ma 11:33 Leef wel! Die vyftiende Xántikus van die jaar honderd-agt-en-veertig. 2Ma 11:34 Ook die Romeine het hulle toe 'n brief gestuur, en dit is die inhoud: Quíntus Mémmius en Títus Mánlius, gesante van die Romeine, stuur groete aan die volk van JeHûWdah! 2Ma 11:35 Wat Lísias, die bloedverwant van die koning, aan julle toegestaan het, keur ons self ook goed. 2Ma 11:36 En wat die punte betref wat na sy mening aan die koning behoort voorgelê te word, moet julle terstond iemand na ons toe stuur, nadat julle die saak eers goed oorweeg het, sodat ons 'n besluit kan neem, soos dit ons pas; want ons is reeds op pad na Antiochíë. 2Ma 11:37 Maak julle dus gou en stuur ons enkele manne, sodat ook ons kan weet hoe julle oor die saak dink. 2Ma 11:38 Leef wel! Die vyftiende Xántikus van die jaar honderd-agt-en-veertig. //Voortsetting van die stryd teen die naburige volke. 2Ma 12:1 NADAT hierdie verdrae gesluit is, het Lísias teruggegaan na die koning, terwyl die manne van JeHûWdah weer hulle plaaswerk opgeneem het. 2Ma 12:2 Maar 'n paar plaaslike leëraanvoerders, te wete Timótheüs en Apollónius, die seun van Gennaíus, en verder Hiëronimus en Démofon, en ook nog Nikánor, die goewerneur van Ciprus, het hulle nie vreedsaam en rustig laat begaan nie. 2Ma 12:3 Die inwoners van Joppe het hierdie vreeslike misdaad gedoen: Hulle het die manne van JeHûWdah wat by hulle gewoon het, uitgenooi om saam met hulle vroue en kinders op skepe te gaan wat hulle in gereedheid gebring het, asof hulle geen vyandigheid in die skild voer nie. 2Ma 12:4 Dit was 'n algemene stadsbesluit, en hulle het toegestem omdat hulle in vrede wou lewe en geen argwaan gekoester het nie. So is nie minder as tweehonderd persone in die oop see gebring, waar hulle verdrink het! 2Ma 12:5 Toe Judas berig gekry het hoe wreed sy volksgenote mishandel is, het hy dit meegedeel aan die manne wat by hom was. 2Ma 12:6 En nadat hy sy Elohey, die regverdige Regter, aangeroep het, het hy opgeruk teen die moordenaars van sy broers. In die nag het hy die hawe aan die brand gesteek en die skuite verbrand, terwyl hy die wat daar weggeskuil het, gedood het. 2Ma 12:7 Omdat die stad self toegesluit is, het hy weggetrek met die bedoeling om weer terug te keer en dan die hele bevolking van Joppe uit te roei. 2Ma 12:8 Toe hy verneem dat die inwoners van Jámnia besluit het om op dieselfde wyse te handel met die manne van JeHûWdah wat by hulle woon, 2Ma 12:9 het hy die inwoners van Jámnia in die nag oorval en hulle hawe saam met die vloot aan die brand gesteek. Die vuurgloed kon sover soos Jerusalem, op 'n afstand van tweehonderd-en-veertig stadiums, gesien word. 2Ma 12:10 Nadat hulle nege stadiums daarvan weggetrek het, omdat hulle 'n veldtog teen Timótheüs begin het, het die Arabiere hulle met 'n strydmag van nie minder nie as vyfduisend voetknegte en vyfhonderd ruiters aangeval. 2Ma 12:11 In 'n hewige geveg het Judas se manne met die hulp van Elohim die oorwinning behaal, en die verslane nomade het Judas om vrede gevra en belowe om hulle vee te gee en in al die ander behoeftes behulpsaam te wees. 2Ma 12:12 Omdat Judas gemeen het dat hulle werklik in baie opsigte nuttig kon wees, het hy toegestaan om vrede met hulle te sluit; en nadat hulle mekaar die hand gereik het, het hulle na hulle tente teruggegaan. 2Ma 12:13 Daarna het hy 'n stad, met name Kaspin, aangeval wat met skanse versterk en rondom met mure omring is, en waar groepe van allerlei nasies gewoon het. 2Ma 12:14 Die inwoners het egter op die sterkte van die mure en die voorraad lewensmiddele vertrou, en daarom het hulle op 'n baie onbeskaamde wyse die manne van Judas uitgedaag en beskimp, terwyl hulle verder besoedelde spraak en onbehoorlike taal gepraat het. 2Ma 12:15 Toe het Judas se manne die Magtige Majesteit van die heelal aangeroep, wat in die dae van JeHôWshua sonder stormram of oorlogswerktuie Jerigo omvergewerp het; en onverskrokke het hulle die mure bestorm. 2Ma 12:16 Omdat dit die wil van Elohim was, het hulle die stad ingeneem. En hulle het so 'n onbeskryflike slagting aangerig, dat dit gelyk het of die nabygeleë meer, wat twee stadiums breed is, met bloed gevul is. 2Ma 12:17 Vandaar het hulle sewehonderd-en-vyftig stadiums verder getrek en in Charaka aangekom by die manne van JeHûWdah in Toebini. 2Ma 12:18 Tog het hulle in hierdie streke nie vir Timótheus gekry nie, want hy het onverrigtersake daarvandaan getrek, nadat hy op een plek 'n sterk besetting agtergelaat het. 2Ma 12:19 Twee van die Makkabeër se aanvoerders, Dositéüs en Sosípatros, het toe op pad gegaan en die soldate wat deur Timótheüs in die vesting agtergelaat is, uitgeroei. 2Ma 12:20 Toe het die Makkabeër sy leër in twee groepe verdeel en hulle oor een deel aangestel; daarna het hy teen Timótheüs opgetrek, wat honderd-en-twintigduisend voetknegte en tweeduisend-vyfhonderd ruiters by hom gehad het. 2Ma 12:21 Toe Timótheüs berig kry van Judas se opmars, het hy die vroue en kinders en ook die bagasie vooruitgestuur na 'n plek wat Karnion genoem word, omdat sy moeilik verower en bereik kan word vanweë al die nou bergpasse. 2Ma 12:22 Maar toe die vyande die eerste afdeling van Judas se leër sien, het die verskyning van die Oë [van JaHWeH] hulle so 'n vrees en angs ingeboesem, dat hulle op die vlug geslaan het. En omdat hulle na alle kante tegelyk weggehardloop het, is hulle dikwels deur hulle eie mense verwond en met die skerpte van die swaarde deursteek. [Openbaring 5:6] 2Ma 12:23 Judas het hulle vervolgens baie kragtig agtervolg en die booswigte afgemaai, sodat omtrent dertigdui-send man omgekom het. 2Ma 12:24 Timótheüs is self deur die manskappe van Dositéüs en Sosípatros gevange geneem, vir wie hy om lewensbehoud gesmeek het. Op baie listige wyse het hy dit laat voorkom of hy van sommige die ouers en van ander die broers in sy mag gehou het, en dat hulle 'n teleurstelling kon verwag as hy sou sneuwel. 2Ma 12:25 Nadat hy sy woord gegee en uitdruklik verseker het dat hy hulle ongedeerd sou laat gaan, het hulle hom vrygelaat om hulle broers te red. 2Ma 12:26 Daarna het Judas Karnion en die tempelgebied van Atergatis aangeval en vyf-en-twintigduisend man om die lewe gebring. 2Ma 12:27 Toe hy hierdie plekke ingeneem en verwoes het, het hy teen die versterkte stad Efron opgeruk, waar Lísias en 'n bont menigte uit allerlei nasies gewoon het. Voor die mure het fris jong manne op pos gestaan en dapper gestry, terwyl hulle in die stad self die beskikking gehad het oor 'n groot aantal oorlogswerktuie en katapulte. 2Ma 12:28 Maar die manne van JeHûWdah het die Meester aangeroep, wat met geweld die krag van die vyande vernietig het; en hulle het die stad in die hande gekry en omtrent vyf-en-twintigduisend inwoners gedood. 2Ma 12:29 Daarvandaan het hulle weggetrek en na Skitópolis opgeruk, wat seshonderd stadiums van Jerusalem geleë is. 2Ma 12:30 Maar die manne van JeHûWdah wat daar gewoon het, het verklaar dat die burgers van Skitópolis altyd baie goedgesind jeens hulle was en hulle in moeilike tye goed behandel het. 2Ma 12:31 Hulle het die burgers daarvoor hulle dank betoon met die versoek om ook in die toekoms welwillend jeens die volk te wees. Daarna het hulle na Jerusalem teruggekeer, omdat die Fees van die Weke naby gewees het. 2Ma 12:32 Na die Pinksterfees het hulle weer te velde getrek teen Górgias, die aanvoerder van die Edomiete. 2Ma 12:33 Hy het hulle tegemoet gegaan met drieduisend voetknegte en vierhonderd ruiters. 2Ma 12:34 Nadat hulle slaags geraak het, het dit egter gebeur dat 'n paar manne van JeHûWdah gesneuwel het. 2Ma 12:35 Toe het een van Bakénor se manskappe, met name Dositéüs, wat 'n besonder goeie ruiter was, kans gesien om Górgias se mantel vas te gryp. En terwyl hy besig was om hom met geweld weg te voer [want hy wou die booswig lewendig vang], het een van die Traciese ruiters hom aangeval en sy arm afgeslaan. So het Górgias na Marésa kon ontsnap. 2Ma 12:36 Maar toe ook die soldate van Esdris deur die langdurige stryd uitgeput raak, het Judas tot JaHWeH gebid om hulle Bondgenoot en Leier in die oorlog te wees. 2Ma 12:37 Vervolgens het hy in sy moedertaal 'n strydlied aangehef en onverwags op Górgias se soldate losgestorm en hulle op die vlug gedryf. 2Ma 12:38 Daarna het Judas sy leër versamel en na die stad Adúllam gegaan, maar omdat die sewende dag op hande was, het hulle hulleself ooreenkomstig die gewoonte gewas en daar Sabbat gehou. 2Ma 12:39 Die volgende dag het Judas se manne, omdat dit hoog tyd geword het, uitgegaan om die lyke van die gesneuweldes te haal en hulle by hulle bloedverwante in die grafte van hulle vaders te begrawe. 2Ma 12:40 Maar onder die klere van elke gesneuwelde soldaat het hulle amulette ontdek van die idole van Jámnia, terwyl dit deur die Wet aan die manne van JeHûWdah verbied is. Vir almal het dit toe duidelik gewees om watter rede hulle omgekom het. 2Ma 12:41 Hulle almal het JaHWeH, die regverdige Regter, geloof omdat Hy die verborge dinge openbaar maak. 2Ma 12:42 Daarna het hulle gaan bid, en hulle het gesmeek dat die oortreding wat gedoen is, volledig sou vergewe word. En die edele Judas het die volk vermaan om hulle van oortreding te vrywaar, want hulle het nou met hulle eie oë kon aanskou watter dinge aan die gesneuweldes vanweë die oortreding oorkom het. 2Ma 12:43 Ook het hy onder die manne deur 'n geldinsameling tweeduisend dragmes bymekaar gemaak, en hy het dit na Jerusalem gestuur om 'n versoeningsbydrae vir die oortreding op te dra. Dit was 'n besonder mooi en edele daad, omdat hy aan die wederopstanding gedink het. 2Ma 12:44 Want as hy nie verwag het dat die gestorwenes weer sal verrys nie, sou dit nutteloos en onverstandig gewees het om vir die oorledenes te bid. 2Ma 12:45 Verder het hy ook oorweeg dat vir die wat vroom ontslaap het, 'n glansryke beloning wag. Inderdaad 'n spesiale en vrome gedagte. En om hierdie rede het hy vir die oorledenes 'n versoeningsbydrae laat opdra, sodat hulle van hulle oortreding verlos mag word. //Verdere oorwinnings van Judas. Vredesverdrag met Antíochus. 2Ma 13:1 IN die jaar honderd-nege-en-veertig het die aanhangers van Judas berig gekry dat Antíochus Eúpator met 'n menigte manskappe teen JeHûWdah opruk, 2Ma 13:2 en dat Lísias, sy voog en regeringshoof, hom vergesel. Hulle het die bevel gevoer oor 'n Griekse leër van honderd-en-tienduisend voetknegte, vyfduisend-driehonderd ruiters, twee-en-twintig olifante en driehonderd strydwaens met sense. 2Ma 13:3 Ook Meneláüs het hom by hulle aangesluit en het deur sy herhaalde huigelary Antíochus nog opgestook; want hy was nie op die redding van sy vaderland bedag nie maar om in sy amp herstel te word. 2Ma 13:4 Maar die Koning van die konings het Antíochus se toorn teen die booswig opgewek, en toe Lísias nog die bewys lewer dat hy die oorsaak van al die moeilikhede is, het Antíochus opdrag gegee om hom na Berea te bring en daar volgens die plaaslike gebruik tereg te stel. 2Ma 13:5 Daar staan naamlik 'n toring van vyftig voorarm wat vol as is, en wat voorsien is van 'n draaibare werktuig wat aan alle kante steil na die as lei. 2Ma 13:6 Diegene wat hom nou aan tempelroof of enige ander swaar misdaad skuldig gemaak het, is daar in die teenwoordigheid van almal in die verderf gestort. 2Ma 13:7 Dit was dan ook die wettelose Meneláüs se lot om op hierdie wyse om te kom sonder om 'n graf in die grond te kry. 2Ma 13:8 En volkome tereg; want hy het so baie oortredinge teen die altaar gedoen, waarvan die vuur en die as gewyd is, dat hy sy dood in die as moes vind. 2Ma 13:9 Intussen het die koning opgeruk met die barbaarse plan om die manne van JeHûWdah nog erger te mishandel as wat onder sy vader die geval gewees het. 2Ma 13:10 Toe Judas hiervan berig gekry het, het hy die volk laat weet om bedags en snags na JaHWeH te roep, dat Hy ook nou, net soos by vroeër geleenthede, die te hulp sou kom wat op die punt staan om die Wet, die vaderland en die Tempel van Apartheid te verloor; 2Ma 13:11 en dat Hy nie sou toestaan dat die volk, wat nog slegs kortliks herstel het, opnuut in die hande van die wettelose nasies val nie. 2Ma 13:12 Eensgesind het hulle dit almal gedoen; en met weeklagte en vas en op hulle knieë het hulle die barmhartige JaHWeH drie dae lank sonder onderbreking gesmeek. Intussen het Judas hulle moed ingespreek; daarna het hy hulle beveel om hulle gereed te maak. 2Ma 13:13 In oorleg met die oudstes het hy toe besluit om op te ruk en met die hulp van Elohim die saak te beslis, voordat die leër van die koning in JeHûWdah val en die stad inneem. 2Ma 13:14 En terwyl hy die afloop aan die Skepper van die Aarde oorgelaat het, het hy sy manne aangespoor om dapper tot die dood te stry vir die Wet, die Tempel, die Stad, die vaderland en die staat. Daarna het hy naby Modin laer getrek. 2Ma 13:15 Aan sy manne het hy as wagwoord gegee: "Die oorwinning kom van die Elohim". Vervolgens het hy die dapperste jong manne uitgekies en 'n nagtelike aanval gedoen op die koninklike tent, waarby hy tweeduisend man in die laer neergeslaan het en selfs die grootste olifant saam met sy oppasser gedood het. 2Ma 13:16 Oplaas het hulle die hele laer in vrees en verwarring gebring en voorspoedig teruggetrek. 2Ma 13:17 Dit het gebeur toe dit al dag begin word het, omdat JaHWeH hom met Sy beskerming te hulp gekom het. 2Ma 13:18 Omdat die koning 'n voorsmaak van die manne van JeHûWdah se vasberadenheid gekry het, het hy pogings aangewend om die plekke deur lis in die hande te kry. 2Ma 13:19 Hy het die sterk Hebreeuse vesting Bet-Sur aangeval, maar is afgeslaan; hy het opnuut gestorm, maar weer gefaal. 2Ma 13:20 Intussen het Judas aan die inwoners gestuur wat hulle nodig het. 2Ma 13:21 Maar Rodokus, een van die Hebreeuse soldate, het die geheim aan die vyande verraai; hy is egter betrap, gevang en opgesluit. 2Ma 13:22 Toe het die koning opnuut onderhandelinge gevoer met die inwoners van Bet-Sur en vredesvoorstelle gedoen, wat aangeneem is. Daarna het hy weggetrek en het hy Judas se leër aangeval; maar hy het verloor. 2Ma 13:23 Nadat hy vervolgens berig gekry het dat Filippus, wat hy in Antiochië as bestuurder agtergelaat het, in opstand gekom het, het hy in sy verwarring 'n beroep gedoen op die manne van JeHûWdah. Hy was baie toegewend en het met 'n eed tot al hulle regmatige begeertes ingewillig. Hy het hom met hulle versoen en selfs 'n aanbieding laat opdra, terwyl hy jeens die Tempel sy eerbied betoon het en hom vriendelik teenoor die stad gedra het. 2Ma 13:24 Hy het ook die Makkabeër ontvang en hom as sy goewerneur aangestel oor die gebied van Ptolemáïs tot Gerar. 2Ma 13:25 Daarna het hy na Ptolemáïs vertrek. Maar die inwoners van hierdie stad was ontevrede oor die verdrag, want hulle het hulle vererg oor die bepalinge en wou dat hulle sou herroep word. 2Ma 13:26 Lísias het toe op die spreekgestoelte geklim en met ywer die saak verdedig. Hy het hulle met kalmerende woorde tot ander gedagtes gebring en tevrede gestel. Daarna het hy na Antiochië teruggekeer. So het die opmars en terugtog van die koning verloop. //Judas se stryd teen Demétrius. 2Ma 14:1 DRIE jaar later het Judas se aanhangers verneem dat Demétrius, die seun van Seleúkus, met 'n sterk leër en 'n vloot uit die hawe van Trípolis weg gevaar het, 2Ma 14:2 en dat hy die land in besit geneem het, nadat hy Antíochus en sy voog Lísias om die lewe gebring het. 2Ma 14:3 Daar was toe 'n sekere Alkimus, 'n voormalige hoëpriester, wat hom in die tyd van die vyandelikhede uit eie beweging besoedel het omdat hy ingesien het dat daar vir hom op geen enkele wyse nog Verlossing of toegang tot die altaar van Apartheid sou wees nie. 2Ma 14:4 In die jaar honderd-een-en-vyftig het hy dan ook na koning Demétrius gegaan en vir hom 'n goue krans en palmtak gebring, en verder ook nog die gebruiklike tempeltakke. Origens het hy hom daardie dag nog rustig gehou. 2Ma 14:5 Maar hy het sy kans gekry om sy misdadige plan uit te voer, toe Demétrius hom na 'n vergadering uitnooi en hom omtrent die stemming en planne van die manne van JeHûWdah ondervra. Hy het daarop geantwoord: 2Ma 14:6 Die manne van JeHûWdah wat Assideërs genoem word en onder die leiding van Judas die Makkabeër staan, is oorlogsugtig en soek opstand, en hulle gee die koninkryk nie die geleentheid om tot rus te kom nie. 2Ma 14:7 Om hierdie rede het ek my erflike waardigheid [ek bedoel die hoëpriesterskap] verloor en nou hierheen gekom: 2Ma 14:8 Eerstens uit opregte bekommernis oor die regte van die koning, vervolgens omdat ek die welsyn van my medeburgers op die hart dra; want deur die dwaasheid van die strewers ly ons hele volk baie skade. 2Ma 14:9 Koning, laat u omtrent al hierdie dinge voorlig, en neem u dan vir ons verdrukte land en volk maatreëls ooreenkomstig die welwillendheid wat u aan elkeen betoon. 2Ma 14:10 Want so lank soos Judas lewe, is dit onmoontlik dat die staat tot rus kom. 2Ma 14:11 Nadat hy hierdie woorde gesê het, het die ander vertrouelinge wat Judas vyandig gesind was, Demétrius nog feller opgestook. 2Ma 14:12 Hy het daarom terstond Nikánor, 'n voormalige hoofman oor die olifante, laat kom en hom as bevelhebber aangestel en na JeHûWdah gestuur. 2Ma 14:13 Daarby het hy hom opdrag gegee om Judas om die lewe te bring, sy aanhangers uitmekaar te ja en Alkimus as hoëpriester van die verhewe Tempel aan te stel. 2Ma 14:14 AI die nasies wat vanweë Judas uit JeHûWdah weggevlug het, het hulle nou groepsgewys by Nikánor aangesluit, omdat hulle gereken het dat die manne van JeHûWdah se rampe en teenspoed vir hulleself seën [voorspoed] sou bring. 2Ma 14:15 By die berig van Nikánor se opmars en die nasies se vyandigheid het die manne van JeHûWdah stof op hulle hoofde gestrooi en Hom gesmeek wat Sy volk vir ewig gevestig het en wat altyd Sy Erfdeel sigbaar beskerm. 2Ma 14:16 Op bevel van hulle aanvoerder het hulle vervolgens met spoed opgeruk en naby die dorp Dessaöe die vyande aangetref. 2Ma 14:17 Simon, die broer van Judas, het met Nikánor slaags geraak, maar vanweë die skielike verskyning van sy teëstanders is hy met traagheid en verstomming geslaan. 2Ma 14:18 Tog het Nikánor dit nie gewaag om die beslissing deur bloedvergieting deur te druk nie, omdat hy gehoor het hoe groot die moed en dapperheid van Judas se manne is in die stryd vir hulle vaderland. 2Ma 14:19 Hy het daarom Posidónius, Teodótus en Mattatías gestuur om oor die vrede te onderhandel. 2Ma 14:20 Na taamlik langdurige besprekings het die aanvoerder sy manne mededeling gedoen omtrent die toestand, en hulle het die ooreenkoms met algemene stemme goedgekeur. 2Ma 14:21 Verder het hulle 'n dag vasgestel waarop hulle mekaar persoonlik sou ontmoet. Van albei kante het 'n strydwa voorgery, en setels is gereedgesit. 2Ma 14:22 Judas het nog op verskeie gunstige plekke gewapende manne geplaas vir ingeval die vyande skielik verraad sou pleeg, maar die onderhandelinge het sonder onenigheid verloop. 2Ma 14:23 Nikánor het verder Jerusalem besoek en daar geen onbehoorlike dinge gedoen nie; hy het selfs die manskappe afgedank wat hulle in groepe by hom aangesluit het. 2Ma 14:24 Hy het ook voortdurend Judas se geselskap gesoek, want hy het baie aangetrokke gevoel. 2Ma 14:25 En toe hy hom aanraai om te trou en 'n nageslag te verwerf, het Judas inderdaad getrou; hy was geseënd en het die lewe geniet. 2Ma 14:26 Alkimus het hierdie wedersydse vriendskap opgemerk, en nadat hy hom op hoogte gestel het van die verdrae wat hulle gesluit het, het hy na Demétrius gegaan en Nikánor van hoogverraad beskuldig, omdat hy Judas, die belaer van die koninkryk, as sy opvolger aangewys het. 2Ma 14:27 Die koning het woedend geword en omdat hy deur die booswig se lasterpraatjies opgestook is, het hy Nikánor 'n brief geskryf en vir hom laat weet dat hy die verdrae nie goedkeur nie. Ook het hy hom beveel om die Makkabeër so gou moontlik in boeie na Antiochië te stuur. 2Ma 14:28 Hierdie feite het Nikánor baie verontrus, en dit het hom swaar geval om die ooreenkomste te skend, omdat Judas geen onreg gepleeg het nie. 2Ma 14:29 Maar omdat dit ook nie moontlik was om hom teen die koning te verset nie, het hy op 'n goeie geleentheid gewag om die opdrag langs 'n ompad uit te voer. 2Ma 14:30 Toe die Makkabeër egter merk dat Nikánor hom koeler begin behandel en by die gereelde samekomste selfs taamlik terughoudend word, het hy begryp dat die koelheid geen goed voorspel nie. Daarom het hy 'n aan-sienlike getal aanhangers versamel en weggeskuil vir Nikánor. 2Ma 14:31 Toe laasgenoemde insien dat hy deur Judas se kragtige optrede uitoorlê is, het hy na die verhewe Tempel van Apartheid gegaan op die tyd dat die priesters die voorgeskrewe bydraes opdra, en hy het geëis om hom uit te lewer. 2Ma 14:32 Maar hulle het gesweer dat hulle nie weet waar die bewuste persoon is nie. 2Ma 14:33 Toe het hy sy regterhand teen die Tempel opgehef en gesweer: As julle Judas nie geboei aan my uitlewer nie, sal ek hierdie plek van Elohim met die grond gelykmaak en die brandoffer-altaar afbreek en op dieselfde plek dan 'n pragtige tempel vir Dionysos bou. 2Ma 14:34 Na hierdie dreigwoorde het hy weggegaan. En die priesters het hulle hande na die Hemele uitgestrek en Hom gesmeek wat in alle omstandighede vir ons volk stry, en hulle het gesê: 2Ma 14:35 JaHWeH, onafhanklik heers U oor die heelal, maar nietemin is dit U wil om 'n Tempel te hê waarin U onder ons woon. 2Ma 14:36 O Aparte Een, JaHWeH van die Apartheid, vrywaar U hierdie woning wat onlangs gesuiwer is dus van ontering tot in ewigheid! 2Ma 14:37 Ráges, een van die oudstes in Jerusalem, is toe by Nikánor aangekla. Hy was 'n man wat sy medeburgers liefgehad en baie gunstig bekendgestaan het; vanweë sy goedgeaardheid is hy selfs vader van die manne van JeHûWdah genoem. 2Ma 14:38 Reeds tydens die vroegste vyandelikhede het hy die saak van JisraEl verdedig, terwyl hy deur sy ywer sy liggaam en siel vir JisraEl op die spel gesit het. 2Ma 14:39 Maar omdat Nikánor 'n duidelike voorbeeld wou gee van sy afkeer van die manne van JeHûWdah, het hy meer as vyfhonderd soldate gestuur om hom gevange te neem; 2Ma 14:40 want hy het verwag dat sy gevangeneming hulle groot skade sou berokken. 2Ma 14:41 Maar toe die troepe op die punt staan om sy versterkte woning te oorweldig, en hy rondom ingesluit is [want hulle was reeds besig om die hoofingang oop te breek en het vuur laat bring om die deure aan die brand te steek], het hy homself met sy swaard deursteek. 2Ma 14:42 Hy het liewer eervol wou sterf as om in die hande te val van die booswigte, wat hom sou mishandel op 'n manier wat teenstrydig was met sy edele afkoms. 2Ma 14:43 Vanweë die haastigheid waarmee hy gehandel het [want die troepe het reeds deur die deure binnegedring], was die wond minder geslaagd. Hy het daarom onverskrokke op die muur geklim en homself vol moed op die menigte onder laat val. 2Ma 14:44 Maar hulle het haastig teruggewyk, sodat daar 'n oop ruimte ontstaan het, en hy in die midde daarvan tereggekom het. 2Ma 14:45 Tog het hy nog geleef; en terwyl die bloed in strome uit sy smartlike wonde gevloei het, het hy in brandende toorn opgespring, deur die menigte weggehardloop en op 'n steil rots gaan staan. 2Ma 14:46 Reeds volkome leeggebloei, het hy sy ingewande uitgeruk en met albei hande na die troepe gegooi. En nadat hy JaHWeH van lewe en gees nog gesmeek het om hom dit weer terug te gee, het hy gesterf. //Die stryd teen Nikánor. 2Ma 15:1 TOE Nikánor verneem het dat die troepe van Judas hulle in die gebied van Samaría bevind, het hy besluit om hulle in alle sekerheid op die rusdag aan te val. 2Ma 15:2 Maar die manne van JeHûWdah, wat gedwing is om met hom saam te gaan, het gesê: Moenie hulle op so 'n wrede en barbaarse wyse om die lewe bring nie. Eerbiedig die Dag wat die Alsiende in Sy Apartheid van die ou tyd af, reeds apart verklaar het. 2Ma 15:3 Maar die aartsbooswig het gevra of daar in die Hemele soms 'n Meester is, wat beveel het om die Sabbatdag te vier. 2Ma 15:4 En daarop het hulle geantwoord: JaHWeH, wat in die Hemele leef, is my Meester wat Self beveel het om die sewende dag te eerbiedig. 2Ma 15:5 Maar die ander het verklaar: En ek is op die Aarde die meester wat beveel om die wapens op te neem en die belange van die koning te behartig. Tog het hy nie daarin geslaag om sy gruwelike plan uit te voer nie. 2Ma 15:6 Met al sy hoogmoedige grootspraak het Nikánor ook reeds laat weet dat hy 'n openbare gedenkteken van sy oorwinning op Judas se troepe gaan oprig. 2Ma 15:7 Maar die Makkabeër het vasberade sy volk se vertroue in die Hulp van JaHWeH gestel. 2Ma 15:8 Daarom het hy sy volgelinge aangespoor om nie bang te wees vir die aanval van die nasies nie, maar om daaraan te dink hoe hulle vroeër deur die Hemele gehelp is en om dus vas te reken op die oorwinning wat die Almagtige sekerlik aan hulle sal gee. 2Ma 15:9 Hy het hulle moed ingespreek uit die Wet en die Profete; en hy het hulle strydlus aangevuur deur die gevegte wat hulle vroeër belewe het, in hulle herinnering op te roep. 2Ma 15:10 Met sy boodskap het hy verder ook hulle toorn opgewek, deur te wys op die nasies se troueloosheid en hulle eedskending. 2Ma 15:11 Toe hy elkeen van hulle gewapen het, nie met 'n vertroue op skilde en spiese nie, maar met die bemoediging van sy uitstekende woorde, het hy ook nog 'n geloofwaardige droom meegedeel, waardeur hy hulle almal werklik geesdriftig gemaak het. 2Ma 15:12 Dit was dan die droomgesig: Hy het die voormalige hoëpriester Onías gesien, 'n edele en goedaardige man, beskeie in die omgang, vriendelik van karakter, wat altyd met waardigheid gespreek het en sedert sy kinderjare in elke vorm van deug geoefen is. Hy het met uitgestrekte hande vir die hele Hebreeuse volk gebid. 2Ma 15:13 Daarna het op dieselfde wyse 'n ander Man verskyn met grys hare en 'n eerbiedwaardige voorkoms, terwyl rondom sy persoon 'n wonderlike en glansryke glans gestraal het. 2Ma 15:14 Toe het Onías begin praat, wat sê: Hier is nou 'n Man wat sy broers liefhet en baie bid vir die volk en die Stad van Apartheid; hy is JermíJaHûW, die profeet van Elohim. 2Ma 15:15 Vervolgens het JermíJaHûW sy hand uitgestrek en aan Judas 'n goue swaard gegee. En terwyl hy haar oorhandig, het hy gesê: 2Ma 15:16 Ontvang hierdie swaard as 'n geskenk van Elohim. Met haar sal jy die vyande vernietig. 2Ma 15:17 Hierdie pragtige verhaal van Judas het hulle besiel en was besonder geskik om die moed aan te wakker en die harte van die jong manne te versterk. Hulle het dan ook besluit om nie laer te trek nie maar om terstond met onverskrokkenheid aan te val en met die inspanning van al hulle kragte 'n beslissende slag te lewer, want daar het gevaar gedreig vir die Stad, die geloof en die Tempel. 2Ma 15:18 Hulle het hulle naamlik minder bekommer oor hulle vroue en kinders, hulle broers en verwante; hulle grootste en eerste sorg was vir die Tempel van Apartheid. 2Ma 15:19 Tog het die wat in die Stad agtergebly het, dodelik verontrus gewees oor hierdie aanval in die oop veld. 2Ma 15:20 Met spanning het hulle die koms van die beslissing afgewag. Want die vyande het hulle reeds saamgetrek en die leër in slagorde opgestel, die olifante op die gunstige plekke ingedeel en die ruitery oor die vleuels verdeel. 2Ma 15:21 Toe die Makkabeër die troepemagte met allerlei wapens en oorlogswerktuie en wilde diere sien verskyn, het hy sy hande na die Hemele uitgestrek en geroep na JaHWeH, wat wonders werk. Want hy het geweet dat die oorwinning nie deur die wapens beslis word nie, maar dat JaHWeH dit skenk aan die wat Hy dit werd ag. 2Ma 15:22 Hy het die volgende gebed gebid: JaHWeH, U het onder die regering van JegiskiJaHûW, die koning van JeHûWdah, U Boodskapper gestuur wat in die laer van Sánherib honderd-vyf-en-tagtigduisend man gedood het. 2Ma 15:23 Majesteit van die Hemele, stuur U ook nou 'n goeie Boodskapper vooruit om vir ons skrik en verwarring te versprei. 2Ma 15:24 Laat hulle wat met laster [teen Elohim] teen U volk van Apartheid opruk, verpletter word deur die Krag van U Arm. En met hierdie woorde het hy opgeruk. 2Ma 15:25 Nikánor se troepe het egter vorentoe gekom onder trompetgeskal en krygsliedere. 2Ma 15:26 So het Judas se manne dan onder aanroepinge en gebede slaags geraak met hulle vyande. 2Ma 15:27 En terwyl hulle met hulle hande veg, maar met hulle harte tot hul Elohey bid, het hulle ruim vyf-en-dertigduisend vyande gedood, sodat hulle op 'n besondere wyse die sigbare Krag van die Elohim geniet het. 2Ma 15:28 Toe hulle na die afloop van die veldslag vol vreugde ophou, het hulle Nikánor herken, wat in sy volledige wapenrusting geval het. 2Ma 15:29 Hierdie feit is gevolg deur 'n algemene gejuig en uitgelatenheid, en in hulle moedertaal het hulle 'n lofsang vir JaHWeH aangehef. 2Ma 15:30 Judas, wat volkome met liggaam en siel vir sy medeburgers in die bres getree het en wat sedert sy kinderjare trou die liefde vir sy volksgenote bewaar het, het toe bevel gegee om Nikánor se hoof en sy hand saam met die arm af te slaan en na Jerusalem te bring. 2Ma 15:31 En toe hy self daar aangekom het, het hy sy volksgenote saamgeroep en die priesters voor die altaar laat plaasneem, terwyl hy ook die soldate van die bergvesting uitgenooi het. 2Ma 15:32 Toe het hy aan hulle die hoof van die boosdoener Nikánor gewys en die hand, wat die lasteraar vol trots teen die Apartheidsplek van die Almagtige opgehef het. 2Ma 15:33 Verder het hy opdrag gegee om die tong van die boosaardige Nikánor uit te sny en in stukke aan die voëls te gee, terwyl hy die hand wat in dwaasheid gehandel het, teenoor die Apartheidsplek opgehang het. 2Ma 15:34 Ook het hulle almal hulle lofprysinge na die Hemele gestuur en JaHWeH, wat Hom aan hulle geopenbaar het, geloof en gesê: Geloofd sy Hy, wat Sy woning ongeskonde bewaar het! 2Ma 15:35 Daarna het hy die hoof van Nikánor aan die bergvesting gehang as 'n duidelike en sigbare teken vir almal, van JaHWeH se hulp. 2Ma 15:36 En met algemene stemme het hulle besluit om hierdie dag nie onopgemerk te laat verbygaan nie, maar om dit een dag voor die Mórdegaifees, op die dertiende dag van die twaalfde maand, wat in Siries Adar genoem word, te herdenk. //Slotwoord van die skrywer. 2Ma 15:37 DIT is die einde van Nikónor se geskiedenis. En omdat die manne van JeHûWdah sedert daardie tye die Stad in hulle mag gehou het, eindig ek hiermee ook my verhaal. 2Ma 15:38 As die samevatting goed en raak is, dan het ek in my opset geslaag; as dit swak en middelmatig is, is dit al wat ek kon bereik. 2Ma 15:39 Want net soos dit onjuis is om uitsluitlik wyn te drink, en alleen water ook 'n verkeerde ding is, terwyl wyn wat met water vermeng is, aangenaam is en 'n genoeglike bevrediging skenk, so is ook in 'n Boekrol die verbinding van die stof en die styl 'n genot vir die wat dit lees. En dit is dan die einde. // // //Die Wysheid //Boekrol van die Psalms // //NOTA: In hierdie boekrol van die Psalms kom die opskrifte, soos hier weergegee, in die oorspronklike teks voor. Behalwe waar dit hier kleiner gedruk is. // Psa 1:1 GESEËND is die man wat nie wandel in die raad van die besoedelde en nie staan op die weg van die oortreders en nie sit in die kring van die spotters nie; Psa 1:2 maar sy behae is in die Wet van JaHWeH, en hy oordink Sy Wet dag en nag. Psa 1:3 En hy sal wees soos 'n Boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit. Psa 1:4 So is die besoedelde mense nie, maar soos kaf wat die wind verstrooi. Psa 1:5 Daarom sal die besoedeldes nie standhou in die Reg en die oortreders in die vergadering van die regverdiges nie. Psa 1:6 Want JaHWeH ken die Weg van die regverdiges, maar die weg van die besoedeldes sal vergaan. Psa 2:1 WAAROM woel die nasies en bedink die gemeenskappe nietige dinge? Psa 2:2 Die konings van die Aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen JaHWeH en teen Sy Gesalfde [en sê]: Psa 2:3 Laat ons Hulle bande stukkend ruk en Hulle toue van ons afwerp! Psa 2:4 Hy wat in die Hemele woon, lag; My Meester spot met hulle. Psa 2:5 Dan sal Hy hulle aanspreek in Sy Toorn, en Sy brandende Woede sal hulle verskrik: Psa 2:6 Ek tog het My Koning gesalf oor Sion, [die] Berg van My Apartheid. Psa 2:7 Ek wil vertel van die besluit: JaHWeH het aan My gesê: U is MY Seun, vandag het EK U gegenereer. Psa 2:8 Eis van My, en Ek wil nasies gee as U Erfdeel en die eindes van die Aarde as U besitting. Psa 2:9 U sal hulle verpletter met 'n Septer van Yster, U sal hulle stukkend slaan soos 'n erdepot. Psa 2:10 Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die Aarde! Psa 2:11 Dien JaHWeH met vrees, en juig met bewing. Psa 2:12 Bewapen jou met die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die Weg vergaan nie; want gou kan Sy Toorn ontvlam. Geseënd is almal wat by Hom skuil! //'n Psalm van Dawid toe hy gevlug het vir sy seun Absalom. Psa 3:1 O JaHWeH, hoe het my teëstanders vermenigvuldig! Baie staan teen my op. Psa 3:2 Baie sê van my: Daar is geen Verlossing vir hom by Elohim nie. Sela. Psa 3:3 Maar U, JaHWeH, is 'n Skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef. Psa 3:4 Luid roep ek JaHWeH aan, en Hy verhoor my uit die Berg van Sy Apartheid. Sela. Psa 3:5 Ek het gaan lê en aan die slaap geraak; ek het wakker geword, want JaHWeH ondersteun my. Psa 3:6 Ek sal nie vrees vir tienduisende van mense wat rondom teen my gereed staan nie. Psa 3:7 Staan op, JaHWeH; verlos my, my Elohey! Want U het al my vyande op die kakebeen geslaan; U het die tande van die besoedelde stukkend gebreek. Psa 3:8 Die Verlossing behoort aan JaHWeH; laat U seën wees oor U volk! Sela. //Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm van Dawid. Psa 4:1 AS Ek roep, verhoor My, o Elohey van Geregtigheid! In benoudheid het U vir My ruimte gemaak; wees My barmhartig, en hoor My Gebed! Psa 4:2 o Manne, hoe lank sal My Eer tot skande wees? [Hoe lank] sal julle die nietigheid liefhê, die leuen soek? Sela. Psa 4:3 Weet tog dat JaHWeH vir Hom 'n Toegewyde afgesonder het; JaHWeH hoor as Ek Hom aanroep. Psa 4:4 Sidder, en moenie oortree nie; spreek in julle hart op julle bed, en wees stil. Sela. Psa 4:5 Slag 'n Slagdier vir Geregtigheid en vertrou op JaHWeH. Psa 4:6 Baie sê: Wie sal ons die suiwere laat sien? Verhef oor ons die Lig van U Aangesig, o JaHWeH! Psa 4:7 Groter vreugde het U in My Hart gegee as wanneer hulle koring en hulle wyn oorvloedig is. Psa 4:8 Ek wil in Vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o JaHWeH, alleen laat My in veiligheid woon. //Vir die musiekleier; met fluit. 'n Psalm van Dawid. Psa 5:1 O JaHWeH, luister na My woorde, let op My versugting. Psa 5:2 Gee ag op die Stem van My hulpgeroep, My Koning en My Elohey, want tot U bid Ek. Psa 5:3 In die môre, JaHWeH, sal U My Stem hoor; in die môre sal Ek dit aan U voorlê en afwag. Psa 5:4 Want U is nie 'n El wat behae het in besoedeling nie; die besoedelde sal by U nie vertoef nie. Psa 5:5 Die onsinniges sal voor U Oë nie standhou nie; U haat al die bewerkers van Ongeregtigheid. Psa 5:6 U sal die leuensprekers laat omkom; van die man van bloed en bedrog het JaHWeH 'n afsku. Psa 5:7 Maar Ek, deur die grootheid van U Barmhartigheid mag Ek in U Huis ingaan, My buig na die Tempel van U Apartheid, in U Vrees. Psa 5:8 JaHWeH, lei My in U Geregtigheid om My vyande ontwil; maak U Weg voor My Reg. [Psalm 18:30; Odes van Salomo 39:13] Psa 5:9 Want in hulle mond is niks betroubaars nie; hulle binneste bring bedrieglikheid; hulle keel is 'n oop graf; hulle maak hul tong glad. Psa 5:10 Verklaar hulle skuldig, o Elohim! Laat hulle val deur hul planne; dryf hulle weg oor die menigte van hul oortredinge, want hulle het gerebelleer teen U. Psa 5:11 Maar laat húlle almal bly wees wat by U skuil; laat hulle vir ewig jubel, en beskut U hulle; en laat in U juig die wat U Naam liefhet. Psa 5:12 Want U seën die regverdige, o JaHWeH, U omring hom met Vreugde soos met 'n Skild. //Vir die musiekleier; met snaarinstrumente; met basstem. 'n Psalm van Dawid. Psa 6:1 O JaHWeH, straf My nie in U Toorn nie, en kasty My nie in U Grimmigheid nie. Psa 6:2 Wees My barmhartig, JaHWeH, want Ek is verswak; maak My gesond, JaHWeH, want My gebeente is verskrik. Psa 6:3 Ja, My Siel is baie verskrik; en U, JaHWeH, tot hoe lank? Psa 6:4 Keer terug, JaHWeH, red My Siel; verlos My om U Barmhartigheid ontwil. Psa 6:5 Want in die Dood word aan U nie gedink nie; wie sal U loof in die Doderyk/Sheol? Psa 6:6 Ek is moeg van My gesug; elke nag laat Ek My bed swem; Ek deurweek My bed met My trane. Psa 6:7 My oog het dof geword van verdriet; dit het swak geword vanweë al My teëstanders. Psa 6:8 Gaan weg van My, al julle bewerkers van Ongeregtigheid, want JaHWeH het die stem van My geween gehoor. Psa 6:9 JaHWeH het My smeking gehoor; JaHWeH neem My gebed aan. Psa 6:10 Al My vyande sal beskaamd staan en baie verskrik word; hulle sal in 'n oomblik beskaamd omdraai. //'n Liriese gedig van Dawid wat hy tot eer van JaHWeH gesing het weens die woorde van Kuwsh, seun van die Benjaminiet. Psa 7:1 JaHWeH, my Elohey, by U skuil ek; verlos my van al my vervolgers en red my; Psa 7:2 sodat hy nie my siel soos 'n leeu verskeur en wegruk sonder dat iemand red nie. Psa 7:3 JaHWeH, my Elohey, as ek dit gedoen het, as daar onreg in my handpalms is, Psa 7:4 as ek hóm kwaad aangedoen het wat in vrede met my geleef het (ja, ek het hom gered wat my sonder oorsaak vyandig was), Psa 7:5 mag die vyand my dan vervolg en inhaal en my siel teen die Aarde vertrap en my eer in die stof laat woon. Sela. Psa 7:6 Staan op, JaHWeH, in U Toorn, verhef U teen die grimmigheid van my teëstanders en ontwaak vir my, U wat die Reg beveel het! Psa 7:7 En laat die vergadering van die gemeenskappe U omring; keer dan bo hulle terug in die hoogte! Psa 7:8 JaHWeH oordeel die volke. Doen aan my Reg, JaHWeH, na my Geregtigheid en na my egtheid in my. Psa 7:9 Laat tog die besoedeling van die besoedeldes tot 'n einde kom, maar bevestig U die regverdige, ja, U wat harte en niere toets, o regverdige Elohim! Psa 7:10 My Skild is by Elohim wat die opregtes van hart verlos. Psa 7:11 Elohim is 'n regverdige Regter, en 'n El wat elke dag toornig is. Psa 7:12 As hy hom nie bekeer nie, maak Hy Sy Swaard skerp; Hy span Sy Boog en maak haar gereed Psa 7:13 en berei vir hom dodelike Werktuie; Hy maak Sy Pyle bran-dende wapens. Psa 7:14 Kyk, hy is in barensweë van onreg en is swanger van moeite; hy baar leuens. Psa 7:15 Hy het 'n put gegrawe en dit uitgehol; maar hy het geval in die gat wat hy gemaak het. Psa 7:16 Die onenigheid wat hy gestig het, keer op sy hoof terug, en sy geweld kom op sy kroontjie neer. Psa 7:17 Ek wil JaHWeH loof na Sy getrouheid en musiek maak vir die Naam van JaHWeH, die Hoogste El. //Vir die musiekleier; op die Gittiet. 'n Psalm van Dawid. Psa 8:1 O JaHWeH, Onse Meester, hoe uitnemend is U Naam op die ganse Aarde! Wie het U Majesteit gelê op die Hemele? Psa 8:2 Uit die mond van kinders en suigelinge het U sterkte gegrondves, om U teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak. [2 Ezra 6:21] Psa 8:3 As Ek U Hemele aanskou, die werk van U Vingers, die maan en die Sterre wat U toeberei het - Psa 8:4 wat is die adamiet dat U aan hom dink, en die Seun van Adam dat U hom besoek? Psa 8:5 U het Hom weinig tekort laat kom van die Elohim en Hom met Grootsheid en Glansrykheid gekroon. Psa 8:6 U laat Hom heers oor die werke van U Hande; U het alles onder Sy Voete gestel: Psa 8:7 skape en beeste, dié almal, en ook die diere van die veld, Psa 8:8 die voëls van die Hemele en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see. Psa 8:9 o JaHWeH, Onse Meester, hoe uitnemend is U Naam op die ganse Aarde! //Vir die musiekleier; op [die wysie van]: "Sterf vir die Seun". 'n Psalm van Dawid. Psa 9:1 EK wil JaHWeH loof met My hele hart; Ek wil al U wonders vertel. Psa 9:2 In U wil Ek bly wees en juig; Ek wil musiek maak tot eer van U Naam, O Hoogste El, Psa 9:3 omdat My vyande agteruitwyk, struikel en omkom van voor U Aangesig. Psa 9:4 Want U het My Reg en My Regsaak behandel; U het gaan sit op die Troon, o Regter van Geregtigheid! Psa 9:5 U het die nasies gedreig, die besoedelde laat omkom, hulle naam uitgedelg vir Ewig tot in Ewigheid. Psa 9:6 Die vyande het omgekom - puinhope vir ewig; ook die stede wat U verwoes het; hulle gedagtenis, ja, dié het vergaan. Psa 9:7 Maar JaHWeH sit vir ewig; Hy het Sy Troon reggesit vir die Reg. Psa 9:8 En Hy self sal die wêreld oordeel met Geregtigheid en die gemeenskappe vonnis met Reg. Psa 9:9 So is JaHWeH dan 'n rotsvesting vir die verdrukte, 'n rotsvesting in tye van benoudheid. Psa 9:10 En hulle wat U Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o JaHWeH! Psa 9:11 Maak musiek tot eer van JaHWeH wat op Sion woon; verkondig onder die volke Sy dade. Psa 9:12 Want Hy wat die bloed ondersoek, dink aan hulle; Hy vergeet die geroep van die ellendiges nie. Psa 9:13 Begunstig My, JaHWeH, aanskou My ellende vanweë My haters, U wat My verhef uit die poorte van die Dood; Psa 9:14 sodat Ek al U roemryke dade kan vertel, in die Poorte van die Dogter van Sion kan juig oor U Verlossing. Psa 9:15 Die nasies het gesink in die kuil wat hulle gemaak het; hulle voet is gevang in die net wat hulle gespan het. Psa 9:16 JaHWeH het Hom bekend gemaak; Hy het die Reg geoefen; die besoedelde is verstrik in die werk van Sy handpalms. -Bepeinsing. Sela. Psa 9:17 Die besoedelde sal teruggaan na die Doderyk/Sheol, al die nasies wat Elohim vergeet het. Psa 9:18 Want die Behoeftige sal nie vir altyd vergeet word, die Verwagting van die ellendiges nie vir ewig verlore gaan nie. [Hooglied van Salomo 2:9] Psa 9:19 Staan op, JaHWeH, laat die mens nie sterk word nie; laat die nasies voor U Aangesig geoordeel word! Psa 9:20 o JaHWeH, jaag hulle skrik aan; laat die nasies weet, hulle is sterflinge! Sela. Psa 10:1 O JaHWeH, waarom staan U so ver weg [en] hou U verborge in tye van besoedeling? Psa 10:2 In sy trotsheid vervolg die besoedelde die behoeftige. Laat hulle gegryp word oor die listige planne wat hulle uitgedink het! Psa 10:3 Want die besoedelde spog oor die begeerte van sy siel; en hy seën hom wat geplunder het, hy verag JaHWeH. Psa 10:4 Die besoedelde, met sy neus in die hoogte, sê: Hy ondersoek nie: daar is geen Elohim nie - dit is al sy gedagtes! Psa 10:5 Sy weë is altyd voorspoedig; hoog daarbo is U Reg, weg van hom af; al sy teëstanders - hy blaas op hulle. Psa 10:6 Hy sê in sy hart: Ek sal nie wankel nie; van geslag tot geslag [is ek] die een wat nie in die ellende sal wees nie. Psa 10:7 Sy mond is vol van vloek en van bedrog en verdrukking; onder sy tong is moeite en onreg. Psa 10:8 Hy sit in die hinderlae by die dorpe; in skuilplekke maak hy die onskuldige dood; sy oë loer op die ellendige. Psa 10:9 Hy loer in die skuilhoek soos 'n leeu in sy lêplek; hy loer om die ellendige te vang; hy vang die ellendige deur sy net toe te trek; Psa 10:10 en verbryseld sink dié terneer, en die ellendiges val in sy mag. Psa 10:11 Hy sê in sy hart: El het Haar vergeet; Hy het Sy Aangesig verberg; Hy sal Haar vir ewig nie sien nie. Psa 10:12 Staan op, JaHWeH! O El, hef U Hand op; vergeet die ellendiges nie! Psa 10:13 Die besoedelde, waarom verag hy Elohim en sê in sy hart: U soek Haar nie? Psa 10:14 U het Haar gesien; want U aanskou die moeite en verdriet, sodat 'n mens Haar in U Hand sal gee. Aan U gee die ellendige Haar oor; U was 'n helper van die Wees. Psa 10:15 Verbreek die arm van die besoedelde en sy besoedeling; besoek sy besoedeling [totdat] U niks vind nie! Psa 10:16 JaHWeH is Koning vir Ewig tot in Ewigheid; nasies is vernietig uit Sy Aarde. Psa 10:17 JaHWeH, U het die begeerte van die ootmoediges gehoor; U sal hulle hart versterk, U Oor sal luister Psa 10:18 om aan die Wees en Verdrukte Reg te doen. Geen sterfling uit die Aarde sal langer voortgaan om skrik aan te jaag nie. //Vir die musiekleier - Dawid. Psa 11:1 BY JaHWeH skuil Ek. Hoe kan julle dan vir My Siel sê: Vlug na julle berg soos 'n voël! Psa 11:2 Want kyk, die besoedelde span die boog; hulle het hul pyl op die snaar reggesit om in die donker te skiet na die opregtes van hart. Psa 11:3 As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen? Psa 11:4 JaHWeH is in die Tempel van Sy Apartheid; die Troon van JaHWeH is in die Hemele; Sy Oë sien, Sy Ooglede toets die seuns van adam. Psa 11:5 JaHWeH toets die regverdige; maar Sy Siel haat die besoedelde en die wat geweld liefhet. Psa 11:6 Hy sal op die besoedelde strikke, vuur en swawel laat reën; 'n Gees van Verterende Vuur sal die deel van hulle beker wees. Psa 11:7 Want JaHWeH is regverdig; Hy het dade van Geregtigheid lief; die opregtes sal Sy Aangesig sien. //Vir die musiekleier; met basstem. 'n Psalm van Dawid. Psa 12:1 RED, o JaHWeH, want daar is geen toegewyde meer nie; want die getroues het verdwyn uit die seuns van adam. Psa 12:2 Hulle praat leuens, die een met die ander; met vleiende lippe spreek hulle dubbelhartig. Psa 12:3 Mag JaHWeH al die vleiende lippe uitroei, die tong wat grootpraat, Psa 12:4 hulle wat sê: Met ons tong is ons sterk; ons lippe is met ons! Wie is meester oor ons? Psa 12:5 Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges sal Ek nou opstaan, sê JaHWeH; Ek sal hom die Lossing gee wat daarna smag. Psa 12:6 Die Woorde van JaHWeH is suiwer woorde, Silwer wat gelouter is in 'n smeltkroes in die Aarde, gesuiwer sewe maal. [2 Konings 5:10; Spreuke 10:20; JôWEl 3:5; Hoséa 9:6] Psa 12:7 U, o JaHWeH, sal hulle bewaar; U sal Ons bewaar van hierdie geslag vir ewig. Psa 12:8 Die besoedeldes draf rond as die nikswerd die oorhand kry by die seuns van adam. //Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. Psa 13:1 HOE lank, JaHWeH, sal U My altyddeur vergeet? Hoe lank sal U vir My U Aangesig verberg? Psa 13:2 Hoe lank sal Ek planne beraam in My Siel, [met] kommer in My hart oordag? Hoe lank sal My vyand hom oor My verhef? Psa 13:3 Aanskou tog, verhoor My, JaHWeH, My Elohey! Verlig My oë, sodat Ek nie in die Dood vertoef nie; Psa 13:4 sodat My vyand nie kan sê: Ek het Hom oorwin nie, [en] My teëstanders nie juig as Ek wankel nie. Psa 13:5 Maar Ek - op U Barmhartigheid vertrou Ek; My hart sal juig oor U Verlossing. Psa 13:6 Ek wil JaHWeH besing, omdat HY aan My goed gedoen het. //Vir die musiekleier - Dawid. Psa 14:1 DIE dwaas sê in sy hart: Daar is geen Elohim nie. Sleg, afskuwelik maak hulle [hul] dade; daar is niemand wat suiwer optree nie. [2 Ezra 8:58] Psa 14:2 JaHWeH het uit die Hemele neergesien op die seuns van adam, om te sien of daar iemand verstandig is, wat na Elohim vra. Psa 14:3 Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle verkleur; daar is niemand wat suiwer optree nie, ook nie een nie. Psa 14:4 Het al die bewerkers van Ongeregtigheid dan geen Kennis nie, die wat My volk opeet [asof] hulle brood eet? Hulle roep JaHWeH nie aan nie. Psa 14:5 Dáár het skrik hulle oorweldig, want Elohim is by die regverdige geslag. Psa 14:6 Die Raad van die ellendige - julle het Haar tot skande gemaak; waarlik, JaHWeH is sy toevlug. Psa 14:7 Ag, mag die Verlossing van JisraEl uit Sion kom! As JaHWeH die lot van Sy volk verander, dan sal Jakob juig, JisraEl sal bly wees. //'n Psalm van Dawid. Psa 15:1 JaHWeH, wie mag vertoef in U Tent? Wie mag woon in die berg van U Apartheid? Psa 15:2 Hy wat rassuiwer wandel en Geregtigheid doen, en wat met sy hart die Waarheid spreek; Psa 15:3 wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen besoedeling uitspreek teen sy naaste nie; Psa 15:4 in wie se oë die veragtelike veragtelik is, maar hy eer die wat JaHWeH vrees; al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie; Psa 15:5 wat sy geld nie gee op woeker en geen omkoopgeskenk aanneem teen die onskuldige nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nie wankel in ewigheid nie. [Lukas 16:9] //'n GEDIG deur Dawid. Psa 16:1 BEWAAR My, o El, want by U skuil Ek. Psa 16:2 Ek het tot JaHWeH gesê: U is My Meester; vir My is daar geen suiwere bo U nie. Psa 16:3 [Maar] aangaande die Apartes wat op die Aarde is, [sê Ek]: Hulle is die heersers in wie al My behae is. Psa 16:4 Die smarte van hulle wat 'n ander met gawes vereer, sal menigvuldig wees; Ek sal hulle dranke van bloed nie uitgiet en hulle name op My lippe nie neem nie. Psa 16:5 JaHWeH is die deel van My Erfenis en van My Beker; U onderhou My lot. Psa 16:6 Die meetsnoere het vir My in lieflike plekke geval, ja, My Erfenis is vir My mooi. Psa 16:7 Ek sal JaHWeH loof wat My raad gegee het; selfs in die nag vermaan My niere My. Psa 16:8 Ek stel JaHWeH altyddeur voor My; omdat [Hy] aan My regterhand is, sal Ek nie wankel nie. Psa 16:9 Daarom is My hart bly en My eer juig; ook sal My vlees in veiligheid woon; Psa 16:10 want U sal My Siel aan die Doderyk/Sheol nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat U Toegewyde verderwing sien nie. Psa 16:11 U sal My die Pad van die Lewe bekend maak; versadiging van Vreugde is voor U Aangesig, lieflikhede in U Regterhand, vir ewig. //'n Gebed van Dawid. Psa 17:1 LUISTER na regverdigheid JaHWeH, let op My smeking; luister tog na My gebed met onbedrieglike lippe. Psa 17:2 Laat My Reg van U Aangesig uitgaan; laat U Oë regverdig sien. Psa 17:3 U het My hart getoets, haar in die nag ondersoek, U het My gekeur, U vind niks nie; wat Ek ook dink, My mond oortree nie. Psa 17:4 Aangaande die handelinge van die adamiete, Ek het deur die Woord van U Lippe die paaie van die geweldenaar vermy. Psa 17:5 My gange het vasgehou aan U spore, My voetstappe het nie gewankel nie. Psa 17:6 Ek roep U aan, want U verhoor My, o El! Neig U oor tot My, luister na My woord! Psa 17:7 Maak U gunsbewyse wonderbaar, o Verlosser van die wat by U Regterhand skuil vir teëstanders! Psa 17:8 Bewaar My soos 'n Oogappel; verberg My in die skaduwee van U Vleuels Psa 17:9 teen die besoedelde wat My geweld aandoen, My Sielsvyande wat My omring. Psa 17:10 Hulle het hul gevoel afgesluit; met hul mond spreek hulle hoogmoedig. Psa 17:11 Nou het hulle Ons in Ons gang omsingel; hulle rig hul oë daarop om Ons op die Aarde uit te strek. Psa 17:12 Hy is soos 'n leeu wat begerig is om te verskeur, en soos 'n jong leeu wat in skuilplekke klaar lê. Psa 17:13 Staan op, JaHWeH, gaan hom tegemoet, werp hom neer; red My Siel van die besoedelde met U Swaard; Psa 17:14 met manne van U Hand, o JaHWeH, met manne wie se deel in die lewe uit hierdie wêreld is en wie se binneste U vul met U verborgenhede; wie se seuns met Haar vervul word, en wat weer die oorblyfsel aan hulle kinders agterlaat. Psa 17:15 Maar Ek sal U Aangesig deur Geregtigheid aanskou; Ek sal tevrede wees wanneer Ek wakker word met U Gestalte. //Vir die musiekleier. ['n Psalm] van Dawid, die kneg van JaHWeH, wat die woorde van hierdie lied tot JaHWeH gespreek het op die dag toe JaHWeH hom gered het uit die handpalms van al sy vyande en uit die hand van Saul. Psa 18:1 EN gesê: Ek het U hartlik lief, JaHWeH, My Sterkte. Psa 18:2 JaHWeH is My Rots en My Bergvesting en My Redder; My El, My Rots by wie Ek skuil; My Skild en die Horing van My Lossing, My Hoë Toring. Psa 18:3 Ek roep JaHWeH aan wat lofwaardig is, en van My vyande word Ek verlos. Psa 18:4 Bande van die Dood het My omring, en 'n stortvloed van Belijaal-mense het My oorval. Psa 18:5 Bande van die Doderyk/Sheol was rondom My; strikke van die Dood het My teëgekom. Psa 18:6 Toe Ek benoud was, het Ek JaHWeH aangeroep, en Ek het tot My Elohey geroep om hulp; Hy het My Stem uit Sy Tempel gehoor, en My hulpgeroep voor Sy Aangesig het in Sy Ore gekom. Psa 18:7 Toe het die Aarde geskud en gebewe; die fondamente van die berge het gesidder en geskud, omdat Hy toornig was. Psa 18:8 Rook van Woede het opgegaan, en 'n Vuur uit Sy Mond het verteer; kole uit Hom het gebrand. Psa 18:9 En Hy het die Hemele gebuig en neergedaal, en donkerheid was onder Sy voete. Psa 18:10 En Hy het op 'n Gérub gery en gevlieg; ja, Hy het gesweef op die Vleuels van die Gees. Psa 18:11 Duisternis het Hy in sy skuilplek geplaas, sy takskuiling rondom Hom, die swart waters, donker wolke van mis. Psa 18:12 Deur die glans voor Hom het Sy Wolkkolom verbygetrek, hael en gloeiende kole. Psa 18:13 En JaHWeH het in die Hemele gedonder, en die Hoogste El het SY Stem laat hoor; hael en gloeiende kole. Psa 18:14 En HY het SY Pyle uitgestuur en hulle verstrooi; ja, SY Bliksems in menigte, en HY het hulle verwar. Psa 18:15 En die beddings van die waters het sigbaar geword, en die fondamente van die wêreld is blootgelê vanweë U dreiging, o JaHWeH, vanweë die geblaas van die Gees van U Woede. Psa 18:16 HY het uit die hoogte uitgestrek, Hy het My gegryp, Hy het My uit groot waters getrek. Psa 18:17 Hy het My verlos van My magtige vyand en van My haters, omdat hulle te sterk was vir My. [Hooglied 1:6] Psa 18:18 Hulle het My oorval op die dag van My nood; maar JaHWeH was My steun. Psa 18:19 En Hy het My uitgelei in die ruimte; Hy het My gered, omdat Hy behae in My gehad het. Psa 18:20 JaHWeH het met My gehandel na My Geregtigheid; Hy het My vergelde na die suiwerheid van My hande. Psa 18:21 Want Ek het dieWeë van JaHWeH gehou en nie besoedeld afgewyk van My Elohey nie; Psa 18:22 want al Sy Verordeninge was voor My, en Sy Insettinge het Ek nie van My verwyder nie. Psa 18:23 Maar Ek was rassuiwer voor Hom, en Ek het myself weerhou van ontugtigheid. [Judas 1:4] Psa 18:24 So het JaHWeH My dan vergelde na My wetsgehoorsaamheid, na die suiwerheid van My hande, voor Sy Oë. Psa 18:25 By die Getroue openbaar U Uself liefderyk, by die rassuiwer man van opregtheid, volkome, Psa 18:26 by die Suiwere, openbaar U Uself suiwer; maar by die verdraaide betoon U Uself verdraaid. [JirmeJaH 23:39] Psa 18:27 Want U verlos die verdrukte volk; maar U verneder die oë wat hoogmoedig is. Psa 18:28 Want U laat My Lamp skyn; JaHWeH My Elohey verlig My Duisternis. Psa 18:29 Want met U loop Ek 'n bende storm, en met My Elohey spring Ek oor 'n muur. Psa 18:30 Die Weg van die Elohey is rassuiwerheid; die Woord van JaHWeH is gelouter; Hy is 'n Skild vir almal wat by Hom skuil. [Psalm 5:8; 67:2; Odes van Salomo 39:13; Spreuke van Salomo 16:31; 30:5; JeshaJaH 30:21; 35:8;48:17; JirmeJaH 21:8; Profesie van Barug 3:13, 21] Psa 18:31 Want wie is Elowahh buiten JaHWeH, en wie is 'n Rots behalwe Onse Elohey? Psa 18:32 El is Hy wat My met Krag omgord om My lewenswandel rassuiwer te hou. Psa 18:33 Hy maak My voete soos dié van herte en laat My staan op My Hoogtes. Psa 18:34 Hy leer My hande om oorlog te voer, sodat My arms 'n koperboog span. Psa 18:35 Ook het U My die Skild van U Lossing gegee, en U Regterhand het My ondersteun, en U neerbuigende Suiwerheid het My groot gemaak. Psa 18:36 U het My voetstap ruim gemaak onder My, en My enkels het nie gewankel nie. Psa 18:37 Ek het My vyande agtervolg en hulle ingehaal, en Ek het nie teruggekom voordat Ek hulle vernietig het nie. Psa 18:38 Ek het hulle verbrysel, sodat hulle nie kon opstaan nie; hulle het geval onder My voete. Psa 18:39 En U het My met Krag omgord vir die stryd; U het My teëstanders onder My laat buk. Psa 18:40 En U het My vyande vir My laat vlug; en My haters, dié het Ek vernietig. Psa 18:41 Hulle het geroep om hulp, maar daar was geen verlosser nie - tot JaHWeH, maar Hy het hulle nie geantwoord nie. Psa 18:42 Toe het Ek hulle vermaal soos stof voor die wind; Ek het hulle uitgegooi soos modder van die strate. Psa 18:43 U het My gered uit die getwis van die volk; U het My 'n Hoof gemaak van nasies; 'n volk wat Ek nie geken het nie, het My gedien. Psa 18:44 Sodra hulle van My gehoor het, was hulle My gehoorsaam, seuns van die uitlander het kruipende na My gekom. Psa 18:45 Seuns van die uitlander word kragteloos en kom met siddering uit hulle vestings. Psa 18:46 JaHWeH leef! En geloofd sy My Rots, en laat verhoog wees die Elohim van My Lossing! Psa 18:47 Die El wat My die wraak gee en volke aan My onderwerp; Psa 18:48 wat My red van My vyande; ja, U verhef My bo My teëstanders; U bevry My van die man van geweld. Psa 18:49 Daarom wil Ek U loof, o JaHWeH, onder die nasies, en tot eer van U Naam wil Ek musiek maak. Psa 18:50 Hy wat Groot Verlossinge gee aan Sy Koning en Medelye betoon aan Sy Gesalfde, aan Dawid en aan Sy saad tot in Ewigheid. //Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. Psa 19:1 DIE Hemele vertel die Eer van El, en die Koepel verkondig die werk van Sy Hande. Psa 19:2 Die een dag stort vir die ander 'n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan: Psa 19:3 daar is geen spraak en daar is geen woorde nie - onhoorbaar is hulle stem. Psa 19:4 Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele Aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld. Vir die son het Hy in haar 'n Tent gemaak; Psa 19:5 Hy is soos 'n Bruidegom wat uitgaan uit Sy slaapkamer; Hy is bly soos 'n dappere om die pad te loop. Psa 19:6 Sy uitgang is van die einde van die Hemele af, en Sy omloop tot by die eindes daarvan, en niks is verborge vir Sy hitte nie. Psa 19:7 Die Wet van JaHWeH is rasegtheid: sy laat die siel terugkeer; die Getuienis van JaHWeH is betroubaar: Sy gee Wysheid aan die eenvoudige. Psa 19:8 Die bevele van JaHWeH is Reg: hulle verbly die hart; die Gebooie van JaHWeH is suiwer: sy verlig die oë. Psa 19:9 Die Vrees vir JaHWeH is suiwerheid: Sy bestaan tot in ewigheid; die Verordeninge van JaHWeH is Waarheid - tesame is hulle regverdigheid. Psa 19:10 Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop. Psa 19:11 Ook word U kneg daardeur gewaarsku; in die onderhouding daarvan is groot loon. Psa 19:12 Die afdwalinge - wie bemerk hulle? Spreek My vry van die wat verborge is. Psa 19:13 Hou U kneg ook terug hoogmoedigheid; laat hy nie oor My heers nie. Dan sal Ek onbestraflik wees en vry van groot oortreding. Psa 19:14 Laat die woorde van My mond en die oordenking van My hart welbehaaglik wees voor U Aangesig, o JaHWeH, My Rots en My Verlosser! //Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. Psa 20:1 MAG JaHWeH U verhoor in die dag van benoudheid! Mag die Naam van die Elohey van Jakob U beskerm! Psa 20:2 Mag HY U Hulp stuur uit die Apartheid en U ondersteun uit Sion! Psa 20:3 Mag HY dink aan al U spysbydraes en U brandoffer met welgevalle aansien! Sela. Psa 20:4 Mag HY U gee na U hart en al U voornemens vervul! Psa 20:5 Ons wil juig oor U Verlossing en die vaandels opsteek in die Naam van Onse Elohey. Mag JaHWeH al U begeertes vervul! Psa 20:6 Nou weet Ek dat JaHWeH SY Gesalfde verlos; HY sal Hom verhoor uit die Hemele van SY Apartheid, met magtige dade van Lossing van SY Regterhand. Psa 20:7 Sommige [roem] op strydwaens en ander op perde, maar Ons sal roem op die Naam van JaHWeH Onse Elohey. Psa 20:8 Húlle het inmekaar gesak en geval, maar Ons het opgestaan en Ons weer opgerig. Psa 20:9 JaHWeH, verlos die Koning! Mag Hy Ons verhoor op die dag as Ons roep! //Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. Psa 21:1 O JaHWeH, die Koning is bly oor U Sterkte, en hoe baie juig Hy oor U Verlossing! Psa 21:2 U het Hom die wens van Sy Hart gegee en die begeerte van Sy Lippe nie geweier nie. Sela. Psa 21:3 Want U kom Hom tegemoet met seëninge van Suiwerheid; op Sy hoof sit U 'n Kroon van fyn goud. [Klaagliedere 4:2] Psa 21:4 Die lewe het Hy van U begeer; U het dit vir Hom gegee: lengte van dae, vir Ewig tot in Ewigheid. Psa 21:5 Groot is Sy Glansrykheid deur U Verlossing; Majesteit en Eer het U op Hom gelê. Psa 21:6 Want U maak Hom baie geseënd vir ewig; U maak Hom bly met Vreugde by U Aangesig. Psa 21:7 Want die Koning vertrou op JaHWeH, en deur die Medelye van die Hoogste El sal Hy nie wankel nie. Psa 21:8 U Hand sal al U vyande vind; U Regterhand sal U haters vind. Psa 21:9 U sal hulle maak soos 'n vurige oond as U verskyn; JaHWeH sal hulle verslind, Sy Toorn en Vuur sal hulle verteer. Psa 21:10 U sal hulle vrug van die Aarde af verdelg en hulle saad uit die seuns van Adam af weg. Psa 21:11 Want hulle het U met besoedeling bedreig; hulle het 'n listige plan uitgedink sonder om iets uit te rig. Psa 21:12 Want U sal hulle dwing om te vlug; met U oorblyfsel sal U mik op hulle gesig. Psa 21:13 Verhef U, JaHWeH, in U Sterkte; Ons wil U Sterkte eer met psalmgesang! //Vir die musiekleier; op [die wysie van]: "Die hert van Shagar." //'n Psalm van JaHWèshua oor sy foltering aan die folterpaal. //[DIE SEUN PRAAT] Psa 22:1 MY El, My El, waarom het U My verlaat, My Verlossing is ver [van] die woorde van My gebrul? [MattithJaHûW 27:46] Psa 22:2 My Elohey, Ek roep bedags, maar U antwoord nie; en snags, en Ek kan nie swyg nie. Psa 22:3 Tog is U die Aparte wat woon onder die lofsange van JisraEl! Psa 22:4 Op U het Ons vaders vertrou; hulle het vertrou, en U het hulle uitgered. [Wysheid 10;15-21] Psa 22:5 Hulle het U aangeroep en het ontvlug; op U het hulle vertrou en nie beskaamd gestaan nie. Psa 22:6 Maar Ek is 'n wurm en geen man nie, 'n smaad van die adamiete en verag deur die volk. Psa 22:7 Almal wat My sien, spot met My; hulle steek die lip uit, hulle skud die hoof [en sê]: Psa 22:8 Laat Hom aan JaHWeH oor! Laat HY Hom red, laat HY Hom bevry: HY het mos behae in Hom! [MattithJaHûW 27:39] Psa 22:9 Ja, U is Hy wat My uit die moederskoot uitgetrek het, wat My veilig laat rus het aan My moeder se bors. [Odes van Salomo 19] Psa 22:10 Aan U is Ek oorgegee van die geboorte af; van die skoot van My moeder af is U My El. Psa 22:11 Wees nie ver van My af nie, want die nood is naby, want daar is geen Helper nie. Psa 22:12 Baie stiere het My omsingel, sterkes van Basan het My omring. [Psalm 86:14] Psa 22:13 Hulle het hul mond teen My oopgespalk soos 'n leeu wat verskeur en brul. [MattithJaHûW 27:31] Psa 22:14 Ek is uitgestort soos water; al My beendere raak los; My hart het soos was geword; sy het gesmelt binne-in My ingewande. [Odes van Salomo 28] Psa 22:15 My Krag is verdroog soos 'n potskerf, en My tong kleef aan My verhemelte; en U lê My neer in die stof van Dood. [MattithJaHûW 27:34,48] Psa 22:16 Want honde het My omsingel; 'n bende kwaaddoeners het My omring; hulle het My hande en My voete deurboor. [Lukas 23:35] Psa 22:17 Al My beendere kan Ek tel; hulle kyk, hulle sien met welgevalle op My neer! Psa 22:18 Hulle verdeel My klere onder mekaar en werp die lot oor My gewaad. [Lukas 23:34; MattithJaHûW 27:35; JeHôWganan 19:24] Psa 22:19 Maar U, JaHWeH, wees nie ver nie; My Sterkte, maak tog gou om My te help! Psa 22:20 Red My Siel van die swaard, My enigste uit die mag van die hond. Psa 22:21 Verlos My uit die bek van die leeu, en uit die horings van die eenhorings het U My verhoor! Psa 22:22 Ek wil U Naam aan My broers vertel, in die midde van die vergadering sal Ek U prys. //[DIE WYSHEID PRAAT] Psa 22:23 Julle wat JaHWeH vrees, prys Hom! Al die saad van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom! al die saad van JisraEl! Psa 22:24 Want HY het die ellende van die Ellendige nie verag of verfoei en SY Aangesig vir Hom nie verberg nie; maar HY het gehoor toe Hy HOM aangeroep het om hulp. Psa 22:25 Van U kom My lof in 'n groot vergadering; Ek sal My Geloftes betaal in die teenwoordigheid van die wat Hom vrees. Psa 22:26 Die ootmoediges sal eet en versadig word; húlle sal JaHWeH prys wat na Hom soek; mag julle Hart vir ewig lewe! [TsefánJaH 3:12] Psa 22:27 Die Einde van die Aarde sal daaraan dink en hulle tot JaHWeH bekeer, en al die stamme van die nasies sal voor U Aangesig neerval. Psa 22:28 Want die Koninkryk behoort aan JaHWeH en Hy heers oor die nasies. Psa 22:29 Al die vettes van die Aarde sal eet en neerval; almal wat in die stof neerdaal, sal voor Sy Aangesig kniel, want niemand kan sy siel in die lewe hou nie. Psa 22:30 'n Saadlyn sal Hom dien; dit sal vertel word van My Meester aan die [volgende] geslag. Psa 22:31 Hulle sal aankom en Sy Geregtigheid verkondig aan die volk wat gebore word; want Hy het dit gedoen. //'n Psalm van Dawid. Psa 23:1 JaHWeH is my Herder; niks sal my ontbreek nie. Psa 23:2 Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. Psa 23:3 Hy verkwik my Siel; Hy lei my in die spore van Geregtigheid, om Sy Naam ontwil. Psa 23:4 Al gaan ek ook in die dal van Doodskaduwee, ek sal geen besoedeling vrees nie; want U is met my: U Septer en U Staf dié vertroos my. Psa 23:5 U berei die tafel voor my Aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my Beker loop oor. Psa 23:6 Net Suiwerheid en Guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die Huis van JaHWeH bly in lengte van dae. //'n Psalm van Dawid. Psa 24:1 DIE Aarde behoort aan JaHWeH en die volheid van haar, die wêreld en die wat in haar woon; Psa 24:2 want Hy het haar gegrond op die seë en haar vasgestel op die strome. Psa 24:3 Wie mag klim op die Berg van JaHWeH? En wie mag in die gebied van Sy Apartheid staan? Psa 24:4 Hy wat skoon van handpalms en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot leuens en nie vals sweer nie. Psa 24:5 Hy sal seën wegdra van JaHWeH en Geregtigheid van die Elohey van Sy Lossing. Psa 24:6 Dit is die geslag van hulle wat na Hom vra, wat U Aangesig soek - [dit is] Jakob. Sela. Psa 24:7 Hef op julle hoofde, o poorte, ja, verhef julle, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan! Psa 24:8 Wie is tog die Erekoning? JaHWeH, sterk en geweldig, JaHWeH geweldig in die stryd. Psa 24:9 Hef op julle hoofde, o poorte, ja, hef op, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan! [2 Nikodémus 5:3(b)] Psa 24:10 Wie is dan tog die Erekoning? JaHWeH van die skeppings-leërmagte - Hy is die Erekoning! [2 Nikodémus 5:3] Sela. //Deur Dawid. Psa 25:1 [? Alef.] Tot U, o JaHWeH, hef ek my siel op. Psa 25:2 [??Bet.] my Elohey, op U vertrou ek; laat my nie beskaamd staan nie; laat my vyande oor my nie juig nie. Psa 25:3 [??Ghimel.] Ja, almal wat U verwag, sal nie beskaamd staan nie. Hulle sal beskaamd staan wat verraai sonder oorsaak. Psa 25:4 [? Dalet.] JaHWeH, maak my U Weë bekend; leer my U Paaie. Psa 25:5 [???Hé.] Lei my in U Waarheid en leer my, want U is die Elohey van my Lossing. U verwag ek die hele dag. Psa 25:6 [??Zajin.] Dink, JaHWeH, aan U Barmhartigheid en U Medelye, want Hulle is van ewigheid af. Psa 25:7 [???Get.] Dink nie aan die oortredinge van my jonkheid en aan my opstandigheid nie; dink aan my na U Medelye, om U Suiwerheid ontwil, o JaHWeH! [Hooglied 1:6] Psa 25:8 [???Tet.] JaHWeH is Suiwer en Reg; daarom sal HY oortreders leer aangaande die Weg. Psa 25:9 [???Jod.] Hy sal die ootmoediges lei in die Reg en die ootmoediges SY Weg leer. Psa 25:10 [? Kaf.] Al die Paaie van JaHWeH is vol Barmhartigheid en Waarheid vir die wat Sy Verbond en Sy Getuienisse bewaar. Psa 25:11 [? Lamed.] Om U Naam ontwil, JaHWeH, vergeef my oortreding, want dit is groot. Psa 25:12 [?? Mem.] Wie tog is die man wat JaHWeH vrees? HY sal hom leer aangaande die Weg wat hy moet kies. Psa 25:13 [??Noen.] Sy siel self sal vernag in Suiwerheid, en sy saad sal die Adamah [die adamiet se Aarde] besit. Psa 25:14 [??Samek.] Die verborgenhede van JaHWeH is vir die wat Hom vrees, en Sy Verbond om hulle [dit] bekend te maak. Psa 25:15 [??Ajin.] my oë is voortdurend op JaHWeH, want Hy sal my voete uit die net uitlei. Psa 25:16 [? Pé.] Wend U tot my en wees my barmhartig, want ek is eensaam en ellendig. Psa 25:17 [? Tzadé.] Die benoudhede van my hart is wyd uitgestrek; lei my uit my angste. Psa 25:18 [? Resj.] Aanskou my ellende en my moeite, en vergeef al my oortredinge. Psa 25:19 [? Resj.]. Aanskou my vyande, want hulle is talryk, en hulle haat my met 'n gewelddadige haat. Psa 25:20 [? Sjin.]Bewaar my siel en red my; laat my nie beskaamd staan nie, want by U skuil ek. Psa 25:21 [???Taw.] Laat rassuiwere, opregtheid my bewaar, want U verwag ek. Psa 25:22 O Elohim, verlos JisraEl uit al sy benoudhede! //Deur Dawid. Psa 26:1 DOEN aan My Reg, o JaHWeH, want Ek wandel raseg en vertrou op JaHWeH sonder om te wankel. Psa 26:2 Toets My, JaHWeH, en beproef My, keur My niere en My hart; Psa 26:3 want U Medelye is voor My oë, en Ek wandel in U Waarheid. Psa 26:4 Ek sit nie by bedrieglike persone nie, en met geheimsinniges gaan Ek nie om nie. Psa 26:5 Ek haat die vergadering van besoedeldes, en by die besoedelde sit Ek nie. Psa 26:6 Ek was My handpalms in onskuld en wil gaan rondom U altaar, o JaHWeH, Psa 26:7 om die stem van dank te laat hoor en om al U wonders te vertel. Psa 26:8 JaHWeH, Ek het lief die Woning van U Huis en die Tabernakel van U Glansrykheid. Psa 26:9 Ruk My Siel nie weg saam met die oortreders en My lewe saam met die manne van bloed nie, Psa 26:10 in wie se hande bloedvermenging is, en wie se regterhand vol is van omkopery. Psa 26:11 Maar Ek wandel raseg; verlos My en wees My barmhartig. Psa 26:12 My voet staan op gelyk grond; Ek sal JaHWeH loof in die vergaderings. //['n Psalm] van Dawid. Psa 27:1 JaHWeH is My Lig en My Lossing: vir wie sou Ek vrees? JaHWeH is die vesting van My lewe: vir wie sou Ek vervaard wees? Psa 27:2 As kwaaddoeners teen My nader kom om My Vlees te eet - My teëstanders en My vyande, ja, Myne - struikel hulle self en val. Psa 27:3 Al word 'n laer teen My opgeslaan, My Hart sal nie vrees nie; al staan 'n oorlog teen My op, nogtans vertrou Ek. Psa 27:4 Een ding het Ek van JaHWeH begeer, dit sal Ek soek: dat Ek al die dae van My lewe mag woon in die Huis van JaHWeH, om die Lieflikheid van JaHWeH te aanskou en te ondersoek in Sy Tempel. Psa 27:5 Want Hy steek My weg in Sy Hut in die dag van besoedeling; Hy verberg My in die skuilplek van Sy Tent; Hy verhef My op die Rots. Psa 27:6 En nou sal My hoof hoog wees bo My vyande rondom My, en Ek wil in Sy Tent 'n slagdier slag saam met krygsgeskreeu; Ek wil sing, ja, musiek maak tot eer van JaHWeH. Psa 27:7 Hoor, o JaHWeH, Ek roep luid; en wees My barmhartig en antwoord My. Psa 27:8 Van U sê My Hart: Soek My Aangesig! Ek soek U Aangesig, o JaHWeH! Psa 27:9 Verberg U Aangesig nie vir My nie, wys U Kneg nie af in toorn nie: U was My hulp! Verstoot en verlaat My nie, o Elohey van My Lossing! Psa 27:10 Want My vader en My moeder het My verlaat, maar JaHWeH sal My aanneem. Psa 27:11 JaHWeH, leer My U Weg en lei My op 'n gelyk pad, vanweë My vyande. Psa 27:12 Gee My nie oor aan die siel van My teëstanders nie, want valse getuies het teen My opgestaan, en hy wat geweld uitblaas. [MattithJaHûW 26:61] Psa 27:13 o, As Ek nie geglo het dat Ek die Suiwerheid van JaHWeH sal sien in die Adamah [die adamiet se Aarde] van die lewendes nie. Psa 27:14 Wag op JaHWeH! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op JaHWeH! //Deur Dawid. Psa 28:1 EK roep U aan, o JaHWeH! My Rots, draai nie stilswygend van My af weg nie, sodat Ek nie, as U teenoor My bly swyg, word soos Een wat in die kuil neerdaal nie. Psa 28:2 Luister na die Stem van My smekinge as Ek U aanroep om hulp, as Ek My hande ophef na die binneste van U Apartheid Psa 28:3 Ruk My nie weg saam met die besoedelde en saam met die bewerkers van Ongeregtigheid nie; wat van vrede spreek met hulle naaste, maar daar is besoedeling in hulle hart. Psa 28:4 Gee hulle na hul dade en na die besoedeling van hul handelinge; gee hulle na die werk van hul hande; vergeld hulle na hulle dade. Psa 28:5 Omdat hulle nie let op die dade van JaHWeH, of op die werk van Sy Hande nie, sal Hy hulle afbreek en hulle nie bou nie. Psa 28:6 Geloofd sy JaHWeH, want Hy het die Stem van My smekinge gehoor. Psa 28:7 JaHWeH is My Sterkte en My Skild; op Hom het My Hart vertrou, en Ek is gehelp; daarom jubel My Hart en sal Ek Hom loof met My gesang. Psa 28:8 JaHWeH is Sterkte, en Hy is 'n vesting van Verlossing vir Sy Gesalfde. Psa 28:9 Verlos U volk en seën U Erfdeel, en wees vir hulle 'n Herder en dra hulle tot in ewigheid. //'n Psalm van Dawid. Psa 29:1 GEE aan JaHWeH, o seuns van El, gee aan JaHWeH Eer en Sterkte! Psa 29:2 Gee aan JaHWeH die Eer van Sy Naam; buig neer vir JaHWeH in die prag van Apartheid! Psa 29:3 Die Stem van JaHWeH is op die waters, die El van Eer donder; JaHWeH is op die groot waters. Psa 29:4 Die Stem van JaHWeH is met Krag; die Stem van JaHWeH is met Glansrykheid. Psa 29:5 Die Stem van JaHWeH breek seders; ja, JaHWeH verbreek die seders van die Líbanon; Psa 29:6 en Hy laat hulle spring soos 'n kalf, die Líbanon en Sirjon soos 'n jong eenhoring. Psa 29:7 Die Stem van JaHWeH laat vuurvlamme uitslaan. Psa 29:8 Die Stem van JaHWeH laat die woestyn bewe; JaHWeH laat die wildernis van Kadesh bewe. Psa 29:9 Die Stem van JaHWeH laat die takbokke lam en stroop die bosse; maar in Sy Tempel praat elkeen van Sy Glansrykheid! Psa 29:10 JaHWeH het gesit oor die Watervloed; ja, JaHWeH sit as Koning tot in ewigheid. Psa 29:11 JaHWeH sal Sy volk Sterkte gee, JaHWeH sal Sy volk seën met Vrede. //'n Psalm, 'n lied by die inwyding van die Huis. Psa 30:1 EK sal U verhoog, JaHWeH, want U het My opgetrek en My vyande oor My nie laat bly wees nie. Psa 30:2 JaHWeH, My Elohey, Ek het U aangeroep om hulp, en U het My gesond gemaak. Psa 30:3 JaHWeH, U het My Siel uit die Doderyk/Sheol laat opkom; U het My lewend gemaak uit die wat in die put neergedaal het. [2 Nikodemus 5:1] Psa 30:4 Maak musiek tot eer van JaHWeH, o SY Toegewydes, en hef die hande op in dank aan die herinnering van SY Apartheid; Psa 30:5 want vir 'n oomblik is Sy Toorn, 'n lewe in Sy goedgunstigheid; saans vernag die geween, maar smôrens is daar Vreugde. Psa 30:6 Ek het wel onbevange gesê: Ek sal vir ewig nie wankel nie. Psa 30:7 JaHWeH, U het My Berg deur U welbehae sterk laat staan. U het U Aangesig verberg - Ek het verskrik geword! Psa 30:8 Ek het U aangeroep, JaHWeH, en Ek het My Meester gesmeek: Psa 30:9 Watter voordeel is daar in My Bloed as Ek neerdaal in die kuil? Sal die stof U loof? Sal Sy U Waarheid bekend maak? [JeHôWganan 6:55-56; MattithJaHûW 26:28] Psa 30:10 Hoor, JaHWeH, en wees My barmhartig! JaHWeH, wees My 'n Helper! Psa 30:11 U het My weeklag vir My verander in 'n koordans, U het My roukleed losgemaak en My met Vreugde omgord; [JirmeJaH 6:26] Psa 30:12 sodat [My] Eer U kan besing en nie swyg nie. JaHWeH, My Elohey, vir ewig sal Ek U loof. //Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. Psa 31:1 BY U, o JaHWeH, skuil Ek; laat My nooit beskaamd staan nie. Bevry My deur U Geregtigheid. Psa 31:2 Neig U Oor tot My, red My gou; wees vir My 'n laer om in te vlug, 'n baie vaste Huis om My te verlos. Psa 31:3 Want U is My Rots en My Bergvesting; en om U Naam ontwil sal U My lei en My bestuur. Psa 31:4 U sal My laat uitgaan uit die net wat hulle vir My gespan het, want U is My laer. Psa 31:5 In U Hand gee Ek My Gees oor; U het My verlos, JaHWeH, El van Waarheid. Psa 31:6 Ek haat die wat valse nietighede vereer, maar Ek vertrou op JaHWeH. Psa 31:7 Ek wil juig en bly wees oor U Medelye, omdat U My ellende aangesien, My Siel in die benoudhede geken het Psa 31:8 en My nie oorgelewer het in die hand van die vyand nie; U het My voete op vrye grond laat staan. Psa 31:9 Wees My barmhartig, JaHWeH, want Ek is benoud; van verdriet het My oog mat geword, My Siel en My Liggaam. Psa 31:10 Want My lewe kwyn weg van kommer en My jare van gesug; My krag struikel deur My ongeregtigheid, en My gebeente teer uit. Psa 31:11 Vanweë al My teëstanders het Ek 'n voorwerp van smaad geword, ja, grootliks vir My bure, en 'n voorwerp van skrik vir My bekendes; die wat My op straat sien, vlug weg van My af. Psa 31:12 Ek is vergeet uit die hart, soos 'n dooie; Ek het geword soos 'n ding wat lê en vergaan. Psa 31:13 Want Ek het die skindertaal van baie gehoor - skrik rondom! - terwyl hulle saam raad hou teen My; hulle is van plan om My Siel te neem. Psa 31:14 Maar Ek vertrou op U, o JaHWeH! Ek sê: U is My Elohey. Psa 31:15 My tye is in U Hand; red My uit die hand van My vyande en van My vervolgers. Psa 31:16 Laat U Aangesig skyn oor U Kneg, verlos My deur U Medelye. Psa 31:17 JaHWeH, laat My nie beskaamd staan nie, want Ek roep U aan; laat die besoedelde beskaamd staan, laat hulle stilbly in die Doderyk/Sheol! Psa 31:18 Laat die valse lippe stom word wat in trotsheid en veragting, onbeskaamd spreek teen die regverdige. Psa 31:19 o, Hoe groot is U Suiwerheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die seuns van adam! Psa 31:20 U verberg hulle in die Skuilplek van U Aangesig vir die samesweringe van mense; U steek hulle weg in 'n Hut vir die twis van die tonge. Psa 31:21 Geloofd sy JaHWeH, want HY het SY Medelye aan My wonderbaar gemaak, in 'n beleërde Stad. Psa 31:22 Ek tog het in My angs gesê: Ek het verdwyn, weg van U Oë; nogtans het U die stem van My smekinge gehoor toe Ek U aangeroep het om hulp. Psa 31:23 Julle moet JaHWeH liefhê, al Sy toegewydes! JaHWeH bewaar die getroues en vergeld hom oorvloedig wat trots handel. Psa 31:24 Wees sterk, en laat julle hart sterk wees, almal wat op JaHWeH wag! //Deur Dawid; Oortredinge. Psa 32:1 GESEËND is hy wie se oortreding vergewe, wie se oortredinge bedek is. Psa 32:2 Geseënd is die adamiet aan wie JaHWeH die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie. Psa 32:3 Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer van my gebrul die hele dag; Psa 32:4 want U Hand was dag en nag swaar op my; my murg het verander soos deur somergloed. Sela. Psa 32:5 My opstandigheid het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie verberg nie. Ek het gesê: Ek wil aan JaHWeH my opstandigheid bely; en U het die skuld van my oortredinge vergewe. Sela. Psa 32:6 Daarom sal elke toegewyde U aanbid in 'n tyd as U te vinde is; ja, by 'n oorstroming van groot waters sal hulle nie aan hom raak nie. Psa 32:7 U is 'n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid; U omring my met vrolike gesange van bevryding. Sela. Psa 32:8 Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die Weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees. Psa 32:9 Wees nie soos 'n perd of soos 'n muil wat geen verstand het nie, wie se bek met toom en teuel gehou word, [anders] gaan hy nie vorentoe nie. Psa 32:10 Die besoedelde het baie smarte, maar hy wat op JaHWeH vertrou - met Medelye sal HY hom omring. Psa 32:11 Wees bly in JaHWeH en juig, o regverdiges! En jubel, alle opregtes van hart! Psa 33:1 O REGVERDIGES, jubel voor JaHWeH! 'n Loflied betaam die opregtes. Psa 33:2 Loof JaHWeH met die siter; maak musiek tot Sy Eer met die tiensnarige harp. Psa 33:3 Sing tot Sy Eer 'n nuwe lied; speel goed met [trompet]geklank. Psa 33:4 Want die Woord van JaHWeH is Reg, en al Sy dade is Getrouheid. Psa 33:5 Hy het Geregtigheid en Reg lief; die Aarde is vol van die Medelye van JaHWeH. Psa 33:6 Deur die Woord van JaHWeH is die Hemele gemaak en deur die Gees van Sy Mond hulle hele Leër. Psa 33:7 Hy versamel die waters van die see soos 'n hoop; Hy bêre die Afgrond weg in 'n bergplek. Psa 33:8 Laat die hele Aarde vir JaHWeH vrees; laat al die bewoners van die wêreld vir Hom bedug wees; Psa 33:9 want Hy het gespreek, en sy was; Hy het gebied, en sy staan. Psa 33:10 JaHWeH vernietig die raad van die nasies, Hy verydel die gedagtes van die volke. Psa 33:11 Die Raad van JaHWeH bestaan vir ewig, die gedagtes van Sy Hart van geslag tot geslag. Psa 33:12 Geseënd is die nasie wie se Elohey, JaHWeH is, die volk wat Hy vir Hom as Erfdeel uitgekies het. Psa 33:13 JaHWeH kyk van die Hemele af; HY sien al die seuns van adam. Psa 33:14 Uit SY woonplek aanskou HY al die bewoners van die Aarde, Psa 33:15 HY wat die hart van hulle almal formeer, wat let op al hul werke. Psa 33:16 'n Koning word nie verlos deur 'n groot leër, 'n dappere nie gered deur groot krag nie. Psa 33:17 Die perd is 'n tevergeefse veilige hawe en red nie deur sy groot krag nie. Psa 33:18 Kyk, die Oog van JaHWeH is op die wat Hom vrees, op die wat op Sy Medelye wag; Psa 33:19 om hulle siel te red van die Dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood. Psa 33:20 Ons Siel wag op JaHWeH; HY is Ons Hulp en Ons Skild; Psa 33:21 want Ons Hart is bly in HOM, omdat Ons in die Naam Sy Apartheid vertrou. Psa 33:22 Laat U Medelye, JaHWeH, oor Ons wees net soos Ons op U wag! //Dawid, toe hy sy gedrag voor Abiméleg verander het en dié hom weggejaag het, sodat hy geloop het. Psa 34:1 [??Alef.] Ek wil JaHWeH altyd loof; Sy lof sal voortdurend in My mond wees. Psa 34:2 [? Bet.] My Siel sal haar beroem in JaHWeH; die ootmoediges sal haar hoor en bly wees. [Openbaring 6:9] Psa 34:3 [? Ghimel.] Maak JaHWeH saam met My groot, en laat ons saam Sy Naam verhef! Psa 34:4 [? Dalet.] Ek het JaHWeH gesoek, en Hy het My geantwoord en My uit al My vrees gered. Psa 34:5 [???Hé.] Hulle het Hom aangesien en gestraal van Vreugde, en hulle aangesig hoef nie rooi van skaamte te word nie. Psa 34:6 [?? Zajin.] Hierdie ellendige het geroep, en JaHWeH het gehoor, en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos. Psa 34:7 [?? Get.] Die Boodskapper van JaHWeH trek 'n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit. Psa 34:8 [? Tet.] Smaak en sien dat JaHWeH suiwer is; Geseënd is die krygsman wat by Hom skuil! Psa 34:9 [?? Jod.] Vrees JaHWeH, o Sy apartes, want die wat Hom vrees, het geen gebrek nie. Psa 34:10 [? Kaf.] Die jong leeus ly armoede en het honger; maar die wat JaHWeH soek, het geen gebrek aan enigiets nie. Psa 34:11 [? Lamed.] Kom, kinders, luister na My; Ek wil julle die Vrees van JaHWeH leer. Psa 34:12 [?? Mem.] Wie is die man wat lus het in die lewe, wat dae liefhet om die suiwere te sien? Psa 34:13 [?? Noen.] Bewaar jou tong van besoedeling, en jou lippe dat hulle nie bedrog spreek nie. Psa 34:14 [? Samek.] Wyk af van wat besoedel is, en doen wat suiwer is; soek die Vrede en jaag Hom na. [Númeri 25:12] Psa 34:15 [??Ajin.] Die Oë van JaHWeH is op die regverdiges, en Sy Ore tot hulle hulpgeroep. Psa 34:16 [? Pé.] Die Aangesig van JaHWeH is teen die wat met die besoedeling te doen het, om hulle nagedagtenis van die Aarde af uit te roei. Psa 34:17 [? Tzadé.] Hulle roep, en JaHWeH hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede. Psa 34:18 [? Kof.] JaHWeH is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees. Psa 34:19 [? Resj.] Menigvuldig is die besoedeling teenoor die regverdige, maar uit dié almal red JaHWeH hom. Psa 34:20 [? Sjin.] Hy bewaar al Sy bene: nie een daarvan word gebreek nie. [Exodus 12:46; JeHôWganan 19:33-36] Psa 34:21 [?? Taw.] Die besoedeling maak die besoedelde een dood; en die wat die regverdige haat, moet daarvoor boet. Psa 34:22 JaHWeH verlos die Siel van Sy knegte; en almal wat by Hom skuil, hoef nie te boet nie. //Dawid bid tot Elohim om die besoedeldes te straf. Deur Dawid. Psa 35:1 JaHWeH, twis met die wat met My twis; bestry die wat My bestry! Psa 35:2 Gryp die klein skild en die grote, en staan op as My Hulp! Psa 35:3 En trek die spies uit en stuit My vervolgers! Spreek tot My Siel: Ek is jou Verlossing! Psa 35:4 Laat hulle wat My Siel soek, beskaamd staan en in die skande kom; laat hulle wat My teistering beraam, agteruitwyk en rooi van skaamte word! Psa 35:5 Laat hulle word soos kaf voor die wind, terwyl die Boodskapper van JaHWeH [hulle] wegstoot. Psa 35:6 Laat hulle weg Duisternis en glibberig wees, terwyl die Boodkapper van JaHWeH hulle vervolg! Psa 35:7 Want hulle het sonder oorsaak die kuil met hul net vir My verberg, hulle het sonder oorsaak gegrawe teen My Siel. Psa 35:8 Laat verwoesting oor hom kom sonder dat hy dit weet, en laat sy net hom vang wat hy gespan het; laat hom in haar [die kuil] val met verwoesting! Psa 35:9 Maar My Siel sal juig in JaHWeH, sy sal verheug wees in Sy Verlossing. Psa 35:10 Al My beendere sal sê: JaHWeH, wie is soos U? U wat die ellendige red van die wat sterker is as hy; ja, die ellendige en behoeftige van sy berower! Psa 35:11 Kwaadwillige getuies staan op; wat Ek nie weet nie, vra hulle vir My. Psa 35:12 Hulle vergeld My besoedeling vir suiwerheid: verlatenheid vir My Siel. Psa 35:13 En Ek - toe hulle siek was, het Ek 'n roukleed gedra; Ek het My Siel gekwel met vas, en My gebed het teruggekeer in My boesem. [JirmeJaH 50:12] Psa 35:14 Ek het rondgegaan asof dit 'n vriend, asof dit 'n broer van My was; Ek het gebuk gegaan in die rou soos een wat oor sy moeder treur. Psa 35:15 Maar as Ek struikel, is hulle bly en kom bymekaar; hulle vergader teen My, lae mense en die wat Ek nie ken nie; hulle laster sonder ophou. Psa 35:16 Onder die tweegesig hofnarre kners hulle met hul tande teen My. Psa 35:17 My Meester, hoe lank sal U dit aansien? Bring My Siel terug van hulle verwoestinge, My enigste van die jong leeus af. Psa 35:18 Ek sal U loof in 'n groot vergadering; onder 'n groot skare sal Ek U prys. Psa 35:19 Laat hulle oor My nie bly wees wat sonder grond My vyande is nie; laat die wat My sonder oorsaak haat, nie met die oë knip nie! Psa 35:20 Want hulle spreek nie van Vrede nie, maar hulle bedink bedrieglike woorde teen die stilles in die Aarde. Psa 35:21 En hulle maak hul mond wyd oop teen My, hulle sê: Ha, ha, ons oog het Haar gesien! Psa 35:22 JaHWeH U het gesien, swyg nie, My Meester, wees nie ver van My af nie! Psa 35:23 Ontwaak en word wakker vir My Reg; My Elohey en My Meester, vir My regsaak. Psa 35:24 Doen aan My Reg na U Geregtigheid, JaHWeH My Elohey, en laat hulle oor My nie bly wees nie! Psa 35:25 Laat hulle in hul hart nie sê: Ha, ons begeerte! Laat hulle nie sê: Ons het hom verslind nie! Psa 35:26 Laat hulle wat bly is oor My teëspoed, beskaamd staan en saam rooi van skaamte word; laat hulle wat hul teen My groot maak, met skaamte en skande beklee word! Psa 35:27 Laat húlle jubel en bly wees wat 'n behae het in My Geregtigheid; en laat hulle voortdurend sê: Groot is JaHWeH wat 'n welbehae het in die Vrede van Sy Kneg! Psa 35:28 En My tong sal U getrouheid prys, U lof die hele dag deur. //Vir die musiekleier. ['n Psalm] van Dawid, die kneg van JaHWeH. Psa 36:1 DIE opstandigheid van die besoedelde is 'n openbaring in My Hart dat daar geen Vrees vir Elohim in sy oë is nie. Psa 36:2 Want hy vlei homself in sy eie oë net om uit te vind dat sy besoedeling gehaat word. Psa 36:3 Die woorde van sy mond is onreg en bedrog; hy laat ná om verstandig te wees, om goed te doen. Psa 36:4 Hy bedink onreg op sy bed; hy gaan staan op 'n weg wat nie suiwer is nie; wat besoedel is, verfoei hy nie. Psa 36:5 o JaHWeH, U Medelye is tot in die Hemele, U Getrouheid tot in die wolke. Psa 36:6 U Geregtigheid is soos die berge van El; U oordele oor die groot Afgrond, JaHWeH, U red adamiete en diere! Psa 36:7 Hoe kosbaar is U Medelye, o Elohim! Daarom skuil die seuns van adam onder die skaduwee van U Vleuels. Psa 36:8 Hulle verkwik hul aan die vettigheid van U Huis, en U laat hulle drink uit die stroom van U genietinge. Psa 36:9 Want by U is die Fontein van die Lewe; in U Lig sien ons die Lig. Psa 36:10 Laat U Medelye voortduur vir die wat U ken, en U Geregtigheid vir die opregtes van hart. Psa 36:11 Laat die voet van die trotsaard nie oor My kom nie, en laat die hand van die besoedelde mense My nie verdryf nie. Psa 36:12 Daar het die bewerkers van Ongeregtigheid geval; hulle is neergestoot en kan nie weer opstaan nie. //['n Psalm] van Dawid. Psa 37:1 [???Alef.] Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie; Psa 37:2 want soos gras sal hulle gou verwelk, en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog. Psa 37:3 [??Bet.] Vertrou op JaHWeH, en doen wat suiwer is; bewoon die Aarde en beoefen Getrouheid, Psa 37:4 en verlustig jou in JaHWeH; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart. Psa 37:5 [???Ghimel.] Laat jou weg aan JaHWeH oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer; Psa 37:6 en Hy sal jou Geregtigheid laat voortkom soos die Lig en jou Reg soos die middag. Psa 37:7 [???Dalet.] Swyg voor die Aangesig van JaHWeH en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie. [MattithJaHûW 25:13] Psa 37:8 [? Hé.] Laat staan die toorn en verlaat die grimmigheid; wees nie toornig nie: dit is net om kwaad te stig. Psa 37:9 Want die besoedelde sal uitgeroei word; maar die wat JaHWeH verwag, hulle sal die Aarde besit. Psa 37:10 [???Waw.] En nog 'n klein rukkie en die besoedelde sal daar nie wees nie; ja, jy sal ag gee op sy plek, maar hy sal daar nie wees nie. Psa 37:11 Die ootmoediges daarenteen sal die Aarde besit en hulle verlustig oor groot Vrede. Psa 37:12 [???Zajin.] Die besoedelde bedink listige planne teen die regverdige en kners met sy tande teen hom. Psa 37:13 My Meester lag oor hom, want hy sien dat sy dag kom. Psa 37:14 [???Get.] Die besoedelde het die swaard getrek en hulle boog gespan om die ellendige en behoeftige te laat val, om dié te slag wat opreg is van Weg. Psa 37:15 Hulle swaard sal in hul hart gaan, en hulle boë sal verbreek word. [Openbaring 1:16; 19:15] Psa 37:16 [???Tet.] 'n Klein bietjie is vir die regverdige beter as die rykdom van baie besoedeldes; Psa 37:17 want die arms van die besoedelde sal verbreek word, maar JaHWeH ondersteun die regverdiges. Psa 37:18 [??Jod.] JaHWeH ken die leeftyd van die rassuiweres, en hulle Erfdeel sal tot in ewigheid bly. Psa 37:19 Hulle sal nie beskaamd staan in die besoedelde tyd nie, en in dae van hongersnood sal hulle versadig word. Psa 37:20 [???Kaf.] Maar die besoedelde sal omkom en die vyande van JaHWeH soos die prag van die weivelde; hulle verdwyn soos rook, hulle verdwyn. Psa 37:21 [??Lamed.] Die besoedelde leen en gee nie terug nie, maar die regverdige ontferm hom en gee; Psa 37:22 want die wat deur Hom geseën word, sal die Aarde besit; maar die wat deur Hom vervloek word, sal uitgeroei word. [Deuteronómium 28] Psa 37:23 [??Mem.] Deur JaHWeH word die gange van 'n krygsman bevestig, en hy het 'n welbehae in Sy Weg. Psa 37:24 As hy val, dan stort hy nie neer nie; want JaHWeH ondersteun sy hand. Psa 37:25 [??Noen.] Ek was jonk, ook het Ek oud geword, maar nooit het Ek die regverdige verlate gesien, of dat sy saad brood soek nie. Psa 37:26 Die hele dag ontferm hy hom en leen uit, en sy saad is 'n seën. Psa 37:27 [? Samek.] Wyk af van wat besoedel is, en doen wat suiwer is, en jy sal vir ewig woon; Psa 37:28 want JaHWeH het die Reg lief en sal Sy Toegewyde nie verlaat nie; vir ewig word Hulle bewaar, maar die saad van die besoedelde word uitgeroei. Psa 37:29 Die regverdiges sal die Aarde besit en vir ewig op haar woon. Psa 37:30 [???Pé.] Die mond van die regverdige verkondig Wysheid, en sy tong spreek Reg. Psa 37:31 Die Wet van sy Elohey is in sy hart; sy gange sal nie wankel nie. Psa 37:32 [???Tzadé.] Die besoedelde loer op die regverdige en soek om hom dood te maak. Psa 37:33 JaHWeH gee hom nie oor in sy hand nie, en Hy veroordeel hom nie as hy gerig word nie. Psa 37:34 [???Kof.] Wag op JaHWeH en hou Sy Weg, en Hy sal jou verhoog om die Aarde te besit; jy sal met welgevalle neersien op die uitroeiing van die besoedelde mense. Psa 37:35 [??Resj.] Ek het die Besoedelde Een gesien, 'n geweldenaar, terwyl hy hom uitbrei soos 'n groen inlandse Boom. [Handelinge 9:22] Psa 37:36 Toe gaan iemand verby, en kyk, hy was daar nie; en Ek het hom gesoek, maar hy was nie te vinde nie. Psa 37:37 [? Sjin.] Let op die rassuiwere en kyk na die opregte, want daar is 'n toekoms vir die man van Vrede. [Númeri 25] Psa 37:38 Maar die oortreders word tesame verdelg; die toekoms van die Besoedelde Een word afgesny. Psa 37:39 [??Taw.] Maar die Hulp van die regverdiges is van JaHWeH, Sy is hulle veilige hawe in tyd van benoudheid. [Psalm 107:30] Psa 37:40 En JaHWeH help hulle en red hulle; Hy red hulle van die besoedelde mense en verlos hulle, want hulle skuil by Hom. //'n Psalm van Dawid, om te onthou. Psa 38:1 O JaHWeH, straf my nie in U Toorn nie en kasty my nie in U Grimmigheid nie. Psa 38:2 Want U pyle het in my ingedring, en U Hand het op my neergedaal. Psa 38:3 Daar is geen heel plek in my vlees vanweë U Grimmigheid nie; daar is niks gesond in my gebeente vanweë my oortredinge nie. Psa 38:4 Want my skuld gaan oor my hoof; soos 'n swaar vrag het hulle vir my te swaar geword. Psa 38:5 My wonde stink, hulle dra vanweë my dwaasheid. Psa 38:6 Ek is krom, heeltemal geboë; die hele dag gaan ek in rou; Psa 38:7 want my lendene is vol ontsteking, en daar is geen heel plek in my vlees nie. Psa 38:8 Ek is kragteloos en heeltemal verbrysel; ek brul van die gebons van my hart. Psa 38:9 My Meester, voor U is al my begeertes, en my gesug is vir U nie verborge nie. Psa 38:10 My hart slaan vinnig, my Krag het my verlaat, en die Lig van my Oë, ook Hy is nie by my nie. Psa 38:11 Die wat my liefhet en my vriende is, staan opsy vir my kwaal, en my naasbestaandes het ver gaan staan; Psa 38:12 en die wat my siel soek, span strikke; en die wat my teistering soek, spreek van ondergang, en hulle bedink die hele dag bedrog. Psa 38:13 Maar ek is soos 'n dowe: ek hoor nie, en soos 'n stomme wat sy mond nie oopmaak nie. Psa 38:14 Ja, ek is soos 'n man wat nie hoor nie en in wie se mond geen teëspraak is nie; Psa 38:15 want op U, JaHWeH, wag ek; U sal verhoor, my Meester my Elohey! Psa 38:16 Want ek het gesê: Laat hulle net nie bly wees oor my nie! Hulle wat by die wankeling van my voet hul groot maak teen my! Psa 38:17 Want ek is klaar om te val, en my smart is voortdurend voor my. Psa 38:18 Ja, my skuld bely ek, ek is bekommerd oor my oortreding. Psa 38:19 Maar my vyande lewe, hulle is magtig; en die wat my valslik haat, is groot in aantal. Psa 38:20 En die wat besoedel vir suiwer vergeld, behandel my vyandig, omdat ek suiwerheid najaag. Psa 38:21 Verlaat my nie, o JaHWeH! My Elohey, wees nie ver van my af nie! Psa 38:22 Maak tog gou om my te help, my Meester, bevry my! //Vir die musiekleier; vir Jedútun. 'n Psalm van Dawid. Psa 39:1 EK het gesê: Ek wil my weë bewaar, sodat ek nie oortree met my tong nie; ek wil my mond in toom hou solank as die besoedelde nog voor my is. Psa 39:2 Ek was stom in stilte, ek het geswyg, ver van suiwerheid af, maar my smart is aangewakker. Psa 39:3 My hart het warm geword in my binneste; 'n vuur het ontvlam by my gesug; ek het gespreek met my tong: Psa 39:4 JaHWeH, maak my einde aan my bekend en wat die maat van my dae is, laat my weet hoe verganklik ek is. Psa 39:5 Kyk, U het my dae 'n paar handbreedtes gemaak, en my leeftyd is soos niks voor U nie; ja, as pure nietigheid staan elke adamiet daar! Sela. Psa 39:6 Waarlik, 'n man wandel met 'n skynbeeld rond; ja, hulle woel verniet; hulle stapel op en weet nie wie dit sal insamel nie. Psa 39:7 En nou, wat verwag ek, o my Meester? My hoop is op U. Psa 39:8 Red my van al my oortredinge; maak my nie 'n smaad van die dwaas nie. Psa 39:9 Ek is stom, ek sal my mond nie oopmaak nie; want U het dit gedoen. Psa 39:10 Neem U plaag van my weg; ek vergaan vanweë die bestryding van U Hand. Psa 39:11 Tugtig U die adamiet met strawwe vir ongehoorsaamheid, dan laat U sy skoonheid vergaan soos [deur] 'n mot; ja, elke adamiet is 'n asemtog! Sela. Psa 39:12 Hoor, JaHWeH, my gebed, en luister na my hulpgeroep; swyg nie by my trane nie; want ek is 'n vreemdeling by U, 'n bywoner soos al my vaders. Psa 39:13 Wend U Oog van my af, dat ek vrolik kan word voordat ek heengaan en daar nie meer is nie. //Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid [oor die Verlossing vanuit die doderyk.] Psa 40:1 EK het JaHWeH lank verwag, en HY het HOM na My toe neergebuig en My hulpgeroep gehoor; Psa 40:2 en HY het My uit die put van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en My voete op 'n Rots gestel; HY het My gange vasgemaak. Psa 40:3 En HY het 'n nuwe lied in My Mond gegee, 'n lofsang tot eer van onse Elohey. Baie sal dit sien en vrees en op JaHWeH vertrou. Psa 40:4 Geseënd is die krygsman wat sy vertroue in JaHWeH stel en hom nie wend tot hoogmoediges en leuendienaars nie. Psa 40:5 Groot dinge het U gedoen, JaHWeH My Elohey - U wonders en gedagtes vir Ons; niemand kan met U vergelyk word nie. Wil Ek dit verkondig en uitspreek, dan is dit te veel om te vertel. Psa 40:6 U het geen behae in 'n slagdier of aanbieding nie; My ore het U vir My geopen; brandoffer vir oortreding het U nie geëis nie. [Hebreërs 10:8] Psa 40:7 Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom; in die skrywe van die Boekrol, is dit van My geskryf. [Hebreërs 10:7] Psa 40:8 Ek het lus, o My Elohey, om U welbehae te doen, en U Wet is binne-in My binneste. [Hebreërs 10:9] Psa 40:9 Ek het 'n blye boodskap van Geregtigheid in die groot vergadering verkondig; kyk, My Lippe bedwing Ek nie. JaHWeH, U weet dit. Psa 40:10 U Geregtigheid bedek Ek nie binne-in My Hart nie; van U Getrouheid en U Redding spreek Ek; U Medelye en U Waarheid verberg Ek nie vir die groot vergadering nie. Psa 40:11 U, o JaHWeH, sal U dade van Barmhartigheid van My nie terughou nie; laat U Medelye en U Waarheid My voortdurend behoed. Psa 40:12 Want onmeetbare besoedeling het My omring; My skuld het My ingehaal, en Ek kan nie sien nie; hulle is meer as die hare van My hoof, en My Hart het My verlaat. [Hebreërs 9:28] Psa 40:13 Laat dit U behaag, JaHWeH, om My te red; JaHWeH, maak tog gou om My te help! Psa 40:14 Laat hulle wat My lewe soek, om dit weg te ruk, tesame beskaamd staan en rooi van skaamte word; laat hulle wat behae het in My benoudheid, agteruitwyk en in die skande kom. Psa 40:15 Laat hulle wat vir My sê: Ha, ha! vanweë hul beskaming verskrik wees! Psa 40:16 Laat almal wat U soek, in U vrolik en bly wees; laat die liefhebbers van U uitspraak voortdurend sê: Groot is JaHWeH! Psa 40:17 Al is Ek ellendig en behoeftig - my Meester dink aan My; U is My Hulp en My Redder; My Elohey, vertoef tog nie! //Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. Psa 41:1 GESEËND is hy wat ag gee op die arme; JaHWeH sal hom red in die dag van benoudheid. Psa 41:2 JaHWeH sal hom bewaar en hom in die lewe hou; hy sal voorspoedig gemaak word op die Aarde. Ja, U kan hom nie oorgee aan die siel van sy vyande nie. [Openbaring van Henog 13:88] Psa 41:3 JaHWeH sal hom ondersteun op die siekbed; sy hele slaapplek verander U as hy krank is. Psa 41:4 Ek het gesê: o JaHWeH, wees My barmhartig! Genees My siel, want sy het teen U oortree. Psa 41:5 My vyande spreek kwaad van My [en sê]: Wanneer sal Hy sterwe en Sy Naam vergaan? Psa 41:6 En as iemand kom om [My] te sien, dan praat hy leuens; sy hart vergader besoedeling vir hom; gaan hy uit na buite, dan spreek hy daarvan. Psa 41:7 Al My haters tesame fluister onder mekaar teen My; teen My bedink hulle besoedeling [en sê]: Psa 41:8 'n Woord van Belijaal is op Hom uitgestort; en nou dat Hy lê, sal Hy nie weer opstaan nie. Psa 41:9 Selfs die man wat met My in Vrede lewe, op wie Ek vertrou het, wat My Brood eet, het die hakskeen teen My opgelig. [JeHôWganan 13:18] Psa 41:10 Maar U, o JaHWeH, wees My barmhartig en rig My op dat Ek hulle dit kan vergelde! Psa 41:11 Hieraan weet Ek dat U 'n welbehae in My het: dat My vyand oor My nie juig nie. Psa 41:12 My tog, deur My egtheid ondersteun U My, en stel My voor U Aangesig tot in ewigheid. Psa 41:13 Geloofd sy JaHWeH, die Elohey van JisraEl, van ewigheid tot in ewigheid! Amein, ja amein. //Vir die musiekleier. 'n Onderwysing van die kinders van Korag. Psa 42:1 SOOS 'n hert wat smag na waterstrome, so smag My Siel na U, o Elohim! Psa 42:2 My Siel dors na Elohim, na die lewende El; wanneer sal Ek ingaan en voor die Aangesig van Elohim verskyn? Psa 42:3 My trane is My spys dag en nag, omdat hulle die hele dag vir My sê: Waar is jou Elohey? Psa 42:4 Hieraan wil Ek dink en My Siel uitstort in My: hoe Ek gewoond was om voort te trek met die skare, hulle gelei het na die Huis van Elohim, met die stem van jubel en dank - 'n feesvierende menigte! [Wysheid 10:15-21] Psa 42:5 Wat buig jy jou neer, o My Siel, en is onrustig in My? Hoop op Elohim; want Ek sal Hom nog loof - die Verlossing van Sy Aangesig! Psa 42:6 o My Elohey, My Siel buig neer in My; daarom dink Ek aan U vanaf die Aarde van die Jordaan en die Hermoniete, van die klein gebergte af. Psa 42:7 Die Afgrond roep na die Afgrond by die gedruis van U waterstrome; al U bare en U golwe het oor My heengegaan. Psa 42:8 [Maar] JaHWeH sal oordag Sy Medelye gebied, en in die nag sal Sy lied by My wees, 'n gebed tot die El van My lewe. Psa 42:9 Ek wil spreek tot El, My Rots, waarom vergeet U My? Waarom gaan Ek in rou deur die vyande se verdrukking? Psa 42:10 Met 'n doodsteek in My gebeente, smaad My teëstanders My as hulle die hele dag vir My sê: Waar is jou Elohey? Psa 42:11 Wat buig jy jou neer, o My Siel, en wat is jy onrustig in My? Hoop op Elohim, want Ek sal Hom nog loof - die Verlossing van My Aangesig en My Elohey! Psa 43:1 DOEN aan my Reg, o Elohim, en verdedig my regsaak teen 'n onbarmhartige volk; red my van die man van bedrog en onreg! Psa 43:2 Want U is die Elohey van my laer; waarom verstoot U my dan? Waarom moet ek rondgaan in rougewaad deur die vyand se verdrukking? Psa 43:3 Stuur U Lig en U Waarheid; laat Hulle my lei; laat Hulle my bring na die berg van U Apartheid en na U Tabernakels , Psa 43:4 dat ek kan ingaan na die altaar van Elohim, na die El van my jubelende blydskap en U kan loof met die siter, o Elohim Elohey! Psa 43:5 Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op Elohim, Want ek sal Hom nog loof- die Verlossing van my aangesig en my Elohey! //Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Onderwysing. Psa 44:1 O ELOHIM, met ons ore het ons dit gehoor, ons vaders het ons dit vertel: 'n werk het U gedoen in hulle dae, in die dae van die voortyd. Psa 44:2 U self het met U Hand nasies verdrywe, maar húlle geplant; U het gemeenskappe kwaad aangedoen, húlle daarenteen laat uitspruit. Psa 44:3 Want húlle het die Aarde nie deur hul swaard in besit geneem nie, en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie, maar U Regterhand en U Arm en die Lig van U Aangesig, omdat U 'n welbehae in hulle gehad het. Psa 44:4 U self is my Koning, o Elohim! Gebied die Verlossinge van Jakob. Psa 44:5 Deur U sal ons ons teëstanders omstoot; in U Naam sal ons hulle vertrap wat teen ons opstaan. Psa 44:6 Want ek vertrou nie op my boog nie en my swaard sal my die oorwinning nie gee nie; Psa 44:7 maar U het ons verlos van ons teëstanders en ons haters beskaamd gemaak. Psa 44:8 In Elohim roem ons die hele dag en U Naam sal ons loof tot in ewigheid. Sela. Psa 44:9 En tog het U ons verstoot en tot skande gemaak, en U trek nie saam met ons leërs uit nie. Psa 44:10 U laat ons agteruitwyk vir die teëstander, en ons haters plunder na hartelus. Psa 44:11 U gee ons oor soos slagvee, en U het ons onder die nasies verstrooi. Psa 44:12 U verkoop U volk vir niks en het nie baie verdien deur hulle koopprys nie. Psa 44:13 U maak ons 'n smaad vir ons bure, 'n spot en beskimping vir die wat rondom ons is. Psa 44:14 U maak ons 'n spreekwoord onder die nasies, 'n hoofskudding onder die gemeenskappe. Psa 44:15 My skande is die hele dag voor my, en die skaamte van my aangesig oordek my; Psa 44:16 weens die stem van die smader en lasteraar, weens die blik van die vyand en wraakgierige. Psa 44:17 Dit alles het oor ons gekom, en tog het ons U nie vergeet en nie bedrieglik gehandel teen U Verbond nie. Psa 44:18 Ons hart het nie agteruit gewyk nie, en ons gange het van U Pad nie afgebuig nie, Psa 44:19 alhoewel U ons verbrysel het in die Plek van die Drake en ons met die Doodskaduwee oordek. Psa 44:20 As ons die Naam van onse Elohey vergeet het en ons handpalms uitgestrek het na 'n verbasterde heerser- Psa 44:21 sou Elohim dit nie naspeur nie? Want Hy ken die geheime van die hart. Psa 44:22 Maar om U ontwil word ons die hele dag gedood; ons word gereken as slagskape. Psa 44:23 Ontwaak! Waarom slaap U, my Meester? Word tog wakker! Verstoot nie vir ewig nie! Psa 44:24 Waarom verberg U U Aangesig, vergeet U ons ellende en ons verdrukking? Psa 44:25 Want ons siel is in die stof neergebuig; ons buik kleef aan die Aarde. Psa 44:26 Staan op tot ons hulp en verlos ons om U Medelye ontwil! //Vir die musiekleier; op [die wysie van]: "Lelies". Van die kinders van Korag. 'n Onderwysing. 'n Lied van die liefde. Psa 45:1 MY hart word bewoë deur suiwer woorde; Ek dra My gedigte voor aangaande 'n Koning; My Tong is die pen van 'n vaardige skrywer. [Openbaring van Henog 1:1] Psa 45:2 U is veel skoner as die uit die seuns van adam; Guns is uitgestort op U Lippe; daarom het Elohim U geseën vir Ewig. Psa 45:3 Gord U Swaard aan die heup, o Dappere, U Majesteit en U Grootsheid; Psa 45:4 ja, U Grootsheid! Ry voorspoedig ter wille van Waarheid en Ootmoed [en] Regverdigheid; en laat U Regterhand U ontsagwekkende dinge leer! Psa 45:5 U pyle is skerp (volke val onder U!); [hulle tref] in die hart van die Koning se vyande. Psa 45:6 U Troon, o Elohim, is vir Ewig tot in Ewigheid; die Septer van U Koninkryk is 'n regverdige Septer. Psa 45:7 U het Geregtigheid lief en haat besoedeling. Daarom het, o Elohim, U Elohim U gesalf met Vreugde-olie bo U metgeselle. [Hebreërs 1:9] Psa 45:8 Al U klere is mirre en alewee [en] kassie; uit ivoorpaleise maak snarespel U bly. [Wysheid van Sirag 24:15] Psa 45:9 Dogters van konings is onder U kosbares; die Koningin staan aan U regterhand in goud van Ofir. Psa 45:10 Hoor, o Dogter, en kyk en neig U oor, en vergeet U volk en die Huis van U Vader; Psa 45:11 en as die Koning U skoonheid begeer - want Hy is U Meester - buig U dan voor Hom neer. Psa 45:12 En, o die dogter van Tirus sal met geskenke U guns afsmeek, ja, die rykstes van die volk. Psa 45:13 Louter welgesteldheid is die Koning se Dogter daarbinne; van goud[draad] is Haar kleding. Psa 45:14 In veelkleurige gewade word Sy na die Koning gelei; maagde agter Haar, Haar vriendinne, word na U gebring. [Hooglied van Salomo 6:9] Psa 45:15 Hulle word gelei met Vreugde en gejuig; Hulle gaan in die Koning se paleis in. [MattithJaHûW 25:1] Psa 45:16 In die plek van U vaders sal U seuns wees; U sal hulle aanstel as vorste in die hele Aarde. Psa 45:17 U Naam wil Ek vermeld van geslag tot geslag; daarom sal die volke U loof vir Ewig tot in Ewigheid. //Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. Met sopraanstemme. 'n Lied. Psa 46:1 ELOHIM is vir Ons 'n Toevlug en Sterkte; as Hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef. Psa 46:2 Daarom sal Ons nie vrees nie, al waggel die Aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see. Psa 46:3 Laat haar waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur haar onstuimigheid! Sela. Psa 46:4 [Daar is] 'n rivier en sy spruitjies maak die Stad van Elohim bly, die Aparte Tabernakels van die Hoogste El. Psa 46:5 Elohim is binne-in Haar, Sy wankel nie; Elohim sal Haar beskerm as die dagbreek verskyn. Psa 46:6 Nasies het gebruis, koninkryke het gewankel; Hy het Sy Stem verhef; die Aarde bewe. Psa 46:7 JaHWeH van die skeppings-Leërmagte is met Ons; die Elohey van Jakob is 'n Rotsvesting vir Ons. Sela. Psa 46:8 Kom, aanskou die Dade van JaHWeH, wat verskriklike dinge oor die Aarde bring, Psa 46:9 wat die oorloë laat ophou tot by die Einde van die Aarde, die boog verbreek en die spies stukkend slaan, die strydwaens met vuur verbrand. Psa 46:10 Laat staan en weet dat Ek Elohim is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die Aarde. Psa 46:11 JaHWeH van die skeppings-Leërmagte is met Ons; die Elohey van Jakob is 'n Rotsvesting vir Ons. Sela. //Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm. Psa 47:1 ALLE volke, klap met die handpalms; juig tot Eer van Elohim met 'n stem van gejubel! Psa 47:2 Want JaHWeH, die Hoogste El, is gedug, 'n groot Koning oor die hele Aarde. Psa 47:3 Hy bring volke onder Ons en gemeenskappe onder Ons voete. Psa 47:4 Hy kies Ons Erfdeel vir Ons uit, die Trots van Jakob vir wie Hy liefhet. Sela. Psa 47:5 Elohim vaar op met gejuig, JaHWeH met ramshoring geklank. [Handelinge 1:9] Psa 47:6 Maak musiek tot Eer van Elohim, maak musiek! Maak musiek tot Eer van Ons Koning, maak musiek! Psa 47:7 Want Elohim is Koning van die hele Aarde; maak musiek met 'n onderwysing. Psa 47:8 Elohim regeer oor die nasies; Elohim sit op die Troon van Sy Apartheid. Psa 47:9 Die edeles van die volke het vergader - 'n volk van die Elohey van Abraham; want aan Elohim behoort die skilde van die Aarde. Hoog verhewe is Hy! //'n LIED. 'n Psalm van die kinders van Korag. Psa 48:1 JaHWeH is groot en uitnemend lofwaardig in die Stad van onse Elohey, Berg van Sy Apartheid! Psa 48:2 Skoon deur Sy verhewenheid, die Vreugde van die hele Aarde is die Berg van Sion, aan die Noordekant, die Stad van die groot Koning! Psa 48:3 Elohim word bekend gemaak in Haar paleise as 'n Rotsvesting. Psa 48:4 Want kyk, die konings het bymekaar gekom, tesame opgetrek. Psa 48:5 Skaars het hulle Haar gesien, of hulle het verstom, verskrik geword, in angs weggevlug. Psa 48:6 Bewing het hulle daar aangegryp, smart soos van een wat baar. Psa 48:7 Deur die Gees van die Ooste verbreek U die skepe van Tarsis. Psa 48:8 Soos ons gehoor het, so het ons gesien in die Stad van JaHWeH van die skeppings-leërmagte, in die Stad van onse Elohey: Elohim sal Haar bevestig tot in ewigheid. Sela. Psa 48:9 o Elohim, ons dink aan U Medelye binne-in U Tempel. Psa 48:10 Soos U Naam, o Elohim, so is U roem tot die eindes van die Aarde toe; U Regterhand is vol Geregtigheid. Psa 48:11 Laat die Berg van Sion bly wees, laat die Dogters van JeHûWdah juig oor U Regsprake. Psa 48:12 Gaan rondom Sion, trek om Haar heen, tel Haar torings; Psa 48:13 let op Haar skanse, wandel deur Haar paleise, sodat julle van Haar aan die volgende geslag kan vertel, Psa 48:14 dat hierdie Elohim, onse Elohey is, vir Ewig tot in Ewigheid; Hy sal ons lei tot die dood toe. //Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm. Psa 49:1 HOOR dit, alle volke, luister, alle bewoners van die wêreld. Psa 49:2 Beide seuns van die Adamiete sowel as seuns van die groot manne, ryk en arm tesaam! Psa 49:3 My Mond sal louter Wysheid spreek, en die oordenking van My Hart is net Verstand. Psa 49:4 Ek sal My oor neig tot 'n spreuk; Ek sal My raaisel verklaar by die siter. Psa 49:5 Waarom sou Ek vrees in dae van besoedeling, as die ongeregtigheid van My onderkruipers My omring - Psa 49:6 die wat vertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom? Psa 49:7 Niemand kan ooit 'n broer loskoop nie; hy kan aan Elohim sy losprys nie gee nie Psa 49:8 (want die losprys van hulle siel is te kosbaar en vir ewig ontoereikend), Psa 49:9 dat hy vir ewig sou voortlewe, die vernietiging nie sou sien nie. Psa 49:10 Want hy sien: wyse manne sterwe, die dwaas en die onverstandige kom tesame om en laat hulle vermoë aan ander na. Psa 49:11 Hulle binneste gedagte is: hul huise sal vir ewig wees, hul tabernakels van geslag tot geslag; hulle noem die Adamah [die adamiet se Aarde] na hul name. Psa 49:12 Maar die adamiet wat in aansien is, hou nie stand nie; hy is soos die wilde wesens wat vergaan. Psa 49:13 Dit is die weg van die wat op hulleself vertrou, en van hulle volgelinge wat in hul woorde 'n behae het. Sela. Psa 49:14 Soos skape word hulle bestem vir die Doderyk/Sheol; Dood is hulle herder, en die opregtes heers oor hulle in die môre; en hulle gestalte is daar vir die Doderyk/Sheol om te verteer, sodat daarvoor geen woning meer is nie. Psa 49:15 Maar Elohim sal My Siel loskoop van die mag van die Doderyk/Sheol, want Hy sal My opneem. Sela. [2 Nikodemus 8:2] Psa 49:16 Wees nie bevrees as 'n man ryk word, as die rykdom van sy huis groot word nie; Psa 49:17 want wanneer hy doodgaan vat hy niks saam uit alles van hom nie; sy Glansrykheid sal nie neerdaal agter hom aan nie. Psa 49:18 Want terwyl hy leef het hy sy siel geseën - en prys hulle jou, omdat jy aan jouself goed doen - [Lukas 12:20] Psa 49:19 tog gaan [sy siel] na die geslag van sy vaders; tot in ewigheid sal hulle die Lig nie sien nie. Psa 49:20 Die adamiet wat in aansien is en geen verstand het nie, is soos die wilde wesens wat vergaan. //'n Psalm van Asaf. Psa 50:1 DIE El van die Elohim, JaHWeH, spreek en roep die Aarde, van die opgang van die son af tot sy ondergang toe. Psa 50:2 Uit Sion, die volkomenheid van skoonheid, verskyn Elohim in Ligglans. Psa 50:3 Onse Elohey kom en kan nie swyg nie. Vuur verteer voor Sy Aangesig, en rondom Hom storm dit geweldig. Psa 50:4 Hy roep na die Hemele daarbo, en na die Aarde, om Sy volk te oordeel: Psa 50:5 Versamel My gunsgenote vir My, hulle wat My Verbond by die Slagdier sluit! [Wysheid van Sirah 24:10] Psa 50:6 En - die Hemele verkondig Sy regverdigheid, want Elohim staan gereed om te oordeel! Sela. Psa 50:7 Hoor, My volk, dat Ek kan spreek; JisraEl, dat Ek jou dit kan inskerp: Ek is Elohim, jou Elohey! Psa 50:8 Oor jou slagdiere bestraf Ek jou nie, en jou brandoffers is voortdurend voor My. Psa 50:9 Ek hoef uit jou huis geen stier te neem of bokke uit jou krale nie; Psa 50:10 want al die wilde diere van die bos is Myne, die vee op die berge by duisende. Psa 50:11 Ek ken al die voëls van die berge, en wat roer op die veld, is van My. Psa 50:12 As Ek honger het, sal Ek jou dit nie sê nie; want die wêreld is Myne en haar volheid. [MattithJaHûW 12:6] Psa 50:13 Sou Ek vleis van stiere eet, of bloed van bokke drink? Psa 50:14 Slag aan Elohim met dank, en betaal jou Geloftes aan die Hoogste El; Psa 50:15 en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer. Psa 50:16 Maar aan die besoedelde sê Elohim: Wat vertel jy nog My Insettinge en neem jy My Verbond in jou mond - Psa 50:17 terwyl jy die Tug haat en My woorde agter jou werp? Psa 50:18 As jy 'n dief sien, dan geval dit jou by hom, en jou deel is met die verbasteraars. Psa 50:19 Jou mond laat jy los in besoedeling, en jou tong vleg bedrog. Psa 50:20 Jy sit en praat teen jou broer, die seun van jou Moeder beskimp jy. Psa 50:21 Hierdie dinge het jy gedoen, en sou Ek swyg? Jy dink Ek is net soos jy! Ek gaan jou straf en jou dit ordelik voor oë stel. Psa 50:22 Verstaan dit tog, o julle wat Elowahh vergeet, sodat Ek [julle] nie verskeur sonder dat iemand red nie. Psa 50:23 Die een wat slag met dank, eer My; en die een wat op Sy Weg ag gee, hom sal Ek die Lossing van Elohim laat geniet. //Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, toe die profeet Natan na hom gekom het, nadat hy by Bátseba ingegaan het. Psa 51:1 WEES My barmhartig, o Elohim, na U Medelye; delg My oortredinge uit na die grootheid van U barmhartigheid. Psa 51:2 Was My heeltemal van My ongeregtigheid en suiwer My van My opstandigheid. [JeshaJaH 1:16; MattithJaHûW 28:19] Psa 51:3 Want Ek ken My opstandigheid, en My oortredinge is voortdurend voor My. Psa 51:4 Teen U alleen het Ek oortree en gedoen wat besoedel is in U Oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, suiwer as U gerig hou. Psa 51:5 Kyk, in skuld is Ek gebore, en in oortreding het My Moeder My ontvang. Psa 51:6 Kyk, U het 'n welgevalle aan Waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U aan My Wysheid bekend. Psa 51:7 Was My van oortredinge met hisop, dat Ek gesuiwer kan wees; was My, dat Ek witter kan wees as sneeu. Psa 51:8 Laat My Vreugde en Blydskap hoor; laat die gebeente juig wat U verbrysel het. Psa 51:9 Verberg U Aangesig vir My oortredinge en delg uit al My skuld vir oortredinge. Psa 51:10 Skep vir My 'n suiwer hart, o Elohim, en gee opnuut in die binneste van My, 'n standvastige Gees. Psa 51:11 Verwerp My nie van U Aangesig nie en neem die Gees van U Apartheid nie van My weg nie. Psa 51:12 Gee My weer die Vreugde van U Lossing, en vernuwe My deur 'n standvastige Gees. Psa 51:13 Ek wil die opstandiges U Weë leer, dat die oortreders hulle tot U kan bekeer. Psa 51:14 Verlos My van die Bloed, o Elohim, Elohey van My bevryding! Laat My Tong U Geregtigheid uitjubel. Psa 51:15 My Meester, open My Lippe, dat My Mond U Lof kan verkondig. Psa 51:16 Want U het geen behae in 'n slagdier nie, anders sou Ek hom gee; in brandoffer het U geen behae nie. Psa 51:17 Die Slagdier van Elohim is 'n Gebroke Gees; 'n Gebroke en Verslae Hart sal U, o Elohim, nie verag nie! Psa 51:18 Doen goed aan Sion na U welbehae; bou die mure van Jerusalem op. Psa 51:19 Dan sal U 'n welbehae hê in die Slagdiere van Regverdigheid, in brandoffer en 'n volledige aan-bieding; dan sal hulle stiere opdra op U altaar. //VIR die musiekleier. 'n Onderwysing van Dawid, toe Doëg, die Edomiet, gekom het en aan Saul te kenne gegee en aan hom gesê het: Dawid het in die huis van Ahiméleg ingegaan. Psa 52:1 WAT beroem jy jou in die besoedeling, o geweldige? Die Medelye van El duur die hele dag! Psa 52:2 Jou tong beraam bedrieglikheid, soos 'n geslypte skeermes, o werker van bedrog! Psa 52:3 Jy hou meer van besoedeling as van suiwerheid, van die leuen meer as om die Waarheid te spreek. Sela. Psa 52:4 Jy hou net van woorde wat verslind, o bedrieglike tong! Psa 52:5 So sal El jou dan ook vir ewig omverwerp, jou wegruk en jou uit die Tent uitsleep; ja, Hy sal jou ontwortel uit die Aarde van die lewendes. Sela. Psa 52:6 En die regverdiges sal dit sien en vrees; en hulle sal oor hom lag [en sê]: Psa 52:7 Kyk, die sterk man wat Elohim nie tot sy toevlug gemaak het nie, maar vertrou het op die grootheid van sy rykdom, sterk was in sy bedrieg-likheid! Psa 52:8 Maar Ek sal wees soos 'n groen Olyfboom in die Huis van Elohim; Ek vertrou op die Medelye van Elohim vir Ewig tot in Ewigheid. [JirmeJaH 11:16] Psa 52:9 Vir ewig sal Ek U loof, omdat U dit gedoen het; en Ek sal U Naam verwag, want Hy is suiwer, in teenwoordigheid van U Toegewydes. //Vir die musiekleier; op [die wysie van]: "Máhalat." 'n Onderwysing van Dawid. Psa 53:1 DIE dwaas sê in sy hart: Daar is geen Elohim nie! Hulle het sleg gehandel en [hul] onreg afskuwelik gemaak; daar is niemand wat suiwer optree nie. Psa 53:2 Elohim het uit die Hemele neergesien op die seuns van adam om te sien of daar iemand verstandig is, wat na Elohim vra. Psa 53:3 Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle verkleur; daar is niemand wat suiwer optree nie, ook nie een nie. Psa 53:4 Het die bewerkers van Ongeregtigheid dan geen Kennis nie, wat My volk opeet [asof] hulle brood eet? Hulle roep Elohim nie aan nie. Psa 53:5 Dáár het skrik hulle oorweldig sonder dat daar skrik was; want Elohim het die beendere verstrooi van hom wat jou beleër het; jy het [hulle] beskaamd gemaak, want Elohim het hulle verwerp. Psa 53:6 Ag, mag die Verlossing van JisraEl uit Sion kom! As Elohim die lot van Sy volk verander, dan sal Jakob juig, JisraEl sal bly wees. //Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Onderwysing van Dawid, toe die Sifiete gekom en aan Saul gesê het: Het Dawid hom nie by ons weggesteek nie? Psa 54:1 O ELOHIM, verlos My deur U Naam, en doen aan My Reg deur U Mag! Psa 54:2 o Elohim, hoor My gebed, luister na die woorde van My Mond! Psa 54:3 Want verbasterdes staan teen My op, en tiranne soek My Siel; hulle stel Elohim nie voor hul oë nie. Sela. Psa 54:4 Kyk, Elohim is My Helper, My Meester is met hulle wat My Siel ondersteun. Psa 54:5 Hy sal My vyande hul besoedeling vergelde. Vernietig hulle deur U Waarheid! Psa 54:6 Ek wil 'n vrywillige [gawe] aan U slag; Ek wil U Naam, o JaHWeH, loof, want Hy is suiwer; Psa 54:7 want Hy het My uit alle benoudheid gered, en My Oog het met welgevalle op My vyande neergesien. //Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Onderwysing van Dawid. Psa 55:1 O ELOHIM, hoor my gebed en verberg U nie vir my smeking nie. Psa 55:2 Luister na my en verhoor my; in my onrus dwaal ek rond en is verward, Psa 55:3 weens die geroep van die vyand, weens die geraas van die besoedelde; want hulle stort onreg op my af, en in toorn behandel hulle my as vyand. Psa 55:4 My hart krimp inmekaar in my binneste, en verskrikkinge van die Dood het op my geval. Psa 55:5 Vrees en bewing kom oor my, en angs oordek my. Psa 55:6 Toe het ek gesê: Ag, had ek maar vlerke soos 'n duif, dan sou ek wegvlieg en [weg]bly! Psa 55:7 Kyk, ek sou ver wegvlug; ek sou vernag in die wildernis! Sela. Psa 55:8 Gou sou ek vir my 'n skuilplek soek teen die onstuimige wind, teen die storm. Psa 55:9 Verslind hulle, my Meester, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die Stad. Psa 55:10 Dag en nag omring hulle hom op haar mure, en binne-in haar is onreg en moeite. Psa 55:11 Wat verwoesting aanbring, is binne-in haar, en verdrukking en bedrog wyk nie van haar markplein nie. Psa 55:12 Want dit is geen vyand wat my smaad nie, anders sou ek dit dra; dit is nie my hater wat hom teen my groot maak nie, anders sou ek my vir hom wegsteek; Psa 55:13 maar jy, 'n man soos ek, my vriend en my vertroude! Psa 55:14 Ons wat innig met mekaar omgegaan het, in die Huis van Elohim gewandel het met die woelige skare. Psa 55:15 Laat Dood hulle oorval, laat hulle lewendig na die Doderyk/Sheol neerdaal; want besoedeling is in hulle woning, in hulle binneste. Psa 55:16 Maar ek, ek roep Elohim aan, en JaHWeH sal my verlos. Psa 55:17 Saans en smôrens en smiddags klaag ek en steun, en Hy hoor my stem. Psa 55:18 Hy verlos my siel in Vrede van die stryd teen my, want met menigtes is hulle teen my. Psa 55:19 El sal hoor en hulle antwoord; ja, Hy wat op die troon sit van lankal af, Sela; omdat by hulle geen verbetering is en die Elohim nie vrees nie. Psa 55:20 Hy het sy hande uitgesteek teen die wat in Vrede met hom geleef het; hy het Sy Verbond besoedel. Psa 55:21 Glad is die botterwoorde van sy mond, maar sy hart is oorlog; sy woorde is sagter as olie, maar hulle is ontblote swaarde. Psa 55:22 Werp jou sorg op JaHWeH, en Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie. Psa 55:23 Maar U, o Elohim, sal hulle laat neerdaal in die put van vernietiging; manne van bloed en bedrog sal hulle dae nie tot op die helfte bring nie; maar ék vertrou op U. //Vir die musiekleier; op [die wysie van]: "Die Duif van die ver Terebinte." Van Dawid. 'n Gedig, toe die Filistyne hom gevang het in Gat. Psa 56:1 WEES my barmhartig, o Elohim, want mense vertrap my; hy wat my beveg, verdruk my die hele dag. Psa 56:2 My vyande vertrap die hele dag, want baie veg teen my in hoogmoed. Psa 56:3 Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou. Psa 56:4 Deur Elohim sal ek Sy Woord prys; ek vertrou op Elohim, ek vrees nie; wat kan vlees my doen? Psa 56:5 Die hele dag verdraai hulle my woorde; al hulle gedagtes is teen my, om besoedeling te pleeg. Psa 56:6 Hulle val aan, lê en loer - hulle let op my hakskene net soos hulle op my siel geloer het. Psa 56:7 Ondanks [hul] ongeregtigheid - sal hulle ontvlug? Werp volke neer in Toorn, o Elohim! Psa 56:8 U het my omswerwinge getel; hou my trane in U kruik; is hulle nie in U Boekrol nie? Psa 56:9 Dan sal my vyande agteruitwyk op die dag as ek roep; dit weet ek dat Elohim aan my kant is. Psa 56:10 Deur Elohim sal ek die Woord prys; deur JaHWeH sal ek die Woord prys. Psa 56:11 Ek vertrou op Elohim, ek vrees nie wat 'n adamiet my kan aandoen nie. Psa 56:12 Op my, o Elohim, [rus] Geloftes aan U; die sal ek met dank aan U vergoed; Psa 56:13 want U het my siel gered van die Dood - ja, my voete van struikeling - om te wandel voor die Aangesig van Elohim, die Lig van die lewe. //Vir die musiekleier; op [die wysie van]: "Moenie verwoes nie." Van Dawid. 'n Gedig, toe hy vir Saul in die spelonk gevlug het. Psa 57:1 WEES my barmhartig, o Elohim, wees my barmhartig, want by U het my siel geskuil, en in die skaduwee van U Vleuels sal ek skuil totdat die verwoesting verbygegaan het. Psa 57:2 Ek roep Elohim, die Hoogste El aan, El wat dit vir my voleindig. Psa 57:3 Hy sal uit die Hemele stuur en my verlos terwyl hy wat my vertrap, [my] smaadheid aandoen. Sela. Elohim sal Sy Medelye en Sy Waarheid stuur. Psa 57:4 My siel [is] tussen brullende leeus en ek lê [tussen] vuriges, seuns van adam wie se tande spiese en pyle is, en wie se tong 'n skerp swaard is. Psa 57:5 Verhef U bo die Hemele, o Elohim, U Glansrykheid bo die hele Aarde! Psa 57:6 Hulle het 'n net gespan vir my voetstappe, hulle het my siel neergebuig; hulle het 'n kuil voor my gegrawe, hulle val binne-in haar. Sela. Psa 57:7 My hart is gerus, o Elohim, my hart is gerus; ek wil sing en musiek maak. Psa 57:8 Waak op, my Eer! Waak op, harp en siter! Ek wil Shagar wakker maak! Psa 57:9 Ek wil U loof onder die volke, my Meester, musiek maak tot U Eer onder die gemeenskappe. Psa 57:10 Want U Medelye is groot tot by die Hemele en U Waarheid tot by die wolke. Psa 57:11 Verhef U bo die Hemele, o Elohim, U Glansrykheid bo die hele Aarde! //Vir die musiekleier; op [die wysie van]: "Moenie verwoes nie." Van Dawid. 'n Gedig. Psa 58:1 SPREEK julle waarlik Geregtigheid, o stomme? Oordeel julle die seuns van adam regverdig? Psa 58:2 Ja, julle bedryf ongeregtigheid in die hart; julle weeg op Aarde die geweld van julle hande af. Psa 58:3 Die verbasterde is besoedel vanaf die moederskoot; hulle dwaal sodra hulle gebore word. Psa 58:4 Hulle gif is soos die gif van Nagash/die slang; soos 'n dowe adder wie se oor toegestop is, Psa 58:5 wat nie luister na die stem van die bekoorders, van hom wat ervare is om met towerspreuke om te gaan nie. Psa 58:6 o Elohim, verbreek hulle tande in hulle mond; slaan die tande van die jong leeus uit, o JaHWeH! Psa 58:7 Laat hulle vergaan soos urine wat wegloop; as hy sy pyle rig, laat hulle wees asof hulle opgekerf is. Psa 58:8 [Laat hulle wees] soos 'n slak wat wegsmelt so ver as hy loop, soos 'n misgeboorte van 'n vrou wat die son nie sal sien nie. Psa 58:9 Voordat hulle dorings kan steek, sal Hy dit met 'n stormwind wegvee, alle lewe, deur Sy brandende Woede. Psa 58:10 Die regverdige sal bly wees as hy die wraak sien; hy sal sy voete was in die bloed van die besoedelde. Psa 58:11 En die adamiete sal sê: Gewis, daar is beloning vir die regverdige; gewis, daar is 'n Elohim wat in die Aarde oordeel! //Vir die musiekleier; op [die wysie van]: "Moenie verwoes nie." Van Dawid. 'n Gedig, toe Saul gestuur het en hulle die huis laat bewaak het om hom dood te maak. Psa 59:1 RED My van My vyande, o My Elohey! Beskerm My teen My teëstanders! Psa 59:2 Red My van die bewerkers van besoedeling, en verlos My van die manne van bloed! Psa 59:3 Want kyk, hulle lê en loer op My Siel; sterkes val My aan, nie [vir] oortreding en nie [vir] opstandigheid nie, o JaHWeH! Psa 59:4 Sonder oop oë hardloop hulle en maak hulle klaar. Ontwaak en help My, en neem in ag! Psa 59:5 Ja U, JaHWeH Elohim van die skeppings-leërmagte, Elohey van JisraEl, word wakker om al die nasies te straf; moenie Medelye gee aan die ongehoorsames en moenie die verraaiers barmhartig wees nie! Sela. Psa 59:6 Elke aand kom hulle terug; hulle huil soos honde en dwaal deur die Stad. Psa 59:7 Kyk, hulle smaal met hul mond; swaarde is op hulle lippe, want - wie sou dit hoor? Psa 59:8 Maar U, o JaHWeH, lag oor hulle; U spot met al die nasies. Psa 59:9 My Sterkte, op U wil Ek wag, want Elohim is My Rotsvesting. Psa 59:10 My Elohey van Medelye sal My tegemoetkom; Elohim sal My op My vyande laat neersien. Psa 59:11 Moet hulle nie ombring nie, sodat My volk dit nie vergeet nie: laat hulle rondswerwe deur U Krag, en werp hulle neer, My Meester, Ons Skild! Psa 59:12 Die oortreding van hulle mond is die woorde van hulle lippe; laat hulle dan gevang word in hul trots, en vanweë die vloek en die leuen wat hulle vertel. Psa 59:13 Vernietig [hulle] in Grimmigheid, vernietig [hulle], sodat hulle daar nie meer is nie; en laat hulle weet dat Elohim heers in Jakob, tot by die eindes van die Aarde! Sela. Psa 59:14 En elke aand kom hulle terug; hulle huil soos honde en dwaal deur die Stad. Psa 59:15 Húlle swerwe rond om voedsel te soek; as hulle nie versadig word nie, vertoef hulle die hele nag. Psa 59:16 Maar Ek sal sing van U Sterkte en elke môre jubel oor U Medelye, want U was 'n Rotsvesting vir My en 'n toevlug in die dag toe Ek benoud was. Psa 59:17 My Sterkte, tot U Eer wil Ek musiek maak, want Elohim is My Rotsvesting, My Elohey van Medelye. //Gebed en vertroue ná 'n neerlaag. //VIR die musiekleier; op [die wysie van]: "Die Lelie van die Getuienis." 'n Gedig van Dawid, om te onderrig, toe hy oorlog gevoer het teen die Arameërs van Mesopotámië en die Arameërs van Soba, en JôWab teruggekom en twaalfduisend Edomiete verslaan het in die Vallei van Sout. Psa 60:1 O ELOHIM, U het Ons verstoot, Ons vanmekaar geskeur; U was toornig; herstel Ons! [Barug 4:12] Psa 60:2 U het die Aarde laat bewe, haar gekloof; genees haar breuke, want sy wankel! Psa 60:3 U het U volk harde dinge laat sien; U het Ons bedwelmende wyn laat drink. Psa 60:4 U het aan die wat U vrees, 'n Banier gegee, om te vlug vir die boog! Sela. Psa 60:5 Sodat U bemindes gered mag word; verlos Ons deur U Regterhand en verhoor Ons! Psa 60:6 Elohim het gespreek in Sy Apartheid: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet. Psa 60:7 Gílead is Myne en Manasse is Myne, en Efraim is die beskutting van My Hoof; JeHûWdah is My Wetgewer. Psa 60:8 Moab is My waskom; op Edom werp Ek My skoen; jubel oor My, o Filistéa! Psa 60:9 Wie sal My bring in die versterkte stad? Wie kan My lei tot in Edom? Psa 60:10 Het U, o Elohim, Ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o Elohim, saam met Ons leërs nie. Psa 60:11 Verleen Ons hulp teen die vyand, want die adamiet se hulp is nietigheid. Psa 60:12 In Elohim sal Ons kragtige dade doen, en Hy Self sal Ons vyande vertrap. //Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. ['n Psalm] van Dawid. Psa 61:1 O ELOHIM, hoor my smeking, luister na my gebed! Psa 61:2 Van die Einde van die Aarde af roep ek U aan as my hart beswyk; lei my op 'n Rots wat bo my verhewe is. [Miga 4:8] Psa 61:3 Want U het 'n toevlug vir my geword, 'n sterk Toring teen die vyand. Psa 61:4 Ek wil in U Tent vertoef vir ewig, in die skuilplek van U Vleuels my verberg. [JeshaJaH 18:1] Sela. Psa 61:5 Want U, o Elohim, het my Geloftes gehoor; U het die besitting gegee aan die wat U Naam vrees. Psa 61:6 Mag U dae by die koning se dae byvoeg; mag sy jare wees soos van geslag tot geslag. Psa 61:7 Mag hy vir ewig voor die Aangesig van Elohim op die troon sit; beskik Medelye en Waarheid, dat Hulle hom bewaar. Psa 61:8 Só wil ek musiek maak tot eer van U Naam tot in ewigheid, om my Geloftes te voltooi, dag ná dag. //Vir die musiekleier; op [die wysie van]: "Jedútun." 'n Psalm van Dawid. Psa 62:1 JA, My Siel is stil tot Elohim; van Hom is My Verlossing. Psa 62:2 Hy alleen is My Rots en My Verlossing, My Rotsvesting; Ek sal nie grootliks wankel nie. Psa 62:3 Hoe lank sal julle besoedeling beplan teen 'n Man, julle sal vermoor word soos 'n muur wat oorhang, julle sal 'n omgestote muur word. Psa 62:4 Ja, julle hou raad om Hom van Sy hoogte af te stoot; julle het behae in leuens; met jul mond seën julle, maar met jul binneste vloek julle. Sela. Psa 62:5 Wees net maar stil tot Elohim, My Siel, want van Hom is My verwagting! Psa 62:6 Sekerlik, Hy is My Rots en My Verlossing, My Rotsvesting; Ek sal nie wankel nie. Psa 62:7 By Elohim is My Lossing en My Eer; die Rots van My Sterkte, My toevlug is in Elohim. Psa 62:8 Vertrou op Hom altyd, o volk! Stort julle hart uit voor Sy Aangesig! Elohim is 'n toevlug vir Ons. Sela. Psa 62:9 Ja, nietigheid is die seuns van adam, leuens is die aansienlikes; in die weegskaal moet hulle opgaan, almal saam is hulle minder as nietigheid. Psa 62:10 Vertrou nie op verdrukking en bou geen ydele hoop op rowery nie; as die vermoë aangroei, sit daar die hart nie op nie! Psa 62:11 Een ding het Elohim gespreek, twee is dit wat Ek gehoor het: dat die Sterkte aan Elohim behoort, Psa 62:12 en aan U, My Meester, [behoort die] Medelye; want U vergeld elkeen na sy werk. //'n Psalm van Dawid, toe hy in die wildernis van JeHûWdah was. Psa 63:1 O ELOHIM, U is My El, U soek ek; My Siel dors na U, My Vlees smag na U, in 'n dor en uitgedroogde Aarde, sonder water. Psa 63:2 Só het ek U in die Apartheid aanskou, om U Sterkte en U Glansrykheid te sien. Psa 63:3 Want U Medelye is suiwerder as die lewe; My Lippe moet U prys. Psa 63:4 Só sal ek U prys My lewe lank, in U Naam My handpalms ophef. Psa 63:5 Soos met vet en vettigheid sal My Siel versadig word, en My Mond sal roem met jubelende lippe Psa 63:6 as ek aan U dink op My bed, in die nagwake oor U peins. Psa 63:7 Want U was 'n Hulp vir My, en in die skaduwee van U Vleuels sal Ek jubel. Psa 63:8 My Siel is aan U verkleef; U Regterhand ondersteun My. Psa 63:9 Maar húlle wat soek om My Siel te verderwe, hulle sal kom in die onderste plekke van die Aarde. Psa 63:10 Hy sal oorgelewer word in die Mag van die swaard; die deel van die jakkalse sal hulle word. Psa 63:11 Maar die Koning sal bly wees in Elohim; elkeen wat by Hom sweer, sal hom beroem; want die mond van die leuensprekers sal gestop word. //Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. Psa 64:1 HOOR my stem, o Elohim, in my klagte; bewaar my lewe vir die skrik van die vyand. Psa 64:2 Steek my weg vir die raad van die kwaaddoeners, vir die gewoel van die bewerkers van besoedeling; Psa 64:3 wat hulle tong skerp maak soos 'n swaard, hulle pyl rig - bitter woorde! - Psa 64:4 om in skuilplekke na die rassuiwere te skiet; skielik skiet hulle Hom en vrees nie. Psa 64:5 'n Besoedelde plan beraam hulle vir hulle; hulle spreek af om strikke te span; hulle sê: Wie sal dit sien? Psa 64:6 Hulle snuffel besoedeling uit: Ons is gereed! 'n Fyn uitgedinkte plan! Ja, 'n man se binneste en onpeilbare hart! Psa 64:7 Maar Elohim tref hulle met 'n pyl, skielik is hulle wonde daar. Psa 64:8 En hulle tong laat hulle oor hulself struikel; almal wat hulle aansien, skud die hoof. Psa 64:9 En alle adamiete vrees en verkondig die dade van Elohim en gee ag op wat Hy doen. Psa 64:10 Die regverdige sal bly wees in JaHWeH en by Hom skuil, en al die opregtes van hart sal hulle beroem. //Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. 'n Lied. Psa 65:1 AAN U kom 'n lofsang toe, o Elohim, in Sion, en aan U moet die Gelofte betaal word. Psa 65:2 o Hoorder van die gebed, tot U moet alle vlees kom! Psa 65:3 Besoedelde spraak het die oorhand oor My gehad, [maar] U versoen Ons oortredinge. Psa 65:4 Geseënd is hy wat U uitkies en laat nader kom, dat hy kan woon in U voorhowe. Ons wil versadig word met die suiwerheid van U Huis, U apartgestelde Tempel. Psa 65:5 Ontsagwekkende dinge antwoord U Ons met Geregtigheid, o Elohey van Ons Lossing, Vertroue van al die eindes van die Aarde en van die verste see! Psa 65:6 Wat die berge grondves deur U Krag, wat omgord is met Mag, Psa 65:7 wat die gebruis van die seë stilmaak, die gebruis van hulle golwe en die rumoer van die gemeenskappe; Psa 65:8 sodat die bewoners van die eindes vrees vir U kentekens; U laat die uitgange van die môre en die aand jubel. Psa 65:9 U het die Aarde besoek en U het haar oorvloed gegee; U oorvloei haar grootliks; die stroom van Elohim is vol water. U berei hulle koring; ja, so voorsien U haar. Psa 65:10 U laat haar vore oorvloei, haar kluite gelyk; deur reënbuie maak U haar week; U seën haar uitspruitsel. Psa 65:11 U kroon die jaar van U Suiwerheid, en U Voetspore drup van vettigheid. Psa 65:12 Die weivelde van die wildernis drup, en die heuwels gord hulleself met gejuig. Psa 65:13 Die weivelde is bekleed met troppe kleinvee, en die dale is bedek met koring; hulle juig, ook sing hulle. //Vir die musiekleier, 'n Lied. 'n Psalm. Psa 66:1 JUIG tot eer van Elohim, o ganse Aarde! Psa 66:2 Besing die Eer van Sy Naam, maak Sy lofsang pragtig! Psa 66:3 Sê tot Elohim: Hoe ontsagwekkend is U dade! Deur die grootheid van U Sterkte sal U vyande kruipende na U toe kom. Psa 66:4 Laat die hele Aarde voor U neerval en musiek maak tot U eer; laat hulle U Naam verhef met musiek. Sela. Psa 66:5 Kom en aanskou die dade van Elohim, Hy wat gedug is in werking oor die seuns van adam. Psa 66:6 Hy het die see verander in droë grond; hulle het te voet deur die rivier gegaan. Daar was ons bly in Hom. Psa 66:7 Hy heers vir ewig deur Sy Mag; Sy Oë hou wag oor die nasies. Laat die wederstrewiges hulleself nie verhef nie. Sela. Psa 66:8 Loof, volksgenote, onse Elohey, en laat hoor die Stem wat Hom roem - Psa 66:9 wat aan ons siel die lewe gee en nie toelaat dat ons voet wankel nie. Psa 66:10 Want U het ons getoets, o Elohim, U het ons gelouter soos 'n mens silwer louter. Psa 66:11 U het ons in die net gebring, 'n swaar las op ons heupe gelê. Psa 66:12 U het mense oor ons hoof laat ry; ons het in die vuur en in die water gekom, maar U het ons uitgelei in die oorvloed. Psa 66:13 Ek sal met brandoffers in U Huis ingaan; ek sal U my Geloftes betaal, Psa 66:14 wat my lippe geuit en my mond uitgespreek het toe ek benoud was. Psa 66:15 Brandoffers van vet diere sal ek U bring saam met geurigheid van ramme; ek sal beeste saam met bokke berei. Sela. Psa 66:16 Kom luister, en laat my vertel, julle almal wat Elohim vrees, wat Hy aan my siel gedoen het. Psa 66:17 Ek het Hom aangeroep met my mond, en lofgesang was onder my tong. Psa 66:18 As ek ongeregtigheid bedink het in my hart, sou my Meester nie gehoor het nie. Psa 66:19 Waarlik, Elohim het gehoor; Hy het geluister na die stem van my gebed. Psa 66:20 Prys Elohim wat my gebed nie afgewys en Sy Medelye aan my nie [onttrek het] nie! //Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm. 'n Lied. Psa 67:1 MAG Elohim Ons barmhartig wees en Ons seën; mag Hy Sy Aangesig oor Ons laat skyn! Sela. Psa 67:2 Sodat U Weg geken kan word op Aarde, al die nasies U Verlossing. [Psalm 18:30] Psa 67:3 Die volke sal U loof, o Elohim, die volke almal saam sal U loof. Psa 67:4 Die gemeenskappe sal bly wees en jubel, omdat U die volke regverdig oordeel en die gemeenskappe op Aarde lei. Sela. Psa 67:5 Die volke sal U loof, o Elohim, die volke almal saam sal U loof. Psa 67:6 Die Aarde het haar opbrengs gelewer; Elohim, Onse Elohey, sal Ons seën. Psa 67:7 Elohim sal Ons seën, en al die eindes van die Aarde sal Hom vrees. //Vir die musiekleier. Van Dawid. 'n Psalm. 'n Lied. Psa 68:1 ELOHIM staan op, Sy vyande raak verstrooid, en Sy haters vlug voor Sy Aangesig weg! Psa 68:2 Soos rook verdryf word, verdryf U [hulle]; soos was smelt voor die vuur, vergaan die besoedeldes voor die Aangesig van Elohim. Psa 68:3 Maar die regverdiges is bly, hulle juig voor die Aangesig van Elohim, en hulle is vrolik met blydskap. Psa 68:4 Sing tot eer van Elohim, maak musiek tot eer van Sy Naam, verhef Hom wat deur die ooptes ry in Sy Naam JaH en jubel voor Sy Aangesig! Psa 68:5 'n Vader van die wese en 'n Regter van die weduwees is Elohim in die Woning van Sy Apartheid. Psa 68:6 Elohim laat die eensames woon in 'n huisgesin, Hy lei die gevangenes uit in voorspoed; maar die wederstrewiges woon in 'n dorre plek . Psa 68:7 o Elohim, toe U uitgetrek het voor U volk, toe U voortgestap het in die [woesteny van] Jesimon. Sela. Psa 68:8 Het die Aarde gebewe! Ook het die Hemele gedrup voor die Aangesig van Elohim; hierdie Sinai voor die Aangesig van Elohim, die Elohey van JisraEl! Psa 68:9 Met 'n vrywillige Reën het U, o Elohim, U Erfdeel besproei; en toe sy moeg was, het U haar versterk. Psa 68:10 U skare het in haar gewoon; U het haar deur U Suiwerheid berei vir die ellendige, o Elohim! Psa 68:11 My Meester het die Woord laat hoor - die wat die magtige tyding gebring het, was 'n groot skare: Psa 68:12 Die konings van die leërs vlug, hulle vlug; en sy wat tuis gebly het, verdeel die buit. Psa 68:13 As julle daar lê tussen die veekrale, is die vlerke van die Duif oordek met silwer en Haar vere met liggroen goud. Psa 68:14 Toe die Almagtige konings in Haar verstrooi het, het dit gesneeu op Salmon. Psa 68:15 'n Berg van Elohim is die berg Basan, 'n berg met toppe is die berg Basan. Psa 68:16 Waarom kyk julle afgunstig, o berge met toppe, na die Berg wat Elohim begeer het vir Sy Woning? Ja, JaHWeH sal [daar] woon tot in ewigheid. Psa 68:17 Die waens van Elohim is tienduisende, duisend maal duisende; My Meester is onder hulle; [dit is] Sinai in Apartheid. Psa 68:18 U het opgeklim na die hoogte, U het gevangenes weggevoer, U het geskenke geneem onder die adamiete; ja, ook die wederstrewiges, o JaHH Elohim, [wat tussen hulle] woon. Psa 68:19 Geseënd sy My Meester! Dag na dag dra Hy Ons; die El is Ons Verlossing! Sela. Psa 68:20 El is vir Ons 'n El van verlossinge, en JaHWeH My Meester het uitkoms teen die Dood. Psa 68:21 Gewis, Elohim sal die kop van Sy vyande verbrysel, en die harige kroontjie van die wat in skuld rondloop. Psa 68:22 My Meester het gesê: Ek sal terugbring uit Basan, Ek sal terugbring uit die dieptes van die see; Psa 68:23 sodat jy jou voet kan steek in bloed, die tong van jou honde van die vyande sy deel [kan hê]. Psa 68:24 o Elohim, hulle sien U Weë, die Paaie van My El, My Koning [is] in Apartheid. Psa 68:25 Vooraan gaan die sangers, daaragter die snaarspelers, tussen jongmeisies in wat die tamboeryn slaan. Psa 68:26 Loof Elohim, in die vergaderinge, My Meester, uit die Fontein van JisraEl! Psa 68:27 Daar is Benjamin, die kleinste, wat oor hulle geheers het; die vorste van JeHûWdah - hulle menigte; die vorste van Sébulon, die vorste van Náftali. Psa 68:28 Jou Elohey het jou Sterkte gebied: betoon U sterk, o Elohim, wat vir Ons gewerk het! Psa 68:29 Ter wille van U Tempel in Jerusalem sal die konings aan U geskenke bring. [Openbaring 11:1] Psa 68:30 Bestraf die wilde wese wat assegaai gooi - die massa sterkmanne saam met die jonges van die volke - die wat hulleself onderwerp vir stukke silwer. Verstrooi die volke wat lus het vir oorloë. Psa 68:31 Welgesteldes sal uit Egipte uitgaan, Kuwsh/swartes sal haastig verdryf word deur die Sterk Hand van Elohim. Psa 68:32 o Koninkryke van die Aarde, sing tot eer van Elohim; maak musiek tot eer van My Meester! Sela. Psa 68:33 Van Hom wat ry in die hoogste Hemele, wat uit die voortyd is; kyk, Hy verhef Sy Stem, 'n magtige Stem. Psa 68:34 Gee Sterkte aan Elohim! Sy Hoogheid is oor JisraEl en Sy Sterkte in die wolke. Psa 68:35 Vreeslik is Elohim uit jou Apartheidsplekke, [Die] El van JisraEl - Hy gee aan die volk Sterkte en Krag. Geseënd sy Elohim! //Vir die musiekleier; op [die wysie van]: "Lelies." - Dawid beskryf JaHWèshua se lyding. Psa 69:1 VERLOS My, o Elohim, want die waters het tot by My Siel gekom. Psa 69:2 Ek sink in grondelose modder waar geen staanplek is nie; Ek het in waterdieptes gekom, en die stroom loop oor My. Psa 69:3 Ek is moeg van My geroep, My keel brand, My oë versmag terwyl Ek wag op My Elohey. Psa 69:4 Die wat My sonder oorsaak haat, is meer as die hare van My hoof; die wat klaar staan om My te vernietig, wat sonder grond My vyande is, is magtig; wat Ek nie geroof het nie, moet Ek dan teruggee. Psa 69:5 O Elohim, U weet dat dwaasheid, en skuldige dade nie vir U verborge is nie. Psa 69:6 Laat die wat U verwag, deur My nie beskaamd staan nie, My Meester JaHWeH van die skeppings-leërmagte! Laat die wat U soek, deur My nie in die skande kom nie, o Elohey van JisraEl! Psa 69:7 Want om U ontwil dra Ek smaad, bedek skande My Aangesig. Psa 69:8 Vreemd het Ek vir My broers geword en 'n onbekende vir die seuns van My Moeder. [Lukas 22:54-61] Psa 69:9 Want die ywer vir U Huis het My verteer, en die smaadhede van die wat U smaad, het op My geval. [JeHôWganan 2:17] Psa 69:10 Wat My aangaan, My Siel het geween met vas; maar sy het 'n smaad vir My geword. Psa 69:11 Ek het ook 'n rougewaad My kleding gemaak en vir hulle 'n spreekwoord geword. Psa 69:12 Die wat in die poort sit, praat van My - ook die spotlied van die wat sterk drank drink. Psa 69:13 Maar Ek - My gebed is tot U, o JaHWeH: in die tyd van Barm-hartigheid, o Elohim, verhoor My deur die grootheid van U Medelye, deur die Waarheid van U Lossing! Psa 69:14 Red My uit die modder en laat My nie sink nie; laat My gered word van My haters en uit waterdieptes. Psa 69:15 Laat die waterstroom nie oor My loop en die Afgrond My nie verslind nie, en laat die put haar mond bo My nie toesluit nie! Psa 69:16 Verhoor My, o JaHWeH, want U Medelye is Suiwerheid; wend U tot My na die grootheid van U dade van Barmhartigheid. Psa 69:17 En verberg U Aangesig nie vir U Kneg nie; want Ek is benoud. Verhoor My dan gou! Psa 69:18 Kom nader na My Siel, verlos haar; bevry My om My vyande ontwil. Psa 69:19 U ken My smaad en My beskaming en My skande; al My teëstanders is voor U. Psa 69:20 Die smaad breek My hart, en Ek is verswak; ja, Ek het gewag op Medelye, maar verniet; en op vertroosters, maar het hulle nie gevind nie. Psa 69:21 En hulle het aan My gal gegee as My spys, en vir My dors het hulle My asyn laat drink. [JeHôWganan 19:29] Psa 69:22 Laat hul tafel voor hulle 'n vangnet wees en vir hulle wat sorgeloos is, 'n strik. Psa 69:23 Laat hulle oë duister word, sodat hulle nie sien nie; en maak dat hulle heupe voortdurend bewe. Psa 69:24 Stort oor hulle U verontwaardiging uit, en laat U brandende Woede hulle inhaal. Psa 69:25 Laat hulle laer woes word, laat in hulle tente geen bewoner wees nie. Psa 69:26 Want hulle vervolg Hom wat deur U swaar getref is, en vertel van die smart van U gewondes. Psa 69:27 Voeg skuldlas by hulle Ongereg-tigheid, en laat hulle nie in U Geregtigheid kom nie. [Lukas 23:34] Psa 69:28 Laat hulle uitgevee word uit die Boekrol van die Lewe en nie saam met die regverdiges opgeskrywe word nie. [Exodus 32:33; Openbaring van Henog 13:83, 102; Boekrol van Henog 108:3] Psa 69:29 Maar Ek is ellendig en in pyn: laat U Verlossing, o Elohim, My beskerm! Psa 69:30 Ek wil die Naam van Elohim prys met 'n lied en HOM groot maak met dank; Psa 69:31 en dit sal JaHWeH welgevalliger wees as beeste, as stiere wat horings en gesplitste kloue het. Psa 69:32 As die ootmoediges dit sien, sal hulle bly wees; julle wat na Elohim soek, laat julle hart lewe! Psa 69:33 Want JaHWeH luister na die behoeftiges en verag SY gevangenes nie. Psa 69:34 Laat Hemele en Aarde HOM prys, die see en alles wat daarin roer. Psa 69:35 Want Elohim sal Sion verlos en die stede van JeHûWdah bou; en daar sal hulle woon en Haar besit. Psa 69:36 En die saad van SY knegte sal Haar beërwe, en die liefhebbers van SY Naam sal in Haar woon. //Vir die musiekleier. - Dawid, om herinnering te bring. Psa 70:1 O ELOHIM, maak tog gou om My te red, o JaHWeH, om My te help! Psa 70:2 Laat hulle wat My Siel soek, beskaamd staan en rooi van skaamte word; laat hulle wat behae het in My teistering, agteruitwyk en in die skande kom. Psa 70:3 Laat hulle wat sê: Ha, ha! teruggaan vanweë hul beskaming. Psa 70:4 Laat in U vrolik en bly wees almal wat U soek; en laat die liefhebbers van U Verlossing voortdurend sê: Groot is Elohim! Psa 70:5 Maar Ek is ellendig en behoeftig: o Elohim, kom tog gou na My! U is My Hulp en My Redder; JaHWeH, vertoef tog nie! //'n Psalm deur die Gesalfde Psa 71:1 BY U, o JaHWeH, skuil Ek: laat My nie vir altyd beskaamd staan nie! Psa 71:2 Red My deur U Geregtigheid en bevry My; neig U Oor tot My en verlos My! Psa 71:3 Wees vir My 'n Rots om in te woon, om voortdurend in te gaan; U wat bevel gegee het om My te verlos, want U is My Rots en My Bergvesting. Psa 71:4 My Elohey, red My uit die handpalm van die besoedelde, uit die mag van hom wat onreg doen, en van die geweldenaar. Psa 71:5 Want U is My verwagting, My Meester JaHWeH, My Vertroue van My jeug af. Psa 71:6 Op U het Ek gesteun van die geboorte af, van die Moederskoot af is U My Bevryder; oor U is My lof voortdurend. Psa 71:7 Ek was vir baie soos 'n wonder; maar U is My magtige Toevlug. Psa 71:8 My Mond is vol van U lof, die hele dag van U roem. Psa 71:9 Verwerp My nie in die tyd van die ouderdom nie, verlaat My nie as My Krag gedaan is nie. Psa 71:10 Want My vyande praat van My, en die wat op My Siel loer, hou saam raad Psa 71:11 en sê: Elohim het Hom verlaat; agtervolg en gryp Hom, want daar is geen Redder nie! Psa 71:12 o Elohim, wees nie ver van My af nie; My Elohey, maak tog gou om My te help! Psa 71:13 Laat hulle wat My Siel as vyand behandel, beskaamd staan, verteer word; laat hulle wat My ongeluk soek, hulleself toedraai in smaad en skande. Psa 71:14 Maar Ek sal voortdurend hoop en al U lof vermeerder. Psa 71:15 My Mond sal U Geregtigheid vertel, die hele dag van U Verlossing; want Ek ken nie die maat van Hulle nie. Psa 71:16 Ek sal gaan in die Sterkte van My Meester JaHWeH; Ek sal U Geregtigheid vermeld, dié van U alleen. Psa 71:17 o Elohim, U het My geleer van My jeug af, en tot nou toe verkondig Ek U wonders. Psa 71:18 En ook tot die ouderdom en die grysheid toe - o Elohim, verlaat My nie, totdat Ek aan die [volgende] geslag U Arm verkondig, aan almal wat sal kom, U Sterkte. Psa 71:19 Ook is U Geregtigheid, o Elohim, tot in die hoogte; U wat groot dinge gedoen het, o Elohim, wie is soos U? Psa 71:20 U wat My groot ellende laat sien het, sal My weer lewend maak en My weer ophaal uit die Afgrond van die Aarde. Psa 71:21 Vermeerder My grootheid, en wend U om [en] troos My. Psa 71:22 So wil Ek U dan ook loof met die instrument van die harp, U Waarheid, My Elohey! Ek wil musiek maak tot U Eer op die siter, o Aparte Een van JisraEl! Psa 71:23 My Lippe sal hard sing as Ek musiek maak tot U Eer, en My Siel, wat U verlos het. Psa 71:24 Ook sal My Tong U Geregtigheid die hele dag prys, want hulle het beskaamd gestaan, want hulle wat My ongeluk soek, het rooi van skaamte geword. //Deur Salomo. Psa 72:1 O ELOHIM, gee aan die Koning U Regsprake en U Geregtigheid aan die Seun van die Koning. [JeHôWganan 3:35; 5:22] Psa 72:2 Laat Hy U volk oordeel met Regverdigheid en U ellendiges met Reg. Psa 72:3 Die berge sal Vrede dra vir die volk, en die heuwels, deur Geregtigheid. Psa 72:4 Hy sal aan die ellendiges van die volk Reg verskaf, die kinders van die behoeftige verlos en die verdrukker verbrysel. Psa 72:5 Hulle sal U vrees solank as die son skyn en solank as die maan daar is, van geslag tot geslag. Psa 72:6 Hy sal neerdaal soos reën op die grasveld, soos buie - 'n swaar reën op die Aarde. Psa 72:7 In Sy dae sal die regverdige bot in volheid van Vrede, totdat die maan nie meer is nie. Psa 72:8 En Hy sal heers van see tot see en van die Rivier tot by die eindes van die Aarde. Psa 72:9 Die wilde wesens van dor plekke sal voor Hom kniel, en Sy vyande sal die stof lek. Psa 72:10 Die konings van Tarsis en van die eilande sal spysbydraes aanbied, die konings van Skeba en Seba geskenke naderbring. Psa 72:11 Ja, al die konings sal hulle voor Hom buig, al die nasies sal Hom dien. [Boekrol van Henog 46:5] Psa 72:12 Want Hy sal die behoeftige red wat daar roep om hulp, en die ellendige en wie geen helper het nie. Psa 72:13 Hy sal hom ontferm oor die arme en behoeftige, en die siele van die behoeftiges sal Hy red. Psa 72:14 Van die verdrukker en uit die geweld verlos Hy siele, en hulle bloed is waardevol in die Oë van Hom. Psa 72:15 Mag Hy dan lewe! en mag hulle aan Hom gee van die goud van Skeba en voortdurend vir Hom bid; mag hulle die hele dag Hom seën! [MattithJaHûW 12:42] Psa 72:16 Mag daar volheid van koring wees in die Aarde, op die top van die berge; mag die vrug daarvan ruis soos die Líbanon; en mag hulle bot uit die Stad soos die plante van die Aarde! Psa 72:17 Mag Sy Naam vir ewig wees; mag Sy Naam uitspruit solank as die son daar is! En mag al die nasies in Hom geseën word, Hom as geseënd prys! Psa 72:18 Prys JaHWeH Elohim, die Elohey van JisraEl, wat alleen wonders doen! Psa 72:19 En geloofd sy vir ewig Sy Glansryke Naam! En laat die hele Aarde met Sy Glansrykheid gevul word! Amein, ja amein. Psa 72:20 Hier eindig die gebede van Dawid, die seun van Isai. //'n Psalm van Asaf. Psa 73:1 WAARLIK, Elohim betoon suiwerheid aan JisraEl, vir die wat opreg van hart is. Psa 73:2 Maar wat My aangaan, My voete het amper gestruikel, My voetstappe het byna uitgegly. Psa 73:3 Want Ek was afgunstig op die onsinniges toe Ek die voorspoed van die besoedeldes sien. Psa 73:4 Want daar is geen kwellings van die Dood by hulle nie, gesond en vet is hulle liggaam. Psa 73:5 In die moeite van sterwelinge is hulle nie, en saam met adamiete word hulle nie geplaag nie. Psa 73:6 Daarom is die trots om hulle soos 'n halssieraad, die geweld bedek hulle soos 'n gewaad. Psa 73:7 Hulle oë peul uit van vet; die inbeeldinge van die hart loop oor. Psa 73:8 Hulle spot en spreek in besoedeling verdrukking; hulle spreek uit die hoogte. Psa 73:9 Hulle stel hul mond teen die Hemele, en hul tong wandel op die Aarde. Psa 73:10 Daarom draai hulle mense hul hierheen, en waters in volheid word deur hulle geslurp. Psa 73:11 En hulle sê: Hoe sou El dit weet, en sou daar Kennis by die Hoogste El wees? Psa 73:12 Kyk, so is die besoedelde mense, en altyd onbesorg vermeerder hulle die rykdom! Psa 73:13 Waarlik, tevergeefs het Ek My Hart suiwer gehou en My handpalms in onskuld gewas. Psa 73:14 Die hele dag tog is Ek geslaan, en My Tugtiging was daar elke môre. Psa 73:15 As Ek gesê het: Ek wil óók so spreek - dan sou Ek verraad gepleeg het teenoor die geslag van U kinders! Psa 73:16 Toe het Ek nagedink om dit te verstaan, [maar] dit was moeite in My oë, Psa 73:17 totdat Ek in die Apartheidsplekke van El ingegaan [en] op hulle einde gelet het. Psa 73:18 Waarlik, U stel hulle op gladde plekke; U laat hulle in puin val. Psa 73:19 Hoe word hulle in 'n oomblik 'n voorwerp van verbasing, vergaan hulle, raak hulle tot niet deur verskrikkinge! Psa 73:20 Soos 'n droom nadat 'n mens wakker word, o My Meester, so verag U, as U opwaak, hulle beeld! Psa 73:21 Toe My Hart bitter gestemd en Ek in My niere geprikkel was, Psa 73:22 toe was Ek dom en het niks geweet nie; Ek was soos 'n dier by U. [2 Ezra 5:39] Psa 73:23 Nogtans is Ek voortdurend by U; U het My regterhand gevat. Psa 73:24 U sal My lei deur U Raad en My daarna na Glansrykheid neem. Psa 73:25 Wie het Ek [buiten] U in die Hemele? Buiten U begeer Ek ook niks op die Aarde nie. Psa 73:26 Al beswyk My Vlees en My Hart - Elohim is die Rots van My Hart en My deel tot in ewigheid. Psa 73:27 Want kyk, die wat hulle ver van U af hou, vergaan; U roei almal uit wat van U af hoereer. Psa 73:28 Maar wat My aangaan, My suiwerheid om naby Elohim te wees; in My Meester JaHWeH het Ek My toevlug gestel, om al U werke te vertel. //'n GEDIG van Asaf. Psa 74:1 O ELOHIM, waarom het U vir altyd verstoot? [Waarom] rook U Toorn teen die skape van U weide? Psa 74:2 Dink aan U vergadering wat U in die voortyd verwerf het, wie U verlos het om die Septer van U Erfdeel te wees, die Berg van Sion waar U op gewoon het. Psa 74:3 Hef U Voete op na die ewige puinhope: alles het die vyand in die Apartheid verniel. Psa 74:4 U teëstanders het binne-in U vergaderplek gebrul; hulle het hul kentekens as merk gestel. Psa 74:5 Dit lyk soos wanneer iemand byle omhoog hef in 'n digte plek bome. Psa 74:6 En nou - die houtsnywerk daarvan het hulle alles met byl en hamers stukkend geslaan. Psa 74:7 Hulle het U Apartheidsplekke aan die brand gesteek; tot die Aarde toe het hulle die Tabernakel van U Naam besoedel. Psa 74:8 Hulle het in hul hart gesê: Laat Ons hulle almal saam onderdruk! Hulle het al die vergaderplekke van El in die Aarde verbrand. Psa 74:9 Ons sien nie Ons kentekens nie; daar is geen profeet meer nie, en by Ons is daar niemand wat weet hoe lank nie. Psa 74:10 Hoe lank, o Elohim, sal die teëstander smaad aandoen, sal die vyand U Naam vir altyd verag? Psa 74:11 Waarom trek U U Hand, ja, U Regterhand, terug? [Trek dit] uit U boesem! Vernietig! Psa 74:12 Nogtans is Elohim My Koning van die voortyd af, wat Verlossinge bewerk op die Aarde. Psa 74:13 U het deur U Sterkte die see geklief; U het die koppe van die Draak op die waters verbreek. Psa 74:14 U het die koppe van die Leviátan verbrysel; U het hom gegee as voedsel vir 'n volk - vir die wesens van die woestyn. Psa 74:15 U het fontein en stroom oopgeslaan; U het standhoudende riviere laat opdroog. Psa 74:16 Aan U behoort die dag, aan U behoort ook die nag; U het hemelligte en son vasgestel. Psa 74:17 U het al die grense van die Aarde bepaal; somer en winter, U het hulle geformeer. Psa 74:18 Dink hieraan: Die vyand het JaHWeH gesmaad, en 'n dwase volk het U Naam verag. Psa 74:19 Gee aan die wilde wesens die Siel van U Tortelduif nie oor nie; vergeet nie vir altyd die lewe van U ellendiges nie. [Hooglied van Salomo 2:12 ; 5:2] Psa 74:20 Kyk na die Verbond, want die donker plekke van die Aarde is vol wonings van geweld. Psa 74:21 Laat die verdrukte nie beskaamd terugkom nie; laat die ellendige en behoeftige U Naam prys. Psa 74:22 Staan op, o Elohim, verdedig U saak; dink aan die smaad wat U die hele dag aangedoen word deur 'n dwaas. Psa 74:23 Vergeet nie die geroep van U teëstanders nie - die rumoer van U opstandige vyande, wat voortdurend opgaan! //Vir die musiekleier; op [die wysie van]: "Moenie verwoes nie." 'n Psalm van Asaf. 'n Lied. Psa 75:1 ONS loof U, o Elohim, Ons loof, en naby is U Naam; hulle vertel U wonders. Psa 75:2 As Ek die regte tydstip aangryp, oordeel Ék regverdig. Psa 75:3 Al wankel die Aarde en al haar bewoners - Ék het haar pilare vasgestel. Sela. Psa 75:4 Ek sê tot die onsinniges: Wees nie onsinnig nie! en tot die besoedelde: Verhef die horing nie! Psa 75:5 Verhef julle horing nie hoog [en] spreek nie met trotse uitgerekte nek nie. Psa 75:6 Want verhoging van die berge kom nie van die Ooste ook nie van die Weste of van die Suide nie, Psa 75:7 maar Elohim is Regter: Hy verneder die een en verhef die ander. Psa 75:8 Want in die Hand van JaHWeH is 'n Beker, en die wyn skuim; sy is oorvloedig gemeng en Hy skink uit haar; ja, die afsaksel van haar moet al die besoedeldes van die Aarde opslurp, uitdrink. [Openbaring 8 en 16] Psa 75:9 Maar Ek sal vir ewig verkondig - Ek wil musiek maak tot Eer van die Elohey van Jakob. Psa 75:10 En Ek sal al die horings van die besoedelde mense stukkend breek; die horings van die regverdige sal verhef word. //Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm van Asaf. 'n Lied. Psa 76:1 ELOHIM is bekend in JeHûWdah, Sy Naam is groot in JisraEl. Psa 76:2 Ook het in Salem Sy Tabernakel verrys en in Sion Sy Woning. Psa 76:3 Daar het Hy die blitspyle van die boog verbreek, skild en swaard en oorlog. Sela. Psa 76:4 Glansend is U, groter as die berge van verskeurdheid! Psa 76:5 Geplunder is die sterkes van hart; hulle het hul slaap gesluimer, en geeneen van die dapper manne het hulle hande gevind nie. Psa 76:6 Deur U dreiging, o Elohey van Jakob, het strydwa en perd saam bedwelmd geraak. Psa 76:7 U, ontsagwekkend is U, en wie kan voor U Aangesig bestaan as U Toorn uitgebreek het? Psa 76:8 Uit die Hemele het U 'n oordeel laat hoor; die Aarde het gevrees en stil geword, Psa 76:9 toe Elohim opgestaan het vir die Reg, om al die ootmoediges van die Aarde te verlos. Sela. Psa 76:10 Want die grimmigheid van die adamiet moet U loof; met die oorblyfsel van grimmighede gord U Uself. Psa 76:11 Doen Geloftes en betaal dié aan JaHWeH julle Elohey! Laat almal wat rondom HOM is, geskenke bring aan die Ontsagwekkende, Psa 76:12 wat die gees van die vorste wegsny; wat ontsagwekkend is vir die konings van die Aarde. //Vir die musiekleier; op [die wysie van]: "Jedútun." 'n Psalm van Asaf. Psa 77:1 MY Stem is tot Elohim en Ek roep; My Stem is tot Elohim, dat Hy na My kan luister. Psa 77:2 Op die dag van My benoudheid soek Ek My Meester; snags bly My hand uitgestrek sonder om moeg te word; My Siel weier om getroos te word. Psa 77:3 As Ek aan Elohim dink, moet Ek steun; peins Ek, dan versmag My Gees. Sela. Psa 77:4 U hou My ooglede oop; Ek is onrustig en kan nie spreek nie. Psa 77:5 Ek dink oor die dae van die voortyd, oor die ou, ou jare. Psa 77:6 Ek wil dink aan My snarespel in die nag, wil peins met My Hart, en My Gees deurvors: Psa 77:7 Sal My Meester vir altyd verstoot en verder nie meer goedgunstig wees nie? Psa 77:8 Hou Sy Medelye vir altyd op? Is dit met die belofte gedaan van geslag tot geslag? Psa 77:9 Het El vergeet om barmhartig te wees? Of het Hy in toorn Sy dade van Barmhartigheid toegesluit? Sela. Psa 77:10 Toe het Ek gesê: Dit is My grootste bekommernis dat die Regterhand van die Hoogste El verander! Psa 77:11 Ek dink aan die dade van Jah; ja, Ek wil dink aan U wonders uit die voortyd Psa 77:12 en al U werk oordink, en Ek wil peins oor U dade. Psa 77:13 o Elohim, U Weg is in Apartheid. Wie is 'n groot El soos Elohim? Psa 77:14 U is die El wat wonders doen; U het U Sterkte onder die volke bekend gemaak. Psa 77:15 U het U volk met 'n Sterke Arm verlos, die kinders van Jakob en van JôWsef. Sela. Psa 77:16 Die waters het U gesien, o Elohim, die waters het U gesien, hulle het gebewe; ja, die Afgrond het gesidder. Psa 77:17 Die wolke het water uitgegiet, die Hemele het donder laat hoor, ook het U pyle rondgevlieg. Psa 77:18 U rollende donder het weerklink; bliksems het die wêreld verlig; die Aarde het gesidder en gebewe. Psa 77:19 U weg was in die see en U Paaie in groot waters, en U spore was nie te beken nie. Psa 77:20 U het U volk soos skape gelei deur die hand van Moshè en Aäron. [Wysheid 10:15-21] //'n Gedig deur Asaf. Psa 78:1 MY volk, luister na My Wet; neig julle oor tot die woorde van My Mond. Psa 78:2 Ek wil My Mond open met 'n spreuk, raaisels uit die voortyd laat stroom. Psa 78:3 Wat Ons gehoor het en weet en Ons vaders Ons vertel het, Psa 78:4 sal Ons nie verberg vir hulle kinders nie, maar aan die volgende geslag vertel die roemryke dade van JaHWeH en Sy Mag en Sy Wonders wat Hy gedoen het. Psa 78:5 Hy tog het 'n Getuienis opgerig in Jakob en 'n Wet gegee in JisraEl, wat Hy Ons vaders beveel het - om haar aan hulle kinders bekend te maak, Psa 78:6 sodat die volgende geslag haar kan ken, die kinders wat gebore word, dat hulle kan opstaan en vertel aan hulle kinders, Psa 78:7 en hulle vertroue op Elohim kan stel en die dade van El nie vergeet nie, maar Sy Gebooie kan bewaar, Psa 78:8 en nie word soos hulle vaders nie, 'n koppige en rebelse geslag, 'n geslag met 'n onvaste hart en wie se gees nie ondersteunend was teenoor El nie. Psa 78:9 Die kinders van Efraim, gewapende boogskutters, het omgespring op die dag van oorlog. Psa 78:10 Hulle het die Verbond van Elohim nie gehou nie en geweier om te wandel binne Sy Wet. Psa 78:11 En hulle het Sy dade vergeet en Sy wonders wat Hy hulle laat sien het. Psa 78:12 Voor hulle vaders het Hy wonders gedoen, in die Aarde van Egipte, die veld van Soan. Psa 78:13 Hy het die see geklief en hulle laat deurgaan en die waters laat staan soos 'n wal. Psa 78:14 En Hy het hulle bedags gelei met die Wolkkolom en die hele nag met die Lig van Vuur. Psa 78:15 Hy het rotse gekloof in die wildernis en [hulle] oorvloedig laat drink uit groot dieptes. Psa 78:16 En Hy het strome laat uitgaan uit die rots en die waters laat afloop soos riviere. Psa 78:17 Nog het hulle voortgegaan om teen Hom te oortree, deur te rebelleer teen die Hoogste El in die dorre grond . Psa 78:18 En hulle het El versoek in hul hart deur voedsel te vra na hulle siel. Psa 78:19 En hulle het teen Elohim gespreek, hulle het gesê: Sou El 'n tafel kan dek in die wildernis ? Psa 78:20 Kyk, Hy het die rots geslaan, dat waters gevloei en spruite gestroom het - sou Hy ook brood kan gee of vleis kan verskaf aan Sy volk? Psa 78:21 Daarom het JaHWeH gehoor en toornig geword, en Vuur is aangesteek teen Jakob, en Toorn het ook opgegaan teen JisraEl; Psa 78:22 omdat hulle in Elohim nie geglo en op Sy Verlossing nie vertrou het nie. Psa 78:23 En Hy het aan die wolke daarbo bevel gegee en die deure van die Hemele oopgemaak; Psa 78:24 en Hy het manna op hulle laat reën om te eet en koring van die Hemele aan hulle gegee. Psa 78:25 Mense het die brood van die Boodskappers geëet; Hy het hulle volop padkos gestuur. [2 Ezra 1:19] Psa 78:26 Hy het die Oostewind laat uitbreek aan die Hemele en die Suidewind deur Sy Sterkte aangevoer; Psa 78:27 en Hy het vleis soos stof op hulle laat reën en gevleuelde voëls soos sand aan die seë; Psa 78:28 en Hy het dit binne-in Sy laer laat val, rondom hulle tente. Psa 78:29 Toe het hulle geëet en ten volle versadig geword, en hulle begeerte het Hy bevredig. Psa 78:30 Die verbasterde se begeerte na vleis; die vleis was nog in hulle mond - Psa 78:31 toe die Toorn van Elohim teen hulle opgegaan het en Hy 'n slagting onder hulle kragtige manne aangerig en die jongmanne van JisraEl neergewerp het. Psa 78:32 Ondanks dit alles het hulle verder oortree en nie aan Sy wonders geglo nie. Psa 78:33 So het Hy dan hulle dae laat vergaan in nietigheid en hulle jare in verskrikking. Psa 78:34 Elke keer as Hy hulle gedood het, het hulle na Hom gevra en teruggekom en El gesoek; Psa 78:35 en hulle het daaraan gedink dat Elohim hul Rots was en El, die Hoogste El, hul Verlosser. Psa 78:36 En hulle het Hom met hul mond gevlei en Hom met hul tong belieg; Psa 78:37 maar hulle hart het nie aan Hom vasgehou nie, en hulle het nie geglo in Sy Verbond nie. Psa 78:38 Maar Hy is barmhartig, Hy vergeef die ongeregtigheid en verdelg [hulle] nie, en dikwels wend Hy Sy Toorn af en wek nie al Sy Grimmigheid op nie. Psa 78:39 En Hy het daaraan gedink dat hulle vlees was, gees wat weggaan en nie terugkom nie. Psa 78:40 Hoe dikwels het hulle teen Hom gerebelleer in die wildernis, het hulle Hom gegrief in die [woesteny van] Jesimon; Psa 78:41 en hulle het El opnuut versoek en die Aparte Een van JisraEl gekrenk. Psa 78:42 Hulle het nie aan Sy Hand gedink, aan die dag toe Hy hulle van die teëstander verlos het nie; Psa 78:43 toe Hy Sy tekens gedoen het in Egipte en Sy wonders in die veld van Soan. Psa 78:44 En Hy het hulle riviere verander in bloed en hulle strome, sodat hulle nie kon drink nie. Psa 78:45 Hy het onder hulle muskiete gestuur wat hulle verteer het, en paddas wat verwoesting oor hulle gebring het. Psa 78:46 En Hy het hulle opbrengs aan die kommandowurm gegee en die vrug van hulle werk aan die treksprinkaan. Psa 78:47 Hy het hulle Wingerdstok deur die hael doodgemaak en hulle wildevyeboom deur ryp. Psa 78:48 Ook het Hy hulle diere aan die hael oorgegee en hulle vee aan die blitse. Psa 78:49 Hy het die gloed van Sy brandende Woede onder hulle gestuur, Grimmigheid en Woede en benoudheid, deur besoedelde boodskappers te stuur. Psa 78:50 Hy het 'n pad vir Sy Toorn gebaan, hulle siel nie gered van die Dood nie, maar hulle lewe aan die pes oorgegee. Psa 78:51 En Hy het al die eersgeborenes in Egipte getref, die eerstelinge van [hul] krag in die tente van Gam. Psa 78:52 Maar Hy het Sy volk laat wegtrek soos skape en hulle gelei soos 'n kudde in die wildernis. Psa 78:53 Ja, Hy het hulle veilig gelei, sodat hulle nie gevrees het nie; maar die see het hulle vyande oordek. Psa 78:54 En Hy het hulle gebring na die grens van die gebied van Sy Apartheid, na die bergland wat Sy Regterhand verwerf het. Psa 78:55 En Hy het nasies voor hulle uit verdrywe en dié [aan hulle] as afgemete Erfdeel laat val, en Hy het die stamme van JisraEl in hulle tente laat woon. Psa 78:56 Maar hulle het [Hom] versoek en het gerebelleer teen Elohim, die Hoogste El, en hulle het SY Getuienisse nie onderhou nie. Psa 78:57 En hulle was afvallig en het verraad gepleeg soos hul vaders; hulle het omgedraai soos 'n bedrieglike boog. Psa 78:58 En hulle het Hom getart deur hul Hoogtes en deur hul gesnede beelde Sy jaloersheid gewek. Psa 78:59 Elohim het dit gehoor en toornig geword, en Hy het JisraEl heeltemal verwerp. Psa 78:60 En Hy het die Tabernakel in Silo prysgegee, die Tent wat Hy opgeslaan het onder die adamiete. Psa 78:61 En Hy het Sy Sterkte oorgegee in gevangenskap en Sy versierings in die hand van die teëstander. [Hooglied van Salomo 2:9] Psa 78:62 En Hy het Sy volk oorgelewer aan die swaard en toornig geword op Sy Erfdeel. Psa 78:63 Die vuur het hulle jongmanne verteer, en hulle maagde is nie geprys nie. Psa 78:64 Hulle priesters het deur die swaard geval, en hulle weduwees het nie geween nie. Psa 78:65 My Meester het wakker geword soos een wat slaap, soos 'n dappere wat uitbundig sing deur die blydskap van wyn; Psa 78:66 en Hy het Sy teëstanders van agter geslaan, Hy het hulle 'n ewige smaadheid aangedoen. Psa 78:67 En Hy het die Tent van JôWsef verwerp, en die Septer van Efraim het Hy nie uitverkies nie, Psa 78:68 maar die Septer van JeHûWdah uitverkies, die Berg van Sion wat Hy liefhet. Psa 78:69 En Hy het Sy Apartheidsplek soos hemelhoogtes gebou, soos die Aarde wat Hy vir ewig gegrondves het. Psa 78:70 En Hy het Sy kneg Dawid uitverkies en hom van die skaapkrale af geneem. Psa 78:71 Agter die lammerooie het Hy hom gaan weghaal, om Jakob, Sy volk, op te pas en JisraEl, Sy Erfdeel. Psa 78:72 En hy het hulle opgepas na die egtheid van sy hart en hulle gelei met die verstandige oorleg van sy handpalms. //'n Psalm van Asaf. Psa 79:1 O ELOHIM, nasies het gekom in U Erfdeel, hulle het die Tempel van U Apartheid besoedel, Jerusalem tot puinhope gemaak. Psa 79:2 Hulle het die lyke van U Knegte aan die vlieënde wesens van die Hemele tot spys gegee, die vlees van U Toegewydes aan die wilde wesens van die Aarde. Psa 79:3 Hulle het húlle bloed rondom Jerusalem soos water uitgegiet, sonder dat iemand hulle begrawe. [1Makkabeër 7:17] Psa 79:4 Ons het vir Ons bure 'n smaad geword, 'n spot en beskimping vir die wat rondom Ons is. Psa 79:5 Hoe lank, JaHWeH, sal U vir ewig toornig wees, sal U Ywer brand soos 'n vuur? Psa 79:6 Stort U Grimmigheid uit oor die nasies wat U nie ken nie, en oor die koninkryke wat U Naam nie aanroep nie. Psa 79:7 Want hulle het Jakob verteer en sy Woning verwoes. Psa 79:8 Reken Ons die ongeregtigheid van die voorvaders nie toe nie; laat U dade van Barmhartigheid Ons gou tegemoetkom, want Ons is baie swak. Psa 79:9 Help Ons, o Elohey van Ons Lossing, om die Eer van U Naam, en red Ons en versoen Ons oortredinge ter wille van U Naam. Psa 79:10 Waarom sou die nasies sê: Waar is hulle Elohey? Laat voor Ons oë onder die nasies bekend word die wraak oor die vergote bloed van U knegte. Psa 79:11 Laat die gesug van die Gevangene voor U Aangesig kom; laat die kinders van die Dood oorbly na die grootheid van U Arm. Psa 79:12 En vergeld Ons bure sewevoudig in hulle skoot die smaad waarmee hulle U, My Meester, gesmaad het. Psa 79:13 En Ons, U volk en die skape van U weide, Ons sal U vir ewig loof, van geslag tot geslag sal Ons U lof vertel. //Vir die musiekleier; op [die wysie van]: "Lelies". 'n Getuienis. Van Asaf. 'n Psalm. Psa 80:1 O HERDER van JisraEl, hoor tog; U wat JôWsef soos skape lei, wat bo-oor die Gérubs troon, verskyn in Lig- glans! Psa 80:2 Wek U Mag op voor Efraim en Benjamin en Manasse, en kom Ons tot Verlossing! Psa 80:3 o Elohim, herstel Ons, en laat U Aangesig skyn, sodat Ons verlos kan word! Psa 80:4 o JaHWeH, Elohim van die skeppings-leërmagte, hoe lank nog rook U Toorn by die gebed van U volk? Psa 80:5 U het hulle tranebrood laat eet, hulle oorvloedig trane laat drink. Psa 80:6 U het Ons 'n voorwerp van stryd gemaak vir Ons bure, en Ons vyande drywe die spot. Psa 80:7 o Elohim van die skeppings-leërmagte, herstel Ons, en laat U Aangesig skyn, sodat Ons verlos kan word! Psa 80:8 'n Wingerdstok het U uitgetrek uit Egipte; U het die nasies uitgedrywe en Haar geplant. [Sirag 24:17] Psa 80:9 Hy verskyn voor Haar Aangesig en het Haar laat wortels skiet en Sy het die Aarde gevul. Psa 80:10 Die berge was oordek met Haar skaduwee, en met Haar ranke die seders van El. Psa 80:11 Sy het Haar ranke uitgebrei tot by die see en Haar lote na die rivier toe. Psa 80:12 Waarom het Hy Haar mure stukkend gebreek, sodat almal wat met die pad verbygaan, Haar kaal pluk? Psa 80:13 Die wildevark uit die bos eet Haar op, en wat beweeg op die veld, wei Haar af. [Henog 89:12] Psa 80:14 o Elohim van die skeppings-leërmagte, kom tog terug; aanskou uit die Hemele en kyk, en gee ag op hierdie Wingerdstok; Psa 80:15 en wees 'n beskerming vir Haar wat U Regterhand geplant het, en oor die Seun wat U vir Uself grootgemaak het. Psa 80:16 Sy is met vuur verbrand, Sy is afgekap; vanweë die dreiging van U Aangesig kom Hulle om. Psa 80:17 Laat U Hand wees oor die Man van U Regterhand, oor die Seun van Adam wat U vir Uself grootgemaak het. Psa 80:18 Dan sal Ons nie van U afwyk nie; hou Ons in die lewe, dan sal Ons U Naam aanroep. Psa 80:19 o JaHWeH, Elohim van die skeppings-leërmagte, herstel Ons; laat U Aangesig skyn, sodat Ons verlos kan word! //Vir die musiekleier; op die Gittiet. - Asaf. Psa 81:1 JUBEL tot die Eer van Elohim, Ons Sterkte! Juig tot Eer van die Elohey van Jakob! Psa 81:2 Hef aan 'n lied en laat die tamboeryn klink, die lieflike siter saam met die harp. Psa 81:3 Blaas die ramshoring op Maandsvernuwing, op die aangewese tyd vir Ons Feesdag. Psa 81:4 Want sy is 'n Insetting vir JisraEl, 'n Verordening van die Elohey van Jakob. Psa 81:5 Hy het haar ingestel as Getuienis in JôWsef toe Hy uitgetrek het teen die Aarde van Egipte. Die taal wat Ek gehoor het, het Ek geken: Psa 81:6 Ek het sy skouer bevry van die las, sy handpalms het die mandjie gelos. Psa 81:7 In die nood het jy geroep, en Ek het jou uitgered; Ek het jou geantwoord in die skuilplek van die donder; Ek het jou getoets by die waters van Mériba. Sela. Psa 81:8 Hoor, My volk, en Ek wil jou dit inskerp; JisraEl, as jy tog na My wou luister! Psa 81:9 Daar mag by jou geen verbasterde gode wees nie, en voor 'n uitlandse god mag jy jou nie neerbuig nie. Psa 81:10 Ek is JaHWeH, jou Elohey wat jou laat optrek het uit die Aarde van Egipte; maak jou mond wyd oop, dat Ek haar kan vul. Psa 81:11 Maar My volk het na My Stem nie geluister nie, en JisraEl was vir My nie gewillig nie. Psa 81:12 Toe het Ek hulle oorgegee aan die verhardheid van hul hart, dat hulle in hul eie planne kon wandel. Psa 81:13 Ag, as My volk maar na My wou luister, JisraEl in My Weë wou wandel! Psa 81:14 Gou sou Ek hul vyande onderwerp en My Hand teen hul teëstanders uitstrek. Psa 81:15 Die haters van JaHWeH sou kruipende na Hom toe kom; maar hulle tyd sou vir ewig wees. Psa 81:16 Ja, Hy sou hulle voed met die beste van die koring; en met heuning uit die Rots sou Ek jou versadig. //'n Psalm van Asaf. Psa 82:1 ELOHIM staan in die vergadering van El; Hy regeer vanuit die midde van die Elohim. [Openbaring 5:6] Psa 82:2 Hoe lank sal julle onregverdig oordeel en die aangesigte van die besoedelde verdra? Sela. Psa 82:3 Doen Reg aan die swakke en die wees; gee aan die ellendige en die arme sy Reg. Psa 82:4 Red die swakke en behoeftige, bevry [hulle] uit die hand van die besoedelde mense. Psa 82:5 Hulle weet nie en verstaan nie; hulle loop rond in Duisternis: al die fondamente van die Aarde wankel. Psa 82:6 Ek self het gesê: Julle is Elohim, en julle is almal Seuns van die Hoogste El - Psa 82:7 nogtans sal julle sterwe soos adamiete, en soos een van die vorste sal julle val. Psa 82:8 Staan op, o Elohim, oordeel die Aarde! Want U het erfbesit van al die nasies. //'n LIED. 'n Psalm van Asaf. Psa 83:1 O ELOHIM, hou U nie stil nie, swyg nie en rus nie, o El! Psa 83:2 Want kyk, U vyande maak rumoer, en U haters steek die hoof op. Psa 83:3 Teen U volk smee hulle listig 'n plan en hou onder mekaar raad teen U verborgenes. Psa 83:4 Hulle sê: Kom, laat ons hulle vernietig, dat hulle geen nasie meer is nie, sodat aan die naam van JisraEl nie meer gedink word nie. Psa 83:5 Want hulle het van harte saam raad gehou; teen U sluit hulle 'n verbond: Psa 83:6 die tente van Edom en die JismaEliete, Moab en die Hagareners, Psa 83:7 Gebal en Ammon, en Amalek, Filistéa saam met die inwoners van Tirus. Psa 83:8 Ook het Assur by hulle aangesluit; hulle is 'n arm vir die kinders van Lot. Sela. Psa 83:9 Maak met hulle soos met Mídian, soos met Sísera, soos met Jabin by die spruit Kison: Psa 83:10 hulle is verdelg by Endor, hulle het mis geword vir die Adamah [die adamiet se Aarde]. Psa 83:11 Maak hulle, hul edeles, soos Oreb en Seëb, en al hulle vorste soos Seba en Salmúna, Psa 83:12 wat sê: Laat ons die woninge van Elohim vir ons in besit neem! Psa 83:13 My Elohey, maak hulle soos strooi, soos stoppels voor die Gees. Psa 83:14 Soos vuur wat 'n bos verbrand, en soos die vlam wat berge aan die brand steek - Psa 83:15 vervolg hulle só met U storm en verskrik hulle met U Stormwind. Psa 83:16 Oordek hulle aangesig met skande, dat hulle U Naam kan soek, o JaHWeH! Psa 83:17 Laat hulle beskaamd staan en verskrik wees vir ewig, en laat hulle rooi van skaamte word en omkom; Psa 83:18 sodat hulle kan weet dat U, wie se Naam JaHWeH is, alleen die Hoogste El is oor die hele Aarde. //Vir die musiekleier; op die Gittiet, vir die kinders van Korag. Psa 84:1 HOE lieflik is U Tabernakels, o JaHWeH van die skeppings-leërmagte! Psa 84:2 My Siel verlang, ja, smag na die voorhowe van JaHWeH; My Hart en My Vlees jubel uit tot die lewende El. Psa 84:3 Selfs vind die mossie 'n huis en die swaweltjie 'n nes vir haar, waar sy haar kleintjies neerlê, naamlik U altare, JaHWeH van die skeppings-Leërmagte, My Koning en My Elohey! Psa 84:4 Geseënd is hulle wat woon in U Huis; hulle prys U gedurig. Sela. Psa 84:5 Geseënd is die adamiet wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande Weë is. Psa 84:6 As hulle deur die droë laagte trek, maak hulle haar 'n fonteinland; ook oordek die vroeë reën haar met seëninge. Psa 84:7 Hulle gaan van krag tot krag; elkeen [van hulle] sal verskyn voor Elohim in Sion. Psa 84:8 JaHWeH, Elohim van die skeppings-Leërmagte, hoor My gebed; luister tog, o Elohey van Jakob! Sela. Psa 84:9 O Elohim, Ons Skild, kyk en aanskou die Aangesig van U Gesalfde. Psa 84:10 Want 'n dag in U voorhowe is suiwerder as duisend; Ek wil liewer by die drumpel staan in die Huis van My Elohey, as om te woon in die tente van besoedeling. Psa 84:11 Want JaHWeH Elohim is 'n Sonsopkoms en 'n Skild; JaHWeH sal Guns en Eer gee; HY sal die suiwer [dinge] nie terughou aan die wat rassuiwerheid beoefen nie. Psa 84:12 JaHWeH van die skeppings-Leërmagte, Geseënd is die adamiet wat op U vertrou! //Vir die musiekleier. 'n Psalm vir die kinders van Korag. Psa 85:1 U het, o JaHWeH, 'n welbehae gehad in U Aarde; die lot van Jakob het U verander. Psa 85:2 U het die ongeregtigheid van U volk weggeneem, en hulle oortredinge bedek. Sela. Psa 85:3 U het al U Grimmigheid teruggetrek, U het U brandende Woede afgewend. Psa 85:4 Herstel Ons, o Elohey van Ons Lossing, en maak tot niet U Grimmigheid teen Ons! Psa 85:5 Sal U vir ewig teen Ons toornig wees, U Toorn laat duur van geslag tot geslag? Psa 85:6 Sal U Ons nie weer lewend maak, sodat U volk in U bly kan wees nie? Psa 85:7 Toon Ons U Medelye, o JaHWeH, en gee Ons U Lossing! Psa 85:8 Ek wil hoor wat El van JaHWeH spreek. Ja, Hy spreek Vrede vir Sy volk en vir Sy toegewydes; maar laat hulle nie tot Dwaasheid terugkeer nie! Psa 85:9 Gewis, Sy Lossing is naby die wat Hom Vrees, sodat Glansrykheid in Ons Aarde kan woon. Psa 85:10 Medelye en Waarheid ontmoet mekaar; Regverdigheid en Vrede raak aan mekaar. Psa 85:11 Waarheid spruit uit die Aarde en Regverdigheid kyk uit die Hemele neer.[Génesis 1:1; Psalm 108:4] Psa 85:12 Ook gee JaHWeH Suiwerheid, en Ons Aarde lewer haar opbrengs. Psa 85:13 Regverdigheid gaan voor Hom uit, en Hy let op die Weg van Sy voetstappe. //'n Gebed van Dawid. Psa 86:1 JaHWeH, neig U Oor, verhoor My, want Ek is ellendig en behoeftig. Psa 86:2 Bewaar My Siel, want 'n toegewyde is Ek; U, My Elohey, verlos U kneg wat op U vertrou. [JeshaJaH 49:7] Psa 86:3 Wees My barmhartig, My Meester, want Ek roep U aan die hele dag deur. Psa 86:4 Verbly die Siel van U Kneg, want tot U, My Meester, hef Ek My Siel op. Psa 86:5 Want U, My Meester, is suiwer en vergewensgesind en groot van Medelye vir almal wat U aanroep. Psa 86:6 JaHWeH, luister na My gebed en let op die Stem van My smekinge. Psa 86:7 In die dag van My benoudheid roep Ek U aan, want U verhoor My. Psa 86:8 Daar is niemand soos U onder die Elohim, My Meester, en daar is niks soos U werke nie. Psa 86:9 Al die nasies wat U gemaak het, sal kom en hulle voor U Aangesig neerbuig, My Meester, en hulle sal U Naam eer; Psa 86:10 want U is groot en doen wonders, U alleen is Elohim. Psa 86:11 Leer My, JaHWeH, U Weg: Ek sal in U Waarheid wandel; verenig My Hart tot die Vrees van U Naam. [JeHôWganan 14:26] Psa 86:12 My Meester, My Elohey, Ek wil U loof met My hele Hart en U Naam vir ewig eer; Psa 86:13 want U Medelye is groot oor My, en U het My Siel uit die Doderyk/Sheol diep daaronder gered. Psa 86:14 o Elohim, hoogmoediges het teen My opgestaan, en 'n bende tiranne soek My Siel; en hulle stel U nie voor hul oë nie. [Psalm 22:12] Psa 86:15 Maar U, My Meester, is 'n barmhartige en goedgunstige El, lankmoedig en groot van Medelye en Waarheid. Psa 86:16 Wend U tot My en wees My barmhartig; gee U Sterkte aan U Kneg en verlos die Seun van U Diensmaagd. Psa 86:17 Doen aan My 'n Teken ten goede, sodat My haters haar sien en beskaamd kan staan, omdat U, o JaHWeH, My gehelp en getroos het. [Lukas 2:34] //'n Psalm: 'n Lied vir die kinders van Korag. Psa 87:1 SY Fondament is in die berge van Apartheid. [Openbaring 21:14] Psa 87:2 JaHWeH het die Poorte van Sion lief bo al die Tabernakels van Jakob. Psa 87:3 Eerbare dinge word van U gesê, o Stad van die Elohim! Sela. Psa 87:4 Ek wil Rahab en Babel vermeld onder hulle wat My ken; kyk, Filistéa en Tirus saam met Kuwsh - hierdie Een is daar gebore. [JeshaJaH 51:9] Psa 87:5 En van Sion sal gesê word: Man vir man is in Haar gebore, en Hy, die Hoogste El, hou Haar in stand. Psa 87:6 JaHWeH sal tel as Hy die volke opskrywe: Hierdie Een is daar gebore. Sela. Psa 87:7 En die sangers, sowel as die musikante sê: Al My fonteine is in U! //'n LIED. 'n Psalm van die kinders van Korag. Vir die musiekleier; op [die wysie van]: "Máhalat leannot." 'n Onderwysing van Heman, die Esrahiet. Psa 88:1 JaHWeH, Elohey van My Verlossing, bedags roep Ek, in die nag is Ek voor U. Psa 88:2 Laat My gebed voor U Aangesig kom, neig U Oor tot My smeking. Psa 88:3 Want My Siel is sat van besoedeling, en My lewe raak aan die Doderyk/Sheol. Psa 88:4 Ek word gereken by die wat in die put neerdaal; Ek het geword soos 'n magtige sonder krag, Psa 88:5 vrygelaat onder die dooies; soos die wat verslaan is, wat in die graf lê, aan wie U nie meer dink nie, en wat afgesny is van U Hand. Psa 88:6 U het My gesit in die put diep daaronder, in duister plekke, in dieptes. Psa 88:7 U Grimmigheid rus op My, en U druk [My] neer met al U golwe. Sela. Psa 88:8 U het My bekendes ver van My verwyder, My iets afskuweliks gemaak vir hulle; Ek is ingesluit en kan nie uitkom nie. [Hooglied 2:9] Psa 88:9 My oog vergaan van ellende. JaHWeH, Ek roep U aan die hele dag deur, Ek strek My handpalms na U uit. Psa 88:10 Kan U aan die dooies 'n wonder doen? Of kan skimme opstaan, kan hulle U loof? Sela. Psa 88:11 Kan U Medelye vertel word in die graf, U Getrouheid in Abáddon? Psa 88:12 Kan U wonderwerke in die Duisternis bekend word en U Geregtigheid in die Aarde van vergetelheid? Psa 88:13 Maar Ek, JaHWeH, roep U aan om hulp, en in die môre kom My gebed U tegemoet. Psa 88:14 JaHWeH, waarom verstoot U My Siel, verberg U U Aangesig vir My? Psa 88:15 Van jongs af is Ek ellendig en klaar om te sterwe; Ek dra U verskrikkinge, Ek is radeloos. Psa 88:16 U brandende Woede het oor My gegaan; U verskrikkinge vernietig My; Psa 88:17 die hele dag omring hulle My soos water, saam omsingel hulle My. Psa 88:18 U het vriend en metgesel ver van My verwyder; My bekendes is Duisternis. //'n Onderwysing van Etan, die Esrahiet. Psa 89:1 DIE Medelye van JaHWeH wil Ek vir ewig besing; Ek wil U Getrouheid bekend maak met My mond, van geslag tot geslag. Psa 89:2 Want Ek het gesê: Medelye sal vir ewig gebou word; in die Hemele - daar bevestig U U Getrouheid. Psa 89:3 Ek het 'n Verbond gesluit met My uitverkorene, met 'n eed aan Dawid, My kneg, belowe: Psa 89:4 Tot in ewigheid sal Ek jou saad bevestig en jou troon opbou van geslag tot geslag. Sela. Psa 89:5 En die Hemele loof U Wondermag, o JaHWeH, ook U Getrouheid in die vergadering van die apartes. Psa 89:6 Want wie kan in die Hemele met JaHWeH vergelyk word? [Wie] is soos JaHWeH onder die seuns van El, Psa 89:7 'n El grootliks gedug in die Raad van die apartes en ontsagwekkend bo almal wat rondom Hom is? Psa 89:8 O JaHWeH, Elohey van die skeppings-leërmagte, wie is soos U? Grootmagtig is U, o JaHH, en U Getrouheid is rondom U! Psa 89:9 U heers oor die oprysing van die see; as sy golwe hulle verhef, bring U hulle tot bedaring. Psa 89:10 U het Rahab verbrysel soos een wat verslaan is, met U Sterke Arm U vyande verstrooi. [JeshaJaH 51:9] Psa 89:11 Aan U behoort die Hemele, aan U ook die Aarde; die wêreld en haar volheid - U het haar gegrond. Psa 89:12 Die Noorde en die Suide - U het hulle geskape; Tabor en Hermon jubel in U Naam. Psa 89:13 U het 'n Arm met mag; U Hand is sterk, U Regterhand verhewe. Psa 89:14 Geregtigheid en Reg is die grondslag van U Troon: Medelye en Waarheid gaan voor U Aangesig uit. Psa 89:15 Geseënd is die volk wat die geklank ken; o JaHWeH, hulle wandel in die Lig van U Aangesig. Psa 89:16 In U Naam juig hulle die hele dag, en deur U Geregtigheid word hulle verhef. Psa 89:17 Want U is hulle magtige sieraad, en deur U welbehae word Ons Horing verhef. Psa 89:18 Want aan JaHWeH behoort Ons Skild, en die Aparte Een van JisraEl is Ons Koning. Psa 89:19 Toe het U in 'n gesig gespreek met U Toegewyde en gesê: Ek het hulp verleen aan 'n dappere, 'n uitverkorene uit die volk verhef. Psa 89:20 Ek het Dawid, My kneg, gevind, met die olie van My Apartheid hom gesalf; Psa 89:21 met wie My Hand bestendig sal wees; ook sal My Arm hom versterk. Psa 89:22 Die vyand sal hom nie oorval en die kwaaddoener hom nie verdruk nie; Psa 89:23 maar Ek sal sy teëstanders voor hom weg verpletter; en die wat hom haat, sal Ek verslaan. Psa 89:24 En My Getrouheid en My Medelye sal met hom wees, en deur My Naam sal sy horing verhef word. Psa 89:25 En Ek sal sy hand lê op die see en sy regterhand op die riviere. Psa 89:26 Hy is dit wat My sal noem: U is My Vader, My El en die Rots van My Verlossing! Psa 89:27 Ja, Ék sal hom 'n Eersgeborene maak, die hoogste onder die konings van die Aarde. Psa 89:28 Vir ewig sal Ek My Medelye vir hom bewaar, en My Verbond bly vir hom vas. Psa 89:29 En Ek sal sy saad vir ewig laat duur en sy troon soos die dae van die Hemele. Psa 89:30 As sy kinders My Wet verlaat en in My Reg nie wandel nie; Psa 89:31 as hulle My Insettinge vermeng en My Gebooie nie hou nie, Psa 89:32 dan sal Ek hulle oortreding met die Septer besoek en met plae hulle skuld vir ongeregtigheid. Psa 89:33 Maar My Medelye sal Ek van hom nie ontneem en My Getrouheid nie verbreek nie. Psa 89:34 Ek sal My Verbond nie besoedel nie, en wat oor My Lippe gegaan het, sal Ek nie verander nie. Psa 89:35 Een maal het Ek gesweer in My Apartheid: Waarlik, Ek sal vir Dawid nie lieg nie! Psa 89:36 Sy saad sal vir ewig wees en sy troon soos die son voor My. Psa 89:37 Soos die maan sal hy vir ewig vasstaan, en die Getuie in die Hemele is getrou. Sela. Psa 89:38 Maar U het self verstoot en verag, U het toornig geword teen U gesalfde. Psa 89:39 U het die Verbond van U kneg tot niet gemaak, U het sy separatisme besoedel teen die Aarde. Psa 89:40 U het al sy mure stukkend gebreek, sy vestings 'n puinhoop gemaak. Psa 89:41 Almal wat met die pad verbygaan, het hom beroof; vir sy bure het hy 'n smaad geword. Psa 89:42 U het die regterhand van sy teëstanders verhef, al sy vyande bly gemaak. Psa 89:43 Ook het U die skerpte van sy swaard laat omdraai en hom nie laat standhou in die geveg nie. Psa 89:44 U het sy suiwerheid onttrek en sy troon teen die Aarde neergewerp. Psa 89:45 U het die dae van sy jeug verkort, hom met skaamte oordek. Sela. Psa 89:46 Hoe lank sal U, o JaHWeH, Uself vir altyd verberg, sal U Grimmigheid brand soos 'n vuur? Psa 89:47 Gedenk van watter lewensduur Ek is, tot watter nietigheid U al die seuns van adamiete geskape het! Psa 89:48 Watter sterk man leef daar wat die Dood nie sal sien nie, wat sy siel sal kan red uit die mag van die Doderyk/Sheol? Sela. Psa 89:49 My Meester, waar is U vorige Medelye wat U aan Dawid met 'n eed beloof het in U Getrouheid? Psa 89:50 Onthou, My Meester, die skande van U knegte, hoe Ek in My boesem baie volke dra, Psa 89:51 waarmee U vyande, o JaHWeH, smaad, waarmee hulle die voetstappe van U gesalfde smaad. Psa 89:52 Geloofd sy JaHWeH vir ewig! Amein, ja amein. //'n Gebed van Moshè: 'n Man van die Elohim. Psa 90:1 MY Meester, U was vir ons 'n toevlug van geslag tot geslag. Psa 90:2 Voordat die berge gebore was en U die Aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U El. Psa 90:3 U laat die man terugkeer tot stof en sê: Keer terug, o seuns van adam! Psa 90:4 Want duisend jaar is in U Oë soos die dag van gister as dit verbyskiet, en soos 'n nagwaak. Psa 90:5 Weggespoel het U hulle; hulle word 'n slaap; in die môre [is hulle] soos die gras wat weer uitspruit- Psa 90:6 in die môre bot dit en spruit weer uit; in die aand sny 'n mens dit af, en dit verdor. Psa 90:7 Want ons vergaan deur U Toorn, en deur U Grimmigheid word ons verskrik. Psa 90:8 U stel ons ongeregtigheid voor U, ons verborgenhede in die Lig van U Aangesig. Psa 90:9 Want al ons dae gaan verby deur U Grimmigheid, ons bring ons jare deur soos 'n gedagte. Psa 90:10 Die dae van ons jare - daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen. Psa 90:11 Wie ken die Sterkte van U Toorn en U Grimmigheid, ooreenkomstig die Vrees wat aan U verskuldig is? Psa 90:12 Leer [ons] om ons dae so te tel dat ons 'n wyse hart mag bekom! Psa 90:13 Keer terug, JaHWeH! Tot hoe lank? En ontferm U oor U knegte. Psa 90:14 Versadig ons in die môre met U Medelye, sodat ons kan jubel en bly wees in al ons dae. Psa 90:15 Maak ons bly na die dae waarin U ons verdruk het, na die jare waarin ons besoedeling gesien het. Psa 90:16 Laat U werk vir U knegte sigbaar word en U Grootsheid oor hulle kinders. Psa 90:17 En laat die Lieflikheid van my Meester onse Elohey oor ons wees, en bevestig die werk van ons hande oor ons, ja, die werk van ons hande, bevestig dit! //Hy wat beskerming by die Hoogste El soek, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige. //(Wysheid getuig oor Haar Seun en die Vader) Psa 91:1 HY wat in die skuilplek van die Hoogste El sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige. Psa 91:2 Ek sal tot JaHWeH sê: My toevlug en My bergvesting, My Elohey op wie Ek vertrou. Psa 91:3 Want dit is Hy wat U sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes. Psa 91:4 Hy sal U dek met Sy Vlerke, en onder Sy Vleuels sal U skuil; Sy Waarheid is U Skild en Pantser. Psa 91:5 U hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie, Psa 91:6 vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie! Psa 91:7 Al val daar duisend aan U sy en tienduisend aan U regterhand - na U sal dit nie aankom nie. Psa 91:8 Net met u oë sal U dit aanskou en die vergelding van die besoedelde sien. Psa 91:9 Want U, JaHWeH, is My toevlug. Die Hoogste El het U U beskutting gemaak. Psa 91:10 Geen besoedeling sal U tref en geen plaag naby U Tent kom nie; Psa 91:11 want Hy sal Sy Boodskappers aangaande U bevel gee om U te bewaar op al U weë. [Lukas 4:10] Psa 91:12 Hulle sal U op die handpalms dra, sodat U U voet teen geen klip stamp nie. [MattithJaHûW 4:6; Lukas 4:11] Psa 91:13 Op die leeu en die adder sal U trap, die jong leeu en die Draak vertrap. Psa 91:14 Omdat Hy My liefhet, daarom sal Ek Hom red; Ek sal Hom beskerm, omdat Hy My Naam ken. Psa 91:15 Hy sal My aanroep, en Ek sal Hom verhoor; in die nood sal Ek by Hom wees; Ek sal Hom uitred en Eer aan Hom gee. Psa 91:16 Met lengte van dae sal Ek Hom versadig, en Ek sal Hom My Verlossing laat sien. //'n Psalm. 'n Lied vir die Sabbatdag. Psa 92:1 DIT is suiwer om JaHWeH te loof en tot eer van U Naam musiek te maak, O Hoogste El, Psa 92:2 om in die môre U Medelye te verkondig en U Getrouheid in die nagte; Psa 92:3 by die tiensnarige instrument en by die harp, by snarespel op die siter. Psa 92:4 Want U het My bly gemaak, JaHWeH, deur U dade; Ek jubel oor die werke van U Hande. Psa 92:5 Hoe groot is U werke, o JaHWeH; baie diep is U gedagtes! Psa 92:6 'n Dom mens weet nie, en 'n dwaas verstaan dit nie: Psa 92:7 as die besoedelde mense groei soos die plante en al die bewerkers van ongeregtigheid bot, [is dit] om hulle vir ewig te verdelg. Psa 92:8 Maar U is hoog verhewe tot in ewigheid, O, JaHWeH! Psa 92:9 Want kyk, U vyande, o JaHWeH, want kyk, U vyande sal vergaan; al die bewerkers van Ongeregtigheid sal verstrooi word. Psa 92:10 Maar U verhoog My krag soos die van 'n eenhoring; Ek is met vars olie gesalf. Psa 92:11 En My oog sien met welgevalle neer op die wat My voorlê, My ore hoor van die wat teen My as kwaaddoeners opstaan. Psa 92:12 Die regverdige sal groei soos 'n palmboom; hy sal opgroei soos 'n seder op die Libanon. Psa 92:13 Hulle wat geplant is in die Huis van JaHWeH, sal uitspruit in die Tuin van onse Elohey. Psa 92:14 In die gryse ouderdom sal hulle nog vrugte dra, hulle sal vet en groen wees, Psa 92:15 om te verkondig dat JaHWeH Reg is, My Rots, en in Hom is geen onreg nie. Psa 93:1 JaHWeH regeer; Hy is met Majesteit bekleed. JaHWeH is bekleed, en met Sterkte gegord. Ook staan die wêreld vas, sodat sy nie wankel nie. Psa 93:2 Vas staan U Troon van ouds af; van ewigheid af is U. Psa 93:3 Die riviere, o JaHWeH, het verhef, die riviere het hulle gebruis verhef; die riviere verhef hulle geraas! Psa 93:4 Meer as die gebruis van groot, geweldige waters, van die golwe van die see, is JaHWeH geweldig in die hoogte! Psa 93:5 U Getuienisse is baie betroubaar. Apartheid is gepas by U Huis, JaHWeH, tot in lengte van dae! Psa 94:1 EL van wraak, o JaHWeH, El van wraak, verskyn in Ligglans! Psa 94:2 Verhef U, o Regter van die Aarde, vergeld die trotsaards [hulle] dade! Psa 94:3 Hoe lank sal die besoedelde, o JaHWeH, hoe lank sal die besoedelde jubel? Psa 94:4 Hulle smaal, hulle praat onbeskaamd - al die bewerkers van Ongeregtigheid verhef hulleself. Psa 94:5 o JaHWeH, hulle verbrysel U volk, en hulle verdruk U Erfdeel. Psa 94:6 Hulle maak die weduwee en die besoeker dood en vermoor die wese. Psa 94:7 en sê: JaHWeH sien dit nie, en die Elohey van Jakob merk dit nie. Psa 94:8 Let op, o onverstandiges onder die volk, en julle dwase, wanneer sal julle verstandig word? Psa 94:9 Sou Hy wat die oor plant, nie hoor nie, of Hy wat die oog formeer, nie sien nie? Psa 94:10 Sou Hy wat die nasies tugtig, nie straf nie - Hy wat die adamiet Kennis leer? Psa 94:11 JaHWeH ken die gedagtes van die adamiete - dat hulle nietigheid is. Psa 94:12 Geseënd is die sterk man, o JaHH, wat hom onderrig en wat hom leer uit U Wet, Psa 94:13 om hom rus te gee van die dae van besoedeling, totdat die kuil vir die besoedelde gegrawe word. Psa 94:14 Want JaHWeH sal Sy volk nie verwerp en sal Sy Erfdeel nie verlaat nie; Psa 94:15 want die Reg sal terugkeer na Geregtigheid, en al die opregtes van hart sal haar volg. Psa 94:16 Wie sal vir my optree teen die besoedeldes? Wie sal my bystaan teen die bewerkers van besoedeling? Psa 94:17 As JaHWeH vir my nie 'n Hulp was nie, dan het my Siel gou in die stilte gewoon. Psa 94:18 As Ek dink: my Voet wankel - dan ondersteun U Medelye my, o JaHWeH! Psa 94:19 As my gedagtes binne-in my vermenigvuldig, dan verkwik U vertroostinge my Siel. Psa 94:20 Sal die troon van verderflikheid met U verenig; wie bedrog bewerkstellig deur wetgewing? Psa 94:21 Hulle bestorm die siel van die regverdige en besoedel onskuldige bloed. Psa 94:22 Maar JaHWeH is 'n Rotsvesting vir my, en my Elohey is die Rots van my toevlug. Psa 94:23 En Hy laat hulle eie ongeregtigheid op hulle terugkeer en verdelg hulle in hul besoedeling; JaHWeH, onse Elohey verdelg hulle. Psa 95:1 KOM, laat Ons jubel tot die Eer van JaHWeH, laat Ons juig ter ere van die Rots van Ons Lossing! Psa 95:2 Laat Ons SY Aangesig tegemoet gaan met dank, met lofsange HOM toejuig! Psa 95:3 Want JaHWeH is 'n grote El, ja, die groot Koning bo al die elohim. Psa 95:4 In Wie se Hand die diepste plekke van die Aarde is, en die toppe van die berge is Syne. Psa 95:5 Aan Wie die see behoort wat Hy self gemaak het, en die droë grond wat Sy hande geformeer het. Psa 95:6 Kom, laat Ons aanbid en neerbuk; laat Ons kniel voor die Aangesig van JaHWeH Ons Maker. Psa 95:7 Want Hy is Onse Elohey, en Ons is die volk van Sy weide en die skape van Sy Hand. Ag, as julle vandag maar na Sy Stem wou luister! Psa 95:8 Verhard julle hart nie soos by Mériba(versoeking), soos op die dag van Massa(beproewing) in die wildernis nie; Psa 95:9 waar julle vaders My versoek het, My beproef het, alhoewel hulle My werk gesien het. Psa 95:10 Veertig jaar het Ek 'n afkeer gehad van [hierdie] geslag en gesê: Hulle is 'n volk met 'n dwalende hart, en hulle ken My Weë nie; Psa 95:11 sodat Ek in My Woede gesweer het: Waarlik, hulle sal in My rus nie ingaan nie! [Hebreërs 4:3, 5] Psa 96:1 SING tot die Eer van JaHWeH 'n nuwe lied; sing voor JaHWeH, o ganse Aarde! Psa 96:2 Sing tot die Eer van JaHWeH, loof Sy Naam, verkondig Sy Verlossing van dag tot dag. Psa 96:3 Vertel onder die nasies Sy Eer, onder al die volke Sy wonders. Psa 96:4 Want JaHWeH is groot en baie lofwaardig; Hy is gedug bo al die elohim. Psa 96:5 Want al die gode van die volke is drek, maar JaHWeH het die Hemele gemaak. Psa 96:6 Uitnemendheid en grootsheid is voor Sy Aangesig, Sterkte en prag in Sy Apartheidsplek. Psa 96:7 Gee aan JaHWeH, o stamme van die volke, gee aan JaHWeH Eer en Sterkte. Psa 96:8 Gee aan JaHWeH die Eer van Sy Naam, bring spysbydraes en kom in Sy voorhowe. Psa 96:9 Buig neer vir JaHWeH in die prag van Apartheid; beef voor Sy Aangesig, o ganse Aarde! Psa 96:10 Sê onder die volke: JaHWeH is Koning! Ook staan die wêreld vas, sodat sy nie wankel nie. Hy sal die volke regverdig oordeel. Psa 96:11 Laat die Hemele bly wees en die Aarde juig; laat die see en sy volheid bruis. Psa 96:12 Laat die veld juig en al wat daarin is; dan sal al die bome van die bos jubel Psa 96:13 voor die Aangesig van JaHWeH; want Hy kom, want Hy kom om die Aarde te oordeel; Hy sal die wêreld oordeel met Geregtigheid en die volke in Getrouheid. [JeHôWganan 5:22] Psa 97:1 JaHWeH is Koning; draai o Aarde; juig o groot eilande ! Psa 97:2 Die Wolkkolom en donkerheid is rondom Hom; Regverdigheid en Reg is die grondslag van Sy Troon. Psa 97:3 'n Vuur gaan voor Sy Aangesig uit en steek Sy teëstanders rondom aan die brand. Psa 97:4 Sy bliksems verlig die wêreld; die Aarde sien en bewe. Psa 97:5 Berge smelt weg soos was voor die Aangesig van JaHWeH, voor die Aangesig van die Meester van die hele Aarde. Psa 97:6 Die Hemele verkondig Sy Geregtigheid, en al die volke sien Sy Glansrykheid. Psa 97:7 Beskaamd staan almal wat die gesnede afbeeldings dien, wat drek verhef. Buig voor Hom neer al [julle] gode. Psa 97:8 Sion hoor dit en is bly, en die dogters van JeHûWdah juig oor U Regsprake, o JaHWeH! Psa 97:9 Want U, JaHWeH, is die Hoogste El oor die hele Aarde; U is hoog verhewe bo al die elohim. Psa 97:10 o Liefhebbers van JaHWeH, haat die besoedeling! Hy bewaar die siele van Sy toegewydes, Hy red hulle uit die hand van die besoedelde. Psa 97:11 Die Lig is vir die regverdige gesaai en vrolikheid vir die opregtes van hart. Psa 97:12 o Regverdiges, wees bly in JaHWeH, en hef die hande op in dank aan die herinnering van Sy Apartheid! //'n Psalm. Psa 98:1 SING tot die Eer van JaHWeH 'n nuwe lied, want Hy het wonders gedoen; Sy Regterhand en die Arm van Sy Apartheid het Hom gehelp. Psa 98:2 JaHWeH het Sy Verlossing bekend gemaak, Sy Geregtigheid voor die oë van die nasies geopenbaar. [2 Ezra 7:26] Psa 98:3 Hy het Sy Medelye en Sy Getrouheid aan die huis van JisraEl onthou; al die eindes van die Aarde het die Verlossing van onse Elohey gesien. Psa 98:4 Juig voor die Aangesig van JaHWeH, o ganse Aarde, breek uit en maak musiek! Psa 98:5 Maak musiek tot die Eer van JaHWeH met die siter, met die siter en die klank van 'n melodie, Psa 98:6 met trompette en ramshoring geklank; juig voor die Aangesig van die Koning, JaHWeH! Psa 98:7 Laat die see bruis en sy volheid, die wêreld en die wat in haar woon. Psa 98:8 Laat die riviere [hul] handpalms klap, die berge tesame jubel Psa 98:9 voor die Aangesig van JaHWeH; want Hy kom om die Aarde te oordeel; Hy sal die wêreld rig met Geregtigheid en die volke met Reg. Psa 99:1 JaHWeH is Koning; laat die volke bewe! Hy troon op die Gérubs; laat die Aarde sidder! [JeségiEl 1:26] Psa 99:2 JaHWeH is groot in Sion, en verhewe is Hy bo al die volke. Psa 99:3 Laat hulle U grote en gedugte Naam loof, want Hy is Apart ! Psa 99:4 Ook die sterkte van die Koning wat die Reg liefhet. U het bevestig wat regverdig is; U het Reg en Geregtigheid gedoen in Jakob. Psa 99:5 Verhoog JaHWeH Onse Elohey, en buig julle neer voor dieVoetbank van Sy Voete, [want] Apart [is] Hy! [JeshaJaH 66:1] Psa 99:6 Moshè en Aäron was onder Sy priesters, en ShemuEl onder die aanroepers van Sy Naam. Hulle het JaHWeH aangeroep, en Hy het hulle verhoor. Psa 99:7 In die Wolkkolom het Hy met hulle gespreek. Hulle het Sy Getuienisse onderhou en die Insetting wat Hy hulle gegee het. Psa 99:8 o JaHWeH Onse Elohey, U het hulle verhoor, U was vir hulle 'n vergewende El en Een wat wraak oefen oor hulle dade. Psa 99:9 Verhef JaHWeH Onse Elohey, en buig julle neer vir die Berg van Sy Apartheid. Want Apart is JaHWeH Onse Elohey. //'n Psalm met Uitgestrekte Hande. Psa 100:1 JUIG voor JaHWeH, o ganse Aarde! Psa 100:2 Dien JaHWeH met blydskap; kom voor Sy Aangesig met gejubel. Psa 100:3 Erken dat JaHWeH Elohim is: Hy het ons gemaak, en ons is Syne, Sy volk en die skape van Sy weide. Psa 100:4 Gaan Sy Poorte in met danksegging, Sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys Sy Naam. Psa 100:5 Want JaHWeH is suiwer; Sy Medelye is tot in ewigheid, en Sy Getrouheid van geslag tot geslag. //'n Psalm van Dawid. Psa 101:1 EK wil sing van Medelye en Reg; tot U Eer wil ek musiek maak, o JaHWeH! Psa 101:2 Ek wil Myself wys gedra deur 'n rassuiwere lewenswyse - wanneer sal U na My kom? Ek wandel in die egtheid van My Hart, binne-in My huis. Psa 101:3 Ek stel Belijaal nie voor My oë nie; die dade van afvalliges haat Ek; dié sal My nie aankleef nie. Psa 101:4 [Iemand met] verbasterings-neigings moet ver van My af bly, wie besoedel is, wil Ek nie ken nie. Psa 101:5 Hy wat heimlik van sy naaste kwaad spreek, hom sal Ek vernietig; hy wat hoog van oë is en trots van hart, hom verdra Ek nie. Psa 101:6 My oë sal wees op die getroues in die Aarde, dat hulle by My kan woon; dié wat rassuiwer wandel, dié mag My dien. Psa 101:7 Hy wat bedrog pleeg, mag binne-in My Huis nie bly nie; wie leuens praat, kan voor My oë nie bestaan nie. Psa 101:8 Elke môre sal Ek al die besoedelde van die Aarde vernietig, om al die bewerkers van Ongeregtigheid uit die Stad van JaHWeH uit te roei. //'n Gebed van 'n ellendige as hy beswyk en sy klagte uitstort voor die Aangesig van JaHWeH. Psa 102:1 O JaHWeH, hoor My gebed, en laat My hulpgeroep tot by U kom! Psa 102:2 Verberg U Aangesig nie vir My op die dag as Ek in benoudheid is nie; neig U oor tot My; op die dag as Ek roep, verhoor My gou! Psa 102:3 Want My dae verdwyn soos rook en My Gebeente gloei soos 'n vuurherd. Psa 102:4 Platgeslaan soos die plante en verdor is My Hart; want Ek vergeet om My Brood te eet. Psa 102:5 Vanweë My harde gesug kleef My Gebeente aan My Vlees. Psa 102:6 Ek is soos 'n pelikaan van die wildernis, Ek het geword soos 'n uil op die puinhope. Psa 102:7 Ek is slapeloos en het geword soos 'n eensame voël op die dak. Psa 102:8 Die hele dag smaad My vyande My; die wat teen My raas, gebruik My Naam as 'n vloek. Psa 102:9 Want ek eet as soos brood en meng My drank met trane, Psa 102:10 vanweë U Grimmigheid en U Toorn; want U het My opgehef en My weggewerp. Psa 102:11 My dae is soos 'n skaduwee wat lank geword het, en Ek, soos die plante verdor Ek. Psa 102:12 Maar U, o JaHWeH, U bly tot in ewigheid, en U gedenkteken van geslag tot geslag. Psa 102:13 U sal opstaan, U oor Sion ontferm; want dit is tyd om Haar barmhartig te wees, want die bestemde tyd het gekom. [JeshaJaH 29:1] Psa 102:14 Want U knegte het Haar klippe lief en betoon guns aan Haar stof. [2Ezra 7:71] Psa 102:15 Dan sal die nasies die Naam van JaHWeH vrees en al die konings van die Aarde U Glansrykheid; Psa 102:16 omdat JaHWeH Sion opgebou het, in Sy Glansrykheid verskyn het, Psa 102:17 Hom gewend het tot die gebed van die Verstotene, en hulle gebed nie verag het nie. [JeshaJaH 54:1; Openbaring 6:10]] Psa 102:18 Dit sal vir die volgende geslag opgeskrywe word, en die volk wat geskape gaan word, sal JaHWeH loof; [TsefánJaH 3:10] Psa 102:19 omdat Hy neergekyk het uit die hoogte van Sy Apartheid, vanuit die Hemele het JaHWeH op die Aarde gelet, [JeshaJaH 18:4] Psa 102:20 om die gekerm van die Gevangene te hoor, om los te maak die kinders van die Dood; Psa 102:21 sodat hulle in Sion die Naam van JaHWeH kan vermeld en Sy lof in Jerusalem, Psa 102:22 as die volke almal saam vergader, ook die koninkryke om JaHWeH te dien. Psa 102:23 Hy het My Krag op die weg swak gemaak, My dae verkort. Psa 102:24 My El, sê Ek, neem My nie weg in die helfte van My dae nie - U jare is van geslag tot geslag! Psa 102:25 In die voortyd het U die Aarde gegrondves, en die Hemele is die werk van U Hande. Psa 102:26 Hulle sal vergaan, maar U sal bly; ja, hulle almal sal soos 'n kleed verslyt; U verwissel hulle soos 'n kledingstuk, en hulle verdwyn. Psa 102:27 Maar U bly dieselfde, en U jare het geen einde nie. Psa 102:28 Die kinders van U knegte sal woon, en hulle saad sal voor U Aangesig bly bestaan. //Deur Dawid. Psa 103:1 LOOF JaHWeH, o My Siel, en alles wat binne-in My is, Sy gewyde Naam! Psa 103:2 Loof JaHWeH, o My Siel, en vergeet geeneen van Sy weldade nie! Psa 103:3 Wat al jou oortredinge vergewe, wat al jou krankhede genees, Psa 103:4 wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met Medelye en dade van Barmhartigheid, Psa 103:5 wat jou mond versadig met die suiwere, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van 'n arend. Psa 103:6 JaHWeH doen dade van Geregtigheid en Reg aan almal wat verdruk word. Psa 103:7 Hy het aan Moshè Sy Weë bekend gemaak, aan die kinders van JisraEl Sy dade. Psa 103:8 Barmhartig en goedgunstig is JaHWeH, lankmoedig en groot in Medelye. Psa 103:9 Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die Toorn behou nie. Psa 103:10 Hy handel met ons nie na ons oortredinge en vergeld ons nie na ons skuld vir ongeregtigheid nie. Psa 103:11 Want so hoog as die Hemele is bo die Aarde, so geweldig is Sy Medelye oor die wat Hom vrees. Psa 103:12 So ver as die Ooste verwyderd is van die Weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons. Psa 103:13 Soos 'n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm JaHWeH Hom oor die wat Hom vrees. Psa 103:14 Want Hy, Hy weet watter maaksel ons is, gedagtig dat ons stof is. Psa 103:15 Die man - soos die gras is sy dae; soos 'n blom van die veld, so bot hy. Psa 103:16 As die wind oor haar gaan, is sy nie meer nie en sy plek ken hom nie meer nie. Psa 103:17 Maar die Medelye van JaHWeH is van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees, en Sy Geregtigheid vir kindskinders, Psa 103:18 vir die wat Sy Verbond hou en aan Sy Bevele dink om dié te doen. Psa 103:19 JaHWeH het Sy Troon in die Hemele gevestig, en Sy Koninkryk heers oor alles. Psa 103:20 Loof JaHWeH, Sy Boodskappers, wat kragtig in sterkte is, wat Sy Woord volbring, in gehoorsaamheid aan die Stem van Sy Woord! Psa 103:21 Loof JaHWeH, al Sy skeppings-leërmagte, Sy dienaars wat Sy welbehae doen! Psa 103:22 Loof JaHWeH, al Sy werke, op al die plekke van Sy heerskappy! Loof JaHWeH, o My Siel! Psa 104:1 LOOF JaHWeH, o My Siel! JaHWeH My Elohey, U is baie groot! Met Majesteit en grootsheid is U bekleed - Psa 104:2 wat Uself omhul met Lig soos met 'n kleed, wat die Hemele uitspan soos 'n tentdoek; [JeségiEl 1:22; 2 Ezra 16:60] Psa 104:3 wat Sy solders bou in die waters, wat van die wolke Sy wa maak, wat op die Vleuels van die Gees wandel, [JeshaJaH 6:2] Psa 104:4 wat van Sy Boodskappers Geeste maak, Sy dienaars 'n Verterende Vuur. [2 Ezra 8:22; Hebreërs 1:7 ; JeségiEl 1:5] Psa 104:5 Hy het die Aarde gegrond op sy grondveste, sodat sy vir Ewig tot in Ewigheid nie wankel nie. Psa 104:6 U het haar met die waterdieptes soos met 'n kleed oordek; die waters het bo-oor die berge gestaan. Psa 104:7 Vir U dreiging het hulle gevlug, vir die Stem van U donder het hulle weggeskrik - Psa 104:8 berge het opgerys, laagtes het weggesak - na die plek wat U vir hulle reggemaak het. Psa 104:9 'n Grens het U gestel waar hulle nie oor mag gaan nie; hulle mag die Aarde nie weer oordek nie. [Génesis 9:11] Psa 104:10 Hy wat die Fonteine uitstuur in die holtes: tussen die berge loop hulle deur. Psa 104:11 Hulle laat al die wilde wesens van die veld drink; die wilde-esels les hulle dors. [2 Ezra 16:61] Psa 104:12 By hulle woon die vlieënde wesens in die lug; tussen die takke uit laat hulle die stem hoor. Psa 104:13 Hy laat die berge drink uit Sy boonste kamers; die Aarde word versadig uit die vrug van U werke. Psa 104:14 Hy laat gras uitspruit vir die diere en die plante tot diens van die adamiet: om broodkoring uit die Aarde te laat voortkom, Psa 104:15 en dat wyn die mens se hart kan bly maak; om die aangesig te laat blink van olie, en dat brood die mens se hart kan versterk. Psa 104:16 Die bome van JaHWeH word versadig, die seders van die Libanon wat Hy geplant het; Psa 104:17 waar die voëls hulle neste maak, die ooievaar wie se huis die sipresse is. Psa 104:18 Die hoë berge is vir die steenbokke, die rotse is 'n skuilplek vir die dasse. Psa 104:19 Hy het die maan gemaak vir die vaste tye; die son ken sy tyd om onder te gaan. Psa 104:20 U stel Duisternis, en dit word Nag, waarin al die lewende wesens van die bos uitkruip. Psa 104:21 Die jong leeus brul om roof en begeer hulle voedsel van El. Psa 104:22 As die son opgaan, dan trek hulle hul terug en gaan lê in hul slaapplekke. Psa 104:23 Die adamiet gaan uit na sy werk en na sy arbeid tot die aand toe. Psa 104:24 Hoe talryk is U werke, o JaHWeH! U het hulle almal deur Wysheid gemaak; die Aarde is vol van U skepsele! Psa 104:25 Daar is die see, groot en alkante toe wyd - daar is 'n gewemel sonder getal, klein diere saam met grotes. Psa 104:26 Daar gaan die skepe en die Leviátan wat U geformeer het om daarin te speel. Psa 104:27 Hulle almal wag op U, dat U hulle voedsel kan gee op die regte tyd. Psa 104:28 U gee [dit] aan hulle, hulle tel [dit] op; U maak U Hand oop, hulle word versadig met die suiwer dinge. Psa 104:29 U verberg U Aangesig, hulle word verskrik; U neem hulle gees weg, hulle sterwe en keer terug tot hul stof. Psa 104:30 U stuur U Gees uit, hulle word geskape; en U maak die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde] nuut. [JeségiEl 37] Psa 104:31 Laat die Glansrykheid van JaHWeH vir ewig wees, laat JaHWeH bly wees oor Sy werke, Psa 104:32 Hy wat die Aarde aankyk, en sy bewe; Hy raak die berge aan, en hulle rook. Psa 104:33 Ek wil sing tot die Eer van JaHWeH solank as ek lewe; ek wil musiek maak tot die Eer van My Elohey solank as ek daar is. Psa 104:34 Mag My oordenking Hom welgevallig wees; Ek sal bly wees in JaHWeH! Psa 104:35 Mag die oortreders omkom van die Aarde en die besoedelde nie meer wees nie! Loof JaHWeH, o My Siel! Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //Die besnydenis, 'n ewige Verbond vir Israel vir duisend geslagte. Psa 105:1 LOOF JaHWeH, roep Sy Naam aan, maak onder die volke Sy dade bekend. Psa 105:2 Sing, maak musiek tot Sy Eer, spreek van al Sy wonders. Psa 105:3 Beroem julle in die Naam van Sy Apartheid; laat die hart van die wat JaHWeH soek, bly wees. Psa 105:4 Vra na JaHWeH en Sy Sterkte; soek Sy Aangesig voortdurend. Psa 105:5 Dink aan Sy wonders wat Hy gedoen het, aan Sy wondertekens en die Regsprake van Sy Mond, Psa 105:6 o saad van Abraham, Sy kneg, o kinders van Jakob, Sy uitverkorenes! Psa 105:7 Hy, JaHWeH, is onse Elohey; oor die hele Aarde is Sy Regsprake. Psa 105:8 Hy dink vir ewig aan Sy Verbond, aan die Woorde wat Hy ingestel het vir duisend geslagte - [Génesis 17] Psa 105:9 wat Hy met Abraham gesluit het, en Sy Eed aan Isak. Psa 105:10 wat Hy ook vir Jakob as Insetting bekragtig het, vir JisraEl as 'n ewige Verbond, Psa 105:11 met die woorde: Ek sal aan jou die Aarde van Kanaän gee, julle aangewese Erfdeel. Psa 105:12 Toe hulle min manne in getal was, baie klein en vreemdelinge in haar, Psa 105:13 en hulle getrek het van nasie tot nasie, van die een koninkryk na die ander volk, Psa 105:14 het Hy geen adamiet toegelaat om hulle te verdruk nie; ook het Hy konings om hulle ontwil gestraf [en gesê]: Psa 105:15 Raak My gesalfdes nie aan en doen My profete geen kwaad nie. Psa 105:16 En Hy het 'n hongersnood oor die Aarde geroep: elke staf van brood het Hy verbreek. Psa 105:17 Hy het 'n man voor hulle uitgestuur: JôWsef is as slaaf verkoop. Psa 105:18 Hulle het sy voete in boeie geknel, sy siel het in die ysters gekom, Psa 105:19 tot op die tyd dat sy woord uitgekom het, die Woord van JaHWeH hom beproef verklaar het. Psa 105:20 Die koning het gestuur en hom losgemaak, die vors van die volke, en hom losgelaat. Psa 105:21 Hy het hom aangestel as meester oor sy huis en as regeerder oor al sy goed; Psa 105:22 om sy vorste te bind na sy siel, en aan sy oudstes moes hy Wysheid leer. Psa 105:23 Toe het JisraEl na Egipte gekom, en Jakob het as vreemdeling vertoef in die Aarde van Gam. Psa 105:24 En Hy het Sy volk baie vrugbaar gemaak en dit meer versterk as Sy teëstanders. Psa 105:25 Hy het hulle hart verander, om Sy volk te haat, om listig teen Sy knegte te handel. Psa 105:26 Hy het Moshè, Sy kneg, gestuur en Aäron wat Hy uitgekies het. Psa 105:27 Dié het onder hulle Sy aangekondigde tekens gedoen en wonders in die Aarde van Gam. Psa 105:28 Hy het Duisternis gestuur en dit donker gemaak; en hulle het nie teen Sy Woorde gerebelleer nie. Psa 105:29 Hy het hulle waters verander in bloed en hulle visse laat sterwe. Psa 105:30 Hulle Aarde het gewemel van paddas, in die kamers van hulle konings. Psa 105:31 Hy het gespreek, en daar het muskiete gekom, muggies in hulle hele grondgebied. Psa 105:32 Hy het hulle reëns hael gemaak, vuurvlamme in hulle Aarde. Psa 105:33 En Hy het hulle wingerdstok en hulle vyeboom geslaan en die bome van hulle grondgebied verbreek. [Spreuke 30:15] Psa 105:34 Hy het gespreek, en daar het sprinkane gekom en jong sprinkane sonder getal, Psa 105:35 wat al die plante in hulle Aarde verslind het, ja, verslind het die vrugte van hulle Adamah [die adamiet se Aarde]. Psa 105:36 Hy het ook al die eersgeborenes in hulle Aarde getref, die eerstelinge van al hulle krag. Psa 105:37 Toe het Hy hulle laat uitgaan met silwer en goud, en onder Sy stamme was daar niemand wat gestruikel het nie. Psa 105:38 Egipte was bly toe hulle uittrek, want Vrees vir hulle het op hulle geval. Psa 105:39 Hy het die Wolkkolom uitgebrei as bedekking en Vuur om die nag te verlig. Psa 105:40 Hulle het gebid: toe laat Hy kwartels kom; en Hy het hulle versadig met hemelbrood. Psa 105:41 Hy het 'n rots oopgemaak, en waters het gevloei; hy het geloop deur die dor plekke - 'n rivier! Psa 105:42 Want Hy het onthou van die Woord van Sy Apartheid, aan Abraham, Sy kneg. Psa 105:43 En Hy het Sy volk laat uitgaan met Vreugde, Sy uitverkorenes met gejubel. Psa 105:44 En Hy het aan hulle die Aarde van die nasies gegee, en wat deur gemeenskappe met moeite verwerf is, het hulle in besit geneem, Psa 105:45 dat hulle Sy Insettinge kan onderhou en Sy Wette bewaar. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! Psa 106:1 HALALU-JaHH ! Loof JaHWeH, want Hy is suiwer, want Sy Medelye is tot in ewigheid. Psa 106:2 Wie kan die magtige dade van JaHWeH uitspreek, al Sy roem verkondig? Psa 106:3 Geseënd is hulle wat die Reg bewaar, die wat altyd Geregtigheid doen. Psa 106:4 Dink aan My, o JaHWeH, na die welbehae in U volk, besoek My met U Verlossing, Psa 106:5 dat Ek kan aanskou die suiwerheid van U uitverkorenes, dat Ek bly kan wees in die blydskap van U volk, My kan beroem met U Erfdeel. Psa 106:6 Ons het oortree, saam met ons vaders; ons het verkeerd gedoen, besoedeld gehandel. Psa 106:7 Ons vaders in Egipte het nie ag gegee op U wonders, hulle het nie gedink aan die veelheid van U Medelye nie, maar het gerebelleer by die see, by die Skelfsee. Psa 106:8 Maar Hy het hulle verlos om Sy Naam ontwil, om Sy mag bekend te maak. Psa 106:9 En Hy het die Skelfsee gedreig, sodat hy opgedroog het, en hulle deur die diepte laat gaan soos deur 'n wildernis. Psa 106:10 En Hy het hulle verlos uit die hand van die hater en hulle bevry uit die hand van die vyand. Psa 106:11 En die waters het hulle teëstanders oordek: nie een van hulle het oorgebly nie. Psa 106:12 Toe het hulle aan Sy Woorde geglo, hulle het Sy lof gesing. Psa 106:13 [Maar] hulle het gou Sy werke vergeet, op die besluite van Sy Raad nie gewag nie. Psa 106:14 En hulle het baie begerig geword in die wildernis en El versoek in die [woesteny van] Jesimon. Psa 106:15 Toe het Hy hulle gegee wat hulle gevra het, maar in hulle siel 'n maerte gestuur. Psa 106:16 En hulle was in die laer afgunstig op Moshè, [en] op Aäron, die apartes van JaHWeH. Psa 106:17 Die Aarde het oopgegaan en Datan verslind en die bende van Abiram oordek. Psa 106:18 En 'n vuur het gebrand onder hulle bende, 'n vlam het die besoedelde aan die brand gesteek. Psa 106:19 Hulle het by Horeb 'n kalf gemaak en gebuig voor 'n gegote beeld. Psa 106:20 En hulle het hul Glansrykheid verruil vir die model van 'n bees wat gras eet. Psa 106:21 Hulle het hul El vergeet, hulle Verlosser, wat groot dinge gedoen het in Egipte, Psa 106:22 wonders in die Aarde van Gam, ontsagwekkende dinge by die Skelfsee. Psa 106:23 Toe het Hy gesê dat Hy hulle sou verdelg, as Moshè, Sy uitverkorene, nie voor Sy Aangesig in die bres gaan staan het om Sy Grimmigheid af te keer, dat Hy nie sou vernietig nie. Psa 106:24 Hulle het ook die kosbare Aarde versmaad, Sy woorde nie geglo nie; Psa 106:25 en hulle het gemurmureer in hul tente, na die Stem van JaHWeH nie geluister nie. Psa 106:26 Toe het Hy Sy Hand teen hulle opgehef om hulle neer te slaan in die wildernis, Psa 106:27 en om hulle saad te versprei onder die nasies en hulle te verstrooi in die Aarde. Psa 106:28 Ook het hulle hul aan Baäl-Peor gekoppel en dooie slagdiere geëet; Psa 106:29 en hulle het Hom getart deur hul dade, sodat 'n plaag onder hulle uitgebreek het. Psa 106:30 Toe het Pínehas opgetree en gerig geoefen, en die plaag het opgehou; Psa 106:31 en dit is hom gereken tot Geregtigheid, van geslag tot geslag tot in ewigheid. Psa 106:32 Hulle het [Hom] ook vertoorn by die waters van Mériba, en dit het met Moshè sleg gegaan om hulle ontwil; Psa 106:33 want hulle het gerebelleer teen Sy Gees, sodat hy onverskillig gepraat het met sy lippe. Psa 106:34 Hulle het die volke nie verdelg soos JaHWeH aan hulle gesê het nie, Psa 106:35 maar hul met die nasies vermeng en hulle werke geleer. Psa 106:36 En hulle het hulle idole gedien, en dit het vir hulle 'n strik geword. Psa 106:37 Bowendien het hulle hul seuns en hul dogters aan die demone geslag Psa 106:38 en onskuldige bloed vergiet - die bloed van hul seuns en hul dogters wat hulle aan die idole van Kanaän geslag het - sodat die Aarde deur bloedskuld besoedel is. Psa 106:39 En hulle het besoedel geword deur hul dade en ontug gepleeg deur hul uitvindings. Psa 106:40 Toe het die Toorn van JaHWeH ontvlam teen Sy volk, en Hy het 'n afsku gekry van Sy Erfdeel. Psa 106:41 En Hy het hulle in die hand van die nasies gegee, en hulle haters het oor hulle geheers; Psa 106:42 en hulle vyande het hulle verdruk, sodat hulle onder hul hand moes buig. Psa 106:43 Hy het hulle baiekeer gered maar hulle was rebels in hulle raad. So het húlle dan weggesink deur hul wetsverbreking. Psa 106:44 Nogtans het Hy hulle benoudheid aangesien toe Hy hulle smeking gehoor het; Psa 106:45 en Hy het tot hulle beswil aan Sy Verbond gedink en berou gekry na die veelheid van Sy Medelye. Psa 106:46 En Hy het hulle Medelye laat vind by almal wat hulle as gevangenes weggevoer het. Psa 106:47 Verlos ons, JaHWeH onse Elohey, en versamel ons uit die nasies, dat ons die Naam van U Apartheid, kan loof en ons beroem in U lof! Psa 106:48 Geloofd sy JaHWeH, die Elohey van JisraEl, van ewigheid tot ewigheid! En laat die hele volk sê: Amein. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! Psa 107:1 LOOF JaHWeH, want Hy is suiwer, want Sy Medelye is tot in ewigheid! Psa 107:2 Dit moet die verlostes van JaHWeH sê, wat HY uit die nood verlos het Psa 107:3 en uit die Aarde versamel het, van die Ooste en die Weste, van die Noorde en van die see af. Psa 107:4 Hulle het gedwaal in die wildernis, op woeste paaie; 'n Stad om in te woon het hulle nie gevind nie. Psa 107:5 Honger, ook dors was hulle; hulle siel het in hulle versmag. Psa 107:6 Toe het hulle JaHWeH aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle gered. Psa 107:7 En Hy het hulle gelei op 'n regte pad om te gaan na 'n Stad om in te woon. Psa 107:8 Laat hulle JaHWeH loof om Sy Medelye en om Sy wonderdade by die seuns van adam; Psa 107:9 want Hy het die dorstige siel versadig en die hongerige siel met die suiwer dinge gevul. Psa 107:10 Die wat in Duisternis en Doodskaduwee gesit het, gevang in ellende en ysters - Psa 107:11 omdat hulle gerebelleer het teen die Woorde van El en die Raad van die Hoogste El verwerp het, Psa 107:12 het Hy hulle hoogmoed deur smarte verneder; hulle het gestruikel, maar daar was geen helper nie. Psa 107:13 Toe het hulle JaHWeH aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos. Psa 107:14 Hy het hulle uit Duisternis en die Doodskaduwee laat uitgaan en hulle bande verbreek. Psa 107:15 Laat hulle JaHWeH loof om Sy Medelye en om Sy wonderdade aan die seuns van adam; Psa 107:16 want Hy het koperdeure verbreek en ystergrendels stukkend geslaan. [2 Nikodemus 5:1] Psa 107:17 Die [wat] dwase [was] vanweë die weg van hulle oortreding en weens hulle ongeregtigheid gepynig is Psa 107:18 hulle siel het 'n afsku gehad van elke soort voedsel, en hulle het tot by die poorte van die Dood gekom. Psa 107:19 Toe het hulle JaHWeH aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos. Psa 107:20 HY het Sy Woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile red. Psa 107:21 Laat hulle JaHWeH loof oor Sy Medelye en oor Sy wonderdade aan die seuns van adam; Psa 107:22 en laat hulle slagdiere slag met dank en Sy werke tel met gejubel. Psa 107:23 Die wat na die see toe afdaal in skepe, wat handel drywe op die groot waters - Psa 107:24 hulle het die werke van JaHWeH gesien en SY wonders in die Afgrond. Psa 107:25 Want HY het gespreek en 'n stormwind laat opsteek wat die golwe daarvan opgesweep het. Psa 107:26 Hulle het opgerys na die Hemele, neergedaal na die Afgrond - hulle siel het gesmelt vanweë die besoedeling. Psa 107:27 Hulle het getuimel en gewaggel soos 'n dronk man, en al hulle Wysheid is beëindig. Psa 107:28 Toe het hulle JaHWeH aangeroep in hul benoudheid, en uit hul angste het Hy hulle uitgelei. Psa 107:29 Hy het die storm 'n gesuis gemaak, en hulle golwe het stil geword. [Markus 4:39] Psa 107:30 Toe was hulle bly, omdat dit rustig geword het, en Hy het hulle gelei na die Hawe van hul begeerte. [Psalm 37:39] Psa 107:31 Laat hulle JaHWeH loof oor Sy Medelye en oor Sy wonderdade aan die seuns van adam. Psa 107:32 En laat hulle Hom verhoog in die vergadering van die volk en Hom roem in die kring van die oudstes. Psa 107:33 Hy het riviere 'n wildernis gemaak en waterfonteine 'n dorsland, Psa 107:34 vrugbare Aarde 'n brak Aarde, oor die besoedeling van die wat in haar woon. Psa 107:35 Hy het die wildernis 'n waterplas gemaak en die dor Aarde waterfonteine; Psa 107:36 en Hy het hongeriges daar laat bly, en hulle het 'n Stad gestig om in te woon. Psa 107:37 En hulle het landerye gesaai en Wingerde geplant wat vrugte as opbrengs verskaf het. Psa 107:38 En Hy het hulle geseën, sodat hulle sterk vermenigvuldig het, en hulle vee het Hy nie min gemaak nie. Psa 107:39 Toe het hulle min geword en weggesink deur die druk van besoedeling en kommer - Psa 107:40 Hy wat veragting uitstort oor edeles en hulle laat dwaal in 'n woeste wêreld, sonder pad - Psa 107:41 Hy het die behoeftige beskerm teen verdrukking en die families soos kuddes gemaak. Psa 107:42 Die opregtes sien dit en is bly, maar Ongeregtigheid sal haar mond toe hou. Psa 107:43 Wie wys is, laat hy op hierdie dinge ag gee, en laat hulle let op die Medelye van JaHWeH. //'n LIED. 'n Psalm van Dawid. Psa 108:1 MY Hart is gerus, o Elohim! Ek wil sing en musiek maak, met eerbetoon. Psa 108:2 Waak op, harp en siter! Ek wil Shagar wakker maak. Psa 108:3 Ek wil U loof onder die volke, o JaHWeH, en musiek maak tot U Eer, onder die gemeenskappe; Psa 108:4 want U Medelye is groot bo die Hemele uit en U Waarheid tot by die wolke. [Psalm 85:11] Psa 108:5 Verhef U bo die Hemele, o Elohim, en U Glansrykheid bo die hele Aarde! Psa 108:6 Dat U bemindes gered kan word - verlos Ons deur U Regterhand en verhoor Ons! Psa 108:7 Elohim het gespreek in Sy Apartheid: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet. Psa 108:8 Gílead is Myne, Manasse is Myne, en Efraim is die beskutting van My hoof; JeHûWdah is My wetgewer. Psa 108:9 Moab is My waskom; op Edom werp Ek My skoen; oor Filistéa jubel Ek. Psa 108:10 Wie sal My bring in die versterkte Stad? Wie lei My tot in Edom? Psa 108:11 Het U, o Elohim, Ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o Elohim, saam met Ons leërs nie. Psa 108:12 Gee Ons Hulp teen die vyand, want die adamiet se hulp is vergeefse moeite. Psa 108:13 In Elohim sal Ons kragtige dade doen, en Hy self sal Ons vyande vertrap. //Vir die musiekleier; 'n Psalm van Dawid. Psa 109:1 O ELOHEY van My lof, moenie swyg nie! Psa 109:2 Want hulle het die mond van die Besoedelde Een en die mond van die Bedriegster teen My oopgemaak; hulle het met My gespreek met 'n leuenagtige tong, [Psalm 109:14] Psa 109:3 en My met woorde van haat omring; ja, hulle het My sonder oorsaak beveg. Psa 109:4 Vir My liefde behandel hulle My vyandig, terwyl Ek tog [gedurig] bid. Psa 109:5 En hulle het My besoedel vir suiwer opgelê en haat vir My liefde. Psa 109:6 Stel 'n besoedelde oor hom en laat Satan staan aan sy regterhand. Psa 109:7 As hy geoordeel word, laat hom as skuldige uitgaan, en laat sy gebed 'n oortreding word. Psa 109:8 Laat sy dae min wees; laat 'n ander sy amp neem. Psa 109:9 Laat sy kinders wese word en sy vrou 'n weduwee; Psa 109:10 en laat sy kinders oral rondswerwe en bedel en [brood] soek, weg van hulle puinhope af. Psa 109:11 Laat die skuldeiser alles neem wat hy het, en laat verbasterdes sy goed buitmaak. Psa 109:12 Laat niemand medelye hê met hom, en laat niemand hom oor sy wese ontferm nie. Psa 109:13 Laat sy nakomelingskap uitgeroei word; laat hulle naam uitgedelg word in die volgende geslag. Psa 109:14 Laat die ongeregtigheid van sy vaders onthou word deur JaHWeH, en laat die oortredinge van sy moeder nie uitgedelg word nie. [Psalm 109:2] Psa 109:15 Laat hulle voortdurend voor die Aangesig van JaHWeH wees, dat Hy hulle gedagtenis van die Aarde af kan uitroei; Psa 109:16 omdat hy nie daaraan gedink het om medelye te toon nie, maar die ellendige en behoeftige Man vervolg het en die moedelose van hart, om [hom] dood te maak. Psa 109:17 Ja, hy het die vloek liefgehad en - sy het oor hom gekom; en hy het geen welbehae gehad in die seën nie en - sy het ver van hom af gebly. Psa 109:18 Hy het die vloek aangetrek soos 'n kleed en - sy het soos water in sy binneste gekom en soos olie in sy gebeente. Psa 109:19 Laat sy vir hom wees soos 'n kleed waarin hy hom toedraai, en 'n gordel wat hy voortdurend ombind. Psa 109:20 Laat sy die loon van My teëstanders wees vanaf JaHWeH, en van hulle wat besoedeling spreek teen My Siel. Psa 109:21 Maar U, o JaHWeH My Meester, maak dit [goed] met My om U Naam ontwil; omdat U Medelye suiwer is, red My. Psa 109:22 Want Ek is ellendig en behoeftig, en My Hart is deurwond in My binneste. Psa 109:23 Ek gaan heen soos 'n skaduwee as dit lank word; Ek is afgeskud soos 'n sprinkaan. Psa 109:24 My knieë knik van vas, en My Vlees het maer geword, sonder vet. Psa 109:25 En Ek het vir hulle 'n smaad geword; as hulle My sien, skud hulle hul hoof. Psa 109:26 Help My, JaHWeH My Elohey! Verlos My deur U Goedgunstigheid, Psa 109:27 sodat hulle kan weet dat Sy U Hand is: U, o JaHWeH, het dit gedoen. Psa 109:28 Laat húlle vloek, maar U, seën U. Hulle het opgestaan en beskaamd geword, maar U Kneg is bly. Psa 109:29 Laat My teëstanders beklee word met smaad en hulle toedraai in hul skande soos in 'n mantel. Psa 109:30 Ek sal JaHWeH hardop loof met My Mond, en onder baie sal Ek Hom prys; Psa 109:31 want Hy staan aan die Regterhand van die Behoeftige om te verlos van die wat Sy Siel veroordeel. //'n Psalm van Dawid. Psa 110:1 JAHWEH het tot My Meester gespreek: Sit aan My regterkant, totdat Ek U vyande maak 'n Voetbank vir U Voete. [Boekrol van Henog 1:8] Psa 110:2 U Magtige Septer sal JaHWeH uitstrek uit Sion [en sê]: Heers te midde van U vyande. Psa 110:3 U volk sal hul vrywillig aanbied op die dag van U Krag; in die prag van Apartheid, uit die Moederskoot van die môreskemer, en Sy sal vir U wees die Dou van U jeug. Psa 110:4 JaHWeH het gesweer, en dit sal Hom nie berou nie: U is Priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek. [Hebreërs 7:21] Psa 110:5 My Meester, aan U regterhand, verbrysel konings in die dag van Sy Toorn. Psa 110:6 Hy sal 'n strafgerig hou onder die nasies; Hy maak dit vol dooie liggame; Hy verbrysel 'n hoof oor 'n groot deel van die Aarde. Psa 110:7 Uit die stroom sal Hy drink op die pad; daarom sal Hy die Hoof ophef. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH ! Psa 111:1 [??Alef.] Ek wil JaHWeH loof van ganser harte; [? Bet.] in die kring van die opregtes en in die vergadering. Psa 111:2 [???Ghimel.] Die werke van JaHWeH is groot; [? Dalet.] nagespeur [word hulle] deur almal wat daar 'n welbehae in het. Psa 111:3 [??Hé.] Sy dade is Majesteit en grootsheid; [???Waw.] en Sy Geregtigheid bestaan tot in ewigheid. Psa 111:4 [??Zajin.] Hy het vir Sy wonders 'n gedenkteken opgerig; [???Get.] JaHWeH is goedgunstig en barmhartig. Psa 111:5 [??Tet.] Aan die wat Hom vrees, het Hy spys gegee; [???Jod.] Hy dink vir ewig aan Sy Verbond. Psa 111:6 [??Kaf.] Hy het die Krag van Sy werke aan Sy volk bekend gemaak,[? Lamed.] deur hulle die Erfdeel van die nasies te gee. Psa 111:7 [???Mem.] Die werke van Sy Hande is Waarheid en Reg; [? Noen.] al Sy bevele is betroubaar. Psa 111:8 [? Samek.] Vasgestel is [hulle] vir altyd, vir ewig; [? Ajin.] uitgevoer in Waarheid en Opregtheid. Psa 111:9 [? Pé.] Hy het aan Sy volk Verlossing gestuur; [???Tzadé.] Hy het Sy Verbond vir ewig ingestel; [? Kof.] Sy Naam is Apart en Ontsagwekkend. Psa 111:10 [??Resj.] Die Vrees van JaHWeH is die beginsel van die Wysheid [???Sin.] almal wat Haar beoefen, het 'n suiwer Verstand. [? Taw.] Sy lof bestaan tot in ewigheid. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! Psa 112:1 [???Alef.] Geseënd is die Man wat JaHWeH vrees, [? Bet.] wat 'n groot welbehae in Sy Gebooie het. Psa 112:2 [??Ghimel.] Sy Saad sal geweldig wees op die Aarde; [???Dalet.] die Geslag van die Opregtes sal geseën word. Psa 112:3 [???Hé.] Oorvloed en rykdom is in Sy Huis; [???Waw.] en Sy Geregtigheid bestaan tot in Ewigheid. Psa 112:4 [???Zajin.] Vir die opregtes gaan Hy op as die Lig in die Duisternis: [???Get.] goedgunstig en barmhartig en regverdig. Psa 112:5 [??Tet.] 'n Suiwer Man wat Hom ontferm en uitleen, [???Jod.] wat Sy sake volgens Reg besorg. Psa 112:6 [? Kaf.] Want Hy sal nooit wankel nie; [? Lamed.] die Regverdige is in ewige nagedagtenis. Psa 112:7 [???Mem.] Hy vrees nie vir besoelde nuus nie; [??Noen.] Sy hart is gerus, vol vertroue op JaHWeH. Psa 112:8 [? Samek.] Vas is Sy hart, Hy vrees nie. [??Ajin.] totdat Hy op Sy teëstanders neersien. Psa 112:9 [??Pé.] Hy strooi uit, Hy gee aan die behoeftiges; [???Tzadé.] Sy Geregtigheid bestaan tot in Ewigheid; [???Kof.] Sy Horing word verhoog in Eer. Psa 112:10 [? Resj.] Die besoedelde sien Hom en word vererg; [???Sjin.] hy kners met sy tande en smelt weg; [???Taw.] die begeerte van die besoedelde mense vergaan. Psa 113:1 HALALU-JaHH/Prys jul JaHH! Loof, o knegte van JaHWeH, loof die Naam van JaHWeH! Psa 113:2 Laat die Naam van JaHWeH geprys word, van nou af tot in ewigheid! Psa 113:3 Van die opgang van die son tot by sy ondergang, moet die Naam van JaHWeH geloof word! Psa 113:4 JaHWeH is hoog bo al die nasies; bo die Hemele is SY Glansrykheid. Psa 113:5 Wie is soos JaHWeH onse Elohey, wat hoog woon, Psa 113:6 wat laag neersien, in die Hemele en op die Aarde? Psa 113:7 Wat die Geringe uit die stof oprig, die Behoeftige van die ashoop af verhef; Psa 113:8 om Haar te laat sit by die Edeles, by die Edeles van Sy volk. Psa 113:9 Wat die Onvrugbare van die Huis laat woon, 'n blye Moeder van kinders. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! Psa 114:1 TOE JisraEl uit Egipte getrek het, die huis van Jakob uit 'n volk met 'n vreemde taal, Psa 114:2 het JeHûWdah Sy Apartheid geword, JisraEl Sy ryksgebied. Psa 114:3 Die see het dit gesien en gevlug; die Jordaan het agteruitgewyk. Psa 114:4 Die berge het rondgespring soos ramme, die heuwels soos lammers. Psa 114:5 Wat is dit met jou, o see, dat jy vlug? o Jordaan, dat jy agteruitwyk? Psa 114:6 o Berge, dat julle rondspring soos ramme? o Heuwels, soos lammers? Psa 114:7 Beef, Aarde, voor die Aangesig van My Meester, voor die Aangesig van die Elowahh van Jakob, Psa 114:8 wat die rots verander het in 'n waterplas, die keisteen in 'n waterfontein! Psa 115:1 NIE aan Ons, o JaHWeH, nie aan Ons nie, maar aan U Naam gee Eer, om U Medelye, om U Waarheid ontwil. Psa 115:2 Waarom sou die nasies sê: Waar is dan hulle Elohey? Psa 115:3 terwyl Onse Elohey tog in die Hemele is; Hy doen alles wat Hom behaag. Psa 115:4 Hulle afbeeldings is silwer en goud, 'n werk van adamitiese hande. Psa 115:5 Hulle het 'n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie; Psa 115:6 ore het hulle, maar hoor nie; hulle het 'n neus, maar ruik nie; Psa 115:7 hande, maar hulle tas nie; voete, maar hulle loop nie; hulle gee geen geluid deur hul keel nie. Psa 115:8 Die wat hulle maak, sal net soos hulle word - elkeen wat op hulle vertrou. Psa 115:9 JisraEl, vertrou op JaHWeH: Hy is hulle Hulp en hulle Skild! Psa 115:10 Huis van Aäron, vertrou op JaHWeH: Hy is hulle Hulp en hulle Skild! Psa 115:11 Julle wat JaHWeH vrees, vertrou op JaHWeH: Hy is hulle Hulp en hulle Skild. Psa 115:12 JaHWeH het aan Ons gedink: Hy sal seën, Hy sal die huis van JisraEl seën, Hy sal die huis van Aäron seën. Psa 115:13 Hy sal diegene seën wat JaHWeH vrees, die kleintjies saam met die grotes. Psa 115:14 JaHWeH sal julle vermenigvuldig, julle en jul kinders. Psa 115:15 Julle is geseënd deur JaHWeH wat Hemele en Aarde gemaak het. Psa 115:16 Die Hemele is Hemele vir JaHWeH, maar die Aarde het Hy aan die seuns van adam gegee. Psa 115:17 Die dode en almal wat na die stilte neerdaal, sal JaHH nie loof nie; Psa 115:18 maar Ons sal JaHH loof, van nou af tot in ewigheid. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! Psa 116:1 EK het JaHWeH lief, want HY hoor My Stem, My smekinge, Psa 116:2 want HY het SY Oor tot My geneig; daarom sal Ek [Hom] in My dae aanroep. Psa 116:3 Bande van Dood het My omring, en angste van die Doderyk/Sheol het My getref; Ek het benoudheid en kommer gevind. Psa 116:4 Maar Ek het die Naam van JaHWeH aangeroep: Ag, JaHWeH, red My Siel. Psa 116:5 JaHWeH is barmhartig en regverdig, en Onse Elohey is 'n Ontfermer. Psa 116:6 JaHWeH bewaar die eenvoudiges; Ek het swak geword, maar HY het My gehelp. Psa 116:7 My Siel, keer terug tot jou rus; want JaHWeH het goed aan jou gedoen. Psa 116:8 Want U het My Siel gered van die Dood, My Oog van trane, My Voet van struikeling. Psa 116:9 Ek sal wandel voor die Aangesig van JaHWeH in die Aarde van die lewendes. Psa 116:10 Ek het geglo toe Ek gespreek het: Ek is diep neergebuig. Psa 116:11 Ék het in My angs gesê: Alle adamiete is leuenaars. Psa 116:12 Waarmee sal Ek JaHWeH vergoed vir al Sy weldade aan My? Psa 116:13 Ek sal die Beker van Verlossinge opneem en die Naam van JaHWeH aanroep. Psa 116:14 My Geloftes sal Ek aan JaHWeH betaal in die teenwoordigheid van Sy ganse volk. Psa 116:15 Kosbaar is in die Oë van JaHWeH die dood van SY Toegewyde. Psa 116:16 Ag, JaHWeH, sekerlik, Ek is U Kneg, Ek is U Kneg, die Seun van U Diensmaagd; U het My bande losgemaak. Psa 116:17 Ek sal U 'n slagdier met dank slag en die Naam van JaHWeH aanroep. Psa 116:18 Ek sal My Geloftes aan JaHWeH betaal in die teenwoordigheid van Sy ganse volk, Psa 116:19 in die voorhowe van die Huis van JaHWeH, binne-in jou, o Jerusalem! Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! Psa 117:1 LOOF JaHWeH, alle nasies! Prys Hom, alle stamme! Psa 117:2 Want Sy Medelye is geweldig oor ons, en die Waarheid van JaHWeH is tot in ewigheid. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! Psa 118:1 LOOF JaHWeH, want Hy is suiwer, want Sy Medelye is tot in ewigheid! Psa 118:2 Laat JisraEl dan sê dat Sy Medelye tot in ewigheid is! Psa 118:3 Laat die huis van Aäron dan sê dat Sy Medelye tot in ewigheid is! Psa 118:4 Laat die wat JaHWeH vrees, dan sê dat Sy Medelye tot in ewigheid is! Psa 118:5 Uit die benoudheid het Ek JaHH aangeroep; JaHH het My verhoor in die ruimte. Psa 118:6 JaHWeH is vír My; Ek sal nie vrees nie: wat kan 'n adamiet My aandoen? Psa 118:7 JaHWeH is vír My as My Helper; so sal Ek dan neersien op die wat My haat. Psa 118:8 Dit is beter om by JaHWeH te skuil as om op 'n adamiet te vertrou. Psa 118:9 Dit is beter om by JaHWeH te skuil as om op edeles te vertrou. Psa 118:10 Alle nasies het My omsingel; dit is in die Naam van JaHWeH dat Ek hulle stukkend gekap het. Psa 118:11 Hulle het My omsingel, ja, hulle het My omsingel; dit is in die Naam van JaHWeH dat Ek hulle stukkend gekap het. Psa 118:12 Hulle het My omsingel soos bye - hulle is uitgeblus soos 'n doringtakvuur; dit is in die Naam van JaHWeH dat Ek hulle stukkend gekap het. Psa 118:13 Jy het My hard gestamp om My te laat val, maar JaHWeH het My gehelp. Psa 118:14 JaHH is My sterkte en lofprysing, en het My Verlossing geword. Psa 118:15 'n Stem van gejubel en van Verlossing is in die tente van die regverdiges: die Regterhand van JaHWeH doen kragtige dade. Psa 118:16 Die Regterhand van JaHWeH verhef; die Regterhand van JaHWeH doen kragtige dade. Psa 118:17 Ek sal nie sterwe nie, maar lewe en die werke van JaHH vertel. Psa 118:18 JaHH het My hard gekasty, maar My aan Dood nie oorgegee nie. Psa 118:19 Maak oop vir My die Poorte van Geregtigheid; Ek wil deur Haar ingaan, Ek wil JaHH loof. Psa 118:20 Sy is die Poort van JaHWeH; regverdiges mag deur Haar ingaan. Psa 118:21 Ek wil U loof, omdat U My verhoor het en My Verlossing geword het. Psa 118:22 Die Klip wat die bouers verwerp het, het 'n Hoeksteen geword. Psa 118:23 Sy het van JaHWeH gekom; Sy is wonderbaar in Ons oë. Psa 118:24 Dit is die Dag wat JaHWeH gemaak het; laat Ons daaroor juig en bly wees. [Génesis 1:5] Psa 118:25 Ek smeek, JaHWeH verlos nou!; Ek smeek, JaHWeH, gee tog voorspoed! Psa 118:26 Geseënd is Hy wat kom in die Naam van JaHWeH! Ons seën julle uit die Huis van JaHWeH. [Lukas 13:35] Psa 118:27 El van JaHWeH, Hy het Ons verlig. Span die feesbyeenkoms af met toue, tot by die horings van die altaar. Psa 118:28 U is My El, en Ek wil U loof; o My Elohey, Ek wil U verhoog. Psa 118:29 Loof JaHWeH, want Hy is suiwer, want Sy Medelye is tot in ewigheid! //Die Kneg van jaHWeH besing die Wet. Psa 119:1 [???Alef.] GESEËND is die met 'n rassuiwer Weg, wat in die Wet van JaHWeH wandel. Psa 119:2 Geseënd is die wat Sy Getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek; Psa 119:3 wat geen ongeregtigheid bedryf nie, [maar] in Sy Weë wandel. Psa 119:4 U het bevel gegee om U Insettinge uitermatig te bewaar. Psa 119:5 Ag, was My weë maar vas om U Wette te onderhou! Psa 119:6 Dan sal Ek nie beskaamd staan as Ek op al U Gebooie let nie. Psa 119:7 Ek sal U loof in opregtheid van hart as Ek U regverdige Regsprake leer. Psa 119:8 Ek sal U Insettinge onderhou; verlaat My nie geheel en al nie. Psa 119:9 [???Bet.] Waarmee sal die jongeling sy pad rassuiwer hou? Deur [dit] te hou na U Woord. Psa 119:10 Ek soek U met My hele Hart; laat My nie afdwaal van U Gebooie nie. Psa 119:11 Ek het U Woord in My Hart gebêre, dat Ek teen U nie sal oortree nie. Psa 119:12 Lofwaardig is U, o JaHWeH! Leer My U Insettinge! Psa 119:13 Ek het met My lippe vertel al die Regsprake van U Mond. Psa 119:14 Ek is vrolik in die Weg van U Getuienisse, soos oor allerhande rykdom. Psa 119:15 Ek wil U Bevele oordink en op U Paaie let. Psa 119:16 Ek sal My verlustig in U Insettinge, U Woord sal Ek nie vergeet nie. Psa 119:17 [???Ghimel.] Doen goed aan U Kneg, sodat Ek kan lewe; dan wil Ek U Woord bewaar. Psa 119:18 Open My oë, dat Ek kan sien die wonders uit U Wet. Psa 119:19 Ek is 'n besoeker in die Aarde; verberg U Gebooie nie vir My nie. Psa 119:20 My Siel vergaan van verlange na U Regsprake altyddeur. Psa 119:21 U dreig die hoogmoediges as gevloektes wat van U Gebooie afdwaal. Psa 119:22 Wentel smaad en veragting van My af, want U Getuienisse het Ek bewaar. Psa 119:23 Al sit vorste [en] beraadslaag teen My - U Kneg oordink U Insettinge. Psa 119:24 Ja, U Getuienisse is My verlustiging, My Raadsmanne. Psa 119:25 [? Dalet.] My Siel kleef aan die stof; maak My lewend na U Woord. Psa 119:26 My weë het Ek vertel, en U het My verhoor; leer My U Insettinge! Psa 119:27 Laat My die Weg van U Bevele verstaan, dat Ek U wonders kan oordink. Psa 119:28 My Siel drup weg van kommer; rig My op na U Woord. Psa 119:29 Verwyder van My die weg van leuens, en verleen My barmhartiglik U Wet. Psa 119:30 Ek het die Weg van Getrouheid verkies; U Regsprake het Ek [voor My] gestel. Psa 119:31 Ek kleef U Getuienisse aan; o JaHWeH, maak My nie beskaamd nie! Psa 119:32 Ek sal op die Weg van U Gebooie wandel, want U verruim My Hart. Psa 119:33 [??Hé.] JaHWeH, leer My die Weg van U Insettinge, sodat Ek haar tot die einde toe kan bewaar. Psa 119:34 Gee My Verstand, dat Ek U Wet kan bewaar, ja, haar kan onderhou van ganser harte. Psa 119:35 Laat My wandel op die Weg van U Gebooie, want in haar het Ek 'n behae. Psa 119:36 Neig My Hart tot U Getuienisse en nie tot winsbejag nie. Psa 119:37 Wend My oë af, dat hulle geen onbenulligheid sien nie; maak My lewend in U Weë. Psa 119:38 Vervul aan U Kneg U belofte wat [pas by] U Vrees. Psa 119:39 Wend My smaadheid af wat Ek vrees, want U Regsprake is suiwer. Psa 119:40 Gewis, Ek het 'n begeerte tot U Bevele; maak My lewend deur U Geregtigheid. Psa 119:41 [???Waw.] En laat U Medelye oor My kom, o JaHWeH, U Verlossing volgens U Belofte, Psa 119:42 sodat Ek My smader iets kan antwoord, want Ek vertrou op U Woord. Psa 119:43 En onttrek die Woord van Waarheid nie geheel en al aan My Mond nie, want op U Regsprake wag Ek. Psa 119:44 Dan wil Ek U Wet voortdurend onderhou, vir Ewig tot in Ewigheid, Psa 119:45 en in die ruimte wandel, want Ek soek U Bevele. Psa 119:46 Ook wil Ek voor konings van U Getuienisse spreek en My nie skaam nie. Psa 119:47 En Ek wil My verlustig in U Gebooie wat Ek liefhet, Psa 119:48 en My handpalms ophef na U Gebooie wat Ek liefhet, en U Insettinge oordink. Psa 119:49 [? Zajin.] Gedenk die Woord aan U Kneg, omdat U My laat hoop het. Psa 119:50 Dit is My troos in My ellende, dat U Belofte My lewend maak. Psa 119:51 Hoogmoediges het baie met My gespot; van U Wet het Ek nie afgewyk nie. Psa 119:52 Ek het gedink, o JaHWeH, aan U Regsprake van ouds, en Ek het My getroos. Psa 119:53 Woede het My aangegryp vanweë die besoedelde wat U Wet verlaat. Psa 119:54 U Insettinge was gesange vir My in die huis van My vreemdelingskap. Psa 119:55 JaHWeH, in die nag het Ek gedink aan U Naam, en Ek het U Wet onderhou. Psa 119:56 Sy het My deel geword, omdat Ek U Bevele bewaar het. Psa 119:57 [? Get.] JaHWeH is My deel; Ek het gesê dat Ek U Woorde sal bewaar. Psa 119:58 Ek het U van ganser harte om Barmhartigheid gesmeek; wees My barmhartig volgens U Belofte. Psa 119:59 Ek het My weë oordink en My voete laat teruggaan na U Getuienisse. Psa 119:60 Ek het My gehaas, en nie getalm nie, om U Gebooie te onderhou. Psa 119:61 Die strikke van die besoedelde het My omring; U Wet het Ek nie vergeet nie. Psa 119:62 Middernag staan Ek op om U te loof vir U Regsprake van Geregtigheid. Psa 119:63 Ek is 'n metgesel van almal wat U vrees, en van die wat U Bevele onderhou. Psa 119:64 JaHWeH, die Aarde is vol van U Medelye, leer My U Insettinge. Psa 119:65 [???Tet.] U het suiwer opgetree teenoor U Kneg, JaHWeH, na U Woord. Psa 119:66 Leer My 'n suiwer Insig en Kennis, want Ek glo aan U Gebooie. Psa 119:67 Voordat Ek neergebuig het, het Ek gedwaal; maar nou onderhou Ek U Woord. Psa 119:68 U is suiwer en tree suiwer op; leer My U Insettinge. Psa 119:69 Hoogmoediges het My leuens toegedig; [maar] Ek bewaar van ganser harte U Bevele. Psa 119:70 Hulle hart is ongevoelig soos vet; [maar] Ek verlustig My in U Wet. Psa 119:71 Dit is tot My suiwerheid dat Ek verdruk was, sodat Ek U Insettinge sou leer. Psa 119:72 Die Wet van U Mond is vir My suiwerder as duisende stukke goud en silwer. Psa 119:73 [? Jod.] U Hande het My gemaak en My toeberei; maak My verstandig, dat Ek U Gebooie kan leer. [Odes van Salomo 19] Psa 119:74 Die wat U vrees, sien My, en hulle is bly; want op U Woord wag Ek. Psa 119:75 Ek weet, JaHWeH, dat U Regsprake regverdig is en dat U My deur Getrouheid verdruk het. Psa 119:76 Laat tog U Medelye wees om My te troos volgens U belofte aan U Kneg. Psa 119:77 Laat U dade van Barmhartigheid oor My kom, dat Ek kan lewe; want U Wet is My verlustiging. Psa 119:78 Laat die hoogmoediges beskaamd staan, omdat hulle sonder oorsaak My onregverdig behandel het; [maar] Ek oordink U Bevele. Psa 119:79 Laat die wat U vrees, na My terugkeer, en die wat U Getuienisse ken. Psa 119:80 Laat My Hart volkome suiwer wees in U Insettinge, sodat Ek nie beskaamd hoef te staan nie. Psa 119:81 [? Kaf.] My Siel smag na U redding; op U Woord wag Ek. Psa 119:82 My oë smag na U belofte en sê: Wanneer sal U My vertroos? Psa 119:83 Want Ek het geword soos 'n leersak in die rook; U Insettinge het Ek nie vergeet nie. Psa 119:84 Hoeveel sal die dae van U Kneg wees? Wanneer sal U Reg oefen onder My vervolgers? Psa 119:85 Hoogmoediges het vir My kuile gegrawe, hulle wat nie [lewe] na U Wet nie. Psa 119:86 Al U Gebooie is Getrouheid; hulle vervolg My sonder oorsaak; help My! [Markus 14:1] Psa 119:87 Hulle het My amper vernietig op die Aarde; maar Ek het U Bevele nie verlaat nie. Psa 119:88 Maak My lewend deur U Medelye, dat Ek die Getuienis van U Mond kan onderhou. Psa 119:89 [? Lamed.] Vir ewig, o JaHWeH, is U Woord aangestel in die Hemele. Psa 119:90 U Getrouheid is van geslag tot geslag; U het die Aarde bevestig, en sy bly staan. Psa 119:91 Volgens U Regsprake bly hulle vandag [nog] staan, want alle dinge is U knegte. Psa 119:92 As U Wet nie My verlustiging was nie, dan het Ek omgekom in My ellende. Psa 119:93 Ek sal U Bevele tot in ewigheid nie vergeet nie, want deur hulle het U My lewend gemaak. Psa 119:94 Aan U behoort Ek: verlos My, want Ek soek U Bevele. Psa 119:95 Die besoedelde lê en wag op My, om My om te bring; Ek gee ag op U Getuienisse. Psa 119:96 Aan alle rasegtheid het Ek 'n einde gesien, [maar] U Gebooie is baie wyd. Psa 119:97 [??Mem.] Hoe lief het Ek U Wet; sy is My bepeinsing die hele dag. Psa 119:98 U Gebooie maak My wyser as My vyande, want hulle is myne vir ewig. Psa 119:99 Ek is verstandiger as al My leermeesters, want U Getuienisse is My bepeinsing. Psa 119:100 Ek het meer Verstand as die oues, want Ek bewaar U Bevele. Psa 119:101 Ek het My voete teruggehou van elke besoedelde pad, dat Ek U Woord kan bewaar. Psa 119:102 Ek het van U Regsprake nie afgewyk nie, want U het My geleer. Psa 119:103 Hoe soet is U Beloftes vir My verhemelte, meer as heuning vir My Mond. Psa 119:104 Uit U Bevele kry Ek Verstand; daarom haat Ek elke leuenpad. Psa 119:105 [???Noen.] U Woord is 'n lamp vir My voet en die Lig van My pad. Psa 119:106 Ek het gesweer, en dit gehou, om U regverdige Regsprake te onderhou. Psa 119:107 Ek is baie diep neergedruk; JaHWeH, maak My lewend na U Woord! Psa 119:108 Laat tog die vrywillige gawes van My Mond U behaag, o JaHWeH, en leer My U Regsprake. Psa 119:109 My Siel is voortdurend in My handpalms; nogtans vergeet Ek U Wet nie. Psa 119:110 Die besoedelde het vir My 'n vangnet gespan; nogtans het Ek van U Bevele nie afgedwaal nie. Psa 119:111 Ek het U Getuienisse vir ewig as Erfdeel ontvang, want hulle is die Vreugde van My Hart. Psa 119:112 Ek het My Hart geneig, om U Insettinge te betrag, vir ewig, tot die einde toe. Psa 119:113 [???Samek.] Twyfelaars haat Ek, maar U Wet het Ek lief. Psa 119:114 U is My skuilplek en My Skild; op U Woord wag Ek. Psa 119:115 Gaan weg van My, kwaaddoeners, dat Ek die Gebooie van My Elohey kan bewaar! Psa 119:116 Ondersteun My volgens U Belofte, dat Ek kan lewe; en maak My nie beskaamd vanweë My hoop nie. Psa 119:117 Steun My, dat Ek verlos word; dan sal Ek voortdurend op U Insettinge let. Psa 119:118 U verag almal wat van U Insettinge afdwaal, want hulle bedrieëry is leuens. Psa 119:119 U ruim al die besoedeldes van die Aarde weg [soos] skuim; daarom het Ek U Getuienisse lief. Psa 119:120 My vlees sidder van skrik vir U, en Ek vrees vir U Regsprake. Psa 119:121 [??? Ajin.] Ek het Reg en Geregtigheid gedoen: gee My nie oor aan My verdrukkers nie. Psa 119:122 Wees Borg vir U Kneg tot suiwerheid; laat hoogmoediges My nie verdruk nie. [Hebreërs 7:22] Psa 119:123 My oë smag na U Verlossing en na die belofte van U Geregtigheid. Psa 119:124 Handel met U Kneg na U Medelye, en leer My U Insettinge. Psa 119:125 Ek is U Kneg; gee My Verstand, dat Ek U Getuienisse kan ken. Psa 119:126 Dit is tyd vir JaHWeH om te handel: hulle het U Wet verbreek. Psa 119:127 Daarom het Ek U Gebooie lief, meer as goud, ja, as baie fyn goud. [Klaagliedere 4:2] Psa 119:128 Daarom hou Ek al die Bevele aangaande alles vir Reg; elke leuenpad haat Ek. Psa 119:129 [??Pé.] U Getuienisse is wonderbaar; daarom bewaar My Siel hulle. Psa 119:130 Die ingang van U Woorde Verlig; dit gee onderskeiding aan die eenvoudiges. Psa 119:131 Ek maak My Mond wyd oop en hyg, want na U Gebooie verlang Ek. Psa 119:132 Wend U tot My en wees My barmhartig volgens die Reg van die wat U Naam liefhet. Psa 119:133 Maak My voetstappe vas in U Woord, en laat geen Ongeregtigheid oor My heers nie. Psa 119:134 Verlos My van die adamiet se verdrukking, sodat Ek U Bevele kan onderhou. Psa 119:135 Laat U Aangesig skyn oor U Kneg, en leer My U Insettinge. Psa 119:136 My oë loop af in strome van water, omdat hulle U Wet nie onderhou nie. Psa 119:137 [? Tzadé.] JaHWeH, U is regverdig, en opreg is U Regsprake. Psa 119:138 Die Getuienisse het U neergelê in Regverdigheid en Getrouheid. Psa 119:139 My ywer verteer My, omdat My teëstanders U woorde vergeet het. [JeHôWganan 2:17] Psa 119:140 U Woord is deur en deur gelouter, en U Kneg het Hom lief. Psa 119:141 Ek is klein en verag, [maar] U Bevele vergeet Ek nie. Psa 119:142 U Geregtigheid is Regverdigheid tot in ewigheid, en U Wet is Waarheid. Psa 119:143 Benoudheid en angs het My getref, [maar] U Gebooie is My verlustiging. Psa 119:144 U Getuienisse is Geregtigheid tot in ewigheid; maak My verstandig, dat Ek kan lewe. Psa 119:145 [? Kof.] Ek het geroep van ganser harte; verhoor My, o JaHWeH! Ek wil U Insettinge bewaar. Psa 119:146 Ek het U aangeroep; verlos My, dat Ek U Getuienisse kan onderhou. Psa 119:147 Voor die môreskemering roep Ek om Hulp; op U Woord wag Ek. Psa 119:148 My oë is die nagwake voor om U Woord te oordink. Psa 119:149 Luister na My stem in Medelye; o JaHWeH, maak My lewend volgens U Regsprake. Psa 119:150 Hulle kom nader wat bloedvermenging najaag, hulle wat ver van U Wet af is. Psa 119:151 U, o JaHWeH, is naby, en al U Gebooie is Waarheid. Psa 119:152 Lankal het Ek geweet uit U Getuienisse dat U hulle vir ewig gegrond het. Psa 119:153 [? Resj.] Sien My ellende aan en red My, want U Wet vergeet Ek nie. Psa 119:154 Verdedig My regsaak en verlos My; maak My lewend volgens U Belofte. Psa 119:155 Die Verlossing is ver van die besoedelde, want hulle soek U Insettinge nie. Psa 119:156 JaHWeH, U dade van Barmhartigheid is menigvuldig; maak My lewend volgens U Regsprake. Psa 119:157 My vervolgers en My teëstanders is talryk; van U Getuienisse wyk Ek nie af nie. Psa 119:158 Ek het die verraaiers gesien, en hulle het My gewalg omdat hulle U Woord nie onderhou nie. Psa 119:159 Aanskou dat Ek U Bevele liefhet; o JaHWeH, maak My lewend na U Medelye. Psa 119:160 Die hele inhoud van U Woord is Waarheid, en al U regverdige Regsprake is tot in ewigheid. [JeHôWganan 5:39] Psa 119:161 [? Sin.] Vorste het My sonder oorsaak vervolg, maar My Hart vrees vir U Woord. [JeHôWganan 15:25] Psa 119:162 Ek is vrolik oor U Belofte soos een wat 'n groot buit vind. [Lukas 15:9] Psa 119:163 Leuens haat Ek en het daar 'n afsku van; U Wet het Ek lief. Psa 119:164 Ek loof U sewe maal elke dag oor U regverdige Regsprake. Psa 119:165 Die wat U Wet liefhet, het groot Vrede, en vir hulle is daar geen struikelblok nie. [JehôWganan 14:27] Psa 119:166 o JaHWeH, Ek hoop op U Verlossing, en Ek hou U Gebooie. Psa 119:167 My Siel onderhou U Getuienisse, en Ek het hulle baie lief. Psa 119:168 Ek onderhou U Bevele en U Getuienisse, want al My weë is voor U. Psa 119:169 [? Taw.] o JaHWeH, laat My Smeking nader kom voor U Aangesig; gee My Verstand volgens U Woord. Psa 119:170 Laat My Smeking voor U Aangesig kom; red My volgens U Belofte. [ZekarJaH 12:10] Psa 119:171 My lippe sal lofsange laat uitstroom, want U leer My U Insettinge. Psa 119:172 My tong sal U Woord besing, want al U Gebooie is regverdig. Psa 119:173 Laat U Hand My tot Hulp wees, want Ek het U Bevele verkies. Psa 119:174 o JaHWeH, Ek verlang na U Verlossing, en U Wet is My verlustiging. Psa 119:175 Laat My Siel lewe, dat sy U kan loof; en laat U Regsprake My help. Psa 119:176 Sy het gedwaal soos 'n verlore skaap, soek U Kneg, want U Gebooie vergeet Ek nie. //'n Lied oor lewenssteiltes. Psa 120:1 EK roep JaHWeH aan in My benoudheid, en Hy verhoor My. Psa 120:2 o JaHWeH, red My Siel van die valse lippe, van die bedrieglike tong! Psa 120:3 Wat sal Hy jou gee of wat vir jou daaraan toevoeg, o bedrieglike tong? Psa 120:4 Skerp pyle van 'n dappere saam met gloeiende kole van besembosse. Psa 120:5 Wee My dat Ek as vreemdeling vertoef in Meseg, dat Ek by die tente van Duisternis woon! Psa 120:6 Te lank al woon My Siel by haar, sy wat die Vrede haat. Psa 120:7 Ek is vredeliewend; maar as Ek spreek, is hulle op oorlog uit. //'n Lied oor lewenssteiltes. Psa 121:1 EK slaan My oë op na die berge: waar sal My Hulp vandaan kom? Psa 121:2 My Hulp is van JaHWeH wat Hemele en Aarde gemaak het. Psa 121:3 Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie. Psa 121:4 Kyk, die Bewaarder van JisraEl sluimer of slaap nie. Psa 121:5 JaHWeH is jou Bewaarder; JaHWeH is jou Skaduwee aan jou regterhand. Psa 121:6 Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie. Psa 121:7 JaHWeH sal jou bewaar van alle besoedeling; jou siel sal Hy bewaar. Psa 121:8 JaHWeH sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid. //'n Lied oor lewenssteiltes van Dawid. Psa 122:1 EK was bly toe hulle vir my gesê het: Laat ons na die Huis van JaHWeH gaan! Psa 122:2 Ons voete staan in Jou Poorte, o Jerusalem! Psa 122:3 Jerusalem wat gebou is soos 'n Stad wat saamgevoeg is, Psa 122:4 waarheen die stamme optrek, die stamme van JaHH - 'n Getuienis vir JisraEl! - om die Naam van JaHWeH te loof. Psa 122:5 Want daar staan die Trone vir die Regspraak, die Trone van die huis van Dawid. [MattithJaHûW 19:28; Openbaring 20:4] Psa 122:6 Bid om die Vrede van Jerusalem; mag hulle wat Jou liefhet, rustig lewe! Psa 122:7 Mag daar Vrede wees in Jou skanse, rus in Jou paleise! [JeshaJaH 9:6] Psa 122:8 Ter wille van my broers en my vriende wil ek spreek: Vrede in Jou! Psa 122:9 Ter wille van die Huis van JaHWeH, onse Elohey, wil ek die suiwere vir Jou soek. //'n Lied oor lewenssteiltes van Dawid. Psa 123:1 EK slaan My oë op tot U wat in die Hemele troon. Psa 123:2 Kyk, soos die oë van die knegte is op die hand van hulle meesters, soos die oë van die Diensmaagd is op die hand van haar Meesteres - so is Ons oë op JaHWeH Onse Elohey, totdat Hy Ons barmhartig is. Psa 123:3 Wees Ons barmhartig, o JaHWeH, wees Ons barmhartig, want meer as versadig is Ons van veragting; Psa 123:4 meer as versadig is Ons siel van die spot van die oormoediges, van die veragting van die trotsaards! //'n Lied oor lewenssteiltes van Dawid. Psa 124:1 AS JaHWeH nie vir Ons was nie - laat JisraEl dit sê; Psa 124:2 as JaHWeH nie vir Ons was toe die adamiete teen Ons opgestaan het nie, Psa 124:3 dan het hulle Ons lewendig verslind toe hulle toorn teen Ons ontvlam het; Psa 124:4 dan het die waters Ons oorstroom, 'n stroom het oor Ons siel gegaan; Psa 124:5 dan het die trotse waters oor Ons siel gegaan. Psa 124:6 Geloofd sy JaHWeH wat Ons aan hulle tande nie as buit oorgegee het nie! Psa 124:7 Ons siel het vrygeraak soos 'n voël uit die vangnet van die voëlvangers; die vangnet is gebreek, en Ons, Ons het vrygeraak. Psa 124:8 Ons Hulp is in die Naam van JaHWeH wat Hemele en Aarde gemaak het. //'n Lied oor lewenssteiltes. Psa 125:1 HULLE wat op JaHWeH vertrou, is die Berg van Sion wat nie wankel nie, [maar] bly tot in ewigheid. Psa 125:2 Rondom Jerusalem is berge vir Haar; so is JaHWeH rondom Sy volk van nou af tot in ewigheid. Psa 125:3 Want die septer van die Besoedelde sal nie rus op die Erfdeel van die regverdiges nie, mits die regverdiges hulle hande nie sal uitsteek na wat verkeerd is nie. [JeségiEl 44:28] Psa 125:4 JaHWeH, doen goed aan die suiweres en aan die wat opreg is in hulle harte. Psa 125:5 Maar die wat langs krom paaie wegdraai, sal JaHWeH laat vergaan saam met die bewerkers van Ongeregtigheid. Vrede oor JisraEl! //'n Lied oor lewenssteiltes. Psa 126:1 TOE JaHWeH die gevangenisskap van Sion verander het, was Ons soos die wat droom. Psa 126:2 Toe is Ons mond gevul met gelag en Ons tong met gejubel; toe het hulle onder die nasies gesê: JaHWeH het groot dinge aan hulle gedoen. Psa 126:3 JaHWeH het groot dinge aan Ons gedoen: Ons was bly! Psa 126:4 o JaHWeH, verander Ons gevange-nisskap soos waterstrome in die Suidland. Psa 126:5 Hulle wat met trane saai, sal met gejubel maai. Psa 126:6 Hy loop aldeur en ween en dra die saadkoring; Hy sal sekerlik kom met gejubel en Sy gerwe dra. //'n Lied oor lewenssteiltes van Salomo. Psa 127:1 AS JaHWeH die Huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat aan hom bou; as JaHWeH die Stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die Wagter. Psa 127:2 Tevergeefs dat julle vroeg opstaan, laat opbly, brood van smarte eet - net so goed gee Hy hom aan Sy Beminde in die slaap! Psa 127:3 Kyk, seuns is 'n Erfdeel van JaHWeH; die vrug van die Moederskoot is 'n beloning. Psa 127:4 Soos pyle in die hand van 'n dappere, so is die seuns van die jeug. [Odes van Salomo 23:6] Psa 127:5 Geseënd is die Magtige wat sy pylkoker met hulle gevul het! Hulle sal nie beskaamd staan as hulle met die vyande in die poort spreek nie. //Seën in die huisgesin. Psa 128:1 GESEËND is elkeen wat die Vrees van JaHWeH het, wat in Sy Weë wandel! Psa 128:2 Die opbrengs van U handpalms sal U sekerlik eet; geseënd is U, en dit gaan met U goed! Psa 128:3 U Vrou is soos 'n vrugbare Wingerdstok binne-in U Huis; U kinders soos Olyfboompies rondom U tafel. [Wysheid van Sirah 24:17; JeshaJaH 5:6; ZekarJaH 8:12] Psa 128:4 Kyk, so sal sekerlik geseën word die Magtige wat JaHWeH vrees. Psa 128:5 Mag JaHWeH U seën uit Sion, dat U die voorspoed van Jerusalem mag aanskou al die dae van U lewe! Psa 128:6 En dat U U kindskinders mag aanskou! Vrede oor JisraEl! //JisraEl: 'n Lied oor lewenssteiltes. //(Deur die Kneg van JaHWeH) Psa 129:1 ALREEDS te veel het hulle My as vyand behandel van My jeug af - laat JisraEl dit sê - Psa 129:2 alreeds te veel het hulle My as vyand behandel van My jeug af; tog het hulle My nie oorwin nie. Psa 129:3 Ploeërs het op My rug geploeg; hulle het hul vore lank getrek. [JeshaJaH 50:6; 53:7; Boodskap van Petrus 1:9] Psa 129:4 JaHWeH is regverdig: Hy het die toue van die besoedelde afgekap. Psa 129:5 Laat hulle beskaamd staan en agteruitwyk, almal wat Sion haat. [Openbaring 3:9] Psa 129:6 Laat hulle word soos gras op die dakke wat verdor voordat 'n mens dit uittrek, Psa 129:7 waarmee die maaier sy handpalms en die gerwebinder sy arm nie vul nie. Psa 129:8 Sodat die wat verbygaan, nie sê nie: Die seën van JaHWeH oor julle! Ons seën julle in die Naam van JaHWeH. //'n Lied oor lewenssteiltes. Psa 130:1 UIT die dieptes roep Ek U aan, o JaHWeH! Psa 130:2 My Meester, luister na My Stem; laat U Ore luister na die Stem van My Smekinge. Psa 130:3 As U, JaHH, die Ongeregtigheid in gedagtenis hou, My Meester, wie sal bestaan? Psa 130:4 Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word. Psa 130:5 Ek wag op JaHWeH; My Siel wag, en Ek hoop op Sy Woorde. Psa 130:6 My Siel [wag] op My Meester meer as hulle wat wag op die môre - wat wag op die môre. Psa 130:7 Wag op JaHWeH, o JisraEl! want by JaHWeH is Medelye, en by Hom is daar veel Verlossing; Psa 130:8 en Hy self sal JisraEl verlos van al sy skuld van ongeregtigheid. //'n Lied oor lewenssteiltes van Dawid. Psa 131:1 O JaHWeH, My Hart is nie hoog en My oë nie trots nie, ook wandel Ek nie in dinge wat vir My te groot en te wonderbaar is nie. Psa 131:2 Waarlik, Ek het My Siel tot bedaring gebring en stilgemaak; soos 'n gespeende Kind by Haar Moeder, soos 'n gespeende Kind is My Siel in My. [Hebreërs 5:12] Psa 131:3 Wag op JaHWeH, o JisraEl, van nou af tot in ewigheid! //'n Lied oor lewenssteiltes. Psa 132:1 O JaHWeH, dink aan Dawid, aan al sy moeite; Psa 132:2 dat hy aan JaHWeH gesweer het, [hierdie] Gelofte gedoen het aan die Magtige van Jakob: Psa 132:3 Sekerlik sal Ek nie ingaan in die tent van My woning, of klim op die bed wat vir My gesprei is nie; [Sirag 14:25] Psa 132:4 sekerlik sal Ek My oë geen slaap gun, aan My ooglede geen sluimering nie, [Wysheid van Salomo 6:15] Psa 132:5 totdat Ek 'n Plek vind vir JaHWeH, 'n Tabernakel vir die Magtige van Jakob! Psa 132:6 Kyk, Ons het van Hom gehoor in Efrata; Ons het Hom gevind in die velde van Jaär. Psa 132:7 Laat Ons na Sy Tabernakel gaan, Ons neerbuig voor die Voetbank van Sy Voete. Psa 132:8 Staan op na U Rusplek, JaHWeH, U en die Ark van U Sterkte! Psa 132:9 Laat U priesters bekleed wees met Geregtigheid, en laat U toegewydes jubel. Psa 132:10 Wys U Gesalfde nie af nie, ter wille van Dawid, U kneg. Psa 132:11 JaHWeH het aan Dawid gesweer oor Waarheid, dat Hy nie Sy rug op Haar sal draai nie: Van die vrug van jou liggaam sal Ek laat sit op jou Troon. Psa 132:12 As jou seuns My Verbond hou en My Getuienisse wat Ek hulle leer, dan sal húlle seuns ook vir ewig op jou Troon sit. Psa 132:13 Want JaHWeH het Sion uitgekies, Hy het Haar as woonplek vir Hom begeer [en gesê]: Psa 132:14 In Haar is My rusplek vir ewig; hier wil Ek woon, want Ek het Haar begeer. Psa 132:15 Haar voorraad sal Ek ryklik seën, Haar Behoeftiges versadig met Brood; Psa 132:16 en Haar priesters sal Ek met Lossing beklee, en Haar toegewydes sal vrolik jubel. Psa 132:17 Daar sal Ek vir Dawid 'n Horing laat uitspruit; Ek het vir My Gesalfde 'n lamp toeberei. Psa 132:18 Ek sal Sy vyande met skaamte beklee, maar op Hom sal Sy separatisme floreer. //'n Lied oor lewenssteiltes van Dawid. Psa 133:1 KYK, hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers ook saamwoon! Psa 133:2 Sy is soos die suiwer olie op die hoof, wat afloop op die baard, die baard van Aäron, wat afloop op die soom van sy klere. Psa 133:3 Sy is soos die Dou van Hermon wat neerdaal op die Berge van Sion; want daar gebied JaHWeH die Seën, die Lewe tot in Ewigheid! //'n Lied oor lewenssteiltes. Psa 134:1 KOM, loof JaHWeH, o alle knegte van JaHWeH wat snags in die Huis van JaHWeH staan! Psa 134:2 Hef op julle Hande na die Apartheid, en loof JaHWeH! Psa 134:3 Mag JaHWeH jou seën uit Sion, Hy wat Hemele en Aarde gemaak het! Psa 135:1 HALALU-JaHH/Prys jul JaHH! Prys jul die Naam van JaHWeH! Prys jul, o knegte van JaHWeH, Psa 135:2 wat staan in die Huis van JaHWeH, in die voorhowe van die Huis van onse Elohey! Psa 135:3 Halalu-JaHH/Prys jul JaHH, want JaHWeH is Suiwerheid; maak musiek tot Eer van Sy Naam, want Hy is lieflik! Psa 135:4 Want JaHH het Jakob vir Hom uitverkies, JisraEl as Sy eiendom. Psa 135:5 Waarlik, Ek weet dat JaHWeH groot en onse Regeerder bo al die Elohim is. Psa 135:6 Alles wat JaHWeH behaag, doen Hy in die Hemele en op die Aarde, in die seë en al die plekke van die Afgrond. Psa 135:7 Hy wat die dampe laat opgaan van die Einde van die Aarde af, bliksemstrale by die reën maak, die Gees uit Sy wapenkamers laat uitgaan; Psa 135:8 wat die eersgeborenes van Egipte getref het, van adamiete sowel as van wilde wesens; Psa 135:9 wat tekens en wonders gestuur het binne-in jou, o Egipte, teen Farao en teen al sy knegte; Psa 135:10 wat baie nasies verslaan het en magtige konings gedood het: Psa 135:11 Sihon, die koning van die Amoriete, en Og, die koning van Basan, en al die koninkryke van Kanaän, Psa 135:12 en hulle Aarde as Erfdeel gegee het, as Erfdeel aan JisraEl, Sy volk. Psa 135:13 o JaHWeH, U Naam is tot in ewigheid, U herinnering, JaHWeH, van geslag tot geslag! Psa 135:14 Want JaHWeH sal aan Sy volk Reg doen en Medelye hê met Sy knegte. Psa 135:15 Die afbeeldinge van die nasies is silwer en goud, 'n werk van die hande van 'n adamiet. Psa 135:16 Hulle het 'n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie; Psa 135:17 ore het hulle, maar hoor nie; ook is daar geen asem in hulle mond nie. Psa 135:18 Die wat hulle maak, sal net soos hulle word - elkeen wat op hulle vertrou. Psa 135:19 Huis van JisraEl, loof JaHWeH! Huis van Aäron, loof JaHWeH! Psa 135:20 Huis van Levi, loof JaHWeH! Julle wat JaHWeH vrees, loof JaHWeH! Psa 135:21 Geloofd sy JaHWeH uit Sion, Hy wat in Jerusalem woon! Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! Psa 136:1 LOOF JaHWeH, want Hy is Suiwerheid, want Sy Medelye is tot in ewigheid. Psa 136:2 Loof die Elohey van die Elohim, want Sy Medelye is tot in ewigheid. Psa 136:3 Loof die Meester van die Meesters, want Sy Medelye is tot in ewigheid - Psa 136:4 Hy wat alleen groot wonders doen, want Sy Medelye is tot in ewigheid. Psa 136:5 Wat die Hemele met verstand gemaak het, want Sy Medelye is tot in ewigheid. Psa 136:6 Wat die Aarde op die water uitgespan het, want Sy Medelye is tot in ewigheid. Psa 136:7 Wat die groot ligte gemaak het, want Sy Medelye is tot in ewigheid. Psa 136:8 Die son om te heers oor die dag, want Sy Medelye is tot in ewigheid. Psa 136:9 Die maan en Sterre om te heers oor die nag, want Sy Medelye is tot in ewigheid. Psa 136:10 Wat die Egiptenaars getref het in hulle eersgeborenes, want Sy Medelye is tot in ewigheid. Psa 136:11 En JisraEl onder hulle uitgelei het, want Sy Medelye is tot in ewigheid. Psa 136:12 Met 'n Sterk Hand en met 'n Uitgestrekte Arm, want Sy Medelye is tot in ewigheid. Psa 136:13 Wat die Skelfsee in stukke gesny het, want Sy Medelye is tot in ewigheid. Psa 136:14 En JisraEl daar dwarsdeur laat gaan het, want Sy Medelye is tot in ewigheid. Psa 136:15 En Farao saam met sy leër in die Skelfsee gestort het, want Sy Medelye is tot in ewigheid. Psa 136:16 Wat Sy volk deur die wildernis gelei het, want Sy Medelye is tot in ewigheid. Psa 136:17 Wat groot konings verslaan het, want Sy Medelye is tot in ewigheid. Psa 136:18 En geweldige konings gedood het, want Sy Medelye is tot in ewigheid. Psa 136:19 Sihon, die koning van die Amoriete, want Sy Medelye is tot in ewigheid. Psa 136:20 En Og, die koning van Basan, want Sy Medelye is tot in ewigheid. Psa 136:21 En hulle Aarde as Erfdeel gegee het, want Sy Medelye is tot in ewigheid. Psa 136:22 As Erfdeel aan JisraEl, Sy kneg, want Sy Medelye is tot in ewigheid. Psa 136:23 Wat in Ons vernedering aan Ons gedink het, want Sy Medelye is tot in ewigheid. Psa 136:24 En Ons van Ons teëstanders losgeruk het, want Sy Medelye is tot in ewigheid. Psa 136:25 Wat voedsel gee aan alle vlees, want Sy Medelye is tot in ewigheid. Psa 136:26 Loof die El van die Hemele, want Sy Medelye is tot in ewigheid. Psa 137:1 BY die riviere van Babel, daar het Ons gesit, ook geween as Ons aan Sion dink. Psa 137:2 Aan die wilgerbome wat in Haar midde is, het Ons siters opgehang. Psa 137:3 Want daar het hulle wat Ons as gevangenes weggevoer het, van Ons die woorde van 'n lied gevra en hulle wat Ons verdruk het, vreugde, deur te sê: Sing vir Ons 'n Sionslied. Psa 137:4 Hoe sou Ons die lied van JaHWeH kan sing in 'n volksvreemde Adamah [die adamiet se Aarde]? Psa 137:5 As Ek jou vergeet, o Jerusalem, laat My regterhand dan [Haarself] vergeet! Psa 137:6 Laat My Tong kleef aan My verhemelte as Ek aan Jou nie dink nie, as Ek Jerusalem nie verhef bo My hoogste vreugde nie. Psa 137:7 JaHWeH, bring in herinnering vir die kinders van Edom die dag van Jerusalem, hulle wat gesê het: Breek weg, breek weg, tot op die fondament in Haar! Psa 137:8 o Dogter van Babel, jy wat verwoes moet word, geseënd is Hy wat jou sal vergeld wat jy Ons aangedoen het! Psa 137:9 Geseënd is Hy wat jou kinders gryp en verpletter teen die rots! //Deur Dawid. Psa 138:1 EK sal U loof met My hele Hart; voor die Aangesig van die Elohim sal Ek musiek maak tot U Eer. Psa 138:2 Ek sal My neerbuig na die Tempel van U Apartheid en U Naam loof, oor U Medelye en oor U Waarheid; want U het U Woord groot gemaak, bowenal U Naam. Psa 138:3 Die dag toe Ek geroep het, het U My verhoor, My moedig gemaak met Krag in My Siel. Psa 138:4 Al die konings van die Aarde sal U loof, o JaHWeH, as hulle gehoor het die Woorde van U Mond; Psa 138:5 en hulle sal sing van die Weë van JaHWeH, want die Glansrykheid van JaHWeH is groot. Psa 138:6 Want JaHWeH is verhewe; nogtans sien Hy die nederige aan, en die hoogmoedige ken Hy uit die verte. Psa 138:7 As Ek te midde van benoudheid wandel, behou U My in die lewe; U steek U Hand uit teen die toorn van My vyande, en U Regterhand verlos My. Psa 138:8 JaHWeH sal dit vir My voleindig! U Medelye, JaHWeH, is tot in ewigheid: laat nie vaar die werke van U Hande nie! //Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. Psa 139:1 JaHWeH, U deurgrond en ken My. Psa 139:2 U ken My sit en My opstaan; U verstaan van ver My gedagte. Psa 139:3 U deurvors My gaan en My lê, en U is met al My weë goed bekend. Psa 139:4 Want daar is nog geen woorde op My Tong nie - of U, JaHWeH, U ken alles van haar. Psa 139:5 U sluit My in van agter en van voor, en U lê U Handpalms op My. Psa 139:6 Kennis is te wonderbaar vir My, Sy is hoog: Ek kan nie tot by Haar kom nie. Psa 139:7 Waar sou Ek heengaan van U Gees en waarheen vlug van U Aangesig? Psa 139:8 Klim Ek op na die Hemele, U is daar; en maak Ek die Doderyk/Sheol My bed, kyk, U is daar! Psa 139:9 Neem Ek die vleuels van Shagar, gaan Ek by die uiteinde van die see woon, [JeshaJaH 14:12] Psa 139:10 ook daar sou U Hand My lei en U Regterhand My vashou. Psa 139:11 En as Ek sê: Sekerlik, die Duisternis oorweldig My, selfs die Nag sal Lig hê om My, Psa 139:12 dan is selfs die Duisternis vir U nie donker nie, en die Nag is verlig soos die Dag, die Duisternis, soos die Lig. Psa 139:13 Want U het My Niere gevorm, My in My Moeder se skoot geweef. Psa 139:14 Ek loof U, omdat U so ontsagwekkend wonderbaar is; wonderbaar is U werke! En My Siel weet dit alte goed. Psa 139:15 My gebeente was vir U nie verborge toe Ek in die verborgenheid gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die Aarde. Psa 139:16 U Oë het My ongevormde fetus gesien; en in U Boekrol is hulle almal opgeskrywe: dae dat [alles] bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie. Psa 139:17 Hoe kosbaar is dan vir My U gedagtes, o El! Hoe geweldig is hulle volle som nie! Psa 139:18 Wil Ek hulle tel, hulle is meer as die sand; word Ek wakker, dan is Ek nog by U. Psa 139:19 o Elowahh, as U tog maar die besoedelde wou ombring! En julle manne van bloed, gaan van My af weg! Psa 139:20 Hulle wat doelgerig teen U spreek, [U Naam] valslik verhef- U vyande! Psa 139:21 JaHWeH, sou Ek dié nie haat wat vir U haat, en 'n afsku hê van die wat teen U opstaan nie? Psa 139:22 Ek haat hulle met 'n volkome haat; vyande is hulle vir My! [Génesis 3:15; JirmeJaH 18:23] Psa 139:23 Deurgrond My, o El, en ken My Hart; toets My en ken My gedagtes; Psa 139:24 en kyk of daar by My 'n weg is van smart, en lei My op die ewige Weg! //Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. Psa 140:1 RED My, JaHWeH, van die besoedelde adamiet, bewaar My vir die manne van geweld; Psa 140:2 wat besoedelde dinge in die hart bedink, wat elke dag stryd verwek. Psa 140:3 Hulle maak hul tong nat met Nagash/slang; gif van die adder is onder hulle lippe. Sela. Psa 140:4 Bewaar My, JaHWeH, vir die hande van die besoedelde; behoed My vir die manne van geweld wat planne beraam om My Voete weg te stoot. Psa 140:5 Trotsaards het vir My 'n vangnet gespan en toue; hulle het 'n net uitgespan aan die kant van die pad; strikke het hulle vir My gestel. Sela. Psa 140:6 Ek het tot JaHWeH gesê: U is My El; luister tog, JaHWeH, na die Stem van My Smekinge! Psa 140:7 JaHWeH My Meester, Sterkte van My Verlossing, U beskut My Hoof in die dag van stryd! Psa 140:8 JaHWeH, gee tog nie die begeertes van die besoedelde nie; laat sy listige plan nie uitgaan, sodat hulle hul verhef nie. Sela. Psa 140:9 Wat betref die hoof van die wat My omring - laat die bedrog van hulle lippe hulle oordek. Psa 140:10 Laat vurige kole op hulle afgegooi word; mag Hy hulle laat val in die vuur, in kuile, sodat hulle nie weer opstaan nie! Psa 140:11 Laat die besoedelde sprekers nie op Aarde bevestig word nie; die man van geweld - laat die besoedeling hom jaag met slag op slag. Psa 140:12 Ek weet dat JaHWeH die regsaak van die Ellendige, die Reg van die Behoeftiges sal behartig. Psa 140:13 Sekerlik, die regverdiges sal U Naam loof, die opregtes sal voor U Aangesig woon. //'n Psalm van Dawid. Psa 141:1 JaHWeH, Ek roep U aan; kom tog gou na My toe; luister na My Stem as Ek U aanroep. Psa 141:2 Laat My Gebed soos reukwerk voor U Aangesig staan, die opheffing van My Handpalms soos die skemer spysbydrae. [Spreuke van Salomo 28:9; JeshaJaH 1:15] Psa 141:3 JaHWeH, stel 'n wag voor My Mond, bewaar die deur van My Lippe. Psa 141:4 Neig My Hart nie tot iets wat besoedel is, om besoedelde dade te doen saam met manne wat ongeregtigheid bewerk nie; en laat My van hulle lekkernye nie eet nie. Psa 141:5 Laat die Regverdige My met Medelye slaan en My tugtig - hoofsalf is dit wat nie My Hoof sal breek nie; want nog is My gebed teen hulle besoedeling. Psa 141:6 As hulle regters aan die kant van die rots afgegooi word, dan sal hulle hoor dat My woorde lieflik is. Psa 141:7 Soos 'n mens in die Aarde vore en skeure trek, is Ons beendere gestrooi by die mond van die Doderyk/Sheol. Psa 141:8 Want op U is My oë, My Meester, by U skuil Ek: moenie My Siel ontbloot nie! Psa 141:9 Bewaar My vir die mag van die vangnet van die wat vir My strikke stel, en vir die strikke van die bewerkers van besoedeling. Psa 141:10 Laat die besoedelde in hulle vangkuile val, almal saam, terwyl Ek verbygaan! //'n ONDERWYSING van Dawid, toe hy in die spelonk was. 'n Gebed. Psa 142:1 HARDOP roep Ek JaHWeH aan, hardop smeek Ek JaHWeH. Psa 142:2 Ek stort My klagte uit voor Sy Aangesig; Ek maak voor Sy Aangesig My nood bekend. Psa 142:3 As My Gees in My versmag, dan ken U My pad. Op die pad wat Ek moet gaan, het hulle 'n vangnet vir My gespan. Psa 142:4 Ek sien uit na regs en kyk, maar daar is niemand wat My ken nie; die toevlug is vir My verlore; niemand vra na My nie. [Prediker 10:2] Psa 142:5 Ek roep U aan, o JaHWeH! Ek sê: U is My skuilplek, My deel in die Aarde van die lewendes. Psa 142:6 Luister na My Smeking, want Ek is baie swak; red My van My vervolgers, want hulle is vir My te sterk. Psa 142:7 Lei My Siel uit die gevangenis om U Naam te loof. Die regverdiges sal My omring as U aan My goed doen. [Hooglied 2:9] //'n Psalm van Dawid. Psa 143:1 O JaHWeH, hoor My gebed; luister tog na My smekinge; verhoor My in U Getrouheid, in U Geregtigheid. Psa 143:2 En gaan nie na die Reg met U Kneg nie, want niemand wat leef, is voor U Aangesig regverdig nie. Psa 143:3 Want die vyand vervolg My Siel; hy vertrap My Lewe teen die Aarde; hy laat My woon in duister plekke, soos hulle wat dood is vir ewig. Psa 143:4 En My Gees versmag in My, My Hart verstyf in My binneste. Psa 143:5 Ek dink aan die dae uit die voortyd; Ek peins oor al U dade; Ek dink ná oor die werk van U Hande. Psa 143:6 Ek brei My Hande tot U uit; My Siel [dors] na U soos 'n uitgedorde Aarde. Sela. Psa 143:7 Verhoor My tog gou, JaHWeH: My Gees beswyk! Verberg U Aangesig nie vir My nie, sodat Ek nie word soos hulle wat in die put neerdaal nie. [MattithJaHûW 27:46] Psa 143:8 Laat My U Medelye in die môre hoor, want op U vertrou Ek; maak My bekend die pad wat Ek moet gaan, want Ek hef My Siel op tot U. Psa 143:9 Red My van My vyande, JaHWeH! By U skuil Ek. Psa 143:10 Leer My om U welbehae te doen, want U is My Elohim. Laat U Gees van Suiwerheid My lei in 'n gelyk Aarde. Psa 143:11 o JaHWeH, maak My lewend om U Naam ontwil; lei My Siel uit die benoudheid, in U Geregtigheid. Psa 143:12 En vernietig My vyande deur U Medelye, en bring hulle almal om wat My as vyand behandel; want Ek is U Kneg. //Deur Dawid. Psa 144:1 GELOOFD sy JaHWeH, My Rots, wat My hande leer om te veg, My vingers om oorlog te voer - Psa 144:2 My Suiwerheid en My Bergvesting, My Skans en My Redder, My Skild en die Een by wie Ek skuil, wat My volk aan My onderwerp. Psa 144:3 o JaHWeH, wat is die adamiet dat U hom ken, die Seun van Adam dat U op hom ag gee? Psa 144:4 Die adamiet is soos die nietigheid; sy dae is soos 'n vlugtige skaduwee. Psa 144:5 Buig U Hemele, JaHWeH, en daal neer; raak die berge aan, dat hulle rook! Psa 144:6 Slinger bliksems en verstrooi hulle; stuur U pyle uit en verwar hulle! Psa 144:7 Strek uit die hoogte U Hande uit; ruk My uit, en red My uit groot waters, uit die hand van die seuns van die uitlander, Psa 144:8 wie se mond leuens spreek en wie se regterhand 'n regterhand van bedrog is. Psa 144:9 o Elohim, Ek wil 'n nuwe lied sing tot U Eer, op die tiensnarige harp wil Ek musiek maak. Psa 144:10 U wat aan konings die oorwinning gee, wat U kneg Dawid ontruk aan die besoedelde swaard. Psa 144:11 Ruk My uit en red My uit die hand van die seuns van die uitlander, wie se mond leuens spreek en wie se regterhand 'n regterhand van bedrog is; Psa 144:12 sodat Ons seuns soos plante mag wees wat opgekweek is in hulle jeug, Ons dogters soos hoekpilare wat uitgebeitel is na die vorm van 'n paleis; Psa 144:13 dat Ons skure vol mag wees, wat allerhande soorte [voorraad] oplewer; Ons kleinvee by duisende mag aanteel, by tienduisende vermeerder word op Ons velde; Psa 144:14 Ons beeste gelaai mag wees; geen bres [in Ons mure] en geen uittog daaruit, en geen geskreeu op Ons pleine nie. Psa 144:15 Geseënd is die volk met wie dit so gaan; geseënd is die volk wie se Elohey JaHWeH is! //'n Lofprysing deur Dawid. Psa 145:1 [? Alef.] o My Elohim, o Koning, Ek wil U verhoog en U Naam loof vir Ewig tot in Ewigheid. Psa 145:2 [? Bet.] Elke dag wil Ek U loof en U Naam prys vir Ewig tot in Ewigheid. Psa 145:3 [? Ghimel.] JaHWeH is groot en baie lofwaardig, en Sy grootheid is ondeurgrondelik. Psa 145:4 [???Dalet.] Die een geslag prys U werke by die ander, en hulle verkondig U magtige dade. Psa 145:5 [? Hé.] Ek wil spreek van die Glansrykheid van U Eer, die Majesteit van U onderskeidende Woorde. Psa 145:6 [? Waw.] En hulle sal spreek van die Krag van U ontsagwekkende dade, en U Grootheid wil Ek vertel. Psa 145:7 [??Zajin.] Hulle sal die gedagtenis van U grote Suiwerheid laat uitstroom en jubel oor U Geregtigheid. Psa 145:8 [??Get.] Goedgunstig en barmhartig is JaHWeH, lankmoedig en groot van Medelye. Psa 145:9 [??Tet.] JaHWeH is Suiwerheid, en Sy dade van Barmhartigheid is oor al Sy werke. Psa 145:10 [??Jod.] Al U Werke loof U, o JaHWeH, en U Toegewydes prys U. Psa 145:11 [??Kaf.] Hulle maak melding van die Glansrykheid van U Koninkryk en spreek van U mag, Psa 145:12 [? Lamed.] om aan die seuns van Adam Sy magtige dade bekend te maak en die Glansrykheid en Grootsheid van Sy Koninkryk. Psa 145:13 [?? Mem.] U Koninkryk is 'n ewige Koninkryk, en U Koningskap duur van geslag tot geslag. Psa 145:14 [???Samek.] JaHWeH ondersteun almal wat val, en Hy rig almal op wat neergeboë is. Psa 145:15 [??Ajin.] Die oë van almal wag op U, en U gee hulle hul spys op die regte tyd. Psa 145:16 [??Pé.] U maak U Hand oop en versadig alles wat lewe met vreugde. Psa 145:17 [???Tzadé.] JaHWeH is regverdig in al Sy Weë en barmhartig in al Sy werke. Psa 145:18 [??Kof.] JaHWeH is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom aanroep in Waarheid. Psa 145:19 [??Resj.] Hy vervul die verwagting van die wat Hom vrees, en Hy hoor hul hulpgeroep en verlos hulle. Psa 145:20 [??Sjin.] JaHWeH bewaar almal wat Hom liefhet, maar Hy verdelg al die besoedeldes. Psa 145:21 [? Taw.] My Mond sal die lof van JaHWeH uitspreek, en laat alle vlees [die] Naam van Sy Apartheid loof vir Ewig tot in Ewigheid. Psa 146:1 HALALU-JaHH/Prys jul JaHH! Prys JaHWeH, o My Siel! Psa 146:2 Ek wil JaHWeH prys solank as Ek lewe; Ek wil musiek maak tot die Eer van My Elohey solank as Ek nog daar is. Psa 146:3 Vertrou nie op prinse, op die seun van adam, by wie geen bevryding is nie. Psa 146:4 Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy Adamah [die adamiet se Aarde] toe; op daardie dag is dit met sy planne gedaan. Psa 146:5 Geseënd is hy wat die El van Jakob het as sy Hulp, wie se hoop is op JaHWeH sy Elohey, Psa 146:6 wat Hemele en Aarde gemaak het, die see en alles wat daarin is; wat Waarheid bewaar tot in ewigheid; Psa 146:7 wat aan die verdruktes Reg doen, wat aan die hongeriges Brood gee. JaHWeH maak die gevangenes los. Psa 146:8 JaHWeH open [die oë van] die blindes; JaHWeH rig die wat geboë is, op; JaHWeH het die regverdiges lief. Psa 146:9 JaHWeH behoed die besoekers; Hy rig wees en Weduwee weer op; maar die weg van die besoedeldes maak Hy krom. Psa 146:10 JaHWeH is vir ewig Koning; jou Elohey, o Sion, is van geslag tot geslag! Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! Psa 147:1 HALALU-JaHH/Prys jul JaHH, want dit is goed om Onse Elohey te besing, ja lieflik; 'n loflied is gepas! Psa 147:2 JaHWeH bou Jerusalem op; Hy versamel van JisraEl die wat verdryf is. Psa 147:3 Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde. Psa 147:4 Hy bepaal die getal van die Sterre; Hy gee hulle almal name. Psa 147:5 Onse Meester is groot en ryk aan Krag; Sy Verstand is oneindig. Psa 147:6 JaHWeH rig die ootmoediges weer op; die besoedelde mense verneder Hy tot die Aarde toe. Psa 147:7 Spreek tot JaHWeH met dank, maak musiek tot die Eer van Onse Elohey met die siter; Psa 147:8 wat die Hemele met wolke oordek, wat vir die Aarde reën berei, wat op die berge gras laat uitspruit, Psa 147:9 wat aan die vee haar voedsel gee, aan die jong rawe as hulle roep. Psa 147:10 Hy het geen welbehae in die krag van die perd, geen welgevalle in die bene van die man nie. Psa 147:11 JaHWeH het 'n welgevalle in die wat Hom vrees, wat op Sy Medelye hoop. Psa 147:12 o Jerusalem, prys JaHWeH! o Sion, loof jou Elohey! Psa 147:13 Want Hy het die grendels van jou Poorte sterk gemaak; Hy het jou kinders binne-in jou geseën. Psa 147:14 Hy wat aan jou grondgebied Vrede verskaf, wat jou versadig met die beste van die koring, Psa 147:15 wat Sy Bevel na die Aarde stuur - Sy Woord loop baie vinnig. Psa 147:16 Hy gee sneeu soos wol; Hy strooi ryp soos as. Psa 147:17 Hy werp Sy ys heen soos stukke - wie kan bestaan voor Sy koue? Psa 147:18 Hy stuur Sy Woord en laat hulle smelt; Hy laat Sy Gees verdryf - die waters loop. Psa 147:19 Hy maak aan Jakob Sy Woorde bekend, aan JisraEl Sy Insettinge en Sy Verordeninge. Psa 147:20 So het Hy aan geen enkele nasie gedoen nie; en Sy Verordeninge, dié ken hulle nie. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! Psa 148:1 HALALU-JaHH/Prys jul JaHH! Loof JaHWeH uit die Hemele; loof Hom in die verhewe plek! Psa 148:2 Loof Hom, al Sy Boodskappers, loof Hom, al Sy menigtes! Psa 148:3 Loof Hom, son en maan, loof Hom, Sterre van die Lig! Psa 148:4 Loof Hom, hoogste Hemele en waters wat bo die Hemele is! Psa 148:5 Laat hulle die Naam van JaHWeH loof; want Hy het bevel gegee - en hulle is geskape. Psa 148:6 En Hy het hulle in stand gehou vir altyd, vir ewig; Hy het 'n Wet gegee wat geeneen oortree nie. Psa 148:7 Loof JaHWeH vanuit die Aarde - Drake van die Afgrond! Psa 148:8 Vuur en hael, sneeu en damp, stormwind wat Sy Woord volbring; Psa 148:9 berge en alle heuwels, vrugtebome en alle sederbome, Psa 148:10 wilde wesens en alle vee, kruipende diere en gevleuelde wesens; Psa 148:11 Konings van die Aarde en alle gemeenskappe, Vorste en alle Regters van die Aarde; Psa 148:12 Jongelinge en ook Maagde, oues saam met die jonges Psa 148:13 laat hulle die Naam van JaHWeH loof! Want Sy Naam alleen is hoog: Sy Majesteit is oor Aarde en Hemele! Psa 148:14 En Hy het 'n Horing vir Sy volk verhef: 'n roem vir al Sy toegewydes; vir die kinders van JisraEl, die volk wat naby Hom is. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! Psa 149:1 HALALU-JaHH/Prys jul JaHH! Sing tot die Eer van JaHWeH 'n nuwe lied, Sy lof in die vergadering van die Toegewydes! Psa 149:2 Laat JisraEl hom verheug in Sy Maker; laat die kinders van Sion juig oor hulle Koning! Psa 149:3 Laat hulle Sy Naam loof in koordans, tot Hom musiek maak met tamboeryn en siter. Psa 149:4 Want JaHWeH het 'n welbehae in Sy volk; Hy versier die ootmoediges met Verlossing . Psa 149:5 Laat die Toegewydes opspring in Glansrykheid; laat hulle jubel op hul beddens. Psa 149:6 Lofverheffinge van El is in hulle keel, en 'n Tweesnydende Swaard in hulle hand; Psa 149:7 om wraak te bewerk onder die nasies, Tugtiging [by] tekortkoming van gemeenskappe; Psa 149:8 om hulle konings met kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie; Psa 149:9 om 'n Regspraak wat opgeskrywe is, aan hulle te voltrek. 'n Eer is Sy vir al Sy toegewydes! Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! [Boekrol van Henog 48:9; 98:12; 105:1] Psa 150:1 HALALU-JaHH/Prys jul JaHH! Loof El in Sy Apartheid, loof Hom in die Koepel van Sy Krag! Psa 150:2 Loof Hom oor Sy magtige dade, loof Hom na die volheid van SY grootheid! Psa 150:3 Loof Hom met ramshoring geklank, loof Hom met harp en siter; Psa 150:4 loof Hom met tamboeryn en koordans, loof Hom met snarespel en fluit; Psa 150:5 loof Hom met helder simbale, loof Hom met klinkende simbale! Psa 150:6 Laat alles wat asem het, JaHH prys! Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! // // // Die Spreuke van Salomo Pro 1:1 DIE spreuke van Salomo, die seun van Dawid, die koning van JisraEl, Pro 1:2 om Wysheid en Tug te ken, om woorde van Insig te verstaan, Pro 1:3 om aan te neem Tug wat verstandig maak, Geregtigheid en Reg en regverdigheid; Pro 1:4 om aan die eenvoudiges skrander-heid te gee, aan die jongeling Kennis en Oorleg; Pro 1:5 laat die wyse luister, dan sal hy Insig vermeerder, en die verstandige sal verstandige gedagtes verkry, Pro 1:6 om 'n spreuk en beeldspraak te verstaan, die woorde van die wyse manne en hulle raaisels. //Standvastigheid teen versoeking in die vrees van JaHWeH. Pro 1:7 DIE Vrees van JaHWeH is die begin van die Kennis; sotte verag Wysheid en Tug. Pro 1:8 My seun, luister na die tug van jou Vader, en verwerp die Wet van jou Moeder nie; [Wysheid van Sirah 15:2; 2 Ezra 2:5] Pro 1:9 want sy is 'n lieflike Krans vir jou hoof en sierlike kettings vir jou hals. Pro 1:10 My seun, as die wetsoortreders jou wil verlei, moet jy nie inwillig nie; Pro 1:11 as hulle sê: Gaan saam met ons, laat ons loer op bloed, laat ons die onskuldige voorlê sonder oorsaak. Pro 1:12 Verslind lewendig vir die Doderyk/Sheol die rassuiweres, soos ook die wat in die put neerdaal; Pro 1:13 allerhande kosbare goed sal ons vind, ons huise sal ons vol maak met buit; Pro 1:14 jy sal jou lot onder ons werp, ons sal almal een beurs hê - Pro 1:15 my seun, gaan nie met hulle saam op die weg nie, hou jou voet terug van hulle pad; Pro 1:16 want hulle voete hardloop na die besoedeling en haas hulle om bloed te vergiet; Pro 1:17 want die net word tevergeefs uitgesprei voor die oë van allerhande vlieënde wesens: Pro 1:18 so loer hulle op hul eie bloed, hulle lê hul siel voor. Pro 1:19 So gaan dit met almal wat onregverdige wins maak: dit ontneem sy besitter die siel. //Oproep van die hoogste Wysheid aan die onkundiges. Pro 1:20 DIE Wysheid roep hardop daarbuite, Sy verhef haar stem op die pleine, Pro 1:21 op die hoek van die rumoerige strate roep Sy, by die ingange van die Poorte, in die Stad, spreek Sy Haar woorde: Pro 1:22 Hoe lank sal julle, eenvoudiges, die eenvoudigheid liefhê en die spotters lus hê om te spot en die dwase Kennis haat? Pro 1:23 Wend julle tot My Teregwysing, dan laat ek My Gees vir julle uitstroom, wil Ek My woorde aan julle bekend maak. Pro 1:24 Omdat Ek geroep en julle geweier het, Ek My Hand uitgestrek en niemand geluister het nie, Pro 1:25 en julle al My Raad nie opgevolg en van My Teregwysing nie wou geweet het nie, Pro 1:26 daarom sal Ek ook lag by julle ondergang, Ek sal spot as julle verskrikking kom; Pro 1:27 as julle verskrikking kom soos 'n onweer, en julle ondergang soos 'n stormwind aankom, as benoudheid en angs julle oorval. Pro 1:28 Dan sal hulle na My roep, maar Ek sal nie antwoord nie; hulle sal My soek, maar My nie vind nie. Pro 1:29 Omdat hulle die Kennis gehaat en die Vrees van JaHWeH nie verkies het nie, Pro 1:30 van My Raad nie wou weet nie, My Teregwysing verag het, Pro 1:31 daarom sal hulle eet van die vrug van hulle wandel en versadig word van hulle planne. Pro 1:32 Want hulle eie afkerigheid maak die eenvoudiges dood, en hulle eie sorgeloosheid rig die dwase te gronde; Pro 1:33 maar die wat na My luister, sal veilig woon en gerus wees teen die vrese van besoedeling. //Die waarde van Wysheid. Pro 2:1 MY seun, as jy My Woorde aanneem en My Gebooie by jou bewaar, Pro 2:2 sodat jy jou oor laat luister na Wysheid, jou hart neig tot Verstand; Pro 2:3 ja, as jy na die Insig roep, na die Verstand jou stem verhef, Pro 2:4 as jy Haar soek soos silwer en Haar naspeur soos verborge skatte Pro 2:5 dan sal jy die Vrees van JaHWeH verstaan en die Kennis van Elohim vind Pro 2:6 want JaHWeH gee Wysheid, uit Sy Mond kom Kennis en Verstand, Pro 2:7 en Hy bewaar Wysheid vir die opregtes, Hy is 'n Skild vir die wat in rassuiwerheid wandel Pro 2:8 deurdat Hy die Paaie van die Reg bewaak en die Weg van sy toegewydes bewaar; Pro 2:9 dan sal jy Geregtigheid en Reg verstaan en regverdigheid - elke suiwer Pad. Pro 2:10 Want Wysheid sal in jou hart kom, en Kennis vir jou siel lieflik wees; Pro 2:11 Oorleg sal oor jou wag hou, Verstand sal jou bewaak, Pro 2:12 om jou te red van die weg van besoedeling, van die man wat valse dinge spreek; Pro 2:13 [van] die wat die Paaie van Opregtheid verlaat om op weë van Duisternis te wandel; Pro 2:14 die wat hulle verheug in besoedeling, wat juig oor die valse streke van die besoedeldes, Pro 2:15 wie se lewenswyse verdraaid is, en wat afwyk van die Weg; Pro 2:16 om jou te red van die verbasterde vrou, van die Ontugtige wat met haar woorde vlei [Psalm 18:30] Pro 2:17 wat die Vriend van haar jeug verlaat, en die Verbond van haar Elohey vergeet; Pro 2:18 want haar huis sink weg na die Dood en haar paaie na die skimme; Pro 2:19 almal wat by haar ingaan, kom nie terug nie en bereik die paaie van die lewe nie Pro 2:20 sodat jy kan wandel op die Weg van Suiwerheid en die paaie van die regverdiges kan hou; Pro 2:21 want die opregtes sal hul in die Aarde vestig, en die rassuiweres sal in haar oorbly, Pro 2:22 maar die besoedeldes sal uit die Aarde uitgeroei, en die verraaiers sal uit haar weggeruk word. Pro 3:1 MY seun, vergeet My Wet nie, en laat jou hart My Gebooie bewaar; Pro 3:2 want hulle sal lengte van dae en jare van lewe en Vrede vir jou vermeerder. Pro 3:3 Laat Medelye en Waarheid jou nie verlaat nie; bind Hulle om jou hals, skryf Hulle op die tafel van jou hart, Pro 3:4 dan sal jy Barmhartigheid vind en suiwer Insig in die Oë van Elohim en die adam. Pro 3:5 Vertrou op JaHWeH met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Pro 3:6 Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak. Pro 3:7 Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees JaHWeH, en vermy besoedeling; Pro 3:8 Sy sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente. Pro 3:9 Vereer JaHWeH uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste; Pro 3:10 dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van druiwesap. Pro 3:11 My seun, verag die Tug van JaHWeH nie, en laat Sy Teregwysing nie jou weersin wek nie, Pro 3:12 want JaHWeH tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos 'n vader die seun in wie hy behae het. [Hebreërs 12:6] Pro 3:13 Verbly is die adamiet wat Wysheid gevind het, en die adamiet wat Verstand verkry; Pro 3:14 want Haar wins is beter as dié van silwer, en Haar produkte suiwerder as goud; Pro 3:15 Sy is kosteliker as robyne, en al jou kleinode kan nie met Haar mee vergelyk word nie. Pro 3:16 In Haar regterhand is lengte van dae, in Haar linkerhand rykdom en Eer; Pro 3:17 Haar Weë is lieflike Weë, en al Haar Paaie is Vrede. Pro 3:18 Sy is die Lewensboom vir die wat Haar aangryp, en elkeen wat Haar vashou, sal reguit gaan. [Wysheid van Sirah 24:13; Génesis 3:22] Pro 3:19 JaHWeH het deur Wysheid die Aarde gegrond, deur Verstand die Hemele vasgestel; [Wysheid van Salomo 9:9] Pro 3:20 deur Sy Kennis het die Afgrond oopgebreek en het die wolke Dou gedrup. Pro 3:21 My seun, laat Hulle nie uit jou oë wyk nie, bewaar Wysheid en oorleg. Pro 3:22 dan sal Sy die lewe wees vir jou siel en 'n versiersel vir jou hals; Pro 3:23 dan sal jy veilig jou weg bewandel en jou voet nie stamp nie; Pro 3:24 as jy gaan lê, sal jy nie skrik nie, en lê jy, dan sal jou slaap soet wees. Pro 3:25 Jy hoef nie bang te wees vir 'n skielike skrik, of vir die ondergang van die besoedelde as dit kom nie; Pro 3:26 want JaHWeH sal jou Vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik. Pro 3:27 Hou 'n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom as dit in jou mag is om dit te doen nie. Pro 3:28 Sê nie vir jou naaste nie: Gaan en kom terug, dan sal ek môre gee - terwyl jy dit het. Pro 3:29 Bewerk geen besoedeling teen jou naaste terwyl hy vol vertroue by jou woon nie. Pro 3:30 Twis nie sonder oorsaak met 'n adamiet as hy jou nie besoedel het nie. Pro 3:31 Wees nie afgunstig op 'n man van geweld en verkies geeneen van sy weë nie. Pro 3:32 Want die verkeerde is vir JaHWeH 'n gruwel, maar Sy Verborgenheid is met die opregtes. Pro 3:33 Die vloek van JaHWeH is in die huis van die besoedelde, maar Hy seën die woning van die regverdiges. Pro 3:34 As dit spotters betref, spot Hy, maar aan die ootmoediges gee Hy Barmhartigheid. Pro 3:35 Die wyse sal Eer beërwe, maar die dwase behaal skande. //Die Seun besing die Wysheid. Pro 4:1 HOOR, julle seuns, na die Tug van die Vader, en luister om Insig te leer ken; Pro 4:2 want Ek gee aan julle lering van Suiwerheid, verlaat nie My Wet nie. Pro 4:3 Want toe Ek 'n Seun was by My Vader, teer en 'n enigste voor My Moeder, Pro 4:4 het HY My geleer en vir My gesê: Laat U hart MY Woorde vashou; onderhou MY Gebooie, dan sal U lewe. Pro 4:5 Verkry Wysheid, verkry Insig; vergeet nie en wyk nie af van die Woorde van MY Mond nie; Pro 4:6 verlaat Haar nie, dan sal Sy U bewaar; kry Haar lief, dan sal Sy U bewaak. Pro 4:7 Die beginsel van die Wysheid is: Verwerf Wysheid en verwerf Insig deur al wat U besit. Pro 4:8 Hou Haar hoog, dan sal Sy U verhoog; Sy sal U eer as U Haar omhels. Pro 4:9 Sy sal 'n lieflike Krans gee vir U hoof, Sy sal U 'n sierlike Kroon verskaf. [Odes van Salomo 20:7] Pro 4:10 Hoor, MY seun, en neem MY Woorde aan; dan sal die lewensjare vir U vermeerder word. Pro 4:11 In die Weg van die Wysheid onderrig EK U, EK laat U die spore van opregtheid betree; [Odes van Salomo 1:3 - 4] Pro 4:12 as U loop, sal U treë nie belemmer word nie, en as U hardloop, sal U nie struikel nie. Pro 4:13 Hou vas aan die Tug, laat Haar nie los nie; bewaar Haar, want Sy is U lewe. Pro 4:14 Kom nie op die pad van die besoedelde, en betree die weg van besoedeling nie. Pro 4:15 Vermy haar, gaan nie daarop nie, wyk van haar af en gaan verby; Pro 4:16 want hulle kan nie slaap as hulle geen kwaad doen nie; en hulle slaap is weg as hulle nie tot 'n val bring nie. Pro 4:17 Want hulle eet brood van besoedeling en drink wyn van verkeerdheid. [Amos 2:8] Pro 4:18 Terwyl die Weg van die regverdiges is soos 'n helder Lig wat verlig soos dit gaan, totdat die dag opgerig is, Pro 4:19 is die weg van die besoedelde soos Duisternis: hulle weet nie waaroor hulle sal struikel nie. [Exodus 10:23] Pro 4:20 MY Seun, luister na wat EK sê, neig u oor tot MY Woorde, Pro 4:21 laat hulle nie wyk uit U oë nie, bewaar hulle binne-in U hart. Pro 4:22 Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en 'n genesing vir hulle hele liggaam. Pro 4:23 Bewaak U hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe. Pro 4:24 Verwyder van U die valsheid van mond, en hou ver van U af die verkeerdheid van lippe. Pro 4:25 Laat U Oë reguit kyk en U Ooglede hulle reg voor U uit hou. Pro 4:26 Maak die Weg van U voet gelyk, en laat al U Weë vas wees, Pro 4:27 wyk nie regs of links af nie, hou U Voet ver van besoedeling. //Waarskuwing teen die ontugtige vrou. Pro 5:1 MY seun, luister na My Wysheid, neig jou oor tot My Insig, Pro 5:2 dat jy volle oorleg kan behou en jou lippe Kennis kan bewaar; Pro 5:3 want die lippe van die verbasterde vrou drup heuningstroop, en haar verhemelte is gladder as olie, Pro 5:4 maar op die end is sy bitter soos Alsem, soos 'n swaard aan weerskante skerp. Pro 5:5 Haar voete daal na die Dood toe af, haar treë streef na die Doderyk/Sheol toe. Pro 5:6 Dat sy die pad na die lewe nie sou inslaan nie, wankel haar gange sonder dat sy dit weet. Pro 5:7 Luister dan nou na My, julle seuns, en wyk nie af van die Woorde van My Mond nie. Pro 5:8 Hou jou weg ver van haar af, en kom nie naby die deur van haar huis nie, Pro 5:9 sodat jy nie jou bottyd aan ander gee en jou jare aan een wat onbarmhartig is nie; Pro 5:10 sodat verbasterdes hulle nie versadig met jou vermoë en jou moeitevolle arbeid in die huis van 'n uitlander kom nie Pro 5:11 en jy uiteindelik moet steun as jou liggaam en jou vlees verteer is, Pro 5:12 en moet sê: Hoe het ek die Tug gehaat en my hart die Teregwysing versmaad, Pro 5:13 en nie geluister na die Stem van my Onderwysers en geen gehoor gegee aan Hulle wat my geleer het nie! Pro 5:14 Amper was ek heeltemal in die besoedeling, in die vergadering by die samekoms. Pro 5:15 Drink water uit jou eie Reënbak en strome uit jou eie Put. Pro 5:16 Sal jou Fonteine buitentoe oorstroom, waterstrome op die pleine? Pro 5:17 Hulle moet vir jou alleen wees en nie vir verbasterdes saam met jou nie. [MattithJaHûW 7:6] Pro 5:18 Mag jou Fontein geseënd wees, en verheug jou oor die Vrou van jou jeug - Pro 5:19 die liefdevolle Bokkie en Bergbokram; laat Haar borste jou altyd versadig, mag jy voortdurend van Haar Liefde bedwelmd wees. Pro 5:20 Maar waarom sou jy, My seun, by 'n verbasterde vrou bedwelmd raak en die boesem van 'n Ontugtige omhels? Pro 5:21 Want elke mens se weë is voor die Oë van JaHWeH, en Hy weeg al sy gange. Pro 5:22 Sy eie Ongeregtigheid vang hom, die besoedelde, en in die vangstrikke van sy oortredinge word hy vasgehou. Pro 5:23 Hy sal sterf deur gebrek aan Tug, en deur die grootheid van sy dwaasheid sal hy dwaal. //Teen borgstaan. Sewe dinge wat Elohim haat. Pro 6:1 MYp seun, as jy vir jou naaste borg gestaan het, en jou handpalm vir 'n verbasterde gegee het, [Spreuke 11:15] Pro 6:2 verstrik is in die woorde van jou mond, gevang is deur die woorde van jou mond, Pro 6:3 doen dan dit, My seun, om jouself te bevry - wanneer jy in die handpalms van jou vriend geval het - gaan onderwerp jouself en bemoedig jou vriend, Pro 6:4 gun jou oë geen slaap en jou ooglede geen sluimering nie; Pro 6:5 red jou soos 'n gemsbok uit die hand, en soos 'n voël uit die hand van 'n voëlvanger. Pro 6:6 Gaan na die mier, luiaard, kyk na haar weë en word wys! Pro 6:7 Wie vir haar geen aanvoerder, opsigter of heerser het nie, Pro 6:8 maak haar brood klaar in die somer, bêre haar voedsel weg in die oestyd. Pro 6:9 Hoe lank, luiaard, sal jy bly lê, wanneer sal jy opstaan uit jou slaap? Pro 6:10 Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie hande vou om uit te rus! Pro 6:11 So kom dan jou armoede soos 'n rondloper en jou gebrek soos 'n gewapende man. Pro 6:12 'n Adamiet van Belijaal, 'n wettelose is hy wat met 'n valse mond rondloop, Pro 6:13 wat met sy oë knip, met sy voete beduie, met sy vingers tekens gee; Pro 6:14 in wie se hart valse streke is, wat altyd besoedeling bewerk en tweedrag saai. Pro 6:15 Daarom sal sy ondergang skielik kom, onvoorsiens sal hy verbreek word sonder dat daar genesing voor is. Pro 6:16 Hierdie ses dinge haat JaHWeH, en sewe is vir SY Siel 'n gruwel: Pro 6:17 trotse oë, 'n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet, Pro 6:18 'n hart wat wettelose planne beraam, voete wat haastig na die besoedeling toe loop, [1 Ezra 1:26] Pro 6:19 een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai. //Waarskuwing teen die slegte vrou, 'n verleidelike geloof. Pro 6:20 BEWAAR, My seun, die Gebod van jou Vader, en verwerp die Wet van jou Moeder nie; [Wysheid van Salomo 6:18] Pro 6:21 bind Haar voortdurend op jou hart, hang Haar om jou hals; Pro 6:22 mag Sy jou lei as jy wandel, oor jou wag hou as jy slaap en jou toespreek as jy wakker word. Pro 6:23 Want die Gebod is 'n lamp en die Wet is 'n Lig en die Teregwysing van die Tug 'n Weg tot die lewe, [Wysheid van Sirah 4:11-19] Pro 6:24 om jou te bewaar vir die Vrou van Besoedeling, vir die gevlei van 'n volksvreemde vrou. Pro 6:25 Begeer haar skoonheid nie in jou hart nie, en laat sy jou nie vang met haar ooglede nie; Pro 6:26 want 'n vrou hoereer vir 'n ronde brood, en 'n vrou van 'n man maak jag op 'n kosbare siel. Pro 6:27 Kan iemand vuur in sy skoot dra sonder dat sy klere verbrand? Pro 6:28 Of kan iemand op gloeiende kole loop sonder dat sy voete brandwonde kry? Pro 6:29 So is dit met hom wat by die vrou van sy naaste ingaan; elkeen wat haar aanraak, sal nie ongestraf bly nie. Pro 6:30 'n Dief word nie verag as hy steel om sy siel te bevredig nie, omdat hy honger het; Pro 6:31 en as hy uitgevind word, moet hy sewevoudig vergoeding gee; al die goed van sy huis moet hy gee. Pro 6:32 Hy wat vermeng, is sonder Verstand; hy wat sy eie siel wil verwoes, hy doen so iets; Pro 6:33 slae en skande sal hy kry, en sy smaad sal nie uitgewis word nie; Pro 6:34 want Jaloersheid is 'n Toorngloed in 'n vegter, en op die dag van wraak verskoon Hy nie; [Exodus 20:5] Pro 6:35 Hy neem glad geen losprys in aanmerking nie, en Hy willig nie in nie al maak jy die omkoopgeskenk nog so groot. //Basterkerk word vergelyk met 'n bastervrou. Pro 7:1 MY seun, onderhou My woorde en bewaar My Gebooie by jou; Pro 7:2 onderhou My Gebooie, dan sal jy lewe, en My Wet soos jou oogappel; Pro 7:3 bind hulle aan jou vingers, skryf hulle op die tafel van jou hart. Pro 7:4 Sê aan die Wysheid: U is my suster! en noem die Verstand [jou] vertroueling, Pro 7:5 sodat Hulle jou kan bewaar van die verbasterde vrou, van die Ontugtige wat met haar woorde vlei. Pro 7:6 Want Ek het deur die venster van My Huis, deur My tralievenster uitgekyk, Pro 7:7 en Ek het onder die eenvoudiges gesien, onder die jongmense 'n jongman sonder Insig opgemerk, Pro 7:8 wat op die straat verbygaan naby haar hoek en in die rigting van haar huis stap, Pro 7:9 in die skemer, in die aand van die dag, in die middel van die nag en die donker. Pro 7:10 En kyk, daar kom 'n vrou hom tegemoet, soos 'n hoer aangetrek en listig van hart - Pro 7:11 sy is rumoerig en opstandig, haar voete kan nie in haar huis bly nie - Pro 7:12 nou buitekant, dan weer op die pleine, en sy staan by elke hoek en loer. Pro 7:13 En sy het hom gegryp en hom gesoen, met haar onbeskaamde gesig vir hom gesê: Pro 7:14 Ek moes slagdiere as vergoeding bring, vandag het ek my geloftes betaal; Pro 7:15 daarom het ek uitgegaan om jou te ontmoet, om jou aangesig te soek, en ek het jou gekry. Pro 7:16 Ek het my bed met dekens opgemaak, met bont spreie van Egiptiese linne; [Boekrol van die Opregte 44:49; JeshaJaH 57:8] Pro 7:17 ek het my bed besprinkel met mirre, alewee en kaneel - Pro 7:18 kom, laat ons dronk word van liefde tot die môre toe, laat ons mekaar vrolik maak in welluste. Pro 7:19 Want die man is nie tuis nie, hy het ver weg op reis gegaan, Pro 7:20 die geldbeurs het hy met hom saamgeneem, teen die dag van volmaan sal hy eers tuis kom. Pro 7:21 Sy het hom verlei deur haar baie mooipraatjies, deur die gladheid van haar lippe het sy hom verlok. Pro 7:22 Hy loop skielik agter haar aan soos 'n bees wat na die slagpaal gaan, en met voetboeie wat dien tot Tugtiging van die sot, Pro 7:23 totdat die pyl sy lewer splits; soos 'n voël haastig na die vangnet vlieg - sonder om te weet dat dit ten koste van sy siel is. Pro 7:24 Luister dan nou na My, seuns, en luister na die Woorde van My Mond. Pro 7:25 Laat jou hart nie afwyk na haar weë nie, dwaal nie rond in haar paaie nie. Pro 7:26 Want baie is die gesneuweldes wat sy laat val het, en talryk almal wat deur haar vermoor is. Pro 7:27 Haar huis is weë na die Doderyk/Sheol, wat afdaal na die kamers van die Dood. [Boekrol van Henog 22:2] //Die uitnemendheid van die Wysheid. Pro 8:1 ROEP die Wysheid nie, en verhef die Verstand nie Haar Stem nie? Pro 8:2 Op die top van die verhewe plekke langs die Weg, op die kruispunt van die Paaie staan Sy, Pro 8:3 aan die kant van die Poorte by die uitgang van die Stad, by die ingang van die deure roep Sy hardop: Pro 8:4 Ek roep na julle, manne, en My Stem is tot die seuns van die Adam. Pro 8:5 Leer tog skranderheid verstaan, eenvoudiges, en dwase, leer verstandigheid verstaan. Pro 8:6 Hoor, want Ek sal voortreflike dinge spreek, en My Lippe gaan oop vir wat Reg is. Pro 8:7 Want My verhemelte spreek Waarheid, en besoedeling is vir My Lippe 'n gruwel. Pro 8:8 Al die Woorde van My Mond is Geregtigheid; geen verdraaidheid of valsheid nie, Pro 8:9 hulle is almal duidelik vir die verstandige en Reg vir die wat Kennis gevind het. Pro 8:10 Neem My Tug aan, en nie silwer nie, en Kennis liewer as uitgesoekte goud. Pro 8:11 Want Wysheid is suiwerder as robyne, en al die kleinode kan nie met Haar vergelyk word nie. Pro 8:12 Ek, Wysheid, is vertroud met die skranderheid, en Ek vind Kennis van regte Oorleg. Pro 8:13 Die Vrees van JaHWeH is om te haat wat besoedel is; hoogmoed en trotsheid en 'n besoedelde wandel en 'n huigelagtige mond haat Ek. Pro 8:14 Raad en Wysheid is Myne, Ek is die Insig, Sterkte is Myne. Pro 8:15 Deur My regeer die konings en skryf die maghebbers wetgewing van Geregtigheid; Pro 8:16 deur My heers die vorste en die edeles, al die regters van die Aarde. Pro 8:17 Ék het lief die wat My liefhet, en die wat My soek, sal My vind. Pro 8:18 Rykdom en Eer is by My, duursame goed en Geregtigheid. Pro 8:19 My vrug is suiwerder as goud en as fyn goud, en My opbrengs as uitgesoekte silwer. Pro 8:20 Ek wandel op die Weg van Geregtigheid, in die middel van die Paaie van Reg, Pro 8:21 om die wat My liefhet, 'n besitting te laat erwe, en hulle skatkamers maak Ek vol. //Die Gees van Wysheid bestaan van ewigheid af. Pro 8:22 JaHWeH het My berei as eersteling van Sy Weg, voor Sy werke, van ouds af. [Wysheid van Sirah 24] Pro 8:23 Van ewigheid af is Ek geformeer, van die begin af, van die voortyd van die Aarde af. Pro 8:24 Toe daar nog geen Afgrond was nie, is Ek gebore; toe Fonteine, swaar van water, nog nie daar was nie; Pro 8:25 voordat die berge ingesink het, voor die heuwels is Ek gebore; Pro 8:26 toe HY die Aarde en die velde en al die stoffies van die wêreld nog nie gemaak het nie. Pro 8:27 Toe HY die Hemele berei het, was Ek daar; toe HY 'n kring afgetrek het op die aangesig van die Afgrond; Pro 8:28 toe HY die Hemele daarbo versterk het, toe die Fonteine van die Afgrond versterk was; Pro 8:29 toe HY vir die see sy grens gestel het, dat die waters SY bevel nie sou oortree nie; toe HY die fondamente van die Aarde vasgelê het - Pro 8:30 toe was Ek by HOM, soos een wat opgelei word en Ek was dag vir dag vol verlustiging en het gespeel voor SY Aangesig altyd, Pro 8:31 en het gespeel op die bewoonde deel van SY Aarde, en My verlustiginge was met die seuns van adam. Pro 8:32 Luister dan nou na My, seuns; want geseënd is hulle wat My Weë bewaar. Pro 8:33 Luister na Tug en word wys, en verwerp Haar nie. Pro 8:34 Geseënd is die adamiet wat na My luister, om dag vir dag te waak aan My deure, by die syposte van My Poorte die wag te hou. Pro 8:35 Want hy wat My vind, het die lewe gevind en verkry Vreugde van JaHWeH. Pro 8:36 Maar hy wat My nie vind nie, benadeel sy eie siel; almal wat My haat, het die Dood lief. //Die feesmaal van die Gees van Wysheid. Pro 9:1 DIE Wysheid het Haar Huis gebou, Haar sewe Pilare uitgekap, [Openbaring van Henog 11:40] Pro 9:2 Haar slagvee geslag, Haar wyn gemeng, ook Haar tafel gedek. Pro 9:3 Sy het Haar Diensmeisies uitgestuur, Sy nooi uit op die hange van die verhewe plekke van die Stad: [Spreuke 31:15; Hooglied 6:8; DaniEl 13:15] Pro 9:4 Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen, wie verstandeloos is, vir hom sê Sy: Pro 9:5 Kom, eet julle van My Brood, en drink van die Wyn wat Ek gemeng het; Pro 9:6 laat staan die eenvoudigheid, dan sal julle lewe, en betree die Weg van Verstand. Pro 9:7 Hy wat 'n spotter teregwys, behaal vir homself skande, en hy wat 'n besoedelde bestraf, bevlek homself. Pro 9:8 Bestraf 'n spotter nie, anders haat hy jou; bestraf 'n wyse, en hy sal jou liefhê. Pro 9:9 Deel mee aan die wyse, en hy sal nog wyser word, leer die regverdige, en hy sal Insig vermeerder. Pro 9:10 Die beginsel van die Wysheid is die Vrees van JaHWeH, en Kennis van die apartes is Verstand. Pro 9:11 Want deur My word jou dae meer en word jare van lewe vir jou toegevoeg. Pro 9:12 As jy wys is, is jy wys tot jou voordeel, en is jy 'n spotter, dan moet jy dit alleen dra. Pro 9:13 Vrou Dwaasheid is onrustig, pure eenvoudigheid en heeltemal onkundig; [Boekrol van Henog 42:3] Pro 9:14 en sy sit by die deur van haar huis, op 'n stoel op die verhewe plekke van die Stad, Pro 9:15 om te nooi die wat op die Weg verbygaan, die wat op hulle Paaie reguit wandel: Pro 9:16 Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen! En die verstandelose, aan hom sê sy: Pro 9:17 Gesteelde waters is soet, en brood in die geheim [geëet], is lekker. Pro 9:18 Maar hy weet nie dat daar skimme is, dat haar genooides in die dieptes van die Doderyk/Sheol is nie. //Spreuke oor verskillende dinge. Pro 10:1 DIE spreuke van Salomo. 'n Wyse seun verbly die Vader, maar 'n dwase seun is 'n bekommernis vir sy Moeder. Pro 10:2 Skatte deur besoedelde winsbejag bring geen voordeel nie, maar Geregtigheid red van Dood. Pro 10:3 JaHWeH laat die regverdige nie honger ly nie, maar die verderflikheid van die besoedelde stoot Hy weg. Pro 10:4 Hy word arm wat met 'n trae handpalm werk, maar die hand van die vlytiges maak ryk. Pro 10:5 Hy wat in die somer wegbêre, is 'n verstandige seun; hy wat vas slaap in die oestyd, is 'n seun wat skande maak. [MattithJaHûW 9:37] Pro 10:6 Seëninge is daar op die hoof van die regverdige, maar geweld skuil in die mond van die besoedelde. Pro 10:7 Die nagedagtenis van die regverdige is tot seën, maar die naam van die besoedelde vergaan. Pro 10:8 Hy wat wys van hart is, neem die Gebooie aan, maar hy wat dwaas van lippe is, kom tot 'n val. Pro 10:9 Hy wat in egtheid wandel, wandel veilig, maar hy wat sy weë krom maak, word bekend. Pro 10:10 Hy wat met sy oog knip, veroorsaak smart, en hy wat dwaas spreek, kom tot 'n val. Pro 10:11 Die mond van die regverdige is 'n fontein van lewe, maar geweld skuil in die mond van die besoedelde. Pro 10:12 Haat verwek twiste, maar liefde bedek al die oortredinge. Pro 10:13 Op die lippe van die verstandige word Wysheid gevind, maar die roede is vir die rug van die verstandelose. Pro 10:14 Die wyse lê kennis weg, maar die mond van die dwaas is 'n ondergang wat naby is. Pro 10:15 Die goed van die ryke is vir hom 'n sterk stad; die ondergang van die behoeftiges is hulle armoede. Pro 10:16 Wat die regverdige verwerf, is vir die lewe; die inkomste van die besoedelde is tot oortreding. Pro 10:17 'n Pad ten lewe is hy wat die Tug in ag neem; maar hy wat die Teregwysing verontagsaam, raak verdwaald. Pro 10:18 Hy wat haat verberg, het valse lippe; en hy wat skindertaal uitstrooi, is 'n dwaas. Pro 10:19 By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie; maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig. Pro 10:20 Die tong van die regverdige is uitgesoekte silwer; die hart van die besoedelde is min werd. [Psalm 12:6] Pro 10:21 Die lippe van die regverdige help baie mense reg; maar die dwase sterf deur gebrek aan Verstand. Pro 10:22 Die Seën van JaHWeH - Sy maak ryk, en moeitevolle arbeid voeg niks by Haar nie. Pro 10:23 Dit is vermaak vir 'n dwaas om bloedvermenging te pleeg, maar 'n man van Wysheid het Verstand. Pro 10:24 Waar die besoedelde bang voor is - dit kom oor hom; maar die begeerte van die regverdiges vervul Hy. Pro 10:25 Wanneer 'n stormwind verbygaan, is die besoedelde nie meer nie; maar die regverdige is vir ewig gegrondves. Pro 10:26 Soos asyn vir die tande en soos rook vir die oë, so is die luiaard vir die wat hom stuur. Pro 10:27 Die Vrees van JaHWeH vermeerder die dae, maar die jare van die besoedelde word verkort. Pro 10:28 Die verwagting van die regverdiges is vreugde, maar die hoop van die besoedelde vergaan. Pro 10:29 Die Weg van JaHWeH is vir die egte 'n vesting, maar 'n ondergang vir die bewerkers van Ongeregtigheid. Pro 10:30 Die regverdige sal vir ewig nie wankel nie, maar die besoedelde sal in die Aarde nie bly woon nie. Pro 10:31 Die mond van die regverdige laat Wysheid uitspruit, maar die valse tong word uitgeroei. Pro 10:32 Die lippe van die regverdige ken vreugde, maar die mond van die besoedelde is pure valsheid. Pro 11:1 'N VALSE weegskaal is vir JaHWeH 'n gruwel, maar in 'n volle gewig het HY behae. Pro 11:2 Kom die hoogmoedigheid, dan kom die skande, maar by die beskeie is Wysheid. Pro 11:3 Die opregtheid van die opregtes is vir hulle 'n riglyn, maar die valsheid van die verraaiers vernietig hulle. Pro 11:4 Goed bring geen voordeel op die dag van die Grimmigheid nie, maar Geregtigheid red van die Dood. Pro 11:5 Die Geregtigheid van die rassuiwere rig sy lewenswandel, maar die besoedelde val deur sy besoedeling. Pro 11:6 Die Geregtigheid van die opregtes red hulle, maar deur hulle eie verderflikheid word die verraaiers uitgevang. Pro 11:7 Wanneer die Dood die besoedelde adamiet neem, gaan sy hoop tot niet, en die verwagting van die roekelose vergaan. Pro 11:8 Word die regverdige uit die benoudheid gered, dan kom die besoedelde in sy plek. Pro 11:9 Deur sy mond stort die tweegesig sy naaste in die verderf, maar deur Kennis word die regverdiges gered. Pro 11:10 Oor die voorspoed van die regverdiges jubel 'n Stad, en as die besoedelde omkom, is daar gejubel. Pro 11:11 Deur die Seën van die opregtes gaan 'n Stad vooruit, maar deur die mond van die besoedelde word sy afgebreek. Pro 11:12 Die verstandelose verag sy naaste, maar 'n verstandige man bly stil. Pro 11:13 Die wat met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar, maar hy wat betroubaar is van gees, bedek 'n saak. Pro 11:14 As daar nie suiwer oorleg is nie, val 'n volk; maar in die veelheid van raadgewers is redding. Pro 11:15 Hy wat vir 'n verbasterde borg gestaan het, sal vernietig word deur die besoedeling; maar hy wat borgskap haat, is veilig. [Spreuke van Salomo 6:1] Pro 11:16 'n Aanvallige vrou verkry eer, en die geweldenaars verkry rykdom. Pro 11:17 'n Man wat medelye betoon, doen goed aan sy eie siel, maar 'n wreedaard pynig sy eie vlees. Pro 11:18 Die besoedelde behaal oneerlike wins, maar hy wat Geregtigheid saai, verkry Waarheid as loon. Pro 11:19 Geregtigheid lei tot die lewe, maar hy wat die besoedeling najaag, jaag na die Dood. Pro 11:20 Verbasterde neigings is vir JaHWeH 'n gruwel; maar Hy het behae in die wat rassuiwer wandel. Pro 11:21 Sekerlik, die besoedelde bly nie ongestraf nie; maar die saad van regverdiges raak vry. Pro 11:22 'n Goue ring in 'n vark se snuit, [so is] 'n vrou wat mooi is, maar sonder beleid. Pro 11:23 Die begeerte van die regverdiges is tot suiwerheid, [maar] die hoop van die besoedelde is 'n strafgerig van toorn. Pro 11:24 Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek. Pro 11:25 Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf. Pro 11:26 Hy wat koring terughou, hom vloek die gemeenskap; maar seëning kom op die hoof van hom wat koring verkoop. Pro 11:27 Wie Suiwerheid nastreef, soek wat welgevallig is; maar hy wat Besoedeling soek, oor hom sal sy kom. Pro 11:28 Wie op sy rykdom vertrou, dié sal val; maar die regverdiges sal soos blare uitspruit. Pro 11:29 Wie sy huis in beroering bring, sal die gees erwe, en 'n dwaas word 'n slaaf van hom wat wys van hart is. Pro 11:30 Die vrug van die regverdige is die Boom van die Lewe, en hy wat siele win, is wys. Pro 11:31 As die regverdige op Aarde vergelding ontvang, hoeveel te meer die besoedelde en die oortreder! Pro 12:1 EEN wat die Tug liefhet, het Kennis lief; maar wie die Teregwysing haat, is dom. Pro 12:2 Die suiwere verkry 'n Vreugde van JaHWeH, maar HY besoedel 'n slinkse man. Pro 12:3 Geen adamiet kan deur besoedeling opgerig word nie, maar die wortel van die regverdiges wankel nie. Pro 12:4 'n Deugsame vrou is die kroon van haar man, maar een wat skande maak, is soos 'n verrotting in sy gebeente. Pro 12:5 Die denke van die regverdiges is Reg, die advies van die besoedelde is bedrog. Pro 12:6 Die woorde van die besoedelde is om te loer op bloed, maar die mond van die opregtes red hulle. Pro 12:7 Die besoedelde mense word omgekeer, en hulle is daar nie meer nie; maar die huis van die regverdiges bly staan. Pro 12:8 Ooreenkomstig sy Insig word 'n man geprys; maar 'n verkeerde van hart sal verag word. Pro 12:9 Wie gering geag word en 'n slaaf het, is beter as hy wat hom vernaam aanstel en gebrek aan brood het. Pro 12:10 Die regverdige ken die siel van sy dier, maar die barmhartigheid van die besoedelde is wreed. Pro 12:11 Wie sy Adamah [die adamiet se Aarde] bewerk, het volop brood; maar hy wat nietighede najaag, het gebrek aan Verstand. Pro 12:12 Die besoedelde begeer die net van besoedeling, maar die wortel van die regverdiges lewer [vrugte] op. Pro 12:13 By die oortreding van die lippe, word jy verstrik deur besoedeling; maar die regverdige ontkom aan die benoudheid. Pro 12:14 Uit die vrug van iemand se mond word hy versadig met die suiwere, en die daad van 'n adamiet se hande kom op hom terug. Pro 12:15 Die weg van 'n dwaas is reg in sy eie oë, maar die wyse luister na raad. Pro 12:16 Die dwaas laat sy drif op die daad bekend word, maar die skrandere verberg skande. Pro 12:17 Hy wat die in Getrouheid spreek, bring Regverdigheid voort; maar 'n valse getuie bedrog. Pro 12:18 Daar is een wat onverskillig woorde uitspreek soos swaardsteke, maar die tong van die wyse is genesing. Pro 12:19 'n lip van Waarheid sal vir ewig gevestig word, maar 'n valse tong vir 'n oomblik. Pro 12:20 Bedrog is in die hart van die wat besoedeling bewerk; maar die wat Vrede aanraai, het Vreugde. Pro 12:21 Geen enkele ramp tref die regverdige nie, maar die besoedelde is vervul met besoedeling. Pro 12:22 Valse lippe is vir JaHWeH 'n gruwel, maar Hy het 'n welbehae in die wat in Getrouheid handel. Pro 12:23 'n Skrander adamiet verberg sy Kennis, maar die hart van die dwase roep [hulle] sotheid uit. Pro 12:24 Die hand van die vlytiges sal heers, maar traagheid lei tot dwangarbeid. Pro 12:25 Bekommernis in die hart van 'n mens druk dit neer, maar 'n suiwer woord vrolik dit op. Pro 12:26 Die regverdige vind sy weg uit, maar die weg van die besoedelde laat hulle dwaal. Pro 12:27 Hy wat traag is, jaag sy wild nie op nie, maar vlyt is 'n kosbare skat vir 'n adamiet. Pro 12:28 Op die Weg van Geregtigheid is lewe, en [in] die rigting van dié pad is geen dood. Pro 13:1 'N WYSE seun luister na die Tug van die Vader, maar 'n spotter hoor nie na berisping nie. Pro 13:2 Van die vrug van 'n man se mond eet hy die suiwere, maar die siel van die verraaiers is vals. Pro 13:3 Wie sy mond bewaak, bewaar sy siel; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang. Pro 13:4 Die siel van die luiaard begeer, en daar is niks nie, maar die siel van die vlytiges word versadig. Pro 13:5 Die regverdige haat leuentaal, maar die besoedelde maak gehaat en handel skandelik. Pro 13:6 Geregtigheid bewaar die opregte van wandel, maar besoedeling bring die oortreder tot 'n val. Pro 13:7 Daar is een wat hom ryk hou, en hy het glad niks nie; een wat hom arm hou, en hy het baie goed. Pro 13:8 Die losprys vir die siel van 'n man is sy rykdom, maar die arme hoor geen dreigement nie. Pro 13:9 Die Lig in die regverdige brand vrolik, maar die lamp in die besoedelde gaan dood. Pro 13:10 Hoogmoed gee net getwis af; maar by die wat hulle laat inlig, is Wysheid. Pro 13:11 Goed wat uit niks verkry is, word minder; maar hy wat met die hand bymekaarmaak, kry altyd meer. Pro 13:12 'n Uitgestelde hoop maak die hart siek; maar 'n wens wat uitkom, is die Boom van die Lewe. Pro 13:13 Wie die Woord verag, moet dit ontgeld; maar hy wat die Gebod Vrees, ontvang vergelding. Pro 13:14 Die Wet van die wyse is 'n Fontein van die lewe, om die strikke van die Dood te ontwyk. Pro 13:15 'n Suiwer Verstand verskaf Guns, maar die weg van die verraaiers is permanent. Pro 13:16 Elke skrandere handel met Kennis, maar die dwaas strooi sotheid rond. Pro 13:17 'n besoedelde boodskapper val in die besoedeling, maar 'n betroubare gesant is genesend. Pro 13:18 Armoede en skande is vir hom wat die Tug verwerp; maar hy wat Teregwysing in ag neem, word geëer. Pro 13:19 'n Vervulde wens is soet vir die siel, maar om af te wyk van besoedeling, is 'n gruwel vir die dwase. Pro 13:20 Gaan met die wyse om, dan word jy wys; maar hy wat met dwase verkeer, versleg. Pro 13:21 Die besoedeling agtervolg die oortreders, maar Hy sal die regverdiges tot Suiwerheid herstel. Pro 13:22 'n Suiwere laat sy kindskinders erwe, maar die vermoë van die oortreder word vir die regverdige weggebêre. Pro 13:23 Die braakland van die armes [lewer] oorvloedig spys op, maar daar is wat deur Reg verlore gaan. Pro 13:24 Wie sy roede terughou, haat sy seun; maar hy wat hom liefhet, besoek hom met Tugtiging. Pro 13:25 Die regverdige eet totdat sy siel versadig is; maar die maag van die besoedelde ly gebrek. Pro 14:1 DIE Wysheid van die Vroue bou die huis, maar die sotheid breek hom met eie hande af. Pro 14:2 Wie in sy opregtheid wandel, vrees JaHWeH; maar hy wat verkeerd is in sy weë, verag HOM. Pro 14:3 In die mond van die ligsinnige is 'n lat vir sy snobisme, maar die lippe van die wyse bewaar hulle. Pro 14:4 Waar geen beeste is nie, is die krip leeg, maar deur die krag van die os is die inkomste baie. Pro 14:5 'n Betroubare getuie lieg nie, maar 'n valse getuie strooi leuens uit. Pro 14:6 Die spotter soek Wysheid, en Sy is nie daar nie; maar vir die verstandige is Kennis maklik. Pro 14:7 Gaan weg voor 'n dwase man, want jy het daar niks gemerk van die lippe van Kennis nie. Pro 14:8 Die Wysheid van die skrandere is om Haar Weg te verstaan, maar die sotheid van die dwase is bedrog. Pro 14:9 'n Dwase spot met die oortreding, maar tussen die opregtes is daar Vreugde. Pro 14:10 Die hart ken [die] bitterheid van sy siel, en in sy blydskap kan 'n verbasterde hom nie inmeng nie. Pro 14:11 Die huis van die besoedelde word verdelg, maar die Tent van die opregtes bot. Pro 14:12 Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die Dood. Pro 14:13 Ook onder gelag kan die hart pyn ly, en die einde van so 'n blydskap is bekommernis. Pro 14:14 Uit sy eie wandel word die verkeerde van hart versadig, maar die suiwer man uit syne. Pro 14:15 Die eenvoudige glo elke woord, maar die skrandere let op sy voetstappe. Pro 14:16 Die wyse vrees en wyk af van besoedeling, maar die dwaas bruis op en is vol selfvertroue. Pro 14:17 Wie kortgebonde is, begaan sotheid; en 'n slinkse man word gehaat. Pro 14:18 Die eenvoudiges verkry sotheid as 'n erfenis, maar die skranderes word met Kennis gekroon. Pro 14:19 Die besoedeling moet buig voor die suiwerheid, en die besoedelde by die Poorte van die regverdige. Pro 14:20 Die arme word selfs deur sy volksgenote gehaat, maar die vriende van die ryke is talryk. Pro 14:21 Wie sy naaste verag, oortree; maar hy wat medelye het met die ellendiges, hy is geseënd. Pro 14:22 Verdwaal hulle nie wat besoedeling bewerk nie? Maar Medelye en Waarheid is vir die wat suiwerheid bewerk. Pro 14:23 In enige moeitevolle arbeid is voordeel, maar praatjies is net tot gebrek. Pro 14:24 Die kroon van die wyse is hulle rykdom, die sotheid van die dwase bly sotheid. Pro 14:25 'n Getuie in Waarheid red siele, maar hy wat leuens uitblaas, bedrieg. Pro 14:26 In die Vrees van JaHWeH lê 'n sterk sekerheid, ook vir die kinders van 'n sodanige sal daar 'n toevlug wees. Pro 14:27 Die Vrees van JaHWeH is 'n Fontein van die Lewe, om van die strikke van die Dood af te wyk. Pro 14:28 In die menigte van die volk lê die versiering van die koning, maar in die gebrek aan 'n gemeenskap, die einde van die vors. Pro 14:29 Die lankmoedige is groot van Verstand, maar die opvlieënde van gees behaal sotheid. Pro 14:30 'n Rustige hart is die lewe vir die vlees, maar hartstog 'n verrotting vir die gebeente. Pro 14:31 Wie die geringe verdruk, versmaad sy Maker, maar hy wat hom oor die behoeftige ontferm, eer Hom. Pro 14:32 In sy besoedeling word die besoedelde omgestoot, maar die regverdige vind 'n toevlug by sy dood. Pro 14:33 Wysheid rus in die hart van die verstandige, word selfs rugbaar te midde van die dwase. Pro 14:34 Geregtigheid verhoog 'n nasie, maar ongehoorsaamheid is 'n skandvlek vir die gemeenskappe. Pro 14:35 Die welbehae van die koning is vir 'n verstandige dienaar, maar een wat skande maak, is 'n voorwerp van sy grimmigheid. Pro 15:1 'N SAGTE antwoord keer die grimmigheid af, maar 'n krenkende woord laat die toorn opkom. Pro 15:2 Die tong van die wyse getuig van grondige Kennis, maar die mond van die dwase laat sotheid uitborrel. Pro 15:3 Op elke plek is die Oë van JaHWeH, en Hulle beskou opmerksaam die besoedeldes en die suiweres. Pro 15:4 Sagtheid van tong is 'n Boom van die Lewe, maar valsheid in haar is verbreking in die gees. Pro 15:5 Die sot verag die tug van sy Vader, maar hy wat op Teregwysing ag gee, word wys. Pro 15:6 In die huis van die regverdige is 'n groot skat, maar in die inkomste van die besoedelde is verwarring. Pro 15:7 Die lippe van die wyse strooi Kennis uit, maar die hart van die dwase is nie reg nie. Pro 15:8 Die slagdier van die besoedelde is vir JaHWeH 'n gruwel, maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig. Pro 15:9 Die wandel van die besoedelde is vir JaHWeH 'n gruwel, maar hom wat Geregtigheid najaag, het Hy lief. Pro 15:10 Tugtiging is gruwelik vir hom wat die pad verlaat; hy wat Teregwysing haat, sal sterwe. Pro 15:11 die Doderyk/Sheol en Abáddon lê voor die Aangesig van JaHWeH, hoeveel te meer die harte van die seuns van adam! Pro 15:12 Die spotter hou nie daarvan dat 'n mens hom bestraf nie, hy gaan nie na die wyse toe nie. Pro 15:13 'n Vrolike hart maak die aangesig bly, maar by verdriet van die hart is die gees neerslagtig. Pro 15:14 Die hart van die verstandige soek na Kennis, maar die mond van die dwase gaan met sotheid om. Pro 15:15 Al die dae van die bedrukte [van hart] is besoedel, maar die suiwere van hart vier voortdurend fees. Pro 15:16 Liewer 'n bietjie in die Vrees van JaHWeH, as 'n groot skat en onrus daarby. Pro 15:17 Suiwerder is liefde met 'n porsie groente, as 'n vetgevoerde bees en haat daarby. Pro 15:18 'n Driftige man verwek twis, maar die lankmoedige laat die geskil bedaar. Pro 15:19 Die weg van die luiaard is soos 'n heining van dorings, maar die Weg van die opregtes is reggemaak. Pro 15:20 'n Wyse seun verbly sy Vader, maar 'n dwase adamiet verag sy Moeder. Pro 15:21 Sotheid is 'n vreugde vir die verstandelose, maar 'n man van Verstand wandel reguit. Pro 15:22 Planne misluk sonder beraad-slaging, maar deur die veelheid van Raadgewers kom dit tot stand. Pro 15:23 'n Man het blydskap in die antwoord van sy mond, en hoe suiwer is [die regte] woord op sy tyd! Pro 15:24 Die Weg van die lewe gaan vir die verstandige na bowe, sodat hy die Doderyk/Sheol daaronder ontwyk. Pro 15:25 JaHWeH ruk die huis van die trotsaards om, maar die grenslyn van die weduwee stel Hy vas. Pro 15:26 Die gedagtes van die besoedelde is vir JaHWeH 'n gruwel, maar die woorde van 'n suiwere is aangenaam. Pro 15:27 Wie onregverdige wins maak, bring sy huis in beroering; maar hy wat geskenke haat, sal lewe. Pro 15:28 Die hart van die regverdige dink ná om te antwoord, maar die mond van die besoedelde laat besoedeling uitborrel. Pro 15:29 JaHWeH is ver van die besoedelde, maar die gebed van die regverdiges hoor Hy. Pro 15:30 Stralende oë verbly die hart; 'n suiwer nuus maak die gebeente vet. Pro 15:31 Die oor wat na die Teregwysing tot die lewe luister, sal onder die wyse vertoef. Pro 15:32 Hy wat die Tug verwerp, ag sy siel gering; maar hy wat na die Teregwysing luister, verkry Verstand. Pro 15:33 Die Vrees van JaHWeH is die Tug van die Wysheid, en nederigheid gaan die eer vooraf. Pro 16:1 DIE planne van die hart is van die adamiet, maar die antwoord van die tong kom van JaHWeH. Pro 16:2 Al die weë van 'n man is suiwer in sy oë, maar die Geeste van JaHWeH toets. Pro 16:3 Laat jou werke aan JaHWeH oor, dan sal jou planne uitgevoer word. Pro 16:4 Alles het JaHWeH gemaak vir Sy doel, ja, ook die Besoedelde vir die dag van besoedeling. Pro 16:5 Elke hoogmoedige van hart is vir JaHWeH 'n gruwel; sekerlik, hy sal nie ongestraf bly nie. Pro 16:6 Deur Medelye en Waarheid word die skuld versoen, en deur die Vrees van JaHWeH wyk 'n [persoon] af van besoedeling. Pro 16:7 As JaHWeH behae het in die weë van 'n man, dan laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hou. [Psalm 1] Pro 16:8 Suiwerder is 'n bietjie deur Geregtigheid, as 'n menigte van inkomste sonder Reg. Pro 16:9 Die hart van die adamiet dink sy weg uit, maar JaHWeH rig sy voetstappe. Pro 16:10 Die beslissing is op die lippe van die koning; in die Regspraak handel sy mond nie ontrou nie. Pro 16:11 'n weegtoestel en weegskaal van Reg kom van JaHWeH, al die weegstene in die sak is Sy werk. Pro 16:12 Dit is 'n gruwel vir konings om besoedeling voort te bring, want die troon word deur Geregtigheid bevestig. Pro 16:13 Die konings het behae in regverdige lippe, en hulle het hom lief wat Geregtigheid spreek. Pro 16:14 Die Grimmigheid van die Koning is boodskappers van die dood, maar 'n wyse man bring dit tot bedaring. Pro 16:15 In die Lig van die Koning is lewe, en Sy Vreugde is die wolk van laat reëns. [JôWEl 2:23] Pro 16:16 Hoeveel beter is dit om Wysheid te verkry as goud, en verkiesliker om Verstand te verwerf as silwer. Pro 16:17 Die gemaakte Weg van die opregtes is om van besoedeling af te wyk; hy wat op sy wandel ag gee, bewaar sy siel. Pro 16:18 Trotsheid kom voor die verbreking, en 'n hoogmoedige gees kom voor die val. Pro 16:19 Dit is beter om nederig van gees te wees saam met die ootmoediges, as om buit te verdeel met die trotsaards. Pro 16:20 Wie ag gee op die Woord, sal Suiwerheid vind; en hy wat op JaHWeH vertrou, is geseënd. Pro 16:21 'n Wyse van hart word verstandig genoem, en soetheid van lippe vermeerder die lering. Pro 16:22 'n Fontein van die lewe is die Verstand vir sy meester, maar die tugtiging van die sotte is sotheid. Pro 16:23 Die hart van die wyse maak sy mond verstandig en vermeerder die lering op sy lippe. Pro 16:24 Vriendelike woorde is soos 'n heuningkoek: soet vir die siel en 'n genesing vir die gebeente. Pro 16:25 Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die Dood. Pro 16:26 Die siel van die werkende man arbei vir hom, want sy mond jaag hom aan. Pro 16:27 'n Man van Belijaal grawe besoedeling uit, en sy lippe is brandende vuur. Pro 16:28 'n Man van valse streke saai tweedrag, en 'n kwaadstoker skei vriende van mekaar. Pro 16:29 'n Man van geweld verlei sy volksgenote en lei hom op 'n weg wat nie suiwer is nie. Pro 16:30 Hy wat sy oë toemaak om valsheid te bedink, wat sy lippe vasknyp, het die besoedeling alreeds gepleeg. Pro 16:31 Grysheid is 'n sierlike kroon; dit word gevind op die Weg van Geregtigheid. [Psalm 18:30] Pro 16:32 Die lankmoedige is suiwerder as 'n dappere; en hy wat sy gees beheers, as een wat 'n stad inneem. Pro 16:33 In die skoot word die lot gewerp, maar elke Regspraak daarvan kom van JaHWeH. Pro 17:1 BETER is 'n stuk droë brood en rus, as 'n huis vol slagdiere met getwis in haar. Pro 17:2 'n Verstandige dienaar sal heers oor 'n seun wat skande maak, en onder die broers sal hy die erfenis verdeel. Pro 17:3 Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, maar JaHWeH toets die harte. Pro 17:4 Die afbreker gee ag op wettelose lippe, 'n leuenaar gee gehoor aan 'n tong wat verderflikheid saai. Pro 17:5 Hy wat die arme bespot, versmaad sy Maker; hy wat bly is oor 'n ongeluk, sal nie ongestraf bly nie. Pro 17:6 Kindskinders is 'n kroon vir grysaards, en vir die kinders is hulle vader 'n eer. Pro 17:7 Aanmatigende taal pas nie by 'n dwaas nie, hoeveel minder leuentaal by 'n edele! Pro 17:8 Kosbare edelgesteentes is die omkoopgeskenk in die oë van sy besitter; oral waar hy heengaan, sal hy slaag. Pro 17:9 Wie 'n oortreding bedek, soek liefde; maar hy wat 'n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar. [Lukas 6:37] Pro 17:10 'n Berisping gaan by 'n verstandige dieper in as om 'n dwaas honderd maal te slaan. Pro 17:11 Die besoedelde wil net rebelleer, daarom word 'n wrede boodskapper teen hom uitgestuur. Pro 17:12 Laat 'n beer wat van kleintjies beroof is, 'n mens ontmoet, eerder as 'n dwaas in sy sotheid. Pro 17:13 Hy wat besoedel vir suiwer vergelde, die besoedeling sal uit sy huis nie wyk nie. Pro 17:14 Die begin van 'n onenigheid is soos water wat jy laat deurbreek; daarom, laat die twis vaar voordat dit losbreek. Pro 17:15 Hy wat die besoedelde regverdig verklaar en die regverdige besoedeld verklaar, beide is vir JaHWeH 'n gruwel. Pro 17:16 Waarom tog is daar geld in die hand van 'n dwaas om Wysheid te koop terwyl hy geen Verstand het nie? [Handelinge 8:20] Pro 17:17 Die vriend het altyd lief, en die broer word gebore met die oog op die nood. Pro 17:18 Dit is 'n verstandelose adamiet wat sy handslag gee om borg te staan vir sy vriend. Pro 17:19 Wie twis liefhet, het oortreding lief; hy wat sy deur hoog maak, soek verbreking. Pro 17:20 Wie 'n verdraaide hart het, vind die suiwere nie; en hy wat verkeerd is met sy tong, val in die besoedeling. Pro 17:21 Hy wat 'n dwaas verwek, vir hom sal dit 'n bekommernis word; en die vader van die dwaas sal nie bly wees nie. Pro 17:22 'n Vrolike hart bevorder die genesing, maar 'n verslae gees laat die gebeente uitdroog. Pro 17:23 Die besoedelde neem 'n omkoopgeskenk aan wat uit die boesem kom, om die Paaie van die Reg te buig. Pro 17:24 Die verstandige hou die Wysheid voor oë, maar die oë van die dwaas is by die Einde van die Aarde. Pro 17:25 'n Dwase seun is 'n verdriet vir sy vader en bitter smart vir haar wat hom gebaar het. Pro 17:26 Is dit alreeds nie goed om die regverdige te beboet nie - om edeles te slaan is onbetaamlik. Pro 17:27 Wie sy woorde inhou, besit Kennis; en hy wat kalm is van gees, is 'n man van Verstand. Pro 17:28 Selfs 'n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word; as hy sy lippe toehou, vir verstandig. Pro 18:1 DEUR sy eie begeerte skei 'n man homself af en bestry alle bewyse van die Wysheid. Pro 18:2 Die dwaas het geen behae in verstandigheid nie, maar net daarin dat sy hart openbaar word. Pro 18:3 As die besoedelde kom, kom ook veragting; en saam met die skande, versmading. Pro 18:4 Die woorde van 'n man se mond is diep waters, 'n stroom wat bruis, 'n Fontein van Wysheid. Pro 18:5 Om vir die besoedelde te verhef, om die regverdige in die Reg weg te stoot, is nie suiwer nie. Pro 18:6 Die lippe van die dwaas kom met getwis, en sy mond roep na slae. Pro 18:7 Die mond van die dwaas is sy ondergang en sy lippe 'n strik vir sy siel. Pro 18:8 Die woorde van die kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste. Pro 18:9 Alreeds hy wat hom slap hou in sy werk, hy is 'n broer van 'n verwoester. Pro 18:10 Die Naam van JaHWeH is 'n sterk Toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut. [Hooglied van Salomo 4:4, Profeet Miga 4:8] Pro 18:11 Die besittings van die ryke is sy versterkte stad en soos 'n steil muur in sy verbeelding. Pro 18:12 Voor die verbreking is die mens se hart hoogmoedig, maar nederigheid gaan die eer vooraf. Pro 18:13 Hy wat antwoord gee voordat hy gehoor het, vir hom sal dit 'n sotheid en 'n skande wees. Pro 18:14 Die gees van 'n man ondersteun hom in sy krankheid; maar 'n verslae gees - wie kan dit opbeur? Pro 18:15 Die hart van die verstandige verwerf Kennis, en die oor van die wyse soek na Kennis. Pro 18:16 Die geskenk van 'n adamiet maak vir hom ruimte en bring hom in die teenwoordigheid van die aansien-likes. Pro 18:17 Hy wat die eerste in sy regsaak is, het reg; maar sy naaste kom en ondersoek hom terdeë. Pro 18:18 Die lot laat die geskille ophou en maak sterkes uitmekaar. Pro 18:19 'n Broer teen wie oortree is, is erger as 'n sterk stad; en geskille is soos die grendel van 'n paleis. Pro 18:20 Van die vrug van iemand se mond word sy maag versadig; hy word versadig van die opbrengs van sy lippe. Pro 18:21 Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat haar graag gebruik, sal haar vrug eet. [Brief van Jakobus 1:26; 3] Pro 18:22 Wie 'n vrou gevind het, het suiwerheid gevind en 'n welgevalle van JaHWeH verkry. Pro 18:23 Die arme spreek smekinge, maar die ryke antwoord harde dinge. Pro 18:24 'n Man met baie vriende word geruïneer, maar daar is 'n vriend wat sterker aanhang as 'n broer. Pro 19:1 SUIWERDER is 'n arme wat in sy rasegtheid wandel, as die verdraaide se lippe, en daarby 'n dwaas. Pro 19:2 Selfs sonder Kennis is 'n siel nie suiwer nie; en hy wat haastig is met die voete, trap mis. Pro 19:3 'n Adamiet se sotheid bederwe sy weg, en sy hart is vertoorn op JaHWeH. Pro 19:4 Goed bring baie vriende aan, maar die arme word deur sy vriend verlaat. Pro 19:5 'n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, sal nie vrykom nie. Pro 19:6 Baie soek die guns van die edele, en die man van geskenke het 'n hoop vriende. Pro 19:7 Al die broers van die arme haat hom; hoeveel te meer hou sy vriende hulle ver van hom af! Hy jaag agter [hulle aan] met woorde - weg is hulle! Pro 19:8 Wie Verstand verkry, het sy siel lief; hy wat Insig bewaar, sal suiwerheid vind. Pro 19:9 'n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, kom om. Pro 19:10 Weelde pas nie vir 'n dwaas nie, hoeveel minder vir 'n kneg om oor vorste te heers! Pro 19:11 Die verstand van 'n adamiet maak hom lankmoedig, en dit is vir hom 'n eer om die oortreding te vergewe. Pro 19:12 Die grimmigheid van 'n koning is soos die gebrom van 'n jong leeu, maar sy Vreugde is soos Dou op die plante. Pro 19:13 'n Dwase seun is 'n ramp vir sy vader, en die gekyf van 'n vrou is 'n aanhoudende gedrup. Pro 19:14 Huis en goed is 'n erfenis van die vaders, maar 'n verstandige vrou is van JaHWeH. Pro 19:15 Luiheid laat in 'n diep slaap val, en 'n trae siel, moet honger ly. Pro 19:16 Wie die Gebooie hou, bewaar sy siel; hy wat Haar Weë nie ag nie, sal sterwe. Pro 19:17 Wie hom ontferm oor die arme, leen aan JaHWeH; en Hy sal hom sy weldaad vergelde. Pro 19:18 Tugtig jou seun, want daar is hoop; maar laat jou siel nie opkom om hom dood te maak nie. Pro 19:19 Hy wat groot van woede is, sal die straf dra; want as jy wil red, dan maak jy dit nog erger. Pro 19:20 Luister na Raad en neem Tug aan, sodat jy in die vervolg wys kan wees. Pro 19:21 Baie planne is in 'n man se hart, maar die Raad van JaHWeH, dié sal bestaan. Pro 19:22 Die kostelike besit van 'n adamiet is sy medelye; en 'n arm man is suiwerder as 'n leuenagtige. Pro 19:23 Die Vrees van JaHWeH [is tot] die lewe; en [hy wat dit het] sal tevrede vernag, sonder om deur besoedeling besoek te word. Pro 19:24 Steek die luiaard sy hand in die skottel, dan bring hy haar nie eens na sy mond terug nie. Pro 19:25 Slaan jy die spotter, dan word die eenvoudige bedagsaam; maar bestraf jy die verstandige, dan sal hy Kennis verkry. Pro 19:26 Hy wat sy vader geweld aandoen [en] sy moeder wegjaag, is 'n seun wat skande maak en skandelik handel. Pro 19:27 Hou op, my seun, om na Tug te luister, terwyl jy [tog] afdwaal van die woorde van Kennis. Pro 19:28 Die getuienis van Belijaal spot met die Reg, en die mond van die besoedelde verslind onreg. Pro 19:29 Vir die spotters staan strafgerigte klaar en slae vir die rug van die dwase. Pro 20:1 DIE wyn spot, en sterk drank lawaai, en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie. Pro 20:2 Die dreiging van die koning is soos die gebrom van 'n jong leeu; wie hom vertoorn, verbeur sy siel. Pro 20:3 Dit is 'n eer vir 'n man om van twis weg te bly, maar elke sot breek los. Pro 20:4 In die herfs ploeg die luiaard nie; en verlang hy iets in die oestyd, dan is daar niks nie. Pro 20:5 Die Raad in die hart van 'n man mag diep waters wees, 'n man van Verstand sal dit tog uitskep. Pro 20:6 Baie adamiete roem op hulle eie medelye, maar wie vind 'n betroubare man? Pro 20:7 Wie in sy rasegtheid wandel as 'n regverdige - geseënd is sy kinders ná hom. Pro 20:8 'n Koning wat op die Troon van oordeel sit, wan met Sy oë alles uit wat besoedel is. Pro 20:9 Wie kan sê: Ek het my hart suiwer gehou, ek is skoongewas van my oortredinge? Pro 20:10 Twee soorte gewig, twee soorte maat - hulle altwee is vir JaHWeH 'n gruwel. Pro 20:11 Die seun laat hom alreeds aan sy handelinge ken, of sy handelwyse suiwer en of dit reg is. Pro 20:12 'n Oor wat hoor, en 'n oog wat sien - JaHWeH het hulle altwee gemaak. Pro 20:13 Moenie die slaap liefhê, sodat jy arm word nie; maak jou oë oop, dat jy jou met brood kan versadig. Pro 20:14 besoedel, besoedel! sê die koper; maar as hy wegloop, beroem hy hom. Pro 20:15 Daar is goud en 'n menigte robyne, maar 'n kosbare sieraad is die lippe van Kennis. Pro 20:16 Neem sy kleed weg, want hy het vir 'n verbasterde borg gestaan, en neem hom as pand vir die uitlander. Pro 20:17 Soet is vir 'n mens die brood van bedrog, maar daarna word sy mond vol gruisklippertjies. Pro 20:18 Planne kom deur beraadslaging tot stand; voer dan oorlog met suiwer oorleg. Pro 20:19 Wie met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar; laat jou dus nie in met een wat sy lippe laat oopstaan nie. Pro 20:20 Wie sy vader of sy moeder vloek, sy lamp sal in die donkerste Duisternis uitgedoof word. Pro 20:21 'n Besit wat by die begin haastig bymekaar geskraap is - die einde daarvan sal tog nie geseënd wees nie. Pro 20:22 Moenie sê: Ek wil die besoedeling vergelde nie! Wag op JaHWeH, dat Hy jou help. Pro 20:23 Twee soorte gewig is vir JaHWeH 'n gruwel, en 'n valse weegskaal is nie suiwer nie. Pro 20:24 Die voetstappe van 'n vegter hang van JaHWeH af: hoe sou 'n adamiet dan Sy Weg verstaan? Pro 20:25 Dit is vir die adamiet 'n strik wanneer hy Apartheid praat en dit dan na sy Geloftes wil heroorweeg ! Pro 20:26 'n Wyse koning wan die besoedelde uit en laat die dorswiel oor hulle draai. Pro 20:27 Die gees van die adamiet is 'n lamp van JaHWeH, sy deursoek al die kamers van die binneste. Pro 20:28 Medelye en Waarheid behoed die Koning, en deur Medelye stut Hy Sy Troon. Pro 20:29 Die sieraad van die jongmanne is hulle krag, en die versiersel van grysaards is grys hare. Pro 20:30 Die sweer van 'n wond suiwer die besoedeling uit soos 'n uitslag die binneste van die liggaam. Pro 21:1 DIE koning se hart is in die Hand van JaHWeH soos waterstrome: Hy lei haar waarheen Hy wil. Pro 21:2 Elke weg van 'n man is reg in sy oë, maar JaHWeH toets die harte. Pro 21:3 Om Geregtigheid en Reg te doen, is vir JaHWeH verkiesliker as 'n slagdier. Pro 21:4 Hoogheid van oë en trotsheid van hart - die ploegwerk van die besoedelde is 'n oortreding. Pro 21:5 Die planne van die vlytige is net tot voordeel, maar elkeen wat oorhaastig is, [kom] net tot gebrek. Pro 21:6 Die verwerwing van skatte deur 'n valse tong is nietigheid wat rondgedryf word deur hulle wat na die Dood soek. Pro 21:7 Die gewelddadigheid van die besoedelde sleep hulle weg, want hulle weier om Reg te doen. Pro 21:8 Gekronkeld is die weg van 'n skuldige man; maar die opregte - sy handeling is reguit. Pro 21:9 Dit is beter om op die hoek van 'n dak te woon as [by] 'n twisgierige vrou in 'n gemeenskaplike huis. Pro 21:10 Die siel van die besoedelde begeer die besoedeling; sy naaste vind in sy oë geen meegevoel nie. Pro 21:11 As 'n spotter gestraf word, word die eenvoudige bedagsaam; en as 'n wyse onderrig word, neem hy self Kennis aan. Pro 21:12 Die regverdige let op die huis van die besoedelde; maar Hy ruineer die besoedelde in sy besoedeling. Pro 21:13 Wie sy oor toestop vir die geskreeu van die arme, hy sal self ook roep en nie verhoor word nie. Pro 21:14 'n Geskenk in die geheim bring die woede tot bedaring en 'n omkoopgeskenk in die skoot die heftige woede. Pro 21:15 Vreugde is dit vir die regverdige om Reg te doen, maar 'n verskrikking vir die bewerkers van Ongeregtigheid. Pro 21:16 'n Adamiet wat afdwaal van die Weg van Verstand, sal in die vergadering van die geeste rus. Pro 21:17 Wie van vrolikheid hou, is 'n man van gebrek; hy wat van wyn en olie hou, sal nie ryk word nie. Pro 21:18 Die besoedelde is 'n losprys vir die regverdige, en die verraaier vir die opregtes. Pro 21:19 Dit is beter om in 'n woeste deel van die Aarde te woon as [by] 'n twisgierige en ergelike vrou. Pro 21:20 'n Kosbare skat en olie is in die woning van die regverdige, maar 'n dwase adamiet bring dit deur. Pro 21:21 Wie Geregtigheid en Medelye najaag, sal die Lewe, Geregtigheid en Eer vind. Pro 21:22 Die wyse beklim die stad van die dapperes en gooi die vesting neer waarop dit vertrou. Pro 21:23 Hy wat sy mond en sy tong bewaar, bewaar sy siel van benoudhede. Pro 21:24 'n Hoogmoedige, 'n trotsaard word 'n spotter genoem, een wat in oormaat van hoogmoedigheid handel. Pro 21:25 Die begeerte van die luiaard sal hom doodmaak, want sy hande weier om te werk; Pro 21:26 die hele dag deur word daar dringend begeer, maar die regverdige gee en hou nie terug nie. Pro 21:27 Die slagdier van die besoedelde is 'n gruwel; hoeveel te meer as hulle dit met bloedvermenging bring. Pro 21:28 'n Leuenagtige getuie kom om; maar 'n man wat [goed] luister, spreek vir altyd. Pro 21:29 Die besoedelde trek 'n onbeskaamde gesig, maar die opregte gee aan sy weë die regte rigting. Pro 21:30 Daar is geen Wysheid, en daar is geen Verstand, en daar is geen Raad teenoor JaHWeH nie. Pro 21:31 Die perd word reggemaak vir die dag van die geveg, maar die oorwinning is deur JaHWeH. Pro 22:1 'n NAAM is verkiesliker as groot rykdom, Guns suiwerder as silwer en as goud. Pro 22:2 Rykes en armes ontmoet mekaar, JaHWeH het hulle almal gemaak. Pro 22:3 'n Verstandige sien die besoedeling en verberg hom, maar die dwaas gaan verder en word gestraf. Pro 22:4 Die loon van nederigheid en die Vrees van JaHWeH, is rykdom, eer en lewe. Pro 22:5 Dorings, vangnette lê op die pad van die verbasteringsvoorstaander; hy wat sy siel wil bewaar, bly ver weg daarvandaan. [Génesis 3:18; Markus 4:18] Pro 22:6 Leer die seun volgens die Mond die Weg; dan sal hy, ook as hy oud word, van Haar nie afwyk nie. [Psalm 18:30] Pro 22:7 Die ryke heers oor die armes, en hy wat leen, is 'n slaaf van die man wat uitleen. Pro 22:8 Wie wetsverbreking saai, sal hartseer maai; met die stok van sy woede sal hy vernietig word. Pro 22:9 Wie 'n suiwer oog het, hy word geseën, omdat hy van sy brood aan die arme gee. Pro 22:10 Dryf die spotter weg, dan gaan die twis weg; en die stryery en die geskimp hou op. Pro 22:11 Hy wat suiwerheid van hart liefhet, wie se lippe aangenaam is - die koning is sy vriend. Pro 22:12 Die Oë van JaHWeH bewaar Kennis; daarom verdraai Hy die woorde van die verraaier. Pro 22:13 Die luiaard sê: Daar is 'n leeu buitekant; ek kan in die middel van die strate vermoor word! Pro 22:14 Die mond van verbasterde vroue is 'n misterieuse kuil; hy op wie JaHWeH vertoornd is, sal daarin val. Pro 22:15 As die sotheid vassit in die hart van die seun, die tugroede sal haar daaruit verwyder. Pro 22:16 Wie die arme verdruk, bevoordeel hom; hy wat aan die ryke gee, verarm hom net. Pro 22:17 Gee gehoor en luister na die woorde van die wyse manne, en let op My Kennis. Pro 22:18 Want Sy is lieflik as jy Haar in jou binneste bewaar; mag hulle tesame gereed lê op jou lippe. Pro 22:19 Dat jou vertroue op JaHWeH mag wees, daarom onderrig Ek jou vandag, ja, vir jou. Pro 22:20 Het Ek jou nie kernagtige spreuke voorgeskrywe met Raad en met Kennis, Pro 22:21 om jou bekend te maak Waarheid, betroubare woorde, sodat jy woorde van Waarheid kan antwoord aan die wat jou stuur nie? Pro 22:22 Beroof die arme nie, omdat hy arm is, en verbrysel die ellendige nie in die poort nie. Pro 22:23 Want JaHWeH sal hulle saak verdedig en hulle berowers van die siel berowe. Pro 22:24 Verkeer nie met 'n driftige man nie, en met 'n opvlieënde man moet jy nie omgaan nie, Pro 22:25 sodat jy nie gewoond raak aan sy paaie en 'n strik vir jouself span nie. Pro 22:26 Wees nie onder die wat die [hand]palm klap, onder die wat vir skulde borg staan nie. Pro 22:27 As jy nie het om te betaal nie, waarom sal hulle jou bed onder jou uit neem? Pro 22:28 Die ou grenslyne wat jou vaders gemaak het, moet jy nie verlê nie. Pro 22:29 Sien jy 'n man wat vaardig is in sy werk - hy kan voor konings staan, hy hoef nie voor geringes te staan nie. Pro 23:1 SIT jy aan om saam met 'n vors te eet, let dan net op wat vóór jou is, Pro 23:2 en sit 'n mes op jou keel as jou siel jou eienaar is. Pro 23:3 Moenie sy lekker ete begeer nie, want dit is brood van bedrieglikhede. Pro 23:4 Vermoei jou nie om ryk te word nie, laat staan jou slimheid. Pro 23:5 Sou jy jou oë daarop laat afvlieg? Maar weg is dit! want skielik maak dit vir hom vlerke en vlieg soos die arend na die Hemele toe! Pro 23:6 Eet nie die brood van een wat 'n besoedelde oog het nie, en begeer nie sy lekker ete nie. Pro 23:7 Want soos hy in sy siel bereken, so is hy; eet en drink, sê hy vir jou, maar sy hart is nie met jou nie. Pro 23:8 Jou stukkie wat jy geëet het, sal jy uitspuug; en dan het jy jou vriendelike woorde verspil. Pro 23:9 Spreek nie voor die ore van 'n dwaas nie, want hy sal die verstandigheid van jou woorde verag. Pro 23:10 Verlê die ou grenslyne nie, en kom nie op die landerye van die wese nie. Pro 23:11 Want hulle Verlosser is sterk, Hy sal hulle saak teen jou verdedig. Pro 23:12 Bring jou hart na die Tug en jou oor na woorde van Kennis. Pro 23:13 Hou die Tug nie terug van die seun nie; as jy hom met die roede slaan, sal hy nie sterwe nie. Pro 23:14 Jy sal hom wel met die roede slaan, maar sy siel van die Doderyk/Sheol red. Pro 23:15 My seun, as jou hart wys word, dan sal My Hart hom ook verheug. Pro 23:16 En My niere sal jubel as jou lippe spreek wat Reg is. Pro 23:17 Laat jou hart die oortreders nie beny nie, maar wandel die hele dag in die Vrees van JaHWeH. Pro 23:18 Waarlik, daar is 'n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie. Pro 23:19 Hoor, My seun, en word wys, en rig jou hart reguit op die Weg. Pro 23:20 Wees nie onder die wynsuipers nie, onder die wat as vrate hulle hart ophaal. Pro 23:21 Want 'n drinker en 'n vraat sal arm word, en slaperigheid laat stukkende klere dra. Pro 23:22 Luister na jou vader wat jou verwek het, en verag jou moeder nie as sy oud geword het nie. Pro 23:23 Koop Waarheid en verkoop Haar nie, [ook] Wysheid en Tug en Verstand. Pro 23:24 Die vader van 'n regverdige juig baie; en as iemand 'n wyse verwek het, dan is hy bly oor hom. Pro 23:25 Laat jou vader en jou moeder bly wees, en laat sy juig wat jou gebaar het. Pro 23:26 My seun, gee My jou hart, en laat jou oë 'n welgevalle hê in My Weë. Pro 23:27 Want ontug is 'n diep kuil, en 'n volksvreemde vrou is 'n nou put. Pro 23:28 Sy lê 'n lokval om te roof en vermeerder die verraaiers onder die adamiete. Pro 23:29 By wie is Ag! ; by wie is Wee my! ; by wie is getwis; by wie is geklaag; by wie is wonde sonder oorsaak; by wie is dofheid van oë? Pro 23:30 By die wat láát opbly by die wyn, by die wat ingaan om gemengde drank te proe. Pro 23:31 Kyk nie na die wyn as dit rooierig lyk, wanneer dit sy uiterlike voorkoms gee in die beker, en glad na binne gly nie: Pro 23:32 op die end byt dit soos 'n slang en spuug gif uit soos 'n adder. Pro 23:33 Jou oë sal na verbasterde vroue kyk en jou hart sal skandelike dinge uiter; Pro 23:34 en jy sal wees soos een wat in die hart van die see lê en soos een wat op die top van die mas lê. Pro 23:35 Hulle het my geslaan, [sê jy dan], ek het geen pyn gevoel nie; hulle het my neergeslaan, ek het dit nie gemerk nie! Pro 23:36 Wanneer sal ek wakker word? Dan sal ek dit weer opnuut soek. Pro 24:1 WEES nie afgunstig op die besoedelde sterfling nie, en begeer nie om met hulle saam te wees nie. Pro 24:2 Want hulle hart bedink verwoesting, en hulle lippe spreek moeite. Pro 24:3 Deur Wysheid word 'n Huis gebou, en deur Verstand word hy bevestig; Pro 24:4 en deur Kennis word die kamers gevul met allerhande kosbare en lieflike goed. Pro 24:5 'n Wyse krygsman is sterk, en 'n man van Kennis ontwikkel Krag. Pro 24:6 Want deur suiwer oorleg kan jy voorspoedig oorlog voer, en die oorwinning is deur die menigte van raadgewers. Pro 24:7 Die Wysheid is vir die sot te hoog; in die Poort maak hy sy mond nie oop nie. Pro 24:8 Hy wat hom voorneem om kwaad te doen, word 'n skelm genoem. Pro 24:9 Bloedvermenging is dwaas en 'n oortreding, en die spotter is 'n gruwel vir die adamiet. Pro 24:10 Gedra jy jou slap in die dag van benoudheid, dan skiet jou krag te kort. Pro 24:11 Red die wat na die Dood gesleep word, en die wat na die slagbank wankel, hou [hulle] tog terug! Pro 24:12 As jy sê: Kyk, ons het dit nie geweet nie! - sal Hy wat die harte toets, dit nie merk nie? En Hy wat let op jou siel, Hy kom dit te wete. En Hy vergeld die adamiet na sy werk. Pro 24:13 Eet heuning, My seun, want dit is suiwer, en heuningstroop is soet teen jou verhemelte. Pro 24:14 Erken dat die Wysheid só is vir jou siel; as jy [Haar] vind, dan is daar 'n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie. Pro 24:15 Loer nie, o besoedelde, op die woning van die regverdige, verwoes sy verblyfplek nie. Pro 24:16 Want sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die besoedelde struikel in die besoedeling. Pro 24:17 As jou vyand val, verheug jou nie; en as hy struikel, laat jou hart nie juig nie, Pro 24:18 dat JaHWeH dit nie sien en dit miskien verkeerd is in Sy Oë en Hy Sy Toorn van hom afwend nie. Pro 24:19 Vererg jou nie oor die besoedeling nie, wees nie afgunstig op die besoedelde nie. Pro 24:20 Want die besoedeldes het geen toekoms nie, die lamp van die besoedelde gaan dood. Pro 24:21 My seun, vrees JaHWeH en die Koning, laat jou nie in met oproerige mense nie. Pro 24:22 Want skielik sal hulle ongeluk opkom, en die uitgang van hulle jare, wie weet dit? Pro 24:23 Ook hierdie [spreuke] is van die wyse manne afkomstig. Om partydig te wees in Regspraak, is nie suiwer nie. Pro 24:24 Hy wat vir die besoedelde sê: Jy [is] regverdig! - die volke sal hom vervloek, die gemeenskappe sal hom verwens. Pro 24:25 Maar met die wat onpartydig straf, gaan dit goed; en oor hulle kom die seën van suiwerheid. Pro 24:26 Hy wat regte antwoorde gee, soen die lippe. Pro 24:27 Maak jou werk buitekant reg, en bring dit vir jou op die landerye in orde; daarna moet jy dan jou huis bou. Pro 24:28 Wees nie sonder oorsaak getuie teen jou naaste nie; want mag jy met jou lippe mislei? Pro 24:29 Moenie sê nie: Soos hy aan my gedoen het, so sal ek aan hom doen - ek sal die man vergelde na sy werk. Pro 24:30 Ek het by die landerye van 'n lui man verbygeloop en langs die Wingerd van 'n adamiet sonder Verstand, Pro 24:31 en kyk, Sy was heeltemal toegegroei van die dorings, Haar oppervlakte was oordek met brandnetels en Haar klipmuur omgegooi. Pro 24:32 En ek het Haar aanskou, ja, daarop gelet, gekyk, [en] lering aangeneem: Pro 24:33 Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie hande vou om uit te rus; Pro 24:34 dan kom jou armoede aangeloop en jou gebrek soos 'n gewapende man. //Ander spreuke van Salomo, versamel onder GizkiJaH. Pro 25:1 DIT is ook spreuke van Salomo, wat die manne van GizkiJaH, die koning van JeHûWdah, versamel het. Pro 25:2 Dit is die Eer van Elohim om 'n saak te verberg, maar die eer van konings om 'n saak na te speur. Pro 25:3 Die hoogte van die Hemele en die Afgrond van die Aarde en die hart van die konings is ondeurgrondelik. Pro 25:4 Verwyder jy die skuim uit die silwer, dan sal daar vir die silwersmid 'n voorwerp uitkom; Pro 25:5 verwyder die besoedelde voor die Koning weg, dan sal Sy Troon deur Geregtigheid bevestig word. Pro 25:6 Pronk nie voor die Koning nie, en staan nie op die plek van die grotes nie. Pro 25:7 Want dit is beter dat vir jou gesê word: Kom op hierheen! - as dat jy verneder word voor 'n edele wat jou oë gesien het. [Lukas 14:8] Pro 25:8 Gaan nie haastig uit om te twis nie; anders, wat sal jy ten slotte doen as jou naaste jou in die skande steek? Pro 25:9 Verdedig jou saak teen jou naaste, maar openbaar 'n ander se geheim nie, Pro 25:10 sodat een wat dit hoor, jou nie beskimp en jou slegte gerug nie ophou nie. Pro 25:11 Goue appels op versierde silwerborde, [so] is 'n woord op sy tyd gespreek. Pro 25:12 'n Wyse bestraffer by 'n oor wat luister, is 'n goue ring en 'n goue sieraad. Pro 25:13 Soos die verkoeling van sneeu op 'n oesdag, is 'n betroubare boodskapper vir sy senders; want hy verkwik die siel van sy meester. Pro 25:14 'n Man wat hom beroem op 'n geskenk wat hy tog nie gee nie, is soos dampe en wind waar geen reënbui by is nie. Pro 25:15 Deur lankmoedigheid word 'n vors oorgehaal, en 'n sagte tong verbreek die gebeente. Pro 25:16 Het jy heuning gevind, eet tot jy genoeg het, sodat jy daar nie sat van word en dit uitspuug nie. Pro 25:17 Sit jou voet selde in jou vriend se huis, sodat hy nie van jou genoeg kry en jou haat nie. Pro 25:18 'n Knopkierie en 'n swaard en 'n skerp pyl, so is 'n man wat teen sy naaste as valse getuie optree. Pro 25:19 'n Slegte tand en 'n voet wat swik, so is die vertroue op 'n verraaier in die dag van benoudheid. Pro 25:20 Soos een wat 'n kleed uittrek op 'n koue dag, soos asyn op loog, so is een wat liedere sing vir 'n besoedelde hart. Pro 25:21 As jou teëstander honger het, gee hom brood om te eet; en as hy dors het, gee hom water om te drink. Pro 25:22 Want jy hoop gloeiende kole op sy hoof, en JaHWeH sal jou dit vergelde. Pro 25:23 Die noordewind bring 'n reënbui voort, en die tong wat agteraf praat - kwaai gesigte. Pro 25:24 Om te woon op die hoek van 'n dak, is beter as [by] 'n twisgierige vrou en 'n gemeenskaplike huis. Pro 25:25 Koue water op 'n vermoeide siel, so is goeie nuus uit 'n ver deel van die Aarde. Pro 25:26 'n Troebel fontein en 'n vuil bron, so is die regverdige wat wankel voor die besoedelde. Pro 25:27 Om baie heuning te eet, is nie goed nie, maar om swaar sake na te speur, is 'n eer. Pro 25:28 'n Afgebreekte stad sonder muur, so is 'n man wat nie oor sy gees kan heers nie. Pro 26:1 SOOS sneeu in die somer en soos reën in die oestyd, so pas eer nie by 'n dwaas nie. Pro 26:2 Soos die voëltjie wegfladder, soos die swaweltjie wegvlieg, so is 'n vervloeking sonder oorsaak: dit kom nie uit nie. Pro 26:3 'n Sweep is vir die perd, 'n toom vir die esel en 'n roede vir die rug van die dwase. Pro 26:4 Antwoord 'n dwaas nie na sy sotheid nie, sodat jy ook nie net soos hy word nie. Pro 26:5 Antwoord 'n dwaas na sy sotheid, sodat hy nie wys is in sy eie oë nie. Pro 26:6 Hy kap sy voete af, hy ly onreg, wat 'n boodskap stuur deur middel van 'n dwaas. Pro 26:7 Soos die bene van 'n lamme slap afhang, so is 'n spreuk in die mond van die dwase. Pro 26:8 Soos een wat 'n klip in 'n slinger vasbind, so is hy wat eer gee aan 'n dwaas. Pro 26:9 Soos 'n doring wat in die hand van 'n dronkaard gesteek het, so is 'n spreuk in die mond van die dwase. Pro 26:10 Soos 'n skutter wat alles in gevaar bring, is hy wat 'n dwaas huur, sowel as hy wat verbygangers huur. Pro 26:11 Soos 'n hond wat na sy uitbraaksel teruggaan, is 'n dwaas wat sy sotheid weer ophaal. [JeshaJaH 28:8; 2 Petrus 2:22] Pro 26:12 Het jy 'n man gesien wat wys is in sy eie oë? Daar is meer hoop vir 'n dwaas as vir hom. Pro 26:13 Die luiaard sê: Daar is 'n leeu op die pad, 'n leeu op die pleine. Pro 26:14 'n Deur draai rond op haar skarniere, so die luiaard op sy bed. Pro 26:15 Het die luiaard sy hand in die skottel gesteek, hy is te moeg om haar na sy mond terug te bring. Pro 26:16 Die luiaard is wyser in sy eie oë as sewe wat verstandig antwoord. Pro 26:17 Hy wat 'n verbylopende hond aan die ore gryp, is een wat hom vererg oor 'n twis wat hom nie aangaan nie. Pro 26:18 Soos een wat onverskillig vuurpyle, dodelike pyle afskiet, Pro 26:19 so is die man wat sy naaste bedrieg en sê: Ek speel somaar. Pro 26:20 Deur gebrek aan hout gaan die vuur dood, en as daar geen kwaadstoker is nie, bedaar die twis. Pro 26:21 [Soos] kole die gloed en hout die vuur laat opvlam, so is 'n twisgierige man om 'n twis aan te hits. Pro 26:22 Die woorde van 'n kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste. Pro 26:23 Silwerskuim waarmee 'n potskerf oorgetrek is - so is gloeiende lippe en 'n besoedelde hart. Pro 26:24 Die hater word herken deur sy lippe, maar in sy binneste koester hy bedrog. Pro 26:25 As hy sy stem lieflik maak, vertrou hom nie; want sewe gruwels is in sy hart. Pro 26:26 Al verberg die haat homself in bedrog, sy besoedeling word in die vergadering openbaar. Pro 26:27 Wie 'n kuil grawe, sal in haar val; en hy wat 'n klip rol, hy sal na hom terugkom. Pro 26:28 'n Valse tong haat die wat hy verbrysel het, en 'n gladde mond bewerk ondergang. Pro 27:1 BEROEM jou nie op die dag van môre nie, want jy weet nie wat die dag sal bring nie. Pro 27:2 Laat 'n verbasterde grootpraat en nie jou eie mond nie; 'n uitlander, en nie jou eie lippe nie. Pro 27:3 Swaar is 'n klip, en die sand het gewig; maar die ergernis oor 'n sot is swaarder as altwee. Pro 27:4 Woede is wreed, en toorn kook oor; maar wie kan voor jaloersheid standhou? Pro 27:5 Openlike teregwysing is beter as verborge liefde. Pro 27:6 Die wonde deur een wat liefhet, is opreg bedoel, maar die soene deur 'n teëstander is oorvloedig. Pro 27:7 'n Versadigde siel vertrap die heuningstroop, maar vir 'n hongerige siel is alles wat bitter is, soet. Pro 27:8 Soos 'n voël wat ver van haar nes af rondvlieg, so is 'n man wat ver van sy tuisplek af rondswerwe. Pro 27:9 Olie en reukwerk verbly die hart, net so die aangenaamheid van 'n vriend vanweë die sielsraad. Pro 27:10 Moenie jou vriend en die vriend van jou vader verlaat nie, en kom nie in die huis van jou broer op die dag van jou teëspoed nie. 'n Buurman wat naby is, is beter as 'n broer wat ver is. Pro 27:11 Wees wys, My seun, en verbly My Hart, sodat Ek hom wat My smaad, kan antwoord gee. Pro 27:12 As 'n verstandige die besoedeling sien, verberg hy hom; [maar] die dwaas gaan verder, word gestraf. Pro 27:13 Neem sy kleed weg, want hy het vir 'n verbasterde borg gestaan; en neem hom as pand vir 'n uitlander. Pro 27:14 Wie vroeg in die môre sy naaste met 'n harde stem vloek, dit sal hom as 'n belastering aangereken word. Pro 27:15 'n Aanhoudende gedrup op die dag van 'n stortreën en 'n twisgierige vrou is net eenders. Pro 27:16 Wie haar wil teëhou, hou wind teë, en sy regterhand ontmoet olie. Pro 27:17 Yster slyp yster, so slyp die een mens die persoon van die ander. Pro 27:18 Wie 'n Vyeboom oppas, sal Haar vrugte eet; en hy wat vir sy meester sorg, sal geëer word. Pro 27:19 Soos [in] die water aangesig teenoor aangesig is, so is die hart van die adamiet teenoor die adamiet. Pro 27:20 die Doderyk/Sheol en Abáddon word nie versadig nie; so word die oë van so 'n adamiet nie versadig nie. Pro 27:21 Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, so is 'n man volgens die roem wat hy geniet. Pro 27:22 Al stamp jy die sot in 'n stampblok tussen graankorrels met 'n stamper, sy sotheid sal nie van hom wyk nie. Pro 27:23 Gee noukeurig ag op die voorkoms van jou skape, rig jou aandag op die troppe vee; Pro 27:24 want rykdom is nie vir ewig nie - of sal separatisme wees van geslag tot geslag? Pro 27:25 As die gras verdwyn en die jong gras verskyn en die bossies van die berge bymekaar gemaak word, Pro 27:26 dan is daar lammers vir jou kleding en bokke as 'n koopprys vir die landerye, Pro 27:27 en genoeg bokmelk vir jou brood; vir die brood van jou huis en vir die lewens van jou diensmeisies. Pro 28:1 DIE besoedelde vlug sonder dat daar 'n vervolger is, maar die regverdiges voel hulle veilig soos 'n jong leeu. Pro 28:2 Deur die oortreding van die Aarde word haar vorste baie, maar deur 'n verstandige adamiet met Kennis is die Reg duursaam. Pro 28:3 'n Sterk man wat arm is en die armes verdruk, is soos 'n reën wat wegspoel en geen brood bring nie. Pro 28:4 Die wat die Wet verlaat, hulle prys die besoedelde; maar die wat die Wet onderhou, word vererg oor hulle. Pro 28:5 'n Besoedelde persoon verstaan die Reg nie, maar die wat JaHWeH soek, verstaan alles. Pro 28:6 Die arme wat in sy rasegtheid wandel, is suiwerder as die verbasteringsvoorstaander wat twee paaie wil loop en daarby ryk is. Pro 28:7 Wie die Wet bewaar, is 'n verstandige seun; maar hy wat met deurbringers omgaan, steek sy vader in die skande. Pro 28:8 Wie sy goed vermeerder deur rente en deur woeker, maak bymekaar vir een wat hom oor die armes sal ontferm. Pro 28:9 Wie sy oor wegdraai om nie na die Wet te luister nie, selfs sy gebed is 'n gruwel. [Psalm 141:2; JeshaJaH 1:15] Pro 28:10 Wie die opregtes laat verdwaal op 'n besoedelde weg, sal self in sy eie kuil val; maar die rassuiweres sal die suiwere besit. Pro 28:11 'n Ryk man is wys in sy eie oë; maar 'n arme wat verstandig is, ondersoek hom. Pro 28:12 As die regverdiges juig, is daar groot sierlikheid; maar as die besoedelde opkom, word die adamiete verberg. Pro 28:13 Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal Barmhartigheid vind. Pro 28:14 Geseënd is die adamiet wat voortdurend Vrees; maar hy wat sy hart verhard, sal in besoedeling verval. Pro 28:15 'n Leeu wat brom, en 'n beer wat hongerig is, so is 'n besoedelde wat oor 'n arm volk heers. Pro 28:16 'n Vors wat gebrek aan Verstand het, is wel ryk aan afpersinge, [maar] die wat onregverdige wins haat, sal die dae verleng. Pro 28:17 'n Adamiet wat wreedheid pleeg teen die bloed van 'n siel, sal vlug tot by 'n put; laat niemand hom vashou nie. Pro 28:18 Wie rassuiwer wandel, sal gehelp word; maar hy wat verward is, wat die twee paaie betref, sal meteens val. Pro 28:19 Wie sy Adamah [die adamiet se Aarde] bewerk, het volop brood; maar hy wat nietighede najaag, het armoede volop. Pro 28:20 'n Betroubare man is ryk aan seëninge; maar hy wat haastig is om ryk te word, sal nie ongestraf bly nie. Pro 28:21 Om partydig te wees, is nie suiwer nie, want ook vir 'n stuk brood kan 'n sterk man 'n oortreding begaan. Pro 28:22 Hy wat oorhaastig is om ryk te word, het 'n besoedelde oog, en hy weet nie dat gebrek oor hom sal kom nie. Pro 28:23 Hy wat 'n adamiet teregwys, sal agterna meer Guns vind as hy wat vlei. Pro 28:24 Wie sy vader of sy moeder berowe, en sê: Dit is geen oortreding nie! - hy is 'n bondgenoot van 'n man wat verderflik handel. Pro 28:25 Die trotse van siel verwek twis; maar hy wat op JaHWeH vertrou, word verkwik. Pro 28:26 Wie op sy eie hart vertrou, hy is 'n dwaas; maar hy wat in Wysheid wandel, word gered. Pro 28:27 Wie aan die arme gee, sal nie gebrek ly nie; maar hy wat sy oë toemaak, word swaar vervloek. Pro 28:28 As die besoedelde opkom, verberg die adamiet homself; maar as hulle omkom, word die regverdiges baie. Pro 29:1 'N MAN wat baie tereggewys is, en sy nek verhard, sal onvoorsiens verbreek word sonder dat daar genesing is. Pro 29:2 As die regverdiges talryk word, is die volk bly; maar as die besoedelde heers, sug die volk. Pro 29:3 'n Man wat die Wysheid liefhet, verbly sy Vader; maar hy wat verbaster, vernietig sy erfenis. Pro 29:4 'n Koning hou deur Reg die Aarde in stand, maar 'n man wat belastings afpers, verwoes haar. Pro 29:5 'n Sterk man wat sy vriend vlei, sprei 'n net uit voor sy voetstappe. Pro 29:6 In die oortreding van 'n besoedelde persoon is 'n strik, maar die regverdige sal jubel en bly wees. Pro 29:7 Die regverdige ken die Reg van die armes, [maar] die besoedelde verkry geen Kennis nie. Pro 29:8 Manne wat spot, bring 'n stad in oproer, maar die wyse bring die toorn tot bedaring. Pro 29:9 Het 'n wyse man met 'n sot 'n regsaak, dan gaan die sot te kere en lag, sonder bedaring. Pro 29:10 Manne van bloed haat die opregtes, en hulle soek die siel van die rassuiwere. Pro 29:11 'n Dwaas laat al sy gees uitvaar, maar 'n wyse bring haar eindelik tot bedaring. Pro 29:12 'n Vors wat luister na 'n leuenagtige woord, sy dienaars is besoedeldes. Pro 29:13 Die arme en die man wat verdruk, ontmoet mekaar, JaHWeH verlig altwee se oë. Pro 29:14 'n Koning wat aan die armes Reg in Waarheid verskaf, Sy Troon sal vir Ewig bevestig wees. Pro 29:15 Die roede en teregwysing gee Wysheid; maar 'n seun wat aan homself oorgelaat word, steek sy moeder in die skande. Pro 29:16 As die besoedelde vermeerder, vermeerder die oortreding; maar die regverdiges aanskou met welgevalle hulle ondergang. Pro 29:17 Tugtig jou seun, dan sal hy jou rus gee en aan jou siel vreugde verskaf. Pro 29:18 As daar geen openbaring is nie, word die volk bandeloos; maar hy wat die Wet onderhou, geseënd is hy. Pro 29:19 Met woorde laat 'n slaaf hom nie waarsku nie; want hy verstaan dit wel, maar hy steur hom daar nie aan nie. Pro 29:20 Het jy 'n man gesien wat haastig is in sy woorde? Vir 'n dwaas is daar meer hoop as vir hom. Pro 29:21 As 'n mens sy slaaf van jongs af verwen, word hy op die end ondankbaar. Pro 29:22 'n Opvlieënde man verwek twis, en 'n driftige man is ryk aan oortreding. Pro 29:23 Die trotsheid van 'n adamiet verneder hom, maar die nederige van gees sal eer verkry. Pro 29:24 Hy wat saam met 'n dief deel, haat sy eie siel; hy hoor die beswering, maar openbaar niks nie. Pro 29:25 Die vrees vir die adamiet span 'n strik; maar hy wat op JaHWeH vertrou, sal beskut word. Pro 29:26 Daar is baie wat die aangesig van die heerser soek, maar die Reg van 'n mens kom van JaHWeH. Pro 29:27 'n Man van onreg is vir die regverdiges 'n gruwel, en vir die besoedelde is die opregte van wandel 'n gruwel. //Die woorde van Agur. Pro 30:1 DIE woorde van Agur, die seun van Jake; die las: Die uitspraak van 'n vegter aan IthiEl - selfs IthiEl en Ukal: Pro 30:2 Ja, ek is dommer as 'n mens, en ek het geen Insig van 'n adamiet nie. Pro 30:3 En ek het nie die Wysheid geleer nie, ek het geen Kennis van Apartheid nie. Pro 30:4 Wie het na die Hemele opgeklim en neergedaal? Wie het die Gees in SY vuiste versamel? Wie het die waters in 'n kleed saamgebind? Wie het al die eindes van die Aarde vasgestel? Hoe is SY Naam? En hoe is die Naam van SY Seun - as jy dit weet? [Boekrol van Henog 62:1] Pro 30:5 Die Woord van Elowahh is gelouter; Hy is 'n Skild vir die wat by Hom skuil. [Psalm 18:30] Pro 30:6 Voeg by Sy Woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as 'n leuenaar openbaar word nie. Pro 30:7 Twee dinge vra ek van U; onthou dit nie aan my voordat ek sterf nie: Pro 30:8 Hou valsheid en leuentaal ver van my af; gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die Brood wat vir my bestem is; Pro 30:9 dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U verloën nie, en sê: Wie is JaHWeH? En dat ek nie, as ek arm geword het, steel en die Naam van my Elohey vergryp nie. Pro 30:10 Belaster nie 'n slaaf by sy meester nie, sodat hy jou nie vloek en jy daarvoor moet boet nie. Pro 30:11 Daar is 'n geslag wat sy vader vervloek en sy moeder nie seën nie, Pro 30:12 'n geslag wat suiwer is in sy eie oë en tog van sy vuiligheid nie gewas is nie, Pro 30:13 'n geslag - hoe trots is sy oë, en hoe hoog is sy ooglede opgetrek! - Pro 30:14 'n geslag waarvan die tande swaarde is, waarvan die gebit messe is, om die ellendiges uit die Aarde te verteer en die behoeftiges onder die adamiete uit. Pro 30:15 Die Bloedsuier het twee dogters: Gee, gee! Hierdie drie word nooit versadig nie; vier sê: nooit genoeg nie! - Pro 30:16 die Doderyk/Sheol en die Toegesluite moederskoot, die Aarde wat nie genoeg water kry en die vuur wat sê: nooit genoeg nie! [Wysheid van Salomo 4:1; 2 Nikodémus 4:1] Pro 30:17 'n Oog wat met die Vader spot en die gehoorsaamheid aan die Moeder verag - die kraaie van die dal sal haar uitpik, en die kuikens van die arend sal haar verslind. Pro 30:18 Drie is hulle wat vir my te ongelooflik is, ja, vier wat ek nie begryp nie: Pro 30:19 die weg van die arend in die lug, die weg van 'n slang oor 'n rots, die weg van 'n skip in die hart van die see, en die weg van 'n krygsman by 'n maagd. Pro 30:20 So is die weg van 'n vrou wat vermeng; sy eet en vee haar mond af en sê: Ek het niks verkeerd gedoen nie. Pro 30:21 Onder drie bewe die Aarde, en onder vier kan sy hulle nie uithou nie: Pro 30:22 onder 'n slaaf as hy koning word, en 'n dwaas as hy volop brood het; Pro 30:23 onder 'n nie-geliefde as sy [tog] 'n man kry, en 'n slavin as sy haar meesteres uit die besitting verdrywe. Pro 30:24 Vier is hulle wat klein is op die Aarde, maar hulle is uitermate wys: Pro 30:25 die miere is nie 'n sterk volk nie, en tog berei hulle hul voedsel in die somer; Pro 30:26 die klipdassies is nie 'n magtige volk nie, en tog maak hulle hul huis in die rots; Pro 30:27 die sprinkane het geen koning nie, en tog trek die hele swerm in goeie orde uit; Pro 30:28 die geitjie kan jy met die hande gryp, en tog is hy in die konings se paleise. Pro 30:29 Drie is hulle wat statig wegstap, ja, vier wat statig wegloop: Pro 30:30 die leeu, die dappere onder die diere, wat vir niks omdraai nie; Pro 30:31 die dier met gespierde heupe, of die bok, en 'n koning met die troepemag by hom. Pro 30:32 As jy dwaas was deur jou te verhef, of as jy [vooraf] nagedink het - die hand op die mond! Pro 30:33 Want drukking van melk bring botter voort, en drukking van die neus bring bloed voort, en drukking van die toorn bring twis voort. //Die Wysheid word met 'n deugsame vrou vergelyk. Pro 31:1 DIE woorde van LémuEl(Salomo), die koning, die Teregwysing, waarmee sy Moeder hom vermaan het: Pro 31:2 Wat, My seun, ja wat, seun van My skoot, ja wat, seun van My Geloftes? Pro 31:3 Gee jou krag nie aan vroue of jou omgang aan die wat konings uitroei nie. Pro 31:4 Die konings, o LémuEl, die konings moet nie wyn drink nie, en die vorste moet nie sterk drank begeer nie; Pro 31:5 anders drink hy en vergeet die Insettinge en verdraai die Reg van al die ellendiges. Pro 31:6 Gee sterk drank aan hom wat wil ondergaan, en wyn aan die wat bitter van siel is. Pro 31:7 Laat hy drink en sy armoede vergeet en aan sy moeite nie meer dink nie. Pro 31:8 Maak jou mond oop vir die stomme, vir die regsaak van almal wat wegkwyn. Pro 31:9 Maak jou mond oop, oordeel regverdig, en verskaf Reg aan die ellendige en die behoeftige. Pro 31:10 [ ??Alef.] Wie sal 'n Deugsame Vrou vind? want Haar waarde is ver bo robyne. [Rut 3:11] Pro 31:11 [ ???Bet.] Die hart van Haar Man vertrou op Haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie. Pro 31:12 [ ???Ghimel.] Sy beloon Hom met suiwerheid, en nie besoedeling nie, al die dae van Haar lewe. Pro 31:13 [ ? Dalet.] Sy sorg vir wol en katoen(vlas), en Sy werk met gewillige handpalms.[Wysheid van Sirah 24:21-22; JeshaJaH 19:9] Pro 31:14 [ ? Hé.] Sy is soos die skepe van 'n handelaar - van ver af bring Sy Haar Brood in. [Wysheid van Sirah 24:21] Pro 31:15 [ ?? Waw.] En Sy staan op as dit nog nag is en gee voedsel aan Haar huisgesin en die bestemde deel aan Haar Diensmeisies. [Spreuke 9:3] Pro 31:16 [ ? Zajin.] Sy dink na oor 'n stuk grond en koop haar, van die vrug van Haar handpalms plant Sy 'n Wingerd. [Deuteronómium 2:9; Exodus 23:31] Pro 31:17 [ ??Get.] Sy omgord Haar lendene met Krag en hou Haar arms stewig. Pro 31:18 [ ? Tet.] Sy voel dat Haar opbrengs suiwer is, in die nag gaan Haar lamp nie dood nie. Pro 31:19 [? Jod.] Sy steek Haar hande uit na die spinstok, en Haar handpalms hou die spoel vas. Pro 31:20 [ ? Kaf.] Sy brei Haar handpalm uit na die ellendige, en Sy steek Haar hande uit na die behoeftige. Pro 31:21 [ ? Lamed.] Sy is nie bevrees vir Haar huisgesin vanweë die sneeu nie, want Haar hele huisgesin dra skarlaken stof. Pro 31:22 [ ???Mem.] Sy maak vir Haar dekens, Haar kleding is van fyn linne en purper. Pro 31:23 [ ??Noen.] Haar Man is bekend in die Poorte as Hy saam met die oudstes van die Aarde sit. Pro 31:24 [ ? Samek.] Sy maak hemde en verkoop dit, en gordels lewer Sy aan die handelaars. Pro 31:25 [ ??Ajin.] Sterkte en Eer is Haar kleed, en Sy lag oor die dag wat kom. Pro 31:26 [ ???Pé.] Haar mond maak Sy oop met Wysheid, en die Wet van Medelye is op Haar tong. Pro 31:27 [ ???Tzadé.] Opmerksaam gaan Sy die werksaamhede van Haar Huis na, en die brood van luiheid eet Sy nie. Pro 31:28 [ ? Kof.] Haar seuns tree op en noem Haar geseënd, Haar Man [ook], en Hy prys Haar: Pro 31:29 [ ???Resj.] Baie Dogters het hulle knap gedra, maar U oortref hulle almal. Pro 31:30 [ ?? Sjin.] Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid; 'n Vrou wat JaHWeH vrees, Sy moet geprys word. Pro 31:31 [ ? Taw.] Gee vir Haar van die vrug van Haar hande, en laat Haar werke Haar prys in die Poorte. // // //Die Boekrol genoem: Prediker //Alles is 'n soeke na gees. Ecc 1:1 DIE woorde van die Prediker, die seun van Dawid, die koning in Jerusalem. Ecc 1:2 Alles tevergeefs, sê die Prediker, alles tevergeefs, dit is alles tevergeefs! Ecc 1:3 Watter voordeel het die adamiet van al sy moeite waarmee hy hom vermoei onder die son? Ecc 1:4 Die een geslag gaan, en die ander geslag kom, en die Aarde bly vir ewig staan. Ecc 1:5 En die son gaan op, en die son gaan onder, en hy hyg na die plek waar hy opgaan. Ecc 1:6 Die wind gaan na die Suide en slaan om na die Noorde, gaan altyddeur rond, en die wind keer na sy kringloop terug. Ecc 1:7 Al die strome loop in die see, en tog word die see nie vol nie; na die plek waarheen die riviere loop, daarheen loop hulle altyd weer. Ecc 1:8 Al die dinge is so vermoeiend, geen mens kan dit uitspreek nie; die oog kry nie genoeg van sien nie, en die oor word nie vol van hoor nie. Ecc 1:9 Wat was, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie. Ecc 1:10 Is daar iets waarvan 'n mens kan sê: Kyk hier, dit is nuut? Dit was lankal daar in die ou tyd wat voor ons was. Ecc 1:11 Daar is geen herinnering van die voorvaders nie; en ook van die nageslagte wat kom, sal daar geen herinnering wees by die wat later sal wees nie. Ecc 1:12 Ek, Prediker, was koning oor JisraEl in Jerusalem. Ecc 1:13 En ek het my hart daarop gerig om met Wysheid te ondersoek en na te speur, alles wat onder die Hemele gebeur. Daar is 'n taak wat die Elohim aan die seuns van Adam gegee het om hulle daarmee te kwel. Ecc 1:14 Ek het al die werke gesien wat onder die son gedoen word, en kyk, dit was alles tevergeefs en 'n soeke na Gees. Ecc 1:15 Wat krom is, kan nie reguit word nie, en wat ontbreek, kan nie getel word nie. Ecc 1:16 Ek het met myself gespreek en gesê: Kyk, ék het groot en altyd groter Wysheid verwerf bo almal wat voor my oor Jerusalem was, en my hart het baie Wysheid en Kennis gesien. Ecc 1:17 Maar toe ek my hart daarop gerig het om Wysheid en Kennis, Onverstandigheid en Dwaasheid te leer ken, het ek ingesien dat dit ook 'n soeke na gees is. Ecc 1:18 Want by baie Wysheid is baie verdriet, en wie Kennis vermeerder, vermeerder smart. //Die Gees van Wysheid teenoor die gees van Dwaasheid. Ecc 2:1 EK het in my hart gesê: Nou ja, ek sal jou met vreugde op die proef stel; geniet dan die goeie! Maar kyk, ook dit was tevergeefs. Ecc 2:2 Van die lag het ek gesê: Dit is onsinnig! en van die Vreugde: Wat verskaf dit? Ecc 2:3 Ek het in my hart daaroor nagedink om my liggaam met wyn te verkwik - terwyl my hart [my] met Wysheid sou lei - en om aan die Dwaasheid vas te hou totdat ek sou sien wat goed is vir die seuns van adam, wat hulle moet doen onder die Hemele gedurende die getal van hulle lewensdae. Ecc 2:4 Ek het groot werke onderneem: ek het vir my huise gebou, ek het vir my Wingerde geplant. Ecc 2:5 Ek het vir my tuine en parke aangelê en daar allerhande vrugtebome in geplant. Ecc 2:6 Ek het vir my damme gemaak om daaruit 'n bos met jong bome te besproei. Ecc 2:7 Ek het slawe en slavinne gekoop en ook dié verkry wat in my huis gebore is; ek het ook 'n groot besitting van beeste en kleinvee gehad, meer as almal wat voor my in Jerusalem was. Ecc 2:8 Ek het vir my ook silwer en goud versamel, waardevolle skatte van konings, en uit die provinsies het ek vir my sangers en sangeresse aangeskaf, en die aanvalliges uit die adamiete as byvroue. Ecc 2:9 En ek het groot en altyd groter geword bo almal wat voor my in Jerusalem was; ook het my wysheid by my gebly. Ecc 2:10 En alles wat my oë begeer het, het ek hulle nie ontsê nie; my hart het ek van geen enkele vreugde teruggehou nie, want my hart het hom verheug vanweë al my moeitevolle arbeid, en dit was my deel van al my moeitevolle arbeid. Ecc 2:11 Toe het ek gekyk na al my werke wat my hande tot stand gebring het, en al die moeitevolle arbeid wat ek verrig het - en kyk, dit was alles tevergeefs en 'n soeke na gees, en daar was geen voordeel onder die son nie. Ecc 2:12 Daarna het ek my begewe om Wysheid en Onverstandigheid en Dwaasheid in oënskou te neem, want wat sal die adamiet kan [doen] wat ná die koning kom? Wat lankal gedoen is! Ecc 2:13 Wel het ek gesien dat aan Wysheid voorkeur is bo die Dwaasheid, soos die Lig voorkeur het bo die Duisternis: Ecc 2:14 die wyse het sy oë in sy hoof, maar die Dwaas wandel in die Duisternis. Maar ek het óók ingesien dat een en dieselfde lot hulle almal tref. Ecc 2:15 Daarom het ek in my hart gesê: Dieselfde wat die dwaas tref, sal my ook tref; waarvoor was ek dan so buitengewoon wys? En ek het in my hart gespreek dat dit ook tevergeefs is. Ecc 2:16 Want daar sal op die duur net so min 'n herinnering wees van die wyse as van die dwaas, omdat in die dae wat kom, alles lankal vergeet is; en hoe sterf die wyse net soos die dwaas! Ecc 2:17 Daarom het ek die lewe gehaat, want die werk wat onder die son gedoen word, is besoedeling vir my, omdat alles tevergeefs is en 'n soeke na gees. Ecc 2:18 En ek het gehaat al my arbeid wat ek onder die son met moeite verrig het, dat ek dit moet oorlaat aan 'n adamiet wat ná my sal kom. Ecc 2:19 En wie weet of hy 'n wyse sal wees of 'n dwaas? Tog sal hy heers oor al my arbeid wat ek met moeite verrig en met Wysheid verwerf het onder die son. Ook dit is dan tevergeefs. Ecc 2:20 Daarom het ek my begewe om my hart aan wanhoop oor te gee vanweë al die arbeid wat ek met moeite verrig het onder die son. Ecc 2:21 Want daar is 'n adamiet wat hom met Wysheid en Kennis en bekwaamheid vermoei het; tog moet hy dit as deel oorgee aan 'n adamiet wat daaraan geen moeite bestee het nie. Ook dit is tevergeefs en 'n groot besoedeling. Ecc 2:22 Want wat het die adamiet vir al sy arbeid en vir die strewe van sy hart waarmee hy hom vermoei onder die son? Ecc 2:23 Want al sy dae is smarte, en sy bemoeienis is verdriet; selfs snags rus sy hart nie. Dit is dan ook tevergeefs. Ecc 2:24 Is dit nie goed dat die adamiet eet en drink en hy sy siel die goeie laat geniet by sy moeitevolle arbeid nie. Ek het gesien dat dit ook kom uit die Hand van die Elohim. Ecc 2:25 Want wie kan eet en wie kan geniet sonder Hom? Ecc 2:26 Want aan 'n adamiet wat suiwer is voor Sy Aangesig, gee Hy Wysheid en Kennis en Vreugde, maar aan die oortreder lê Hy die taak op om bymekaar te maak en te versamel, om dit dan te gee aan een wat suiwer is voor die Aangesig van die Elohim. Ook dit is tevergeefs en 'n soeke na gees. //Die gees van die adamiete gaan op boontoe, en die gees van die wilde wesens daal neer ondertoe in die Aarde Ecc 3:1 ALLES het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die Hemele is daar 'n tyd: Ecc 3:2 'n tyd om gebore te word en 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant en 'n tyd om uit te roei wat geplant is, Ecc 3:3 'n tyd om dood te maak en 'n tyd om gesond te maak, 'n tyd om af te breek en 'n tyd om op te bou, Ecc 3:4 'n tyd om te ween en 'n tyd om te lag, 'n tyd om te weeklaag en 'n tyd om van vreugde rond te spring, Ecc 3:5 'n tyd om klippe weg te gooi en 'n tyd om klippe bymekaar te maak, 'n tyd om te omhels en 'n tyd om ver te wees van omhelsing, Ecc 3:6 'n tyd om te soek en 'n tyd om verlore te laat gaan, 'n tyd om te bewaar en 'n tyd om weg te gooi, Ecc 3:7 'n tyd om te skeur en 'n tyd om aanmekaar te werk, 'n tyd om te swyg en 'n tyd om te spreek, Ecc 3:8 'n tyd om lief te hê en 'n tyd om te haat, 'n tyd vir oorlog en 'n tyd vir vrede. Ecc 3:9 Watter voordeel het hy wat werk, daardeur dat hy hom vermoei? Ecc 3:10 Ek het die taak gesien wat Elohim aan die seuns van adam gegee het om hulle daarmee te kwel. Ecc 3:11 Alles het Hy mooi gemaak op Sy tyd; ook het Hy die tyd in hulle hart gelê sonder dat die adamiet die werk wat die Elohim doen, van begin tot end, kan uitvind. [Génesis 1:2] Ecc 3:12 So het ek dan ingesien dat daar niks beters onder hulle is nie as om bly te wees en suiwerheid te beoefen in die lewe. Ecc 3:13 En ook - dat elke adamiet eet en drink en die suiwere geniet by al sy moeitevolle arbeid; dit is 'n gawe van Elohim. Ecc 3:14 Ek het ingesien dat alles wat die Elohim doen, vir ewig sal bestaan; daar kan niks bygevoeg en daar kan niks van weggeneem word nie; en die Elohim, Hy het so bestier dat hulle moet vrees voor Sy Aangesig. Ecc 3:15 Alles wat is, was alreeds; en wat sal wees, was alreeds; en Elohim soek weer op wat verbygegaan het. Ecc 3:16 Verder het ek ook gesien onder die son die plek van die Reg - daar was besoedeling, en die plek van Geregtigheid - daar was besoedeling. Ecc 3:17 Ek het in my hart gesê: die Elohim sal die regverdige en die besoedelde oordeel, want dáár is 'n tyd vir elke saak en vir elke werk. Ecc 3:18 Ek het in my hart gesê: Ter wille van die adamiet [gebeur dit], dat die Elohim hulle kan suiwer, en dat hulle kan insien dat hulle in hulleself wesens is. Ecc 3:19 Want die lot van die adamiete is ook die lot van die wilde wesens: hulle het een en dieselfde lot; Dood vir die een, Dood vir die ander, en elkeen het 'n gees, en 'n voorkeur van die adamiet bo die wilde wesens is daar nie; want alles is tevergeefs. Ecc 3:20 Alles gaan na een plek toe; alles is uit die stof, en alles keer na die stof terug. Ecc 3:21 Wie bespeur dat die gees van die adamiete opgaan boontoe, en dat die gees van die wilde wesens neerdaal ondertoe in die Aarde? Ecc 3:22 So het ek dan gesien dat daar niks suiwerder is as dat die adamiet hom verheug in sy werke nie, want dit is sy deel; want wie sal hom daartoe bring dat hy kan sien wat na hom sal wees? //Die wilde wesens is die oorsaak van verdrukking en moeite. Ecc 4:1 DAARNA weer het ek gesien al die verdrukkinge wat onder die son plaasvind, en kyk, daar was trane van verdruktes, en vir hulle was daar geen Trooster nie; en aan die kant van hulle verdrukkers was mag, maar daar was vir hulle geen Trooster nie. Ecc 4:2 Daarom het ek die dooies wat lankal gesterf het, geseënd geprys bo die lewendes wat nog lewe, Ecc 4:3 en geseënd bo hulle altwee hom wat nog nie was en die besoedelde werk wat onder die son plaasvind, nie gesien het nie. Ecc 4:4 Verder het ek gesien dat al die moeitevolle arbeid en al die bekwaamheid by die werk, naywer is van die een teenoor die ander. Ook dit is tevergeefs en 'n soeke na gees. Ecc 4:5 Die dwaas vou sy hande en eet sy eie vlees op. Ecc 4:6 Een gevulde handpalm met stilte is beter as beide hande gevul met moeite en 'n soeke na gees. Ecc 4:7 En weer het ek 'n vergeefse moeite gesien onder die son: Ecc 4:8 Daar is een allenig sonder 'n tweede, ook het hy geen seun of broer nie; tog is daar geen einde aan al sy moeitevolle arbeid nie, sy oë kry ook nie genoeg van rykdom nie. Vir wie tog vermoei ek my en laat my siel gebrek ly aan die suiwer dinge? Ook dit is tevergeefs en 'n besoedelde saak. Ecc 4:9 Twee is beter as een, want hulle het 'n suiwer beloning vir hulle moeite-volle arbeid. Ecc 4:10 Want as hulle val, kan die een sy maat optel, maar wee die een wat val sonder dat daar 'n tweede is om hom op te tel. Ecc 4:11 Verder, as twee bymekaar lê, kry hulle warm; maar hoe kan een allenig warm word? Ecc 4:12 En as iemand die een aanval, kan altwee hom teëstand bied; en 'n driedubbele lyn word nie gou verbreek nie. Ecc 4:13 Beter is 'n behoeftige maar wyse jongman, as 'n ou maar dwase koning wat nie meer weet om hom te laat waarsku nie. Ecc 4:14 Want daardie een het uit die gevangenis uitgegaan om koning te word, alhoewel hy as 'n arme in die koninkryk van die ander gebore was. Ecc 4:15 Ek het gesien hoe al die lewende wesens wat onder die son wandel, aan die kant van die jongman was, van die tweede, wat sy opvolger sal word; [DaniEl 7:24] Ecc 4:16 daar was geen einde aan al die persone, aan almal aan wie se hoof hy gestaan het nie. Tog sal die nageslag hulle nie oor hom verbly nie; so is dit ook tevergeefs en 'n soeke na gees. //Betaal jou Gelofte aan Elohim Ecc 5:1 GEE ag op jou voet as jy na die Huis van die Elohim gaan, want om nader te kom en te hoor, is beter as dat dwase 'n slagdier bring; want hulle het geen Verstand om te weet dat hulle besoedel nie. Ecc 5:2 Wees nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou woorde uitbring voor die Aangesig van die Elohim nie; want die Elohim is in die Hemele, en jy op die Aarde. Daarom moet jou woorde min wees. Ecc 5:3 Want soos die droom kom deur baie drukte, so die gepraat van die dwaas deur baie woorde. [Openbaring van Henog 15:20] Ecc 5:4 As jy 'n Gelofte aan Elohim gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe. [Númeri 30; Wysheid van Sirah 18:22] Ecc 5:5 Dit is beter dat jy nie belowe nie, as dat jy belowe en nie betaal nie. Ecc 5:6 Laat jou mond nie toe om op jou liggaam 'n oortreding te bring nie, en sê nie voor die Boodskappers: Dit was 'n vergissing nie. Waarom moet die Elohim toornig word oor jou stem en die werk van jou hande verwoes? Ecc 5:7 Want soos in baie drome en baie woorde, is daar ook nietighede, maar vrees die Elohim! Ecc 5:8 As jy verdrukking van die arme en berowing van Reg en Geregtigheid sien in die landstreek - verwonder jou nie oor die saak nie, want 'n Hoër Een loer op die Hoë, en die Hoëres weer op Hulle. Ecc 5:9 Maar 'n voordeel vir die Aarde onder alles is dit: 'n koning wat aan die landbou diensbaar word. Ecc 5:10 Hy wat geld liefhet, kry nie genoeg van geld nie, en wie rykdom liefhet, nie [genoeg] van inkomste nie; ook dit is dan tevergeefs. Ecc 5:11 As die goed baie word, word haar eters baie; watter voordeel het haar besitter dan daarvan, behalwe dat sy oë haar aanskou? Ecc 5:12 Soet is die slaap van die arbeider, of hy min en of hy baie eet; maar die oorversadiging van die ryke laat hom nie toe om te slaap nie. Ecc 5:13 Daar is 'n sieklike besoedeling wat ek onder die son gesien het: rykdom wat deur sy besitter bewaar word tot sy eie besoedeling. Ecc 5:14 Gaan hierdie rykdom verlore deur 'n besoedelde taak, en het hy 'n seun verwek, dan besit dié niks nie. Ecc 5:15 Soos hy uit die skoot van sy moeder uitgegaan het, gaan hy naak weer heen soos hy gekom het; en hy sal vir sy moeitevolle arbeid niks wegdra wat hy met hom kan saamneem nie. Ecc 5:16 So is dit dan ook 'n smartlike besoedeling: net soos hy gekom het, so sal hy heengaan; watter voordeel het hy dan dat hy hom vermoei het vir die gees? Ecc 5:17 Ook eet hy sy lewe lank in Duisternis en het baie ergernis; daarby sy lyding en toorn! Ecc 5:18 Kyk, wat ek as 'n goeie ding gesien het, wat voortreflik is, is dat iemand eet en drink en die suiwere geniet vir al sy arbeid waarmee hy hom vermoei onder die son gedurende die getal van sy lewensdae wat die Elohim hom gee; want dit is sy deel. Ecc 5:19 Ook vir elke adamiet aan wie die Elohim rykdom en skatte gegee het, en wat Hy in staat stel om daarvan te eet en sy deel te neem en hom te verheug by sy moeitevolle arbeid, is dit 'n gawe van Elohim. Ecc 5:20 Want hy dink nie baie aan sy lewensdae nie, omdat die Elohim hom laat besig wees met die vreugde van sy hart. //Die genot wat rykdom gee, is onvolkome. Ecc 6:1 DAAR is 'n besoedeling wat ek gesien het onder die son, en wat swaar druk op die adamiete: Ecc 6:2 'n Man aan wie die Elohim rykdom en skatte en eer gee, sodat niks hom ontbreek van alles wat sy siel kan begeer nie, maar die Elohim stel hom nie in staat om daarvan te geniet nie, want 'n uitlander geniet dit; dit is vergeefse moeite en 'n bitter besoedeling. Ecc 6:3 As 'n man honderd kinders verwek en baie jare lewe en die dae van sy jare baie is en sy siel nie genoeg kry van die goeie en hy ook nie 'n begrafnis het nie, dan sê ek: 'n Misgeboorte is beter as hy, Ecc 6:4 want in nietigheid kom sy, en in Duisternis gaan sy heen, en met Duisternis word die naam van haar bedek; Ecc 6:5 ook het sy die son nie gesien of geken nie. Sy het meer rus as hy. Ecc 6:6 Ja, al lewe hy ook twee maal duisend jaar en geniet nie die suiwer dinge nie - gaan nie alles na een en dieselfde plek nie? Ecc 6:7 Al die moeitevolle arbeid van 'n adamiet is vir sy mond, en tog word die siel nie bevredig nie. Ecc 6:8 Want watter voorkeur het die wyse bo die dwaas, watter voorkeur die arme wat weet om hom te beweeg onder die lewendes? Ecc 6:9 Die aanskouing met die oë is beter as die geswerf van die siel. Ook dit is tevergeefs en 'n soeke na gees. Ecc 6:10 Wat Hy ook is, lankal is Sy Naam genoem, en dit is bekend dat Hy 'n adamiet is: Hy kan nie in die gereg gaan met HOM wat sterker is as Hy nie. Ecc 6:11 Want hoe meer woorde, des te meer vermeerder hulle die nietigheid; watter voordeel het die adamiet [daarvan]? Ecc 6:12 Want wie weet wat suiwer is vir die adamiet in die lewe gedurende die getal dae van sy nietige lewe, wat hy soos 'n skaduwee deurbring? Want wie kan aan die adamiet bekend maak wat na hom sal wees onder die son? //Die rampe van die lewe; wysheid en matigheid die beste. Ecc 7:1 'N GOEIE naam is beter as kosbare olie, en die dag van dood beter as die dag van geboorte. Ecc 7:2 Dit is beter om te gaan na 'n klaaghuis as om te gaan na 'n huis van maaltyd; want die eerste is die einde van al die adamiete, en die lewende kan dit ter harte neem. Ecc 7:3 Om verdrietig te wees, is beter as om te lag; want as die gesig droewig is gaan dit goed met die hart. Ecc 7:4 Die hart van die wyse manne is in die klaaghuis, maar die hart van die dwase in die huis van vreugde. Ecc 7:5 Dit is beter om te luister na die bestraffing van 'n wyse, as dat 'n mens luister na die lied van die dwase. Ecc 7:6 Want soos die geknetter van doringtakke onder 'n pot, so is die gelag van 'n dwaas. Dit is dan ook tevergeefs. Ecc 7:7 Sekerlik, afpersing maak 'n wyse dwaas, en 'n geskenk bederf die hart. Ecc 7:8 Die einde van 'n saak is beter as sy begin; 'n lankmoedige gees is beter as 'n hoogmoedige gees. Ecc 7:9 Wees nie haastig in jou gees om jou te vererg nie, want ergernis rus in die boesem van die dwase. Ecc 7:10 Moenie sê nie: Hoe kom dit dat die vorige dae beter was as die teenswoordige? want nie uit wysheid vra jy hierna nie. Ecc 7:11 Wysheid is goed met 'n Erfdeel en 'n voordeel vir die wat die son sien. Ecc 7:12 Want Wysheid is 'n beskutting, geld is 'n beskutting; maar die voordeel van Kennis is die Wysheid; Sy sal Haar besitter in die lewe hou. Ecc 7:13 Aanskou die werk van die Elohim, want wie kan reguit maak wat Hy krom gemaak het? Ecc 7:14 Wees suiwer in die tyd van suiwerheid, maar in die tyd van besoedeling, bedink dan: Ook hierdie het die Elohim gestel teenoor daardie, daarom dat die adamiet ná sy [dood] niks meer sal ontdek nie. Ecc 7:15 Alles het ek gesien in die dae van my nietigheid: daar is 'n regverdige wat ondanks sy regverdigheid omkom, en daar is 'n besoedelde wat ondanks sy besoedeling lank lewe. Ecc 7:16 Wees nie alte regverdig en hou jou nie buitengewoon wys nie: waarom sou jy jouself te gronde rig? Ecc 7:17 Wees nie alte besoedeld, en wees nie dwaas nie: waarom sou jy sterwe voor jou tyd? Ecc 7:18 Dit is goed dat jy aan die een vashou en ook van die ander jou hand nie aftrek nie; want die wat Elohim vrees, ontkom aan dit alles. Ecc 7:19 Die Wysheid versterk die wyse meer as tien maghebbers wat in die stad is; Ecc 7:20 want daar is geen regverdige adamiet op die Aarde wat suiwer optree sonder om te oortree nie. Ecc 7:21 Jy moet ook nie let op al die woorde wat die mense spreek nie, sodat jy nie hoor dat jou dienaar jou vloek nie. Ecc 7:22 Want jou eie hart weet ook van baie gevalle dat jy self ook ander gevloek het. Ecc 7:23 Dit alles het ek met Wysheid op die proef gestel; ek het gesê: Ek wil wys word, maar Sy het ver van my gebly. Ecc 7:24 Wat bestaan, is ver en baie misterieus; wie kan Haar begryp? Ecc 7:25 Ek het my na Haar gewend en my hart [gerig] om te weet en na te speur, met Wysheid 'n slotsom te soek, en om so die Besoedeling as Dwaasheid en die Dwaasheid as kranksinnigheid te leer ken. Ecc 7:26 En ek het iets uitgevind bitterder as die Dood: die vrou wat strikke is, haar hart nette, haar hande boeie; hy wat suiwer is voor die Aangesig van die Elohim, sal van haar vryraak, maar die oortreder word gevang in haar. Ecc 7:27 Kyk, dit het ek uitgevind, sê die Prediker, deur die een by die ander [te voeg], om 'n slotsom te vind - Ecc 7:28 wat my siel lank gesoek het, maar wat ek nie gevind het nie: een adamiet uit duisend het ek gevind, maar 'n vrou het ek onder soveel nie gevind nie. Ecc 7:29 Kyk, net dit het ek uitgevind: dat die Elohim die adamiet reg gemaak het, maar hulle het baie slim planne gesoek. //Die soeker van gees vind Wysheid. Ecc 8:1 WIE is soos die wyse, en wie weet die verklaring van die dinge? Die Wysheid van 'n adamiet verhelder sy gesig, en die hardheid van sy gesig word [daardeur] verander. Ecc 8:2 Ek [sê]: Neem die bevel van die koning in ag, en wel ter wille van die eed by Elohim. Ecc 8:3 Haas jou nie om van Hom af weg te gaan nie; laat jou nie in met 'n besoedelde saak nie, want alles wat Hy wil, doen Hy. Ecc 8:4 Want die woorde van die koning is magtig, en wie kan vir hom sê: Wat doen u? Ecc 8:5 Hy wat die Gebooie onderhou, sal geen besoedeling ervaar nie; en die hart van 'n wyse sal die tyd en die Regspraak herken. Ecc 8:6 Want vir elke ding is daar 'n tyd en 'n Regspraak; want die besoedeling van die adamiet druk swaar op hom. Ecc 8:7 Want hy weet nie wat sal wees nie; want hoe dit sal wees - wie kan hom dit te kenne gee? Ecc 8:8 Daar is geen adamiet wat heerskappy het oor die Gees om die Gees teë te hou nie, en niemand het mag oor die dag van die Dood nie, en daar is geen vrystelling in die oorlog nie; so sal ook die Besoedeling hom wat haar aanhang, nie red nie. Ecc 8:9 Dit alles het ek gesien deurdat ek my hart gerig het op elke werk wat onder die son gedoen word in 'n tyd waarin die een adamiet heers oor die ander met besoedeling. Ecc 8:10 So het ek dan die besoedelde sien begrawe word en [die rus] ingaan, terwyl die wat Reg gehandel het, uit die apart gestelde plek moes weggaan en in die stad vergeet is. Ook dit is dan nietigheid. Ecc 8:11 Omdat die oordeel oor 'n besoedelde daad nie gou voltrek word nie, daarom is die hart van die seuns van adam in hulle vol om te besoedel; Ecc 8:12 aangesien 'n oortreder besoedeling honderd maal doen en hy lank lewe - alhoewel ek weet Suiwerheid is met die wat die Elohim vrees, omdat hulle voor Sy Aangesig vrees, Ecc 8:13 en dat Suiwerheid nie gaan met die besoedelde, en hy die dae nie sal verleng soos 'n skaduwee nie, omdat hy voor die Aangesig van Elohim nie vrees nie. Ecc 8:14 Dit is 'n nietigheid wat op die Aarde gebeur, dat daar regverdiges is met wie dit gaan volgens die dade van die besoedelde, en dat daar besoedelde is met wie dit gaan volgens die dade van die regverdiges; so sê ek dan dat dit ook nietigheid is. Ecc 8:15 Daarom het ek die Vreugde geprys, dat daar niks suiwerder is vir die adamiete onder die son nie as om te eet en te drink en hom te verheug, en dat Sy hom mag begelei by sy moeitevolle arbeid gedurende die dae van sy lewe wat die Elohim hom gee onder die son. Ecc 8:16 Toe ek my hart daarop gerig het om Wysheid te leer ken en om te aanskou die dinge wat Sy op die Aarde doen - ja, selfs bedags en snags waar Haar oë nie die slaap sien nie - Ecc 8:17 het ek gesien al die werk van die Elohim, dat die adamiet die werk wat gedoen word onder die son, nie kan uitvind nie, omdat die adamiet hom vermoei om te soek en tog niks uitvind nie; ja, al sou die wyse dink dat hy dit verstaan - hy sal dit nie kan uitvind nie! //"Gaan dan heen, eet jou brood met vreugde." Ecc 9:1 WANT dit alles het ek ter harte geneem en dit alles het ek probeer deurgrond, dat die regverdiges en die wyse manne en hulle dade in die Hand van die Elohim is, liefde sowel as haat; die adamiet weet niks van wat vir hom voorlê nie. Ecc 9:2 Alles is gelyk vir almal: een en dieselfde lot is daar vir die regverdige en die besoedelde, vir die goeie en die suiwere en die vermengde, en vir hom wat slag en vir hom wat nie slag nie, die goeie ewe goed as die oortreder, vir hom wat sweer ewe goed as vir hom wat bang is vir 'n eed. Ecc 9:3 Dit is 'n besoedelde ding by alles wat plaasvind onder die son, dat een en dieselfde lot almal tref, en ook die hart van die seuns van adam vol besoedeling is, en dat Dwaasheid in hulle hart is gedurende hulle lewe; en daarna gaan sy na die dooies toe! Ecc 9:4 Want solank as iemand by al die lewendes behoort, is daar hoop; want 'n lewendige hond is beter as 'n dooie leeu. Ecc 9:5 Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet. [Boekrol van Henog 22:11] Ecc 9:6 Hulle liefde sowel as hulle haat, ook hulle naywer, het lankal verdwyn, en hulle het vir ewig geen deel meer aan alles wat gebeur onder die son nie. Ecc 9:7 Gaan dan heen, eet jou Brood met Vreugde, en drink jou Wyn met 'n suiwer hart, want die Elohim het lankal behae in jou werke. Ecc 9:8 Laat jou klere altyd wit wees, en laat olie op jou hoof nie ontbreek nie. Ecc 9:9 Geniet die lewe met die Vrou wat jy liefhet, al die dae van jou nietige lewe wat Hy jou gegee het onder die son - al jou nietige dae; want Sy is jou deel aan die lewe en aan jou arbeid wat jy met moeite verrig onder die son. Ecc 9:10 Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met jou mag, want daar is geen werk of Oorleg of Kennis of Wysheid in die Doderyk/Sheol waar jy heengaan nie. //Jerusalem word gered deur die Wysheid van ons Verlosser. Ecc 9:11 WEER het ek onder die son gesien dat die wedloop nie is vir die vinniges en die oorlog nie vir die dapperes nie; en ook die brood is nie vir die wyse of ook rykdom vir die slimmes of ook guns vir die verstandiges nie; want tyd en lotgeval tref hulle almal. Ecc 9:12 Ja, die adamiet ken ook sy eie tyd nie, soos die visse wat gevang word in die gevaarlike net, en soos die voëls wat gevang word in die vangnet - soos hulle word die seuns van adam verstrik in die tyd van besoedeling as sy hulle skielik oorval. Ecc 9:13 Ook het ek hierdie Wysheid gesien onder die son, en Sy was groot in my oog: Ecc 9:14 daar was 'n klein stadjie en min manne in haar, en 'n groot koning het oor haar gekom en haar omsingel en groot beleëringswerke teen haar gebou. Ecc 9:15 En in haar is 'n arm Wyse Man gevind; dié het die Stad deur Sy Wysheid gered, maar geen adamiet het aan daardie arm Man gedink nie. Ecc 9:16 Toe het ek gesê: Wysheid is suiwerder as heldekrag; maar die Wysheid van die Arme word verag, en na Sy Woorde word nie geluister nie. Ecc 9:17 Woorde van wyse manne, wat rustig aangehoor word, is beter as die geskreeu van 'n heerser onder die dwase. Ecc 9:18 Wysheid is suiwerder as oorlogs-wapens, maar een oortreder bederf baie suiwer dinge. //"Die hart van die wyse is na regs, maar die hart van 'n dwaas is na links." Ecc 10:1 DOOIE vlieë laat die salf van die apteker stink en bederwe; 'n bietjie Dwaasheid weeg swaarder as Wysheid, as Eer. Ecc 10:2 Die hart van die wyse is na regs, maar die hart van 'n dwaas is na links. [Psalm 142:4] Ecc 10:3 Ja, ook as die dwaas op die Weg wandel, ontbreek sy Verstand; en hy sê aan elkeen dat hy 'n dwaas is. Ecc 10:4 As die gees van die heerser teen jou opkom, verlaat nie jou pos nie, want bedaardheid voorkom groot foute. Ecc 10:5 Daar is 'n besoedeling wat ek onder die son gesien het, 'n dwaling wat van die maghebber uitgaan: Ecc 10:6 die Dwaasheid word op baie verhewe plekke gestel, en die ryke bewoon die lae plekke. Ecc 10:7 Ek het slawe te perd gesien en vorste wat soos slawe op die Aarde loop. Ecc 10:8 Wie 'n kuil grawe, kan in haar val; en een wat 'n heining afbreek, Nagash/slang sal hom byt. Ecc 10:9 Wie klippe uitbreek, kan hom daarmee seermaak; wie hout klowe, kan daardeur in gevaar kom. Ecc 10:10 As die yster stomp geword het, en 'n mens die snykant nie geslyp het nie, moet hy die kragte meer inspan; maar Wysheid is voordelig om iets te laat beantwoord. Ecc 10:11 As Nagash byt voor die beswering, baat die besweerder nie. Ecc 10:12 Die woorde uit die mond van 'n wyse is aangenaam, maar die lippe van 'n dwaas verslind homself. Ecc 10:13 Die begin van die woorde van sy mond is Dwaasheid, en die einde van sy mond is besoedelde onverstandigheid. Ecc 10:14 En die dwaas gebruik baie woorde; [maar] die adamiet weet nie wat daar sal gebeur nie; en wat ná hom sal wees, wie kan hom dit te kenne gee? Ecc 10:15 Die inspanning van die dwaas vermoei hom, omdat hy nie eens weet om na die Stad te gaan nie. Ecc 10:16 Wee jou, o Aarde, as jou koning 'n kind is, en as jou vorste in die môre vroeg maaltyd hou. Ecc 10:17 Geseënd is jy, o Aarde, as jou koning 'n edele is, en as jou vorste op die regte tyd maaltyd hou soos manne en nie soos drinkers nie. Ecc 10:18 Deur allerhande luiheid versak die balkwerk, en deur slapheid van die hande lek die huis. Ecc 10:19 Vir plesier maak hulle maaltye klaar, en die wyn maak die lewe vrolik, en die geld verskaf alles. Ecc 10:20 Vloek die Koning selfs in jou gedagte nie, en vloek in jou slaapkamer die ryke nie; want die vlieënde wesens in die lug sou die geluid kon wegvoer, en die gevleueldes die woord te kenne gee. //Laat ons goed doen so lank as ons in die geleentheid is. Ecc 11:1 WERP jou brood uit op die water, want ná verloop van baie dae sal jy hom vind. Ecc 11:2 Gee 'n deel aan sewe, ja, ook aan agt; want jy weet nie watter besoedeling daar op die Aarde sal wees nie. Ecc 11:3 As die wolke vol reën is, giet hulle dit uit op die Aarde; en as 'n Boom na die Suide of na die Noorde val, op die plek waar die Boom val, daar bly hy lê. Ecc 11:4 Wie op die wind ag gee, sal nie saai nie; en wie na die wolke kyk, sal nie oes nie. Ecc 11:5 Soos jy nie weet wat die Weg van die Gees is, [of] hoe die gebeente in die skoot van 'n swangere is nie, net so weet jy nie die werk van die Elohim wat alles doen nie. Ecc 11:6 Saai jou saad in die môre, en laat teen die aand jou hand nie rus nie; want jy weet nooit watter een sal voordelig wees nie, hierdie of daardie, en of altwee saam suiwer sal wees nie. Ecc 11:7 Verder, soet is die Lig, en suiwer is dit vir die oë om die son te aanskou. Ecc 11:8 Want as die adamiet baie jare lewe, moet hy hom in dié almal verheug en dink aan die dae van Duisternis, dat hulle baie sal wees; alles wat kom, is nietigheid. //Hoe die jeug geniet moet word. Ecc 11:9 VERBLY jou, o jongeling, in jou jeug en laat jou hart jou vrolik maak in die dae van jou jonkheid; en wandel in die weë van jou hart en in die aanskouing van jou oë; maar weet dat die Elohim jou oor al hierdie dinge voor die Reg sal bring. Ecc 11:10 En weer verdriet uit jou hart, en hou die besoedeling weg van jou liggaam, want die jeug en die jonkheid is nietigheid. Ecc 12:1 EN dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die besoedelde dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: Ek het daar geen behae in nie - Ecc 12:2 voordat die son en die lig en die maan en die Sterre verduister word en die wolke terugkom ná die reën, Ecc 12:3 dié dag wanneer die wagters van die huis sal bewe en die sterk manne krom word en die malers die werk staak, omdat hulle te min geword het, en die wat deur die vensters kyk, verduister word, Ecc 12:4 en die deure na die straat gesluit word, terwyl die geruis van die meul verswak; en hy opstaan as die voëltjies begin sing en al die tone van die lied dof sal word. Ecc 12:5 Ook sal hy bang wees vir 'n hoogte, en verskriklike dinge sal op die pad wees! En die amandelboom sal in bot staan, en die sprinkaan sal homself met moeite voortsleep, en die kapperkruid nutteloos wees; want die adamiet gaan na sy ewige huis, en die rouklaers sal op die straat rondgaan. Ecc 12:6 Voordat die silwerdraad verwyder word en die goue oliekruik stukkend val en die kruik by die Fontein gebreek word en die wiel stukkend in die put val Ecc 12:7 en die stof na die Aarde terugkeer soos hy was, en die gees na die Elohim terugkeer wat haar gegee het. Ecc 12:8 Alles tevergeefs, sê die Prediker, dit is alles tevergeefs. //Vrees Elohim en hou Sy Gebooie. Ecc 12:9 EN behalwe dat die Prediker 'n wyse was, het hy die volk nog Kennis geleer en het oorweeg en ondersoek; hy het baie spreuke opgestel. Ecc 12:10 Die Prediker het gesoek om welgevallige woorde te vind en wat Reg geskrywe is - woorde van Waarheid. Ecc 12:11 Die woorde van die wyse manne is soos prikkels; en soos spykers, diep ingeslaan, is die versamelde spreuke; hulle is deur die enige Herder gegee. Ecc 12:12 En buitendien, my seun, wees gewaarsku; aan baie boekrolle maak kom geen einde nie, en baie studie is vermoeiing van die vlees. Ecc 12:13 Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees die Elohim en hou Sy Gebooie; want Sy geld vir alle adamiete. Ecc 12:14 Want die Elohim sal elke werk bring in die Reg wat kom oor al die verborge dinge, suiwer of besoedel. // // //Die Hooglied van Salomo // //Hooglied, - 'n tweegesprek tussen Salomo en 'n vrou, 'n teëbeeld van die Seun en Sy Bruid. Sol 1:1 DIE hooglied van Salomo. //[DIE VROU PRAAT:] Sol 1:2 Laat Hy My kus met kusse van Sy Mond; want U liefde is suiwerder as wyn. Sol 1:3 Die aroma van U salf is suiwer, U Naam is soos salf wat uitgegiet is; daarom het die maagde U lief. Sol 1:4 Trek My agter U aan, laat Ons gou maak! Die Koning het My in Sy binnekamers gebring. Ons wil juig en Ons in U verheug, Ons wil U liefde prys meer as wyn. Met Reg het hulle U lief. Sol 1:5 Ek is swart, maar lieflik, o Dogters van Jerusalem, soos die tente van Kedar1, soos die gordyne van Salomo. [Klaagliedere 4:7-8, Klaagliedere 5:2] Sol 1:6 Moenie na My kyk omdat Ek so swart is, omdat die Son My verbrand het nie: die Seuns van My Moeder was toornig op My; hulle het My aangestel as oppasser van die Wingerde; My eie Wingerd het Ek nie opgepas nie. [Odes van Salomo 15:6] Sol 1:7 Vertel My tog, wie My Siel liefhet, waar laat U wei, waar laat U smiddags die vee lê en rus? Want waarom sou Ek wees soos een wat Haar met 'n sluier toedraai by die kuddes van U metgeselle? //[DIE MAN ANTWOORD:] Sol 1:8 As U dit self nie weet nie, mooiste onder die vroue, gaan dan uit op die spore van die skape en laat U bokkies wei by die Tabernakels van die herders. Sol 1:9 Met die perde voor 'n wa van Farao vergelyk Ek U, My vriendin! Sol 1:10 Lieflik is U wange tussen die kettinkies, U hals in die snoere. Sol 1:11 Ons sal vir U goue kettinkies maak met silwerknoppe. //[DIE VROU:] Sol 1:12 So lank as die Koning aan Sy tafel was, het My nardus Sy aroma gegee. Sol 1:13 My Beminde is vir My 'n bossie mirre wat tussen My borste rus. Sol 1:14 My Beminde is vir My 'n tros hennablomme in die Wingerde van Éngedi. [JeségiEl 47:10] //[DIE MAN:] Sol 1:15 Hoe mooi is U tog, My vriendin! Hoe mooi is U tog, U oë is soos duiwe! //[DIE VROU:] Sol 1:16 Hoe mooi is U tog, My Beminde, ja lieflik; ook is Ons bed in die groenigheid. Sol 1:17 Die balke van Ons huise is seders, Ons paneelwerk sipresse. //[DIE MAN:] Sol 2:1 EK is 'n roos van Saron, 'n lelie van die dale. Sol 2:2 Soos 'n lelie tussen die dorings, so is My vriendin onder die Dogters. [2 Ezra 5:24; DaniEl 13:2] //[DIE VROU:] Sol 2:3 Soos 'n appelboom onder die bome van die bos, so is My Beminde onder die Seuns. Ek het verlang om in Sy skaduwee te sit, en Sy vrugte is soet vir My verhemelte. Sol 2:4 Hy het My in die wynhuis ingebring, en Sy vaandel oor My was die liefde. Sol 2:5 Versterk My met rosynekoeke, verkwik My met appels, want Ek is krank van liefde. Sol 2:6 Laat Sy linkerarm onder My hoof wees en Sy regterarm My omhels. Sol 2:7 Ek besweer julle, Dogters van Jerusalem, by die gemsbokke of by die takbokke van die veld, om nie die liefde wakker te maak of op te wek voordat dit die [liefde] behaag nie. Sol 2:8 Hoor, My Beminde, kyk, daar kom Hy! Hy spring oor die berge, Hy huppel oor die heuwels. Sol 2:9 My Beminde lyk soos 'n gemsbok of soos 'n jong takbok. Daar staan Hy agter Ons muur! Hy kyk deur die vensters in, Hy speur deur die tralies heen. [Psalm 78:61; 88:11; 142:7; Odes van Salomo 21:2] //[DIE VROU KWOTEER DIE MAN:] Sol 2:10 My Beminde begin toe en sê vir My: Staan op, My vriendin, My skone, kom dan tog! Sol 2:11 Want kyk, die winter is verby, die reëntyd is oor, dit het verbygegaan. Sol 2:12 Die bloeisels word gesien in die Aarde, die sangtyd het aangebreek, en die Tortelduif laat Haar Stem hoor in Ons Aarde. Sol 2:13 Die Vyeboom laat Haar voorvye uitswel, en die Wingerdstokke wat bot, versprei aroma. Staan op, My vriendin, My skone, kom dan tog! [MattithJaHûW 24:32] Sol 2:14 My Duif in die rotsklowe, in die skuilplek by die krans, laat My U gedaante sien, laat My U Stem hoor; want U Stem is soet, en U gedaante is lieflik. Sol 2:15 Vang julle vir Ons die jakkalse, die klein jakkalse wat die Wingerde verniel, want Ons Wingerde staan in die bot. //[DIE VROU:] Sol 2:16 My Beminde is Myne, en Ek is Syne wat Herder is onder die lelies. Sol 2:17 Totdat die aandwind waai en die skaduwees vlug, kom aan, My Beminde, maak soos die gemsbok of soos die jong takbok op die berge van skeiding. Sol 3:1 OP My bed snags het Ek na haar[Sy siel] gesoek, wie My Siel liefhet, Ek het na Hom gesoek, maar Hom nie gevind nie. Sol 3:2 Ek wil dan opstaan en in die Stad rondgaan, in die strate en op die pleine wil Ek na haar soek[Sy siel], My Siel het haar[Sy siel] lief; Ek het na Hom gesoek, maar Hom nie gevind nie. Sol 3:3 Die wagte wat in die Stad rondgaan, het My aangetref. Het julle haar[Sy siel] nie gesien wie My Siel liefhet nie? Sol 3:4 Skaars het Ek van hulle af verder gegaan, of het Ek haar gevind[Sy siel] wie My Siel liefhet; Ek het Hom vasgehou en Hom nie gelos voordat Ek Hom gebring het in die Huis van My Moeder en in die binnekamer van Haar wat My gebaar het nie. [Profesie van Barug 4:21] Sol 3:5 Ek besweer julle, Dogters van Jerusalem, by die gemsbokke of by die takbokke van die veld om nie die liefde wakker te maak, of op te wek voordat dit die liefde behaag nie. Sol 3:6 Wie is daar wat daar opkom uit die wildernis soos rookpilare, gegeur met mirre en wierook, met allerhande speserye van die koopman? Sol 3:7 Kyk, dit is die draagstoel van Salomo, sestig dapperes daarom vir Haar, van die dapperes van JisraEl, Sol 3:8 hulle almal met 'n swaard gewapend, geoefend vir oorlog, elkeen met Sy swaard aan Sy heup vanweë die nagtelike verskrikking. Sol 3:9 Koning Salomo het vir Hom 'n draagstoel gemaak van die hout van die Líbanon; Sol 3:10 die steile daarvan het Hy gemaak van silwer, die leuning van goud, die sitplek van purper, die binnekant mooi opgemaak - 'n liefde [gawe] van die Dogters van Jerusalem. Sol 3:11 Kom uit, Dogters van Sion, en aanskou met Vreugde die Koning Salomo, die Kroon waarmee Sy Moeder Hom bekroon het op Sy troudag en op die dag dat Sy hart vrolik is. [Boekrol van Henog 48:1; 2 Ezra 7:26; Spreuke 12:4] //[DIE MAN:] Sol 4:1 HOE mooi is U tog, My vriendin, hoe mooi is U tog, U oë is soos duiwe deur U sluier heen; U hare is soos 'n kudde bokke wat van die gebergte van Gílead afgolf. Sol 4:2 U tande is soos 'n kudde pas geskeerde [skape] wat van die drinkplek opkom, wat almal tweelinge het, en geeneen onder hulle is sonder lam nie. Sol 4:3 U lippe is soos 'n skarlaken band, en U mond is lieflik. U slape is soos 'n granaatskyf deur U sluier heen. Sol 4:4 U hals is soos die Dawidstoring, gebou met muurkranse waar die duisend skilde in hang, almal skilde van dapperes. [Die Profeet Miga 4:8; Spreuke van Salomo 18:10] Sol 4:5 U twee borste is soos twee lammers, tweelinge van 'n gemsbok, wat onder die lelies wei. Sol 4:6 Totdat die aandwind waai en die skaduwees vlug, sal Ek gaan na die mirreberg en na die wierookheuwel. [Wysheid van Sirah 24:15] Sol 4:7 Alles is mooi aan U, My vriendin, en U is nie gekleurd nie. Sol 4:8 Saam met My van die Líbanon af, Bruid, saam met My van die Líbanon af, o kom! Trek af van die top van Amána, van die top van Senir en van Hermon, van die lêplekke van die leeus, van die berge van die luiperds. [Deuteronómium 3:9] Sol 4:9 U het My Hart gesteel, My Susterbruid, U het My Hart gesteel met een [straal] van U oë, met een kettinkie van U halssieraad. Sol 4:10 Hoe skoon is U liefde, My Susterbruid, hoeveel beter is U liefde as wyn en die aroma van U salf as al die speserye! Sol 4:11 Heuningstroop drup van U lippe af, Bruid, heuning en melk is onder U tong, en die aroma van U klere is soos die aroma van die Líbanon. [Odes van Salomo 30:4; JeshaJaH 51:3] Sol 4:12 My susterbruid is 'n geslote Tuin, 'n geslote Bron, 'n verseëlde Fontein. [JeshaJaH 51:3] Sol 4:13 U spruite is 'n park van granate met kostelike vrugte, hennablomme met nardus, Sol 4:14 nardus en saffraan, kalmoes en kaneel, met allerhande wierookstruike, mirre en alewee, met allerhande kostelike speserye. Sol 4:15 U is 'n Fontein van die tuine, 'n put met lewende water wat van die Líbanon afvloei. [JeHôWshua 4:7] //[DIE VROU:] Sol 4:16 Word wakker, noordewind, en kom, suidewind, deurwaai My Tuin, laat Sy balsemgeure uitvloei! Laat My Beminde in Sy Tuin kom en van Sy kostelike vrugte eet. //[DIE MAN:] Sol 5:1 EK het in My Tuin gekom, My susterbruid, Ek het My mirre met My balsem gepluk, Ek het geëet van My heuningkoek met My heuning, Ek het gedrink My wyn met My melk; eet, vriende, drink en word vrolik, bemindes. [2 Nikodémus 5:1] Sol 5:2 Ek het geslaap, maar My Hart het gewaak. Hoor, My Beminde klop: Maak vir My oop, My suster, My vriendin, My Duif, My rasegte! Want My hoof is vol Dou, My haarlokke vol nagdruppels. [Psalm 74:18; 2 Ezra 2:15] Sol 5:3 Ek het My kleed uitgetrek, hoe kan Ek hom weer aantrek? Ek het My voete gewas, hoe kan Ek hulle weer vuil maak? [JeHôWganan 13:8] //[DIE VROU:] Sol 5:4 My Beminde het Sy hand deur die deuropening gesteek; toe het My binneste oor Hom in beroering gekom; [2 Nikodémus 5:1] Sol 5:5 Ek het opgestaan om vir My Beminde oop te maak, terwyl My hande drup van mirre en My vingers van vloeiende mirre op die handpalms van die grendel. [Wysheid van Sirah 24:15] Sol 5:6 Ek het vir My Beminde oopgemaak, maar My Beminde het weggedraai, verbygegaan; My Siel het uitgegaan toe Hy gespreek het; Ek het na Hom gesoek, maar Hom nie gevind nie; Ek het na Hom geroep, maar Hy het My nie geantwoord nie. [2 Ezra 10:1, 48; Odes van Salomo 21:6] Sol 5:7 Die wagte wat in die Stad rondgaan, het My aangetref; hulle het My geslaan, My gewond; die wagte by die mure het My mantel van My afgeneem. Sol 5:8 Ek besweer julle, Dogters van Jerusalem, as julle My Beminde vind, wat sal julle Hom vertel? Dat Ek krank is van liefde. //[DIE DOGTERS:] Sol 5:9 Wat is U Beminde meer as 'n ander beminde, o skoonste onder die vroue - wat is U Beminde meer as 'n ander beminde, dat U Ons so besweer het? //[DIE VROU:] Sol 5:10 My Beminde is skitterend wit en rooi, uitnemender as tienduisend. Sol 5:11 Sy hoof is soos erts van suiwer goud; Sy haarlokke is golwend, swart soos 'n raaf, Sol 5:12 Sy oë soos duiwe by waterstrome, in melk gewas, sittend by 'n volle [bron]. Sol 5:13 Sy wange is soos balsembeddings, terrasbeddings van geurige plante; Sy lippe is lelies wat van vloeiende mirre drup. Sol 5:14 Sy hande is ronde stawe van goud, ingevul met chrisoliet, Sy liggaam 'n kunswerk van ivoor, bedek met saffierstene. Sol 5:15 Sy bene is marmerpilare wat rus op voetstukke van fyn goud; Sy gestalte is soos die Líbanon, uitgesoek soos die seders. Sol 5:16 Sy verhemelte is pure soetigheid, ja, Hy is geheel en al die lieflikheid self. Hy is My Beminde en Hy is My vriend, Dogters van Jerusalem. //[DIE DOGTERS:] Sol 6:1 WAAR het U Beminde heengegaan, o skoonste onder die vroue? Waarheen het U Beminde Hom gewend, dat Ons Hom saam met U kan soek? //[DIE VROU:] Sol 6:2 My Beminde het afgeloop na Sy Tuin, na die balsembeddings om Hom te vermaak in die tuine en om lelies te versamel. Sol 6:3 Ek is My Beminde s'n, en My Beminde is Myne - Hy wat Herder is onder die lelies. //[DIE MAN:] Sol 6:4 Mooi is U, My vriendin, soos Tirsa, lieflik soos Jerusalem, verskriklik soos slagordes met vaandels. [Númeri 27:1] Sol 6:5 Draai U oë van My af weg, want hulle verskrik My; U hare is soos 'n kudde bokke wat van Gílead afgolf. Sol 6:6 U tande is soos 'n kudde skaapooie wat van die drinkplek af opkom, wat almal tweelinge het, en geeneen onder hulle is sonder lam nie. Sol 6:7 U slape is soos 'n granaatskyf deur U sluier heen. Sol 6:8 Daar is sestig koninginne en tagtig byvroue en maagde sonder getal. [Spreuke van Salomo 9:3] Sol 6:9 Een, dié is My Duif, My rasegte, die enigste vir Haar Moeder; Sy is die Uitverkorene vir die Een wat Haar gebaar het. [Psalm 45:14; Profesie van Barug 4] Die Dogters het Haar gesien en Haar geseënd geprys, die koninginne en die byvroue, en Haar geroem: Sol 6:10 Wie is dit wat daar opkom soos die dagbreek, mooi soos die maan, helder soos die son, verskriklik soos slagordes met vaandels? //[DIE MAN:] Sol 6:11 Ek het afgeloop na die neutetuin om te kyk na die uitspruitsels in die dal, om te kyk of die Wingerdstok uitloop, die granate blom. Sol 6:12 Voordat Ek dit geweet het, het My Siel My verplaas op die waens van My edele volk. Sol 6:13 Kom terug, kom terug; Sulammitiese, kom terug, kom terug, dat Ons U kan aansien. Wat sien julle aan die Sulammitiese? Iets soos die koordans in die soldatekamp. //[DIE MAN:] Sol 7:1 HOE mooi is U skrede in die skoene, o edele Dogter! Die golwende lyne van U heupe is soos halssierade, 'n werk van kunstenaarshande. Sol 7:2 U nawel is 'n ronde kom - laat die gemengde wyn nie ontbreek nie. U liggaam is 'n hoop koring, omring deur lelies. Sol 7:3 U twee borste is soos twee lammers, tweelinge van 'n gemsbok. [Hoséa 2:2] Sol 7:4 U hals is soos 'n ivoortoring, U oë vywers in Hesbon by die Poort Bat-Rabbim; U neus soos die Toring van die Líbanon wat na Damaskus toe uitkyk. //[DIE VROU:] Sol 7:5 U hoof op U is soos die Karmel, en die golwende hare van U hoof soos purper - 'n Koning gevang in haarlokke! Sol 7:6 Hoe mooi en hoe lieflik is U, o liefde, onder al die genietinge! //[DIE MAN:] Sol 7:7 U hoë gestalte daar lyk soos 'n dadelpalm, en U borste soos vrugtetrosse. Sol 7:8 Ek het gedink: Laat Ek op die dadelpalm klim, laat Ek Haar trosse gryp; en laat U borste tog wees soos trosse van die Wingerdstok, en die aroma van U asem soos dié van appels, [Hoséa 2:2] Sol 7:9 en U verhemelte soos die suiwerste wyn wat vir My Beminde saggies na binne gly, en oor die lippe vloei en laat die wat slaap, praat. //[DIE VROU:] Sol 7:10 Ek is My Beminde s'n, en Sy begeerte is na My. Sol 7:11 Kom, My Beminde, laat Ons uitgaan in die veld, laat Ons in die dorpe vernag. Sol 7:12 Laat Ons vroeg na die Wingerde gaan, laat Ons sien of die Wingerdstok uitloop, die druiwebloeisel oopgaan, die granate blom. Daar sal Ek U My liefde gee. [JeshaJaH 18:5] Sol 7:13 Die liefdesappels gee aroma, en by Ons deure is allerhande kostelike vrugte, vars en oud; o My Beminde, dit het Ek vir U weggebêre. [Odes van Salomo 28:2] Sol 8:1 AG, was U maar vir My soos 'n broer wat aan die borste van My Moeder drink! As Ek U daar buite vind, Ek sou U kus; en tog sou hulle My nie verag nie. Sol 8:2 Ek sou U lei, Ek sou U bring in die Huis van My Moeder; Sy sou My leer; Ek sou U laat drink van die gekruide wyn, en van My soet wyn van granaat. Sol 8:3 Laat Sy linkerarm onder My hoof wees en Sy regterarm My omhels. Sol 8:4 Ek besweer julle, Dogters van Jerusalem: Waarom wil julle wakker maak en waarom wil julle opwek die liefde voordat dit die [liefde] behaag? //[DIE DOGTERS:] Sol 8:5 Wie is dit wat daar opkom uit die wildernis, wat leun op Haar Beminde? [Openbaring 12:1] Onder die appelboom het Ek U opgerig. Daar was U Moeder in barensweë oor U, daar was Sy in barensweë wat U voortgebring het. Sol 8:6 Dra My soos 'n Seëlring op U hart, soos 'n Seëlring op U arm; want die liefde is kragtig soos die Dood, die liefdes-ywer is wreed soos die Doderyk/Sheol, haar gloed is 'n gloed van vuur, 'n vlam. [Wysheid van Sirah 17:22; Haggai 2:23] Sol 8:7 Groot waters kan die liefde nie uitblus en riviere haar nie oorstroom nie; al gee 'n man ook al die goed van Sy huis vir die liefde, hulle sou Hom diep verag. //[DIE DOGTERS:] Sol 8:8 Ons het 'n klein sustertjie wat nog nie borste het nie; wat moet Ons met Ons suster maak dié dag as Sy gevra word? Sol 8:9 As Sy 'n muur is, sal Ons 'n silwerrand op Haar bou, en as Sy 'n deur is, sal Ons Haar met 'n sederplank toeslaan. //[SUSTERTJIE:] Sol 8:10 Ek is 'n muur, en My borste soos torings: toe het Ek in Sy oë geword soos een wat Vrede vind. Sol 8:11 Salomo het 'n Wingerd in Baäl-Hamon gehad; Hy het die Wingerd aan die oppassers oorgegee; elkeen moes vir Sy vrugte duisend [sikkels] silwer inbring. Sol 8:12 My Wingerd, Myne, is hier voor My, die duisend [sikkels] is vir U, Salomo, en tweehonderd vir die wat Sy vrugte bewaak. //[DIE MAN:] Sol 8:13 U wat in die tuine woon - vriende luister na U stem; laat My dit hoor. //[DIE VROU:] Sol 8:14 Vlug, My Beminde, en maak soos die gemsbok of die jong takbok op die balsemberge. Sol 9:1 1 donker. // // //Die Boekrol van WYSHEID van Salomo // //Die Wysheid is die bron van seën (voorspoed) en bewerkstellig Geregtigheid. Wis 1:1 HET die Geregtigheid lief, julle wat die Aarde regeer; dink aan JaHWeH in regskapenheid, en soek HOM met 'n ongeveinsde hart. Wis 1:2 Want HY laat HOM vind deur wie HOM nie beproef nie; HY openbaar HOM aan wie HOM nie wantrou nie. Wis 1:3 Bose gedagtes trek af van JaHWeH; en as SY Leërmag op die proef gestel word, beskaam dit die onverstandiges. Wis 1:4 Die Wysheid sal nie ingaan in 'n bedrieglike siel nie, en Sy woon nie in 'n liggaam wat deur wetsverbreking beswaar is nie. Wis 1:5 Want die Aparte Gees van Tug ontwyk veinsery; Sy vlug vir onbesonne gedagtes en word beskaam as die Ongeregtigheid naderby kom. Wis 1:6 Want die Wysheid is 'n Gees wat die adamiet liefhet, maar Sy laat 'n lasteraar nie ongestraf vir [die woorde van] sy lippe nie, omdat El die Getuie is van sy niere en die waaragtige Verspieder van sy hart en die Toehoorder van sy tong. Wis 1:7 Die Gees van JaHWeH het die heelal vol gemaak, en HY wat alles saamhou, weet wat daar gesê word. Wis 1:8 Daarom bly niemand verborge wat wetsverbreking voorstaan nie en gaan die strafoordeel nie by hom verby nie. Wis 1:9 Want daar sal 'n verhoor wees van die wettelose se oorleg, en die klank van sy woorde kom by JaHWeH om te straf vir sy ongeregtigheid. Wis 1:10 Die Oor van die Jaloerse hoor alles, en die geluid van 'n gemor bly nie verborge nie. [Exodus 20:5] Wis 1:11 Waak julle daarom teen nuttelose gemor en vrywaar julle tong teen lastertaal, omdat ook 'n heimlike woord nie sonder meer aangaan nie en 'n mond wat lieg, dodelik is vir die siel. Wis 1:12 Soek nie die Dood deur 'n verkeerde lewenspad nie, en lok die rampe nie uit deur die werke van julle hande nie. Wis 1:13 Want Elohim het nie die Dood gemaak nie, en Hy verheug Hom nie oor die ondergang van die lewendes nie. Wis 1:14 Omdat Hy alles geskep het om te wees; en die geslagte van die Aarde is geneeslik en daar is geen vergif in hulle nie, terwyl die Doderyk/Sheol se mag ook nie uitstrek oor die Aarde nie. Wis 1:15 Want die Geregtigheid is onsterflik. //Die besoedelde verdien die Dood. Wis 1:16 DIE besoedeldes roep [die Doderyk] deur hulle werke en woorde; hulle smag na haar en beskou haar as 'n vriend, en hulle het 'n verbond met haar gesluit, omdat hulle werd is om haar buit te wees. Wis 2:1 WANT hulle oordeel verkeerd en sê vir mekaar: Ons lewe is kort en vol sorge; daar is geen genesing as 'n mens se einde gekom het nie, en dit is nie bekend dat iemand uit die Doderyk/Sheol kan red nie. Wis 2:2 By toeval is ons gebore, en later sal dit wees of ons nooit bestaan het nie; want rook is die asem in ons neus, en ons denke is die vonk van ons hartklop. Wis 2:3 As dit geblus is, vergaan die liggaam tot stof en die gees vervlieg soos yl lug. Wis 2:4 Ook ons naam word mettertyd vergeet en niemand dink nog aan wat ons gedoen het nie; ons lewe gaan verby soos die skaduwee van 'n wolk, en dit word versprei soos 'n newel wat verdryf word deur die son se strale en deur sy warmte tot neerslag word. Wis 2:5 Want ons lewe is soos die verbygaan van 'n skaduwee, en ons einde kan nie herroep word nie, omdat dit verseël is en niemand kom terug nie. Wis 2:6 Kom dan, laat ons die goeie wat daar is, geniet; laat ons van die wêreld soos die jeug 'n haastige gebruik maak. Wis 2:7 Laat ons volop neem van die kosbare wyn en mirre, en laat geen lentebloeisel ons ontgaan nie. Wis 2:8 Laat ons kranse van rose op ons hoof sit, voordat hulle verlep is. Wis 2:9 Laat niemand van ons agterbly in ons uitbundigheid nie, en laat ons orals die spore agterlaat van ons vrolikheid, want dit is ons aandeel en ons erfgoed. Wis 2:10 Laat ons die behoeftige vrome verdruk, laat ons geen weduwees spaar nie en die hoogbejaarde hare van die grysaard nie ontsien nie. Wis 2:11 Laat ons mag die maatstaf van Reg wees, want wat swak is, bewys sy eie nutteloosheid. Wis 2:12 Laat ons 'n lokval opstel vir die regverdige, omdat hy ons tot las is en hom teen ons optrede verset; hy verwyt ons dat ons die Wet oortree en hy beskuldig ons dat ons oortree teen die Tug. Wis 2:13 Hy beroem hom op sy kennis van JaHWeH, en hy noem homself 'n seun van Elohim. Wis 2:14 Hy is vir ons 'n aanklag teen ons opvattinge, en dit is selfs hinderlik om hom te sien; Wis 2:15 want sy lewenswyse verskil van ander, en sy paaie is volkome anders. Wis 2:16 Hy reken dat ons namaaksels is; en hy bly ver van ons paaie soos van vuilgoed. Hy prys die uiterstes van die wetsgetroues, en hy beroem hom daarop dat Elohim sy Vader is. Wis 2:17 Laat ons sien of sy woorde waar is; laat ons die omstandighede van sy einde ondersoek. Wis 2:18 Want as die rassuiwere 'n seun van Elohim is, sal Hy hom beskerm en verlos uit die hand van sy teenstanders. Wis 2:19 Laat ons hom op die proef stel deur smaad en mishandeling, sodat ons sy sagmoedigheid kan sien en sy geduld kan toets. Wis 2:20 Laat ons hom veroordeel tot 'n eerlose dood, want volgens sy woorde word hy beskerm. Wis 2:21 So is hulle gedagtes, en [tog] dwaal hulle, want hulle besoedeling het hulle blind gemaak. Wis 2:22 Hulle het geen wete van Elohim se geheimenisse nie, hulle verwag geen beloning vir vroomheid nie en hulle oordeel vleklose siele nie werd om geëer te word nie. Wis 2:23 Elohim het die adamiet geskep vir onsterflikheid, en HY het hom gemaak as 'n beeld van SY eie, ewige Wese; Wis 2:24 maar deur die naywer van die duiwel het Dood in die wêreld gekom, en die wat haar toebehoort, sal haar soek. //Die regverdige word beloon en die wetsverbreker gestraf. Wis 3:1 DIE siele van die regverdiges is in die Hand van Elohim, en geen kwelling sal hulle tref nie. [Wysheid van Salomo 5:15, 16] Wis 3:2 In die oë van die dwases het hulle die skyn of hulle sterf, en hulle einde word as 'n ramp beskou; Wis 3:3 hulle heengaan van ons word as 'n vernietiging gesien, maar hulle is in vrede. Wis 3:4 Want vir die mense lyk dit of hulle gepynig word, en tog is hulle vol hoop op die onsterflikheid. Wis 3:5 Terwyl hulle in 'n geringe mate getugtig word, sal hulle groot weldade ontvang; want Elohim stel hulle op die proef en vind dat hulle Hom werd is. Wis 3:6 Soos goud in die smeltoond beproef Hy hulle, maar Hy neem hulle aan soos die ryp vrug van 'n aanbieding. Wis 3:7 En in die tyd van hulle oordeel sal hulle skitter; hulle sal sprankel soos vonke in 'n stoppelland. Wis 3:8 Hulle sal nasies oordeel en volke regeer, en JaHWeH sal hulle Koning wees tot in ewigheid. Wis 3:9 Die wat in Hom glo, sal die Waarheid ken; en die wat op Hom vertrou, sal in Sy liefde bly, omdat Sy Guns en Ontferming vir die uitverkorenes is. Wis 3:10 Maar die oortreders word gestraf ooreenkomstig hulle denke - hulle wat die wetsgetroue minag en JaHWeH verlaat. Wis 3:11 Want vervloek is diegene wat Wysheid en Tug minag: hulle hoop is ydel, hulle moeite is vergeefs, en hulle werke is nutteloos. Wis 3:12 Hulle vroue is onbedagsaam en hulle kinders gee las; vervloek is hulle saadlyn. Wis 3:13 Geseënd daarom die onvrugbare vrou wat haar suiwerheid bewaar het, sy wat geen omgang van oortreding ken nie; sy sal die vrugte pluk as die siele geoordeel word. Wis 3:14 Geseënd ook die ontmande wat sy hand nie laat oortree nie, hy wat geen oortreding teen JaHWeH begeer nie, want hy sal 'n uitgesoekte geskenk ontvang vir sy trou; hy sal 'n kosbare aandeel hê in die Huis van JaHWeH. Wis 3:15 Want eervol is die vrug van suiwer werke, en onverganklik is die wortel van bedagsaamheid. Wis 3:16 Maar die kinders van vermenging bly onvolwasse, en die kroos van 'n onwettige vermenging gaan tot niet. Wis 3:17 En wanneer hulle lank lewe, word hulle tog soos niks geag, en eindelik is hulle ouderdom eerloos. Wis 3:18 Wanneer hulle vroegtydig sterwe, het hulle geen hoop nie, en geen vertroosting op die dag van die oordeel nie. Wis 3:19 Want rampsalig is die einde van 'n besoedelde saadlyn. Wis 4:1 BETER is kinderloosheid wat gepaard gaan met Suiwerheid: Sy bly onsterflik in die herinnering, omdat Sy erken word by Elohim en by die adamiet. [Spreuke 30:15-16] Wis 4:2 As Sy aanwesig is, word Sy nagevolg; as Sy heengegaan het, word Sy gemis. Sy word bekroon en Sy seëvier, omdat Sy oorwin het deur te streef na 'n onbesoedelde beloning. Wis 4:3 Daarom sal 'n groot getal kinders vir die besoedeldes nie voordelig wees nie: van basterlote gaan die wortel nie diep nie, en hulle sit nie op 'n stewige grondslag nie. Wis 4:4 Want ook al bot hulle 'n tydlank uit in takke, hulle word geskud deur die wind omdat hulle wankelrig staan, en hulle word deur die krag van die stormwinde ontwortel. Wis 4:5 Die bastertakke word rondom gebreek, en hulle vrug is nikswerd, hulle is te besoedel om te eet en vir niks bruikbaar nie. Wis 4:6 Want kinders wat uit vermenging gebore word, is in die oordeel die getuies teen hulle ouers se misdaad. [Openbaring van Petrus 1:26] Wis 4:7 Maar as 'n regverdige voortydig sterf, sal hy verkwik word: Wis 4:8 want die ouderdom is nie eervol vanweë die lang lewensduur nie, en dit word ook nie gemeet na die getal van die jare nie; Wis 4:9 maar grys hare beteken vir die adamiet verstandigheid, en ouderdom 'n vleklose lewe. Wis 4:10 Omdat hy aan sy Elohey welgevallig was, is hy bemin; en omdat hy tussen oortreders geleef het, is hy weggeneem. Wis 4:11 Hy is weggeruk, sodat besoedeling nie sy verstand sou verander nie, en sodat listige bedrog nie sy gees sou mislei nie; Wis 4:12 want die betowering van die besoedeling verduister die suiwer dinge, en die bedwelming van die begeerte bederf 'n onskuldige gees. Wis 4:13 Hy het jonk gesterf en tog die volheid van baie jare bereik: Wis 4:14 want sy siel was welgevallig aan JaHWeH; daarom het Hy haar spoedig weggeneem uit die midde van die kwaad. Maar die mense wat dit gesien het, het dit nie begryp nie en hulle het dit ook nie oorweeg nie: Wis 4:15 Sy Guns en Ontferming is vir Sy uitverkorenes, en Sy beskerming is vir Sy apartes. Wis 4:16 Die regverdige wat gesterf het, veroordeel die oortreders wat leef; en sy jeug wat vroeg geëindig het, is ['n veroordeling van] die bose se hoë ouderdom. Wis 4:17 Want hulle sien wel die einde van 'n wyse, maar hulle verstaan nie JaHWeH se planne met hom nie, en ook nie waarom Hy hom in veiligheid gebring het nie. Wis 4:18 Hulle sien en het slegs minagting, maar JaHWeH lag oor hulle. Wis 4:19 Want later word hulle 'n lyk sonder eer en vir ewig 'n bespotting onder die dooies. Hy laat hulle neerstort sonder geluid en ruk hulle los van hulle grondslag; tot die einde [van die Aarde] verwilder Hy hulle, en hulle sal in pyne wees, terwyl hulle gedagtenis in die niet versink. Wis 4:20 Met vrees sal hulle verskyn vir die afrekening van hulle ongeregtigheid, en hulle eie misdade sal teen hulle, hulle skuld bewys. //Elohim oordeel die wetsgetroues en die oortreders. Wis 5:1 DAN sal die regverdige met groot vertroue voor die aangesig staan van die wat hom verdruk het en wat sy sorge geminag het. Wis 5:2 Terwyl hulle kyk, sal hulle oorval word deur 'n geweldige vrees, en hulle sal oorstelp wees oor die onverwagsheid van die redding. Wis 5:3 En hulle wat te laat tot ander insigte gekom het en wat sug vanweë die benoudheid van hulle gees, sal vir mekaar sê: Wis 5:4 Dit was nou die man met wie ons vroeër gespot het en wat ons in ons dwaasheid vir 'n toonbeeld van veragting gehou het; ons het sy lewe as 'n dwaasheid beskou en sy einde as eerloos. Wis 5:5 Hoe word hy [nou] onder die seuns van Elohim gereken, en is sy aandeel met die apartes! Wis 5:6 Ons het dus wel afgedwaal van die Weg van die Waarheid, en die Lig van Geregtigheid het nie vir ons geskyn nie, terwyl die son nie vir ons opgegaan het nie. Wis 5:7 Ons het ons moeg gemaak op die paaie van Ongeregtigheid en verderf, en ons het deur ongebaande wildernisse getrek, maar die Weg van JaHWeH het ons nie geken nie. [Psalm 18:30] Wis 5:8 Wat het die hoogmoed ons gehelp? En wat het rykdom en grootpraat ons gebring? Wis 5:9 Al daardie dinge het verbygegaan soos 'n skaduwee, en soos 'n tyding wat verbyjaag. Wis 5:10 Soos 'n skip wat deur die golwende water vaar, sonder dat 'n mens 'n spoor van sy deurgaan, of die pad van sy kiel in die golwe kan vind. Wis 5:11 Of soos 'n voël wat deur die lug vlieg. Niks word van hom gevind as teken van sy vlug nie, as alleen die yl lug wat deur die slag van sy vlerke gegésel word, wat op sy deurtog gesny word deur die krag van sy snel-bewegende vlerke; maar daarna word daar geen enkele aanduiding van sy vlug gevind nie. Wis 5:12 Of wanneer 'n pyl na 'n doel geskiet word: die lug word deursny maar dit word weer ongedaan gemaak, sodat van die deurtog niks meer gesien word nie. Wis 5:13 So is ons gebore en het ons gesterwe, en ons het niks om as teken van ons deug te wys nie, maar wel het ons onsself in besoedeling verbruik. Wis 5:14 Die hoop van die wettelose is soos stof wat deur die wind weggedra word; en soos ligte skuim wat deur die stormwind versprei word; en soos rook wat deur die wind verstrooi word; dit trek verby soos die herinnering aan 'n gas van een dag. Wis 5:15 Maar die wetsgetroue sal leef tot in ewigheid; by JaHWeH is hulle beloning, en die Hoogste El dra sorg vir hulle. Wis 5:16 Daarom sal hulle 'n glansryke koningskroon en 'n pragtige voorhoofsband ontvang uit die Hand van JaHWeH; want Hy sal hulle beskerm met Sy Regterhand en hulle beveilig met Sy Arm. [Exodus 28:36; Wysheid van Salomo 3:1] Wis 5:17 Hy sal Sy Ywer neem as 'n pantser, en Hy sal die skepping bewapen om die vyande af te weer. Wis 5:18 Hy sal Geregtigheid aantrek as 'n borswapen en Sy onfeilbare oordeel opsit as 'n helm. Wis 5:19 Hy sal Sy Apartheid neem as 'n onoorwinlike skild, Wis 5:20 en Sy strenge Toorn sal Hy skerpmaak tot 'n swaard; en die heelal sal saam met Hom stry teen die dwase. Wis 5:21 Die goedgemikte pyle van die bliksems sal trek, en soos uit 'n goedgespanne boog van wolke tref hulle die doel. Wis 5:22 Uit die steenslinger van Sy Grimmigheid sal die swaar haelstene gegooi word; die water van die see sal oor hulle breek, en die riviere sal met onstuimigheid saamvloei. Wis 5:23 'n Magtige Gees sal teen hulle opsteek en hulle uit mekaar jaag soos 'n orkaan; Ongeregtigheid sal die Adamah [die adamiet se Aarde] tot 'n woesteny maak, en die misdadigheid sal die trone van die vorste omverwerp. //Salomo vermaan die konings om na Wysheid te strewe. Wis 6:1 HOOR dan, konings, en gee ag; leer julle, wat die eindes van die Aarde beheers! Wis 6:2 Luister, julle wat mag besit oor die skares en wat trots is op julle menigtes van volke. Wis 6:3 Want die mag is aan julle deur JaHWeH gegee, en julle heerskappy deur die Hoogste El, wat julle werke sal ondersoek en julle planne sal navors. Wis 6:4 Want ofskoon julle die plaasvervangers van Sy Koningskap is, het julle tog nie met Reg geoordeel nie, nie die Wet nagekom nie en nie ooreenkomstig die Wil van Elohim gehandel nie. Wis 6:5 Skrikwekkend en spoedig sal Hy teen julle optree, omdat oor die owerstes streng geoordeel word. Wis 6:6 Want die onaansienlike word verontskuldig in ontferming, maar die magtiges word gestraf met Mag. Wis 6:7 En Hy wat Meester van almal is, sal Sy Aangesig nie verberg nie en geen vrees hê vir grootheid nie; klein en groot het Hy gemaak, en vir almal dra Hy gelyktydig sorg. Wis 6:8 Maar vir die magtiges wag 'n kragtige ondersoek. Wis 6:9 Vir julle is dus my woorde, regeerders! Sodat julle Wysheid leer en nie tot val kom nie. Wis 6:10 Want die wat die Aparthede in Apartheid onderhou, word self apart; en die wat dit geleer het, sal die regte antwoorde vind. Wis 6:11 Wees julle daarom gretig om my woorde te hoor, begeer daarna, en julle sal leiding ontvang. Wis 6:12 Wysheid gee Lig en Sy kan nie gedoof word nie. Sy word gemaklik gesien deur die wat Haar liefhet, en Sy word gevind deur wie Haar soek. Wis 6:13 Sy voorkom die wat na Haar verlang deur self eerste te verskyn. Wis 6:14 En diegene wat vir Haar vroeg opstaan, sal geen moeite hê nie, want hy sal Haar vind omdat Sy by sy deur sit. Wis 6:15 Dit is uiters verstandig om oor Haar na te dink; en wie homself ter wille van Haar geen slaap gun nie, is spoedig sonder sorge. [Psalm 132:4] Wis 6:16 Want Sy gaan rond en soek hulle wat Haar werd is; en Sy vertoon Haar met minsaamheid aan hulle op hulle paaie, en kom hulle selfs tegemoet in elke gedagte. Wis 6:17 Sy begin as 'n opregte verlange na Tug, en die sorg vir die Tug is liefde; Wis 6:18 en liefde is om Haar Wet te onderhou; en die navolging van die Wet is 'n waarborg vir onsterflikheid; [Deuteronómium 30:13; Wysheid van Sirah 15:1-3; Spreuke van Salomo 6:20] Wis 6:19 en onsterflikheid maak dat 'n adamiet naby Elohim is. Wis 6:20 Die verlange na Wysheid lei daarom na die koningskap. [Openbaring 1:6] Wis 6:21 As julle behae skep in trone en septers, vorste van die volke, het dan die Wysheid lief, sodat julle kan koning wees in lengte van dae. [2 Ezra 2:43] //Die Wysheid kom van Elohim af. Wis 6:22 EK sal julle meedeel wie die Wysheid is en hoe Sy ontstaan het. Ek sal Haar geheime nie vir julle verborge hou nie, maar Haar spore volg vanaf die begin van Haar ontstaan, en ek sal Haar Kennis aan die lig bring en in geen enkele opsig die Waarheid verbygaan nie. Wis 6:23 Ek sal nie saamgaan met die naywer wat verteer nie, want die Wysheid woon daarmee nie saam nie. Wis 6:24 'n Menigte wyse manne is die redding van die wêreld, en 'n verstandige koning is die welsyn van sy volk. Wis 6:25 Laat julle daarom lei deur my woorde: hulle sal julle help. Wis 7:1 OOK ek is sterflik en 'n adamiet soos die ander, 'n afstammeling van die eerste wat uit stof gemaak is; en in die skoot van my moeder het ek vlees geword, Wis 7:2 in die tyd van tien maande in bloed gestrem uit die saad van 'n man en die lus van saamlê. Wis 7:3 Toe ek gebore is, het ook ek die gemeenskaplike lug ingeasem, en ek het tereggekom op die Aarde wat vir almal dieselfde is; en my eerste geluid was dieselfde gehuil as van al die ander. Wis 7:4 In doeke is ek met sorg gevoed, Wis 7:5 want geen enkele koning het by sy geboorte 'n ander begin. Wis 7:6 Op dieselfde wyse kom almal in die lewe en verlaat hulle dit. Wis 7:7 Daarom het ek gebid, en my is Insig gegee; ek het geroep, en die Gees van Wysheid het vir my gekom. Wis 7:8 Ek het Haar hoër geag as septers en trone; en rykdom het ek as niks beskou in vergelyking met Haar. Wis 7:9 Ook edelgesteente het ek nie met Haar gelykgestel nie, want al die goud is in vergelyking met Haar net 'n bietjie stof, en al die silwer is teenoor Haar soos slyk. Wis 7:10 Ek het Haar meer liefgehad as gesondheid en skoonheid, en ek het Haar besit verkies bo die Lig, omdat die glans wat Sy versprei nie gedoof kan word nie. Wis 7:11 Maar saam met Haar het tegelyk al die suiwer dinge my deel geword, want onmeetlik is die rykdom in Haar hande. Wis 7:12 Ek het al die dinge geniet, omdat Sy die Wysheid is wat hulle gebring het, sonder dat ek geweet het dat Sy in Haar die Moeder is. [Boekrol van Henog 84:3] Wis 7:13 In opregtheid het ek Haar leer ken, en sonder afguns deel ek Haar mee; ek hou Haar rykdom nie verborge nie. Wis 7:14 Want Sy is vir die adamiete 'n onuitputlike skat; en hulle wat Haar verwerf het, is aangeneem in vriendskap met Elohim, omdat hulle 'n band gevorm het deur die geskenke van die Tug. Wis 7:15 Mag Elohim Haar aan my gee om ooreenkomstig my kennis te spreek, en om ooreenkomstig die waarde van die gawes te dink, omdat HY die Gids van die Wysheid is en HY die wyses teregwys. Wis 7:16 Want in SY Hand is onsself en ons woorde, al ons oorleg en bedrewenheid. Wis 7:17 Want dit is HY wat my 'n betroubare Kennis gegee het van die dinge, sodat ek die bou van die heelal kan deursien en die Krag van die elemente, Wis 7:18 die begin en die einde en die middel van die tye, die veranderinge van die sonstilstande en die afwisseling van die jaargetye, Wis 7:19 die kringloop van die jaar en die stand van die Sterre, Wis 7:20 die natuur van al wat leef en die geaardheid van die diere; die kragte van die Geeste en die gedagtes van die adamiete; die soorte van die plante en die kragte van die wortels; Wis 7:21 al die dinge wat verborge of sigbaar is, het ek leer ken, want die Wysheid wat alles gemaak het, het my geleer. //Die verhewe geaardheid van die Wysheid. Wis 7:22 WANT die Gees wat in Haar is, is Verstandig, apartgestel, enig, veelsydig, fyn, vaardig, deurdringend, suiwer, helder, onkwetsbaar, bedag op die suiwere, skerp, Wis 7:23 vry, mild, lief vir die adamiet, standvastig, betroubaar, sonder sorge, in staat om alles te doen en te oorsien, terwyl Sy deurdring tot alle geeste wat verstandig, suiwer en fyn is. Wis 7:24 Want die Wysheid is beweegliker as alles wat beweeg, en Sy deurdring en deurtrek alles vanweë Haar suiwerheid. Wis 7:25 Sy is die asemtog van Krag van die Elohim en die uitstraling van suiwer Glansrykheid van die Almagtige; daarom kan niks wat besoedel is aan Haar raak nie. [Odes van Salomo 30:5; Wysheid van Sirah 24:3] Wis 7:26 Sy is die weerskyn van die ewige Lig en 'n onbevlekte spieël van die Krag van Elohim en 'n beeld van Sy Suiwerheid. Wis 7:27 Ofskoon Sy slegs Een is, vermag Sy alles; en terwyl Sy in Haarself bly, maak Sy alles nuut; en gedurende al die geslagte gaan Sy binne-in siele van apartes en maak hulle vriende van Elohim en profete. Wis 7:28 Want Elohim het niemand lief as alleen diegene wat saam met die Wysheid woon nie. Wis 7:29 Want Sy is fraaier as die son en die stelsel van Sterre; en in vergelyking met die Lig word Sy eerste gevind, Wis 7:30 omdat na die Lig weer die Nag volg, maar die Besoedeling oorwin nie die Wysheid nie. //Die vrugte van die Wysheid. Wis 8:1 WANT Sy reik deur Haar krag van die een eind tot die ander, en dit is Sy wat alle dinge gunstig reël. Wis 8:2 VANAF my jeug het ek Haar liefgehad en gesoek, en ek het pogings aangewend om Haar vir myself as bruid te neem; ek het verlief geraak op Haar skoonheid. Wis 8:3 Sy beroem Haar op Haar afkoms omdat Sy met Elohim leef, en HY wat Meester van alles is, het Haar lief. Wis 8:4 Want Sy is 'n ingewyde in die Kennis van Elohim, en Sy staan by HOM in SY werke. [Openbaring van Henog 11:40, 41] Wis 8:5 As rykdom 'n begerenswaardige besit in die lewe is, wat is dan ryker as die Wysheid wat alles werk? Wis 8:6 As die besonnenheid 'n werk onderneem, wie is dan onder al die werkers wat leef, die bekwaamste? Wis 8:7 En wanneer iemand Geregtigheid liefhet - Haar hele bekommernis is die deugde, want Sy onderrig die matigheid en die verstandigheid, die regverdigheid en die sterkte, wat vir die adamiete die nuttigste in hulle lewe is. Wis 8:8 As iemand strewe na 'n veelsydige ervaring, Sy leen die verlede en voorsien die toekoms; Sy verstaan die sin van woorde en die oplossing van raaisels, Sy besit voorkennis van aanwysinge en voortekens, ewenas die afloop van tye en tydperke. Wis 8:9 Daarom het ek geoordeel om Haar as lewensgesellin te neem, want ek weet dat Sy vir my 'n suiwer Raadgeefster sal wees en 'n Trooster in sorge en smart. Wis 8:10 Deur Haar sal ek roem verwerf by die volksmenigte en Eer by die oudstes, ofskoon ek jonk is. Wis 8:11 My oordele sal skerpsinnig gevind word, en in die oë van die vorste sal ek bewondering vind. Wis 8:12 As ek swyg, sal hulle vir my wag; as ek spreek, sal hulle luister; as ek langer spreek, sal hulle die hand op hulle mond lê. Wis 8:13 Deur Haar sal ek onsterflikheid besit, en ek sal 'n ewige herinnering aan myself by hulle agterlaat. Wis 8:14 Ek sal volke bestuur, en nasies sal aan my onderwerp word. Wis 8:15 Gevreesde heersers wat van my hoor, sal angs kry; maar vir my volk sal ek goed wees en dapper in die oorlog. Wis 8:16 As ek in my huis binnegaan, sal ek by Haar rus vind; want die omgang met Haar veroorsaak geen bitterheid nie en verkeer met Haar bring geen verdriet nie, maar Vreugde en Blydskap. Wis 8:17 Hierdie dinge het ek oorweeg vir myself en in My Hart oorpeins: dat daar onsterflikheid geleë is in die saamlewe met die Wysheid, Wis 8:18 en edele verkwikking in Haar vriendskap, onuitputlike rykdom in die werk van Haar hande, insig in 'n innige omgang met Haar, roem in die deelneem aan Haar gesprekke. Daarom het ek rondgegaan om te soek hoe ek Haar vir myself sou kon neem. Wis 8:19 Ek was 'n kind gewees met 'n fraai gestalte, en ek het 'n voortreflike siel gekry; Wis 8:20 of liewer: omdat ek voortreflik was, het ek in 'n liggaam sonder gebreke gekom. Wis 8:21 Maar ek het geweet dat ek Haar nie sou gekry het nie, as Elohim my Haar nie sou gegee het nie; en Sy was reeds wys om te erken in wie se Guns Sy is - en ek het my tot JaHWeH gewend en HOM gebid; en uit my hele hart het ek gesê: //Die gebed van Salomo om Wysheid. Wis 9:1 Elohey van ons Vaders en JaHWeH van Ontferming, wat alles gemaak het deur U Woord, [Openb van Henog 11:40] Wis 9:2 en wat deur U Wysheid die adamiet gemaak het, sodat hy sou heers oor die skepsels wat U gevorm het, Wis 9:3 en sodat hy die wêreld in Apartheid en regverdigheid sou bestuur, en sou beoordeel met 'n regverdige gees; Wis 9:4 gee U my die Wysheid wat op U Troon sit, en wys U my nie af as een van U kinders nie. Wis 9:5 Want ek is U dienskneg en die seun van U Diensmaagd, 'n adamiet wat swak is en kort leef, en wat nog swakker is in die kennis van U oordeel en U Gebooie; Wis 9:6 omdat selfs as iemand die rassuiwerste is onder die seuns van die Adam, hy tog sonder U Wysheid niks werd geag word. Wis 9:7 U het my verkies as U volk se koning en as regter oor U seuns en dogters; Wis 9:8 U het my gesê om 'n Huis te bou op die berg van U Apartheid, en 'n altaar in die Stad van U inwoning, as 'n afbeelding van die woontent van Apartheid wat U vanaf die begin voorberei het. Wis 9:9 By U is die Wysheid wat U werke ken, wat teenwoordig was toe U die heelal maak, wat weet wat behaaglik is in U Oë, en wat met Reg is volgens U Gebooie. [Spreuke 8:22; 9:9] Wis 9:10 Stuur U Haar vanuit die Hemele van Apartheid en stuur U Haar vanaf die Troon van U Glansrykheid, sodat Sy met my kan wees en saamwerk, en ek kan weet wat aan U welgevallig is. Wis 9:11 Want Sy weet en begryp alles, en Sy sal my in my werke lei met oorleg en my bewaar in Haar Glansrykheid. [Openbaring van Henog 11:41] Wis 9:12 Dan sal my werke aangenaam wees, en ek sal U volk regverdig regeer en die troon van my vader werd wees. Wis 9:13 Want watter adamiet kan die Raadsbesluite van Elohim ken? Wie kan bedink wat JaHWeH wil? Wis 9:14 Want die gedagtes van die sterflinge is onseker, en ons oorweginge is nie vas nie, Wis 9:15 omdat die siel beswaar word deur 'n sterflike liggaam, en die gees wat veel dink, neergedruk word deur die aardse tent. Wis 9:16 Ons vermoed maar nouliks die dinge van die Aarde, en met moeite ontdek ons dinge wat voor die hand lê; wie sal dan die dinge van die Hemele kan opspoor? Wis 9:17 Wie kan U Wil ken, as U Self nie die Wysheid gee en U Gees van Apartheid van omhoog stuur nie? Wis 9:18 Só word die paaie van die adamiete op Aarde reggemaak, en leer hulle wat U behaag, en word hulle gered deur die Wysheid. //Die Wysheid het JisraEl beskerm vanweë sy Geregtigheid. Wis 10:1 SY het die eersgeskape vader van die wêreld beskerm toe hy die enigste skepsel was, en Sy het hom uitgelei uit sy val [Génesis 3:23; Boekrol van die Opregte 1:12] Wis 10:2 en hom die mag gegee om oor alles te heers. [Génesis 1:28] Wis 10:3 Maar die wetsverbreker het Haar in sy toorn verlaat, en hy het te gronde gegaan deur die woede wat sy broer gedood het. [Génesis 4:8] Wis 10:4 Vanweë hom is die Aarde oorstroom, maar deur die Wysheid gered, wat die regverdige geloods het op nietige hout. [Boekrol van Henog 67:2] Wis 10:5 Nadat die nasies verstrooi is vanweë die algemeenheid van oortreding, het Sy die regverdige [uit]geken en hom sonder smet vir Elohim bewaar; en Sy het hom in sy krag beskerm teen sy liefde vir sy seun. Wis 10:6 Sy het die regverdige gered uit die ondergang van die besoedeldes, toe hy wegvlug van die vuur wat op die vyf stede geval het; Wis 10:7 daarvan bestaan nog altyd as getuie van oortreding: 'n rokende puinhoop, plante wat vrug dra op verkeerde tye, en 'n soutpilaar wat daar staan aan 'n ongelowige gees. Wis 10:8 Want die wat afwyk van die Weg van die Wysheid het nie alleen gestruikel deurdat hulle die suiwer dinge nie meer ken nie, maar hulle het ook aan die wêreld 'n gedagtenis nagelaat van die dwaasheid, sodat hulle nie kan geheim hou waarin hulle oortree het nie. Wis 10:9 Maar die Wysheid het Haar volgelinge uit die kwelling gered. [Psalm 22:4] Wis 10:10 Sy het die regverdige wat vir die toorn van sy broer gevlug het op regte Paaie gelei, Sy het hom die koninkryk van Elohim gewys en hom die Kennis van die Aparthede gegee, en Sy het hom in sy arbeid laat voortgaan en sy inspanning vrugbaar gemaak. Wis 10:11 Sy het hom bygestaan teen die hebsug van sy verdrukkers en hom ryk gemaak. Wis 10:12 Sy het hom ook beskerm teen sy vyande en hom beveilig teen sy belaers; Sy het 'n sware stryd in sy voordeel beslis om hom te laat weet dat vroomheid alles in mag oortref. Wis 10:13 Die regverdige wat verkoop is, het Sy nie aan sy lot oorgelaat nie, maar Sy het hom ontruk aan oortreding: Wis 10:14 Sy het met hom afgeklim in die gevangenis en hom in Sy boeie nie verlaat nie, totdat Sy hom die Septer van die koningskap gebring het en gesag oor sy oorheersers. Sy het bewys dat sy aanklaers onwaarheid spreek en hom ewige roem gegee. Wis 10:15 'n Apartgestelde volk en 'n suiwer saadlyn het Sy verlos uit 'n nasie van verdrukkers. [Psalm 77:20] Wis 10:16 Sy het ingegaan in die siel van JaHWeH se dienskneg en aan skrikwekkende konings teenstand gebied deur wonders en tekens. Wis 10:17 Sy het die apartes die beloning gegee vir hulle inspanning en hulle gelei op 'n wonderlike weg; bedags was Sy vir hulle 'n beskerming gewees en snags 'n lig soos van Sterre. Wis 10:18 Sy het hulle deur die Riet See [Skelf See] gebring en hulle deur baie water gelei, Wis 10:19 maar hulle vyande het Sy oorstroom en hulle uit die diepte van die afgrond weer laat uitspoel. Wis 10:20 So het die regverdiges die besoedeldes gebuit, en het hulle die Naam van U Apartheid besing, JaHWeH, en eensgesind U verdedigende Hand geloof. [Exodus 24:11] Wis 10:21 Want die Wysheid het die monde oopgemaak van die wat stom was, en Sy het die tonge van kindertjies verstaanbaar gemaak. Wis 11:1 SY het hulle werke gerig deur die hand van 'n profeet van Apartheid: Wis 11:2 Hulle het deur 'n onbewoonde wildernis getrek en op eensame plekke hulle tente opgeslaan. Wis 11:3 Hulle het weerstand gebied teen hulle vyande en hulle verweer teen hulle teenstanders. Wis 11:4 Hulle het dorstig geword en na U geroep; en aan hulle is water gegee uit 'n Hoë Rots en verkwikking uit harde Steen. Wis 11:5 Want waarmee hulle vyande gestraf is, daarmee is hulle tydens hulle trek geseën. //Egipte is gestraf vanweë sy ongeregtigheid. Wis 11:6 DIE Fontein van die rivier wat altyd stroom, is deur bloed besoedel en het troebel geword as straf vir die bevel om die kinders te dood; Wis 11:7 daarteenoor het U aan hulle onverwags ryklik water gegee. Wis 11:8 Deur hulle dors het U gewys hoe U destyds die vyande gestraf het. Wis 11:9 Want ofskoon hulle met ontferming tereggewys is, is hulle nietemin op die proef gestel om te kan weet hoe die besoedeldes gepynig word wat in toorn geoordeel is. Wis 11:10 U het hulle op die proef gestel soos 'n Vader wat waarsku, maar die ander het U opgeëis soos 'n streng Koning wat 'n vonnis vel. [JeshaJaH 11] Wis 11:11 En die wat nie daarby was nie, is op dieselfde wyse gemartel as die wat wel teenwoordig was, Wis 11:12 want 'n dubbele smart het hulle getref: hulle het ook nog gesug by die herinnering aan die verlede, Wis 11:13 want omdat hulle verneem het dat hulle eie kwelling vir die ander voordelig was, het hulle JaHWeH erken. Wis 11:14 Diegene immers wat hulle met spot afgewys het toe hy te vondeling gelê is, het hulle na afloop van die gebeurtenisse bewonder, nadat hulle anders as die regverdiges deur dors gekwel is. Wis 11:15 Teenoor die onbedagsame oorweginge van hulle ongeregtigheid waardeur hulle afgedwaal het en redelose slange/nagashim en alledaagse ongediertes vereer het, het U aan hulle 'n menigte redelose wesens as straf gestuur, Wis 11:16 sodat hulle sou leer dat iemand gestraf word met die dinge waardeur hy oortree het. Wis 11:17 Want vir U Almagtige Hand wat ook die heelal uit vormlose stof geskep het, was dit nie onmoontlik om vir hulle 'n menigte bere of onverskrokke leeus te stuur nie, [Openbaring van Henog 11:40; 2 Ezra 8:7] Wis 11:18 of nuutgeskape en ongekende woedende wesens, wat 'n vurige asem uitblaas, of krakende rook uitstoot, of geweldige vonke uit hulle oë laat uitstraal; Wis 11:19 nie alleen hulle geweld sou hulle dan uitgeroei het nie, maar ook die vreeswekkende aanblik kon hulle reeds laat sterf het. Wis 11:20 Afgesien van hierdie dinge, kon hulle geval het deur die krag van een windvlaag, wanneer hulle agtervolg word deur U wraak of gewan word deur die Gees van U Krag. Maar U het alles gereël deur maat en getal en gewig. //Die Wysheid in die strawwe van Elohim. Wis 11:21 VIR U is dit moontlik om orals U groot Mag te ontplooi, wie sal dan weerstand bied aan die Krag van U Arm! Wis 11:22 Teenoor U is die heelal soos die deurslaan van 'n weegskaal en soos 'n doudruppel wat in die oggend uitsak op die Aarde. Wis 11:23 Vanweë U Almag is U barmhartig jeens almal, en U sien verby die oortredinge van die adamiete, sodat hulle mag bekeer; Wis 11:24 want U het alles lief wat daar is, en U het geen afkeer van iets wat U gemaak het nie: U sou dit nie gemaak het nie, as U dit nie liefhet nie. [Wysheid van Sirah 15:11; Maleagi 1:3] Wis 11:25 Hoe sal iets ook al bly bestaan, as U dit nie wil nie? Hoe sal dit bewaar word, as U dit nie roep nie? Wis 11:26 U spaar alles omdat dit van U is, JaHWeH, wat die lewe liefhet. Wis 12:1 U onsterflike Gees is in alle dinge. Wis 12:2 Daarom tugtig U die oortreders ook bietjie vir bietjie; U waarsku hulle deur hulle te herinner aan die dinge waarin hulle oortree het, sodat hulle besoedeling sal laat staan en trou bly aan U, JaHWeH! Wis 12:3 Die wat vroeër op U Adamah[adamiet se Aarde] van Apartheid gewoon het, Wis 12:4 het U gehaat vanweë hulle gruwel-dade van toorkuns, en besoedelde plegtighede: Wis 12:5 meedoënloos het hulle kinders vermoor, en hulle het menslike ingewande geëet en die vlees en bloed genuttig. Wis 12:6 U het besluit om die ingewydes uit die midde van hulle fees [te neem], en om die ouers wat met eie hand die hulpelose siele gedood het deur die hand van ons vaders uit te roei, Wis 12:7 sodat die Aarde wat U van almal die hoogste ag, 'n waardige bevolking sou ontvang van die kinders van Elohim. Wis 12:8 Maar U het ook hulle, omdat hulle mense was, ontsien en vir hulle as voorlopers van U leërmag, perdebye gestuur om hulle langsaam uit te roei. Wis 12:9 Ofskoon U nie onmagtig was om die oortreders in die stryd oor te lewer in die hande van die regverdiges, of hulle deur vreeswekkende wesens of 'n streng bevel ineens uit te roei nie, Wis 12:10 het U kortstondigheid verwerp en hulle die geleentheid gegee om te besin; ook al het U goed geweet dat hulle 'n besoedelde saadlyn was en dat die besoedeling vir hulle aangebore was, sodat hulle gesindheid in ewigheid nie sou verander nie, Wis 12:11 Want hulle saad was vervloek vanaf die begin; en dit is nie uit ontsag vir een of ander persoon dat U hulle uitstel verleen het van [die straf] vir hulle besoedeling nie. Wis 12:12 Want wie sal sê: Wat het U gedoen? Of wie sal hom verset teen U oordeel? Wie sal U beskuldig van die nasies se ondergang, as U hulle self geskep het. Wie sal teen U optree as die verdediger van die oortredinge van die adamiet? Wis 12:13 Daar is immers nie 'n Elohim buiten U nie, wat vir almal sorg dra, sodat U bewys dat U nie onregverdig oordeel nie. Wis 12:14 Geen koning of vors sal U kan teëstaan oor die wat U gestraf het nie. Wis 12:15 Omdat U regverdig is, bestuur U alles met regverdigheid; U ag dit in stryd met U Mag om iemand te veroordeel wat nie verdien om gestraf te word nie. Wis 12:16 Want U Mag is die beginsel van die regverdigheid; en die feit dat U oor alles gesag het, is oorsaak dat U alles ontsien. Wis 12:17 U toon U Krag as die volheid van U Mag in twyfel getrek word, en U straf die vermetelheid van hulle wat dit ken. Wis 12:18 Ofskoon U heers in mag, oordeel U tog met mate en bestuur U ons met 'n groot toegewendheid; want U besit die vermoë wanneer U ook al wil. Wis 12:19 Deur so te handel, het U U volk onderrig dat dit 'n wetsgetroue se plig is om mensliewend te wees; en U het by U kinders die goeie verwagting gewek dat U ná die wetsverbreking bekering gee. Wis 12:20 Want as U die vyande van U kinders en die wat die dood verdien het, met 'n dergelike aandag en toegewendheid straf dat U hulle die tyd en geleentheid gee om hulle af te wend van Besoedeling, Wis 12:21 met watter omsigtigheid sal U dan U kinders oordeel, omdat U aan hulle vaders onder Eed en Verbond beloftes van Suiwerheid gegee het. Wis 12:22 Terwyl U ons 'n opvoeding gee, gésel U ons vyande duisendmaal, sodat ons aan U Suiwerheid sal dink wanneer ons self oordeel, en ons op ontferming sal hoop wanneer ons self geoordeel word. Wis 12:23 Daarom het U ook die besoedeldes wat hulle lewe in dwaasheid deurbring, gekwel deur hulle eie gruwels. Wis 12:24 Want in groot mate het hulle gedwaal op hulle doolweë, sodat hulle die veragtelikstes onder die lewende wesens as hulle heersers aangeneem het, en hulleself mislei soos onnosele kinders. Wis 12:25 Daarom het U oor hulle - soos oor dom kinders 'n straf gebring wat hulle verspot maak. Wis 12:26 Maar die wat nie gewaarsku word deur 'n straf wat belaglik maak nie, sal besoek word met 'n oordeel wat Elohim werd is. Wis 12:27 Want deur daardie dinge wat hulle verag het, is hulle voor gestraf en wat hulle as elohim beskou het, het hulle, toe hulle daaroor gestraf word, Hom gesien van Wie hulle vroeër beweer het dat hulle Hom nie ken nie; so het hulle Hom as die ware Elohim erken. Daarom het ook die volheid van die veroordeling oor hulle gekom. //Die dwaasheid van die idolary is oorsaak van Egipte se bederf. Wis 13:1 AL die mense wat omtrent Elohim onwetend is, is van nature dwaas; so ook die wat uit die suiwer dinge wat hulle waarneem, nie vermag om in te sien dat Hy bestaan nie; en ook die wat wel aandag het vir die werk, maar tog nie die Maker daarvan erken nie. Wis 13:2 Maar vuur of wind of die dun lug of die Sterre rondom of die geweldige water of die hemelligte beskou hulle as gode wat heers oor die wêreld. Wis 13:3 As hulle daardie dinge as gode aanvaar omdat hulle daarvan die goedheid geniet, dan moes hulle tog geweet het hoeveel verkiesliker die Meester daarvan is, want Hy wat die oorsprong van skoonheid is, het hulle gemaak. Wis 13:4 En as hulle die krag en werking bewonder, dan sou hulle daaruit moes begryp het hoeveel magtiger Hy is wat die dinge tot stand gebring het. Wis 13:5 Want uit die grootheid en goedheid van die skepsels kan die oorsprong daarvan deur vergelyking gesien word. Wis 13:6 Tog tref hulle daaroor minder verwyt; want ofskoon hulle dwaal, soek hulle Elohim en wil hulle Hom vind. Wis 13:7 Hulle is besig met Sy werke en vors dit na, maar hulle word mislei deur die skyn, omdat die dinge wat hulle sien, mooi is. Wis 13:8 Daarteenoor staan dat hulle nie van alle skuld vrygepleit kan word nie: Wis 13:9 want as hulle in so 'n mate in kennis gevorder het, dat hulle in staat was om die loop van die tye te bepaal, waarom het hulle dan nie eerder die Meester daarvan ontdek nie? Wis 13:10 Inderdaad ellendig is daarom die wat hulle verwagtinge in dooie dinge gestel het - dit is hulle wat die werke van adamitiese hande gode noem: goud en silwer, kunswerke en afbeeldinge van lewende wesens, of nuttelose steen wat 'n outydse handewerk is. Wis 13:11 As een of ander ervare houtwerker 'n boom afgesaag het, skil hy die hele bas rondom noukeurig af, bewerk dit op die beplande wyse, en maak 'n bruikbare meubel om die lewe gerieflik te maak; Wis 13:12 die stukke wat van sy werk afval, gebruik hy om sy voedsel te berei waarmee hy sy maag vul; Wis 13:13 dit wat dan nog daarvan afval en heeltemal onbruikbaar is, 'n krom stuk hout waarin kwaste gegroei het, sny hy uit vir tydkorting en gee daaraan 'n vorm met die kennis van sy ervaring; hy boots dan die beeld van 'n sterfling na, Wis 13:14 of hy laat dit lyk soos een of ander gewone dier; hy besmeer dit met menie en maak met seegras 'n blosende velkleur; en elke vlek wat daarin is, smeer hy toe. Wis 13:15 Dan maak hy daarvoor 'n passende woning, en hang dit aan die muur waar hy dit vasmaak met 'n spyker. Wis 13:16 Hy sorg daarvoor dat dit nie gaan val nie, omdat hy weet dat die maaksel nie homself kan help nie; want dit is 'n beeld en dit moet gehelp word. Wis 13:17 Maar as hy nou bid vir sy besittings en sy huwelike en sy kinders, dan skaam hy hom nie om met die lewelose ding te praat nie: vir sy gesondheid doen hy beroep op iets wat swak is, Wis 13:18 vir sy lewe vereer hy iets wat dood is, om hulp smeek hy iets wat die minste ervaring het, om 'n voorspoedige reis bid hy iets wat nie kan loop nie, Wis 13:19 om wins en sy besigheid en voorspoed by sy arbeid, vra hy iets wat die onhandigste in handewerk is. //Geen afbeelding van afgestorwenes Wis 14:1 'n ANDER weer, wat voornemens is om 'n seereis te maak en wat deur die woeste golwe wil vaar, roep 'n stuk hout aan wat swakker is as die skip wat hom vervoer. Wis 14:2 Want die [vaartuig] is deur die winssug beplan en met vakkundigheid gebou. Wis 14:3 Tog is dit U Voorsienigheid, VADER, wat haar bestuur, omdat U die Weg oor die see gegee het en 'n veilige pad deur die golwe. Wis 14:4 U wys dat U in staat is om uit alle gevare te red, selfs wanneer iemand sonder bedrewenheid in die see gaan. Wis 14:5 Maar omdat U nie wil dat die werke van U Wysheid ongebruik bly nie, daarom vertrou die mense hulle siele toe aan 'n nietige stuk hout, en vaar hulle behoue op 'n vlot deur die branding. Wis 14:6 Ook vroeër, toe die trotse reuse verdelg is, het die hoop van die wêreld op 'n vaartuig ontkom en het die saad van 'n geslag bewaar gebly vir die wêreld, omdat sy [die Ark] bestuur is deur U Hand. Wis 14:7 Geseën is die hout waardeur Geregtigheid plaasgevind het! Wis 14:8 Maar vervloek is daardie handemaaksel - die maaksel en sy maker: hy, omdat hy hom gemaak het, en die verganklike maaksel, omdat hulle gode genoem word! Wis 14:9 Terselfdertyd verdien hulle om deur Elohim gehaat te word - die wettelose en sy ongeregtigheid; Wis 14:10 en die maaksel sal saam met sy maker gestraf word. Wis 14:11 Daarom sal daar ook 'n gerig wees oor die gode van die nasies, omdat hulle onder die skepsels van Elohim tot 'n gruwel geword het, en tot 'n ergernis vir die siele van die mense, en 'n valstrik vir die voete van die dwase Wis 14:12 want die gedagte aan afbeeldings was die begin van die verbastering; die uitvinding daarvan was die bederf van die lewe. Wis 14:13 Want hulle het nie vanaf die begin bestaan nie, en hulle sal ook nie tot in ewigheid bly bestaan nie: Wis 14:14 hulle het immers deur die ydele waan van sterflinge in die wêreld gekom, en daarom is 'n spoedige einde vir hulle vasgestel. Wis 14:15 Want 'n vader wat verteer is deur die onverwagte verdriet oor 'n kind wat vroeg gesterf het, het 'n beeld [van hom] gemaak; en diegene wat vroeër as mens gesterf het, het hy nou as gode gaan vereer; en vir sy diensbares het hy plegtighede en dienste ingestel. Wis 14:16 Mettertyd het hierdie wettelose gewoonte toe sterker geword en is onderhou soos 'n wet. Wis 14:17 Ook is die standbeelde vereer op bevel van vorste: omdat die mense so ver gewoon het dat hulle die [vorste] nie in hulle aanwesigheid kon huldig nie, het hulle, op 'n afstand 'n voorstelling van hulle voorkoms gevorm en 'n sigbare standbeeld gemaak van die vereerde koning, sodat hulle die afwesige persoon met ywer kon vlei asof hy teenwoordig was. Wis 14:18 En die eersug van die kunstenaar het die wat [die koning] nie geken het nie beweeg tot uitbreiding van die verering; Wis 14:19 want miskien met die bedoeling om die vors te behaag, het hy hom ingespan om deur sy kuns die gelykenis nog mooier te maak, Wis 14:20 en die menigte wat aangetrek is deur die bekoorlikheid van die werkstuk, het diegene wat hulle kort tevore as mens geëer het, nou as gode vereer. Wis 14:21 Dit het vir die lewe 'n valstrik geword, omdat die mense as gevolg van omstandighede, of om 'n vors te vlei, die onmededeelbare Naam aan steen of hout maaksels gegee het. Wis 14:22 Ook was dit vir hulle nie genoeg om slegs te dwaal omtrent die Kennis van Elohim nie, maar hulle het ook in 'n groot stryd gelewe vanweë hulle onkunde en tog daardie ellende as die Vrede begroet. Wis 14:23 Want hulle vermoor en offer hulle kinders, hulle hou geheime dienste, hulle vier in raserny feeste met ongewone gebruike, Wis 14:24 hulle eerbiedig nóg die lewe nog die suiwerheid van die huwelik; die een vermoor die ander op listige wyse of besorg hom verdriet deur vermenging. Wis 14:25 En alles gebeur deurmekaar: bloedvermenging en moord, diefstal en listige bedrog, verkragting, ontrou, oproer, meineed, Wis 14:26 verontrusting van eensames, ondank vir weldade, verpesting van siele, verwisseling van geslag, losbandigheid in die huwelike, vermenging en uitspattighede. Wis 14:27 Want die diens van eerlose heersers is die begin en oorsaak en einde van al die kwaad, Wis 14:28 dat die feesvieringe tot raserny lei, dat profete onwaarheid voorspel, dat hulle sleg lewe, dat hulle maklik meineed pleeg; Wis 14:29 want omdat hulle in siellose idole glo, verwag die meinediges nie dat hulle gestraf sal word nie. Wis 14:30 Tweevoudig is daarom die verdiende straf wat hulle sal tref: omdat hulle deur idole te vereer, kwaad gedink het van Elohim; en omdat hulle meineed gepleeg het vanweë hulle minagting van die Wet. Wis 14:31 Want ook al besit die dinge waarby gesweer word geen mag nie, tog volg die straf altyd na die oortreding van die wetsverbrekers. //Geen klei beeldhouwerk Wis 15:1 MAAR U, onse Elohim, is suiwer en getrou; U is vol Medelye en U bestuur die heelal met Ontferming. Wis 15:2 Want wanneer ons oortree, is ons nog U eiendom en erken ons U Mag; maar ons sal nie oortree nie, omdat ons weet dat ons as U besit beskou word. Wis 15:3 Volkome Geregtigheid is dit om U te ken; die wortel van die onsterflikheid is om U Mag te besef. Wis 15:4 Geen bedrieglike versinsel van sterflinge het ons laat afdwaal nie, en ook nie die nuttelose inspanning van skilders nie, Wis 15:5 waarvan die sien by die dwase begeerte opwek, sodat verlang word na die lewelose gestalte van 'n dooie afbeelding. Wis 15:6 Minnaars van besoedeling en werd om op dergelike dinge te hoop, is die wat dit maak en bemin en vereer! Wis 15:7 'n Pottebakker byvoorbeeld, knie met inspanning die sagte klei en boetseer allerlei dinge vir ons gebruik; sonder onderskeid maak hy uit dieselfde klei die vaatwerk wat vir 'n eersame gebruik dienstig is, en die teendeel; maar of dit nou vir die een of die ander doel gebruik word, dit beslis die pottebakker. Wis 15:8 Maar met besoedelde inspanning boetseer hy uit dieselfde klei 'n ydele idool, terwyl hy kort tevore self uit die Aarde gemaak is en oor 'n kort tydjie weer daarheen teruggaan waaruit hy geneem is, wanneer die siel wat hy geleen het, weer opgeëis word. Wis 15:9 Hy vergeet dat hy ooit sal beswyk en dat sy lewensduur kort is; tog wedywer hy met goud- en silwersmede en boots hy die bronswerkers na; hy ag dit selfs 'n eer dat hy namaaksels kan boetseer. Wis 15:10 Sy hart is as, en sy hoop is nietiger as Aarde, en sy lewe verdien minder agting as die klei, Wis 15:11 want hy misken Diegene wat hom boetseer het en in hom 'n werksame gees ingeblaas het, en wat 'n lewende siel in hom geplant het. Wis 15:12 Maar hulle laat dit voorkom dat ons lewe 'n spel is, en dat die bestaan 'n winsgewende volksfees is, want hulle meen dat uit alles wins gemaak moet word, selfs uit besoedeling. Wis 15:13 Tog weet hy beter as almal dat hy oortree, wanneer hy uit die stof van die Aarde breekbare vate en afbeeldings vervaardig. Wis 15:14 Baie dwaas is hulle almal en ellendiger as 'n kind, daardie vyande van U volk en sy verdrukkers. Wis 15:15 Want hulle beskou al die huisidole van die nasies as gode, ofskoon hulle nie hulle oë kan gebruik om te sien nie, hulle neuse nie om lug in te asem nie, hulle ore nie om te hoor nie, die vingers van hulle hande nie om te voel nie, en hulle voete is onbruikbaar om te loop. Wis 15:16 Want hulle is gemaak deur 'n adamiet; iemand wat sy eie siel slegs geleen het, het hulle gevorm. En nie een adamiet kan 'n god maak wat selfs aan homself gelyk is nie. Wis 15:17 Omdat hy sterflik is, maak hy met misdadige hande slegs 'n lewelose ding: self is hy dus meer as die dinge wat hy vereer, omdat hy self leef en daardie dinge nie. Wis 15:18 Hulle vereer ook die afskuwelikste wesens, wat vanweë hulle domheid minder geag word as die ander; Wis 15:19 en wat nie so is dat 'n mens daarvan hou nie, soos dit by die sien van diere wel gebeur; maar dit is wesens waaraan Elohim se lof en Sy seën verbygaan. //Elohim straf Egipte en red JisraEl deur diere. Wis 16:1 DAAROM is hulle juis deur middel van diere gestraf, en is hulle gekwel deur swerms ongedierte. Wis 16:2 Maar teenoor hulle straf staan dat U U volk goedgedoen het, omdat U aan hulle die kwartel as voedsel gegee het wat 'n ongewone smaak vir hulle gretige honger was. [Númeri 11:32] Wis 16:3 Sodat die ander, ondanks hulle verlange na voedsel, tog vanweë die afstootlikheid van die ongedierte wat oor hulle gekom het, hulle natuurlike eetlus verloor het, terwyl hierdie na 'n kort tydjie van gebrek selfs 'n onbekende smaak gekry het. Wis 16:4 Want oor die verdrukkers moes 'n onvermydelike gebrek kom, maar vir hierdie moes alleen gewys word hoe hulle vyande gekwel is. Wis 16:5 En toe die grimmige woede van die diere oor hulle kom en hulle deur die byt van giftige slange/nagashim gedood is, het U Toorn nie tot die einde aangehou nie. [Númeri 21:6] Wis 16:6 Tot waarskuwing is hulle 'n kort tydjie verontrus, maar hulle het 'n Teken van redding besit, om hulle aan die Gebod van U Wet te herinner. Wis 16:7 Want wie hom daarheen gewend het, is nie gered deur dit wat hy sien nie, maar deur U, die Redder van almal. Wis 16:8 Daardeur het U ook vir ons vyande bewys dat dit U is wat van alle kwaad verlos; Wis 16:9 want die ander het gesterf deur die byt van sprinkane en steekvlieë, en vir hulle lewe is geen geneesmiddel gevind nie, omdat hulle werd was om deur derglike [diere] getugtig te word. Wis 16:10 Maar die tande van die giftige slange/nagashim kon nie U kinders oorwin nie, omdat U Ontferming daarteen te hulp gekom het en hulle genees het. Wis 16:11 Want om hulle aan U Woorde te herinner, is hulle gepik en terstond gered, sodat hulle nie tot diepe vergetelheid sou verval en U weldadigheid sou ontbeer nie. Wis 16:12 Want nie kruie of pleister het hulle gesond gemaak nie, maar U Woord, JaHWeH, wat almal genees. Wis 16:13 U besit die mag oor lewe en dood; U lei na die poorte van die Doderyk/Sheol en bring [daarvandaan] terug. Wis 16:14 Die adamiet daarenteen kan in sy besoedeling wel doodmaak, maar hy kan nie die siel wat heengegaan het, laat terugkeer nie; ook kan hy nie 'n siel wat 'n prooi [van die Doderyk/Sheol] geword het, verlos nie. //Elohim straf en red in Sy Wysheid deur natuurverskynsels. Wis 16:15 DIT is onmoontlik om U Hand te ontvlug: Wis 16:16 Die besoedeldes het geweier om U te erken, en hulle is gegesel deur die Krag van U Arm. Deur ongewone reëns en onverbiddelike hael- en onweersbuie is hulle agtervolg, en deur Vuur is hulle verteer. Wis 16:17 En die wonderlikste is, dat in die water wat alles uitblus, die Vuur nog feller gebrand het, want in die skepping is Hy die Beskermer van die regverdiges. Wis 16:18 Op een tyd is dan die vlamme beteuel, om nie die ongedierte te verbrand wat losgelaat is teen die besoedeldes nie, sodat hulle as hulle dit sien, sou begryp dat hulle deur die Oordeel van Elohim agtervolg word; Wis 16:19 en op 'n ander tyd het die Vuur in die midde van die water bo sy eie krag gebrand, om die gewasse van 'n Aarde wat oortree het, te verniel. Wis 16:20 Daarteenoor staan dat U vir U volk die voedsel van Boodskappers gestuur het; U het onverpoos uit die Hemele toebereide brood aan hulle verskaf, wat alle bevrediging gegee het en wat ooreenkomstig elkeen se smaak was. [Númeri 11:8] Wis 16:21 Want U Hulp het U Suiwerheid jeens U kinders geopenbaar, omdat hy voldoen het aan die behoefte van diegene wat hom nuttig, en omdat hy verander het in wat iemand wou hê. Wis 16:22 Na die Vuur het sneeu en ys oorgebly en nie gesmelt nie, sodat hulle sou begryp dat die Vuur, wat in die hael opvlam en deur reënbuie trek, die oes van die vyande verniel het. Wis 16:23 Maar aan die ander kant ook dat dit Sy eie Krag vergeet het, sodat die regverdiges voedsel sou hê. Wis 16:24 Want die skepsel is onderdanig aan U wat hom gemaak het, en Hy span Hom in om die wetsverbrekers te straf, terwyl Hy Homself inhou om die wat op U vertrou, goed aan te doen. Wis 16:25 Daarom het Hy diep gegrawe vir alles, en het Hy opgekom met U gawe wat aan almal voedsel verskaf ooreenkomstig die verlange van die wat dit nodig het; Wis 16:26 sodat die kinders wat U liefhet, JaHWeH, kan leer dat nie die verskillende gewasse die adamiet voed nie, maar dat U Woord die bewaar wat op U vertrou. Wis 16:27 Want ofskoon daardie [voedsel] nie verteer is deur die Vuur nie, het dit tog volkome gesmelt wanneer dit deur 'n vlugtige straal van die son verwarm is. Wis 16:28 So moes dan wel ingesien word dat die adamiet U behoort te dank voor die son [opgekom] het, en dat hy U behoort te ontmoet by die dagbreek. Wis 16:29 Want die hoop van die ondankbares smelt soos ryp in die winter en stroom weg soos water wat nie gebruik word nie. //Elohim straf Egipte met duisternis en red JisraEl deur die Vuurkolom. Wis 17:1 GROOT is U oordele en onuitspreeklik! Daarom het die ongeleerde adamiete afgedwaal. Wis 17:2 Want die oortreders het gemeen om die volk van Apartheid te onderdruk, maar hulle is deur die Duisternis gebind en deur 'n lang Nag vasgevang; onder hulle eie dakke opgesluit, het hulle gelê, terwyl hulle verstoke was van die ewige Voorsienigheid. Wis 17:3 Hulle het gedink dat hulle met hulle geheime oortredinge verborge is onder 'n donker sluier van vergetelheid, maar hulle is deur skrikbeelde verontrus en in verbystering uitmekaar gejaag. Wis 17:4 Die skuilplek wat hulle verberg het, het hulle nie teen vrees gevrywaar nie, angswekkende galmgeluide het rondom hulle weerklink, terwyl sombere spookbeelde met droewige gesigte opgedoem het. Wis 17:5 Geen vuur het genoeg krag besit om lig te gee nie, en selfs die Sterre met hulle helder glans het nagelaat om die vyandige nag te verlig. Wis 17:6 Net een vreeswekkende Vuur, wat vanself ontstaan, het nou en dan vir hulle opgevlam; en hulle het opgeskrik, maar as daardie Lig nie langer sigbaar was nie, het die dinge wat hulle gesien het nog erger gelyk. Wis 17:7 Die spotterny van hulle toorkuns het platgelê, en smadelik is die grootpraat oor hulle kennis beskaam; Wis 17:8 want die wat belowe om angs en vrees uit 'n siek gees uit te dryf, was self siek vanweë 'n belaglike bangheid. Wis 17:9 Want wanneer daar niks angswekkends was om hulle te verskrik nie, is hulle verwilder deur die beweginge van die ongedierte en die gesis van slange/nagashim, sodat hulle bevrees was en selfs nie na die lug wou kyk wat niemand kan ontwyk nie. Wis 17:10 Besoedeling is immers laf en word veroordeel deur haar eie getuienis; altyd veronderstel sy gevare, omdat sy deur die eie gewete gekwel word. Wis 17:11 Vrees is dan ook niks anders as die prysgee van die hulpmiddels van verstandige oorleg nie; Wis 17:12 en as die vrees inwendig nog minder groot is, dan word die kwelling erger gevoel, omdat die oorsaak van die kwelling nie geken word nie. Wis 17:13 Maar ander wat in hierdie waarlik ondraaglike nag, wat uit die boesem van die ondraaglike hel gekom het, gelê en slaap het, Wis 17:14 is deur monsteragtige droom-beelde opgejaag of deur vertwyfeling verlam; en 'n skielike en onverwagte angs het hulle oorval. Wis 17:15 So het elkeen neergesink op die plek waar hy toe was; en elkeen is vasgevang en toegesluit in 'n gevangenis sonder grendel. Wis 17:16 Want of iemand nou al 'n landbouer was of 'n veeboer of 'n eensame landarbeider, hy is oorval en moes in 'n gevangenis bly, waaruit geen ontsnapping moontlik is nie, omdat dieselfde boeie van die Duisternis almal vasgekluister het. Wis 17:17 En of dit nou al die geruis van die wind was, of die lieflike sing van voëls op blaarryke takke, of die klotsing van kragtig stromende water, of die verontrustende geraas van klippe wat val, Wis 17:18 of die onsigbare bewegings van springende diere, of die geluid van roofdiere wat skreeu, of die weergalm wat terugkaats van die holkranse, dit het hulle van skrik verlam. Wis 17:19 Want die hele Adamah[adamiet se Aarde] het gestraal in 'n helder Lig en het ongehinder aangegaan met haar besighede; Wis 17:20 maar alleen op hulle het die swaar Nag toegesak, 'n beeld van die Duisternis wat hulle eenmaal sal opneem, en tog is hulle meer gepla deur hulleself as deur die donkerte. Wis 18:1 MAAR vir U apartes was die Lig volop; en toe die ander hulle wel hoor, maar nie sien nie, het hulle hulle geseënd geprys, dat hulle nie net so gekwel word nie; Wis 18:2 en hulle was dankbaar dat die veronregtes [hulle] nie kwaad doen nie, en hulle het verskoning gevra vir hulle vyandigheid. Wis 18:3 Daarteenoor het U 'n Vuurkolom gegee as gids vir die onbekende reis, 'n onskadelike son vir die roemvolle trek. Wis 18:4 Want die ander het verdien om van die Lig beroof te word en om deur die Donkerte vasgehou te word, omdat hulle U kinders in boeie vasgehou het, terwyl deur hulle die onverganklike Lig van die Wet aan die wêreld gegee word. //Egipte is met Dood gestraf; JisraEl is verlos van die plaag. Wis 18:5 OMDAT hulle besluit het om die kinders van die apartes te vermoor - maar tog is een seuntjie as vondeling gelê en gered - het U hulle as straf van 'n menigte kinders beroof en hulle tegelyk in die onstuimige water verdelg. Wis 18:6 Daardie nag is vantevore aan ons vaders bekendgemaak, sodat hulle in veiligheid sou weet op watter Eed hulle vertrou het, en goeie moed sou hou. Wis 18:7 So is deur U volk gewag op die Verlossing van die regverdiges en die ondergang van die vyande. Wis 18:8 Want deur die straf wat U oor die teëstanders gebring het, het U ons geroep en verhoog. Wis 18:9 Terwyl immers die regverdige kinders van Apartheid in die geheim geslag het, het hulle eensgesind hierdie Wet van Apartheid vasgestel, sodat die apartgesteldes gelyktydig voorspoed en gevare sou deel; en soos voorheen die lofprysinge van die vaders aangehef. Wis 18:10 Maar as 'n wanklank het in haar die geroep van die vyande geklink, en het die jammerklag oor die betreurde kinders deurgedring. Wis 18:11 Deur dieselfde straf is dienskneg en gebieder getref, en het onderdaan en koning dieselfde smart gely; Wis 18:12 want gelyktydig het almal deur 'n gelyknamige dood ontelbare dooies gehad; en die lewendes was nie genoeg om te begrawe nie, toe hulle mees geliefde kroos deur een slag verdelg is. Wis 18:13 En die wat vanweë hulle toorkunste by alles ongelowig gebly het, het by die dood van hulle eersgeborenes beken dat daardie volk die kind van Elohim is. Wis 18:14 Want terwyl alles diep in rus was, en die nag in die midde van sy baan aangekom het, Wis 18:15 het U Almagtige Woord soos 'n grimmige Krygsman van U Koningstroon in die Hemele, in die midde van die Aarde van bederf gespring, en Hy het U onherroeplike oordeel gedra soos 'n skerp swaard. Wis 18:16 Daar het Hy gaan staan en orals die dood gesaai; en terwyl Hy oor die Aarde stap, het Hy tot aan die Hemele gereik. Wis 18:17 Toe het op dieselfde oomblik vreeslike droombeelde hulle verontrus, en onverwagte angste het hulle oorval. Wis 18:18 Hier het die een halfdood neergeval, daar die ander, terwyl hulle nog die oorsaak van hulle sterwe meedeel: Wis 18:19 dat die drome wat hulle ontstel het, Hy aan hulle voorspel het, sodat hulle nie sou omkom nie sonder om te weet waarom die ramp hulle tref. Wis 18:20 Ook aan die regverdiges egter het die beproewing van die dood geraak, en 'n slagting is in die wildernis onder die menigte aangerig. Maar die Toorn het nie lank aangehou nie, Wis 18:21 want 'n onberispelike man het in die bres getree, wat as wapen van sy dienswerk die gebed en die versoenende reukwerk aanwend; hy het hom teenoor die Toorn gestel en 'n einde gemaak aan die plaag en gewys dat hy U dienskneg is. Wis 18:22 Hy het die Toorn nie deur liggaamskrag of deur wapengeweld oorwin nie, maar deur sy woord het hy die Wreker bedwing, toe hy aan die Eed en die Verbond van die vaders herinner. Wis 18:23 Want toe die lyke reeds in hope opmekaar lê, het hy tussenin gaan staan en die Toorn afgeweer, terwyl hy die pad na die lewendes toe versper het. Wis 18:24 Die hele wêreld was immers op sy skouerkleed, die roem van die VADER was op vier rye stene uitgesny en U Glansrykheid op die tulband van sy hoof. Wis 18:25 Daarvoor het die Verdelger gewyk en daarvoor het Hy ontsag gehad; en alleen die beproewing van die gramskap was al voldoende. //Deur die Riet See (Skelf See) is Egipte gestraf en JisraEl gered. Wis 19:1 MAAR teen die besoedeldes het die Toorn sonder Ontferming tot die einde gewoed, omdat Hy hulle en hulle toekoms vantevore geken het: Wis 19:2 dat hulle sou toestaan om weg te trek, en hulle later selfs met spoed sou wegstuur, maar dan van plan sou verander en hulle agtervolg. Wis 19:3 Want hulle was selfs nog besig met roubedryf en het nog geweeklaag by die dooies se grafte, toe hulle in hulle dwaasheid anders besluit, en die as vlugtelinge gaan agtervolg, wat hulle gesmeek het om te trek. Wis 19:4 Die verdiende noodlot het hulle dan ook tot hierdie uiterste gedryf en dit het hulle die herinnering laat verloor aan wat hulle oorgekom het, sodat hulle die straf wat na die kwellinge nog oorgebly het, volledig sou ondergaan. Wis 19:5 En terwyl U volk 'n onverwagte deurtog gekry het, het die ander 'n ongewone dood gevind. Wis 19:6 Die hele skepping, wat onderdanig is aan U Bevele, is dan ook opnuut hervorm in haar natuur, sodat U kinders ongedeerd bewaar sou bly. Wis 19:7 Die Wolkkolom het die laer oorskadu, en 'n adamiet kon droë grond sien opkom uit die water wat vroeër daar was: 'n pad sonder moeilikhede uit die Riet See [Skelf See], en 'n vlakte met jong plante uit die geweldige vloed. [Exodus 14:16] Wis 19:8 Daardeur het die hele volk getrek, en onder U beskerming het hulle vol verbasing U wonders aanskou. Wis 19:9 Want hulle was soos perde wat na die weiveld gebring word, of soos skape wat rondspring; en hulle het U geloof, JaHWeH, wat hulle gered het. Wis 19:10 Hulle het dan ook teruggedink aan die gebeurtenisse in die Aarde waar hulle bywoners was: hoe in plaas van lewende wesens die Aarde muskiete voortgebring het; hoe in plaas van waterdiere die rivier 'n menigte paddas opgebring het. Wis 19:11 Later het hulle 'n onbekende ontstaan van voëls aanskou, toe hulle deur lus gedryf is en om smaaklike voedsel gevra het; Wis 19:12 want vir hulle bevrediging het die kwartels uit die see opgestyg. Wis 19:13 Oor die oortreders het strawwe gekom, maar nie sonder die voorafgaande tekens van die geweld van die bliksems nie; en tereg het hulle vir hulle misdade gely, omdat hulle 'n baie besoedelde haat teen vreemdelinge gekoester het. Wis 19:14 Want terwyl die ander geen persone opneem wat hulle nie ken nie, het hulle die vreemdelinge wat hulle weldoeners was, tot slawe gemaak. Wis 19:15 En nie dit alleen nie, maar vir die ander is daar nog verskoning, omdat hulle die vreemdelinge [reeds] met vyandigheid ontvang het, Wis 19:16 terwyl hulle die vreemdelinge eers met feestelikhede ontvang het en aan hulle dieselfde regte meegedeel het, maar hulle daarna deur inspannende arbeid afgemat het. Wis 19:17 Daarom is hulle met blindheid geslaan, soos daardie ander by die deur van die regverdige, toe hulle in diepe duisternis gehul is, en elkeen die toegang na sy eie deur gesoek het. Wis 19:18 So het die elemente hulle telkens weer anders vertoon, soos by 'n siter die tone van die ritme die geaardheid verander, ook al behou hulle dieselfde klank; en dit blyk duidelik uit 'n noukeurige beskouing van die feite: Wis 19:19 Landdiere is verander in waterdiere, en diere wat swem, het op die Aarde gekom; Wis 19:20 die Vuur het in die water in krag gegroei, en die water het sy geaardheid om te blus, vergeet; Wis 19:21 aan die ander kant het die vlamme die vleis nie verteer van nietige diere wat in haar rondgeloop het nie, en ook nie die hemelse voedsel laat smelt nie, terwyl dit so goed soos ys kan smelt. Wis 19:22 In alles, JaHWeH, het U daarom U volk grootgemaak en verhoog; U het niks oorgesien nie, maar bystand verleen op die regte tyd en plek. // //Odes van Salomo // //['n Ode is 'n Liriese lofgedig oor 'n verhewe onderwerp] Ode 1:1 JaHWeH is soos 'n Krans op My hoof en Ek sal Hom nie verlaat nie. [Exodus 28:36; ZekarJaH 3:5; Openbaring 2:10] Ode 1:2 Die Krans van Waarheid is vir My gevleg, en Sy het U takke binne My laat bot; Ode 1:3 Want Sy is nie soos 'n verwelkte krans wat nie uitbot nie: [Spreuke van Salomo 4:11] Ode 1:4 Maar U is lewendig op My hoof en U het op My gebot. Ode 1:5 U vrugte is vol en raseg: Hulle is vol Verlossing. // Ode 2:1 Die Boek is verlore. // Ode 3:1 ...... Ek beklee. Ode 3:2 MY ledemate is met Hom, ek hang aan Hom en Hy het my lief; Ode 3:3 Want ek sou nie geweet het hoe om JaHWeH lief te hê as Hy my nie liefgehad het nie. Ode 3:4 Wie kan die liefde verstaan, behalwe hy wat liefde ontvang? Ode 3:5 Ek het die Uitverkorene lief, my siel het Hom lief; en waar Sy rus is, daar is ek ook. Ode 3:6 Ek sal nie 'n vreemdeling wees nie, want die Hoogste El en die barmhartige Meester koester geen wrok nie. Ode 3:7 Ek is verenig met Hom, want die geliefde het die Geliefde Een gevind, omdat ek daardie Seun liefhet, sal ek 'n seun word. Ode 3:8 Want hy wat verbind is met Hom wat nie sterf nie, hy sal ook onsterflik word. Ode 3:9 Hy wat in U glo, sal 'n lewende wese word. Ode 3:10 Sy is die Gees van Waarheid van JaHWeH wat die mense Sy Weë leer. [JeHôWganan 14:26 en 16:13] Ode 3:11 Wees wys, en verstaan en wees opmerksaam. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! Ode 4:1 GEEN sterfling verander U Apartheidsplek nie, o my Elohey, en daar is geeneen wat hom sal verander en op 'n ander plek sit nie, Ode 4:2 Want geeneen het enige gesag oor hom nie; want U het U Apartheidsplek bedink voordat U plekke gemaak het: Ode 4:3 Wat ouer is, sal nie verander word deur die wat jonger as hy is nie. U het U Hart, o JaHWeH, aan U getroues gegee. Ode 4:4 U sal nooit onbekwaam wees nie, ook sal U nie vrugteloos wees nie. Ode 4:5 Want een uur van U Waarheid is beter as al die dae en jare. Ode 4:6 Want wie sal hom beklee met U Guns en verwerp word? Ode 4:7 Want U Seël is bekend, en U skepsele is bekend met Haar, Ode 4:8 en die Leërskare hou Haar, en die uitverkore Hoofboodskappers is met Haar beklee. Ode 4:9 U het vir ons gemeenskap met U gegee: Dit is nie asof U ons nodig het nie, maar eerder dat ons U nodig het. Ode 4:10 Sprinkel U dan oor ons U Dou, en open U ryk Fonteine wat vloei met melk en heuning vir ons. Ode 4:11 Want by U is geen berou, dat U berou sal hê oor enigiets wat U beloof het nie; Ode 4:12 En die einde is aan U bekend. Ode 4:13 Want wat U gee, skenk U mildelik, sodat U dit nie van nou af aan sal terugneem nie; want alles is aan U, as die Elohim, bekend, Ode 4:14 en is van die begin af voor U gereed gemaak en U, my Elohey, het alles gemaak. Ode 4:15 Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //Ode deur die Kneg van JaHWeH Ode 5:1 EK dank U, o JaHWeH, omdat Ek U liefhet. Ode 5:2 0, Hoogste El, verlaat My nie, want U is My hoop. Ode 5:3 Ek ontvang U Barmhartigheid vrylik: Ek sal deur Hom leef. Ode 5:4 My agtervolgers sal kom, maar hulle sal My nie sien nie: Ode 5:5 'n Donker wolk sal voor hul oë kom, en 'n ondeursigtige mis sal donkerte oor hulle bring; Ode 5:6 Hulle sal nie die Lig hê om te sien nie, sodat hulle My nie sal gryp nie. Ode 5:7 Hulle plan sal dwaasheid word, en dit wat hulle saamgesweer het, sal terugkom op hul eie hoofde; Ode 5:8 Want hulle het 'n plan uitgedink, maar dit sal vir hulle tot niks kom nie; Ode 5:9 Hulle het besoedelde planne gesmee, maar dis bevind dat dit tevergeefs was. Ode 5:10 Want My hoop is gevestig op JaHWeH, en Ek sal nie vrees nie; Ode 5:11 Omdat JaHWeH My redding is, sal Ek nie bevrees wees nie. Ode 5:12 Hy is soos 'n Kroon op My hoof, en Ek sal nie wankel nie; Ode 5:13 Selfs as alles sou wankel, sal Ek vasstaan; Ode 5:14 Selfs as alles wat sigbaar is, vergaan, sal Ek nie sterf nie: Ode 5:15 Want JaHWeH is met My en Ek is met Hom. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //[Die Gees van Apartheid.] Ode 6:1 SOOS die wind oor die harp beweeg en die snare spreek, Ode 6:2 so spreek die Gees van JaHWeH in my liggaamsdele, en ek spreek deur Haar Liefde. Ode 6:3 Want Sy vernietig alles wat vreemd is en alles is van JaHWeH. Ode 6:4 Want so was Sy van die begin af, en so sal Sy wees tot aan die einde; Ode 6:5 Sodat niks Hom sal teëstaan nie, en niks teen Hom sal opstaan nie. Ode 6:6 JaHWeH het die Kennis omtrent Homself vermeerder, en ywer dat die dinge bekend sal wees wat deur Sy Barmhartigheid aan ons gegee is. Ode 6:7 Hy het vir ons Sy lofprysinge tot Sy Naam gegee: Ons gees prys Sy Gees van Apartheid. Ode 6:8 Want 'n stroom gaan uit en word 'n groot en breë rivier, want hy verpletter en breek alles op en voer dit weg van die Tempel; [JeségiEl 45] Ode 6:9 En die mense kan dit nie bedwing nie, ook nie die bedrewenheid van hulle wat water beheer nie; Ode 6:10 Want hy kom oor die hele Aarde en vul alles op; [JeségiEl 47] Ode 6:11 Almal wat dors op die Aarde het, drink en hulle dors hou op en is gelês; Ode 6:12 Want dié drank kom van die Hoogste El. Ode 6:13 Daarom, geseënd is die Bedieners van daardie drank, diegene wat toevertrou is met Sy water: Ode 6:14 Hulle verkwik die droë lippe en dié wat nie meer wilskrag het nie, tel Hy op; Ode 6:15 Die Siele van dié wat naby aan die dood is, hou hulle terug van die dood; Ode 6:16 En ledemate wat neergeval het, trek Hy self weer reguit en rig hulle op: Ode 6:17 Hy verleen krag aan hulle verskyning en Lig aan hul oë; Ode 6:18 Want elkeen ken hulle in JaHWeH, en deur die waters lewe hulle vir ewig. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //[Ode deur die Bruid oor die Seun en die VADER.] Ode 7:1 SOOS die verloop van toorn oor besoedeling, so is die verloop van Vreugde oor die Geliefde Een; en Hy bring van die vrugte in sonder teëstand. Ode 7:2 My Vreugde is in JaHWeH, en My rigting is na Hom: Hierdie Weg van My is mooi; Ode 7:3 Want Ek het 'n Helper in JaHWeH. Hy maak Homself sonder teësinnigheid aan My bekend in Sy edelmoedigheid; want in Sy Suiwerheid sit Hy Sy Majesteit eenkant. Ode 7:4 Hy het soos Ek geword, sodat Ek Hom sou aanvaar: In voorkoms het Hy soos Ek gelyk, sodat Ek My in Hom sou klee. [JeHôWganan 1:14] Ode 7:5 En Ek het nie gebewe toe Ek Hom aanskou nie, want Hy het deernis met My gehad. Ode 7:6 Hy het geword soos My natuur, sodat Ek Hom kon leer ken, en soos My gestalte, sodat Ek nie van Hom sou wegdraai nie. [JeHôWganan 1:14] Ode 7:7 Die VADER van Kennis gee die Woord van Kennis: Ode 7:8 HY wat Wysheid geskep het, is wyser as Haar werke; Ode 7:9 en HY wat My geskape het voordat Ek ontstaan het, het geweet wat Ek sou doen wanneer Ek daar was. [JeHôWganan 14:16] Ode 7:10 Daarom het HY My jammer gekry deur SY groot Medelye, en het My toegelaat om van HOM te vra, en om van SY Slagdier te ontvang; [Hebreërs 10:12] Ode 7:11 Want Hy is onverderfbaar, die voleinding van die eeue en hulle VADER. Ode 7:12 HY het Hom toestemming verleen om te verskyn aan hulle wat Syne is, dat hulle Hom kon herken wat hulle gemaak het en sodat hulle nie dalk mag dink dat hulle deur hulself ontstaan het nie. Ode 7:13 Want HY rig Sy Weg na Kennis: HY het haar lank en breed gemaak en haar raseg gemaak; Ode 7:14 En HY het op haar die Voetsole van SY Lig geplaas, en Hy het van die begin tot die einde gegaan; Ode 7:15 Want HY is deur Hom bedien, en HY het 'n welbehae in die Seun. Ode 7:16 En omrede van Sy Verlossing sal Hy besit neem van alles; Die Hoogste El sal geken word deur SY apartes, Ode 7:17 om hulle wat psalms oor die koms van die Meester het, bekend te maak, sodat hul Hom tegemoet kan gaan en vir Hom mag sing, met vreugde en met die harp van vele klanke. Ode 7:18 Die sieners sal voor Hom uitgaan, en voor Hom gesien word; Ode 7:19 En hulle sal JaHWeH in Sy Liefde prys, want Hy is naby en Hy sien. Ode 7:20 En haat sal van die Aarde verwyder word, en sal verdrink saam met afguns; Ode 7:21 Want Dwaasheid is vernietig, omdat die Kennis van JaHWeH gekom het. [Spreuke 9:13] Ode 7:22 Diegene wat sing, sal sing van die Barmhartigheid van JaHWeH, die Hoogste El, en hulle sal hul psalms aanbied; Ode 7:23 Hul hart sal soos die dag wees en die klank van hul stemme soos die wye skoonheid van JaHWeH. Niks wat lewe sal onkundig of stom wees nie; Ode 7:24 Want Hy het aan Sy skepping 'n Mond gegee, om die Stem van die Mond oop te maak en Hom te loof. Ode 7:25 Loof Sy Krag en maak bekend Sy Barmhartigheid. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //[Die Wysheid besing die Vader, die Seun en haar kinders.] Ode 8:1 MAAK oop, maak oop julle harte met jubeling tot JaHWeH, en laat julle liefde oorvloei van die hart na die lippe, Ode 8:2 om vrugte voort te bring vir JaHWeH, 'n lewe van Apartheid, en om met waaksaamheid te spreek in SY Lig. Ode 8:3 Rig julle op en staan orent, julle wat eens weggesink het: Ode 8:4 Julle wat stil was, spreek, want julle Mond is geopen: Ode 8:5 Julle wat verag was, rig julself van nou af aan op, want julle Geregtigheid is opgerig; Ode 8:6 Want die Regterhand van JaHWeH is met julle en Hy is julle Helper: [2 Ezra 8:10] Ode 8:7 En Vrede is vir julle voorberei, nog voor julle oorlog begin het. Ode 8:8 Luister na die woord van Waarheid, en ontvang die Kennis van die Hoogste El. Ode 8:9 Julle vlees sal nie weet wat Ek vir julle sê nie, ook nie julle kleding wat Ek aan julle bekend maak nie. Ode 8:10 Bewaar My Verborgene, julle wat deur Haar onderhou word: Ode 8:11 Bewaar My Geloof, julle wat deur Haar onderhou word; [Hebreërs 12] Ode 8:12 En begryp My Kennis, julle wat My deur die Waarheid ken. Ode 8:13 Wees lief vir My met toege-neentheid, julle wat bemin. Ode 8:14 Want Ek wend nie My Aangesig af van hulle wat Myne is nie, omdat Ek hulle ken; Ode 8:15 En voordat hulle ontstaan het, het Ek hulle waargeneem; en My Seël op hul aangesigte geplaas. [Exodus 28:36, 37] Ode 8:16 Ek het hul liggaamsdele gefor-meer; en My borste het Ek vir hulle voorberei, sodat hulle My melk van Apartheid mag drink en daardeur mag lewe. Ode 8:17 Hulle was vir My welbehaaglik en Ek skaam My nie vir hulle nie; Ode 8:18 Want hulle is My eie werke, en die Krag van My denke. Ode 8:19 Wie, derhalwe sal teen My werke opstaan? Of wie is hy wat nie onderdanig aan hulle is nie? Ode 8:20 Ek het hulle verstand en hart geformeer. En hulle is Myne; en Ek het My uitverkorenes aan My regterhand geplaas. Ode 8:21 En My Geregtigheid gaan voor hulle uit; hulle sal nie geskei word van My Naam nie, want Sy is met hulle. Ode 8:22 Bid en gaan in alle erns voort in die Liefde van JaHWeH, julle wat geliefdes is, in die Geliefde Een; julle wat bewaar word, in Hom wat weer gelewe het; julle wat verlos is, in Hom wat verlos is; Ode 8:23 En julle sal onverderfbaar bevind word deur al die eeue, vanweë die Naam van jul Vader. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //['n Ode deur die Wysheid van die Seun] Ode 9:1 OPEN julle ore en Ek sal tot julle spreek: Ode 9:2 Gee julle siele aan My, sodat Ek ook Myself aan julle kan gee, Ode 9:3 die Woord van JaHWeH en SY wil, die apartheidsdoel wat HY beplan het aangaande SY Gesalfde. Ode 9:4 Want in die Wil van JaHWeH is julle lewe, en julle rasegtheid is onverderfbaar. Ode 9:5 Word verryk in JaHWeH die Vader en ontvang die bewussyn van die Hoogste El: Wees sterk en wees verlos deur SY Barmhartigheid. Ode 9:6 Want Ek verkondig Vrede aan julle, Sy rasegtes, sodat nie een van dié wat hoor in die oorlog sal val nie, Ode 9:7 en dat hulle wat Hom geken het, nie mag vergaan nie, en dat hulle wat Hom ontvang het, nie beskaamd sal staan nie. Ode 9:8 Waarheid is 'n ewige Kroon; geseënd is diegene wat Haar op hul hoofde plaas, [Exodus 28:36, 37; ZekarJaH 3:5; Openbaring 2:10] Ode 9:9 'n Steen van groot waarde; want die oorloë is as gevolg van die Kroon; Ode 9:10 En Geregtigheid het Haar geneem, en Haar aan julle gegee. [JeshaJaH 60:17] Ode 9:11 Sit die Kroon op in die ware Verbond van JaHWeH; en almal wat oorwin het, sal in Sy Boek opgeskryf word; [Openbaring 21:27] Ode 9:12 Want Sy Boek is die oorwinning wat julle s'n is; en Hy sien julle daarvoor en Hy begeer dat julle verlos word. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //['n Ode deur die Kneg van JaHWeH] Ode 10:1 JaHWeH het My Mond deur SY Woord gerig, en My Hart deur SY Lig geopen, Ode 10:2 en het teweeg gebring dat SY Ewige Lewe in My bly; en het My vergun om van SY vrugte van Vrede te vertel, Ode 10:3 Om die siele van diegene wat na Hom wil kom, terug te bring, en om 'n aansienlike groep gevangenes(siele) terug te lei na vryheid. Ode 10:4 Ek het sterk en magtig geword, en het die Aarde se gevangenes gelei en hulle het vir My die Glansrykheid van die Hoogste El geword, ja, van JaHWeH, My VADER. Ode 10:5 En die nasies wat verstrooi was, is versamel, en Ek is nie besoedel deur My skuld nie, omdat hulle My lof toegebring het op die hoë plekke. [Hebreërs 9:28] Ode 10:6 En die voetspore van Lig is op hul harte geplaas, en hulle het gewandel in My lewe en is verlos, en het My volk geword, vir Ewig tot in Ewigheid. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //[Die Paradys.] Ode 11:1 My hart is besny en haar blomme het verskyn, Barmhartigheid het in haar uitgespruit; en sy het vrugte gedra vir JaHWeH. Ode 11:2 Want die Hoogste El het my besny met Sy Gees van Apartheid en my niere voor Hom blootgelê; en my gevul met Sy Liefde. Ode 11:3 En Sy besnydenis het my Verlossing geword; en ek het op die Weg in Sy Vrede gehardloop en op die Weg van Waarheid: Ode 11:4 Vanaf die begin tot die einde het ek Sy Kennis ontvang. Ode 11:5 En ek is stewig gevestig op die Klip van Waarheid, waar Hy my geplaas het; Ode 11:6 En waters wat spreek, het my lippe aangeraak van JaHWeH se Fontein, sonder terughouding; Ode 11:7 En ek het gedrink en was bedwelm deur die lewende, onsterflike waters; Ode 11:8 En my bedwelming was nie sonder Kennis nie, maar ek het Ydelheid verlaat. Ode 11:9 En my gewend tot die Hoogste El, my Elohey, en het deur Sy Gawe verryk geword; Ode 11:10 Ek het Dwaasheid laat staan, sy wat oor die Aarde uitgewerp is en ek het haar afgestroop en van my af weggewerp; Ode 11:11 JaHWeH het my vernuwe met Sy kleed, en van my besit geneem met Sy Lig, Ode 11:12 en my onverderfbare verkwikking van bo gegee, en ek het geword soos die Aarde wat laat uitspruit en haar verheug in haar vrugte, Ode 11:13 En JaHWeH is soos die son op die aangesig van die Aarde: Ode 11:14 Hy het my oë verlig en my gesig het die Dou ontvang; Ode 11:15 My asemteue het behae gevind in die aangename geur van JaHWeH; Ode 11:16 Hy het my gebring na Sy Paradys waar die rykdom van die genot van JaHWeH is. [Griekse invoeging] Ek het bome gesien, pragtig en wat vrugte dra, En hul kroon was natuurlike loof; Hul takke het gespruit, hul vrugte het gelag; Hul wortels was geplant in die onverganklike Adamah[adamiet se Aarde]. En die rivier van Vreugde het hul benat, en het om hul onverganklike Adamah[adamiet se Aarde] gevloei. Ode 11:17 En ek het JaHWeH aanbid vanweë Sy Glansrykheid. Ode 11:18 En ek het gesê, geseënd, o JaHWeH, is diegene wat in U Adamah[adamiet se Aarde] geplant is en diegene wat 'n plek in U Paradys het, Ode 11:19 en wat opgroei in die wasdom van U bome en wat van Donkerte na Lig beweeg het. Ode 11:20 Kyk, al U diensknegte is voortreflik. Hulle wat suiwer werke doen, Ode 11:21 van besoedeling draai na U Vreugde en die bitterheid van die bome is verander toe hulle in U Adamah[adamiet se Aarde] geplant is. Ode 11:22 Alles het geword soos 'n aandenking aan U en 'n ewige herinnering aan U getroue diensknegte. Ode 11:23 Want daar is baie plek in U Paradys, en daar is niks wat sonder voordeel is nie; maar alles dra vrug. Ode 11:24 Eer aan U, o Elohim, die Vreugde wat in die ewige Paradys is. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //[Die Gees van Waarheid] Ode 12:1 HY het my gevul met die woorde van Waarheid, sodat ek van Hom mag spreek; Ode 12:2 Waarheid het uit my mond gevloei soos 'n stroom water, en my lippe het Haar vrugte bekend gemaak. Ode 12:3 Sy het my laat oorloop met Haar Kennis, want die Mond van JaHWeH is die ware Woord, en die Poort van Sy Lig. Ode 12:4 Die Hoogste El het Haar aan Sy wêrelde gegee, die vertolkers van Sy Prag, en die vertellers van Sy Glansrykheid, en die belyers van Sy denke, en die verkondigers van Sy gedagte, en die Apartheid van Sy werke. Ode 12:5 Want van die vlugheid van Haar woord kan nie vertel word nie, en soos Haar vertelling, so ook is Haar snelheid en Haar spoed, en Haar rigting is onbeperk: Ode 12:6 Sy val nooit, maar staan vas, en Sy ken nie Haar afkoms, nog Haar weg nie. Ode 12:7 Want soos Haar werk is, so is Haar verwagting; want Sy is die Lig en sonsopkoms van gedagtes. Ode 12:8 En deur Haar het die wêrelde met mekaar gepraat, en hulle wat stom was, het spraak bekom; Ode 12:9 En deur Haar het vriendskap en samehorigheid ontstaan, en hulle het die een met die ander gespreek, dit wat hulle te sê gehad het; Ode 12:10 En hulle is aangespoor deur die Woord; en hulle het Hom wat hulle gemaak het, geken, want hulle het saamgestem; Ode 12:11 Want die Mond van die Hoogste El het met hulle gespreek, en deur Haar het Sy openbaring vrye teuels gehad. Ode 12:12 Want die Woning van die Woord is die Seun van Adam. En die Waarheid is Sy Liefde. Ode 12:13 Geseënd is hulle wat alles deur Haar verstaan het, en JaHWeH in Sy Waarheid geken het. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //['n Ode vir die Apartheid] Ode 13:1 KYK, JaHWeH is ons spieël: Open jou oë en sien hulle in HOM; Ode 13:2 En leer hoe jou aangesig is en uiter lofprysinge aan SY Gees; Ode 13:3 Vee die vuilheid van jou gesig af, en wees lief vir SY Apartheid en trek Haar aan; Ode 13:4 En jy sal rassuiwer wees, al die tyd saam met hom. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //['n Ode deur die Seun] Ode 14:1 SOOS die oë van 'n Seun gerig is op Sy VADER, so is My oë, o JaHWeH, voortdurend op U gerig; Ode 14:2 Want saam met U is My Borste en My Vreugde. [Sirah 24:1] Ode 14:3 Wend nie U Medelye van My af nie, o JaHWeH, en neem nie U Suiwerheid van My weg nie. Ode 14:4 Strek U Regterhand voortdurend uit na My, o My Elohey en wees vir My 'n Leidsman tot die einde, omdat Sy U Vreugde is. Ode 14:5 Ek sal welgevallig voor U wees omrede van U Glansrykheid, en omrede van U Naam, sal Ek verlos word van die Besoedelde een; Ode 14:6 U Teerheid, o JaHWeH, sal by My bly as die vrugte van U Liefde. Ode 14:7 Leer My die psalms van U Waarheid, dat Ek in U vrug mag dra; Ode 14:8 En open die Harp van U Gees van Apartheid vir My, sodat Ek U mag loof, o JaHWeH, met elke melodie. Ode 14:9 En volgens die oorvloed van U Medelye; mag U My Haar so gun en haas U om Ons versoeke toe te staan. Ode 14:10 En U voorsien voldoende aan al Ons behoeftes. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //['n Ode uit die gevangenis] Ode 15:1 SOOS die son 'n vreugde is vir diegene wat sy daglig soek, so is My vreugde JaHWeH. Ode 15:2 Want Hy is My son, en Sy strale het My opgewek, en Sy Lig het al die donkerte van My gesig verdryf. [2Nikodemus 5:3c] Ode 15:3 Ek het deur Hom Oë verkry, en het Sy dag van Apartheid gesien. Ode 15:4 Ore het Myne geword, en Ek het Sy Waarheid gehoor. Ode 15:5 Die gedagte van Kennis het Myne geword, en Ek het My verheug deur Hom. Ode 15:6 Ek het die dwaalweg verlaat, en Ek het na Hom gegaan, en het van Hom Verlossing sonder voorbehoud ontvang; [Hooglied van Salomo 1:6] Ode 15:7 Volgens Sy gawe het Hy vir My gegee, en volgens Sy wonderskoonheid het Hy My gemaak. Ode 15:8 Deur Sy Naam het Ek onverdorwenheid aangetrek, en deur Sy Barmhartigheid het Ek verganklikheid afgewerp. Ode 15:9 Dood is voor My aangesig vernietig, en die Doderyk/Sheol is tot niks gebring deur SY Woord. Ode 15:10 Ewige Lewe het verrys in die Adamah [die adamiet se Aarde] van JaHWeH, en Sy het aan Sy getroues bekend geword, en is mildelik gegee aan almal wat op Hom vertrou. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //[Die Gees prys die VADER, die Seun en Sy skepping.] Ode 16:1 SOOS die werktuig van die ploeër die ploegskaar is, en die werk van die stuurman om te stuur, so ook is My werk die psalm van JaHWeH in SY lofprysinge. Ode 16:2 My ambag en beroep is in SY lofprysinge. Omdat SY Liefde My hart gevoed het en SY Vrug na My lippe gebring het. Ode 16:3 Want My liefde is JaHWeH, daarom sal Ek tot HOM sing; Ode 16:4 Want Ek word sterk gemaak deur SY lofprysinge en Ek het vertroue in HOM. Ode 16:5 Ek sal My mond open, en SY Gees sal in My verklaar die Glansrykheid van Elohim en SY skoonheid, Ode 16:6 die werke van SY Hande, en wat SY Vingers gemaak het, Ode 16:7 vir SY menigvuldige Medelye en vir die Krag van SY Woord. Ode 16:8 Want die Woord van JaHWeH speur na dit wat onsigbaar is en neem SY gedagtes waar; Ode 16:9 Want die Oog sien SY werke en die Oor hoor SY gedagtes. Ode 16:10 HY het die Aarde uitgespan, en die waters in die see daar gestel: Ode 16:11 HY het die Hemele uitgesprei en die Sterre in hul ordes gestel; Ode 16:12 En die skepping georden en dit gevestig; en HY het gerus van SY werke. Ode 16:13 En die dinge wat geskep is, loop in hul bane en verrig hul take. En weet nie hoe om stil te staan en ledig te wees nie; Ode 16:14 En die Leërskare is onderhorig aan SY Woord. Ode 16:15 Die skatkamer van die Lig is die son, en die skatkamer van die Duisternis is die nag; Ode 16:16 En Hy het die son vir die dag gemaak, sodat hy helder kan wees. En nag bring Duisternis oor die hele Aarde. Ode 16:17 Hulle neem oor, die een van die ander; hulle verkondig die skoonheid van Elohim. Ode 16:18 En daar is niks wat afsonderlik van JaHWeH is nie, want HY was daar voordat enigiets ontstaan het. Ode 16:19 En die Wêrelde het ontstaan deur SY Woord, en deur die gedagte van SY Hart. Ode 16:20 Glansrykheid en ere aan SY Naam. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //['n Ode deur die Kneg van JaHWeH] Ode 17:1 EK is gekroon deur My Elohim en My Kroon is die Lewende Een; Ode 17:2 Ek is geregverdig deur My Meester, en My Verlossing is onverganklik: Ode 17:3 Ek is bevry van nuttelose dinge, en Ek is nie 'n veroordeelde man nie. Ode 17:4 My bande is verbreek deur SY Hande: Ek het die gesig en gedaante van 'n nuwe adamiet ontvang; en Ek het in HOM gewandel en is verlos. Ode 17:5 Die gedagte aan Waarheid het My gelei; en Ek het Haar nagestreef en nie afgedwaal nie. Ode 17:6 Almal wat My gesien het, was verstom, en Ek was vir hulle soos 'n vreemdeling. Ode 17:7 HY wat My geken het en My grootgemaak het, is die Hoogste El in al SY rasegtheid; En HY het My hoog geag in SY Suiwerheid, en HY het My Verstand uitgelig tot die hoogste van Waarheid. Ode 17:8 En daarvandaan het HY My die Weg van SY voetstappe gewys, en Ek het die Poorte wat toe was, geopen. [Génesis 3:24] Ode 17:9 Ek het die tralies van yster in stukke gebreek; maar My kettings het warm geword en voor My gesmelt. Ode 17:10 Dit was vir My asof niks gesluit was nie, want Ek was die Ingang van alles; Ode 17:11 Ek het na al My gevangenes gegaan om hulle te bevry, sodat Ek geeneen gebonde moes laat nie. [2 Nikodémus 5; Psalm 30:3] Ode 17:12 Ek het My Kennis sonder teësinnigheid gegee, en My gebed was met liefde. Ode 17:13 Ek het My vrugte in harte gesaai, en Ek het hulle in Myself herskep. Ode 17:14 Hulle het My Seën ontvang en gelewe, en is by My versamel en verlos, Ode 17:15 want hulle het My lede geword, en Ek is hulle Hoof. Glansrykheid aan U, Ons Hoof, o Ons Meester, ons Gesalfde, Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //['n Ode deur die Kneg van JaHWeH] Ode 18:1 My Hart is opgetel deur die Liefde van die Hoogste El, en is verruim, sodat ek HOM kan prys deur My Naam. Ode 18:2 My Ledemate is versterk, sodat Hulle nie sal wegkeer van SY Krag nie: [Markus 9:9] Ode 18:3 Siektes het gewyk van My liggaam, en dit het opgestaan vir JaHWeH, omdat HY dit gewil het, want SY koninkryk is standvastig. Ode 18:4 0 JaHWeH, sal U U Woord van My wegneem, as gevolg van hulle wat Kennis van U kortkom? Ode 18:5 Ook nie as gevolg van hul werke, sal U U volmaaktheid van My weerhou nie. Ode 18:6 Die Lig sal nie deur Duisternis oorwin word nie, ook sal Waarheid nie wegvlug van die Leuen nie. Ode 18:7 U Regterhand sal Ons Verlossing laat seëvier, en U sal van elke plek ontvang, en sal behoed elkeen wat vasgehou word deur besoedeling. Ode 18:8 U is My Elohim; die Leuen en Dood is nie in My mond nie. Maar U wil is volmaaktheid; Ode 18:9 U ken nie Ydelheid nie, want dit ook, ken Ek nie, Ode 18:10 U ken nie oortredinge nie, want dit ook, ken Ek nie. Ode 18:11 Dwaasheid het verskyn soos fyn stof en soos die skuim van die see. Ode 18:12 Verwaande mense het oor haar gedink dat sy uitmuntend was: hulle het ook begin om 'n ooreenkoms met haar te toon, en het nutteloos geword. Ode 18:13 Diegene wat Kennis het, het verstaan en gedink, en was nie besoedel in hul gedagtes nie. Ode 18:14 Want hulle was in die gedagtes van die Hoogste El, en hulle het gelag vir dié wat in die leuen gewandel het: Ode 18:15 Maar hulle het die Waarheid gespreek deur die inspirasie wat die Hoogste El in hulle geblaas het. Ode 18:16 Glorie en groot eerbetoon aan SY Naam. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //[Die verwekking van die JaHWèshua] Ode 19:1 'N BEKER saad was My aangebied, en Ek het hom ingeneem as die soetheid van die Suiwerheid van JaHWeH. Ode 19:2 Die Seun is die Beker en HY wat getap is, is die VADER, en Sy wat HOM getap het, is die Gees van Apartheid; Ode 19:3 Want SY saadorgaan was vol, en dit was nie wenslik dat SY saad sonder rede afgeskei word nie; Ode 19:4 Die Gees van Apartheid het Haar skoot geopen en die saad vanuit die twee saadselle van die VADER vermeng, [Lukas 2:21] Ode 19:5 en het die Mengsel aan die wêreld gegee sonder dat hulle daarvan bewus was; en hulle wat Hom ontvang, is in die volheid van die Regterhand. Ode 19:6 Die baarmoeder van die maagd het Hom omhels en sy het swanger geword en gebaar. Ode 19:7 Die maagd het 'n moeder met groot deernis geword; Ode 19:8 Sy was in barensweë en het 'n Seun gebaar sonder om pyn te voel, omdat Hy nie sonder 'n rede ontstaan het nie; Ode 19:9 Sy het nie 'n vroedvrou verlang nie, want HY het haar verlos. [Boodskap van Jakobus 19:3] Ode 19:10 Sy het gebaar, soos dit is, 'n Man, deur die Wil van Elohim, en het Hom gebaar en Hom bekend gemaak, en het Hom in groot Krag verkry; Ode 19:11 En sy het Hom liefgehad met die bevalling, en Hom bewaak met minsaamheid en Hom in grootheid bekend gemaak. [Boekrol van Henog 62:7]. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! Ode 20:1 EK is 'n Priester van JaHWeH en tot HOM verrig Ek dienswerk as Priester, Ode 20:2 Aan HOM slag Ek die slagdier van SY gedagte. Ode 20:3 Want nie soos die wêreld nie, en ook nie soos die vlees is SY denke nie, ook nie soos diegene wat bedien op 'n vleeslike wyse nie. Ode 20:4 Die Slagdier van JaHWeH is Regverdigheid, en suiwerheid van hart en lippe. [Hebreërs 10:12] Ode 20:5 Offer jou niere vlekkeloos, en moenie dat jou ingewande 'n ander se ingewande kwel nie, en moet ook nie dat jou siel 'n ander se siel kwel nie. Ode 20:6 Jy mag nie 'n baster verwek deur die bloed van jou siel nie, ook mag jy nie probeer om jou naaste te bedrieg nie, ook mag jy hom nie die bedekking van sy naaktheid ontneem nie. Ode 20:7 Maar beklee jou met die Barmhartigheid van die gewillige Meester; en kom na die Paradys. En maak vir jouself 'n Krans vir versiering van Sy Boom, [Spreuke 4:9] Ode 20:8 plaas haar op jou hoof en verlustig jou in haar, en leun op haar kalmte. Ode 20:9 Sy Glansrykheid sal jou vooruitgaan, en jy sal van Sy Minsaamheid en Suiwerheid ontvang, en vet word in die Glansrykheid van Sy Apartheid. Ode 20:10 Glansrykheid en Eer aan Sy Naam. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //[Die Bruid prys die Seun] Ode 21:1 EK het My arms opgehef na die Medelye van JaHWeH, Ode 21:2 Want Hy het My bande weggewerp; en My helpers het My opgerig tot Sy Medelye en Verlossing. [Hooglied van Salomo 2:9] Ode 21:3 Ek het die Duisternis afgelê en My met Lig beklee. Ode 21:4 My Siel het lede verkry, waarin daar geen pyn was nie, ook nie ellende of lyding nie. Ode 21:5 En net wat gerusstellend was, het My gedagtes aan JaHWeH laat bly, en aan Sy onverganklike gemeenskap. Ode 21:6 Ek was in Sy Lig opgehef, en Ek het voor Sy Aangesig verbygegaan; [Hooglied van Salomo 5:6] Ode 21:7 Ek het naby aan Hom gekom, terwyl Ek Hom geloof en gedank het. Ode 21:8 Hy het My Hart laat oorloop en Hy is in My Mond gevind en Hy het verskyn op My Lippe, Ode 21:9 die jubeling van JaHWeH en SY lofprysing het My Aangesig verlig. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! Ode 22:1 HY wat My van die hoogtes [Hemele] afgebring het, en My van die onderwêreld [Doderyk/Sheol] af opgehef het. Ode 22:2 HY wat die dinge wat in die middel was, versamel het, en dit vir My laag gemaak het, Ode 22:3 HY wat My vyande verstrooi het, asook My teëstanders; Ode 22:4 HY wat My mag gegee het oor bande, sodat Ek hulle kan losmaak; Ode 22:5 HY wat deur My Hande die Draak met sewe koppe oorwin het, en U wat My gestel het oor sy wortel, sodat Ek sy saad tot niet mag maak. [Openbaring 13; Openbaring 17; DaniEl 14:23-42] Ode 22:6 Dit is U: U was daar en het My gehelp, en in elke plek is U Naam deur My geloof. [JeHôWganan 17:6] Ode 22:7 U Regterhand het sy besoedelde gif vernietig; en U Hand het die Weg gelyk gemaak vir die wat in U glo, Ode 22:8 en het hulle uit die grafte uitverkies, en hulle apartgestel van die dooies: Ode 22:9 Sy het dooie beendere geneem en hul met liggame bedek; Ode 22:10 Hulle was bewegingloos, en Sy het hulle lewenskrag verleen om te lewe. [JeségiEl 37:10] Ode 22:11 U Weg en U Persoon was onverderflik, U het U wêreld tot verdorwenheid gebring, sodat alles kon vergaan en vernuwe word. Ode 22:12 En sodat U Rots die fondament van alles kon wees; en op Hom het U U Koninkryk gebou; En U het die Woonplek van die Apartes geword. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //[[Ode oor 'n Boek, die Plaat van Herinnering.] Ode 23:1 BLYDSKAP behoort aan die apartes, en wie sal met Haar beklee word, behalwe hulle? Ode 23:2 Barmhartigheid behoort aan die uitverkorenes, en wie sal Hom ontvang, behalwe hulle wat van die begin af op Hom vertrou het? Ode 23:3 Liefde behoort aan die uitverkorenes, en wie sal met Haar beklee word, behalwe hulle wat Haar van die begin af besit het? Ode 23:4 Wandel in die Kennis van die Hoogste El, en jy sal die Guns van JaHWeH, sonder teësinnigheid, ken: SY jubeling en die Suiwerheid van SY Kennis. Ode 23:5 SY gedagtes was soos 'n Boekrol, SY Wil het neergekom van omhoog; [JeshaJaH 5:28] Ode 23:6 En hy is gestuur soos 'n pyl uit 'n boog, wat afgevuur word met krag; [Openbaring 6:2; Psalm 127:4] Ode 23:7 En vele hande het afgepyl op die Boekrol om hom te gryp en hom te neem en hom te lees; Ode 23:8 En hy het uit hulle vingers ontsnap; en hulle was vol vrees vir hom en vir die Seël wat op hom was. [JeshaJaH 29:10-12] Ode 23:9 Want hulle was nie toegelaat om sy Seël te verbreek nie, want die Krag wat op die Seël was, was groter as hulle. Ode 23:10 Maar hulle wat hom gesien het, het agter die Boekrol aangegaan, sodat hulle kon weet waar sy bestemming was, en wie hom sou lees, en wie hom sou hoor. [JeshaJaH 29:18-21; Maleagi 3:16] Ode 23:11 Maar 'n wiel het hom ontvang, en sy het op hom neergedaal; Ode 23:12 Tesame met hom was 'n Teken van Koningskap en van Heerskappy. Ode 23:13 Alles wat voor die wiel beweeg het, het hy gemaai en afgesny; [JeshaJaH 41:15; Miga 4:13] Ode 23:14 Hy het 'n menigte van teëstanders versamel; en Hy het riviere bedek; [Odes van Salomo 39:1Openbaring 12:15] Ode 23:15 Hy het oorgegaan en baie volke ontwortel en 'n breë Pad gemaak. Ode 23:16 Die Hoof het neergedaal na die Voete, want sover as die Voete gaan het die wiel gerol saam met hom wat op haar was. [JeségiEl 1:19; JeshaJaH 60:14-17] Ode 23:17 Hy was 'n Boekrol en 'n Bevel, want alle plekke is byeengebring. Ode 23:18 Op sy hoof het die Hoof verskyn wat geopenbaar is, en die Seun van die Waarheid van die Hoogste El VADER. [JeségiEl 1:26; 2 Ezra 7:26] Ode 23:19 Hy het van alles besit geneem en hom ontvang; en die denke van vele het tot niks gekom nie. [MattithJaHûW 5:17-18] Ode 23:20 En almal wat op 'n dwaalspoor gelei is, het ontsnap en gevlug en hulle wat vervolg het, is vernietig en uitgewis. Ode 23:21 Maar die Boekrol het 'n groot Plaat van Herinnering geword, wat geheel en al geskryf is deur die Vinger van Elohim; en die Naam van die VADER was op hom, en van die Seun, en van die Gees van Apartheid, om te regeer vir Ewig tot in Ewigheid. [Maleagi 3:16; Openbaring 14:1; Exodus 28:36-37]. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //[Ode oor die Waarheid.] Ode 24:1 DIE Duif het afgevlieg op die hoof van ons Meester, ons Gesalfde, want Hy was Haar hoof. Ode 24:2 Sy het oor Hom gesing, en Haar Stem is gehoor. [MattithJaHûW 3:16-17] Ode 24:3 Die bewoners het gevrees, en die verbasterdes het gesidder. Ode 24:4 Die vlieënde wesens het opgevlieg en al die reptiele is dood in hulle gate. Ode 24:5 En die Afgrond is geopen en weer toegemaak, en hulle het die Gesalfde gesoek soos diegene in barensnood; Ode 24:6 Maar Hy is nie aan hulle gegee as voedsel nie, want Hy was nie hulle s'n nie. Ode 24:7 Maar die dieptes is gedompel in die indompeling van JaHWeH, en diegene wat van ouds bestaan het, het omgekom in daardie gedagte; Ode 24:8 Want hulle het van die begin af verdorwe geraak, en die voltooiing van hulle barensnood was lewe. Ode 24:9 Elkeen van hulle, by wie ontbreek het, het omgekom, omdat hulle geen woord gehad het om te sê nie, om daardeur agter te bly nie. Ode 24:10 Elohim het die gedagtes vernietig van hulle met wie die Waarheid nie was nie; Ode 24:11 Want hulle het Wysheid kortgekom, hulle wat trots van hart was. Ode 24:12 En hulle is verwerp, want die Waarheid was nie met hulle nie, Ode 24:13 Omdat Elohim SY Weg bekend gemaak het, en SY Barmhartigheid uitgebrei het. Ode 24:14 En hulle wat Hom bemerk het, ken SY Apartheid. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //[Ode uit die gevangenis] Ode 25:1 EK het ontsnap uit My boeie, en na U het Ek gevlug, o My Elohim, Ode 25:2 Want U Regterhand was 'n Verlossing, en My Helper. Ode 25:3 U het hulle wat teen My opgestaan het, teëgehou, en Ek sal hulle nie weer aanskou nie, Ode 25:4 Want U Seun was met My, wat My gered het deur U Barmhartigheid. Ode 25:5 Maar Ek is verag en verwerp in die oë van baie, en Ek was in hulle oë soos lood. [Hooglied 1:6] Ode 25:6 En Krag van U is aan My gegee, en Hulp. Ode 25:7 U het 'n Lamp vir My opgestel, aan My regterhand en aan My linkerhand, sodat daar niks binne My sonder Lig sou wees nie. Ode 25:8 En Ek is bedek met die bedekking van U Gees, en U het My klere van vel verwyder, Ode 25:9 want U Regterhand het My opgehef, en het gewil dat siekte van My verwyder word. Ode 25:10 Ek het magtig in die Waarheid geword en apart in U Geregtigheid. Ode 25:11 Almal wat teen My was, het My gevrees, en Ek het JaHWeH s'n geword, in die Naam van JaHWeH. Ode 25:12 Ek is geregverdig deur Sy Suiwerheid; en Sy rus vir ewig. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //[Lofprysing vir JaHweH] Ode 26:1 EK het lof tot JaHWeH uitgestort, omdat Ek Syne is. Ode 26:2 Ek sal Sy psalm van Apartheid voordra, omdat My Hart met Hom is; Ode 26:3 Want Sy harp is in My Hande, en die psalms van Sy rus sal nie swyg nie. Ode 26:4 Ek sal tot Hom roep met My hele Hart: Ek sal Hom prys en verhoog met al My Ledemate; Ode 26:5 Want van die ooste tot die weste is die lofprysinge Syne. Ode 26:6 En van die noorde tot die suide is die danksegging Syne. Ode 26:7 En van die kruin van die hoogtes, tot by hulle verste punt is Suiwerheid Syne. Ode 26:8 Wie kan die psalms van JaHWeH skryf, of wie kan hulle voordra? Ode 26:9 Of wie kan Sy siel lewenslank onderrig, sodat Sy siel verlos mag word? Ode 26:10 Of wie kan op die Hoogste El rus, sodat hy deur SY Mond kan spreek? Ode 26:11 Wie is in staat om die wonders van JaHWeH te vertolk? want hy wat vertolk, sal vernietig word, en wat vertolk moet word, sal oorbly. Ode 26:12 Want dit is voldoende om te weet en te rus; want die psalmiste bly in rus; Ode 26:13 Soos 'n rivier wat 'n oorvloedige bron het, en vloei tot hulp van hulle wat dit soek. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //[Die Teken van die Seun] Ode 27:1 EK het My hande uitgebrei, en My Elohey apart gestel; Ode 27:2 Want die uitstrek van My hande is SY Teken, [Odes van Salomo 29:7] Ode 27:3 En My uitstrekking is die regop hout [folterpaal]. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //['n Ode deur die Seun] Ode 28:1 SOOS die vlerke van 'n duif oor haar kleintjies en die bekke van die kleintjies gerig is na hulle [moeders se] bekke, so ook is die Vleuels van die Gees oor My Siel. [Hooglied van Salomo 3:11, 6:9] Ode 28:2 My Siel is verheug en spring op van vreugde, soos die kindjie wat in Sy Moeder se baarmoeder opspring. Ode 28:3 Ek het geglo: daarom was Ek rustig, want HOM in wie Ek geglo het, is getrou. Ode 28:4 HY het My ryklik geseën en My hoof is tot HOM gerig; en geen swaard sal My van HOM skei nie, ook geen lem nie; Ode 28:5 Want Ek is gereedgemaak voordat vernietiging gekom het, en Ek is neergesit op SY onverderfbare Vleuels, Ode 28:6 Ewige Lewe het My omhels en My gekus. Ode 28:7 Deur Haar is die Gees binne My en Sy kan nie sterf nie, want Sy lewe. Ode 28:8 Die wat My aanskou het, het gewonder, want Ek is vervolg; Ode 28:9 Hulle het gedink dat Ek verswelg is, want Ek het vir hulle voorgekom as een van diegene wat tot niet gaan, Ode 28:10 maar My verdrukking het My Verlossing geword. Ode 28:11 En Ek het vir hulle 'n gruwel geword, omdat daar geen afguns in My was nie; Ode 28:12 Omdat Ek goed gedoen het aan elke adamiet, is Ek gehaat; Ode 28:13 Hulle het My omsingel soos dol honde wat onwetend hulle meesters aanval, [Psalm 69] Ode 28:14 Omdat hulle verstand verdorwe is en hulle intellek verdraaid. Ode 28:15 Maar Ek het waters in My regterhand gehou, en Ek het hulle bitterheid verduur deur My soetheid; Ode 28:16 En Ek het nie vergaan nie, want Ek was nie hul broer nie, nog was My geboorte soos hulle s'n. [Odes van Salomo 10] Ode 28:17 En hulle het My dood gesoek, maar was nie suksesvol nie, want Ek was ouer as hulle geheue en vergeefs het hulle My aangeval. Ode 28:18 Diegene wat agter My aan was, het tevergeefs probeer om die herinnering aan Hom wat voor My was, te vernietig; Ode 28:19 Want die denke van die Hoogste El word nie gefnuik nie, en SY Hart is beter as alle Wysheid. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //[Ode vir die Vader] Ode 29:1 JaHWeH is My hoop: Ek sal nie in HOM beskaamd wees nie. Ode 29:2 Want volgens SY Glansrykheid het HY My gemaak; en volgens SY Suiwerheid het HY aan My gegee, Ode 29:3 En volgens SY deernis het HY My opgerig; en volgens SY uitmuntende skoonheid het HY My verhef; Ode 29:4 HY het My opgebring vanuit die dieptes van die Doderyk/Sheol; en uit die kake van die Dood het HY My getrek. [2 Nikodémus 5] Ode 29:5 HY het My vyande verneder en HY het My in Sy Barmhartigheid geregverdig; Ode 29:6 Want Ek het in JaHWeH se Gesalfde geglo en dit was vir My duidelik dat Hy die Gesalfde was. Ode 29:7 en Hy het My Sy Teken gewys en My in Sy Lig gelei; [Odes van Salomo 27] Ode 29:8 En Hy het die Staf van Sy sterkte aan My gegee, sodat Ek die gedagtes van Sy volk mag onderdruk en die krag van magtige manne kan platdruk; Ode 29:9 Om oorlog te voer deur Sy Woord en om die oorwinning te behaal deur Sy Krag. Ode 29:10 JaHWeH het My vyand neergevel deur SY Woord en hulle het geword soos kaf wat deur die wind weggevoer word. [Hebreërs 4:12] Ode 29:11 Ek het die Hoogste El geloof, want HY het SY Kneg en die Seun van SY Diensmaagd groot gemaak. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //[Die Fontein van JaHWeH] Ode 30:1 SKEP vir julself water van die Lewende Fontein van JaHWeH, want Sy is vir julle geopen. [Openbaring 21:6] Ode 30:2 En kom, almal julle wat dors het en neem 'n teug, en rus by die Fontein van JaHWeH, Ode 30:3 Want Sy is voortreflik en suiwer en verskaf rus aan die siel. [Hebreërs 4:9] Ode 30:4 Want Haar waters is meer genotvoller as heuning, en die heuningkoek van bye is nie met Haar te vergelyk nie; [Hooglied 4:11] Ode 30:5 Want Sy kom van die Lippe van JaHWeH en van die Hart van JaHWeH is Haar Naam. [Wysheid van Sirah 24:3; Wysheid van Salomo 7:25] Ode 30:6 Sy het ongehinderd en ongesiens gekom, en totdat Sy in hulle midde geplaas is, het die mense nie van Haar geweet nie. [2 Ezra 7:26] Ode 30:7 Geseënd is dié wat van Haar gedrink het, en deur Haar verfris is. [Wysheid van Sirah 6:32; 15:5]. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! Ode 31:1 DIE Afgrond het voor JaHWèshua gesmelt en Duisternis is met Sy verskyning vernietig. Ode 31:2 Oortreding het gedwaal en voor Hom tot niet gegaan, en Dwaasheid het onaktief geword, en sy het gesink vanweë die Waarheid van JaHWeH. Ode 31:3 Hy het Sy Mond geopen en Barmhartigheid en Vreugde gespreek, en 'n nuwe lied van lof tot SY NAAM geuiter; Ode 31:4 Hy het Sy stem opgehef tot die Hoogste El, en HY het daardie seuns wat ontstaan het deur HOM aan Hom aangegee; Ode 31:5 En Sy persoon is geregverdig, omdat Sy VADER van Apartheid dit aan Hom gegee het dat dit so sou wees. Ode 31:6 Kom nader, julle wat verdruk was en ontvang Vreugde; Ode 31:7 En neem deur Barmhartigheid van julle siele besit, en neem vir julself Ewige Lewe. Ode 31:8 En hulle het My verdoem toe Ek opgestaan het, Ek wat nie te veroordeel was; Ode 31:9 En hulle het My buit verdeel, alhoewel niks hulle toegekom het nie. Ode 31:10 Maar Ek het dit verdra en was stil en rustig, sodat Ek nie deur hulle beweeg sou word nie; Ode 31:11 Maar Ek het onbeweeglik gestaan soos 'n vaste Rots wat deur die golwe geslaan word, en tog bly voortbestaan; Ode 31:12 En Ek het hulle bitterheid as gevolg van vernedering verdra, ten einde My volk te kon verlos en van haar besit te neem, Ode 31:13 Sodat Ek nie die beloftes aan die aartsvaders leeg sou bewys nie, wie se saad Ek beloof het om te verlos. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //[Ode oor die Lig] Ode 32:1 DIE geseëndes het blydskap vanuit hulle hart, en Lig van Hom wat in hulle woon, Ode 32:2 en die Woord van die Waarheid wat van Homself was; Ode 32:3 Omdat Hy sterk geword het in die Krag van Apartheid van die Hoogste El, en onwrikbaar sal bly vir Ewig tot in Ewigheid. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //[Die Seun:] Ode 33:1 MAAR weer eens het Barmhartigheid padgegee en Verdorwenheid agtergelaat, en op Hom neergedaal om Hom tot niet te maak. Ode 33:2 Hy het voor HOM totale vernietiging aangerig, en al Sy werke bederf. //[Die Besoedelde:] Ode 33:3 HY het op 'n hoë piek gestaan en sy stem laat hoor, van een uiteinde van die Aarde tot die ander; Ode 33:4 En hy het na hóm aangetrek, almal wat hom gehoorsaam het en hy het nie voorgekom as die Besoedelde een nie. //[Die Waarheid:] Ode 33:5 MAAR 'n Volmaakte Maagd het gestaan, en aangekondig en uitgeroep en gesê, Ode 33:6 Draai om, julle seuns van adam, en julle, hulle dogters, kom, Ode 33:7 En verlaat die weë van verdor-wenheid en kom na My; Ode 33:8 En Ek sal julle binnedring en julle uit vernietiging haal en julle wys maak in die Weë van Waarheid. Ode 33:9 Moenie verdorwe raak nie, en moenie tot niet gaan nie. Ode 33:10 Luister na My en word verlos. Want Ek verkondig aan julle die Barmhartigheid van Elohim. Ode 33:11 Deur My sal julle verlos word en geseënd word: Ek is jul Regter. Ode 33:12 En diegene wat hulle met My beklee, sal nie verwerp word nie, maar sal Onverdorwenheid in die nuwe wêreld verkry. Ode 33:13 0 My uitverkorenes, wandel in My! En Ek sal My Weë bekend maak aan hulle wat My soek, en maak dat hulle in My Naam sal vertrou. [Wysheid van Sirah 15:1-10]. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! Ode 34:1 DAAR is geen sware weg waar daar 'n eenvoudige hart is nie, ook nie 'n belemmering in opregte gedagtes nie; Ode 34:2 Ook nie 'n storm in die diepte van 'n ingeligte denke nie. Ode 34:3 Waar die man wat deugsaam is, aan elke kant omring is, is daar in hom geen wanklank nie. Ode 34:4 Die gelykenis wat benede is, is van HOM wat bo is. Ode 34:5 Want alles is van bo en van benede is niks nie. Maar daar word veronderstel dat daar iets is, deur hulle wat geen Kennis besit nie. Ode 34:6 Barmhartigheid is geopenbaar vir julle Verlossing: Glo, en leef, en wees verlos. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //['n Ode deur die Seun oor Sy Moeder] Ode 35:1 DIE Dou van JaHWeH het My oorskadu in rus, en HY het die Wolkkolom van Vrede bo My Hoof gestel Ode 35:2 wat My voortdurend behoed het, en My Verlossing geword het. Ode 35:3 Alle dinge is geskud en in beroering gebring, en rook en oordeel het van Hulle uitgegaan. Ode 35:4 Ek was rustig in die Krygsmag van JaHWeH, en HY was vir My meer as Dou en meer as 'n fondament. Ode 35:5 Ek is soos 'n Kind deur Sy Moeder gedra, en Sy het vir My die Dou van JaHWeH as melk gegee; Ode 35:6 Ek het grootgeword volgens Haar gawe, en Ek het gerus in HAAR Suiwerheid; Ode 35:7 Ek het My hande uitgebrei in die opvaart van My Siel, en het opreg gestaan teenoor die Hoogste El, en is deur HOM verlos. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //[Die Seun prys die Wysheid] Ode 36:1 DIE Gees van JaHWeH rus op My en Sy hef My op; Ode 36:2 En Sy laat My op My Voete op JaHWeH se hoogtes staan, voor SY Suiwerheid en SY Glansrykheid, terwyl Ek besig is om HOM te loof in die toonsetting van psalms. Ode 36:3 Sy dra My voor die Aangesig van JaHWeH; en alhoewel Ek 'n Seun van die Adam is, word Ek genoem die Glansende Een, die Seun van Elohim, Ode 36:4 terwyl Ek geprys is tussen hulle wat geprys word en groot is tussen die grotes; Ode 36:5 Want volgens die grootheid van die Hoogste El, maak Sy My. Ooreenkomstig SY hernuwing, vernuwe Sy My. Ode 36:6 En HY salf My uit SY Suiwerheid, en Ek word een van hulle wat naby HOM is. Ode 36:7 En My Mond is geopen soos 'n wolk met Dou, en My Hart borrel oor, soos 'n Fontein van Geregtigheid; Ode 36:8 My toegang tot HOM is in Vrede, en Ek is gevestig in die Gees van Voorsienigheid. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //['n Lofgedig vir die VADER en die Seun] Ode 37:1 EK het My hande uitgebrei tot My Meester en tot die Hoogste El het Ek My Stem verhef; Ode 37:2 Ek het gespreek met die Lippe van My hart, en HY het My gehoor toe My Stem HOM bereik. Ode 37:3 SY Woord het tot My gekom, wat My die vrugte van My arbeid gegee het, Ode 37:4 En My rus gegee het deur die Barmhartigheid van Elohim. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //[Die wêreld sal die nabootsing volg] Ode 38:1 EK gaan op in die Lig van Waar-heid soos in 'n strydwa, en Waarheid lei my en bring my, Ode 38:2 en Sy neem my oor die afgronde en skeure, en Sy red my van kranse en valleie; Ode 38:3 Sy word vir my 'n hawe van Verlossing, en plaas my neer op die arms van die Ewige Lewe: Ode 38:4 En Sy gaan saam met my en gee my rus, en laat my nie oortree nie, want Sy is Waarheid. Ode 38:5 Ek is in geen gevaar nie, want ek wandel met Haar, en ek oortree in niks nie, want ek gehoorsaam Haar; Ode 38:6 Want dwaling wyk van Haar, en ontmoet Haar nie. Ode 38:7 Maar Waarheid gaan op 'n reguit Weg en alles wat ek nie weet nie, wys Sy my, Ode 38:8 Selfs al die bedwelminge van oortreding, en al die kastydings van die dood, wat gereken word as soetheid. Ode 38:9 Die Verderwer van verdorwenheid het ek gesien, terwyl 'n bruid wat verdorwe is, besig was om haarself te tooi; selfs 'n bruidegom wat verlei en bedorwe is; Ode 38:10 En ek het Waarheid gevra: Wie is hierdie? En Sy het vir my gesê, hy is die Bedrieër en sy is die Dwaling; Ode 38:11 Hulle boots die Geliefde Een en Sy Bruid na, en veroorsaak dat die wêreld dwaal, en verderwe haar; [Openbaring Hfs. 13, 17 & 18] Ode 38:12 En hulle nooi baie uit na 'n feesmaal en gee aan hulle die wyn van hul dronkenskap om te drink, Ode 38:13 Hulle maak dat hulle hul wysheid en insig braak en hulle bewys hulself as dwaas; Ode 38:14 Dan verlaat Sy hulle; maar hulle gaan rond, rasende en bedorwende, want hulle is sonder Insig, omdat hulle Haar ook nie soek nie. [JeshaJaH 14:14] Ode 38:15 Ek het verstandig opgetree, sodoende het ek nie in die hande van die Bedrieër geval nie. En ek het myself voorspoed toegewens, omdat Waarheid my vergesel het. Ode 38:16 Ek het sterk geword, en geleef, en is verlos. My fondamente is gelê naby JaHWeH; want Hy het my geplant. Ode 38:17 Want Hy het die Wortel vasgestel en Sy vrugte sal vir altyd wees. Ode 38:18 Hulle gaan diep af en groei hoog op en sprei uit, en word vol en oorvloedig. Ode 38:19 En JaHWeH alleen is Geloof vir Sy Aanplanting en Sy Verbouing, [JeHôWganan 15:1] Ode 38:20 Vir Sy sorg en vir die seëning van Sy Lippe, vir die pragtige Plantling van Sy Regterhand, Ode 38:21 En vir die ontdekking van Sy Aanplanting, en vir die skranderheid van Sy Verstand. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //[Die NAAM van JaHWeH is 'n uitkenningsteken] Ode 39:1 MAGTIGE riviere is hulle wat die Krag van JaHWeH verag, hulle wat blindelings beweeg, [Openbaring 12:15] Ode 39:2 En hulle treë verdraai, en hulle driwwe verwoes, Ode 39:3 En hulle liggame gryp, en hulle siele vernietig; Ode 39:4 Want hulle is sneller as weerlig en vinniger. Ode 39:5 Maar hulle wat hul in die Geloof kruis, sal nie geskud word nie. Ode 39:6 En diegene wat in rassuiwerheid oor hulle loop, sal nie verontrus word nie; Ode 39:7 Omdat JaHWeH 'n Teken in hulle is, en die Teken word die Weg van hulle wat [die rivier] oorsteek in die NAAM van JaHWeH. Ode 39:8 Beklee jou dus met die NAAM van die Hoogste El, en ken HOM, en jy sal oor kruis sonder gevaar, want die riviere sal aan jou onderdanig wees. Ode 39:9 JaHWeH het hulle deur SY Woord oorbrug, en Hy het geloop en hulle te voet oorgesteek; Ode 39:10 En Sy Voetspore bly op die waters agter en is nie uitgewis nie, maar is soos 'n stuk hout wat stewig vasgemaak is: [JeshaJaH 60:14] Ode 39:11 Aan hierdie en daardie kant staan die golwe omhoog, maar die voetspore van ons Meester, die Gesalfde bly, Ode 39:12 En is nie uitgewis nie, of tot niet gemaak nie; Ode 39:13 En 'n Weg is vasgestel vir hulle wat agter Hom kon oorgaan, en vir hulle wat volg in die voetspore van Sy Geloof, en ere aan SY NAAM bring. [Psalm 5:8; 18:30]. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //[Ode vir die Moeder en Haar kinders] Ode 40:1 SOOS heuning van die bye se heuningkoek drup, en melk vloei van die Vrou wat Haar Kinders liefhet, Ode 40:2 Net so is My hoop op U, o My Elohey. Soos U Fontein Haar waters voortbring, so bring My Hart lof van JaHWeH te voorskyn, en My Lippe uiter lofprysinge tot Hom. Ode 40:3 My tong is soet in Sy lofsange, en My ledemate dy uit in Sy psalms; Ode 40:4 En My Aangesig verbly hom in Sy jubeling, en My Gees roem in Sy liefde, en My Siel skyn in Hom. Ode 40:5 Hy wat vreesagtig is, sal op Hom vertrou en Verlossing sal in Hom tot stand gebring word; Ode 40:6 Sy wins is 'n onsterflike lewe, en hulle wat Hom ontvang, is onverderfbaar. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //[Ode deur die Moeder] Ode 41:1 AL SY kinders sal JaHWeH loof, en hulle sal die Waarheid van SY Geloof ontvang; Ode 41:2 SY seuns sal aan HOM bekend wees: Laat Ons daarom sing in SY liefde. Ode 41:3 Ons lewe in JaHWeH deur SY Barmhartigheid, en Ons ontvang lewe deur SY Verlosser. Ode 41:4 Want 'n groot dag het op Ons geskyn, en wonderbaarlik is HY wat vir Ons van SY lofprysinge gegee het. Ode 41:5 Laat Ons dus almal saam verenig in die Naam van JaHWeH, en laat Ons HOM in SY Suiwerheid Eer betoon; Ode 41:6 Laat Ons aangesigte in SY Lig skyn, laat Ons harte peins in SY liefde, dag en nag: Ode 41:7 Laat Ons jubel oor die jubeling van JaHWeH. Ode 41:8 Almal wat My sien, sal hulle verwonder, want Ek is van 'n ander ras; Ode 41:9 Want die VADER van Waarheid het My onthou - HY wat My van die begin af besit het; Ode 41:10 Want SY rykdom het aan My geboorte geskenk en die gedagte van SY hart. Ode 41:11 En SY Woord is met Ons al langs die Weg. Die Verlosser wat aan Ons nuwe lewe skenk, verwerp nie Ons siele nie Ode 41:12 Die Man wat verneder was en opgehef is in SY Geregtigheid. Ode 41:13 Die Seun van die Hoogste El het verskyn in die Suiwerheid van Sy VADER; Ode 41:14 En die Lig het van die Woord af uitgegaan, wat vantevore reeds in Hom was. Ode 41:15 Die Gesalfde is Een in Waarheid, en was bekend van voor die grond-legging van die Aarde af, Ode 41:16 Sodat Hy vir ewig nuwe lewe kan gee aan siele in die Waarheid van Sy Naam. Laat daar 'n nuwe loflied aan JaHWeH wees, van diegene wat HOM liefhet. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! //[Die Seun verlos uit die Doderyk/Sheol] Ode 42:1 EK het My hande uitgebrei, en genader tot My Elohim, want die uitstrek van My hande is SY Teken, Ode 42:2 en My uitgebreide hande is die eenvoudige hout wat opgerig is op die Weg van die Opregte Een. Ode 42:3 En Ek het nutteloos geword vir hulle wat My geken het, sodat Ek verskuil sou wees van hulle wat My nie vasgegryp het nie. Ode 42:4 Ek sal met hulle wees wat My liefhet. Ode 42:5 Al My vervolgers het gesterf; en hulle wat op My vertrou het, het My gesoek, want Ek lewe; Ode 42:6 Ek het opgestaan en is met hulle, en Ek sal deur hulle monde spreek. Ode 42:7 Want hulle het diegene verwerp wat hulle vervolg het, en het op hulle die juk van My liefde gelê. Ode 42:8 Soos die arm van die Bruidegom op die Bruid, so is My juk op hulle wat My ken; Ode 42:9 Soos die bed wat berei is in die Bruidskamer, so is My liefde oor hulle wat in My glo. Ode 42:10 Ek was nie verwerp nie, selfs al was dit so aanvaar, en Ek het nie vergaan nie, selfs al het hulle dit van My geglo. Ode 42:11 Doderyk/Sheol het My gesien en sy was bedroef, en Dood het My teruggegee en baie saam met My: Ode 42:12 Ek was asyn en bitterheid vir hom, en Ek het saam met hom afgedaal, so ver as wat diepte strek; Ode 42:13 en hy het voete en hoof los laat hang, omdat hulle nie My Aangesig kon verduur nie. Ode 42:14 Ek het lewende adamiete byeen laat kom tussen sy dooies, en Ek het tot hulle gespreek met lewende lippe, sodat My Woord nie sonder trefkrag sou wees nie. Ode 42:15 En hulle wat gesterf het, het na My gehardloop, en het uitgeroep en gesê: Wees ons barmhartig, Seun van die Elohim! Ode 42:16 Handel met ons volgens U Medelye, bring ons uit die bande van Duisternis, Ode 42:17 en open vir ons die Poort sodat ons saam met U daardeur kan uitkom, want ons sien dat ons dood U nie aanraak nie. Ode 42:18 Mag ons ook saam met U verlos word? Want U is ons Verlosser. [2 Nikodémus 5] Ode 42:19 Ek het hulle stem gehoor, en hulle Geloof in My Hart geplaas, Ode 42:20 en Ek het My Naam op hul hoofde gedruk, want hulle is vrye adamiete en is Myne. [Openbaring 14:1-3]. Halalu-JaHH/Prys jul JaHH! // // //Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah // //Wat ook genoem word DIE BOEK EKKLESIASTIKUS //Proloog // Sip 1:1 OMDAT baie en groot dinge deur die Wet en die Profete en die ander [geskrifte] wat ná hulle gekom het, aan ons oorgelewer is - ter wille waarvan dit betaamlik is om JisraEl weens sy kultuur [onderrig] en wysheid te roem - en terwyl nie alleen die lesers self onderrig moet word nie, maar ook die leergieriges van die buiteland deur woord en geskrif bevoordeel moet word, het my grootvader JeHôWshua, wat hom voortdurend met die lees van die Wet en die Profete en die ander Boekrolle van die vaders besig gehou het en daarin tuis was, daartoe gekom om self ook iets wat op kultuur en Wysheid betrekking het, te skrywe, sodat diegene wat leergierig is hulle ook daaraan mag hou en allengs mag voortgaan om 'n lewe volgens die Wet te lei. Sip 1:2 Die lesers word daarom versoek om hierdie [boek] met welwillendheid en opmerksaamheid te lees en om oor te sien as dit sou blyk dat, terwyl die hoofinhoud saaklik vertaal is, enkele uitdrukkings nie suiwer weergegee is nie. Immers, wat oorspronklik in Hebreeus gesê is, behou nie volkome dieselfde betekenis as dit in 'n ander taal weergegee word nie. En nie alleen hierdie [boek] nie, maar ook die Wet en die Profete en die orige Boekrolle verskil in 'n nie geringe mate wanneer hulle in hul oorspronklike vorm gespreek word. Terwyl ek dan in die agt-en-dertigste jaar onder koning Euergetes na Egipte gekom en 'n tydlank daar vertoef het, het ek 'n nie geringe verskil in kultuur gevind nie. Ek het dit dus noodsaaklik geag om self ook ywer en liefdesarbeid te bestee om hierdie boek te vertaal, terwyl ek in die tussentyd baie slaaploosheid en studie bestee het om die boek te voltooi en uit te gee, ook vir die wat in die vreemde graag wil leer en tewens bereid is om hulle lewenswandel volgens die Wet in te rig. // //Die oorsprong van die Wysheid. Sir 1:1 ALLE Wysheid is van JaHWeH, en by HOM is Sy vir ewig. Sir 1:2 Die sand van seë en die druppels van die reën en die dae van die ewigheid - wie kan [dit] tel? Sir 1:3 Die hoogte van die Hemele en die wydte van die Aarde en die diepte en die Wysheid - wie kan [hulle] naspeur? Sir 1:4 Voor alles is die Wysheid geskape, en verstandige Insig is van ewigheid af. Sir 1:5 . Sir 1:6 Die wortel van Wysheid, aan wie is Sy geopenbaar? En Haar verfynde gedagtes, wie het Haar geken? Sir 1:7 . Sir 1:8 Slegs Een is wys, wat grootliks gevrees moet word; JaHWeH wat op SY Troon sit. Sir 1:9 HÝ het Haar geformeer, Haar geïnspekteer en Haar geweeg, en HY het Haar uitgegiet oor al SY werke, Sir 1:10 aan alle vlees, volgens sy mate, en HY het Haar vermenigvuldig vir hulle wat HOM liefhet. //Die Vrees van JaHWeH is Wysheid. Sir 1:11 DIE Vrees van JaHWeH is glansrykheid en Majesteit en Blydskap en 'n sierlike kroon. Sir 1:12 Die Vrees van JaHWeH verbly die hart en gee vrolikheid en Vreugde en lengte van dae. Sir 1:13 Die man wat JaHWeH vrees, sal 'n suiwer einde hê, en op sy sterfdag sal hy geseënd wees. Sir 1:14 Die begin van Wysheid is die Vrees van JaHWeH, en saam met die getroues is Hulle in die moederskoot geformeer. Sir 1:15 Saam met betroubare manne is Sy van ewigheid af bevestig, en aan hulle saadlyn sal Sy vashou. Sir 1:16 Die versadiging van Wysheid is die Vrees van JaHWeH, want Sy bedwelm hulle met Haar vrug. Sir 1:17 Haar hele Huis vul Sy met begeerlike dinge, en skatkamers met Haar opbrengs. Sir 1:18 Die kroon van die Wysheid is die Vrees van JaHWeH, Sy laat Vrede en gesonde lewe bloei. Sir 1:19 Verstand en Kennis giet Sy uit, en die Eer van hulle wat Haar vashou, verhoog Sy. Sir 1:20 Die wortel van Wysheid is die Vrees van JaHWeH, en Haar takke is lengte van dae. Die Vrees van JaHWeH verdryf oortreding en waar Sy teenwoordig is, wend Sy toorn af. Sir 1:21 'n Besoedelde se toorn sal nie verskoon word nie, want die gloed van sy toorn [dien tot] sy ondergang. Sir 1:22 'n Tyd lank sal die lankmoedige homself bedwing, en daarna gee Sy vir hom Vreugde. Sir 1:23 'n Tyd lank sal hy sy woorde inhou, dan sal betroubare lippe sy wysheid vertel. Sir 1:24 In die skatkamers van Wysheid is spreuke van Verstand; [maar] die Vrees vir Elohim is 'n gruwel vir die wettelose. Sir 1:25 Het jy behae in Wysheid, bewaar die Gebod, en JaHWeH sal Haar vir jou vermeerder. Sir 1:26 Want Wysheid en Tug is die Vrees van JaHWeH, en SY welgevalle is Trou en Ootmoed. Sir 1:27 Moenie verbitter wees in die Vrees van JaHWeH nie en moenie tot HOM nader met 'n dubbele hart nie. Sir 1:28 Gedra jou nie kranksinnig in die gesig van die adamiete nie en gee ag op jou lippe. Sir 1:29 Moenie jouself verhef, sodat jy nie val en skande oor jouself laat kom nie, en JaHWeH jou geheime openbaar en Hy jou te midde van die vergadering neerwerp nie. Want jy het nie genader tot die Vrees van JaHWeH nie, en jou hart was vol bedrog. //Betekenis en kenmerk van die Vrees van JaHWeH. Sir 2:1 MY seun, as jy nader kom om JaHWeH te dien, berei jouself voor vir die versoeking. Sir 2:2 Stel jou hart [reg] en wees sterk en moenie bevrees wees in die tyd van kwelling nie. Sir 2:3 Kleef aan Hom vas en moet Hom nie laat gaan nie, sodat jy groot mag wees aan die einde van jou [lewe]. Sir 2:4 Aanvaar al wat oor jou kom en wees geduldig in siekte en armoede. Sir 2:5 Want in vuur word goud getoets, en die adamiet wat aanvaarbaar is, in die oond van beproewing. Sir 2:6 Stel jou vertroue in Hom, en Hy sal jou help, hoop op Hom, en Hy sal jou weë reguit maak. Sir 2:7 Julle wat JaHWeH vrees, wag op Sy Guns en moenie wegdraai nie, sodat julle nie val nie. Sir 2:8 Julle wat JaHWeH vrees, vertrou op Hom, en julle beloning sal nie faal nie. Sir 2:9 Julle wat JaHWeH vrees, wag vir die suiwer [dinge] en vir ewigdurende Vreugde en Guns. Sir 2:10 Aanskou die vroeëre geslagte en kyk, wie het in JaHWeH geglo en is beskaam? Of wie het in Sy Vrees gestaan en is bedrieg? Of wie het Hom aangeroep, en het Hy Homself vir hom verberg? Sir 2:11 Want barmhartig en vol Medelye is JaHWeH en Een wat wetsverbreking vergewe en wat red in die tyd van benoudheid. Sir 2:12 Wee die wankelmoediges en diegene met slap hande en die wettelose wat op dubbele weë gaan. Sir 2:13 Wee die weekhartige, want hy sal nie glo nie, daarom sal hy nie beskut word nie. Sir 2:14 Wee julle wat die hoop vernietig het, want wat sal julle doen as JaHWeH [julle] besoek? Sir 2:15 Hulle wat JaHWeH vrees, sal Sy woorde nie ongehoorsaam wees nie, en hulle wat Hom liefhet, sal Sy Weë bewaar. Sir 2:16 Hulle wat JaHWeH vrees sal Sy welbehae soek, en hulle wat Hom liefhet, sal met die Wet vervul wees. Sir 2:17 Hulle wat JaHWeH vrees, sal hulle hart voorberei en voor Hom sal hulle hulself verootmoedig. Sir 2:18 Laat Ons tog val in die Hand van JaHWeH en nie in die hand van die mens nie. Want soos Sy grootheid, so is ook Sy Guns, en soos Sy Naam, so is Sy dade. //Kinderplig. Sir 3:1 LUISTER, o kinders, na die oordeel van [jul] vader en handel daarvolgens, sodat julle mag lewe. Sir 3:2 Want JaHWeH het die vader geëer ten opsigte van die kinders en die oordeel van die moeder bevestig ten opsigte van die kinders, Sir 3:3 Hy wat die vader eer, sal oortreding bedek Sir 3:4 en hy wat sy moeder eer, sal wees soos een wat skatte vergader. Sir 3:5 Hy wat die vader eer, sal Vreugde hê van [sy] kinders en wanneer hy bid, sal hy geantwoord word. Sir 3:6 Hy wat die vader eer, sy dae sal verleng word, en hy wat sy moeder eer, sal wees soos een wat deur JaHWeH beloon word. Sir 3:7 Hy wat JaHWeH vrees, eer sy vader en hy eer sy ouers soos sy meerderes. Sir 3:8 My seun, eer jou vader in woord en daad, sodat allerlei seëninge jou mag inhaal. Sir 3:9 Die seën van die vader bevestig die huise van kinders, maar die vloek van die moeder ruk die fondamente uit. Sir 3:10 Moenie jouself eer met die skande van jou vader nie, want dit is geen eer vir jou nie. Sir 3:11 Die eer van 'n man is die eer van sy vader, en hy vermenigvuldig oortreding wat sy moeder vloek. Sir 3:12 My seun, maak jouself sterk in hulp aan jou vader en moenie hom verlaat al die dae van jou lewe nie. Sir 3:13 En selfs as sy kennis verminder, neem hom in ag en moenie hom tot skande maak nie al die dae van jou lewe. Sir 3:14 Die gehoorsaamheid aan die vader [betoon] sal nie uitgewis word nie en in die plek van oortreding sal dit geplant word. Sir 3:15 In die dag van benoudheid sal hulle vir jou in herinnering gebring word, soos hitte op ys sal dit wees om jou wetsverbreking uit te wis. Sir 3:16 Want een wat vermetel handel, is hy wat sy vader verag, en hy wat sy Skepper vertoorn, is een wat sy moeder vloek. //Ootmoed. Sir 3:17 MY seun, as jy welvarend is, wandel in nederigheid en jy sal bemind word meer as een wat geskenke gee. Sir 3:18 Maak jouself gering ten opsigte van al die groot dinge van [hierdie] eeu, en voor die Aangesig van JaHWeH sal jy Barmhartigheid vind. Sir 3:19 . Sir 3:20 Want baie is die dade van Barmhartigheid van JaHWeH, en aan die nederiges openbaar Hy Sy geheim, Sir 3:21 Moenie die dinge soek wat te wonderlik is vir jou nie en moenie ondersoek instel na wat vir jou verberg is nie. Sir 3:22 Dink na oor dit wat jy besit en hou jouself nie besig met geheimenisse nie. Sir 3:23 En moenie te doen hê met dit wat buite jou is nie, want meer is aan jou geopenbaar as wat jy kan behartig. Sir 3:24 Want die verwaandhede van die seuns van die Adam is baie, en besoedelde inbeeldinge laat dwaal. Sir 3:25 As daar geen oogappel is nie, ontbreek die Lig, en as daar geen Kennis is nie, ontbreek Wysheid. Sir 3:26 'n Trotse hart stink aan sy einde, maar hy wat suiwer dinge liefhet, sal deur hulle gelei word. Sir 3:27 'n Trotse hart - sy smarte sal vermeerder, en een wat besoedel is, voeg ongeregtigheid by ongeregtigheid. Sir 3:28 Moenie jou haas om die wond van die spotter te genees nie, want daar is vir hom geen genesing nie, want 'n uiters slegte plant is sy plant. Sir 3:29 'n Wyse hart verstaan spreuke van die wyses, en die oor wat luister na wysheid sal hom verheug. Sir 3:30 Water blus 'n verterende vuur, so bedek Geregtigheid die oortreding. Sir 3:31 Hy wat goed doen - dit sal hom uitroep op sy paaie, en in die tyd van sy wankeling sal hy 'n steun vind. //Die regte houding teenoor die behoeftiges. Sir 4:1 MY seun, moenie spot met die lewe van die ellendige nie en moenie die siel van die ellendige en een wat bitter van siel is, laat versmag nie. Sir 4:2 Moenie die behoeftige siel verag nie en moet jouself nie verberg van dié wat verbryseld van siel is nie. Moenie die gevoelens van die onderdrukte seermaak nie Sir 4:3 en moenie die binneste van die ellendige pynig nie. Moenie 'n geskenk terughou van 'n armoedige nie. Sir 4:4 Moenie die smekinge van die arme verag nie, Sir 4:5 en moenie jou rug op hom keer nie. Sir 4:6 As die verbitterde van gees uitroep in die smart van sy siel, dan hoor sy Rots die stem van sy geroep. Sir 4:7 Maak jouself bemind by die vergadering en buig die hoof vir die Vors van die Stad. Sir 4:8 Neig jou oor tot die ellendige en beantwoord sy groet in nederigheid. Sir 4:9 Verlos die verdrukte van sy verdrukkers en laat jou gees geen afsku hê aan 'n regverdige oordeel nie. Sir 4:10 Wees soos 'n vader vir die wese en in die plek van 'n man vir die weduwees. En Elohim sal jou "seun" noem en Hy sal aan jou Medelye betoon en jou verlos van die verderf. //Vrug van die Wysheid. Sir 4:11 WYSHEID onderrig Haar kinders en waarsku almal wat op Haar ag gee. [Spreuke van Salomo 6:23] Sir 4:12 Hulle wat Haar liefhet, het die lewe lief, en hulle wat Haar soek, sal die welgevalle van JaHWeH ontmoet. Sir 4:13 En hulle wat Haar aangryp, sal Eer by JaHWeH vind en hulle sal rus in die seën van JaHWeH. Sir 4:14 Dienaars van die Aparte Een is hulle wat Haar dien, en JaHWeH het dié lief wat Haar liefhet. Sir 4:15 Hy wat na My luister, oordeel [in] Waarheid, en hy wat sy oor tot My neig, sal in die binnekamers van My Huis rus. Sir 4:16 As iemand op My vertrou, sal hy My beërwe, Ek sal gesien word deur sy nageslagte. Sir 4:17 Want as vreemdeling sal Ek met hom gaan en aanvanklik sal Ek hom toets met versoekings, tot die tyd wanneer sy hart met My vervul is. Sir 4:18 [Dan] sal Ek terugkeer, hom reguit lei en My geheime aan hom openbaar. Sir 4:19 As hy afwyk, sal Ek hom verlaat en Ek sal hom met stroppe tugtig. As hy agter My afwyk, sal Ek hom wegwerp en hom aan die plunderaars uitlewer. //Praktiese voorskrifte. Sir 4:20 MY seun, gee ag op die tyd van beroering en vrees die kwaad, sodat jy ten opsigte van jouself nie beskaamd hoef te wees nie. Sir 4:21 Want daar is skande in die geskenk van ongeregtigheid, en daar is 'n skaamte wat Eer en Guns [bring]. Sir 4:22 Moenie jou aangesig [in vriendelikheid] ophef ten koste van jouself nie, en moenie as gevolg van jou struikelinge te gronde gaan nie. Sir 4:23 Moenie 'n woord op [sy] tyd weerhou nie en moet jou wysheid nie verberg nie. Sir 4:24 Want deur die Woord word Wysheid geken, en Insig deur die antwoord van die tong. Sir 4:25 Moenie teen die Elohim rebelleer nie, maar verootmoedig jouself voor Elohim. Sir 4:26 Moenie skaam wees om jou van ongeregtigheid af te keer nie en moenie staan voor die stroom nie. Sir 4:27 Moenie jouself voor die dwaas uitsprei nie en moenie weier voor heersers nie. Moenie saam met die onregverdige regter sit nie, dat jy nie volgens sy welbehae saam met hom sal oordeel nie. Sir 4:28 Stry vir Geregtigheid tot die dood toe, en JaHWeH sal vir jou veg. Moenie 'n tweegesig genoem word nie, en moenie kwaadpraat met jou tong nie. Sir 4:29 Moenie met jou tong spog nie en wees nie traag en nalatig in jou werk nie. Sir 4:30 Moenie soos 'n hond wees in jou huis en tiranniek en vreesaanjaend in jou werk nie. Sir 4:31 Laat jou hand nie oop wees om te neem en toe wees ten opsigte van 'n geskenk nie. Sir 5:1 MOENIE steun op jou eie vermoë nie en moenie sê: "Ek het mag" nie; moenie steun op jou eie krag om agter die begeerte van jou siel aan te gaan nie. Sir 5:2 Moenie agter [die begeertes van] jou hart en jou oë aanloop om te wandel in die begeerlikhede van die kwaad nie. Sir 5:3 Moenie sê: "Wie het mag [oor my] nie", want JaHWeH soek hulle wat vervolg word. Sir 5:4 Moenie sê: "Ek het oortree, maar wie kan my enigiets aandoen", want Elohim is lankmoedig" nie. Moenie sê: "JaHWeH is barmhartig en Hy sal al my oortredinge uitdelg" nie. Sir 5:5 Moenie op vergiffenis vertrou om ongeregtigheid by ongeregtigheid te voeg nie. Sir 5:6 En [moenie] sê: "Sy dade van Barmhartigheid is baie om die veelheid van my oortredinge te vergewe" nie, want Barmhartigheid en Woede is by Hom, en Sy Woede lê by die wettelose. Sir 5:7 Moenie nalaat om jou tot JaHWeH te bekeer nie en moenie van dag tot dag uitstel nie. Want plotseling gaan JaHWeH se gramskap uit, en op die dag van wraak word jy uitgewis. Sir 5:8 Moenie vertrou op valse besittings nie, want hulle sal nie baat op die dag van Toorn nie. Sir 5:9 Moenie wees soos een wat by elke wind saai en wat hom wend na die weg van die stroom nie. Sir 5:10 Steun op Kennis en laat jou woord suiwer wees. Sir 5:11 Wees haastig om gehoor te gee, maar gee jou beslissing met geduld. Sir 5:12 As dit in jou vermoë is, antwoord jou vriend, en so nie, hou jou hand op jou mond. Sir 5:13 Eer en skande [kom] deur een wat onnadenkend praat, en die tong van die adamiet is sy ondergang. Sir 5:14 Moenie 'n tweegesig genoem word nie en moenie met jou tong van jou naaste kwaadpraat nie. Want op die dief word skande geskep, en 'n smaad [vir] sy naaste is die tweegesig. Sir 5:15 Moenie in klein en groot dinge korrup handel nie. Sir 6:1 IN plaas van een wat liefhet, moenie een wees wat haat nie. 'n Slegte naam en skande; smaad sal jy verwerf, so is 'n slegte man wat 'n tweegesig is. //Begeertes vir Oortredinge Sir 6:2 MOENIE val in die mag van jou begeerte nie, [as] jou vermoë oor jou aangroei nie. Sir 6:3 Dit sal jou blare verteer en jou vrugte verwoes, Sir 6:4 en dit sal jou agterlaat soos 'n droë boom. Want 'n vurige begeerte rig sy besitter te gronde en maak hom die vreugde van die een wat [hom] haat. //Ware en valse vriendskap. Sir 6:5 'N SOET verhemelte vermeerder vriende, en vriendelike lippe [vermeerder] vredevolle groet. Sir 6:6 Laat die manne wat in Vrede met jou leef, baie wees, maar die besitter van jou geheim een uit duisend. Sir 6:7 Het jy 'n vriend verwerf, stel 'n toets vir hom, maar moenie haastig wees om op hom te vertrou nie. Sir 6:8 Want daar is 'n vriend volgens die tyd, maar wat nie vas staan in die dag van benoudheid nie. Sir 6:9 Daar is 'n vriend wat verander word in 'n vyand, en hy openbaar jou smadelike regsaak. Sir 6:10 Daar is 'n vriend wat 'n disgenoot is, maar hy word nie gevind in die dag van kwelling nie. Sir 6:11 Wanneer dit met jou goed gaan is hy soos jy, maar as dit met jou sleg gaan, laat hy jou in die steek. Sir 6:12 As 'n kwelling jou oorval, draai hy hom teen jou en hy verberg homself vir jou. Sir 6:13 Skei jou af van jou haters en wees op jou hoede teen jou vriende. Sir 6:14 'n Getroue vriend is 'n sterk vriend, en wie hom vind, het 'n skat gevind. Sir 6:15 Vir 'n getroue vriend is daar geen prys nie, en daar is geen gewig [aan silwer] vir sy waarde nie. Sir 6:16 'n Bondel van lewe is 'n betroubare vriend, hy wat JaHWeH vrees, sal hom verkry. Sir 6:17 [Hy wat JaHWeH vrees, sal sy vriendskap opreg maak], want soos hy is, so is sy vriend, en soos sy naam is, so is sy werke. //Oor Wysheid. Sir 6:18 MY seun, neem van jou jeug af Tugtiging aan en tot in die grysheid sal jy Wysheid verkry. Sir 6:19 Nader Haar soos een wat ploeg en soos een wat oes en wag op die oorvloed van Haar opbrengs, want in die bearbeiding van Haar sal jy min hoef te doen en spoedig sal jy van Haar vrugte kan eet. Sir 6:20 Moeilik is Sy vir die dwaas, en hy wat min verstand het, kan Haar nie vat nie. Sir 6:21 Soos 'n swaar klip sal Sy op hom wees, en hy sal nie aarsel om Haar weg te werp nie. Sir 6:22 Want Wysheid, is soos Haar Naam, Sy is nie toeganklik vir almal nie. Sir 6:23 Luister, My seun, en neem My lering aan en moenie My raad verwerp nie. Sir 6:24 En plaas jou voete in Haar net en jou nek in Haar boeie. Sir 6:25 Strek jou skouer uit en tel Haar op en moenie 'n afkeer hê aan Haar bande nie. Sir 6:26 Benader Haar met jou hele wese en bewaar Haar Weë met al jou mag. Sir 6:27 Ondersoek, spoor na, soek en vind uit en gryp Haar vas en moet Haar nie loslaat nie. Sir 6:28 Want uiteindelik sal jy in Haar rus vind, en Sy sal vir jou verander word in uitbundige Vreugde. Sir 6:29 En Haar net sal vir jou wees 'n plek van sterkte, en Haar bande [sal wees] kledingstukke van fyn goud. Sir 6:30 Haar juk is 'n ornament van goud, en Haar bande is 'n koningsblou ketting. Sir 6:31 Jy moet jou met Haar beklee in glansryke kledingstukke en jy moet jou met Haar omring soos 'n sierlike kroon. Sir 6:32 As jy Haar begeer, My seun, sal jy wys gemaak word, en as jy Haar ter harte neem, sal jy skrander word. [Odes van Salomo 30:7] Sir 6:33 As jy kom om te luister, neig jou oor sodat jy onderrig kan word. Sir 6:34 [In die vergadering van die oudstes sal jy staan, en aan Hom wat Wys is, sal jy vaskleef.] Sir 6:35 Wees gretig om elke bespreking te hoor en moenie dat 'n spreuk van verstand jou ontglip nie. Sir 6:36 Kyk na iemand wat verstandig is en soek hom vroeg en laat jou voet die drumpel van [sy huis] uittrap. Sir 6:37 En jy moet die Vrees van JaHWeH bedink en bepeins voortdurend Sy Gebooie. En Hy sal jou hart verstandig maak en Hy sal jou die Wysheid gee na wat jou begeerte is. //Vermanings en voorskrifte. Sir 7:1 MOENIE kwaad doen nie, en laat kwaad jou nie oorval nie; Sir 7:2 verwyder jou ver van Ongereg-tigheid, en sy sal van jou af wyk. Sir 7:3 Moenie op ploeglande van Ongeregtigheid saai dat jy haar nie sewevoudig oes nie. Sir 7:4 Moenie van JaHWeH heerskappy soek nie en ook nie van die koning 'n sitplek van eer nie. [MattithJaHûW 20:22] Sir 7:5 Moenie jouself voor die Aangesig van JaHWeH regverdig nie, moenie voor die koning jouself verstandig hou nie. Sir 7:6 Moenie soek om 'n regter te wees as jy geen vermoë het om die oormoed te bedwing nie, dat jy vanweë 'n vors nie hoef te vrees nie, en 'n smet op jou opregtheid geplaas word nie. Sir 7:7 Moenie jouself aan Ongeregtigheid oorgee te midde van die vergadering [in] 'n stad nie, dat hulle jou in die samekoms nie mag neerwerp nie. Sir 7:8 Moenie saamsweer om 'n oortreding te verdubbel nie, want in een sal jy nie onskuldig gehou word nie. Sir 7:9 Moenie sê: Elohim merk die menigte van my geskenke, en as ek aan El, die Hoogste El, 'n bydrae [nader bring], sal HY [dit] aanneem nie. Sir 7:10 Moenie wankelmoedig wees in die gebed nie, en in aalmoese gee moet jy nie nalatig wees nie. Sir 7:11 Moenie 'n man verag wat in bitterheid van gees is nie, want onthou, daar is Een wat verhef en verneder. Sir 7:12 Moenie geweld versin teen 'n broer nie, en so ook nie teen beide 'n vriend en 'n metgesel nie. Sir 7:13 Moenie 'n behae daarin skep om leuen op leuen te vertel nie, want sy verwagting sal nie aangenaam wees nie. Sir 7:14 Moenie babbel in die vergadering van die vorste nie en moenie 'n woord in die gebed herhaal nie. Sir 7:15 Moenie die moeite van ingespanne arbeid haat nie, want dit is deur Elohim verorden. [Genésis 3:19] Sir 7:16 Moenie jouself reken onder die manne wat oortree nie, onthou dat die Toorn nie sal uitbly nie. Sir 7:17 Verneder grootliks jou trots, want die hoop van 'n adamiet is wurms. Moenie haastig wees om te sê nie: "Tot verbreking!" Werp jou op Elohim en verlustig jou in Sy weg. Sir 7:18 Moenie 'n vriend vir 'n prys verruil en 'n getroue broer vir die goud van Ofir nie. Sir 7:19 Moenie 'n wyse en suiwer vrou afwys nie, want [haar] waarde is beter as pêrels. Sir 7:20 Moenie 'n betroubare dienskneg in der waarheid sleg behandel nie en ook nie die huurling wat homself aan jou toevertrou het nie. Sir 7:21 'n Verstandige dienskneg moet jy soos [jou eie] siel liefhê, moenie die vryheid van hom weerhou nie. Sir 7:22 Het jy vee, kyk [daarna met] jou oë, en as hulle winsgewend is, behou dit. Sir 7:23 Het jy seuns? Tugtig hulle en neem vir hulle vroue in hulle jeug. Sir 7:24 Het jy dogters, waak oor hulle liggame en moenie die gesig oor hulle laat straal nie. Sir 7:25 Laat die dogter uitgaan [in die huwelik], en bekommernis sal [uit jou huis uit] wyk, en verbind haar aan 'n verstandige man. Sir 7:26 Het jy 'n vrou, moenie haar verafsku nie en moenie op haar wat gehaat is, vertrou nie. Sir 7:27 Eer jou vader met jou hele hart en moenie die moeder wat jou voortgebring het, vergeet nie. Sir 7:28 Onthou dat jy uit hulle voortgekom het, en hoe sal jy aan hulle kan vergeld wat hulle aan jou gedoen het? Sir 7:29 Vrees JaHWeH met jou hele hart en eerbiedig Sy priesters. Sir 7:30 Met jou hele wese moet jy jou Maker liefhê, en die wat Hom dien, moet jy nie verlaat nie. Sir 7:31 Loof en prys JaHWeH en eerbiedig die priester en gee hulle deel, soos jy beveel is: die eerstelinge, die oortreding vir skuld, die bydrae van die Skouer, die bydrae van suiwering en die eerstelinge van die Aparthede. Sir 7:32 Strek die hand ook uit na die behoeftige, sodat jou seën suiwer kan wees. Sir 7:33 Gee 'n geskenk vir elkeen wat lewe, en ook van die dode moet jy die geskenk nie weerhou nie. Sir 7:34 Moenie jouself terughou van die wat huil nie en treur met die treurendes. Sir 7:35 Moenie die sieke [vriend] vergeet nie, want deur hom sal jy geliefd wees. Sir 7:36 In al jou werke, dink aan die einde, en vir ewig sal jy nie verderf word nie. Sir 8:1 MOENIE met 'n groot man 'n regsgeding aangaan nie, waarom sal jy teen sy hand draai? Moenie met een wat verhard teen jou is, twis nie, waarom sal jy in sy hand val? Sir 8:2 Moenie rusie maak met die man wat ryk is dat hy nie jou prys afweeg, en jy te gronde gaan nie. Want goud het vele roekeloos gemaak, en besittings laat die hart van vorste dwaal. Sir 8:3 Moenie met 'n grootprater twis nie en moenie hout op vuur lê nie. Sir 8:4 Moenie omgang hê met 'n dwase man nie dat hy nie vorste verag nie. Sir 8:5 Moenie 'n man wat van 'n oortreding teruggekeer het, verneder nie, onthou dat Ons almal Ons straf skuldig is. Sir 8:6 Moenie 'n gryse man bespot nie, want Ons sal [self eenmaal] onder die oues getel word. Sir 8:7 Moenie jou oor iemand wat dood is, verheug nie, onthou dat Ons almal versamel sal word. Sir 8:8 Moenie die oordenking van die wyses verwaarloos nie en hou jouself besig met hulle spreuke, want daaruit sal jy onderrig ontvang om voor vorste te staan. Sir 8:9 Moenie die redevoering van die oues verwerp nie: want hulle het ook van hulle vaders geleer en deur hulle sal jy insig ontvang dat jy in die tyd van jou nood [in staat mag wees] om 'n antwoord te gee. Sir 8:10 Moenie voorspoedig wees by die kolegloed van die besoedelde dat jy nie brand met die vlam van sy vuur nie. Sir 8:11 Moenie as gevolg van die spotter opspring [in toorn] dat hy hom [nie] neerplaas soos een wat vir jou 'n hinderlaag lê nie. Sir 8:12 Moenie aan 'n man uitleen wat sterker as jy is nie, want as jy uitleen [is jy] soos een wat te gronde gaan. Sir 8:13 Moenie borg staan bo jou vermoë nie, want as jy borg staan, [is jy] soos een wat moet betaal. Sir 8:14 Moenie 'n regsgeding aangaan met 'n regter nie, want volgens sy welgevalle sal hy oordeel. Sir 8:15 Moenie saam met die wreedaard wandel dat jy nie jou smart verswaar nie, want hy sal sy eie sin volg en deur sy dwaasheid sal jy ondergaan. Sir 8:16 Met 'n toornige man moet jy die voorhoof nie hard maak nie en moenie met hom op die Weg ry nie, want gestorte bloed is gering in sy oë, en as daar geen hulp is nie, sal hy jou vernietig. Sir 8:17 Met 'n dwaas moet jy nie verkeer nie, want hy sal nie in staat wees om jou geheim te hou nie. Sir 8:18 Voor 'n vreemdeling moet jy nie geheimsinnig handel nie, want jy weet nie wat hy uiteindelik [daarmee] sal uitrig nie. Sir 8:19 Aan alle mense moet jy jou hart nie openbaar nie en moenie die suiwer [dinge] van jou af verwyder nie. //Oor Vroue. Sir 9:1 MOENIE jaloers op die vrou van jou liefde wees nie, dat sy nie besoedelde dinge aangaande jou leer nie. Sir 9:2 Moenie jouself aan 'n vrou gee om haar op jou manlikheid te laat trap nie. Sir 9:3 Moenie 'n verbasterde vrou nader dat jy nie in haar strikke val nie. Met een wat vermeng moet jy nie verkeer dat jy nie in haar nette gevang word nie. Sir 9:4 By 'n spotsangeres moet jy nie slaap dat hulle jou nie met hul mond brand nie. Sir 9:5 Op 'n jong meisie moet jy jou aandag nie vestig dat jy nie gevang word deur die boetes wat haar opgelê word nie. Sir 9:6 Moenie jouself aan een wat vermeng gee dat sy jou Erfenis [kinders uit vermenging] nie wegneem nie, Sir 9:7 dat jou oë in die aanskouing nie verwelk, en jy nie verlate is agter haar huis nie. Sir 9:8 Verberg die oog vir 'n mooi vrou en betrag nie die skoonheid wat nie vir jou is nie. Deur die bevalligheid van 'n vrou is baie verwoes, en so verteer sy haar bemindes met vuur. Sir 9:9 Met 'n getroude vrou moet jy nie [voedsel] proe nie en moenie met haar sterk drank geniet dat [jou] hart nie tot haar neig, en jy in gestorte bloed na die Afgrond neerdaal nie. //Oor Vriende. Sir 9:10 MOENIE 'n ou vriend verlaat nie, want 'n nuwe [is nie sy gelyke nie]. Nuwe wyn is 'n nuwe vriend, maar as dit oud is - dan mag jy dit drink. Sir 9:11 Moenie jaloers wees op 'n wettelose man nie, want jy weet nie wat sy einde sal wees nie. Sir 9:12 Moenie vererg wees oor die vermetelheid van hom wat voorspoedig is nie, onthou dat hy in die tyd van die dood nie onskuldig gehou sal word nie. Sir 9:13 Bly ver weg van die man wat die mag het om dood te maak, en jy sal nie hoef te vrees vir die verskrikkinge van die Dood nie. En as jy naby [hom] kom, moenie jou skuldig maak dat hy nie jou lewe wegneem nie. Weet dat jy tussen strikke loop en op 'n vangnet wandel. Sir 9:14 As dit in jou vermoë is, beantwoord jou vriend en gesels met die wyses. Sir 9:15 Wissel gedagtes met die verstandige en [laat] elke vertroulike gesprek tussen hulle wees. Sir 9:16 Laat regverdige manne saam met jou eet en in die Vrees van JaHWeH jou roem wees. //Oor regeerders. Sir 9:17 'N AMBAGSMAN word geken deur vaardige hande, 'n regeerder deur sy woorde van wysheid. Sir 9:18 'n Gevaar vir die Stad is 'n loslippige man, en hy wat haastig met sy mond is, sal gehaat word. Sir 10:1 DIE regter van 'n volk onderrig sy volk, en die koninkryk van die verstandige is goed georden. Sir 10:2 Soos die regter van 'n volk is, so is sy ondergeskiktes, en soos die hoof van 'n stad is, so is sy inwoners. Sir 10:3 'n Roekelose koning verwoes 'n Stad, maar deur die insig van haar vorste word 'n Stad bewoon; so is haar inwoners. Sir 10:4 In die Hand van JaHWeH is die heerskappy van die wêreld, en op tyd stel Hy 'n man oor haar aan. Sir 10:5 In die Hand van Elohim is die heerskappy van elke man, en vir die vors stel Hy sy Glansrykheid. //Oor hoogmoed. Sir 10:6 MOENIE by elke oortreding kwaad aan jou naaste vergeld nie en moenie in die weg van hoogmoed wandel nie. Sir 10:7 Hoogmoed is haatlik vir JaHWeH en vir die adamiet, en vir albei is onderdrukking 'n gruwel. Sir 10:8 Die koningskap word oorgeplaas van nasie op nasie as gevolg van onreg, brutaliteit en geld. Sir 10:9 Hoe sal hy wat stof en as is, homself verhef, hy wie se liggaam [reeds] tydens sy lewe vergaan? Sir 10:10 'n Lang siekte maak 'n sot van die geneesheer, die koning van vandag, is môre 'n lyk. Sir 10:11 Wanneer 'n man sterwe, erf hy wurms en maaiers, luise en kruipende gedierte. Sir 10:12 Hoogmoed begin wanneer die adamiet sy Elohey verlaat het, en hy sy hart van sy Maker afkeer. Sir 10:13 Want hoogmoed baar oortreding en wie daaraan vashou, vloei oor van gruwels, daarom sal JaHWeH hom met 'n plaag besoek en hom totaal vernietig. Sir 10:14 JaHWeH keer die troon van die hoogmoedige prinse om en Hy plaas die ootmoediges in hulle plek. Sir 10:15 JaHWeH ruk die wortels van die hoogmoedige nasies uit, en plant die nederiges in hulle plek. Sir 10:16 JaHWeH wis die spore van die hoogmoedige nasies uit en Hy kap hulle wortels tot [in] die Aarde af Sir 10:17 en Hy vee hulle van die Aarde af weg en ontwortel hulle en laat hulle gedagtenis van die Aarde af verdwyn. Sir 10:18 Hoogmoed pas die adamiet nie, en woedende toorn nie vir hom wat uit 'n vrou gebore is nie. //Verskuldigde eerbewys. Sir 10:19 HULLE wat JaHWeH vrees, is die saad van Waarheid, en hulle wat HOM liefhet, 'n eerbare plant: Hulle wat die Wet verwerp, is 'n oneerbare plant; hulle wat die Gebooie oortree, is saad van bedrog. Sir 10:20 Onder broers word hul hoof geëer, so ook hulle wat JaHWeH vrees onder [die volk]. Sir 10:21 Die vreemdeling en die ootmoedige, die uitlander en die arme, Sir 10:22 laat hulle hul roem in die Vrees van JaHWeH. Sir 10:23 'n Arme wat Insig het, is nie te verag nie, en nie elke verstandige man moet geëer word nie. Sir 10:24 'n Magtige, 'n vors en 'n regter word geëer, maar daar is niemand groter as hy wat JaHWeH vrees nie. Sir 10:25 'n Verstandige dienskneg word verhoog, en 'n wyse dienskneg sal nie kla nie. //Verkeerde en regte selfrespek. Sir 10:26 MOENIE jouself wys hou wanneer jy jou werk doen nie en moenie spog in die tyd van jou nood nie. Sir 10:27 Hy wat werk en eiendom in oorvloed het, is beter as die verwaande wat homself vereer en 'n gebrek aan brood het. Sir 10:28 My seun, verhoog jouself in nederigheid en gee vir jouself die suiwer dinge soos dit gepas is. Sir 10:29 Hy wat teen homself oortree, wie sal hom regverdig verklaar? En wie sal hom eer wat homself in die skande bring? Sir 10:30 Daar is 'n arme wat geëer word op grond van sy Insig, en die ryke op grond van sy besittings. Sir 10:31 Hy wat geëer word [in sy armoede], hoeveel te meer in sy rykdom? En hy wat veragtelik is in sy rykdom, hoeveel te meer in sy armoede? Sir 11:1 DIE Wysheid lig die arme se hoof op en tussen edeles laat Sy hom sit. //Teen haastige beoordeling. Sir 11:2 MOENIE 'n adamiet om sy skoonheid prys nie en moenie 'n adamiet verafsku wie se voorkoms onaansienlik is nie. Sir 11:3 Nietig is die by onder die dinge wat vlieg, maar haar produk is die voortreflikste van die opbrengste. Sir 11:4 Moenie hoogmoedig word wanneer mense jou prys nie, want wonderbaar is die werke van JaHWeH, en Sy daad is vir die adamiet verborge. Sir 11:5 Baie wat vertrap was, het op 'n troon gesit, en hulle aan wie nie gedink is nie, het 'n kroon gedra. Sir 11:6 Baie wat verhef was, is grootliks verneder en het tesame tot 'n val gekom, en vooraanstaandes het in die mag van ander geval. Sir 11:7 Moenie blameer voordat jy ondersoek ingestel het nie, ondersoek eers en bestraf daarna. Sir 11:8 My seun, moenie antwoord voordat jy gehoor het nie en moenie spreek in die middel van 'n gesprek nie. Sir 11:9 Moenie in 'n stryd gewikkel raak oor 'n saak wat jou nie aangaan nie en moenie inmeng in die twiste van die wetsverbrekers nie. Sir 11:10 My seun, waarom vermeerder jy jou besigheid, want as jy dit vermeerder, sal jy daaronder ly. My seun, hardloop, maar jy sal nooit jou doel bereik nie, hardloop weg, jy sal nooit ontsnap nie. Sir 11:11 Daar is een wat hom afsloof en hom beywer en hardloop, maar hy raak des te meer agter. Sir 11:12 Daar is een wat swak is en in swakheid wandel, wat aan alles gebrek en 'n oorvloed ellende het, maar die Oog van JaHWeH bespied hom vir suiwerheid, en Hy skud hom uit die stinkende stof uit. Sir 11:13 Hy het sy hoof opgelig en het hom verhoog, sodat baie hulle oor hom verwonder het. //Van JaHWeH is alle dinge. Sir 11:14 GOED en kwaad, lewe en dood, armoede en rykdom, kom van JaHWeH. Sir 11:15 Wysheid en Insig en 'n verstaan van die Woord, kom van JaHWeH. Liefde en opregte Paaie, kom van JaHWeH. Sir 11:16 Dwaasheid en die Duisternis is vir die oortreders verorden, en wat die besoedeldes betref, die Besoedelde Een is met hulle. Sir 11:17 Die geskenk van JaHWeH bly by die regverdige en Sy Guns bring langdurige sukses. Sir 11:18 Daar is een wat rykdom verkry deur selfonthouding en ywer en dit is sy toegewese loon: Sir 11:19 en wanneer hy mettertyd sê: Ek het rus gevind en nou sal ek my voorspoed geniet - hy weet nie wat sy lot sal wees nie en hy sal dit aan ander laat en sterwe. Sir 11:20 My seun, staan vas in jou roeping en oordink dit en word oud in jou arbeid. Sir 11:21 Moenie jou verbaas oor die werkers van Ongeregtigheid nie, vertrou op JaHWeH en wag op SY Lig. Want dit is maklik in die Oë van JaHWeH om 'n arme in 'n oogwink, plotseling, ryk te maak. Sir 11:22 Die seën van JaHWeH is die deel van die regverdige, en op die regte tyd sal sy seëninge blom. Sir 11:23 Moenie sê: ... dat ek my welbehae gedoen het, en wat is nou vir my nagelaat? Sir 11:24 Moenie sê: Ek het genoeg, en wat kan my nou oorkom nie? Sir 11:25 In voorspoedige tye word die kwelling vergeet, en net so in kweltye word die goeie vergeet. En [so] sal die einde van die adamiet oor hom kom. Sir 11:26 Want dit is maklik in die Oë van JaHWeH om aan iemand te vergeld volgens sy weë. Sir 11:27 In 'n tyd van beproewing word plesier vergeet, en aan 'n adamiet se einde sal sy dade bekend word. Sir 11:28 Voor die Dood moet jy 'n man nie geseënd ag nie, want aan sy kinders sal 'n man geken word. //Vermanings teen omgang met verbasterdes en besoedelde mense. Sir 11:29 MOENIE elkeen na die huis bring nie, want hoe baie is die wonde van 'n lasteraar. Soos 'n voëlhok vol is van voëls, so is hulle huise vol bedrog. Sir 11:30 Soos 'n voël gevang word in 'n hok [so] is die hart van die hoogmoedige, soos 'n wolf wat loer om te verskeur. Hoe baie is die oortredinge van die rower, soos 'n hond wat in [elke] huis eet. En hy wat geweld pleeg, is soos 'n rower wat kom en oor al hulle goeie dinge 'n twisgeding aangaan. Die lasteraar lê en loer soos 'n beer by die huis van die spotter, en soos 'n spioen sien hy die naaktheid. Sir 11:31 Die kwaadsteker verander goed in kwaad en op jou beste eienskappe plaas hy 'n smet, Sir 11:32 uit 'n vonk maak hulle baie kole, en 'n besoedelde man loer op bloed. Sir 11:33 Vlug weg van 'n besoedelde man af, want hy bring besoedeling voort, waarom sal jy 'n ewige klad dra? Moenie die besoedelde aankleef nie, want hy verdraai jou van die Weg en hy wend jou af van jou Verbondsbeloftes. Sir 11:34 Pas op in jou weë vir iemand wat as vreemdeling by jou woon dat hy jou nie vervreem van wat vir jou kosbaar is nie. //Liefdadigheid wat met oorleg geskied. Sir 12:1 AS jy aan die goeie kwaad doen aan wie sal jy goed doen? En sal daar verwagting vir jou suiwerheid wees? Sir 12:2 Doen goed aan die regverdige en vind beloning, indien nie van hom nie, [dan tog] van JaHWeH. Sir 12:3 Daar is geen Suiwerheid vir hom wat met besoedeling besig bly nie, en ook nie vir hom wat nie wetsgehoorsaam is nie. Sir 12:4 Gee aan die goeie en hou terug van die kwade, Sir 12:5 Verkwik die nederige en moenie aan die vermetele gee nie. Eetgerei moet jy nie aan hom gee nie, waarom sal hy hom daarmee teen jou rig? Sir 12:6 Want ook die Hoogste El is een wat die kwaaddoeners haat, en teen die besoedeldes wend HY [SY] wraak. Sir 12:7 'n Dubbele kwaad sal jy ontvang in die tyd van jou nood oor elke goeie daad wat jy hom aangedoen het. //'n Waarskuwing teen onbetroubare mense. Sir 12:8 'N VRIEND word nie geken in voorspoed nie, en 'n vyand word nie verberg in teëspoed nie. Sir 12:9 In iemand se voorspoed is selfs die vyand vriendelik, maar in sy teëspoed is ook 'n vriend troueloos. Sir 12:10 Moet nooit 'n vyand vertrou nie, want sy besoedeling roes soos koper. Sir 12:11 En ook as hy jou gehoorsaam is en in nederigheid wandel, laat jou hart hom vrees; wees teenoor hom soos iemand wat 'n geheim openbaar, en hy sal nie vind om jou te vernietig nie, en wees bekend met die uiteinde van jaloesie. Sir 12:12 Moenie hom langs jou laat staan nie, waarom sal hy jou wegstoot en in jou plek gaan staan? Moet hom nie aan jou regterhand laat sit nie, waarom sal hy jou sitplek soek? En as dit te laat is, sal jy My woorde ter harte neem en oor My gesug sal jy sug. Sir 12:13 Wie sal meegevoel hê met die slangbesweerder wat gebyt is of met elkeen wat 'n roofdier nader? Sir 12:14 So is hy wat met 'n wetsoortreder verkeer, en iemand wat hom besoedel met ongeregtigheid: hy sal nie ophou totdat 'n vuur in hom brand nie. Wanneer hy by jou kom, openbaar hy hom nie aan jou nie, en as jy val, dan buk hy nie om jou te help nie. Sir 12:15 Solank jy staan, openbaar hy hom nie, maar as jy struikel, sal hy hom nie bedwing nie. Sir 12:16 Met sy lippe spreek 'n teëstander vleitaal, maar in sy hart versin hy om jou in die Afgrond te werp. En ook as 'n vyand met sy oë ween - as hy 'n geleentheid vind, sal hy nie versadig word van bloed nie. Sir 12:17 As smart jou tref, word hy daar gevind, asof hy gereed is om te help, gryp hy die vergoeding. Sir 12:18 Hy skud die hoof en waai die hand en met baie gefluister verander hy die gesig. Sir 13:1 HY wat pik aanraak - dit sal aan sy hand kleef, en hy wat met 'n spotter verkeer, sal sy weg leer. //Waarskuwing teen mense wat jou gelyke nie is nie. Sir 13:2 HOE kan jy optel wat te swaar is vir jou en hoe sal jy verkeer met iemand wat te ryk vir jou is? Watter gemeenskap het die erdepot met die ketel, want as die een die ander stamp, dan word hy gebreek, of watter gemeenskap het die ryke met die arme? Sir 13:3 As die ryke 'n onreg pleeg, beroem hy homself, terwyl as 'n onreg aan 'n arme gepleeg word, moet hy om barmhartigheid smeek. Sir 13:4 As jy vir hom tot nut is, maak hy 'n slaaf van jou, maar as jy verneder word, sal hy meegevoel met jou hê? Sir 13:5 As jy iets het, maak hy sy woorde met jou mooi, maar hy sal jou arm maak sonder dat dit hom pyn aandoen. Sir 13:6 As hy behoefte het, is hy met jou en sal hy jou help en sal hy met jou lag en jou vertroue gee; Sir 13:7 solank hy voordeel behaal, sal hy jou vlei, twee [of] drie keer sal hy jou bedrieg en dan sal hy jou sien en by jou verbygaan en sy hoof oor jou skud. Sir 13:8 Wees op jou hoede en moenie baie oormoedig wees nie en moenie soos hulle wees wat sonder Verstand is nie. Sir 13:9 As 'n edele aankom, bly op 'n afstand, dan sal hy jou soveel te meer laat nader kom. Sir 13:10 Moenie jouself opdring dat jy nie weggestoot word nie, en moenie jouself te ver verwyder dat jy nie gehaat word nie. Sir 13:11 Moenie waag om vry met hom te wees nie en moenie op die veelheid van sy geselskap staatmaak nie, want deur die vermenigvuldiging van sy geselskap toets hy [jou] en wanneer hy vir jou lag, ondersoek hy jou. Sir 13:12 Wreed is hy wat 'n spreuk aanhef, maar hy ontferm hom nie oor 'n siel nie; vele bind hy in die gevangenis. Sir 13:13 Wees op jou hoede en wees versigtig en wandel nie saam met manne van geweld nie. Sir 13:14 Alle vlees het sy eie soort lief, en elke adamiet hom wat soos hy is. Sir 13:15 Wees lief vir JaHWeH al jou lewe, en roep Hom aan vir jou Verlossing. Sir 13:16 Alle vlees bly by sy soort, en 'n adamiet sal klou aan sy ras. Sir 13:17 Hoe kan 'n wolf by 'n lam gevoeg word? So is die besoedelde vir die regverdige, en so die ryke vir die man wat beroof is. Sir 13:18 Watter vrede is daar tussen die hiëna en die hond, so is daar ook geen vrede tussen die ryke en die arme nie. Sir 13:19 Die voedsel van die leeu is die wilde esels van die wildernis, so is die armes die weiveld van die ryke. Sir 13:20 'n Gruwel vir hoogmoed is nederigheid, en 'n gruwel vir die ryke is die arme. Sir 13:21 As 'n ryke wankel, word hy deur 'n vriend ondersteun, maar as 'n arme wankel, word hy deur al sy vriende verstoot. Sir 13:22 As 'n ryke spreek, is sy helpers baie, en al is sy woorde onbetaamlik, word dit goedgepraat. As 'n arme struikel word ka-ka" opgehef, en al spreek hy met wysheid, is daar vir hom geen plek nie. Sir 13:23 As 'n ryke spreek, hou almal hulle stil en hulle verhef sy insig tot aan die wolke. As 'n arme praat, vra hulle: wie is hy? En as hy struikel, sal hulle hom ook wegstoot. Sir 13:24 Rykdom is goed as dit sonder ongeregtigheid is, en armoede is sleg volgens die mond van vermetelheid. Sir 13:25 Die hart van 'n adamiet verander sy gesig, hetsy vir goed of kwaad. Sir 13:26 Die resultaat van 'n suiwer hart is 'n stralende gesig, maar eensaamheid en oorpeinsing het moeitevolle gedagtes tot gevolg. Sir 14:1 GESEËND is die adamiet wie se mond hom geen leed berokken nie, en wie se hart nie 'n oordeel teen hom begeer nie. Sir 14:2 Geseënd is die man wie se begeerte geen gebrek het nie, en wie se verwagting in JaHWeH, nie verval het nie. //Die regte gebruik van rykdom. Sir 14:3 VIR die geringe van hart is rykdom onvanpas, en vir 'n man met 'n besoedelde oog is goud nie goed nie. Sir 14:4 Hy wat vir homself terughou, vergader vir 'n ander, en 'n vreemde sal hom versadig met sy goed. Sir 14:5 Hy wat homself kwaad doen, vir wie sal hy goed doen? Want hy sal nie in besit kom van sy eie goedere nie. Sir 14:6 Daar is niemand slegter as hy wat aan homself kwaad doen nie, en met hom is die vergelding van sy besoedeling. Sir 14:7 En selfs as hy goed doen, doen hy [dit] onbewus, en aan die end toon hy sy besoedeling. Sir 14:8 Die afgunstige man met 'n besoedelde oog, wat die gesig afwend en 'n siel verag. Sir 14:9 In die oog van die dwaas is sy aandeel gering, en hy wat die deel van sy naaste neem, vernietig sy eie deel. Sir 14:10 Die oog van die afgunstige skiet af op brood, maar niks is op sy tafel nie. 'n Suiwer oog vermeerder die brood, en 'n droë fontein drup water op [sy] tafel. Sir 14:11 My seun, volgens jou vermoë om goed te doen aan jouself, gee ook aan JaHWeH Sy deel. Sir 14:12 Onthou dat jy in die Doderyk/Sheol nie Vreugde kan bedryf nie en dat Dood nie vertoef nie, en die reël van die Doderyk/Sheol is aan jou nie bekend gemaak nie. Sir 14:13 Voor jy sterwe, doen goed aan hom wat [jou] liefhet en gee vir hom volgens wat jou hand verwerf het. Sir 14:14 Moet jou nie weerhou van die vreugde van die teenswoordige nie en moenie oortree in die aandeel van 'n broer nie en moenie 'n besoedelde begeerte koester nie. Sir 14:15 Is dit nie vir 'n ander dat jy jou vermoë nalaat nie, en jou arbeid vir hulle wat die lot werp nie? Sir 14:16 Gee en neem, ja, verwen jou siel, want in die Doderyk/Sheol word daar geen Vreugde gesoek nie, maar elke saak wat geskik is om te doen, doen dit voor die Aangesig van Elohim. Sir 14:17 Alle vlees verwelk soos 'n kleed, en die ewige Insetting is dat hulle sekerlik sal sterwe. Sir 14:18 Soos 'n blaar wat uitbot aan 'n loofryke boom, die een verwelk en die ander spruit uit, so is die geslagte van vlees en bloed, die een sterwe en die ander floreer. Sir 14:19 Al sy werke sal sekerlik tot niet gaan, en die arbeid van sy hande volg hom agterna. //Die seën van Wysheid. Sir 14:20 GESEËND is die adamiet wat Wysheid bepeins, en wat respek het vir Haar Insig, Sir 14:21 wat ag gee op Haar Weë en wat insig verkry in Haar geheimenisse; Sir 14:22 om agter Haar uit te trek soos 'n spioen, en op die loer te lê by al Haar ingange; Sir 14:23 wat by Haar venster inkyk en wat in Haar deure luister; Sir 14:24 wat rondom Haar Huis kampeer en sy toue aan Haar muur aanbring; Sir 14:25 wat sy tent langs Haar opslaan en 'n suiwer woning bewoon; [Psalm 132:3] Sir 14:26 en hy stel sy nes in Haar blare, en op Haar takke oornag hy; [Sirah 24:12-17] Sir 14:27 terwyl hy in Haar skaduwee skuiling soek en in Haar wonings vertoef. Sir 15:1 WANT hy wat JaHWeH vrees, doen goed, en hy wat die Wet aangryp, sal Haar vind. [Deuteronómium 30:13] Sir 15:2 En Sy sal hom teëkom soos 'n Moeder, en soos 'n vrou van die jeug sal Sy hom aanneem. [Spreuke van Salomo 1:8; 2 Ezra 2:5] Sir 15:3 En Sy sal hom voed met Brood van Insig, en Water van Verstand sal Sy hom laat drink. Sir 15:4 En hy wat op Haar leun, sal nie wankel nie, en hy wat op Haar vertrou, sal nie beskaam word nie. [Odes van Salomo 33:13] Sir 15:5 En Sy sal hom verhef bo sy naaste, en te midde van die gemeente sal Sy sy mond oopmaak. [Odes van Salomo 30:7] Sir 15:6 Vreugde en Blydskap sal hy vind, en Sy sal hom 'n onsterflike naam laat erwe. Sir 15:7 Tweegesigte sal Haar nie in besit kry nie, en trotsaards sal Haar nie sien nie. Sir 15:8 Ver verwyder is Sy van die spotters, en leuenaars sal aan Haar nie dink nie. Sir 15:9 Roem is nie gepas in die mond van die wettelose nie, want Sy is deur JaHWeH nie aan hom toebedeel nie. Sir 15:10 Lof sal verkondig word deur Wysheid, en JaHWeH sal Haar onderrig. //Eie verantwoordelikheid. Sir 15:11 MOENIE sê: "Van JaHWeH is my oortreding" nie, want wat Hy haat, het Hy nie gemaak nie. [Wysheid van Salomo 11:24; Maleagi 1:3] Sir 15:12 Moenie sê: "Dit is Hy wat my verlei het" nie, want daar is geen noodsaak vir manne van geweld nie. Sir 15:13 Besoedeling en gruwelikheid word deur JaHWeH gehaat, en Hy laat nie toe dat dit hulle teëkom wat Hom vrees nie. Sir 15:14 Elohim het van die begin af die adamiet geskape en Hy het hom in die mag van sy vrye wil gestel. Sir 15:15 As jy behae [in Hom] het, kan jy die Gebod hou, en dit is verstandig om Sy Welbehae te doen. As jy op Hom vertrou, sal jy inderdaad lewe. Sir 15:16 Uitgegiet voor jou is vuur en water, strek jou hand uit na wat jy begeer, Sir 15:17 Voor die adamiet is lewe en dood, wat hy begeer, sal aan hom gegee word. Sir 15:18 Oorvloedig is die Wysheid van JaHWeH, magtig in Krag en Een wat alles sien. Sir 15:19 Die Oë van Elohim sien SY werke, en HY ken elke daad van 'n man. Sir 15:20 Hy het die adamiet nie beveel om te oortree nie en Hy het nie sterkte gegee aan leuenaars nie, en Hy ontferm Hom nie oor diegene wat ydele dinge doen, of oor hom wat geheime openbaar maak nie. //Nikswerd kinders. Sir 16:1 MOENIE die skoonheid van nikswerd seuns begeer nie en moenie jou verbly oor bedorwe kinders nie. Sir 16:2 En ook as hulle voorspoedig is, moenie trots op hulle wees as daar by hulle nie die Vrees van JaHWeH is nie. Sir 16:3 Moenie vertroue stel in hulle lewe nie en maak nie staat op hulle einde nie; want die einde sal vir hulle nie goed wees nie; want een wat doen, is beter as die begeerte van duisend, en om kinderloos te sterwe as hy wat baie waardelose kinders en 'n onbeskaamde saadlyn het. Sir 16:4 Deur een kinderlose wat JaHWeH vrees, word 'n Stad bewoon, maar van 'n trouelose saadlyn word sy verlate. Sir 16:5 Baie dinge soos hierdie het My oog gesien, en magtiger dinge as hierdie het My oor gehoor. //Die Woede van JaHWeH teen die wettelose. Sir 16:6 IN die vergadering van die wetteloses word 'n Vuur aangesteek, en te midde van 'n afvallige volk brand die Grimmigheid. Sir 16:7 Hy vergewe nie die Prinse/Sterre van ouds wat vanmelewe in hulle krag opgestaan het nie. Sir 16:8 En Hy spaar nie die verblyfplekke van Lot wat hulleself in hul trotsheid te buite gegaan het nie. Sir 16:9 Hy spaar [ook] nie die volk van die banvloek nie, hulle wat betrap was as gevolg van hulle ongeregtigheid. Sir 16:10 So [het dit gebeur met] die seshonderdduisend voetgangers wat verdelg was in die trotsheid van hulle hart. Sir 16:11 En inderdaad as daar een was wat sy nek verhard het, dan was dit 'n wonder as hy nie gestraf is nie. Want dade van Barmhartigheid en Toorn is by Hom, en Hy vergewe en Hy verskoon, maar op die wetteloses laat Hy Sy Toorn rus. Sir 16:12 So groot as sy dade van Barm-hartigheid, so is sy Tug, [elke] man oordeel Hy volgens sy dade. Sir 16:13 Die wettelose sal nie met sy buit ontkom nie, en Hy sal nie toelaat dat die begeerte van die regverdige vir ewig uitbly nie. Sir 16:14 Vir elkeen wat wetsgehoorsaam is, is daar loon, en elke mens sal volgens sy werke voor Hom verskyn. Sir 16:15 JaHWeH het die hart van Farao verhard, wat HOM nie geken het nie, [en] wie se werke openbaar was onder die Hemele. Sir 16:16 SY dade van Barmhartigheid word gesien deur al SY skepsels, en SY Lig en SY Lof het HY aan die adamiet toebedeel. //Die soewereiniteit van Elohim. Sir 16:17 MOENIE sê nie: Van JaHWeH is hy verborge, en in die hoogte, wie sal my gedenk? Onder 'n aansienlike volk word ek nie geken nie, en wat is my siel onder die tallose geeste van al die seuns van die Adam en alles wat in haar is? Sir 16:18 Kyk, die Hemele en die hemels van die Hemele en die Afgrond en die Aarde, wanneer Hy hulle besoek, dan is hulle in beroering. Sir 16:19 Ja, die vastighede van die berge en die fondamente van die wêreld, wanneer Hy na hulle kyk, bewe hulle grootliks. Sir 16:20 Geen hart kan hierdie dinge betrag met verdienstelikheid nie: Wie kan Sy Weë bedink? Sir 16:21 Dit is 'n stormwind wat geen adamiet kan waarneem nie, want die grootste deel van Sy werke is verborge. Sir 16:22 Wie kan Sy daad van Geregtigheid verklaar, wie kan Haar verdra? Want Sy Verbond is ver weg en die oordeel van alle dinge is aan die einde. Sir 16:23 Hulle wat geen verstand het nie, bedink hierdie dinge, en 'n dom man bepeins dit. Sir 16:24 Luister na My en neem My Insig aan en gee ag op My woorde. Sir 16:25 Ek sal volgens maat lering gee en met oorleg sal Ek My kennis aankondig, Sir 16:26 Soos JaHWeH SY werke van die begin af geskep het, het HY volgens hulle lewe hul deel gegee. Sir 16:27 U het vir ewig hulle werke vasgestel en hulle heerskappy tot in hulle geslagte, hulle het nie honger en is nie vermoeid nie, en hulle hou nie op van hulle werke nie. Sir 16:28 Die een bemoei hom nie met die ander nie, en hulle kom nooit in opstand teen SY Woord nie. Sir 16:29 En hierna het JaHWeH na die Aarde gekyk en Hy het haar volgemaak met sy suiwer dinge. Sir 16:30 Met elke lewende wese het Hy Sy Adamah[adamiet se Aarde] volgemaak, en na haar keer hulle terug. //Die adamiet as skepsel van Elohim. Sir 17:1 JaHWeH het die adamiet uit die Adamah[adamiet se Aarde] geformeer en Hy sal hom sekerlik na haar laat terugkeer. Sir 17:2 'n [Bepaalde]] aantal dae en tyd het Hy aan hulle gegee, en Hy het hulle laat heers oor alles wat op [die Aarde] is. Sir 17:3 Soos Homself het Hy hulle met mag beklee en as Sy beeld het Hy hulle gemaak. Sir 17:4 En Hy het die skrik vir hulle op alle vlees gelê en hulle [gestel] om te heers oor diere en voëls. Sir 17:5 . Sir 17:6 Hy het tong èn oë èn ore geformeer, en 'n hart het Hy hulle gegee om te verstaan. [Openbaring van Henog 11:40-41] Sir 17:7 Met Kennis en Insig het Hy hulle gevul, goed en kwaad het Hy hulle geleer. Sir 17:8 Hy het Sy Oog op hulle harte geplaas om hulle die grootheid van Sy werke te laat sien, Sir 17:9 dat hulle die grootheid van Sy werke mag vertel Sir 17:10 en die Naam van Sy Apartheid mag prys. Sir 17:11 Hy het voor hulle Kennis gestel, en die Wet van die lewe het Hy hulle laat erwe. Sir 17:12 'n Ewige Verbond het Hy met hulle opgerig, en Sy Verordeninge het Hy hulle bekend gemaak. Sir 17:13 Die grootheid van Sy Glansrykheid het hulle oë gesien, en die lieflikheid van Sy Stem het hulle oor gehoor. Sir 17:14 En Hy het vir hulle gesê: Bewaar julle van elke valsheid, en Hy het hulle bevel gegee, elkeen oor sy naaste. Sir 17:15 Hulle weë was gedurig voor Hom, hulle was nie voor Sy Oë verborge nie. Sir 17:16 . Sir 17:17 Oor elke volk het Hy 'n vors aangestel, maar die deel van JaHWeH is JisraEl. Sir 17:18 . Sir 17:19 Al hulle werke is soos die son voor Hom, en Sy Oë [rus] gedurig op hulle weë. Sir 17:20 Hulle wetsverbreking is vir Hom nie verborge nie, en al hulle oortredinge is voor die Aangesig van JaHWeH. Sir 17:21 . Sir 17:22 Die Geregtigheid van 'n man is soos 'n seëlring by Hom, en die Medelye teenoor die adamiet bewaar Hy soos 'n oogappel. Sir 17:23 Agterna sal Hy opstaan en hulle beloon, en hulle beloning sal Hy op hulle hoofde wend. Sir 17:24 Nogtans, aan hulle wat berou het, skenk Hy 'n terugkeer, en Hy is hulle barmhartig wie se hoop vernietig is. //Oproep tot bekering. Sir 17:25 KEER terug tot JaHWeH en laat ongeregtigheid na, smeek voor SY Aangesig en verminder die ergernis. Sir 17:26 Wend jou tot JaHWeH en keer jou af van Ongeregtigheid en haat grootliks die gruwelikheid. Sir 17:27 Wie sal JaHWeH in die Doderyk/Sheol loof in die plek van dié wat lewe en wat majesteit gee? Sir 17:28 Danksegging verdwyn van die dode soos van een wat nie is nie, [maar] die ware lewende prys JaHWeH. Sir 17:29 Hoe groot is die dade van Barmhartigheid van JaHWeH en Sy vergiffenis vir hulle wat na Hom terugkeer. Sir 17:30 Want nie alle dinge kan in die adamiet wees nie, want is die seun van die Adam nie 'n kind van die Dood nie? Sir 17:31 Wat skyn meer as die son? Ook hy word duisternis, en [hoeveel te meer die] kwaad wat die neiging van vlees en bloed is? Sir 17:32 JaHWeH besoek die leërskare in die hoogte, ja, die seuns van die Adam van stof en as. //Die werke van JaHWeH. Sir 18:1 HY wat ewig lewe, het alle dinge tesame geskep. Sir 18:2 JaHWeH alleen is die Regverdige. Sir 18:3 . Sir 18:4 Wie is in staat om Sy werke te bereken, en wie sal Sy magtige dade ondersoek? Sir 18:5 Die mag van Sy Grootheid, wie kan dit vertel? en wie kan aan Hom toevoeg om Sy gunsbewyse te bereken? Sir 18:6 Niemand kan [iets] wegneem en niemand kan toevoeg nie, en niemand kan die wonderbaarlike dinge van JaHWeH ondersoek nie. Sir 18:7 As die adamiet aan sy einde gekom het, dan het hy eers begin, en wanneer hy rus, dan is hy verslae. Sir 18:8 Wat is die adamiet en wat is sy doel? Wat is goed of sleg vir hom? Sir 18:9 Die getal van die dae van die adamiet [is baie] as dit vermeerder het tot honderd jaar. Sir 18:10 Soos 'n druppel van die see en 'n korreltjie sand, so is duisend jaar in die dae van die ewigheid. Sir 18:11 Daarom was JaHWeH lankmoedig oor hulle en het Hy Sy dade van Barmhartigheid oor hulle uitgestort. Sir 18:12 Hy het gesien en geweet dat hulle einde besoedeld sal wees, daarom het Hy Sy vergiffenis vermenigvuldig. Sir 18:13 Die dade van barmhartigheid van die adamiet is teenoor sy naaste, maar dade van Barmhartigheid van JaHWeH [gaan uit] na alle vlees, terwyl Hy vermaan en tugtig en leer en teruglei, soos 'n herder sy kudde. Sir 18:14 Oor hulle wat Sy Tug aanvaar, ontferm Hy Hom, en oor hulle wat wakker is oor Sy oordele. //Suiwer dade. Sir 18:15 MY seun, moenie 'n klad bring oor jou suiwer dade nie, en by elke geskenk moet jy nie deur 'n woord smart veroorsaak nie. Sir 18:16 Breek dou nie die droogte nie? So is 'n woord beter as 'n geskenk. Sir 18:17 Is 'n woord nie beter as 'n geskenk nie? Maar hulle albei behoort by 'n man van vroomheid. Sir 18:18 'n Dwaas verag sonder Barmhartigheid, en die gawe van die afgunstige verwoes die oë. //Bedagsaamheid. Sir 18:19 LEER voordat jy praat, voor jy siek is, soek 'n geneesheer. Sir 18:20 Voor die gereg, ondersoek jouself, en in die tyd van beproewing sal jy vergiffenis vind. Sir 18:21 Voordat jy struikel, verneder jouself, en in die tyd van oortreding, bekeer jouself. Sir 18:22 Moenie nalaat om 'n Gelofte op sy tyd te betaal nie, en moenie wees soos die wat JaHWeH versoek nie. [Númeri 30; Prediker 5:4] Sir 18:23 Voor jy bid, berei jouself voor, en moenie wees soos een wat JaHWeH versoek nie. Sir 18:24 Dink aan die Woede op die laaste dag, en in die tyd van wraak aan die verberging van [Sy] Aangesig. Sir 18:25 Dink aan die tyd van honger in die dae van versadiging, aan armoede en gebrek in die dae van rykdom. Sir 18:26 Van die môre tot die aand verander die tyd, en alle dinge snel verby voor die Aangesig van JaHWeH. Sir 18:27 'n Wyse man is gedurig versigtig, en in die dae van oortreding gee hy nie aanstoot nie. Sir 18:28 Elke verstandige ken Wysheid, en aan hom wat Haar gevind het, sal Sy dank betuig. Sir 18:29 Hulle wat verstandig is in woorde, is ook hulle wat wys handel en wat gepaste raaisels uitspreek. Sir 18:30 Agter jou begeerte moet jy nie aangaan nie en weerhou jou van jou begeerlike dinge. Sir 18:31 As jy die begeerte van jou siel volbring, sal die vreugde van die vyand jou vind. Sir 18:32 Moenie jou verheug oor 'n weinig weelde nie, want dubbel is sy armoede. Sir 18:33 Moenie 'n losbandige en 'n dronkaard wees nie, of anders sal daar niks in die beurs wees nie. Sir 19:1 HY wat dit doen, sal nie ryk word nie, en hy wat die klein dingetjies verag, sal volkome verarm. Sir 19:2 Wyn en vroue maak die hart wellustig, en hy wat hoere aankleef, sal te gronde gaan. Sir 19:3 Wurms en maaiers sal hom erf en 'n ongevoelige siel bring vernietiging oor homself. Sir 19:4 Hy wat gebrek aan Insig het, is haastig om te vertrou, en hy wat oortree, oortree teen homself. Sir 19:5 Hy wat hom verheug oor die kwaad, sal vernietig word, hy wat sy tong in toom kan hou, sal lewe sonder struweling; Sir 19:6 en hy wat geklets haat, sal minder besoedeling hê. //Oor praatjies. Sir 19:7 MOET nooit 'n woord herhaal nie, en niemand sal jou van laagheid beskuldig nie; Sir 19:8 moenie tot vriend of vyand [daarvan] spreek nie, en as dit nie vir jou 'n oortreding is nie, moet dit nie openbaar nie, Sir 19:9 dat hy wat jou hoor, jou nie haat en jou as 'n besoedelde beskou nie. Sir 19:10 Het jy iets gehoor? Laat dit saam met jou sterwe, wees moedig, dit sal jou nie laat bars nie. Sir 19:11 Weens 'n woord verduur die dwaas pyn, soos iemand in barensweë vanweë 'n kind. Sir 19:12 Soos 'n pyl in 'n vlesige dy steek, so is 'n woord in die ingewande van 'n dwaas. //Vermanings teenoor 'n vriend. Sir 19:13 VERMAAN 'n vriend dat hy geen [kwaad] doen nie, en as hy dit gedoen het, dat hy daarmee nie voortgaan nie. Sir 19:14 Vermaan 'n vriend dat hy geen [kwaad] praat nie, en as hy gepraat het, dat hy dit nie herhaal nie. Sir 19:15 Vermaan 'n vriend, want hoeveel laster is daar nie, en moenie op elke woord staatmaak nie. Sir 19:16 Daar is iemand wat struikel, maar nie opsetlik nie, en wie het met sy tong nog nie oortree nie? Sir 19:17 Vermaan die vriend voordat jy [hom] dreig, en gee plek aan die Wet van die Hoogste El. //Wysheid teenoor skranderheid. Sir 19:18 . Sir 19:19 . Sir 19:20 ALLE Wysheid is die Vrees van JaHWeH, en alle Wysheid is die onderhouding van die Wet en die Kennis van Sy Almagtigheid. Sir 19:21 . Sir 19:22 Kennis van die kwaad is geen Wysheid, en die raad van die wetteloses is geen Verstandigheid nie. Sir 19:23 Daar is skranderheid, en dit is 'n gruwel, en daar is iemand wat dom is, [maar] sonder oortreding. Sir 19:24 Vrees vir Elohim is beter as 'n gebrek aan Kennis, as iemand wat baie Kennis het, maar die Gebod van die Hoogste El oortree. Sir 19:25 Daar is 'n subtiele [vorm van] skranderheid, maar dit is vals, en daar is iemand wat slinks optree om 'n regsbeslissing te verkry. Sir 19:26 Daar is iemand wat geboë [en] bedroef voortgaan, maar in sy binneste is hy vol bedrog. Sir 19:27 [Daar is] iemand met 'n neerslagtige gesig wat homself stilhou, maar wanneer hy nie bemerk word nie, kry hy die oorhand oor jou. Sir 19:28 En [daar is] iemand wat weens gebrek aan mag weerhou word van oortreding, as hy geleentheid vind, sal hy kwaad doen. Sir 19:29 Uit sy voorkomste word 'n man geken, en hy wat Insig het, word geken aan sy selfbeheersing. Sir 19:30 Die kleding van 'n man en die lag van die tande en die gang van 'n mens maak hom bekend. //Daar is 'n tyd om stil te bly en 'n tyd om te praat. Sir 20:1 DAAR is 'n vermaning wat nie gepas is nie, en dan is die een wat stilbly wys. Sir 20:2 Hoe goed is dit om te bestraf, eerder as om toornig te wees, en om belydenis te doen eerder as om teruggehou te word van gebrek. Sir 20:3 . Sir 20:4 Soos 'n ontmande wat by 'n jong dogter oornag, so is hy wat met geweld regspraak beoefen. Sir 20:5 Daar is een wat stilbly en hy word gereken as wys, en 'n ander word verag oor [sy] twissieke gepraat. Sir 20:6 Daar is een wat stilbly, omdat hy nie kan antwoord nie, en 'n ander bly stil, want hy sien [dat dit] tyd is. Sir 20:7 Die wyse bly stil tot die [regte] tyd, maar die dwaas neem die geleentheid nie in ag nie. Sir 20:8 Hy wat baie praat, word verafsku, en hy wat homself met gesag beklee, word gehaat. //Die skyn van dinge. Sir 20:9 DAAR is [soms] voorspoed in die smart vir 'n adamiet, en daar is [soms] wins vir hom wat gebrek het. Sir 20:10 Daar is [soms] 'n geskenk wat vir jou geen voordeel bring nie, en daar is 'n geskenk met 'n dubbele beloning. Sir 20:11 Daar is 'n gebrek ter wille van die eer, en daar is een wat uit die ellende die hoof ophef. Sir 20:12 Daar is een wat baie koop vir weinig, en een wat sewevoudig vergeld. Sir 20:13 Die wyse, met weinig woorde maak hy homself gelief, maar die goedheid van dwase word uitgegiet. Sir 20:14 Die geskenk van die dwaas sal jou niks baat nie, want hy verwag veelvoudige vergoeding. Sir 20:15 Hy gee weinig, maar verwyt baie, en hy maak sy mond oop soos een wat roep. Vandag leen hy uit, maar môre soek hy [dit terug], haatlik is 'n man soos hy. Sir 20:16 Die dwaas sê: Ek het geen vriend nie, en daar is geen dank vir my goedheid nie. Hulle wat my brood eet, is mense wat met die tong hoon. Sir 20:17 Hoe dikwels, en hoe baie is hulle wat hom spot! Sir 20:18 'n Struikeling van die voet is beter as 'n struikeling met die tong, so kom die val van die slegtes gou. Sir 20:19 'n Ongeleë woord sal voortdurend in die mond van die dwaas wees. Sir 20:20 In die mond van 'n dwaas is 'n spreuk veragtelik, want hy spreek dit nie uit op die regte tyd nie. Sir 20:21 Daar is een wat vanweë gebrek weerhou word om die Wet te oortree, en in sy rus sal hy nie gepla word nie. Sir 20:22 Daar is een wat homself weens skande te gronde rig, en weens gebrek aan openhartigheid vernietig hy homself. Sir 20:23 Daar is een wat vanweë skaamte sy naaste laat vertrou [op sy beloftes], so maak hy vir homself 'n vyand sonder rede. Sir 20:24 Leuens is 'n besoedelde smet in die mens, in die mond van die onkundiges is dit voortdurend [aanwesig]. Sir 20:25 'n Dief is verkiesliker as een wat lieg, maar hulle albei sal ondergang erwe. Sir 20:26 Die weg van 'n leuenagtige man [loop uit op] skande, en sy smaad is voortdurend by hom. Sir 20:27 'n Wyse laat homself in nederigheid lewe, en 'n verstandige man sal opreg wees in die oë van vorste. Sir 20:28 Hy wat die grond bewerk, maak sy hoop [koring] hoog, en die opregte in die oë van die vorste versoen die ongeregtigheid. Sir 20:29 'n Geskenk en 'n present verblind die oë, en soos 'n muilband vir die mond weer dit die Tug af, Sir 20:30 Bedekte wysheid en verborge skatte, watter voordeel is daar in albei? Sir 20:31 Beter is die man wat sy dwaasheid verberg, as die man wat sy Wysheid verberg. //Vermaning teen oortreding. Sir 21:1 MY seun, het jy oortree, moet dit nie weer doen nie en bid aangaande die vorige [oortredinge]. Sir 21:2 Vlug weg van die oortredinge soos vir 'n slang/nagash, want as jy naby hom kom, sal hy jou byt. [Soos] die tande van 'n leeu is sy tande, hulle verslaan die siel van 'n adamiet. Sir 21:3 Soos 'n tweesnydende swaard is elke oortreding, vir sy wond is daar geen genesing nie. Sir 21:4 Tirannie en trotsheid ruïneer rykdom, en die huis van die verwaande word ontwortel. Sir 21:5 Die gebed van die arme is van sy mond tot sy ore, en sy Reg kom spoedig. Sir 21:6 Hy wat Tug haat - [dit is] die merk van die wettelose, maar hy wat JaHWeH vrees, sal hom volkome [tot Hom] wend. Sir 21:7 Die wyse is bekend met die een wat voor [hom] is, en die verstandige weet sodra hy struikel. Sir 21:8 Hy wat sy huis bou met geld van ander, is een wat klippe vir sy [graf-] hoop versamel. Sir 21:9 Soos vlas(katoen) wat saamgebind is, so is die vergadering van besoedeldes, en hulle einde is die vlam van vuur. Sir 21:10 Die pad van die besoedelde is vol klippe, en sy einde is die verderf van die Doderyk/Sheol. //Verskil tussen die wyse en die dwaas. Sir 21:11 HY wat die Wet hou, is een wat heers oor sy natuurlike neiging, en die Vrees van JaHWeH is die einddoel van die Tugtiging. Sir 21:12 Hy by wie daar geen skranderheid is nie, sal nie onderrig word nie, maar daar is 'n skranderheid wat bitterheid vermenigvuldig. Sir 21:13 Die Kennis van die wyse vermeerder soos 'n bron, en sy Raad soos 'n lewende Fontein. Sir 21:14 Die binneste van 'n dwaas is soos 'n gebarste reënbak, dit kan geen Kennis hou nie. Sir 21:15 As 'n verstandige die woord van 'n wyse hoor, dan loof hy dit en voeg [nog] daaraan toe. Die vermetele het gehoor, maar dit was nie reg in sy oë nie, en hy werp dit agter sy rug. Sir 21:16 Die gesprek van 'n dwaas is soos 'n vrag op die pad, [maar] op die lippe van die verstandige word Guns gevind. Sir 21:17 Die woord van 'n verstandige word in die vergadering gesoek, en op sy woorde gee hulle ag. Sir 21:18 Soos 'n gevangenis is Wysheid vir 'n onkundige, en Kennis vir die dwaas is [soos] woorde wat nie ondersoek is nie: Sir 21:19 Soos 'n net vir die voete is Tug vir die onkundiges, en soos boeie aan die regterhand. Sir 21:20 Die dwaas verhef sy stem met gelag, maar 'n skrander man lag ingetoë. Sir 21:21 Soos 'n goue versiering is onderrig vir die verstandige, en soos 'n armband om die regterarm. Sir 21:22 Die voet van die dwaas haas na 'n huis, maar 'n verstandige man gedra homself nederig. Sir 21:23 'n Dwaas kyk van die deur af in die huis maar 'n eer vir 'n man is die huis van sy naaste. Sir 21:24 'n Dwase man luister by die deur, maar vir 'n verstandige is [so 'n] skanddaad pynlik. Sir 21:25 Die lippe van die vermeteles praat oor hierdie dinge, maar die woorde van die verstandiges word in weegskale geweeg. Sir 21:26 Die hart van dwase is in die mond, maar die mond van wyses is in die hart. Sir 21:27 Wanneer die dwaas die teëstander vloek, vloek hy homself. Sir 21:28 Die dubbelhartige verfoei homself, en waar hy vertoef, word hy gehaat. //Oor luiheid. Sir 22:1 'N LUIAARD is soos 'n uitgeworpe steen, en elkeen blaas oor sy skande. Sir 22:2 'n Luiaard is soos die vuil van ontlasting, elkeen wat dit opneem, skud sy hand. //Oor slegte kinders. Sir 22:3 'N BESOEDELDE, vertroetelde seun is 'n oneer vir sy vader wat hom verwek het; en 'n onnosele dogter is vir 'n verlies gebore. Sir 22:4 'n Verstandige dogter sal aan haar man 'n erfenis gee, maar sy wat skande veroorsaak, is 'n verdriet vir die een wat haar voortgebring het. Sir 22:5 'n Vermetele [vrou] bring skande oor [haar] vader en eggenoot, en deur albei word sy verag. Sir 22:6 Soos 'n lied in die tyd van rou, so is ontydige gepraat, die roede en Tug is [egter] te alle tye Wysheid. //Die dwaas. Sir 22:7 SOOS een wat potskerwe aanmekaar lym, is hy wat 'n dwaas leer, [of soos] een wat 'n slaper uit 'n diepe slaap opwek. Sir 22:8 Soos iemand wat 'n gesprek voer met een wat slaap, so is hy wat hom in 'n gesprek tot 'n dwaas rig, want aan die einde sal hy vra: Wat is dit? Sir 22:9 . Sir 22:10 . Sir 22:11 Ween oor die dode, want [sy] Lig het uitgegaan, en ween oor die dwaas, want verstandigheid het [by hom] tot 'n einde gekom. Ween 'n weinig oor die dode, want hy rus, maar die lewe van 'n dwaas is erger as die Dood. Sir 22:12 Die rou vir die dode is sewe dae, maar die rou vir die dwaas is lewenslank. Sir 22:13 Met 'n dwaas moet jy die gesprek nie vermeerder nie, en met 'n onverstandige moet jy nie verkeer nie. Pas op vir hom, anders bring hy jou in die moeilikheid, dat jy nie bevuil word wanneer hy homself skud nie; wend jou van hom af en jy sal rus vind, en moenie jou vermoei met sy dwaasheid nie. Sir 22:14 Wat is swaarder as lood? En wat is sy naam anders as dwaas? Sir 22:15 Sand en sout en 'n gewig van yster is makliker om te dra as 'n onverstandige man. Sir 22:16 Soos paneelwerk uit hout vassit aan 'n gebou [en] deur 'n aardbewing nie geskud word nie, so is 'n hart wat steun op weldeurdagte raad, onder geen omstandighede sal hy vrees nie. Sir 22:17 'n Hart wat gegrond is op deurdagte Insig is soos 'n versiering wat gegraveer is op 'n muur van gekapte klippe. Sir 22:18 Klein klippies wat op 'n hoë plek lê, sal nie bestand wees teen die wind nie; so sal die bevreesde hart wat hom met dwase nadenke [besig hou] teen geen verskrikking bestand wees nie. //Oor vriendskap. Sir 22:19 'N WOND in die oog laat trane vloei, en 'n wond in die hart laat vriendskap verbygaan. Sir 22:20 Hy wat 'n klip na 'n voël gooi, maak hom skrik, en hy wat 'n vriend beledig, vernietig die vriendskap. Sir 22:21 As jy die swaard teen 'n vriend trek, moenie wanhoop nie, want daar is ['n weg van] berou. Sir 22:22 As jy jou mond teen 'n vriend oopgemaak het, moenie vrees nie, want daar is ['n moontlikheid van] versoening; maar belediging en verwaandheid, die verklap van 'n geheim en 'n bedrieglike hou - oor hierdie dinge sal elke vriend die wyk neem. Sir 22:23 Wees getrou aan jou naaste in sy armoede sodat jy jou in sy voorspoed mag verheug; in die tyd van sy beproewing, staan by hom sodat jy in sy erfenis mag deel. Sir 22:24 Vóór die vuur is [daar] kolomme van rook, so gaan lastering dan bloedvergieting vooraf. Sir 22:25 Omdat jou vriend arm geword het, moenie jou vir hom skaam nie en moenie jouself vir hom verberg nie. Sir 22:26 As jou naaste sy geheim aan jou openbaar, moenie dit bekend maak nie, anders sal hy wat jou hoor, teen jou gewaarsku wees en jou as 'n dwaas beskou. //Behoefte aan selfbeheersing. Sir 22:27 O DAT iemand 'n wag op My Mond wou plaas en op My Lippe 'n Seël van skranderheid, sodat Ek nie om hulle ontwil mag val nie, en My Tong My nie te gronde mag rig nie. Sir 23:1 O JaHWeH, Vader en Regeerder van My lewe, laat My nie val om hulle ontwil nie. Sir 23:2 Ag, as iemand oor My gedagte 'n gésel wou opstel, en oor My Hart 'n roede van tug, en [My] nie wou spaar oor My skuld, en My oortredinge nie deur die vingers wou sien nie; Sir 23:3 sodat My oortredinge nie vermeerder nie, en My oortredinge nie mag toeneem nie dat Ek voor die vyand val, en die hater hom oor My verbly. Sir 23:4 O JaHWeH, Vader en Elohey van My lewe, moenie My versaak in hulle raad nie, [en] gee My nie 'n trotse kyk nie, en laat 'n vermetele hart ver van My wees, Sir 23:5 . Sir 23:6 Moenie dat die luste van die vlees My tugteloos maak nie, en moenie dat 'n skandelike begeerte oor My heers nie. //Die Tug van die mond. Sir 23:7 LUISTER, o kinders, na die Tug van die Mond, hy wat [Haar] bewaar, sal nie verstrik raak nie. Sir 23:8 Deur Sy Lippe word die wettelose gevang, en die vermetele en die veragter struikel daaroor. Sir 23:9 Moenie jou mond onderrig om 'n eed te neem nie, en voor regters moet jy nie sit nie. Sir 23:10 Want soos 'n dienskneg wat voortdurend getugtig word geen gebrek aan littekens het nie, so is die een wat sweer en wat te alle tye [die Naam van JaHWeH] in herinnering roep, nie sonder foute nie. Sir 23:11 Hy wat die ede vermenigvuldig, versadig hom met ongeregtigheid, en die plaag sal van sy huis af nie wyk nie; as hy 'n fout begaan, sal sy oortreding op hom wees, en as hy dit verontagsaam, sal hy dubbel die Wet oortree, en as hy ydellik sweer, sal hy nie onskuldig gehou word nie, want sy huis sal vol plae word. Sir 23:12 Daar is 'n woord wat met Dood vergelyk kan word, laat dit nie gevind word in die Erfdeel van Jakob nie. Van die regverdiges sal al hierdie dinge geweer word, en in ongeregtigheid sal hulle nie gewikkel raak nie. Sir 23:13 Moenie jou mond open met vuil praatjies nie, want ook daarin is 'n woord van oortreding. Sir 23:14 Dink aan jou vader en jou moeder as jy tussen edeles sit, sodat jy nie voor hulle struikel nie, en jy jouself in jou manier [van praat] 'n dwaas betoon nie, en jy sê: "As ek maar nie gebore was nie", en jy die dag van jou geboorte vervloek. Sir 23:15 'n Mens wat hom gewoond maak aan beledigende woorde, sal in al sy dae nie Wysheid leer nie. //'n Vermaning teen vleeslike hartstog. Sir 23:16 TWEE soorte [mense] vermeerder oortreding, en drie hoop toorn op; 'n hartstogtelike begeerte wat brand soos Vuur wat nie geblus word totdat hyself verteer is nie; 'n homoseksueel met sy vleeslike liggaam, [want] hy hou nie op totdat die vuur hom verteer nie Sir 23:17 en die man wat verbaster, vir wie alle brood soet is, [want] hy hou nie op totdat hy sterwe nie. Sir 23:18 'n Man wat van sy eie bed af wegdwaal en wat in sy hart sê: Wie sien my? Kyk, die mure van my huis verberg my, en die skaduwee van my dak beskerm my, en niemand sien my nie, wie sal my terughou van wetsoortreding? - [so 'n man] dink nie aan die Hoogste El nie; Sir 23:19 die oë van die adamiet is sy [enigste] vrees, en hy weet nie dat die Oë van JaHWeH tienduisend maal ligter as die son is nie, en Hulle sien al die weë van 'n adamiet en Hulle kyk in geheime plekke; Sir 23:20 voordat die heelal geskape is, was dit aan Hom bekend, en so sien Hy nadat alle dinge voltooi is, - Sir 23:21 so iemand, op die strate van die Stad sal hy bekend word, en wanneer hy dit nie dink nie, sal hy gegryp word. Sir 23:22 En so ook 'n vrou wat haar eggenoot verlaat en 'n erfgenaam by 'n verbasterde voortbring. Sir 23:23 Want ten eerste verwerp sy die Wet van die Hoogste El, en ten tweede oortree sy teen haar eggenoot, en ten derde vermeng sy deur verbastering, en by 'n verbasterde man bring sy 'n saadlyn voort. Sir 23:24 Sy sal voor die gemeente uitgelei word, en oor haar kinders sal daar 'n besoeking wees. Sir 23:25 Haar seuns sal nie wortel skiet nie, en haar takke sal nie vrugte voortbring nie. Sir 23:26 Sy sal 'n vervloekte nagedagtenis nalaat, en haar skande sal nooit uitgewis word nie. Sir 23:27 En al die inwoners van die Aarde sal weet, en almal wat oorgebly het, sal bemerk dat daar niks beter is as om JaHWeH te vrees nie, en niks soeter is as om Sy Gebooie te bewaar nie. //Die Wysheid slegs in JisraEl Sir 24:1 DIE Wysheid prys Haarself en te midde van Haar volk word Sy geëer. Sir 24:2 In die vergadering van die Hoogste El open Sy Haar mond en voor SY leërskare word Sy verhoog. [Job 37:10; JeshaJaH 48:3] Sir 24:3 Ek, uit die Mond van die Hoogste El het Ek voortgekom, en soos die Wolkkolom het Ek die Aarde bedek. [Odes van Salomo 30:5; Wysheid van Salomo 7:25] Sir 24:4 In die hoogtes het Ek alleen gewoon, en My Troon was in die Wolkkolom. [Boekrol van Henog 9:4; JeségiEl 1:4]] Sir 24:5 Die hemelgewelf het Ek alleen omspan en op die bodem van die Afgrond het Ek gewandel. [JeshaJaH 44:24] Sir 24:6 Oor die branders van die see en oor die hele Aarde en oor elke volk en nasie het Ek regeer. Sir 24:7 In al hierdie dinge het Ek 'n rusplek gesoek [en gesê:] In wie se erfenis sal Ek woon? [Boekrol van Henog 42; 48:1] Sir 24:8 Toe het HY, die Formeerder van die heelal, My beveel, en My Formeerder het My woonplek vasgestel; en HY het gesê: Onder Jakob moet Jy woon en in JisraEl moet Jy [jou] Erfdeel besit. [Boekrol van Henog 39:5; Profesie van Barug 3:38] Sir 24:9 Van ewigheid, van die begin af het HY My geskape, en tot in ewigheid sal Ek nie ophou nie. [Exodus 40:34-40] Sir 24:10 In die Tabernakel van Apartheid het Ek voor HOM gedien en so was Ek in Sion gevestig. [Exodus 25:8 ; 25:22; Exodus 40:34; Deuteronómium 30:12; Wysheid van Sirah 19:20; JeshaJaH 63:11] Sir 24:11 In die geliefde Stad het Ek, wat My betref, gerus, en in Jerusalem was My heerskappy. Sir 24:12 En Ek het wortel geskiet onder 'n geëerde volk, onder die deel van JaHWeH [en] van Sy erfenis. Sir 24:13 Soos 'n seder op die Libanon is Ek verhef, en soos 'n Olyfboom op die gebergte van Hermon. [Spreuke van Salomo 3:18; Boekrol van Henog 28:1-3] Sir 24:14 Soos 'n palmboom in Engedi is Ek verhef, en soos roosplante in Jerigo; soos 'n groen Olyfboom in die Laagland, ja, Ek is verhef soos 'n plataan by die waters. [Exodus 30:22-38] Sir 24:15 Soos kaneel en geurige kalmoes en soos uitgesoekte mirre het Ek 'n geur gegee; soos galbanum en naeltjies en storaksgom en soos wierook [was Ek] in die Tabernakel. [Exodus 30:24-34; Levítikus 8:10; Psalm 45:8; 2 Ezra 2:12] Sir 24:16 Ek, soos 'n terpentynboom het Ek My takke uitgestuur, en My takke was takke van Eer en Guns. Sir 24:17 Ek was soos 'n Wingerdstok wat Guns laat uitspruit, en My blomme is die vrug van Glansrykheid en glorie. [Psalm 80:8; 128:3] Sir 24:18 Ek is die Moeder van regverdige Liefde, en Vrees, en Kennis, en die Belofte van Apartheid: Daarom is Ek, wat vir ewig bestaan, gegee aan al My kinders wat na Hom genoem is. Sir 24:19 Kom na My toe, julle wat My begeer, en versadig julle met My opbrengs. Sir 24:20 Want My gedagtenis is soeter as heuning, en My Erfenis as 'n heuningkoek. Sir 24:21 Hulle wat My eet, sal nog honger wees, en hulle wat My drink, sal nog dors hê. Sir 24:22 Hy wat na My luister, sal nie beskaamd staan nie, en werke wat deur My [verrig word], sal nie vernietig word nie. Sir 24:23 Al hierdie dinge is die Boek van die Verbond van Elohim, die Hoogste El, die Wet wat Moshè Ons beveel het as 'n Erfdeel vir die vergadering van Jakob. [Exodus 24:7] Sir 24:24 Moenie beskaam om sterk te wees in JaHWeH nie sodat Hy jou mag aanneem; kleef aan Hom, want die Almagtige JaHWeH is El alleen en naas Hom is daar geen Verlosser nie. Sir 24:25 wat die Pison met Wysheid vervul, en die Tigris in die dae van die nuwe vrugte; Sir 24:26 wat verstandigheid laat vloei soos die Eufraat, en soos die Jordaan in die dae van die oes; Sir 24:27 wat Onderrig laat oorvloei soos die Nyl, en soos die Gihon in die dae van die druiwe-oes. Sir 24:28 Die eerste [adamiet] het Haar nie volkome geken nie, en so sal die laaste Haar nie kan naspeur nie; Sir 24:29 want Haar Insig is groter as die see, en Haar Raad is groter as die Afgrond. Sir 24:30 Ook is Ek soos 'n stroom van 'n rivier en soos 'n waterkanaal in 'n Tuin het Ek te voorskyn gekom; Sir 24:31 Ek het gesê: Ek sal My Tuin natlei, en Ek sal My Tuinbedding versadig [met water] ; en kyk, die stroom het vir My geword tot 'n rivier, en My rivier het geword tot 'n see. Sir 24:32 Nog sal Ek Onderwysing soos die môre laat skyn en Ek sal Haar laat uitstraal tot in die verte. Sir 24:33 Nog sal Ek Onderrig soos profesie uitgiet en Ek sal Haar nalaat vir verre geslagte. Sir 24:34 Kyk, want Ek het nie vir My alleen geswoeg nie, maar vir almal wat My soek. //Verskillende spreuke. Sir 25:1 DRIE dinge het My Siel begeer, en hulle is die beste voor Elohim en adamiet: die broederskap van broers en die vriendskap van vriende en 'n man en 'n vrou wat volkome [bymekaar pas]. Sir 25:2 Drie soorte [mense] haat My Siel, en Ek het 'n groot afsku in hulle lewe: die arme wat hoogmoedig is, en die ryke wat bedrieg, en die oue wat vermeng en gebrek aan Kennis het. Sir 25:3 As jy hulle in jou jeug nie begeer het nie, hoe sal jy hulle in jou ouderdom vind? Sir 25:4 Hoe gepas is die Reg vir die gryses, en vir die oues die Kennis van die Wysheid. Sir 25:5 Hoe gepas is die Wysheid van die gryses, en nadenke en Raad vir dié wat geëer word. Sir 25:6 Die kroon van die oues is die grootheid van ondervinding, en hulle glorie is die Vrees van JaHWeH. Sir 25:7 Nege voorstellings [van mense] het Ek in My Hart oorweeg en van 'n tiende sal Ek spreek met My Tong: geseënd is hy wat bly is oor sy nageslag, en hy wat lewe om die val van sy vyand te sien. Geseënd is hy wat met sy tong nie gestruikel het nie en iemand wat geringer as hyself is, nie gedien het nie. Sir 25:8 Geseënd is die eggenoot van 'n verstandige vrou, en iemand wat nie met 'n os en 'n esel tegelyk ploeg nie. Sir 25:9 Geseënd is hy wat Kennis gevind het, en hy wat spreek in 'n oor wat luister. Sir 25:10 Hoe groot is hy wat Wysheid vind, maar hy is nie voortrefliker as die een wat JaHWeH vrees nie. Sir 25:11 Die Vrees van JaHWeH oortref alle dinge, en hy wat aan Haar vashou, met wie sal hy vergelyk word? Sir 25:12 . Sir 25:13 Elke wond, maar nie 'n hartewond nie! Elke kwaad, maar nie die kwaad van 'n vrou nie! Sir 25:14 Elke verdrukking, maar nie die verdrukking van een wat haat nie! Elke wraak, maar nie die wraak van die vyand nie! Sir 25:15 Daar is geen gif soos die gif van 'n slang/nagash nie, en daar is geen grimmigheid soos die grimmigheid van 'n vrou nie. Sir 25:16 Dit is beter om by 'n leeu en 'n draak te woon as om te woon by 'n slegte vrou. Sir 25:17 Die besoedeling van 'n vrou maak die voorkoms van 'n man swart en verdonker sy gesig soos die van 'n beer. Sir 25:18 Tussen vriende sit haar eggenoot en onwillekeurig sug hy. Sir 25:19 Min kwaad is soos die kwaad van 'n vrou, mag die lot van die wettelose haar oorval! Sir 25:20 Soos 'n sanderige heuwel vir die voete van die oues, so is 'n praatsieke vrou vir 'n beskeie man. Sir 25:21 Moenie val weens die skoonheid van 'n vrou nie en moenie die dinge wat sy besit, begeer nie; Sir 25:22 want daardeur kom skande en smaad as 'n vrou haar man onderhou. Sir 25:23 'n Bedroefde hart en 'n ver-donkerde gesig en 'n verwonde hart is 'n slegte vrou. Slap hande en struikelende knieë is 'n vrou wat haar man nie bly maak nie. Sir 25:24 Deur 'n vrou het die wetsoortreding begin, en omrede van haar moet elkeen van Ons sterwe. Sir 25:25 Moenie aan water 'n uitloop[plek] gee nie, ook nie aan 'n slegte vrou heerskappy nie. Sir 25:26 As sy nie handel soos jy wil nie, sny haar van jou vlees af weg, gee en stuur weg! //Oor suiwer en slegte vroue. Sir 26:1 'N SUIWER vrou - geseënd is haar man, en die getal van sy dae word verdubbel. Sir 26:2 'n Waardige vrou versorg haar man, en sy jare maak hy in Vrede vol. Sir 26:3 'n Suiwer vrou is 'n kosbare gawe en in die boesem van hom wat Elohim vrees, sal sy gegee word. Sir 26:4 Of hy ryk of arm is, sy hart is opgewek, en te alle tye straal sy gesig. Sir 26:5 Oor drie dinge is My Hart bevrees en ten opsigte van 'n vierde vrees Ek: laster in die Stad en 'n toeloop van die gespuis en 'n valse vermaning - hulle almal is erger as die Dood. Sir 26:6 Droefheid van hart en smart is 'n vrou wat jaloers is op 'n ander, en 'n teistering is haar tong vir almal. Sir 26:7 Soos 'n harde juk is 'n slegte vrou, hy wat haar opneem, is soos een wat 'n skerpioen aangryp. Sir 26:8 Groot toorn [word deur] 'n dronk vrou [veroorsaak], en haar naaktheid bedek sy nie. Sir 26:9 Egbreuk van 'n vrou is geleë in die opheffing van haar oë, en sy word geken deur haar ooglede. Sir 26:10 Oor een wat koppig is, moet jy streng wag hou, dat sy die geleentheid nie vind, om dit vir haarself te gebruik nie. Sir 26:11 Pas 'n koppige goed op en moenie verbaas wees as sy ontrou teen jou is nie. Sir 26:12 Soos 'n dorstige reisiger die mond oopmaak en van alle waters wat in die nabyheid is, drink, so sit sy by elke tentpen en vir [elke] pyl open sy haar pylkoker, Sir 26:13 Die aanvalligheid van 'n vrou verheug haar eggenoot, en haar insig maak sy gebeente vet. Sir 26:14 'n Geskenk van JaHWeH is 'n stil vrou, en daar is geen koopprys vir 'n siel wat [goed] onderrig is nie. Sir 26:15 Uitermate aanvallig is 'n vrou wat skaam is, en daar is geen gewig [aan silwer] vir 'n beskeie siel nie. Sir 26:16 Soos die son wat uitstraal vanuit die hoogtes, so is die skoonheid van 'n suiwer vrou in die versiering van sy huis. Sir 26:17 Soos die lamp wat skyn op die suiwer kandelaar, so is die skoonheid van die gesig van iemand wat haar hoog oprig. Sir 26:18 Soos goue pilare op silwer voetstukke, so is mooi voete op vaste hakke. Sir 26:19 My seun, in die krag van jou jeug, hou jouself volkome en moenie jou krag aan verbasterdes gee nie. Sir 26:20 As jy 'n suiwer deel uit die hele veld gesoek het, saai jou eie saad en vertrou op jou eie ras. Sir 26:21 So sal jou vrugte rondom jou wees en in die vertroue op jou saadlyn sal hulle groot word. Sir 26:22 'n Gehuurde vrou word soos spuug gereken, maar 'n getroude vrou soos 'n toring van die Dood vir haar minnaars. Sir 26:23 'n Besoedelde vrou sal gegee word as deel van die onregverdige, maar 'n regverdige [vrou] sal gegee word aan hom wat JaHWeH vrees. Sir 26:24 'n Skaamtelose vrou verlustig haar in growwe oortredinge, maar 'n skaam dogter sal selfs voor haar man skaamte betoon. Sir 26:25 'n Koppige vrou sal gereken word soos 'n hond, maar 'n skaam dogter is een wat JaHWeH vrees. Sir 26:26 'n Vrou wat haar man eer, kom vir almal wys voor, maar sy wat [haar man] tot skande is, sal deur almal geken word as iemand wat wetteloos in [haar] trotsheid is. 'n Suiwer vrou - geseënd is haar eggenoot, want die getal van sy jare verdubbel. Die twis van 'n vrou in [haar] sagmoedigheid, soos brandende koors, so sal sy voorkom. Sir 26:27 'n Luidrugtige en spraaksame vrou word gereken soos 'n trompet wat [in] die oorlog verskrik, en die siel van elke sodanige man sal in die beroeringe van 'n oorlog die lewe deurbring. //Verskillende spreuke. Sir 26:28 OOR twee dinge is My Hart bedroef, en oor 'n derde ontvlam My toorn: 'n soldaat wat gebrek ly weens armoede, en manne van verstand as hulle hulself verneder, en een wat hom van Geregtigheid tot ongeregtigheid keer - mag JaHWeH hom vir die Swaard voorberei! Sir 26:29 Nouliks sal 'n handelaar homself weerhou van verkeerdheid, en 'n smous sal nie vrygespreek word van oortreding nie. Sir 27:1 TER wille van gewin het baie oortree, en hy wat soek om [sy besittings] te vermeerder, draai die oog weg. Sir 27:2 Tussen die voeg van klippe sit 'n tentpen vas, so dring oortreding homself in tussen koper en verkoper. Sir 27:3 As iemand nie vashou aan die Vrees van JaHWeH nie, dan word sy huis baie gou afgebreek. Sir 27:4 Wanneer 'n sif geskud word, bly die vuil [agter], so is dit met die vuil van 'n adamiet in sy spraak. Sir 27:5 Die vaatwerk van die pottebakker [dien] om [in] die smeltoond te brand, en soos hy word 'n man op Aarde van sy planne [getoets]. Sir 27:6 Ooreenkomstig die bearbeiding van die Boom is die vrugte, so is die gedagte ooreenkomstig 'n adamiet se persoonlikheid. Sir 27:7 Moenie iemand prys voor jy hom hoor praat nie, want so word 'n adamiet getoets. Sir 27:8 As jy Geregtigheid navolg, sal jy Haar vind en jy sal Haar aantrek soos 'n sierlike kleed. Sir 27:9 Elke voël woon by sy soort, so kom die Waarheid na hom wat Haar beoefen. Sir 27:10 Die leeu lê en wag vir die prooi, so ongeregtigheid vir hulle wat onreg doen. Sir 27:11 Die gesprek van die regverdige is voortdurende Wysheid, maar die dwaas verander soos die maan. Sir 27:12 Tussen dwase moet jy die tyd in ag neem, maar tussen verstandiges kan jy [blywend] gesels. Sir 27:13 Die gesprek van die dwase is afskuwelik, en hulle gelag is gekke oortreding. Sir 27:14 Die gesprek van hom wat die eed vermeerder, laat die hare regop staan, en hulle getwis laat iemand die ore toestop. Sir 27:15 Die getwis van die veragters [dien] om bloed te vergiet, en hulle twisgeding is sleg vir die gehoor. Sir 27:16 Hy wat 'n geheim openbaar, vernietig die vertroue en sal geen vriend vir homself vind nie. Sir 27:17 Wees lief vir 'n vriend en wees getrou aan hom, maar as jy sy geheim openbaar, moet jy nie agter hom aangaan nie, Sir 27:18 want soos 'n man sy vyand vernietig, so het jy die vriendskap van die vriend vernietig. Sir 27:19 En soos 'n voël wat jy uit jou hand weggestuur het, so het jy die vriend laat gaan en jy sal hom nie weer vind nie. Sir 27:20 Moenie agter hom aangaan nie, want hy het homself verwyder en het ontkom soos 'n bokkie uit die strik. Sir 27:21 Want 'n wond kan verbind word en [vir] 'n twisgeding is daar versoening, maar hy wat geheime openbaar, het die hoop vernietig. Sir 27:22 Hy wat die oog knip, is iemand wat kwaad berei, en hy wat hom ken, bly ver van hom af weg. Sir 27:23 Voor jou oë praat hy mooi, en oor jou woorde verwonder hy hom; later [egter] verander hy sy mond, en op jou woorde plaas hy 'n smet. Sir 27:24 Baie dinge haat Ek, maar niks [so erg] soos hy nie, en JaHWeH sal hom [ook] haat en hom vervloek. Sir 27:25 Hy wat 'n klip hoog opgooi, op sy hoof sal sy val, en 'n bedrieglike hou deel 'n wond uit. Sir 27:26 Hy wat 'n kuil grawe, sal in haar val, hy wat 'n strik stel, sal in hom gevang word. Sir 27:27 Hy wat in Dwaasheid verval, na hom toe sal sy terugkeer, en hy sal nie weet vanwaar sy oor hom gekom het nie. Sir 27:28 Spotlag en smaad is vir die trotse, en wraak, soos 'n leeu, lê vir hom en wag. Sir 27:29 In die strik word die gevang wat hulle verheug oor die val van die regverdige, en angs sal hulle verteer voor hulle dood. Sir 27:30 Gramskap en toorn - ook hierdie dinge is 'n gruwel, en 'n besoedelde is iemand wat dit aangryp. Sir 28:1 HY wat wraak neem, sal van JaHWeH wraak ondervind, en sy wetsoortreding sal Hy sekerlik [in gedagte] hou. [MattithJaHûW 5:44] Sir 28:2 Vergewe jou vriend die oortreding, en so, as jy bid, sal jou oortredinge vergewe word. Sir 28:3 As 'n adamiet 'n ergernis teenoor 'n medemens bewaar, sal hy van JaHWeH genesing soek? Sir 28:4 Oor 'n adamiet soos hy self, het hy geen Vrede nie, en sal hy oor sy eie oortredinge bid? Sir 28:5 Hy, as iemand van vlees, behou die gramskap, wie sal sy wetsverbreking vergewe? Sir 28:6 Dink aan die einde en weerhou jou van vyandskap, [dink aan] die vernietiging en die Dood en hou op om die Wet te oortree. Sir 28:7 Dink aan die Gebod en moenie vir jou naaste kwaad wees nie en [dink aan] die Verbond van die Hoogste El en verhef [haar] tot die graf toe. Sir 28:8 Bly ver weg van getwis en jy sal sonder oortreding wees, want 'n toornige man blaas die twis aan. Sir 28:9 En 'n besoedelde stook onrus onder vriende en tussen die vreedsames werp hy laster. Sir 28:10 Soos die hout is, so brand die vuur, en volgens die krag van die getwis sal dit vermeerder; volgens die mag van 'n mens is sy toorn, en ooreenkomstig sy rykdom verhef hy sy grimmigheid. Sir 28:11 Mastikgom en pik blaas 'n vuur aan, so veroorsaak 'n heftige getwis bloedvergieting. Sir 28:12 As jy die vonk aanblaas, sal hy brand, en as jy daarop spoeg, sal dit geblus word; en albei kom uit jou mond voort. //Die lasterlike tong. Sir 28:13 DIE huigelagtige is vervloek, want hy het baie wat in Vrede geleef het, vernietig. Sir 28:14 Die tong van die lasteraar het baie geskud en hulle onder baie nasies verstrooi, sy het selfs ontoeganklike stede vernietig en die huise van die edeles het sy verwoes. Sir 28:15 Die tong van die lasteraar het dapper vroue uitgedryf en hulle van hulle posisie beroof. Sir 28:16 Hy wat na haar luister, sal nie rus vind nie en sal nie in veiligheid woon nie. Sir 28:17 Die slag van die roede veroorsaak 'n kneusplek, maar die slag van die tong verbreek die gebeente. Sir 28:18 Baie het geval deur die skerpte van die swaard, maar [hulle is nie soveel] soos die wat verwond is deur die tong nie. Sir 28:19 Geseënd is die man wat teen haar beskut is, wat nie deur haar grimmigheid gaan nie. Geseënd is hy wat haar juk nie dra nie en wat deur haar bande nie gebind is nie. Sir 28:20 Want haar juk is 'n juk van yster, en haar bande is bande van koper. Sir 28:21 'n Slegte dood is sy dood, en die Doderyk/Sheol is beter as hy. Sir 28:22 Sy kan die regverdiges [egter] nie aangryp nie, en in haar vlam sal hulle nie brand nie. Sir 28:23 Hulle wat JaHWeH verlaat, sal in haar val, en sy sal onder hulle brand en nie geblus word nie; sy sal onder hulle gestuur word soos 'n leeu, en soos 'n luiperd sal sy hulle vernietig. Sir 28:24 Kyk, soos jy jou Wingerd met dorings omhein, en jou silwer en jou goud in 'n beurs verseël is, Sir 28:25 maak so vir jou woorde 'n weegskaal en 'n gewig en maak vir jou mond deure en 'n grendel. Sir 28:26 Neem jouself in ag dat jy nie deur haar (die tong) struikel en voor hom val wat 'n hinderlaag stel nie. //Oor leen en borgstaan. Sir 29:1 HÝ handel vroom wat aan sy naaste leen, en hy wat hom 'n hand gee, bewaar die Gebod. Sir 29:2 Leen aan jou naaste in die tyd van sy nood en betaal jou naaste sekerlik op die vasgestelde tyd. Sir 29:3 Bevestig die Woord en hou aan Hom vas en by elke geleentheid sal jy vind wat jy nodig het. Sir 29:4 Baie wat leen, het geleen sonder om terug te gee en belas die wat aan hulle geleen het. Sir 29:5 Die tyd wanneer hy ontvang, soen hy sy hand, en oor die vermoë van sy naaste spreek hy ootmoedig; maar wanneer hy moet teruggee, verleng hy die vasgestelde tyd en voeg hy woorde wat verdriet veroorsaak toe en het hy tyd vir beskuldiging. Sir 29:6 As hy by magte is [om terug te betaal] sal hy nouliks die helfte byeenbring, en [die ander] sal hy reken as buit; en as hy nie [in staat is nie] sal hy hom van sy besittings beroof, en hom onnodig vir homself tot 'n vyand maak. Met vloeke en twiste betaal hy hom, en in die plek van eer kom skande. Sir 29:7 Baie het hulle weerhou [om uit te leen] weens die kwelling, [want] hulle was bevrees om onnodig beroof te word. Sir 29:8 Maar wees lankmoedig teenoor die arme en verleng in regverdigheid [die tyd van terugbetaling] vir hom. Sir 29:9 Help die behoeftige ter wille van die Gebod en volgens sy nood, moenie hom leeg laat teruggaan nie. Sir 29:10 Verloor [liewer] silwer ter wille van 'n broer of vriend en laat dit nie roes onder 'n klip tot vernietiging nie. Sir 29:11 Stel jou vermoë volgens die Gebooie van JaHWeH, en sy sal jou bevoordeel meer as goud. Sir 29:12 Sluit aalmoese op in jou skatkamers, en sy sal jou verlos van alle kwaad. Sir 29:13 Beter as 'n kragtige skild en 'n sterk spies sal sy vir jou teen 'n vyand veg. Sir 29:14 'n Suiwer man verseker 'n vriend, maar een wat skaamte vernietig, sal hom verlaat. Sir 29:15 Die Suiwerheid van die Een wat borgstaan moet jy nie vergeet nie, want Hy het Sy lewe vir jou gegee. Sir 29:16 Die wettelose stoot die betekenis van borgstaan weg, Sir 29:17 en die slegte man verlaat sy Verlosser deur sy houding. Sir 29:18 Borgstaan het baie vernietig wat ryk geag is en het hulle rondgeslinger soos golwe van die see. Magtige manne is weggevoer, en is daardeur weggedryf onder verbasterde nasies. Sir 29:19 Die wettelose sal val as hy borgstaan, en sy gejaag na wins sal hom in 'n regsgeding laat beland. Sir 29:20 Help jou naaste volgens jou vermoë en bewaar jouself dat jy nie val nie. //Oor die lewe in die vreemde. Sir 29:21 DIE belangrikste vir die lewe van 'n adamiet is brood en water en 'n kleed en 'n huis wat die privaatheid bedek. Sir 29:22 Liewer die lewe van 'n arme onder die skaduwee van sy eie dak, as geurige voedsel in 'n ander se huis. Sir 29:23 Met weinig of met baie, wees tevrede en die smaad van jou huis sal jy nie hoor nie. Sir 29:24 Dit is 'n slegte lewe om van huis tot huis [te gaan], en wanneer jy as vreemde vertoef, moet jy die mond nie oopmaak nie. Sir 29:25 Jy sal onthaal en feesvier sonder dank, en behalwe hierdie sal jy bittere woorde hoor. Sir 29:26 Kom hierheen, reisiger, berei [My] tafel, en as daar iets in jou hand is, voed My [daarmee]. Sir 29:27 Vertrek, reisiger, van die aangesig van eer, want My broer het gekom as gas, en Ek het die huis nodig. Sir 29:28 Die dinge is moeilik vir 'n verstandige man: berisping oor die huis en die smaad van iemand wat leen. //Oor die opvoeding van kinders. Sir 30:1 HY wat sy seun liefhet, sal voortgaan met sy slae dat hy hom mag verheug oor sy einde. Sir 30:2 Hy wat sy seun tugtig, sal 'n plesier in hom hê, en tussen die bekendes sal hy 'n welgevalle in hom hê. Sir 30:3 Hy wat sy seun leer, maak die vyand jaloers en voor die oë van 'n vriend sal hy oor hom juig. Sir 30:4 As sy vader sterwe, sterf hy nie geheel en al nie, want hy het iemand soos hyself agtergelaat. Sir 30:5 In sy lewe het hy gesien en hom verbly, en in sy dood is daar vir hom geen verlange nie. Sir 30:6 Vir die vyande het hy 'n wreker nagelaat en vir die vriende iemand wat guns vergoed. Sir 30:7 Hy wat sy seun vertroetel, sal sy wonde verbind, en by elke geskreeu sal sy binneste bewe. Sir 30:8 'n Perd wat nie geleer is nie, word koppig, en 'n seun wat aan homself oorgelaat is, word opstandig. Sir 30:9 Bederf jou seun, en hy sal jou verskrik, gee toe aan hom, en hy sal jou smart aandoen. Sir 30:10 Wees nie ligsinnig met hom dat hy jou nie verkleineer en maak dat jy aan die einde op jou tande kners nie. Sir 30:11 Laat hom nie heerskappy hê in sy jeug en moenie sy stoutighede oorsien nie. Sir 30:12 Verpletter sy lendene terwyl hy nog jonk is; buig sy hoof in sy jeug en slaan sy lendene terwyl hy nog klein is, anders sal hy koppig en ongehoorsaam word en jou hart verbitter. Sir 30:13 Tugtig jou seun en maak sy juk swaar dat hy hom nie in sy dwaasheid teen jou verhef nie. //Oor gesondheid. Sir 30:14 Beter is iemand wat arm maar gesond in sy gebeente is, as iemand wat ryk is, maar in sy vlees aangetas. Sir 30:15 Gesondheid en sterkte het Ek begeer meer as fyn goud, en 'n opgewekte gees meer as pêrels. Sir 30:16 Daar is geen rykdom bo die rykdom van 'n gesonde liggaam nie, en daar is geen goed wat beter is as 'n suiwer gesindheid nie. Sir 30:17 Dit is beter om te sterwe as om 'n ydele lewe te hê, en ewige rus as 'n voortdurende pyn. Dit is beter om te sterwe as om 'n slegte lewe te lei, en om na die Doderyk/Sheol af te daal as 'n blywende pyn. Sir 30:18 Lekkernye wat uitgegiet word op 'n toe mond, is soos stukke vleis wat op 'n graf neergelê word. Sir 30:19 Hoe kan die vleis die idole van die nasies baat, terwyl hulle nie kan eet en kan ruik nie? So is hy vir wie daar rykdom is, en hy is nie in staat om van sy vermoë te geniet nie. Sir 30:20 Soos 'n ontmande 'n maagd omhels en sug, so is hy wat noodgedwonge die Reg doen. Sir 30:21 Moenie jouself aan besorgdheid oorgee nie en moenie struikel in jou wetsoortreding nie. Sir 30:22 Vreugde van die hart is die lewe van 'n man, en die blydskap van 'n adamiet verleng sy dae. Sir 30:23 Oorreed jouself en streel jou hart en laat toorn ver van jou af wees; want besorgdheid het baie verslaan, en daar is geen wins in toorn nie. Sir 30:24 Naywer en besorgdheid verkort die dae, en onrus maak ontydig oud. Sir 30:25 Die slaap van die geruste hart is soos lekkernye, en sy voedsel akkordeer met hom. //Oor armoede en rykdom. Sir 31:1 WAAKSAME sorg oor rykdom laat jou gewig verloor, en besorgd-heid oor die lewensonderhoud verdryf die slaap. Sir 31:2 Besorgdheid oor die lewensonderhoud verhoed die slaap, net soos wat ernstige siekte die slaap verdryf. [Belediging jaag 'n getroue vriend op die vlug, maar hy wat 'n geheim verberg, is een wat hom soos sy siel liefhet.] Sir 31:3 Die moeite van 'n ryke is om besittings te versamel, en as hy rus, is dit om deel te neem aan plesier. Sir 31:4 Die arme swoeg ter wille van die behoefte van sy huis, en as hy rus, word hy behoeftig. Sir 31:5 Hy wat goud najaag, sal nie ongestraf bly nie, en hy wat omkopery liefhet, sal genoeg daarvan kry. Sir 31:6 Baie is daar wat hulle aan goud verbind het en hulle vertroue op korale gestel het. En hulle het nie gevind hoe om van die kwaad verlos te word en ook om in die dag van Grimmigheid gered te word nie. Sir 31:7 Want 'n struikelblok is hy vir die dwaas, en elkeen wat dwaas handel, word in hom verstrik. Sir 31:8 Geseënd is die man wat volkome gevind word, en hy wat nie agter Mammon aan verdwaal raak nie. Sir 31:9 Wie is hy? dat Ons hom geseënd mag ag, want hy het wonderbaarlik gehandel onder sy volk. Sir 31:10 Wie is hy wat verkleef is daaraan en wat tog volkome gebly het - dit sal vir hom 'n sieraad wees. Want as die Vrede van sy lewe vermeerder, sal Ek vir jou 'n versiering wees. Wie het dit geseën en sy lewe volkome gemaak? Dit is vir jou tot sieraad. Wie is in staat om te verdwyn en verdwyn nie; en om kwaad te doen en doen dit nie? Sir 31:11 Daarom sal sy voorspoed bestendig wees, en die vergadering sal sy lof verkondig. //Onderrig aangaande brood en wyn tesame. Sir 31:12 MY seun, as jy aan die tafel van 'n groot man sit, moenie jou keel daaroor heen oopmaak nie, moenie sê nie: Daarop is oorvloed! Sir 31:13 Onthou dat 'n besoedelde oog 'n slegte ding is; Elohim haat die man met 'n besoedelde oog en het niks slegter as dit geskape nie. Want oor elke ding traan die oog, en van die gesig maak dit trane. Daar is niks meer besoedel as die oog toebedeel nie, daarom neem sy lewenskrag weens al die dinge af. Sir 31:14 Moenie die hand uitsteek na die plek waarheen hy [die gasheer] kyk nie en moenie teen hom stamp in die mandjie nie. Sir 31:15 Wees bedagsaam teenoor jou naaste soos teenoor jouself, en wees verstandig ten opsigte van alles waarvan jy nie hou nie. Sir 31:16 Sit aan soos 'n man wat uitgekies is en moenie [gulsig op die ete] afpyl, dat jy nie verwerplik word nie. Weet dat jou naaste soos jyself is en eet soos 'n man dit wat voor jou geplaas is; en moenie gulsig wees dat jy nie verwerp word nie. Sir 31:17 Hou die eerste op ter wille van goeie maniere en moenie gulsig sluk dat jy nie verwerp word nie. Sir 31:18 En ook as jy tussen baie sit, moenie jou hand voor 'n naaste [verby]steek nie. Sir 31:19 Is 'n weinig nie genoeg vir 'n verstandige man nie, en op sy bed hoef hy nie te kreun nie. Pyn en slapeloosheid en kwelling en innerlike ongesteldheid en afskeiding van die liggaam is die deel van 'n dwase man. Sir 31:20 Gesonde slaap is die gevolg van beskeie eetgewoontes, en wanneer jy in die môre opstaan, is jou gees opgewek. Sir 31:21 En selfs as jy beswaard voel weens die lekkernye, hou aan met hoop en jy sal rus hê. Wees in alles wat jy doen versigtig, en geen rampe sal jou tref nie. Sir 31:22 Luister, My seun, en moenie My verag nie, want aan die einde sal jy My woord verstaan. Luister, My seun, en neem My Tug aan en moet My nie bespot nie, want aan die einde sal jy My woorde vind. Sir 31:23 Hy wat goedhartig is oor brood sal die lip seën, die getuienis van sy goedheid is blywend. Sir 31:24 Hy wat sleg is oor brood, sal gesteur word in die poort, die kennis aangaande sy slegtigheid is [ook] blywend. Sir 31:25 En ook in verband met wyn, moenie jouself onverskrokke betoon nie, want wyn het baie laat struikel. Sir 31:26 Soos die oond die werk van die smid beproef, so is die wyn vir die getwis van die spotters. Die verstandige toets werk deur werk, so is sterk drank vir die twisgeding van die spotters. Sir 31:27 Wyn is lewe vir 'n adamiet as hy dit volgens sy maat drink. Watter lewe het iemand wat gebrek het aan wyn, terwyl die van die begin af ter wille van die Vreugde gemaak is? Sir 31:28 Blydskap van hart en vreugde en genot is wyn as dit gedrink word op sy tyd en binne sy maat. Sir 31:29 Hoofpyn, bespotting en skande is wyn wat gedrink word in rusie en kwelling. Sir 31:30 Dronkenskap is vir die dwaas 'n strik, dit verminder die krag en vermeerder die wonde. Sir 31:31 Op 'n wynfees, moenie 'n vriend bestraf nie en moenie hom beskaamd maak in sy vreugde nie: 'n beledigende woord moet jy hom nie toevoeg en hom voor [ander] manne seermaak nie. //Oor die gedrag by 'n eetmaal. Sir 32:1 AS jy aangestel is as seremonie-meester, moenie jouself verhef nie en moenie aan die hoof van die rykes sit nie. Wees vir hulle soos een van hulle; sorg vir hulle en neem daarna jou plek in. Sir 32:2 Voorsien in hulle behoefte en vly jou dan neer; dat jy jouself mag verheug in hulle eer en dat jy oor die hulpvaardigheid waardering mag ontvang. Sir 32:3 Vertel, o grysaard, want dit is jou voorreg, maar wees taktvol met verstandigheid en moenie [deur jou gepraat] sang verhinder nie. Sir 32:4 In die plek van wyn moet jy nie geselskap uitgiet nie, en moenie geselskap uitgiet in die plek van 'n psalm nie, en moenie ontydig jouself wys betoon nie. Sir 32:5 Soos 'n robyn-borsplaat op 'n goue versiersel, is 'n sangkonsert op 'n wynfees. Soos 'n goue halsketting met 'n turkoois en saffier daarin, so is aangename en uitstekende woorde op 'n wynfees. Sir 32:6 Vullings van fyn goud en 'n Seël van karbonkel is die melodie van 'n psalm by genotvolle wyn. Sir 32:7 Spreek, jongman, as dit vir jou nodig is, as hulle jou twee of drie keer gevra het. Sir 32:8 Voltooi wat jy wil sê en sê baie in enkele woorde en wees soos een wat weet en wat terselfdertyd hom stil hou. Sir 32:9 Moenie jouself tussen die oues verhef nie, en jy moet jou nie daarop toelê om vorste weg te stoot nie. Sir 32:10 Voor die hael flits die weerlig, en voor die berou lig die barmhartigheid. Sir 32:11 Moenie op die aangewese tyd te laat wees nie, vertrek na jou huis en maak die welgevalle volkome. Moenie aan die tafel woorde vermenigvuldig nie, maar as iets in jou hart opkom, spreek [dan]. Sir 32:12 Vertrek na jou huis en volbring [jou] wil in die Vrees van JaHWeH en nie in dwaasheid nie. Sir 32:13 En oor al hierdie dinge loof jou Maker wat jou versadig met Sy Suiwerheid. //Die wyse en die spotter. Sir 32:14 HY wat JaHWeH soek, neem Tug aan, en hy wat Hom naarstig soek, sal 'n antwoord verkry. Hy wat die dinge soek wat aan JaHWeH welgevallig is, neem Onderrig aan, en Hy sal hom antwoord op sy gebed. Sir 32:15 Hy wat die Wet soek, sal haar bekom, maar die tweegesig word in haar verstrik. Sir 32:16 Hy wat JaHWeH vrees, onderskei die Reg en bring die Reg in die Lig. [Hulle wat JaHWeH vrees, onderskei sy Reg en laat baie wyshede uit hulle hart uit voortkom.] Sir 32:17 'n Dwase man wys Tugtiging af, en verdraai die Wet volgens sy behoefte. Sir 32:18 'n Wyse man sal nie teregwysing negeer nie, maar 'n trotse en parmantige man laat hom deur niemand lei nie. 'n Wyse man neem nie 'n omkoopgeskenk aan nie, die vermetele en die spotter [egter] hou nie die Wet nie. Sir 32:19 Sonder advies moet jy niks onderneem nie, en ná jou werke moet jy nie berou hê nie. Sir 32:20 Op 'n pad van strikke moet jy nie gaan nie en moenie oor 'n struikelblok struikel nie. Sir 32:21 Moenie vertrou op 'n weg van rowery nie, Sir 32:22 en in jou einde, bewaar jouself. Moenie vertrou op die weg van die besoedeldes nie, en op jou paaie, wees op jou hoede. Bewaar jouself in al jou weë, want elkeen wat hierdie dinge doen, hou die Gebod. Sir 32:23 Bewaar jouself in al jou werke, want hy wat dit doen, hou die Gebod. Sir 32:24 Hy wat in JaHWeH glo, sal die Gebooie onderhou, en hy wat op HOM vertrou, sal nie beskaamd staan nie. Sir 33:1 HY wat JaHWeH vrees, besoedeling sal hom nie tref nie, selfs in versoeking, sal hy weer verlos word. Sir 33:2 Hy wat die Wet haat, is nie wys nie en word rondgeslinger soos ['n skip in die storm]. Sir 33:3 'n Verstandige man onderskei die Woord, en Sy Wet is betroubaar vir hom soos die Urim. Sir 33:4 Oordink jou woorde en daarna kan jy praat, bind Onderrig saam en antwoord dan. Sir 33:5 Soos 'n wiel van 'n kar is die hart van 'n dwaas, en sy gedagtes soos 'n wielvelling. Sir 33:6 Soos 'n bronstige hings is iemand wat 'n vyand liefhet, onder elke ruiter sal hy runnik. //Regverdiging van die bestiering van Elohim. Sir 33:7 WAAROM is die een dag onderskeie van die ander, wanneer die hele lig van die jaar van die son is? Sir 33:8 Deur die Wysheid van JaHWeH is hulle so verorden, en daar is uit hulle seisoene en feestye. Sir 33:9 Sommige het HY geseën en dit apart gestel, en ander het HY gestel tot gewone dae. Sir 33:10 En ook die adamiet is 'n vaatwerk van klei, en uit stof is Adam geformeer. Sir 33:11 Deur Kennis onderskei JaHWeH hulle, en HY verdeel hulle en HY wend hulle weë. Sir 33:12 Sommige seën en verhoog HY, en ander stel HY apart en laat HY tot HOM nader kom; sommige vervloek HY en bring hulle tot 'n val en HY dryf hulle weg van hul arbeid. Sir 33:13 Soos klei in die hand van die pottebakker om dit te vorm volgens [sy] welgevalle, so is die adamiet in die Hand van sy MAKER om hom te stel ooreenkomstig sy Verordening. Sir 33:14 Teenoor die besoedeling staan die suiwere, en teenoor die lewe staan die dood, teenoor die regverdige man staan die onregverdige, [en teenoor die Lig staan Duisternis]. Sir 33:15 Aanskou al die werke van die Almagtige, hulle almal is verskillend, die een is die teenoorgestelde van die ander. Sir 33:16 Ook Ek het agterna wakker geword, en soos een wat bymekaarmaak agter die druiweversamelaars aan. Deur die seën van JaHWeH het ook Ek vooruit gegaan, en soos die druiweversamelaar het Ek die wynpers volgemaak. Sir 33:17 Bemerk dat Ek nie vir My alleen gearbei het nie, maar vir almal wat die onderrig soek. Sir 33:18 Luister na My, vorste van 'n groot volk, en owerstes van die vergadering, neig julle ore. //Wees meester in jou huis! Sir 33:19 'N SEUN of vrou, 'n geliefde of vriend moet jy nie laat heers tydens jou lewe nie. Sir 33:20 Solank as wat jy lewe en asem in jou het, moet jy geen skepsel mag oor jou gee nie. Moenie wat aan jou behoort, aan 'n ander gee nie, anders sal jy moet terugkeer om weer van hom te bedel. Sir 33:21 Want dit is beter dat jou kinders van jou sal vra, as dat jy moet kyk na die hande van jou kinders. Sir 33:22 In al jou werke, bly bobaas en moenie 'n smet op jou eer laat kom nie. Sir 33:23 Wanneer die getal van jou dae min geword het, op die dag van dood, verdeel die erfenis. Sir 33:24 Voer en 'n stok en 'n vrag vir die esel, brood en arbeid vir die dienskneg? Sir 33:25 Laat jou dienskneg werk en laat hom nie rus soek nie, want as hy sy hoof optel, sal hy jou bedrieg, Sir 33:27 Laat jou dienskneg werk dat hy nie opstandig word nie, want werkloosheid vermeerder die kwaad. Sir 33:26 Die juk en die stroppe hou hom in bedwang, vir 'n slegte dienskneg [is daar] stokke en slae. Sir 33:28 Wys hom 'n taak aan wat geskik is vir hom, en as hy nie luister nie, vermeerder sy bande. Sir 33:29 Maar moenie te hoë eise aan enige mens stel nie, en sonder Reg moet jy niks doen nie. Sir 33:30 Het jy slegs een dienskneg, laat hom soos jouself wees, want jy is persoonlik van hom afhanklik. Sir 33:31 Het jy een dienskneg, reken hom soos 'n broer en moenie jaloers wees oor jou lewensbloed nie. Sir 33:32 Want as jy hom verneder, en hy gaan weg en raak verlore, langs watter weg sal jy hom soek? //Oor die ydelheid van drome en voorgevoelens. Sir 34:1 AS jy ydelheid soek, sal jou verwagting vals wees, en drome bring dwase voort. Sir 34:2 Soos een wat na 'n skaduwee gryp en wind najaag, so is hy wat op drome vertrou. Sir 34:3 Die een is soos die ander, spieël en droom, voor 'n gesig is die gelykenis van 'n gesig. Sir 34:4 Van die besoedelde, wat kan skoon wees, en van die valse, wat kan waar wees? Sir 34:5 Voorgevoelens en voorseggings en drome, ydelheid is hulle, want soos jy hoop, so sien jou hart. Sir 34:6 As dit nie deur die Hoogste El gestuur is nie, moet jy nie jou hart op die dinge stel nie. Sir 34:7 Want drome het baie laat dwaal, en hulle wat hulle vertroue daarop gestel het, het gestruikel. Sir 34:8 Sonder geveinsdheid moet jy die Wet volbring, en Wysheid is volkome vir die betroubare mond. Sir 34:9 'n Gestudeerde man weet baie, en 'n geletterde man bring verstandigheid voort. Sir 34:10 Hy wat onervare is, weet min, Sir 34:11 maar hy wat ondervinding opgedoen het, is baie skrander. Sir 34:12 Ek het baie gesien op My reise, en baie dinge het Ek teëgekom. Sir 34:13 Baie keer was Ek tot die dood toe aan gevaar blootgestel, maar Ek is gered deur hierdie dinge. Sir 34:14 Die gees van hulle wat JaHWeH vrees, bly omsigtig, Sir 34:15 want hulle hoop is op Hom wat hulle verlos. Sir 34:16 Hy wat JaHWeH vrees, is nie bevrees nie en hy staan nie beskaam nie, want Hy is sy hoop. Sir 34:17 Geseënd is die siel van hom wat JaHWeH vrees, Sir 34:18 op wie sal hy vertrou en wie is sy steun? Sir 34:19 Die Oë van JaHWeH is op hulle wat Hom liefhet, 'n sterk Skild en 'n kragtige steun, 'n skuilplek teen die versengende oostewind en 'n skuiling teen die middaghitte, 'n wagpos teen struikeling en 'n hulp vir hom wat val, Sir 34:20 een wat die siel verhef en die oë verlig, wat gesondheid en lewe en seën gee! //Oor aanbiedinge. Sir 34:21 DIE aanbieding van 'n verdrukker is 'n aanbieding van onreg, Sir 34:22 so is die aanbieding van die wettelose nie welgevallig nie. Sir 34:23 JaHWeH het geen behae in die aanbiedinge van die wetsverbrekers nie, en deur die menigte van die aanbiedinge word ongeregtigheid nie versoen nie. Sir 34:24 Soos een wat die seun voor sy vader doodmaak, so is hy wat van die besittings van die arme as 'n aanbieding bring. Sir 34:25 Broodsgebrek is die lewe van die arme, hy wat hom verdruk, is iemand wat bloed vergiet. Sir 34:26 Hy wat die lewensonderhoud neem, bring die naaste om die lewe, Sir 34:27 en 'n bloedvergieter is hy wat die huurling van sy loon beroof. Sir 34:28 Een bou, en 'n ander breek af, wat baat dit hulle behalwe moeite? Sir 34:29 Een seën, en 'n ander vloek, na watter stem sal JaHWeH luister? Sir 34:30 Hy wat hom was [na aanraking] met 'n dooie en dit weer aanraak, wat het sy bad hom gebaat? Sir 34:31 So is 'n man wat vas oor sy oortredinge en hy gaan weer en doen dieselfde dinge - wie sal na sy gebed luister? En wat het sy verootmoediging hom gebaat? Sir 35:1 HY wat die Wet hou, vermenigvuldig die aanbiedinge, Sir 35:2 hy wat die Gebod bewaar bring 'n Vrede-aanbieding. Sir 35:3 Hy wat goedheid vergoed, is een wat fynmeel aanbied, Sir 35:4 en hy wat wetsgehoorsaam is, is een wat dank aanbied. Sir 35:5 Dit is JaHWeH welgevallig as iemand afwyk van die kwaad, en [Hy skenk] vergiffenis as iemand onreg vermy. Sir 35:6 Moenie voor die Aangesig van JaHWeH met leë hande verskyn nie, Sir 35:7 want al hierdie dinge is deur die Gebod. Sir 35:8 'n Aanbieding van Geregtigheid maak die altaar vet, en sy aangename reuk is voor die Aangesig van JaHWeH. Sir 35:9 Die spysbydrae van 'n regverdige man is welgevallig, en sy gedagtenis sal nie vergeet word nie. Sir 35:10 Loof en prys JaHWeH met 'n suiwer oog en moenie die aanbieding van jou hand verminder nie. Sir 35:11 Laat die gesig in al jou werke straal en wy die tiende met Vreugde. Sir 35:12 Gee aan Hom soos Sy geskenk is vir jou, met 'n suiwer oog en volgens wat jou hand verwerf het. Sir 35:13 Want JaHWeH vergoed en sewevoudig gee Hy aan jou terug. Sir 35:14 Moenie [probeer] omkoop nie, want Hy sal dit nie aanneem nie, Sir 35:15 en moenie vertrou op 'n slagdier van verdrukking nie, want JaHWeH is Regter, en daar is by Hom geen partydigheid nie. Sir 35:16 Hy betoon geen partydigheid teenoor die arme nie, en die smeekbedes van die verdrukte hoor Hy. Sir 35:17 Hy verontagsaam nie die geroep van die wese of van die weduwee wanneer sy die klag vermenigvuldig nie. Sir 35:18 Kruip 'n traan nie oor die wang, Sir 35:19 en 'n gesug teen hom wat haar verneder nie? Sir 35:20 'n Bittere begeerte is sodanige gesug, en sodanige geroep buig die wolke. Sir 35:21 Die noodgeroep van die arme trek deur die Wolkkolom en rus nie totdat dit [die doel] bereik het nie. Dit sal nie verdwyn totdat Elohim besoeking gedoen het Sir 35:22 en totdat die regverdige Regter Reg gedoen het nie. Ja, Elohim sal nie vertoef nie, en soos 'n dappere sal Hy Homself nie bedwing totdat hy die lendene van die wreedaard verpletter, Sir 35:23 en aan die nasies wraak vergeld het nie; totdat Hy die septer van trotsheid verwyder en die staf van ongeregtigheid volkome afgesny het nie; Sir 35:24 totdat Hy aan die mens sy daad vergeld en die mens ooreenkomstig Sy oogmerk vergeld het nie; Sir 35:25 totdat Hy die twissaak van Sy volk gevoer, en hulle blydskap in Sy Verlossing is nie. Sir 35:26 Goed is Sy Guns in 'n tyd van verdrukking, soos 'n reënwolk in 'n tyd van droogte. //Gebed vir die Verlossing van JisraEl. Sir 36:1 WEES barmhartig op Ons, O JaHWeH, Ons Elohey en aanskou Ons, Sir 36:2 en stel U skrik op al die nasies; Sir 36:3 swaai [U hand] oor die vermengde volk dat hulle U Sterkte mag sien; Sir 36:4 soos U Uself voor hulle oë onder Ons verhoog het, verglans Uself so voor Ons oë onder Ons, Sir 36:5 dat hulle mag weet, soos Ons weet, dat daar geen Elohim is behalwe U nie. Sir 36:6 Vernuwe die tekens en herhaal die wonders, verglans die Hand en versterk die Arm en die Regterhand. Sir 36:7 Wek die Toorn op, giet uit U Woede, en verneder die verdrukker en werp die vyand uit. Sir 36:8 Verhaas die einde en bepaal die tyd, want wie sal aan U sê: Wat maak U? Sir 36:9 Mag die wat ontsnap, in vuurgloed verteer word, en mag hulle wat U volk kwel, ondergang vind. Sir 36:10 Vernietig die hoof: die slape van Moab, van hom wat sê: Daar is niemand behalwe ek nie! Sir 36:11 Vergader al die stamme van Jakob dat hulle hul Erfdeel mag ontvang soos in die dae van ouds. Sir 36:12 O JaHWeH, ontferm U oor die volk wat met U Naam genoem word, oor JisraEl, hulle wat U as eersgeborene genoem het. [JeHôWganan 3:18] Sir 36:13 Ontferm U oor U Stad van Apartheid, Jerusalem, die plek van U verblyf. Sir 36:14 Vervul Sion met Majesteit en U Tempel met U Glansrykheid. Sir 36:15 Gee getuienis aangaande die eerste van U werke en bevestig die gesig wat in U Naam gespreek is. Sir 36:16 Gee beloning aan hulle wat op U hoop dat U Profete hulleself trou mag betoon. Sir 36:17 O JaHWeH, U sal die gebed van U knegte hoor, ooreenkomstig U welgevalle oor U volk: dat al die eindes van die Aarde mag weet dat U JaHWeH, die ewige El is. [Génesis 21:33] //Onderskeiding tussen goed en kwaad. Sir 36:18 ALLE voedsel eet die keel, tog is daar voedsel wat lekkerder is as ander voedsel. Sir 36:19 Die verhemelte proe die lekkernye wat gegee word, en die verstandige hart die lekkernye van valsheid. Sir 36:20 'n Arglistige hart veroorsaak smart, maar 'n man van ondervinding weer dit van hom af. Sir 36:21 'n Vrou sal elke man ontvang, tog is die een vrou aanvalliger as die ander. Sir 36:22 Die skoonheid van 'n vrou verhelder die aangesig en dit oortref elke begeerlike ding wat die oog sien. Sir 36:23 En as sy ook nog 'n strelende tong het, is haar man nie meer geseënd as ander seuns van die Adam nie? Sir 36:24 Verkry 'n vrou as die voortreflikste besitting, 'n hulp en 'n vesting en 'n steunpilaar! Sir 36:25 Sonder 'n heining word die Wingerd deur brand verwoes, en sonder 'n vrou [is 'n man] 'n swerwer en 'n doellose. Sir 36:26 Wie vertrou op 'n gewapende bende wat van die een stad na die ander snel? So is die man wat geen nes het nie, wat rus net waar dit aand word. Sir 37:1 ELKE vriend sê: "Ek het lief" maar daar is 'n vriend wat slegs 'n vriend in naam is. Sir 37:2 Is daar nie 'n droefheid wat naby aan Dood kom nie? - 'n boesemvriend wat in 'n vyand verander het. Sir 37:3 Wee die slegte man wat sê: "Waarom is ek so geformeer?" om die aangesig van die wêreld met bedrog te vervul. Sir 37:4 Besoedel is die vriend wat [iemand se] tafel aanskou, [maar] in die tyd van nood opsy staan. Sir 37:5 'n Suiwer vriend stry met die vyand, en teen die teëstanders hou hy die skild. Sir 37:6 Moenie 'n metgesel in die stryd vergeet nie en moet hom nie verlaat as jy buit maak nie, Sir 37:7 Elke raadgewer wuif die hand, tog is daar 'n raadgewer [wat] die weg na spot [aanwys]. Sir 37:8 Bewaar jouself van 'n raadgewer en weet vooraf wat sy behoefte is; want ook hy sal homself raadpleeg: Waarom sal dit na hom toe val? Sir 37:9 En hy sal vir jou sê: Hoe goed is jou saak! Dan sal hy opsy staan om jou armoede te aanskou. Sir 37:10 Moenie raad inwin by hulle wat teenoor jou staan nie, en verberg jou raad van hom wat naywerig is. Sir 37:11 Met 'n vrou oor haar mededingster, en van 'n stryder oor sy oorlog, met 'n handelaar oor besigheid, en met 'n koper oor verkoop; met 'n slegte man oor liefdadigheid, en 'n wreedaard oor die welvaart van die skepsel; [met] die swak werker oor sy werk, die onbetroubare wagter oor die uitlewering van die kwade; met die lui dienskneg oor baie werk - moenie op hierdie mense vir enige raad vertrou nie; Sir 37:12 maar eerder op dié van iemand wat voortdurend vrees, van wie jy weet dat hy die Gebod hou; wie se hart soos jou hart is, wat as jy struikel, hom na jou toe uitstrek. Sir 37:13 En neem ook kennis van die raad van [jou eie] hart, want jy het niemand wat trouer aan jouself is as sy nie. Sir 37:14 Die verstand van 'n adamiet wil aan hom meer bekend maak as sewe wagters op die wagpos. Sir 37:15 Maar met al hierdie dinge, bid tot JaHWeH dat Hy jou voetstap in die Waarheid mag vasmaak. //Ware en valse wysheid. Sir 37:16 BEREDENEER die begin van elke daad, en hou raad voor elke aksie. Sir 37:17 Selfbeheersing verander die planne van die hart en Sir 37:18 vier takke spruit uit: goed en kwaad en lewe en dood; maar die tong heers volkome oor hulle. Sir 37:19 Daar is 'n wyse man wat vir baie wys is, maar vir homself is hy 'n dwaas. Sir 37:20 En daar is 'n wyse wat vanweë sy woord verwerp word en wat van alle genietinge afgesny word. Sir 37:21 Om guns te wen is nie deur JaHWeH aan hom gegee nie, en hy ontneem homself alle eer. Sir 37:22 En daar is 'n wyse wat vir homself wys is, die vrug van sy kennis is in sy mond. Sir 37:23 En daar is 'n wyse wat wys is vir sy volk, die vrug van sy kennis is in hulle mond. Sir 37:25 Die lewe van 'n man is 'n getal dae, maar die lewe van Jesurun [JisraEl] is ontelbare dae. Sir 37:24 Hy wat wys is vir homself, sal hom met genietinge versadig, en almal wat hom sien, sal hom geseënd ag. Sir 37:26 Hy wat wys is vir sy volk, verkry eer, en sy naam bly tot in die Ewige Lewe. //Oor siekte en die geneesheer. Sir 37:27 MY seun, in jou lewe beproef jou gestel, en sien toe dat jy wat vir hom sleg is, nie vir hom gee nie. Sir 37:28 Want nie alles is vir almal goed nie, nie elke gestel maak 'n keuse van elke voedsel nie. Sir 37:29 Moenie jouself aan elke plesier gee nie, en moenie jouself stort op alle lekkernye nie; Sir 37:30 want in die veelheid van plesier skuil siekte, en die buitensporigheid lei tot walging. Sir 37:31 Deur gebrek aan bestraffing het baie gesterf en bedwelmd geraak, maar hy wat homself oppas, verleng die lewe. //Oor die geneesheer. Sir 38:1 BEHANDEL die geneesheer vriendskaplik ter wille van die behoefte aan hom, ook hom het JaHWeH verorden. Sir 38:2 Van Elohim verkry die geneesheer Wysheid, en van die koning ontvang hy geskenke. Sir 38:3 Die kennis van die geneesheer verhef sy hoof, en voor edeles stel hy homself. Sir 38:4 JaHWeH het uit die Aarde medisyne laat voortkom, en laat 'n man met onderskeidingsvermoë hulle nie verwerp nie. Sir 38:5 Is die water nie deur hout soet gemaak nie, sodat Hy Sy Almag aan die adamiet kon bekend maak? Sir 38:6 En Hy het aan die adamiet Insig gegee om hom te verlustig in Sy Almag. Sir 38:7 Daardeur laat die geneesheer die pyn bedaar, Sir 38:8 en so berei die apteker 'n mengsel voor: dat sy werk nie mag ophou nie, en ook nie sy oorvloed onder die seuns van die Adam nie. Sir 38:9 My seun, in [die tyd van] siekte moet jy nie nalatig wees nie, bid tot JaHWeH, want Hy kan genees. Sir 38:10 Vlug van die oortreding en was jou hande; en was jou hart van alle ongeregtigheid. Sir 38:11 Bring 'n welriekende geur en berei 'n vetbereiding volgens die uiterste van jou vermoë. Sir 38:12 En gee ook aan die geneesheer 'n plek en verwyder hom nie, want ook aan hom is behoefte. Sir 38:13 Want daar is 'n tyd wanneer suksesvolle hulp in sy hand is, Sir 38:14 want ook hy bid tot JaHWeH dat Hy sy diagnose suksesvol sal maak, en die behandeling ter wille van die lewensbehoud. Sir 38:15 Hy wat die Wet oortree voor sy Maker, laat hy kom onder die hand van die geneesheer. //Oor die rou. Sir 38:16 MY seun, laat trane vloei oor die dode, betoon jou droefheid en kerm 'n klaaglied uit. Ooreenkomstig sy Reg, begrawe sy liggaam, en moenie jouself verberg by sy afsterwe nie. Sir 38:17 Wees bitter [bedroef], My seun, en laat die geklaag volkome wees, en bedryf rou oor hom soos dit hom pas: 'n dag of twee ter wille van skinderpraatjies, en troos jouself ter wille van jou smart. Sir 38:18 Uit smart kom 'n ramp voort, so bou 'n bedroefde hart die smart. Sir 38:19 Wanneer dit verbygaan, gaan die smart ook verby, en 'n ongelukkige lewe is die vervloeking van 'n hart. Sir 38:20 Moenie die hart weer tot hom laat terugkeer nie, verwyder die gedagtenis aan hom en dink aan die einde. Sir 38:22 Dink aan Sy Verordening, want sy is jou Verordening, vir hom gister, maar vir jou vandag. Sir 38:21 Moenie hom onthou nie, want daar is vir hom geen hoop nie, hoe sal jy hom bevoordeel, terwyl jy jouself benadeel? Sir 38:23 As die dode rus, dan rus sy nagedagtenis, en troos jouself by die uitgaan van sy siel. //Die waarde van die Skrifgeleerde bo dié van die handwerker. Sir 38:24 DIE wysheid van die skrywer vermeerder wysheid, en hy wat min besigheid het, kan homself wys maak. Sir 38:25 Hoe kan hy wys word wat die ossestok hou en hom verlustig in die hantering van die spies, wat beeste lei en osse laat terugkeer, en wie se verkeer met osse is? Sir 38:26 En sy sorg is om die stal te voltooi, en hy is gretig om die vore te oes. Sir 38:27 Ook die maker van gravering en van ontwerpe, wat die nag soos die dag deurbring; wat seëlgraverings ingraveer, en wie se kuns dit is om 'n verskeidenheid ontwerpe te maak; hy is gretig om die gelykenis getrou uit te voer, en sy sorg is om die werk te voltooi. Sir 38:28 Ook die smid wat by die smeltoond sit en wat die ystervaatwerk waarneem: die vlam van die vuur laat sy vleis bars, en in die hitte van die oond brand hy; na die geluid van die hamer neig hy sy oor en op die vorm van die vaatwerk rig hy sy oë. Hy is gretig om sy werk te voltooi, en sy sorg is om dit presies af te meet. Sir 38:29 Ook die pottebakker wat by sy werk sit en wat die wiel laat omgaan met sy voete, wat voortdurend in angs is oor sy werk, en volgens getal is alles wat hy doen; Sir 38:30 hy het pyn in sy arm vanweë die klei, en voor sy voete buig sy krag; hy is gretig om die glasuur te voltooi, en sy sorg is oor die hitte van die smeltoond. Sir 38:31 Al hierdie [mense] is vaardig met hulle hande, en elkeen is wys met sy handewerk. Sir 38:32 Sonder hulle kan 'n stad nie bewoon word nie, en waar hulle ook as vreemdelinge vertoef, sal hulle nie honger kry nie. Sir 38:33 Maar vir openbare advies sal hulle nie gesoek word nie, en in die vergadering sal hulle geen besondere posisie beklee nie. Op die stoel van die regter sal hulle nie sit nie, en insetting en Reg sal hulle nie onderskei nie. Hulle verklaar nie die onderrig van die Wysheid en verstaan nie die spreuke van die wyses nie. Sir 38:34 Maar die werk van die wêreld verstaan hulle, en hul aandag is by die praktyk van hul ambag. Sir 39:1 HIERTEENOOR staan hy wat homself gee aan die Vrees van JaHWeH en wat die Wet van die Hoogste El onderskei; wat die wysheid van al die vroeëres ondersoek en die profesieë oorpeins; [1 ShemuEl 12:14] Sir 39:2 wat ag gee op die betoog van beroemde manne en die diepere sin van gesegdes insien; Sir 39:3 wat die verborge betekenis van spreuke ondersoek en wat hom besig hou met die raaiselagtighede van 'n gelykenis; Sir 39:4 wat onder vorste dien en voor edeles verskyn; wat deur die Aarde van volke trek, goed en kwaad onder die mense toets; Sir 39:5 wat ag gee om sy Maker vroeg te soek en voor die Hoogste El om Barmhartigheid smeek; en hy maak sy mond oop in gebed, en oor sy wetsverbreking bid hy. Sir 39:6 As dit die Grote JaHWeH behaag, sal hy vervul word met 'n Gees van Onderskeiding; hy sal woorde van Wysheid verklaar en sal aan JaHWeH dank betuig in die gebed. Sir 39:7 Hy sal Raad en Kennis bevestig en Haar geheimenisse onderskei. Sir 39:8 Hy verklaar wyse onderrig, en in die Wet van JaHWeH verlustig hy hom. Sir 39:9 Baie sal sy verstandigheid loof, en tot in ewigheid sal sy naam nie uitgeroei word nie: sy gedagtenis sal nie ophou nie, en sy naam sal lewe van geslag tot geslag. Sir 39:10 Sy wysheid sal die gemeente herhaal, en sy lof sal die vergadering vertel. Sir 39:11 As hy lank in die lewe bly, sal sy naam glorieryker geag word as duisend, en as hy te sterwe kom, is dit vir hom genoeg. //'n Psalm oor die werke van JaHWeH. Sir 39:12 WEER sal Ek My gedagtes bepaal en [My leer] bekend maak, soos die volmaan op sy volste. Sir 39:13 Luister volkome na My, en julle sal uitspruit soos die seder wat geplant is by waterstrome. [Sirah 24:13] Sir 39:14 En soos die wierook sal julle 'n geur gee, en soos die lelie sal julle bloeisels bloei. [Sirah 24:15] Sir 39:15 Verhef die stem en loof met 'n lied en prys JaHWeH oor al SY werke, Maak groot SY Naam en prys HOM met 'n loflied, met liedere van die harp en snaarinstrumente, en só moet jy sê met 'n uitroep [van blydskap]: Sir 39:16 Die werke van JaHWeH is almal goed en op SY tyd voorsien HY in elke behoefte. Sir 39:17 Deur SY Woord takseer HY die hoop water, en deur die uitspraak van SY Mond SY skat. Sir 39:18 In Sy plek word Sy welbehae volbring, en daar is geen belemmering vir Sy Verlossing nie. Sir 39:19 Die werke van alle vlees is voor Hom, en niks daarvan is verborge voor Sy Oë nie. Sir 39:20 Van ewigheid tot ewigheid bemerk Hy, en is daar 'n getal vir Sy Verlossing? Daar is niks klein of gering by Hom nie, en daar is niks te wonderbaar of te sterk vir Hom nie. Sir 39:21 Niemand mag sê nie: "Waarom is dit?", want alle dinge is volgens Sy behoefte verkies. Niemand mag sê nie: "Hierdie is slegter as daardie", want alle dinge het Hy op Sy tyd vasgestel. Sir 39:22 Sy seëninge vloei oor soos die Nyl, en soos die rivier versadig dit die wêreld. Sir 39:23 So onteien Sy Toorn die nasies, en Hy verander 'n waterryke gebied in sout. Sir 39:24 [Sy] Paaie is reguit vir die volkome, so egter weerstaan hulle die vermeteles. Sir 39:25 Suiwer dinge het Hy van die begin af aan die suiweres toebedeel, so egter aan die slegtes goed en kwaad! Sir 39:26 Die vernaamste van alle behoeftes vir die lewe van die mens is water en vuur en yster en sout, die niervet van koring, melk en heuning, druiwebloed, olie en kleding. Sir 39:27 Al hierdie dinge is goed vir die suiweres, maar vir die slegtes word dit verander tot die kwade. Sir 39:28 Daar is geeste wat vir die oordeel geformeer word, en in hulle Woede beweeg hulle berge; en in die tyd van verwoesting giet hulle hul krag uit en bring hulle die Gees van hulle Maker tot rus. Sir 39:29 Vuur en hael, hongersnood en pes - ook hierdie dinge word vir die oordeel geformeer. Sir 39:30 Roofdiere, skerpioene en kobras en die wrekende swaard om die slegtes uit te wis - al hierdie dinge is vir hulle gebruik geskape, en hulle is in die skathuis [gereed] om by geleentheid opgeëis te word Sir 39:31 Wanneer Hy hulle bevel gee, juig hulle, en volgens hulle Insettinge is hulle Sy Bevel nie ongehoorsaam nie. Sir 39:32 Daarom was Ek van die begin af versekerd en Ek het by Myself oorlê en dit op skrif gestel: Sir 39:33 Die Werke van JaHWeH is almal goed, en op Sy tyd voorsien Hy in elke behoefte. Sir 39:34 Niemand mag sê nie: "Dit is slegter as dat", want elke ding bevestig Hy op Sy tyd. Sir 39:35 Juig dan nou met die hele hart en prys die Naam van Sy Apartheid! //Oor die moeite van die Lewe. Sir 40:1 GROOT moeite is toebedeel en 'n swaar juk op die seun van die Adam, vanaf die dag dat hy uit die skoot van sy moeder voortgekom het, tot die dag wanneer hy terugkeer tot die Moeder van al die lewende: Sir 40:2 Sy gedagtes en angstige hart, hoopvolle verwagting tot die dag van [sy] dood. Sir 40:3 Van diegene af wat op 'n verhewe troon sit, tot die een wat geklee is in stof en as; Sir 40:4 van hom af wat 'n tulband en voorhoofversiersel dra, tot die een wat 'n kleed van vel aanhet: Sir 40:5 [Dit is alles] slegs naywer, angs en skrik, verskrikking van die dood, rusie en getwis! En die tyd wanneer hy op sy bed rus, verander die slaap van die nag sy kennis. Sir 40:6 'n Rukkie, baie gou, 'n oomblik is hy stil, en dan word hy soos die see tussen die angste uitgewerp. Mislei deur sy eie gesig is hy soos 'n vlugteling wat vlug vanweë die agtervolger - Sir 40:7 nou, opgewek, ontwaak hy van sy slaap, en sy vrees is weg. Sir 40:8 [Daar is] by alle vlees, sowel adamiet as wilde wese, ja, oor die besoedelde sewevoudig van hierdie dinge: Sir 40:9 pes en bloed, koors en droogte, verwoesting en verbreking, verdruk-king en dood. Sir 40:10 Vir die besoedeldes is hierdie dinge geskape, en ter wille van hulle het die vloed gekom. Sir 40:11 Alle dinge van die Aarde sal na die Aarde terugkeer, en wat van bo is na boontoe. Sir 40:12 Alles, omkopery en onreg, word vernietig, maar ware onderhandeling bly tot in ewigheid. Sir 40:13 Die rykdom van die onregverdige sal opdroog soos 'n rivier, en sal verdwyn met 'n geraas, soos groot onweer in 'n donderstorm: Sir 40:14 met sy aanstorming word rotse weggerol - so kom die buit plotseling tot 'n einde. Sir 40:15 Die nageslag van die besoedelde sal nie veel takke voortbring nie, maar is besoedelde wortels op die harde rots. Sir 40:16 Die onkruid aan die oewer van 'n stroom sal uitgetrek word voor die gras. Sir 40:17 Maar Suiwerheid sal tot in ewigheid nie beweeg word nie, en Geregtigheid sal vir altyd vas staan. //Oor die vreugde van die lewe. Sir 40:18 'N LEWE van wyn en sterk drank is soet, maar hy wat 'n skat vind, is beter as albei. Sir 40:19 'n Seun en 'n stad hou 'n man se naam in herinnering, maar beter as albei is 'n onberispelike vrou. Sir 40:20 Wyn en sterk drank verbly die hart, maar die liefde vir Wysheid is beter as albei. Sir 40:21 Fluit en harp maak die lied soet, maar beter as albei is 'n suiwere tong. Sir 40:22 Skoonheid en prag bekoor die oog, maar beter as albei is aalmoese wat red. Sir 40:23 'n Vriend en 'n metgesel sal hulle by geleentheid gedra, maar beter as albei is 'n verstandige vrou. Sir 40:24 'n Broer en 'n helper in 'n tyd van nood - maar beter as albei is aalmoese wat red. Sir 40:25 Goud en silwer laat die voet vas staan, maar beter as albei is suiwer raad. Sir 40:26 Vermoë en krag laat die hart juig, maar beter as albei is die Vrees van JaHWeH. In die Vrees van JaHWeH is daar geen gebrek nie, en daarmee is daar geen behoefte om steun te soek nie. Sir 40:27 Die Vrees van JaHWeH is soos 'n Tuin met vrugte en bedek Hom bo alle glorie. //Oor Dood. Sir 40:28 MY seun, 'n bedelaarslewe moet jy nie leef nie, dit is beter om te sterwe as om te bedel. Sir 40:29 'n Man wat na die tafel van 'n verbasterde kyk, sy lewe kan nie gereken word as 'n lewe nie. 'n Besoedeling van die siel is sy lekkernye; 'n wyse, welopgevoede man sal daarop bedag wees. Sir 40:30 Vir 'n man met 'n sterk begeerte is dit soet om te bedel, maar in sy binneste brand dit soos vuur. Sir 41:1 A! DOOD, hoe bitter is die herinnering aan jou vir iemand wat vreedsaam [woon] met sy besittings; vir iemand wat geen bekommernisse het nie, en wat in alles voorspoedig is, en wat nog sy voedsel kan geniet. Sir 41:2 Welkom! Dood, hoe welkom is jou oordeel vir 'n man van nood en vir een wat geen krag het nie, wat struikel en in alles verstrik raak, wat gebreek is en hoop verloor het. Sir 41:3 Moenie Dood se vonnis vrees nie, [dit is] jou bestemming, onthou dat die wat voor jou was en die wat na jou kom. Sir 41:4 Sy is die vonnis van alle vlees vanweë JaHWeH, en hoe kan jy die Wet van die Hoogste El verwerp? [Of jy] vir 'n duisend jaar, 'n honderd jaar of tien jaar [lewe], verwyte sal daar in die Doderyk/Sheol nie wees nie. Sir 41:5 Die saad van oortreders is verwerplik, en 'n dwase nakomeling is in die woning van die besoedelde. Sir 41:6 Van die seun van 'n onregverdige sal die erfdeel weggeneem word en armoede sal voortdurend met sy saadlyn wees. Sir 41:7 Die kind sal sy besoedelde vader vervloek, want as gevolg van hom word hy [die kind] verwyt. Sir 41:8 Wee julle, wettelose manne, wat die Wet van die Hoogste El verlaat het. Sir 41:9 As julle vermeerder, sal dit tot smart wees en as julle kinders voortbring, sal dit wees tot gesug; en as julle sterwe, sal dit wees tot 'n vervloeking. Sir 41:10 Alles wat uit die Aarde is, keer tot die Aarde terug; so gaan die besoedelde van vervloeking tot vernietiging. Sir 41:11 Treur maar oor 'n adamiet se liggaam, maar die naam van die oortreder sal uitgeroei word. Sir 41:12 Gee ag op jou naam, want dit vergesel jou meer as duisende skatte van goud. Sir 41:13 Die suiwer lewe duur 'n geringe getal dae, maar 'n suiwer naam duur vir ewig. Sir 41:14 Luister, o kinders, na die onderrig aangaande skaamte; Verborge wysheid en 'n begrawe skat, watter nut het hulle albei? Sir 41:15 Beter is iemand wat sy dwaasheid verberg as iemand wat sy wysheid verberg. Sir 41:16 Wees dus skaam volgens hierdie woorde. Want nie elke skaamte is gepas om te bewaar nie, en nie elke vorm van skaamte is verkieslik nie. Sir 41:17 Skaam jou oor 'n vader en moeder wat vermeng, oor 'n valse vors en regeerder; Sir 41:18 oor 'n leuenagtige regter en regeerder, oor onregverdigheid voor vergadering en volk; oor 'n onregverdige handeling teenoor metgesel en vriend, Sir 41:19 en oor diefstal in die plek waar jy vertoef. [Skaam jou] om die Waarheid van Elohim of Sy Verbond te vergeet, en om te leun met elmboë op die tafel; om 'n geskenk wat gegee is, nie te bedank nie, Sir 41:20 om stil te wees teenoor hom wat groet; om 'n hoer aan te staar, Sir 41:21 om die gesig van jou vriend weg te draai; om 'n geskenk of porsie van iemand weg te neem, om by 'n getroude vrou aan te lê en om jouself besig te hou met haar slavin; en om haar bed te nader, Sir 41:22 om 'n vriend onvleiende woorde [toe te spreek], en om 'n geskenk op te volg met 'n belediging. Sir 41:23 Dan sal jy weet wat ware skaamte is, en jy sal Guns vind in die oë van die adamiete. Sir 42:1 MAAR oor hierdie dinge moet jy nie skaam wees nie en moet nie oortree deur bang te wees wat ander daarvan sal dink nie. Sir 42:2 oor die Wet van die Hoogste El en die Verbond, en oor regverdigheid om regverdig te handel teenoor die wetsverbreker, Sir 42:3 om jou rekening te vereffen teenoor 'n metgesel en mede-reisiger, en oor die verdeling van 'n erfenis en 'n besitting; Sir 42:4 en oor die akkuraatheid van 'n weegskaal en gewigte, oor groot of klein winste, Sir 42:5 oor wins uit transaksies, oor die veelvuldige tugtiging van kinders, en oor die slae op die heupe van 'n slegte dienskneg dat hy bloei. Sir 42:6 Om 'n slegte vrou stil te maak, en vir 'n plek waar baie hande is, 'n sleutel te hê. Sir 42:7 Lewer alles af in nommer en gewig, en laat uitgifte en ontvangste almal op skrif wees. Sir 42:8 [Moenie skaam wees] om 'n onnosele en 'n dwaas en die afgeleefde grysaard wat flikvlooi met jonges tereg te wys nie: so sal jy in die Waarheid ingelig wees, en sal die goedkeuring ontvang van die adamiet. //Oor 'n dogter. Sir 42:9 'N DOGTER is vir 'n vader 'n onsekere skat, 'n angs wat die loomheid verdryf: in haar jeug, dat sy nie hoerery bedryf nie, en in haar maagdelikheid, dat sy nie gehaat word nie; Sir 42:10 in haar maagdelikheid, dat sy nie verlei word nie, en in die huis van haar eggenoot, dat sy nie ontrou word nie; in die huis van haar vader, dat sy nie vermeng nie; en in die huis van haar man, dat sy nie onvrugbaar is nie. Sir 42:11 My seun, rig 'n wag op oor jou jonge dogter, dat sy vir jou nie 'n naam maak wat stinkend is nie; 'n spreekwoord van die stad en 'n vloek deur die volk, en jou tot skande maak onder die vergadering in die poort nie. In die plek waar sy bly, moet jy geen tralievenster laat wees, of 'n plek wat uitkyk oor die ingang rondom nie. Sir 42:12 Aan enige man moet sy nie haar skoonheid wys nie, en in die huis van vroue moet sy nie gesels nie. Sir 42:13 Want uit die kleed kom die mot voort en uit 'n vrou die besoedeling van 'n vrou. Sir 42:14 Die lompheid van 'n man is beter as die hoflikheid van 'n vrou wat skande berei. //Die grootheid van Elohim en Sy wonderdade in die skepping. Sir 42:15 EK wil tog in herinnering bring die werke van JaHWeH, en dit wat Ek gesien het, wil Ek vertel. Deur die Woord van JaHWeH is SY werke geformeer, en hy wat SY welbehae doen, het HY aangeneem. Sir 42:16 Die son straal uit oor al wat geopenbaar is, en die Glansrykheid van JaHWeH oor al SY werke. Sir 42:17 Die apartes van JaHWeH is nie in staat om die wonderbare werke van JaHWeH te vertel nie; [alhoewel] JaHWeH, die Almagtige, Sy leërskare versterk om vas te staan voor Sy Glansrykheid. Sir 42:18 Die diepte en die hart ondersoek Hy, en Hy deurskou al hulle geheimenisse: want JaHWeH besit alle Kennis en Hy sien die tekens [wat kom] tot in ewigheid. Sir 42:19 Hy verklaar vergange dinge, toekomstige dinge en openbaar die diepste verborgenhede. Sir 42:20 Geen insig ontbreek Hom nie, en niks ontgaan Hom nie. Sir 42:21 Die mag van Sy Wysheid is gevestig, Hy is dieselfde van ewigheid af: niks is toegevoeg en niks is weggeneem nie, en Hy het niemand nodig om [Hom] in te lig nie. Sir 42:22 Al Sy werke is begeerlik en is soos vonke om te aanskou. Sir 42:23 Die werke lewe en bly vir altyd, en alles is gehoorsaam. Sir 42:24 Hulle almal is verskillend, die een van die ander, en Hy het nie een van hulle verniet gemaak nie. Sir 42:25 Die een deel aan die ander Sy suiwer dinge mee, en wie kan versadig word om die skoonheid te aanskou? Sir 43:1 DIE skoonheid van die Hemele is die helder uitspansel, die Hemele self straal Sy Glansrykheid uit. Sir 43:2 Die son straal hitte uit terwyl hy te voorskyn kom - hoe ontsagwekkend is die werke van JaHWeH! Sir 43:3 Wanneer hy die middaguur bereik, laat hy die wêreld kook. Voor sy skroeiende hitte, wie kan homself handhaaf? Sir 43:4 Soos 'n brandende oond wat die gietsel warm hou, so steek die straal van die son berge aan die brand: 'n tong van Vuur beëindig die bewoonde [wêreld], en deur Sy Vuur word die oog verbrand. Sir 43:5 Want groot is JaHWeH wat hom gemaak het, en SY Woord bestier hom. Sir 43:6 En ook, die maan om te dien in die seisoene as verklaring van tye en as Teken vir die wêreld: Sir 43:7 deur hulle [word] die Feeste en die vasgestelde tye [bepaal], en die welbehae van die Maker gedurende sy kringloop. Sir 43:8 Die maand se naam word afgelei van die maan, hoe wonderbaar is sy gedurende haar verandering! 'n Instrument van die skeppingsleërmagte en 'n voorwerp van die Hemele wat die uitspansel in vlamme stel vanweë haar glans. Sir 43:9 Die skoonheid van die Hemele is die glansrykheid van die Sterre en hul lig wat glans tot in die hoogtes van JaHWeH. Sir 43:10 Volgens die Woord van JaHWeH neem hulle hul verordende plek in, en buig nie neer [in die slaap] gedurende hul nagwake nie. Sir 43:11 Kyk na die reënboog en loof haar Maker, want sy is buitengewoon skoon in glansrykheid: Sir 43:12 'n kring omring haar in Glansrykheid, en die Hand van Elohim het haar in trotsheid uitgesprei. Sir 43:13 Sy mat merk [die baan van] die weerlig en bestier die sneeu van sy oordeel. Sir 43:14 Daarom het Hy 'n skathuis geskape en laat Hy die wolke vlieg soos 'n voël. Sir 43:15 Deur Sy groot Krag maak Hy die wolk sterk, en word die haelstene gebreek. Sir 43:17 Die geluid van Sy donder laat Sy Aarde in barensnood verkeer, Sir 43:16 en deur Sy Krag skud Hy die berge. Die vrees vir Hom jaag die suidewind op, die stormwind van die Noorde, die orkaan; en die storm; soos voëls strooi Hy Sy sneeu uit, en soos sprinkane wat sit, is die val daarvan. Sir 43:18 Die blanke skoonheid [daarvan] verblind die oë, en vanweë sy reën verbaas die hart [hom]. Sir 43:19 En ook die ryp giet Hy uit soos sout, en Hy laat die blomme blom soos saffier. Sir 43:20 Die koue wind/Gees van die Noorde laat Hy waai, en soos 'n velsak laat Hy Sy Fontein bevries. Oor elke poel water laat Hy 'n yskors vorm, en soos 'n pantser beklee Hy die dam. Sir 43:21 Die opbrengs van die berge laat Hy brand soos 'n droogte, en die uitspruitende veld soos 'n vlam. Sir 43:22 'n Genesing vir alles is die gedrup van die Dou, van die wolke wat neerdaal om verkwikking te bring na die hitte. Sir 43:23 Deur Sy oorleg het Hy die groot Afgrond laat wegsink, en in die see het Hy eilande geplant. Sir 43:24 Hulle wat seil op die see, vertel van sy grense, en wanneer Ons ore dit hoor, is Ons verbaas. Sir 43:25 In hom is wonderlike dinge, die wonders van Sy werk, alle soorte lewende wesens en die groot magte. Sir 43:26 Vanweë HOM gaan die werk vooruit, en deur SY Woord bestaan alles. Sir 43:27 Meer as hierdie dinge sal Ons nie toevoeg nie, en die einde van die saak is: HY is alles. Sir 43:28 Ons sal [Hom] verder groot maak, want Ons kan nie deurgrond nie, want HY is groter as al SY werke. Sir 43:29 Uitermate ontsagwekkend is JaHWeH, en wonderbaar is SY Krag. Sir 43:30 Julle wat JaHWeH groot maak, hef op die stem soveel as julle kan, want daar is nog meer! Julle wat [Hom] verhef, vernuwe die krag en moenie moeg word nie, want julle kan HOM nooit deurgrond nie. Sir 43:31 Wie het Hom gesien dat hy [dit] kan vertel? En wie kan Hom groot gemaak het ooreenkomstig wat Hy is? Sir 43:32 Die getal van die verborge dinge is groter as hierdie, Ek het maar min van Sy werke gesien. Sir 43:33 Alle dinge het JaHWeH gemaak en aan die regverdiges het Hy Wysheid gegee. //Die lof van die vaders van ouds. Sir 44:1 LAAT Ek nou die lof van roemryke manne verkondig, van Ons vaders in hulle geslagte. Sir 44:2 Groot Eer het die Hoogste El [aan hulle] toebedeel, en hulle was groot van die dae van ouds af: Sir 44:3 heersers van die Aarde in hulle koninkryke, en manne van naam in hulle krag; raadgewers in hulle verstandigheid, en mense wat alles gesien het in hulle profesie; Sir 44:4 vorste van nasies in hulle beleid, en leiers op grond van hulle navorsing; vaardige betogers in hulle geskrifte, en spreukdigters in hulle bewaring van die tradisie: Sir 44:5 digters van psalms volgens die voorskrif, en die outeurs van spreuke in geskrif; Sir 44:6 manne van mag en onwankelbaar in sterkte wat rustig woon in hulle plek: Sir 44:7 al hierdie [manne] het in hulle geslag en in hulle dae hulle eer [ontvang]. Sir 44:8 Sommige van hulle het 'n naam nagelaat om rond te vertel in hulle erfdeel; Sir 44:9 maar vir sommige van hulle was daar geen gedagtenis nie, en hulle het opgehou om te wees toe hulle opgehou het; hulle was asof hulle nie was nie, en hulle kinders na hulle. Sir 44:10 Nogtans was hierdie manne van vroomheid, en hulle verwagting sal nie ophou nie; Sir 44:11 by hulle saadlyn sal hulle voorspoed bestendig wees, en hulle erfdeel vir hulle kleinkinders. Sir 44:12 In die Verbond sal hulle saadlyn vas staan, en hulle kinders ter wille van hulle; Sir 44:13 vir ewig sal hulle gedagtenis voortbestaan, en hulle geregtigheid sal nie uitgewis word nie; Sir 44:14 hulle liggame word in Vrede versamel, maar hulle naam leef voort van geslag tot geslag. Sir 44:15 Hulle wysheid word deur die gemeente verhaal, en hulle lof word deur die vergadering vertel. //Henog en Noag. Sir 44:16 HENOG het met JaHWeH gewandel en is geneem as Teken van Kennis van geslag tot geslag. Sir 44:17 Noag, die regverdige, is raseg bevind, vir die tyd van vernietiging was hy 'n plaasvervanger; ter wille van hom was daar 'n oorblyfsel, en vanweë die Verbond met hom het die vloed opgehou. [Génesis 6:9] Sir 44:18 As ewige Teken is sy aan hom opgerig om alle vlees [nie weer] te vernietig nie. //Die aartsvaders. Sir 44:19 ABRAHAM, die vader van 'n menigte nasies, het op sy eer nie 'n klad geplaas nie; Sir 44:20 [hy] het die Gebod van die Hoogste El gehou en 'n Verbond [besnydenisverbond] met Hom aangegaan: In sy vlees het Hy 'n Insetting vir hom gemaak, en in beproewing is hy getrou bevind. Sir 44:21 Daarom het HY aan hom met 'n eed [die Belofte] bevestig om nasies in sy saadlyn te seën; om sy saad te vermeerder soos die sand van die see, en om hom uitermate te verhoog oor al die nasies; om hulle [sy saadlyn] te laat erwe van see tot see en van die Rivier tot aan die eindes van die Aarde. Sir 44:22 En ook vir Isak het Hy net so bestendig ter wille van Abraham sy vader; die Verbond van al die voorgangers het Hy hom gegee, Sir 44:23 en die seën het op die hoof van JisraEl [Jakob] gerus; en Hy het hom bevestig in die seën en sy erfdeel aan hom gegee; en Hy het hom gestel tot stamme [naamlik] om te verdeel in twaalf. EN Hy het uit hom iemand laat voortkom wat guns in die oë van al wat lewe gevind het. Sir 45:1 GELIEF deur Elohim en adamiet was Moshè - salige nagedagtenis! Sir 45:2 En Hy het hom verhoog en apartgestel, en Hy het hom sterk gemaak in verhewe dinge. Sir 45:3 Deur sy woorde het hy wondertekens verhaas, en Hy het hom sterk gemaak in teenwoordigheid van die koning. En Hy het hom bevel gegee aangaande Sy volk en Hom Sy Glansrykheid laat sien. Sir 45:4 Op grond van sy betroubaarheid en nederigheid het Hy hom uit alle vlees verkies. Sir 45:5 En Hy het hom Sy stem laat hoor en hom laat nader kom na die donker Wolkkolom. En Hy het die Gebod in sy hand geplaas, die Wet van die Lewe en van Kennis; om in Jakob Sy Verbonde te leer, en Sy Regsprake aan JisraEl. //Aäron en Pínehas. Sir 45:6 EN die het Aäron, die aparte, van die stam van Levi, verhef Sir 45:7 en met hom 'n ewige Verbond gesluit, en priesterskap op hom geplaas; en hy het Hom gedien in Sy Glansrykheid, en Hy het hom omgord soos die horings van 'n wilde os; en Hy het hom beklee met klokkies, Sir 45:8 en Hy het hom beklee met suiwere skoonheid, en Hy het hom versier met Glansrykheid en Sterkte: met broeke, onderkleed en oorkleed; Sir 45:9 en Hy het hom omring met belletjies en 'n menigte granate rondom om 'n lieflike klank te gee in sy voetstappe, om in die Apartheidsplek sy geluid te laat hoor, as 'n herinnering vir die kinders van sy volk: Sir 45:10 met die kledingstukke van Apartheid, van goud en koningsblou en purper, 'n werk van die ontwerper; met die borslap van gerig, die efod en gordel, Sir 45:11 en met karmosyn draad, 'n werk van die wewer; met kosbare stene op die borslap, seël-ingraveringe in hulle monture, elke kosbare steen is ter herinnering in gegraveerde skrif, volgens die getal van die stamme van JisraEl. Sir 45:12 Met 'n kroon van suiwer goud bo-op die tulband, en die inskripsie van Apartheid, met seël-ingraveringe - pragtige sieraad, magtige roemteken, die begeerte van die oog en volkome skoonheid! Sir 45:13 Voor hom was dit nie so nie, en tot in ewigheid sal 'n verbasterde hom nie so klee nie; so is dit alleen vir hom en sy seuns, en so vir hulle geslagte. Sir 45:14 Sy bydraes is volkome verteer, twee keer elke dag, voortdurend. Sir 45:15 Moshè het hom in die amp gestel, en hy het hom met olie van Apartheid gesalf; en sy was vir hom 'n ewige Verbond en vir sy saadlyn volgens die dae van die Hemele om [Hom] te dien en vir Hom die priesterlike amp te vervul en om Sy volk in Sy Naam te seën. Sir 45:16 En Hy het hom verkies uit al wat lewe om aan JaHWeH die brandoffer en vetstukke nader te bring en om 'n lieflike reuk te berei as 'n gedagtenis en om versoening te doen oor die kinders van JisraEl. Sir 45:17 En Hy het aan hom Sy Gebooie gegee, en Hy het aan hom gesag gegee oor Insettinge en Reg, dat hy Sy volk die Insettinge mag leer, en die Reg aan die kinders van JisraEl. Sir 45:18 Maar vreemdes was vertoorn op hom en hulle was naywerig teen hom in die wildernis; die manne van Datan en Abíram, en die vergadering van Korag in die krag van hulle toorn. Sir 45:19 Maar JaHWeH het dit gesien en vertoornd geword en hulle vernietig in die gloed van Sy Toorn: en Hy het hulle tot Teken gestel en hulle verteer met die vlam van Sy Vuur. Sir 45:20 En Hy het vir Aäron Sy Glansrykheid vermeerder en hom sy Erfdeel gegee: die gewyde gawes het Hy vir hom as voedsel gegee; Sir 45:21 die vuurbereidings van JaHWeH kon hulle eet; die toonbrode was sy deel, en die spysbydraes vir hom en sy saadlyn. Sir 45:22 Maar in die Aarde van die volk mag hy nie erwe nie, en onder hulle mag hy die erfenis nie deel nie; die vuurbereiding van JaHWeH is sy deel en sy erfenis te midde van die kinders van JisraEl. Sir 45:23 En ook Pínehas, die seun van El-Azar het deur manmoedigheid die derde plek geërwe op grond van sy ywer vir Elohim in alles, en dat hy gestaan het in die bres van sy volk, en sy hart hom daartoe genoop het, en hy versoening gedoen het oor die kinders van JisraEl. [Númeri 25] Sir 45:24 Daarom het Hy ook vir hom 'n Insetting vasgestel, 'n Vredesverbond om die Apartheid te onderhou: dat vir hom en sy saadlyn sal wees die hoëpriesterskap tot in ewigheid. [Númeri 25] Sir 45:25 En Sy Verbond was ook met Dawid, die seun van Isai uit die stam van JeHûWdah; die erfenis van die koning is vir sy seun alleen, terwyl die erfenis van Aäron vir sy hele saadlyn is. En nou, loof tog JaHWeH, die Suiwere, wat julle kroon met Glansrykheid; Sir 45:26 mag Hy vir julle gee Wysheid van hart om Sy volk te rig in Geregtigheid; dat julle voorspoed nie vergeet mag word nie, en [ook nie] julle heldhaftigheid vir ewige geslagte nie. //JeHôWshua, Kaleb en die Rigters. Sir 46:1 'N MAGTIGE dappere was JeHôWshua, die seun van Nun, 'n dienaar van Moshè in die profetiese amp, wat geformeer was om in sy dae te wees 'n groot Verlossing vir sy uitverkorenes, om wraak te neem op [die wraakneminge van] die vyand, en om JisraEl in hul erfenis te plaas. Sir 46:2 Hoe glansryk was hy toe hy sy hand uitgestrek het en toe hy die Swaard teen die stede geswaai het! Sir 46:3 Wie is hy wat voor haar stand kon hou, want JaHWeH self het SY vyande na hom gebring. Sir 46:4 Het die son nie deur sy toedoen gestaan, [sodat] een dag soos twee geword het nie? Sir 46:5 Want hy het tot El, die Hoogste El, geroep toe hy in nood was met vyande rondom [hom]; en El, Hoogste El het hom geantwoord met haelstene en stukke ys; Sir 46:6 en Hy het dit gewerp op die vyandige volk, en in die neerdaling het Hy die wat opgestaan het, vernietig, sodat elke volk wat vir die banvloek bestem is, mag weet dat JaHWeH op hulle oorloë let; en ook omdat hy volkome agter die Almagtige gevolg het, Sir 46:7 en in die dae van Moshè vroom gehandel het, hy en Kaleb, die seun van Jefúnne, om vas te staan toe die vergadering losgebreek het, om die toorngloed van die vergadering af te wend en om die besoedelde gerug te laat ophou; Sir 46:8 daarom is ook hulle twee behou uit die seshonderdduisend voetgangers om hulle na hulle Erfdeel te bring, 'n Aarde wat vloei van melk en heuning. Sir 46:9 Ook het Hy aan Kaleb Sterkte gegee, en tot die grysheid het dit by hom gebly, om hom te laat tree op die hoë plekke van die Aarde, en ook het sy saadlyn 'n Erfdeel beërwe, Sir 46:10 sodat die hele saadlyn van Jakob kan weet dat dit goed is om volkome agter JaHWeH aan te gaan. Sir 46:11 Ook die Rigters, elkeen met name, elkeen wie se hart nie mislei is nie en wat nie weggedraai het van agter JaHWeH vandaan nie; mag hulle nagedagtenis tot 'n seën wees. Sir 46:12 Mag hulle gebeente uitspruit uit hulle plek, en hulle naam hom vernuwe vir hulle kinders. //ShemuEl. Sir 46:13 BEMINDE van sy volk en een wat welgevallig was vir sy Maker was hy wat gevra was van die skoot van sy moeder af; 'n Separatis van JaHWeH in die profetiese amp: ShemuEl, wat opgetree het as rigter en as diensdoende priester. Deur die Woord van JaHWeH het hy die koningskap opgerig en het hy vorste oor die volk gesalf. Sir 46:14 Deur middel van die Wet van JaHWeH het hy aan die vergadering bevel gegee en het hy die Elohey van Jakob gesoek. Sir 46:15 Deur sy betroubaarheid is die siener gesoek, en ook in sy woord is die siener getrou bevind. Sir 46:16 Ook het hy tot Elohim geroep toe hy in nood was vanweë sy vyande van rondom, terwyl hy 'n lammetjie wat nog drink, aangebied het. Sir 46:17 En JaHWeH het vanuit die Hemele laat donder, in 'n geweldige gekraak is SY Stem gehoor, Sir 46:18 en Hy het die garnisoen van Tirus onderwerp en al die vorste van die Filistyne vernietig. Sir 46:19 En die tyd toe hy op sy bed gelê het, het hy JaHWeH en Sy Gesalfde tot Getuie geroep: 'n losprys en 'n borg - van wie het Ek [dit] geneem? En niemand het hom geantwoord nie. En ook tot die tyd van sy einde is hy wys bevind in die Oë van JaHWeH en in die oë van al wat lewe. Sir 46:20 En selfs na sy dood is hy gesoek en het hy aan die koning sy weë bekend gemaak; en hy het uit die Aarde sy stem verhef in 'n profesie om die besoedeling van die volk te laat ophou. //Dawid. Sir 47:1 EN dan na hom het Natan opgestaan om homself voor Dawid te stel. Sir 47:2 Want soos die vet wat weggeneem is van die slagdier, so was Dawid [weggeneem uit die kinders] van JisraEl. Sir 47:3 Met jong leeus het hy gespeel soos met 'n bokkie, en met bere soos met die kalfies van Basan. Sir 47:4 In sy jeug het hy die reus verslaan en het hy die ewige belediging weggeneem toe hy sy hand met die slinger geswaai het en die trots van Goliat verbreek het. Sir 47:5 Want hy het JaHWeH, die Hoogste El, aangeroep en Hy het Krag van Sy Regterhand gegee om die man wat vertroud was met oorloë, neer te vel, en om die horing van sy volk te verhoog. Sir 47:6 Daarom het die dogters vir hom toegesing en hom 'n erenaam gegee onder tienduisend. Toe hy die kroon opgesit het, het hy geveg Sir 47:7 en van rondom die vyand onderwerp, en hy het die Filistyne kaal geplunder, en tot op hierdie dag het hy hulle horing verbreek. Sir 47:8 In al sy werke het hy dank betuig aan El, die Hoogste El, in eerbare woorde; met sy hele hart het hy sy Maker liefgehad, en elke dag het hy Hom aanhoudend geloof. Sir 47:9 Musiek van snaarinstrumente vir die altaar, en die sing van psalms met harp [-begeleiding] het hy ingestel. Sir 47:10 Aan die Feeste het hy aantrek-likheid gegee, en hy het die feestye deur die jaar heen vasgestel, wanneer hy die Naam van Sy Apartheid loof, en die regspraak voor die môre weerklink. Sir 47:11 Ook het JaHWeH sy oortreding vergewe en sy horing vir ewig verhef. En Hy het aan hom die insetting van die koningskap gegee, en sy troon oor Jerusalem vasgestel. //Salomo. Sir 47:12 TER wille van hom het ná hom opgestaan 'n wyse seun wat veilig gewoon het. Sir 47:13 Salomo was koning in sorgelose dae, en Elohim het hom rus gegee van rondom, hy wat 'n Huis vir Sy Naam opgerig het en vir altyd 'n Plek van Apartheid daargestel het. Sir 47:14 Hoe wys was u in u jeug, en [hoe] het u oorgevloei van onderrig soos die Nyl! Sir 47:15 Die Aarde het u bedek met u insig, en met 'n verhewe lied het u geloof. Sir 47:17 Deur liedere, spreuke, raaisels en gelykenisse het u volke verbaas. Sir 47:16 Tot verafgeleë eilande het u naam gereik, en hulle het gekom om u te hoor. Sir 47:18 Deur die Naam JaHWeH, die eerbare Naam wat oor JisraEl uitgeroep is. U het goud opgehoop soos yster, en soos lood het u silwer vermeerder. Sir 47:19 Maar u het u lendene aan vroue gegee en u het hulle laat heers oor u liggaam. Sir 47:20 En u het u eer bevlek en u het u saad besoedel en toorn oor u saadlyn gebring oor die gekheid in u bed; Sir 47:21 So is [die volk verdeel] tussen twee septers, en uit Efraim het 'n koninkryk van rebelsheid [ontstaan]. Sir 47:22 Nogtans het JaHWeH [sy] Guns nie ingetrek nie en Hy het geeneen van Sy Woorde op die Aarde laat val nie. Hy sal die saad en afstammelinge van Sy uitverkorenes nie uitroei nie, en hulle wat Hom liefhet, sal Hy nie vernietig nie; en aan Jakob sal Hy 'n oorblyfsel gee, en vir Dawid 'n wortel uit hom. Sir 47:23 En Salomo het in Jerusalem ontslaap en het na hom die onnoselste saad nagelaat. Ruim in Dwaasheid en met gebrek aan Insig het Rehábeam deur sy raad die volk laat rebelleer. Toe het opgestaan - Jeróbeam, die seun van Nebat, wat oortree het en wat JisraEl die Wet laat oortree het en vir Efraim op pad na besoedeling gelei het, Sir 47:24 sodat hulle weggedryf het van hulle grond; en hulle oortreding het baie groot geword, Sir 47:25 en aan alle [vorme van] kwaad het hulle hulself oorgegee, totdat wraak hul oorkom het. //EliJaHûW en EliShua. Sir 48:1 TOTDAT daar opgestaan het, EliJaHûW, 'n profeet soos vuur, en sy woorde het gebrand soos 'n oond. Sir 48:2 En hy het vir hulle die staf van brood gebreek, en deur sy ywer het hy hulle min gemaak. Sir 48:3 Deur die Woord van JaHWeH het hy die Hemele gesluit, en drie maal het hy vuur laat neerdaal. Sir 48:4 Hoe ontsagwekkend was jy, EliJaHûW! Wie soos jy is, sal verglans word, Sir 48:5 wat 'n liggaam uit die Dood laat opstaan, en uit die Doderyk/Sheol, volgens die welbehae van JaHWeH; Sir 48:6 wat konings laat neerdaal het na die kuil, en hulle wat geëerd was, uit hulle [siek-] beddens; Sir 48:7 wat op Sinai berispinge van JaHWeH gehoor het en op Horeb oordele van wraak. Sir 48:8 Wat konings vir die vergelding gesalf het en 'n profeet om plaasvervanger in jou plek te wees; Sir 48:9 Wat opwaarts geneem is in 'n warrelwind en deur vurige perde na die hoogte. Sir 48:10 Wie, soos geskryf is, gereed gehou is vir die tyd om die Grimmigheid voor die Toorngloed te stil, om die hart van die vaders na die kinders te laat terugkeer en om die stamme van JisraEl te herstel. [Maleági 4:6] Sir 48:11 [Geseënd] is hy wat jou gesien en gesterwe het, [want inderdaad sal hy bly lewe]. Sir 48:12 EliJaHûW is verberg in die warrelwind, en EliShua is vervul met sy gees. In dubbele maat het hy tekens vermenigvuldig, en wonderbaar was alles wat uit sy mond voortgekom het. In sy dae het hy vir niemand uit die pad gegaan nie, en geen sterfling het oor sy gees geheers nie; Sir 48:13 niks was vir hom te wonderbaar nie, en uit sy graf het sy vlees geprofeteer. Sir 48:14 Gedurende sy lewe het hy wonderbare dinge gedoen, en in sy dood verbasende werke. Sir 48:15 Ten spyte van al hierdie dinge het die volk hulle nie bekeer nie en nie opgehou met hulle oortredinge nie; totdat hulle geruk is uit hulle grond en verstrooi is oor die hele Aarde. En vir JeHûWdah is daar min oorgelaat, en net nog 'n prins vir die huis van Dawid. Sir 48:16 Sommige van hulle het gedoen wat Reg is, en sommige van hulle het vreeslike oortreding bedryf. //JegizkiJaHûW en JeshaJaHûW. Sir 48:17 JEGIZKIJAHÛW het sy Stad versterk deurdat hy water in die midde van haar gebring het; en hy het rotse soos koper deurgekap en die poel met berge opgedam. Sir 48:18 In sy dae het Sanherib opgetrek en die Rábsake gestuur en sy hand teen Sion uitgestrek, en hy het in sy trotsheid gelaster. Sir 48:19 Toe is hulle geskud in die trotsheid van hulle hart, en hulle het gebewe soos een wat baar. Sir 48:20 Toe het hulle tot JaHWeH geroep en die hande na Hom uitgebrei. En die Aparte Een het die stem van hulle gebed gehoor en hulle verlos deur die hand van JeshaJaHûW. Sir 48:21 En Hy het die leër van Assirië geslaan en hulle verstrooi deur 'n plaag. Sir 48:22 Want JegizkiJaHûW het gedoen wat goed was, en hy was sterk in die Weë van Dawid, soos JeshaJaHûW, die profeet, hom beveel het, wat groot en betroubaar was in sy gesigte. Sir 48:23 In sy dae het die son gestaan, en hy het tot die lewe van die koning toegevoeg. Sir 48:24 In die Krag van die Gees het hy die toekoms gesien en die treurendes van Sion getroos. Sir 48:25 Tot die ewigheid toe het hy bekend gemaak wat sou wees, en die verborge dinge voor dit gebeur. //Van JoshiJaHûW tot NegemJaH. Sir 49:1 DIE naam van JoshiJaHûW is soos welriekende reukwerk wat goed gemeng is, die werk van 'n salfmenger. Sy nagedagtenis is soet vir die verhemelte soos heuning en soos 'n psalm op 'n wynfees. Sir 49:2 Want hy was bedroef oor Ons afkerigheid en het die ydele gruwels laat ophou; Sir 49:3 en hy het sy hart volkome aan JaHWeH gegee, en in dae van geweld het hy vroom gehandel. Sir 49:4 Behalwe Dawid, JegizkiJaHûW en JoshiJaHûW, het hulle almal verderflik gehandel en die Wet van die Hoogste El verlaat: die konings van JeHûWdah, tot hulle einde toe. Sir 49:5 En Hy het hulle mag aan ander gegee en hulle glorie aan 'n vermengde [en] dwase volk; Sir 49:6 en hulle het die Stad van Apartheid aan die brand gesteek en haar paaie verwoes deur die hand van JirmeJaHûW; Sir 49:7 omdat hulle hom verdruk het, terwyl hy van die moederskoot geformeer is as profeet om uit te ruk en om te gooi en te vernietig en te verwoes en om so te bou en te plant en te versterk. Sir 49:8 JeségiEl het 'n visioen gesien en die Gérubs van die strydwa bekend gemaak; Sir 49:9 en ook het hy herinner aan Job wat elke woord in Geregtigheid gehoorsaam het. Sir 49:10 En ook wat die Twaalf Profete betref - mag hulle bene uitspruit uit hulle plek, hulle wat Jakob genees het en wat hom gered het deur bestendige hoop. Sir 49:11 Hoe sal Ons Serúbbabel kan grootmaak, hy wat soos 'n seëlring aan die regterhand was, Sir 49:12 en ook Jehshua die seun van JôWtsadak, wat in hulle dae die Tempel gebou het en die Tempel van Apartheid verhef het, wat bestem was vir ewige Glansrykheid. Sir 49:13 NegemJaH, eerbaar is sy nagedagtenis! Hy wat Ons puinhope weer opgerig het en Ons puinhope herstel het, en poorte en grendels daargestel het. //Glansrykheid van Adam. Sir 49:14 MIN is op die Aarde geformeer soos Henog, en ook hy is van die aangesig weggeneem. Sir 49:15 Was ooit iemand soos JôWsef gebore? En ook sy liggaam is versoek. Sir 49:16 Ook Sem en Set en Enos was hoog geëer, maar meer as enige lewende skepsel. //Simeon, die hoëpriester. Sir 50:1 GROOT onder sy broers en die sieraad van sy volk was Simeon, die seun van JeHôWanan, die priester; in wie se tyd die Tempel besoek is, en in wie se dae die Tempel versterk is; Sir 50:2 in wie se dae die muur gebou is met hoektorings vir beskerming, soos die paleis van 'n koning; Sir 50:3 in wie se tyd 'n opgaardam gegrawe is, 'n waterbak, soos die see in sy gedruis [van water]. Sir 50:4 Hy was bekommerd oor sy volk vanweë die berowing en het sy Stad versterk teen die vyand. Sir 50:5 Hoe glansryk was hy wanneer hy uit die Tent uitkyk en wanneer hy uit die Apartheid te voorskyn kom! Sir 50:6 Soos 'n ligtende Ster tussen die wolke uit, en soos die maan in sy volheid; Sir 50:7 en soos die son wat opgaan oor die paleis van die koning, en soos die reënboog wat in die Wolkkolom gesien word; Sir 50:8 soos 'n bloeisel in die takke gedurende die feesdae, en soos 'n lelie op waterstrome; soos die uitspruitsel van die Libanon in die dae van die somer [vrugte], Sir 50:9 en soos vuur van wierook by die spysbydrae; soos 'n goue voorwerp in die huis van 'n edelman wat uitgelê is met kosbare stene; Sir 50:10 soos 'n groen Olyfboom vol bessies, en soos 'n wilde-olyfboom oortrek met takke. Sir 50:11 [So is hy] wanneer hy pragtige klere aantrek en hy beklee word met sierlike klere; wanneer hy opgaan na die altaar van majesteit en die voorhof van die Plek van Apartheid glansryk maak; Sir 50:12 wanneer hy die stukke vleis uit die hand van sy broers aanneem en hom plaas by die gerangskikte hout, met rondom hom 'n krans van seuns, soos sedersteggies op die Libanon; en hulle hom omring soos wilgers van die vywer, Sir 50:13 al die seuns van Aäron in hulle glorie, en die vuurbereidings van JaHWeH in hulle hand voor die hele vergadering van JisraEl. Sir 50:14 Totdat hy die bediening van die altaar voltooi en die gerangskikte hout van die Hoogste El in gereedheid gebring het, Sir 50:15 en sy hand uitgestrek het na die Beker en die bloed van die druif uitgegiet het, ja, hom uitgestort het by die voet van die altaar om 'n welriekende reukwerk te wees vir El, die Hoogste El. Sir 50:16 Dan het die kinders van Aäron, die priesters, geblaas op die trompette van dryfwerk; ja, hulle het geblaas en 'n kragtige stem laat hoor om te dien as gedagtenis voor die Hoogste El. Sir 50:17 Dan het alle vlees tesame gehaas, en hulle het op hulle aangesigte na die Aarde toe geval om te aanbid voor die Hoogste El, voor die Aparte Een van JisraEl. Sir 50:18 En die geluid van 'n lied is gehoor, en oor die menigte het hulle Sy lamp aangesteek, Sir 50:19 en die hele volk van die Aarde het uitgeroep in gebed voor die Barmhartige, totdat hy die bediening van die altaar voltooi het en die dinge wat Hom toekom na Hom toe nader gebring het. Sir 50:20 Dan het hy afgedaal en sy hande opgehef oor die hele vergadering van JisraEl, en die seën van JaHWeH was op sy lippe, en met die Naam van JaHWeH het hy Hom geprys. Sir 50:21 En hulle het vir die tweede keer neergeval [die hele volk voor sy aangesig], Sir 50:22 Loof tog nou JaHWeH, die Elohey van JisraEl, Hy wat wonderbaarlik handel op die Aarde, wat 'n adamiet van die moederskoot af laat grootword en met Ons handel volgens Sy welbehae. Sir 50:23 Mag Hy aan julle Wysheid van hart gee, en mag daar Vrede onder julle wees. Sir 50:24 Mag Sy Guns met Simeon bevestig word, en mag Hy vir Hom die Verbond van Pínehas oprig; mag niemand van hom uitgeroei word nie, en wat sy saadlyn betref, mag hulle ewigdurend wees. //Drie haatlike volke. Sir 50:25 AAN twee nasies het My Siel 'n afsku, ja, aan 'n derde, wat geen volk is nie; Sir 50:26 die bewoners van Seïr en Filistea, en die dwase volk wat in Sigem woon. //Epiloog. Sir 50:27 WYSE onderrig en 'n kunstige spreuk vir Simon die seun van Jehshua, die seun van El-Azar, die seun van Sirah wat hy gespreek het in die uitlegging van sy hart en wat hy met verstandigheid geleer het. Sir 50:28 Geseënd is die man wat hierdie dinge bepeins, en hy wat die ter harte neem, sal wys word. Sir 50:29 Want as hy dit doen, sal hy sterk wees vir alle dinge; want die Vrees van JaHWeH is lewe! //Aanhangsel: 'n gebed van JeHôWshua ben Sirah. Sir 51:1 EK wil U dank, O JaHWeH en Koning, en Ek wil U loof, O El, My Verlosser. Ek wil U Naam loof, Sir 51:2 want U het My Siel van die Dood gered, U het My vlees van vernietiging teruggehou, en uit die mag van die Doderyk/Sheol het U My Siel verlos; U het My verlos van die skinderpraatjies van 'n volk, van die gesel van 'n tong wat laster en van 'n lip wat hom wend tot leuens; in die aangesig van hulle wat teen My opstaan, was U aan My kant, U het My gehelp Sir 51:3 ooreenkomstig die grootheid van U Barmhartigheid uit die strik van hulle wat wag hou oor My struikeling en uit die mag van hulle wat My Siel soek; uit menigvuldige benoudhede het U My verlos Sir 51:4 en uit die verdrukkinge van die vlam rondom en uit die gloed van die vuur wat [Ek] nie aangeblaas het nie, Sir 51:5 uit die diepte van die moederskoot van die Doderyk/Sheol, uit bedriegike lippe en die wat met leuens pleister, Sir 51:6 en [van] die pyle van 'n bedrieglike tong. En My Siel het geraak aan die Dood, en My lewe tot aan die onderste van die Doderyk/Sheol. Sir 51:7 En Ek het My na alle kante gewend, maar daar was geen helper vir My nie, en Ek het uitgekyk na een wat ondersteun, en daar was nie. Sir 51:8 Toe het Ek gedink aan die Ontferming van JaHWeH en aan Sy gunsbewyse wat van ewigheid af is, Hy wat dié red wat op Hom vertrou en wat hulle verlos uit elke verdrukking. Sir 51:9 En Ek het My Stem van die Aarde af verhef en uit die poorte van die Doderyk/Sheol het Ek om hulp geroep. Sir 51:10 Toe het Ek na JaHWeH geroep, die Vader, My Meester: My Vader is U, moenie My verlaat in die dag van beproewing, in die dag van woesteny en van verlatenheid nie. Sir 51:11 Ek wil U Naam voortdurend loof en Ek wil aan U dink in die gebed. Toe het JaHWeH My Stem gehoor en Hy het die Oor geneig tot My smekinge Sir 51:12 en Hy het My verlos uit elke verdrukking en Hy het My gered uit die dag van beproewing. Daarom wil Ek dank en loof en wil Ek die Naam van JaHWeH prys. //Lof op die verkryging van Wysheid. Sir 51:13 EK was 'n Jongeling en Ek het Wysheid openlik gesoek in My gebede en 'n welbehae in Haar gehad. Sir 51:14 . Sir 51:15 In Haar Waarheid het My voet getree, reeds van My jeug af het Ek Wysheid geleer. En Ek het 'n gebed gebid in My jeug, Sir 51:16 en Ek het baie Kennis gevind. Sir 51:17 Haar juk was vir My tot eer, en aan My Leermeester sal Ek dank betuig. Sir 51:18 Ek het gedink om goed te doen en Ek het nie verander nie, want Ek het Haar gevind. Sir 51:19 My Siel het Haar aangekleef, en My Aangesig sal Ek van Haar nie afkeer nie. Sir 51:20 My Siel het Ek gegee om Haar te volg, en vir Ewig tot in Ewigheid sal Ek nie van Haar af wegdraai nie. My hand het Haar Poorte geopen en vir Haar het Ek ingesluit en na Haar het Ek gekyk; en in Haar suiwerheid het Ek Hom gevind, en [My] Hart het Ek vir Hom gereed gemaak van die begin af, daarom sal Ek Haar nie verlaat nie. Sir 51:21 My ingewande is in beroering soos 'n oond om Hom te sien, daarom het Ek Haar as 'n suiwer besitting verkry. Sir 51:22 JaHWeH het aan My die loon van My Lippe gegee, en met My Tong sal Ek Hom dank. Sir 51:23 Wend julle na My, o dwase, en oornag in My skool. Sir 51:24 Hoe lank sal julle aan hierdie dinge gebrek hê, en sal julle siel baie dorstig wees? Sir 51:25 My mond het Ek oopgemaak en Ek het oor Haar gespreek; verkry vir julle Wysheid sonder silwer. Sir 51:26 En bring julle nekke onder Haar juk in, en laat julle siel Haar las dra. Sy is naby die wat Haar soek, en hy wat sy siel gee, sal Haar vind. Sir 51:27 Kyk met julle oë dat Ek klein was en dat Ek My met Haar bemoei het en Haar gevind het. Sir 51:28 Menigtes, luister na My lering in My jeug, en silwer en goud sal julle by My vind. Sir 51:29 Mag My Siel hom verbly in My [Jeshiba], en julle sal nie beskaamd staan oor die lied van My nie. Sir 51:30 Verrig julle werk in Geregtigheid, en Hy sal julle jul loon gee op Sy tyd. // // //Die Boekrol van Rut // // //Naómi en haar skoondogter. Rut 1:1 EN in die dae toe die Rigters geregeer het, was daar hongersnood in die Aarde; daarom het 'n man uit Betlehem-JeHûWdah weggetrek om as vreemdeling te vertoef in die veld van Moab, hy en sy vrou en sy twee seuns. Rut 1:2 En die naam van die man was EliMeleg, en die naam van sy vrou Naómi, en die naam van sy twee seuns Maglon en Giljon, Efratiete, uit Betlehem-JeHûWdah, en hulle het gekom in die veld van Moab en daar gebly. Rut 1:3 En EliMeleg, die man van Naómi, het gesterwe, maar sy met haar twee seuns het oorgebly. Rut 1:4 En hulle het vir hulle vroue uit Moab geneem; die naam van die een was Orpa en die naam van die ander Rut; en hulle het daar omtrent tien jaar gebly. Rut 1:5 En toe Maglon en Giljon altwee sterwe, en die vrou sonder haar twee seuns en haar man oorbly, Rut 1:6 het sy haar gereed gemaak met haar skoondogters en teruggegaan uit die veld van Moab, want sy het in die veld van Moab gehoor dat JaHWeH op Sy volk ag gegee het deur aan hulle brood te gee. Rut 1:7 So het sy dan haar woonplek verlaat en haar twee skoondogters saam met haar. Maar toe hulle op pad was om na die Aarde van JeHûWdah terug te gaan, Rut 1:8 sê Naómi aan haar twee skoondogters: Gaan heen, draai om, elkeen na die huis van haar moeder; mag JaHWeH aan julle Medelye betoon soos julle aan die dode en aan my bewys het. Rut 1:9 Mag JaHWeH gee dat julle 'n rusplek vind, elkeen in die huis van haar man; en sy het hulle gesoen. Maar hulle het hul stem verhef en geween Rut 1:10 en aan haar gesê: Nee, ons wil saam met u teruggaan na u volk. Rut 1:11 Maar Naómi sê: Draai om, my dogters! Waarom sou julle met my saamgaan? Het ek nog seuns in my liggaam, dat hulle julle mans kan word? Rut 1:12 Draai om, my dogters, gaan heen; want ek is te oud om 'n man te hê. Al sou ek sê: Ek het hoop! en nog vannag aan 'n man mag behoort en ook seuns baar - Rut 1:13 sou julle in dié geval kan wag totdat hulle groot geword het? Sou julle in dié geval julleself opsluit om nie aan 'n man te behoort nie? Ag nee, my dogters, want dit is vir my baie bitterder as vir julle dat die Hand van JaHWeH teen my uitgestrek is. Rut 1:14 Toe verhef hulle hul stem en ween weer; en Orpa het haar skoonmoeder gesoen, maar Rut het haar aangehang. Rut 1:15 Daarop sê sy: Kyk, jou skoonsuster het omgedraai na haar volk en na haar gode toe; draai om agter jou skoonsuster aan! Rut 1:16 Maar Rut sê: Moenie by my aandring dat ek u moet verlaat om agter u om te draai nie; want waar u gaan, sal ek gaan; en waar u vertoef, sal ek vertoef; u volk is my volk, en u Elohey is my Elohey. Rut 1:17 Waar u sterwe, sal ek sterwe en daar begrawe word! Mag JaHWeH so aan my doen en so daaraan toedoen - net die dood sal skeiding maak tussen my en u. Rut 1:18 Toe sy sien dat sy vas besluit het om met haar saam te gaan, het sy opgehou om met haar te spreek. Rut 1:19 En hulle twee het op pad gegaan totdat hulle in Betlehem gekom het. En toe hulle in Betlehem kom, het die hele stad oor hulle in opskudding geraak, en die vroue het gesê: Is dit Naómi? Rut 1:20 Toe antwoord sy hulle: Noem my nie Naómi nie: noem my Mara, want die Almagtige het my baie bitterheid aangedoen. Rut 1:21 Vol het ek weggetrek, maar leeg het JaHWeH my laat terugkom. Waarom sou julle my Naómi noem, terwyl JaHWeH teen my getuig het, en die Almagtige my kwaad aangedoen het? Rut 1:22 So het Naómi dan teruggekeer en Rut, die Moabitiese, haar skoondogter wat saam met haar uit die veld van Moab teruggekom het; en hulle het in Betlehem gekom in die begin van die garsoes. //Rut gaan are optel en kom in die Aarde van Boas. Rut 2:1 EN Naómi het 'n bloedverwant gehad van haar man se kant, 'n vermoënde man, uit die familie van EliMeleg, wie se naam Boas was. Rut 2:2 En Rut, die Moabitiese, het vir Naómi gesê: Laat ek tog die Aarde ingaan en are optel agter dié een in wie se oë ek guns sal vind. Toe antwoord sy haar: Gaan, my dogter. Rut 2:3 Daarop het sy heengegaan, en gekom en are opgetel op die land agter die snyers. En toe kom sy op 'n stuk land af wat behoort aan Boas, uit die familie van EliMeleg. Rut 2:4 En Boas het juis van Betlehem af gekom en aan die snyers gesê: Mag JaHWeH met julle wees! En hulle het hom geantwoord: Mag JaHWeH u seën! Rut 2:5 Daarop sê Boas aan sy dienaar, die opsigter oor die snyers: Van wie is hierdie jong vrou? Rut 2:6 En die dienaar, die opsigter oor die snyers, antwoord en sê: Dit is die jong Moabitiese vrou wat saam met Naómi uit die veld van Moab teruggekom het; Rut 2:7 en sy het gesê: Kan ek maar are optel en insamel by die gerwe agter die snyers? Sy het toe gekom en gebly van vanmôre af tot nou toe; sy het maar min daar in die huis gesit. Rut 2:8 Toe sê Boas vir Rut: Luister tog, my dogter: jy moenie op 'n ander land gaan are optel nie, en jy mag ook nie hiervandaan weggaan nie, maar jy moet jou by my diensmeisies aansluit. [Spreuke van Salomo 9:1-3] Rut 2:9 Met die oë op die land wat hulle afsny, moet jy agter hulle aan loop. Het ek die dienaars nie bevel gegee om jou nie aan te raak nie? En as jy dors het, gaan dan na die kanne en drink van wat die dienaars skep. Rut 2:10 Toe val sy op haar aangesig en buig na die Aarde toe en sê vir hom: Waarom het ek guns in u oë gevind, dat u in my belang stel alhoewel ek 'n uitlander is? Rut 2:11 En Boas antwoord en sê vir haar: Aan my is alles omstandig vertel wat jy aan jou skoonmoeder gedoen het na die dood van jou man, en dat jy jou vader en jou moeder en jou Aarde van geboorte verlaat het en na 'n volk getrek het wat jy gister en eergister nie geken het nie. Rut 2:12 Mag JaHWeH jou daad beloon, en mag jou loon volkome wees van JaHWeH, die Elohey van JisraEl, onder wie se Vleuels jy kom skuil het. Rut 2:13 Toe sê sy: So vind ek dan guns in u oë, my meester! Want u het my getroos en na die hart van u dienares gespreek, alhoewel ek nie soos een van u dienaresse is nie. Rut 2:14 En teen etenstyd het Boas vir haar gesê: Kom hierheen en eet van die brood en steek jou stukkie in die asyn. Daarop gaan sy langs die snyers sit, en hy het haar gebraaide koring gegee, en sy het geëet en versadig geword en oorgehou. Rut 2:15 Toe sy [weer] opstaan om are op te tel, het Boas sy dienaars bevel gegee en gesê: Sy mag ook tussen die gerwe optel, en julle mag haar nie beledig nie. Rut 2:16 En julle moet ook so nou en dan vir haar uit die bondels uittrek en dit laat lê, dat sy dit kan optel; en julle mag haar nie keer nie. Rut 2:17 En sy het op die land opgetel tot die aand; en toe sy uitslaan wat sy opgetel het, was dit omtrent 'n efa gars. Rut 2:18 En sy het dit weggedra; en toe sy in die stad kom, sien haar skoonmoeder wat sy opgetel het; ook het sy uitgehaal en aan haar gegee wat sy oorgehou het nadat sy versadig was. Rut 2:19 Daarop vra haar skoonmoeder haar: Waar het jy vandag opgetel, en waar het jy gewerk? Mag hy geseënd wees wat in jou belang gestel het! En sy vertel haar skoonmoeder by wie sy gewerk het, en sê: Die naam van die man by wie ek vandag gewerk het, is Boas. Rut 2:20 En Naómi sê vir haar skoondogter: Mag hy geseënd wees deur JaHWeH, wat Sy Medelye aan lewende en dode nie onttrek het nie. Verder sê Naómi vir haar: Die man is ons nabestaande, hy is een van ons lossers. Rut 2:21 Toe sê Rut, die Moabitiese: Hy het ook nog vir my gesê: By my dienaars moet jy aansluit totdat hulle klaar is met die hele oes wat aan my behoort. Rut 2:22 Daarop het Naómi haar skoondogter Rut geantwoord: Dit is goed, my dogter, dat jy met sy diensmeisies saam uitgaan en aan jou geen kwaad op 'n ander land aangedoen word nie. Rut 2:23 So het sy dan by die diensmeisies van Boas aangesluit om are op te tel totdat hulle met die garsoes en die koringoes klaar was; en sy het by haar skoonmoeder gewoon. //Die lossingsreg. Rut 3:1 TOE sê haar skoonmoeder Naómi vir haar: My dogter, sal ek nie vir jou 'n rusplek soek, dat dit goed met jou kan gaan nie? [Wysheid van Sirah 24:7-8] Rut 3:2 Nou dan, is Boas by wie se diensmeisies jy was, nie ons bloedverwant nie? Kyk, hy wan vannag op die vloer gars uit. Rut 3:3 Was jou dan en salf jou en trek jou klere aan, en gaan af na die vloer toe; laat jou deur die man nie herken totdat hy klaar geëet en gedrink het nie. Rut 3:4 Maar as hy gaan slaap, let dan op die plek waar hy gaan slaap; kom dan nader, maak sy voetenent oop en gaan lê; en hy sal jou te kenne gee wat jy moet doen. Rut 3:5 En sy antwoord aan haar: Alles wat u sê, sal ek doen. Rut 3:6 Daarop het sy afgegaan na die vloer en gedoen net soos haar skoonmoeder haar beveel het. Rut 3:7 Nadat Boas geëet en gedrink het, en sy hart vrolik was, en hy gaan slaap het by die ent van die hoop, het sy stilletjies gekom en sy voetenent oopgemaak en gaan lê. Rut 3:8 En die man het teen middernag geskrik en vooroor gebuig en - daar lê 'n vrou aan sy voetenent. Rut 3:9 En hy vra: Wie is jy? Toe antwoord sy: Ek is Rut, u dienares; brei dan u vleuel oor u dienares uit, want u is die losser. Rut 3:10 En hy sê: Geseënd is jy deur JaHWeH; my dogter! Jy het jou laaste liefde beter gemaak as die eerste, omdat jy nie agter jongmanne, arm of ryk, aan geloop het nie. Rut 3:11 Wees dan nou nie bang nie, my dogter; alles wat jy sê, sal ek vir jou doen, want die hele stadspoort van my volk weet dat jy 'n deugsame vrou is. [Spreuke van Salomo 31:10] Rut 3:12 Nou dan, dit is sekerlik waar dat ek die losser is, maar daar is nog 'n losser, nader as ek. Rut 3:13 Bly vannag oor; en as hy jou môre wil los, goed, hy kan los; maar as hy nie lus het om jou te los nie, dan sal ék jou los, so waar as JaHWeH leef! Bly lê tot môre. Rut 3:14 En sy het tot die môre aan sy voetenent bly lê. Maar nog voordat een die ander kon herken, het sy opgestaan; want hy het gesê: Dit mag nie bekend word dat die vrou op die vloer gekom het nie. Rut 3:15 Daarna sê hy: Gee die tjalie wat jy om het, en hou dit oop. En sy het dit oopgehou, en hy het ses [mate] gars afgemeet en dit op haar gesit en die stad ingegaan. Rut 3:16 Toe sy by haar skoonmoeder kom, het dié gevra: En toe, my dogter? En sy het haar alles vertel wat die man aan haar gedoen het, Rut 3:17 en gesê: Hierdie ses [mate] gars het hy my gegee, want hy het gesê: Jy moet nie met leë hande by jou skoonmoeder kom nie. Rut 3:18 En sy antwoord: Sit stil, my dogter, totdat jy weet hoe die saak uitval; want die man sal nie rus tensy hy vandag nog die saak afgehandel het nie. //Boas trou met Rut. Die geboorte van Obed. Rut 4:1 EN Boas het opgegaan na die poort en daar gaan sit. En toe die losser juis daar verbygaan van wie Boas gespreek het, sê hy: Vriend, kom nader, en sit hier! En hy het nader gekom en gaan sit. Rut 4:2 Daarop neem hy tien man uit die oudstes van die stad en sê: Sit hier! En hulle het gaan sit. Rut 4:3 En hy sê vir die losser: Die stuk land van ons broer EliMeleg wil Naómi, wat uit die veld van Moab teruggekom het, verkoop. Rut 4:4 Nou het ek gedink, ek sal jou dit meedeel en sê: Koop haar voor die wat hier sit, en voor die oudstes van my volk; as jy wil los, los dan; maar as jy nie wil los nie, gee my te kenne, dat ek dit kan weet, want daar is niemand om te los behalwe jy nie, en ek ná jou. En hy antwoord: Ek sal los. Rut 4:5 Daarop sê Boas: Die dag as jy die land uit die hand van Naómi koop, dan verwerf jy tegelyk Rut, die Moabitiese, die vrou van die dode, om die naam van die dode in stand te hou oor sy erfdeel. Rut 4:6 En die losser sê: Ek kan haar nie vir my los nie, anders bederf ek my erfdeel; neem jy my lossingsreg oor, want ek kan nie los nie. Rut 4:7 En dit was vroeër in JisraEl die gebruik by Reg van Lossing en by ruiling om enige saak van krag te maak: die een trek sy skoen uit en gee dit aan die ander; dit was dan die bekragtiging in JisraEl. Rut 4:8 Daarom het die losser vir Boas gesê: Koop haar vir jou; en hy het sy skoen uitgetrek. Rut 4:9 Toe sê Boas aan die oudstes en al die mense: Julle is vandag getuies dat ek alles wat aan EliMeleg en alles wat aan Giljon en Maglon behoort het, uit die hand van Naómi koop. Rut 4:10 En ook Rut, die Moabitiese, die vrou van Maglon, verwerf ek vir my as vrou om die naam van die dode oor sy erfdeel in stand te hou, sodat die naam van die dode onder sy broers en uit die poort van sy woonplek nie uitgeroei word nie. Julle is vandag getuies. Rut 4:11 Toe sê al die mense wat in die poort was, en die oudstes: Ons is getuies; mag JaHWeH die vrou wat in jou huis inkom, maak soos Ragel en soos Lea wat saam die huis van JisraEl gebou het; en verwerf mag in Éfrata en maak 'n naam in Betlehem! Rut 4:12 En mag jou huis word soos die huis van Peres wat Tamar vir JeHûWdah gebaar het - uit die nageslag wat JaHWeH jou uit hierdie jong vrou sal gee! Rut 4:13 So het Boas Rut dan geneem, en sy het sy vrou geword; en hy het by haar ingegaan, en JaHWeH het vir haar swangerskap gegee, en sy het 'n seun gebaar. Rut 4:14 Toe sê die vroue vir Naómi: Geloofd sy JaHWeH wat aan jou vandag 'n losser nie laat ontbreek het nie! En mag sy naam in JisraEl geroem word! Rut 4:15 Hy sal vir jou een wees wat jou siel verkwik en jou grysheid versorg; want jou skoondogter wat jou liefhet, het hom gebaar, sy wat vir jou meer werd is as sewe seuns. Rut 4:16 En Naómi het die kind geneem en op haar skoot gesit, en sy het sy pleegmoeder geword. Rut 4:17 En die buurvroue het hom 'n naam gegee en gesê: Vir Naómi is 'n seun gebore! En hulle het hom genoem Obed; hy was die vader van Isai, die vader van Dawid. Rut 4:18 En dit is die genelyn van Peres: Peres was die vader van Hesron, Rut 4:19 en Hesron die vader van Ram, en Ram van Ammínadab, Rut 4:20 en Ammínadab van Nagson, en Nagson van Salmon, Rut 4:21 en Salmon van Boas, en Boas van Obed, Rut 4:22 en Obed van Isai, en Isai van Dawid. // // //Die Boekrol van Judit // // //Die oorsaak van koning Nebukadnésar se wraaksug. Jdt 1:1 IN die twaalfde jaar van die koningskap van Nebukadnésar, wat oor die Assiriërs geregeer het in Ninevé die groot stad, en in die dae van Arpagsad wat in Ekbatana koning van die Mediërs gewees het - Jdt 1:2 dit is hy wat naby Ekbatana in 'n kring mure gebou het uit gekapte klippe wat drie voorarm breed en ses voorarm lank was; en die hoogte van die muurwerk het hy sewentig voorarm gemaak en die breedte daarvan vyftig voorarm; Jdt 1:3 by die poorte daarvan het hy torings gebou met 'n hoogte van honderd voorarm, terwyl hy die fondamente na die mure se kant toe sestig voorarm breed gemaak het; Jdt 1:4 die poorte daarvan het hy wagpoorte gemaak tot 'n hoogte van sewentig voorarm en met 'n breedte van veertig voorarm vir die uitvalle van sy berede mag en van die geledere van sy voetknegte - Jdt 1:5 in daardie dae het koning Nebukadnésar oorlog gevoer teen koning Arpagsad op die groot vlakte; sy is die vlakte in die landstreek Rágaoe. Jdt 1:6 Teen hom het al die bewoners van die Bergland saamgekom en al die wat by die Eufraat woon en by die Tigris en die Hidasyes, onder die aanvoering van Arfog, die koning van die Elamiete. En baie volke het saamgekom in die slagorde van die kinders van die Ehaldoe. Jdt 1:7 Toe het koning Nebukadnésar van Assirië boodskappers gestuur na al die inwoners van Persis en na almal wat na die weste woon, na die bewoners van Cilícië en Damáskus en die Libanon en die Anti-Libanon, en na al die bewoners in die kusgebied, Jdt 1:8 en na die nasies van die Karmel en van Gílead en van Opper-Galiléa en van die groot Esdrelonvlakte, Jdt 1:9 na almal in Samaría en in die stede van haar, en na die wat oorkant die Jordaan is tot Jerusalem en Bet-Anot en EIísa en Kádes en by die spruit van Egipte, en Tapnes en Raämses en die hele Aarde van Gosen Jdt 1:10 tot bo Tanis en Memfis, en na al die bewoners van Egipte sover soos die grense van Kush. Jdt 1:11 Maar al die bewoners van die hele grondgebied het die oproep van koning Nebukadnésar van Assirië geminag; en hulle het nie met hom saamgekom vir die stryd nie, omdat hulle hom nie gevrees het nie en hy vir hulle maar net een man gewees het. En hulle het sy gesante met leë hande in oneer weggestuur. Jdt 1:12 Toe het Nebukadnésar baie toornig geword op daardie hele gebied, en hy het gesweer by sy troon en sy koningskap om die hele grondgebied van Cilícië en Damaskéne en Sírië uit te roei met sy swaard, eweas al die bewoners van die Aarde van Moab en die kinders van Ammon en die hele Hebreeuse grondgebied, en al die bewoners van Egipte sover soos die grense van die twee mere. Jdt 1:13 En hy het hom met sy leërmag teenoor koning Arpagsad opgestel in die sewentiende jaar; en hy was sterk in sy stryd en het die hele leër van Arpagsad en sy perde en sy waens vernietig. Jdt 1:14 Hy het sy stede oormeester en na Ekbatana getrek; hy het die torings oorweldig en die strate van haar geplunder en sy roem tot skande gemaak. Jdt 1:15 Arpagsad het hy in die berge van Ragaoe gevange geneem en hom met sy werpspiese doodgesteek en hom verdelg tot vandag. Jdt 1:16 Toe het hy na Ninevé teruggekeer, hyself en die hele bont menigte en sy baie groot skare van krygsmanne. Daar het hy ligsinnig en losbandig geleef, hyself en die leërmag, vir 'n tyd van honderd-en-twintig dae. //Voorbereiding en begin van die vergelding. Jdt 2:1 IN die agtiende jaar, op die twee-en-twintigste dag van die eerste maand, is in die huis van koning Nebukadnésar van Assirië besluit om die hele grondgebied te straf soos hy gesê het. Jdt 2:2 Hy het al sy edeles en al sy owerstes saamgeroep en met hulle sy geheime raad gehou en die hele besoedeling van die Aarde met eie mond meegedeel. Jdt 2:3 Hulle het geoordeel om alle vlees uit te roei - dit is die wat nie gevolg gegee het aan die woord van sy mond nie. Jdt 2:4 En nadat hy die vergadering gesluit het, het koning Nebukadnésar van Assirië Holofernes ontbied, wat die opper- bevelhebber van sy leër en die tweede na homself was. En hy sê vir hom: Jdt 2:5 Dit sê die groot koning, die meester van die hele Aarde: Kyk, jy moet wegtrek van voor my aangesig, en jy moet met jou saamneem manne wat op hulle eie krag vertrou - honderd-en-twintig duisend voetknegte en 'n menigte perde saam met twaalf-duisend ruiters. Jdt 2:6 Jy moet uittrek vir 'n ontmoeting met die hele Aarde in die weste, omdat hulle nie geluister het na die woord van my mond nie. Jdt 2:7 Jy moet hulle laat weet om grond en water in gereedheid te hou, omdat ek in my toorn teen hulle sal uittrek en die hele aangesig van die Aarde sal bedek met die voete van my leër en hulle aan plundering sal oorgee. Jdt 2:8 Hulle gewondes sal hulle dale vol maak, en elke spruit en rivier sal vol wees deur hulle lyke en oorloop. Jdt 2:9 Hulle gevangenes sal ek wegvoer na die versterkte plekke van die hele Aarde. Jdt 2:10 Maar jy, trek weg; neem eerstens al hulle Aarde vir my in besit, en die wat hulleself aan jou oorgee, moet jy vir my bewaar tot die dag van hulle ondervraging. Jdt 2:11 Laat jou oog die wat ongehoorsaam is egter nie ontsien nie; lewer hulle in die hele Aarde oor aan die dood en die plundering. Jdt 2:12 By my lewe en die mag van my koningskap! Ek het gespreek, en ek sal dit volbring deur my hand. Jdt 2:13 Wat betref jouself: vergeet nie een van jou meester se woorde nie, maar volbring hulle tot die laaste een, soos ek jou dit beveel het, en versuim nie om dit te doen nie. Jdt 2:14 Holofernes het toe van voor die aangesig van sy meester weggegaan en al die owerstes en bevelhebbers en leiers van die leër van Assur opgeroep. Jdt 2:15 En hy het uitgesoekte manne in slagordes ingedeel, soos sy meester hom beveel het: twaalf tienduisendtalle voetknegte en twaalfduisend boogskutters op perde; Jdt 2:16 en hy het hulle ingedeel op die wyse waarop 'n menigte krygsvolk ingedeel word. Jdt 2:17 Hy het ook kamele en esels en muilesels vir hulle uitrusting aangeskaf, 'n baie groot aantal; en verder tallose skape en beeste en bokke vir hulle voedsel, Jdt 2:18 en vir elke man 'n oorvloed van koring, en 'n groot hoeveelheid goud en silwer uit die huis van die koning. Jdt 2:19 Toe het hy weggetrek, hy self en sy hele leërmag, om voor koning Nebukadnésar in die oorlog te gaan, en om die hele aangesig van die Aarde na die weste te bedek met sy waens en ruiters en uitgesoekte voetknegte. Jdt 2:20 En 'n bont menigte, so talryk soos sprinkane en soos die sand van die Aarde, het met hulle saamgegaan, wat vanweë hulle menigte ontelbaar was. Jdt 2:21 Vanaf Ninevé het hulle drie dagmarse deur die vlakte van Bet-Ketilal afgelê, en aan die anderkant van Bet-Ketilal het hulle laer getrek naby die berge aan die linkerkant van Opper-Cilícië. Jdt 2:22 Daarna het hy sy hele leërmag, sy voetknegte en ruiters en waens, geneem en vandaar na die bergland getrek. Jdt 2:23 Hy het Put en Lud verwoes en al die kinders van Résef uitgeplunder en die kinders van Jismael wat naby die woestyn woon, suidelik van die Aarde van die Hetiete. Jdt 2:24 Vervolgens het hy langs die Eufraat getrek en deur Mesopotamië gegaan en al die stede en hoogtes langs die Abronaspruit verwoes tot naby die see. Jdt 2:25 Die grondgebied van Cilícië het hy in besit geneem, en sy teenstanders het hy almal vernietig; en vervolgens het hy na die Aarde van Jafet getrek, wat suidelik geleë is teenoor Arabië. Jdt 2:26 Toe het hy al die kinders van Mídian van alkante ingesluit en vervolgens hulle tente aan die brand gesteek en hulle veestapel geroof. Jdt 2:27 Hy het na die vlakte van Damaskus afgedaal in die dae van die koringoes; hy het al hulle grond aan die brand gesteek, hulle troppe kleinvee en beeste gedood, hulle stede geplunder, hulle vlaktes gefynkam, en al hulle jong manne met die punt van die swaard doodgemaak. Jdt 2:28 En vrees en skrik vir hom het al die bewoners van die kusstreek oorval, dit is hulle wat in Sidon en in Tirus woon en in Sihor en Akko, en al die inwoners van Jábneël en Asdod en Askaton. Hulle is met 'n groot angs vir hom vervul. //Holofernes bly onverbiddelik. Jdt 3:1 TOE het hulle boodskappers na hom gestuur met vredeliewende woorde, om te sê: Jdt 3:2 Kyk, ons, die diensknegte van die groot koning Nebukadnésar, val neer voor u. Maak met ons soos dit die beste is voor u aangesig. Jdt 3:3 Aanskou ons plase en al ons grond en die hele vlakte met koring en die kleinvee en die beeste en al ons tentdorpe: sy staan oop voor u. Maak daarmee soos dit u sal behaag. Jdt 3:4 Kyk, ook ons stede en hulle inwoners is u slawe. Kom, en bejeën hulle soos dit goed is in u oë. Jdt 3:5 En die manne het by Holofernes gekom en aan hom berig gegee ooreenkomstig hierdie woorde. Jdt 3:6 Toe het hy na die kusgebied afgedaal, hy en sy leër; en hy het die stede wat hoog gelê het, beset en daaruit uitgesoekte manne as hulptroepe saamgeneem. Jdt 3:7 Hulle het hom toe ontvang, hierdie en al die bewoners van die naburige gebied, met kranse en reisange en keteltromme. Jdt 3:8 Maar hy het hulle hele Aarde verwoes en hulle Asherahs omgekap; want hy het die opdrag gekry om al die gode van die Aarde uit te roei, sodat al die nasies alleen Nebukadnésar sou aanbid, en sodat al hulle tonge en stamme hom tot god sou uitroep. Jdt 3:9 En hy het teenoor Esdrelon gekom, naby Dotan wat teenoor die groot vlakte van JeHûWdah lê. Jdt 3:10 Tussen Géba en Skitópolis het hy toe laer getrek. Hy het daar 'n maand gebly om die hele uitrusting van sy leër te versamel. //JisraEl neem maatreëls teen die dreigende gevaar. Jdt 4:1 EN die kinders van JisraEl wat in JeHûWdah woon, het alles gehoor wat Holofernes, die opperbevelhebber van koning Nebukadnésar van Assirië, gedoen het, en hoe hy al hulle tempels geplunder en verwoes het. Jdt 4:2 En hulle het vreeslik beangs geword voor sy aangesig en hulle bekommer oor Jerusalem en die Huis van JaHWeH, hulle Elohey, Jdt 4:3 omdat hulle maar onlangs uit die ballingskap teruggekeer het, en die hele volk van JeHûWdah net 'n kort tydjie gelede herstel het, en die gereedskap en die brandofferaltaar en die Tempel self na die besoedeling opnuut gewy was. Jdt 4:4 Toe het hulle boodskappers gestuur na die hele grensgebied van Samaría, en na Kona, en na Bet-Horon, en na Jíbleam, en na Jérigo, en na Hoba, en na Hasor, en na die Salemvlakte. Jdt 4:5 En hulle het al die hoë bergtoppe vantevore beset, en hulle het die dorpe wat daar lê met mure versterk, en hulle het voedselvoorrade opgeslaan, om voor- berei te wees vir die oorlog, want hulle het hulle lande net 'n kort tydjie vantevore geoes. Jdt 4:6 En die opperpriester JeHôWjakim, wat in daardie dae in Jerusalem was, het geskryf na die inwoners van Betoël en Bet-Místeh, wat teenoor Esdrelon lê en voor die vlakte wat naby Dotan is. Jdt 4:7 Hy het hulle gesê om die bergpasse te beset, omdat daarlangs die toegang na JeHûWdah, is, en omdat dit vir hulle maklik sou wees om die wat opruk voor te keer, want dit is te nou vir twee manne wat tegelyk wil deurgaan. Jdt 4:8 En die kinders van JisraEl het gedoen wat die opperpriester JeHôWjakim en die oudstes van die hele volk JisraEl wat in Jerusalem woon, aan hulle beveel het. Jdt 4:9 Toe het die hele JisraEl met groot aandrang luid geroep na hulle Elohey, en hulle het hulle met groot toewyding verootmoedig. Jdt 4:10 Hulle en hulle vroue en hulle kinders en hulle besittings, saam met elke bywoner en huurling en slaaf onder hulle, het hulle lendes met 'n boetekleed omgord. Jdt 4:11 En van JisraEl het elke man en vrou en kind wat in Jerusalem woon, neergeval voor die Tempel; hulle het as op hulle hoofde gestrooi en hulle het hulle boeteklere geskeur voor die Aangesig van JaHWeH. Jdt 4:12 Ook het hulle die brandofferaltaar met 'n boetekleed bedek, en hulle het eendragtig met aandrang na die Elohey van JisraEl geroep om hulle besittings nie aan plundering oor te gee nie, hulle vroue nie aan roof nie, die stede van hulle erfdeel nie aan verwoesting nie, en die Apartheids-plek nie aan die besoedeling en die beskamende leedvermaak van die nasies nie. Jdt 4:13 En JaHWeH het hulle geroep gehoor en hulle verdrukking gesien. En die volk het baie dae gevas in die hele JeHûWdah en Jerusalem voor die Apartheidsplek van die Almagtige JaHWeH. Jdt 4:14 En JeHôWjakim, die opperpriester, en al die priesters wat voor die Aangesig van JaHWeH staan, en die wat vir JaHWeH die dienswerk verrig, het met 'n boetekleed om hulle lendes sonder ophouding die brandoffers opgedra en die gebede en die vrywillige gawes van die volk. Jdt 4:15 Daar was selfs as op hulle hoofdoeke; en hulle het uit alle mag na JaHWeH bly roep om die hele huis van JisraEl in goedheid te aanskou. //Agior raai die oorlog teen die Hebreërs af. Jdt 5:1 TOE het Holofernes, die opperbevelhebber van die leër van Assur, ver- neem dat die kinders van JisraEl hulle vir die oorlog voorberei het, dat hulle die bergpasse afgesluit het, en dat hulle elke hoë bergtop omring het met mure en dat hulle in die vlaktes versperrings aangebring het. Jdt 5:2 En hy het baie woedend geword, en hy het al die leiers van Moab ontbied, eweas die aanvoerders van Ammon en al die goewerneurs van die kus-gebied; Jdt 5:3 en hy sê toe vir hulle: Verklaar my nou, kinders van Kanaän, watter volk is dit wat in die bergland woon? In watter stede woon hulle? Hoe groot is hulle leërmag? Waarin bestaan hulle krag en sterkte? Watter koning heers oor hulle en voer hulle leër aan? Jdt 5:4 Waarom is hulle die enigste bewoners in die weste wat dit onderneem om my nie tegemoet te kom nie? Jdt 5:5 Toe het Agior, die aanvoerder van al die kinders van Ammon, gesê: Laat my meester luister na die woord uit die mond van sy dienskneg, en ek sal u die waarheid meedeel omtrent daardie volk wat naby u in daardie bergland woon; en uit die mond van u dienskneg sal geen onwaarheid kom nie. Jdt 5:6 Hierdie volk is afstammelinge van Chaldeërs. Jdt 5:7 Maar hulle het hulle eers as vreem- delinge in Mesopotamië gaan vestig, omdat hulle nie die gode van hulle vaders wou dien wat in die Aarde van die Chaldeërs gewoon het nie. Jdt 5:8 Want hulle het die pad van hulle ouers verlaat en die Elohey van die Hemele gaan vereer, wat hulle as die enigste Elohim erken. Toe het hulle van die aangesig van hulle gode weggetrek en na Mesopotamië gegaan en daar baie dae gebly. Jdt 5:9 Maar toe sê hulle Elohey dat hulle moet ophou om bywoners te wees en na die Aarde van Kanaän gaan. Hulle het daar gaan woon, en het baie ryk geword aan goud en silwer en vee. Jdt 5:10 Vervolgens het hulle na Egipte afgesak, omdat daar oor die hele Aarde van Kanaän 'n hongersnood gekom het; en hulle was daar bywoners so lank as hulle voedsel gevind het. Hulle het daar tot 'n groot menigte geword, sodat hulle afstam- melinge ontelbaar was. Jdt 5:11 Maar die koning van Egipte het hulle weerstaan, en hy het hulle op 'n slinkse wyse oorwin deur harde arbeid en die maak van bakstene; hy het hulle verneder en tot slawe gemaak. Jdt 5:12 Maar hulle het na hulle Elohey geroep, en Hy het die hele Aarde van Egipte geslaan met plae waaraan geen ontkoming gewees het nie. Toe het die Egiptenare hulle uitgedryf van hulle aangesig. Jdt 5:13 Hulle Elohey het die Riet See [Skelf See] voor hulle droog gemaak, Jdt 5:14 en Hy het hulle gelei op die pad van Sinai en Kades-Barnéa; en hulle het al die woestynbewoners uitgedryf. Jdt 5:15 Hulle het gaan woon in die Aarde van die Amoriete en hulle het al die Hesboniete verdelg deur hulle krag. Jdt 5:16 Voor hulle aangesig het hulle die Kanaäniet verdrywe asook die Feresiet en die Jebusiet en die Hewiet en al die Girgasiete, en hulle het daar baie dae gewoon. Jdt 5:17 En so lank as hulle nie oortree het voor die Aangesig van hulle Elohey nie, het hulle voorspoed gehad, omdat die Elohey wat ongeregtigheid haat, met hulle gewees het. Jdt 5:18 Maar toe hulle afgewyk het van die Weg wat Hy vir hulle bepaal het, is hulle baie swaar geslaan in baie oorloë en is hulle in ballingskap weggevoer na 'n vreemde deel van die Aarde; en die Huis van hulle Elohey is te gronde gerig, en hulle stede is deur die vyande in besit geneem. Jdt 5:19 Toe het hulle egter teruggekeer na hulle Elohey, en hulle het teruggekom uit die verstrooiing waarin hulle verstrooi is. Hulle het Jerusalem, waar hulle Apartheidsplek is, teruggekry, en hulle het die bergland bevolk, omdat sy leeg was. Jdt 5:20 En nou, my gebieder en meester, as daar tog skuld van ongeregtigheid onder hierdie volk is en hulle oortree teen hulle Elohey, dan sal ons dit raaksien, omdat dit vir hulle 'n hindernis is, en sal ons opruk en hulle oorwin. Jdt 5:21 Maar as daar geen skuld van ongeregtigheid onder hulle mense is nie, gaan dan weg, sodat JaHWeH hulle Elohey hulle nie beskerm en ons tot skande maak voor die hele Aarde nie. Jdt 5:22 Toe Agior ophou met hierdie woorde te sê, het al die volk wat rondom die tent staan, begin mor; en Holofernes se aanvoerders en al die bewoners van die kusgebied en van Moab het gesê dat hulle hom sal vermoor: Jdt 5:23 Ons sal ons geen vrees laat aanja vir die kinders van JisraEl nie. Want, kyk, dit is 'n volk sonder die mag en die krag vir 'n gedugte leër. Jdt 5:24 Laat ons daarom opruk; hulle sal 'n prooi vir u hele leër wees, meester Holofernes! //Agior word uitgelewer aan die Hebreërs. Jdt 6:1 TOE die geraas van die manne in die kring van die vergadering ophou, het Holofernes, die opperbevelhebber van die leër van Assur, voor die hele menigte vreemdelinge vir Agior en vir al die kinders van Moab gesê: Jdt 6:2 Wie is jy, Agior, en wie is die huurlinge van Efraim, dat jy onder ons geprofeteer het soos netnou en dat jy sê om nie teen die geslag van JisraEl oorlog te voer nie omdat hulle Elohey hulle sal beskerm? En wie is elohim behalwe Nebukadnésar? Dit is hy wat sy leër stuur en wat hulle sal uitroei van die aangesig van die Aarde, sonder dat hulle Elohey hulle sal bewaar. Jdt 6:3 Want ons, sy diensknegte, sal hulle soos een man neerslaan. En hulle sal nie aan die krag van ons perde weerstand bied nie. Jdt 6:4 Ons sal hulle daar verbrand, en hulle berge sal dronk word van hulle bloed en hulle vlaktes sal gevul word met hulle lyke en selfs die spore van hulle voete sal nie standhou voor ons aangesig nie, maar deur vernietiging weggevee word, verklaar koning Nebukadnésar, die heerser van die hele Aarde. Want hy het gesê dat sy woorde nie verydel moet word nie. Jdt 6:5 En jy, Agior, huurling van Ammon, omdat jy hierdie woorde gepraat het op die dag van jou ongeregtigheid, sal jy vanaf vandag my aangesig nie meer sien nie, totdat ek wraak neem op die geslag van die wat uit Egipte gekom het. Jdt 6:6 Dan sal die swaard van my leër en die menigte van my diensbares jou sy deursteek. Jy sal onder hulle slae val, wanneer ek kom. Jdt 6:7 Want my slawe sal jou wegvoer na die gebergte, en hulle sal jou by een van die dorpe in die bergpasse bring; Jdt 6:8 En jy sal nie omkom voordat jy saam met hulle uitgeroei gaan word nie. Jdt 6:9 Maar as jy in jou hart verwag dat hulle nie oorwin word nie, toon dan nie 'n ingevalle gesig nie. Ek het gepraat, en niks van wat ek sê, sal misluk nie. Jdt 6:10 Toe het Holofernes aan sy slawe wat by hom in die tent is, beveel om Agior saam te neem en hom na Betoel te bring en hom oor te lewer in die hande van die kinders van JisraEl. Jdt 6:11 En sy slawe het hom saamgeneem en uit die laer na die vlakte weggevoer; en van die vlakte het hulle in die berge gegaan en verby die fonteine gekom wat onder Betoel is. Jdt 6:12 Toe die manne van die Stad op die top van die berg hulle gewaar, het hulle hulle wapens opgeneem en uit die Stad op die top van die berg geloop; en al die slingeraars het verhinder dat hulle hoër klim deur hulle met klippe te gooi. Jdt 6:13 Maar hulle het onder teen die berg weggeskuil en Agior vasgebind, en hulle het hom by die voet van die berg agtergelaat en weggegaan na hulle meester. Jdt 6:14 Toe het die kinders van JisraEl uit hulle Stad afgekom en by hom gaan staan; hulle het hom losgemaak en hom toe na Betoel gebring en voor die owerstes gelei. Jdt 6:15 In daardie dae was dit UzziJaH, die seun van Míga, uit die stam van Simeon; en Abris, die seun van GotóniEl; en Samri, die seun van MelgiEl. Jdt 6:16 En hulle het al die oudstes van die Stad bymekaar geroep, en al hulle jongelinge en vroue het na die byeenkoms gekom, en hulle het Agior in die midde van hulle hele volk geplaas; en UzziJaH het hom gevra wat hom oorgekom het. Jdt 6:17 En hy het as antwoord aan hulle al die woorde oorgebring van Holofernes se raad, en al wat hy self gesê het te midde van die owerstes van die kinders van Assur, en Holofernes se grootpraat teen die huis van JisraEl. Jdt 6:18 Toe het die volk neergekniel en Elohim aanbid en na Elohim geroep: Jdt 6:19 O, JaHWeH, Elohey van die Hemele, kyk neer op hulle vermetelheid en ontferm U oor die vernedering van ons geslag. Aanskou op daardie dag die aangesig van hulle wat aan U toegewy is. Jdt 6:20 En hulle het Agior getroos en hom baie geprys. Jdt 6:21 Toe het UzziJaH hom van die vergadering saamgeneem na sy huis, en aan die oudstes het hy gegee om te drink. En daardie hele nag het hulle die Elohey van JisraEl om hulp geroep. //Die beleëring van Betoel deur Holofernes. Jdt 7:1 DIE volgende dag het Holofernes bevel gegee aan sy hele leër en aan al die volk wat as hulptroepe by hom aangesluit het, om op te trek na Betoel en die bergpasse te beset, en om die oorlog teen die kinders van JisraEl te voer. Jdt 7:2 Op daardie dag het al die soldate dan ook opgetrek. En hulle leërmag het bestaan uit sewentigduisend voetknegte en twaalfduisend ruiters, behalwe nog die uitrusting en die manne wat saamgeloop het met hulle - 'n geweldig groot menigte. Jdt 7:3 Nie ver van Betoel nie het hulle naby die fontein laer getrek; en hulle was uitgesprei in die breedte sover soos Dotan en Jibleam, en in die lengte van Betoel tot naby Jókneam, wat teenoor Esdrelon geleë is. Jdt 7:4 Toe die kinders van JisraEl hulle menigte sien, het hulle baie bevrees geword en hulle het vir mekaar gesê: Nou oorstroom hulle die aangesig van die hele Aarde, en nòg die bergtoppe, nòg die dale, nòg die heuwels sal hulle gewig kan dra. Jdt 7:5 En elkeen van hulle het sy wapens opgeneem, en hulle het op die poorte vure aangesteek en daardie hele nag waggehou. Jdt 7:6 Die volgende dag het Holofernes sy hele ruitery uitgelei tot voor die oë van die kinders van JisraEl wat in Betoel gewees het. Jdt 7:7 Ook het hy die toegangsweë na hulle Stad in oënskou geneem, na die fonteine gaan kyk en hulle in besit geneem; hy het wagposte van krygsmanne daarby geplaas en daarna weer teruggegaan na sy manskappe. Jdt 7:8 Toe het al die owerstes van die kinders van Esau en al die leiers van die volk van Moab en die bevelhebbers van die kusgebied na hom toe gekom, en hulle het gesê: Jdt 7:9 Laat ons gebieder luister na 'n plan waardeur u leër geen verliese sal ly nie. Jdt 7:10 Hierdie volk van die kinders van JisraEl vertrou nie op hulle spiese nie, maar op die hoogtes van die berge waarop hulle woon, omdat dit nie maklik is om op die toppe van hulle berge te klim nie. Jdt 7:11 Nou dan, gebieder, veg nie met hulle in die gebruiklike slagorde nie, en nie een enkele man van u leër sal sneuwel nie. Jdt 7:12 Bly in u kamp en spaar elke man van u troepemag, maar laat u manskappe net die fontein beset hou wat uit die voet van die berg stroom, Jdt 7:13 want daarvandaan kry al die inwoners van Betoel hulle water. Die dors sal hulle swak maak, sodat hulle hulle Stad oorgee. Ons en ons volk sal op die naburige bergtoppe klim en daar laer om wag te hou, sodat nie een man die Stad kan verlaat nie. Jdt 7:14 Hulle sal versmag in hulle nood, hulleself en hulle vroue en hulle kinders; en nog voordat die swaard hulle kan tref, sal hulle dood rondlê in die strate van hulle woonplek. Jdt 7:15 Dan sal u hulle vergeld met 'n smartlike vergelding vir die feit dat hulle opgestaan het en nie u aangesig in vrede gesoek het nie. Jdt 7:16 Hulle plan het Holofernes en al sy ondergeskiktes geval; en hy het hulle beveel om te maak soos hulle gesê het. Jdt 7:17 'n Afdeling van die kinders van Ammon het toe weggetrek, en saam met hulle nog vyfduisend kinders van Assur wat hulle in die dal gelaer het en wat die spruite en Fonteine van die kinders van JisraEl beset het. Jdt 7:18 Maar die kinders van Esau en die kinders van Ammon het self opgeklim en in die bergland teenoor Dotan laer getrek. En hulle het van hulle manskappe na die suide en na die ooste gestuur teenoor Ekrebel, naby Ehoes, wat by die Mogmoerspruit geleë is. En die res van die leër van die Assiriërs het in die vlakte gelaer, en hulle het die hele aangesig van die land bedek; en hulle tente en uitrusting is in 'n baie groot menigte opgeslaan, en daar was vreeslik baie van hulle. Jdt 7:19 Die kinders van JisraEl het toe na JaHWeH, hulle Elohey geroep, omdat hulle harte neerslagtig geword het deur die feit dat die vyande hulle ingesluit het, sodat daar geen ontkoming uit hulle midde is nie. Jdt 7:20 Die hele laer van Assur, die voetknegte en die strydwaens en die ruiters, het so gedurende vier-en-dertig dae die beleg volgehou; en die watervoorraad het al die inwoners van Betoel in die steek gelaat. Jdt 7:21 Die waterputte het leeg geword, en daar was nie water om selfs een dag genoeg te drink nie, omdat hulle afgemete hoeveelhede gegee het om te drink. Jdt 7:22 En die klein kindertjies het lusteloos geword; en die vroue en jongelinge het verswak deur die dors en het in die strate van die Stad en in die openinge van die deure geval, want daar was geen krag in hulle oor nie. Jdt 7:23 Toe het die hele bevolking by UzziJaH en die stadsbestuurders bymekaar gekom, die jongelinge en die vroue en die kinders en met 'n groot stem het hulle geroep. En teenoor al die oudstes het hulle gesê: Jdt 7:24 Laat JaHWeH regter wees tussen u en ons, want u het ons 'n groot onreg aangedoen deur nie op 'n vredeliewende wyse met die kinders van Assur te praat nie. Jdt 7:25 Nou is daar niemand om ons te help nie, want JaHWeH het ons verkoop in hulle hande, omdat ons voor hulle oë deur dors en groot gebrek omkom. Jdt 7:26 Nou dan, roep hulle en gee die hele Stad as buit oor aan die manskappe van Holofernes en aan sy hele leër; Jdt 7:27 want dit is beter vir ons om hulle buit te word. Dan sal ons hulle slawe wees en ons bly lewe. En ons sal nie met eie oë die dood aanskou van ons klein kindertjies en hoe ons vroue en kinders die gees gee nie. Jdt 7:28 Ons roep tot getuie die Hemele en die Aarde en JaHWeH onse Elohey van ons vaders. Hy straf ons vanweë ons eie oortredinge en die oortredinge van ons vaders, as u nie vandag nog handel ooreenkomstig ons versoek nie. Jdt 7:29 En almal het gelyklik in die midde van die vergadering geweeklaag, en met 'n groot stem het hulle geroep na JaHWeH, hulle Elohey. Jdt 7:30 Toe het UzziJaH vir hulle gesê: Hou goeie moed, broers! Laat ons nog vyf dae langer uithou waarin JaHWeH, onse Elohey Sy Ontferming na ons kan toekeer, want Hy sal ons nie volkome verlaat nie. Jdt 7:31 As hulle verbygaan sonder dat daar hulp vir ons kom, sal ek ooreenkomstig julle versoek handel. Jdt 7:32 Toe het hy die volk weggestuur, elkeen na sy wagpos; en hulle het weer na die mure en die poorte van hulle Stad gegaan. En hulle het hulle vroue en kinders na hulle huise gestuur. En hulle was baie bedruk in die Stad. //Judit berispe die bestuurders van Betoel. Jdt 8:1 IN daardie dae is dit ook verneem deur Judit, die dogter van Merái, die seun van UzziJaH, die seun van JôWsef, die seun van OsiEl, die seun van ElkiJaH die seun van GanánJaH, die seun van Gideon, die seun van Refaïm, die seun van Agítob, die seun van Eli, die seun van HilkiJaH, die seun van Elíab, die seun van NatánaEl, die seun van SelumiEl, die seun van Surísaddai, die seun van JisraEl. Jdt 8:2 Haar man was Manasse, van haar eie stam en geslag, wat tydens 'n oes van die gars gesterf het. Jdt 8:3 Want terwyl hy op die vlakte toesig hou op die gerwebinders, het die warmte sy hoof getref. Hy het op sy bed gaan lê, maar in sy eie stad Betoel het hy gesterf, en hulle het hom begrawe in die Aarde tussen Dotan en Jibleam. Jdt 8:4 En Judit was al drie jaar en vier maande 'n weduwee in haar huis gewees. Jdt 8:5 Sy het vir haar op die dak van haar huis 'n tent gemaak, en sy het haar lendes met 'n boetekleed omgord, en sy was altyd aangetrek in die kleed van haar weduweeskap. Jdt 8:6 En al die dae van haar weduweeskap het sy gevas, uitge-sonder op die Sabbat en met die maandsvernuwing en op die Fees- en Jubeldae van die Huis van JisraEl. Jdt 8:7 Sy was besonder mooi van gestalte en skoon om te aanskou. Verder het Manasse, haar man, aan haar goud en silwer en slawe en slavinne en vee en grond nagelaat, en sy het dit in die oog gehou. Jdt 8:8 Daar was ook niemand wat behoefte gehad het aan 'n woord van afkeuring nie, want sy het JaHWeH gevrees. Jdt 8:9 Sy het verneem van die bevolking se bose woorde tot die owerste omdat hulle bedruk gevoel het deur die gebrek aan water. Ook het Judit al die woorde verneem wat UzziJaH vir hulle gesê het - dat hy hulle belowe het om na vyf dae die Stad oor te gee aan die Assiriërs. Jdt 8:10 En sy het haar kamerbediende wat oor al haar diensbares toesig hou, gestuur en Abris en Samri, die oudstes van die Stad, geroep. Jdt 8:11 Hulle het na haar toe gegaan, en sy het vir hulle gesê: Luister na my, owerstes van die inwoners van Betoel! Want dit is nie 'n goeie woord wat julle vandag voor die volk gepraat het nie, toe julle daardie eed sweer, wat julle tussen Elohim en julleself uitgespreek het, toe julle sê dat julle die Stad aan ons vyande sal oorgee as JaHWeH julle binne daardie tyd nie te hulp kom nie. Jdt 8:12 Nou dan, wie is julle wat Elohim vandag versoek, en wat julle bo Elohim plaas in die midde van die seuns van die Adam? Jdt 8:13 Want julle is nou besig om die Almagtige JaHWeH na te vors, en tog sal julle tot in ewigheid niks weet nie. Jdt 8:14 Want die diepte van 'n adamiet se hart kan julle nie peil nie, en die gedagtes van sy gees kan julle nie vat nie. Maar hoe kan julle dan wel Elohim begryp, wat hierdie dinge gemaak het, en hoe kan julle dan Sy Wysheid verstaan en Sy rede begryp? Nooit, broers! En vertoorn nie JaHWeH, onse Elohey nie! Jdt 8:15 Want ook wanneer Hy ons nie binne hierdie vyf dae wil help nie, dan besit Hy tog nog die mag om ons in soveel dae soos Hy wil, te beskerm of uit te roei voor die aangesig van ons vyande. Jdt 8:16 En julle, moenie die Raadsbesluite van JaHWeH, onse Elohey afdwing nie, want JaHWeH laat Hom nie soos 'n adamiet dreig of soos 'n seun van adam 'n dagverdeling voorskryf nie. Jdt 8:17 Laat ons daarom, terwyl ons Sy uitredding afwag, Hom roep om ons te help; en Hy sal ons stem verneem, wanneer dit Hom behaag. Jdt 8:18 Want Hy het nie opgestaan om ons geslag te straf nie, want daar is vandag nòg 'n stam, nòg 'n geslag, nòg 'n volk, nòg 'n Stad van ons, wat gode vereer wat deur mensehande gemaak is, soos dit in vroeër dae wel die geval gewees het. Jdt 8:19 Daarom was ons vaders oorgelewer aan die swaard en die plundering en was hulle diep verneder in die aangesig van ons vyande. Jdt 8:20 Maar ons, ons ken nie 'n ander Elohey as Hom nie; en daarom hoop ons dat Hy ons nie sal oorsien nie; selfs nie vanweë ons geslag nie. Jdt 8:21 Want as ons oorweldig word, sal ook die hele JeHûWdah oorweldig word, en dan sal ook ons Apartheidsplek geplunder word; en daardie besoedeling sal Hy op ons bloed wreek. Jdt 8:22 En die moord op ons broers en die verowering van die Aarde en die verwoesting van ons Erfdeel sal Hy laat neerkom op ons hoof by die nasies, wie se slawe ons daar sal wees; en ons sal 'n ergernis en 'n spot wees vir die wat ons gekoop het. Jdt 8:23 Want ons diensbaarheid sal nie reggemaak word tot ons voordeel nie, maar JaHWeH, onse Elohey sal dit 'n skande vir ons laat wees. Jdt 8:24 Nou dan, broers, laat ons toon aan ons broers dat hulle lewe van ons afhang, en dat die Apartheid en die Tempel en die altaar op ons steun. Jdt 8:25 Laat ons by al hierdie dinge JaHWeH, onse Elohey dank, wat ons op die proef stel net soos ons vaders. Jdt 8:26 Gedenk wat Hy met Abraham gedoen het, en waarin Hy Isak beproef het, en wat Jakob oorkom het in Mesopotamië van Sirië, toe hy die skape oppas van Laban, die broer van sy moeder. Jdt 8:27 Want soos Hy hulle gelouter het om hulle harte te beproef, so is Hy nie besig om ons te bestraf nie; maar JaHWeH slaan die wat Hom soek, om hulle te waarsku. Jdt 8:28 Toe sê UzziJaH vir haar: Alles wat jy sê, het jy in die suiwerheid van jou hart gepraat; en daar is niemand wat jou woorde sal bestry nie. Jdt 8:29 Want jou wysheid blyk nie van vandag nie; inteendeel, die hele volk ken jou verstandigheid reeds sedert die begin van jou dae, omdat jou hart reg is. Jdt 8:30 Maar omdat die volk versmag van dors, het hulle ons gedwing om te doen soos ons vir hulle gesê het en om ons onder 'n eed te plaas, wat ons nie sal breek nie. Jdt 8:31 Nou dan, bid vir ons, omdat jy 'n vrou is wat Elohim vrees; en JaHWeH sal reën stuur om ons putte vol te maak; en ons sal nie meer verswak nie. Jdt 8:32 Toe sê Judit vir hulle: Luister na my; ek gaan 'n daad doen wat die kinders van ons geslag aangaan in lengte van dae. Jdt 8:33 Gaan julle vannag by die poort staan, dan sal ek uitgaan saam met my kamerbediende; en in die dae, na verloop waarvan julle gesê het om die Stad aan ons vyande oor te gee, sal JaHWeH neersien op JisraEl deur my hand. Jdt 8:34 En julle moet nie wil uitvind wat ek gaan maak nie, want ek sal dit nie vir julle sê nie, totdat ek voltooi het wat ek van plan is om te doen. Jdt 8:35 Toe sê UzziJaH en die owerstes vir haar: Gaan in vrede, en mag JaHWeH jou Elohey met jou wees om ons vyande te straf. Jdt 8:36 En hulle het die tent verlaat en na hulle poste gegaan. //Gebed van Judit om uitredding en krag. Jdt 9:1 JUDIT het neergeval op haar aangesig en as op haar hoof gestrooi en die boetekleed wat sy dra, ontbloot: Dit was presies die uur dat in Jerusalem die aandaanbieding in die Huis van JaHWeH gebring word: En met 'n groot stem het Judit na JaHWeH geroep en gesê: Jdt 9:2 O, JaHWeH, die Elohey van my vader Simeon, aan wie U 'n swaard in sy hand gegee het vir die bestraffing van die vreemdelinge wat die skoot van 'n maagd geopen het tot besoedeling; wat haar heup ontbloot het tot beskaming, en wat haar skoot geskend het vir skande. Want ofskoon U gesê het: Dit sal nie so wees nie, het hulle dit tog gedoen. Jdt 9:3 Vanweë hierdie dinge het U hulle leiers aan die dood prysgegee; en aan die bloed het U hulle leërstede oorgegee, waarop sy vir hulle bedrog beswyk het en hulle self mislei is; en oor die heersers het U slawe aangestel as heersers op hulle trone. Jdt 9:4 U het hulle vroue as buit gegee en hulle dogters om as ballinge weggevoer te word; en hulle besit het U gegee om as buit verdeel te word deur U geliefde seuns, wat in ywer vir U geywer het, en wat gewalg het van die besoedeling van hulle bloed en na U om hulp geroep het. My El, my El! Luister na my wat weduwee is. Jdt 9:5 U het die dinge gewerk wat daarvoor gebeur het, en daardie dinge self, en ook: die dinge wat daarna gebeur het. U beplan wat nou gebeur, en dit wat nog sal gebeur. En dit wat U beplan, gebeur ook. Jdt 9:6 En die dinge wat U besluit het, kom na U toe en sê: Kyk, hier is ons. Want al U Weë is geskik, en U oordeel is in voorsienigheid. Jdt 9:7 En kyk, die Assiriërs is vervul van hulle leërmag, en hulle verhoog hulle oor perd en ruiter; hulle is vermetel deur die arm van hulle voetknegte; hulle vertrou op skild, werpspies, boog en slinger; tog weet hulle nie dat U JaHWeH is wat oorloë kan laat misluk nie. Jdt 9:8 JaHWeH is U Naam: U breek hulle sterkte deur U Krag en U verneder hulle krag deur U Woede. Want hulle het besluit om U Apartheid te skend, om die Tempel van die rus van U roemryke Naam te besoedel, en om die horing van U altaar met yster af te kap. Jdt 9:9 Aanskou hulle vermetelheid; bring U Woede op hulle hoofde; gee in die hand van my wat weduwee is die Krag wat ek oorweeg het. Jdt 9:10 Tref die slaaf deur die bedrog van my lippe by die heerser, en die heerser ter wille van sy bediende. Breek hulle trots deur die hand van 'n vrou. Jdt 9:11 Want U Krag bestaan nie in 'n groot menigte nie; U mag is nie geleë in krygsmanne nie. U is 'n El van nederiges, U is 'n helper van die wat min is, U is 'n bystand vir swakkes, 'n Beskermer van verworpelinge, 'n Redder van wanhopiges Jdt 9:12 Ja, U is die Elohey van my vader, en die Elohey van die Erfdeel van JisraEl, die Elohey van Hemele en Aarde, Skepper van die waters, Koning van die hele skepping. Luister na my smeking! Jdt 9:13 Laat my woord en bedrog dié verwond en gesel wat kwaad beoog teen U Verbond en U Woning van Apartheid en die kruin van Sion en die Huis waar U kinders woon. Jdt 9:14 En leer U hele volk en elke stam om tog in te sien dat U, JaHWeH, die Elohey van alle Krag en mag is, en dat geen ander die volk van JisraEl beskerm nie, behalwe U. //Judit gaan na die laer van die vyande Jdt 10:1 NADAT sy opgehou het om te roep na die Elohey van JisraEl en al daardie woorde gesê het, Jdt 10:2 het sy opgestaan van die plek waar sy neergeval het, en sy het haar kamerbediende geroep en afgeklim na haar huis, waarin sy slegs op die Sabbatdag en die Feeste vertoef het. Jdt 10:3 Toe het sy die boetekleed wat sy dra, uitgetrek en die klere van haar weduweeskap afgelê; sy het haar liggaam met water gewas en met dik mirre gesalf; sy het die hare van haar hoof gekam en daarop 'n hoofversiersel gesit; en sy het haar feesklere aangetrek waarmee sy haar getooi het in die dae toe haar man Manasse nog geleef het. Jdt 10:4 Sy het sandale aan haar voete gesit en voetringe, armbande, vingerringe, oorversiersels en al haar sieraad; en sy het haar besonder fraai gemaak om die oë te bedrieg van al die manne wat haar mag gewaar. Jdt 10:5 En aan haar kamerbediende het sy 'n sak wyn gegee en 'n kruik olyfolie; sy het ook 'n reissak volgemaak met gars, gedroogde vrugte en goeie brode; en sy het haar sak toegebind en vir haar bediende opgelê. Jdt 10:6 Toe het hulle na die stadspoort van Betoel gegaan en daar het hulle UzziJaH gevind, wat vir haar staan en wag, en die oudstes van die Stad, Abris en Samri. Jdt 10:7 Terstond nadat hulle haar gewaar het en sien dat haar gesig anders lyk en ook die kleding wat sy aangetrek het, het hulle met bewondering na haar buitengewone groot skoonheid gekyk; en hulle het vir haar gesê: [2 Ezra 7:26] Jdt 10:8 Mag die Elohey van ons vaders aan jou Sy Guns bewys; mag Hy jou planne laat slaag tot verhoging van die kinders van JisraEl en tot verheffing van Jerusalem. Toe het hulle JaHWeH aanbid en gesê: Jdt 10:9 "Beveel dat die stadspoort oopgemaak word vir my, dan sal ek uitgaan om die planne uit te voer waaroor julle met my gepraat het." En hulle het aan die jong manne bevel gegee dat die poort vir haar oopgemaak word, soos sy gesê het. Jdt 10:10 En hulle het dit gedoen. Toe het Judit uitgegaan, sy en haar diensmeisie wat by haar was. En die manne van die Stad het haar agternagekyk tot die plek waar sy van die berg afklim en in die vlakte gaan; en toe het hulle haar nie meer gesien nie. Jdt 10:11 Hulle het reguit geloop oor die vlakte, toe 'n brandwag van die Assiriërs haar aantref. Jdt 10:12 Hy het haar voorgekeer en ondervra: Van watter volk is jy? Waar kom jy vandaan? Waarheen gaan jy? En sy het gesê: Ek is 'n dogter van die Hebreërs en ek is besig om van hulle weg te loop, omdat hulle sekerlik aan julle tot spys gegee sal word. Jdt 10:13 Maar ek gaan tot voor Holofernes, die opperbevelhebber van julle leërmag om hom 'n ware boodskap te bring; en voor sy aangesig sal ek hom 'n weg wys wat hy moet volg om die hele bergland te onderwerp, sonder dat sy manskappe gewond of gedood word. Jdt 10:14 Terstond toe die manne haar woord hoor en haar voorkoms opmerk - want sy het vir hulle wonderlik gelyk deur haar buitengewone skoonheid,- het hulle vir haar gesê: Jdt 10:15 Jy het jou lewe gered deur jou verlange om af te klim tot voor die aangesig van ons bevelhebber. Nou dan, gaan na sy tent, en van ons af sal hulle jou begelei, totdat hulle jou in sy hande oordra. Jdt 10:16 En wanneer jy voor hom staan, wees dan nie bevrees in jou hart nie, maar deel hom jou boodskap mee, en hy sal jou goed doen. Jdt 10:17 En hulle het uit hulle midde honderd manskappe gekies, wat saamgegaan het met haar en haar kamerbediende, en hulle het haar by die tent van Holofernes gebring. Jdt 10:18 In die hele laer het daar toe 'n sameloop ontstaan, want haar verskyning het deur geroep na die tente bekend geword. Hulle het gekom en haar omring, soos sy daar buitekant Holofernes se tent staan, totdat hulle hom berig gegee het oor haar. Jdt 10:19 En hulle was vol bewondering vir haar skoonheid en hulle het die kinders van JisraEl bewonder om haar ontwil. Hulle het vir mekaar gesê: Wie sal hierdie volk verag wat sodanige vroue in sy midde het? Dit is dan ook nie reg om ook maar een van hulle manne te laat oorbly nie, want as hulle vrygelaat word, kan hulle deur verleiding die hele Aarde onderwerp. Jdt 10:20 Toe het Holofernes se tentgenote en al sy dienare na buite gekom en haar in die tent gebring. Jdt 10:21 Holofernes het self op sy rusbed gelê onder 'n muskietnet, wat versier is met koningsblou en goud en smarag en kosbare stene wat daaraan vasgewerk is. Jdt 10:22 En hulle het hom berig gegee oor haar, en hy het uitgegaan na die voorvertrek, terwyl silwer lampe voor hom vooruitgedra is. Jdt 10:23 En toe Judit voor hom en sy dienare kom, het almal haar bewonder vanweë die skoonheid van haar voorkoms. En sy het neergeval op haar aangesig en hom gehuldig; en sy dienare het haar opgerig. //Judit mislei Holofernes omtrent haar volk se verhouding teenoor JaHWeH. Jdt 11:1 TOE sê Holofernes vir haar: Hou goeie moed, vrou, en wees nie be- vrees in jou hart nie! Ek het nog geen mens kwaad berokken wat bereid is om Nebukadnésar, die koning van die hele Aarde, te dien nie. Jdt 11:2 Nou dan, jou volk wat in die bergland woon: as hulle my nie sou geminag het nie, dan sou ek my spies nie teen hulle opgeneem het nie. Maar hulle het dit self oor hulle gebring. Jdt 11:3 Maar sê jy nou vir my waarom jy van hulle af weggeloop het en na ons toe gekom het. Jy is nou veilig. Hou goeie moed; hierdie nag sal jy lewe, en ook in die toekoms. Jdt 11:4 Want daar is niemand wat jou onreg sal aandoen nie, maar wel wat jou sal goeddoen, soos die geval is met almal wat onderdane is van my meester, koning Nebukadnésar. Jdt 11:5 Toe sê Judit vir hom: Neem die woorde aan van u dienares, en laat u slavin praat voor u aangesig; ek sal in hierdie nag aan my meester geen leuen meedeel nie. Jdt 11:6 As u die woorde van u slavin opvolg, sal Elohim u onderneming laat slaag; en my meester sal die voltooiing van sy werke nie ontgaan nie. Jdt 11:7 Want soos Nebukadnésar, die koning van die hele Aarde leef, so leef ook die mag van hom wat u gestuur het vir die tugtiging van elke lewende wese; omdat nie alleen die mense hom deur u onderdanig is nie, maar ook die wilde diere van die veld en die vee en die voëls van die Hemele, deur u krag leef vir Nebukadnésar en sy hele huis. Jdt 11:8 Want ons het verneem van u wysheid en van die werke van u gees; en aan die hele Aarde het dit bekend geword dat in 'n oorlog alleen u dapper is in die hele koninkryk en kragtig in kennis en bewonderenswaardig in veldtogte. Jdt 11:9 Nou dan, die woord wat Agior in u raadsvergadering gesê het. Ons het sy woorde gehoor, omdat die manne van Betoel hom sy lewe laat hou het en hy aan hulle alles meegedeel het wat hy vir u gesê het. Jdt 11:10 Daarom, meester en gebieder, gaan nie agteloos by sy woorde verby nie, maar bewaar hulle in u hart, want dit is die waarheid. Ons geslag word nie gestraf en die swaard vermag niks teen hulle nie, as hulle nie oortree teen hulle Elohey nie. Jdt 11:11 Nietemin, laat my meester nie neerslagtig en verydel voel nie: die Dood sal oor hulle kom, want 'n oortreding het hulle oormeester, waardeur hulle hulle Elohey sal vertoorn, wanneer hulle hierdie ongerymdheid doen. Jdt 11:12 Want omdat hulle voedsel opgeraak het en al die water skaars geword het, het hulle dit oorweeg om die hand te slaan aan daardie vee en aan al die dinge wat hulle Elohey deur Sy Wette beveel het om nie te eet nie; en hulle het tot die verkwisting besluit. Jdt 11:13 En selfs omtrent die eerstelinge van die koring en die tiendes van die wyn en van die olie, wat hulle as gawes afsonder vir die priesters wat in Jerusalem voor die Aangesig van onse Elohey staan, het hulle geoordeel om dit oop te maak; en dit is dinge waaraan niemand van die gewone volk met sy hande mag raak nie. Jdt 11:14 En omdat die inwoners van Jerusalem dieselfde dinge gedoen het, het hulle manne daarheen gestuur wat hulle gerusgestel het met die ontheffing deur die raad van oudstes. Jdt 11:15 En as dit sal wees dat hulle inderdaad doen soos vir hulle gesê is, dan word hulle nog op dieselfde dag aan u oorgelewer tot hulle ondergang. Jdt 11:16 Daarom het ek, u dienares, toe ek al daardie dinge sien, van hulle af weggehardloop; en Elohim het my gestuur om met u dinge te doen waaroor die hele Aarde verbaas sal wees, en almal wat dit hoor. Jdt 11:17 Want u dienares vrees JaHWeH en dien die Elohey van die Hemele bedags en snags. Ek sal nou bly by u, my meester, maar u dienares sal in die nag uitgaan na die kloof, en dan sal ek tot JaHWeH bid; en Hy sal vir my sê wanneer hulle hulle oortredinge gedoen het. Jdt 11:18 En ek sal dan vir u kom sê, sodat u saam met u hele leër kan uittrek, sonder dat daar iemand van hulle is wat u kan weerstaan. Jdt 11:19 En ek sal u deur die midde van JeHûWdah tot by Jerusalem lei en u troon dan in die midde van haar sit; en u sal hulle lei soos skape wat sonder herder is, en selfs sal daar geen hond wees wat vir u blaf nie. Want hierdie dinge is aan my gesê en meegedeel deur middel van my voorkennis, en ek is gestuur om u van haar berig te gee. Jdt 11:20 Haar woorde het behaag aan Holofernes en aan al sy ondergeskiktes, en hulle het hulle verbaas oor haar wysheid. En hulle het gesê: Jdt 11:21 Daar bestaan nie nog so 'n vrou van die een Einde van die Aarde tot die ander met so 'n skoonheid in haar voorkoms en wysheid in haar woorde nie. Jdt 11:22 En Holofernes het vir haar gesê: Elohim het reg gedoen deur jou voor jou volk vooruit te stuur om 'n krag te wees in ons hande, maar die ondergang vir hulle wat my meester verag het. Jdt 11:23 Nou dan, jou voorkoms is fraai en jou woorde is reg. Wanneer jy daarom doen soos jy gesê het, sal jou Elohey ook my Elohey wees, en dan sal jy woon in die huis van koning Nebukadnésar, en jy sal beroemd wees oor die hele Aarde. Jdt 12:1 EN hy het beveel om haar te bring na die plek waar hy sy silwer kosbaarhede opgeslaan het, en hy het opdrag gegee om op te dien van sy eie smaaklike geregte en van sy eie wyn om te drink. Jdt 12:2 Toe sê Judit: Ek sal nie daarvan eet nie, sodat dit geen oorsaak van oortreding kan word nie; maar ek sal van die voedsel eet wat ek saamgebring het. Jdt 12:3 En Holofernes sê vir haar: Maar as die voedsel wat jy by jou het, opgeraak het, waarvandaan sal ons dan soortgelyke dinge kry om aan jou te gee? Want daar is niemand van jou volk by ons nie. Jdt 12:4 Toe sê Judit weer vir hom: U siel sal lewe, my meester, want u slavin sal die dinge wat ek saamgebring het, nie verbruik het nie, voordat JaHWeH deur my hand doen wat Hy besluit het. Jdt 12:5 En Holofernes se dienaars het haar na die tent gelei, en sy het geslaap tot middernag. Teen die môrewake het sy opgestaan, Jdt 12:6 en sy het na Holofernes gestuur en gesê: Laat my meester beveel dat dit aan sy slavin toegestaan word om buitekant te gaan bid. Jdt 12:7 En Holofernes het aan die lyfwag beveel om haar nie te belet nie. En sy het drie dae in die laer gebly, en snags het sy uitgegaan na die kloof van Betoel en binne die laer by die fontein gebad. Jdt 12:8 Terwyl sy weer opgaan, het sy JaHWeH die Elohey van JisraEl gebid om haar weg te rig na die verhoging van die kinders van haar volk. Jdt 12:9 En sy het binnegegaan in haar tent en suiwer gebly, totdat sy teen die aand van haar voedsel geneem het. Jdt 12:10 Daarna, op die vierde dag, het Holofernes alleen vir sy slawe 'n drinkgelag aangerig, maar hy het nie een van die gebruiklike gaste uitgenooi nie. Jdt 12:11 En vir Bagoas, die ontmande wat al sy besittings beheer het, het hy gesê: Gaan nou na die Hebreeuse vrou wat by jou is, en oorreed haar om na ons toe te kom en saam met ons te eet en te drink. Jdt 12:12 Want kyk, dit is 'n skande voor ons aangesig as ons so 'n vrou laat weggaan, sonder dat ons omgang gehad het met haar; want as ons haar nie verlok nie, sal hulle oor ons lag. Jdt 12:13 En Bagoas het Holofernes verlaat en by haar binnegegaan, en hy het gesê: Laat die jong dogter, wat so fraai is, nie langer wag om na my meester toe te gaan nie en voor sy aangesig geëer te word en saam met ons in vrolikheid wyn te drink en vandag soos een van die dogters van die kinders van Assur te word wat in die huis van Nebukadnésar inwoon. Jdt 12:14 Toe sê Judit vir hom: En wie is ek, sodat ek my meester sal teenspreek? Alles wat in sy oë die beste is, sal ek my haas om te doen; en dit sal vir my 'n vreugde wees tot die oomblik van my dood. Jdt 12:15 En sy het opgestaan en haar versier met klere en allerlei vroulike opsmuk. Haar slavin het vooruitgegaan en op die Aarde voor Holofernes vir haar die skaapvag uitgesprei wat sy vir haar daaglikse gebruik by Bagoas gekry het, om daarop te lê en eet. Jdt 12:16 En Judit het binnegegaan en gaan lê; en Holofernes se hart het oor haar ontvlam en sy siel is geskok, want hy het baie begeer om met haar gemeenskap te hê; en hy het na 'n gunstige oomblik gesoek om haar te verlei sedert die dag waarop hy haar gesien het. Jdt 12:17 En Holofernes het vir haar gesê: Drink dan, en wees vrolik saam met ons. Jdt 12:18 Toe sê Judit: Ek sal drink, meester, omdat my lewe vandag meer geëer is as in al die ander dae van my bestaan. Jdt 12:19 En sy het geneem en voor hom geëet en gedrink van die dinge wat haar slavin toeberei het. Jdt 12:20 En Holofernes het hom in haar verlustig, en hy het buitengewoon veel wyn gedrink; soveel soos hy nog nooit op een dag sedert sy geboorte gedrink het nie. //Judit gee uitvoering aan haar plan met Holofernes. Jdt 13:1 TOE dit laat word, het sy slawe haastig geword om weg te gaan. En Bagoas het die tent buitekant toegesluit, en hy het die bystanders buite die aangesig van sy meester gesluit; en hulle het weggegaan na hulle rusplekke, want hulle was almal moeg, omdat die drank te veel geword het vir hulle. Jdt 13:2 Judit is alleen in die tent agtergelaat, terwyl Holofernes vooroor op sy rusbed geval het; en die wyn was rondom hom uitgegiet. Jdt 13:3 En Judit het vir haar slavin gesê om buitekant haar slaapvertrek te staan en wag, totdat sy uitkom soos elke dag; want sy het gesê dat sy sou uitgaan vir haar gebed, en ook met Bagoas het sy ooreenkomstig hierdie afspraak gepraat. Jdt 13:4 En almal het weggegaan, en niemand, van klein tot groot, het in die slaapvertrek agtergebly nie. En Judit het by sy rusbed gaan staan en het in haar hart gesê: JaHWeH, El Almagtig, sien in hierdie uur neer op die werke van my hande tot verhoging van Jerusalem. Jdt 13:5 Want nou is die geskikte oomblik om U Erfdeel vas te hou en my plan uit te voer tot vernietiging van die vyande wat teenoor ons staan. Jdt 13:6 Toe het sy na die bedstang naby Holofernes se hoof gegaan en sy swaard daarvan afgehaak. Jdt 13:7 En sy het nader aan die bed gegaan en die hare van sy hoof vasgegryp en gesê: Gee my Krag, JaHWeH, Elohey van JisraEl, op hierdie dag! Jdt 13:8 En met al haar krag het sy twee keer op sy nek geslaan en sy hoof van sy liggaam gekap. Jdt 13:9 Toe het sy die liggaam van die bed gewentel en die muskietnet van die style losgetrek; en terstond daarna het sy uitgegaan en aan haar bediende die hoof van Holofernes oorhandig. Jdt 13:10 En sy het hom in die sak van haar voedsel gesit. En hulle twee het uitgegaan, net soos hulle gewoonte gewees het wanneer hulle gaan bid het. En hulle het deur die kamp gegaan en verby daardie kloof geloop en op die berg van Betoel geklim en so die stadspoorte genader. Jdt 13:11 En op 'n afstand het Judit vir die poortwagters geroep: Maak oop! Maak oop die Poort! JaHWeH, onse Elohey is met ons om JisraEl weer kragtig en sterk te maak teen die vyande, soos Hy vandag gedoen het. Jdt 13:12 Toe die manne van die Stad haar stem hoor, het hulle haastig van die stadspoort na onder gekom en hulle het die oudstes van die Stad geroep. Jdt 13:13 En almal, van klein tot groot, het hulle saamgestroom, omdat sy teen hulle verwagting gekom het. En hulle het die Poort oopgemaak en hulle binne gelaat; en hulle het vuur geneem om lig te maak, en hulle het in 'n kring rondom hulle gaan staan. Jdt 13:14 Toe het sy met 'n groot stem vir hulle gesê: Loof JaHWeH! Loof! Loof JaHWeH, wat Sy Ontferming nie afgewend het van die huis van JisraEl nie, maar wat ons vyande in hierdie nag deur my hand verslaan het. Jdt 13:15 En sy het die hoof uit die sak geneem, en terwyl sy hom aan hulle wys, het sy gesê: Kyk, dit is die hoof van Holofernes, die opperbevelhebber van die leërmag van Assur; en kyk, hier is die muskietnet waarin hy gelê het in sy dronkenskap. JaHWeH het hom geslaan deur die hand van 'n vrou. Jdt 13:16 Mag JaHWeH leef wat my beskerm het op my weg, waarop ek gewandel het; omdat my aangesig hom mislei het na sy ondergang, en hy nie met my oortree het tot besoedeling en skande nie. Jdt 13:17 En die hele bevolking was baie verbaas, en hulle het neergebuig en JaHWeH aanbid en eenparig gesê: Geseën is U, onse Elohey, wat op hierdie dag die vyande van U volk vernietig het. Jdt 13:18 En UzziJaH het vir haar gesê: Geseën is jy, dogter, deur die Hoogste El bo al die vroue op die Aarde; en geseën is JaHWeH die Elohey, Skepper van die Hemele en die Aarde, wat jou gelei het tot die onthoofding van die opper-bevelhebber van ons vyande. Jdt 13:19 Want jou hoop sal nie wyk uit die harte van die mense wat die Krag van Elohim gedenk tot in ewigheid nie. Jdt 13:20 En mag Elohim dit aan jou vergeld tot 'n voortdurende verhoging deur neer te sien op jou tot Verlossing; want jy het jou lewe nie ontsien vanweë die vernedering van ons volk nie, maar jy het ons ondergang voorkom tot uitredding deur te wandel voor die Aangesig van onse Elohey. En die hele bevolking het gesê: Mag dit so wees! Mag dit so wees! //Die gebeurtenisse na die dood van Holofernes. Jdt 14:1 TOE sê Judit vir hulle: Luister na my, broers! Neem hierdie hoof en hang dit aan die borswering van julle mure. Jdt 14:2 En wanneer dit so ver is dat die rooidag sigbaar word en die son uitkom oor die Aarde, neem dan almal julle wapens op en laat al die krygsmanne uit die poort uittrek. Stel ook 'n bevelhebber oor hulle aan; en daal af na die vlakte asof julle na die wagpos van die kinders van Assur gaan, maar julle moet nie klaar afklim nie. Jdt 14:3 Hulle sal dan na hulle wapens gryp en na hulle laer gaan en die bevelhebbers van die leër van Assur wakker maak. Daarna sal hulle saamstroom na die tent van Holofernes en hom nie kry nie. Vrees sal hulle oormeester, en voor julle aangesig sal hulle op die vlug slaan. Jdt 14:4 Dan moet julle en al die bewoners van die hele landstreek van JeHûWdah hulle agtervolg en neerslaan op hulle paaie. Jdt 14:5 Maar voordat dit gebeur, roep julle vir my Agior, die Ammoniet, sodat hy diegene kan sien en uitken wat die huis van JisraEl geminag het, en hoe hy tot sy ondergang na ons uitgestuur is. Jdt 14:6 En hulle het Agior uit die huis van UzziJaH ontbied. En toe hy kom en die hoof van Holofernes sien in die hand van een van die manne in die volksmenigte, het hy op sy aangesig neergeval en sy asem verloor. Jdt 14:7 Nadat hulle hom opgehelp het, het hy by die voete van Judit neergekniel en voor haar neergebuig en gesê: Geseën is jy in al die woontente van JeHûWdah en onder elke volk; die wat jou naam sal hoor, sal verbaas wees. Jdt 14:8 Nou dan, vertel my watter dinge jy in hierdie dae gedoen het. En Judit het hom in die midde van die volk alles meegedeel wat sy gedoen het, vanaf die dag waarop sy weggegaan het tot die oomblik waarop sy nou vir hulle praat. Jdt 14:9 En toe sy ophou met praat, het die volk met 'n groot stem geroep, en hulle het in hulle Stad uiting gegee aan hulle blydskap. Jdt 14:10 En toe Agior alles sien wat die Elohey van JisraEl gewerk het, het hy hartstogtelik in JaHWeH geglo; hy is aan die vlees van sy voorhuid besny en by die huis van JisraEl ingelyf tot vandag toe. Jdt 14:11 En op die tyd dat die rooidag aanbreek, het hulle die hoof van Holofernes aan die stadsmuur gehang; elke man het sy wapens opgeneem, en in afdelinge het hulle uitgetrek met die toegangspaaie van die berg. Jdt 14:12 Toe die kinders van Assur hulle gewaar, het hulle berig gegee aan hulle owerstes, wat weer na die bevelhebbers gegaan het en na die hoofmanne oor duisend en na die opperbevelhebbers. Jdt 14:13 En nadat hulle by die tent van Holofernes gekom het, het hulle vir diegene wat al sy besittings opgepas het, gesê: Maak ons meester wakker, want die slawe waag dit om af te klim na ons toe en te veg, om so hulle verdelging tegemoet te gaan. Jdt 14:14 Bagoas het ingegaan en op die gordyn van die tent geslaan, omdat hy gemeen het dat hy saam met Judit slaap. Jdt 14:15 Maar toe hy niks hoor nie, het hy die gordyn oopgeskuif en in die slaapvertrek binnegegaan en hom dood aangetref, soos hy by die drumpel lê en met sy hoof van sy liggaam gekap. Jdt 14:16 Hy het hard geskreeu met gejammer en gesug en kragtige uitroepe; en hy het sy klere geskeur. Jdt 14:17 Vervolgens het hy in die tent binnegegaan waar Judit vertoef het, maar hy het haar nie gevind nie. Toe het hy na die menigte buitekant gehardloop en geskreeu: Jdt 14:18 Gewetenloos het hulle gehandel, die slawe! Een vrou van die Hebreërs het skande gebring oor die huis van koning Nebukadnésar. Want kyk, Holofernes lê op die grond , en hy het nie 'n hoof nie. Jdt 14:19 En die bevelhebbers van die leër van Assur wat hierdie woorde hoor, het hulle klere geskeur, en 'n groot vrees het hulle oormeester, sodat daar in die midde van die laer 'n geroep en 'n baie heftige geskreeu ontstaan. //Die Hebreërs vernietig die leër van die Assiriërs. Jdt 15:1 EN toe die wat nog in die tente is hoor wat gebeur het, het dit hulle baie ontstel. Jdt 15:2 En angs en vrees het hulle oormeester, sodat niemand nog by die man langsaan hom gebly het nie; maar in dieselfde toestand het hulle uiteen gespat en met elke pad van die vlakte en die bergland weggevlug. Jdt 15:3 En die wat hulle laers rondom Betoel in die bergland het, het ook op die vlug geslaan. En toe het die kinders van JisraEl, elke strydbare man uit hulle midde, hulle agternagesit. Jdt 15:4 En UzziJaH het na Bet-Místeh en Beba en Hoba en Kola en die hele grondgebied van JisraEl manne gestuur om te boodskap wat gebeur het, sodat almal die vyande sou agtervolg totdat hulle uitgeroei is. Jdt 15:5 En toe die kinders van JisraEl dit verneem, het hulle eensgesind die vyande agternagesit en hulle geslaan tot by Hoba. Ook uit Jerusalem het hulle gekom en uit die hele bergland, omdat ook aan hulle berig gegee is wat in die laer van hulle vyande plaasgevind het. En die in Gilead en die in Galilea het hulle deur 'n groot slag oorvleuel, totdat hulle by die stad en die grondgebied van Damaskus gekom het. Jdt 15:6 En die inwoners van Betoel wat agtergebly het, het na die laer van Assur gehardloop en hulle geplunder en 'n baie ryk buit ingesamel. Jdt 15:7 En toe die kinders van JisraEl terugkom van die slagting, het hulle die oorskot in besit geneem; en die dorpe en plase van die bergland en die vlakte het ryk aan buit geword, want daar was 'n baie groot hoeveelheid gewees. Jdt 15:8 En JeHôWjakim, die hoëpriester, en die oudstes van die kinders van JisraEl wat in Jerusalem woon, het gekom om die weldade te sien wat JaHWeH aan JisraEl gedoen het, en ook om Judit te sien en met haar te praat oor die vrede. Jdt 15:9 Toe hulle by haar aankom, het almal eenparig haar geprys en vir haar gesê: Jy is die verhoging van Jerusalem! Jy is die groot trots van JisraEl! Jy is die roem van ons geslag! Jdt 15:10 Al hierdie dinge het jy met eie hand gedoen. Jy het goeie dinge vir JisraEl gedoen, en Elohim het jou daarvoor uitgekies. Wees geseën van die Almagtige JaHWeH tot in ewigheid. En die volk het gesê: Mag dit so wees! Jdt 15:11 En die hele volk het dertig dae lank die laer geplunder. Aan Judit het hulle die tent van Holofernes gegee en al sy silwerwerk en rusbeddens en skottels en al die vaatwerk. En sy het dit geneem en op haar muilesel gesit, en sy het haar waens ingespan en dit daarop gedoen. Jdt 15:12 En al die vroue van JisraEl het gekom om haar te sien; en hulle het haar geprys, en hulle het uit hulle midde vir haar 'n koor gevorm. En sy het takke in haar hande geneem en gegee aan die vroue wat by haar is. Jdt 15:13 Toe het hulle Olyfkranse opgesit, sy en die wat saam met haar is. En sy het voor die hele volk vooruitgegaan in 'n reidans as leidster van die vrouens; en al die mans van JisraEl het in hulle wapenrusting en met kranse om, agterna gekom en lofliedere gesing. Jdt 15:14 In die midde van die hele JisraEl het Judit toe hierdie lofsang aangehef, en die hele volk het hierdie danklied nagesing. //Die lofsang van Judit. Jdt 16:1 EN Judit het gesê: Hef aan 'n lied vir my Elohey met tamboeryne, loof JaHWeH met simbale; begelei Hom met psalmsing en lofprysing, verhoog en prys Sy Naam! Jdt 16:2 Want JaHWeH is onse Elohey wat 'n oorlog beslis; Hy het my na Sy laer in die midde van die volk gebring uit die hande van my vervolgers. Jdt 16:3 Assur het uit die berge van die noorde gekom; hy het gekom met sy geweldige leër, en hulle menigte het die bergstrome teengehou, en hulle perde het die heuwels bedek. Jdt 16:4 Hy het gesê dat hy my grond aan die brand steek, en my jonkmans sal dood met sy swaard, en my suiglinge sal werp op die Aarde, en my kinders sal weggee as buit, en my maagde hulle eer sal ontneem. Jdt 16:5 Maar die Almagtige JaHWeH het hulle verjaag deur die hand van 'n vrou. Jdt 16:6 Want hulle leier het nie geval deur die hand van 'n jonkman, en nie seuns van helde het hom verslaan, en ook nie groot reuse het hom gedood nie; maar Judit, Merari se dogter, het hom verlam deur die skoonheid van haar gelaat. Jdt 16:7 Haar weduweekleed het sy afgelê tot verhoging van wie swaar leef in JisraEl; haar gesig het sy gesalf met die olie uit mirre. Jdt 16:8 Haar hare het sy gebind met 'n hoofsieraad; 'n linnekleed trek sy aan tot misleiding. Jdt 16:9 Haar sandaal het sy oë gebuit, haar skoonheid sy gees gevang; maar die swaard het deur sy nek gegaan. Jdt 16:10 Die Perse het gehuiwer voor haar durf, en Mediërs is verwar deur haar moed. Jdt 16:11 Toe het my verdruktes 'n geskreeu laat weerklink; en my swakkes, vol angs en verwarring, het luid hulle stemme verhef en hulle vyand verwilder. Jdt 16:12 Deursteek is hulle soos die seuns van ontugtige vroue, en gekwes soos kinders van swerfsters; hulle het geval deur die slagorde van my Meester. Jdt 16:13 'n Nuwe lied sal ek sing voor my Elohey: JaHWeH, U is groot en geëer, wonderbaarlik is U in U Krag en onoorwinlik. Jdt 16:14 U hele skepping moet U vereer, want U het gespreek en hulle het ontstaan; U het U Gees gestuur en Sy het 'n Huis gebou; daar is niemand wat U stem kan weerstaan nie. Jdt 16:15 Want berge word uit hulle grondveste geskud soos water, en rotse smelt voor U Aanblik soos was; maar U is goedgunstig vir die wat U vrees. Jdt 16:16 Al die reukwerk is te min vir 'n soet reuk tot U, en al die vet is nie voldoende vir U brandoffer nie; maar hy wat JaHWeH vrees, is vir altyd groot. Jdt 16:17 Wee die nasies wat teenoor my volk kom staan; die Almagtige JaHWeH straf hulle op die dag van Sy oordeel; Hy gee hulle vlees aan die vuur en die wurms, sodat hulle ewig sal weeklaag in smart. //Einde van die feesviering en die slot van die verhaal. Jdt 16:18 TOE hulle in Jerusalem kom, het hulle JaHWeH aanbid. En nadat die volk gewas is, het hulle brandoffers opgedra asook vrywillige gawes en geloftegawes. Jdt 16:19 En Judit het al die gebruiksvoorwerpe van Holofernes, wat die volk aan haar gegee het, opgedra; en ook die muskietnet wat sy vir haar self uit sy slaapvertrek geneem het, het sy as 'n gawe aan JaHWeH gegee. Jdt 16:20 En drie maande lank was die volk in Jerusalem vrolik voor die aangesig van die Apartheidsplek, terwyl Judit in hulle midde gebly het. Jdt 16:21 Na hierdie dae het elkeen weer afgereis na sy erfdeel; en Judit het teruggekeer na Betoel en by haar besittings gebly, en sy was in haar tyd baie geëer in die hele Aarde. Jdt 16:22 Baie mans het haar begeer, maar nie een het haar beken gedurende al die dae van haar lewe vanaf die dag waarop haar man Manasse gesterf het en by sy volk versamel is nie. Jdt 16:23 En sy het baie toegeneem in grootheid, en sy het in die huis van haar man die ouderdom van honderd-en-vyf jaar bereik. Aan haar kamerbediende het sy die vryheid gegee; en sy het in Betoel gesterf, en hulle het haar begrawe in die grot van haar man Manasse. Jdt 16:24 En die huis van JisraEl het sewe dae rou bedryf oor haar. Haar besittings het sy voor haar dood verdeel onder al die naasbestaandes van haar man Manasse en die naasbestaandes uit haar eie geslag. Jdt 16:25 In die dae van Judit en nog lank daarna was daar niemand wat die kinders van JisraEl nog vrees aangeja het nie. // // //Die Boekrol Ester // //[Die Boekrol "Die toevoegings van Ester" is ingevoeg in die oorspronklike Boekrol Ester en van alfabetiese subnommers voorsien.] //Die fees van Ahasvéros. Koningin Vasti word verstoot. Est 1:1 EN in die dae van Ahasvéros - dit is die Ahasvéros wat geregeer het van Indië af tot by Kuwsh, honderd-sewe-en-twintig provinsies - Est 1:2 in dié dae toe koning Ahasvéros op sy koninklike troon in die vesting Susan gesit het, Est 1:3 in die derde jaar van sy regering, het hy 'n maaltyd berei vir al sy vorste en sy dienaars; die leërmag van Persië en Medië, die vername manne en die vorste van die provinsies was voor hom; Est 1:4 waarby hy die rykdom van sy koninklike glorie en die skitterende prag van sy grootheid baie dae, honderd-en-tagtig dae lank, vertoon het. Est 1:5 En toe dié dae verby was, het die koning vir al die mense wat in die vesting Susan aanwesig was, van die grootste tot die kleinste, 'n maaltyd berei, sewe dae lank, op die voorplein van die tuin van die koninklike paleis. Est 1:6 Linne-, katoen- en pers stowwe was met linne- en purperrooi bande vasgemaak aan silwerringe en marmerpilare! Goue en silwerrusbanke op 'n plaveisel van malaehiet en van witmarmer en perlemoensteen en gevlekte marmer! Est 1:7 Daarby het hulle laat drink uit goue bekers, en die een beker was verskillend van die ander beker, en daar was koninklike wyn in oorvloed, eg koninklik! Est 1:8 En hulle het gedrink volgens voorskrif: niemand het gedwing nie; want so het die koning bevel gegee aan al die hoë beamptes van sy paleis, dat hulle na elkeen se sin moes handel. Est 1:9 Ook het die koningin Vasti 'n vrouemaaltyd aangerig in die koninklike paleis van koning Ahasvéros. Est 1:10 Op die sewende dag, toe die hart van die koning vrolik was van die wyn, het hy aan Mehúman, Bista, Harbóna, Bigta en Abágta, Setar en Karkas, die sewe hofdienaars wat voor koning Ahasvéros gedien het, gesê Est 1:11 dat hulle koningin Vasti met die koninklike kroon op voor die koning moet bring om haar skoonheid aan die volke en die vorste te toon, want sy was mooi van aansien. Est 1:12 Maar koningin Vasti het geweier om te kom op die bevel van die koning deur middel van die hofdienaars aan haar oorgebring. Toe het die koning baie kwaad geword, en sy woede het in hom ontvlam. Est 1:13 En die koning het aan die wyse manne, die kenners van die tye, gesê - want só word die sake van die koning aan al die kenners van wet en reg voorgelê; Est 1:14 en die naaste aan hom was: Karséna, Setar, Admáta, Tarsis, Meres, Marséna, Memúgan, die sewe vorste van die Perse en Meders wat die aangesig van die koning gesien het, wat vooraan gesit het in die koninkryk - Est 1:15 wat moet volgens wet gedoen word met koningin Vasti, omdat sy die bevel van koning Ahasvéros, deur middel van sy hofdienaars, nie opgevolg het nie? Est 1:16 Toe sê Memúgan voor die koning en die vorste: Nie alleen teen die koning het koningin Vasti oortree nie, maar ook teen al die vorste en al die volke wat in al die provinsies van koning Ahasveros is. Est 1:17 Want die geval van die koningin sal by al die vroue bekend word, sodat dit hulle manne in hul oë veragtelik sal maak as daar gesê word: Koning Ahasvéros het bevel gegee om koningin Vasti voor hom te bring, maar sy het nie gekom nie. Est 1:18 Dieselfde dag nog sal die vorstinne van die Perse en Meders, as hulle die geval van die koningin hoor, dit aan al die vorste van die koning vertel; en dan sal dit genoeg veragting en gramskap afgee! Est 1:19 As die koning dit goedvind, laat daar 'n koninklike woord van hom uitgaan en beskrywe word in die wette van die Perse en Meders, sodat dit onherroeplik is, dat Vasti nie meer voor koning Ahasvéros mag kom nie; en laat die koning haar koninklike waardigheid aan haar vroulike naaste gee wat beter is as sy. Est 1:20 As dan van die bevelskrif van die koning gehoor word wat hy in sy hele koninkryk - want sy is groot - uitvaardig, sal al die vroue aan hulle manne eer bewys, van die grootste tot die kleinste. Est 1:21 En die woord was goed in die oë van die koning en van die vorste, en die koning het gehandel volgens die raad van Memúgan. Est 1:22 En hy het briewe gestuur aan al die provinsies van die koning, aan elke provinsie volgens haar eie skrif en aan elke volk volgens sy eie taal, dat elke man in sy huis baas moet wees en sy volkstaal praat. //Ahasvéros trou met Ester, wat 'n sameswering teen die koning openbaar maak namens Mórdegai. Est 2:1 TOE ná die dinge die woede van koning Ahasvéros bedaar het, het hy aan Vasti gedink en aan wat sy gedoen het en wat oor haar besluit is. Est 2:2 Toe sê die jongmanne van die koning wat hom dien: Laat hulle vir die koning maagde soek wat mooi van aansien is; Est 2:3 en laat die koning beamptes aanstel in al die provinsies van sy koninkryk, dat hulle al die maagde wat mooi van aansien is, bymekaar laat kom in die vesting Susan, in die vrouehuis, onder toesig van Hege, die hofdienaar van die koning, die bewaker van die vroue; en laat hulle skoonheidsmiddele aan hulle gee. Est 2:4 En die jongmeisie wat die koning geval, moet in die plek van Vasti koningin word. Hierdie woord dan was goed in die oë van die koning, en hy het so gedoen. Est 2:5 Daar was 'n man van JeHûWdah in die vesting Susan met die naam van Mórdegai, die seun van Jaïr, die seun van Símeï, die seun van Kis, 'n Benjaminiet, Est 2:6 wat uit Jerusalem weggevoer was onder die ballinge wat in ballingskap moes gaan saam met JegonJaH, die koning van JeHûWdah, wat Nebukadnésar, die koning van Babel, weggevoer het. Est 2:7 En hy was die opvoeder van Hadássa, sy is Ester, die dogter van sy oom, want sy het geen vader of moeder gehad nie; en die jongmeisie was skoon van gestalte en mooi van aansien, en by die dood van haar vader en haar moeder het Mórdegai haar as sy dogter aangeneem. Est 2:8 En toe die bevel van die koning en sy wet bekend gemaak is, en baie meisies in die vesting Susan onder toesig van Hegai byeengebring is, het hulle Ester ook saamgeneem na die paleis van die koning, onder toesig van Hegai, die bewaker van die vroue. Est 2:9 En die meisie het hom geval en guns by hom gevind; daarom het hy gou gemaak om haar die nodige skoonheidsmiddele en die regte ete te gee en haar die sewe uitgesoekte meisies uit die paleis van die koning te verskaf; en hy het haar met haar meisies verplaas na die beste gedeelte van die vrouehuis. Est 2:10 Ester het haar volk en haar afkoms nie te kenne gegee nie, omdat Mórdegai haar beveel het om dit nie te vertel nie. Est 2:11 En Mórdegai het dag vir dag voor die voorhof van die vrouehuis gewandel om te verneem na die welstand van Ester en wat met haar sou gebeur. Est 2:12 En as die beurt van elke meisie aankom om na koning Ahasvéros in te gaan, nadat twaalf maande lank met haar volgens die wet vir die vroue gehandel is - want so lank het die dae van hulle voorbereiding geduur: ses maande lank met mirre-olie en ses maande met balsem en ander skoonheidsmiddele van die vroue - Est 2:13 as die meisie dan so na die koning ingaan, word alles wat sy sê, aan haar gegee, dat dit saam met haar uit die vrouehuis na die koninklike paleis kan gaan. Est 2:14 As sy in die aand ingaan en in die môre terugkom na die tweede vrouehuis onder toesig van Saäsgas, die hofdienaar van die koning wat die byvroue bewaak, dan mag sy nie weer by die koning ingaan nie, behalwe as die koning behae in haar vind en sy by die naam geroep word. Est 2:15 Toe die beurt van Ester, die dogter van Abígail, die oom van Mórdegai, wat haar as sy dogter aangeneem het, kom om in te gaan na die koning, het sy niks verlang nie, behalwe wat Hegai, die hofdienaar van die koning wat die vroue bewaak, gesê het; en Ester het guns gevind in die oë van almal wat haar gesien het. Est 2:16 Ester is toe by koning Ahasvéros in sy koninklike paleis opgeneem in die tiende maand, dit is die maand Tebet, in die sewende jaar van sy regering. Est 2:17 En die koning het Ester liefgekry meer as al die vroue, en sy het guns en welwillendheid voor hom gevind meer as al die maagde; en hy het die koninklike kroon op haar hoof gesit en haar koningin gemaak in die plek van Vasti. Est 2:18 En die koning het 'n groot maaltyd aangerig vir al sy vorste en sy dienaars, die maaltyd van Ester, en hy het 'n vrye dag bepaal vir die provinsies en geskenke gegee, eg koninklik! Est 2:19 En toe die maagde vir die tweede keer versamel is, terwyl Mórdegai in die poort van die koning sit - Est 2:20 Ester het haar afkoms en haar volk nie te kenne gegee nie, soos Mórdegai haar beveel het; en Ester het die bevel van Mórdegai opgevolg soos toe sy by hom opgevoed is - //Die droomgesig van Mórdegai. Hy ontdek 'n sameswering. Est 2:21 20a IN die tweede jaar van die regering van die beroemde Ahasvéros, op die eerste dag van die maand Nisan(Abib), het Mórdegai, die seun van Jaïr, die seun van Simeï die seun van Kis 'n Benjaminiet, 'n droom gesien. Est 2:22 20b Hy was 'n man van JeHûWdah wat in die stad Susan gewoon het; hy was hoog in aansien en een van die belangrikste manne in die koninklike paleis. Est 2:23 20c Hy het tot daardie ballinge behoort wat Nebukadnésar, die koning van Babel, saam met JegónJaH, die koning van JeHûWdah, uit Jerusalem weggevoer het. Est 2:24 20d En dit was sy droom: Daar het 'n geroep en 'n geraas ontstaan, en donderslae en aardbewinge, en 'n groot verwarring op die Aarde. Est 2:25 20d1 En kyk, twee groot Drake het teenoor mekaar gestaan, en hulle was gereed om te veg. Est 2:26 20e En toe hulle skreeu, het al die nasies hulle voorberei vir die stryd teen die volk van die regverdiges. Est 2:27 20f Dit was 'n dag van duisternis en gevaar, van verdrukking en benoudheid; en 'n geweldige Vrees het oor die Aarde gekom. Est 2:28 20g Die volk van die regverdiges was ontsteld, want hulle het groot besoedeling vir hulleself verwag en hulle het hulle voorberei om te sterwe. Est 2:29 20h Hulle het na Elohim geroep. En terwyl hulle roep, het 'n klein Fontein vermeerder tot 'n baie groot rivier en voortgevloei soos 'n magtige stroom. [Sirah 24:30-31] Est 2:30 20i Lig en die son het gekom; en die wat verdruk is, het hulle verhef en die hoogmoediges verslind. Est 2:31 20j Toe Mórdegai hierdie dinge gesien het, het hy opgestaan van sy bed, en hy het gepeins wat Elohim voornemens was om te doen. En hy het die droomgesig vasgehou in sy gees, omdat hy begeer het om die sin daarvan te verstaan. Est 2:32 20k In daardie tyd het hy in die poort van die koning gesit met Bigtan en Teres, twee hofdienaars van die koning, wat drumpelwagters van die paleis was. Est 2:33 20l En omdat hy hulle oorleg in die oog gehou het en noukeurig ag gegee het op hulle voorsorge, het hy ontdek dat hulle pogings gaan aanwend om die hand te slaan aan koning Ahasvéros; en hy het die koning daaroor verwittig. Est 2:34 20m Die koning het hulle twee ondervra, en toe hulle beken, het hy beveel om hulle ter dood te bring. Est 2:35 20n Maar die koning het die gebeurtenisse ook in die kroniekboeke beskrywe, terwyl ook Mórdegai dit opgeskryf het tot gedagtenis. Est 2:36 20o Ook het die koning hom opdrag gegee om in die koninklike hof te woon, en hy het hom vir die aanbring met geskenke beloon. Est 2:37 21 In dié dae dan, terwyl Mórdegai in die poort van die koning sit, het Bigtan en Teres, twee hofdienaars van die koning, drumpelwagters, kwaad geword en getrag om die hand aan koning Ahasvéros te slaan. Est 2:38 22 Maar Mórdegai het dit te wete gekom en dit aan koningin Ester meegedeel; en Ester het dit uit naam van Mórdegai aan die koning gesê. Est 2:39 23 Toe die saak ondersoek en so bevind is, is hulle twee aan 'n galg opgehang; en dit is in die kroniekboeke voor die koning beskrywe. //Haman kry volmag van die koning om die manne van JeHûWdah uit te roei. Est 3:1 NÁ hierdie dinge het koning Ahasvéros Haman, die seun van Hammedáta, die Agagiet, groot gemaak en hom verhoog en sy setel hoër gestel as dié van al die vorste wat by hom was. Est 3:2 En al die dienaars van die koning wat in die poort van die koning was, het gebuig en voor Haman neergeval; want so het die koning aangaande hom bevel gegee; maar Mórdegai het nie gebuig of neergeval nie. Est 3:3 En die dienaars van die koning, in die poort van die koning, het aan Mórdegai gesê: Waarom oortree jy die gebod van die koning? Est 3:4 En toe hulle hom dit elke dag sê, en hy nie na hulle luister nie, het hulle dit aan Haman meegedeel om te sien of die handelwyse van Mórdegai sou standhou, want hy het hulle te kenne gegee dat hy 'n man van JeHûWdah was. Est 3:5 Toe Haman sien dat Mórdegai nie buig en voor hom nie neerval nie, was Haman met woede vervul. Est 3:6 Maar hy het dit vir hom te gering geag om die hand aan Mórdegai alleen te slaan; want hulle het hom die volk van Mórdegai te kenne gegee. Daarom het Haman daarna gesoek om al die manne van JeHûWdah wat in die hele koninkryk van Ahasvéros was, die volk van Mórdegai, te verdelg. Est 3:7 In die eerste maand, dit is die maand Nisan(Abib), in die twaalfde jaar van koning Ahasvéros, het hulle die Pur, dit is die lot, voor Haman gewerp vir elke dag en vir elke maand, twaalf in getal, dit is die maand Adar. Est 3:8 Toe sê Haman aan koning Ahasvéros: Daar is een volk wat verstrooid en afgesonderd is tussen die volke in al die provinsies van u koninkryk, en hulle Wette is anders as dié van enige volk; ook hou hulle die wette van die koning nie, sodat dit die koning nie pas om hulle te laat begaan nie. Est 3:9 As die koning dit goedvind, laat daar dan geskrywe word om hulle te verdelg, en ek sal tienduisend talente silwer afweeg in die hande van die beamptes om dit by die skatte van die koning te voeg. Est 3:10 Toe trek die koning sy seëlring van sy hand af en gee dit aan Haman, die seun van Hammedáta, die Agagiet, die teëstander van die manne van JeHûWdah. Est 3:11 En die koning het aan Haman gesê: Die silwer word jou geskenk; ook die volk, om daarmee te doen soos goed is in jou oë. Est 3:12 Toe is die skrywers van die koning geroep in die eerste maand, op die dertiende dag daarvan, en daar is geskrywe net soos Haman beveel het aan die landvoogde van die koning en aan die goewerneurs wat oor elke provinsie was, en aan die vorste van elke volk, aan elke provinsie volgens haar skrif en aan elke volk in sy taal; in die naam van koning Ahasvéros is dit geskrywe en verseël met die seëlring van die koning. //Die teks van die bevelskrif teen die manne van JeHûWdah. Est 3:13 12a Ahasvéros, die grootste koning, aan die landvoogde van die honderd sewe en twintig provinsies vanaf Indië tot Etiopië, en aan die ondergeskikte bestuurders, groete! Est 3:14 12b Ofskoon ek oor 'n groot menigte nasies geheers het en die hele wêreld aan my heerskappy onderwerp het, was dit nooit my bedoeling om die grootheid van my mag te misbruik nie; maar wel om my onderdane met goedertierenheid en welwillendheid te regeer, sodat hulle rustig en vry van verskrikking sou lewe en die vrede sou geniet wat enige sterfling begeer. Est 3:15 12c Ek het my raadgewers gevra hoe hierdie doel verwesenlik kan word. Toe het een, wat die ander deur wysheid en trou oortref en wat die eerste is na die koning en wie se naam Haman is, Est 3:16 12d aan my meegedeel dat 'n sekere volk, wat oor die hele grondgebied versprei is, volgens vreemde Wette leef en dat hulle ingaan teen die gewoontes van al die nasies. Hulle minag die bevele van die koning en verbreek die eendrag onder al die nasies deur hulle vyandige gesindheid. Est 3:17 12e Nadat ons hierdie dinge verneem het en ons sien dat alleen hierdie volk wat teen die hele mensdom in opstand gekom het, volgens slegte wette leef en ons verordeninge dwarsboom en daardeur die vrede en eensgesindheid van al ons onderhorige provinsies skend, Est 3:18 12f het ons beveel: al diegene wat aangewys word deur Haman, wat aan die hoof staan van al die provinsies en die eerste na die koning is en deur ons soos 'n vader geëer word, saam met hulle vroue en kinders moet uitgeroei word deur hulle vyande op die veertiende dag van die twaalfde maand, dit is die maand Adar van hierdie jaar; en niemand mag hom oor hulle ontferm nie, Est 3:19 12g Op hierdie wyse sal die misdadige mense op een dag na die Doderyk/Sheol afdaal en aan ons koninkryk die vrede teruggee wat hulle verbreek het. Est 3:20 13 En briewe is gestuur met die hardlopers na al die provinsies van die koning om al die manne van JeHûWdah te verdelg, dood te maak en uit te roei, die seun sowel as die grysaard, die kindertjies en die vroue, op een dag, op die dertiende van die twaalfde maand, dit is die maand Adar, en om hulle besittings as buit te plunder. Est 3:21 14 'n Afskrif van die bevelskrif moes as wet in elke provinsie uitgevaardig en openbaar gemaak word aan al die volke, om gereed te wees teen daardie dag. Est 3:22 15 Die hardlopers het haastig op bevel van die koning uitgegaan, en die wet is in die vesting Susan uitgevaardig terwyl die koning en Haman sit en drink; maar die stad Susan was in verwarring. Est 4:1 TOE Mórdegai verneem alles wat gebeur het, het Mórdegai sy klere geskeur en 'n roukleed aangetrek, en daar was as op sy hoof; en hy het uitgegaan dwarsdeur die stad en hardop en bitter geskreeu. //Mórdegai bid tot JaHWeH Est 4:2 1aMórdegai het tot JaHWeH gebid en aan al Sy werke gedink. Est 4:3 1b En hy het gesê: my Meester JaHWeH Almagtige Koning, omdat alles aan U mag onderwerp is en daar niemand is wat U Wil kan weerstaan nie, wanneer U wil besluit om JisraEl te red. Est 4:4 1c U het die Hemele en die Aarde gemaak en alles wat onder die Hemele is. Est 4:5 1d U is die Elohey van alles, en daar is niemand wat my Meester kan weerstaan nie. Est 4:6 1e U ken alles, en U weet dat ek nie uit hoogmoed of minagting of enige eersug gehandel het nie, toe ek weier om neer te val voor daardie verwaande Haman. Est 4:7 1f Want ter wille van die welsyn van JisraEl sou ek bereid wees om met gretigheid selfs sy voetspore te kus. Est 4:8 1g Maar ek het gevrees dat ek die eer van my Elohey sou oordra na 'n mens, en dat ek nie Elohim nie, maar 'n mens sou aanbid. Est 4:9 1h Nou dan my Meester JaHWeH, Elohey van Abraham, ontferm U oor U volk! Want ons vyande wil ons uitroei en U Erfdeel verdelg. Est 4:10 1i Verag U nie U Erfdeel wat U vir Uself uit Egipte gelei het nie! Est 4:11 1j Hoor my smeking, en wees U lot en meetsnoer barmhartig! Verander ons rou in Vreugde, sodat ons sal lewe en U Naam loof, JaHWeH! Sluit nie die monde toe wat U lofsing nie! Est 4:12 1k En ook die hele JisraEl het in dieselfde gees deur smeekbedes geroep na JaHWeH, omdat hulle deur 'n gewisse dood gedreig is. Est 4:13 2 So het hy dan tot voor die poort van die koning gekom; want niemand het met 'n roukleed aan by die poort van die koning mag ingaan nie. Est 4:14 3 En in al die provinsies waar die bevel van die koning en sy wet ook al aankom, was daar groot rou onder die manne van JeHûWdah met vas en geween en rouklag; baie het sak en as onder hulle uitgesprei. Est 4:15 4 Toe die meisies van Ester en haar hofdienaars kom en haar dit meedeel, was die koningin baie beangs, en sy het klere gestuur om Mórdegai dit aan te trek en om sy roukleed van hom weg te neem; maar hy het dit nie aangeneem nie. Est 4:16 5 Hierop roep Ester Hatag, een van die hofdienaars van die koning, wat hy in haar diens gestel het, en beveel hom om na Mórdegai te gaan om te verneem wat dit beteken en waarom dit gebeur. Est 4:17 6 En Hatag het uitgegaan na Mórdegai na die stadsplein wat voor die poort van die koning gelê het. Est 4:18 7 Toe deel Mórdegai hom mee alles wat hom oorgekom het, en die juiste bedrag van die silwer wat Haman beloof het om in die skatte van die koning af te weeg as prys vir die manne van JeHûWdah om hulle uit te roei. Est 4:19 8 En hy het hom 'n afskrif gegee van die bevelskrif wat in Susan uitgevaardig was om hulle te verdelg, sodat hy dit aan Ester kon wys en haar die saak kon meedeel en haar kon opdra om na die koning te gaan om hom barmhartigheid te vra en by hom 'n voorspraak te wees vir haar volk. Est 4:20 9 Daarop het Hatag ingegaan en die woorde van Mórdegai aan Ester meegedeel. Est 4:21 10 Toe sê Ester vir Hatag, terwyl sy hom 'n opdrag gee aan Mórdegai: Est 4:22 11 Al die dienaars van die koning en die volk van die provinsies van die koning weet dat vir elke man of vrou wat na die koning in die binneste voorhof ingaan, sonder dat hy geroep is, een en dieselfde wet geld: hy moet gedood word; behalwe wanneer die koning sy goue septer na hom uitsteek, dat hy mag lewe; en ek is nou al dertig dae lank nie geroep om by die koning in te kom nie. Est 4:23 12 En hulle het die woorde van Ester aan Mórdegai meegedeel. Est 4:24 13 Daarop sê Mórdegai dat hulle Ester moes antwoord: Verbeel jou nie dat jou siel alleen uit al die manne van JeHûWdah in die huis van die koning sal vrykom nie. Est 4:25 14 Want as jy nou werklik swyg, sal daar van 'n ander kant af verligting en redding vir die manne van JeHûWdah tot stand kom, maar jy en jou familie sal omkom, en wie weet of jy nie met die oog op 'n tyd soos hierdie tot die koninklike waardigheid geraak het nie? //Ester gaan na die koning met 'n versoek. Est 4:26 14a EN hy [dit is ongetwyfeld Mórdegai] het haar gelas om na die koning te gaan, en om hom te smeek vir haar volk en haar deel van die Aarde. Est 4:27 14b Hy het gesê: dink aan die dae van jou geringheid, en hoe jy deur my hand gevoed is. Want Haman, wat eerste agter die koning kom, het dinge gepraat wat ons dood sal veroorsaak. Est 4:28 14c jy dan, roep na JaHWeH en spreek tot die koning vir ons, en verlos ons van die dood. Est 4:29 15 Toe sê Ester dat hulle Mórdegai moes antwoord: Est 4:30 16 Gaan heen, versamel al die manne van JeHûWdah wat in Susan te vinde is, en vas julle om my ontwil; en julle moet nie eet en drink nie, drie dae lank, nag en dag; ek ook met my dienaresse sal ook so vas; so sal ek na die koning ingaan, wat nie volgens wet is nie, en as ek omkom, dan kom ek om. Est 4:31 17 En Mórdegai het heengegaan en gedoen net soos Ester hom opgedra het. //Ester smeek JaHWeH deur boete en gebed. Est 4:32 17a OOK koningin Ester het haar toevlug geneem tot JaHWeH, want sy het gebewe voor die dreigende gevaar. Est 4:33 17b Sy het haar koninklike kleed afgelê en klere aangetrek wat pas by trane en rou; en in plaas van verskeie salfolies het sy as en vuilgoed op haar hoof gesprei, en sy het haar liggaam onderwerp deur te vas. En die plekke waar sy vroeër vrolik gevoel het, was nou vol hare wat sy uitgetrek het. Est 4:34 17c En sy het JaHWeH die Elohey van JisraEl gesmeek en gesê: My Elohey, U alleen is ons Koning! Help my wat eensaam is, en vir wie daar geen ander helper is as U nie. Est 4:35 17d Die gevaar is in my hande. Est 4:36 17e Van my vader het ek gehoor dat U, JaHWeH, JisraEl uit al die ander nasies afgesonder het en ons vaders weer uit hulle voorgeslag, sodat U 'n ewige Erfdeel sou besit. En U het aan hulle gedoen soos U gespreek het. Est 4:37 17f Ons het oortree voor U Aangesig. Daarom het U ons oorgelewer in die hande van ons vyande. Est 4:38 17g Want ons het hulle gode aanbid. JaHWeH, U is regverdig. Est 4:39 17h Maar nou is dit vir hulle nie genoeg om ons deur swaar diensbaarheid te verdruk nie, dog hulle skryf selfs die krag van hulle hande toe aan die mag van hulle gode. Est 4:40 17i So wil hulle U beloftes verydel en U Erfdeel uitroei en die monde toesluit wat U loof, en die Glansrykheid van U Apartheidsplek en altaar verdelg. Est 4:41 17j Dan kan hulle die monde van die nasies oopmaak en die mag van die idole loof, en hulle kan 'n liggaamlike koning verhoog tot in ewigheid. Est 4:42 17k JaHWeH, lewer U Septer nie uit aan die wat nie is nie, sodat hulle nie sal lag oor ons ondergang nie. Maar keer hulle planne teen hulleself; en verdelg hom wat teen ons losgebreek het. Est 4:43 17l Wees gedagtig, JaHWeH, en toon U aan ons in die tyd van ons verdrukking! Gee my vertroue, JaHWeH, Koning van die Elohim en van al die heerskappye. Est 4:44 17m Lê gepaste woorde in my mond voor die aangesig van die leeu, en neig sy hart tot haat teen ons vyand, sodat die self uitgeroei word saam met sy medestanders. Est 4:45 17n Maar ons, red ons deur U Hand; en help my, wat geen ander hulp het as alleen U, JaHWeH, wat alles weet! Est 4:46 17o U weet dat ek die roem van wetteloses haat, en dat ek afkerig is van die bed van onbesnedenes en van elke vreemdeling. Est 4:47 17p U weet dat ek gedwing is maar dat ek afkerig is van daardie teken van my verhoging en eer wat ek op my hoof dra op die dae van openbare vertoon, en dat ek dit haat soos die doek van 'n vrou; sodat ek dit op stil dae nie dra nie. Est 4:48 17q U weet dat ek van Haman se tafel nie geëet het nie, dat ek die maaltyd van die koning nie geniet nie, en dat ek van die wyn van die plengoffers nie gedrink het nie; Est 4:49 17r en dat U diensmaagd, vanaf die dag dat ek na hierdie plek geneem is tot vandag toe, in niks anders Vreugde gevind het nie as alleen in U JaHWeH, Elohey van Abraham! Est 4:50 17s JaHWeH, wat magtiger as al die mense is, hoor na die stem van die wat geen ander hoop het nie; en red U ons uit die hand van die wetteloses, en verlos U my van my vrees. Est 5:1 1a OP die derde dag het sy die klere van haar voorbereiding afgelê en haar koninklik aangetrek. Est 5:2 1b En terwyl sy glans in koninklike prag, het sy JaHWeH aangeroep as haar Leier en Redder. Daarna het sy twee dienaresse geneem; Est 5:3 1c en op die een het sy geleun, asof sy deur vreugde en besondere fynheid nie by magte was om regop te gaan nie; Est 5:4 1d en die ander meisie het agter haar meesteres gekom om haar kleed op te hou, wat tot die Aarde afhang. Est 5:5 1e Self het sy agter die rooskleur op haar gesig en agter haar vriendelike en stralende oë die droefheid verberg van haar hart, wat saamgetrek het vanweë haar groot vrees. Est 5:6 1f Sy het agtereenvolgens deur al die deure gegaan en toe teenoor die koning bly staan, waar hy in sy koninklike kleed op sy troon sit, glansend deur goud en edelstene; hy was vreeswekkend om te sien. Est 5:7 1g Toe hy sy hoof ophef en sy vlammende oë die woede van sy hart verraai, het die koningin onwel geword; haar kleur het verbleek, en sy het haar hoof magteloos laat rus op haar dienares. Est 5:8 1h Maar Elohim het die koning se hart verteder. Hy het skielik vol sorg opgespring van sy troon en haar in sy arms ondersteun, totdat sy herstel het. En op 'n vertroulike toon het hy gesê: Est 5:9 1i Wat is dit, Ester? Ek is jou broer; moenie bevrees wees nie! Est 5:10 1j jy sal nie sterwe nie. Hierdie wet is nie vir jou gemaak nie maar vir die algemeen. Est 5:11 1k Kom dus naderby, en raak aan die septer. Est 5:12 1l Maar toe sy nog swyg, het hy die goue staf geneem en op haar nek gelê. En hy het haar gekus en gesê: Hoekom praat jy nie met my nie? Est 5:13 1m En sy het geantwoord: Ek het u gesien, meester, soos 'n engel van Elohim; en my hart was ontstel uit vrees vir u majesteit. Est 5:14 1n Want u is bewonderenswaardig in 'n groot mate, heer, en u aangesig is vol bevalligheid. Est 5:15 1o Maar terwyl sy praat, het sy opnuut onwel geword en byna in onmag geval. Est 5:16 1p Toe het die koning ongerus geword, en al sy dienaars het haar getroos. Est 5:17 1 Op die derde dag het Ester haar koninklik aangetrek en gaan staan in die binneste voorhof van die paleis van die koning, teenoor die saal van die koning, terwyl die koning op sy koninklike troon sit in die koninklike saal, teenoor die ingang van die saal. Est 5:18 2 En net toe die koning koningin Ester in die voorhof sien staan, het sy barmhartigheid in sy oë gevind; en die koning het die goue septer wat in sy hand was, na Ester uitgesteek; en Ester het nader gekom en die punt van die septer aangeraak. Est 5:19 3 Toe sê die koning vir haar: Wat wil jy hê, koningin Ester, of wat is jou versoek? Al was dit ook die helfte van die koninkryk - dit sal jou gegee word. Est 5:20 4 Daarop antwoord Ester: As die koning dit goedvind, laat die koning dan vandag met Haman na die maaltyd kom wat ek vir hom berei het. Est 5:21 5 En die koning sê: Bring Haman gou, dat ons kan handel volgens die woord van Ester! En die koning en Haman het gegaan na die maaltyd wat Ester berei het. Est 5:22 6 En terwyl hulle wyn drink, sê die koning vir Ester: Wat is jou bede? - dit sal jou toegestaan word. En wat is jou versoek? Al was dit ook die helfte van die koninkryk - daaraan sal voldoen word. Est 5:23 7 Daarop antwoord Ester en sê: My bede en my versoek is: Est 5:24 8 As ek barmhartigheid gevind het in die oë van die koning, en as die koning dit goedvind om my bede toe te staan en aan my versoek te voldoen, laat die koning en Haman na die maaltyd kom wat ek vir hulle sal berei, dan sal ek môre na die wens van die koning handel. Est 5:25 9 En op dié dag het Haman bly en opgeruimd heengegaan; maar toe Haman Mórdegai in die poort van die koning sien en dat hy nie opstaan of vir hom bevrees is nie, was Haman met woede vervul teen Mórdegai. //Haman wil Mórdegai laat ophang, maar word gedwing om hom grootliks te eer. Est 5:26 9b MAAR Haman, die seun van Hammedáta, die Bugeër, wat in die hoogste aansien gestaan het by die koning, het besluit om Mórdegai en sy volk skade te berokken vanweë die twee hofdienaars van die koning, wat ter dood gebring is. Est 5:27 10 Maar Haman het hom bedwing; en toe hy by sy huis kom, laat hy sy vriende en sy vrou Seres haal; Est 5:28 11 en Haman vertel hulle van die glorie van sy rykdom en van die veelheid van sy seuns en van alles waarin die koning hom groot gemaak het en hoe hy hom verhef het bo die vorste en die dienaars van die koning. Est 5:29 12 Verder sê Haman: Selfs het koningin Ester niemand saam met die koning na die maaltyd laat kom wat sy aangerig het nie, as net vir my, en ook vir môre is ek deur haar genooi saam met die koning. Est 5:30 13 Maar dit alles baat my niks, solank as ek die man van JeHûWdah Mórdegai in die poort van die koning sien. Est 5:31 14 Toe sê sy vrou Seres en al sy vriende vir hom: Laat hulle 'n galg van vyftig voorarm hoog maak, en sê môre vroeg aan die koning dat hulle Mórdegai daaraan moet ophang; gaan dan vrolik saam met die koning na die maaltyd. Dié woord het Haman geval, en hy het die galg laat maak. Est 6:1 IN dieselfde nag het die slaap van die koning gewyk, en hy het gesê dat hulle die gedenkskrif, die kronieke, moes bring. En toe dit die koning voorgelees word, Est 6:2 vind hulle daar beskrywe dat Mórdegai openbaar gemaak het dat Bigtána en Teres, twee hofdienaars van die koning, uit die drumpel-wagters, getrag het om die hand aan koning Ahasvéros te slaan. Est 6:3 Daarop sê die koning: Watter eer en verhoging het Mórdegai daarvoor te beurt geval? En die jongmanne van die koning, sy dienaars, het geantwoord: Met hom het niks gebeur nie. Est 6:4 Toe sê die koning: Wie is in die voorhof? - juis toe Haman in die buitenste voorhof van die koninklike paleis kom om aan die koning te sê dat hulle Mórdegai moes ophang aan die galg wat hy vir hom laat oprig het. Est 6:5 En die jongmanne van die koning antwoord hom: Daar staan Haman in die voorhof. Toe sê die koning: Laat hy inkom. Est 6:6 Nadat Haman ingekom het, vra die koning hom: Wat moet met die man gedoen word aan wie die koning eer wil bewys? Haman dink toe by homself: Aan wie sou die koning eer wil bewys meer as aan my? Est 6:7 Daarom het Haman vir die koning gesê: Die man aan wie die koning eer wil bewys - Est 6:8 laat hulle 'n koninklike kleed bring waarmee die koning bekleed was, en 'n perd waar die koning op gery het en op die kop waarvan 'n koninklike kroon gesit is; Est 6:9 en laat hulle die kleed en die perd afgee aan een van die vorste van die koning, van die vername manne, dat hulle dit die man aantrek aan wie die koning eer wil bewys; en hulle moet hom laat ry op die perd oor die stadsplein en voor hom uitroep: So word gedoen aan die man aan wie die koning eer wil bewys. Est 6:10 Toe sê die koning vir Haman: Neem gou die kleed en die perd soos jy gespreek het, en doen so aan Mórdegai, die man van JeHûWdah, wat in die poort van die koning sit; jy moet nie een woord onvervuld laat bly van alles wat jy gespreek het nie. Est 6:11 En Haman het die kleed geneem en die perd, en hy het Mórdegai aangetrek en hom laat ry oor die stadsplein en voor hom uitgeroep: So word gedoen aan die man aan wie die koning eer wil bewys. Est 6:12 Daarna het Mórdegai teruggegaan na die poort van die koning; maar Haman het hom gehaas na sy huis toe, treurig en met bedekte hoof. Est 6:13 En Haman het aan sy vrou Seres en al sy vriende vertel alles wat hom oorgekom het. Toe sê sy wyse manne en sy vrou Seres vir hom: As Mórdegai voor wie jy alreeds begin val het, uit die saad van JeHûWdah is, sal jy niks teen hom kan uitrig nie, maar heeltemal voor hom val. Est 6:14 Onderwyl hulle nog met hom spreek, kom die hofdienaars van die koning aan, en hulle het Haman gou na die maaltyd gebring wat Ester gereedgemaak het. //Haman word deur Ester aangekla en ter dood gebring. Est 7:1 TOE die koning en Haman inkom om saam met koningin Ester die feesmaal te hou, Est 7:2 sê die koning aan Ester ook op die tweede dag, terwyl hulle wyn drink: Wat is jou bede, koningin Ester? - dit sal jou toegestaan word. En wat is jou versoek? Al was dit die helfte van die koninkryk - daaraan sal voldoen word. Est 7:3 En koningin Ester antwoord en sê: As ek barmhartigheid in u oë gevind het, o koning, en as die koning dit goedvind, laat my siel my geskenk word op my bede en my volk op my versoek. Est 7:4 Want ons is verkoop, ek en my volk, om verdelg, gedood en uitgeroei te word. Was ons nog as slawe en slavinne verkoop, dan sou ek geswyg het, maar hierdie ramp sal onder die verliese van die koning sy weerga nie hê nie. Est 7:5 Toe spreek koning Ahasvéros en sê aan koningin Ester: Wie is hy, en waar is hy wie se hart hom ingegee het om so te maak? Est 7:6 En Ester sê: Die teëstander en vyand is hierdie slegte Haman! Toe skrik Haman voor die koning en die koningin. Est 7:7 En die koning het in sy woede van die wynmaaltyd opgestaan en na die tuin van die paleis gegaan, terwyl Haman daar bly staan om van koningin Ester die behoud van sy siel af te smeek; want hy het gesien dat die oordeel oor hom by die koning vas besluit was. Est 7:8 Toe die koning uit die tuin van die paleis in die saal van die wynmaaltyd terugkom, en Haman juis op die rusbank neergeval het waar Ester op sit, sê die koning: Wil hy die koningin ook nog geweld aandoen by my in die huis? Die woord was nouliks uit die mond van die koning of hulle het die gesig van Haman bedek. Est 7:9 Daarop sê Harbóna, een van die hofdienaars voor die koning: Daar staan reeds die galg wat Haman laat maak het vir Mórdegai wat ten voordele van die koning gespreek het, by die huis van Haman, vyftig voorarm hoog! Toe sê die koning: Hang hom daaraan op! Est 7:10 En hulle het Haman opgehang aan die galg wat hy vir Mórdegai opgerig het, en die woede van die koning het bedaar. Est 8:1 OP dieselfde dag het koning Ahasveros aan koningin Ester die huis gegee van Haman, die teëstander van die man van JeHûWdah; en Mórdegai het voor die koning gekom, want Ester het vertel wat hy van haar was. Est 8:2 En die koning het sy seëlring uitgetrek wat hy van Haman afgeneem het, en dit aan Mórdegai gegee; en Ester het Mórdegai aangestel oor die huis van Haman. [Spreuke 8:15-16] //Besluit van Ahaséros ten gunste van die manne van JeHûWdah. Est 8:3 EN Ester het weer voor die koning gespreek en voor sy voete neergeval en geween en hom gesmeek om die boosheid van Haman, die Agagiet, en sy plan wat hy teen die manne van JeHûWdah beraam het, te verydel. Est 8:4 En die koning het die goue septer na Ester uitgesteek, en Ester het haar opgerig en voor die koning gaan staan Est 8:5 en gesê: As die koning dit goedvind en ek barmhartigheid voor hom gevind het en die saak reg is voor die koning en ek welgevallig is in sy oë, laat dan geskrywe word om die briewe met die plan van Haman, die seun van Hammedáta, die Agagiet, te herroep wat hy geskrywe het om die manne van JeHûWdah wat in al die provinsies van die koning is, uit te roei. Est 8:6 Want hoe sou ek kan aansien die boosheid wat my volk sal tref? En hoe sou ek kan aansien die ondergang van my geslag? Est 8:7 Toe sê koning Ahasvéros aan koningin Ester en aan die man van JeHûWdah Mórdegai: Kyk, die huis van Haman het ek aan Ester gegee, en hom het hulle aan die galg opgehang, omdat hy sy hand teen die manne van JeHûWdah uitgesteek het. Est 8:8 Skryf julle maar, wat die manne van JeHûWdah betref, soos julle dit goedvind uit naam van die koning, en verseël dit met die seëlring van die koning; want 'n geskrif, in naam van die koning geskrywe en verseël met die seëlring van die koning, kan nie herroep word nie. Est 8:9 Toe is in dieselfde tyd die skrywers van die koning geroep, in die derde maand, dit is die maand Siwan, op die drie-en-twintigste daarvan; en daar is geskrywe net soos Mórdegai beveel het, aan die manne van JeHûWdah en aan die landvoogde en die goewerneurs en die vorste van die provinsies wat van Indië af tot by Kuwsh lê, honderd-sewe-en-twintig provinsies, aan elke provinsie volgens haar skrif en aan elke volk in sy taal, en aan die manne van JeHûWdah volgens hulle skrif en in hulle taal - Est 8:10 hy het laat skrywe uit naam van koning Ahasvéros en dit verseël met die seëlring van die koning en briewe gestuur met rapportgangers te perd wat gery het op koninklike renperde uit die stoetery, //Die tweede bevelskrif van die koning. Est 8:11 10a AHASVEROS, die groot koning, aan die landvoogde en vorste wat hom onderdanig is in die honderd sewe en twintig provinsies vanaf Indië tot Kuwsh, groete! Est 8:12 10b Baie persone misbruik die goedheid van vorste en die eerbewyse wat hulle ondervind, tot trotsheid. Est 8:13 10c Hulle probeer dan nie alleen om die onderdane van die konings te verdruk nie maar, omdat hulle teen die verleende eerbewyse nie opgewasse is nie, span hulle ook lokvalle vir diegene wat hulle geëer het. Est 8:14 10d Dit is vir hulle ook nie genoeg om alleen maar ondankbaar te wees vir die weldade en die regte te misken wat menslike goedheid jeens hulle kan laat geld nie, maar hulle meen ook nog dat hulle die straf kan ontloop van Elohim, wat alles sien. Est 8:15 10e Hulle word selfs tot 'n dergelike dwaasheid vervoer, dat hulle probeer om deur bedrieglike liste ook diegene te ondermyn wat pligsgetrou hulle opgelegde take uitvoer en wat hulle in alle opsigte so gedra, dat hulle elkeen se lof werd is. Est 8:16 10f Intussen bedrieg hulle deur listige oorleg die argelose ore van die vorste, wat ander persone beoordeel ooreenkomstig hulle eie geaardheid. Est 8:17 10g Dergelike dinge blyk uit die ou kroniekboeke en ook uit die gebeurtenisse van elke dag: hoe die bedoelinge van die konings deur die boosaardige influisteringe van sekere persone bederf word. Est 8:18 10h Daarom moet toesig gehou word oor die vrede in al die provinsies. Est 8:19 10i Wanneer ons derhalwe 'n gewysigde bevel gee, moet nie gemeen word dat dit uit die ligsinnigheid van ons hart voortkom nie, maar dat ons besluite neem ooreenkomstig die aard en noodwendigheid van die omstandighede en die eise van die algemene welsyn. Est 8:20 10j En omdat julle ons woorde duideliker kan verstaan: Haman, die seun van Hammedáta, na gees en afstamming 'n Macedoniër sonder enige Persiese bloed, wat ons mildheid deur sy wreedheid tot skande gemaak het, is destyds as vreemdeling deur ons opgeneem. Est 8:21 10k Hy het selfs 'n dergelike goedheid ondervind, dat hy ons vader genoem is en deur almal as eerste na die koning geëer is. Est 8:22 10l Maar hy het hom tot so 'n mate van verwaandheid opgeblaas, dat hy pogings aangewend het om ons van die koningskap en die lewe te beroof. Est 8:23 10m Want met allerlei vreemde en ongehoorde middele het hy die dood gesoek van Mórdegai, aan wie se trou en goeie dienste ons lewe te danke is, en van die deelgenote van ons koningskap, Ester, saam met haar hele volk. Est 8:24 10n Hy was van plan om ons, nadat hulle gesterf het, in ons eensaamheid te behaag en die koninkryk van die Perse aan die Macedoniërs uit te lewer. Est 8:25 10o Ons het egter gevind dat die manne van JeHûWdah, wat deur die slegste van die sterflinge vir uitroeiing bestem is, beslis nie skuldig is nie; inteendeel, dat hulle volgens regmatige Wette leef; Est 8:26 10p en dat hulle kinders is van die hoogste en grootste en ewige Elohim, wat in Sy mildheid sowel aan ons vaders as aan ons die koningskap gegee het en haar bewaak tot vandag toe. Est 8:27 10q Daarom moet julle weet dat die briewe wat daardie man namens ons gestuur het, kragteloos is. Est 8:28 10r Vir hierdie misdaad hang hy en sy familie aan die galg wat hy self voor die poorte van hierdie stad Susan laat oprig het; en dit is nie ons nie maar Elohim, wat hom na verdienste vergeld. Est 8:29 10s Hierdie bevelskrif wat ons nou stuur, moet in al die stede aangeslaan word, sodat die manne van JeHûWdah sal vry wees om ooreenkomstig hulle eie Wette te lewe. Est 8:30 10t En julle moet hulle help, sodat hulle die wat gereed staan om hulle te vermoor, kan ter dood bring op die dertiende dag van die maand wat Adar genoem word Est 8:31 10u Want die Almagtige JaHWeH het hierdie dag van droefheid en rou vir hulle in Vreugde verander. Est 8:32 10v Daarom moet julle ook hierdie dag by die ander feesdae voeg en in alle vrolikheid vier; sodat sy ook in die toekoms bekend sal wees Est 8:33 10w dat hulle almal wat troue onderdane van die Perse is, werd is om vir hulle trou beloon te word; maar dat die wat die koninkryk probeer verraai, gedood word vir hierdie misdaad. Est 8:34 10x Elke provinsie en stad wat nie aan hierdie feesviering wil deelneem nie, sal te vuur en te swaard omkom en so volkome verdelg word, dat sy vir altyd ontoeganklik bly vir mense en diere as 'n voorbeeld van minagting en ongehoorsaamheid. Est 8:35 11 dat die koning aan die manne van JeHûWdah wat in elke stad woon, toegestaan het om bymekaar te kom en hulle siel te verdedig, deur te verdelg en dood te maak en uit te roei elke gewapende mag van volk of provinsie wat hulle in benoudheid mag bring, saam met kindertjies en vroue, en hulle besittings as buit te plunder, Est 8:36 12 op een dag in al die provinsies van koning Ahasvéros, op die dertiende van die twaalfde maand, dit is die maand Adar. Est 8:37 13 'n Afskrif van die bevelskrif moes as wet uitgevaardig word in elke provinsie, openbaar gemaak aan al die volke, sodat die manne van JeHûWdah op dié dag gereed moes wees om hulle op hul vyande te wreek. Est 8:38 14 Die rapportgangers wat op die koninklike renperde gery het, het op bevel van die koning haastig en gou weggegaan, en die wet is in die vesting Susan uitgevaardig. Est 8:39 15 En Mórdegai het van die koning weggegaan in 'n koninklike kleed van pers en wit, met 'n groot goue kroon op en 'n mantel van fyn linne en purperrooi stof, terwyl die stad Susan jubel en vrolik was. Est 8:40 16 Vir die manne van JeHûWdah was daar lig en vrolikheid en vreugde en eer; Est 8:41 17 en in al die provinsies en in al die stede waar die bevel van die koning en sy wet ook al aangekom het, was daar vrolikheid en vreugde by die manne van JeHûWdah, maaltyd en feesdag; en baie uit die volke van die Aarde het hulle by die manne van JeHûWdah geskaar, want die skrik vir die manne van JeHûWdah het op hulle geval. //Die manne van JeHûWdah verslaan baie van hulle vyande, ook die tien seuns van Haman. Est 9:1 EN in die twaalfde maand, dit is die maand Adar, op die dertiende dag daarvan, toe die bevel van die koning en sy wet uitgevoer sou word, op die dag toe die vyande van die manne van JeHûWdah gehoop het om hulle te oorweldig - maar dit net omgekeerd was, sodat juis die manne van JeHûWdah hulle haters sou oorweldig - Est 9:2 het die manne van JeHûWdah saamgekom in hulle stede in al die provinsies van koning Ahasvéros om die hand te slaan aan die wat hulle boosheid gesoek het; en niemand het voor hulle standgehou nie, want die skrik vir hulle het op al die volke geval. Est 9:3 En al die vorste van die provinsies en die landvoogde en die goewerneurs en die beamptes van die koning het die manne van JeHûWdah ondersteun, want die skrik vir Mórdegai het op hulle geval. Est 9:4 3a Want die man van JeHûWdah Mórdegai was die tweede in rang onder koning Ahasvéros; en hy was groot by die manne van JeHûWdah en 'n liefling by die menigte van sy broers, omdat hy die voorspoed van sy volk gesoek en tot welsyn van al sy saad gespreek het. Est 9:5 4 Want Mórdegai was groot in die paleis van die koning, en sy gerug het deur al die provinsies gegaan, omdat die man Mórdegai al groter geword het. Est 9:6 5 En die manne van JeHûWdah het onder hulle vyande 'n slagting aangerig deur die swaard en deur doodslag en verdelging, en met hulle haters na hulle goedvinde gehandel. Est 9:7 6 En in die vesting Susan het die manne van JeHûWdah vyfhonderd man gedood en uitgeroei; Est 9:8 7 en Parsandáta en Dalfon en Aspáta, Est 9:9 8 en Poráta en Adálja en Adidáta, Est 9:10 9 en Parmásta en Arísai en Aridai en Waisáta, Est 9:11 10 die tien seuns van Haman, die seun van Hammedáta, die teëstander van die manne van JeHûWdah, het hulle gedood, maar na die buit hulle hand nie uitgesteek nie. Est 9:12 11 Op dieselfde dag het die getal van die wat in die vesting Susan gedood is, voor die koning gekom; Est 9:13 12 en die koning het aan koningin Ester gesê: In die vesting Susan het die manne van JeHûWdah vyfhonderd man gedood en uitgeroei benewens die tien seuns van Haman; wat sou hulle wel in die ander provinsies van die koning gedoen het? Wat is dan jou bede? - dit sal jou toegestaan word. En wat is verder jou versoek? - daaraan sal voldoen word. Est 9:14 13 Toe sê Ester: As die koning dit goedvind, laat môre ook aan die manne van JeHûWdah wat in Susan is, toegestaan word om te handel volgens die wet wat geld vir vandag; en laat hulle die tien seuns van Haman aan die galg ophang. Est 9:15 14 En die koning het bevel gegee om so te doen; en 'n wet is in Susan uitgevaardig, en hulle het die tien seuns van Haman opgehang. Est 9:16 15 En die manne van JeHûWdah wat in Susan was, het ook op die veertiende dag van die maand Adar saamgekom; en hulle het in Susan driehonderd man gedood, maar na die buit hulle hand nie uitgesteek nie. Est 9:17 16 En die ander manne van JeHûWdah wat in die provinsies van die koning was, het saamgekom en hulle siel verdedig en gerus van hul vyande; en hulle het onder hul haters vyf-en-sewentigduisend omgebring, maar na die buit hulle hand nie uitgesteek nie. Est 9:18 17 Dit was op die dertiende dag van die maand Adar; en op die veertiende daarvan het hulle gerus en dit 'n dag van maaltyd en vrolikheid gemaak. Est 9:19 18 Maar die manne van JeHûWdah wat in Susan was, het op die dertiende en die veertiende daarvan byeengekom, en op die vyftiende daarvan gerus, sodat hulle dit 'n dag van maaltyd en vrolikheid gemaak het. Est 9:20 19 Daarom maak die manne van JeHûWdah wat buite in die onbemuurde stede woon, van die veertiende dag van die maand Adar 'n dag van vrolikheid en maaltyd en 'n feesdag waarop hulle mekaar lekkernye stuur. Est 9:21 20 EN Mórdegai het hierdie dinge opgeskrywe en briewe gestuur aan al die manne van JeHûWdah wat in al die provinsies van koning Ahasvéros was, die wat naby en die wat ver was, Est 9:22 21 om vir hulle vas te stel dat hulle al jare die veertiende dag van die maand Adar en die vyftiende daarvan moes vier - Est 9:23 22 as die dae waarop die manne van JeHûWdah rus gekry het van hulle vyande, en die maand wat vir hulle van kommer in vrolikheid en van rou in 'n feesdag verander is - dat hulle daar dae van maaltyd en vrolikheid van moes maak en om mekaar lekkernye en aan die armes gawes te stuur. Est 9:24 22a En Mórdegai het gesê: Hierdie dinge het deur Elohim gebeur. Est 9:25 22b Want ek herinner my 'n droomgesig waarin al hierdie dinge voorspel is, en nie een ding daarvan het onvervul gebly nie. Est 9:26 22c Die klein Fontein wat tot 'n rivier vermeerder en dan in 'n lig en die son verander en soos 'n magtige stroom wat voortgevloei het, - sy is Ester, wat die koning as sy vrou geneem het en oor wie hy besluit het dat sy koningin sou wees. Est 9:27 22d Die twee Drake is ek en Haman. Est 9:28 22e Die nasies wat saamgekom het, is die wat pogings aangewend het om die naam van die manne van JeHûWdah uit te roei. Est 9:29 22f Maar my volk is JisraEl, wat na JaHWeH geroep het; en JaHWeH het Sy volk verlos: Hy het ons gered uit alle boosheid, en Hy het groot tekens en wonders gewerk onder die nasies. Est 9:30 22g Ook het Hy twee lotsbestemminge verordineer: een vir die volk van Elohim en 'n ander vir die orige nasies. Est 9:31 22h En altwee lotsbestemminge het op die dag wat vanaf daardie tyd reeds vir al die nasies bepaal is, voor die Aangesig van Elohim gekom. Est 9:32 22i En JaHWeH het aan Sy volk gedink, en Hy het Hom ontferm oor Sy Erfdeel. Est 9:33 22j En hierdie dae moet in die maand Adar herdenk word op die veertiende en vyftiende dag van daardie maand; dit moet met ywer en vrolikheid gebeur wanneer al die mense bymekaar is, en tot in al die toekomstige geslagte van die volk van JisraEl. Est 9:34 23 En die manne van JeHûWdah het as insetting aangeneem wat hulle begin het om te doen en wat Mórdegai aan hulle geskryf het. Est 9:35 24 Want Haman, die seun van Hammedata, die Agagiet, teëstander van al die manne van JeHûWdah, het 'n plan beraam teen die manne van JeHûWdah om hulle uit te roei, en die Pur, dit is die lot, gewerp om hulle te vernietig en hulle uit te roei. Est 9:36 25 Maar toe dit voor die koning kom, het hy skriftelik bevel gegee dat sy bose plan wat hy teen die manne van JeHûWdah uitgedink het, op sy eie hoof moes neerkom; en hulle het hom en sy seuns aan die galg opgehang. Est 9:37 26 Daarom noem hulle dié dae Purim, na die naam Pur. Hierom, vanweë al die woorde van daardie brief en wat hulle self daarvan gesien het en wat hulle oorgekom het, Est 9:38 27 het die manne van JeHûWdah vasgestel en as insetting aangeneem vir hulle en hulle saad en vir almal wat hulle by hulle sou aansluit, sodat dit onherroeplik sou wees, dat hulle dié twee dae al die jare sou hou volgens die voorskrif daaromtrent en op die bepaalde tyd; Est 9:39 28 en dat dié dae herdenk en gehou moet word in al die geslagte, families, provinsies en stede, en dat dié Purim-dae onder die manne van JeHûWdah nie afgeskaf mag word nie en die gedagtenis daaraan onder hulle saad nie mag ophou nie. Est 9:40 29 En koningin Ester, die dogter van Abigail, en die man van JeHûWdah Mórdegai het met alle nadruk geskrywe om hierdie tweede brief oor die Purim krag te verleen. Est 9:41 30 En hy het briewe gestuur aan al die manne van JeHûWdah in die honderd-sewe-en-twintig provinsies, die koninkryk van Ahasvéros, woorde van Vrede en Waarheid, Est 9:42 31 om dié Purim-dae op hulle bepaalde tye vas te stel soos die man van JeHûWdah Mórdegai en koningin Ester dit vir hulle verorden het, en soos hulle vir hulself en hul saad die voorskrifte aangaande die vastyd en die daarby behorende weeklag vasgestel het. Est 9:43 32 En die bevel van Ester het die voorskrifte vir hierdie Purim vasgestel, en dit is in 'n boek geskrywe. //Mórdegai se hoë posisie en aansien. Est 10:1 DAARNA het koning Ahasvéros 'n belasting op die Aarde en op die kuslande van die see gelê. Est 10:2 En al die dade van sy mag en sterkte en die noukeurige berig oor die grootheid van Mórdegai waartoe die koning hom verhoog het, is dit nie beskrywe in die kroniekboeke van die konings van Medië en Persië nie? Est 10:3 3a In die vierde jaar van die regering van Ptolomeus en Cleopatra het Dosithes, wat homself 'n priester uit die stam van Levi noem, saam met sy seun Ptolomeüs hierdie brief oor die Purim gebring. En hulle het gesê dat dit deur Lisímaehos, die seun van Ptolomeüs, in Jerusalem vertaal is. // // //Die Boekrol Tobias // Tob 1:1 DIE verhaal van Tobias, die seun van TobiEl, die seun van GananiEl die seun van AduEl, die seun van GabaEl, uit die geslag van AsaEl, uit die stam van Náftali, Tob 1:2 wat in die dae van Salmaneser die koning van Assirië, uit Thisbe, wat suid van Kedes-Naftali bo Aser in Galiléa geleë was, in ballingskap gevoer is. Tob 1:3 Ek, Tobias, het al die dae van my lewe in die Weë van Waarheid en Geregtigheid gewandel. Ek het ook baie liefdadigheid bewys aan my broers en my volk wat na die Aarde van die Assiriërs, na Ninevé, saam met my weggevoer was. Tob 1:4 Toe ek nog 'n jongeling in my eie deel van die Aarde, die Adamah [die adamiet se Aarde] van JisraEl, was, het die hele stam van my voorvader Náftali in opstand gekom teen die Tempel in Jerusalem wat uit al die stamme van JisraEl vir al die stamme gekies was om in te slag, en waarin die Tempel van die woning van die Hoogste El gewy en gebou was vir alle geslagte. Tob 1:5 En al die stamme wat daarmee saam in opstand gekom het, het hulle bydraes aan die kalf Baäl gebring. Tob 1:6 Maar ek het dikwels alleen op die Feesdae na Jerusalem gereis, soos sy as 'n ewige Insetting aan die hele JisraEl voorgeskryf was, en die eerstelingvrugte en die tiende deel van my produkte en die eerste skeersels met my meegeneem en aan die priesters, die seuns van Aäron, by die altaar gegee. Tob 1:7 'n Tiende deel van al my produkte het ek gegee aan die Leviete wat in Jerusalem diens gedoen het, en 'n ander tiende het ek verkoop en die opbrengs daarvan het ek elke jaar in Jerusalem gaan bestee, Tob 1:8 en 'n derde tiende het ek aan die behoeftiges uitgedeel, soos my groot moeder Debora my geleer het, want ek is na die dood van my vader as weeskind agtergelaat. Tob 1:9 Toe ek 'n man geword het, is ek getroud met Hanna, wat uit die geslag van ons familie was, en by haar het ek 'n seun, Tobias, gehad. Tob 1:10 En toe ek in ballingskap na Ninevé gevoer is, het al my broers en verwante die voedsel van die nasies geëet, Tob 1:11 maar ek het myself daarvan weerhou, Tob 1:12 want ek het met my hele hart aan Elohim bly dink. Tob 1:13 En die Hoogste El het my Guns en status in die oë van Salmaneser laat vind, en ek het die inkoper [van die benodigdhede van sy hofhouding] geword. Tob 1:14 Ek het toe 'n reis na Medië onderneem en tien talente silwer by GabaEl, die broer van Gabrias, te Ragae in Medië gedeponeer. Tob 1:15 Maar met die dood van Salmaneser het sy seun Sanherib in sy plek koning geword, en omdat die hoofweë onveilig was, kon ek nie meer na Medië reis nie. Tob 1:16 In die dae van Salmaneser het ek baie werke van liefdadigheid in belang van my broers gedoen. Ek het my brood aan die hongeriges gegee en my klere aan die wat nakend was Tob 1:17 en as ek een van my volksgenote dood en uitgewerp buite die muur van Ninevé sien lê het, het ek hom begrawe. Tob 1:18 En as koning Sanherib iemand wat as vlugteling uit JeHûWdah gekom het, doodgemaak het, het ek hom in die geheim begrawe, want hy het baie in sy toorn om die lewe gebring; en die koning het na hulle liggame gesoek, maar kon dit nie vind nie. Tob 1:19 Maar een van die Nineviete het heengegaan en die koning omtrent my ingelig dat ek hulle begrawe het, en ek het weggekruip, want toe ek hoor dat ek gesoek word om om die lewe gebring te word, was ek bevrees en het ek gevlug. Tob 1:20 Toe is al my besittings gekonfiskeer, en daar is niks vir my oorgelaat nie behalwe my vrou Hanna en my seun Tobias. Tob 1:21 Vyftig dae het nouliks verbygegaan of sy twee seuns het hom [Sanherib] om die lewe gebring en na die gebergte van Ararat die wyk geneem. En sy seun Esar-Haddon het in sy plek koning geword. Hy het Achikar, die seun van my broer HanaEl, oor al die uitgawes en administrasie van sy koninkryk aangestel. Tob 1:22 Op grond van Achikar se voorspraak, het ek weer na Ninevé kon gaan. Achikar was naamlik die skinker en die seëlbewaarder en was in beheer van die administrasie en die finansies, en Esar Haddon het hom, my neef, tot tweede in rang naas hom verhef. Tob 2:1 NADAT ek in my huis teruggekom het, en my vrou Hanna en my seun Tobias aan my teruggegee is, is 'n geurige middagmaal op die Pinksterfees, wat die Fees van die sewe Weke is, vir my voorberei, en ek het aangesit om te eet. Tob 2:2 Toe ek die oorvloed kos voor my sien, sê ek vir my seun: Gaan heen en bring elke behoeftige onder ons broers wat jy kan vind en wat aan JaHWeH gedagtig is, en ek sal op jou wag! Tob 2:3 En hy kom terug en sê: Vader, een van ons mense is verwurg en lê uitgewerp op die straat. Tob 2:4 Toe hardloop ek, voordat ek aan iets geproe het, na buite en bring hom in 'n kamer totdat die son sou ondergaan. Tob 2:5 Daarop het ek teruggekeer, my gewas en my voedsel in droefheid geëet; Tob 2:6 en ek het gedink aan die profesie van Amos waar hy sê: Julle feeste sal verander word in droefheid en julle vrolikheid in klaagsang. Tob 2:7 En ek het hardop gehuil. En toe die son onder was, gaan ek, grawe 'n graf en lê hom daarin neer. Tob 2:8 En my bure lag vir my en sê: Hy is nog steeds nie bang om oor hierdie dinge om die lewe gebring te word nie. Hy het weggehardloop en hier is hy alweer besig om die dooies te begrawe! Tob 2:9 Daardie selfde nag, nadat ek hom begrawe het, keer ek terug, en omdat ek seremonieel besoedel was, gaan ek met onbedekte gesig langs die muur van die voorhof slaap. Tob 2:10 En ek wis nie dat daar spreeus in die muur bo my was nie, en omdat my oë onbedek was, val die uitwerpsels van die spreeus in my oë en vorm wit vliese, daarop. Ek gaan toe na die geneeshere, maar hulle kon my nie help nie. Achikar het my egter gedurende twee jaar onderhou, totdat hy na Elymaïs vertrek het. [Boekrol van die Opregte 52:31] Tob 2:11 Toe het my vrou Hanna vroulike handwerke vervaardig en dit aan die eienaars [van die handwerk] afgelewer. [Spreuke van Salomo 31] Tob 2:12 En hulle het haar loon uitbetaal en haar bowendien 'n bokkie gegee. Tob 2:13 Maar toe sy by my tuiskom, begin die bokkie te blêr. En ek sê vir haar: Waar kom hierdie bokkie vandaan? Is dit gesteel? Gee dit terug aan sy eienaars, want ons het nie die reg om enigiets wat gesteel is, te eet nie. Tob 2:14 Maar sy sê vir my: Dit is saam met my loon as 'n geskenk aan my gegee. Maar ek wou haar nie glo nie en sê haar aan om dit aan sy eienaars terug te besorg, en ek het my vir haar geskaam. Toe antwoord sy en sê vir my: En waar is jou liefdadigheid? Waar is jou geregtigheid? Natuurlik weet jy alles? Tob 3:1 TOE het ek bedroef geword en gehuil,en in my smart bid ek en sê: Tob 3:2 JaHWeH, U is opreg, en al U werke en al U Weë is Barmhartigheid en Waarheid, en U oordeel altyd in Waarheid en in opregtheid. Tob 3:3 Dink aan my en sien my aan; moenie wraak oor my uitoefen vanweë my oortredinge en tekortkominge en vanweë die van my voorvaders wat hulle teen U misdryf het nie, want hulle het U Gebooie nie gehou nie. Tob 3:4 U het ons oorgegee aan plundering en gevangeskap en Dood en ons tot 'n spreekwoord en beskimping gemaak onder al die nasies waaronder ons verstrooi is. Tob 3:5 En nou, U oordele wat groot is, is ook waaragtig in die wyse waarop U my oortredinge en die van my vaders besoek het, omdat ons U Gebooie nie gehou en voor U Aangesig nie opreg gewandel het nie. Tob 3:6 Handel dan nou met my ooreenkomstig U welbehae; gee bevel om my gees van my af weg te neem, sodat ek verlos mag word en na die stof mag terugkeer, want ek sal liewer sterwe as om te lewe, omdat ek na valse beskuldigings moes luister en smartlike droefheid ondervind het. Gee opdrag om my uit hierdie ellende te verlos en om my na my ewige rusplek te neem; moenie U aangesig van my afkeer nie. Tob 3:7 Op daardie selfde dag gebeur dit met Sarah, die dogter van RaguEl, te Ekbatana in Medië, dat sy ook deur die diensmeisies van haar vader verwyt word Tob 3:8 omdat sy met sewe mans getroud was, en die gees van besoedeling, Asmodeus hulle doodgemaak het nog voordat hulle volgens die gebruik by haar as vrou kon kom. En hulle sê vir haar: Weet u nie dat u u eggenotes verwurg het nie? U het alreeds sewe gehad en u het die naam van nie een van hulle gedra nie! Tob 3:9 Waarom kwel u ons so. As hulle dood is, volg hulle dan! Mag ons nooit enige seun of dogter van u sien nie! Tob 3:10 Toe sy hierdie dinge hoor, is sy diep gegrief en het gewens om haarself op te hang, maar sy sê: Ek is die enigste kind van my vader; as ek dit doen, sal ek skande oor hom bring en hom in sy ouderdom met droefheid in die graf laat neerdaal. Tob 3:11 En sy het by haar venster gebid en gesê: Geseënd is U, JaHWeH, my Elohey, en geseënd is U verhewe en glansryke Naam in ewigheid; mag al U werke U tot in ewigheid prys, Tob 3:12 En nou, JaHWeH, rig ek my aangesig en my oë op U; Tob 3:13 gee opdrag om my te verlos van die Aarde af en dat ek geen verwyt meer mag aanhoor nie. Tob 3:14 U weet, o JaHWeH, dat ek onskuldig is van enige oortreding met 'n man; Tob 3:15 ek het nooit my naam of die naam van my vader in die deel van die Aarde van my gevangeskap besoedel nie. Ek is die enigste kind van my vader; hy het geen ander kind om sy erfgenaam te wees nie. Hy het geen broer of neef naby hom met wie ek sou kon trou nie. Ek het reeds sewe eggenotes verloor; waarom sal ek nog langer lewe? En as dit U nie behaag om my dood te maak nie, gee dan dat daar na my omgesien sal word, en daar meegevoel aan my betoon sal word, en dat ek nie verdere verwyte mag aanhoor nie. Tob 3:16 En albei se gebed is voor die Aangesig van die Glansrykheid van die groot RafaEl verhoor, [Openbaring 8:3] Tob 3:17 en hy is gestuur om albei te genees; na Tobias om die wit vliese te verwyder en om Sarah, die dogter van RaguEl, aan Tobias, die seun van Tobias, as vrou te gee en om Asmodeus, die gees van besoedeling, te bind omdat Tobias die reg het om haar te besit. Op dieselfde tydstip het Tobias toe in sy huis gegaan, en het Sarah, die dogter van RaguEl, uit haar bovertrek afgekom. Tob 4:1 OP dieselfde dag het Tobias hom die geld herinner wat hy by GabaEl te Ragae in Medië gedeponeer het. Tob 4:2 En hy sê by homself: Ek het gevra om te sterwe; waarom sal ek nie my seun Tobias roep en aan hom verduidelik voor ek heengaan nie? Tob 4:3 Toe roep hy hom en sê: My seun, as ek te sterwe kom, begrawe my en moenie jou moeder verwaarloos nie; maak voorsiening vir haar solank as jy lewe; doen wat haar welgevallig is en moenie haar in enigiets bedroef nie. Tob 4:4 Onthou, my seun, dat sy voor jou geboorte baie gevare vir jou getrotseer het, en as sy te sterwe kom, begrawe haar naas my in een graf. Tob 4:5 Jou hele lewe lank, my seun, moet jy gedagtig wees aan JaHWeH, onse Elohey; moenie toegee aan oortredinge en moenie Sy Gebooie oortree nie. Handel jou hele lewe opreg en moenie in die weë van verkeerdheid wandel nie. Tob 4:6 Want as jy Reg doen, sal voorspoed jou ondernemings vergesel. Aan almal wat opreg handel, moet jy uit jou besittings liefdadigheid bewys; en moenie dat jou oog dit wat jy aan liefdadigheid gee, misgun nie. Moenie jou aangesig afwend van enige behoeftige nie, en die Aangesig van Elohim sal nie van jou afgewend word nie. Tob 4:7 Gee aan liefdadigheid in ooreenstemming met wat jy besit; Tob 4:8 as jy min het, moenie bevrees wees om tog 'n geringe bedrag aan liefdadigheid te gee nie, Tob 4:9 want dan sal jy 'n suiwer skat vir jouself weglê vir die dag van teenspoed; Tob 4:10 want liefdadigheid sal jou red van die dood en sal jou weerhou om in die Duisternis te versink. Tob 4:11 Liefdadigheid is 'n welgevallige aanbieding in die oë van die Hoogste El vir elkeen wat dit bewys. Tob 4:12 My seun, wees op jou hoede teen enige vorm van onsedelikheid. Ten eerste, neem vir jou 'n vrou uit die saad van jou voorvaders; moenie trou met 'n verbasterde wat nie tot die stam van jou vader behoort nie, want ons is seuns van die profete. Onthou, my seun, dat Noag, Abraham, Isak en Jakob, ons voorvaders van ouds, almal met vroue uit hulle eie familie getrou het, en hulle was geseën in hulle kinders, en hulle saad sal die Aarde beërwe. Tob 4:13 Daarom, my seun, moet jy jou volksgenote liefhê, en moenie jou broers en die seuns en dogters van jou volk verag deur te weier om met een van hulle te trou nie. Want sodanige veragting voer tot ondergang en tot groot droefheid, en waardeloosheid bring verlies en groot gebrek mee, want waardeloosheid is die moeder van hongersnood. Tob 4:14 Die lone van enigiemand wat vir jou werk, moet jy oornag nie agterweë hou nie, maar jy moet hom onmiddellik betaal. As jy Elohim dien, sal jy loon ontvang. My seun, neem jouself in ag in alles wat jy doen en wees goed gedissiplineerd in jou hele optrede. Tob 4:15 Moenie aan iemand anders doen wat jy self haat nie. Moenie wyn drink totdat jy dronk word nie; dronkenskap mag jou op jou weg nie vergesel nie. Tob 4:16 Gee 'n deel van jou brood aan die hongeriges en van jou klere aan hulle wat nakend is. Gee jou hele oorskot aan liefdadigheid, en moenie dat jou oog afgunstig wees op dit wat jy aan liefdadigheid bestee nie. Tob 4:17 Strooi jou brood uit op die grafte van die opregtes, maar moenie aan wetteloses gee nie. Tob 4:18 Vra raad by elke wyse man, en moenie enige waardevolle advies gering ag nie. Tob 4:19 Loof JaHWeH Elohim te alle tye en vra Hom om jou weë reguit en jou paaie en voornemens voorspoedig te maak. Want geen nasie besit in homself die regte insig nie, maar JaHWeH beskik alle suiwer dinge en Hy verneder wie Hy wil, volgens Sy welbehae. En nou, my seun, dink aan my bevele en laat dit nie uit jou gedagtes verdwyn nie. Tob 4:20 En nou moet ek jou ook nog vertel van die tien talente silwer wat ek by GabaEl, die seun van Gabrias, te Ragae in Medië, gedeponeer het. Moenie bevrees wees nie, my seun, omdat ons arm geword het nie. Jy het meer as genoeg as jy JaHWeH vrees en jou van oortreding weerhou en doen wat welbehaaglik is in Sy Oë. Tob 5:1 TOE antwoord Tobias en sê aan hom: Vader, ek sal alles wat u my beveel het, volbring. Tob 5:2 Maar hoe sal ek die geld in die hande kry, terwyl ek die man nie ken nie? Tob 5:3 Toe het sy vader hom die bewys gegee en aan hom gesê: Soek iemand wat saam met jou kan gaan, en ek sal hom sy loon betaal solank as ek lewe; gaan dan en haal die geld. Tob 5:4 En hy gaan om na iemand te soek en hy vind RafaEl wat 'n Boodskapper was, alhoewel Tobias dit nie geweet het nie. Tob 5:5 En hy sê vir hom: Mag ek saam met jou na Ragae in Medië gaan, en is jy bekend met die omgewing? Tob 5:6 Toe sê die Boodskapper vir hom: Ek sal saam met jou gaan, want ek ken die pad daarheen en ek het al by ons broer GabaEl vertoef. Tob 5:7 En Tobias sê vir hom: Wag op my dat ek my vader daarvan vertel. Tob 5:8 En hy sê vir hom: Gaan, en moenie vertoef nie. En hy het heengegaan en aan sy vader gesê: Ek het iemand gevind wat met my wil saamgaan. En hy sê: Roep hom hierheen dat ek kan vasstel tot watter stam hy behoort en of hy 'n betroubare persoon is om met jou saam te gaan. Tob 5:9 Daarop roep hy hom, en hy kom binne, en hulle groet mekaar. Tob 5:10 En Tobias sê vir hom: Broer, vertel my tot watter stam en tot watter familie jy behoort? Tob 5:11 En hy sê vir hom: Is jy op soek na 'n stam en 'n familie of na 'n gehuurde metgesel vir jou seun? En Tobias sê vir hom: Ek wou maar net jou familieverbintenisse en jou naam te wete gekom het, broer. Tob 5:12 En hy sê: Ek is AzarJaH, die seun van die oudste GanánJaH, iemand uit jou stam. Tob 5:13 En hy sê vir hom: Welkom broer! Moenie vir my kwaad wees omdat ek wou weet tot watter stam en familie jy behoort nie; jy is 'n stamverwant van my en is van 'n edele en suiwer afkoms. Want ek het GanánJaH en Jatan, die seuns van die oudste Semaja, goed geken, want ons was gewoond om saam na Jerusalem af te reis om daar te aanbid en die eersgeborenes van ons vee en die tiendes van ons produkte aan te bied, want hulle het nie saam met ons broers afgedwaal nie; jy kom uit 'n suiwer familie, broer. Tob 5:14 Maar sê my watter loon moet ek jou gee; sal 'n dragma per dag vir jou en my seun se onkoste voldoende wees? Tob 5:15 En as julle veilig en wel terugkom, sal ek nog by die loon toevoeg! Tob 5:16 En hulle het hierin ooreengekom, en hy het aan Tobias [sy seun] gesê: Maak jou gereed vir die reis, en vaarwel! En sy seun het alles vir die reis in gereedheid gebring, en sy vader het vir hom gesê: Gaan saam met hierdie man, en Elohim wat in die Hemele woon, sal julle reis voorspoedig maak en Sy Boodskapper saam met julle stuur. Daarop gaan hulle albei heen en reis af, en die seun se hond volg hulle. Tob 5:17 En sy moeder Hanna huil en sê vir Tobias: Waarom het jy ons kind weggestuur? Is hy nie ons staf wanneer hy voor ons in- en uitgaan nie? Tob 5:18 Moenie dat geld by geld gevoeg word nie, maar laat die wees soos stof in vergelyking met ons kind. Tob 5:19 Want die feit dat JaHWeH ons laat lewe, is vir ons genoeg. Tob 5:20 En Tobias sê vir haar: Moenie besorg wees nie, my suster. Hy sal veilig en wel terugkom, en jou oë sal hom sien. Tob 5:21 Want 'n goeie Boodskapper sal met hom saamgaan, en hy sal 'n voorspoedige reis hê en sal veilig en wel terugkeer. Tob 5:22 Toe het sy opgehou om te huil. Tob 6:1 EN hulle het heengereis en het teen die aand die Tigris-rivier bereik en die nag daar deurgebring. Tob 6:2 En die seun gaan om hom te was, en 'n vis spring uit die rivier en sou die seun ingesluk het. Tob 6:3 Maar die Boodskapper sê vir hom: Gryp die vis! En die seun gryp die vis en gooi hom op die grond uit. Tob 6:4 En die Boodskapper sê vir hom: Slag die vis en neem sy hart en lewer en gal en bewaar dit veilig. Tob 6:5 En die seun doen soos die Boodskapper hom beveel het, en hulle het die vis gebak en hom geëet. En hulle het saam verder gereis totdat hulle naby Ekbatana gekom het. Tob 6:6 Toe vra die seun aan die Boodskapper: Broer AzarJaH, waarvoor is die lewer en die hart en die gal van die vis goed? Tob 6:7 En hy sê vir hom: Wat die hart en die lewer betref, as enigiemand deur 'n demoon of 'n gees van besoedeling gepla word, dan moet jy [die hart en lewer] voor die betrokke man of vrou in rook laat opgaan, en hulle sal nie meer lastig geval word nie. Tob 6:8 En wat die gal betref, as jy dit vryf op iemand wat wit vliese oor sy oë het, sal hy gesond word. Tob 6:9 Toe hulle naby Ragae kom, Tob 6:10 sê die Boodskapper vir die seun: Broer, ons sal vandag by RaguEl vertoef, want hy is 'n bloedverwant van jou. Hy het 'n enigste dogter met die naam van Sarah. Ek gaan hom sê om haar met jou te laat trou Tob 6:11 want jy is geregtig om haar te hê omdat jy haar enigste verwant is, Tob 6:12 en sy is mooi en verstandig. As jy dan nou na my wil luister, sal ek met haar vader praat, en dan kan ons as ons van Ragae af teruggekeer het, die huwelik voltrek. Want ek weet dat RaguEl haar volgens die Wet van Moshè op straf van die dood nie aan iemand anders kan uithuwelik nie, want dit is jou reg om haar te besit en niemand anders s'n nie. Tob 6:13 Toe sê die seun aan die Boodskapper: Broer AzarJaH, ek het verneem dat hierdie meisie reeds aan sewe mans uitgehuwelik was en dat hulle almal in die bruidsvertrek omgekom het. Tob 6:14 En nou is ek die enigste kind van my vader en ek is bang dat as ek ingaan, ek net soos die ander sal sterwe, want 'n demoon is op haar verlief en hy doen slegs hulle leed aan wat naby haar kom. Daarom is ek bevrees dat ek sal sterwe en daardeur die lewe van my vader en moeder met droefheid oor my in die graf sal laat neerdaal; want hulle het geen ander seun om hulle te begrawe nie. Tob 6:15 Toe sê die Boodskapper aan hom: Onthou jy nie die bevele wat jou vader jou gegee het, naamlik dat jy vir jou 'n vrou uit jou eie familie moet neem nie? Daarom moet jy na my luister, broer, want sy moet jou vrou wees; en oor die demoon moet jy jou geen sorge maak nie, want sy sal vannag aan jou gegee word om jou vrou te wees. Tob 6:16 En as jy in die bruidsvertrek ingaan, moet jy van die as van die wierook neem en stukkies van die hart en lewer van die vis daarop plaas om sodoende rook te maak, Tob 6:17 en die demoon sal dit ruik en wegvlug en nooit weer terugkom nie. En wanneer jy na haar toe gaan, moet julle albei opstaan en tot die barmhartige Elohim roep, en Hy sal julle red en julle barmhartig wees. Moenie bevrees wees nie, want sy was van die begin af vir jou bestem, en jy sal haar verlos, en sy sal saam met jou huis toe gaan, en ek veronderstel dat jy kinders by haar sal hê. Toe Tobias dit hoor, het hy haar liefgekry en het hy innig aan haar verkleef geraak. Tob 7:1 TOE hulle in Ekbatana aankom, het hulle na die huis van RaguEl gegaan, en Sarah het hulle teëgekom en welkom geheet, en hulle het haar gegroet, en sy het hulle in die huis ingeneem. Tob 7:2 En RaguEl sê vir sy vrou Edna: Hoe baie lyk hierdie jongman op my neef Tobias! Tob 7:3 En RaguEl vra hulle: Waarvandaan kom julle, broers? En hulle sê vir hom: Ons behoort aan die seuns van Náftali wat in Ninevé in gevangeskap verkeer. Tob 7:4 En hy sê vir hulle: Is julle bekend met ons familielid Tobias? En hulle sê: Inderdaad! En hy sê vir hulle: Gaan dit goed met hom? Tob 7:5 En hulle sê: Hy lewe en is wel en Tobias sê: Hy is my vader! Tob 7:6 Toe spring RaguEl op en soen hom en hy huil Tob 7:7 en seën hom en sê vir hom: Is jy die seun van daardie edele en suiwer man? En toe hy hoor dat Tobias die gesig van sy oë verloor het, was hy bedroef en het hy gehuil, Tob 7:8 en sy vrou Edna en sy dogter Sarah het ook gehuil. En hulle het hulle hartlik verwelkom, en hulle het 'n ram uit die kudde geslag en voedsel in oorvloed aan hulle voorgesit. Toe sê Tobias vir RafaEl: Broer AzarJaH, spreek oor die dinge waar-oor ons op reis gepraat het en laat daardie saak afgehandel word. Tob 7:9 Toe het hy die saak aan RaguEl voorgestel, en RaguEl sê aan Tobias: Tob 7:10 Eet, drink en wees vrolik, want jy het die reg om my kind te neem. Tob 7:11 Maar ek moet die waarheid aan jou bekend maak. Ek het my kind reeds aan sewe mans gegee, en elke keer wanneer hulle naby haar kom, het hulle dieselfde nag gesterwe. Maar wees vrolik vir die teenswoordige. Toe sê Tobias: Ek sal niks meer eet voordat u nie 'n bindende ooreenkoms met my aangegaan het om dit te doen nie. Tob 7:12 Toe sê RaguEl: Neem haar onmiddellik volgens die Verordening; sy is jou verwant en behoort aan jou; en mag die barmhartige Elohim julle baie voorspoedig maak. Tob 7:13 Toe het hy sy dogter Sarah binne geroep, haar hand geneem, en haar as vrou aan Tobias gegee en gesê: Hier is sy, neem haar volgens die Wet van Moshè en keer met haar na jou vader terug. Tob 7:14 En hy het hulle sy seën gegee. En hy het sy vrou Edna binne geroep, 'n rol papier geneem en daarop 'n ooreenkoms geskryf, en hulle het hul seëls daarop geplaas. Tob 7:15 Toe het hulle begin eet. Tob 7:16 RaguEl roep toe sy vrou Edna opsy en sê vir haar: My suster, bring die ander slaapkamer in gereedheid en neem haar daarheen. Tob 7:17 En sy doen soos hy gesê het en bring haar daar in en sy het gehuil. En sy laat haar dogter op haar skouer huil en sê vir haar: Tob 7:18 Hou moed, my kind! JaHWeH van die Hemele en die Aarde betoon Guns aan jou in plaas van jou droefheid. Hou moed, my dogter! Tob 8:1 TOE hulle klaar was met die aandete, neem hulle Tobias na haar toe. Tob 8:2 En terwyl hy daarheen gaan, onthou hy wat RafaEl gesê het en hy neem die as van wierook en plaas die hart en die lewer van die vis daarop en maak rook. Tob 8:3 En toe die demoon die ruik van die rook kry, vlug hy na die verste dele van Bo-Egipte, en die Boodskapper het hom daar gebind. Tob 8:4 Toe hulle albei saam ingesluit is, staan Tobias van die bed af op en sê: Staan op, my suster, en laat ons saam bid dat JaHWeH ons barmhartig mag wees. Tob 8:5 En hy begin om te sê: Geseënd is U, Elohim van ons vaders, en geseënd is U verhewe en glansryke Naam in ewigheid. Laat die Hemele en U hele skepping U prys. Tob 8:6 U het Adam gemaak en hom sy vrou Gawwah tot hulp en steun gegee, en van hulle stam die adamitiese geslag. U het gesê: Dit is nie goed dat die adamiet alleen is nie; laat Ons vir hom 'n hulp maak wat by hom pas. Tob 8:7 En nou, JaHWeH, is dit nie weens vleeslike begeerte dat ek my suster hier neem nie, maar in Waarheid. Wees my dan barmhartig en laat ek oud word by haar. Tob 8:8 En sy het saam met hom "amein" gesê. Tob 8:9 En hulle het albei die hele nag deur geslaap. Maar RaguEl het opgestaan en heengegaan en 'n graf gegrawe, want hy het gesê: Tob 8:10 Miskien sal hy ook sterwe. Tob 8:11 Toe kom RaguEl in die huis en sê vir sy vrou Edna; Tob 8:12 Stuur een van die diensmeisies om te sien of hy nog lewe, en as dit nie die geval is nie, laat ons hom dan begrawe sonder dat enigiemand dit weet. Tob 8:13 En die diensmeisie het die deur oopgemaak en ingegaan en hulle albei aan die slaap gevind, Tob 8:14 Toe het sy uitgekom en hulle vertel dat hy lewe. Tob 8:15 Daarop prys RaguEl Elohim en sê: Tob 8:16 Geseënd is U, o JaHWeH, met elke suiwer en verhewe seëning! Laat U apartes en U hele skepping U loof, en laat al U Boodskappers en U uitverkore volk U vir ewig prys. Tob 8:17 U word geloof omdat U Barmhartigheid aan twee enigste kinders betoon het; o JaHWeH, wees hulle barmhartig; gee dat hulle tot die einde toe in goeie gesondheid, met Vreugde en in Guns mag lewe. Tob 8:18 Toe beveel hy sy diensknegte om die graf toe te gooi. Tob 8:19 En hy het vir hulle 'n huweliksfees aangerig wat veertien dae lank geduur het. Tob 8:20 En voor die dae van die huweliksfees verby was, het RaguEl hom besweer dat hy nie sal vertrek voor aan die einde van die veertiendaagse huweliksfees nie, Tob 8:21 en dat hy dan die helfte van RaguEl se besittings moet neem en so veilig na sy vader terugkeer. Die wat oorbly, het hy gesê, sal julle s'n wees as ek en my vrou te sterwe kom. Tob 9:1 EN Tobias het RafaEl geroep en vir hom gesê: Tob 9:2 Broer AzarJaH, neem 'n kneg saam met jou en twee kamele en gaan asseblief na GabaEl te Ragae in Medië en kry vir my die geld en bring hom saam na die huweliksfees. Tob 9:3 Want RaguEl het my besweer dat ek nie moet vertrek nie, Tob 9:4 en my vader tel reeds die dae, en as ek te lank vertoef, sal hy baie bedroef wees. Tob 9:5 Toe het RafaEl gegaan en die nag by GabaEl deurgebring; en hy het hom die bewys gegee, en hy het die sakke met ongebroke seëls uitgebring en dit aan hom gegee. Tob 9:6 En hulle het vroeg die môre saam opgestaan en by die huweliksfees aangekom; en Tobias het sy vrou geseën. Tob 10:1 EN nou het dit gebeur dat sy vader Tobias elke dag getel het. En toe die dae wat vir die reis nodig was, verbygegaan het en hulle nog nie teruggekeer het nie, Tob 10:2 sê hy: Is dit moontlik dat hulle teleurgestel is? Of is GabaEl miskien dood sodat daar niemand is om hulle die geld te gee nie? Tob 10:3 En hy was baie bedroef. Tob 10:4 En sy vrou se vir hom: Die kind het omgekom; dit is die rede waarom hy so lank neem. en sy begin om hom te beween en sê: Tob 10:5 Het ek nie omgegee nie, my kind, dat ek jou, die lig van my oë, laat gaan het? Tob 10:6 En Tobias sê vir haar: Wees stil, moenie besorg wees nie; dit is wel met hom. Tob 10:7 Maar sy antwoord hom: Bly stil, moenie my bedrieg nie; my kind het omgekom. En elke dag het sy gegaan langs die pad waarmee hy afgereis het, en bedags het sy geweier om te eet en gedurende die nag het sy haar seun Tobias ononderbroke beween, totdat die veertien dae van die huweliksfees, wat RaguEl hom besweer het om daar te bly, verby was. Toe sê Tobias aan RaguEl: Laat my nou gaan, want my vader en moeder het al alle hoop laat vaar om my ooit weer te sien. Tob 10:8 Maar sy skoonvader sê vir hom: Bly by my, en ek sal na jou vader toe stuur, en hulle sal in verband met jou aan hom verduidelik. Tob 10:9 En Tobias sê: Nee, laat my liewer na my vader toe gaan. Tob 10:10 Toe staan RaguEl op en gee hom Sarah, sy vrou, benewens die helfte van sy besittings aan slawe en vee en geld. Tob 10:11 En toe hy hulle laat gaan, seën hy hulle en sê: My kinders, die Elohey van die Hemele sal julle voor my dood voorspoedig maak. Tob 10:12 En aan sy dogter sê hy: Jy moet eerbied hê vir jou skoonvader en skoonmoeder, want hulle is nou jou ouers. Laat ek 'n goeie getuienis in verband met jou verneem. Toe soen hy haar. En Edna sê vir Tobias: Mag JaHWeH van die Hemele jou veilig terug begelei, liewe broer, en gee dat ek jou kinders by my dogter Sarah mag sien, sodat ek my voor die Aangesig van JaHWeH mag verbly. Hier vertrou ek my dogter plegtig aan jou toe; moenie haar gevoelens seermaak nie. Tob 11:1 DAARNA vertrek Tobias, terwyl hy Elohim loof omdat Hy sy weg voorspoedig gemaak het, en hy het RaguEl en sy vrou Edna geseën. Tob 11:2 Hy het voort getrek totdat hulle naby Ninevé gekom het. Toe sê RafaEl aan Tobias: Onthou jy nie, broer, hoe jy jou vader verlaat het nie? Tob 11:3 Laat ons vooruit hardloop, voor jou vrou uit, en eers die huis in gereedheid bring. Tob 11:4 Maar neem die gal van die vis in jou hand. Hulle gaan toe, met die hond op hulle hakke. Tob 11:5 En Hanna het gesit en die pad vir haar seun dopgehou. Tob 11:6 Toe sy hom sien aankom, sê sy vir sy vader: Hier kom jou seun aan en die man wat hom vergesel het! Tob 11:7 En RafaEl sê: Tob 11:8 Ek weet dat jou vader sy oë sal oopmaak; vryf dan die gal in sy oë, en as hy die brand voel sal hy dit vrywe en so die wit vliese verwyder en in staat wees om jou te sien. Tob 11:9 En Hanna het hulle tegemoet gehardloop en haar seun omhels en vir hom gesê: Nou dat ek jou gesien het, my kind, is ek bereid om te sterwe! Tob 11:10 En hulle het albei gehuil. En Tobias kom ook na die deur toe en struikel, Tob 11:11 en sy seun hardloop na hom toe en hou sy vader vas en sprinkel die gal op die oë van sy vader en sê: Hou moed, vader? Tob 11:12 En toe sy oë begin pyn, vrywe hy hulle, Tob 11:13 en die wit vliese het vanuit die hoeke van sy oë begin afval. Tob 11:14 En toe hy sy seun sien, omhels hy hom en ween en sê: Geseënd is U, o Elohim, en geseënd is U Naam in ewigheid, en geseënd is al U Boodskappers van Apartheid. Tob 11:15 Want alhoewel U my getugtig het, het U U oor my ontferm; kyk, ek kan my seun Tobias sien! En sy seun het met blydskap ingegaan terwyl hy sy vader vertel van die wonderbare dinge wat met hom in Medië gebeur het. Tob 11:16 Daarop het Tobias met vreugde uitgegaan om sy skoondogter by die poort van Ninevé te ontmoet. En hulle wat hom sien gaan, was verbaas omdat hy die gesig van sy oë teruggekry het. Tob 11:17 En Tobias het in hulle teenwoordigheid dank betuig, omdat Elohim hom barmhartig was. En toe Tobias by sy skoondogter Sarah kom, seën hy haar en sê: Welkom dogter. Geseënd is Elohim wat jou na ons toe gebring het, en geseënd is jou vader en jou moeder. En daar was groot vreugde onder al sy broers in Ninevé, Tob 11:18 En Achikar en sy neef Nasbas het gekom, Tob 11:19 en Tobias se huweliksfees is gedurende sewe dae met groot blydskap gevier. Tob 12:1 TOE roep Tobias sy seun Tobias en sê vir hom: My seun, bepaal die loon van die man wat saam met jou gereis het, want ons moet hom meer gee. Tob 12:2 En hy sê vir hom: Vader, ek kan bekostig om hom die helfte te gee van wat ek teruggebring het, Tob 12:3 want hy het my veilig en wel aan u terugbesorg, my vrou genees en die geld vir my gaan haal, en daarby het hy ook u gesond gemaak. Tob 12:4 En die ou man sê: Ons is dit aan hom verskuldig. Tob 12:5 En hy roep die Boodskapper en sê vir hom: Neem die helfte van alles wat jy teruggebring het. Tob 12:6 toe roep hy [die Boodskapper] hul albei opsy en sê vir hulle: Loof JaHWeH en betuig dank aan Hom. Maak Hom groot en getuig in die teenwoordigheid van al wat lewe van wat Hy teenoor julle gedoen het. Dit is goed om JaHWeH te loof en om Sy Naam groot te maak en om die dade van Elohim eerbiedig te vermeld; moet dus nie traag wees om Hom te dank nie. Tob 12:7 Dit is wys om die geheim van 'n koning te bewaar, maar die werke van Elohim moet in Glansrykheid openbaar gemaak word. Doen goed, en die kwaad sal nie oor julle kom nie. Tob 12:8 Gebed is goed as dit gepaard gaan met vas, liefdadigheid en opregtheid. 'n Weinig met opregtheid is beter as baie met besoedeling. Dit is beter om liefdadigheid te bewys as om goud op te hoop. Tob 12:9 Want liefdadigheid sal 'n man van die Dood red; dit sal alle oortreding versoen. Hulle wat liefdadigheid bewys en opreg handel, sal met die lewe versadig word; Tob 12:10 maar hulle wat oortree, is die vyande van hulle eie lewe. Tob 12:11 Ek sal niks vir julle verberg nie; soos ek gesê het, is dit wys om die geheim van 'n koning te bewaar, maar die werke van Elohim moet in Glansrykheid openbaar gemaak word. Tob 12:12 Daarom, toe jy en jou skoondogter Sarah gebid het, het ek die herinnering van julle gebed voor die Aparte Een gebring. En toe jy die dooies begrawe het, was ek steeds by jou. Tob 12:13 En toe jy nie teruggedeins het om op te staan en jou feesmaal te verlaat en die lyk te versorg nie, het jou goeie daad my aandag nie ontsnap nie, maar ek was by jou. Tob 12:14 Daarom het JaHWeH my gestuur om jou en jou skoondogter Sarah te genees. Tob 12:15 Want ek is RafaEl, een van die sewe Boodskappers van Apartheid, wat die gebede van die volk naderbring en wat ingaan in die Glansrykheid van die Aparte Een! Tob 12:16 En hulle was albei verstom en het op hulle aangesigte geval, want hulle was bevrees. Tob 12:17 Maar hy sê vir hulle: Moenie bang wees nie; Vrede vir julle! Loof JaHWeH in ewigheid. Tob 12:18 Want dit is nie deur my guns dat ek na julle toe gekom het nie, maar deur die wil van JaHWeH. Daarom loof Hom tot in ewigheid! Tob 12:19 Gedurende al die dae wat ek aan julle verskyn het, het ek nie geëet of gedrink nie, maar julle het 'n gesig gesien. Tob 12:20 Daarom betuig dank aan Elohim, want ek moet heengaan na Hom wat my gestuur het, en julle moet alles wat gebeur het in 'n Boekrol skryf. Tob 12:21 En toe hulle opstaan, sien hulle hom nie meer nie. Tob 12:22 En hulle het die groot en wonderbare dade van Elohim verkondig en vertel van hoe die Boodskapper van JaHWeH aan hulle verskyn het. Tob 13:1 TOE het Tobias 'n lofgebed neer geskryf en [daarin] gesê: Loof JaHWeH wat vir ewig lewe, en geseënd is Sy koninkryk, Tob 13:2 want Hy tugtig en Hy betoon Barmhartigheid, Hy laat mense in die Doderyk/Sheol afdaal en Hy bring hulle uit haar weer op, en daar is niemand wat Sy Hand kan ontvlug nie. Tob 13:3 Dank Hom, JisraEliete, in die teenwoordigheid van die nasies, want Hy het julle onder hulle verstrooi. Tob 13:4 Toon dáár Sy Glansrykheid; verhef Hom in die aangesig van al wat leef, want Hy is ons Meester en ons Elohey, Hy is onse Vader tot in ewigheid. Tob 13:5 Hy sal ons tugtig weens ons oortredinge, en Hy sal Hom weer ontferm en ons vergader te midde van al die nasies waarheen julle verstrooi is. [JeshaJaHuW 11:12] Tob 13:6 As julle jul met julle hele hart tot Hom bekeer, en met julle hele siel in Waarheid voor Hom wil wandel, dan sal Hy Hom tot julle wend; Hy sal Sy Aangesig vir julle nie verberg nie. Bemerk hoe Hy met julle wil handel en dank Hom uit volle bors. Loof JaHWeH van Geregtigheid en verhef die Koning van die eeue. In die Aarde van my gevangeskap dank ek Hom, en ek openbaar Sy Mag en Sy Majesteit aan 'n nasie van wetsoortreders: wend julle tot Hom, o wetsoortreders, en doen wat Reg is in Sy Oë; miskien sal Hy Hom oor julle ontferm en julle Barmhartigheid bewys. Tob 13:7 Ek verhef my Elohey, my siel verhef die Koning van die Hemele en jubel in Sy Glansrykheid. Tob 13:8 Laat alle mense spreek en Hom in Jerusalem dank betuig. Tob 13:9 O Jerusalem, Stad van Apartheid, Hy sal jou tugtig weens die dade van jou kinders. Maar dan sal Hy Hom meer ontferm oor die seuns van die opregte. Tob 13:10 Dank JaHWeH in alle Suiwerheid en loof die Koning van die eeue dat Sy Tent met Vreugde in jou herbou mag word. Mag Hy hulle wat gevangenes is in jou bly maak, en mag Hy die ellendige in jou liefhê vir alle geslagte tot in ewigheid. Tob 13:11 Baie nasies sal van ver af na die Naam van JaHWeH onse Elohey toe kom met geskenke in hulle hande, geskenke vir die Koning van die Hemele. Geslagte van geslagte sal U lof verhef. Tob 13:12 Vervloek is almal wat U haat! Almal wat U liefhet, sal vir ewig geseënd wees. Tob 13:13 Verbly en verheug julle in die seuns van die opregte, want hulle sal saam vergader word en hulle sal JaHWeH van die opregte prys. Tob 13:14 Geseënd is hulle wat U liefhet! Hulle sal hulle verbly in U Vrede. Geseënd is hulle wat bedroef is oor al U kastydinge, want hulle sal hul oor U verbly as hulle U Glansrykheid aanskou, en hulle sal ewige Vreugde bedryf. Tob 13:15 Laat my siel JaHWeH, die groot Koning, loof, Tob 13:16 want Jerusalem sal gebou word met saffiere en smaragde, en haar mure met kosbare stene, en haar torings en vestings van suiwer goud. Tob 13:17 En die strate van Jerusalem sal geplavei wees met berille en robyne en klippe van Ofir, Tob 13:18 En al haar pleine sal sê: Halalu-JaHH/Prys jul JaHH', en sal lof verhef en sê: Loof JaHWeH wat jou verhoog het tot in ewigheid! Tob 14:1 SO het Tobias sy danksegging beëindig. Tob 14:2 Hy was agt-en-vyftig jaar oud toe hy die gesig van sy oë verloor het, en agt jaar later het hy weer siende geword; en hy het liefdadigheid bewys en het voortgegaan om JaHWeH sy Elohey te vrees en om Hom te dank. Tob 14:3 En toe hy baie oud geword het, het hy sy seun, en die seuns van sy seun, na hom toe geroep en vir hom gesê: My kind, neem jou seuns. Ek het oud geword en sal spoedig uit hierdie lewe heengaan. Tob 14:4 Vertrek na Medië, my seun, want ek glo vas wat die profeet Jona aangaande Ninevé gesê het, dat sy verwoes sal word, maar in Medië sal daar anders as hier nog 'n rukkie vrede wees; en dat ons broers uit die gesuiwerde Adamah [die adamiet se Aarde] oor die Aarde verstrooi sal word, en dat Jerusalem verlate sal wees en die Huis van Elohim wat in haar is, verbrand sal word en 'n tyd lank verwoes sal wees. Tob 14:5 Dan sal JaHWeH Hom weer oor hulle ontferm en hulle na hul Adamah [die adamiet se Aarde] terugbring. En hulle sal die Tempel herbou, maar nie soos sy vantevore was nie, totdat die tyd van daardie geslag verbygegaan het. En daarna sal hulle van die plekke van hulle gevangeskap terugkeer om Jerusalem in glansrykheid te herbou, en die Huis van JaHWeH sal in haar in al sy prag herbou word vir al die geslagte tot in ewigheid, soos die profete daaromtrent gespreek het. Tob 14:6 En al die nasies sal hulle bekeer om JaHWeH hulle Elohey in Waarheid te Vrees, en hulle sal hulle idole begrawe, Tob 14:7 en al die nasies sal JaHWeH loof. En Sy volk sal hulle Elohey dank, en JaHWeH sal Sy volk verhoog, en almal wat JaHWeH hulle Elohey in Waarheid en opregtheid liefhet, sal hulle verbly en sal Barmhartigheid aan ons broers betoon. Tob 14:8 En nou, my kind, verlaat Ninevé; wat die profeet Jona gesê, sal sekerlik gebeur. Tob 14:9 Maar hou die Wet en die Insettinge en wees barmhartig en opreg, sodat jy voorspoed mag hê. Tob 14:10 Begrawe my behoorlik en my vrou langs my. En moenie langer in Ninevé vertoef nie. Let op, my kind, na wat Haman aan Achikar, wat hom opgevoed het, gedoen het, hoe hy hom uit die lig in die duisternis gestort en hoe hy hom vergeld het! Tog is Achikar gered, en die ander een het sy vergelding ontvang en het self in die duisternis verdwyn. Mórdegai het liefdadigheid bewys en hy het aan die noodlottige strik wat Haman vir hom gespan het, ontkom, maar Haman is self in die strik gevang en het sy lewe verloor. Tob 14:11 Sien dus, my kinders, wat liefdadigheid kan doen, en hoe Geregtigheid kan verlos! En nadat hy dit gesê het, het hy sy laaste asem daar in sy bed uitgeblaas. Hy was honderd-agt-en-vyftig jaar oud, en hulle het hom 'n eervolle begrafnis gegee. Tob 14:12 Toe Hanna sterf, het hy [die seun Tobias] haar langs sy vader begrawe. Daarna het Tobias met sy vrou en sy seuns na Ekbatana teruggegaan, na sy skoonvader RaguEl. Tob 14:13 En hy het 'n hoe ouderdom bereik en het sy skoonvader en sy skoonmoeder eervol begrawe en hulle besittings sowel as die van sy vader Tobias geërf. Tob 14:14 En in die ouderdom van honderd-sewe-en-twintig jaar het hy in Ekbatana in Medië gesterwe. Tob 14:15 Maar voor sy dood het hy verneem van die verwoesting van Ninevé wat deur Nebukadnésar en Ahasvéros verower is. So kan hy hom voor sy dood oor Ninevé verbly. // // //Die Boekrol Job // Job 1:1 DAAR was 'n man in die Aarde van Us wie se naam Job was; en dié man was rassuiwer en opreg en het Elohim gevrees en afgewyk van besoedeling. Job 1:2 En vir hom is daar sewe seuns en drie dogters gebore. Job 1:3 Daarby was sy besitting seweduisend stuks kleinvee en drieduisend kamele en vyfhonderd paar beeste en vyfhonderd eselinne en 'n groot menigte slawe, sodat dié man ryker was as al die kinders van die Ooste. Job 1:4 En sy seuns was gewoond om 'n maaltyd aan te rig in die huis van elkeen op sy dag. Dan stuur hulle en nooi hul drie susters om saam met hulle te eet en te drink. Job 1:5 En elke keer as die dae van die maaltye om was, het Job gestuur en hulle gewy. Dan maak Job die môre vroeg klaar en bring brandoffers vir elkeen van hulle; want Job het gedink: Miskien het my kinders oortree en Elohim in hulle hart vervloek! So het Job altyd gedoen. Job 1:6 En op 'n dag toe die Seuns van die Elohim kom om hulle voor die Aangesig van JaHWeH te stel, het die Satan ook onder hulle gekom. Job 1:7 Toe vra JaHWeH vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord JaHWeH en sê: Vanuit, 'n swerftog heen en weer in die Aarde, en [ek] het op en af in haar geloop. [Boekrol van die Opregte 22:47] Job 1:8 En JaHWeH vra vir die Satan: Het jy ag gegee op My kneg Job? Want daar is niemand op die Aarde soos hy nie: 'n man rassuiwer en opreg, een wat Elohim vrees en wat afwyk van besoedeling. Job 1:9 En die Satan antwoord JaHWeH en sê: Is dit verniet dat Job Elohim vrees? Job 1:10 Het U nie self hom en sy huis en alles wat hy het, 'n heining om geplaas wat alle kante rondom beskut nie? Die werk van sy hande het U geseën, en sy vee het sterk vermeerder in die Aarde. Job 1:11 Maar strek net U Hand uit en tas alles aan wat hy het - waarlik, hy sal U in U Aangesig vloek! Job 1:12 Daarop sê JaHWeH aan die Satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie. En die Satan het weggegaan van die Aangesig van JaHWeH. Job 1:13 En op 'n dag, terwyl sy seuns en sy dogters besig was om te eet en wyn te drink in die huis van hul oudste broer, Job 1:14 kom 'n boodskapper na Job en sê: Terwyl die beeste aan ploeë was en die esels aan wei langs hulle, Job 1:15 het die Sabeërs 'n inval gedoen en hulle weggeroof, en hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel. Job 1:16 Terwyl dié een nog spreek, kom daar 'n ander een en sê: Die Vuur van Elohim het van die Hemele geval en gebrand onder die kleinvee en onder die dienaars, en dit het hulle verteer; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel. Job 1:17 Terwyl dié een nog spreek, kom daar 'n ander een en sê: Die Chaldeërs het drie leërafdelings opgestel en 'n aanval op die kamele gemaak en dit weggeroof, maar hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel. Job 1:18 Terwyl dié een nog spreek, kom daar 'n ander een en sê: U seuns en u dogters was besig om te eet en wyn te drink in die huis van hulle oudste broer, Job 1:19 toe daar meteens 'n groot wind oor die wildernis kom wat die huis aan die vier hoeke gryp; en hy het op die jongmense geval, sodat hulle gesterf het; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel. Job 1:20 Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die Aarde geval Job 1:21 en gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. JaHWeH het gegee, en JaHWeH het geneem: die Naam van JaHWeH is geloofd! Job 1:22 By dit alles het Job nie oortree en aan Elohim niks ongerymds toegeskrywe nie. Job 2:1 EN op 'n dag toe die Seuns van die Elohim kom om hulle voor die Aangesig van JaHWeH te stel, het die Satan ook onder hulle gekom om hom voor die Aangesig van JaHWeH te stel. Job 2:2 Toe vra JaHWeH vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord JaHWeH en sê: Vanuit 'n swerftog heen en weer binne die Aarde, en [ek] het op en af in haar geloop. [Boekrol van die Opregte 22:47] Job 2:3 En JaHWeH vra vir die Satan: Het jy ag gegee op My kneg Job? Want daar is niemand op die Aarde soos hy nie: 'n man rassuiwer en opreg, een wat Elohim vrees en wat afwyk van die besoedeling, en hy volhard nog in sy vroomheid, alhoewel jy My teen hom opgehits het om hom te verslind sonder oorsaak. Job 2:4 Toe het die Satan JaHWeH geantwoord en gesê: Huid vir huid, en alles wat iemand het, sal hy gee vir sy siel; Job 2:5 maar strek net U Hand uit en tas sy gebeente en sy vlees aan - waarlik, hy sal U in U Aangesig vloek! Job 2:6 En JaHWeH sê aan die Satan: Kyk, hy is in jou hand; spaar net sy siel. Job 2:7 En die Satan het weggegaan van die Aangesig van JaHWeH, en hy het Job met besoedelde swere getref, van sy voetsool tot sy kroontjie. Job 2:8 En hy het vir hom 'n potskerf geneem om hom daarmee te krap, terwyl hy in die as sit. Job 2:9 Toe sê sy vrou vir hom: Volhard jy nog in jou vroomheid? Vloek Elohim, en sterf! Job 2:10 Maar hy antwoord aan haar: Soos 'n dwaas praat, praat jy! Die suiwere sou ons van die Elohim aanneem, en nie ook die besoedeling aanneem nie? By dit alles het Job nie oortree met sy lippe nie. Job 2:11 En toe die drie vriende van Job hoor van al hierdie besoedeling wat hom getref het, het hulle gekom, elkeen uit sy woonplek: EliFaz, die Temaniet, en Bildad, die Suhiet, en Sofar, die Naämatiet; en hulle het volgens afspraak byeengekom om hom hul deelneming te betuig en hom te troos. Job 2:12 En toe hulle op 'n afstand hul oë opslaan en hom nie herken nie, het hulle hul stem verhef en geween; ook het hulle elkeen sy mantel geskeur en stof op hul hoofde gestrooi na die Hemele toe. Job 2:13 En hulle het by hom op die Aarde gaan sit, sewe dae en sewe nagte lank, sonder dat iemand 'n woord met hom gepraat het; want hulle het gesien dat die smart baie groot was. Job 3:1 DAARNA het Job sy mond oopgemaak en sy dag vervloek. Job 3:2 En Job het begin en gesê: Job 3:3 Mag die dag vergaan waarop ek gebore is, en die nag waarin gesê is: 'n sterk seun is ontvang. Job 3:4 Mag dié dag duisternis wees; mag Elowahh nie na hom vra daarbo nie en geen ligglans oor hom skyn nie. Job 3:5 Mag Duisternis en Doodskaduwee hom loskoop, bewolktheid oor hom vertoef, dagverduisteringe hom verskrik. Job 3:6 Daardie nag - mag donkerheid hom wegruk, mag hy nie bly wees onder die dae van die jaar, in die getal van die mane nie kom nie. Job 3:7 Ja, mag dié nag onvrugbaar wees, geen gejubel tot hom deurdring nie. Job 3:8 Mag die dagvervloekers hom verwens, hulle wat die kuns verstaan om die Leviátan op te hits. Job 3:9 Mag die Sterre van sy môre-skemering verduister word; mag hy wag op die Lig, maar tevergeefs, en die ooglede van die dagbreek nie sien nie. Job 3:10 Omdat Hy vir my nie toegesluit het die deure van die moederskoot nie en moeite vir my oë nie verberg het nie. Job 3:11 Waarom het ek nie gesterf by die geboorte, nie uitgegaan uit die moederskoot en die asem uitgeblaas nie? Job 3:12 Waarom het knieë my teëgekom, en waarom borste, dat ek moes drink? Job 3:13 Want dan sou ek daar gelê en stil gewees het; ek sou geslaap, ek sou dan rus gehad het, Job 3:14 saam met konings en raadsmanne van die Aarde, wat puinhope weer opgebou het vir hulleself; Job 3:15 of saam met vorste wat goud besit, wat hulle huise met silwer gevul het. Job 3:16 Of ek sou, soos 'n weggestopte misgeboorte, nie bestaan het nie, soos kinders wat die Lig nie gesien het nie. Job 3:17 Daar hou die besoedelde op met woel, en daar rus hulle wie se kragte uitgeput is. Job 3:18 Die gevangenes is almal saam gerus; hulle hoor die stem van die drywer nie. Job 3:19 Klein en groot is daar gelyk, en die slaaf is vry van sy meester. Job 3:20 Waarom gee Hy Lig aan die ellendige en lewe aan die wat verbitterd is van siel; Job 3:21 wat wag op die Dood, en hy kom nie; en meer na hom grawe as na verborge skatte; Job 3:22 wat bly sou wees met gejuig, hulle sou verheug as hulle die graf kon vind? Job 3:23 [Waarom gee Hy Lig] aan 'n sterk man wie se weg verborge is, wat deur Elowahh aan alle kante ingesluit is? Job 3:24 Want soos my brood kom my gesug, en my gebrul word uitgestort soos water. Job 3:25 As ek iets vreesliks vrees, kom dit oor my; en die ding waarvoor ek bang is, kom na my toe. Job 3:26 Ek het geen kalmte en geen stilte en geen rus nie, of daar kom die onrus! Job 4:1 TOE antwoord EliFaz, die Temaniet, en sê: Job 4:2 As 'n mens dit met 'n woord by jou waag, sal jy ontstemd wees? Maar woorde inhou - wie kan dit? Job 4:3 Kyk, jy het baie mense tereggewys en slap hande versterk. Job 4:4 Jou woorde het opgerig die wat struikel, en jy het knikkende knieë versterk. Job 4:5 Maar nou dat dit jóu oorkom, is jy moedverlore; nou dat dit jóu tref, is jy verslae! Job 4:6 Is jou vrees nie jou hoop, jou rasegte wandel nie jou verwagting nie? Job 4:7 Bedink tog, wie het ooit onskuldig omgekom, en waar is opregtes verdelg? Job 4:8 Volgens ek gesien het: Die wat onreg ploeg en moeite saai, dié maai dit. Job 4:9 Deur die Woede van Elowahh kom hulle om, en deur die Gees van Sy Toorn word hulle vernietig. Job 4:10 Die gebrul van die leeu en die stem van die bruller - ja, die tande van die jong leeus word uitgebreek. Job 4:11 Die leeu kom om by gebrek aan prooi, en die kleintjies van die leeuin word verstrooi. Job 4:12 Verder is 'n woord op geheimsinnige wyse na my gebring, en my oor het 'n gefluister daarvan opgevang, Job 4:13 by die gedagtespel, uit naggesigte gebore, wanneer diepe slaap op die mense val. Job 4:14 Skrik het oor my gekom en siddering en het my hele gebeente laat bewe. Job 4:15 Toe skuif daar 'n gees voor my verby; die hare van my vlees het opgerys. Job 4:16 Hy staan stil, maar ek kon sy voorkoms nie herken nie - 'n gestalte voor my oë! Ek hoor die gefluister van 'n stem [wat sê]: Job 4:17 Sou 'n sterfling meer regverdig wees as Elowahh? Of 'n sterk man suiwerder as sy Maker? Job 4:18 Kyk, in Sy dienaars stel Hy geen vertroue nie, en by Sy boodskappers ontdek Hy dwaling. Job 4:19 Hoeveel meer by hulle wat kleihuise bewoon, van wie die grondslag in die stof is, wat fyngedruk word soos 'n mot. Job 4:20 Tussen môre en aand word hulle verpletter; hulle kom vir ewig om sonder dat iemand daar ag op gee. Job 4:21 Word hulle tentlyn nie losgeruk in hulle nie? Hulle sterwe, en dit sonder Wysheid. Job 5:1 ROEP maar - is daar iemand wat jou antwoord gee? En na watter van die apartes sal jy gaan? Job 5:2 Want verbitterdheid vermoor die dwaas, en naywer maak die domme dood. Job 5:3 Ek self het gesien hoe 'n dwaas wortel skiet; maar skielik het ek sy woning vervloek. Job 5:4 Ver is sy kinders van Lossing; en hulle word verbrysel in die poort sonder dat iemand red. Job 5:5 Wat hy geoes het, eet die hongerige op, en dié haal dit selfs uit die doring[heining] uit; en die ondergang hyg na hulle rykdom. Job 5:6 Want bekommernis kom nie voort uit die stof, en moeite spruit nie uit die Adamah[adamiet se Aarde] nie. Job 5:7 Maar die adamiet word in verdriet gebore en die seuns van die brandende kool word verhoog. Job 5:8 Maar wat my aangaan, ek sou na El vra en my saak aan die Elohim voorlê, Job 5:9 aan Hom wat groot dinge doen en ondeurgrondelike, wonders sonder getal; Job 5:10 wat reën gee oor die Aarde en waters uitstuur oor die velde; Job 5:11 om nederiges op 'n hoogte te stel daarbo; en die wat in die rou is, verkry die hoogste Lossing. Job 5:12 Hy wat die planne van listige mense verydel, sodat hulle hande niks kan uitrig wat standhou nie; Job 5:13 wat die wyse manne vang in hulle listigheid, en die raad van die slinkse mense misluk van haastigheid. Job 5:14 Oordag ontmoet hulle duisternis, en soos in die nag tas hulle rond op die middag. Job 5:15 So verlos Hy dan van die swaard [wat kom] uit hulle mond, en die arme uit die hand van die sterk man. Job 5:16 So is daar dan verwagting vir die arme; en ongeregtigheid hou haar mond toe. Job 5:17 Kyk, geseënd is die man wat Elowahh kasty; verwerp daarom die Tugtiging van die Almagtige nie. Job 5:18 Want Hy doen smart aan, maar verbind ook; Hy verbrysel, maar Sy Hande maak gesond. Job 5:19 In ses benoudhede sal Hy jou red, ja, in sewe sal geen ramp jou tref nie. Job 5:20 In hongersnood verlos Hy jou van die dood en in die oorlog uit die mag van die swaard. Job 5:21 As die tong gésel, word jy weggesteek; en jy hoef nie te vrees vir verwoesting as dit kom nie. Job 5:22 Oor verwoesting en broodsgebrek sal jy lag, en vir die wilde wesens van die Aarde hoef jy nie te vrees nie. Job 5:23 Want met die klippe van die veld is jou verbond, en die wilde wesens van die veld is met jou bevriend. Job 5:24 En jy sal uitvind dat jou Tent in Vrede is; en as jy op jou woonplek rondkyk, sal jy niks vermis nie. Job 5:25 Ook sal jy uitvind dat jou saad talryk is en jou nageslag soos die plante van die Aarde. Job 5:26 Op rype leeftyd sal jy na die graf gaan, soos 'n koringgerf ingebring word op sy tyd. Job 5:27 Kyk, dit het ons nagespeur, so is dit; hoor dit, en neem jy dit ter harte. Job 6:1 MAAR Job het geantwoord en gesê: Job 6:2 Ag, was my verdriet maar goed geweeg en my verwoesting meteens in 'n skaal opgehef! Job 6:3 Ja, dan sou dit swaarder wees as die sand van die see; daarom is my woorde onbedagsaam. Job 6:4 Want die pyle van die Almagtige is in my, waarvan my gees die Woede indrink; die verskrikkinge van Elowahh stel hulle teen my op. Job 6:5 Balk die wilde-esel by die grasspruitjies? Of bulk 'n bees by sy voer? Job 6:6 Word iets wat laf is, sonder sout geëet? Of is daar smaak in die wit van 'n eier? Job 6:7 My Siel weier om dit aan te raak; dit is net soos walglike spys vir my. Job 6:8 Ag, mag my bede maar uitkom, en mag Elowahh my verwagting maar gee! Job 6:9 En mag dit Elowahh behaag om my te verpletter, Sy Hand uit te strek en my af te sny! Job 6:10 Dan sou ek nog troos hê; ja, ek sou van vreugde opspring in onbarmhartige smart; want teen die Woorde van die Aparte Een het ek nie getuig nie. Job 6:11 Wat is my krag, dat ek sou kan wag; en wat my uiteinde, dat ek my siel sou verleng? Job 6:12 Is my krag 'n krag van klip of my vlees van koper? Job 6:13 Is ek dan nie hulpeloos in myself nie, en is redding nie vir my weggedrywe nie? Job 6:14 Vir die moedelose [moet] daar medelye [wees] van die kant van sy vriend, ook al laat hy die Vrees vir die Almagtige vaar. Job 6:15 My broers het verraad gepleeg soos 'n spruit, soos die bedding van spruite wat wegloop, Job 6:16 wat troebel is vanweë die ys, waarin die sneeu hom verberg - Job 6:17 in die tyd van gloeihitte verdwyn hulle; as dit warm word, droog hulle op uit hul plek. Job 6:18 Die paaie van hulle loop kronkelend weg en gaan heen in die verlatenheid en vergaan. Job 6:19 Die karavane van Tema het uitgekyk, die reisigers van Skeba het daarop gewag. Job 6:20 Hulle het beskaamd gestaan in hul vertroue; hulle het by haar gekom en was teleurgesteld. Job 6:21 So het julle dan [vir my] niks geword nie: julle sien verskrikking, en julle het gevrees. Job 6:22 Het ek dan gesê: Gee my iets? Of: Bring vir my 'n omkoopgeskenk uit julle vermoë? Job 6:23 Of: Red my uit die hand van die teëstander? Of: Verlos my uit die hand van tiranne? Job 6:24 Onderrig my, en ék sal swyg; en maak my duidelik waarin ek my misgaan het. Job 6:25 Hoe kragtig is opregte woorde, maar wat rig 'n bestraffing uit, van julle afkomstig? Job 6:26 Dink julle om woorde te bestraf? Maar die woorde van 'n wanhopige is vir die wind! Job 6:27 Ja, julle sou 'n wees uitloot en julle vriend verhandel. Job 6:28 Maar nou, kyk my asseblief aan: ek sal julle waarlik nie in jul gesig belieg nie. Job 6:29 Keer tog terug - laat daar geen onreg wees nie! Ja, keer terug - nog is my Geregtigheid in haar. Job 6:30 Is daar onreg op my tong? Of kan my tong nie die verderflikheid onderskei nie? Job 7:1 HET die mens nie 'n stryd op die Aarde nie? En is sy dae nie soos die dae van 'n dagloner nie? [2 Ezra 7:136] Job 7:2 Soos 'n slaaf wat hyg na die skaduwee, en soos 'n dagloner wat wag op sy werkloon, Job 7:3 so het ek erfgenaam geword van mane van vernietiging en is nagte van moeite vir my bestem. Job 7:4 As ek gaan lê, dink ek: Wanneer sal ek opstaan? Maar die aand is lank, en ek word sat van al die omdraai tot die môreskemering toe. Job 7:5 My vlees is bekleed met wurms en stofklonte; my vel trek opmekaar en etter dan weer. Job 7:6 My dae is vinniger as 'n wewerspoel en verdwyn sonder verwagting. Job 7:7 Bedink tog dat my lewe gees is; my oog sal die suiwere nie weer sien nie. Job 7:8 Die oog van hom wat my sien, sal my nie meer aanskou nie. U Oë is op my - en ek is daar nie! Job 7:9 Die wolk verdwyn en gaan heen - so kom hy nie weer op wat na die Doderyk/Sheol neerdaal nie. Job 7:10 Hy sal nie meer teruggaan na sy huis nie, en sy plek sal hom nie meer ken nie. Job 7:11 So wil dan ook ék my mond nie hou nie, ek wil spreek in die benoudheid van my gees, ek wil klae in die bitterheid van my siel. Job 7:12 Is ek die see, of die Draak, dat U 'n wag teen my opstel? Job 7:13 As ek sê: My bed sal my troos, my slaapplek sal my klagte help dra, Job 7:14 dan verskrik U my deur drome en ontstel my deur visioene, Job 7:15 sodat my siel die verwurging verkies, die dood eerder as my liggaam. Job 7:16 Ek verfoei [my lewe]. Nie vir altyd sal ek lewe nie: laat my met rus, want my dae is nietigheid. Job 7:17 Wat is die mens, dat U hom so hoog stel en dat U op hom ag gee? Job 7:18 En dat U hom elke môre soek, elke oomblik hom op die proef stel? Job 7:19 Hoe lank sal U nie van my af wegkyk nie, my nie laat staan nie, totdat ek my speeksel insluk? Job 7:20 As ek oortree het, wat doen ek U aan, o Bewaker van die adamiet? Waarom het U my as mikpunt vir U opgestel, sodat ek myself tot 'n las is? Job 7:21 En waarom vergeef U nie my opstandigheid en neem my skuld vir wetsoortreding nie weg nie? Want weldra sal ek in die stof lê; dan sal U my soek, maar ek sal daar nie wees nie. Job 8:1 TOE het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê: Job 8:2 Hoe lank sal jy hierdie dinge spreek en die woorde van jou mond 'n geweldige wind wees? Job 8:3 Sou El die Reg verdraai, of die Almagtige die Geregtigheid krenk? Job 8:4 As jou kinders teen Hom oortree het, het Hy hulle aan hul oortreding oorgegee. Job 8:5 As jy na Elohim soek en die Almagtige om Barmhartigheid smeek, Job 8:6 as jy eerlik en opreg is, ja, dan sal Hy oor jou opwaak en jou woning herstel ooreenkomstig jou Geregtigheid; Job 8:7 dan sal jou begin gering wees, maar jou einde baie groot. Job 8:8 Want doen tog navraag by die vorige geslag, en gee ag op wat hulle vaders nagespeur het; Job 8:9 (want ons is van gister en weet niks nie, omdat ons dae 'n skaduwee op die Aarde is;) Job 8:10 sal húlle jou nie leer, jou dit nie sê en woorde uit hul hart voortbring nie? Job 8:11 Skiet die biesie op waar geen moeras is nie? Groei die riet sonder water? Job 8:12 Nog is dit in sy volle groei - sonder dat dit afgepluk word - dan verdor dit voor al die ander gras. Job 8:13 So gaan dit met almal wat El vergeet, en so vergaan die verwagting van die tweegesig; Job 8:14 sy hoop is afgesny en die voorwerp van sy vertroue is 'n spinnerak. Job 8:15 Hy steun op sy huis, maar hy bly nie staan nie; hy klem hom daaraan vas, maar hy hou geen stand nie. Job 8:16 Vol sap staan hy in die son, en sy ranke sprei uit oor sy tuin. Job 8:17 Sy wortels is gevleg oor 'n hoop klippe heen, 'n kliphuis deurboor hy. Job 8:18 As Hy hom vernietig uit sy plek, sal hy hom verloën [en sê]: Ek het jou nie gesien nie. Job 8:19 Kyk, hy is die vreugde van sy lewensweg, en uit die stof spruit daar ander uit! Job 8:20 Kyk, El verwerp die rassuiwere nie, en Hy vat die kwaaddoeners nie aan die hand nie. Job 8:21 Terwyl Hy jou mond met gelag vul en jou lippe met gejuig, Job 8:22 sal jou haters met skaamte beklee word, en die tent van die besoedelde - weg is hy! Job 9:1 MAAR Job het geantwoord en gesê: Job 9:2 Waarlik, ek weet dat dit so is; en hoe kan 'n mens regverdig wees by El? Job 9:3 As hy sou begeer om met Hom te twis, nie een uit duisend sal hy Hom kan antwoord nie. Job 9:4 Hy is wys van hart en sterk van krag; wie was hardnekkig teen Hom en het ongestraf gebly? Job 9:5 Hy wat berge versit sonder dat hulle dit merk; wat hulle omkeer in Sy Toorn; Job 9:6 wat die Aarde laat sidder uit haar plek, sodat haar pilare dril; Job 9:7 wat bevel gee aan die son, en hy gaan nie op nie, en die Sterre toesluit; Job 9:8 wat alleen die Hemele uitspan en stap op die golwe van die see, Job 9:9 wat die Beer gemaak het, die Orion en die Sewe-ster en die Kamers van die Suide; Job 9:10 wat groot, ondeurgrondelike dinge doen en wonders sonder getal. Job 9:11 Gaan Hy by my langs, dan sien ek [Hom] nie, en Hy skuif verby sonder dat ek Hom bemerk. Job 9:12 Sleep Hy weg - wie sal Hom teëhou? Wie vir Hom sê: Wat maak U? Job 9:13 Elowahh wend Sy Toorn nie af nie; onder Hom moet die helpers van Rahab kruip. Job 9:14 Hoeveel minder sal ék Hom kan antwoord, sal ek my woorde kan kies teenoor Hom; Job 9:15 Hom wat ek nie kan antwoord nie, al was ek regverdig: ek kan my Regter net om Barmhartigheid smeek! Job 9:16 As ek aankla en Hy my antwoord, glo ek nie dat Hy na my stem sal luister nie. Job 9:17 Hy wat my deur 'n stormwind sou vernietig en my wonde sonder oorsaak sou vermeerder; Job 9:18 my nie sou toelaat om my gees te laat terugkeer nie, maar my sou versadig met bitterhede. Job 9:19 Is Hy ons Krag? Hy is magtig en kom Hy by die Reg, wie kan my aankla? Job 9:20 Al was ek regverdig, my eie mond sou my besoedel; al was ek rassuiwer, Hy sou my as 'n vermengde reken. Job 9:21 [Al] was ek rassuiwer! Ek gee niks om vir siel nie: ek verfoei my lewe! Job 9:22 Dit is net eenders - daarom sê ek: Die rassuiwere en die besoedelde vernietig Hy. Job 9:23 As die gésel skielik doodmaak, spot Hy met die vertwyfeling van die onskuldiges. Job 9:24 Die Aarde is aan die mag van die besoedelde oorgelewer, die gesig van die regters bind Hy toe. Is dit nie [Hy] nie, wie dan anders? Job 9:25 Ja, my dae was gouer as 'n hardloper; hulle het weggevlug sonder om suiwerheid te sien. Job 9:26 Hulle het verbygegly soos skepe van biesies, soos 'n arend wat neerskiet op sy prooi Job 9:27 As ek sê: Ek wil my geklaag vergeet, my [droewige] gesig laat vaar en vrolik word, Job 9:28 dan is ek al bang vir al my smarte: ek weet dat U my nie sal vryspreek nie. Job 9:29 Ek sal [tog] skuldig wees - waarom sal ek my dan tevergeefs afmat? Job 9:30 Al was ek my met sneeu en suiwer ek my handpalms met loog, Job 9:31 dan sou U my in 'n poel indompel, sodat my klere van my 'n afsku kry. Job 9:32 Want Hy is nie 'n man soos ek, dat ek Hom sou kan antwoord, dat ons saam na die Reg sou kan gaan nie. Job 9:33 Daar is geen skeidsregter tussen ons wat sy hand op ons twee kan lê nie. Job 9:34 Laat Hy Sy Septer van my wegneem, en laat Sy Verskrikking my nie beangstig nie; Job 9:35 dan wil ek spreek sonder dat ek vir Hom bevrees is; want só is dit met my nie gesteld nie. Job 10:1 EK walg van my lewe; ek wil my geklaag die vrye loop gee; ek wil spreek in die bitterheid van my siel. Job 10:2 Ek sê tot Elowahh: Veroordeel my nie; laat my weet waarom U met my twis. Job 10:3 Is dit voordeel vir U dat U verdruk; dat U die arbeid van U Handpalms verwerp, terwyl U oor die raad van die besoedelde Lig laat skyn? Job 10:4 Het U vleeslike Oë? Of sien U soos die man sien? Job 10:5 Is U dae soos die dae van 'n man, of U jare soos die dae van 'n sterk man? Job 10:6 dat U soek na my ongeregtigheid en vra na my oortreding, Job 10:7 ofskoon U weet dat ek nie skuldig is nie en dat daar niemand is wat uit U Hand kan red nie? Job 10:8 U hande het my geformeer en my geskep, geheel en al; en tog, vernietig U my! Job 10:9 Bedink tog dat U my soos klei gevorm het, en wil U my tot stof laat terugkeer? Job 10:10 Het U my nie soos melk uitgegiet en my soos kaas laat dik word nie? Job 10:11 Met vel en vlees het U my beklee, en met beendere en senings het U my deurvleg. Job 10:12 Lewe en Medelye het U aan my bewys, en U sorg het my gees bewaak. Job 10:13 Maar daarby het U dit verberg in U Hart, ek weet dat dit U toeleg was: Job 10:14 As ek oortree het, sou U my sien en my nie vryspreek van my skuld nie. Job 10:15 Was ek skuldig - wee my! En was ek regverdig, ek sou my hoof nie kon ophef nie, sat van skande en bewus van my ellende. Job 10:16 En as [my hoof] hom ophef, sou U my jaag soos 'n leeu en U opnuut wonderbaarlik teenoor my gedra. Job 10:17 U sou altyd nuwe getuies teen my bring en U Grimmigheid teen my vermeerder - altyd nuwe leër-afdelings teen my! Job 10:18 Waarom tog het U my uit die moederskoot laat uitgaan? Ek moes gesterf het sonder dat 'n oog my gesien het. Job 10:19 Ek moes gewees het of ek daar nie was nie; van die moederskoot af moes ek na die graf gedra gewees het. Job 10:20 Is my dae nie min nie? Laat hy ophou, my laat staan, dat ek 'n bietjie vrolik kan wees, Job 10:21 voordat ek heengaan - en nie terugkom nie - na die Aarde van duisternis en Doodskaduwee, Job 10:22 'n Aarde van donkerheid, soos middernag, van Doodskaduwee en wanorde, waar die lig is soos duisternis! Job 11:1 TOE het Sofar, die Naämatiet, geantwoord en gesê: Job 11:2 Moet die menigte van woorde onbeantwoord bly? Of moet 'n loslippige man Reg hê? Job 11:3 Sou jou gepraat manne laat swyg, sodat jy spot - sonder dat iemand jou beskaamd maak - Job 11:4 en sê: Suiwer is my leer, en skoon is ek in U Oë? Job 11:5 Maar, ag, as Elowahh maar wou spreek en Sy Lippe open teen jou! Job 11:6 En jou bekend wou maak dat die verborgenhede van die Wysheid die Insig verdubbel! Sodat jy kan weet dat Elowahh vir jou 'n deel van jou skuld deur die vingers sien. Job 11:7 Kan jy die dieptes van Elowahh peil? Of sal jy kan deurdring tot by die volmaaktheid van die Almagtige? Job 11:8 Hoogtes van die Hemele is dit - wat kan jy doen? Die verborgenheid van die Doderyk/Sheol - wat kan jy weet? Job 11:9 Langer as die Aarde is haar lengte en haar breedte as die see. Job 11:10 As Hy verbyskuiwe en gevange neem en 'n regsvergadering oproep - wie sal Hom dan teëhou? Job 11:11 Want Hy ken die valse mense, en Hy sien Ongeregtigheid sonder dat Hy juis op haar ag gee. Job 11:12 So kan dan 'n domme verstand verkry en 'n jong wilde-esel as adamiet gebore word. Job 11:13 As jy jou hart berei en jou handpalms uitstrek na Hom Job 11:14 - as daar ongeregtigheid in jou hand is, verwyder haar, en laat geen verbasterde in jou tente woon nie - Job 11:15 ja, dan sal jy jou aangesig kan ophef, vry van verdonkering; en jy sal vasstaan sonder om te vrees. Job 11:16 Ja, jy sal die moeite vergeet; soos aan water wat verbygeloop het, sal jy daaraan dink. Job 11:17 En helderder as die middag sal die lewe oprys; is dit donker - dit sal wees soos die môre! Job 11:18 En jy sal vertrou, want daar is verwagting; en kyk jy rond - sal jy in veiligheid gaan slaap. Job 11:19 Ook sal jy lê sonder dat iemand jou skrikmaak; en baie sal jou guns soek. Job 11:20 Maar die oë van die besoedelde sal versmag, en die toevlug is vir hulle verlore; en hulle verwagting is - uitblasing van die siel. Job 12:1 MAAR Job het geantwoord en gesê: Job 12:2 Waarlik, ja, julle is die [regte] mense, en saam met julle sterf die wysheid uit! Job 12:3 Ook ek het verstand soos julle; ek staan nie vir julle terug nie; en wie weet sulke dinge nie? Job 12:4 Ek is 'n bespotting vir my naaste, ek wat Elowahh aangeroep en verhoring gevind het - 'n bespotting is die regverdige, die rasegte! Job 12:5 Vir die ongeluk is daar veragting volgens die gedagte van hom wat lekker lewe; dit staan klaar vir hulle wie se voet wankel. Job 12:6 Rustig staan die tente van die rowers, en hulle wat El tart, doen dit met selfversekerdheid, maar hulle sal in Elowahh se Hand val. Job 12:7 Maar vra tog vir die diere, dat hulle jou leer; en die voëls van die Hemele, dat hulle jou te kenne gee; Job 12:8 of spreek die Aarde aan, dat sy jou leer, en laat die visse van die see jou vertel. Job 12:9 Wie weet nie deur al hierdie dinge dat die Hand van JaHWeH dit gemaak het nie? Job 12:10 In Wie se Hand die siel is van alles wat leef, en die gees van alle menslike vlees. Job 12:11 Moet die oor nie woorde toets soos die verhemelte spys proe nie? Job 12:12 By die grysaards is wysheid, en in lengte van dae is verstand. Job 12:13 BY Hóm is Wysheid en Sterkte; Hy het Raad en Verstand. Job 12:14 Kyk, Hy breek af, en daar word nie opgebou nie; Hy sluit 'n man as gevangene op, en daar word nie oopgemaak nie. Job 12:15 Kyk, Hy hou die waters terug, en hulle verdroog; ook laat Hy hulle los, en hulle keer die Aarde om. Job 12:16 By Hóm is Krag en beleid; syne is die verdwaalde en hy wat laat dwaal. Job 12:17 Hy voer raadsmanne uitgeplunder weg, en regters maak Hy tot dwase. Job 12:18 Hy maak die band los waar konings mee bind, en bind 'n lyfdoek om hulle heupe. Job 12:19 Hy voer priesters uitgeplunder weg en bring wie vasstaan, tot 'n val. Job 12:20 Hy neem die spraak van die betroubares weg en beroof die oues van [hul] oordeel. Job 12:21 Hy stort veragting uit oor die edeles en maak die gordel van die magtiges slap. Job 12:22 Hy ontbloot die dieptes van die Duisternis, en Doodskaduwee bring Hy uit in die Lig. Job 12:23 Hy maak nasies groot en laat hulle omkom; Hy brei nasies uit en voer hulle weg. Job 12:24 Hy neem die Verstand weg van die volkshoofde van die Aarde en laat hulle ronddwaal in 'n verlatenheid, sonder pad. Job 12:25 Hulle tas in die Duisternis, sonder Lig; en Hy laat hulle ronddwaal soos 'n dronk man. Job 13:1 KYK, alles het my oog gesien, my oor het gehoor by haar. Job 13:2 Wat julle weet, weet ek ook: ek staan nie vir julle terug nie. Job 13:3 Maar ék sal met die Almagtige spreek, en ek verlang om te redeneer met El. Job 13:4 Maar julle pleister met valsheid, julle is almal waardelose geneeshere. Job 13:5 Ag, as julle maar heeltemal wou swyg - dan sou Sy vir julle Wysheid wees! Job 13:6 Hoor tog na my verantwoording, en luister na die aanvalle van my lippe. Job 13:7 Wil julle, tot verdediging van El, onreg spreek en ten behoewe van Hom bedrog laat hoor? Job 13:8 Wil julle vir Hom partydig wees? Of wil julle vir El pleit? Job 13:9 Sal dit goed wees as Hy julle ondersoek? Of wil julle Hom bedrieg soos 'n mens bedrieg word? Job 13:10 Hy sal julle sekerlik straf as julle in die geheim partydig is. Job 13:11 Sal Sy hoogheid julle nie verskrik nie, en die skrik vir Hom julle nie oorval nie? Job 13:12 Julle kernspreuke is spreuke van as, julle skanse word skanse van klei. Job 13:13 Laat my met rus; dan wil ék spreek; laat dan oor my kom wat wil. Job 13:14 Waarom sou ek my vlees in my tande neem en my siel plaas in my handpalms? Job 13:15 Kyk, al wil Hy my ombring - ek hoop op Hom; ek sal tog my wandel voor Sy Aangesig bepleit. Job 13:16 Ook is Hy my Verlossing, want 'n tweegesig sal voor Sy Aangesig nie kom nie. Job 13:17 Luister goed na my rede en gee gehoor aan my verklaring. Job 13:18 Kyk tog, ek het Regspraak gereël; ek weet dat ék regverdig sal wees. Job 13:19 Wie durf my dan bestry? Ja, dan sou ek swyg en sterwe. Job 13:20 Moet my net twee dinge nie aandoen nie, dan sal ek my vir U Aangesig nie verberg nie: Job 13:21 trek U Handpalms weg van my af, en laat die skrik vir U my nie beangstig nie. Job 13:22 Klaag dan maar aan, en ék sal antwoord; of ek sal spreek, en gee U my antwoord. Job 13:23 Hoeveel is my ongeregtigheid en skuld van oortredinge; maak my my opstandigheid en straf bekend. Job 13:24 Waarom verberg U U Aangesig en hou my vir 'n vyand van U? Job 13:25 Wil U 'n verwaaide blaar skrik aanja en die droë stoppel agtervolg, Job 13:26 dat U bitter dinge oor my beskik en my die ongeregtigheid van my jeug laat erwe, Job 13:27 en dat U my voete in die blok sit en al my paaie bewaak? U trek vir U 'n streep om die sole van my voete; Job 13:28 en dit iemand wat verval soos hout wat weggevreet is, soos 'n kleed wat die mot verteer. Job 14:1 DIE adamiet uit 'n vrou gebore, is kort van dae en vol van onrustigheid. Job 14:2 Hy spruit uit soos 'n blom en verwelk; ook vlug hy soos 'n skaduwee en hou nie stand nie. Job 14:3 En oor so een maak U die Oë oop, en U bring my voor U Reg. Job 14:4 Wie kan 'n rasegte laat voortkom uit 'n verbasterde - niemand nie! Job 14:5 As dan sy dae vasgestel is, die getal van sy maande by U is, U vir hom grense gestel het waar hy nie oor kan gaan nie, Job 14:6 kyk dan weg van hom af, dat hy kan rus - totdat hy soos 'n dagloner hom tevrede voel met sy dag. Job 14:7 Want vir 'n boom is daar verwagting: as hy afgekap word, loop hy weer uit en sy loot ontbreek nie. Job 14:8 As sy wortel oud word in die Aarde en sy stam sterf in die stof - Job 14:9 deur die wasem van die water sal sy weer uitspruit, en sy maak 'n tak soos 'n jong plantjie. Job 14:10 Maar 'n sterk man sterwe en is magteloos; ja, 'n adamiet blaas die asem uit en - waar is hy? Job 14:11 Die waters verdwyn uit die groot waterplas, en die rivier droog uit en lê droog - Job 14:12 so lê die mens daar sonder om weer op te staan; totdat die Hemele nie meer is nie, word hulle nie wakker of uit hul slaap opgewek nie. Job 14:13 Ag, as U my maar in die Doderyk/Sheol wou wegsteek, my wou verberg totdat U Toorn bedaar het, my 'n bepaalde tyd wou stel en dan aan my wou dink! Job 14:14 As 'n sterk man sterwe, sal hy weer lewe? Dan sou ek hoop al die dae van my stryd totdat my aflossing kom; Job 14:15 U sou roep, en ek sou U antwoord, na die maaksel van U Hande sou U verlang. Job 14:16 Want nou tel U my voetstappe. Let U nie op my oortreding nie? Job 14:17 My opstandigheid is verseël in 'n bondeltjie, en U sluit my ongeregtigheid weg. Job 14:18 Maar soos 'n berg stukkend val as hy neerstort, en 'n rots versit word uit sy plek; Job 14:19 die water klippe glad skuur; die stortvloede daarvan die stof van die Aarde wegspoel; so is die hoop van 'n mens - U maak haar tot niet. Job 14:20 U oorweldig hom vir ewig, en hy gaan heen; U verander sy gelaat en stuur hom weg. Job 14:21 Sy kinders kom in eer, maar hy word dit nie gewaar nie; en hulle word gering, maar hy let nie op hulle nie. Job 14:22 Net sy vlees aan hom voel pyn, en sy siel in hom treur. Job 15:1 TOE het Élifas, die Temaniet, geantwoord en gesê: Job 15:2 Sal 'n wyse man met die Gees van Kennis antwoord gee en sy binneste vul met die [dinge] van die Ooste- Job 15:3 deur te pleit met woorde wat nie baat en met beweringe waarmee hy niks uitrig nie? Job 15:4 Ja, jy breek die vrees af en verstoor die stille oordenking voor die Aangesig van El. Job 15:5 Want jou oortredinge gee onderrig aan jou mond, en jy kies die taal van die listiges. Job 15:6 Jou eie mond veroordeel jou, en nie ek nie; ja, jou eie lippe getuig teen jou. Job 15:7 Is jy die eerste as adamiet gebore en voor die heuwels in die wêreld gebring? Job 15:8 Het jy in die Raad van Elowahh afgeluister en die Wysheid na jou toe getrek? Job 15:9 Wat weet jy wat ons nie weet nie? [Wat] verstaan jy wat in ons nie is nie? Job 15:10 Ook is daar grys hare, ook bejaardes onder ons, ryker in dae as jou vader. Job 15:11 Is die vertroostinge van El vir jou te min, en woorde met sagtheid jou toegespreek? Job 15:12 Waarom sleep jou hart jou weg? En waarom flikker jou oë so - Job 15:13 dat jy jou gees rig teen El en [sulke] woorde uit jou mond laat uitgaan? Job 15:14 Wat is 'n man, dat hy raseg sou wees? En hy wat uit 'n vrou gebore is, dat hy regverdig sou wees? Job 15:15 Kyk, in Sy apartgesteldes stel Hy geen vertroue nie; ja, die Hemele is nie skoon in Sy Oë nie; Job 15:16 hoeveel minder die afskuwelike en verbasterde, die mens wat onreg drink soos water! Job 15:17 Ek wil jou inlig, luister na my; en wat ek gesien het, wil ek vertel; Job 15:18 wat die wyse manne verkondig sonder om iets te verberg, van hulle vaders af [oorgelewer]; Job 15:19 aan hulle alleen was die Aarde gegee, en geen verbasterde het nog onder hulle deurgetrek nie. Job 15:20 Al sy dae leef die besoedelde in angs, ja, al die jare deur wat vir die tiran bepaal is. Job 15:21 Skrikgeluide is in sy ore; in volle vrede oorval die verwoester hom. Job 15:22 Hy glo nie dat hy uit die duisternis sal terugkeer nie; en hy is bestemd vir die swaard. Job 15:23 Hy dwaal rond [en soek] brood. Waar is dit? Hy weet dat gereed is die dag van duisternis - op hande. Job 15:24 Benoudheid en angs verskrik hom; dit oorweldig hom soos 'n koning wat gereed staan vir die aanval, Job 15:25 omdat hy sy hand uitgesteek het teen El en homself teen die Almagtige verset het Job 15:26 (hy het Hom stormgeloop met [uitgerekte] nek, met die dik bulte van sy skilde); Job 15:27 omdat hy sy gesig met sy vet oordek en 'n vetlaag op sy heupe gevorm het, Job 15:28 en verdelgde stede bewoon het, huise wat nie bewoon moes word nie, wat bestem was om puinhope te bly. Job 15:29 Hy bly nie ryk en sy vermoë hou nie stand nie, en hulle besitting buig nie [soos koringare] na die Aarde toe nie. Job 15:30 Hy ontvlug nie die Duisternis nie, die vlam laat sy spruit verdroog, en hy vergaan deur die gees van sy mond. Job 15:31 Laat hom nie vertrou op leuens nie - hy kom bedroë uit! - want leuens sal sy vergelding wees. Job 15:32 Nie in sy tyd word sy vervul, en sy palmtak bly nie [meer] groen nie. Job 15:33 Hy skud sy onryp druiwe af soos 'n Wingerdstok en gooi sy bloeisel af soos 'n Olyfboom. Job 15:34 Want die vergadering van die tweegesigte is onvrugbaar, en vuur verteer die tente van omkopery. Job 15:35 Hulle word swanger van kwaad en baar niksseggende; en hulle moederskoot bring bedrog voort. Job 16:1 MAAR Job het geantwoord en gesê: Job 16:2 Dergelike dinge het ek al baie gehoor: treurige vertroosters is julle almal. Job 16:3 Kom daar nou 'n einde aan woorde van die gees? Of wat prikkel jou dat jy antwoord? Job 16:4 Ek sou ook kon spreek soos julle as julle siel in die plek van my siel was; ek sou woorde aanmekaar kon koppel teen julle en my hoof oor julle skud; Job 16:5 ek sou julle kon versterk met my mond, en die troos van my lippe sou versagting aanbring! Job 16:6 As ek sou spreek, my smart word nie versag nie; en as ek ophou watter verligting bring dit my? Job 16:7 Maar nou het Hy my uitgeput; U het my hele huishouding verwoes. Job 16:8 En U het my gegryp - 'n getuie het dit teen my geword; en my siekte staan [teen my] op, dit getuig openlik teen my. Job 16:9 Sy Toorn het verskeur en my as vyand behandel; Hy het teen my gekners met Sy Tande; as my teëstander kyk Hy my met skerp Oë aan. Job 16:10 Hulle het Hul mond teen my oopgespalk; smadelik het Hulle my op die kakebeen geslaan; soos een man versamel Hulle Hul teen my. Job 16:11 El gee my oor aan slegte mense en werp my in die hande van die besoedelde. Job 16:12 Ek het rustig gelewe; toe het Hy my verbrysel en my aan die nek gegryp en my verpletter; en Hy het my vir Hom as teiken opgestel. Job 16:13 Sy pyle gons om my heen; Hy splits my niere sonder verskoning; Hy werp my gal op die Aarde uit. Job 16:14 Bres op bres breek Hy in my; Hy loop my storm soos 'n dappere. Job 16:15 'n Roukleed het ek oor my vel vasgewerk en my horing in die stof gesteek. Job 16:16 My gesig het rooi geword van geween, en oor my ooglede is die Doodskaduwee; Job 16:17 alhoewel daar geen geweld in my handpalms is nie en my gebed suiwer is. Job 16:18 O Aarde, moenie my bloed bedek nie, en laat daar geen rusplek vir my geroep wees nie. Job 16:19 Selfs nou, kyk, in die Hemele is my Getuie; en Hy wat saam met my getuig, is in die verhewe plek. Job 16:20 My vriende spot met my; uit my oog drup trane tot Elowahh - Job 16:21 dat Hy kan pleit vir 'n sterk man by Elowahh soos 'n Seun van die adam vir Sy naaste. Job 16:22 Want maar min jare kom - dan bewandel ek 'n pad waarlangs ek nie terugkeer nie. Job 17:1 MY gees is verward, my dae is uitgeblus, die graf wag op my. Job 17:2 Waarlik, bespottinge is my deel, en op hulle uittarting moet my oog rus. Job 17:3 Gee tog ['n pand], staan Borg vir my by U; wie anders sal vir my borgskap verleen? Job 17:4 Want U het húlle hart gesluit vir Verstand; daarom sal U [hulle] nie laat triomfeer nie. Job 17:5 Hy wat vriende aanklaag vir 'n buitaandeel - die oë van sy kinders sal versmag. Job 17:6 Maar Hy het my 'n spreekwoord vir die mense gemaak, en ek moet iemand wees wat hulle in die gesig spuug. Job 17:7 Daarom het my oog dof geword van verdriet, en al my lede is soos 'n skaduwee. Job 17:8 Die opregtes is daaroor ontsteld, en die onskuldige kom teen die tweegesig in opstand. Job 17:9 Nogtans hou die regverdige vas aan Sy Weg, en die wat skoon van hande is, neem toe in krag. Job 17:10 Maar, kom maar altyd weer aan, julle almal! 'n Wyse vind ek onder julle tog nie. Job 17:11 My dae is verby, my planne tot niet, die doel van my hart. Job 17:12 Van die nag maak hulle 'n dag; Lig is naby vanweë die Duisternis. Job 17:13 As ek hoop op die Doderyk/Sheol as my huis; in die Duisternis my bed uitsprei, Job 17:14 die grafkuil toeroep: My vader is jy; die wurms: My moeder en my suster, Job 17:15 waar is dan my hoop? Ja, my verwagting, wie ontdek haar? Job 17:16 Na die grendels van die Doderyk/Sheol sal sy neerdaal, wanneer daar tegelykertyd rus is in die stof. Job 18:1 TOE het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê: Job 18:2 Hoe lank wil julle jaag agter woorde? Word verstandig, en daarna sal ons spreek. Job 18:3 Waarom word ons as wilde wesens gereken, is ons dom in julle oë? Job 18:4 [Hy], skeur sy siel in sy toorn - sal om jou ontwil die Aarde verlate wees of 'n rots uit sy plek versit word? Job 18:5 Ja, die Lig in die besoedelde gaan dood, en die vlam van sy vuur bly nie flikker nie. Job 18:6 Die Lig in sy tent verduister, en sy lamp word uitgedoof. Job 18:7 Sy geweldige treë word ingekort, en sy eie raad gooi hom omver. Job 18:8 Want hy raak in 'n net deur sy eie voete, en hy loop oor die vlegwerk [van 'n vangkuil]. Job 18:9 'n Vangnet gryp sy hakskeen, 'n strik hou hom vas. Job 18:10 'n Tou is vir hom verberg in die Aarde en 'n valstrik vir hom op die pad. Job 18:11 Verskrikkinge beangstig hom aan alle kante en jaag hom so ver as hy gaan. Job 18:12 Sy krag sal uitgeput word, en die benoudheid staan gereed langs sy sy. Job 18:13 Die eersgeborene van die Dood verteer die lede van sy liggaam, hy verteer sy lede. Job 18:14 Weggeruk word hy uit sy tent, die voorwerp van sy vertroue; en dit laat hom aanstap na die koning van die verskrikkinge. Job 18:15 Daar woon in sy tent iets wat hom nie toebehoort nie; swawel word gestrooi oor sy woning. Job 18:16 Onder verdroog sy wortels, en bo verwelk sy tak. Job 18:17 Sy gedagtenis vergaan van die Aarde af, en hy het geen naam op die wye veld nie. Job 18:18 Hulle stoot hom uit die Lig in die Duisternis, en uit die wêreld verjaag hulle hom. Job 18:19 Hy het geen afstammeling of kindskinders onder sy volk en geen oorblyfsel in sy wonings nie. Job 18:20 Oor sy dag staan die mense van die Weste verskrik, en siddering gryp die mense van die Ooste aan. Job 18:21 Sekerlik, so gaan dit met die wonings van die kwaaddoener en so met die Tabernakel van hom wat El nie ken nie. Job 19:1 MAAR Job het geantwoord en gesê: Job 19:2 Hoe lank sal julle my siel kwel en my met woorde verbrysel? Job 19:3 Nou tien maal al doen julle my smaadheid aan, mishandel julle my sonder om julle te skaam. Job 19:4 En het ek ook werklik my misgaan, dan bly my fout by my. Job 19:5 As julle jul werklik teen my wil groot maak en teen my my smaadheid wil bewys, Job 19:6 weet dan dat Elowahh my onregverdig behandel het en met Sy Net my rondom ingesluit het. Job 19:7 As ek roep: Geweld! dan word ek nie verhoor nie; ek roep om hulp, maar daar is geen Reg nie. Job 19:8 Hy het my weg toegemuur, sodat ek nie verby kan nie; en oor my paaie het Hy duisternis gesprei. Job 19:9 My eer het Hy van my afgetrek en die kroon van my hoof weggeneem. Job 19:10 Hy werp my aan alle kante omver, en - daar gaan ek! En Hy het my verwagting uitgeruk soos 'n boom. Job 19:11 Ook het Hy Sy Woede teen my laat ontvlam en my beskou as een van Sy vyande. Job 19:12 As een man kom Sy Skare aan en baan 'n pad vir Hulle teen my, en Hulle slaan die laer op rondom my tent. Job 19:13 My broers het Hy ver van my verwyder, en my bekendes het heeltemal verbaster. Job 19:14 My nabestaandes ontbreek, en my vertroudes het my vergeet. Job 19:15 My bywoners en my slavinne beskou my as 'n verbasterde; 'n onbekende het ek geword in hulle oë. Job 19:16 Ek roep my slaaf, maar hy antwoord nie; met my mond moet ek hom smeek. Job 19:17 My vrou beskou my gees as verbaster, terwyl ek guns betoon het aan die kinders uit my eie liggaam. Job 19:18 Selfs jong seuns minag my; wil ek opstaan, dan spot hulle met my. Job 19:19 Al my vertroude vriende het 'n afsku van my; en die wat ek liefgehad het, het hulle teen my gekeer. Job 19:20 My gebeente kleef aan my vel en aan my vlees, en ek het [slegs] met my tandvleis ontsnap. Job 19:21 Ontferm julle oor my, ontferm julle oor my, o my vriende, want die Hand van Elowahh het my getref! Job 19:22 Waarom vervolg julle my, soos El, en word nie versadig van my vlees nie? Job 19:23 Ag, mag my woorde tog maar opgeskrywe, mag hulle maar in 'n Boekrol opgeteken word - Job 19:24 met 'n ystergriffel en lood - vir altyd in 'n rots ingekap! Job 19:25 Maar ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan. Job 19:26 En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees Elowahh aanskou; Job 19:27 Hom wat ék sal aanskou my ten goede, en my oë sal geen verbasterde sien nie. My verstand versmag van verlange in my binneste. Job 19:28 As julle sê: Hoe sal ons hom vervolg, aangesien die wortel van die saak in hom gevind is! - Job 19:29 vrees dan vir die swaard, want wraak is [een van] die strawwe van Ongeregtigheid wat die swaard verdien, sodat julle kan weet dat daar 'n oordeel is. Job 20:1 TOE het Sofar, die Naämatiet, geantwoord en gesê: Job 20:2 Daarom juis antwoord my gedagtes my, en wel weens my haastigheid in my. Job 20:3 'n Bestraffing wat vir my griewend is, moet ek aanhoor; maar die gees uit my verstand antwoord my. Job 20:4 Weet jy wel dit wat van altyd af was, vandat die adamiet op die Aarde gemaak is: Job 20:5 dat die gejubel van die besoedelde kort van duur is en die vreugde van die tweegesig net vir 'n oomblik? Job 20:6 Al klim sy hoogheid na die Hemele toe op, en al raak sy hoof aan die wolke - Job 20:7 soos sy eie drek vergaan hy vir ewig; die wat hom gesien het, vra: Waar is hy? Job 20:8 Soos 'n droom vlieg hy weg, sodat 'n mens hom nie meer vind nie; en hy word verjaag soos 'n visioen in die nag. Job 20:9 Die oog wat hom gesien het, sien hom nie meer nie; en sy plek aanskou hom nie meer nie. Job 20:10 Sy kinders moet die guns soek van armes, en met eie hande moet hy sy vermoë teruggee. Job 20:11 Sy gebeente was vol van sy jeugdige krag; maar met hom saam lê dit in die stof. Job 20:12 Al smaak Besoedeling soet in sy mond, al verberg hy haar onder sy tong, Job 20:13 al het hy meegevoel met haar, en al wil hy haar nie laat vaar nie, maar haar terughou in sy verhemelte - [Spreuke 9:13] Job 20:14 tog word sy voedsel in sy ingewande verander, dit word gal van adders in sy binneste. Job 20:15 Rykdom het hy verslind, maar hy moet dit weer uitspuug; uit sy buik dryf El dit weg. Job 20:16 Die gif van adders suig hy in, die tong van 'n slang maak hom dood. Job 20:17 Hy mag hom nie verlustig in beke, in vloeiende strome van heuning en dikmelk nie. Job 20:18 Wat hy deur arbeid verkry het, gee hy terug sonder om dit in te sluk; na die maat van sy ingeruilde rykdom sal hy nie bly wees nie. Job 20:19 Want hy het die armes verdruk, aan hulle lot oorgelaat; 'n huis het hy geroof, maar hy sal hom nie opbou nie. Job 20:20 Want hy het geen rus geken in sy binneste nie; so sal hy dan nie ontsnap met sy kosbare goed nie. Job 20:21 Niks het ontkom aan sy vraatsug nie; daarom is sy voorspoed nie duursaam nie. Job 20:22 By die volheid van sy oorvloed sal hy benoud wees: al die hande van ellendiges oorval hom. Job 20:23 Om sy buik te vul, sal Hy teen hom uitstuur Sy brandende Woede, en Hy sal hom op hom laat reën as sy voedsel. Job 20:24 Hy sal vlug vir die ysterwapens - 'n koperboog sal hom deurboor. Job 20:25 Hy trek - daar kom sy uit sy rug, en die glinsterende swaard gaan uit sy gal; verskrikkinge is op hom! Job 20:26 Alle Duisternis is versteek in sy geheime plekke; 'n Vuur wat nie aangeblaas is nie, sal hom verteer; dit sal sleg gaan met die wat in sy tent oorbly. Job 20:27 Die Hemele openbaar sy skandelikheid, en die Aarde staan teen hom op. Job 20:28 Weggevoer word die opbrengs van sy huis - goed wat wegspoel op die dag van Sy Toorn. Job 20:29 Dit is die deel van die besoedelde adamiet van die kant van Elohim en die erfdeel wat vir hom bestem is deur El. Job 21:1 MAAR Job het geantwoord en gesê: Job 21:2 Luister goed na my rede, en laat dit die vertroostinge wees wat julle aanbied. Job 21:3 Verdra my, dat ek ook kan spreek; en nadat ek gespreek het, kan jy spot. Job 21:4 Wat my aangaan, geld my geklaag dan 'n adamiet? Of waarom sou my gees nie ongeduldig word nie? Job 21:5 Kyk my aan, en wees verskrik; en lê die hand op die mond. Job 21:6 Ja, as ek daaraan dink, is ek glad verslae, en verskrikking gryp my vlees aan. Job 21:7 Waarom bly die besoedelde lewe, word hulle oud, ja, neem hulle toe in krag? Job 21:8 Hulle saad bestaan voor hulle in hul gemeenskap, en hul nageslag voor hulle oë. Job 21:9 Hul huise het vrede, sonder skrik; en die Septer van Elowahh is op hulle nie. Job 21:10 Sy bul dek en mis nie; sy koei kalf en het geen misdrag nie. Job 21:11 Hulle laat hul jong seuns loop soos 'n trop kleinvee, en hul kinders spring rond. Job 21:12 Hulle sing by die tamboeryn en siter en is bly by die klank van die fluit. Job 21:13 In voorspoed slyt hulle hul dae, en in 'n oomblik sink hulle na die Doderyk/Sheol af. Job 21:14 Tog het hulle tot El gesê: Bly ver van ons af; en: In die Kennis van U Weë het ons geen behae nie. Job 21:15 Wat is die Almagtige dat ons Hom sou dien? En wat baat dit ons dat ons biddend by Hom aandring? Job 21:16 (Kyk, hulle voorspoed is nie in hul hand nie: die raad van die besoedeldes is ver van my!) Job 21:17 Hoe selde gaan die lamp van die besoedelde dood en oorval hul ondergang hulle - deel Hy smarte uit in Sy Woede, Job 21:18 word hulle soos strooi voor die wind, en soos kaf wat die wind wegvoer? Job 21:19 Elohim bewaar sy besoedeling vir sy kinders. Hy vergeld hom dat hy kan voel! Job 21:20 Sy eie oë sal sy vernietiging sien en sélf sal hy drink van die Grimmigheid van die Almagtige. Job 21:21 Want wat gee hy vir sy huis om as die getal van sy maande afgesny is Job 21:22 Wil iemand aan HOM Kennis leer, HOM wat die hemelse wesens oordeel? Job 21:23 Die een volkome geseënd, heeltemal gerus en tevrede. Job 21:24 Sy emmers is vol melk, en die murg van sy gebeente word deur en deur bevogtig. Job 21:25 Die ander daarenteen sterwe met bitterheid van siel sonder dat hy van die suiwerheid geniet het. Job 21:26 Saam lê hulle in die stof en die wurms oordek hulle. Job 21:27 Kyk, ek ken julle gedagtes en die slim planne waarmee julle gewelddadig teen my optree. Job 21:28 As julle sê: Waar is die huis van die tiran, en waar die woontent van die besoedelde - Job 21:29 het julle dan nie navraag gedoen by die reisigers nie; herken julle nie hulle kentekens nie!: Job 21:30 dat die kwaaddoeners gespaar word op die dag van ondergang, dat hulle weggelei word op die dag van Grimmigheid? Job 21:31 Wie gee hom openlik sy gedrag te kenne; en het hy gehandel - wie sal hom dit vergeld? Job 21:32 Dan word hy na die graf gebring, en hulle sorg vir sy grafheuwel. Job 21:33 Sag lê op hom die kluite van die dal; en agter hom trek al die adamiete aan soos daar ontelbares voor hom gewees het. Job 21:34 Hoe troos julle my dan op so 'n nietige manier? En julle antwoorde - net troubreuk bly oor! Job 22:1 TOE het EliFaz, die Temaniet, geantwoord en gesê: Job 22:2 Kan 'n sterk man aan El 'n diens bewys? Nee, aan homself bewys die verstandige 'n diens. Job 22:3 Het die Almagtige daar belang by dat jy regverdig is? Of is dit voordeel [vir Hom] dat jy onberispelik wandel? Job 22:4 Sal Hy by jou pleit omdat Hy jou vrees, of sal Hy jou Regspraak hou? Job 22:5 Is jou besoedeling nie groot en jou ongeregtigheid nie sonder einde nie? Job 22:6 Want jy het pand geneem van jou broers sonder noodsaak, en die klere van die naaktes het jy uitgetrek. Job 22:7 Aan die vermoeide het jy geen water gegee om te drink nie, en aan die hongerige het jy die brood weerhou. Job 22:8 Maar aan die man van geweld - aan hom behoort die Aarde; en die aansienlike - hy moet in haar woon! Job 22:9 Weduwees het jy met leë hande weggestuur, en die arms van die wese is verbrysel. Job 22:10 Daarom is daar vangnette rondom jou en maak die vrees jou skielik skrik. Job 22:11 Of sien jy die duisternis nie en die oorvloed riool wat jou bedek? Job 22:12 Is Eloah nie hemelhoog nie? En aanskou hoe hoog die hoogste Sterre staan. Job 22:13 Maar jy sê: Wat weet El? Kan Hy deur donkerheid heen strafgerig hou? Job 22:14 Wolke is 'n bedekking vir Hom, sodat Hy nie sien nie; en oor die hemelgewelf wandel Hy. Job 22:15 Wil jy die pad van die ou tyd hou, wat die kwaaddoeners bewandel het, Job 22:16 wat gegryp is voor die tyd, wie se grondslag uitgegiet is soos 'n stroom, Job 22:17 wat tot El gesê het: Bly ver van ons af! en: Wat kan die Almagtige ons aandoen? Job 22:18 En tog het Hy hulle huise gevul met wat suiwer is. (Maar die raad van die besoedelde is ver van my!) Job 22:19 Die regverdiges sien dit en is bly, en die onskuldige spot met hulle en sê: Job 22:20 Waarlik, ons teëstander is verdelg; en wat hulle laat oorbly het, het die Vuur verteer. Job 22:21 Sluit tog vriendskap met Hom, sodat jy Vrede kan hê; daardeur sal suiwerheid oor jou kom. Job 22:22 Neem tog uit Sy Mond onderrig aan, en lê Sy Woorde weg in jou hart. Job 22:23 As jy tot die Almagtige terugkeer, sal jy gebou word; as jy die onreg verwyder uit jou tent. Job 22:24 En gooi die gouderts in die stof en tussen die rotse van die spruite die goud van Ofir. Job 22:25 Dan sal die Almagtige jou gouderts wees en stawe silwer vir jou. Job 22:26 Want dan sal jy in die Almagtige jou verlustig en jou aangesig tot Eloah ophef. Job 22:27 Smeek Hom, en Hy sal jou verhoor; en betaal jou Geloftes. Job 22:28 Besluit jy iets, dan kom dit tot stand; en oor jou weë skyn die Lig. Job 22:29 As dié afdraand loop, dan sê jy: Boontoe! En hom wat neerslagtig is, verlos Hy. Job 22:30 Hy red [selfs] hom wat nie onskuldig is nie: ja, Hy red jou oor die suiwerheid van jou handpalms. Job 23:1 MAAR Job het geantwoord en gesê: Job 23:2 Nog altyd geld my geklaag as wederstrewigheid; my hand lê swaar op my gesug. Job 23:3 Ag, as ek maar geweet het waar ek Hom kon vind, maar kon kom tot by Sy Woning! Job 23:4 Dan sou ek die Reg voor Sy Aangesig uiteensit en my mond met bewyse vul; Job 23:5 ek sou verneem die woorde wat Hy my sou antwoord, en verstaan wat Hy aan my sou sê. Job 23:6 Sou Hy met oormag teen my stry? Nee, maar Hy sou ag op my gee. Job 23:7 Dan sou daar 'n opregte met Hom staan en pleit, en ek sou vir ewig van my Regter vrykom. Job 23:8 Kyk, ek gaan na die Ooste, en Hy is nie daar nie; en na die Weste, maar ek bemerk Hom nie. Job 23:9 As Hy in die Noorde werk, aanskou ek Hom nie; buig Hy af na die Suide, dan sien ek Hom nie. Job 23:10 Want Hy weet hoe my wandel is; as Hy my toets, sal ek soos goud te voorskyn kom. Job 23:11 Aan Sy voetstap het my voet vasgehou; Sy Weg het ek bewaar sonder om uit te draai. Job 23:12 Van die Gebooie van Sy lippe het ek nie afgewyk nie; die Woorde van Sy Mond het ek bewaar meer as my eie wet. Job 23:13 Maar Hy bly onveranderlik eerste - wie sal Hom dan teëhou? En wat Sy siel begeer, dit doen Hy- Job 23:14 Want Hy sal volbring wat oor my besluit is, en baie sulke dinge is daar by Hom. Job 23:15 Daarom is ek verskrik voor Sy Aangesig; as ek daarop ag gee, vrees ek vir Hom. Job 23:16 En El het my hart week gemaak, en die Almagtige het my verskrik. Job 23:17 Want ek vergaan nie vanweë die duisternis of vanweë my eie aangesig wat deur donkerheid oordek is nie. //Kan 'n Swarte (Kuwshiet) sy vel verander of 'n luiperd sy vlekke? Dan sal julle ook in staat wees om goed te doen, julle wat studente is om kwaad te doen." [JirmeJaH 13:23] Job 24:1 WAAROM het die Almagtige vir hom geen geregstye voorbehou nie, en sien die wat hom ken, nie sy geregsdae nie? Job 24:2 Grenslyne verlê hulle; 'n trop vee roof hulle en laat dit wei. Job 24:3 Die esel van die wese dryf hulle weg, die bees van die weduwee neem hulle as pand. Job 24:4 Hulle stoot die behoeftiges van die pad af; die ellendiges van die Aarde kruip almal saam weg. Job 24:5 Kyk, [soos] wilde-esels in die wildernis trek hulle uit na hul werk, terwyl hulle soek na voedsel; die woestyn lewer brood vir hulle, vir die kinders. Job 24:6 Op die veld gaan hulle voer haal, en in die wingerd van die besoedelde hou hulle na-oes. Job 24:7 Naak bring hulle die nag deur, sonder klere, en hulle het geen bedekking teen die koue nie. Job 24:8 Van die stortbui van die berge word hulle nat; en by gebrek aan skuiling druk hulle hul teen die rotse vas. Job 24:9 Hulle ruk die weeskind van die bors af; en wat die arme aan het, verpand hulle. Job 24:10 Naak gaan hulle heen, sonder klere; en as hulle honger het, dra hulle gerwe aan. Job 24:11 Tussen die mure van dié mense pars hulle olie, trap die parskuipe terwyl hulle versmag van dors. Job 24:12 Uit die stad kerm die manne, en die siel van die gewondes roep om hulp; tog gee Eloah geen ag op die ongerymdheid [daarvan] nie. Job 24:13 Sulke mense rebelleer teen die Lig: hulle ken nie die Weë van Hom nie en bly nie op die Paaie van Hom nie. Job 24:14 Teen dagbreek staan die moordenaar op, hy maak die arme en behoeftige dood, en in die nag is hy soos die dief. Job 24:15 En die oog van die een wat wil vermeng neem die skemeraand waar en sê: Geen oog kan my sien nie; en hy sit 'n sluier voor sy gesig. Job 24:16 In die Duisternis breek hulle in die huise in; wat hulle bedags vir hulleself gemerk het; hulle ken nie die Lig nie. Job 24:17 Want vir hulle is die môrestond 'n Doodskaduwee, want as jy hulle ken, hulle is die verskrikkinge van die Doodskaduwee. Job 24:18 Gou dryf hul voort op die aangesig van die water; hulle gedeelte word vervloek in die Aarde; hulle begeef hul nie meer op pad na die wingerde nie. Job 24:19 Droogte, ook hitte, roof die sneeuwater weg - so die Doderyk/Sheol aan die wat oortree het. Job 24:20 Die moederskoot vergeet hom; die wurms eet smaaklik aan hom; aan hom word nie meer gedink nie: so word dan die onreg gebreek soos 'n stuk hout - Job 24:21 hy wat die onvrugbare plunder wat nie baar nie, en aan die weduwee geen weldaad bewys nie. Job 24:22 Tog laat Hy deur Sy Krag die magtiges lank lewe; hy wat al van sy lewe nie seker was nie, staan weer op. Job 24:23 [Elohim] gee hom veiligheid, en hy steun daarop; en Sy Oë is op hulle weë. Job 24:24 Hulle het hul verhef - 'n kort rukkie, dan is hulle daar nie meer nie; en hulle word verneder; soos almal sterwe hulle; en soos die boonste van 'n halm word hulle afgesny. Job 24:25 En is dit nou nie so nie, wie sal my van 'n leuen beskuldig en my rede tot niet maak? Job 25:1 TOE het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê: Job 25:2 Heerskappy en Verskrikking is by Hom wat Vrede maak in Sy verhewe plek. Job 25:3 Is daar 'n getal vir Sy Slagordes? En oor wie rys Sy Lig nie op nie? [Boekrol van Henog 45:3] Job 25:4 Hoe sou dan 'n mens regverdig wees by El? En hoe sou hy raseg wees wat uit 'n vrou gebore is? Job 25:5 Kyk, selfs die maan - sy skyn nie helder nie; en die Sterre skitter nie in sy oë nie. Job 25:6 Hoeveel minder is die mens, [as 'n] maaier; en die seun van adam, [as 'n] wurm. Job 26:1 MAAR Job het geantwoord en gesê: Job 26:2 Hoe goed het jy die onmagtige bygestaan, die kragtelose arm gehelp! Job 26:3 Hoe mooi het jy die onwyse raad gegee en beleid in oorvloed bekend gemaak! Job 26:4 Aan wie het jy woorde te kenne gegee, en wie se gees het uit jou uitgegaan? Job 26:5 Die skimme is beangs onder die waters en [onder] die bewoners daarvan. Job 26:6 Naak lê die Doderyk/Sheol voor Hom, en Abáddon het geen bedekking nie - Job 26:7 voor Hom wat die Noorde uitspan oor die chaos, wat die Aarde ophang oor die vormloosheid; [Génesis 1:2; Boekrol van Henog 18:3; 2 Ezra 16:59] Job 26:8 wat die waters saambind in Sy Wolkkolom sonder dat die wolkgevaarte daaronder skeur; Job 26:9 wat die gesig van die Troon toehou deurdat Hy Sy Wolkkolom daaroor uitsprei. Job 26:10 Hy het 'n kring afgetrek oor die aangesig van die waters tot waar Lig in Duisternis eindig. Job 26:11 Die pilare van die Hemele wankel en staan verstom weens Sy dreiging. Job 26:12 Deur Sy Krag bring Hy die see in beroering, en deur Sy Verstand verpletter Hy hoogmoed. Job 26:13 Deur Sy Gees word die Hemele helder; Sy Hand het die voortvlugtige Nagash/slang laat ineenkrimp. Job 26:14 Kyk, dit is maar die uitlopers van Sy Weë, en wat 'n fluisterwoord hoor ons maar van Hom! Wie sou dan die donder van Sy magtige dade verstaan? Job 27:1 EN Job het verder sy spreuk aangehef en gesê: Job 27:2 So waar as El leef wat my, my Reg ontneem het, en die Almagtige wat my siel bitterheid aangedoen het - Job 27:3 want my asem is nog heeltemal in my, en die Gees van Eloah is in my neus - Job 27:4 my lippe spreek geen onreg nie, en my tong verkondig geen bedrog nie! Job 27:5 Dit is ver van my dat ek julle gelyk sou gee; totdat ek die asem uitblaas, sal ek my onskuld nie prysgee nie. Job 27:6 Aan my Geregtigheid hou ek vas en laat Haar nie los nie; my hart veroordeel geeneen van my dae nie. Job 27:7 Laat my vyand wees soos die besoedelde en hy wat opstaan teen my soos die onregverdige. Job 27:8 Want wat is die verwagting van die tweegesig as Hy afsny - as Eloah sy siel wegneem? Job 27:9 Sal El sy geroep hoor as benoudheid oor hom kom? Job 27:10 Of sal hy hom kan verlustig in die Almagtige, Eloah altyd kan aanroep? Job 27:11 Ek sal julle onderrig aangaande die Hand van El; wat by die Almagtige is, sal ek nie verberg nie. Job 27:12 Kyk, julle het dit almal self aanskou, en waarom koester julle dan 'n ydele hoop? Job 27:13 Dit is die deel van die besoedelde adamiet by El en die erfdeel van die tiranne wat hulle van die Almagtige ontvang: Job 27:14 as sy kinders baie word, is hulle vir die swaard; en sy spruite word nie versadig met brood nie. Job 27:15 Die wat van hom oorbly, word in die Dood begrawe, en sy weduwees ween nie. Job 27:16 As hy silwer ophoop soos stof en klere aanskaf soos modder - Job 27:17 hy skaf aan, maar die regverdige trek dit aan; en die onskuldige verdeel die silwer. Job 27:18 Hy het sy huis gebou soos 'n mot en soos 'n skerm wat die oppasser maak. Job 27:19 Ryk gaan hy lê, maar hy doen dit nie weer nie; hy maak sy oë oop en - is nie meer nie. Job 27:20 Verskrikkinge oorval hom soos waterstrome; in die nag voer 'n stormwind hom weg. Job 27:21 Die Oostewind tel hom op, en daar gaan hy; en dit storm hom weg uit sy plek. Job 27:22 En Hy werp op hom af sonder verskoning, vir Sy Hand moet hy haastig vlug. Job 27:23 Hulle klap hul handpalms oor hom en spot hom weg uit sy plek. Job 28:1 WANT vir die silwer is daar 'n plek waar dit uitkom, en 'n plek vir die goud wat hulle uitwas. Job 28:2 Yster word uit die droë grond gehaal, en koper word uit klip gegiet. Job 28:3 Hy stel 'n einde aan Duisternis, en tot die uiterste grens deursoek Hy die boustene van donkerheid en Doodskaduwee. Job 28:4 Hy breek 'n mynskag, wég van hom wat bo woon; hulle wat vergeet is deur die voet [daarbo], hulle hang ver van mense af, hulle swaai heen en weer. Job 28:5 [Die] Aarde - uit haar kom brood voort, maar onder haar word dit omgewoel soos deur vuur. [Boekrol van Henog 18:3] Job 28:6 Plek van saffiere, en haar klippe bevat stoffies van goud vir hom. Job 28:7 'n Pad wat die roofvoël nie ken nie, en die oog van die valk het dit nie gespeur nie; Job 28:8 waar die trotse roofdiere nie op trap nie, waar die leeu nie oor stap nie. Job 28:9 Hy slaan Sy Hand aan die klipharde rots, Hy woel die berge van die wortel af om. Job 28:10 In die rotse breek Hy gange uit, en Sy Oog sien allerhande kosbare dinge. Job 28:11 Hy stop waterare toe, dat hulle nie drup nie; en wat verborge was, bring Hy na die Lig. Job 28:12 Maar die Wysheid - waar word Sy gevind? En waar is die plek van Verstand? [Profesie van Barug 3:15] Job 28:13 Die mens ken nie Haar waarde nie, en Sy word in die Aarde van die lewende nie gevind nie. Job 28:14 Die Afgrond sê: In my is Sy nie; en die see sê: By my is Sy nie. Job 28:15 Geen fyn goud, en geen silwer as koopprys kan vir Haar afgeweeg word nie. Job 28:16 Die goud van Ofir weeg nie teen Haar op nie, ook nie die kosbare onikssteen en saffier nie. Job 28:17 Goud en glas kan met Haar nie vergelyk word nie, en vir goue voorwerpe ruil 'n persoon Haar nie. Job 28:18 Korale en kristal kan nie genoem word nie, en die besit van die Wysheid is meer werd as robyne. Job 28:19 Die topaas van Kuwsh kan nie met Haar vergelyk word nie, suiwer goud word nie teen Haar opgeweeg nie. Job 28:20 Die Wysheid dan - waar kom Sy vandaan? En waar is die plek van die Verstand? [Boekrol van Henog 46:3; 2 Ezra 7:26; Openbaring 12:14] Job 28:21 Ja, Sy is verborge vir die oë van alles wat leef, en weggesteek vir die vlieënde wesens in die lug. Job 28:22 Abáddon en Dood sê: Met ons ore het ons Haar gerug gehoor Job 28:23 Elohim ken Haar weg, en Hy ken Haar plek. Job 28:24 Want Hy sien tot by die eindes van die Aarde; alles wat onder die Hemele is, aanskou Hy. Job 28:25 Toe Hy vir die wind die gewig bepaal en die waters met die maat afgemeet het, Job 28:26 toe Hy vir die reën 'n Wet gestel het en 'n weg vir die onweerstraal, Job 28:27 toe het Hy Haar gesien en Haar bereken het; Hy het Haar opgestel en Haar ook deurvors. Job 28:28 Maar aan die adamiet het Hy gesê: Kyk, die Vrees van My Meester is Wysheid; en om van die besoedeling af te wyk, is Verstand. Job 29:1 EN Job het verder sy spreuk aangehef en gesê: Job 29:2 Ag, was ek maar soos in die vorige mane, soos in die dae toe Eloah my bewaar het; Job 29:3 toe Sy Lamp bo my hoof geskyn het, ek in Sy Lig die Duisternis deurwandel het; Job 29:4 soos ek was in my herfsdae toe die Raad van Eloah oor my tent was; Job 29:5 toe die Almagtige nog by my was, my kinders rondom my; Job 29:6 toe my voetstappe gewas is in dikmelk en die rots by my strome van olie uitgegiet het. Job 29:7 Toe ek uitgegaan het na die poort, op na die stad toe, op die markplein my sitplek reggemaak het, Job 29:8 het die seuns weggekruip as hulle my sien, en grysaards het hulle opgerig en bly staan. Job 29:9 Vorste het hulle woorde ingehou en die handpalms op hul mond gelê. Job 29:10 Die stem van edeles is teruggehou, en hulle tong het gekleef aan hul verhemelte. Job 29:11 Want het 'n oor net gehoor, dan seën hy my; en het 'n oog net gesien, dan gee hy vir my getuienis. Job 29:12 Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie. Job 29:13 Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel. Job 29:14 Die Geregtigheid is my kleed en Hy beklee my; my Reg was soos 'n mantel en 'n tulband. Job 29:15 Oë was ek vir die blinde, en voete vir die lamme was ek. Job 29:16 'n Vader was ek vir die behoeftiges; en die regsaak van hom wat ek nie geken het nie, het ek ondersoek. Job 29:17 En ek het die tande van die kwaaddoener stukkend gebreek en die buit uit sy gebit geslinger. Job 29:18 So het ek dan gedink: By my nes sal ek die asem uitblaas, en soos sand my dae vermenigvuldig. Job 29:19 My wortel staan oop na die water toe, en Dou vernag op my tak. Job 29:20 My eer is altyd nuut by my, en my boog bly jonk in my hand. Job 29:21 Na my het hulle geluister vol verwagting, en hulle het stil my raad aangehoor. Job 29:22 Ná my woorde het hulle nie weer gespreek nie, en my rede het op hulle gedrup. Job 29:23 En hulle het op my gewag soos op reën, en hulle mond wyd oopgemaak soos vir lentereëns. Job 29:24 Ek het hulle toegelag as hulle moedeloos was, en hulle kon die Lig op my gesig nie verdonker nie. Job 29:25 Het ek die weg na hulle toe gekies, dan sit ek as voorman en woon soos 'n koning onder die skare, soos een wat treuriges vertroos. //Die besoedelde wesens verag vir Job Job 30:1 EN nóu lag hulle wat jonger is as ek, my uit - mense wie se vaders ek te min geag het om by my herdershonde te sit. Job 30:2 Wat sou die krag van hulle hande my ook baat? Die frisse lewenskrag het by hulle verlore gegaan. Job 30:3 Hulle is uitgeput deur gebrek en honger, hulle wat die dor wildernis afknaag in die donkerheid van woestheid en verwoesting; Job 30:4 hulle wat die soutkruid afpluk by die bossies, en die besemboswortel is hulle brood. Job 30:5 Uit die samelewing word hulle weggejaag; die mense skreeu oor hulle soos oor 'n dief. Job 30:6 In die afgryslike klowe moet hulle woon, in gate in die droë grond en in rotse. Job 30:7 Tussen die bossies skreeu hulle, onder brandnekels kruip hulle bymekaar - Job 30:8 dwase, ja, eerlose mense wat met 'n sweep uit die Aarde geslaan word. Job 30:9 En nou het ek hulle spotlied geword en die onderwerp van hulle gepraat. Job 30:10 Hulle het 'n afsku van my, staan op 'n afstand van my af en hou nie terug om my in die gesig te spuug nie. Job 30:11 Want Hy het my boogsnaar losgemaak en my verneder; so het hulle dan teenoor my die teuel laat skiet. Job 30:12 Aan die regterhand staan die gespuis op; hulle stoot my voete weg en gooi hul paaie van rampspoed teen my op. Job 30:13 My pad verniel hulle, hulle gaan voort om my te vernietig sonder dat hulle self 'n helper het. Job 30:14 Soos deur 'n wye bres kom hulle; te midde van die puinhope kom hulle aangerol. Job 30:15 Verskrikkinge is teen my gerig; hulle vervolg my hoogheid soos die wind, en soos 'n wolk het my Verlossing verbygegaan. Job 30:16 Daarom stort my siel hom nou uit in my; dae van ellende hou my vas. Job 30:17 Die nag deurboor my gebeente, [en dit val] van my af; en my knaende pyne rus nooit nie. Job 30:18 Deur 'n groot oormag is my kleed verdraai; soos die kraag van my lyfrok wurg dit my. Job 30:19 Hy het my in die modder gewerp, en ek het soos stof en as geword. Job 30:20 Ek roep U aan om hulp, maar U antwoord my nie; ek staan daar, en U staar my aan. Job 30:21 U is jeens my verander in 'n onbarmhartige; deur die Sterkte van U Hand behandel U my as vyand. Job 30:22 U hef my op die Gees, laat my daarop ry; en U laat my vergaan in stormgedruis. Job 30:23 Want ek weet: U wil my na die Dood toe bring en na die huis waar al wat lewe, saamkom. Job 30:24 Maar sal iemand by die ineenstorting nie nog die hand uitsteek of by sy ondergang om dié rede om hulp roep nie? Job 30:25 Of het ek nie geween oor hom wat harde dae het nie? Was my siel nie bekommerd oor die behoeftige nie? Job 30:26 Want ek het op die suiwere gehoop, en besoedeling het gekom; en ek het gewag op die Lig, en Duisternis het gekom. Job 30:27 My ingewande kook sonder ophou; dae van ellende het my teëgekom. Job 30:28 Ek gaan daarheen in die rou, sonder son; ek staan op in die vergadering, ek roep om hulp. Job 30:29 Ek het 'n broer geword vir die Drake en 'n vriend vir die volstruise. Job 30:30 My vel het verdonker en val van my af, en my gebeente gloei van hitte. Job 30:31 So het dan my siter 'n rouklag geword en my fluit 'n stem van die wat ween. Job 31:1 EK het 'n verbond gesluit met my oë: hoe sou ek dan ag gegee het op 'n maagd? Job 31:2 Wat tog is die lot wat Eloah daarbo beskik, en die Erfdeel van die Almagtige uit die verhewe plek - Job 31:3 is dit nie ondergang vir die kwaaddoener en ongeluk vir die bewerkers van Ongeregtigheid nie? Job 31:4 Sien Hy nie my weë nie, en tel Hy nie al my voetstappe nie? Job 31:5 As ek met leuens omgegaan het en my voet gehardloop het na bedrog: Job 31:6 laat Hy my dan weeg op 'n regte weegskaal, sodat Eloah my onskuld kan weet! Job 31:7 As my gang afgewyk het van die Weg en my hart agter my oë aangegaan het en aan my handpalms 'n skandvlek gekleef het - Job 31:8 laat my dan saai en iemand anders eet, en laat my uitspruitsels ontwortel word. Job 31:9 As my hart verlok was oor 'n vrou, en ek geloer het by die deur van my naaste - Job 31:10 laat dan my vrou vir iemand anders maal en ander hulle oor haar buig. Job 31:11 Want dit is 'n daad van besoedeling, dit is bloedvermenging Job 31:12 Ja, dit is 'n vuur wat tot by Abáddon vreet en al my opbrengs ontwortel. Job 31:13 As ek gering geag het die Reg van my slaaf of van my slavin toe hulle 'n geskil met my gehad het - Job 31:14 wat sou ek dan doen as El opstaan? En wat Hom antwoord as Hy ondersoek doen? Job 31:15 Het HY wat my in die moederskoot gemaak het, Hom nie gemaak nie? En het die Eerste ons nie in die geboorte toeberei nie? Job 31:16 As ek die armes 'n versoek geweier het en die oë van die weduwee laat versmag het Job 31:17 en my stukkie brood alleen geëet het sonder om die wees van haar te laat saameet; Job 31:18 (veelmeer het hy van my jeug af by my grootgeword soos by 'n vader, en van my moeder se skoot af het ek haar gelei!) Job 31:19 as ek iemand sien omkom het sonder klere en dat daar geen bedekking vir die behoeftige was nie; Job 31:20 as sy lendene my nie geseën en hy hom nie warm gemaak het van die skeersel van my lammers nie; Job 31:21 as ek my hand teen 'n wees beweeg het, omdat ek in die poort vir my hulp gesien het - Job 31:22 laat dan my skouer uit sy gewrig val en my arm van haar pyp afgebreek word. Job 31:23 Want die ondergang wat El bewerk, was 'n skrik vir my; en weens Sy hoogheid was ek onmagtig. Job 31:24 As ek op goud my hoop gestel het en vir die fyn goud gesê het: My vertroue! Job 31:25 As ek bly gewees het, omdat my vermoë groot was en my hand baie verwerf het; Job 31:26 as ek die Lig aangesien het wanneer Hy helder skyn en die maan wat so pragtig daarheen gaan, Job 31:27 en my hart heimlik verlei is, en ek met my hand hulle 'n kus toegewerp het - Job 31:28 ook dit sou 'n strafbare oortreding wees, want ek sou die verhewe El beledig het. Job 31:29 As ek bly was oor die ongeluk van my hater en uitgejubel het toe ellende hom getref het; Job 31:30 (ja, ek het my verhemelte nie toegelaat om te oortree nie, om deur 'n vloek sy siel te vorder nie!) Job 31:31 as die mense in my tent nie gesê het: Wie kan iemand vind wat van sy vleesspys nie versadig is nie? Job 31:32 (die volksvreemde het nie buitekant vernag nie; my deure het ek oopgemaak na die pad toe!) Job 31:33 as ek, soos Adam, my oortredinge bedek het deur my oortreding in my boesem weg te steek, Job 31:34 omdat ek bang was vir die groot menigte en die veragting van die families my laat skrik het, sodat ek my stil gehou, die deur nie uitgegaan het nie! Job 31:35 Ag, as iemand my maar wou aanhoor! Kyk hier my handtekening (laat die Almagtige my antwoord!) en die skrif wat my teëparty geskrywe het! Job 31:36 Waarlik, op my skouer sou ek dit dra; ek sou dit my ombind as 'n Kroon. Job 31:37 Die getal van my voetstappe sou ek Hom te kenne gee; as 'n vors sou ek na Hom toe naderkom. Job 31:38 As my Adamah [die adamiet se Aarde] my aanklaag en haar vore almal saam ween; Job 31:39 as ek haar sterkte geëet het sonder silwer en die siel van haar eienaars uitgeblaas het Job 31:40 laat dan distels in plaas van koring uitspruit en onkruid in plaas van gars. Hier eindig die woorde van Job. Job 32:1 TOE het dié drie manne opgehou om Job te antwoord, omdat hy in sy eie oë regverdig was. Job 32:2 En die toorn van Elihûw, die seun van BaragEl, die Busiet, uit die familie van Ram, het ontvlam; teen Job het sy toorn ontvlam, omdat hy sy siel regverdig beskou het voor Elohim. Job 32:3 Sy toorn het ook ontvlam teen sy drie vriende, omdat hulle geen antwoord gevind het nie en Job veroordeel het. Job 32:4 Maar Elihûw het op Job gewag met sy woorde, omdat hulle ouer was as hy. Job 32:5 Maar toe Elihûw sien dat daar geen antwoord was in die mond van die drie manne nie, het sy toorn ontvlam. Job 32:6 En Elihûw, die seun van BaragEl, die Busiet, het begin en gesê: Ek is jonk, en u is hoogbejaard; daarom was ek beskroomd en het gevrees om my kennis aan u mee te deel. Job 32:7 Ek het gesê: Laat die dae spreek en die veelheid van jare wysheid te kenne gee. Job 32:8 Maar daar is gees in die mens en die Asem van die Almagtige wat hulle verstandig maak. Job 32:9 Nie die bejaardes is wys nie, en nie die oues verstaan die Reg nie. Job 32:10 Daarom sê ek: Luister na my; ek wil ook my kennis meedeel. Job 32:11 Kyk, ek het gewag op u woorde; ek wou luister na verstandige taal van u, totdat u [die regte] woorde uitgevind het. Job 32:12 En ek het op u ag gegee; maar kyk: daar was niemand wat Job weerlê het nie, niemand van u wat sy woorde beantwoord het nie. Job 32:13 Sê maar net nie: Ons het die Wysheid aangetref, El [alleen] kan hom verslaan, geen mens nie. Job 32:14 Teen my tog het hy geen woorde ingebring nie; en met u redeneringe sal ek hom nie beantwoord nie. Job 32:15 Hulle staan verslae; hulle antwoord nie meer nie; die woorde laat hulle in die steek. Job 32:16 Sal ek dan wag, omdat hulle nie spreek nie, omdat hulle daar staan sonder antwoord? Job 32:17 Ek wil ook my deel antwoord; ek wil ook my kennis meedeel. Job 32:18 Want ek is vol woorde; die gees in my binneste dring my. Job 32:19 Kyk, my binneste is soos wyn wat geen opening het nie, soos nuwe leersakke wil dit bars. Job 32:20 Ek wil spreek om lug te kry, my lippe oopmaak en antwoord gee. Job 32:21 Ek wil nie partydig wees nie; en 'n adamiet vlei, sal ek nie. Job 32:22 Want ek verstaan nie om te vlei nie; gou sou my Maker my wegneem! Job 33:1 MAAR hoor tog, o Job, na my rede, en luister na al my woorde. Job 33:2 Kyk, ek het my mond oopgemaak; my tong spreek in my verhemelte. Job 33:3 My woorde kom uit die opregtheid van my hart, en wat my lippe weet, spreek hulle suiwer uit. Job 33:4 Die Gees van El het my voortgebring, en die Asem van die Almagtige maak my lewend. Job 33:5 As u kan, antwoord my; maak klaar teen my; staan gereed! Job 33:6 Kyk, teenoor El staan ek in dieselfde verhouding as u: van klei is ek ook afgeknyp. Job 33:7 Kyk, vrees vir my hoef u nie te beangstig nie, en my las sal op u nie swaar wees nie. Job 33:8 Sekerlik, u het voor my ore gesê, ek het die geluid van die woorde gehoor: Job 33:9 Skoon is ek, sonder oortreding; onskuldig is ek, en daar is geen skuld by my nie. Job 33:10 Kyk, Hy soek aanleidinge vir vyandskap teen my; Hy hou my vir 'n vyand van Hom. Job 33:11 Hy sit my voete in die blok; Hy bewaak al my paaie. Job 33:12 Kyk, daarin het u nie Reg nie (antwoord ek u), want groter is Eloah as 'n mens. Job 33:13 Waarom het u teen Hom getwis, dat Hy op al die woorde van 'n mens nie antwoord nie? Job 33:14 Want El spreek op een, ja, op twee maniere; maar die mens let daar nie op nie. Job 33:15 In die droom, in 'n visioen in die nag, as diepe slaap op die mense val, - tydens sluimeringe op die bed, Job 33:16 dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die Seël op die waarskuwing aan hulle; Job 33:17 om die adamiet terug te hou van sy onderneming en trotsheid vir die sterk man te verberg; Job 33:18 sodat Hy sy siel kan red uit die kuil; en sy lewe, dat dit nie omkom deur die spies nie. Job 33:19 Ook word hy getugtig met smart op sy bed en aanhoudende stryd in sy gebeente, Job 33:20 sodat sy lewe hom laat walg van brood en sy siel van lieflingspys. Job 33:21 Sy vlees verdwyn, weg uit die gesig; en sy gebeente, wat onsigbaar was, steek uit. Job 33:22 Ja, sy siel kom nader by die kuil en sy lewe by die dodende magte. Job 33:23 Is daar dan vir hom 'n boodskapper, 'n tolk, een uit duisend, om die adamiet sy plig te kenne te gee; Job 33:24 en is Hy hom barmhartig en sê: Verlos hom, dat hy in die kuil nie afdaal nie: Ek het 'n losprys gevind - Job 33:25 dan word sy vlees fris van jeugdige krag, hy keer terug na die dae van sy jonkheid. Job 33:26 Hy smeek Eloah, en Hy het 'n welbehae in hom, sodat hy Sy aangesig sien met gejuig: so beloon Hy dan die sterfling vir sy Geregtigheid. Job 33:27 Hy sing voor die man en sê: Ek het oortree en verdraai wat Reg is, maar dit is my nie na verdienste vergeld nie. Job 33:28 Hy het my siel verlos, dat sy nie in die kuil ingegaan het nie, en my lewe mag hom verlustig in die Lig. Job 33:29 Kyk, dit alles doen El, twee keer, [ja], drie keer met 'n sterk man Job 33:30 om sy siel terug te bring van die kuil, sodat hy bestraal word met die Lig van die lewe. Job 33:31 Let op, o Job! Luister na my; swyg, en ék sal spreek. Job 33:32 As u woorde het, antwoord my; spreek, want ek wil u graag gelyk gee. Job 33:33 So nie, luister ú dan na my; swyg, en ek sal u wysheid leer. Job 34:1 VEpRDER het Elihûw aangehef en gesê: Job 34:2 Hoor my woorde, o wyse manne! En luister na my, u wat kennis het! Job 34:3 Want die oor toets woorde soos die verhemelte die spys proe. Job 34:4 Laat ons vir onsself uitmaak wat Reg is, en onder mekaar uitvind wat suiwer is. Job 34:5 Want Job het gesê: Ek is regverdig, en El het my my Reg ontneem. Job 34:6 Ondanks my Reg staan ek as leuenaar; ongeneeslik is my pylwond, en dit sonder oortreding! Job 34:7 Watter sterk man is soos Job wat veragting drink soos water? Job 34:8 Wat in die geselskap loop van die bewerkers van ongeregtigheid en wandel saam met besoedelde sterflinge? Job 34:9 Want hy het gesê: Dit baat 'n sterk man niks dat hy 'n welgevalle aan Elohim het nie. Job 34:10 Daarom, manne van Verstand, luister na my: Ver is El van besoedeling en die Almagtige van onreg! Job 34:11 Veelmeer vergeld Hy die adamiet na sy werk, en volgens 'n man se wandel laat Hy hom ondervind. Job 34:12 Ja waarlik, El besoedel nie, en die Almagtige verdraai nie die Reg nie. Job 34:13 Wie het aan Hom die Aarde toevertrou, en wie het die wêreld [en] alles van haar gegrond? Job 34:14 As Hy op Homself ag sou gee, Sy Gees en Sy Asem na Hom sou terugtrek, Job 34:15 dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die adamiet sou tot stof terugkeer. Job 34:16 As daar dan Verstand [by u] is, hoor dit; luister na die stem van my woorde. Job 34:17 Kan ook een wat die Reg haat, regeer? Of durf u die Regverdige, die Magtige, veroordeel? Job 34:18 Durf iemand aan 'n koning sê: Belijaal! Aan die edeles: Jou besoedelde! Job 34:19 [Hoeveel minder] aan Hom wat die vorste nie voortrek nie en op die vername nie meer ag gee as op die arme nie; want hulle almal is die werk van Sy Hande. Job 34:20 In 'n oomblik sterf hulle, en in die middel van die nag word 'n volk in beroering gebring en hulle gaan onder, en die magtige word weggedryf - nie deur 'n hand nie. Job 34:21 Want Sy Oë is op die weë van die mens, en Hy sien al sy voetstappe. Job 34:22 Nie in Duisternis, nie in die Doodskaduwee kan die bewerkers van ongeregtigheid hulleself wegsteek nie. Job 34:23 Want Hy hoef nie lank op 'n mens ag te gee, dat hy voor El na die Reg sou gaan nie. Job 34:24 Hy verpletter die geweldiges sonder ondersoek en sit ander in hulle plek. Job 34:25 So ken Hy dan hulle werke en werp hulle omver in die nag, sodat hulle verbrysel word. Job 34:26 Hy straf hulle soos besoedelde op die plek waar almal dit sien, Job 34:27 omdat hulle van Hom afgewyk en op geeneen van Sy Weë ag gegee het nie - Job 34:28 om die geroep van die arme na Hom te laat kom, en dat Hy die geroep van die ellendiges sou hoor. Job 34:29 En gee Hy rus, wie durf [Hom] dan veroordeel? En verberg Hy die aangesig, wie kan Hom dan aanskou? - of dit al 'n nasie betref of 'n adamiet, almal saam; Job 34:30 sodat die tweegesig adamiet nie sal regeer, sodat hulle geen strikke vir die volk sal wees nie. Job 34:31 Want sê iemand wel tot El: Ek boet sonder dat ek sleg handel; Job 34:32 wat ek nie insien nie, leer U my dit; ás ek onreg gedoen het, ek sal dit nie meer doen nie - Job 34:33 moet Hy volgens u mening tog vergelding doen? U is mos ontevrede, sodat ú moet sê wat beter is, en nie ek nie! Wat u dan weet - spreek dit uit! Job 34:34 Manne van Verstand sal vir my sê, en 'n wyse sterk man sal my aanhoor: Job 34:35 Job spreek sonder Kennis, en sy woorde is sonder Verstand. Job 34:36 Ag, mag Job getoets word tot die einde toe weens die antwoorde in die trant van kwaaddoeners. Job 34:37 Want hy voeg 'n oortreding by sy oortredinge; onder ons spreek hy smadelik en vermenigvuldig sy woorde teen El. Job 35:1 VERDER het EliHûw aangehef en gesê: Job 35:2 Hou u Hom vir Reg, noem u Haar: my Geregtigheid voor El, Job 35:3 dat u vra wat dit u baat? Wat help dit my meer as wanneer ek sou oortree? Job 35:4 Ék sal u antwoord gee en aan u vriende saam met u. Job 35:5 Kyk op na die Hemele en sien, en aanskou die wolke wat hoog bo u is. Job 35:6 As u oortree, watter skade is dit vir Hom? En is u oortredinge baie, wat kan u Hom daarmee aandoen? Job 35:7 As u regverdig is, wat gee u aan Hom? Of wat kan Hy uit u hand aanneem? Job 35:8 Die besoedeling [raak] 'n man soos u, en u Geregtigheid [bevoordeel] die seuns van adam. Job 35:9 Vanweë die menigte van verdrukkinge skreeu hulle; hulle roep om hulp oor die geweld van die grotes. Job 35:10 Maar niemand sê nie: Waar is Elowahh, my Maker, wat lofsange gee in die nag, Job 35:11 wat ons meer leer as aan die wesens vanuit die Aarde en ons wyser maak as die vlieënde wesens in die lug? Job 35:12 Dan roep hulle, maar Hy antwoord nie, vanweë die trotsheid van die verderwers. Job 35:13 Sekerlik, na nietige [klagte] luister El nie, en die Almagtige slaan daar geen ag op nie. Job 35:14 Hoeveel minder as u sê u sien Hom nie! Die regsaak is voor Hom: wag dan op Hom. Job 35:15 Maar nou, omdat Sy Toorn nie straf nie, en Hy nie grootliks ag gee op oormoed nie, Job 35:16 maak Job sy mond wyd oop in nietige gepraat, vermenigvuldig hy woorde sonder Kennis. Job 36:1 EN Elihûw het voortgegaan en gesê: Job 36:2 Wag 'n bietjie op my, en ek sal u inlig; want daar is nog genoeg te sê tot Eer van Eloah. Job 36:3 Ek sal my kennis van ver af ophaal en aan my Skepper Reg verskaf. Job 36:4 Want waarlik, my woorde is geen leuens nie; een wat volkome is in kennis, is by u. Job 36:5 Kyk, El is geweldig, nogtans ag Hy niks gering nie - geweldig deur Krag van Verstand. Job 36:6 Hy laat die besoedelde nie lewe nie, maar aan die ellendiges verskaf Hy Reg. Job 36:7 Hy trek Sy Oë nie af van die regverdige nie, maar by konings op die troon laat Hy hulle sit vir altyd, sodat hulle verhoog is. Job 36:8 Maar as hulle in kettings geklink is, gevang word in bande van ellende, Job 36:9 dan gee Hy aan hulle hul dade te kenne en hul oortredinge, dat hul gedrag hoogmoedig was; Job 36:10 dan open Hy hulle oor vir die Tugtiging en sê dat hulle moet terugkeer van hul ongeregtigheid. Job 36:11 As hulle luister en [Hom] dien, dan bring hulle hul dae deur in suiwerheid en hul jare in aangenaamheid. Job 36:12 Maar as hulle nie luister nie, dan kom hulle om deur die spies, en hulle blaas die asem uit sonder kennis. Job 36:13 Maar die dubbelhartige koester nyd; hulle roep nie om hulp as Hy hulle bind nie. Job 36:14 So sterwe dan hulle siel in die jeug en hulle lewe soos dié van homoseksuele. Job 36:15 Hy red die ellendige deur sy ellende en open hulle oor deur verdrukking. Job 36:16 So lok Hy u dan ook uit die mond van die nood na 'n onbeperkte ruimte en na die behaaglikheid van u tafel wat vol is van vetspys. Job 36:17 Maar u is vol van die oordeel oor die besoedeldes: oordeel en Reg sal [u] aangryp. Job 36:18 Want pas op dat woede u nie verlok by die bestraffing en die grootheid van die losprys u nie verlei nie. Job 36:19 Sal Hy u geroep om hulp voorbring waar daar geen nood is nie, en alle moontlike kraginspanning [van u]? Job 36:20 Smag nie na die [oordeelsnag] wat volke wegneem uit hulle plek nie. Job 36:21 Neem u in ag, wend u nie tot ongeregtigheid nie; want sy verkies u liewer as ellende. Job 36:22 Kyk, El handel verhewe in Sy Krag; wie is 'n Leermeester soos Hy? Job 36:23 Wie het Hom Sy Weg voorgeskrywe? En wie het gesê: U het onreg gedoen? Job 36:24 Onthou om Sy dade te vergroot sodat die man daarvan kan sing. Job 36:25 Al die adamiete sien dit met welgevalle aan, die sterfling aanskou dit van ver. Job 36:26 Kyk, El is groot en onbegryplik vir ons; die getal van Sy jare is onnaspeurlik. Job 36:27 Want Hy trek waterdruppels af; hulle sif neer by Sy mistige weer as reën Job 36:28 wat die wolke laat neerstroom, laat afdrup op baie adamiete. Job 36:29 Ja, kan iemand die uitspreiding van die wolke verstaan, die geklap van Sy Tent? Job 36:30 Kyk, Hy sprei Sy Lig oor hom uit, en die dieptes van die see oordek Hy. Job 36:31 Want daarmee oordeel Hy die volke, gee Hy voedsel in oorvloed. Job 36:32 Met Sy twee handpalms oordek Hy die daglig en gee ook bevel oor haar om lig te gee. Job 36:33 SY donderstem kondig Hom aan, die vee selfs dat Hy optrek. Job 37:1 JA, hiervoor beef my hart en spring op uit sy plek. Job 37:2 Luister, luister na die gedruis van SY Stem en die dreuning wat uit SY Mond uitgaan. Job 37:3 Onder die ganse Hemele laat HY dit los en SY Lig oor die eindes van die Aarde. Job 37:4 Daarna brul SY Stem, HY donder met SY Stem vol Majesteit en hou die [bliksems] nie terug as SY Stem gehoor word nie. Job 37:5 El donder wonderbaar met SY Stem; Hy doen groot dinge wat vir ons onbegryplik is. Job 37:6 Want Hy gebied die sneeu: Val op die Aarde! Ook die stortreën, ja, Sy geweldige stortreëns. Job 37:7 Hy verseël die hand van elke adamiet [in die winter], sodat kennis kan kom na al die adamiete wat Hy gemaak het. Job 37:8 Dan gaan die wilde wesens in skuilhoeke en bly in hulle lêplekke. Job 37:9 Uit Sy kamer kom die stormwind, en deur die [wolk]verstrooiers koue. Job 37:10 Deur die Asem van El word ys gegee, en die wye waters [lê vas] in die engte.[Wysheid van Sirah 24:2] Job 37:11 Ja, met volheid van water belas Hy die wolke, en Hy strooi ver en wyd Sy Wolkkolom van Lig; Job 37:12 en hy skiet oral rond volgens Sy bestel, sodat hulle alles doen wat Hy hulle beveel voor die aangesig van die wêreld in die Aarde: Job 37:13 óf tot 'n Septer, óf tot [nut] van Sy Aarde, óf tot Barmhartigheid laat Hy Hulle Sy doel vind. Job 37:14 Luister hierna, o Job! Staan stil en gee ag op die wonders van El. Job 37:15 Begryp u hoe Eloah Hulle bevel gee en die Lig van Sy Wolkkolom laat flikker? Job 37:16 Begryp u iets van die gesweef van die wolke, van die wonders van die Volmaakte in Kennis? Job 37:17 U, wie se klere warm word as die Aarde stil is vanweë die Suide[wind] - Job 37:18 het u saam met HOM die Hemele uitgebrei wat vas is soos 'n gegote spieël? Job 37:19 Onderrig ons wat ons aan HOM moet sê: ons kan niks voorbring vanweë die Duisternis nie. Job 37:20 Moet dit HOM vertel word dat ek wil spreek? Of het iemand ooit gesê dat hy vernietig wil word? Job 37:21 En nou, 'n mens kan die Lig nie aansien wat helder is in die Hemele as die Gees verbygegaan en dit gesuiwer het nie. Job 37:22 Uit die Noorde kom goud te voorskyn, [maar] oor Eloah is daar ontsagwekkende Majesteit. Job 37:23 Die Almagtige - ons vind Hom nie; Hy is groot van Krag, maar die Reg en die volheid van Geregtigheid krenk Hy nie. Job 37:24 Daarom vrees die mense Hom; almal wat eiewys is, sien Hy nie aan nie. Job 38:1 DAARNA het JaHWeH Job uit 'n storm geantwoord en gesê: Job 38:2 Wie verduister die Raad deur woorde sonder Kennis? Job 38:3 Gord dan jou heupe soos 'n krygsman - dan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My. Job 38:4 Waar was jy toe Ek die Aarde gegrond het? Gee te kenne as jy Insig het. Job 38:5 Wie het haar afmetinge bepaal? - jy weet dit mos! Of wie het oor haar die meetsnoer gespan? Job 38:6 Waar is haar voetstuk op ingesink? Of wie het haar hoeksteen gelê? Job 38:7 Toe die Môresterre saam gejubel en al die Seuns van Elohim gejuig het? Job 38:8 En wie het die see met deure afgesluit toe hy uitgebreek, uit die moederskoot voortgekom het? Job 38:9 Toe Ek die Wolkkolom tot sy kleding gemaak het en die donker wolk tot by sy beperking. Job 38:10 Toe Ek My grens daarvoor uitgebreek en grendel en deure gemaak het; Job 38:11 en gesê het: Tot hiertoe mag jy kom en nie verder nie; en hier word ['n grens] gestel vir jou trotse golwe. Job 38:12 Het jy, solank as jy lewe, die môre ontbied, die dagbreek sy plek aangewys, Job 38:13 om die some van die Aarde aan te gryp, sodat die besoedelde van haar afgeskud word? Job 38:14 Sy neem nuwe vorme aan soos die klei onder 'n seël; en [sy] kry gestalte soos 'n kleed. Job 38:15 En aan die besoedelde word hulle die Lig ontneem, en die hoë Arm word verbreek. Job 38:16 Het jy gekom tot by die bronne van die see? En het jy rondgewandel in die binneste diepte van die Afgrond? Job 38:17 Is die poorte van Dood vir jou ontbloot? En het jy die poorte van die Doodskaduwee gesien? Job 38:18 Omvat jou begrip die breedtes van die Aarde? Gee te kenne as jy alles van haar weet. Job 38:19 Waar is tog die Weg na die woning van die Lig? En die Duisternis - waar is tog sy plek, Job 38:20 sodat jy dit kan bring, elkeen na sy gebied en kan verstaan die paaie na hulle huis? Job 38:21 Jy weet dit seker wel, want jy is toe gebore! En die getal van jou dae is groot! Job 38:22 Het jy gekom by die skatkamers van die sneeu? En het jy die skatkamers van die hael gesien, [Boekrol van Henog 18:1; 41:4; 69:23] Job 38:23 wat Ek opgespaar het vir die tyd van benoudheid, vir die dag van stryd en oorlog? Job 38:24 Waar is tog die Weg na die plek waar die Lig verdeel word, die Oostewind hom versprei oor die Aarde? Job 38:25 Wie het 'n kanaal gesplyt vir die stortvloed en 'n pad vir die onweerstraal; Job 38:26 om te laat reën op 'n Aarde waar geen adamiet is nie, op 'n wildernis waar niemand woon nie; Job 38:27 om woestheid en verwoesting te versadig en op die groeiplek jong gras te laat uitspruit? Job 38:28 Het die reën 'n vader? Of wie verwek die doudruppels? Job 38:29 Uit wie se Moederskoot kom die ys te voorskyn? En die ryp van die Hemele - wie baar dit? [Boekrol van Henog 76:12] Job 38:30 Die waters is hard soos 'n klip, en die aangesig van die Afgrond is bevrore. Job 38:31 Kan jy die bande van die Sewe-ster knoop? Of die toue van die Oríon losmaak? Job 38:32 Kan jy die Diereriem uitbring op sy tyd? En die Beer met sy kleintjies lei? Job 38:33 Ken jy die Wette van die Hemele? Of kan jy Sy heerskappy oor die Aarde bestel? Job 38:34 Kan jy jou stem na die wolke verhef, sodat 'n oorvloed van water jou oordek? Job 38:35 Kan jy die bliksems uitstuur, sodat hulle heengaan en vir jou sê: Hier is ons! Job 38:36 Wie het Wysheid neergelê in die wolke? Of wie het Verstand gegee aan die wolkgevaarte? Job 38:37 Wie kan die wolke met wysheid tel? En die watersakke van die Hemele - wie giet hulle leeg Job 38:38 wanneer die stof saamvloei tot 'n stuk gietwerk en die kluite aanmekaar klewe? Job 38:39 Kan jy prooi jag vir die leeuin? Of die honger van die jong leeus stil maak Job 38:40 as hulle neerbuig in die lêplekke, klaar sit in die skuilplek om te loer? Job 38:41 Wie berei vir die kraai sy spys as sy kleintjies roep tot El, ronddwaal by gebrek aan voedsel? Job 39:1 WEET jy die tyd as die steenbokke lam? Neem jy dit waar as die takbokooie voortbring? Job 39:2 Tel jy die mane wat hulle dragtig is? En weet jy die tyd dat hulle lam? Job 39:3 Hulle buig hul krom, bring hulle kleintjies voort - weg is hulle weë! Job 39:4 Hulle kleintjies word sterk, word groot in die veld, loop weg en kom na hulle nie terug nie. Job 39:5 Wie het die wilde-esel so vry laat loop? En wie het die bande van die wilde-esel losgemaak? Job 39:6 Vir hom het Ek die woestyn sy huis gemaak en die barre grond sy tabernakel. Job 39:7 Hy lag oor die gewoel van die stad; die geskreeu van die drywer hoor hy nie. Job 39:8 Die omgewing van die berge is sy weiveld; en al wat groen is, soek hy uit. Job 39:9 Sal die eenhoring gewillig wees om jou te dien? Of sal hy vernag by jou krip? Job 39:10 Kan jy die eenhoring aan die ploegvoor bind met sy trektou? Of sal hy die laagtes agter jou eg? Job 39:11 Sal jy op hom vertrou, omdat sy krag groot is? En aan hom jou arbeid oorlaat? Job 39:12 Kan jy op hom reken, dat hy jou gesaaide sal inbring en bymekaarmaak op jou dorsvloer? Job 39:13 Die vlerk van die volstruis klap vrolik. Is sy 'n sagaardige vleuel en veer? Job 39:14 Want sy laat haar eiers op die Aarde lê en hou hulle warm op die droë grond; Job 39:15 en vergeet dat haar voet dit kan stukkend druk en die wilde diere van die veld haar kan verbreek. Job 39:16 Hard behandel sy haar kleintjies asof dit nie hare is nie; is haar moeite tevergeefs - sy is nie bekommerd nie. Job 39:17 Want Eloah het haar die Wysheid ontsê en vir haar geen deel gegee aan die Verstand nie. Job 39:18 Wanneer sy haarself in die hoogte klap, lag sy oor die perd en sy ruiter. Job 39:19 Gee jy aan die perd sterkte? Beklee jy sy nek met maanhare? Job 39:20 Laat jy hom spring soos die sprinkaan? Sy trotse gesnuif is 'n verskrikking. Job 39:21 Hy grawe in die laagte en is vrolik in sy krag; hy trek uit, die stryd tegemoet. Job 39:22 Hy lag oor die vrees en word nie verskrik nie en draai nie om vir die swaard nie. Job 39:23 Op hom rammel die pylkoker, die flikkerende spies en lans. Job 39:24 Onstuimig en wild verslind hy die Aarde en hy vertrou nie die geklank van die ramshoring nie. Job 39:25 Hy sê tussen die ramshoring blasers: Heag/aha! En van ver ruik hy die oorlog, die donderroep van die leërowerstes en die oorlogsgeskreeu. Job 39:26 Sweef die valk opwaarts deur jou verstand [en] sprei sy vlerke uit na die suide toe? Job 39:27 Of vlieg die adelaar hoog op jou bevel en bou hy hoog sy nes? Job 39:28 Op die rots woon hy en vernag hy, op die rotspunt en bergvesting. Job 39:29 Daarvandaan loer hy op voedsel, sy oë kyk in die verte. Job 39:30 Ook slurp sy kleintjies bloed, en waar gesneuweldes lê, daar is hy. Job 40:1 EN JaHWeH het Job geantwoord en gesê: Job 40:2 Wil die berisper met die Almagtige twis? Laat hy wat die Hoogste El teregwys, hierop antwoord! Job 40:3 Toe het Job JaHWeH geantwoord en gesê: Job 40:4 Kyk, ek is te gering. Wat kan ek U antwoord? Ek lê my hand op my mond. Job 40:5 Een maal het ek gespreek, maar sal nie meer antwoord nie; ja, twee maal, maar ek sal nie voortgaan nie. Job 40:6 En JaHWeH het Job uit 'n storm geantwoord en gesê: Job 40:7 Gord tog jou heupe soos 'n krygsman; Ek sal jou ondervra en onderrig jy My. Job 40:8 Wil jy werklik met My Regspraak beoefen, My veroordeel, dat jy gelyk kan hê? Job 40:9 Het jy dan 'n Arm soos El? En kan jy donder met die Stem soos HY? Job 40:10 Versier jou tog met majesteit en hoogheid, en beklee jou met glorie en prag! Job 40:11 Giet jou toorn in strome uit; en kyk na alles wat hoog is, en verneder dit. Job 40:12 Kyk na alles wat hoog is, onderwerp dit; en werp die besoedelde neer daar waar hulle staan. Job 40:13 Begrawe hulle almal saam in die stof; sluit hulle aangesigte in 'n verborge plek weg. Job 40:14 Dan sal ook Ek jou loof, omdat jou regterhand jou die oorwinning gee. Job 40:15 Kyk, daar is die Behemot wat Ek gemaak het saam met jou. Gras eet hy soos 'n bees. [Boekrol van Henog 60:8; 2 Ezra 6:49] Job 40:16 Kyk tog, sy krag is in sy kruis, en sy sterkte in die spiere van sy buik. Job 40:17 Hy hou sy stert reguit soos 'n seder; die senings van sy dye is inmekaar gevleg. Job 40:18 Sy gebeente is pype van koper, sy bene soos stawe van yster. Job 40:19 Hy is die eersteling van die Weë van El; SY Maker nader hom met SY Swaard. Job 40:20 Want die berge lewer vir hom voer, en al die wilde wesens van die veld speel daar. Job 40:21 Onder lotusbome lê hy, in 'n skuilplek van riete en moeras. Job 40:22 Lotusbome oordek hom as sy skaduwee, die rivierwilgers omring hom. Job 40:23 As die rivier swel - hy word nie verskrik nie; hy voel gerus, ook al bruis 'n Jordaan teen sy mond. Job 40:24 Sal 'n mens hom gryp terwyl hy jou aankyk, met vangtoue sy neus deurboor? Job 41:1 Kan jy die Leviátan met 'n hoek uittrek? En met 'n tou sy tong afdruk? [Boekrol van Henog 60:7-8; JeshaJaH 27:1; 2 Ezra 6:49] Job 41:2 Kan jy 'n tou van biesies in sy neus sit? En sy kakebeen met 'n haak deurboor? Job 41:3 Sal hy jou baie smeek? Of met jou spreek in sagte woorde? Job 41:4 Sal hy 'n verbond met jou sluit, dat jy hom vir altyd as slaaf aanneem? Job 41:5 Sal jy met hom soos met 'n voëltjie speel? En hom vasbind vir jou meisiekinders? Job 41:6 Sal die viskopers met hom handel drywe, hom verdeel onder die koopmans? Job 41:7 Kan jy sy vel vol skerp ysters steek, en met 'n vissersharpoen sy kop? Job 41:8 Sit jou handpalms op hom; dink aan die geveg; jy sal dit nie weer doen nie. Job 41:9 Kyk, elke hoop kom bedroë uit: sal 'n mens nie reeds by die sien van hom neerslaan nie? Job 41:10 Niemand is so vermetel, dat hy hom durf tart nie; wie is hy dan wat voor My sou standhou? Job 41:11 Wie het eerste aan My gegee, dat Ek hom moet vergelde? Wat onder die ganse Hemele is, is Myne. Job 41:12 Ek wil nie swyg oor sy lede en hoe dit staan met sy kragvolheid en die skoonheid van sy uitrusting nie. Job 41:13 Wie het die boonste van sy pantser opgelig? In sy dubbele gebit - wie kan daarin deurdring? Job 41:14 Die deure van sy gesig - wie het dit geopen? Rondom sy tande is verskrikking. Job 41:15 'n Voorwerp van trots is die groewe van die skilde, verseël met 'n vaste Seël. Job 41:16 Die een is so naby die ander, dat die wind daar nie tussenin kan kom nie. Job 41:17 Hulle is man teen sy broer aanmekaar, hou aanmekaar vas, onafskeibaar. Job 41:18 Sy genies laat lig skitter, en sy oë is soos die ooglede van die dagbreek. Job 41:19 Uit sy mond kom fakkels, spat vuurvonke uit. Job 41:20 Uit sy neusgate kom rook, soos uit 'n kokende pot met biesiesvuur daarby. Job 41:21 Sy siel laat kole ontvlam, en 'n vlam gaan uit sy mond. Job 41:22 In sy nek woon sterkte, en voor hom uit spring ontsteltenis. Job 41:23 Die klompe van sy vleis is vas aanmekaar, aan hom vasgegiet, onbeweeglik. Job 41:24 Sy hart is hard soos 'n klip, ja, hard soos die onderste meulsteen. Job 41:25 As hy hom oplig, word die magtiges bang; van verbystering en suiwer hul hulself. Job 41:26 Raak iemand hom met die swaard - sy hou nie stand nie; geen spies, lans of assegaai nie. Job 41:27 Yster is vir hom soos strooi; koper soos hout wat vergaan het. Job 41:28 Die pyl laat hom nie vlug nie; slingerstene word vir hom soos stoppels. Job 41:29 Knopkieries is vir hom soos stoppels, en hy lag oor die gesuis van die lans. Job 41:30 Onderaan hom is spits skerwe: hy sprei 'n [ware] dorsslee uit op die modder. Job 41:31 Hy laat die Afgrond kook soos 'n pot; die waterplas maak hy soos 'n [kokende] salfpot. Job 41:32 Agter hom verlig hy die pad: 'n mens sou die Afgrond aansien vir grys hare. Job 41:33 Sy gelyke is daar op die grond nie, die skepsel sonder Vrees. Job 41:34 Hy kyk alles aan wat hoog is; hy is koning oor al die trotse roofdiere. Job 42:1 TOE het Job JaHWeH geant-woord en gesê: Job 42:2 Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie. Job 42:3 Wie verberg die raad daar sonder kennis? So het ek dan gespreek sonder om te verstaan, dinge te wonderbaar vir my, wat ek nie begryp nie. Job 42:4 Hoor tog, en ék sal spreek; ek sal U ondervra en onderrig U my! Job 42:5 Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien. Job 42:6 Daarom word ek versmaad en ek het berou in stof en as. Job 42:7 EN nadat JaHWeH Job toegespreek het met hierdie woorde, sê JaHWeH aan EliFaz, die Temaniet: My Toorn het ontvlam teen jou en jou twee vriende; want julle het nie Reg van My gespreek soos My kneg Job nie. Job 42:8 Neem dan nou vir julle sewe bulle en sewe ramme, en gaan na My kneg Job en bring 'n brandoffer vir julle, en laat My kneg Job vir julle bid; want hom alleen sal Ek in Guns aanneem, sodat Ek aan julle nie die Dwaasheid laat vergelde nie; want julle het nie Reg van My gespreek soos My kneg Job nie. Job 42:9 Toe het EliFaz, die Temaniet, en Bildad, die Suhiet, [en] Sofar, die Naämatiet, heengegaan en gedoen soos JaHWeH aan hulle gesê het; en JaHWeH het Job in Guns aangeneem. Job 42:10 En JaHWeH het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het; en JaHWeH het Job se besittings vermeerder tot dubbel soveel [as voorheen]. Job 42:11 Ook het al sy broers en al sy susters en al sy bekendes van vroeër na hom gekom en met hom saam brood geëet in sy huis; en hulle het met hom medelye gehad en hom vertroos oor al die ellende wat JaHWeH oor hom gebring het. En hulle het hom elkeen 'n geldstuk gegee en elkeen 'n goue ring. Job 42:12 En JaHWeH het die einde van Job meer geseën as sy begin; en hy het veertienduisend stuks kleinvee en sesduisend kamele en duisend paar beeste en duisend eselinne gehad. Job 42:13 Daarby het hy sewe seuns en drie dogters gehad. Job 42:14 En hy het die eerste genoem Jemíma en die tweede Kesía en die derde Kerenhappug. Job 42:15 En in die hele Aarde is geen vroue gevind so mooi soos die dogters van Job nie; en hulle vader het hulle 'n erfdeel gegee onder hulle broers. Job 42:16 En Job het daarna honderd en veertig jaar lank gelewe; en hy het sy kinders en kindskinders gesien, vier geslagte. Job 42:17 En Job het gesterwe, oud en afgeleef. // //